Rektor gebruik Open Stellenbosch om Afrikaans te wil afskaf

Engels sal Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch vervang as kommunikasie- en administrasietaal. Dié verwikkeling is Donderdag op ’n spesiale senaatsvergadering bekend gemaak.

Koshuise sal ook voortaan slegs Engels by huisvergaderings en amptelike geleenthede mag gebruik as die voorstelle aanvaar word.

Die US se huidige taalbeleid, wat in 2014 deur die raad aanvaar is, gee aan Afrikaans en Engels gelyke status.

Die rektor, prof. Wim de Villiers, die rektor, sê insette is van Open Stellenbosch verkry om Afrikaans af te skaf.

Open Stellenbosch, nie besonder getalryk of wetsgehoorsaam nie, is openlik vyandig teenoor Afrikaans.

Die voorstelle sal op 30 November aan die US-raad voorgelê word.

“Aangesien Engels die omgangstaal in Suid-Afrika is, sal alle onderrig by die Universiteit Stellenbosch in Engels gefasiliteer word en beduidende akademiese ondersteuning sal in ander Suid-Afrikaanse tale voorsien word volgens studente se behoeftes,” lui die verklaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.