praag.co.za

Category: Hein Zaayman

  • Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier

    Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier

    Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker
    Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker

    deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier)

    Jy staan een oggend op met ‘n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop, en ‘n swart man met ‘n “hawk”-T-hemp aan rig sy pistool op haar en beveel jou om jou hond onder beheer te kry en weg te sit, anders word sy geskiet.

    Sommige polisie rig hulle aanvalsgewere op die hond, ander hou dit op jou, nog ander het reeds jou vrou die voordeur laat oopmaak, en hou hulle gewere op haar gerig. Sy gee ‘n gil en vra vir jou wat aangaan. Die man met die “hawk”-hemp stel homself voor as kolonel So-en-so, en oorhandig twee hofbevele aan jou. Een is om jou huis te deursoek, en die ander is magtiging tot jou inhegtenisname vir hoogverraad. Hy vertel vir jou dat enige iets wat jy sê of doen teen jou in die hof gebruik kan word, en dan word jy geboei. Alles binne twee minute. Jou lewe het ewe skielik verander en jy weet nie hoekom nie, en só begin ‘n agt maande lange “komedie” van skokke, vernedering, onthullings en soms komiese oomblikke, wat verreikende gevolge vir jou en jou geliefdes bring.

    Dit is, kortom, hoe hierdie sage in my lewe begin het, en wat ‘n ontsaglike invloed op soveel fasette van my lewe oor die afgelope agt maande gehad het. Ek kan nou onthul dat ek die rubriekskrywer Heinrich B Zaayman is, of party mense ken my as Hein Zaayman. Ek het al vele artikels vir Praag geskryf tot en met 2011.

    Maar ek wil nie hier my hele hartseer en verstommende reis deur Suid-Afrika se swak strafproseswette, regstelsel en politieke intimidasie vertel nie. Ek wil vertel van die verstommende ondersteuning wat ek, my vrou en my familie vanuit soveel oorde en onverwagte plekke gekry het, en om daarvoor dankie te sê. Ondersteuning wat mens staande gehou het, my laat besef het ek is nie alleen nie, en wat as engele deur my vrou beskryf is. Dit sal onmoontlik wees om almal by die naam te noem, maar hulle weet wie hulle is, en ek is dankbaar vir Dan Roodt om deur middel van Praag aan hulle ons dank oor te dra.

    Behalwe vir die plaaslike mense in die sogenaamde “regse” politiek, was daar familie waarvan ons jare laas iets gehoor het, vriende wat nooit saamgestem het met my politieke standpunte nie, ou skoolvriende, oudstudentemaats, oudkollegas oor ‘n hele dertig jaar, kennisse uit verskeie fasette van ons lewens, huidige kollegas van beide my en my vrou, die maatskappy vir wie sy werk, en baie swart mense met wie ek deur die jare te doen gekry het as personeel, projeklede en kliënte. Daar was vele mense wat bidgroepe vir my en my medebeskuldigdes gestig het.

    Vanuit Amerika is daar ook bidgroepe gestig, en almal wat ek daar leer ken het ná twee besoeke aan die VSA wou op eie koste na SA vlieg om vir my te kom getuig. Daar was die menseregtedrukgroep in Ierland wat die regering so op hol gejaag het, dat die gevangenis elke twee ure aan die minister oor ons verslag moes doen. Vanuit Kanada, Australië, Europa en Suid-Amerika het ek persoonlik soveel ondersteuning gekry, dat ek net verstom kon staan.

    En dan seker die belangrikste was daar die Hemelse Vader, wat my onderskraag het, regop gehou het, en my eie waardigheid vir my opgepas het, terwyl daar ‘n korrupte stelsel en meewerkende pers was, wat my probeer afbreek en beskryf het as ‘n dom Boer wat ‘n bose terroris is. Vir dié wat nie aan God glo nie,voel ek jammer. Hy is waaragtig en almagtig, en kan namens jou, wat jouself op Sy altaar lê, alle onmoontlike hindernisse uit jou pad vee.

    Ná al die ontberings en hartseer, wil ek vir almal wat ons ondersteun het dankie sê, en weet dat elkeen ‘n spesiale plek in ons harte het. Ons sal dit nooit vergeet nie.

     

  • Die Malema-dilemma

    Julius Malema se voorgenome  nasionalisering van 60% van aandele in alle blanke besighede en maatskappye, verduidelik hierdie intellektuele dwerg se absolute gebrek aan kennis en insig, en bevestig dat hy die mees populistiese lyer(sic) van die ANC is. Maar die gevaar vir elke normale intelligente mens is, dat hierdie selfaangestelde touleier van die oningeligte en arm proletariaat te veel invloed verkry.

    Malema gaan nog die president van Suid-Afrika word, en op hierdie stadium, deur die sogenaamde rewolusie lewendig te hou, trek hy baie weerlig van die regering af oor swak dienslewering. Deur sy herhaalde retoriek van blanke rykdom wat verdeel moet word, of gedeel word met swartes, verskuif hy baie subtiel die skuld vir swartmense se armoede weereens na die blankes toe.

    Hy begin dus die rewolusie teen blankes van voor af, en volg die model soos dit  in Rhodesië uitgespeel het. Die tydvak waarin dit gebeur, stem ook ooreen met die geskiedenis van ontwikkeling van die totale swart oorname en verval in daardie land.

    Maar Malema se dilemma is die feit dat, soos Rhodesië se ekonomie en maatskaplike strukture in duie gestort het, dit ook in SA gaan gebeur, sou sy waansinnige drogplanne realiseer. Dit is duidelik sy doel dat swartmense uiteindelik die ekonomie in sy geheel moet oorneem, en nou ja, soos hulle van alles in die regering ‘n gemors gemaak het toe hulle dit oorneem, sal hulle van alle besighede en maatskappye ‘n gemors maak wat hulle oorneem.

    Blankes in SA moet wakkerword vir die gevaar wat hierdie onnosele imbesiel vir die land inhou, en aanvaar dat hy dit regkry om ‘n nuwe rewolusie teen die blankes te ontketen, wat verreikende gevolge kan hê.

    Sy steun lê duidelik by die onsigbare miljoene arm en werklose swartes, wie se vermoë om rewolusie te bedryf nooit onderskat moet word nie, want dit is daardie selfde groep wat vir Mugabe gedryf en ondersteun het tot waar hy  vandag is. Ook pas dit baie mooi in by die kommunistiese strategie van misbruik van die armes en werkloses.

    Hulle vraag oor wie verantwoordelik is vir hulle gebrek aan werk, geld en verbetering in lewenskwaliteit word beantwoord deur die persoon wat voorgee dat hy vir hulle veg, en sodoende word twee belangrike doelwitte deur die ANC bereik. 1) Die aandag word afgetrek van die regering se onvermoë om die land te laat werk tot voordeel van almal; en 2) die finale fase van hulle plan om van die blankes ontslae te raak, word bereik. Óf die swart massas gaan swig voor die druk, en die blankes begin aanval, en bates eenvoudig vat, óf die blankes gaan eenvoudig oorgee, en die aftog blaas deur die land te verlaat.

    Hoe Malema en die ANC uiteindelik gaan verduidelik nadat die land finaal in duie gestort het, besorg hulle geen bekommernis nie, want dan is dit maar net nog ‘n Afrikaland, en het die kaders en hulle vriende reeds die beskikbare rykdom ingepalm.

    купить зарядное устройство для автомобильных аккумуляторовФільчаков Олександр Васильович

  • Die einde van die Europese Westerse Beskawing?

    Ek het pas teruggekeer uit die VSA, waar dr Dan Roodt die saak van die Afrikaner en Suid-Afrika se blankes gaan stel het aan verskeie meningsvormers en lede van die Amerikaanse regering. Dit was ‘n uiters waardevolle reis, en ek glo dat ons vele vriende vir ons saak gemaak het.

    Ten eerste was ons by ‘n konferensie in Charlotte, in Noord Carolina, waar Dan en verskeie internasionale akademici en regsgeleerdes gepraat het oor die uitdagings van die Westerse beskawing. Die een boodskap wat duidelik uitgekom het, en gestaaf is deur feitelike studies op die terrein van demografie, is dat die hele Westerse wêreld, wat bestaan uit Europa, Noord-Amerika, die Afrikaner in Suid-Afrika en Australië, op die punt staan om minderhede te word in hulle eie lande, en dus sal die kultuur en tale van die Weste verswelg word deur mense uit die Derde Wêreld. Die Europese Beskawing staar sy einde in die gesig, binne die volgende vyftig jaar.

    Die situasie in elke deel van die Westerse wêreld, wat min of meer beteken, daardie dele waarvan die mense se voorouers uit Wes-Europa kom, word kortliks bespreek:

    Europa

    As gevolg van ‘n doelbewuste oopgooi van hulle grense, en die skepping van ‘n multikulturele samelewing deur die liberalsite, word Europa oorstroom deur Moslems vanuit die Midde-Ooste en swartes uit die eertydse kolonies in Afrika. In vele stede maak Moslems al tot 40% van die bevolkings uit. Hulle bou gedurig nuwe moskees en dring daarop aan dat die sogenaamde sjariahwette op hulle van toepassing moet wees, en nie die tradisionele wette van hulle gasheerlande nie. In sommige stede is daar al meer moskees as Protestantese en Roomse kerke. In kort, hulle assimileer nie in die gasheerlande in nie, maar neem eenvoudig volgens hulle eie geloof en gebruike oor.

    Die groot gevaar is dat die blankes van Europa se bevolkingsaanwas daal, terwyl die Moslems en ander immigrante se aanwas groei. Blanke Europiërs se aanwas is gemiddeld tussen 1.3 en 1.8 kinders per ouerpaar, terwyl die immigrante s’n tussen 2.4 en 2.8 is. Dit beteken dat daar effektief vir elke blanke ouerpaar net een kind gebore word, en die bevolking dus met elke nuwe geslag halveer per ouderdomsgroep, terwyl die immigrante hulle getalle handhaaf, of met een mens per geslag per ouderdomsgroep vermeerder. Daar is ook ‘n groeiende getal blankes wat doelbewus nie kinders wil hê nie, en hulle maak dus geen bydrae tot die inheemse bevolking nie.

    Moeamar Ghadaffi het per geleentheid gesê dat die Moslems Europa, en dus die Christendom, sal herower sonder dat daar ‘n enkele druppel bloed sal vloei, en hy het Allah geloof vir dié oorwinning. ‘n Vooruitberekening van Europa se demografie dui daarop dat die inheemse Europese bevolking teen 2050 in die minderheid sal wees, en die Moslems in die meerderheid – dus is Ghadaffi se woorde waar.

    Amerika

    Die Amerikaners word deur presies dieselfde omstandighede en realiteite as Europa in die gesig gestaar, en tans is die regering besig om die VSA se immigrasiewette nog verder te verslap. Daar gaan algemene amnestie aangekondig word vir alle onwettige immigrante, en alle immigrante se families sal ook nou geregtig wees om na die VSA te verhuis. En dit stop nie by direkte familie nie. Sodra die familie verblyfreg kry, sal hulle familie en verdere familie ook geregtig wees om na die VSA te verhuis. Dit is ‘n doelbewuste poging om die blankes se meerderheid in Amerika tot ‘n einde te bring.

    Daarby stem die demografiese statistiek in die VSA ooreen met die van Europa, en is die blankes stadig maar seker besig om met elke geslag te halveer per ouderdomsgroep, terwyl die swartes en mense van Spaans/Mexikaanse afkoms, soos die moslems in Europa, met elke geslag vermeerder. As gevolg van die uiters gemaklike immigrasie wette, en amnestie aan onwettige immigrante, is die blankes reeds in Kalifornië en Florida in die minderheid, en staan vele suidelike state op die punt daarvan dat die swartes binnekort in die meerderheid gaan wees. Stede soos Detroit, Philadelphia, New Orleans, Memphis en Atlanta is reeds onder swartbeheerde stadsrade, en nog meer is besig om vinnig dieselfde pad te loop. Nadat die swartes in Memphis oorgeneem het, het die blankes al hulle kinders uit die skole geneem, en het die skoolstelsel so verval, tot só ‘n mate dat die stadsraad sy reg om skole te administreer opgegee het. Daardie skole moet nou deur die wit distriksraad ge-administreer word om dit net in stand te hou.

    Dele van Washington, New York, Chicago, Las Vegas, Los Angeles en Houston is oorgeneem deur swartes en Latyns-Amerikaners of “Hispanics”, tot so ‘n mate dat die polisie nie eers daar ingaan en probeer om wet en orde te handhaaf nie. Gedeeltes van Detroit lyk of daar ‘n oorlog was, en staan vele wolkekrabbers leeg en verwaarloos.

    Die prognose vir Amerika, is dieselfde as vir Europa. Teen 2050, gaan die blankes in die minderheid wees, en dus gaan die magtigste land ter wêreld, wat ‘n groot arsenaal kernwapens het, uit blankes se hande wees.

    Kanada en Australië

    Kanada het nog nie groot getalle anderskleuriges nie, maar hulle immigrasiewette maak dit wel maklik vir immigrante uit die Derde Wêreld om daar in te kom. ‘n Stad soos Vancouver is reeds oorwegend swart, en die getalle groei elke jaar. Die demografiese tendens is egter identies aan die van Europa en Amerika, en dus is die blankes ook besig om stelselmatig minder te word.

    Die Australiese regering is ook stelselmatig besig om immigrasiewette te verslap, en is daar ‘n geweldige toestroming van Afrikane en veral Chinese en mense van Maleisië na Australië. Die demografiese tendense is ook ten gunste van die immigrante, en verminder die blanke aanwas soortgelyk as die res van die Westerse wêreld.

    Suid-Afrika

    Afgesien van die feit dat die blankes reeds net 9.5% van die bevolking van Suid Afrika uitmaak, en dat ons reeds die regering van ons land bloedloos aan die swartes afgestaan het, as gevolg van De Klerk en sy bende se verraad, het ons demografies dieselfde probleem as die res.

    Die blankes in Suid-Afrika se vrugbaarheidsindeks is 1.6, teenoor die swartes s’n van 3.1. Hulle vermeerder dus hulle bevolking, terwyl die blankes s’n afneem met elke nuwe generasie, en in ons geval word die probleem vererger deur emmigrasie van witmense na ander lande. Vir interessantheid kan hier genoem word dat die swart bevolking van Suid-Afrika se vrugbaarheidsindeks glad nie ooreenstem met die van ander sub-Sahara Afrikalande nie. Terwyl die ander lande s’n hoog is, was daar sedert die sestigerjare ‘n konstante afname in SA se swartmense se vrugbaarheidsindeks. Daar is ook reeds ‘n korrelasie vasgestel tussen armoede, rykdom en vrugbaarheid, waarin hoër vrugbaarheid sinoniem is met hoë armoede. Dit is dus heel duidelik dat die swartmense van SA ekonomies floreer het onder apartheid.

    As die huidige tendense van geboorte, afsterwe, swart immigrasie vanuit Afrika en wit emmigrasie vanuit Suid-Afrika, geprojekteer word oor die volgende 50 jaar, is die resultate skrikwekkend. Teen die jaar 2070 gaan daar 129 miljoen swartmense in SA wees, teenoor minder as 10 duisend blankes.

    Vooruitskattings vir die populasie van Afrika toon dat daar teen 2050, 2 biljoen mense in Afrika gaan wees. Dus gaan die populasie verdubbel.

    Vrugbaarheidsindekse vir ander sub-Sahara Afrikalande is as volg:

    • Malawi 5.9

    • Namibië 5.1

    • Zimbabwe 4

    • Uganda 5.6

    • Zambië 6.1

    • Tanzanië 5.6

    Mense moet begin besef dat die Europese beskawing waarvan ons deel is/was, en dit wat daardeur tot stand gekom het, besig is om te verdwyn. Die beeld van die Westerse wêreld is ‘n witman in trurat voor die golf van donker nasies wat alles oorneem. In plaas van ‘n streep trek, sien mens internasionaal hoe donker volke eenvoudig wit dorpe en stede oorneem, en hoe die blankes stelselmatig onttrek – eers na die rand van die stede, en dan verder soos die nuwe swart kern al groter word.

    Dit wat in Suid-Afrika gebeur, is besig om regoor die Westerse beskawing te gebeur.

    In Scientia Veritas (In die wetenskap lê die waarheid)

    In die wetenskappe van demografie en sosiologie is daar reeds twee korrelerende faktore vasgestel met vrugbaarheid en bevolkingsgroei, en dit is rykdom of armoede, en intelligensie.

    Ons het reeds aangetoon dat hoe armer ‘n bevolking is, hoe hoër is die vrugbaarheid, en hoe meer rykdom ‘n bevolking ervaar, hoe laer raak die vrugbaarheid, en hoe minder kinders is daar per ouerpaar. Dit is omdat armoede die voortbestaan van die mens bedreig, en dan is dit ook die natuur se manier om die menslike spesie te laat oorleef. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was die wetenskap verstom deur die hoër vrugbaarheid of geboortes onder die mense van Europa gedurende die oorlog, wat direk in teenstelling was met die diereryk, waar diere minder vrugbaarheid ervaar as ongunstige toestande ervaar word.

    Die afname in vrugbaarheid of geboortes onder Europeërs, kan ook direk verbind word met intelligensie. Hier is dit ‘n geval van, hoe hoër die intelligensie van ‘n bevolkingsgroep, hoe laer is die vrugbaarheid. Wat ook baie interessant is, is dat hierdie verandering in vrugbaarheid plaasvind in vroue, en dat studies geen variasie gevind het in mans se vrugbaarheid in terme van intelligensie nie.

    In studie na studie is gevind dat die blanke ‘n hoër gemiddelde IK het as Afrikane of mense van gemengde bloed, alhoewel dit met vennyn en wrewel deur die liberaliste ontken en beveg word. In die VSA is hierdie tendens al sedert die jare vyftig deeglik ondersoek en nagevors, en het alle pogings om rasgebaseerde IK-verskille teë te werk of uit te wis, op mislukkings uitgeloop.  Mense van Spaanse afkoms uit Mexiko se IK 90, en die van swart Amerikaners, 85.

    Richard Lynn, in sy boek, Race Differences in Intelligence: An Evolutionary Analysis (2006), gee die gemiddelde IK’s van verskillende rasse as volg aan:

    • Oos-Asiërs 105

    • Europiërs 99

    • Arabiere (Midde-Ooste en Noord-Afrika) 89

    • Latyns-Amerikaners (Mexiko en sentraal-Amerika) 84

    • Sub-Sahara Afrikane 67

    • Australiese Inboorlinge 62

    • Boesmans 54

    Soos die Griekse en Romeinse beskawings ondergegaan het as gevolg van rykdom, en die intelligensie dat te veel kinders daardie rykdom bedreig omdat meer mense druk uitoefen op die hulpbronne en die verdeling van rykdom, so is ook die Westerse beskawing besig om oor dieselfde redes onder te gaan. Die Grieke en Romeine het ook, soos die Westerse beskawing, volksvreemde arbeid gebruik, en het later die omgekeerde van Stockholm-sindroom ervaar, deur deernis met hulle onderdane te ontwikkel, en dit het daartoe gelei dat hulle die onderdane later in al hoe meer uitvoerende poste begin aanstel het. En die onderdane het meesters geword om die deernis van die heersersklas uit te buit, tot hulle oorgeneem het, en daardie beskawings vernietig het.

    Die Westerse Beskawing doen dieselfde. Hulle genereer soveel rykdom, dat hulle dit wil uitdeel, hulle geniet soveel oorvloed, dat hulle in alle deernis dit met die swakkeres wil deel – veral Afrika. En daardie les van die geskiedenis van die Griekse en Romeinse ryke, sal weer geleer word. Na vyfhonderd jaar, gaan die laaste groot beskawing van die wêreld homself vernietig.

    Wat is die oplossing?

    In vele opsigte is die geskiedenis en toekoms van die blankes en veral die Afrikaner in Suid-Afrika, ‘n oefenlopie vir die res van die Westerse Beskawing. Al die rolspelers in die konserwatiewe politiek stem hieroor saam, en kyk met belangstelling na wat met ons gebeur, en hoe ons dit gaan hanteer.

    ‘n Paar gevolgtrekkings:

    1. Die res van die weste het soveel probleme van hulle eie dat hulle nie regtig hulp aan ons kan aanbied nie, behalwe ‘n simpatieke oor.

    2. Ons ervaring kan moontlik leersaam wees vir ander in dieselfde situasie.

    Hiermee probeer ek geensins so verwaand wees om te beweer dat die toekoms van die Westerse beskawing op die Afrikaner se skouers rus nie, maar dat ons ‘n belangrike rol daarin te speel het, is seker.

    Die vraag wat beantwoord moet word is as volg: Hoe en waar gaan die blankes en spesifiek die Afrikaner oorleef, om hierdie klein stukkie van die glorie van die Europese Beskawing in Afrika te laat oorleef? Die feite wys dat die kans vir oorlewing uiters klein en skraal is, en hierdie feite is as volg:

    1. Afrikalande kan op die oomblik nie vir hulleself sorg nie. Teen 2050, as die bevolking verdubbel het, wat gaan die 2 biljoen Afrikane doen om aan die lewe te bly? Gaan hulle dalk enige land of gebied wat wel kos kan produseer net eenvoudig oorstroom en inneem?

    2. Die swart politici droom van ‘n Afrika-Eenheid sonder grense, en werk konstant daaraan om dit te laat realiseer. Indien dit gebeur, beteken dit dat daar geen grensbeheer gaan wees nie, en ons weet honger en arm mense trek na waar daar kos en werksmoontlikhede is, dus gaan daar ‘n massamigrasie vanuit sentraal-Afrika na die noorde en suide plaasvind?

    3. Met die vrugbaarheid van die blankes wat besig is om afwaarts te neig, gaan daar enigsins voldoende getalle blankes wees om as homogene bevolkingsgroep in ‘n enklawe tussen die swart massas te oorleef?

    4. Al Suid-Afrika se noordelike en oostelike waterbronne is sodanig besoedel dat dit nie meer gerehabiliteer kan word, sonder om drasties die bronne van die besoedeling te verwyder nie, en dit beteken om groot getalle swartmense te verskuif, wat nie gaan gebeur nie. Gaan daar genoeg bruikbare water beskikbaar wees in Afrika om enige spesifieke gebied van water te voorsien om in te oorleef, en genoegsame kos te produseer?

    In vele gesprekke met die internasionale akademici wat ek in Amerika ontmoet het, het ek die indruk gekry dat hulle dink ons Afrikaners is naïef of mal as ons dink ons gaan in Afrika oorleef. Die onderliggende “raad” aan ons is dat ons hierdie godverlate vasteland moet verlaat, en elders ons heil gaan soek, want die toekoms dui daarop dat dit nie moontlik gaan wees om die springkane weg te hou uit die gesaaides nie.

    Wat dink u as leser, gaan gebeur, en wat moet die Afrikaner doen in die lig van die bogenoemde feite?

    корневые каналыАлександр Фильчаков прокурор

  • Die mag oor lewe en dood

    Gister ontvang ek ‘n reeks foto’s van slagoffers van plaasmoorde. Alhoewel mens jouself sielkundig voorberei as jy die foto’s kyk, is daar geen manier om die skok vooraf te voorkom nie, selfs al het jy dit ook vantevore gesien en beleef. Dit is net eenvoudig ondenkbaar dat een “mens” so-iets aan ‘n ander mens kan doen. Inteendeel ek glo nie eers daar is iewers ‘n “mens” in die wêreld wat so-iets aan ‘n dier sal doen nie.

    Die absolute onmenslike wreedheid waarmee plaasmoorde gepaard gaan, laat natuurlik die vraag ontstaan, wat is die motivering van die moordenaars om tot sulke dade in staat te wees? Wat gaan in die psige (as hulle so-iets het) van die aanvallers aan? Diere maak mekaar dood vir kos of beskerming – op watter wrede manier ookal in die mens se verwysingsraamwerk. Die prentjie van die trop leeus wat ‘n buffel gevang het, en reeds begin vreet terwyl die buffel nog lewe kom hier ter sprake.

    Maar die mens is tog veronderstel om ‘n siel en ‘n gewete te hê, ‘n deernis met andere van ons spesie. Of is ons van dieselfde spesie? Die antwoord waarop ek uitkom, is die mag wat die sterkere oor die swakkere uitoefen. Dit is ‘n mag wat deel is van die mensdom, deel is van ons psige. Die groot boelie wat kleiner kinders op die speelgrond rondstamp, die bestuurder van die groot 4X4 wat die klein Golfie se bestuurder intimideer om pad te gee dat hy kan verbykom, die bestuurder wat sy personeel terroriseer by die werk, die moordenaar met sy wapen in sy hand as sy slagoffer hulpeloos voor hom lê. In die eerste gevalle hierbo genoem, is die mag beperk, en in die publieke oog, en is die mag dus meer beheerd. Maar in die laaste geval, word daardie mag absoluut, soortgelyk aan ‘n god.

    Wat daarmee saamgaan is die mag tot skepping of verwoesting, die mag om te heel of te skend, die mag om op te hef of te folter. In alle godsdienste word daardie magte aan die relevante opperwese of god toegeken, en is dit hoekom ons as christene, God as almagtig beskou.

    Dit sê vir mens baie oor die geweldsmisdade van Afrika, en spesifiek die plaasmoorde Suid Afrika. Hoekom, as die misdadiger kan wegstap met sy buit (as diefstal die motivering is), moet die slagoffer daarby nog verkrag, gemartel, vermink en/ of vermoor word?

    Ek dink dit is daardie waansinnge oomblik van mag, waarin die misdadiger wil wys dat hy meer mag het as die slagoffer, en waar die vermoë om te kies tussen goed en kwaad, tussen lig en donker, ontbreek. En dit word verder aangevuur weens ‘n diepgewortelde haat jeens die blanke, wat verder aangewakker word deur ANC-politici se uitsprake, wat groter rassiste is as enige blanke. Die geskiedenis van Afrika bewys dat hier iets ernstigs fout is wat die gebruik, of eerder misbruik, van mag betref. Kyk wat het tussen die Hutsi’s en Tutsi’s gebeur! In die tagtigs het duisende jubelende en dansende “mense” gejuig as een van hulle met ‘n brandende buiteband om die lyf lewendig voor hulle verbrand word.

    Die res van die wêreld het by daardie magsmisbruik en magswaansin verbybeweeg na die Middeleeue en die Tweede Wêreld-oorlog, wat deur sommige kenners as die laaste van die “imperialistiese ou wêreldoorloë” gereken word, maar in Afrika is dit nog deel van die kultuur, van die wet van die oerwoud – “oorlewing en die mag van die sterkste”.

    En in terme van die Strafreg, waar laat dit die moontlike slagoffer om sy/haar eie keuse te maak om maksimum geweld te pleeg om die misdadiger af te weer? Moet jy eers met die aanvaller onderhandel en vra wat sy bedoelinge met jou is? Die feit dat so baie van ons mense eerder ons vaderland verlaat oor geweldsmisdade, en jy wat dit wil verlaat – ten regte ook – om weg te kom van hierdie barbaarse kultuur, sê vir my dat ons as afstammelinge van Europa in ons onderbewussyn nie daarmee wil saamleef of geassosieer wil word nie.

    Om die “mense” van Afrika om te draai, om die weg van die lig te kies, lê veel dieper as om dit simplisties voor die deur van armoede of apartheid te lê. Hoekom pas politiek die Afrikaan soos ‘n handskoen? Omdat dit ‘n stryd om mag is, ‘n magspel. En as hulle dit kry, klou hulle daaraan met alles wat hulle het – à la Mugabe en al die ander diktators en despote wat al aan die bewind was in een of ander Afrika land. Die ANC is de facto dronk van daardie mag, en soos Lord Acton gesê het: “Power corrupts, and absolute power corrupts absolutely.”

    Dit is hoekom Malema en sy Jeugliga vir comrade Zuma wou moord pleeg, hoekom hulle nog die Kill the Boer-lied wil sing, hoekom die sg. MK-oudstryders die Weskaap onregeerbaar wou maak (want hulle het die mag daar verloor – ‘n bitter pil om te sluk), hoekom die plaasmoordenaars se wreedheid geen perke ken nie. Altyd die spel om, en beheer van, mag, dierlike mag, want dit is Afrika.

    велосипеды кривой рогалександр лобановский харьков

  • Uitnodiging aan Praag-deelnemers oor die Volksverkiesing

    Die Afrikaner het nie meer tyd of geleentheid om na alternatiewe te soek om op die Vryheidspad te vertrek nie. As ons eers na al die leunstoelplanmakers se planne en voorstelle moet luister, gaan ons huidige geslag al oorlede wees, voordat daar iets gebeur.

    Die juridiese agrumente waaronder die VVK begin is, en waaronder dit die Volksverkiesing  aan die gang gesit het, is waterdig, en soos ek in my vorige artikel gestel het, ‘n broodnodige beginpunt van ‘n baie belangrike reis. As daar mense is wat nou ernstige kritiek daarteen het, sou die duidelike aangewese optrede vir daardie mense wees, om self van hulle leunstoele af op te staan, en hulle planne dan in werking te stel, sodat almal dit kan toets in die vorm van ondersteuning.

    Maar dan sal hulle vind dat, in die aard van die Afrikaner, daar duisende mense gaan wees wat dit kritiseer, afskiet en as onhaalbaar afmaak. Ten minste sal hulle dan kan sê; “Ons het die moed van ons oortuiging gehad om op te staan vir wat ons glo.” My kennis van ons volk sê egter vir my dat geeneen van die leunstoel kritici of planmakers daardie moed aan die dag sal lê nie, en dit gemaklikersal vind om net “Wolf-wolf” te skree, en dan aan te gaan met hulle daaglikse dingetjies, terwyl hulle uitkyk vir die volgende man, met moedige oortuigings, se plan om af te skiet.

    Ek rig dus hierdie ope uitnodiging aan almal. Stuur asseblief julle vrae en dinge wat kwel  in verband met die Volksverkiesing na herza1000@gmail.com . Ek het met Paul Kruger van die VVK ooreengekom dat hy saam met my die vrae sal deurwerk, en skriftelik daarop sal antwoord. Wees asseblief kort en op die man af, aangesien ons nie tyd sal hê om deur lang opstelle te werk nie. Dui ook asseblief die onderwerp aan as: “Navraag: VVK”. Aangesien ek en Dan binnekort na Amerika vertrek,  onderneem ek om teen einde Februarie / begin Maart, Paul se antwoorde te publiseer.

    Na aanleiding van sommige kommentaar wil ek dit ook duidelik stel, dat Praag nie agteroor sit en agter die Volksverkiesing gaan skuil om niks te doen nie. Ons gaan volstoom voort om die Afrikaner se saak te stel, en gaan ook voort met ons plan om ‘n eie Afrikanergebied te bekom onder ‘n Ontwikkelingskoöperasie.  Ek en Dan Roodt besoek Amerika eersdaags, waar ons met invloedryke mense en politici gaan gesels oor die situasie van die Afrikaner en blankes in Suid Afrika, en spesifiek die volksmoorde wat aan die gang is.

    promoted postsФильчаков прокурор харьков

  • Die ironiese rassisme van die Europiërs se bottersimpatie

    Ek het gisteraand Andre Rieu se konsert in Maastricht op televisie gekyk, wat gehou is net na sy Suid-Afrikaanse toer. In hierdie konsert het hy ‘n klein koortjie en jong swart mense wat viool en tromme speel uit Suid Afrika

    saamgehad. Die kinderkoor was van Bloemfontein, en die musikante van sy Houtbaai projek, waar hulle viole en opleiding skenk aan swart kinders uit arm huise.

    Alles was goed en wel, en die kinders het hulle almal baie goed van hulle taak gekwyt, maar wat opvallend was, is die absolute “bottersmeltende simpatie” en deernis wat die 100% wit en Europese gehoor uitgestraal het oor die swart mense se optrede en uitvoering. Ek het gesit en wonder, of kinders uit Kazakstan, Uzbekistan, Afghanistan of watter stan ookal, dieselfde emosies by hierdie gehoor sou ontketen? Of wat van kindertjies uit die reënwoude van die Amazone of Papua-Guinee, of die Humba Bumba eilande? Ek glo nie, en dit laat weereens die vraag ontstaan, waar kom hierdie absolute deernis teenoor, en troetelstatus van die Afrikaan vandaan?

    Wat is die oorsaak dat die wêreld altyd net swartmense wil help, wil vertroetel, wil jammerkry, solank die swartes net nie vir hulle ‘n “eie” probleem is nie? Daar sit miljoene mense, stamme en volke in onontwikkelde dele van die wêreld, wat geen rykdom, skole, mediese dienste en/of geleenthede het nie, maar met hulle het die wêreld vrede. Plaas ‘n foto van Indiaanse kinders in Amazonië, wat net met lendeklede aan sit en speel met kokosneutdoppe, en die oerwoud in die agtergrond, en die mense sug: “Hoe oulik, hulle lyk so vredevol”.

    Maar plaas ‘n foto van ‘n paar swart kindertjies uit Afrika, met denims en T-hemde aan wat sit en speel met ‘n sokkerbal, teen die agtergrond van ‘nmediese kliniek, en die reaksie is: “Hoe oulik, het hulle hulp nodig? Hoe kan ons help? Kan ek enetjie aanneem – of sommer drie?!” En hierdie botterhouding is meer van toepassing op Suid Afrikaanse swartes as vir die res! Suid Afrika is nie ‘n arm land nie, en as mens net die geld wat deur korrupsie en bedrog in die hande van die ANC vetkatte en hulle vriende se sakke val kon gebruik, kan jy vir elke kind in hierdie land ‘n viool, sokkerbal en rekenaar koop!

    Die afleiding wat ek maak, na jare se waarneming van hierdie situasie, is dat dit net ‘n ander vorm van rassisme is. Dit is waar die wêreld, en veral Europa se onderrok ver begin uithang. Hulle sien eintlik die swartmens as minderwaardig, en enige manier wat die swartmens presteer en iets “westers” regkry, moet met groot akkolade bekroon en besing word. Dit is soos ‘n sirkusdier wat geleer is om toertjies te doen – die hondjie wat op sy voorpootjies al om die sirkusring loop. Almal wil net die oulike dingetjie huistoe vat en vertroetel.

    Enige hulp wat verleen kan word om die swartmens meer westers te laat leef, is ‘n ideaal wat met groot ywer nagestreef moet word. Die res van die wêreld se arm mense, vra nie hulp nie, probeer nie wees wat hulle nie is nie. Hulle is nie hierdie bodemlose put van geldelike donasies en sosiale bystand nie. Hulle leef volgens hulle tradisies, en is gelukkig om niks te hê nie, en die wêreld het vrede daarmee. Maar Afrika hou sedert die einde van slawerny, en die koloniale tydperk, die wêreld verantwoordelik vir hulle agterstand en onvermoë om selfstandig te word, en iets vir hulleself te doen. Hulle wil altyd hê, en wil meer hê, en sal altyd kry.

    Wat baie insiggewend was van die Rieu konsert in Maastricht, is dat daar geen plek op die verhoog was vir die Afrika kindertjies teen die einde met die “grand finale” nie. As groot aanhanger van Rieu, weet ek dat hy gewoonlik vir hierdie deel, al sy gaskunstenaars op die verhoog kry. Maar in hierdie geval, was dit nou die deel vir die “beskaafde” mense – die sirkustoertjies was net ‘n deel van die program, daar in die begin, en het sy oomblik van deernisvolle vermaak gehad.

    Ons moet aanvaar dat die swartmense van Afrika, troeteldierstatus in die wêreld het. Hulle sien Afrika as die “petting zoo”. En dit, alhoewel verdoesel as humanisme, is niks anders as naakte rassisme nie.

    пескоструйный аппаратДанильченко Юрий Брониславович Харьков

  • Orania – ‘n persoonlike indruk

    Orania – ‘n persoonlike indruk

    Orania se blanke werkers‘n Span van ses Praaglede het Orania verlede week besoek op ‘n feitesending, onder leiding van Dan Roodt en ekself, om eerstehands te gaan kyk wat hierdie pioniers al bereik het en tot stand gebring het. Ons gasheer was John Strydom, Orania se skakelbeampte, en verskeie leiers en sprekers van die gemeenskap het ons toegespreek en meer vertel van die volgende:

    1. Orania se geskiedenis;

    2. die ekonomiese en finansiële modelle wat gevolg word;

    3. die groei wat ervaar is vanaf die stigting;

    4. die welsyns- en sosiale omstandighede wat ervaar en bestuur word;

    5. die toekomsplanne wat in plek is; en

    6. die groei in die ontwikkeling van ‘n eie ekonomie.

    Daar is so baie stories wat vertel word, so baie persepsies van en kritiek teen Orania, dat mens dink dit moet ‘n agteraf, arm gemeenskap wees, waar daar net stof en troostelose droefheid ervaar word – en ons het met sekerlik dieselfde mate van vooropgestelde idees daar aangeland.

    Die eerste indruk wat mens kry as jy daar aankom, is dat dit maar lyk soos net nog ‘n klein plattelandse dorpie in Suid Afrika – wel soos die dorpies in die ou Suid=Afrika gelyk het. Dit is klein, skoon en rustig. Daar is armoedige huise, gemiddelde huise en mooi huise. Nêrens sien jy kasteelagtige Boere-Toskaanse gedrogte nie. Daar is ou motors wat beter dae geken het, gemiddelde motors en nuwe blink motors. Baie mense ry fiets, en hulle laat toe dat jy jou vierwielmotorfiets op die pad kan gebruik. Daar is ‘n paar gastehuise, ‘n baie moderne boetiekhotel, vakansie-oord, kampeerplek, ‘n OK-kruidenierswinkel, ‘n motorhawe / vulstasie, ‘n paar koffiewinkels, ‘n klerewinkel, die belangrike aandenkingswinkeltjie, ‘n opelugrestaurant teen die rivier en landboubedrywighede rondom die dorp. Orals in die strate en aan die lowergroen oewer, sien jy sorgelose kinders rondhardloop en speel.

    Vir mense wat al oorsee was en veral ander lande se platteland besoek het buite die stede, is dit nie ‘n skok om blankes te sien arbeiderswerk doen nie, maar ek glo dat sommige mense dit met die eerste oogopslag as skokkend sal ervaar. Daar sien jy blankes gate grawe, strate skoonmaak, padinstandhouding doen, fondasies grawe, sement meng, kruiwa stoot, hope gruis en grond met grawe wegwerk, plantjies versorg in die kwekery en rakke pak in die OK. In Orania sien jy bitter min oorgewig mense (ek het twee gesien, maar hulle is seker nog nie lank daar nie), want deur harde fisiese werk, word daardie ekstra kilojoules wat ons ander so lekker laat sukkel om die middel in toom te hou, net eenvoudig deur werk verbrand.

    Ek het daardie selfde tendens opgemerk in Suid-Amerika, waar mense ook hulle eie werk moet doen. Daar is oorgewig mense net eenvoudig die uitsondering en nie die reël nie. Die een rede hoekom Amerika, Kanada en Engeland se mense oorgewig is, is dieselfde as wat ons in Suid Afrika ervaar – volksvreemde arbeid, en te veel geld en materialisme. Die Amerikaners gebruik hoofsaaklik Spaanssprekende mense vanuit Sentraal- en Suid-Amerika om hulle arbeiderwerk te doen. In Kanada is dit meestal afstammelinge van die inheemse Indiaanstamme, en dan in Engeland is daar mense van Wes-Indië, Pakistan en Indië.

    Die sosiale aard van Orania weerspieël die meeste Suid-Amerikaanse en Europese kleindorpstrukture, en dit is, dat daar nie onderskeid getref word tussen welaf mense en die armes nie. Omdat almal ewe hard werk en bou aan ‘n klein ekonomie, word jy aanvaar op sterkte van die bydrae wat jy maak, wat meer gefokus is op werk as op finansiële rykdom. As jy daar rondbeweeg met jou Gucci-pak, jou vroutjie met haar gimnasiumlyfie, sonbedbene en Prada-handsakkie en jou R1-miljoen-Mercedes, gaan niemand vir jou meer respek hê as vir die arm seun wat elke dag die strate vee om die gemeenskap tot diens te wees nie. Inteendeel, as jy net daar is vir die vertoon en nie jou bydrae anders as deur geld maak nie, gaan hulle nie veel van jou dink nie.

    Soos dit behoort te werk in ‘n klein groeiende ekonomie, is daar nie plek vir luiheid of ydelheid op Orania nie. En dit is ongelukkig die faktor waarmee ons stedelinge en gemiddelde mense met ons materialistiese ingesteldheid die mense van Orania en Orania as ‘n heropboumodel mee beoordeel en hulle kritiseer. Kritiek wat myns insiens ongevraagd en onregverdig is. Alhoewel nie volkome nie, is daardie mense vry. Indien nie polities en volkekundig vry nie, is hulle vry deur middel van hulle arbeid en sukses, en die feit dat hulle arbeid en finansiële doelwitte wat bereik word, tot voordeel van hulleself en die gemeenskap is. Dit herinner my aan die Duitse slagspreuk van die Nazi’s: “Arbeit macht frei.” Hoewel polities inkorrek, is dit heel gepas vir Orania.

    Daar is wel ‘n sosiale probleem wat die mense van Orania deurlopend moet bestuur, en dit is die feit dat baie arm Afrikaners sonder heenkome daar aankom, en dink hulle kan daar versorg en gekoester word, sonder om self arbeidsaam by te dra. Alhoewel daar wel simpatiek na sulke mense uitgereik word, is die ekonomie net te klein om ‘n welsynstaat te word, en dus word daar van sodanige mense verwag om te begin om die arbeidsbehoefte te vul. Sommige van hulle skakel suksesvol in, en word in die gemeenskap opgeneem en gehelp, maar ander kan net nie daardie kopskuif maak nie, en word dan weer op hulle pad gesit.

    Ek ondersteun hierdie benadering, omrede die Afrikaner nie kan bekostig om ‘n welsynsvolk te word nie. Orania kan nie bekostig dat daar ‘n blanke plakkerskamp ontstaan, waar die mense gevoed en versorg moet word uit ‘n reeds klein ekonomie nie. Dit is ‘n feit dat elke volk bestaan uit verskillende lae mense. Jy kry jou akademici, jou intelligentsia, jou professionele mense, jou denkers en planmakers, jou entrepreneurs en besigheidsmense, jou witboordjiewerkers, jou dienswerkers, en dan natuurlik jou arbeiders. Ons as Afrikaners het so lank onder apartheid gewoond geraak aan swart arbeid, dat ons nie meer arbeiders wil wees nie. En dit is ook ‘n feit dat party mense maar onder moet begin, en binne hul vermoë hulleself maar moet opwerk na ander vlakke. Mense wat alles in die lewe verloor het, moet tog begryp dat jy weer iewers moet begin, al het jy ‘n meestersgraad in wiskunde – Arbeit macht frei, of in die Afrikaanse idioom, soos deur Langenhoven geskep: Arbeidadel, of in die Orania-idioom: Selfwerksaamheid.

    Wat eiendom op Orania betref, is hulle ongelukkig getref deur hiperinflasie op eiendomspryse, as gevolg van ‘n geweldige aanvraag na eiendom en huise die afgelope drie jaar. Pryse in Orania is heelwat hoër as in die omliggende dorpe soos Vanderkloof, Petrusville en Hopetown. ‘n Gedienste erf kos in die omgewing van R 200 000. Dit is ook natuurlik iets wat baie moeilik beheer kan word in ‘n vryemarkstelsel, maar realisme moet maar altyd die botoon voer. Myns insiens is die Malema-barometer hiervoor verantwoordelik, en sal dit op een of ander manier beheer moet word. Hoe meer Malema gal braak oor die blankes en nasionalisering, hoe groter en meer dringend is die planne van baie mense om na ‘n volkstaat te verhuis, en op die ou-end is dit net dít – planne. Die ekonomiese realiteit van die Noordkaapse platteland staar mens nog altyd in die gesig, en dit is ‘n beperkende ekonomiese aktiwiteit en realiteit. Eiendomspryse in Orania behoort vergelyk te word met die buurdorpe om ‘n meer realistiese waardasie te doen, en kan daarom nie veel hoër wees nie.

    Die dorpsraad op Orania besef die probleem, en is besig met planne om dit te bestuur. Hulle gaan binnekort weer erwe beskikbaar stel om die voorraad, en dus aanbod te verhoog, en is gedurig besig om na boumetodes te kyk wat goedkoper as die normale is. Boukoste is dan ook baie hoog, omrede alle materiale ver aangery moet word en daar van blanke arbeid gebruik gemaak word.

    Wat die landbou betref, is daar al heelwat gevestigde bedrywe, wat suksesvol bestuur word. Die voorkeurboerdery is pekanneute, en hierdie tyd van die jaar lyk dit te mooi om die dorp as gevolg van al die boorde. Verder het ons druiweboorde en ‘n mielieland onder spilpuntbesproeiing waargeneem.

    Daar is kerke vir die meeste denominasies in die Afrikanerkultuur, en dit blyk dat daar baie verdraagsaamheid tussen die mense bestaan. Ons het egter opgemerk dat daar drie skole is, en dit was nogal ‘n skok. Waarom drie skole in so ‘n klein gemeenskap aan die gang hou terwyl al die kinders tog een groter skool kan ondersteun?

    Vir ‘n entrepreneur met ‘n goeie besigheidsidee wat kan inpas in die streeksekonomie, is daar geleenthede op Orania, en die Orania Koöperasie sal selfs finansiële bystand kan aanbied vir merietegevalle.

    Op die ou end kom die vraag na vore: Hoe sien ek Orania – 1) as bestaande gemeenskap en heropboumodel, en 2) in die toekoms van die Afrikaner?

    Ons wat nie daar woon nie, het nie die reg om Orania as model, of as gemeenskap te veroordeel en te kritiseer nie. Dit is nie deel van die normale ekonomie nie, en dus sal jy nie daar ‘n groot winkelsentrum aantref met restaurante, luukse winkels of flieks nie. Maar jy sal dit ook nie in Hartswater of Koekenaap aantref nie; tog praat ons nie smalend van die mense wat daar bly nie. Die mense wat ek op Orania ontmoet het, is eerlike, hardwerkende Afrikaners, sonder pretensie, hoogmoed en venyn. Hulle sien nie neer op enige mens nie, en praat nie sleg van die mense binne die Afrikanervolk wat op hulle neersien nie. Baie van hulle is hooggeleerd, sommige is slim, ander miskien dom, maar hulle het almal ‘n doel in die lewe en hulle werk gefokus daarvoor: Om ‘n plek en ‘n lewe vir hulleself en hulle nageslagte daar uit die klip en stof van die Noordkaap te bewerkstellig. ‘n Plek waar ons kultuur en manier van dink en doen beskerm en verder ontwikkel kan word.

    As model het hulle bewys dat die Afrikaner selfversorgend kan wees en dat ons, soos ons voorouers die Vryburgers en die Voortrekkers, sonder buitehulp iets van die grond af kan opbou wat net tot eer sal strek van hulle wat daaraan deel het.

    As die politiek nie inmeng en dit tot niet maak nie, gaan Orania in die Afrikaner se toekoms ‘n baie belangrike rol speel as ‘n tuiste vir hom in Afrika – ‘n biosfeer waar ons mense hulle batterye kan gaan laai teen die aanslag van die verafrikanisering van Suid Afrika. Dit wat daar begin is, sal groei en sal lewensvatbaar wees, al word dit (hopelik nie) afgesny van die buitewêreld as gevolg van politieke strategieë van die ANC.

    Elke Afrikaner wat smag na, en wil bydrae tot die vryheid van ons volk, behoort aan te sluit by die Orania Beweging, en solank ‘n finansiële bydrae te maak tot die Orania Koöperasie. Dit gaan die groeipunt word van ‘n Afrikanerhartland. Ek is beïndruk, en kan net met respek praat van die mense wat daar woon en die sukses wat hulle tot dusver bereik het met baie min hulpbronne.

    Vir my medevolksgenote wat op Orania neersien en wat smalend van hulle praat, wil ek net die volgende sê: “Dit is beter vir ‘n dwaas om stil te bly, want dan sien niemand sy onkunde raak nie.”

    путешествие по средиземному морюФильчаков Харьков

  • Die ondergang van ‘n eens trotse vloot

    Die ondergang van Suid Afrika se infrastruktuur is steeds besig om mens se verstand te bowe te gaan. En nou praat ek nie van net paaie, water en elektrisiteitsnetwerke nie. Die ANC kry dit reg om alles wat die blankes opgebou het tot sierade vir ‘n klein landjie aan die suidpunt van die Welsynskontinent, wat gebuk gegaan het onder sekerlik die mees volledige internasionale sanksieveldtog in die geskiedenis, stadig maar seker te laat verkrummel tot roes, stof en geraamtes.

    Van die eens magtige SAW het daar nou net ‘n ongeorganiseerde, ongedissplineerde VIGS-bataljon oorgebly, wat so ‘n paar jaar gelede deur een van die swakste weermagte in die wêreld, Lesotho, nerwe af geskiet is. Volgens ‘n berig nou die dag in Beeld, daag baie soldate op vir werk om 8-uur in die oggend, net om weer 9-uur huistoe te gaan. Ek merk op dat as jy deesdae ‘n weermagvoertuig iewers sien ry, dit opmerklik is in watter swak toestand daardie voertuie is. Ry jy verby enige weermagbasis, kan jy sien dat hulle nie eers die trots in hulle het om die tuine en geboue te versorg nie. Alles is in verval.

    Onlangs het ek met ‘n oudsammajoor gepraat wat sy ontslag aangevra het. Hy sê as hulle durf waag om ‘n troep of laer rang aan te spreek oor dissipline of wanprestasie, is hulle skuldig aan viktimisering, of word ‘n klag van rassisme teen hulle gelê. Troepe het geen respek vir offisiere of onder-offisiere nie, en beroep hulle in elke saak op hulle unies.

    Die grootste skok van alles is dat die veel besproke wapentransaksie, waaraan die ANC miljarde rande bestee het vir die aankope van vliegtuie, skepe en korrupsie, alles verniet was. Wat die lugmag betref, is daar nie geld om daardie peperduur vliegtuie te laat vlieg nie, en daar is ‘n totale gebrek aan ordentlike opleiding van vlieëniers. Die swart kandidate wat wel die keuring slaag, kan nie hulle eksamens deurkom nie, en dus staan die vliegtuie nou maar in die lootse, en vlieg net so af en toe as daar ‘n wit vlieënier opgeroep word om te kom help. Onderhoud is min of meer afgeskaf as gevolg van ‘n gebrek aan geld en kundigheid.

    Net gister, ontvang ek per e-pos ‘n artikel, geskryf deur Stephen Goodson, oor die toestand van ons eens trotse vloot. Dit is in Engels, dus gaan ek maar vertel wat dit sê, en nie probeer vertaal nie. Die volgende punte staan uit:

    • Met die wapentransaksie is ‘n tender vir vier korvette en drie klas-209-duikbote uitgesit. ‘n Spaanse vervaardiger het ‘n tender ingesit vir minder as R 6 miljard, vir meer korvette, maar die Duitse firma, Blohm und Voss, het die kontrak gekry vir meer as R 6 miljard, om voorsiening te maak vir die omkoopgeld van ministers en hulle lakeie.

    • Die volgende jaar het die Vloot sy regstellende-aksiebeleid in werking gestel, en is daar van 384 hoogsopgeleide blankes ontslae geraak, waarvan sommige meer as 20 jaar diens en ondervinding gehad het. Dit is so skielik gedoen dat weinig kennis en vaardighede aan die nuwe swart personeel oorgedra kon word. Die nuwe personeel is toe na Kiel in Duitsland gestuur vir opleiding op spesifiek die duikbote. Die Duitsers wou die nuwe personeel nie sertifiseer nie, omdat bevind is dat hulle nie die kapasiteit kon ontwikkel om die duikbote onderwater aan te wend nie. Toe word die personeel na Indië gestuur, omdat die ANC gehoop het dat ‘n ontwikkelende land meer toegeeflik sal wees. Uiteindelik wou ook die Indiese vloot nie die Suid-Afrikaanse personeel sertifiseer nie, dus het SA drie duikbote wat nie mag duik nie.

    • Nege maande gelede het ‘n swart tegnikus een van die duikbote opgekoppel aan ‘n elektrisiteitstoevoer van 440 volt, terwyl die bote vir 110 volt bedraad is. Dit het al die elektroniese toerusting, rekenaars en bedrading uitgebrand en die boot totaal onbruikbaar gemaak. As gevolg van ‘n gebrek aan geld, is daar nog steeds nie besluit om die boot na Duitsland te sleep vir herstelwerk, of om die Duitsers hierheen te vlieg om die boot reg te maak nie. Volgens Goodson sal dit beter wees om die romp maar te los, aangesien die boot in elk geval nooit sal duik nie.

    • As gevolg van ‘n gebrek aan onderhoud, is geen van die vloot se skepe seegereed nie. Die enigste onderhoud wat gedoen word, is op die elektrisiteitstoevoer na die kwartiere, sodat die offisiere darem lekker kan slaap en eet.

    • In November 2009 het die Amerikaanse vloot die SA vloot genooi om gesamentlike maneuvers te doen, sonder ammunisie. Dit het net ‘n vaart ingesluit. Om deel te kon neem, moes die vloot ‘n groot aantal reserwemagoffisiere en -tegnici oproep, wat natuurlik blank was. Ná die oefening, het die Amerikaners ‘n register van die reserwemaglede opgestel, om hulle te gebruik indien hulle die SA vloot sou nodig kry.

    • Die moreell en dissipline in die SA vloot is baie laag, en die enkele wit offisiere wat nog oor is, is gedurig op stresverlof.

    • Die hoof van die vloot, viseadmiraal J Mudimu, is ‘n oud-MK-lid, met geen vlootkwalifikasies nie. Hy het nie eens ‘n kleinbootkursus in sy lewe voltooi nie.

    • Die amptelike webblad van die vloot is lanklaas bygewerk, en gee verskeie skakels na leë blaaie waarop niks verskyn nie. Volgens die webblad is die missie van die vloot “om te kan veg en wen ter see. Dus, met skepe wat nie seegereed is nie, en bemanning wat nie oor die opleiding beskik nie, is dit seker die see van vergange?

    подъемник для автосервиса ценаАлександр Фильчаков

  • Voorlopige repliek op my kritici

    Inleiding

    Ons Boere het ‘n beskrywing vir ‘n chaotiese toestand. Ons noem dit ‘n kraaines – julle weet as ‘n tou so gekoek het dat jy sukkel om al twee punte te kry, of te probeer kop of stert uitmaak hoe om die ding te “ontkoek”. Om jouself in die Afrikanerpolitiek en die soeke na oplossings vir ons volk te begeef, is soos om hierdie massiewe kraaines te probeer ontrafel. Daar is soveel opinies, planne, waarskuwings, teregwysings, kritiek en dan natuurlik pleinweg negatiwiteit. Ek dink enigeen wat homself in hierdie opsig in ‘n “voorloopposisie” stel, moet sy kop laat lees.

    Dit is egter deel van menswees, en deel van spesifiek ons Afrikanervolk se karakter. Ons het baie “chiefs” as dit by planne en opinies kom, en bitter min “Indians”. Maar daarmee wil ek nie sê ons mense mag nie opinies en planne hê nie. Ons moet net kyk na ‘n fyn balans tussen ‘n plan of opinie te hê vanuit jou leunstoel aan die een kant, teenoor om ‘n plan en opinies te hê terwyl jy jou blootstel om voor te loop, iets te begin doen, en tot aksie oor te gaan aan die ander kant. Soos een van ons ander gesegdes lui: “Die beste stuurlui staan altyd aan wal.”

    Voor ek begin repliek lewer op enkele kommentare op my artikel Kom ons begin die pad na vryheid, ‘n versoek aan ons volksgenote: As jy werklik glo in jou eie opinie, en glo jóú plan is die beste en aangewese roete, kom stap saam voor, stel jouself bloot aan die risiko, en kom wees ‘n leier. Moenie agter jou rekenaar skuil, en op jou leunstoel bly sit nie. Want dan is jy niks meer as agtergrondgeluid wat vir ander net tot irritasie is. Die tyd vir vreeslike baie planne en kritiek is verby.

    Ons vertrek op ‘n onbekende reis, waarvoor daar ‘n kaart kan wees, maar geen waarborge nie. Ek sê weer, dit gaan nie maklik wees nie, en gaan toewyding en waagmoed verg wat nog geeneen van ons tevore ervaar het nie. Vir vele gaan die moeite en opoffering te veel wees/word, en sal hulle weer gelate in onderdanigheid hulle lojaliteit aan die swart kommuniste verklaar. Daar gaan mense wees wat vir ons kwaad raak, en dan teen ons gaan draai en ons verraai.

    Ons volg nie ‘n politieke model nie, maar wel ‘n besigheids- en welvaartskeppingsmodel. Jy moet eers ekonomies selfstandig en selfversorgend word, voordat jy kragdadig verder kan gaan. Soos sommige wyse skrywers gesê het, jy moet eers kruip voor jy kan loop, voor jy kan hardloop. Ons gaan voor niemand kruip nie, maar wel vorentoe kruip, en hopelik uiteindelik nie weghardloop nie, maar oor die mense en kragte wat ons wil opponeer. Die politiek sal vanself volg, en ‘n al hoe belangriker rol bgin speel. Dit is ‘n natuurlike ontwikkelingsproses in ‘n komplekse saak soos hierdie.

    Repliek

    Ons bestudeer al die kommentare, en die gereelde “kommin-tare” wat voorkom. Ek het reeds met sekere persone wat gereageer het, kontak gemaak, waaruit daar baie positiewe moontlikhede vir oorweging aan ons beskikbaar gestel is.

    Ek gaan hier net op enkele mense reageer, wat vinnige reaksie regverdig. Vir die res, dankie vir die ondersteuning en bydraes – daar het goeie en uitstekende idees en gedagtes na vore gekom, wat wel deeglik oorweeg sal word.

    1. Tom vR en JP – Ek dink voordat ons mekaar begin raadpleeg oor wat ons moet doen en weer dieselfde foute soos in die verlede maak. Moet ons as Boerevolk eers na die Here gaan, Hom raadpleeg en dan Sy raad volg.

    Godsdiens en geloof speel ‘n belangrike rol in ons Afrikanerboere se lewe. Ek is ‘n gelowige, en glo dat ek gelei word deur ons hemelse Vader in wat ek doen, maar Tom, hoe antwoord die Here ons gebede en maak Sy wil aan ons bekend? Daar is nie meer ‘n hoëpriester wat direk met Hom gesprek voer nie. Dus – Hy laat dinge gebeur wat in Sy raadsplan val, en gebruik maar net mense om dit uit te voer.

    Ons praat nou al so lank oor uitkoms, en vra die vraag: “Wat moet ons doen?” Miskien is hierdie wat Hy wil hê moet gebeur. As dit nie Sy goedkeuring wegdra nie, sal dit seker nie gebeur nie, of misluk, of lei tot ander moontlikhede. Dít wat ons wil doen – enige plan – is maar 80% geloof dat dit sal goedgaan. Die ander 20% is ons mense se “planne en idees”. Ons kan maar net probeer, want om net te bly bid, en niks verder te doen nie, is verraad en ‘n misdaad teenoor onsself, en ons nageslag.

    1. Gas en andere – Hoeveel mense moet dit dan nou nog vra voor ‘n mens reaksie kry: Waar gaan hierdie gebied/plase wees?

    As jy 1 000 Afrikaners wat wil trek bymekaar sit, en vir hulle vra: “Waarheen?” gaan jy 1 000 verskillende antwoorde kry. Party dink emosioneel oor die vraag en wil die familieplaas red, ander onthou met deernis hulle kinderdorp en wil daarnatoe gaan, ander hou baie van die see, ander hou van die stadsliggies, ander wil ondergrondse minerale bekom, ens, ens, ens, ens., ad infinitum. Die grootste gevaar is: “Ons wil so naby as moontlik aan die huis en werk wees.”

    Dus, as ons ernstig wil verstrengel raak in ‘n lewenslange debat hieroor, moet net een van ons nóú sê: “Ons gaan daarheen.” Net daar krink die helfte hulle waens en gaan huistoe, en die ander begin so onder mekaar stry dat die osse later daar in die tuie sal vrek van honger en dors.

    Daar is so baie faktore en feite wat in gedagte gehou moet word, dat mens se kop begin draai. En elke keer wat die onderwerp ter sprake kom, is daar nuwe feite, idees, hindernisse en dies meer wat die vorige “goeie” moontlikheid laat dom lyk. Hierdie is ons grootste enkele uitdaging, en op een of ander tyd moet die besluit geneem word, en sal almal maar daarby moet inval.

    Hierdie besluit moet klinies, sonder enige emosie geneem word, en die belangrikste faktore is a) water, b) energie, c) handels- en landboulewensvatbaarheid en d) militêr verdedigbaar. Ons werk daaraan.

    1. Leverson – As julle ernstig is koop grond in Orania (VAB) of rondom Orania (Kambro). Die meganismes is alreeds daar en bewys.

    Ons is reeds in gesprek met Orania, en gaan volgende jaar ook met Kleinfontein se mense praat. Hulle het reeds waardevolle lesse geleer en is die pioniers wat sekerlik al die handboek kan skryf. Ons wil nie die wiel oor ontwerp nie, en gaan by hulle leer.

    Elke groep het egter sekere einddoelwitte, wat ongelukkig fundamenteel van mekaar kan verskil. Ons gaan ons bes doen om daardie verskille te identifiseer, en oplossings te kry om saam te werk, eerder as weereens verdeling en opponering te bewerkstellig. As daar ‘n groep is wat nie soewereine onafhanklikheid as einddoel het nie, gaan dit moeilik wees.

    1. Chris – Daai eie arbeid bekommer my. Dit gaan goedkoop arbeid moet wees om die eenvoudige alledaagse take te verrig. Hoeveel wittes is bereid om graaf te spit en kool te plant/oes teen n vergoeding wat n boerdery ekonomies sal maak. Om eerlik te wees, dit gaan arm blankes uit ons plakkers kampe wees wat vir daardie poste kwalifiseer en baie van hulle sal eerder by die verkeerslig staan en geld bedel as om n sweet uit te pak vir minder geld. Dit sal meskien werk as n soort sosialisties stelsel in werking gestel word, maar al die betrokkenes sal moet gelukkig wees met die opset.

    Die sosiale en menswaardigheidheropbou van ons arm en werklose volksgenote is ‘n groot uitdaging. As ons ons plase kan kry om te werk soos besighde en nie ‘n “baas-kneg”-verhouding nie, kan dit werk, maar daar sal altyd uitdagings in dié verband wees. Vra jouself die vraag af: “Hoe werk boere in die res van die wêreld, waar daar nie swart plaasarbeiders is nie?” Hoe funksioneer die res van die wêreld ten opsigte van straatbouers, rioolplaaswerkers, ens, ens? Ons Afrikaners moet ‘n paradigmaskuif in ons koppe maak hieromtrent, en dít, soos ek sê, is ‘n uitdaging.

    Geen gemeenskap kan dooie hout beskostig nie, en as mense verkies om nie te werk nie, sal hulle sekerlik nie welkom wees nie. Dit is elkeen se eie keuse.

    1. Johanw – Daar is egter staatkundige realiteite wat aangespreek moet word. Groot plase is steeds belastingpligtig aan die narre van NSA. Ontwikkeling is onderhewig aan BTW in die NSA. Regstellende aksie en SEB is op die wetboeke. Daardie grondgebied (plaas) sal onafhanklikheid moet verklaar.

    Dit is korrek Johan, en een van daardie feite wat ons (vir eers) nie van kan wegkom nie. Wat die belasting betref, sal ons vir eers seker moet saamwerk. Wat regstallende aksie en SEB betref? Nee. Nooit weer nie.

    1. Shannon en Outoppie – Sal ons weet wie die bestuurslede is? En; Hein, geen onwettigheid nie.

    Natuurlik sal julle weet wie die bestuurslede is, en elke belegger en/of lid sal gereeld terugvoer kry, tot op die vlak van geouditeerde state, maar elke ding op sy tyd. En Outoppie, ons sal mos nooit onwettige dinge aanvang in ‘n swart kommunistiese land onder ‘n onderdrukkende regering wat nie regtig legitimiteit het nie?

    Ons wil nie hê ons lede moet in die tronk beland nie. Wel, nie in ‘n Suid-Afrikaanse tronk nie, en ook wil ons nie hê ons mense moet geld verloor nie. Die ANC en vriende vat genoeg daarvan vir hulle eie sakke. Daarom is daar regsgeleerdes in ons span.

    1. Tienie Bekker – Sal dit n ontwikkeling wees in die belang van die Afrikaner of is die winsmotief vir n paar mense die oorheersende faktor.Die gedagte moet ondersteun word maar alle planne moet deurentyd deursigtig wees.Die Afrikaner is tot n groot mate reeds verarm deur verskeie verwikkelinge op politieke vlak en kan nie nog n Piramiede skema bekostig nie.As die planne deursigtig en eerlik is hoef daar nie te veel sogenaamde geheimhouding te wees nie.Hierdie gedagte rigting kan n deel van die Afrikaner se probleme aanspreek.!!!

    Tienie, ons is ‘n paar “hard core”-Afrikaners, wat almal ‘n groot liefde vir ons volk en mense het. Alle planne sal op ‘n toepaslike vlak aan die beleggers en lede bekendgemaak word, en die nodige “wigte en teenwigte” sal in plek gesit word. Hierdie is nie ‘n priamideskema nie, want niemand wat belê, sal enige rykdom belowe word nie. Wat ons wel hoop om te bereik, is die grootste rykdom van almal – Vryheid.

    Julle moet aanvaar, dat om so ‘n geweldige taak aan te pak, gaan dit nodig wees om permanente mense in diens te stel, en sodanige mense sal moet salarisse kry om aan die lewe te bly. Pap en tik vir hierdie personeel, gaan geen lojaliteit en toegewyde fokus verseker nie. Die aantal personeel en die vlak van salarisse sal bepaal word deur: a) die nodigheid, b) hoe ver in die projekfases dit is, c) die gerealiseerde en gereelde inkomste en d) deur te vergelyk met byvoorbeeld Solidariteit, Afriforum en Orania.

    As enige sakeman , boer of enige iemand daaraan dink om te kom woekerwinste uit ons mense maak deur middel van die projek, sal dit nie geduld word nie. Daar sal ‘n tydelike sterk dosis sosialisme toegepas moet word aan die begin, totdat ons op sodanige vlak is dat vryemarkkragte die besighede en entrepreneurskap kan bepaal en lei.

    Die aspek van “geheimhouding” gaan oor strategiese sekuriteit en risikobestuur, maar dit behels nie die finansies nie.

    1. Louis – Slegs bedrieers verkoop aandele sonder prospektus. hier kom nog ‘n Blue Zone, Sharemax ens

    Vir wat ek vir jou wou sê, sal ek vanaand op my knieë gaan om vergifnis vra. Jy beledig die intelligensie van al die mense op hierdie forum, so dit is vir jou beter om weg te bly.

    Ons het nog aan niemand aandele aangebied nie, ons het gevra wie sou belangstel. Ons het dit duidelik gestel dat daar ‘n vergadering gehou sal word, en ek glo daarna gaan daar nog baie vergaderings volg. Hierdie is ‘n proses.

    Vir almal wat belangstel – moenie die hoogte en steilte van hierdie berg onderskat nie. Dit gaan moeilik wees en ons gaan baie hindernisse moet oorkom. Sukses gaan afhang van ons toewyding tot die saak en sy uiteindelike doel.

    Ad libertum persequor.

     

    games casino online freeДанильченко Юрий Брониславович компромат

  • Kom ons begin die pad na vryheid

    Ek lei af uit die kommentare en bydraes van lesers op Praag, dat dit tyd geword het om die pad te begin stap, om die Afrikaner en blanke in die algemeen se vryheid te herwin. Laat ons reguit en eerlik wees met mekaar, dat hierdie pad nie maklik gaan wees nie, en dat ons baie hindernisse sal moet oorkom. Dit gaan opoffering en toewyding vra, en “ghoene” so groot soos strandballe.

    Maar die vraag wat ek myself vra, is: Hoe lank moet ons nog sit en praat, en kla en kerm? Dit kan nie so aangaan nie, en een of ander tyd moet ons net eenvoudig begin doen. Die tyd daarvoor is nou, en ek rig hierdie skrywe aan die agbare lesers om bekend te maak dat Praag ‘n plan aanvaar het, waardeur ons die Afrikaner weer wil vry maak. Daar is ongelukkig nie kitsoplossings nie, en ook is daar nie oplossings wat maar net uit die lug gaan val nie.

    Ons wil die blankes in hierdie land eerstens weer ekonomies mobiliseer, sodat hulle beheer oor hulle eie finansies kan terugkry, en deur die insameling van geld, daardie fondse aanwend om vir ons ons eie veilige biosfeer of lewensruimte te bekom.

    Eerstens moet ons die vraag vra: Wat beteken die begrip vryheid? Ons kan hier in ‘n ellelange filosofiese debat vasgevang raak oor die begrip vryheid en die verskillende vorme daarvan, maar vir die doeleindes van hierdie debat wil ek vasstaan by praktiese vryheid vir ‘n volk. Daardie faktore wat bepaal of ‘n volk vry is, of nie. Hier gaan ek bly by die nasionalistiese begrip van vryheid, eerder as die liberale konsep van vryheid. Die Concise Oxford Dictionary se definisie van vryheid, punt 4, beskryf dit as: “the power of self-determination attributed to the will; the quality of being independentof fate or necessity”. Dit is nodig dat ons hierdie definisie ontleed.

    • Duidelik is die eerste aanduiding dat vryheid beteken om “self-determination to the will” te ervaar, jy oor jou eie omstandighede kan besluit, in terme van jou eie wil. Ons blankes se “will” verskil van die swartmense se wil, en omdat hulle “demokraties” die meerderheidstem het, moet ons altyd konformeer tot hulle wil. Vir ons is dit nie vryheid nie.
    • In “the quality of being independent of fate or necessity”, is dit ook duidelik dat ons as blankes se “fate” of dan lotsbestemming, nie onafhanklik is nie, en noodwendig afhang van die besluite wat deur die ANC-regering geneem word, of dit ons tot nadeel strek of nie. Ons moet noodwendig, ter wille van vermyding van vervolging, sodanige besluite aanvaar.

    Dus, in terme van die Oxford-definisie, ervaar ons geen vryheid nie, en word ons meegesleur deur ‘n Afrka-roofkultuur wat aan ons vreemd en onaanvaarbaar is.

    Die filosoof Isaiah Berlin het onderskei tussen negatiewe en positiewe vryheid. Berlin het negatiewe vryheid omskryf as daardie vryheid wat jou toelaat om alles te doen wat jy wil, tot nadeel van ander, en dit is die tipe vryheid wat die ANC-regering toelaat om teen blankes, en veral Afrikaners en ons kultuur te diskrimineer en tot ons nadeel besluite te neem en wetgewing te maak. Hy skryf verder dat waar gemeenskappe saambly, ‘n vorm van kompromie benodig word om te voorkom dat negatiewe vryheid in ‘n tipe lisensie verander word om te doen wat jy wil. Ons as blankes, het geen toegang om te probeer kompromieë aangaan nie, omdat ons effektief uit enige besluitnemingsproses uitgesluit is.

    Volgens Berlin is dit geregverdig dat iemand wat negatiewe vryheid ervaar, optree om dit te verander in positiewe vryheid, wat omskryf word as vryheid om sekere doelwitte te bereik. Met ander woorde, ‘n tipe van magtiging vir individue of groepe om hulle eie potensiaal, doelwitte en ‘n staat van persoonlike outonomiteit en selfbeskikking te bereik. En dit is wat ons onsself ten doel gestel het – outonome selfbeskikking in ‘n soewereine onafhanklike staat.

    Ons moet aanvaar dat daar baie Afrikaners is wat nie in hierdie ideaal glo nie, en dit nie nodig ag om hierdie swaar pad te begin loop nie. Hulle dink, solank hulle nog kan kom en gaan soos hulle wil, en darem nog ‘n werk het, is hulle vry, ongeag die feit dat:

    • Ons kinders gedwing word om ondeurdagte sub-standaardonderwys te ontvang,

    • Gesondheidsdienste in die land van die swakste in die ontwikkelende wêreld is,

    • Infrastruktuur in haas elke munisipsaliteit in die land in duie stort,

    • Dat ons taal en kultuur so stukkie-stukkie vernietig word,

    • Dat ons van die hoogste belasting in die wêreld betaal, waarvan ‘n geraamde 30% + in die sakke van die ANC vetkatte en hulle vriende beland,

    • Dat daar blatant in terme van die grondwet teen blankes gediskrimineer word met regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging,

    • Dat die staat nie sy deel tot die sosiale kontrak, waarvoor ons belasting betaal, nakom deur ons van misdaad, korrupsie en swak dienslewering te vrywaar nie,

    • Dat die belastingbetaler elke keer meer geld moet opdok om vir die ANC-regering se swak bestuur te betaal, soos in die geval van Eskom en nou, die voorgenome nasionale gesondheidskema, en

    • Dat daar al hoe meer ‘n verskuiwing in beleid na ‘n sosialistiese staat in die ANC is, en myne en landbougrond in gevaar staan om genasionaliseer te word.

    So kan mens aangaan en ‘n boeklange lys opstel, wat al ad nauseum op hierdie forum beskryf en bespreek is. Mens moet jouself die vraag afvra; Wat moet nog verkeerd gaan, voordat gewone intelligente mense besef dat ons die einde van die pad bereik het en dat ons nie meer enige legitimiteit aan die ANC regering kan toeken nie? Ons het net een opsie oor, en dit is dat ons nou ons eie heil moet begin bewerkstellig.

    Ten laaste oor Isaiah Berlin – hy het soos volg geskryf: “Those who have ever valued liberty for its own sake believed that to be free to choose, and not be chosen for, is an inalienable ingredient in what makes human beings human.”

    Die vraag wat almal my altyd vra as die gesprek oor Afrikanervryheid gaan, is: “Maar waar gaan die geld vandaan kom, en hoe gaan ons dit regkry?” Die antwoord is eenvoudig: Ons gaan self die geld voorsien, en ons gaan self ‘n gebied koop en beset. Daar is geen ander manier nie, en ja, dit gaan nie maklik wees nie, maar ons moet begin.

    In die dertiger- en veertigerjare van die twintigste eeu was die Afrikaner arm en het omtrent geen deel aan die ekonomie van die land gehad nie, maar ‘n paar sakemanne met geloof in die toekoms en groot planne het eers Federale Volkbeleggings, later Sanlam en nog later Volkskas begin, wat gegroei het tot die sakereuse wat hulle vandag is. Die feit is dat die Afrikaner in sy verarmde toestand ná die Vryheidsoorlog, die Rebellie en die Depressie van 1929 tot 32, uit hulle karrige inkomste sjielings, pennies en ponde bygedra het, tot heil van hulleself en hulle eie mense. Ons moet dit weer doen, en ons wil dit soos volg doen.

    Praag gaan ‘n koöperasie stig, wat die uitsluitlike doel gaan hê om die Afrikanerkultuur en ‘n eie grondgebied te bevorder. Hierdie entiteit sal streng beheer word deur ‘n Algemene Raad en Direksie, ten volle geouditeer en finansieel deur professionele rekenmeesters geadministreer. Ons bied aan u die leser en volksgenoot die geleentheid om aandele in hierdie koöperasie te koop teen R 5 000,00 per aandeel, welke aandeel u 500 vierkante meter grond sal waarborg in ‘n gebied wat met die opbrengs gekoop sal word. Die bedrag van R 5 000,00 kan ook renteloos oor drie jaar afbetaal word, en daar sal ‘n maandelikse bestuursheffing van R 50,00 per maand teen elke aandeelhouer verhaalbaar wees. ‘n Deel van die inkomste sal gebruik word om ‘n Afrikanerbank te befonds.

    Daar is reeds ‘n komitee, bestaande uit professionele ingenieurs, regsgeleerdes en ander dissiplines wat kyk na ‘n geskikte gebied(e), en sal binnekort aanbevelings in hierdie verband doen. Die plan is dan ook om so veel as moontlik van ons werklose mede-Afrikaners so gou moontlik na hierdie gebied te repatrieer, en binne ‘n eie ekonomie vir hulle werk te skep, as voorlopers vir die hervestiging van die blankes en Afrikaners. Dan Roodt en ek besoek Amerika volgende jaar, om met ‘n paar invloedryke mense te gaan gesels en ons saak in Amerika te gaan stel, en dan doen Dan natuurlik nog steeds sy deel om ons saak in Europa op die voorgrond te hou. Ons is ook reeds in gesprek met Orania en sal Kleinfontein vroeg volgende jaar besoek, om gedagtes en idees uit te ruil en by mekaar kers op te steek.

    Om veiligheidsredes is dit moeilik om al die detabesonderhede van die plan bekend te maak op ‘n openbare forum, maar daar sal vroeg volgende jaar ‘n vergadering van Praaglede gehou word, waar almal ten volle ingelig sal word. Maar intussen, laat weet asseblief julle gedagtes, en gee ‘n aanduiding of julle sal aandele koop. Ons moet nou begin, nie later nie.

    In 1775 het Patrick Henry tydens die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog teen Engeland die volgende gesê: “Is life so dear, or peace so sweet, as to be purchased at the price of chains and slavery? Forbid it Almighty God! I know not what course others may take; but as for me, give me liberty or give me death!”

    справка 095у купитьФільчаков прокурор

  • Ons haat steeds verraaiers

    ‘n Uitstekende boek wat hierdie jaar die lig gesien het, is Boereverraaier, geskryf deur Albert Blake. Blake is ‘n regsgeleerde van Johannesburg, wat ‘n passie vir die geskiedenis het. Hy het twee Meestersgrade van die Universiteit van Johannesburg, en het die onderwerp van verraad onder die Afrikaners tydens die Anglo-Boereoorlog vir etlike jare bestudeer. In sy navorsing het hy ook verskeie plekke besoek waar van die gebeure wat beskryf word plaasgevind het, en hy het onderhoude met van die betrokkenes se nageslag gevoer waar hulle opgespoor kon word.

    Die boek is boeiend geskryf, en elke gebeurlikheid word so volledig moontlik beskryf volgens die inligting wat beskikbaar is en gevind kon word. Blake probeer deurgaans die gebeure en “regsprosedures” wat deur beide die Boere en Engelse gevolg is in aanklagte en terdoodveroordelings vir hoogverraad in verband bring met die heersende reg van die tyd, maar ook hoe dit binne die konteks van die oorlog plaasgevind het.

    Hierdie boek is ‘n móét vir alle Afrikaners en belangstellendes in die geskiedenis van Suid-Afrika. Nadat ek dit begin lees het, kon ek dit beswaarlik neersit en ek dink dit het my kennis van die oorlog en die psige van die Afrikaner, spesifiek die Boere van Transvaal en die Vrystaat, veelvuldig vermeerder.

    Ek onthou hoe ek kleintyd saam met my pa deur Wes-Transvaal gery het en hom uitgevra het oor die verskil in rykdom tussen verskillende boere en families. Hy het my toe vertel van die Hendsoppers en Joiners wat tydens die oorlog hulle plase kon behou en hoe hulle vee en ander bates van die strydende boere gesteel het, onder die voorwendsel dat hulle dit oppas. Vandag nog kan daardie verskil duidelik gesien word en tot en met die einde van die Verenigde Party, het die afstammelimge van daardie haatlike Joiners nog die VP ondersteun.

    Die eerste geval wat in die boek beskryf word, het afgespeel in die distrik Wakkerstroom, naby Volksrust. Ek het toevallig die tweespalt in daardie gemeenskap ervaar ‘n paar jaar gelede. Ek en my vennoot het gekyk na plase in die omgewing en die eiendomsagent neem ons toe na ‘n buurplaas van die familie wat beskryf word. Die openlike vyandigheid tussen die boere in die omgewing het duidelik geblyk uit die boer wie se plaas ons wou koop. Hy het vuur gespoeg oor die mense en het ons teen enige vriendskap met hulle gewaarsku, sou ons die plaas koop. Dus, meer as honderd jaar ná die oorlog, was die sielkundige uitwerking van die familie se verraad nog duidelik sigbaar.

    Daar is egter een anomalie wat in die boek uitstaan, en dit is soos volg: Op meer as een plek maak die skrywer melding dat verraad meer betrekking gehad het op baie arm boere, wat in baie gevalle bywoners op ander se plase was. Hulle het hulle siele vir geld aan die Engelse verkoop  en so verraad teenoor hulle eie mense gepleeg.

    Die boek, en my eie ondervinding, skets egter ‘n ander prentjie. Waar individue verraad gepleeg het, hou die bogenoemde standpunt bietjie meer water, maar dit was meer kere ryk families wat probeer het om hulle eie bates te beskerm wat saam veraad gepleeg het. Die meerderheid gevalle in die boek handel oor pa’s, seuns, broers en swaers, waarin jy kan sien dat dit ‘n spesifieke familie was en meestal was hulle welaf voor die oorlog. In Wes-Transvaal kon jy duidelik daardie families uitken.

    So, wat is die les wat ons vandag uit hierdie duister geskiedenis van die Afrikanerboerevolk kan leer? Hoe kan ons vandag pro-aktief daarop reageer in ons eie situasie, waar ons weet dat daar vandag weer boereverraaiers is, of mense wat in die toekoms nie sal skroom om ter wille van eie gewin hulle volk te verraai nie?

    Dit is ‘n feit dat ons Afrikaners uiters materialisties geword het en dit is die grootste rede vir baie Afrikaners se onbetrokkenheid by die situasie waarin die blankes hulle in hierdie land bevind. Solank mense hulle salarisse kan verdien, in ‘n mooi tronkhuis bly en elke drie tot vier jaar ‘n nuwe kar kan koop, glo hulle alles is wel en glo hulle, hulle is vry. Dit is ‘n sindroom wat duisende noop om soos volstruise te leef. Solank hulle misdaad op ‘n armlengte kan weghou, konformeer hulle in hierdie godverlate land wat deur die magesbehepte ANC tot in die grond bestuur word.

    Hoeveel van daardie materialiste gaan, as die moeilikheid blom, opstaan saam met hulle volksgenote en se: Genoeg is genoeg? Hoeveel van hulle gaan soos die Hendsoppers van destyds, hulle heil by die ANC-regering inwerp?

    Daar is ‘n verskil tussen mense wat vir die staat werk, omdat hulle nering is, en mense wat aktief aan die staat se beplanning en operasies deelneem waarin die blankes al hoe meer geviktimiseer en gemarginaliseer word. Die eerste groep kan verskoon word, maar die tweede groep het ‘n wanaangepaste lojaliteit en totale gebrek aan volkstrots en samehorigheid. Daar sit wit Afrikaners in die polisie, Nasionale Intelligensie en weermag, wat nie twee keer sal dink om teen hulle medevolksgenote op te tree nie. Alles onder die wanopvatting dat die staat die reg het om sy mag te misbruik.

    Haas elke regse Afrikanergroep in SA is geïnfiltreer deur die intelligensiedienste van die regering. Mede-Afrikaners sit by NIA en monitor ons webblaaie, ons e-pos en telefoongesprekke; hulle skryf sonder enige gewetenswroeging verslae daaroor aan hulle swart kommunistiese base. Hulle is die huidige verraderlike Joiners.

    Ons moet aanvaar, soos die Bittereinders min was, so sal ons wat bereid is om op te staan vir ons volk en duidelik ‘n boodskap wil stuur dat ons weer opstaan, min gaan wees. Die onbetrokke massas, wat idioties gelukkig in die NSA woon en werk, sal eers wakker word as hulle werklik begin swaarkry, en dan gaan ‘n groot gros nog steeds materiële welvaart bo vryheid verkies. Hulle sal passief sit en toekyk hoe ‘n handjievol, die nuwe Bittereinders, vir vryheid sal strewe, werk en onvermydelik ook veg.

    Mag die Vader ons almal genadig wees as daardie keuse of oomblik kom om verraad te pleeg, vas te staan en dat ons soos Luther sal kan uitroep: “Hier stehe ich und kann nicht anders! Gott helfe mir, Amen!”

    Ons moet aanvaar dat daar ‘n ernstige neiging in die Afrikaner is om sy eie mense ondergeskik aan sy eie materiële en persoonlike welvaart te stel en dat dit nie toegedig kan word aan arm mense, gewone mense of ryk mense nie. ‘n Verraaier kom uit alle vlakke van die samelewing; hy sal nie die skandaligheid van sy optrede verstaan nie.

    Waar die Bittereinders besef het hulle het alles wat dierbaar en kosbaar was verloor, maar voortgeveg het vir die grootste prys – Vryheid, het daardie selfde besef andere gemotiveer om verraad te pleeg. En hier praat ons nie van “Cape Liberals’’ en vreemdelinge nie; hulle was gebore Boere.

    Ons moet ‘n duidelike boodskap uitdra: As jy nie in jou volk en sy reg opVryheid glo nie, sal dit vir jou beter wees om jou van die Afrikaneboerevolk te distansieer – openlik en eerlik, sodat ons kan weet jy is nie ons broer of suster nie. Soos in die Vryheidsoorlog, gaan ons jou haat as jy ons verraai.

    дом игрушек киевДанильченко Юрий Брониславович

  • Quo Vadis Afrikaner?

    Dit is nou tyd vir die Afrikaner, en blankes oor die algemeen in Suid Afrika, om ‘n ernstige besluit oor hulle toekoms en deelname aan die NSA te neem. Vele skrywers en joernaliste het die situasie in die NSA mooi uitgespel die afgelope tyd, en vanuit al hierdie skrywes, is dit duidelik dat die ANC al hoe meer hulle ware kleure begin wys oor waar hulle met SA, en veral die blankes gaan.

    Anton Barnard het ‘n treffende stuk geskryf, Die nuwe erfsonde, oor hoe veral die blanke Afrikanermans maar so liberaal kan wees as wat hulle wil, hulle word van meet af beskou as inherent boos. Barnard se beskrywing van Swartes wat geag word as “te-nagekom, benadeeld, onderdruk, uitgebuit”, en dat hulle dus outomaties kwalifiseer vir ‘n verhewe, sondevrye status is treffend akkuraat, en ek glo almal het dit al ervaar in hulle lewens.

    Die Kroonwild van die wêreld

    Die grootste gevaar in die rassestoompot van die wêreld, is nie die swartes self nie. Dit is die sogenaamde “liberale humaniste” wat die mens, maar veral die swartes van Afrika tot demi-gode verklaar het. Maar daar is ook ander oorsake vir hierdie verhewe “kroonwild” status van die swartes van Afrika.

    Aan die een kant is daar die oordrewe skuldgevoel wat die Weste het teenoor Afrika, as gevolg van slawerny en kolonialisme, en aan die anderkant is daar die hulpelose massas van Afrika, wat as gevolg van hulle inherente karakter en die grondreëls van Ubuntu, “ontvangers” is en altyd sal bly. Met “Ontvangers”, bedoel ek dat hulle nooit in staat sal wees om self te produseer, te skep en te vervaardig tot eie voordeel nie, en dus nooit self in staat sal wees om welvaart te skep op die skaal wat oral elders ter wêreld plaasvind nie. Hulle moet dus altyd hulp, kos en vooruitgang ontvang.

    Dit is baie interessant om te let dat, alhoewel die mense van Maleisië, Indië en elders ook as slawe gebruik was, en ook gekolonialiseer was, die mense van hierdie streke nie naastenby soveel simpatie en voordele gegun word deur die liberaliste van die wêreld, as die swartes van Afrika nie. Die Arabiere van Noord-Afrika is ook uitgesluit van hierdie status.

    Die vrae wat dus moet volg is: 1) Wat is die rede dat die swartmense van Afrika hierdie verhewe status in die wêreld het? 2) Wie het aan hulle hierdie verhewe status gegee? 3) Hoe affekteer dit a) die Afrikaner, en b) die Suid Afrikaanse blanke in ons posisie in hierdie land?

    1)        Die westerse blankes het, soos reeds bo vermeld ‘n geweldige skuldgevoel jeens die mense van Afrika as gevolg van slawerny in die tydperk van die sestiende tot die agttiende eeue, en die kolonisasie van Afrika. Maar daarmee saam, het die weste ook begin om ‘n skuldgevoel te ontwikkel dat hulle self so suksesvol is, en in oorvloed kan produseer. Dus sit ons nou met ‘n westerse populasie wat kyk wie is die armste, mees betreurenswaardige mense op Aarde op wie hulle hierdie skuldgevoelens kan besweer, en die antwoord is ooglopend – die bedelende swartmense van Afrika.

     

    Hierdie swart Afrikane val in ‘n ander klas as die Inboorlinge (Aboriginis) van Australië, die swart oerwoudstamme van Nieu-Guinee, die Indiaan stamme van die Amazone in Suid-Amerika, die Bedoeine stamme van Noord-Afrika en die midde Ooste ens. Die bogenoemde volke en stamme vra en bedel nie hulp en geld nie. Hulle is selfversorgend. In terme van volke wat ook slagoffers was van slawerny, soos die huidige Bangladesh en Maleisië, het daardie volke opgestaan uit hulle verlede en selfversorgend geword.

     

    Die swart Afrikane egter, bly hierdie hulpbehoewende welsynsgevalle. Hulle kon nie die vlakke van ontwikkeling wat kolonisasie gebring het in stand hou nie, maar na hulle die voordele en produk van westerse leiding en hulp ervaar het, het hulle hierdie onversadigbare lus daarvoor ontwikkel. En omdat hulle nie die vermoë het om selfversorgend en produserend te wees nie, speel hulle hierdie rol van hulpbehoewende welsynsgeval van die wêreld uitstekend.

     

    Die geskiedenis van Afrika het egter ook bewys dat die swartman ‘n ongelooflike naiewe geloof in homself het, dat hy enige iets net so goed soos enige ander ras kan doen. Die feit dat hulle nêrens nog ooit suksesvol was nie, en die hele vasteland, met uitsondering van Noord-Afrika, een groot verhaal van mislukking, oorlog, volksmoord, hongersnood, korrupsie en oorlewing is, dring nie tot hulle deur nie. Die agteruitgang van dienste en infrastruktuur in Suid Afrika is die duidelikste bewys van hierdie stelling. Maar onbewustelik in hulle agterkoppe is daar die wete – die wit weldoeners van Europa en Amerika sal wel kom help, as daar nie meer uitkoms is nie.

     

    Die profiel van Afrika en sy swartmense, pas dus die vereistes van die westerlinge se skuldgevoelens soos ‘n handskoen, en word daar dus ‘n suksesvolle simbiotiese verhouding in stand gehou. Die hulpbehoewende swartman, wat as gevolg van sy “onregverdige” geskiedenis mag misluk, moor, steel en korrup wees soveel as wat hy wil, wat ondersteun en gepamperlang word deur die westerse lande wat mislei en oorheers word deur die liberale humaniste wat die mens tot demi-god verhef het.

     

    2)        Daar is egter ‘n verskil tussen gewone liberale mense, en die fanatiese  filantropiese en humanistiese liberaliste, wat deur oud generaal Jannie Geldenhuys genoem word die “Red Liberals.” In sy boek: South Africa is fantastik – Everyone’s guide how (not) to be political incorrect (p17), Protea Book House, Pretoria, 2007, skryf generaal Geldenhuys die volgende:

    “Red liberals are dangerous. They are the prime source of the problems that we have with democracy today. The red liberal is a pseudo freethinker with a cause.

    A red liberal with a cause – and a sponsor – is extremely dangerous. If you don’t agree with him, he becomes red with anger, aggressive and relentless. If you don’t succumb to his hang-ups, he will legislate against you. With money or power behind him, he is unmanageable. There are many of them chasting and pushing causes all over the world and in South Africa.

    Red liberals stick to their sponsor’s conditions and remain focused on the set goals. They, possibly in the employ of an NGO, will coerce a government into legislation. They drive their causes to the bitter end, for the good or the bad. Red liberal NGO’s, such as the anti-huntig, anti-gun lobbies, or those fighting AIDS or protecting illegal aliens, present their projects to the government as if every one of them is the foremost priority for the country, if not for the salvation of the whole planet.

    The next holier than thou red liberal does exactly the same. His cause is also priority number one.”

    Dit is ‘n feit dat die wêreldopinie deur “Red Liberals” gedryf word, veral in die weste. En hierdie groepe is die pionne van die Internasionale Geldmag, wat “beskik oor nasies en volke, en die gang van hulle lotsgevalle kan bepaal.” Hulle gebruik hierdie hoë profiel liberaliste om hulle doelwitte te verseker, en hulle sit baie geld daarin. Dit is die rede hoekom die westerse lande se regerings so liberaal is, so verdraagsaam teenoor emigrante van ander rasse, en so anti-Christen is. Ek het onlangs ‘n artikel gelees waarin vertel word dat dit nou in Europa en Amerika polities korrek is om nie Moslems aanstoot te gee nie, maar daar mag openlik gediskrimineer teen, en die spot gedryf word met Christene en die Christelike geloof. Dit word gedryf deur “red liberals” met baie geld agter hulle, wie blykbaar die reg het om te besluit wat is aanvaarbaar en wat nie.

    En hulle kleed natuurlik altyd hulle woorde en boodskappe so in, dat dit net reg klink. Dit raak altyd net die regte hartsnare van onregverdigheid, onverdraagsaamheid en vooroordele teen die groep wat hulle  wil beskerm of gewild maak.

    Hoekom dan juis Afrika, en spesifiek Suid Afrika?

    Hierdie vasteland is geseënd met die meeste ondergrondse rykdomme en minerale van al die vastelande, en reeds vir meer as ‘n honderd jaar misbruik die groot westerse maatskappye en lande die na-iewiteit en onvermoë van die swart Afrikaan, om beheer oor hierdie minerale rykdom te hou. Despote en tiranne word as leiers van regerings in stand gehou, vir die reg om minerale te myn en ontgin. Dit maak nie saak of daardie regering demokraties, sosialisties, kommunisties of ‘n diktatorskap is nie. Hoe meer korrup, hoe beter.

    Dieselfde is al hoe meer besig om in Suid Afrika, wat ‘n ongelooflike verskeidenheid minerale het, te gebeur en dit is hoekom dit tot voordeel van die Geldmag is om die swartman in die regering te hê. Hulle sal ook alles wat nodig is en in hulle vermoë doen om hom daar te hou, dus word die “Red Liberals” mildelik befonds en bemagtig met alle hulpmiddele wat hulle vra. Hierdie Geldmag kry nou via hulle SEB frontmaatskappye oral in die land regte om te prospekteer, te myn en te ontgin, en dit is hoekom die Department van Mynwese so traag is om teen hierdie maatskappye op te tree. Al die nuwe sogenaamde swart bemagtigde mynmaatskappye word befonds deur die groot internasionale mynhuise, wat in staat is om hoë bedrae omkoopgeld te betaal.

    Die feit dat daar Afrikaners en ander blankes is wat nie tevrede met die Nuwe Suid Afrika is nie, en gedurig kritiek daarteenoor uitspreek en alles bevraagteken, is vir die swartes se base net so onaanvaarbaar as vir hulle. In daardie opsig, is spesifiek die Afrikaners watnie wil konformeer en die Nuwe Suid Afrika aanvaar en omarm nie, vir die Geldmag en swartes ‘n klippie in die skoen, en is ons ‘n bedreiging wat uit die weg geruim moet word.Hulle kan nie bekostig dat enige iets die status quo bedreig of laat wankel nie.

    Wat is die pad vorentoe?

    Ons as Afrikaners moet aanvaar dat ons al vir jare die muishonde in die verhaal van Suid Afrika is, en dit sal nooit verander totdat ons nie meer bestaan nie. En dit is wat die ANC en hulle base uiteindelik wil hê – die Afrikaner, en in daardie opsig alle blankes wat simpatie met die Afrikaner het, moet verdwyn. Hulle sal stelselmatig die skroewe al stywer draai om ons te dwing om òf die land te verlaat, òf eenvoudig oor te gee, en in die vergetelheid te raak, ge-assimileer deur die swart massas.

    Ons moet begin saamstaan, ons volkstrots terugkry, en besef dat die verdraagsaamheid teenoor ons is net kunsmatig en ‘n spel wat gespeel word ter wille van ‘n beeld wat aan die wêreld voorgehou word. In die NSA, is ons gestroop van alle selfwaarde en is daar hard gekweek aan ‘n skuldgevoel oor apartheid aan die een kant, en ‘n gees van; die Afrikaner moet bewys dat hy sal saamwerk tot voor deel van die NSA en al sy mense.

    Maar ons kan nie meer naief aan hierdie spel deelneem nie! Dit is tyd dat ons wakkerword en opstaan, en vir ons eie toekoms verantwoordelikheid neem.

    Maar nou vertel die “Red Liberals” vir ons dat dit nie die “inding” is om volkstrots te hê nie. Dit is nie aanvaarbaar nie, en dit is rassisties om vir jou eie mense te kies en vir hulle eksklusief ‘n beter bedeling te probeer bewerkstellig. En so het baie blankes al die NSA aanvaar, en neem lustig deel aan die ondergang van hulle eie mense. Hulle glo die liberaliste se boodskappe, want dit klink dan so reg. Dit terwyl die swartes en ANC die grootste rassiste in die huidige tydvak is, maar hulle mag mos – hulle het dan so hard ge-“struggle” vir hulle vryheid en regte. (sic)

    Die Afikaner staan nou voor dieselfde vraag wat dr. DF Malan in 1948 gevra het: Quo vadis my volk? Waar gaan jy heen? Ons kan nie meer praat en stry teenoor mekaar nie. Ons moet nou ophou praat en begin doen – konstruktief, pro-aktief, en met duidelike doelwitte. Ons moet nou begin werk vir ons vryheid en ‘n onafhanklike blanke staat. Ons moet begin veg vir Vryheid, en daardie veg beteken nie noodwendig gewapende geweld nie. Daar is baie manier van veg, maar ons moet van nou af alles wat ons doen met een doel voor oë doen: ‘n Vrye soewereine staat. Dus moet ons oorgaan tot aktiewe verset en vooruitgang met doelwitte wat intern vir onsself beplan is, en nie tot “die voordeel van almal in Suid Afrika” nie.Ek haal hier die woorde oor verset van NP Van Wyk Louw aan:

    “Opstand is net so noodsaaklik as ‘n volk se getrouheid.  Dit is nie gevaarlik dat verset misluk nie, wat wel gevaarlik is, is dat ‘n helegeslag sonder verset verbygaan”

    Ad Libertum Persequor!!

     

     

    магазин игрыФильчаков прокурор отзывы

  • Ons b-bank, ons b-bok, ons b-boere – wat is volgende, ons bobotie, biltong en boerewors?

    Dit is baie duidelik dat die kommuniste nou behoorlik aan die gang gekom het, om ons Afrikaners se hoekstene weg te kap, en die ANC se kommunistiese onderrok hang al verder uit. Dit is ‘n erkende aspek van sielkundige manupilasie, dat as jy mense se simbole en fondamente wegvat, hulle identiteitloos en sonder samebindende emosie sit. Dit maak hulle ‘n maklike prooi vir indoktrinasie tot ‘n nuwe ideologie, denke en leefwyse. Hierdie is natuurlik ‘n algemene indoktrinasiemetode in alle weermagte,  om goeie soldate te maak. Die nuwe rekrute word individueel afgebreek en ontneem van ‘n eie identiteit om in te pas by die groepsidioom. “Hulle breek jou eers af, dan bou hulle jou in die spanspeler (of groepsidioot) wat hulle wil hê.”

    Dieselfde taktiek is uitmuntend suksesvol gevolg deur die kommuniste ná die Tweede Wereldoorlog in al die lande wat hulle ingeneem het. In Rusland is godsdiens verban, in China is kinders van hulle ouers vervreem om nie die eeu-oue Chinese tradisies te leer nie. Die basiese idee? Neem hulle unieke identiteit weg – alles wat hulle uniek maak, en dan gee jy aan hulle die groepsidentiteit wat die regering behaag. Gebeure van die afgelope tyd begin op ‘n gefokusde aanslag op die Afrikaner se identiteit dui. Kom ons kyk chronologies na hierdie nuwe aanslag:

    1.         Die ANC is stelselmatig besig om ‘n berekende aanslag op Afrikaans te maak, en hulle hoofteikens is die skole en veral die universiteite. Breek ‘n taal as intellektuele medium, en jy breek sy krag om te groei en lewend te bly. Een vir een is die Afrikaanse universiteite afgetakel; Kovsies was die tweede laaste een, en nou begin hulle by Potchefstroom. Daar is alreeds ‘n geroep uit die gekkekoor dat Model C-skole moet verdwyn.

    2.         Die ANC maak bekend dat hulle alle landbougrond tot nasionale bate wil verklaar, en die grond nasionaliseer vir ‘n paggebruikstelsel. Afgesien daarvan dat dit niks anders as die kommunistiese ideologie is van alles behoort aan die staat, nie en almal werk vir die glorie van die massas, is dit ook die basisbeginsel van die swartes se lewensfilosofie, Ubuntu, dat die land aan almal behoort, via die stamhoof. Dit is hoekom swartmense nie glo aan grensdrade nie.

    3.         Die bogenoemde beleid word dan gefokus op veral jagplase, wat volgens die kommuniste nie produktief is nie. Dit word gesê ongeag die feit dat die jagbedryf jaarliks miljarde rand se buitelandse valuta en inkomste vir die ekonomie verdien. Maar natuurlik! Jag  is hoofsaaklik ‘n blanke tydverdryf en ook, as daar geen jagplase is nie, is dit onnodig vir enige blanke om ‘n jaggeweer te besit. Die minister van polisie het dit duidelik gestel ‘n paar maande terug: “Algehele ontwapening van die burgerlike bevolking is nog steeds ons uiteindelike doel.”

    4.         Die ANC maak bekend dat hulle reeds duisende blankes, en veral Afrikaners as lede het. Baie moontlik gaan die naïewe blankes dit glo, en skielik word lidmaatskap van die ANC die “in-ding”.

    5.         Indoena Zuma  besoek Orania om “goeie” verhoudinge met die Afrikaner te bou.

    6.         Die ANC maak bekend dat hulle blankes wil teiken om lede te word, om hulle meer verteenwoordigend te maak van alle rasse. Dus: “Kom na ons toe, ons sal vir julle ‘n nuwe veilige tuiste bied.” Nt soos Dingaan Piet Retief en sy manne in die kraal ingenooi het vir ‘n kalbassie bier en volkspele?

    7.         Absa gooi hulle kwotabom, en skielik begin hulle aan een van die Afrkaner se heilige koeie torring. Maria Ramos het nog geen enkele woord gerep oor die rykdom van die Afrikaner wat daardie bank gebou het nie, inteendeel daar is geen erkenning daarvoor nie.

    8.         Om die spyker dieper in te kap, help die IRB wragtag dat die” heilige” Springbok verban word (ons kon dit vat toe dit van die hart verskuif), na die mou, nogal op daardie deel van ‘n rugbytrui waarmee die speler sy snotneus en spoeg afvee. Ek wed die ANC lag lekker oor hierdie een, en dit moet nog gesien word of die bok enigsins weer erkenning sal kry!

    So wat het dit alles met die argument hierbo te doen? Kom ons kyk mooi na wat (onder baie ander faktore) ‘n Afrikaner definieer:

    1.         Na ‘n volk se uiterlike kenmerke soos velkleur en haarstruktuur, is taal ‘n volk se mees herkenbare karaktertrek. Neem dit weg, en jy laat hom verward oor sy herkoms en sy interne kommunikasie. Ons ouer garde sukkel nou al om die “moderne” Afrikaners se gebrabbel van Sêfrikaans te verstaan – ‘n bastertaal van Adrikaans en Engels. Ons sukkel nie regtig nie, dit laat net baie sand onder mens se tande. Die ANC breek op hulle eie Afrikaans se status en belangrikheid so stukkie vir stukkie af. Die enigste staatsdepartment waarin jy nog Afrikaanse korrespondensie kry, is SARS, en dit moet baie rooi vlae laat opgaan. Die Afrikaner se bydrae tot die staatskas deur die belasting wat hy betaal, is wat die regering in staat stel om hulle korrupsie te finansier, en miljarde rande aan die kastige maatskaplike toelaes te betaal. Dit is niks anders as ‘n vorm van herverdeling van rykdom nie.

    2.         Ons het Boerebloed in ons are. Ons stam almal van voorvaderboere af, almal het iewers familie op ‘n plaas (gehad), en die Afrikaners is internasionaal bekend as mense wat ‘n oes uit klippe kan boer. Dit is deel van ons identiteit. Neem ons Boerskap weg, en jy neem ons bakermat weg. Die groot gevaar vir ons is dat al hoe meer boere (Afrikaners) hulle uitsonderlike talente nou vir ander lande gaan aanwend. Tans is AgriSA in Georgië, wat dringend Afrikanerboere soek om hulle landbousektor weer te gaan opbou. Dit maak dat die Afrikaner net nog meer verspreid oor die wêreld gaan raak. En dit is vir die ANC ‘n soete gedagte.

    3.         Om te jag was een van ons voorvaders se belangrikste maniere om kos op die tafel te kon sit, en dit het deel van ons karakter geword. Maar nie die swartmense nie.  Ek self jag al jare en het nog nooit ‘n swart jagter in my lewe teégekom nie, behalwe dié wat onwettig met honde kleinwild jag. Ook is jag natuurlik deel van die koloniale verlede van Afrika in die geheel. Dit lyk en ruik blank en Europees.

    4.         Blankes, en veral Afrikaners het geen affiniteit vir of met die ANC nie. Dit is net nie iets wat mense wat nie hulle siele verkoop nie, doen nie. Maar deur net die idee tuis te bring dat dit nou eintlik sosiaal aanvaarbaar is om lid te word van die ANC, kan daar dalk ‘n paar duisend mofskape om die bos gelei word.

    5.         Die Afrikaners is baie ordentlik en gasvry as dit ons pas. Indoena Zuma weet dat hy welwillendheid kan koop deur te gaan kuier by Orania, die huidige “hart en beeld” van Afrikanervryheid  (hoe beperk daardie vryheid ook al is.) Dit versterk die gevoel wat hulle wil skep dat daar ‘n tuiste vir Afrikaners is onder die regerende kommuniste want hulle is dan nou so verdraagsaam en bedagsaam. Die Afrikaner kan baie naïef wees aan die een kant, en ons het altyd die Joiner-element onder ons – ‘n aspek waarvan die ANC deeglik bewus is.  Daar is van ons mense wat sal val vir die soet heuning van verleiding. “Sluit aan by die ANC en werk saam vir ons land se toekoms.” Jaaa, perde het horings ja en my oupa se koeie het gereeld oor die maan gespring.

    6.         Volkskas was een van die Afrikanerdom se grootste suksesse. Uit Federale Volksbeleggings waarin ‘n verarmde volk elkeen sy paar sjielings of twee ponde in die hoed gegooi het, het die magtige Absa tot stand gekom. Die verswarting van daardie instelling wat eens ‘n kroon op die Afrikaner se kop was, is nou gefinaliseer.

    7.         Rugby is so deel van die Afrikaner se identiteit en psige, dit is ‘n doktorale studie werd. Die eens magtige Springbokke en sy individuele helde, was vir die Afrikaner sy deeltjie van glorie en mannemoed waaraan hy sy hele lewe kon glo. Oumense vertel nou nog van “daai drie van Mannetjies Roux, Mof Myburgh wat die All Blacks flinters kon boks, Tiny Naude se skop, Dawie de Villiers se duikuitgee… Soos die Noord-Europeërs hulle beroep op die legendes en glorie van die Noormanne en die Wikinge, kon ons ons nog altyd roem op die glorie van die Springbokke! Dit is ons afgod en ons Saterdaggodsdiens. Dit is ons mans se passasieritueel tot manwees. Jy moes rugby iewers in jou lewe gespeel het, anders is jy ‘n sissie. Vat dit weg, en jy vat die Afrikaner se manwees weg?

    Klink dit soos  ‘n belaglike “samesweringsteorie”? Miskien, maar eintlik doen die ANC net wat kommuniste doen – dít wat hulle doktrine hulle leer, en wat voorheen onder kommunisme gewerk het. Dus, ‘n slim gefokusde strategie of nie, ons as Afrikaners moet kennis neem en wakker bly.

    Ons  moet eenvoudig nie toelaat dat hulle slaag nie. Deur ons mense op hoogte te hou van die slim taktieke wat teen ons aangewend word, sal mense toegerus wees om nie deur hulle foefies gekul te word nie. Ons mag nie toelaat dat hulle wen nie. Byvoorbeeld is rugby een van ons kleinnode, en al moet ons dan ons eie liga begin, dan doen ons dit. Ek sien baie jong boertjies met kort kakiebroeke en tweekleurhemde rondloop, wat sterk en jonk is. Ons moet ons eie spanne begin en ‘n liga speel. Dink net aan die advertensie: Saterdag, Boererugby. Kleinfontein vs Orania, of Praag vs Die Boerevolk. As ons alles los wat dierbaar vir ons is, verloor ons, en hulle wen.

    Ons moenie ons karakter verander en ons kultuur verloor, net omdat die ANC dit so wil hê nie. Ons moet nou begin beweeg om ons eie veilige biosfeer te skep. Met ander woorde, ons moet:

    1.         Ons eie ekonomie deur Afrikanerbanke skep en sover moontlik eksklusief net met mekaar besigheid te doen,

    2.         Ons eie grondgebied bekom en ‘n veilige blanke kolonie(s) te skep,

    3.         Bou aan ons eie skole, en nuwes begin,

    4.         Ons eie universiteit stig,

    5.         Ons eie rugby liga stig – dit gaan klein begin, maar kan groot eindig,

    6.         Ons boere en ons landbou beskerm met alles wat ons het, in ons eie gebiede, en

    7.         Wee die donner wat aan ons bobotie, biltong of boerewors vat.

    En binnekort, roep ons ons eie onafhanklike Vrye Boerestaat / Afrikanerrepubliek uit.

    Ad Libertum  Persequor!

    настольная игра монополияДанильченко Харьков

  • Ly die Afrikaner aan Swartdoodsindroom?

    Die optrede en reaksie van sommige Afrikanergroepe op die bedreiging vir ons voortbestaan, vergelyk kommerwekkend baie met die reaksie van mense in Europa ten tyde van die Swartdood.

    In die eerste helfte van die veertiende eeu, het die Swartdood, of Buboniese Plaag oor Eurasië, en veral Europa gespoel, en binne ‘n paar maande is ongeveer 50% van Europa se bevolking, en veral sekere streke se bevolkings dood. In sommige gevalle is hele dorpe of stede uitgewis. ‘n Italiaanse skrywer, Giovanni Boccaccio, wat die effek van die plaag opgeteken het, het dit soos volg beskryf: “How many valiant men, how many fair ladies, breakfast with their kinfolk and the same night supped with their ancestors in the next world! The condition of the people was pitiable to behold. They sickened by the thousands daily, and died unattended and without help. Many died in the open street, others dying in their houses, made it known by the stench of their rotting bodies. Consecrated churchyards did not suffice for the burial of the vast multitude of bodies, which were heaped by the hundreds in vast trenches, like goods in a ships hold and covered with a little earth.”

    Gedurende die hoogtepunt van die plaag, het die troebadoer Peire Lunel de Montech die uiters hartseer liriese gedig “Meravilhar nos devo pas las gens”geskryf. Een strofe hieruit lei: “They died by the hundreds, both day and night, and all were thrown in … ditches and covered with earth. And as soon as those ditches were filled, more were dug. And I, Agnolo di Tura … buried my five children with my own hands … And so many died that all believed it was the end of the world.”

    Uit bogenoemde kan duidelik gesien word dat Europa se mense bedreig was met ‘n ogelooflike uitwissingsramp, en natuurlik het hulle vrae gevra oor wat aan die gang is omdat hulle nie die wetenskaplike kennis en tegnologie gehad het om die oorsaak van die siekte vas te stel en te oorkom nie. Die plaag het ‘n geweldige sosiale uitwerking gehad.

    Stede en dorpe het hulleself probeer beskerm deur die stadspoorte te sluit, en enige vreemdelinge is weggejaag of doodgemaak. Sommige streke het pateties ‘n klipmuur op die grond gepak tussen hulle en ‘n streek waar die plaag voorgekom het. Maar daar moet onthou word dat die mense van Europa oorwegend gelowige Katolieke was, en die priesters in die kerke het probeer om ‘n Bybelse verklaring te gee. Hierdie verklarings het wyd verskil, en was dus die oorsaak van verskillende reaksies, waarvan die grootste die volgende was:

    • Sommige mense het geglo dat dit die einde van die wêreld was ingevolge die boek van Openbaring, en dus het sommige probeer wegkruip en hulle afgesonder, terwyl ander weer besluit het, dit is dan nou die tyd om vir oulaas te leef, te drink en sonde te pleeg, want hulle gaan in elk geval sterf.
    • Sommige het geglo dat God die mensdom straf as gevolg van die sondige lewenstyl hier op aarde, en dit het die gevolg gehad dat party heeldag gebid het, maar die uiterste effek was ‘n groep wat deur die geskiedskrywers die “Flagellants” genoem word. In Afrikaans sou ons hierdie mense die “Selfkasteiers” kon noem. Hulle het geglo dat God hulle en die mensdom sou vergewe, as hulle hulleself straf deur rond te gaan en hulleself op die rûe te slaan met swepe en gesels. Andere het hierby nog kruise ook gedra soos hulle van dorp tot dorp geloop het. Geskiedskrywers beskryf hierdie groep, wat maer en verhonger van dorp tot dorp geloop het, met minimum klere aan, en hoe hulle met bebloede rûe en roepend tot God gestap het. In sommige dorpe is hulle aangeval en doodgemaak.
    • Sommige groepe het geglo dat daar identifiseerbare mense in die samelewing was, wat die oorsaak was van hierdie plaag as straf van God, omdat hulle nie Katolieke was nie, en in hierdie geval is die Jode grootliks geteiken. Daar het onbeskryflike aanvalle op Jode plaasgevind, waarin hulle vermoor en verdryf is. Skrywers meld dat in sommige Joodse gemeenskappe man, vrou en kind doodgemaak is.
    • Buite die godsdiens, het gemeenskappe mekaar aangeval, net omdat hulle geglo het die ander gemeenskap is om een of ander rede die oorsaak van die plaag.

    Die gevolge van al hierdie sosiale onrus en gebeure het ‘n geweldige uitwerking op Europa gehad, en dit het hulle 150 jaar geneem nadat die plaag verby was, om te herstel. Sommige skrywers meen dat 10% van die mense wat gedurende die plaag gesterf het, nie as gevolg van die siekte gesterf het nie, maar aan die hand van hulle medemens.

    Dit is ‘n feit dat die mense van Europa bedreig was met totale uitwissing, en dat die oorsaak van hierdie geheimsinnige siekte ver bo hulle begrip was; vandaar die radikale oorsake wat hulle uitgedink het, en waarmee hulle probeer sin maak het van hulle omstandighede ten tyde van die plaag. Daardie wanhopige redevoering was ook die oorsaak van hulle ekstreme en vergesogte optredes.

    Vir sommige mense en groepe word die Afrikaner ook vandag met uitwissing bedreig. Die pers is vol van die aanslag op ons taal, die moorde op die plase,  en ons weet hoeveel Afrikaners het al geëmigreer, en hoeveel praat daagliks of dit nie beter gaan wees om die land te verlaat nie. Verder is daar natuurlik die ANC se beleid van Swart Bemagtiging waardeur blankes nie toegang tot die arbeidsmag gegun word nie, ‘n swak onderwysstelsel wat ons kinders ‘n substandaard-skoolopleiding gee, en al hoe meer wetgewing wat sakemanne en boere wil dwing om sonder meer groot blokke aandele in ondernemings wat hulle deur harde werk opgebou het, net eenvoudig aan swartes te gee.

    Ons is ontnugter, verdwaas, kwaad en daardeur soekende na die oorsaak van ons huidige omstandighede. En dit is hier waar ons mense hulle nou aan dieselfde wanhopige redes en optredes begin skuldig maak, as die mense van Europa tydens die plaag. Ons soek nou na ‘n adder aan eie boesem. So, waar is die ooreenkomste met die optrede van die Europeërs tydens die Swartdood?

    1.         Sekere mense het klaar oorgegee, en glo dat die einde in elk geval al verby is – dat die Afrikaner nie meer bestaan nie. Hulle het vrede gemaak met die nuwe SA, en neem heelhartig daaraan deel. Ons drink, hou partytjie, woon dorps- en kunstefeeste by asof dit nooit genoeg sal wees nie. Hulle omhels die nuwe SA. Dis mos in elk geval verby.

    2.         Sekere groepe glo dat God die Afrikanervolk straf, en dat ons ons moet bekeer en elke dag verootmoedig om aan Sy straf te ontkom. Daar word teruggegryp na die Ou-Testamentiese God van vuur en wraak oor die vergrype van Sy volk. Die simptome stem verstommend ooreen met Europa in die tyd van die Swartdood. Dit is net nie meer die inding om jouself fisies te straf nie, maar hulle straf hulleself geestelik genadeloos.

    Ek het al reaksies op artikels, wat oproepe doen op Afrikanereenheid onder alle Afrikaners, op Praag se webblad gesien waarin dit duidelik is dat sekere Afrikanergroepe hulleself as die verteenwoordigers van God op aarde sien, en dat enigeeen wat nie soos hulle glo nie, “uitgewerp word in die buitenste duisternis”. Ek glo, as ons in die Middeleeue geleef het, sou die “uitgeworpene” ook doodgemaak word.

    Een kommentator het geskryf: “As jy nie saam met my my God aanbid nie, is jy nie my broer nie!” Ek sou graag aan die skrywer wou vra; Watter God? Die God van vuur en swael, en wraak, of die liefdevolle God wat sy Seun gestuur het om as Lam gemartel te word, en aan die kruis te sterf vir ons sondes?

    3.         Op ‘n ander Afrikanerwebblad lees ek dat daar ‘n Boerevolk, en ‘n Afrikanervolk bestaan, en dat hierdie twee se paaie moet skei. Dan kry jy die “liberale Kaapse Afrikaner” wat geen plek tussen die Transvalers en Vrystaters het nie. Die feit dat ons almal van dieselfde stamouers afstam, dieselfde taal praat en dieselfde kultuur het, dra by hierdie mense of groepe geen gewig nie. En die grootste “uitvaagsels” is die Afrikaners wat “ja gestem” het.

    Daar is geen rasionele denke oor die werklike oorsake van die Afrikaner se huidige dilemma nie, en ek kon nog nie vasstel hoe daar gedink word oor die einste Transvalers en Vrystaters wat ook in duisende ja gestem het nie. En hoe nou gemaak as daardie einste ja-stemmers nou tot inkeer of “openbaring” gekom het dat hulle “skuldig” was aan hoogverraad, en nou wil hulle ook dinge weer verander om vir die Afrikaner ‘n regverdige bedeling of Vryheid te bewerkstellig?

    Die Jode van die Swartdood word nou onder ons eie mense gesoek! Die verleiding van die Nasionale Party en die Broederbond word nou genegeer tot onbelangrik, want dit is die mede-Afrikaners wat gesondig het, verraad gepleeg het, Mammon aanbid het. Die adder in eie geledere wat God se wraak en straf oor ons gebring het!

    Ons volk is so paniekerig, kry so seer en is so verward, dat ons onder mekaar byt en baklei, want iemand moet skuldig wees en iemand moet nou beetgekry word. Dit is soos ‘n spul rotte wat die sinkende skip wil verlaat, en nou trap ons mekaar onder die water in, en byt mekaar net om tog bo te wees, om weg te kom van die pyn en verskrikking en om uit die gevaar en bedreiging te kom.

    Hierdie toedrag van sake strek ons nie tot eer nie, inteendeel dit is ‘n skandvlek op ons naam, en laat my wonder; Is die Afrikaner vandag by sy eie Toring van Babel? Ons kan mekaar nie meer vandag sommer doodmaak nie, so pak ons nou maar ewe pateties klipmure tussen mekaar, om die Swartdood uit te hou? Die ondergang en vernietiging van ons volk gaan nie as gevolg van die ANC, of die Liberaliste en Geldmag wees nie! Dit gaan hierdie bittere en venynnige onderlinge twis en tweespalt wees.

    Vir die volksgenote, wat andersdenkendes onder die volk wil veroordeel, uitwerp en “stenig” wil ek met deernis herinner aan Jesus ons Verlosser se woorde: “Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi”. Die Afrikaner sal net heel, gesond word en suksesvol word, as hy begin saamstaan, en almal hande vat om ons droom van soewereine Vryheid waar te maak. Ons het genoeg vyande en teenstanders buite, ons hoef nie onder mekaar oorlog te maak nie.

    Of moet ons wag vir die uiterste krisis, soos in HG Wells se boek “War of the Worlds”? In die boek beskryf die verteller hoe die mense van Londen wegvlug voor die masjiene van Mars, waar die armes, rykes, siekes, ou mense, kinders sonder aansiens des persoons saam hulle bondeltjies dra en skouers skuur soos hulle vlug van die verskrikking af. Moet ons werklik eers gelouter word tot op daardie punt, of gaan gesonde verstand begin seëvier?

    липецк траверсыЛобановский