praag.co.za

Spesiale aanbod: Bekom ‘n eksemplaar van ‘Omsingel die laer van die heiliges’ deur Jean Raspail

Written by

in

,

Hierdie roman deur Jean Raspail, wat reeds in 1973 in Frans verskyn het, bied ‘n profetiese blik op Frankryk en die res van die Weste wat deur ongewapende Derdewêreldimmigrante binnegeval en verower word, presies soos wat nou in Europa met die sogenaamde “migrante” gebeur. PRAAG het die laaste 30 eksemplare van die 1990- Afrikaanse uitgawe van Omsingel die laer van die heiliges bekom en verkoop dié versamelaarsitems teen R200 elk.

Moenie hierdie unieke boek, wat in Afrikaans deur Naomi Morgan vertaal is, misloop nie.

Klik hier om na die produkbladsy te gaan.

Die volgende bekende internasionale figure het Omsingel die laer van die heiliges gelees en “baie interessant” gevind:

  • Ronald Reagan, voormalige president van die VSA
  • François Mitterrand, voormalige president van Frankryk
  • Robert Badinter, Franse politikus
  • Jean-Pierre Chevènement, Franse politikus
  • Samuel Huntington, Amerikaanse politieke wetenskaplike

Comments

5 responses to “Spesiale aanbod: Bekom ‘n eksemplaar van ‘Omsingel die laer van die heiliges’ deur Jean Raspail”

  1. Rutger Avatar
    Rutger

    Der Spiegel het erken dat hulle ‘n “internasionalistiese” – ‘n ander woord vir kommunisme – agenda jaag. Onthou die titel van die kommuniste se landslied? Die Internasionaal! Hulle praat van die “onsin van nasionalisme” en ‘n wêreld “sonder grense”. Dit is die ooglopende erkenning dat Duitsland ‘n volslae Amerikaanse vasalstaat is sedert WW2, selfs 24 jaar na die val van die Muur. http://www.spiegel.de/wirtschaft/soziales/griechenland-wahl-der-unsinn-der-nationen-a-1053787.html

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    ‘n Merkwaardige stuk werk, met ‘n soort apokaliptiese einde-van-die tye klank veral in die lig van huidige gebeure. Nie met gewapende magte, pantsers en kernwapens is Europa onderwerp nie, maar deur ‘n kombinasie van hulle eie siek en verwronge humanisme enersyds en andersyds hordes uit die Derde Wêreld wat niks meer te bied het as patos en ellende nie. Die woorde van n ander profeet, die digter T. S. Elliot kom weer onwillekeurig by ‘n mens op: “En so loop die wêreld ten einde, nie met ‘n knal nie, maar met ‘n kreun.”

  3. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    om de puntjes op de i te zetten: de gigantische vrijwel ongestoorde wapenhandel die deel uitmaakt van de invasie uit moslimgebieden en Afrika, die wel ‘migratie’ wordt genoemd, mag niet over het hoofd worden gezien en vele van de duizenden moorden per W.E. land sinds de jaren ’60 komen er uit voort.

    Gewelddadige misdaad met vuurwapens in elk criminaliserend EU land kent een sterke oververtegenwoordiging van moslims/afrikanen. Zo is in die zin ‘gewone/normale misdaad’ ‘gewone/normale geïmporteerde misdaad’ of ‘gewone/normale overvallende misdaad’ 😉

  4. Ciska Avatar
    Ciska

    Ek het die boek begin lees, en toe eenkant toe gegooi. Skielik het daar liggies aangegaan oor gebeure / waarskuwings destyds, maar ook soos dit wat vandag om en met ons hier in Suid Afrika gebeur. Laat my onwillekeurig dink aan wat een van die verregse verteenwoordigers destyds gesê het (wat ek as vreeslik kras en gevoeloos vertolk het – was verontwaardig daaroor); “dat die swartes geen bydraes hoegenaamd gaan lewer tot die opbouing van hierdie land nie, maar soos parasiete sal kleef aan die witman tot niks oor is nie”. Dan kyk ‘n mens na ons dorpies en stede, oral die vuilheid en verval; en wat veral die Afrikaners tot stand gebring het, wat verorber en afgebreek word, dan moet ‘n mens met dit wat gesê was saamstem. Skrikwekkend.

Leave a Reply