praag.co.za

Category: Mode en skoonheid

  • SA kleremakers vrees ‘instroming’ van buitelandse tekstiel en ontwerp soos Zara en H & M

    SA kleremakers vrees ‘instroming’ van buitelandse tekstiel en ontwerp soos Zara en H & M

    Die Suid-Afrikaanse klerebedryf vrees die “instroming van internasionale kleinhandelaars” soos Zara en H & M wat nie plaaslik aankoop nie, maar hul eie klere vervaardig. Dit het Dinsdag bekendgeraak by die jaarlikse bosberaad genaamd “Dra Suid-Afrikaans” vir die klere- tekstiel- en leerbedrywe. Die geleentheid is ook deur die minister van handel en nywerheid, dr. Rob Davies, bygewoon.

    Die woordvoerder van TCI Apparel van Kaapstad, Herman Pillay, het gevra waarom daar nie ‘n “aankoopooreenkoms” met handelaars soos die Spaanse Zara en Sweedse Hennes en Maurits (H & M) gesluit kan word om ‘n bepaalde persentasie van hul voorraad plaaslik aan te koop nie, soortgelyk aan die ooreenkoms wat met WalMart aangegaan is toe dit MassMart gekoop het.

    Nog ‘n teenwoordige by die konferensie, Anita Stanbury, wat aan die hoof staan van die Suid-Afrikaanse Modeontwerpersvereniging, het insgelyks haar kommer oor die buitelandse kleinhandelaars uitgespreek en watter gevolge dit vir die plaaslike bedryf sou hê.

    Tans slaag die plaaslike bedryf nie eens daarin om plaaslike handelaars te oortuig om hul produkte aan te koop nie, want slegs 25 tot 40% van plaaslike kleinhandelaars koop hul voorraad hier aan.

    Die minister het egter gewaarsku dat die regering se hande min of meer afgekap is om die proses te stuit en gesê: “Ons het nie ’n beleggingswet soos Australië waar hulle aan ’n maatskappy wat na die land kom, kan sê ons verwag dit en dat in ruil daarvoor nie. Ons het dit nie in dié stadium nie en ek verwag ’n bohaai as ons in dié rigting beweeg.”

    Suid-Afrika gaan tydens die komende naweek ‘n nuwe Ekonomiese Vennootskap­ooreenkoms met die Europese Unie onderteken, wat wel toegang tot Europese maatskappye aan die plaaslike mark verleen, hoewel daar steeds invoertariewe van toepassing is. Die daling in die rand beteken egter dat sulke tariewe nou vir die Europese handelaars goedkoper geword het om te betaal, volgens ‘n berig in Business Day.

    Die plaaslike klerevervaardigingsbedryf het Dinsdag baie vrae gehad aan dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, oor wat gedoen kan word dat groot internasionale kleinhandelaars wat in Suid-Afrika handel dryf, meer plaaslike klere aankoop.

    Die jaarlikse Wear South African Imbizo vir die klere-, tekstiel- en leerbedryf is in Kaapstad gehou.

    Herman Pillay, uitvoerende hoof van TCI Apparel van Kaapstad, wou weet hoekom ’n plaaslike aankoopooreenkoms nie met die internasionale kleinhandelaars Zara en H&M gesluit kan word soos met Walmart toe hy die Suid-Afrikaanse winkelgroep Massmart gekoop het nie.

    Anita Stanbury, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Modeontwerpersvereniging, sê daar is kommer oor die reuse-instroming van internasionale kleinhandelaars na Suid-Afrika. Sy wou weet of die regering hulle nie kan aanmoedig om meer plaaslike klere aan te koop nie.

    Suid-Afrikaanse kleinhandelaars koop tussen 25% en 40% van hul produkte plaaslik aan.

    Volgens Patel sal die regering te vinde wees daarvoor om saam met die bedryf plaaslike aankope met internasionale kleregroepe te bespreek.

    “Namate meer van die groot rolspelers hierheen kom, sal die vraag al hoe meer aan hulle gevra word hoeveel produkte van Suid-Afrika aangekoop word – nie net vir winkels in Suid-Afrika nie, maar ook vir hul internasionale verskaffingsketting.”

    Davies sê daar is beperkte hefbome wat die regering kan gebruik om internasionale kleinhandelaars te oortuig om meer Suid-Afrikaanse produkte te koop.

    Wat die VSA betref, bestaan daar die Agoa-handelsooreenkoms tussen Afrika en die VSA, wat geen tariewe hef op uitvoere vanaf Suid-Afrika na die VSA nie. Die probleem vir plaaslike uitvoerders is egter dat die VSA ook die materiaal wat in die vervaardiging gebruik word, reguleer. Sommige Afrika-lande mag van buitelandse materiaal gebruik maak, maar nie Suid-Afrika nie. Omdat daar plaaslik so min tekstielfabrieke oorbly, is die beskikbare materiaal uiters beperk en kan die land dus nie teen sy volle potensiaal na Amerika uitvoer nie.

    Die modieuse winkelketting Zara wat vrees by Suid-Afrikaanse kleinhandelaars soos Edgars inboesem, behoort aan die Spaanse Inditex-groep wat oor 7 000 winkels in 88 lande beskik. Dit is in die vroeë sestigerjare deur Amancio Ortega en sy vrou in hul huis begin, waar hulle hemde begin maak het. Spanjaarde kon destyds nie die hoë pryse van ingevoerde Franse en Engelse klere bekostig nie, maar was wel modebewus en stylvol.

    Ortega het dié gaping raakgesien en tot vandag toe plaas Zara ‘n hoë premie op skeppende ontwerp met ontwerpers wat neigings regoor die wêreld ontleed en dan in hul oorspronklike ontwerpe beliggaam. Sodoende het Zara eers vir Spanjaarde en toe vir die hele wêreld ontwerpersklere teen ‘n breukdeel van die prys van Franse of Italiaanse modename beskikbaar gestel en ‘n reuse-onderneming ontwikkel. Die wins na belasting van Inditex per jaar is €3 miljard (ongeveer R55 miljard).

  • Nigeriese rykmanswinkel omhels die ‘Bantoe’-handelsmerk

    Nigeriese rykmanswinkel omhels die ‘Bantoe’-handelsmerk

    Terwyl die term “Bantoe” in linkse, politiese korrekte Suid-Afrika soms die wenkbroue laat lig, het ‘n Nigeriese rykmanswinkel in Lagos daarvan ‘n modewoord gemaak. “Bantu”, ‘n Ethiopiese handelsmerk vir swemklere word prominent in die winkel, asook aanlyn, vertoon.

    Alára, die luuksewinkel in Lagos, is onlangs met ‘n lang bekendstellingsartikel deur Agence France Presse (AFP), die internasionale nuusdiens vereer. Op die winkel se webblad word dit soos volg in Engels omskryf:

    Alara is a concept store dedicated to contemporary art, design, fashion, cuisine and culture. Located in Lagos, Alara provides its Nigerian and international clientele with exceptional pieces from around the world.

    Volgens Agence France Presse is Alara:

    “… le concept-store le plus branché d’Afrique, en plein cœur de Lagos.”

    Overgezet synde:

    “die mees byderwetse konsepwinkel van Afrika, in die hart van Lagos.”

    Die Alára-konsepwinkel in Lagos, Nigerië waar Bantoe-modes en -styl onbeskaamd uitgestal word
    Die Alára-konsepwinkel in Lagos, Nigerië waar Bantoe-modes en -styl onbeskaamd uitgestal word

    Alára se gebou is ontwerp deur die Britse Ghanees, David Adjaye, wat ook onlangs as argitek verantwoordelik was vir die Museum vir Afro-Amerikaanse kultuur in Washington, VSA. Hoewel die struktuur heelwat invloed van die Europese modernisme vertoon, ‘n strak betonblok met groot glasvensters, suggereer die okerkleur waarin dit geverf is, tesame met enkele bont motiewe die Bantoe- en Afrika-identiteit. Apartheidsargitektuur in die ware sin van die woord, kan ‘n mens maar sê, want die strewe na ‘n eie swart identiteit – in teenstelling met die Sweeds-Amerikaanse smeltkroesidee – word voorop gestel.

    Vanweë Nigerië se olierykdom, het ‘n pasryk swart elite in die land ontstaan wat soos Suid-Afrika se ANC-soustreinryers nie huiwer om groot somme geld op klere, motors en drank te bestee nie. Nigerië is een van die grootste uitvoermarkte vir Franse sjampanje wat teen R1000 per bottel vir die goedkoopste handelsmerkte selfs in plakkerskampe by partytjies met luide plofgeluide ontkurk word. Die Franse haute couture-handelsnaam Comme des garçons word onder andere by Alára verkoop.

    Daar bestaan 50 dollarmiljardêrs in Afrika, waarvan 11 in Nigerië woon. Die eienares van Alára is die gade van een so ‘n Nigeriese dollarmiljardêr, Tunde Folawiyo. Volgens Reni Folawiyo, wat self advokaat en sakevrou is, het sy besluit om aan die rykes van Nigerië “die room van Afrikamode, -ontwerp en -kuns te bied, wat met ‘n keur uit stukke deur Westerse ontwerpers vermeng word, in ‘n gebou met ‘n gestroopte styl op vier verdiepings”.

    Die winkel het aan die begin van 2015 geopen en hoewel daar geen groot toestroming is nie, word dit deur ‘n getroue groep kliënte met die nodige koopkrag ondersteun. Alle pryse word in Amerikaanse dollar aangegee, soms met verskeie nulle agteraan. Die kliënte gee egter kwalik om vir die hoë pryse, want “hulle reis baie en kan in enige winkel elders ter wêreld koop,” verduidelik Reni Folawiyo.

    'n Loslitlangmouhemp deur Bantu
    ‘n Loslitlangmouhemp deur Bantu

    “Bantu” is ‘n Ethiopiese handelsmerk met die volgende filosofie wat op sy webblad gestel word:

    With over 1 billion people, more than half under 20 years of age – Africa today is quite literally the future of the world – and the future of the world is made in Africa.

    Inspired by Africa’s transition from Dark Continent to Bearer of Light, tales of the mermaid goddess of oceans Mami Wata, and a passion for surfing, Bantu was created by merging the rich history of African art and textiles with Africa’s deeply rooted surf culture.

    Bantu uses traditional processes and works exclusively with local vendors and artisans in Africa to make quality products that are functional and authentic for surfers, urban nomads and afro-punks.

    Bantoestyl is nou hoog mode en vanselfsprekend is die begrip Bantoe daarmee saam gerehabiliteer nadat Suid-Afrikaanse marxiste soos Joe Slovo, Ronnie Kasrils en Ruth First dit in vorige dekades skerp aangeval het. Soos wat die kapitalisme oor die kommunisme geseëvier het, het “Bantoe” kennelik die oorhand oor politieke korrektheid verkry…

    Terwyl Bantu-swemklere en -T-hemde in Lagos via Alára versprei word, beskik die handelsmerk reeds oor twee winkels elders op die Afrika-vasteland: in Kaapstad en in Dakar, Senegal.

    ‘n Mededingende winkel het ook reeds elders in Kaapstad onder die naam “Bantu Wear” geopen, ‘n verdere aanduiding dat “Bantoe” besig is om in gewildheid en glans te styg.

    Die Bantu Wear-winkel in Kaapstad
    Die Bantu Wear-winkel in Kaapstad

     

  • Klere praat elke taal

    Klere praat elke taal

     

    Politici is is al van ouds af sensitief oor wat hulle dra omdat hulle deur ‘n ondeurdagte keuse dalk onwetend ‘n boodskap uitstuur aan kiesers wat bots met wat hulle eintlik wil voorhou. Die teendeel kan ook waar wees: Klere word spesiaal gekies om ‘n boodskap te uit te stuur wat moeilik in woorde oorgedra kan word.

    Een só ‘n voorbeeld was Keir Hardie, eerste Arbeiderspartyparlementslid wat in 1892 ‘n skokgolf deur die Britse Parlement gestuur het, deur op te daag met ‘n tweedpet en ‘n werkmanspak.

    Vanity Fair het die feit dat Hardie in gebreke gebly het om ‘n pluiskuil te dra, betreur omdat hy “die fondamente van parlementêre gesag in gevaar gestel het en ontelbare paragrawe in die koerante” daaroor veroorsaak het. Kennelik het Vanity Fair nie kon droom dat daar vandag in die Britse pers ‘n geveg woed oor Sarah Brown, die Arbeiderspremier se vrou, se duur ontwerperskleresmaak nie. Die wiel draai…

    Hier tuis het ons dieselfde parlementêre omwenteling gadegeslaan en dis asof die sirkus van skril patrone, yslike sonbrille en potsierlike kopbedekkings ‘n voorbode was vir riool wat tans in die riviere lek en amptenare wat nooit die gevolge van enige swak besluit hoef te trotseer nie.

    Die draers van die nuwe Suid-Afrikaanse parlementêre modes het weliswaar geen skoktaktiek in gedagte gehad nie, alhoewel ‘n paar modebewuste ontleders dalk geskrik het. Net ‘n geloof dat onbeperkte fondse wat in ‘n klerekas gestort word, gesag sal afdwing. Dit was eerder die beweegrede vir die kleurkakofonie wat sedert 1994 losgebars het.

    Uitspattigheid bly egter die absolute nee-nee van die Amerikaanse politieke establishment, waaruit Afrika tans so mildelik ideologies put. Obama mag miskien sy baadjie hier en daar meer uittrek as sy voorganger, maar dit bly nog steeds ‘n sobere hemp en das wat hy ten toon stel.

    Sy vrou, alhoewel sy graag met peperduur ontwerpersware spog, is dalk nie ewe stemmig nie en het al die oë laat rek met ‘n paar bont skeppings. Nietemin is die reguit haardos ononderhandelbaar en mevrou Obama streel graag ‘n los, weelderige sliert om haar haarmiddelbehandeling in die openbare oog te hou. Daarmee bevestig sy natuurlik herhaaldelik haar verwantskap aan die ryk, swart Amerikaanse middelklas, ‘n pure wit skepping, byna soos verbete Engelse clichés die ANC-magshebbers onderskei.

    Obama se kinders is weliswaar in wandelende advertensieborde vir die VSA se politiek verander en in Italië vroeër vanjaar het sy oudste dogter in ‘n stel hempies met ‘n vredesteken vir die kameras geparadeer, in die hoop dat haar “onskuld” die boodskap sal legitimeer.

    Terwyl klerekodes ‘n kulturele omwenteling in China veroorsaak het – van lang imperiale gewade tot Maoïstiese pakke tot Westerse styl pakke vir mans – het vroueklere ‘n eienaardige wending geneem. Vrouepolitici het aanvanklik, aan die begin van die 20ste eeu, soos skoolkinders aangetrek.

    Die gedagte van die “tsjeongsam” of “kipao” was om onderdanigheid, maar ook terselftertyd ‘n verbintenis tot opvoeding, uit te druk.

    Voor die Tweede Wêreldoorlog is Chinese politici se kleding vermilitariseer en manlike en vroulike style het daarna gekonvergeer. Vandag is die klem op ‘n uiterste soberheid en geen Chinese amptenaar van enige statuur sal dit waag om af te wyk van die norm van ‘n donker pak nie.

    Byna soos die vroue met mag in die Amerikaanse politieke landskap. Gravitas is die wagwoord en blykbaar word dit die beste deur ‘n donker broekpak vergestalt want ‘n modeskrywer van die New York Times het in een week 6 uit 16 van hulle getel in die Senaat.

    Nanci Pelosi, met die figuur van ‘n model, kry dikwels volpunte vir haar uitrustings. Statig sonder om vervelig te wees, sê modekenners. Net reg met ‘n speelse bykomstigheid soos pêrels uit Tahiti. En die een goue reël van smaakvolle kleding oortree sy nooit: Sy is altyd in net een kleur uitgerus vir belangrike geleenthede, sy dit donkerpers, grys, rooi of swart.

    Bestellings vir pêrels uit Tahiti het glo deur die dak geskiet nadat sy daarmee gesien is.

    Alhoewel haar klere van duursame, duur stowwe gemaak word, is die snitte sober en kan die gewone vrou op straat iets soortgelyks in styl bekostig. Die Demokrate kan hulle sterre dank vir speaker Pelosi wat waarskynlik ‘n groot rol speel om vroulike kiesers op die wa te hou.

    Hillary Clinton moet egter die Demokraat met die meeste oormaaksessies in die boek wees. Vandat sy die kalklig getref het as presidentsvrou, verander sy klere en hare. Tans lyk dit asof sy iets gevind het waarvan sy hou en ook die eenkleurresep ontdek het.

    Nog ‘n eenkleuraanhanger is die aanvallige Anna Bligh van Australië. Die premier van Queensland sit nooit ‘n modevoet verkeerd nie, al is dit in skrilpienk.

    Condoleezza Rice, vorige Amerikaanse sekretaris van buitelandse sake, is deur die Washington Post gekapittel nadat sy dit buite gewaag met lang swart stewels en ‘n kort swart romp. Haar reputasie van ‘n godvresende werkesel het nooit weer daarna herstel nie.

    Maar die mees onlangse groot modestelling kom van niemand minder nie as die nou herverkose Duitse Kanselier.

    Bild am Sonntag het Angela Merkel en haar eggenoot Joachim Sauer op ‘n visvangvakansie kort voor die verkiesing afgeneem. Kandidaat Merkel wou ‘n bietjie van haar alledaagse doen en late aan Duitsland wys.

    Andreas Fritzenkötter, die vorige media-adviseur vir Helmut Kohl, is baie krities oor Merkel se besluit. “Hierdie foto’s gee ‘n baie, baie direkte blik op haar lewe en dis soos ‘n klap in jou gesig.”

    Merkel se besluit om haar lewe vir die pers oop te gooi was ‘n waagstuk te oordeel aan die foto’s. Die magtigste ekonomie in Europa word deur ‘n lokomotief in ‘n vaal sweetpakbroek getrek. Suid-Afrika se parlementêre modesirkus kan gaan kers opsteek by doodgewone nederigheid.

    free uk slots no depositЛобановский Харьков

  • Withuis verander klerestyl

    Image

    Obama, die president sonder baadjie

    President Barack Obama is afgeneem in die Ovaalkantoor sonder sy pak se baadjie aan. Maar daar was 'n logiese verduideliking daarvoor: Obama wat nie van koue hou nie het die lugreëling se termostaat warmer gestel.

    "Hy is van Hawaii afkomstig, reg?" het Obama se senior adviseur David Axelrod gesê. "Hy hou van die hitte. Mens kan orgideë daar binne groei."

    Onder Bush se bewind was stiptelikheid belangrik. Vergaderings het vroeg begin – die voormalige president het eenkeer die minister van buitelandse sake, Colin Powell uit die Kabinetskamer gesluit toe Powell 'n paar minute laat was – en betyds geëindig. In die Obama-Withuis begin vergaderings op die regte tyd en eindig dikwels laat.

    "Ek sal nooit vergeet nie, ek het een Saterdagoggend werk toe gegaan en is ingeroep Ovaalkantoor toe omdat hy ongelukkig was oor iets," het Dan Bartlett, 'n adviseur vir Bush gesê. "Ek het kakieklere aangehad en 'n hemp waarvan die kraag nie toegeknoop was nie, ek moes by die deur staan en is vir 15 minute uitgevreet en is nie toegelaat om oor die drumpel te tree nie."

    Obama het ook 'n meer ontspanne gevoel in sy openbare verskynings. David Gergen, 'n adviseur vir beide Republikeinse en Demokratiese presidente, het gesê dat Obama 'n soort van "Aloha Zen" uitstraal, 'n soort van gemaklike kalmte, wat Gergen gesê het 'n man weerspieël wat "gemakliker is, en nie so vol van homself nie".

    тамбов стендлобановский александр харьков

  • Franse modekoning sterf

    Die ontwerper se dood kom ná 'n lang siekbed en 'n lewenslange stryd teen depressie.

    Hy word beskou as die laaste ontwerper in 'n generasie wat mense soos Christian Dior en Coco Chanel ingesluit het en wat van Parys die wêreld se modehoofstad gemaak het.

    насосные станции джамбоФильчаков прокурор харьков