praag.co.za

Video: RSG se omhelsing van die SAKP

Written by

in

,

Die openbare uitsaaier RSG (Radio Sonder Grense) begin al hoe meer om die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te vergoeilik en in sy luisteraars se kele af te druk.

Comments

3 responses to “Video: RSG se omhelsing van die SAKP”

  1. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    Ek vra my weer af wie die teikengroep van RSG is (dit blêr meestal in my ouerhuis). “Soveel moontlik” vertrou ek nie. Daar is meestal blanke inbellers, ja. Gewoonlik ouer as 30, tweetalig (Afrikaans/Engels, dalk met ‘n swaar hoorbegrip vir Vlaams), heel waarskynlik te veel blootgestel aan Amerikaanse en Britse televisie. Ek vermis wel die deelname van onder-20’ers, die 20’ers en vroeë 30’ers, seker omdat hulle na Engelse plaaslike musiekradiostasies luister (in die motor), of, soos ek, trakteer word deur listenlive.eu via ADSL. Meer as 4 000 Europese nasionale en streeksradiostasies om van te kies – in Deens, Duits, Frans, Engels, Nederlands (dialekte ingesluit). Met miljoene potgooie… (ek spits my vernaamlik toe op taalprogramme soos “Sozusagen!” van Radio Bayern 2 op Vrydaemiddae en “De Taalstaat” van die staatskanaal NPO Radio 1 op Saterdagoggend en -middag. Om Nederlanders ook op mekaar te hoor skel, kyf en redeneer, moet ek toegee, is vreeslik vermaaklik.).

    Kan mens eerder sê RSG is ‘n onderliggende polariserende medium netjies verpak met ‘n lagie Afrikanernostalgie wat aantreklik lyk? Watter ander Afrikaanse webwerwe ken jy nog wat ook vreeslik nostalgies lyk met muurpapier?

    Radio het sy beperkinge, en Dr. Roodt weet dit duidelik ook. Jy kan nie elke liewe nuusbrokkie meedeel nie. Nie almal het toegang tot potgooie nie. Jy kan nie ‘n hele 26-delige ensiklopediese kennis deel met die bevolking wat hoogs oningelig is nie. Daarom haal jy sinne uit wat jou pas. Radio se duistere motief is herhaling op herhaling op herhaling van menings. Dit is soos om versies op skool te leer. Om elke maand eenkeer die nuusberig te hoor val nie op nie. Maar probeer alles in een middag deurwerk… Ek onthou nog hoeveel mense vir Nataniël (Etiket) elke liewe keer (15 keer) gevra het omtrent die gebruik tandestokkies in restaurante – ek het die potgooie geluister. Uit ‘n kronologiese perspektief is dit regtig irriterend!

  2. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Radio Pravda is besig met breinspoeling van ons mense met nimmereindigende inpomp van Feminisme , Globalisme , Liberalisme en Anti-patriotisme . Dit word egter nie net op ons toegepas nie maar die Afrikaanses word ook aangewend ,
    Dit is komies hoe die wyshede van die Afrikaanses , soms met ‘n kinderlike naiewiteit aan ons opgedis word ,veral as daar op straat peilings/opinies uitgespreek word .
    Die opinieswaaiers wat deur RSG gebruik word , het deesdae ‘n reputasie dat hulle konstant verkeerd bewys word en hulle besef duidelik nie dat die mense hule nie meer ernstig op neem nie , maar helaas hulle is gedoem tot vergetelheid of ten minste tot bespotting .
    Wanneer daar op RSG ‘n geleentheid vir vrae en antwoord met bestuur gegun word , is slegs kruipende goedpraters wat gedult word …werklike kritiek en versoeke word met hooghartige minagting kortgeknip …Ek glo nie hulle is self op hoogte met wie hul teiken gehoor is nie .
    Waarvan ons wel moet kennis neem is dat RSG ‘n doelwit moet bereik om die regimeverandering na die Doringbos regering waarvan die SAKP/DA deel sal wees vooruit aan te kondig en te promoveer .
    Dit is duidelik dat die inhoud van programme vervlak het om aan te pas by die algemene verdomming van hul luisteraars , natuurlik met ‘n gereelde nostalgiese terugblik na ‘n verlede toe dinge nog ‘n mate van inhoud gehad het !

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Naand Transvaal,
      laat ek nou maar eerlik erken, vir RSG het ek geensins tyd nie, wat dalk n fout mag wees, maar ek luister NOOIT na hulle, waarookal nie. Hulle diens prikkel my belangstelling nie naastenby nie, en ek vermoed daar is ‘n groot persentasie afrikaners wat die sentiment met my deel. Rustige nag.

Leave a Reply