Die openbare uitsaaier RSG (Radio Sonder Grense) begin al hoe meer om die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te vergoeilik en in sy luisteraars se kele af te druk.
Etiket: anti-Afrikaans
Hofgeding kom teen Stellenbosch se anti-Afrikaanse taalbeleid
Die Stellenbosch Universiteit sê hy bestudeer nog dokumente wat ‘n pro-Afrikaanse steungroep by die hof ingedien het.
Die groep, “Gelyke Kanse”, vra dat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die universiteit se nuwe taalbeleid ter syde stel.
Volgens die nuwe beleid sal Engels van aanstaande jaar af die primêre onderrig- en administratiewe taal wees.
Die groep waarsku dat die universiteit miljoene aan trustgeld kan verloor as Afrikaans sy status by die instelling verloor.
Rassekloof in DA al hoe groter
Die DA probeer ‘n verenigde front voorhou nadat die skorsing van Dianne Kohler Barnard die party in ‘n krisis gedompel het met die rasse-kloof wat al hoe groter raak.
Die besluit is deur die DA se federale uitvoerende gesag Vrydag geneem om Kohler Barnard uit die party te skop.
Phumzile van Damme, nasionale DA-woordvoerder, het ontken dat die party in ‘n krisis verkeer.
Kohler Barnard gaan intussen appelleer teen die beslissing om haar uit te skop.
Die skorsing volg op ‘n onskuldige Facebook-inskrywing wat sy aangestuur het dat die land beter gevaar het onder PW Botha.
DA-leiers is tans diep bekommerd dat die rassespanning volgende jaar se munisipale verkiesing sal knou.
Die party probeer swart stemme trek met herhaaldelike gif-veldtogte, veral teen Afrikaners. Die jongste heksejag volg nadat Kohler-Barnard haarself “positief” met ‘n Afrikaner – PW Botha – geassosieer het.
Die einde van die party is in sig, deurdat Afrikaners wat hulself met die DA opgehou het, begin besef dat dit nie ‘n voertuig vir hulle belange kan wees nie.
Jansen en Goldberg dans die Boerehaat-riel met oorgawe
Die geseur van die bruin rektor van die Universiteit van die Vrystaat oor “transformasie” oftewel gedwonge verengelsing van Afrikaanse instellings, het ‘n gehoor wat die Joodse redakteur van timeslive, Reuben Goldberg betref.
Goldberg het die ongewilde baas Jonathan Jansen se gedeeltelike mislukking om Engels af te dwing met sy gewone über-Boerehater-simpatie en growwe gemeenplase begroet.
Volgens Goldberg se blad het Jansen onlangs een oggend wakker geword met twee dosyn “te koop”-borde buite sy huis. Kennelik is die rektor nie so gewild in sy tuisdorp soos in sekere Jingo-voorstede van Johannesburg waar hy Afrikaners as agterlike, rassistiese bullebakke voorhou nie.
Jansen meen die borde is geplaas deur ‘n persoon of persone van sy universiteit wat ontsteld is oor sy anti-Afrikaanse transformasie-agenda.
Eerder as om te besin oor sy stommiteite om internasionaal erkende taalregte te ignoreer, het Jansen klaarblyklik homself eerder tot bruin vervolgingswaan voor sy Engelse gehoor gewend.
Diktator Jansen was ‘n lid van ‘n paneel van senior akademici in Kaapstad wat Dinsdagaand transformasie by universiteite bespreek het.
Jansen het sonder ironie na “tradisioneel” Engelssprekende universiteite verwys, ‘n onbewuste erkenning dat Afrikaanse instellings intussen ook verengels het.
Hy het gesê hoewel die ou Engelse universiteite soos Kaapstad, ‘n “kultuur van hoë intellektuele lewendige debat” het, ken “tradisioneel Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch en Bloemfontein net doodsdreigemente en beledigings”.
Jansen het gesê hy kry glo gereeld doodsdreigemente. Indien dit waar is, is dit egter vreemd dat die polisie dit nog nie opgevolg het nie.
Die gehoor het egter merkbaar verstyf toe hy ‘n onbedekte aanval op die Universiteit van Stellenbosch geloods het. Jansen het gesê die US het ‘n ernstige gebrek aan sensitiwiteit vertoon deur die begrafnisdiens van hul eerste swart visekanselier Russel Botman, by die DF Malan-sentrum te hou.
“Ek het net gedink dit was hoogs onsensitief. DF Malan was die eerste apartheidspremier. Hy het chaos in die land gesaai. Om nie te besin daaroor as ‘n universiteit nie, is ‘n baie hartseer ding,” het hy gesê.
Beeld haal betaalmuur af om Afrikaners aan te val
Beeld is klaarblyklik vasberade om die gewese alkoholis en vermaakpersoonlikheid, Elzabé Zietsman se tanende openbare beeld heeltemal te vernietig.
Die koerant het hulle elektroniese betaalmuur afgehaal om aan Zietsman ruimte te gun om ‘n volskaalse aanval teen Afrikaners te loods waarin sy ons as “dwase”, “dom dose” en “stupid idiote” uitskel.
Media24 het dié week ‘n openbare haatveldtog teen Steve Hofmeyr en Afrikaners van stapel gestuur nadat Hofmeyr Die Stem by die Innibos-fees in Nelspruit saam met ‘n waarderende gehoor gesing het.
Onder aanvoering van redakteur Adriaan Basson, is opiniestukke en berigte skielik sonder die betaalmuur beskikbaar waarin Afrikaners met rotte vergelyk word wat die ewige skuld vir swart mislukking moet dra omdat ons – heeltemal wettig – die volkslied saamsing.
Zietsman se onsamehangende geskel is Donderdag ruimte in Beeld gegun waar sy haar Facebook-aanvalle voortgesit het. “Ek is jammer oor één ding,” het sy Woensdagmiddag aan Beeld gesê.
“Ek is jammer ek het die mense wat ‘Die Stem’ so saam met Steve gesing het dose genoem. Ek is jammer daaroor, want ek bedoel eintlik hulle is dwase en dóm dose.”
“Maar ek wil nie eens met die stupid idiote wat sulke snert kwytraak, begin argumenteer nie. Ek gaan niks bereik nie.
Sy het Hofmeyr, sonder ironie, van “opswepery” en “kwaadstekery” beskuldig na haar jongste ongevraagde, kwaadwillig uitlokkende kommentare teen Afrikaners.
Beeld het ook die mening van ene Emma Sadleir, ’n prokureur wat glo in sosiale media spesialiseer, weergegee waarin lesers se ontstoke reaksie op Zietsman se haatveldtog as “misdadig” beskryf is en neerkom op “aanlynteistering”.
Volgens die “kenner” kan sulke “digitale vigilantes” krimineel aangekla word.
Die “kenner” het nie ‘n mening uitgespreek oor Media24 se doelbewuste massaveldtog van uitlokking teen hul pro-Afrikaanse lesers nie.
Die Burger: Anti-Afrikaner, anti-Afrikaans, anti-Boeremusiek
Uit ‘n enkele berig in Die Burger (2 deser, p 6) kan afgelei word dat hierdie koerant deesdae anti-Afrikaner, anti-Afrikaans en anti-Boeremusiek is. Die versugting is klaarblyklik dat ons almal in ‘n groter Suid-Afrikaansheid opgeneem moet word.
Op 30 Mei (p 15) het hierdie koerant ‘n lang artikel gepubliseer waarin gepoog is om aan te toon dat Boeremusiek nie van Boere-oorsprong is nie. “Anders as wat die naam sê, is boeremusiek nie ‘n eksklusiewe maaksel van Afrikaners nie.” Enige strooihalm wat kan help om nie-verloopte Afrikaners te vertrap, word aangegryp.
Daarteenoor is ‘n waarderende artikel oor die Libertaskoor op 31 Mei (p 15) gepubliseer. Dié koor is in 1989 gestig en was glo die eerste veelrassige koor. Die dirigent, Johan de Villiers, sê hy en sy vrou “wou graag ons deel doen om dinge beter te maak.” Die koor sing onder meer die Xhosa-strugglelied, “O God, waarom moet ons so swaar kry?”
Alle nie-verloopte Afrikaners is nie altyd ewe entoesiasties oor Steve Hofmeyr nie. Tog behoort ons almal waardering te hê dat hy die moed van sy oortuiging het om hom openlik vir die Afrikanersaak te beywer. In sy beroepe (bv sanger, skrywer, akteur) is Hofmeyr van openbare steun afhanklik. Desnieteenstaande is hy bereid om daardie minderheidsgroep te ondersteun wat tans die meeste verguis word. Daarvoor moet ons erkentlik en dankbaar wees. Myns insiens onderskei Hofmeyr se opvallende groter geestelike diepte hom van die meeste van sy mede-kunstenaars.
Die Boeremusiekklub het Hofmeyr en Sakkie Kotze vereer. Volgens die berig is hulle nie kultuurleiers nie, maar “kultuurleiers”; dus die soort kultuurleiers waarvan Die Burger hom distansieer. In die berig word dit ook nie gestel dat hierdie twee die Afrikaanse taal en kultuur bevorder nie. Nee, “Die klub sê Hofmeyr en Kotze bevorder die Afrikaanse taal en kultuur al jare lank.” Dan word die klub se verklaring aangehaal, sodat dit duidelik moet wees dat dit nie is wat Die Burger se redaksie dink nie. Daarna word dieselfde laai met Kotze uitgehaal: “Die klub sê hy bevorder die Afrikaanse kultuur.” Les bes word die skrywer van dié berig bloot as “Verslaggewer” aangedui. Blykbaar sou dit skadelik vir sy/haar aansien wees as anonimiteit nie bewaar is nie.
Ten slotte haal ek die volledige koerantberig aan. Dat Die Burger hom van hierdie twee mense distansieer, kan met ‘n stok aangevoel word.
“Steve Hofmeyr as ‘kultuurleier’ vereer
Bloemfontein.- Twee ‘kultuurleiers’ – Steve Hofmeyr, akteur en sanger, en Sakkie Kotze, ‘n vrywillige kultuurwerker – is deur die Boeremusiekklub van Suid-Afrika in Pretoria vereer.
Die klub sê Hofmeyr en Kotze bevorder die Afrikaanse taal en kultuur al jare lank.
‘Hofmeyr is ‘n liefhebber en ondersteuner van boeremusiek. Hy is tans beskermheer van die SA Boeremusiekklub. Hy het ook al ‘n ATKV-toekenning vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gekry,’ lui ‘n verklaring van die klub.
Kotze het Afrikaans op laer- en hoërskool aangebied. Die klub sê hy bevorder die Afrikaanse kultuur al van sy skool- en studentedae af, onder meer deur sy betrokkenheid by die Voortrekkers, sy sangleiding op kultuurbyeenkomste, sy deelname aan Afrikaanse volksang en volkspele en sy betrokkenheid by die ATKV. – Verslaggewer”

