Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier

President Jacob Zuma sê die vorige president, Thabo Mbeki het hom probeer omkoop en afdreig.

Zuma sê hy is geld deur die destydse president Thabo Mbeki aangebied om te bedank. Mbeki het glo gedreig dat Zuma van korrupsie aangekla sal word indien hy nie instem tot die “politieke ooreenkoms” nie.

Volgens die terme van die ooreenkom sou Zuma as hy bedank het, nie vervolg word nie en hy sou R20 miljoen ontvang.

Zuma het, deur middel van sy prokureur Michael Hulley verklaar, dat hy Mbeki se versoek dat hy bedank, geweier het en voer aan dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se daaropvolgende optrede teen hom gemik was om hom ‘n les te leer.

Hulley het gesê Zuma dring steeds daarop aan dat hy onskuldig is.

Hy beweer ook dat die klagtes van verkragting “al die kenmerke van ‘n kunsmatige poging toon wat meedoënloos gedryf word deur die NVG.”

6 thoughts on “Zuma glo deur NGV gejag na hy Mbeki se aanbod weier”

  1. Zuma is so veilig soos n vark in Palestina. Hy is in watte toegedraai en word omring deur n klomp mense in hoe poste wat hyself aangestel het. Ek wonder hoeveel van die belastingbetaler se geld gebruik hy om hierdie wagters te betaal? Hy gaan nerens nie en gaan sy termyn uitsien. Heel moontlik gaan hy die grondwet wysig om hom in staat te stel om nog n termyn aan te bly. Ons moet onthou dit is Afrika. Hier is reels, regulasies en grondwette taboe. The majority rules by hook or by crook. Terwyl alles in die land inmekaar stort ,huil die sotte oor beuselagtighede soos standbeelde ens. Hulle moet darem wys hulle doen iets.

  2. Mbeki het gedog hy het baie steun – dit was toe minder as wat hy gedink het. Ek hoop die huidige een maak dieselfde fout. Dit lyk egter of sy impis mooi in plek is. Ek stem saam met Willem hieronder – grondwetwysiging is nie uitgesluit nie. Mbeki se plan was mos juis om dit te doen om vir homself nog ‘n termyn by die trog te verseker – toe word hy gepos. Blykbaar is daar een of ander interne reëling dat die Sothos volgende ‘n beurt gaan kry by die trog – weet nie maar soos dit nou aangaan lyk die kanse daarvoor skraal.

      1. Hierdie stelling van jou is ook op Namibië van toepassing. Die Vambos was tot November laasjaar die ‘base’ en vandaar die Damaras.
        Reeds in Junie 2013 het ‘n Herero vir my gesê dat misdaad gaan toeneem want die Vambos in dan meer vry om misdaad te pleeg. Hulle hoef nie die voorbeeld te stel nie.
        Die ander groepe, Herero’s, Basters, Nama’s, Boesmans en ander het geen rol te speel nie – soos die Sothos, Vendas en andere.

Maak 'n opvolg-bydrae