Leon Lemmer: The New York Times se proslawe- en proswart-projek (Deel 1)

Deel op

Watter historiese jaartalle is vir Afrikaners van belang? Ek sou sê onder meer: 1652 (die aankoms van Jan van Riebeeck en sy geselskap in Tafelbaai, dus ons volksplanting), 1838 (die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier), 1881 (die Slag van Majuba), 1925 (die erkenning van Afrikaans as amptelike taal), 1948 (die bewindsaanvaarding van ‘n Afrikaner-regering). Die keuse van sulke jaartalle berus op ‘n bepaalde kulturele ingesteldheid. In hierdie geval ‘n pro-Afrikaner-gesindheid. Vir Afrikaners is dit ‘n goeie ding dat die Zoeloes in 1838 en daarna die Britte in 1881 verslaan is. Wat Afrikaners nie sal doen nie, is om waardering te hê vir 1990/94 toe ‘n groepie Afrikaanssprekende blankes mandaatloos en roemloos aan swart mag oorgegee het.

Die ANC bedryf ‘n anti-Afrikaner-benadering. Daarom is 1994 vir hom die alfa en omega van Suid-Afrika se geskiedenis. Daarom word 27 April as ‘n openbare vakansiedag, as sogenaamde Vryheidsdag, gevier en is Van Riebeeck-dag (6 April) deur die ANC-regime afgeskaf. In 1952 het veral die Afrikanervolk Van Riebeeck se aankoms drie eeue tevore luisterryk herdenk – ek was daar. Sal daar ‘n vierhonderdjarige herdenking van hierdie gebeurtenis in 2052 wees? Heel waarskynlik nie, veral nie op groot skaal in die openbaar nie. In soverre ons volksplanting dan nog onthou word, sal die herdenking na verwagting binnenshuis en in die geheues van ‘n gideonsbende oorlewende Afrikaners wees. ‘n Aanduiding van wat besig is om te gebeur, het in 1998 geblyk toe die 1948-verkiesingsoorwinning van ‘n halfeeu vroeër skaars positief vermeld is, om van ‘n viering nie te praat nie. Nelson Mandela was toe reeds tot “die vader van die nasie” verhef. Mandela is myns insiens wel die vader van die gewelddadigheid wat so kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika is. Dit kan sy blywendste nalatenskap wees.

In Amerika is daar neigings soortgelyk aan dié wat ek oor Suid-Afrika genoem het. Uit die oogpunt van Europeërs en ander Westerlinge het Christopher Columbus die Nuwe Wêreld, die Amerikas, in 1492 ontdek. Anders as voorheen is 1992, die vyfhonderdjarige herdenkingsgeleentheid, misbruik om Columbus te diskrediteer. Ek wil nog Robert Royal se uitstekende boek hieroor bespreek: Columbus and the crisis of the West (1992/2020, Kindle $11,49). Standbeelde van Columbus en ander blankes word geskend en afgebreek (Praag 26.09.2020) op maniere soortgelyk aan die ANC-regime se beleid dat blankes, veral Afrikaners, insluitende die oer-Afrikaner Van Riebeeck, se standbeelde uit die openbaar verwyder moet word (Praag 12.09.2020). Volgens die ANC-mentaliteit moet herinneringe aan die vóór-1994-geskiedenis sover moontlik vernietig word. Hoekom? In werklikheid omdat die ná-1994-geskiedenis, dus Suid-Afrika as tipiese Afrika-land, so sleg afsteek by wat Suid-Afrika as beskaafde Westerse land eens tydens die blanke bewind was.

Naas 1492 is daar baie jaartalle wat lojale (blanke, Engelssprekende)* Amerikaners as herinneringswaardig kan beskou, soos 1607 (die aankoms van die eerste blanke inwoners in Jamestown, by Williamsburg, Virginia), 1620 (die aankoms van die Pelgrims, met die Mayflower in Plymouth, Massachusetts), 1630 (die aankoms van die Puriteine in Salem, Massachusetts), 1775-1783 (die Amerikaanse Revolusie of onafhanklikheidstryd, insluitende die 1776-onafhanklikheidsverklaring) en 1861-1865 (die Burgeroorlog). The New York Times (voortaan die Times) het in 2019, dus na verloop van vier eeue, besluit dat 1619 die historiese jaartal is wat hy vir aandag wil uitsonder, dus die jaar waarin die eerste slawe voet aan wal in Amerika gesit het. Peter W Wood noem die Times “America’s most important newspaper” (bron hier onder Kindle 345). Soos The Times in Brittanje, word sy New Yorkse eweknie as “a national newspaper of record” beskou, dus as ‘n bron waarin (betroubare) inligting gevind kan word. Die 1619-projek spreek egter boekdele vir hierdie koerant se uiters linkse politieke gesindheid.

[* Die eerste blanke inwoners van Amerika was Spanjaarde wat hulle in 1565 in St Augustine in Florida gevestig het.]

Die Suid-Afrikaanse hoofstroom-inligtingsmedia, insluitende Media24, put alte graag hulle berigte uit die Times, soos tydens die onlangse Amerikaanse presidentsverkiesing. Ek wonder hoeveel van daardie joernaliste werklik kennis van die 1619-projek dra; nie dat dit hulle sal ontmoedig om voort te gaan om met oorgrawe en onkrities uit die Times oor te skryf nie. Daar word deur hierdie elemente veronderstel dat as die Times skryf dat Donald Trump heluit sleg is, dan moet hy én sy beleid mos verwerplik wees. Dit is moontlik om toegang op Kindle tot die gewone Times te kry teen $19,91 per maand en tot die internasionale weergawe teen $14,99 per maand; dus teen ‘n e-boek se prys.

Phillip W Magness is ‘n ekonoom en historikus wat as navorser by die libertynse (dus polities vrydenkende maar konserwatiewe) American Institute for Economic Research in Great Barrington, Massachusetts, werksaam is. Ek het onlangs lof uitgespreek vir die boek wat hy en Sebastian N Page in 2011 oor Abraham Lincoln se gesindheid jeens swart mense gepubliseer het (Praag 17.10.2020). Ek het toe onderneem om ook oor ‘n ander boek van Magness te skryf: The 1619 Project: A critique (American Institute for Economic Research, 2020, 138p, Kindle $5,75). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek.

As boek is hierdie 2020-boek ‘n groot teleurstelling. Die teks bestaan uit ‘n sameflansing van artikels wat Magness voorheen gepubliseer het. Geen poging is aangewend om die onderwerp sistematies te benader en in die proses daardie artikels deeglik te verwerk nie. Die gevolg is ‘n fragmentariese boek waarin tot vervelens toe ‘n beperkte getal temas selfs woordeliks herhaal word. Ek vind dit eienaardig dat nóg die outeur nóg die uitgewer besef het dat dit nie sinvol is om boeklesers met so baie onnodige herhaling te konfronteer nie. My hipotese is dat Magness se motief was dat sy boek die eerste, of ten minste van die eerstes, oor hierdie onderwerp op die mark moet wees.

Magness se boek herinner aan die twee jongste bundels opstelle van Hermann Giliomee (Praag 16.02.2019 en 29.02.2020) waarin artikels hergepubliseer is wat onderling herhaal en ook herhaal wat in sommmige van Giliomee se ander boeke staan. Maar die euwel van onnodige herhaling is in Giliomee se werk glad nie so kronies soos in Magness se jongste boek nie. Wat albei outeurs eerder gemeen het, is dat hulle oorwegend gesonde, ingeligte standpunte huldig. Maar Giliomee se siening is geensins sonder tekortkominge nie, soos ek voorheen aangetoon het. Dit geld ook vir Magness.

Dit is hedendaags ‘n oorbekende verskynsel dat sosiale instellings wat in onguns verval het, soos slawerny en rasse-segregasie, bv apartheid, buitensporig oordrewe deur outeurs verdoem word. Hulle doen dit sodat daar by die lesers duidelikheid oor hulle (onbesproke) politieke verligtheid moet wees. Dit dien dan as platform van waar minder verligte uitsprake gemaak kan word, hopelik sonder om die gevaar van beskuldigings van rassisme, ens, te loop. Byvoorbeeld, wanneer Leopold Scholtz ‘n ietsie teen die ANC of swartes wil sê, vertel hy eers hoe “verfoeilik” apartheid was. Insgelyks kan Magness skynbaar nie genoeg beklemtoon hoe “horrid”, ens, slawerny was nie. Diegene wat pro-slawerny was, is nie bloot ‘n groep nie. Hulle word telkens ‘n “mob” genoem.

Wat ons hier mee te make het, is dat verdwene sosiale instellings nie in die konteks van die betrokke era beoordeel word nie, maar summier veroordeel word ingevolge gewilde hedendaagse norme. Huidige instellings soos demokrasie, liberalisme en sosialisme is nie sonder meer uitsluitlik goed nie. Insgelyks is vorige instellings soos slawerny en apartheid nie sonder meer uitsluitlik sleg nie. Daar was (goeie) redes waarom hulle bestaan voorheen nie net geduld is nie, maar ten minste in ‘n mate geregverdig is. Slawe was verplig om nie leeg te lê nie en hulle tyd nuttig te gebruik deur te werk. Rasse-segregasie/apartheid het verseker dat Suid-Afrika eens die ontwikkelste en welvarendste land in Afrika was. Die voortsetting daarvan sou terselfdertyd die voortbestaan van die blankedom in Suid-Afrika verseker het. ‘n Substansiële blanke teenwoordigheid is steeds ‘n onontbeerlike vereiste vir voorspoed in hierdie “wye en droewe land” – NP van Wyk Louw se woorde.

Daar is grade van gedwonge arbeid of slawerny. In die era voordat menseregte heeltemal skeefgetrek is, is misdadigers vir ernstige misdade tot hardepad gevonnis. Blade Nzimande, die sekretaris-generaal van die SAKP, roem daarop dat die afbrand van die biblioteek van die Universiteit van Zoeloeland sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd” was. Vir sy misdaad is hy met ‘n ministerspos vergoed terwyl hy eerder lewenslank harde hande-arbeid as ‘n prisonier moes gedoen het. Hy kan immers nooit die skade vergoed wat hy aan staatseiendom aangerig het nie.

Veroordeelde misdadigers het ander mense se regte geskend. Deesdae word prisoniers egter ingevolge menseregte nie verplig om te werk nie terwyl hulle ‘n reuse uitgawe vir die staat is. Voorheen is prisoniers verplig om werk te doen, bv deur paaie te bou en herstel. Ek het dit in die jare veertig plaaslik eerstehands waargeneem. Die ANC-regime is egter nie in staat om gevangenes, terwyl hulle voltyds in tronke aangehou word, doeltreffend genoeg op te pas nie – hulle ontsnap glad te dikwels. Hoeveel te meer sal prisoniers nie ontsnap as hulle buite die tronke in die samelewing moet werk nie?

Die inwoners van swart woonbuurte eis onder meer vrystelling van eiendomsbelasting en gratis munisipale dienste. Op grond waarvan word hulle nie billikheidshalwe verplig om werk te doen in ruil vir sulke voordele nie? Die rede is nogeens menseregte. Daar moet eerder die gesonde aandrang wees dat nie-betalers hulle verpligtinge teenoor die samelewing moet nakom en nie toegelaat moet word om op die betalers te parasiteer nie. As mense aangehits of geïntimideer kan word om optogte te hou en op plundertogte te gaan, kan hulle seker ook georganiseer word om konstruktiewe werk te doen. Weens immigrasie en hoë geboortesyfers word die nie-betalers al hoe meer. Die persentasie betalers word al hoe minder. Selfs die getal betalers wat die buitensporig duur eiendomsbelasting en munisipale dienste kan bekostig, word al hoe minder, onder meer weens rassediskriminasie teen veral blankes by die vulling van poste en by bevorderings in die werksituasie. Die huidige bedeling is nie volhoubaar nie.

1619-projek

Die tekortkominge van Magness se boek is so ernstig dat ek my ter aanvulling op ‘n ander boek oor dieselfde onderwerp moet beroep, naamlik Peter W Wood se 1620: A critical response to the 1619 Project (New York: Encounter Books, 2020, 272p, Kindle $18). My volgende rubriek handel in besonderhede oor Wood se uitstekende boek. In hierdie rubriek gebruik ek sy boek slegs om die algemene aard van die 1619-projek te verduidelik omdat Magness in gebreke gebly het om dit te doen.

“On Sunday, August 18, 2019, The New York Times published a special issue of The New York Times Magazine announcing ‘The 1619 Project’. Along with the 100-page magazine, The New York Times released a sixteen-page newsprint section under the same title and headlined ‘We’ve got to tell the unvarnished truth’ … On the opening page of the magazine, Jake Silverstein, the Times’ [Magazine] editor in chief [since 2014], stated the project’s aim: ‘… to reframe American history by considering what it would mean to regard 1619 as our nation’s birth year. Doing so requires us to place the consequences of slavery and the contributions of black Americans at the very center of the story we tell ourselves about who we are as a country'” (80, 348).

Wood skryf: “The 1619 Project is, in other words, an all-out effort to replace traditional conceptions of American history with a history refracted through the lens of black identity politics” (87). “Instead of asserting the need to add to traditional American history a fuller account of the black experience, the 1619 Project calls for replacing that traditional account with one that makes the black experience primary – and not just for black Americans, but for all Americans” (92). Wanneer apartheid verguis word, is dit die blankes wat in die visier is. Wanneer die destydse slawerny in Amerika gekritiseer word, word die blankes in die beskuldigde bank geplaas. Die 1619-projek “is a thesis that puts racial grievance at the center of America’s story” (270).

“The 1619 Project aligns with the views of those on the progressive left who hate America and would like to transform it radically into a different kind of nation” (114). Die ideaal is soortgelyk aan die revolusionêre transformasie wat Suid-Afrika sedert 1990/94 ondergaan het. Wat die 1619-projek doen, is om ‘n relatief prestasielose randgroep, die slawe, te verhef tot die hoofvormingselement in die Amerikaanse samelewing; dus “that slavery is the pivotal institution in American history” (96) – dat Amerika wesenlik is wat hy is vanweë slawerny. “The larger aim of the 1619 Project is to change America’s understanding of itself” (114). “The 1619 Project offers the fullest and most vigorous exposition of the view that America is a racist, oppressive country … The 1619 Project has taken ideas that a few years ago were exclusively fringe a good way into the realm of mainstream opinion” (134).

Oor die 1619-projek: “Their claims include the idea [1] that America began with the arrival of slaves in Virginia in August 1619; [2] that the primary purpose of the colonists who declared independence from Britain in 1776 was to preserve American slavery from the danger of Britain’s outlawing it; [3] that the Southern plantation system of growing cotton with slave labor is the foundation of modern American capitalism; and [4] that Lincoln was a racist who had no interest in conferring real citizenship on those who were enslaved” (99). Wood wys egter hierop: “By comparison with the Caribbean and South American colonies, the English colonies that would one day become the United States were lightly touched by the slave trade, especially during their first hundred years. The 1619 Project argues to the contrary that the enslavement of Africans was central to the formation of American social order and the American economy as early as the seventeenth century” (145).

Die Times se idee is nie dat hierdie projek bloot ‘n omvattende eenmalige publikasie moet wees nie. “Many more statements followed and are continuing to be issued” (243). Dit is ‘n durende veldtog wat met mag en mening gevoer word. “The Times not only heavily advertised the project, it seeded themes from the project in hundreds of news stories and columns” (107). “The Times partnered with the Pulitzer Center to roll out a free 1619 curriculum to schools across the country” (356; ook 107), dus, die Times se linkse anti-blanke vertolking van die Amerikaanse geskiedenis gaan aan soveel moontlik skoolkinders opgedring word. “It is … an effort to reshape everything that American schoolchildren learn about their country” (356). “The 1619 Project aims to change the way American schools teach American history in general and slavery in particular” (368).

“The 1619 Project is not an ordinary piece of newspaper journalism. It is an attempt to wrest control of the grand narrative of American history. That really isn’t the proper role for a newspaper, which should report the news rather than attempt to create it” (152). “The Times invested heavily in the initial publication and in subsequent months followed it up by treating the project as its signature theme. Newspapers do not ordinarily project themselves into a total rewriting of a nation’s history, but that is what the Times says it is doing” (345).

Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse koerante ook druk besig om ons geskiedenis te herskryf. Skielik noem joernaliste hulleself nie meer verslaggewers nie, maar meningsvormers. By haar aftrede het Esmaré Weideman, eens die redaktrise van Huisgenoot en daarna die uitvoerende hoof van Media24, beweer dat die funksie van ‘n joernalis is om die wêreld te verander, dus nie noodwendig te verbeter nie. Haar standpunt is nie van marxisme vry te pleit nie. Joernaliste het propagandiste geword; mense wat aktivisties onder meer onmin en onrus saai. Vandaar fopnuus. In werklikheid is ‘n joernalis veronderstel om inligting so waarheidsgetrou moontlik oor te dra.

Daar behoort dus gevra te word: “On whose intellectual authority did the Times make the audacious claims that are the substance of the 1619 Project?” (368). “The Times stumbled badly by presenting unsourced and unsuppported assertions as the writing of history” (156). Dit is ‘n onaanvaarbare manier “to reconceive the history of America from the ground up” (267).

“Some critics of the 1619 Project believe that it is part of a larger effort to destroy America. That’s a stark way to put it, but if America is founded on some core beliefs and the 1619 Project aims to uproot those believes, it might be a necessary question: Is the 1619 Project, in fact, ultimately aimed at destroying America?” (360).

Nikole Hannah-Jones

Die argitek, inisieerder en koördineerder van die 1619-projek is die swart joernalis, Nikole Hannah-Jones (gebore in 1976). Sy is die kernbron van die anti-blanke gif wat deur die 1619-projek versprei word. Sy het ‘n swart pa en ‘n blanke ma van Tsjeggies-Britse afkoms. Weens “busing” het sy eens blanke skole bygewoon. Daarna het sy haar op universiteit in African-American Studies verdiep; dalk eerder vervlak want dit is uit ‘n akademies-wetenskaplik oogpunt ‘n skyndissipline. Sy vind dit voordelig om lojaal aan haar swart biologiese oorsprong te wees en haar deels blanke oorsprong te verfoei. As joernalis bemoei sy haar dus by voorkeur met burgerregte vir swartes en ook rassisme, wat skynbaar uitsluitlik by blankes aangetref word. In 2015 was sy een van die stigters van die Ida B Wells Society for Investigative Reporting, wat swart joernaliste aanmoedig om oor “ongeregtighede” te skryf, dus uiting aan anti-blanke-oortuigings te gee. Wells (1862-1931) was ‘n swart joernalis en aktivis vir burgerregte.

Sedert 2015 is Hannah-Jones ‘n Times-joernalis. Wood noem haar “a significant figure in advocacy journalism” (812). “In January 2019, Hannah-Jones approached the senior editors of The New York Times and proposed the work that became the 1619 Project. This came in the midst of ongoing racial tensions at the Times, and the editors quickly agreed to her terms” (819). Gestel daar is ‘n geskil tussen (1) ‘n man en ‘n vrou, (2) ‘n blanke en ‘n swarte/nie-blanke of (3) ‘n mens met gewone geslagtelikheid en ‘n LGBTQ+. As jy nie moeilikheid soek nie, opportunisties die regte kant wil kies en ‘n nuwerwetse “wen-wen-situasie” wil skep, volg nougeset die mode en kies in al drie gevalle die tweede opsie. In al drie gevalle maak dit nie saak wie reg het nie. Dit gaan bloot om wie deesdae die hef in die hand het. In minstens hierdie drie opsigte is daar nie sprake van gelykheid nie. Die Times het die swart-opsie gekies.

Ideologies pas die 1619-projek Hannah-Jones soos ‘n handskoen. Haar invalshoek is: “Our democracy’s founding ideals of liberty and equality were false when they were written. Black Americans fought to make them true. Without this struggle, America would have no democracy at all” (169). “Conveniently left out of our Founding mythology is the fact that one of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (2028). Só het Hannah-Jones in die inleidende artikel van die 1619-projek geskryf. Ná publikasie het sy op ‘n landwye toer gegaan om bv tydens openbare optredes steun vir die projek te werf (107).

Wood skryf: “The lead author, Nikole Hannah-Jones … makes some of the most audacious claims [and] cites no sources at all” (152). Vanjaar het sy ‘n Pulitzer-prys vir joernalistieke kommentaar gewen vir haar “sweeping, provocative and personal essay for the ground-breaking 1619 Project, which seeks to place the enslavement of Africans at the center of America’s story” (Wikipedia). Wood se reaksie was dat die toekenning teruggetrek behoort te word. Dit herinner aan die geval Danny Titus wat allerweë geloof word vir sy onontbeerlike bydrae tot Afrikaans. Titus se moedertaal was Afrikaans, maar in sy persoonlike hoedanigheid was hy in so ‘n mate dislojaal jeens Afrikaans dat hy, soos Adam Small en Jonathan Jansen, Engels as sy huistaal gekies het.

Phillip W Magness

Phillip W Magness begin sy 2020-boek met die opmerking dat voortgesette historiese ondersoek verwelkom behoort te word. “[But] certain 1619 Project essayists infused this worthy line of inquiry with a heavy stream of ideological advocacy. Times reporter Nikole Hannah-Jones announced this political intention openly, pairing progressive activism with the initiative’s stated educational purposes” (Kindle 38). “Hannah-Jones’s own introductory essay presented a provocative conceptual reframing of American history around slavery, hence 1619 rather than 1776 as its titular origin date, albeit with an almost-singular mind toward advocating for a slavery-reparations program in the present” (46).

Die 1619-projek probeer twee here dien: die herskywing van die geskiedenis deur middel van propagandistiese joernalistiek en die aanpassing van die skoolleerplan, dus om opvoedkundige doeleindes te dien. “The blending of these two competing aims usually results in the sacrifice of scholarly standards in the service of the ideological objective … by necessary implication of needing to reconcile the irreducible complexities of the past to the more simplistic political narrative” (50).

Magness kritiseer veral twee van die tien aanvangsartikels van die 1619-projek, naamlik die inleidende artikel deur Hannah-Jones en die een oor die Amerikaanse ekonomie deur ‘n blanke, Matthew Desmond (gebore in 1979). Hy is ‘n sosiologie-dosent aan Princeton University en is met ras en anti-kapitalisme gepreokkupeer. Jake Silverstein (gebore in 1975) se redaksionele opmerkings kom ook onder die soeklig.

Vyf vooraanstaande historici het besware teen die 1619-projek geopper, wat deur Silverstein en Hannah-Jones verwerp is. “A common theme of the pushback has been to focus on the race, age, and gender of the project’s historian-critics, including essentially dismissing them as ‘old white guys'” (1575). Die ironie is “the 1619 Project does not pass its own test, as the NHC* literature it heavily relies upon is almost exclusively written by a small and insular group of white scholars with Ivy League connections” (1578). Teen die einde van sy boek noem Magness dat die Times darem ‘n bietjie teruggekrabbel het. “As orginally framed, the 1619 Project depicted the preservation of slavery against a British emancipatory threat as a central motivating factor for the American Revolution. They are now relaxing that claim to suggest that preserving slavery was a motive for only ‘some of the colonists'” (1948).

[* New History of Capitalism – kyk hier onder.]

“Hannah-Jones … attempts to recast the American Revolution as being primarily motivated by the preservation of slavery” (80). Sy skryf: “One of the primary reasons the colonists decided to declare their independence from Britain was because they wanted to protect the institution of slavery” (575). Sy verwys bv na die koloniale goewerneur van Virginia se proklamasie in 1775 waarvolgens slawe wat bereid is om aan die Britse kant in die Amerikaanse onafhanlikheidstryd te veg, van slawerny vrygestel sou word (579). Dieselfde laai is tydens die Burgeroorlog deur Abraham Lincoln teen die Suide uitgehaal. Tydens die Anglo-Boere-oorlog is nieblankes met allerhande beloftes aangemoedig om vir die Britte teen die Boere te veg. Die 1775-proklamasie is dus nie uniek nie. Dit is egter eerder vertolk “as an attempt to forment the threat of a slave revolt as a counter-revolutionary strategy than a sign that Britain itself would impose emancipation in the near future” (591). Die Britte het immers eers in 1834 die slawe in sy oorsese gebiede vrygestel, dus eers ná ‘n groot slawe-opstand in Jamaika (616). Wood is van mening “the cause of emancipation was aided – rather than impeded – by the American Revolution” (642), want verskeie state “used the occasion of independence to move against the institution” (634).

“When a group of conservative African-American academics and journalists launched a competing ‘1776 Project’ in early 2020 to offer a counter-narrative, Hannah-Jones bombarded them with a string of personal attacks, the gist of which amounted to declaring them unworthy of her attention. From Silverstein’s rebuff of the essay’s historian critics to Hannah-Jones’s dismissive and insulting demeanor, the message was clear. The Times would not be amending its content, even to account for substantive evidence-based criticism of its factual and interpretive mistakes” (1999).

Magness het veral lof ontvang vir sy grondige kritiek op Matthew Desmond se artikel oor die verhouding tussen slawerny en Amerikaanse kapitalisme. Magness het die voordeel dat hy ‘n ekonoom is terwyl Desmond dit glad nie is nie. “The true oddity of the [1619 Project] group remains Matthew Desmond, a sociologist who specializes in present day race-relations … He does not appear to have any scholarly expertise in either econimics or the history of slavery” (777). Desmond skryf uit die oogpunt van die omstrede New History of Capitalism (NHC) waarvolgens kapitalisme sy oorsprong in katoenproduksie deur slawe het. “Desmond interviewed seven current academic historian when framing his piece. All seven strongly associate with the NHC school” (1629).

“All seven of the consulted NHC historians are also white” (1633). “It would appear that the New History of Capitalism has a ‘whiteness’ problem” (1641). Magness verwys hier na die verskynsel dat blankes, veral akademici en joernaliste, nie net optree as pleitbesorgers vir swartes nie, maar hulle ook op ‘n oordrewe manier aan anti-blanke-retoriek skuldig maak – soortgelyk aan die anti-Afrikaner-gesindheid wat ná 1994 by verloopte Afrikaners kop uitgesteek het. Whiteness Theory is ‘n vertakking van Critical Race Theory waarvolgens blankes blind is vir die bevoordeling wat hulle (onverdiend) ten koste van nieblankes geniet.

“Mainstream historical interest in economic matters resurged with a vengeance following the financial crisis of 2008” (1088). Linksgesindes het veronderstel dat die fout by kapitalisme moet lê. Dit het aanleiding tot die NHC gegee. “Several leading works of NHC scholarship approach ‘capitalism’ as a cohesive societal order or system, and an eminently blameworthy one at that. Themes of physical expropriation, distributional inequality, labour mistreatment, and economic exploitation linger in the background of much of this work, and – perhaps above all other concerns – attempts to causally link slavery to the emergence of a capitalist economic ‘system’ are particularly strong” (1092). Kortom, in NHC-geledere is daar heelwat marxistiese aanhang.

Volgens Magness “Desmond was weaponizing the history of slavery to attack modern capitalism” (76). Later: “He tries to weaponize the brutality of the plantation system to launch into a sweeping political attack on free market capitalism in the present day” (1624). Desmond laat die “King Cotton”-tesis herleef, naamlik “the notion that cotton occupied a commanding place in the 19th century global economy, and as such the economic engines of the world were claimed to depend on plantation slavery” (97). Desmond het hier veral die katoenproduksie in die Amerikaanse Suide op die oog. Sommige Suiderlinge het gedink katoen is so ‘n belangrike handelsartikel dat ander lande, veral Brittanje, hom in die Burgeroorlog aan die kant van die Suide sou skaar en dus sy seën oor die voortsetting van slawerny sou uitspreek.

Brittanje het hom egter daarvan weerhou om kant in die Burgeroorlog te kies (100) en eerder katoenproduksie in ander lande, soos Egipte en Indië, aangemoedig. Katoen was glad nie die kern van 19de eeuse kapitalisme in Amerika of die wêreld nie (103). Een van die NHC-propagandiste het probeer aantoon “that cotton production accounted for a full half of the antebellum American economy when in actual fact it comprised about 5 percent of GDP” (263). Wat die NHC-aanhangers dus probeer doen het, is “to situate slave production at the very core of all American economic activity before the Civil War” (516).

“The thrust of these exaggerations is to recast slavery as a distinctly capitalist enterprise, which, in turn, services the 1619 Project’s political message” (187). Wat die 1619-projek doen, is “depicting modern free market capitalism as an inherently ‘racist’ institution and a direct lineal descendant of plantation slavery, still exhibiting the brutality of that system” (253). Maar slawerny het reeds eeue lank vóór die kolonisering van Amerika in ander lande bestaan en ook voordat kapitalisme as ‘n ekonomiese stelsel in gebruik gekom het. “Linking historical capitalism to slavery is more of a political exercise for the present day than a scholarly inquiry into the past” (520).

Die aanleiding hiertoe is die sogenaamde “Great Enrichment” in die kapitalistiese Weste, waarin die res van die wêreld glad nie – of ten minste nie in dieselfde mate nie – gedeel het; dus “the historically unparalleled expansion in the wealth and well-being of ordinary human lives that has occurred since roughly 1800” (1108). Die inwoners en pleitbesorgers van agtergeblewe lande soek die skuld vir hulle agterstand by slawerny, uitbuiting, rassediskriminasie, kolonialisme, imperialisme, ens, dus by die Weste, by blankes, pleks van die fout by hulleself te soek. “The larger NHC genre exhibits an almost singular preoccupation with forging a friendship between capitalism and slavery; and segregation; and colonialism; and exploitation, degradation, and violence” (1333).

Die ANC-regime skaar hom stewig aan die kant van die NHC. Die uitdrukking “living in a silo”, dus in isolasie, is gewild in NHC-geledere (1604). Soos te wagte, kom dit voor in Patric Tariq Mellet se verderflike boek, The lie of 1652 (Praag 10.10.2020). Waarna Desmond mik, is dat die rykdom wat kapitalisme in Amerika opgelewer het, herverdeel moet word (131), dus dat wat die hedendaagse blankes besit aan die nageslag van die slawe, die swartes, verkwansel moet word – soortgelyk aan wat die ANC se beleid van die herverdeling van rykdom met bv onteiening sonder vergoeding beoog.

Magness argumenteer dat namate kapitalisme in Amerika inslag gevind het, kapitaliste hulle om morele en ekonomiese redes teen slawerny geskaar het (222). “Slavery was unsuited for industrial capitalism on account of its comparative inefficiency to free labor” (1177). Dit is ‘n bewese feit dat vrywillige arbeid teen realistiese vergoeding meer produktief en dus lonender as slawerny is. Die voorstanders van kapitalisme “were at war with all kinds of slavery, for they in fact assert that individuals and peoples prosper most when governed least” (232).

Hieruit blyk die fundamentele boosheid van die ANC-regime. Hy wil, soos ander marxistiese regerings, verkieslik alles vanuit hoogs gesentraliseerde gesag beheer. Al wat die situasie vir die blankes in ‘n mate uitstaanbaar maak, is dat die ANC se vermoë om te regeer uiters beperk is. In daardie sin is die ANC-regime se ondoeltreffendheid ons redding.

Desmond het valslik beweer dat katoenproduksie toegeneem het weens die al hoe meer gewelddadige manier waarop slawerny bedryf is. Kenners verskaf egter ander redes: “American planters improved their crop through biological innovation, such as creating hybrid seed strains that yielded more cotton, were easier to pick, and were more resistant to disease” (962).

Daar is een opsig waarin Magness, anders as baie ander historici, met die 1619-projek saamstem, naamlik dat Lincoln nie geneë was om volle burgerskap aan swartes, bv vrygestelde slawe, toe te staan nie. Hy wou hulle eerder buite Amerika hervestig. “The evidence of Lincoln’s sincere suppport for colonization [of blacks] is overwhelming” (709). Magness bestempel dit as ‘n voorbeeld van “Lincoln’s shortcomings in racial matters” (665). Hy hou nie van Lincoln se separatisme (blankes wat in Amerika aanbly en swartes wat elders hervestig word) nie. Magness stem egter saam met Lincoln se vrystelling van die slawe. “While Lincoln’s colonization remarks grate the modern ear, and evince a patronizing paternalism toward the program’s intended participants, they also reflect the sincerity of his anti-slavery beliefs and an accompanying recognition that white-supremacist violence would not end with the formal abolition of the institution” (1898). Wat Magness nie sê nie, is dat die vrystelling van die slawe in Amerika en elders, asook die afskaffing van apartheid in Suid-Afrika, nie die einde van swart gewelddadigheid was nie.

Ek het reeds in besonderhede oor Magness se siening van Lincoln se gesindheid teenoor swartes geskryf (Praag 17.10.2020). Volgende keer verskaf ek aanvullende inligting oor die 1619-projek aan die hand van Peter W Wood se boek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.