praag.co.za

Category: Petisies

  • Word lid van die groep van onskuldige Afrikaners

    Word lid van die groep van onskuldige Afrikaners

    Hiermee word u uitgenooi om lid te word van die Groep van onskuldige Afrikaners.

    Ons weier om om verskoning te vra vir die optrede of beleid van enige Boere- of Afrikanerregering in die verlede sedert 1652, veral nie vir sogenaamde “apartheid” nie.

    Feit is dat feitlik alle groepe (Afrikaners, Engelse, bruines, Indiërs, swart etniese groepe) in die verlede aan allerlei vorme van segregasie en self-segregasie deelgeneem het, en dit tot vandag toe doen. Geen ander groep het tot dusver daarvoor om verskoning gevra nie; waarom sou ons?

    Op die vasteland van Afrika beklee Afrikaners die eerste posisie sover dit regverdige en menslike optrede betref. Anders as die koloniale moondhede en verskeie postkoloniale state op die vasteland, het ons ons nog nooit aan georganiseerde massamoord, marteling, terreur of etniese suiwering skuldig gemaak nie.

    Daarom is ons onskuldig en amper moreel onkreukbaar. Ons verteenwoordig ‘n voorbeeld van wetsgehoorsaamheid, selfbeheersing en etiese optrede in die aangesig van intense vyandigheid, terreur en onreg, in die verlede soos in die hede.

    Trouens, vele ander groepe in die land behoort ons om verskoning te vra vir hul groteske misdade soos die Britse konsentrasiekampe, die 200 voorvalle van terreur in die tagtigerjare, steun vir kommunisme wat op sigself ‘n misdaad teen die mensdom was, asook ons huidige verdrukking by wyse van kulturele, talige en rassediskriminasie, plaasmoorde en die aanhoudende diefstal van ons bates, hetsy deur gemeneregmisdaad, hetsy deur amptelike wetgewing soos “onteiening sonder vergoeding”.

    Ons verwerp enige opportunistiese poging deur sogenaamde “wit Afrikaners wat deur apartheid bevoordeel is” om namens Afrikaners te erken dat hulle as groep aan ‘n vergesogte “misaad teen die mensdom” skuldig is, nóg dat óns meer as enigiemand anders in die verlede bevoordeel of benadeel is. Hierdie poging word gemotiveer deur intellektuele oppervlakkigheid, sikofansie en gedienstigheid aan die korrupte ANC-terroristebewind.

    Weens die verdeeldheid wat daar tans heers, sowel tussen die onbenullige kliek van Kruiperkaners en gewone Afrikaners, asook tussen die regime en die meeste minderheidsgroepe, is geen demokratiese debat moontlik nie. Boonop word streng sensuur deur die ANC-gedienstige hoofstroommedia toegepas sodat geen dissidente mening geduld of selfs buite die internet om gepubliseer mag word nie.

    Nietemin wil ons die skuldige “wit Afrikaners” vra om te besin oor hul onsinnige, onnosele standpunte wat die huidige klimaat van Boerehaat en etniese wrewel jeens Afrikaners kan vererger omdat dit Anglo-Afromarxisme en ander vorme van ekstremisme onderskraag en aanhits.

    Soos ons voorouers oor eeue heen, sal ons bly voorstry vir vryheid en geregtigheid.

    Maar bowenal is ons onskuldig in elke moontlike sin van die woord. Ons beaam dit met vreugde, teen die hele wêreld in.

    Teken die onderstaande petisie indien u wil lid word van hierdie meningsgroep. En moenie vergeet om dié skakel te twiet en te deel op Facebook nie!

    Eerste 4 lede:

    Dr. Dan Roodt, skrywer en aktivis

     

     

    Steve Hofmeyr, sanger, skrywer en aktivis

     

     

    Fransi Phillips, skryfster

     

     

    Gustav Venter, skrywer, draaiboekskrywer en filmmaker

     

     

    [emailpetition id=”2″]

    [signaturelist id=”2″]

  • Petisie vir taalgelykheid

    Petisie vir taalgelykheid

    Op Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus 2019, is hierdie petisie vir taalgelykheid geloods. Vul asseblief u naam in en versprei dit wyd en syd. Slegs wanneer Afrikaans weer gelyke status met ander tale geniet, sal ons ons kultuur in vryheid kan uitleef.

    Twiet en deel met u vriende op Facebook!

    Petisiebewoording

    Ons, die ondergetekendes, dring daarop aan dat Afrikaans gelyk met enige ander taal — waaronder Engels — in die staatsdiens, howe, privaat maatskappye, asook alle sfere van die Suid-Afrikaanse samelewing, behandel moet word.

    [emailpetition id=”1″]

    [signaturelist id=”1″]

    [signaturecount id=”1″]

  • Petisie: Handhaaf Afrikaans by Tuks!

    Petisie: Handhaaf Afrikaans by Tuks!

    Geagte prof. Cheryl de la Rey,

    Hiermee versoek ek dat Afrikaans as voertaal en lesingstaal aan die Universiteit van Pretoria behou word, in weerwil van die intimidasie en vyandigheid van Engelstaliges en voorstanders van Engels. Nie net word u universiteit deur die grondwet verplig om nie voorkeur aan een taal, Engels, bo ‘n ander te gee nie, maar die internasionale reg vereis ook dat kulturele diversiteit in ‘n land soos Suid-Afrika deur sowel die staat as die universiteite bevorder sal word.

    Ons sê nee vir die Engelse monokultuur wat met geweld en dreigemente op ons en ons kinders afgedwing word!

    Lank leef Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria!

    L.W. ‘n Afskrif van elke getekende petisiebrief word outomaties per epos aan die Universiteit van Pretoria versend wat vir kommentaar by languagepolicy@up.ac.za gevra het. U kan ook bykomende kommentaar hier onder voeg in die blokkie wat lui: “My bykomende kommentaar.” Ook dít word saam met u petisiebrief aan die universiteit deurgestuur.

    Deel die petisieskakel met al u vriende op Facebook en Twitter en sorg dat ons tienduisende name verkry!

    Nog iets: As die vormpie nie op u selfoon of tablet wil deurgaan nie, stuur bloot u naam en van aan: petisie@praag.org met “Tuks” in die opskrif.

    [emailpetition id=”7″]
    [signaturelist id=”7″]

  • Petisie: Hou Stellenbosch Afrikaans!

    Petisie: Hou Stellenbosch Afrikaans!

    Ons, die ondergetekende skrywers, kunstenaars, sportmense en lede van die Afrikaanse publiek maak ten sterkste beswaar teen die beoogde verengelsing van die Universiteit van Stellenbosch. Nie net verteenwoordig Stellenbosch ‘n instelling wat deur Afrikaners met hul eie geld en belastings tot stand gebring is nie, maar is die enigste instelling in ‘n oorwegend Afrikaanse provinsie waar mens nog in Afrikaans kan studeer. Ons doen ‘n beroep op mnr. Wim de Villiers en sy bestuur om af te sien van die kranksinnige plan om Engels tot die hooftaal aan die US te verhef.

    [emailpetition id=”6″]
    [signaturelist id=”6″]

  • Petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!

    Petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!

    Geagte Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng,

    Ek, die ondergetekende, spreek my ten sterkste uit teen die plan om Afrikaanse skole in Gauteng verder te verengels. Die tradisie van Afrikaanse en Nederlandse onderwys in hierdie provinsie is ouer as 100 jaar, veel ouer as Engelse onderrig. Ons skole behoort aan die kinders en aan die ouergemeenskap, daarom beskik die staat nie oor die reg om ‘n ander taalmedium op hulle af te dwing nie. Ons dring daarop aan dat van die plan afgesien word of, so nie, moet die saak tot in die hoogste hof gevoer word totdat ons kinders se reg op moedertaalonderrig in eie kultuurverband erken word. Indien geen Suid-Afrikaanse hof hierdie beginsel insien nie, moet ‘n onpartydige internasionale tribunaal dit bevestig.

    [emailpetition id=”5″]
    [signaturelist id=”5″]

  • Petisie: Maak die Krugerbeeld en hele Kerkplein wêrelderfenis!

    [emailpetition id=”4″]
    [signaturelist id=”4″]

  • Vryheid vir Steve Hofmeyr en alle kunstenaars by kunstefeeste!

    [emailpetition id=”3″]
    [signaturelist id=”3″]

  • Petisie: Spraakvryheid vir Afrikaanse aktiviste!

    [emailpetition id=”2″]

    [signaturelist id=”2″]

  • Petisie: Jonathan Jansen moet bedank!

    [emailpetition id=”1″]

    [signaturelist id=”1″]