Die F1-span Toro Rosso wat voorheen die Minardi-span was het so pas aangekondig dat Max Verstappen, die seun van Jos Verstappen wat in 2003 vir Minardi gejaag het, hul nuwe bestuurder vir 2015 sal wees. Verstappen junior is slegs 16 jaar oud en vervang vir Jean-Eric Vergne, die veteraan in 2015.
Max Verstappen: net 16 jaar jonk.
Vergne wat nou eers 24 is, het in 2012 vir Toro Rosso begin jag en die spanbaas Franz Tost het bevestig dat Vergne nog ‘n kans in F1 verdien. Dit sal beslis net nie by Toro Rosso wees nie.
Verstappen sal 17 jaar oud wees wanneer hy in Maart 2015 sy eerste F1-wedren aanpak.
Michael Schumacher, die voormalige Grand Prix-wêreldkampioen en een van die suksesvolste in die geskiedenis van motorsport, verkeer tans in ‘n koma in die hospitaal ná ‘n ski-ongeluk in die Franse Alpe wat gister plaasgevind het.
Die Duitse renjaer, wat 44 jaar oud is en verlede jaar vir die tweede keer uitgetree het, het met sy kop op ‘n rots by die Meribel-skioord geval.
Met sy aankoms by die Universiteitshospitaal van Grenoble, die Franse stad op die Switserse grens, was hy in ‘n koma en het onmiddellike breinchirurgie benodig, luidens ‘n verklaring van die hospitaal. Geen besonderhede oor sy beserings en prognose is egter vrygestel nie.
But doctors haven’t released details about his injuries or his prognosis.
Die direkteur van die oord, Christophe Gernignon-Lecomte, sê die voorval het plaasgevind terwyl Schumacher teen Sondagoggend hors piste, oftewel buite die gemerkte skihange, geski het. Die presiese plek waar hy geval het was tussen die Georges Baduis Piste en die La Biche Piste.
Blykbaar het Schumacher wel ‘n skihelm gedra toe hy sy kop gestam het. Die reddingspan was binne minute by hom, waarna hy per helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Volgens die oorddirekteur wag hulle vir die polisieverslag. “Daar is ‘n ondersoek geopen. Ons beklemtoon dat daar geen sneeustorting was nie en dat hy hors piste geski het.”
Schumacher se mediawoordvoerder, Sabine Kehm, het ‘n verklaring op die amptelike F1-webwerf geplaas, waarin sy bevestig dat die ongeluk tydens ‘n “privaatskitog” plaasgevind het.
“Hy is hospitaal toe geneem en ontvang professionele mediese hulp,” sê sy. “Ons vra vir begrip en dat ons nie konstant inligting oor sy gesondheid kan verskaf nie. Hy het ‘n helm gedra en was nie alleen nie. Wat die val betref, was niemand anders betrokke nie.”
Die nooddiens in Meribel het bevestig dat Schumacher ‘n valhelm gedra het. Hy is van die Moutiers-hospitaal na die Grenoble-hospitaal oorgeplaas.
‘n Ander woordvoerder meen dat die besering nie “lewensgevaarlik” is nie en dat Schumacher op die ongelukstoneel by sy bewussyn was. Die voormalige Franse F1-bestuurder, Olivier Panis, het die hospitaal in Grenoble besoek, maar kon nie vir Schumacher te siene kry nie.
“Ek sal môre terugkom. Ja, ek is bekommerd,” het Panis gesê.
Schumacher het in 1996 leer ski toe hy vir Ferrari begin jaag het. Die Italiaanse renspan het jaarliks ‘n mediageleentheid in die Alpe gehou. Schumacher het vinnig leer ski en van toe af telkens ‘n vriendskaplike skiren gewen.
Volgens een joernalis kon die “aangebore vreesloosheid” van die Formule-renjaer hom egter verlei het om te vinnig te probeer ski.
Die leier in die Formule-Een-kampioenskap, Sebastian Vettel, was vandag die vinnigste in beide oefenrondtes vir die Hongaarse Grand Prix.
Vittel, wat vir die derde keer sy Formule-Een-titel verdedig, het albei kere gemaklik voor sy spanmaat Mark Webber geëindig met Red Bull wat ‘n indrukwekkende 1-2-wegspringposisie inneem.
Vettel het dit taamlik laat gelos voordat hy ‘n tydhourondte in die oggend gedoen het maar hy was vinnig op dreef deur ‘n tyd van 1 minuut, 22,723 sekodes op te stel. In die uiters warm middagtemperatuur het hy gemaklik vinniger as dit gejaag, met ‘n tyd van 1:21,264.
Lotus kan ook met vertroue uitsien na Saterdag se kwalifiserende rondtes.
Kimir Raikkonen was derde beste vir die oggend en die Fransman Romain Grosjean het sy tyd gedurende die middag geëwenaar.
Vettel het nog nooit in Hongarye gewen nie. Hy is daarop uit om sy algehele voorsprong bo Ferrari se Fernando Alonso, wat vierde in albei oefensessies geëindig het, te vergroot. – AP
Die 23-jarige Sebastian Vettel het Sondag in Abu Dhabi die jongste jaer nog ooit geword om die bestuurderswêreldtitel te verower. Daar was net eenvoudig niemand op die baan wat die jong Duitser se dag kon versuur nie.
Vettel het van die begin af in klassieke styl die baan aan die brand gejaag. Hy het as die buiteperd die finale naweek van F1 in 2010 binnegegaan. Fernando Alonso en Mark Webber was eintlik die twee om dop te hou, maar Alonso kon net sewende eindig nadat die rus Vitaly Petrov in sy Renault Alonso agter die veiligheidsmotor vertraag het. Alonso was na die tyd vol lof vir almal om hom maar hy was duidelik die josie in toe hy oor die wenstreep jaag en besef dat alles verby is sover dit sy aanspraak op die titel betref.
Webber, wat omtrent die hele seisoen die voortou op die punteleer gehad het, was ook duidelik teleurgesteld maar het op ‘n vraag van die BBC of hy aanstaande jaar weer gaan jaag, geantwoord: “Yeah”.
Die finale uitslag van die 2010 Abu Dhabi F1 lyk soos volg:
1
5
Sebastian Vettel
RBR-Renault
55
1:39:36.837
1
25
2
2
Lewis Hamilton
McLaren-Mercedes
55
+10.1 sek
2
18
3
1
Jenson Button
McLaren-Mercedes
55
+11.0 sek
4
15
4
4
Nico Rosberg
Mercedes GP
55
+30.7 sek
9
12
5
11
Robert Kubica
Renault
55
+39.0 sek
11
10
6
12
Vitaly Petrov
Renault
55
+43.5 sek
10
8
7
8
Fernando Alonso
Ferrari
55
+43.7 sek
3
6
8
6
Mark Webber
RBR-Renault
55
+44.2 sek
5
4
9
17
Jaime Alguersuari
STR-Ferrari
55
+50.2 sek
17
2
10
7
Felipe Massa
Ferrari
55
+50.8 sek
6
1
11
22
Nick Heidfeld
BMW Sauber-Ferrari
55
+51.5 sek
14
12
9
Rubens Barrichello
Williams-Cosworth
55
+57.6 sek
7
13
14
Adrian Sutil
Force India-Mercedes
55
+58.3 sek
13
14
23
Kamui Kobayashi
BMW Sauber-Ferrari
55
+59.5 sek
12
15
16
Sebastien Buemi
STR-Ferrari
55
+63.1 sek
18
16
10
Nico Hulkenberg
Williams-Cosworth
55
+64.7 sek
15
17
19
Heikki Kovalainen
Lotus-Cosworth
54
+1 Rondte
20
18
25
Lucas di Grassi
Virgin-Cosworth
53
+2 Rondtes
22
19
21
Bruno Senna
HRT-Cosworth
53
+2 Rondtes
23
20
20
Christian Klien
HRT-Cosworth
53
+2 Rondtes
24
21
18
Jarno Trulli
Lotus-Cosworth
51
+4 Rondtes
19
Uit
24
Timo Glock
Virgin-Cosworth
43
+12 Rondtes
21
Uit
3
Michael Schumacher
Mercedes GP
0
Ongeluk
8
Uit
15
Vitantonio Liuzzi
Force India-Mercedes
0
Ongeluk
16
Die finale puntestand vir die bestuurder in 2010 lyk soos volg:
Die heel eerste Koriaanse Grand Prix het Sondag ‘n hele paar verrasings op gelewer. Volgens die plaaslike inwoners was dit maar net ‘n dag soos enige ander dag in Suid-Korea, dit het maar net gereën. Die organiseerder het eers die begin van die wedren met 10 minute vertraag en toe al die motors vier vier volle rondtes agter die veiligheidsmotor uitgestuur.
Die reën was egter so erg dat die hele sirkus tot stilstand gedwing is en nog 40 minute moes wag voordat die wedren eintlik kon begin. Die splinternuwe baan was seepglad en plekke het die water tot 10cm die poor die pad oppervlakte gespoel. Na die lang oponthoud het die manne besluit die wedren moet begin ander gaan hulle dit nie betyds voor sononder kan klaar maak nie.
Die sowat 100 000 mense het bankvas in gietende reën bly wag. Later is tot vir die baan beamptes toegejuig net om die gees aan die gang te hou. Toe die wedren uiteindelik aan die gang kom was dit Sebastian Vettel in sy Red Bull met sy span maat Mark Webber wat net soos in die oefenrondtes voor gejaag het wat die wedren oorheer het.
Die nat baan het uit eindelik die laaste sê gehad en Webber het beheer oor sy Red Bull verloor en in die rondte getol, dit het gelyk of hy die motor gevang het toe die jong Duitser Nico Rossberg in sy Mercedes skielik reg voor Webber opduik. Die baan was net te glad en Rosberg was net te vinnig om enige iets te doen, beide die Red Bull en die Mercedes van Rossberg was uit die wedren en die stukke het die pad vol gelê.
Fernando Alonso in sy Ferrari het soos ‘n pyl uit ‘n boog uit die verby geskiet en niemand kon hom keer tot op die einde nie. Die arme Vetel wat nie ‘n voet verkeerd kon sit nie se Renault enjin het die gees gegee en beide Red Bulls was uit. Filippe Massa in die ander Ferrari was kort op sy hakke.
Die Britse jaer Lewis Hamilton in sy Mclaren moes baie mooi ry om die Mclaren op die gladde pad te hou met die bande wat so te sê op gebruik was, maar hy het vas gebyt om tweede oor die wen streep te jaag. Die uitslag beteken dat Fernando Alonso nou die nuwe voorloper in die reeks is, Mark Webber het geen punte verdien nie, maar is nog steeds tweede op die punte leer met Lewis Hamilton in die derde plek.
Die huidige wêreldkampioen Jenson Button het 12de geëindig en geen punte verdien nie. Daar is slegs twee wedrenne oor met ‘n maksimum van 50 punte wat beskikbaar is, as Button enigsins die title wil behou sal hy beide die wedrenne moet wen,hy is nou 42 punte agter Alonso.Die volledige uitslag en punte stand lyk so.
Plek
Nr
Bestuurder
Span
Rondtes
Tyd/Uit
Wegspr
Punte
1
8
Fernando Alonso
Ferrari
55
Wenner
3
25
2
2
Lewis Hamilton
McLaren-Mercedes
55
+14.9 sek
4
18
3
7
Felipe Massa
Ferrari
55
+30.8 sek
6
15
4
3
Michael Schumacher
Mercedes GP
55
+39.6 sek
9
12
5
11
Robert Kubica
Renault
55
+47.7 sek
8
10
6
15
Vitantonio Liuzzi
Force India-Mercedes
55
+53.5 sek
17
8
7
9
Rubens Barrichello
Williams-Cosworth
55
+69.2 sek
10
6
8
23
Kamui Kobayashi
BMW Sauber-Ferrari
55
+77.8 sek
12
4
9
22
Nick Heidfeld
BMW Sauber-Ferrari
55
+80.1 sek
13
2
10
10
Nico Hulkenberg
Williams-Cosworth
55
+80.8 sek
11
1
11
17
Jaime Alguersuari
STR-Ferrari
55
+84.1 sek
15
12
1
Jenson Button
McLaren-Mercedes
55
+89.9 sek
7
13
19
Heikki Kovalainen
Lotus-Cosworth
54
+1 Rondte
21
14
21
Bruno Senna
HRT-Cosworth
53
+2 Rondtes
24
15
20
Sakon Yamamoto
HRT-Cosworth
53
+2 Rondtes
23
Uit
14
Adrian Sutil
Force India-Mercedes
46
Ongeluk
14
Uit
5
Sebastian Vettel
RBR-Renault
45
Enjin
1
Uit
12
Vitaly Petrov
Renault
39
Ongeluk
20
Uit
24
Timo Glock
Virgin-Cosworth
31
Ongeluk
19
Uit
16
Sebastien Buemi
STR-Ferrari
30
Ongeluk
16
Uit
25
Lucas di Grassi
Virgin-Cosworth
25
Ongeluk
22
Uit
18
Jarno Trulli
Lotus-Cosworth
25
+30 Rondtes
18
Uit
6
Mark Webber
RBR-Renault
18
Ongeluk
2
Uit
4
Nico Rosberg
Mercedes GP
18
Ongeluk
5
Die bestuurder kampioenskap lyk nou so;
Fernando Alonso 231 Mark Webber 220
Lewis Hamilton 210
Sebastian Vettel 206
Jenson Button 189
Die res van die bestuurders staan nie meer ‘n kans nie.
Die Japanse F1 Grand Prix was hierdie jaar een van die strafste wedrenne in baie jare. Een van die voorste vyf aanspraakmakers op die 2010-titel het die eerste plek ingeneem op die podium by Suzuka-2010.
Sebastian Vettel het met ‘n uitstekende wedren voor ge-eindig en sodoende opgeskuif na die derde plek op die punteleer. Sy spanmaat Mark Webber in die ander Red Bull was tweede met ‘n Spanjaard in sy Ferrari derde.
Die twee Britte, Jenson Button en Lewis Hamilton, wat uit eindelik ‘n wedren kon voltooi, het die vierde en vyfde posisies ingeneem terwyl die veteraan Duitser Michael Schumacher wat vir die eerste keer hierdie seisoen weer na ‘n formule een-jaer gelyk het, sesde was.
Felippe Massa in die ander Ferrari was die enigste groot naam wat nie die 2010-Suzukawedren kon voltooi nie. Die geveg tussen Red Bull en Mclaren vir die titel is nou amptelik ‘n tweegeveg met beide die Red Bulls en die Mclaren wat punte kon verdien. Ferrari sal omtrent alles voorentoe moet wen om enigsins ‘n aanspraak te kan behou.
Die bestuurderpunteleer lyk nou soos volg; 01 Mark Webber 220 02 Fernando Alonso 206 03 Sebastian Vettel 206 04 Lewis Hamilton 192 05 Jenson Button 189 06 Felipe Massa 128 07 Nico Rosberg 122 08 Robert Kubica 114 09 Michael Schumacher 54 10 Adrian Sutil 47 11 Rubens Barrichello 41 12 Kamui Kobayashi 27 13 Vitaly Petrov 19 14 Nico Hulkenberg 17 15 Vitantonio Liuzzi 13 16 Sebastien Buemi 8 17 Pedro de la Rosa 6 18 Nick Heidfeld 4 19 Jaime Alguersuari 3 20 Heikki Kovalainen 0 21 Jarno Trulli 0 22 Karun Chandhok 0 23 Lucas di Grassi 0 24 Timo Glock 0 25 Bruno Senna 0 26 Sakon Yamamoto 0
Die volledige uitslae van die 2010 Jananese F1 Grand Prix lyk soos volg; Plek No Bestuurder Span Rondtes Tyd/Uit Wegsp Punte 1 5 Sebastian Vettel RBR-Renault 53 1:30:27.323 1 25 2 6 Mark Webber RBR-Renault 53 +0.9 sek 2 18 3 8 Fernando Alonso Ferrari 53 +2.7 sek 4 15 4 1 Jenson Button McLaren-Mercedes 53 +13.5 sek 5 12 5 2 Lewis Hamilton McLaren-Mercedes 53 +39.5 sek 8 10 6 3 Michael Schumacher Mercedes GP 53 +59.9 sek 10 8 7 23 Kamui Kobayashi BMW Sauber-Ferrari 53 +64.0 sek 14 6 8 22 Nick Heidfeld BMW Sauber-Ferrari 53 +69.6 sek 11 4 9 9 Rubens Barrichello Williams-Cosworth 53 +70.8 sek 7 2 10 16 Sebastien Buemi STR-Ferrari 53 +72.8 sek 18 1 11 17 Jaime Alguersuari STR-Ferrari 52 +1 Rondte 16 12 19 Heikki Kovalainen Lotus-Cosworth 52 +1 Rondte 20 13 18 Jarno Trulli Lotus-Cosworth 51 +2 Rondtes 19 14 24 Timo Glock Virgin-Cosworth 51 +2 Rondtes 22 15 21 Bruno Senna HRT-Cosworth 51 +2 Rondtes 23 16 20 Sakon Yamamoto HRT-Cosworth 50 +3 Rondtes 24 17 4 Nico Rosberg Mercedes GP 47 +6 Rondtes 6 Ret 14 Adrian Sutil Force India-Mercedes 44 Olie lek 15 Ret 11 Robert Kubica Renault 2 Meganies 3 Ret 10 Nico Hulkenberg Williams-Cosworth 0 Ongeluk 9 Ret 7 Felipe Massa Ferrari 0 Ongeluk 12 Ret 12 Vitaly Petrov Renault 0 Ongeluk 13 Ret 15 Vitantonio Liuzzi Force India-Mercedes 0 Ongeluk 17 DNS 25 Lucas di Grassi Virgin-Cosworth 0 Ongeluk 21
Die spanne se puntestand lyk so; Plek Span Punte 1 RBR-Renault 426 2 McLaren-Mercedes 381 3 Ferrari 334 4 Mercedes GP 176 5 Renault 133 6 Force India-Mercedes 60 7 Williams-Cosworth 58 8 BMW Sauber-Ferrari 37 9 STR-Ferrari 11 10 Lotus-Cosworth 0 11 HRT-Cosworth 0 12 Virgin-Cosworth 0
Fernando Alonso in sy rooi Ferrari het dit twee in ‘n ry gemaak met sy oorwinning tydens die 2010 Singapoer-Grand Prix. Hierdie oorwinning was nie genoeg om Mark Webber van die bopunt van die punteleer te lig nie, maar dit het die Spanjaard heelwat nader aan die titel gebring. Daar is nog net vier wedrenne oor in vanjaar se kampioenskap en vir die tweede agtereenvolgende wedren kon Lewis Hamilton nie klaarmaak nie.
Die aandren was eintlik baie tragedies vir Hamilton; nadat hy in die 36ste rondte in Webber vasgery het was sy wedren so te sê verby. Jenson Button het nog ‘n baie klein kansie om sy titel te vededig, maar hy sal al vier die oorblywende wedrenne moet wen om dit te kan doen. Die maksimumpunte vir die oorblywende wedrenne is 25 en dit is dan ook die verskil tussen die boonste vyf jaers in vanjaar se F1-reeks.
Fellipe Massa, wat reg van agter weggespring het omdat hy tegniese problem in die laaste kwalifiserende rondte opgedoen het, het tiende geëindig om sodoende Ferrari se kanse om die vervaardigerstitel in te palm te versterk.
Lewis Hamilton het sy kanse om die wêreldtitel vir bestuurders in 2010 omhoog te hou ‘n knou toegedien toe hy nie die Italiaanse wedren kon voltooi nie. Hamilton het in Massa vas gejaag en van die baan gegly. Massa het wel kop gehou en uiteindelik derde geëindig. Jenson Button was tweede in sy Mclaren met Fernando Alonso in die Ferrari wat die hele naweek beïndruk het met sy spoed. Alonso het eerste onder die geruite vlag deur gejaag. Hy het dan ook sommer sy 41 punte agterstand in die bestuurderskampioenskap met hierdie oorwinning gehalveer en is nou is hy slegs 21 punte agter Mark Webber wat ten spyte van sy sesde plek nou weer die voorloper op die punteleër is. Sebastian Vettel in die Redbul Renault was vierde en Nico Rosberg in sy Mercedes het vyfde onder die blokkiesvlag deur gejaag. Die volledige uitslae vir die 2010 Italiaanse wedren is soos volg.
Plek No Bestuurder Span Rondtes Tyd/Uit Wegspring Punte 1 8 Fernando Alonso Ferrari 53 1:16:24.572 1 25 2 1 Jenson Button McLaren-Mercedes 53 +2.9 sek 2 18 3 7 Felipe Massa Ferrari 53 +4.2 sek 3 15 4 5 Sebastian Vettel RBR-Renault 53 +28.1 sek 6 12 5 4 Nico Rosberg Mercedes GP 53 +29.9 sek 7 10 6 6 Mark Webber RBR-Renault 53 +31.2 sek 4 8 7 10 Nico Hulkenberg Williams-Cosworth 53 +32.8 sek 8 6 8 11 Robert Kubica Renault 53 +34.0 sek 9 4 9 3 Michael Schumacher Mercedes GP 53 +44.9 sek 12 2 10 9 Rubens Barrichello Williams-Cosworth 53 +64.2 sek 10 1 11 16 Sebastien Buemi STR-Ferrari 53 +65.0 sek 14 12 15 Vitantonio Liuzzi Force India-Mercedes 53 +66.1 sek 19 13 12 Vitaly Petrov Renault 53 +78.9 sek 20 14 22 Pedro de la Rosa BMW Sauber-Ferrari 52 +1 Rondte 16 15 17 Jaime Alguersuari STR-Ferrari 52 +1 Rondte 15 16 14 Adrian Sutil Force India-Mercedes 52 +1 Rondte 11 17 24 Timo Glock Virgin-Cosworth 51 +2 Rondtes 24 18 19 Heikki Kovalainen Lotus-Cosworth 51 +2 Rondtes 18 19 20 Sakon Yamamoto HRT-Cosworth 51 +2 Rondtes 23 20 25 Lucas di Grassi Virgin-Cosworth 50 +3 Rondtes 21 Uit 18 Jarno Trulli Lotus-Cosworth 46 Ratkas 17 Uit 21 Bruno Senna HRT-Cosworth 11 Hidrolies 22 Uit 2 Lewis Hamilton McLaren-Mercedes 0 Ongeluk 5 Uit 23 Kamui Kobayashi BMW Sauber-Ferrari 0 Ratkas 13
Die bestuurder kampioenskap lyk nou soos volg; Plek Bestuurder Land Span Punte 1 Mark Webber Australië RBR-Renault 187 2 Lewis Hamilton Britanje McLaren-Mercedes 182 3 Fernando Alonso Spanje Ferrari 166 4 Jenson Button Britanje McLaren-Mercedes 165 5 Sebastian Vettel Duitsland RBR-Renault 163 6 Felipe Massa Brasilië Ferrari 124 7 Nico Rosberg Duitsland Mercedes GP 112 8 Robert Kubica Poland Renault 108 9 Michael Schumacher Duitsland Mercedes GP 46 10 Adrian Sutil Duitsland Force India-Mercedes 45 11 Rubens Barrichello Brasilië Williams-Cosworth 31 12 Kamui Kobayashi Japan BMW Sauber-Ferrari 21 13 Vitaly Petrov Rusland Renault 19 14 Nico Hulkenberg Duitsland Williams-Cosworth 16 15 Vitantonio Liuzzi Italië Force India-Mercedes 13 16 Sebastien Buemi Switserland STR-Ferrari 7 17 Pedro de la Rosa Spanje BMW Sauber-Ferrari 6 18 Jaime Alguersuari Spanje STR-Ferrari 3 19 Heikki Kovalainen Finland Lotus-Cosworth 0 20 Karun Chandhok Indië HRT-Cosworth 0 21 Lucas di Grassi Brasilië Virgin-Cosworth 0 22 Jarno Trulli Italië Lotus-Cosworth 0 23 Bruno Senna Brasilië HRT-Cosworth 0 24 Timo Glock Duitsland Virgin-Cosworth 0 25 Sakon Yamamoto Japan HRT-Cosworth 0
Die voledige kampioenskap vir die spanne lyk so: Plek Span Punte 1 RBR-Renault 350 2 McLaren-Mercedes 347 3 Ferrari 290 4 Mercedes GP 158 5 Renault 127 6 Force India-Mercedes 58 7 Williams-Cosworth 47 8 BMW Sauber-Ferrari 27 9 STR-Ferrari 10 10 Lotus-Cosworth 0 11 HRT-Cosworth 0 12 Virgin-Cosworth 0методы протезирования зубовtopcargo отзывы сотрудников
Die Britse en voormalige wêreldkampioen Lewis Hamilton het ‘n papnat Spa ingepalm. Sy spanmaat en huidige kampioen Jensen Button het weens ‘n ongeluk met die Duitser Vetel sy kanse om die titel hierdie jaar weer te wen ‘n knou gegee.
Fernando Alonso, wat die afgelope paar wedrenne weer na die ou Alonso gelyk het, het seker die meeste verloor toe hy Sondag eers aan die begin van die wedren deur Barrichello en toe sommer aan die einde van die wedren self van die baan af is. Button is nou 35 punte agter Hamilton en dit sal bitter moeilik wees om weer in te haal.
Die Australiër Mark Webber, wat tot nou toe die voorloper in die kampioenskap was, het tweede geëindig vir Red Bull. Hy is nou slegs 3 punte agter Hamilton wat die nuwe voorloper op die leer is. Die volledige uitslae is soos volg:
Plek
Nr
Bestuurder
Span
Rondtes
Tyd/Uit
Wegspr
Punte
1
2
Lewis Hamilton
McLaren-Mercedes
44
1:29:04.268
2
25
2
6
Mark Webber
RBR-Renault
44
+1.5 sek
1
18
3
11
Robert Kubica
Renault
44
+3.4 sek
3
15
4
7
Felipe Massa
Ferrari
44
+8.2 sek
6
12
5
14
Adrian Sutil
Force India-Mercedes
44
+9.0 sek
8
10
6
4
Nico Rosberg
Mercedes GP
44
+12.3 sek
14
8
7
3
Michael Schumacher
Mercedes GP
44
+15.5 sek
21
6
8
23
Kamui Kobayashi
BMW Sauber-Ferrari
44
+16.6 sek
17
4
9
12
Vitaly Petrov
Renault
44
+23.8 sek
23
2
10
17
Jaime Alguersuari
STR-Ferrari
44
+29.4 sek
11
1
11
15
Vitantonio Liuzzi
Force India-Mercedes
44
+34.8 sek
12
12
22
Pedro de la Rosa
BMW Sauber-Ferrari
44
+36.0 sek
24
13
16
Sebastien Buemi
STR-Ferrari
44
+39.8 sek
16
14
10
Nico Hulkenberg
Williams-Cosworth
43
+1 Rondte
9
15
5
Sebastian Vettel
RBR-Renault
43
+1 Rondte
4
16
19
Heikki Kovalainen
Lotus-Cosworth
43
+1 Rondte
13
17
25
Lucas di Grassi
Virgin-Cosworth
43
+1 Rondte
22
18
24
Timo Glock
Virgin-Cosworth
43
+1 Rondte
20
19
18
Jarno Trulli
Lotus-Cosworth
43
+1 Rondte
15
20
20
Sakon Yamamoto
HRT-Cosworth
42
+2 Rondtes
19
Uit
8
Fernando Alonso
Ferrari
37
Ongeluk
10
Uit
1
Jenson Button
McLaren-Mercedes
15
Ongeluk
5
Uit
21
Bruno Senna
HRT-Cosworth
5
+39 Rondte
18
Uit
9
Rubens Barrichello
Williams-Cosworth
0
Ongeluk
7
Wat die kampioenskap leer vir die spanne aanbetref klou Red Bull aan die bokant vas met ‘n ekele punt voorsprong bo Mclaren. Die volledige punte leer vir die spanne lyk soos volg:
Mark Webber van Australie het die Hongaarse Grand Prix Sondag gewen na ‘n dramatiese wedren vol haakplekke. Webber was derde na die eerste rondte agter die Spanjaard, Alonso in sy Ferrari en die Duitser, Sebastian Vetel in die ander Red Bull.
Min het hy wat Webber is geweet dat hy die wedren sou wen. Teen die 15de rondte het die veiligheidsmotor uit gekom na ‘n ongeluk. Webber se ongelooflike spoed het hom in staat gestel om sy neus voor die van Vettel te kry.
Toe hy later as Alonso in die kuipe inkom was die buffer groot genoeg om hom voor die Spanjaard te laat uitkom. Ongelukkig vir sy spanmaat Vetel moes hy ‘n strafrondte doen omdat hy agter die veiligheids motor gery het.
Hierdie flater het Webber in staat gestel om die wedren te wen. Fernando Alonso in sy Ferrari was tweede en Sebastian Vetel in die ander Red Bull derde. Weereens het die veiligheidmotor ‘n rol gespeel in die uitslag van ‘n wedren. As Vettel nie die strafrondte moes deurgaan nie sou hy verseker gewen het. Vetel was nie baie gelukkig met die situasie nie, maar moes maar tevrede wees met sy derde plek.
Die Britse renjaer Lewis Hamilton het die voortou geneem in die F1-bestuurderskampioenskap tydens sy oorwinning op die Gilles Villeneuve-renbaan in Montreal, Kanada.
McLaren het ook die voortou geneem in die vervaardigerstryd nadat Hamilton se spanmaat en huidige wêreldkampioen Jenson Button tweede oor die wenstreep gejaag het. Ferrari se Fernando Alonso moes met ‘n derde plek tevrede wees nadat die McLarens regte spoed getoon het tydens die wedren. Die twee RedBulls van Webber en Vettel was onderskeidelik vierde en vyfde. Webber, wat die voorloper op die bestuurderspunteleer was, is nou deur beide Hamilton en Button verbygesteek. Die volledige uitslae van die Kanadese F1 Grand Prix is soos volg:
Pleknr.
Bestuurder
Span
Rondtes
Tyd/Uit
Wegsp
Punte
1
2
Lewis Hamilton
McLaren-Mercedes
70
1:33:53.456
1
25
2
1
Jenson Button
McLaren-Mercedes
70
+2.2 sek
4
18
3
8
Fernando Alonso
Ferrari
70
+9.2 sek
3
15
4
5
Sebastian Vettel
RBR-Renault
70
+37.8 sek
2
12
5
6
Mark Webber
RBR-Renault
70
+39.2 sek
7
10
6
4
Nico Rosberg
Mercedes GP
70
+56.0 sek
10
8
7
11
Robert Kubica
Renault
70
+57.3 sek
8
6
8
16
Sebastien Buemi
STR-Ferrari
69
+1 Rondte
15
4
9
15
Vitantonio Liuzzi
Force India-Mercedes
69
+1 Rondte
5
2
10
14
Adrian Sutil
Force India-Mercedes
69
+1 Rondte
9
1
11
3
Michael Schumacher
Mercedes GP
69
+1 Rondte
13
12
17
Jaime Alguersuari
STR-Ferrari
69
+1 Rondte
16
13
10
Nico Hulkenberg
Williams-Cosworth
69
+1 Rondte
12
14
9
Rubens Barrichello
Williams-Cosworth
69
+1 Rondte
11
15
7
Felipe Massa
Ferrari
69
+1 Rondte
6
16
19
Heikki Kovalainen
Lotus-Cosworth
68
+2 Rondtes
19
17
12
Vitaly Petrov
Renault
68
+2 Rondtes
14
18
20
Karun Chandhok
HRT-Cosworth
66
+4 Rondtes
24
19
25
Lucas di Grassi
Virgin-Cosworth
65
+5 Rondtes
23
Uit
24
Timo Glock
Virgin-Cosworth
50
+20 Rondte
21
Uit
18
Jarno Trulli
Lotus-Cosworth
42
+28 Rondte
20
Uit
22
Pedro de la Rosa
BMW Sauber-Ferrari
30
+40 Rondte
17
Uit
21
Bruno Senna
HRT-Cosworth
13
+57 Rondte
22
Uit
23
Kamui Kobayashi
BMW Sauber-Ferrari
1
+69 Rondte
18
Die voledige punte stand van die bestuurders en die spanne is soos volg;
As jy ‘n Bul-ondersteuner is, was die afgelope twee weke sekerlik van die aangenaamste weke van jou lewe. Plaaslik praat ons natuurlik van die Blou Bulle, maar in die res van die wêreld is dit die F1 Rooi Bulle wat die plek aan flarde jaag.
Die Red Bull-span van Sebastian Vettel en Mark Webber het dié jaar sover eenvoudig oorheers. Nie net hulle hulle al talle male eerste en tweede op die wegspringblokke beland nie, maar aan die ander kant van die baan op die podium ook.
Sondag se Monaco Grand Prix was soos elke tweede jaar ‘n groot skouspel, dit is nou van die baan af. Op die befaamde straatbaan het die vonke behoorlik gespat. Die wedren is male sonder tal tot stilstand gebring vir een of ander ongeluk.
Die motors lyk my is heeltemal te kragtig en vinnig vir die kort, smal straatbaan in die suide van Frankryk. Schumacher is gepenaliseer omdat hy onwettig by Alonso verbygesteek het terwyl die veiligheidsmotor nog op die baan was. Dit was natuurlik nadat Alonso van heel agter af moes wegspring ná hy in Saterdag se laaste vry oefenrondte ‘n ongeluk gemaak het.
Volgens Schumacher was hy reg en Mercedes het ‘n appèl teen die penalisering van Schummie aanhangig gemaak. As mens daaraan dink dat albei die Red Bulls, sowel as Robert Kubica wat derde geëindig het, Renault-enjins in hulle motors het was dit werklik Renault se seisoen tot dusver. Alonso se spanmaat Massa in die ander Ferrari het vierde geëindig en Alonso self 7de nadat hy die baan aan die brand gery het in die eerste helfte van die wedren. Hamilton in sy Mclaren was 5de en sy Britse spanmaat en huidigw wêreldkampioen Button, moes handdoek ingooi nadat sy Mclaren oorverhit het tydens een van die veigheidsmotors se tydjie op die baan.
Die finale uitslag van die 2010 Monaco Grand Prix lyk soos volg en die punteleer vir die spanne sowel as die bestuurders lyk so:
Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die 1st en 2 de plek weggespring.
Lewis Hamilton in sy Mclaren het reg agter Webber in die 2de plek gejaag toe een van sy bande gebars het en hom in die relings in geskiet het. Dit was twee rondtes voor die einde en skielik het Webber die vryheid van die baan gehad om die Spaanse F1-wedren te wen. Hamilton het met die ongeluk afgeskuif na die 7de plek op die bestuurderspunteleer. Sou hy 2de geëindig het, was die punteverskil tussen hom en die voorloper op die leer, Jenson Button, net 3 punte.
Ferrari se Fernando Alonso het 2de geëindig en die ander Red Bull met Vetel agter die stuur het kreupel-kreupel met enjinmoeilikheid 3de onder die geruite vlag deur gejaag. Die heer Schumacher het met sy nuwe motor die eerste keer dié seisoen onder die eerste vyf geëindig met ’n 4de plek. Button was 5de en Massa in die ander Ferrari 6de.
Die 2010 Spaanse Grand Prix sal as een van die verveligste wedrenne van die jaar onthou word. Daar het regtig niks opwindends gebeur nie en die twee Red Bulls raak so dominerend soos wat Ferrari so ‘n paar seisoene gelede was. Die kroon van die hele seisoen wag volgende week in Monaco op die 16de Mei. Kom ons hoop die kort straatwedren bied soos elke tweede jaar meer opwinding en miskien kan Ferrari Mclaren in die komende wedrenk op die vervaardigerspunteleer verbysteek.
Dit was net enkele weke gelede dat die hele wêreld gekla het dat formule een baie eentonig en vervelig geword het. Ná die wedren in Australië sing almal ’n nuwe deuntjie; dit was regtig opwindend en skouspelagtig. Fernando Alonso in sy Ferrari het nou wel nie gewen nie, maar hy is nog die voorloper vir die seisoen.
Die Brit Jenson Button en huidige wêreld kampioen in sy McLaren het die 2010 Austarliese wedren op ’n dramatiese wyse gewen. Die plaaslike held Mark Webber kon slegs negende eindig en Micheal Schumacher het tiende klaargemaak nadat hy vroeg-vroeg sy drukvlerk moes laat verstel.
Sebastian Vettel, wat weereens die vinnigste was, het nogmaals met ‘n stukkende motor nie klaargemaak nie. Twee weke gelede was dit die Red Bull se vonkproppe, Sondag was dit die remme, as die motor net wil saamwerk dan gaan die vonk behoorlik spat in die komende wedrenne. Die finale uitslae is soos volg.