Leon Lemmer: ANC-kamerade as vernietigende jakobyne

Vir inligting oor die ANC as ‘n gewelddadige, terroristiese instansie is daar geen beter of meer gesaghebbende bron nie as Anthea Jeffery se People’s War: New light on the struggle for South Africa (Johannesburg: Jonathan Ball, 2014, 676p; Kindle $9,19). Dit blyk dat by verre die grootste lewensverlies onder swartes was. Die bloed wat gevloei het, was nie soseer om Suid-Afrika van apartheid (dus die blanke bewind) te bevry nie, maar by uitstek om te verseker dat die ANC so oorheersend moontlik die politieke mag bekom. Wat die ANC voorhou as ‘n bevrydingstryd was uiteindelik primêr ‘n politieke magstryd, veral gemik teen sy hoofopposisie, die Inkatha Vryheidsparty (IVP). Dat die ANC hierdie “People’s War” in 1990/94 gestook het, blyk uit die volgende: “After the 1994 election there was a dramatic decline in political violence” (James Myburgh, bron hier onder, Kindle 365).

Vir inligting oor die ANC se politieke grondslag is daar onlangs ‘n onontbeerlike boek gepubliseer: James Myburgh se The last Jacobins of Africa: The ANC and the making of modern South Africa (Politicsweb Publishing, 2020, 262p; Kindle $11,49). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek. Maar ek moet noem dat dit vir my uiters moeilik was om Myburgh se teks in woorde te klee omdat die onderwerpe so ineengestrengel is. Soos gebruiklik vul ek die teks aan met my eie menings. Myburgh het die aanlyn koerant Politicsweb in 2007 gestig (Kindle 231), met as leuse: “Fair, but fearless” (3). Wat daarin aangebied word, is meer konserwatief as waaraan die linkse Daily Maverick hom skuldig maak. Die teks van die boek is gebaseer op Myburgh se navorsing en sy doktorale proefskrif wat in 2007 goedgekeur is: The African National Congress under the presidency of Thabo Mbeki (1997-2002) (184).

Mbeki se presidentskap strek amptelik van 1999 tot 2008, maar hy het eintlik van die begin af grootliks die rigting bepaal wat die ANC-regime ingeslaan het; dus ook tydens die presidentskap van Nelson Mandela (1994-1999). Mandela was in baie opsigte hoogs onprakties en gewoon onbekwaam om ‘n staatshoof te wees. Mbeki het namens Mandela politieke leiding aan die ANC-regime gegee en bv as voorsitter by kabinetsvergaderings opgetree. “It is difficult to discern any coherent philosophy within the speeches of President Mandela, the product, as they were, of many hands and minds” (1652). Mandela is veral gebruik om die openbare beeld van die ANC (en homself) plaaslik en in die buiteland te bevorder en om blanke Suid-Afrikaners, veral die Afrikaners, oor die swart magsoorname te paai deur mooi broodjies te bak. Patti Waldmeir skryf (naïewelik) in 1998 (toe Mandela die liefling van die wêreld was): “Mandela made non-racialism the new civil religion of South Africa. He spoke of giving nervous minorities a ‘silver bridge to cross’ to the new South Africa … The politics of reconciliation reigned supreme in those early days” (365). Onnodig om te sê: Die silwer is lankal gesteel en daarna die handevatbrug.

Naspers/Media24 het reeds in 2004 ‘n ooreenkoms met Myburgh vir die publikasie van sy proefskrif aangegaan (195). Die voltooide teks vir die boek is in 2007 aan die uitgewery besorg. Een van die anonieme beoordelaars van die manuskrip het geskryf: “It would raise hackles in the ANC” (225). Uiteindelik is besluit “the book was too controversial to publish” (237). Met ander woorde, Naspers begeer skoothondjiestatus en wil dus nie die ANC aanstoot gee nie. In hoe ‘n mate Naspers sedert 1994 ideologies ontaard het, blyk uit die onlangse publikasie deur Tafelberg-uitgewery van Patric Tariq Mellet, ‘n ANC/MK/SAPK-lid, se boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020). Naspers se huidige beleid, wat by al sy inligtingsmedia, bv koerante en tydskrifte, waarneembaar is, is: Die ANC moenie aanstoot gegee word nie. Maar die plaaslike blankes, veral die Afrikaners, kan maar grondig met ‘n prulboek soos dié van Mellet beledig word.

Die feit dat Myburgh se boek ‘n teks uit 2007 is, het my aanvanklik laat twyfel of dit die moeite werd sou wees om die e-boek te koop. Nadat ek die boek gelees het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit noodsaaklike leesstof is vir enigeen wat die werklike aard van die ANC wil verstaan. In sy 2020-voorwoord skryf Myburgh: “If you wish to understand the origins of South Africa’s current predicament, one needs to study the beginnings of the evils we witness today” (266). Baie van die inligting wat hy verskaf, het nie (duidelik) uit koerantberigte geblyk nie. Myburgh verhelder die historiese, wesenlik kommunistiese, grondslae van die ANC. Die val van die Berlynse Muur in 1989 het veroorsaak dat baie van die lande wat deel van die Sowjetunie was, nie-kommunisties geword het. Die ironie is dat hierdie selfde gebeurtenis, wat FW de Klerk genoop het om onderhandelinge te begin en mandaatloos die mag aan die swartes oor te gee, tot ‘n wesenlik kommunistiese bewind in Suid-Afrika gelei het. Suid-Afrika is steeds uit pas met die wêreld; steeds nie ‘n normale samelewing nie. Ons beleef die hoogbloei van rassediskriminasie terwyl dit taboe in die res van die wêreld is.

Volgens die HAT beteken jakobyn “vurige voorstander van die Franse Revolusie.” In die Collins World Encyclopedia (2003) word die term Jacobin, wat in die boektitel voorkom, soos volg verduidelik: “member of an extreme republican club of the French Revolution … they proclaimed the French republic, had the king executed, and overthrew the moderate Girondins … they began the Reign of Terror [October 1793 to July 1794], led by Robespierre [1758-1794]. After his execution … the club was abandoned and the name ‘Jacobin’ passed into general use for any left-wing extremist” (p 476). Toegepas op Suid-Afrika kan gesê word dat ons in 1990/94 ‘n revolusie beleef het, dat die ANC die nie-kommunistiese NP-regering omver gewerp het, dat die ANC eerder ‘n klub vir sy elite-lede as ‘n politieke party is, dat voortgesette geweld en terreur ‘n wesenskenmerk van die nuwe Suid-Afrika is en dat die ANC ongetwyfeld ‘n uiters linkse instansie is. Let ook daarop dat in die jakobyn-konteks hier bo van ‘n republiek gepraat word en nie van demokrasie nie.

In die voorwoord noem Myburgh dat hy sedert 1997 politieke navorsing doen; aanvanklik vir die Demokratiese Alliansie (18) en van 2001 af as student aan die St Antony’s College in Oxford (65). In die boek maak hy in ruime mate van amptelike, interne dokumente van die ANC gebruik. Hy vestig telkens die aandag op die verskil tussen wat die ANC amptelik intern aan sy lede meedeel en wat openbaar gemaak word. Dit kom neer op doelbewuste misleiding van die publiek oor die ANC se beleid en motiewe (6171). “The assurances and concessions made in each stage were never meant to provide a permanent obstacle to the attainment of those longer-term goals” (82). Ek onthou dat Mbeki vroeg in die ANC-bewind gesê het dat die ANC hom nie gebonde voel aan die ooreenkomste wat daar met die NP-regering aangegaan is nie omdat die ANC toe nog nie in beheer van die land was nie. Myburgh beaam dit (1983).

Reeds in 1997 het die ANC op sy hoofdoel besluit, naamlik “the enforcement of ‘demographic representivity’ across all spheres and levels of endeavour” (36). Jare later het FW de Klerk begin neul dat die ANC-beleid nie die letter en veral gees weerspieël waarop die NP (naïewelik) met die ANC ooreengekom het nie. Myburgh skryf: “This was a plan for mechanistically replacing white with black domination, or ‘African hegemony’ as the ANC described it. Enforcing such outcomes would also clearly require unending racial discrimination against the country’s racial minorities” (36). “The ANC was very careful to ensure that the constitution enshrined neither the ‘irrelevance of clour’ nor ‘individual merit as the criterion of privilege’ for this, it was felt, would entrench the advantages of the white minority in perpetuity” (6214).

Wat die ANC bedryf, kan onmoontlik ‘n liberale demokrasie wees. “Liberal democracy is based upon the careful counterbalancing of the principle of majority rule, with minority rights” (3217). “Once political office was secured the ANC turned … to reshaping the state so that it too came to embody the will of the black majority” (3246). “The role of the ANC was to exercise power on the behalf of the black majority” (3270).

Die ANC het hierdie beleid in Mandela se dienstermyn as president (1994-1999) aanvaar. Enersyds dui dit op die absolute valsheid van Mandela se bewering dat hy teen swart heerskappy gekant was. Andersyds belig dit die algehele mislukking van De Klerk se beloofde magsdeling, wat in verswelgende meerderheidsregering getransformeer is. Die ANC het beweer dat sy bevrydingstryd teen rassediskriminasie gemik was; dat dit die groot euwel in die Suid-Afrikaanse samelewing was waaraan hy ‘n einde wou maak. In werklikheid sit die ANC (verskerpte) rassediskriminasie voort, myns insiens ter groter benadeling van die land as ooit tevore, met die swartes wat buitensporig daarby baat terwyl die belange van veral die blankes uitermate benadeel word. Die doelbewuste ontheemding van die blankes het veral duidelik geword toe Mbeki met die verkondiging van sy swart Afrikaan-nasionalisme, die Afrika-renaissance genoem, begin het (77).

Nog ‘n skandalige beleid is daarna begin: “In 1997 and 1998, the ANC implemented a policy of cadre deployment whereby party loyalists would be ushered into all centres of power in society” (42). Byvoorbeeld, die ANC “largely dismantled the ‘merit-system’ in civil service appointments in favour of a patronage-based one” (82; ook 2266). Ook dít het tydens die Mandela-bewind ‘n aanvang geneem terwyl daar dikwels voorgegee word dat dinge nie te sleg tydens die Mandela/Mbeki-era (1994-2008) gegaan het nie; dat agteruitgang eers met Jacob Zuma se presidentskap (2009-2018) begin het. Die destruktiewe gevolge van kaderontplooiing het met verloop van tyd al hoe duideliker geword.

Tans veroorsaak kroniese ondoeltreffendheid en toksiese korrupsie/steelsug dat die land ‘n mislukte staat op die rand van algehele ineenstorting is. In die land se geskiedenis was daar nog nooit so ‘n groot konsentrasie van immoreles in hoë poste soos tans nie. Desnieteenstaande gee die ANC-regime graag voor dat hy moreel die hoë grond beklee. Tussen die ANC se nasionale konferensies is die mag in die hande van ‘n klein groepie ANC-kornuite gekonsentreer, naamlik die ongeveer honderd lede van die nasionale uitvoerende komitee, wat kwartaalliks vergader, en die ses lede van die dagbestuur of nasionale werkskomitee wat al om die ander week byeenkom (3537).

Die ANC gee voor dat Suid-Afrika se geskiedenis eintlik eers in 1994 begin het. Hy het natuurlik goeie rede om ‘n sluier te probeer trek oor die afmetings wat sy onbeskaafde vernietigingswerk en terrorisme van 1961 af tot vóór die algemene verkiesing in 1994 aangeneem het. Die blanke politieke bewind van 1652 tot 1910 word as kolonialisme afgemaak en sedert Uniewording in 1910 as “colonialism of a special type” (94). In hierdie opsig, soos in so baie ander opsigte, was (die swartes in) die ANC afhanklik van die (ideologiese) leiding wat daar van (die blankes in) die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) uitgegaan het. “By the end of the 1980s the ANC was dominated by the SACP” (563).

In 1962 het die SAKP op daardie “special type”-formulering besluit, asook op die “National Democratic Revolution” (NDR) (94). Met die NDR is daar sedert 1994 stadig maar seker vordering gemaak. Dit is iets waarop John Kane-Berman die aandag gevestig het (Praag 23.06.2017), moontlik vanweë beïnvloeding deur Myburgh se manuskrip (249). Min ander kommentators is bedag op die deurlopende vordering wat die ANC met sy NDR maak. Dit is ‘n voortgesette swart Afrikaan-revolusie waarin blankes per definisie al hoe minder en uiteindelik geen lewensruimte gegun sal word nie. Die jongste NDR-skuif is die onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom. Maar die ANC het reeds in 1988 hierop besluit (1019). “The 1994 election was a ‘breakthrough’ not a ‘settlement'” (6237). Met die eerste revolusie in 1994 het die ANC/SAKP sy voet in die deur gekry deur die regering oor te neem. Die tweede revolusie beoog die omverwerping van die kapitalistiese stelsel met sosialisme (976). Die term “sosialisme” word as ‘n eufemisme vir kommunisme gebruik. Maar dit word nie openlik erken nie. Skynheiligheidshalwe “the ANC should not publicly tie itself to Marxism-Leninism” (983).

In 1994 het die ANC homself bedrieglik voorgedoen as “a non-racial liberal democracy” (281). Al drie begrippe wek ‘n gunstige indruk, maar al drie aansprake is vals. Volgens Mbeki “true ‘democracy’ lay not in the right of the electorate to freely choose (and change) their government, but in the ability of the national liberation movement to recognise and pursue their real and ultimate will” (3924). “Only the ANC leadership recognised, and could pursue, the real interests of the nation” (3938). Dit is kom neer op paternalisme en staatkundige sabotasie. Die kiesers bepaal nie die ANC se beleid nie. Die ANC besluit watter beleid die (ongesofistikeerde, ongeletterde, oningeligte) kiesers nodig het.

Die ANC-regime in Suid-Afrika sou glo duidelik verskil van die swart regerings in die res van Afrika. Nadat die ANC sy mag gevestig het, was daar egter “a drift towards one-party dominance, centralised control and racially driven politics” (289). Die verraad wat in 1990/94 gepleeg is, het al hoe duideliker geword, met as gevolg: “The permanent exclusion of the white minority from any share of political power” (320); dus presies die teenoorgestelde van wat De Klerk vóór die 1992-referendum aan die blanke kiesers belowe het.

“The NP leadership had achieved very little, in constitutional terms, from the negotiations (indeed, probably less than Ian Smith had in Rhodesia, from a greatly weaker position, in 1980)” (416). In die geval van Rhodesië is ooreengekom dat 20 blankes sewe jaar lank sitting in die Zimbabwiese parlement van 120 lede sou hê. In Suid-Afrika se geval hoef daar nie ‘n enkele blanke parlementslid te wees nie. Ian Smith (1919-2007) haal Cicero aan: “A nation can survive its fools … but it cannot survive treason from within” (The great betrayal, London: Blake Publishing, 1997, p 320). Alex Henshaw skryf: “There is no dishonour in a lost cause – the shame is with those who betrayed you” (327).

Die reaksie van die meeste plaaslike blankes op hierdie verraad was egter teleurstellend. Myburgh skryf: “There had been very little opposition by whites either to the loss of statutory privileges – most of which had been removed by the previous [NP] government – or to the redistribution of government expenditure” (2526). “After the 1994 election there was a widespread acceptance of, or resignation to the new political order by white South Africans … Afrikaner nationalism, which had shaped the course of South African politics for forty years, ceased to be a powerful political force” (406). “According to Patti Waldmeir, the ANC were expecting far greater resistance and were surprised by the rapidity with which Afrikaners made peace with the new order” (1929).

Myburgh verwys ook na “the rapidity with which Afrikaner power had collapsed” (422). Enersyds kan dit dui op die doeltreffendheid van die pro-ANC-propaganda van die Nasperskoerante, Engelse koerante en die SABC. Andersyds toon dit dat apartheid oordrewe anti-swart voorgestel word. Wat in Suid-Afrika ná 1994 gebeur het, is verder soortgelyk aan wat ná 1980 in Zimbabwe plaasgevind het: “A long line of opportunists attempting to climb on the bandwagon” (Smith, 359). (Die ooreenkomste is so groot dat ek ‘n plan behoort te maak om oor Smith se boek te skryf.)

Myburgh skryf: “Within the South African context, the implementation of Afrikaner hegemony after 1948 provoked vehement opposition … The concentration of power by the ANC, however, provoked only pinpricks of dissent” (3674). Die Afrikanerdom en Afrikaans het onmeetbaar by nasionalisme gebaat. Ons heil en die heil van Afrikaans hang van die herlewing van Afrikanernasionalisme af, in direkte opposisie teen swart of Afrikaan-nasionalisme en verengelsing. Myns insiens behoort Afrikaans die enigste amptelike taal in Suid-Afrika te wees. Oor die ANC se aanhang van swart nasionalisme behoort daar geen twyfel te wees nie. Tydens die Rivonia-verhoor in 1964 het Mandela gesê: “The ideological creed of the ANC is, and always has been, the creed of African nationalism” (584).

Sedert 1994 word daar grootliks volgens ras in Suid-Afrika gestem (296). Waarmee ons opgeskeep sit, is ‘n skyndemokrasie. “As James Madison [1751-1836] argued, a shifting majority, and the concomitant possibility of being displaced in power, was a crucial inducement to restraint for the ruling party” (428). In Suid-Afrika is daar die skandalige “majoritarian nature of the final constitution; the consentration of power at the centre; the growing weakness of parliament’s ability to place any check on the executive; the blurring of the lines between party and state; and, the increasing tendency of the ANC to dismiss the legitimacy of opposition” (445). “From its own standpoint there is nothing undemocratic in the party’s enjoying a monopoly of power within the state” (680). Nog erger: “There is no sphere of collective endeavour regarded as falling outside of the realm of politics – and which should not have to submit to the goals of the national democratic revolution” (3307).

Ons sit met “’totalitarian democracy’, but what this book will call Jacobin democracy” (691). “Jacobin democracy … was based upon the assumption of a sole and exclusive truth in politics … It widens the scope of politics to embrace the whole of human existence” (698). Hiervolgens val niks buite die ANC se bevoegdheid vir inmenging nie. Daar is ‘n verskil tussen ‘n “congress”, soos die ANC, en ‘n “party” – “the former being more radical and confrontational than the latter. While the party recognised the legitimacy of other political groupings, the congress claimed to represent ‘all the people’; to embody the national will” (667); dus “the democratic will of the people as a whole and particularly its black majority” (900). Maar met “the people” word meesal eksklusief die swartes bedoel. “The ANC regarded itself as synonymous with ‘the people'” (3280).

Die ideologiese leiding wat die ANC van die SAKP ontvang, is deur veral Jode geformuleer. ‘n MK-lid, Michael Harmel, het in 1950 vorendag gekom met die karakterisering van blank Suid-Afrika as “colonialism of a special type” (773). Volgens Mbeki “the relationship between ‘the white rulers of South Africa and the non-white masses is essentially imperialistic. In a word: there are two nations in South Africa … White South Africa is a semi-independent imperialist state. Black South Africa is its colony'” (782).

In 1954 skryf Harmel: “The economic content of national liberation in South Africa must centre on the redivision of the land and the nationalisation of the principle means of production” (791). “Very soon after, the Freedom Charter, drawn up in 1955 and adopted by the ANC as its official programme the following year, gave voice to such demands. It called for the land to be ‘re-divided amongst those who work it’; the ‘national wealth’ of the country to be ‘restored to the people’; and, for the ‘mineral wealth beneath the soil, the Banks and monopoly industry’ to be transferred to ‘the ownership of the people as a whole'” (799). Hierna is die SAKP se The road to South African freedom (1962) hoofsaaklik deur Harmel geformuleer. Onder meer word Vladimir Lenin se standpunt onderskryf: “That what the white minority had attained had been entirely at the expense of the black majority” (854).

Mandela het in 1994 beweer: “It is the labour of black workers that has built the cities, roads and factories” (1108). Mbeki het in 1979 die swartes as “the producers of wealth” gedefinieer (1039). “It followed that the ANC-SACP were entitled to return this wealth to ‘the people’ through the expropriation of white-owned property” (1048). Eie prestasie deur blankes word sonder meer ontken. “The material wellbeing of the white minority and its political, social and economic privileges were rooted in its racial domination over, and exploitation of, the African majority and Coloured and Indian minorities” (927). Soos Lenin wil die SAKP “a dictatorship of the people” daarstel (874). “This democratic state … would suppress the former ruling classes and set about effecting a transformation of society” (884).

Sedert 1969 onderskryf die ANC die SAKP se “programme of Africanisation in the state, economy, and educational system – which would, necessarily, require extensive racial discrimination against the white minority. At the same time then as demanding ‘equal opportunities for all’ the SACP [and ANC] insisted that in order to correct ‘the legacy of colonialism, priority must be given to the training of African and non-white specialists in every field'” (909). Die inherente rassisme van die ANC, soos blyk uit die absolute voorkeur wat aan die belange van swartes gegee word, is deur die Joodse kommunis, Ben Turok, beaam: “The movement must be … led by black leaders … it is an essential requirement if the movement is to maintain its credibility with the mass of the people” (948). Dus, die ANC is rassisties omdat sy ondersteuners rassisties is. Dit is waarom ANC-gesinde kiesers ingevolge ras stem. Maar dit is die ANC wat eens valslik beweer het dat hy ‘n Grondwet beoog waarin “racism … shall be outlawed” (1268). Die ANC se riglyne vir ‘n Grondwet “remained overwhelmingly Jacobin. Political rights and freedoms were conditional on support for the ANC’s goals” (1268). Tony Leon het voorspel: “Reverse discrimination will be accorded constitutional preference over other, perhaps more fundamental, rights” (1289).

“The ANC Policy guidelines of 1992 stated that, ‘Management in both the public and private sectors will have to be de-racialised so that rapidly and progressively it comes to reflect the skills of the entire population'” (1304). Met die oog hierop word “racial preferences in appointments and promotions” vereis (1304). “De-racialise” noodsaak dus die uiterste rassisme. “The term ‘de-racialise’ was now used instead of ‘Africanise’, ‘non-racialism’ instead of ‘revolutionary nationalism'” (1723). “‘Africanising’ … was hardly reconcilable with the values of non-racialism. The Oxford English Dictionary defines non-racial as ‘Not involving race, racial factors, or racial discrimination’; and non-racialism as ‘The principle or practice of not discriminating on the basis of race’; while to Africanise is ‘To give an African character to; to make African; to subject to the influence or domination of Black Africans'” (1739). Waarmee die ANC besig is, is “the re-racialisation of society” (3347).

“Affirmative action would be so powerful as to override all personal rights and freedoms as well as to supercede the specific provisions of the property clauses” (1324). As dit hoe is, beweer die ANC egter dat daar nie rassediskriminasie in die toepassing van regstellende aksie sal wees nie. “This will not be done at the expense of others, nor lead to a lowering of standards” (1594). “Affirmative action would be used not to discriminate, but simply to ensure that ‘those who were disadvantaged by apartheid in the past’ had an opportunity to catch up” (1604).

Kort voor die 1994-verkiesing het Mandela ‘n beroep op die blankes gedoen om nie die land te verlaat nie (1585). Enkele jare later het Mbeki gesê die blankes wat wil emigreer, kan dit gerus maar doen. Die aanslag van die ANC was nie net teen apartheid gemik nie, maar ingevolge die leerstelling van “uitsonderlike soort kolonialisme” teen al die blanke inwoners. “It proceeded though to negate the contribution of white South Africans to the building of the economy, state, and society … Whites had not achieved or contributed anything other than at the expense, or through the exploitation, of the black population … The roots of the ‘historic injustice’ reached back all the way to the first white settlement in 1652” (1759). In 1995 “Mbeki stated that among the great ‘distinguishing features’ of this history were: ‘the genocidal destruction of the Khoisan, the importation of slaves from the East, the massive land dispossession of the indigenous majority'” (1766).

Die ANC het daarop aangedring dat die finale grondwet ná die 1994-verkiesing deur die gekose grondwetlike vergadering opgestel moet word (1837). Die armsalige NP-onderhandelaars het hiertoe ingestem. Dit het meegebring dat die bepaling in die tussentydse 1993-Grondwet dat Afrikaans se status nie aangetas mag word nie, uit die 1996-Grondwet gelaat is. Die kommunistiese Jood, Joe Slovo, wat tydens die oorgangstyd in groot mate die strategie van die ANC bepaal het, het na afloop van die grondwetlike onderhandelinge gesê: “We got pretty much what we wanted … Eveything in the interim constitution can be rewritten by the democratically elected representatives of the people” (1844).

‘n Meer verdoemende getuigskrif vir die NP-onderhandelaars is kwalik denkbaar. Hulle het hulle deur kommuniste aan die neus laat lei. “The National Party had promised white South Africans power-sharing in the 1992 referendum, and the ANC allowed the NP to believe that this system could be enshrined in the final constitution” (1852). “The ANC ensured however that such half-promises were not, in any way, constitutionally binding” (1861). In 1992 het die ANC besluit ‘n regering van nasionale eenheid sal slegs aanvaarbaar wees “if it does not delay or obstruct the process of orderly transition to majority rule and … the parties that have lost the elections will not be able to paralyse the functioning of government” (1861).

Die Grondwet het Mandela in staat gestel om die lede van die Konstitusionele Hof te benoem. “There was not a single person on the court who could be described as unsympathetic to the ANC” (1881). Tydens die NP-regering het dosente in die regte deurlopend kapsie gemaak teen apartheid en omtrent alles wat die regering gedoen het. Doeltreffende polisie-optrede om wet en orde te handhaaf, is verdag gemaak deur te beweer dat die land ‘n polisiestaat is. Sedert 1994 het al hierdie grootbekke stil geword. Die verpolitisering van die regstelsel word nie gekritiseer nie. “The English newspapers and universities no longer took an oppositional stance to government” (2436) – eintlik ook nie die gedrukte Afrikaanse koerante nie.

Voorheen is ‘n LLB-graad vir aanstelling as regter vereis. “The constitution … set out no minimum qualifications for appointment at any level of the judiciary, requiring only that they be ‘appropriately qualified'” (2956). ‘n Diploma in die regte is dus voldoende en afdoende praktykondervinding word nie vereis nie (2962). In 1999 was daar 1 550 blanke advokate in Suid-Afrika en 300 nieblanke advokate (2962). Die Regterlike Dienskommissie/Judicial Services Commission (JSC), met Dullah Omar as justisieminister (1994-1999), dus toe Mandela die president was, het toegegee aan die eis “that race become the overriding criterion in the appointmemt and promotion of judges” (3036).

“Race, therefore, becomes the main criterion, with government secure in the knowledge that most blacks aspiring to be judges are party supporters … They could be expected to ally themselves with the racial goals of the movement … The ‘ultimate objective’ was ‘that the judiciary reaches a stage when it is able to reflect the demographics of South Africa” (3055). “Overall 89 per cent of new judges appointed to the bench between 1994 and June 2004 would be black, Coloured or Indian” (3065). “It signalled the subservience of that body [JSC] to the racial agenda of the ruling party … The ANC had an in-built majority in the JSC … Furthermore … ‘it is common currency in legal circles that a de facto [ANC] caucus exists and operates in the commission'” (3044). Maar regsgeleerdes, feitlik sonder uitsondering, leef kritiekloos saam met hierdie ernstige wantoestand.

Daar is geen duidelike onderskeid meer tussen die wetgewende en regterlike gesag nie. “The Constitutional Court … was packed with lawyers who shared the movement’s [ANC’s] worldview” (3389). Vandaar ‘ n hofuitspraak soos dié oor die taalbeleid van Free State University. “By 2004 … at least seven of the 11 judges had been ANC members before their appointment to the bench … All five of the non-black judges on the court had an ANC background” (3389). Johann van der Westhuizen was deel hiervan (2004-2016). Wat hy ook al skryf, maak nie saak hoe vergesog of dwars nie, word in Media24 se koerante gepubliseer. “The Constitutional Court … saw its central role not as the protection of racial or political minorities, but ensuring that government held to the substantive provisions of the Constitution (designed to uplift the historically deprived majority)” (3395).

“The promise made by Mandela in 1994 that South Africa was now ‘one nation’ was displaced by the ‘two nations’ thesis. In a speech in May 1998, Mbeki described South Africa as [a] ‘country of two nations’ – the origins of which lay in ‘the arrival of European colonists in our country, almost 350 years ago” (3148). Teen 1998 was die ANC se versoeningsbeleid vergete en het sy beleid al hoe meer radikaal geword. “A ‘normal’ or ‘non-racial’ society was defined as one where every state and social institution – at every level – reflected the current demographic composition of the country as a whole” (2821). Toe is 75% swart verteenwoordiging vereis. Deesdae, weens die hoë geboortesyfer onder swartes en die invloei van (onwettige) inkommers, het daardie syfers 80%+ geword.

“In order to advance the movement [ANC] towards these goals discrimination was encouraged. And, in order to set, and monitor, the attainment of these racial targets, race classification was reintroduced according to the old apartheid designations. As Mbeki later stated, the goal of the ANC was to ‘ensure that all levels of our society reflect the racial and gender composition of South Africa’. Equality of opportunity, or treatment, which prohibited differentiation between black and white would allow these racial disparities to endure” (2821). Die rassediskriminasie teen blankes “would continue until this ‘racist legacy of inequality’, manifested in ‘white over-representation’ across society, had been completely eliminated” (2828). Waarop dit neerkom, is dat, as dit van die ANC afhang, hierdie rassediskriminasie teen veral die blankes tot in die oneindige voortgesit sal word.

Soos in die geval van ‘n broer wat in die tronk is, word daar nie gepraat oor die blatante rassediskriminasie wat universiteite deesdae pleeg nie. Die blankes word grootliks van die gesogste beroepe uitgesluit. In 1998 het die minister van gesondheid aangekondig “that medical schools would be obliged to implement a quota system to ensure demographic representivity in their 1999 intake of first year medical students. According to the Director General of Health, funding to medical schools would be proportional to the number of black medical students enrolled” (2828). Gaan gerus die keuringsbeleid van Stellenbosch University se mediese fakulteit op die internet na.

Die ANC-regime het die vuil gewoonte om die plaaslike universiteite in alle opsigte tot onderdanigheid te dwing deur te dreig om hulle owerheidsfinansiering af te skaal of te beëindig. Van die universiteite se kant is daar hartlike samewerking met die ANC-regime. Daar is geen sprake van verset en aandrang op universitêre outonomie nie. In die advertensies om poste word openlik gesê dat by aanstellings voorkeur gegee sal word aan diegene in die aangewese groepe (2858), dus dat sover moontlik teen die blankes, veral mans, gediskrimineer sal word.

“Although the ANC’s own policies had resultated in a decline in the quality of school education, it remained insistent that universities – like all other institutions in society – conform to the ‘demographics’ of society. The National Plan on Higher Education (2001) stated that ensuring that the ‘student and staff profiles progressively reflect the demographic realities of South African society’ – in both admissions and graduations – remained strategic objectives of government. It warned that if institutions did not put in place ‘equity targets’ to address black under-representation ‘or put in place clear strategies for achieving them, the Minister will have no hesitation in introducing quotas in the future'” (4220).

“Conformity to the goal of ‘demographic representivity’ – particularly for the more prestigious degrees – required the lowering of minimum requirements for entry and the racial exclusion of many white and Indian students who were ‘overrepresented’ among the top achievers” (4304). Volgens ANC-beleid moet die aanwesigheid van swartes in sport ook demografies verteenwoordigend wees. “For two to three years, let’s not mind losing international competitions” (4381). Dit is dieselfde ANC/UDF wat vóór 1994 verkondig het dat politiek uit sport geweer moet word.

Myburgh beweer: “Having given up power, there was no discernible decline in their [the white’s] fortunes. This powerlessness made their continued prosperity less, rather than more, tolerable for the ANC” (4405). Baie blankes lê besondere kundigheid en vindingrykheid aan die dag. Maar die blatante rassediskriminasie van die afgelope kwarteeu het groot smart in baie blanke huise veroorsaak. Wanneer ek die ná-1994-verskynsel van blanke bedelaars op die strate sien, wonder ek hoe die NP-onderhandelaars, in hulle weelderige huise, dit met hulle gewetes versoen – veronderstellend dat hulle gewetes het.

In 1998 ‘n ANC “document rejected the notion that the state should be a ‘neutral, non-partisan entity’ and endorsed the idea that instead it should be ‘an instrument’ in the hands of the liberation movement … and used to pursue the interests of the racial majority” (3065). Dit is duidelik dat die ANC-regime sy magsposisie sover moontlik misbruik om die blankes se belange soveel moontlik te benadeel. “The apartheid state has to be destroyed in a process of fundamental transformation” (3074). Met die oog hierop is ‘n National Deployment Committee in 1998 daargestel (3090). Om die funksionering van hierdie komitee aan te help word lyste bygehou “of key positions as well as the cadres available to fill them … The ANC needed to conduct a ‘skills audit of all our cadreship'” (3108).

As geswore Afrikanis, wat ‘n sterk anti-blanke gesindheid insluit, was Mbeki oorsensitief vir enige tekortkominge van of kritiek op swartes. In hierdie verband skryf Thomas Hodgkin: “African nasionalists have been compelled to develop their own counter-attack; to answer the myth of African barbarism and backwardness with the counter-myth of African civilisation and achievement. This answer took such forms as glorifying those African leaders who had resisted the colonial intruders and emphasising the better qualities of pre-colonial African society” (3973). By gebrek aan ‘n ander substansiële voorbeeld van ‘n vroeë beskawing in Afrika word dan na antieke Egipte verwys, wat bitter min indien enigiets met swart Afrika te make het. Mandela het ook hierdie laai in sy outobiografie uitgehaal. Hy is ook ‘n toonbeeld van verset teen die blanke bewind en word gevolglik sedert 1994 heeltemal oordrewe gehuldig. Die probleem is dat Mandela se roem berus op wat hy vernietig het; nie op wat hy tot stand gebring het nie.

Met oordrewe retoriek het Mbeki beweer: “We the Africans, who led the ancient world in science, technology, intellectual activity and the arts, have stood by as the rest of the world moved forward while we regressed towards becoming a historical curiosity. Whereas as a continent we gave birth to all humanity, we are today seen as the least advanced of all human societies anywhere in the world. For a millennium, including the passing century, we have failed to destroy the insulting and criminal prejudice which has described the black human complexion as the very representation of everything that is sub-human within the human race” (4548). Die 21ste eeu sou glo “the African Century” wees (4563). Tot dusver is bitter min hiervan waarneembaar.

Myburgh skryf: “In order to fully answer the myth of African inferiority, African nationalism had to find an explanation for the disparity of achievement between Europe (and her descendants) and black Africa which lent this myth its apparent plausibility. It was in this context that the idea that Europe, and her descendants in Africa, had attained their advantages through the exploitation of black Africans had such resonance” (3996). “It ascribed the present advantages of the white group to the enslavement, dispossession, and exploitation of the black majority” (4058). Afrika-nasionaliste verkies om te glo dat Afrika, vóór die koms van die blankes, ‘n paradys was. Hulle bly hunker om daarheen terug te keer, “to be ‘reborn’ to her glorious past” (4483). “The idea of rebirth was intrinsic … to African nationalist thought” (4003). Vandaar Mbeki se gewaande Afrika-renaissance, waarvan eintlik niks tereg gekom het nie en waarvan ons ook nie eens meer hoor nie. “The end of white rule in Africa had not brought the long promised, and long delayed, continental rebirth” (4738). Sonder ekonomiese voorspoed is herlewing nie moontlik nie. Voorspoed is onmoontlik as die staatskas leeg gesteel word. “Ultimately genuine equality and true recognition could only be built upon real achievement” (4752).

Voordat in die laaste twee hoofstukke, 7 en 8, by Mbeki se berugte MIV/vigsbeleid uitgekom word, verskaf Myburgh die volgende opsomming. “The ANC needed to mobilise against the white minority after the transfer of power in order to hold ‘the [black] nation’ together … Mbeki … was driven by a passionate desire to prove that black Africans could govern successfully, and democratically, and manage a sophisticated and modern economy. Yet the policies of centralisation and deployment employed to hasten the attainment of that goal resulted in institutional decay and a drift towards authoritarianism. There was, from the beginning, a refusal to acknowledge the trade-offs that would have to be made between ‘affirmatief action’ and efficiency, Africanisation and non-racialism … When the predictable consequences of these policies became self-evident, the only way to maintain the purity and infallibility of the ANC’s ultimate purposes was to conjure up the ‘demon’ of white racism” (4765).

Ek skryf nie in besonderhede oor Mbeki se MIV/vigs-debakel nie omdat dit van min aktuele belang is. “HIV/Aids did not fit easily into the African nationalist paradigm, which saw all the woes of the black majority as a product of colonialism and apartheid” (4786). “Aids may confirm Western racial prejudices about black Africans … The idea that Aids had originated in Africa [is] a ‘calculated racial insult'” (4798); “[ie] the thesis about the alleged original transmission of HIV ‘from animals to humans'” (6123). Die hoë voorkoms van vigs onder swartes kan die indruk wek of versterk dat swartes seksueel ooraktief of losbandig is. Mbeki het ‘n renons in enige kritiek op swartes. Hy wou nie erken dat MIV (mensimmuniteitsgebreksvirus) vigs veroorsaak nie. Hy het die oorsaak eerder in sosio-ekonomiese status gesoek (5640), bv in “poverty, malnutrition, poor sanitation and parasitic diseases” (5633).

Hiermee het Mbeki vigslyers vrygeskel van verantwoordelikheid en die geleentheid geskep om die skuld eerder op die blankes te pak. “The idea that immune deficiency was caused mainly by poverty fitted into the old anti-colonial paradigm of the liberation movement, since poverty was a ‘legacy of apartheid and colonialism'” (6137). Op hierdie manier Mbeki “defended the dignity of the black majority, absolved the ANC of moral responsibility, and placed the blame for the epidemic back onto the ‘legacy of the past'” (6310). “Taken together, Mbeki argued, … scientific claims confirmed the racial stereotypes he believed white people held about blacks” (6130). Chris McGreal het gesê: “Mbeki is obsessed by race” (5927).

Rusty Bernstein (1926-2002), ‘n Joodse kommunis, was die hoofskrywer van die Vryheidsmanifes van 1955, wat die grondslag van die ANC se beleid is. Ben Turok (1927-2019) het die ekonomiese beleid vervat in die manifes geformuleer. Hierna het nog Joodse kommuniste, soos Michael Harmel (1915-1974) en Joe Slowo (1926-1995), die beleid verder bepaal. Mbeki, self voorheen ‘n SAKP-lid, was sedert 1994 die hooftoepasser van hierdie beleid, wat tot op hede, wat die hoofoogmerke betref, dieselfde gebly het. Die nuwe Suid-Afrika kon dit kwalik slegter getref het as met ‘n regime soos die openlik rassistiese, ondoeltreffende en immorele ANC.

Die ANC se oogmerk is “to transform South Africa ‘from a European outpost in Africa into an African country, with a predominantly African cultural character, and showing a face to the world that is nationally representative of its peoples'” (2876). Dit word normalisering genoem (2882). Ek is ‘n Europeër of Westerling in Afrika. Dit is vir my mooi as iets opgebou en bewaar word. Dit is vir my weersinwekkend as wat onder die leiding van blankes oor eeue daargestel is, afgebreek en vernietig word. Dit is wat die ANC doen.

Dan Roodt: Raak dadelik apaties oor Zuma: ‘n ope brief aan Afrikaners

Geagte Afrikaners,

Waarskynlik het u opgemerk dat die ANC-SAKP, daardie goddelike organisasie wat eens aan ons voorgehou is as ‘n hemelse seën vir die land, nie meer so gewild in die Engelse media is nie. En as ek praat van “Engelse media” sluit ek koerante soos Beeld en Die Burger daarby in. In elk geval word die meeste van hul meningstukke letterlik vanuit Engels vertaal en die res word deur mense geskryf wat volledig teen die hele Afrikaanse tradisie van 1652 tot nou gekant is.

“Zuma moet val” is die nuwe “meem” wat ons voorgehou word. Waarom? wonder ‘n mens. Wat is die verskil tussen Zuma en Mbeki? Of selfs Zuma en Mandela? Albei is Nguni-sprekers wie se enigste opvatting van politiek dié is wat deur hul Engels-marxistiese meesters aan hulle geleer is.

Sedert 1994 en selfs daarvoor, word Suid-Afrika aangehits om revolusie te voer, te “transformeer”, alles radikaal te verander: ons ekonomie, ons skole, ons universiteite, ons plekname, ons geskiedenis, selfs die menslike geslag; mans en vroue moet verdwyn en slegs “nie-seksistiese” hermafrodiete moet oorbly. Elke dom Rooinek in Johannesburg of Kaapstad het saam-saam gemarsjeer in elke optog ten gunste van die revolusie. Noudat die onvermydelike gebeur, met die rand wat daal en die ekonomie wat lyk asof hy in die hek gaan duik, moet die remme aangeslaan word.

Die Rooinekke – hulle wat jare lank gal gebraak het oor die “dom Afrikaners”  en hul “misdaad teen die mensdom, die verskriklike apartheid” – kyk nou om hul rond en wonder hoe hulle hierdie warmgemaakte rooi Ford Cortina, die revolusie, gaan keer! Maar natuurlik, doer in die hoek, met sy stommerikhoedjie en “I-must-not-speak-Dutch”-teken om sy nek, staan Japie, die Afrikaner. In Nadine Gordimer, die Engels-Joodse Johannesburger aan wie die Sweedse Akademie die Nobelprys vir letterkunde uitgeloof het, se boeke verwys sy gereeld na Afrikaners as “the japies”.

Japie staan in die hoek; hy is nie deel van die pret nie. Die korrupsie, vinnige geld en “bemagtigingstransaksies” waarvan die Johannesburgse banke en makelaars miljarde rande afgeskep het, het by Japie verbygegaan. Dit was die hele plan: om die land na hartelus te kan plunder. Maar nou is dit feitlik leeg geplunder. Binnekort gaan die staatskas dolleeg wees. Wat nou? Verder as dít het die “slim Engelse” met hul liberale teorie van die “een nasie, een land, een taal” nie gedink nie.

Vandaar dus die angsvallige oproep op “almal” (ook Afrikaners) om summier teen Zuma te agiteer en te betoog. Vanuit die moederland, Groot Brittanje, word die propagandakrane ook nou oopgedraai. Enkele dae gelede staan daar in die Britse Independent, uit die pen van ene Justin Cartwright:

South Africa is a failed state under Zuma the illiterate clansman

Was Mandela nie ook maar ‘n “illiterate clansman” nie? Van die linkse Engelse marxiste wat ek destyds as student by Wits ontmoet het, soos ene Fink Haysom, het elke enkele toespraak wat Mandela ooit gelewer het, geskryf. ‘n New Yorkse Jood het Mandela se outobiografie geskryf. Ek dink nie Mandela kon twee sinne na mekaar konstrueer nie. Maar hy was ‘n god waarvoor almal op hul knieë moes val.

Nou word Zuma as ‘n “ongeletterde Stambantoe” beskryf. As ‘n Afrikaner so iets sou kwytgeraak het, sou ‘n horde gillende Engelse en amper-Engelse soos Mal Max du Preez en Piet Kopdoek – om nie van Kallie Kriel, die vurige “antirassis” van Afriforum te vergeet nie – terstond op hom toegesak het. Hy sou as ‘n “rassis” uitgekryt gewees het. Indien hy iewers oor ‘n vaste pos by ‘n maatskappy, skool of universiteit beskik het, sou hy moes bedank of hy sou afgedank gewees het. Die Menseregtekommissie sou ‘n ondersoek geloods het. Waarskynlik sou hy voor die Gelykheidshof gedaag gewees het. Tronkstraf of ‘n aansienlike boete sou sy voorland gewees het.

Maar as jy Engels is, mag jy dit maar sê. Want sien: Zuma en sy ANC raak nou ongehoorsaam. Hulle heul met die Russe en Chinese, oor kernkragsentrales en dies meer. Anders as Mandela of Mbeki, tree Zuma nie op as veghond teen die Afrikaner nie. Nie dat Zuma die Afrikaner goedgesind is nie, maar hy sien dit waarskynlik nie as sy primêre taak om Afrikaners te vervolg nie. Hy ontspan eerder bietjie by Nkandla, met die res van sy sibbe.

Dié mnr. Justin Cartwright wat op Zuma vanuit Londen skel, is blykbaar ‘n liberale Engelsman wat in Suid-Afrika gebore is. Hy beskik selfs oor ‘n aangenome kleinkind, ‘n swartman uit Haïti. In ‘n ander artikel in die Independent stel Cartwright sy reuse-ego ten toon en word sy lewe só opgesom:

Any anxiety Frank feels about the 21st-century Rainbow Nation being wrecked by similar racial violence is eased by distance, his complacent joy in his impeccably modern family (divorce, drugs, adopted Haitian grandson), and a romanticised love affair with the South African landscape.

Die hoofkarakter in Cartwright se jongste roman, Up against the night, is ‘n afstammeling van Piet Retief:

Retief, as the novel suggests, bequeaths a complex inheritance. For urbane liberal exiles including Frank and Cartwright, he is an anchor to South Africa itself. “It sort of gives you a sense of belonging. The Boers got there a lot earlier and went through a lot more than we ever had.”

Dis die ironie: “The Boers”, asook Afrikaans en ons hele geskiedenis, het in die huidige “progressiewe”, linkse, Afrosentriese, Engelstalige Suid-Afrika opgehou bestaan. Ons word net hier en daar op ‘n trollie vorentoe gestoot as daar oor apartheid gesanik moet word. As die lui, dom, megalomaanse Engelse tantes soos Mary Metcalfe of Barbara Creecy se linkse “opvoedkunde” in die swart skole van Gauteng nie werk nie, dan is dit “apartheid se skuld”. Die Afrikaner, wat nie meer as ‘n Suid-Afrikaner gereken word nie, verteenwoordig desnietaanstaande die land se ewige sondebok. Oor die min dinge wat in die land reg loop, popel die Rooinek in sy manjifieke briljansie en links-liberale “genie”. Die res, alles wat in duie stort of skipbreuk ly, is “te wyte aan die apartheidserfenis”, waarvoor die Afrikaner tot in aller ewigheid sal boet.

Daarom, as daar ooit ‘n oomblik in die geskiedenis was wat ons nie ‘n vinger moet verroer om die “slim Engelse” uit hul verknorsing te help nie, is dit nóú. Laat hulle en Zuma se Zoeloes mekaar gerus die stryd aansê, terwyl ons langs die kantlyn op ‘n veilige afstand kyk hoe hulle vaar. Of dit ‘n Isandlwana of ‘n Rorke’s Drift gaan wees, sal ons nog maar moet sien.

Peter Bruce, die gewese redakteur van die Business Day, en wat sy hele lewe lank daarvan droom om Brits te word, braak in sy mees onlangse rubriek gal oor Zuma onder die opskrif: A damaged man. A damaged country. Asof Bruce al ooit ‘n snars vir ons land omgegee het! Al waaroor hy begaan is, is oor sy eie sak en die moontlikheid dat Zuma die ekonomie mag skade aandoen. Nadat elke ander faset van die land reeds verwoes is. Sy rubriek eindig met ‘n oproep tot die stryd teen Zuma:

Have a safe holiday — 2016 will test us all.

Gaan daar burgeroorlog in 2016 wees? wonder ‘n mens. Hoe meer histeries die Engelse media en hul Afrikaanse napraters egter oor Zuma te kere gaan, hoe meer neutraal moet ons oor die hele aangeleentheid voel. Dis nou die tyd om ‘n goeie boek te lees, saam met jou familie en vriende vleis te braai of te gaan inkopies doen in al die Engelse winkelsentrums.  Met die ekonomie wat tuimel, gaan daar binnekort baie winskopies wees. Verkoop die rand teen die dollar of die euro, of koop Krugerrande, en sit agteroor om te kyk wat gebeur.

Die enigste stryd wat die Afrikaner tans moet voer, is die taalstryd. Nog nooit was die Engelse met hul imperiale strewe om ons te oorheers en te verengels so swak soos nou nie. Daarom staan ons nou ‘n kans om Afrikaans weer te laat herleef. Die Engelse en die Zoeloes deel ‘n gemeenskaplike taal in hul provinsie Natal, daardie lustelose en arm gebied wat so sleg teen ons dinamiese Transvaal en Wes-Kaap afsteek. Laat hulle dinge tussen mekaar uitspook, met of sonder hulp van Moedertjie Brittanje.

Kom ons pas die wysheid van die ou spreekwoord toe: Twee honde baklei oor ‘n been, en ‘n derde hardloop daarmee heen. Hoe hewiger die stryd tussen die Engelse en hul ANC-SAKP-Frankenstein raak, hoe beter die kans dat ons self ‘n paar kastaiïngs uit die vuur sal kan krap.

Natuurlik bestaan daar nasionalistiese Engelse en Britte in die Verenigde Koninkryk met wie ons ‘n pad sal kan stap, net soos met die ander regse Europeërs en Amerikaners. Sulke Engelse is egter in Suid-Afrika yl gesaai. Die meeste het die heersende politieke korrektheid en kulturele marxisme volledig omhels. Wat jy saai, sal jy maai. Tot dusver het ons die meeste onder die revolusie gely, met plaasmoorde, taaldiskriminasie en antiwit rassisme. Justin Cartwright en sy vriende in Kaapstad, Durban en Johannesburg se beurt kom nou.

Deur die geskiedenis is Afrikaners nog altyd as kanonvoer deur die Engelse gebruik. Ons was dom genoeg om in 1994 ons land op ‘n skinkbord weg te gee aan ‘n klomp rampokkers wat dit wou plunder. Laat ons nie so dom wees om, noudat hulle op die punt staan om hul deel van die buit te verloor, dit nog vir hulle te probeer terugwen nie.

Tree in die belang van ons mense op: wees polities apaties. Maar bly veg vir ons taal en kultuur.

Geseënde Kersfees en alles wat mooi is.

Met vriendelike groete,

Dan Roodt

Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Verskeie plaaslike teoloë en teoloë uit onder meer Noorweë, Zambië en Latyns-Amerika het in Soweto byeengekom om die verskyning van die Kairos-dokument dertig jaar gelede te herdenk.

Dié byeenkoms kom te midde van ‘n wêreldwye Christelike beweging teen Israel se hantering van die Palestynese kwessie en ‘n soortgelyke dokument ter ondersteuning van Palestina.

Verlede jaar, het die Presbyterian Church USA gevra dat Caterpillar en ander Amerikaanse maatskappye wat betrokke is in die Israeliese besetting, geboikot moet word.

Die Verenigde Metodiste Kerk en verskeie Quaker liggame het soortgelyke aksies geneem teen wat hulle grootskaalse menseregteskendings deur Israel noem.

Die Verenigde Kerk van Christus in die VSA, die UCC, ondersteun disinvestering, terwyl die Episkopale Kerk dit verwerp.

Sogenaamde progressiewe Amerikaanse Jode het tewens gevra of die UCC se jongste besluit ‘n “keerpunt” vir disinvestering teen Israel verteenwoordig.

Volgens die New York Times is dit nog net die “Mennoniete en Episkopaliërs wat sê nee”.

Die linkse Israeliese koerant Haaretz gesê beide kerke se besluit is ‘n belangrike deurbraak vir BDS teen Israel.

Die oorspronklike dokument is in 1985 deur ‘n groep hoofsaaklik swart teoloë vrygestel in reaksie op wat hulle bestempel het die kerk se louwarm houding teen apartheid nadat ‘n noodtoestand op 21 Julie 1985 afgekondig is.

Aktiviste wil nou hê kerke moet sterker optree teen die lot van armes.

Die voormalige direkteur-generaal in die kantoor van president Thabo Mbeki, eerwaarde Frank Chikane, was een van die opstellers van die Kairos-dokument.

Eerwaarde Allan Boesak is een van die onderstekenaars van die Kairos-dokument teen Israel wat in Desember 2009 onderteken is en wat ‘n oproep vir ‘n “Nuwe Jerusalem” verteenwoordig.

Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier

President Jacob Zuma sê die vorige president, Thabo Mbeki het hom probeer omkoop en afdreig.

Zuma sê hy is geld deur die destydse president Thabo Mbeki aangebied om te bedank. Mbeki het glo gedreig dat Zuma van korrupsie aangekla sal word indien hy nie instem tot die “politieke ooreenkoms” nie.

Volgens die terme van die ooreenkom sou Zuma as hy bedank het, nie vervolg word nie en hy sou R20 miljoen ontvang.

Zuma het, deur middel van sy prokureur Michael Hulley verklaar, dat hy Mbeki se versoek dat hy bedank, geweier het en voer aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se daaropvolgende optrede teen hom gemik was om hom ‘n les te leer.

Hulley het gesê Zuma dring steeds daarop aan dat hy onskuldig is.

Hy beweer ook dat die klagtes van verkragting “al die kenmerke van ‘n kunsmatige poging toon wat meedoënloos gedryf word deur die NVG.”

Dawie Louw se roman, eMajuba

Helen Schöer het D(awie) Louw se roman, eMajuba (Tygervallei: Naledi, 2014, 397p, R179) geresenseer (Die Burger, By, 31 Januarie, p 8). Heel aan die begin verwys Schöer na die volgende opmerking van Louw: “Die pas waarteen die Afrikaner verengels, is egter geen verbeeldingsvlug nie. Dis die harde werklikheid en dis hoekom eMajuba geskryf is” (p 394). Die resensent skryf voorts: “Plek-plek slaan daar ‘n prekerigheid in die boek deur oor die dreigende heengaan van (goeie, ordentlike, suiwer) Afrikaans.”

“Louw het twee ander dinge ook op sy agenda … Hy voel duidelik beswaard dat die Boere alleen die blaam vir apartheid dra, en dat die Britte skotvry daarvan afkom. [“Net die Boer moet die skuld vir apartheid kry, niemand anders nie,” p 365.] Ook is hy nie gelukkig met die plek van die Anglo-Boereoorloë, of Vryheidsoorloë, in die geskiedenis nie, want daaroor preek die karakters ook plek-plek vir mekaar … As jy saamstem met Louw oor die taal en die geskiedenis, soos baie mense sekerlik doen, gaan jy sommer lekker lees. Maar wees gerus, selfs al is jy nie gepla met die Afrikaner en sy geskiedenis nie, is daar oorgenoeg in die boek om jou te boei.”

Die trant van Schöer se opmerkings maak dit myns insiens duidelik dat sy nie (of sekerlik nie in dieselfde mate as Louw) oor Afrikaans en Afrikanergeskiedenis “gepla” is nie. Let in hierdie verband ook op die woorde “prekerigheid”, “heengaan” en “beswaard”. Dat die karakters vir mekaar “preek”, is ‘n growwe veralgemening; ‘n vertolking gevoed deur die resensent se gebrekkige simpatie met Afrikaners en Afrikaans. Daar is myns insiens net ‘n enkele geval waar Louw se “agenda” (soos Schöer dit noem) moontlik te opsigtelik deurslaan (kyk heel aan die einde hieronder); ‘n geval van: “Askies, ek klink nou fokken prekerig” (p 63). Vir die res is dit nooit steurend nie.

Schöer skryf: “Ek het nie ‘n probleem daarmee dat skrywers ‘n agenda het nie – my probleem is eerder dat dit hier lomp hanteer is in die dialoog.” Ek dink die werklike probleem is dat “betrokke literatuur” in die nuwe Suid-Afrika geloof word as dit die huidige bedeling (bv swart meerderheidsregering en gedwonge rasse-integrasie) steun en dat pogings ter onderskraging van Afrikaners en Afrikaans feitlik outomaties met skeptisisme bejeen en glad te geredelik as ongewens beskou word.

Die boektitel verwys na die Slag van Majuba aan die einde van die Boere se Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) toe hulle met ‘n klinkende oorwinning politieke vryheid verkry het. “Met Majuba is ‘n hele oorlog gewen … Eie vlag, eie volkslied, eie taal, eie trots” (p 195). Die verwys ook na die kop Klein-Majuba in die omgewing van die plase waar die twee boeregesinne woon. Die e-voorvoegsel verwys na die hedendaagse elektroniese kommunikasie van inligting, wat later in die verhaal ‘n groot rol speel. Na die konvensionele en guerrilla-oorlogvoering van die Anglo-Boere-oorlog en die ANC en PAC se terreurveldtogte het kuberoorlogvoering sy verskyning gemaak. In die boektitel word dus aangedui dat die roman met sowel die verlede as die hede te make het.

Die boek handel oor twee ineengestrengelde boere-familiesages, dié van die Boshoffs en die De Beucks, oor vier of vyf geslagte heen, van 1901 tot 2014. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis word in die teks weerspieël. Aan die begin skryf die outeur: “Die gegewens in hierdie verhaal is fiktief. Gebeure, mense en plekke wat vooreenstem met die werklikheid, is slegs as vertrekpunte gebruik” (p 5). Later brei hy hierop uit: “eMajuba is ‘n verbeeldingsvlug. Die ‘feite’ in die boek is geplaas om ‘n fiktiewe storielyn te ondersteun, al klink dit plek-plek histories korrek. Die karakters is ook almal fiktief, al word daar deurentyd so direk op die (bekende) man afgepraat” (p 394). In die teks word daar meermale na die Rubicon verwys; ook na bv Uhuru, Mulder-gate en die wapenskandaal. Ons weet dat PW Botha dit wyslik geag het om nie die Rubicon oor te steek nie. FW de Klerk het dit egter te midde van dawerende applous gedoen, met fatale gevolge vir die land, die blankes en veral die Afrikaners.

Daar is verwysings na historiese figure soos Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Siener van Rensburg, koningin Victoria, koning Edward VII, Cecil John Rhodes, Horatio Kitchener, Emily Hobhouse, Louis Botha, Jan Smuts, DF Malan, John Vorster, Jaap Marais, PW Botha, Lang Hendrik van den Bergh, Eschel Rhoodie, Niel Barnard, Bram Fischer, Beyers Naudé, Ian Smith, Oliver Tambo, Nelson Mandela, Ruth First, Chris Hani, Kader Asmal en Thabo Mbeki. Daar is ook ‘n ligbruin airedale terriër genaamd Nelson. ‘n Karakter “wonder of dit is om iemand te vereer” (p 254). Oor FW de Klerk word daar geswyg.

Die verlede en hede word vindingryk in die hoofstukke afgewissel. In die hoofstukke wat oor onlangse gebeure handel, word daar soms verhelderende kommentaar op vroeëre hoofstukke gelewer. Daar is ‘n oorvloed aksie en dit lyk asof die boek geskryf is met moontlike verfilming in gedagte. Die teks vloei moeiteloos in goeie Afrikaans. Die gebeure is meesal geloofwaardig, hoewel hulle noodwendigheid soms bevraagteken kan word. Ek dink dit is gedoen om die spanningslyn in stand te hou. ‘n Ander oorweging was seker om onverwagte kinkels aan die verhaal te gee. Ek gaan egter nie die storie hier oorvertel nie en volstaan met die opmerking dat dit ‘n roman ver bo die gemiddelde in gehalte is.

Ek verkies om my aandag by ideologiese aspekte te bepaal en gebruik/misbruik Louw se teks as vertrekpunt. “Joernalistiek gaan oor … die skep van persepsie, en veral die manipulasie daarvan” (p 12). “Persepsies … is van die sterkste kragte wat bestaan” (p 70-71). Persepsie is: “Die krag wat die denke van die massas vorm en manipuleer … Dat persepsie ook die verlede kan misvorm, het hy ook geweet” (p 174). Tans is daar bv “‘n persepsie dat dit kief is om Engels te wees” (p 183). “Toe ek Afrikaans praat, bekyk hy my of die kat my daar ingedra het” (p 208). Ons moet myns insiens poog om hierdie situasie om te keer: Dat dit kief is om Afrikaner en Afrikaans te wees. Dit is propaganda in die massamedia (pers, radio, rolprente, televisie, internet) wat die persepsie geskep het dat apartheid net sleg was en dat gedwonge rasse-integrasie wonderlik is; dat die blankes boos en die swartes moreel meerderwaardig is; dat wittes verguis en swartes geprys moet word; dat Nelson Mandela “one of the great peace makers of all time” (p 374) was, dus nie ‘n geweldenaar nie maar ‘n vredemaker en versoener was; dat die nuwe Suid-Afrika nie-rassisties en strate beter as die ou Suid-Afrika is; en selfs dat ‘n blink toekoms op ons almal wag, al is daar nie eens genoeg elektrisiteit nie.

Ons verlede moet nie versmaai word nie. “‘n Mens het ‘n verlede nodig” (p 146). “Die verlede bied meer sekerheid as die hede” (p 62). Daar word verwys na “die onblusbare gees van ‘n Boerevolk wat hom nie laat onderkry nie” (p 84). In die skole in die konsentrasiekampe is net Engels geduld. Een van die karakters is ‘n onderwyseres en “word betrap dat sy Afrikaans met die kinders praat en word terug tent toe gestuur” (p 89). “Afrika is voos van die littekens van imperialisme” (p 235). “Kolonialisme en imperialisme het Afrika vermink, maar hoekom word net een deel van die bevolking vir die gruwels van apartheid blameer?” (p 64). “Boer is ‘n bedreigde spesie” (p 87). Daar word verwys na ‘n karakter se “beheptheid met die Boere” (p 106). “Ons moet nie opgee nie … Ons sal weer ‘n Majuba hê … Ons gaan Kitchener opdonder, net soos Colley destyds” (p 91). “Die Kakies kan óns in hierdie varkhokke aanhou, maar nie ons gedagtes nie” (p 108). Oor die konsentrasiekampe: “Hoe de donder het die Britte daarmee weggekom?” (p 117). “Die Britte [het] tot vandag toe nie om verskoning gevra … vir die gruwels wat hulle hier kom pleeg het nie” (p 329). “Engeland … sal hom nooit twee keer laat nooi om te moor en te vermink nie” (p 149). “Die Boer haal niks op niemand uit nie. Ons keer net dat ons mense weer beleef wat die Engelse aan ons gedoen het” (p 238).

Dit hinder dat die swartes deurgaans gunstig, dus polities korrek, voorgestel word. Dít word gedoen al is dit waar: “Xhosa en Boer veg sedert 1779 teen mekaar” (p 345). “Die Boer behandel die swartman nou soos wat hyself deur die Brit behandel is” (p 233). “Om iets soos Sharpeville te verdedig is moeilik” (p 251). Myns insiens is dit in hierdie geval moeiliker om die swartes se gedrag te verdedig as dié van die wittes. “Dis polities korrek om die Boer vir alles te blameer” (p 293). Van die wit karakters het heelwat geraamtes in die kas. Tydens die Anglo-Boere-oorlog skaar die Boshoffs hulle by die Boere, terwyl die De Beucks hulle lot by die Britte inwerp. “Om met die Kakies te heul was hoogs voordelig” (p 223). Daar was selfs ‘n De Beuck wat met ‘n dame uit Engeland getrou het. ‘n Ander De Beuck word “later lid van die Broederbond. Ook van die Ossewabrandwag, en later selfs ‘n Stormjaer” (p 199). Nog ‘n De Beuck beklee nog later een van die hoofposte in die Nasionale Party-regering se inligtingsdiens, terwyl ‘n Boshoff en sy vrou by die ANC se gewapende vleuel, MK, aansluit. In die meer onlangse geskiedenis word in albei families kinders by Tswanas verwek. “Ek is nie so trots om Boer te wees soos wat sy was nie” (p 226). Die uitbeelding van sulke drastiese gedragsveranderings is nie onrealisties nie. Daar word verwys na die twee Boere-generaals, “Louis Botha en Jan Smuts se verraad” (p 150; ook p 166). Oor die mynwerkersstaking in 1922: “Jannie [Smuts] was nog altyd gretig om die Ingelse mynbase se vuilwerk te doen” (p 165-166). “Smuts, die man met hande rooi van sy eie mense se bloed” (p 185).

“PW [Botha] sal uit ‘n posisie van mag wil onderhandel” (p 338). “Soos PW, wil Mandela ook uit ‘n posisie van mag onderhandel. En mag spel jy met ‘n A en ‘n K en ‘n 4 en ‘n 7” (p 344). “Politiek gaan … oor mag … die politikus wat bereid is om mag af te staan, moet nog gebore word” (p 243). Dit is in 1975 gesê, dus voordat FW de Klerk in 1989 die staatshoof geword het. Hy het homself en sy regering van mag gestroop deur die veiligheidsmagte (weermag en polisie) glad nie as troefkaarte te benut nie. Sy onderhandelings is in swakheid volbring. De Klerk se verraad was/is selfs meer skadelik en durend as dié van Smuts. “Jou siel kan jy vir welvaart verruil, maar betaaldag kom” (p 156). Die outeur verwys na “die sondaars Nimrod, Efialtes en Tifoon [oftewel (myns insiens) Louis Botha, Jan Smuts, FW de Klerk] in die negende sirkel van die bevrore hel in die Inferno van Dante. Daardie laaste sirkel wat beskore is vir hulle wat die ergste sonde denkbaar pleeg: verraad” (p 200). Dink ook aan die talle Broederbonders wat hulle knus by die ANC geskaar het. “ANC lede met wit velle is nie meer ‘n vreemde gesig nie” (p 218). “Solank daar joiners is, sal daar altyd oorlog wees” (p 155).

Na Nelson Mandela se afsterwe berig ‘n nuusdiens: “Die volk se pa is dood” (p 47-48). Daar word twee keer selfs na “Madiba” verwys (p 50). In die ou Suid-Afrika was die Afrikaners die volk, bv “Sy … bid … vir haar volk” en soggens sing hulle “Kent gij dat volk” (p 95). Op Kerkplein, Pretoria: “Oom Paul [Kruger] met ‘n wakende oog oor dat volk” (p 357). Die nuwe Suid-Afrika het ongevraagd talle swart volksvaders en -moeders opgelewer waarmee Afrikaners kwalik wil assosieer. Daar is geen sprake van ‘n Suid-Afrikaanse nasie waarvan Afrikaners deel is nie. Daar is bloot ‘n Suid-Afrikaanse bevolking. Waarna Afrikaners smag, is “om te behoort” (p 221) aan ‘n eie land en ‘n eie nasie. “Ek wil … tussen my mense” wees (p 223). Vir ware nasieskap is ‘n etnies-kulturele tuisland vir Afrikaners gevolglik noodsaaklik.

Oor die Soweto-opstand in 1976 word geskryf: “Afrikaans het die skuld gekry” (p 288), dus Afrikaans is tot sondebok gemaak. Die onderwyseres van een van die karakters was daarop gesteld dat sy Afrikaans “mooi moes praat … Sonder jou moedertaal is jy niks … Onthou dit” (p 77). Dit herinner aan Jan Rabie (1920-2001) se woorde: Sonder Afrikaans is ek niks. “Die Afrikaner, veral, verengels teen die spoed van lig” (p 183). “Afrikaans boer vinnig agteruit. Met die sogenaamde nuwe Afrikaans wat die ou Afrikaans verdring. Asof laasgenoemde ‘n verleentheid vir die Afrikaner geword het” (p 184). “Almal wat Afrikaans is … is selfs lief om hul Engels uit te stal. Op straat praat hulle al Engels met mekaar. Weliswaar swakkerige Engels, maar so suiwer as wat hul swaar r’e dit toelaat. Natuurlik sonder ‘n enkele Afrikaanse woord tussenin. Engels, die taal van konings. Van die elite” (p 383). Waarom is dit vir alle Suid-Afrikaners belangrik om Engels so suiwer moontlik te besig, maar Afrikaans mag maar in mengeltaal of koeterwaals ontaard? (HAT: “Koeterwaals: onverstaanbare brabbeltaal; gebroke taal, kromtaal.) Dit kom neer op ‘n gebrek aan respek vir Afrikaans en eintlik vir Afrikaners. Baie Afrikaners praat self bedenklike Afrikaans omdat hulle hulle selfrespek verloor het.

Ten slotte kom ek by die enkele keer waar die dialoog neig om te “prekerig” en dus roman-disfunksioneel te word (p 364-365).

Met verwysing na die gedig van Totius (1877-1953), “Vergewe en vergeet”, word genoem dat die wondmerk van die doringboompie wat al groter word,

“Engels [kan] wees wat ons taal so binnedring. Nee, nie binnedring nie. Binnegenooi word … Toe onse Lord Kitchener sy geveg teen die Boervrou wen, het Boer respek vir Kakie gekry.”

“Die Afrikaner is sy identiteit kwyt. Na ’94 is hy ‘n weggooikind. Een wat nou na aanvaarding soek.”

“Maar daar’s ‘n nuwe Afrikaner op pad. Wat soos ‘n Phoenix uit die as verrys. Wat lojaal teenoor Afrikaans gaan bly.”

“Watter Afrikaans? Die taal het deesdae vele stemme.”

“Ek praat van die Afrikaans wat uit die hart kom. Wat deel van jou is. Waarop jy trots is. Wat vertroetel en opgepas moet word.”

“Hoe lyk hierdie nuwe Afrikaner van jou?”

“Die Phoenix gaan verby velkleur kyk. Hy gaan verdraagsam wees teenoor ander wat ook lief vir die taal is. Hy gaan verdraagsaam teenoor hul godsdiens wees. Teenoor hul politiek. Onbenullige verskille tussen mense gaan nie saak maak nie. Die Taal gaan die gemene deler wees … Boer triomfeer omdat hy uiteindelik van sy vooroordele ontslae is.”

“Jy hou nie van die Engelse nie … Is ek reg?”

“Verkeerd. Om vandag se Engelsman vir destyds se vergrype te blameer is absurd. En onregverdig.”

Dan is dit ook onregverdig om al die hedendaagse blankes in Suid-Afrika vir slawerny, kolonialisme, imperialisme en rasse-segregasie/apartheid te blameer. Daarmee word nie geïmpliseer dat hierdie verskynsels noodwendig net sleg was/is nie.

Nuwe boek werp lig op ANC se terreurveldtog

‘n Nuwe boek werp lig op ‘n sogenaamde ‘n mislukte operasie om ANC-leiers te vermoor in ballingskap.

Die boek wat pas in Brittanje verskyn het, Iron Fist from the Sea: South Africa’s Seaborne Raiders 1978-1988, vertel hoe skilderye met plofstof gelaai, sou gebruik word.

Die vliegtuig vol spesmagsoldate wat die “gelade” skilderye sou aflewer het egter in mistige weer omgedraai.

Dit is een van die dosyne verrassende onthullings waarin besonderhede van bedrywighede van ‘n geheime Suid-Afrikaanse Weermag-eenheid in die 70’s en 80’s oopgevlek word.

Baie min van die lede was ouer as 25. Hule moes onder uiters moeilike omstandighede, lang afstande en min bystand, die ANC se terreurveldtog stuit.

Hoewel die aanval op die ANC-leierskap in ‘n boskamp in Tanzanië afgelas is, was dosyne ander missies suksesvol, insluitend ‘n aanval op ‘n olie-raffinadery in Luanda asook die bombardement en sink van sewe skepe.

Die boek vertel ook hoe twee Suid-Afrikaanse recce’s Thabo Mbeki in ‘n restaurant in Dar es Salaam afgeluister het. Mbeki was ‘n ontwykende en sentrale figuur in die terreurveldtog.

Die skrywers van die boek is luitenant-kolonel Douw Steyn en skout-admiraal Arne Söderlund, twee SAW-offisiere.

Dit onthul van die bedrywighede van een van die mees gevreesde SAW-spesmageenhede,  4 Reconnaissance Regiment – “4 Recce” – ‘n eenheid wat saam met die vloot teikens so ver as Cabinda in Angola naby die mond van die Kongorivier getref het.

Steyn en Söderlund was meer as vyf jaar saam lede van die eenheid, wat digby Langebaan, noord van Kaapstad, gestasioneer was.

Hulp is ook verkry van Russiese veterane om ‘n akkurate weergawe te verseker.

“‘n Klein aantal ex-SAW-lede was nie gelukkig oor die boek nie, maar ons het gevoel dat die geskiedenis aangeteken moes word, en het geweet dat al die bedrywighede uitgevoer is met behoorlike politieke goedkeuring en toesig en streng beheer,” sê Söderlund.

Die boek is ook gebaseer op die skrywers se persoonlike ervaring. Steyn was operasionele bevelvoerder van die 4 Recce-groep en Söderlund was later Suid-Afrika se militêre attaché in Londen en betrokke in die oprigting van die post-apartheid vloot.

 

Resep vir Afrikanerherlewing

In ‘n Afrikanerherlewing speel innerlike of geestelike/nie-tasbare sake sekerlik die deurslaggewende rol, bv bewustheid van ons geskiedenis, kultuur en identiteit; die durf of wil tot handhawing; om op te staan en nie vertrap of verswelg te word nie. In hierdie skrywe gaan ek my aandag egter beperk tot uiterlike of materiële/konkrete aspekte waarmee uitdrukking aan die Afrikaner se innerlike oortuiging gegee kan word. Dit herinner aan DF Malan se oproep dat almal moet verenig wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort. Die resultaat kan ‘n groot koelteboom vir Afrikanervryheid wees.

1. Benaming

Thabo Mbeki het ‘n Afrika-renaissance bepleit. Dit is ‘n misplaaste benaming, want Mbeki het (tevergeefs) gehoop op ‘n eerste lewing/lewekry en nie op ‘n tweede lewing of ‘n verdere herlewing nie. Vir die Afrikanerherlewing behoort ons tereg van die begin af en deurgaans die term “herlewing” te gebruik, want dit is ‘n verskynsel wat hom nie die eerste keer nie maar wéér voordoen. “Herlewing” is in Afrikaans ook makliker verstaanbaar as die vreemd-klinkende “renaissance”. “Afrikanerherlewing” kan verkort word tot AHE en uitgespreek word as AHÉ/AHÊ en selfs as AHA (Afrikanerhandhawing). ‘n Verkorting kan praktiese (bv slagspreuk-) voordele hê.

2. Taal

Afrikaners het die voordeel dat hulle reeds ‘n eie taal, Standaardafrikaans, het. Al wat moontlik moet verander, is die benaming “Afrikaans” omdat dit aan die naam van ‘n kontinent gekoppel is wat in baie opsigte kultureel vreemd of onaanvaarbaar is. Dieselfde geld die benaming “Afrikaner”; ook “Suid-Afrika” as die naam vir die Boere-tuisland.

3. Simbool

Afrikaners kan nie ‘n hut, konka of minibus as simbool gebruik nie. Eerder ‘n hartbeeshuisie (of ‘n huis met ‘n Kaaps-Hollandse geuwel), ossewa of jukskei. In Spanje gebruik die Baske die eikeboom as simbool van hulle vryheidstrewe (Praag 25 Mei). Afrikaners kan Totius se doringboompie as simbool benut. Hierdie boompie is ‘n kanniedood wat van byna dood tot onuitwisbaar getransformeer is. Een van die strofes in Totius se gedig, “Vergewe en vergeet”, lui soos volg:

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom

4. Leuse

Daar is baie moontlikhede: “Benut die werklikheid”, “Keer die verraad om”, “Weer die bose”, “Moenie jou laat ronddonder nie”. Die ideaal is ‘n kort, positiewe, aksiebelaaide leuse wat algemeen byval vind, soos “Skep ‘n beter toekoms”.

5. Vlag

Volke wat na onafhanklikheid streef, soos die Baske, Kataloniërs en Skotte, het ‘n eie vlag wat verskil van dié van die land (Spanje, Brittanje) waarvan hulle deel is. Die simbool (item 3 hierbo) kan op die vlag wees. ‘n Vlag moet maklik herkenbaar wees en verkieslik uitmunt in eenvoud; dus nie verwarrend wees nie. Dit moet ook anders as bestaande amptelike vlae lyk. Die huidige landsvlag is vir baie Afrikaners onaanvaarbaar. Afrikaners het ‘n broertjie dood aan ongesofistikeerde kleurrykheid. Die vorige landsvlag mag ook nie in die openbaar vertoon word sonder om ‘n herrie te veroorsaak nie. Ons moet dus nuut hieroor besin. ‘n Eenkleurige, skoon, wit vlag sal nie deug nie, want dit word met die roemlose daad van oorgawe geassosieer. Dit is presies wat FW de Klerk en ‘n klein groepie Nasionale Party-kornuite alle blankes mandaadloos aangedoen het.

6. Identifiseringsknopie

Die Ierse republikeine dra ‘n lapelknopie, die fáinne, ‘n goue of silwer sirkel, om aan te dui dat hulle voorstanders van die Ierse taal is. Dit kan ook as ‘n oorbel gebruik word; verkieslik net deur vroue. Op hierdie manier identifiseer diegene wat kultureel bymekaar hoort hulleself. Dit lyk vir my baie prakties om op ‘n soortgelyke manier uitdrukking aan Afrikaners se strewe na selfbeskikking te gee en die momentum daarvan aan te wakker. Ons fáinne kan die vorm aanneem van ‘n jukskei of ‘n dolos (soos dié waarmee die Voortrekkerkinders gespeel het, of die soort wat weerstand teen die gety bied).

7. Spandoek

By die optredes, optogte en ander byeenkomste van politieke, sport- en ander groepe is spandoeke gewild, veral as geweet word dat die gebeurtenis televisiedekking geniet. Op die spandoek van Afrikanerherlewing kan hierdie benaming en die bogenoemde simbool, leuse en vlag verskyn.

8. Handgebaar

Die vredesikoom Nelson Mandela het graag sy gebalde vuis in die lug rondgeswaai. Daarteenoor is PW Botha verguis as hy veel onskadeliker sy wysvinger gebruik het om iets te beklemtoon. Winston Churchill was bekend vir sy V- of oorwinningsteken tydens die Tweede Wêreldoorlog. Wat Afrikaners nodig het, is ‘n eenvoudige teken, maar om die middelvinger te wys sal nie oral byval vind nie. Dalk moet ons volstaan met duim in die lug om iets positiefs aan te dui en duim na onder vir iets waaroor ons negatief voel.

9. Volkslied

In polities linkse geledere word daar deesdae voorgegee dat die vorige Suid-Afrikaanse volkslied, Die Stem, in die openbaar net so onwelkom soos die vorige landsvlag is. ‘n Populêre Afrikanerlied kan ‘n onherstelbare bres in die heersende slaafmentaliteit slaan. Dink maar aan hoe vreesbevange ANC-elemente gereageer het toe Bok van Blerk se De la Rey-liedjie gewild was. Pleks van ‘n volkslied (wat later nodig sal wees) het Afrikaners tans veel eerder behoefte aan inspirasie, oftewel ‘n strydlied. Praaglesers sal sekerlik maklik kan verbeter op ‘n beskeie en haastige poging soos die volgende. Kom ons gee vir iemand, soos Steve Hofmeyr, nog iets om te sing.

Herlewingslied

Ons mense het in drie skepe geland
om beskawing in ‘n donker kontinent te plant

Die vryburgers het suksesvol geboer
al moes hulle hulle goed beveilig met die roer

Duitser, Geus en Hugenoot het gevind
daar is ‘n taal wat hulle in hul harte saambind

Met osse en waens het hulle getrek
selfs baie verder as wat die land se grense strek

Ons pleeg nie misdaad, brand nie bande nie
ons werk en laat leef, maak sekerlik nooit skande nie

Ons is behoudend, standvastig, getrou
sal verseker opstaan en ‘n beter toekoms bou

‘Hani-moord om wapenomkopery toe te smeer’

Terry Crawford-Browne het Woensdag beweer dat die moord op Chris Hani in 1993 verband hou met die korrupte wapenstransaksie.

Hani wou glo die betrokkenheid van Joe Modise bloot lê. Modise sou later minister van verdediging word.

Hoewel Hani vermoor is voordat Modise die minister van verdediging geword het, en ses jaar voor die kontrakte vir die verskaffing van militêre toerusting onderteken is, sê Crawford-Browne hy glo die moord was gekoppel aan die wapentransaksie.

As getuie voor die wapenaankopekommissie in Pretoria, het Crawford-Browne gesê daar is bewerings dat Janusz Walus, wat Hani vermoor het, in diens was van die Britse wapenmaatskappy BAE Systems.

“In daardie scenario, was die betrokkenheid van Clive Derby-Lewis bloot misleiding om die wit regses te blameer, en so die aandag van die Britse wapenbedryf af te lei,” het Crawford-Browne gesê.

Die tweede adjunk-sekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, het gister gesê dat hoewel die party Crawford-Browne se getuienis met agterdog bejeën, hoop hulle om meer uit te vind oor Hani se dood deur met hom te gesels.

“Hoekom het hy stilgebly met sulke inligting, terwyl ons gevra het vir ‘n ondersoek na Chris Hani se dood? … Ons sal hom vra of hy bewyse het want ons kan dit nie net [summier] ignoreer nie,” het Mapaila gesê.

Crawford-Browne het ook intussen beweer dat Winnie Madikizela-Mandela vertroulike wapentransaksie dokumente uitgelek het. Die ANC het die bewerings ontken.

Gister het hy gesê dit is bekend dat daar ‘n aansienlike vyandigheid tussen Modise en Hani was wat dateer uit hul tyd in ballingskap.

Crawford-Browne het gesê hy is vertel deur Bheki Jacobs, ‘n belangrike bron van inligting oor die beweerde korrupsie in die wapentransaksie, dat Modise vergiftig is, en dat die gesamentlike ondersoekspan se verslag oor korrupsie in die wapentransaksie gedokter is voor Modise se dood.

Jacobs het gesê Modise se dood sou lyk na kanker. Jacobs is self aan kanker oorlede in 2008.

In sy kruisondervraging, het Jaap Cilliers SC wat vir Fana Hlongwane verskyn en Crawford-Browne uitgedaag om te bewys dat die Britse regering lank reeds aandadig is aan omkopery deur BAE Systems.

Verskeie bronne beweer dat die sakeman Hlongwane miljarde betaal is aan kommissies wat verband hou met die wapenaankope, kommissies wat hy steeds namens sekere hoë amptenare en politici bestuur om hulle die verleentheid te spaar.

Crawford-Browne beweer die Britse sekretaris vir handel en nywerheid Patricia Hewitt het, in Junie 2003, erken dat BAE Systems omkoopgeld betaal het om kontrakte in Suid-Afrika te verseker.

Hy het gesê bewyse het getoon dat Barclays Bank van Engeland die verkryging van die BAE Hawk en die BAE/Saab Gripen-vegvliegtuie gefinansier het. Commmerzbank Duitsland het die aankope van die vier fregatte en drie duikbote gefinansier. Die vliegtuie sou in 2012 afbetaal word, maar is verleng tot 2021.

Crawford-Browne het die bewerings van vergiftiging na die adjunk-kommissaris van die polisie in die Wes-Kaap geneem, “maar geen optrede het gevolg nie,” het hy gesê.

Mbeki steun Israel-boikot

President Thabo Mbeki het Suid-Afrikaners aangemoedig om Israeliese produkte te boikot in reaksie op die land se optrede in Gasa. Meer as 1800 mense, waarvan die meeste burgerlikes, het in die Israeli-Hamas-konflik omgekom wat drie weke gelede opnuut uitgebreek het.

Mbeki sê Suid-Afrikaners moet Israeliese produkte boikot. “Die mense van Suid-Afrika moet hierby betrokke raak. Byvoorbeeld, daar is ‘n oproep om Israeli-produkte te boikot en nie in Israeliese maatskappye te belê nie. Ek dink dis reg.

“Dit is nie die verantwoordelikheid van die regering om mense te mobiliseer nie. Mense moet hulself mobiliseer,” het hy bygevoeg.

Mbeki het gesê hy steun die regering se besluit om nie die Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika uit te skop nie en die Suid-Afrikaanse afgevaardigde in Tel Aviv te hou.

Hy het die eerstejaar studente van Thabo Mbeki-leierskap-instituut aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria, Maandag toegespreek.

Daar is tans ‘n veldtog om die Israeliese diplomate en ambassadeur van Israel na Suid-Afrika uit die land te sit.

President Jacob Zuma het egter reeds ‘n spesiale gesant aangewys om die konflik in die Midde-Ooste te besleg. Mbeki het gesê dit is nodig om direkte skakeling met die ambassadeur te hê.

Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer

Thabo Mbeki
Thabo Mbeki

Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei.

Mbeki is die voorsitter van die paneel wat gestig is na ‘n besluit van die AU se ministers van Finansies, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in 2011.

Die paneel se missie is onder meer om aanbevelings te maak oor hoe om die onwettige uitvloei van multi- miljarde jaarliks uit die vasteland ​​te stuit.

Tussen 1980 en 2009 het Afrika glo ‘n verbysterende $1,2 triljoen dollar van die kontinent se rykdom verloor.

Mbeki het by die Verenigde Nasies in New York gesê die onwettige uitvloei van kapitaal uit Afrika kos die vasteland jaarliks sowat 600 miljard rand.

Hy sal ook vergader met die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds en die Amerikaanse departement van buitelandse sake.

Die kapitaaluitvloei is die gevolg van foutiewe handels-fakturering, belastingontduiking en terreur-finansiering.

Die geld vloei na ontwikkelde lande en belastingparadyse.

Die VN se adjunk sekretaris-generaal, Jan Eliasson, het aangedui dat ‘n oplossing van die uiterste belang sal wees vir Afrika om sy Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te haal.

 

Willie Esterhuyse se wel en wee

Willie Esterhuyse (middel), met Thabo Mbeki (regs)
Willie Esterhuyse (middel), met Thabo Mbeki (regs)

deur Leon Lemmer

Willie Esterhuyse (gebore in 1936) was tot 1987 lid van die Broederbond en jare lank skynbaar ‘n liefling van die Afrikaner en die NG Kerk. Byvoorbeeld, aan die Universiteit Stellenbosch het die inisiatief van hom uitgegaan om aan PW Botha ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Esterhuyse kom uit ‘n Sap-gesin, maar hy het ‘n stoere ondersteuner van apartheid geword. Hy was een van diegene aan wie die Nasionale Party-regering aanvanklik sy onderhandelinge met die ANC toevertrou het. Kort nadat hierdie samesprekings ‘n aanvang geneem het, het Esterhuyse en Thabo Mbeki vriende geword en het Esterhuyse besluit dat hy eerder ANC- as NP-gesind is.

Deesdae kan Esterhuyse blykbaar nie verstaan waarom hy nie meer deur sy mede-Afrikaners op die hande gedra word nie. Naspers nooi hom darem nog soms uit wanneer daar ‘n onthaal of ander funksie aangebied word. Daarna verskyn sy foto in die koerant. Andersins moet hy in die na-Mbeki-era maar briewe aan die koerant skryf of ‘n toespraak vir publikasie aanbied om nie heeltemal in die vergetelheid te verdwyn nie. Die waarheid is dat die spreekwoordelike nuttige idioot ‘n beperkte rakleeftyd het.

Kom ons gaan ‘n bietjie na hoe Esterhuyse self sy openbare beeld getransformeer het. Daarna kan hierdie geykte vraag beantwoord word: Is Esterhuyse ‘n Afrikaner? Sy Sap-wortels en waarheen hy op pad was, het in 1979 die eerste keer duidelik geblyk met die publikasie van sy boek, Afskeid van apartheid. Dit is onder meer op grond van sy afkeer van apartheid en sy “geheime gesprekke” met die verbode ANC dat die ANC-regering tydens die Mbeki-bewind in 2003 aan hom die Orde van Luthuli (silwer) toegeken en hom ‘n leidende Afrikaner genoem het. Ek bepaal my aandag vervolgens by sy drie jongste boeke.

Esterhuyse het sy verset teen sy kweekskoolagtergrond getoon met sy boek, God en die gode van Egipte: In die voetspore van die Onsienlike (Wellington: Lux Verbi, 2009, 256p). Daarin verskyn hierdie neerbuigende opmerking: “Veral sedert 1979 het dit vir my al moeiliker geword om na die ortodokse gebulk van die Afrikanerbulle in die Groot Kraal (staat, kultuur en kerk) te luister” (p 21). Waaroor “bulk” Afrikanerbulle? Oor beskawing, oor Westerse waardes, oor die handhawing van standaarde, oor wat blankes en veral Afrikaners tot stand gebring het. Dit is wittes wat hierdie land oor meer as drie eeue ontwikkel het, in ‘n era wat deesdae as “donker” voorgestel word. Afrikaans het in daardie duisternis as ‘n volwaardige taal tot stand gekom. Dit gaan vir hierdie “Afrikanerbulle” om kwalitatiewe sake. Moet daar saam met apartheid ook hiervan sonder meer afskeid geneem word?

Die kernboodskap wat Esterhuyse in sy 2009-boek oordra, is dat stories en mites in die Bybel vertel word. Dit beteken nie dat die gebeure wat in die Bybel beskryf word werklik plaasgevind het nie. Dit gaan om ‘n bepaalde boodskap ter singewing oor te dra. Die Bybel word bloot ‘n “openbaring van mense” (p 67). Hy laat hom soos volg uit oor die Bybelboek Eksodus: “Dis eintlik ‘n sameflansing van ‘n verskeidenheid kampvuurstories en godsdienstige praktyke van woestyntrekkers op pad na hulle beloofde land” (p 35).

Die Ou Testament word beskryf as “‘n storie oor hulle [die Jode se] verstaan van God en sy rol in die lewe en geskiedenis van mense, state en gemeenskappe, wat oor tyd heen in skrif beslag gekry het” (p 111). “Dis nie die gode of God wat tekste heilig maak omdat hulle regstreekse goddelike openbarings bevat nie. Heilige tekste, ‘die Skrif’ ingesluit, is niks anders en niks meer nie as die getuienisse van mense se uitsonderlike ontmoetings en ervarings” (p 135). Soos in die geval van apartheid het Esterhuyse afskeid geneem van die God waarin hy in sy ouerhuis, “die klipkerk van Laingsburg” en aan die Kweekskool van Stellenbosch geglo het (p 188).

Godsdienstige opvattings word sodoende diensbaar aan Esterhuyse se neo-verligte politiek. Hy wil (en ons moet) hande vat (p 235) en ‘n verskil maak (p 231, 233, 241). Die modewoorde van die huidige plaaslike politieke retoriek (bevryding, verandering/transformasie, geregtigheid, ens) word kwistig rondgestrooi. Geloof word “‘n verbintenis aan saakmakende en vernuwende geregtigheid” (p 240). “Die profetiese tradisie was … primêr ‘n bevrydingstradisie” (p 240). Esterhuyse gaan selfs sover om te beweer: “Vanaf Jesaja en Miga tot by Jesus. Binne dié tradisie … Jy moes jouself identifiseer as ‘n geroepene, ‘n aktivis vir die droom van geregtigheid, ‘n vryheids- en vredestryder” (p 246).

Jesus word voorgestel as “‘n bepaalde inkarnasie of vleeswording van die geregtigheidsdroom … ‘God’, in Jesus as ‘n rolmodel, is volgens die stories van die Bybel ‘n simbool van die ewige, goddelike soeke na geregtigheid” (p 248). Dit is duidelik dat Esterhuyse (soos) ‘n bevrydingsteoloog geword het. Sy vertolking van die Bybel is sodanig dat dit sy neo-verligte en pro-ANC-politiek ondersteun. Religie word diensbaar aan sy politieke voorkeur gemaak. Sy nie-teïstiese, pragmatiese godsbegrip rugsteun sy politieke (wan)opvattings.
.
Esterhuyse se volgende boek, Die God van Genesis: Drama in die amfiteater van die Oneindige (Durbanville: Christelike Media Publikasies, 2010, 294p) is in dieselfde trant as sy vorige boek geskryf en vul dit aan. Van onder meer die Bybel skryf hy: “Self dink ek nie meer die geskrifte is heilig in die sin dat hulle deur die Goddelike self met ‘heiligheid’ beklee is nie. Dit is mense wat deur hulle vereenselwiging met ‘n bestaande geskrif die geskrif as iets spesiaals, as ‘heilig’, uitsonder” (p 68). Let op die volgende vertolking: God “se fokus is nie op die hemel nie. Ook nie op die skepping as sodanig nie. Dit is op verhoudinge, veral met die mens en die aarde” (p 108). Esterhuyse kan sekerlik nie daarop aanspraak maak dat hy dit wetenskaplik vasgestel het nie. Dit is bloot sy vertolking. Daarmee gee hy ‘n vrypas aan die verderflike politiek van die bevrydingsteoloë.

Hy erken dat dit maklik is om die Bybel te misbruik (p 283): “Dit is nie moeilik om die Bybel volgens eie vooroordeel en voorkeure te interpreteer nie” (p 252). Maar dan kom hy tog met hierdie myns insiens uiters vergesogte stelling: “Terloops, as daar ooit ‘n godsdienstige en morele revolusionêr en aktivis was, dan was dit Jesus van Nasaret. Dit is beslis nie gepas om ongekwalifiseerd ‘liewe’ voor sy Naam te skryf nie” (p 198). Dit lyk asof Esterhuyse die “voerbakke” (p 140) polities korrek rondskuif. Die volgende is sprekend van die outeur se veranderde politieke gesindheid: “Nóg ‘die volk’ nóg ‘die taal’ is ‘n skeppingsordinansie! Dit is veranderlikes” (p 253). Hy versuim om by te voeg: Dit beteken nie dat jy jou eie mense en moedertaal vir ander moet verruil nie.

Die derde en laaste boek wat hier bespreek word, is Esterhuyse se Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 367p). Die teks handel oor die verkennende gesprekke wat Esterhuyse en ander “uitgesoekte” lede van die Afrikaanse “binnekring” van 1987 tot 1990 met ANC- lede gevoer het. Esterhuyse praat van die “Afrikaner-ANC-gespreksgroep” (p 115). Heel aan die begin van sy betrekkinge met Mbeki het Esterhuyse aan hom bely dat hy deur die Nasionale Intelligensiediens (NI) gestuur is en dat hy aan die NI rapporteer (p 122). Omdat Esterhuyse hom spoedig eerder by die ANC as die NP geskaar het, kon hy skryf: “Die ANC sal my nie vermoor nie. Hulle het belang by my oorlewing” (p 30).

In die boek word daar uitdrukking aan heelwat volslae naïwiteit gegee. Asof dit wysheid uit die mond van ‘n suigeling is, haal Esterhuyse sy dogter soos volg aan: “Thabo Mbeki kan tog nie ‘n terroris wees nie” (p 170). Elders noem hy egter dat Mbeki militêre opleiding in die Sowjet-unie ondergaan het (p 115), wat sekerlik nie ten doel gehad het om hom mooier in die kerk te laat sing nie. Esterhuyse wou spesifiek in die geval van Mbeki “die konstruk van ‘terroris’ ondermyn” (p 142).

Wat Esterhuyse in sy handel en wandel en ook in hierdie boek doen, is om te ontken dat ons hier met werklike vyande te make gehad het. Vyand is ‘n “mite” (p 182 – soos hierbo in Bybelse verband), ‘n “konstruk”, bedoelende dat dit ‘n misleidende of onvanpaste term en begrip is. So ook “terroris” (p 142). Hierdie vyande moet “vennote” word (p 195). Hy wend hom tot linguistiese higiëne ten einde die ANC goed voor te stel. Dit gaan om die “ontdemonisering van die ANC” (p 36). Hulle is dus nie geweldadige en bloeddorstige terroriste nie. “Bloedorstige vyand” is ‘n “mite” (p 43). Ons is glo almal Suid-Afrikaners met ‘n gemeenskaplike vaderland, dus ‘n enkele tuisland, en ons het almal ‘n “gemeenskaplike toekomsdroom” (p 160).

“Die ANC is in die eerste plek nie ‘n terroriste-organisasie nie, maar ‘n politieke beweging” (p 129). In die boek word moeite gedoen om die ANC, ‘n “civilised and cultured group of people” (p 138), te ontdemoniseer. In dié proses word Afrikaners (minstens dié wat apartheid ondersteun) gedemoniseer. Die apartheidsregering het moordbendes gehad (blykbaar is dit nie bloot ‘n “konstruk” of “metafoor” nie) omdat die NP-regering in die “mite” van ‘n Totale (kommunistiese) Aanslag geglo het (p 56) en dus met ‘n Totale Strategie as teenvoeter vorendag gekom het (p 70). Hierteenoor hang Esterhuyse “totále transformasie” aan (p 156). Hy gebruik graag die term “sekurokrate” (p 81) vir diegene wat die Suid-Afrika van weleer teen geweld probeer beveilig het. Blykbaar is ook hierdie term nie bloot ‘n “konstruk” nie.

Tog konstateer Esterhuyse darem hierdie waarhede: “Die buitelandse vleuel van die ANC het finansieel, militêr en polities hoogs afhanklik van Moskou en sy meelopers geword” (p 62) en “sonder Sowjetsteun sou die ANC nêrens gekom het nie” (p 205), asook dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party die ANC “intellektueel en ideologies gedomineer het” (p 84). Die Botha-regering en sy veiligheidsmagte, wat hulle teen terrorisme en kommunisme verset het, word die “ystervuis” genoem (p 38) en die oorlog ‘n “burgeroorlog” (p 131). In ‘n oorlog word mense gedood, maar Esterhuyse gebruik telkens ANC- en WVK-taal: ANC-aktiviste word “vermoor” (bv p 39). Dalk net ‘n enkele keer erken hy dat die ANC moorde gepleeg het wanneer hy skryf oor “geweld en moordbendes aan albei kante” (p 181).

Esterhuyse munt nie uit in objektiwiteit nie. PW Botha word die “Groot Krokodil” genoem en Nelson Mandela die “Groot Ikoon” (p 207). Botha was glo “arrogant” (p 108) en het ‘n “obsessie met mag en publisiteit” (p 193) gehad, maar nie “denk-elastisiteit” nie (p 177). Hy word telkens as “halsstarrig” getipeer (bv p 169). Mandela, daarenteen, is ‘n “meesterlike oorrompelaar” (p 94-95), ‘n “passievolle politieke omvormer” (p 208) en “die sjarmante en eg menslike leier” (340). “Hy tree soos ‘n visionêre leier op. ‘n Moses-figuur” (p 175). “Mandela is sy ware self: Vredesoeker; versoener; gematigd; nie-rassig” (p 272). Maar Mandela was in werklikheid die inisieerder, stigter en eerste hoof van Umkhonto weSizwe (MK), die militêre of geweldsafdeling van die ANC. Let op hoe Esterhuyse hierdie feite oor sy vredesikoon verdoesel: Mandela “het wel ‘n hoë posisie in MK gehad” (p 238).

Mbeki het, volgens Esterhuyse, ‘n “skerp analitiese vermoë” (p 125) en “hy praat beredeneerd en baie logies” (p 164). Hy is vir Esterhuyse “die soort mens … wat ek bereid sal wees om met my lewe te vertrou” (p 142). Desmond Tutu en Allan Boesak word voorgehou as “gerespekteerde kerkleiers” (p 39), “charismatiese leiers” (p 107), “uiters bekwaam en leiersikone in eie reg. Nie revolusionêre militantes nie” (p 219). Oliver Tambo was glo ‘n “gematigde” ANC-leier (p 41), terwyl dit in werklikheid hy was wat gelas het dat sagte teikens in blanke woonbuurte deur die UDF/ANC aangeval moet word (p 87). Tambo het die gewelddadige UDF geloof as ‘n “uitstaande voorbeeld van die ‘political maturity of our people'” (p 133).

Esterhuyse het allerhande romantiese en uiters naïewe verwagtinge van die nuwe Suid-Afrika gekoester. Hy skryf “dat ‘n nuwe politieke daeraad besig was om deur die duisternis van apartheid te breek” (p 207-208). Hy beskou dit as: “‘n Dramatiese paradigmaskuif, weg van rasgebaseerde politieke voordele en verskansings, na nie-rassigheid” (p 296). Daar is hierdie mondvol hoop: “Volhoubare vrede, geregtigheid, regverdigheid en stabiliteit” (p 302). Andrew Young, die swart Amerikaanse aktivis, het beweer dat “die ANC eendag kan bewys dat swart mense ‘n gesofistikeerde land kan regeer” (p 271). Het die ANC-regering dit bewys, of juis die teenoorgestelde? Patrick Fairweather, ‘n Britse regeringsamptenaar, het gesê: “The best way to address white fears in South Africa is to make an economic success of Zimbabwe” (p 120). Die oorverligte Esterhuyse het sy hoop gevestig op ‘n “Suid-Afrika waarvoor ons nie skaam hoef te wees nie” (p 15) en ‘n “ware nie-rassige demokrasie” (p 48).

Die skandaligste aspek van Esterhuyse se naïwiteit is sy teenkanting teen minderheidsregte, insluitende vetoreg, vir blankes. Dít terwyl swartes in die VSA in ruime mate minderheidsregte het. Esterhuyse, die oud-Broederbonder. is “ten gunste van ‘n een-mens-een-stem-verkiesing in ‘n eenheidstaat” (p 27). Oor die grondwetlike onderhandelinge in 1993 skryf hy: “Ek het toe al lankal weggestap van die NP se idee van groepsregte en minderheidsveto’s” (p 299). In die praktyk het dit die gevolg dat alle Suid-Afrikaanse nie-wittes deesdae groepsregte het (bv ingevolge regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging) terwyl al die wittes (en net die wittes) geen groepsregte het nie. Hiervoor kan ons Esterhuyse en andere wat ‘n “onmisbare en deurslaggende rol” in die voorbereidingsfase gespeel het (p 335) mede-verantwoordelik hou. Hy is een van dié wat geen onheil in swart oorheersing gesien het nie. Hy het geen beswaar teen die verswelging van wittes deur swartes met hulle vreemde nie-Westerse waardes geopper nie. Hy het die duisternis van apartheid gekontrasteer met die lig wat die ANC sou bring. Ek is diep dankbaar dat ek dit nie op my gewete het dat ek medepligtig aan verraad teenoor my eie etniese groep is nie.

Vervolgens vestig ek die aandag op die jongste brief (12 Oktober, p 18) en artikel (19 Oktober, p 11) wat Esterhuyse in Die Burger gepubliseer het. In die brief verwys hy na “baie Afrikaners wat hulself as ‘slagoffers’ ervaar.” Dit is glo “die moeder van onverdraagsaamheid.” Met verwysing na Jonathan Jansen se onlangse anti-Afrikaanse uitlatings skryf Esterhuyse: “Ek het groot waardering vir jou Voortrekkersrol in ons land.” Omdat Tim du Plessis kritiek op die loskanon Jansen uitgespreek het, reageer Esterhuyse soos volg: “Ek het besluit om nie meer Rapport te lees nie.” Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder. Ten slotte haal hy Brigalia Bam, ‘n ANC-aktivis, goedkeurend aan: “We seem to have unlearned the power of real dialogue which served us so well in the past.” Die dialoog waarna verwys word, is daardie gesprekke wat die land in die skoot van die ANC laat beland het. Die “us” wat so baie daarby gebaat het, is die swartes. Hierdie brief dui op ‘n groot mate van frustrasie by Esterhuyse; dermate dat dit twyfel oor sy geestelike ewewig kan wek.

Esterhuyse se jongste artikel is gebaseer op ‘n toespraak wat hy in Washington, DC, gelewer het. Die bedoeling was seker onder meer dat die koerantlesers kennis moet neem dat sy mening soms nog in aanvraag is. Hy stel hierdie vraag oor Suid-Afrika: “Waarom wás en is ons steeds ‘n geweldsland?” In Eindstryd het Esterhuyse apartheid, en nie die ANC se terrorisme nie, as die oorsaak van geweld voorgehou. Dít wat die verlede betref. Die politieke en ander geweld wat tot in die hede onder die swart massa voorduur, behoort ongetwyfeld aan die voorbeeldstelling van die ANC as “bevrydingsorganisasie” toegeskryf te word, maar Esterhuyse doen dit nie. Hy profeteer: “Gewelddadige betogings op plaaslike vlak is bestem om toe te neem.”

Hy toon deesdae, dus in die na-Mbeki-era, ‘n mate van ongedurigheid met die ANC: “Géén volhoubare vrede sonder ‘n suksesvolle staat nie … Brose en mislukte state, sistemies korrupte state en state wie se leiers die staat intern ‘herkoloniseer’ het, kan beslis nie vrede bevorder nie … Nelson Mandela en Thabo Mbeki se vorme van visioenêre leierskap, gedra deur ‘n ANC-organisasiekultuur en korps toegewyde ‘wyse vroue en manne’ [let op die volgorde], is verruil vir blatante transaksieleierskap waarin politieke lojaliteit (en tenders en poste) koopbaar geword het. Dié soort leierskap verander ons swaar verworwe demokrasie [ANC-taal] stelselmatig en doelbewus in ‘n vorm van ‘n kliëntestaat: kolonialisme en neo-kolonialisme [gedefinieer as: “uitsluiting deur ‘n nuwe elite”] getransformeer in neo-patrionialisme[;] die staat ‘n verlengstuk van die leier, sy familie, sy vriende en geslepe sakemanne.” Esterhuyse het klaarblyklik nog nie vrede gemaak met die feit dat hooggeprese demokratiese prosesse, naamlik sy geliefde gepeupelkrasie, die oorsaak was dat sy vriend Mbeki die trekpas gekry en Jacob Zuma hom vervang het nie. Dat Suid-Afrika beter daaraan toe tydens Mandela en Mbeki se bewind was, dui in werklikheid nie, soos Esterhuyse beweer, op hulle “visionêre leierskap” nie, maar bloot op die feit dat die verval onder swart bewind geleidelik plaasvind en eksponensieel toeneem.

Maar dan kom die oorverligte Esterhuyse weer in rat: “Vergewe en vergeet … is ‘n vorm van ‘ontkenning’ deur veral wit mense.” Hy verwys na “die onreg van die verlede” en nie na die talle opsigte waarin die land tydens bv die apartheidsera beter daaraan toe was nie. Eintlik kom sy pleidooi daarop neer dat die nuwe Suid-Afrika nou weer “brugbouers” nodig het; mense soos Esterhuyse, die “koerier” (Eindstryd, p 180) of superbode wat boodskappe tussen die NI en die ANC vervoer het.

Ten slotte moet hierdie vraag beantwoord word: Kan ‘n ANC-meeloper soos Esterhuyse en iemand wat ongetwyfeld medepligtig aan die nuwe Suid-Afrika is, ‘n Afrikaner genoem word? Daar is veral drie kenmerke wat in ag geneem moet word: godsdiens, taal en politiek. Afrikaners is tradisioneel met christelik-protestantse godsdiens geassosieer. Die afstand wat daar veral sedert 1990/1994 tussen formele godsdiens en baie Afrikaners ontstaan het, maak van godsdiens die ontbeerlikste kenmerk van die genoemde drie. Sekularisasie in Westerse samelewings speel ook ‘n rol. Met of sonder formele kerkbande gaan die meeste Afrikaners voort om soortgelyke waardes te koester. Esterhuyse het nie net sy rug op die Afrikaner se “klipkerk” gekeer nie, maar hom ook in ruime mate met nie-Westerse Afrika-waardes vereenselwig.

Taallojaliteit, Jaap Steyn se taalgetrouheid, neem myns insiens deesdae toenemend die plek van godsdiens in as ‘n onmisbare bestanddeel van Afrikanerskap. Afrikaanssprekendes wat nuwe-Suid-Afrika-entoesiaste geword het, praat sonder beswaar geradbraakte Afrikaans en/of maak Engels hulle taal van voorkeur. Wat opval is dat Esterhuyse, sover ek weet, nêrens kommer oor die lot van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika uitgespreek het nie; ook nie werklike kommer oor die lot van Afrikaners en ander blankes in ‘n land waar die swart meerderheid in beheer is nie. Hy het hom nooit vereenselwig met die “taalbulle” wat hulle vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch beywer het nie. Kyk bv sy reaksie in die brief waarna hierbo verwys is. Esterhuyse het hom van die bevordering van die heil van Afrikaans en van die “taalbulle” gedistansieer omdat assosiasie met hulle afbreuk sou doen aan die neo-openbare beeld wat hy van homself in sy na-Boederbond-era probeer vestig het. Ook wat Afrikaans betref, slaag Esterhuyse nie die toets vir Afrikanerskap nie.

Lojaliteit teenoor Afrikaans word in groot mate deur politieke gesindheid bepaal. Jan Smuts, Bram Fischer, Beyers Naudé, Nico Smith, Frederik van Zyl Slabbert, Leon Wessels, Anton van Niekerk en Willie Esterhuyse druip veral om politieke redes die lakmoestoets vir Afrikanerskap. Afrikaners voel lotsgebonde aan hulle mede-Afrikaners en ander blankes en verraai en vertrap nie Afrikaner-ideale deur eerder nie-wit etniese groepe se belange na te jaag nie. My beswaar is nie teen die uitreik na ander etniese groepe as sodanig nie, mits dit binne perke geskied. Daardie perke word oorskry as daar ‘n oordrewe sug bestaan om ander etniese groepe ter wille te wees ten koste van Afrikaners en ander blankes se belange. Dit is die kernprobleem wat al die pas genoemdes met hulle potensiële Afrikanerskap behoort te hê.

Carter wou Mbeki slaan oor hy Vigs-medisyne weerhou

Wou Vigs-medisyne met alle geweld verkoop
Wou Vigs-medisyne met alle geweld verkoop

Die voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter het oudpres. Thabo Mbeki byna met die vuis toegetakel oor MIV/vigs-behandeling in Suid-Afrika, het die Sunday Times berig.

“Die eerste keer toe ek Kaapstad toe gekom het, het ek byna in ‘n vuisgeveg met die president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, betrokke geraak weens sy versuim om dié epidemie te takel, het Carter aan die Sondagkoerant gesê.

“Dit is die naaste wat ek gekom het om ‘n staatshoof aan die bors te gryp”.

Carter het gesê die rusie was oor Mbeki en die destydse minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, se weiering om vigs te behandel.

In 1999 het Mbeki beweer dat die antiretrovirale middel AZT  giftig is en het hy geweier om behandeling beskikbaar te stel ten spyte dat die Verenigde Nasies sy bystand aangebied het.

Carter het gesê hy en Bill Gates het Mbeki probeer oortuig om die antiretrovirale middel ten minste aan swanger vroue met vigs te gee, “maar Mbeki was daarteen gekant”. – Sapa

Hoe Joe Slovo die land verower het

Onlangs het ‘n biografie uit die pen van die Amerikaanse Jood, Alan Wieder, verskyn met die titel Ruth First and Joe Slovo in the war against apartheid (Monthly Review Press). Dit vertel die fassinerende verhaal van hoe twee Litause Jode – eers vanuit Johannesburg maar later vanuit Londen en enkele Afrikastede – ‘n leidende rol in die aanslag op die vorige Afrikanerregering gespeel het. Oor die afgelope 24 uur het ek die boek in een sitting deurgelees en gee graag van my indrukke hier weer.

roodt_dan_wikiOor die algemeen is dit nie polities korrek om na die etnisiteit van Jode te verwys nie, maar in dié geval beklemtoon die skrywer dit reeds in sy voorwoord dat hy aanvanklik in First en Slovo begin belangstel het vanweë sy en hulle gemeenskaplike wortels in Oos-Europa en Joodsheid:

“As I worked on teacher stories between 1999 and 2008, I felt a growing camaraderie with First and Slovo. Both Ruth and Joe’s roots were Eastern European and Jewish, as are mine; both were, at best, non-practicing Jews, as am I; both were, like me, politically left.”

Opsommenderwys kan ‘n mens die boek as ‘n hagiografie of klakkelose huldebetuiging aan Ruth First en Joe Slovo beskryf. Ek was reeds bekend met beide se rol in die sogenaamde “stryd teen apartheid”, maar Wieder onthul sowel hul persoonlike geskiedenissse as hul politieke handelinge, wat vir nogal heelwat nuwe insigte in die treurige verhaal van ons Afrikanerneerlaag sorg. Dit het ook tot my persoonlik gespreek, aangesien my oorlede pa en sy Afrikanervriende in die veertigerjare op die Wits-kampus ‘n vergeefse stryd teen Slovo en Wolpe gestry het – terugskouend gesproke. Aan die einde van sy lewe het hy verbitterd uitgevaar teenoor “die Afrikaner wat soveel kanse gehad het en alles verbrou het” of “aan daardie duiwelse Slovo oorgegee het”. Insgelyks as student aan Wits dertig jaar gelede, het ek heelwat van die linkse, Joodse kultuur waarvan daar in die boek sprake is, meegemaak en selfs die skryfster van die voorwoord, die Nobelpryswenner Nadine Gordimer, een of twee keer toevallig ontmoet. Gordimer is insgelyks van Litaus-Joodse afkoms en was goed bevriend met “daardie wonderlike Slovo’s”, soos sy elders in ‘n koerantonderhoud na Joe en Ruth verwys het.

Joe Slovo is nie eens in Suid-Afrika gebore nie, maar in die dorpie Obelei in Litaue wat destyds onder Russiese invloed was. Die latere kommunistiese leier het eers op die ouderdom van tien saam met sy ma in Suid-Afrika aangeland. Die grootste gros Litause Jode het in die tyd van Paul Kruger in ons land aangekom en ‘n prominente rol in die goudstormloop gespeel. Teen 1914 was daar reeds 40 000 Jode in Suid-Afrika, waarvan die meeste in Johannesburg saamgetrek was. In die vroeë twintigste eeu het tot 20% van dié stad se bevolking uit Jode bestaan, wat tot die spottende benamings “Jewburg” of “Jewhannesburg” aanleiding gegee het.

Volgens Wieder moes Jode uit Litaue padgee as gevolg van toenemende anti-Semitisme ná die sluipmoord op die Russiese tsaar Alexander II. In beide Letland en Litaue het agterna ‘n gevoel teen Jode opgelaai, wat in ghetto’s gewoon het maar nie ekonomies kon oorleef nie en wat dus na ander heenkomes, hetsy in die VSA, hetsy in Suid-Afrika, gesoek het.

In die vroeë 1930s was van die meer gevestigde Jode in Johannesburg welvarend of het, soos Ruth First se ouers Julius en Tilly, tot die middelklas behoort. Nuwe aankomelinge uit Litaue soos die Slovo’s was egter onversorg en soos die skrywer vertel, was dit standaardpraktyk om sulke kinders eers te ontluis alvorens hulle tot skole toegelaat is. Die tienjarige Joe Slovo het geen ander taal as dié van die Oos-Europese ghetto, Jiddisj, gepraat nie. Sy pa is aanvanklik eers per skip Argentinië toe en indien hy daar werk gekry het, sou Suid-Afrika se geskiedenis dalk heel anders daar uitgesien het, want dit sou beteken het dat Joe ook daarheen sou verhuis het. Dalk sou daar nooit ‘n “Freedom Charter” of ‘n Kerkstraatbom gewees het nie, beide synde gebeurtenisse waarby Joe Slovo ‘n sleutelrol gespeel het.

wieder_slovo_first_voorbladUit Wieder se opmerkings oor Joodse immigrasie na Johannesburg, lei ‘n mens af dat, benewens Jiddisj, die Joodse geloof, gewoontes en kookkuns, ‘n ander invloedryke ideologie die nuwe aankomelinge vergesel het: die kommunisme. Synde self links en Joods, skroom die skrywer nie om aan te toon watter aktiewe rol die Litause Jode in Johannesburg gespeel het om kommunisme te bevorder nie. Afgesien van die verloopte Afrikaner Bram Fischer en sy vrou Molly, was die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty so te sê ‘n etnies Joodse beweging met ‘n paar swartes en Indiërs wat gekoöpteer is. Dit word natuurlik ook weerspieël in die aangeklaagdes tydens die fameuse Rivonia-verhoor, waarvan die helfte Jode was: Goldberg, Bernstein, Hepple, Wolpe, Kantor en Goldreich.

Hierdie is ‘n dubbele biografie en daarom spring die skrywer heen en weer tussen First en Slovo se verhale. Selfs voor hul ontmoeting op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand, word albei van ‘n vroeë ouderdom af reeds aan kommunisme blootgestel. Ruth First se ouers. Julius en Tilly, was albei oortuigde kommuniste en vandat sy tien jaar oud was, is sy polities bewus gemaak of saamgeneem na vergaderings of betogings toe. Blykbaar het lede van die Kommunisteparty die gewoonte gehad om op die trappies van die Johannesburgse stadsaal pamflette uit te deel en ook toesprake aan verbygangers te maak. Dit was natuurlik in die dae voor die Nasionale Party kommunisme verbied het. Maar selfs die verbod op die Kommunistiese Party het hulle nie gestuit nie, want Slovo, First, Fischer en ander het ‘n nuwe, ondergrondse party in die plek daarvan gestig.

Slovo se ma is vroeg dood, met die gevolg dat sy suster in ‘n weeshuis opgeneem is en hy saam met sy pa van een losieshuis in Doornfontein na ‘n ander moes rondswerf. Hy moes vroeg uitspring om te gaan werk en het sodoende op die fabrieksvloer in die kommunistiese beweging aktief geraak, hoewel ‘n onderwyser hom reeds aan kommunisme voorgestel het en daar in die Joodse losieshuise ook allerlei gesprekke oor sosialisme gewoed het.  Hy kry werk by ‘n Joodse firma, Sive Brothers and Karnovsky, maar organiseer sowel die swart as die wit werkers om te staak, in so ‘n mate dat die eienaar hom inroep. Wieder skryf:

“In March 1944, he was called in by one of the company’s owners, Sammy Sive, and informed that he should curtail his political activities and be grateful that he had a job at ‘such a nice Jewish firm.’ Sive explained, ‘At heart we are all communists.’ He told Joe that the firm donated money to Medical Aid for Russia.”

Hierdie stelling deur Sammy Sive verraai vir my iets van die Joodse kultuur van destyds en waaruit die hele anti-apartheidsbeweging ontstaan het: “In ons harte is ons almal kommuniste.” Vir ‘n groot deel van die twintigste eeu het dit nie saak gemaak of ‘n Jood in Suid-Afrika ‘n kapitalis, werker, akademikus, skrywer, boekhouer, vragmotorbestuurder, kleremaker of wat ook al was nie: in sy hart was hy ‘n kommunis, met groot simpatie vir die radikale vleuel wat toenemend deur Joe Slovo en Ruth First gelei is.

Trouens, daar was onlangs in die plaaslike gemeenskapskoerant, The South African Jewish Report, ‘n hele debat oor die verhouding tussen die radikale Jode soos Slovo en die Rivonia-aangeklaagdes, enersyds, en gewone Jode andersyds, waaronder daar seker ook hier en daar konserwatiewes of nie-kommuniste moes wees. Sommige briefskrywers het wel afwysend teenoor Goldreich en ander radikale Jode gestaan; nie soseer vanweë hul rol in Suid-Afrika nie, maar weens hul kritiek jeens Israel en simpatie vir die Palestynse saak. Maar in ‘n hoofartikel het sowel die koerant as die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes die rol van radikale Jode in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis met trots omhels. Dit wil voorkom asof Suid-Afrikaanse Jode voel dat die aandag op swart figure soos Mandela, Tambo en ander ANC-ampsdraers afbreuk aan hul historiese erfenis en veral dié van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty doen en hulle nie genoegsame erkenning kry vir die rol wat hulle gespeel het om die Nasionale Partybewind omver te werp nie.

Aan die einde van Wieder se boek verwys hy na die hoofrabbi, Cyril Harris, se optrede tydens Joe Slovo se staatsbegrafnis op 15 Januarie 1995. Die feit dat Slovo ‘n ateïs en geen praktiserende Jood was nie, is blykbaar van minder belang as dít waarvoor hy gestaan het:

“The official state funeral followed the day after at Orlando Stadium in Soweto. Forty thousand people crowded into the stadium and there were eulogies from President Mandela; Barney Pityana, who would soon become chairperson of the South African Human Rights Commission; John Gomomo, representing COSATU; and Charles Nqakula from the SACP. Jeremy Cronin recited the Bertolt Brecht poem, “In Praise of Communism.” The crowd inside the stadium was subdued and the speeches were on the whole uninspiring, except, ironically, the formal eulogy by the Chief Rabbi of South Africa, Cyril Harris. The rabbi’s sermon portrayed Joe’s bravery and kindness, concluding with a Jewish proverb, ‘Yes, a resounding yes. The world is a better place, thanks to you, Joe, and your remarkable life.'”

Nadat Slovo vir Suid-Afrika teen Italië in die tweede wêreldoorlog gaan veg het, kon hy aan Wits met ‘n beurs in die regte gaan studeer al het hy nie matriek agter sy naam gehad nie. Hier het sy lewenslange vriendskap met nog ‘n Joodse kommunis, Harold Wolpe, begin en het hy ook uiteindelik met Ruth First afgehaak. First het egter eers ‘n seksuele verhouding met ‘n linkse en ewe invloedryke Indiër, Ismail Meer, gehad. Dit was die dae voor die Ontugwet, asook die Groepsgebiedewet en daarom het ‘n veelrassige kerngroepie gereeld in Meer se woonstel, Kholvad-huis 13, te Markstraat in die middestad van Johannesburg, byeengekom en sosiaal verkeer. Dit is ook by Kholvad-huis waar Nelson Mandela en Joe Slovo mekaar die eerste keer ontmoet het.

Die Franse filosoof Jean Baudrillard het ‘n interessante boekie geskryf, A l’ombre des majorités silencieuces, oftewel “In die skadu van die stille meerderheid”. Selfs in ‘n liberale demokrasie is die “meerderheid” per definisie altyd “stil” terwyl bepaalde mense of groepe altyd namens die meerderheid praat of interpreteer wat die gepeupel kwansuis dink. Soveel te meer was dit nog al die jare die geval in Suid-Afrika, waar veral Joe Slovo en sy vrou Ruth First tydens hul lang verblyf oorsee as die selfaangestelde woordvoerders van Suid-Afrika se swart meerderheid opgetree het.

Joe Slovo en Ruth First
Joe Slovo en Ruth First

By die lees van hul biografie, is daar ‘n bekende Jiddisje woord wat telkens in my gedagtes opduik en dit is: “goetspa”. Selfs nie eens die Boeremag se ambisieuse staatsgreepplan in Dokument 12 spreek van soveel misplaaste selfvertroue soos Slovo en First se geloof in die revolusie en die uiteindelike militêre oorname van Suid-Afrika nie. Moontlik het die Nasionale Party se kapitulasie by die onderhandelingstafel vir Slovo as ‘n groot teleurstelling gekom, want met die hulp van die destydse Sowjetunie en Oos-Duitsland was hy besig om sy MK-kaders op te lei om uiteindelik die Boere uit Pretoria te verjaag. Hy het kort-kort voorspel dat die oorwinning “net om die draai” was. Hoewel hy in beheer van die ANC se hele terreuroperasie teen Suid-Afrika was, het hy hom kwalik oor sy eie veiligheid bekommer en was hy veral berug vir sy laataandkuiery by medestryders wat as “Joe se roete 66” bekendgestaan het. Hy het ook die gewoonte gehad om met etenstyd op te daag sodat sy gasheer verplig was om hom iets te ete aan te bied. Te eniger tyd kon ‘n agent van die destydse veiligheidsmagte hom in die straat afgemaai het en tog het dit nooit gebeur nie. Weliswaar het Craig Williamson in 1982 die briefbom aan Ruth First in Maputo gerig wat haar dood veroorsaak het, maar Slovo het lustig bomme in Suid-Afrika laat afgaan sonder dat hy ooit die geringste ongemak verduur het.

Uiteraard is Alan Wieder se weergawe van Slovo se terreuraktiwiteite erg eensydig. Selfs die Kerkstraatbom word as ‘n “militêre operasie” beskryf. ‘n Vraag wat by my ontstaan het, is waar die geld om terreur te bedryf vandaan gekom het. Slovo was iets van ‘n linkse stralerjakker en het aanmekaar tussen Londen, Moskou, Beijing en Havana gevlieg, as hy nie in Lusaka, Maputo of Luanda was nie. Dit wil voorkom asof die ANC destyds deur die Anglikaanse Kerk en Swede befonds is, terwyl die Sowjetunie en Oos-Duitsland die SAKP van geld, opleiding en wapens voorsien het. By tye het skeuring tussen die twee organisasies gedreig, maar Slovo het dit altyd reggekry om geskille op te los omdat hy sy “stille meerderheid”, net soos Mandela in die tronk, nodig gehad het.

Wieder se simpatie lê eerder by Ruth as by Joe, want hy beskryf haar as die slimmer marxistiese teoretikus. Sy het ook beter as Slovo geskryf en kon dus die propagandaveldtog in die Britse media volhou terwyl Joe ellelange vergaderings bywoon of in Afrikalande sy rekrute in saamgeflanste kampe gaan toespreek. Hul verhouding word as taamlik stormagtig beskryf en blykbaar het Joe allerlei ander verhoudings met vroue gehad, min of meer met Ruth se instemming. Hulle het egter ook oor politiek geargumenteer en in haar strewe om ‘n universiteitspos in Engeland te bekom, het First ‘n meer gematigde “nieulinkse” Marxisme as Slovo, wat op die beleid van Moskou attent moes wees, aangehang. Voor sy ‘n pos in Maputo tydens die Machel-bewind aanvaar het, het First ongeveer vyf jaar lank in Brittanje aan die Universiteit van Durham klas gegee.

Benewens goetspa, is iets wat Jode van Afrikaners onderskei, kennelik ‘n oormaat selfvertroue en wedersydse bewondering. Oor en oor in die boek word sowel Slovo as First vir hul briljantheid geloof. Geen van die argumente en stellings wat Wieder aanhaal, lyk egter vir my besonder skerpsinnig nie. Min of meer die slimste ding wat Slovo gedoen het, was om in die veertigjare kommunistiese propagandastukke in die swart toilette by fabrieke op te plak, omdat hy geweet het “dat geen selfrespekterende blanke by ‘n swart toilet sou ingaan nie”. Wat hul marxistiese teorieë betref, sou nóg Slovo nóg First in Italië of Frankryk enige aansien onder linkse intellektuele kon verwerf aangesien hulle mank gegaan het aan die soort sofistikasie en voorliefde vir ingewikkelde filosofiese redenasies waarvoor linkses in dié lande wêreldberoemd geword het.

Afrikaners is so onbelangrik dat hulle feitlik nêrens in die boek genoem word nie. Daar word net deurentyd na die “apartheidsregime” as metoniem vir Afrikaners verwys. As De Klerk en Roelf Meyer uiteindelik bes gee nadat Slovo goedgunstiglik tot die sogenaamde “sonsondergangklousule” ingestem het, is dit amper asof dit vooraf só bestem was. Die Slovo’s se dogter Gillian verwys iewers na “die naïewe Afrikanerkultuur van die veld” en ek het nogal gewonder of Joe Slovo of Ruth First ons hoegenaamd as “Suid-Afrikaners” sou erken?

FW de Klerk het tydens die aanvang van die onderhandelings by Kemptonpark gepoog om Joe Slovo daarvan uit te sluit, maar Thabo Mbeki het namens die ANC-SAKP-alliansie die minagtende boodskap oorgedra dat daar sonder Slovo geen onderhandelings sou wees nie. Slovo het korrek ingesien dat De Klerk nie vir enigiets “nee” sou kon sê nie. Sodoende is De Klerk gedwing om nie net die Litauer se leiersrol te erken nie, maar uiteindelik ook die knie voor hom te buig. Hoewel Slovo dikwels van dogmatisme en selfs “Stalinisme” beskuldig is, het hy geblyk baie aanpasbaar in sy sienings as kommunis te wees, afhangend van wie hom mag of geld kon aanbied. Toe Gorbatsjof in Rusland oorneem, is hy oombliklik tot perestroïka bekeer en het selfs ‘n verhoging van Moskou ontvang. Terug in Suid-Afrika, het van sy medestryders soos byvoorbeeld die Kanadese kommunis, John S. Saul, hom daarvan beskuldig dat hy die “revolusie verraai het” deur nie op volskaalse kommunisme in Suid-Afrika aan te dring nie.

Maar soos Sammy Sive in 1944 gesê het, is dit genoeg om “in jou hart ‘n kommunis te wees”. Daar is geen teenstrydigheid tussen kommunisme en kapitalisme nie. Selfs Friedrich Engels, een van die vaders van kommunisme, was ‘n fabriekseienaar. Niemand hoef die myne in Suid-Afrika te nasionaliseer nie, want hulle behoort meesal reeds aan Jode, soos die Oppenheimers of Ivan Glasenberg van Glencore-Xstrata wat eersdaags op die Johannesburgse aandelebeurs gaan noteer.

Lesers van die South African Jewish Report sal ook weet dat daar onlangs ‘n Swart-Joodse kamer van koophandel in Kaapstad tot stand gekom het. Volgens verklarings van die nuwe liggaam, “gaan Jode en swartes voortaan saam-saam die Suid-Afrikaanse ekonomie laat groei”.

Nóg in Slovo se meesterplan vir revolusie, nóg in dié nuwe ekonomiese plan figureer Afrikaners hoegenaamd.

As ‘n mens die groteske Afrikanerneerlaag van die vroeë negentigerjare moes verklaar, sou ek dit in ‘n neutedop só opsom: Afgesien van De Klerk se verraad, wat maar net ‘n uitvloeisel van die omstandighede was (hoewel lees Gustav Venter se uistekende Engelse stuk oor FW!), het ‘n baie klein groepie kommuniste die land kon oorneem danksy:

  • goeie propaganda wat deur mense soos Ruth First, Nadine Gordimer, Trevor Huddleston en selfs Helen Suzman verseker is;
  • fondse wat deur Swede, Oos-Duitsland en die Sowjetunie verskaf is;
  • die Johannesburgse netwerk wat die balie, die sakewêreld en die akademici van Wits ingesluit het en waar “kommunisme in die harte van elkeen” geleef het.

Laasgenoemde punt is belangrik, want die Afrikaner het sedert die ontdekking van goud in 1886 nog nooit ‘n goeie gevoel vir Johannesburg gehad nie. Die Anglo-Boereoorlog het vanweë die Uitlanderpolitiek van Johannesburg ontstaan en koerante soos The Star en die Rand Daily Mail (tans Business Day) was nog altyd op die voorpunt van anti-Afrikaner-oorlogspropaganda of die goedpraat van terreur teen ons. Op ‘n stadium het die Broederbond onder aanvoering van Piet Meyer gedink hulle gaan Johannesburg met behulp van die SAUK en die RAU verower, maar daarvan het dadels gekom. Vandag is daar géén Afrikanerinvloed meer by die SAUK of die Universiteit van Johannesburg nie, hoewel daar nog mense met Afrikaanse vanne bestaan wat soos spoke daar rondswerf. Hulle praat egter die ideologie van Joe Slovo en Ruth First klakkeloos na!

Afrikaners het gedink dat die magsentrum van die land in Pretoria gesetel was, in die burokrasie en in die weermag. Intussen was dit in Johannesburg, die stad waar die Litauers al meer as ‘n eeu lank die septer swaai… Johannesburg is inderdaad die stert wat die hond swaai.

Naspers sanik aanmekaar oor hul “Madiba” en verwar die Afrikaner des te meer. In die boek skemer dit deur dat nóg Joe Slovo nóg Ruth First ‘n hoë dunk van Mandela gehad het en hom bloot as ‘n vermetele swarte gesien het wat nie sy plek ken nie. Uiteindelik was hy maar net die swart gesig van die revolusie; hulle kon net sowel foto’s van die gestorwe Martin Luther King gebruik het.

Na alle waarskynlikheid het Joe Slovo en Ruth First die Freedom Charter geskryf. Teen die tyd dat dit in 1955 by Kliptown aangeneem is, was die kommunistiese egpaar reeds ingeperk en mog nie vergaderings bywoon nie. Joe Slovo het egter op ‘n sinkdak met ‘n verkyker gelê en gekyk hoe die vegadering verloop en was hoogs in sy noppies met die uitkoms.

Die nasionalisering van Afrikanergrond is een van die grondbeginsels van die Freedom Charter.

Ons sal binnekort sien hoe ideoloë vanuit Johannesburg wat nog nooit ‘n mieliepit geplant het nie opruk om alle plaasgrond te gaan nasionaliseer. Sodoende sal die volgende hoofstuk in die Slovo’s se revolusionêre teaterstuk verwesenlik word.

Onder hul groepie uitverkore vriende het immers ook die stigter en direkteur van die Johannesburgse Marktteater, Barney Simon, getel. Dis nie soseer die middele wat saak maak nie, maar die verhaal wat vertel word.


Hou van Dan Roodt se Facebookblad

As u belangstel om ‘n lang en gratis uittreksel uit bogaande boek oor Slovo en First te ontvang, stuur ‘n epos aan inlig[by]praag.org met “Slovo” in die onderwerpreël.

‘Boere moet nie paniekerig raak oor radikale grondhervormingsuitsprake nie’

Max du Preez
Max du Preez

Max du Preez het die “disinformasie, swak analise en politieke opportunisme” van instansies soos die Afrikanerbond en sekere ANC-faksies, skerp gekritiseer en gesê dit vertraag konsensus oor grondhervorming.

Du Preez het die Afrikanerbond as “erg onsensitief, en aanstootlik in sy a-historiese ontleding van grondeienaarskap en hervorming” afgemaak nadat hulle uitgebreide kritiek teen die ANC se opvatting van die 1913-wet gelewer het

Du Preez het die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se voorstel dat plaaslike liggame van belanghebbendes in elke distrik die oordrag van ongeveer 20 persent van landbougrond aan opkomende swart boere gee en kommersiële boere dwing om hulle te voorsien van ondersteuning, as die beste oplossing beskryf.

Die voormalige president Thabo Mbeki het onlangs gewelddadige grondbesetting in Zimbabwe geprys, en ANC-LP en Mandela-opvolger Mandla Mandela het dreigemente dat kommersiële plase onteien sal word, herhaal. Mbeki se opmerking is by ‘n lesing by die Thabo Mbeki African Leadership Institute by Unisa op 23 Augustus gemaak.

Die NOP-voorstel dat die staat boere gaan “aanmoedig” om aandele in hul plase aan plaaswerkers te gee, het tot konsternasie in georganiseerde landbou-kringe gelei.

Dit stel onder meer dat ’n plaaswerker met tien jaar se “gedissiplineerde diens” op ’n kommersiële plaas, geregtig is op 10% aandele in die eienaarskap van die grond. Ná 25 jaar diens is ’n plaaswerker geregtig op 25% aandele en op 50% ná 50 jaar.

Geen melding word gemaak oor wat gebeur as daar verskeie werkers op ’n plaas is wat al langer as tien jaar daar is nie. Plaaswerkers, wat tydelike en seisoenwerkers insluit, is nou geregtig op aandele in dié plase waar hulle woon en werk.

TLU SA het in sy reaksie gesê hoewel boere “vrywillig” deelneem is verwagtinge geskep waaraan nie voldoen kan word nie en sal dit tot spanning tussen grondeienaars en werkers lei. Dié organisasie het ook gesê die staat se voorgestelde model druis in teen ‘n vryemarkopset.

Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê die voorstel is een van twee “grondplate in die aardkors diep onder die see” wat Suid-Afrikaanse landbou kan tref.

Die ander “grondplaat”, is Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, se voorgestelde wetswysings aan die Bemarkingswet waarmee sy weer staatsbeheer wil instel.

“As een van dié twee grondplate skuif, gaan dit beslis ’n ‘tsoenami’ in landbou teweegbring,” het De Villiers gesê. Hy het gesê die plaaswerker-voorstel is ’n aanslag op privaatbesit en eiendomsreg en die wetswysiging aan die Bemarkingswet as ‘n “aanslag op die vrye mark” beskryf.

Agri SA het in reaksie gesê die Grondwet sal boere beskerm. Dié organisasie meen die gedwonge beskikbaarstelling van aandele sonder vergoeding sal “heel waarskynlik” in stryd wees met die Grondwet en hulle het individuele ooreenkomste tussen boere en plaaswerkers as ’n beter alternatief voorgehou.

Beeld berig dat ‘n gereelde RSG-kommentator, prof. Dirk Kotzé van Unisa, op Agri Noordwes se kongres in Rustenburg gesê het boere moenie paniekerig raak oor radikale uitsprake oor grondhervorming nie. Die ware stand van sake is “positiewer”.