praag.co.za

Category: Johann Wingard

  • Om diefstal te legitimeer

    Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer – veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie.

    Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid.  Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van NP-bewind soveel beter.

    wingard_johannOns is geleer dat die begrip Afrikaner ‘n kunsmatige sosiale konstruk was en ingespan is om die Afrikaner-establishment se politieke mag te verseker.  Toe hulle die mag verloor het, het die konstruk verval en slegs by klein kerngroepies bittereinders behoue gebly.

    Op ons beurt het ons geleer van volkstaatkunde; die haalbaarheid daarvan, asook die mites daaromheen. Vandag is daar in Afrikanergeledere honderde kitsvolkekundiges…

    Maar die grootste les wat ons geleer het, is dat dr. Verwoerd se differensiasiepolitiek finaal bewys dat witmense en swartmense verskillende psiges het en baie moeilik  as sosiale gelykes sal kan saambestaan.  Hul korporatiewe psiges is botsend van aard.

    Dit is by hierdie les waar ek vir ‘n oomblik wil stilstaan.

    Dit is alom bekend dat Westerlinge skeppend van aard is en dat hulle aan die onbeperkte potensiaal van hul eie vermoë glo. Hierdie eienskap het meegehelp dat hulle van die feodale stelsel van driehonderd jaar gelede kon onsnap.  Europeërs het die landbourewolusie meegemaak, gevolg deur verskillende rewolusies soos die nywerheidsrewolusie en inligtingsrewolusie.  Hul lewensbeskouing en ekonomiese welvaart het daardeur ingrypend verander.  Hulle het ervaar dat welvaart en groei uit innovering spruit.  Dat nuwe rykdom deur innovering geskep word.

    Afrika was nooit deel van daardie historiese rewolusies nie en sy mense se psige het feodaal gebly. Maar hulle trek vandag voordeel uit die huidige digitale en kommunikasierewolusie.

    Afrika se feodale ingesteldheid is presies soos dié van Europa se prerewolusionêre lewensbeskouing.  Dit word bepaaal deur ‘n natuurwet waarvan hulle nie kan ontsnap nie.

    Daardie wet is die begrip van beperkte rykdom wat diep in die psige gewortel is.

    Beperkte rykdom beteken dat mens jou eie finansiële posisie slegs ten koste van iemand anders s’n kan verbeter.  Die koek word dus gereeld onderverdeel en word nooit groter nie. Diefstal en batestropery verteenwoordig ‘n legitieme oorlewingstrategie wanneer jy die mag besit om jou koekdeel te vergroot.

    Dit is hier waar die elfde gebod sy ontstaan het, naamlik, dat jy nie uitgevang mag word nie, want dan moet jy die straf wat onvermydelik volg, kan vat.  Dis nie verkeerd om te steel nie; die misdaad is dat jy nie uitgevang mag word nie.

    Dit verklaar waarom endemiese korrupsie regoor Afrika heers en nie maklik gaan verander nie.

    Dit verklaar waarom die ANC vir Zuma beskerm en ‘n R246-miljoen bate vir hom geskep het wat wettiglik sy eiendom sal word wanneer hy oor ‘n paar jaar gaan uittree. Belastingvry.

    Dit verklaar die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, wat niks met historiese ongelykhede te doen het nie, maar met die herverdeling van die nasionale ekonomiese koek.

    Dit is bloot te wyte aan die Afrikapsige wat nooit verder gevorder het as die verbruiksfase nie, en altyd sal teer op medeburgers wat die rykdom skep.

    Wit mans mag nie poste in die staatsdiens kry nie.  As entrepreneurs moet hulle die stroperbendes se honger voed.

    Dít is wat dr. Verwoerd voorsien het en dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.

  • Selfbeskikking of selfbedrog?

    Selfbeskikking of selfbedrog?

    wingard_johanndeur Johann Wingard

    In sy onlangse Praag-artikel oor Selfbeskikking en die Internasionale Reg skryf Dr Christo Landman onder meer dat Afrikaners hulself nie deur oppervlakkige vertolkings van die internasionale reg moet laat mislei nie.

    Hy word toe op kenmerkende wyse deur Cor Ehlers van Oase tereggewys. Laasgenoemde beweer dat ‘n volk se reg op selfbeskikking nie onderhewig is aan ‘n land se grondwet nie, maar slegs aan die internasionale reg.

    Dit is so dat die reg op selfbeskikking ‘n universele mensereg is. Maar dit is waar dit ongelukkig eindig. Dit is by die uitoefening van daardie reg waar probleme ontstaan en waar die geloofwaardigheid van die internasionale reg self in gedrang kom.

    Geskiedenis leer dat erkenning van ‘n minderheidsvolk se onafhanklikheidstrewe nie voldoende is om sy selfbeskikking te verkry nie, maar dat dit slegs die regsbasis vorm waarop verdere aksies geloods kan word.
    Daardie aksies is polities, ekonomies en militêr van aard. Dit word in die strate van die betrokke gebied besleg en nie in die howe van Europa nie. Die nuutste voorbeelde daarvan speel hom tans in Oekraïne af.

    Hoewel dit volgens internasionale reg vertolk word dat die bevolking van die Krimskiereiland die inherente reg besit om sy selfbeskikking op te eis, word dit deur die internasionale gemeenskap as onwettig beskou om op eie versoek aansluiting by Rusland te vind. Die groot moondhede erken die internasionale reg dus slegs wanneer dit hul geopolitieke belange pas.

    Rusland was waarskynlik agter die Krim se hele selfbeskikkingstrategie, want hy wou die Krimskiereiland, wat sy strategiese vlootbasis huisves, terugkry. Klaar.

    Dieselfde geld vir die res van Oos-Ooskraïne waar referendums tans gehou word om volgens die “internasionale reg” hul selfbeskikking te verkry. Maar sou Rusland daardie reg van sy kultuurgenote probeer afdwing, word hy met sanksies gedreig.

    Selfs vir ‘n leek is dit duidelik dat die internasionale reg slegs ‘n handige rasionalisering geword het waarmee moondhede hul selfbelang kan bevorder. Kyk na die VSA se gruwelike skendings van menseregte in die Midde-Ooste en Oos-Europa.

    Dit is dus nie selfbeskikking nie, maar selfbedrog om mede-Afrikaners te mislei deur ‘n grondgebied op kultuurhistoriese begronding as ‘n Afrikanervolkstaat te omlyn en dan op die internasionale reg staat te maak om politieke onafhanklikheid te verkry.

    Die internasionale reg is tandeloos en skep slegs ‘n morele grondslag vir die selfbeskikkingsgedagte. Selfbeskikking kan slegs deur die mense van ‘n gebied afgedwing word.

    Vir langdurige vrede moet selfbeskikking op ‘n meer fundamentele grondslag berus, naamlik die werklikheid van praktiese politiek. Sou dit in belang van ‘n gebied wees om groter selfseggenskap oor eie sake vir sy inwoners te verkry, sal dit logieserwyse kan gebeur.

    Dit is waarby die NBR se kantongedagte aansluiting vind. Langdurige stabiliteit en vooruitgang kan nie slegs op die wankelrige beginsel van kultuuridentiteit geskoei word nie, maar moet ook die beginsel van ekonomiese oorlewing en vooruitgang van al die inwoners van ‘n gebied tot gevolg kan hê.

    Die kantongedagte kan op ‘n praktiese wyse vrede en voorspoed vir Afrikaners as mede-inwoners van kleiner gebiede op federale gondslag verseker. Dit sal egter nooit ‘n onafhanklike staat vir Afrikaners kan wees nie.

    Dit is selfbedrog om selfbeskikking slegs op die teoretiese grondslag van die internasionale reg op te eis.
    Daar sal niks van kom nie.

  • Krimvolkstaat: onwettig maar legitiem…

    Krimvolkstaat: onwettig maar legitiem…

    wingard_johanndeur Johann Wingard

    Hierdie week het ons weer gesien hoe die internasionale reg of volkereg deur lande geplooi word om hul eie geopolitieke belange te dien.

    Ons het ook waargeneem hoe vinnig Oos-Europa se grense verander het.

    Die Krimvolkstaat het sonder slag of stoot tot stand gekom toe Wladimir Poetin gister die ooreenkoms onderteken het wat die totstandkoming van die Krimvolkstaat as outonome Republiek erken het. Die Krimvolkstaat is nou deel van die Russiese Federasie.

    Die Krimskiereiland was eers deel van Rusland, maar is tydens die totstandkoming van Oekraïne in 1954 deur Nikita Kroestjof as deel van die Oekraïne ingelyf. Die nuwe staat was mos deel van die Sowjetunie. Maar met die verbrokkeling van die Sowjetunie het die skiereiland deel van die Oekraïne gebly.

    Vir meer as 200 jaar was die Krimskiereiland Rusland se Swartsee-vlootbasis en meer as 80% van die inwoners is steeds etniese Russe.

    Met die hulp en aanmoediging vanaf die Weste het nasionalistiese Oekraïners die mag in Kiëf met “terreur en bloedvergieting” op ondemokratiese en onwettige wyse oorgeneem. Hulle het dit kwansuis as ‘n rewolusie bestempel om van ‘n korrupte regering ontslae te raak.

    Die propagandaveldtog van die Weste wat daarop gevolg het, beklemtoon dat die nuwe tussentydse regering die legitieme verteenwoordigers van die mense van die Oekraïne is en dat die nuwe selfaangestelde regeerders volgens die internasionale reg erken word.

    Die Konstitusie (2010) van die Oekraïne lees egter soos volg:

    “Article 37
    The establishment and activity of political parties and public associations are prohibited if their program goals or actions are aimed at the liquidation of the independence of Ukraine, the change of the constitutional order by violent means, the violation of the sovereignty and territorial indivisibility of the State, the undermining of its security, the unlawful seizure of state power, the propaganda of war and of violence, the incitement of inter-ethnic, racial, or religious enmity, and the encroachment on human rights and freedoms and the health of the population.”

    Maar volgens die 2010-grondwet, asook vorige weergawes daarvan, moet die demokraties verkose President en minstens 45 parlementslede die grondwetlikheid van enige stap, wat die status van die Republiek mag aantas, goedkeur.

    Die Krim
    Die Krim

    W. Janoekowitsj was die laaste verkose President en is dus volgens die grondwet die enigste wettige staatshoof wat mag optree t.o.v. die Krimvolkstaat.

    Maar nou paradeer die nuwe selfaangestelde regeerders as legitiem en die Weste val oormekaar om hulle as sodanig te erken en maak selfs beloftes van groot geld aan hierdie regime.

    Dit is presies hier waar die siniese en dubbelslagtige plooïng van die internasionale regspraak voorkom:

    Volgens hul optrede blyk dit dat dit heeltemal wettig sou wees om met geweld en bloedvergieting die regering van die dag omver te werp en bonop strydig met hul eie land se grondwet op te tree deur te verklaar dat die Oekraïense taal die amptelike voertaal sal wees en dat Russies voortaan ‘n ondergeskikte status sal geniet.

    Volgens die Westerse regerings se optrede is die oorname van die mag deur geweld derhalwe nie strydig met die volkereg nie. Die politieke rede is egter dat hulle die Oekraïne as ‘n NAVO-bondgenoot wil sien en dat die Krimskiereiland na die Weste sal oorgaan.

    Maar o wee, wanneer die ganse bevolking van die Krimskierreiland, op ‘n bloedlose en vreedsame rewolusie sy selfbeskikking opeis, soos Kosovo ‘n paar jaar gelede, en wat deur die Weste bewerkstellig is, dan is dit onwettig en strydig met die land se grondwet en wil hulle dit nie erken nie.

    Gelukkig is Poetin sterk genoeg om hom nie aan hierdie klug te steur nie. Tydens die ondertekening van die verdrae gister het hy verklaar: “Ek kan net nie vat kry aan die gedagte dat wanneer ek ons vlootbasis gaan besoek, ek deur NAVO-vlootsoldate verwelkom gaan word nie.”

    Maar nou is die Krimvolkstaat, volgens Russiese wetgewing, ‘n deelstaat van die Russiese Federasie. Obama en sy handlangers sal maar daaraan gewoond moet raak, want daar is niks wat hulle kan doen om die situasie weer om te keer nie.

  • Mandela en ander ikone

    Mandela en ander ikone

    wingard_johanndeur Johann Wingard

    Gedurende die afgelope week het ek probeer om bietjie perspektief oor Mandela se waarde as mens te kry.

    My gevolgtrekking is dat Mandela onthou sal word as die persoon wat die 1993- skikking moontlik gemaak het. Sonder sy gawe om versoening te predik en toe te pas (die gesamentlike volkslied en die behoud van die Springbok-embleem is praktiese voorbeelde), sou daar nooit as te nimmer ‘n vreedsame skikking kon gewees het nie.

    Dit was dus Mandela en nie fw de klerk nie, wat die land van ‘n burgeroorlog gered het.

    Mandela se internasionale ophemeling, wat hom tot byna goddelike ikoonstatus verhef het, laat mens wonder of hy nie dalk die Antichris was nie.

    Predik vrede met ‘n terroristiese agtergrond.

    Maar hy het ná sy aftrede die land verraai deur himself nie uit te spreek teen die ANC se verdelende beleidsreigtings en korrupsie nie.

    Sy stilswye het sy beeld onder Westerlinge vervlak.

    Die nageslagte sal hom sonder twyfel verromantiseer en ons moenie verbaas wees as sy “ongeskrewe werke” binne die volgende dekade of so die lig sal sien nie. Dit mag die nuwe eietydse Bybel word, wat sal ontwkkel soos Christus se lewe oor dekades en eeue in die Nuwe Testament vergestalt is.

    Sy lewe en reputasie as versoener gaan waarskynlik die sentrale tema van die moderne geskiedenis in geskiedenisboeke regoor die aardbol word.

    Wat die posisie van die Afrikanervolk betref, het ek onder die diepe indruk gekom dat ons binne ‘n nasionale en internasionale konteks eintlik ‘n niksseggende gemeenskap is wat bekend geraak het vir ons paranoia en gevoel van eie belangrikheid.

    Ek het ook gewonder watter persoon die meeste skade aan die Afrikanervolk se psige aangerig het. Na afloop van my nabetragting kon ek nie anders as om onder die indruk te kom nie dat daardie eer waarskynlik Siener van Rensburg moet toekom.

    Is enige van sy neerdrukkende voorspellings ooit bewaarheid?

    Die nag van die lang messe het soveel spanning by duisende Afrikaners veroorsaak wat in vrees leef; op ‘n tydstip waartydens die gevoel van welwillendheid en verdraagsaamhed vanweë Mandela se statuur alles oorheers.

    Sy vergoddeliking onder Afrikaners het oor die jare toegeneem.

    Noem my maar dan ‘n ketter.

  • Die tyd vir net praat is verby

    Onlangs het Solidariteit aangekondig dat hulle toekomsnavorsing gedoen het na verskilllende scenarios van die politieke en maatskaplike omstandighede wat vir Afrikaners voorlê.

    Die doel van hul ondersoek is baie lofwaardig en is daarop gemik om ‘n strategie te ontwikkel waar Afrikaners ‘n positiewe bydrae tot die nuwe Suid-Afrika kan maak.

    Op hul webwerf kondig Solidariteit aan dat meer as halfmiljoen Afrikaners die sogenaamde Delarey-scenario ondersteun. Ongelukkig is die lys organisasies wat die vergadering bygewoon het, die sogenaamde pre-1994 ‘jurassic park’ organisasies wat binne die nuwe bestel hul relevansie verloor het en nou sukkel om ‘n nuwe ‘raison d’être’ oftewel voortbestaandsdoel, te herontdek.

    Die getalle lyk egter baie na die name van siele waarvan Nikolai Gogol, die Russiese skrywer in sy werk ‘Dooie Siele’ vertel; lang lyste name van mense wat reeds verdwyn het…

    Die Afrikaner Burgerlike Netwerk, oftewel die ABN is gestig met Flip Buys van Solidariteit as voorsitter. Die ABN is dus de facto Solidariteit in ‘n nuwe baadjie getooi. Net soos in die geval met die FAK, sal dit waarskynlik ook deur die vakunie-inkomstestroom befonds word.

    Dit skemer egter duidelik deur dat die waarskynlike doel van die ABN is om die reste van die ‘jurassicpark’-groepies in ‘n meer moderne gewaad van ‘fatsoenlike toekomsgerigte organisasies’ saam te snoer en om hulle weer ‘n bestaansdoel te gee.

    Jacques van der Elst het reeds amptelik laat weet dat die Akademie vir Wetenskap en Kuns die ABN-stigtingsvergadering slegs as waarnemer bygewoon het. Ek vermoed hy was nie die enigste nie.

    Met die die stigting van die ABN kan Solidariteit met reg die sprong van ‘n vakunie na ‘n Afrikanervolksbeweging maak en dit befonds sonder om sy inkomstestroom van sy veelrassige vakunielede op die oog af in gevaar te stel.

    Hierdeur wil ek nie enigsins fout vind met dit waarmee Solidariteit besig is nie, maar wel met die vermoede dat die strategie ‘n aksieplan van Solidariteit en sy trawante is wat die sogenaamde regse groeperings spesifiek daarvan uitsluit. Dit is jammer en tragies dat PRAAG, die die Afrikanerfront, die Afrikaneralliansie, en vele ander, spesifiek van toekomsbeplanning van die Afrikanervolk uitgesluit word en soos die destyde Broederbondbesluite namens die Afrikaner geneem is. Dit is ook jammer dat Solidariteit alle uitnodigings van samewerking met ander Afrikanerorganisasies op hooghartige wyse ignoreer.

    My ontleding is dat die oorlewing van die Afrikanervolk nie sonder die daadwerklike ondersteuning en bydrae van behoudende Afrikaners moontlik sal wees nie. Hulle is nie manteldraaiers nie, maar die die stille standvastige meerderheid wat hulle nie deur gereelde mediareklames en TV-saamtrekke laat mislei nie.

    Die ABN se hoofdoel, volgens die Solidariteit webblad is:
    “Die ABN fokus op Afrikaanse onderrig en opleiding van ʼn hoë gehalte; ʼn burgerlike nie-partypolitieke strategie teen die gevolge van die ANC se Nasionaal Demokratiese Revolusie; die vestiging van landswye belasting- en gemeenskapstrukture; projekte om die Afrikaner se geskiedenis in perspektief te stel en sy erfenis te bewaar; die skep van ʼn regsplan om burger- en kultuurregte te beskerm; die oprigting van selfdoeninstellings op sleutelgebiede; en die formulering van ʼn plan om buitelandse steun te werf vir groter kulturele vryheid vir Afrikaners in lyn met moderne VN-standaarde.”

    Dit is die onderstreepte woorde wat hier van belang is, want vandag word daardie taak aangespreek deur ‘n groep mense wat buite die Solidariteitdampkring staan.

    Regdenkende Afrikaners sal die ABN se breë oogmerke fisies, moreel en finansiëel kan ondersteun. Die knoop lê egter met die uitvoering van die onderstreepte sin.

    Reeds voor 2000 werk die Nasionale Belastingbetalersunie, onder leiding van mnr. Jaap Kelder van die NBU, aan die vestiging van belastingbetalersverenigings regdeur die land en tans is daar bykans 200 aktiewe BBV’s stewig gevestig. Hulle wil nie deel van die ABN se planne wees nie, nog minder will hulle by Afriforum aansluit. Hulle wil hul eie ding op hul eie manier doen en wil nie aangesê word deur ander nie. Om nuwe Afriforumbeheerde gemeenskapsrade op dorpe te stig sal nie net waansinnig wees nie, maar ook totaal verwarrend omdat dit verdeling op plaaslike vlak tot gevolg sal hê.

    Die kern van die BBV’s is die begrip van direkte demokrasie waar geen politieke party of kwasie-politieke bewegings enige rol speel nie, maar slegs die belangepolitiek van die plaaslike inwoners.

    Wanneer politieke partye of sogenaamde nasionale volksbewegings betrokke raak word die breë ideaal om inwoners te bemagtig en betrokke te kry, ondergeskik gestel aan die eng fokus van party lojaliteit en organisasiebelang.
    ‘n Langdurige spanning ontstaan onvermydelik tussen belastingbetalers en politieke partye, wat in belastingweerhouding, hofsake, dispute en antagonisme manifesteer.

    Derdevlak regering wat volgens politieke partylyne funksioneer, skep ‘n onhoudbare situasie deurdat die lojaliteit van partykandidate vir eie oorlewing noodwendig by hul party lê. Die belange van die belastingbetalers is dus ondergeskik aan die belange van die regerende party.

    Dit is met hierdie doel voor oë dat die Nasionale Raad vir vir die Bevordering en die Beskerming van Grondwetlike Burgerregte op die Plaaslike Owerheidsvlak Saterdag, 12 November in die Lynnwoodse NG Kerksaal gestig gaan word.
    Die doel van die NBR is die beskerming van grondwetlike regte op die plaaslike owerheidsvlak. Dit sal as die Nasionale Burgerregte Raad of NBR bekend staan. Daar is geen oorvleueling tussen wat die NBR beoog en wat die ABN in gedagte het nie, behalwe dat die rolspelers nie lede van die ABN is nie, maar gewone bewese plaaslike leiers wat die rol reeds vervul wat die ABN vir homself wil toeeïn.

    ‘n Handves van burgerlike regte, wat streng volgens die land se grondwet opgestel is, sal help dat gemeenskapsregte op die Plaaslike Owerheidsvlak beskerm sal word. Die Raad sal a-polities wees, sal onafhanklik van Solidariteit of enige ander groepering wees, en sal sy befondsing suiwer van sy plaaslike gemeenskapsrade, sakeondernemings en internasionale agentskappe verky. Geen politieke ampsdraer mag op die Raad dien nie.

    Die Raad sal ‘n statutêre Raad, geregistreer by die 185-Kommissie wees, wat volgens die bepalings van die land se grondwet opgerig is om die regerende partye te oortuig dat die plaaslike inwoners die mees bevoegde persone is om na hul eie sake om te sien.

    Daardeur sal alle grondwetlike middele tot sy beskikking gebruik word en sal die Raad hom slegs in uiterste gevalle tot die land se howe wend.
    Die uitdaging wat nou aan die ABN gerig word is om hierdie lofwaardige saak moreel en fisies te steun en om dit as ‘n hoeksteen van die breër prentjie te beskou.

     

    Александр Фильчаков прокурор

  • Demokrasie of pigmentokrasie?

    ‘n Pigmentokrasie kan nie ‘n demokrasie wees nie, al sou so ‘n land al die strukturele eienskappe besit soos verkiesings wat met ‘n liberale grondwet gepaard gaan. ‘n Pigmentokrasie kom voor in lande waar die nuutgevonde vryheid op politieke gebied binne ‘n vrye mark omgewing verkry word en waar markdominante etniese minderhede bestaan.

    Suid-Afrika is nou volledig ‘n pigmentokrasie.

    In haar boek ‘World on Fire” skryf Amy Chua ondermeer oor markdominante etniese groepe. Haar werk het my laat dink aan die dringende waarskuwing wat JH du Toit aan Afrikaners in sy onlangse artikel,” Volksmoord: dit gebeur” gerig het.

    Chua se familie is Filipynse Sjinese. Laasgenoemde is ‘n etniese minderheidsgroep wat die ekonomie van die Filipyne oorheers. Hulle word dus, volgens haar, as ‘n markdominante etniese groep beskou. In haar doktorale studies probeer sy ondermeer vasstel wat die dryfvere agter die etniese haat is wat Sjinese sedert 1960 van die inheemse Filipyne ervaar. Om vas te stel of etniese haat teenoor markdominante minderhede ‘n unieke verskynsel was, het sy impiriese gegewens van reg oor die aardbol versamel en ontleed.

    bevindings laat ‘n knop in my maag en bevestig grootliks wat du Toit in sy artikel waargeneem het.

    Dominante etniese minderhede kom in die meeste lande voor. Voorbeelde is Jode (vroeër in Duitsland en tans in Rusland), Indiërs (Afrika), Sjinese (Filipyne en die VSA), Blankes (Zimbabwe en Suid-Afrika) ensovoorts.

    Markdominante minderhede se verblyf in die gasheerland word deur die plaaslike bevolkings beskou as tydelik van aard, ofskoon hulle reeds vir baie geslagte daar sou woon.

    Regdeur die wêreld word etniese haat hoofsaaklik deur demagoë gewek wat markdominante etniese minderhede teiken en as politieke sondebokke gewetenloos brandmerk om kiesers op te sweep of om onresalistiese verwagtings te skep. Demagoë is sodoende in staat om ondersteuning te werf “teen” ‘n skynbaar florerende vyand, in plaas van “vir” hulself. Dit verbloem hul onvermoë om weens persoonlike gebrek geen toegevoegde waarde aan die gemeenskap te aanbied nie.

    Wanneer die sogenaamde liberale demokrasie dan in ‘n vryemark omgewing op ‘n land losgelaat word, word dominante minderhede die natuurlike prooi van gewetenlose politici om hul eie politieke loopbane te bevorder. Chua bevind dat die kombinasie van ‘n liberale demokrasie in kombinasie met die vrye mark hoofsaaklik verantwoordelik is vir die uitbreek van etniese haat wat tans regdeur die wêreld voorkom en in sommige gevalle op volksmoord uitloop.

    Sy bevind dan ook dat die sogenaamde lydende massas nooit beter daaraan toe is nie, maar inderdaad aan groter swaarkry blootgestel word vanweë die feit dat die nuwe “inheemse” eienaars van die ekonomie hulself tydelik verryk en die ekonomie onvermydelik daarna in duie laat stort.

    Dan raak Chua ook aan die feit dat markdominante minderhede deel uitmaak van ‘n uitgebreide sakestelsel en sakevennote regdeur die wêreld; iets wat die meerderhede dwars in die krop steek. Hul politieke ego’s word daardeur aangetas en dit speel reg in die hande van opswepende politici.

    Sy konkludeer dat demagoë deur die demokrasie toegelaat word om op die snaar van etno-nasionailsme te tokkel terwyl hulle voorgee dat hulle na die belange van die verarmde, gefrustreerde en uitgeslote massas van die land omsien.

    Sou mens haar bevindings nou op Suid-Afrika van toepassing maak, dan sal u meegevoel met die knop op my maag gevoel hê nadat ek Du Toit se artikel gelees het.

    In Suid-Afrika is daar verskeie markdominante etniese minderheidsgroepe.

    Die blankes domineer die groot sake, banke, myne, versekering, kommersiële landbou, motorbedryf ensomeer.

    Afstammelinge van Indiërs, Arabiere, en Sjinese domineer die kleinsake sektor wat met swartmense handel dryf.

    Dan is daar die Grieke, Libanese, Portugese en Italianers wat hoofsaaklik met die witmense op kleinhandelsgebied skakel.

    Deur apartheid te demoniseer en die skuld vir hul eie mislukkings te gee, selfs sewentien jaar na die magsoorgawe, kan die massas se aandag op die minderheid gevestig word wat vir apartheid verantwoordelik was. So kom die die myne, grootsake, Landbou en Banke in hul visier.

    Met sy twee nasies toespraak het Mbeki die eerste salvo in die rigting van blankes afgevuur:

    “…ons waag dit dus om te sê dat Suid-Afrika’n land van twee nasies is. Een van hierdie nasies is wit, relatief gegoed; die tweede en groter nasie van Suid-Afrika is swart en arm; ons is nie een nasie nie, maar twee nasies. En ons is ook nie besig om een nasie te word nie…”

    Daardeur het Mbeki ‘n demagoog geword om die valbyl op Mandela en Tutu se illusie van die reënboognasie te laat val, die land in twee nasies te verdeel en die slagordes vir sy opvolgers op te stel. Die vyand van die swart massas is nou amptelik die ander nasie, die nasie wat nie soos ons swart nasie lyk nie.

    Daardeur het die aandrang op grondhervorming in heftigheid toegeneem en het die nasionalisering van die myne ‘n toekomstige beleidsopsie geword.

    Die antwoord op die vraag waarom die ANC soveel vrye teuels vir Malema gee word hierdeur ook duidelik:

    Deur ‘n jong turk soos Malema as demagoog te gebruik kan die ANC-leierskap met die nuutgevonde internasionale verering van hul demokratiese werkswyse hul opsies oophou om hom óf te repudieer óf te verswyg. Repudieëring sal vir die oorsese pawiljoen wees, terwyl verswyging ondersteunend vir die swart pawiljoen moet wees.

    Stappe om Malema te dissiplineer word nie geneem nie, maar slegs aangekondig en uitgestel. Die dominante minderheid sal vir jare nog handig te pas kom as bron van belasting inkomste, as gemeenskaplike vyand om steun te verenig en om as sondebok vir hul eie mislukkings te dien.

    Maar of daardie etniese haat in toom gehou sal kan word sodat dit nie op volksmoord uitloop nie, sal net die toekoms ons leer.

    Is daar ‘n draaipunt? Die DA glo hulle kan sonder ‘n gemeenskaplike vyand soos byvoorbeeld die dominante blanke groep aan bewind kom. Ek betwyfel dit sterk, want etno-nasionalisme is die mees potente politieke gom om die massas mee saam te bind. Wat kan die DA daarsonder aanbied? Beter bestuur deur regstellende aksie beter toe te pas? Asseblief.

    Etniese haat vier tans hoogty in meer as veertig oorsese lande en word gevoed waar ‘n vrye mark wat met die nuwe demokrasie gekombineer word. Suid-Afrika kan die onvermydelike gevolge van hierdie Molotov-mengsel dus nie ontsnap nie; dit is endemies in die psige van die massas regoor die aardbol wanneer ‘n nuutgevonde ‘vryheid’ sonder verpligtings en kitsrykdom utopies aan hulle voorgehou word.

    Daarom vind ek dit verstommend dat die Kodesa-onderhandelaars hierdie basiese wetenskaplikheid nie eers nagevors het nie. Sou hulle dit gedoen het, sou ‘n beter onderhandelde skikking waarskynlik moontlik gewees het.

    En daarmee wil ek met JH du Toit saamstem dat Afrikaners ‘n werkbare en praktiese gebeurlikheidsplan agtermekaar moet kry.

    Winston Churchill het glo eendag gesê, “…hoe verder ek in die geskiedenis ingaan, hoe beter kan ek die toekoms lees.”

    лобановский александр игоревич

  • Selfbeskikking deur Plaaslike Owerheid

    Hierdie gesprek gaan nie oor ‘n volkstaat nie, maar oor die mate waartoe belastingbetalers se ekonomiese oorlewing gaan afhang van seggenskap oor hul eie sake.

    Ek verwys spesifiek na Afrikaners wat buite ‘n volkstaat sal woon. My hipotese berus op die stelling dat ekonomiese oorlewing van Afrikaners buite ‘n volkstaat nie deur rasse-ideologie of godsdiens verkry gaan word nie, maar deur effektiewe derdevlak bestuur. Ek wil dan ook konkrete voorstelle aan die hand doen om die proses na plaaslike selfbeskikking aan die gang te kry.

    Afrikaners het nie ‘n veertig jaar horison nie, maar minder as tien jaar, want hulle woon vandag in ‘n disfunksionele staat wat nie volhoubaar is nie. Laat my toe om kortliks ‘n opsomming te gee van die gemors waarin ons verkeer:

    • Veiligheid: In Suid-Afrika is niemand meer veilig nie, veral nie as jy ‘n wit boer is nie. Die prys in menselewens is lankal te hoog. Ons verkeer in ‘n staat van anargie waar misdaad lonend geword het. Slegs 10% van kriminele sake kom voor die hof. Die duisende polisiebeamptes agter die tralies is afdoende bewys dat die polisie self deels vir die heersende anargie verantwoordelik is. Waar die ANC die land moet regeer, tree dit soos ‘n georganiseerde misdaadsindikaat op.

    • Landsgrense bestaan net op die kaart. Miljoene insurgente bevind hulle reeds in die land. Aan die Lesotho-grens vind veediefstalle daagliks plaas. Die weermag is disfunksioneel en sy onvanpaste krygstuig staan ongebruik. Die swak gehalte van sy offisierskader en HIV besmette manskappe beteken dat die staat sy burgers nie kan beskerm nie. Die beelde op die TV skerms van betogende soldate by die Uniegebou vertel die hele verhaal.

    • Derdevlak dienste het totaal ineengestort en belastingbetalers moet daardie dienste self verrig in byna 82% van die land se munisipaliteite. As ‘n staat nie daardie basiese dienste kan lewer nie, waartoe is hy dan in staat?

    • Die land se onderwysstelsel is die swakste in Afrika. Skoolverlaters uit die meeste skole is ongeletterd. Minder as 17% van die onderwys-begroting kom by die klaskamers uit. Die res word deur die amptenary soos ‘n spons opgesuig.

    • Infrastruktuur: Hoe minder daar van die paaie gesê word hoe beter. Daar bestaan nóg die kundigheid nóg die wil om die huidige paaiestelsel in stand te hou, om die eens te praat van om nuwe paaie en brûe te bou nie. Die privaatsektor moet telkens tot die redding van die land kom.

    • Navorsing en ontwikkeling word onderwerp aan die beperkings van swart ekonomiese bemagtigingsmaatreëls wat ten doel het om navorsingsfondse na swartes te gekanaliseer. Die WNNR, landbounavorsing en mediese navorsing is ‘n effense skadu van die eertydse vermoëns van die betrokke instansies. Relatief tot sy mededingers gaan die land jaarliks agteruit.

    • Slegs die inkomstediens, wat die belastingbetalers se geld insluk is oënskynlik op standaard.

    Voeg daarby die ernstige korrupsie en geldvermorsing waar miljarde rande jaarliks vermors word.

    ANC se politieke ondersteuners verryk hulself vandag deur Afrikaners te verarm.

    Mens kom dan tot die onvermydelike gevolgtrekking dat die sogenaamde demokrasie, oftewel meerderheidsregering, die Afrikaner se grootste vyand geword het.

    Met hierdie verdoemende getuienis voor ons vra ons: Hoe lank kan dit nog so aanhou? Waarom verdra ons hoegenaamd nog ‘n disfunksionele staat? Waarom gaan ons willens en wetens toelaat dat ons dieselfde lot tegemoetgaan as die blankes elders in Afrika?

    Getallegewys is ons ‘n permanente demografiese minderheid. Die meeste belastingbetalers is nie lede van die regerende party nie, tog moet hulle sy maatskaplike programme sonder enige inspraak befonds.

    Demokraties gesproke kan Afrikaners die ANC nie by die stembus verslaan nie.Watter ander opsies het hulle om onder hierdie neerdrukkende bestel uit te kom?

    1. Hulle kan hul vaderland verlaat.

    2. Of hulle moet beheer oor hul eie toekoms neem.

    Vanuit ‘n morele en realistiese standpunt kan Afrikaners vandag aanvoer dat daar geen sinvolle politieke of ekonomiese toekoms vir hulle in die huidige bestel meer bestaan nie.

    Dit gaan lankal nie meer oor ‘n rasse-ideologie nie, maar oor bewese swak regering en die risiko dat Afrikaners ekonomies en fisies nie sal oorleef nie.

    Afrikaners wil nie langer in ‘n staat van anargie leef nie. Hulle hunker ook nie terug na apartheid nie, maar na wet en orde en na ‘n skoon, oop en doeltreffende regering, ‘n veilige omgewing en ‘n ekonomiese toekoms.

    Hulle eis derhalwe hul internasionaal erkende reg op self-beskikking om ekonomies te kan oorleef.

    Hiervoor wend hulle hulself nou na die praktyk van direkte demokrasie soos in ‘n kantonstelsel.

    Maar wat beteken die begrip van selfbeskikking? “Dit is die keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang te handel. Selfbeskikking is dus die reg van die mense wat ‘n spesifieke gebied beset om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.”

    Eksterne selfbeskikking is die politieke onafhanklikheid van ‘n nasie wat in ‘n soewereine staat woon en deur ander lande aanvaar en erken word.

    Interne territoriale selfbeskikking kan ook verkry word wanneer deelstate federatief teenoor mekaar staan, soos die Switserse kantonne of Duitsland se state.

    Maar daar is ook ander vorms van interne selfbeskikking, soos: “Die begrip dat bevolkingsgroepe met ‘n onderskeidende kultuur en identiteit hul eie politieke sake en gemeenskaplike heil self kan bepaal.” Dit is veral van toepassing vir bevolkingsgroepe wat diaspories in ‘n land verspreid is.

    Terloops, om ‘n volkstaat te probeer opeis oor ‘n gebied wat nie tans of histories deur die eisers beset was nie sou egter strydig met die volkereg wees. Orania met sy onmiddelike omgewing self is vandag Afrikanergebied, maar nie die Noordwes Kaap nie. Die huidige Khoi-San, wat verreweg die meerderheid daar is, het eerste historiese aanspraak op daardie gebied.

    Ek het vantevore geskryf dat ‘n nuwe volkstaat in ‘n leë gebied ekonomies gedrewe moet wees, en dat dit waarskynlik deur middel van ‘n reusagtige eiendomsontwikkelingsprojek ontwikkel sal moet word. Met enkele uitsonderings na was die reaksie daarop verstommend negatief.

    Die rede was waarskynlik dat ek tot die kern van die probleem deurgedring het.

    Verreweg die meeste Afrikaners is nie bereid om agter ‘n ideologie te trek nie, maar beskou ekonomiese oorlewing as baie belangriker.

    Daarom wil ek dus voorstel dat ‘n federasie van plaaslike owerheidsbestuur opgerig moet word. Ek glo dat laasgenoemde ‘n werkbare model vir ekonomiese oorlewing sal wees.

    Die uitgangspunt is dat Afrikaners in elk geval nie na ‘n ander gebied sal trek nie omdat hulle nie die finansiële vermoeë het om vir die nuwe huise en nuwe infrastruktuur te betaal nie.

    Dit, plus hul huidige ekonomiese belange, veroorsaak dat hulle wil bly waar hulle tans woon.

    Vir plaaslike selfbeskikking moet hulle bloot die bestuursfunksies van die onbekwame plaaslike stadsrade wetlik kan oorneem. Daarna kan hulle derdevlakdienste self verskaf wat deur hul eie belastingsgeld befonds word.

    Van die ongeveer 285 munisipaliteite in die land doen meer as 250 dit reeds.

    Deur middel van erkende hofprosedures, wat deur die plaaslike belastingbetalersverenigings (BBV) gereël word, word ‘n dispuut met die munisipaliteit verklaar en erfbelastings word in ‘n trustfonds gestort om die werk deur ervare en behoorlik opgeleide mense mee te befonds.

    Tans is die fokus van die BBV’s op derdevlak dienslewering, veral mbt paaie, water en riolering.

    Deur legitimiteit en erkenning te verwerf word interne selfbeskikking dan ‘n harde werklikheid. Vir dienslewering aan die swart woonbuurte buite die vermoeë van die plaaslike belastingbetalers, sal die dorpsraad gedeeltelik deur die staat befonds moet word. Die huidige munisipailteite is so te sê almal bankrot.

    Op ‘n federatiewe wyse skakel die 350 of meer Kantonne, wat ook Orania en Kleinfontein insluit, deur ‘n federale bestuursfunksie vir skakeling met die nasionale regering.

    Die voordeel van hierdie stelsel is dat die bestaande bates van belastingbetalers vir hulle behoue sal bly, dat die dorpe waarop hulle ‘n historiese reg het, nie tot niet gaan nie en dat daar onder andere met die plaaslike stamowerhede geskakel word vir wet en orde en ekonomiese ontwikkeling.

    Met so ‘n werkbare plan kan hul ekonomiese vryheid trapsgewys verseker word. Daarmee word Afrikaners op voetsoolvlak gemobiliseer, en hul ekonomiese omgewing meer leefbaar gemaak.

    Die nadeel is dat hulle steeds burgers van die NSA sal bly, hoewel daar deur onderhandeling beheer oor veiligheid, onderwys, hospitaaldiense, ens, verkry sal kan word.

    Die Kantonfederasie is dus bedoel om Afrikaners wat buite ‘n volkstaat woon staatkundig en ekonomies te akkommodeer.

    Dit vervang nie ‘n volkstaat nie en is ook nie in kompetisie daarmee nie. ‘n Volkstaat word op ‘n heel ander vlak en ‘n heel ander span leiers nagejaag om die langtermyn toekoms van die Afrikaners te verseker.

    ‘n Volkstaat mag selfs etlike kantonne insluit. Waar die volkstaat sal wees, is dus nie vir ons nou van belang nie.
    Die tyd het nou aangebreek dat ‘n federale bestuursfunksie amptelik sal meewerk met die departement van Ko-operatiewe en Plaaslike Regering om dienslewering op plattelandse gebiede te verseker.

    Met hierdie struktuur in gedagte wil ek nou die volgende konkrete voorstelle aan die hand doen en sal ek dit waardeer as die voorsitter sal toelaat dat dit vandag gedebatteer kan word sodat die vergadering dit gedeeltelik of in geheel kan ondersteun.

    1. Dat ‘n Federasie van Ko-operatiewe Plaaslike Bestuursliggame tot stand gebring word wat hoofsaaklik uit die bestaande Belasting Betalersverenigings sal bestaan. Dit sal die beginpunt van die evolusie van plaaslike selfbeskikking wees.
    2. Dat die NBU as federale bestuur verkies word met magte van ko-optering.
    3. Dat die federale bestuur wysigings aan die nuwe wet op plaaslike owerhede sal opstel met die doel om omgekeerde regstellende aksie aan die belastingbetalers, wat die dorp finansiëel moet dra, te verseker.
    4. Die voorgestelde wetswysigings sal dan aan die Dept. van Ko-operatiewe en Plaaslike Regering asook aan die Speaker van die Parlement voorgelê word.
    5. Dat die stelsel van plaaslike bestuur sodanig gewysig sal word dat 50% van die setels vir plaaslike belastingbetalers gereserveer word. Politieke partye sal op die normale wyse meeding om die ander 50%.
    6. Dat die hele amptenary, insluitende die pos van Munisipale Bestuurder, apolitiese en tegniese poste sal wees.
    7. Om die regskoste m.b.t. die opstel van die nuwe wet te dek word versoek dat elke BBV ‘n eenmalige R500 tot die regsfonds van die NBU sal bydra.
    Die gevolg sal wees dat elke BBV outonoom sal bly met sy eie plaaslike owerheid en leierskap. BBV’s skakel egter federatief met ‘n federale bestuur vir ekonomiese en tegnologiese samewerking en sinergie tussen stadsrade.
    Mens sal egter daarteen moet waak dat instansies, soos politieke partye, wat op nasionale vlak opereer, die BBV’s nie sal kaap nie.

    Ek wil nie nou politiek praat nie, maar ons weet dat veral die DA daarop uit is om plaaslike regerings oor te neem om die party te versterk. Hulle mag dus inherent vyandiggesind staan teenoor die kantongedagte of enige ander vorm van selfbeskikking, en mag dus die nuwe wetgewing heftig teenstaan omdat politieke patye nooit weer oor dorpe sal regeer nie, maar deur plaaslike inwoners.

    As ‘n orgaan van die burgerlike samelewing staan die Federasie vir Plaaslike Bestuursliggame dus buite die land se magspolitiek en is geen bedreiging vir die regerende party van die dag nie.

    Die voorstelle voldoen ook aan alle tersaaklike grondwetlike voorskrifte. Die Federasie vir Plaaslike Bestuursliggame sal samewerking met die owerhede najaag om derdevlak dienslewering, ekonomiese ontwikkeling, skoon bestuur en omgewingsbewaring vir plaaslike inwoners te verseker.

    Die Federasie sal nie ideologies of polities gedrewe wees nie en is waarskynlik die enigste manier om stadsrade uit die huidige finansiële moeras sal verlos.

    Banke vra altyd: “Wie is die jokkie wat gaan sorg dat ons geld veilig is?”
    Met die Kantonfederasie konsep, wat deur die Parlement gewettig sal word, kan die banke rustig slaap omdat die dorpsbestuur in veilige hande sal wees.

    Tot dan moet die huidige belastingweerhouding voortgaan en deur middel van hofgedinge te sorg vir beter dienslewering.

    Ek voorspel dat die terminologie kort voor lank na ‘n Kantonfederasie aanvaar sal word. Deur bemiddeling van ‘n Federale Kantonraad kan dan met die staat geskakel word vir groter magte en groter selfbeskikking oor eie sake.

    Ek dank u.

    (Toespraak gelewer voor afgevaardigdes van Afrikanerorganisasies in die Centurion Munisipale Raadsaal op 3 September 2011)

    Данильченко Юрий Брониславович Харьков

  • Nog gedagtes oor ekonomiese oorlewing en selfbeskikking

    Suid Afrika is nou volledig ‘n partystaat en nie meer ‘n demokrasie nie. Binne ‘n partystaat vervaag die grense tussen die staat en die heersende party.

    Vanweë Afrikane se historiese geneigdheid om van sy omgewing te oorleef en gesien binne Afrika se denkmodel wat daaruit voortspruit, is dit baie maklik vir westerlinge om die ANC te beskou as die grootste georganiseerde misdaatsindikaat op aarde, maar wat instinktief hul plunderbeleid op ‘n selektiewe moraliteit verdedig.

    Die sindikaat se netwerk word daagliks versterk deur ‘n beleid van Transformasie, Swart Ekonomiese Bemagtiging, Kader Ontplooiïng en Regstellende Aksie. Hierdeur word miljarde rande vanuit die ekonomie na die ANC se organe en ondersteuners herlei, met die strategiese doel om ANC-hegemonie te perpetueer.

    As gevolg hiervan en deurdat ‘n groeiende belastinglas en krimpende werksgeleenthede hulle op ‘n selektiewe manier verarm is dit onvermydelik dat Afrikaners ‘n ernstige oorlewingsprobleem sal ondervind.

    Hoewel hulle die kundigheid besit om ‘n wesenlike bydrae tot die land se ekonomie te maak, word witmense as tweedeklas burgers utgerangeer. Daardeur word ernstige skade aan die ekonomie en landsbestuur berokken.

    Die beleid van transformasie en kaderontplooing het verorosaak dat die landsbestuur sy institusionele geheue verloor het en dat kumulatiewe kundigheid en ervaring weggekalwe is. Duisende onbekwame amptenare het ‘n leë dop van alle regeringsvlakke, selfs tot op munisipale vlak gemaak.

    Die gebrek aan werksgeleenthede vandag en vertroue in die toekoms het honderde-duisend kundiges die land reeds laat verlaat. Sonder hul kundigheid sal Suid-Afrika waarskynlik binne die volgende 6 tot 10 jaar implodeer.

    Aangesien daar by westers georiënteerde mense ‘n kousale verband tussen politieke selfbeskikking en ekonomiese vooruitgang bestaan, sal Afrikaners beheer oor hul politieke toekoms moet neem om ekonomies te kan oorleef en te presteer.

    Om dit te bereik moet Afrikaners beheer oor ‘n gedeelte van die ekonomie verkry, want daar is geen volhoubare toekoms onder die huidige politieke en ekonomiese stelsel nie.

    As witman staan die Afrikaner nou alleen, ongeag die politieke party wat hy ookal vandag mag ondersteun. Alle witmense word as ‘n demografiese groep uit die ekonomie en landsbestuur deur wetgewing en regeringsbeleid uitgesluit. Armoede en ellende is Afrikaners se gemeenskaplike vyand en daarom is dit verstaanbaar dat Afrikanernasionalisme en ander ideologiese oorwegings vandag ondergeskik is aan ekonomiese oorlewing. Om te kan oorleef moet alternatiewe magshefbome derhalwe gevind word.

    Regsgeleerdes beweer dat ‘n wisselwerking bestaan tussen menseregte, minderheidsregte en die kollektiewe reg op selfbeskikking en het die selfbeskikkingsbegrip die norm in baie lande geword .

    Selfbeskikking word as volg verwoord:
    “…die keuse om volgens eie vrye oordeel en sonder enige inmenging of dwang te handel. Selfbeskikking is dus die reg van ‘n volk wat ‘n spesifieke gebied beset om sy politieke status en regeringsvorm self te bepaal.”

    Daar is hoofsaaklik drie vorms van selfbeskikking:
    · Eksterne selfbeskikking wat verwys na ‘n soewereine staat wat deur die internasionale gemeenskap as volwaardige staat erken word.

    · Interne selfbeskikking verwys na selfregering van ‘n volk binne administratief outonome gebiede, maar wat deel bly van die staat, soos byv. Walonië en Vlaandere in België

    · Kulturele selfbeskikking waar internasionaal erkende minderheidsregte beskerm word om die kulturele voortbestaan en groei van ‘n volk te verseker.

    Om te verhoed dat duisende nuwe staatjies eensklaps soos paddastoele verrys, bestaan daar streng internasionale reëls vir eksterne selfbeskikking. Om lande se territoriale integriteit te beskerm, word daar gewoonlik op interne selfbeskikking besluit, maar dit is ‘n saak wat uitsluitlik by die eisers berus.

    Om te kan slaag word selfbesklikking dus ‘n politieke magspel wat volgens die voorskrifte van die Volkereg asook die VN resolusies en multilaterale ooreenkomste (Internasionale Reg) gespeel word om te kan slaag.

    Totdat ‘n streek se stabiliteit bedreig word bly dit egter ‘n binnelandse aangeleentheid waarby medestate nie sal inmeng nie, tensy hul belange bedreig word.

    Die Volkstaatraad het die kwessie van selfbeskikking deeglik bestudeer en sy verslae aan die regering voorgelê, wat as volg opgesom kan word:

    · Afrikanergemeenskappe het die reg om hul selfbeskikking uit te oefen waar hulle hulself ookal in ‘n meerderheid mag bevind (vgl Outonome gebiede). Deur die grense van tradisionele Afrikanergebiede, waar hulle ‘n demografiese meerderheid vorm, eensydig te verskuif om hul demokratiese regte te ontneem omdat hulle altyd ‘n minderheid binne hul eie bwoongebiede te maak, word internasionaal as onwettig beskou. (Dit is dus onwettig vir Soshanguve om oor Pretoria se inwoners te regeer).

    · Kulturele selfbeskikking, minderheidsregte oftewel gemeenskapsregte mag regoor die land opgeëis word waar dit prakties haalbaar is.

    · Vir ‘n lang termyn volhoubare soewereine volkstaat sal daar waarskynlik ‘n volksverskuiwing moet plaasvind om verswarting te vermy.

    Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die verskillende vorms van selfbeskikking nie uitsluitend van mekaar is nie – hulle is meelopend en alle vorms daarvan word benodig om die volkswil te bou. In Suid-Afrika is daar dus vier aktiviste groeperings onder Afrikaners. Hulle moet nooit onder mekaar te twis nie, omdat elkeen sy eie afgebakende terrein beset. Elkeen bevorder Afrikaners se belange:
    · Die etnies georiënteerde groep wat op eksterne selfbeskikking aandring.
    · Die Suid-Afrikaner georienteerde groep wat op beskerming van taal, kultuur, sake en boerdeybelange aandring.
    · Die 230 Belastingbetalersverenigings wat op gehalte van derdevlak dienste aandring.
    · Die Burgerlike regtegroepe soos Solidariteit en Afriforum wat ingestel is om sy lede se grondwetlike regte te beskerm.

    Die volkswil waarna ek verwys, is tans dormant en ondergeskik aan individue se stryd om ekonomies te kan oorleef.

    Benewens hul buiteparlementêre bedrywigheid, word ‘n aktiewe teenwoordigheid ook binne-parlementêr benodig waar inspraak by portefeuljekomitees verkry word en om die Afrikanersaak formeel op Hansardverslae te kry. Ironies genoeg, het die ANC as swart nasionaliste ‘n mate van begrip begrip vir selfbeskikking, maar die DA, as liberale party staan direk gekant teen enige vorm van differensiasie tussen etniese groepe. Hy wil egter nie van sy Afrikanersteun afstand doen nie en sal saam met die Naspers Mediagroep enige poging van Afrikaners om selfbeskikking te verkry as die idees van ‘n klein groepie rassiste afmaak. Hulle sal gedemoniseer word as ‘n klomp dom agtergeblewe verregses wat nie aan die huidige demokratiese stelsel wil deelneem nie.

    Die VF+ is derhalwe die enigste politieke party wat die binneparlementêre funksie vir Afrikaner selfbeskikking sal kan verrig. Hulle moet dus ‘n integrale deel wees van die nasionale poging om as die binn parlementêre speek van die Afrikanerwiel te funksioneer.

    Soos aangedui, moet daar op die onmiddellike ekonomiese oorlewing van mense gefokus word waar hulle hulself bevind. Elke dorp het sy eie ekonomie en leierskap wat as steunbasis kan dien vir gemeenskappe om hulself te orden, hul dorpe te ontwikkel en hul dienste self te lewer. Daarvoor moet belastingbetalers hul eiendomsbelasting aanwend om die dienste self mee te befonds waar gebrekkige dienste bestaan. Ervaring van die NBU met geaffilieerde BBV’s het bewys dat dit prakties en wetlik haalbaar is.

    Oral waar gebrekkige dienste ervaar word kan dorpsburgers hulself dus as ‘ekonomiese kantonne’ of as vrystaande administratiewe organe van die burgerlike samelewing beskou en orden. Tans is dit die geval met meer as 200 van die 285 munisipaliteite in die land.

    Mettertyd kan hulle in politieke kantonne ontwikkel, waar die volkswil gebou word om vir groter magte te stry.

    Die morele basis vir hierdie benadering is dat orde aan plaaslike gemeenskappe herstel word en dat die hele platteland ekonomies daardeur sal baatvind.

    Op hierdie wyse word die eerste tree gegee om ‘n mate van politieke mag te bekom en om ekonomies te kan oorleef.

    cleopatra slots forДанильченко Юрий прокурор

  • Die abaThembu Sesessie.

    Hoeveel Praaglesers is daarvan bewus dat ‘n konstitusionele krisis sedert Januarie verlede jaar besig is om te ontvou en wat steeds nie bevredigend opgelos is nie?

    Koning Buyelekhaya Dalindyebo, tradisionele Koning van die Xhosas, het verlede jaar stukke by die parlement laat aflewer waarin hy kennis gee dat hy van plan is om namens al sy abaThembu-onderdane sesessie te pleeg en dat sy onderdane hulle van die nuwe Suid-Afrika gaan onttrek.

    Hy eis ondermeer dat 60% van Suid-Afrika aan die abaThembu behoort en dat sy mense nou by wyse van ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring sesessie gaan pleeg. Die abaThembu sluit alle Ngunisprekers in. Dit beteken dat dele van Suid-Afrika wat hy namens die Abathembu opeis bestaan uit KwaZulu-Natal, die Ooskaap, Weskaap, Noordkaap en gedeeltes van die Vrystaat en Gauteng.

    Die koning se regsverteenwoordiger, Votani Majola, het aan die BBC gesê: “Die besluit van die amaThembuvolk om hulle uit Suid-Afrika te onttrek staan nog, maar die fisiese onttrekking, wat vandag (20 Januarie 2010) sou plaasvind is vireers uitgestel.”

    Die koning het glo ‘n brief van pres. Jacob Zuma ontvang en het daarna aan sy regsverteenwoordigers opdrag gegee om nie op hierdie tydstip die amptelike Kennis van Onttrekking aan die regering te bestel nie.

    Koning Dalindyebo se resgspan verklaar verder dat die abaThembuvolk nou wag om op hul volgende skuif te besluit, en benadruk dat hy namens 10 miljoen mense praat. ‘n Koninklike besluit is geneem om dele van die land namens sy volgelinge oor te neem.

    Vincent Magwena, Zuma se woordvoerder, het die koning se plan as belaglik afgemaak. ”Hoe kan hulle dele van Suid-Afrika opeis om ‘n nuwe soewereine staat te vorm? Hoe kan iemand ‘n nuwe staat uitroep sonder om tegnies oorlog te verklaar teen Suid Afrika? Ek glo ook nie eens ons Grondwet maak daarvoor voorsiening nie.”

    Suid-Afrika se grondwet erken die rol van tradisionele leiers, maar hulle het nie oppergesag bokant die land se grondwet nie, want die staatspresident word as die leier van die hele staat erken.

    Koning Dalindyebo het sy veldtog vir sesessie begin kort nadat Jacob Zuma geweier het om in te meng in ‘n kriminele saak teen die koning.

    Hy word daarvan beskuldig dat hy in 1995 en 1996 geweld teen sy onderdane gepleeg het. Dit sluit in strafbare manslag, ontvoering, aanranding en brandstigting. Daarvoor is hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Sy appélsaak daarteen is tans nog hangende.

    Sy onderdane eis ook dat alle sake teen hom teruggetrek moet word en eis verder dat die staat R80 miljard aan hom en sy onderdane moet betaal vir die vernedering wat hy in die hof moes verduur.

    In Medialternatives wys David Robert Lewis in sy artikel: ”AbaThembu secession presents constitutional crisis for SA” daarop dat ‘n monargie, (gebaseer op eeue oue tradisies en nie op ‘n kiesstelsel nie) en wat voortbestaan binne die grense van ‘n land waar die regte van burgers binne die grondwet gewaarborg word, ‘n saak is wat regsgeleerdes regoor die wêreld nog altyd vermy het. Hulle redeneer dat die rol van konings en hoofmanne wat deur oorerwing aangestel word nie versoenbaar is met ‘n moderne demokrasie nie.

    Hy skryf verder dat Europa se koningshuise deur bloedige rewolusies tot ‘n skadu van hul eertydse gesag afgeskaal het; hoegenaamd nie met die gesag wat die abaThembu nou opeis nie.

    Hoe affekteer dit die Afrikanersaak?

    Ek sou sê dat die belangrikste aspek die politieke geprut is wat onder die deksel van die multikulti-kookpot plaasvind en wat genoegsame bewys is dat die 1996-grondwet nie geskik vir die komplekse demografie van Suid-Afrika is nie. Afrikaners, asook die San-groep en ander volksgroepe wat aan onafhanklikheid dink, hoef dus nie inkennend te wees oor hul konstitusionele status nie

    ‘n Verdere punt is dat die media beweer dat nog die Valke, nog die polisie hoegenaamd betrokke is om die kwessie te ondersoek of te onderdruk nie. Hulle beskou die aangeleentheid klaarblyklik as ‘n konstitusionele probleem, nie ‘n kriminele oortreding nie.

    Dan is dit interessant om sogenaamde grondwetkenners soos prof Pierre de Vos se regsmenings hieroor te lees. De Vos beskou die abaThembu se aspirasies as net so lagwekkend as Orania protagoniste wat volkspele en jukskei by hul koeksistermonument speel. Hy beskou die abaThembu se plan as hoogverraad wat 25 jaar tronkstraf verdien. 

    Ongelukkig het die mannetjie ‘n redelike groot aanhang onder die DA-gesinde mediastroom en mense eet sy uitsprake vir soetkoek op. Volgens hom is die SA Grondwet die heilige Boek wat selfs die bepalings van die Internasionale Reg asook die Volkereg oorheers. In sy uitsprake is dit duidelik dat ongeag die feit dat baie hom as ‘n grondwetkenner beskou, hy onbewus daarvan is dat die grondwet die burgery teen die staat se handelings beskerm, en nie andersom nie.

    Die politieke reaksies van die ANC is baie interessant. Zuma is nie bereid om die kwessie van selfbeskikking deur die abaThembu trompop te loop nie, aangesien dit op geweldige bloedvergieting in die strate kon lei en die ANC sou kon skeur. Moet dus nie verbaas wees as alle aanklagte teen die Koning teruggetrek word as deel van ‘n politieke ooreenkoms met hom nie. Beloftes van toekomstige gesprekke om die Huis vir Tradisionele Leiers by die wetgewende proses in te trek is ook nie uitgesluit nie.

    ‘n Dergelike poging deur Afrikaners mag egter presies die teenoorgestelde uitwerking op die ANC- psige hê, deurdat ‘n politieke wins te maake is om ‘n poging deur Afrikaners tot eensydige sesessie met grootgebaar geweldadig te smoor soos met die Boeremag verhoor. Hulle sou dan kon reken dat die ANC verder versterk kan word deur sy sterk optrede teen die uBhuni.

    Berekende juridiese skuiwe sal dus benodig word vir Afrikaners om tot so ‘n stap oor te gaan. Die regsmense sal die voorpunt namens hul kliënte moet inneem.

    белье для девочек 14 лет купитьданильченко юрій броніславович

  • Om in ‘n rampokkerstaat te leef

    Iemand het nou die dag gesê dat Suid Afrika nie ‘n demokrasie is nie, maar ‘n partystaat. In ‘n demokrasie maak die regering beleid en wette, maar in Suid-Afrika maak Shell House die beleid. Die parlement legitimeer dit slaafs.

    Hoe lyk die ANC-party wat die land vandag regeer?

    Daar bestaan genoeg getuienis dat die ANC vandag die grootste georganiseerde misdaatsindikaat op aarde is. Vir prima facie-getuienis kan ‘n lys gevalle van korrupsie, bedrog, geldwassery en sameswering tussen die polisie en gewone misdadigers saamgestel word wat slegs enkele minute sal neem. Mens kan dus tot geen ander gevolgtrekking kom as om Suid-Afrika ‘n rampokkerstaat te noem nie. Die tentakels van die ANC-mafia is oop en bloot sigbaar en word deur die landswette ondersteun.

    Net om my punt te staaf, haal ek ‘n klompie gevalle aan:

    • Die wapenskandaal. Waarom was die aankoop van moderne en ontoepaslike wapens so hoog op die regering se prioriteitslys? Was die Shabir Shaik-saak slegs die ore van die seekoei?
    • Wat het van die Landbank se honderde miljoene geword? 
    • Geen haan het weer gekraai oor die R11 miljoen wat Petrosa, ‘n staatsonderneming, aan die ANC geskenk het nie.
    • Veertig parlementslede het reiskoepons ter waarde van R18 miljoen vir hulself toegeëien.
    • Die Goodwoodse stasiebevelvoerder se skuldigbevinding aan regsverydeling om Toni Yengeni se lêer te “dokter”.
    • Die onthulling van Jackie Selebi se noue bande met die misdaadsindikaatbaas Glenn Agliotti.
    • Die opkoms van die reusagtige tenderpreneurskorps, waarvan die ANC se jeugligabaas Julius Malema maar een voorbeeld is. Toe die plaaslike gemeenskap daarteen beswaar gemaak het, was sy antwoord dat die beswaarmakers uit die ANC geskop sal word en van die honger sal omkom, aldus die Forum vir Limpopo Entrepreneurs, Koti Mokoalakoala.
    • Veiligheidsminister Siyabonga Cwele se vrou Sheryl wat skuldig bevind is aan dwelmsmokkelary na Turkye.
    • Die bevindings van die openbare beskermer dat Bheki Cele, die land se Polisie-hoof alle reëls en regulasies oortree het met die huurkontrakte vir die polisie se kantoorblokke wat miljarde rande beloop. Die eienaar van die kantoorblokke is “toevallig” ‘n goeie vriend van president Zuma.
    • Dan praat mens nie eens van die kru misbruik van publieke fondse deur tradisionelesakeminister Sicelo Shiceka met die lewenstyl van ‘n miljardêr, dat hy en sy vrou kronies vir meer as ‘n jaar in ‘n luukse Kaapse hotel gewoon het, en dat hy in eersteklas Switserland toe gevlieg het om sy vriendin te besoek wat verhoorafwagtend was op aanklagte van dwelmsmokkelary nie.
    • Die verslae van die ouditeurgeneraal is verdoemend oor die toestande van munisipaliteite se finansies as gevolg van die reusesalarisse wat aan onbekwame amptenare betaal word en dat daar nie geld vir dienslewering oorbly nie.
    • Dan verwys ons nie eens na Chancellor House en dié se tentakels nie.
    • Nou praat die stomme mense van nasionalisering van die myne en die banke, asook plaasonteiening. Laat ons dit goed verstaan: al hierdie skemas het bloot ten doel om die ekonomie verder te plunder!

      Ons sal waarskynlik nog baie langer kon aangaan met hierdie lys, maar daar is reeds voldoende bewyse dat die ANC tot in sy kern verrot is. Hierdie toestand is deur hul beleid van transformasie, kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging en tegstellende aksie geskep, wat uitgedinkis om belasting geld “wettig” na ANC-lede te kanaliseer.

      Die vryemarkstelsel werk slegs wanneer die reëls van sake-etiek en –moraliteit toegepas word om as wigte en teenwigte vir grypsug te funksioneer. Binne die denkraam van die Afrikamens word hierdie twee begrippe heeltemal anders vertolk en die obsessie om die verlede reg te stel, word as genoegsame morele rede aangebied om massale bedrog te pleeg.

      Sonder sake-etiek en -moraliteit word die landsbates, asook die belastinggeld gewetenloos verteer en word die Afrikanerbelastingbetalers leeg gesuig, sonder dat hulle iets daaraan kan doen.

      Die vraag kan gevra word of dit redelik is om van Afrikaners te verwag om hierdie situasie langer te verduur?

      Nee.

      Die tyd het dus nou gekom dat Afrikaners beheer oor hul eie toekoms moet neem, sodat hulle nie saam met die mafiabende ten gronde gaan nie. Die gesprekke rondom strategieë sal versnel moet word en die leierskapsaal dringend na vore moet kom.

    купить липецк пластыри диагональныелобановский александр жена

  • Kan Afrikaners sonder selfbeskikking ekonomies oorleef?

    Nou die aand bespreek dr Christo Landman en ek die kwessie van ons Afrikaners se ekonomiese oorlewing. Aan die einde van ons gesprek kom ons tot ‘n gevolgtrekking wat ek sedertdien as aksiomaties beskou:

    Die behoud van die Afrikaner binne die huidige sosiaal-politieke konteks is afhanklik van sy vermoë om ‘n eie ekonomie vir homself in te rig en te bedryf. Daardie ekonomie kan deel vorm van die landsekonomie, maar moet ‘n sektor wees wat deur Afrikaners self beheer word. Daarsonder het hulle geen toekoms in Suid-Afrika nie.

    Werkreservering sonder ‘n tydsraamwerk en wat as “affirmative action” bekendstaan, diskrimineer teen blankes en bevoordeel swartes. Afrikaners ervaar dit as ‘n strafmaatreël wat hulle permanent gaan benadeel. Hul fisieke en ekonomiese oorlewing verg dus ‘n vars benadering.

    Die regerende ANC kan net aan die bewind bly in die mate waartoe daardie party in staat is om die demografies dominante en armlastige/werklose swart bevolking met sosiale welsynsdienste “tevrede” te stel. Sou hy daarin faal, sal hy deur ‘n interne rewolusie verdwyn.

    Volgens die Afrikadenkmodel van die heersers beteken derdevlakregering nie dienslewering nie, maar sosiale welsynsprogramme vir sy kiesers, gekoppel aan verryking vir sy magsugtige kaders.

    Hiervoor word die werkende middelklas finansieel gemelk, deurdat die middelklas progressief met oormatige persoonlike en besitsregbelasting uitgesuig en verarm word.

    Die resultaat hiervan is dat ‘n groeiende getal witmense in ‘n bodemlose put van armoede in Afrikanerkrotbuurtes gedompel word. Sodoende verloor Afrikaners hulle identiteit, individualiteit en samehorigheid.

    ‘n Armoedeprobleem van ongekende omvang, die ergste sedert die Anglo-Boereoorlog en wêrelddepressie, het nou ontstaaan. Eienaardig genoeg word daardie feit egter deur die oorgrote meederheid Afrikaners op ‘n roekelose, selfsugtige en onverskillige wyse geïgnoreer.

    Die resultaat van die ANC se ekonomiese politiek sedert 1993 is die totstandkoming van ‘n klein ryk elite/bourgeoisie van wittes en swartes. Daardie twee groepe voer ‘n parallelle bestaan. Daarbenewens bestaan daar ook ‘n groeiende proletariaat van swart en wit massas. ‘n Proletariaat besit niks anders as net hul kinders nie – die klassieke teelaarde vir ‘n maatskaplike en ekonomiese rewolusie.

    Gaan werklose en armsalige Afrikaners naderhand ook deel uitmaak van die klipgooiende en plunderende swart massas wat elke dag gevaarliker word?

    Waarskynlik nie.

    Die huidige politiek-ekonomiese stelsel is dus besig om in ‘n klassestryd te ontwikkel wat die etniese differensiasie van 1910-1993 met ‘n klassesisteem vervang en word die kiem van sosiale rewolusie teen vrye ondernemerskap reeds gesaai. Dit moet en sal noodwendig op ‘n bloedige rewolusie uitloop.

    In hierdie klassestryd word honderde duisende Afrikaners vanweë hul velkleur kunsmatig op groot skaal op die sosiale hiërargie van middelklas tot proletariaatstatus verlaag. Hul inherente mededingendheid op ekonomiese terrein word deur wetgewing en ANC-beleid van hulle ontneem.

    Om hulself van ondergang te red bestaan daar vir Afrikaners die volgende toekomsbeelde:

    • Ekonomiese, maatskaplike en fisieke ondergang met die gepaardgaande vernietiging van hul menswaardigheid sou die status quo veel langer gehandhaaf word.

    • Grootskaalse emigrasie na oorsese lande asook elders in Afrika.

    • ‘n Stelselmatige volksverskuiwing na die platteland, waar nuwe ekonomiese modelle geskep sal moet word en wat op hul eie oorlewing ingestel is.

    • ‘n Droom van ‘n eie vrye land wat oor dekades lewend gehou sal word.

    Vir oorlewing moet Afrikaners hulself uit hierdie klassieke klassesisteem onttrek.

    Hul oorlewing as Westerlinge lê dus nie in die stede nie, maar in die buiteland of in die land se plattelandse dorpe waar hulle die plaaslike ekonomie kan stimuleer en oorheers.

    Afgesien van die klein Afrikaner-elite wat superryk of supergekwalifiseerd is, het Afrikaners dus geen bestaansmoontlikheid in Suid-Afrika sonder fisieke beheer oor sy onmiddelike ekonomie nie. Hul genetiese en kulturele oorlewing is direk afhanklik van ekonomiese selfbeskikking om hulself uit ‘n sosiale moeras uit te lig. Die genoemde supermense is ook die mees mobiele en kan binne enkele dae die land verlaat as die nood sou druk.

    Die proletariaat is aan sy lot oorgelaat.

    Die bywonerkultuur van ouds moet byvoorbeeld weer om die dorpe hervestig word en derduisende leë plaaswonings kan weer beset word. Hiermee kan die georganiseerde landbou meehelp om wittes op plase te hervestig en waar plaasskole weer tot stand gebring kan word. Natuurlik verg dit ook ‘n doeltreffende buurtwagstelsel. As plaasmoordenaars en plaasbesetters nie in diens geneem word nie sal die beveiliging noodwendig doeltreffender kan funksioneer.

    Op die platteland sal die Afrikaner weer leer om benewens sy eie voedsel, ook mikronywerhede soos kos- en koeldrankverwerking, hout-, leer– klei- en staalprodukte, kleinboerdery en elektroniese produkte deur selfwerksaamheid te produseer. Daarbenewens bestaan daar ook baie plattelandse geleenthede vir eiendoms- en nywerheidsontwikkeling, toerisme, ens. Die oorkonsentrasie van kapitaal in die stede moet algaande na die platteland verskuif soos wat Afrikaners die ekonomie van plattelandse dorpe deur hul kundigheid stimuleer.

    Ek wil beweer dat ekonomiese oorlewing hand aan hand gaan met politieke selfbeskikking, hetsy op dorpsraadvlak, provinsiale vlak of op staatsvlak. Sonder politieke selfbeskikking staan die Afrikaner geen kans op oorlewing teen ‘n politiek-ekonomiese stelsel wat inherent daarop ingesteld is om hom “in die nasionale belang” van sy bates te vervreem nie. Politieke selfbeskikking wat de facto deur plaaslike belastingbetalers opgeëis word, is onteenseglik die sleutel tot ekonomiese selfbeskikking en vooruitgang.

    Met ‘n groeiende ekonomie sal die uitvoerende magte vir die inwoners ook groei. Dit is absoluut onaanvaarbaar dat byna 50% van die belastinggeld wat vir ‘n dorp se dienste bedoel is, aan salarisse van swak gekwalifiseerde amptenare sonder ervaring afgestaan word. Of dat R700 000 belastinggeld vir ‘n inhuldigingspartytjie van ‘n burgemeester bestee word, iemand wat bonop ook nie ‘n woord van die belastingbetalers se taal kan of wil verstaan nie.

    Selfbeskikking op dorpsraadvlak is dus in Afrikaners se eie hande en kan dadelik opgeëis word deur middel van Afrikaners se belastingsmag soos reeds suksesvol deur verskeie plaaslike belastingbetalersverenigings gedoen word.

    Selfbeskikking op plaaslike vlak ding glad nie mee met enige ander vorm van selfbeskikking wat Afrikaners mag opeis nie. Inteendeel, dit is wedersyds ondersteunend en versterkend. Alle Afrikaners, van watter politieke of godsdienstige oortuigings ook al, sal dit entoesiasties kan ondersteun. Met hierdie strategie kan veelvoudige planne vir elke dorp en stad opgestel word en die ekonomiese herbemagtiging van ons mense sal kan begin.

    Elke dorp het sy eie leierskorps wat die graaf kan vat en begin spit. Daar lê werk voor vir julle.

    Deur langer bakhand te staan vir gunsies en gawes van ‘n vreemde owerheid wat Afrikaners as derderangse burgers beskou en slegs sy eie kiesersteunbasis te paai, sal op die voortydige ondergang van ‘n eens trotse volk uitloop.

    Vir verdere leestof hieroor lees gerus my vorige Praagartikels: Hoe lank nog? Asook Die Kantonfederasie.

    раскрутка сайталобановский харьков

  • Afrikanerpolitici en moraliteit

    Afrikaners word deesdae oorweldig deur die volksvreemde politieke moeras waarin hulle tans worstel. Is daar hoegenaamd nog plek vir die begrip van Afrikanervolk, en het daardie volk ‘n toekoms? Gaan die politiek van misleiding nog steeds die Afrikaners se toekoms bepaal? Gaan uitgediende politieke beleid wat deur baie as politieke beginsels verhef was nog hul daaglikse lewens oorheers?

    Beleid moet die politiek van die dag aanspreek, maar beginsels word op moraliteitsoorwegings gevorm. Politieke misleiding is dus die onvermydelike gevolg as beleid tot beginsel verhef word. Beleid kan nog verander, maar beginsels staan vas. Beleid moet by veranderde omstandighede aanpas, maar beginsels is tog deurlopend.

    ” Dit is teen my beginsels om ‘n swartman se hand te skud, of om op Sondag te fliek of vis te vang,” is tipiese ‘beginsels’ wat deur beleid gevorm was.

    Die probleem hiermee is dat die tydsgees altoos verander en moet beleid aangepas word om relevant te bly. Dit mag vereis dat gevestigde politieke praktyke op ‘n stadium oorboord gegooi sal word. Politieke realiste doen dit heel gemaklik, maar behoudendes vind dit moeilik om van hul beleidsbeginsels afstand te doen.

    Dit is dus ‘n politieke dwaling om beleid tot beginsels te verhef, want beginsels word deur moraliteitsoorwegings gevorm, en beleid deur die politiek van die dag.

    En dit is presies waar verdeling tussen die kieserskorps plaasvind, want binne die konteks van ‘n bepaalde tydsgees word nuwe beleid deur oorlewingspolitiek gevorm. Verwarring word dan by kiesers veroorsaak. Baie verstaan nie altyd waarom die politieke landskap dan so drasties moet verander nie.

    In sy boek Politics Among Nations: The Struggle for Power and Peace probeer Hans Morgenthau om buitelandse beleid volgens sekere teorieë te verstaan en verskaf antwoorde op baie kwelvrae oor beleid en beginsels, sommiges wat ook in ons geval van toepassing is.

    Hy beweer dat dit moeilik in die politiek is om tussen die waarheid en opinie te onderskei. Dit is ook moeilik om te onderskei tussen feite wat deur objektiewe bewyse en logiese beredenering ondersteun word teenoor onbewese subjektiewe versinsels en oordeel wat deur vooroordeel of dagdromery gevorm word.

    Hierdie onderskeid tussen feite en versinsels moet egter ook aan die dubbele toets van rede en ervaring gemeet word, aangesien feite of opinies alleen onvoldoende is.

    In ons soeke na meer helderheid oor wat die toekoms vir Afrikaners inhou, soek ons nou na ‘n antwoord op die kwessie van belange teenoor mag. Afrikaners se ekonomiese en kulturele belange en die mag om dit fisies te behou.

    Dit vereis dat sy leiers se politieke motiewe teenoor die ideologiese oorwegings verstaan sal word. Maar intellektuele dissipline word egter vereis om die begrip te verstaan dat belange deur mag gedefiniëer word, omdat rasionele orde dan na politieke oorwegings gebring sal moet word. Die verhouding van beleid teenoor beginsels word dan ook beter begryp.

    Dagdromery soos die Boererepublieke wat herstel moet word; Afrikaners kan ‘n verskil by die stembus tydens ‘n ANC verkiesing maak; of ons sal ‘n soewereine volkstaat in Suid Afrika volgens die Israelse model kan oprig, is sulke dagdromery wat nooit deur realistiese logika ondersteun kan word nie. Historiese voorbeelde word buite die konteks van die historiese tydsgees as voorbeelde aangehaal waarom beleid tot politieke beginsels verhef word.

    Dit is nie maklik om die motiewe van politieke leiers te verstaan nie, omdat motiewe as sulks die versluierde sielkundige aspek van ‘n leier is. Daardie motiewe word deur die emosies van kieser sowel as van die leier verwring.

    Weet ons werklik wat ons eie motiewe is?
    Weet ons wat die motiewe van ons medemens is?
    Weet ons werklik waarom FW die politieke mag prysgegee het?
    Weet ons werklik waarom Genl. Contand VilJoen die Vryheidsfront gestig het om aan die 1994 verkiesing deel te neem?
    Weet ons werklik waarom Kortbroek en Roelf Meyer na die ANC oorgestap het?
    Weet ons werklik waarom die Vryheidsfront Orania as volkstaatgebied aan sy ondersteuners voorgehou het en sodoende 80% van sy steun sedert 1994 verloor het?
    Weet ons werklik waarom Dr Pieter Mulder die pos as adjunkminister in die ANC-regering aanvaar het?
    Weet ons werklik waarom Malema toegelaat word om sy ‘skiet die Boer’ lied te sing en waarom die ANC hom so naarstiglik verdedig?

    Ons weet nie want ons weet nie wat die politieke rolspelers se motiewe was nie. Ons raai en maak ons eie gevolgtrekkings. Een kenmerk daarvan is egter dat die politieke van misleiding onlangse politieke beleid gevorm het, hetsy om die buiteland te mislei of om die Boere te ko-opteer (soos byv Dr Mulder se aanstelling), of om die Afrikanervolk in ‘n strategiese rigting te stuur (Genl. Viljoen) of om die Boshoff-deaal te verwesenlik, ensovoorts. Diegene wat hulself op binne inligting beroep het hul eie motiewe waarom hulle ander onder verdenking wil bring.

    Maar ons sal nooit werklik weet nie.

    Die geskiedenis het meermale bewys dat daar nie noodwendig ‘n korrelasie tussen die morele gehalte van motiewe teenoor beleidsverandering bestaan nie. Dit is van toepassing op morele sowel as politieke oorwegings en kan in ‘n groot mate aan bogenoemde lysie van toepassing gemaak word.

    Robespierre, die Franse revolusieleier, se motiewe was seker die edelste toe hy duisende mense wat hy as moreel minderwaardig beskou het deur die valbyl laat onthoof het. Maar dit was presies sy utopiese radikalisme wat ook sy dood deur dieselfde valbyl tot gevolg gehad het en wat die revolusie, waarvan hy die leier was, tot ‘n einde gebring het.

    Net terloops, is Malema die moderne Robespierre?

    Egotistiese beleidmakers probeer om die gaping wat tussen persepsie en beleid aan die een kant en realiteit aan die ander kant bestaan, te verklein. Sodoende probeer hulle bewys dat hulle ‘n ander werklikheid aan hul kiesers deur goeie politieke leierskap kan bewerkstellig. Dit is tipies wat met ANC-leiers die geval is. Gevoed deur COSATU en SAKP se denkskrums word ‘n onwerklike utopie geskilder en wat hulle beweer binne die bereik en vermoeë van die land se swart leierskap is. Onrealistiese verwagtings word deur politieke misleiding geskep. Dit het die vermoeë om die land te verwoes.

    Die toekomstige Afrikanerleierskap moet dus nooit onrealistiese verwagtings probeer skep nie, maar om eerder die morele hoë grond ten alle koste te behou om sy kiesers se belange binne die werklikheid van die dag te beskerm.

    Politieke mag bestaan uit alles wat die beheer van mense op ander mense vestig en in stand hou. Politieke mag dek dus alle sosiale verwantskappe wat daardie doel dien, van fisieke geweld tot die mees subtiele sielkundige bande wat een persoon oor ‘n ander het. Mag domineer dus mens oor mens, of dit deur morele oorwegings beskerm word soos in die geval van Westerse demokrasië, of in beginsellose wetgewing wat deur ongetemde barbaarse kragte opgestel word om gewetenlose politici en hul volgelinge te bevoordeel.

    Politieke leiers moet ook die vermoë besit om ‘n onderskeid te tref tussen wat in die algemene belang is en wat hul eie persoonlike voorkeure is. Politieke realisme vra nie vir ‘n onverskillige houding ten opsigte van politieke ideale en morele beginsels nie. Dit vereis egter ‘n skerp onderskeid tussen dit wat deur kiesers verlang word en dit wat moontlik is binne die werklikheid van tyd en plek waarin kiesers hulself tans bevind.

    Hierdie sal die onderskeidende eienskap en denkprofiel van Afrikaners se nuwe leierskap moet wees. Dit is wat werklike leierskap vandag behels. Vandag is daar nie meer plek vir die politiek van misleiding van Afrikaners nie. As ‘n beginsel wat nooit opgeoffer mag word nie moet Afrikaners onvermoeid en onverpoosd aandring op dit wat aan hulle behoort. Dit is ‘n morele beginsel waarvan hulle nooit mag afwyk nie.

    Verder sal Afrikaners maar die beste van ‘n slegte saak moet maak, uit en gedaan…

    strategy for slotФильчаков прокуратура харьков

  • Vrae rondom Dubula Ibhunu

    Die “Skiet die boer”-saak hervat vandag weer sy loop.

    Twee kwessies steek soos ‘n paal bo water uit: Waarom is die lied so belangrik vir die ANC en waarom wil hulle Julius Malema so heftig ondersteun deur die geskiedenis so blatant te wil verdraai?

    Is dit werklik ‘n beginselsaak om hul sogenaamde historiese kultuurgoed te beskerm soos wat die ANC-swaargewigte in die hof beweer het, of is daar ander duistere motiewe daaragter?

    Ek het ‘n bietjie navorsing daaroor gedoen en ‘n anonieme blogskrywer het die beste inligting daarvoor aan my verskaf.

    Wat is die oorsprong van die Dubula Ibhunu? Is dit werklik deel van die ANC se struggle repertoire?

    Die waarheid is blykbaar heel anders. Die woorde is ontleen van die PAC se strydkreet van 1990 wat hulle saam met die woorde “een setlaar een koeël” gesing het en wat deur Peter Mokaba gekaap was na die moord op Chris Hani, die SAKP leier. Nêrens kon iemand nog enige bewyse vind dat die lied ‘n struggle-lied was nie.

    Hoewel die lied wat deur Malema gesing word nou as historiese kultuurskat opgeëis word, is dit nie ingesluit in die 2-CD geskiedenisopname van 25 vryheidsliedere wat Ronnie Kasrils, die MK leier en Pallo Jordan, hul kultuurguru in 2002 uitgee het nie.
    .
    Die CD se inhoud was tydens die vrystelling beskryf as opnames van kampliede en – krete gedurende die vryheidstryd. Die liede word op die CD begelei deur ‘n dokumentêre radioprogram wat die geskiedenis en konteks van die liedjies beskryf het. Hierdie liede was in ANC-kampe vergaderings, saamtrekke, en straat demonstrasies gesing. Die versameling liede was as ‘n geskiedkundige argiefdokument aangebied. Dubula Ibhunu het nêrens gefigureer nie.

    Die slagspreuk/lied was tydens die PAC en sy dampkring gebruik, maar na die 1994 verkiesing het hulle hulself daarvan gedistansieer. Peter Mokaba het die vorige jaar, toe die struggle uitgewoed was, begin om sy ‘setlaar’ en ‘skiet die boer’ liede te sing.

    In dieselfde jaar het ‘n groot skare van PAC-ondersteuners deur Kaapstad se Kenilworth en Claremont voorstede gemarsjeer en die vrylating geëis van die PAC gevangenes wat verantwoordelik was vir die moord op 11 kerkgangers in die St James Kerk. Tydens hierdie optog het hulle die woorde “skiet die boer”, “een setlaar een koeël” en “een kerk een bom” gedreunsing.

    By ‘n groot saamtrek in Tembisa in 1993 het beide Mokaba en die PAC-verteenwoordiger dieselfde liede gesing en die skare aangehits om hul koeëls op De Klerk te rig. Hierop het die PAC-man geskree “oorlog teen die vyand…maak hulle dood!”

    In Maart vanjaar skryf ‘n voormalige deelnemer van die Augustus 1993 Operasie Barcelona wat teen verhoogte eksamenfooie gemik was op die internet dat hy
    deel was van die optog wat die moord op Amy Biehl voorafgegaan het en waartydens die ‘skiet die boer’ lied gesing was.

    Thabo Mbeki, eertydse President asook Kgalema Motlante, wat toe die sekretaris generaal van die ANC was, het hulle egter in 2002 baie sterk gedistansieer van die ‘boer’ lied en verklaar dat dit nooit deel van die ANC was of sal wees nie.

    Maar in Maart vanjaar begin Julius Malema om ‘n generiese weergawe van die lied te sing en maak senior ANC-ampsdraers daarop aanspraak dat dit ‘n tradisionele vryheidslied is wat nie teen witmense of boere gemik is nie, maar teen die apartheidstelsel.

    En dan probeer Mcebisi Ndletyana, senior navorser van die HSRC die lied in The Sunday Independend te verdedig deur te verklaar dat die lied die weersin en haat versinnebeeld wat swartmense jeens ‘witwees’ koester en gee ‘n wollerige verklaring wat hy met ‘witwees’ bedoel.

    Reeds in 2003 het die Menseregtekommissie bevind dat die lied rassehaat aanmoedig, verlede jaar het die hof bevind dat dit haatspraak is en ongrondwetlik is en Maandag het regter Leon Halgryn van die Hoooggeregshof bevind dat dit selfs aanstigting tot moord is. Hy het ‘n vergelyk tussen die woord kaffer en die woord Boer getref en bevind dat swartmense die k-woord as uiters verkleinerend ervaar, hoewel dit nie so deur witmense bedoel word nie en verbied word. Insgelyk word Dubula Ibhunu as uiters negatief deur witmense ervaar en ‘n oortreding van die grondwet is.

    Drie howe het die lied reeds verdoem en ‘n vierde moet aanstonds uitspraak daaroor gee. Die ANC het reeds kennis gegee dat dit hulle die lied tot in die Grondwetlike Hof sal verdedig. Letterlik miljoene rande se regskostes word op ‘n oënskynlike nuttelose saak gespandeer.

    Waarom doen hulle dit as hulle weet dat byna al die witmense erg daardeur gegrief word?

    Die antwoord is dat hulle die geskiedenis wil herskryf. Die verromantisering van die struggle met sy gepaardgaande liedjies sal handig te pas kom om kiesers te mobiliseer om politieke mag te behou. Sonder ‘n gemeenskaplike vyand het die ANC bitter min positiewe gom om die ANC se etniese boustene te heg. Die tradisionele vyand, naamlik die blankes, moet altoos aangebied word as die gemeenskaplike vyand van die mense.

    ‘n Gemeensskaplike vyand verplig die swart massas om hul oë na ‘n denkbeeldige horison te rig en sodoende ‘n denkbeeldige verlede te probeer verbeter.

    Die weersin in die gemeenskaplike vyand transendeer dan die swak dienslewering op aldrie regeringsvlakke en staatsbeheerde instansies en verskaf ‘n platform vir ‘n gekorrupte elite om die land vir nog vyf jaar te plunder.

    Hulle stel dus wit teen swart op en handhaaf ‘n denkbeeldige stryd na vryheid sodat hulle die politieke mag kan behou. Daarvoor sal hulle dus baie miljoene rande aan regskoste spandeer.

    Solank die swart massas egter vir ‘n beter verlede liewer as vir ‘n beter toekoms stem, sal daar nie hoop vir die land wees nie. Dan sal die westerse beskawing in die land in ‘n spiraal van wanhoop en ellende verdwyn.

    logoАлександр Фильчаков

  • Pasop vir kruipende onteiening

    In sy rubriek, Grond? Wat bedoel julle, vra Charl-Pierre Naudé interessante vrae in Beeld van die 26ste April. Ongelukkig maak hy dan aannames en stellings wat op morele of goedklinkende wensdenkery, gebrek aan insig asook absolute naïewiteit getuig.

    Hy is reg met sy stelling dat die Malemahaatspraaksaak een van die belangrikste hofsake in ‘n lang tyd is, veral oor die randsake – wat nie sommer gaan weggaan nie. Een van daardie randsake is die kwessie van grondhervorming.

    Hy het klaarblyklik nog nooit van kruipende onteiening gehoor nie, oftewel creeping disappropriation soos prof Hercules Booysen dit noem.

    Grondhervorming geskied op baie maniere, maar dit wil voorkom dat dit in Suider-Afrika óf op die Mugabe manier of die Kubaanse of Oos Europese manier plaasvind. Onteiening wat bloot op ‘n rassegrondslag berus en in belang van een of ander groep is (die sg algemene belang) kan op ernstige internasionale regsimplikasies afstuur. Dit is niks anders as etniese suiwering nie en ‘n baie kru vorm van apartheid. Deur kruipende onteiening kan daardie regsimplikasies egter stilswyend omseil word. Dit is waarop Afrikaners bedag moet wees.

    Kruipende onteiening berus op ‘n stel wette wat ten doel het om boere finansiëel te knak tot ‘n punt waar dit onekonomies word om langer te boer. Dan moet hulle noodgedwonge boedel oorgee. Hul plase word dan teen belaglike lae pryse opgekoop en volgens gewone regspraktyk aan nuwe eienaars toegeken.

    ‘n Tipiese program nuwe maatreëls word sodoende gebruik. Enkele daarvan is reeds herkenbaar in Suid-Afrika.

    Eerstens word ‘n algemene vreespsigose geskep, sodat boerdery nie meer ‘n gesogte beroepsopsie word nie. Dit is in hierdie kategorie waarin die plaasmoorde, veediefstal en gebrek aan owerheidsbeskerming gesien moet word. Die hele beleidsraamwerk asook uitsprake van politici, dra alles daartoe by dat die boeregemeenskap moet afskaal. Malema se aandrang dat die boere niks te vrese sal hê as hulle hul grond vrywillig sou afstaan nie is alles deel van hierdie stelsel.

    Boere se mineraalregte word sonder vergoeding onteien. Die implikasie is dat nuwe konsessiehouers vrye toegang vir ontginning en ontwikkeling van hul minerale verkry. Dan is ‘n boer nie meer baas op sy plaas nie.

    Dan word die plaas se waterregte deur die staat beheer as synde ‘n ‘nasionale bate’ te wees. Boere betaal mettertyd dan vir die gebruik van hul eie grond- of damwater en mag selfs beperk word in die gebruik daarvan omdat dit in ‘openbare belang’ geag sal word.

    Hierop volg grondbelasting, waarvoor geen dienste ontvang word nie, wat aan die plaaslike munisipaliteit betaal sal word.

    Daarna word arbeid as tema gebruik om die lewe op plase prakties onhoudbaar te maak. So word minimum woongeriewe met lopende water en sanitasie mettertyd voorgeskryf, minimuim lone moet met lone in die stede vergelyk, mediese en opvoedingsgeriewe word voorgeskryf, ensovoorts.

    Lisensies word ook op ‘n listige wyse aangewend. ‘n Jaarlikse lisensie om soveel beeste, skape volstruise, ens., te mag besit sal waarskynlik eersdaags van die staat beding en gekoop moet word. Daarna volg ‘n toesigbelasting om te sorg dat die boerderypraktyke volgens voorgeskrewe gesondheidsregulasies geskied. Jaarliks word die lisensies en belasting dan duurder, of word lisensies vir die geringste rede opgeskort.

    Die finale nekslag kom wanneer die helfte van plase se eienaarskap deur ekwiteits – en BEE-wetgewing aan swart mede eienaars moet behoort, hetsy as trusts, BK’s of maatskappye. Malema het juis hierop gesinspeel dat ‘…the land should be shared equally…”

    Bogenoemde maatreëls is die vrugbaarste moontlike teelaarde vir korrupsie of magsmisbruik deur gewetenlose amptenare, en is terselfdertyd doeltreffende manier om grond met die minimum bloedvergieting te herverdeel. As ‘n man sy grond vrywillig afstaan omdat dit onekonomies geword het om te boer, kan hy nie agterna in ‘n internasionale hof gaan kla dat die uitvoerprodukte vanaf sy eertydse plaas in werklikheid nog sy eiendom is nie. Op die Mugabe manier kon hy nog vir ‘n hofbevel aangevra het om beslag op die produkte te lê as dit by ‘n hawe aankom.

    Honderde Suid-Afrikaanse boere het die tekens reeds gelees en boer tans baie voordelig in lande soos Zambië, Mosambiek, Malawi, ens. Daar word hulle as beleggers beskou en nie as die regmatige prooi van die struggle nie.

    Ken jou vyand. As mens weet van hierdie goed, dan moet elke nuwe maatreël, hoe onskuldig of polities welmenend ookal, sonder uitsondering met hart en tand beveg word. Die hele stelsel is absoluut deursigtig en almal moet bedag wees op die kruipende onteiening wat reeds besig is om te gebeur.

    mobile casinoданильченко юрий брониславович прокурор