praag.co.za

‘1984’ bly bo-aan die blitsverkoperlyste

Written by

in

,

George Orwell se distopiese roman, 1984, bly gewild, moontlik omdat die wêreld beweeg in die rigting van ‘n totalitêre staat met onophoudelike propaganda en sielkundige manipulasie, nes hy voorsien het.

Alvorens Orwell 1984 geskryf het, het hy tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die Britse regering as ‘n propagandis gewerk.

Hy het aanvanklik die roman 1980 genoem, en daarna 1982, voordat hy op 1984 besluit het. Die boek is in 1948 geskryf, wat sommige laat glo dat hy bloot die laaste twee syfers van die jaartal omgeruil het. ‘n Ander titel wat hy oorweeg het, was glo The last man in Europe.

Orwell het vele elemente in sy boek aan Japannese propaganda ontleen. Die “Denkpolisie” in die boek is gegrond op die Japannese geheime polisie tydens die oorlogsjare wat mense goedsmoeds vir “onpatriotiese gedagtes” in hegtenis geneem het. Hul amptelike naam was Kempeitai, wat besig was met ‘n “denkoorlog”.

Terwyl Orwell besig was om die boek te skryf, is hy met tuberkulose gediagnoseer. Hy het sewe maande nadat 1984 gepubliseer is aan dié siekte gesterf.

Ondanks die feit dat Orwell se roman ‘n historiese blitsverkoper verteenwoordig, figureer dit steeds onder die wêreld se toptien van boeke wat die meeste verbied word. Dit skets die toekoms van ‘n samelewing sonder vrye wil, privaatheid en waarheid. Dit was ook ‘n bedekte aanval op Josef Stalin en die Sowjetheerser se berugte “middernagsuiwerings”. Daarom is 1984 ook dan in 1950 deur die Sowjetunie verbied, aangesien Stalin begryp het dat dit ‘n satire op sy leierskap was.

Terwyl vele mense die boek as “anti-kommunisties” sien, hou sommige vol dat dit “pro-kommunisties” is. Die ironie is dat ‘n boek wat waarsku teen totalitarisme dikwels gesensureer word deur… totalitariste.

In 2002 is Orwell se boek Animal Farm op skool in die Verenigde Arabiese Emirate verbied, omdat dit sekere dele bevat wat teen Islamitiese waardes indruis, waaronder die voorkoms van ‘n mensagtige, pratende vark.

Orwell is self deur die Britse regering dopgehou terwyl hy sy roman oor regeringsmonitering geskryf het. Die Britse regering was bekommerd dat Orwell oor “sosialistiese menings” beskik het nadat hy The road to Wigan Pier, ‘n ware verhaal oor armoede en die toestand van die laer klas in Engeland, gepubliseer het.

Hoewel Suid-Afrika oor die afgelope paar dekades gebuk gaan onder ‘n intense propagandastryd en die land tans insgelyks neig in die rigting van ‘n totalitêre distopie, is 1984 nog nooit in Afrikaans vertaal nie.

Comments

12 responses to “‘1984’ bly bo-aan die blitsverkoperlyste”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    de heisa rond ‘Old Major’ doet ook in verschillende richtingen zoveel denken aan Mandela……
    Hoe dan anders ?

    Maar in islamiserend ‘verkleurend’ criminaliserend volksvijandig Nederland durft Kees van der Staaij een heel eind in de juiste richting te spreken. Al zegt hij er niet bij dat dat vooral geldt als je blank bent en financieel en fysiek plek gemaakt moet worden voor totalitair verplichte ‘multi culti’.

    http://www.ad.nl/binnenland/van-der-staaij-in-nederland-vermoordt-de-dokter-je~af42b11f/

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Nu blijkt de titel een maaksel van de WSJ.
      Maar blijft het hier eerder gestelde staan.
      http://www.telegraaf.nl/binnenland/28715016/__Van_der_Staaij__krant_verzon_kop__.html

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hierdie moet verplige leestof wees vir alle skoliere – so ook Animal farm. Ek wonder net of genoeg mense werklik kan insien en verstaan hoe na aan die waarheid sy boeke is.

    1. Charles Avatar
      Charles

      Ja sjoe Rooikop, dis skrikwekkend hoe Orwell kon voorspel het presies die siekspul wat die wereld vandag is, THOUGHT CRIME, THOUGHT POLICE, MINISTRY OF TRUTH -o, wie of wat kan lg. wees? Wenk: Nie stroomop nie)
      1984 is SO akkuraat, kon Orwell deur tyd reis vra ek op legitieme wyse?
      Lees net bietjie hier…
      artsem – artificial insemination.
      bb Big Brother.
      bellyfeel – a blind, enthusiastic acceptance of an idea
      Blackwhite – to believe that black is white, to know that black is white, and to forget that one has ever believed the contrary.
      crimestop – to rid oneself of unwanted thoughts, i.e., thoughts that interfere with the ideology of the Party. This way, a person avoids committing thoughtcrime.
      crimethink thoughtcrime, thoughts that are unorthodox or outside the official government platform
      current
      dayorder Order of the day.
      doublethink the act of simultaneously accepting two mutually contradictory beliefs as correct
      Duckspeak – “to quack like a duck” (literal meaning) or “to speak without thinking”
      equal: Only in the sense of physically equal, like equal height/size, etc. It does not mean socially – politically or economically – equal, since there is no such concept as social inequality in purportedly egalitarianistic Ingsoc.
      facecrime: An indication that a person is guilty of thoughtcrime based on their facial expression
      file
      forecast
      free Meaning Negative freedom (without) in a physical sense, only in statements like “This dog is free from lice”, as the concepts of “political freedom” and “intellectual freedom” do not exist in Newspeak
      full the adverb fullwise appears in the Records Department’s written orders)
      good: (Can also be used as a prefix vaguely meaning “orthodox”)
      goodthink – thoughts that are approved by the Party and follow its policies, ideals and interpretations. It is the opposite of crimethink.
      goodsex intercourse between man and wife, for the sole purpose of begetting children and without physical pleasure
      ingsoc: English Socialism.
      issue
      joycamp: Forced labour camp.
      malquoted: flaws or inaccurate presentations of Party or Big Brother-related matters by the press. See misprints below.
      miniluv: “Ministry of Love” (secret police, interrogation and torture).
      minipax: “Ministry of Peace” (Ministry of War, cf: ‘Department of Defense’ vs ‘War Department’).
      minitrue: “Ministry of Truth” (propaganda and altering history, culture and entertainment).
      miniplenty: “Ministry of Plenty” (keeping the population in a state of constant economic hardship).
      misprints: Errors or mispredictions which need to be rectified in order to prove that the Party is always right. See malquoted above.
      oldspeak: English; perhaps any language that is not Newspeak.
      oldthink: Ideas inspired by events or memories of times prior to the Revolution.
      ownlife – the tendency to enjoy being solitary or individualistic
      pornosec: subunit of the Fiction Department of the Ministry of Truth that produces pornography
      prolefeed: The steady stream of mindless entertainment to distract and occupy the masses.
      recdep: “Records Department” (division of the Ministry of Truth that deals with the rectification of records; department in which Winston works).
      rectify: – used by the Ministry of Truth as a euphemism for the deliberate alteration (or ‘correction’) of the past
      ref: To refer (to).
      report
      sec: Sector.
      sexcrime all sexual activity which is not goodsex
      speakwrite: An instrument used by Party members to note or “write” down information by speaking into an apparatus as a faster alternative to an “ink pencil”. It is, for example, used in the Ministry of Truth by the protagonist Winston Smith. Speakwrites are also apparently able to record everything that is spoken into the device.
      telescreen – television and security camera-like devices used by the ruling Party in Oceania to keep its subjects under constant surveillance.
      thinkpol – the Thought Police
      thoughtcrime – the criminal act of holding unspoken beliefs or doubts that oppose or question Ingsoc
      Unperson – someone who has been “vaporized”—not only killed by the state, but erased from existence.
      upsub: submit to higher authority. In one scene in the novel, Winston Smith is instructed to alter a document to conform with the Party line, and submit it to his superiors before filing it: rewrite fullwise upsub antefiling.
      verify
      yp (year plan).

      GENIAAL!!!!
      Dis is ‘n wonder dat die SGK(sosiale Geregtigheids Krygers), die Sosiale Marxiste, die Sosialiste en die Libtards EN LINKSES NIE 1984 verban nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Orwell is mos kort na die skryf van die boek oorlede. Ek wonder of hy sulke insigte gehad het en of hy in die binnekringe was en uitgeblaker het wat aangaan – dit sou strook met sy kort lewensverwagting – daar is mos diegene wat oor Mozart dieselfde sê – hy het jonk gesterf want hy het geheime uitgelap in sy opera die voëlvanger.

        1. Charles Avatar
          Charles

          Interessante siening 🙂

  3. G Avatar
    G

    Ek vir een is doodbang om enige iets daaroor te lees. Bang dit verveel my dood. Wat is die punt daarvan nou weer? Ek het vergeet hoekom dit belangrik is vir Afrikaners. Dalk kan jy my herinner?

    1. Charles Avatar
      Charles

      Ek ook, watse strontstorie is dit nou weer?

  4. sussie se vissie Avatar
    sussie se vissie

    Wel.
    Gee my net n idee.
    Ding is…ek was totaal onbewus van enige ‘skandaal’ by British Petroleum.
    Iemand petrol gesteel?

  5. Skisofreen Avatar
    Skisofreen

    Eric Blair het vir Britse intelligensie gewerk. Ek vermoed dit was ‘n rol wat hy sy lewe lank gespeel het. Hy was uit die Britse adelstand dus behoort hy onder verdenking te wees. Soortgelyk as Marx wat lekker hand om die blaas met die adelstand omgegaan het, terwyl hy die lot van die werker bekla het. 1984 was ‘n goeie boek, maar meer en meer wonder ek oor die motiewe agter die boek. Hierdie mense is meesters in sielkundige oorlogvoering en vee al eeue die vloer met ons gewone ouens.

  6. Vicky Avatar
    Vicky

    Ons vyande kerm altyd dat eindelose haatwette nodig is om ‘n 1984 situasie te voorkom, dis tragies – ironies – maar tragies.

  7. Charles Avatar
    Charles

    Meesterstuk!! (ek het 2 kopiee) Orwell=geniaal!!!! (was hy nie ‘n swart man nie, of hoe?/s.)
    Jinne Praag, julle SLAAN die spyker so SO op sy kop hiermee! Presies wat ek nog die afgelope jaar of wat dink, maar wat ek nie soos julle kon verwoord en verkondig aan die Wereld nie!
    Asseblief, vertaal dit in Afrikaans. Indien dit met Camus se Die Pes (Piet de Jager) en Die Badkamer gedoen kon word, kan dit sekerlik ook gedoen word met hierdie mees klassiekste boek van ALLE TYE!

    Kom Dr. Roodt, wat is jou plan…;)

Leave a Reply