Leon Lemmer: ‘n Prulboek oor ons geskiedenis

Patric Tariq Mellet (links)
Deel op

Die era vir die herskrywing, eintlik doelbewuste vervalsing, van Suid-Afrika se geskiedenis het aangebreek. John Laband het ‘n boek oor die gewelddadigheid van Hollandse en Britse kolonialisme geskryf (Praag 29.08.2020). Ons geskiedenis tot die negende Oosgrensoorlog (1877-1878) word gedek; nie die Anglo-Boere-oorlog of die swartes se gewelddadigheid nie. Laband is ‘n historikus met ‘n gebrekkige sin vir objektiwiteit. Nou is ‘n stap verder gegaan. Van ‘n nie-historikus, Patric Tariq Mellet (gebore in 1956), is ‘n boek gepubliseer wat suiwer propaganda vir sy pro-ANC-standpunt is: The lie of 1652: A decolonised history of land (Cape Town: Tafelberg, 2020, 427p; Kindle $13,56).

Die outeur is beswaard oor “the suppression and distortion of history and heritage under colonialism and apartheid” (Kindle 3943). Sy doel is “to disrupt the dominant colonial paradigm of thinking about southern Africa” (1608). Daar is glo “a plethora of lies about almost everything that constitutes history in the Cape and a hiding of the truth about the full ancestral and cultural heritage of the majority of the population” (4798). “People have been denied their history and been indoctrinated by apartheid history for so long. Cultural liberation or restorative justice cannot be sought from a version of history concocted by those responsible for the demise of our heritage” (4498).

Daar is geen sprake van enige pretensie op objektiwiteit nie. Die outeur word beskryf as “a former liberation movement cadre, who returned from exile in 1990” (7383). Hy het in 1999 ‘n MSc-graad oor “heritage tourism” aan Buckinghamshire New University verwerf; ‘n inrigting wat daarop aanspraak maak dat hy sedert 1891 bestaan, maar universiteitstatus is eers in 2007 aan hom toegeken.

Op die ANC se South African History Online (“towards a people’s history”) is daar ‘n ellelange inskrywing gebaseer op Mellet se selfverheerliking. Hy het die voorkoms van ‘n blanke maar het tussen bruin mense by Kaapstad grootgeword. Op skool het hy nie verder as die Junior Sertifikaat (graad 10) gevorder nie, maar tyd gehad om politieke onrus te stook. Hy wou nie militêre diensplig doen nie en het hom as ‘n bruin mens laat herklassifiseer. In 1978 het hy Suid-Afrika verlaat. Hy roem op lidmaatskap van die ANC, MK en SAKP. As “vryheidsvegter” het hy as Pat de Goede bekend gestaan. Sy “magistergraad” is nie deur ander grade voorafgegaan nie. Ná sy terugkeer in 1990 het die ANC allerhande werkies aan hom gegee, wat onder meer talle buitelandse reise ingesluit het. Hy beweer dat hy meer as 30 lande besoek het of daar gewoon het (79). Die ANC-regime weet hoe om sy kaders op buitelandse reise te ontplooi. Dit maak nie saak hoeveel staatsgeld dit kos nie. In 2015 het Mellet afgetree. Dit het aan hom die geleentheid gebied om ‘n boek wat hy in 2010 gepubliseer het, Lenses on Cape identities: Exploring roots in South Africa (Cape Town: Dibanisa), te herskryf. Tereg beskou hy homself nie as ‘n akademikus nie, maar as ‘n “heritage activist.”

Die skandaligste is dat Naspers/Media24 ‘n dekade ná Mellet se vorige boek hierdie opgewarmde propaganda gepubliseer het asof dit ‘n historiese relaas is. Wat opval, is dat geen historikus die boek aanbeveel nie. Dit lyk asof ANC-kruipsug in sy suiwerste vorm Tafelberg geïnspireer het om hierdie prulboek te publiseer. Min mense besef hoe radikaal Naspers sedert 1994 getransformeer is. Ton Vosloo en Koos Bekker het destyds skerp verskil toe Nasionale Pers se naam na Naspers verander is. Bekker het, skynbaar tereg, gedink dat ‘n heeltemal nuwe naam uitgedink moet word. Op Naspers se webtuiste is daar foto’s van drie nieblankes – geen blankes nie. Soos die ANC begeer, word Naspers se geskiedenis voorgestel asof dit eintlik eers in 1994 begin.

Onlangs is talle berigte oor Danny Titus gepubliseer. Die indruk wat doelbewus gewek is, is dat Afrikaans ‘n steunpilaar verloor het. Afrikaans was Titus se moedertaal. Toe hy in Nederland studeer het, het hy egter al sy werkstukke in Engels gelewer; nie in Afrikaans of Nederlands nie. Hy het Engels as sy huistaal gekies, sy kinders in Engels laat skoolgaan en boodskappe in Engels aan sy oorlede vrou geskryf. Ek het kommentaar aan Netwerk24 gestuur om die aandag te vestig op die valsheid wat daar in Michael le Cordeur se lofsang vir Titus is (Netwerk24, 29.09.2020). My reaksie is nie gepubliseer nie. Ek het beswaar geopper teen die anonieme dwaas wat my opmerkings gesensureer het, maar dit is ook nie gepubliseer nie.

Wat duidelik is, is dat Naspers/Media24 doelbewus valse voorstellings die wêreld instuur om sy politieke byderwetsheid gestand te doen. Toe Esmaré Weideman in 2018 as die uitvoerende hoof van Media24 uitgetree het, het sy die kommunistiese stommiteit verkondig dat die taak van ‘n joernalis is om die wêreld te verander. Dít funksioneer klaarblyklik steeds as Media24 se rigsnoer. In werklikheid is ‘n joernalis veronderstel om inligting so waarheidsgetrou moontlik oor te dra.

Die gevaar wat ons loop met ‘n (voorheen) toonaangewende uitgewer wat ‘n prulboek publiseer, is dat wat Mellet beweer voortaan male sonder tal as evangelie aan ons opgedring gaan word. Dit sal dan soortgelyk wees aan Christo van Rensburg se bogbewering dat Afrikaans ‘n halfeeu voor die 1652-aankoms van Jan van Riebeeck ontstaan het. Glo danksy die buitengewone vindingrykheid van die Khoi-Khoin, al het hulle in geen ander opsig (buitengewoon) gepresteer nie. Die propagering van Mellet se boek as evangelie het reeds begin. Heindrich Wyngaard skryf: “Diepsinnig en noukeurig word daar met bruin mense se ras-dilemma omgegaan” (Die Burger, 2.10.2020, p 10).

Van James Myburgh, wat Politicsweb in 2007 gestig het, is die volgende boek onlangs gepubliseer: The last Jacobins of Africa: The ANC and the making of modern South Africa (Politicsweb Publishing, 2020, 262p; Kindle $11,49). Die teks is reeds in 2007 vir publikasie aan Naspers voorgelê maar omdat die outeur hom krities oor die Thabo Mbeki-bewind uitlaat, is besluit “the book was too controversial to publish” (Kindle 235). Dit illustreer in watter mate Naspers/Media24 getransformeer is. Myburgh se verdienstelike boek word nie gepubliseer nie omdat die ANC/SAKP liefs nie gekritiseer moet word nie. Mellet se prulboek word egter op die publiek losgelaat al sal baie blankes, veral Afrikaners, die teks as hoogs aanstootlik en boonop vals ervaar. Heel moontlik koester die Tafelberg-uitgewery die nie-vergesogte hoop dat hierdie fopgeskiedenisboek aan universiteite en vir gebruik in skole voorgeskryf sal word, wat ‘n jarelange afset van derduisende eksemplare en dus groot wins kan verseker. (Ek hoop om Myburgh se boek eersdaags te bespreek.)

Dit lyk asof baie blanke Suid-Afrikaners se onsinverklikkers sedert 1994 afgeskakel is. Wat Mellet met sy boek beoog, is “retorative memory that is vital to restorative justice” (138). Die valse beeld wat Mellet doelbewus van die verlede skep, kan myns insiens onmoontlik as grondslag vir herstellende geregtigheid dien. Wat Mellet heel moontlik eerder begeer, is dat die grootste moontlike onreg deur die ANC-regime teen die blankes gepleeg moet word. Nêrens in sy boek word daar erkenning gegee aan wat onder die leiding van die blankes in Suidelike Afrika tot stand gebring is nie.

Vóór 1994 was Suid-Afrika die beskaafste, ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika. Mellet sal dit seker uitsluitlik toeskryf aan die (gewelddadige) uitbuiting van die nieblanke inwoners. Hy toon geen begrip vir hoe gelukkig die inheemse bewoners dit getref het dat blankes uit Europa hierheen gekom het om die land en al sy inwoners se lewensomstandighede te verbeter nie. Mellet se standpunt is die teenoorgestelde: “1652 does have much importance as a year as the genesis of the colonial assault and dispossession of land and resources that negatively changed the lives of so many” (2064). Hy maak byvoorbeeld melding van “the colonial rape of Africa” (4721).

Met die intrap was dit vir my as leser duidelik dat ek hier met ‘n amateur-outeur te make het. Mellet kla oor “the loss of land, the loss of belonging and the loss of identity” (4). Maar wat hy in die teks doen, is om enige moontlike ras- of etniese/kultuuridentiteit af te breek of summier te ontken. “I was furnished with the basic intellectual tools that assisted me to explore the wonderful world of identity when colour, ‘race’, ethnicity, ideology, primacy and nationalism of any type are removed from the picture” (75). Die werklikheid van verskillende rasse word ontken. “There is only one human race” (415; ook 5196). “Genetic studies have demolished the ‘race’ and ‘ethnographic’ constructs as a means of identifying humanity” (596). “The different African indigenous peoples are all part of one human family and are not separate ‘races'” (552). Die blankes word egter uitgebeeld as nie-Afrikane, indringers, vreemdelinge; dus hoogstens bose stieffamilie wat maar stief behandel kan word.

Etnisiteit/kultuur word hoogs oordrewe as ‘n potpourri voorgestel. “Ethnicity was porous” (1386). “Cultures and identities are social constructs” (1059). Mellet se eie afkoms word die lens waardeur hy alles sien: “Our family … were a mix of people who would be classified as Coloured, Indian and White” (30). Dit is soortgelyk aan die manier waarop Nico Koopman homself tot norm verhef met sy hibriditeitsideaal; insluitende ‘n hibriede Afrikaans, naamlik Kaaps. Voorspelbaar beskou Mellet Afrikaans as ‘n kreoolse taal (3874). “Language is also porous and not rigid. It defies the tendency of people today to want to box languages into conserved ‘tribal’, nationalist, ethno-nationalist or ‘race’ silos” (631). Wat ek nie kan kleinkry nie, is dat mense van gemengde afkoms bly neul oor hoe die nieblanke deel van hulle herkoms na bewering benadeel is. Oor die beweerde bevoordeling van die blanke deel van hulle herkoms word geswyg. Waarop Mellet se betoog neerkom, is dat nieblanke mense wonderlik goed en blankes heluit sleg was en is.

Dat daar rasvermenging tussen die San en Khoi-Khoin, asook tussen die Khoi-San en die Bantoes was, kan seker aanvaar word. Die mate waarin ras- en etniese vermenging voorgekom het en die salige goeie verhouding wat daar tussen al die nieblanke groepe bestaan het, word egter heeltemal oordryf. Hulle word as ‘n enkele groot, gelukkige, uitgebreide gesin of familie voorgestel. “It is important for us in purging the pain of the past, and for healing, to acknowledge the greatest imposition of colonialism on Africans – the transfer of a culture of violence and aberration of a kind previously unknown to the San and Khoe” (769).

“All humans in Africa today are descendants of humans who were migrants at some point in history … all moderrn humans in the south and east of Africa are in ancient terms genetically related to San communities … all share a common root” (605). As dit hoe is, beweer hy egter dat daar meerdere “cradles of humankind” in Afrika is (482, 587). Sy beperkte kennis van “linguistics, like genetics, reveals the migratory spirit in the history of Homo sapiens and dispels the notion of the ‘natural separation’ of so-called ‘races'” (621). Rasseskeiding, apartheid, soort-soek-soort, word as onnatuurlik verwerp.

Die enigste vlieg in die plaaslike salf is die bose blankes wat die inheemses se grond en vee gesteel en met verdeel en heers ellende gesaai het. Mellet se motief is duidelik: Hy wil die eensgesindheid/solidariteit van alle nieblankes teen die blankes bevorder. Alle sogenaamde generiese swartes, per definisie benadeeldes, moet bevoordeel en alle blankes, per definisie bevoordeeldes, moet benadeel word, in soverre die blankes hier enigsins ‘n bestaan gegun word. Alle nieblankes is Afrikane. Volgens hom is daar ‘n “common [Pan-]African identity” (4623, 4660). Hy kom nader aan die waarheid as hy verwys na ‘n “common cause identity” (4721, 4794). Wat nieblankes gemeen het, is die verenigde front wat Mellet verlang dat hulle teen die blankes moet vorm.

Omdat die NP-regering die nieblankes in drie (bruin, swart en Asiaat) verdeel het, is hulle glo van hulle identiteit beroof. Mellet noem dit “de-Africanisation” (115), maar sy geliefde ANC/SAKP gaan tot op hede met hierdie vierledige rasverdeling voort, soos hy tereg erken (5327). As self ‘n mengsel van rasse en etnisiteite/kulture stel Mellet homself op as ‘n voorbeeld van wat ‘n egte Afrikaan is. Dit sluit nie-Afrikaan-afkoms, bv Oosterlinge soos Indiërs, in. Hy is tans met ‘n Thaise vrou getroud. Wat sy vorige vrou was, word nie gesê. Mellet se standpunt herinner aan Breyten Breytenbach, met sy Viëtnamese vrou, wat beweer die Afrikanerdom is ‘n basternasie met Afrikaans as ‘n bastertaal. Mellet het glo kennis geneem van die Heeses se genealogiese navorsing (5956) waarvolgens slegs 7% van die Afrikanerfamilies in die 20ste eeu ‘n nie-Europese stammoeder gehad het. Hierdie bevinding het klaarblyklik nie by hom ingesink nie.

In navolging van onrusstokers in Amerika is Mellet met slawerny gepreokkupeer. Die blanke bewind word gereduseer tot “subjucation of indigenous peoples, land dispossession and expropriation of labour without compensation” (75). Die slawe het glo geen vergoeding in ruil vir hulle arbeid ontvang nie. Daar word blykbaar van die lesers verwag om te glo dat slawe jaar na jaar sonder kos, klere en huisvesting gearbei het. Al is slawerny iets uit die verre verlede, plaaslik afgeskaf in 1834/38, is dit iets wat teen die hedendaagse blankes misbruik word.

Mellet gaan verder: Slawerny is glo steeds met ons as die nalatenskap van imperialisme, kolonialisme, rassesegregasie en apartheid: “Each smart, predominantly white town has what can only [!] be described as a segregated dormitory ‘slavery town'” (12). Van hoeveel dorpe, wat vóór 1994 blank en mooi was, kan gesê word dat dit steeds die geval is? Dit is vir my hartverskeurend om die agteruitgang en verval waar te neem. In ruil daarvoor moet die oorblywende blanke inwoners buitensporige belasting betaal; onder meer sodat baie van daardie werklose “slawe” nie vir behuising en dienste hoef te betaal nie. Mellet se oordrewe siening is: “I leant about white people owning Africans and Asians as slaves – people who were treated worse than animals … I came to learn that 24 of my own ancestors were Africans and Asians who were enslaved” (53). Daar was ook nieblanke slawe-eienaars, maar verwyte word nie aan hulle gerig nie.

Moenie feitelike verslaggewing van Mellet verwag nie. Wat hy gedoen het, is om sekondêre bronne, boeke en tydskrifartikels, te raadpleeg en dan daaruit oor te neem wat by sy agenda pas. Met hierdie inligting het hy na hartelus geïmproviseer. Hy is in daardie deel van die kleurspektrum waar sy verbeeldingsvlugte ernstig opgeneem pleks van as bog verwerp word. Nêrens is daar ‘n teken dat hy primêre, argivale bronne geraadpleeg het nie, behalwe miskien in die geval van sy eie voorgeslagte. Hy voer sy oorsprong terug tot by Khoi-Khoin soos Autshumao/Herrie en Krotoa/Eva (5420).

Mellet gebruik geykte voorbeelde en klee hulle in geykte terminologie. Hy verwys byvoorbeeld na “the destruction of District Six and forced removals under the ethnic cleansing brought on by the Group Areas Act of 1950 … What had once been wastelands on the Cape Flats became the dumping grounds for those removed” (57). Hy verduidelik nie dat Distrik Ses ‘n krotbuurt asook misdaad- en dwelmnes was wat deels moes plek maak vir snelweë nie. Nog minder sal hy erken dat beter huisvesting as in Distrik Ses deur die NP-regering aan die inwoners voorsien is en dat hulle huiseienaars pleks van huurders kon word.

“The de-Africanisation of the San and the Khoe and their enforced assimilation into a constructed ‘Coloured’ identity has resulted in cultural genocide on a grand scale in South Africa. The first step in controlling communities is the obliteration of memory and the deconstruction of culture, replacing it with void, and then creating a new construct” (196). Klassifikasie as bruin beteken dat so ‘n persoon nie wit, swart of Asiër is nie. Hy haal uit amptelike dokumente aan om hierdie feit te staaf (5254, 5282). “[The] history of the term ‘Coloured’ demonstrates that it has never denoted a singular people but rather was a silo of people disaggregated from the broader African population. There was never a single ethnic group or ‘race’ called ‘Coloured’. It was an identity that was politically engineered into existence” (5074).

Die begrip “bruin mens” is volgens hom ‘n konstruksie (5074). Dit dien inderdaad as die identifisering van ‘n nie-homogene groep mense wat nie swart/Bantoe of blank is nie. Maar dit volg nie, soos hy beweer, dat blankheid sonder meer (in dieselfde mate) ‘n konstruksie is nie (5364). Xhosa is volgens Mellet ook ‘n konstruksie; glo bloot op grond van taal (5064). Hy hou nie van die erkenning van ras- en etnisiteits/kultuurverskille by nieblankes nie omdat hy hulle almal as Afrikane beskou wat hy teen die blankes wil mobiliseer.

Die NP-regering het gepoog om ‘n eie kultuur by bruin mense te bevorder. Aan die Universiteit van Wes-Kaapland het ek eerstehands waargeneem dat hierin drie dekades lank, van 1960 af, in redelike mate geslaag is. Daar was groot ongelukkigheid onder bruin mense toe swartes die kampus verswelg het. Daar is ook groot wrewel in bruin gemeenskappe oor swartes wat tradisioneel bruin woongebiede inneem. Die NP-regering het Bantoekultuur deurgaans bevorder. As die bruines eerder swart kultuur wou aanhang, kon hulle dit doen. Daar was geen sprake van ‘n kulturele lugleegte wat geskep of kulturele volksmoord (“ethnocide”) wat gepleeg is deur die blanke bewind soos Mellet beweer nie. Wat hy doen, is om bruin en swart ras- en kultuurgewys eenders te verklaar, terwyl daar in werklikheid groot verskille is. “Obliteration of memory and the deconstruction of culture” (in die voorlaaste paragraaf hier bo) is veel eerder iets waarmee die ANC-regime ten koste van die Afrikaners besig is, bv deur Afrikaans soveel moontlik te misken en monumente, standbeelde, name, ens, te verskuif of vernietig.

Ingevolge “firstism” (210) was die San eerste in Suidelike Afrika en daarna die Khoi-Khoin. Hierna het die swartes gevolg. Of die swartes vóór, saam met, of ná die blankes opgedaag het, is van ondergeskikte belang. Die Khoi-Khoin, swartes en blankes is in vergelyking met die San almal inkommers. Wat van veel groot belang is, is wat elkeen van hierdie vier groepe plaaslik tot stand gebring het. Dit is ‘n onderwerp wat Mellet vermy omdat dit die plaaslike teenwoordigheid van die blankes in groter mate as enige van die ander groepe regverdig. Uit die feit dat die Khoi-Khoin en die swartes per voet en die blankes per skip gekom het, volg dit nie dat die Khoi-Khoin en die swartes in groter mate as die blankes hier hoort nie.

Op die keper beskou, is dit eintlik ongelooflik wat alles onder die leiding van die blankes in Suidelike Afrika tot stand gebring is. Maar hiervoor is daar geen erkentlikheid by Mellet nie; om van dankbaarheid nie te praat nie. Sy ingesteldheid is “that San and Khoe should never be marginalised from the broader African family of peoples of whom they are part” (243). Hy beweer dit om huidige politieke redes. Hy verwys na die ANC se rassistiese hiërargie van bevoordeling: “Blacks in general and Africans [Bantu] in particular” en vervolg: “They consider those classified as ‘Coloureds’ not to be Africans, despite most having provable direct African ancestry no different to that of other African communities” (5295).

Sy motief is duidelik. Hy wil hê dat bruines in dieselfde mate as swartes ten koste van die blankes bevoordeel moet word. Opvallende ras- en kultuurverskille by nieblankes word goedsmoeds geïgnoreer. In navolging van Amerika se “Founding Fathers” word die Khoi-San ons “foundation peoples” genoem (335). Die verskil is dat die “Founding Fathers” Amerika steeds ingrypend en positief beïnvloed terwyl daar eintlik geen (noemenswaardige) Khoi-San-erflating waarneembaar is nie.

Die ware gedaante van Mellet as ANC/MK/SAKP-kornuit blyk uit die volgende: “The Khoe are the people who can be proud of having engaged in the longest resistance movement to colonialism of all groups in South Africa, facing ethnocide and de-Africanisation machinations by Europeans along the way. They were also the first to have suffered subjugation and loss of land. These are the pillars of the struggle of indigenous people against marginalisation and discrimination in the 21st century and for the right to restore their economic sustainability and rebuild social cohesion. Embracing the older history and heritage actually enhances the case for support to address restorative justice” (1095).

Vóór 1652 het die inheemses na bewering ‘n “highly successful farming economy” gehad (1857). Die Khoi-Khoin was glo “a well-developed livestock ranching society following advanced farming principles of rotational grazing” (1104). Wat hier gevorderde boerdery genoem word, is dat die Khoi-Khoin met hulle vee agter weiding aan getrek het. Mellet probeer die verlede regskryf ingevolge huidige voorkeure. Met die oog daarop haal hy die volgende aan: “[B] Muthien [2008] makes the following point with regard to colonial imposition of male domination and European imposition of social order by the sword: ‘Scholarship on, as well as practices of, the KhoeSan evidence normative nonviolence, as well as gender egalitarianism’ … The Europeans projected and imposed the concept of male-only leadership on indigenous communities to reflect their own social norms” (1142). By die Khoi-San was daar glo “flexibility of gender roles” (1157). “Muthien states that ‘many ancient indigenous societies, including the KhoeSan, were premised on a partnership model, characterised by horizontal linkages, egalitarianism, harmony and balance, employing constructive conflict resolution (rather than violence)'” (1180). Is dit dalk die voortreflike voorbeeld wat die Khoi-San gestel het wat FW de Klerk geïnspireer het om sy “kwantumsprong” na grondwetlike onderhandelinge te maak?

In politieke opsig het die Khoi-Khoin glo “federal communities” gevorm (1161). Die Xhosas word voorgestel as “a confederation of peoples” (1104), insluitende “the confederacy of Khoe and Xhosa” (1534). In laasgenoemde konfederasie was daar glo “a very strong Khoe backbone as well as an older San legacy” (1534). “It is from about 1100 CE that the age of the creation of states began across southern Africa” (1338). State, asook federasies en konfederasies van state, het volgens Mellet in Suidelike Afrika bestaan lank voor 1652. Wat hy probeer invryf, is hoe ontwikkeld die inheemses was; dalk meer gevorderd as die koloniste. Ook hoe ineengestrengel hulle almal was: “pastoral states with multi-ethnic foundations” (1343). “They were operating far beyond a subsistence economy … They had a trade corridor with the world” (1400). “This was at a time when Europe had flimsy boats” (1420).

Die indruk word gewek dat die beweging van mense in Afrika aanvanklik vreedsaam verloop het en nie deur geweld genoodsaak is nie. Daarom praat hy van “peoples flowing” (1373) en “migratory drift” (1378). Migrasies weens geweld het glo eers met die koms van nie-Afrikane ‘n aanvang geneem, bv toe Arabiere Afrikane verslaaf het (1382), asook met die koms van die eerste Europeërs, naamlik die Portugese (1378, 1382, 1472). “Large cargoes of enslaved people passed through the proto-port at Table Bay for 50 years before the Dutch colony was founded” (1468). Geen bronverwysing word vir hierdie stelling verskaf nie. Dit is ook die geval wanneer Mellet uitwei oor wat in voor-historiese tye, dus in die ongedokumenteerde verlede, gebeur het. Baie van sy bewerings, soos multi-kulturaliteit, geslagsgelykheid, nie-hiërargiese politieke en sosiale stelsels, vreedsame onderhandelinge, ens, kan kwalik op argeologiese bevindings gegrond wees. Hulle is eerder verbeeldingsvlugte.

‘n Elementêre beginsel van objektiewe geskiedskrywing is dat huidige idees nie op die verlede geprojekteer moet word nie. Vir Mellet gaan dit nie om die verlede voor te stel soos dit was nie maar om eerder propaganda te maak vir hoe hy wil hê dat uit die hede na die verlede gekyk moet word. Hy vervals die verlede deur voor te gee dat die plaaslike nieblankes toonbeelde van gevorderde beskawing was voordat die blankes hier aangekom het. “What became South Africa was not a land without an African population and without a developed civilisation made up of many societies … when the Europeans arrived” (1319). Kommunistiese lande dien vir hom as rigsnoer: “Centuries later these forms of ‘government by the people for the people’ have found resonance in the contemporary world in the smallest and most democratic forms of government that enjoy closest proximity to people – such as People’s Councils in Cuba and Vietnam” [!] (1161).

“The greatest and permanent displacement of all groups would be as a result of European invasion and the wars of forced removal and destruction of the farming communities of indigenous Africans – San, Khoe and Xhosa” (1118). “The Cape Khoe were those who first clashed with interlopers in defence of their land and livelihood rights … defence against the genocide committed against them” (1593). “In 1659 the Khoe saw the beginning of a protracted series of [19] wars [1659-1879 (2809, 2888)] over 227 years [in terms of dispossession, ie since 1652 (3783)] – the longest series of colonial wars in Africa”(1194). Hulle word “war of dispossession” genoem (2822). “The Dutch having expropriated the land by force … setting this as the trajectory for all future land expropriation” (2845). “The Dutch were digging in permanently and stealing their land” (2850).

Wat Mellet doen, is om die skermutselinge tussen die blankes en die Khoi-San, asook die blankes se gevegte met die Xhosas (“Xhosa-Khoe alliance wars” genoem – 2879) aan die Oosgrens van die Kaapkolonie, dus teen inheemses (“indigenes”), as ‘n reeks bevrydingsoorloë te beskou. Hy karakteriseer hulle selfs met ‘n latere benaming, naamlik “guerrilla warfare … They were only overcome through genocide” (1198). Die goedhartige Khoi-San wou glo niemand doodmaak nie. “The KhoeSan were not ‘acculturated’ to killing as a way of life” (1203). Maar as dit hoe was, het sowel die Khoi-Khoin as die blankes, asook die Xhosas, dit noodsaaklik gevind om jag op veral die veestelende San te maak.

Nadat die staat Israel in 1948 tot stand gekom het, het Sioniste soms valslik beweer dat die streek of land onbewoon was toe die Jode hulle daar hervestig het. Maar ek is nie bewus daarvan dat in die blanke geskiedskrywing ‘n soortgelyke aanspraak oor Suidelike Afrika gemaak word nie. Tog beklemtoon Mellet telkens dat daar in 1652 reeds bewoners in die land was, asof hy met ‘n belangrike nuwe feit vorendag kom. Hy haal vir Hendrik Verwoerd aan wat gesê het: “We came to a country that was bare” (4877). Verwoerd het heel moontlik bedoel dat die land in 1652 kaal, in die sin van onontwikkeld, was; nie dat Suidelike Afrika toe sonder inwoners was nie.

“There had already been 180 years of engagement before 1652. The lie of 1652 runs very deep” (1621). Dit is ‘n valse aanklag. In ons “apartheidsgeskiedenis” het ons kennis geneem van Bartholomeu Diaz wat in 1488 hier geland het. Om te skryf van “mass visits from European ships and people to Table Bay” is oordrewe (1632). Mellet beweer vóór 1652 “the maritime records show 1 070 ships stopping over at the Cape on outward-bound journeys alone” (1723). Dit is ‘n tydperk van 174 jaar, dus gemiddeld 6 skepe per jaar. “There could have been as many as 120 000 people, if not more, who travelled through Table Bay over the half-century” (1827) – vóór 1652 en dit met skepe met ‘n klein passasierskapasiteit?

Wat wel ‘n (blink) nuwe gedagte van Mellet se kant af is, is hoe (hoogs)beskaaf die inheemses reeds vóór 1652 was. In Tafelbaai het die inheemses glo in Mellet se opgeblase terminologie “services for the sick and maritime communications services” gelewer (1692). Hy is beïndruk met “the depth of services rendered by the indigenous people of Table Bay before 1652” (1782). “The bottom line is that the overwhelming evidence shows that South Africa was not an uninhabited land, was not a region of the world without civilisations, and was not subject to a mass invasion of an alien race that can be equated with the European invasion of 1652” (1608). 1652 was glo “the beginning of the forced removals of indigenous people from the Cape Peninsula and Table Bay” (1772). Ooreenkomstig Mellet se potpourri-benadering beweer hy “European ships … had significant numbers of African, Arab and Asian crews working on their vessels” (1807). “All European ships in the 17th and 18th centuries had mixed crews from Europe, Africa, Arabia and Asia” (1950). Hierop is Mellet se oorbeklemtoning van rasvermenging gebaseer, wat plaaslik glo lank voor 1652 begin het (2055).

Dit was ‘n onaangename ondervinding om Mellet se boek te lees. Dit is ‘n onaangename taak om oor sy verwronge siening verslag te doen. Ek het in hierdie rubriek eintlik nog net tot aan die einde van Hoofstuk 1 gevorder. Voorts beperk ek my dus tot hoogs selektiewe verwysings en beperkte, fragmentariese opmerkings. Autshumao (Herrie) word bestempel as “the founder of the proto-port at Table Bay” en dus Kaapstad (2290) omdat hy met die skepe handel gedryf het. “Autshumao’s ‘cold war’ struggle from 1652 to 1658 marked the beginning of over 200 years of African resistance in the Cape to colonial seizure of land, destruction of livelihoods and social cohesion and identity” (2300). “Autshumao was divested of his accomplishments, marginalised, humiliated and finally imprisoned” (2296) – ná “a lifetime of hard work” [!] (2540). Krotoa (Eva) “is one of the best examples of the powerful African matriarchal voice in the history of resistance to colonialism in South Africa” (2085). Matriargie word geloof, maar Mellet sal ooreenkomstig die politieke mode seker patriargie veroordeel. Naas die Soutrivier verwys Mellet dikwels na die Camissa- (of vars/soet-) rivier wat deur Kaapstad loop (5486). Dit inspireer Mellet om alle bruin mense “Camissa Africans” te noem, hoewel hy om opportunistiese politieke redes enige duidelike onderskeid tussen bruin en swart mense ontken.

Mellet gebruik graag hedendaagse emosiegelaaide, politieke benamings en projekteer hulle dan vir toepassing op die verlede; uiteraard altyd ter ontluistering van die blankes. Hy verskaf definisies van “ethnic cleansing, ethnocide, genocide and crimes against humanity” (2888) en misbruik hulle dan by elke moontlike geleentheid om die blankes te diskrediteer. Die oorloë tussen die blankes en nieblankes word oorwegend toegeskryf aan die steelsug van die blankes vir grond en vee. Hulle maak hulle skuldig aan “theft, plunder and murder” (3053). “Farmers were much more of a law unto themselves in these remote areas, which led to their committing many atrocities” (3082).

“In plain language, the Europeans practised VOC-sanctioned land and livestock thievery and mass murder. This is what the foundation of European supremacy in South Aftica was truly [!] all about. The invaders had a crass attitude and a behaviour of entitlement and simply stole whatever they wanted, when they wanted and, if needs be, killed any African opponent in their way. That is the horrible truth” [!] (3166). Dit word die uitvoering van “scorched-earth policies” (3177, 3744) of “tactics” (3359, 3714) of “approach” (3620) genoem. “The numbers of captives were minimal” (3192). “Women were raped and children slaughtered by the commandos, while some young girls were taken back to farms by Khoe commandos as concubines and some children taken by white commandos to become farm labourers and servants” (3197).

Die nieblankes was verplig om uit selfverdediging teen die blankes op te tree; nie uit inherente gewelddadigheid nie. Daar was “co-operation between Khoe, Xam [San] and Xhosa as natural and necessary, because they were engaged together as a family of people of colour in a common anti-colonial cause bonded by blood ties and ancestral ties and the experience of common resistance” (3324). Volgens Mellet was daar 10 “indigene wars” (tradisioneel Khoi-San-oorloë genoem) gevolg deur 9 “united Xhosa and Khoe wars” (tradisioneel Xhosa- of Oosgrensoorloë genoem). “The presentation of these wars simply as ‘Xhosa wars’ is inaccurate because throughout the wars the resister Khoe fought in unity with the Xhosa against the Boers, and then against the British” (3344). “The British showed that they were no different from the VOC before them in violating both the spirit and letter of treaties” (3638).

Die blankes verower grond in hierdie oorloë, maar Mellet ontken dat hulle gevolglik eiendomsreg daarop verwerf het. Wat die nieblankes gratis bekom het deur bloot daaroor te swerf, behoort glo vir altyd regmatig aan hulle. Mellet “hold both the Dutch and the British governments … accountable for the ethnocide and genocide that occurred in the Cape” (3011). Apartheid word bestempel as “one of the ‘crimes against humanity'” (2898). Die grondslag vir apartheid is glo reeds tussen 1707 en 1750 tydens die Hollandse bewind gelê (4983). In die 1960’s en 1970’s het apartheid glo die volgende vorm aangeneem: “Throughout South Africa people were ripped out of homes, suburbs and towns in brutal acts of ethnic cleansing and expropriation of homes and land with little or no compensation” (5244). Hy lieg oor die “no compensation.” Anders as die ANC-regime het die NP-regering vergoeding vir onteiende eiendom betaal.

Die Boere was glo selfs te vrot om op die gesteelde grond te boer. “The land had to be cultivated, and this was a labour-intensive activity for which the Europeans had neither the numbers nor the energies required. The conditions for raising livestock successfully in the harsh African environment also demanded skills the Europeans lacked” (3838). Waarom is die rolle deesdae omgeruil? Die ANC-regime verwag/vereis van die Boere om as mentors vir “opkomende” (dus swart) boere op te tree. Nieblanke boere het seker agter geraak omdat die blankes gewetenloos hulle grond en vee gesteel het. “Landlessness was integral to the identity of the enslaved” (3865).

“With the advent of the Great Trek by the Dutch-speaking farmers known as Voortrekkers from 1835 onwards, this local form of quasi-slavery reverted to full-blown slavery as Voortrekkers captured and enslaved Africans once outside of British colonial territory” (5017). Dit is moeilik om sin te maak van die volgende bog: “Enslaved people from the Cape taken along by the Boers on the Great Trek, and those whom the Boers enslaved in the Free State and the Transvaal, were as responsible for successful land and infrastructure development in those regions of South Africa as their counterparts had been in the case of the Cape” (3860). Mellet is seker ook beïndruk met die vooruitgang in infrastruktuurontwikkeling sedert 1994. Dink aan al die Mandela-beelde wat opgerig is.

“[The 1820 British] settlers expropriated the land forcibly taken from the indigene population without any compensation, and through large scale killings of Khoe and Xhosa during which sustainable livelihoods were destroyed and livestock stolen. It was thievery on a grand scale” (3663). Oor die groot verliese wat die Britse setlaars aan lewens en eiendom gely het, swyg Mellet.

Samevattend kla hy: “There was no restoration of the land expropriated by colonists or restitution for the livestock stolen, nor any reparations given for over 227 years of subjection to war and indignities as well as expropriation of free labour of indigenous peoples – no restorative justice at all” (3823). “The enslaved received no compensation for the work they did and had no stake in the increased value of land that they transformed” (4141).

Mellet is heelhartig ten gunste van die ANC-regime se beleid van onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom. “The real challenge is to restore the land and dignity of Africans without recompense to those who expropriated the land: restorative justice. The wording of the skewed slogan [expropriation of land without compensation] creates a perverse scenario where the colonialist is presented as a victim whose land is being expropriated without compensation. This gives the false impression that colonial descendants have a right to the land in the first place and that no crime on the part of their forebears occurred. The reality is that there is no such thing as ‘expropriation of white people’s land without compensation’ if what is being proposed is restoration of land that was taken from Africans without compensation” (5509).

Vir plaaslike blankes is dit seker moeilik voorstelbaar dat hulle groter vyandigheid kan teëkom as by ‘n mens soos Patric Tariq Mellet. Dit is Naspers/Media24 wat aan hom ‘n platform vir die verspreiding van sy haatgevulde, verwronge idees bied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.