Hierdie is ‘n raaisel. Kom ons kyk of julle dit kry. Net ‘n wenk : dit gaan oor politiek.
My buurman oorkant die straat het ‘n tydjie gelede ‘n brakhond aangeskaf by die DBV. So’n nare vaalgrys gedoente met ‘n histeriese blaf waarmee hy knaend die hele buurt verpes, insluitend die verbygangers, stappers, fietsryers, drawwers en rondlopers.
Uit die staanspoor het die brak meer tyd op my werf bestee as op sy eie erf (ek het nie ‘n heining aan die straat se kant nie) hoofsaaklik ten einde op my grasperk te kan broek losmaak. Ek het hom aanvanklik probeer ontmoedig deur die tuingieter na hom te gooi (meer lawaai as wol) en ook mettertyd met ‘n kettie losgebrand. In my jeug was ek nogal ‘n kranige kettieskieter, maar my jongste pogings het veel te wense oorgelaat, want die klippies, albasters ens. het sedertdien die manier ontwikkel om eerder na my kant toe te kom as na die brak s’n sodat ek noodgedwonge ‘n veiligheidsbril moes nader trek.
Hoe dit ook al sy, die besoeke het tog ietwat afgeneem, hoewel nog steeds nie volledig opgehou nie.
Van tyd tot tyd stap die buurman oor die straat om te kom geselsie maak en dan kom die brak saam. Met sy baas in die nabyheid is hy dan behoorlik Kaatjie van die baan: hol kringe deur my groentebeddings, ruk die plantlyn af, kry opelyf op my grasperk, kom snuffel aan my en gryp selfs na my broekspyp. Die baas laat maar begaan en ek kan, in belang van goeie buurskap, ook nie veel doen nie.
Die magtelose ergernis het nou ‘n stadium van intense wrewel bereik sodat ek, (as hondeliefhebber !) niks daarvan sal dink om die gedierte stilweg te verongeluk nie. Ek oorweeg nou ernstig ‘n windbuks. Die koeëljie sal sekerlik sy opelyf aanhelp, maar daarna sal ek hopelik vrede van hom hê.
Niks minder as drastiese optrede kan sekeres van hulle vermetelheid genees nie.
Terwyl die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sedert die laat veertigerjare ‘n invloedryke of selfs oorheersende rol in die ANC gespeel het, het president Jacob Zuma vandag verras deur die SAKP-leier, Blade Nzimande, heeltemal uit sy kabinet te laat. In ‘n onverwagse kabinetskommeling is Nzimanda as minister van hoër onderwys deur Hlengiwe Mkhize vervang.
In weerwil van die spekulasie rondom Zuma se voormalige vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, wat moontlik die nuwe leier van die ANC kan word, is sy nie in die kabinet aangestel nie.
Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, is na die energieportefeulje verskuif. Mmamaloko Kubayi is as minister van kommunikasie aangestel. Mahlobo se vorige pus is deur Bongani Thomas Bongo gevul.
Dit verteenwoordig die tweede kabinetskommeling vanjaar. Ayanda Dlodlo wat tydens die vorige skommeling as kommunikasieminister aangestel is, is na binnelandse sake toe verskuif.
Buti Manamela, wat ‘n adjunkminister in die presidensie was, is nou adjunkminister van hoër onderwys gemaak. Die vorige adjunkminister, Mduduzi Manana, het bedank na ‘n skandaal toe hy ‘n vrou in ‘n nagklub te Fourways, Johannesburg, aangerand het.
Dit is moeilik om oor Angus te skryf. Mense koppel hulle persoonlike ervaring aan hom en is daarom geneig om hom te probeer beskerm om sodoende indirek hulle persoonlike ervaring te beskerm. Dit is ‘n baie gevaarlike plek om te wees, want mense is geneig om minder oop te wees vir rede, wanneer emosie betrokke is. Hierdie artikel het nie ten doel om jou persoonlike ervaring van 22 April af te breek of in gedrang te sit nie. Hierdie artikel gaan nie oor jou persoonlike ervaring nie.
Angus het ‘n dilemma. Heel aan die begin het Angus getuig dat die Vader vir hom gesê het daar gaan 1 miljoen mense of meer wees. Dit was die doelwit vir die byeenkoms. Uit die bewyse van die fotos, as mens die oppervlak bereken en vergelyk met die hoeveelheid mense, sowel as die getal voertuie wat deur die tolhek op die N1 is, kan mens redelik akkuraat bepaal dat daar nie 1 miljoen mense was nie. ‘n Ander manier om dit te bevestig is die feit dat daar net 4 miljoen blankes in SA is. Die saamtrek was hoofsaaklik bygewoon deur blanke mense. So as daar ‘n miljoen mense was sou dit beteken dat 1 uit elke 4 blankes in SA daar moes wees. Dit is tog duidelik dat dit nie die geval was nie.
Die eerste reaksie van mense wat nie kan onderskei tussen hulle persoonlike ervaring en Angus nie sal wees om te vra wat maak dit saak? Vir jou persoonlike ervaring maak dit nie saak nie. Vir die persoon wat daar was en wat geestelik verryk is deur die geleentheid maak dit nie saak of daar 4 of 4 miljoen mense was nie. Weereens moet ons onderskei tussen die persoonlike ervaring, wat nie hier bevraagteken word nie en Angus.
Die dilemma wat Angus, het is hy kan nie erken daar was nie ‘n miljoen mense nie. Omrede hy van die begin af getuig het dat die Vader vir hom gesê het daar gaan 1 miljoen en meer mense wees, moet hy nou hou by sy storie. Indien hy erken dat daar nie 1 miljoen mense was nie, beteken dit dat of hy of die Vader valse getuienis gelewer het. Van die begin af het hy vir almal vertel dat hy twee boodskappe van die Vader gekry het naamlik “It’s Time” en “1 million” of “million”.
In hierdie video getuig hy dat die Vader baie duidelik, duideliker as ooit tevore, aan hom gesê het hy moet die plek gereed kry vir 1 miljoen mense.
Op die foto’s op Angus se eie Facebook blaai is dit duidelik dat die plek nie vol is nie. Hy het dit ook baie duidelik gemaak dat sy span baie somme gemaak het oor die logistiek en hulle sou maklik kon sien of daar miljoen mense was bloot oor die manier waarop die logistiek uitgespeel het. Dit is dus nie moontlik dat hy nie geweet het nie.
In die video op hierdie skakel, lank na die byeenkoms, hou hy nogsteeds vol dat daar ‘n miljoen PLUS mense was.
In kort, hy het gesê die Vader het gesê 1 miljoen mense, daar was duidelik nie 1 miljoen mense nie en hy hou aan om dit so te getuig. Hoekom maak dit saak? Om valse getuienis te lewer is sonde. Angus bid dat korrupsie moet stop, maar hierdie daad is niks anders as korrup nie. Nou gaan mense dadelik antwoord, maar almal het sonde. Dit is korrek, maar om te volhard in sonde, bly nogsteeds verkeerd. Daar is geen manier dat sy span nie al teenoor hom erken het daar was nie ‘n miljoen mense nie. Met ander woorde, Angus kies om valse getuienis te lewer.
Die realiteit is dat elkeen wat verkondig dat daar ‘n miljoen mense was, wat hierdie foto gesien het of wat ‘n basiese som gaan maak het, deel in hierdie valse getuienis. Deur valse getuienis te lewer is julle besig om die geleentheid te diskrediteer net soos wat Angus homself diskrediteer elke keer as hy vals getuig. Daar is geen rede hoekom mense valse getuienis moet lewer oor die dag nie. As dit vir jou ‘n geestelike ervaring was, hoekom dan dit besmet met valse getuienis oor getalle. Dit maak nie saak hoeveel mense daar was nie…. Behalwe vir Angus…. Want Angus sit met ‘n dilemma.
Die polisie monitor die situasie by die KwaSithebe Nywerheidspark op Mandeni aan die KwaZulu-Natalse noordkus waar ‘n agtste fabriek gisteraand aan die brand gesteek is, het RSG berig.
Die polisie het ook hulle hande vol gehad toe onbekende mense probeer het om sakeondernemings naby die eMakhempini-sportveld aan die brand te steek.
Die skade by die fabrieke word reeds op 15 miljoen rand beraam.
Die geweld het uitgebreek oor die ANC se proses om kandidate te benoem vir die komende plaaslike verkiesings.
Die hoofmanne het ‘n nuwe indoena aangewys om kandidate vir die komende plaaslike verkiesing te kies.
Die protesgangers het vroeër geweier dat ANC-leiers hulle toespreek totdat sowat 120 mense, wat weens brandstigting en openbare geweld in hegtenis geneem is, vrygelaat word.
Die nasionale polisiehoof Generaal Riah Phiyega sal na verwagting Dinsdag misdaadstatistiek vrystel wat ‘n dramatiese toename in gewelddadige misdaad toon.
Volgens City Press is ‘n styging in die koers van moord, verkragting, roof en motorkapings te wagte.
Maar bronne in die SA Polisiediens (SAPD) het aan City Press gesê die toename in gewelddadige misdaad is nie so hoog soos verlede jaar se skerp styging nie.
Phiyega is tans onder druk, want sy het tot Maandag om te reageer op President Jacob Zuma se versoek dat sy redes verskaf vir waarom sy nie geskors moet word nie, hangende ‘n ondersoek na haar optrede tydens die Marikana-slagting.
‘n Toename in residensiële inbrake en rooftogte by besighede landwyd sal ook na verwagting onthul word. Die toenames is veral in swart gebiede opgemerk.
In sekere gebiede rondom Gauteng, het geweldsmisdaad toegeneem teen ‘n onrusbarende tempo tussen April verlede jaar en Januarie vandeesjaar.
Duitsland se besluit om Sondag grensbeheer weer in te stel het daartoe gelei dat een ná die ander buurland ook grensbeheermaatreëls ingestel het.
Kanselier Angela Merkel het onder druk van woedende buurlande geswig om die Oostenrykse grens te sluit. Die Duitse beleid van oop grense het vir die meeste politici ‘n radio-aktiewe kwessie geraak soos woedende kiesers daarteen fulmineer.
Hongarye, die hoofpoort vir migrante en ’n land wat van die begin af gekant was teen die oopstel van grense, het dadelik gereageer.
Die Hongaarse regering het onmiddellik ’n spoorlyn gesluit waarlangs tienduisende migrante dié land te voet binnekom.
“Ons sal ’n nuwe era begin,” het Zoltan Kovacs, regeringswoordvoerder, gesê. “Ons gaan die instroming van onwettige migrante oor ons grense stop.”
Meer as 190 000 migrante het Hongarye vanjaar binnegekom en Maandag was daar meer as 9 000 migrante – ’n rekord vir ’n enkele dag.
Vir die fortuinsoekers is die kans op ’n nuwe lewe besig om vinnig te verdwyn namate die Hongaarse regering hom haas om die grensheining te verhoog sodat niemand daar kan oor nie.
Volgens die regering sal die migrante wel toegelaat word om by die amptelike grensbeheerpunte om asiel aansoek te doen. As hulle egter die land van Serwië af binnekom en nie reeds daar aansoek om asiel gedoen het nie, sal hulle teruggestuur word.
Op ’n vergadering in Brussel het die meeste binnelandse ministers van die Europese Unie in beginsel besluit om die 120 000 asielsoekers onder hul lande te verdeel. Die besonderhede daarvan word eers op 8 Oktober gefinaliseer.
Daarbenewens is verskeie lande in Sentraal-Europa nie gelukkig met die voorgestelde kwotas nie.
Die konserwatiewe ontleder Ann Coulter sê sy haat nie Jode nie, net die Republikeinse kandidate wat by hulle kruip.
Coulter, ‘n ondersteuner van die Republikeinse kandidaat Donald Trump, het tydens die laaste minute van CNN se marathondebat ergerlik gevra: “How many f—ing Jews do these people think there are in the United States?”
Die histeriese reaksie teen Coulter is begroet met talle wat hul goedkeuring gewys het met die hutstekenondersteuning #IStandWithAnn.
In ‘n onderhoud met The Daily Beast, het Coulter gesê die omstredenheid is weens ‘n misverstand.
Sy het nie bedoel om te sê dat die Jode invloed in die VSA monopoliseer nie. “Ek beskuldig die Republikeine wat dink die Jode het soveel mag. Hulle is die mense wat komieklik optree in hierdie drama waar Jode alles beheer,” sê Coulter.
Dit is nie die eerste herrie van sy soort nie. ‘n Republikein wat “fok” en “Jood” saam gebruik het, was die Staatsekretaris James Baker, in 1989.
Baker, wat onder Ronald Reagan gedien het, het oor die Jode wat konserwatiewe beleidsrigtings probeer saboteer, gesê: “Fok die Jode. Hulle stem in elk geval nie vir ons nie.”
Jay Michealson van die Daily Beast het aan Coulter gevra of haar kritiek teen Republikeinse kandidate wat behep is met Israel, nie nog steeds problematies is nie: “Dit is soos om te sê dat ‘n groep politici dink Jode het te veel mag?”
“Wel,” het Coulter geantwoord: “Hierdie episode gaan nie ‘n lang pad om dit te weerlê nie.”
Coulter het haar eie geskiedenis van opruiende opmerkings wat gerig is teen die Jode. Sy het by ‘n vroeëre geleentheid vir die Joodse onderhoudvoerder Donny Deutsch gesê dat die Jode hulself tot die Christendom behoort te bekeer, want “Jode moet verbeter word.”
Ongeveer 2% van die VSA se bevolking is Joods. In neo-konserwatiewe kringe het die meeste Jode hul Israeli-paspoorte behou.
Marine Le Pen, die leidster van die Front National, wat sedert onlangs as Europa se mees suksesvolle regse party gesien word, het haar vader, Jean-Marie, in die openbaar gekritiseer oor ‘n opmerkinig wat hy Vrydagaand 6 Junie oor die Joodse sanger en akteur Patrick Bruel gemaak het. Sy het dié opmerking as ‘n “politieke fout” beskryf wat kwaadwillig deur die Front National se vyande aangegryp sal word.
Le Pen vader is reeds deur ‘n horde Joodse en antirassistiese organisasies in Frankryk oor die kole gehaal oor sy opmerking in ‘n internetvideo waarin hy kommentaar lewer op openbare figure soos Madonna, Guy Bedos en die tennisspeler Yannick Noah wat onder andere sou gesê het dat hulle “Frankryk gaan verlaat indien die Front National die meeste stemme kry”. Ook die sanger-akteur Patrick Bruel, wat van Joodse afkoms, asook ‘n profesionele pokerspeler is, het iets dié trant kwytgeraak, wat deur Jean-Marie Le Pen se gespreksgenoot op die intervideo aangeroer is. Hierop het Jean-Marie Le Pen geantwoord: “Dit verbaas my nie… Luister, volgende keer sal ons ‘n oond vol bak.” Die Franse woord “fournée” wat hy gebruik het, beteken ‘n “hoeveelheid brood of koek wat saam gebak word”, maar kan ook net ‘n “klomp mense met dieselfde lot beteken”. Boonop speel dit op “four” (oond) wat gewoonlik op Frans in verband met die Joodse slagting tydens die tweede wêreldoorlog gebruik word.
Le Pen senior het jare gelede in 1987 ook die holocaust as ‘n “besonderheid van die geskiedenis” beskryf, waarvoor hy sedertdien konstant gekritiseer is en waarvoor hy in 1986 “een simboliese frank” as boete deur die hof van Aubervilliers, ‘n voorstad van Parys, opgelê is.
Sy dogter se metgesel, Louis Aliot, wat gewoonlik baie lojaal teenoor Jean-Marie Le Pen is, het eerste in die openbaar losgetrek deur Sondag sy uitlating as “polities dom” te beskryf. Hierop het Le Pen senior geantwoord: “As daar mense aan my kant is wat dit op dié manier interpreteer, is hulle imbesiele.” Intussen het die FN die video van hul webblad verwyder.
Hierop het Marine Le Pen die openbare reaksie op haar pa se uitlanting as ‘n “kunsmatige polemiek” beskryf, maar tog gesê dat hy ‘n “politieke fout” begaan het. Terwyl sy daarvan oortuig is dat “die betekenis wat aan sy woorde geheg word, van kwaadwilligheid spreek”, het die FN se leidster Sondagaand verklaar dat haar pa “in die lig van sy lang ervaring… nie kon insien watter interpretasie daar van dié formulering gemaak sou word nie, ‘n politieke fout is waarvoor die Front National nou die gevolge moet dra”.
Volgens die koerant Le Monde, gaan dit vir die Front National oor ‘n “subtiele” spel daartussen om as hoofstroomparty hom te “ontdemoniseer”, maar terselfdertyd steeds “teen die stelsel” voor te kom waardeur sy gewildheid onder ontevrede Franse kiesers toeneem. Die koerant praat van “goeie demonisering” en “slegte demonisering”. Deur haar kritiek op die Europese Unie, laat Marine Le Pen haar op ‘n goeie manier deur die media “demoniseer”, maar deur sulke moedswillige antisemitiese uitlatings ontketen haar vader die slegte vorm van demonisering. Aldus Le Monde.
Jean-Marie Le Pen het verder verklaar dat “die politieke fout gemaak word deur diegene wat in pas verkeer met eenvormige denke en wat soos die ander partye wil lyk”.
Le Pen vader is die lewenslange erepresident van die party waarvan hy in 1972 stigterslid was. Hy gaan dus moeilik uit die kussings gelig word, selfs al word hy ‘n verleentheid vir sy dogter. In die Franse streeksverkiesings wat om die draai lê, sal die uitslae wel aantoon of sy uitlating die party skade berokken het, aldan nie.
President Jacob Zuma het godsdiensleiers gevra om hulle te weerhou van politieke aangeleenthede.
Zuma het Suid-Afrikaners gevra om te bid vir ‘n vreedsame verkiesing op 7 Mei by ‘n interkerklike diens by die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad.
Die EFF-leier Julius Malema het op sy beurt by ‘n verkiesingsaamtrek by Kwaggafontein in Mpumalanga swartes aangehits om grond terug te eis wat hulle sogenaamd onder die koloniale- en apartheidsbewind verloor het.
Malema se oproep kom nadat die Front Nasionaal die grootste wit grondeis ingedien het teen swart besetting.
Malema het na wittes wat die grond “gevat” het as “die vyand” verwys, maar bygevoeg dat “versoening” moontlik is as wittes swart aansprake aanvaar.
Malema het ook gesê dat hy nie in ‘n oorlog met president Jacob Zuma betrokke wil raak nie, maar dat Zuma in die pad staan van hul veldtog om die grond terug te kry.
Zoeloe-ondersteuners van die ANC het die EFF egter gekoggel oor hul onrealistiese grongrypdrome en gesê as wit bates genasionaliseer word sal geen enkele EFF-ondersteuner ‘n sent daarvan sien nie.
Die EFF se grondgrypaanslag is die breinkind van die wit Joodse aktivis Kim Heller.
Malema sal Dinsdag ‘n EFF-optog na die SAUK in Johannesburg lei oor die verbod op die party se verkiesingsadvertensie.
Okasa het die naweek ten gunste van die SAUK beslis oor sy besluit om nie die advertensie uit te saai nie.
Die komitee het beslis dat die advertensie onwettige optrede kan aanmoedig, omdat daarin gesê word dat mense fisies die e-tolpoorte moet afbreek.
Intussen sal die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula, haarself vandag in die Verkiesingshof moet verdedig, na bewerings van ongerymdhede oor die huurkontrak van die OVK-hoofkantoor.
Tlakula is deur die UDM-leier, Bantu Holomisa, gevra om haar pos te ontruim.
Hy voer aan dat haar posisie die geloofwaardigheid van die kommissie en die vertroue van die publiek in die uitslag van die verkiesings, in die gedrang kan bring.
Die oproep om haar uitrede sal na verwagting nie veel oplewer nie, aangesien talle swart kiesers dit as nog ‘n anti-Zoeloe-front beskou.
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Dinsdag die interministeriële komitee lei na konflikbrandpunte in die Oos-Kaap waarby Holomisa geïmpliseer word.
Die komitee wil bestendigheid verseker in probleemareas voor aanstaande week se verkiesings.
Sterkspruit in die noorde van die provinsie is een van die plekke waar Holomisa inwoners aanhits om nie deel te wees van die Senqu-munisipaliteit nie.
Die munisipaliteit gee volgens die inwoners voorkeur aan ontwikkelings op Barkly-Oos en Lady Grey. Die UDM het inwoners belowe dat hy hulle eise na die Grondwethof sal neem.
Holomisa het inwoners ook belowe dat hulle geen regskoste vir die eise sal hoef te betaal nie. Dit is nie seker wie die koste sal dra nie.
Die nasionale hoof van die polisie okkulte-misdaadeenheid, kolonel Attie Lamprecht sê daar was die afgelope tyd landwyd ‘n toename in misdade wat met die okkulte verband hou.
Die toename in moetiemoorde het ook tot oproer in Motupa, Moleketla en Kubjana in Limpopo gelei. Die provinsie spog met ongeveer 250 moetiemoorde per jaar.
Navorsers soos Oliver Becker het reeds daarop gewys dat dié moorde verbind kan word aan sokker en politiek regoor Afrika.
Daar is veral in Gauteng op die liggame van kinders afgekom waarvan liggaamsdele verwyder is, het RSG berig.
Die polisie vermoed dat hulle vir moetierituele vermoor is. Daar was die afgelope maande 78 voorvalle in Johannesburg wat met daarmee verbind kan word.
Van dié gevalle was 48 strafregtelik vervolg. Lamprecht het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om bewus te wees van die probleem.
Willie Esterhuyse (middel), met Thabo Mbeki (regs)
deur Leon Lemmer
Willie Esterhuyse (gebore in 1936) was tot 1987 lid van die Broederbond en jare lank skynbaar ‘n liefling van die Afrikaner en die NG Kerk. Byvoorbeeld, aan die Universiteit Stellenbosch het die inisiatief van hom uitgegaan om aan PW Botha ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Esterhuyse kom uit ‘n Sap-gesin, maar hy het ‘n stoere ondersteuner van apartheid geword. Hy was een van diegene aan wie die Nasionale Party-regering aanvanklik sy onderhandelinge met die ANC toevertrou het. Kort nadat hierdie samesprekings ‘n aanvang geneem het, het Esterhuyse en Thabo Mbeki vriende geword en het Esterhuyse besluit dat hy eerder ANC- as NP-gesind is.
Deesdae kan Esterhuyse blykbaar nie verstaan waarom hy nie meer deur sy mede-Afrikaners op die hande gedra word nie. Naspers nooi hom darem nog soms uit wanneer daar ‘n onthaal of ander funksie aangebied word. Daarna verskyn sy foto in die koerant. Andersins moet hy in die na-Mbeki-era maar briewe aan die koerant skryf of ‘n toespraak vir publikasie aanbied om nie heeltemal in die vergetelheid te verdwyn nie. Die waarheid is dat die spreekwoordelike nuttige idioot ‘n beperkte rakleeftyd het.
Kom ons gaan ‘n bietjie na hoe Esterhuyse self sy openbare beeld getransformeer het. Daarna kan hierdie geykte vraag beantwoord word: Is Esterhuyse ‘n Afrikaner? Sy Sap-wortels en waarheen hy op pad was, het in 1979 die eerste keer duidelik geblyk met die publikasie van sy boek, Afskeid van apartheid. Dit is onder meer op grond van sy afkeer van apartheid en sy “geheime gesprekke” met die verbode ANC dat die ANC-regering tydens die Mbeki-bewind in 2003 aan hom die Orde van Luthuli (silwer) toegeken en hom ‘n leidende Afrikaner genoem het. Ek bepaal my aandag vervolgens by sy drie jongste boeke.
Esterhuyse het sy verset teen sy kweekskoolagtergrond getoon met sy boek, God en die gode van Egipte: In die voetspore van die Onsienlike (Wellington: Lux Verbi, 2009, 256p). Daarin verskyn hierdie neerbuigende opmerking: “Veral sedert 1979 het dit vir my al moeiliker geword om na die ortodokse gebulk van die Afrikanerbulle in die Groot Kraal (staat, kultuur en kerk) te luister” (p 21). Waaroor “bulk” Afrikanerbulle? Oor beskawing, oor Westerse waardes, oor die handhawing van standaarde, oor wat blankes en veral Afrikaners tot stand gebring het. Dit is wittes wat hierdie land oor meer as drie eeue ontwikkel het, in ‘n era wat deesdae as “donker” voorgestel word. Afrikaans het in daardie duisternis as ‘n volwaardige taal tot stand gekom. Dit gaan vir hierdie “Afrikanerbulle” om kwalitatiewe sake. Moet daar saam met apartheid ook hiervan sonder meer afskeid geneem word?
Die kernboodskap wat Esterhuyse in sy 2009-boek oordra, is dat stories en mites in die Bybel vertel word. Dit beteken nie dat die gebeure wat in die Bybel beskryf word werklik plaasgevind het nie. Dit gaan om ‘n bepaalde boodskap ter singewing oor te dra. Die Bybel word bloot ‘n “openbaring van mense” (p 67). Hy laat hom soos volg uit oor die Bybelboek Eksodus: “Dis eintlik ‘n sameflansing van ‘n verskeidenheid kampvuurstories en godsdienstige praktyke van woestyntrekkers op pad na hulle beloofde land” (p 35).
Die Ou Testament word beskryf as “‘n storie oor hulle [die Jode se] verstaan van God en sy rol in die lewe en geskiedenis van mense, state en gemeenskappe, wat oor tyd heen in skrif beslag gekry het” (p 111). “Dis nie die gode of God wat tekste heilig maak omdat hulle regstreekse goddelike openbarings bevat nie. Heilige tekste, ‘die Skrif’ ingesluit, is niks anders en niks meer nie as die getuienisse van mense se uitsonderlike ontmoetings en ervarings” (p 135). Soos in die geval van apartheid het Esterhuyse afskeid geneem van die God waarin hy in sy ouerhuis, “die klipkerk van Laingsburg” en aan die Kweekskool van Stellenbosch geglo het (p 188).
Godsdienstige opvattings word sodoende diensbaar aan Esterhuyse se neo-verligte politiek. Hy wil (en ons moet) hande vat (p 235) en ‘n verskil maak (p 231, 233, 241). Die modewoorde van die huidige plaaslike politieke retoriek (bevryding, verandering/transformasie, geregtigheid, ens) word kwistig rondgestrooi. Geloof word “‘n verbintenis aan saakmakende en vernuwende geregtigheid” (p 240). “Die profetiese tradisie was … primêr ‘n bevrydingstradisie” (p 240). Esterhuyse gaan selfs sover om te beweer: “Vanaf Jesaja en Miga tot by Jesus. Binne dié tradisie … Jy moes jouself identifiseer as ‘n geroepene, ‘n aktivis vir die droom van geregtigheid, ‘n vryheids- en vredestryder” (p 246).
Jesus word voorgestel as “‘n bepaalde inkarnasie of vleeswording van die geregtigheidsdroom … ‘God’, in Jesus as ‘n rolmodel, is volgens die stories van die Bybel ‘n simbool van die ewige, goddelike soeke na geregtigheid” (p 248). Dit is duidelik dat Esterhuyse (soos) ‘n bevrydingsteoloog geword het. Sy vertolking van die Bybel is sodanig dat dit sy neo-verligte en pro-ANC-politiek ondersteun. Religie word diensbaar aan sy politieke voorkeur gemaak. Sy nie-teïstiese, pragmatiese godsbegrip rugsteun sy politieke (wan)opvattings.
.
Esterhuyse se volgende boek, Die God van Genesis: Drama in die amfiteater van die Oneindige (Durbanville: Christelike Media Publikasies, 2010, 294p) is in dieselfde trant as sy vorige boek geskryf en vul dit aan. Van onder meer die Bybel skryf hy: “Self dink ek nie meer die geskrifte is heilig in die sin dat hulle deur die Goddelike self met ‘heiligheid’ beklee is nie. Dit is mense wat deur hulle vereenselwiging met ‘n bestaande geskrif die geskrif as iets spesiaals, as ‘heilig’, uitsonder” (p 68). Let op die volgende vertolking: God “se fokus is nie op die hemel nie. Ook nie op die skepping as sodanig nie. Dit is op verhoudinge, veral met die mens en die aarde” (p 108). Esterhuyse kan sekerlik nie daarop aanspraak maak dat hy dit wetenskaplik vasgestel het nie. Dit is bloot sy vertolking. Daarmee gee hy ‘n vrypas aan die verderflike politiek van die bevrydingsteoloë.
Hy erken dat dit maklik is om die Bybel te misbruik (p 283): “Dit is nie moeilik om die Bybel volgens eie vooroordeel en voorkeure te interpreteer nie” (p 252). Maar dan kom hy tog met hierdie myns insiens uiters vergesogte stelling: “Terloops, as daar ooit ‘n godsdienstige en morele revolusionêr en aktivis was, dan was dit Jesus van Nasaret. Dit is beslis nie gepas om ongekwalifiseerd ‘liewe’ voor sy Naam te skryf nie” (p 198). Dit lyk asof Esterhuyse die “voerbakke” (p 140) polities korrek rondskuif. Die volgende is sprekend van die outeur se veranderde politieke gesindheid: “Nóg ‘die volk’ nóg ‘die taal’ is ‘n skeppingsordinansie! Dit is veranderlikes” (p 253). Hy versuim om by te voeg: Dit beteken nie dat jy jou eie mense en moedertaal vir ander moet verruil nie.
Die derde en laaste boek wat hier bespreek word, is Esterhuyse se Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 367p). Die teks handel oor die verkennende gesprekke wat Esterhuyse en ander “uitgesoekte” lede van die Afrikaanse “binnekring” van 1987 tot 1990 met ANC- lede gevoer het. Esterhuyse praat van die “Afrikaner-ANC-gespreksgroep” (p 115). Heel aan die begin van sy betrekkinge met Mbeki het Esterhuyse aan hom bely dat hy deur die Nasionale Intelligensiediens (NI) gestuur is en dat hy aan die NI rapporteer (p 122). Omdat Esterhuyse hom spoedig eerder by die ANC as die NP geskaar het, kon hy skryf: “Die ANC sal my nie vermoor nie. Hulle het belang by my oorlewing” (p 30).
In die boek word daar uitdrukking aan heelwat volslae naïwiteit gegee. Asof dit wysheid uit die mond van ‘n suigeling is, haal Esterhuyse sy dogter soos volg aan: “Thabo Mbeki kan tog nie ‘n terroris wees nie” (p 170). Elders noem hy egter dat Mbeki militêre opleiding in die Sowjet-unie ondergaan het (p 115), wat sekerlik nie ten doel gehad het om hom mooier in die kerk te laat sing nie. Esterhuyse wou spesifiek in die geval van Mbeki “die konstruk van ‘terroris’ ondermyn” (p 142).
Wat Esterhuyse in sy handel en wandel en ook in hierdie boek doen, is om te ontken dat ons hier met werklike vyande te make gehad het. Vyand is ‘n “mite” (p 182 – soos hierbo in Bybelse verband), ‘n “konstruk”, bedoelende dat dit ‘n misleidende of onvanpaste term en begrip is. So ook “terroris” (p 142). Hierdie vyande moet “vennote” word (p 195). Hy wend hom tot linguistiese higiëne ten einde die ANC goed voor te stel. Dit gaan om die “ontdemonisering van die ANC” (p 36). Hulle is dus nie geweldadige en bloeddorstige terroriste nie. “Bloedorstige vyand” is ‘n “mite” (p 43). Ons is glo almal Suid-Afrikaners met ‘n gemeenskaplike vaderland, dus ‘n enkele tuisland, en ons het almal ‘n “gemeenskaplike toekomsdroom” (p 160).
“Die ANC is in die eerste plek nie ‘n terroriste-organisasie nie, maar ‘n politieke beweging” (p 129). In die boek word moeite gedoen om die ANC, ‘n “civilised and cultured group of people” (p 138), te ontdemoniseer. In dié proses word Afrikaners (minstens dié wat apartheid ondersteun) gedemoniseer. Die apartheidsregering het moordbendes gehad (blykbaar is dit nie bloot ‘n “konstruk” of “metafoor” nie) omdat die NP-regering in die “mite” van ‘n Totale (kommunistiese) Aanslag geglo het (p 56) en dus met ‘n Totale Strategie as teenvoeter vorendag gekom het (p 70). Hierteenoor hang Esterhuyse “totále transformasie” aan (p 156). Hy gebruik graag die term “sekurokrate” (p 81) vir diegene wat die Suid-Afrika van weleer teen geweld probeer beveilig het. Blykbaar is ook hierdie term nie bloot ‘n “konstruk” nie.
Tog konstateer Esterhuyse darem hierdie waarhede: “Die buitelandse vleuel van die ANC het finansieel, militêr en polities hoogs afhanklik van Moskou en sy meelopers geword” (p 62) en “sonder Sowjetsteun sou die ANC nêrens gekom het nie” (p 205), asook dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party die ANC “intellektueel en ideologies gedomineer het” (p 84). Die Botha-regering en sy veiligheidsmagte, wat hulle teen terrorisme en kommunisme verset het, word die “ystervuis” genoem (p 38) en die oorlog ‘n “burgeroorlog” (p 131). In ‘n oorlog word mense gedood, maar Esterhuyse gebruik telkens ANC- en WVK-taal: ANC-aktiviste word “vermoor” (bv p 39). Dalk net ‘n enkele keer erken hy dat die ANC moorde gepleeg het wanneer hy skryf oor “geweld en moordbendes aan albei kante” (p 181).
Esterhuyse munt nie uit in objektiwiteit nie. PW Botha word die “Groot Krokodil” genoem en Nelson Mandela die “Groot Ikoon” (p 207). Botha was glo “arrogant” (p 108) en het ‘n “obsessie met mag en publisiteit” (p 193) gehad, maar nie “denk-elastisiteit” nie (p 177). Hy word telkens as “halsstarrig” getipeer (bv p 169). Mandela, daarenteen, is ‘n “meesterlike oorrompelaar” (p 94-95), ‘n “passievolle politieke omvormer” (p 208) en “die sjarmante en eg menslike leier” (340). “Hy tree soos ‘n visionêre leier op. ‘n Moses-figuur” (p 175). “Mandela is sy ware self: Vredesoeker; versoener; gematigd; nie-rassig” (p 272). Maar Mandela was in werklikheid die inisieerder, stigter en eerste hoof van Umkhonto weSizwe (MK), die militêre of geweldsafdeling van die ANC. Let op hoe Esterhuyse hierdie feite oor sy vredesikoon verdoesel: Mandela “het wel ‘n hoë posisie in MK gehad” (p 238).
Mbeki het, volgens Esterhuyse, ‘n “skerp analitiese vermoë” (p 125) en “hy praat beredeneerd en baie logies” (p 164). Hy is vir Esterhuyse “die soort mens … wat ek bereid sal wees om met my lewe te vertrou” (p 142). Desmond Tutu en Allan Boesak word voorgehou as “gerespekteerde kerkleiers” (p 39), “charismatiese leiers” (p 107), “uiters bekwaam en leiersikone in eie reg. Nie revolusionêre militantes nie” (p 219). Oliver Tambo was glo ‘n “gematigde” ANC-leier (p 41), terwyl dit in werklikheid hy was wat gelas het dat sagte teikens in blanke woonbuurte deur die UDF/ANC aangeval moet word (p 87). Tambo het die gewelddadige UDF geloof as ‘n “uitstaande voorbeeld van die ‘political maturity of our people'” (p 133).
Esterhuyse het allerhande romantiese en uiters naïewe verwagtinge van die nuwe Suid-Afrika gekoester. Hy skryf “dat ‘n nuwe politieke daeraad besig was om deur die duisternis van apartheid te breek” (p 207-208). Hy beskou dit as: “‘n Dramatiese paradigmaskuif, weg van rasgebaseerde politieke voordele en verskansings, na nie-rassigheid” (p 296). Daar is hierdie mondvol hoop: “Volhoubare vrede, geregtigheid, regverdigheid en stabiliteit” (p 302). Andrew Young, die swart Amerikaanse aktivis, het beweer dat “die ANC eendag kan bewys dat swart mense ‘n gesofistikeerde land kan regeer” (p 271). Het die ANC-regering dit bewys, of juis die teenoorgestelde? Patrick Fairweather, ‘n Britse regeringsamptenaar, het gesê: “The best way to address white fears in South Africa is to make an economic success of Zimbabwe” (p 120). Die oorverligte Esterhuyse het sy hoop gevestig op ‘n “Suid-Afrika waarvoor ons nie skaam hoef te wees nie” (p 15) en ‘n “ware nie-rassige demokrasie” (p 48).
Die skandaligste aspek van Esterhuyse se naïwiteit is sy teenkanting teen minderheidsregte, insluitende vetoreg, vir blankes. Dít terwyl swartes in die VSA in ruime mate minderheidsregte het. Esterhuyse, die oud-Broederbonder. is “ten gunste van ‘n een-mens-een-stem-verkiesing in ‘n eenheidstaat” (p 27). Oor die grondwetlike onderhandelinge in 1993 skryf hy: “Ek het toe al lankal weggestap van die NP se idee van groepsregte en minderheidsveto’s” (p 299). In die praktyk het dit die gevolg dat alle Suid-Afrikaanse nie-wittes deesdae groepsregte het (bv ingevolge regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging) terwyl al die wittes (en net die wittes) geen groepsregte het nie. Hiervoor kan ons Esterhuyse en andere wat ‘n “onmisbare en deurslaggende rol” in die voorbereidingsfase gespeel het (p 335) mede-verantwoordelik hou. Hy is een van dié wat geen onheil in swart oorheersing gesien het nie. Hy het geen beswaar teen die verswelging van wittes deur swartes met hulle vreemde nie-Westerse waardes geopper nie. Hy het die duisternis van apartheid gekontrasteer met die lig wat die ANC sou bring. Ek is diep dankbaar dat ek dit nie op my gewete het dat ek medepligtig aan verraad teenoor my eie etniese groep is nie.
Vervolgens vestig ek die aandag op die jongste brief (12 Oktober, p 18) en artikel (19 Oktober, p 11) wat Esterhuyse in Die Burger gepubliseer het. In die brief verwys hy na “baie Afrikaners wat hulself as ‘slagoffers’ ervaar.” Dit is glo “die moeder van onverdraagsaamheid.” Met verwysing na Jonathan Jansen se onlangse anti-Afrikaanse uitlatings skryf Esterhuyse: “Ek het groot waardering vir jou Voortrekkersrol in ons land.” Omdat Tim du Plessis kritiek op die loskanon Jansen uitgespreek het, reageer Esterhuyse soos volg: “Ek het besluit om nie meer Rapport te lees nie.” Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder. Ten slotte haal hy Brigalia Bam, ‘n ANC-aktivis, goedkeurend aan: “We seem to have unlearned the power of real dialogue which served us so well in the past.” Die dialoog waarna verwys word, is daardie gesprekke wat die land in die skoot van die ANC laat beland het. Die “us” wat so baie daarby gebaat het, is die swartes. Hierdie brief dui op ‘n groot mate van frustrasie by Esterhuyse; dermate dat dit twyfel oor sy geestelike ewewig kan wek.
Esterhuyse se jongste artikel is gebaseer op ‘n toespraak wat hy in Washington, DC, gelewer het. Die bedoeling was seker onder meer dat die koerantlesers kennis moet neem dat sy mening soms nog in aanvraag is. Hy stel hierdie vraag oor Suid-Afrika: “Waarom wás en is ons steeds ‘n geweldsland?” In Eindstryd het Esterhuyse apartheid, en nie die ANC se terrorisme nie, as die oorsaak van geweld voorgehou. Dít wat die verlede betref. Die politieke en ander geweld wat tot in die hede onder die swart massa voorduur, behoort ongetwyfeld aan die voorbeeldstelling van die ANC as “bevrydingsorganisasie” toegeskryf te word, maar Esterhuyse doen dit nie. Hy profeteer: “Gewelddadige betogings op plaaslike vlak is bestem om toe te neem.”
Hy toon deesdae, dus in die na-Mbeki-era, ‘n mate van ongedurigheid met die ANC: “Géén volhoubare vrede sonder ‘n suksesvolle staat nie … Brose en mislukte state, sistemies korrupte state en state wie se leiers die staat intern ‘herkoloniseer’ het, kan beslis nie vrede bevorder nie … Nelson Mandela en Thabo Mbeki se vorme van visioenêre leierskap, gedra deur ‘n ANC-organisasiekultuur en korps toegewyde ‘wyse vroue en manne’ [let op die volgorde], is verruil vir blatante transaksieleierskap waarin politieke lojaliteit (en tenders en poste) koopbaar geword het. Dié soort leierskap verander ons swaar verworwe demokrasie [ANC-taal] stelselmatig en doelbewus in ‘n vorm van ‘n kliëntestaat: kolonialisme en neo-kolonialisme [gedefinieer as: “uitsluiting deur ‘n nuwe elite”] getransformeer in neo-patrionialisme[;] die staat ‘n verlengstuk van die leier, sy familie, sy vriende en geslepe sakemanne.” Esterhuyse het klaarblyklik nog nie vrede gemaak met die feit dat hooggeprese demokratiese prosesse, naamlik sy geliefde gepeupelkrasie, die oorsaak was dat sy vriend Mbeki die trekpas gekry en Jacob Zuma hom vervang het nie. Dat Suid-Afrika beter daaraan toe tydens Mandela en Mbeki se bewind was, dui in werklikheid nie, soos Esterhuyse beweer, op hulle “visionêre leierskap” nie, maar bloot op die feit dat die verval onder swart bewind geleidelik plaasvind en eksponensieel toeneem.
Maar dan kom die oorverligte Esterhuyse weer in rat: “Vergewe en vergeet … is ‘n vorm van ‘ontkenning’ deur veral wit mense.” Hy verwys na “die onreg van die verlede” en nie na die talle opsigte waarin die land tydens bv die apartheidsera beter daaraan toe was nie. Eintlik kom sy pleidooi daarop neer dat die nuwe Suid-Afrika nou weer “brugbouers” nodig het; mense soos Esterhuyse, die “koerier” (Eindstryd, p 180) of superbode wat boodskappe tussen die NI en die ANC vervoer het.
Ten slotte moet hierdie vraag beantwoord word: Kan ‘n ANC-meeloper soos Esterhuyse en iemand wat ongetwyfeld medepligtig aan die nuwe Suid-Afrika is, ‘n Afrikaner genoem word? Daar is veral drie kenmerke wat in ag geneem moet word: godsdiens, taal en politiek. Afrikaners is tradisioneel met christelik-protestantse godsdiens geassosieer. Die afstand wat daar veral sedert 1990/1994 tussen formele godsdiens en baie Afrikaners ontstaan het, maak van godsdiens die ontbeerlikste kenmerk van die genoemde drie. Sekularisasie in Westerse samelewings speel ook ‘n rol. Met of sonder formele kerkbande gaan die meeste Afrikaners voort om soortgelyke waardes te koester. Esterhuyse het nie net sy rug op die Afrikaner se “klipkerk” gekeer nie, maar hom ook in ruime mate met nie-Westerse Afrika-waardes vereenselwig.
Taallojaliteit, Jaap Steyn se taalgetrouheid, neem myns insiens deesdae toenemend die plek van godsdiens in as ‘n onmisbare bestanddeel van Afrikanerskap. Afrikaanssprekendes wat nuwe-Suid-Afrika-entoesiaste geword het, praat sonder beswaar geradbraakte Afrikaans en/of maak Engels hulle taal van voorkeur. Wat opval is dat Esterhuyse, sover ek weet, nêrens kommer oor die lot van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika uitgespreek het nie; ook nie werklike kommer oor die lot van Afrikaners en ander blankes in ‘n land waar die swart meerderheid in beheer is nie. Hy het hom nooit vereenselwig met die “taalbulle” wat hulle vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch beywer het nie. Kyk bv sy reaksie in die brief waarna hierbo verwys is. Esterhuyse het hom van die bevordering van die heil van Afrikaans en van die “taalbulle” gedistansieer omdat assosiasie met hulle afbreuk sou doen aan die neo-openbare beeld wat hy van homself in sy na-Boederbond-era probeer vestig het. Ook wat Afrikaans betref, slaag Esterhuyse nie die toets vir Afrikanerskap nie.
Lojaliteit teenoor Afrikaans word in groot mate deur politieke gesindheid bepaal. Jan Smuts, Bram Fischer, Beyers Naudé, Nico Smith, Frederik van Zyl Slabbert, Leon Wessels, Anton van Niekerk en Willie Esterhuyse druip veral om politieke redes die lakmoestoets vir Afrikanerskap. Afrikaners voel lotsgebonde aan hulle mede-Afrikaners en ander blankes en verraai en vertrap nie Afrikaner-ideale deur eerder nie-wit etniese groepe se belange na te jaag nie. My beswaar is nie teen die uitreik na ander etniese groepe as sodanig nie, mits dit binne perke geskied. Daardie perke word oorskry as daar ‘n oordrewe sug bestaan om ander etniese groepe ter wille te wees ten koste van Afrikaners en ander blankes se belange. Dit is die kernprobleem wat al die pas genoemdes met hulle potensiële Afrikanerskap behoort te hê.
Die Suid-Afrikaanse politiek verskuif al hoe verder na links: van links na vêrlinks, met ‘n kappie! In vandag se Rapport verklaar Zille in wese dat haar party, die DA, vir die ANC se rassewetgewing stem waarmee blankes benadeel en swartes bevoordeel word. Watter “nuanse” is hier ter sprake? Dat die mense wat die groot bedrae geld ontvang van die ANC is en nie van die DA nie? Op Midvaal het ons gesien hoe DA-raadslede te werk gaan om hul sakke te vul en hoe die sogenaamde fluitjieblaser, Kobus Hoffman, deur Zille vervolg is!
Zille en die DA sit op twee stoele: aan die een kant beroep die party hom op die “ou Liberale Party” se beginsels en aan die ander kant steun hy swart bevoordeling. Ook staan hy staatsinmenging in die ekonomie voor.
Terloops, dié Liberale Party “uit die vroeë 1960s” waarvoor Zille soveel bewondering koester, was die einste wat ‘n Olimpiese boikot teen Suid-Afrika bepleit het en ook vir die stasiebom verantwoordelik was. Op sahistory.org.za gestel word daar oor die stasiebomterroris en lid van die Liberale Party, John Haris, gesê: “Cut off by his banning order from normal political activity, he became convinced that the only way left to fight for human dignity and freedom in his country was by more drastic means. He joined the African Resistance Movement (ARM), mostly members of the Liberal Party whose frustration with the lack of success of traditional politics had driven them, like those in the ANC who joined Umkonto we Sizwe, to engage in acts of sabotage.”
Wyle ZB du Toit, wat eens in Rapport geskryf het, het altyd gewaarsku dat indien daar twee groot swart partye in Suid-Afrika ontstaan wat mekaar probeer oorbie of aanhits om blanke bates af te vat of swart ekonomiese bevoordeling toe te pas, sou dit ‘n kwade dag wees.
Met die radikale “liberale” Zille aan die stuur, is dit besig om sienderoé te gebeur: die DA en die ANC wedywer nou om blankes te benadeel. Natuurlik steun die DA insgelyks “grondhervorming”: die etniese suiwering van Afrikanerboere vanaf hul familieplase.
Sedert die ineenstorting van die Berlynse Muur in 1989, het die aard en definisie van linkse politiek verander van ekonomiese marxisme na wat “kulturele marxisme” genoem word. Kulturele marxiste is gewoonlik anti-Westers, wat ook anti-blank beteken en wil die tradisionele gesin afbreek. Die blanke, heteroseksuele man, is vyand nommer een, omdat sommiges dalk nog aan die hoof van sulke gesinne met ‘n vader, moeder en kinders staan.
Ons het gesien hoe die DA, nes die ANC, die gedagte van homoseksuele huwelike en selfs aanneming van kinders deur homoseksuele paartjies ondersteun. Anders as in Frankryk, waar die Sosialistiese Party in die aangesig van hewige konserwatiewe teenkanting homoseksuele huwelike gewettig het, was daar feitlik geen openbare debat daaroor in Suid-Afrika nie. Wat nog te sê teenkanting.
Feit is dat die linkse konsensus in Suid-Afrika so sterk is dat vrae van konserwaties, “regses” en selfs klassieke, nie-marxistiese liberale, nie geduld word nie. Die hoofstroommedia het nog lank voor die politieke partye ‘n hele paar treê na links geneem – sewemyllaarsetreë om presies te wees. Marxistiese feministe soos Christi van der Westhuizen, wat eens die politieke redaktrise van Beeld was, het die vêrlinkse beleidshandboek vir die hoofstroommedia geskryf.
Daarvolgens moet blankes en heteroseksuele mans die skuld gegee word vir alles wat in die land verkeerd loop. Dis nie hoofsaaklik swart of bruin mans wat roof, moor en vroue verkrag nie. Dis “die patriargie” (lees: blanke mans met gesinne).
‘n Mens sou ‘n hele artikel oor die simboliek van die DA se verkiesingsplakkate wat Zille, De Lille en Mazibuko vertoon, kon skryf. Die afwesigheid van die blanke man op die DA se plakkate dra stilswyend die boodskap van kulturele marxisme oor: dat die wêreld gered moet word deur bruin en swart vroue en daardie blanke vroue wat hulle met die anti-blanke, anti-Westerse beweging vereenselwig.
Waarskynlik steun die DA ook SAL of SAA, soos dit deesdae eentalig Engels bekendstaan, se beleid dat geen blanke mans meer as kadetvlieëniers in diens geneem mag word nie. In ‘n rojale toegewing aan politieke korrektheid, word blanke vroue steeds by SAL as vlieëniers geduld.
Vandeesweek is daar deur sowel die ANC as die DA groot gewag van die 1913-Wet op naturellegrond gemaak wat kastig “87% van die land se grond in blanke besit gelaat het”. Dit het geskied as deel van die “honderdjarige herdenking” van die 1913-maatreëls. In werklikheid was daardie wet, wat deur die ou Sap-regering van Louis Botha ingestel is, bedoel om swart stamgrond teen blanke mededinging te beskerm. In 1936 is swart grondbesit verder uitgebrei. Tuislandkonsolidasie het bykomende grond van blanke boere vervreem en aan swartes oorgedra.
Soos dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront vandeesweek in sy parlementêre toespraak duidelik gemaak het, behoort die drie onafhanklike protektorate, Botswana, Lesotho en Swaziland, by die persentasie grond wat swartes in Suid-Afrika besit of beheer, ingereken te word. In 1913 is die Unie van Suid-Afrika as deel van “British South Africa” beskou en daarom is grond in die BLS-lande as swart grond gesien wat die verdeling in Brits-Suid-Afrika billik maak, iets naby aan 50-50.
Dit is nou afgesien van die Karoo. Daardie dorre woestyngebied maak 70% van Suid-Afrika se grondgebied uit. Indien die Karoo buite rekening gelaat word, beheer swartes reeds 50% van Suid-Afrika se landbougrond, selfs afgesien van die LBS-lande.
Vir Suid-Afrika se horde kulturele marxiste aan die universiteite en in die hoofstroommedia, gaan dit egter kwalik om historiese of ekonomiese argumente. Die ANC-regering is reeds besig om eiendomsreg van plaasgrond wesentlik aan te tas, iets wat die land op die sosialistiese, kollektiwistiese weg plaas.
Alle aanduidings is daar dat niks die ANC-bewind gaan stuit om “grondhervorming” na die Zimbabwiese model ook in Suid-Afrika in te voer nie. Op enkele “nuanseverskille” (soos mev. Zille dit noem) na, sal die DA hom hierin steun. Net soos die DA vandeesweek vir die ANC se SEB-wet gestem het.
Die gevolge van Suid-Afrika se verlinksing is rampspoedig. Opgeleide blankes, veral in die vrugbare ouderdomsgroep 20 tot 40, is besig om die land te verlaat. Nie net verloor die land só sy kundigheid nie, maar dit laat die blanke bevolkingsyfer nog verder daal omdat ‘n aansienlike persentasie van ons kinders deesdae in die buiteland gebore word.
SEB, oftewel, swart ekonomiese bemagtiging, was nog altyd ‘n uitnodiging vir korrupsie. Direkteure en uitvoerende beamptes van SEB-maatskappye sorg dat hulle altyd eerste bevoordeel word. Dit is nou nog behalwe die banke en ander finansiële instellings wat aardige fooie inoes om sogenaamde SEB-transaksies te “struktureer”.
Werkloosheid is besig om skerp toe te neem ondat entrepreneurs, waaronder ‘n groot aantal van die verguisde blanke mans, deur al die rassewetgewing aan bande gelê word en selfs deur die banke kapitaal ontsê word.
Die ergste gevolge van sosialisme en kollektiwisme het Suid-Afrika egter nog nie getref nie en sal eers voelbaar raak wanneer radikale grondhervorming binnekort plaasvind. Voedselpryse gaan die hoogte inskiet en omdat ‘n groot deel van ons kos ingevoer sal moet word, gaan die betalingsbalans nog meer onder druk kom as wat hy reeds is. Die rand sal na alle waarskynlikheid tuimel, met ‘n inflasionêre skok soos wat voedsel, maar ook brandstof, vir die gemiddelde inwoner van die land onbetaalbaar raak.
Die ANC se enigste opsie gaan wees om Sasol ook te nasionaliseer om sodoende gesubsidieerde petrol aan swart taxi’s beskikbaar te maak. Trevor Manuel het reeds geluide gemaak dat Sasol “te veel wins maak”. Een van die argumente wat linkses tans oor grond gebruik, is dat boere “tydens apartheid subsidies van die staat ontvang het”. Daarom behoort hul grond “in elk geval aan die staat” en kan maar “gevat” word.
As voedsel en brandstof begin klim, voorspel ek dat dié linkse argument oor plase ook op Sasol van toepassing gemaak gaan word. Omdat ‘n groot aantal Afrikaners steeds Sasol-aandele besit, ná dié staatsonderneming se destydse privatisering, sal hulle deur beide die ANC en die DA as ‘n ‘sagte teiken” gesien word wie se bates sonder vergoeding gekonfiskeer mag word.
Dis waarna u in ‘n toenemend vêrlinkse Sud-Afrika kan uitsien: grondgryp, ‘n randnoot waarop Mandela se gesig meer werd gaan wees as die monetêre waarde daarvan, asook uiteindelike nasionalisering van sekere sleutelsektore van die ekonomie soos Sasol.
Onthou net: u het dit eerste hier gelees.
Zimbabwe is vir ons ‘n voorbeeld. Juis vandeesweek het Mugabe aangekondig dat hy voortaan goedkoper petrol beskikbaar gaan stel. Ook die MPLA in Angola subsidieer petrol met behulp van sy olierykdom.
Groter armoede en selfs meer geweld as tans lê net om die draai.
Die wolk van kulturele marxisme en breinspoeling deur die hoofstroommedia verhoed egter die man op straat om dit raak te sien. Maar selfs al weet mense wat kom, is daar ‘n eienaardige fatalisme onder Afrikaners werksaam wat veroorsaak dat hulle maar gedweë hul lot aanvaar.
Soos kalkoene wat vir Kersfees stem, staan hulle ook tou by die DA-tent van die liberale marxis, Helen Zille.
Die doel van hierdie rubriek is om breë riglyne te ontwerp vir die bestuur van multi-samelewings. Die artikel veronderstel dus dat die liberaal-demokratiese model vir multi-samelewings uitgedien is. Multi-samelewings verwys na samelewings wat gekenmerk word deur:
* ‘n ontwikkelingsprobleem (ryk, arm) * ideologiese konflikte (Sosialisme versus kapitalisme, versus nie-kapitalistiese vryemark ekonomiese stelsel), * ‘n onderliggende beskawingskonflik (Oosters, Westers, Afrika), * Rasseverskille (Kaukasies, Negroïed, Mongoloïed) * Religieuse differensiasie (Christendom, Islam, Judaïsme, Afrika)
Die agenda is om te fokus op ‘n hipotese in sake die wenslikheid van ‘n nuwe orde, om te wys op die nadele verbonde aan die liberale veelpartystelsel, om die voordele van ‘n partylose direkte plurale demokrasie aan te stip en om die prosesse onderliggend aan laasgenoemde aan te dui.
Van die hipotese word uitgegaan dat ‘n regverdige staat wat volgens geregtigheid regeer al die natuurlike differensiasies (ryk/arm, sosialisme/kapitalisme, Oosters/Westers/Afrika, Christen/Islam/Afrikareligie, Wit/Swart/Geel) in die samelewing verdiskonteer. Verdiskonteer beteken om daarmee rekening te hou en die onderlinge belange van elk met die res uit te balanseer. ‘n Verdere element van die hipotese is dat die liberale demokrasie uitgedien is en lei tot die magstaat. Afrika se opeenvolgende mislukkings met die liberale demokrasie word treffend deur Martin Meredith in sy “The History of Africa” (Jonathan Ball Publishers, 2005) uiteen gesit.
Die feitelike stand van sake is dat die koloniale moondhede (die Verenigde Koninkryk in die geval van SA) territoriale grense getrek het, sonder inagneming van die bg. grense.
Die volgende gebreke in die liberale demokrasie word kortliks aangestip:
* Partye ideologiseer die samelewing met die invoering van ideologiee wat vreemd is aan die mense (sosialisme, kommunisme, materialisme, individualisme) * ‘n Dominante party gryp alle mag vir homself en kontinueer sy mag met opeenvolgende korrupte verkiesings (Zimbabwe as voorbeeld). * Liberalisme lei dikwels tot totalitarisme (soos die wegroep dat die ANC tot, met en na die Wederkoms sal regeer). * Die geregtigheidsvraag in die algemene belang lei tot die diktatuur van getallemeerderhede. * Organe van die burgerlike samelewing word onderspeel, vervaag en verdwyn en tradisionele leierskap gemarginaliseer (bv. die rol van die Zoeloekoning). * Menseregte-aktes wat gemeenskapsregte en godsdiensregte moes insluit word tot liberale/individuele regte verskraal. * Die stelsel van proporsionele verteenwoordiging word sodanig verkrag dat die groot partye deur die staat met massale fondse gesubsidieer word en kleiner partye bykans geen kans kry om in die wetegewende liggame op ‘n gelyke basis te debatteer nie (dikwels kry ‘n klein party soos die VF+ twee minute om ‘n komplekse saak te stel). * Die sterker groeperinge word deur die staat aangehelp om sterker te word en die kleiner partye uitgewis (bv. deur die verlies van deposito’s in verkiesings).
Die voordele verbonde aan ‘n partylose plurale demokratiese regstaat is dat:
* Die natuurlike differensiasies verdiskonteer word. * Gemeenskapsregte ingebou word. * Die onderliggende beskawingsprobleem tot sy reg kom. * Die rol van die staat geminimaliseer word tot die skep van juridiese ruimtes waarbinne die natuurlike differensiasies hulleself kan afspeel. * Die rol van instellinge van die burgerlike samelewing (godsdiens-, kultuur-, ekonomiese instellinge, ens.) direkte inspraak in die besluitnemingsprosesse kry.
Die struktuur van ‘n partylose plurale alternatiewe model word van onderaf na bo soos volg ingestel. Georganiseerde en gestruktureerde organe van die burgerlike samelewing word versoek om, al na gelang van behoefte, die volgende koukusse om die sentrale unieke bestaansrede van elk te vorm. Dit sluit in instellnige soos volg:
* Ekonomiese instellinge (soos besigheidsinstellinge). * Juridiese instellinge (soos prokureursordes, regsfakulteite, ens. * Landbou-instellinge (soos die georganiseerde unies). * Finansiële instellinge (soos die Banke, met insluiting van die Reserwebank en fakulteite aan hoër onderwysinstellings). * Vakbonde. * Werkgewersorganisasies * Opvoedkundige instellinge. * Ens.
Die staat voorsien aan elke koukus per gebiedsfeer ‘n administratiewe hulpdepartement. Elke koukus skryf ‘n strategie vir die maksimalisering van sy funksies en ter maksimale ontplooiing van sy vermoëns. ‘n Koukus oorweeg alle voorafgaande wetgewing wat hindernisse is op die weg na sukses. Elke koukus formuleer konsepwetgewing ter strukturering van die bedryf daarvan. Elke koukus kies al na gelang van behoefte en bekwaamheid sy leierskap. Die voorsitter van ‘n koukus word die Minister in die kabinet van ‘n uitvoerende president. Die ministers/voorsitters van die verskillende koukusse vorm ‘n kabinet. Die kabinet kies sy voorsitter wat as eerste minister of president dien.
Die president en kabinet bring die volgende regeringsinstellinge tot stand:
* ‘n Wetgewende liggaam van juriste op die verskillende gebiede en sfere wat alle voorgestelde wetgewing deur koukusse bestudeer, in balans bring met alle ander sfere. * ‘n Huis van tradisionele leiers wat saamgestel word uit ‘n veelvoud van statutêre godsdiens-, taal- en kultuurrade (analoog aan artikel 185 van die huidige grondwet) en hulle werksaamhede verrig aan die hand van ‘n grondwetlike akte vir godsdiens-, taal- en kultuurregte. * ‘n President wat wetgewing teken en aan die hoof staan van internasionale verhoudinge (uitstuur en akkreditasie van ambassadeurs en gevolmagtiges. * Die fiskus in en voorsien die fondse vir die bedryf van die staat.
Die onderliggende administratiewe funksionering en staatsprosesse geskied, min of meer, soos volg:
* Die formasie van koukusse per terrein van die samelewing en verkiesing van leierskap aan die hand van vermoëns en vakkundige bekwaamheid. * Die daarstelling van ‘n kabinet bestaande uit die voorsitters van die onderskeie koukusse. * Die aanwysing van ‘n president of eerste minister. * Die hersiening van wetgewing deur koukusse. * Die daarstelling van alternatiewe wetgewing. * Konsultasie tussen koukusse. * Verwysing van wetgewing na die juridiese liggaam vir verfyning en finalisering. * Beoordeling van wetgewing deur die huis van tradisionele (volks)leiers in die mate waarin wetgewing ‘n inpak het op die godsdiens- en kultuurlewe van die land. * Verwysing na die kabinet vir bespreking en moontlike terugverwysing na ‘n koukus ter hersiening van ‘n maatreel wat nie in die algemene belang is nie. * Promulgasie van wetgewing deur die president. * Afdwinging van wetgewing deur die administratiewe komponent onderliggend aan elke koukus.
Die voorgestelde staatkundige model ken net twee sfere: plaaslike selfbesturende owerhede (wat volgend die bg. model in die kleine gestruktureer en bestuur word), en die nasionale sfeer, soos verduidelik. Geografiese ruimtes sal de jure erken word en wat de facto deur gemeenskappe self geskep is, as hartlande vir verskillende gemeenskappe.
Die neutrale swaardmagte (polisie en weermag) is instellinge wat vanuit die kabinet geadministreer word.
Kortom: die voorgestelde regeringstelsel vervang ‘n klomp praatsieke ideologies gemotiveerde partypolitieke leiers in die huidige geldmorsende wetgewende liggame met bevoegde persone wat volgens meriete en vakkundige bekwaamheid deur die burgerlike samelewing daargestel is. Hierdie stelsel gee direkte inspraak aan georganiseerde en gestruktureerde belange-groeperinge. Die individu het direkte inspraak by ‘n gestruktureerde belange-groepering.
Wie stel belang om so ‘n party tot stand te bring?
Sokkerpolitiek in Suid-Afrika kom al van ver af. Buthana Komphela en Seppie Frolik kan gaan slaap as hulle dink hulle het politieke inmenging in sokker uitgedink. En selfs Griekeland, Kenia en Iran wat al hieroor uit Fifa geskors is, kan gaan slaap. In die Namakwaland in is dit al lankal uitgevind én vervolmaak.
Pa-Jan se suster, tannie SC, het vertel hoe hulle kleintyd daar op Nieuwoudtville sokker speeltye by die skool gespeel het. Dit was die dae van Smelters en Gesuiwerdes, en die grootmense se politieke verdeeldheid het so diep geloop dat dit na die kinders deurgeloop het.
Pouses was dit die Gesuiwerdes wat die Smelters op die “sokkerveld” die stryd aangesê het. Of liewer, hul kinders.
Die sokker wat die kinders opgedis het, kan dalk nie met die poer-poer sokker wat nou by die wêreldbeker opgedis word, vergelyk nie. In elk geval nie wat entoesiasme betref nie. Pa-Jan het gesê dit het soos twee spanne honde gelyk wat ‘n vlakhaas op die sportterrein jaag. Die bal, die vlakhaas, en die speler wat eerste by was, het dit ongeag die posisie op die veld, met alle mag na die opponente se pale geskop. Gelukkig was daar nie skeidsregters nie, want sou daar wees sou die rooikaarte gesorg het dat die wedstryd gou oor sou wees, selfs te gou vir klein pouse.
Danksy ds. Steenkamp, wat later ‘n rukkie Amerika toe is en met sy terugkeer gesê het is nou ‘n mediese dokter, en toe SAP-parlementslid geword het, was daar in hierdie kol bietjie meer Smelters as wat mens andersins sou verwag.
Maar die bakleilus tussen die Gesuiwerdes en Smelters was hier nie minder erg as elders in die land nie, soos Ladybrand se stadsaal se deftige voordeur wat kosyn en al uit die muur uit gebaklei is.
Kom maar op enige dorpie, soos byvoorbeeld Philippolis, en gaan kyk in die venduasiekrale se stoor hoe lyk die stoele van daai tyd. Dit was sulke hout opslaanstoiele wat sulke lang rye aanmekaar vas was. Heel stewige stoele, maar waar mens hulle raakloop is daar ook genoeg in die stoorkamer wat mens laat wonder hoe daai stoele so flenters geraak het.
Hulle is so gebaklei, man. Vat nou so ‘n lang ry opvoustoele, ‘n fris boer en ‘n paar politieke opponente. Dan is daai ry stoele darem ‘n gawe mokerding. ‘n Fris boer kan met een hou maklik vier gesuiwerdes, of ses smelters buite weste moker. Dít, het wyle pa-Jan vertel, is hoekom so baie van daai stoele in daai treurige toestand is.
En as Johny de Lange met daai voltreffer in die parlement op dr. Manie Schoeman gedink het hy het die resep uitgevind om iemand van party te laat verwissel, is hy maar laat.
Soos ek die storie onthou, was daar die aand in Calvinia se stadsaal ‘n politieke vergadering, en in die skoolsaal nog een. As dit nie was dat pa-goed gesê het die Smelters het nog opvoeding nodig gehad nie, sou ek nooit geonthou het wie was in watter saal nie.
Maar die Gesuiwerdes se spreker was, anders as die Smelters s’n, droog en oninspirerend. Heeltemal uit pas met die hitte van die politieke era. Ook nie lank nie, vlieg ‘n man in die gehoor op en skree: “Ek sê, kom ons los hierdie vergadering, en gaan d*nder die Smelters!”
Die spreker ag dit sy plig om die grondbeginsels van demokrasie neer te lê. ‘n Rukkie is dit stil, maar toe is dit weer so. Nog ‘n ongeduldige lid van die gehoor wat meen dis veel aptytliker om die Smelters te gaan d*nder.
Weer paai die spreker.
Toe ‘n vyfde lid van die gehoor opvlieg en meen dis beter om maar hier te los en die Smelters te gaan regsien, is die spreker self half m*erig.
“Wil jy my nou wysmaak jy sal ‘n Smelter regged*nder kry?”
“Ja! Ek was ‘n Smelter, en hoe het ek reggekom? Ek is regged*nder! Ek sê ons los hierdie vergadering en gaan d*nder die Smelters!”
Teen hierdie goed-beredeneerde logika, wat so suiwer uiteengesit is, had die spreker geen verweer nie. Die manne stroom uit, sommiges met die lang rye opslaanstoele onder die arm, en sit af skoolsaal toe.
G’n niks ‘n gesissie-storie soos Julias wat die polisie opdrag gee om sy opponente te laat toesluit nie. Dis selfhelp-politiek op sy allerbeste.
Later het die baie bekende storie ook uit hierdie dampkring ontstaan. Die referendum oor republiek of nie, is onderweg, en mense vir en teen die republiek reis die land vol en spreek vergaderings toe.
Natuurlik werk dit nie vreeslik nie, want elke groep gaan luister na hul eie sprekers, en dus oortuig niemand vir niemand nie.
Maar een maer mannetjie waag dit om by ‘n pro-republiek-vergadering op te daag.
Toe die spreker sy storie klaar gestorie het, vlieg die mannetjie op, en skree: “Ja, maar wie gaan ons beskerm?!”
Die spreker verduidelik geduldig, maar is net klaargepraat, dan vlieg die mannetjie weer op en gil: “Ja, maar wie gaan ons beskerm?!”
So met die vierde opvliegslag had die fris tante wat reg agter hom gesit het, genoeg. Sy druk hom op die skouers plat, terug in sy stoel in, en toe sommer die stoel heel flenters, terwyl sy kliphard vir hom sê: “Sit str*nt, ék sal jou beskerm?”
Hiermee is die argument vir die republiek toe ook gewonne.
Pa-Jan en tannie SC het baie staaltjies van ds. / dr. Steenkamp vertel, maar dis ‘n storie op sy eie. Johan van Wyk, jare lank Volksblad se skrywer van die rubriek, Stop van Myne (nou Goeiemôre na die dampielus so teenspoed gekry het), het by geleentheid ook iets oor dr. Steenkamp as politikus se wel en weë geskryf.
Sy groot verkiesingsbelofte was die bou van ‘n groot dam. Maar toe dr. Steenkamp verkies is, is hy vort Kaap toe en in sy kiesafdeling so skaars soos hoendertande. Die dam, nog skaarser.
Naderhand is dit weer verkiesingstyd, en dr. Steenkamp maak ‘n slag sy opwagting. Die bloed kook behoorlik oor die beloofde dam waarvan niks gekom het nie. Met vraetyd is dit sommer die eerste vraag ook. Nou wat van daai gebeloofde dam?
“Nee,” verduidelik dr. Steenkamp, hy was skaars in die parlement toe verduidelik hy die behoefte aan die dam. En daai dam was sommer dadelik so te sê gebou ook, toe breek die oorlog met die Duitsers uit.
“Toe dink ek so by my sigselwers, maar as daai dam nou vol reën en die Duitsers kom en bombardeer daai dam, dan loop versuie al die goeie mense hier oor die Knersvlakte tot by die see. Ek sit toe dadelik af na die minister toe en pleit dat die dam tog nie gebou moet word nie.”
Van Wyk skryf hiermee was die argument goed gewen, en die dak lig behoorlik soos dr. Steenkamp toegejuig is.
Maar hierdie storie moet mens dalk nie te wyd laat loop nie. Netnou lees pres. Zuma dit, en gaan bedink hy iets om vir die massas te verduidelik hoekom hulle nou eintlik so geseënd is om sonder beloofde dienste oor die weg te moet kom. Soos: “Mense, dink net, as julle behoorlike dienste gehad het kon julle ook stort. En, so klink dit my na ‘n bohaai, stort werk nie teen vigs nie. Dink net hoe gelukkig is julle om in die basins te moet was.”
Ja, nee, bring my enigiets oor vandag se politiek en ek sal bewys dat dit al ou, ou nuus in die Namakwaland in was.