praag.co.za

Category: Vermaak

  • Koop Steve Hofmeyr se nuwe boek, ‘Die kwesbares’, hier

    Koop Steve Hofmeyr se nuwe boek, ‘Die kwesbares’, hier

    Die sanger en skrywer, Steve Hofmeyr, het so pas te midde van die koronavirusinperking ‘n splinternuwe misdaadroman, Die kwesbares, gepubliseer. Dit kan reeds as e-boek vanaf Amazon Kindle afgelaai word (klik hier onder op die klein voorblad van die boek om na die Amazonblad deur te gaan).

    Hier volg die opsomming op die rugkant van die boek.

    Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In die derde aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede.

    En dié konfrontasie gaan bloedig wees. Brutaal en allesverwoestend. Want dit dwing die Sluiper terug na ou vergete gedragspatrone. Na ingeoefende rituele van vernietiging, want rituele maak die ontasbare tasbaar; gee die onwerklike ʼn mate van stoflikheid. Dit plaas die grootsheid van die onvoorsienbare in jou palm. Dit wals in op plekke waar woorde nie kan bykom nie. Soms heel dit selfs wonde. En dis seker beter as niks. ʼn Titseltjie genesing vir die kwesbares.

    Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met  Die onaantasbares  (2017) en  Die Lucky Strike  (2018) gestel het. As aksieroman is  Die kwesbares  heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur. Soos ʼn koeël.

    Lees ‘n uittreksel uit die boek nou dadelik op Amazon Kindle deur op die klein voorblad hier bo te klik. Indien dit jou geval, kan jy agterna die e-boek koop en dit verder op jou rekenaar, foon of ander toestel lees.

     

  • Aangebied deur Praag: ʼn Baanbrekerrolprent.

    Aangebied deur Praag: ʼn Baanbrekerrolprent.

    Die eerste reël van oorlewing is die rolprent wat hulle gesê het, nie kan gemaak word nie.

    “Die bedryf het hekwagte opgestel om te sorg dat Afrikaanse films nie van die voorgeskrewe inhoud sal dwaal nie,” sê skrywer-regisseur Gustav Venter. “En dié inhoud is slaafse, liberale dogma.”

    Vir Gustav en sy medewerkers was dit nooit ʼn opsie om ʼn rolprent wat gedienstig is aan die huidige tydsgees te maak nie. “Ons wil films maak oor wat in ons mense se gemoed is.”

    Hou jy jou nie by die reëls nie, word jou inkomstestrome erg belemmer en selfs afgesny. Geen teatervrystelling of televisie-inkomste vir jou nie!

    Dit gaan natuurlik oor geld. Dit wat hulle geleen kon kry, was maar skraps in vergelyking met wat tot die hoofstroomfilmmaker se beskikking is.

    Die oplossing was ʼn verrassende konsep, ʼn deeglik beplande draaiboek en die regte mengsel voor en agter die kamera, meen Gustav. “Vir my as regisseur was dit maklik. Nadat die draaiboek geslyp is, was dit ʼn kwessie van: Kry twee uitstaande akteurs voor die kamera, ʼn uiters bekwame kinematograaf agter die kamera, ʼn wonderlike stemkunstenaar buite beeld… laat hulle los, bly uit hulle pad uit en kyk hoe vind betowering plaas.”

    Die rolprent is deeglik voor gehore getoets. “Ons was nie voorbereid op die oorweldigende reaksie nie. Die mense gryp ‘Die eerste reël van oorlewing’ aan asof dit ʼn telegram van die Verlore Seun is. Hulle voel dis ‘hulle’ fliek. En geen filmmaker kan meer as dit vra nie.”

    Dit was ʼn marathon van konsep tot voltooide produk. Nou is Die eerste reël van oorlewing in die volk se hande.

    “As hulle dit ondersteun, kan ons ʼn nuwe filmbedryf daarop bou,” sê Gustav. “Maar as die film nie ʼn sukses is nie, sal daar nie weer so ʼn fliek vervaardig word nie.”

    Jy skuld dit vir jouself om Die eerste reël van oorlewing te sien.

    Gaan na: https://boekeboer.shopstar.co.za/products/die-eerste-rel-van-oorlewing

    Om van ‘n vertolker te praat as ‘n “eerlike akteur” is die grootste lof wat jy hom kan toeswaai. Charlie Bouguenon se spel in sy deurbraakrol in “Die Eerste Reël van Oorlewing” sal jou verbyster met sy emosionele opregtheid. Beleef dit self in hierdie aangrypende uittreksel.

    Die eerste 10 PRAAG-lesers wat inskryf, kan die film gratis op die internet kyk (gewoonlik kos dit R60). Stuur ‘n e-pos aan gustav@praag.org.

  • ‘1984’ bly bo-aan die blitsverkoperlyste

    ‘1984’ bly bo-aan die blitsverkoperlyste

    George Orwell se distopiese roman, 1984, bly gewild, moontlik omdat die wêreld beweeg in die rigting van ‘n totalitêre staat met onophoudelike propaganda en sielkundige manipulasie, nes hy voorsien het.

    Alvorens Orwell 1984 geskryf het, het hy tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die Britse regering as ‘n propagandis gewerk.

    Hy het aanvanklik die roman 1980 genoem, en daarna 1982, voordat hy op 1984 besluit het. Die boek is in 1948 geskryf, wat sommige laat glo dat hy bloot die laaste twee syfers van die jaartal omgeruil het. ‘n Ander titel wat hy oorweeg het, was glo The last man in Europe.

    Orwell het vele elemente in sy boek aan Japannese propaganda ontleen. Die “Denkpolisie” in die boek is gegrond op die Japannese geheime polisie tydens die oorlogsjare wat mense goedsmoeds vir “onpatriotiese gedagtes” in hegtenis geneem het. Hul amptelike naam was Kempeitai, wat besig was met ‘n “denkoorlog”.

    Terwyl Orwell besig was om die boek te skryf, is hy met tuberkulose gediagnoseer. Hy het sewe maande nadat 1984 gepubliseer is aan dié siekte gesterf.

    Ondanks die feit dat Orwell se roman ‘n historiese blitsverkoper verteenwoordig, figureer dit steeds onder die wêreld se toptien van boeke wat die meeste verbied word. Dit skets die toekoms van ‘n samelewing sonder vrye wil, privaatheid en waarheid. Dit was ook ‘n bedekte aanval op Josef Stalin en die Sowjetheerser se berugte “middernagsuiwerings”. Daarom is 1984 ook dan in 1950 deur die Sowjetunie verbied, aangesien Stalin begryp het dat dit ‘n satire op sy leierskap was.

    Terwyl vele mense die boek as “anti-kommunisties” sien, hou sommige vol dat dit “pro-kommunisties” is. Die ironie is dat ‘n boek wat waarsku teen totalitarisme dikwels gesensureer word deur… totalitariste.

    In 2002 is Orwell se boek Animal Farm op skool in die Verenigde Arabiese Emirate verbied, omdat dit sekere dele bevat wat teen Islamitiese waardes indruis, waaronder die voorkoms van ‘n mensagtige, pratende vark.

    Orwell is self deur die Britse regering dopgehou terwyl hy sy roman oor regeringsmonitering geskryf het. Die Britse regering was bekommerd dat Orwell oor “sosialistiese menings” beskik het nadat hy The road to Wigan Pier, ‘n ware verhaal oor armoede en die toestand van die laer klas in Engeland, gepubliseer het.

    Hoewel Suid-Afrika oor die afgelope paar dekades gebuk gaan onder ‘n intense propagandastryd en die land tans insgelyks neig in die rigting van ‘n totalitêre distopie, is 1984 nog nooit in Afrikaans vertaal nie.

  • Laai Martin Bosma se boek gratis hier af!

    Laai Martin Bosma se boek gratis hier af!

    Die Nederlandse parlementslid, Martin Bosma, wat gereeld ‘n lansie vir Afrikaners breek in die Tweede Kamer, hul parlement, het toestemming verleen dat sy eerste boek, De schijnelite van de valse munters: Drees, extreem rechts, de sixties, nuttige idioten, Groep Wilders en ik gratis aan PRAAG-lesers versprei mag word. Al wat u hoef te doen, is om op die onderstaande skakel te klik en die boek in PDF-formaat af te laai.

    deschijnelitevandevalsemunters

    Die boek verteenwoordig ‘n geestige, dog inseggewende kyk na hoe Nederland in die sestigerjare so verskriklik links geraak het, net om onder invloed van politici Pim Fortuyn, Geert Wilders en Bosma self weer tot haar sinne te kom en iets van ‘n regse beweging te begin ervaar. Nie verniet nie, heet een van die slothoofstukke in die boek… “Linkse kak”. Bosma skryf daarin:

    Dat snobisme een van die drijfveren is van die linkse kak om te kiezen voor het multiculturalisme, zagen we vanaf day one.

    Die aanslag op blankes en die Westerse beskawing het globaal geraak. Die Afrikaanse leser sal, tesame met “linkse kak” in die vorm van snobisme oor veelrassigheid, e.d.m., vele elemente herken wat ook hier by ons aangetref word. Verder bied die boek ook ‘n boeiende oorsig oor die Westerse en Nederlandse geskiedenis sedert die 1960’s. Hy behandel veral ook die “massa-immigratie” wat ten doel het om van Nederland, een van die rykste en welvarendste lande in Wes-Europa, ‘n Islamitiese derdewêreldland te maak.

    Martin Bosma is blykbaar ‘n gereelde leser van PRAAG. Nou het PRAAG-lesers die geleentheid om ook sy belangrike insigte oor Nederland en die Weste in boekvorm te geniet – boonop heeltemal gratis!

    2016-06-28 DEN HAAG – Martin Bosma (regs) en Geert Wilders (links) in die Tweede Kamer

    Martin Bosma is op 16 Julie 1964 gebore en is ‘n Nederlandse politikus en voormalige joernalis. Sedert 30 Novevember 2006 is hy lid van die Nederlandse parlement oftewel die Tweede Kamer. Bosma is tans woordvoerder vir kultuur en media vir die party, asook partysekretaris. Hy is ook voorsitter van die IPC, die Interparlementaire Commissie, van die Nederlandse Taalunie.

    Sy mees onlangse boek gaan juis oor Suid-Afrika en die Afrikaner, en heet Minderheid in eigen land: Hoe progressieve strijd ontaardt in genocide en ANC-apartheid.

     

  • Nuwe Franse roman deur Toussaint verskyn by PRAAG

    Nuwe Franse roman deur Toussaint verskyn by PRAAG

    PRAAG-uitgewery het so pas ‘n nuwe roman deur die beroemde Franse skrywer Jean-Philippe Toussaint, in ‘n Afrikaanse vertaling deur Dan Roodt, gepubliseer. In Europa was dit ‘n kultusboek wat ywerig vertaal is. Die ironiese, humoristiese verhaal wentel om ‘n jong man wat op ‘n dag besluit om in die badkamer te begin leef, waar hy bly totdat hy ewe skielik besluit om Venisië toe te gaan.

    Lees meer daaroor, asook kommentaar deur Europese resensente, deur hier te klik.

  • Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom

    Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom

    Steve Hofmeyr het ‘n verdere uitdaging aan die linkse hoofstroommedia gerig deur Saterdagaand net ná nege-uur “Die Stem” aan die einde van sy vertoning by die Kaboem-fees net buite Nylstroom te sing. Die skare van sowat 7 000 mense (sommige het dit op 10 000 geskat) het spontaan op aandag gestaan en saamgesing in ‘n viering van Afrikanersamesyn en -protes teen kulturele en taalverdrukking. Ook Bok van Blerk (foto hier bo), wat ‘n dekade gelede bekendheid met sy De la Rey-lied verwerf het, het ‘n vurige vertoning van “Sing, Afrikaner, sing” gelewer. Dit bevat sinspelings op die sensuur waaronder Afrikaans en Afrikaners tans gebuk gaan, met die woord:

    Jy mag niks meer sê
    Jy is klaar gepraat
    Dis ‘n hartseer saak
    Wat ons almal raak
    Want die groot verraad
    Kom vanuit ons eie mense…

    Sing, Afrikaner sing
    Laat jou stem gehoor word
    Laat jy nooit verdwyn
    O, sing, Afrikaner sing

    Die Kaboemfees (Kranskop- Boerekos- en Musiekfees) is juis deur Steve Hofmeyr en sy aanhangers gereël omdat hy weens sy sing van “Die Stem” en ander volksliedere by Innibos en elders verbied is om op te tree. Tydens sy geselsies met die gehoor tussen liedjies het Hofmeyr insgelyks geen doekies omgedraai nie en gesê dat die Kaboemfees “ware kulturele vryheid” moontlik maak en dat kunstenaars daar “kan sing wat hulle wil”.

    Hofmeyr, wat vandag verjaar, het gister getwiet:

    Die fees is vooraf en agterna deur die hoofstroommedia en veral Naspers en Netwerk24 doodgeswyg, maar kennelik het die sosiale media soos Twitter en Facebook gesorg dat almal daarvan bewus gemaak is. Die Kaboemfees het op ‘n plaas sowat 3 km buite Nylstroom plaasgevind, en sal hoogs waarskynlik aanstaande jaar weer gehou word. Benewens ‘n groot tydelike verhoog, biertent en ander geriewe, was daar dosyne kosstalletjies, asook ander stalletjies waar T-hemde, hoedens en allerlei snuisterye te koop aangebied is. Die fees het ook Afrikaanse skole in die omgewing, waaronder CVO-skole, toegelaat om stalletjies ter fondsinsameling op die feesterrein te bedryf.

    'n Deel van die skare by die Kaboemfees Saterdagaand
    ‘n Deel van die skare by die Kaboemfees Saterdagaand

    Kaartjies vir die fees het R195 gekos, of R150 vir pensioenarisse, heelwat goedkoper as die R800 wat onlangs vir Oppikoppi gevra is. Na raming het die loketgeld anderhalf miljoen rand beloop, wat ‘n belowende debuut vir ‘n “alternatiewe” fees is.

    Bok van Blerk het ook sy bekende lied oor die Angola-oorlog, “Die kaplyn” gesing, waarin die opofferinge wat jong blanke mans destyds gemaak het, geloof word.

    Terwyl die hoofstroommedia gedurig poog om Afrikaneridentiteit en -patriotisme af te breek, asook sangers soos Arno Carstens of Karen Zoid bemark wat minagtend teenoor Afrikaans staan, is dit helder dat kunstenaars soos Hofmeyr en Van Blerk se aanhang net groei, soos wat die anti-Afrikaanse beweging in felheid toeneem.

  • Leon Lemmer: Twee politieke waterskeidings: 1795 en 1994

    Leon Lemmer: Twee politieke waterskeidings: 1795 en 1994

    Die historikus Dan Sleigh (gebore in 1938) skryf soos geen ander outeur nie en dikwels beter as baie van hulle. Sy skryfwerk is ‘n toonbeeld van die seggingskrag van Afrikaans. Om sy werk te vertaal sou nie maklik wees nie. Niemand kan die lewe in bv die Hollandse Kaap herskep soos hy nie. Hy munt uit in die beskrywing van bv die seevaart en krygskunde. Sleigh het bekendheid verwerf met twee lywige romans: Eilande (Kaapstad: Tafelberg, 2002, 757p; binnekort as e-boek beskikbaar) en Afstande (Kaapstad: Tafelberg, 2010, 620p; Amazon Kindle $25). Eersgenoemde handel oor die eerste Kompanjie-jare aan die Kaap en die ander een oor gebeure in Klein-Asië en die Midde-Ooste vier eeue voor Christus. Albei tekste wek die indruk van historiese juistheid. Teen albei kan dalk dieselfde beswaar as teen my rubrieke ingebring word: te lank; of soos van Mozart se komposisie in die rolprent Amadeus (1984) gesê is: “Too many notes.”

    Sleigh het hierdie suksesse met ‘n meer beskeie roman opgevolg, Wals met Matilda (Kaapstad: Tafelberg, 2011, 399p; Amazon Kindle $18). Ook hierin is daar “lang, boordensvol sinne” (p 124). Die situasie is meesal die hier en nou. Dit stel die outeur in staat om snydende kommentaar oor die nuwe Suid-Afrika te lewer. Daarin blyk dit duidelik dat Sleigh ‘n Afrikaner in murg en been is en sommer in hart en niere ook. Die outeur se politieke waarnemings is myns insiens van die hoogtepunte in die roman.

    “Tussen hulle is die oudpolitici maklik om te herken van hulle dae aan lamppale, maklik om te vergeet, moeilik om te vergewe, minder opreg as hulle honde” (23). “Parlementslede verkies deur halfgeletterdes wat stem oor dinge waarvan hulle geen begrip het nie” (27). Robbeneiland het “‘n sleg versorgde apartheidsmonument en propagandakantoor van die Party” geword (37). “Reg voor ons is Robbeneiland, ons regering se poging tot ‘n toeristiese klaagmuur” (90). In Australië is die inboorlinge geleer: “Niks vir niks, anders wil hulle alles verniet hê” (279). “Onthou altyd, by hond, skaap, perd en mens: bloed tel” (189). “Dit is ‘n snaakse land. Die gevaarlikes speel grootmeneer, die goeies vlug voor die gereg” (254).

    “Taal … is … die huis waarin ek woon” (162). “Mense wat nie van gevoeligheid vir taal weet nie, word losgelaat op ‘n medium [radio] wat uit taal bestaan” (304). “As jy opstaan en praat, word jy gestempel, getjap. Ek wil nie ‘n kampvegter of taalstryder of handhawer genoem wees nie, net dat my en my oom se taal ‘n onbesoedelde fontein bly, waar enigeen kan skep. Vir altyd. Dit is ons reg” (306). “My taal is kuns én gereedskap: my tjello, my palet, al my fyn beiteltjies, ek word bang wanneer dom mense daarmee speel” (307). “Sy voel oor besoedeling van haar taal soos hy oor besoedeling van die natuur; vir albei is dit iets om van bang te word” (333).

    “Hy vind die gewoonte van volksliedere vóór rugby belaglik … Hy hou van goeie voetbal, maar die gesanik irriteer hom; ‘n onmusikale lied met onsinnige woorde geskryf deur mense wat niks van voetbal weet nie vir mense wat niks van musiek weet nie. Wat in godsnaam het dit met die wedstryd te doen? … Hy vra wat ek van Suid-Afrika se nuwe volkslied dink. Hulle s’n, nie myne nie, sê ek. ‘n Onsimpatieke sameflansing … Ek hoor julle [Australiërs] verkies ‘Waltzing Matilda” (126-127). Ek verkies ‘Sarie Marais’ maar die polities korrekte Rugbyraad en die borge verkies die volkslied.

    Sleigh se jongste en, volgens hom, laaste roman is 1795 (Kaapstad: Tafelberg, 2016, 463p; Amazon Kindle $21,33). Die aanvanklike titel was: Die laaste goeie man. Die tema is die oorgang van die Hollandse na die Engelse bewind aan die Kaap. “Geskiedenis bewaar die herinneringe van hoë dade, is getuie van die verlede, ‘n voorbeeld vir die hede en ‘n waarskuwing oor die toekoms” (Kindle 641). “Praat met die verlede, dáár sal jy leer” (Job 8:8 – 860). Daarom is daar duidelike sinspelings op wat in 1994, dus twee eeue later, in Suid-Afrika gebeur het, naamlik die oorgang van ‘n blanke na ‘n swart politieke bewind. “Dié brawe Nuwe Tyd is geneig om die beskawende hand te onderdruk en die verderwende hand te ondersteun” (1618). “Hy, hulle almal, het hul eenvoudige verlede, met alle pligte en verantwoordelikhede so duidelik en onder beheer, gisternag verloor” (464). “Asof ‘n vertroude horlosie gaan staan het, is sekerheid en gerustheid nou verlore” (470). Dit is uitsluitlik vanuit hierdie politieke hoek dat ek oor 1795 in hierdie rubriek skryf. Ek gaan dus nie die storie vertel nie, maar aanhalings gebruik in soverre hulle veral op ons huidige situasie toepaslik gemaak kan word en sonder om noodwendig die presiese verhaalkonteks in ag te neem.

    William (Willie, Will, Wil) Ferdinand, baron Van Reede van Oudshoorn, seun van ‘n vorige Kaapse goewerneur, Pieter (1714-1773), is die hoofkarakter in hierdie roman, “die met al zyn magt de Engelschen heeft tragt te weeren” (8). Dit gaan vir William om “sy Kaap” (101), “sy dorp, sy mense” (41). Maar: “Jy kan teen die draak verloor” (636). Sy pa het dit by hom ingeprent: “Ons saak is vir vryheid. Dat ons Jan Kompanjie se greep hier afskud en ons eie vlag hys … Ons land het ‘n toekoms so blink soos Amerika s’n” (205). “Pasop vir ‘n Engelsman wanneer hy beleefd word, het sy pa gewaarsku” (2620). “Die Amerikaner [was] slim genoeg om die Engelsman uit sy land te jaag. Vry en onafhanklik; hulle het ons nou myle vóór geraak. Waar sit ons vandag? Praat van agtergeblewe” (212). Die Kompanjie het hulle gefaal. “Dan moet ons nou maar self. Niemand gaan dit vir ons doen nie. Ons mense gaan veronnosel. Ons gaan bywoners word” (218). Daar is “vervlakking, agteruitgang onder ‘n kultuurarm volk wat in heillose donker wegsak. Almal hier is gestadig aan veronnosel” (288). “Wat tel is wat niemand sien nie: Die bloed in jou are” (311).

    William bly koersvas stry vir die onafhanklikheid van die Kaap, van die mond van die Bergrivier tot by die mond van die Breederivier: “Daar het jy die vaderland … Die strook is nie Afrika nie; Kapenaars het lank en hard gewerk om dit anders as Afrika te maak. En dié klein landjie is hy; land, dorp, huis en hy is één. Dis sy lewe, dis sy bloed en asem in hom, waarsonder niemand kan leef nie. Verloor hy dit, word hy niks. Van gisteraand af is dit onder beleg. Hy moet dit vashou, aanhou om dit te besit” (488). “Dit is sy Saasveld [sy huis se naam]. Nou kom onrus hier, met ‘n dreigende oorlog deur sterk, vasbeslote invallers. Geen eerlike gees sal dit duld nie” (499). “Alles was ordelik, bekend, deur lang gebruik gevestig. Daar was gerustheid vir nog ‘n jaar … hy het geweet dat sy omstandighede gemaklik en aangenaam is, hy was in beheer van sy lewe, tevrede met sy vermoë. Waarom kon dit nie so bly nie?” (505).

    Die Britse inval geskied op ‘n tydstip toe die distrikte van Graaff-Reinet en Swellendam hulle reeds onafhanklik van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie (HOIK) verklaar het. Die versugting was: “Een fatale ding is nodig, messieurs, en dit is verenigde krag … Bring al jul boerestate onder een vlag. Volg die voorbeeld van die Noord-Amerikaanse state” (2940). “Ons moet ‘n Kaapse republiek uitroep, soos Graaff-Reinet en Swellendam” (3560). Die HOIK is op sy laaste bene en staar bankrotskap in die gesig. Daar heers groot politieke verdeeldheid onder die plaaslike bevolking. “Die kern is nie solied nie … Eweredig aan die verskeidenheid is die kanse vir verraad; miskien moet hulle eers saam val soos graan, daarna saam opstaan” (943). Die Nederlandse monarg, prins Willem van Oranje, het weens die Franse inval in sy land na Engeland gevlug en die Britte gevra om die Kaap te beset en teen die Franse te verdedig (1125). Sommige steun die Oranje-monargie en die Britte. Dadelik ontstaan daar hanskakies, bv “Die kêrel klim klaar uit die Kompanjie se sinkende skuit en maak hom diensbaar vir ‘n nuwe baas” (565). Ander verkies Franse besetting, wat sal meebring dat die Kaap ‘n Nederlandse kolonie van die Bataafse Republiek word. Tot 1795 was die Kaap ‘n private HOIK-besitting.

    William van Oudshoorn is die laaste goeie man. Hy is eintlik so goed dat hy my herinner aan die ma van die Amerikaanse skrywer Philip Roth, wat graag gesê het dat sy net een fout het, dat sy té goed is. William voer sy pligte as graanskuurbestuurder, Raadslid en kommandant van die Pennistenkorps getrou uit. Hy is ewewigtig in sy oordeel en onbaatsugtig in sy optrede. Danksy ‘n erflating is hy welgesteld en maak hy hom nie aan korrupsie skuldig nie. “Veel mag het korrupsie, selfverryking en vervlakking, wat reeds begin het, bespoedig” (1640). Hy is goed vir sy medemense en wil die twee slawe in sy diens vrystel. “Ons het ‘n fout gemaak deur slawe in te voer. Ons het kundige Europese arbeiders meer nodig” (3993).

    Heel aan die begin word William Shakespeare soos volg aangehaal: “Time will come and take my love away” (5). “Daar is tóé en daar’s nóú” (176). Dit som die situasie op waarin Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika verkeer. Anders as voorheen, het dit vir ons feitlik onmoontlik geword om werklik patrioties/vaderlandsliewend te voel oor bv die chaos, verval en rassediskriminasie wat ‘n vreemde bewind in ‘n al hoe vreemder land oor ons loslaat. Feitlik alles is omgedop en opgedonder. “Patriotisme kan ‘n smal en vuil gangetjie word” (3492). “Alles hier is in gevaar” (665).

    “Makosa [Xhosa] … is onregeerbaar … Hy ken geen god of sy gebod nie en respekteer ook nie andermansgoed nie. Hy glo alleen in die assegaai en gee g’n om vir ander se lewe nie. Nou meen ek dis tyd dat die Kompanjie ‘n sterk man stuur om met hulle te gaan sit en ‘n grens neerlê: Kyk, hier loop die rivier, julle se land is sonopkant. Ons, óns bly sononderkant, dis óns se land” (1568). “Stop ons hom nie, kan jy maar jou pluim in rooi doop en dwarsoor dié hele boel skryf, ‘Land van de Caffres’” (1599). “Moet Christenvolk onder die barbaar vergaan?” (1605).

    “Persoonlik probeer ek om wilde mense en diere te vermy. Dis veiliger hier in my huis” (2053). “Jy is nie gereed vir wat met jou gaan gebeur nie. Jy weet nie hoe jou wêreld gaan verander nie, dat niks weer soos gister en eergister kan wees nie” (937). Byvoorbeeld: “Hoe ver is die Makosas van die Kaap af? … Ek het nog nooit een gesien nie” (2697). Deesdae is daar heelwat van hulle in die Kaap te sien, tot in die parlement, asof hulle hier inheems is. “Hier het net die Hottentot aanspraak voor ons … Ons het gebou. Geeneen voor ons nie” (3566).

    Tydens sy besoek aan die Kaap (1771) het kaptein James Cook (1728-1779) na (fiktiewe) bewering gesê: “Is julle nie bang om op hierdie vasteland se uithoek in afsondering, onkunde en korrupsie te vergaan terwyl ‘n nuwe son van verligting oor die aardbol verrys nie?” (346). Die arrogante Britte wou hulle beskawing hierheen bring. Die globaliste redeneer deesdae op ‘n soortgelyke manier. “Die wat hom [Cook] kon verstaan het gebrom: Gaan huis toe, man. Verwaande rooibaadjie” (352). “Wat kom snuffel die dônnerse Engelse weer om die Kaap?” (346). In 1795 was daar skielik skepe van die Britse vloot in Simonsbaai. “Die Engelse het vannag oor sy land neergesak soos die pokke van ’13” (499). “Nege Engelse oorlogskepe met omtrent drieduisend soldate en matrose het gisteraand in ons seewater geanker” (1007).”Die vyand is voor die poort, die geveg om huis en haard begin vandag” (913).

    William is oortuig “iemand moet opstaan en die leiding op hom neem … Is hy siek, of is dit skok en ongeloof, dalk angs omdat vreemdelinge sy land eis en oor hom wil regeer? … sy gedagte vermy hede en toekoms en stroom asof op vlug na die verlede, op soek na begrip van gebeure en ervarings wat sy lewe gevorm het én sy aanspraak op dié huis, dorp en stukkie land bevestig. Hy het gekies om met die lewendes te lewe. Hy skaar hom by die dorpenaars en boere, bruikbare, gewillige arbeiders in die ryk land waarop hulle hul tuisgemaak het” (808). “Veg vir die bewys van ons kultuur in die suide van die kontinent” (2684). “Hier ís potensiaal vir grootheid, wat gered moet word” (842). Maar dan moet jy jou aktief verset anders word “jou stilte … instemming, jou instemming ‘n wapen in die teenstander se hand, ewe ondermynend as ‘n landkaart of wagwoord aan die vyand gegee” (1120). “Dié is Afrika, gewelddadig; hier moet jy weerstand bied of ondergaan. Kommissaris [Rijckloff] van Goens [1619-1682] wou die Kaap losspit van Afrika en ‘n eiland daarvan maak om van hierdie donker agterlikheid los te kom: Apart, en vry” (1688).

    Kommissaris Abraham Josias Sluysken (1736-1799) is as HOIK-amptenaar in 1795 die politieke hoof aan die Kaap met kolonel Robert Jacob Gordon (1743-1795) as die militêre hoof: “kleinlike skepsels met klein verstandjies” (1054). Sluysken het feitlik sonder slag of stoot aan die Britte oorgegee: “Op ‘n skinkbord aangebied … Hulle word met leuens en agteraf handelings regeer” (3038). Van Sluysken word gesê: “Hy, met ‘n vyand in sy land, kan niks wys wat hy vir die behoud van sy land doen nie … Hy het geen greep op die toestand nie … Waar is die beslissende, hete geveg om sy land” (3044). Vir toepassing op 1994 hou ek van hoe Sluysken se voorkoms beskryf word: “bles bliksem” (1969, 5235, 5279), “eierkop” (5235), “Bles gaan jul land onder julle uitverkoop” (2011), “Ek haat die bles dwaas” (4668). Oorweeg die toepaslikheidvan die volgende sin op 1994 se gebeure: “Nou skel die tyd op hulle oor nalatigheid, oor swak leierskap” (2266). “Die kerslig skitter op sy kaal skedel terwyl hy sy medepligtiges prys” (6036). William voorspel: “Jou geskiedenis gaan aan jou vreet” (6048). “Jy, meneer, gee ons land weg, draai jou rug op ons en vertrek oorsee” (6074). “Jou nalatenskap is ‘n klein kerkhoffie waarin ons volk se grafsteen staan” (6080).

    Van die begin af het Robert Gordon “‘n onderhandelde skikking” met die Britte aanbeveel pleks van te veg (1204). “Stille onttrekking in die aangesig van die vyand is waarvan Robert praat. Só ‘n veragtelike daad is seker nog nie in die wêreld gepleeg nie, anders sou dit bekend wees. Kolonel so-en-so het weggekruip toe sy land ingeval word. Is dit nie erger as verraad nie?” (1981). “Robert se beskouing is dat as ons vrywillig wapens neerlê, ons later ons vryheid kan terugeis” (3084). Hy word “‘n lafhartige windsak” genoem (4715). William het ‘n “weersin in dié huigelaar met sy gemaklike selfbedrog” (4792). “Die tweegatjakkals weet hoe om tot die einde verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te ontduik” (5011). “Hy het nog nie begin veg nie en Sluysken praat van kapituleer. Het Gordon voorgestel dat Simonsbaai ontruim word, of het Sluysken self die gedagte in die kolonel se naïewe verstand geplaas?” (3091).

    William van Oudshoorn, daarenteen, het geredeneer: “Ek glo ons moet die allerbeste verdediging voorberei, en in beheer bly … Engeland sal geen vloot stuur uit liefde vir prins Willem nie, hul saak is alleen eiebelang … Ons wagwoord moet ‘paraatheid’ wees” (1209). Wat is William se doel? “Om oorlog te voer. Om die land en alles wat dit vir my beteken te behou deur die invallers deur aggressie te verdryf. Die nageslag gaan ons dankbaar wees” (2448). “Alles … is ‘n groot geveg werd” (2752). “Vir wat jy hier sien, gee ek my lewe. Dit is die offer werd” (2758). “Die Raad verdaag sonder om sy voorstel van aggressiewe reaksie te bespreek” (2820).

    Sluysken gee voorkeur aan “verdraagsaamheid” (2825). Daarna volg bv “die ongelooflike, onnodige prysgee van ‘n bemande, gewapende buitepos … sonder dat een skoot deur hulle of hul vyand afgetrek is” (3050). “Waarom is hulle uit ‘n goeie posisie onttrek?” (3126). “Dit kom vir William voor of beide bevelhebbers [Sluysken en Gordon] ten gunste van oorgawe is en albei na geleenthede soek om die ander daarvoor te blameer … Redes en motiewe mag verskil, maar die twee spit saam aan sy vaderland se graf” (3138). Na die val van Muizenberg het die Kaapse gebrek aan verdediging van kwaad tot erger gegaan.

    Daar is ‘n insiggewende bespreking van stemreg. “Een man, een stem is nie geskik vir plekke waar gevestigde meerderhede bestaan nie. Jul sogenaamde demokrate vra mense om hande op te steek, dan tel julle die hande. Die tel van hande sal nooit demokrasie wees nie en word ‘n skuiling vir opportuniste en misdadigers van die ergste soort. Stemme, messieurs, moet nie getel nie maar gewéég word. Dít is ons enigste hoop op regverdigheid. Mense is nie net hande nie, veel belangriker is die siel en die verstand. Ek aanvaar dat elke mens ‘n geboortereg het en deur die natuur met ‘n stem geseën word, maar dieselfde natuur het aan sommige een talent gegee en ander twee of drie. En dié wat harder as ander werk, maak hul soveel méér verdienstelik. Behoort hulle nie soveel stembriewe te kry as wat hul verdien nie?”(2897).

    Byvoorbeeld: “‘n Tweede stem vir hoër opvoeding. ‘n Derde vir die hoeveelheid belasting wat jy betaal. ‘n Vierde op die ouderdom van vyftig. ‘n Vyfde as jy kinders tot volwassenheid [en nie-misdadigheid] opgevoed het” (2897). “Daar mag meer wees,” bv “vir [konvensionele, nie-terroristiese] militêre diens van drie jaar of langer. En wat van nog een stem vir besondere kulturele of wetenskaplike prestasie … Enigeen kan dus drie, vier of selfs ses stemme werd wees, teenoor die imbesiel en die straatveër se een of twee … Ja, dit sal inderdaad egte demokrasie wees, na verdienste én regverdig” (2909).

    “Bedink terselfdertyd die vernietigende krag van die een-man-een-stem-stelsel. As ‘n talentvolle persoon soos [Thomas] Jefferson [1743-1826] se stem gelyk aan dié van sy tuinier of koetsier geag word, is dit nie langer demokrasie nie maar ‘n aaklige misverstand en skadelike dwaasheid. Jy kan net van demokrasie praat waar die gees se rol openlik erken word” (2915). “‘n Mens kan nie gelyk maak wat God self ongelyk gemaak het nie” (2921). Ek het dit voorheen gestel dat die woord “demokrasie” in die nuwe Suid-Afrika ‘n eufemisme vir swart mag is. “Toe Perikles [495-429 vC] begryp dat demokrasie ‘n veelkoppige monster is, het hy daarvan weggedraai” (3596).

    Ten spyte van die verslegtende militêre posisie doen Van Oudshoorn hartstogtelik alles in sy vermoë om die land te probeer red. “Ons is nog geensins verslaan nie. Ons is nog nie eens getoets nie” (5041). “As dit [ons land] verlore gaan, is dit klaar met ons nasie” (3492). Hy bly “glo in die regverdigheid van ons saak” (3499). “Dit kom my en ander met wie ek daaroor gepraat het, voor dat ons regering, of ten minste sekere raadslede, se harte nie in ons stryd is nie en dat hulle nie omgee of ons land behou word of verlore gaan nie. Maar ons Kapenaars het net hierdie stukkie grond, kleiner as Nederland, en as ons dit verloor, word ons staatloos, burgers van nêrens … Ek vra … om julle tot verset teen die invallers aan te moedig … ons daarop geregtig, en soos die Amerikaners wel in staat is om ons self te regeer” (3517).

    “As Engeland die Kaap ook neem … sal ons sy wette moet gehoorsaam, produseer wat hy eis, hul taal aan ons kinders leer sodat hulle daarna aan die vreemdeling verantwoording kan doen … Hulle bekom die mag om te gebied en te verbied … Hulle kan belasting hef op wat ons het, ons ontwapen en belet om wapens te besit” (3534). Party redeneer: “Ons pak ons waens en trek landuit … dit word ‘n ontvlugting aan die werklikheid” (3541). “Hulle het ‘n skof te ver getrek” (3560). Dit verskraal die eenheid. Dit sal “‘n onherstelbare ramp wees … Julle verswak ons volk en word nog daar uitgemoor. En as julle tussen die Swartes intrek, is dit ewig en altyd verby met skeiding deur vaste grense” (3547). “Laat ons bymekaar hou. In eenheid is krag” (3541). “Engeland se politiek is ongesond vir ons wêrelddeel … Hulle skep ‘n woestyn en noem dit vrede” (3547). Hulle vind “dit beter om te neem as om te gee” (5880).

    “Onafhanklikheid is die basiese vorm van vryheid … Vryheid druk hom uit in wette en reëls wat vir één spesifieke volk beraam is. Vir één besondere volk … Jy het ‘n eie ruimte nodig vir jou vryheid. Binne andermansgrense kan jy nooit vry wees nie. Om vry te wees moet ‘n volk die soewereiniteit oor homself en beheer oor sy grond hê. Soewereintiteit se gesag ontstaan uit die volk, dit kom uit die goedkeuring van die volk en dit moet in die volk se hande bly. Niemand van buite mag dit verruil of wegteken nie. Hoe kan enige persoon sy volk se vryheid wegteken?” (3566). “Ons kan ons nie aan hul getalle onderwerp nie, dit sal selfmoord wees … As ons moet sterf, laat ons nie self die oorsaak daarvan wees nie … Nou moet ons opstaan en ons strate veilig maak, met ‘n verenigde wil” (3578). “Dis asof die Egiptiese plae die Kaap getref het” (4045). “Standaarde verval, sigbaar” (4069).

    “William wonder of Sluysken iemand betaal om lawwe verduidelikings te bedink vir sy weiering om aggressief op te tree” (3687). Sluysken: “Dit sal beter wees om niks te doen wat die vyand as aggressiewe optrede kan vertolk nie” (4030). “Dié kêrel het nie die knaters nie” (4189): “Heb je g’n kloten, mijn heer?” (4727). Soos Gordon word Sluysken ‘n “tweegatjakkals” genoem (4959). “Sluysken … verswyg waarskynlik weer meer as wat hy sê. Sy grootste leuens, weet jy, lieg hy in stilte” (5006). “As die man se hart maar in die saak was en sy verstand net so goed soos sy mond gewerk het, hoef hy hulle nie met retoriek te probeer mislei nie. Of dink hy dat hulle onnosel is, en nie die verskil tussen sy praat en sy optrede opmerk en daardeur beledig en seergemaak voel nie?” (4602). ‘n Burger skryf: “Verwag geen hulp nie, maar maak soos die Amerikaners op u eie moed, vernuf en vaderlandsliefde staat” (3741). William sê: “Ons is beleër maar ek sien geen weerstand nie. Ek sien nie eens ‘n wil tot weerstand nie” (4141).

    Sluysken sê: “Ek stel voor … dat die Raad ‘n wapenstilstand van agt-en-veertig uur vra, sodat ons voorwaardes vir kapitulasie kan bespreek” (5072). “William staan weer op: ‘Solank ons kan veg is ons nie verslaan nie’” (5072). Sluysken: “Ek het respek vir jou mening, William, maar nee. Om onnodige bloedvergieting te vermy” (5079). “In sy hart bly hy ‘n klerk wat die weg van minste weerstand kies” (5091). “Jy gee oor, kommissaris, maar dit bring geen vrede nie. Ons stryd gaan voort. Hoekom het jy ons nie vertel dat jy wil oorgee sonder om te veg nie? Dan kon ons self die aanval reël. Waarom het jy namens ons gekies en besluit?” (5097). Sluysken: “Ek moes keuses maak en besluite neem … Vir die land se beswil alleen” (5103). Van Oudshoorn: “Onsin. Jy kon veg. Wat van ons volk daar buite? Die onreg, die verraad, die misdaad!” (5103). Sluysken: “Ek het hierdie stad met al sy inwoners gered” (5291). William “kyk in die man se moeë oë: Sluysken lyk hol van binne. As hy ‘n siel gehad het, het hy dit verhandel” (5291). Hy het “aan ‘n onwaardige nasie kapituleer” (5893). “Ons weet dat die oormag én voordeel alles óns s’n was” (5589).

    “So kry Sluysken en Gordon hul sin” (5103). “Die wenner skryf die storie” (6307). “Hul wandade word nou die Kaap se geskiedenis en môre se jeug erf die skande van hul vaders … sulke gemene knoeiery, onreg in stilte bewimpel, sulke skelmheid en uitgebreide diefstal, dat ek my beswaarlik ‘n soortgelyke toestand op enige plek ter wêreld kan voorstel” (5127). “Só, korrup, misdadig en morsig, eindig wat die pioniers hier in nederige en getroue werksaamheid begin het” (5206). “Die Kapenaars, verlangend na hul vrede en gerief, sal gou die Engelsman as hul baas aanvaar en gedweë gaan lê met die houding van ‘n hond wat slae gekry het. Almal sal aan die nuwe vlag gewoond word; enkeles sal dit met groeiende haat verduur” (5356).

    Die Britte “is nou die wenners; aan hulle behoort die glorie én die mag om leuens te bedink en op amptelike, gestempelde papier en in skoolboeke te versprei en verewig … William loop huis toe met die sekerheid dat hy hierdie vyand nie sal vertrou nie … Hul grypsug oortref die Kompanjie s’n, hul oneerlikheid is minstens ewe groot” (5409). “Groenteplein [word] skielik Green Market Square … Enigiets wat die vreemde inkommer mag behaag het moontlik geword” (5416). “Afrikaners is deur die bank sleg, dis wat jy gaan hoor, jy sal jouself later nie meer ken nie … Die Afrikaner gaan geleer word om homself te skaam. Hy sal nie meer sy taal wil praat nie, want dié is minderwaardig … ons kinders … die skole leer hul in Engels” (5624). “As jy ‘n volk se taal uitroei is sy tong uitgesny … Uiteindelik, net Engels. Maar die verlies, dit bly julle s’n” (5874).

    “Die rewolusie het Kaap toe gekom” (4444). “Iets is nou finaal verby” (5054). “Die lewe gaan moeilik word vir diegene wat die waarheid liefhet” (5489). “Algemene wantroue en bitterheid teen Sluysken en Gordon het onder die volk posgevat” (4505). “Hulle het ons ‘n nasie van verloorders gemaak” (5636). Die volk “is uitverkoop, beroof, hul vaderland is verraai, die Kaap is voor die vyand se voete gegooi en hy self is beveel om die burgers daaroor in onkunde te hou asof hulle landsvyande is” (4360). “Nou is daar geen skild meer teen onreg en verraad nie” (4648). “Wat maak ons met die mure van afkeer, agterdog of vrees waaragter ons nageslagte moet bly woon?” (6080).

    “Anders as met die pokke van ’13 sal ons nakomelinge nooit, nooit die gevolg hiervan [“die volksramp”] ontkom nie” (5583). “Die ongeborenes sal nie weet waarvan hulle beroof is nie: ‘n Sterk, welvarende volk, onafhanklikheid, selfbeskikking, ‘n eervolle plek in die ry van state” (5630). “Hoe weerloos is die mens teen sy lot” (6351). “Afrika is só gemaak, só laat staan … uit Afrika kom steeds iets monsteragtigs” (6519). “Uit Afrika altyd iets verskriklik” (7157). “Wat lig was, is nou donker” (7105). “Wat kon hulle nie geword het nie! Wat word nou van hulle?” (7151).

  • Gustav Venter: ‘Modder en bloed’: ‘n Lang, stywe middelvinger vir die Britse Ryk

    Gustav Venter: ‘Modder en bloed’: ‘n Lang, stywe middelvinger vir die Britse Ryk

    Vatso Engelsman!

    Vatso Soutie!

    Vatso Rooinek, vatso gulsige verdelger van volkere, vatso lafhartige kryger wat in blokhuise skuil en op oormag staatmaak, vatso afbrander van plase en aanhitser van barbare, vatso verkragter van vroue en moordenaar van kinders en vatso arrogante, smalende, leuenagtige, selfverheerlikende, onregverdige en selfmisleide Kakieparasiet.

    Engelsman, vatso! Sean Else het ʼn fliek gemaak, Modder en bloed, en daarmee vir jou ʼn vet Boerenool uitgepak. Nog nooit in ʼn Afrikaanse fliek, eintlik Boerefliek, is die Engelsman so driftig, deurlopend en driftig sleggesê nie. Dit kon nie met ʼn beter nasie gebeur het nie.

    Heldhaftigheid word in die Westerse mitologie hoofsaaklik in drie militêre gevallestudies belig en gevier: Leonidas en sy “300” Spartane by Thermopylae, die Jode wat die Romeine vergeefs by Masada weerstaan het en Jim Bowie, Davey Crockett en die ander Texane in die Alamo se verset teen die Meksikaanse leër van Santa Ana. Dit sê veel van Westerse propaganda dat die Boere se oorlog teen Brittanje nie met oorgawe en verwondering van mond tot oor, televisiestel tot oog, in skole en universiteite gehuldig word nie. Die Slag van Thermopylae was binne sewe dae gewonne, die Amerikaners het vir 13 dae in die Alamo uitgehou en selfs die Joodse weerstand het na ʼn jaar verkrummel.

    Maar in Suid-Afrika, van 1899-1902 het twee ylbevolkte republieke met skaars ʼn beroepsoldaat tussen hulle, die magtigste moondheid van die tyd tot vuisvoosheid op die slagveld gekarnuffel. Selde het ʼn land met soveel voordele die krygsarena betree as Brittanje in 1899. Skatryk met ʼn weermag wat vir honderde jare gebrei is, weliglik toegerus met die beste en vernietigendste krygstuig, beskikkende oor ʼn haas onuitputbare bron soldate, perde en voorrade. Teen hulle was opgetrek ʼn tiende – en uiteindelik ʼn twintigste – van hulle mannekrag met ernstige tekorte aan wapens, ammunisie en voorrade en geen moontlikhede om nog in te voer nie. Die Britte se arrogante voorspelling was, soos almal van ons weet, dat hulle sou “tuiswees teen Krismis”. Hulle het net nagelaat om aan te dui watter Kersfees. Want vir twee en ʼn halwe jaar het hierdie Boere elke hou gevat wat die Britse leër kon plant, die stryd dikwels sonder kos, perde of ammunisie voortgesit, en die Engelse leër genadeloos uitoorlê en gekasty.

    Die Spartane het by Thermopylae verloor, die Jode het by Masada (moontlik) selfmoord gepleeg en die Texane is by die Alamo uitgewis. Maar die Boere het uiteindelik tog geseëvier.

    Daar is eenvoudig nie in die wêreldgeskiedenis ʼn meer kordate, heldhaftige, eerbare, lydsame stryd wat so lank deur so min met so weinig teen soveel met so baie gevoer is nie. (Die enigste moontlike uitsondering is die Duitse Derde Ryk wat tot die spreekwoordelike laaste druppel kinder- en oumensbloed uitgehou het teen dosyne lande met ʼn oorweldigende industriële krygsvermoë.)

    Dis eintlik net die Engelse en die geestelike afstammelinge van Hensoppers en Joiners wat glo dat Brittanje die oorlog gewen het. Die Boere het hulle land vir ʼn kort rukkie verloor. Brittanje het sy Empaaier vir ewig verloor.

    Die Boere se stryd teen die Engelse was die seëviering van nasionalisme teenoor meedoënlose imperialisme.

    Nasionalisme? Nou ja, sien, dit is juis die element wat maak dat skrywers en filmmakers gedweë die hele onderwerp van Boereheldhaftigheid in die oorlog met groot omsigtigheid omsluip. Die hagiografiese juigkore moet aanhou histeries sing om die kollektiewe Suid-Afrikaanse ongemak met Boerenasionalisme te verdoesel. Want ongeag die gepronk van ons teenstanders, of die verguising en beskuldigings wat ons in die media moet verduur, of die magsvertoon deur die onbeholpe regering, hier is wat almal in hulle kern onthou en weet: Daar is geen manhaftiger, meer onstuitbare maatskaplike mag in Suid-Afrika as ʼn Boer met ʼn ontwaakte nasionalistiese instink nie.

    Daarom dat skrywers, selfs Afrikaanse skrywers (PG du Plessis, Christoffel Coetzee) en Afrikaanse filmmakers (Piet de Jager, Deon Opperman) hulle aanbiedings van die Vryheidsoorloë katvoet balanseer met verslae en gerugte van Boerelafhartigheid, -verraad, -wreedheid en –nyd. Boereheldhaftigheid word in werke gekwarantyn as hipernasionalistiese fabels terwyl dit hulle vertrekpunt was dat die Hensopper of Joiner die mees getroue aftekening van die Boerekarakter is. Balans is hulle heiligste stelling, maar dit word ʼn selfgerigte parodie en is naderhand balans nie meer nie, maar eerder gedienstige propaganda teen die volk, ter wille van die aggressor.

    By Sean Else, egter, is daar nie so ʼn kniehalterende soeke na balans nie, maar eerder na waarheid. En in die waarheid oor Vryheidsoorlog Twee is daar geen balans beskikbaar of nodig nie. Die Boere was reg, die Engelse verkeerd. Die Boer se stryd was edel; die Brit se stryd was oneervol. Wanneer Else dan die Engelse ʼn nool wys, is dit nie net aangaande die slag wat hulle in die oorlog toegedien is nie, maar ook daarvoor dat hy dié eenvoudige waarheid mag vertoon en dit sal doen, onbeskaamd en uitbundig, duidelik en by herhaling, met trots en oortuiging.

    Hierdie is onapologeties ʼn fliek oor witmense. Daar is geen stoere swarte wat ʼn gewigtige toespraak gegun word om te verduidelik dat hulle net so erg soos die Boere gely het nie; geen kostelike kleurling vol pittige wyshede nie; geen hulpvaardige Indiër nie. En dít in ʼn fliek wat gedeeltelik deur die departement van handel en nywerheid, Kyknet en die Dagbreek Trust befonds is! Ons jong meneer Else, wil dit blyk, weet hoe om dinge gedoen te kry…

    Die blote vervaardiging en bestaan van Modder en bloed is metafories van die Vryheidsoorlog self. Die Engelse propagandamediummasjien is so oorweldigend, so allesomvattend, so aansprakerig dat ʼn klein Afrikaanse fliek nie ʼn kans gegun sal word om dit teen te staan nie. Maar daar is dit dan nou. Modder en bloed is klein ja, ooglopend met ʼn begroting gemaak waarvoor ʼn internasionale fliek se assistenthaarkapper nie uit die bed sou opstaan nie.

    As resensent word dit van my verwag dat ek na die tegniese aspekte en gehalte van die rolprent sal kyk. Ontspan. Dit is ʼn goeie fliek, goed vervaardig en opgevoer, met uitstekende rolvertolkings en die beste Afrikaanse draaiboek sedert Chris Barnard se Die storie van Klara Viljee, in elk geval wat die allerbelangrikste element van strukturering betref. Ja, ek kan kibbel oor kleiner voetfoute: Die klein begroting steur soms. Daar is nooit meer as ʼn halfdosyn Britse soldate bymekaar nie, selfs in die gevegstonele. Die storielyn is stroopsoet uit stapelwerk van Hollywood gelig met Sylvester Stallone se Escape to victory (gevangenes speel sokker teen Duitse wagte,) Burt Reynolds se The mean machine (gevangenes speel voetbal teen die bewaarders) en Aamir Kahn se Lagaan (Indiese plattelanders verslaan die Engelse leër se krieketspan). Daar is ʼn paar spatsels geyktheid en ʼn welige aanwending van standaardkarakters wat wissel van die astrante Ier tot die konvensionele onderwyser wat met sy onwrikbaarheid verbaas. En, as daar ʼn beswaar teen die draaiboek is, gaan dit oor die uitgerekte eerste bedryf wat te laat oorskakel na die uitbreidende tweede bedryf.

    Goed. Daar is dit dan nou. Modder en bloed is tegnies nie volmaak nie. Maar man, is dit ʼn lekker fliek! Sean Else die skrywer en Sean Else die regisseur is saliglik onbelemmerd deur enige polities korrekte ongemak. Sy uitbeelding van Britse wreedheid knip nie oog nie. Dis onversag en onverskonend.

    In hierdie rolprent het ons te doen met Willem Morkel, ʼn Kaapse rebel wie se lewe deur die Engelse vergruis word toe hy eers sy vrou aan die dood in ʼn konsentrasiekamp afstaan, toe sy babaseuntjie verloor en uiteindelik self gevange geneem en na St Helena verban word. Daar word hy en sy makkers blootgestel aan die afgryslike venyn van die eiland se militêre bevelvoerder, kolonel Swannel. Morkel en sy medegevangenes word deur omstandighede – en sy skerp impulsiwiteit – gedwing om hulleself voor te berei vir ʼn rugbywedstryd teen die bewaarders se spogspan. Die lewe van ʼn dapper jong seun berus op die uitslag.

    Die verloop van die voorbereiding en die wedstryd is heel voorspelbaar, maar soms is voorspelbaarheid ook goed, want so kry die kyker dubbele waarde: Eers vir sy afwagting en dan in die realisering daarvan. Ek glo ek gee niks weg as ek sê dat die Engelse ordentlik verniel en vertrap word nie.

    Dit is ʼn plesier om vir Sean Else aan die werk te sien. Hy is ʼn Vryheidsoorlogentoesias en hy plant ewe plesierig visuele opmerkings en ander verwysings daaroor in die rolprent. Dank Vader, vir eens is selfs die wapentuig periodereg, al bestaan dit net uit ʼn paar Mauser K98-roere, ʼn Lee Enfield of twee en ʼn paar Webley-rewolwers. Morkel is natuurlik ʼn legendariese Afrikanerrugbynaam en daar is selfs ʼn Gideon Scheepers, en hoewel die regte een nie sy einde in St. Helena tegemoet gegaan het nie, is sy verskyning ʼn herinnering aan die verraad van die Engelse en die opofferings van die Boerevegters.

    Else is ʼn geskiedenistradisionalis, maar hy beskik oor die visuele taal van die moderne filmmaker. Die enkele gevegstonele is knap gehanteer en laat die kyker vasgenael en selfs verbyster oor die hoofkarakter se roekeloosheid. Die koeël wat vlees tref se klapgeluid is ewe Saving Private Ryan, so ʼn fluitsuisdoef!-klank, en al is Morkel se onverwagte berede stormloop duidelik geleen uit David Lean se Lawrence of Arabia, is dit suksesvol in die onverwagsheid en intimiderende energie daarvan. In pas met moderne televisieverhaalvertelling, gee hy ongekende gewig aan ondergeskikte rolle en huiwer hy nie om gunstelingkarakters vroeg reeds te laat sneuwel nie.

    Die kinematografie is meesleurend; gemaklik in halfduister of skellig. Die musiek is vol somber atmosfere wat met instrumentale triomfgesange afgewissel word.

    Sean Else was wys genoeg, en moet gewild genoeg wees, om hom met uitmuntende toneelspeltalent te omring. Die hoofrol van Willem Morkel is toevertrou aan Stian Bam, ʼn akteur met ʼn werklike teenwoordigheid. Hy vertoon lank en imponerend, maar daar is ʼn opregtheid en ʼn meelewendheid in hom wat sy selfvernietigingslus suksesvol temper.

    Grant Swanby se kolonel Swannel, Morkel se nemesis, is sekuur, oortuigend en kragtig. Else vind geen element ter versagting in hom nie, en daar is ook niks in Swanby se vertolking te sien nie. Swannel is die nootvaste verteenwoordiger van die Britse Ryk: Arrogant, oneerlik, wreed, genadeloos, lafhartig, agterbaks en haatdraend. In swart-en-wit terme is hy pikswart. Selfs die optrede van Jason Isaacs se kil wreedaard in Mel Gibson se The Patriot is verduidelik en selfs effens verskoon deur sy herkoms en ongelukkige oorvalling. Daar is geen sulke ligstrepies in Swannel nie.

    Die res van die akteurs sit nie ʼn voet verkeerd neer nie.

    Uiteindelik word die rugbywedstryd in die rolprent ʼn metafoor van die Tweede Vryheidsoorlog. Aanvanklik speel die Boere die spel soos hulle dit by die Engelse geleer het, maar omdat hulle nie so goed voorberei het of toegerus is nie, kan hulle net verloor. Dis eers wanneer hulle rugby op hulle eie manier begin speel, wat hulle die Engelse radeloos laat. Net soos die Boere in die Oorlog, wat van oorlog ʼn volksvernuf gemaak en toe die Engelse verrinneweer het.

    Sean Else het gewys dat ons mense ʼn fliek kan maak en in die fliek wat hy gemaak het, het hy gewys dat ons mense oorlog kon maak en, indien nodig, dit sekerlik weer sal maak.

    Na die vertoning van Modder en bloed in die teater waar ek dit gesien het, was daar ʼn waarderende handegeklap. Dit is seldsaam in ʼn flieksaal. Dit was nie vir my nodig om te besluit of ek daaraan sou deelneem of nie.

    Ek was die eerste om hande te klap.

    Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur.  Die fliek is vervaardig deur Llewelynn Greeff, Henk Pretorius en Sean Else.

    Die film is op 1 April 2016 plaaslik vrygestel en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

    Webtuiste: www.modderenbloedmovie.com of Facebook: www.facebook.com

    Hier is die amptelike lokfilm:

  • Leon Lemmer: Zimbabwe: Die ontheemding van blanke boere

    Leon Lemmer: Zimbabwe: Die ontheemding van blanke boere

    Die aanloop tot die Bosoorlog in Rhodesië was die moord op Petrus Johannes Andries Oberholzer op 4 Julie 1964 by Melsetter, gevolg deur die moord op ‘n Viljoen-egpaar by Gadzema op 16 Mei 1966. Van 1973 tot 1979 is talle blankes deur terreurbendes vermoor, bv mev I Kleynhans by Centenary op 24 Januarie 1973 en mnr A Joubert by Wedza op 30 Maart 1973. Na Mosambiek se onafhanklikheidswording in 1975 het terrorisme skerp toegeneem. In baie gevalle was blanke boere en hulle gesinslede die slagoffers; dikwels Afrikaanssprekendes. Na die politieke onafhanklikheid van Zimbabwe in 1980 het hierdie soort misdade aanvanklik afgeneem.

    Met die aanvang van plaasbesettings in 2000 is die moordveldtogte met hernude ywer hervat, bv Willem Botha was ‘n slagoffer by Seke op 23 Mei 2000. (Vir ‘n ellelange lys van vermoordes in die Bosoorlog en daarna, met plek en datum, kyk Rory Pilossof, bron hier onder, bylaag 5.) Dit herinner aan wat Lien Botha oor Suid-Afrika geskryf het: “Landbouers was teen dié tyd sorgvuldig uitgedun” (Wonderboom, Kaapstad: Queillerie, 2015, p 18). Behoort die nagedagtenis van hierdie Rhodesiese/Zimbabwiese blankes/Afrikaners nie plaaslik gehuldig te word nie, of het ons in Suid-Afrika oorgenoeg vermoorde boere en ander blankes/Afrikaners wat ook nie na behore geëer word nie?

    ‘In Afrika kan moord ‘n mens se loopbaan ‘n hupstoot gee.’

    Die groot rol wat blanke Suid-Afrikaners, insluitende Afrikaners, in die ontwikkeling van Rhodesië gespeel het, moet meer erkenning geniet. In 1922 het Jan Smuts alles in sy vermoë gedoen om Rhodesië die vyfde provinsie van Suid-Afrika te maak. “But put off by the Nationalists’ republican sentiments and South Africa’s official policy of bilingualism, white Rhodesians decided by a narrow majority of 2 785 votes against incorporation into South Africa” (Richard Steyn, Jan Smuts: Unafraid of greatness, Johannesburg: Jonathan Ball, 2015, 278p; Amazon Kindle $12,53; Kindle 1999). Hierdie referendumuitslag laat dit lyk asof ietwat te min Afrikaners hulle in Rhodesië gevestig het.

    Peter Godwin skryf: “I think I first realized something was wrong when our next-door neighbour, oom Piet Oberholzer [1ste paragraaf hier bo], was murdered … I can remember oom Piet’s body lying on the tar road. He was on his back, with the bone handle of a hunting knife sticking out of his chest” (Mukiwa: A white boy in Africa, London: Macmillan, 1996, p 3). Die terroriste se modus operandi was om klippe oor die pad te pak en om Oberholzer, toe hy uit sy voertuig klim, met klippe te bestook, met ‘n mes dood te steek en petrol oor sy voertuig, met sy vrou en kind binne-in, te gooi. Dit is hoe mense, wat na bewering die hoë morele grond beklee, te werk gaan. Die leier van hierdie moordbende, William Ndangana, is in 1980 as ‘n adjunk-minister in Robert Mugane se kabinet aangestel (p 20). In Afrika kan moord ‘n mens se loopbaan ‘n hupstoot gee.

    Die talle ooreenkomste tussen die geskiedenis van en die huidige situasie in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika is redelik bekend. Maar net soos “die wêreld” grootliks belangstelling in Suid-Afrika verloor het na FW de Klerk se roemlose en mandaatlose magsoorgawe aan die magte van die bose, is buitestanders sedert die bewindsaanvaarding van Robert Mugabe min begaan oor wat in Zimbabwe gebeur. Soos Jocelyn Alexander dit stel: “The spaces and the occupants of white farms fell outside the remit of nationalist historiography” (Pilosoff, bron hier onder, Kindle 713). Anders as tydens die bewind van Ian Smith verwerdig plaaslike koerantuitgewers hulle nie meer om eie beriggewers in Zimbabwe te hê nie. Byvoorbeeld, Naspers/Media24 sou geen behae daarin hê as so ‘n verslaggewer hom met ‘n stroom polities inkorrekte berigte voer nie. Dieselfde geld Namibië. Eintlik het die werklike lot van al die blankes in Suidelike Afrika in groot mate in die (buitelandse) hoofstroommedia vergete geraak.

    Teen hierdie agtergrond het ek gehoop dat Rory Pilossof se boek, The unbearable whiteness of being: Farmers’ voices from Zimbabwe (Harare: Weaver Press & Claremont: UCT Press, 2012, 283p; Amazon Kindle $11,39), welkome verdere/nuwe inligting sou verskaf. Die boektitel sinspeel op Milan Kundera se roman, The unbearable lightness of being (1984). Pilossof se boek is blykbaar ‘n aanpassing van die doktorale proefskrif (Kindle 267) wat hy in 2010 aan die University of Sheffield voltooi het. Hy was agtereenvolgens akademies verbonde aan die universiteite Kaapstad en Pretoria en tans die Universiteit Vrystaat. Maar sy tuisdorp is in Suid-Carolina (6632). Sy verbintenis met Zimbabwe is: “My great-uncle was involved in large-scale cattle ranching in Matabeleland, so the Pilosoff name was well known in farming circles” (5128).

    Die georganiseerde (blanke) landbouers, bekend as bv die Commercial Farmers’ Union (CFU), het blykbaar twyfel oor Pilossof se gesindheid/motiewe gehad en hom toegang tot hulle argiewe geweier (272, 5148). ‘n Ander navorsers, Angus Selby, het wel toegang verkry (408). Verder: “The National Archives of Zimbabwe and the Central Statistics Office were in such disrepair and disorder that doing any detailed research was inconceivable” (272). Pilosoff se navorsing steun dus in groot mate op inligting in die weeklikse tydskrif, The Farmer, enkele akademiese tesisse, die gepubliseerde outobiografieë en herinneringe van blankes en onderhoude wat met afgesette boere gevoer is. Oor die resultaat van sy ondersoek skryf hy: “The version I put forward is probably not one that most white farmers would agree with” (333). Hy etiketteer hierdie boere se standpunt as “affirmative parochialism” (338). Polities korrek gee hy die blankes (deels) die skuld vir die Bosoorlog en die plaasbesettings en -onteienings.

    “Parochialism is usually invoked in a negative context, typically signifying the narrow, provincial or insular. However, emphasising the affirmative nature of the white farmers’ parochialism stresses that it was a chosen strategy. This does not negate or preclude a negative interpretation; it also opens the space for questioning the motives of this inward-looking approach by the white farming community and its leadership … The CFU sought to preserve the white farming community as it was, and felt the best way to do this was to promote its isolation and focus only on those issues that affected it. They insulated themselves from events around them by claiming to be ‘apolitical’” (1824). “Farmers retreated from the political arena in the belief that this was the most likely way to ensure their survival in Mugabe’s Zimbabwe” (1870). Volgens die HAT beteken parogiaal “bekrompe, benepe, eng.” Dit is dieselfde woord wat gebruik word om bv die Universiteit Stellenbosch van weleer te etiketteer. Oor Pilossof se negatiewe ingesteldheid jeens blankes en spesifiek hierdie boere kan daar kwalik twyfel wees.

    Volgens die voorwoord is Pilossof se teks bedoel om die wit boere se kant van die saak te stel omdat die standpunt van die swartes reeds dikwels aandag gekry het. (Wanneer ek voortaan na boere verwys, word blanke boere bedoel.) Die tydperk onder bespreking is van die 1970’s (toe terrorisme in alle erns toegeslaan het) tot 2004. Pilossof het in 2006 na Zimbabwe gegaan en was verbonde aan die Research and Advocacy Unit en later Justice for Agriculture. Laasgenoemde het onderhoude met boere wat van hulle plase afgesit is, gevoer. Hierdie boere gebruik graag die volgende benamings vir die plaasbesetters: “terr” (‘n verkorting van “terroris”), “gook” (‘n term wat tydens die Amerikaanse stryd in Viëtnam vir hulle teenstanders gebruik is) en “mujiba … the Shona word for young boys who acted as informants and messengers for the guerrilla forces” (197; ook 4869).

    Die breë tendens wat Pilossof bespeur, is dat die boere hulle tydens die Bosoorlog agter die blanke politieke bewind van Ian Smith geskaar het; veral sedert die eensydige onafhanklikheidsverklaring in 1965. Pilosoff noem Rhodesië ‘n “settler state” (4092). Boere en hulle besittings is daarom (soos in Suid-Afrika) as wettige teikens vir terrorisme beskou. Terrorisme is toe by die naam genoem. “Farmers were the front line in the war” (2017). Die CFU-president het in sy 1977-Kersboodskap belowe “that farmers would ‘remain the Frontier of our National effort’. For an apolitical entity, this was a very strong and clear message of support for the RF [Ian Smith’s Rhodesian Front] and the fight against the ‘terrorist’ threat” (2099).

    Die aard van die terreurgebaseerde Bosoorlog is glo “never framed as such by white media” (3117). Oor voor die hand liggende sake is geswyg; ‘n geval van “people protect themselves through silences”, soos Carolyn Nordstrom dit gestel het (2984). Anthony Chennells het egter helder en duidelik gesê wat aan die gebeur is: “primitive space attempting to reabsorb civilised space” (3123). In die boeregemeenskap was daar ook insig in die vyand as “Communist-trained terrorists whose aim is to remove whites from the country and destroy their influence which in 89 short years [since 1890] has been the key to economic and social development unparalleled on the African continent” (3142).

    Henry Kissinger en B.J. Vorster
    Henry Kissinger en B.J. Vorster

    In 1980 het die magsoorname deur swartes plaasgevind, danksy die medewerking van bv John Vorster (die Suid-Afrikaanse eerste minister), Henry Kissinger (die Amerikaanse minister van buitelandse sake) en Peter Carington (die Britse minister van buitelandse sake). Polissof noem dit “the perceived betrayal of [by?] South Africa” (2106). Toe het die boere hulle by die onverkwiklike nuwe situasie probeer aanpas; ook wat hulle taalgebruik betref. Soos Nelson Mandela in die jare negentig het Robert Mugabe aanvanklik versoenende uitlatings teenoor die blankes gemaak. Die Lancaster House-grondwet het bepaal dat grond tot 1990 slegs teen markverwante pryse deur ‘n gewillige verkoper en koper verhandel mag word (707). Daarna is die prys na “fair compensation” verander (796).

    Toe Mugabe sy swart politieke teenstanders in die 1980’s in Matabeleland en die Middelande probeer uitroei het (die veldtog staan bekend as Gukurahundi), was die boere aanvanklik geneig om Mugabe ten minste amptelik te steun. Byvoorbeeld, in 1984: “The commercial farming sector is fully aligned with the Government’s fight for stability and law and order” (3263). Met verloop van tyd is baie boere egter vermoor: “By 1987, more than 50 farmers and their families had been murdered by dissidents” (3201). Die boere is ook tydens die Bosoorlog drasties uitgedun: “Farmers accounted for more than 50 per cent of white civilian deaths during the war” (654, 3584). Nogtans: “By 1990, 30 per cent fewer farmers were prodicing 20 per cent more output on almost 20 per cent less land” (775).

    “After the signing of the Unity Accord in 1988 and the capitulation of [Joshua Nkomo’s] ZAPU, the security situation was resolved” (3368). Mugabe was egter nie lank sonder politieke opposisie nie. Die Movement for Democratic Change (MDC) het ontstaan. Die boere het hulle steun aan hierdie nuwe politieke party toegesê en aktief teen die Mugabe-bewind georganiseer. Mugabe het die referendum vir ‘n nuwe grondwet in Februarie 2000 verloor. “Mugabe and other party leaders ‘blamed the defeat on the white minority and … promised retaliation’” (2499). Die grondwet het bv bepaal dat Brittanje vir grondhervorming moet betaal. In die daaropvolgende Junie 2000-verkiesing het Mugabe, heel moontlik weens bedrog, geseëvier.

    Hierna het vergelding in die vorm van plaasbesettings begin, bekend as jambanja, “state-sponsered lawlessness” (1190), wat tot op hede voortgesit word. Dit word as “the latest evolution of the struggle” beskou (1292). Weens hulle steun aan die MDC is die boere voortaan as opposisie-politici beskou en as sodanige behandel (1299). Soos ZAPU is die MDC in die Government of National Unity opgeneem (2669), wat swart mag solidariteit/konsolidasie teen die blankes bevorder het. Mugabe: “Let us bring home to the commercial farmers of the CFU that they have declared war against the people of Zimbabwe who have every determination to win it” (1307). Soos in Suid-Afrika is die boere die skuld vir die stadige pas van grondhervorming gegee (817). Mugabe het teruggekeer na sy onderneming tydens die Bosoorlog: “that not ‘one of the white exploiters [would be] allowed to keep a single acre of their land’” (726; ook 2056). Dit is soortgelyk aan bv Nelson Mandela en Jacob Zuma se stelling dat Suid-Afrika die swartes se land is, ‘n geval van “take what is rightfully ours” (2477). Na bykans vier eeue en ‘n voortreflike geskiedenis van eerder opbou as afbreek, het blankes in die oë van die ANC steeds, soos in Zimbabwe, die status van setlaars. In Zimbabwe “80 per cent of the land bought by white farmers was bought after independence” (4022). Elders word hierdie persentasie op 65 gestel (4100, 5690). Maar hoeveel swartes het ooit plase gekoop pleks van hulle gratis te ontvang? Maar dan word na blankes in Zimbabwe verwys as “the ones who stole the land” (4548). In Suid-Afrika kom Zuma met dieselfde bewering.

    ‘n Belangrike verskil tussen die Bosoorlog en Mugabe se grondhervorming is dat hoofsaaklik boere in afgeleë grensgebiede tydens die oorlog deur terroriste geteiken is terwyl grondbesetting en -onteiening potensieel alle boere bedreig: “While … with the vast majority of farming deaths, attacks and desertions occuring in the outlying border regions, the threat of land expropriation espoused by the nationalist movements affected the entire community” (3062). Pilosoff maak asof dit nie so erg is nie en probeer selfs die Mugabe-bewind (in ‘n mate) verontskuldig: “It should be remembered that, while the vast majority of farmers were forced from their land, only eleven white farmers were killed between 2000 and 2004 (and not all of these in actions sanctioned by government” (3442).

    Sedert 2000 het die Zimbabwiese boere teruggekeer na hulle taalgebruik tydens die Bosoorlog deur na die plaasbesetters as bv terroriste te verwys. Pilosoff vra hom af of die boere se gesindheid regtig na 1980 verander het en kom tot hierdie gevolgtrekking: “The farmers largely retained the prejudices and biases that expressed themselves so evidently after 2000” (3672). “White farmers were now direct targets of the state. The realisation that they were under attack reinvigorated the often racist white farming discourses of the 1970s” (3379). “Many white farmers in the 1970s had predicted [what] was going to happen after independence” (3399), te wete dat “the true nature of black rule and Mugabe” (3379) na vore sou kom. Volgens Richard Winkfield “the disaster occuring in Zimbabwe was a typical manifestation of the broader decay of the continent” (3418).

    Die swartes verwys na die plaasbesettings as die “Third Chimurenga” (1220). “The Third Chimurenga was designed to group all those who were against the government, into ‘the enemy’ … ‘enemies of the state’, and therefore beyond the pale of the rule of law” (1307). Die eerste twee Chimurenga’s verwys na die swart opstande teen blankes onder die leiding van Lobengula teen die einde van die 19de eeu (1284). Aan die begin van die huidige eeu kon die boere plaasuitsettings aanvanklik met hofbevele beveg. Maar Mugabe het hom nie aan hofuitsprake gesteur nie: “We want whites to learn that the land belongs to Zimbabweans” (1226). “The language employed, coupled with the government’s sanctioning of violence, meant that all those labelled as the opposition, or enemies of the state, were open to attack and violence without any legal protection from the state” (1314). Dit is veral die geval sedert Mugabe die getal regters in die hooggeregshof van vyf tot agt vermeerder en daarmee regspleging ‘n “pliant instrument of state power” gemaak het (1442).

    Soos in Suid-Afrika was daar swartbewind-voorstanders in Rhodesië: Tydens die Bosoorlog “some farmers even supported the guerrilla fighters in their areas. Often this was done opportunistically in order to ensure safety from attack, but for some, such as Garfield Todd and Guy Clutton-Brock, ‘support for the nationalist forces was a matter of conviction’” (687). Kyk wat het twee Afrikaanssprekende boere na 2000 oor die plaasbesettings gedoen: “One of the most notable of these was its [CFU’s] backing of a plan formulated by Nick Swanepoel and John Bredenkamp – farm owners with close ties to [Mugabe’s] ZANU-PF – called the Zimbabwe Joint Resettlement Initiative (ZJRI), which proposed an immediate offer to government of one million hectares of land for planned and orderly resettlement, with a further four million hectares to follow over a longer period of time” (1394). Hiervan het niks tereg gekom nie, maar die voorstel het verdere verdeeldheid in die plaasgemeenskap veroorsaak.

    Soos in Suid-Afrika was daar ook voorstelle vir die verdeling van plase wat dan die gesamentlike onderneming en eiendom van boere en besetters sou word (1495). “For the occupiers, it was a chance to get a foot in the door, observe the farming process and acquire their share in the growing of a crop they would put little or no input into. Usually, farmers were evicted before or during the harvest, leaving the occupiers to reap the profits” (1502). Dit kan as ‘n sprekende voorbeeld van Afrika-geregtigheid beskou word. Pilosoff skryf: “Even in post-colonial Zimbabwe farm labourers remained … junior partner[s]” (4947). Hulle was nie tevrede om (grootliks onverdiend) gelyke vennote te wees nie. Hulle wou die base van die plase wees, met katastrofiese gevolge.

    Die landbou-oorskot is weens die grondhervormingsproses in voedseltekorte en hongersnood omskep. Die handelsanksies wat na 1965 ingestel is, het die boere verplig om te diversifiseer; ook omdat tabak om gesondheidsredes in onguns geraak het. Boere het oorgeskakel na tuinbou (bv blomme) en wildboerdery, onder meer weens vee- en ander diefstal. Asof die boere nie genoeg benadeel is nie, misbruik Pilossof hierdie verwikkelinge om boere te verwyt dat dit vir hulle om ekonomiese welvaart gaan en nie om patrioties die bevolking van kos te voorsien nie (605). Ook: “Land inequalities were dismissed as faults of the government’s misrule, and no attempt was made to discuss the inequalities of wealth” (3393).

    Dit is eers in die latere hoofstukke dat Pilossof al hoe duideliker sy politieke gesindheid openbaar. Hy skryf deurgaans van die “Liberation War” en “guerrillas” en gebruik “terrorists” tussen aanhalingstekens. Maar selfs “bush war” is vir hom onaanvaarbaar: “The term ‘bush war’ … is saturated with racial undertones that are implicitly dismissive of the struggle for independence. For those who subscribe to the ‘bush war’ view of the conflict, a ‘war veteran’ was in fact a cowardly ‘terrorist’, rather than a soldier worthy of the title and fighting for a legitimate cause” (3405). “There was no apparent realisation that the guerrillas were human too, fighting and dying for a cause very real to them” (4198). Het die blankes nie in dieselfde mate as swartes die reg op lewe en eiendom nie?

    Die tydskrif The Farmer word ook gekritiseer: “The magazine never admitted its complicity in the previous violence [hy verwys blykbaar na die boere se steun vir die MDC], but its sudden association with a claimed fellow victimhood is entirely ahistorical and reveals the silences and forgetting central to white farmer discourse” (3467). Die tydskrif het briewe gepubliseer oor “the ineptitude of black rule” (3519) en “the virtues of the colonialists” (3526). “The Farmer sought to identify with a glorious past that was threatened with extinction by [Mugabe’s] ZANU-PF” (3534). Pilosoff noem die boere se menings “colonial apology and romanticism” (3526).

    “While the ‘genocide’ of Gukurahundi was evoked, many declared Mugabe’s actions against white farmers to be another genocide, or at least an ‘ethnic cleansing’. Yet most of these claims were utterly unconnected with events that were taking place. White farmers were certainly attacked, but they represented a very small proportion of the white population of Zimbabwe (around five per cent)” (3488). Die boere word beskuldig van “a lack of compassion for circumstances of the wider population” (3511), bedoelende swartes, bv plaaswerkers: “The fast-track land reforms had as much to do with them [farm workers] as it did with white landowners” (4000). “The farmer was utterly dependent on the cheap labour, and exploitation, of black workers to make their enterprises viable and successful” (4079).

    Terselfdertyd wys Pilosoff egter ook op “a significant number of inefficient and incapable white famers … in the 1975/76 season … 60 per cent white-owned farms were not profitable enough to pay income tax” (4059). Goedkoop arbeid was dus nie ‘n wonderkuur nie. Ook: Hoeveel swart boere het inkomstebelasting betaal? Ten spyte van die voedseltekorte en selfs hongersnood wat Zimbabwe tans ervaar, skryf Pilosoff: “There is plenty of evidence to illustrate that black farmers were capable of producing enough food to feed the country” (4586).

    Pilossof het dit ook teen die simpatie wat vir die boere weens plaasbesettings in die openbare pers (Afrika uitgesonderd – 3380) uitgespreek is: “What is surprising is the sheer quantity of that coverage, given the small number of white farmers [killed: 11 between 2000 and 2004 – 3442] and the actual scope of violence they have been exposed to” (3678). Die “actual scope of violence” was egter genoeg om boere verplig te laat voel om hulle plase/boerderye/inkomste/tuistes op te gee, dus ontworteling/ontheemding as die beste opsie te kies.

    In die voorlaaste hoofstuk skryf Pilosoff: “Rhodesia, as a place and as a nation, no longer exists” (3780). Wit Rhodesiërs se herinneringsgeskrifte is glo “an attempt to keep that ‘imagined’ community or nation of Rhodesia alive” (3780). Dit pas hom om te skryf “Timothy Brennan observes that nations are ‘imaginary constructs’ whose existence depends on ‘an apparatus of cultural fictions’” (3771). Maar dit is Pilosoff wat beweer dat hierdie blankes aan geheueverlies ly (3467), bv oor wat hulle die swartes aangedoen het. Die werkers is glo uitgebuit, misbruik en mishandel (4079, 4185, 4192). Blanke nasionalisme en kultuur word deur Pilosoff ontken of verkleineer, maar nie swart nasionalisme en kultuur nie. By blankes is sulke dinge onregmatig, maar nie by swartes nie. By blankes noem hy hulle “myths” (3780): “Myths implies a collective perception and is basic to more complex formulations of ideology, to subsequent political programmes and to social attitudes” (3786). In werklikheid is die blankes, die lewendes en die (vermoorde) dooies, en hulle besittings, bv plase, konkrete realiteite en nie fiksie of mites nie.

    Oor blankes se herinneringsgeskrifte: “What they write is tailored for a limited number of distinct groups: the farming community, white Rhodesian/Zimbabwean communities of the diaspora, and international white/western audiences”(3833). Van die “mites” wat verkondig word, is “those of the empty land, the hard-working white pastoralists and the lazy ‘Africans’” (3853; ook 4371). “Such beliefs in empty land deny the indigenous black populations a place of belonging … ‘Africans’ employed by the white man fit the model of pastoral paternalism” (3860). “Corruption by outside forces is blamed for the breakdown of the relationship between whites and blacks, thus absolving the whites of any wrongdoing or guilt” (3882). Enersyds ontken Pilosoff dat die boere ongerepte grond/”empty land” beset het. Andersyds verwyt hy hulle dat daar steeds “unutilised land” is (4185).

    In die boere se vertellings “it is the physical landscape that is most important to the white settlers. Regardless of the political events, the country retains its image as a pastoral ideal. In believing this, the authors show a short-sightedness and inability to connect to the political and social currents, not only within Rhodesia with the rise of African nationalism, but within the region and the continent” (3897). Die boere het glo bly klou aan hulle “racist … archaic, colonial visions of Africa” (4157). Pilosoff noem dit “collective myopia” (883) en “white myopia” (4079).

    “D Palamuni-Poi wrote in his study of ethnic autobiography that ‘the ethnic narrative presents an occasion for a subversive revision of the dominant version of history’. Here the competing history is that of [Mugabe’s] ZANU-PF, which has dogmatically maintained that white people do not belong in Zimbabwe, and are outsiders or non-citizens. These autobiographies and memoirs are a direct attempt to combat these notions and prove belonging. Secondly, these works are not just for outside or external audiences. They allow the community, regardless of how dispersed and fragmented it is, to see that there are still those from within who are telling its story and extolling its virtues. Thirdly, these writers are endowed with a particular responsibility. They are a select group of a select group, one which has taken on the role of documenting community traumas” (3925). Maar hierdie gedokumenteerde herinneringe word deur Pilosoff gekarakteriseer as “apologist accounts … often trying too hard to clear history and justify their position” (4271). “Written responses can be seen as displacement activity responding to political impotence” (4377); ‘n geval van “longing for a return to ‘the good old days’” (4382), “a perfect Rhodesian past” (4452).

    Die outeur skryf soos volg oor sy benadering tot die onderhoude wat met afgesette boere gevoer is: “In order to write not simply an apologist account of white farmers in Zimbabwe [iets wat hy nie sal doen nie], or a tirade against an unchanged group of racist neo-colonialists who deserved exactly what they had coming to them [eintlik ‘n opsomming van sy standpunt], this source requires sensitive handling” (4680). “Some interviewees were so ‘comfortable’ that they had no qualms about using the racist or prejudiced language that pervaded white farming circles” (4723). Pilosoff noem dit “a manufactured tradition” (4770). Hy vertel van die “emotional breakdown” van sommige van die boere wat ondervra is, “the sense of loss and displacement”, die “extreme physical violence [wat teenspreek wat hy elders beweer – 3442] and psychological trauma” wat hulle ervaar het (4776). “The invasions put great strain on marriages and family lives” (4815). Maar harteloos ontsê Pilosoff hierdie mense die reg om emosionele taal ter uitdrukking van hulle gevoelens te gebruik.

    Hierdie boere het ingewillig dat onderhoude met hulle gevoer word omdat Justice for Agriculture (JAG) se oogmerk is “to safeguard and support people directly affected, in whatever way possible, and to document and expose the injustices and human rights abuses being perpetrated against them” (4692). Meer as 300 onderhoude is gevoer (4704). As JAG-amptenaar het Pilosoff meer as 30 van hierdie onderhoude behartig. Hoewel hy hoofsaaklik laasgenoemde onderhoude in sy boek gebruik (4711), benut hy dit op ‘n ander manier as wat JAG se bedoeling was. Myns insiens het hy onder valse voorwendsels toegang tot JAG se inligting verkry; inligting waarop hy as amptenaar geen eiendomsreg het nie. Hy erken sy relaas “would not please JAG” (4736). Hy besef selfs dat hier ‘n etiese kwessie ter sprake is (4729). Ek vind die gebruik wat Pilosoff van hierdie inligting maak oneties: “The interviews provide a rich source from which to garner deeper, more nuanced insights” (4743). Sy oogmerke was negatief: om “factual inaccuracies, prejudices and faults” bloot te lê (4686), dus om die inligting ooreenkomstig sy agenda en vooroordele te vertolk.

    “As in the Liberation War, the use of the term ‘gook’ to label these individuals [die plaasbesetters] denies them status [!] and negates the importance of the ‘war’ they fought and their actions in that war. The reinvigoration of ‘gook’ reveals not only a lack of recognition and acceptance amongst much of the white farming community of the Liberation War, but also their racial prejudices” (4860). “Actions in that war” verwys onder meer na moorde. “The murders acted as a form of psychological weapon to break the resistance of those who remained on the land” (4815). Dit is bekend dat baie van die plaasbesetters te jonk is om enige rol in die Bosoorlog te gehad het (1386, 1415, 3400). Hulle is dus nie oorlogsveterane nie.

    “Describing these people [plaasbesetters] as mujibas denied them legitimacy as war veterans and called into question their role and standing [!] in the new land movements … It is important to realise that the white farmers have been highly instrumental in creating the ‘war vet’ that has become the stock image of the land occupations in Zimbabwe since 2000” (4886). “Twenty years after the end of the Liberation War, the white farming community was able to seamlessly fit the ‘land invasions’ into the paradigm of war” (4903).

    “The enduring nature of such discourses suggests that there has been a limit to the ‘decolonisation of the mind’ for some (if not many) white farmers … The language used to talk about indigenous populations has failed to move away from that of the colonial era” (4912). “White farmers in Zimbabwe are ‘orphans of empire’, unable to progress past this state of being and thus ‘become’ Zimbabwean” (5109). “This failure to redefine themselves and others in the post-colonial setting, meant that white farmers remained trapped in a colonial past” (4926). Pilosoff verwag van die boere dat hulle hulle identiteit moet prysgee. Myns insiens sou selfs dit hulle nie gebaat het nie, want hulle voorkoms sou steeds blank wees, wat die rassistiese kern van Mugabe en diesulkes se beswaar teen hulle is.

    Daar word gekla oor “the inadequacy of nutrition, education and health care on commercial farms” (4933). Maar dit is juis die plaasbesettings wat tot die vernietiging van skole en klinieke op die plase gelei het (1516). Dan skryf Pilosoff waaragtig: “While some commercial farms operated primary schools, very few offered any secondary education” (4941). As daar hoërskole op die plase was, sou Pilosoff seker die boere verwyt het dat daar nie universiteite is nie.

    Wanneer boere van hulle plase afgesit word, het die regering sedert 2002 die grenselose vermetelheid om van hulle te vereis om “termination benefits, or ‘retrenchment packages’” aan hulle werkers te betaal. “These packages consisted of two months’ pay, plus a month’s pay for every year worked” (5008). “Gratuity packages for farm workers became a key strategy in breaking the alliance between farmers and workers” (5016). Wat in die praktyk gebeur, is dat werkers soms so gretig en kortsigtig is om hierdie korttermyn finansiële voordeel te geniet, dat hulle “conspired to ensure that farms were designated” vir beslaglegging (5016). “It was an incredibly effective tool for government” (5016).

    Kyk hoe vertolk Pilosoff hierdie skandalige wanpraktyk, natuurlik met kritiek op die boere en sonder enige kritiek op die swartes: Die swart werkers “could see the writing on the wall before the white farmers [dus, die werkers is slimmer as die boere], and realised that retrenchment was probably their last opportunity to benefit from their farming employment before it was lost. None of the farmers offered their workers any leeway in this regard. Very little thought was given to how they would survive after their livelihoods were taken away. Rather, they were often blamed for not doing more to protect the farmer (despite the evident dangers in doing so)” (5038).

    Nog ‘n voorbeeld van hoe dom die boere glo is: “A fundamental aspect of white farmers’ lack of understanding was an inability to comprehend the political dimensions of the land occupations, the deepening crisis after 2000, and the hopes that independence represented for the vast majority of the population” (5062). Is daardie hoop vir die meeste Zimbabwiërs verwesenlik of verydel? Die boere “generally failed to comprehend that black Zimbabweans suffered in similar ways and because of the same political crisis” (5081).

    In 2005 het Mugabe Operation Murambatsvina van stapel gestuur. “Murambatsvina is a Shona term which means ‘clear out the filth’” (5316). “It sought to ‘cleanse’ the city of Harare by dismanteling the ‘informal’ sector of the economy, evicting urban homeless people and forcing them to move ‘back’ to the rural areas” (5087). Sowat 700 000 mense is verskuif. (Maar dan word daar in Suid-Afrika steen en been gekla oor 60 000 – ‘n oordrewe getal – wat ‘n halfeeu gelede uit die krotbuurt en misdaadnes Distrik Ses verskuif is.) ‘n Zimbabwiese minister het Murambatsvina en plaasbesettings met mekaar in verband gebring deur te sê: “White farmers are dirty and should be cleared out” (5095). Weer was die boere volgens Pilosoff onnosel: “White farmers largely failed to understand the proximity of these two events. Their inability to see the link between their situation and that of others left them isolated and disconnected” (5095).

    Ek kan my kwalik ‘n meer weersinwekkende boek as Pilosoff s’n voorstel.

  • Kortfliek van die dag: Plurality

    Kortfliek van die dag: Plurality

    Hierdie kortfilm speel in New York in 2023 af, in ‘n wêreld waarin daar totale tegnologiese beheer bestaan, ter wille van veiligheid. Maar sommige mense pas nie in die stelsel in nie of rebelleer daarteen en moet daarom opgespoor word. Dis ‘n film wat ‘n mens nogal aan die dink sit. Een van die karakters se van is Winston wat herinner aan die karakter in George Orwell se beroemde distopiese roman, 1984. Die polisieman se van is Foucault wat ‘n toespeling op die Franse filosoof Michel Foucault kan wees.

  • Leon Lemmer oor George Reisman: Tot lof van Westerse beskawing

    Leon Lemmer oor George Reisman: Tot lof van Westerse beskawing

    George Reisman (gebore in 1937) is ‘n afgetrede Amerikaanse ekonomiedosent en ‘n aanhanger van Ayn Rand (1905-1982) se objektivisme en individualisme (bv anti-kommunisme en individuele ondernemingsgees)*. Reisman is ‘n sterk voorstander van kapitalisme en het bv Thomas Piketty se boek, Capital in the twenty-first century (2013), gekritiseer. Piketty begin by boek met verwysing na die Marikana-slagting (2012) en wyt dit aan ‘n wanverhouding tussen lone en maatskappywinste. In sy boek, Piketty’s capital: wrong theory, destructive program (Laguna Hills: TJS Books, 2014, 68p; Amazon Kindle $3.41), het Reisman dit teen Piketty se sug na die ekonomiese gelykmaking van mense en sy waardering vir ongebreidelde massademokrasie. Heel voorspelbaar het hierdie twee sake vir Piketty aanhangers in linkse geledere, insluitende die ANC, besorg. Tydens sy besoek aan Suid-Afrika in Oktober het Piketty minimum lone, die toelating van werkers tot direksies, versnelde grondhervorming en hoër belasting op rykdom bepleit. Die voor die hand liggende waarheid dat ryk individue en maatskappye hoër lone kan bekostig as hulle minder belas word, is nie deur Piketty aangespreek nie. Wat hy gerus ook kon gedoen het, is om te pleit vir ‘n spesiale belasting op diegene wat met min inspanning en weinig talent om etniese redes as’t ware oornag stinkryk in die nuwe Suid-Afrika geword het. Reisman plaas sy kapitalisme gebaseer op individuele inisiatief teenoor Piketty se gelykmakende sosialisme. Kapitalisme stel enige persoon met die nodige vermoëns in staat om welvaart vir homself en andere te skep.

    [* Die idees van Ayn Rand is iets waarvan ons plaaslik gerus in groter mate kennis kan neem. Sy is in Rusland gebore maar het in Amerika studeer en haar daar gevestig. Rand het die manier waarop die Amerikaanse grondwet toegepas word, gekritiseer:

    “While applauding its guarantees of freedom of lifestyle and peaceable assembly, she insisted that no individual should be a non-voluntary mortgage on another. The Constitution wisely, in her view, made no mention of a duty to help others in need, although doing so voluntarily might well be regarded as a laudable act on the part of the individual undertaking it. The function of government is to protect its citizens by assuring their rights to non-interference by others. It is not to impose duties except to the extent that the duties are entailments of others’ rights. The whole of my duty toward you can be summed up in my duty not to infringe upon your natural rights” (Geddes MacGregor, The Everyman Dictionary of Religion and Philosophy, London: Dent, 1990, p 523).

    Vergelyk Rand se standpunt met die eenrigting-ubuntu waarmee ons gebreinspoel word en die ANC-regering se roofbeleid waarvolgens alles wat blankes besit suiwer op grond van ras en sonder enige teenprestasie in toenemende mate aan swartes vervreem word. Lees bv Anthea Jeffery se boek, BEE: Helping or Hurting? (2014). Volgens Reisman (kyk hier onder) is massa-onteiening ‘n barbaarse wanpraktyk.]

    In sy essay, How the 1 percent provides the standard of living of the 99 percent (Laguna Hills: TJS Books, 2015, 11p; Amazon Kindle $3.41), verduidelik Reisman dat kapitalisme in linkse geledere moedswillig en verkeerdelik as die blatante uitbuiting van werkers voorgestel word. In werklikheid verskaf die eienaars van sake-ondernemings vergoeding aan werkers, wat dit vir hulle moontlik maak om lewensmiddele te bekom, lewenstandaarde te handhaaf en sinvolle, selfs gelukkige, lewens te lei. Kapitalisme is ‘n ekonomiese stelsel wat vir almal toeganklik is; waar enigeen potensieel suksesvol kan wees. Dié sukses is vir enkelinge beskore en druis dus in teen die huidige verheerliking van die gepeupel.

    Soos gebruiklik vul ek die outeur se idees aan met my eie om die tekste plaaslik meer tersaaklik te maak. Uit die geskiedenis is dit duidelik dat dit enkelinge is wat die leiding neem en die gemeenskap in sy geheel beïnvloed; dat ‘n klein aantal mense die heil van die massa bepaal. Dit is waarom ek dit so afkeurenswaardig vind dat die onderwysstelsel eensydig op die opheffing van die agterosse, die minder talentvolles, ingestel is. Wat in die openbare belang is, is dat alle moontlike geleenthede ook aan begaafde individue gebied moet word sodat hulle hulle talente vinnig en optimaal kan ontwikkel, of daar moet vir sulke individue ten minste genoeg ruimte gegun word; dus dat begaafdheid aangemoedig en nie ingeperk moet word nie. Maar die amptelike gelykverklaring van mense ontmoedig begaafdheid omdat valslik voorgegee word dat almal (potensieel) ewe begaaf is.

    In ‘n ander opstel, Freedom of opportunity, not equality of opportunity (Laguna Hills: TJS Books, 2015, 13p; Amazon Kindle $3.41) sluit Reisman by die voorafgaande opmerkings aan. Gelyke geleenthede is ‘n mite, want dit is nie moontlik dat alle mense dieselfde ouers en voorouers kan hê en in dieselfde omstandighede kan grootword nie. Reisman gee hiermee erkenning aan die feit dat sowel afkoms as lewensomstandighede ‘n rol by prestasie speel. Dit gaan nie net om (eenderse) empiriese geleenthede wat tot almal se beskikking gestel word nie. Die individu moet die inherente vermoë hê om geleenthede te benut. Daarvoor is bv toewyding, deursettingsvermoë en insig nodig. Met inspanning en inisiatief kan enigeen die hoogste sport bereik as hy die nodige kapasiteit het. (Vergelyk dit met hoe talle mense in die nuwe Suid-Afrika in die hoogste poste gekom en in die hoogste inkomstegroepe beland het. Die leiding wat van diesulkes uitgaan en die voorbeeld wat hulle stel, kan onmoontlik ‘n suksesvolle, vooruitstrewende land tot gevolg hê.)

    Maar ek wil eintlik oor nie-ekonomiese sake skryf en dus liewer oor ‘n ander essay van Reisman, Education and the racist road to barbarism (Laguna Hills: TJS Books, 2014, 13p; Amazon Kindle $3.41). As Amerikaner en kapitalis plaas Reisman die klem nie op Europese beskawing nie, maar breër, op Westerse beskawing, met Amerika as die ekonomies suksesvolste voorbeeld. Hy beweer selfs: “In most respects, since colonial times, the United States has always been, intellectually and culturally, the most Western of the Western countries” (Kindle 102); maar Amerika het myns insiens met verloop van tyd al hoe minder Europees geword.

    Volgens Reisman word beskawing gekenmerk deur die vermoë om via inligting en die verwerking daarvan kennis te bekom en dit suksesvol toe te pas. Die bereiking hiervan is potensieel aan enigeen beskikbaar. Dit gaan om die aanvaarding/toe-eiening van sekere idees en waardes. Westerse beskawing word deur Reisman as die hoogste vlak van beskawing beskou: “Incomparably the greatest civilization which has ever existed” (148). Dit het “objective superiority” (148). Hoewel blankes die Westerse beskawing tot sy huidige vlak van ontwikkeling gevoer het, is dit nie (eksklusief) rasgegrond nie. In die Ooste het lande soos Japan, Taiwan en Suid-Korea suksesvol geword omdat hulle tersaaklike elemente van die Westerse beskawing oorgeneem en by hulle omstandighede aangepas het (67, 90), sonder om wenslike aspekte van hulle Oosterse kultuur op te offer.

    Hierdie teks van Reisman is oorspronklik in 1990 as ‘n artikel in die tydskrif The Intellectual Activist gepubliseer. Sy uitgangspunt is die druk wat op Amerikaanse onderwys uitgeoefen word omdat dit na bewering te Eurosentries is. In Amerika het hierdie druk sedertdien baie vererger en dit het ook na Suid-Afrika oorgespoel. “According to The [New York] Times, ‘Eurocentrism’ is a pejorative term supposed to describe ‘a provincial outlook that focuses overwhelmingly on European and Western culture while giving short shrift to Asia, Africa, and Latin America’” (48). Eurosentrisme dui glo op bevooroordeeldheid. Daar word gevolglik geëis dat leerplanne en handboeke herskryf moet word. “Students descended from Asiatics or Africans, it is assumed, can feel at home only to the extent the curriculum is revised to give greater stress to ‘the ancient civilizations of China, India and Africa, the growth of Islam and the development of sub-Sahara Africa.’ The critics of ‘Eurocentrism’ proclaim themselves to be opponents of racism. In fact, they accept exactly the same false premise they claim to oppose – namely, that civilization, or the lack of it, is racially determined” (171).

    Wat met beskawing bedoel word, word soos volg deur Reisman verduidelik. “Those peoples who possess a written language may be called civilized, inasmuch as writing is an indispensable means for the transmission of substantial knowledge, and thus for the accumulation of knowledge from generation to generation. Those who possess not only a written language but also knowledge of the laws of logic and the principle of causality are in a position to accumulate and transmit incomparably more knowledge than people who possess merely the art of writing alone. On this basis, Greco-Roman civilization is on a higher plane than any that had preceded it” (136). Daar word na die wette van die logika verwys omdat rasionaliteit, die vermoë om korrek/konstruktief te dink, noodsaaklik vir die ontwikkeling van beskawing is. Insig in kousaliteit/oorsaaklikheid, dus begrip vir die verband tussen oorsaak en gevolg, is ingsgelyks noodsaaklik vir die uitbouing van beskawing. Logika verskaf die grondslag vir wiskunde en kousaliteit die basis vir wetenskaplike kennis.

    Wat ons hier het, is “the essential ‘Western’ doctrine of individual free will and individual responsibility for choices made” (177). Byvoorbeeld, as ek A doen, is B die voorsiene gevolg. Hierdie basiese vereistes word soms gesystap as sommige mense, bv armlastiges, sonder meer voorgehou word as die onskuldige slagoffers van die boosheid van andere, bv rykes. Alternatiewelik, as verantwoordelikheid vir die lot van swartes sonder kwalifisering op bv blankes en apartheid afgeskuif word. Die vraag is of mense wat ongeletterd is, dus diegene wat nie self kennis via geskrewe taal kan bekom en die gemeenskap se kennis kan vermeerder nie, hoegenaamd toegelaat behoort te word om as kiesers inspraak te hê in die regering van enige land wat ontwikkeld en vooruitstrewend wil wees; om van hulle vermoëns mbt logika/wiskunde en oorsaaklikheid/wetenskap nie te praat nie.

    Die outeur verduidelik hoe beskawing voorheen van die Verre- en Midde-Ooste na Europa en daarna na die Amerikas versprei het en verder ontwikkel is. Omdat beskawing evolusionêr ontwikkel, is alle beskawings nie ewe goed nie; die lateres neig om beter as die voriges te wees (188). Beskawing is nie rasgebaseer nie en is “open to everyone. Indeed, important elements of ‘Western’ civilization did not even originate in the West” (78). In die toekoms kan die ontwikkeldste beskawing moontlik weer in die Verre-Ooste aangetref word (84). “One does not have to have been born in Western Europe or be of Western European descent to admire Western civilization, or, indeed, even to help build it. Western civilization is not a product of geography. It is a body of knowledge and values. Any individual, any society, is potentially capable of adopting it and thereby becoming ‘Westernized’” (84). “There is no reason for believing that civilization is in any way a property of any particular race or ethnic group. It is strictly an intellectual matter – ultimately, a matter of the presence or absence of certain fundamental ideas underlying the acquisition of further knowledge” (136).

    “Not only is Western civilization open to the members of every race, but its present possessors are also potentially capable of losing it, just as the people of the Western Roman Empire once lost the high degree of civilization they had achieved. What makes the acceptance of the ‘Eurocentrism’ critique so significant is that it clearly reveals just how tenuous our ability to maintain Western civilization has become” (212). Het Suid-Afrika sedert 1990/1994 op die pad van (Westerse) beskawing gevorder of was/is daar onmiskenbaar ‘n breuk? Deesdae word daar amptelik openlik na Afrika-oplossings vir Afrika-probleme gesoek. Geen wonder dat daar so baie uitdagings vir die regering is nie. “Uitdagings” het ‘n eufemisme vir onvermoë/onbekwaamheid geword. Jacob Zuma beweer al Suid-Afrika se probleme het met die aankoms van die blankes begin. Daar is blykbaar weinig (amptelike) waardering vir die uitsonderlike prestasies van blankes wat Europese beskawing eeue lank in Suider-Afrika, dus baie ver van Europa af, met ‘n groot mate van sukses progressief gevestig en uitgebou het.

    Reisman noem dat sy voorouers in Rusland gewoon het en barbare was: “totally illiterate, highly superstitious, and primitive in every way” (96). Later noem hy ander voorbeelde van onbeskaafdheid/barbaarsheid: “ritual sacrifice, cannibalism, mass expropriation, slavery, torture and wholesale slaughter” (153). Daar is ‘n vraag wat gevra kan word: Kwalifiseer die gewelddadige nuwe Suid-Afrika as ‘n beskaafde samelewing? Sedert 1990/1994 het beskawing plaaslik ongetwyfeld drasties agteruitgegaan. Ek noem dit die brutalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die woord “beskawing” het plaaslik uit die openbare diskoers verdwyn. Tydens die blanke bewind is groot waarde aan die begrip (Westerse) beskawing geheg, maar die nuwe bewindhebbers assosieer dit met iets wat Afrika-vreemd en ongewens of nie haalbaar is nie.

    “I am a Westerner because of the ideas and values I hold. I have thoroughly internalized all the leading features of Western civilization. They are now my ideas and my values” (90). “I have developed a Western mind, a mind enlightened and thoroughly transformed by the enormous body of knowledge that represents the substance of Western civilization, and I now see the world entirely on the basis of that knowledge” (108).

    Diegene wat Eurosentrisme uit die onderwys wil weer, is besig met “a radical devaluation of civilization, knowledge and education” (195). “Such a program means the explicit obliteration of distinctions between levels of civilization, and between civilization and savagery. It presents ignorance as the equivalent of knowledge, and superstition as the equivalent of science. Everything – logic, philosophy, science, law, technology – is to be ignored, and a culture limited to the level of making dugout canoes is to be presented as the equivalent of one capable of launching space ships. And all this is for the alleged sake of not offending anyone who supposedly must feel inferior if such a monumental fraud is not committed” (201).

    “The preservation of Western civilization is not automatic … Western civilization, or any civilization, can continue only insofar as its intellectual substance lives on in the minds of new generations. And it can do so only if it is imparted to young minds through education. Education is the formal process of transmitting the intellectual substance of civilization from one generation to the next and thereby developing the uncultivated minds of children into those of civilized adults … the intellectual substance of Western civilization is nothing other than the highest level of knowledge attained anywhere on earth, in virtually every aspect of every field, and if the purpose of education is to impart knowledge, then its purpose is to impart Western civilization” (218).

    “To the extent the process of education is undermined, the whole of civilization must also be undermined, starting a generation later. These results will appear more and more striking as time goes on and more and more defectively educated people take the place of those whose education was better. The worsening results for civilization as a whole will likely be further intensified as those whose own education was defective themselves become educators and thus cause succeeding generations to be still more poorly educated” (231). Die vinnige agteruitgang van skool- en universitêre onderwys vind onmiskenbaar in die nuwe Suid-Afrika plaas. In die geval van skole is dit die gevolg van veral onbekwame onderwysers wat in die stelsel geduld word en die gebrek aan inspeksies en die toepassing van toereikende dissiplinêre maatreëls. In die geval van universiteite is akademiese agteruitgang die noodwendige gevolg van die polities korrekte dwaasheid om studente by toelating en andersins en dosente by aanstelling en bevordering primêr ingevolge ras en geslag pleks van na akademiese verdienste te evalueer.

    “The equivalence of all cultures, the equivalence of civilization and savagery, is the avowed claim of the doctrine of cultural relativism, which has long been accepted by practically the whole of the educational establishment. It in turn is a consequence of the still older, more fundamental doctrine that there is no objective foundation for values – that all value-judgments are arbitrary and subjective. The new racists are now merely cashing in on this view and attempting to apply it on the largest possible scale, in the process substantially altering the manner in which subjects are taught” (248).

    In die nuwe Suid-Afrika word skoolkinders of skoliere deesdae “leerders” genoem; blykbaar om die feit te kamoefleer dat daar al hoe minder geleer word. In Amerika is daar insgelyks ernstige agteruitgang in die onderwys. “The decline has become visible in such phenomena as the rewriting of college textbooks to conform with the more limited vocabularies of present-day students. It is visible in the functional illiteracy of large numbers of high school and even college graduates, in their inability to articulate their thoughts or to solve relatively simple problems in mathematics or even plain arithmetic, and in their profound lack of elementary knowledge of science and history” (230). Wat ook nodig is maar ontbreek, is “the ability to think critically – an ability which contemporary education provides little or no basis for developing” (242).

    “Education is now to be a matter of pressure-group politics based on the totally false assumptions of racism. If there are now more black, Hispanic, or Asian students than white students in an area, then that fact is to be allowed to determine the substance of education, in the belief that these groups somehow ‘secrete’, as it were, a different kind of civilization and culture than do whites and require a correspondingly different kind of education” (259). As studente kursusse in die gedrag van voorouers soos die Vandale of Hunne eis, sal dit in die huidige geestelike klimaat geredelik ingestel word. “All that the students would have to do to get their way is to act the part of their ancestors and threaten to burn down the campus” (265). In Suid-Afrika gaan studente maklik tot brandstigting oor (hulle oefen dikwels met buitebande) en as hulle skade aanrig, is sommige van die universiteitsrektore oorgewillig om hulle om verskoning te vra omdat die universiteite glo toegelaat het dat studente se frustrasies sulke ernstige afmeting aangeneem het.

    “This is no longer an educational system. Its character has been completely transformed and it now clearly reveals itself to be what for many decades it has been in the process of becoming: namely, an agency working for the barbarization of youth. The value of education is derived from the value of civilization, whose guardian and perpetuator education is supposed to be. An education system dedicated to the barbarization of youth is a self-contradictory monstrosity that must be cast out and replaced with a true educational system. But this can be done only by those who genuinely understand, and are able to defend, the objective value of Western civilization” (271).

    “I regard the discoverer of the Western hemisphere to be Columbus … not because of any such absurd reason as a preference for Europeans over Asiatics … but because it was Columbus who opened the Western hemisphere to the civilization I have made my own. Columbus was the man who made it possible to bring to these shores my ideas and values” (113). Om dieselfde rede behoort alle Suid-Afrikaners elke jaar op 6 April die aankoms van Jan van Riebeeck in Tafelbaai met groot dankbaarheid te gedenk, want dit was die begin van die daadwerklike ontwikkeling van Suider-Afrika danksy ‘n meer ontwikkelde beskawing wat die potensiaal van voorspoed ingehou het.

  • Spesiale aanbod: Bekom ‘n eksemplaar van ‘Omsingel die laer van die heiliges’ deur Jean Raspail

    Spesiale aanbod: Bekom ‘n eksemplaar van ‘Omsingel die laer van die heiliges’ deur Jean Raspail

    Hierdie roman deur Jean Raspail, wat reeds in 1973 in Frans verskyn het, bied ‘n profetiese blik op Frankryk en die res van die Weste wat deur ongewapende Derdewêreldimmigrante binnegeval en verower word, presies soos wat nou in Europa met die sogenaamde “migrante” gebeur. PRAAG het die laaste 30 eksemplare van die 1990- Afrikaanse uitgawe van Omsingel die laer van die heiliges bekom en verkoop dié versamelaarsitems teen R200 elk.

    Moenie hierdie unieke boek, wat in Afrikaans deur Naomi Morgan vertaal is, misloop nie.

    Klik hier om na die produkbladsy te gaan.

    Die volgende bekende internasionale figure het Omsingel die laer van die heiliges gelees en “baie interessant” gevind:

    • Ronald Reagan, voormalige president van die VSA
    • François Mitterrand, voormalige president van Frankryk
    • Robert Badinter, Franse politikus
    • Jean-Pierre Chevènement, Franse politikus
    • Samuel Huntington, Amerikaanse politieke wetenskaplike
  • Leon Lemmer: Jerzy Koch oor die geskiedenis van Afrikaans

    Leon Lemmer: Jerzy Koch oor die geskiedenis van Afrikaans

    Jerzy Koch is ‘n dosent in die departement vir Nederlandse en Suid-Afrikaanse studies aan die Universiteit Adam Mickiewicz in Poznań, Poland. Hy spesialiseer in veral Nederlandse koloniale geskrifte en het hom mettertyd ook in die Suid-Afrikaanse literatuur geïnteresseer. Die volgende boek van hom is onlangs gepubliseer: A History of South African Literature: Afrikaans Literature; Part One: From the 17th to the 19th Century (Pretoria: Van Schaik Publishers, 2015, 359p, R399). Die teks behels meer as bloot ‘n literatuurgeskiedenis van aanvanklik Nederlands en mettertyd van proto-Afrikaans en daarna Afrikaans. Dit skets ook die sosiaal-kulturele Suid-Afrikaanse milieu van 1652 tot 1900. Die boek toon in aard verwantskap met JC Steyn se Ons Gaan ‘n Taal Maak (2014; Praag 14 Junie) en dek veral die tydperk voor dié wat in Steyn se teks behandel word. Oorvleueling is grootliks tot die laaste kwart van die 19de eeu beperk. Deel 2 van Koch se teks het reeds in Pools verskyn en ‘n derde boekdeel word in die vooruitsig gestel.

    Dominika Ferens het die boek uit Pools in Engels vertaal. ‘n Tersaaklike vraag is: Waarom ‘n boek oor Afrikaanse literatuur in Engels pleks van Afrikaans vertaal? Waarop dít onteenseglik dui, is die verswakte posisie van Afrikaans. Die outeur “encountered a lack of interest on the part of some South African publishers, who justified their refusal to bring out the book with claims about the low interest in Afrikaans literature” (p 8). In die vorige eeu sou Naspers oorgretig gewees het om so ‘n boek in Afrikaans by een van sy hoofstroom-uitgewerye, bv Tafelberg, te publiseer. Deesdae stel Naspers nie daarin belang om werke ter bevordering van Afrikanerkultuur en Afrikaans te publiseer tensy dit lonend sal wees nie. Op die terrein van Afrikanerkultuur en boeke oor Afrikaans het Protea Boekhuis en LAPA Uitgewers die vaandeldraers geword. Maar in sulke gevalle is subsidiëring deur bv die LW Hiemstra Trust dikwels nodig. In die geval van Koch se boek is dit by Naspers/Media24 se akademiese uitgewery, Van Schaik, gepubliseer. Die subsidiëring het van die Poolse nasionale program vir die bevordering van die humaniora gekom. Die werk is deel van die Universiteit Pretoria se Talatala-reeks.

    ‘n Buitelandse outeur, soos Koch, kan nuwe perspektiewe op die Afrikaanse literatuur bied. Enersyds kan so iemand bv emosioneel, kultureel en ideologies meer onbetrokke as plaaslike outeurs wees en daarom objektiewer oordeel; dus soos van Hendrik Swellengrebel (1734-1803) gesê is: “He preserves a distance characteristic of a foreign traveller” (p 90). Andersyds kan daardie afstandelikheid negatief inwerk omdat dit vir ‘n buitestander moeilik kan wees om hom werklik in die omstandighede en geestelike klimaat van ‘n verafgeleë land met ‘n ingewikkelde bevolkingsamestelling in te leef, asook om ‘n betroubare aanvoeling vir die nuanses van daardie vreemde land se geskiedenis te ontwikkel. Koch se spesiale belangstelling in gekoloniseerdes bring mee dat hy neig om sake eerder uit die oogpunt van inheemse nie-wittes as wittes te benader.

    In sy voorwoord sonder Koch die invloed van twee mense uit. In Bloemfontein, waar hy ‘n navorsingsgenoot is, skakel hy veral met Hennie van Coller, van wie daar myns insiens ‘n positiewe ideologiese invloed behoort uit te gaan (Praag 20 Junie). In Europa is Koch egter aangewese op Ena Jansen, wat Afrikaans in Amsterdam doseer. Hierdie oud-Matie is so links dat sy na haar verdere studie in Nederland om politieke redes nie na Suid-Afrika wou terugkeer nie. In die geledere van (blanke) Afrikaansdosente is sy seker uniek omdat sy selfs aan die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl nie bestaansreg gegun het nie. [Koch verwys na die monument wat in 1893 op Burgerdorp onthul is ter herinnering aan “De Overwinning der Hollandse Taal” (p 286). Ek het voorheen die aandag op hierdie taalmonument gevestig (Praag 14 Junie).] Jansen distansieer haar ideologies van ‘n Amsterdamse voorganger soos Elizabeth Conradie (1903-1939). Onlangs was Jansen afwysend oor die Universiteit Stellenbosch se “verontskuldigende taalbeleid” (LitNet, Portale, 26 Augustus). Om die balans te handhaaf en die koring van die kaf te skei, moet vir die Pool Koch uiters moeilik wees. In die geheel beskou, het hy eintlik nie sleg gevaar nie. Hy skryf tereg: “It is easy to fall into the trap of political correctness and to moralise with the hindsight of contemporary knowledge” (p 14).

    Die proeflesing van Koch se boek laat veel te wense oor. (Let op hierdie uiterste geval: “werkhyphenzaamheeden”, p 117.) Met beter redigering sou bv onnodige herhaling, die inkonsekwente gebruik van hoof- en kleinletters (maar “Voortrekkers” word deurgaans met ‘n kleinletter geskryf) asook talle ander foute uitgeskakel kon word. Die hiërargiese indeling van die teks, soos ‘n akademiese verhandeling of proefskrif pleks van konvensionele hoofstukke, doen vir veral nie-akademiese gebruikers afbreuk aan die leesbaarheid van die boek. Tog hoop Koch dat sy teks ‘n wye spektrum lesers sal trek (p 41).

    Maar ek wil eintlik skryf oor aspekte waarin Praag-lesers waarskynlik belangstel. Soos die outeur (p 9) gaan ek selektief wees. “The development of Afrikaans as a fully fledged medium of expression, rather than a medium limited to certain functions, was definitely connected with the rise of Afrikaner national-consciousness. Only when political and cultural changes intensified in the last quarter of the nineteenth century as a result of the conflict of interests between the Boer Republics and Great Britain did the Afrikaner consciousness begin to crystallise and a political and cultural identity begin to form, accelerating the production of literature in the new language” (p 34). Koch verwys hier na onder meer die werksaamhede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Na die Tweede Anglo-Boere-oorlog (1899-1902) was daar ‘n soortgelyke gelyktydige opbloei van Afrikanernasionalisme en Afrikaans (p 115).

    Weens verraad in eie geledere het Afrikanernasionalisme myns insiens in die 1990’s ‘n onverwagte en ernstige knou gekry. Die ANC het dadelik met ‘n doelbewuste aftakelingsproses van Afrikaans begin. [Dit is soortgelyk aan die owerheidsgedrewe verengelsing wat vanaf 1806 tydens die tweede Britse bewind aan die Kaap plaasgevind het (p 113-114), bv ‘n 1865-wet “predicated state subsidies for private schools on the introduction of English as the language of instruction” (p 287; ook p 294).] Die smoring van Afrikanernasionalisme en die ontkragting van Afrikaans is aangehelp deur die politieke korrektheid van Afrikaanssprekendes, bv aan eens Afrikaanse universiteite en in liggame soos die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM). Daar word uitgegaan van die standpunt dat Afrikaners swart nasionalistiese nasiebou-inisiatiewe moet steun en die dominansie van Engels moet aanvaar. Die gevolg is ‘n taboe-verklaring van Afrikanernasionalisme en selfs ‘n verbod op die geregverdigde aansprake van Afrikaners dat hulle in groot mate Afrikaans ontwikkel en uitgebou het. [“Afrikaners have worked most consistently and successfully to develop an autonomous literature” (p 197).]

    As gevolg van ANC-vyandigheid en politieke korrektheid by Afrikaansinstansies het Afrikaans die afgelope kwarteeu sienderoë agteruitgeboer. Let gerus op hoe die ATR, ATKV en ATM die rol van die GRA en Afrikaners verswyg of verdoesel, vanjaar versuim het om die nagedagtenis van Jannie Marais te eer en deurgaans niks daadwerkliks doen ter behoud van Afrikaans as skool- en universitêre onderrigtaal nie. ‘n Mens kan seker sê dat hierdie instansies se handelinge deur “onspoed” (p 118) gekenmerk word. Koch skryf: “It was under Dutch rule in the Cape that the foundations of South Africa’s modern culture were laid” (p 51). Hoeveel te meer het Afrikaners nie in die daarop volgende twee eeue hiertoe bygedra nie?

    Simon van der Stel (1639-1712) het in 1685 ‘n ekspedisie na Namakwaland se Koperberg gelei. Hendrik Claudius (1655-1697) het ‘n waterverfskildery van die goewerneur se kamp gemaak. Op grond hiervan “we know that long before the voortrekkers of the nineteenth century, when the Dutch set up camp they arranged their carts in a characteristic circle called laager or laer (camp) for safety, filling the gaps between the carts with thorney bushes and branches. Within this enclosure they pitched their tents” (p 74). Iets anders wat uit lank gelede (bv 1830) dateer, is hierdie gesegde: “All the people living in this country … are Africans” (p 185).

    Deesdae word plek- en ander name verander, naamlik geafrikaniseer. Naamsverandering is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Koch noem pleknaamveranderings soos die volgende, wat van 1806 af deur die Britse bewind aangebring is: Swartland/Malmesbury, Schietfontein/Carnavon, Buffelskloof/Cradock, Hooivlakte/Beaufort-West, Boschjesveld/Worcester, Boschberg/Somerset-East, Jan Disselsvlei/Clanwilliam, Doornkraal/Riversdale, Zwartberg/Prince Albert, Driefontein/Richmond, Kapokfontein/Victoria-West, Klipdrift/Napier, Brakfontein/Aberdeen, Kliprivier/Ladysmith, Agter-Cogmanskloof/Montagu, Olijvenhoutsdrif/Upington, Tijgerberg/Durbanville en Vredendorp/Harrismith (p 114).

    Na etnografiese navorsing het Johannes de Grevenbroeck (1644-1726) in 1695 aan ‘n predikant in Amsterdam geskryf “that it was under European influence that perjury [meineed], disputes and theft appeared among them [Khoi-Khoi]. His description is dominated by the positive qualities of the local peoples, such as hospitality, frankness, intelligence and diligence” (p 77). Die blankes word reeds eeue lank enersyds verantwoordelik gebou vir die tekortkominge van ander etniese groepe en andersyds daarvan bewus gemaak dat hulle blind is vir die goeie hoedanighede van sulke mense.

    “The more the writers [soortgelyk aan De Grevenbroeck] were influenced by John Barrow’s [1764-1848] opinions, and the more they idealised the indigenous population as ‘noble savages’ [‘n frase van Jean-Jacques Rousseau 1712-1778 (p 123)] in accordance with the spirit of the age, the sharper their criticism. If they perceived cruelty and savagery in the indigenous people, they attributed it to contacts with the barbarian white colonists” (p 97). “In Researches in South Africa [1828] [John] Philip [1775-1851] attempted to show that the Hottentots had initially been good, and that their current dissolution had been caused by the colonists” (p 121).

    Deesdae word gebreke in Suid-Afrika en by lede van sy nie-wit bevolking dikwels aan blankes toegedig, veral vanweë wat genoem word die nalatenskap van kolonialisme en apartheid. Charles Boniface (1787-1853) het reeds in 1824 verwys na veral die Afrikaners as ‘n “aaneen gruwelyk gehoond en gelasterd volk” (p 169). In 1838 het die redakteurs van die tydskrif De Ware Afrikaan iets soortgelyks geskryf: “Wij vreezen hunne vijanden niet, onze zaak is een rechtvaardige zaak, want gij is de eens onschuldig belasterden volks tegen eene vurige en boos-aardige factie” (p 188).

    Hendrik Wikar (1752-1779) het buite die grense tot diep in die binneland rondgedwaal en met baie inboorlingstamme kennis gemaak. “He had an amazing ability to build relations with the natives, and even became an opligtbroer or spiritual twin of Ouga, the chief of a Bushmen group (one man was obliged to help the other and could deny him nothing)” (p 91). Is dit nie dalk ‘n feit dat blankes sedert 1652 die ondankbare rol vervul van opligbroers en -susters vir hulle mede-inwoners nie? Dat dit hoofsaaklik die blankes is wat opbou en gee en dat die nie-blankes afbreek en ontvang nie? Dat geen einde hieraan in die vooruitsig is nie? Dat “deny him nothing” ‘n omskrywing van die bodemlose putsindroom is nie? Pleks van “opligtbroer” word dit deesdae “ubuntu” genoem, maar die eenrigting-goedertierenheid vloei van wit na swart eerder as andersom. Daar is geen werklike begrip vir wat blankes (kultureel wesenlik Europeërs) opgeoffer het en steeds opoffer nie. Soos Thomas Burgers (1834-1881), president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (1872-1877), dit in 1872 gestel het: “Dat hier echter nog veel ontbreekt wat voor een beschaafde maatschappij onmisbaar is, voelde de Europeanen maar al te zeer” (p 193).

    In Februarie 1837 het Piet Retief (1780-1838) in sy manifes, waarin hy die redes verstrek vir die Voortrekkers se trek die binneland in, onder meer geskryf (ek haal die Engelse vertaling aan): “We have no hope that this country will be delivered from the evil that threatens it with the riotous and subversive behaviour of vagrants who have been allowed to roam in every corner of the country; neither do we see any prospects for peace or prosperity for our children in a country plagued by internal discord” (p 134). ‘n Jaar later, in Februarie 1838, is Retief en 60 van sy manskappe deur Dingaan se impi’s vermoor (p 340). Deesdae hoor ons eerder van ‘n ander manifes, die ANC se Vryheidsmanifes (1955), en van swartes wat destyds deur die blanke bewind se veiligheidsmagte “vermoor” is. Maar lewer Retief nie profeties uitspraak oor die huidige situasie van blankes in die nuwe Suid-Afrika nie? Retief was onbewus van moerse wigte en teenwigte wat sy heil en dié van sy mense sou verseker. Ek is ook onbewus van huidige doeltreffende of beskermende wigte en teenwigte en sal soos die Voortrekker Susanna Smit (1799-1863) kon skryf: “Ontevredenheid over den moedswil onzer vijanden bring matheid op mijn ziel” (p 163). Smit “is said to have announced that if the British were to occupy Natal, the women would rather walk back barefoot over the Dragon Mountains than stay in Pietermaritzburg under their yoke” (p 162-163).

    In die tweede helfte van die 19de eeu het Afrikaans tot wasdom gekom; nie net as spreektaal nie, maar toenemend ook as skryftaal. Koch onderskei vier bewegings: dié van die Oosgrens, Maleier-Afrikaans, Genadendal-Afrikaans en dié van Afrikaners. Laasgenoemde bestaan uit die Bybelvertalingsbeweging (1872-1878), die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA, 1875-1878) en die Afrikanerbond (1880-1898). Dit is Oosgrens-Afrikaans wat deur die Groot Trek tot in Natal, die Vrystaat en Transvaal versprei is (p 206). “The issue of language as the traditional vehicle of national identity automatically came up in this context” (p 201). Koch onderbeklemtoon die rol van die GRA, waarvan ‘n kragtige invloed lank na 1878 uitgegaan het. Byvoorbeeld, die tydskrif Ons Klyntji (1896-1906) “was initiated by former GRA members after the Society [GRA] ceased to exist” (p 307). Die rede vir die GRA-onderbeklemtoning is moontlik die volgende: “The twentieth-century emancipators of Afrikaans were more willing to see themselves as heirs of the religiously, ideologically and racially exclusive GRA than of other nineteenth-century movements” (p 205). “The GRA activists presented Afrikaans as a white people’s language” (p 207). Dit is myns insiens die kernrede waarom die ATR, ATKV en selfs die ATM verkies om nie prominensie aan die GRA te gee en geen GRA-lofliedere sing nie. In die geheel beskou: “The [Afrikaans] language movements … were … first and foremost, a reaction to British policy” (p 202). Deesdae is die tyd sekerlik reeds oorryp vir ‘n sterk Afrikanerreaksie teen die ANC-regering se verengelsingsbeleid.

    Waar Koch die klem laat val, blyk uit die getal bladsye wat hy in sy boek aan die genoemde Afrikaansbewegings afstaan: Oosgrens-Afrikaans 10 bladsye, Maleier-Afrikaans 29 bladsye, Genadendal-Afrikaans 31 bladsye, Afrikaner-Afrikaans 16 bladsye (Bybelvertaling 7 bladsye, GRA 5 bladsye, Afrikanerbond 4 bladsye). Daar kan geredeneer word dat inligting oor Oosgrens- en Afrikaner-Afrikaans geredelik beskikbaar is en dat Koch daarom nie daaroor hoef uit te wei nie. Maar die pad van Maleier-Afrikaans is ook reeds snuif getrap. By Koch kan hier sprake van sterker assosiasie met nie-wittes en distansiëring van veral nasionalistiese Afrikaners wees. (Maar kyk die voorlaaste paragraaf hier onder, die bladsy197-aanhaling.) Dit is juis Afrikanernasionalisme wat as stukrag vir die vinnige ontwikkeling van Afrikaans gedien het.

    Oor die GRA-tydskrif, Di Afrikaanse Patriot (1876-1904), skryf Koch: “It had had a limited sphere of influence throughout its existence” (p 282). De Volkstem spreek hom egter direk teë: “Zy [Di Afrikaanse Patriot] een van de krachtigste faktoren is geweest om het volk van Zuid-Afrika een besef te doen krygen van zyne politieke rechten en verantwoordelikheden” (p 286).

    Nie-Afrikaners, by name nie-wittes, kla steen en been dat hulle bydrae tot Afrikaans nie genoegsaam erken word nie. In werklikheid het nie-wittes op geen stadium aktief aan die taalstryd deelgeneemn nie; ook nie tans nie. Luister maar na wat mense soos Henry Jeffreys, Michael le Cordeur en Danny Titus oor Afrikaans sê: dat dit goed met Afrikaans gaan, dat sy toekoms rooskleurig is, ens. Daarom is daar wat hulle betref geen taalstryd om te stry nie. Daarom het geen bruin haan gekraai toe die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verengels is nie. Die subteks is: Die ANC sal nie Afrikaans laat skade ly nie. Daar is in bruin geledere ook geen woord van ontsteltenis oor die gehalte van Afrikaans nie. Die gebruik en vertroeteling van ‘n mengeltaal soos Kaaps word openlik gepropageer. Tussen Afrikaners en bruin mense is daar ‘n groot verskil in gesindheid/lojaliteit jeens en gebruik van Afrikaans. Vir bruines het Afrikaans bloot gebruikswaarde, wat by die ontwikkeldes Afrikaans maklik vir Engels verruilbaar maak. Vir Afrikaners is Afrikaans nie verkwanselbaar nie, want dit is dié onontbeerlike middel waarin hulle uitdrukking aan hulle diepste wese, hulle identiteit, gee.

    SJ du Toit (1847-1911), GRA-stigterslid en -leier en vader van JD du Toit (1877-1953), die digter Totius, het geskryf: “De taal van een volk vertoont het karakter des volks. Men kan geen nationaliteit vormen zonder een eigen taal. Ontneemt een volk zyne taal en gy ontneemt dat volk het voertuig zyner gedachten; gy ontneemt dat volk de wysheid zyner voorvaderen, nagelaten in al die zinspreuken, spreekwoorden, uitdrukkingen, enz” (p 277). Vier GRA-lede, waaronder CP Hoogenhout (1843-1922), het saamgewerk aan “Die Afrikaanse volkslied” (p 281, 312): “Een ieder nasie het syn land.” Hoogenhout het ook “Ons toekomstige volkslied: [Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal]” (1876) geskryf (p 312). SJ du Toit is die outeur van “Die Transvaalse Vryheidslied: [Die Vierkleur van ons dierbaar land]” (1881) (p 313, 319). In 1869 het Jan Lion Cachet (1838-1912) ‘n gedig, “Die Afrikaanse Taal: [Ek is ‘n arme Boerenôi]” geskryf, hoewel dit eers in 1896 gepubliseer is (p 313).

    Hier wil ek ‘n gedagte in die midde lê. Sou dit nie wonderlik ter bevordering van die Afrikanersaak wees as iemand soos Steve Hofmeyr ‘n laserskyf vir regte Afrikaners publiseer met stof soos die items genoem in die vorige paragraaf nie? Daar is ook die “Volkslied van de Oranje Vrijstaat: Heft Burgers, ‘t lied der vrijheid aan” en die Transvaalse/Zuid-Afrikaansche Republiek-volkslied: “Kent gij dat volk vol heldenmoed.” In hierdie konteks verskaf Anton Hartman belangrike inligting in Benedictus Kok (redakteur) se boek, Afrikaans: Ons pêrel van groot waarde (Johannesburg: FAK, 1974, p 262-277), bv “De Vierkleur: Op! op! met de Vier-kleur de vlag van ons land!” getoonset deur JS de Villiers (p 267, 269). De Villiers het ook bogenoemde “Die Afrikaanse volkslied” getoonset (p 267-269). Hartman het vanselfsprekend nie CJ Langenhoven se “Die Stem van Suid-Afrika” vergeet nie (p 271). “Sarie Marais” word ook nooit meer gehoor nie, terwyl dit voorheen dikwels voor die aanvang van rugbywedstryde gesing is.

    Terug na Koch se boek. Anne-Marie Beukes, die voorsitster van die ATR, het die Bo-Kaap onlangs as die “wieg” van Afrikaans beskryf (Praag 24 Augustus). Hoe ver sy die bal misslaan, blyk uit die volgende: “It was only in the mid-nineteenth century that coloured Muslims began to settle in what came to be called Upper Cape Town (Bo-Kaap), which today is perceived as the traditional Malay Quarter (Slamse buurt). Located on the picturesque slopes of Signal Hill, Upper Cape Town is still a district of small houses built in the eighteenth and nineteenth century for white artisans” (p 214). Die Kaapse Maleiers is tot op hede in groot mate Afrikaanssprekend omdat die Nederlandse owerheid gepoog het om Moslem-slawe apart te hou sodat hulle nie christene tot hulle geloof bekeer nie (p 225). Sedert 1642 was daar in Nederland wetgewing wat die propagering van enige ander religie as calvinisme verbied het (p 221).

    Die Moslem-slawe is verplig om Nederlands te praat (p 222) en hulle kinders het daarin skoolonderrig ontvang (p 220). By geleentheid is dit “Hoelandsieke taal” genoem (p 233). “Muslims used Afrikaans as an instrument of religious instruction and for propagating Islam, unlike the Afrikaners they were not concerned with emancipating the language itself … they did not attempt to raise it to the level of official language or make it an element of group consciousness. For their purposes, the religious difference sufficed as a source of identity” (p 235-236). Dit is ‘n geval van “treating linguistic identity as secondary to religious identity” (p 237). “Meanwhile, for Afrikaner activists the cultural promotion of Africanised [verafrikaanste] Dutch meant the possibility of creating and solidifying their own national identity as separate from a Dutch or British identity. Their emancipatory movement, which had initially been religious, was soon clearly dominated by cultural – and then political – goals” (p 236).

    Koch verwys na William Maskew (1861-1903) se versamelde tekste, ‘n Jolly Hotnot en ander snaakse Versies (1890). In sy boek Jakob Platjie (1918) skryf GR von Wielligh (1859-1932): “Daar steek fyn humor in ‘n Hot[t]entot” (p 323). Die frase “Jolly Hotnot” is deur Jakes Gerwel in sy doktorale proefskrif gebruik as ‘n voorbeeld van hoe stereotiep bruines in die Afrikaanse literatuur uitgebeeld word. Gerwel se teks is onder die titel Literatuur en apartheid (1984) in Genadendal gedruk (p 255). In die besoekersboek van Genadendal kan gesien word dat Gerwel in hierdie hoogs Afrikaanse omgewing sy inskrywing in Engels gedoen het. Gerwel is ook bekend daarvoor dat hy sy intreerede as hoogleraar in Afrikaans aan die UWK uittartingsonthalwe in Engels gelewer het. As rektor het Gerwel die oorwegend Afrikaanse UWK in ‘n eentalig Engelse inrigting getransformeer. Hierdie sake kan gerus in gedagte gehou word wanneer bv sy etniese genote Gerwel as ‘n toonbeeld van Afrikaanslojaliteit probeer voorhou.

    Oor Herman Marx (1827-1917) se boek Benigna van Groenekloof of Mamre (1873), wat in Genadendal gepubliseer is, het Koch in besonderhede geskryf. Daarin is baie van die oorbekende uitlatings, bv “the ill-treatment of coloureds by white farmers” (p 267). Maar dit word darem soos volg gekwalifiseer: “Maar hulle is nie allemaal so” (267). Dalk is die titel van Jean Goosen se boek, Ons is nie almal so nie (1990), hieraan ontleen.

    Aan die einde van sy boek verskaf Koch ‘n kronologie van gebeure. By 1620 staan daar: “Two English captains, Andrew Shilling and Humphrey Fitzherbert, claim Table Bay in the name of King James I of England and fly the British flag on Signal Hill (Vlaeberg/Seinheuwel); because the captains did not act on royal authority, this gesture had no political consequences” (p 331). Reeds in 1594-1601 “the English sailor James Lancaster establishes trade relations with Khoi-Khoi” (p 331). In 1614 “the British East India Company orders its ships to sail into Table Bay every year” (p 331). Hiervolgens lyk dit asof die Kaap en by implikasie seker ook Suid-Afrika lank voor 1652 ‘n haarbreedte van Britse besetting was. Dat die Britte mettertyd Suid-Afrika sou probeer verengels, is seker nie moeilik voorspelbaar nie. Wat my verstand te bowe gaan, is dat na bykans 350 jaar van blanke bewind daar in 1990/1994 feitlik sonder slag of stoot aan swart mag oorgegee is en daarby sonder ‘n mandaat van die blanke kiesers en dat daar toe dadelik met hernude ywer met ‘n verengelsingsproses begin is.

    Maar ek wil die aandag op ander historiese gebeurtenisse vestig, na aanleiding van Don Jordan en Michael Walsh se boek, White Cargo: The forgotten history of Britain’s white slaves in America (Edinburgh: Mainstream Publishing Company, 2007, 322p; Amazon Kindle $18,67). Aan die begin van die 17de eeu was daar sterk aandrang, veral in Londen, dat van ongewensde mense, soos misdadigers en leeglêers, ontslae geraak moet word deur hulle na die kolonies of elders te stuur. Thomas Aldworth het in 1609 aan Thomas Smythe (1558-1625), die eerste hoof van die East India Company (1600-1874), voorgestel dat Britse prisoniers aan die Kaap ‘n heenkome kon vind. “An earlier European visitor had carved a huge cross on the steep mountain overlooking the [Table] bay. The vegetation grew lushly on the narrow peninsula and the natives seemed friendly … Smythe decided to send just ten convicts to see how they fared” (Kindle 940).

    James Crosse en nege ander prisoniers het in die Kaap geland “with what Smythe’s men deemed sufficient for their survival: ‘half a peck of turnip seeds’, a few other seeds, ‘and a spade to dig the ground’” (945). Hulle het geen wapens gehad om hulle teen die Khoi en San te verdedig nie en het vir veiligheid na Robbeneiland gevlug. “Here, the ten Englishmen eked out a miserable existence, probably living on shellfish or the seals that basked on the shore. Eventually, a visiting ship took pity on them and took them off. Three of the convicts got back to England” (951).

    “Smythe tried once more. He ordered another group of convicts to be sent to the Cape aboard one of his India-bound ships. When it reached Table Bay and anchored, the convicts begged the captain to hang them rather than leave them in Africa. He couldn’t oblige. Following orders, they too were dumped on the shore. However, Lady Luck was with this group. Another passing ship took them off within a couple of days. Nearly two centuries would pass before England would again send convicts to the Cape,” [1849] (955).

    Dit lyk asof Jordan en Walsh se boek op deeglike navorsing berus. Ek vind dit eienaardig dat ek hierdie inligting nog nie voorheen in ander bronne raakgelees het nie. Dit is nog ‘n voorbeeld van hoe naby die Kaap en Suid-Afrika lank voor 1652 aan Britse beïnvloeding of beheer was.

    Terug na Koch se boek. Toe ek oor die Afrikaanse Taalmonument geskryf het (Praag 31.08.2014), was daar inligtingspanele in die besoekersentrum by die monument waarin die geskiedenis van Afrikaans skeef voorgestel is. Hierdie panele is deur mense van die Universiteit van Wes-Kaapland en Genadendal opgestel. Die rol van bruin mense en sendingstasies is oorbeklemtoon. Die aanvang van Afrikaans word van die voorkamer na die kombuis verskuif. Koch sluit by hierdie tradisie aan met sy uitgebreide behandeling van Genadendal. Sy Genadendal-navorsing kan as die vernaamste vernuwende element in sy boek beskou word. Maar dan skryf Koch gelukkig ook: “The classification we choose throw light on hitherto marginalised movements without necessarily depreciating the value of those which were associated with the development of the Afrikaner national ideology … What this study proposes is … not that we replace the centre with the peripheries but that we include hitherto marginalised phenomena” (p 197).

    Die nomadiese/swerwende San/Boesmans het ‘n eie siening van die hiernamaals gehad wat (noodwendig) deur die hiermaals beïnvloed is. “Na de gedachte van Onze Arme boschjesmans loop de menchen die sterven verre weg, zij sterven niet, maar verhuise van de eene plaats naar den anderen, Het veld dat Groot en wyd is (zeggen zy) is nog vol boschjesmans zy kunnen niet doodgaan, maar reise zo ver weg dat niemand hun daar na weer ziet” (p 151). Vir die sendelinge was dit nie altyd maklik om die inheemse bevolking tot die christelike godsdiens te bekeer nie. “The efforts of the Danish missionary Johan Georg Böring who came to the Cape to proselytise were a complete failure: allegedly the Hottentots laughed in his face when he began to talk about God” (p 243).

  • Leon Lemmer: Willie Esterhuyse oor godsdiens en politiek

    Leon Lemmer: Willie Esterhuyse oor godsdiens en politiek

    Willie Esterhuyse (gebore in 1936) het bekend (of berug) geword weens sy aandeel in die algehele magsoorgawe aan die ANC. Sy politieke rol het in alle erns begin met die publikasie van sy boek Afskeid van apartheid (1979). “Dit was, in sekere sin, my alternatiewe Credo van ‘n Afrikaner soos deur AP Treurnicht vertolk in 1975” (Esterhuyse se 2009-boek, kyk hier onder, p 20). Daarna het hy in sy boek Die pad van hervorming (1982) versoening tussen Afrikaner- en swart nasionalisme bepleit. In 1987 het hy uit die Afrikaner Broederbond bedank. Hy het vervolgens ‘n boek gepubliseer oor die rol wat hy in die onderhandelings met die ANC gespeel het: Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (2012). Hieruit blyk sy verbintenis tot die ideale van die swart meerderheid en die versaking van die belange van die blankes en veral die Afrikaners. “Ek het toe [1993] al lankal weggestap van die NP se idee van groepregte en minderheidsveto’s” (2012, p 299). Hy is ongetwyfeld medepligtig aan die politieke opset wat ons sedert 1990/1994 ervaar.

    As eertydse NG Kerk-teoloog is daar ook ‘n ander sy van Esterhuyse wat hy belig: sy vervreemding van die christelike godsdiens. Dit vind vergestalting in twee boeke: God en die gode van Egipte (2009) en Die God van Genesis (2010). Politiek en godsdiens is onderwerpe wat vervleg kan word, “heel onheilig met mekaar hand op die blaas … staan” (Esterhuyse se 2015-boek, kyk hier onder, p 15), des te meer in Suid-Afrika waar daar graag, soos en wanneer dit aktiviste pas, ‘n beroep op moraliteit gedoen word. “Wanneer die politieke mag verval en daar demokratisering intree [soos in Suid-Afrika in 1990/1994], verval ook die godsdienstige mag” (2009, p 161). Wat onder meer uit die genoemde vyf boeke blyk, is hoe Esterhuyse hom kultureel geïsoleer het deur eers sy ligte/elektrisiteit (Afrikanerskap) en daarna sy water (christelike godsdiens) af te sny.

    Esterhuyse se jongste boek, Geagte Jahwe (Tygervallei: Naledi, 2015, 164p, R219), het onlangs verskyn. (Tensy anders vermeld, is al die bladsyverwysings na hierdie boek.) In hierdie boek onderhandel Esterhuyse nie met die ANC (die Duiwel?) nie, maar met God. Die teks bestaan uit elf briewe wat hy aan Jahwe geskryf het. Hy verkies om die term Jahwe te gebruik, die Judaïese naam vir God; ‘n naam wat deur Jode so heilig geag word dat dit nie uitgespreek mag word nie. “Ek het geskryf dat ek my briewe nie aan ‘God’ nie, maar ‘Jahwe’ rig. Hierdie naam van U is vir my sagter op die oor en meer speels op die tong. U onthou seker goed dat dit in vroeë tradisies nie uitgespreek is nie; dit was sonder klinkende vokale [JHWH]” (p 148-149). Gelowiges in die Judaïes-Christelike tradisie kan Esterhuyse se teks aanstootlik vind. Die oorvloed hoofletters wat in die teks voorkom, veral “U”, is tipografies-esteties steurend. Ook die talle vrae wat die outeur deurlopend vra en waarop daar nie geantwoord word nie.

    Die voorbeeld wat Esterhuyse hier stel, kan die begin van ‘n nuwe mode wees. Byvoorbeeld, Piet Matipa begin sy jongste rubriek met: “As ek ‘n dinner date met die Here gehad het” (Netwerk24, 4 deser). Sy teks wemel van Engelse woorde. Met die kelner praat Matipa net Engels. Dit is die soort joernalistiek wat deesdae deur Naspers/Media24 bevorder word. In die plek van wat tradisioneel heilig was, het nuwe heilighede, soos politieke korrektheid en transformasie, gekom.

    Esterhuyse se trant is ook hinderlik. Daar is ‘n sprekende naïwiteit in die eensydige dialoog wat Esterhuyse probeer voer, aangevul met pogings tot misplaaste humor of gevatheid; dinge wat myns insiens baie lesers sal vervreem. “Dit is nie moeilik om sinies oor u ‘beelddraer’ [die mens] en skepping te wees nie” (p 28). Hy verwys na Piet Cillié (p 17). Nog voordat ek daarby gekom het, het ek gedink Esterhuyse se trant herinner my aan dié van Trinkie (1982). Die hele boek is deurspek met frases soos “U dra seker kennis van” (p 14), “Het U al tyd in u ewigheid ingeruim om” (p 15), “soos u weet” (p 19),”U weet mos” (p 19) en “U is bekend met” (p 20). Al hierdie voorbeelde kom uit die eerste brief. Esterhuyse gaan elke keer voort om te vertel wat (dalk) reeds deur Jahwe geweet word.

    Sy boek herinner in sekere opsigte aan die briewe, Praat verby grense (2010), wat Frits en Laurie Gaum aan mekaar ten bate van homoseksualiteit geskryf het. Die een vertel soms vir die ander wat hy reeds weet. ‘n Korrespondensie-opset word versin om ‘n boodskap by die lesers tuis te bring. Insgelyks bestaan Esterhuyse se teks uit briewe wat vir mense geskryf is om te lees. Dit is onnodig en ‘n beslommernis om te skryf asof met Jahwe gekommunikeer word. Sommige lesers kan hierdie metode as heiligskennis ervaar. Iemand soos Johan Degenaar, teologies omstrede soos hy was, sou nooit hierdie roete gevolg het nie. In sy elfde en laaste brief vra Esterhuyse uiteindelik twee nugtere vrae: “Waarom briewe aan ‘n ‘Vader’ skryf wat nie kan antwoord nie? Is dit nie so ‘n bietjie absurd, ‘n tam oefening nie?” (p 142-143).

    Die verhaal oor Jahwe (bv die Bybel) is volgens Esterhuyse “nie histories waar nie” (p 15), “heelwat mense … reken U antwoord net nooit; en is ‘n woordlose, swygende God. Ander sê weer U is fiksie, ‘n mite” (p 21). Later formuleer Esterhuyse sy standpunt duideliker. Oor die Bybel sê hy: “Ek dink nie hierdie boek is heilig nie. Dit is net nog ‘n boek” (p 152). “Ek is nie meer ‘n kerk- en Christenmens in die geykte sin van die woord nie … Ek het ‘n … reuseprobleem met die idee van ‘n persoonlike skeppergod” (p 40-41). “Die gedagte van ‘u wil’ … is hoogstens ‘n ‘troosredenasie’ … Ek dink nie U het ‘n ‘wil’ … nie. Jahwe, ek glo daar is net ‘n mense-wil” (p 91). Dit is “vir my godsonmoontlik dat U regstreeks ‘n rigtinggewende hand in die geskiedenis en in mense se oorwinnings en nederlae het” (p 97). In sy 2009-boek (p 189) het Esterhuyse geskryf: “Ná Auschwitz kan ‘n mens nie meer meganisties in die wil van God en sy voorsienigheid glo nie.”

    Let vervolgens op Esterhuyse se loslit-benadering van die nagmaal. Hy verwys na die Maltese kruis, ‘n rotsformasie in die Sederberg naby Clanwilliam. “U weet seker ook dat ek dikwels die heilige Nagmaal, u sakrament, aan die voet van daardie kruis aan die stappers bedien het? Met Coke en Provita!” (p 111). “So kan U sien: Jahwe, God en Heilige Skrif is niks meer en niks anders nie as menslike metafore” (p 150). [Metafoor: “Oordragtelike, figuurlike uitdrukking wat op ‘n vergelyking, ooreenkoms berus, die beeld in die plek van die eintlike voorstelling plaas” (HAT).] “Jahwe, dís wat U vir my is: ‘n Metafoor waaroor daar ‘n teks en tradisie bestaan wat my help om sin van my lewe te maak omdat u boodskap my spiritueel, moreel en prakties inspireer” (p 153). Later erken hy dat hy die “woord ‘metafoor’, wat ek gebruik om sin van my morele oriëntering te maak, beter moet omskryf” (p 160), maar hy is (nog) nie in staat om dit te doen nie.

    “Jahwe, by ‘n afskeid van U as ‘n persoonlike God wat vanuit u hemel, Raadsplan in die hand, álles gemaak het, oor álles beskik (selfs lewe en dood) en met allerlei bedoelings en wilsbesluite mens en wêreld ‘bestuur’ … Ek beskou hierdie posisie van geloof as ‘n vorm van fundamentalistiese fantasie … Ek glo nie in U as ‘n persoonlike God wat alles geskep het, oor alles beskik, my wel en wee bestuur, en allerhande bedoelings met mense, met my en met die wêreld het nie. Ek het weggestap van die geykte Godsbegrip” (p 159). Die “goddelike Vaderfiguur” is volgens Esterhuyse gegrond in die “paternalistiese kultuur”. Die skildery op die plafon van die Sistynse Kapel in Rome noem hy “Michelangelo-fiksie” (p 160). By diegene wat na sy vorige boeke nog getwyfel het, kan na sy jongste boek nie meer in onsekerheid oor Esterhuyse se Godsbegrip verkeer nie.

    Maar sy vorige boeke maak reeds duidelik waar hy staan of waarheen hy op pad was. Die boek Eksodus word beskryf as ”n sameflansing van ‘n verskeidenheid kampvuurstories en godsdienstige praktyke van woestyntrekkers op pad na hulle beloofde land” (2009, p 35). Die antieke Egiptiese storie van Osiris, Isis en Horus het Esterhuyse “bevry van die dogmatisme van die Christelike godsdiens, veral die ‘geloofsartikel’ dat ‘óns geloof’ die alléénsaligmakende geloof is” (2009, p 92). “Dis nie gode of God wat tekste heilig maak omdat hulle regstreeks goddelike openbarings bevat nie. Heilige tekste, ‘die Skrif’ ingesluit, is niks anders en niks meer nie as die getuienisse van mense se uitsonderlike ontmoetings en ervarings” (2009, p 135).

    Esterhuyse ver-ANC die Bybel. Hy erken: “Dit [is] so maklik om die Bybel te misbruik” (2010, p 283). Moses word “‘n bevrydingsleier: die Nelson Mandela van die Jode” genoem (2009, p 238). Ek sou graag wou hoor wat Jode hiervan dink. “Die tema van geregtigheid oorheers in die Ou Testament” (2009, p 239). “Die profetiese tradisie was … primêr ‘n bevrydingstradisie” (2009, p 240). “Transformasie, herskeppende herstel en versoening … was die kern van die profetiese tradisie. Vanaf Jesaja en Miga tot by Jesus … moes [jy] jouself identifiseer as ‘n geroepene, ‘n aktivis vir die droom van geregtigheid, ‘n vryheids- én vredestryder … toe kom Jesus met sy storie oor institusionele geregtigheid, oor reg vir die onderdruktes” (2009, p 246). “‘God’ is, wat my betref, die energie van hierdie inspirasie. Jesus, sy ‘Seun’, is sy rolmodel – ‘n bepaalde inkarnasie of vleeswording van die geregtigheidsdroom” (2009, p 248). “Daar is nie iets soos ‘n … volksgod nie … Die Afrikaners se volksgod was ‘n ramp” (2009, p 250). Maar ‘n ANC-God mag blykbaar maar deur Esterhuyse staangemaak word. In sy 2010-boek (p 198) borduur Esterhuyse hierop voort: “As daar ooit ‘n godsdienstige en morele revolusionêr en aktivis was, dan was dit Jesus van Nasaret.”

    Wat Esterhuyse doen, is om sy vertolking van die Bybel by sy ANC-gesinde politiek aan te pas. Sy politiek het ‘n evolusie van Broeder tot die Mandela/Mbeki-ANC deurloop. Esterhuyse vestig die aandag op die evolusionêre vertolking van sowel die Godsbegrip as die Bybel. Robert Wright se boek, The evolution of God (London: Abacus, 2010, 567p), handel oor dieselfde onderwerp, maar doen dit veel beter, bv meer wetenskaplik, omdat Wright hom nie met die foefie van ‘n gesprek met God, oftewel briewe aan Jahwe, besig hou nie. Wright maak dit bv duidelik dat Bybelse liefde aanvanklik hoogstens toegeneentheid jeens medegelowiges beteken het en eintlik glad nie ‘n prominente rol in die Bybel (veral die Ou Testament) speel nie. Die oorbeklemtoning van naasteliefde, selfs op ‘n wêreldskaal, is ‘n redelik onlangse verskynsel, wat vorm ooreenkomstig die politieke behoeftes van bv bevrydingsteoloë aangeneem het.

    Soos in sy vorige boeke hou Esterhuyse daarvan om sy jongste teks met outobiografiese besonderhede te garneer. Hy vertel van sy oupa, pa en ma, sy jeug op Laingsburg, sy studie in die filosofie en teologie op Stellenbosch en in Nederland, op watter datum hy verjaar (p 24), sy “groterige skoueroperasie” (p 45), dat hy al jare lank aan sooibrand ly (p 59), sy vrou ‘n wiskundige is (p 144), hulle nou in (die luukse woonbuurt) Paradyskloof woon, ens. Tussen 2003 en 2012 het hy (en sy vrou) Malta vier keer besoek. Sy briewe verwys veral na die Malta-besoeke, maar hou ook “verband met ‘n hele paar ander reise waarvan ek dié na Egipte, Jordanië, Italië en Sisilië moet uitsonder” (p xi). In sy 2009-boek (p 22) skryf hy dat hy Egipte agt keer besoek het. In sy 2012-boek (p 156) noem hy dat hy “‘n paar dae na Londen [was] om die verjaardagpartytjie [van ‘n joernalisvriendin] by te woon.” Esterhuyse se oorsese besoeke klink so talryk soos die reise van ‘n ANC-minister. Die apostel Paulus “het wyd en ver gereis – iets wat ek ook graag doen” (p 44). Ek het die indruk dat (baie van) diegene wat by die politieke magsoorgawe betrokke was, finansieel (baie) goed daaraan toe is. Hulle was by die “voerbakke” (2010, p 140). Nogtans kla Esterhuyse met die wit brood onder sy arm: “Maar ek kan dit as pensioenaris en bejaarde nie meer bekostig nie” (p 143). In sy 2009-boek (p 131) skryf Esterhuyse: “Morele status is belangriker as materiële status.” Slaag hy hierdie toets?

    Esterhuyse sal nie oor bv godsdiens en die geskiedenis skryf sonder om na die politiek te verwys nie; nie net die politiek van lank gelede nie, maar veral die onlangse Suid-Afrikaanse politiek. In sy 2012-boek (p 170) skryf Esterhuyse oor sy tienerdogter se uitlating: “Maar Thabo Mbeki kan tog nie ‘n terroris wees nie?” In sy jongste boek eet Esterhuyse dit steeds vir soetkoek op. Hy vertel dat Mbeki se vrou tydens ‘n middagete in Lusaka, toe hulle nog ANC-bannelinge was, “in hulle woonplek u seën vir ons saamwees en ete gevra het” (p 31). Dan volg Esterhuyse se vraag aan Jahwe: “Hoe is dit godsmoontlik dat ‘terroriste’ u seën vir ete en vir die saamwees kan vra?” (p 31). Die Tambo’s het ook op hulle christelikheid geroem, maar Oliver het in 1985 gevra dat “die ‘stryd’ na wit woonbuurte geneem moet word” (2012, p 87). Die hoogheilige Desmond Tutu, tydens ‘n besoek aan Amerika in 1986, “had raised the prospect of attacks on white South African schoolchildren and of black servants poisoning their employers’ morning coffee” (John Allen, Rabble-rouser for peace: The authorized biography of Desmond Tutu, London: Rider, 2006, p 263). Pleks van die onomstootlike feit van ANC-terrorisme te erken, probeer Esterhuyse dit as ‘n “konstruk” (‘n gedagtespel) afmaak. Met spesifieke verwysing na Mbeki skryf hy: “Ek wou … die konstruk van ‘terroris’ ondermyn” (2012, p 142).

    “Ek is mos ‘n aanhanger van die idee van die kreatiwiteit van konflik” (p 36, ook p 138). “Oorlog is eintlik ‘n bedekte seën, want dit bind mense as slagoffers saam” (p 51). In die konteks van republiekwording in 1961 (wat hy verkeerdelik in 1962 plaas) verwys Esterhuyse na die “gewaande verbondsvolk” en Hendrik Verwoerd. Aan die een kant die “politieke laaggety” (Afrikanernasionalisme en apartheid) en aan die ander kant die “revolusionêre springgety” (swart nasionalisme, kommunisme en terrorisme). In sy 2009-boek (p 177) skryf Esterhuyse van die Jode: “As verbondsvolk het hulle … die reg gehad op anderheid en ‘n eie identiteit.” Al sou die Afrikaners nie ‘n verbondsvolk wees nie, het hulle myns insiens die reg (selfs plig) om hulle andersheid, hulle identiteit, te handhaaf. Esterhuyse ontken hierdie fundamentele reg vir die Afrikaners. Volgens hom is groepregte in die nuwe Suid-Afrika taboe, maar as meerderheidsgroep mag die swartes maar hulle belange ten koste van minderheidsgroepe bevorder.

    Esterhuyse neem waar dat “die ideologie en praktyke van apartheid ook dwarsdeur begraafplase gekerf het” (p 58). Op Laingsburg is die wittes, Jode en Indiërs elk in aparte gebiede begrawe. “My bruin taal- en meestal geloofsgenote was verder verwyder en ‘eenkant’” (p 58). Begraafplase, soos dié op Laingsburg, laat Esterhuyse tot die volgende gevolgtrekking kom: “Nie tekens van ‘oorlewing’ van Afrikaners nie, maar tekens van werklik voorgeskrewe en staatsgereguleerde kollektiewe en rasgedrewe diskriminasie” (p 58). Dwarsdeur die wêreld word bv Jode en Indiërs egter in aparte begraafplase begrawe. Dit het met hulle verskillende gelowe te make en nie met apartheid nie. Soos gebruiklik sonder Esterhuyse Afrikaners vir sy kritiek uit en dan dink hy net aan apartheid. Maar daardie beskrywing, “voorgeskrewe en staatsgereguleerde kollektiewe en rasgedrewe diskriminasie,” is ook op die ANC se beleid van toepassing. Dink aan gedwonge rasse-integrasie, grondonteiening, swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en al die vergrype wat onder die sambreelterm “transformasie” gepleeg word, insluitende taal- (bv anti-Afrikaans-) diskriminasie.

    Hou ook in gedagte dat “transformasie”, wat tans daagliks so ‘n verpestende uitwerking op veral eens Afrikaanse universiteitskampusse het, glad nie bloot op gesonde of akademies sinvolle verandering dui nie. Jaap Durand, die vader van die Belhar-belydenis, vertel dat hierdie term met groot sorg uitgesoek is om so ‘n revolusionêre (dus omwrigtende/vernietigende) impak moontlik te hê. Hy behoort te weet, want hy was en is “hand op die blaas” met die ANC. Hy en Jakes Gerwel het toegang tot die kommunistiese siel van die ANC gehad. Transformasie is deel van die ANC se kommunistiese ideaal om hierdie land (en idealisties die hele wêreld) om te dop. Durand sê nie tydens watter ANC-byeenkoms hulle op die term “transformasie” besluit het nie. Deur bloot hierdie term te gebruik, word ‘n mens egter reeds by die ANC se agenda betrek.

    “Al het die woord ‘transformasie’ ‘n modewoord geword, sal ons hierdie oproep in ons land nouliks verstaan as ons die emosionele geladenheid van die woord nie begryp nie. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is diep en kragtige emosies in hierdie woord versteek. Dit het sy beslag gekry in ‘n tyd van protes en verset teen die politieke bestel van apartheid, toe daar gesoek is na die sterkste woord moontlik om uitdrukking te gee aan die soeke na verandering. ‘Verandering’, ‘hervorming’ en dergelike sinonieme is almal geweeg en te lig bevind, ongeag dat hulle dieselfde beteken; dat hulle werklik sinonieme is. Daar is gesoek na ‘n woord wat dit sou duidelik maak dat niemand tevrede gaan wees met oppervlakkige veranderings en skynhervormings nie. Dit het die protesteerders en die versetstryders in die woord ‘transformasie’ gevind. Hulle het hierdie woord gelaai met al die erns en emosie waaroor hulle beskik het. In die lig hiervan is dit begryplik dat daar op verskillende terreine voortdurend gekla word dat transformasie nog nie plaasgevind het nie en dat wit bevoorregting steeds voortduur” (Jaap Durand, Ontluisterde wêreld, Wellington: Lux Verbi, 2002, p 10).

    Soms duik daar ‘n sprankie hoop vir Esterhuyse se politieke insig op, al het hoop “blykbaar ‘n [beperkte] rakleeftyd” (p 151). “Vryheid en voorspoed sónder veiligheid en relatiewe vrede is ‘n droom. Dieselfde geld vir versoening. Jahwe, hoekom anders bou mense ‘mure’ en omhein hulleself? … Veiligheid (orde) is die grondslag vir vrede en voorspoed” (p 92). [In sy 2009-boek (p 110) skryf Esterhuyse dat “beskawing en vooruitgang nie sonder orde moontlik is nie.”] Later opper hy die moontlikheid dat die geweldenaars ‘n ingeboude “fabrieksfout” het (p 131), wat op ‘n tekortkoming in hulle DNS kan dui. In sy 2012-boek (p 114) skryf Esterhuyse: “Ek het altyd ‘n sterk morele standpunt teen geweld ingeneem, veral geweld wat daarop gemik was om politieke en ander vorme van mag oor mense te verkry.” Maar ‘n mens wonder hoe diep hierdie weersin in geweld sit, want dit het Esterhuyse nie weerhou van hartlike samewerking met die ANC nie en ook nie van verering vir geweldenaars nie. Hy verwys na wat hy ‘n “baie oortuigende argument” van Mbeki noem: “As die ANC toegelaat word om soos enige politieke party te funksioneer, sal die geweld ook hanteer kan word” (2012, p 248-249). Sedert 1994 word die ANC-regering toegelaat om geweld te hanteer. Slaag hy daarin of misluk hy klaaglik?

    Esterhuyse vestig die aandag op “die verval van instellings [soos die Universiteit Stellenbosch?] en lande [soos die nuwe Suid-Afrika?]” (p 132). Hy verwys na “institusionele verval” en “instellings wat inplof” (p 133). Maar besef Esterhuyse dat dit presies is wat aan sy alma mater plaasvind; dat dit is wat Open Stellenbosch aanvuur om die institusionele kultuur te transformeer en dat Wim de Villiers gewillig saamdraf? Esterhuyse wens/hoop blykbaar eerder vir die vernietiging van sowel Afrikaners as Afrikaans: “Nóg ‘die volk’ nóg ‘die taal’ is ‘n skeppingsordinansie! Dit is veranderlikes” (2010, p 253). Esterhuyse het sy mantel gedraai. Voorheen het hy die aanvoorwerk gedoen om vir PW Botha ‘n US-eredoktorsgraad te gee. Nou klop hy homself op die skouer omdat hy “help bemiddel” het sodat aan Nelson Mandela ‘n soortgelyke akademies waardelose sertifikaat toegeken kon word (2012, p 302-303).

    Esterhuyse kan (dalk tereg) daarop aanspraak maak dat hy die eerste persoon was wat beswaar teen die bestaan van vyf Afrikaanse universiteite geopper het en die gedagte help vestig het dat Afrikaans as ‘n struikelblok/uitsluitingsmeganisme vir swart studente funksioneer (Pieter Kapp, Maties & Afrikaans, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 63). Hy het hom selfs teen die aanstelling van dosente op grond van akademiese meriete uitgespreek sodat meer swart US-dosente aangestel kon word. Mense wat hieroor anders as hy dink, ly glo aan “Christelik-nasionale opvoedings- en verdienstekultuur” (Kapp, p 93). Dalk is Esterhuyse hoogs tevrede noudat nie net Afrikaanse universiteite iets van die verlede is nie, maar Afrikaans as onderrigmedium ook onder druk is, onder meer weens die geweldskultuur; iets waarvan hy hom (teoreties) gedistansieer het.

    In sy 2012-boek (p 23) skryf Esterhuyse tereg “dat akademici aan tradisioneel Afrikaanse universiteite ‘n hoë vlak van akademiese onafhanklikheid en vryheid geniet het”. Maar dan gaan Esterhuyse nie verder en vergelyk dit met die situasie in die nuwe Suid-Afrika nie. Byvoorbeeld, aan die Stellenbosse Kweekskool was daar destyds altyd afwykende stemme, dosente wat teen apartheid te velde getrek het. Dink aan Bennie Keet, Willie Jonker en Nico Smith. Deesdae kom daar geen geluid uit die US se fakulteit teologie wat enigsins as anti-ANC bestempel kan word nie. Wat ‘n mens hoor is bv pro-Belhar-, pro-feministiese en pro-gay-geluide. Het hierdie fakulteit, wat die Koopman/Boesak-fakulteit genoem kan word, al ooit gebid vir die terroriste, wat die verskriklikste misdade gepleeg het, en vir die onskuldige slagoffers, wat die prooi van hierdie onbeskaafdheid was?

    Amptelike ANC-lojaliteit geld eintlik die US in sy geheel. Aan die Universiteit Vrystaat het Jonathan Jansen ‘n verpligte indoktrinasiekursus vir alle eerstejaarstudente ingestel. Die US het pas aangekondig dat hy dieselfde gaan doen. Dit druis in teen die grein van ‘n egte universiteit, wat ‘n markplein vir die vrye uitruiling van idees moet wees. Tydens apartheid was daar baie meer vrye akademiese denke as tans. Oor hierdie kernsaak laat Esterhuyse hom nie uit nie.

    Die anti-kerklike, anti-Afrikaner- en anti-Afrikaansstandpunt van die Laingsburger Esterhuyse is nie nuut nie. Dít is “‘n feit soos … ‘n windpomp op ‘n Karoovlakte” (p 151). Hy het voorheen geskryf: “Veral sedert 1979 het dit vir my al moeiliker geword om na die ortodokse gebulk van die Afrikanerbulle in die Groot Kraal (staat, kultuur en kerk) te luister” (2009, p 21). Dit kan deels aan sy Bloedsap-agtergrond toegeskryf word. Sy pa was “in murg en been ‘n ‘Smuts-man’” (2009, p 31).

    In die nawoord by die Jahwe-briewe skryf Esterhuyse: “Uit ‘n skreef in die tempelmuur [op Malta] het ‘n swart-bruin-akkedis verskyn. Blinkvet my nuuskierig op en af bekyk” (p 163). Wat het hierdie akkedis van Esterhuyse gedink? Ek het ‘n spesmaas maar moet liewer nie sê nie.