praag.co.za

Tag: beeld

  • Sydney Gregan: Ope brief aan Willie Spies oor ‘apartheid’

    Sydney Gregan: Ope brief aan Willie Spies oor ‘apartheid’

    Beste Willie

    In Beeld van 13 Mei 2021 skryf jy, as voormalige LP van die Vryheidsfront Plus, dat apartheid ‘n ideologie was. Jy vergoeilik ook die optrede van Nelson Mandela en om dan die Afrikaner beter te laat voel, voeg jy so bietjie versiersuiker by oor ons volk se stryd die afgelope 27 jaar.

    Wel, jy mag dalk ‘n paar Afrikaners beïndruk het, maar beslis nie vir my nie. Het jy vergeet dat Mandela dade van sabotasie beplan het waarvoor hy die doodstraf kon kry? Dat daardie dade onskuldige mense sou vermink en gedood het was dit nie vir die flink optrede van die “apartheidsregering” om dit betyds te keer nie? Kan jy nog onthou dat Mandela nooit berou getoon het vir sy optrede nie, maar trouens “Kill a Boer. Kill a Farmer” saam met sy terroriste-makkers gedreunsing het? Of verkies jy om, soos Naspers, net die “mooi” kant van Mandela voor te hou?

    Erger egter Willie is jou stelling dat apartheid ‘n ideologie was. Het jy vergeet dat apartheid, of dan afsonderlike ontwikkeling, niks anders was as die uitlewing van Afrikanernasionalisme waar gestreef is daarna om aan elke volk volledige vryheid in sy eie grondgebied te gee nie? Het jy ooit die moeite gedoen om na president Woodrow Wilson se Veertien Punte te kyk en die internasionaal erkende reg op selfbeskikking? Hoeveel state het nie juis sedert 1914 tot stand gekom juis as gevolg van die aanspraak en uitlewing van hierdie reg nie? Wat van die state van die voormalige Joegoeslawië? Die state van die ou USSR? Wat van Eritrea en Suid-Soedan? Is dit ‘n onwerklike droom dat daardie state kon ontstaan, Willie, of dalk eerder die natuurlikste uiting van ‘n volk se reg en aanspraak om homself binne sy eie grondgebied te regeer? Het jy ooit die moeite gedoen om dr Verwoerd se toesprake te lees, of steek jy daardie boeke weg in die kringe waarin jy nou beweeg?

    Jy weet Willie, nasionalisme stel hoë eise aan ‘n leier se Afrikanerskap. Een daarvan is om nie met vroompraatjies te kom nie. ‘n Ander is om nie ‘n papbroek te wees nie. Jy het jou nou onbloot as ‘n vyand van die Afrikanersaak. As jy ‘n vertolker van die Afrikanersaak wil wees, moet jy reguit loop en duidelik praat en bereid wees tot onvriendskap met jou vyande. Mandela en sy trawante was en is steeds vyande van ons volk. Naspers (of dan Netwerk24) ook, want hulle het die Afrikaner se saak (lankal) die rug gekeer.

    Afrikanernasionalsime sal nie deur die Willie Spiese van ons tyd doodgepraat word net omdat hulle nou in die kollig is nie. Ons staan dalk alleen, maar ons sal ons man bly staan. Nasionalisme, dít wat ons nou so nodig het, is die draer van ‘n volk se selfrespek. En daar kan niks erger wees as om voor jou vyande te kruip soos wat jy nou doen nie. Jy het met hierdie standpunt baie ver wegbeweeg van die hart van jou volk, besef jy dit Willie? Was daar druk op jou om dit te doen?

    Willie, ons volk se krag lê nie daarin om gemeensaak te maak met die vyande daarvan nie, maar om in solidariteit met ons volk en sy geskiedenis te bly leef. Dis juis helde soos dr Verwoerd wat ons verder laat sien in die toekoms en om met selfrespek te kan optree ondanks die aanslae van buite. Jy skaar jou nou by die vyande van ons volk deur die dade van ‘n terroris te vergoeilik en in die proses jou eie heldedom die rug te keer. Of is dr Verwoerd nie ‘n held in jou oë nie?

    In hierdie dae belewe ons ‘n stygende aggressie by die ANC, die vyand van ons volk. Mandela se party. Nogtans dink jy dit goed om hulle aanslag oor baie jare teen ons volk, wat na 1994 net in ‘n ander hoedanigheid voortgesit is, goed te praat. Het jy die gevolge van jou waansinnige uitlatings verreken, of was die handeklap van die Naspers-gehoor te oorverdowend, Willie?

    Dit kan net oorwegings van eiebelang wees wat Afrikaners soos jy noop om hulle te skik na die wil van die heersende magte en invloede, en jou rug te keer op jou volk se geskiedenis. Want as jy sê dat apartheid ‘n ideologie is, trek jy ‘n streep deur ons volk se stryd en strewe en deur leiers soos genl Hertzog, dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd, mense wat dit net veil gehad het vir ons volk en hulle lewens vir ons volk gegee het. Verwerp dr Verwoerd en sluit jouself uit van jou volk en sy ideale. Dis die realiteit van die koers wat jy nou gekies het, Willie.

    Jy behoort jou te skaam Willie, en indien nie, weet dan dat jy so ver van die hart van Afrikanerskap beweeg het, dat jy dit moeilik sal vind om terug te keer. Afrikanernasionaliste beleef juis nou groter-wordende vyandskap van diegene wat hulle by die vyande van ons volk aangesluit het. Geld, gerief en gemak het plek gemaak vir beginsels. Dit gee aan verloopte Afrikaners ‘n “valse vrede”, maar ‘n vrede te midde van ‘n Suid-Afrika wat nie anders kan as om in duie te stort en in anargie te verval nie.

    ‘n Volk se helde kom nie uit die geledere van die vroompraters, paaiers en verdemakers nie. Noem vir my een so ‘n held op, Willie. Nee, ‘n volk se helde kom uit die geledere van hulle wat in die gesig van die vyand opgestaan het en bereid was om die ongemak en eise van die stryd te aanvaar. Daarvan is De la Rey, De Wet, Kruger en Verwoerd, om maar enkeles te noem, die ewigdurende voorbeelde.

    Apartheid ‘n ideologie? Soort soek soort, voorkeur vir die eie – dis wat apartheid was en steeds is – geanker in ‘n moreel-etiese basis en die voorwaarde vir enige volk om te oorleef. Om dít ‘n ideologie te noem is om van die werklihied vervreem te raak. En as jy die verskeidenheid van die volkere wat deur God daargestel is, erken, dan moet jy diskrimineer (onderskeid tref) om dit te kan handhaaf. Dis ‘n lewenswet wat liberaliste soos wat jy nou geword het (of dalk altyd was?) klaarblyklik nooit sal wil insien nie.

    Dit was prof Erlank wat gesê het dat ons ons nie groot stel teenoor ander volkere as ons onsself (deur middel van apartheid) wil beskerm nie, maar klein teenoor die Godsplan van verskeidenheid. Dr Verwoerd het weer gesê dat die idee van apartheid vir ons koers gegee het juis omdat die skeiding wat dit beoog het, vrede tussen volkere sou bewerkstellig. Die teenkant van apartheid (wat jy beoog sonder dat jy dit dalk wil erken Willie) beleef ons nou in sy naakste haatlikheid waar volke se regte eenvoudig negeer en vertrap word.

    Apartheid het die selfbehoud van ons volk bevestig en daartoe bygedra dat ons volk homself teenoor die ander volke kon betuig. Dit was na alles ook ‘n daad van verset en ‘n weiering om aan vreemde oorheersing onderwerp te word. Die teenkant daarvan is integrasie waar jy die vyand vereer soos wat jy nou gedoen het.

    In Suicide of the West skryf James Burnham dat die keuse van die vyand die beslissende daad is in die bepaling van die politieke stryd. As Mandela nou jou held geword het Willie, besef net dat jy daardeur kant gekies het teen jou volk en ‘n streep getrek het deur jou eie heldedom. Dít alles vir die kollig van vandag? Kom eerder tot jou sinne en besef dat jou artikel ‘n gees van oorgawe en gedienstigheid is wat vreet aan ons volk se reg op selfstandige voortbestaan.

    Ons volk het nou onverskrokkenheid nodig Willie, nie die vroompratey en gedienstigheid waaraan jy jou skuldig maak nie. Mag jy tot jou sinne kom! Indien nie, sal die Afrikaner weet dat jy jou rug op jou volk, sy geskiedenis en sy heldedom gekeer het. Soos die joiners en hendsoppers van ouds.

    Groete,

    Sydney Gregan

  • Sydney Gregan: Die oorlog om jou siel

    Sydney Gregan: Die oorlog om jou siel

    Alle oorloë begin en eindig in jou denke. Geen oorlog word net deur fisieke kragte bepaal nie. Dink maar aan die nederlae van Amerika in Viëtnam en nou in Siriē. Die groot Amerikaanse oorlogsmasjien se kop was nooit reg vir daardie gevegsterrein nie en daarby het die Amerikaanse soldaat nie geweet wat die doel van daardie oorloē was nie.

    Ook in ons eie geskiedenis het ons gesien hoe die Britte besig was om die Anglo-Boere-oorlog te verloor toe ‘n paar duisend Boere om hulle eie land geveg het en die Britte, op las van die Geldmagte, die goud van die Witwatersrand wou bekom. Net die terreur teen vroue en ‘n verskroeideaardebeleid het gehelp dat die Britte daardie oorlog wen. In hulle harte en hulle denke weet hulle goed dat hulle eintlik daardie oorlog verloor het. En vir ons, die nageslag van daardie Boere, leef daardie helde vandag nog in ons harte.

    Vandag is dit steeds van belang om te weet hoe ‘n oorlog gewen moet word. Wilskrag, oortuiging, idealisering, karakter, intelligensie en inligting, strategie en taktiek, is enige dag net so (en meer) belangrik as die oorlogstuig wat gebruik word.

    Die inoefening van wilskrag, die uitlewing van ideale, die bou van karakter; dís wat die grondslag lê vir oorwinning op die slagveld. Kortom dus, die sielkundige oorlogvoering wat die militêre vergesel.

    Waarin die VSA wel goed geslaag het, is om deur sielkundige ondermyning die Weste sodanig af te breek dat dit nie meer die wil het om weerstand te bied teen die veelvoudige aanslae teen hom nie. Kyk maar nou na die hele Black Lives Matter-beweging. Min mense sien raak dat dit diaboliese magte is wat die saak dryf met die geld van onder meer die Ford Foundation en George Soros wat die saak finansier. En terloops, ek sien die “volkstaat” CHAZ (Capitol Hill Autonomous Zone), wat die klompie anargiste uitgeroep het, het toe so plus-minus ‘n week gehou. Nog voor hulle kon aansoek doen vir lidmaatskap by die Verenigde Nasies… Wys jou net dat waar ‘n gemene deler op sand gebou is, sal enige aksie, of staat dan, misluk.

    Die koue oorlog teen kommunisme was ook ‘n sielkundige oorlog waar ons wysgemaak is hoe gevaarlik Rusland en sy bondgenote se kommunisme was en hoe edel die Westerse alternatief is. Hoe ironies dat Rusland en China nou as die twee sterkste state in die wêreld na vore tree, terwyl die VSA innerlik verdeeld is en elke dag besig is om sy eie fondamente af te breek. Wat is die Amerikaanse ideaal in elk geval? Geld? Rykdom? Indien wel, moet mens glad nie verbaas wees dat Amerika nou die aftog blaas nie.

    Die Amerikaanse sielkundige oorlog teen die res van die mensdom het Westerlinge se moed, erfenis, trots, eiewaarde, selfvertroue, selfbetuiging en selfverweer sodanig gekraak dat hulle ryp geword het vir die val wat nou beleef word. Wat moet die Amerikaner in elk geval probeer beskerm as hy self nie glo in dít wat George Washington en Thomas Jefferson voorgestaan het nie?

    By ons moet ons weet dat sou ons dr Verwoerd aanval, of selfs net stilbly as ons hom moet verdedig, ons mede-aandadig is aan die afbreek van ons eie erfenis. So wil Flip Buys van Solidariteit vir dr Malan en generaal Hertzog in die bresse tree in die Junie-uitgawe van die AP-kerk se Die Boodskapper, maar laat hy die naam van dr Verwoerd uit. As jy dr Malan wil beskerm en jy laat dr Verwoerd uit, is jy gewoon intellektueel oneerlik, want dr Verwoerd het eenvoudig voortgebou op dit wat dr Malan beoog het.

    Dan kan hy natuurlik, in die kringe waar hy beweeg, nie bekostig om dr Verwoerd se naam en erfenis te beskerm nie. Kyk maar, die sogenaamde konserwatiewes van vandag, is eenvoudig stom as dr Verwoerd aangeval word!

    As jy in jou gemoed oorgegee het, het jy die oorlog reeds verloor. In Suid-Afrika het dit begin toe die NG-kerk apartheid as sonde verklaar het. Dit het geeïndig daarby dat apartheid nou selfs deur Afrikaners as ‘n misdryf teen die mensdom beskou word wat dit nooit was nie. Feit is, die aanslag is op die gemoed en denke uiygevoer wat oorgawe in 1994 soveel makliker gemaak het. Ons het ons geestelike weerbaarheid verloor alhoewel ons enige dag fisies in staat was om hierdie klomp terrorriste die loef af te steek. Ons het ons erfenis in ons gemoed afgesterf sodat ons nie eers meer vandag bereid is om ons kinders van die heldedom van dr Verwoerd te vertel nie. Hy was enige dag net so ‘n groot held soos Paul Kruger en generaal De la Rey, dus vandaar die stilswye in selfs “konserwatiewe” Afrikanergeledere oor hom? As jy skaam is vir dr Verwoerd, is jy per implikasie skaam vir dr Malan, of jy dit wil weet of nie, want die geskiedenis loop soos ‘n goue draad deur al die dade van hierdie manne. Dit is ‘n geskiedenis van Afrikaner-nasionalisme wat gekweek is saadjie vir saadjie deur elke gebeurtenis in ons volk se geskiedenis.

    Media24, met Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport aan die spits was die nuttige ideologiese idiote wat die liberale tamboere geslaan het, en wat die Afrikaner in sy gemoed rypgemaak het vir oorgawe. Ons het soos vrot appels in die skoot van die nuwe Suid-Afrika geval. Ons was weerloos omdat ons sielkundig gekraak het.

    Maar wat staan ons vandag te doen om ons geestelik weer paraat te maak?

    Moet nooit ‘n hipotetiese gevaar vrees nie

    Vrees is die wapen van keuse vir die magte wat teen ons opgestel is. Roelf Meyer, die Minister van Verdediging (wee ‘n land met so ‘n swakkeling in daardie posisie!) het blankes gewaarsku teen Amerikaanse oorlogskepe aan ons kus sou ons nie die oorgawe aanvaar nie. Hoeveel mense het nie geskrik vir daardie leuen van daardie klein deurtrapte liberalis nie! Elke moontlike gevaar is eenvoudig uit die duim gesuig en deur ‘n oormaat van propaganda, in ons kele afgedruk.

    U ken die ou-ou set dat “ons nie ‘n ander keuse” het nie. Dit het gewerk. Vandag moet die twee alternatiewe wat ons dan het, meerderheidsregering met die noodwendige gevolg van blanke vernietiging, opgeweeg word teenoor dít wat nasionale (“regse”) Afrikaners in 1994 as alternatief voorgehou het, naamlik afsonderlike state vir elke volk, en die vraag gevra word: Wat sou die grootste kans hê vir die oorlewing van die blanke en veral die Afrikaner? En watter mag het die Afrikaner vandag om sy eie staat te verseker teenoor sy posisie in 1994 voor hy oorgegee het?

    Jy kan net skrik vir ‘n hipotetiese gevaar as jy tekortkominge in jou mondering het. As jy ‘n onvaste karakter het. As jy nie onwrikbaar glo dat die Afrikaner ‘n roeping het in hierdie land nie. Om nou, 26 jaar later, skielik in Afrikanerselfbeskikking te glo as jy dit versaak het in 1994 laat my wonder oor jou eintlike motiewe. Want jou oortuiging moet op baie meer as blote oorlewing gebou wees. Mens kan grootliks “oorleef” in ‘n veiligheidsbuurt ook. Verwyder dus die spookbeelde wat die vyand in jou kop skep en put begeestering uit ‘n heldedom wat hulle nie aan die “oormag” van Britse magte gesteur het nie en wat beslis nie vir gerief en oorlewing geveg het nie, maar vir die uitlewing van ‘n roeping, ‘n strewe en ‘n ideaal.

    Dit is immers dr Verwoerd wat die leuse gehad het: “Die ideaal is sterker as die werklikheid”. Hoe waar is dit nie! Die gevaar is ook net so klein of groot soos wat jy dit vir jouself maak.

    Vrees het die manier om te vergroot as dit nie baie gou hokgeslaan word nie. En vrees lei tot paniek en angsdenke en irrasionele besluite. Verwyder dan die vrees vir dít wat bloot net ydele woorde is, afkomsig van die vyand.

    Moet nie dat klein dingetjies jou van stryk bring nie

    Destyds, in Oos-Duitsland, het die Stasi, die geheime polisie, ‘n taktiek gebruik wat bekend gestaan het as Zersetzung, wat beteken om te ondermyn of af te breek. ‘n Persoon is geteiken en subtiel gemanipuleer deur hom van stryk te bring en twyfel in sy gemoed te skep. So is ingebreek in ‘n persoon se huis net om niks te steel nie, maar alles in chaos agter te laat. Die persoon is verwonderd gelaat en het natuurlik gewag vir die volgende stap wat dalk nooit sou gebeur nie, maar dit het hom in sy spore gestuit. Ook is spanning op verskillende wyses binne huisgesinne geskep waar een van die huisgenote dalk omgekoop is of geïndoktrineer is om so onmin te skep.

    Persoonlike omstandighede kan net ‘n sielkundige probleem raak as jy te veel aandag daaraan gee en fokus in die lewe verloor. As aanvaarbaarheid in liberale kringe groter prioriteit geniet as jou volk se strewe, sal jy noodwendig swig voor aanloklikhede wat geen standhoudendheid het nie. Dit gaan oor ‘n opweging van belange en waardes en dít wat op die lange duur van ewigheidswaarde is.

    Moet jou nie laat omkoop nie

    Ons weet hoe baie mense, veral politici, omgekoop is in 1994 en daarna. FW de Klerk is een van hulle. Die Nobelprys en die miljoene daaraan verbonde, is maar een voorbeeld van hoe sy koffers gestop is. Punt is: hy is omgekoop. As jy deur iemand omgekoop word, is jy in sy sak en sal jy ‘n slaaf van sy opdragte word. Hoe beteuterd moes De Klerk onlangs terugkrabbel oor sy uitlating oor apartheid. Verstaan die swakkeling vandag nog nie dat as jy die een ding sê (apartheid is verkeerd) jy noodwendig ook moet sê dat dit ‘n misdryf is nie?

    As jy toelaat dat jy omgekoop word, verloor jy jou selfrespek. Afrikanerleiers (as mens hulle so kan noem) wat in 1994 oorgegee het, het eenvoudig geen selfrespek gehad nie.

    Moet nooit glo wat Media24 sê nie

    Media24 met sy hele stal koerante is opgestel om die Afrikaner te vernietig. Jou ingesteldheid moet wees om elke woord te wantrou en in die alternatiewe media vir die waarheid te soek. Ongelukkig is die alternatiewe media min en yl gesaai in ons land. Mense is ook te lui om vir hulleself te dink en te gaan soek na die alternatiewe standpunt. Die gevolg is dat die leuens van hierdie ondergrawers vatplek in mense se denke kry.

    Die hele BLM-sage is nogeens bewys van die narratief wat, ondanks die leuenagtigheid daarvan, bevorder moet word. Swartes kan eenvoudig enigiets oor blankes kwytraak en ongeskonde daarvan afkom, maar onskuldige onderwysers word afgedank as hulle bloot ‘n onskuldige terloopse opmerking daaroor maak. Gefabriseerde stories vernietig lewens en loopbane maar dit skeel hierdie moordenaarsmedia min.

    Moet eenvoudig niks op sigwaarde aanvaar nie. Veral nie as dit uit daardie oorde kom nie, want hulle word betaal om te lieg. En hulle durf in elk geval nie die waarheid praat nie of hulle verloor hulle werk.

    Moenie bang wees vir disassosiasie nie

    Ons is tog so bang om die “verkeerde” ding in sekere kringe kwyt te raak omdat ons vrees dat ons uit daardie kringe geskop sal word. Om dus “aanvaar” te word, het op daardie oomblik meer waarde as ons oortuigings. Feit is, elke stukkie verloëning van jou volk dra by tot die afbreek daarvan. Jy offer dus jou volk op die altaar van gemak en aanvaarding. Wie van ons sal apartheid vandag nog verdedig in ‘n vriendekring? En in elk geval, waarom het jy ‘n vriendekring wat vyandig staan teenoor apartheid? Elke keer wat jy terugdeins, het jy afstand gedoen van jou standpunt, stukkie vir stukkie. Dis ‘n selfopgelegde afbrekingsproses wat later geen omdraai het nie.

    Die waarheid is dat as jy weerstand bied en apartheid verdedig jy nie net jouself versterk nie, maar ook die mense met wie jy omgang het, dat die standpunt alles behalwe dood is en sou jy dit boonop met oortuiging stel, hulle opnuut laat wonder oor die meriete daarvan.

    Dit word eintlik al hoe makliker om apartheid te verdedig want die alternatief, integrasie, se mislukkings en uiteinde word elke dag groter en snel op ons af. Sal apartheid ‘n bloedbad veroorsaak? Dalk. Maar in vergelyking met die bloedbad waarop ons tans afstuur, is apartheid gelykstaande aan ‘n kleuterskoolpartytjie. Boonop is dít wat volg op die huidige bloedbad in elk geval die uitwissing van ons volk. Is daar regtig ‘n keuse?

    Aanvaar die risiko voordat jy die vyand aandurf? Het jou lewe so leeg en doelloos geword?

    Dit sou dwaas wees vir ‘n onderwyser om apartheid te verdedig in ‘n formele skool-opset. Risiko’s moet verreken word want dit is juis onskuldige Afrikaners wat geteiken word. Maar daar is geleenthede waar dit eenvoudig jou plig is om die waarheid te praat anders is jou lewe ‘n leuen. Waarvoor staan jy in elk geval as jy nooit bereid is om vir die eer van jou volk en jou eie selfrespek op te staan nie! Is daar dan net nooit ‘n geleentheid waar jy bereid is om daarvoor op te staan nie? Het jou lewe dan sou leeg geword dat dít waarvoor jou volk staan, geen waarde meer het nie? En besef tog dat jou eie nalate nog ‘n stukkie wegkalwe van dít wat jy  vir jou kinders nalaat.

    Moet ook nie verbaas wees oor die teenreaksie wat heel moontlik uiters vyandig gaan wees nie. Wees eerder verbaas en bly as dit nie die geval is nie. Mense is gebreinspoel, wel, in elk geval die meeste van hulle. Maar hulle kan ook geswaai word omdat hulle menings dikwels nie diep begrond is nie, maar geskoei op leë slagspreuke, aannames en veronderstellings. Dit word maklik omgekantel.

    Het Martin Luther dit maklik gehad oor sy standpunt? Het die Voortrekkers dit maklik gehad tydens die Groot Trek en al die veldslae? Nee, ‘n standpunt met langdurige waarde word juis gelouter deur stryd. Verwag dus teenkanting maar weet dat dit jou sterker sal maak. Dis dooie visse wat rivier-af dryf en die lewendes wat stroom-op swem.

    Besef altyd dat jy vir groter dinge stry in die lewe as jou eie sosiale aanvaarbaarheid. As jy dan ‘n verskil kan maak, het jy iets gedoen om jou karakter te versterk en boonop ‘n bydrae tot die behoud van jou volk gemaak.

    Ken jou tekortkominge

    Jy moet jou eie tekortkominge ken en weet dat die vyand daarop sal konsentreer om jou verder af te breek. As jy maklik kwaad word, sal jy juis uitgelok word in ‘n debat om jou humeur te verloor en so ook die argument. Dis moeilik om kalm te bly in hierdie moerland maar tog, mens moet!

    Doen gereeld selfondersoek en werk aan jou eie tekortkominge. Elke strydgenoot moet hom laat geld. Bestudeer in dieselfde asem die swakhede en tekortkominge van die vyand en konsentreer daarop.

    Wees jou eie leier

    Ons hoor so dikwels dat die Afrikaner nie ‘n leier het nie. Almal is blykbaar op soek na ‘n leier. In die proses wag ons ons dood en doen self hopeloos te min om die stuasie te beredder. Leiers word nie gestuur nie, hulle verrys uit eie geledere. En dalk is jy die leier wat uit eie geledere aangewys sal word.

    Ek glo in elk geval nie aan iemand wat gestuur word nie. Waar was hy die hele tyd toe ander geveg het vir ons volk se behoud? Het jy gewag vir die “regte” oomblik? Nee, leiers word juis geslyp en gebrei deur stryd. Hulle word nie van die rak af gehaal nie. Hulle moes hulle al immers bewys het. Paul Kruger is van kleins af gebrei en gestaal vir die stryd wat hy gevoer het, hy was nie ‘n gedienstige meeloper nie. Daar is eenvoudig geen voorbeeld van ‘n leier van formaat wat nie deur langdurige stryd gebrei is nie.

    Jy is ‘n leier in eie reg en weet wat om te doen. Daarom, doen dit. Dit sal die gesamentlike poging van derduisende leiers wees, mense wat leiding en inisiatief neem in ons volkstryd, wat die deurslag gaan gee. Uit hulle sal ‘n leier aangewys word wat dan die leiding sal neem. Moenie vir hom wag nie want hy sal nie opdaag nie!

    Fokus op die daad en nie op die titel, die uniform of die uiterlike nie. Fokus op dít wat binne daardie mens aangaan. En as jy nie weet wat om in hierdie tye te doen nie, doen onmiddellike selfondersoek!

    Doen weg met die beuselagtighede in jou lewe

    Hoe baie van ons tyd en dae word nie deur beuselagtighede in beslag geneem nie. Soos die samestelling van die Springbokspan. Dis nou daardie span wat hulle harte vashou as die afgodslied gesing word en waarskynlik ook “Black Lives Matter” op hulle truie sal aanbring. Daar is so baie voorbeelde van sake wat heeltemal te veel aandag kry, terwyl dít wat van belang is eenvoudig nagelaat word.

    En waarom nie ook werk aan jou fisieke weerbaarheid deur byvoorbeeld skietoefeninge by te woon of ‘n selfverdedigingskursus of jou geestelike weerbaarheid deur ‘n boek lees soos die talle uit die pen van Robert Greene waaronder The 48 Laws of Power en The 33 Strategies of War (absolute meesterstukke) nie?

    Wil jy na elke nuusbulletin luister om te hoor hoeveel mense het nou al die virus? En as jy dit weet, wat dan? Wat maak jy daarmee? Moet jy vanaand se episode van Binnelanders kyk? Regtig? Is dit hoe leeg jou lewe al is?

    Is dit nie tyd vir dringende selfondersoek nie? Om jou prioriteite weer in orde te kry nie.

    Wanneer jy sake van belang weer voorop gaan stel in jou lewe sal jy verbaas wees hoe helder die vlam van jou volk weer voor jou sal brand. Hoe die aslaag van beuselagtighede gaan wegwaai wat die vlam tot dusver gedoof het.

    Vandag se “helde” en “legendes” se lewens is eintlik baie vlak en leeg. ‘n Rugbyheld is hoogstens ‘n ster wat verskiet. Sy vlam verdof die oomblik as hy sy stewels ophang. Die popster is dikwels ‘n dwelmverslaafde of verknog aan een of ander duiwelse ritueel. Dis die volksheld, gestaal deur stryd, wat langdurige begeestering verskaf. Is daar enigsins ‘n vergelyking tussen Elton John en dr Malan te tref? Trouens ek behoort my te skaam om daardie twee name in dieselfde sin te noem!

    Dis ‘n oppervlakkige kosmopolitiese lewe om bloot te smag na die volgende braaivleis, die volgende “show”, die volgende toets op Ellispark. Daar is net geen langdurigheid daarin nie en dis waarom dit net eenvoudig weer en weer moet plaasvind. Sake wat langdurige waarde besit, is dikwels verniet en bied waarde wat, as dit eenmaal deel van jou wese en karakter word, onlosmaaklik deel van jou lewe word. Dit onderskraag jou in enige toestand. Dis in die rak van jou geheue, jy kan dit daar gaan afhaal en dit gee jou geestelike krag.

    Die sepies en ligsinnige sake wat aan jou opgedis word, is ‘n vorm van verslawing. Jy kan nooit genoeg daarvan kry nie. Dis ook bedoel om só te wees. Hoe meer jy daarvan kan kry, hoe beter. En more het jy dit weer nodig. Daar is geen laaste episode nie.

    Laat elkeen van ons wat erg het aan die voortbestaan van ons volk, ons eie lewens, ja ons eie siele, ondersoek of dit regtig ons erns is. Dalk is ons self op weg na die luilekkerland wat toe nie meer so mooi is soos FW en Pik dit geskets het nie.

    Neem die inisiatief, niemand anders gaan dit vir jou doen nie

    Elkeen van ons het sekere talente wat ons in belang van die groter saak kan aanwend. Jy het ‘n godgegewe roeping wat jy moet vervul. En geen bydrae is te gering nie maar is dit juis die gesamentlike bydrae van elkeen wat die verskil gaan maak in ons stryd.

    Vra jouself die vraag af of dít wat jy doen ‘n verskil sal maak, nie net aan jou en jou gesin se voortbestaan nie, maar ook aan die Afrikaner se voortbestaan. Indien nie, soek dan iets wat wel ‘n verskil kan maak.

    Dis alles in jou kop!

    “Mind over matter”, is die uitdrukking wat graag gehoor word. En dis waar. In sport en in die hele lewe. Jy sal so sterk in enige geveg optree as dít wat in jou kop aangaan. Jy sal steier as jy twyfel, jy sal vasberade wees as jy oortuig is van jou saak. As die vyand met jou kop wil smokkel, beteken dit dat hy nie seker is hoe sterk jy in jou eie gemoed is nie. Wys hom dan op daardie oomblik!

    Ons lot in hierdie land is nie om as slawe onder ‘n barbaarse klomp wurms te lewe nie. Ons sal dit in elk geval nie oorleef nie want hulle sal alles verteer en vernietig. Ons sal dit net besef as ons afstand doen van die huidige tydsgees en opnuut fokus op die erfenis wat ons wil nalaat vir die nageslag, eerder as ons eie gerief.

    Ons sal dit net kan doen as ons die goue draad wat ons geskiedenis gekenmerk het, weer omhels en ons eie maak.

    Ons siele is op die spel, en as ons daardie stryd verloor, is dit ikabod met ons.

    So pragtig het die digter dit gestel dat die stryd net verlore is indien jy jou deelname weier!

  • Dan Roodt: Engels is die antitese van Afrikanerskap, repliek aan Jeanelle Greyling

    Dan Roodt: Engels is die antitese van Afrikanerskap, repliek aan Jeanelle Greyling

    Geagte Jeanelle Greyling,

    Toevallig vang my oog die enigsins uitlokkende opskrif van u rubriek in Beeld, “Engels ook nodig vir Afrikanerskap”. Dis die tipe sin wat teen my hele wese indruis, wat ‘n bespotting van ons hele geskiedenis maak.

    Ek stem saam met Andries Hendrik Potgieter wat, toe die Engelse Natal bereik, liewer weggetrek het omdat hy “nooit Brits wou word nie”. Hy het ook gesê dat hy van die see wou wegkom, want “waar die see is, is Engelse”. Hy het uitgewyk Noorde toe, en het onder andere Potchefstroom gestig, wat na hom vernoem is.

    Anders as Iere, Skotte en Walliesers, is Afrikaners deur Engelse verower, maar ons het ons taal behou. Soos Hennie Aucamp en vele ander gesê het, verteenwoordig dít die wese van ons identiteit.

    Afrikanerskap is geheel en al onversoenbaar met Engelsheid. Jaap Steyn, nog ‘n groot Afrikaner wat meer as enigiemand anders gedoen het om die taalstryde van die verlede op te teken, was ook bekommerd dat Afrikaners se Engels reeds “te goed” is.

    My eie kinders het nooit ‘n woord Engels tuis gehoor nie; ons het nimmer enige poging aangewend om die Rooitaal aan hulle oor te dra nie. Wel het ek soggens op pad skool toe gepoog om aan hulle Frans te leer, waarin hulle nie belanggestel het nie, iets waaroor hulle nou baie spyt is. Nietemin het hulle elkeen ‘n onderskeiding in Engels-“Huistaal” aan hul Afrikaanse hoërskool ontvang. Vir my is dit geen aanduiding van hul taalvermoë nie — waarmee sekerlik niks skort nie — maar van die mate waartoe Afrikaners onder die ANC-terroristebewind so omgewe is van Engels dat ons gedwing word om moedertaalsprekers van die taal te word.

    U verhaaltjie van die Egiptenaar is eintlik niksseggend. U reaksie op die eentalige spreker van Arabies verraai egter meer aangaande uself as oor hom. In Junie vanjaar was ek in ‘n hotel in Pole waar die man agter die toonbank insgelyks slegs Pools kon praat. Ek het ook Engels probeer, Frans en selfs geradbraakte Duits, maar hy kon slegs sy moedertaal praat. Eerder as wat dit vir my na ‘n probleem gelyk het, soos vir u, was dit vir my verfrissend. Dit het my selfs hoopvol gestem. Eureka! Hier was ‘n uithoek van Europa waar Engels nog nie ingedring het nie!

    Engels is soos onkruid; dit neem oor en verdring ander plante. Twintig jaar gelede kon min mense in Parys, selfs in toeristiese dele, Engels praat. Deesdae is Franse en dikwels ook die Noord-Afrikaanse immigrante waarvan ons so baie hoor, gretig om met toeriste Engels te praat. Dis nie meer Frankryk nie; dit raak nou Disneyland met ‘n replika van die Eiffeltoring.

    U skryf: “Dié van ons wat Engels magtig is, kan dus ons sterre dank, want die hele wêreld is vir ons toeganklik.”

    Watter illusie is dit nie! Ek kan amper sê: Net iemand soos u wat aan ‘n plattelandse universiteit soos dié van Potchefstroom in Afrikaans gestudeer het, kan so ‘n stommiteit kwytraak. As u net Afrikaans en Engels ken, is die wêreld beslis nie vir u toeganklik nie. Die meeste opgevoede Europeërs praat vier of vyf tale: Duits, Frans, Italiaans, Spaans, dalk Russies of ‘n Skandinawiese taal. Dit is die “meertalige sprekers” waarvan u praat, nie Afrikaners in ons land wat gedwing word om Engels te aanvaar omdat ons polities en kultureel oorheers is en word nie.

    Wat weet u van Korea of Japan? Dis twee welvarende Oosterse lande waarvan die produkte die wêreld oorspoel en in menige Westerse tale bemark word, maar wat elkeen oor ‘n eie, byna hermeties verseëlde kultuur beskik. Om Japannees of Koreaans te bemeester, is soveel meer van ‘n uitdaging as Engels, die taal wat jy saam met jou eerste pakkie kougom inkry.

    Nog iets: In alle Europese tale word ‘n magdom boeke oor en weer tussen daardie tale vertaal, selfs uit Oosterse tale. Behalwe in Engels. Die Engelse leser wil liefs ‘n speur- of liefdesverhaal lees. Of ‘n “sakeboek” in die trant van: “Hoe om vinnig ryk te word.” Daarom bly Engelse salig onbewus van wat daar in ander tale gepubliseer en gedink word… Maar vir u verteenwoordig Engels “die sleutel tot die heelal”.

    U skryf:

    “Ons moet daarteen waak om die jeug in te perk omdat ons bang is ons kultuur gaan verlore.

    Vanweë ons emosionele band met Afrikaans sal Engels altyd ons tweede taal bly. Die verwerwing van dié taal is egter noodsaaklik vir diegene wat wil tred hou met die res van die wêreld se vooruitgang.”

    “Die jeug in te perk…?” Bestaan daar nog so iets in Suid-Afrika? Met ‘n dwelmhandelaar of twee op die straathoek van elke skool, prostitusie (letterlik en figuurlik) ‘n eerbare beroep en internetpornografie vir elfjariges? In watter dekade leef u presies?

    “Vooruitgang” is ‘n groot woord. Ons kan seker gaan kers opsteek by Hegel en sy Russies-Franse dissipel Alexandre Kojève, en dit van daar af neem. Met al die Eskom-grappies kan ons dalk ook vra: “Wat het ons voor kerslig gehad? Elektrisiteit.” Ons probleem, asook dié van ander wêrelddele, is eerder: agteruitgang, verval, verlaging van opvoedingstandaarde, e.d.m. Daarvoor gaan die grote Engels ons niks help nie, want die agteruitgang in Engelstalige lande is juis soveel sneller as in daardie state wat meer van die Angel-Saksiese Empaaier geïsoleer is.

    Probeer gerus, soos ek vir ‘n paar maande vanjaar gedoen het, in ‘n plattelandse Franse dorpie gaan woon en in Engels kommunikeer. Ten eerste sou dit uiters onbeskof wees, om mense in hul idilliese, gekoesterde bestaan waar hulle en hul voorouers al eeue lank woon, met Engels aan te val. Ten tweede praat mense gewoon nie Engels nie. Hul kultuurtaal, opvoedingstaal, wetenskapstaal, kommunikasietaal, universiteitstaal, ens., ens., is Frans en sal vir die afsienbare toekoms Frans bly.

    Tensy mev. Theresa May besluit sy is nou moeg vir die Brexit-debakel en sy Frankryk binneval en verower en Engels die enigste amptelike taal maak, soos die ANC in Suid-Afrika gemaak het! Hoewel, met die verdeeldheid wat tans in Engeland heers, kan ek my kwalik voorstel dat ‘n nuwe oorlog teen Frankryk ‘n groot sukses gaan wees…

    Terloops, vele van my Afrikaanse vriende sê altyd: “Ek praat net Engels in selfverdediging.” Dis vir my gesond; dit getuig van standvastigheid en van ‘n geborgenheid in jou eie kultuur.

    En Brexit gaan vir seker ‘n invloed op die toenemende hegemonie van Engels as kommunikasietaal in Brussel hê. As Engeland nie meer lid van die Europese Unie is nie, is daar nog enige rede om Engels te gebruik? Ek voorspel dat die taalnasionalistiese Franse dan hul stemme gaan begin dik maak om Frans ‘n hoër status te gee. Daarbenewens verteenwoordig Duitssprekendes byna 100 miljoen EU-inwoners. Waarom moet Duitsers en Oostenrykers vir lief met Engels neem as hulle bloot hul eie taal kan gebruik, die taal waarin die moderne wetenskap, ingenieurswese en kwantumfisika uitgedink is? Die Britte koop tog Duitse motors, nie die omgekeerde nie?

    Eintlik is Afrikaans, Nederlands en Duits standaardtaalvariante van dieselfde taalkontinuum wat uit letterlik dosyne dialekte bestaan… Dit is moontlik om dieselfde boek in Duits, Nederlands en Afrikaans te lees en telkens nuwe elemente daarin te ontdek. Onlangs het ek dit besef toe ek die Nederlandse vertaling van Spengler se Ondergang van die aandland begin lees het. Geen Duitse boek vertaal ooit goed na Engels nie… behalwe miskien Das Kapital?

    Anders as die Nederlanders en die Skandinawiërs, wat Engels ook gretig aanleer, beskik Afrikaners, Franse, Duitsers en Russe oor ‘n geskiedenis van konflik met Engeland. Is dit voorstelbaar dat die Russe ooit hul taal met sy grootse letterkunde, operas en wat nog, vir Engels sou prysgee?

    Dit bring my by ‘n verdere punt: hoewel sommige Afrikaners (soos u en ander joernaliste) tans sterk onder Engelse of Angel-Saksiese invloed verkeer, was dit nie altyd so nie. In die verlede was ons politici, skrywers, akademici en wetenskaplikes trots op hul Europese herkoms en het moeite gedoen om met hul eweknieë in Europa te skakel. Jan Rabie het tydens sy verblyf in Parys in die 1950s soveel Franse boeke gekoop dat hy dikwels nie geld vir kos had nie, en koolblare by die mark gaan optel het om sop van te kook, om nie van honger om te kom nie. Het ons honger na Europa nou ‘n honger na Engels geword?

    Die Afrikaner is óók, en by uitstek, Eurokaner… Ons het dit tydens die Anglo-Boereoorlog gesien toe die hele Europa kant gekies het téén Engeland. Vandag gebeur dit weer, want al hoe meer Europeërs word met afgryse vervul deur hierdie o so Engelse bestel, met sy korrupsie, plaasmoorde, taal- en rassediskriminasie. Telkens as ek Europa toe gaan, kom ek Europeërs teë wat hier vir militêre diens wil aanmeld om ons van die ANC en sy Engelse hanteerders te bevry!

    Die “nuwe” Suid-Afrika, hierdie gewelddadige Klein Engeland, het hom tot vyand van die Weste verklaar. Ons kultuur verbied en onderdruk hy in die naam van sy afkeer van “eurosentrisme”. Hoe lank nog voordat ons Afrikaners, tesame met ons mede-Westerlinge, teen hierdie haatdraende kwasi-Engelse bewind met sy rassehaat, taalhaat, kultuurhaat, elke haat wat daar is, opstaan?

    Engels is die antitese van Afrikanerskap. Dis so simpel soos dit, soos ‘n Vlaamse vriend altyd sê. En dis nie ‘n anglisisme nie, eerder ‘n gallisisme, aussi simple que ça.

    My pleidooi sou wees dat ons liewers van Engels moes vergeet. As ek daar in Pole of in Frankryk vedwyn, of selfs in Stockholm tuisgaan, probeer ek vergeet dat ek Engels ken. Ek poog eerder om ‘n paar woorde van die plaaslike taal aan te leer, die mense beter te leer ken. In die geval van Frans is dit vir my lekker om byna heeltemal met die plaaslike inwoners te versmelt en om deur hulle as ‘n eweknie of ‘n gelyke aanvaar te word.

    Engels is geen kortpad na kennis of ervaring nie. Inteendeel, dit weerhou baie Afrikaners van ‘n meer intieme omgang met ander tale en kulture. Ons word soos Amerikaanse toeriste wat net harder skree as hulle nie deur die plaaslike inwoners begryp word nie.

    Daar is ook niks so vervelig soos ‘n Engelse boekwinkel nie. As jy een Exclusive Books of WH Smith gesien het, het jy almal gesien. Dit sê iets oor die oppervlakkigheid van Engelse. Dít wat Nietzsche en ander Europese intellektuele in die negentiende eeu oor Engelse geskryf het, geld steeds: hulle is oppervlakkige sedeprekers. Ervaar ons dit nie ook elke dag in ons land nie? Die aanhoudende gesanik en sedelesse van Engelse (en hul Afrikaner-na-apers natuurlik).

    Dog ook: snobisme. Daar is min dinge wat Engelse so beïndruk soos geld. Lees: baie geld. Is dit daarom toevallig dat snobisme so ‘n wesentlike kenmerk van die Suid-Afrikaanse samelewing geword het?

    Op die Europese Vasteland het mense agting vir vernuf, kultuur, kennis, styl. Dit gaan nie bloot om rykdom en vertoon nie. Die gemiddelde ANC-politikus of -tenderpreneur jaag ook maar eintlik die Engelse droom na: om ryk en vernaam te wees, iemand waaroor die poniepers in Londen sou skinder.

    Saam met Hendrik Potgieter sou ek kon uitroep: Dank God dat ek nie Engels is nie! Afrikaans en my half-Europese identiteit as Afrikaner het vir my soveel deure oopgemaak, insigte gegee, my verryk en my oortuig dat ‘n mens altyd dieper na ‘n probleem moet kyk.

    Ongelukkig is dit so dat baie Afrikaners vandag, juis vanweë Engels, oppervlakkig, vulgêr en snobisties geraak het. “Ek ry ‘n BMW,” soos oorle Johannes Kerkorrel gesing het. Nie dat dié arme siel ‘n begrip van enigiets gehad het nie, want hy wou ook maar graag ‘n Engelse Johannesburger wees. En moenie so seker wees dat die half-Engelse Afrikaner steeds ‘n “emosionele band” met sy taal koester nie. By die reünies van my matriekjaar is ek altyd verstom oor hoeveel van die stoere Boere wat destyds sulke swak punte in die Engelse klas gekry het, hul bloedjies na St. Johns, St. Stithians en dergelike meer gestuur het sodat hulle deesdae met Afrikaans sukkel! Maar goed, dis Johannesburg. In Pretoria is dit heeltemal anders gesteld. Johannesburg en Pretoria is soos twee stede in verskillende lande, met verskillende tale en kulture. Wanneer werp Pretoria die juk van Johannesburg af?

    In Afrikaans het debat helaas verdwyn. Op tipies Engelse wyse word daar in die blaaie van Beeld, Die Burger en ander Nasperspublikasies vandag vir ons gepreek. Die nuwe evangelie van ANC-gedienstigheid word aan ons verkondig. Daar is niks van die Nederlandse, Franse of Italiaanse voorliefde vir argumenteer, meningsverskil en “oop gesprek” soos Van Wyk Louw dit getipeer het nie.

    Diegene wat verskil, word gesnobeer. Geen teenargument word aangebied nie, maar hulle verwys neerhalend na jou “grys skoene” en ander sinnelose slagspreuke wat hulle by Engelse gehoor het.

    Om Engels magtig te wees, vervul my helaas met geen “dankbaarheid” nie. Ek het my jeug verspil tussen Engelse op die Wits-kampus en dat ek min of meer sonder letsels en sonder om ‘n dwelmverslaafde te word daaruit ontsnap het, is ‘n wonderwerk. Ek het niks by dom Engelse geleer nie en moes heelwat dinge afleer. Eers toe ek die Europese denktradisie kon bemeester, het dit vir my gevoel asof ek vir die eerste keer mens word. Die helder, skoon lug van my aangenome Franse departement, Cantal, die ou kastele en ruïnes, die aristokratiese sweem wat oor alles hang, dít alles laat my my as Afrikaner beter verstaan.

    Die Afrikaner is ‘n Protestantse aristokraat wat steeds, na soveel eeue, vervolg word…

    Ons is Amsterdam, maar ook La Rochelle. En die Hanse. Daar waar ek vroeër vanjaar gestaan het, op die stadsplein van Bremen, die Hansestadt, met die bankadvertensie op die bushalte in die plaaslike dialek, wat lyk op Afrikaans, dít het iets in my geroer. Vanuit die Lae Lande met hul kanale en die Oossee met sy Hansestede het ons gekom en aan die Kaap het ons en ons taal uitgespoel. Maar Germane het ons gebly. (Al dig Breyten Breytenbach nou ook wát oor “Ek is Germaans en wreed”; ek wonder wat sê hy nou oor die wreedheid van die swartman?)

    Engels is ‘n saai kreools; dis vol Franse woorde wat verkeerd uitgespreek word. Veel eerder sou ek meer Duits wou geken het, of Pools of Sweeds magtig wou wees. Of Italiaans of Spaans. In my motor luister ek knaend Italiaanse liedjies. Dis so vrolik en sjarmant, so anders as die gehyg en gekreun van Amerikaanse kletsrymers of die dekadente nihilisme van Britse popsangers. Wat wou Pink Floyd en die Beatles regtig vir ons sê, behalwe dat dit ‘n lyding is om Engels te wees? Engelse hou van niemand nie, geen ander volk nie, selfs nie eens van ander Engelse nie. Hulle munt uit in meer of minder subtiele beledigings. Ongelukkig is die Afrikaner met sy byna Skandinawiese opregtheid en ongekunsteldheid kwalik teen Engelse beledigings bestand.

    Wat u sê oor Afrikaners wat Engelse onderwysers in vreemde lande word, is eintlik afgryslik. Want u laat na om te noem dat hulle weens hul velkleur nie in Suid-Afrika werk kan kry nie. Vanweë die nivellering wat die verderflike Britse en Afro-marxiste op ons land afgedwing het, is alle onderwys en onderwyssalarisse tot ‘n derdewêreldvlak verlaag. Afrikaanse onderwysers moes eintlik R100 000 per maand verdien het, soos vele van hul Noord-Europese eweknieë. Dan sou elkeen in ons land ‘n leraar by sy plaaslike Afrikaanse skool wou geword het, pleks dat hy of sy ontheemd rondflenter agter ‘n paar dollar aan.

    Dis nog iets van Engelse: hulle is altyd ontheemd en ontwortel, swerwers na nêrens. Die “ewige Engelsman” wat vandag in Suid-Afrika, môre in Australië en oormôre in Kanada of die VSA gaan bly. Hy beskik oor geen werklike vaderland nie.

    Die Afrikaner is van ‘n ander stoffasie. Hy is geanker, gewortel, geplant. Dit pols deur ons Europese bloed; “bloed en yster, bloed en grond”, soos FPK in hul liedjie “Brand Suid-Afrika” sing. Of “Ons vir jou Suid-Afrika!” soos CJ Langenhoven dit in “Die Stem” verwoord het. Noudat ons land afgeneem is en binnekort ons plase, is ons taal voorlopig al wat oorbly. Dis ons ark waarmee ons dié stormagtige oseaan sal moet bevaar.

    Die moderne Britse Ryk het as ‘n seerowersprojek teen Spanje onder Elizabeth I begin. Daar sal altyd see- en struikrowers wees.

    Daarom sal ons ark voortdurend bedreig word. Ek vra u egter mooi, moenie met u ode aan Engels, die rol van seerower speel nie.

  • Leon Lemmer: Ton Vosloo: Lof der Zotheid?

    Leon Lemmer: Ton Vosloo: Lof der Zotheid?

    Desiderius Erasmus (1466-1536) het in sy boek, Lof der Zotheid (1511), die najaging van eie belang (insluitende die ek-sindroom/selfliefde) en die kortsigtigheid van sy tydgenote aan die kaak gestel. Volgens hom sal die mens Dwaasheid nooit afskud nie omdat hy meer deur hartstog as deur die rede beheer word. Dwaasheid veroorsaak dat mense die foute of voortreflikhede van ander mense selektief raaksien of miskyk. Dit is Dwaasheid wat veroorsaak dat die menigte nagevolg word. Die mees misleide mense is diegene wat vreugde put uit die verkondiging van leuens. Dwaasheid veroorsaak dat die mens sy ware natuur verloën deur die dood te verkies. Dalk ook die vernietiging van etniese groepe.

    Ongelukkig het ek toegang tot slegs ‘n Engelse weergawe van Erasmus se boek: The praise of Folly (128p; Amazon Kindle $0), vertaal deur John Wilson in 1668. Die volgende aanhalings uit hierdie lughartige boek kan (in ‘n mate) op wat hier onder volg toegepas word. Veral twee Dwaashede is in hierdie rubriek ter sake: “Philantia/Self-love” en “Kolakia/Flattery” (Kindle 108). Daar word verwys na ‘n man “that commits no errors himself, but has a lynx’s eyes upon others … the only wise” (411). “He may lawfully praise himself that lives far from neighbors” (60). “The more foolish a man is, the more he pleases himself and is admired by others” (641). Cicero: “All things are full of fools” (1139). “The greatest part of mankind are fools” (260). Prediker: “The number of fools is infinite” (1139). “Age, which is wont to render other men wiser, makes them the greater fools” (180). “All things sacred and profane are turned topsy-turvy” (92). Byvoorbeeld, Karel Schoeman het na ons “omgedopte land” verwys. “None but one of their own tribe can understand them” (893). Oor kulturele verwording en transformasie: “As if there were any difference between perishing and being another thing” (172).

    Ton Vosloo (gebore in 1937) se boek, Oor grense: ‘n Lewe in die media in ‘n tyd van verandering (Jeppestown: Jonathan Ball, 2018, 427p, R275; Amazon Kindle $13,59), wat op 24 Augustus op Amazon vrygestel is, het my tydens die lees daarvan spoedig aan Erasmus se boek herinner. ‘n Engelse vertaling van Vosloo se boek is terselfdertyd gepubliseer. Die outeur was aanvanklik ‘n joernalis, van 1984 af die uitvoerende hoof en van 1997 tot 2015 die voorsitter van Nasionale Pers (Naspers van 1998 af). Vosloo stel homself en die Nasperskoerante, veral vanaf die ontstaan van Beeld in 1974 – hy was die redakteur vanaf 1977 – voor as invloedryke bevorderaars van die “inklusiewe demokrasie” waarin ons ons sedert 1994 bevind. Dit is soortgelyk aan wat mede-joernalis Harald Pakendorf in sy gepubliseerde herinneringe gedoen het, maar in sy geval by Perskor, spesifiek by Die Vaderland (Praag 14.04.2018). Vosloo verwys na Pakendorf se “versigtig verligte toon” (Kindle 2680). Ondersteuners van apartheid asook Broederbonders het ná 1994 uiters skaars geword. Dit is te wyte aan die weerhaan-sindroom. Mense is geneig om hulle te skaar by wat in die mode is. Die kragdadigheid van die blanke politieke bewind is vervang met die waagmoedige ondersteuning van swart mag.

    Aan die begin wek die boek die indruk van ‘n sistematies, selfs chronologies, geskrewe teks. Daarna verval die boek egter in fragmente waarin baie herhaling voorkom. Vosloo probeer om lesers se belangstelling te behou deur skinderstorietjies aan te bied. Ek gaan nie veel uitwei oor die outeur se lewensgeskiedenis nie. Die meetsnoere het vir hom in lieflike plekke geval. Hy en Koos Bekker, wat Vosloo as uitvoerende hoof en daarna as voorsitter van Naspers opgevolg het, is voorbeelde van hoe buitensporige welgesteldheid mense nie net gaaf en selftevrede maak nie, maar hulle ook positief oor die nuwe Suid-Afrika stem. Die land wat in chaos en agteruitgang verval het, ontstel hulle nie danig nie, want Vosloo het ‘n uitvlugplekkie in Frankryk terwyl Bekker syne in Engeland aangeskaf het. Wanneer ek blanke bedelaars by straatkruisings sien, wonder ek onwillekeurig hoe diegene wat die voorbokke vir verandering was, hierdie verskynsel met hulle gewetens versoen. In baie gevalle is sulke bedelaars en verarmdes die slagoffers van rassediskriminasie.

    Vosloo erken dit nie direk nie, maar hy kom, soos Willie Esterhuyse, uit ‘n Sap-gesin. “Ek kom nie uit ‘n stoer Afrikaner-nasionalistiese agtergrond nie” (4662). Namate die blanke bewind gekwyn het, het albei hulle al hoe meer van die tradisionele Afrikaners gedistansieer. Vosloo dateer sy oorverligtheid heel moontlik verder terug as wat werklik die geval was. Oor sy jeug skryf hy: “My Afrikanergevoelens was maar redelik lou” (210). Hy hou van wat Giuseppe Mazzini gesê het: “Sluimer nie in die tente van jul vadere nie” (2495). “Die kultuur van eng, eksklusiewe [blanke/Afrikaner] nasionalisme moes nek-om gebuig word. Ons moes ‘n meer inklusiewe Suid-Afrikaansheid begin kultiveer” (2484). “Ons moes dus ingestel wees op vernuwing, vorentoe kyk, en waagmoed aan die dag lê” (2484).

    Vosloo is nie spaarsaam met lof vir homself nie. Hy het ‘n “veelsydige skoolloopbaan” gehad (161). Dit is egter nie opgevolg met enige formele naskoolse kwalifikasie nie. Desnieteenstaande: “My algemene kennis, insig, opvattinge en vaardigheid as politieke kommentator en redakteur het sterk ontwikkel” (479). Reeds voor hy by Nasionale Pers in diens getree het, is sy “joernalistieke vaardighede onmeetlik uitgebou” (1523). Vosloo verwys na homself en Alf Ries se joernalistieke ondervinding en samewerking wanneer hy skryf: “Dit het grootliks bygedra tot die reikwydte van ons albei se kennis en tot die betroubaarheid van die inligting wat ons in politieke berigte kon oordra” (4122). “My obsessie was deels politiek gedrewe: Onder my leiding het Beeld die Noorde vir ons verligte standpunt verower. Ek het in politieke rubrieke en kommentaar die pad voorberei vir ‘n groot politieke verandering: Die aanvaarding van ons swart landgenote as deelgenote” (508) – in werklikheid as oorheersers/base. Reeds in 1981 het Vosloo geskryf: “Die dag sou kom dat die NP met die ANC moet onderhandel” (527).

    In 1984 het Koos Bekker, met sy “vingerpuntgevoel vir belowende nuwighede” (1196), met Vosloo in verbinding getree, wat meegebring het dat Nasionale Pers hom toenemend op elektronies-digitale bedrywighede toegespits het. Vosloo het hoë lof vir sy eie uitsonderlike kennis: “Ek het danksy my kennis van HBO [Home Box Office] dadelik geweet wat hy [Bekker] in gedagte het. Later het ek besef dat as iemand anders in my stoel [van uitvoerende hoof van Nasionale Pers] was in 1984, Koos se voorstel waarskynlik op dorre grond sou geval het vanweë die gebrek aan die soort kennis wat ek toevallig gehad het” (563). “Ek het sy [Bekker se] potensiaal vroegtydig besef” (1214). Vosloo het ook die regte ingesteldheid gehad: Die direksie “wil nie ‘n leier sonder waagmoed aan die spits hê nie” (573). “Ek het geweet wat om te doen” (582). “Die stigting van M-Net was die radikaalste en grootste inisiatief in die geskiedenis van Nasionale Pers tot in daardie stadium” (628). Dit was ‘n “kwantumsprong” (628). FW de Klerk gebruik dieselfde term vir sy oorgawe aan swart mag.

    Soos in die geval van Allister Sparks, wat ook geen formele naskoolse kwalifikasie gehad het nie, oorbeklemtoon Vosloo die deurslaggewende invloed wat die akademiese jaar 1970/1 op hom as Nieman-genoot aan die Universiteit Harvard in Amerika gehad het (1523). Daarna het hy sy joernalistieke werk “met vars [linkse] perspektiewe op ons land se situasie benader” (2747). Wat hy nie noem nie, is dat die Suid-Afrikaanse joernalis aan wie hierdie genootskap jaarliks toegeken word, hom/haar as polities links moes bewys het of ten minste links beïnvloedbaar moet wees. Die genoot kan kies watter en hoeveel klasse hy wil bywoon en geen graad word aan die einde van die akademiese jaar aan hom toegeken nie. Vosloo beklee tans (2016 tot 2018) ‘n ereprofessoraat in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US). Hy moet vier lesings per jaar lewer (4496). Toe hy aangestel is, het die departementshoof, Lizette Rabe, beweer dat dieselfde vereistes vir die aanstelling van ‘n ereprofessor as vir ander professore geld. As dit so is, word formele naskoolse kwalifikasies nie van US-professore vereis nie. Vosloo het wel drie akademies waardelose eredoktorsgrade ontvang.

    As oorverligte verduidelik Vosloo verligtheid soos volg: “‘n Verligte was oop vir oortuiging, en bereid tot hervorming. Die begrip verligtheid het ook ‘n ruimer betekenis aangeneem, naamlik ‘n neiging tot minder dwang en sensuur, tot groter kulturele vryheid en moderniteit, en tot rasionaliteit wat die Afrikaner-nasionalistiese impuls moes temper. Dit is geassosieer met ‘n minder patriagale ingesteldheid, met begrip vir die stryd om groter vroueregte, en groter toleransie vir homoseksuele mense … Gewilligheid tot verandering. Dit is miskien die kortste definisie wat ‘n mens van verligtheid onder die destydse Afrikaanse kiesers kan gee” (518). Verandering impliseer egter nie noodwendig verbetering nie.

    “Verligtheid as ingesteldheid het die een-mens-een-stem-bedeling nietemin moontlik help maak deur die oorwinning van die Ja-stem in die referendum van 1992 te verseker” (527). Wat Vosloo verswyg, is dat daar in die NP-propaganda van 1992 geen sprake van die moontlike toekenning van ongekwalifiseerde algemene stemreg was nie. Daar is gepraat van magsdeling, nooit van magsoorgawe nie. Die oorgrote meerderheid Ja-stemmers was in die waan dat die blankes die helfte of meer van die politieke mag sou behou; vandaar FW de Klerk se beloftes van bv eie woongebiede en eie skole. Aan die blanke kiesers is belowe dat die grondwet, waarop tydens die onderhandelinge ooreengekom is, aan hulle vir goed- of afkeuring voorgelê sou word. Dit is nie gedoen nie. Die blankes is gewoon in groot mate uit hulle toekoms verneuk. Hierdie immorele grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika gebou is, word selde erken.

    Binne Naspers het verligtheid onder meer in die vorm van blatante rassediskriminasie – regstelling of bemagtiging genoem – neerslag gevind, bv by die aanstelling en bevordering van personeellede, asook by die Welkom-bemagtigingskema (vir gedrukte media, die grafosfeer – 1214) en dié van Phutuma Nathi (vir elektroniese media, die videosfeer – 1214). Blankes is verbied om hierdie Naspers-aandele te koop. Nie-wittes kon R50-aandele teen R10 bekom, terwyl die R40-lening mettertyd uit dividende afgelos sou word (820, 2558). Die aandele in elektroniese media het buitengewoon goeie resultate opgelewer. Die aandele in gedrukte media het teleurstellend gevaar. Een van Naspers se paternalistiese bedoelings was om nie-wittes in aandele-belegging op te voed. Dit beteken dat so ‘n belegger die risiko loop om geld op sy belegging te wen of verloor. Maar daar kan mos nie toegelaat word dat nie-wittes geld by ‘n eens blanke maatskappy verloor nie. Die gevolg was dat Naspers telkens paternalisties miljoene rande ten bate van hierdie aandeelhouers in die Welkom-skema gepomp het. Vosloo swyg hieroor. Maar hy skryf: “Naspers doen … stewige bemagtigingsaksies tot voordeel van die totale gemeenskap” (839). Soos in die ANC se beweerde bevoordeling van “al Suid-Afrika se mense” word blankes nie altyd by Naspers se “totale gemeenskap” ingesluit nie.

    In die boek word skindernuus geil versprei, al is baie daarvan oorbekend, bv Schalk Pienaar wat eers “‘n paar goeie doppe brandewyn gedrink het” voordat hy sy berigte getik het (387). Hendrik Verwoerd word ‘n “nie-kerklike” genoem (1611). Jimmy Kruger was nie ‘n gebore Afrikaner nie, want hy het Walliese ouers en aanvanklik die naam James Thomas gehad (1631). Izak de Villiers is as redakteur van Rapport ontslaan omdat hy regsgesind was (2513, 2736); “‘n verbitterde mens nadat hy Rapport in kritieke tye van die land in ‘n heeltemal verkeerde rigting gestuur het” (2521). Willem de Klerk is as redakteur van Die Transvaler ontslaan (3866) en daarna ook as redakteur van Rapport (2521), asook Dene Smuts as redaktrise van Fair Lady (2521, 2961). Smuts se voorganger, Jane Raphaely, het Smuts se ontslag onderskryf: “She has done you and Nasionale Pers a lot of damage” (3000).

    Lang David de Villiers het ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n Jodin, Rae Golding, gehad en later met haar getrou (2829). Toe het sy ‘n geleentheid gebruik om kosjer-koekies aan lede van die Afrikaner-Broederbond voor te sit (2839). Kobie Coetsee het Adrienne Koch as minnares gehad (4149). Die tweeling wat Piet Koornhof by die bruin Marcelle Adams verwek het (2849), is darem seker ounuus. Adreas Wassenaar, lank die uitvoerende hoof van Sanlam, word ‘n “oud-Ossewa-Brandwag-kameraad” genoem (3449). Lang Hendrik van den Bergh, die hoof van die Buro vir Staatsveiligheid, word as ‘n “flambojante publisiteitsoeker” gekarakteriseer (3724). Oor Niël Barnard, die hoof van die Nasionale Intelligensiediens, skryf Vosloo: “Ek het hom leer ken as ‘n sterk individu met ‘n nog sterker ego” (4131).

    Piet Cillié het ‘n eiesoortige siening gehad oor sommige van die personeellede wat Nasionale Pers deur die jare verloor het: “Ons gaan van ons beste mense verloor, want dit is altyd die afwykende man wat brein het. Of liewer: Hy sal nie slim wees as hy nie ‘n bietjie bedonnerd is nie. Ons soek bedonnerde mense, ons moet hulle inbind. Hulle móét anders wees. Ons wil nie almal dieselfde wees nie, want dan word ons stagnant” (2990; ook 4581).

    “Die woord apartheid is reeds in 1919 deur Jan Smuts in ‘n toespraak gebruik” (1916). Hans Strijdom word soos volg aangehaal: “Either the White man dominates or the Black takes over” (1761). Dit is profetiese woorde. Mense het glo gedink Hendrik Verwoerd “loop op water” (1650). Geld dit nie eerder in oortreffende mate vir Nelson Mandela wat deur Vosloo St Nelson (hoofstuk 17) genoem word nie? Die hoogs intelligente Verwoerd het sy toesprake sonder notas gelewer (3934). Met verwysing na die tuislandbeleid: “Verwoerd wou wit baasskap herdefinieer as wit baasskap oor wit mense in hul eie land” (2634). “Verwoerd [het] … nooit sy humeur verloor nie” (3558).

    Oor John Vorster, “‘n gedugte kommunistejagter” (1944), skryf Vosloo: “In sy siel was hy verkramp” (1761). Vorster het glo ‘n “polisiestaat” met sy “drakoniese” beveiligingsmaatreëls geskep (1954). Die gevolg was “die inkerkering van verdagtes” (1954). Moes Vorster die bevolking eerder aan die bedrywighede van die terreurbendes van die ANC en ander “bevrydingsbewegings” blootgestel het? “Dit klink vandag totaal belaglik dat ‘n kommunis, gesien as ‘n soort duiwel, deur die destydse veiligheidsdiens agter elke bos uitgekrap is” (2273). Dan voeg Vosloo darem by: “Mens moet egter ter versagting in ag neem dat die kommunistiese Sowjet-Unie en Kuba besig was om groot steun aan die grensoorloë teen Suid-Afrika te verleen” (2273). “Vorster kon kla, soms op ‘n kleinserige manier. Maar hy het nooit tot ‘n onwaardige uitbarsting oorgegaan nie” (3558). Dit val op “hoe selfversekerd en arrogant Vorster was, en hoe neerhalend hy mense van kleur binne ons politieke bestel bejeën het” (4283).

    Robert “Mugabe het die tydgees en die groot lande se hantering van Suider-Afrika in die komende jare korrek gelees. John Vorster, en ook PW Botha ná hom, was te verknog aan die bestaande orde van wit magsbehoud en die onderdrukking van verset daarteen om Suid-Afrika ‘n kans op ‘n goeie toekoms te bied” (4315). “Dit was die dorre jare van Afrikanernasionalisme geassosieer met onbeskaamde rasse-oorheersing” (1925). Dit is glo ‘n “star mentaliteit” (1925). Is die huidige bestel van swart nasionalisme en swart oorheersing beter? Indien beter: Beter vir wie? Sekerlik nie vir die blankes en veral vir die Afrikaners nie. Vorster se hervormings was glo bloot “van kosmetiese aard” (2002).

    Al die genoemde Afrikaner-staatshoofde word afgekam. Die ergste slegsê kom PW Botha toe, al was hy hervormingsgesind, soos blyk uit die totstandkoming van die Driekamer-parlement. “Dit is gelees as toegewings wat toon dat die regime verswak” (2068). Botha word met woorde soos die volgende beskryf: “hooghartige en arrogante leierskap”(2068), “bakleierig en neerhalend teenoor sy kabinetskollegas … hy ‘n verleentheid vir die Nasionale Party en die regering geword het” (2109), “die sluheid van PW” (2117), “met watter argwaan en barsheid hy sy kabinetslede behandel” (2166), “sy liggeraaktheid en onbeheerste uitbarstings” (3420), “sy humeur toetentaal verloor. Hy het almal oor die kole gehaal en verskree … Sy opvlieënde humeur kon dalk selfs gelei het tot die beroerte wat sy loopbaan tot ‘n einde sou bring … die skade wat sy ontploffings van woede kon aanrig” (3430; ook 3548), “PW was nie net teenoor politieke opponente hooghartig nie” (3449).

    “PW Botha was berug vir sy uitbarstings. Hy was opvlieënd en bombasties en kon mense sonder aansiens des persoons met ‘n venynige tong bykom. Sy sogenaamd goedgesinde nasionale koerantmense is in die openbaar uitgeskel as lunsrieme” (2521). “As ‘n mens terugdink oor presidensiële humeure wat jy in Suid-Afrika beleef het, dan staan PW Botha loshande bo-aan die lys – voor met die spreekwoordelike myl” (3420). “PW tier egter onbeheers teen Lang David en ons persmense … met sy plofbare humeur” (3488), “Botha skryf grommend terug” (3499), “gaan PW gal af oor artikels wat ons koerante oor staatsamptenare se vergoeding publiseer” (3509), “PW se bevliegings en uitbarstings van woede kon oorwaai” (3517), “Nog ‘n voorbeeld van PW se opvlieëndheid. Sy woede was soms vervlietend en kon bedaar, maar dikwels eers nadat die skade gedaan was” (3527), “weer beledigingstyd … beskuldigings en beledigings” (3537).

    “By al sy ongemanierde nukke was PW Botha verantwoordelik vir die eerste barste in die dyk van harde apartheid. Die kritiek van die verregse[s] … naamlik dat PW Botha se beleid die dun end van die wig was wat tot swart oorheersing sou lei, was korrek” (2601). In soverre Botha gehelp het om die land aan swart mag oor te dra, behoort die oorverligte Vosloo hom mos te loof pleks van hom ongebreideld sleg te sê. Maar Botha sou nie so gewillig soos FW de Klerk oorgegee het nie. “Dit is ‘n ope vraag of ons ‘n skikking sou bereik het indien Botha die regering ná 1989 gelei het. Die interessante faktor hier is dat PW Botha se opvlieënde geaardheid te staan sou gekom het voor Mandela se ontwapenende vermoë om vriende te maak en mense te beïnvloed. PW sou waarskynlik wou vasskop teen die afgee van mag aan ‘n meerderheidsregering gebaseer op universele stemreg. Maar was Mandela nie dalk die één mens wat PW sou kon vermurwe het nie?” (4140).

    Ek vra my af: Is dit goeie joernalistiek of goeie gewone skryfwerk as Vosloo met so baie herhaling iemand en daarby ‘n staatshoof slegsê? Sou hy dieselfde in die geval van enige nie-wit mens gedoen het? Die plekverwysings hier bo toon dat Vosloo se verguising van Botha verspreid deur die boek voorkom. Dit in sigself weerspieël die gebrekkige sistematiek van die teks. Wat ons hier mee te make het, is ‘n katarsis, ‘n hoogs oordrewe ontlading van die outeur se gevoelens jeens Botha. Dit strek Vosloo nie tot eer nie.

    “My kontakte met De Klerk was altyd hoflik en beskaafd. Dit is die soort mens wat hy is. Omdat ons koerante sy verligte politieke koers gesteun het, was daar nooit onsmaaklike botsings nie … Pres Mandela was net so beleefd en waardig in sy omgang met ons” (3577). Vosloo noem Mandela “die groot man” (3597) en”‘n onvergeetlike man” (4113). “Ek salueer ‘n merkwaardige mens” (3617). Mandela is darem nie altyd heeltemal volmaak nie. Dink aan “hoe Mandela hom tydens Kodesa vererg het vir FW en hom tromop geloop het oor die NP se agterdog dat die ANC in kwade trou onderhandel” (4075). Thabo Mbeki “was altyd hoflik en ‘n uitstekende luisteraar” (3617). Oor Jacob Zuma skryf Vosloo min, behalwe dat ‘n beloofde opvolgaksie nie plaasgevind het nie (3639). Die punt is dat Vosloo nie kritiek op De Klerk en die ANC-staatshoofde lewer nie; heel anders as in die geval van die vorige Afrikanerstaatshoofde en veral PW Botha.

    Vosloo vertel hoe hy en “die groot onderwysman Franklin Sonn” (4042) saam met Mandela besoek aan die inwoners van nie-wit woonbuurte in Calitzdorp en Carnavon gebring het. Tydens hierdie vlugte het Mandela baie oor mense soos PW Botha en FW de Klerk te sê gehad, maar Vosloo eerbiedig die vertroulike aard van daardie mededelings. “Hoewel Mandela van stories oorborrel, hy nie regtig nydig is of skinder nie” (4054). Mandela sê min aan die skares wat op sy koms gewag het. “Jy kon sien en voel hier is nou ‘n politikus, ‘n man in totale harmonie met sy mense” (4093). Mandela stoot ‘n heeltemal onvoorbereide Vosloo voor sodat hy kan sê wat hy as weldoener alles uit sy eie sak vir hierdie agtergeblewenes gaan doen. “St Nelson het my lekker onkant gevang” (4064). “Dit is my mense hierdie … mense wat so lank deur wit mense uitgestoot en verneder is” (4064).

    Dit gaan my verstand te bowe dat Vosloo nie Mandela se bymotiewe gesnap het toe hy uitgenooi is om saam met hom rond te jakker nie. As oorverligte verkwalik Vosloo uiteraard nie vir Mandela nie. “Op Carnavon kon ek die Madiba magic op volle toere sien. Dié betowering skryf ek aan verskillende aspekte van sy persoonlikheid toe … Hy is ongekunsteld, maar so slim soos min … Hy straal outydse warmte en spontaneïteit uit. Hy is eg … Die martelaarstatus wat sy inkerkering aan sy buitengewoon innemende persoonlikheid toegevoeg het, het van hom inderdaad ‘n soort heilige gemaak” (4093). “Mandela het nie alleen stamina gehad nie, maar ook staal in sy pype. Die ou Boere-uitdrukking vir ‘n goeie en ware man, ‘n man ‘met ‘n hart van goud en ‘n wil van staal’ kom by ‘n mens op” (4103). Stroperiger naïwiteit is kwalik denkbaar.

    Terwyl hy op Robbeneiland ‘n gevangene was, het Mandela Afrikaanse digbundels suksesvol by Nasionale Pers gebedel. Mandela het ‘n brief geskryf om dankie vir hierdie aalmoese te sê. Hierdie brief word deur Naspers vertroetel: “Een kleinood wat in die gang van Naspers se hoofkantoor hang, is ‘n geraamde brief van Mandela” (3597). In een van die digbundels is Ingrid Jonker se gedig, “Die kind”, wat Mandela in 1994 in sy inhuldigingstoespraak as president in die parlement voorgelees het. Die gedig handel oor ‘n (blanke) soldaat wat ‘n swart kind doodgeskiet het. Myns insiens was dit ‘n gemene, lae hou wat Mandela teen blankes geplant het. In die pers is dit egter destyds aangeprys as wonderlike erkenning wat Mandela aan Afrikaans verleen is. Soos ek, vermoed Vosloo (3608) dat Jakes Gerwel die aandag van Mandela gevestig het op die potensiaal wat die gedig vir politieke misbruik het.

    Vosloo vertel dat hy Gerwel destyds dikwels op lughawens in die buiteland raakgeloop het. “Eers baie later sou ek uitvind Jakes was so in die stilligheid ‘n koerier van die ANC, met boodskappe na kamerade in die buiteland” (3608).”Jakes sluit later op my uitnodiging by Naspers se direksie aan. Hy was ‘n voortreflike direkteur en later voorsitter van Media24″ (3608). Wat Vosloo verswyg, is dat Jaap Durand, as vise-rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), grootliks Gerwel se take as rektor vervul het. Gerwel het hom by voorkeur met ondermynende politieke bedrywighede besig gehou. Onder die leiding van Gerwel en Durand het die oorwegend Afrikaanse UWK ‘n uitsluitlik Engelse universiteit geword. Gerwel het na Media24 se Suidoosterfees as ‘n “soomlose” Afrikaanse fees verwys (4468). Heel aan die einde van sy lewe het hy besef dat hy ‘n naatlose fees bedoel het. ‘n Geldige vraag is: In hoeverre het die UWK en by implikasie die “apartheidsregime” vir Gerwel se reis- en verblyfskoste as ANC-koerier betaal? Gerwel en Durand het saam minstens een ANC-byeenkoms in die buiteland bygewoon. Dieselfde vraag kan oor die finansiering van daardie besoek gestel word (Praag 14.01.2017).

    Vosloo sal nie en het nie teen enige swart staatshoof so tekere gegaan soos teen hulle blanke eweknieë nie. Hy haal met smaak aan wat Nelson Mandela oor hom geskryf het (2361). Dit is mos per definisie hoë lof, al het iemand anders dit dalk namens Mandela geformuleer. Ewe onbeskeie haal Vosloo ook aan wat mede-joernalis Rykie van Reenen oor hom geskryf het: “Mnr Sukses … die prins van nuusredakteurs” (4652). Wat ontstellend is, is dat Vosloo beweer dat FW de Klerk weens uitlatings in ‘n Dawie-rubriek in 1989 in Die Burger goedsmoeds enige aandrang op groepregte laat vaar het. Wiets Beukes het in daardie rubriek die wens uitgespreek dat die nuwe grondwet “kleurblind” moet wees; iets wat die 1996-grondwet allermins is. “Mandela het [in 1997] aan ons [Nasionale Pers-]groep gesê sy uitgangspunt in onderhandelinge was dat groepvorming bevry moet word om spontaan plaas te vind. In een van hulle eerste ontmoetings het Mandela FW de Klerk se aandag op die Dawie-rubriek uit 1989 gevestig. Volgens hom het pres De Klerk onmiddellik gereageer met: ‘Nou ja, as Dawie só sê, sal ek vir my mense sê ons kan daardie groepwette maar los’” (2371; ook 3597). Kan dit wees dat De Klerk op so ‘n lukrake wyse oor belangrike sake besluite geneem het en skynbaar nie geweet het dat verskillende joernaliste die Dawie-rubriek skryf nie, sodat almal nie ewe gesaghebbend kan wees nie? Vind groepvorming deesdae spontaan plaas of is dit doodeenvoudig die geval dat die swart meerderheidsgroep sy wil ten koste van die minderheidsgroepe kan afdwing?

    Hierna haal Vosloo die lof aan wat Piet Cillié vir hom gehad het (2390). Maar dan skryf Vosloo: “Leierskap beteken selfbevraagtekening, maar nie vertwyfeling nie. Oor die jare het ek dit my vaste voorneme gemaak om nooit selftevrede te wees nie … Ek het my as bestuurshoof nie maklik aan selfvoldaanheid oorgegee nie” (2401). En as afgetredene? Hy vervolg: “My leierskap is in my joernalistieke jare gevorm … jy kon … ‘n helikopterblik kry op die landsake soos hulle ontvou het” (2411).

    Volgens Vosloo is daar in verkramptheid en verregsheid geen heil nie. Hy lys die aanhangers van “harde apartheid” (406). Daarteenoor stel hy “denkende mense wat verder as die naakte rassisme van die NP gekyk het” (406). Sy Sap-gesindheid slaan deur in sy verwysing na die “katlagters” se “hoon vir [Helen] Suzman en minagting vir sir De Villiers Graaff en sy Verenigde Party”(396). Vir die Potchefstroomse Doppers wat die apartheidsbeleid gekritiseer het, het Vosloo hoë lof: “Hierdie keurbende … kan beskou word as van die eerste ware jukskeibrekers teen apartheid. Dis juis uit hul geselskap wat Willem de Klerk [FW se ouer broer] gekom het” (1400). Vosloo noem hulle idees “vooruitdenke” (1429) of “voorposdenke” (1448, 1523). Hierteenoor word die “droomwêreld” (1556) of “ontvlugtingsdenke” (1469) van die NP-regering gestel. Dit was glo “eenrigtingdenke” (1668). Is diegene wat die ondergang van die blanke bewind en swart oorheersing begeer het, nie veel eerder skuldig aan eenrigting- of afgrondsdenke nie?

    Vosloo onderskryf die volgende geykte beskouing oor die 1990/94-ramp: “Hierdie politieke wonderwerk is wyd in die wêreld toegejuig” (1882). Vir die Afrikanerdom, daarenteen, het dit histories en hoogs regverdigbaar om oorlewing gegaan. Die Afrikaners het “hulle gedurende die Engelse koloniale bewind en veral sedert die Anglo-Boereoorlog in ‘n oorlewingstryd bevind … Die oorlewing van hul taal, kultuur, godsdienstige waardes en feitelike voortbestaan as etniese groep binne ‘n Afrika-land was op die spel wanneer hulle oor die politieke bestel vir Suid-Afrika nagedink het. Boonop moes hulle ‘n lank gekoesterde nasionalistiese ideaal, uiteindelik verwesenlik deur die Nasionale Party, finaal prysgee” (1890). Daarom is dit myns insiens glashelder dat die meeste blankes en veral Afrikaners wat in die 1992-referendum Ja gestem het, mislei is.

    Desnieteenstaande loof Vosloo die rol wat die Nasionale Pers-koerante in hierdie verneukspul gespeel het. Wat glo beoog is, is “‘n moreel regverdige, inklusiewe bestel waarmee die hele [!] bevolking gelukkig kon wees … ondanks die risiko’s wat sodanige transformasie vir hulle kon inhou” (1899). Vosloo verkondig die gewilde leuen dat die blanke kiesers vrywillig van hulle politieke mag afstand gedoen het; dat hulle die oormag aanvaar het “van die etniese groepe wat hulle voorheen van politieke mag ontsê het” (1899). “Die invloed wat Nasionale Pers op sy lesers uitgeoefen het om op ‘n verligte manier te dink en Ja in hierdie [1992-]referendum te stem, het grootliks tot die oprigting van ‘n demokratiese Suid-Afrika bygedra” (1899). “Ons optrede het gehelp om FW de Klerk uiteindelik in die leiersrol te plaas wat aan hom die Nobelprys sou besorg” (2077).

    Die blanke bewind word met oorgawe gekritiseer, bv: “Onder senior joernaliste was daar soms kwalik bedekte irritasie oor die hardhandige segregasie van rasse en die dom besluite wat die NP-regering dikwels in sy onbuigsaamheid geneem het, tot skade en skande van Suid-Afrika” (1350). Sulke kritiek word nie teen die ANC-regering uitgespreek nie. “Met die aanbreek van die nuwe, volledig demokratiese Suid-Afrika …[het] Naspers … van die begin van die nuwe bewind konstruktief aan ons nuwe samelewing help bou” (2558). Baie selde slaan Vosloo se teleurstelling met die nuwe Suid-Afrika deur. “Ná 1994 het ek ná een besoek aan die nuwe demokratiese parlement nie weer die plek besoek nie. Dit het na my mening ontaard in ‘n politieke sirkus met geen stewige debatvoering of geslypte argument teen geslypte argument nie. Wat [Julius] Malema en sy bende [!] die laaste tyd met die verrigtinge van die parlement aangevang het, is benede peil en tekenend van ons land se agteruitgang wat die openbare lewe betref” (424). Dit moet vir Vosloo sekerlik nie lekker wees om konkrete bewyse te sien van waarvoor hy hom beywer het nie. Die nuwe bedeling het myns insiens geblyk ‘n volslae mislukking te wees.

    Naspers het tot ‘n groot, gediversiveerde, internasionale maatskappy ontwikkel. “Dit is lank nie meer die Nasionale Pers van ouds met sy Afrikaanse inslag nie! Die direksie se voertaal is in 2014 op my aanbeveling na Engels verander” (1231). “In die sakewêreld is daar nie plek vir oorwegings of sentimente wat jou sukses kan belemmer nie” (1239). Die Naspers-filiaal, M-Net, was aanvanklik in gelyke mate Afrikaans en Engels (1239), maar het spoedig heeltemal verengels. kykNET en VIA het die Afrikaanse televisiekanale geword (1249), maar daar is skynbaar min besorgdheid oor die gehalte van die Afrikaans wat gebeeldsend word. Dit wil voorkom asof daardie “Afrikaans” al hoe meer verengels.

    Die houding van Naspers teenoor Afrikaans is kommerwekkend. In 1976 het Afrikaans ná die georkestreerde Soweto-opstand weens ANC- en soortgelyke propaganda “die taal van die onderdrukker” geword (2253). “By Beeld en Rapport het die redaksies sterk standpunt ingeneem teen die afdwing van Afrikaans in die skole van Soweto … Rapport het kragtig kommentaar gelewer: ‘Kry end! Ons wil nie bloed aan ons taal hê nie.’ Dié opmerking illustreer die reguit kritiek op maatreëls van die NP-regering wat koerante van Nasionale Pers hulle teen dié tyd veroorloof het” (2253). In werklikheid was die taalvereiste nie onbillik nie. Engels en Afrikaans was die enigste amptelike tale en die skoliere sou werksgewys baat as hulle kennis van albei gehad het. Skoliere behoort onderrig te ontvang in wat hulle nodig het; nie in wat hulle gemakshalwe verkies nie.

    As deel van die verligtheid/openheid van Nasionale Pers, blykbaar veral in die aanvangsdekades, beweer Vosloo: “Die koerante van die Pers het in hul briewe-kolomme en forum-artikels … altyd geleentheid aan dissidente stemme gebied” (1333). Dit moet met ‘n knippie of groot skeut sout geneem word. Daar was altyd ‘n ideologiese, spesifiek politieke, voorkeur by hierdie koerante, eers pro-blank (veral pro-Afrikaner) en pro-NP en later pro-hervorming/transformasie en pro-swart. Tans is die Naspers-voorkeur sterk polities byderwets gelaai. Kyk maar gerus na hierdie koerante se eienaardige keuse van rubriekskrywers. Toets die objektiwiteit van die briewekolomme. Behoudende of regse menings word selde gepubliseer. Die standaardverskoning is “gebrek aan ruimte.”

    Kyk ook na die reaksie/kommentaar van lesers onderaan die berigte op Netwerk24. Dit is duidelik dat daar ‘n reuse gaping bestaan tussen wat in die artikel staan en die politieke mening van die oorgrote meerderheid lesers. Maar dit weerspieël steeds nie die volle sterkte van die verset/weersin van die lesers nie. Polities onaanvaarbare reaksies, veral as hulle duidelik geformuleer is sodat hulle ‘n impak kan hê, word glad nie gepubliseer nie. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld. Netwerk24 is nie bereid om kommentaar te publiseer wat die klaarblyklike verband tussen enersyds Nelson Mandela se doelbewuste keuse van geweld en die stigting van die MK-terreurbendes en andersyds die huidige ingeburgerde geweldskultuur uitwys nie. In sy eerste en enigste onderhoud met PW Botha het Mandela gesê: “As daar ‘n skikking moet kom, sal afgesien moet word van die stel van voorwaardes vir onderhandeling. Hy het spesifiek verwys na die voorwaarde dat geweld afgesweer moet word” (4140). Die koerante van die Naspers-filiaal, Media24, het baie blanke lesers, nie omdat die meerderheid van hulle met die byderwetse politiek wat opgedis word gediend is nie, maar omdat Naspers oor die monopolie van Afrikaanse hoofstroomkoerante beskik.

    Die naam van JP (Pieter) de Lange, ‘n opvoedkundige en rektor van die Randse Afrikaanse Universiteit (1979-1987), duik telkens in die literatuur op as een van die radikaal oorverligtes vir wie swart oorheersing ‘n passie was. Hy kan as die vader van die huidige enkele skoolonderwysdepartement in Suid-Afrika beskou word; asof die verskillende ras- of etniese groepe nie verskillende kulturele en onderwysbehoeftes het nie. In Vosloo se boek word dikwels positief na De Lange, wat ook in die Naspers-direksie gedien het, verwys (690, 1502, 2381, 2549, 2811, 2829). In ‘n nuwe boek oor die Afrikaner-Broederbond/Afrikanerbond deur OJO Ferreira, wat ek nog wil bespreek, word De Lange saam met JA (Johan) Heyns uitgewys as die vernaamste aanstigters van verandering in daardie organisasie en die land. Wat die ANC en swartes alles aan De Lange te danke het en wat die Afrikanerdom alles aan hom te wyte het, is blykbaar nog nêrens verhelderend gedokumenteer nie. Hy kan hopelik met genoegdoening die kontras tussen die eertydse Randse Afrikaanse Universiteit en die huidige Johannesburg University as die vrug op sy linkse aktiwiteite beskou.

    Die openbarendste deel in Vosloo se boek handel oor hoe daar gekonkel is om van PW Botha as staatshoof ontslae te raak en die verloorder FW de Klerk in sy plek aangestel te kry. Aan die begin van 1989 het Vosloo “aan FW de Klerk en sy kollegas advies gegee dat hulle as groep ‘n gesprek met PW moes voer” (2078). Piet Cillié, die voorsitter van Nasionale Pers, het aan Vosloo, die uitvoerende hoof van Nasionale Pers, te kenne gegee dat Botha na sy beroerte nie voldoende herstel het om as staatshoof te funksioneer nie. Vosloo het Wiets Beukes, die redakteur van Die Burger, Willem Wepener, die redakteur van Beeld, en Bob van Walsem, die redakteur van Rapport, aangehits om iets aan die saak te doen. Volksblad is ook betrek. Die resultaat was “politieke dinamiet van die ergste graad” (2098). Cillié het een van hierdie berigte geskryf.

    Vosloo se standpunt was: “Daar kom ‘n tyd waar ons groep ‘n deurslaggewende rol kan speel en dit is nou weer so ‘n oomblik” (2098). “Nasionale Pers het PW se uittrede probeer fasiliteer en was dus diep betrokke by die saak” (2117). Vosloo het ook ‘n boodskap aan De Klerk gestuur “oor die absolute dringendheid dat FW sake moet doodvat. FW het later sy waardering vir ons optrede laat weet” (2098). De Klerk wou klaarblyklik graag Botha se pos beklee, afgesien daarvan of hy geskik vir so ‘n taak is. Vosloo het ook ander mense gebel en onder meer hierdie raad gekry: “Mense soos Magnus (Malan) en Barend (du Plessis) sou gat omgooi” (2109); dus dat hierdie twee lojaal teenoor Botha is. Kan hierin moontlik ‘n rede gelees word waarom juis hierdie twee oud-ministers nou in die Bird Island-sage beswadder word?

    Ná die (smeer)berigte verskyn het: “Ek kry oproepe van Dawie de Villiers, minister van mineraal- en energiesake, en Kobie Coetsee, minister van justisie” (2117) – twee De Klerk-dissipels. “Dawie sê FW de Klerk moet optree. Hy bespreek die opsies wat hy aan FW gaan voorlê met my. Hy sal FW … twaalfuur by die vleisbraai van die Stellenbosse NP-sportdag sien. Dawie wys op die sluheid van PW se werksbesoek aan die Kaap, ná ‘n gesondheidsverklaring uitgereik deur homself, en vervolgens ‘n aanval op sy kabinet … Dawie voorsien dat hy self met Chris Heunis, minister van grondwetlike hervorming, gaan bots” (2117). “Kobie Coetsee bel my van sy Vrystaatse plaas. Hy is ontsteld oor PW se onderhoud wat in Volksblad te lese was … Hy sal sy besoek aan sy plaas kortknip en die Saterdagmiddag terugvlieg Kaap toe. Kobie wou kontak met my hou en ons bespreek die drie opsies wat hy aan FW wil noem” (2128).

    Vosloo probeer ook om Jack Viviers, Botha se pers-attaché, oor te haal tot dislojaliteit jeens Botha. Viviers sê egter (tereg, soos later sou blyk): “FW en die jonges kan nie die land regeer nie” (2136). Vosloo sê hierna: “FW is ‘n man van integriteit [!]” (2146). “Ek raai Jack aan om hom in sy eie belang van PW los te maak. Hy kan in die kruisvuur beland en seerkry” (2146). Tot sy eer het Viviers hom nie laat imtimideer of bangpraat nie. “Hy sê hy bly lojaal … aan PW” (2146). Ná die Stellenbosse vleisbraai word Vosloo deur ‘n joernalis ingelig dat Heunis se toespraak daar “onsmaaklik” was (2146). Heunis het glo ‘n hou teen FW ingekry.

    De Klerk het Vosloo gebel. “Die persverklaring wat FW wou maak, het gestrook met ‘n konsepverklaring wat ek vroeër oor die foon aan hom voorgelees het” (2155); dus, De Klerk het hom toe reeds aan die neus laat lei. Vosloo gee die teks van hierdie konsepverklaring weer. “FW het ons warm ondersteuning en vriendskap baie waardeer” (2166). Vosloo verskaf ‘n rekord van die woordewisseling wat tussen Botha en De Klerk plaasgevind het en wat deur “‘n vertroulike bron” aan hom voorsien is (2166). Botha het glo beweer dat die kabinet, toe hy siek was, sonder hom “sag geword het oor die ANC” (2175). Was dit nie profetiese woorde nie? Botha het gesê hy is gesond en gevra: “Hoeveel van julle sit hier met pille in julle sakke?” (2175). Botha het ook vir De Klerk gesê: “U is meer taktloos as wat ek gedink het u is” (2187).

    De Klerk wou hê Botha moet bedank en sy gesondheidsprobleme as rede voorhou. Hier toon Botha sy staal: “Ek moet met ander woorde lieg, om julle te red. Nee, dit spyt my kollega, ek is nie bereid om die soort van goed op te stel wat julle op die Federale Kongres met huigelary aanvaar gekry het nie” (2210). Vosloo bewoord die afloop van hierdie gesprek soos volg: “FW de Klerk se voorstelle vir die hervorming van Suid-Afrika se politieke bestel was vir PW onaanvaarbaar en op 6 Mei 1990 bedank hy [Botha] ook uit die Nasionale Party” (2210). Sy termyn as staatspresident het reeds op 15 Augustus 1989 met sy bedanking ten einde geloop.

    Dawie de Villiers se ondermyning van die man wat hom as minister aangestel het, het verder gestrek as wat hier bo aangedui is. “Op 3 Julie 1989 vertel Dawie de Villiers, Kaaplandse leier van die NP, my van ‘n gesprek wat die NP se vier provinsiale leiers op 16 Junie met PW Botha in die Wildernis [waar Botha se huis was] gevoer het. Daar was drie leiers: FW de Klerk, Kobie Coetsee en Dawie self. Die Natalse leier, Stoffel Botha was oorsee. Toe PW verneem dat die provinsiale leiers hom wil spreek, vra hy dat van sy ondersteuners ook kom. Hy wou Pik Botha, minister van buitelandse sake, Magnus Malan, minister van verdediging, en Barend du Plessis, minister van finansies, graag daar hê. Pik en Magnus het verskoning gevra weens werkdrukte sodat slegs Barend as ondersteuner aanwesig was. Dawie sê PW was goed voorberei met ‘n legger vol bewyse. Hy het die besoekers oor die kole gehaal en die federale raad van die NP van ontrouheid beskuldig. Sy primêre steen des aanstoots was egter Nasionale Pers en veral Die Burger. ‘Daardie redakteur’ het hy na die goeie Wiets Beukes verwys, sonder om sy naam ooit te noem, het hom in sy siekte ondermyn. Volgens Dawie de Villiers het PW ‘n veel groter wrok teen FW gekoester. Maar hy kon sy verbittering ontlaai deur Nasionale Pers tot sondebok te verhef” (2225) – asof Nasionale Pers en spesifiek Vosloo nie ‘n leidende aandeel in hierdie komplot gehad het nie. Die rol wat sowel Vosloo as De Villiers in hierdie sage gespeel het, strek hulle myns insiens glad nie tot eer nie; des te meer as die rampspoedige gevolge van De Klerk se rol as staatshoof in ag geneem word.

    Vosloo gaan egter voort met lofredes vir Nasionale Pers en by implikasie vir homself: “Die groot koersverandering in Suid-Afrika is onder meer deur die aanvoorwerk van Nasionale Pers se koerante moontlik gemaak, beslis wat die aanvaarding van die nuwe Suid-Afrika deur die Afrikaanssprekende mense betref” (2234). ‘n Mens kan moeilik glo dat Vosloo hom in so ‘n mate aangematig het dat hy sy pos misbruik het om ‘n verandering in die staatshoofskap te bewerkstellig. Let op hierdie uitlating, wat op oorskatting behoort te dui, maar vir Vosloo aanvaarbaar is: Daar is “soms berigte in koerante wat die hoogste politieke gesag in die land op jou laat neerdaal” (2521). Kan die toekoms van ‘n land in die hande van ‘n joernalis geplaas word en die uitkoms daarvan dan ‘n voorspoedige, suksesvolle, korrupsievrye land wees waarin die inwoners vreedsaam en gelukkig saamwoon? Die Nasionale Party “was vir publisiteit van die Pers afhanklik en laasgenoemde kon dus subtiele of indirekte, maar soms ook direkte druk op die hefbome van die mag in Suid-Afrika uitoefen” (2591). In die nuwe Suid-Afrika versuim Naspers/Media24 egter in baie opsigte en op ‘n opsigtelike manier om druk op die ANC-regering oor uiters belangrike kwessies uit te oefen; tans bv plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. “Naspers se maatskappyfilosofie onderskraag en dien vandag ‘n inklusiewe demokrasie. Dit moet sy rigsnoer in die toekoms bly” (3193).

    Die oud-predikant, Izak de Villiers, het navraag gedoen oor Nasionale Pers se siel. Vosloo verwys na Jan Marais (4521) wat eers baie geld op die myne gemaak het en toe kon begin om goed te doen, dus ‘n filantroop te wees. ‘n Mens sou verwag dat Vosloo hier twee sake sou aanpak. Een is dat die Universiteit Stellenbosch (US) sy stigtingsvoorwaarde met sy verengelsingsbeleid verkrag, maar Vosloo skryf glad nie hieroor nie. Die ander is dat Naspers sy welvarendheid vir filantropiese projekte kon aanwend wat sy oorsprong weerspieël; dus dat hy moeite sou doen om die Afrikanerdom en ordentlike Afrikaans, oftewel Standaardafrikaans, finansieel ruim te ondersteun. Ook dit doen Vosloo nie.

    Die US het eens “‘n idee” en Nasionale Pers het eens “die saak” (4570) bevorder, maar hulle doen dit nie meer nie. In albei gevalle is die kernrede hiervoor politieke byderwetsheid wat vergestalting vind in ANC-gedienstigheid en swart bevoordeling en by implikasie blanke benadeling, vandaar Naspers se eksklusief swart aandele-skemas. Dit is ook waarom Vosloo die wanpraktyk goedpraat dat swart misdadigers nie as swart in koerantberigte geïdentifiseer mag word nie (2443). Geldmaak kry by Naspers dermate voorkeur dat ‘n prestige Afrikaanse vaktydskrif soos Standpunte as onlonend gestaak is, sonder om die waarde wat dit vir Afrikaans het, te verreken.

    In Media24 se nuuskantore is daar feitlik geen ervare, substansiële joernaliste meer oor nie. Vosloo noem dit die “verdunning van die redaksies van gedrukte media” (4713). Van senior joernaliste word ontslae geraak en hulle plek word deur “regstellings” ingeneem wat in baie gevalle nie ‘n joernalistieke bydrae kan lewer wat die moeite werd is nie. Die koerante het vir kopie van buitestanders, bv vryskutjoenaliste, afhanklik geword. Die situasie is soortgelyk aan dié in die staatsdiens: die poste word deur onbekwames beset en buite konsultante moet aangestel word om die werk wat vaardighede vereis, te doen. Soos Vosloo dit tereg stel: Naspers “is nou ‘n produk van ons kontemporêre tyd” (4643). “Sy ‘siel’ is verplaas” (4652).

    “Liefde vir Afrikaans maak dit pynlik vir my om te sien hoe die funksies en gebruik van Afrikaans vandag toenemend ingeperk en afgeskaal word” (4679). “As kultuurtaal het dit … nog oneindige potensiële waarde” (4679). Dit is die soort benadering waarmee polities korrektes vorendag kom. Afrikaans het, soos Engels, naas kulturele funksie in werklikheid talle ander funksies. In die praktyk vind ons egter “die verskraling van Afrikaans in talle fasette van die openbare lewe” (4782). Afrikaans kan dwarsoor Suid-Afrika in groter mate as Engels gebruik en verstaan word. In daardie sin is Afrikaans en nie Engels nie die land se primêre nasionale taal. Al voordeel wat Engels bo Afrikaans het, afgesien van ANC-ondersteuning, is dat dit ‘n internasionale taal is. Vosloo redeneer egter soos die ANC: “Engels … [is] die voordeligste taal vir die opkomende geslag jong mense” (4688). Sy benadering tot Afrikaans wek nie vertroue nie. Oor die viering van die Wonder van Afrikaans in 1959 skryf Vosloo: “Die verwaandheid was mateloos,” blykbaar omdat dit “onder die vaandel van die Afrikaans-nasionale bewind” plaasgevind het (4713).

    Soos Wim de Villiers het Vosloo ‘n kultureel ontwortelde, geglobaliseerde oud-Afrikaner geword. Hy erken dat die pro-Afrikaansgesindheid van die NP-regering vervang is “met die apatie, eintlik die teensin [weersin], van die nuwe bewind” (4696). “‘n Taal wat nie amptelik gebruik word nie, sal ‘n kreeftegang gaan” (4705). Waarom span Naspers nie sy finansiële vermoë ter bevordering van die Afrikanerdom en Standaardafrikaans in nie? Omdat sentiment glo nie ‘n plek in die sakewêreld het nie (1239). Maar pro-swart sentiment het wel ‘n prominente plek in die Naspers-stal. Dit is ‘n kwessie van keuses wat uitgeoefen word. In hierdie sin het Naspers inderdaad sy siel verloën en verloor en vir ‘n ander een verruil. “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?” (Lukas 9:25).

    Vosloo herhaal wat deesdae op ‘n geykte en polities byderwetse manier oor Afrikaans kwytgeraak word: “Bruin Afrikaanssprekende mense dra nou grootliks by tot die gebruik en behoud van Afrikaans” (4705). Die “groei van Afrikaans” is glo van die bruin mense afhanklik (4827). Hy verwys dan na die “uiters kleurryke variasies van Afrikaans, waaraan absoluut geen ideologiese gewig hang nie. Hulle red Afrikaans met hul talent” (4705). Daar is sekerlik ideologiese gewig in hierdie soort “Afrikaans”. Geradbraakte, Engels-besoedelde Afrikaans word doelbewus misbruik om behoudende Afrikaners die moer in te maak. Die gehalte van Afrikaans, veral in die sin van Engels-vrye Afrikaans, is van deurslaggewende belang vir die sinvolle oorlewing van Afrikaans. Vosloo sien hierdie probleem raak, maar polities korrek lewer hy geen kritiek daarop nie: “Weens ons politieke geskiedenis voel baie bruin woordkunstenaars nie die aandrif om hulle moedertaal teen Engels te verskans soos die ouer geslag Afrikaanssprekers nie” (4705).

    Wat by Vosloo voorkeur geniet, is nie die taal Afrikaans nie, maar politieke oorwegings: “Om Afrikaans van die taal van apartheid na die taal van versoening om te buig” (4741). Dit is waarom Vosloo die inisiatief met bv die stigting van die Afrikaanse Taalraad (ATR) geneem het. In die praktyk laat die ATR hom deur mode-politiek lei en bevorder gevolglik eerder die brouseltaal Kaaps as Standaardafrikaans. Myns insiens is ‘n Afrikaansinstansie wat nie die moed het om suiwer(der) Afrikaans te bevorder nie, nie die moeite werd nie.

  • ‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit

    ‘Afrikaner-elite’ kleef krampagtig aan verslete identiteit

    Die probleem met die Afrikaner-elite is dat hulle hulself as “progressief” beskou, maar in wese nie besef dat ons nie meer in die 80’s leef nie. Hul beweerde gronde vir hul verset teen die Afrikaner, nl. apartheid, het lankal verdwyn.

    Hulle weier om te aanvaar dat die bordjies verhang is en dat om steeds hulself teen die Afrikaner te verset, dieselfde is as om ‘n eens magtige resiesperd, wat intussen geval het en nou op die grond lê, aan te hou skop.

    Die Afrikaner-elite se grootste probleem is dat hulle hele identiteit sodanig saamgestel is om wit oorheersing af te takel. Wit oorheersing is al lankal ‘n vergetelheid, maar die Afrikaner-elite se identiteit het egter onveranderd gebly.

    Nou dat die Afrikaner-elite nie meer hul identiteit kan manifesteer deur apartheid te probeer aftakel nie, omdat apartheid iets van die verlede is, probeer hulle allerhande nuwe maniere vind om relevansie aan hul identeit te verleen.

    Dit is hoekom Max ons nog so nou en dan herinner hoe sleg apartheid was – om apartheid af te takel is al wat hy het en ooit sal hê en die enigste manier hoe hy kan waarde toevoeg tot die samelewing.

    Dit is egter onverklaarbaar hoekom jonger generasie opkomende Afrikaner-elites, soos Adriaan Basson, die identiteit van ‘n anti-apartheid stryder probeer aanneem. In ‘n land waar al ons probleme te make het met die huidige regering en die onderontwikkeling in Afrika, moet ‘n mens hard probeer dink om te verstaan wat Basson en Kie. se insentief nou eintlik is om ‘n anti-Afrikaner propagandaveldtog voort te sit. Geld? Politieke druk?

    Die kommentaarareas van Netwerk24 is altyd net vol kritiek teenoor die skrywers en menings wat gepubliseer word – niemand is meer lus vir verligte witmense se gesanik oor hoe jammer witmense moet wees nie en hoe alles witmense se skuld is nie. Die Beeld se lesertal het bv. met 40000 gedaal na die Beeld se skaamtelose gelykstelling van die Puk-kampus aan ‘n Nazi-opleidingskamp.

    Klaarblyklik steur Naspers hulle nie aan al hul lesers se kritiek nie, want hulle ploeter net voort in dieselfde rigting. Inderdaad interessant.

    My eintlike vraag is: hoe kan die “gewone” Afrikaner sy verset teen die verloopte Afrikaner-elite manifesteer? In Amerika is Donald Trump en in Engeland Brexit onderskeidelik die fasiliteerders vir die populistiese verset van hul “gewone” mense teen die elite. Wie/wat is die Afrikaner se fasiliteerder?

    Wat my ook bekommerd maak, is die feit dat dit Amerikaners en Europeërs omtrent ‘n dekade geneem het om wakker te skrik en ‘n massiewe teenreaksie teen die elite se immigrasiebeleid en linksheid te toon. Wit Suid-Afrikaners word al vir twintig jaar gemarginaliseer en geteiken deur aggressiewe wetgewing, maar slegs enkele stemme het al in opstand daarteen gekom.

    Die linkse propagandamasjien, Naspers, moet eenvoudig vervang word deur ‘n medium met ‘n meer gebalanseerde en pro-Afrikaner inslag. Ek meen, Beukman gebruik die woord “ironie”, maar besef hy nie dat die grootste ironie is dat ‘n Afrikaanse koerant, wat ten minste vir goeie besigheidsdoeleindes pro-Afrikaans behoort te wees, vir hom en sy meelopeers anti-Afrikaanse lugtyd gee.

    Dit is net so goed KFC stuur ‘n veldtog van stapel om mense aan te moedig om op te hou hoender eet, omdat ‘n vegetariese lewenstyl beter is.

    Basson en Gouws en Max se stemme moet versmoor word deur teenvoeterstemme van jong, pro-Afrikaanse, pro-Afrikaner mense wat ‘n nuwe mentaliteit ten toon stel.

    Maar, wie kan Naspers, die elites van alle Afrikaner-elites moontlik vervang?

    RSA Patriot

  • Dan Roodt: Afrikaans gaan onder weens linksheid van Afrikaner-elite

    Dan Roodt: Afrikaans gaan onder weens linksheid van Afrikaner-elite

    In die verre verlede toe Beeld nog my briewe geplaas het, was daar ‘n polemiek tussen my en Willie Esterhuyse waarin hy die Afrikaanse taaldebat as “verslane bier” afgemaak het. Op 19 Februarie 2000 het Esterhuyse in sy wysheid geskryf:

    “Maar op kultuur-politieke terrein sukkel ons om vordering met debat te maak. Die sogenaamde debat op hierdie terrein, soos die politieke debat onder Afrikaners, is van dieselfde gehalte as ‘n glas bier wat ‘n hele dag in die son gestaan het.

    Een van die redes hiervoor is dat ons nog nie die slegte gewoontes van die verlede afgeleer het nie. Byvoorbeeld om van slegsê-tegnieke en skeltaal gebruik te maak en dit as polemiek voor te hou. En dan is daar een tegniek wat ons sedert die dae van apartheid nog nie ontgroei het nie: Verdagmaking.”

    Uit hierdie woorde van Esterhuyse, ‘n lid van die (verloopte) Afrikaner-elite, spreek sy minagting vir Afrikaners en ons intellektuele vermoëns helder. Daarom het ek hom ‘n paar dae later op 24 Februarie 2000 met die volgende brief geantwoord:

    Afrikaanse denkstorm wóéd

    DAN ROODT, Dainfern, skryf:

    ‘n Mens kan nie anders as om te reageer op een van die mees arrogante en stiksienige artikels wat daar onlangs in Beeld verskyn het nie. Dit is die een onder die opskrif Warm en ou bier deur prof. Willie Esterhuyse wat iewers teen die Simonsberg vaskyk en onbewus is dat daar wel tans ‘n denkstorm in Afrikaans los is soos nog nooit tevore nie.

    Die magdom artikels, briewe, konferensies, filosofiekafees, seminare, radiogesprekke, die bestaan van die filosofietydskrif Fragmente, LitNet en ander lewendige webwerwe waarin daar as ‘t ware koorsagtig gedink, geskryf, geargumenteer, gefilosofeer en gedebatteer word, vergelyk hy met “ ‘n glas bier wat ‘n hele dag in die son gestaan het”.

    Spesifiek op kultuurpolitieke terrein, waar ons volgens hom “sukkel om vordering met debat te maak”, het mense soos Breyten Breytenbach, Ampie Coetzee, Van Zyl Slabbert, Hein Willemse, Z.B. du Toit, Heindrich Wyngaard, Danie Goosen, Johann Rossouw, Hermann Giliomee, Chris Louw, Deon Geldenhuys, Elirea Bornman, Clinton du Plessis, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Peter Louw, Johann Lodewyk Marais, Juanita van Rensburg, Wimpie de Klerk, om maar enkeles te noem, reeds ‘n verskeidenheid insette tot die kultuurdebat gelewer waarin daar heftige meningsverskille bestaan.

    Die idee van mense wat mekaar “warm broei en mekaar se ego’s masseer” of “merendeels met mekaar praat” is omtrent so vreemd aan hierdie debat soos goeie ekonomiese bestuur in Zimbabwe die afgelope twintig jaar.

    Die ‘gehalte van die debat” mag benede prof. Esterhuyse se eie hoë peil wees, maar dan is dit heel aanvaarbaar vir die invloedrykste lewende filosoof, Jacques Derrida, wat reeds bygedra het tot Fragmente en in Januarie ‘n groepie Afrikaanse denkers in Parys verwelkom het vir ‘n gesprek rondom Heidegger.

    Hierdie suurderige afwys van wat ‘n mens eietydse kultuurpolitieke denke in Afrikaans kan noem, sou miskien nog vir onsegbare mistiek kon deurgaan, en kon suggereer dat daar elders gróter woelings van die gees aan die gang was, maar Esterhuyse plaas sy hoop op die sakesektor waar ‘n “lewendige debat” sou plaasvind.

    Tensy ons die advertensiespreuk “one nation one beer” as denke beskou, dink ek nie ‘n mens sou debat daar met ‘n mikroskoop kon vind nie.

    Ons is al gewoond daaraan dat ekonome die rigting van die aandelebeurs of rentekoerse verkeerd voorspel, dat uitvoerende hoofbeamptes beslissings neem of hofsake voer waarin hul eie ego’s ‘n groter rol speel as enige logika, maar om sakelui as die voorste denkers van ons tyd aan te bied, is ‘n nuwe een.

    Vele maatskappyhoofde weet nie eens hoe om ‘n strikdas te knoop nie, wat nog te sê enige Gordiaanse knope van ons samelewing te ontknoop.

    By sommige nuutgestigte ondernemings in Johannesburg word daar ‘n verbod geplaas op die woord “bestuur”, omdat dit ‘n gestigmatiseerde term geword het en iets ouderwets en outokraties aandui.

    Ek merk dat prof. Esterhuyse verbonde is aan ‘n “Bestuurskool” en dus ewe uit voeling is met die sakesektor as met die Afrikaanse kultuurdebat.

    Wat verstommend is, is dat die Afrikaner-elite, waaronder die rubriekskrywers van Beeld, aanhou om hul omhelsing van linkse denke te verdedig deur op die “ou bier” of geyktheid van die argument vir Afrikaans te wys. Intussen is die (sogenaamd “regse”) argument vir Afrikaans en taalvryheid veel meer genuanseerd en intellektueel begrond as die linkse aandrang op Engels en eenvormigheid.

    So pas hierdie week het Gerhard van Huyssteen ewe hard as Esterhuyse gekla oor al die artikels ten gunste van die Afrikaanse taalstryd in wat hy “koerante” noem. Blykbaar lees hy nie webblaaie nie, anders sou hy seker nóg moedeloser gewees het, veral as hy Leon Lemmer se uitgebreide reeks artikels oor Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch sou gelees het. Van Huyssteen gebruik ‘n ander metafoor as Esterhuyse, nie “warm en ou bier” nie, maar “snuiwer as snuif”:

    Snuiwer as snuif – só is die universiteitetaalkwessie al getrap. As ek ’n koerant oopslaan en nogmaals ’n analise, artikel, brief of rubriek sien, wil ek weemoedig in my hande ween.

    Een van die cliché-besware van Suid-Afrikaanse Engelse teen Afrikaners en Afrikaans is dat ons “parogiaal” is; hulle behoort tot die Empaaier en ‘n universele kultuur, terwyl ons bloot Suid-Afrikaans en plaaslik is. Die Afrikaner-elite het bewustelik of onbewustelik dié beswaar oorgeneem, want in 2000 skryf Willie Esterhuyse in sy Beeld-rubriek:

    “In die meeste gevalle behoort die “debatteerders” tot dieselfde kaste. Hulle broei mekaar warm en masseer mekaar se ego’s.”

    In dieselfde trant meen Gerhard van Huyssteen in sy Beeld-rubriek vandeesweek:

    “Ironie: ’n Groot deel van die huidige taaldebat word in Afrikaans gevoer. Al die slim praatjies en gewigtige argumente is dus in wese ontoeganklik vir die ander partye in die debat.

    Ons praat onsself lekker warm.”

    Ons weet nie wie “die ander partye in die debat” is nie. Vermoedelik is dit die EFF se “studentebevel” met sy #Afrikaansmustfall-veldtog. Die EFF stel nie belang om te debatteer oor die voortbestaan van Afrikaans nie; die taal moet eenvoudig voor die gebalde swartmagvuis verdwyn. ‘n Debat met die EFF sou neerkom op wat die Franse ‘n “dialoog van dowes” (dialogue de sourds) noem, ‘n gesprek tussen mense wat mekaar nie wil of kán hoor nie. Of dit in Engels of Afrikaans geskied, sou sekerlik geen verskil maak nie.

    Ek weet nie in watter sin Van Huyssteen die woord “ironie” gebruik nie, maar sou dit nie soveel te meer ironies gewees het indien ons oor die ondergang van Afrikaans op Engels sou moes debatteer nie? Asof die invloed van Afrikaans so gering geraak het dat ons Engels nodig het om die taal te red, ‘n bietjie soos die Skotte en Walliesers in die Verenigde Koninkryk wat hul vurige nasionalisme meesal in Engels uitdruk omdat die meerderheid van hulle deesdae slegs Engels magtig is en hul moedertale verloor het.

    In ‘n opvolgrubriek deur Barnard Beukman beaam hy Van Huyssteen (en Esterhuyse) se mening(s) dat “die taaldebat… uitgeput” is. Die bier is oud en warm, en ons is flou. Beukman gaan steek kers op by die bedenklike Britse leuenaar Tony Blair van “wapens-van-massavernietiging”-faam en die idee van ‘n “derde weg” uit die huidige taalbedeling. Soos dit vir my voorkom, lyk die “derde weg” na ‘n soort draadsittersposisie tussen die stryders vir Afrikaans en die stryders vir Engels. Dit herinner my aan die omie van die FAK wat destyds toe ons Parmalat geboikot het omdat hy Afrikaans van die jogurthouers afgehaal het, geen gelykberegtiging teenoor Engels nie, maar “net ‘n ou klein bietjie Afrikaans” bepleit het. En soos in die handel, sal die “ou klein bietjie Afrikaans” op universiteit al minder en minder word totdat daar uiteindelik niks van oor is nie.

    Ook Van Huyssteen, wat hom elders vir ‘n groot kenner van Afrikaans uitgee, is geen taalstryder nie; hy neem bloot aan die taaldebat deel “soos ’n rugbyma wat Saterdag ná Saterdag op die paviljoen sit en brei terwyl sy haar kind se vertoning belangstellend oor die rand van haar bril volg…” Self voel hy hom nie betrokke nie. Amper soos Peter Blum se “rooinekke op Hermanus”

    wat koel staan teenoor óns rumoer, kil-vreemd
    – nie aanvoel wat óns bedoel, ín ons woel:
    hartstog-verleerde, wrok-onbegrypende
    sege-moeg, effens geaffronteerde
    see-afkykers, agterland-afgekeerdes
    wat hoegenaamd niks nie brandelik begeer.

    Sekerlik staan die Afrikaner-elite – tans soos in die verlede – onbegrypend teenoor ons “regse harstog” oor ons taal, ons grond, ons land, ons tradisies, ons skole en universiteite wat nou alles voor die onverbiddelike gang van die linkse revolusie moet wyk.

    Ná die Brexit-referendum, asook die opkoms van Donald Trump as VS-presidentskandidaat, word daar wêreldwyd gepraat van “die opstand van gewone mense teen die elite”. Self wonder ek wanneer Afrikaners in opstand gaan begin kom teen óns elite wat ons kort-kort en beterweterig teregwys of aansê om in die ry te staan terwyl ons “transformasie” en verengelsing moet ondergaan soos beeste of skape wat gedip gaan word. Dit was Chris Louw se beswaar in sy Boetman-brief, en byna twee dekades later geld dit steeds.

    In Beukman se rubriek is daar skielik so ‘n Freudiaanse glips as hy die volgende kwytraak oor diegene wat dalk nie die “derde weg” van iewers in die middel soos ‘n koel en kalm rooinek op Hermanus sou wou inslaan nie:

    Volgens die ontleders is dit die ou linkses, want hulle kon nog nooit iets laat werk nie. En die nuwe regses, want hulle kon nog nooit iets doen wat werklik goed is nie.

    Hierdie sinnetjie word nie verder omskryf nie, en die leser moet wonder wie die “ou linkses” en “nuwe regses” binne (Suid-)Afrikaanse konteks sou wees. Is Willie Esterhuyse ‘n “ou linkse”? Vir seker het Willie Esterhuyse en ‘n groot deel van die ou NP-Broederbond-elite die marxistiese leerstellinge van Joe Slovo, Harold Wolpe en Rusty Bernstein omhels. Soos Jakes Gerwel, in lewe nog ‘n direkteur van Naspers, keer op keer aan ons verduidelik het, is die Afrikaner bloot ‘n “verbeelde gemeenskap” wat nie in die werklikheid bestaan nie. Trouens, soos die SA Kommunisteparty reeds jare lank argumenteer, is feitlik alles wat Afrikaans is die kunsmatige maaksel van die verderflike Afrikanernasionalisme – ook Standaardafrikaans – en behoort daarom van die aardbol te verdwyn.

    Slovo en kie. se revolusie was seker die mees geslaagde in die twintigste eeu, want terwyl die kommunisme in Rusland tot niet is, stoom dit steeds in ons land voort, sy dit dan in ietwat aangepaste, “neo-linkse” gedaante. Ek sou dus reëlreg met Beukman wou verskil en sê dat die “ou linkses” juis die revolusie laat werk het en selfs die Afrikaner-elite oortuig het om hul gewig daarby in te gooi!

    Trouens, die “liberale” Beeld is deesdae waarskynlik die mees beginselvaste mondstuk vir marxisme en neo-marxisme in die land, op enkele uitsonderinge soos die Mail & Guardian of die Daily Maverick-webblad na. Wat doen Max du Preez, Amanda Gouws en al die ander “meningsvormers” anders as om ‘n vulgaat-weergawe van Slovoïsme aan die volk op te dring? Lê jou neer by die revolusie en sy verskeidenheid “transformasies”, en aanvaar dit alles as “onvermydelik”, sê hulle. Marx en Engels se idee van die “onvermydelikheid van kommunisme as laaste fase van die geskiedenis” is sedert die val van die Berlynse Muur so effens weerlê, behalwe in Suid-Afrika. Hier volg die revolusie sy eie onverbiddelike logika en wee diegene wat probeer teëstribbel of kritiseer. Hulle sal vinnig die swye opgelê of as “rassiste” gebrandmerk word, wat op dieselfde neerkom.

    Die ekstremistiese feminis Christi van der Westhuizen, ‘n vorige redaksielid van Beeld, asook ‘n Beeld-rubriekskryfster, is deesdae – bid jou dit aan – professor van sosiologie aan die Universiteit van Pretoria. In ‘n onlangse artikel wat selfs op die UP se webblad beskikbaar is, sê sy die volgende:

    “Hoewel ek die posisie ondersteun dat wit mense, mans en straights in sommige situasies moet stilbly…”

    Christi van der Westhuizen en Pierre de Vos: hulle mag maar praat, maar ek en u moet stilbly, synde "wit en heteroseksueel"
    Christi van der Westhuizen en Pierre de Vos: hulle mag maar praat, maar ek en u moet stilbly, synde “wit en heteroseksueel”

    Ja, u het reg gelees: indien u wit, manlik of heteroseksueel is, moet u liefs “stilbly”. Slegs gekleurdes, vroue en homoseksuele mag praat. Komende van ‘n vorige en dalk huidige verteenwoordiger van die Afrikaner-elite-media, spreek dit boekdele.

    Dis nog ‘n ironie: die hoofstroommedia in ons land wat oor “sensuur” by die SAUK begaan is, maar daagliks die strengste moontlike sensuur handhaaf om te sorg dat geen polities onkorrekte mening in druk verskyn of op die lug gehoor geword nie.

    Ek dink ons verstaan almal wat “ou links” beteken en dat die Afrikaner-elite hom daarmee versoen het. Maar wie is die “nuwe regses” waarna Beukman verwys?

    Ek lei af dat Beukman nie by Wits of Kaapstad gestudeer het nie, dus is hy nie voorgraads met die beginsels van marxisme, in sy klassieke vorm as marxisme-leninisme of in “kulturele” gewaad as feminisme, anti-rassisme en die aftakeling van die blanke, heteroseksuele man, gebreinspoel nie. Soos die meeste ander lede van die Afrikaner-elite, is hy ‘n soort klakkelose linkse, iemand wat “die klok gehoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie”.

    Vandaar dan ook sy ietwat lukrake verysing na die “nuwe regses”; dit lyk vir my so ‘n bietjie intellektueel slordig, sonder enige verwysing of selfs heenwysing. Op Twitter het ek hom gevra wat hy hiermee sou bedoel,

    maar tot dusver geen antwoord ontvang nie.

    Die “nuwe regses” kan seker enigiets vanaf die Franse nouvelle droite met die ongeveer 50 boeke wat iemand soos Alain de Benoist geskryf het om denke rondom identiteit, tradisie en gemeenskap te vernuwe, tot die onlangse “alternatiewe regse” of alt right-beweging in die VSA en Brittanje insluit. Om nie van die vermoorde Pim Fortuyn in Nederland te vergeet nie.

    Tot my eie verbasing word my naam dikwels in dieselfde asem as dié van sekere “alternatiewe regse” figure in die VSA genoem. Maar soos die Franse skryfster en redaktrise van die tydskrif Causeur, Elisabeth Lévy, dit stel: “Aujourd’hui, ma seule identité politique, c’est d’être pas-de-gauche.” (Wat min of meer vertaal na: “Tans is my enigste politieke identiteit dat ek nie-links is.”)

    Hiermee kan ek saamgaan: Daar is vir my niks aantrekliks aan Links nie. Die geskiedenis van linkse volksmoorde (Sowjetunie, China, Kambodja, Ethiopië, noem maar op) tydens die twintigste eeu, asook die terreur en halssnoermoorde van die ANC-SAKP hier by ons, was genoeg om my vir ewig van enige simpatie vir Links te genees.

    Vandag, egter, is die Afrikaner-elite – in navolging van sy nuwe “ou-linkse” meesters in die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty – links, selfs erg links… Terwyl die Afrikaner-elite slegs minagting koester vir ons geskiedenis, identiteit, kookkuns, skilderkuns, argitektuur, monumente, selfs Standaardafrikaans, en die volk self, kan ek nie anders as om my juis aan die kant van die verdrukte, verguisde “gewone” Afrikaner te voel nie. En moet my asseblief nie, à la Gramsci, as ‘n “organiese intellektueel” tipeer nie!

    Noem dit “Ockham se skeermes” of gesonde verstand, maar die taalprobleem is baie eenvoudiger as wat dit voorgestel word. Soos soveel keer in die verlede tydens tydperke van vreemde of Britse oorheersing, moet ons vandag kies tussen ons moedertaal en dié wat die owerheid met staatsmag op ons probeer afdwing. Die keuse vir Afrikaans is natuurlik en word gerugsteun deur ‘n magdom internasionale beginsels en voorbeelde, selfs deur die swak grondwet waarmee De Klerk en sy mede-elite-verraaiers ons opgesaal het.

    Tydens hul stryd teen die Spaanse Ryk, het ons Nederlandse voorouers die skeldnaam “Geuse” naderhand hul eie gemaak. “Geus” beteken “bedelaar”, maar ook “skurk, skobbejak, misdadiger of deugniet”.

    Gedurende die huidige taalstryd poog die vyand insgelyks om diegene wat vir Afrikaans en Afrikaanse instellings kies as “rassiste”, “Nazi’s”, “wit heerssugtiges” en wat nog te stigmatiseer. Dit is deel van die semantiese oorlog wat tussen Afrikaners en die SAKP, asook die (verloopte) Afrikaner-elite woed. Ons is rassiste en hulle is terroriste. Kom ons kyk wie dit die hardste kan skree.

    Ten slotte, nog iets: Oor die afgelope aantal dekades het die Afrikaner-elite nog altyd die Afrikaner self as sy vyand gesien! Ons het oor ‘n weermag, polisiemag, buitelandse diens, inligtingsdiens, ens., beskik om ons vyande soos die ANC en SAKP mee te beveg, maar al daardie “wapens” is meesal ongebruik gelaat, of andersins aangewend om ander Afrikaners – veral diegene wat enige gevoel vir hul afkoms, taal en tradisies koester – mee te kasty.

    Het dit nie tyd geword dat ons, na die voorbeeld van ons broers in die meeste Westerse lande, óók in opstand teen ons eie elite kom nie?

    Want sonder die listige meelopery van die Afrikaner-elite sou die “ou-linkse” ANC-SAKP kwalik destyds in 1994 die land kon oorneem, wat nog te sê met behulp van die huidige mislukte staat kon aanhou regeer!

    Miskien is dit die betekenis van ‘n “nuwe Regs”: om jou teen jou eie elite te verset. Téén Cameron en Merkel en Hollande en Hillary… en Willie Esterhuyse en sy geesgenote wat in 20 jaar geen sekerheid oor enigiets kon bereik behalwe dat Afrikaners behoort te verdwyn nie.

  • Media24 gee EFF-hanswors weer groot ruimte

    Media24 gee EFF-hanswors weer groot ruimte

    Die EFF-hanswors Julius Malema het ondersteuners in Thaba’Nchu Saterdag vergas met nog ‘n toespraak wat kennelik deur sy wit befondsers geskryf is.

    “Moenie dink omdat jy swart is, is jy vervloek nie. Leiers gaan van jou hou soos jy is,” het hy sy ondersteuners plegtig belowe.

    Die Marxiste se nuwe marionet het die wit gelykheidstryders se gelykheidsagendapunte slaafs herhaal, terwyl News24 weer gehoorsaam daaroor berig het.

    “Hulle spandeer miljoene op fietsbane in Johannesburg, maar mense in plekke soos Alexandra het nie spoeltoilette nie,” het hy gesê.

    Sy swart, landelike Vrystaatse gehoor het waarskynlik kwalik begryp wat ‘n fietsbaan is.

    “Ons wil ‘n kliniek in Thaba’Nchu bou wat 24-uur sal funksioneer, maar die ANC dink jy is net siek gedurende die dag,” het hy gesê.

    Beeld het natuurlik geen kritiek geplaas teen Malema se openlike demagogie en aanhitsing nie, maar sorg liewer dat die Amerikaanse presidentskandidaat, Donald Trump se pro-wit uitsprake aangeval word as “demagogies”.

    Intussen staan klinieke in die Vrystaat in onbruik weens korrupsie wat heel waarskynlik nie onder Malema se leierskap sal verander nie.

    Malema is self ondersoek vir korrupsie. Sy gekyf was eerder nog ‘n toeval van naakte jaloesie.

    “As jy nie deel van die Magushule-faksie is nie, sal jy nooit in diens geneem word nie,” het Malema die vanselfsprekende etniese werklikheid van Suid-Afrika aan sowat sy 500 ondersteuners, ook geklee in kenmerkende rooi t-hemde en barette verklaar.

    Malema het gesê jy kan nie die armstes van die armes belasting vra nie, omdat hulle nooit gekies het om arm te wees nie.

    “As jy vir die ANC stem jy is erger as beeste, omdat Zuma ‘n swembad van R3 miljoen het.”

    Ons vier 22 jaar van demokrasie, maar swart mense gee nog steeds geboorte in plakkershutte, het Malema gesê.

    “Stem ter wille van jou kinders en nie ter wille van Nelson Mandela nie.”

  • Karel Combrinck: Beeld voer ‘debat’

    Karel Combrinck: Beeld voer ‘debat’

    «Beeld begin vandag met ‘n reeks gesprekke oor die toekoms van die Afrikaanse gemeenskap.»

    Die Beeldkoerant beoog skynbaar ‘n langtermyndebat rondom die toekoms van «die Afrikanergemeenskap». ‘n Poging om dalende sirkulasiesyfers ‘n bietjie op te stoot ? In gister (3 Mei 2016) se Beeld skop twee van die hoëpriesters van die linkse pers, die Ajatolla Tim Du Plessis en (Kajafas) Leopold Scholtz sommer uit die staanspoor af met geluide van die aard wat ‘n mens van hulle verwag. Wat ‘n mens te wagte kan wees in die reeks wat gaan volg, is minstens 50% borsslanery van die een of ander aard oor «ongeregtighede van die verlede», aangebied deur wat Du Plessis self beskryf as sy «spannetjie» en wat seker sal voortborduur op die patroon van Adriaan (voetewas) Vlok. Interessant is dat Beeld se «debat» presies saamval met Adriaan Vlok se veldtog oor versoening en vergiffenis wat pas aangekondig is – great leftists think alike.

    Wat opval van die inleidende menings van Du Plessis en Scholtz is dat die woord «volk», nie een maal gebruik word nie. Inderdaad word die begrip sorgvuldig vermy. In stede daarvan het ons «Afrikanergemeenskap», Afrikaner-«groep», of soos Du Plessis dit stel, «entiteit wat insluit almal wat hulleself beskou as Afrikaans, Afrikaner, Afrikaanssprekend of wat ook al». Let veral op die «wat ook al». Wat kan «wat ook al» tog alles insluit? ‘n Mens wil liefs nie eers begin dink wat nie.

    Nadat Beeld ter inleiding eers beklemtoon het dat hulle ‘n «toonaangewende koerant» is en nadat die Ajatollas mekaar se rûe oor en weer gekrap het en sommer in die verbygaan sommer ook so’n lekkie uitgedeel het onder die alie van die ontslape linkse Afrikanerverraaier, Ajatolla Frederik Van Zyl Slabbert, kan die «gesprek» begin.

    Tim Du Plessis lig ons eerstens in oor die betekenis van die woord «debat»: «Die doel van debat is om mekaar se standpunt oor en weer te hoor» en, «ons deelnemers is ‘n wyd uiteenlopende spannetjie». Nou toe nou. Hoe uiteenlopend nogal ? Hoeveel debat met wyd uiteenlopende sienswyses laat Beeld in die gewone loop van sake toe? Waarom wil hulle dit dan nou skielik doen? Sal Beeld byvoorbeeld bereid wees om ‘n bydrae van dr Roodt ook te plaas en is hulle bereid om dr Roodt ook by hulle «spannetjie» in te sluit ? Of is hulle spannetjie, soos altyd, ‘n uitverkore kliek, net uiteenlopend genoeg om skakerings van links toe te laat en «regses» of »verregses » by voorbaat uit te sluit?

    Scholtz haal aan uit Die Burger van 31 Mei 1948 d.w.s. pas na die Nasionale Party se oorwinning in die algemene verkiesing van daardie jaar : «Hoe tuis voel ’n mens hom nie weer in sy eie vaderland nie! So was dit nie in die afgelope jare nie. Die nasionaal gesinde Afrikaner . . . het hom onwelkom, selfs onveilig in die land van sy vadere gevoel . . . Hy het hom dikwels ’n onterfde gevoel, ’n vreemdeling wie se erfenis in ander hande oorgegaan het.»

    Ek weet nie van Kajafas en die Ajatollas nie, maar ek voel my in die sg. «nuwe Suid-Afrika» so onwelkom en onveilig en onterf en vreemdeling as wat Afrikaners in enige stadium van hulle geskiedenis gevoel het, miskien nog meer so. Die vraag is egter hoe het ons daar gekom? Het die Beeldkoerant nie ‘n reuse-aandeel in ons magsoorgawe en gepaardgaande ontvoogding gespeel nie? Is die besinning oor die «toekoms van die Afrikanergemeenskap» nou straks ‘n poging van Beeld om enigsins te probeer regmaak wat hulle versoorsaak het?

    En Scholtz gaan voort: «Die groot vraag is uiteindelik: Het die Afrikaners dieselfde kollektiewe wil om te oorleef as ’n eeu gelede? Die vraag sal in die komende dekades beantwoord word.»

    Die antwoord op die eerste vraag is waarskynlik nee, hulle het nie. Maar dit is nie die werklike vraag nie. Die werklike vraag is waarom is dit so? Is dit nie weens die linkse ideologiese breinspoeling en propaganda van veral Beeld en ander publikasies van die Nasionale Pers nie wat die Afrikaner se wil om te oorleef oor ‘n lang tydperk stelselmatig ondermyn en afgetakel het? En dan sal die vraag volgens Scholtz in «die komende dekades» beantwoord word. Maar is Beeld en Scholtz en hulle «spannetjie» dan in ‘n totale beswyming? Watter dekades het ons nog oor om enigiets uit te pluis? Ons is lank reeds rug teen die muur, langer as die «anderhalf dekade sedert die nuwe Suid-Afrika se wiele begin afval het», soos Du Plessis dit stel. Inteendeel dit gaan terug tot voor die oorgawe van 1994 wat Beeld met koorsagtige ywer voorberei het. Ons is minder as niks in ons eie land nie en ons word stelselmatig beroof en uitgemoor. En hulle het nog dekades om te «debatteer»?

    En uiteindelik: «Het moderne Afrikaners dit in hulle om hulle by die nuwe werklikheid van die verlore heerskappy neer te lê en dit binne die praktiese beperkings in ’n herwonne toekoms te omskep?» Wil Beeld nou voorgee dat hulle hierdie vraag in die loop van die «debat» binne hulle «spannetjie» gaan uitrafel? En dan het hulle nie die vraag reeds by voorbaat beslis nie met hulle verwysing na «moderne Afrikaner»? Ons weet tog wat «modern» beteken. Dit beteken fatsoenlik, inskiklik, konformerend, klakkeloos in die mode wees, alles houdings wat Beeld se goedkeuring wegdra. Dit beteken dus dat Afrikaners wat al hierdie mooi dinge wil wees hom noodwendig moet berus by die «nuwe werklikheid van die verlore heerskappy». Om te glo dat die Afrikaner ‘n «verlore heerskappy binne praktiese beperkings in ‘n herwonne toekoms kan herskep», is gewoon wensdenkery, want dit gaan nie om blote «praktiese beperkings» nie, dit gaan om ideologiese en politieke en ekonomiese onderdrukking.

    Met u reeks gesprekke, menere van Beeld, wil u nou iets probeer beredder uit wat u self veroorsaak het? Of wil u dalk u reputasie probeer red? Vir beide is dit te laat, want toe daar nog tyd was om ons volk te red, die een wat u nie by die naam wil noem nie, het u die mense wat daadwerklik probeer het om dit te doen, beswadder en bespot. Ons het u nie nodig nie. U is nie by magte om iets aan te bied wat vir ons van waarde kan wees nie. Bestee liewer u tyd aan skadelose brokkies oor die Engelse prinse en prinsesse en hulle tog so oulike babas.

  • Dan Roodt: Marx du Preez dink Afrikaans is ‘n Moslemtaal

    Dan Roodt: Marx du Preez dink Afrikaans is ‘n Moslemtaal

    Toevallig sien ek Ma(r)x du Preez se jongste stukkie propaganda in Beeld raak waarin hy die gewone polities korrekte twak opdis dat daar ‘n sterk “Maleis-Portugese” invloed in Afrikaans was:

    “Ja, dit was ongemaklik vir wit Afrikaners dat die taal waarom hul etniese Christelik-nasionale identiteit gebou is, sterk deur slawe en Moslems beïnvloed is. Vryburgers, VOC-amptenare, bediendes, slawe en die Khoi het almal tot die kreolisering en vereenvoudiging van Nederlands in die laat 17de tot middel 18de eeu bygedra, maar die Maleis-Portugees van die Oosterse slawe was die sterkste buite-invloed.”

    Is Afrikaners nie Christene nie? Is al die NG en ander Kerke in die land deur Moslems gebou en gefinansier?

    Ek woon nie in die Kaap nie, maar dit sou my verbaas as Afrikaans ‘n sterk rol in Islamitiese aanbidding aldaar speel. Self besit ek die Koran in Afrikaans wat ek jare gelede by die moskee in Durban gekoop het; ek twyfel egter selfs of dit vandag algemeen beskibaar is. Die Moslemraad en verwante instellings in Suid-Afrika gebruik Engels as voertaal.

    In elk geval is daar geen taalkundige bewys betreffende woordeskat, sintaksis of grammatika vir so ‘n geheimsinnige Islamitiese Maleis-Portugese “invloed” nie, afgesien van die spekulasies van een of twee Nederlandse taalkundiges wat Afrikaans wesentlik vyandiggesind was en – moontlik uit jaloesie – die taal as een of ander derdewêreldkuriosum wou afmaak. Daar is seker ‘n paar honderd maal meer Franse woorde in Afrikaans wat via Nederlands in die taal beland het as Maleise woorde. Dink maar aan die woord “fontein” waarmee die hele SA landkaart besaai (of vir Marx seker “bevuil”) is. Nietemin word daar nie daagliks vir ons gepreek oor die “invloed” van croissants of camembert op Afrikaans nie.

    Wat maak dit saak indien ‘n paar Afrikaanse boekies in Arabiese skrif in die negentiende eeu verskyn het? Kan ‘n mens met so iets jou “kleim” op Afrikaans “afsteek”? En alles wat Afrikaners in die twintigste eeu in die taal geproduseer het, is van nul en gener waarde?

    Dit het vir my so ‘n geur van “ons was eerste hier”, ‘n argument wat natuurlik so gereeld in swart geledere opklink. Net: ‘n mens weet nie presies waar en wanneer “hier” was nie. Miskien behoort Suid-Afrika dan aan die Portugese want hulle was mos voor ons almal “hier”, nie waar nie?

    Dalk moet Marx du Preez hom maar tot Islam bekeer sodat hy sy nie-Christelike nie-Afrikaneridentiteit na behore kan uitleef. Die vraag is net: wat is Beeld se doelwit om aanhoudend sulke taalkundige disinformasie te plaas? Gaan dit maar net daaroor om Afrikaners konstant af te kraak, te beledig en te demoraliseer?

    Ek dink nie dit sou ‘n doel dien om “debat” hieroor te voer nie. In elk geval is Marx du Preez die Salafis of tot watter vertakking van Islam hy ook al behoort, ‘n bekeerde en slaan geen ag op rasionele “eurosentriese” argumente nie.

    En die vrye meningsuiting van die grondwet is, soos die absurde, haas niksseggende artikels oor amptelike tale, mos net ‘n tierlantyntjie vir die mitiese “demokratiese”, kwasi-Zimbabwaanse eenpartystaat. “Zimbabwaanse” synde natuurlik ‘n Neerlandisme wat vir my soveel meer gepas as “Zimbabwiese” klink.

    Mens moet ook versigtig wees om nie pers van woede te raak nie, want dan is dit rassisties.

  • Brief: Ek is behoorlik moeg dat ons alewig jammer, jammer, jammer moet sê!

    Brief: Ek is behoorlik moeg dat ons alewig jammer, jammer, jammer moet sê!

    Marida Fitzpatrick van Beeld ryg al weer derms uit oor “wit bevoorregting” in ‘n artikel met die titel: ‘Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is’. Ek is die hoof van ‘n privaatskool vir swart leerlinge, bevoorregte leerlinge. Ek kom elke oggend skool toe en moet dan tussen die Mercedes, BMWs, Fortuners, Prados, Lexusse, ens deurry om by die skoolhek in te kom. Al die mammas met die Guess, Polo,Prada handsakke en Gucci, Louis V, en Jimmy Choo skoene kyk my bejammerend aan waar ek vanuit my Fordjie vrolik vir hulle waai.

    Tot van my matriekleerlinge ry beter karre as ek. Maak dit van my bevoorreg en hulle onbevoorreg? Sekerlik nie. Ek is in hulle oë brandarm, ek het nie ‘n staatsdienskontrak nie, ek het nie ‘n besigheid wat nie belasting betaal nie, ek kan nie elke aand uiteet in Crawdaddy’s of Spur nie.

    Ek het gaan onderwys studeer omdat my weduwee ma nie geld gehad het dat ek joernalistiek kon gaan studeer nie. Ek moes my beurs terugwerk. Gelukkig was ek in presies die professie wat vir my bedoel was. Ek het destyds dieselfde werk gedoen as ‘n mansonderwyser, maar ek het minder geld gekry, want ek was ‘n tweedeklas burger.

    Die ouers kry my bitter jammer as hulle uitvind dat ek net een kind het, “Shame, you are very poor.” Hoe sê ek vir hulle dat ek nie meer as een kind kon bekostig nie?

    Kenmerkend van my ouers, wat kan bekostig om duisende rande per maand skoolgeld te betaal, het hulle gewoonlik twee of drie kinders, nie ses tot twaalf nie.

    Hoe sê ons vir ons medelandsburgers as hulle net sal ophou om onbeheerst aan te teel sal daar vir ons almal werk, skole, hospitale, huise, universiteite, klinieke, ens. wees. As die regering eerder ‘dole’ sal instel soos die Engelse sal dit baie beter gaan met ons, dan moedig ons nie mense aan om terwille van die misrabele kinderpensioen aan te hou aanteel nie.

    Ek weet nie in watter deel van die land jy beweeg nie, maar ons skool stuur jaarliks 60-80 Graad 12’s na universiteite waar sowat (volgens ons statistiek) 80% klaarmaak met hulle tersiêre studies. Die goed geleerde swart bevolking groei met rasse skrede. Dalk is daar nog ‘n paar goeie/beter joernaliste in die wording.

    Ek is behoorlik moeg dat ons alewig moet jammer, jammer, jammer sê. Ek het in 1994 ja gestem en daarmee het ek my deel gedoen vir die onregverdigheid wat in ons land geheers het.

    Dan werk ek elke dag daaraan om goed geskoolde Graad 12’s met beurse na goeie universiteite te kan stuur. Miskien moet jy na die ander kant van die munt kyk, dalk is die man by die hek jammer vir jou. Jy het so min in die lewe, jy sit heeldag in die kantoor en werk soos ‘n slaaf om jou huis, Yaris, kinders se skoolgeld te betaal – jy leef nie so lekker onbesorgd soos hy nie. En soos Chris Tus sê, dalk kyk hy na jou en dink: “Ag nee, sy is te maer, sy sal nie ‘n goeie vrou wees nie, sy kan nie eens kook nie.”

    • Thea Gerber
  • Brief: Help tog met die swart kannetjie van die tydsgees

    Brief: Help tog met die swart kannetjie van die tydsgees

    Dagsê, Piet

    Jong, ek het jou rubriek oor die brutale vrug van die  tydsgees (Beeld, 18 September) geweldig geniet, lekker gelag. Slim geskryf. Jy het darem ‘n manier om dinge lekker raak te vat. Ek hou so van jou skryfstyl dat ek die artikel net so gekopieer, en met spoeg-en-plak ‘n paar woorde vervang het om dié slag jóú lagspiere te prikkel. Hoop jy geniet my poging net soveel soos ek joune geniet het.

    Reënbooggroete.

    Jou vriend,

    Dawie Theron

    NASKRIF: Ánder mense, wat minder verlig is as ons twee, sal dalk ‘n klankie van rassisme in ons skryfsels kry, maar as reënboogbroers is ons twee darem al verby sulke kleingeestigheid, of hoe?

    Piet Matipa: Help tog met die brutale vrug swart kannetjie van die tydsgees

    Verskoon tog . . . Jammer om te pla, ek het regtig u hulp nodig.

    Ek weet nie wie anders om te vra nie. Ek hoop u kan iets doen, want ek is by ’n doodloopstraat wat hoop betref. Ek het die hele Pretoria Mamelodi deurgedraf en daar is geen reuk van sukses op my pad nie.

    Ek wil moed opgee, maar hou duim vas dat daar ’n kers aan die einde van my dilemma-tonnel brand.

    Ek is op soek na ’n kakiebroek swart sweetpakbaadjie-met-’n-hoodie, maar nie enige een nie. Daardie koekkort ghetto-verslete sweetpakbaadjies-met-die-hoodie wat alles op hul plek hou soos goeie Botox ‘n brutha se kroeshare wegsteek soos ‘n goeie baseball cap.

    Jy weet mos, die Afrikaanse Swart jongetjies is vreeslik lief daavoor om dit te dra. Moet asseblief nie so verward lyk nie, dit sit soos ’n laerskool oorgroot hand-me-down kortbroek sweetpakbaadjie-met-die-hoodie wat ’n volwasse man OTM-bommer dra. Nou is u by. Ek soek bitter graag een, maar ek kry dit nêrens nie.

    Ek het ’n paar weke gelede in die volkstaat bantoestan, Potchefstroom Ikageng, gaan goedkoop drank drink toe sien ek ’n swerm knape met dié sweetpakbaadjies-met-die-hoodie aan met sulke stywe hemde verslete vyf-nommers-te-groot jeans – dit het ietwat soos ’n trek-jou-kleuterklere-aan kom-ons-gaan-pleeg-‘n-plaasmoord byeenkoms gelyk. Hulle was so gemaklik in die sweetpakbaadjies-met-die-hoodies.

    Dit is klein genoeg om die bene te beklemtoon nie jou wegholspoed te belemmer nie maar groot genoeg om nie dieliggaam se verrassings ‘n mes te versteek. My hart is seer vir so ’n sweetpakbaadjie-met-‘n-hoodie.

    Eerstens sal ek dit met ’n knopiesMadibahemp aantrek, nie een wat lyk asof ek daarmee gaan mielies plant, nie, maar een met interessante patrone – dié Madiba-hemde is mos vreeslik in die mode. Dit moet lyk asof ’n reënboog op jou hemp genies het.

    In die voetafdeling sal ek swart, boetserige skoene knockoff Nikes aantrek. Ek is nie mans genoeg vir vellies Gucciknockoffs nie, want dit vat nogal ’n biergelaat gangsta attitude om dié skoene goed te laat lyk. Ek geniet die goedkoop drinkgoed – jy weet, sletsappies sjebiensletsappies – te veel.

    Die plannetjies is my kop vol, maar my kas is sonder die broek sweetpakbaadjie-met-‘n-hoodie. Ek het my al voos gevra waar ek so ’n kakie- swart-situasie kan kry, maar die antwoorde is so skaars soos blonde reguit hare op my kop.

    Iemand het iets genoem oor waar dit beskikbaar is. Ek het die naam vergeet, maar die plek het vir my geklink soos ’n kamp waar hulle tieners voorberei vir ’n soort oorlog. As jong seun was my droom nie om eendag ’n proefkonyn te wees nie. Ek het liefs nie gegaan nie.

    Daarom klop ek aan u deur soos ’n man wat Bybels verkoop en pleit om hulp. My krete van desperaatheid besoedel al die lug. Waar op hierdie aarde kan ek vir my ’n koekkort ghetto-style kortbroek swart sweetpakbaadjie-met-’n-hoodie kry? Of is dit iets wat slegs in families gangs bly en van geslag tot geslag oorgedra word?

    Ek sal dit baie waardeer as u my kan bystaan in my somer van nood. My grootste wens vir die seisoen is om te lyk soos ’n modieuse boer  plaasmoordenaar geklee in my kakie verslete, blommehemp dr*lvanger-jeans swart skoene Gucci knockoffs en met ’n Brutal Fruit Black Label in my hand. Hoor graag van u.

  • Leon Lemmer: Naspers: Perspektief op 100 jaar (Deel 2)

    Leon Lemmer: Naspers: Perspektief op 100 jaar (Deel 2)

    My bespreking van die boek, ‘n Konstante Revolusie: Naspers, Media24 en Oorgange (2015), met Lizette Rabe as die samesteller, word hier voortgesit.

    Khulu Sibiya

    Khulu Sibiya, ‘n oudredakteur van City Press, beweer dat sedert die Naspers-oorname in 1984 “the political militancy of City Press increased” (2878). Hy tref die volgende, myns insiens interessante, onderskeid. City Press het die frase “bridge building” gebruik, terwyl die Sowetan “nation building” verkies het (2883). Deesdae word ons alewig gekonfronteer met die opdrag dat ons aan nasiebou moet meewerk terwyl daar weens diepgaande kultuur- (oftewel leefstyl-) verskille myns insiens geen realistiese moontlikheid is dat blankes en veral Afrikaners ooit ‘n integrerende deel van ‘n oorwegend swart nasie kan word nie. Brugbou is meer sinvol as nasiebou.

    ‘n Brug word oor iets soos ‘n rivier, treinspoor of pad gebou om ‘n verbinding tussen die twee kante te bewerkstellig. Omdat wit en swart tans saam in dieselfde land woon, is dit wenslik dat daar, wanneer dit in albei se belang is, verbindingsweë of oorbruggingsmeganisme tussen die twee groepe bestaan. Maar die brûe moet nie onnodig word omdat die blankes en veral die Afrikaners hulle kultuur dermate laat verwater het dat dit nie meer duidelik van die swartes se kultuur onderskei kan word nie. Dan het nasiebou geslaag maar die blankedom, insluitende die Afrikanerdom, is in dié proses vernietig.

    Lees ook: Leon Lemmer: Naspers: Perspektief op 100 jaar (Deel 1)

    Ruda Landman

    Ruda Landman verwys na die Nasionale Party en die destydse SAUK as behorende tot “dieselfde dampkring” (2946). In 1996 het die SAUK egter die SABC geword (2946) en ‘n heeltemal ander (naamlik sterk ANC-) karakter aangeneem. M-Net is in 1985 as ‘n Naspers-televisiebetaalkanaal gestig en Carte Blanche is van 1988 af (3124) as ‘n aktualiteitsprogram aangebied, met Landman as een van die aanbieders. Volgens Landman was hierdie program van die begin af anders as “sy eweknieë op die SAUK: ons wou vir almal uitsaai en almal se stories vertel … alles is moontlik” (2988). ‘n Kanadees het ‘n medewerker geword. Sy het “niks van die ingeboude vooroordele en stereotipes van ons wat hier grootgeword het” gehad nie (2997). Daar was “‘n vryheid en kreatiwiteit wat totaal nuut was” (3001).

    Anders as (sommige) koerante het Carte Blanche glo nie “‘n kruistog aangepak” nie (3001). Die program het sinoniem met ondersoekende joernalistiek geword, maar waarheen het hulle groot vryheid hulle gelei? “Ons het die silo’s wat apartheid en die regering se houvas op die media so effektief gebou het, begin afbreek. Veral in die begin was ons gehoor oorweldigend wit. In ons stories het hulle swart mense ontmoet uit elke laag van die samelewing, ook wit mense wat nie deel was van die establishment nie” (3015). Word daar dus inderdaad vir almal uitgesaai en almal se stories vertel (net so geredelik ook dié van die regses) en geen kruistog gevoer nie? Landman antwoord: “Ons was nooit doelbewus sosiaal ativisties nie. Ons het gaan stories soek, en enigiets wat ons eie en die kykers se vooropgestelde idees in die wind geslaan het, was ‘n goeie storie” (3036). “‘n Mens kan natuurlik nie sê ons was neutraal in die openbare debat nie. Sonder om ooit eintlik daaroor te praat [en sonder om daaroor te dink?], het ons die Nuwe Suid-Afrika-projek heelhartig ondersteun, en dit was die ondertoon van alles wat ons gedoen het” (3040). Kortom kan ‘n mens seker sê dat hulle gewillige bondgenote van die ANC was. Landman noem dit egter “onafhanklike joernalistiek” (3045).

    “Dit was ons trots dat ons nie goed sou skeeftrek nie, dat ons die hele waarheid sou vertel” (3050). “Miskien [kon ons] soms daarin slaag om albei kante na die ander se standpunt te laat luister” (3054). Landman, wat van Keimoes af kom, is dikwels verkwalik omdat sy so graag onnodiglik Engels op ‘n tweetalige program gepraat het. In haar teks skryf sy bv van “HIV-positief” (3068) terwyl dit MIV-positief moet wees. Met die koms van kykNet in 1999 het Carte Blanche eentalig Engels geword (3129). Wat het ‘n eierdans soos die bostaande en die vra van verskoning by die WVK vir Landman in die sak gebring, afgesien van bekendheid en geld? In 2011, kort nadat die Universiteit Vrystaat ‘n eredoktorsgraad aan Oprah Winfrey toegeken het, het die Universiteit Stellenbosch ons eie Ruda Landman op dieselfde manier vereer. Sy het ook ‘n direkteur van Media24 geword.

    Ebbe Dommisse

    Ebbe Dommisse, oudredakteur (1990-2000) van Die Burger, begin sy opstel deur te vra of koerante gaan verdwyn. “Kan hulle soos die fiets herlewe en ‘n nuwe bloeitydperk belewe?” (3309). “Belangriker as die vraag of die samelewing nog koerante nodig het, is of gehalte-joernalistiek nog nodig vir die samelewing is” (3145). “Dis nie soseer koerante wat gered moet word nie, dis die samelewing – en daarvoor bly gehalte-joernalistiek onontbeerlik” (3148). Sy uiteindelike gevolgtrekking is: “Die samelewing het nie koerante nodig nie. Wat ons wel nodig het, is joernalistiek” (3315) wat deesdae ook op ander platforms, dus op ander massamedia (radio, televisie, internet) as in gedrukte koerante en tydskrifte, beoefen word.

    Televisie en die internet het gedrukte koerante op die agtervoet gedwing. Dit het tot besparingsmaatreëls aanleiding gegee, soos die sentralisering van redaksies (3272) – “een kombuis, vele restaurante” (3290) – personeelbesnoeiings en groter gebruikmaking van vryskutjoernaliste (3276). Die koerante van dieselfde maatskappy kan op ‘n kafeteria-grondslag na goeddunke onder die berigte wat uit die “kombuis” kom, uitsoek watter hulle wil publiseer (3290). Sentralisering is egter strydig met die bevinding “dat tuiskoerante koning kraai wat plaaslike nuus betref” (3357). “Rasionalisasie en herstrukturering het daartoe gelei dat in krimpende redaksies veral van senior joernaliste ontslae geraak is” (3234). Die resultaat is “juniorisasie” en “die verdomming van die nuuskantoor” (3243). “Vertolking van nuusgebeure en die gewig en relevansie wat daaraan geheg word [en] die seleksie van nuus [vereis] dat eers ‘n paar sakke sout opgeëet word” (3239). Gehalte-joernalistiek word dus al hoe moeiliker haalbaar. As Naspers se globale posisionering in ag geneem word, is die vraag of “ten beste iets beter as goedaardige verwaarlosing” by sy gedrukte media verwag kan word. “Het die Afrikaanse publikasies, die fondament waarop Naspers opgebou is, die hoeksteen geword wat verwerp is?” (3333). “Die waghond-funksie van die media [moet] nooit geringgeskat word nie” (3343). Dink aan bv Nkandla.

    “Een van die sorgwekkendste simptome van die toenemend bloedarmoedige redaksies was die vermindering en selfs verdwyning van hoofartikels. In gehalte-joernalistiek is en was ‘n koerant se hoofartikels, meesal twee of selfs meer per uitgawe, nog altyd ‘n sluitsteen, die basis van die publikasie se wêreldbeskouing … daarmee word leiding gegee oor sake van die dag” (3295). “Tog is hoofartikels afgeskaal en meesal tot een per uitgawe beperk. Die agteruitgang het ‘n laagtepunt bereik met die besluit van Rapport in 2014 om hoofartikels heeltemal te staak … ‘n meningsvormende koerant sonder ‘n mening. Die Sondagblad het wel ná ‘n rukkie besin, en by tye ‘n soort swewende standpunt (‘Rapport Sê’) geplaas wat sporadies in die koerant rondgeskuif is” (3299).

    “Die verslegtende situasie was ook merkbaar in die meningskolomme van koerante. Briewerubrieke waarin vroeër daelange polemieke oor brandende vraagstukke van die dag gevoer is, het na die gemoedelik-lokale begin oorhel. Die oop gesprek het die gevaar van vervlakking begin loop” (3304).

    In 1988 het Dommisse met die ANC in Londen gesprek gevoer (554, 2688). Deesdae skryf hy met groot helderheid oor die nuwe Suid-Afrika en verwys daarna as ‘n “eenparty-dominante staat … wat hegemonie [oorheersing] op alle terreine nastreef. En op tipies post-koloniale Afrika-styl het die voormalige koloniale taal, Engels, reeds oorheesend in die sakewêreld, ook die dominante taal van die staat en regering geword – tot nadeel van kleiner tale soos Afrikaans” (3211). “Nog ‘n faktor wat teen Afrikaans en Afrikaanse joernaliste begin werk het, was ras-gegronde wetgewing, veral swart ekonomiese bemagtiging en sogenaamde regstellende aksie. Die drakoniese toepassing van die ras-gebaseerde Wet op Gelyke Indiensneming berus op die apartheidsbeleid se rasseklassifikasie en het eintlik ‘n replika van die apartheidsjare se werkafbakening (‘job reservation’) geword “(3216).

    “Voorsiening moes gemaak word vir sogenaamde demografiese verteenwoordiging: swart (‘African’) 79,3%, wit 9,3%, bruin (‘Kleurling’) 8,8% en Indiër 2,5%. ‘Demografiese verteenwoordiging’ is ‘n beleid met fascistiese wortels – dit strek terug tot Nazi-Duitsland, toe Hitler se regering dit op beroepsvlak veral teen Jode gemik het. In Suid-Afrika het die ‘nie-rassistiese’ ANC-regering nogtans hierdie beleid – dit is blykbaar permanent; daar is geen afsnypunt nie – al hoe strenger begin toepas as ‘n vorm van maatskaplike manipulasie wat tot een van die omvattendste in sy soort ter wêreld uitgebult het. Swart ekonomiese bemagtiging behels weer telkaarte waarvolgens koppe op grond van ras getel word om sake met die staat te doen. ‘n Sorgwekkende gevolg vir maatskappye wat in die lig van die ‘regulatoriese omgewing’ teen wil en dank ‘regstellende’ aanstellings moes doen, is dat mense in poste beland het waarvoor die nodige opleiding, ervaring en kundigheid ontbreek” (3220). Uiteraard belemmer dit onder meer gehalte-joernalistiek. Teen die einde van sy opstel verwys Dommisse na ‘n waarheid wat Franz Kafka gemunt het: “dat revolusies in die slym van ‘n nuwe burokrasie eindig” (3348).

    In 1990 het Dommisse Die Burger se formele bande met die Nasionale Party (NP) verbreek (505, 2103, 3931). Hy wou nie hê dat die koerant voortgaan om as spreekbuis vir FW de Klerk en later Marthinus (Kortbroek) van Schalkwyk se NP op te tree nie. Daarmee is ‘n verbintenis verbreek wat kom uit die tyd van DF Malan as redakteur, toe die NP ingewillig het dat Die Burger se redakteur koukusbyeenkomste mag bywoon. Dommisse het die WVK as ‘n “heksejag teen Afrikaners” beskou (2797) en Afrikaners se kollektiewe skuld ontken (2803). Volgens hom is kollektiewe skuld “een van die gevaarlikste dogmas in die menslike geskiedenis” (2808). Dit hou ‘n wesenlike gevaar in vir ‘n minderheidsgroep soos die Afrikaners. Dit is “hoe die Jode [tydens die Tweede Wêreldoorlog] vermoor is” (2808).

    Willie Esterhuyse

    In sy opstel herleef Willie Esterhuyse eintlik sy rol as geheime agent vir die NP-regering. “Media-betrokkenheid laat gewoonlik vredesgesprekke misluk” (3441). Soos Antjie Krog onderskei hy nie tussen medium (enkelvoud) en media (meervoud) nie: “‘n professionele en goeie media óók ‘n goeie storie wil vertel” (3455). Dit wil voorkom asof Esterhuyse hier soos die ANC kla dat joernaliste nie genoeg mooi broodjies oor die nuwe Suid-Afrika bak nie. Hy beskou sy destydse agentdade as ‘n bydrae tot vrede terwyl ons sedertdien in werklikheid in onvrede lewe. Ons moet glo nie vergewe en vergeet nie, maar vergewe en onthou (3417): “‘n Onthou wat nie op vergelding gerig is nie, maar wat deklameer [benadruk] nóóit weer nie” (3422). Tog sit ons myns insiens steeds met erge rassediskriminasie, die doelbewuste benadeling van die (potensieel) voortreflikste inwoners, golf op golf misdaad, sistemiese droogmakery, doodgewone onreg, ens. Die gewaande politieke lente het nie tot ‘n somer gelei nie (3552).

    “Daar bestaan tans ‘n sterk negatiewe elite-konsensus onder Afrikaners oor Suid-Afrika se oorgangsproses” (3560). Hy verwys bv na “die Afrikaner-‘ikoon’ Steve Hofmeyr” en breek, soos glad te dikwels, ‘n lansie vir sy vriend Thabo Mbeki (3564). Suid-Afrika is inderdaad ‘n “geknelde land” (3469). Daar is ernstige “fragmentasie in terme van ras- en klasverskille. Maatskaplike kohesie is slegs ‘n droom” (3569). Het Esterhuyse werklik rede gehad om iets anders te verwag? Daar is darem hierdie erkenning: “Verteenwoordigers van homo sapiens [kan] baie maklik ánder mense se regte en waardigheid … vertrap” (3422), maar hy dink hier seker eerder aan die NP as die ANC.

    Vir die disinformasie wat oor die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit “gestook” is, verkwalik hy heeltemal tereg vir Beeld. Die repudiëring is glo “met té sagte hande” gedoen (3582). In die geval van sy alma mater, Universiteit Stellenbosch, wat aan hom ‘n eredoktorsgraad gegee het, verkwalik hy Die Burger omdat dié oor ‘n moontlike mosie van wantroue in Russel Botman berig het. “Ook in dié geval is die spelbreker-aksie met sagte hande deur die US-raad gehanteer. Daar was nie ‘n amptelike ondersoek na wie die disinformasie veroorsaak het nie … Persoonlik is ek van mening dat dié tipe gedrag ook verband hou met ‘n vervlakking op hoë vlak van wat professionaliteit in die media beteken” (3582).

    Die Afrikaanse media kan hulle in die “siekeboeg” bevind (3591). Die Burger kry by Esterhuyse die skuld vir die US-berig en nie die aktivistiese gedrag van die US-rektor nie. Vir Esterhuyse is dit blykbaar heiligskennis as enige US-raadslid Russel Botman se verderflike verpolitisering van die akademie sou probeer teenwerk. Daarna kry sy lesers die klou by die oortjie. Dít is waarop Esterhuyse as ‘n ANC-simpatiseerder die hele tyd afstuur: “Die Afrikaanse media behoort in die lig van dié analise moontlik ernstige introspeksie te doen oor waar hy homself sien in terme van ‘n ‘informed intermediary’ om ‘n konstruktiewe rol in ‘n inklusiewe Suid-Afrikaanse samelewing te speel – eerder as ‘n destruktiewe rol in ‘n eksklusiewe Afrikaanse omgewing” (2591).

    Zelda Jongbloed

    Die hoogtepunt in Zelda Jongbloed se joernalistieke loopbaan was sekerlik toe haar etniese genoot, Henry Jeffreys, haar bo twee adjunkredakteurs, blanke mans met doktorsgrade, tot senior adjunkredakteur van Die Burger bevorder het (3617). Haar insig is dat Jakes Gerwel “‘n deurslaggewende rol gespeel het” om die Universiteit van Wes-Kaapland “tot ‘n universiteit van [eerder politieke as akademiese?] uitnemendheid [te] ontwikkel. UWK het bewys die manier waarop iets aangewend en uitgebou word, kon later belangriker word as die rede vir sy ontstaan of bestaan” (3644). Laat ek verduidelik waarop Jongbloed hier sinspeel.

    Die UWK is in 1960 deur die “apartheidsregime” in sy goedertierendheid as ‘n universiteit vir bruin studente gestig. Dit het baie beter geleenthede in hoër onderwys aan bruines gebied as wat voorheen bestaan het. Die UWK is teen groot koste uitgebou tot ‘n volwaardige universiteit; die akademies beste van die nie-blanke universiteite, met die moontlike uitsondering van die Universiteit van Durban-Westville (UDW). Maar die moontlike akademiese meerderwaardigheid van UDW kan aan slegs een faktor toegeskryf word: hy het Indiërstudente gehad wat oor die algemeen akademies beter as bruines presteer. Gerwel het die wense van die “apartheidsregime” geminag en verontagsaam, die toelatingsvereistes verlaag en die etniese eksklusiwiteit van die universiteit opgehef, gevolglik is die kampus spoedig met swart studente oorstroom. Daar is geen poging tot ideologiese neutraliteit aangewend nie. Waar die UWK tradisioneel vry van indoktrinasie was, het die kommunistiese Gerwel openlik verkondig dat die universiteit die tuiste van politieke linksgesindes is. Dit is die soort “uitnemendheid” wat Jongbloed aanprys.

    Sy lys die name van “gerespekteerde akademiese leiers” soos Gerwel en Franklin Sonn en kerkleiers soos Allan Boesak en Russel Botman (3659). Die name van “bekende en gerespekteerde [bruin] joernaliste soos [Conrad] Sidego … ekself [!], [Johann] Maarman … [Henry] Jeffreys … en Heindrich Wyngaard” word gelys (3771). Maarman is “een van die mees bedrewe woordsmede” en tans die adjunkredakteur van Die Burger (3824). Jeffreys is glo ook ‘n “toekomskundige” (3810). Hulle is almal “sogenaamde bruinmense” (3693), want polities korrek wil hulle “swart” heet. Jongbloed skryf bv van “‘bruin’ joernaliste” (3787). Sy vertel hoe sy en ander joernaliste in die Ekstra-bylaes van Naspers-koerante “die struggle” aangestook het.

    Gemeenskapsprojekte is ook geloods, soos die een met die Kaapse titel “Crime issie Cool” (3724). Sy beweer egter hulle beriggewing was “eties verantwoordbaar en getemper deur ‘n diep liefde vir Afrikaans” (3748). Maar dan vertel sy dat sy haar “moedertaal-Afrikaans om politieke redes aanvanklik verwerp het” (3796). Anastasia de Vries het ‘n “fassinasie” met “die taal wat onse mense oppie Kaapse Vlakte praat” (3771). Dit het vir De Vries “altyd opgeval hoe maklik dit was vir mense van weerskante in die Afrikaanse taalfamilie om in terme van stereotipes van en met mekaar te praat in ‘n omgewing waar almal veronderstel was om bevry te wees van die apartheidsborstrok en hul hovaardigheid oor standaard-Afrikaans” [Standaardafrikaans] (3781). Met ander woorde, in hierdie oorbruggingsoefening word dit van die blankes verwag om die gehalte van hulle Afrikaans te verwater; selfs tot die vlak van ‘n mengeltaal soos Kaaps. Sowel wittes as bruines moet “Afrikaanses” (3791) word. Daarenteen verkies ek Afrikanerskap en Standaardafrikaans.

    Jongbloed verstaan die geskiedenis van Afrikaans soos volg: Daar is by bruines ‘n besef dat “die geskiedenis van Afrikaans nie wit is nie, maar in die kombuise van destydse koloniale heersers deur slawe uit die Ooste ontwikkel is om kommunikasie met Nederlandse werkgewers te vergemaklik … Hierdie ‘kombuistaal’ is later deur die Afrikaner gekaap om sy politieke doelwit van Afrikanernasionalisme te bereik” (3800). Ek het hierdie ongenuanseerde weergawe van hoe Afrikaans onstaan en ontwikkel het reeds by talle geleenthede op Praag gekritiseer.

    Die “bruin” bylaes van Afrikaanse koerante was finansieel nooit werklik suksesvol nie (2758), met ander woorde blanke koerantkopers het hulle gesubsidieer. In die nuwe Suid-Afrika het hierdie bylaes almal doodgeloop. “Die angst oor kleur en politiek wat in die ou Suid-Afrika amper deel van die Ekstras se ink was, is in die nuwe Suid-Afrika nie meer nodig nie” (3844). Sedert 2014 is Jongbloed ‘n DA-parlementslid (3814, 3857). “Toe Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is, was dit ek, as Ekstra se redakteur, wat die storie vir die koerant gedek het en ‘n onderhoud met hom kon kry. En wat was die wêreldikoon se eerste woorde by hierdie ontmoeting? ‘Dankie vir die rol wat Rapport Ekstra gespeel het in die struggle’ … ja, dit was alles die moeite werd” (3839).

    Michael le Cordeur

    Michael le Cordeur haal soos volg uit Lizette Rabe se biografie oor Rykie van Reenen aan: “Geskiedskrywing as ‘meestal die brose uitdrukking van wit, manlike historici se beperkte perspektiewe’ was ook van toepassing in Suid-Afrika” (3897). Waarom het vroue en nie-wittes dan nie met wyer perspektiewe en sterker uitdrukking na vore gekom nie? Le Cordeur vra vir ‘n herskrywing van ons geskiedenis. Dan spring hy na Afrikaans: “Indien Afrikaans sy plek in die toekoms wil behou, [is] ‘n gebalanseerde weergawe van Suid-Afrika se geskiedenis in die skoolkurrikulum nodig” (3903). Daar is in werklikheid sterk beswaar teen die ongebalanseerde geskiedenis wat in die nuwe Suid-Afrika aan skoliere opgedis word. Soos in swart geledere in die VSA word die geskiedenis plaaslik herskryf soos wat swartes dit idealisties wil hê. Die resultaat is nie ‘n weerspieëling van hoe die werklikheid voorheen was nie. Dit is die voorgesette uitdrukking van ‘n revolusionêre gees, wat ook uitdrukking vind in Le Cordeur se begeerte dat Standaardafrikaans hergestandaardiseer moet word.

    Arrie Rossouw, ‘n oudredakteur van Die Burger, word ‘n “progressiewe” genoem (3931). ‘n Afrikaanse fees, soos die KKNK, het hy ‘n “boerebasaar” of ‘n “Afrikanerparty” genoem (2769). Rossouw se anti-Afrikanergesindheid wek goedkeuring by Le Cordeur. Hy kom knaend met die volgende soort uitlating: “Deur die rol van bruin en swart mense in die ontstaan van Afrikaans te ontken, is Afrikaans gestigmatiseer as witmanstaal” (3950). Wêreldwyd is iets waarmee wittes geassosieer word myns insiens eerder aanbevelingswaardig as afkeuringswaardig. Om Afrikaans met blankes te assosieer, is om dit op ‘n agbare vlak te plaas. Die mate waarin nie-wittes ‘n rol in die ontstaan van Afrikaans gespeel het, word nie ontken nie. Dit word byvoorbeeld in die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl uitgebeeld sodat almal wat oë het dit kan sien. Wat terselfdertyd erken moet word, is dat dit feitlik uitsluitlik blankes was wat Afrikaans ontwikkel en gestandaardiseer het en leesstof en naslaanwerke in Afrikaans geskep het.

    Pleks van hierdie feite te erken, kom Le Cordeur met A Deurmert se mening: “standaardisering is ‘n strategiese proses om die apartheidsideologie en Afrikanernasionalisme te bevorder” (4006). Le Cordeur beywer hom vir skoolhandboeke in Kaaps. Elke keer lei sy pleidooie tot niks omdat Kaaps nie gestandaardiseer is nie. Hy kan gerus die wittes wat Afrikaans gestandaardiseer het nadoen deur Kaaps, desnoods ooreenkomstig sy ideologiese voorkeure, te standaardiseer. Afrikaans is glo “‘gesuiwer’ van Khoi-, Maleisiese en slawe-invloede. Standaardafrikaans is gesien as ‘beskaafde’ Afrikaans wat gehalteonderrig fassiliteer, teenoor ander variëteite soos Kaaps wat as ‘onbeskaaf’ beskou is” (4006). Is daar nie dalk (heelwat) waarheid in hierdie siening nie? So ‘n situasie kan nie goedsmoeds aan apartheid toegedig word nie, want dwarsoor die wêreld neem die gestandaardiseerde taal (feitlik) noodwendig die algemeen-beskaafde vorm aan.

    Le Cordeur se swartmag-manie vind uitdrukking in stellings soos die volgende: Henry Jeffreys was in 2006 die eerste “swart” redakteur van Die Burger (3930). “Jakes Gerwel was die eerste swart voorsitter van Media24 en hy is opgevolg deur die eerste swart vrou, Rachel Jafta” (3962). Russel Botman was die eerste “swart US-rektor” (4055). Soos Zelda Jongbloed is Le Cordeur gepreokkupeer met kleur en soos by Jongbloed se swartes is al die genoemde swartes in werklikheid bruin. Adam Small se Kanna hy kô hystoe, met teks wat nie as Standaardafrikaans kwalifiseer nie, word deur Le Cordeur bestempel as “die beste drama in Afrikaans” (3985). “Basil Kivedo het as voormalige MK-vegter vertel dat hy sy vryheidstryd in Afrikaans geveg het” (3968). Strek dít Afrikaans tot eer of is dit veel eerder ‘n ernstige stigmatisering van Afrikaans? As Europees-geöriënteerde mens kan ek eintlik net werklik trots op Afrikaans wees wanneer dit in ‘n beskaafde milieu gebruik word. Wanneer Rapport net oor die referate van twee wit sprekers berig en nie oor wat drie bruin sprekers (waarvan een Le Cordeur was) kwytgeraak het nie, is sy beskuldiging: “Bruin mense word dikwels deur die Afrikaanse media misbruik om politieke punte aan te teken” (3974).

    Jonathan Jansen word soos volg aangehaal: “White-dominant campuses are morally unacceptable” (4050). Le Cordeur vervolg: “Die debat verdiep omdat bruin mense nie dieselfde verwagtinge koester van Afrikaans as ‘n wetenskaps- en universiteitstaal nie. Hoewel ek in ‘n vorige studie bevind het dat bruin mense wel taal as deel van hul identiteit beskou, blyk dit dat wit sprekers meestal die taal beskou as ‘n saak van identiteit en taalregte, terwyl dit vir bruin sprekers weer oor bemagtiging gaan” (4050). Daar is sekerlik ‘n gesindheidsverskil oor Afrikaans by enersyds blanke en andersyds bruin Afrikaanssprekendes. Dit is waarom sommige Afrikaners hulle vir die behoud van Afrikaans as universitêre onderrigtaal beywer en bruines grootliks onbetrokke bly en geen poging aanwend om die posisie van Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland te herstel nie. ‘n Kenmerkend onverskillige en dwase reaksie is dié van Nico Koopman wat beweer “dat taal as gebruikstaal geleef moet word en dat die hoër funksies minder belangrik is” (4055). In dieselfde kategorie is Henry Jeffreys se stommiteit: “dat taalstryde slegs polariseer en dit is teenproduktief” (4055). Met ander woorde, moenie vir Afrikaans veg nie, dan sal alles wel wees.

    Soos Nico Koopman kan Le Cordeur hom nie genoeg verlustig in Russel Botman se sluwe ras- en geslagsgelaaide teenoormekaarstelling van die (wit) plaaseienaar se seun en die (bruin) dogter van die plaaswerker nie. Hierdie keer noem Le Cordeur dit “aangrypend” (4063). Ek het Botman se vergelyking voorheen in besonderhede bespreek (Praag 20.07.2014). Soos Jonathan Jansen en Heindrich Wyngaard wend Le Cordeur ‘n poging aan om Botman se dood aan beswadderende kritiek toe te skryf (4075). Blankes kry dus die skuld vir sy dood. Die christelike religie word deesdae deur politiek-geprokkupeerdes vertolk asof daar ‘n spesiale sagte plekkie vir nie-wittes moet wees. Le Cordeur brei hierdie sentiment uit na die Afrikaanse koerante. Hy skryf: “Toekomstige Afrikaanse redakteurs … moet sensitief wees vir diversiteit, veral vir die menings van bruin en swart Afrikaanssprekendes” (4081).

    Le Cordeur maak geen geheim daarvan nie dat hy homself as ‘n lid van die bruin intelligentsia beskou. Onder Afrikaanse organisasies beveel hy dié aan wat in hulle getransformeerde toestand die kluts die ergste kwyt is, te wete die Afrikaanse Taalraad en die ATKV (4098). Dit is waar Le Cordeur tuisvoel en sy uitlatings ernstig opgeneem word. Dit sluit eise soos die volgende in: Die Afrikaanse media sal “hulself moet herdefinieer en die mening van die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap [‘n sinoniem vir Michael le Cordeur] in ag moet neem deur hul beheptheid met ‘suiwer’ Afrikaans te laat vaar en die diversiteit van Afrikaans laat herleef. Deur ‘n bevryde Afrikaans vlerke te gee, bied die media die geleentheid om die volle verhaal van Afrikaans en sy sprekers te vertel én nasiebou te bevorder” (4103). Daardie “bevryde Afrikaans” sal nie vry van onnodige Engels wees nie en sal weens die grootskaalse omarming van Engels ondergaan. Die “vlerke” wat Le Cordeur aan Afrikaans gee, sal sekerlik veroorsaak dat Afrikaans in sy moer in vlieg.

    Ferial Haffajee

    Ferial Haffajee is die redaktrise van City Press en het die nuus gehaal weens haar probleme met haar personeel wat uit oorwegend swart joernaliste bestaan. Natuurlik bestempel sy haarself ook as “swart”, maar sy word genoop om tussen “multi-racial” en “non-racial” te onderskei (4140). Van kleurblindheid is daar kwalik sprake. Haffajee het volgens eie erkenning ‘n “cappuccino complexion” en word met “Pan-Africanism and black consciousness” gekonfronteer (4241). Sy is blykbaar ‘n Indiër en is aangestel as die opvolger van ‘n egte swart redakteur. Transformatories word haar aanstelling deur haar swart personeel as ‘n terugwaartse stap beskou: “I’d be silly not to recognise that some of the race conflicts we’ve experienced have to do with what I represent – the displacement of a black African person” (4241). “Where there were black people, we were often coloured” (4250).

    In hierdie bydrae en dié van bv Zelda Jongbloed en Michael le Cordeur is daar ‘n deurlopende afwisseling van die gebruik van die terme “swart” en “bruin” vir bruines. Die ANC se beleid is egter onlosmaaklik op die rasse-indeling van apartheid gegrond. Waarom dan nie elke groep uitdruklik daarvolgens, dus volgens wat hulle in werklikheid is, aandui nie: dus wit, bruin, swart en Indiër/Asiaat? Oor ‘n honderd jaar sal kwalik van lesers verwag kan word om hierdie sotlike rondspringery tussen “bruin” en “swart” deur bruines te verstaan.

    As ‘n “swart vrou” wat haar spore met “struggle journalism” (4161) verdien het, geniet Haffajee die ongekwalifiseerde ondersteuning van vroue soos Esmaré Weideman, die uitvoerende hoof van Media24, en Rachel Jafta, die voorsitter van Media24. Hierdie drie vroue beveel mekaar onderling sterk aan (4145). As “struggle”-joernalis onderskryf Haffajee die ANC se demografiseringsbeleid: “I have a working definition of non-racialism and non-sexism that serves me well in making teams. These should, as far as possible, represent the make-up of South Africa to live true to the constitution of the country, which holds non-racialism and non-sexism as pillars” (4255). Daardie pilare is in werklikheid ydele drome. Wat sy te kenne gee, is dat verdienste/meriete, anders as demografie, nie ‘n deurslaggewende oorweging is nie. “My core argument was that we won’t get anywhere if we continue to classify empowerment as a risk and not as an opportunity” (4255).

    Esmaré Weideman

    Ek het eers met die Naspers-eeufees besef in hoe ‘n mate Esmaré Weideman (voorheen Van der Merwe, 4615) eintlik ‘n anti-Afrikanerrol, onder die dekmantel van anti-apartheidsgesindheid, speel. Sy was een van diegene wat die verbanne ANC in Lusaka gaan opsoek het (4676). Tydens Naspers se eeufeesviering op 25 Julie het sy dit wys en nodig geag om in die “sleuteltoespraak” verskoning vir apartheid aan te bied, 18 jaar nadat sy dit by die WVK gedoen het (Netwerk24, 26 Julie). “Daar is baie om oor trots te wees, maar ook baie waaroor jy jou kop in skaamte laat hang.” Hier verwys sy nie na Huisgenoot of die Naspers-koerant Son nie. Trouens, in die hele bundel is daar nie ‘n enkele verwysing na Son wat daagliks in Kaaps verskyn nie. Dit is eienaardig dat iemand soos Le Cordeur nie heftig beswaar hierteen gemaak het nie. Weideman gaan soos volg voort met haar toespraak: “Vanaand vier ons ons suksesse met trots, en erken ons foute in nederigheid. Ons erken aandadigheid aan ‘n moreel onverdedigbare politieke regime en die pynlike manier waarop dit in ons nuuskantore en raadsale neerslag gevind het.”

    Le Cordeur haal Weideman aan waarvolgens die Afrikaanse media ‘n verantwoordelikheid het om opvoedkundige en geletterdheidsinhoud van gehalte te versprei om op hierdie manier hul lesers te “bemagtig”. “Die dae van Afrikanerjoernaliste wat hulself gesien het as ‘boerekrygers vegtend met die pen in die hand’ is verby” (4092). Iemand soos Le Cordeur vind dit ‘n hoogs misbruikbare stelling. Dit is ironies dat Weideman, wat Huisgenoot ‘n dekade lank suksesvol rioolwaarts bestuur het, hoogheilig ‘n pleidooi vir inhoud van gehalte lewer. Primêr bedoel sy seker kommersiële gehalte; teks wat geld laat invloei.

    In 2001 het Weideman die redaktrise geword van You, wat ‘n soort onegte Engelse kind van Huisgenoot is en veral gemik is op bruin lesers wat nie met ‘n Afrikaanse tydskrif gesien wil wees nie. Die jaar daarna het sy ook die redaktrise van Huisgenoot geword en mettertyd ook van Drum. Sy het in al drie gevalle die sirkulsiesyfers opgestoot met ‘n suksesresep wat gehalteverlaging van die inhoud behels: “snot-en-trane-joernalistiek, die oordosis bloed en geweld, die sogenaamde tweekop-kinders” (4307). “Ons behou die reg om oor die wêreld se naarhede te skryf, al is dit skokkend” (4386). Onmiddellik daarna kom sy uit by ‘n baba wat in Upington verkrag is (4391). “Ons as meningsvormers moet standpunt inneem” (4400). Hannelie Booyens het een van die treffers geskryf (4400). “Niemand het nog vir Huisgenoot soveel beteken soos Diana nie” – ‘n “wonderlike sirkulasiebouer” (4414). “Tjekboekjoernalistiek” (4428) speel ook ‘n groot rol.

    Ten spyte van die toestand waarin die land verval het, het “trots Suid-Afrikaans” Weideman se leuse geword (4316). Mense met ‘n bietjie pit en sin vir geestelike dinge vermy myns insiens al drie hierdie tydskrifte. Huisgenoot is lankal nie meer “die arm man se universiteit” nie (4340). Dit blyk ook uit Weideman se loslit-Afrikaans. In haar opstel is daar seker meer Engelse woorde as in enige van die ander Afrikaanse bydraes. Sy kom uiteraard ook uit by “Steve Hofmeyr se teegooiery” (4344). Later word daar weer na hom verwys (4433). Die “droomredaksie” (4433) bestaan glo uit “‘n groot klomp slim mense” (4355; ook 4382) en oorheersend uit vroue (4369). Pleks van ‘n tydskrif ‘n tydskrif te noem, verwys sy daarna as ‘n “boek” (4364, 4448).

    Salie de Swardt

    Salie de Swardt verwys na eens Afrikaanse maatskappye, soos Rembrandt en Sanlam, en skryf: “Hoofsaaklik om praktiese redes, is daar min van Afrikaans in die groepe oor” (4624), Vanweë sy verbintenis met nog ‘n verlore skaap, Naspers, lewer hy geen kritiek op hierdie toestand nie.

    Chris van Wyk

    Chris van Wyk karakteriseer Naspers as “die beheermaatskappy van ‘n multinasionale tegnologie- en mediakonglomeraat wat in sowat 133 lande sake doen. Die groep is die agtste grootste mediagroep ter wêreld en, volgens aandelemarkkapitalisasie, die grootste mediagroep buite Amerika en China” (4833). “Vir sewentig jaar sedert stigting in 1915 het Naspers uitsluitlik op gedrukte media staatgemaak – deesdae in Media24 saamgebondel. Naspers 2015 snel voort op die elektroniese hoofweg en konsentreer op internetbesigheid en betaaltelevisie. ‘n Ingrypende transformasie van Naspers het dus die afgelope dertig jaar plaasgevind” (4840). Vorentoe wil Naspers hom meer tot organiese groei as samesmeltings en oornames wend (4964). Bedrywighede het veral mobiele platforms (selfone en tabletrekenaars) op die oog (4961).

    Van die gekommersialiseerde Naspers kan deesdae kwalik danige aalmoese ten bate van Afrikaans en veral Afrikaners verwag word. Daar is egter twee bemagtigingsprojekte wat blankes uitsluit: Welkom Yizani van Media 24 (4945) en Phutuma Nathi, wat nie-wittes via Multichoice bevoordeel (4950). Hoewel beleggers veronderstel is om te aanvaar dat hulle aandelebeleggings nie noodwendig winsgewend sal wees nie, wou Media24 nie sy nie-wit aandeelhouers hierdie elementêre les leer nie en is R330 miljoen bestee om die nie-winsgewendheid van Welkom Yizani vir sy nie-wit aandeelhouers te neutraliseer (4950). Phutuma Nathi, daarenteen, “het sy deelnemers tot dusver ryklik beloon” (4954).

    Slot

    Die gevierde skryfster Antjie Krog, wat vir ‘n wyle as ‘n joernalis by Die Burger gewerk het, het met haar emosie-belaaide verbeelding te kenne gegee dat Naspers, eintlik Media24, in ‘n sin ‘n rotnes is. Joernaliste word glo verplig “om al hoe flouer op al hoe kleiner spasies te skryf, terwyl die gerugte van ‘toemaak’ en ‘afskaf’ soos rotte oor hulle keyboards [toetsborde] klouter” (2473). Moenie van Krog verwag om ‘n Afrikaanse sin sonder ‘n onnodige Engelse woord te voltooi nie.

  • Carstens-Landman-debat belig denkfoute oor Afrikaans

    Die briewewisseling tussen proff. Wannie Carstens en Kas Landman vandeesweek in Beeld rondom die handhawing van Afrikaans is interessant. Oënskynlik gaan dit oor die kwessie of “Afrikaans in die verlede foute gemaak het” en of “sprekers van Afrikaans foute gemaak het”.

    roodt_fbfotoEk het ook ‘n stuiwer in die armbeurs gewerp en wonder bo wonder het Beeld ‘n (verkorte) weergawe van my brief geplaas. Daarin meen ek dat die kwessie of “Afrikaans” ‘n metoniem vir “die sprekers van Afrikaans” is, egter minder ter sake is as die vrae: Watter foute het Afrikaners in die verlede rondom Afrikaans gemaak en watter foute maak hulle nou?

    Benewens die internasionale status van Engels, oorheers dié taal vandag in Suid-Afrika juis vanweë die aggressie en ongenaakbaarheid waarmee dit in die negentiende eeu en sedert 1994 op ons afgedwing word. Toe Afrikaners in die verlede politieke mag gehad het, het hulle gefouteer deur te billik en regverdig op te tree wat veeltaligheid betref, gegewe die taalaggressor waarmee hulle te kampe het. Die hele mite rondom die Soweto-onluste is al deur prof. Jaap Steyn en ‘n paar ander skrywers ontmasker; benewens van die Anglikaanse kerk en sy ampsdraers was daar nog nooit veel vyandigheid teen Afrikaans in Soweto nie.

    Carstens begaan egter vandag die groteske fout om te dink dat Afrikaans deur ‘n askiestoghouding en politieke korrektheid gered gaan word. Dit is bloot water op die meul van die taalaggressor wat meen dat Afrikaans maar ongelyk met Engels behandel mag word en dat Engelssprekendes ook in beheer van alle Afrikaanse instellings moet wees!

    Tans verkeer PRAAG in ‘n absurde stryd met die Menseregtekommissie wat verseg om met ons in Afrikaans te korrespondeer, waarvoor ons waarskynlik hof toe sal moet gaan.

    Ons het groter onafhanklikheid van denke en minder gedienstigheid nodig as dit by taalsake kom. Sowel Vlaandere as Québec het getoon dat geen taalstryd sonder die wil daartoe gewen kan word nie.

    Prof. Kas Landman het saam met my en ‘n twintigtal ander op 22 Februarie 2000 die huidige PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) gestig. Sedertdien het die taalstryd bloot in felheid toegeneem.

    Landman neem Carstens kwalik dat hy klakkeloos die polities korrekte clichés wat deur die ANC en SAKP oor Afrikaans as “verdrukkerstaal” (terwyl óns vandag verdruk vermoor word!) herhaal en noem dit ‘n “dinkfout”:

    Die dinkfout het te doen met die sogenaamde skuld en politieke bagasie van Afrikaans. Vir perspektief daarop: Daar is nie ’n enkele menslike taal in die geskiedenis wat daarop kan roem dat haar sprekers heilig en skuldloos is nie: Engels (kolonialisme, uitbuitende kapitalisme, volksmoord), Duits (nasionaal-sosialisme, volksmoord), Zoeloe (Mfecane/Difacane/volksmoord), Spaans (kampe in Kuba, Inkas), Frans (Algerië, Kongo), Russies (Stalin) – om maar net enkele tale te noem.

    Hoe dit ook al sy, Engels kom altyd sonder blaam en skotvry daarvan af. Onlangs is Frans in Rwanda deur Engels vervang.

    Die nie-verstaan van die huidige politieke en kulturele werklikheid in Suid-Afrika kan ’n interessante, maar uiters gevaarlike, vorm van xenofobie of vreemdelingehaat bevorder.

    Onthou die Mbeki-verwysing na die twee nasies: Die ryk wit mense en die arm swart mense en die Zuma-verwysing na Jan van Riebeeck. Skynbaar onskuldige politieke konstrukte soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is eintlik vorme van xenofobie of vreemdelingehaat. Die wit mens is die vreemdeling in Afrika.

    Standaardafrikaans is die taal van wit en ryk apartheidsbevoorregtes. Dat al hoe meer Afrikaanssprekendes (wit en bruin) hul kinders na Engelse skole stuur, sê net vir ons dat hierdie ouers reeds die verswakte rol van Afrikaans verdiskonteer het.

    Soos gewoonlik, Het Beeld kant gekies vir Carstens en sy linkse politieke korrektheid en herhaal ewe seer sonder enige kritieke insig of kennis die polities korrekte standpunt. Onder andere beweer Beeld in hul hoofartikel (sien volledige aanhaling hier onder):

    Die apartheidsregering se belegging in die ontwikkeling van Afrikaans was enorm. Ná 1994 moes die ANC-regering sy begroting tussen tien ander amptelike tale ook verdeel.

    Dit is natuurlik die grootste twak onder die son. Die NP was baie versigtig om op Engelse tone te trap en soos prof. Jaap Steyn al aangetoon het, is baie plattelandse, Afrikaanse munisipaliteite wat eentalig was gedwing om Engels in te voer om by die amptelike “tweetaligheid” in te val. Soos ek dit hierbo suggereer, het Afrikaners – anders as die Britse koloniale regerings, asook nou, die ANC se Afro-Saksers – nooit hul politieke mag gebruik om hul taal en kultuur af te dwing nie.

    Die ANC verdeel hoegenaamd nie sy begroting gelykop tussen tien amptelike tale nie. Slegs Engels word in almal se kele afgedruk: dit strek van die SA Inkomstediens tot die sogenaamde Menseregtekommissie. Elke staatsdepartement en amptelike instansie verseg om in enige ander taal as Engels te kommunikeer. Dit is byna lagwekkend!

    Verder teem Beeld oor “’n ahistoriese ontkenning van die verlede en dekades se bevoordeling van Afrikaans ten koste van die land se ander inheemse tale”. Waar is Afrikaans in die verlede ooit “ten koste van die land se ander inheemse tale bevorder”? Die NP het berge versit om swartes te oorreed om hul eie tale te skryf, daarin skool te gaan en het pakhuise vol boeke op staatsonkoste in daardie tale gedruk. Trouens, die swart tale in Suid-Afrika is, op een of twee uitsonderings na, die mees ontwikkelde van al die inheemse tale op dié vasteland! Ons miljoen of twee Afrikaners het meer vir die swartman se kultuur gedoen as die magtige Britse en Franse Ryke, om van die VSA of China nie eens te praat nie.

    Ek het die Menseregtekommissie tot Vrydag 13 Maart gegee om my in Afrikaans te antwoord, anders gaan PRAAG hof toe om hulle daartoe te dwing. Ons sal dié week ‘n dagvaarding sommer in die landdroshof teen die Menseregtekommissie uitreik. Ek kan nie dink aan enige “Menseregtekommissie” wat onlangs nie die taalregte van die burgers in sy land wou respekteer nie. Maar soos baie ander dinge in die sogenaamde “nuwe Suid-Afrika” is die Menseregtekommissie insgelyks een groot klug.

    Die strategie wat PRAAG meer onlangs begin formuleer het, is egter die mees haalbare: Terwyl ons steeds die staat en die groot maatskappye moet kasty oor hul weiering om Afrikaans te erken, met boikotte en regsaksies, moet ons ook ‘n Afrikaanse ekonomie vestig en uitbrei. Dit behels twee aspekte:

    1. Die bevordering van die Afrikaanse kultuurekonomie in die vorm van Afrikaanse boeke, films, webblaaie, musiek en ander media.
    2. Die oprigting van nuwe ondernemings wat met die Engelse ekonomie kan meeding en wat die koopkrag van Afrikaners van die Engelse/SEB-ekonomie moet weglok. Dit geld veral die finansiële instellings soos banke en versekeringsmaatskappye wat Afrikaans ewe gruwelik verwaarloos, terwyl hulle ons arme verbruikers uitbuit.
    3. Die Afrikaanse kultuur moet ook verhandelbaar gemaak word, m.a.w. aspekte van ons kultuur, kookkuns en taal moet as produkte op die markplein binne ‘n Afrikaans konteks aangebied word.
    4. Afrikaans moet internasionaal onder pro-Westerse en pro-Europese groepe bemark word. Van Rusland tot Amerika, asook in vele Europese lande, heers daar groot belangstelling in Afrikaans en ons kan op gelyke voet met vele ander lande en kulture aan allerlei aktiwiteite deelneem, selfs al het ons vir alle praktiese doeleindes staatloos geword.

    Ons voorouers het tydens die Depressiejare van die vorige eeu daarin geslaag om teen Engels en Engelse oorheersing op te staan. Ons kan dieselfde regkry.

    Nooit mag ons tou opgooi nie.

    Sluit aan by PRAAG!

    Beeld sê: Taalstryders kan gerus na hom luister

    Die Potchefstroomse taalghoeroe prof. Wannie Carstens het Maandag ’n paar belangrike punte gemaak oor die toekoms van Afrikaans.

    Dis nie nuwe menings nie, maar komende van Carstens, wat tot onlangs voorsitter van die Akademie vir Wetenskap en Kuns was, kan ’n mens gerus weer daarna luister.

    Op ’n beraad oor die toekoms van Afrikaans as ’n universiteits­taal het Carstens gewaarsku oor die manier waarop daar vir Afrikaans gestry word.

    “Ons moenie vergeet dat Afrikaans in die verlede baie foute gemaak het nie. Ons sit met ’n gemeenskap wat sy vertroue in die taal verloor het. Ál manier waarop ons hierdie situasie gaan ontlont, is met beredeneerde argumente,” het Carstens gesê. Hy het bygevoeg die dae van “kragdadigheid” is verby en dat Afrikaanse mense verhoudings deur dialoog en bydraelewering moet herstel.

    Dis ’n nugtere en welkome bydrae tot ’n debat wat ongelukkig dikwels gekenmerk word deur ’n ahistoriese ontkenning van die verlede en dekades se bevoordeling van Afrikaans ten koste van die land se ander inheemse tale.

    Die apartheidsregering se belegging in die ontwikkeling van Afrikaans was enorm. Ná 1994 moes die ANC-regering sy begroting tussen tien ander amptelike tale ook verdeel.

    Dit is dus verstaanbaar dat die voortbestaan van Afrikaans as universiteitstaal nie boaan die regering se prioriteitslysie is nie. Nie terwyl miljoene mense in armoede krepeer en kinders nie behoorlike onderrig ontvang nie.

    Daar is natuurlik niks fout daarmee om vir Afrikaans te agiteer nie. Maar soos Carstens uitgewys het, gaan dit oor hoe.

    Solank daar ’n groot genoeg vraag is na Afrikaanse onderrig aan instellings, soos die Noordwes-Universiteit se Potch-kampus, moet daar in dié behoefte voorsien word. Dit beteken nie daar kan nie ook in Engels en veral Tswana op die kampus gekommunikeer word nie.

    Kreatiewe oplossings, soos ’n werkende tolkstelsel, kan juis die soort omgewing vestig waarvan Carstens praat.

  • Die skynheilige PK-terroriste

    Baie jare gelede het iemand ‘n KP-traktaatjie in ons posbus kom gooi. In dié was daar ‘n spotprent. Dit was van ‘n maer, wit outjie wat gesteier het onder die gewig van ‘n geweldige oorgewig swart persoon wat op sy rug ry. Die punt van die spotprent was dat die blanke belastingbetaler ‘n swaar las gedra het as gevolg van die miljoene wat hy moes onderhou.

    Dit sou natuurlik vandag absoluut ondenkbaar wees vir enige hoofstroompublikasie om só ‘n spotprent te publiseer. Dit sou immers erge laster teen die fundamentalistiese religie van politieke korrektheid, asook die ewe fanatiese godsdiens van anti-rassisme, verteenwoordig. As die Koran dan die heilige boek van Islam is, is die heilige geskrifte van die godsdiens van politieke korrektheid eweneens die hoofstroommedia, en sit die profete van hierdie godsdiens in die redaksiekantore van die hoofstroommedia.

    Na aanleiding van die terreuraanval op die kantore van Charlie Hebdo het die hoofstroommedia egter onmiddellik hulle gesamentlike ruggies styfgemaak en te velde getrek teen wat hulle ‘n gewelddadige aanslag op vryheid van spraak genoem het. Nou kyk, ek vind terreur nog altyd afstootlik, of dit nou die Kerkstraatbom of die Charlie Hebdo-voorval is. Dit is slegs lafaards wat ongewapende burgerlikes aanval. Wat ek egter ewe afstootlik vind, is skynheiligheid.

    En skynheilig, dié is die fanatici van politieke korrektheid, en hul profete in die nuuskantore van die hoofstroommedia. Net so min as wat Moslems wil hê dat daar heiligskennis teen hul profeet gepleeg moet word, so min laat die PK-fanatici heiligskennis teen hulle eie religie toe. In 2009 is ‘n werknemer van die einste Charlie Hebdo byvoorbeeld afgedank omdat hy heiligskennis gepleeg het. Hierdie tipe heiligskennis staan bekend as antisemitisme. Die betrokke werknemer het anti-Joodse spotprente geteken. In baie Europese lande kan jy selfs tronk toe gestuur word as jy durf heiligskennis pleeg deur die aantal sterftes in die Nazi’s se konsentrasiekampe te bevraagteken. Dis nou daardie einste Europeërs wat hulself as so meerderwaardig beskou teenoor wat hulle as verdrukking in Moslemlande sien.

    So ook skryf Beeld ewe vroom, en heiliger as die Pous, die volgende in reaksie op die terreurdaad in Parys: “ Die reg om dinge te sê wat aanstoot gee, is ’n kernbelangrike reg, ’n hoeksteen van vryheid.” Ja, hoor, ons glo vir jou, Adriaan Basson. Ons glo vir jou dat jy werklik die drek hierbo persoonlik ernstig opneem. Veral diegene, en ek is seker daar is baie van hulle wat die Praagwerf lees, wat al verban of gesensor is omdat hulle die politiek-inkorrekte waarheid durf praat is vanaf die webblaaie van al wat ‘n Nasperspublikasie soos News24, Beeld of Rapport, glo vir jou. Adriaan Basson beskou dit dus as kernbelangrik dat Moslems aanstoot gegee mag word, maar laat nie in sy eie publikasie toe dat ander groepe ook aanstoot gegee word nie. Daarom sal die KP-spotprent waarna ek hierbo verwys, nooit, ooit in sy koerant verskyn nie, en sal diegene wat godslaster pleeg teen Basson se religie van politieke korrektheid, ook blitsig gesensor word en van sy webblad verwyder word. Daar is weinig verskil in terme van uitkoms tussen wat Naspers se sensors doen, en wat die terroriste in Parys aangevang het: Albei se doel is om laster teen hul geloof permanent stil te maak.

    Daarteenoor is dit vir die godsdienstige fanatici heeltemal aanvaarbaar dat enige denkbare laster teen Moslems, Afrikaners en nie-Joodse blankes oor die algemeen gepleeg kan word. Conrad Koch mag dus vir Steve Hofmeyr belaster en beweer dat Hofmeyr ‘n geslagsiekte het. Basson sal Koch se kant kies. Die skryfster, Susan Sontag, mag dus die blanke ras as die “kanker van die geskiedenis” beskryf, en alles is in orde. Zapiro kan spotprente teken wat Afrikaners as agterlik uitbeeld, en hy kan die Zoeloepresident op enige denkbare manier bykom, en niemand kla daaroor nie. Laat Sunette Bridges egter skryf dat diegene wat haatmisdade teen blankes pleeg, barbare is, en die malletjies in die kerk van politieke korrektheid sal onmiddellik beserk raak en ‘n Jihad teen beide Bridges en Hofmeyr verklaar, en probeer om hulle inkomste en webwerwe te vernietig. Niemand mag veral enige kritiek uitspreek teenoor die volk waaraan Sontag, Shapiro en Koch behoort nie, want dit is die heel ergste vorm van godslaster vir die fanatici van politieke korrektheid.

    Weer eens: Ek het ‘n weersin in terreur. Enige terreur. Die doel van die terreuraanval in Parys was om kritiek teen die Moslems se profeet stil te maak. Die terroriste in die kerk van politieke korrektheid en anti-rassisme se metodes verskil weliswaar van diegene in Parys s’n, maar hulle is net so fanaties en haat ware vryheid van spraak net soveel as enige lid van Al-Kaïda, hul redaksionele skynheiligheid desnieteenstaande.