Leon Lemmer: John Kane-Berman-biografie vertoon liberale teenstrydighede

John Kane-Berman

‘n Mens kan oor jou lewensloop skryf bv om self sin daarvan te probeer maak of omdat jy dink die inligting is die moeite werd om aan andere mee te deel. Soms is die teikengroep van die manuskrip slegs die familie. As die outeur self sorg dat sy outobiografie gepubliseer word, beteken dit meesal dat hy tevrede is met wat hy vermag het. John Kane-Berman se boek, Between two fires: Holding the liberal centre in South African politics (Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 338p, R275; Amazon Kindle $13,67), loop oor van selftevredenheid, gebaseer op ‘n goeie selfbeeld. “I had been accurate about what was going to happen in South Africa” (Kindle 5901) – ‘n nogal wydlopige aanspraak. In die boektitel word na die outeur se sentristiese liberalisme verwys, maar ek was verbaas oor hoe radikaal links en uitermate aktivisties hy in die apartheidsera was. Geweld was toe omtrent al wat hy afgekeur het en dit eers nadat sy ouers hom daartoe oorgehaal het (1423). Wat hy in die openbaar gesê en geskryf het, het destyds op die Tutu-manier heel moontlik geweld aangemoedig.

John Kane-Berman (gebore in 1946 – voortaan afgekort as JKB) het bekendheid verwerf as die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (1983-2014 – voortaan afgekort as die Instituut). Die teks steun in groot mate op wat JKB voorheen gepubliseer het. By nabaat is dit maklik om te besluit wat in ‘n outobiografie ingesluit en wat liefs weggelaat word. Hier en daar erken hy foute maar meesal blaas hy sy eie beuel. Dwarsdeur sy loopbaan het JKB blykbaar die komplimente wat hy ontvang het sorgvuldig bewaar en in hierdie boek gereproduseer. Wat afbreuk aan sy geloofwaardigheid doen, is dat hy daarin spesialiseer om apartheid deurgaans so belaglik en absurd moontlik voor te stel. Hy kry dit reg deur graag ekstreme uitsonderings, bv eenmalige gebeurtenisse, op te haal en dan die NP-regering daaroor te verdoem. Met hierdie anti-apartheidsfondament wen hy in sekere kringe sekerlik aan geloofwaardigheid; nie net in tradisioneel liberalistiese geledere nie maar ook by ander mense wat verkies om polities byderwets te wees. Die Instituut se “track record of opposition to apartheid … was a priceless asset … It gave us a legitimacy for our work in the post-apartheid era ” (4744).

Ek moet aan die begin noem dat ek as konserwatiewe, behoudende mens in talle opsigte nie daarin slaag om by die hede aan te pas nie. Dit is dus vir my moeilik om my te versoen met die huislike opset wat JKB vir homself geskep het. Hy het reeds dekades lank ‘n man as lewensmaat. “Pierre worked at the SABC as a lighting designer and for two years at South African Airways as a cabin steward” (1523). Hulle het in 1971 ontmoet en in 2013 ‘n burgerlike verbintenis aangegaan; dus “getrou”. Hierdie huweliksband is deur die gayregte-aktivis en vigslyer, Edwin Cameron, gelê (1518). Pierre funksioneer as die tuisteskepper wat onder meer die tuin versorg. “Pierre established a magnificent garden in our home” (2993). Hy is blykbaar ook verantwoordelik vir die spyseniering. “When she [Helen Suzman] first came to dinner at our house, Pierre was terrified that something might go wrong” (4764). Die boek is opgedra aan Pierre uit dank vir “providing me with a wonderful home life” (173).

Die JKB-egpaar (“Pierre and I”) het die land en die wêreld deurreis. Die plekke wat hulle besoek het en die onderwerpe waarin hulle belangstel, getuig van kulturele en geestelike diepte. Daarom is hulle nie televisiekykers nie. Van die groot gebeurtenisse wat hulle bygewoon het, is die herdenking na verloop van ‘n eeu van Gustav Mahler (1860-1911) se sterfte in 2011 van 17 tot 29 Mei in Leipzig. Die tien simfonieë en Das Lied von der Erde is deur elf verskillende orkeste uitgevoer (2121). In die konteks van klassieke musiek sal dit seker as een van die grootste gebeurtenisse van die 21ste eeu bekend bly staan. Later vertel JKB hoe hy tydens ‘n besoek aan die Kruger-wildtuin die vroegoggend-ontwaking van die natuurlewe soos ‘n grootse Mahler-simfonie ervaar het waarin die een reeks instrumente na die ander hulle intrede maak en pragtige melodieë voortbring. “Sometimes when we go out early to watch the sun slowly light up the landscape, I’m reminded of an orchestra coming to life instrument by instrument in a Mahler symphony … Finally, as the whole landscape lights up, the entire orchestra comes to life” (5166).

JKB het ses jaar as joernalis by die Financial Mail gewerk en daarna vier jaar lank vryskutwerk as joernalis gedoen voordat hy die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede geword het. Die Instituut is in 1929 met ‘n uitdruklik liberale grondslag gestig. Dit was “the first national multiracial organisation specifically established to promote interracial goodwill and conduct investigations bearing upon race relations” (3600). Die Instituut is “an organisation committed to using research and ideas to bring about reconciliation and change” (3695). In 1952 is bygevoeg dat die Instituut “has been permeated by the principles of Christian living and the values basic to Western civilisation” (3617). Die Instituut is daartoe verbind om bv sowel die Nasionale Party as die ANC te kritiseer. “The ANC, like earlier manifestations of the National Party (NP), is not a pragmatic party but an ideological one” (122). Na Jacob Zuma word daar treffend verwys as ‘n “one-man wrecking ball” (6051).

JKB se pa, wat ‘n prokureur en voorsitter van die Torch Commando was, het die NP verguis. JKB se ma was aan die Black Sash verbonde. Albei sy ouers was lid van die Liberale Party. Reeds in 1960 “the party embraced universal adult suffrage” (1184). JKB merk tereg op: “[South African] whites would never support a universal franchise” (1207) want “to share political power” beteken “[to] abandon control over their own destiny irrevocably” (2906). Desnieteenstaande het FW de Klerk in 1994 ongekwalifiseerde, algemene stemreg in ‘n eenheidstaat mandaatloos aan blankes opgedring. JKB maak gewag van die volgende (tradisionele) waarheid: “Democracy had ‘seldom, if ever, been applied [successfully] in a multiracial society with peoples of varying cultures and different stages of development'” (3622). Maar dan verwag FW de Klerk dat ons vir lief moet neem met ‘n uiterste vorm van demokrasie waarin daar geen groep- of minderheidsregte bestaan nie en etniese tuislande taboe is.

Hoewel hy deels van Joodse oorsprong is (465), het JKB ‘n Anglikaanse skool bygewoon. In 1965 het JKB ‘n Wits-student geword en dikwels die leiding in linkse politiek geneem. “I thought the rise of Black Consciousness was a healthy and necessary development” (907). Hy het hom darem ook vir myns insiens lofwaardige sake, soos universitêre outonomie en akademiese vryheid, beywer. JKB kom met hierdie onverwagte kompliment: “Throughout the apartheid era, South Africa remained an open society. This helped to undermine apartheid” (3810). Deesdae word vrye meningsuiting nie meer op bv universiteitskampusse toegelaat nie.

In breër verband is daar die Menseregtekommissie (MRK), iets wat (afgesien van ‘n sensuurraad) onbekend in die apartheidsera was. Die MRK wil (toenemend) beheer uitoefen oor wat blankes sê en doen. Byvoorbeeld, geykte, alledaagse woorde met besondere seggingskrag mag skielik nie meer gebruik word nie. Onlangs is ‘n blanke vrou met R100 000 deur ‘n “gelykheidshof” beboet oor ‘n enkele woord wat sy geuiter het toe sy hoogs ontsteld oor ‘n grypdiefstal was. Die “slagoffer” ontvang die volle R100 000, waarmee hy darem tevrede is. Dit is hoe ‘n enkele woord van ‘n blanke ‘n swarte in staat stel om bv ‘n motor te koop. Sy moet onvoorwaardelik om verskoning vra en haar boonop aan opleiding in sensitiwiteit onderwerp (Die Burger, 9 Junie, p 5). Anders as in die goeie ou dae hoef geen skade bewys te word nie. Die MRK het hierdie verregaande uitspraak verwelkom. “Die kommissie meen daar is geen omstandighede waarin die k-woord toepaslik kan wees nie” (Die Burger, 10 Junie, p 2). Dit is ongelooflik drakonies en myns insiens loop net blankes gevaar om slagoffers hiervan te wees. In die hoofstroominligtingsmedia is daar geen verontwaardiging oor hierdie soort geregtigheid uitgespreek nie.

Danksy ‘n Rhodes-studiebeurs is JKB van Wits na Oxford University vir ‘n PPE-graad (“philosophy, politics, and economics”). Aan Oxford het hy die wapenverbod en die sportboikot teen Suid-Afrika ondersteun (1413) maar mettertyd darem ekonomiese sanksies teengestaan (2916). In die nuwe Suid-Afrika vervul die Instituut ‘n belangrike rol, bv om te probeer verseker dat die regspleging onafhanklik van die ANC funksioneer. “I made sure that we sprang to the defence of the judiciary, whose ‘collective mindset’ the ANC said it wished to change, while also making judges more accountable to ‘the masses'” (4959). In die ou Suid-Afrika het regsgeleerdes in die akademie hulle bekke vol gehad oor die NP-regering. Kontrasteer dit met wat uiters opvallend in die nuwe Suid-Afrika is: “Legal academia had been silent” (4969). “Although a number of lawyers were picked off by the NP government, the independence of the profession as a whole was not attacked as the ANC was now attacking it” (4989).

Daar is minstens twee politieke opsigte waarin JKB teen my grein gaan. Veral toe hy vryskutwerk gedoen het, is van sy anti-apartheid- en anti-NP-geskrifte in radikaal linkse publikasies soos die Britse koerant, The Guardian, gepubliseer. Hierdie smeerveldtog is dus nie uitsluitlik deur buitelandse joernaliste gevoer nie. Tweedens verwys JKB graag na aspekte van die apartheidsbeleid, bv die verskuiwing van mense van een gebied na ‘n ander (iets wat die ANC-regering ook doen), as “ethnic cleansing” (313, 2194, 2389, 3279, 5486, 5490), wat skandalig oordrewe is. Hy verkies die volgende maklike oppervlakkigheid: “I could see parallels between Nazi Germany and South Africa. The most striking parallel was that of how people could become conditioned over time to accept what they might not immediately be prepared to accept” (1523). “White South Africans had been corrupted by conditioning. Apartheid was the beginning of it” (1539). Waarom nie eerder die begin van apartheid soek by die Britse koloniale beleid van rassesegregasie nie? Die heersende politieke byderwetsheid kan ook as kondisionering beskou word, sodat JKB dan net sowel hierdie ooreenkoms tussen die ANC en die Nazi’s kan uitwys.

Deesdae is die Demokratiese Alliansie (DA) in ‘n sin die opvolger van die Liberale Party (1953-1968). “Although ideologically rather a mess, it [the DA] is the closest thing South Africa has to a liberal voice in Parliament” (1165). Dit val op dat JKB selde na die DA verwys. “The Institute … was always free of alignment to any political party” (3650). “We were one of a few anti-apartheid organisations that never joined the UDF” (3736). “The accusations intensified as we began criticising anti-apartheid organisations for stoking violence in black townships” (3744). Vir JKB is vryheid dié sentrale politieke begrip. Dit lyk asof hy liberalisme in die klassieke sin, soos geformuleer deur bv John Locke (1632-1704), aanhang. “We therefore sometimes described ourselves as ‘classical liberals’ or even as ‘libertarians'” (5644). “Classical liberals … were in the middle: they cherished individual liberty over state power” (5648) – vandaar die titel van die boek. Maar dan was JKB aanvanklik ook hoogs onrealisties idealisties: “There was every reason to suppose that race would simply disappear in the ‘new’ South Africa” (5234). Die ANC se passie het geblyk te wees “retaining race classification under the guise of ‘transformation'” (5249). Met regstellende aksie word dieselfde gedoen (5254).

By geleentheid het JKB so ver gegaan om misdaadverdagtes te help om uit ‘n polisievangwa te ontsnap (2258). Pindile Mfeti het in die argief van die Instituut gewerk. Hy het soms na buurlande gegaan om verbanne organisasies te ontmoet. “He never volunteered any information about these trips and I never questioned him” (2479). JKB se strategie was dus soos dié van Helen Zille. Maar hoekom mag liberaliste sê hulle het nie geweet nie terwyl as NP-ondersteuners dieselfde sê, is dit onaanvaarbaar? Oliver Tambo word dikwels voorgehou as so onskuldig aan geweld soos ‘n ongebore baba, onder meer omdat hy glo voor ete altyd ‘n tafelgebed gedoen het. Toe Tambo oor die barbaarse halsnoermoorde gekonfronteer is, was sy verweer: “The police had started burning people before the ANC did. ‘The ANC disapproves of this but understands how it came about. We will try to dissuade people but the police have been doing it to smear the ANC. I hope it will someday be something of the past, but when it goes the regime will have lost a very powerful weapon against the ANC'” (2897). Dit is soortgelyk aan Thabo Mbeki se vergesogte verweer dat geweld nie ANC beleid is nie. Thabo Mbeki “denied that the ANC was orchestrating violence” (4411). Tambo sal egter nie halssnoermoorde ondubbelsinning veroordeel nie, net soos Mbeki hom nie summier van gewelddadigheid sal distansieer nie. “Alfred Nzo, then general secretary of the ANC, endorsed necklace executions” (4402). Geweld is myns insiens onuitroeibaar deel van die ANC se DNS. “Oliver Tambo, Thabo Mbeki, and others called for violent attacks on local councillors, policemen, homeland ‘puppets’, and so on” (3995). “A party unscrupulous enough to use violence to gain power is likely to be unscrupulous in trying to retain it” (6114).

Kenmerkend van sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika is dat die pers nie genoegsaam die fundamentele boosheid van die ANC aan die kaak gestel het nie. “Although under-reported, and the context often omitted, many of the events on the ground followed what the ANC was urging on Radio Freedom and no doubt also through various underground networks. In May 1985 Thabo Mbeki called for the enemy to be attacked on all fronts and for underground units to spread to every factory, mine, and farm, every school, and every village. Oliver Tambo called for the ‘Pretoria puppets’ in the homelands to be destroyed. A broadcast from Addis Ababa in September that same year called for the people’s war ‘to engulf the entire country’. A broadcast in December 1986 urged the ‘masses’ to use Molotov cocktails, spears, sticks, petrol bombs, and small arms seized from whites. The struggle should embrace rent strikes, bus boycotts, the overthrow of township councils, and the creation of people’s courts. Youth – described as ‘young lions’ – were urged to bring education to a standstill” (4389). Kortom, die ANC was bereid om die land tot in die grond af te breek ten einde die politieke mag te bekom. Kan so ‘n instansie ooit geskik geag word om Suid-Afrika suksesvol te regeer? “The UDF, launched in 1983 with prominent clerics such as Desmond Tutu [and Allan Boesak] among its patrons, had all along assisted the ANC in helping to render black areas ungovernable” (4402).”Liberation theology had helped to sow the whirlwind of violence in the townships” (4588).

Toegewings deur die NP-regering het tot nuwe eise gelei en die regering se posisie en gesag is deurlopend verswak. “It was precisely when a government relaxed oppressive rule that people took up arms against it” (3331). “The Right were not idiots. In fact, they had a clearer understanding of policy than did the mainstream NP. The NP thought they could have everything both ways. The Right knew this was impossible” (3337). Maar regses word deesdae in groter mate as die destydse NP-ondersteuners verdoem omdat die NP aan die ANC die guns bewys het om die land op ‘n skinkbord aan swart mag toe te vertrou.

JKB skryf “many people would oppose enforcing desegregation” (4144). Gedwonge rasse-integrasie is egter sedert 1994 oral aan die orde van die dag. Teen swartes mag nie gediskrimineer word nie; teen wittes wel. Waarom veg JKB nie net so hard teen verpligte rasse-integrasie as teen rasseskeiding/apartheid nie? Albei tas immers die vryheid aan wat hy as liberalis koester. “We … suspected that affirmative action would become a euphemism for racial quotas” (4749). Dit is ‘n baie mak formulering. Regstellende aksie is gewoon ‘n dekmantel vir omgekeerde rassediskriminasie. In die huidige rondte word rassediskriminasie ten koste van blankes en ter bevoordeling van swart swartes (eerder as Asiate en bruines) gepleeg. Ironies was een van FW de Klerk se ideale ‘n nuwe Suid-Afrika wat vry van rassediskriminasie sou wees. JKB skryf: “I never anticipated the extent to which racial policy would come to dominate the post-apartheid South Africa” (5098). Ander De Klerk-ideale wat in skerwe lê, is dat die nuwe Suid-Afrika vry van geweld en kommunisme sou wees.

De Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990 word deur JKB as ‘n “great leap forward” beskryf (4365); nie as ‘n “kwantumsprong” (De Klerk se woord) oor die afgrond nie. “Despite the risks of going the way of Africa, FW de Klerk was right to take the steps he did in February 1990” (6084), waarmee nie noodwendig onderskryf word wat De Klerk na daardie datum gedoen het of nagelaat het om te doen nie. “Although the ANC began talks with the government in 1990 there was no let-up in the people’s war … mass action had to be intensified” (4439). Die vredesikoon (maar eintlik geweldenaar), Nelson Mandela, het immers in sy eerste toespraak na sy vrylating op die Kaapstadse Parade ‘n beroep gedoen om ‘n “intensification of the struggle on all fronts” (4360). In sy dwaasheid het De Klerk nie die ANC verplig om geweld af te sweer voordat onderhandelings begin nie. Die ANC het gevolglik gelyktydig sowel onderhandelings gevoer as geweld beoefen. “Although security forces, along with Inkatha, were involved in violence, Umkhonto was the primary perpetrator” (4449). “Although the ANC accused both De Klerk and Buthelezi of having double agendas in that they were negotiating but also stoking violence, this was true not of them but of the ANC itself” (4637). “The ANC wanted the police out of the townships in order to take control of them … the ANC told the media the police were perpetrating violence” (4498).

Die 1990/94-era was ‘n periode van revolusionêre verandering. Maar dit was bloot die begin van die sogenaamde Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) wat al hoe groter afmetings aanneem. “Although they differ on other issues, this (NDR) is one on which the ANC, Cosatu and the SACP agree … The first component of the National Democratic Revolution is to deploy loyal cadres and party apparatchicks to capture control of as many ‘centres of power’ as possible. The second is to use affirmative action to bring about demographic proportionality in the racial make-up of both public and private institutions. The third is to bring about radical redistribution of wealth, income, and land from white to black on the grounds that all white assets are the proceeds of colonial exploitation and apartheid. The fourth is to win the ‘battle of ideas’ against ‘ultra-leftism’ and ‘neo-liberalism’. The ultimate objectives are to turn South Africa into a socialist and then a communist state. The SACP adopted the National Democratic Revolution in 1962, and the ANC adopted it in 1969” (4994). Die tweede punt hier bo het as bedoeling nie “merely redress for the past, but to impose an entirely new doctrine of demographic proportionality on the country. Cyril Ramaphosa … has said that ‘race will remain an issue until all echelons of our society are demographically representative'” (5258). Daarmee word nie bedoel dat dit net horisontaal moet geld nie maar ook vertikaal: “full demographic representation across all levels” (5305). Byvoorbeeld, die Springbok-rugbyspan sal minstens 80% swart moet wees. Daar is geen maksimum vir swart verteenwoordiging nie en geen minimum vir blanke verteenwoordiging nie. Dit is hoe geregtigheid omvorm/getransformeer is.

Wat JKB deurgaans beklemtoon, myns insiens tereg, is hoe die hoofstroom-inligtingmedia die ANC gehelp het om aan die bewind te kom en hoe daardie media in groot mate steeds versuim om die ANC na behore te kritiseer. “Beeld, for example, had become the most politically correct newspaper in the country” (5623). “The National Democratic Revolution receives scant media attention. This despite the fact that cadre deployment and affirmative action have been implemented throughout the civil service and state-owned enterprises, despite the increasing interventionist powers the state has been assuming for itself, and despite the blurring of the distinction between party and state. When the ANC and the government adopted the National Development Plan at the end of 2012, I suggested that this was the perfect smokescreen under which the organisation’s real agenda, the National Democratic Revolution, could be implemented” (5007). Wat Suid-Afrika alweer dringend nodig het, is “fundamental change” (6092).

Ons het hier by implikasie toenemend met ‘n kommunistiese oorname te make. “Not only has the ANC committed itself to a strategy devised by the SACP, but many members of the SACP are in key positions in the ANC, in the Cabinet, and in Parliament. According to research done for the Institute, possibly as many as 40 per cent of the current three dozen Cabinet ministers and deputy ministers are SACP members” (5020) terwyl baie van die res vatbaar vir kommunisme kan wees.

Waarom het Helen Zille se onlangse opmerkings oor kolonialisme sulke groot opslae gemaak? Onder meer omdat die blanke (insluitende die apartheids-) bewind deur die ANC met ‘n drogredenasie as “colonialism of a special type” beskou word (5020). “This meant that whites became the equivalent of the imperial power and blacks the colony. ‘On this analysis, white wealth is never the result of enterprise but always of exploitation and is therefore illegitimate'” (5030).

Ek verwelkom die Instituut se voortgesette “opposition to affirmative action and black economic empowerment” (5106). “Given the Institute’s history and who we were, the decision to oppose affirmative action and other racial legislation was the most important taken while I was running the organisation” (5258). “Right from the start we took the view that racial discrimination, even if now supposedly designed to promote equality rather than maintain white supremacy, was still wrong in principle” (5289). “A person appointed on merit tends to see a new occupation as an opportunity to perform, whereas a person who enjoys an allocated appointment more easily sees the job as a privilege to be enjoyed” (5418). “If you appoint people on grounds of race and political loyalty and then fail to hold them accountable for failure, there is little incentive for them to do their jobs properly. The critical links between performance and pay, performance and promotion, and performance and pride in your work are broken” (5482).

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) behels drakoniese maatreëls gemik teen blankes ter bevoordeling van swartes, sonder dat swartes teenprestasies hoef te lewer. Soos in die geval van regstellende aksie word swart individue op grond van ras bevoordeel, dus omdat hulle lid van daardie rasgroep is; nie omdat hulle (noodwendig) oor meriete beskik nie. “BEE required white companies to do things for blacks. What was being measured was not black success but white success. This was a strange form of liberation” (5324). “White-owned companies are given ratings for doing things for blacks” (5341). “What are the government’s priorities: making blacks independent or whites compliant?” (5345). Weens SEB die ANC “perpetuate the victim mentality and discourage an enterprising spirit. They also encourage a debilitating sense of entitlement” (5349). Toe die NP-regering van 1948 af Afrikanersakemanne aangemoedig het, het dit nie ten koste van Engelse en Joodse ondernemings geskied nie. In die geval van SEB kan boetes en selfs tronkstraf opgelê word as sake-ondernemings nie voorgeskrewe voordele aan swartes verkwansel nie (5367). Die doelpale van daardie voordele word periodiek verskuif ten einde blankes toenemend te verarm en swartes (dikwels prestasieloos) al hoe meer te verryk.

JKB kan nie daarvan beskuldig word dat hy polities byderwets by die nuwe politieke bedeling ingeval het nie. In sy kritiek op die ANC mis ek egter die venyn wat sy aanvalle op apartheid en die NP gekenmerk het. Ná 1990 doen hy ook nie in dieselfde mate as destyds moeite om in die buiteland Suid-Afrikaanse wantoestande aan die kaak te stel nie. Uiteraard is die buitelandse belangstelling in Suid-Afrika tans veel minder as voorheen. Polities byderwets word wit vergrype meesal erger as swart vergrype beskou.

Anthea Jeffery, ‘n navorser by die Instituut, het in 1999 bekendheid verwerf met haar uitstekende boek, The truth about the Truth Commission. Benewens daardie boek sal ek die Instituut altyd dankbaar bly vir die publikasie van twee boeke deur Jeffery wat twee onderwerpe myns insiens beter as enige ander bronne toelig. Ek verwys na haar boeke, People’s War: New light on the struggle for South Africa (Johannesburg: Jonathan Ball, 2009, 634p; Amazon Kindle $11,39) en BEE: Helping or hurting? (Cape Town: Tafelberg, 2014, 507p; Amazon Kindle $19,94). Jeffery se boeke het my van die fundamentele boosheid van die ANC oortuig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    “Beeld, for example, had become the most politically correct newspaper in the country” – 🙂 Tussen 1980 en 2017 strek 37 jaar. ‘n Baie lang tyd om dit te besef.

    “Ná 1990 doen hy ook nie in dieselfde mate as destyds moeite om in die buiteland Suid-Afrikaanse wantoestande aan die kaak te stel nie. Uiteraard is die buitelandse belangstelling in Suid-Afrika tans veel minder as voorheen. Polities byderwets word wit vergrype meesal erger as swart vergrype beskou.” – Soos ek by verskeie ekonomiese webwerwe gekyk het, maak die Suid-Afrikaanse ekonomie wêreldwyd nie ‘n speldeprik uit nie, en is daarom nie belangrik nie. Hierdie speldeprik was nooit groter nie. Kyk mens na die koerante, word ons voorgehou as hierdie wêreldreus. Bowendien: Gister lees ek nog hoeveel Amerikaners dink daar is blywende vrede post-Mandela.

    • Dit is al genoem dat selfs die Boere-Afrikaner se kop so gesmokkel is met politieke korrektheid (PK) dat selfs “regs” al gematigd tot liberaal reageer (of natuurlik en eenvoudig glad nie reageer nie!) Dit is verbasend wie nie al binne SA en Afrikaner geledere toegelaat is om ons koppe so te smokkel nie, – of dit nou d.m.v. akademiese instansies, die JEB (JSE), Reserwebank, Instutuut vir Rassevehoudings of ander hoogs aangeskrewe en onbevraagtekende instansies is. Iewers gaan die konserwatiewe en ongekunstede Afrikaner ‘n beter en meer onderskeidende kopppelvlak met die werklike en brutale wereldomgewing rondom ons moet skep. Dit is na mening ‘n dringende noodsaaklikheid.

  • Vicky

    Kane Berman se lojaliteite lê by sy (((stam))) dit is nie aan enige politiese ideologie gebonde nie.

  • sussie se vissie

    n Tapytkyker so reguit uit La cage aux Falles as kan kom.

  • Rooikop

    “‘n Mens kan oor jou lewensloop skryf bv om self sin daarvan te probeer maak of omdat jy dink die inligting is die moeite werd om aan andere mee te deel.” – Enige iemand wat dink dat sy lewe die moeite werd is om met andere te deel is vir my die kroon van narsissisme, die toppunt van “jakkals prys sy eie stert”.

    • Suidpunt

      Hierdie kommentaar van my sal die eerste keer wees wanneer ek met Rooikop verskil.

      Outobiografieë is belangrik in die opsig as jy al jou foute uitwys, hoe jy probleme opgelos het, die omstandighede waar dinge plaasgevind het, deure wat oopgegaan en toegebly het, indrukke. Giere en geite. Met M.E.R. se outobiografie van 1975 het ek uitgevind wie “toebroodjie” uitgevind het – sy self. Tot dusver kon ek geen dokument opspoor wat die stelling in twyfel trek nie. Dit is juis oor die gebrek aan dokumente waaroor ons moet praat.

      Ek probeer waar moontlik self dagboeke byhou. Dit dien teen eerste as alibi. Ek sou eintlik voorstel ALMAL (ja, al 7 miljard mense) moet ‘n outobiografie skryf, want wat anders laat jy na jou dood agter? Daar is geen bewyse van jou bestaan nie. Jy was slegs ‘n suurstofd _ _ f. Soos jou voorgangers van eeue tevore. Die onsin wat vandag deur politici geskryf word, word môre in wetenskaplike artikels vir die waarheid voorgehou. Die een “onsin” van Jan Pleb kan gelukkig die politieke “onsin” uitskakel.

      Rooikop, ek stel voor jy begin jou lewensverhaal neerpen. Vandag is 24 Junie 2017.