praag.co.za

Brief: Ek is behoorlik moeg dat ons alewig jammer, jammer, jammer moet sê!

Written by

in

,

Marida Fitzpatrick van Beeld ryg al weer derms uit oor “wit bevoorregting” in ‘n artikel met die titel: ‘Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is’. Ek is die hoof van ‘n privaatskool vir swart leerlinge, bevoorregte leerlinge. Ek kom elke oggend skool toe en moet dan tussen die Mercedes, BMWs, Fortuners, Prados, Lexusse, ens deurry om by die skoolhek in te kom. Al die mammas met die Guess, Polo,Prada handsakke en Gucci, Louis V, en Jimmy Choo skoene kyk my bejammerend aan waar ek vanuit my Fordjie vrolik vir hulle waai.

Tot van my matriekleerlinge ry beter karre as ek. Maak dit van my bevoorreg en hulle onbevoorreg? Sekerlik nie. Ek is in hulle oë brandarm, ek het nie ‘n staatsdienskontrak nie, ek het nie ‘n besigheid wat nie belasting betaal nie, ek kan nie elke aand uiteet in Crawdaddy’s of Spur nie.

Ek het gaan onderwys studeer omdat my weduwee ma nie geld gehad het dat ek joernalistiek kon gaan studeer nie. Ek moes my beurs terugwerk. Gelukkig was ek in presies die professie wat vir my bedoel was. Ek het destyds dieselfde werk gedoen as ‘n mansonderwyser, maar ek het minder geld gekry, want ek was ‘n tweedeklas burger.

Die ouers kry my bitter jammer as hulle uitvind dat ek net een kind het, “Shame, you are very poor.” Hoe sê ek vir hulle dat ek nie meer as een kind kon bekostig nie?

Kenmerkend van my ouers, wat kan bekostig om duisende rande per maand skoolgeld te betaal, het hulle gewoonlik twee of drie kinders, nie ses tot twaalf nie.

Hoe sê ons vir ons medelandsburgers as hulle net sal ophou om onbeheerst aan te teel sal daar vir ons almal werk, skole, hospitale, huise, universiteite, klinieke, ens. wees. As die regering eerder ‘dole’ sal instel soos die Engelse sal dit baie beter gaan met ons, dan moedig ons nie mense aan om terwille van die misrabele kinderpensioen aan te hou aanteel nie.

Ek weet nie in watter deel van die land jy beweeg nie, maar ons skool stuur jaarliks 60-80 Graad 12’s na universiteite waar sowat (volgens ons statistiek) 80% klaarmaak met hulle tersiêre studies. Die goed geleerde swart bevolking groei met rasse skrede. Dalk is daar nog ‘n paar goeie/beter joernaliste in die wording.

Ek is behoorlik moeg dat ons alewig moet jammer, jammer, jammer sê. Ek het in 1994 ja gestem en daarmee het ek my deel gedoen vir die onregverdigheid wat in ons land geheers het.

Dan werk ek elke dag daaraan om goed geskoolde Graad 12’s met beurse na goeie universiteite te kan stuur. Miskien moet jy na die ander kant van die munt kyk, dalk is die man by die hek jammer vir jou. Jy het so min in die lewe, jy sit heeldag in die kantoor en werk soos ‘n slaaf om jou huis, Yaris, kinders se skoolgeld te betaal – jy leef nie so lekker onbesorgd soos hy nie. En soos Chris Tus sê, dalk kyk hy na jou en dink: “Ag nee, sy is te maer, sy sal nie ‘n goeie vrou wees nie, sy kan nie eens kook nie.”

  • Thea Gerber

Comments

12 responses to “Brief: Ek is behoorlik moeg dat ons alewig jammer, jammer, jammer moet sê!”

  1. Le Roux Pienaar Avatar
    Le Roux Pienaar

    “Give That Girl a Bells”. Puik geskryf. Ek weet presies hoe jy voel. Dankie vir dit.

  2. Retha Roux Avatar
    Retha Roux

    Ons vra te veel “Ekskuus” daarom is dit soos dit is. Geen standpunt word ingeneem nie, want ag foeitog ons is verkeerd en ons voorouers was verkeerd toe hul hul met die ossewa op die pad was, nie geteer nie, nee paaie wat hulself tussen die klipbanke deur moes oop swoeg. Staan op mense maak nie saak wat jou kleur is nie, werk eerlik vir wat jou toekom. Bêre die wapens en werk met jou hande as jy nie iets anders kan doen nie. Vergeet van groot salarisse en sagte stoele, rol op jou moue en werk dat jy kan moeg word, dan sal jy nie tyd hê vir moor en plunder nie.

  3. BOERIE Avatar
    BOERIE

    Die referendum was in ’92, nie ’94. Ek stem wel saam ons moet ophou jammer sê-dis nie ons skuld dat die ANC soustreinry en al die elite wat saam met hulle ry(ingesluit hensopper wittes) en dat hulle keer op keer ingestem word nie. Daarmee ondersteun hulle seker die domste skepsels-Zuma en Malema.

  4. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    ‘Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is’.

    Nee vroumens, jy is bevoorreg omdat jou voorouers na die oorlog soos slawe gewerk het, en dat daar onder hulle slim, toegewyde blankes was wat SA se industrie laat ontplof het met geleenthede en rykdom in die land opgebou het.

    “Wit bevoorregtheid” is ‘n bedrieglike sinoniem vir harde werk, toewyding en sukses.

  5. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “Ek het in 1994 ja gestem en daarmee het ek my deel gedoen vir die onregverdigheid wat in ons land geheers het.” – Watter onregverdigheid? Die swart volkere het hulle eie tuislande gehad wat hulle kon ontwikkel. Telkens is meer grond by hierdie gevoeg. Daardie geskenk is uitgemors, net soos tans met ons land gedoen word. As selfs net een van die kleinste tuislande vir die Afrikaners gegee was – let wel vir die wat daar sou wou bly, dan sou ons ‘n reuse sukses daarvan gemaak het. Die Ja stem het die hele lot van ons onder die dwang van die massas geplaas saam met die idee (nie die werklikheid) dat ek as gewone jan alleman blanke vir hulle toestand verantwoordelik gehou. Ons het hierteen gewaarsku maar ons mense wou nie luister nie, om tog nie “verkramp” voor te kom nie.

  6. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Vandag in Mail & Guardian. Hoe kan so mens sulke uitlatings maak? Sy haat die feit dat sy wit is. Hoe? Sy haat wat witmense “is en gedoen het” aan “ander”. Bedoel sy nou die bou van stede, paaie, skole, universiteite, ens?

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Nog “memes” wat daar buite geplaas word sodat jong kinders se opinie teen hulleself gedraai kan word. Die alternatief? Die persoon hoort in ‘n inrigting voor sy haarself leed aandoen. Of dan natuurlik net aandag soek.

      1. Guest Avatar
        Guest

        Sweden is finished as a result of this attitude: https://www.youtube.com/watch?v=uhstVDWsetM

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Like Lemmings running over the cliff in mass suicide.

  7. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Marida Fitzpatrick is ‘n broodskrywer (baie baie dankie vir daai woord Adriana).

  8. ernie Avatar
    ernie

    Goed gese Thea!

  9. Betzie van Rensburg Avatar
    Betzie van Rensburg

    Net oor bordjies :

    Ten minste is daar destyds by bv. Hoffmanplein in Bloemfontein ook toilette vir nie-blankes gebou . n Blanke vrou het alle toilette daar blinkskoon gehou .

    Hoekom kerm oor sulke twak ? Huidig stap mens tog net by die spelonk-in-die-grond-opsie vir die hurkendes verby . En niemand gooi n vloermoer daaroor nie .

Leave a Reply