Leon Lemmer: Birobidzhan, die Joodse tuisland in Rusland

Birobidzhan

Dit is nie algemeen bekend nie dat daar sedert 1934 ‘n selfregerende Joodse gebied (“oblast”) in die verre ooste van Rusland aan die grens met China is. Hier moet Kosakke* die Chinese buite probeer hou. Die eerste Joodse setlaars het in 1928 daar aangekom, deur bv armoede uit die Oekraïne en Belarus gedryf. Die naam Birobidzhan is ‘n samevoeging van die name van twee plaaslike riviere, die Bira en die Bidzhan. Hierdie dorp is in 1937 gestig en het die hoofstad geword. Die oblast word gewoonlik Birobidzhan genoem maar die naam van die hele gebied, 36 000 vierkante kilometers groot, is eintlik Yevreyskaya. Die hoofstad het om die spoorwegstasie Tikhonkaya** gegroei, wat in 1912 as deel van die Transsiberiese spoorlyn gebou is. Aanvanklik was daar geen behoorlike toegangspaaie nie. [* “Kosak” is ‘n Turkse woord vir “lid van ‘n krygshaftige Suid-Russiese volkstam, veral beroemd as ruiters” (HAT). ** Tikhonkaya beteken letterlik “‘Little Quiet One,’ which was someone’s polite way of saying ‘godforsaken'” (Gessen, bron hier onder, Kindle 860).]

Die hoofstad lê aan die Bira-rivier, ‘n tak van die Amoek-rivier. Dit is ‘n hoogs bergagtige gebied met moerasagtige valleie wat as onherbergsaam en met muskiete besmet, beskryf word. Dalk verduidelik dit waarom hierdie terrein as ‘n Joodse tuisland verklaar is; “it’s so far away from everything” (1571) en “Jews were effectively exiled and tied to this land at the end of the earth” (1652). Ander etniese groepe in Rusland, asook in die destydse Sowjetunie, het geografies beter grondgebiede gekry, bv die Tatarstan-republiek, waar ongeveer die helfte van die inwoners Moslems is, met Kazan as die hoofstad.

Afrikaners wat ‘n tuisland begeer, kan in die voorbeeld van Birobidzhan belangstel. As inligting daaroor op die internet nagegaan word, is daar egter talle teenstrydighede, so asof werklik betroubare eerstehandse inligting skaars is. Ek het dit dus verwelkom toe Masha Gessen se boek, Where the Jews aren’t: The sad and absurd story of Birobidzhan, Russia’s Jewish autonomous region (New York: Schocken, 2016, 192p; Amazon Kindle $15,95), onlangs gepubliseer is. Gessen is in Rusland gebore maar het as tiener in 1981 saam met haar ouers na Amerika geëmigreer. Die boek het in die reeks Jewish Encounters verskyn, “a project devoted to the promotion of Jewish literature, culture, and ideas” (3). Wat ook opval, is dat die outeur nie net Joodsheid nie, maar ook haarself soms tussen die leser en die onderwerp plaas, bv sy verwys na “my partner and … three kids … The parliament was discussing ways to remove children from LGBT [lesbian, gay, bisexual, transgender] families” (236).

“I lived in the United States until I was in my mid-twenties, then returned to Moscow – first as an American reporter, an outsider, but gradually turning native again. When I wrote the first draft of this book, in 2010, I was raising two children in Russia, a country whose Jewish culture had been virtually erased … The virulent anti-Semitism I remembered from my childhood was gone … When should the Jews stay put and when should the Jews run? How do we know where we will be safe? Does departure ever signal cowardice?” (222). In Desember 2013 is Gessen terug na Amerika (236). “This time, the choice did not have to do with being Jewish: the Kremlin had unleashed a campaign against gays, and my partner and I happened to be that, too” (236).

Gessen het bevind dat die Russe polities onbetroubaar is. Die keersy is dat sommige Jode in baie lande, bv Suid-Afrika, hulleself insgelyks as polities onbetroubaar bewys het. Die Jode is met ‘n tuisland in Rusland vergoed vanweë “their perceived support of the Bolsheviks and disloyalty to the czar” (519). Maar dit het nie alle Jode gegeld nie. Die bolsjewistiese regering het dadelik begin met “the process of putting its Jewish house in order, screening out the Zionists and the Hebraists for their predominantly anti-Bolshevik stand and pulling the Yiddishists into the fold” (572). In bv Amerika word politieke verdeeldheid steeds by Jode aangetref. Sommige is bv kommunisties of liberalisties terwyl ander konserwatief of regsgesind is.

Daar is opsigte waarin die Jode my aan Afrikaners herinner, bv dat hulle ‘n minderheidsgroep is in al die lande (behalwe Israel), dat hulle gehaat word en dat daar teen hulle gediskrimineer word. Byvoorbeeld, in Rusland, “Jews faced extreme hurdles gaining admission to universities and obtaining jobs; the study of Hebrew and most forms of Jewish communal life were criminalized” (134). Die posisie van Afrikaners en Afrikaans is tans nie veel beter nie. Gessen noem dat Amerika, Kanada en Australië asiel aan Russiese Jode verleen, maar “the countries of Western Europe were not giving out visas to Jews fleeing Russia” (140). Dit maak dit des te meer absurd as Europa eerder Moslem-inkommers toelaat.

“The Jewish writers who grew up in the Russian Empire at the turn of the twentieth century were steeped in many living languages. Hebrew was the language of their studies and, for many of them, of their wildest dreams. Yiddish* was the language of their homes and, more often than not, their streets. It also turned out to be the best language for describing what went on and what was said, sung, and felt in those streets. Russian was the language of higher education and secular discussion” (327).

[* Jiddisj: “Taal van baie Jode, met ‘n woordeskat ontleen aan Duits, Balto-Slawiese dialekte en Hebreeus; Jode-Duits” (HAT). Jiddisj word nie as ‘n variant van Duits gepropageer nie. Insgelyks behoort die mengeltaal Kaaps nie as ‘n variant van Afrikaans erken te word nie. Maar dit is presies wat bv die Afrikaanse Taalraad, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument asook die ATKV polities korrek doen en die gedrukte Afrikaanse koerante sing dieselfde deuntjie. Kaaps normaliseer die besoedeling van Afrikaans met Engelse woorde en uitdrukkings en bevorder die ondergang van Afrikaans. In “The last lesson” (beskikbaar op die internet) skryf Alphonse Daudet (1840-1897): “When a people are enslaved, as long as they hold vast to their language it is as if they had the key to their prison.” Dié Daudet-teks kan Afrikaanslojaliste tot trane beweeg en hulle aanspoor om die hanskakies te verdoem wat Afrikaans in ons skole en aan ons universiteite en elders vernietig.]

Die bolsjewistiese staat het in 1917 tot stand gekom. “Soon after coming to power, the Bolshevik government adopted a strategy of trying to harness nationalism to preserve the empire rather than pull it apart – by granting each self-identified ethnic group a form of autonomy, ranging from a national village soviet at the bottom to a national republic at the top” (810). “The Russian Empire would be reconstituted as a federation of national autonomies – a Jewish autonomy, one among many, for the Jews, after centuries of discrimination and decades of pogroms, would finally be treated like any other ethnic group” (188). Verskeie Joodse nedersettings in die vorm van kollektiewe plase het met die geldelike ondersteuning van Amerikaanse Jode in die Krim-skiereiland en in Suid-Oekraïne tot stand gekom (810).

Die Jode sou in Birobidzhan sosiale en kulturele outonomie verkry, “which would include education in a Jewish language [and] community self-rule” (379). Maar daar was beperkings. Jode sou toegelaat word om hulle kulturele erfenis uit te leef maar grootliks sekulêr. Judaïsme* en Sionisme** was nie vir Josef Stalin (1879-1953, diktator sedert 1928) aanvaarbaar nie. Judaïsme het teen die staats-ateïsme ingedruis en Sionisme teen Russiese nasionalisme. [* Judaïsme: “Godsdienstige leer en instellings van die Jode” (HAT). ** Sionisme: “Oorspronklik, strewe van, beweging onder die Jode om hul eie staat in Palestina te stig, en tans [sedert 1948] om hierdie staat te ontwikkel” (HAT).]

“In the late 1920s and early 1930s, tens of thousands of Jews moved to Birobidzhan, chased from the shtetlach* by poverty, hunger, and fear. They were enticed to come, greeted upon arrival, and written about breathlessly by a small group of intellectuals who envisioned building a country like no other: a home forged by the Jews for the Jews, a place where the Jews worked the land, a place where the Jews had nothing to fear but the cruel climate and the Siberian tiger. They envisioned turning Yiddish, the ‘jargon’ of their households, into the universal language of secular Judaism … In the 1930s, Yiddish was, briefly, the unofficial state language of Birobidzhan. The short period of state-building ended in the mid-1930s with arrests and purges of the Communist Party and the cultural elite … The Birobidzhan project went silent” (195). Dit verwys veral na Stalin se “great purge” van 1936-1938 weens sy “newfound fear of foreigners” (1217). [* Shtetlach: “A small Jewish town or village in Eastern Europe” (The Free Dictionary).]

“Following the Second World War [1939-1945], Russia was the only European country whose Jewish population numbered not in the hundreds or even thousands but in the millions” (188). Birobidzhan het toe “a new influx of Jews” ervaar, maar “another wave of arrests swept through Birobidzhan in the late 1940s” (209). Jode is toe eerder na Siberië verband as na Birobidzhan gestuur. Dit was ‘n terugslag vir die Jode in vergelyking met Stalin se houding tydens die Tweede Wêreldoorlog toe hy kon staatmaak op die steun van die Jode teen die Nazi’s. “The Jews [were] no longer needed to organize international support for the war effort; in the new postwar disposition they had become more suspect than they had ever been before … with the founding, in 1948, of the State of Israel, the Jews, in Stalin’s eyes, became, like the other minority nations of the Soviet Union, potentially allied with a foreign power. They became internal enemies” (1530). “Of the roughly five million Soviet Jews, half had been murdered; perhaps as many as half of the rest had been displaced” (1543).

Gessen het Birobidzhan blykbaar slegs ‘n enkele keer vir enkele dae in 2009 besoek. Sedertdien het sy gesukkel om vorm en inhoud aan die teks te gee, met weglating van baie van die inligting wat op die internet beskikbaar is. ‘n Duidelike beeld en begrip van Birobidzhan kristalliseer nie. Vir die leser is dit moeilik om van die inligting in die aanvangshoofstukke in verband met Birobidzhan te bring, bv wat sy wydloping oor Simon Dubnow (1860-1941), David Bergelson (1884-1952) en judaïsme geskryf het. Dubnow het “secular Judaism as the basis for national identity” voorgestaan. Gessen voeg by: “I recognized [it] as the foundation of my own Jewishness” (343). Dubnow het verduidelik: “We aim only to negate the supremacy of religion, but not to eliminate it from the storehouse of national cultural treasures” (365). Dit lyk asof die outeur gesukkel het om die karige (nuwe) inligting wat sy oor Birobidzhan versamel het tot boeklengte aan te dik. Die teks vloei nie. Van haar kan gesê word, sy “not only spoke with an accent, but also wrote with one” (321).

“My Soviet documents specified that, regardless of my citizenship, my ‘nationality’ was Jewish” (350). Vir Afrikaners kan dit ‘n handige onderskeid wees: dat ons Suid-Afrikaanse burgerskap het, maar dat ons nasionaliteit Afrikanerskap is. Dubnow het van die Jode gesê (en dit geld ook Afrikaners): “They had no trappings of a nation – only the essence of one” (350) en daarna geskryf: “When a people loses not only its political independence but also its land, when the storm of history uproots it and removes it far from its natural homeland and it becomes dispersed and scattered in alien lands, and in addition loses its unifying language; if, despite the fact that the external national bonds have been destroyed, such a nation still maintains itself for many years, creates an independent existence, reveals a stubborn determination to carry on its autonomous development – such a people has reached the highest stage of cultural-historical individuality, and may be said to be indestructible, if only it clings forcefully to its national will. We have many examples in history of nations that have become despersed among other nations. We find only one instance, however, of a people that has survived for thousands of years despite dispersion and loss of homeland. This unique people is the people of Israel” (350). Dit is inderdaad ‘n buitengewone en moontlik unieke prestasie, hoewel ondertrouery en assimilasie ook by die Jode voorgekom het en steeds voorkom. Ek wens ek kon dieselfde mate van onvernietigbaarheid en nasionale wil aan Afrikaners toedig en dieselfde hoop dat Afrikaners plaaslik, asook ons diaspora* in ander lande, as Afrikaners sal voortbestaan. My waarnemings dui eerder op die teendeel. Byvoorbeeld, dink aan die Afrikaners in Argentinië wat binne enkele geslagte Spaans en selfs Rooms-Katoliek geword het. [* Diaspora: “Verstrooiing, nie saamwoon met geloofsgenote” (HAT).]

Bergelson het hom by die kommuniste geskaar: “He realized that he was already a prisoner of Soviet reality” (1491). Terselfdertyd het hy alles moontlik gedoen om die belange van die Birobidzhan-tuisland vir Jode te bevorder, hoewel hy hom nooit self daar gevestig het nie. Hy was teen die Sioniste en hulle vooropstelling van Hebreeus gekant omdat hulle “no use for Yiddish” gelaat het nie, terwyl hy sy werke in hierdie “endangered language” geskryf het (721). Bergelson was ontsteld oor die onverskilligheid van baie Jode jeens hierdie tuislandprojek (wat herinner aan talle Afrikaners se huidige houding jeens bv Orania): “Jewish communities in Russia decide that there are no longer Jews in the world.” “He accused Soviet Jews of ‘scratching off their own Jewishness until blood starts to run'” (620, 1363). Dit is soos sommige blanke Afrikaanssprekendes wat deesdae om die dood nie as Afrikaners geïdentifiseer wil wees nie, maar as Suid-Afrikaners, Afrikane en wêreldburgers.

Soos Dubnow is Bergelson deur die Stalin-bewind vermoor weens hulle vermeende “Yiddish nationalist conspiracy” (1797), omdat hulle gedink het “Birobidzhan, and not the Soviet Union, is a homeland for Jews” (1810). Hulle het gedink Birobidzhan sou ‘n Joodse republiek word. Om by ‘n owerheid te kruip, is nie altyd lonend nie. “Russification” het oorgeneem en “Yiddish was abolished as the primary language of instruction” in Birobidzhan (1870), soortgelyk aan die verengelsing en afrikanisering wat in Suid-Afrika ervaar word. Na hulle aankoms in Amerika in 1981 wou Gessen se ouers ook enigiets behalwe Jode wees: “All my parents wanted was the option, finally, of not being Jewish” (2384).

In 1930 was daar sowat 30 000 Jode in Birobidzhan, ‘n kwart van die bevolking. In 2009 was daar volgens Gessen slegs 4% Jode, “four times the percentage of Jews in the general population of the Soviet Union. In absolute figures, that was about nine thousand” (2302). Op die internet word die getal Jode in Birobidzhan in die 2010-sensus egter as 1628 of ongeveer 1% aangegee. Sedertdien het hierdie getal verder verminder. Enersyds was daar ondertrouery, maar die hoofoorsaak by verre vir die afname in die getal Jode is emigrasie na Israel en Westerse lande in die na-Stalin-era.

Die vestiging van Jode in Birobidzhan in die 1920’s en 1930’s herinner in verskeie opsigte aan die vestiging van die Britse setlaars in die Oos-Kaap ‘n eeu vroeër, in die 1820’s. In albei gevalle is die invoer van vreemdelinge skepties deur die plaaslike bevolking bejeen. Albei moes, sonder dat hulle dit vooraf besef het, as buffer teen vyande dien; teen die Chinese in Rusland en teen die swartes in die Oos-Kaap. Albei immigrante-bevolkings was aanvanklik veronderstel om te boer terwyl die meeste van hulle geen ondervinding van boerdery gehad het nie en die terrein ongeskik daarvoor was. In albei gevalle het baie van die immigrante eerder begin om hulle vorige beroepe te beoefen. Ander het moed opgegee en teruggekeer vanwaar hulle gekom het, bv die Britse setlaar Thomas Pringle (1789-1834) wat in 1826 na Brittanje teruggekeer het. Albei groepe is aanvanklik in tente gehuisves. In albei gevalle is die eerste oeste deur vloede vernietig. Daar was tiere in Rusland en luiperds in die Oos-Kaap, wat veeboerdery bemoeilik het. Albei het kleihutte of -huise gebou om in te woon. Anders as in Rusland is talle setlaars in die Oos-Kaap deur swartes uitgemoor en hulle eiendom vernietig. Daar is ‘n pragtige nuwe boek oor die Britse setlaars beskikbaar, Ralph Goldswain se Roughing it: 1820 settlers in their own words (Cape Town: Tafelberg, 2016, 208p, R285; Amazon Kindle $20,85). Baie van hierdie setlaars het na groot ontberings voortreflike landsburgers geword. Dit grief my dat hulle positiewe nalatenskap deesdae vertrap word deur Algoabaai en die metropolitaanse gebied Nelson Mandela-baai te noem. Selfs die plaaslike universiteit dra die Mandela-naam terwyl hy eintlik niks in en op hierdie gebied tot stand gebring het nie. ‘n Ander boek van Ralph Goldswain is The chronicle of Jeremiah Goldswain (30 Degrees South Publishers, 2015, 328p; Amazon Kindle $11,39).

Gessen noem Birobidzhan “perhaps the worst good idea ever” (147). Maar iets vergelykbaar hiermee word nie eens aan Afrikaners gegun nie. Volgens al die politieke partye wat in die parlement sitting het, mag daar nie so iets soos ‘n Afrikanertuisland of -volks- of -nasiestaat bestaan nie. Dit is sonder meer as ‘n onding verklaar. Nie-behoort, nie-tuisvoel, tuisteloos wees, is ons voorland. ‘n Klein groepie blanke Afrikaanssprekendes het in 1990/94 die grondslag vir ons huidige onverkwiklike situasie gelê. Soos Dubnow dit met verwysing na die Jode gestel het (1327):

“Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ‘n onbewoonbare land” (Deuteronomium 32:10).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Satan

    Kuberkultuur en Kuberstaat: ‘n Soort “Afrikanerkuberstaat” is besig om te ontwikkel. Dis die eerste hoe-kultuur kuberstaat op aarde en in die geskiedenis.
    Religie en gepaardgaande politieke filosofie: Een of ander goed deurdagte natuurlik-wetenskaplike “Christelike” tradisionele tipe en nuttige Afrikanereligie moet nog gefinaliseer en bemark word in die toekoms, in en deur die kuberruimte natuurlik. Daardie Evangelie is nog nie gesagvol geskryf nie. Dit sal nog later kom, maar dis ‘n nodige kuberprojek wat in wording is.
    Dit gaan ook die eerste hoe-kultuur kuber-religie of aarde wees. Nogal uit Afrika,
    ‘n Goeie gesagvolle religie is soos kos. Op lang duur kan die Kultuursiel en ‘n realistiese kuberstaat nie daarsonder.
    Afrikaner-religie gebruikerspesifikasies:
    Histories-Tradisioneel-Christelik (Christelik = polities)
    Rasioneel-Wetenskaplik (moet prakties nuttig en futuristies akkuraat wees)
    Elemente van mistiek en ‘n mate van charisma (meeste Afrikaners, selfs mans, kannie lekker daarsonder leef nie)
    Oulike sigbare simbole en monumente (sien is glo)
    Tydloos en onbetwisbaar Gesagvol (lekker uitdaging vir die slimmes hierdie een)
    Uit Afrika, maar tog klassiek kultureel-Westers
    Standaard Afrikaanse tekste o.a. Bybelboeke van Voortrekkers.
    Afrikaanse Profete, Priesters, Apostels, Predikante ensovoorts.
    Briljante bemarking
    Volgens Gereformeerde belydenis: Hoe openbaar God himself aan die volk?
    Antwoord: deur Skriftuur en Natuur.
    En wat hulle vergeet het om by te se:
    Beide Skriftuur- en Natuuropenbaring kom deur Kultuur. Hoe Kultuur skep, ere aan God ingesluit.

  • Ou Transvaal

    Daar is baie Afrikaner-wereldburgers maar ek het nog nooit ‘n Boer (nie-landbouer) ontmoet wat se dat hy ‘n wereldburger is nie ……dit spreek boekdele.
    Wat die Jode aan betref , hoe verder hulle van my Volk wegbly , hoe beter !

  • Rifrug

    “Maar dit het nie alle Jode gegeld nie.”

    ‘Maar dit het nie vir alle Jode gegeld nie.’

    • Hans Onrust

      zeg Rifrug, in de 12 e alinea staat : “Jode is toe eerder na Siberië verband as na Birobidzhan gestuur.”
      Is dat woord verband goed Afrikaans of moet dat verban wezen ?

      • Rifrug

        Jy is reg, Hans. Ek dink ook die woord moet eerder ‘verban’ wees.

        • Hans Onrust

          Eigenlijk wil ik graag voorgedragen worden voor een prijs voor, hoewel hortend en stotend, aanhoudende pogingen tot het leren van Afrikaans.
          Kan de zogenoemde Afrikaanse Taalraad daar niet eens op worden geattendeerd ? 😉

  • Hans Onrust

    “Gute Nacht Freunde,
    es ist Zeit fúr mich zu gehen.
    Was ich noch zu sahe hätte
    dauert eine Zigarette,
    und ein letztes Glas….”
    Naar Reinhard Mey voor wat muzikale begeleiding tijdens het lezen. In half Yiddisch 😉 : https://www.youtube.com/watch?v=1x0q1Gdiph0

    Kosakke zijn moslims en waren ook lijfgarde van Nicolaas II.
    Onder Stalin zijn ook talloze Kozakken en tot 2x toe Tjetsjenen !, in 1944 onder Lavrenti Beria, uitgemoord en gedeporteerd.

    “Ander etniese groepe in Rusland, asook in die destydse Sowjetunie, het geografies beter grondgebiede gekry, bv die Tatarstan-republiek, waar ongeveer die helfte van die inwoners Moslems is, met Kazan as die hoofstad.”
    Volgens Alexander Solzhenitsyn werden onder Lenin beul Felix Dzerzhinsky, die na zijn dood in 1926 werd opgevolgd door massamoordenaar Genrikh Yagoda, miljoenen Christenen vermoord en gedeporteerd.
    Wordt de hemel of hiernamaals of zo u wilt ‘de eeuwige jachtvelden’ of de dood, hier als beter grondgebied bedoeld ?

    “my partner and … three kids … The parliament was discussing ways to remove children from LGBT [lesbian, gay, bisexual, transgender] families”.
    Dus lesbische stellen konden wel 3 kinderen adopteren ? Rusland heeft zo’n tien jaar geleden overwogen om geen adoptie van kinderen meer toe te staan naar de VS. Omdat er enkele gevallen van zware verwaarlozing opdoken.
    De adoptie industrie is wereldwijd een zeer twijfelachtige. Zelfs links Nederland begint nu sinds 2016 een ander geluid te produceren aangaande adoptie omdat er aan alle klanten teveel misstanden uit voortkomen.

    “When should the Jews stay put and when should the Jews run?”
    Is er geen andere keus ?

    “This time, the choice did not have to do with being Jewish: the Kremlin had unleashed a campaign against gays, and my partner and I happened to be that, too”
    Oh, ik weet niet of KGB beul en massamoordenaar en Genocidepleger Beria, die zijn schandknapen liet castreren, ‘gay’ was. Kan een pedoraster ook ‘gay’ en van de ‘Gaystapo’ zijn ?

    “Gessen het bevind dat die Russe polities onbetroubaar is. Die keersy is dat sommige Jode in baie lande, bv Suid-Afrika, hulleself insgelyks as polities onbetroubaar bewys het.”
    Ja, in de SU bleef het dus niet bij onbetrouwbaar maar werd een doorlopende industriële Genocide geweldsorgie geleid.

    “Die Jode is met ‘n tuisland in Rusland vergoed vanweë “their perceived support of the Bolsheviks and disloyalty to the czar” (519). Maar dit het nie alle Jode gegeld nie.”
    90% van het 1e Politbureau was Joods en de rest was getrouwd met een Jodin.

    “the process of putting its Jewish house in order, screening out the Zionists and the Hebraists for their predominantly anti-Bolshevik stand and pulling the Yiddishists into the fold”
    o.a. Beria sprak in prive kring Yiddish met de kinderen van Stalin.

    …..maar “the countries of Western Europe were not giving out visas to Jews fleeing Russia” (140). Dit maak dit des te meer absurd as Europa eerder Moslem-inkommers toelaat.”
    De ene hand vult de andere. Lees Wolfgang Gedeon ‘Der grüne Kommunismus , und der Diktatur der Minderheiten’ erop na. Beter en nauwgezetter en duidelijker omschreven kan het niet.
    De ZentralRat der Juden heeft er in elk geval geen probleem mee dat er sinds 2015 nog eens miljoenen moslims ONDEMOCRATISCH naar binnen worden gelogen. Tegen de wil van het Germaans Duitse volk en overige Europese volken.

    “Yiddish* was the language of their homes and, more often than not, their streets.”
    Klopt, de ‘Ashkenazi’ kwam vanuit het Rijnland opde grens met Frankrijk richting Polen en Rusland.

    …..”by granting each self-identified ethnic group a form of autonomy, ranging from a national village soviet at the bottom to a national republic at the top”
    Geen multi culti maar multi etnisch. Maar wel onder een Joods Politbureau etc.

    “Verskeie Joodse nedersettings in die vorm van kollektiewe plase het met die geldelike ondersteuning van Amerikaanse Jode in die Krim-skiereiland en in Suid-Oekraïne tot stand gekom (810).”
    Trotsky en Lenin kregen ter ondersteuning van de ‘russische revolutie onbeperkt $’s van o.m. Wallstreet bankster Jacob Schiff. Was te vergelijken met de latere gigantische materiële en financiële steun tegen de Duitsers tijdens WOII.

    “Die Jode sou in Birobidzhan sosiale en kulturele outonomie verkry, “which would include education in a Jewish language [and] community self-rule” (379). Maar daar was beperkings. Jode sou toegelaat word om hulle kulturele erfenis uit te leef maar grootliks sekulêr. Judaïsme* en Sionisme** was nie vir Josef Stalin (1879-1953, diktator sedert 1928) aanvaarbaar nie. Judaïsme het teen die staats-ateïsme ingedruis en Sionisme teen Russiese nasionalisme. [* Judaïsme: “Godsdienstige leer en instellings van die Jode” (HAT). ** Sionisme: “Oorspronklik, strewe van, beweging onder die Jode om hul eie staat in Palestina te stig, en tans [sedert 1948] om hierdie staat te ontwikkel” (HAT).]”
    Beslist door Joden.
    Bobby Fischer, later ook in de vrije wereld de dood ingejaagd zag het zo : “First of all, we have to understand what communism is. I mean, to me, real communism, the Soviet communism, is basically a mask for Bolshevism, which is a mask for Judaism”.
    En dan dit : Lenin, whose maternal grandfather, Israel Blank, was Judaic, said that Judaics made the best revolutionaries: “The clever Russian is almost always a Jew or has Jewish blood in him.” (Dmitri Volkogonov, Lenin: A New Biography, p. 112). Lenin was both clever and a revolutionary. He was surely referring to himself.

    “In the late 1920s and early 1930s, tens of thousands of Jews moved to Birobidzhan, chased from the shtetlach* by poverty, hunger, and fear. They were enticed to come, greeted upon arrival, and written about breathlessly by a small group of intellectuals who envisioned building a country like no other: a home forged by the Jews for the Jews, a place where the Jews worked the land, a place where the Jews had nothing to fear but the cruel climate and the Siberian tiger. They envisioned turning Yiddish, the ‘jargon’ of their households, into the universal language of secular Judaism … In the 1930s, Yiddish was, briefly, the unofficial state language of Birobidzhan. The short period of state-building ended in the mid-1930s with arrests and purges of the Communist Party and the cultural elite … The Birobidzhan project went silent” (195). Dit verwys veral na Stalin se “great purge” van 1936-1938 weens sy “newfound fear of foreigners” (1217). [* Shtetlach: “A small Jewish town or village in Eastern Europe” (The Free Dictionary).]”
    De ‘grote zuiveringen’ dus tegen de Joden gericht ? Dat is ronduit belachelijk en een affront jegens de nabestaanden van de miljoenen slachtoffers.

    “Jode is toe eerder na Siberië verband as na Birobidzhan gestuur.2
    Solzhenitsyn maakt, op basis van eigen ervaring, aan slachtoffer kant melding van een enkeling.

    “Dit was ‘n terugslag vir die Jode in vergelyking met Stalin se houding tydens die Tweede Wêreldoorlog toe hy kon staatmaak op die steun van die Jode teen die Nazi’s. “The Jews [were] no longer needed to organize international support for the war effort; in the new postwar disposition they had become more suspect than they had ever been before …”
    Tijdens WOII kon bv. Beria inderdaad voor de massamoord op Poolse militairen in Katyn zorgen.
    Maar wordt hier nu net, tegen alle feiten in, gedaan alsof Joden vòòr 1941 geen leidende rol hadden in de SU ?

    ….”with the founding, in 1948, of the State of Israel, the Jews, in Stalin’s eyes, became, like the other minority nations of the Soviet Union, potentially allied with a foreign power. They became internal enemies” (1530). “Of the roughly five million Soviet Jews, half had been murdered; perhaps as many as half of the rest had been displaced” (1543).”
    Er waren al handenvol top Joden uit de politieke vermoord. What goes around comes around.
    Maar dat hier niet wordt beweerd dat er 6 miljoen zijn vermoord sinds 1945, valt nog mee……

    “My waarnemings dui eerder op die teendeel. Byvoorbeeld, dink aan die Afrikaners in Argentinië wat binne enkele geslagte Spaans en selfs Rooms-Katoliek geword het”
    Dat zal de 2 miljoen Joden aldaar niet gebeuren nee. Maar dat is in dubbele betekenis een andere orde van grootte.
    Buiten Israel en de VS heeft Argentinië de meeste Joden, en wat zich zo laat noemen, in huis.

    • leonlemmer

      Hans, dankie vir jou altyd uitstekende, ingeligte kommentaar. Toe ek hierdie teks geskryf het, het ek verwag dat daar goeie kommentaar van jou sou kom.

  • Suidpunt

    “When a people are enslaved, as long as they hold vast to their language it is as if they had the key to their prison.”

    Ek hou nie juis van die slawe-mentaliteit nie, maar binne die konteks van die artikel is dit seker te verstane.

    Die aanhaling herinner my aan die storie van die apie wat met ‘n uitgeholde kalbas en pitte gevang is. Hy wou nie die pitte los om sy poot uit die kalbas te bevry nie – die boer het gekom en die apie is vrekgeslaan. Die staat kan ‘n taal juis gebruik om mense in ‘n rigting te dwing – om hulle aandag van iets anders af te lei.

    Ek vind bogenoemde aanhaling nogal juis die teendeel soos ek nou skryf. Dit is nie dat ek nie lojaal is nie (ek is juis lojaal, tot so ‘n mate om iets drasties te doen), dit is die onbeantwoorde vraag op Petrus van Eeden se verhandeling “Afrikaans hoort by Nederlands” (1995) wat my moedeloos gemaak het – want alles wat daarin staan het meriete: Afrikaans het te gou en te vinnig op emosie ontstaan, en nou sit ons met die gebakte pere, noudat nasionalisme dood is. Ek dink Leon Lemmer kan daardie verhandeling volgende week deurwerk – dit is gratis op die internet te kry. Dit raak ook die hele bestaan van PRAAG – veg PRAAG vir ‘n leuen? Is Afrikaans ‘n leuen? Moes ons Nederlands gebly het, wat immers die taal van die Afrikanerelite was?

    Al wat ek op hierdie verhandeling oor Afrikaans kon antwoord – dit maak nie saak wat jou moedertaal is nie:

    1). Moedertaal beïnvloed nie hoe hardwerkend of hoe skrander jy is nie – om dus jou moedertaal met Engels of Hollands te vervang en Afrikaans of Zoeloe weg te smyt (en ander/hierdie tale te ontken!) gaan jou beslis nie oornag skatryk maak nie. Dis ‘n mite. Gaan vind maar uit wat van Ludwig Wienbarg se “Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden – Gegen Ersteres und für Letzteres” (1833) geword het – deur die Nederduitse taal weg te wens, het nie die Nedersaksiese volk ryker gemaak nie. Gaan vra die Katalane waarom hulle nie wil verspaans nie – nie oor hulle dwars is nie, maar omdat dit juis die taal van die Rykes is (en hul identiteit)! Waarom nou deelword van die Spaanssprekende barbare en die plebs met hul klippies en skulpies wat om die nekke hang?

    2). Waarom moet ons met minusse werk? Waarom Engels = minus Afrikaans as moedertaal? Waarom nie: Moedertaal = Engels + Afrikaans + Duits + Frans + Latyn + Zoeloe + Russies + Japannees + Suid-Koreaans…? Onthou – voor die Mammoetwet in die 1960’s was die volgende 6 tale verpligtend in Nederlandse gimnasiumskole (vir universiteitstoelating): Latyn, Grieks, Frans, Nederlands, Engels, Duits. Kom hierdie talent dan vanself? NEE! Sedertdien volg die Hollanders die pad van die minste weerstand: die meerderheid loop Nederlands, Engels en miskien Duits. As hulle 6 tale voor die 1960’s kon doen, sonder die geriewe van die Internet en YouTube, waarom nie ek MET hierdie bronne nie? Ek sal dan net Frans weghaal en vervang met Moderne Hebreeus (want ek hou eenvoudig net nie van Frans nie – ek kan hom nie leer liefkry nie, ek het regtig hard probeer. Hy is te fiefierig vir my, maak nie saak watter lekker boekebronne hy het nie).

    As mens na jou ouers se kykNET kyk, na die ligsinnige en klein-gedagtetjies Ghoema-toekennings as jy (noodgedwonge) die skottelgoed afdroog, voel jy asof jy jou in ‘n plaasdammetjie bevind wat stadig besig is om in die somerhitte te vervlak en op te droog. Veral wanneer Karlien van Jaarsveld “die Man daarbo” (verbatim aangehaal) bedank – “IN NOMINE CHRISTI, AMEN!” roep ek in my binneste uit – dan raak dit vir my te veel. Ook wanneer Elvis Blue op die verhoog praat van sy oop gulp op die rooi tapyt, en die Engelssprekende langsaan (wat gelukkig nie ‘n dooie woord Afrikaans kan verstaan nie) maar beskeie die gehoor bedank “that you allowed me in your community”. Dit is verstikkend! Afrikaans VOEL soos ‘n tronk! Afrikaans kan nie langer soos ‘n eiland bly leef nie. Dat RSG van die BBC moet gebruik maak om Duitse nuus te verstaan, vind ek UITERS belaglik. BELAGLIK! Karel Combrinck het geskryf oor die Jode se “taalvaardighede” waaroor die Afrikanerdom net eenvoudig nie beskik nie.

    Ek verskil: ek kan Duits tot dusver goed lees en luister, maar net nie skryf nie. Maar ek vorder! Leer ‘n Afrikaner uit ‘n Engelse boek hoe om Frans te verstaan, lyk Frans geweldig moeilik: “TWEE GENDERS! Woorde wat soos Engels lyk, en niks in gemeen met Afrikaans het nie. Nee wat, dis verby. Ek sal nooit Frans kan baasraak nie!” Kyk jy egter met ‘n Duitse bril in ‘n Duitse handboek (of op die Duitse duolingo.com) oor Frans, is Frans, afgesien van die verskriklike fonetiek en lelike diakritiese tekens, eintlik eenvoudig: Twee genders, pleks van drie. Wonderlik. “Au revoir” en “Auf Wiedersehen” en “Tot (weer)siens” is letterlike vasteland-Europa vertalings van mekaar (teenoor die Engelse Bye! en Goodbye! wat hiervan afwyk). Die lidwoorde word nie verbuig wanneer die Akkusatief gebruik word soos by Duits nie (byvoorbeeld ein > einen). O, Duits is moeilik? Nie as jy YouTube het nie – jy leer die taal deur hoorsê met lekker oorgeklankte Japannese animefilms. Maar as dit steeds te moeilik is, probeer dan Latyn: Duits is in hierdie opsig véél eenvoudiger… Dit het net alles met perspektief te make, vriende.

    Nou gaan kyk hoeveel Afrikaanse mense het in die verlede die moeite gedoen om vreemdetaalboeke te skryf vir selfleerdoeleindes: slegs vir die universiteitsvoorskryfmark (toe Frans, Duits en Latyn verpligtend was vir sekere vakrigtings) en ‘n paar vir elementêre Zoeloeklasse. Waar dan hierdie vrees vir ander tale vandaan kom weet ek nie. Waar hierdie minderwaardigheid vandaan kom, weet ek: dit was Langenhoven in sy outobiografie wat self minderwaardig teenoor sy Hollandse meesters gevoel het. Ons staan vandag en toekyk terwyl die universiteite Duits (!!!!!), Spaans, Italiaans, Russies (BRICS-land!) en Moderne Hebreeus (almal is reeds teen 1960’s gestig en het die hele akademiese boikotte van die 1980’s oorleef – tot in 2014/2015/2016!) met ‘n glimlag skrap – ook hoe Nederlands by die Departement Afrikaans geskrap word – en die gevaarligte flikker by niemand nie, almal is tog te bly oor die afwatering. En bewerkstellig hul eie ondergang in die proses.

    In Japan word Duits en Frans nie vereenselwig met Kolonialisme nie. Inteendeel: MODERNISME! Engels en Frans en Duits en Russies was die tale wat in die Meiji-era die land op sy voete gebring het, na jare van afsondering deur keisers wat niks met die Weste te doen wou hê nie (net soos die huidige ANC). Al die Westerse wetenskap en tegnologie moes bykans oornag geleer word. Dit is dan seker te verstane waarom 817 mense Duits by die Goethe Institut in Suid-Afrika studeer, terwyl 244 000+ in Japan die taal leer. Die Japannese sakemanne weet wat moet gedoen word. Nou ja, wil ons ‘n eerstewêreldland soos Japan weer wees of nie?

    Anders raak Suid-Afrika net ‘n verdere bespotting – ek kry die meeste hier die Afrikaners jammer (en in die anderkant vloek ek 20 woorde in een sin), juis omdat hulle van beter moet weet: as jy nie uitwaarts leef nie, gaan niks groei nie. My ouers begryp (ondersteun my selfs!) waarom ek vandag my M-graad in die Afrikaanse letterkunde staak – ten eerste omdat hierdie Afrikaanse universiteitkwalifikasie, gegrond op retoriek, toiletpapier is (vergeleke met die taalsertifikaat van internasionale instansie soos die Goethe Institut), ten tweede omdat ‘n M-graad in Afrikaanse letterkunde nie die bru(gg)e(ns) en samewerking tussen lande gaan herstel wat tans onherstelbaar vernietig word nie, ten derde omdat mens nie woordeboeke en taalboeke of artikels vir die Afrikaanse Wikipedia kan skryf as jy nie uit jou bootjie klim en in die diep kant gegooi word nie (pionierwees), ten vierde omdat ons stomonosel is om nie buitelandse bronne te lees nie – dit sluit Hollandse tekste in. Ten vyfde: waar daar ‘n leemte ontstaan, sal daar ‘n vraag ontstaan. Waar daar ‘n vraag is, is daar ‘n aanbod. Tans is daar te veel letterkundiges, soos ek by LitNet opmerk…Jy bly steeds op die Afrikaanse eiland vasgekeer sit, met jou nikswerdgraad, kykNET en al. As niemand dit doen nie, wie gaan? Tyd tel teen my – ek moes dus prioritiseer.

    Ek glo wel: Afrikaans kan versterk word DEUR ANDER TALE en meer geld deur MEER HANDEL.

    Alles wat ons hier in Suid-Afrika beleef is tweedehandse kennis. Wonder jy byvoorbeeld waar die voorgestelde suikerbelasting vandaan kom? Gaan kyk net na Denemarke (met sy min belastingbetalers (amper soveel soos in Suid-Afrika) en geweldige hoë MOMS).

    Laastens: diegene wat die Jode liefhet of haat – leer hulle taal. Onthou wat Shakespeare oor vyande gesê het wat jy nader aan jou moet hou as vriende.

    • Ben

      Afrikaans is wat my betref ‘n Nuwe Wereld verskynsel. As ‘n mens verder daarin studeer doen jy dit vir jouself en jy skep jou eie standaard. As jy jou laat afsit deur akademici vir wie jy nie respek het nie verloor net jy.

    • leonlemmer

      Suidpunt, jy is sekerlik in staat om ‘n uitstekende verhandeling oor Afrikaanse letterkunde te skryf. Ek dink dit is ‘n fout om nie voort te gaan nie. Ek was al dikwels spyt dat ek nie my gelangstelling in Afrikaans nagraads verder gevoer het nie. Ons moenie toelaat dat Afrikaans ook van ons weggeneem word nie.

      • leonlemmer

        Dit moet natuurlik “belangstelling” wees. Ek het simpatie met Van Eeden se pleidooi. Hoe meer tradisioneel Europees ons kan wees, hoe beter. Maar Afrikaans is en daar is nie meer omdraaikans nie. Die eintlike verpesting is die polities korrektes wat Afrikaans wil oorverkreoliseer.

      • G

        Stem saam. Suidpunt moet vasbyt. Die Kase dink ons praat ‘n dialek van hulle taal in elk geval. Pas my uitstekend. Ek hou nie van die mentaliteit dat jy vir iemand moet wag om altyd leiding te gee nie. Die Kaknetters is irrelevant. Druk terug en skep jou eie werklikheid.

    • Ou Transvaal

      Suidpunt , moenie dat die gebreinspoelde oorgee gees jou beet kry nie .
      Ons Volk is vanaf 1902 in ballingskap en getrou aan die toestand is daar sommige wat opgee en dan die enkelinge wat die verskil maak. Die bestaande stelsel is besig om homself te vernietig ……hou moed en dink buite die kassie …K-NET is nie ons mense nie!!!!!

    • henkst

      Is Afrikaans dus werklik eers in 1919 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk in gebruik geneem? Of het Afrikaans in 1652 nog Nederduijtsch geheet en was dit die spreektaal van die eerste blankes aan die Kaap? Nederduijtsch is ook die naam wat deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) aan die taalvorm gegee is. Die eerste gemeente wat aan die Kaap gestig is, het dan ook die Nederduijtsche Gemeente van die Gereformeerde Kerk geheet.
      Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het in 1571 in die stad Emden ontstaan. Emden wat tans in die Duitse deelstaat Nedersakse geleë is, was destyds deel van Oos-Friesland. In 1579 was dit die staatskerk van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. In 1795 het dit onder die Franse oorheersing opgehou om as offisiële staatskerk te bestaan, maar dit kry in 1816 van koning Willem I ʼn nuwe reglement en die naam Nederlandse Hervormde Kerk. Die term Nederduits in die naam dien as ʼn voertaal onderskeiding van ander gereformeerde kerke, soos die Nederlandse, die Waalse, die Skotse, die Hoogduitse en die Engelse gereformeerde kerke. Deesdae word die taalkundige term “Niederdeutsch” i.p.v. Nedersaksies in Duitsland gebruik.