praag.co.za

Category: André Alkema

  • Onderwys: Die laaste loopgraaf vir Afrikaans

    Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie.

    Dit was die boodskap wat tydens ‘n konferensie vroeër vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur ‘n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van ‘n soortgelyke een wat in 2008 plaasgevind het, in aanloop tot die verkiesing van mnr Jacob Zuma as president van die land.

    Die feit is dat 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is. Met ander woorde: Daar gaan net mooi niks aan in 75% van die land se skole nie!

    Tydens ‘n onlangse byeenkoms in Soweto waar die onderwys onder die vergrootglas gekom het, is dit bekend gemaak dat in hierdie disfunksionele skole, onderwysers dronk by die skool opdaag. Of laat. Of skoolkinders word in skooltyd gestuur om drank te gaan koop vir die onderwysers. Ook het onderwysers in dié skole seksuele verhoudings met skoolkinders.

    Elders was daar gerapporteer dat 17 000 skooldogters verlede jaar, net in Natal, swanger geraak het! Vroeër vanjaar het ons kennis geneem van ‘n swart skooldogter wat selfmoord gepleeg het omdat sy gedruip het. Sy het geweier om seks met die skoolhoof te hê en dié het haar toe laat druip! Volgens haar onderwysers was sy een van die meer “skrander” leerlinge….

    Afrikaners moet besef dat hierdie toestand nie binnekort gaan verbeter nie.

    Die onderwyskenner, Graeme Bloch, skryf in sy boek The Toxic Mix dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het, en dat dit 30 jaar sal neem om te herstel, op dié voorwaarde dat die regte persone nou aangestel word. Destyds, toe die boek op die rakke verskyn het, was Naledi Pandor die minister van onderwys. Intussen het ons twee ministers vir onderwys gekry: Angie Motshegka vir basiese onderwys (skole) en die kommunis Blade Nzimandi vir hoër onderwys.

    Blade het onlangs ‘n skerp verklaring uitgereik. Hy het gesê dat studente op universiteit sal in die toekoms verplig word om ook naas hulle ander vakke, ‘n Afrika taal aan te leer. Talle vrae ontstaan: Word Afrikaans ook as ‘n Afrikataal beskou? en Is dit nie beter om op skoolvlak reeds ‘n Afrikataal aan te leer nie?

    Angie weer, is bekend vir die 14 skole in Soweto alleen wat in haar tyd as minister van onderwys in Gauteng gesluit is. Dit was in 2005 deur Alet Rademeyer in ‘n dagblad ontbloot. Dui Angie se optrede op bevoegdheid? Ek laat dit vir die leser om te besluit.

    Die ander rede waarom die toestand in Suid-Afrika se skole nie gou aansienlik gaan verbeter nie, is oor die drakoniese invloed van die Swart onderwysvakbonde soos Sadou. Sadou is lid van Cosatu wat ‘n alliansie vennoot is van die regering. Zuma weet, dat indien hy ‘n volgende termyn as staatspresident verkies wil word, hy nie met onderwysers en vakbonde moet sukkel nie.

    As 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is, wat is die waarde en standaard van die matrieksertifikaat wat Umalusi uitreik?

    Om ‘n matrieksertifikaat te kan verwerf, moet ‘n kandidaat uit sewe vakke, minstens 40% in drie vakke kry en 30% in nog drie. En ons het vanjaar gesien hoe die punte van verlede jaar se matrieks dramaties aangepas is. Met tot 30 persentasie punte op ‘n gly skaal: die heel swakste kry 30% by hulle eksamenpunt en hoe hoër die kandidaat se punt, hoe minder word bygevoeg.

    Die aantal matrieks wat volpunte vir wiskunde gekry het, het die wenkbroue gelig en ook die groot aantal onderskeidings.

    En toe word die tersiêre instellings in die begin van die jaar oorstroom met studente wat wou inskryf vir verdere studies. En ons weet dat aansoeke om by ‘n tersiêre instelling te studeer, sluit al die vorige jaar. So, daar was talle matrieks wat nie verlede jaar gekwalifiseer het om in te skryf vir verdere studies nie, maar na die matriekuitslae bekend gemaak is, wel!

    En nou moet ons tog besef dat hierdie swak leerders ‘n invloed het op die standaard van die tersiêre kwalifikasie. Dis ongetwyfeld so. Die geld wat tersiêre inrigtings van die staat ontvang, word ondermeer bepaal deur die aantal studente wat slaag.

    Afrikaner Onderwys

    Hoe lyk die Afrikaneronderwys en wat is die toekoms vir Afrikaneronderwys?

    Ons het die afgelope aantal jare gesien dat openbare skole toenemend verengels het. In Junie 2009 was daar nog net 667 Afrikaans-enkelmediumskole oor teenoor 1 396 in 1993. Minder as die helfte van ons skole het nog suiwer Afrikaans gebly.

    Afrikaanse onderwysers in Afrikaanse skole word selfs nou gedwing om hulle verslae in Engels te skryf. Ook hulle voorbereiding moet in Engels gedoen word.

    Verder moet ons kennis neem dat onderwys as beroep in die Nuwe Suid-Afrika sy aantreklikheid verloor weens die ongedissiplineerdheid van skoolkinders, swak salarisse en swak vooruitsigte. Al minder Afrikaanse blanke begaafde en intelligente jong studente kies onderwys as ‘n beroep. Dit wil sê as hulle ‘n beurs kan kry om verder te studeer.

    Volgens mnr Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) is die Afrikaanse onderwyser ‘n spesie wat kan uitsterf! Jaarliks verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers die beroep terwyl slegs sowat 200 Afrikaanse onderwysers afstudeer.

    Afrikaneronderwys stuur op ‘n krisis af wat ons volk nadelig sal raak.

    Op 8 Junie 2008 berig Rapport dat Naledi Pandor, voormalige minister van onderwys gesê het dat te veel skole te min regstellende aksie doen veral betreffende skole se onderwyserskorps; en dat daar miljoene swart beroepslui is wie se moedertaal Afrikaans is.

    Met ander woorde, Naledi wil hê dat die personeelkamer van Afrikaanse skole moet transformeer sodat dit lyk soos die demografie van die land – Swart!. Dis ANC beleid.

    En met die uittrede van uiters bekwame onderwyslui in die volgende vyf tot tien jaar. Wat dink u gaan gebeur?

    En vriende, u moet aanvaar dat hierdie bedreiging die voorland is nie net van sogenoemde staatskole nie, maar ook van privaatskole soos die BCVO.

    Dit is die vyande van die Afrikanervolk se oogmerk om die Afrikaner skaam te maak vir sy verlede, sodat hy sy geskiedenis liewer moet vergeet, identiteitloos word en uiteindelik deel word van die kleurlose massa van die land. Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor.

    En terwyl ons dankbaar is vir die ongeveer 3500 Afrikanerkinders in CVO-skole wat hierteen gepantser word, is daar tans sowat 480 000 Afrikanerkinders in openbare skole omdat hulle ouers nie van beter weet nie, of nie die geldelike vermoë het nie, of sommer net nie omgee nie.

    Wat sê die GHA?

    1. Die toekoms van die Afrikaner se onderwys lê nie binne die huidige onderwys bedeling nie. Ons sal ons moet beywer vir ‘n onafhanklike onderwys owerheid terwille van die behoud van Afrikaans en die herstel van standaarde. Indien ons wil verseker dat ons kinders en kleinkinders gehalte moedertaal onderrig wil ontvang, moet ons loskom van die Nasionale Onderwys stelsel.

    2. Onderwys is nie die plek waar kinders net leer om te lees, te skryf en somme te maak nie. Dit is die plek waar die kind te identiteit vasgelê word: sy taal, sy geskiedenis, sy godsdiens, kultuur en tradisies asook hoë waardes soos dissipline, werkywer, getrouheid en leierskap.

    3. Verder het die Afrikaner as volk die reg en verantwoordelikheid om sy eie kinders op te voed en te onderrig. Daardie reg moet ons in die openbaar opeis. Onderwys is ‘n eie saak.

    4. Die Afrikanervolk en die Afrikaanse taal word in die klaskamers van die ANC vermoor. Ons is nou in die laaste loopgraaf. Indien ons as volk wil bly voortleef in Afrika, sal ons hierdie uitdaging moet aanvaar.

    5. Elke ouer en grootouer moet hulle verantwoordelikheid besef. Daarom stel ons vir onsself die mikpunt om 1 000 000 persone werf wat ‘n deklarasie onderteken wat hulle daartoe sal verbind om hulle te beywer vir ‘n onafhanklike onderwysowerheid. En hierdie DEKLARASIE lees soos volg. Ek, die ondertekenaar, gee hiermee kennis dat ek my sal beywer vir ‘n onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid ten einde te verseker dat my kinders en kleinkinders gehalte moedertaalonderrig sal kry. Die Afrikaner as onderskeibare volk en etniese groep in Suid-Afrika het die reg om sy kinders op te voed en te onderrig ten einde sy taal, kultuur, hoë waardes, godsdiens, tradisies en geskiedenis te kan beskerm. Net so min as wat ons inspraak op ander volke se onderwys wil hê, so min wil ons dat ander inspraak op ons onderwys sal hê. Oor die afgelope 17 jaar het ons ‘n dure les geleer.

    6. Hierdie veldtog sal vir ons die vermoë skep om honderde duisende Afrikaners per vonkpos te bereik en inligting aan hulle oor te dra, sodat ons ons organisasies kan uitbrei en dat ons ‘n magsbasis en finansiëlebasis sal hê waarmee die land en die buiteland van kennis sal neem.

    7. Afrikaners betaal belasting wat ook gebruik word vir die onderwys. Waarom moet hulle weer betaal vir die onderwys van hulle kinders in privaatskole soos die CVO-skole of tuisonderrig? Wanneer ons ons eie onderwysowerheid het, sal ook die privaatskole se onderwysers se salarisse daaruit befonds word.

    8. Die Afrikaner se vryheid loop deur die klaskamer. Die klaskamer van ons kinders en kleinkinders. Ons moet die CVO-skole uitbou tot ‘n bastion vir die volk. Terselfdertyd moet ons ons verantwoordelikheid besef teenoor die 480 000 Afrikanerkinders in die openbare skole. Daardie skole moet ook los kom van die nasionale onderwys stelsel.

    My oproep aan alle Afrikaners!

    Ons in die GHA; in die BCVO, in die Aksie Vrouekrag en in die Verkenners, en ons in die HNP, die AWB, die VF+, die Transvaalse Landbou Unie, Afrikaner Onderwysdirektoraat, Radio Pretoria, en Praag staan voor hierdie uitdaging. Dis tyd om op te staan om getel te word.

    Terwille van dit wat ons van ons ouers geërf het en terwille van ons selfrespek, en terwille van Afrikanerkinders wat nog gebore moet word, sal ons almal hierdie uitdaging moet aanvaar. Hierdie is die laaste loopgraaf vir die Afrikaner, en Afrikaans se voortbestaan in Afrika.

    заливающий светильниктопкарго отзывы

  • Matriekslaagsyfer van 2010 is bekook

    Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.

    In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regering van uiterste belang om ‘n sy beeld te poets en is dit hoogs waarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.

    Met ‘n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak hy baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyser vakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede.

    Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regering en Sadou oor ‘n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met ‘n swak matriekslaagsyfer. En dit is natuurlik in die minister van onderwys se mag om die syfer te bekook deur Umalusi.

    Sadou is ‘n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt ‘n alliansie vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap.

    Stadsrade is onbevoeg.

    Die regerende party het reeds talle probleme as gevolg van kaders in stadsrade wat weens hulle onvermoë, onbetroubaarheid en laksheid in gebreke bly om dienste te lewer aan hulle kiesers.

    Tans word 38 munisipaliteite in Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Oos-Kaap ondersoek vir beweerde ongerymdhede. In Suid-Afrika se hoofstad, Pretoria het die Tshwane-munisipaliteit besluit om mnr Kiba Kekana te beloon met ‘n goue handdruk van R2,3 miljoen na die beweerde onbehoorlike hantering van dié raad se geldsake en kontrakte.

    In die Madibeng-munisipaliteit (Brits/Hartbeespoort) kry die voormalige munisipale bestuurder mnr Philemon Mapulane nog steeds R1,1 miljoen salaris per jaar nadat hy meer as ‘n jaar gelede geskors is. En so gaan dit aan.

    Mnr Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het in Desember 2010 onthul dat dit kos R4 miljoen om 1km in die Noord-Kaap te teer terwyl die belastingbetaler in Gauteng R17 miljoen per km opdok!

    Die ANC-regering het dus nodig om sy beeld by die kiesers van Suid-Afrika te poets, ook in die lig van die ongemaklikheid tussen die alliansie vennote Cosatu en die SAKP.

    Die onmin tussen die swart onderwys vakbond Sadou en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het duidelik na vore gekom toe Sadou by die aanvang van die 2010 matriekeksamen ‘n verklaring uitgereik het waarin hulle gesê het dat “indien die matrieks swak vaar in die eksamens vanjaar” dit nie hulle skuld is nie, maar die regering s’n. Dis natuurlik na aanleiding van die meer as twee weke lange staking vir hoër salarisse verlede jaar wat die onderwys erg ontwrig het bo en behalwe die lang sokker vakansie.

    Met dié staking het die onderwysers alle openbare skole ontwrig – selfs die wat nog al die jare ‘n nul slaagsyfer het. Daarby het hulle getoon dat hulle nie ‘n greintjie respek het vir hulle professie of die toekoms van hulle leerlinge nie en dat hulle ‘n salaris eis wat nie ooreenstem met hulle produktiwiteit nie, maar met hulle behoeftes.

    Die dag na Sadou se verklaring het Motshekga ook ‘n verklaring uitgereik (in antwoord op Sadou s’n) waarin sy gesê het dat mense nie bekommerd moet wees nie aangesien die matrieks goed sou vaar en die slaagsyfer 65% sou wees.

    Dit is nie vêr van die 67,8% wat sy verlede week met groot fanfare bekend gemaak het nie.

    Is sy heldersiende?

    ANC rampokkerbende.

    Die antwoord is nee. Want eintlik het ons te doen met ‘n rampokkerbende wat die land tans regeer en hulle sal enige iets doen om in die mag te bly.

    RW Johnson skryf in sy boek SOUTH AFRICA’S BRAVE NEW WORLD (p562) dat 30% van die tagtig lede van die ANC se nuwe Nasionale Uitvoerende Raad (NUR) wat in 2008 in Pietersburg tydens hulle Polokwane Konferensie verkies is, “… either were or had been in trouble with the law for one reason or another”.

    Dink maar aan die wapen skandaal waarby talle hooggeplaastes van die ANC betrokke was en wat alles deur die ANC-regering gedoen word om dié skandaal toe te smeer – ook deur ons geagte president mnr Jacob Zuma. Nou ja, almal is innocent till proven guilty.

    In 2005 is die sogenaamde Travelgate skandaal onthul toe ‘n forensiese verslag 330 Parlementslede (LP’s) (uit ‘n totaal van 400) geidentifiseer het wat onregmatige voordele ontvang het. Van die DA LPs was net een, mnr Craig Morkel, by die skandaal betrokke.

    Destyds het die DA 50 setels gehad, wat beteken dat 329 skuldige individue onder die ander 350 LPs getel het. Feitlik die hele ANC parlement elite – ingesluit talle ministers – was skuldig. Dog was minder as 30 ANC LPs vervolg en die in hooggere stoele kon ooreenkomste sluit om vervolging vry te spring.

    Die ANC hoofsweep, Mbulelo Goniwe, wat hierdie ooreenkomste agteraf gereël het, was self bevoordeel deur so ‘n “ooreenkoms”. Hy het egter sy werk kort daarna verloor nadat hy skuldig bevind was aan herhaalde seksuele teistering.

    Harry Charlton, finansiële hoof van die Parlement, het net begin om verdere reisskandale oop te rakel van R55 miljoen toe daar van hom ontslae geraak is deur nietige aanklaggies…

    Sifiso Nkabinde, die ANC voorvegter in Richmont, het nadat hy in die tronk beland het in die negentigerjare weens ‘n uitval met die ANC-leiers in Natal, onthul dat talle top ANC persone betrokke was by baie bankrowe en transito rowe. Sy lewe was daarna kort geknip.

    Onderwys het ontspoor

    Graeme Bloch, ‘n onderwyskenner, het in sy boek met die titel The Toxic Mix gesê dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het. Verder het hy gesê dat dit dertig jaar sal neem om dit te herstel indien die regte persone dadelik in beheer geplaas sou word. Dit het nie gebeur nie.

    Vir die voorafgaande 5 jaar het die slaagsyfer van die openbare skole elke jaar gedaal met ‘n persentasie punt of twee tot op 60,6% in 2009.

    Die groot oorsaak hiervan is te wyte aan die sogenaamde uitkomsgebaseerde onderrigmetode (UGO) ook bekend as die PASS ONE PASS ALL metode wat deur Sadou enkele jare gelede ingevoer is om die een of ander ideologiese rede. Motshekga het aan die begin van verlede jaar (heeltemal te laat vir die 2010 matrieks) aangekondig dat UGO gestaak word.

    Basiese vaardighede soos lees, skryf en somme maak was deur die jare agterweë gelaat.

    Soos bewys is met Progress in International reading and literacy study (Pirls) geletterdheidstoetse waaraan Suid-Afrika het in 2006 deel geneem het. Uit 40 lande en 45 onderwysstelsels het die Suid-Afrikaanse leerlinge laaste gekom.

    Uit navorsing in 2007 waaraan 42 000 graad ses leerlinge uit 2 250 skole in 14 lande deelgeneem het, was getoon dat in Afrika, Suid-Afrikaanse skole die swakste is.

    Matrieks neem basies sewe vakke in graad 12. Om matriek te slaag moet ‘n leerling ses vakke deurkom: drie met 40% en drie met 30%. Lewensoriëntering wat een van die 7 vakke is, word intern geëvalueer en is dit derhalwe makliker om 40% daarin te kry.

    Dis dan ook opmerklik dat die slaagsyfer in dié vak toegeneem het van 65,5% tot 74,6%. Dit is ‘n styging van 9,1 persentasiepunte.

    Wiskunde geletterdheid het met 11,3% van 74,7% tot 86% gestyg en fisiese wetenskap met 11% van 36,8% tot 47,8%. Bostaande stygings is abnormaal hoog en vra om verduideliking.

    Prof. Kobus Maree, onderwyskenner van die Universiteit van Pretoria (UP), het aan Beeld gesê daar is nêrens “sistemiese bewyse” van drastiese beter onderwys nie. Hy reken dat die antwoord vir die hoë styging dalk eerder gesoek moet word in vraestelle wat wyd in omloop was en beter afrigting vir die eksamen.

    Desnieteenstaande alles, het 33% van verlede jaar se matrieks wat in 7 vakke eksamen geskryf het, nie geslaag nie. Dit is skokkend.

    En om te dink dat 90% Afrikaner kinders wat tans in die openbare skole is, deel is van hierdie bestel waar standaarde gestel word sodat ‘mense’ met ‘n IK van 60 ook kan slaag.

    Gee ons skole terug!

    Ons is vasgevang in en deur hierdie demokratiese bestel en uitgelewer aan die mag van die swartes en verswaktes, rampokkers en ongeletterdes.

    Ons moet daaruit kom.

    Onderwys is ‘n eie saak en die Afrikaner sal, indien hy sy selfrespek wil herwin en om te kan oorleef in hierdie land, agiteer vir sy eie openbare skole – die model C skole wat ons voorouers met hulle belasting geld opgerig het en in stand gehou het. Dié skole moet onder beheer kom van ‘n selfverkose Onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid wat ook beskerming sal verleen aan tersiêre inrigtings en opleidingsentrums asook tuisskoling en privaatskole soos die BCVO indien hulle dit sou verkies.

    Die Afrikanervolk kwalifiseer by uitstek vir minderheidsregte wat wêreldwyd erken word. Ons het ‘n reg en ‘n verantwoordelikheid om ons eie kinders op te voed en te onderrig in skole waar ons kultuur en waardes beskerm sal wees en ook oorgedra word aan die volgende geslag.

    Ons eis gehalte moedertaalonderrig vir ons kinders en kleinkinders.

    Laat ons wekroep vanjaar wees: Gee ons skole terug!

    André Alkema
    Voorsitter
    Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

    flower bridal headbandДанильченко Харьков

  • Sal ons ooit weer vry wees?

    Die Afrikaner as volk staan die afgelope 16 jaar onder vreemde juk in sy eie vaderland.

    Baie Afrikaners aanvaar dit as ‘onomkeerbaar’ om die gewraakte uitdrukking van ‘n voormalige president van Suid-Afrika, mnr F W de Klerk te gebruik, en het hulle reeds ‘deel’ geword van die Nuwe Suid-Afrika (NSA) met sy veelrassige sport, hoë vlakke van geweldadige misdaad asook korrupsie en vergrype van ‘n onbeholpe owerheid.

    Daar is egter ‘n al groter wordende groep Afrikaners wat nie hierdie toestand kan of wil aanvaar nie en smag na vryheid in ‘n eie vaderland.

    Voortrekkers

    Net soos die Afrikaners in die sewentiende eeu in verset gekom het teen die Engelse wat die Kaap geannekseer het en hulle taal en wil op ons af geforseer het, is daar vandag ook Afrikaners wat hierdie Swart diaboliese juk van hulle wil afgooi.

    Maar net soos in 1836 met die Groot Trek verskil dié Afrikaners oor die pad na vryheid. U sal onthou dat Hendrik Potgieter en sy trekgeselskap hulle vryheid in Transvaal kom soek het om so vêr as moontlik van die Engelse weg te kom terwyl Piet Retief en sy mense Natal gekies het om verseker te wees van ‘n hawe en ‘n handelsroete na die wêreld.

    By nabetragting skyn dié verdeeldheid nie as verswakking van die einddoel nie, maar as versterking, want daardeur het hulle die hele land mak gemaak.

    Derhalwe moet die verdeeldheid onder Afrikaners/Boere vandag eintlik gesien word as ons sterk punt en ‘n teken van ‘n veelheid van leierskap. Dit maak my opgewonde vir die toekoms.

    Die pad na vryheid

    Dit is ‘n uitgemaakte saak dat as die Afrikaner werklik vry wil wees, sal dit net wees wanneer hy homself regeer in sy eie grondgebied wat hy fisies kan verdedig en waar hy sy eie werk kan doen en waar Afrikaans die amptelike taal sal wees.

    Om te verseker dat Afrikaans as taal soos ons dit vandag ken, bly voortbestaan, is ‘n onafhanklike grondgebied geskei van die NSA ononderhandelbaar. Daarom moet ons ook ooreenkom dat Afrikaans die enigste amptelike taal daar sal wees en derhalwe die beskerming van ‘n Afrikanerowerheid sal geniet.

    Wat ons verder moet besef, is dat die pad na vryheid vir die Afrikaner ‘n lang en opdraande pad is wat baie eise en offers sal vra; dat ons soms vinnig moet beweeg en soms stadig.

    Want net soos sommige Afrikaners destyds nie net hulle goed op ‘n wa kon laai en die binneland intrek nie, is daar ook vandag goeie Afrikaners wat nie sommer hulle wortels hier kan lig en elders met hulle lewe kan voortgaan nie. Hulle eiendom is hier; familie is hier en werk is hier.

    Hiervoor het ons ‘n dubbelloopstrategie nodig – en baie geduld en verdraagsaamheid met mekaar.

    Die een been van die strategie sal wees om groeipunte te skep soortgelyk aan Orania in die Kaap en Kleinfontein (Pretoria-Oos) waar die Afrikaner homself kan vestig met die doel om ‘n meerderheid in daardie gebied te vorm en uiteindelik af te skei van die NSA. Daar is mense wat sal kla dat ons net een grondgebied moet hê, maar ek is van mening dat ons meer moet beweeg in die rigting van ‘n federasie van Afrikanerstate wat uiteindelik gekonsolideer kan word.

    Die ander been behels dat die Afrikaner in terme van minderheidsregte waarvoor hy by uitstek kwalifiseer moet agiteer om in die NSA sy eie huishoudelike sake soos onderwys, welsyn, kultuurerfenis ens self te beheer. Dit beteken dat die Afrikaner een of ander verkose gesagsliggaam sal aanwys wat hierdie aspirasies sal kan verwoord, dit promoveer en net soos daar erkenning gegee word aan tradisionele (swart) leiers vandag, erkenning van die NSA owerheid af te dwing vir die bestaan van Afrikanervolk/Boervolk en sy eise.

    Derhalwe is die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) ‘n belangrike stap in dié rigting en moet elke reggeaarde Afrikaner/Boer registreer om deel te neem aan die verkiesing van ‘n Afrikaner Volksraad volgende jaar.

    Onderwys

    Terselfdertyd moet ons ons beywer vir ‘n Onafhanklike Onderwysowerheid vir die Afrikaner sodat ons weer in beheer kan kom van ons eie onderwys en die opvoeding van ons kinders. Sodat ons weer self die standaard, inhoud, leer en assesseringmetode en taal van onderrig in die Afrikaner openbare skole kan bepaal.

    Die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamer van ons kinders en kleinkinders en word elke ouer en grootouer opgeroep om deel te word van hierdie vryheidstryd. Dit is van die verlore ‘grondgebied’ wat ons moet terugwen. Indien ons hier ‘n oorwinning kan behaal, sal daar nuwe moontlikhede ontstaan. Die Afrikaner sal weer sy selfrespek herwin en nuwe moed skep vir die stryd wat voorlê.

    Dit is hiermee waarmee die Afrikaner Onderwysdirektoraat (AOD) en waarvan die GHA deel is, hom beywer. Derhalwe het die GHA ‘n inligtingsboekie die lig laat sien met die titel: AFRIKANER se eis vir ‘n onafhanklike ONDERWYSOWERHEID en word volksgenote aangemoedig om hierdie boekie in die hande te kry en te bestudeer.

    Selfs wanneer die Afrikaner eendag sy vryheid in sy eie grondgebied gaan kry, sal ons besef dat ons nie die Afrikaners wat in die NSA agterbly vir die wolwe kan gooi nie. Daarom te meer is die verkryging van beheer oor Afrikanersake ook van uiterste belang.

    Hiermee wil ek aan elke leser ‘n geseënde Christusfees toewens en vertrou dat u met nuwe geloof en krag die nuwe jaar sal ingaan en met nuwe ywer die stryd vir Afrikaans en vir vryheid sal voortsit.

    стенды развал-схожденияДанильченко Харьков

  • ‘n Skool mag sy eie taal kies!

    Hy het die beheerliggaam van dié skool omvergewerp en 'n komitee

    aangewys wat die status van die skool van Afrikaans enkelmedium na parallelmedium verander het.

    Die regters het ook bevind dat hy die beginsels van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid geskend het.

    Dit het alles ontstaan toe die onderwyshoof in die begin van 2007 die skoolhoof, mnr. Koos Kruger, kennis gegee het dat daar 113 "Engelse" kindertjies in Ermelo is wat daar wil skoolgaan "omdat daar nie plek by ander skole is nie".

    Mnr Kruger kon dit nie toelaat nie omdat die beheerliggam van die skool die onderrigmedium bepaal het en hy daaraan mos voldoen. Dis toe dat mnr. Tywakadi die komitee aangewys het wat die status van die skool eensydig verander het.

    Net 13 "Engelse" leerlinge het egter aanvanklik aansoek gedoen.

    Agtergrond

    Afrikaanse ouers van so ver as Secunda, Hendrina, Middelburg, Bethal en Pongola stuur hulle kinders na dié skool omdat dit die enigste "ordentlike Afrikaanse skool" in die gebied is.

    Die skool is deur die jare opgebou deur ouers wat in alle opsigte trou bygedra het tot die ontwikkeling van die skool.

    So is daar byvoorbeeld R45 miljoen bestee aan die bou van 'n ouditorium asook musiek- en biokinetikasentrums.

    Hof toe

    Die ouers van Hoërskool Ermelo was verontreg en het gevoel dat die departement die skool teiken. Hulle was van mening dat om in Afrikaans onderrig te word en om hulle kultuur uit te leef 'n grondwetlike en basiese mensereg is.

    Hulle is toe hof toe.

    In 'n tussentydse bevel op 2 Februarie 2007 het regter Bill Prinsloo beslis dat Hoërskool Ermelo nie hulle taalbeleid van enkelmedium Afrikaans mog verander het na parallelmedium nie. Hy het opdrag gegee dat die taalbeleid waarop die komitee besluit het onmiddelik opgeskort word hangende die finale beregtiging van 'n substantiewe hofaansoek.

    Die geluksaligheid van die ouers van Hoërskool Ermelo was egter van korte duur, want 'n paar weke na die beslissing van regter Prinsloo het die regter president Bernard Ngoepe beslis dat die "Engelse" kindertjies se regte tot onderrig meer tel as die regte van die ouers en beheerliggaam van die skool.

    Verlof tot appél

    In hulle aansoek om verlof tot appél het die verontwaardigde ouers 'n beroep op die minister van onderwys, me Naledi Pandor, gedoen om hulle te ondersteun omdat sy glo ten gunste van moedertaal onderrig was. Weer eens was hulle teleurgestel toe dié minister die kant van die onderwyshoof van Oos-Tranvaal gekies het teen hulle.

    Die uiteinde was dat regter Ngoepe verlof tot appél geweier het, want volgens hom kon hy nie R30 miljoen aan nuwe skole bestee in 'n land waar kinders honger bed toe gaan en skole leë klaskamers het nie. Daar was egter ander baie goedkoper alternatiewe soos die herstel van 'n bestaande ongebruikte Engelse skool in Ermelo.

    Die beheerliggaam was toe verplig om direk by die Bloemfonteinse appélhof aansoek om appél te doen en wat toegestaan is.

    Die saak het na bykans twee jaar verlede week in dié hof gedien. Die skool mag nou in gevolge dié beslissing hulle eie taalmedium kies.

    Dun ys

    Daar is egter drie dinge wat ons moet besef: Eerstens dat die hof geensins uitspraak gelewer het oor moedertaalonderrig nie of oor die regte van sogenaamde minderhede waarvoor die Afrikaner by uitstek kwalifiseer nie en tweedens dat die regering van die dag die Skoolwet kan verander sodat die onderwysowerheid die finale sê het wat die onderrigmedium van die skool is. Derdens dat die "Engelse" kindertjies sekere regte verkry het deur die onregmatige optrede van die onderwyshoof van Oos-Transvaal en dat Hoërskool Ermelo hulle moet dra vir die res van hulle skoolloopbaan.

    Ons moet verwag dat die Afrikanerhaters en die agente van verengelsing met 'n hernude aanslag na vore sal kom om Afrikaans te probeer vernietig.

    Hulle besef waarskynlik dat skole wat tans onder druk is om hulle status na parallelmedium te verander soos bv Hoërskool Hans Strydom van Naboomspruit hierdie hofuitslag kan gebruik om die skool Afrikaansmedium te hou.

    Ons moet egter nie op ons louere rus en dink die stryd is gewen nie.

    Ons moet die saak nou verder dryf deur aan te dring op 'n Afrikaner onderwysowerheid sodat ons self die onderrigmeddium, standaarde, onderrigmetode, leerinhoud, orde en etos in ons Afrikanerskole kan bepaal. Ons moet aandring dat die oorblywende Afrikaanse skole in ons beheer kom as 'n begin. So ook minstens drie Afrikaanse universiteite. Daar moet ook geld beskikbaar gestel word vir Onderwyskolleges, die instandhouding van ons skole en die salarisse van leerkragte.

    Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor. Vreemde ideologieë word in ons kinders se kele afgedruk.

    Daarom is dit dringend noodsaaklik dat elke Afrikanerorganisasie of -instelling deel moet word van hierdie stryd. Ter wille van ons oorlewing en uiteindelike vryheid moet ons van platform tot platform oor die land met net een boodskap spoel: Gee ons ons eie onderwysowerheid!

    Dit sal nie die eerste keer wees wat 'n gemeenskap die onderwys gebruik om uiteindelik hulle vryheid te kry nie. Kom ons kies dié gevegsterrein soos Jaap Marais gesê het waar ons sterk is en waar ons die vyand kan verslaan.

    Dit is wat die GHA vra.

    André Alkema is voorsitter van die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans (GHA)

    play slots forлобановский депутат

  • Afrikaner word in die klaskamer vermoor

    Geskiedenis

    Die skynbare traagheid van Afrikaners om in verset te kom teen die vernietiging van Afrikaansmediumskole kan aan die volgende te wyte wees:

    1.    Die Afrikanervolk het sy selfrespek verloor weens die eerlose, roemlose en verraderlike wyse waarop eertydse Afrikanerleiers die Afrikaner se politieke mag in 1994 op 'n skinkbord aan die huidige regime prysgegee het.

    2.    Die Afrikaner is onderwerp aan strawwe veroordeling en verguising oor sogenaamde wandade en vergrype teen die mensdom in die verlede en oor apartheid. Die Waarheid- en versoeningskommissie en die media is ingespan om die hele Afrikanerdom in die beskuldigdebank te plaas en verantwoordbaar te hou oor enkele optredes van die veiligheidspolisie toe daar 'n terroristeoorlog teen ons gevoer is. Hierdie breinspoeling en skuldgevoelens het diep in die onderbewussyn van die Afrikaner gaan lê en het 'n verlammende uitwerking op die Afrikaner.

    3.    Leerinhoud: Voorgeskrewe werke soos bv. Kringe in 'n bos het die lewensfilosofie van die Afrikaner radikaal verander veral ten opsigte van ander kultuurgroepe en volke in die land. Waar die Afrikaner 'n verdraagsame ingestelheid ontwikkel het, het die ander groepe meer uitdagend en veragtend in hulle optrede teenoor die Afrikaner geraak.

    4.    Gebrek aan sigbare Afrikanerleierskap, grootliks te wyte aan die massamedia in dienstigheid aan die owerheid van die dag en die vermengde samelewing, skep ook 'n hindernis vir gefokuste optrede teen die onreg wat blatant teen die Afrikaner gepleeg word.

    Die gevolg uit bogemelde is dat Afrikanerorganisasies met 'n roemryke verlede optree soos iemand met lam knieë. Politieke korrektheid het die wagwoord van vele Afrikanerbemande organisasies geword wat veronderstel is om ons belange te beskerm teen die onreg wat teen ons gepleeg word.

    Die onreg wat teen ons gepleeg word

    Die "voortreflike" grondwet van die RSA word deur die owerheid ingespan om onreg teen die Afrikaner te pleeg soos onder andere:

    1.    Die vernietiging van Afrikaansmediumskole.

    2.    Die uitwissing van Afrikaanse plekname.

    3.    Swart ekonomiese bemagtiging. Dit benadeel Afrikanersakemanne.

    4.    Grondhervorming. Dit verdryf kommersiële boere van die grond af en stel voedselsekerheid in die gedrang.

    5.    Regstellende aksie. Dit ontneem bekwame Afrikaners van werksgeleenthede en bevorder bv. 'n onbevoegde staatsdiens.

    6.    Kwotas in sport. Dit ontneem bekwame Afrikanersportmanne van geleenthede op die sportveld.

    Die gevolg is dat ons kulturele regte wat in die grondwet vervat is en regte wat internasionaal erken en verdedig word deur die owerheid misken en vertrap word. Om van gewone burgerregte soos beveiliging teen misdadigers, skoon drinkwater, veilige paaie en elektrisiteit nie eens te praat nie.

    Die antwoord op die krisis

    Wat ons moet besef, is dat die Afrikaner in die klaskamer vermoor word.

    Kinders is die leiers van môre en daarom kan ons sê dat die opvoeding en onderwys van ons kinders die hartklop van die volk is. Enige sprake van vryheid of poging om ons vryheid te herwin het geen betekenis indien ons nie beheer oor die onderrig en opvoeding van ons kinders kan verkry nie.

    Dit is in die klaskamer waar ons die vryheidsideaal moet kweek. Maar voor dit sal ons ook onderwysers moet oplei wat daardie ideale in die klaskamer kan verwoord.

    Die owerheid se onderwysbeleid lei tot die vernietiging van Afrikaanse skole, die Afrikaanse taal en uiteindelik die Afrikaanse volk.

    Die owerheid se beleid om skole oop te stel vir alle kultuurgroepe lei tot die vernietiging van die Afrikaanse taal.

    Volgens dr. Bertie du Plessis van Mind Pilot was daar voor 1994 3700 Afrikaansmediumskole in die land. Tans is daar sowat 300 oor. Al die ander skole soos parallelmediumskole en dubbelmediumskole wat steeds deur Afrikanerkinders gebruik word, is op een of ander stadium van verengelsing. Sommige het reeds totaal verengels.

    Volgens mnr Louis Smuts, voorsitter van Tabok, is die verwagting dat daar teen 2012 geen Afrikaansmediumskole meer sal bestaan nie. Daar is reeds druk op 129 Afrikaansmediumskole om hulle status vanjaar na parallelmedium te verander.

    Prof. Herman Giliomee, bekende akademikus van die Universiteit van Stellenbosch, het na aanleiding van wetenskaplike navorsing in Januarie 2005 gewaarsku dat Afrikaans ernstig geknou word en dat Afrikaans binne die volgende tien tot twintig jaar sal verdwyn as ons toelaat dat Afrikaansmediumskole verder vernietig word.

    Wat verder onstellend is, is die bekendmaking van die feit dat daar jaarliks 'n tekort van 400 tot 500 Afrikaanssprekende onderwysers ontstaan. Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), het in Mei 2008 gesê dat die Afrikaanse onderwyser as spesie kan uitsterf, want 600 tot 700 Afrikaanse onderwysers verlaat die onderwys elke jaar, terwyl slegs sowat 200 onderwysers jaarliks afstudeer.

    Verder het Naledi Pandor volgens Beeld van 8 Junie 2008 gesê dat "regstellende aksie in die personeelkamer" nodig is en dat "leerkragte steeds te eenrassig" is.

    Wat wag vir ons? Onderwysers wat nie Afrikaanssprekend is nie wat vir Afrikanerkinders moet skoolhou?

    Dr. Michael le Cordier het gesê dat navorsing bewys het dat gedwonge vreemdetaalonderrig deur nie-moedertaalsprekende onderwysers aan nie-moedertaalleerlinge grootskaalse ongeletterdheid veroorsaak …

    Standaarde

    Baie Afrikaners begin nou te besef dat na aanleiding van die onderwysowerheid se onvermoë om matriekuitslae betyds en korrek beskikbaar te stel daar iets drasties met ons onderwys skort.

    Verder het die horde onderskeidings wat "behaal" is ingeligte persone nie beïndruk nie.

    Prestasie moet aan internasionale standaarde gemeet word.

    In 2006 het Suid-Afrika laaste gekom in 'n geletterdheidstoets waaraan 40 lande en 45 onderwysstelsels deelgeneem het. Dit is die Progress in international reading and literacy study (Pirls) wat die kommerwekkende vordering van ons kinders uitgewys het.

    In 2007 het navorsing onder 42 000 graad 6-leerlinge in 2 250 skole in 14 lande getoon dat Suid-Afrikaanse skole in Afrika die swakste is.

    Hoe kan ons toelaat dat die huidige onderwys owerheid ons kinders se lewens verder ruïneer?

    Beeld het op 11 Februarie vanjaar gerapporteer dat kundiges bevestig het dat verlede jaar se wiskundevraestel op standaard was. Wie se standaard?

    Verder het 'n skool wat in 2007 'n 60%-slaagsyfer gehad het, verlede jaar 'n 100%-slaagsyfer verkry. Óf die kinders het slimmer geword en die onderwysers het harder gewerk óf die punte is dramaties aangepas …

    Onderrigmetode

    Dit is nou baie duidelik dat die onderwysowerheid se eksperiment ten opsigte van die onderwysmetode dramaties misluk het.

    Die uitkomsgebaseerde onderrig metode is nie geskik vir Suid-Afrika nie.

    Om te kan slaag met die metode is daar drie belangrike vereistes:

    1.    Die leerlinge moet leergierig en selfgedrewe wees.

    2.    Klasse moet klein wees. Hoogstens 20 leerlinge per onderwyser.

    3.    Die kultuur van die groep moet dieselfde wees.

    Dissipline

    Dié onderrigmetode lei tot chaos in die klaskamer. Om nie eens te praat van onderwysers wat laat of dronk in die klaskamer opdaag nie.

    Geen onderwys kan plaasvind waar chaos heers nie.

    Christelike geloof en Calvinistiese beginsels

    Wanneer skole kultureel vermeng word, kom die etos van die skool onder druk.

    Tans word die Christelike geloof in openbare skole slegs deur die onderwysowerhede verduur. Maar daar is alreeds in die openbare media negatiewe opmerkings in dié verband.

    Leerinhoud

    Die onderwys owerheid bepaal die leerinhoud.

    Hierdie leerinhoud sal deur 'n toekomstige Afrikaneronderwysowerheid hersien moet word.

    Die paaie wat lei na 'n eie onderwysinstelling vir die Afrikaner

    Mnr. Jaap Marais het gesê dat jy nie die vyand aanval waar hy die sterkste is nie, maar die swakste en waar jy die grootste mag kan monster. Jy kies die terrein waar jy die vyand wil aanval en waar jy die grootste voordeel kan verkry.

    Die onderwys en opvoeding van die Afrikanerkind is so 'n terrein. Hier kan ons die grootste mag monster met die grootste basis van eendragtigheid, want hierdie saak raak elke ouma en oupa, elke ma en pa en elke Afrikanerkind. Verder is ons moedertaal ook op die spel – nog 'n gemeenskaplikheid wat alle Afrikaners deel en wat hulle graag sal wil beskerm. En as jy hierdie boodskap van kongres tot kongres en platform tot platform kan uitdra sal jy 'n woedende Afrikaner op die owerheid kan loslaat.

    Mnr. Marais het ook gesê dat jy die foute wat die vyand maak, moet uitbuit en hier maak die owerheid 'n belangrike fout naamlik om die dinge wat vir die Afrikaner van hoë waarde is soos sy uitnemende en voortreflike onderwys asook ons moedertaal te probeer vernietig.

    Maar dit is ook so dat indien hulle die Afrikaner wil vernietig hulle egter geen ander keuse het as om dié weg te volg nie. En terwyl daar soos tans nie enige sigbare Afrikanerleierskap is nie, ag hulle die tyd ryp om op hierdie weg voort te stu. Maar hulle onderskat die Afrikaner en dit is die grootste fout wat jy kan maak – om die Afrikaner te onderskat!

    Mnr. Jaap Marais het gesê dat ons in verset moet kom teen die onreg wat teen ons gepleeg word. Sommige stryders se verset eindig teen die onreg van 1994 toe die politieke mag op 'n skinkbord aan 'n bende kommuniste oorhandig is. Ander se verset eindig by die "nuwe" Grondwet van die RSA en dit is jammer, want daar is so baie ander onreg waarteen daar geveg kan word en waarmee die Afrikaner gemobiliseer kan word.

    Daar is tans vier duidelike paaie wat lei na 'n eie onderwysinstelling vir die Afrikaner en wat reeds deur ander Afrikaners geloop word met hulle eie beperkte resultate, maar as dit in een stroom kan kom, sal dit groter wees as die som van die eenhede. Ons moet ooreenkom om nie mekaar te opponeer nie al stem ons nie altyd saam met die roete nie. Die roetes is soos volg:

    1. Samesmelting: Dié metode behels die konsolidasie van skole in 'n gebied om sodoende klaskamers vol te hou sodat daar nie leë klaskamers is vir "Engelse" kindertjies nie. Dit het gedeeltelik gewerk, maar die druk word nou al groter op hoofde en beheerliggame om skole se status van Afrikaansmedium na parallelmedium te verander wat uiteindelik die glybaan is na dubbelmedium- en Engelsmediumskole. Mnr. Paul Colditz van FEDSAS het onlangs sy hande in die lug gegooi en gesê dat daar nou 'n politieke skikking moet kom, want die pad deur die howe werk nie meer nie.

    2. Onderhandeling: Die opmerking van mnr Colditz bring ons by  Afrikaners soos dr. Dan Roodt en ander wat met mnr. Jacob Zuma wil gaan onderhandel vir 'n eie onderwysinstelling. Daar sal waarskynlik versoeningsgeluide deur die toekomstige president van Suid-Afrika gemaak word, ter wille van vrede en stemme, maar of die Afrikaner kan staatnaak op die heer se beloftes laat ek aan die leser oor … Wat egter van waarde is, is die publisiteit en die simpatie wat dié pad sal genereer.

    3. Privaatskole soos die BCVO:  Alhoewel daar baie lof is vir hierdie inisiatief uit te spreek is, maak die ekonomiese realiteit en afstande dat hierdie poging slegs gedeeltelik slaag.

    4. Grondwetlike uitspraak: Hierdie pad is 'n duur en langsame pad. Maar dit is 'n pad wat onvermydelik geloop moet word. Die RSA-grondwet, wat ons ook al daarvan mag dink, spreek hom uit oor minderheidsregte en kulturele regte en die Afrikaner as volk kwalifiseer by uitstek vir die beskerming van hulle kulturele regte deur die owerheid van die dag of ons hulle erken of nie. Internasionaal word hierdie regte ook erken en sal ons uiteindelik in die internasionale howe hieroor uitspraak moet kry waarna daar dan groter druk op die owerheid geplaas kan word om sy onreg teenoor die Afrikaner te staak.

    Ons vryheid

    Mnr. Marais het gesê dat ons iewers 'n oorwinning moet behaal sodat ons ons selfrespek kan herwin; sodat ons weer ons vryheid kan herwin.

    Die vryheid van die Afrikaner loop deur ons onderwys. Kom ons benut die geleentheid ter wille van ons kinders en ons selfrespek. Ons kán.

    коммерческая тайна украиналобановский депутат