Leon Lemmer: Amerikanisering weens navolging

Gevandaliseerde standbeeld van Christopher Columbus in die VSA te Providence, Rhode-eiland
Deel op

“White folks was in the caves while we was building empires. We built pyramids before Donald Trump even knew what architecture was” – Al Sharpton (Wikipedia).

“Egyptians were creating great works of art and architecture when whites were still in caves” – Nelson Mandela (Long walk to freedom, 1995, p 353).

Ons eie* Mandela het dit gesê na aanleiding van sy besoek aan Egipte, waar hy die piramides gesien het. Ten einde die vergelyking te maak, het hy die antieke Egiptenare gerieflikheidshalwe tot (swart) Afrikane verklaar. Daardie vroeë beskawingsontwikkeling het egter in die Midde-Oostestreek plaasgevind, bv die ontwikkeling van skrif in Mesopotamië; dus nie in swart Afrika nie. Sharpton kom nie eens met korrekte Engels vorendag nie; dalk om uit te tart. Sou dit in die polities byderwetse hede aanvaarbaar wees as blankes swartes as agterlik uitbeeld op dieselfde manier as Mandela en Sharpton? Ek dink nie so nie. Verder: As Mandela en Sharpton reg het, waarom het swartes nie volgehou met hulle vroeë beskawingsvoorsprong bo die blankes nie? Die geykte, polities byderwetse verweer is: Weens die blankes se kolonialisme, imperialisme, rassediskriminasie, ens. By swartes het dit gewoonte geword om die skuld op ‘n ander ras te pak pleks van self verantwoordelikheid vir eie tekortkominge te aanvaar.

[* In die goeie ou dae, toe Mimi Coertse aan die Wiener Staatsoper verbonde was (1956-1973), was dit plaaslik die gebruik om na “ons eie Mimi Coertse” te verwys.]

Wat die twee aanhalings hier bo aantoon, is dat uitlatings wat in een land gemaak word, in ons globalistiese hede weerklank in ‘n ander land kan vind. In hierdie geval is die anti-blanke gesindheid in ‘n misplaaste plaaslike opmerking met dieselfde oogmerk in Amerika herhaal. Gewoonlik vind hierdie soort ideologiese osmose egter in die teenoorgestelde rigting plaas; dus, in Suid-Afrika word dikwels nagevolg wat in Amerika gesê of gedoen word. Dit is deel van die Amerikanisering of “Coca-Colaization” van veral Westerse samelewings. Op hierdie manier het ons ‘n “reënboognasie” geword, mag ons ons nie aan “haatspraak” skuldig maak nie, word sake-ondernemings geplunder as swartes iets vind om mee ontevrede te wees, ens. Wat ek in hierdie rubriek aantoon, is hoe die huidige plaaslike veldtog teen die standbeelde en monumente van blankes, veral Afrikaners, in navolging geskied van wat in Amerika gebeur.

Ek het onlangs geskryf oor die kampanje wat tans selektief teen sommige standbeelde en monumente in Suid-Afrika gevoer word (Praag 12.09.2020). Pas, op 24 September, kon die blankes in Suid-Afrika Erfenisdag vier. Dít terwyl die terroristies-kommunistiese regime, wat sonder die goedkeuring van die blanke kiesers in 1994 die politieke beheer in Suid-Afrika oorgeneem het, besluit het dat al die standbeelde en monumente wat erkenning aan die uitnemende blanke erfenis gee na temaparke, soortgelyk aan die Russiese “Museum van Skande”, verskuif moet word (Die Burger, 18.09.2020, p 2). Die ANC-regime noem hulle waaragtig “kulturele nasiebouparke” (Die Burger, 19.09.2020, p 18). Die absurde waarheid is dat die standbeelde van beskaafde, ordentlike blankes nie veel langer in die openbaar toegelaat sal word nie terwyl geweldenaars en terroriste vereer word asof hulle loflik gepresteer het.

Groter vermetelheid deur fundamenteel immoreles is kwalik denkbaar. Dit is ‘n opsigtelike poging om blanke kultuur te vernietig deur te bou aan ‘n uitsluitlik swart nasie, ten minste wat kultuur betref. Die ergste teleurstelling is dat die Afrikaanse koerante geen poging aanwend om in bv hoofartikels ‘n veldtog teen hierdie bose dwaasheid te voer nie. Die meeste Afrikaansinstansies swyg ook. So ook FW de Klerk wat hierdie elemente op Suid-Afrika losgelaat het. Hierdie gebrek aan verset dien as moediging vir die ANC-regime om die blankes, veral die Afrikaners, verder te vertrap en terselfdertyd valslik voor te gee dat versoening nagestreef word.

Jarrett Stepman gooi die aanslag wat teen sommige standbeelde en monumente in Amerika gevoer word oor die boeg van die herskrywing van die geskiedenis; ‘n verskynsel wat hom reeds sedert 1994 ook plaaslik voordoen: The war on history: The conspiracy to rewrite America’s past (Washington: Regnery Gateway, 2019, 303p; Amazon Kindle $14,94). Die outeur is buitengewoon goed oor die Amerikaanse geskiedenis ingelig. Polities is hy besonder gematig. Hy is glad nie links nie; ook nie verregs nie. Die teks munt uit in ewewig en is geensins aktivisties of propagandisties nie. Wat baie duidelik blyk, is Stepman se lojaliteit jeens Amerika. Maar ek dink hy slaan, tipies hoofstroom-Amerikaans, Abraham Lincoln te hoog aan. Ek is geneig om eerder saam te stem met Thomas James DiLorenzo se siening van Lincoln (LitNet 21.02.2013). DiLorenzo het vanjaar ‘n nuwe boek oor Lincoln gepubliseer. Ek hoop om eersdaags teen die polities byderwetse, oorgunstige openbare beeld van Lincoln te skryf.

Die verkiesing van Donald Trump as president het in linkse geledere ‘n hupstoot gegee aan pogings om die tradisionele geskiedenisverhaal te herskryf. “The shocking 2016 election results … inspired progressives, enraged by their sense of political impotence, to accelerate the movement to obliterate the symbols of our past. They turned their fury on the source of all their frustrations: the pillars of American identity. They started with the low-hanging fruit of Confederate statues but quickly moved on to more central figures of our nation’s past” (Kindle 33).

Toe Cecil Rhodes se standbeeld van die kampus van die Universiteit Kaapstad verwyder is, het wysneus Max du Preez dit verwelkom omdat hý nooit van Rhodes gehou het nie. ‘n Mens kon uiteraard nie die elementêre insig van Du Preez verwag dat ander standbeelde spoedig ook in die slag sou bly nie. “Those who want to erase our history will not stop with century-old statues. They want to expunge not only Confederates or Christopher Columbus but the essence of American civilization” (93). “The activists’ target is not only historical figures but the ideas and values that define America” (72). In Suid-Afrika gaan dit deesdae om die ontkenning van die voortreflike nalatenskap van die blankes, veral die Afrikaners, deur die ANC-regime en sy meelopers. By hierdie prestasieloses is daar ‘n sterk element van afguns of jaloesie te bespeur. Hulle is nie in staat om ‘n hede te bou wat naasteby so beskaaf en voorspoedig is soos die verlede vóór-1994 was nie.

Diegene wat die Amerikaanse verlede wil vernietig deur sodanige simbole te saboteer of verwyder, vind hulle inspirasie in herskrywings van die geskiedenis. In hierdie verband verwys Stepman dikwels na die geskrifte van ‘n marxistiese historikus, Howard Zinn (1922-2010). Byvoorbeeld, “Left-wing historians like Howard Zinn have tied Columbus to the original sins of a wicked American civilization” (77). Zinn se A people’s history of the United States (1980, Kindle $6,10 en $11,44) en die verwerking daarvan vir jong mense (2007, Kindle $16,09) word dikwels in skole en aan universiteite voorgeskryf. Miljoene eksemplare is verkoop. Van objektiwiteit en neuraliteit is daar nie sprake nie. Zinn skaar hom openlik aan die kant van die sogenaamde onderdruktes. Hy erken hierdie feit in die titel van sy outobiografie: You can’t we neutral on a moving train (Kindle $14,94). Dit is die soort geskiedskrywing wat plaaslik deur bv John Laband beoefen word (Praag 29.08.2020). Veel erger is Patric Tariq Mellett se The lie of 1652: A decolonized history of land (2020, Kindle $14,26) waaroor ek eersdaags skryf.

Dit is nie net die Amerikaanse opvoedkundige stelsel (skole en universiteite) wat vrot van die linkse politiek is nie. Dit geld ook die vermaaklikheidsbedryf, bv rolprente (Hollywood) en verhoogstukke, asook die hoofstroom-massa-inligtingsmedia (koerante, tydskrifte, radio en televisie) (93). Afkeer van alles wat tradisioneel Amerikaans is, word gewek pleks daarvan om trots te wees op die baie opsigte waarin Amerika ‘n voortreflike voorbeeld aan die res van die wêreld stel. Ek onthou ‘n era toe daar dikwels gespekuleer is dat Suid-Afrika net so ‘n prominente en leidende rol in Afrika as die VSA in die Amerikas kon speel. Weens ongeëwenaarde dwaasheid is daardie vooruitsig in 1990/94 vir Suid-Afrika vernietig. Konserwatiewe, behoudende, regsinnige Amerikaners besef dat hulle teen ‘n soortgelyke lot moet waak.

“The city of San Jose, California, recently decided that any public display of pride in Christopher Columbus is simply unacceptable. Egged on by the San Jose Brown Berets, a radical Chicano ethno-nationalist group, the San Jose City Council voted in early 2018 to remove Columbus’s statue from the city hall” (134). “At the time of the city council’s decision, not a single local museum would take the statue. To add to the absurdity, a statue to the Aztec god Quetzalcoatl stands nearby in downtown San Jose” (146). Kalifornië en ander state in die suidweste van Amerika verval al hoe meer in die beheer van vreemdelinge. Donald Trump gooi wal hierteen. Dit verduidelik deels die heftige aanvalle teen hom, nie net in Amerika nie, maar ook in ander lande, insluitende Suid-Afrika, waar die Naspers/Media24-media deesdae hulle politieke inligting by voorkeur uit linkse bronne soos CNN, The New York Times, The Washington Post en die Britse The Guardian put.

In New York City “the Queens monument was one of numerous Columbus statues defaced and vandalized in the region after New York mayor Bill de Blasio created a commission to review all ‘symbols of hate’ in the city” (151). “A two-foot-tall Columbus sculpture in Columbus Memorial Park in Yonkers was beheaded and smashed with a blunt instrument and its shattered remains strewn about the area. A more-than-century-old statue in Central Park was covered in paint” (157). “Two statues in Connecticut were splashed with red paint on the same night, just before Columbus Day. The oldest Columbus monument in the country and perhaps the world – constructed over two centuries ago – was bludgeoned and damaged at a park in Baltimore, Maryland” (163). Hoekom? “Columbus symbolizes the initial invasion of European capitalism into the Western Hemisphere” (170).

Die verering van Columbus is glo “‘Eurocentric’ and … ignored the ‘brutal realities of the colonization of indigenous peoples'” (181). Columbus-dag, wat in 1934 tot ‘n amptelike federale vakansiedag verklaar is (269), kom al hoe meer onder skoot. Dit moet glo met “Indigenous Peoples Day” vervang word (181), wat reeds op sommige plekke gebeur het (193). In talle groot stede word Columbus-dag deesdae nie meer gevier nie (188). Dit is een van die gevolge van die verval van die Amerikaanse middestede. Dit herinner aan Van Riebeeck-dag, 6 April, wat nie meer in Suid-Afrika gevier word nie. In ons geval is dit egter nie net die stede wat sedert 1994 verval het nie, maar die land in sy geheel.

Dit gaan vir die polities linkses nie net om uiting aan hulle anti-Amerikaanse gesindheid te gee nie. Hulle put hulle inspirasie uit marxisme. “Some of the most savage attacks on Columbus came from Friedrich Engels and Karl Marx … whose broadsides against the Italian explorer would be echoed by Marxist historian Howard Zinn” (235). “This line of attack is based on a quasi-Marxist reduction of history to the tale of oppressors versus the oppressed” (670).

Stepman toon aan dat diegene wat in die voorste linie teen die standbeelde van blankes veg ‘n gebrekkige kennis van die geskiedenis het. Byvoorbeeld, Columbus was nie ‘n uitwisser van inboorlinge soos hy deesdae voorgestel word nie. “He executed Spaniards for mistreating natives” (441) en “Columbus was quick to punish those under his command who committed unjust acts against the local population” (486). Die eintlik beswaar van die aktiviste teen Columbus is dat hy die weg vir blanke immigrasie na die Amerikas geopen het. “The barbs thrown at Columbus are part of a larger push to delegitimize Western civilization” (575).

Sommige ANC-kamerade lieg graag dat Suidelike Afrika ‘n vreedsame plek was totdat die blankes hulle opwagting gemaak het. In Nelson Mandela se outobiografie (1995) staan bv: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelungu, the white people … The white man shattered the abantu, the fellowship, of the various tribes” (p 27). In Amerika word ‘n soortgelyke valse beeld voorgehou. Die waarheid is dat daar in sowel Suidelike Afrika as die Amerikas die uiterste gewelddadigheid vóór die koms van die blankes was. Stepman skryf: “The New World had been an incredibly violent place long before [Columbus] arrived” (508).

“The great Aztec city Tenochtitlan was in many ways sustained by th[e] system of conquest and forced tribute as well as ritualized human sacrifice that almost undoubtedly included cannibalism. While this doesn’t excuse all of the Spanish actions in the New World, it does place them in context. Violence and brutality are inherent in the nature of man. Primitive societies are often a far cry from the ideal image of the noble savage famously conjured up by French philosopher Jean Jacques Rousseau” (548).

‘n Maand voor Kersfees, op die vierde Donderdag in November, word Thanksgiving as ‘n nasionale vakansiedag in Amerika gevier. Soortgelyke vierings vind ook op verskillende datums in talle ander lande plaas. In Amerika is die tradisie om daardie dag ‘n gebraaide kalkoen op die tafel te hê (1036). Vir ‘n kalkoen in Amerika is daardie tyd van die jaar so gevaarlik soos elke dag vir ‘n blanke boer in die nuwe Suid-Afrika. Ek het Thanksgiving in 1974 en 1975 saam met ‘n Amerikaanse gesin deurgebring. Toe hulle my vra of ons in Suid-Afrika ook so ‘n viering het, het ek gesê – gedagtig aan Amerika waarin dinge graag groter en beter as elders voorgestel word – dat ons dit met ‘n gebraaide volstruis op die tafel vier. Maar iets waaroor ek al dikwels gedink het: Daar behoort in Suid-Afrika jaarliks ‘n Dankiesêdag te wees vir alles wat die blankes hier tot stand gebring en verduur het. Daar behoort immers erkentlikheid te wees vir hierdie mense se bykans bomenslike vermoë om so baie in Afrika tot stand te bring en nooit moeg te word om goed te doen nie (2 Tessalonisense 3:13).

“It was George Washington who issued the first proclamation declaring a national day of thanksgiving in 1789 to mark the beginning of a new nation under the Constitution” (964). Thanksgiving is in Amerika ingestel om dankbaarheid vir goeie oeste en voorspoed te betuig. “The chief ideal of the Thanksgiving holiday is gratitude: gratitude for the blessings of life and labor” (1086); “a celebration of family and material prosperity” (1029). “Historians have described it as a harvest festival with religious overtones” (795).

Maar die suiwerste ordentlikheid word deesdae deur bose elemente neergehaal tot iets wat verwerplik is. Byvoorbeeld, “It is the most loathsome, humanity-insulting day of the year – a pure glorification of racist barbarity” (614); “a kind of celebration of white supremacy” (800). Dit is selfs “a celebration of genocide and overconsumption” genoem (631). “Thanksgiving is written off as a disgusting celebration of capitalism, a crass reveling in material wealth even as oppressed groups suffer” (670).

Die eerste blankes wat hulle in Amerika gevestig het, word Pilgrims en Puritans genoem. “The unique traits of the Puritans had ultimately contributed to the creation of the United States. Their most important values – self-government, private property, Christian morals, industry, and even, to a certain extent, religious liberty – lived on in this country centuries later” (1002). “The Puritan settlers often viewed Indian tribes as mischievous ‘savages’, but this distinction was based less on racial than cultural lines” (911). “Fear, misunderstanding, and sometimes prejudice, not deep-seated racism and hatred, defined the Puritan attitude toward native people” (917).

Op die kampus van Yale University is daar ‘n standbeeld van ‘n blanke Puritein en ‘n Indiaan. “The Puritan points his musket while the Indian responds with his bow” (619). Hierdie standbeeld, wat bykans ‘n eeu oud is, is onlangs “not appropriate” verklaar. Die “oplossing” was “a covering over the Puritan’s rifle” (619). “While the school [university] covered up the depiction of the Puritan’s weapon, they failed to cover the Indian’s bow pointed in the Puritan’s direction” (625). Dit herinner aan die grootskaalse ontwapening sedert 1994 van blankes in Suid-Afrika terwyl gevaarlike wapens en ammunisie vryelik aan misdadigers beskikbaar is.

Wat in Amerika gebeur, is wat in 1994 mandaatloos in Suid-Afrika gebeur het: “[The] ultimate goal [is] ‘fundamentally transforming’ the United States” (1113), oftewel “uproot and demolish traditional America” (1107); eufemistiese frases wat beteken dat die land opgedonder moet word. Plaaslik word Jan van Riebeeck nie meer gehuldig nie; net sleggesê, soos blanke Suid-Afrikaners. In Amerika word die miskenning nie tot Columbus beperk nie. Dit is uitgebrei na die staatkundige grondleggers, “the Founding Fathers”. “The famed Christ Church in Alexandria, Virginia, which [George] Washington attended for years, decided to take down a plaque in Washington’s honor in the name of inclusivity” (1146). Dit herinner aan Wim de Villiers, wat nie genoeg genoegdoening geput het uit die feit dat daar nie meer ‘n HF Verwoerd-gebou op die kampus van Stellenbosch University is nie. De Villiers het ‘n openbare skouspel daarvan gemaak om ook die Verwoerd-gedenkplaat uit die voorportaal van die gebou te verwyder. Hiervoor het hy ‘n ontspoorde kleinkind van Verwoerd tot hartlike samewerking oorgehaal (Praag 31.05.2015).

“The San Francisco school board voted unanimously to destroy a mural with George Washington at a public school because it also depicted slaves and a dead American Indian” (1146). Nog ‘n grondlegger, Thomas Jefferson, “the original articulator of our liberties” (1175), “[the] author of the Declaration of American Independence” (1191), se nagedagtenis word onteer aan die University of Virginia, wat deur hom in 1819 in Charlottesville gestig is. Hy word ” a ‘rapist’ and a ‘racist'” genoem (1221), onder meer omdat hy ‘n slawe-eienaar was. Jefferson se verhouding met ‘n slavin, Sally Hemings, word uiteraard ook bygesleep. Al Sharpton dring daarop aan dat die Jefferson-gedenkteken in Washington DC na ‘n museum verskuif word (1239). Die gedenkteken is na bewering ‘n belediging vir die swart Sharpton se familie (1244).

Soos wat die plaaslike blankes vir apartheid verwyt word, word blanke Amerikaners vir slawerny verwyt, al het sowel swartes as Indiane ook slawe besit. “Slave ownership was quite common among Indian tribes” (2293). Die voorkoms van slawerny in Amerika word sterk oordryf. “In the four hundred years of the trans-Atlantic slave trade, only about four percent of imported slaves came to the British North American colonies and the United States” (1318).

Deesdae wil Demokrate in verskeie state nie meer hulle jaarlikse dinee ter huldiging van Jefferson en Andrew Jackson hou nie (1238, 1531). Jackson het New Orleans in 1812 suksesvol teen ‘n Britse aanslag verdedig. Tog is daar oproepe dat sy standbeeld uit daardie stad verwyder moet word (1583). “Vandals attacked and defaced Andrew and Rachel Jackson’s tombs at his historic home in Nashville, Tennessee, spray-painting profanities and the word ‘killer’ across the broken tomb” (1583). Hy was glo “an evil, pro-slavery racist” (1632). Tydens die Obama-administrasie is Jackson se afbeelding op die $20-dollarnoot met dié van die swart Harriet Tubman (1822-1913) vervang, “a well-regarded abolitionist who nevertheless never affected the country nearly as much as Jackson” (1627). Donald Trump, daarenteen, “put Jackson’s portrait in the Oval Office in 2016” (1639).

Uiteraard word daar ook stemming teen die blanke helde van die destydse Konfederasie, die suidelike state, gemaak omdat die meeste slawerny daar voorgekom het. Selfs in die konserwatiewe vaktydskrif, National Review, is ‘n artikel gepubliseer “calling for the banishment of Confederate monuments to cemeteries and museums” (2216). Dít ten spyte van die feit dat volgens meningsopnames “a significant majority of Americans supported keeping the Confederate statues, with a majority also indicating that they saw the statues as symbols of Southern pride rather than racism” (2227). “The Southern Poverty Law Center [SPLC], a left-wing activist organization, created a map of Confederate ‘statues’ around the country, many of which were simple plaques to bring attention to historical battles across the country, and called for them to be removed” (2233). Dit is glo “about acknowledging the injustices of the past” (2233). Die SPLC is een van die verderflikste instansies in Amerika, soos ek onlangs aangetoon het (Praag 19.09.2020).

“A ‘Confederate’ monument that was dedicated to post-war peace was torn down by an angry mob in Atlanta” (2239), waar die SPLC-hoofkantoor geleë is. “In Durham, North Carolina, a crowd assembled in front of a bronze statue dedicated to the young men who had fought for the Confederacy, tied a rope to it, and pulled it down as police looked on” (2239). “A visage of Robert E Lee carved into limestone at Duke University was badly mauled. The statue, above the entryway of Duke Chapel, was carved up and had a chunk of its nose removed” (2239).

In Suid-Afrika is die neus van die Rhodes-borsbeeld teen die hang van Tafelberg geskend. Later is die beeld onthoof (Praag 12.09.2020). Waarop hierdie gebeure in sowel Amerika as Suid-Afriksa dui, is “the danger of mob rule” (2251). Wanneer sal blankes leer dat dit nodeloos is om verskoning te vra wanneer verskoning van hulle geëis word? Die verskonings is nooit voldoende in kwantiteit en kwaliteit nie. “Personal redemption is meaningless in this crusade” (2281). “The march to erase history – iconoclasm with no apparent rhyme or reason – continues” (2299). Wat die gebeure in Amerika en Suid-Afrika tuisbring, is: “It is far more difficult to rebuild a civilization than destroy it” (2441). “The vandals’ anger is directed at America in general. The statues are simply scapegoats standing in for our guilty nation” (2717).

Ná die Burgeroorlog was Robert Lee teen die oprigting van monumente en standbeelde gekant. “Lee thought it wrong to spend lavishly on the dead when the living were starving. This might be a good lesson for modern cities spending lavishly on monument removals or changing city and school names when their budgets are a mess and their streets filled with crime” (2600). Wanneer sal die ANC-regime tot sulke gesonde insigte kom? Later, toe ‘n mate van welvaart in die Suide herstel is, is daar wel Konfederale monumente en standbeelde opgerig. “The construction of monuments and statues was a crucial matter of paying tribute to the reality that a generation had fought, suffered, and often died in the most violent conflict in the history of our civilization” (2635).

In New York City “the [Theodore] Roosevelt statue was vandalized” (2772). “Protestors consider the statue racist because it portrays Roosevelt in the saddle [on a massive steed] and people of color [an Indian and a black man] on either side” (2778). “It should be moved to a museum to ‘contextualize’ it” (2790). In Roosevelt se tyd is assimilasie van die hoofsaaklik blanke immigrante verwag. Toe was tradisionele Amerikaners oorwegend “a people descended from the same ancestors, speaking the same language, professing the same religion” (2993). Deesdae is die inkommers meesal nie-blank en is dit ‘n onbegonne taak om hulle te assimileer. “Today, the very term ‘melting pot’ is considered a ‘microaggression’ … The idea of assimilation borders on hate speech” (2842). Roosevelt “had no tolerance for what he called hyphenated Americans” (2977).* He “loathed the concept of being a ‘citizen of the world'” (3021). “[Roosevelt’s] ethos of Americanism could provide a healthy alternative to the multiculturalism that is breeding noxious forms of tribal identity politics” (3021). Barack Obama, daarenteen, het gesê: “We are not only citizens of America … we are also citizens of the world” (3045).

[* “Afro-Americans” is ‘n tipiese voorbeeld van koppelteken-Amerikaners, met as implikasie dat hulle in die eerste plek Afrikane is of ten minste nie ongekwalifiseerd Amerikaners is nie. Ander soorte Amerikaners word deesdae ook onderskei: “Hispanic”, “Asian”, “Native/Indian”, ens.]

“All men are created equal, with equal natural rights, but not all cultures are equal … It was the unique American culture, which predated even the creation of the United States, that produced the men who signed onto the natural rights in the Declaration of Independence and a transformational political document like the Constitution” (3056). “Only the American people have the right to decide for ourselves which newcomers will fit in under a shared free government; we alone determine who will strengthen America and who will weaken it” (3062). Laasgenoemde sin dui op ‘n gesonde benadering tot immigrasie. Die hoofoorweging by immigrasie moet landsbelang wees; nie menseregte- en Afrika-belang soos nagestreef deur die ANC-regime nie.

Amerikaners is geneig om Jefferson se frase “all men are created equal” onkrities te aanvaar. Mense word eintlik net op die mees basiese biologiese vlak in gelykheid gebore, in die sin dat almal asemhaal, beweeg, eet, ens. Van geboorte af kan daar groot ongelykheid wees wat betref enersyds liggaamlike en andersyds geestelike vermoëns, selfs by kinders in dieselfde gesin. Party mense is rats of het liggaamlike uithouvermoë; ander nie. Party mense is oplettend, intelligent en vindingryk terwyl ander dit nie is nie. Hierby kom omgewingsfaktore, soos of die baba in ‘n welgestelde of arm gesin gebore word. Polities byderwets het die gewoonte posgevat om sulke benadelende omgewingsfaktore by nie-presterendes te beklemtoon, wat verwyte gerig teen blankes moontlik maak, terwyl aangebore tekortkominge geïgnoreer word.

Maar Stepman het reg as hy skryf “not all cultures are equal,” in die sin dat party kulture (in sekere opsigte) meer ontwikkeld as ander kan wees, bv beter aangepas vir die skepping van voorspoed in ‘n geglobaliseerde wêreld. Die verskille wat daar tussen individuele en groeps-/kulturele prestasie of sukses kan wees, dui onder meer op die noodsaaklikheid dat daar naas individuele regte ook erkenning aan groepsregte gegee behoort te word. Groepsregte, bv minderheidsregte, is ‘n wesenskenmerk van die Amerikaanse samelewing. Met die oog op die benadeling van minderheidsgroepe en dus die doelbewuste bevoordeling van die swart meerderheidsgroep, bestaan daar in Suid-Afrika geen groepsregte nie; net individuele regte en daarby soos vertolk deur die ANC-regime se Menseregtekommissie en howe.

In Mount Rushmore in Suid-Dekota is daar uitbeeldings van vier Amerikaanse presidente: George Washington, Thomas Jefferson, Abraham Lincoln en Theodore Roosevelt (2750). In sy boek toon Stepman aan hoe elkeen van hierdie vier deesdae deur linkse elemente geringgeskat en verdag gemaak word – Lincoln in mindere mate as die ander drie. “Deep down, perhaps, what the statue topplers are rebelling against is their own failure to accomplish anything of note. The only way for some of them to make themselves feel better about not overcoming any great challenges is to diminish great Americans who actually accomplished significant things and made enormous sacrifices to improve their country” (3621). In sommige opsigte kan Amerika selfs daarop aanspraak maak dat hy die wêreld ‘n beter plek gemaak het. “If our country foolishly commits to erasing its history, it will have no future worthy of its past” (3647). Hierdie opmerkings kan ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Dit verduidelik die veldtog wat daar teen die blankes, veral Afrikaners, gevoer word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.