Leon Lemmer: Sierra Leone: Nasiebou so moeilik soos staatsbou

Toneel in Sierra Leone

Ek het die logika van bruin mense probeer karakteriseer (Praag 4 en 12 Augustus 2018), waaruit blyk dat veral wat die benadering tot Afrikaans betref daar ‘n groot kulturele gaping tussen die bruin elite en blankes is. Polities en demografies is die karakterisering van swart logika van veel groter belang. Waarby ek eintlik wil uitkom, is Liberië, die “kolonie” wat vir Amerikaanse slawe gestig is. Maar die geskiedenis van Liberië het in Sierra Leone begin, gevolglik moet ek duidelikheidshalwe eers oor laasgenoemde skryf. Aan die kus van Wes-Afrika is daar drie lande wat in die Mano-kom/”basin” of -stroomgebied geleë is: Van noord na suid: Guinee, Sierra Leone en Liberië. Laasgenoemde twee grens aan Guinee en hulle geskiedenis is in verskeie opsigte deur Guinee beïnvloed. Maar Guinee was ‘n Franse kolonie (1849-1958) met ‘n koloniale geskiedenis wat heeltemal van dié van Sierra Leone en Liberië verskil. Ek beperk my aandag dus tot Sierra Leone en Liberië wat onderskeidelik veral ‘n Britse en Amerikaanse verbintenis het. Dit vergemaklik vergelyking met Suid-Afrika, hoewel ek nie elke keer ooglopende ooreenkomste of verskille gaan uitwys nie.

Die naam, Sierra Leone (letterlik leeu-bergreeks), is ‘n omvorming van die oorspronklike Portugese naam, Sierra Leoa, of the Spaanse Sierra Leona. ‘n Portugese seevaarder het reeds in 1462 die Freetown-gebied beskryf. In 1495 is ‘n Portugese handelspos daar gevestig. In die 17de eeu het Brittanje handelsposte op Bunce-eiland, naby Freetown, en York-eiland, oos van Cherbro-eiland, gehad. Sierra Leone se koloniale geskiedenis het in 1787 begin toe sommige swart Amerikaners, wat aan die Britse kant in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1775-1783) geveg het of Britse bo Amerikaanse gesag verkies het, hulle daar gevestig het. Party was slawe wat gedros het en tydelik ‘n heenkome in Londen gevind het. Hierdie setlaars het aanvanklik uit 400 Amerikaanse swartes en 60 blankes bestaan. In 1788 is die Freetown-gebied vir hierdie doel van die Temne-opperhoof gekoop. Die nedersetting was bekend as Granville Town. In 1792 het nog 1 200 Amerikaanse swartes via Nova Scotia, Kanada, aangekom en is Freetown gestig. Die nedersetting is aanvanklik deur ‘n maatskappy bestuur (1791-1807 – soortgelyk aan die VOC aan die Kaap) maar die gesag oor die 1 871 setlaars (1807) is in 1808 na Brittanje oorgedra.

Die Britte het Freetown hierna as hawe gebruik om slawerny op see te bestry. Onder dwang is slawe van ander lande se skepe na Britse skepe oorgeplaas. Hierdie slawe is “recaptives” genoem. “These were Africans, particularly Yoruba and Igbo people from what is now Nigeria, who had been liberated from Portuguese and Spanish slave ships by the British navy and taken to Freetown. By 1815, over six thousand had landed and in the 1820s and 1830s thousands more arrived each year until the final shipload disembarked in 1863. Some came from as far afield as the Congo” (David Harris, bron hier onder, Kindle 224). In die suide is die groot eiland Sherbro (600 vk km), met Bonthe as hawe, en die naby geleë Turner-skiereiland (110 km lank) van vroeg af ook by die Britse koloniale bedrywighede betrek. In 1815 het 88 bevryde Amerikaanse slawe op Sherbro aangekom; ‘n kleedrepetisie van Liberië se setlaar-voorgeskiedenis. Die water was ondrinkbaar en malaria het sy tol geëis. Die oorblywende sestigtal is spoedig in Fourah-baai by Freetown hervestig. Die Turner-skiereiland is in 1815 deur die Britte beset en Sherbro is in 1861 geannekseer om die Franse te fnuik.

Sendelinge het reeds in 1804 hulle opwagting in Freetown gemaak. Op hierdie manier is die Engelse taal en die christelike godsdiens in Sierra Leone gevestig. Wat ek interessant vind, is dat die setlaars oorwegend swart was, dat sommige van hulle die draers van (‘n mate van) Westerse beskawing was en dat hulle in baie opsigte dieselfde probleme met die inheemses as die blankes aan die Kaap ondervind het. Van die begin af was daar skermutselinge tussen die setlaars en die inheemse bevolking. In 1789 het die Temne Granville Town vernietig. In 1801 is hulle aanval op Freetown afgeweer. In 1800 het ontevrede setlaars in opstand gekom en het die Britte 500 Marone (gedroste slawe) uit Jamaika verskeep om die opstand te onderdruk. Tydens en ná die Napoleontiese oorloë (1803-1815) is Wes-Indiese en swart Afrikane wat aan die Britse kant geveg het in Freetown hervestig. Dit lyk asof die Britte Liberië as ‘n stortingsterrein gebruik het vir swartes wat in oorloë nuttig gebruik is maar nie in Brittanje welkom was nie.

Die kompeterende Franse kolonialisme het ook groot probleme vir die Britte veroorsaak, bv hulle plundering van Freetown in 1794 en die besetting van gebiede in die binneland van Sierra Leone. Die Britse bewind het periodiek meer grond aangekoop en in 1896 die res van Sierra Leone tot ‘n Britse protektoraat verklaar. Dit het gevolg op die Berlynse konferensie van 1884/5 waarvolgens die koloniale moondhede grondgebied daadwerklik moet beset én beheer as hulle hulle aanspraak op ‘n land wou beveilig; dus “effective occupation of the hinterland of coastal claims” (Harris 197, 344). Die verklaring tot protektoraat was enersyds om die Franse uit te hou en andersyds om die stamgevegte onder die inheemse swartes aan bande te lê. Dat swartes in Afrika voor die koms van die blankes (dus voor kolonialisme) idillies en vreedsaam saamgeleef het, is ‘n mite. Om die administratiewe koste te bestry, is ‘n hut-belasting ingestel. In 1898 het die Temne-stam in die noordweste en die Mende-stam in die suidooste hierteen in opstand gekom. Blanke sendelinge, polisiemanne en staatsamptenare is vermoor. Honderde lewens het in die slag gebly.

Om beheer in die binneland uit te oefen, het die Britte gepoog om die samewerking van die stamhoofde te verkry. Spoorweë is van 1896 tot 1914 aangelê, hoewel die koste hiervan steeds nie verhaal was toe die meeste spoorlyne in 1971 gesluit is nie. Hierna het die beloofde verbetering van die padnetwerk egter grootliks agterweë gebly. Skole is opgerig. Slawehandel is verbied, maar tuisgebaseerde/”domestic” slawerny is voortgesit totdat daar eers in 1928 ‘n algehele verbod daarop geplaas is. [In Suidelike Afrika het die Britte die slawe reeds in 1834 vrygestel, dus bykans ‘n eeu vroeër, en in 1838 is hulle inboeking, as oorgangsmaatreël, ook opgehef. Dit was teen Afrikaner-slawe-eienaars gemik, want die Britte het “die Britse setlaars van 1820 verbied … om slawe te besit” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 71). Daar is klaarblyklik ‘n reuse verskil tussen hoe die Britse regering blanke slawe-eienaars in Suidelike Afrika en swart slawe-eienaars in Sierra Leone behandel het, terwyl die swart eienaars hoogs waarskynlik hulle slawe (baie) slegter as die blanke eienaars versorg het.] Die meeste slawe het (soos in die Amerikaanse Suide) na vrystelling verkies om in diens van hulle vorige eienaars te bly. Die rede vir die stadige uitfasering van slawerny was dat die stamhoofde en die swart elite in Sierra Leone die grootste slawe-eienaars en -handelaars was en die Britte hulle nie wou vervreem nie. Gedwonge arbeid is deur die stamhoofde as deel van hulle gewoontereg beskou. Wat hier staan, gee ‘n ander perspektief op slawerny as wat deesdae polities byderwets aan ons voorgehou word.

‘n Kreoolse setlaarbevolking, die Krios, het aan die kus, veral in Freetown, ontstaan, met Engels as die amptelike taal en die Engels-gebaseerde Krio as omgangstaal, wat ook woorde uit Yoruba, Portugees, Frans en inheemse tale oorgeneem het. In die noorde en in die land in sy geheel is Islam dominant en in die suide animistiese inheemse godsdienste, asook die christelike religie. (Animisme: Alles in die natuur het ‘n siel.) Freetown in die weste was die koloniale hoofstad en Bo na die ooste toe die hoofstad van die protektoraat. Die Britse regstelsel is in die kolonie gebruik maar by uitstek inheemse stamreg in die protektoraat. Ystererts is in 1926 ontdek en spoeldiamante in 1930, wat onder andere Libanese na die land gelok het. In 1935 het die De Beers-maatskappy die monopolie in die diamanthandel bekom. Dit het tot 1974 voortgeduur. Ten einde smokkelhandel te beperk, is die stamhoofde se vergoeding uitermate verhoog: “A process which did not reduce illicit mining but did serve to further increase chiefly power” (Harris 477).

Die voorafgaande uiteensetting is gebaseer op inligting uit verskeie bronne, onder meer die Encyclopaedia Britannica en die Wikipedia. Maar ek maak voorts gebruik van veral David Harris se uitstekende boek, Sierra Leone: A political history (New York: Oxford University Press, 2014, 245p; Amazon Kindle $16,55). Harris het baie tyd as navorser in Sierra Leone deurgebring. “I have spent fifteen years visiting, researching and living in Sierra Leone” (Kindle 54). Hierdie land is ook die onderwerp van sy doktorale proefskrif. Die teks toon dat hy buitengewoon goed oor toestande in Afrika ingelig is, insluitende Suidelike Afrika. In sy inleiding noem Harris dat Sierra Leone omtrent so groot soos Ierland is en dat dit ‘n bevolking van sowat 6 miljoen mense het. Ook dat dit een van die armste lande in die wêreld is. Dit is ‘n geval van “poverty with rights” (2911). Sowat 60 tot 70% van die staatsbegroting is aan buitelandse finansiële hulp te danke (2431). Die boek handel onder meer oor die “faltering efforts to build a cohesive nation and a functioning state” (61). Sake word bemoeilik omdat daar byna 200 stamme en sowat 16 etniese groepe is. Naas die nasionale is daar dus sterk sub-nasionale identiteite (67). Daar is die kontras tussen die eertydse kolonie (Freetown en die kusstreke) en die eertydse protektoraat, dus die binneland; vandaar die latere pogings tot desentralisering. Daar is die verskil tussen moderne en tradisionele gesag (bv in die regsorde). Naas gekose lede het 12 opperhoofde deesdae sitting in die parlement (2251, 3108).

Die Krios of setlaars van Amerikaanse oorsprong was bekend met die Westerse leefwyse en het dit in hierdie Afrika-kolonie toegepas, bv in die boustyl van die huise en in hulle kleredrag, al was die klere glad nie vir tropiese weerstoestande geskik nie. Die inheemse swartes het die setlaars beskou as “savvy niggers or trousered Africans” (321) en ook as “degenerated and interlopers” (435). Die Krios het as ‘t ware as “interpreters of Western culture to other Africans” opgetree (259). “They saw themselves as socially superior to indigenous Sierra Leoneans and in a paternal sense responsible for educating them in the benefits of more appropriate ways of living … Krios were also seen and saw themselves as ‘the intellectual leaders, the vanguard of political and social advance in West Africa’. In 1853, Colony inhabitants were given British citizenship, which officially put them on a different footing to the bulk of other Sierra Leoneans” (266). Die neiging tot of aanvoeling vir etniese meerderwaardigheid is dus nie tot blanke setlaars beperk nie.

Namate Afrikanisering en “demokratisering” toegeneem het, het die inheemses die koloniale owerheid en die Krios, dus daardie twee groepe waaraan Sierra Leone by uitstek sy ontwikkeling te danke het, al hoe meer geminag en veroordeel. Die eerste staatshoof ná politieke onafhanklikheid in 1961, Milton Margai, het gesê: “The Krios were a handful of foreigners to whom their forefathers had given shelter, who imagined themselves to be superior because they aped Western modes of living but who had never breathed the true spirit of independence” (685). Sedert 1994 ervaar blankes in Suid-Afrika soortgelyke verguising asook snode ondankbaarheid. In Sierra Leone was daar instansies en individue wat onafhanklikheid vir die kolonie apart van die protektoraat bepleit het (685); soortgelyk aan pogings in Suid-Afrika om die Kaapprovinsie, of die Wes-Kaap, of Natal, onafhanklik van die res van die land te maak, of om tuislande vir etniese groepe te stig.

Die Krios was aanvanklik suksesvol in die koloniale staatsdiens en in die professies. Maar hulle was en is ‘n minderheid in die totale landsbevolking. Namate die Britse owerheid voorkeur aan die protektoraat en die stamhoofde bo die kolonie gegee het, is die Krios al hoe meer gemarginaliseer. “The decision to integrate the Colony and the Protectorate initiated a fraught and piecemeal process that lasted from 1922 to 1951 and further changed the political balance, thus undermining the Krios” (547). Ná politieke onafhanklikheid in 1961 is die staatsdiens ont-Krios en met inheemses geafrikaniseer: “Supposedly apolitical civil service posts up to the top echelons were also handed to supporters, thus accelerating erosion of the independence of the civil service” (1013), soortgelyk aan wat in die nuwe Suid-Afrika gebeur.

‘n Hoë prys, bv weens ondoeltreffendheid, word vir die afrikanisering van die staatsdiens betaal. In 2007 is bv vasgestel dat net 125 van die 236 top staatsamptenare by hulle werk was (2457). “Across the board, one can readily find continuing evidence of incompetence, unwillingness to work, deliberate obfuscation, and blatant corruption and intimidation” (2876). In die geval van die polisiediens is daar “bribes at roadblocks and stories of police collusion in robberies and of continued political bias” (2423). Dit klink bekend.

In die nuwe Suid-Afrika is die staatsdiens op ‘n brutale wyse ontwit en oorgetransformeer sodat daar tans heelwat meer as 80% swart amptenare is. Hierdie verswartingsproses, oftewel verkamerading, word meedoënloos en suiwer rassisties voortgesit. In Suid-Afrika, soos in Sierra Leone (1143), is doelbewuste homogenisering aan die orde van die dag, waarin blanke belange, bv Afrikanerbelange soos Afrikaans, nie hulle regmatige plek gegun word nie. Vergelyk die voorafgaande ook met FW de Klerk se belofte in 1992 dat geen blanke sy pos sou verloor nie.

In 1951 was die bevolkingsverhouding 2 miljoen in die protektoraat en 60 000 in die kolonie (580). Daar was bv ‘n tyd toe die inwoners van die kolonie geletterd en eiendomseienaars moes wees om te kan stem (554). In die geval van die protektoraat het slegs die inwoners wat belasting betaal het, stemreg gehad (699). Sodanige kwalitatiewe vereistes sou tot voordeel van die Krios in Sierra Leone en die blankes in Suid-afrika en sekerlik tot algemene voordeel van albei lande gewees het. Pleks daarvan kan alle volwassenes wat asemhaal deesdae in albei lande stem, afgesien daarvan of hulle tot voordeel of nadeel van hierdie lande bestaan. ‘n Gepeupelkrasie bevoordeel die gepeupel maar nie die land nie.

Die stamhoofde is in die Britse administrasie gekoöpteer, “where obedience was rewarded and resistance punished by removal from office” (450). “The extent to which the British were able to shift Protectorate society into Western ways of thinking and doing … was rather limited” (513). Sedert 1948 het die volgende absurditeit ten koste van die Krios bestaan: “Voting rights were … extended to non-Krio Freetonians, a right not held by Krios living in the Protectorate … to pacify the hinterland” (600). Soos in Suid-Afrika was (potensiële) geweldpleging deur die inheemse swartes ‘n instrument vir bemagtiging, dus die bevoordeling van swartes bo ander groepe. Die stamhoofde het hulleself in selfs groter mate as die gepeupel bevoordeel, wat eweneens tot geweld gelei het.

Die volgende klink bekend omdat elemente daarvan ook ruimskoots in die nuwe Suid-Afrika by bv ANC-politici aangetref word: “The riots in 1955 … spread throughout the Protectorate in 1956 … [They] were aimed at the chiefs who had enriched themselves with houses and cars through local tax corruption, tribute including forced labour, and market protection” (712). Nog iets oor stemreg: Aan die Libanese, wat reeds baie dekades lank in Sierra Leone gewoon het, is die reg op burgerskap eers in 2010 toegestaan (3053). Dus: Blanke regerings diskrimineer soms teen nie-blankes, maar as swartes aan die bewind is, word daar soms ook teen blankes gediskrimineer, soos tans in buitensporige mate in Suid-Afrika.

“In many ways it was the colonial period that did most to codify rules, territorially define chiefdoms and solidify and politicise ethnic identities. British notions of scientific classification and the need to parcel people into groups for administrative purposes meant the gradual reifying of ethnicity and chieftaincy” (379). “The British did not subscribe to French and Portuguese notions of assimilation” (477). Hierin lê die oorsprong van rasse-segregasie as politieke beleid. Dit is die Britte eerder as die Afrikaners wat rasseskeiding/apartheid uitgevind het. In werklikheid is rasse-segregasie egter die uitlewing van mense se natuurlike aard; dus dat mense verkies om met mense wat tot hulle kultuurgroep behoort, te assosieer; des te meer as daar groot ontwikkelings- en/of kulturele verskille is.

“It has been argued that ‘tradition’ was invented during colonialism … whilst holding some truth, the idea of inventing ‘tradition’ wholesale is unlikely as the colonial authorities required something legitimate and recognisable on which to build. Perceiving identity as somehow primordial and unchanging is of course fanciful, but it is also important to see the limits of both constructivism and the notion that identity has little other substance than its instrumental use to gain advantage or resources” (385). Deesdae word dikwels beweer dat ras ‘n konstruksie en dus oneg/fiktief is. In werklikheid is rasseklassifikasie (bv blank, bruin, swart, Asiaat) op identifiseerbare liggaamlike en geestelike/kulturele kenmerke gebaseer. Die ANC-regering maak steeds met oorgawe gebruik/misbruik van die tradisionele of apartheidsklassifikasie van rasse, etnisiteite en kultuurgroepe ten einde swartes te bevoordeel en veral blankes, in die besonder Afrikaners, te benadeel.

“Many Colony laws, particularly those pertaining to land tenure and ownership, were not extended to the Protectorate. It was declared that Protectorate land belonged to the people and could not be bought and sold” (526). “African history suggests the reassertion of modified pre-colonial patterns of rule or ‘re-traditionalisation'” (629). Is dit nie dieselfde primitiewe Afrika-benadering wat nou ook in Suid-Afrika toegepas word nie? Die inheemses het nooit die grond gekoop en besit nie; bloot sommige daarvan geokkupeer, soms selfs op ‘n nomadiese grondslag. In Suid-Afrika het ten minste die huidige geslag blankes (maar ook talle vorige geslagte) die grond gekoop en verbeterings daarop aangebring; bv barre grond in produktiewe plase omskep. Ingevolge die ANC se beleid moet die blankes aan die swartes teruggee wat van hulle gesteel is; vandaar die aandrang dat geen vergoeding betaal hoef te word nie.

Die blankes het nie (ontwikkelde) plase van die swartes gesteel nie, gevolglik kan daar geen sprake van die teruggawe van gesteelde eiendom wees nie. Wat ons hier mee te make het, is nie weerwraak nie maar wraak, diefstal en uitbuiting in hulle suiwerste vorme. Wraak is nie versoenbaar met die ideaal van versoening nie. Die kuur vir die beweerde ou wonde van een groep is nie om nuwe wonde aan ‘n ander groep toe te dien nie. Om iets in ruil vir niks te ontvang, is nie ‘n mensereg nie. Wat hier vorm aanneem, is opportunitiese, hedonistiese parasitisme. Onteiening sonder vergoeding is ‘n uiterste pro-swart, anti-blanke maatreël wat deur die blankes tot die uiterste teengestaan behoort te word.

Die jongste politieke geskiedenis van Sierra Leone kan soos volg opgesom word: “Sierra Leone became independent from the United Kingdom on 27 April 1961, led by Sir Milton Margai. Siaka Stevens’ party, the APC defeated the ruling SLPP in the 1967 Sierra Leone parliamentary elections. Stevens ruled Sierra Leone from 1968 to 1985. While in office, Stevens suppressed oppositions and critics of his government. Some senior military and government officials convicted for trying to overthrow his government were executed. In 1971, Stevens abolished Sierra Leone’s parliamentary government system and declared Sierra Leone a presidential republic. Sierra Leone was a one party state from 1978 to 1985, in which Stevens’ APC was the only legal political party in the country. The current constitution of Sierra Leone, that includes multi party democracy was adopted in 1991 by the government of President Joseph Saidu Momoh, Stevens’ hand picked successor.

“In 1991, a rebel group known as the Revolutionary United Front led by former Sierra Leone army Corporal Foday Sankoh launched a brutal civil war against the Sierra Leone government. In 1992 the military toppled Momoh from power. In 1996 Brigadier General Julius Maada Bio returned the country to multi party democracy and the 1991 constitution was reestablished. Bio handed power to Ahmad Tejan Kabbah of the SLPP after his victory in the 1996 Sierra Leone presidential election. In May 1997, the military overthrew president Kabbah. However, in February 1998, a coalition of West African Ecowas armed forces lead by Nigeria removed the military junta from power by military force and president Kabbah was reinstated as president. In 1998, the leaders of the coup were executed after they were convicted and sentenced to death by a court martial in Freetown. Sierra Leone has had an uninterrupted democracy since 1998 to the present. In January 2002, President Ahmad Tejan Kabbah fulfilled his campaign promise by officially ending the civil war as the rebels were defeated by military force with the help and support of Ecowas, the British government, the African Union, and the United Nations” (Wikipedia).

Weens afrikanisering is Sierra Leone se weermag ernstig verswak (Harris 1006). “That the state and armed forces of Sierra Leone were in no condition by the early 1990s to resist any sort of invasion or insurrection is one area of agreement in the debates concerning the civil war. The armed forces had … a ‘practically non-existent ability to respond to threats … The most meagre of incursions into the ill-controlled and forested border areas would have had at least some success” (1527). Die vraag is of sodanige gebrek aan doeltreffendheid nie ook die oorgeafrikaniseerde weermag van die nuwe Suid-Afrika kenmerk nie. Dink aan die stroom onwettige immigrante wat deurlopend en feitlik ongehinderd die land binnesypel. Die huidige Suid-Afrikaanse weermag het Nelson Mandela se terroristiese MK as grondslag. “In military terms MK has to be judged one of the least effective armies in modern history” (Janet Cherry, Umkhonto Wesizwe, Auckland Park: Jacana, 2011, p 141).

“A weak state is always prone to penetration from outside forces in whatever guise” (Harris 1628). In Sierra Leone het ‘n groep Suid-Afrikaanse huursoldate, Executive Outcomes, van 1995 tot 1997 groot militêre sukses behaal. “In exchange for future mining concessions, Executive Outcomes arrived with around 300 men, helicopters, troop transporters, considerable weaponry and experience in fighting for both UNITA and MPLA in Angola … the war was swiftly brought under control” (1897). Let op dat hierdie huursoldate in Angola agtereenvolgend aan albei kante in die burgeroorlog geveg het. In Sierra Leone het Executive Outcomes militêre opleiding en wapens nie net aan pro-regeringsmagte verskaf nie (1897), maar ook aan die rebelle (2097). Huursoldate is per definisie koopbaar. Die punt is: Daar is nie ‘n plaasvervanger vir goed opgeleide, ervare soldate van hoë gehalte nie. Die tragedie is: Executive Outcomes het in bv Angola en Sierra Leone “‘n verskil gemaak” maar nie in Suid-Afrika nie.

Moenie dink dat Ecowas ‘n ongekwalifiseerde seën vir Sierra Leone was nie. Sy militêre mag was as Ecomog bekend. Hierdie soldate het hulle aan magsvergrype, insluitende diefstal, skuldig gemaak. In die volksmond is gesê Ecomog beteken: “Every Car Or Moveable Object Gone” (2043). Die Nigeriërs in Ecomog “were digging for daimonds and sometimes selling arms to their opponents” (2097). Demokrasie het dus maar ‘n stamperige geskiedenis in Sierra Leone gehad, met dikwels eerder die weermag as “die mense” in beheer. Toe die land ‘n eenpartystaat was, is geredeneer “that democracy was a luxury that African states could ill afford” (1136). Die vraag is of dit nie ook vir Suid-Afrika voorlê nie. “One would be bound to question the long-term stability of a democratic system built on such foundations as in Sierra Leone and indeed in many other African states” (2785).

Tot die eer van Sierra Leone kan gesê word: “Nationalisation of foreign assets was never considered … Foreign investment was indeed welcomed with tax breaks and mining and farming remained in the private sector” (986). Kan dit wees dat die Krios daarin geslaag het om ‘n groter mate van voortgesette verwestering in Sierra Leone te bewerkstellig as die blankes in Suid-Afrika? Plaaslik word nie net buitelandse beleggings deur nasionalisering bedreig en dus ontmoedig nie, maar selfs ook die eiendomsreg van blankes wat oor 366 jaar voortrefliker bydraes as enige ander groep tot die ontwikkeling van die land gelewer het.

By die nuwe inheemse bewindhebbers in sowel Sierra Leone as Suid-Afrika is daar ‘n skaamteloosheid in die hede (1799, 2118), gebaseer op gewetenloosheid oor hulle verlede. Dit is vir my ‘n steen des aanstoots. Die brutalisering van die daaglikse lewe is die weersinwekkendste kenmerk van die nuwe Suid-Afrika; die wetteloosheid en doodgewone onbeskaafdheid wat hoogty vier. Harris gebruik die woord “brutalisation” telkens as hy toestande in Sierra Leone beskryf (1316, 1635, 1911, 2126, 3140, 3147). ‘n Ander prominente kenmerk van die nuwe Suid-Afrika is korrupsie, oftewel steelsug. In Sierra Leone het dieselfde gebeur. “By the early 1980s Stevens’ non-budgeted discretionary spending was estimated at more than 60 per cent of actual budget” (1423). Hiermee is seker genoeg karakteriserings verskaf, asook ooreenkomste tussen die twee lande uitgewys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.