Leon Lemmer: Abraham Lincoln se gesindheid teenoor swart mense

Deel op

Phillip W Magness is ‘n historikus wat ‘n boek gepubliseer het oor die linkse The New York Times se huidige poging tot die herskrywing van die Amerikaanse geskiedenis, naamlik The 1619 project: A critique (2020, Kindle $5,75). Dit is ‘n uiters belangrike onderwerp waarvan kennis geneem behoort te word. Ek sal daaroor skryf sodra ek Peter W Wood se boek, 1620: A critical response to the 1619 project (Kindle $22,41), wat op 17 November 2020 gepubliseer gaan word, gelees het. Van Magness, met Sebastian N Page as mede-outeur, het daar ook die volgende boek verskyn: Colonization after emancipation: Lincoln and the movement for black resettlement (Columbia: University of Missouri Press, 2011, 178p; Kindle $16,66). Dit is die onderwerp van hierdie rubriek.

Barack Obama het ‘n foto van Abraham Lincoln (1809-1865, president 1861-1865) teen die muur van sy ovale kantoor in die Withuis gehad. By sy inhuldiging as president het Obama gekies om op Lincoln se Bybel te sweer. Hierdie Bybel het voorheen aan Martin Luther King jr behoort (Time, 4.02.2013, p 4). Dat Obama en baie swart Amerikaners, asook linkse blankes, groot simpatie met sowel Lincoln as swart mag het, word algemeen aanvaar. Vorige presidente het gewoonlik die Bybel van een van die “Founding Fathers” (George Washington, John Adams, Thomas Jefferson, James Madison) gekies.

Weens die linkse ingesteldheid van die meeste massa-inligtingsmedia het die mening posgevat dat Lincoln, die bevryder van die Amerikaanse slawe, sy tyd vooruit was met ‘n (ongekwalifiseerde) pro-swart gesindheid. Dit is ver van die waarheid. Dit herinner aan die leuen wat deur die Slawemuseum in Kaapstad versprei word: dat die Hollanders aan die Kaap die slawe-eienaars en -mishandelaars was met die goeie Britte as hulle bevryders. Marthinus van Bart het hierdie valsheid in sy boek, Kaap van slawe (2012), uitgewys. Vir Dan Roodt se resensie: Praag 21.07.2013.

In die Collins World Encyclopedia (Glasgow: HarperCollins, 2003) is daar die volgende opsomming oor Lincoln: “During the American Civil War [1861-1865], his chief concern was the preservation of the Union from which the Confederate (southern) slave states had seceded on his election. Lincoln strove to reunite the nation, preserve the federal government, and end slavery” (p 541) en “Emancipation Proclamation: official order made by US president Abraham Lincoln on 22 September 1862 … that freed slaves in Confederate (southern) states. The order stated that from 1 January 1863 all slaves in states that were still rebelling against the Union would be forever free. Border states that remained loyal to the Union were excluded. Parts of the South that were then under Union control were also exempt” (311). Die rede waarom Lincoln nie-opstandige state aanvanklik van slawe-vrystelling vrygespreek het, was omdat hy nie ontevredenheid onder daardie slawe-eienaars wou veroorsaak nie.

Waaroor dit primêr vir Lincoln gegaan het, was om die politieke eenheid van Amerika te herstel. Die vrystelling van die slawe in die opstandige suidelike state sou hiertoe bydra deur hierdie state intern te verswak. Nadat die noordelike state die Burgeroorlog gewen het, is slawerny op aandrang van Lincoln in 1865 met die 13de wysiging van die Amerikaanse Grondwet beëindig. Waarop Magness en Page in hulle boek fokus, is Lincoln se pogings om, ná die vrystelling van die slawe in sommige suidelike state op 1 Januarie 1863, hierdie slawe buite Amerika te hervestig, in Afrika, Sentraal-Amerika of die Karibiese streek (Kindle 111). Dit dui uiteraard nie op ‘n groot liefde vir swartes by Lincoln nie. Naas politieke eenheid het hy mono-rassigheid en kulturele eenheid vir Amerika begeer.

“Writers from Thomas Jefferson [1743-1826] to Alexis de Tocqueville [1805-1859] openly expressed vexation over the multiracial future of the North American continent should emancipation ever come. Many leading political figures, Jefferson among them, turned to colonization as a corollary to emancipation” – ook James Madison (117). Lincoln het hierdie tradisie voortgesit. Onderliggend is daar die voorkeur vir rasseskeiding (123). “In 1857 Lincoln declared the ‘separation of the races’ to be the ‘only perfect preventative of amalgamation’, noting that ‘such separation, if ever effected at all, must be effected by colonization'” (153). “Even prior to the proclamation, Lincoln sincerely advanced colonization ‘as a device or ploy to make emanicipation more palatable to a racist northern electorate'” (265). Rassisme, rasseskeiding en ‘n pro-slawerny-gesindheid was sekerlik nie tot die suidelike state beperk nie. “The northern ‘Treasury of Virtue'” (213), waarop ná die Burgeroorlog geroem is, is ‘n mite.

In 1862 “Congress obliged Lincoln’s request, providing the $600 000 colonization fund” (168). “To add some perspective, the entire federal budget for the previous year had barely topped $60 million” (176). Lincoln “established an Emigration Office in the Department of the Interior to administer his colonization policies … and pled the scheme’s merits before a delegation of free black residents of the District of Columbia” (176). “Lincoln … believed that the white and black races ‘should be separated’ to the betterment of both, as he told a ‘deputation of Negroes’ at the White House in August 1862” (286). In die proklamasie van vrystelling van 22 September 1862 staan wat beoog word: “to colonize persons of African descent, with their consent, upon this continent, or elsewhere” (181). “Lincoln rebuffed the suggestion of Edward Bates, the attorney general, to make colonization a program of compulsory deportation. Instead, he endorsed a policy of ’emigration’ which ‘must be voluntary and without expense’ to the applicants” (427). James Mitchell is as die kommissaris van emigrasie aangestel (355).

“Just three weeks after signing the Emancipation Proclamation, Lincoln personally approached the British minister to the United States to discuss a joint venture between the two nations in the Caribbean. Lincoln knew that the agricultural colonies of the British West Indies were perpetually plagued by labor shortages” (300). Maar die Britte moes van hulle kant af rekening hou met die “antislavery campaigners in England” (453). In Amerika was daar ‘n ander probleem: “Politics precluded recruitment south of Philadelpia and kept the desirable labor supply of the plantation South out of reach, even in places the Union controlled” (584). Vir die noordelike state was dit immers belangrik dat boerdery so min moontlik ontwrig word in die suidelike state waaroor hulle reeds beheer verkry het.

In sy debatte met Stephen Douglas (1813-1861) in 1858 het Lincoln gesê: “I am not, nor ever have been in favor of bringing about in any way the social and political equality of the white and black races – that I am not nor ever have been in favor of making voters or jurors of negroes, nor of qualifying them to hold office, not to intermarry with white people; and I will say in addition to this there is a physical difference between white and black races which I believe will for ever forbid the two races living together on terms of social and political equality” (153). In hierdie opsigte was Lincoln sy tyd sekerlik nie vooruit nie.

Teen 1865 was Lincoln egter bereid om stemreg te gee aan die swart soldate wat aan die kant van die Unie teen die Suide geveg het (258). Ek moet byvoeg dat Lincoln swartes ook gebruik het om krygsgevangenes van die Suidelike magte op te pas, wat daardie blankes as vernederend ervaar het. Dit is soortgelyk aan die destydse Britse laai in die Oos-Kaap om pandoers teen opstandige Boere te gebruik. Iets wat die werwing van swart emigrante tydens die Burgeroorlog in die wiele gery het, is dat die Unie verkies het om swartes, bv vrygestelde slawe, eerder as soldate te gebruik. Daar is verwag dat dit ná die Burgeroorlog makliker sou wees om swart arbeiders as emigrante te werf (766, 813). ‘n Probleem wat toe opgeduik het, is dat die lone in ander lande laer was as wat die swartes in Amerika ontvang het (931). Verder was ander lande ongeneë om swart vlugtelinge uit die suidelike state as immigrante te aanvaar (945). Hulle is as onwettiges (“contrabands”) beskou (937).

Blanke slawe-eienaars het geld in hulle testamente bemaak vir die vrystelling van slawe, op voorwaarde dat hulle hulle buite Amerika hervestig (141); soms om van hulle buite-egtelike kinders ontslae te raak. Die meeste vrygestelde slawe het dit egter as hulle geboortereg beskou om in Amerika aan te bly (147). Vir die Amerikaanse regering was daar “the difficulty of increasing migration’s appeal among the free black population” (667). Dit dui enersyds daarop dat swartes daar nie so vreeslik sleg behandel is as wat sedert die 1960’s (die era van die burgerregtebeweging) beweer word nie. Andersyds impliseer dit dat swartes (wyslik) verkies om eerder deur blankes regeer te word, onder meer omdat die swart regimes in Liberië en Haïti skouspelagtig misluk het.

Reeds vóór Lincoln se presidentskap was die repatriasie van swartes op die Amerikaanse politieke agenda. Van 1822 tot 1892 het sowat 22 000 vrygestelde slawe, hoofsaaklik van Amerika, hulle in Liberië in Wes-Afrika hervestig. In 1861 het dié getal op 12 000 gestaan. Ek het reeds oor hierdie Amerikaanse “kolonie” geskryf (Praag 18.11.18). Sierra Leone was ook by hierdie immigrante betrokke (Praag 11.11.2018). Graham Greene (1904-1991) het albei lande in 1935 besoek (Praag 6.01.2019).

Gedurende Lincoln se ampstermyn was daar naas Liberië in Afrika verskeie plekke in die Amerikas waar gepoog is om vrygestelde Amerikaanse slawe te hervestig, naamlik Panama, Haïti, Brits-Honduras (Belize), en (Brits-)Guiana. Ecuador is ook as ‘n moontlikheid genoem (406). Tydens die Burgeroorlog was onderhandelinge met ander lande problematies omdat hulle nie kant wou kies in die Burgeroorlog nie. Hulle het immers toe nie geweet watter party die oorlog sou wen nie (460). “The [British] Foreign Office knew that [the slaves’] freedom came at great cost to the southern Confederacy by design and, thus, presented a source of ’embarrassing complications’ for a foreign power wishing to maintain its diplomatic distance from the raging Civil War” (447).

Vir die verskillende lande wat vir die hervestiging van Amerikaanse swartes oorweeg is, is op verskillende tye verskillende diensperiodes in die dienskontrakte voorgestel. Vir korter periodes moes die werkers self hulle vervoerkoste opdok. Die getal afhanklikes wat ‘n werker kon vergesel, het sake ook bemoeilik. Om emigrasie aantrekliker te maak, is soms ook ander opsies aangebied, bv “emigrants would either receive land to cultivate on their own account or wages for working for others” (1479).

Wat vasgestaan het, is dat “colonization remained the official policy of the Lincoln administration” (1608), onder meer vanweë Lincoln se “well-documented fear of racial violence after the war” (2256). Lincoln het gesê: “If these black soldiers of ours go back to the South I am afraid they will be but little better off with their masters than they were and yet they will be free men. I fear a race war and it will be at least a guerrilla war” (2265). “Gideon Welles [1802-1878] later remarked that the president feared ‘a war more terrible than that in which we were now engaged’, brought on by the oppression of the freedmen in a postwar South … It prompted Lincoln [in 1862] to include colonization as ‘an essential part of the emancipation policy'” (2284). “To mollify northern fears of emancipation the conjectured strategy required a clear and public overture toward colonization” (2376).

Met die oog op die hervestiging van Amerikaanse swartes is in 1862 gepoog om grond in die Chiriquí-streek in Panama van ‘n privaat belegger te koop (181). Hierdie skema het misluk weens die groeiende teenstand van die regerings van buurlande (420, 599), bv Colombië, wat toe ‘n Spaanse kolonie was (2548). Teen die einde van Lincoln se ampstermyn was daar die idee “to colonize the Isthmus of Darien [Panama] and employ the freedmen in the construction of a ship canal” (2208). 50 000 bevryde slawe sou daarheen vervoer word. Die sluipmoord op Lincoln was die einde aan hierdie projek (2241).

In Desember 1862 is ‘n poging aangewend om vrygestelde Amerikaanse slawe op Île á Vache, ‘n eiland suid van Haïti, te vestig. 500 immigrante het daar aangekom. Hulle was egter nie in staat om vir hulleself te sorg nie en het hongersnood gely. Sowat 450 is deur die Amerikaanse vloot gered. Vroeg in 1864 was hulle terug in Amerika (188).

Soos elders in die Britse Ryk is die slawe op Jamaika in 1834/38 vrygestel. In 1851 het die regering van hierdie eiland begin om pogings aan te wend om swart immigrante as werkers uit Noord-Amerika te trek (701). In daardie stadium is werkers uit Indië en China reeds in die Karibiese gebied gevestig, maar die afstand wat oorbrug moes word was groot en die koste van skeepsvervoer hoog (868).* Reeds in 1862 het die Amerikaanse en Britse regerings begin onderhandel oor “an agreement to resettle the slaves freed by the proclamation by encouraging and subsidizing their voluntary migration to the colony of Britsh Honduras” (306). “London responded … with deliberate caution, having received word from the legation in Washington that ‘it appears improbable that any negroes will be induced to emigrate from America'” (473).

[* In hierdie tyd (1860’s) het die Britte Indiërs as kontrakwerkers vir die suikerplantasies in Natal gewerf. Later is Chinese as arbeiders vir werk in die Randse goudmyne ingevoer. Anders as in die geval van die Chinese is die meeste Indiërs, ná die verstryking van hulle kontrakte, toegelaat om in die land aan te bly.]

In 1862 was die Britse regering se siening: “Many … might, and indeed the President himself, be inclined to the opinion that the most desirable thing for both the races was to separate them, and to reserve North America exclusively for the whites” (578). In Junie 1863 het ‘n Britse agent Lincoln ook gevra om die repatriasie van vrygestelde slawe na Brits-Honduras in Sentraal-Amerika te oorweeg (28). Dit het saamgeval met pogings om slawe wat deur Britse skepe op see onderskep is nie meer in Sierra Leone vry te laat nie maar in die Karibiese streek (486). In Desember 1863 het die Britse regering se houding jeens Amerikaanse swartes radikaal verander. Daar is besluit dat geen swart Amerikaners as immigrante in Brits-Honduras (en dus ook Jamaika) toegelaat sou word nie (1190). Daar is eerder voortgegaan met die invoer van Indiese en Chinese werkers (1204).

In 1864 het 131 immigrante uit Barbados in Brits-Honduras aangekom. Ander Barbadane het op die Britse eiland Antigua gaan werk (1311). Daar is ook pogings aangewend om werkers uit Meksiko te trek (1216). Teen die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog het verskeie (“several”) blanke Suiderlinge hulle as boere in Brits-Honduras gevestig omdat hulle nie onder die Unie-regering in Amerika wou aanbly nie. “They formed an expatriate community in the colony’s northern agricultural region, appropriately dubbed ‘New Richmond'” (1223). Richmond, Virginia, was die hoofstad van die Konfederasie.

Tydens samesprekings oor Brits-Honduras “the colony of British Guiana soon joined the negotiations. Not long after, Lincoln directed the State Department [ie department of foreign affairs] to present a proposal with similar features to the Netherlands for their neighboring South American colony of Surinam [Dutch Guiana]” (312). Dit het deur bemiddeling van die Amerikaanse konsul in Demerara [Georgetown] geskied (526). In 1863 “Surinam had not yet even abolished slavery” (1561). Daar was “the lack of an abolitionist lobby in the Netherlands and … fears of the scale of compensation required for the 33 000 slaves in Dutch Guiana and several thousand others in the outlying Dutch Antilles” (1566). “There was indeed an undercurrent of tension in Surinam in the summer of 1863 caused by the prospect of decade-long apprenticeships and imminent compulsory contracts for the freedmen” (1573). Dit het vir sowel die Britse as die Amerikaanse regering onoorkomelike probleme geskep omdat albei teen slawerny gekant was.

In 1853 was Brits-Guiana die eerste Britse kolonie wat Chinese en Indiese werkers bekom het (1204). Die invoer van Amerikaanse swartes na Brits-Guiana was egter tot mislukking gedoem want “it offered less than one-fourth the wage rate to which they were accustomed” (1349). Let nog eens op hoe goed die swartes in Amerika behandel is. “‘Accounts from the United States [in 1864] appear to show that nothing short of compulsion will induce the coloured population to emigrate’; [but] compulsion was not going to be used” (1355). Die enigste resultate wat met die emigrasie van swart Amerikaners in Lincoln se tyd behaal is, is enersyds die 500 wat skaars ‘n jaar lank op ‘n eiland suid van Haïti deurgebring het en andersyds die beperkte getal wat hulle in Liberië gevestig het. Laasgenoemdes het in sommige gevalle ook na Amerika teruggekeer.

Toe daar nie die gewenste resultate met emigrasie na die buiteland behaal is nie, is voorgestel dat die swartes in Wes-Texas hervestig word (1864, 1902). Ná Lincoln, toe Ulysses Grant (1822-1885) die Amerikaanse president was (1869-1877), was daar ‘n poging “to annex Santo Domingo [the capital of the Dominican Republic], intended in part to serve as a home for ex-slaves” (2073). Toe die dood van Lincoln in 1889 herdenk is, het Samuel Pomeroy (1816-1891) gesê: “The only outlet for the African race, in Lincoln’s opinion, was to free them and colonize them in the tropics. Lincoln had no idea that the negroes were to live among us as freedmen with equal rights” (2194).

Magness en Page skryf in die laaste hoofstuk: “The upshot of the evidence is that colonization remained on the table well beyond the Emancipation Proclamation, and its persistence until the end of Lincoln’s presidency ought not to be readily dismissed” (2499). Met ander woorde, dit lyk asof “Lincoln died a colonizationist” (2505). “It is fact that Lincoln pursued colonization as policy” (2554). “It strikes at the heart of egalitarianism, holding that different races belong in different climates, theoretically self-governing but separate and apart from each other. This premise carries with it the inference that two races are incapable of cohabiting, save in circumstances where one oppresses the other” (2499). Byvoorbeeld, dit kan beweer word dat die Suid-Afrikaanse blankes die swartes onderdruk het en dat die swartes sedert 1994 die blankes onderdruk. “The prospect that the ‘Great Emancipator’ subscribed to colonizationist beliefs, seems to completely dispel his popular reputation as a racial egalitarian. From this uneasy query though comes the necessary task of distilling Lincoln the man from Lincoln the legend” (2505). Anders as by FW de Klerk was daar nie ‘n 180º rigtingverandering by Lincoln nie.

Lincoln het die vrystelling van die slawe bewerkstellig. Op grond hiervan is ‘n valse openbare beeld van hom as pro-swart geskep. Onder die leiding van Nelson Mandela het die swartes politieke beheer oor Suid-Afrika verkry. ‘n Valse openbare beeld van hom as ‘n vredesikoon en versoener is geskep. Dit ignoreer Mandela se rol, van 1961 af, as ‘n (gewetenlose) geweldenaar wat die dood van derduisende swartes weens ANC/UDF/SAKP-aktiwiteite veroorsaak het.

Dit is nodig om oorweging te skenk aan hoe Suiderlinge die Burgeroorlog eerstehands ervaar het, bv soos beskryf in Mary Boykin Chesnut (1823-1886) se hoogaangeskrewe Diary (Praag 17.12.2016). Sy was teen slawerny gekant en dit beskou as ‘n parasitiese stelsel ten koste van slawe-eienaars. “The negroes would be good riddance. A hired man would be a good deal cheaper than a man whose father and mother, wife and twelve children have to be fed, clothed, housed, and nursed, their taxes paid, and their doctor’s bills, all for his half-done, slovenly, lazy work” (Kindle 5431). Nadat Lincoln die Chesnuts se slawe vry verklaar het, het hulle almal op die plaas aangebly. Lincoln het die slawe in die Konfederasie enersyds tot opstand aangehits en hulle andersyds aangemoedig om na die noorde te dros sodat hulle onder meer as soldate teen die Konfederale magte gebruik kon word. Chesnut skryf: “If slavery is as disagreeable to negros as we think, why don’t they all march over the border?” (1391). “There seems to be not a single case of a negro who betrayed his master” (5398).

Die populêre beeld wat sedert die 1960’s in Amerika geskep is, is dat die Amerikaanse swartes vreeslik sleg deur die blankes behandel is. Die uiteensetting hier bo toon dat Amerikaanse swartes, insluitende die slawe, in werklikheid so goed daaraan toe was, veral in vergelyking met toestande in ander lande, dat hulle nie uit Amerika wou padgee nie. In Suid-Afrika word doelbewus soortgelyke misleiding gepleeg met oordrewe bewerings oor hoe sleg swartes tydens die blanke bewind, veral tydens apartheid, behandel is. Op hierdie manier word die aandag afgelei van die onverkwiklike ná-1994-werklikheid dat die land en sy inwoners slegter as ooit tevore daaraan toe is. Tydens apartheid moes die NP-regering die landsgrense deurentyd bewaak om onwettige immigrante, veral swartes uit Afrika, buite te hou. As Suid-Afrika toe hel op aarde vir swartes was, soos deesdae dikwels beweer word, sou geen swarte gepoog het om die land binne te kom nie.

Lincoln het die saambestaan in Amerika van ‘n meerderheid blankes met ‘n minderheid swartes as heeltemal onaanvaarbaar verwerp. Wat sou Lincoln van die nuwe Suid-Afrika gedink het waar FW de Klerk en sy groepie meelopers ‘n minderheid blankes mandaatloos en roemloos aan ‘n verswelgende meerderheid swartes uitverkoop het? Toe hy gelewe het, sou Lincoln De Klerk se “kwantumsprong” ongetwyfeld as onverdunde dwaarsheid beskou het. Ná sy dood sou die nuwe Suid-Afrika Lincoln kort-kort in sy graf laat omdraai het. Die magsoorname deur die ANC-regime in 1994 was nie die begin van ‘n era van hoë moraliteit soos valslik voorgegee word nie. Dit het geblyk toenemend ‘n fees vir ‘n leërskare immoreles te wees wat weens steelsug besig is om die land bankrot te plunder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.