praag.co.za

Author: Leon Lemmer

  • Leon Lemmer: ‘n ‘Slokkie’ met NP van Wyk Louw

    Leon Lemmer: ‘n ‘Slokkie’ met NP van Wyk Louw

    Die volgende boek is onlangs gepubliseer, Vuur in sy vingers: Die verreikende invloed van NP van Wyk Louw (Hermanus: Hemel & See Boeke, 2020, 288p, R250), met Ampie Muller en Beverley Roos-Muller as bydraende redakteurs. Beverley was 22 jaar lank (p 14) Ampie se derde vrou, nadat hy die vorige twee aan die dood afgestaan het. Die boek het verskyn “ter herinnering aan die digter NP van Wyk Louw (1906-1970) in die vyftigste herdenkingsjaar van sy afsterwe” (5). Dit is seker vanjaar se enigste verdienstelike huldeblyk aan ‘n groot Afrikaner. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het ‘n doodsonde gepleeg deur Jeremy Vearey, ‘n oud-Robbeneilander, te versoek om vanjaar se NP van Wyk Louw-gedenklesing te lewer. Daarin word Louw in Kaaps as “Boeta NP” aangespreek. Sy vriende het hom Wyk genoem. Ek volstaan met Louw.

    Vearey se teks is op LitNet (19.06.2020) beskikbaar. Hierdie onbesonne uitnodiging toon hoe loslit die Akademie deesdae met Afrikaners en Afrikaans omgaan. Albei het klaarblyklik hulle heiligheid verloor. Ander sogenaamde Afrikaansinstansies het hulle al dermate van Afrikaners gedistansieer dat dit vir hulle onnodig geword het om Louw te gedenk. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het as ‘n agentskap van die ANC-regime se Departement van Kuns en Kultuur niks ter huldiging van Louw gedoen nie, al het Louw die ontwerp van die Taalmonument grondig beïnvloed.

    Die boek is redaksioneel goed versorg en ‘n pragtige produk. Die teks word aangevul met tersaaklike foto’s. Aanduidend van die tyd waarin ons leef, was dit skynbaar onmoontlik om ‘n hoofstroom-uitgewery te vind wat bereid was om die boek te publiseer. Naspers/Media24 publiseer deesdae eerder ‘n prulboek oor ons geskiedenis, soos The lie of 1652 (Praag 10.10.2020), of die uitlatings van ‘n vlak wêreldburger, soos In my vel (Praag 1.09.2019), of ‘n boek waarin terrorisme verheerlik word, soos Jeremy vannie Elsies (Praag 26.05.18), om van Bird Island nie te praat nie. Soos deesdae dikwels met Afrikaanse nie-fiksie gebeur, is die publikasie van die Louw-huldigingsbundel deur ‘n subsidie van die LW Hiemstra Trust moontlik gemaak (4).

    Diegene wat bydraes gelewer het, het Louw geken of is deur hom beïnvloed. Die samestelling van die bundel het in 2015 begin (14) en het jare in beslag geneem. Die gevolg is dat verskeie bydraes postuum gepubliseer is. Dit sluit vir Ampie Muller (1930-2019), Louw se skoonseun, in. Ek het vir Muller leer ken kort nadat hy, voordat hy 30 jaar oud was (41), tot professor in sielkunde bevorder is. Later was ons kollegas aan ‘n ander universiteit. Ek was ‘n enkele keer in die jare sewentig by hom aan huis in Tamboerskloof, toe hy met sy tweede vrou getroud was.

    Ek onthou hoe geskok ons was toe Muller se eerste vrou, Ria (1932-1964), Louw se oudste kind, op 32-jarige ouderdom oorlede is. Muller moes toe na hulle drie klein kindertjies omsien. Reeds jare voor die Dakar-safari in 1988 het Muller hom vir toenadering tot die ANC beywer. Muller het klaarblyklik nie besef dat dit vir die ANC nie soseer om toenadering gaan nie, maar om algehele magsoorname. Sy derde vrou, Beverley, het as mede-verligte dit ook nodig gevind om met die ANC in ballingskap in 1989 in Lusaka kennis te maak (15). Sy skryf, soos deesdae die gewoonte is, van “our painful history” (62). Die Muller-egpaar se standpunt is: “Ons is … bewus van die behoefte aan transformasie en bowenal die insluiting van diegene wat voorheen uitgesluit was” (16).

    Louw se mate van politieke verligtheid is glad nie met die Mullers se oorverligtheid vergelykbaar nie. Dit is ‘n hinderlike kenmerk van die boek. Byvoorbeeld, in die voorwoord word daar verwys na Louw se “weerlegging van die basiese beginsels van Afrikanernasionalisme” (11). Dit het glo tot gevolg gehad dat “hy deur die apartheidsregime ontken is” (11). Louw het seker nooit die latere smeerterm “apartheidsregime” gebruik nie. Hy is nie deur die Nasionale Party-regering ontken nie; hoogstens misken – gedagtig aan Hendrik Verwoerd se kritiek in 1966 op ‘n opvoering van Die pluimsaad waai ver (eers in 1972 postuum gepubliseer) en die afwesigheid van ‘n regeringsverteenwoordiger by Louw se begrafnis (11). Louw was krities oor enkele aspekte van die Nasionale Party-regering se beleid maar dit is (hoogs) oordrewe om te beweer dat hy die basiese beginsels van Afrikanernasionalisme weerlê het.

    Hou ‘n elementêre feit in gedagte: Louw se politiek strek tot 1970 (‘n halfeeu gelede) en dié van sy skoonseun, Muller, tot verlede jaar. Ian Raper het Louw geken en verwys tereg na sy politieke ‘verligtheid’ tussen aanhalingstekens (168) omdat hy die graadverskil erken. Die ANC het in 2005 postuum aan Louw erkenning gegee met ‘n toekenning (11), glo vir “letterkunde en die bevordering van die regte van Afrikatale” (77) – “regte” en “Afrikatale” is tipiese ANC-voorkeure. Dié toekenning is gedoen kort ná die dood van Truida Pohl (1913-2004), Louw se tweede vrou. Ek dink nie sy sou tot die ANC se verering van Louw ingestem het nie. Huldiging deur die ANC-regime sou myns insiens eerder vir Louw in sy graf laat omdraai het. Die teks van die redakteurs van hierdie bundel kan die verregaande indruk wek dat Louw se politieke oortuigings nader aan dié van die ANC as die Nasionale Party was. Ek sou eerder beweer dat Louw se standpunt teen die terroristiese ANC soos volg, in Louw se woorde, geformuleer kon word: “dat ons nie kon gebuig word / soos húl geweld dit wou” (179).

    Verloopte Afrikaners soos FW de Klerk en Leon Wessels dateer hulle verligtheid terug tot in hulle prille jeug toe hulle met bruin plaaskinders gespeel het. Die redakteurs van die boek haal dieselfde laai met Louw uit, met as bonus dat die klonkies “bruin Afrikaners” genoem word (11). Dit was destyds ‘n algemene verskynsel dat blanke en bruin kinders saam op plase gespeel het. Dit gee nie ‘n aanduiding van die verligtheid van die blanke kinders of hulle ouers nie.

    Maar die redakteurs gaan verder: “Louw was met afgryse vervul deur die Nazi-besetting van Europa, wat enige oorblywende vrae wat hy nog oor die Nasionale Party gehad het, verwyder het” (11). Dit kan gelees word asof Louw hom reeds aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) van die Nasionale Party gedistansieer het. ‘n Kenmerk van die periode tussen die twee wêreldoorloë was dat intellektuele, plaaslik en elders in die Weste, onseker was of hulle hulle by die Nazi’s of die kommuniste moet skaar. Daar was toe immers nog nie duidelikheid oor hoedanig hierdie twee ideologieë in die praktyk sou funksioneer nie. ‘n Buitengewoon heldersiende intellektueel soos George Orwell (1903-1950) het aanvanklik die kommunisme omarm terwyl sy tydgenote, soos die Louw-broers – NP van Wyk en WEG (Gladstone) – aanvanklik heelwat simpatie met die Nazi’s gehad het. Dit het ook vir baie ander Nasionale Party-lede gegeld. Reeds in die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog is baie Afrikaners egter deur die Nazi’s ontnugter. Die Nasionale Party het homself spoedig neutraal in die stryd verklaar. Daar kan geen sprake wees dat Louw hom toe reeds van die Nasionale Party gedistansieer het nie.

    Die redakteurs gaan egter polities byderwets voort om Louw so aanvaarbaar moontlik in die nuwe Suid-Afrika voor te stel. Die jongste waarborg vir onbesproke verligtheid by blankes is mos dat jy ‘n slavin, of ten minste ‘n nieblanke, as voorouer moet hê. Louw se “genetiese bande met die bruin mense”, sy “‘kleurvolle’ genealogiese agtergrond” kom dus ter sprake (12; ook 69). Ampie Muller se oudste kind, Anneke, het, ingebed in die verligte politiek van haar pa, glo “dekades lank” oor Louw se voorsate navorsing gedoen (12). Suid-Afrika word gekarateriseer as: “Land van kleurobsessies en geheime familiebande!” (76). “Om te kan bevestig dat die ‘Groot digter’ net soos al die ander taalgenote wat hom na aan die hart gelê het (die bruin Afrikaners) van gemengde afkoms was, is ‘n uiters belangrike historiese en literêre narratief” (77).

    Beverley Muller gaan selfs verder: “Dit is die moeite werd om aan Breyten Breytenbach se woorde te dink, wat hy drie jaar ná Louw se dood uitgespreek het: ‘Ons is ‘n bastervolk met ‘n bastertaal. Ons aard is basterskap” (78). Op grond waarvan word Louw tot ‘n baster verklaar? Anneke het bevind “dat minstens vyf van Louw se voorsate slawe was” (73). Waarop kom dit neer? “Van Wyk Louw se voorsate (in persentasies) … 2.15 slawe,” met geen ander nie-blanke bloed nie (72). Anders as Beverley en Anneke (en seker ook Breyten) verklaar ek Louw onbetwisbaar blank. Louw se afkoms word om hedendaagse politieke redes in hierdie boek doelbewus erg verdraaid voorgestel.

    Die boek moet nie uitsluitlik beoordeel word vanuit die redakteurs se verligte invalshoek nie. Daarmee het hulle Louw polities probeer annekseer. Maar die boek in sy geheel is ‘n wonderlike leeservaring waarin ‘n mens Louw as mens en as kunstenaar, dosent, ens, leer ken. Hy was aanvanklik ‘n dosent in die opvoedkunde aan die Universiteit Kaapstad (1929-1949), maar vir die doeleindes van hierdie boek is van belang sy professoraat in Afrikaans aan die Universiteit Amsterdam (1950-1958) en die Universiteit van die Witwatersrand (Wits, 1958-1970). Die boek bevat baie inligting wat nie verlore mag gegaan het nie. Die leser leer Louw ken as iemand wat nie dogmaties was nie. Hy het waarde aan twyfel geheg (13). Hy was lief vir katte (16), ens.

    Ampie Muller vertel dat Louw ‘n “voortreflike skut” (32) en ‘n “gedugte stapper” (30) was. Maar hy was ‘n onbeholpe motorbestuurder (95). Louw het bv nooit tydens sy verblyf in Nederland ‘n motor bestuur nie (30). Ná sy terugkeer in Suid-Afrika het hy vir hom ‘n nuwe Mercedes aangeskaf (40). Anders as die Nederlanders het Louw “self nooit daar fietsgery nie” (34). Maar hy was lief vir reis (34). “Hy het van grappe gehou, veral van woordspel” (31). Hy was “‘n intens private persoon” (32) met ‘n “wonderlike kalmte” (46). Ampie skryf: “Ek het hom nooit as ‘n kerkganger geken nie” (36). Hy was nooit ‘n man ryk aan materiële goedere nie, maar hy het ‘n “enorme kennis” gehad. “Hy was vir ons ‘n wandelende ensiklopedie” (34). “Hy was ‘n entoesiastiese maar onsuksesvolle kok” (40). Hy het “nie baie omgegee … oor wat hy aangetrek het nie” (45).

    Louw se stoflike oorskot is veras, maar die as is nooit gaan haal nie, gevolglik het hy nie, soos sy wens was, sy laaste rusplek in die Verlatekloofpas naby die familieplaas van sy jeug, Gunsfontein, by Sutherland gevind nie (27, 51). Dit dui dalk op ‘n disfunksionaliteit in sy gesin. Dit kan met Louw se buite-egtelike verhouding met Sheila Cussons (1922-2004) tydens sy verblyf in Nederland te make hê. Sy het haarself eerder as ‘n skilder beskou, maar van 1942 af Afrikaanse gedigte gepubliseer. Dit lyk asof hulle geesgenote was. Cussons het bv die Rooms-Katolieke geloof aangeneem terwyl Louw lank oorweeg het om dieselfde te doen (240), maar dit sou hom dalk (te veel) van tradisionele Afrikaners vervreem het.

    Dit is maklik om hulle verhouding te veroordeel. Cussons het in 1950 van haar man, C(Christoffel)JM Nienaber (1918-1988), geskei terwyl Louw en Pohl met hulle huwelik voortgegaan het omdat hy “ten alle koste sy familie bymekaar wou hou” (38). Maar albei het voorheen geskei. Louw se eerste vrou (1930-1937) en moeder van Ria en Nakkie, was Joan Wessels (1906-1975). Pohl was met Fred le Roux (1913-1984) getroud (1935-1940) en het geskei sodat sy in 1941 met Louw kon trou. Hulle het twee kinders, Reinet en Peter, gehad. Al het Cussons moontlik ‘n duurder prys as Louw weens hulle verhouding betaal, vind ek dit aangrypend dat sy in 1982, ná die verbrokkeling van haar tweede huwelik en 12 jaar ná Louw se dood, gesê het dat sy vir Louw liefgehad het (239).

    Louw is in Sutherland gebore en het daar (49) en later in Kaapstad op skool onderrig in Engels ontvang (52); ook aan die Universiteit Kaapstad. Sy pa was ‘n prokureur wat hom en sy gesin in Desember 1920 in Kaapstad hervestig het. Hulle huis in Sutherland is deesdae die Louw-museum. Louw het sowat 14 jaar op Sutherland gewoon en sy jonger broer en mededigter, WEG (Gladstone) (1913-1980), net sowat 7 jaar. Wat ek eienaardig vind, is dat Gladstone en sy vrou, die komponis Rosa Nepgen (1909-2000), ten spyte van Gladstone se kort verblyf op Sutherland, in die agterplaas van die Louw-museum begrawe is (58). Maar ek moet byvoeg dat Louw se pa daardie huis eers in 1925 verkoop het. Die Louw-gesin het aanvanklik dikwels vakansies op Sutherland deurgebring en ook op Gunsfontein en die winterplaas Boesmanshoek (hulle ma se ouers, die Van Wyks, se familieplase) (59).

    Dit is bekend dat Gladstone as Afrikaner meer konserwatief en behoudend as sy broer was. Toe Gladstone dosent in Afrikaans aan die Universiteit Rhodes in Grahamstad was (1944-1957), het die studente hom soms getreiter deur ‘n Union Jack oor sy huis se voorhekkie te hang. Dit het glo nie lank geduur voordat Gladstone uitgestorm het, die vlag afgepluk en vertrap het nie.

    Van Wyk Louw was ‘n begaafde leerling, van wie gesê is: “Good at composition. Less good at spelling” (54-55). Op 8-jarige ouderdom het hy begin om gedigte te skryf (66). Wat hom in sy literêre vorming gehelp het, is ‘n “well-read mother” (52). “From a very young age they [four Louw brothers] were taken to the local library which was full of English and Nederlandse books” (57).”He would always believe it was his special good fortune to be born at a time when the language was young, ‘unspoilt, free of Anglicisms’” (65).

    ‘n Broerskind van Louw haal hom soos volg aan: “Ek kom om vir ‘n volk te pleit / wat klein naas al die volke staan – / dat hulle naam nie sal verklink / en tot die stiltes gans vergaan” (82). Net ‘n egte Afrikaner sal dit skryf.

    Die uitgewer, Koos Human (1931-2018), wat met Louw se tweede oudste kind, Nakkie (1933-1984), getroud was, verwys na Louw se liefde vir brandewyn (86, 87) en sê: “Hy het selde oor sy [skryf]werk gepraat … Vir geestigheid het hy groot agting gehad en daarmee saam spitsvondigheid” (87).

    Peter (gebore in 1950), Louw se enigste seun, noem dat sy pa “versigtig-skepties teenoor die sielkunde … gestaan het … Sy uitgangspunt het gepas by ‘n betreklik introverte, analitiese persoonlikheid soos syne, wat sover as wat sy latere roem dit toegelaat het, jaloers oor sy privaatheid gewaak het” (89). “Vir my ma [Truida Pohl] was Van Wyk Louw ‘n fundamenteel onkenbare, onbegryplike wese. Telkens as mens dink jy weet hoe sy kop werk, dan kom daar iets nuuts vorendag wat al jou veronderstellings ondermyn, het sy op ‘n slag gesê. En as mens dr Jaap Steyn se biografie van Van Wyk Louw lees, moet jy met haar saamstem” (90).

    Peter skryf: “Ek het geleer om, as ek ouerlike simpatie nodig gehad het, eerder by my ma aan te klop” (92). In Amsterdam het Louw “hom in ‘n mate van die gesin afgesluit [en] … geweldig hard gewerk” (91) – Ampie Muller dink Amsterdam was “die hoogtepunt van sy [Louw se] loopbaan” (38). Peter skryf voorts: “In Suid-Afrika het ek my pa ervaar as die beskermende en hardwerkende broodwinner in die huis, maar ook as die hartlyer nadat hy in 1961 ‘n ernstige hartaanval gehad het en dikwels siek was … Ek sal my verhouding met hom nie as besonder warmhartig beskryf nie … Ons was albei betreklike introverte en onderhewig aan die tipiese gesinsdinamika waar die moeder-seunverhouding sterker as dié van vader-seun was, en omgekeerd het my suster [Reinet] en vader beter gebind … Dit was asof die liefdesonmin van die Nederlandse jare tussen my ouers nooit gebeur het nie, en geoordeel aan hulle klaarblyklike gehegtheid aan mekaar in die Johannesburgse tydperk [1959-1970], was dit vir my moeilik om te glo toe my ma my ná sy dood daarvan vertel het” (94). Peter sal sy pa nie as ‘n “gesinsman” beskryf nie (94).

    Peter skryf oor sy pa: “Hy was die mees onpraktiese mens wat ek ooit geken het” (95). Peter verwys verder na Louw se “enorme intellek, kreatiwiteit, fotografiese geheue, ensovoorts, ook ‘n sterk en klaarblyklik vreeslose persoonlikheid en ‘n sekere beperktheid of lompheid in sy hantering van mense as individue; op sy moeilikste in sy verhoudings met die vroue in sy lewe” (95). “Hy was nie ‘n mens-mens nie … [Daar was] tye van intense energie waartydens hy ook geskryf het, gevolg deur ontsettende depressies … Daar was ook ‘n ouwêreldse eerlikheid, ordentlikheid en noukeurigheid … Verder ‘n onblusbare intellektuele nuuskierigheid … Hy het ‘n MA in Duits gehad en sy Latyn was só goed dat hy tydens ‘n oorsese reis ‘n gesprek met ‘n priester in dié taal kon voer” (96).

    Peter verwys na Louw se strewe na ewewig en na sy waardering vir die wêreld en sy skoonheid, maar hy het terselfdertyd ook waarde geheg aan askese en eenvoud (97). “Hy het geglo dat die liberalisme sowel as nasionalisme, op hul eie, inherente risiko’s inhou, maar suksesvol gekombineer kan word. In vandag se terme het hy dus ‘n stelsel van individuele regte in samehang met groeps- en minderheidsregte, soos taal- en kulturele regte, voorgestaan” (97). Peter noem dat Afrikaans “in die nuwe [politieke] bedeling drasties agteruitgaan … Uiteraard is hierdie afgang ‘n bedreiging vir Van Wyk Louw se nalatenskap, en om sy onthalwe is ek bly dat hy nie meer daar is om te sien hoe die taal in die nuwe bedeling veld verloor nie” (97).

    Ampie se jonger broer, die joernalis Piet Muller (gebore in 1938), verwys na die anglisismelose “plaasafrikaans” waarmee Louw grootgeword het (101). “Hoewel Louw hoegenaamd nie in die konvensionele sin van die woord godsdienstig was nie, was hy diep spiritueel, met ‘n duidelike mistieke inslag” (103). “Dit is minder bekend dat Louw op ‘n tydstip Rooms-Katoliek wou word, wat tot ‘n hewige briefwisseling met sy broer, Gladstone, gelei het” (104). Louw was “die fyn, sensitiewe en byna verwondbare mens agter die strak gesig” (99).

    Hendrik Verwoerd se kritiek op Pluimsaad het van Louw “die Groot Buitestaander” gemaak. “Sy verhouding met die Broederbond het ook killer geword, wat moontlik ‘n rol gespeel het in sy besluit om ‘n rustende lid te word” (107). “Miskien was [MT] Steyn vir hom [Louw] die beliggaming van die idee dat ‘n mens nie ‘n volk lief het om sy grootsheid nie, maar veral ook oor sy ellende en sy ‘blote moontlikheid’” (104). Hy het opgehou “om koerante te lees en net na die hoofnuus oor die radio [ge]luister” (101). “Louw het hom self al meer verstote en vereensaam gevoel … Wanneer sy Afrikanerskap en sy lojaliteit teenoor Afrikaans en die Afrikaanse kultuur bevraagteken word, het dit hom diep gekwets” (107).

    “Afrikaanse kultuur” – nie Afrikanerkultuur nie – want Louw het geskryf: “Die bruin mense is ons mense, hoort by ons” (102). Of soos Johan Degenaar dit gestel het: “He chose language and not race as the basis of Volk” (66). (Moeder)taal is inderdaad ‘n belangrike deel van kultuur, maar daar is ander beduidende kultuurverskille tussen blank en bruin wat myns insiens nie goedsmoeds geïgnoreer kan word nie. Selfs oor Afrikaans is daar nie eenstemmigheid by blankes en bruines nie. Dan is daar ook die bruin elite se oordonderende dislojaliteit jeens Afrikaans. Bruin mense is nie ‘n homogene ras- of kultuurgroep nie en daar is groot klasverskille onder hulle. Alle bruin mense is dus nie met Afrikaners assimileerbaar nie, bv Moslems. Maar dat bruines kultureel nader aan die blankes as die swartes is, behoef geen betoog nie.

    Volgens Piet Muller: Louw se “gesondheid het gestadig agteruit gegaan. Hy is selfs in die geheim Kaap toe [in 1968] om toetse te ondergaan om te sien of hy ‘n geskikte kandidaat vir ‘n hartoorplanting sal wees. Die uitslag was ongelukkig negatief” (107).

    Reinet (gebore in 1946), Louw se jongste dogter, vertel dat haar pa “telefone gehaat” het (110). Sy en haar broer, Peter, het nooit Sondagskool bygewoon nie (111) en “aanmening was iets waaroor sy kinders self kon besluit” (112). Maar “toe Beyers Naudé [toe nog ‘n lid van die Broederbond] predikant van die NG-gemeente Aasvoëlkop geword het … het die hele gesin gegaan bloot omdat Pappa soveel bewondering vir sy preke had” (111). Louw was “lief vir goeie gruwelverhale” en sy “kinders is van kleutertyd met boeke gebombardeer … Verjaardae en Kersfees het jy ‘n boek gekry” (113). Bioskoop toe gaan het “selde gebeur” (113). Louw het “‘n uiters rustige geaardheid” gehad. “Jy het hom min kwaad gesien” (114). In die geval van meningsverskil: “Syne was geen oorhaastige woorde nie, maar geestig, rustig, koelbloedig, vernietigend. Bowendien in suiwer en verstaanbare taal” (114-115). Hy het “verdedig wat hy liefhet” (115).

    Hiermee kom ek aan die einde van die eerste deel van die boek waarin gesins- en familielede die woord voer. In die tweede deel kom ander stemme aan die woord, voordat die redakteurs teen die einde terugkeer. Ooreenkonstig die verligte ingesteldheid van die redakteurs, staan Adam Small (1936-2016) in die tweede deel eerste in die ry met sy dwaalstories. Hy trek los met sy kenmerkende gekla: “My eie Afrikaanswees is deur die rassiste van ons letterkunde (wat, soos die armes, altyd by ons is) deurlopend … tersyde gestel” (118). Small noem dat Louw “self g’n kuns bestudeer of beoefen het nie” (121) terwyl die letterkunde as kuns beskou kan word en dit bekend is dat Louw ‘n bietjie geskilder het (269). Louw was “‘styf in die knie’ … en nie maklik vir aanbidding te vinde nie” (120). By Louw was daar die oortuiging van “die onvoltooidheid van alles” (120).

    Wat van belang in Small se bydrae is, is twee Louw-aanhalings. “As my Afrikanerskap in twyfel getrek word, kan dit nog seermaak, bitter seer” (118) en dat opstand “net so noodsaaklik in ‘n volk is as getrouheid, dat dit nie eers gevaarlik is dat ‘n rebellie misluk nie; maar waarlik gevaarlik is dat ‘n hele geslag sonder protes sal verbygaan” (117-118). Sedert 1994 het daar nog glad te min protes uit Afrikanergeledere opgeklink. Daar is die wesenlike gevaar dat ‘n hele geslag Afrikaners, dus drie dekades, sonder daadwerklike protes verby kan gaan. Gelukkig is daar in die jongste tyd roeringe in Afrikanergeledere, ‘n ligte lente, wat momentum kan kry.

    Antjie Krog, gebore in 1952, pas nie in Afrikanergeledere nie. In haar bydrae is daar net twee sinne waarop ek die aandag vestig en wat haar gesindheid openbaar. “Die mens met wie ek sy [Louw se] gedigte die volhoudendste kon deel, was daardie mees passievolle poësie-minnaar van Afrikaans, Jakes Gerwel. Hy wat (ook) die land meer liefgehad het as wat die land hom (soms) liefhad” (125).

    Die Nederlandse letterkundige, Hans Ester (gebore in 1946), ‘n Wits-student van Louw, skryf: “Uitwisseling pleks van stelling is die basis van wat Van Wyk Louw ‘die oop gesprek’ genoem het. Die bereidheid om te luister, te leer en indien nodig, om teen te spreek, is ‘n onmisbare element van die menslike samelewing” (153).

    Die komponis, Hendrik Hofmeyr (gebore in 1957), noem Louw “die Goethe van die Afrikaanse letterkunde” (154-155). Die meeste van Louw se verse is, volgens hom, “so volkome en volmaak dat hulle hoegenaamd nie om musiek vra nie” (155).

    Ian Raper, een van Louw se Wits-studente, skryf: “Louw het dikwels laatmiddag langs die gholfbaan gaan stap; hy het geloop en skryf” (163). Louw “was baie sterk gekant teen sensuur” (164). Hy het baie respek vir C Louis Leipoldt as digter gehad (165). “Louw se begrip van smaak was gebaseer op eenvoud, in elke opsig. Soos Matisse s’n. Vir gedigte was die eis, onder andere ‘onmiddellikheid’ … Hy het dikwels gepraat en geskryf oor nederigheid” (166). “Hy het volgehou dat ritme ‘die asemhaling van betekenis’ is, en dat een enkele woord reeds ‘n gedig kan wees” (167). PG du Plessis was ‘n geesdriftige aanhanger van die belangrikheid van ritme in literêre taal, bv in Louw se Raka (237).

    Volgens Raper het Louw “nie gedink daar is enige sisteem van denke wat glyvas is nie. Streng dink is heilig, maar veral die menslikheid, die uitsonderlikheid is betekenisvol” (167). Louw het “telkens aangedui hoe gevaarlik afsondering is; hoe sleg ‘n volk of taalgroep homself dien met paranoia, deur sy taal of sienings ter wille van ‘oorlewing’ op ander af te dwing … [dus] die gevare van stolling in die eie aard … Hy was geen groepsdenker nie, nie een van dié wat ‘wíl dat alles aan sy aard gelyk word’ nie” (169). Teen die omgekeerde sou Louw myns insiens sekerlik ook gekant gewees het: dat alles na die aard van die meerderheid gebuig word, dat wat Westers is verafrika moet word, soos ons sedert 1994 ervaar.

    Jaap Steyn, Louw se biograaf, sê dit nie direk nie, maar dit is bekend dat Truida Pohl geweier het dat JC Kannemeyer as biograaf optree uit vrees vir wat hy van veral die Cussons-sage sou maak. Raper is een van die wat nie sy samewerking aan Steyn gegee het nie. PG du Plessis het wel saamgewerk maar tot sy eer gesê uit lojaliteit jeens Louw “hy nie oor alles gaan praat nie” (175). Steyn skryf: “Vriende en familie was baie sensitief oor die politiek [soos ook uit hierdie bundel blyk]. Louw was ‘n Afrikanernasionalis, ook ‘n Broederbonder en aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog, soos baie Afrikaners, redelik pro-Duits – nie omdat hulle pro-Nazi was nie, maar omdat hulle anti-Brits was” (176).

    Louw skryf: “Binne ‘n klein bedreigde volk moet die ware nasionalis kritiek en aansporing in ‘n fyn ewewig hou” (177). Volgens Louw het ‘n mens sy volk lief “nie omdat hy heerlik en die beste volk op aarde is nie; jy het hom lief om sy ellende” (177-178). “Hy ontken … dat nasionalisme ‘n vorm van beperktheid, engheid en egoïsme is” (178). Nasionalisme sluit in die reg om “jou onderwys te ontvang in ‘n taal wat jy verstaan” (178). Louw onderskei tussen “die imperialistiese nasionalisme van die groot nasies … en die verdedigende nasionalisme van die volkere wat teen dié soort nasionalisme in verset kom (soos die … Afrikaners)” (178). Die ontstaan van ‘n Afrikaanse nasionalisme skryf Louw toe aan “die strewe van die Afrikaners om ‘n volk met ‘n eie taal te bly” (178).

    Let op die oorgang van “Afrikaanse” na “Afrikaners” omdat Louw blankes en bruines by albei ingesluit het, terwyl daar, anders as by tradisionele Afrikaners, nog nooit danige nasionalisme by bruines te bespeur was nie. Deesdae, veral by die ontwikkelde bruines, is daar nie eens lojaliteit jeens Afrikaans nie. Verengelsing is aan die orde van die dag, insluitende die verengelsing van Afrikaans. Steyn beweer: “Louw se nasionalisme was in later jare beslis nie Nasionale Party-nasionalisme nie” (179).

    Die skrywer, John Miles (gebore in 1938), was ‘n dosent (1967-1970) in Louw se Departement Afrikaans aan Wits. Miles noem Louw “die stil man” en “vandag eer ek hom steeds verby die nasionale politiek as digter en denker” (188). Louw wou nie sy eie werk verduidelik nie. Hy wou wegbly van vertolking (189).

    Die nie-Afrikaner, Karel Schoeman (1939-2017), noem dat Louw “een van die groot figure van Suid-Afrika bly en een van die handvol individue wat die bestaan van die Afrikaner en sy kultuur regverdig” (191). Louw was vir Schoeman “die grootste figuur in die Afrikaanse letterkunde … [en] ‘n gedurige voorbeeld vir almal wat hom probeer navolg, en uit eie reg ‘n uitsonderlike mens” (192).

    Koos Kombuis (gebore in 1954) noem Louw ‘n “volksikoon” (197) en dat hy “kop en skouers uittroon in ‘n landskap wat weliswaar besaai is met talle baie goeie digters en woordkunstenaars” (198). “Dis asof hy reeds in die veertigerjare iets kon raaksien van die kulturele en eksistensiële dilemmas waarmee ons as volk in die een-en-twintigste eeu sou wroeg” (199). “Het hy as profeet ons probeer waarsku teen ‘n toekoms waarin ‘Raka, die dier’ sou oorvat, en ons samelewing dompel in anargie?” (202). Ja, ek dink so (Praag 20.04.2014).

    Die regsgeleerde, Marinus Wiechers (1937-2018), skryf: “Politieke korrektheid het die oop gesprek deesdae geïnhibeer en versmoor” (215).

    Die joernalis, Martin Welz (gebore in 1945), noem: “Met sy ernstige harttoestand is NP wyn en brandewyn verbied. Whisky was sy toevlug” (223). Ek het ‘n kollega gehad wat in dieselfde bootjie was. Hy het vertel dat, anders as ander alkoholiese dranke, whisky ‘n mens se are oopmaak. Ek het toe gesê dat as ‘n dokter sien dat hy iemand nie van drank kan afkry nie, hy dan maar toegee en toelaat dat whisky gedrink kan word.

    Die armsalige Max du Preez (gebore in 1951) begin sy bydrae met: “Ek het my lewe lank ‘n irrasionele renons in Afrikanerhelde” (224). Die klem is seker op die woord “irrasionele”. Hy skryf voorts: “Eintlik ag ek Christiaan [de Wet] se broer Piet hoër as sy geliefde kryger-broer Christiaan, want dié ‘joiner’ sien ek graag as die eerste Afrikaner-andersdenkende van die twintigste eeu. En dan was daar darem ook Bram Fischer, die ou Vrystaatse kommunis, en Beyers Naudé, die struggle-dominee” (224). Dit is by diesulkes wat Du Preez hom skaamteloos skaar.

    Du Preez skryf: Louw se “konsep van ‘lojale verset’ het my gefassineer, want as ‘n jong Afrikaner [!] in die 1970’s het ek die verset teen die Afrikaner-nasionalistiese establishment in my voel opdu, maar terselfdertyd geen begeerte gehad om te ‘detribalise’ nie. Tydens die onstuimige middel-tagtigerjare het ek gewens Louw was nog daar sodat ek hom kon vra: lojaal teenoor wie? Die ‘volk’? Maar soos deur wie gedefinieer? En: Wanneer is die tyd reg vir ‘dislojale verset’?” (225). Ek beantwoord Du Preez se vrae soos volg. Lojaal teenoor die Afrikanervolk soos gedefinieer deur Afrikaners; nie soos gedefinieer deur die ANC en sy meelopers, insluitende verloopte Afrikaners soos Du Preez, nie. Sedert 1994 was en is die tyd reg vir dislojale verset teen die ANC-regime. Die gebruik van ‘n onnodige Engelse woord in ‘n Afrikaanse teks, soos “detribalise”, het kenmerkend van Du Preez se skryfwerk geword. Sy huistaal is deesdae Engels.

    Die volgende uitlating is ook tipies Du Preez: Louw het glo “uit die warmgepoepte binnekring van geleerde Afrikaners gebreek” (225-226). Sou hy dieselfde soort taal gebruik wanneer hy swart binnekringe beskryf? Nee, hy beperk sy onkiese, krasse veroordeling tot Afrikaners. Let op hoe Du Preez agterdog teen Louw probeer wek: “Dit het nie gehelp toe ek uitvind hy was ‘n lid van die Afrikaner-Broederbond nie, ook nie sy gedurige verwysings ns sy onherroeplike verbintenis tot die ‘volk’ nie. Toe moes ek boonop lees hy het in die jare dertig nogal ‘n affiniteit met die Nazi’s gehad en was glo vir ‘n kort tyd ‘n lid van die Gryshemde” (226). Louw het volgens Du Preez “nooit prontuit teen groter apartheid uitgepraat nie” (226).

    Du Preez se artikels word gekenmerk aan komplimente vir homself. Hierdie artikel is geen uitsondering nie. Sy koerant, Vrye Weekblad (1988-1994), was Du Preez se “geveg vir demokrasie, vryheid en gelykberegtiging” (226). Watter resultate het hy behaal? Swart oorheersing, korrupsie, rommelstatus, wetteloosheid, agteruitgang, verval, eindelose ellende, ens. Du Preez is glo in 1987 deur Afrikaanssprekende linkses uitgedaag “om ‘n koerant in Afrikaans te begin wat apartheid en onreg onbevrees sou oopvlek en uitwys … Ek het die uitdaging aanvaar as my eie weergawe van lojale verset” (227). Nou is die tyd oorryp vir Du Preez se dislojale verset teen die ANC-regime se rassediskriminasie en onreg, bv onteiening sonder vergoeding, ens. Maar hy is baie meer terughoudend in sy kritiek op swartes as sy verdoeming van Afrikaners.

    Die politikus, Robin Carlisle, skryf: Louw “called for the inclusion of coloureds into Afrikanerdom. He reiterated his opposition to separate universities” (250). Een van Louw se Wits-studente, Virginia van der Vliet, skryf: “For Louw there was no way he could envisage territorial separation (or separate universities) for Afrikaans-speaking coloured people” (257). Wat Louw in die jare sestig op sy onpraktiese manier – kyk Peter Louw se opmerking hier bo – nie kon voorsien nie, is dat swartes ná oopstelling al die eens blanke universiteite sou verswelg en die eens Afrikaanse universiteite sou verengels terwyl die tradisioneel swart universiteite sou voortgaan om swart en Engels te bly. Swartes het ‘n keuse tussen inklusiwiteit en eksklusiwiteit wat nie aan blankes gegun word nie. Swart studente verkies Engels terwyl ‘n keuse tussen Engels en Afrikaans as onderrigtaal nie aan blanke studente gegun word nie. Louw het ook nie die massiewe dislojaliteit jeens Afrikaans by bruin studente voorsien nie. In die bruin elite is daar feitlik niemand wat ononderhandelbaar aandring op Afrikaans as onderrigtaal nie; nie aan universiteite nie en al hoe meer selfs nie meer in skole nie. Blankes kan eersdaags die meerderheid Afrikaanssprekendes word.

    As joernalis het Ton Vosloo (gebore in 1937) heelwat skuld aan die ondergang van die blanke politieke bewind en dus ook aan die onverkwiklike situasie waarin Afrikaans hom bevind. Hy was die inisieerder van die Afrikaanse Taalraad wat hy doelbewus op so ‘n manier geskep het dat taaloorwegings (die bevordering van Afrikaans) nie voorkeur geniet nie, maar politieke oorwegings, naamlik versoening. Vosloo stel Louw voor “as die Afrikaner se gewete” en verwys dan na Louw se wens van “voortbestaan in geregtigheid” (251). Die punt is egter dat voortbestaan vir blankes in Afrika so problematies is dat hulle dit net met sogenaamde onregtigheid, naamlik apartheid, kon verseker. Geregtigheid word dan sinoniem met die selfdood van die blankedom in Afrika.

    Vosloo skryf: “Louw was sekerlik die prominentste Afrikanerdenker van sy tyd” (252). In 1994 is die blankes, volgens Vosloo, hulle “selfbeskikking in geregtigheid ontneem” (253). Dit is ‘n onduidelike en moontlik teenstrydige formulering. Dinge word deurmekaar gegooi. Het geregtigheid in 1994 en daarna geskied? Ek dink nie so nie; nie naasteby nie; eintlik glad nie. “Ons is nou ‘n oop gemeenskap” (253). Regtig? Kan blankes maak en sê wat hulle wil? Is daar vryheid van assosiasie soos die 1996-Grondwet (artikel 18) veronderstel is om te verseker? Mag blankes sake-ondernemings, verenigings of woonbuurte hê wat swartes uitsluit? Nee, aan blankes word die vereiste van inklusiwiteit opgelê terwyl swartes na hartelus eksklusief mag wees. Is ‘n oop gesprek moontlik? In die Afrikaanse hoofstroom-inligtingsmedia, waar Naspers/Media24 die monopolie het, word regse menings nie geduld nie. Selfs woorde soos blankes, nieblankes en Afrikaners word vermy.

    Louw het glo ‘n voorwaarde vir ‘n oop gemeenskap gestel: “Die oop gemeenskap, die ware demokrasie, moet jaloers waak oor sy oopheid” (253). Vosloo maak die saak nog meer duister met sy opmerking: “Na my oordeel beteken dit: Ons kan en wil nie onderhoriges in ons eie land wees nie” (253). Korrek. Maar dit is presies waar die blankes nou is. Hulle is onderhoriges. Suid-Afrika is nie ‘n oop samelewing nie. Dat Suid-Afrika “ons [die blankes se] eie land” is, word deur die nuwe bewindhebbers ontken. Algemene stemreg in ‘n “ware demokrasie” het vir die blankes nie oopheid tot gevolg gehad nie; nie daglig nie, eerder stikdonker nag.

    Virginia van der Vliet, een van Louw se Wits-studente, skryf: “According to Truida, his wife, Louw found speaking in front of big audiences ‘afskuwelik’, relishing the small classes at post-graduate level. He was in reality, she said, terribly shy and nervous in front of large audiences” (259-260). Louw “believed that ‘die beste dosente vir die eerstejaars moet les gee’” (259). Daar is heelwat sin hierin. Die beste dosente is nie noodwendig die beste akademici en/of navorsers nie.

    Ek het die beste tot laaste oorgehou, naamlik PG du Plessis (1934-2017) se bydrae tot die bundel. Hy het Louw baie goed geken. Hy is dié mens wat met Louw as skrywer en akademikus gewandel het. Ek beskou Du Plessis se Fees van die ongenooides (2008) as een van die beste romans in Afrikaans, maar hy en sy boek het glad nie genoeg erkenning ontvang nie. Du Plessis was ‘n Wits-student, -kollega en vriend van Louw. Volgens Truida Pohl was hy Louw se “aangenome seun” (243). Sy het die gedig, “Vier gebede by jaargetye in die Boland,” in Louw se handskrif, wat hy in 1937 aan haar gegee het, enkele maande ná sy dood aan Du Plessis geskenk (243). Du Plessis noem iets oor Louw wat ek nêrens elders teëgekom het nie: “Toe sy hart begin lol, het hy uiteindelik op ‘n half-opgeligte bed in sy studeerkamer geslaap” (236). Sy hartaanvalle was in 1961 en 1968. Eintlik was Louw dus vir bykans die hele duur van sy ampstyd aan Wits (1958-1970) ‘n siek mens.

    Du Plessis verwys na Louw as “iemand wat ek grensloos bewonder het” (234) en “die grootste mens wat ek geken en bewonder het” (241). Du Plessis sluit sy bydrae af met die opmerking: “Die grootste voorreg van my lewe: om Van Wyk Louw te kon ken” (243). Hy noem Louw se klasse “Sokraties”. Dit het nie om dogmatiese stellings gegaan nie. Dit is in daardie klasse waar Du Plessis “die grootste waarheid by Van Wyk Louw geleer het: om ‘dalk’ en ‘miskien’ voor jou gewaagde stellings en waarde-oordele te plaas” (234-235).

    Ek was geskok toe Gerhard van Huyssteen, die voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, op 19 November oorselfversekerd en uit die hoogte met allerhande hoogsaanvegbare stellings vorendag gekom het, soos dat die voortbestaan van Afrikaans glad nie bedreig word nie (gevolglik erken hy ruiterlik dat hy nie vir Afrikaans veg nie) en dat daar nie so iets soos anglisismes bestaan nie (gevolglik kan hy voortgaan om Kaaps as wonderlike, onskadelike Afrikaans op te hemel). Luister na die “Praat saam”-potgooi op die RSG-webwerf.

    Du Plessis verduidelik dat daar oor Louw se digbundel, Tristia (1962), wat grootliks in Amsterdam geskryf is, die teenwoordigheid van Sheila Cussons hang. Namate Louw en Du Plessis se vriendskap gegroei het, het Louw hom al hoe meer in sy vertroue geneem. “Ek het geweet dat die vertroulikhede wat hy bereid was om met my te deel uit naggesprekke tussen twee mense kom en dus nie vir algemene konsumpsie is nie. Maar ek sal altyd onthou hoe sy stem gesak en sy oë versag het wanneer hy oor haar en hulle verhouding gepraat het” (239).

    Louw was sedert 1934 ‘n lid van die Afrikaner-Broederbond (AB). Hy het Du Plessis as ‘n lid gewerf (236). Louw het Beyers Naudé se verraad teen die AB en die Afrikanerdom sterk afgekeur. Louw het hulle vriendskap verbreek deur aan Naudé, in Du Plessis se teenwoordigheid, te sê: “Beyers, ek en jy groet mekaar nie meer nie” (235). Vir Du Plessis het Louw gesê: “Hy kon sy verskille met die AB intern uitgemasel het, maar om na die Engelse koerante toe te hardloop, is verraad” (236).

    By geleentheid het Du Plessis teenoor Louw beweer Afrikaners “is ‘n aanmatigende groepie mense – so min hier aan die verre suidpunt van ‘n agterlike kontinent. Waarop hy geantwoord het: ‘Hoeveel dink jy was die Grieke toe hulle ‘n beskawing geskep het?’” (236). Afrika is ongetwyfeld die agterlikste kontinent. Die kern van die ongedurigheid van die Afrikanerdom met die ANC-regime is die snelle agteruitgang sedert 1990/94 van (Europese/Westerse) beskawing. Hoewel Verwoerd vir Louw diep seergemaak het met sy aanval op Pluimsaad op Republiekdag, 31 Mei 1966, het die sluipmoord op Verwoerd op 6 September in dieselfde jaar vir Louw “diep geraak.” Hy het telkens gevra: “Waarheen is ons op pad?” Minder as vier dekades later het die antwoord geblyk te wees dat ons op pad na ‘n ramp was. Ná die betroubare en gesaghebbende leiding wat daar van Verwoerd uitgegaan het, het die Nasionale Party al hoe meer koers verloor.

    Du Plessis skryf: “Die AB het vir my ‘n besondere bonus gebring. Dit het ‘n gewoonte geword dat ek Van Wyk Louw sou oplaai na die vergaderings toe. Ná die vergaderings, wanneer ek hom aflaai, het hy dan gevra: ‘Pieter, hoe lyk dit met ‘n slokkie?’ In sy studeerkamer, oor rooiwyn, het dan vir my die waardevolste gesprekke denkbaar gevolg” (236). “Slokkie” (ook op bladsy 243) is klaarblyklik ‘n omvorming van “slukkie”. Ek gebruik hierdie woord in die opskrif van hierdie rubriek omdat die Muller-bundel ‘n mondvol interessante en waardevolle inligting oor Louw bevat.

    Die skryfster, Elsa Joubert (1922-2020), en haar man, Klaas Steytler (1922-1998), was anti-Afrikaner-gesind. Hulle was teleurgesteld toe David Pratt se sluipmoordpoging in 1960 op Verwoerd misluk het. In die 2017-vertaling van haar outobiografiese boek, Reisiger (2009), skryf Joubert: “We are shocked and upset when we hear that the Afrikaans actress and writer, Anna Neethling-Pohl and her producer sister, Truida Louw, stood watch the whole night in the passage outside the ward where Verwoerd was lying. NP van Wyk Louw (who is married to Truida) sat and waited in his car in the parking area. The word is that NP van Wyk Louw is a member of the Broederbond. Now it looks as though he is also a Verwoerd-man. I hear that MER [Maria Elizabeth Rothmann, 1875-1975] is a good friend of the Verwoerd family. She probably prayed hard for his recovery. So much for my writing to her asking her to lead us against Verwoerd! It’s no wonder she didn’t even acknowledge my letter” (Praag 10.06.2017). Ook oor Elsa Joubert: Praag 2.12.2017. Oor MER: Praag 5.08.2017.

    Wat die voorafgaande, soos Joubert se kommentaar, aantoon, is dat Louw altyd genoeg – eintlik fundamenteel en onmiskenbaar – Afrikaner gebly het. Ons moet nie toelaat dat verlooptes daardie beeld skend nie.

  • Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 2)

    Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 2)

    Ek het reeds ‘n algemene karakterisering van The New York Times (hierna die Times) se 1619-projek verskaf, asook Phillip Magness se kommentaar daarop (Praag 5.12.2020). Hierdie rubriek handel oor Peter W Wood (gebore in 1953) se beter en veel meer omvattende boek oor dieselfde onderwerp: 1620: A critical response to the 1619 Project (New York: Encounter Books, 2020, 272p, $18,00). “My real agenda is to illuminate what the 1619 Project means for America” (Kindle 3091).

    Ek veronderstel dat lesers kennis geneem het van wat ek in my vorige rubriek geskryf het. Soos sy kollega en vriend, Stanley Kurtz (Praag 8.08.2020), is Wood ‘n sosiale of kulturele antropoloog (656). Albei is behoudend; iets wat uitsonderlik in daardie geledere is. Wood noem sy benadering “conservative and traditionalist” (121). Wood is reeds ‘n dekade lank die president van die Amerikaanse National Association of Scholars (379), met as missie “to sustain the tradition of reasoned scholarship and civil debate in American colleges and universities” – iets wat baie nodig is, al sou ‘n mens geneig wees om te dink dat universiteite vanselfsprekend sodanig moet wees.

    Om propagandistiese redes verhef die Times 1619 tot die aanvangsjaar van Amerika se geskiedenis. Dit is toe die eerste slawe daar voet aan wal gesit het. Dit is die 2019-voortsetting van hierdie koerant se “The Truth Is Worth It”-veldtog waarmee in 2017 begin is (785). Historici is egter geneig om eerder 1620 (die aankoms van die Mayflower met die Pelgrims in Plymouth), 1630 (die aankoms van die Puriteine in Salem, ‘n gemeenskap wat volgens John Winthrop “a city upon a hill”* sou wees – 2432) of 1776 (die verklaring van onafhanklikheid van Brittanje, met as regte “equality, life, liberty, and the pursuit of happiness” – 1676) as die eintlike beginjaar van Amerika se kenmerkende geskiedenis te beskou. “The Mayflower Compact** … pointed the way toward America’s self-government” (159). Dit is waarom die hooftitel van die boek 1620 is – ‘n ontkenning van die deurslaggewende belang van die slawe in die vorming van die wesenlike aard van die Amerikaanse samelewing. Die 1619-projek stel die Amerikaanse geskiedenis voor as vier eeue van rassistiese onderdrukking terwyl Wood meen dat dit eerder om vryheid (“liberty”) en geregtigheid (“justice”) vir almal gegaan het. “America was never a ‘slavocracy’” (159).

    [* “n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie” (Matteus 5:14).

    ** Kyk hier onder. Die Mayflower Compact gee, volgens Wood, “the first glimmer of the American republic” (394).]

    In die voorwerk verwys Kurtz na “the 1619 Project’s mendacity” en noem dit ‘n “exercise in manipulation” (2). William Allen bestempel Wood se boek “as the most comprehensive response to the ill-fated 1619 Project,” onder meer “pinpointing its consistent resort to misrepresentation that cannot be dismissed as merely different interpretations … The 1619 Project failed … Its purpose was cultural shakedown” (11). Mary Grabar noem dat Wood die Times se herskrywing/transformasie (“reframing”) van Amerika se geskiedenis ontbloot as “the jumble of lies, half-lies, logical fallacies, bad history, and bad faith of a project motivated by greed and hatred of America” (19).* Magness het ook Wood se boek verwelkom (23). Wat Wood volgens Robert Paquette doen, is “to clear away the dangerous rubbish put forth by the 1619 Project” (31). Dit is die soort kritiek wat ook teen Patric Tariq Mellet se boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020), geopper kan word. In Mellet se geval is die hoofmotivering skynbaar om afkeer, indien nie haat nie, teen Suid-Afrika se blankes, veral Afrikaners, te saai.

    [* Grabar se boek, Debunking the 1619 Project, is geskeduleer om op 7 September 2021 te verskyn (Kindle $17,24).]

    Wood begin sy voorwoord met verwysing na Christopher Columbus, wat tradisioneel as die ontdekker, in 1492, van die Nuwe Wêreld, die Amerikas, erken word. Toe het slawerny reeds eeue lank – “from time immemorial” (293) – in die Amerikas bestaan. Die aankoms van slawe in Jamestown in 1619 behoort dus nie opgeblaas te word asof dit van hemelskuddende belang is nie. “The year 1492 changed the world, but not by introducing slavery to the Americas” (306). Vóór die aankoms van die blankes was die inheemse bevolking onderhewig aan baie erger dinge as gedwonge arbeid. “Captured people fed the almost industrial level of human sacrifice at the center of the Aztec Empire” (296), insluitende kannibalisme. Setlaars van Britse oorsprong was ook nie die eerste blanke eienaars van swart Afrika-slawe in Amerika nie. “Some of the African slaves were sent to Spanish settlements along what is now the Eastern Seaboard of the United States. In 1526, Lucas Vázquez de Ayllón established a settlement on the coast of Georgia, San Miguel de Gualdape, supplied by African slaves. Enslaved African men were frequently assigned to oversee native American slaves … [They] were infamous for the brutality with which they treated them” (318).

    Die 1619-projek dank sy benaming aan die meer as 20 slawe wat in 1619 aan boord van die White Lion in Jamestown, Virginia, aangekom het. Wat die Times na bewering wil doen, is: “On the 400th anniversary of this fateful moment, it is finally time to tell our story truthfully” (329). Die teenwoordigheid van hierdie slawe, volgens die Times,”inaugurated a barbaric system of chattel slavery that would last for the next 250 years [until 1865]. This is sometimes referred to as the country’s original sin, but it is more than that: It is the country’s very origin” (333).

    Daardie “slawe” was in werklikheid nie amptelik slawe nie “because [in 1619] slavery was not recognized by English common law” (524). “In Virginia, the records show that many of the captives were, after a term of indenture, set free. None were recorded as slaves” (527). “When the records of this time refer to ‘slaves’, they generally mean Englishmen who had been convicted of crimes and who were punished by a period of involuntary servitude” (538). “The best term for the condition of the involuntary immigrants of 1619 is ‘servitude’ … The transition to slavery lay years into the future” (550).

    “The Times’ sloppiness about historical facts is one reason to approach with caution its claims about 1619 as the decisive moment in America’s descent into racial despotism” (585). Die besware van vyf gesaghebbende historici teen die 1619-projek is op 29 Desember 2019 in die Times gepubliseer (601). “Refusing to correct any of the inaccuracies he [Jake Silverstein, the magazine editor] explains: “Historical understanding is not fixed … differing views exist” (604). Die onderliggende euwel hier het ‘n naam, naamlik postmodernisme. Daarvolgens is feite nie meer deurslagggewend nie. Dit gaan by uitstek om vrye vertolking, dus om te maak soos jy wil. ‘n Feit word verwring tot ‘n aanname (951). “Postmodernism favors the stories told by the ‘oppressed’. It divides society into two parts, the privileged and those whom the privileged exploit” (955). “The poor and oppressed … enjoy a special kind of truth-telling” (958).

    Silverstein skryf: “What we hoped our project would do: expand the reader’s sense of the American past” (612). Wood noem dit “mythology” (616), “pseudohistory” (808) en “fake history” (612) – dus “deliberate misinformation” (2974). Dit is “a new way of looking at our history through the lens of racial oppression” (623). “The 1619 Project aims to unseat white supremacy” (962). Sedert 1994 ervaar ons in Suid-Afrika blatante swart heerssugtigheid, maar het u al ooit die frase “black supremacy” as ‘n verwyt gehoor? Nee, daar is net “white supremacy” en natuurlik ook uitsluitlik blanke “rassisme”. Daar is “appeal[s] to black pride” (966) wanneer die geskiedenis en werklikheid gebuig/getransformeer word. Daarteenoor is daar verguising van die blankes. In die byderwetse politiek is daar blykbaar niks waarop die blankes met reg trots kan of mag wees nie.

    ‘n Interessante opmerking is dat Amerikaanse slawe vyf en ‘n halwe dag per week gewerk het (670). In my jeug het die meeste werknemers so ‘n werkweek gehad. In die meeste gevalle het die halfdag se werk op Saterdae later weggeval. Deesdae is ‘n vyfdag-werkweek ‘n algemene verskynsel. Michael le Cordeur het al herhaaldelik beweer dat slawe aan die Kaap net een dag in die jaar vry gehad het. Byvoorbeeld: “Destyds moes die slawe elke dag werk. Hulle het een dag in die jaar af gehad: die dag ná Nuwejaar” (WAM Carstens en Michael le Cordeur, reds, Ons kom van vêr, Tygervallei: Naledi, 2016, p 264). Dit is glo die rede waarom die Klopse Kaapstad tradisioneel jaarliks op 2 Januarie op horings geneem het. Daar is volgens Le Cordeur “‘n ryk en hartseer geskiedenis” agter daardie “uitbundigheid” (258). Die vraag is of hy, soos die Times, nie doelbewus lieg ter bevordering van sy pro-nieblanke en anti-blanke gesindheid nie. Historici kan gerus uitspraak oor Le Cordeur se bewering lewer.

    Nikole Hannah-Jones, die Times-joernalis en hoofaktivis van die 1619-projek, bevorder die slawe- en swartsaak deur die destydse gebeure soos volg te verwoord: “Those men and women who came ashore on that August [1619] day were the beginning of American slavery. They were among the 12.5 million Africans who would be kidnapped from their homes and brought in chains across the Atlantic Ocean in the largest forced migration in human history until the Second World War” (686). Sy noem nie dat die swart slawe deur mede-swartes gevange geneem is nie. Nog minder verwys sy na slawerny binne Afrika wat baie langer as die trans-Atlantiese slawerny geduur het en veel groter afmetings aangeneem het. Arabiere het ook ‘n baie groter rol as blankes in slawerny gespeel, maar hulle word nie naasteby in dieselfde mate daarvoor verkwalik nie. Wood skryf: “Untold millions of Africans had been trafficked by Arabs and others for perhaps a thousand years before the Atlantic slave trade began. While a heartbreaking 12.5 million Africans were transported across the Atantic, the number shipped to North America was only 388 000. Hannah-Jones fires her indignation at British North America, but she loads her weapon with numbers from Mexico, the Caribbean, and Brazil” (690).

    Wood skryf: “The slaves who landed in Virginia were the first we know of who were brought to an English colony on the North American mainland. That indeed is something, but is it the country’s ‘very origin’?” (341). Wood vra: “If the project succceeds in making slavery the distinguishing aspect of American history, what are the likely consequences for the nation?” (364) en “On whose intellectual authority did the Times make the audacious claims that are the substance of the 1619 Project?” (368). “The 1619 Project came from somewhere, and I suspect it came mostly out of our universities, in which radical identitarian politics and theories of racial oppression have long been taking shape. The way American history is taught in colleges and universities has some bearing on how the Times now believes American history should be taught in grade schools and high schools across the country” (383).

    Wood beskryf die Mayflower Compact, die gelofte wat die Pelgrim-setlaars in 1620 aan boord van die skip afgelê het, as ‘n “agreement on how they would conduct themselves once they got on shore” (408). Sodanige onderneming was nodig omdat hulle in Plymouth aanvanklik nie in die Britse kolonie by Jamestown en dus onderhewig aan Britse wette was nie (412). “By penning the Compact … they planted a seed. The document sketched, for the first time in European settlement of the New World, an ideal of self-government based on justice” (422). Die Pelgrims se ideaal was “our better ordering and preservation [as a community] … for the general good” (433). “[The Compact] had a sense of common identity, a ‘we’ that spoke for ‘us’” (2428). “The colonists agreed to a form of democracy” (1708). Die Compact was ‘n gelofte aan God, “the most unbreakable promise of all” (436). Gestel die ANC het, voordat hy in 1994 die politieke mag oorgeneem het, die Amerikaanse Pelgrims se voorbeeld nagevolg en ‘n etiese kode opgestel waaraan die ANC-regime sou voldoen. As dit vir hulle erns was, hoeveel beter kon die Nuwe Suid-Afrika nie gewees het nie? Nou steek Suid-Afrika baie sleg by Amerika en ander Westerse lande af. Die staatskas word rot en kaal gesteel. In 1996 is daar wel ‘n etiese kode vir alle parlementslede daargestel, maar die toepassing is klaarblyklik gebrekkig.

    Wood vra: “Was the arrival of the White Lion at Jamestown [in 1619] really the founding event of what would become the American republic? No. It was something but not that – a minor incident that casts light on a small-scale society that as yet had no firm boundaries or abiding sense of purpose” (704). Hoekom kom Hannah-Jones weg met oordrywing en die verkondiging van onwaarhede? Omdat sy deur die Times se dubbele standaarde bevoordeel word. “Hannah-Jones had achieved a position of some authority at the newspaper and was in many respects exempt from ordinary forms of accountability” (823). “[She] had been challenged on what might be called matters of journalistic integrity” (827). Maar die Times verkies om kritiek te ignoreer “and to create a bubble in which everyone appears to agree with their views” (848).

    Hannah-Jones “knew in advance that ‘almost every aspect of American life’ has ‘to do with slavery’: this judgment precedes the ‘rigorous scholarship’ she says was undertaken” (855). “Mostly, Hannah-Jones goes in search of hidden racism” (884). Sy is selfs gunstig beïndruk met die onrus wat daar na die dood van die swart George Floyd – die nek-episode – in Mei 2020 uitgebreek het en noem dit “the 1619 Riots” (904). Sy het hierdie oproer geregverdig “as an appropriate response to black oppression” (1461). Sy het selfs beweer: “Destroying property, which can be replaced, is not violence” (1465) en “I think I would not describe looting as violence. Looting is property damage” (1469). “Often, the Negro does not even want what he takes. He wants the experience of taking. Negroes have committed crimes, but they are the derivative crimes, and they are born of the greater crimes of the white society” (1473). In Suid-Afrika is daar baie swartes wat “the experience of taking” het. Maar daar is ook baie wat nog nie gesteel het nie. Hoe sou die land lyk as almal van hulle daardie ervaring opdoen? Dit is gewoon irrasioneel en dwaas om te beweer dat die vernietiging van bv skole en biblioteke, asook die stroping van winkels, nie geweld is nie maar bloot die beskadiging van vervangbare eiendom.

    Die 1619-projek in sy geheel geniet voorspelbaar die ondersteuning van Oprah Winfrey (908, 1501). Waaraan mense soos Hannah-Jones en Winfrey ly, is historiese ongeletterdheid (936). Hulle ken nie , of stel nie belang in, die outentieke geskiedenis nie en verkies om dit volgens hulle wense te herskryf. Daardie getransformeerde geskiedenis vind al hoe meer neerslag in skole en aan universiteite, ook in Suid-Afrika. “Much of American education has privoted from teaching to messaging” (944). Dit is eintlik blatante linkse propaganda. Dit gebeur nie net in die vak geskiedenis nie, maar in die geval van universiteite by uitstek in al die humaniora en sosiale wetenskappe. Hierdie akademies-wetenskaplike verval is onlangs gesaghebbend geboekstaaf in Helen Pluckmore en James Lindsay se boek, Critical theories: How universities made everything about race, gender, and identity – and why this harms everybody (2020, Kindle $25,86).

    In hoofstuk 4 reduseer Wood die kern van die 1619-projek tot vyf stellings of kwessies: [1] “The American Revolution was fought to protect American slave owners from the threat of abolition by the British authorities” (983). [2] Matthew Desmond se standpunt “that plantation slavery was the foundation of American capitalism” (990). [3] “The nation’s history is best understood as a struggle by American blacks against white supremacy” (990). [4] Abraham Lincoln “was a racist whose primary intent was to keep blacks and whites separate” (987). [5] “For the most part, black Americans fought back alone” (987). Aan elk van [1] tot [4] wy Wood ‘n hoofstuk. In my vorige rubriek is hulle ook bespreek.

    [5] het so min substansie dat Wood dit dadelik afhandel. Dit is blankes, in Brittanje en Amerika, wat die leiding in die vrystelling van die slawe geneem het (990), “an antislavery crusade that was unique in the history of the world” (1056). Dit is blankes wat ná die Burgeroorlog die Grondwet aangepas het – die vrystelling van die slawe in 1865; ook in bv die 1960’s weens die burgerregtebeweging (994). Op die ondersteuning van linkse blankes kon die Amerikaanse swartes altyd reken. In Suid-Afrika het die swartes ook nie alleen hulle “bevrydingstryd” gestry nie. In deurslaggewende opsigte het Jode, ander blankes, insluitende verloopte Afrikaners, asook Indiërs, vir ANC-swartes die weg aangedui en hulle in ander opsigte gehelp. Let op Hannah-Jones se uiters radikale siening van slawerny: “Enslaved people were not recognized as human beings but as property that could be mortgaged, traded, bought, sold, used as collateral, given as a gift and disposed of violently” (1031).

    Wat Wood nuut oor [1] sê, is dat ‘n swart historikus, Leslie M Harris, bekend gemaak het dat sy voor die publikasie van die 1619-projek deur die Times genader is oor die vraag of die onafhanklikheidsoorlog gevoer is om die voortsetting van slawerny te verseker. Sy het dit as ‘n feitefout uitgewys maar haar mening is geïgnoreer (1073). Wat gepubliseer is, is soos volg deur Hannah-Jones geformuleer: “We may never have revolted against Britain if the founders had not understood that slavery empowered them to do so; nor if they had not believed that independence was required in order to ensure that slavery would continue” (1142).

    In werklikheid was die Britte in daardie stadium (18de eeu) nog nie “deeply conflicted” oor slawerny soos Hannah-Jones beweer nie. “They were complacent” (1164). “Britain had no interest in ending slavery in the colonies … No country in the world surpassed Great Britain in the eighteenth century in supplying the Americas with slaves” (1168). Dit was eerder in Amerika as in Brittanje wat daar toe reeds teenkanting teen slawerny was. “The Revolution unleased antislavery sentiments that led to the first abolition movements in the history of the world” (1207). In Virginia was die mening dat hulle “already had more slaves than they needed” (1348). ‘n Britse verbod op slawehandel sou boerdery nie ontwrig nie. Die mening van vyf en later nog twaalf historici (1404) kan soos volg saamgevat word: “Hannah-Jones’s ideological zeal outran her fidelity to the truth” (1415).

    Wat [2] hier bo betref, herhaal Wood grootliks die kritiek wat Magness op Desmond se uitlatings gelewer het. Wood noem Magness “Desmond’s most trenchant critic” (1868). Sterk kritiek is ook deur ander kenners gelewer. “For [Leslie] Harris, Southern slavery impoverished the surrounding society; for [Robert] Paquette, slavery retarded economic development. Neither scholar accepts the idea that the antebellum economy centered on slavery as a form of capitalism” (1898). “This critique of slavery as economically ruinous comes up over and over again among the scholars who have peered into the NHC [New History of Capitalism] writings” (1918). Die NHC-kritici het bevind “that exports constituted a small share of American GDP (typically less than 10 percent) and that the total value of cotton was therefore small by comparison with the overall American economy (less than 5 percent, lower than the value of corn)” (1934).

    Volgens [3] hier bo is die essensie van Amerika se geskiedenis die swartes se stryd teen blanke heerssugtigheid. Hannah-Jones geniet dit blykbaar om die geskiedenis volgens haar wense te plooi. Kritiek op haar standpunt is reeds in ruime mate in my vorige en hierdie rubriek uitgespreek. Sy noem plantasies nie plantasies nie maar eerder “forced-labor camps” (2146, 2943). Sy het later erken “that seeking reparations was her true purpose” (2439): “My ultimate goal is that there will be a reparations bill passed” (2442). “Such reparations, she says, are not just for slavery but for the one hundred years after slavery [that is, until the successful civil rights movement in the 1960s], and they will have to consist of cash payments to every black American who has a slave ancestor. Their purpose will not be to erase racism, bring about racial harmony, or fully pay what whites owe blacks; they will simply be a form of ‘restitution’ for what has been wrongfully taken away from blacks” (2442).

    Dus: “She freely admits that such payments will do nothing to improve race relations and won’t expunge any moral debt. They are simply ‘what is owed’. There is no gratitude to be found in the 1619 Project, only bitterness and anger” (2454). Groter vermetelheid is kwalik moontlik. Wood skryf sagkens van “lack of intellectual modesty” (2955), maar is andersins uitgesproke: “Our history is being disassembled, falsified, and woven into a new fabric in the name of some sort of compensatory justice” (2524). “The Times, a news organization, … assigned journalists rather than historians to write history (2931). “The 1619 Project is … not legitimate journalism, and it isn’t legitimate history either. It is mainly an assemblage of poorly sourced assertions – an extended opinion piece” (2608). “The 1619 Project is, arguably, part of a larger effort to destroy America by people who find our nation unbearably bad” (3149). Allen Guelzo skryf: “The 1619 Project is not history; it is ignorance” (2291).

    Wat [4] hier bo betref, probeer Wood om Abraham Lincoln in die gebruiklike “goeie” hedendaagse polities “korrekte” lig te stel. Phillip Magness het my oortuig dat Lincoln geensins die toets van polities byderwetsheid kan slaag nie (Praag 17.10.2020). Vir my is die teleurstellendste aspek van Wood se boek dat hy in hierdie konteks glad nie na Magness se standpunt verwys nie, terwyl hy wel op uitgebreide skaal oor Magness se fundamentele kritiek op Desmond berig. Dit is duidelik dat Wood ‘n Noorderling is wat kant teen die Suide kies. Daarom het hy simpatie met die vertolking dat dit in die Burgeroorlog om die vrystelling van die slawe gegaan het. Byvoorbeeld, een van Wood se besware is: “If these students had studied the 1619 Project they would have learned that slavery was not the cause of the Civil War” (2856). Wood oordryf ook heel moontlik die mate waarin Amerikaners van vroeg af teen slawerny gekant was. Die Suiderlinge en hulle ondersteuners, daarenteen, dink dat Lincoln die onverkwiklike Burgeroorlog aangepak het omdat hy ten alle koste die eenheid van die Unie wou bewaar. Lincoln het immers in 1862 geskryf: “My paramount object in this struggle is to save the Union, and is not either to save or to destroy slavery” (2214).

    “The 1619 Project aims to transform American education, if not all of American society” (2943). Ek kom nou by moontlik die ernstigste gevolg wat die 1619-projek inhou, naamlik die toepassing daarvan in skole. Die kurrikulum van die 1619-projek word gekarakteriseer as: “slavery-is-the-foundation-of-everything-in-this-vile-white-supremacist-society” (3102). “The Pulitzer Center has taken the lead in getting the 1619 Project curriculum into schools, which appears to be the primary goal of the whole project” (1509), dus “turning the 1619 Project from a journalistic stunt into an educational reality” (1567). In skole is die leermateriaal glo geskik vir gebruik in al die grade (2915) en dus vir kinders van alle ouderdomme (3014).

    “The Pulitzer Center for Crisis Reporting was founded in 2006 … Sometime later, it made ‘educational outreach’ part of its ‘core mision’. The outreach it had in mind was teaching aspiring journalists to see themselves as ‘engaged global citizens’” (1570) – soortgelyk aan Wim de Villiers se ideaal vir studente aan die nuwe Stellenbosch University. Wêreldburgerskap “signals disenchantment with the idea of the nationstate and with ‘citizenship’ as usually understood. Global citizens are, at least by disposition, loyal to no particular place, people, culture, or government. They are ‘postnational’ and see themselves as operating on a plane above the parochial attachments of ordinary people. Global citizenship is a self-conferred elite status” (1574). In De Villiers se geval is hy nie soseer teen burgerskap van die nuwe Suid-Afrika én Afrika gekant nie. Sy gramskap is teen burgerskap van blank Suid-Afrika en veral etnies-nasionalistiese gehegtheid aan die Afrikanerdom en Afrikaans.

    ‘n Belangrike deurbraak vir die 1619-projek was toe die National Education Association (NEA), die grootste onderwysersvakbond met meeras drie miljoen lede, sy steun toegesê het (1509); glo “to help give us a deeper understanding of systemic racism and its impact” (1512). Het u al ooit die ware stelling teëgekom dat die nuwe Suid-Afrika, soos dikwels oor die oue beweer is, onder sistemiese rassisme gebuk gaan? Die 1619-projek in skole vind aansluiting by die Southern Poverty Law Center (SPLC – Praag 19.09.2020) se “Teaching Tolerance”-projek, asook Black Lives Matter at Schools (1512); ook die “Zinn Education Project, named for the late Howard Zinn [1922-2010], a radical Marxist historian best known for his book A people’s history of the United States” (1980, Kindle $6,12). Zinn se boek is deur Mary Grabar aan die kaak gestel: Debunking Howard Zinn: Exposing the fake history that turned a generation against America (2019, Kindle $14,94). Daar is ook Rethinking Schools en Teaching for Change “that aims to build ‘social justice starting in the classroom’” (1524). Hulle is almal pogings om ‘n beweerde fout in die Amerikaanse skoolstelsel reg te stel, naamlik “Slavery is not well taught” (1616).

    Vir die Pulitzer Center gaan dit om “a reframing of this essential part of our national identity” (1616). Wood skryf: “With these groups, we are in the cultural Marxist, radical anti-American end of the pool, where the goal is to indoctrinate American children with a hatred of their country. A substantial portion of that indoctrination is the effort to instill racial animosity and the conviction among African Americans that they are now and have always been the victims of systemic racial oppression” (1551). Die titel van ‘n lesing wat Hannah-Jones vir gebruik in skole geskryf het, is: “Exploring the idea of America” (1602). Daarin staan: “The 1619 Project … challenges us to reframe US history by making the year when the first enslaved Africans arrived on Virginia soil as its foundational date” (2919). “Hannah-Jones provides an expansive essay on why ‘black Americans … are this nation’s true ‘founding fathers”‘ (2923). Wood skryf: “Tens of thousands of schoolteachers will parrot her nonsense, and millions of American schoolchildren will read and hear it from voices that ring with authority” (2308).

    In 2019 het die Pulitzer Center daarop aanspraak gemaak dat sy studiemateriaal vir die 1619-projek reeds in 3 500 klaskamers is (2571) en ter beskikking van “tens of thousands of students in all 50 states” (2578). Wood: Vóór 2019 “few schools … have been teaching that America was a ‘slavocracy’; that slavery is our founding institution; and that every salient characteristic of America today is the result of slavery” (2618). Dit is Hannah-Jones wat geskryf het: “This nation was founded not as a democracy but as a slavocracy” (2938). “A new narrative of America as an oppressive state that exploited minorities and privileged a class of white supremacists could not be merged seamlessly with the old narrative” (2838). “The 1619 Project carries the reaction into the realm of radical overreaction” (2845).

    “In January 2018, the SPLC released ‘Teaching hard history: American slavery’, a report that is part of its Teaching Tolerance program. The webpage presenting the report proclaims: ‘Schools are not adequately teaching the history of American slavery, educators are not sufficiently prepared to teach it, textbooks do not have enough material about it, and – as a result – students lack a basic knowledge of the important role it played in shaping the United States and the impact it continues to have on race relations in America” (1636). “The Family Research Council, which is a harsh critic of the SPLC … noted that the SPLC had been way ahead of the 1619 Project” (1645).

    As teenvoeter vir die 1619-projek, het ‘n swart Amerikaner, Robert Woodson, in Februarie 2020 ‘n projek geloods “that … has come to be known simply as ‘1776’, or ‘1776 Unites’” (3018). “Woodson hit on the better name for an endeavor to remind Americans that our nation was founded on the pursuit of freedom, not on slavery and racism” (3022). Wood se samevatting ter afsluiting is: “The 1619 Project as a whole is myth-making aimed at intensifying identity politics and group grievance. It doesn’t aim, as it says, to tell ‘our story truthfully’. It aims to tell it with falsehoods and deceptions for the purpose of instilling resentment” (3087). Oor die toepassing: “The 1619 Project … consists of an effort to destroy America by teaching children that America never really existed, except as a lie told by white people in an effort to control black people” (3152).

    Die Times beoog om onbepaald met hierdie projek voort te gaan (3156). Die redes hiervoor is: [1] “the appeasement of angry and aggressive members of the Times’ staff” (3156); [2] “the social-justice agenda of the Times management” (3159); [3] “the hope of energizing the Democratic electorate to oppose Trump in the 2020 election” (3159); [4] “the failure of the Mueller investigation to deliver the results that the Times eagerly anticipated” (3159); [5] “the desire to push government to pay reparations to blacks for slavery” (3163); [6] “postnationalism, that is, the idea that America is not exceptional and really shouldn’t exist at all, to which end borders should be abolished” (3163); [7] “the elevation of identity politics based on racial grievance to become the dominant or perhaps exclusive cultural construct bearing on the nation’s politics, economics, and morality” (3166).

    In Julie 2020 Hannah-Jones in “a series of tweets … asserts that the 1619 Project was never intended to be ‘history’” (3193): “I’ve always said that the 1619 Project is not a history. It is a work of journalism that explicitly seeks to challenge the national narrative, and, therefore, the national memory. The project has always been as much about the present as it is the past … The 1619 Project is using history and reporting to make an argument. It never pretended to be a history” (3196). Wood skryf: “My guess is that she is doing a victory lap. At this point the popular success of the 1619 Project is so well established that she no longer needs to claim historical accuracy. She has moved on to something bigger: a narrative that is indeed reframing the whole idea of the American past. A false narrative that people believe is usually called a myth” (3211). “As I write this, Arkansas senator Tom Cotton has proposed legislation that would prohibit federal money from going to schools that teach the 1619 Project” (3225).

  • Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 1)

    Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 1)

    Watter historiese jaartalle is vir Afrikaners van belang? Ek sou sê onder meer: 1652 (die aankoms van Jan van Riebeeck en sy geselskap in Tafelbaai, dus ons volksplanting), 1838 (die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier), 1881 (die Slag van Majuba), 1925 (die erkenning van Afrikaans as amptelike taal), 1948 (die bewindsaanvaarding van ‘n Afrikaner-regering). Die keuse van sulke jaartalle berus op ‘n bepaalde kulturele ingesteldheid. In hierdie geval ‘n pro-Afrikaner-gesindheid. Vir Afrikaners is dit ‘n goeie ding dat die Zoeloes in 1838 en daarna die Britte in 1881 verslaan is. Wat Afrikaners nie sal doen nie, is om waardering te hê vir 1990/94 toe ‘n groepie Afrikaanssprekende blankes mandaatloos en roemloos aan swart mag oorgegee het.

    Die ANC bedryf ‘n anti-Afrikaner-benadering. Daarom is 1994 vir hom die alfa en omega van Suid-Afrika se geskiedenis. Daarom word 27 April as ‘n openbare vakansiedag, as sogenaamde Vryheidsdag, gevier en is Van Riebeeck-dag (6 April) deur die ANC-regime afgeskaf. In 1952 het veral die Afrikanervolk Van Riebeeck se aankoms drie eeue tevore luisterryk herdenk – ek was daar. Sal daar ‘n vierhonderdjarige herdenking van hierdie gebeurtenis in 2052 wees? Heel waarskynlik nie, veral nie op groot skaal in die openbaar nie. In soverre ons volksplanting dan nog onthou word, sal die herdenking na verwagting binnenshuis en in die geheues van ‘n gideonsbende oorlewende Afrikaners wees. ‘n Aanduiding van wat besig is om te gebeur, het in 1998 geblyk toe die 1948-verkiesingsoorwinning van ‘n halfeeu vroeër skaars positief vermeld is, om van ‘n viering nie te praat nie. Nelson Mandela was toe reeds tot “die vader van die nasie” verhef. Mandela is myns insiens wel die vader van die gewelddadigheid wat so kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika is. Dit kan sy blywendste nalatenskap wees.

    In Amerika is daar neigings soortgelyk aan dié wat ek oor Suid-Afrika genoem het. Uit die oogpunt van Europeërs en ander Westerlinge het Christopher Columbus die Nuwe Wêreld, die Amerikas, in 1492 ontdek. Anders as voorheen is 1992, die vyfhonderdjarige herdenkingsgeleentheid, misbruik om Columbus te diskrediteer. Ek wil nog Robert Royal se uitstekende boek hieroor bespreek: Columbus and the crisis of the West (1992/2020, Kindle $11,49). Standbeelde van Columbus en ander blankes word geskend en afgebreek (Praag 26.09.2020) op maniere soortgelyk aan die ANC-regime se beleid dat blankes, veral Afrikaners, insluitende die oer-Afrikaner Van Riebeeck, se standbeelde uit die openbaar verwyder moet word (Praag 12.09.2020). Volgens die ANC-mentaliteit moet herinneringe aan die vóór-1994-geskiedenis sover moontlik vernietig word. Hoekom? In werklikheid omdat die ná-1994-geskiedenis, dus Suid-Afrika as tipiese Afrika-land, so sleg afsteek by wat Suid-Afrika as beskaafde Westerse land eens tydens die blanke bewind was.

    Naas 1492 is daar baie jaartalle wat lojale (blanke, Engelssprekende)* Amerikaners as herinneringswaardig kan beskou, soos 1607 (die aankoms van die eerste blanke inwoners in Jamestown, by Williamsburg, Virginia), 1620 (die aankoms van die Pelgrims, met die Mayflower in Plymouth, Massachusetts), 1630 (die aankoms van die Puriteine in Salem, Massachusetts), 1775-1783 (die Amerikaanse Revolusie of onafhanklikheidstryd, insluitende die 1776-onafhanklikheidsverklaring) en 1861-1865 (die Burgeroorlog). The New York Times (voortaan die Times) het in 2019, dus na verloop van vier eeue, besluit dat 1619 die historiese jaartal is wat hy vir aandag wil uitsonder, dus die jaar waarin die eerste slawe voet aan wal in Amerika gesit het. Peter W Wood noem die Times “America’s most important newspaper” (bron hier onder Kindle 345). Soos The Times in Brittanje, word sy New Yorkse eweknie as “a national newspaper of record” beskou, dus as ‘n bron waarin (betroubare) inligting gevind kan word. Die 1619-projek spreek egter boekdele vir hierdie koerant se uiters linkse politieke gesindheid.

    [* Die eerste blanke inwoners van Amerika was Spanjaarde wat hulle in 1565 in St Augustine in Florida gevestig het.]

    Die Suid-Afrikaanse hoofstroom-inligtingsmedia, insluitende Media24, put alte graag hulle berigte uit die Times, soos tydens die onlangse Amerikaanse presidentsverkiesing. Ek wonder hoeveel van daardie joernaliste werklik kennis van die 1619-projek dra; nie dat dit hulle sal ontmoedig om voort te gaan om met oorgrawe en onkrities uit die Times oor te skryf nie. Daar word deur hierdie elemente veronderstel dat as die Times skryf dat Donald Trump heluit sleg is, dan moet hy én sy beleid mos verwerplik wees. Dit is moontlik om toegang op Kindle tot die gewone Times te kry teen $19,91 per maand en tot die internasionale weergawe teen $14,99 per maand; dus teen ‘n e-boek se prys.

    Phillip W Magness is ‘n ekonoom en historikus wat as navorser by die libertynse (dus polities vrydenkende maar konserwatiewe) American Institute for Economic Research in Great Barrington, Massachusetts, werksaam is. Ek het onlangs lof uitgespreek vir die boek wat hy en Sebastian N Page in 2011 oor Abraham Lincoln se gesindheid jeens swart mense gepubliseer het (Praag 17.10.2020). Ek het toe onderneem om ook oor ‘n ander boek van Magness te skryf: The 1619 Project: A critique (American Institute for Economic Research, 2020, 138p, Kindle $5,75). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek.

    As boek is hierdie 2020-boek ‘n groot teleurstelling. Die teks bestaan uit ‘n sameflansing van artikels wat Magness voorheen gepubliseer het. Geen poging is aangewend om die onderwerp sistematies te benader en in die proses daardie artikels deeglik te verwerk nie. Die gevolg is ‘n fragmentariese boek waarin tot vervelens toe ‘n beperkte getal temas selfs woordeliks herhaal word. Ek vind dit eienaardig dat nóg die outeur nóg die uitgewer besef het dat dit nie sinvol is om boeklesers met so baie onnodige herhaling te konfronteer nie. My hipotese is dat Magness se motief was dat sy boek die eerste, of ten minste van die eerstes, oor hierdie onderwerp op die mark moet wees.

    Magness se boek herinner aan die twee jongste bundels opstelle van Hermann Giliomee (Praag 16.02.2019 en 29.02.2020) waarin artikels hergepubliseer is wat onderling herhaal en ook herhaal wat in sommmige van Giliomee se ander boeke staan. Maar die euwel van onnodige herhaling is in Giliomee se werk glad nie so kronies soos in Magness se jongste boek nie. Wat albei outeurs eerder gemeen het, is dat hulle oorwegend gesonde, ingeligte standpunte huldig. Maar Giliomee se siening is geensins sonder tekortkominge nie, soos ek voorheen aangetoon het. Dit geld ook vir Magness.

    Dit is hedendaags ‘n oorbekende verskynsel dat sosiale instellings wat in onguns verval het, soos slawerny en rasse-segregasie, bv apartheid, buitensporig oordrewe deur outeurs verdoem word. Hulle doen dit sodat daar by die lesers duidelikheid oor hulle (onbesproke) politieke verligtheid moet wees. Dit dien dan as platform van waar minder verligte uitsprake gemaak kan word, hopelik sonder om die gevaar van beskuldigings van rassisme, ens, te loop. Byvoorbeeld, wanneer Leopold Scholtz ‘n ietsie teen die ANC of swartes wil sê, vertel hy eers hoe “verfoeilik” apartheid was. Insgelyks kan Magness skynbaar nie genoeg beklemtoon hoe “horrid”, ens, slawerny was nie. Diegene wat pro-slawerny was, is nie bloot ‘n groep nie. Hulle word telkens ‘n “mob” genoem.

    Wat ons hier mee te make het, is dat verdwene sosiale instellings nie in die konteks van die betrokke era beoordeel word nie, maar summier veroordeel word ingevolge gewilde hedendaagse norme. Huidige instellings soos demokrasie, liberalisme en sosialisme is nie sonder meer uitsluitlik goed nie. Insgelyks is vorige instellings soos slawerny en apartheid nie sonder meer uitsluitlik sleg nie. Daar was (goeie) redes waarom hulle bestaan voorheen nie net geduld is nie, maar ten minste in ‘n mate geregverdig is. Slawe was verplig om nie leeg te lê nie en hulle tyd nuttig te gebruik deur te werk. Rasse-segregasie/apartheid het verseker dat Suid-Afrika eens die ontwikkelste en welvarendste land in Afrika was. Die voortsetting daarvan sou terselfdertyd die voortbestaan van die blankedom in Suid-Afrika verseker het. ‘n Substansiële blanke teenwoordigheid is steeds ‘n onontbeerlike vereiste vir voorspoed in hierdie “wye en droewe land” – NP van Wyk Louw se woorde.

    Daar is grade van gedwonge arbeid of slawerny. In die era voordat menseregte heeltemal skeefgetrek is, is misdadigers vir ernstige misdade tot hardepad gevonnis. Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die SAKP, roem daarop dat die afbrand van die biblioteek van die Universiteit van Zoeloeland sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd” was. Vir sy misdaad is hy met ‘n ministerspos vergoed terwyl hy eerder lewenslank harde hande-arbeid as ‘n prisonier moes gedoen het. Hy kan immers nooit die skade vergoed wat hy aan staatseiendom aangerig het nie.

    Veroordeelde misdadigers het ander mense se regte geskend. Deesdae word prisoniers egter ingevolge menseregte nie verplig om te werk nie terwyl hulle ‘n reuse uitgawe vir die staat is. Voorheen is prisoniers verplig om werk te doen, bv deur paaie te bou en herstel. Ek het dit in die jare veertig plaaslik eerstehands waargeneem. Die ANC-regime is egter nie in staat om gevangenes, terwyl hulle voltyds in tronke aangehou word, doeltreffend genoeg op te pas nie – hulle ontsnap glad te dikwels. Hoeveel te meer sal prisoniers nie ontsnap as hulle buite die tronke in die samelewing moet werk nie?

    Die inwoners van swart woonbuurte eis onder meer vrystelling van eiendomsbelasting en gratis munisipale dienste. Op grond waarvan word hulle nie billikheidshalwe verplig om werk te doen in ruil vir sulke voordele nie? Die rede is nogeens menseregte. Daar moet eerder die gesonde aandrang wees dat nie-betalers hulle verpligtinge teenoor die samelewing moet nakom en nie toegelaat moet word om op die betalers te parasiteer nie. As mense aangehits of geïntimideer kan word om optogte te hou en op plundertogte te gaan, kan hulle seker ook georganiseer word om konstruktiewe werk te doen. Weens immigrasie en hoë geboortesyfers word die nie-betalers al hoe meer. Die persentasie betalers word al hoe minder. Selfs die getal betalers wat die buitensporig duur eiendomsbelasting en munisipale dienste kan bekostig, word al hoe minder, onder meer weens rassediskriminasie teen veral blankes by die vulling van poste en by bevorderings in die werksituasie. Die huidige bedeling is nie volhoubaar nie.

    1619-projek

    Die tekortkominge van Magness se boek is so ernstig dat ek my ter aanvulling op ‘n ander boek oor dieselfde onderwerp moet beroep, naamlik Peter W Wood se 1620: A critical response to the 1619 Project (New York: Encounter Books, 2020, 272p, Kindle $18). My volgende rubriek handel in besonderhede oor Wood se uitstekende boek. In hierdie rubriek gebruik ek sy boek slegs om die algemene aard van die 1619-projek te verduidelik omdat Magness in gebreke gebly het om dit te doen.

    “On Sunday, August 18, 2019, The New York Times published a special issue of The New York Times Magazine announcing ‘The 1619 Project’. Along with the 100-page magazine, The New York Times released a sixteen-page newsprint section under the same title and headlined ‘We’ve got to tell the unvarnished truth’ … On the opening page of the magazine, Jake Silverstein, the Times’ [Magazine] editor in chief [since 2014], stated the project’s aim: ‘… to reframe American history by considering what it would mean to regard 1619 as our nation’s birth year. Doing so requires us to place the consequences of slavery and the contributions of black Americans at the very center of the story we tell ourselves about who we are as a country’” (80, 348).

    Wood skryf: “The 1619 Project is, in other words, an all-out effort to replace traditional conceptions of American history with a history refracted through the lens of black identity politics” (87). “Instead of asserting the need to add to traditional American history a fuller account of the black experience, the 1619 Project calls for replacing that traditional account with one that makes the black experience primary – and not just for black Americans, but for all Americans” (92). Wanneer apartheid verguis word, is dit die blankes wat in die visier is. Wanneer die destydse slawerny in Amerika gekritiseer word, word die blankes in die beskuldigde bank geplaas. Die 1619-projek “is a thesis that puts racial grievance at the center of America’s story” (270).

    “The 1619 Project aligns with the views of those on the progressive left who hate America and would like to transform it radically into a different kind of nation” (114). Die ideaal is soortgelyk aan die revolusionêre transformasie wat Suid-Afrika sedert 1990/94 ondergaan het. Wat die 1619-projek doen, is om ‘n relatief prestasielose randgroep, die slawe, te verhef tot die hoofvormingselement in die Amerikaanse samelewing; dus “that slavery is the pivotal institution in American history” (96) – dat Amerika wesenlik is wat hy is vanweë slawerny. “The larger aim of the 1619 Project is to change America’s understanding of itself” (114). “The 1619 Project offers the fullest and most vigorous exposition of the view that America is a racist, oppressive country … The 1619 Project has taken ideas that a few years ago were exclusively fringe a good way into the realm of mainstream opinion” (134).

    Oor die 1619-projek: “Their claims include the idea [1] that America began with the arrival of slaves in Virginia in August 1619; [2] that the primary purpose of the colonists who declared independence from Britain in 1776 was to preserve American slavery from the danger of Britain’s outlawing it; [3] that the Southern plantation system of growing cotton with slave labor is the foundation of modern American capitalism; and [4] that Lincoln was a racist who had no interest in conferring real citizenship on those who were enslaved” (99). Wood wys egter hierop: “By comparison with the Caribbean and South American colonies, the English colonies that would one day become the United States were lightly touched by the slave trade, especially during their first hundred years. The 1619 Project argues to the contrary that the enslavement of Africans was central to the formation of American social order and the American economy as early as the seventeenth century” (145).

    Die Times se idee is nie dat hierdie projek bloot ‘n omvattende eenmalige publikasie moet wees nie. “Many more statements followed and are continuing to be issued” (243). Dit is ‘n durende veldtog wat met mag en mening gevoer word. “The Times not only heavily advertised the project, it seeded themes from the project in hundreds of news stories and columns” (107). “The Times partnered with the Pulitzer Center to roll out a free 1619 curriculum to schools across the country” (356; ook 107), dus, die Times se linkse anti-blanke vertolking van die Amerikaanse geskiedenis gaan aan soveel moontlik skoolkinders opgedring word. “It is … an effort to reshape everything that American schoolchildren learn about their country” (356). “The 1619 Project aims to change the way American schools teach American history in general and slavery in particular” (368).

    “The 1619 Project is not an ordinary piece of newspaper journalism. It is an attempt to wrest control of the grand narrative of American history. That really isn’t the proper role for a newspaper, which should report the news rather than attempt to create it” (152). “The Times invested heavily in the initial publication and in subsequent months followed it up by treating the project as its signature theme. Newspapers do not ordinarily project themselves into a total rewriting of a nation’s history, but that is what the Times says it is doing” (345).

    Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse koerante ook druk besig om ons geskiedenis te herskryf. Skielik noem joernaliste hulleself nie meer verslaggewers nie, maar meningsvormers. By haar aftrede het Esmaré Weideman, eens die redaktrise van Huisgenoot en daarna die uitvoerende hoof van Media24, beweer dat die funksie van ‘n joernalis is om die wêreld te verander, dus nie noodwendig te verbeter nie. Haar standpunt is nie van marxisme vry te pleit nie. Joernaliste het propagandiste geword; mense wat aktivisties onder meer onmin en onrus saai. Vandaar fopnuus. In werklikheid is ‘n joernalis veronderstel om inligting so waarheidsgetrou moontlik oor te dra.

    Daar behoort dus gevra te word: “On whose intellectual authority did the Times make the audacious claims that are the substance of the 1619 Project?” (368). “The Times stumbled badly by presenting unsourced and unsuppported assertions as the writing of history” (156). Dit is ‘n onaanvaarbare manier “to reconceive the history of America from the ground up” (267).

    “Some critics of the 1619 Project believe that it is part of a larger effort to destroy America. That’s a stark way to put it, but if America is founded on some core beliefs and the 1619 Project aims to uproot those believes, it might be a necessary question: Is the 1619 Project, in fact, ultimately aimed at destroying America?” (360).

    Nikole Hannah-Jones

    Die argitek, inisieerder en koördineerder van die 1619-projek is die swart joernalis, Nikole Hannah-Jones (gebore in 1976). Sy is die kernbron van die anti-blanke gif wat deur die 1619-projek versprei word. Sy het ‘n swart pa en ‘n blanke ma van Tsjeggies-Britse afkoms. Weens “busing” het sy eens blanke skole bygewoon. Daarna het sy haar op universiteit in African-American Studies verdiep; dalk eerder vervlak want dit is uit ‘n akademies-wetenskaplik oogpunt ‘n skyndissipline. Sy vind dit voordelig om lojaal aan haar swart biologiese oorsprong te wees en haar deels blanke oorsprong te verfoei. As joernalis bemoei sy haar dus by voorkeur met burgerregte vir swartes en ook rassisme, wat skynbaar uitsluitlik by blankes aangetref word. In 2015 was sy een van die stigters van die Ida B Wells Society for Investigative Reporting, wat swart joernaliste aanmoedig om oor “ongeregtighede” te skryf, dus uiting aan anti-blanke-oortuigings te gee. Wells (1862-1931) was ‘n swart joernalis en aktivis vir burgerregte.

    Sedert 2015 is Hannah-Jones ‘n Times-joernalis. Wood noem haar “a significant figure in advocacy journalism” (812). “In January 2019, Hannah-Jones approached the senior editors of The New York Times and proposed the work that became the 1619 Project. This came in the midst of ongoing racial tensions at the Times, and the editors quickly agreed to her terms” (819). Gestel daar is ‘n geskil tussen (1) ‘n man en ‘n vrou, (2) ‘n blanke en ‘n swarte/nie-blanke of (3) ‘n mens met gewone geslagtelikheid en ‘n LGBTQ+. As jy nie moeilikheid soek nie, opportunisties die regte kant wil kies en ‘n nuwerwetse “wen-wen-situasie” wil skep, volg nougeset die mode en kies in al drie gevalle die tweede opsie. In al drie gevalle maak dit nie saak wie reg het nie. Dit gaan bloot om wie deesdae die hef in die hand het. In minstens hierdie drie opsigte is daar nie sprake van gelykheid nie. Die Times het die swart-opsie gekies.

    Ideologies pas die 1619-projek Hannah-Jones soos ‘n handskoen. Haar invalshoek is: “Our democracy’s founding ideals of liberty and equality were false when they were written. Black Americans fought to make them true. Without this struggle, America would have no democracy at all” (169). “Conveniently left out of our Founding mythology is the fact that one of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (2028). Só het Hannah-Jones in die inleidende artikel van die 1619-projek geskryf. Ná publikasie het sy op ‘n landwye toer gegaan om bv tydens openbare optredes steun vir die projek te werf (107).

    Wood skryf: “The lead author, Nikole Hannah-Jones … makes some of the most audacious claims [and] cites no sources at all” (152). Vanjaar het sy ‘n Pulitzer-prys vir joernalistieke kommentaar gewen vir haar “sweeping, provocative and personal essay for the ground-breaking 1619 Project, which seeks to place the enslavement of Africans at the center of America’s story” (Wikipedia). Wood se reaksie was dat die toekenning teruggetrek behoort te word. Dit herinner aan die geval Danny Titus wat allerweë geloof word vir sy onontbeerlike bydrae tot Afrikaans. Titus se moedertaal was Afrikaans, maar in sy persoonlike hoedanigheid was hy in so ‘n mate dislojaal jeens Afrikaans dat hy, soos Adam Small en Jonathan Jansen, Engels as sy huistaal gekies het.

    Phillip W Magness

    Phillip W Magness begin sy 2020-boek met die opmerking dat voortgesette historiese ondersoek verwelkom behoort te word. “[But] certain 1619 Project essayists infused this worthy line of inquiry with a heavy stream of ideological advocacy. Times reporter Nikole Hannah-Jones announced this political intention openly, pairing progressive activism with the initiative’s stated educational purposes” (Kindle 38). “Hannah-Jones’s own introductory essay presented a provocative conceptual reframing of American history around slavery, hence 1619 rather than 1776 as its titular origin date, albeit with an almost-singular mind toward advocating for a slavery-reparations program in the present” (46).

    Die 1619-projek probeer twee here dien: die herskywing van die geskiedenis deur middel van propagandistiese joernalistiek en die aanpassing van die skoolleerplan, dus om opvoedkundige doeleindes te dien. “The blending of these two competing aims usually results in the sacrifice of scholarly standards in the service of the ideological objective … by necessary implication of needing to reconcile the irreducible complexities of the past to the more simplistic political narrative” (50).

    Magness kritiseer veral twee van die tien aanvangsartikels van die 1619-projek, naamlik die inleidende artikel deur Hannah-Jones en die een oor die Amerikaanse ekonomie deur ‘n blanke, Matthew Desmond (gebore in 1979). Hy is ‘n sosiologie-dosent aan Princeton University en is met ras en anti-kapitalisme gepreokkupeer. Jake Silverstein (gebore in 1975) se redaksionele opmerkings kom ook onder die soeklig.

    Vyf vooraanstaande historici het besware teen die 1619-projek geopper, wat deur Silverstein en Hannah-Jones verwerp is. “A common theme of the pushback has been to focus on the race, age, and gender of the project’s historian-critics, including essentially dismissing them as ‘old white guys’” (1575). Die ironie is “the 1619 Project does not pass its own test, as the NHC* literature it heavily relies upon is almost exclusively written by a small and insular group of white scholars with Ivy League connections” (1578). Teen die einde van sy boek noem Magness dat die Times darem ‘n bietjie teruggekrabbel het. “As orginally framed, the 1619 Project depicted the preservation of slavery against a British emancipatory threat as a central motivating factor for the American Revolution. They are now relaxing that claim to suggest that preserving slavery was a motive for only ‘some of the colonists’” (1948).

    [* New History of Capitalism – kyk hier onder.]

    “Hannah-Jones … attempts to recast the American Revolution as being primarily motivated by the preservation of slavery” (80). Sy skryf: “One of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (575). Sy verwys bv na die koloniale goewerneur van Virginia se proklamasie in 1775 waarvolgens slawe wat bereid is om aan die Britse kant in die Amerikaanse onafhanlikheidstryd te veg, van slawerny vrygestel sou word (579). Dieselfde laai is tydens die Burgeroorlog deur Abraham Lincoln teen die Suide uitgehaal. Tydens die Anglo-Boere-oorlog is nieblankes met allerhande beloftes aangemoedig om vir die Britte teen die Boere te veg. Die 1775-proklamasie is dus nie uniek nie. Dit is egter eerder vertolk “as an attempt to forment the threat of a slave revolt as a counter-revolutionary strategy than a sign that Britain itself would impose emancipation in the near future” (591). Die Britte het immers eers in 1834 die slawe in sy oorsese gebiede vrygestel, dus eers ná ‘n groot slawe-opstand in Jamaika (616). Wood is van mening “the cause of emancipation was aided – rather than impeded – by the American Revolution” (642), want verskeie state “used the occasion of independence to move against the institution” (634).

    “When a group of conservative African-American academics and journalists launched a competing ‘1776 Project’ in early 2020 to offer a counter-narrative, Hannah-Jones bombarded them with a string of personal attacks, the gist of which amounted to declaring them unworthy of her attention. From Silverstein’s rebuff of the essay’s historian critics to Hannah-Jones’s dismissive and insulting demeanor, the message was clear. The Times would not be amending its content, even to account for substantive evidence-based criticism of its factual and interpretive mistakes” (1999).

    Magness het veral lof ontvang vir sy grondige kritiek op Matthew Desmond se artikel oor die verhouding tussen slawerny en Amerikaanse kapitalisme. Magness het die voordeel dat hy ‘n ekonoom is terwyl Desmond dit glad nie is nie. “The true oddity of the [1619 Project] group remains Matthew Desmond, a sociologist who specializes in present day race-relations … He does not appear to have any scholarly expertise in either econimics or the history of slavery” (777). Desmond skryf uit die oogpunt van die omstrede New History of Capitalism (NHC) waarvolgens kapitalisme sy oorsprong in katoenproduksie deur slawe het. “Desmond interviewed seven current academic historian when framing his piece. All seven strongly associate with the NHC school” (1629).

    “All seven of the consulted NHC historians are also white” (1633). “It would appear that the New History of Capitalism has a ‘whiteness’ problem” (1641). Magness verwys hier na die verskynsel dat blankes, veral akademici en joernaliste, nie net optree as pleitbesorgers vir swartes nie, maar hulle ook op ‘n oordrewe manier aan anti-blanke-retoriek skuldig maak – soortgelyk aan die anti-Afrikaner-gesindheid wat ná 1994 by verloopte Afrikaners kop uitgesteek het. Whiteness Theory is ‘n vertakking van Critical Race Theory waarvolgens blankes blind is vir die bevoordeling wat hulle (onverdiend) ten koste van nieblankes geniet.

    “Mainstream historical interest in economic matters resurged with a vengeance following the financial crisis of 2008” (1088). Linksgesindes het veronderstel dat die fout by kapitalisme moet lê. Dit het aanleiding tot die NHC gegee. “Several leading works of NHC scholarship approach ‘capitalism’ as a cohesive societal order or system, and an eminently blameworthy one at that. Themes of physical expropriation, distributional inequality, labour mistreatment, and economic exploitation linger in the background of much of this work, and – perhaps above all other concerns – attempts to causally link slavery to the emergence of a capitalist economic ‘system’ are particularly strong” (1092). Kortom, in NHC-geledere is daar heelwat marxistiese aanhang.

    Volgens Magness “Desmond was weaponizing the history of slavery to attack modern capitalism” (76). Later: “He tries to weaponize the brutality of the plantation system to launch into a sweeping political attack on free market capitalism in the present day” (1624). Desmond laat die “King Cotton”-tesis herleef, naamlik “the notion that cotton occupied a commanding place in the 19th century global economy, and as such the economic engines of the world were claimed to depend on plantation slavery” (97). Desmond het hier veral die katoenproduksie in die Amerikaanse Suide op die oog. Sommige Suiderlinge het gedink katoen is so ‘n belangrike handelsartikel dat ander lande, veral Brittanje, hom in die Burgeroorlog aan die kant van die Suide sou skaar en dus sy seën oor die voortsetting van slawerny sou uitspreek.

    Brittanje het hom egter daarvan weerhou om kant in die Burgeroorlog te kies (100) en eerder katoenproduksie in ander lande, soos Egipte en Indië, aangemoedig. Katoen was glad nie die kern van 19de eeuse kapitalisme in Amerika of die wêreld nie (103). Een van die NHC-propagandiste het probeer aantoon “that cotton production accounted for a full half of the antebellum American economy when in actual fact it comprised about 5 percent of GDP” (263). Wat die NHC-aanhangers dus probeer doen het, is “to situate slave production at the very core of all American economic activity before the Civil War” (516).

    “The thrust of these exaggerations is to recast slavery as a distinctly capitalist enterprise, which, in turn, services the 1619 Project’s political message” (187). Wat die 1619-projek doen, is “depicting modern free market capitalism as an inherently ‘racist’ institution and a direct lineal descendant of plantation slavery, still exhibiting the brutality of that system” (253). Maar slawerny het reeds eeue lank vóór die kolonisering van Amerika in ander lande bestaan en ook voordat kapitalisme as ‘n ekonomiese stelsel in gebruik gekom het. “Linking historical capitalism to slavery is more of a political exercise for the present day than a scholarly inquiry into the past” (520).

    Die aanleiding hiertoe is die sogenaamde “Great Enrichment” in die kapitalistiese Weste, waarin die res van die wêreld glad nie – of ten minste nie in dieselfde mate nie – gedeel het; dus “the historically unparalleled expansion in the wealth and well-being of ordinary human lives that has occurred since roughly 1800” (1108). Die inwoners en pleitbesorgers van agtergeblewe lande soek die skuld vir hulle agterstand by slawerny, uitbuiting, rassediskriminasie, kolonialisme, imperialisme, ens, dus by die Weste, by blankes, pleks van die fout by hulleself te soek. “The larger NHC genre exhibits an almost singular preoccupation with forging a friendship between capitalism and slavery; and segregation; and colonialism; and exploitation, degradation, and violence” (1333).

    Die ANC-regime skaar hom stewig aan die kant van die NHC. Die uitdrukking “living in a silo”, dus in isolasie, is gewild in NHC-geledere (1604). Soos te wagte, kom dit voor in Patric Tariq Mellet se verderflike boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020). Waarna Desmond mik, is dat die rykdom wat kapitalisme in Amerika opgelewer het, herverdeel moet word (131), dus dat wat die hedendaagse blankes besit aan die nageslag van die slawe, die swartes, verkwansel moet word – soortgelyk aan wat die ANC se beleid van die herverdeling van rykdom met bv onteiening sonder vergoeding beoog.

    Magness argumenteer dat namate kapitalisme in Amerika inslag gevind het, kapitaliste hulle om morele en ekonomiese redes teen slawerny geskaar het (222). “Slavery was unsuited for industrial capitalism on account of its comparative inefficiency to free labor” (1177). Dit is ‘n bewese feit dat vrywillige arbeid teen realistiese vergoeding meer produktief en dus lonender as slawerny is. Die voorstanders van kapitalisme “were at war with all kinds of slavery, for they in fact assert that individuals and peoples prosper most when governed least” (232).

    Hieruit blyk die fundamentele boosheid van die ANC-regime. Hy wil, soos ander marxistiese regerings, verkieslik alles vanuit hoogs gesentraliseerde gesag beheer. Al wat die situasie vir die blankes in ‘n mate uitstaanbaar maak, is dat die ANC se vermoë om te regeer uiters beperk is. In daardie sin is die ANC-regime se ondoeltreffendheid ons redding.

    Desmond het valslik beweer dat katoenproduksie toegeneem het weens die al hoe meer gewelddadige manier waarop slawerny bedryf is. Kenners verskaf egter ander redes: “American planters improved their crop through biological innovation, such as creating hybrid seed strains that yielded more cotton, were easier to pick, and were more resistant to disease” (962).

    Daar is een opsig waarin Magness, anders as baie ander historici, met die 1619-projek saamstem, naamlik dat Lincoln nie geneë was om volle burgerskap aan swartes, bv vrygestelde slawe, toe te staan nie. Hy wou hulle eerder buite Amerika hervestig. “The evidence of Lincoln’s sincere suppport for colonization [of blacks] is overwhelming” (709). Magness bestempel dit as ‘n voorbeeld van “Lincoln’s shortcomings in racial matters” (665). Hy hou nie van Lincoln se separatisme (blankes wat in Amerika aanbly en swartes wat elders hervestig word) nie. Magness stem egter saam met Lincoln se vrystelling van die slawe. “While Lincoln’s colonization remarks grate the modern ear, and evince a patronizing paternalism toward the program’s intended participants, they also reflect the sincerity of his anti-slavery beliefs and an accompanying recognition that white-supremacist violence would not end with the formal abolition of the institution” (1898). Wat Magness nie sê nie, is dat die vrystelling van die slawe in Amerika en elders, asook die afskaffing van apartheid in Suid-Afrika, nie die einde van swart gewelddadigheid was nie.

    Ek het reeds in besonderhede oor Magness se siening van Lincoln se gesindheid teenoor swartes geskryf (Praag 17.10.2020). Volgende keer verskaf ek aanvullende inligting oor die 1619-projek aan die hand van Peter W Wood se boek.

  • Leon Lemmer: Die blankes se omsingelde laer

    Leon Lemmer: Die blankes se omsingelde laer

    By ‘n vorige geleentheid het ek genoem dat ek ‘n leemte in my opvoeding reggestel het toe ek verlede jaar uiteindelik Hettie Smit se biegroman, Sy kom met die sekelmaan (1937), gelees het (Praag 14.09.2019). Ek het pas ‘n ander leemte gevul. Ek het die Franse skrywer, Jean Raspail (1925-2020), se klassieke roman, Omsingel die laer van die heiliges (Morgenzon: Oranjewerkers Promosies, 1990, 366p, R200), gelees. Die oorspronklike titel is Le camp des saints (1973). Die Kindle-weergawe van die Engelse vertaling, The camp of the saints (1975), is reeds jare lank nie beskikbaar nie. Die Afrikaanse vertaling deur Naomi Morgan is in Praag se winkel beskikbaar. Om ‘n teks soos hierdie een te vertaal, kon geen maklike taak gewees het nie. Ek het jare lank tevergeefs na Raspail se boek in die boekwinkels gesoek.

    Koop die boek hier onder deur op die voorblad te klik.

    Omsingel die laer (voorblad)Die Vereniging van Oranjewerkers is in 1980 gestig en word gekarakteriseer as ‘n verregse instansie wat ‘n Afrikaner-volkstaat begeer. In 1982 het hulle Morgenzon aan die Osspruitrivier, by Ermelo en Bethal in Mpumalanga, gekoop. In Larry Bond (gebore in 1952), ‘n Amerikaanse skrywer, se blitsverkoperroman, Vortex (1991, 752p, Kindle $3,44), slaag hierdie “Fascistiese” Afrikaners vóór 1994 daarin om die regering in Pretoria in ‘n staatsgreep oor te neem en Namibië binne te val. Hulle word deur Kubane geopponeer en maak van atoombomme gebruik. Die Amerikaners vernietig die Afrikanermagte. Hierin word hulle deur die Britte gesteun. In sekere opsigte herinner Vortex aan William Luther Pierce (1933-2002) se Turner diaries (1978), wat onder die skuilnaam Andrew MacDonald gepubliseer is.

    Raspail was ‘n konserwatiewe Rooms-Katoliek wat teen kommunisme en liberalisme gekant was en eintlik ‘n terugkeer na die monargie in Frankryk begeer het. Hy het baie gereis en verskillende wêrelddele verken. Hy was goed met toestande in Suid-Afrika bekend. Die onderwerp van sy boek is hordes Derde Wêreld-immigrante wat die Westerse beskawing vernietig – nie net in Frankryk nie, maar ook elders, insluitende Suid-Afrika. In 2011 het Raspail se boek opnuut ‘n blitsverkoper geword vanweë die aktualiteit van die onderwerp. Ek het reeds by meer as een geleentheid oor die huidige intog van immigrante in Europa geskryf (bv Praag 3.02.2018 en 9.11.2019). Dit is nie ‘n gewilde onderwerp in die openbare domein nie, gevolglik is daar nie rolprente, verhoogstukke en liedjies oor Raspail se boek gemaak soos dikwels met linkse romans gedoen word nie. Maar hierdie distopie is in ‘n tiental tale vertaal.

    Die boektitel verwys na die volgende Bybelverse: “En wanneer die duisend jaar [vrederyk] voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog. Om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel” (Openbaring 20:7-9) (p 289; ook 2 en 46). Hier verwys die Gog en die Magog na groepe mense of stamme. In Esegiël 38 en 39 is die Gog ‘n individu en die Magog sy land. Alexander die Grote het in Alexandrië in Egipte ‘n muur en hekke gebruik om die Gog en Magog buite te hou. Vir die doeleindes van Rapail se boek is die Gog en Magog Derde Wêreldse mense wat as inkommers Westerse lande, dus “die laer … en die geliefde stad,” inneem en die wêreldmening mislei. Die ontwikkelde of beskaafde inwoners in Westerse lande is “die heiliges,” wat deesdae in polities byderwetse geledere onheilig verklaar word.

    Verhaal

    Kortliks verloop die verhaal soos volg. In Kalkutta (Kolkata), in die Ganges-delta in Bengale in Noordoos-Indië, naby Bangladesj, is daar ‘n stormloop na die Belgiese konsulaat. Verarmde Indiërs wil hê dat hulle kinders vir pleegsorg na België gestuur word. Die skema word deur die Rooms-Katolieke Kerk aangemoedig. Die Belgiese amptenare kan en wil nie aan die versoeke voldoen nie. Aktiviste reël toe ‘n eksodus van Indiërs – mans, vroue en kinders – met ‘n vloot skepe na Europa. Namate berigte hieroor Frankryk bereik, beweer linkse elemente dat die immigrante die Franse kultuur sal verryk; dat hulle eerder verwelkom as teengestaan moet word. Inwoners in die suide van Frankryk vlug in groot getalle noordwaarts. Daar word op groot skaal uit die Franse leër gedros terwyl dit suidwaarts beweeg om die inkommers te stuit.

    Die immigrante-vloot word nie toegelaat om deur die Suez-kanaal te gaan nie, gevolglik moet hulle om Kaappunt na Europa vaar. In die verbyvaart het hulle die blanke Suid-Afrikaanse regering afgejak – besonderhede hier onder. Westerse lande wat hulleself meer moreel as Suid-Afrika beskou het, het gereël vir die oorhandiging van noodvoorrade aan die vlugtelinge by São Tomé, ‘n eiland teenoor die weskus van Gaboen in Sentraal-Afrika. Die aalmoese is deur regerings, welsyns- en kerklike instansies geskenk. Die vloot het egter nie anker gegooi nie en verby gehou. Die vlugtelinge wou nie die geskenke hê nie. ‘n Verteenwoordiger van die pous het aan boord van een van die skepe gegaan maar is verwurg en in die see gegooi. Anders as wat by Suid-Afrika gebeur het, het die joernaliste gepoog om die swye oor die gebeure by São Tomé te bewaar.

    Die Ganges-immigrante het in die Franse Riviera aan die Middellandse See aan land gegaan en weinig teenstand ervaar. Hulle het na die noorde opgeruk en die Franse regering in Parys oorgeneem. Hulle was nie bereid om met die Franse te assimileer nie, maar nogtans daarop aangedring dat hulle die voordele van Westerse beskawing geniet. Dit is nie net Frankryk wat deur immigrante uit die Derde Wêreld oorspoel is nie, maar ook ander Westerse lande soos Amerika en Brittanje. Rusland is in Oos-Siberië deur Chinese binnegeval. Suid-Afrika was in 1973 nog ‘n Westerse land. Hordes swart Afrikane het oor die Limpopo-rivier die land binnegestroom. Die hele Westerse of Eerste Wêreld is deur elemente uit die Derde Wêreld oorgeneem. Westerse beskawing en kultuur is wêreldwyd vernietig.

    Suid-Afrika

    Hoofstuk 23 handel oor die Ganges-vloot se omseiling van Suid-Afrika. Dit gee ‘n goeie aanduiding van Raspail se gesindheid jeens Suid-Afrika, asook van sy skryfstyl. “Die vloot het die Steenbokskeerkring oorgesteek en Suid-Afrikaanse waters binnegevaar … Waarom verder ly as die kaart getoon het dat die paradys net ‘n hanetreetjie weg was: Suid-Afrika natuurlik! ‘n Rondte soetsappige vleitaal het oor Suid-Afrika se voordele gevolg: die oppervlakte van die land, byna driemaal dié van Frankryk; die klein bevolking, ‘n derde van Frankryk s’n; ‘n nommerpas klimaat; ‘n hoë tegniese en ekonomiese standaard; die fantastiese, onontginde rykdomme. As dit die geval was, waarom moes die verre, ou Europa gevra word om die armada te hulp te snel? … Europa sou die rekening betaal … Vra net wat julle wil hê, hou hulle net weg! Weg van ons af” (148-149).

    “Die dienaars van die monster het in woede uitgebars. Apartheid! Rassistiese diktatuur! Die skande van die menslike ras! Die hele verbale spervuur. Die wêreld het Suid-Afrika, daardie sondebok met onbeperkte moontlikhede, daardie gerieflike teiken vir die selfbehaaglike gewete, lankal nie meer met handskoene aangepak nie. Om ‘n miljoen arme mense met ‘n donkervel aan sulke beskermers toe te vertrou, was om hulle tot slawerny te verdoem! Staan terug, julle gematigdes, julle kompromistreffers! Die Ganges-burgers het uit vrye wil vertrek, en hulle sou uit vrye wil hul bestemming kies!” (149).

    “Die Afrikaners, beleër in hul regmatige vaderland, het hul rug op die Commonwealth en op Brittanje gekeer en al hul brûe agter hulle verbrand. Siende dat die bufferstaat, Rhodesië, onder ‘n swart regering verdwyn het [deur Raspail in 1973 voorsien al het dit eers in 1980 gebeur], het die gewig van Afrika teen hul hekke gedruk en die gewig van wêreldminagting op hul gewete. Van binne af ondermyn deur leërs predikante, pastore, priesters, sangers en skrywers, het die Afrikaners ook nie meer sagkens gewerk nie. Soos die twintigste eeu in ‘n onophoudelike haat van wit heerskappy ten einde geloop het, het hulle hardkoppig voortgegaan om die een afskuwelikheid na die ander te uiter. En hulle het dit met opset gedoen. Hulle het dit blykbaar geniet. Siende dat almal hulle met beledigings oorlaai het, kon hulle dit net sowel verdien! Dit was ongetwyfeld ‘n ander planeet!” (150).

    “Daar was geen amptelike vrystelling nie, maar die president van Suid-Afrika het persoonlik ‘n kort perskonferensie gehou … Die president was uit die staanspoor aanvallend toe hy hom tot die digte groep buitelandse korrespondente van die Westerse pers gerig het. ‘Ek weet dat julle, soos gewoonlik, as vyande hier is. Ons faksmasjiene en telefone sal netnou tot jul beskikking wees om jul gewone weersin oor die hele wêreld in te stuur. Die Republiek van Suid-Afrika is ‘n wit nasie met 80% swartes en nie – soos wat die wêreld graag wil hê, in die naam van ‘n mitiese gelykheid – ‘n swart nasie met 20% blankes nie. Dit is die subtiele verskil. Ons dring daarop aan. Dis ‘n kwessie van agtergrond, van uitkyk, wat julle nooit sal verstaan nie. Laat ons by die punt uitkom. Op hierdie oomblik is daar ‘n vloot van Derdewêreldse invallers op pad Kaap toe, honderd myl van ons kus af. Net buite Durban, om presies te wees. Hul enigste wapens is swakheid, ellende, die vermoë om medelye te inspireer en hul krag as ‘n simbool in die oë van die res van die wêreld – ‘n simbool van wraak. Wat ons Afrikaners dronkslaan, is die masochistiese wyse waarop die blanke wêreld blykbaar daarop uit is om wraak op hulself te neem. Of liewer, dit slaan ons glad nie dronk nie. Dit is baie duidelik. Dit is waarom ons hierdie simbool verwerp, omdat dit niks meer as ‘n simbool is nie. Nie een Ganges-vlugteling sal onder watter voorwendsel ook al lewend sy voete op Suid-Afrikaanse grond sit nie. Stel maar u vrae’” (150-151).

    “‘President, moet ‘n mens daaruit aflei dat u nie sal huiwer om op weerlose vrouens en kinders te vuur nie?’ ‘Ek het daardie vraag verwag. Natuurlik sal ons nie huiwer nie. In hierdie idealistiese rasse-oorlog wat deesdae so mode is, is vreedsaamheid die wapen van die massas. Geweld is al wat die bedreigde minderheid het om mee terug te veg. Ons sal onsself verdedig. Ons sal geweld gebruik.’ ‘Kom ons veronderstel dat die Ganges-vloot besluit om in hul massas op die Suid-Afrikaanse strande te land. Sal u bevel gee dat dit geheel en al vernietig moet word?’ ‘Ek dink die dreigement sal genoeg wees om ‘n inval te ontmoedig. Dit is my eerlike mening dat hierdie vloot op pad na Europa is en dat julle julself oor ‘n paar weke daardie vraag gaan afvra. Maar ek is bereid om in beginsel te antwoord, want dit is wat jul wil hê. Ja, indien nodig sou ons die vloot bombardeer … Al wat ek tog kan byvoeg is dat as dit gedoen moet word, dit nie vir ons lekker sal wees nie’… Hy het dit opreg bedoel, byna soos ‘n gevoelige man wat kla dat hy sy dol hond sal moet skiet” (151-152).

    Die president se opmerkings het onder meer spotprente in buitelandse publikasies ontlok, bv in Frankryk met as onderskrif; “So spyt dat ons julle nie hier kan toelaat nie. Maar ons het reeds ons eie gelukkige swartes” (152). “In Parys, tydens ‘n amptelike onthaal, het [‘n] minister … geweier om die Suid-Afrikaanse ambassadeur se hand te skud en daarvan werk gemaak om sy rug op hom te draai” (152-153). “Die Suid-Afrikaanse kwessie het sy doel gedien, gedokter en misvorm soos die voriges, uit sy konteks geruk” (155).

    “Na hul president se gewelddadige verklarings, wonder ‘n mens waarom die Afrikaners ‘n paar dae later onverwags probeer het om as liefdesusters deur te gaan. Die vloot was besig om om die Kaap van Goeie Hoop in ‘n noord-westelike rigting op met die Atlantiese oseaan te vaar en het reeds die kus agtergelaat toe dit vreedsaam deur ‘n flottielje vragskuite van die Suid-Afrikaanse vloot onderskep is. Op die regering se uitnodiging het verslaggewers en fotograwe die maneuver dopgehou … Suid-Afrika was doodeenvoudig besig om die Ganges-vloot van voorrade te voorsien! Die operasie was tot in die fynste besonderhede uitgewerk: sakke rys is in groot vragte opgehys, reuse houers vol vars water en kaste mediese voorrade is in rekordtyd aan boord gelaai. Daarna het elkeen sy eie koers ingeslaan; die armada na die oop see, in die rigting van Senegal, en die Suid-Afrikaanse vaartuie terug na die Kaapstadse hawe. En toe gebeur die ongelooflike. Dit het al die offisiere en verslaggewers wie se verkykers op die Ganges-vloot gerig was, gekos om die onmoontlike te besef: die armada was besig om alles in die water te gooi!” (155-156).

    Wat die Suid-Afrikaanse regering gedoen het, was “iets wat maar net ‘n liefdadigheidsgebaar was. Gewetensgeld? … Bybedoelings? Hoe dit ook al sy, dit was nog steeds ‘n menslike gebaar … Daar is ‘n behulpsame hand gebied, in lewende lywe. Dit was genoeg om daardie klomp Afrikaners gevaarlik baie na gawe mense in die oë van die wêreld te laat lyk! Gawe mense, daardie rassiste? … Na vyftig jaar se boere-bedrog kon die Weste teruggly na sy rassistiese verlede en verdedigingswerke teen die huidige gevaar oprig … Die blankes kan wakker word, verras en verlig om te vind dat hulle aangetrokke voel tot die eens gehate rassiste. Nog nooit nie! … Maar die Weste is nie ‘n feniks wat uit sy Westerse as opstyg nie” (156). In die Westerse pers was daar opskrifte soos die volgende oor die gebeure: “Was vergifting hul motief?” “Smeer jul goed aan iemand anders af!” “Armada: gifkomplot misluk” en “Suid-Afrikaanse rys op seebodem: armada behou waardigheid” (157).

    Aanhalings

    Die gevierde Amerikaanse filosoof en pragmatis, Sidney Hook (1902-1989), het in 1975 geskryf die boek “[would] succeed in shocking and challenging the complacent contemporary mind” (Wikipedia). Ronald Reagan was baie beïndruk met die boek. Die Southern Poverty Law Center (Praag 19.09.2020), daarenteen, het die boek verdoem. In Submission (2015) het Michel Houellebecq voortgebou op Raspail se tema deur ‘n Islamitiese staatkundige – en dus ook sodanige religieuse – bewind in 2022 in Frankryk in die vooruitsig te stel (Praag 20.10.2019). Wat Raspail se boek merkwaardig maak, is dat die outeur vroeg in die jare sewentig in baie opsigte voorsien het wat in die volgende eeu in veral Wes-Europa, Brittanje en Amerika sou gebeur. Weens mandaatlose magsoorgawe en dus verraad is swart heerssugtigheid reeds sedert 1994 die tragiese werklikheid in Suid-Afrika.

    Hoe profeties die boek was en moontlik is, blyk nie soseer uit die verhaal as sodanig nie as uit die opmerkings wat dwarsdeur die teks voorkom. Dit is waarby ek my voorts bepaal. Die aanhalings moet liefs nie oorgeslaan word nie. Daar is heelwat pitkos. Pitkos: “kragtige voedsel vir die gees” (HAT) – iets wat Madeleine van Biljon (1928-2010) destyds kwistig by vroue-byeenkomste uitgedeel het.

    Ek lys die aanhalings meesal in die volgorde waarin hulle in die boek voorkom. Ek wend feitlik geen poging aan om hulle te sistematiseer of vertolk nie. Dit gaan grootliks om “ons” teenoor “hulle” – ‘n onderskeid wat deesdae al hoe meer taboe is. Albei kante van die saak word deur Raspail gestel. Maar Raspail neig om dinge soms op ‘n indirekte manier te stel. Goeie, begrypende lesers is nodig. Die gesigspunt is meesal Frankryk.

    Raspail skryf “van ‘n anti-wêreld wat uiteindelik besluit het om persoonlik aan die deure van oorvloed te kom klop” (9).

    Oor die intog van hierdie vreemdeling in Frankryk en die Weste word daar verwys na “die mure van Jerigo [wat] sonder stryd geval” het (11). Geen wonder dat Mozart se “Eine kleine Nachtmusik” oor die radiosenders gehoor word nie (11).

    Uit die oogpunt van ras is daar “die wete dat jou eie die beste is, die triofantelike vreugde om te voel dat ‘n mens deel is van die beste wat die mensdom ooit voortgebring het … Net die manne wie se harte op die regte plek sit sal vannag die stryd stry … Hy met sekerheid weet dat die mensdom ten einde laaste nie meer ‘n broederlike geheel vorm nie … Die mens het nog nooit die mensdom as geheel … liefgehad nie, maar net diegene wat hy as sy mense, as deel van sy stamgroep, hoe groot dit ook al mag wees, erken” (14).

    “Môre sal ‘n mens hierdie land nie meer ken nie. Hy gaan weergebore word … Jou vel is wit … Jy praat ons taal” (16).

    “Jou huis … [dateer uit] 1673 … Drie eeue se sekerheid wat van geslag tot geslag oorgedra is … Jy’s so opgetrek met jouself en met waar jy hoort” (18).

    “Hulle sal met jou mooi voordeur vuurmaak … Mooi sal nie meer mooi wees nie … Niks sal meer iets werd wees nie … Wanneer hulle met hul vernietigingswerk begin, sal dit wees sonder om te weet of te verstaan hoekom” (19).

    “Jy is nie my soort mens nie. Ons twee is onversoenbaar” (20).

    “Daar is geen vaandels en geen trompetgeskal nie. Dit is ‘n Westerse oorwinning, net so volkome as wat dit nutteloos en belaglik is” (21).

    “As dit by liefde kom, word daar nie gedeel nie, en het ‘n mens vrede met die wêreld … Wat daarvan as dié miljoene op pad is? … Is onbeteuelde liefdadigheid nie in die eerste plek ‘n sonde teen jouself nie? … Toe het die armes te veel geword. ‘n Mens het hulle nie meer geken nie. Dit was nie mense van die kontrei nie. Hulle was nou naamloos. Hulle het oral gewemel. En so slim! Hulle het families, huise en stede binnegedring. In hul duisende het hulle op ‘n duisend onfeilbare maniere vir hulle ‘n weg gebaan. Deur die gleuwe in die posbusse het hulle om hulp gesmeek, elke oggend het hul skrikwekkende foto’s uit koeverte gespring en in die naam van die een of ander organisasie ge-eis wat aan hulle verskuldig is. Hulle het oral ingeglip … Hulle was oral om ‘n mens … Maar die ergste moes nog kom. Hulle het op televisie begin roer … Die armes het die aarde oorgeneem … Die Pous het alles in ‘n bodemlose put afgegooi – dit het nie eens die plattelandse begroting van Pakistan vir een jaar gedek nie! Moreelgewys het hy maar net bewys van sy rykdom gelewer … Die Derde Wêreld het hom gou daaroor verwyt en hy het alle geloofwaardigheid onder hulle verloor” (23-24).

    “Hy sal drink op die gesondheid van die ou wêreld en op dié wat nog daarin tuis voel … Elke voorwerp in hierdie huis dra die stempel van die waardigheid van die mense wat dit bewoon het – hulle gematigheid, hul diskresie, hul beskeidenheid, hul voorliefde vir die vaste tradisies wat een geslag aan ‘n ander kan oordra as hulle nie hul trots verloor nie … Die mens word deur sy besittings gevorm, baie meer as deur die spel van idees; dit is waarom die Weste sy selfrespek verloor het en die paaie oorstroom is van die hordes wat noordwaarts vlug” (25).

    Volgens ‘n sosioloog: “Daar is geen oplossing nie. Blankes sal maar blankes bly – en swartes sal maar swartes bly. Hulle kan nie verander word solank die een wit en die ander een swart is en daar nie ‘n totale vermenging na ‘n taankleur is nie. Hulle haat mekaar op sig, en namate hulle mekaar leer ken, word hulle wedersydse minagting en haat net meer” (27-28).

    “Om nie eens van die res van die Europese lande te praat, wat verstandiger as ons [België] was en hul grense vroeër gesluit het nie [40 000 (fiktiewe) Indiese kinders is binne vyf jaar in pleegsorg in België geplaas] … Julle het uit niks uit ‘n rasse-probleem … reg in die hart van ons blanke wêreld geskep. Dit is julle doel, want nie een van julle is trots op sy wit vel en op dit wat dit beteken nie … Dit is die prys van gelykheid tussen mense” (36).

    “Al wat hulle van julle bekeerdery oorgehou het, is die wete dat die Weste, waarvan julle die simbole is, ryk is. Vir hulle verteenwoordig julle oorvloed. Jul blote teenwoordigheid is vir hulle ‘n teken dat dit iewers op aarde bestaan en hulle sien dat julle gewetenswroeging het omdat julle dit vir julself hou … ‘Neem ons almal saam soontoe, na jou land toe!’ Die idee het byval gevind. Julle het dit verwelkom, aangemoedig, georganiseer en nou is dit buite ons beheer. Nou is dit ‘n vloed, ‘n sondvloed. Goddank die see is nog tussen hierdie land en ons s’n” (37-38).

    “‘Verraaiers’ … ‘n spesie wat al hoe meer volop word namate die Weste krimp. ‘n Mens sou gedink het dit moes andersom gewees het, maar die gees verrot en die hart word boos” (38).

    “Daar is nie meer ‘n Derde Wêreld nie. Dis net ‘n woord wat julle gemaak het om ons op ons plek te hou. Daar is net een wêreld, en daardie wêreld gaan deur lewe oorstroom word” (55). Op ‘n soortgelyke manier word geredeneer: Daar is nie rasse nie. Daar is net een ras: die menseras; of, ná vermenging, “die toekomstige enkele ras” (66). Kyk ook bladsy 166, 167, 222, 224, 313 en 349.

    “Die gewete van die ryk lande is blykbaar ongeroer deur die lyding wat deur soveel derdewêreldse volke verduur word … ‘n ramp … wat besig is om te broei en julle kan daar niks aan doen nie … Dit wys net hoe dekadent julle regtig is” (57).

    “In die ou dae is biskoppe gebore en nie gemaak nie en het priesters net priesters gebly. Deesdae weet niemand waar om die steep te trek nie en alles is deurmekaar” (61). Dit gaan vir baie kerklikes om “geregtigheids-” oftewel linkse politieke aktivisme. Kyk bladsy 72, 163, 196, 215, 220-221, 239 en 328.

    “Omdat hulle niks gehad het om te eet nie, het hulle die Weste met woorde uitmekaar geskeur. Hongerte was besig om hulle venynig te maak … Verrotte wêreld, maak jou gereed om jou skat te deel” (66-67).

    In Rusland: “Dit het tyd geword om in ‘n gees van broederlike liefde hierdie Siberiese grond, wat deel van die heilige erfenis van die Sjinese volk is, aan hulle terug te besorg” (69). “‘n Mens moet oppas as jy oor arme, nederige mense praat met ander arme, nederige mense met wie daar vir die afgelope sestig jaar net oor arme, nederige mense gepraat is” (70).

    “Vandat die wêreld se priesters hulself met penne of mikrofone bewapen het, kan ‘n mens jouself nie eens meer hoor dink nie. Ons leef in ‘n priester-era … Elke land skei duisende vrywillige lekepriesters af wat die verstand van miljoene idiote vergiftig” (72).

    “Dit sou eenvoudig onwaar wees om te sê dat die nuus van die vloot se vertrek enige opskudding in die Westerse wêreld veroorsaak het … Dit is seker waarom daar soveel slim mense was wat van die begin af gewillig was om eindelose lae verbale room wat dik uit hul brein gespuit het, oor die onderwerp te smeer. Die melkkoeie van die kontemporêre Westerse denke het stertswaaiend tot die daaglikse melkery toegestem … As ‘n mens iets van die Westerse mening oor die vlugtelingevloot … wil verstaan, moet ‘n mens een ding in gedagte hou, naamlik dat hulle nie ‘n bloue duit omgee nie. Dit is ongelooflik, maar waar. Hoe meer hulle omtrent sulke dinge uitvind, hoe ondeurgrondeliker is hul onkunde … En hoe swakker in smaak is hulle sporadiese uitbarstings wat al hoe seldsamer word … Altyd sulke ingewing-van-die-oomblik emosies of tweedehandse gevoelens wat deur middelmannetjies bevorder word. ‘n Drama uit die werklike lewe, wat tuis bedien word deur die los vrou genaamd massamedia, wat net die leegte kom verlewendig waardeur die Westerse mening lank reeds verswelg is” (73).

    “Dankie tog vir die Israeli’s, daardie groot vermakers van die Westerse wêreld. Wanneer hulle op die verhoog is, is ‘n mens nie meer verveeld nie. Met opstaantyd die volgende dag sal ons grapmakers hul oggendkoffie geurig stoom op die gebulder van die Israeliese kanonne. Maar betrokke voel? Nooit! Waarom?” (74). Kyk ook bladsy 349.

    “”n Miljoen vlugtelinge uit die Ganges gereed om Frankryk môre-oggend binne te val. Vyf ander vlote is van Afrika, Indië en Asië af op pad’. Dan sal die klein Westerling hardloop om suiker, olie, noedels en droë wors te gaan koop. Hy sal ‘n kous vol goue muntstukke onder een van die vloerplanke bêre. Hy sal by die motorhawe die olierige stewels van die baas lek in ruil vir twee vol jerrykanne wat vir periodieke ontruimings opsy gesit word. Dan sal hy met oë wat vogtig van manlike teerheid is na sy vrou, sy dogter en sy bejaarde moeder kyk wat reeds die stralekrans van selfopoffering dra” (75).

    “Dan was daar ‘n goeie dosis morele bedenkinge – of lafhartigheid … – in die aansteeklikheid van hul ruggraatlose uitsprake. Soos die vrees om nie nootvas saam met die hiënas te grinnik nie, nie ritmies in die koor van die Fariseërs te huil nie, nie saam met die idiote te blêr nie, en om onwetend te wys dat ‘n mens vir jouself kan dink. Veral die vrees dat die wêreldgewete sy vinger na ‘n mens sou kon wys en jou as die pretbederwer op hul verraderlike fees uitsonder. O! Watter puik krabbelaars en deklameerders het ons nie in daardie dae van stilte voor die storm gehad nie!” (76).

    “Kan ‘n mens nie die regerings van die Indiese subkontinent vra om hulle te onderskep terwyl daar nog tyd is nie?” (77) – soos die Europese Unie wat enkele jare gelede ‘n ooreenkoms met Turkye aangegaan het om nie deurgang aan vlugtelinge toe te laat nie.

    “Dit spreek vanself dat die bevolking aan boord oor twintig jaar seker al sal verdubbel het … Hulle sal aandring op onafhanklikheid. En waarom nie? Die VN het afgevaardigdes uit ‘n honderd lande wat geen bestaansreg het nie” (78).

    “Hoe ryker ons is, hoe jaloerser sal hulle wees, en hoe meer sal ons moet betaal. Ons is gewoond daaraan. Wat doen ons wanneer daar ‘n probleem is in die Derde Wêreld en ons in vrede gelaat wil word? Ons betaal” (79).

    “Hierdie vloot [is besig om] ‘n weg deur ons gewetes [te] baan … dink u nie dat Frankryk ‘n plig het om in ‘n helder stem vol medelye daarop te antwoord en nou reeds ‘n verwelkoming te reël wat ooreenstem met ons materiële en morele middele nie? Wanneer die oomblik van waarheid kom, moet ons die tekens kan lees en ons selfsugtige belange tweede stel!” (81).

    “Binne die raamwerk van internasionale samewerking wat ons hopelik in staat sal stel om die las van vrygewigheid te deel, ‘n vrygewigheid wat ek bevrees is ons nog sal berou” (82-83).

    “‘n Opregte, brandende passie vir die wêreldburger! En watter droewige, afstootlike skepsel was … [‘n/die] wêreldburger nie! Die joernalis se pen het hom alle moontlike vorms laat aanneem, met as konstante, sy minagting vir tradisie, die Westerse mens en die patriotiese Fransman” (85).

    “Wanneer vryheid uitbrei tot ‘n vryheid van instinkte en antisosiale bandeloosheid, is vryheid dood” (86).

    “Laat een van die biljoene, ‘n Andes-Indiaan, ‘n neger uit Tsaad of een Pakistani – almal burgers van onafhanklike nasies en trots op hul selfbeskikking – van ellende omkom, en die Weste voel skielik verplig om in ‘n beswyming van berou te gaan. Diegene wat die Weste oprui, weet dit goed. Hulle vra nie eens vir geld nie. Daar is geen pleidooi dat die Weste op hul beursies moet slaan en die vier vyfdes van die aardbol wat min of meer op die hakke van die Weste aansleep, moet aanneem nie. Hulle mik na die kop, dis al, na daardie afgeleë lobbe waar die berou, selfverwyt en selfwalging, wat deur ‘n duisend punte geprik word, uiteindelik uitbars en hul leukemie-selle deur ‘n eens gesonde liggaam versprei” (89).

    “Siende dat niks ons die reg gee om in hul pad te staan nie, het die Franse regering besluit … om saam met sy Westerse bondgenote ‘n soort algemene verwelkoming te bestudeer binne die raamwerk van internasionale samewerking wat ons hopelik in staat sal stel om nie alleen die las van vrygewigheid te dra nie” (93-94).

    “Hy sou verbaas gewees het as hy moes ontdek dat hy inderwaarheid ‘n gevangene van die mode was, gebind deur al die nuwe taboes, gekondisioneer deur dertig jaar van intellektuele terrorisme” (97).

    “Hou tred met jou tyd, koop ‘n skuldige gewete!” (98).

    “Twee en dertig duisend sewehonderd twee en veertig skoolleerkragte het terselfdertyd die volgende dag se opstelonderwerp gevind. ‘Beskryf die lewe van die arme passasiers aan boord van die skepe en brei uit oor hoe jy oor hulle voel deur jou byvoorbeeld in te dink dat een van hierdie wanhopige gesinne jou gasvryheid kom vra’. Onweerstaanbaar! Die liewe klein engeltjie met die naïewe siel en die gevoelige hart van ‘n kind, sal vier blaaie vol kinderlike patos skryf wat ‘n opsigter tot trane sal roer en sy opstel sal die hoogste punte kry. Dit sal in die klas voorgelees word en al sy maats sal hul hare uit hul kop trek omdat hulle te suinig met hul trane was. Dis hoe ons kinders deesdae gevorm word” (100). Soos: Skryf ‘n opstel oor waarom Nelson Mandela ons almal se held is.

    “Ons ryk nasies het die Derde Wêreld verdoem. Ons het hoë mure van alle soorte opgerig … en driekwart van die bevolking van die aardbol nie lewenslank nie, maar generasies lank, daar gevange gehou. Maar nou het hierdie reuse gevangenis vreedsaam in opstand gekom. Die gevangenes het begin ontsnap; ‘n miljoen van hulle, sonder wapens en sonder kwaadwilligheid, is op pad om net geregtigheid te vra. Solank daar op hierdie aarde, wat van honderd jaar se ongelooflike vooruitgang oneindig gekrimp het, nog twee tipes mense is, wat ‘n skrale vyf uur per vliegtuig uitmekaar is, een wie se jaarlikse inkomste nie meer as vyftig dollar is nie, en een wie se inkomste by die twintigduisend dollar is, sal niks my (met alle eerbied en respek) kan wysmaak dat die een nie ‘n uitbuiter en die ander een sy slagoffer is nie” (102).

    “As ‘n mens hom ‘n bietjie druk, sal hy selfs erken dat hy deel van ‘n beskaafde land is en dat hy trots is daarop, en waarom nie?” (102).

    “Dit is die universele geregtigheid waarna daar so gesmag is! Die onteiendes van die aarde moes begin roer voordat die magtige Weste gewilliglik ellende vierkantig in die oë gekyk het … Die bande tussen mense sal opnuut bestudeer moet word, die winste sal verdeel en belê moet word. Ons ekonomie sal bedink moet word in terme van liefde en nie eiegewin nie, sodat elkeen van ons, en veral die Ganges-vlugtelinge, eindelik kan aandring op ‘n ryk, vol lewe” (103-104).

    “As u ‘n miljoen Indiërs by ons wil laat intrek … sal hierdie land nooit weer dieselfde wees nie … Die vermenging van rasse, kulture, en lewenstyle. Die verskillende vlakke van bevoegdheid. Die einde van Frankryk soos ons dit ken, of die einde van die Franse volk” (106).

    “Hulle is te jonk om te onthou, maar daar was ‘n tyd toe ‘n mens daardie soort mense se sake vir hulle gewerk het” (109).

    “Die spul verraaiers het in elk geval onaantasbaar geword. Die linkse partye is nou so vol van hulle dat hulle mekaar verdrink, sodat niemand meer agterkom dat hierdie mense besig is om ons romp en stomp uit te verkoop nie. Ek is seker dat alles verlore is” (111). Die teenargument is: “Ons het geen keuse nie. ‘n Mens moet lewe saam met jou tyd, selfs al berou jy dit. ‘n Mens moet nuwe denkwyses soek wat meer in pas is met jou tyd” (111). Kortom, ons moet oopkop wees, dus bykom.

    “[Ek stel voor] dat ons in hierdie tyd van gissings ons bes moet probeer om gewoond te raak aan die gedagte, om ons te vereenselwig met die idee om saam te leef met menslike wesens wat oënskynlik so anders is as ons” (114).

    “Te oordeel aan die goeie Franse … was velkleur net ‘n illusie en was almal se siel daaronder dieselfde” (120). Teenargument: “U ken nie my volk nie … U weet nie wat vir u voorlê as hierdie vloot barbare ooit op julle nek kom lê nie. Alles sal in julle land verander … Hulle sal julle verswelg” (120).

    “As ‘n mens in aanmerking geneem het wat die Ganges alles aan ons geskenk het – gewyde musiek, teater, dans, joga, mistisisme, ‘n nuwe styl in kleredrag, juwele, kunsvlyt – moes ‘n mens jouself afvra hoe ons so lank sonder hulle klaargekom het!” (121). Dus, die Indiese kultuur verryk die Franse kultuur.

    “‘n Mens publiseer nie die reine waarheid nie, maar net genoeg om jou gewete as ‘n verslaggewer volgens jou eie standaarde skoon te hou … Die Laaste-Kans-armada op pad na die Weste toe het op haat geteer … In hierdie geval was die voorwerpe die blankes” (157).

    “Die wêreldmening vaar op koers, bedrieg deur die mite van universele broederskap” (159). ‘n Tekenwedstryd vir kinders word in Frankryk aangekondig. “Die tema van die wedstryd: ‘Ons gaste uit die Ganges’” (159).

    Die Wêreldraad van Kerke het “uitdrukking gegee aan sy oortuiging dat die hedendaagse Westerse gemeenskap nie gered kan word nie en vernietig moes word sodat ons ‘n nuwe regverdige wêreld op die ruïnes kan oprig … [Hulle het] nie nagelaat om die Palestynse vlugtelingkampe, die Angolese vryheidsvegters, en die swart bevrydingsleërs van voorrade te voorsien nie; om die waarheid te sê, oral waar die stem van haat so luid soos dié van nood was” (163).

    Raspail skryf van “‘n volbloed prinses” wie se eerste onselfsugtige, ongeduldige woorde – “toe sy haar delikate voetjie op die Afrika-bodem [São Tomé] neergesit het” – was: “Neem my na die arme goedjies toe dat ek hulle elkeen ‘n drukkie kan gee!” (164).

    “Daar is nie meer Hindoes nie, nie meer Franse nie, net die Mens en dit is al wat tel! Hoera” (166 en 167).

    “Die hemel behoed die wit ras die dag wat hulle weier om uiting aan basiese waarhede te gee” (178).

    “Ons bevind ons voor ‘n situasie wat ook uniek in ons geskiedenis is. Ek praat van hierdie vloot Ganges-vlugtelinge op pad na Europa toe; ewe vreedsaam, maar nogtans sonder enigiemand se toestemming en sonder uitnodiging” (187-188).

    “Oral is daar dieselfde pleidooi om u deure oop te gooi en hulle te verwelkom. Selfs van die Pous af, daardie flou stem van ‘n siek Christendom … As ons nie ons deur kan toehou nie, sal ons nooit weer alleen wees nie” (196).

    Weens “humanitêre waansin … die lewe nooit weer soos vroeër sal wees nie” (201).

    “Ek hoop daar is baie Zoeloes in Londen. Ek sou dit graag wou sien – ‘n Zoeloe as burger van Groot-Brittanje!” (202). Sedert 2016 is Sadiq Khan, ‘n Moslem, die burgemeester van Londen.

    “Die [Franse] regering beloof dat alles gedoen sal word om mensliewende oplossings vir hierdie probleem sonder weerga te vind en sal nie huiwer om dit af te dwing nie. Die President het weer eens sy respek bevestig vir diegene, en daar is baie van hulle, wat hul ondersteuning van die vlugtelinge uitgespreek het, maar hy waarsku teen oordaad wat die behoud van wet en orde, wat nou so noodsaaklik is, kan teëwerk” (204).

    “Die Weste se gewete pla hom. Hulle kan ellende nie in die oë kyk nie” (205).

    “Niemand is vandag meer ‘n rassis nie” (208).

    “Wanneer hulle [immigrante] by ‘n winkel ingaan, word hulle [in Frankryk] erger behandel as ‘n swarte in Suid-Afrika” (211).

    Die Ganges-vlugtelinge “was oortuig daarvan dat hy [die Pous] Kersfees persoonlik sou kom om die tronkdeure oop te maak. En waarom nie, soos wat dit deesdae gaan? Enigiets is moontlik. Die wêreld is onderstebo” (215).

    Die pers is “dit eens dat daar na ‘n menslike oplossing vir hierdie probleem sonder weerga gesoek moet word … Aanvaarde idees is maar hardnekkig … Dis soos dwangbuise wat ons verstand versmoor” (219).

    Die Pous het ‘n verklaring uitgereik: “Op hierdie Goeie Vrydag, ‘n dag van hoop vir Christene oor die hele wêreld, pleit ons by ons broers in Jesus Christus om hul harte, hul siele en hul aardse rykdom vir die arme mense wat God gestuur het om aan ons deure te kom klop, oop te maak. Vir ‘n Christen is daar geen ander weg as dié van liefdadigheid nie … Dit is alles of niks nie.” “Daar is ook bekend gemaak dat Sy Heiligheid bevel gegee het dat alle waardevolle voorwerpe wat nog in die paleise en museums van die Vatikaan is, verkoop moet word. Die opbrengs sal geheel en al vir die verwelkoming en vestiging van die Ganges-vlugtelinge aangewend word” (220-221).

    “Die VN het so pas eenparig ‘n voorstel aanvaar om die begrip van ras af te skaf, wat natuurlik ons s’n beteken” (222).

    “Hul enigste misdaad is dat hulle tot ‘n ander ras behoort. Dit is dus nie net ‘n kwessie van basiese mensliewendheid om hulle te respekteer nie, maar ‘n kwessie van geregtigheid. Enige geweld wat ons hulle sou aandoen, hoe groot of hoe klein ook al, enige gebrek waaraan ons ons sou skuldig maak, sou des te meer ontsettend wees in die lig van die pynlike en moeilike posisie waarin die verskillende ontberings van hul vlugteling-status hulle geplaas het” (223).

    “‘n Plegtige erkenning dat rasse ongelyk is … Hy moes gedink het hulle is ongelyk, maar dat verskillende rasse op verskillende tye bo is” (224).

    “Dit beteken net ‘n ander soort volksmoord – ons s’n. Dit sal die einde beteken … Ons gaan stadig doodgaan, van binne af deur miljoene kieme wat in ons liggame ingespuit is, doodgaan. Dit sal lank duur. Geen pyn of bloed nie. Dáár lê die verskil tussen ons dood en hulle s’n. Maar blykbaar sien ons Westerse manipuleerders van die denke dit alles in terme van menseregte” (226).

    “Op die lang duur is dit vir my onmoontlik om daardie uitgehonderde klomp toe te laat om op ons strand te land. Ons kan hulle in kampe sit, of probeer om hulle in die gemeenskap op te neem. Maar die resultaat sal dieselfde wees – hulle sal hier bly. En as ons eers die deur oopgemaak het en gewys het hoe swak ons is, sal daar ander kom. En dan nog meer en meer. Dit het reeds begin” (227).

    “Wat maak dit saak watter soort bewind dit is, solank julle net regeer … Ek weet dat almal se oë op Frankryk gevestig is, in die hoop dat ‘n massamoord deur die land wat menseregte aan die wêreld gegee het, enige gruweldade wat hulle dalk self sal moet pleeg, sal verskoon … Die enigste werklike vraag in vandag se wêreld [om] te beantwoord [is] of die menseregte wat vir ons so kosbaar is, beskerm kan word ten koste van die regte van ander mense” (230-231).

    Die VN se nuwe hoofkwartier is in Hanoi (233).

    “Intussen het Afrika die bospaaie en woudroetes gevat in antwoord op ‘n enkele bevelswoord: ‘Sien julle by die Limpopo’. Suid van die Limpoporivier het die gehate Suid-Afrikaanse Republiek gelê, die dolk in Afrika se rug, die gapende wond in haar trotse hart” (235).

    “Daar is geskat dat daar meer as vier miljoen in stamme en nasies op die noordelike oewer van die Limpopo saamgetrek was” (236). Kyk ook bladsy 339.

    “Hulle sê vir ons die tronke is oorbevolk. Maar is die ergste tronk nie ons lewe daarbuite nie?” (238).

    “Die kapelaan [het] self die tronkhekke oopgegooi met die opmerking dat Christus vir almal gesterf het, maar in die eerste plek vir die diewe” (239). Soos die Belydenis van Belhar (1986) dit stel: God is “op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte.” Daar is klaarblyklik nie gelykheid nie.

    “Ander Westerse nasies staar dieselfde bedreiging in die gesig. En net soos ons, is hulle onwillig om dit te konfronteer. Oor vyf ure sal ‘n miljoen vlugtelinge vreedsaam in ons land voet aan wal sit. Vlugtelinge wie se ras, godsdiens, taal en kultuur verskil van ons s’n … wat van hongersnood, ellende en wanhoop af gevlug het. Dramatiese voorbeelde van daardie steeds-groeiende voorraad van surplusmensdom, slagoffers van die vinnig stygende geboortesyfer wat die vloek van die laaste jare van hierdie eeu is” (250).

    “Lafhartigheid in die aangesig van swakheid [is] die subtielste en ook dodelikste vorm van lafhartigheid” (250-251).

    “Die linkses is ‘n verwoestende brand wat verorber en langsaam verteer … Die regses is ‘n onstabiele vlam wat vrolik flikker” (256).

    “Dit is bekend dat daar twee vorms van rassisme is: dit wat deur blankes beoefen word – afskuwelik en onvergeeflik wat ook al die motiewe is; en dit wat deur die swartes beoefen word wat heeltemal verdedigbaar is, wat ook al die oordaad daarvan, siende dat dit bloot die uitdrukking van ‘n regverdige wraak is en dat dit by die blankes berus om geduldig en begrypend te wees” (270).

    “Ek wil sien hoe die verlede sy doodsnik gee” (297).

    “Die Derde Wêreld het begin om sy walle te oorstroom en die Weste was hul straatriool” (308).

    “Hulle [die Derde Wêreld] was die enigste ras. Al die ander het eenvoudig nie langer bestaan nie … Die [wit] ras sou op ‘n wonderbaarlike wyse moes opstaan uit sy as voordat hulle weer ag daarop sou slaan” (313).

    “Die lewe is goed. Die lewe is liefde en alle mense is broers” (315-316).

    “Noudat die rewolusie hier is, gaan ons dit mos eers geniet, of hoe?” (317).

    “Die Derde Wêreld se weiering om te erken dat hulle enigiemand iets geskuld het” (321).

    In São Tomé kon die kerklikes (die Vatikaan en die Wéreldraad van Kerke) nie “die skynheilige roepstem van geregtigheid weerstaan nie … Wat werklik saak gemaak het, was om eerste daar te wees om met hul simboliese teenwoordigheid die sleutels van die Weste af te gee – met blydskap daarvan afstand te doen en uiteindelik die nuwe wêreld gestalte te laat kry” (328).

    Raspail se voorspelling in 1973: “Niemand het natuurlik eens meer oor Suid-Afrika gedink nie. Selfs die walging wat die land by almal wakker gemaak het, het geen doel meer gedien nie. Soos ‘n strand wat oorstroom is deur die aankomende gety wat van die Limpopo se kant af ingekom het, het dit van die kaart af verdwyn as ‘n soewereine wit staat. Daar was net een troos – dat al Suid-Afrika se [wit] kollegas wat die land so lank verstoot het, terselfdertyd ondergegaan het” (339).

    “Talle beskawings wat slagoffers van ‘n soortgelyke lot was, is weggebêre in ons museums” (340) – soos wat tans met bv ons standbeelde plaaslik gedoen word.

    “Die koerante [het] doodgebloei … aan ‘n stroom van volslae onsin” (340).

    “Wanneer die regime en die ideologie oornag verander, kan ‘n mens nie aanhou gekskeer, spot en veroordeel as jy nie ‘n oorloper word nie” (347).

    “Israel gedoem was om dit nie te oorleef nie” (349).

    “Elke tong het van dieselfde broederlike kwyl gedrup … Die aard van ‘n nuwe rewolusie wat hierdie keer nie klasse nie, maar wel rasse uitgewis het … Die baanbrekers van ‘n verligte eeu sonder vooroordele, waar rasse plek sal maak vir die mensdom” (349).

    “Net ‘n wit vrou kan die lewe aan ‘n wit baba skenk” (349). Dit herinner aan Hongarye waar dit onlangs in wetgewing vasgelê is dat ‘n huwelik tussen ‘n man en ‘n vrou is.

    “Wat is kultuur … as dit nie ‘n eerbiedige inventaris van die verlede is nie?” (352).

    “Die belangrikste ding het ons nie. Die volk! … Ons moet weet. Is ons die volk of nie?” (355).

    “Alles sal verander in hierdie land van julle … Hulle sal julle verswelg” (361).

    “Om blank te wees na my mening niks met velkleur te doen het nie. Dis ‘n geesteshouding” (361).

    “The author dedicates the book to his grandchildren, in the hopes they will grow up in a world where they will not be ashamed of him for writing such a book” (Wikipedia). Dit kan ‘n tevergeefse hoop wees.

     

  • Leon Lemmer: Plakkers verswelg die eens beloofde land

    Leon Lemmer: Plakkers verswelg die eens beloofde land

    FA Venter* (1916-1997) was ‘n skrywer van onder meer historiese romans, soos die volgende vier oor die Groot Trek: Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968). Samevattend kan Suid-Afrika, ten minste in historiese Afrikanerperspektief, op Bybelse gronde as die Beloofde land bestempel word, op ‘n manier soortgelyk aan hoe die Sioniste Israel as hulle beloofde land beskou. Die hooftitel van Karl Kemp (gebore in 1992) se boek kan seker in daardie sin verstaan word: Promised land: Exploring South Africa’s land conflict (Cape Town: Penguin, 2020, 464p, R300; Kindle $14,36). Ek het al oor grondbesetting en -onteiening in Suid-Afrika geskryf, maar dit het veral op plase betrekking gehad; dus op plattelandse gebiede (Praag 23.03.2014 en 29.08.2020). Kemp plaas die klem op grond wat in stedelike gebiede en dorpe (onwettig) vir woondoeldeindes beset word. “Over the years, land reform policy has shifted from an agricultural focus to a far broader emphasis on ‘land’ in general, and now includes housing and often, by implication, capital” (Kindle 495). Dat grondbesetting vir woondoeleindes dié groot probleem is, blyk uit die verwagting dat 80% van die land se bevolking teen 2050 verstedelik sal wees (664).

    [* Venter was ‘n Sap, maar hy het die ANC tereg as ‘n marxistiese instansie beskou en om daardie rede in 1987 uit die Afrikaanse Skrywersgilde bedank. Hy het in die Strand afgetree. Sy woonstel het aan hom ‘n uitsig oor Melkbaai gebied. In Die Burger het hy gekla omdat hierdie strandgebied vir blankes gereserveer was. Soos in die geval van Durban se strandgebied is blankes deesdae veral oor Kers- en Paastyd glad nie in Melkbaai te sien nie. Ek dink nie Venter sou werklik in sy noppies gewees het met die toestand waarin Melkbaai verval het nie.]

    Wat grondbesetting en -onteiening vir boerdery- en woondoeleindes in die nuwe Suid-Afrika gemeen het, is enersyds dat die besetters swartes is wat binne Suid-Afrika migreer, asook inkommers uit veral Afrika-lande. Eersgenoemde euwel is te wyte aan die afskaffing van instromingsbeheer in 1986 (917) terwyl die ander euwel deur gebrekkige grensbeheer sedert 1994 veroorsaak word. In die 1996-Grondwet, artikel 21(3), staan: “Every citizen has the right to enter, to remain in and to reside anywhere in the Republic.” “Millions came to the Western Cape’s urban centres from the Eastern Cape in search of a better life” (710). Maar Helen Zille mag hulle glo nie vlugtelinge noem nie. Andersyds is dit nie net grond in stede en dorpe wat deur hierdie migranthordes vir woondoeleindes beset word nie, maar ook plase aan die buitewyke. Wat grensbeheer betref: “Both white and black communities in South Africa are calling for border control. In this at least they are united” (6153). Maar Kemp skryf: “What strikes me … is the disconnect between black politicians and ordinary black people” (6149).

    Kemp verskaf die volgende perspektief: “It is not for nothing that Marxist historians place the mineral revolution at the heart of South Africa’s torrid racial history: what else could have happened, they argue, as a result of building a city of riches on the back of black labour from resources that were stolen? – [the Nelson Mandela/ANC/SACP perspective]. Apartheid apologists argue the other side of this coin in defence of the state’s actions – how else could it have dealt with the influx? Those coming from outside, they say, did so voluntarily, and the state was left to try to hammer the overpopulation this caused into something resembling order” (5477). “In 1986, amid a state of emergency and the worst sustained violence in the face of apartheid oppression since Sharpeville [1960], the government scrapped influx control” (5500).

    Die afskaffing van instromingsbeheer, wat sedert 1996 deur die Grondwet gerugsteun word, is die kernoorsaak van die plakkerprobleem. “It all started with the scrapping of influx control” (5523). Dit is nie net blankes wat so dink nie. ‘n Swarte word soos volg aangehaal: “I think the white people are good for us. When I look back, there was no joblessness” (5820) en “The regulation of immigration was nice. And there were even good houses” (5820).

    Wanneer daar in oorverligte geledere van gronddiefstal gepraat word, word aan die koloniale of imperiale era gedink, dus aan gevalle waar blankes na bewering die misdadigers was. Wat Kemp se boek duidelik maak, is dat swartes deesdae op ‘n ongekende skaal die plaaslike gronddiewe is. Hy verwys na “broken South Africa” (6911). Desnieteenstaande is dit my oortuiging dat Kemp hom, ten minste in die openbaar, polities byderwets voordoen. Hoe anders sou hy werk as joernalis kry gegewe die toestand waarin die massa-inligtingsmedia plaaslik en elders verval het?

    Let op Kemp se ingesteldheid: “Farm attacks and land occupations are often said to be a concerted effort by the ANC to undermine and intimidate whites, and eventually chase them into the sea. To believe this is to completely misunderstand the political landscape of South Africa” (2904). Later verwys Kemp na “the ‘white genocide’ narrative regarding farm attacks” (3070). “Some of the conspiracy flavour has been washed out by more moderate advocacy groups” (3075).

    Bloedrivier word deur Kemp bestempel as “a masterful work of [Afrikaner] propaganda” (6773). Op besoek aan die Voortrekkermonument verwys hy na “[the] failed and forgotten Afrikaner republics” (6745) asook na ‘n hedendaagse samelewing “slowly being overtaken by the onset of modernity” (6789). Orania word sonder meer “that infamous town” genoem (2185). Hy verwys na “the ever-present brutality” van die polisiemag vóór 1994 (6214). “The Overberg [Hermanus] municipality is officially the most segregated of any district in the country” (2518). Kemp verwys na “Johannesburg’s ‘Deep South’” as “collectively the old Indian and coloured dumping grounds” (4839). Bejaarde blanke boere praat glo op ‘n bombastiese manier (5066).

    Kemp haal iemand, sonder teenspraak, soos volg aan: “FW de Klerk saved the country” (4245). Hy verwys na “the famous compromise negotiated at CODESA” (4536) en “the mysterious ‘third-force’ Boipatong massacre in 1992” (4548). Dit lyk nie asof hy kritiese perspektief op laasgenoemde drie gebeure het nie. Hy skryf egter tereg: “The violence on the Rand subsided after the national elections in 1994” (6223). Maar hy wend geen poging aan om met die voor die hand liggende verklaring vorendag te kom nie: Die ANC het in 1994 sy doel bereik, dus die politieke mag bekom, gevolglik het hy sy vlaag geweldadigheid teen sy swart politieke teenstanders en die blankes gestaak.

    Meer aanvaarbaar is: “The ANC is so enamoured with ‘struggle credentials’ that it has never stood down from the ghosts of its past rhetoric in any meaningful way. One need look no further than the justification of ‘Kill the Boer’ as a ‘struggle song’ to understand this” (3189). En: “The country’s murder rate officially stands at a jaw-dropping fifty-eight murders per day. The ANC government is renowned for the lengths to which it will go to manipulate statistics in order to paint a better story, but even police minister Bheki Cele admitted that this was the highest rate in a decade” (3283).

    Van die gruwelikste skandes van die nuwe Suid-Afrika is “29 000 civil servants earned [received] more than R1 million each [per annum] – double the number for ten years ago, even with adjustment for inflation” (3296). En: “Since 2016, there have been more social grants than there are people with jobs” (3300). In 2019 “a mere eighteen of the country’s 257 municipalities received a clean audit for the financial year – twelve of which were in the Western Cape” (3317). “South Africa’s municipalities owe Eskom a combined R9.8 billion” (3418). ‘n Groot waarheid word kwytgeraak wanneer ‘n Indiërvrou van die ANC-regime sê: “They are allowing lawlessness because they are scared to lose votes” (5324).

    Dit lyk asof Kemp tans in Nederland is. Hy het ‘n Ciprioot as vriendin (6133, 6956). Hy sal seker nie op Afrikaans as sy huistaal aandring nie. Daar is nie tekens van ‘n sterk pro-Afrikaner-gesindheid by hom nie. Tog skryf hy: “I’m an Afrikaner” (4842). Kemp was ‘n student op Stellenbosch en is nog nie dertig jaar oud nie. Die probleem met sulke jong mense is dat hulle nie Suid-Afrika geken het toe die land die aanskyn van ‘n Europese of Westerse land gehad het nie. Toe is die land doeltreffend bestuur en wet en orde is gehandhaaf. In die boek kom hierdie blaps voor: “A Sotho from Basutoland (Botswana)” (3104).

    In hoofstuk 1 skryf Kemp: “The Land Claims Court is special in that its standards are far looser than in an ordinary court of law. Evidentiary rules are flexible, allowing hearsy evidence and the testimony of anthropologists and historians in order to go about proving claims that are contigent on hundred-year-old facts” (260). Die punt is dat by grondeise die skaal, soos met omtrent alles waarmee die ANC-regime te make het, ten gunste van die swartes gelaai is en die blankes gewetenloos benadeel word. Daar is selfs swarte groepe wat eiendomsreg op Suid-Afrika in sy geheel eis (417).

    In hoofstuk 2 beweer Kemp: “There is little that is unique about South Africa’s land conflict and resolution. From the occupation of Petrograd [St Peterburg] during the Bolshevik Revolution in Russia, which explicitly centred on the redistribution of land to the peasant class, to the Cuban National Institute for Agrarian Reform under Che Guevara, to the landlord oligarchs of Chile who played a decisive role in Augusto Pinochet’s rise to power, to the modern-day reform in Ukraine, which lifted a long-standing ban on the sale of private land as part of its pivot to the European Union, land is elsewhere also perceived as the most fundamental resource, and the lack of it as the root of all other inequality” (449).

    In die res van die boek word dit egter duidelik dat daar (waarskynlik) groter wetteloosheid in Suid-Afrika as in die genoemde of ander lande heers; dat swartes grootliks ongehinderd op ‘n ongeëwenaarde skaal die grond van blankes beset; dat die blankes nie van owerheidsweë afdoende teen sodanige diefstal beskerm word nie; dat die blanke eienaars uit hulle eie sakke vir die verwydering van plakkers moet betaal, ens. Van blanke eienaars wat weens plakkery die gebruik van hulle grond verloor het, word gesê: “They refused to institute eviction proceedings due to the enormous costs involved, which were more than the value of the occupied land” (5538).

    Swartes wat plaaslik by grondeise betrokke is, die amptenare en die eisers, kan meer immoreel en misdadig as elders in die wêreld wees. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat hulle benadeel is; dat die samelewing, spesifiek die blankes, hulle iets/baie skuld. Byvoorbeeld, “[they] were using the identities of dead people, forming fake trusts and listing minors as beneficiaries to fill beneficiary lists for land claim purposes, opting for compensation rather than restoration, and then diverting the money into their own pockets while the land went begging. Many of the fake claims were lodged when government reopened the restitution claims process for a second round [in 2014] while thousands of the previous rounds’ claims were still outstanding” (503). In 2018 is 148 grondhervormingsprojekte ondersoek. Daar is bevind dat bedrog “on an enormous scale” plaasgevind het “with government officials dealing out farmland to anyone for the right price” (552). “No prosecutions had yet been made” (557).

    “In South Africa, the process of attempting a more equal distribution of land has, broadly speaking, assumed three faces: restitution, redistribution and tenure security” (458). Dit gaan vir die ANC-regime om die herverspreiding van rykdom/hulpbronne, bv grond (640). Dus, neem die eiendom van blankes, met min of geen kompensasie, en gee dit (meesal sonder teenprestasie) aan die swartes. “Much of … [the] rhetoric is derived from anti-colonial writers like Frantz Fanon [Praag 4.01.2016], who wrote in his influential 1961 treatise, The wretched of the earth: ‘For a colonized people the most essential value, because the most concrete, is first and foremost the land: the land which will bring them bread and, above all, dignity’” (627). Grond word verhef tot ‘n simbool van rykdom en mag (696). Later word van ‘n aktivistiese Fanon-aanhanger gesê “[He is] a real call-to-arms kind of guy, who actively endorsed the ‘purificatory’ nature of violence” (2813).

    Maar in die nuwe Suid-Afrika gaan dit in laaste instansie “all about the money” (700). Swartes wil geld van die staat, dus die belastingbetalers, hê as vergoeding vir die beweerde skade wat hulle of hulle voorgeslag gely het. Fanon verwys na brood. Maar ‘n plaas/grond lewer nie ‘n opbrengs sonder volgehoue inspanning oftewel harde werk nie. Dit is ook bog om soos Fanon te beweer dat die besit van grond die waardigheid van inheemses sal herstel. Plaaslik verkies swartes geld bo grond, dus kapitaal sonder dat hulle ‘n steek werk daarvoor gedoen het.

    In hoofstuk 3 beskryf Kemp hoe swartes ‘n deel van Stefan Smit se plaas, aangrensend aan die swart woonbuurt Kayamandi aan die buitewyke van Stellenbosch, met krotte ingeneem het. Dit word op ‘n georganiseerde manier gedoen. Persele en krotte word deur krotboere (“shack-farmers”) verhuur of verkoop op grond wat nie aan hulle behoort nie. Hierdie misdade word openlik deur die EFF aangemoedig en nie daadwerklik deur die ANC-regime bestry nie. Plakkery het eers ná 1994 werklik ‘n probleem geword (930). “Any patch of land became fair game amid the confusion and uncertainty that marked the ANC’s ascent to power” (938). Sedert Cyril Ramaphosa in 2018 onteiening sonder vergoeding van (blankes se) eiendom entoesiasties as ANC-beleid aangekondig het, het onwettige grondbesetting deur swartes vir woondoeleindes ‘n verdere hupstoot gekry (832, 1037). Die Munisipaliteit Stellenbosch het grond ten bedrae van R45.7 miljoen van Smit gekoop (840). Daardie geld kom uit die sakke van (hoofsaaklik) blanke en bruin belastingbetalers.

    Krotbewoners eis dienste (water, elektrisiteit, toilette, riolering, vullisverwydering, televisie) maar wil, soos die ANC/UDF hulle tydens die “bevrydingstryd” geleer het, nie daarvoor betaal nie. Die huise wat die munisipaliteit bou, word nie noodwendig beset deur die persone aan wie dit amptelik toegeken is nie. Die amptelike toekenning van huise geskied ook nie noodwendig aan diegene wie se name al die langste op die waglys is nie. Wie ook al so ‘n huis betrek, wil (dikwels) nie huur betaal nie. Nelson Mandela het destyds in Orlando, Soweto, in hierdie opsig die voorbeeld aan nie-betalers gestel. “Rent increases sparked some of the largest and most violent unrest in black townships in Gauteng during the states of emergency and rent boycotts of the 1980s” (5439). Deesdae pleit die ANC-regime grootliks tevergeefs dat swartes, anders as voorheen, in ‘n demokrasie huishuur moet betaal, asook vir dienste. “Soweto famously still doesn’t pay for much of its electricity and water” (4578). Dit sou interessant wees om te weet hoedanig die opbrengs is wat die Munisipaliteit Stellenbosch op die genoemde “belegging” van R45.7 miljoen kry.

    Die plaaslike hoofstroom-inligtingsmedia, insluitende Media24, steun vir nuus (soos tydens die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing) swaar op linkse bronne, bv The New York Times. Hierdie koerant se siening van die gebeure by Stellenbosch is: “Mr Smit and his friends hold vast tracts of land brutally snatched from African inhabitants generations ago and deliberately kept in white hands for decades to come” (858). Smit is in 2019 vermoor, hoewel hierdie misdaad onverwant aan die plakkerprobleem kan wees. “For The New York Times and many others, the land occupation was a poetic representation of black dispossession and historical injustice, and Smit’s death an inevitable sentence passed on a history of blood and conquest” (897).

    Dit bring my by hoofstuk 4. In Rapport (Weekliks, 11.10.2020, p 8-9) is ‘n uittreksel uit Kemp se boek gepubliseer. Dit handel oor die Borcherdse wat in die omgewing van Kraaifontein en Bottelary boer. Ek het vir Chris en Cynthia Borcherds geken. Hulle het in die jare vyftig op Nuutgewek begin boer. Daar was ‘n ou woonhuis, motorhuis en baie Port Jackson-struike op die grond. Hulle het met groente geboer en die plaas uit die grond uit ontwikkel. Chris het soggens teen vier-uur hulle groente na die Soutrivier-mark geneem. Later het hulle potklei lonend bemark. Mettertyd het hulle ‘n mooi dubbelverdiepinghuis gebou.

    Hulle buurplaas, Avondrust, het aan Hannes Albertyn behoort. Chris en Cynthia se seun, Alfred, het met Hannes se dogter, Anzette, getrou. Hulle boer nou op Avondrust. Die ander Borcherd-seun, Christie, boer op Nuutgewek. Albei plase word deur grootskaalse plakkery bedreig. Kemp skryf veral oor Avondrust. Wyle Chris en Cynthia sou nie die groot gemors kon glo wat die nuwe Suid-Afrika op hulle trotse nalatenskap – hulle kinders, kleinkinders en die plase – losgelaat het nie. My hart bloei vir hierdie Borcherdse. Op grond waarvan kan swartes hulle die reg aanmatig om die harde werk en voorspoed van mense soos die Borcherdse te bedreig en selfs te vernietig? Hierdie toegewyde, beskaafde blankes kan met reg verbitterd voel. “The state had failed in its obligation to protect the family’s property rights” (5554).

    Die neukery het met Irene Grootboom (1969-2008) begin toe sy in 1998 op grond aangrensend aan Wallacedene, eens ‘n bruin woonbuurt in Kraaifontein, voorheen die plaas Uitkyk, geplak het. In die Wikipedia word Grootboom ‘n “housing rights activist” genoem. In linkse geledere is sy ‘n ikoon. Die Grondwetlike Hof het in 2000 beslis dat behoorlike huisvesting aan haar voorsien moet word. Ingevolge die Grondwet, artikel 26(1), “Everyone has the right to have access to adequate housing” en artikel 26(3), “No one may be evicted from their home, or have their home demolished, without an order of court.” In die praktyk beteken dit dat mense aangemoedig word om onwettig te plak. Hierdie misdaad gee dan aan sulke plakkers die (mense)reg op huisvesting daar waar hulle plak of elders. Dit geskied ingevolge “the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, which came into effect in 1998” (2968).

    In die praktyk beteken dit dat grondbesetting (deur swartes) in groot mate gewettig of ten minste geduld word en uitsetting erg bemoeilik word. As gevolg hiervan ly grondeienaars “constitutional damages” (5575). Maar hiervoor gee die ANC-regime nie ‘n flenter om nie omdat dit meesal die eiendom van blankes is. Hoe lou die ANC-regime oor eiendomsreg voel, blyk duidelik uit sy beleid van onteiening sonder vergoeding; ook uit sy onderskrywing van nasionalisering, soos vervat in die 1955-Vryheidsmanifes. Swartes se gesindheid word soos volg deur ‘n oud-UDF-aktivis verwoord: “If you don’t give, we take” (4630). Later in die boek word “the ‘black mentality’” deur ‘n Indiër beskryf as “give us everything for free” (5320).

    Grondeienaars moet regskoste aangaan voordat hulle (moontlik) van die plakkers ontslae kan raak. Die plakkers, daarenteen, hoef nie regskoste te betaal nie. Hulle word deur linkse elemente aangemoedig om te plak. Anargistiese regsinstansies, soos die Legal Resources Centre (Johannesburg) (946) en hulle regspraktisyns, behartig plakkers se belange in die howe. Die skaal is ten gunste van misdadigers/plakkers gelaai. Wat anders kan ‘n mens verwag van ‘n regime waarin talle (beweerde) misdadigers, bv korruptes, hulle in kernposte bevind? Van die vroegste tye af was mense self verantwoordelik vir die verskaffing van hulle huisvesting. Nou sit ons met ‘n regime en ‘n Grondwet wat daardie verantwoordelikheid op die staat en grondeienaars afskuif. Kemp skryf van “a Constitution that quite literally compelled government to provide shelter for all” (967).

    Naas Wallacedene het nog ‘n krotbuurt, Bloekombos, ontstaan “in spite of the fact that the new residents chopped down the forest of bluegums that had stood around the Borcherdses’ farm for as long as the family could remember” (938). Nie net migrante uit die Oos-Kaap plak hier nie, maar ook baie inkommers uit Afrika (979). “In 2002 … the city [Cape Town] moved to purchase the land that Irene Grootboom and her group had occupied, known as New Rust. The property owners adjacent to New Rust proposed building a five-metre wall around the proposed development’s perimeter” (993). ANC-stadraadslede het hulle teen so ‘n “apartheidsmuur” verset. “It was never built, and Wallacedene continued to expand” (1007). In 2011 die plakkers “demanded service delivery and housing, setting fire to tyres and blockading Old Paarl Road” (1015) – die hoofstraat deur Kraaifontein.

    Reeds teen 2004 “local [white] residents had seemingly given in to the inevitable. The owner of the smallholding on the edge of land between Wallacedene and Avondrust sold up and shipped out, and his land was bought by the municipality. It had acted as a buffer zone between Avondrust and the encroaching Wallacedene” (1028). Hierdie munisipale grond is spoedig deur ‘n see van krotte ingeneem “which would eventually spill over onto Avondrust” (1032). “In 2013, the Borcherdses’ son Tiaan was accosted in the farmhouse by a group of six black men. He was tied up and held at gunpoint while the robbers systematically looted the house” (1019). “In 2016 … Alfred was stabbed by three coloured youths after he caught them in the process of raiding his fields for vegetables. He spent ten days in intensive care” (1023). “In recent years, police stats have consistently placed Kraaifontein as one of the worst areas in the province for serious crimes” (1191).

    “Theft of the Borcherdses’ vegetable stocks increased exponentially. Rubbish piles became mountains that poisoned the dam, hampering their irrigation systems” (1045). “The next thing they had to do was add fencing and metal coverings to prevent petrol bombs coming through the farmhouse windows” (1052). In 2018 “petrol bombs had been thrown and the fields were alight” (1052). “The city had applied for an interdict that allowed the occupiers to stay on the land [verging on the Borcherdses’ property] as long as they didn’t expand further” (1060). Dit is sotlike naïwiteit. (In Kleinmond het die munisipaliteit ‘n plegtige ooreenkoms met die swart plakkers aangegaan deur huise aan hulle almal te belowe op voorwaarde dat die krotte nie meer word nie. Die krotte het egter al hoe vinniger meer geword en die swartes het met periodieke oproer huise vir hulle almal geëis.)

    Daar word statutêr vereis dat die hofbevel teen die bou van verdere krotte met kennisgewings op die perseel bekend gemaak moet word. Dit is nooit gedoen nie (1064). Dit sou nutteloos gewees het omdat sulke kennisgewings dadelik gesaboteer sou word, soos later gebeur het (1125). Op versoek van The South African National Civic Organisation (SANCO), ‘n ANC-gesinde instansie, het die Borcherdse ingestem/toegegee dat 62 gesinne op hulle plaas kon aanbly (1068). Maar “the buffer zone had filled up and expansion onto Avondrust was escalating” (1089). “The occupiers [were] threatening to burn down the farm” (1101).

    Vertoë gerig aan die Munisipaliteit Kaapstad het op dowe ore geval “as the construction was taking place on Avondrust – private property outside the municipality-owned buffer zone” (1085). “Because the structures were on the Borcherdses’ private property, they were responsible for all the costs involved in the eviction” (1097). Dus, in die nuwe Suid-Afrika is blankes self vir die beveiliging van hulle lewens en eiendom verantwoordelik. Vandaar die afmetings wat die private sekuriteitsbedryf sedert 1994 aangeneem het. Daardie bedryf verskaf baie meer werksgeleenthede as die polisiediens. Die Borcherdse was by meer as een geleentheid verplig om teen hoë koste van private sekuriteitsdienste gebruik te maak (1097).

    Daar was tye “the Borcherdses considered packing their bags and leaving everything behind” (1104). Anzette het soms snags om veiligheidsredes nie op die plaas geslaap nie (1109). Vir die verwydering van plakkers deur die Rooimiere het die Borcherdse R160 000 opgedok (1109). Die opgeruimde boumateriaal is op ‘n naburige plaas gestoor (1113). Dit is gesteel en die krotte is daarmee heropgerig (1117). ‘n Aktivis het die plakkers aangehits met die storie dat hulle onwettig ontruim is (1121). Teen hierdie tyd was daar 200 nuwe krotte op die plaas (1121). “The pump house at the dam was petrol-bombed” (1130).

    Die Borcherdse het gereël dat ‘n stootskraper ‘n diep sloot grawe as ‘n grens ter beveiliging van die res van hulle plaas. “A day later, construction started on new shacks, from the buffer zone right up to the trench” (1138). Kemp skryf: “By the time I arrived months later, the trench was filled with rubbish. The shacks within the buffer zone were so congested that they had cut off the settlement’s access route … A fire broke out and many shacks burnt down as fire services were unable to penetrate the forest. The situation was nasty, but the trench appeared to have created a reprieve for the Borcherdses” (1142). (Aan die Rand het ‘n bruin kleinhoewe-eienaar dieselfde met ‘n stootskraper gedoen: “He shows me … the trench he’s been digging around his house [“around his entire plot” – 5020]. A field of shacks lies beyond it” (5006).)

    “The week during the evictions cost the family in excess of R1 million. Anzette told me that Avondrust was now the ‘buffer farm’; if they were to sell up, or give up and leave, the ‘entire Bottelary district would be at risk’ of occupation” (1146). Die enigste moontlike koper vir die plaas is die munisipaliteit. “Farming here would probably be impossible now due to crop theft and pollution from Wallacedene” (1154). “The Borcherdses can’t leave their besieged land, not with their livelihood intact” (1162). “In all likelihood the state will end up buying out the Borcherdses, which is generally how occupations on private land play out” (1166). “Up to now a court cannot compel the executive to expropriate property. Such a scenario would likely create a precedent for large-scale land invasions where the occupiers know that they have the backing of the law. In truth, this is already the de facto situation” (1235). Die jongste moontlikheid is natuurlik dat die ANC-regime die plaas sonder vergoeding kan onteien en plakkers toelaat om na hartelus (gratis) daar te plak.

    Teen die einde van die boek skryf Kemp: “I spoke to the Borcherdses again … who told me that shack construction had once again started apace, this time in the trench. The family is now actively looking to sell the piece of land to the state. Anzette told me that Covid-19 is the impetus behind much of the new expansion: the squatters claim they’re supposed to be social distancing, so they’re building new, bigger shacks on bigger plots further away from the main settlement” (6869). Op ‘n vindingryke manier word die pandemie misbruik om die diefstal van hierdie blankes se eiendom te probeer regverdig.

    Van owerheidsweë is daar geen langtermyn-strategie nie. Grond (“land”) is sedert 1994 verhef tot “a highly emotive symbol of inequality” (2912). Wat die tragiese geval van die Borcherdse illustreer, is “that the ‘land crisis’ is in actual fact a housing and unemployment crisis” (1174), wat deur inkommers vererger word. “At the end of 2019, it was announced that South Africa had its highest unemployment rate of all time, at 29 per cent, rising to 38.5 per cent when ‘discouraged job seekers’ are included” (3300). Vir die derde kwartaal van 2020 is daardie syfers onderskeidelik 30.8% en 43.1%. Red nou ‘n land met so baie onproduktiewe mense. Werkloosheid is onder meer te wyte aan allerhande owerheidsmaatreëls wat die ontslag van werkers bemoeilik, asook weens die vasstelling en afdwing van minimum lone.

    Die historikus, Louis Changuion, die outeur van die verdienstelike boek, Omtrede land (2011 – Praag 23.03.2014), se standpunt is: “The main problem in this country is overpopulation. Land won’t solve the problem because there are too many people. You’d still have massive unemployment, regardless of how much land you give” (3783). In Suid-Afrika is daar te veel mense wat die land benadeel en te min wat ter bevoordeling van die land werk. Die omvang van die probleem, dus hoe groot die duisternis is, word glad nie besef nie, onder meer weens die ANC-regime se ondoeltreffende sensusopnames en hulle manipulering van statistiek. ‘n Waarnemer “estimates South Africa’s population, which officially stood around fifty-seven million in 2018, to be closer to ninety million” (5558).

    Ek het nou eintlik nog net tot by hoofstuk 5 gevorder. Daar is 20 hoofstukke. Die res van hierdie rubriek is dus baie oorsigtelik. Daar is die persepsie dat die Wes-Kaap, wat lewensomstandighede betref, beter as die res van Suid-Afrika daaraan toe is. Kemp se (verligte) siening is: “The Western Cape maintains a far higher standard of governance and quality of life than the remainder of the country” (3049). Daar is egter oorvloediglik rede om te ween oor die toestand waarin die Wes-Kaap verval het. As die res van die land nog slegter daaraan toe is, is dit nag. Die plakkers en ander probleme toon dat dit geensins hemel op aarde in die Wes-Kaap is nie. Oral is agteruitgang pleks van vooruitgang te bespeur.

    Die inwoners het afdoende rede om nostalgies na die era vóór 1994 te verlang. Dit is nie net blankes nie maar ook swartes wat nostalgies na apartheid verlang (5847). Ook in die Wes-Kaap kan die volgende ná-1994-verskynsel daagliks waargeneem word: “I am feeling very bad when I am driving in the suburbs, finding a white person standing at the traffic lights asking for money, or asking for food, or for a job” (4519) – nie noodwendig omdat hy/sy sleg is nie, maar omdat die ANC-regime blatant en met oorgawe teen blankes diskrimineer. “In August 2018, the city [Cape Town] estimated a 53 per cent increase in land invasions and a 249 per cent increase in the number of protests” (2347).

    In die Kaapse metropool: “New settlements have sprouted out of the oldest areas of government-allocated black settlement – Ndabeni [1901], Langa [1927] … Nyanga [1946] [and Khayelitsha in 1983] – and now push all the way into Cape Town’s more affluent northern suburbs” (1204). Teen 1994 het Khayelitsha – “the country’s murder capital” (1331) – reeds bykans ‘n halfmiljoen inwoners gehad (1322). In Philippi-Oos is 2.7 hektaar privaat grond sedert 2013 deur 60 000 plakkers ingeneem (1218). “[The] farmhouses [are] fortified like prisons” (1244). Philippi is waar 80% van die groente in die Kaapse metropool verbou word (1248) en waar “fourth-generation German farmers” boer “who find themselves surrounded by and at war with an ever-expanding slum” (1252). “It is almost impossible to permanently evict a community that persists for long enough” (2632). Daar is “small roaming herds of cattle and goats, apparently untended” (1244). Suid-Afrika het met oorgawe ‘n Derde Wêreld-land geword (1448).

    Hoekom is eiendom in luukse landgoedere so duur? Nie net weens winsneming nie. Om so ‘n ontwikkeling goedgekeur te kry, vereis die owerhede “skenkings”/omkoopgeld ter bevoordeling van nieblankes. Tussen Kleinmond en Hermanus is daar die Arabella-landgoed. “Large-scale projects like Arabella were compelled to provide social upliftment for previous disadvantaged people within its operational area in order to receive ministerial approval for construction. Arabella had done so, pledging R10 million in addition to several other benefits, such as employment opportunities during construction … to an entity created for that purpose – the AC Trust. The beneficiaries were a number of representatives from Zwelihle [a township for blacks] and Mount Pleasant [a township for coloureds], including primary schools and learning centres. The bulk of the money, however, was intended for housing development in these communities” (2551). Die nuwe Suid-Afrika is seker die enigste land waar so ‘n verregaande rassistiese wanpraktyk amptelik funksioneer.

    By Hermanus, tussen Zwelihle en Sandbaai, ‘n blanke woongebied, is ‘n veiligheidsheining nie geduld nie en gevolglik vernietig (2571). (Ook in Natal het eienaars tevergeefs ‘n veiligheidsheining op hulle koste opgerig: “a fence between them and the shacks … was summarily broken down” (6644)). In Zwelihle is die openbare biblioteek, die rioolaanleg en die nuwe openbare swembad verbrand of geruïneer. “The Overstrand munisipality estimated the damage at more than R40 million” (2575). Hoe lank sal dit duur voordat daardie swartes daardie R40 miljoen aan die munisipaliteit terugbetaal? Hoofsaaklik blanke belastingbetalers sal teen wil en dank vir hierdie onbeskaafde gedrag moet opdok. Een van die swart aktiviste sê: “In life, nothing is personal, but everything must be shared” (2623) – al die voordele, maar nie die (finansiële) verpligtinge nie.

    Die huise wat die NP-regering vir swartes gebou het, is beter as dié van die ANC-regime. “These original houses [in Zwelihle] were built by a ruthlessly efficient apartheid bureaucracy and are relatively large” (2643). Elders in die boek word daar verwys na “the older houses built by the apartheid government, which are highly sought after for their durability … The RDP [ANC] houses fall apart quickly” (5721). “Between 2001 and 2016, the black population in this area [Zwelihle] increased by 43 per cent” (2671). “Around 11 000 people are on the Overstand municipality’s housing list” (2976). “A large part of this population boom comprises foreign nationals” (2681). “Employers have a perception of foreign nationals as hard-working, not entitled, better educated, more reliable and less prone to violence” (2688). Wat sê dit (veralgemenend) van die inheemse swartes? Het blankes rede om trots op, ingenome met en partydig vir hulle te wees?

    In hoofstuk 11 verwys Kemp na die eerste plaasaanval aan die Kaap toe die blanke David Jansz, ‘n veewagter, in 1653 deur Khoi-Khoin vermoor is (3066). Veral in die Wes-Kaap het blanke boere en bruin plaaswerkers eeue lank saamgewerk. Dwarsoor Suid-Afrika het Kemp bevind dat boere deesdae voorkeur aan swart seisoenale werkers (plaaslikes en uit die buurlande) bo permanente (bruin) werkers gee. Dit blyk dat daar groot wrywing tussen bruines en swartes bestaan. Aan die Rand, in die “Diep Suide” van Johannesburg, verset bruines (bv in Ennerdale) en Indiërs (bv in Lenasia) hulle teen die indringing van swartes in hulle woonbuurte (4850). “Daar was “tense stand-offs between the coloured and Indian communities on one side, and the incoming, largely black squatters on the other” (4897). Hierdie grond is destyds kragtens die Wet op Groepsgebiede deur die NP-regering vir gebruik deur bruines en Indiërs onteien, maar – soos ordentlikheid vereis – met vergoeding aan die vorige eienaars (4876).

    “An old coloured-Indian lady” sê: “I can’t leave my house, because when I leave they will move in … My sister was moved out at gunpoint. They stole my phone lines. They stole the electricity cables” (5245). Die swart plakkers gebruik die beledigende Zoeloe term Makula vir Indiërs en Boesmans vir bruines (5254). Die meeste van hierdie plakkers is inkommers (5286). Kemp skryf: “Once a critical mass is reached in large-scale occupations, there simply is no way for the original inhabitants to reverse it. They must adapt to the situation or move out. When discussing service delivery and making promises, ANC politicians often refer to ‘our people’. Who they are referring to has obviously never included whites, but recently coloureds, Asians, Indians and other ‘non-native’ residents of South Africa have started questioning if they are in fact included under that umbrella” (5308). ‘n Indiërman sê: “The will of the majority can only be held back by government. And without that, they will exercise their will on us. And this is what has happened” (5329). ‘n Indiërvrou voeg by: “She thinks Afrikaners have become helpless and passive as well, despite the perception that they would ‘fight back’” (5329) – verwysende na die 1999-verkiesingslagspreuk van die Demokratiese Alliansie.

    Daar word ‘n interessante perspektief op die verskynsel van “swart belasting” gegee – die rede waarom swartes bv gratis woonplek en dienste eis en swart beurshouers aan universiteite studiegeld gebruik om gesins- en familie-ellendes te bestry. “Black tax is a tax you inherit when you start working. You have to take care of your uncle’s child, your mother, your father – and all of that is coming from your salary. And if you do not do it, you get emotional blackmail from your family” (5950). Die skuld hiervoor word, soos verwag kon word, vir apartheid, dus die blankes, gegee: “Black tax has its historical roots in the inequalities created by apartheid and the loss of land. Consequently, thousands of black South Africans still live in poverty today” (5982). Maar daar is baie arm swartes in ander lande waar daar nooit apartheid was nie. Wat van bv hoë geboortesyfers as ‘n moontlike rede vir armoede?

    Die huisvesting wat vir swartes gebou word, is selde groot genoeg. Aanleunkrotte word dus opgerig. Die ruimte wat om sulke huise gelaat is, word dikwels spoedig deur krotte ingeneem. “Backyard shacks have backyard shacks” (5786). “Everywhere we pass RDP [ANC] houses, the shacks like mushroom around them. It seems logical – a house is an income if you use it in this fashion” (5892). Die krotte staan mettertyd so dig teen mekaar dat groot skade tydens brande aangerig word. Dit is dikwels nie vir die polisie, brandweer- en ambulanspersoneel en munisipale amptenare moontlik om die nodige ruimte te vind om ‘n krotbuurt binne te dring nie; ook weens die vyandigheid van die plakkers. “Landlords” (5295, 6543) orkestreer die onwettige besetting van grond. “Shacklords” (742, 6599), bedryf “shack-farming” (4955, 6531) deur krotte op gesteelde grond op te rig en hulle dan te verhuur of verkoop. Hierdie misdade word oogluikend toegelaat en het klaarblyklik gekom om te bly.

    In die laaste hoofstuk kom Kemp tot (eienaardige) gevolgtrekkings: “How wrongheaded the idea of a black-versus-white land tussle is, and how misleading it is to see land invasions and farm murders as intrinsically and irrevocably tied to a historical feud between ‘settlers’ and ‘natives’; that violence arising from land conflict is a straight line running through history abutted at different intervals by new generations; that racial hatred is as simple as that and will never cease until some kind of status quo ante is restored” (6155). Wat Kemp nooit verreken nie, is (fundamentele/onoorbrugbare) kultuurverskille, naamlik dat (veralgemenend) blankes en swartes (van nature) verskillend dink en doen. Maar soms kom selfs hy dit agter, bv as hy by swartes “a relative lack of Western influence” waarneem (6175).

    Grondgrype word in swart geledere beskou as “history righting itself – as justified violence with ominous overtones of what is to come” (5611). “The story of shacks in South Africa will never end” (5900) – net so min as wat dag kan breek uit hierdie duisternis. In die woorde van diegene wat swart mag aanhang: “This struggle will never stop until the land has been returned as a whole to its rightful owners” (6831).

  • Leon Lemmer: Oor klaviere in Siberië

    Leon Lemmer: Oor klaviere in Siberië

    Die dra van ‘n das is ‘n verskynsel wat in die middel van die 17de eeu, dus in die tyd van Jan van Riebeeck, in Europa begin het. Dit het veral by Westerse mans deel van hulle formele kleredrag geword. 18 Oktober is Wêrelddasdag. Deesdae word Vrydag soms tot Loslitdag verklaar en word dasse nie gedra nie. As modeverskynsel is dasdra in wisselende mate deur vroue aangehang; soms (bloot) om uitdrukking te gee aan die begeerte om stroomop te wees, soos by Antjie Krog. Omdat die das ‘n Westerse verskynsel is, is dit in die Midde-Ooste tot ‘n simbool van blanke onderdrukking verhef. ‘n Palestyn dra nie ‘n das nie. In Amerika, onder die swartes, word ‘n das met ondergeskiktheid aan blankes geassosieer en dus verwerp. Indien enigsins moontlik bring Amerikaanse swartes enigiets met slawerny in verband. Die das word dus deur hulle beskou as ‘n simbool van die ketting wat hulle verslaafde voorgeslag, al daardie broers en susters, na bewering om hulle nek gehad het.

    Plaaslik het die dra van ‘n das ná 1994 feitlik oornag in onbruik verval. Enersyds is dit te wyte aan kruipsug by die ANC-regime. Andersyds is dit ‘n feit dat die Suid-Afrikaanse klimaat sodanig is dat dit veral in die somer ongerieflik kan wees om ‘n das te dra. Wat baie plaaslike blankes nie besef nie is dat ons ná-blanke-era, die ontwitting van die plaaslike openbare lewe, deur ons daslose samelewing gesimboliseer word. Hoewel dit belangrik is dat ‘n mens gerieflik moet aantrek, moet dit verkieslik nie tot slordigheid lei nie. Netjiese, mooi kleredrag is nie kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika nie. Daar is formele, waardige geleenthede waar (blanke) mans steeds ‘n das behoort te dra, bv by begrafnisse en troues. Om estetiese redes kan dit ook nie verkeerd wees om ‘n das kerk toe te dra en by belangrike byeenkomste in bv ‘n werksituasie nie.

    Ek wil die aandag op ‘n ander tipies Europese of Westerse verskynsel vestig, naamlik klassieke musiek. Daar is geen moontlikheid dat ‘n swarte ‘n Beethoven- of Mahler-simfonie kan komponeer nie. Die ras- en etniese verskille is te groot. Soos die das het klassieke musiek ná 1994 grootliks uit die plaaslike openbare lewe verdwyn. Die enkele simfonie-orkeste wat nog bestaan, sukkel om te oorleef. Op die SABC-, e- en DStv-kanale word bitter min klassieke musiek uitgesaai. Dit bevestig dat ons in Suid-Afrika in ‘n ná- (Europese/Westerse) beskawingsera leef.

    Anders as in Afrika geniet klassieke musiek groot en toenemende aanhang in Oosterse lande, veral Japan en China. Anders as in Afrika is daar ontwikkeling en ekonomiese voorspoed in daardie lande, asook in ander opkomende lande in Suidoos-Asië, byvoorbeeld Suid-Korea. Klassieke musiek is nie die direkte oorsaak van hulle ekonomiese ontwaking nie. Dit is eerder omdat Oosterlinge selektief sommige aspekte van Westerse kultuur omarm, sonder om hulle eie kultuur te ondergrawe. Om hierdie rede het hulle ekonomies voorspoedig geword. Terselfdertyd het dit dit vir hulle moontlik gemaak om ‘n waardering vir klassieke musiek te ontwikkel.

    Musiekinstrumente word, soos baie ander vervaardigde produkte, deesdae by uitstek in die Ooste gemaak. Maar daardie instrumente word nie almal na Westerse lande uitgevoer nie. Hulle word ook op groot skaal deur die inheemse inwoners gekoop en benut. Musiekonderrig word op groot skaal in daardie lande verskaf. Baie Oosterse musici dien deesdae in orkeste in die Weste, insluitend ‘n hele aantal prominente dirigente. Daar is selfs Oosterse musici wat musiek in die tradisie van Westerse klassieke musiek komponeer. In hierdie lande is daar ook baie meer simfonie-orkeste as in Suid-Afrika.

    Dit bring my by die klavier as ‘n Europese/Westerse musiekinstrument. Soos die das het die klavier in die 17de eeu in Europa ontluik. Die klavier het uit byvoorbeeld die spinet ontwikkel. “The German word Klavier sometimes referred to a harpsichord, spinet, virginal or clavichord” (Sophy Roberts, bron hier onder, Kindle 659). Roberts beskou 1700 as die beginjaar van die klavier toe Bartolomeo Cristofori in Florence, Italië, ‘n musiekinstrument “that plays soft (piano) and loud (forte)” vervaardig het (4738). Die skrywer, George Bernard Shaw (1856-1950), het gesê: “The pianoforte is the most important of all musical instruments; its invention was to music what the invention of printing was to poetry” (4777). Die pianis en komponis, Franz Liszt (1811-1886),word soos volg aangehaal: “My piano is to me what his vessel is to the sailor, his horse to the Arab, nay even more, till now it has been myself, my speech, my life” (424). Liszt se uitvoerings in Rusland het tot die gewildheid van klaviermusiek in daardie land bygedra.

    Klaviermusiek is nie noodwendig klassieke musiek nie, maar in ‘n skitterende nuwe boek word die verspreiding van – of ten minste begeerte na – beskawing met klaviere geassosieer. Ek verwys na Sophy Roberts (gebore in 1973) se The lost pianos of Siberia (London: Doubleday, 2020, 430p; Kindle $24,48). Die outeur noem die boek “a personal, literary adventure” (463). Klaviere is oënskynlik haar tema, maar naas inligting oor klaviere word baie historiese en kulturele inligting oor Rusland verskaf. Die outeur is uitstekend ingelig en die teks is goed geformuleer, interessant en meevoerend. Die foto’s is toepaslik. Aan alle aspekte van die boek is tot in die fynste besonderhede aandag geskenk. Wat veral nuttig is, is dat daar aan die begin van elke hoofstuk ‘n kaart van Rusland is waarop die plekke aangedui word wat in die betrokke hoofstuk genoem word.

    Die resensente is liries oor die boek. Dit word as ‘n melodieuse boek met woorde wat sing beskryf. Volgens Roberts “each piano sings differently” (1066). ‘n Musikus het gesê: “Every piano has its own voice” (3482). Dit herinner aan wat die skrywer, Anton Chekhov (1860-1904), oor sy besoek aan Siberië – hy was tot by Sakhalin in die ooste – in 1890 geskryf het: “From Baikal onwards, the poetry of Siberia begins. Before Baikal it was all prose” (1773). Die tema van die boek is die musikale kolonisering van Siberië. Dit is gesê na aanleiding van ‘n roman, The piano tuner (2002) van Daniel Mason (gebore in 1976), waarin “the Erard [piano] functioned as a symbol of European nineteenth-century colonization in Asia” (843). Die Duitsgebore Sebastian/Sébastien Erard (1752-1831) het klaviere in Parys, Frankryk, vervaardig.

    Weens die hoë humiditeit in tropiese Birma (Mianmar) – die land waarin die roman van Mason afspeel – bly ‘n klavier nie lank bruikbaar nie, tensy dit in omstandighede bewaar word waar die vogtigheid in die lug beheer word. Dieselfde moet ook in Siberië gedoen word, maar eerder weens die lae humiditeit. Een van die maniere in Siberië is “with the humidity kept in balance by hanging wet linen in the cottage” (1992). Meer gesofistikeerd is ‘n “humidity-controlled storage room” (3486). Roberts skryf: “I was told Siberia was a terrible place for pianos, especially because of the low humidity in winter” (1052). “In Siberia, violent swings in humidity and heat can shrink the wood. The soundboard, a large, thin piece of wood which transforms vibrations into musical tones, can easily crack” (1543). Sy verwys byvoorbeeld na ‘n Beckstein: “The piano’s bald hammers and loose strings [were] barely able to produce a sound. Located [in Kiathta] in one of the museum’s cold corners, its bones were chilled from a draught that slunk in through the windows” (1728). “How could such a piano ever sing again?” (2572).

    “Only with the assistance of high culture, distributed beyond the city’s elite theatres, concert halls and galleries, will humanity thrive” (2622). Die kulturele kolonisering van Siberië het geskied deurdat veral regop- maar selfs vleuelklaviere uit die weste van Rusland na Siberië gekarwei is; per pad met perdekarre en later vragmotors, per treinspoor en selfs per slee (1292; ook 1476). Tydens die 1917-revolusie “pianos were tied on top of trains fleeing Russia through Siberia into Manchuria and beyond” (770). “During the Great Patriotic War [1941-1945], the country’s most significant national treasures [including pianos] were sent to Siberia for safekeeping” (775). Soms is klaviere per skip uit Wes-Rusland en Europa na die Siberiese ooskus vervoer. Deesdae word klaviere per vliegtuig afgelewer (3264). Party van hulle is in China vervaardig (3777).

    Die aangrypendste gebeurtenis in die boek is toe ‘n oorgevoelige Russiese man van Oekraïense oorsprong, Kostya Lomatchenko, ‘n klavierstemmer en -restoureerder in Novosibirsk, in trane uitgebars het toe hy besef dat Roberts opreg belangstel in die werk wat hy doen (3504). Sy het daarna die nodige reëlings getref en dit vir hom finansieel moontlik gemaak om ‘n kursus in klavierstemming aan die CF Theodore Steinway-akademie in Hamburg by te woon (3504). Hy het die opleiding suksesvol voltooi. Die insiggewendste foto in die boek is van ‘n pragtige, jong, blanke Russiese vrou, Anna Khidirov, wat in haar ouers se deftige huis in Khabarovsk, noord van Vladivostok, sit met hulle Stürzwage-vleuelklavier in die agtergrond (4423). Die klavier het per slee van St Petersburg tot in Tobolsk (4434) en daarna per trein tot in Khabarovsk gekom (4449). Hierdie fotobeeld is heeltemal anders as die populêre voorstelling van Siberië by mense wat nog nooit daar was nie.

    Die outeur is ‘n joernalis wat met haar man en twee kinders in ‘n kusdorpie in die suidweste van Engeland woon. Sy noem dat sy haar kinderjare in Magdeburg en Leipzig in Duitsland deurgebring het (828). Haar voorliefde is om afgeleë lande te besoek en dan daaroor te skryf. Dit is ‘n geval van: “I’m interested to be where I was not” (4561). Die indruk wat sy wek, is dat sy ‘n persoon met geestelike diepte is. Sy skryf uit diepe oortuiging: “The piano … was such a magnificent symbol of European culture” (1059). Sy verwys byvoorbeeld na “those brilliant exiles of 1825 who spead their European culture through a region [Siberia] that still feels fundamentally Asiatic – fenceless steppe country imbued with Buddhist history” (1770) – veral Tibettaanse Boeddhisme, soos in Mongolië. Roberts se gees is groot genoeg om diegene wat sy teëkom toe te laat om oor enige aspek van Rusland, veral Siberië, te praat. Maar sy waak daarteen om op te veel syspore te beland. “A piano, a piano, I kept telling myself; I needed to keep the object front of mind, not the symbolism Russians can read into every experience” (2665).

    Roberts dring nie ‘n (ideologiese) standpunt van buite op die inwoners of haar lesers op nie. Sy haal byvoorbeeld ‘n ander reisverhaalskrywer, Astolphe-Louis-Léonor, die Marquis de Custine (1790-1857), soos volg aan (iets wat ook van die ANC gesê kan word): “The Russians have gone rotten without ever ripening!” (924). Nêrens maak sy haar skuldig aan sulke uiterste uitsprake nie. ‘n Britse ekonoom, AF Spencer, wat in 1919 Rusland besoek het, het (tereg) opgemerk: “There are few places on the earth’s surface about which the majority of mankind have such definite ideas with so little personal knowledge as Siberia” (924). Dit is seker ook in groot mate waar van “apartheid-Suid-Afrika.”

    Maar Roberts is heel moontlik ook eienaardig. “I am no musician” (1131). “I have no formal musical knowledge” (1281). “I didn’t expect pianos to ever lead me, travelling further and further from my home in England in pursuit of an instrument I don’t even play” (813). Sy besef darem dat om klaviere in Siberië die onderwerp van haar eerste boek te maak nogal eksentriek is. Dit is so vergesog dat die Russiese owerheid nie wou glo waarmee sy as buitelandse besoeker en joernalis in Siberië besig was nie. Van 2016 tot 2018 het sy Siberië agt keer besoek. Sy het tolke as gidse gebruik. Sy het by klavierstemmers uitgevind waar klaviere is en hiervoor ook in verbinding met plaaslike uitsaaikanale en koerante getree. Hierdie onderneming moes ongetwyfeld baie geld gekos het.

    Siberië omvat driekwart (12 050 000 vierkante kilometer) van die Russiese grondgebied, maar het slegs 40 miljoen inwoners. Suid-Afrika, wat 1 222 081 vierkante kilometer beslaan, het ‘n baie groter bevolking. Die naam Siberië is moontlik van die Tartar-woord sibir afgelei, wat “the sleeping land” beteken (544). Dit strek van die Oeralgebergte in die weste tot aan die Stille Oseaan in die ooste. Roberts het ook die eilande aan die Siberiese ooskus besoek: Sakhalin en die Kommandeur- en Koerile-eilande. Van ‘n inwoner word gesê: “Music – it is all that beautifies her life during long, long Sakhalin winter evenings … Disciplined classical music is her only happiness” (2126).

    Roberts het hierdie eilande in die somer besoek (2144, 4315) omdat die See van Okhotsk sewe maande van die jaar bevrore is (3141). Die res van Siberië het sy in die winter deurreis omdat sy allergies vir muskietsteke is (496). “In summer … Siberia turned into a mire of mud covered with mosquitoes” (1300; ook 2167, 2248). Weens sy geografiese ligging is Siberië oorwegend toendragebied, dus sonder bome omdat die grond permanent gevries is. Roberts wou graag die Sewernaja Zemlja-eilande in die Noordelike Yssee verken, maar die Russiese owerheid het om sekuriteitsredes toegang aan haar geweier (4712).

    Die outeur het ook Harbin, die tuiste van die oudste Chinese simfonie-orkes, in die noordooste van China besoek. Die indrukwekkende moderne operagebou (kyk “Harbin,” Wikipedia) lyk heeltemal anders as die stereotiepe beeld van Chinese argitektuur. Harbin was ‘n oorwegend Russiese stad toe die spoorlyn gebou is wat aansluiting by die Russiese Trans-Siberiese spoorwegstelsel vind. “It seemed strange to me that in a country which now counted piano talent as one of its most important cultural exports, there was only negligible evidence of the wonderful old Russian artists who did so much to turn the Chinese ear to piano music” (2865). “It was as if there was no past before Mao” (2877) – soortgelyk aan ons eie kommunistiese regime wat voorgee dat ons eintlike geskiedenis, ons ná-koloniale-era, in 1994 begin het.

    Siberië word met straf- of arbeidskampe (Gulag) geassosieer. Lenin het daarmee in 1918 begin (4791). Lank voor dit het die gewoonte posgevat om veral om politieke redes Russe na Siberië te verband. Byvoorbeeld, in 1825 “the Decembrist Uprising [in St Petersburg] results in the exile of more than a hundred high-profile Russian aristocrats and gentlemen revolutionaries to Siberia” (4756). Sint Petersburg het ook as Petrograd (1914-1924) en Leningrad (1924-1991) bekend gestaan. In die Petrograd-era het ‘n Amerikaanse joernalis John Reed na “the meltdown of [Russian] civil society” verwys. “He wrote about electricity shortages, robberies … and servant problems” (2311). Dit is dinge wat ons daagliks in die nuwe Suid-Afrika beleef.

    “From 1801 to 1917, more than a million subjects were banished to Siberia under the Tsarist penal exile system. From 1929 to 1953, 2 749 163 forced labourers died in the Soviet Gulag” (479). Alexander Solzhenitsyn (1918-2008) se boek, The Gulag Archipelago (1973), is op eerstehandse ondervinding gebaseer, byvoorbeeld: “To ‘play the piano’ meant having your fingerprints taken when you first arrived in camp” (620).

    Siberië is egter baie meer en baie beter as bloot die goelag. Dieselfde geld vir Suid-Afrika tydens apartheid. “Many … migrants … ventured into Siberia for the taste of freedom – to live far from the reach of the Tsar and the moral reprimands of the Russian Orthodox Church” (1589). Deesdae trek Siberië ook immigrante uit ander lande. Daardie groot geografiese gebied kan nie sonder meer as hel op aarde beskryf of as “a godforsaken place” (2244) afgemaak word nie. Dit is net so min waar van Suid-Afrika tydens apartheid toe die regering groot moeite ondervind het om hordes swartes buite te hou wat hulle onwettig in die land wou vestig

    Die geskiedenis van klaviere in Rusland het in 1774 begin (633) toe die Duitsgebore Katherina die Grote (1729-1796, keiserin 1762-1796) ‘n klavier bestel het wat in Londen gemaak is (4743), onder meer omdat sy aan Wes-Europese kultuur verknog was (638). “Catherine the Great … helped turn Russia into a European musical nation” (1063), maar “[she] claimed her musical ear was deaf as a post. ‘It’s just noise to me’, she wrote wryly to a friend, with one account claiming she was assigned court musicians to tell her when to clap” (1131). “She acquired an affection for opera, and opened a theater where it could be performed in the Hermitage [a major art museum in St Peterburg]” (1153).

    Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Katherina se klavier vir veilige bewaring na Novosibirsk, “the de facto capital of Siberia” (3354), gestuur (3407). “Catherine’s 1774 piano anglais, its decorative cabinetry as pretty as a Fabergé egg, now stands behind red rope in Pavlovsk, an eighteenth-century Tasarist pleasure palace outside St Petersburg which functioned as one of Russia’s most important centers of musical life” (677). Dit is ‘n vierkantige klavier wat deur die Duitser, Johannes (Johann Christoph) Zumpe (1726-1790), in Londen vervaardig is. “European culture thrived in St Petersburg, even if the deeper questions surfacing in Western Europe – in books by, for example, Jean-Jacques Rousseau [1712-1778], the philosopher whose theories about the pursuit of individual liberty and the natural equality of men inspired a generation of Romantics – had no place in the Russian court” (642).

    Teen 1830 kon gesê word “the piano resembles the modern instrument we play today” (4760). “A home-grown piano-making industry began to take off in Moscow and St Peterburg” (1214). Dit is veral Duitse klaviervervaardigers wat hulle in Rusland gevestig het. “By 1810, six Western entrepreneurs had set up piano workshops in Russia, [later] including a St Petersburg factory founded [in 1841] by the Bavarian-born maker Jacob Becker. This single workshop built more than eleven thousand pianos before the century was out” (1249). Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die produksie tot stilstand gekom (2325). Jacob Becker, “the Russian Steinway” (3861), het regop- en vleuelklaviere vervaardig maar moet nie met Becker Brothers, wat klaviere in New York City gemaak het (1892-1940), verwar word nie. “After the 1917 Russian Revolution, the [Jacob] Becker factory became state property, and was renamed Red October” (1263). “The Red October factory closed in 2004” (1267). Roberts het Becker- en Red October-klaviere tot in die verste uithoeke van Siberië opgespoor, bv in Kamchatka (3233, 3236). Ralph Waldo Emerson (1803-1882) het met verwysing na Amerika opgemerk: “‘Tis wonderful how soon a piano gets into a log-hut on the frontier” (3880).

    Die opening van die Konservatorium in St Petersburg in 1862 het die begin van die era van professionele Russiese musici ingelui (4768). Hoewel die grammofoon in 1877 uitgevind is, sou dit eers in die 1910’s begin om die klavier as die hoofbron van musiek in huise te verdring (4773). In 1908 “Henry Ford introduces the Model T motor car. In the West, it won’t be long before the car overtakes the piano as a show of status” (4783; ook 2099). In my motorhuis is daar ‘n prestigelose Ford (‘n Fiesta, nie ‘n Mustang nie) en nie ‘n Porsche nie. Ek kan dus maar noem dat, danksy my skoonpa, daar ‘n Duitse regopklavier, ‘n Carl Ecke, in my woonstel staan. Russiese klaviervervaardiging het van 1953 tot 1970 sy hoogtepunt bereik (4796). Dit is veral sulke klaviere wat Roberts van 2016 af twee jaar lank in Siberië opgespoor het. Teen 1969 kon gesê word: “Japan now manufactures more pianos than any other country” (4801). Toe Roberts in 2016/18 in Siberië was “the last of Russia’s piano factories had closed” (1267).

    Roberts skryf: “In the summer of 2015, I encountered Russia’s piano history for the first time” (806). Die aanleiding vir die boek was ‘n besoek wat Roberts in 2016 aan die Orkhon-vallei, by Karakorum in Mongolië, ‘n land suid van Siberië, gebring het. Sy het by ‘n welgestelde Duitse rolprentvervaardiger, Franz-Christoph Giercke, in sy ger (‘n nomadiese tent van seil en hout) tuisgegaan. Daar het sy ‘n Boeddhistiese pianis van Siberiese oorsprong, Odgerel Sampilnorov, ontmoet wat ‘n klavier nodig gehad het om reg aan haar uitsonderlike musiektalent te laat geskied (821), soos vir uitvoerings van Johann Sebastiaan Bach se komposisies (825) – “in the Orkhon Valley in summer, and at her home in Ulaanbaatar [the Mongolian capital] in winter” (851). Odgerel sê: “Bach taught me how to breathe” (1581). Bach se komposisies is gewild by Russiese pianiste. Op Vera Lotar-Shevchenko se graf in Akademgorodok staan: “Life in which there is Bach is blessed” (3696).

    “Odgerel studied for nine years at a conservatory in Perugia, Italy” (828). “She gave recitals on Giercke’s Yamaha baby grand” (832). “She could play all the key piano pieces of the eighteenth, nineteenth and twentieth centuries” (828). Giercke het in 2016 in Roberts se oor gefluister: “We must find her one of the lost pianos of Siberia!” (839) – vandaar die boektitel. Met die rolprentvervaardiger se finansiële ondersteuning (869) het Roberts onderneem om ‘n geskikte klavier in Siberië te gaan soek. Ná verloop van twee jaar is die klavier in Mongolië afgelewer. Roberts kon nie saam met die klavier van Siberië na Mongolië reis nie omdat die Russiese owerheid nie haar visum wou hernu nie (4716).

    Die klavier, wat Roberts in Novosibirsk opgespoor het, is “a 1930s Grotrian-Steinweg … a German piano” (3486; ook 3540), “one of the best uprights ever made” (4618), ‘n toonbeeld van “the superiority of German engineering” (3551). Dit is die klavier wat Vasily Lomatchenko, bogenoemde Kostya se pa, in 1962 gekoop het met ‘n kwart van die geld wat hy ontvang het toe hy sy huis verkoop het, “in the belief that a cultured life would change the family’s fortunes” (3528). Roberts het nie geweet daar bestaan ‘n plek soos Novosibirsk toe sy in 2015 oor klaviermusiek begin lees het nie (515).

    Dit was nodig om hierdie klavier drie maande lank in Novosibirsk te restoreer voordat dit in Mei 2018 per pad op ‘n sleepwa, getrek met ‘n vragmotor, na Mongolië vervoer is. Giercke en Roberts het met die oog op die restourasie die nodige onderdele uit Duitsland bestel, asook “a system to stabilize humidity in order to protect the piano in the dry air of Mongolia” (4622). In Rusland is daar baie streng regulasies oor die uitvoer van waardevolle items soos klaviere. Hulle is ook nie toegelaat om die grenspos by Kosh-Agach te gebruik nie. Die klavier moes via Kiakhta, die enigste ander grenspos wat daar tussen die twee lande bestaan, vervoer word. Dit het ‘n 2 000 myl lange tog genoodsaak wat 8 dae in beslag geneem het (4632).

    Terwyl Odgerel haar Grotrian-Steinweg-klavier bespeel het, “it was as if she were revealing the singing heart of the instrument” (4686). Roberts het tot die gevolgtrekking gekom “that people basically want the same thing: harmony, beauty, continuity” (4657). Dit is ‘n Europese perspektief. Roberts ken nie Afrika nie. Hier vind ‘n mens chaos in oormaat, baie wat lelik is en ‘n voorliefde vir revolusies.

    Wat Roberts ontdek het, is dat daar hoë Westerse kultuur in Siberië is. “Tens of thousands of uprights were distributed into small towns, with piano factories even opening in Siberia, in Tyumen and Vladivostok” (1263; ook 788). “There is an ubandance of beautiful grand pianos in a bitterly cold town called Mirny – a fifties Soviet settlement enriched by the largest open-cast diamond mine in the world – and more than fifty Steinway pianos in a school for gifted children in Khanty-Mansiysk at the heart of Western Siberia’s oil fields. Such extravagances, however, are few and far between. What is more remarkable are the pianos dating from the boom years of the Empire’s nineteenth-century pianomania. Lost symbols of Western culture in an Asiatic realm, these instruments arrived in Siberia carrying the melodies of Europe’s musical salons a long way from the cultural context of their birth … The fact they survive stands as testimony to the human spirit’s need for solace. ‘Truly, there would be reason to go mad if it were not for music,’ said the Russian pianist and composer Pyotr Tchaikovsky [1840-1893]” (625). “Music was a way to keep the people’s spirits up” (3309).

    Vir Roberts was daar ook teleurstellings, byvoorbeeld waar myne gesluit en baie van die inwoners weggetrek het. In die verre noordooste, “in Kadykchan [Kolyma], the only remnants of music were broken pianos in a practice room in the town’s abandoned school, the instruments’ innards strewn about the floor” (3278). “In a garage there was an upright piano stored with rotting rubber gas masks; another in a disused cinema; and an ill-sounding Red October … in a music school” (3289). Haar troos is die Grotrian-Steinweg-klavier: “[It is] the only piano of its kind in Mongolia … [It] continues to sing with one of the most beautiful voices I ever heard in the two years of searching” (4679).

    Daar is diegene wat ‘n Siberië onafhanklik van Wes-Rusland begeer (1672 – kyk “Siberian Republic,” Wikipedia). In Rusland is daar baie gebiede wat in wisselende mate outonomie geniet, soos die Joodse Outonome Oblast in Siberië, met Birobidzhan as die administratiewe sentrum. Roberts verwys hierna (4581). Ek het voorheen daaroor geskryf (Praag 8.01.2017). Die outeur van die Kongo-roman, Heart of darkness (1899 – Praag 27.04.2019), die Pool Joseph Conrad (1857-1924), het nasionalisme in sy moederland as “not so much alive as surviving” gekarakteriseer (1820). Dit is myns insiens ook die geval met Afrikanernasionalisme.

    Sedert 1994 voel dit vir my asof Afrikaners kultureel nie meer plase besit nie; selfs nie eens huise met tuine nie. Ons word kultureel tot klein woonstelletjies ingeperk en spreekwoordelik toegelaat om net ‘n paar potplante op ons balkonne te hê. Dit is dan wanneer die uitgestrekte en dun bevolkte Siberië met sy etniese minderheidsgroepe en relatiewe outonomie na ‘n aantreklike opsie vir die vestiging van ‘n Afrikanertuisland begin lyk. In Siberië kan daar plekke wees wat minder onherbergsaam as Pategonië is.

  • Leon Lemmer: Oor Het Jan Marais Nationale Fonds en die Universiteit Stellenbosch

    Leon Lemmer: Oor Het Jan Marais Nationale Fonds en die Universiteit Stellenbosch

    Onlangs is ‘n verslag gepubliseer van ‘n onderhoud wat Murray La Vita met Erna Meaker gevoer het (Netwerk24, 21.10.2020). Meaker is die nuwe voorsitster van die trustees van Het Jan Marais Nationale Fonds (HJMNF). Soos deesdae by universiteitsrade word daar geredeneer dat die voorsitter (verkieslik) ‘n beleggingskundige moet wees. Die wese van ‘n universiteit en van HJMNF word daarmee tot dié van ‘n sake-onderneming gereduseer. In werklikheid is dit in albei gevalle wenslik – en in die hedendaagse Suid-Afrika noodsaaklik – dat die voorsitter verskynsels soos kultuur, politiek, ideologie en propaganda grondig moet verstaan. Wanneer dit nie die geval is nie, soos tans by twee Stellenboschse instansies, HJMNF en die Universiteit Stellenbosch (US), raak hulle die spoor byster.

    Meaker noem dat haar man, Paul, ‘n kleinseun van Paul Sauer is. Haar pa, Dirk Hertzog, het saam met Anton Rupert die Rembrandt-groep gestig. Die Afrikaanse taalstryder, JHH de Waal, was haar ma se broer. Haar oupa was die oudste broer van JBM Hertzog. Daar is ook ‘n familieverwantskap met (Onze) Jan Hendrik Hofmeyr. Met Meaker se afkoms is daar nie fout te vind nie. Haar en haar man se voorgeslag was behoudende Afrikaners en dus pro-Afrikaans. Maar sy noem dat haar broer, Edwin Hertzog, die medestigter van MediClinic is. As voorsitter van die US-raad het hy myns insiens sy afkoms versaak en ‘n leidende rol in die verengelsing van die universiteit gespeel.

    Soos die mode by Afrikaansinstansies en heeltemal te veel Afrikaanssprekendes geword het, is Meaker nie bereid om vir Afrikaans te baklei of veg nie; blykbaar selfs ook nie om haar daadwerklik (of militant) vir Afrikaans te beywer nie. Afrikaans moet glo nie in mense se kele afgedruk word nie, al is dit presies wat die ANC-regime doen en ook Wim de Villiers aan die US. Meaker toon dat sy eintlik glad nie afdoende begrip het vir die benarde situasie waarin Afrikaans verkeer nie. Dit maak haar, om dit sag te stel, minder geskik om as ‘n HJMNF-trustee te dien, om van die voorsitterskap nie te praat nie.

    ‘n Onomstootlike vereiste waaraan ‘n HJMNF-trustee moet voldoen, is dat hy/sy die wil van Johannes (Jan/Jannie) Henoch Marais (1850-1915) so getrou moontlik moet uitvoer. Jan Marais het die aanvangskapitaal van £40 000 vir HJMNF bemaak. Hy het ook £100 000 vir Het Jan Marais Fonds (HJMF) nagelaat, wat in 1918 die stigting van die US moontlik gemaak het. Marais was ‘n ondersteuner van JBM Hertzog. Albei was onmiskenbaar sterk pro-Afrikaner en pro-Afrikaans. Ná sy dood is Marais in De Kerkbode ‘n “Afrikaander van den ouden, echten stempel” genoem. Dit is die twee ononderhandelbare vereistes waaraan iedere voorsitter en trustee van sowel HJMNF as HJMF moet voldoen: onmiskenbaar Afrikaner en Afrikaans.

    La Vita het die onderhoud met Meaker in haar hoedanigheid as die nuwe HJMNF-voorsitster gevoer. Sy het die feit opgehaal dat Edwin Hertzog haar broer is. In die konteks van die onderhoud was dit noodsaaklik dat sy haar baie duidelik van haar broer se ondersteuning van die verengelsing van die US moes gedistansieer het. Onderaan die artikel het ek op Netwerk24 soos volg gereageer: “Erna Meaker se broer, Edwin Hertzog, het ‘n leidende rol in die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch gespeel. Volgens Pieter Kapp se boek, Maties en Afrikaans (2013), was Hertzog se standpunt dat Afrikaans ‘nie die voorwaarde vir die voortbestaan van die US [is] nie’ (bl 114) en dat die stigtingsbeginsel van Jan Marais dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US moet inneem nie, ‘nie van bepalende belang [is] nie’ (bl 164).” Met ander woorde, Edwin Hertzog het hom aangematig om Marais se stigtingsvoorwaarde vir die US te minag. Dit is ‘n standpunt wat iedere HJMNF- en HJMF-trustee as absoluut onaanvaarbaar en oneties moet verwerp. Maar Meaker het dit nie in die onderhoud gedoen nie.

    Billikheidshalwe moet ek noem dat Meaker in hierdie opsig ‘n tradisie voortsit wat ongelukkig in onlangse jare by HJMNF wortel geskied het. Haar voorganger as voorsitter was Niel Krige, ‘n US-dosent, en vóór hom Andreas van Wyk (US-rektor 1993-2001). By geleentheid het ek met Van Wyk op LitNet swaarde gekruis omdat hy my verkwalik het toe ek vir Wim de Villiers oor sy voorkeur vir Engels gekritiseer het. Christo Viljoen (US-viserektor 1993-1998) was baie meer uitgesproke as Van Wyk in sy kritiek op De Villiers. As oudrektor het Van Wyk vir De Villiers as rektor skynbaar te veel gerespekteer, al moes hy in sy hoedanigheid as HJMNF-voorsitter dit glad nie gedoen het nie.

    Waarvoor Van Wyk nie genoeg begrip toon nie, is die kardinale fout wat die US tydens sy ampstermyn as rektor gemaak het toe Engels naas Afrikaans as onderrigtaal gevestig is. Dit was heeltemal onnodig om dit ten behoewe van blanke studente te doen. Dit was ook absoluut ongewens om Engels as onderrigtaal uit te bou om soveel moontlik nieblanke studente te trek. Dit is nie om akademiese redes gedoen nie maar om die ANC-regime ter wille te wees. Dit het as direkte gevolg gehad dat die US sedertdien al hoe meer verengels en verswart het. Deur die wêreldtaal Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, bring op die lange duur noodwendig die verswelging van Afrikaans mee. Dit is wat aan al die eens Afrikaanse en (latere) tweetalige plaaslike universiteite gebeur het. Dit is ook wat aan al die plaaslike Afrikaanse skole gebeur as hulle Engels as onderrigmedium toelaat.

    Suiwer akademies-wetenskaplik is daar geen afdoende rede in die hemel of op die aarde waarom die US nie met ‘n enkele onderrigtaal, naamlik Afrikaans, kon voortgaan nie. In sy aanvangsdekades was dit vir die US ‘n stryd om Engels met Afrikaans as onderrigmedium te vervang omdat twee onderrigtale talle probleme in die praktyk veroorsaak. Die meeste universiteite het net een onderrigtaal. As ‘n student aan ‘n universiteit wil studeer, moet hy by daardie onderrigtaal aanpas. Daar behoort nie van die universiteit verwag te word om by die student se voorkeurtaal aan te pas nie. Die (swart) studente wat die ANC-regime vir onderrig in geneeskunde na Kuba stuur, word verplig om in Spaans te studeer, al is Spaans (feitlik) van nul en gener waarde in Suid-Afrika. Sulke studente behoort eerder verplig te word om Afrikaans magtig te word omdat dit ‘n nuttige kommunikasiemiddel in Suid-Afrika is. Dit is baie goedkoper om in Afrikaans in Suid-Afrika te studeer as in Spaans in Kuba.

    Die slinkse ANC-regime subsidieer net een onderrigtaal aan ‘n universiteit. Deur Engels naas Afrikaans as onderrigtaal in te voer, het die US homself in ‘n kryptangsituasie laat beland. Die persepsie het ontstaan – nie sonder rede nie want die ANC-regime is wat hy is – dat Engelsonderrig deur die staat gesubsidieer word en dat die US self fondse vir Afrikaansonderrig moes vind. Dit het die misleide Willie Esterhuyse in 2007 genoop om “die ryk Afrikaners [te] veroordeel omdat hulle nie geld vir onderrig deur Afrikaans wou voorsien nie” (Kapp bl 158). Op sy kenmerkende manier soek Esterhuyse die fout by Afrikaners en nie by die ANC-regime nie. Daar behoort eerder geredeneer te word dat Afrikaans die US-onderrigmedium is wat van owerheidsweë gesubsidieer behoort te word en nie Engels nie.

    Die ampstermyne van Chris Brink (2002-2007), Russel Botman (2007-2014) en Wim de Villiers as US-rektor is deur toenemende en versnelde verengelsing gekenmerk. Reeds in 2002 het HJMNF-trustees dit oorweeg om steun aan die US in te kort omdat Brink die US-onderrigtaal ondergeskik aan sy diversiteitsbeleid, oftewel transformasie, gemaak het. Teen 2004 het HJMNF sy naam gestand gedoen toe besluit is om sy bevordering van Afrikaansbelange oor die land as geheel te versprei. Minder geld sou dus voortaan na die US gekanaliseer word.

    Wim de Villiers het op 1 April 2015 sy dienstermyn begin. 30 Mei 2015 was die honderste herdenking van die dood van Jan Marais. Die US het amptelik niks gedoen om erkenning hieraan te gee nie. Dit is aan HJMNF oorgelaat om ‘n kranslegging by Marais se graf te doen en ‘n huldigingsbyeenkoms in Marais se eertydse huis by Coetzenburg te hou. By daardie geleentheid is eksemplare van Pieter Kapp se pragboek, Nalatenskap sonder einde: Die verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers,(2015, 216p – Praag 25.11.2015) aan die genooide gaste uitgedeel. Dit was uitsluitlik ‘n HJMNF-inisiatief. Die US het amptelik niks in hierdie verband gereël nie.

    Op 12 November 2015 het De Villiers sy voorstel vir die verengelsing van die US uitsluitlik in Engels aan die US-senaatslede gestuur. George Steyn, wat sedert 2012 die voorsitter van die US-raad is, het hom aanvanklik (in ‘n mate) teen De Villiers se verengelsingsinisiatiewe verset. Daar was meer onlangs ook tekens van wrywing tussen Steyn en De Villiers oor die aanwysing van Edwin Cameron as US-kanselier. As gay- en vigsaktivis en ANC-kameraad kan Cameron myns insiens kwalik as ‘n geskikte rolmodel vir (alle) studente beskou word. De Villiers smeek eintlik om kortgevat te word, maar die US-raadslede is oorwegend ANC-gesind, onder meer omdat die getal raadslede wat deur die minister van hoër onderwys aangewys word tydens De Villiers se ampstermyn van drie tot die maksimum van vyf (as ek reg onthou) vermeerder is. Daardie minister is Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die US-raadsamestelling verduidelik (dalk) ook waarom De Villiers se ampstermyn as rektor sonder meer vir ‘n verdere vyf jaar verleng is. By De Villiers se uittrede op 31 Maart 2025 sal Afrikaans hoogswaarskynlik glad nie meer as ‘n US-onderrigtaal bestaan nie. Marais se hoop op ‘n kosbate Afrikaner- en Afrikaansnalatenskap aan die US sou dan volledig vernietig wees. Dit is kwalik moontlik om te glo in watter mate Suid-Afrika en daarmee saam die US sedert 1994 ontaard het.

    Die mate waarin die De Villiers-US die US-stigtingskenker geminag, het nie net in 2015 duidelik geblyk nie, maar selfs in groter mate tydens die US-eeufees in 2018. De Villiers het, sover bekend, hom toe nooit eens verwerdig om Marais se uitdruklike stigtingsvoorwaarde, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, in die openbaar te noem nie. Ek verkwalik HJMNF-trustees dat daar van hulle kant in die openbaar geen luide beswaar teen De Villiers se swye opgeklink het nie. Dit is ‘n onverteerbare onreg wat die De Villiers-US die Marais-nalatenskap aangedoen het. Waarmee die US, wat Afrikaans betref, veral sedert 2002 besig is, is fundamenteel oneties. Elizabeth Marais (1867-1953), Jan Marais se eggenote, was ná sy dood bykans vier dekades lank intens meelewend by die US betrokke. In minder as ‘n halfeeu ná haar dood het drie US-rektore van 2002 af agtereenvolgend gepoog om Jan Marais se Afrikaans- en Afrikanernalatenskap te vernietig. Sulke gedrag dui op baie dik ANC-gedienstige velle. Tydens Marais se begrafnis is by sy graf gesê: “Stellenbosch zou haar rechterhand moeten vergeten als het vergeten zou wat Jan Marais voor haar was.”

    Sedert die dood van Jan Marais is dit die dure plig van HJMNF-trustees om volgens sy wense namens hom te praat en te handel omdat hy dit nie meer self kan doen nie. Hulle (relatiewe) onaktiwiteit in hierdie opsig, hulle onwilligheid om (kompromisloos) vir Afrikaans te veg, het nie by Meaker begin nie. Dit kom al ‘n lang pad. Dit is onverskoonbaar. Deel van die probleem is dat mense wat US-personeellede was of is, as trustees aangestel word. Veral sedert 1994 beteken dit dat so ‘n trustee twee here met uiteenlopende belange probeer dien – een wat al hoe meer Engels- en die ander wat Afrikaansgeoriënteerd is. Dit is onmoontlik om aan die wense van sowel Wim de Villiers as Jan Marais te voldoen. Die oplossing is dat besluit moet word dat geen trustee voortaan ‘n US-personeellid mag wees nie. HJMNF moet heeltemal onafhanklik van die US hervestig word.

    Dieselfde behoort met die ander Marais-fonds, Het Jan Marais Fonds (HJMF), te gebeur. Volgens Marais se voorskrifte moet HJMF nege en HJMNF ses trustees hê. Aanvanklik was daar ‘n groot mate van oorvleueling; dus dat trustees van die een ook trustees van die ander fonds was. Mettertyd het HJMF heeltemal in die US-administrasie versand geraak en uit die openbare oog verdwyn. Oor die HJMF skryf Pieter Kapp in sy boek oor Jan Marais: “Die fonds het sy onafhanklikheid van die US afgestaan en sy rekening by Nedbank gesluit en dit na die US se interne rekening oorgeplaas” (bl 175). Kapp kon nie vasstel wie toe HJMF-voorsitter was nie, om van wie die ander agt trustees was nie te praat nie.

    In die lig van die minagting wat Marais deesdae in US-geledere te beurt val, is dit (hoogs) onwaarskynlik dat die US steeds HJMF volgens Marais se voorskrifte bestuur en administreer. Hoe vollediger die verengelsing, des te minder die reg van die US om finansiële voordeel uit HJMF te trek. Dit is myns insiens die dure plig van HJMNF-trustees om HJMF uit die kloue van die US te bevry en sorg te dra dat dit heeltemal vry van US-beïnvloeding bestuur en geadministreer word. Dit is onwaarskynlik dat die US sy Marais- neseier vrywillig sal afstaan. Dan behoort HJMNF-trustees die moed van hulle oortuiging te hê om met regsoptrede HJMF heeltemal onafhanklikvan die US te maak. Dit verg bereidwilligheid om te baklei vir wat reg is; iets waarvoor Meaker klaarblyklik nie kans sien nie.

    Die US het uit die Victoria Kollege ontstaan. In die eerste helfte van die vorige eeu het die US die moeisame pad van ‘n oorwegend Engelse na ‘n Afrikaanse inrigting geloop. In die nuwe Suid-Afrika het die US terugwaarts beweeg en doelbewus direk teen die wense van Jan Marais in ‘n oorwegend Engelse inrigting geword. By die huidige US-bewind weeg die wense van die ANC-regime swaarder as dié van Marais. Maar dit is (ten minste teoreties) moontlik om die US te hertransformeer deur te herhaal wat voorheen vermag is; dus om die US van sy huidige oorwegend Engelse opset te hervorm totdat dit weer ‘n oorwegend – verkieslik uitsluitlik – Afrikaanse inrigting word. Wanneer dit bewerkstellig is, kan die twee Marais-fondse hulle verbintenis, ooreenkomstig die wens van Jan Marais, met die US hernu. In die voorsienbare toekoms behoort die Marais-fondse hulle egter baie duidelik van die US te distansieer. Dit is immers wat Jan Marais (ongetwyfeld) sou gedoen het.

    Michael le Cordeur is sedert 2012 ‘n HJMNF-trustee. Hy sorg dat hierdie trustees op diversiteit of multikulturaliteit aanspraak kan maak. Daar is drie redes waarom Le Cordeur nie ‘n trustee moet wees nie: Hy is nie pro-Afrikaner en pro-Afrikaans nie (wel pro-Kaaps) en hy is ‘n US-dosent. Weens die hedendaagse ontaarding van Afrikaansinstansies het Le Cordeur al as raads- of direksielid of trustee in die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalraad (ATR) gedien. Hy was selfs die ATR-voorsitter en die onder-voorsitter van Rachel’s Angels, waar net nieblankes engelstatus kan verwerf. In die nuwe Suid-Afrika is dit ‘n oorbekende situasie: Geen instansie mag eksklusief blank wees en op grond van ras of kleur diskrimineer nie. Maar eksklusief nieblanke of swart instansies, wat blatant teen blankes diskrimineer, word onder die vaandel van “regstelling” of transformasie as heeltemal in orde beskou. Dink in hierdie verband ook aan die DAK (Doman, Autshumao, Krotoa) -netwerk. As uitgesproke ANC-kameraad het Le Cordeur geen probleem hiermee nie.

    Oor die ontaarding van Afrikaansinstansies het ek al dikwels geskryf. Ontaarding is al dermate die geval dat talle van hulle, soos die SBA, ATKV, ATR en DAK, weens hulle verknogtheid aan en vertroeteling van Engelsbesoedelde Kaaps en hulle afwysing, of ten minste skeptisisme, oor Standaardafrikaans, in werklikheid die ondergang van Afrikaans bevorder. Sedert die diensaanvaarding in Junie 2016 van ‘n ANC-aktivis, Michael Jonas, as die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), geld dit ook in buitensporige mate vir die ATM. In hierdie twee tradisioneel Afrikaanse heiligdomme in die Paarl het sowel Afrikaans as die blanke personeellede bedreigde spesies geword. Hierdie situasie het die blanke museumkuratrise, Chantelle de Kock, onlangs genoop om oor die inwyding van die Taalmonument in 1975 te beweer dat “die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te woon nie” – volgens Izak de Vries se verslag (LitNet, 13.10.2020). Le Cordeur het voorheen (doelbewus) valslik beweer dat hy nie toegelaat is om die monument-inwyding by te woon nie.

    Op De Kock se bewering het ek op 13 Oktober soos volg gereageer: “Chantelle de Kock, die kurator van die Afrikaans Museum, beweer ‘dat die opening van die Taalmonument 45 jaar gelede omstrede was omdat die meeste sprekers van Afrikaans nie toegelaat is om dit by te nie.’ Dit is inderdaad so dat die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes, wit en bruin, nie by daardie gebeurtenis teenwoordig was nie. Maar wat sy waarskynlik bedoel, is dat bruin mense nie by die opening toegelaat is nie. Dit word egter weerspreek in ‘Die Afrikaanse Taalmonument: Van konsep tot gestalte,’ ‘n publikasie wat op die ATM-webwerf beskikbaar is. ‘Verskeie bruin skrywers en verteenwoordigers van ander sektore van die bruin gemeenskap [is] genooi en ‘n beduidende aantal van hulle, asook groot getalle bruin skoolkinders, het die verrigtinge bygewoon’ (bladsy 8).” As skoolkind kon Le Cordeur dus, as hy wou, die gebeure eerstehands ervaar het.

    Op 15 Oktober het Leopold Scholtz soos volg op De Kock se bewering gereageer: “As ek reg onthou, was daar wel deeglik ‘n kleinerige groep Afrikaanse bruin mense by die opening van die Taalmuseum* teenwoordig.” Scholtz het dit nodig gevind om ter wille van die waarheid te reageer omdat my bostaande kommentaar aanvanklik teruggehou is en eers na verloop van sowat ‘n week gepubliseer is. By LitNet is dit geykte praktyk om lesersreaksies voor publikasie te “modereer”. Dit kan die weiering van publikasie insluit. ‘n Mindere vorm van sensurering is om kommentaar waarvan LitNet nie hou nie, dae lank terug te hou en dan by die oorspronklike datum te publiseer. Sulke kommentaar word dan min gelees omdat baie LitNet-lesers net van die jongste lesersreaksies kennis neem.

    [* Die monument teen Paarlberg en die museum in Pastorielaan in die Paarl is op dieselfde dag, 10 Oktober 1975, ingewy.]

    Ek vra my af: Waarom is Scholtz se kommentaar dadelik gepubliseer en myne, wat wesenlik dieselfde sê, word dae lank teruggehou? Kan dit geregverdig word as ‘n meningsforum, soos LitNet, wegskram van die waarheid? Des te meer as onthou word dat LitNet destyds geloods is met die voorneme dat sensuur vir hom uit die bose sou wees. In die huidige geestesklimaat kan sensuur die heil van Afrikaans en die beeld van Afrikaners ernstig benadeel. Dit is byvoorbeeld heeltemal moontlik dat die ATM-opset tans sodanig is dat die webwerfpublikasie waarna ek hierbo verwys, onttrek of aangepas kan word. Dit sou ‘n vervalsing van die geskiedenis wees.

    Ek kom reeds ‘n baie lang pad met LitNet maar sy sensuurbeleid, wat sekerlik periodiek verander, kon ek nog nooit deurgrond nie. Op dieselfde dag, 13 Oktober, toe ek bogenoemde kommentaar oor die De Kock-uitlating geskryf het, het ek in ‘n ander reaksie veel meer fundamentele kritiek op die ATM uitgespreek. Ek het verwag dat my teks moontlik deur LitNet teruggehou of geweier sou word, maar tot my verbasing is dit dadelik gepubliseer. Dit gee ‘n (realistiese) beeld van die toestand waarin die ATM verval het maar wat skynbaar geen kommer hoegenaamd by ander Afrikaansinstansies wek nie. My kommentaar op De Vries se artikel lui soos volg:

    “Daar word beweer dat die ATM-raad van agt lede verteenwoordigend van Afrikaanssprekendes is. Maar daar dien net een of twee wit mense in hierdie raad. Is dit verteenwoordigend? Op die ATM-webwerf is daar ‘n foto van die personeel. Daar is blykbaar net enkele wit mense. Is dit verteenwoordigend? Kyk na die teks en foto’s [in De Vries se artikel] hierbo. Wit mense is die uitsonderings. Is dit naastenby ‘n spieëlbeeld van Afrikaanssprekendes? My indruk is dat wit mense (doelbewus) deur die ATM gemarginaliseer word. Is dit deel van die dekolonisering van Afrikaans waarvan Elvis Saal [die voorsitter van die ATM-raad] melding maak? Is dit taalkundig sinvol om Christo van Rensburg se stelling te herhaal dat Afrikaans ‘n halfeeu voor 1652 ontstaan het, of behoort ons ons eerder af te vra of dit nie (bloot) ‘n uitdrukking van politieke byderwetsheid is nie? Wit mense het ongetwyfeld die grootste bydrae tot Afrikaans gelewer en hulle is sekerlik die lojaalste ondersteuners van Afrikaans. Die artikel hierbo wek ‘n heeltemal ander indruk.” Verwys ook Johannes Comestor se artikel: “Afrikaans: Vind daar onteiening plaas?” (LitNet 25.08.2020).

    LitNet en Rapport is die publikasies wat Kaaps as geradbraakte Afrikaans in die grootste mate bevorder en natuurlik ook Son, wat, anders as sy Engelse eweknie, in die Wikipedia beskryf word as ‘n “mixed Afrikaans-language South African tabloid.” Son is nie op Netwerk24 toeganklik nie. Hopelik dui dit daarop dat Naspers/Media24 hom darem in ‘n mate van Son distansieer. Maar behoort hierdie instansies en almal wat belang by Afrikaans het nie ernstig te besin oor hoe Engelsbesoedelde taalgebruik die toekoms van Afrikaans saboteer nie? Behoort HJMNF ‘n instansie soos die SBA finansieel te ondersteun? HJMNF se skenkings aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is meer sinvol.

    Die mate waarin Le Cordeur en LitNet saamspan om Kaaps te bevorder, blyk byvoorbeeld uit ‘n onlangse artikel deur Le Cordeur: “‘n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum” (LitNet 19.10.2020). Ek het op 22 Oktober die volgende (redelike/gematigde) kommentaar daarop na LitNet gestuur, maar op 1 November was daar nog geen aanduiding dat dit gepubliseer sou word nie.

    “Soos dikwels voorheen is Michael le Cordeur beswaard oor die stigmatisering van Kaaps. Hy beklemtoon graag dat Kaaps ‘n gelykwaardige variëteit van Afrikaans is. Wat hy nie verreken nie, is die groot Engelskomponent in Kaaps. In hierdie opsig is Kaaps nie net sulke goeie Afrikaans soos die ander variëteite nie – veral nie so gesuiwer van onnodige Engels soos Standaardafrikaans nie. Engelsbesoedelde Kaaps stel ‘n slegte voorbeeld wat al hoe meer deur ander Afrikaanssprekers nagevolg word. Die uiteinde kan wees dat Afrikaans as ‘n taal wat duidelik van Engels onderskeibaar is, tot niet gaan. Kaaps kan nie gestandaardiseer en as ‘n skoolonderrigtaal erken word terwyl enige Engelse woord deel van sy woordeskat is nie. Wat nodig is, is dat alle Kaapssprekers en alle ander Afrikaanssprekers aangemoedig word om hulle taal van onnodige Engelsinvloed te suiwer. As in Kaaps op sy nie-Engelse taaleie gekonsentreer word, kan die stigma beëindig, dit makliker gestandaardiseer en ‘n erkende skoolonderrigtaal word. Die voortbestaan van Afrikaans sal dan veel beter gedien word as wat tans die geval is.” Op grond waarvan sou die LitNet-redaksie dink dat lesers teen hierdie opmerkings beskerm moet word?

    Die lakmoestoets vir ‘n Marais-fondstrustee is of hy/sy Jan Marais se wens, dat Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels aan die US mag beklee nie, onderskryf. In hierdie opsig het Le Cordeur homself gediskwalifiseer. Hy het onomwonde verklaar dat die verengelsing van die US by hom “geen hartseer” wek nie (LitNet 13.11.2015). Daar kan geen twyfel wees dat so ‘n houding lynreg teen Jan Marais se wense ingaan nie. Die beginsel wat Marais vir sy befondsing van die US neergelê het, behoort ook vir skole te geld. Net skole wat eentalig of hoofsaaklik Afrikaans is, behoort deur HJMNF finansieel ondersteun te word. Skole behoort vooraf deur HJMNF gewaarsku te word dat sodra Engelsonderrig groter afmetings as Afrikaansonderrig aanneem, sy finansiële ondersteuning beëindig sal word. Op hierdie manier sal die heil van Afrikaans ten beste gedien word.

    Maar ook in hierdie opsig ondermyn Le Cordeur die wense van Marais. In Le Cordeur se boek, Halala Suid-Afrika (2019 – Praag 4.04.2020), is daar ‘n artikel met die opskrif: “Is ons ‘n hindernis vir hulle wat wil leer?” (bl 72-76), wat op 6 Desember 2009 in Rapport gepubliseer is. Daarin verkondig Le Cordeur die ANC-regime se beleid waarvolgens skole rasgeïntegreerd moet wees. Dit beteken in die praktyk onder meer dat skole eentalig Engels maar nie eentalig Afrikaans mag wees nie. Engelse skole sluit glo niemand uit nie terwyl Afrikaans as onderrigtaal glo wel sommige leerlinge, veral swartes, uitsluit.

    Le Cordeur verwys na die Hoërskool Ermelo wat van ‘n uitsluitlik Afrikaanse skool in ‘n tweetalige skool (Afrikaans en Engels) getransformeer is, met as bonus dat dit nou ook swart leerlinge het. Soos hier bo aangetoon, beteken dit dat die Hoërskool Ermelo spoedig/mettertyd oorwegend Engels en swart sal wees. Hierteen het sowel Le Cordeur as sy geliefde ANC geen beswaar nie. Dit is immers ook die pad wat die US en al die eens Afrikaanse universiteite met die seën van Le Cordeur en die ANC-regime loop.

    Aan die begin van hierdie eeu was Le Cordeur ‘n omgangsinspekteur vir skoolonderwys in die Stellenbosch-omgewing. Die Laerskool AF Louw was ‘n eentalige Afrikaanse blanke model C-skool. Le Cordeur het voorgestel dat die skool begin om elke jaar in graad R 40 swart Engelse leerlinge in te neem, wat dan jaarliks na die volgende graad opskuif. Ná agt jaar sou daar agt swart Engelse klasse van graad R tot 7 wees. Teen die einde van 2009 het hy triomfantelik en oordrewe aangekondig: “Die leerlingtal het gestyg van 250 Afrikaanse leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse leerders se Engels het drasties verbeter. En 250 Xhosa-kinders en hulle ouers [!] is nou Afrikaans magtig” (75). Hy noem dit ‘n “wen-wen oplossing” (74).

    Uit die getal leerlinge kan afgelei word dat die skool in 2009 helfte wit (en bruin) en Afrikaans en helfte swart (en bruin) en Engels was. Le Cordeur vind dit wonderlik dat die druk op klaskamerruimte in die Primêre Skool Ikaya in die swart woonbuurt Kayamandi op hierdie manier verlig is. “‘n Slag [is] geslaan vir Suid-Afrika; meer nog vir Afrikaans. Deur konstruktief saam te werk met die owerhede is Afrikaanse onderrig aan AF Louw verseker” (75). Een van die redes wat Le Cordeur vir skooltranformasie aanvoer, is dat “so baie kinders met ‘n leë maag skool toe kom” (73). Hy verduidelik egter nie hoe die verengelsing en verswarting van die Laerskool AF Louw ‘n bydrae lewer om hierdie probleem op te los nie. Desnieteenstaande beweer hy dat almal met hierdie (briljante) voorstel van hom tevrede gestel is; dat almal gelukkig is (76).

    Maar hoe lyk daardie skool deesdae, elf jaar later? Kyk op die skool se webwerf op die internet. Die skool is getransformeer van ‘n eens blanke skool na ‘n skool vir bruin en swart leerlinge. Van graad R tot 7 is daar drie klasse vir elke graad. Op elke vlak is daar een Afrikaanse en twee Engelse klasse. Met ander woorde, binne ‘n dekade het die Afrikaans/Engels-verhouding van helfte-helfte na tweederdes Engels en ‘n derde Afrikaans verander. Het Le Cordeur ‘n slag vir Afrikaans geslaan, soos hy in 2009 beweer het? Het die Le Cordeur/ANC-transformasie Afrikaansonderrig aan daardie skool verseker? Dit is vir my duidelik dat daardie skool dieselfde pad as ander eens Afrikaanse skole en universiteite loop; dat Afrikaans progressief uitgewis word. Dit toon weer eens dat Le Cordeur en die ANC-regime nie met blanke (veral Afrikaner- en Afrikaans-) belange vertrou kan word nie.

    Die Laerskool AF Louw-sage toon nogeens dat Le Cordeur nie ‘n trustee van HJMNF behoort te wees nie. As opvoedkundige tree hy (in groot mate) as hekwagter op wanneer HJMNF oor finansiële ondersteuning aan veral (eens) bruin skole besluit. Omdat die Laerskool AF Louw deesdae oorwegend ‘n Engelse skool is, behoort dit nie (meer) deur HJMNF ondersteun te word nie. Die skole wat tradisioneel bruin en Afrikaans was, verengels baie vinniger as die tradisioneel Afrikaanse blanke skole. Dit is omdat bruines in (baie) groter mate as blanke Afrikaanssprekendes Afrikaansdislojaal is, insluitende die Moslems van byvoorbeeld die Bo-Kaap, wat deesdae polities byderwets maar verkeerdelik as die bakermat van Afrikaans verheerlik word. Die hedendaagse oorwig van Engels aan die Laerskool AF Louw is (waarskynlik) nie bloot aan die toeloop van swart leerlinge te wyte nie maar ook weens bruines wat toenemend verkies om in Engels skool te gaan.

    Een van my medestryders vir Afrikaans het onlangs die volgende gedagte in die midde gelê: Is die bruines steeds die meerderheid Afrikaanssprekendes? Die antwoord hang deels af van of Kaaps as ‘n variëteit van Afrikaans of eerder (en myns insiens tereg) as ‘n tussen- of brouseltaal beskou word. Die punt is dat die stadium in die nie te verre toekoms bereik kan word dat blankes die meerderheid Afrikaanssprekendes sal wees. Juis daarom moet daar jaloers oor die idiomatiese gehalte, die wesenlik nie-Engelse aard, van Afrikaans gewaak word.

    Op 21 Oktober 2020, die dag toe La Vita se onderhoud met Meaker gepubliseer is, het ek soos volg aan HJMNF geskryf: “Geagte mevrou Erna Meaker, Ek skryf na aanleiding van die koerantonderhoud met u wat vandag gepubliseer is. Ek het dit by meer as een geleentheid sonder sukses onder die aandag van u voorganger [Niel Krige] gebring dat dit vir my heeltemal onaanvaarbaar is dat Michael le Cordeur ‘n trustee van die JMNF is omdat hy hom oopenlik ten gunste van die verengelsing van die Universiteit Stellenbosch uitgespreek het. Iemand anders behoort as trustee vir byvoorbeeld kontak met skole vir bruines aangestel te word.”

    Op 28 Oktober 2020 het HJMNF-sekretaresse, Henét de Villiers, soos volg aan my geskryf: “Beste Professor, Dr Michael le Cordeur lewer waardevolle insette as Trustee. Sy e-pos-adres is op die US se webblad. Ek stel voor dat u met hom u argwaan hanteer. Ongelukkig kan/gaan ons nie as tussenganger optree nie.” Argwaan is nogal ‘n groot woord vir ‘n sekretaresse om te gebruik. Agterdog of wantroue word bedoel. Dit is duidelik dat daar by HJMNF skynbaar geen of bloedweinig begrip is vir waaroor dit hier gaan. Dit is juis die Le Cordeur-insette wat met (groot) omsigtigheid benader behoort te word. Dit sou geen sinvolle doel dien as ek my besware privaat onder Le Cordeur se aandag bring nie. Dit is HJMNF-trustees wat standpunt moet inneem. Die bostaande uiteensetting kan hulle hopelik help om oor die rol van HJMNF te herbesin. Dit gaan by uitstek om Jan Marais se wense en die heil van Afrikaans.

    Dit is die dure plig van HJMNF-trustees teenoor Jan Marais om nie, soos die Afrikaansinstansies wat ek hier bo noem, voorkeur aan byderwetse politieke oorwegings bo die belange van Afrikaans en die Afrikanerdom te gee nie. Hoekom voel dit vir my aljimmers asof ek ‘n stem roepende in die woestyn is? Dit is my oortuiging dat wat ek skryf kwalik sonder meer as bog verwerp kan word. Ek put my motivering om met die stryd ten behoewe van Afrikaans en die Afrikanerdom voort te gaan uit die volgende woorde van James Anthony Froude: “Even when a cause is lost utterly, and no rational hope remains, I will still go down, if it had to be so, with my spirit unbroken and my face to the enemy” (Praag 11.07.2020).

  • Leon Lemmer: Afrikaners bestempel as onfatsoenlike mense

    Leon Lemmer: Afrikaners bestempel as onfatsoenlike mense

    Andrew Harding, ‘n Brit, is sedert 1991 ‘n joernalis. Hy het eerstehandse kennis van baie lande, insluitende talle Afrika-lande. In 2009 het hy die BBC News se Afrika-korrespondent geword. Harding woon in Johannesburg. In 2018 is die volgende boek van hom gepubliseer: The mayor of Mogadishu: A story of chaos and redemption in the ruins of Somalia (298p, Kindle $13,79). Onlangs het nog ‘n boek van hom verskyn: These are not gentle people: A true story (Johannesburg: Picador Africa, 2020, 236p; Kindle $13,00). Hierdie boek is die onderwerp van hierdie rubriek. Normaalweg lees ek nie fiksie nie, veral nie speur- of misdaadverhale nie. In die nuwe Suid-Afrika het ons immers met ‘n oordaad misdaad te make. Daar is oorgenoeg berigte oor misdaad in die massa-inligtingsmedia. Hierdie boek is egter nie misdaadfiksie nie. Dit is op werklike gebeure gebaseer, soos in die newetitel aangedui.

    Daar is rede om die BBC ideologies net so min soos die SABC te vertrou. In hierdie verband kan verwys word na die boeke van Robin Aitken, Can we trust the BBC? (2013, 181p; Kindle $14,16) en The noble liar: How and why the BBC distorts the news to promote a liberal agenda (2020, 237p; Kindle $11,49) en David Sedgwick, BBC: Brainwashing Britain? How and why the BBC controls your mind (2018, 395p; Kindle $3,97) en The fake news factory: Tales from BBC-land (2020, 374p; Kindle $6,06). Ideologies is daar ‘n gaping tussen die oortuigings van baie Afrikaners en wat deur die SABC, MultiChoice en Naspers se Media24-publikasies aangebied word. Insgelyks verskil baie luisteraars en kykers in Brittanje en elders in die wêreld met die siening of menings wat deur die BBC versprei word.

    Tydens die blanke bewind in Suid-Afrika het buitelandse joernaliste ‘n slegte reputasie by veral Afrikaners gehad. Hulle het onrus gestook, plaaslike gebeure verwronge – gewoonlik baie slegter as wat hulle was – voorgestel en hulle feitlik deurgaans vir ‘n swart politieke bewind beywer. Nadat diesulkes die land en sy inwoners onberekenbare skade berokken het, het hulle na hulle lande van herkoms verkas. Wat vir buitelandse joernaliste van belang was, was om hulle werkgewers te plesier en gewetenloos hulle eie loopbane te bevorder. Objektiwiteit en die ewewigte aanbieding van feite was nie hoog op die agenda nie.

    Daar is dus rede om Harding se boek skepties te benader. Des te meer omdat die titel op Afrikaners betrekking het. Die vrou van ‘n Afrikanerboer, wat moordverdagte nommer 1 in hierdie boek is, het ‘n Skotse ma (Kindle 2731). Daar is dus ‘n mate van afstand tussen haar en egte Afrikanerboervroue. Dit is by haar wat die gedagte opkom om Boere/Afrikaners te karakteriseer soos in die boektitel weergegee: “These are not gentle people” (2803). Sy hou nie van haar skoonpa se “old-fashioned sterness – the cruelty of it” nie (2754). Deesdae mag nieblankes eintlik nie op ‘n soortgelyke ongunstige manier gekarakteriseer word nie.

    Harding se boek word as nie-fiksie aangebied. Dit handel oor twee swartes wat na bewering op ‘n plaas by Parys in die Vrystaat deur ‘n groep Afrikanerboere vermoor is. Dit is by hoë uitsondering dat blankes swartes vermoor. Die teenoorgestelde gebeur dikwels. Enersyds kan daar geredeneer word dat so ‘n gebeurtenis (wit op swart moord) juis daarom nuuswaardig is. Andersyds kan sulke publisiteit as deel van die hedendaagse (haat)veldtog teen blankes, veral Afrikaners, beskou word. ‘n Mens kan jouself afvra: Waarom skryf buitelandse joernaliste nie met dieselfde ywer en oortuiging oor die vlaag plaasmoorde op blankes, veral Afrikaners, nie?

    Wanneer ‘n buitestander oor Suid-Afrika skryf, kan dit die voordeel van groter objektiwiteit hê; dus dat die verslaggewer in mindere mate emosioneel betrokke is. Maar dit kan ook gebeur dat buitelandse stereotipes die relaas deurslaggewend beïnvloed. Wat in Harding se guns tel, is dat hy swart Afrika in redelike mate ken, dat hy reeds bykans ‘n dosyn jare in Suid-Afrika woon en goed oor plaaslike gebeure ingelig is. Hy is lank genoeg hier en het genoeg insig om skepties oor byvoorbeeld die ANC te wees. Hy verwys na ‘n “fractured country” (3084), dus ‘n land wat, soos ons weet, die ANC tot in die grond wou afbreek ten einde die politieke mag te bekom. Ná 1994 sou die ANC-regime met die heropbou van die land begin. In werklikheid was en is daar in vele opsigte eerder agteruitgang en kroniese verval. Byvoorbeeld: “Parys still felt like an optimistic place; not like so many of those inert, half-deserted farming towns which seemed to have had the life relentlessly sucked out of them for the past two decades” ( 2260). In die boek word (sarkasties) hierna verwys deur die siening van een van die blanke regsgeleerdes op te haal: “The genial conviction that South Africa, and the world at large, was going to the dogs” (1570).

    In sy “Author’s note” aan die einde van die boek skryf Harding “I’m not taking sides” (3049). Sy status as buitestander word ook erken toe een van die betrokkenes hom met “Hello, Englishman” groet (3049). “I’m an outsider, a stranger poking around, trying to understand a community wrestling with painful divisions” (3052). “I was looking for a subtler tale – one that could capture some of the deeper complexities and challenges of modern South Africa” (3055). “Parys may well be the nearest thing I’ve come across to a microcosm of South Africa” (3064).

    Harding het hierdie projek met groot toewyding deurgevoer. “I have visited Parys and Tumahole [the black township] more than a hundred times” (3061). Hy het onderhoude met talle van die betrokkenes gevoer. “I wanted to write a piece of narrative non-fiction, constructed entirely from the raw material I’ve gathered, enabling all those involved in a painful, tortuous tale to tell it from their own perspectives” (3066). Maar dit lyk asof al wat ‘n swarte is meer guns as blanke regsgesindes in sy oë vind. Hier onder word regsgesindes gekke (“fools”) genoem.

    Terwyl ek die boek gelees het, het ek afgekom op stellings, bv oor die gemoedstoestande en motiewe van mense, wat kwalik aan die outeur bekend kon wees. Maar dit was (meesal) vertolkings wat geredelik aanvaarbaar was. Harding erken dat sy mededelings deels gebaseer is “on people’s memories, on first or second-hand accounts, and have been reconstructed and woven into a work that inevitably involves elements of subjectivity and even artistic license” (3078). Daar is ongetwyfeld heelwat kosmetiese byvoegings. Myns insiens is dit die enigste manier waarop hy ‘n geronde, onderhoudende relaas kon lewer. Hierin het hy uitmuntend geslaag. Ek het my verwonder aan die bekwame manier waarop hy die inligting in vloeiende teks gesistematiseer het. Maar dit sou interessant wees om kommentaar oor die boek te kry van mense wat intiem by die saak betrokke was.

    Ek het hierdie boek met die nodige omsigtigheid benader. Daar is elemente wat my gehinder het. Harding verwys na ‘n “rundown farmhouse” (75), ‘n “stout” boervrou (75), ‘n “stout” boer (197), ‘n ander een wat “portly” is (2303), “a farmer … haul himself and his stomach out of a white pickup” (203), daar is “four well-fed [Afrikaner] men” (316) wat ook beskryf word as “overgrown schoolboys in their shorts and short-sleeved shirts, big hands clasped … beneath an undulating range of stomachs” (322). Oor een van hulle word later geskryf: “his stomach drooping between his legs” (955). Geeneen van die swartes word so negatief beskryf nie. Een van die ander beskuldigdes het hom skuldig aan “fights in town, drunk driving” gemaak (326). Laasgenoemde twee Afrikaners word beskryf as: “A couple of characters with a reputation as local scoundrels and lousy farmers, always making excuses, and always [!] drinking and fighting” (958). ‘n Mens kan sulke beskrywings as (oordrewe) stereotipering beskou. Maar hulle kan (in ‘n mate) waar wees. Minder oortuigend is “two [drunk] white men beating a black man” (507) om ses-uur in die oggend in ‘n straat in Parys. “This instinct to punish, to klap the blacks” (510). Die Indiër-landdros dink: “This was … a very, very, very racist town” (513).

    Wat oortuig, is wanneer ‘n Boervrou, gedagtig aan familie in Nieu-Seeland, dink: “Maybe it was time to abandon the farm, and South Africa” (249). Aan haar man sê sy: “I don’t see any future. It’s not going to get any better. I just want to go to a place where it’s safe for the children – where I know they’ll have a future” (252). “They were just trying to be good employers in a country where race, and wealth, and language, and history made everything … so damned complicated” (280).

    ‘n Swart huishulp werk “always for white bosses. Since from when we were slaves” (137). Haar man werk as ‘n “garden boy … She knew ‘boy’ was a deliberate insult, but it wasn’t her language … they [were] … indignities that mostly seemed easier to shrug off” (141). ‘n Swart man sê: “A black person’s life is cheap, even in his own country” (538). “Apartheid has created monsterism” (541). Ook: “Parys is not for blacks. We are not welcome here – we are not treated as human beings” (597). Hier skryf die outeur uit die oogpunt van swartes. Hy het van ‘n swart tolk gebruik gemaak om inligting van die swartes te bekom (3088).

    Die landdros in Parys is “a slim Indian woman” (312). “She came from an energetic family and had been an ambitious student” (348). In die boek word sulke vleiende beskrywings nie vir Afrikaners gebruik nie, maar dit is moontlik dat wat van hierdie Indiër gesê word, waar kan wees. Uiteraard word ook die volgende waarheid genoem: “During the apartheid era people like her … had not been allowed to live [in the Free State]” (351). “She had a new boyfriend, a white man, an Afrikaner” (513). Waarvan hierdie Indiër hou, is “he didn’t watch rugby, or obsess about Afrikaans music or movies, or braaiing, or any of the other defining traits of so many of the white men in this town” (519). Dit klink na die stereotipering van Afrikaners.

    Oor die hoërskool in Parys skryf Harding: “[The] classes were mostly segregated by language, which meant the races were still nudged apart” (866). “The high school … is no longer segregated in the old-fashioned sense, but the class photos in the dark hallways reveal the extent to which language now performs a similar function. Afrikaans for the whites. English for the blacks. Many of Tumahole’s new elites – politicians, civil servants, teachers, police – send their children here to be educated by what remains an exclusively white teaching staff, something which the current headmaster suspects may be ‘part of the appeal’”(1615). Inderdaad.

    Die swartes verkies dat hulle kinders blanke onderwysers het omdat hulle goed gekwalifiseerd en meesal toegewyd is en daagliks voorbereid en betyds vir hulle klasse opdaag en naskoolse pligte deeglik uitvoer. Wat taal betref is die Afrikaanssprekendes sekerlik op onderrig in hulle moedertaal geregtig. Die swartes verkies uit eie keuse Engels as onderrigmedium. As dit apartheid in die klasse veroorsaak, behoort die Afrikaanssprekendes nie daarvoor verwyt te word nie. Rasse-integrasie sou nie noodwendig beter akademiese of sosiale resultate lewer nie. Tradisievastheid kan ‘n bate wees. Die primêre skool op Parys dra steeds die naam HF Verwoerd (1618). Hierdie skool is ‘n sieraad – kyk die webtuiste.

    Mettertyd het die outeur my nogtans in ‘n beduidende mate van sy bona fides oortuig en het die boek ‘n meevoerende en aangename leeservaring gebied. Dit was eintlik ‘n onbegonne taak om deurgaans tussen feit en fiksie te onderskei. Dit is die verhaal van ‘n (vermeende) aanval laatmiddag op 6 Januarie 2016 op ‘n bejaarde Boer deur twee swartes wat geld geëis het. Die Boer word beseer, maar nie ernstig nie. Die Boere in die omgewing reageer op sy alarm. Hulle vang die swartes en rand hulle aan. Die Boere se gedrag is onder meer beïnvloed deur die wrede moord enkele jare tevore op ‘n blanke egpaar wat ‘n winkeltjie op een van hierdie plase bedryf het. Suid-Afrika is “a country where farmers had every reason to feel under threat” (2780). Die polisie kom die twee aangerande swartes dieselfde aand haal. Dit is moontlik dat hulle op pad na Parys verder beseer is. Albei sterf en vier Boere word voor die hof gedaag. Later kom nog twee beskuldigdes by. Die hofsaak sloer jare lank. Uitspraak is eers op 8 Mei 2020 gelewer (2809) en vonnisoplegging was vir Augustus 2020 geskeduleer (2921).

    Die ANC-regime wil alles dikteer wat in Suid-Afrika gebeur. Wat Harding duidelik aantoon, is die hedendaagse politieke inmenging in regssake. Die ANC het met toesprake ‘n politieke demonstrsasie van die een swarte se begrafnis gemaak (526) en die EFF van die ander swarte s’n (538). Oor eersgenoemde: “The event was being broadcast live on SABC and some local politicians – and one or two national figures – were there to attend. Selected dignitaries stepped forward to comment on the killings and to condemn white racism” (583).

    Van die grootste bates van die boek is dat dit aantoon hoe verpolitiseerd die regstelsel sedert 1994 geword het; hoe dit ooreenkomstig die wense van die ANC teen blankes misbruik word. ‘n Regsgeleerde vir die aangeklaagdes se siening is:

    “This case was about politics. Pure and simple. White farmers were under attack in South Africa, and not in some random, criminal way. Not at all. It was an organised campaign to get them off the land, to blame them for the failures of the ANC government” (1588).

    Daar word verwys na ‘n ander hofsaak in Coligny oor ‘n 16-jarige swarte wat na bewering sonneblomsaad op ‘n plaas gesteel het en dood is toe hy van ‘n bakkie afgeval het. Twee blanke mans is van moord aangekla. “The authorities were still investigating the incident when senior ANC politicians … told the crowds … this was a race crime and white South Africans needed to understand that they were all visitors in this country” (1883). Die weerklank wat die Coligny-saak in blanke geledere in Parys gehad het, was “that [ANC] politicians were, as usual, trying to whip up racial hatred in order to deflect attention from their own spectacular failings. The ANC never bothered to visit white farmers who’d been attacked” (1892). Onlangs was daar ‘n uitsondering hierop by Senekal.

    Die swart aanklaer “intended to charge all four [of the original] accused with premeditated murder” (338). Hy het ook borgtog teengestaan. Die Indiër-landdros is nie Afrikaans magtig nie en verwag dat almal by haar Engels moet aanpas eerder as wat sy by haar werkomgewing aanpas (357). Maar die plaaslike blankes “had … come to accept this young Indian woman as part of the furniture” (504). In die hofsaak word van ‘n tolk gebruik gemaak (2158). Buite die hof is daar ‘n skare swartes, ANC- en EFF-ondersteuners (597), wat sing: “Shoot the Boer! Shoot the farmer!” (594). Apart is daar ook ‘n groep Afrikaners wat “Die Stem” sing en die Transvaalse Vierkleurvlag laat wapper (610). Hulle vertoon “posters claiming that white farmers were victims of an ochestrated genocide” (610). ‘n Plaaslike dominee het glo gewapende blanke regsgesindes oorgehaal om nie moeilikheid te veroorsaak nie (2768).

    Uit Pretoria meng die ANC-regime van ‘n hoë vlak af in. Die Valke, die direktoraat vir prioriteitsmisdade, raak betrokke. Die plaaslike blanke polisie word nie in ANC-geledere vertrou nie. “In Parys the remaining white officers knew they just had to knuckle down and remember their pensions” (705). Hulle is glo “too ready to see the whole thing as a collective beating gone wrong, rather than as the brutal race crime” soos die ANC dit beskou (665). ‘n Kaptein van Duitse afkoms lei die Valke se ondersoek, bygestaan deur sy hoof in Bloemfontein, ‘n kolonel van gemengde afkoms: “Indian, and a little German” (711). ‘n Dosyn Valke het op Parys toegesak. Spoedig word ‘n blanke polisiekaptein tot ‘n mede-beskuldigde verklaar.

    “The Hawks were under pressure, maybe even big political pressure” (847). Die Valke intimideer die swart plaaswerkers en rand hulle selfs aan ten einde inkriminerende verklarings teen die beskuldigdes te kry. “They had statements from more than a dozen black farmworkers” (922). Die Valke het ook die telefoongesprekke van (sommige van) die beskuldigdes afgeluister (2089). Die Afrikaners beskou die hofsaak as deel van “a rotten system that was trying … to scapegoat the white farmers” (919). “The Hawks weren’t interested in investigating the farm attack. It was typical. They only got excited when it was a white attacking a black, never the other way around” (966).

    Toe die voorverhoor in Maart 2017 hervat, was daar ‘n nuwe aanklaer, “an unexpectedly senior one. JJ Mlotshwa was a deputy director in the National Prosecuting Authority, sent to Parys from Pretoria. For a simple bail hearing. It was unheard of. The clearest sign yet that this case was now being watched closely at the highest levels” (930). Mlotshwa is voorheen weens wangedrag van die rol van regspraktisyns geskrap maar is later deur die ANC-regime in hierdie pos herontplooi (2918). Die ANC se Jeugliga het klagtes oor die Indiër-landdros ingedien. “So had other people in the party. She needed to watch her step” (933). Die aanklaer vra dat sy haar as voorsittende beampte verskoon. Sy moes later plek maak vir ‘n ander landdros, Ronnie Mguni. Nog later het sy as landdros bedank “for the sake of her sanity” (2266). By een van die verhore “the new magistrate was late arriving. It was almost noon before the families headed inside to the courtroom” (1490). Die aanklaer het weer borgtog teengestaan vir die “brutal and diabolical murder” (1021). Hierdie keer het dit gegaan om borgtog vir twee blankes wat as beskuldigdes bygevoeg is. Borgtog is toegestaan.

    Mettertyd ontwikkel daar tweedrag tussen die aangeklaagdes en ander blanke betrokkenes. Met die staatsaanklaer word ooreengekom dat ses van hulle staatsgetuies sal word (1646), wat ses beskuldigdes laat. Die beskuldigdes het almal onskuldig gepleit. Die beskuldigdes was oortuig daarvan dat omkopery plaasgevind het en beskou die staatsgetuies as “joiners” (2060). In die strafsaak, wat in Mei 2017 begin het, tree ‘n Afrikaanssprekende blanke vrou as regter op. Dalk het die staat die sterkte van sy saak oorskat. ‘n Advokaat vir die verdediging het van die regter gesê: “He liked this judge, respected her, but these days South African judges – especially the white ones – were wary about how they deal with the state, afraid they’d be accused of bias, and as a result didn’t intervene nearly as much as they should” (2039).

    Die forensiese beampte kon aspekte van sy nadoodse verslag oor die twee swartes nie bevredigend in die hof verduidelik nie. Nalatigheid van die polisie en die hospitaalpersoneel kon tot die dood van die twee bygedra het. Hulle dood is dus nie noodwendig deur die beskuldiges en sommige van die staatsgetuies veroorsaak nie. Daar was ook naam- en dus identiteitsverwarring oor die twee dooies. Die staat se saak het dermate uitmekaar geval dat vier van die ses beskuldigdes nie getuig het nie maar bloot erken het dat hulle die twee swartes aangerand het (2515). Terwyl daar op die uitspraak gewag is “another white farmer had … been killed in the neighbourhood … the 24th local victim of a farm murder” (2783). Op die internet “whites … muttered, online, about the good old days in Rhodesia and clamoured for the world to acknowledge a genocide being waged against white farmers. Why did people only make a fuss when blacks were being killed?” (2787).

    Maar daar is Afrikaanssprekende blankes met ‘n ander siening: “That kind of language was just being used to excite people, to stir up the right-wingers, to excite the sort of fools who’d come to town three years back looking for trouble during those early bail hearings, waving their old flags, clutching their rifles, and spoiling for a fight. The truth was simple – the farmers had guns and cash, and everyone knew it, and so they were tempting targets, white or black” (2793). Diesulkes “didn’t even like the term ‘farm attack’. It was just robbery, or violent robbery. Why politicise everything?” (2793). En die (swart) plaasaanvallers? Watter soort mense is hulle? Sekerlik onfatsoenlike mense. Dit is egter om dit te sag te stel. Maar selfs dít word nie in die boek gesê nie.

    Die uitspraak sou vier dae in beslag neem. Op die eerste dag het dit gelyk asof die regter nog nie haar verslag en bevindings klaar uitgeskryf het nie (2806). Daar was verdere vertragings. Dit was eers in Mei 2020, ‘n jaar en twee maande ná afloop van die verhoor (2817), dat sy tydens die Covid-19-pandemie met ‘n verkorte uitspraak vorendag gekom het (2820). Die aanklaer het gehoop op twee veroordelings vir moord en vier vir manslag (2833). Selfs die regter verwar die twee slagoffers in haar uitspraak (2830). Sy bevind daar was “an attempt to downplay the seriousness of the witnesses’ own assaults while exaggerating those of the accused” (2836). Sy bevraagteken ook die wysheid van die ooreenkoms wat die aanklaer met die ses staatsgetuies aangegaan het. “Why not just take one of them as a state witness? Or better still, put them all on trial and leave the judge to make sense of the whole mess” (2839).

    Die regter wys daarop dat die aanklaer in sy finale voorlegging aan die hof erken het “that there was no hard evidence of … direct intention when it came to the two murders … but … that they could and should have foreseen … that their violent actions might lead to the men’s deaths” (2852). Die regter bevind verder: “The state had simply ‘failed to prove common purpose between the respective accused’” (2861). Dit was dus nie “a collective assault that had led to the men’s deaths” nie (2858). Sy het verder gesê: “I am convinced that the state did not prove the counts of murder, nor the competent verdict of manslaughter – culpable homicide” (222). “But all five farmers were found guilty of … assault with intention to do grievous bodily harm. They would remain free on bail until late August [2020], when they’d be sentenced” (2921). Die polisiekaptein is vrygespreek. Die aanklaer het gesê: “The state would appeal this pathetic joke of a verdict” (2918). Die vonnis en of daar geappelleer is, word nie in die boek genoem nie.

    Wat duidelik uit die boek blyk, is hoe die hoë koste van regshulp die ses aangeklaagdes finansieel geruïneer het. Vir die ses medepligtiges wat staatsgetuies geword het, is ook baie geld aan regshulp opgedok. Dit bly vir my ‘n skande dat in die regs- en mediese professies (insluitende veeartseny) sulke buitensporig hoë fooie gehef word. Daar is minimum maar geen maksimum fooie nie. Mense in krisis kan en word soms tot die uitsterste uitgebuit. Sedert 1994 beleef die plaaslike regsprofessie ‘n bloeityd omdat daar talle hofsake oor byvoorbeeld ondoeltreffende dienslewering en korrupsie is. Dit is dikwels die belastingbetalers wat hiervoor moet opdok. Besware oor die buitensporige koste van regshulp word egter selde geopper.

    Die verpolitisering van die plaaslike regstelsel is dalk die belangrikste saak wat die boek onder lesers se aandag bring. Die blankes word sedert 1994 nie net polities benadeel nie, maar ook deur die regstelsel. Afrikaners wat hulle verset teen onreg en met reg opstandig word, soos tans in Senekal, moet bedag wees op die beduidende risiko’s wat hulle loop. Waarmee hulle te make het, is die onverkwiklike nalatenskap van die pateties mislukte NP-onderhandelinge in 1990/94.

  • Leon Lemmer: ANC-kamerade as vernietigende jakobyne

    Leon Lemmer: ANC-kamerade as vernietigende jakobyne

    Vir inligting oor die ANC as ‘n gewelddadige, terroristiese instansie is daar geen beter of meer gesaghebbende bron nie as Anthea Jeffery se People’s War: New light on the struggle for South Africa (Johannesburg: Jonathan Ball, 2014, 676p; Kindle $9,19). Dit blyk dat by verre die grootste lewensverlies onder swartes was. Die bloed wat gevloei het, was nie soseer om Suid-Afrika van apartheid (dus die blanke bewind) te bevry nie, maar by uitstek om te verseker dat die ANC so oorheersend moontlik die politieke mag bekom. Wat die ANC voorhou as ‘n bevrydingstryd was uiteindelik primêr ‘n politieke magstryd, veral gemik teen sy hoofopposisie, die Inkatha Vryheidsparty (IVP). Dat die ANC hierdie “People’s War” in 1990/94 gestook het, blyk uit die volgende: “After the 1994 election there was a dramatic decline in political violence” (James Myburgh, bron hier onder, Kindle 365).

    Vir inligting oor die ANC se politieke grondslag is daar onlangs ‘n onontbeerlike boek gepubliseer: James Myburgh se The last Jacobins of Africa: The ANC and the making of modern South Africa (Politicsweb Publishing, 2020, 262p; Kindle $11,49). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek. Maar ek moet noem dat dit vir my uiters moeilik was om Myburgh se teks in woorde te klee omdat die onderwerpe so ineengestrengel is. Soos gebruiklik vul ek die teks aan met my eie menings. Myburgh het die aanlyn koerant Politicsweb in 2007 gestig (Kindle 231), met as leuse: “Fair, but fearless” (3). Wat daarin aangebied word, is meer konserwatief as waaraan die linkse Daily Maverick hom skuldig maak. Die teks van die boek is gebaseer op Myburgh se navorsing en sy doktorale proefskrif wat in 2007 goedgekeur is: The African National Congress under the presidency of Thabo Mbeki (1997-2002) (184).

    Mbeki se presidentskap strek amptelik van 1999 tot 2008, maar hy het eintlik van die begin af grootliks die rigting bepaal wat die ANC-regime ingeslaan het; dus ook tydens die presidentskap van Nelson Mandela (1994-1999). Mandela was in baie opsigte hoogs onprakties en gewoon onbekwaam om ‘n staatshoof te wees. Mbeki het namens Mandela politieke leiding aan die ANC-regime gegee en bv as voorsitter by kabinetsvergaderings opgetree. “It is difficult to discern any coherent philosophy within the speeches of President Mandela, the product, as they were, of many hands and minds” (1652). Mandela is veral gebruik om die openbare beeld van die ANC (en homself) plaaslik en in die buiteland te bevorder en om blanke Suid-Afrikaners, veral die Afrikaners, oor die swart magsoorname te paai deur mooi broodjies te bak. Patti Waldmeir skryf (naïewelik) in 1998 (toe Mandela die liefling van die wêreld was): “Mandela made non-racialism the new civil religion of South Africa. He spoke of giving nervous minorities a ‘silver bridge to cross’ to the new South Africa … The politics of reconciliation reigned supreme in those early days” (365). Onnodig om te sê: Die silwer is lankal gesteel en daarna die handevatbrug.

    Naspers/Media24 het reeds in 2004 ‘n ooreenkoms met Myburgh vir die publikasie van sy proefskrif aangegaan (195). Die voltooide teks vir die boek is in 2007 aan die uitgewery besorg. Een van die anonieme beoordelaars van die manuskrip het geskryf: “It would raise hackles in the ANC” (225). Uiteindelik is besluit “the book was too controversial to publish” (237). Met ander woorde, Naspers begeer skoothondjiestatus en wil dus nie die ANC aanstoot gee nie. In hoe ‘n mate Naspers sedert 1994 ideologies ontaard het, blyk uit die onlangse publikasie deur Tafelberg-uitgewery van Patric Tariq Mellet, ‘n ANC/MK/SAPK-lid, se boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020). Naspers se huidige beleid, wat by al sy inligtingsmedia, bv koerante en tydskrifte, waarneembaar is, is: Die ANC moenie aanstoot gegee word nie. Maar die plaaslike blankes, veral die Afrikaners, kan maar grondig met ‘n prulboek soos dié van Mellet beledig word.

    Die feit dat Myburgh se boek ‘n teks uit 2007 is, het my aanvanklik laat twyfel of dit die moeite werd sou wees om die e-boek te koop. Nadat ek die boek gelees het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit noodsaaklike leesstof is vir enigeen wat die werklike aard van die ANC wil verstaan. In sy 2020-voorwoord skryf Myburgh: “If you wish to understand the origins of South Africa’s current predicament, one needs to study the beginnings of the evils we witness today” (266). Baie van die inligting wat hy verskaf, het nie (duidelik) uit koerantberigte geblyk nie. Myburgh verhelder die historiese, wesenlik kommunistiese, grondslae van die ANC. Die val van die Berlynse Muur in 1989 het veroorsaak dat baie van die lande wat deel van die Sowjetunie was, nie-kommunisties geword het. Die ironie is dat hierdie selfde gebeurtenis, wat FW de Klerk genoop het om onderhandelinge te begin en mandaatloos die mag aan die swartes oor te gee, tot ‘n wesenlik kommunistiese bewind in Suid-Afrika gelei het. Suid-Afrika is steeds uit pas met die wêreld; steeds nie ‘n normale samelewing nie. Ons beleef die hoogbloei van rassediskriminasie terwyl dit taboe in die res van die wêreld is.

    Volgens die HAT beteken jakobyn “vurige voorstander van die Franse Revolusie.” In die Collins World Encyclopedia (2003) word die term Jacobin, wat in die boektitel voorkom, soos volg verduidelik: “member of an extreme republican club of the French Revolution … they proclaimed the French republic, had the king executed, and overthrew the moderate Girondins … they began the Reign of Terror [October 1793 to July 1794], led by Robespierre [1758-1794]. After his execution … the club was abandoned and the name ‘Jacobin’ passed into general use for any left-wing extremist” (p 476). Toegepas op Suid-Afrika kan gesê word dat ons in 1990/94 ‘n revolusie beleef het, dat die ANC die nie-kommunistiese NP-regering omver gewerp het, dat die ANC eerder ‘n klub vir sy elite-lede as ‘n politieke party is, dat voortgesette geweld en terreur ‘n wesenskenmerk van die nuwe Suid-Afrika is en dat die ANC ongetwyfeld ‘n uiters linkse instansie is. Let ook daarop dat in die jakobyn-konteks hier bo van ‘n republiek gepraat word en nie van demokrasie nie.

    In die voorwoord noem Myburgh dat hy sedert 1997 politieke navorsing doen; aanvanklik vir die Demokratiese Alliansie (18) en van 2001 af as student aan die St Antony’s College in Oxford (65). In die boek maak hy in ruime mate van amptelike, interne dokumente van die ANC gebruik. Hy vestig telkens die aandag op die verskil tussen wat die ANC amptelik intern aan sy lede meedeel en wat openbaar gemaak word. Dit kom neer op doelbewuste misleiding van die publiek oor die ANC se beleid en motiewe (6171). “The assurances and concessions made in each stage were never meant to provide a permanent obstacle to the attainment of those longer-term goals” (82). Ek onthou dat Mbeki vroeg in die ANC-bewind gesê het dat die ANC hom nie gebonde voel aan die ooreenkomste wat daar met die NP-regering aangegaan is nie omdat die ANC toe nog nie in beheer van die land was nie. Myburgh beaam dit (1983).

    Reeds in 1997 het die ANC op sy hoofdoel besluit, naamlik “the enforcement of ‘demographic representivity’ across all spheres and levels of endeavour” (36). Jare later het FW de Klerk begin neul dat die ANC-beleid nie die letter en veral gees weerspieël waarop die NP (naïewelik) met die ANC ooreengekom het nie. Myburgh skryf: “This was a plan for mechanistically replacing white with black domination, or ‘African hegemony’ as the ANC described it. Enforcing such outcomes would also clearly require unending racial discrimination against the country’s racial minorities” (36). “The ANC was very careful to ensure that the constitution enshrined neither the ‘irrelevance of clour’ nor ‘individual merit as the criterion of privilege’ for this, it was felt, would entrench the advantages of the white minority in perpetuity” (6214).

    Wat die ANC bedryf, kan onmoontlik ‘n liberale demokrasie wees. “Liberal democracy is based upon the careful counterbalancing of the principle of majority rule, with minority rights” (3217). “Once political office was secured the ANC turned … to reshaping the state so that it too came to embody the will of the black majority” (3246). “The role of the ANC was to exercise power on the behalf of the black majority” (3270).

    Die ANC het hierdie beleid in Mandela se dienstermyn as president (1994-1999) aanvaar. Enersyds dui dit op die absolute valsheid van Mandela se bewering dat hy teen swart heerskappy gekant was. Andersyds belig dit die algehele mislukking van De Klerk se beloofde magsdeling, wat in verswelgende meerderheidsregering getransformeer is. Die ANC het beweer dat sy bevrydingstryd teen rassediskriminasie gemik was; dat dit die groot euwel in die Suid-Afrikaanse samelewing was waaraan hy ‘n einde wou maak. In werklikheid sit die ANC (verskerpte) rassediskriminasie voort, myns insiens ter groter benadeling van die land as ooit tevore, met die swartes wat buitensporig daarby baat terwyl die belange van veral die blankes uitermate benadeel word. Die doelbewuste ontheemding van die blankes het veral duidelik geword toe Mbeki met die verkondiging van sy swart Afrikaan-nasionalisme, die Afrika-renaissance genoem, begin het (77).

    Nog ‘n skandalige beleid is daarna begin: “In 1997 and 1998, the ANC implemented a policy of cadre deployment whereby party loyalists would be ushered into all centres of power in society” (42). Byvoorbeeld, die ANC “largely dismantled the ‘merit-system’ in civil service appointments in favour of a patronage-based one” (82; ook 2266). Ook dít het tydens die Mandela-bewind ‘n aanvang geneem terwyl daar dikwels voorgegee word dat dinge nie te sleg tydens die Mandela/Mbeki-era (1994-2008) gegaan het nie; dat agteruitgang eers met Jacob Zuma se presidentskap (2009-2018) begin het. Die destruktiewe gevolge van kaderontplooiing het met verloop van tyd al hoe duideliker geword.

    Tans veroorsaak kroniese ondoeltreffendheid en toksiese korrupsie/steelsug dat die land ‘n mislukte staat op die rand van algehele ineenstorting is. In die land se geskiedenis was daar nog nooit so ‘n groot konsentrasie van immoreles in hoë poste soos tans nie. Desnieteenstaande gee die ANC-regime graag voor dat hy moreel die hoë grond beklee. Tussen die ANC se nasionale konferensies is die mag in die hande van ‘n klein groepie ANC-kornuite gekonsentreer, naamlik die ongeveer honderd lede van die nasionale uitvoerende komitee, wat kwartaalliks vergader, en die ses lede van die dagbestuur of nasionale werkskomitee wat al om die ander week byeenkom (3537).

    Die ANC gee voor dat Suid-Afrika se geskiedenis eintlik eers in 1994 begin het. Hy het natuurlik goeie rede om ‘n sluier te probeer trek oor die afmetings wat sy onbeskaafde vernietigingswerk en terrorisme van 1961 af tot vóór die algemene verkiesing in 1994 aangeneem het. Die blanke politieke bewind van 1652 tot 1910 word as kolonialisme afgemaak en sedert Uniewording in 1910 as “colonialism of a special type” (94). In hierdie opsig, soos in so baie ander opsigte, was (die swartes in) die ANC afhanklik van die (ideologiese) leiding wat daar van (die blankes in) die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) uitgegaan het. “By the end of the 1980s the ANC was dominated by the SACP” (563).

    In 1962 het die SAKP op daardie “special type”-formulering besluit, asook op die “National Democratic Revolution” (NDR) (94). Met die NDR is daar sedert 1994 stadig maar seker vordering gemaak. Dit is iets waarop John Kane-Berman die aandag gevestig het (Praag 23.06.2017), moontlik vanweë beïnvloeding deur Myburgh se manuskrip (249). Min ander kommentators is bedag op die deurlopende vordering wat die ANC met sy NDR maak. Dit is ‘n voortgesette swart Afrikaan-revolusie waarin blankes per definisie al hoe minder en uiteindelik geen lewensruimte gegun sal word nie. Die jongste NDR-skuif is die onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom. Maar die ANC het reeds in 1988 hierop besluit (1019). “The 1994 election was a ‘breakthrough’ not a ‘settlement’” (6237). Met die eerste revolusie in 1994 het die ANC/SAKP sy voet in die deur gekry deur die regering oor te neem. Die tweede revolusie beoog die omverwerping van die kapitalistiese stelsel met sosialisme (976). Die term “sosialisme” word as ‘n eufemisme vir kommunisme gebruik. Maar dit word nie openlik erken nie. Skynheiligheidshalwe “the ANC should not publicly tie itself to Marxism-Leninism” (983).

    In 1994 het die ANC homself bedrieglik voorgedoen as “a non-racial liberal democracy” (281). Al drie begrippe wek ‘n gunstige indruk, maar al drie aansprake is vals. Volgens Mbeki “true ‘democracy’ lay not in the right of the electorate to freely choose (and change) their government, but in the ability of the national liberation movement to recognise and pursue their real and ultimate will” (3924). “Only the ANC leadership recognised, and could pursue, the real interests of the nation” (3938). Dit is kom neer op paternalisme en staatkundige sabotasie. Die kiesers bepaal nie die ANC se beleid nie. Die ANC besluit watter beleid die (ongesofistikeerde, ongeletterde, oningeligte) kiesers nodig het.

    Die ANC-regime in Suid-Afrika sou glo duidelik verskil van die swart regerings in die res van Afrika. Nadat die ANC sy mag gevestig het, was daar egter “a drift towards one-party dominance, centralised control and racially driven politics” (289). Die verraad wat in 1990/94 gepleeg is, het al hoe duideliker geword, met as gevolg: “The permanent exclusion of the white minority from any share of political power” (320); dus presies die teenoorgestelde van wat De Klerk vóór die 1992-referendum aan die blanke kiesers belowe het.

    “The NP leadership had achieved very little, in constitutional terms, from the negotiations (indeed, probably less than Ian Smith had in Rhodesia, from a greatly weaker position, in 1980)” (416). In die geval van Rhodesië is ooreengekom dat 20 blankes sewe jaar lank sitting in die Zimbabwiese parlement van 120 lede sou hê. In Suid-Afrika se geval hoef daar nie ‘n enkele blanke parlementslid te wees nie. Ian Smith (1919-2007) haal Cicero aan: “A nation can survive its fools … but it cannot survive treason from within” (The great betrayal, London: Blake Publishing, 1997, p 320). Alex Henshaw skryf: “There is no dishonour in a lost cause – the shame is with those who betrayed you” (327).

    Die reaksie van die meeste plaaslike blankes op hierdie verraad was egter teleurstellend. Myburgh skryf: “There had been very little opposition by whites either to the loss of statutory privileges – most of which had been removed by the previous [NP] government – or to the redistribution of government expenditure” (2526). “After the 1994 election there was a widespread acceptance of, or resignation to the new political order by white South Africans … Afrikaner nationalism, which had shaped the course of South African politics for forty years, ceased to be a powerful political force” (406). “According to Patti Waldmeir, the ANC were expecting far greater resistance and were surprised by the rapidity with which Afrikaners made peace with the new order” (1929).

    Myburgh verwys ook na “the rapidity with which Afrikaner power had collapsed” (422). Enersyds kan dit dui op die doeltreffendheid van die pro-ANC-propaganda van die Nasperskoerante, Engelse koerante en die SABC. Andersyds toon dit dat apartheid oordrewe anti-swart voorgestel word. Wat in Suid-Afrika ná 1994 gebeur het, is verder soortgelyk aan wat ná 1980 in Zimbabwe plaasgevind het: “A long line of opportunists attempting to climb on the bandwagon” (Smith, 359). (Die ooreenkomste is so groot dat ek ‘n plan behoort te maak om oor Smith se boek te skryf.)

    Myburgh skryf: “Within the South African context, the implementation of Afrikaner hegemony after 1948 provoked vehement opposition … The concentration of power by the ANC, however, provoked only pinpricks of dissent” (3674). Die Afrikanerdom en Afrikaans het onmeetbaar by nasionalisme gebaat. Ons heil en die heil van Afrikaans hang van die herlewing van Afrikanernasionalisme af, in direkte opposisie teen swart of Afrikaan-nasionalisme en verengelsing. Myns insiens behoort Afrikaans die enigste amptelike taal in Suid-Afrika te wees. Oor die ANC se aanhang van swart nasionalisme behoort daar geen twyfel te wees nie. Tydens die Rivonia-verhoor in 1964 het Mandela gesê: “The ideological creed of the ANC is, and always has been, the creed of African nationalism” (584).

    Sedert 1994 word daar grootliks volgens ras in Suid-Afrika gestem (296). Waarmee ons opgeskeep sit, is ‘n skyndemokrasie. “As James Madison [1751-1836] argued, a shifting majority, and the concomitant possibility of being displaced in power, was a crucial inducement to restraint for the ruling party” (428). In Suid-Afrika is daar die skandalige “majoritarian nature of the final constitution; the consentration of power at the centre; the growing weakness of parliament’s ability to place any check on the executive; the blurring of the lines between party and state; and, the increasing tendency of the ANC to dismiss the legitimacy of opposition” (445). “From its own standpoint there is nothing undemocratic in the party’s enjoying a monopoly of power within the state” (680). Nog erger: “There is no sphere of collective endeavour regarded as falling outside of the realm of politics – and which should not have to submit to the goals of the national democratic revolution” (3307).

    Ons sit met “‘totalitarian democracy’, but what this book will call Jacobin democracy” (691). “Jacobin democracy … was based upon the assumption of a sole and exclusive truth in politics … It widens the scope of politics to embrace the whole of human existence” (698). Hiervolgens val niks buite die ANC se bevoegdheid vir inmenging nie. Daar is ‘n verskil tussen ‘n “congress”, soos die ANC, en ‘n “party” – “the former being more radical and confrontational than the latter. While the party recognised the legitimacy of other political groupings, the congress claimed to represent ‘all the people’; to embody the national will” (667); dus “the democratic will of the people as a whole and particularly its black majority” (900). Maar met “the people” word meesal eksklusief die swartes bedoel. “The ANC regarded itself as synonymous with ‘the people’” (3280).

    Die ideologiese leiding wat die ANC van die SAKP ontvang, is deur veral Jode geformuleer. ‘n MK-lid, Michael Harmel, het in 1950 vorendag gekom met die karakterisering van blank Suid-Afrika as “colonialism of a special type” (773). Volgens Mbeki “the relationship between ‘the white rulers of South Africa and the non-white masses is essentially imperialistic. In a word: there are two nations in South Africa … White South Africa is a semi-independent imperialist state. Black South Africa is its colony’” (782).

    In 1954 skryf Harmel: “The economic content of national liberation in South Africa must centre on the redivision of the land and the nationalisation of the principle means of production” (791). “Very soon after, the Freedom Charter, drawn up in 1955 and adopted by the ANC as its official programme the following year, gave voice to such demands. It called for the land to be ‘re-divided amongst those who work it’; the ‘national wealth’ of the country to be ‘restored to the people’; and, for the ‘mineral wealth beneath the soil, the Banks and monopoly industry’ to be transferred to ‘the ownership of the people as a whole’” (799). Hierna is die SAKP se The road to South African freedom (1962) hoofsaaklik deur Harmel geformuleer. Onder meer word Vladimir Lenin se standpunt onderskryf: “That what the white minority had attained had been entirely at the expense of the black majority” (854).

    Mandela het in 1994 beweer: “It is the labour of black workers that has built the cities, roads and factories” (1108). Mbeki het in 1979 die swartes as “the producers of wealth” gedefinieer (1039). “It followed that the ANC-SACP were entitled to return this wealth to ‘the people’ through the expropriation of white-owned property” (1048). Eie prestasie deur blankes word sonder meer ontken. “The material wellbeing of the white minority and its political, social and economic privileges were rooted in its racial domination over, and exploitation of, the African majority and Coloured and Indian minorities” (927). Soos Lenin wil die SAKP “a dictatorship of the people” daarstel (874). “This democratic state … would suppress the former ruling classes and set about effecting a transformation of society” (884).

    Sedert 1969 onderskryf die ANC die SAKP se “programme of Africanisation in the state, economy, and educational system – which would, necessarily, require extensive racial discrimination against the white minority. At the same time then as demanding ‘equal opportunities for all’ the SACP [and ANC] insisted that in order to correct ‘the legacy of colonialism, priority must be given to the training of African and non-white specialists in every field’” (909). Die inherente rassisme van die ANC, soos blyk uit die absolute voorkeur wat aan die belange van swartes gegee word, is deur die Joodse kommunis, Ben Turok, beaam: “The movement must be … led by black leaders … it is an essential requirement if the movement is to maintain its credibility with the mass of the people” (948). Dus, die ANC is rassisties omdat sy ondersteuners rassisties is. Dit is waarom ANC-gesinde kiesers ingevolge ras stem. Maar dit is die ANC wat eens valslik beweer het dat hy ‘n Grondwet beoog waarin “racism … shall be outlawed” (1268). Die ANC se riglyne vir ‘n Grondwet “remained overwhelmingly Jacobin. Political rights and freedoms were conditional on support for the ANC’s goals” (1268). Tony Leon het voorspel: “Reverse discrimination will be accorded constitutional preference over other, perhaps more fundamental, rights” (1289).

    “The ANC Policy guidelines of 1992 stated that, ‘Management in both the public and private sectors will have to be de-racialised so that rapidly and progressively it comes to reflect the skills of the entire population’” (1304). Met die oog hierop word “racial preferences in appointments and promotions” vereis (1304). “De-racialise” noodsaak dus die uiterste rassisme. “The term ‘de-racialise’ was now used instead of ‘Africanise’, ‘non-racialism’ instead of ‘revolutionary nationalism’” (1723). “‘Africanising’ … was hardly reconcilable with the values of non-racialism. The Oxford English Dictionary defines non-racial as ‘Not involving race, racial factors, or racial discrimination’; and non-racialism as ‘The principle or practice of not discriminating on the basis of race’; while to Africanise is ‘To give an African character to; to make African; to subject to the influence or domination of Black Africans’” (1739). Waarmee die ANC besig is, is “the re-racialisation of society” (3347).

    “Affirmative action would be so powerful as to override all personal rights and freedoms as well as to supercede the specific provisions of the property clauses” (1324). As dit hoe is, beweer die ANC egter dat daar nie rassediskriminasie in die toepassing van regstellende aksie sal wees nie. “This will not be done at the expense of others, nor lead to a lowering of standards” (1594). “Affirmative action would be used not to discriminate, but simply to ensure that ‘those who were disadvantaged by apartheid in the past’ had an opportunity to catch up” (1604).

    Kort voor die 1994-verkiesing het Mandela ‘n beroep op die blankes gedoen om nie die land te verlaat nie (1585). Enkele jare later het Mbeki gesê die blankes wat wil emigreer, kan dit gerus maar doen. Die aanslag van die ANC was nie net teen apartheid gemik nie, maar ingevolge die leerstelling van “uitsonderlike soort kolonialisme” teen al die blanke inwoners. “It proceeded though to negate the contribution of white South Africans to the building of the economy, state, and society … Whites had not achieved or contributed anything other than at the expense, or through the exploitation, of the black population … The roots of the ‘historic injustice’ reached back all the way to the first white settlement in 1652” (1759). In 1995 “Mbeki stated that among the great ‘distinguishing features’ of this history were: ‘the genocidal destruction of the Khoisan, the importation of slaves from the East, the massive land dispossession of the indigenous majority’” (1766).

    Die ANC het daarop aangedring dat die finale grondwet ná die 1994-verkiesing deur die gekose grondwetlike vergadering opgestel moet word (1837). Die armsalige NP-onderhandelaars het hiertoe ingestem. Dit het meegebring dat die bepaling in die tussentydse 1993-Grondwet dat Afrikaans se status nie aangetas mag word nie, uit die 1996-Grondwet gelaat is. Die kommunistiese Jood, Joe Slovo, wat tydens die oorgangstyd in groot mate die strategie van die ANC bepaal het, het na afloop van die grondwetlike onderhandelinge gesê: “We got pretty much what we wanted … Eveything in the interim constitution can be rewritten by the democratically elected representatives of the people” (1844).

    ‘n Meer verdoemende getuigskrif vir die NP-onderhandelaars is kwalik denkbaar. Hulle het hulle deur kommuniste aan die neus laat lei. “The National Party had promised white South Africans power-sharing in the 1992 referendum, and the ANC allowed the NP to believe that this system could be enshrined in the final constitution” (1852). “The ANC ensured however that such half-promises were not, in any way, constitutionally binding” (1861). In 1992 het die ANC besluit ‘n regering van nasionale eenheid sal slegs aanvaarbaar wees “if it does not delay or obstruct the process of orderly transition to majority rule and … the parties that have lost the elections will not be able to paralyse the functioning of government” (1861).

    Die Grondwet het Mandela in staat gestel om die lede van die Konstitusionele Hof te benoem. “There was not a single person on the court who could be described as unsympathetic to the ANC” (1881). Tydens die NP-regering het dosente in die regte deurlopend kapsie gemaak teen apartheid en omtrent alles wat die regering gedoen het. Doeltreffende polisie-optrede om wet en orde te handhaaf, is verdag gemaak deur te beweer dat die land ‘n polisiestaat is. Sedert 1994 het al hierdie grootbekke stil geword. Die verpolitisering van die regstelsel word nie gekritiseer nie. “The English newspapers and universities no longer took an oppositional stance to government” (2436) – eintlik ook nie die gedrukte Afrikaanse koerante nie.

    Voorheen is ‘n LLB-graad vir aanstelling as regter vereis. “The constitution … set out no minimum qualifications for appointment at any level of the judiciary, requiring only that they be ‘appropriately qualified’” (2956). ‘n Diploma in die regte is dus voldoende en afdoende praktykondervinding word nie vereis nie (2962). In 1999 was daar 1 550 blanke advokate in Suid-Afrika en 300 nieblanke advokate (2962). Die Regterlike Dienskommissie/Judicial Services Commission (JSC), met Dullah Omar as justisieminister (1994-1999), dus toe Mandela die president was, het toegegee aan die eis “that race become the overriding criterion in the appointmemt and promotion of judges” (3036).

    “Race, therefore, becomes the main criterion, with government secure in the knowledge that most blacks aspiring to be judges are party supporters … They could be expected to ally themselves with the racial goals of the movement … The ‘ultimate objective’ was ‘that the judiciary reaches a stage when it is able to reflect the demographics of South Africa” (3055). “Overall 89 per cent of new judges appointed to the bench between 1994 and June 2004 would be black, Coloured or Indian” (3065). “It signalled the subservience of that body [JSC] to the racial agenda of the ruling party … The ANC had an in-built majority in the JSC … Furthermore … ‘it is common currency in legal circles that a de facto [ANC] caucus exists and operates in the commission’” (3044). Maar regsgeleerdes, feitlik sonder uitsondering, leef kritiekloos saam met hierdie ernstige wantoestand.

    Daar is geen duidelike onderskeid meer tussen die wetgewende en regterlike gesag nie. “The Constitutional Court … was packed with lawyers who shared the movement’s [ANC’s] worldview” (3389). Vandaar ‘ n hofuitspraak soos dié oor die taalbeleid van Free State University. “By 2004 … at least seven of the 11 judges had been ANC members before their appointment to the bench … All five of the non-black judges on the court had an ANC background” (3389). Johann van der Westhuizen was deel hiervan (2004-2016). Wat hy ook al skryf, maak nie saak hoe vergesog of dwars nie, word in Media24 se koerante gepubliseer. “The Constitutional Court … saw its central role not as the protection of racial or political minorities, but ensuring that government held to the substantive provisions of the Constitution (designed to uplift the historically deprived majority)” (3395).

    “The promise made by Mandela in 1994 that South Africa was now ‘one nation’ was displaced by the ‘two nations’ thesis. In a speech in May 1998, Mbeki described South Africa as [a] ‘country of two nations’ – the origins of which lay in ‘the arrival of European colonists in our country, almost 350 years ago” (3148). Teen 1998 was die ANC se versoeningsbeleid vergete en het sy beleid al hoe meer radikaal geword. “A ‘normal’ or ‘non-racial’ society was defined as one where every state and social institution – at every level – reflected the current demographic composition of the country as a whole” (2821). Toe is 75% swart verteenwoordiging vereis. Deesdae, weens die hoë geboortesyfer onder swartes en die invloei van (onwettige) inkommers, het daardie syfers 80%+ geword.

    “In order to advance the movement [ANC] towards these goals discrimination was encouraged. And, in order to set, and monitor, the attainment of these racial targets, race classification was reintroduced according to the old apartheid designations. As Mbeki later stated, the goal of the ANC was to ‘ensure that all levels of our society reflect the racial and gender composition of South Africa’. Equality of opportunity, or treatment, which prohibited differentiation between black and white would allow these racial disparities to endure” (2821). Die rassediskriminasie teen blankes “would continue until this ‘racist legacy of inequality’, manifested in ‘white over-representation’ across society, had been completely eliminated” (2828). Waarop dit neerkom, is dat, as dit van die ANC afhang, hierdie rassediskriminasie teen veral die blankes tot in die oneindige voortgesit sal word.

    Soos in die geval van ‘n broer wat in die tronk is, word daar nie gepraat oor die blatante rassediskriminasie wat universiteite deesdae pleeg nie. Die blankes word grootliks van die gesogste beroepe uitgesluit. In 1998 het die minister van gesondheid aangekondig “that medical schools would be obliged to implement a quota system to ensure demographic representivity in their 1999 intake of first year medical students. According to the Director General of Health, funding to medical schools would be proportional to the number of black medical students enrolled” (2828). Gaan gerus die keuringsbeleid van Stellenbosch University se mediese fakulteit op die internet na.

    Die ANC-regime het die vuil gewoonte om die plaaslike universiteite in alle opsigte tot onderdanigheid te dwing deur te dreig om hulle owerheidsfinansiering af te skaal of te beëindig. Van die universiteite se kant is daar hartlike samewerking met die ANC-regime. Daar is geen sprake van verset en aandrang op universitêre outonomie nie. In die advertensies om poste word openlik gesê dat by aanstellings voorkeur gegee sal word aan diegene in die aangewese groepe (2858), dus dat sover moontlik teen die blankes, veral mans, gediskrimineer sal word.

    “Although the ANC’s own policies had resultated in a decline in the quality of school education, it remained insistent that universities – like all other institutions in society – conform to the ‘demographics’ of society. The National Plan on Higher Education (2001) stated that ensuring that the ‘student and staff profiles progressively reflect the demographic realities of South African society’ – in both admissions and graduations – remained strategic objectives of government. It warned that if institutions did not put in place ‘equity targets’ to address black under-representation ‘or put in place clear strategies for achieving them, the Minister will have no hesitation in introducing quotas in the future’” (4220).

    “Conformity to the goal of ‘demographic representivity’ – particularly for the more prestigious degrees – required the lowering of minimum requirements for entry and the racial exclusion of many white and Indian students who were ‘overrepresented’ among the top achievers” (4304). Volgens ANC-beleid moet die aanwesigheid van swartes in sport ook demografies verteenwoordigend wees. “For two to three years, let’s not mind losing international competitions” (4381). Dit is dieselfde ANC/UDF wat vóór 1994 verkondig het dat politiek uit sport geweer moet word.

    Myburgh beweer: “Having given up power, there was no discernible decline in their [the white’s] fortunes. This powerlessness made their continued prosperity less, rather than more, tolerable for the ANC” (4405). Baie blankes lê besondere kundigheid en vindingrykheid aan die dag. Maar die blatante rassediskriminasie van die afgelope kwarteeu het groot smart in baie blanke huise veroorsaak. Wanneer ek die ná-1994-verskynsel van blanke bedelaars op die strate sien, wonder ek hoe die NP-onderhandelaars, in hulle weelderige huise, dit met hulle gewetes versoen – veronderstellend dat hulle gewetes het.

    In 1998 ‘n ANC “document rejected the notion that the state should be a ‘neutral, non-partisan entity’ and endorsed the idea that instead it should be ‘an instrument’ in the hands of the liberation movement … and used to pursue the interests of the racial majority” (3065). Dit is duidelik dat die ANC-regime sy magsposisie sover moontlik misbruik om die blankes se belange soveel moontlik te benadeel. “The apartheid state has to be destroyed in a process of fundamental transformation” (3074). Met die oog hierop is ‘n National Deployment Committee in 1998 daargestel (3090). Om die funksionering van hierdie komitee aan te help word lyste bygehou “of key positions as well as the cadres available to fill them … The ANC needed to conduct a ‘skills audit of all our cadreship’” (3108).

    As geswore Afrikanis, wat ‘n sterk anti-blanke gesindheid insluit, was Mbeki oorsensitief vir enige tekortkominge van of kritiek op swartes. In hierdie verband skryf Thomas Hodgkin: “African nasionalists have been compelled to develop their own counter-attack; to answer the myth of African barbarism and backwardness with the counter-myth of African civilisation and achievement. This answer took such forms as glorifying those African leaders who had resisted the colonial intruders and emphasising the better qualities of pre-colonial African society” (3973). By gebrek aan ‘n ander substansiële voorbeeld van ‘n vroeë beskawing in Afrika word dan na antieke Egipte verwys, wat bitter min indien enigiets met swart Afrika te make het. Mandela het ook hierdie laai in sy outobiografie uitgehaal. Hy is ook ‘n toonbeeld van verset teen die blanke bewind en word gevolglik sedert 1994 heeltemal oordrewe gehuldig. Die probleem is dat Mandela se roem berus op wat hy vernietig het; nie op wat hy tot stand gebring het nie.

    Met oordrewe retoriek het Mbeki beweer: “We the Africans, who led the ancient world in science, technology, intellectual activity and the arts, have stood by as the rest of the world moved forward while we regressed towards becoming a historical curiosity. Whereas as a continent we gave birth to all humanity, we are today seen as the least advanced of all human societies anywhere in the world. For a millennium, including the passing century, we have failed to destroy the insulting and criminal prejudice which has described the black human complexion as the very representation of everything that is sub-human within the human race” (4548). Die 21ste eeu sou glo “the African Century” wees (4563). Tot dusver is bitter min hiervan waarneembaar.

    Myburgh skryf: “In order to fully answer the myth of African inferiority, African nationalism had to find an explanation for the disparity of achievement between Europe (and her descendants) and black Africa which lent this myth its apparent plausibility. It was in this context that the idea that Europe, and her descendants in Africa, had attained their advantages through the exploitation of black Africans had such resonance” (3996). “It ascribed the present advantages of the white group to the enslavement, dispossession, and exploitation of the black majority” (4058). Afrika-nasionaliste verkies om te glo dat Afrika, vóór die koms van die blankes, ‘n paradys was. Hulle bly hunker om daarheen terug te keer, “to be ‘reborn’ to her glorious past” (4483). “The idea of rebirth was intrinsic … to African nationalist thought” (4003). Vandaar Mbeki se gewaande Afrika-renaissance, waarvan eintlik niks tereg gekom het nie en waarvan ons ook nie eens meer hoor nie. “The end of white rule in Africa had not brought the long promised, and long delayed, continental rebirth” (4738). Sonder ekonomiese voorspoed is herlewing nie moontlik nie. Voorspoed is onmoontlik as die staatskas leeg gesteel word. “Ultimately genuine equality and true recognition could only be built upon real achievement” (4752).

    Voordat in die laaste twee hoofstukke, 7 en 8, by Mbeki se berugte MIV/vigsbeleid uitgekom word, verskaf Myburgh die volgende opsomming. “The ANC needed to mobilise against the white minority after the transfer of power in order to hold ‘the [black] nation’ together … Mbeki … was driven by a passionate desire to prove that black Africans could govern successfully, and democratically, and manage a sophisticated and modern economy. Yet the policies of centralisation and deployment employed to hasten the attainment of that goal resulted in institutional decay and a drift towards authoritarianism. There was, from the beginning, a refusal to acknowledge the trade-offs that would have to be made between ‘affirmatief action’ and efficiency, Africanisation and non-racialism … When the predictable consequences of these policies became self-evident, the only way to maintain the purity and infallibility of the ANC’s ultimate purposes was to conjure up the ‘demon’ of white racism” (4765).

    Ek skryf nie in besonderhede oor Mbeki se MIV/vigs-debakel nie omdat dit van min aktuele belang is. “HIV/Aids did not fit easily into the African nationalist paradigm, which saw all the woes of the black majority as a product of colonialism and apartheid” (4786). “Aids may confirm Western racial prejudices about black Africans … The idea that Aids had originated in Africa [is] a ‘calculated racial insult’” (4798); “[ie] the thesis about the alleged original transmission of HIV ‘from animals to humans’” (6123). Die hoë voorkoms van vigs onder swartes kan die indruk wek of versterk dat swartes seksueel ooraktief of losbandig is. Mbeki het ‘n renons in enige kritiek op swartes. Hy wou nie erken dat MIV (mensimmuniteitsgebreksvirus) vigs veroorsaak nie. Hy het die oorsaak eerder in sosio-ekonomiese status gesoek (5640), bv in “poverty, malnutrition, poor sanitation and parasitic diseases” (5633).

    Hiermee het Mbeki vigslyers vrygeskel van verantwoordelikheid en die geleentheid geskep om die skuld eerder op die blankes te pak. “The idea that immune deficiency was caused mainly by poverty fitted into the old anti-colonial paradigm of the liberation movement, since poverty was a ‘legacy of apartheid and colonialism’” (6137). Op hierdie manier Mbeki “defended the dignity of the black majority, absolved the ANC of moral responsibility, and placed the blame for the epidemic back onto the ‘legacy of the past’” (6310). “Taken together, Mbeki argued, … scientific claims confirmed the racial stereotypes he believed white people held about blacks” (6130). Chris McGreal het gesê: “Mbeki is obsessed by race” (5927).

    Rusty Bernstein (1926-2002), ‘n Joodse kommunis, was die hoofskrywer van die Vryheidsmanifes van 1955, wat die grondslag van die ANC se beleid is. Ben Turok (1927-2019) het die ekonomiese beleid vervat in die manifes geformuleer. Hierna het nog Joodse kommuniste, soos Michael Harmel (1915-1974) en Joe Slowo (1926-1995), die beleid verder bepaal. Mbeki, self voorheen ‘n SAKP-lid, was sedert 1994 die hooftoepasser van hierdie beleid, wat tot op hede, wat die hoofoogmerke betref, dieselfde gebly het. Die nuwe Suid-Afrika kon dit kwalik slegter getref het as met ‘n regime soos die openlik rassistiese, ondoeltreffende en immorele ANC.

    Die ANC se oogmerk is “to transform South Africa ‘from a European outpost in Africa into an African country, with a predominantly African cultural character, and showing a face to the world that is nationally representative of its peoples’” (2876). Dit word normalisering genoem (2882). Ek is ‘n Europeër of Westerling in Afrika. Dit is vir my mooi as iets opgebou en bewaar word. Dit is vir my weersinwekkend as wat onder die leiding van blankes oor eeue daargestel is, afgebreek en vernietig word. Dit is wat die ANC doen.

  • Leon Lemmer: Abraham Lincoln se gesindheid teenoor swart mense

    Leon Lemmer: Abraham Lincoln se gesindheid teenoor swart mense

    Phillip W Magness is ‘n historikus wat ‘n boek gepubliseer het oor die linkse The New York Times se huidige poging tot die herskrywing van die Amerikaanse geskiedenis, naamlik The 1619 project: A critique (2020, Kindle $5,75). Dit is ‘n uiters belangrike onderwerp waarvan kennis geneem behoort te word. Ek sal daaroor skryf sodra ek Peter W Wood se boek, 1620: A critical response to the 1619 project (Kindle $22,41), wat op 17 November 2020 gepubliseer gaan word, gelees het. Van Magness, met Sebastian N Page as mede-outeur, het daar ook die volgende boek verskyn: Colonization after emancipation: Lincoln and the movement for black resettlement (Columbia: University of Missouri Press, 2011, 178p; Kindle $16,66). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek.

    Barack Obama het ‘n foto van Abraham Lincoln (1809-1865, president 1861-1865) teen die muur van sy ovale kantoor in die Withuis gehad. By sy inhuldiging as president het Obama gekies om op Lincoln se Bybel te sweer. Hierdie Bybel het voorheen aan Martin Luther King jr behoort (Time, 4.02.2013, p 4). Dat Obama en baie swart Amerikaners, asook linkse blankes, groot simpatie met sowel Lincoln as swart mag het, word algemeen aanvaar. Vorige presidente het gewoonlik die Bybel van een van die “Founding Fathers” (George Washington, John Adams, Thomas Jefferson, James Madison) gekies.

    Weens die linkse ingesteldheid van die meeste massa-inligtingsmedia het die mening posgevat dat Lincoln, die bevryder van die Amerikaanse slawe, sy tyd vooruit was met ‘n (ongekwalifiseerde) pro-swart gesindheid. Dit is ver van die waarheid. Dit herinner aan die leuen wat deur die Slawemuseum in Kaapstad versprei word: dat die Hollanders aan die Kaap die slawe-eienaars en -mishandelaars was met die goeie Britte as hulle bevryders. Marthinus van Bart het hierdie valsheid in sy boek, Kaap van slawe (2012), uitgewys. Vir Dan Roodt se resensie: Praag 21.07.2013.

    In die Collins World Encyclopedia (Glasgow: HarperCollins, 2003) is daar die volgende opsomming oor Lincoln: “During the American Civil War [1861-1865], his chief concern was the preservation of the Union from which the Confederate (southern) slave states had seceded on his election. Lincoln strove to reunite the nation, preserve the federal government, and end slavery” (p 541) en “Emancipation Proclamation: official order made by US president Abraham Lincoln on 22 September 1862 … that freed slaves in Confederate (southern) states. The order stated that from 1 January 1863 all slaves in states that were still rebelling against the Union would be forever free. Border states that remained loyal to the Union were excluded. Parts of the South that were then under Union control were also exempt” (311). Die rede waarom Lincoln nie-opstandige state aanvanklik van slawe-vrystelling vrygespreek het, was omdat hy nie ontevredenheid onder daardie slawe-eienaars wou veroorsaak nie.

    Waaroor dit primêr vir Lincoln gegaan het, was om die politieke eenheid van Amerika te herstel. Die vrystelling van die slawe in die opstandige suidelike state sou hiertoe bydra deur hierdie state intern te verswak. Nadat die noordelike state die Burgeroorlog gewen het, is slawerny op aandrang van Lincoln in 1865 met die 13de wysiging van die Amerikaanse Grondwet beëindig. Waarop Magness en Page in hulle boek fokus, is Lincoln se pogings om, ná die vrystelling van die slawe in sommige suidelike state op 1 Januarie 1863, hierdie slawe buite Amerika te hervestig, in Afrika, Sentraal-Amerika of die Karibiese streek (Kindle 111). Dit dui uiteraard nie op ‘n groot liefde vir swartes by Lincoln nie. Naas politieke eenheid het hy mono-rassigheid en kulturele eenheid vir Amerika begeer.

    “Writers from Thomas Jefferson [1743-1826] to Alexis de Tocqueville [1805-1859] openly expressed vexation over the multiracial future of the North American continent should emancipation ever come. Many leading political figures, Jefferson among them, turned to colonization as a corollary to emancipation” – ook James Madison (117). Lincoln het hierdie tradisie voortgesit. Onderliggend is daar die voorkeur vir rasseskeiding (123). “In 1857 Lincoln declared the ‘separation of the races’ to be the ‘only perfect preventative of amalgamation’, noting that ‘such separation, if ever effected at all, must be effected by colonization’” (153). “Even prior to the proclamation, Lincoln sincerely advanced colonization ‘as a device or ploy to make emanicipation more palatable to a racist northern electorate’” (265). Rassisme, rasseskeiding en ‘n pro-slawerny-gesindheid was sekerlik nie tot die suidelike state beperk nie. “The northern ‘Treasury of Virtue’” (213), waarop ná die Burgeroorlog geroem is, is ‘n mite.

    In 1862 “Congress obliged Lincoln’s request, providing the $600 000 colonization fund” (168). “To add some perspective, the entire federal budget for the previous year had barely topped $60 million” (176). Lincoln “established an Emigration Office in the Department of the Interior to administer his colonization policies … and pled the scheme’s merits before a delegation of free black residents of the District of Columbia” (176). “Lincoln … believed that the white and black races ‘should be separated’ to the betterment of both, as he told a ‘deputation of Negroes’ at the White House in August 1862” (286). In die proklamasie van vrystelling van 22 September 1862 staan wat beoog word: “to colonize persons of African descent, with their consent, upon this continent, or elsewhere” (181). “Lincoln rebuffed the suggestion of Edward Bates, the attorney general, to make colonization a program of compulsory deportation. Instead, he endorsed a policy of ’emigration’ which ‘must be voluntary and without expense’ to the applicants” (427). James Mitchell is as die kommissaris van emigrasie aangestel (355).

    “Just three weeks after signing the Emancipation Proclamation, Lincoln personally approached the British minister to the United States to discuss a joint venture between the two nations in the Caribbean. Lincoln knew that the agricultural colonies of the British West Indies were perpetually plagued by labor shortages” (300). Maar die Britte moes van hulle kant af rekening hou met die “antislavery campaigners in England” (453). In Amerika was daar ‘n ander probleem: “Politics precluded recruitment south of Philadelpia and kept the desirable labor supply of the plantation South out of reach, even in places the Union controlled” (584). Vir die noordelike state was dit immers belangrik dat boerdery so min moontlik ontwrig word in die suidelike state waaroor hulle reeds beheer verkry het.

    In sy debatte met Stephen Douglas (1813-1861) in 1858 het Lincoln gesê: “I am not, nor ever have been in favor of bringing about in any way the social and political equality of the white and black races – that I am not nor ever have been in favor of making voters or jurors of negroes, nor of qualifying them to hold office, not to intermarry with white people; and I will say in addition to this there is a physical difference between white and black races which I believe will for ever forbid the two races living together on terms of social and political equality” (153). In hierdie opsigte was Lincoln sy tyd sekerlik nie vooruit nie.

    Teen 1865 was Lincoln egter bereid om stemreg te gee aan die swart soldate wat aan die kant van die Unie teen die Suide geveg het (258). Ek moet byvoeg dat Lincoln swartes ook gebruik het om krygsgevangenes van die Suidelike magte op te pas, wat daardie blankes as vernederend ervaar het. Dit is soortgelyk aan die destydse Britse laai in die Oos-Kaap om pandoers teen opstandige Boere te gebruik. Iets wat die werwing van swart emigrante tydens die Burgeroorlog in die wiele gery het, is dat die Unie verkies het om swartes, bv vrygestelde slawe, eerder as soldate te gebruik. Daar is verwag dat dit ná die Burgeroorlog makliker sou wees om swart arbeiders as emigrante te werf (766, 813). ‘n Probleem wat toe opgeduik het, is dat die lone in ander lande laer was as wat die swartes in Amerika ontvang het (931). Verder was ander lande ongeneë om swart vlugtelinge uit die suidelike state as immigrante te aanvaar (945). Hulle is as onwettiges (“contrabands”) beskou (937).

    Blanke slawe-eienaars het geld in hulle testamente bemaak vir die vrystelling van slawe, op voorwaarde dat hulle hulle buite Amerika hervestig (141); soms om van hulle buite-egtelike kinders ontslae te raak. Die meeste vrygestelde slawe het dit egter as hulle geboortereg beskou om in Amerika aan te bly (147). Vir die Amerikaanse regering was daar “the difficulty of increasing migration’s appeal among the free black population” (667). Dit dui enersyds daarop dat swartes daar nie so vreeslik sleg behandel is as wat sedert die 1960’s (die era van die burgerregtebeweging) beweer word nie. Andersyds impliseer dit dat swartes (wyslik) verkies om eerder deur blankes regeer te word, onder meer omdat die swart regimes in Liberië en Haïti skouspelagtig misluk het.

    Reeds vóór Lincoln se presidentskap was die repatriasie van swartes op die Amerikaanse politieke agenda. Van 1822 tot 1892 het sowat 22 000 vrygestelde slawe, hoofsaaklik van Amerika, hulle in Liberië in Wes-Afrika hervestig. In 1861 het dié getal op 12 000 gestaan. Ek het reeds oor hierdie Amerikaanse “kolonie” geskryf (Praag 18.11.18). Sierra Leone was ook by hierdie immigrante betrokke (Praag 11.11.2018). Graham Greene (1904-1991) het albei lande in 1935 besoek (Praag 6.01.2019).

    Gedurende Lincoln se ampstermyn was daar naas Liberië in Afrika verskeie plekke in die Amerikas waar gepoog is om vrygestelde Amerikaanse slawe te hervestig, naamlik Panama, Haïti, Brits-Honduras (Belize), en (Brits-)Guiana. Ecuador is ook as ‘n moontlikheid genoem (406). Tydens die Burgeroorlog was onderhandelinge met ander lande problematies omdat hulle nie kant wou kies in die Burgeroorlog nie. Hulle het immers toe nie geweet watter party die oorlog sou wen nie (460). “The [British] Foreign Office knew that [the slaves’] freedom came at great cost to the southern Confederacy by design and, thus, presented a source of ’embarrassing complications’ for a foreign power wishing to maintain its diplomatic distance from the raging Civil War” (447).

    Vir die verskillende lande wat vir die hervestiging van Amerikaanse swartes oorweeg is, is op verskillende tye verskillende diensperiodes in die dienskontrakte voorgestel. Vir korter periodes moes die werkers self hulle vervoerkoste opdok. Die getal afhanklikes wat ‘n werker kon vergesel, het sake ook bemoeilik. Om emigrasie aantrekliker te maak, is soms ook ander opsies aangebied, bv “emigrants would either receive land to cultivate on their own account or wages for working for others” (1479).

    Wat vasgestaan het, is dat “colonization remained the official policy of the Lincoln administration” (1608), onder meer vanweë Lincoln se “well-documented fear of racial violence after the war” (2256). Lincoln het gesê: “If these black soldiers of ours go back to the South I am afraid they will be but little better off with their masters than they were and yet they will be free men. I fear a race war and it will be at least a guerrilla war” (2265). “Gideon Welles [1802-1878] later remarked that the president feared ‘a war more terrible than that in which we were now engaged’, brought on by the oppression of the freedmen in a postwar South … It prompted Lincoln [in 1862] to include colonization as ‘an essential part of the emancipation policy’” (2284). “To mollify northern fears of emancipation the conjectured strategy required a clear and public overture toward colonization” (2376).

    Met die oog op die hervestiging van Amerikaanse swartes is in 1862 gepoog om grond in die Chiriquí-streek in Panama van ‘n privaat belegger te koop (181). Hierdie skema het misluk weens die groeiende teenstand van die regerings van buurlande (420, 599), bv Colombië, wat toe ‘n Spaanse kolonie was (2548). Teen die einde van Lincoln se ampstermyn was daar die idee “to colonize the Isthmus of Darien [Panama] and employ the freedmen in the construction of a ship canal” (2208). 50 000 bevryde slawe sou daarheen vervoer word. Die sluipmoord op Lincoln was die einde aan hierdie projek (2241).

    In Desember 1862 is ‘n poging aangewend om vrygestelde Amerikaanse slawe op Île á Vache, ‘n eiland suid van Haïti, te vestig. 500 immigrante het daar aangekom. Hulle was egter nie in staat om vir hulleself te sorg nie en het hongersnood gely. Sowat 450 is deur die Amerikaanse vloot gered. Vroeg in 1864 was hulle terug in Amerika (188).

    Soos elders in die Britse Ryk is die slawe op Jamaika in 1834/38 vrygestel. In 1851 het die regering van hierdie eiland begin om pogings aan te wend om swart immigrante as werkers uit Noord-Amerika te trek (701). In daardie stadium is werkers uit Indië en China reeds in die Karibiese gebied gevestig, maar die afstand wat oorbrug moes word was groot en die koste van skeepsvervoer hoog (868).* Reeds in 1862 het die Amerikaanse en Britse regerings begin onderhandel oor “an agreement to resettle the slaves freed by the proclamation by encouraging and subsidizing their voluntary migration to the colony of Britsh Honduras” (306). “London responded … with deliberate caution, having received word from the legation in Washington that ‘it appears improbable that any negroes will be induced to emigrate from America’” (473).

    [* In hierdie tyd (1860’s) het die Britte Indiërs as kontrakwerkers vir die suikerplantasies in Natal gewerf. Later is Chinese as arbeiders vir werk in die Randse goudmyne ingevoer. Anders as in die geval van die Chinese is die meeste Indiërs, ná die verstryking van hulle kontrakte, toegelaat om in die land aan te bly.]

    In 1862 was die Britse regering se siening: “Many … might, and indeed the President himself, be inclined to the opinion that the most desirable thing for both the races was to separate them, and to reserve North America exclusively for the whites” (578). In Junie 1863 het ‘n Britse agent Lincoln ook gevra om die repatriasie van vrygestelde slawe na Brits-Honduras in Sentraal-Amerika te oorweeg (28). Dit het saamgeval met pogings om slawe wat deur Britse skepe op see onderskep is nie meer in Sierra Leone vry te laat nie maar in die Karibiese streek (486). In Desember 1863 het die Britse regering se houding jeens Amerikaanse swartes radikaal verander. Daar is besluit dat geen swart Amerikaners as immigrante in Brits-Honduras (en dus ook Jamaika) toegelaat sou word nie (1190). Daar is eerder voortgegaan met die invoer van Indiese en Chinese werkers (1204).

    In 1864 het 131 immigrante uit Barbados in Brits-Honduras aangekom. Ander Barbadane het op die Britse eiland Antigua gaan werk (1311). Daar is ook pogings aangewend om werkers uit Meksiko te trek (1216). Teen die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog het verskeie (“several”) blanke Suiderlinge hulle as boere in Brits-Honduras gevestig omdat hulle nie onder die Unie-regering in Amerika wou aanbly nie. “They formed an expatriate community in the colony’s northern agricultural region, appropriately dubbed ‘New Richmond’” (1223). Richmond, Virginia, was die hoofstad van die Konfederasie.

    Tydens samesprekings oor Brits-Honduras “the colony of British Guiana soon joined the negotiations. Not long after, Lincoln directed the State Department [ie department of foreign affairs] to present a proposal with similar features to the Netherlands for their neighboring South American colony of Surinam [Dutch Guiana]” (312). Dit het deur bemiddeling van die Amerikaanse konsul in Demerara [Georgetown] geskied (526). In 1863 “Surinam had not yet even abolished slavery” (1561). Daar was “the lack of an abolitionist lobby in the Netherlands and … fears of the scale of compensation required for the 33 000 slaves in Dutch Guiana and several thousand others in the outlying Dutch Antilles” (1566). “There was indeed an undercurrent of tension in Surinam in the summer of 1863 caused by the prospect of decade-long apprenticeships and imminent compulsory contracts for the freedmen” (1573). Dit het vir sowel die Britse as die Amerikaanse regering onoorkomelike probleme geskep omdat albei teen slawerny gekant was.

    In 1853 was Brits-Guiana die eerste Britse kolonie wat Chinese en Indiese werkers bekom het (1204). Die invoer van Amerikaanse swartes na Brits-Guiana was egter tot mislukking gedoem want “it offered less than one-fourth the wage rate to which they were accustomed” (1349). Let nog eens op hoe goed die swartes in Amerika behandel is. “‘Accounts from the United States [in 1864] appear to show that nothing short of compulsion will induce the coloured population to emigrate’; [but] compulsion was not going to be used” (1355). Die enigste resultate wat met die emigrasie van swart Amerikaners in Lincoln se tyd behaal is, is enersyds die 500 wat skaars ‘n jaar lank op ‘n eiland suid van Haïti deurgebring het en andersyds die beperkte getal wat hulle in Liberië gevestig het. Laasgenoemdes het in sommige gevalle ook na Amerika teruggekeer.

    Toe daar nie die gewenste resultate met emigrasie na die buiteland behaal is nie, is voorgestel dat die swartes in Wes-Texas hervestig word (1864, 1902). Ná Lincoln, toe Ulysses Grant (1822-1885) die Amerikaanse president was (1869-1877), was daar ‘n poging “to annex Santo Domingo [the capital of the Dominican Republic], intended in part to serve as a home for ex-slaves” (2073). Toe die dood van Lincoln in 1889 herdenk is, het Samuel Pomeroy (1816-1891) gesê: “The only outlet for the African race, in Lincoln’s opinion, was to free them and colonize them in the tropics. Lincoln had no idea that the negroes were to live among us as freedmen with equal rights” (2194).

    Magness en Page skryf in die laaste hoofstuk: “The upshot of the evidence is that colonization remained on the table well beyond the Emancipation Proclamation, and its persistence until the end of Lincoln’s presidency ought not to be readily dismissed” (2499). Met ander woorde, dit lyk asof “Lincoln died a colonizationist” (2505). “It is fact that Lincoln pursued colonization as policy” (2554). “It strikes at the heart of egalitarianism, holding that different races belong in different climates, theoretically self-governing but separate and apart from each other. This premise carries with it the inference that two races are incapable of cohabiting, save in circumstances where one oppresses the other” (2499). Byvoorbeeld, dit kan beweer word dat die Suid-Afrikaanse blankes die swartes onderdruk het en dat die swartes sedert 1994 die blankes onderdruk. “The prospect that the ‘Great Emancipator’ subscribed to colonizationist beliefs, seems to completely dispel his popular reputation as a racial egalitarian. From this uneasy query though comes the necessary task of distilling Lincoln the man from Lincoln the legend” (2505). Anders as by FW de Klerk was daar nie ‘n 180º rigtingverandering by Lincoln nie.

    Lincoln het die vrystelling van die slawe bewerkstellig. Op grond hiervan is ‘n valse openbare beeld van hom as pro-swart geskep. Onder die leiding van Nelson Mandela het die swartes politieke beheer oor Suid-Afrika verkry. ‘n Valse openbare beeld van hom as ‘n vredesikoon en versoener is geskep. Dit ignoreer Mandela se rol, van 1961 af, as ‘n (gewetenlose) geweldenaar wat die dood van derduisende swartes weens ANC/UDF/SAKP-aktiwiteite veroorsaak het.

    Dit is nodig om oorweging te skenk aan hoe Suiderlinge die Burgeroorlog eerstehands ervaar het, bv soos beskryf in Mary Boykin Chesnut (1823-1886) se hoogaangeskrewe Diary (Praag 17.12.2016). Sy was teen slawerny gekant en dit beskou as ‘n parasitiese stelsel ten koste van slawe-eienaars. “The negroes would be good riddance. A hired man would be a good deal cheaper than a man whose father and mother, wife and twelve children have to be fed, clothed, housed, and nursed, their taxes paid, and their doctor’s bills, all for his half-done, slovenly, lazy work” (Kindle 5431). Nadat Lincoln die Chesnuts se slawe vry verklaar het, het hulle almal op die plaas aangebly. Lincoln het die slawe in die Konfederasie enersyds tot opstand aangehits en hulle andersyds aangemoedig om na die noorde te dros sodat hulle onder meer as soldate teen die Konfederale magte gebruik kon word. Chesnut skryf: “If slavery is as disagreeable to negros as we think, why don’t they all march over the border?” (1391). “There seems to be not a single case of a negro who betrayed his master” (5398).

    Die populêre beeld wat sedert die 1960’s in Amerika geskep is, is dat die Amerikaanse swartes vreeslik sleg deur die blankes behandel is. Die uiteensetting hier bo toon dat Amerikaanse swartes, insluitende die slawe, in werklikheid so goed daaraan toe was, veral in vergelyking met toestande in ander lande, dat hulle nie uit Amerika wou padgee nie. In Suid-Afrika word doelbewus soortgelyke misleiding gepleeg met oordrewe bewerings oor hoe sleg swartes tydens die blanke bewind, veral tydens apartheid, behandel is. Op hierdie manier word die aandag afgelei van die onverkwiklike ná-1994-werklikheid dat die land en sy inwoners slegter as ooit tevore daaraan toe is. Tydens apartheid moes die NP-regering die landsgrense deurentyd bewaak om onwettige immigrante, veral swartes uit Afrika, buite te hou. As Suid-Afrika toe hel op aarde vir swartes was, soos deesdae dikwels beweer word, sou geen swarte gepoog het om die land binne te kom nie.

    Lincoln het die saambestaan in Amerika van ‘n meerderheid blankes met ‘n minderheid swartes as heeltemal onaanvaarbaar verwerp. Wat sou Lincoln van die nuwe Suid-Afrika gedink het waar FW de Klerk en sy groepie meelopers ‘n minderheid blankes mandaatloos en roemloos aan ‘n verswelgende meerderheid swartes uitverkoop het? Toe hy gelewe het, sou Lincoln De Klerk se “kwantumsprong” ongetwyfeld as onverdunde dwaarsheid beskou het. Ná sy dood sou die nuwe Suid-Afrika Lincoln kort-kort in sy graf laat omdraai het. Die magsoorname deur die ANC-regime in 1994 was nie die begin van ‘n era van hoë moraliteit soos valslik voorgegee word nie. Dit het geblyk toenemend ‘n fees vir ‘n leërskare immoreles te wees wat weens steelsug besig is om die land bankrot te plunder.

  • Leon Lemmer: ‘n Prulboek oor ons geskiedenis

    Leon Lemmer: ‘n Prulboek oor ons geskiedenis

    Die era vir die herskrywing, eintlik doelbewuste vervalsing, van Suid-Afrika se geskiedenis het aangebreek. John Laband het ‘n boek oor die gewelddadigheid van Hollandse en Britse kolonialisme geskryf (Praag 29.08.2020). Ons geskiedenis tot die negende Oosgrensoorlog (1877-1878) word gedek; nie die Anglo-Boere-oorlog of die swartes se gewelddadigheid nie. Laband is ‘n historikus met ‘n gebrekkige sin vir objektiwiteit. Nou is ‘n stap verder gegaan. Van ‘n nie-historikus, Patric Tariq Mellet (gebore in 1956), is ‘n boek gepubliseer wat suiwer propaganda vir sy pro-ANC-standpunt is: The lie of 1652: A decolonised history of land (Cape Town: Tafelberg, 2020, 427p; Kindle $13,56).

    Die outeur is beswaard oor “the suppression and distortion of history and heritage under colonialism and apartheid” (Kindle 3943). Sy doel is “to disrupt the dominant colonial paradigm of thinking about southern Africa” (1608). Daar is glo “a plethora of lies about almost everything that constitutes history in the Cape and a hiding of the truth about the full ancestral and cultural heritage of the majority of the population” (4798). “People have been denied their history and been indoctrinated by apartheid history for so long. Cultural liberation or restorative justice cannot be sought from a version of history concocted by those responsible for the demise of our heritage” (4498).

    Daar is geen sprake van enige pretensie op objektiwiteit nie. Die outeur word beskryf as “a former liberation movement cadre, who returned from exile in 1990” (7383). Hy het in 1999 ‘n MSc-graad oor “heritage tourism” aan Buckinghamshire New University verwerf; ‘n inrigting wat daarop aanspraak maak dat hy sedert 1891 bestaan, maar universiteitstatus is eers in 2007 aan hom toegeken.

    Op die ANC se South African History Online (“towards a people’s history”) is daar ‘n ellelange inskrywing gebaseer op Mellet se selfverheerliking. Hy het die voorkoms van ‘n blanke maar het tussen bruin mense by Kaapstad grootgeword. Op skool het hy nie verder as die Junior Sertifikaat (graad 10) gevorder nie, maar tyd gehad om politieke onrus te stook. Hy wou nie militêre diensplig doen nie en het hom as ‘n bruin mens laat herklassifiseer. In 1978 het hy Suid-Afrika verlaat. Hy roem op lidmaatskap van die ANC, MK en SAKP. As “vryheidsvegter” het hy as Pat de Goede bekend gestaan. Sy “magistergraad” is nie deur ander grade voorafgegaan nie. Ná sy terugkeer in 1990 het die ANC allerhande werkies aan hom gegee, wat onder meer talle buitelandse reise ingesluit het. Hy beweer dat hy meer as 30 lande besoek het of daar gewoon het (79). Die ANC-regime weet hoe om sy kaders op buitelandse reise te ontplooi. Dit maak nie saak hoeveel staatsgeld dit kos nie. In 2015 het Mellet afgetree. Dit het aan hom die geleentheid gebied om ‘n boek wat hy in 2010 gepubliseer het, Lenses on Cape identities: Exploring roots in South Africa (Cape Town: Dibanisa), te herskryf. Tereg beskou hy homself nie as ‘n akademikus nie, maar as ‘n “heritage activist.”

    Die skandaligste is dat Naspers/Media24 ‘n dekade ná Mellet se vorige boek hierdie opgewarmde propaganda gepubliseer het asof dit ‘n historiese relaas is. Wat opval, is dat geen historikus die boek aanbeveel nie. Dit lyk asof ANC-kruipsug in sy suiwerste vorm Tafelberg geïnspireer het om hierdie prulboek te publiseer. Min mense besef hoe radikaal Naspers sedert 1994 getransformeer is. Ton Vosloo en Koos Bekker het destyds skerp verskil toe Nasionale Pers se naam na Naspers verander is. Bekker het, skynbaar tereg, gedink dat ‘n heeltemal nuwe naam uitgedink moet word. Op Naspers se webtuiste is daar foto’s van drie nieblankes – geen blankes nie. Soos die ANC begeer, word Naspers se geskiedenis voorgestel asof dit eintlik eers in 1994 begin.

    Onlangs is talle berigte oor Danny Titus gepubliseer. Die indruk wat doelbewus gewek is, is dat Afrikaans ‘n steunpilaar verloor het. Afrikaans was Titus se moedertaal. Toe hy in Nederland studeer het, het hy egter al sy werkstukke in Engels gelewer; nie in Afrikaans of Nederlands nie. Hy het Engels as sy huistaal gekies, sy kinders in Engels laat skoolgaan en boodskappe in Engels aan sy oorlede vrou geskryf. Ek het kommentaar aan Netwerk24 gestuur om die aandag te vestig op die valsheid wat daar in Michael le Cordeur se lofsang vir Titus is (Netwerk24, 29.09.2020). My reaksie is nie gepubliseer nie. Ek het beswaar geopper teen die anonieme dwaas wat my opmerkings gesensureer het, maar dit is ook nie gepubliseer nie.

    Wat duidelik is, is dat Naspers/Media24 doelbewus valse voorstellings die wêreld instuur om sy politieke byderwetsheid gestand te doen. Toe Esmaré Weideman in 2018 as die uitvoerende hoof van Media24 uitgetree het, het sy die kommunistiese stommiteit verkondig dat die taak van ‘n joernalis is om die wêreld te verander. Dít funksioneer klaarblyklik steeds as Media24 se rigsnoer. In werklikheid is ‘n joernalis veronderstel om inligting so waarheidsgetrou moontlik oor te dra.

    Die gevaar wat ons loop met ‘n (voorheen) toonaangewende uitgewer wat ‘n prulboek publiseer, is dat wat Mellet beweer voortaan male sonder tal as evangelie aan ons opgedring gaan word. Dit sal dan soortgelyk wees aan Christo van Rensburg se bogbewering dat Afrikaans ‘n halfeeu voor die 1652-aankoms van Jan van Riebeeck ontstaan het. Glo danksy die buitengewone vindingrykheid van die Khoi-Khoin, al het hulle in geen ander opsig (buitengewoon) gepresteer nie. Die propagering van Mellet se boek as evangelie het reeds begin. Heindrich Wyngaard skryf: “Diepsinnig en noukeurig word daar met bruin mense se ras-dilemma omgegaan” (Die Burger, 2.10.2020, p 10).

    Van James Myburgh, wat Politicsweb in 2007 gestig het, is die volgende boek onlangs gepubliseer: The last Jacobins of Africa: The ANC and the making of modern South Africa (Politicsweb Publishing, 2020, 262p; Kindle $11,49). Die teks is reeds in 2007 vir publikasie aan Naspers voorgelê maar omdat die outeur hom krities oor die Thabo Mbeki-bewind uitlaat, is besluit “the book was too controversial to publish” (Kindle 235). Dit illustreer in watter mate Naspers/Media24 getransformeer is. Myburgh se verdienstelike boek word nie gepubliseer nie omdat die ANC/SAKP liefs nie gekritiseer moet word nie. Mellet se prulboek word egter op die publiek losgelaat al sal baie blankes, veral Afrikaners, die teks as hoogs aanstootlik en boonop vals ervaar. Heel moontlik koester die Tafelberg-uitgewery die nie-vergesogte hoop dat hierdie fopgeskiedenisboek aan universiteite en vir gebruik in skole voorgeskryf sal word, wat ‘n jarelange afset van derduisende eksemplare en dus groot wins kan verseker. (Ek hoop om Myburgh se boek eersdaags te bespreek.)

    Dit lyk asof baie blanke Suid-Afrikaners se onsinverklikkers sedert 1994 afgeskakel is. Wat Mellet met sy boek beoog, is “retorative memory that is vital to restorative justice” (138). Die valse beeld wat Mellet doelbewus van die verlede skep, kan myns insiens onmoontlik as grondslag vir herstellende geregtigheid dien. Wat Mellet heel moontlik eerder begeer, is dat die grootste moontlike onreg deur die ANC-regime teen die blankes gepleeg moet word. Nêrens in sy boek word daar erkenning gegee aan wat onder die leiding van die blankes in Suidelike Afrika tot stand gebring is nie.

    Vóór 1994 was Suid-Afrika die beskaafste, ontwikkeldste en voorspoedigste land in Afrika. Mellet sal dit seker uitsluitlik toeskryf aan die (gewelddadige) uitbuiting van die nieblanke inwoners. Hy toon geen begrip vir hoe gelukkig die inheemse bewoners dit getref het dat blankes uit Europa hierheen gekom het om die land en al sy inwoners se lewensomstandighede te verbeter nie. Mellet se standpunt is die teenoorgestelde: “1652 does have much importance as a year as the genesis of the colonial assault and dispossession of land and resources that negatively changed the lives of so many” (2064). Hy maak byvoorbeeld melding van “the colonial rape of Africa” (4721).

    Met die intrap was dit vir my as leser duidelik dat ek hier met ‘n amateur-outeur te make het. Mellet kla oor “the loss of land, the loss of belonging and the loss of identity” (4). Maar wat hy in die teks doen, is om enige moontlike ras- of etniese/kultuuridentiteit af te breek of summier te ontken. “I was furnished with the basic intellectual tools that assisted me to explore the wonderful world of identity when colour, ‘race’, ethnicity, ideology, primacy and nationalism of any type are removed from the picture” (75). Die werklikheid van verskillende rasse word ontken. “There is only one human race” (415; ook 5196). “Genetic studies have demolished the ‘race’ and ‘ethnographic’ constructs as a means of identifying humanity” (596). “The different African indigenous peoples are all part of one human family and are not separate ‘races’” (552). Die blankes word egter uitgebeeld as nie-Afrikane, indringers, vreemdelinge; dus hoogstens bose stieffamilie wat maar stief behandel kan word.

    Etnisiteit/kultuur word hoogs oordrewe as ‘n potpourri voorgestel. “Ethnicity was porous” (1386). “Cultures and identities are social constructs” (1059). Mellet se eie afkoms word die lens waardeur hy alles sien: “Our family … were a mix of people who would be classified as Coloured, Indian and White” (30). Dit is soortgelyk aan die manier waarop Nico Koopman homself tot norm verhef met sy hibriditeitsideaal; insluitende ‘n hibriede Afrikaans, naamlik Kaaps. Voorspelbaar beskou Mellet Afrikaans as ‘n kreoolse taal (3874). “Language is also porous and not rigid. It defies the tendency of people today to want to box languages into conserved ‘tribal’, nationalist, ethno-nationalist or ‘race’ silos” (631). Wat ek nie kan kleinkry nie, is dat mense van gemengde afkoms bly neul oor hoe die nieblanke deel van hulle herkoms na bewering benadeel is. Oor die beweerde bevoordeling van die blanke deel van hulle herkoms word geswyg. Waarop Mellet se betoog neerkom, is dat nieblanke mense wonderlik goed en blankes heluit sleg was en is.

    Dat daar rasvermenging tussen die San en Khoi-Khoin, asook tussen die Khoi-San en die Bantoes was, kan seker aanvaar word. Die mate waarin ras- en etniese vermenging voorgekom het en die salige goeie verhouding wat daar tussen al die nieblanke groepe bestaan het, word egter heeltemal oordryf. Hulle word as ‘n enkele groot, gelukkige, uitgebreide gesin of familie voorgestel. “It is important for us in purging the pain of the past, and for healing, to acknowledge the greatest imposition of colonialism on Africans – the transfer of a culture of violence and aberration of a kind previously unknown to the San and Khoe” (769).

    “All humans in Africa today are descendants of humans who were migrants at some point in history … all moderrn humans in the south and east of Africa are in ancient terms genetically related to San communities … all share a common root” (605). As dit hoe is, beweer hy egter dat daar meerdere “cradles of humankind” in Afrika is (482, 587). Sy beperkte kennis van “linguistics, like genetics, reveals the migratory spirit in the history of Homo sapiens and dispels the notion of the ‘natural separation’ of so-called ‘races’” (621). Rasseskeiding, apartheid, soort-soek-soort, word as onnatuurlik verwerp.

    Die enigste vlieg in die plaaslike salf is die bose blankes wat die inheemses se grond en vee gesteel en met verdeel en heers ellende gesaai het. Mellet se motief is duidelik: Hy wil die eensgesindheid/solidariteit van alle nieblankes teen die blankes bevorder. Alle sogenaamde generiese swartes, per definisie benadeeldes, moet bevoordeel en alle blankes, per definisie bevoordeeldes, moet benadeel word, in soverre die blankes hier enigsins ‘n bestaan gegun word. Alle nieblankes is Afrikane. Volgens hom is daar ‘n “common [Pan-]African identity” (4623, 4660). Hy kom nader aan die waarheid as hy verwys na ‘n “common cause identity” (4721, 4794). Wat nieblankes gemeen het, is die verenigde front wat Mellet verlang dat hulle teen die blankes moet vorm.

    Omdat die NP-regering die nieblankes in drie (bruin, swart en Asiaat) verdeel het, is hulle glo van hulle identiteit beroof. Mellet noem dit “de-Africanisation” (115), maar sy geliefde ANC/SAKP gaan tot op hede met hierdie vierledige rasverdeling voort, soos hy tereg erken (5327). As self ‘n mengsel van rasse en etnisiteite/kulture stel Mellet homself op as ‘n voorbeeld van wat ‘n egte Afrikaan is. Dit sluit nie-Afrikaan-afkoms, bv Oosterlinge soos Indiërs, in. Hy is tans met ‘n Thaise vrou getroud. Wat sy vorige vrou was, word nie gesê. Mellet se standpunt herinner aan Breyten Breytenbach, met sy Viëtnamese vrou, wat beweer die Afrikanerdom is ‘n basternasie met Afrikaans as ‘n bastertaal. Mellet het glo kennis geneem van die Heeses se genealogiese navorsing (5956) waarvolgens slegs 7% van die Afrikanerfamilies in die 20ste eeu ‘n nie-Europese stammoeder gehad het. Hierdie bevinding het klaarblyklik nie by hom ingesink nie.

    In navolging van onrusstokers in Amerika is Mellet met slawerny gepreokkupeer. Die blanke bewind word gereduseer tot “subjucation of indigenous peoples, land dispossession and expropriation of labour without compensation” (75). Die slawe het glo geen vergoeding in ruil vir hulle arbeid ontvang nie. Daar word blykbaar van die lesers verwag om te glo dat slawe jaar na jaar sonder kos, klere en huisvesting gearbei het. Al is slawerny iets uit die verre verlede, plaaslik afgeskaf in 1834/38, is dit iets wat teen die hedendaagse blankes misbruik word.

    Mellet gaan verder: Slawerny is glo steeds met ons as die nalatenskap van imperialisme, kolonialisme, rassesegregasie en apartheid: “Each smart, predominantly white town has what can only [!] be described as a segregated dormitory ‘slavery town’” (12). Van hoeveel dorpe, wat vóór 1994 blank en mooi was, kan gesê word dat dit steeds die geval is? Dit is vir my hartverskeurend om die agteruitgang en verval waar te neem. In ruil daarvoor moet die oorblywende blanke inwoners buitensporige belasting betaal; onder meer sodat baie van daardie werklose “slawe” nie vir behuising en dienste hoef te betaal nie. Mellet se oordrewe siening is: “I leant about white people owning Africans and Asians as slaves – people who were treated worse than animals … I came to learn that 24 of my own ancestors were Africans and Asians who were enslaved” (53). Daar was ook nieblanke slawe-eienaars, maar verwyte word nie aan hulle gerig nie.

    Moenie feitelike verslaggewing van Mellet verwag nie. Wat hy gedoen het, is om sekondêre bronne, boeke en tydskrifartikels, te raadpleeg en dan daaruit oor te neem wat by sy agenda pas. Met hierdie inligting het hy na hartelus geïmproviseer. Hy is in daardie deel van die kleurspektrum waar sy verbeeldingsvlugte ernstig opgeneem pleks van as bog verwerp word. Nêrens is daar ‘n teken dat hy primêre, argivale bronne geraadpleeg het nie, behalwe miskien in die geval van sy eie voorgeslagte. Hy voer sy oorsprong terug tot by Khoi-Khoin soos Autshumao/Herrie en Krotoa/Eva (5420).

    Mellet gebruik geykte voorbeelde en klee hulle in geykte terminologie. Hy verwys byvoorbeeld na “the destruction of District Six and forced removals under the ethnic cleansing brought on by the Group Areas Act of 1950 … What had once been wastelands on the Cape Flats became the dumping grounds for those removed” (57). Hy verduidelik nie dat Distrik Ses ‘n krotbuurt asook misdaad- en dwelmnes was wat deels moes plek maak vir snelweë nie. Nog minder sal hy erken dat beter huisvesting as in Distrik Ses deur die NP-regering aan die inwoners voorsien is en dat hulle huiseienaars pleks van huurders kon word.

    “The de-Africanisation of the San and the Khoe and their enforced assimilation into a constructed ‘Coloured’ identity has resulted in cultural genocide on a grand scale in South Africa. The first step in controlling communities is the obliteration of memory and the deconstruction of culture, replacing it with void, and then creating a new construct” (196). Klassifikasie as bruin beteken dat so ‘n persoon nie wit, swart of Asiër is nie. Hy haal uit amptelike dokumente aan om hierdie feit te staaf (5254, 5282). “[The] history of the term ‘Coloured’ demonstrates that it has never denoted a singular people but rather was a silo of people disaggregated from the broader African population. There was never a single ethnic group or ‘race’ called ‘Coloured’. It was an identity that was politically engineered into existence” (5074).

    Die begrip “bruin mens” is volgens hom ‘n konstruksie (5074). Dit dien inderdaad as die identifisering van ‘n nie-homogene groep mense wat nie swart/Bantoe of blank is nie. Maar dit volg nie, soos hy beweer, dat blankheid sonder meer (in dieselfde mate) ‘n konstruksie is nie (5364). Xhosa is volgens Mellet ook ‘n konstruksie; glo bloot op grond van taal (5064). Hy hou nie van die erkenning van ras- en etnisiteits/kultuurverskille by nieblankes nie omdat hy hulle almal as Afrikane beskou wat hy teen die blankes wil mobiliseer.

    Die NP-regering het gepoog om ‘n eie kultuur by bruin mense te bevorder. Aan die Universiteit van Wes-Kaapland het ek eerstehands waargeneem dat hierin drie dekades lank, van 1960 af, in redelike mate geslaag is. Daar was groot ongelukkigheid onder bruin mense toe swartes die kampus verswelg het. Daar is ook groot wrewel in bruin gemeenskappe oor swartes wat tradisioneel bruin woongebiede inneem. Die NP-regering het Bantoekultuur deurgaans bevorder. As die bruines eerder swart kultuur wou aanhang, kon hulle dit doen. Daar was geen sprake van ‘n kulturele lugleegte wat geskep of kulturele volksmoord (“ethnocide”) wat gepleeg is deur die blanke bewind soos Mellet beweer nie. Wat hy doen, is om bruin en swart ras- en kultuurgewys eenders te verklaar, terwyl daar in werklikheid groot verskille is. “Obliteration of memory and the deconstruction of culture” (in die voorlaaste paragraaf hier bo) is veel eerder iets waarmee die ANC-regime ten koste van die Afrikaners besig is, bv deur Afrikaans soveel moontlik te misken en monumente, standbeelde, name, ens, te verskuif of vernietig.

    Ingevolge “firstism” (210) was die San eerste in Suidelike Afrika en daarna die Khoi-Khoin. Hierna het die swartes gevolg. Of die swartes vóór, saam met, of ná die blankes opgedaag het, is van ondergeskikte belang. Die Khoi-Khoin, swartes en blankes is in vergelyking met die San almal inkommers. Wat van veel groot belang is, is wat elkeen van hierdie vier groepe plaaslik tot stand gebring het. Dit is ‘n onderwerp wat Mellet vermy omdat dit die plaaslike teenwoordigheid van die blankes in groter mate as enige van die ander groepe regverdig. Uit die feit dat die Khoi-Khoin en die swartes per voet en die blankes per skip gekom het, volg dit nie dat die Khoi-Khoin en die swartes in groter mate as die blankes hier hoort nie.

    Op die keper beskou, is dit eintlik ongelooflik wat alles onder die leiding van die blankes in Suidelike Afrika tot stand gebring is. Maar hiervoor is daar geen erkentlikheid by Mellet nie; om van dankbaarheid nie te praat nie. Sy ingesteldheid is “that San and Khoe should never be marginalised from the broader African family of peoples of whom they are part” (243). Hy beweer dit om huidige politieke redes. Hy verwys na die ANC se rassistiese hiërargie van bevoordeling: “Blacks in general and Africans [Bantu] in particular” en vervolg: “They consider those classified as ‘Coloureds’ not to be Africans, despite most having provable direct African ancestry no different to that of other African communities” (5295).

    Sy motief is duidelik. Hy wil hê dat bruines in dieselfde mate as swartes ten koste van die blankes bevoordeel moet word. Opvallende ras- en kultuurverskille by nieblankes word goedsmoeds geïgnoreer. In navolging van Amerika se “Founding Fathers” word die Khoi-San ons “foundation peoples” genoem (335). Die verskil is dat die “Founding Fathers” Amerika steeds ingrypend en positief beïnvloed terwyl daar eintlik geen (noemenswaardige) Khoi-San-erflating waarneembaar is nie.

    Die ware gedaante van Mellet as ANC/MK/SAKP-kornuit blyk uit die volgende: “The Khoe are the people who can be proud of having engaged in the longest resistance movement to colonialism of all groups in South Africa, facing ethnocide and de-Africanisation machinations by Europeans along the way. They were also the first to have suffered subjugation and loss of land. These are the pillars of the struggle of indigenous people against marginalisation and discrimination in the 21st century and for the right to restore their economic sustainability and rebuild social cohesion. Embracing the older history and heritage actually enhances the case for support to address restorative justice” (1095).

    Vóór 1652 het die inheemses na bewering ‘n “highly successful farming economy” gehad (1857). Die Khoi-Khoin was glo “a well-developed livestock ranching society following advanced farming principles of rotational grazing” (1104). Wat hier gevorderde boerdery genoem word, is dat die Khoi-Khoin met hulle vee agter weiding aan getrek het. Mellet probeer die verlede regskryf ingevolge huidige voorkeure. Met die oog daarop haal hy die volgende aan: “[B] Muthien [2008] makes the following point with regard to colonial imposition of male domination and European imposition of social order by the sword: ‘Scholarship on, as well as practices of, the KhoeSan evidence normative nonviolence, as well as gender egalitarianism’ … The Europeans projected and imposed the concept of male-only leadership on indigenous communities to reflect their own social norms” (1142). By die Khoi-San was daar glo “flexibility of gender roles” (1157). “Muthien states that ‘many ancient indigenous societies, including the KhoeSan, were premised on a partnership model, characterised by horizontal linkages, egalitarianism, harmony and balance, employing constructive conflict resolution (rather than violence)’” (1180). Is dit dalk die voortreflike voorbeeld wat die Khoi-San gestel het wat FW de Klerk geïnspireer het om sy “kwantumsprong” na grondwetlike onderhandelinge te maak?

    In politieke opsig het die Khoi-Khoin glo “federal communities” gevorm (1161). Die Xhosas word voorgestel as “a confederation of peoples” (1104), insluitende “the confederacy of Khoe and Xhosa” (1534). In laasgenoemde konfederasie was daar glo “a very strong Khoe backbone as well as an older San legacy” (1534). “It is from about 1100 CE that the age of the creation of states began across southern Africa” (1338). State, asook federasies en konfederasies van state, het volgens Mellet in Suidelike Afrika bestaan lank voor 1652. Wat hy probeer invryf, is hoe ontwikkeld die inheemses was; dalk meer gevorderd as die koloniste. Ook hoe ineengestrengel hulle almal was: “pastoral states with multi-ethnic foundations” (1343). “They were operating far beyond a subsistence economy … They had a trade corridor with the world” (1400). “This was at a time when Europe had flimsy boats” (1420).

    Die indruk word gewek dat die beweging van mense in Afrika aanvanklik vreedsaam verloop het en nie deur geweld genoodsaak is nie. Daarom praat hy van “peoples flowing” (1373) en “migratory drift” (1378). Migrasies weens geweld het glo eers met die koms van nie-Afrikane ‘n aanvang geneem, bv toe Arabiere Afrikane verslaaf het (1382), asook met die koms van die eerste Europeërs, naamlik die Portugese (1378, 1382, 1472). “Large cargoes of enslaved people passed through the proto-port at Table Bay for 50 years before the Dutch colony was founded” (1468). Geen bronverwysing word vir hierdie stelling verskaf nie. Dit is ook die geval wanneer Mellet uitwei oor wat in voor-historiese tye, dus in die ongedokumenteerde verlede, gebeur het. Baie van sy bewerings, soos multi-kulturaliteit, geslagsgelykheid, nie-hiërargiese politieke en sosiale stelsels, vreedsame onderhandelinge, ens, kan kwalik op argeologiese bevindings gegrond wees. Hulle is eerder verbeeldingsvlugte.

    ‘n Elementêre beginsel van objektiewe geskiedskrywing is dat huidige idees nie op die verlede geprojekteer moet word nie. Vir Mellet gaan dit nie om die verlede voor te stel soos dit was nie maar om eerder propaganda te maak vir hoe hy wil hê dat uit die hede na die verlede gekyk moet word. Hy vervals die verlede deur voor te gee dat die plaaslike nieblankes toonbeelde van gevorderde beskawing was voordat die blankes hier aangekom het. “What became South Africa was not a land without an African population and without a developed civilisation made up of many societies … when the Europeans arrived” (1319). Kommunistiese lande dien vir hom as rigsnoer: “Centuries later these forms of ‘government by the people for the people’ have found resonance in the contemporary world in the smallest and most democratic forms of government that enjoy closest proximity to people – such as People’s Councils in Cuba and Vietnam” [!] (1161).

    “The greatest and permanent displacement of all groups would be as a result of European invasion and the wars of forced removal and destruction of the farming communities of indigenous Africans – San, Khoe and Xhosa” (1118). “The Cape Khoe were those who first clashed with interlopers in defence of their land and livelihood rights … defence against the genocide committed against them” (1593). “In 1659 the Khoe saw the beginning of a protracted series of [19] wars [1659-1879 (2809, 2888)] over 227 years [in terms of dispossession, ie since 1652 (3783)] – the longest series of colonial wars in Africa”(1194). Hulle word “war of dispossession” genoem (2822). “The Dutch having expropriated the land by force … setting this as the trajectory for all future land expropriation” (2845). “The Dutch were digging in permanently and stealing their land” (2850).

    Wat Mellet doen, is om die skermutselinge tussen die blankes en die Khoi-San, asook die blankes se gevegte met die Xhosas (“Xhosa-Khoe alliance wars” genoem – 2879) aan die Oosgrens van die Kaapkolonie, dus teen inheemses (“indigenes”), as ‘n reeks bevrydingsoorloë te beskou. Hy karakteriseer hulle selfs met ‘n latere benaming, naamlik “guerrilla warfare … They were only overcome through genocide” (1198). Die goedhartige Khoi-San wou glo niemand doodmaak nie. “The KhoeSan were not ‘acculturated’ to killing as a way of life” (1203). Maar as dit hoe was, het sowel die Khoi-Khoin as die blankes, asook die Xhosas, dit noodsaaklik gevind om jag op veral die veestelende San te maak.

    Nadat die staat Israel in 1948 tot stand gekom het, het Sioniste soms valslik beweer dat die streek of land onbewoon was toe die Jode hulle daar hervestig het. Maar ek is nie bewus daarvan dat in die blanke geskiedskrywing ‘n soortgelyke aanspraak oor Suidelike Afrika gemaak word nie. Tog beklemtoon Mellet telkens dat daar in 1652 reeds bewoners in die land was, asof hy met ‘n belangrike nuwe feit vorendag kom. Hy haal vir Hendrik Verwoerd aan wat gesê het: “We came to a country that was bare” (4877). Verwoerd het heel moontlik bedoel dat die land in 1652 kaal, in die sin van onontwikkeld, was; nie dat Suidelike Afrika toe sonder inwoners was nie.

    “There had already been 180 years of engagement before 1652. The lie of 1652 runs very deep” (1621). Dit is ‘n valse aanklag. In ons “apartheidsgeskiedenis” het ons kennis geneem van Bartholomeu Diaz wat in 1488 hier geland het. Om te skryf van “mass visits from European ships and people to Table Bay” is oordrewe (1632). Mellet beweer vóór 1652 “the maritime records show 1 070 ships stopping over at the Cape on outward-bound journeys alone” (1723). Dit is ‘n tydperk van 174 jaar, dus gemiddeld 6 skepe per jaar. “There could have been as many as 120 000 people, if not more, who travelled through Table Bay over the half-century” (1827) – vóór 1652 en dit met skepe met ‘n klein passasierskapasiteit?

    Wat wel ‘n (blink) nuwe gedagte van Mellet se kant af is, is hoe (hoogs)beskaaf die inheemses reeds vóór 1652 was. In Tafelbaai het die inheemses glo in Mellet se opgeblase terminologie “services for the sick and maritime communications services” gelewer (1692). Hy is beïndruk met “the depth of services rendered by the indigenous people of Table Bay before 1652” (1782). “The bottom line is that the overwhelming evidence shows that South Africa was not an uninhabited land, was not a region of the world without civilisations, and was not subject to a mass invasion of an alien race that can be equated with the European invasion of 1652” (1608). 1652 was glo “the beginning of the forced removals of indigenous people from the Cape Peninsula and Table Bay” (1772). Ooreenkomstig Mellet se potpourri-benadering beweer hy “European ships … had significant numbers of African, Arab and Asian crews working on their vessels” (1807). “All European ships in the 17th and 18th centuries had mixed crews from Europe, Africa, Arabia and Asia” (1950). Hierop is Mellet se oorbeklemtoning van rasvermenging gebaseer, wat plaaslik glo lank voor 1652 begin het (2055).

    Dit was ‘n onaangename ondervinding om Mellet se boek te lees. Dit is ‘n onaangename taak om oor sy verwronge siening verslag te doen. Ek het in hierdie rubriek eintlik nog net tot aan die einde van Hoofstuk 1 gevorder. Voorts beperk ek my dus tot hoogs selektiewe verwysings en beperkte, fragmentariese opmerkings. Autshumao (Herrie) word bestempel as “the founder of the proto-port at Table Bay” en dus Kaapstad (2290) omdat hy met die skepe handel gedryf het. “Autshumao’s ‘cold war’ struggle from 1652 to 1658 marked the beginning of over 200 years of African resistance in the Cape to colonial seizure of land, destruction of livelihoods and social cohesion and identity” (2300). “Autshumao was divested of his accomplishments, marginalised, humiliated and finally imprisoned” (2296) – ná “a lifetime of hard work” [!] (2540). Krotoa (Eva) “is one of the best examples of the powerful African matriarchal voice in the history of resistance to colonialism in South Africa” (2085). Matriargie word geloof, maar Mellet sal ooreenkomstig die politieke mode seker patriargie veroordeel. Naas die Soutrivier verwys Mellet dikwels na die Camissa- (of vars/soet-) rivier wat deur Kaapstad loop (5486). Dit inspireer Mellet om alle bruin mense “Camissa Africans” te noem, hoewel hy om opportunistiese politieke redes enige duidelike onderskeid tussen bruin en swart mense ontken.

    Mellet gebruik graag hedendaagse emosiegelaaide, politieke benamings en projekteer hulle dan vir toepassing op die verlede; uiteraard altyd ter ontluistering van die blankes. Hy verskaf definisies van “ethnic cleansing, ethnocide, genocide and crimes against humanity” (2888) en misbruik hulle dan by elke moontlike geleentheid om die blankes te diskrediteer. Die oorloë tussen die blankes en nieblankes word oorwegend toegeskryf aan die steelsug van die blankes vir grond en vee. Hulle maak hulle skuldig aan “theft, plunder and murder” (3053). “Farmers were much more of a law unto themselves in these remote areas, which led to their committing many atrocities” (3082).

    “In plain language, the Europeans practised VOC-sanctioned land and livestock thievery and mass murder. This is what the foundation of European supremacy in South Aftica was truly [!] all about. The invaders had a crass attitude and a behaviour of entitlement and simply stole whatever they wanted, when they wanted and, if needs be, killed any African opponent in their way. That is the horrible truth” [!] (3166). Dit word die uitvoering van “scorched-earth policies” (3177, 3744) of “tactics” (3359, 3714) of “approach” (3620) genoem. “The numbers of captives were minimal” (3192). “Women were raped and children slaughtered by the commandos, while some young girls were taken back to farms by Khoe commandos as concubines and some children taken by white commandos to become farm labourers and servants” (3197).

    Die nieblankes was verplig om uit selfverdediging teen die blankes op te tree; nie uit inherente gewelddadigheid nie. Daar was “co-operation between Khoe, Xam [San] and Xhosa as natural and necessary, because they were engaged together as a family of people of colour in a common anti-colonial cause bonded by blood ties and ancestral ties and the experience of common resistance” (3324). Volgens Mellet was daar 10 “indigene wars” (tradisioneel Khoi-San-oorloë genoem) gevolg deur 9 “united Xhosa and Khoe wars” (tradisioneel Xhosa- of Oosgrensoorloë genoem). “The presentation of these wars simply as ‘Xhosa wars’ is inaccurate because throughout the wars the resister Khoe fought in unity with the Xhosa against the Boers, and then against the British” (3344). “The British showed that they were no different from the VOC before them in violating both the spirit and letter of treaties” (3638).

    Die blankes verower grond in hierdie oorloë, maar Mellet ontken dat hulle gevolglik eiendomsreg daarop verwerf het. Wat die nieblankes gratis bekom het deur bloot daaroor te swerf, behoort glo vir altyd regmatig aan hulle. Mellet “hold both the Dutch and the British governments … accountable for the ethnocide and genocide that occurred in the Cape” (3011). Apartheid word bestempel as “one of the ‘crimes against humanity’” (2898). Die grondslag vir apartheid is glo reeds tussen 1707 en 1750 tydens die Hollandse bewind gelê (4983). In die 1960’s en 1970’s het apartheid glo die volgende vorm aangeneem: “Throughout South Africa people were ripped out of homes, suburbs and towns in brutal acts of ethnic cleansing and expropriation of homes and land with little or no compensation” (5244). Hy lieg oor die “no compensation.” Anders as die ANC-regime het die NP-regering vergoeding vir onteiende eiendom betaal.

    Die Boere was glo selfs te vrot om op die gesteelde grond te boer. “The land had to be cultivated, and this was a labour-intensive activity for which the Europeans had neither the numbers nor the energies required. The conditions for raising livestock successfully in the harsh African environment also demanded skills the Europeans lacked” (3838). Waarom is die rolle deesdae omgeruil? Die ANC-regime verwag/vereis van die Boere om as mentors vir “opkomende” (dus swart) boere op te tree. Nieblanke boere het seker agter geraak omdat die blankes gewetenloos hulle grond en vee gesteel het. “Landlessness was integral to the identity of the enslaved” (3865).

    “With the advent of the Great Trek by the Dutch-speaking farmers known as Voortrekkers from 1835 onwards, this local form of quasi-slavery reverted to full-blown slavery as Voortrekkers captured and enslaved Africans once outside of British colonial territory” (5017). Dit is moeilik om sin te maak van die volgende bog: “Enslaved people from the Cape taken along by the Boers on the Great Trek, and those whom the Boers enslaved in the Free State and the Transvaal, were as responsible for successful land and infrastructure development in those regions of South Africa as their counterparts had been in the case of the Cape” (3860). Mellet is seker ook beïndruk met die vooruitgang in infrastruktuurontwikkeling sedert 1994. Dink aan al die Mandela-beelde wat opgerig is.

    “[The 1820 British] settlers expropriated the land forcibly taken from the indigene population without any compensation, and through large scale killings of Khoe and Xhosa during which sustainable livelihoods were destroyed and livestock stolen. It was thievery on a grand scale” (3663). Oor die groot verliese wat die Britse setlaars aan lewens en eiendom gely het, swyg Mellet.

    Samevattend kla hy: “There was no restoration of the land expropriated by colonists or restitution for the livestock stolen, nor any reparations given for over 227 years of subjection to war and indignities as well as expropriation of free labour of indigenous peoples – no restorative justice at all” (3823). “The enslaved received no compensation for the work they did and had no stake in the increased value of land that they transformed” (4141).

    Mellet is heelhartig ten gunste van die ANC-regime se beleid van onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom. “The real challenge is to restore the land and dignity of Africans without recompense to those who expropriated the land: restorative justice. The wording of the skewed slogan [expropriation of land without compensation] creates a perverse scenario where the colonialist is presented as a victim whose land is being expropriated without compensation. This gives the false impression that colonial descendants have a right to the land in the first place and that no crime on the part of their forebears occurred. The reality is that there is no such thing as ‘expropriation of white people’s land without compensation’ if what is being proposed is restoration of land that was taken from Africans without compensation” (5509).

    Vir plaaslike blankes is dit seker moeilik voorstelbaar dat hulle groter vyandigheid kan teëkom as by ‘n mens soos Patric Tariq Mellet. Dit is Naspers/Media24 wat aan hom ‘n platform vir die verspreiding van sy haatgevulde, verwronge idees bied.

  • Leon Lemmer: Californicaters in Mexifornia

    Leon Lemmer: Californicaters in Mexifornia

    Wanneer in die politiek aan Amerika gedink word, word die suidelike state met slawerny en verkramptheid en die noordoostelike state met progressiwiteit en verligtheid geassosieer. Florida, in die suidooste, staan as die Sonskynstaat bekend. Toe Fidel Castro in 1959 die politieke beheer in Kuba oorgeneem het, was daar in Florida ‘n groot invloeiing van Kubane, waaronder baie blankes. Deesdae is meer as 20% van Florida se inwoners Spaanssprekend. Die bevolking is sowat 20% swart met 65% nie-Spaanssprekende blankes. In die noordooste is New York City 44% blank en meer as ‘n kwart swart. In Washington DC is meer as die helfte van die inwoners swart. Hierdie oorwig van swartes in die wetgewende hoofstad van Amerika en die groot teenwoordigheid van swartes in New York City bring mee dat lede van die Kongres en Senaat in ‘n atmosfeer werk waarin swart teenwoordigheid meer oorheersend as in die res van Amerika is.

    Die westelike state is lank as die nuwe Amerika beskou. Tot die jare sestig was Kalifornië die toonaangewende Amerikaanse staat; dus waar eerste verwerklik word waarheen Amerika tot pad is. Kalifornië het as die Gouestaat bekend gestaan. Die burgerregtebeweging het die begin van Kalifornië se ontaarding en agteruitgang ingelui. Die regte wat swartes suksesvol geëis het, wat insluit dat hulle beter as die blankes behandel moet word, dus regstellende aksie, is na ander “benadeelde” groepe uitgebrei; nie net ras- en/of kultuurgroepe soos die Meksikane nie, maar ook na vroue en diegene wat seksueel anders as die tradisionele norme is of wil wees.

    Die nabyheid van Meksiko het die daaglikse en onontwykbare werklikheid van die suidwestelike Amerikaanse state geword. Die state wat aan Meksiko grens is van oos na wes Texas, Nieu-Meksiko, Arizona en Kalifornië. Laasgenoemde is by uitstek ‘n trekpleister vir inkommers omdat dit ‘n voorspoedige staat was en in ‘n mate steeds is, met ‘n aangename, gematigde Meditereense klimaat, veral aan en naby die Weskus. Van hierdie grensstate af het Meksikane en later ook al hoe meer migrante uit ander lande in Sentraal- en Suid-Amerika die hele Amerika binnegedring. Kalifornië is die voorkeurbestemming, maar (onwettige) inkommers het ‘n landswye probleem geword. Dit het Kalifornië onherkenbaar verander, soos die radikale verandering wat Suid-Afrika sedert 1994 ervaar. Maar in Kalifornië was daar geen staatkundige revolusie nie, bloot – soos in Suid-Afrika – ‘n geleidelike maar absoluut sekere agteruitgang.

    Die tragedie is dat hierdie migrasie van Spaanssprekendes grootliks onwettig geskied. Dit is waarteen Donald Trump walgooi en waarvoor hy in linkse geledere verkwalik word. Diegene was plaaslik geen goeie woord vir Trump het nie, soos Leopold Scholtz, toon enersyds ‘n onvermoë om tussen Trump as persoon en sy beleid te onderskei en andersyds totale onbegrip vir die omvang en erns van die probleme wat onwettige immigrante veral in die suidweste van Amerika veroorsaak. Die grens met Meksiko is dié plek waar terroriste in die ná-9/11-era Amerika die maklikste kan binnedring.

    Trump het in Ronald Reagan (1911-2004, president 1981-1989) ‘n gevierde konserwatiewe voorganger. Reagan het as goewerneur van Kalifornië (1967-1975) die inkommerprobleem eerstehands ervaar. In 1986, toe hy president was, is die immigrasiewet hersien en is die indiensneming van onwettige immigrante onwettig verklaar. Terselfdertyd is daar egter amnestie verleen aan al die onwettige immigrante wat vóór 1982 die land binnegekom het. Dit dien steeds as aanmoediging vir onwettige inkommers. Hulle veronderstel dat Amerika deur linksgesindes tot mensliewendheid verplig word en gevolglik herhaaldelik amnestie aan onwettige migrante sal verleen.

    Mexifornia

    Victor Davis Hanson (gebore in 1953) is van Sweedse en Walliese oorsprong, maar sy kinders is reeds die sesde geslag wat in Amerika ‘n tuiste gevind het. Hy woon en boer op die oorspronklike familieplaas by Selma in die sentrale San Joaquin-vallei in Kalifornië. Van 1984 af was hy ‘n dosent in Grieks en Latyn aan die California State University in die nabygeleë Fresno, asook ‘n besoekende professor aan die konserwatiewe Hillsdale College in Michigan. Hanson het, soos sy voorgeslag, sy lewe lank in Kalifornië gewoon en waargeneem hoe hierdie staat transformeer. Sy ideaal is dat die inwoners van Amerika almal Amerikaners moet wees of word ingevolge die smeltskroes- (“melting pot”) idee van integrasie, assimilasie en rasvermenging.

    Hanson se konserwatisme blyk uit sy boek oor Donald Trump, The case for Trump (2019, 389p; Kindle $10,42). In hierdie rubriek bespreek ek die volgende boek van Hanson: Mexifornia: A state of becoming (San Francisco: Encounter Books, 2003/2007, 179p; Kindle $11,49). ‘n Bygewerkte weergawe sal op 13 Julie 2021 gepubliseer word (Kindle $21,84). “California … is the most liberal and affluent area of the Southwest, as well as America’s largest and most forward-looking state” (Kindle 525). Wat Hanson wil belig, is: “What is the nature of California, traditionally the early warning sign to the rest of the nation” (193). Die verwording wat in die nuwe Kalifornië plaasvind, toon talle ooreenkomste met wat in die nuwe Suid-Afrika gebeur, maar ek gaan dit nie telkens uitwys nie.

    “Mexifornia is about the nature of a new California and what it means for America – a reflection upon the strange society that is emerging as the result of a demographic and cultural revolution like no other in our times” (215). Hierdie Meksikaanse inkommers het ‘n nasionale probleem geword. Daar is dus ook, ten minste teoreties, ‘n Mexizona, Mexichusetts, ens (225). Die outeur som sy voorstelle ter verbetering van Kalifornië soos volg op: “Close the borders, return to the melting pot, offer citizenship to most aliens in exchange for acceptance of English and American culture” (39). Daar is na raming sowat 12 miljoen onwettige immigrante in Kalifornië. Dit is nie net inkommers wat vryelik oor die grens beweeg nie, maar ook smokkelware soos dwelms (50).

    Van die beste insigte waarmee Hanson vorendag kom, is enersyds dat Meksikane en ander Spaanssprekende inkommers deesdae, soos swart Amerikaners, nie meer wil integreer en assimileer nie maar verkies om in aparte enklaves saam te woon. Hanson noem dit “apartheid communities” (61) met as resultaat “the multicultural salad bowl” (98). Op hulle aandrang word daar bv aan Hanson se universiteit aparte gradeplegtighede vir Latynse Amerikaners gehou (563, 1338), asook aparte koshuise bedryf (1926, 2077); iets wat skynheiligheidshalwe nie meer in Suid-Afrika mag voorkom nie. In Amerika, soos tydens apartheid in Suid-Afrika, “most past segregation was cultural rather than racial” (1435). Andersyds verskil Meksikane van ander immigrante omdat hulle in Kalifornië nie afgesny voel van hulle land van oorsprong nie. Meksiko is oorkant ‘n grens wat hulle oor en weer kan oorsteek. Hulle behou kontak met hulle familie en vriende in Meksiko en gebeure aldaar. Baie leer nooit Engels praat of selfs verstaan nie. “Even legal immigrants from Mexico rarely become citizens: of all those admitted legally to the United States since 1982, only 20 percent had become citizens by 1997” (514).

    Hulle verheerlik Meksiko, die land wat hulle verkies het om te verlaat, en bly krities en dislojaal teenoor Amerika, wat aan hulle ‘n beter lewe bied. “At the gas station … almost every car of immigrants that pulls in displays a Mexican flag” (514). Dit kom neer op die openlike aanhang van ‘n “expatriate culture” (606). Hulle verwag dat Amerika, spesifiek Kalifornië, by hulle moet aanpas eerder as andersom. Linkse politici doen alles in hulle vermoë om die Meksikaanse inkommers ter wille te wees. Hanson kan dit nie kleinkry dat onwettige immigrante toegelaat word om wettig voertuigbestuurderslisensies te bekom nie (23); “millions of illegal aliens who not only were unapologetic about their unlawful status, but were demanding that their hosts accommodate their own political desiderata” (103). Kalifornië het al in so ‘n mate ontaard dat veral ingesete blanke inwoners in groot getalle wegtrek om ‘n meer eg Amerikaanse heenkome in ‘n ander staat te vind. Meksikaanse Indiane en Mestizos neem hulle plek in. (Mestizo, van blanke en Indiaanse oorsprong. Mullato, van blanke en Afrikaan-oorsprong.) “For the most part it is not light-skinned Mexicans of Spanish heritage who are coming to the United States, but rather the poorest and brownest, largely Indian” (714).

    Die onbetroubaarheid van agtereenvolgende sosialistiese Meksikaanse regerings grief Hanson. Van owerheidsweë word Meksikaanse inwoners ingelig hoe hulle ten beste die grens na Amerika kan oorsteek. Amerikaanse wette word opsetlik ondermyn. Diegene wat aangemoedig word om Meksiko te verlaat, is ongeskoolde, ongeletterde werkloses wat ‘n las vir die samelewing is. “Mexico … deliberately exports its unwanted” (665). “They count on generous American health care and food subsidies while they send nearly half their modest wages back to the motherland” (124). Op skool vaar die onwettige inkommers swak. Hulle veroorsaak ook ‘n skerp styging in misdaad. “Almost one-quarter of California’s [prison] inmates are from Mexico, and almost a third of recent drug-trafficking arrests involved illegal aliens” (456). “Since 1990, the number of poor Mexican-Americans has climbed 52 percent, a figure that has shewed overall US poverty rates” (140). “Half of all births to Hispanics of all statuses are illegitimate, which is 42 percent higher than the illegitimacy rate for the American population as a whole” (145). “At many campuses of the California State University system, almost half the incoming class each year must take remedial courses” (151). Die inkommers het groot gesinne terwyl die blanke inwoners kinderloos is of klein gesinne het (188). “The present tragedy evolves into a catastrophe” (162).

    Soos in Suid-Afrika is een van die kernprobleme dat blankes verkies om nie hande-arbeid te verrig nie, wat hulle afhanklik van die goedkoop arbeid van inkommers maak (177). Indiensneming van onwettige immigrante, met of sonder vervalste dokumente, kom dus algemeen voor (241) en word om misplaaste menslikheidsredes ooglopend toegelaat. Linkse politici pas nie bestaande wetgewing toe nie omdat die Demokrate daarop staatmaak dat die hedendaagse onwettige immigrante vorentoe as kiesers vir hulle party gaan stem. Sake het die afgelope dekades tot die punt gevorder dat geen Republikein meer ‘n verkiesing in Kalifornië kan wen nie.

    Dit is duidelik dat daar verskynsels soortgelyk aan dié in Kalifornië in Suid-Afrika aangetref word. Nieu-verligtes soos FW de Klerk en Leon Wessels poog om hulle verligtheid so ver moontlik terug te dateer. Hulle roem daarop dat hulle as kinders klonkies as speelmaats gehad het. Hanson vertel dat die blankes in die minderheid was in die skole wat hy in Selma bygewoon het (236). Hy anker sy verligtheid, of ten minste sy status as nie-rassis, soos volg: “I have Mexican-American nephews, nieces, sisters-in-law and prospective sons-in-law as well as neighbors. My older brother married a Mexican-American; my twin brother married a high school friend who was divorced from a Mexican illegal alien … The neighboring farmhouse to the west is home to resident Mexicans; so is the one immediately to the east. My two daughters are going steady with Mexican-Americans … The people I eat lunch with, talk with and work with are all either Mexican or Mexican-American. And so I have come to the point where the question of race per se has become as superficial and unimportant in my personal life as it has become fractious and acrimonious on the community, state and national levels” (246). Hy is nostalgies oor die “multiracial but unicultural flavor of the old [Selma/California]” (296). Hy het dit nie teen Meksikane as sodanig nie, maar teen Meksikane wat nie integreer en assimileer nie, dus nie veramerikaans nie. Hy beklemtoon “the critical distinction between a multiracial and a multicultural society” (1921).

    “As recently as 1970 there were only 800 000 Mexican citizen immigrants in the United States” (740). “California … is now home to 40 percent of America’s immigrants” (328). Dit is veral te wyte aan “the porous 2 000-mile border between the United States and Mexico. For over a hundred years, Mexicans have easily fled into California and the wider American Southwest … Yet something has changed since 1970 – and changed profoundly” (328). Dit het te make met die Amerikaanse burgerregtebeweging, dus met nieblankes wat suksesvol allerhande regte sonder teenprestasie eis en gewelddadig – of ten minste anti-sosiaal, bv krimineel – raak as daar nie aan hulle eise toegegee word nie. “Hispanic students accept that they are being given opportunities and advantages unknown to middle- and lower-class whites” (1348). Hanson identifiseer die rede vir die afdwing van sogenaamde regstellende aksies korrek: “a particular minority’s failure to match the perceived economic performance of whites” (627). Donald Trump wil die hele grens met Meksiko met heinings en mure ondeurdringbaar maak. Hieroor word hy heftig deur linkse elemente gekritiseer. Maar Hanson kom met ‘n raak opmerking vorendag: “Walls historically bring a painful honesty to problems” (692).

    Weens die linkse politici wat beheer in Kalifornië uitoefen, het hierdie situasie gelei tot “de facto open borders, bilingual education, new state welfare, the affirmation of a hyphenated identity, a sweeping revisionism in southwestern American history … Almost everything … that for two centuries has helped other immigrants to the United States – language immersion, autonomy from government assistance, rapid assumption of an American identity, and eager acceptance of mainstream American culture – has either been discounted as passé or embraced only halfheartedly” (344). “Aliens cost the United States over $40 billion a year … In California each illegal immigrant will take from the state $50 000 more in services than he will contribute in taxes during his lifetime … The average California household must contribute at least $1 200 each year to subsidize the deficit between what immigrants cost in services and pay in taxes” (381).

    “Mexicans are … the largest ethnic group in the state of California and the largest minority in the nation” (1862). “Half of all legal immigrants to the United States come from Mexico. Three million were admitted legally into the country in the decade between 1986 and 1996. But no one has an accurate idea of how many arrived illegally … The total number of residents of Mexican heritage has increased tenfold in the last thirty years” (397). “The US Hispanic population – of which over 70 percent are from Mexico – grew 53 percent during the 1980s, and then between 1990 and 1996 another 27 percent. At present rates of birth and immigration, by 2050 there will be 97 million Hispanics who will constitute one-quarter of all Americans – and well over half the population of California” (408). Soos in Suid-Afrika word geboortebeperking (“family planning” – 413) polities byderwets nie deur die owerheid aangemoedig nie. “Over 70 percent of Americans wanted immigration reduced” (499) maar in die praktyk is dit jare lank nie gedoen nie; ‘n aanklag teen die doeltreffendheid van demokrasie.

    “California … really is a hybrid civilization … Entire communities are Hispanicized. At present, 70 percent of the Los Angeles public school enrollment is reportedly Latino; only 10 percent is white – in large part because an entire middle and upper class has simply fled to private schools or more upscale public districts in the suburbs, practising a self-interested apartheid even as it professes ideals of selfless liberality” (2488).

    “58 percent of [America’s] Mexican citizens believe that ‘the territory of the United States’ Southwest rightfully belongs to Mexico’” (746). Die betrekkinge tussen Amerika en Meksiko word steeds deur die 1846-1848-oorlog versuur. Meksiko het as gevolg van hierdie oorlog die huidige suidwestelike Amerikaanse state wat aan Meksiko grens, insluitende Kalifornië, afgestaan. Vandaar ‘n Meksikaanse redenasie soos die volgende: “[The] gringos [foreigners] once invaded the country, stole the land and rigged the border to harm permanently the Mexican people, who, through no fault of their own, are now crowded into too little space and find themselves oppressed by el Norte and the evil Anglos” (687).

    Maar dislojale, linkse Amerikaners doen ook hulle deel om Amerika te ondermyn, bv dié in die onderwyssektor (skole en universiteite). “Rarely now do southwesterners express a confidence in our culture or a willingness to defend the larger values of Western civilization. The result is that our public schools are either apathetic about, or outright hostile to the Western paradigm” (1567). “Through multiculturalism, cultural relativism and a therapeutic curriculum our schools often promote the very values from which new immigrants are fleeing” (1584). Hanson verwys tereg na “the fiction of cultural equality” (1921). Aan Kaliforniese universiteite “there are dozens of classes on Chicano [Mexican] pride, but scarcely any on the seminal events of American history” (1847). “Patriotism, pride in one’s culture and national solidarity have no place in a postmodern, postheroic West” (2408). Hanson verwys na “a watered-down, feel-good curriculum” (2472). Hy bepleit tereg ‘n terugkeer na “a core curriculum that emphasizes the American heritage and unifies us through civic responsibility” (2456).

    In sy boek noem Hanson rasseskeiding apartheid en hy keur dit af. Hy is ‘n geswore integasionis, al erken hy dat assimilasie moeilik verwerklik word. In sy laaste hoofstuk skryf hy: “African blacks flock into a once racist South Africa still replete with tough and hateful Afrikaners” (2399). Dit is ‘n afkeurenswaardige etikettering van Afrikaners, maar hy doen dit om homself, gedagtig aan sy karakterisering van Meksikane, teen klagtes van rassisme te probeer vrywaar. As op die huidige trant voorgegaan word “this new Mexifornia … would turn into an apartheid state that even the universal solvent of popular culture could not unite: an entrenched though shrinking white and Asian middle and upper class; a buffer group of assimilated and intermarried Mexican-Americans, whites and blacks; and dwarfing both of these, a large, unassimilated and constantly growing younger cohort of Mexicans, at odds with inner-city African-Americans” (2510).

    Californication

    ‘n Mens is die hele tyd bewus daarvan dat iemand soos Hanson, hoewel in ‘n mate konserwatief, nie naasteby ‘n Afrikaner is nie. Afrikaners begeer immers nie rasse-integrasie en rasgemengde huwelike en geboortes nie. In ‘n helder oomblik het Hanson darem erken: “We have exchanged standards and taste for raw inclusiveness” (2392). Hy verwys selfs na “natural apartheid” (2393). Iemand wat polities veel meer voorbeeldig as Hanson is, al het hy hoë lof vir Hanson, is Michael Anton (gebore in 1970). Hy verwys na diegene wat Kalifornië so opdonder as Californicaters.

    Anton het in 2016 bekendheid verwerf met sy standpunt dat daardie jaar se presidentsverkiesing die laaste kans aan konserwatiewe Amerikaanse kiesers gebied het om die golf van politieke linksheid te stuit. Hy het sy standpunt later in ‘n boek belig: After the Flight 93 election: The vote that saved America and what we still have to lose (2019, 96p; Kindle $11,35). Die hooftitel verwys na die vliegtuig wat op Vlug 93 deur terroriste geskaak is en op 11 September 2001 in Pennsylvania neergestort het. Anton het in 2017/18 as ‘n nasionale sekuriteitsbeampte in die Trump-administrasie gedien. Sedert 2018 is hy ‘n dosent en navorser aan Hillsdale College in Washington DC, waar ‘n studie van “the Great Books” hulle ereplekke behou het.

    Een van Anton se talle gesonde insigte is dat die kinders wat deur onwettige immigrante in Amerika verwek word nie wettig op Amerikaanse burgerskap aanspraak behoort te kan maak nie. Hanson het in sy Mexifornia-boek geskryf: “Bizarre is the American policy of granting instant citizenship at our hospitals to infants of illegal aliens … The birth is a miraculous event indeed, for in theory the infant instantaneously can anchor a new American existence for a full array of parents and assorted relatives of illegal status” (1287).

    Anton se jongste boek is The stakes: America at the point of no return (Washington: Regnery Publishing, 2020, 500p; Kindle $17,24), waarin hy die tema van sy vorige boek voortsit. Dit is immers van die uiterste belang dat Trump eerskomende November die presidentsverkiesing moet wen. Die eerste hoofstuk handel oor Kalifornië ter verduideliking van wat nie met Amerika moet gebeur nie, maar onder ‘n Demokratiese president soos Joe Biden, met Kamala Harris as visepresident, sal gebeur. Die teks van Anton is 17 jaar ná Hanson se oorspronklike teks gepubliseer en bevat dus inligting oor die huidige situasie. Ek poog egter om nodelose herhaling van wat ek hier bo na aanleiding van Hanson se boek geskryf het, te vermy.

    Kalifornië is die toonbeeld van verwording. “My parents’ and grandparents’ California – the California of my own youth” (Kindle 85) was heeltemal anders. Dit het gehad “the nation’s highest standard of living, incomes, educational attainment, health, and general well-being” (117). “California was … transformed into a left-liberal one-party state” (85). “In California, Republicans are irrelevant (and in San Francisco and Los Angeles nonexistent)” (488). “The transformation of California … was pushed along by deliberate policy – often including a willful refusal to enforce certain laws” (148). Hy noem dit “woker-than-thou ‘progessivism’” (164). Hierdie “New Sodom” (222) “[is] the New Normal” (196). Daar moet nie toegelaat word dat hierdie staat die leiding in die verval van die res van Amerika neem nie. Diegene wat tradisionele Amerikaansheid ondermyn, word Californicaters genoem.

    “‘Hispanic’ … meant today: non-white and therefore good … The mission of [California’s] founder … Saint Junipero Serra [1713-1784] stand in stark contrast to the ethos of modern California. He and his fellow Franciscan friars were … unapologetically ethno-nationalistic. No wonder, then, that … statues of Father Serra (and of many others) are falling to woke mobs all over the state” (186). Anton noem hulle die Wokerati (191, 404). “Welcome to New California, where services less than half as good cost more than twice as much; where half of what you pay for in taxes you’d be a fool to use and the other half is either worthless or a guided missile targeted right at your nose; where infrastructure and quality of life crash through the Valley floor while crime soars; where your daily commute time quadruples along with the price of gas; where ‘middle-class’ homes cost $800 per square foot; where – if you’re dumb enough to stay – you live far worse than your parents and pay multiples for the privilege” (244).

    Kalifornië is erg oorbevolk met meer as 40 miljoen inwoners (254), waarvan tweederdes binne 50 myl (80 kilometer) van die see woon (260), veral in en om San Francisco, San Jose, Los Angeles en San Diego. “In San Francisco, Silicon Valley, and Los Angeles, the median home price is ten times the local average yearly wage” (292). Die prys van brandstof (“gas”) “averages one and a half to two times higher than anywhere alse in America” (393). “In 2017, an estimated fifteen thousand households – in a state whose population is supposed to be forty million – paid 46 percent of all state income tax” (580). “While California holds 12 percent of the nation’s population, it is home to anywhere between one-third and half of the nation’s welfare recipients … It means that welfare recipients are overrepresented in the state by a multiple of almost three” (662). “The state is ‘home’ to a quater of the nation’s entire ‘homeless’ population … They’re mostly people who choose to live on the streets, in a park, in a van – wherever – and most of them are unemployed either by choice or necessity” (667). Die minimum word aan infrastruktuur bestee – ‘n geval van “BANANA (build absolutely nothing anywhere near anyone)” (591).

    Misdaad neem epidemiese afmetings aan te midde van ‘n “soft-on-crime crusade” (334). Hierdie misdaadvlaag het sy oorsprong in die 1960’s se “liberal reforms” (500). Diefstal onder $950 is gedekriminaliseer (504). Daar word vermoed “three-fourths of the crime … goes unreported because residents assume, from experience, that the police won’t even try to bring perps to justice or recover stolen goods” (504).

    “Hugh swaths of San Francisco and Los Angeles … contend with public urination and defecation at levels exceeding the worst slums of Calcutta” (477). “The elected San Francisco district attorney Chesa Boudin – biological son of two New Left terrorists, adopted son of two others – announced, several years into the city’s ever-worsening ‘defecation crisis’, that his office will not prosecute any ‘quality-of-life crimes’, including public pooping” (483). “Boudin … favors babying the violent with so-called ‘restorative justice’ … It’s easier to say what [restorative justice] is not: punishment or deterrence” (510). “On his second day in office … [Boudin] fired his seven most-experienced prosecutors – because they were too good at their jobs. Which, as he has redefined, is no longer to convict criminals but to further ‘social justice’. Similar stories can be told throughout the state” (521). Soos in Suid-Afrika wend die inwoners hulle tot privaat sekuriteitsondernemings (521).

    Baie woonbuurte het onherkenbaar in vreemde enklaves verander, “many monolingual (but not English!) and monocultural (but not American!) … But it’s human nature to prefer to live among one’s own, with some semblance of community or at least familiarity” (404) – iets wat blankes ook al hoe meer in die nuwe Suid-Afrika ontsê word. “On top of not being able to afford living anywhere near one’s job, people also move – far – in order to live where they understand the language and feel at home in the culture” (409). ‘n Gewilde opsie is om uit Kalifornië te trek. “The state already suffers from the highest out-migration rate of any in the nation, yet its political class can’t stop working to make things worse” (537).

    “Nothing illustrates better California’s pathological altruism than its wide open arms for any and all illegal immigrants. This is the trend that contributes most to of all the others: overpopulation, punishing costs, crumbling infrastructure, overwhelmed public services, rapacious taxation, and two-tiered law enforcement” (700). “Today, 55 percent of immigrants – legal and illegal – receive state benefits, compared with just 30 percent of natives” (705). “State law actually prohibits officials and agencies from distinguishing legal from illegal immigrants and mandates that welfare … be granted equally to both. California pioneered the concept of ‘sanctuary cities’ – nullification zones where federal law is openly flouted – and then took it to the next level by making the entire state a ‘sanctuary state’” (711). “Stay and pay, suffer and be ignored – or leave” (847).

    “The essence of California-ism is to care – ostentatiously – about everyone but Californians. Except there are no ‘Californians’ anymore; the term denotes only residency. The state has no common culture or civic identity. It is rather a polyglot economic zone dotted with myriad little ‘communities’ that at best don’t care about or understand one another, in many cases can’t even talk to each other, and at worst hate one another” (748). Die politici verwag dat hierdie soort diversiteit gevier moet word “as they ride … into gated sanctuaries” (758), “wall themselves off from the dysfunction they cause” (810). Massas uitgeworpenes kom na Kalifornië “for the sunshine, welfare, and – in some California cities today – government-provided drugs and booze” (790). “None of this – not one iota – is an accident. The Californiarati want things this way, like them this way” (794). “Californication is what the broader left wants for America” (890).

    Nasie is basies ‘n politieke begrip. Volk is basies ‘n kulturele begrip. In Wes-Europa was die nasiestate voorheen oorwegend ook volkstate omdat daar ‘n groot mate van kulturele homogeniteit of eensoortigheid was. Hierdie situasie het sedertdien – veral in die onlangse verlede – in beduidende mate verander weens miljoene inkommers. Dit het nodig geword om tussen bv die Duitse nasie en die Duitse bevolking te onderskei. Anton beskryf nation (streng gesproke eerder volk, hoewel daar nie so ‘n Engelse woord is nie) as “a united people with a common lineage, language, and history” (864). In die geval van Kalifornië “it has been deliberately reengineered to resemble a nation as little as possible” (864).

    In Suid-Afrika is die ANC-regime opsigtelik besig om ‘n swart nasie met ‘n Afrika-kultuur te bou. Die Afrikanerdom se kultuur, soos sy taal en geskiedenis (bv monumente en standbeelde), word hierin geen oorlewingsruimte gegun nie. Weens meerderheidsoorheersing is daar die onderliggende valse veronderstelling dat die inwoners in werklikheid ‘n enkele uitgebreide gesin is; ‘n gesin wat sedert 1994 weens wanbestuur sy heiland leer ken het.

  • Leon Lemmer: Amerikanisering weens navolging

    Leon Lemmer: Amerikanisering weens navolging

    “White folks was in the caves while we was building empires. We built pyramids before Donald Trump even knew what architecture was” – Al Sharpton (Wikipedia).

    “Egyptians were creating great works of art and architecture when whites were still in caves” – Nelson Mandela (Long walk to freedom, 1995, p 353).

    Ons eie* Mandela het dit gesê na aanleiding van sy besoek aan Egipte, waar hy die piramides gesien het. Ten einde die vergelyking te maak, het hy die antieke Egiptenare gerieflikheidshalwe tot (swart) Afrikane verklaar. Daardie vroeë beskawingsontwikkeling het egter in die Midde-Oostestreek plaasgevind, bv die ontwikkeling van skrif in Mesopotamië; dus nie in swart Afrika nie. Sharpton kom nie eens met korrekte Engels vorendag nie; dalk om uit te tart. Sou dit in die polities byderwetse hede aanvaarbaar wees as blankes swartes as agterlik uitbeeld op dieselfde manier as Mandela en Sharpton? Ek dink nie so nie. Verder: As Mandela en Sharpton reg het, waarom het swartes nie volgehou met hulle vroeë beskawingsvoorsprong bo die blankes nie? Die geykte, polities byderwetse verweer is: Weens die blankes se kolonialisme, imperialisme, rassediskriminasie, ens. By swartes het dit gewoonte geword om die skuld op ‘n ander ras te pak pleks van self verantwoordelikheid vir eie tekortkominge te aanvaar.

    [* In die goeie ou dae, toe Mimi Coertse aan die Wiener Staatsoper verbonde was (1956-1973), was dit plaaslik die gebruik om na “ons eie Mimi Coertse” te verwys.]

    Wat die twee aanhalings hier bo aantoon, is dat uitlatings wat in een land gemaak word, in ons globalistiese hede weerklank in ‘n ander land kan vind. In hierdie geval is die anti-blanke gesindheid in ‘n misplaaste plaaslike opmerking met dieselfde oogmerk in Amerika herhaal. Gewoonlik vind hierdie soort ideologiese osmose egter in die teenoorgestelde rigting plaas; dus, in Suid-Afrika word dikwels nagevolg wat in Amerika gesê of gedoen word. Dit is deel van die Amerikanisering of “Coca-Colaization” van veral Westerse samelewings. Op hierdie manier het ons ‘n “reënboognasie” geword, mag ons ons nie aan “haatspraak” skuldig maak nie, word sake-ondernemings geplunder as swartes iets vind om mee ontevrede te wees, ens. Wat ek in hierdie rubriek aantoon, is hoe die huidige plaaslike veldtog teen die standbeelde en monumente van blankes, veral Afrikaners, in navolging geskied van wat in Amerika gebeur.

    Ek het onlangs geskryf oor die kampanje wat tans selektief teen sommige standbeelde en monumente in Suid-Afrika gevoer word (Praag 12.09.2020). Pas, op 24 September, kon die blankes in Suid-Afrika Erfenisdag vier. Dít terwyl die terroristies-kommunistiese regime, wat sonder die goedkeuring van die blanke kiesers in 1994 die politieke beheer in Suid-Afrika oorgeneem het, besluit het dat al die standbeelde en monumente wat erkenning aan die uitnemende blanke erfenis gee na temaparke, soortgelyk aan die Russiese “Museum van Skande”, verskuif moet word (Die Burger, 18.09.2020, p 2). Die ANC-regime noem hulle waaragtig “kulturele nasiebouparke” (Die Burger, 19.09.2020, p 18). Die absurde waarheid is dat die standbeelde van beskaafde, ordentlike blankes nie veel langer in die openbaar toegelaat sal word nie terwyl geweldenaars en terroriste vereer word asof hulle loflik gepresteer het.

    Groter vermetelheid deur fundamenteel immoreles is kwalik denkbaar. Dit is ‘n opsigtelike poging om blanke kultuur te vernietig deur te bou aan ‘n uitsluitlik swart nasie, ten minste wat kultuur betref. Die ergste teleurstelling is dat die Afrikaanse koerante geen poging aanwend om in bv hoofartikels ‘n veldtog teen hierdie bose dwaasheid te voer nie. Die meeste Afrikaansinstansies swyg ook. So ook FW de Klerk wat hierdie elemente op Suid-Afrika losgelaat het. Hierdie gebrek aan verset dien as moediging vir die ANC-regime om die blankes, veral die Afrikaners, verder te vertrap en terselfdertyd valslik voor te gee dat versoening nagestreef word.

    Jarrett Stepman gooi die aanslag wat teen sommige standbeelde en monumente in Amerika gevoer word oor die boeg van die herskrywing van die geskiedenis; ‘n verskynsel wat hom reeds sedert 1994 ook plaaslik voordoen: The war on history: The conspiracy to rewrite America’s past (Washington: Regnery Gateway, 2019, 303p; Amazon Kindle $14,94). Die outeur is buitengewoon goed oor die Amerikaanse geskiedenis ingelig. Polities is hy besonder gematig. Hy is glad nie links nie; ook nie verregs nie. Die teks munt uit in ewewig en is geensins aktivisties of propagandisties nie. Wat baie duidelik blyk, is Stepman se lojaliteit jeens Amerika. Maar ek dink hy slaan, tipies hoofstroom-Amerikaans, Abraham Lincoln te hoog aan. Ek is geneig om eerder saam te stem met Thomas James DiLorenzo se siening van Lincoln (LitNet 21.02.2013). DiLorenzo het vanjaar ‘n nuwe boek oor Lincoln gepubliseer. Ek hoop om eersdaags teen die polities byderwetse, oorgunstige openbare beeld van Lincoln te skryf.

    Die verkiesing van Donald Trump as president het in linkse geledere ‘n hupstoot gegee aan pogings om die tradisionele geskiedenisverhaal te herskryf. “The shocking 2016 election results … inspired progressives, enraged by their sense of political impotence, to accelerate the movement to obliterate the symbols of our past. They turned their fury on the source of all their frustrations: the pillars of American identity. They started with the low-hanging fruit of Confederate statues but quickly moved on to more central figures of our nation’s past” (Kindle 33).

    Toe Cecil Rhodes se standbeeld van die kampus van die Universiteit Kaapstad verwyder is, het wysneus Max du Preez dit verwelkom omdat hý nooit van Rhodes gehou het nie. ‘n Mens kon uiteraard nie die elementêre insig van Du Preez verwag dat ander standbeelde spoedig ook in die slag sou bly nie. “Those who want to erase our history will not stop with century-old statues. They want to expunge not only Confederates or Christopher Columbus but the essence of American civilization” (93). “The activists’ target is not only historical figures but the ideas and values that define America” (72). In Suid-Afrika gaan dit deesdae om die ontkenning van die voortreflike nalatenskap van die blankes, veral die Afrikaners, deur die ANC-regime en sy meelopers. By hierdie prestasieloses is daar ‘n sterk element van afguns of jaloesie te bespeur. Hulle is nie in staat om ‘n hede te bou wat naasteby so beskaaf en voorspoedig is soos die verlede vóór-1994 was nie.

    Diegene wat die Amerikaanse verlede wil vernietig deur sodanige simbole te saboteer of verwyder, vind hulle inspirasie in herskrywings van die geskiedenis. In hierdie verband verwys Stepman dikwels na die geskrifte van ‘n marxistiese historikus, Howard Zinn (1922-2010). Byvoorbeeld, “Left-wing historians like Howard Zinn have tied Columbus to the original sins of a wicked American civilization” (77). Zinn se A people’s history of the United States (1980, Kindle $6,10 en $11,44) en die verwerking daarvan vir jong mense (2007, Kindle $16,09) word dikwels in skole en aan universiteite voorgeskryf. Miljoene eksemplare is verkoop. Van objektiwiteit en neuraliteit is daar nie sprake nie. Zinn skaar hom openlik aan die kant van die sogenaamde onderdruktes. Hy erken hierdie feit in die titel van sy outobiografie: You can’t we neutral on a moving train (Kindle $14,94). Dit is die soort geskiedskrywing wat plaaslik deur bv John Laband beoefen word (Praag 29.08.2020). Veel erger is Patric Tariq Mellett se The lie of 1652: A decolonized history of land (2020, Kindle $14,26) waaroor ek eersdaags skryf.

    Dit is nie net die Amerikaanse opvoedkundige stelsel (skole en universiteite) wat vrot van die linkse politiek is nie. Dit geld ook die vermaaklikheidsbedryf, bv rolprente (Hollywood) en verhoogstukke, asook die hoofstroom-massa-inligtingsmedia (koerante, tydskrifte, radio en televisie) (93). Afkeer van alles wat tradisioneel Amerikaans is, word gewek pleks daarvan om trots te wees op die baie opsigte waarin Amerika ‘n voortreflike voorbeeld aan die res van die wêreld stel. Ek onthou ‘n era toe daar dikwels gespekuleer is dat Suid-Afrika net so ‘n prominente en leidende rol in Afrika as die VSA in die Amerikas kon speel. Weens ongeëwenaarde dwaasheid is daardie vooruitsig in 1990/94 vir Suid-Afrika vernietig. Konserwatiewe, behoudende, regsinnige Amerikaners besef dat hulle teen ‘n soortgelyke lot moet waak.

    “The city of San Jose, California, recently decided that any public display of pride in Christopher Columbus is simply unacceptable. Egged on by the San Jose Brown Berets, a radical Chicano ethno-nationalist group, the San Jose City Council voted in early 2018 to remove Columbus’s statue from the city hall” (134). “At the time of the city council’s decision, not a single local museum would take the statue. To add to the absurdity, a statue to the Aztec god Quetzalcoatl stands nearby in downtown San Jose” (146). Kalifornië en ander state in die suidweste van Amerika verval al hoe meer in die beheer van vreemdelinge. Donald Trump gooi wal hierteen. Dit verduidelik deels die heftige aanvalle teen hom, nie net in Amerika nie, maar ook in ander lande, insluitende Suid-Afrika, waar die Naspers/Media24-media deesdae hulle politieke inligting by voorkeur uit linkse bronne soos CNN, The New York Times, The Washington Post en die Britse The Guardian put.

    In New York City “the Queens monument was one of numerous Columbus statues defaced and vandalized in the region after New York mayor Bill de Blasio created a commission to review all ‘symbols of hate’ in the city” (151). “A two-foot-tall Columbus sculpture in Columbus Memorial Park in Yonkers was beheaded and smashed with a blunt instrument and its shattered remains strewn about the area. A more-than-century-old statue in Central Park was covered in paint” (157). “Two statues in Connecticut were splashed with red paint on the same night, just before Columbus Day. The oldest Columbus monument in the country and perhaps the world – constructed over two centuries ago – was bludgeoned and damaged at a park in Baltimore, Maryland” (163). Hoekom? “Columbus symbolizes the initial invasion of European capitalism into the Western Hemisphere” (170).

    Die verering van Columbus is glo “‘Eurocentric’ and … ignored the ‘brutal realities of the colonization of indigenous peoples’” (181). Columbus-dag, wat in 1934 tot ‘n amptelike federale vakansiedag verklaar is (269), kom al hoe meer onder skoot. Dit moet glo met “Indigenous Peoples Day” vervang word (181), wat reeds op sommige plekke gebeur het (193). In talle groot stede word Columbus-dag deesdae nie meer gevier nie (188). Dit is een van die gevolge van die verval van die Amerikaanse middestede. Dit herinner aan Van Riebeeck-dag, 6 April, wat nie meer in Suid-Afrika gevier word nie. In ons geval is dit egter nie net die stede wat sedert 1994 verval het nie, maar die land in sy geheel.

    Dit gaan vir die polities linkses nie net om uiting aan hulle anti-Amerikaanse gesindheid te gee nie. Hulle put hulle inspirasie uit marxisme. “Some of the most savage attacks on Columbus came from Friedrich Engels and Karl Marx … whose broadsides against the Italian explorer would be echoed by Marxist historian Howard Zinn” (235). “This line of attack is based on a quasi-Marxist reduction of history to the tale of oppressors versus the oppressed” (670).

    Stepman toon aan dat diegene wat in die voorste linie teen die standbeelde van blankes veg ‘n gebrekkige kennis van die geskiedenis het. Byvoorbeeld, Columbus was nie ‘n uitwisser van inboorlinge soos hy deesdae voorgestel word nie. “He executed Spaniards for mistreating natives” (441) en “Columbus was quick to punish those under his command who committed unjust acts against the local population” (486). Die eintlik beswaar van die aktiviste teen Columbus is dat hy die weg vir blanke immigrasie na die Amerikas geopen het. “The barbs thrown at Columbus are part of a larger push to delegitimize Western civilization” (575).

    Sommige ANC-kamerade lieg graag dat Suidelike Afrika ‘n vreedsame plek was totdat die blankes hulle opwagting gemaak het. In Nelson Mandela se outobiografie (1995) staan bv: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelungu, the white people … The white man shattered the abantu, the fellowship, of the various tribes” (p 27). In Amerika word ‘n soortgelyke valse beeld voorgehou. Die waarheid is dat daar in sowel Suidelike Afrika as die Amerikas die uiterste gewelddadigheid vóór die koms van die blankes was. Stepman skryf: “The New World had been an incredibly violent place long before [Columbus] arrived” (508).

    “The great Aztec city Tenochtitlan was in many ways sustained by th[e] system of conquest and forced tribute as well as ritualized human sacrifice that almost undoubtedly included cannibalism. While this doesn’t excuse all of the Spanish actions in the New World, it does place them in context. Violence and brutality are inherent in the nature of man. Primitive societies are often a far cry from the ideal image of the noble savage famously conjured up by French philosopher Jean Jacques Rousseau” (548).

    ‘n Maand voor Kersfees, op die vierde Donderdag in November, word Thanksgiving as ‘n nasionale vakansiedag in Amerika gevier. Soortgelyke vierings vind ook op verskillende datums in talle ander lande plaas. In Amerika is die tradisie om daardie dag ‘n gebraaide kalkoen op die tafel te hê (1036). Vir ‘n kalkoen in Amerika is daardie tyd van die jaar so gevaarlik soos elke dag vir ‘n blanke boer in die nuwe Suid-Afrika. Ek het Thanksgiving in 1974 en 1975 saam met ‘n Amerikaanse gesin deurgebring. Toe hulle my vra of ons in Suid-Afrika ook so ‘n viering het, het ek gesê – gedagtig aan Amerika waarin dinge graag groter en beter as elders voorgestel word – dat ons dit met ‘n gebraaide volstruis op die tafel vier. Maar iets waaroor ek al dikwels gedink het: Daar behoort in Suid-Afrika jaarliks ‘n Dankiesêdag te wees vir alles wat die blankes hier tot stand gebring en verduur het. Daar behoort immers erkentlikheid te wees vir hierdie mense se bykans bomenslike vermoë om so baie in Afrika tot stand te bring en nooit moeg te word om goed te doen nie (2 Tessalonisense 3:13).

    “It was George Washington who issued the first proclamation declaring a national day of thanksgiving in 1789 to mark the beginning of a new nation under the Constitution” (964). Thanksgiving is in Amerika ingestel om dankbaarheid vir goeie oeste en voorspoed te betuig. “The chief ideal of the Thanksgiving holiday is gratitude: gratitude for the blessings of life and labor” (1086); “a celebration of family and material prosperity” (1029). “Historians have described it as a harvest festival with religious overtones” (795).

    Maar die suiwerste ordentlikheid word deesdae deur bose elemente neergehaal tot iets wat verwerplik is. Byvoorbeeld, “It is the most loathsome, humanity-insulting day of the year – a pure glorification of racist barbarity” (614); “a kind of celebration of white supremacy” (800). Dit is selfs “a celebration of genocide and overconsumption” genoem (631). “Thanksgiving is written off as a disgusting celebration of capitalism, a crass reveling in material wealth even as oppressed groups suffer” (670).

    Die eerste blankes wat hulle in Amerika gevestig het, word Pilgrims en Puritans genoem. “The unique traits of the Puritans had ultimately contributed to the creation of the United States. Their most important values – self-government, private property, Christian morals, industry, and even, to a certain extent, religious liberty – lived on in this country centuries later” (1002). “The Puritan settlers often viewed Indian tribes as mischievous ‘savages’, but this distinction was based less on racial than cultural lines” (911). “Fear, misunderstanding, and sometimes prejudice, not deep-seated racism and hatred, defined the Puritan attitude toward native people” (917).

    Op die kampus van Yale University is daar ‘n standbeeld van ‘n blanke Puritein en ‘n Indiaan. “The Puritan points his musket while the Indian responds with his bow” (619). Hierdie standbeeld, wat bykans ‘n eeu oud is, is onlangs “not appropriate” verklaar. Die “oplossing” was “a covering over the Puritan’s rifle” (619). “While the school [university] covered up the depiction of the Puritan’s weapon, they failed to cover the Indian’s bow pointed in the Puritan’s direction” (625). Dit herinner aan die grootskaalse ontwapening sedert 1994 van blankes in Suid-Afrika terwyl gevaarlike wapens en ammunisie vryelik aan misdadigers beskikbaar is.

    Wat in Amerika gebeur, is wat in 1994 mandaatloos in Suid-Afrika gebeur het: “[The] ultimate goal [is] ‘fundamentally transforming’ the United States” (1113), oftewel “uproot and demolish traditional America” (1107); eufemistiese frases wat beteken dat die land opgedonder moet word. Plaaslik word Jan van Riebeeck nie meer gehuldig nie; net sleggesê, soos blanke Suid-Afrikaners. In Amerika word die miskenning nie tot Columbus beperk nie. Dit is uitgebrei na die staatkundige grondleggers, “the Founding Fathers”. “The famed Christ Church in Alexandria, Virginia, which [George] Washington attended for years, decided to take down a plaque in Washington’s honor in the name of inclusivity” (1146). Dit herinner aan Wim de Villiers, wat nie genoeg genoegdoening geput het uit die feit dat daar nie meer ‘n HF Verwoerd-gebou op die kampus van Stellenbosch University is nie. De Villiers het ‘n openbare skouspel daarvan gemaak om ook die Verwoerd-gedenkplaat uit die voorportaal van die gebou te verwyder. Hiervoor het hy ‘n ontspoorde kleinkind van Verwoerd tot hartlike samewerking oorgehaal (Praag 31.05.2015).

    “The San Francisco school board voted unanimously to destroy a mural with George Washington at a public school because it also depicted slaves and a dead American Indian” (1146). Nog ‘n grondlegger, Thomas Jefferson, “the original articulator of our liberties” (1175), “[the] author of the Declaration of American Independence” (1191), se nagedagtenis word onteer aan die University of Virginia, wat deur hom in 1819 in Charlottesville gestig is. Hy word ” a ‘rapist’ and a ‘racist’” genoem (1221), onder meer omdat hy ‘n slawe-eienaar was. Jefferson se verhouding met ‘n slavin, Sally Hemings, word uiteraard ook bygesleep. Al Sharpton dring daarop aan dat die Jefferson-gedenkteken in Washington DC na ‘n museum verskuif word (1239). Die gedenkteken is na bewering ‘n belediging vir die swart Sharpton se familie (1244).

    Soos wat die plaaslike blankes vir apartheid verwyt word, word blanke Amerikaners vir slawerny verwyt, al het sowel swartes as Indiane ook slawe besit. “Slave ownership was quite common among Indian tribes” (2293). Die voorkoms van slawerny in Amerika word sterk oordryf. “In the four hundred years of the trans-Atlantic slave trade, only about four percent of imported slaves came to the British North American colonies and the United States” (1318).

    Deesdae wil Demokrate in verskeie state nie meer hulle jaarlikse dinee ter huldiging van Jefferson en Andrew Jackson hou nie (1238, 1531). Jackson het New Orleans in 1812 suksesvol teen ‘n Britse aanslag verdedig. Tog is daar oproepe dat sy standbeeld uit daardie stad verwyder moet word (1583). “Vandals attacked and defaced Andrew and Rachel Jackson’s tombs at his historic home in Nashville, Tennessee, spray-painting profanities and the word ‘killer’ across the broken tomb” (1583). Hy was glo “an evil, pro-slavery racist” (1632). Tydens die Obama-administrasie is Jackson se afbeelding op die $20-dollarnoot met dié van die swart Harriet Tubman (1822-1913) vervang, “a well-regarded abolitionist who nevertheless never affected the country nearly as much as Jackson” (1627). Donald Trump, daarenteen, “put Jackson’s portrait in the Oval Office in 2016” (1639).

    Uiteraard word daar ook stemming teen die blanke helde van die destydse Konfederasie, die suidelike state, gemaak omdat die meeste slawerny daar voorgekom het. Selfs in die konserwatiewe vaktydskrif, National Review, is ‘n artikel gepubliseer “calling for the banishment of Confederate monuments to cemeteries and museums” (2216). Dít ten spyte van die feit dat volgens meningsopnames “a significant majority of Americans supported keeping the Confederate statues, with a majority also indicating that they saw the statues as symbols of Southern pride rather than racism” (2227). “The Southern Poverty Law Center [SPLC], a left-wing activist organization, created a map of Confederate ‘statues’ around the country, many of which were simple plaques to bring attention to historical battles across the country, and called for them to be removed” (2233). Dit is glo “about acknowledging the injustices of the past” (2233). Die SPLC is een van die verderflikste instansies in Amerika, soos ek onlangs aangetoon het (Praag 19.09.2020).

    “A ‘Confederate’ monument that was dedicated to post-war peace was torn down by an angry mob in Atlanta” (2239), waar die SPLC-hoofkantoor geleë is. “In Durham, North Carolina, a crowd assembled in front of a bronze statue dedicated to the young men who had fought for the Confederacy, tied a rope to it, and pulled it down as police looked on” (2239). “A visage of Robert E Lee carved into limestone at Duke University was badly mauled. The statue, above the entryway of Duke Chapel, was carved up and had a chunk of its nose removed” (2239).

    In Suid-Afrika is die neus van die Rhodes-borsbeeld teen die hang van Tafelberg geskend. Later is die beeld onthoof (Praag 12.09.2020). Waarop hierdie gebeure in sowel Amerika as Suid-Afriksa dui, is “the danger of mob rule” (2251). Wanneer sal blankes leer dat dit nodeloos is om verskoning te vra wanneer verskoning van hulle geëis word? Die verskonings is nooit voldoende in kwantiteit en kwaliteit nie. “Personal redemption is meaningless in this crusade” (2281). “The march to erase history – iconoclasm with no apparent rhyme or reason – continues” (2299). Wat die gebeure in Amerika en Suid-Afrika tuisbring, is: “It is far more difficult to rebuild a civilization than destroy it” (2441). “The vandals’ anger is directed at America in general. The statues are simply scapegoats standing in for our guilty nation” (2717).

    Ná die Burgeroorlog was Robert Lee teen die oprigting van monumente en standbeelde gekant. “Lee thought it wrong to spend lavishly on the dead when the living were starving. This might be a good lesson for modern cities spending lavishly on monument removals or changing city and school names when their budgets are a mess and their streets filled with crime” (2600). Wanneer sal die ANC-regime tot sulke gesonde insigte kom? Later, toe ‘n mate van welvaart in die Suide herstel is, is daar wel Konfederale monumente en standbeelde opgerig. “The construction of monuments and statues was a crucial matter of paying tribute to the reality that a generation had fought, suffered, and often died in the most violent conflict in the history of our civilization” (2635).

    In New York City “the [Theodore] Roosevelt statue was vandalized” (2772). “Protestors consider the statue racist because it portrays Roosevelt in the saddle [on a massive steed] and people of color [an Indian and a black man] on either side” (2778). “It should be moved to a museum to ‘contextualize’ it” (2790). In Roosevelt se tyd is assimilasie van die hoofsaaklik blanke immigrante verwag. Toe was tradisionele Amerikaners oorwegend “a people descended from the same ancestors, speaking the same language, professing the same religion” (2993). Deesdae is die inkommers meesal nie-blank en is dit ‘n onbegonne taak om hulle te assimileer. “Today, the very term ‘melting pot’ is considered a ‘microaggression’ … The idea of assimilation borders on hate speech” (2842). Roosevelt “had no tolerance for what he called hyphenated Americans” (2977).* He “loathed the concept of being a ‘citizen of the world’” (3021). “[Roosevelt’s] ethos of Americanism could provide a healthy alternative to the multiculturalism that is breeding noxious forms of tribal identity politics” (3021). Barack Obama, daarenteen, het gesê: “We are not only citizens of America … we are also citizens of the world” (3045).

    [* “Afro-Americans” is ‘n tipiese voorbeeld van koppelteken-Amerikaners, met as implikasie dat hulle in die eerste plek Afrikane is of ten minste nie ongekwalifiseerd Amerikaners is nie. Ander soorte Amerikaners word deesdae ook onderskei: “Hispanic”, “Asian”, “Native/Indian”, ens.]

    “All men are created equal, with equal natural rights, but not all cultures are equal … It was the unique American culture, which predated even the creation of the United States, that produced the men who signed onto the natural rights in the Declaration of Independence and a transformational political document like the Constitution” (3056). “Only the American people have the right to decide for ourselves which newcomers will fit in under a shared free government; we alone determine who will strengthen America and who will weaken it” (3062). Laasgenoemde sin dui op ‘n gesonde benadering tot immigrasie. Die hoofoorweging by immigrasie moet landsbelang wees; nie menseregte- en Afrika-belang soos nagestreef deur die ANC-regime nie.

    Amerikaners is geneig om Jefferson se frase “all men are created equal” onkrities te aanvaar. Mense word eintlik net op die mees basiese biologiese vlak in gelykheid gebore, in die sin dat almal asemhaal, beweeg, eet, ens. Van geboorte af kan daar groot ongelykheid wees wat betref enersyds liggaamlike en andersyds geestelike vermoëns, selfs by kinders in dieselfde gesin. Party mense is rats of het liggaamlike uithouvermoë; ander nie. Party mense is oplettend, intelligent en vindingryk terwyl ander dit nie is nie. Hierby kom omgewingsfaktore, soos of die baba in ‘n welgestelde of arm gesin gebore word. Polities byderwets het die gewoonte posgevat om sulke benadelende omgewingsfaktore by nie-presterendes te beklemtoon, wat verwyte gerig teen blankes moontlik maak, terwyl aangebore tekortkominge geïgnoreer word.

    Maar Stepman het reg as hy skryf “not all cultures are equal,” in die sin dat party kulture (in sekere opsigte) meer ontwikkeld as ander kan wees, bv beter aangepas vir die skepping van voorspoed in ‘n geglobaliseerde wêreld. Die verskille wat daar tussen individuele en groeps-/kulturele prestasie of sukses kan wees, dui onder meer op die noodsaaklikheid dat daar naas individuele regte ook erkenning aan groepsregte gegee behoort te word. Groepsregte, bv minderheidsregte, is ‘n wesenskenmerk van die Amerikaanse samelewing. Met die oog op die benadeling van minderheidsgroepe en dus die doelbewuste bevoordeling van die swart meerderheidsgroep, bestaan daar in Suid-Afrika geen groepsregte nie; net individuele regte en daarby soos vertolk deur die ANC-regime se Menseregtekommissie en howe.

    In Mount Rushmore in Suid-Dekota is daar uitbeeldings van vier Amerikaanse presidente: George Washington, Thomas Jefferson, Abraham Lincoln en Theodore Roosevelt (2750). In sy boek toon Stepman aan hoe elkeen van hierdie vier deesdae deur linkse elemente geringgeskat en verdag gemaak word – Lincoln in mindere mate as die ander drie. “Deep down, perhaps, what the statue topplers are rebelling against is their own failure to accomplish anything of note. The only way for some of them to make themselves feel better about not overcoming any great challenges is to diminish great Americans who actually accomplished significant things and made enormous sacrifices to improve their country” (3621). In sommige opsigte kan Amerika selfs daarop aanspraak maak dat hy die wêreld ‘n beter plek gemaak het. “If our country foolishly commits to erasing its history, it will have no future worthy of its past” (3647). Hierdie opmerkings kan ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Dit verduidelik die veldtog wat daar teen die blankes, veral Afrikaners, gevoer word.

  • Leon Lemmer: Hoe om haat in ‘n finansiële bate te omskep

    Leon Lemmer: Hoe om haat in ‘n finansiële bate te omskep

    As ‘n mens die Amerikaanse politieke literatuur lees, kom jy spoedig verwysings na die Southern Poverty Law Center (SPLC) teë. Die benaming wek die indruk van ‘n armoedige instansie wat hom vir reg en geregtigheid beywer. Die SPLC is in 1971 in Montgomery, Atlanta, gestig. Hierdie instansie gee voor dat hy ‘n akkurate beeld van rassebetrekkinge in die Amerikaanse suide aan bv liberaliste in die noorde en multikulturaliste in die weste uitdra. Van hierdie elemente word fondse vir sy bedrywighede bekom. Die SPLC is ‘n linkse instansie wat teen rasse- en geslagsdiskriminasie asook wit heerskappy gekant is. Daar word gepoog om die belange van onwettige immigrante te beskerm en om verdraagsaamheid in skole te bevorder.

    Die SPLC was aanvanklik hoogs suksesvol met hofsake ten gunste van burgerregte vir swartes, veral gemik teen die Ku Klux Klan (KKK). Deur keer op keer eise om skadevergoeding teen die KKK in te stel, is baie van sy afdelings in bankrotskap gedompel en verplig om te sluit. Nadat die KKK afgeskaal is tot ‘n instansie met ‘n klein ledetal en geringe invloed, het die SPLC sy bedrywighede van 1990 af op ‘n oordrewe manier om die vae begrip haat geherorganiseer. Dit is waarom veral blankes in Suid-Afrika deesdae met sogenaamde haatspraak gekonfronteer word. Terme soos xenofobie of vreemdelingehaat word plaaslik vryelik gebruik terwyl dit meesal bloot gaan om die ongewenste teenwoordigheid van ‘n massa ongeskoolde inkommers in ‘n land waar groot werkloosheid heers. Maar hierdie onverkwiklike terminologie gee ‘n aanduiding van die invloedrykheid van die SPLC.

    Dit is natuurlik nie net die begrip haat wat uit Amerika hiernatoe oorgespoel het nie. Dit geld ook vir bv reënboognasie, wat verkeerdelik as ‘n uitvindsel van Desmond Tutu beskou word. Verder word daar plaaslik van bv “die Cradock Vier” gepraat. Dit is ‘n spreekwyse wat in Amerika ontstaan en plaaslik nagevolg is. Dit gaan om swart misdadigers wat in linkse geledere vereer word. Die SPLC het dit as sy plig geag om bv “the Tarboro Three” (1973) in die hof te verdedig, naamlik “three young black men accused of raping a white woman” (624). “While the three men were never completely vindicated, they were released after spending more than a year in prison” (630). Daar was ook “the Dawson Five, five black youths charged with murder … in 1976” (829).

    Tyler O’Neil

    In die Wikipedia is daar ‘n verdienstelike artikel oor die SPLC, hoewel daar nie na die volgende boek verwys word nie: Tyler O’Neil se Making hate pay: The corruption of the Southern Poverty Law Center (New York: Post Hill Press, 2020, 242p; Amazon Kindle $11,49). Die outeur is ‘n joernalis wat bv onlangs (17.08.2020) ‘n artikel (beskikbaar op die internet) geskryf het oor die verwoesting wat die Black Lives Matter-oproer in Minneapolis ná die dood van George Floyd aangerig het. Meer as 700 geboue is beskadig, waarvan 12 heeltemal verwoes is. Kamala Harris, Joe Biden se kandidaat vir die vise-presidentskap, het geld geskenk sodat hierdie misdadigers borgtog kon bekostig. Hieroor lees ‘n mens nie in Media24-publikasies nie. Pleks daarvan verskyn daar ‘n hoofartikel in Die Burger (17.08.2020) vol lof vir “die vars dimensie” wat Harris in daardie verkiesingstryd bring. Vir O’Neil is vryheid van uitdrukking van deurslaggewende belang. Hy beskryf homself as “a conservative Christian” (Kindle 88). In wat volg, onderskei ek nie altyd duidelik tussen die menings van O’Neil en diegene waarna hy verwys of aanhaal nie.

    Die SPLC het met skynbaar gesaghebbende uitsprake veral linksgesinde instansies en persone in so ‘n mate mislei dat hy reeds dekades lank in staat is om (feitlik) enige instansie of individu te ruïneer deur hulle op sy swartlys te plaas. Dat alles nie pluis by die SPLC is nie, het in 2019 duidelik geword toe die blanke Morris Dees (gebore in 1936), ‘n medestigter en die hooffondsinsamelaar van SPLC, ontslaan is. Van die aanklagte teen hom sluit rassediskriminasie en seksuele teistering in. Laasgenoemde aanklagte was ‘n groot verleentheid in die era van die #MeToo-beweging, wat teen (blanke) mans gemik is. Dees het vyf keer geskei – dus meer as ons eie André P Brink se vier keer. Een van Dees se ondersteuners het hom soos volg verdedig: “Morris is a man who strongly believes in marriage – he’s done it six times” (805). Die president van SPLC sedert 2003, Richard Cohen, het ‘n week ná Dees bedank, asook die direkteur van regsaangeleenthede, Rhonda Brownstein. Binne SPLC was daar nie die sosiale geregtigheid wat die SPLC na buite predik nie. As ‘n instansie wat amptelik sonder winsbejag is, is die SPLC uitermate op finansiële gewin ingestel. In hierdie verband is gesê: “Until justice rolls down like dollars” (250).

    Dit blyk dat die SPLC nie voldoen het aan die siek maar gewilde Amerikaanse waardes wat hy na buite predik nie. Met verwysing na slawerny was daar kritiek “[that] compared the SPLC to a plantation” (1074). “It’s sort of like the pot calling the kettle black” (1080). “You can’t go out and preach racial sensitivity and racial tolerance … without practising all these types of things you are preaching about” (1086). “A fair number of what was then about a hundred* employers were African-American, but almost all of them were administrative and support staff – ‘the help’ … The ‘professional staff’ – the lawyers, researchers, educators, public relations officers, and fund-raisers – were almost exclusively white. Just two staffers … were openly gay” (269). “Where’s the diversity?” (274). “Only one black man had ever been among the top five wage-earners, and he was one of only two black staff attorneys in the SPLC’s history” (1066). Later word verwys na “two black lawyers and three black advocates within a staff of about 100 across five states” (1092). “Two of the six members of the board of directors were black” (1080). “In 1994, only one of the department heads was black, and she oversaw the mail operations” (1086).

    [* In die Wikipedia word die getal werknemers in 2011 op 254 gestel.]

    Sommige ander besware teen die SPLC was “the unchecked power of the lavishly compensated white men at the top of the organization” (280). In 1985 “its three executives … each made more than $100 000 annually” (1136). In 1987 “its top three executives were paid a total of $350 000” (956). “In 2017, the SPLC paid then President Richard Cohen $364 799, with another $42 742 in ‘other compensation from the organization and related organizations’” (1112). “That year, it also paid Morris Dees $375 181, with $41 767 in other compensation” (1122).

    Kritici van die SPLC verwag polities byderwets dat diversiteit op alle vlakke van hierdie organisasie belangriker as meriete geag moet word. Dit herinner aan die nuwe Stellenbosch University wat reeds baie meer vroue as mans in diens het maar voortgaan om by aanstelling en bevordering teen blanke mans te diskrimineer. Of dink aan die plaaslike staatsdiens waar die swartes reeds lankal die demografies verlangde 80% oorskry, maar hierdie rassistiese voorkeur vir swartes gewetenloos en grootliks kritiekloos voortgesit word.

    Die SPLC het finansieel welvarend geword toe hy met sy hofsake teen die KKK baie publisiteit met sy Klanwatch gesoek en ontvang het en donasies ingestroom het. Die SPLC het ook die einde van die White Patriot Party (1980-1987) bewerkstellig (937, 1257). “Dees devised a fundraising strategy that focused mainly on liberal donors outside the South” (664). Klanwatch het geblyk “a highly profitable scam” te wees (286) omdat die oorheersende politieke atmosfeer ten gunste van burgerregte en teen die tradisionele leefwyse in die suide gelaai was. “Beating the Klan in court was ‘sort of like shooting fish in a barrel’” (988). Die SPLC is beskou as ‘n instansie “do[ing] the Lord’s work in the heart of Dixie”* (297). “People in the North and West have this thing that black people are so bad off. And if they think there is a group doing anything to help it, then they’re likely to send money” (976). Die SPLC spog: “We developed a whole new donor base, anchored by wealthy Jewish contributors on the East and West coasts, and they give big bucks” (1034).

    [* Die naam Dixie word vir die suidelike en Yankee vir die noordelike state gebruik.]

    “By 1988, Dees acknowledged that ‘the Klan thing is winding down’. So, the SPLC would turn to the more nebulous campaign against ‘hate’” (1172). Klanwatch is tot Hatewatch omvorm. Nadat die SPLC genoeg geld uit sy veldtog teen die KKK geput het, het hy op ‘n vindingryke manier die begrip haat vir sy nuwe inisiatiewe ingespan. ‘n Lys van instansies (en by implikasie persone) wat hulle na bewering aan haat skuldig maak, is sedert 1990 jaarliks gepubliseer. Daar is gepoog om die lys elke jaar langer te maak (hoewel daar nie altyd hierin geslaag is nie) sodat daar stukrag gegee kon word aan die SPLC se beweerde “rising tide of hate” in Amerika (297). In 2000 is 602 instansies gelys, wat teen 2018 tot 1 020 vermeerder het. Donasies het ingestroom om die SPLC in staat te stel om haat in die samelewing te bestry. “The SPLC has raked in … cash by warning of a rising tide of hate and by presenting itself as a David figure fighting the powerful Goliath of menacing hate groups” (1122). Dit is ‘n geval van “making hate pay” (308), soos gestel in die titel van hierdie boek. “The market is still wide open for the product, which is black pain and white guilt” (1122). Hierdie haatlyste word “a cynical fundraising scam” genoem (308).

    Die SPLC is amptelik “a nonprofit organization” (675), maar het baie meer geld as wat hy vir sy uitgawes nodig het. “The SPLC never spent more than 31 percent of its revenue on programs, and it had spent as little as 18 persent on them” (1105). “They’ve done far less with the money they receive than any other comparable civil rights group will do” (1432). “[The SPLC] launched itself on a trajectory to a half-a-billion-dollar endowment, $92 million in overseas equity funds, and millions in Cayman Islands accounts” (682; ook 1112). Volgens Dees: “The people who will give big money through the mail are either on the far right or the far left. They’re true believers” (691). Uiteraard melk die SPLC sy donasies by uitstek uit linkse geledere. Dees is al beskryf as “the televangelist of the civil rights movement” (817), ‘n sinspeling op “the notorious televangelist Jim Bakker” (860).

    Die SPLC klop homself op die skouer deur hom met die destydse sogenaamde Underground Railroad te vergelyk, “which helped slaves in the antebellum South escape to freedom” (315). In hierdie verband die SPLC “slammed the Trump administration for ‘racism and misogyny’ after a delay in publishing a version of the twenty-dollar bill featuring abolitionist hero Harriet Tubman [1822-1913], well-known for running the Underground Railroad” (322). Dit toon hoe die SPLC enige insident aangryp om publisiteit vir homself te soek en gevolglik sy finansies met donasies aan te vul.

    O’Neil skryf: “While it is true that Trump had opposed putting Tubman on the twenty-dollar bill in 2016, it seems particularly rich for an organization coming off a racism and sexism scandal to compare itself to the Underground Railroad” (327). Maar die eintlike punt behoort te wees dat Tubman per slot van sake ‘n misdadiger was omdat sy slawe gehelp het om te ontsnap. Misdadigers behoort nie vereer te word nie. In hierdie opsig kan die nuwe Suid-Afrika egter nie ‘n vinger na Amerika wys nie omdat die verering van misdadigers, soms ikone genoem, plaaslik omtrent epidemiese afmetings aanneem.

    “The eventual ‘hate group’ list essentially manufactured hate, listing defunct organizations that … didn’t exist” (1181). “A lot of them were vanishingly small or didn’t exist, or could even be an invention of the SPLC” (1376). “The … lists had no addresses so it’s very difficult to actually check them out” (1369). “The SPLC never identifies how many members these ‘hate groups’ have” (1387). Soveel moontlik instansies word gelys sodat dit moet lyk asof haat jaarliks toeneem, wat ‘n publisiteitsfoefie is. Die instansies op die lys word bv op die volgende manier vermeerder: “It … list[s] multiple chapters of one group as separate ‘hate groups’” (1857). O’Neil bereken dat daar hoogstens 354 identifiseerbare werklike instansies op die lys is en nie 1 020 nie (1864). “It finds as much ‘hate’ as possible in order to make as much money as possible” (1437). “They have to know that they’re inflating the danger” (1426). Daar is tereg gevra: “Are there more hate crimes or does increased citizen awareness mean there is more reporting of hate crimes?” (1195).

    Die SPLC is geneig om instansies as haatgroepe te etiketteer bloot omdat hulle konserwatief of christelik is. Hierteen kan opgewerp word: “When embracing traditional Christian values is equated to hatred, we are approaching the stage where wrong is called right and right is called wrong” (1845). Radikaal linkse organisasies word nie gelys nie, maar wel blanke nasionalistiese groepe, wat soms ook as gewelddadig geëtiketteer word. “They were sensationalizing racial conflict issues, and when their reports on ‘extremist’ groups began appearing it was obviously a bogus fundraising scheme that was into demonizing and blacklisting” (1275). “The SPLC took its idea from anti-Communist blacklisting in the 1950s and 1960s” (1269) – die Joe McCarthy-era.

    ‘n Gelyste instansie of persoon word op hierdie manier uit ordentlike geselskap verban. “Listing them along with the KKK [is] a clear attempt to cut them off from polite society” (1579). “The SPLC’s ‘hate group’ accusation is a financial and reputational death sentence, effectively equating organizations to the KKK … The SPLC’s ‘hate group’ accusation is incredibly effective at shaming organizations and causing them to be shunned by donors … and others” (1518). Volgens die SPLC “our aim is to destroy these groups … You can sometimes so mortally embarrass these groups that they will be destroyed” (1524). Dit kom neer op ‘n heksejag en karaktermoord. “Guilt by association” word ook deur die SPLC misbruik om sy doel te bereik (1555). “This whole SPLC set-up strikes me as fraudulent in the extreme … They’re perpetrating a deception because they don’t want you to know that groups like the ‘Asatru Folk Assembly’ are no political threat” (1426). Daar word selfs verder gegaan: “The SPLC ‘plants’ apparently racist protesters at civil rights events” (1437). [“The SPLC], to raise money, stages scenes to give the impression that hatred and racism are widespread” (1455).

    “As with many liberal groups at the time, gay and lesbian issues became one of the SPLC’s primary focuses” (1324). Wat in die mode en links genoeg is, word vir publisiteitsdoeleindes en dus geldelike bevoordeling deur die SPLC aangegryp. LGBT-aktiviste word al hoe meer militant en aggressief. Hulle aktiwiteite ontvang baie publisiteit en die SPLC ontvang op sy beurt publisiteit vir die ondersteuning wat hy aan hulle bied. Uit O’Neil se oogpunt “homosexual acts are intrinsically disordered. They are contrary to the natural law. They close the sexual act to the gift of life” (1680).

    Anti-immigrant- en anti-Moslem-groepe word insgelyks sonder meer deur die SPLC as haatgroepe geklassifiseer. Ander linkse organisasies “used the SPLC’s ‘anti-Muslim hate group’ accusations in a pressure campaign, an attempt to blackmail mainstream charities and philanthropic groups into blacklisting ‘hate groups’” (1761). Maar linkse groepe wat haat saai word nie deur die SPLC gelys nie. “If the SPLC were to be objective and not politically biased, it should include Antifa [ie Antifascist] and Black Lives Matter [BLM] on the ‘hate group’ list” (1785). “Rather than monitoring hate groups, [the SPLC] has become one” (1828).

    Een van die instansies wat in die SPLC se visier is, is “the Family Research Council (FRC), a Christian nonprofit that advocates against same-sex marriage and for traditional Christian sexuality” (1873). Die SPLC het gemoedere dermate teen die FRC opgesweep dat ‘n swaksinnige persoon die FRC-hoofkantoor in 2012 aangeval en die gebou-opsigter in die arm geskiet het. Dit het hierdie voorspelling bewaarheid: “The ‘hate group’ list itself might inspire hate or terrorism against its targets” (2465). “The SPLC’s reckless labeling has led to devastating consequences” (1897). Een van die dinge waarvoor die SPLC hom beywer, is “destroying pro-family organizations” (3088), wat een van die hoofkenmerke van kulturele marxisme is. Die Amerikaanse Demokratiese Party is een van die SPLC se geesdriftigste ondersteuners. “The Democrats’ strategy also redefines traditional Christian views as hateful, often citing the SPLC” (2489).

    In 2017 is ‘n Unite the Right-byeenkoms in Charlottesville, Virginia, gehou. Linkses het ‘n teenbetoging gereël en een van hierdie betogers is deur ‘n wit heerssugtige (“white supremacist”) met sy motor omgery en gedood. “In all of this, the SPLC was perfectly positioned, and the group raked in donations and influence after the tragic events. The ‘Unite the Right’ rally aimed to protect Confederate monuments … The SPLC had been leading the charge on removing these monuments … After Charlottesville, tech companies worked with the SPLC to get white nationalists kicked off the internet” (2023).

    ‘n Gebeurtenis soos in Charlottesville is manna vir die SPLC. “Just over a week after Charlottesville, JP Morgan Chase announced that it would give $500 000 to the SPLC” (2293). “JP Morgan Chase did not just give a hearty contribution to the SPLC, but it also suspended the accounts of various activists [on the Right]” (2383). “The … Amalgamated Bank launched an effort to cut funding from ‘hate groups’, citing the SPLC” (2471). Druk is op Mastercard uitgeoefen “to stop processing payments for far-right hate groups” (2478). Apple het toe $1 miljoen aan die SPLC geskenk (2299). “In October 2018, Hyatt Hotels announced a new policy – it would not host events sponsored by SPLC-accused ‘hate groups’” (2397).

    ‘n Geldige afleiding kan gemaak word: Amerika is die oorsprong van die maniere waarop daar deesdae plaaslik verhoed word dat ‘n regsgesinde kunstenaar soos Steve Hofmeyr by sommige openbare byeenkomste optree. “Orwellian attempt[s] to demonize and silence dissent may have emboldened social media companies to target conservatives” (2404). Sommige wit nasionaliste, wit heersugtiges, Alt-Right-gesindes en soortgelyke indiwidue en organisasies “[have been] de-platformed from Facebook and YouTube” (3282). Byvoorbeeld, Prager University (nie ‘n universiteit nie maar ‘n konserwatiewe organisasie), met drie miljoen volgelinge, is ‘n tyd lank van Facebook verwyder (3430). “Twitter also banned PragerU from promoting tweets through advertising” (3445). Amazon het sy dwaasheid geopenbaar deur te verklaar: “We rely on [the SPLC] to determine which charities are in ineligible categories” (2355). Insgelyks Google “considers the SPLC a ‘trusted flagger’” (2411). “Google, Facebook, Twitter and Amazon heavily favored Democrats in the 2018 midterm elections” (3451). Die SPLC is polities byderwets, gevolglik geniet hy wye, onkritiese steun. Sy aktiwiteite is deel van die “cancel culture” (2447). Daarvolgens het net linksheid bestaansreg. Kritiek uit regse oorde word as haat geherdefinieer (2453).

    Die SPLC voer reeds sedert 2015 ‘n veldtog teen die Konfederale monumente in die suidelike state. “In 2016, the group launched a ‘community action guide’ to remove Confederate statues. The guide linked to a full report of every Confederate symbol in America, for a total of 1 503. The report listed everything from statues to street names to schools and military bases named after Confederate generals” (2244). Die SPLC oefen dan druk uit dat hierdie simbole verwyder of verander moet word. “The SPLC … put Stonewall Elementary School in Lexington, Kentucky, on the map of Confederate monuments. This elementary school was not named after Confederate General Thomas Jonathan ‘Stonewall’ Jackson, but – get this – a literal stone wall” (3043). Druk wat uitgeoefen word om die name van openbare plekke te verander én om hulle werklik te verander, is deel van die onverkwiklike werklikheid waarmee ons in die nuwe Suid-Afrika moet saamleef.

    Soos verwag kon word, is die SPLC pro-Palestyne-gesind. “The SPLC routinely ignores harassment and threats directed at Jewish and pro-Israel students on college campuses by liberal pro-Palestine activists” (2572).

    In skole bied die SPLC ‘n program genaamd “Teaching Tolerance” aan, waar onder die rookskerm van “warnings against ‘bullying’” (2736) “liberal activism” gepredik word (2743). “Teaching Tolerance champions LGBT issues for children, suggesting that disagreement is tantamount to hatred” (2749). “Not only did Teaching Tolerance push a lesson deconstructing gender, it also aimed to turn students into LGBT activists” (2762). Wat die SPLC doen, is “speading transgender activism across America’s schools” (2789). “According to Teaching Tolerance, 500 000 teachers use this politically skewed SPLC program as if it were a neutral anti-bullying resource, rather than a platform for transgender activism” (2802). Die boelieverskynsel in skole was ‘n tyd gelede redelik prominent in Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte. Dit het heel moontlik onder die invloed van die SPLC gebeur.

    In die laaste hoofstuk, voor O’Neil se bondige slot, vertel die outeur van instansies en persone wat terugveg teen die SPLC en hofsake aanhangig gemaak het. In een geval is $3 375 skadevergoeding betaal en het die SPLC verskoning gevra (3131). Oor die meeste ander sake is nog nie uitsluitsel gegee nie. In sulke sake argumenteer die SPLC “that the ‘hate group’ accusation is protected by the First Amendment ‘because it [hate group] is essentially meaningless and cannot be proved right or wrong’ … Definitions of the term ‘hate group’ conflicted too much for there to be a clear standard of meaning … The judge adopts wholesale the SPLC’s argument that the term ‘hate group’ means nothing concrete and thus cannot be defamatory” (2181). In die praktyk is so ‘n aanklag egter hoogs skadelik. Hierteenoor beweer die SPLC “the hate group accusation is a non-actionable opinion” (3282).

    O’Neil som sy boek soos volg op: “The vast majority of the SPLC’s public presence and its fundraising apparatus is tied up with a deceptive, inflated, and arguably defamatory ‘hate group’ list that uses guilt by association to target conservative and Christian organizations, placing them alongside the Ku Klux Klan. The SPLC also has … an incredibly partisan view of ‘hate’” (3459). Hy voeg by: “America’s polarization seems to be hitting a new fever pitch, with conservatives and liberals mistrusting one another at levels unseen since the Civil War. The SPLC’s work demonizes dissent from the far-left perspective, attempting to cut one half of the political spectrum off from polite society” (3486).

    Na aanleiding van die voorafgaande kan ‘n mens staamstem met die bevinding: “The SPLC has become a hate-for-cash machine” (2954). Beter geformuleer: “The SPLC is engaging in a disgusting hate-for-cash smear campaign” (2966). Die SPLC is “a very talented and articulate defamation machine” (3082). Dat die SPLC so ‘n groot deel van die Amerikaanse bevolking op sleeptou neem en sy idees in so ‘n groot mate onkrities aanvaar word, dui op ‘n samelewing wat te midde van sukses en voorspoed in groot mate ideologies verdeeld is.