Verengelsing: Name van geteikende Afrikaanse skole bekend

Die Gautengse onderwysdepartement het die name van Afrikaanse skole wat hy wil verengels, bekendgemaak. In die eerste fase wil Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, nie minder nie as 66 Afrikaanse skole na Engels-parallelmedium laat oorskakel.

L.W. Klik hier en teken die petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!

Van die heel bekende Afrikaanse skole wat op die lys verskyn, is die volgende: Hoërskool Randburg in Johannesburg, asook Afrikaans Hoër Meisies, Die Wilgers, Garsfontein en Centurion in Pretoria. Aan die Oos-Rand wil Lesufi die volgende skole verengels: Kemptonpark, Jeugland, Dr. E.G. Jansen, asook Volkskool Heidelberg wat die Laer- en Hoërskool insluit.

Lesufi meen die infrastruktuur wat deur Afrikanerouers oor jare heen befonds is moet nou “gedeel word”. Hy sê: “Ek het ’n taakspan opdrag gegee om al ons skole te omskep sodat dit al ons kinders kan akkommodeer. Die dae dat kinders bloot op grond van die onderrigmedium op skool verdeel word, sal verby wees.”

Volgens ‘n adjunkhoof van ‘n Johannesburgse laerskool sal die proses om ‘n skool se taalbeleid te verander egter lank en uitgerek wees, omdat die taalbeleid by die beheerraad berus. Magte van beheerrade is egter oor die afgelope paar jaar afgewater, veral na die hofsaak wat die Gautengse onderwysdepartement teen Rivonia Primary tot in die Grondwethof gevoer het.

Lesufi sê as ‘n skool nie sy taalbeleid vrywillig wil verander nie, sal die departement “moet ingryp”. Volgens mnr. Marius Meyer, die voorsitter van Randburg-hoërskool se beheerliggaam, het die departement nog geensins met hulle in verbinding getree nie. Hulle lees van die planne in die media. Hy sê:

“Dit is belangrik om te onthou, in ons geval, dat daar net ses Afrikaanse skole in Sentraal-Johannesburg is. Vier van hulle is laerskole.

“Al daardie laerskole beleef gesonde groei en moes al klaskamers aanbou.

“Die Afrikaanse kleuterskole sit met lang waglyste. Al daardie kinders moet een of ander tyd geakkommodeer word.”

Volgens die Kempton Express het mnr. Roelof Burger, hoof van Hoërskool Kemptonpark, die aangeleentheid in die skool se nuusbrief onder ouers se aandag gebring.

” ʼn Parallelmediumskool impliseer dat onderrig in beide Afrikaans en Engels binne die skool aangebied word. Leerders wie se voorkeurtaal van onderrig bv Engels is, word in een klas saam gegroepeer en in die taal van hul keuse onderrig,” het Burger geskryf.

Hy het ook genoem dat die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) in art. 6 voorsiening maak dat die skoolbeheerliggaam die taalbeleid van ʼn skool kan bepaal.

“In die hofsake “Die Laerskool Middelburg en ’n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL 10351 (T)” en “Governing Body of Mikro Primary School and Another Western Cape Minister of Education and Others (332/05) [2005] ZAWCHC 14; 2005 (3) SA 504 (C) [2005] 2 All SA 37 (C)” het die hof in die uitsprake daarop gewys dat die Staat (Departement) nie met die verantwoordelikheid van die Skoolbeheerliggaam mag inmeng nie.

“Hoërskool Kemptonpark is volgens ons taal- en toelatingsbeleid ʼn enkelmedium hoërskool waar onderrig in Afrikaans plaasvind. Enige leerder wat onderrig in Afrikaans wil ontvang en die norme, waardes en etos van Hoërskool Kemptonpark aanvaar, is welkom om in te skryf. Daar is nie sprake dat die taalbeleid deur die beheerliggaam gewysig gaan word nie.”

Die ander Afrikaanse skole in Kemptonpark se beleid is heel waarskynlik dieselfde.

Die name van ander skole wat op die departement se teikenlys verkeer en wat aan die media gelek is, is die volgende:

Laerskole in Pretoria en Centurion:

Mayville; Uniefees; Voorpos; Doringkloof; Elarduspark; Garsfontein; Hennopspark; Skuilkrans, Anton van Wouw; Silverton; Bakenkop; Bergsig; en Wierdapark.

Laerskole aan die Oos-Rand:

Impala; Birchleigh; Bredell; Edleen; Die President; Oosterkruin; Kruinsig; Nobel; Westwood; Werda; Hannes Visagie; Goudrand; Orion; Elsburg; Concordia; President Steyn; en Du Preez van Wyk.

Laerskole aan die Wes-Rand:

De Beer; Dagbreek; en Ebenhaeser.

Hoërskole aan die Oos-Rand:

Alberton; Edenvale; Goudrif; Dinamika; Afrikaans Hoër Germiston; John Vorster; en Hoër Tegniese Skool Springs.

Hoërskole in Pretoria:

Overkruin; F.H. Odendaal; Voortrekkerhoogte; en Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine.

Hoërskole aan die Wes-Rand:

Carletonville; Jan de Klerk; Bastion; en Jan Viljoen.

Ander skole:

Laerskool Generaal Christiaan de Wet in Triomf, Johannesburg; Laerskool Risiville, Johannesburg; Hoër Tegnies Langlaagte in Johannesburg; Hoërskool Vanderbijlpark; Laerskool Unitaspark, Vereeniging; Laerskool D.F. Malherbe, Vanderbijlpark; Gekombineerde Skool Cullinan; Hoërskool Erasmus, Bronkhorstspruit.

L.W. Klik hier en teken die petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!

Lees ook Gauteng-onderwysdepartement gaan 124 Afrikaanse skole verengels

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kaylee van Yken

    Afrikaans Hoër Meisies, Die Wilgers – Puik Afrikaanse Hoërskole (Pretoria)

    Skuilkrans, Anton van Wouw – Puik Afrikaanse Laerskole (Pretoria)

    Ek sou graag wou sien wat die reaksies van die skoliere se ouers is, en die skoliere self.

  • Jochen Peiper

    Ek het die lys nou versigtig deurgegaan…
    Ek ken baie van die skole…
    Dis nogals opvallend dat dit die beste Afrikaanse skole is wat op die lys geplaas is…
    Het jy ‘n skakel na die lys toe Dan?

    • Maurice

      Maar presies, dit gaan immers hieroor oor die totale vernietiging van die Afrikaner! Te veel moan net maar doen niks!

      • Dolk

        Nou toe, gaan haal daardie rubberknuppel van jou en kom draf saam!

      • Jochen Peiper

        Ek het mos bo aangedui… uit die 2536 skole in Gauteng is slegs 124 Afrikaans en in die llaaste sensus het Lesufi se regering bevind 12,4% van mense in Gauteng identifiseer hulleself as Afrikaans eerste taal sprekers….
        So eintlik moet ht 180 ekstra Afrikaanse skole beskikbaar stel die leuenaar… duidelik lieg hy en dis uit en uit politiek.

    • Beeld het blykbaar die lys in die hande gekry. Ons sal môre die Onderwysdept. kontak om te hoor waar die amptelike lys verkry kan word.

      • Jochen Peiper

        Daar is 2536 skole in Gauteng en 12,4% van die bevolking identifiseer volgens die laaste sensus hulleself as eerste taal Afrikaans sprekend.
        MAW as Lesufi rerig wil praat oor “demografie” dan sal hy die 124 bestaande Afrikaanse skole vermeerder na 302 toe…
        Maar hy LIEG.

  • RSA PATRIOT

    Gaan die ouers en oud-skoliere, wat die skool nou so befonds het, blootweg stilbly, of gaan ons uiteindelik vir die eerste keer in 20 jaar ‘n Afrikaneropstand sien waar Afrikanergroepe nie mekaar aanval oor kleinighede (soos byvoorbeeld hulle definisies oor selfbeskikking) nie, maar veg vir behoud? Gaan ons patetiese, konformistiese en kruipende mense nou uiteindelik begin verstaan dat dit nie oor “versoening” of daardie opgehemelde kommunis se “reënboognasie” gaan nie? Dit gaan daaroor om te VAT wat ONS mense gebou het, en dit uit te deel aan die massas, waarvan baie nog nie ‘n dag se werk gedoen het nie.

    K.D Matanzima het in 1963 gesê: “The vast disparity between the material welfare of whites and blacks has, everywhere, afforded the communists with all the evidence they have needed to convince backward people that all they need to do is to take up arms, kill the white people or chase them away, take over their prosperous farms, industries and way of life, and all their problems will be over”

    Dit is wat besig is om te gebeur. En Matanzima het hierdie plundery teengestaan. Zuma en die LUR vir Onderwys in Gauteng, bevorder dit.

  • Daleen Du Toit

    Kom ons wees nou eerlik. Hierdie sogenaamde verandering is glad nie nagevors nie of daar is ‘n politiese agenda. Ek kan nie kommentaar lewer oor die kapasiteit van die ander skole nie, maar as daar gekyk word na onderbenutting van fasiliteite, is daar geen manier wat byvoorbeeld Laerskool en Hoërskool Garsfontein op die lys kan wees nie. Albei hierdie skole bars uit hul nate met Afrikaanse leerlinge. Laerskool Garsfontein is gebou om kapasiteit van 700-800 kinders te kon hanteer. Ek dink die skool se leerdertal staan tans op 1600. Dieselfde geld vir Hoërskool Garsfontein. Met kort duskant 2000 leerders kan daar immers nie sprake wees van onderbenutting nie en dus oorskakeling na ‘n dubbelmedium taalbeleid nie. My vraag is, hoe lyk die leerdertal by die huidige Engelse skole en Dubbelmedium skole? Hoeveel leerder het The Glen HIgh school of Glenstantia (Engelse Model C skole in die omgewing?) My gevoel is dat hierdie skole wat geteiken word, juis geteiken word omdat hulle voortreflike resultate het. Die rede daarvoor is juis oor die kultuur, godsiens en taalbeleid wat daar is. Verander of krap daaraan en die skool word net nog ‘n mislukking soos soveel ander in die department. Nog ‘n eenvoudige vraag – Die staat beweer daar is nie geld om nuwe skole te bou nie – tog was daar geld vir Nkandla – ??

    • Ek dink dit geld al daardie skole; almal is vol. Die meeste het in elk geval ‘n minderheid swart leerlinge ook wat by die skool se taal en gebruike inval.

      Vir seker is hier ‘n politieke skuif, want die skool, naas die kerk, is nog die laaste plek waar Afrikaners iets van ‘n gemeenskapslewe het. Die vorige LUR, Barbara Creecy, wat op Roedean, ‘n uiters koloniale Engelse privaatskool in Johannesburg, op skool was, het reeds begin om die Afrikaanse skole te dreig dat sy hulle gaan verengels en swart kinders gaan inbus. Hierdie Lesufi is eintlik net besig om haar beleid toe te pas.

      Nog ‘n rede dink ek is dat die Afrikaanse skole baie goeie uitslae behaal wat die swart Engelse skole natuurlik erg in die skande steek. Nou moet alles afwaarts genivelleer word sodat al die kinders ewe swak onderrig kan ontvang.

      Hierdie is ‘n geveg wat ons nie mág verloor nie.

      • jan

        Absoluut seker ja Dan – ons durf nie die geveg verloor nie.

        Maar dan sal OGOD die verraderlike WIT vervolgers van Christen skole ook aangevat moet word.
        Want dis hierdie Wit afrikaanse ateïstiese agitators wat die swartes aanhits en opstook .

        Enigeen wat ontken dat daar reeds vir dekades ‘n vendetta teen Christene in SA heers – sedert Verwoerd se moord – moet sy / haar kop laat lees.

  • Gotterdammerung

    Die skole in Kempton Park is oorvol. Daar is ook geen kans dat die beheerrade en ouers dit sonder n geveg sal laat gebeur nie. Alreeds is Laerskool Kempton Park, Laerskool Kreft, Laerskool Rhodesfield dubbel medium skole wat verander het in hole. Een skoolhoof vertel hy moes patrollies instel tydens pouses en na skool omdat die lehnas seks op die skool gronde het – in laerskool van alle dinge. Ek het reg oorkant Sir Pierre van Rynefeld High gewoon en die hoeveelheid gebruikte kondome, lee bierbottels en dwelm gedoentes wat ek daagliks moes optel op my sypaadjie was verstommend – ek het naderhand die huis teen ‘n verlies verkoop as gevolg hiervan. Nee, Lesufi en die dept lieg. Dit het niks te doen met die redes aangevoer nie maar wel om die skole af te bring na die laagste deler om die “gelyke uitkomste” wat beide kommuniste en liberale so oor handjies klap

  • Desiré Oosthuizen

    Wat vir my snaaks is, is dat ek in Voortrekkerhoogte hoërskool (op hierdie lys) was toe dit dubbel medium was. So 2 jaar nadat ek uit die skool is, is dit aangekondig in die plaaslike koerant, Rekord, dat hy nou 100% engels is. Nou hoe veskyn hy in die berig? Aan hy nou weer dubbel medium word? Dubbel medium skole moet dan op standaard kom. Onderwysers wil nie klas in 2 tale gee nie, want dan vat dit tyd en hulle bereik nie die hoeveelheid werk wat hulle moet volgens die standaard van die onderwys departement nie. Daarvolgens word klas in engels gegee want die afrikaanse studente verstaan mos engels. Ek het meenigmale in die aande tot laat toe gesit met ‘n engels-afrikaanse woorde boek en my klas notas oor vertaal, sodat ek dit kan verstaan. In plaas van sulke drastiese besluite te neem, hoor by die studente wat hulle sal verkies. Doen ‘n studie daarvan, doen ‘n “experiment” en daarna bestudeer die uitkoms. Al wat op die huidiglike stadium gaan gebeur is die standaard van onderrig gaan net weer moet daal.

  • Cherie Loock

    Nee stilbly gaan nie die antwoord wees nie. My kind moet nog 5 en n half jaar skool gaan en sal dit verkies as sy dit in haar moedertaal kan doen. Ek kan nie glo dat die dept. Van onderwys kan dink ons afrikaanse mense sal dit toe laat nie. Dink dit is tyd dat ons as Afrikaans spreukendes ook hande vat en begin opstaan vir ons en ons kinders.

  • Antoinette le Roux

    Vandat die geskiedenis van Afrikaner ‘n aanvang geneem het, het ons ‘n stryd moes voer vir die behoud van ons Moedertaal. Op ‘n stadium het dit begin lyk asof die stryd suksesvol was. Ons het vir ‘n ruk lank die voorreg gehad om in ons eie taal te studeer. Waarom moet ons kinders en kleinkeinders nou daardie reg ontneem word? Ek weier beslis om toe te gee! Vir solank as wat daar asem in my oor is sal ek baklei vir my kleinkinders se reg om in hul Moedertaal onderrig te word! Afrikaans SAL behoue bly!

    • Antoinette le Roux

      En wat my betref geld dit die Randse Afrikaanse Universiteit (wat nou University of Johannesburg heet) ook. Daar is reeds ‘n Engelse Universiteit in Johannesburg! Waarom aan Afrikaans kom staan en torring!!??

  • Mens

    Die vraag is nou..Gaan ons wit afrikaans sprekende mense nou hul ruggies styfmaak en daadwerklik iets aan hierdie situasie doen? Dis immers vir ons kinders se toekoms, is dit nie? Die antwoord..Nee, ons gaan hanahana op forums en voor ons, ons ogies uitvee is die proses in werking. Ons afrikaanse mense het nie die vermoë vandag om hierdie aanslag teen te staan nie. Ek sê WEER, dit gaan nie met onderhandelings reg gemaak kan word nie. Skrik wakker! Of ons baklei fisies, of jy hardloop land uit met jou stert tussen jou bene waar jy in elk geval jou kind in ‘n ander taal gaan moet onderig gee. Dis die twee keuses. Veg of vlug! Wanneer gaan ons opstaan en hierdie duiwelse beweging begin veg?!

  • Christo Abrie

    Hulle praat van om ons onderrig te ”share” met nie-blankes, maar ongelukkig vir hulle is ons onderrig in Afrikaans, en dit sal veraltyd bly. Hulle is meer as welkom om by ons skole in te skryf so dat ons ons onderrig met hulle kan deel op die voorwaarde dat hulle dit in Afrikaans sal kry. baie van ons Afrikaanse skole is ”model-C” skole, wat beteken dat die meederheid van die skool se besluite word gemaak deur n ouerbeheerliggaam (die ouers van die skoliere). Die skole-wet se dat die departement mag nie inmeng by die ouerbeheerliggaam se besluite nie! En in dien die departement dit sal probeer vorseer, sal al die model-C Afrikaanse skole geprivatiseer word! Hulle probeer al meer as 20 jaar om ons Afrikaners uittewis en hulle sal dit nooit regkry nie! Ons sal nie wag om op te staan vir ons eie regte nie. Hulle will ons knoppies druk, maar hulle sal nie hou van wat na die tyd gaan gebeur nie. Ons will in rus en vrede saam met nie-blankes lewe, maar van hulle is te bitter om te vergeet van die verlede.