Leon Lemmer: RW Johnson, van kommunisme tot liberale realisme

RW Johnson is in 1943 in Engeland gebore, het vanaf 1957 sy skoolloopbaan en vanaf 1961 sy voorgraadse studie in Durban voltooi, vanaf 1964 staatsleer aan die Universiteit Oxford studeer en doseer, daarna die uitvoerende hoof van die Helen Suzman-stigting geword (1995-2001) en hom met die skryf van artikels vir koerante en tydskrifte, asook 15 boeke, besig gehou. Hy roem daarop dat hy eers ná die apartheidsera na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy kom uit ‘n liberale gesin. ‘n Liberale ingesteldheid is die deurlopende kenmerk van sy boeke. Wat sy skryfwerk aanbevelingswaardig maak, is die al hoe groter politieke realisme wat daarin vergestalt word. Anders as baie ander liberaliste wat Suid-Afrika verlaat het toe die swart bewind, wat hulle so naarstiglik begeer het, werklikheid geword het, het Johnson die teenoorgestelde gedoen en hom hier hervestig. “I had, very deliberately, come back to live in South Africa when – and indeed, because – apartheid was over” (RW Johnson, 2020-boek hier onder, Kindle 3616).

Johnson het as politieke waarnemer ontsag begin ingeboesem toe hy op ‘n betreklik jeugdige ouderdom die volgende boek gepubliseer het: How long will South Africa survive? (1977), opgevolg met How long will South Africa survive? The looming crisis (2015, Kindle $16,55) en 2de uitgawe, The crisis continues (2017). In eersgenoemde boek het dit gegaan oor hoe lank die blanke bewind, die “apartheidsregime”, sou oorleef. Laasgenoende boek het die ontaarding van die ANC-regime as tema. Sy boek, South Africa’s brave new world: The beloved country since the end of apartheid (2010, kindle $27,55), het Johnson se gesaghebbendheid en dikwels uitstekende politieke insig bevestig. Daar is ook die volgende onlangse boek van Johnson: Fighting for the dream (2019, Kindle $12,06 – Praag 11.05.2019). Daardie rubriek is ‘n herlees werd omdat Johnson in daardie boek baie vollediger oor die nuwe Suid-Afrika skryf as in die boek wat ek in hierdie rubriek bespreek.

As akademikus het Johnson respek by my afgedwing met sy boek, The African university? The critical case of South Africa and the tragedy at UKZN (2012, Kindle $3,45). Malegapuru William Makgoba, die rektor van die University of KwaZulu-Natal, 2004-2014, het daardie inrigting in baie opsigte groot skade aangedoen weens sy militante politieke voorkeure. Makgoba het bv bedrewenheid in die Zoeloe-taal van al die studente en personeellede verwag; klaarblyklik nie soseer om daardie taal te bevorder nie, maar om blankes, bruines en Asiate te probeer uitsluit. By die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) was daar onlangs sprake dat om dieselfde onderliggende rede kennis van ‘n Afrikataal vir die aanstelling van personeel vereis gaan word.

Twee outobiografiese boeke van Johnson is gepubliseer: Look back in laughter: Oxford’s post-war golden age (2015, Kindle $11,49) en Foreign native: An African journey (Johannesburg: Jonathan Ball, 2020, 300p, R285; Kindle $11,49). Eersgenoemde boek handel oor sy oorsese en laasgenoemde oor sy Suid-Afrikaanse verblyf. Sy jongste boek is die onderwerp van hierdie rubriek. Albei outobiografiese boeke handel oor persone en gebeure wat eerstehands deur die outeur ervaar is. Hierdie werke is in minimale mate outobiografieë. “I do not regard my personal life as being of any general interest” (Kindle 59). Die hooftitel van die boek word soos volg verduidelik: “‘The ‘foreign natives’ include me, for I was born in England, came out to South Africa as a child, have both British and South African passports. And have spent my life coming and going between the two countries, spending roughly half my life in each of them” (72). Die newetitel dui op die tyd wat hy ook elders in Afrika, bv Guinee en Zimbabwe, deurgebring het.

Die eerste hoofstuk begin met die volgende sin: “Maah boy, you gonna have to lurn Afrikaans, maah boy” (86). In die res van sy boek skryf hy egter nie oor Afrikaans nie. Dit is nie duidelik in hoeverre hy Afrikaans funksioneel magtig is nie. Wat wel duidelik is, is dat hy sy inligting (feitlik) uitsluitlik uit bronne in Engels put, hoewel hy ook Frans magtig is, soos blyk uit sy argivale navorsing in Guinee en die lesings wat hy aan die Sorbonne aangebied het (3682). Oor sy besoek aan Suid-Afrika in 1978 skryf Johnson: “I had never really had many Afrikaans friends before and I learnt a lot from them,” bv van Hermann Giliomee (1938).

Johnson se oordrewe beskrywings van sy skoollewe in Durban is die swakste deel van die teks. Hy probeer te hard om dit humoristies voor te stel. Wat die politiek betref, het hy die “complete and unselfconscious racism” van sy mede-skoliere waargeneem (150). “Their own dislike of Indians was more than matched by the Zulus” (163). Johnson maak daarop aanspraak dat hy as 16-jarige al tot die besef gekom het dat “majority rule was a demographic certainty” (320). Om politieke redes wou hy ook nie deel van die skool se kadetopleiding wees nie (358). Later as student “I hadn’t taken out South African citizenship and I said I’d wanted to until I found that I’d then have to serve in the army … The army will only be used to repress the blacks and in that fight I’m really on the other side” (1132).

Aan Natal University was Johnson een van die polities radikale lede van die studenteraad (390). Hy het die graad BA met Latyn, Engels, geskiedenis en staatsleer as vakke voltooi (415). Studente wat van elders in Afrika, bv Kenia, gekom het, was geneig om polities regsgesind (452) en glo rassisties te wees (458). Wat was Johnson? “Being a Liberal meant being in favour of universal suffrage and complete racial equality” (465). Hy beskou homself as “an integrationist” (563) en vind dit nodig om bewyse vir sy verligtheid te verskaf. “One of my brothers married a black woman, my elder sister partnered with a black man, and my son also married a black woman” (471).

Wat duidelik uit die boek blyk, is dat die ANC, Umkhonto weSizwe (MK) en die toplede van die ANC baie meer kommunisties was/is as wat algemeen erken word (613). Dit geld vir die vier presidente sedert 1994, asook die waarnemende ANC-staatshoof. Dit verduidelik nie net die samewerking van die ANC met die SAKP nie, maar ook met Cosatu: “trade union activity, the heart of the matter for any communist” (809). Johnson ken baie van hierdie kommuniste persoonlik. Ronnie Kasrils word bv beskryf as “not well educated” (619) en “Ronnie’s judgement was not good” (659). Kasrils was nie in staat om ‘n graad aan die London School of Economics te verwerf nie (1461). Hy het min van die marxistiese literatuur gelees (1008). “I always saw Ronnie as a sincere but naive revolutionary romantic” (672). Dit is kommunistiese Jode soos “Michael Harmel, Lionel (Rusty) Bernstein, Joe Slovo and Joe’s wife, Ruth First” wat beslag aan die gewelddadige aard van MK en die ANC gegee het (822). In hierdie verband het die “bevrydingstryd” in Algerië vir hulle as ‘n navolgingswaardige voorbeeld gedien (822).

“Many on the left, influenced by the writings of Fanon and Mao, believed that only armed struggle could bring about a socialist revolution” (1601). “The Soviet block was providing the SACP with the arms, money and training needed for the armed struggle” (920). “MK was entirely the creation of a particular SACP faction, but it was hoped that Mandela’s leadership would gradually draw the ANC in too” (828). “It was [Walter Sisulu] who had recruited Mandela to the SACP” (853). MK was militêr ‘n mislukking. “MK achieved almost nothing militarily” (859). Nogtans betaal Suid-Afrika se belastingbetalers tot op hede en sekerlik tot in die verre toekoms ten duurste vir die beweerde bydrae wat hierdie terroriste tot die “bevrydingstryd” gelewer het.

Tydens die Rivonia-verhoor (1963/64) het Mandela beweer dat hy nie ‘n kommunis was nie (2010). Hy het gelieg in ‘n poging om die doodstraf vry te spring. Mandela is egter die outeur van ‘n essay, “‘How to be a good Communist’, which included such statements as ‘Under a CP government South Africa will become a land of milk and honey … There will be no unemployment, starvation and disease'” (2016); dus nog Mandela-leuens. “In South Africa ANC rule has seen slow growth and a trebling of unemployment” (3999). Mandela “was not only then a communist, but was on the Party’s Central Committee – the SACP itself boasted of this after Mandela’s death. So Mandela was lying throughout about his beliefs” (2025). Die toespraak wat aan Mandela toegedig word aan die einde van die Rivonia-verhoor, was (in groot mate) die werk van mede-kommuniste, veral Bram Fischer (2035). Arthur Chaskalson, wat die president van die Konstitusionele Hof was (1994-2001), was ook ‘n oortuigde aanhanger van die SAKP (2035).

Voordat Johnson na Oxford is, was hy ‘n kwartaal lank ‘n dosent in geskiedenis aan Rhodes University in Grahamstad. Daar het hy linkses soos Daantjie Oosthuizen (1926-1969) teëgekom (1266). Oosthuizen het aan Oxford studeer, maar kon nooit ‘n doktorsgraad verwerf nie. Daar is destyds gesê dat hy op jeugdige ouderdom in 1958 die hoof van die filosofie-departement geword het omdat hy in 1952 met Anne, die dogter van Basil Schonland (1896-1972), die kanselier van Rhodes (1951-1962), getrou het. As Afrikaanssprekende het Oosthuizen dit nodig gevind om so aktief en militant moontlik radikaal links te wees; dalk om sy aanvaarbaarheid in Rhodes-geledere te verhoog. André P Brink was toe aldaar ‘n dosent in Afrikaans. “Everything about Brink radiated a sense of intellectual dissent and a certain self-importance” (1330).

“After I got to Oxford [1964], I received a letter from my mother relating that the security police had come to detain me ten days after I had left” (1379). Johnson se siening van Suid-Afrika was in daardie stadium “a politics of black and white, of good versus evil” (1396); iets wat veral sedert 1994 as die populêre narratief of meesterverhaal steeds met ons is. Johnson het nagraads in staatsleer studeer en met ‘n marxis as studieleier (1524) ‘n tesis oor Sékou Touré se Guinee voltooi (1403, 1524). Dit het aan hom ‘n Fellowship-doseerpos besorg (1409).

Johnson was toe steeds ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Congress of Democrats (1435) waaraan al die bogenoemde kommunistiese Jode behoort het ten einde hulle eensgesindheid met die ANC te betoon. “Almost to the last man they belonged to a Stalinist party, the SACP” (1441). Johnson skryf: “I was a Marxist and pro-ANC” (1441). Later skryf hy: Sy liefde vir demokrasie sluit in dat hy teen die Britse monargie gekant is. “I was a republican” (2421). “I had stuck with the Labour Party through thick and thin. In my own mind I was a liberal social democrat in both Britain and South Africa” (3023). “Mrs Thatcher … I had greatly disliked” (3095).

Die ANC het homself as “non-racial” voorgedoen maar “its activists did nonetheless feel a deep suspicion of all whites” (1448), bv Essop Pahad, wat in die Thabo Mbeki-era so ‘n prominente rol in die ANC-regime gespeel het. Albei laasgenoemdes was/is “trusted communist[s]” (1454). “The ANC (and, in fact, the SACP) controlled the Anti-Apartheid Movement [in Britain]” (1467; ook 3344). In hierdie bedrywighede het Peter Hain, wat Suid-Afrikaanse ouers het, ‘n leidende rol gespeel (1473). Sedert 1994 kom Hain glad te dikwels in Suid-Afrika en lug graag sy mening, wat hy as gesaghebbend beskou.

As “historikus” en politieke kommentator is daar min mense wat my meer irriteer as Basil Davidson (1914-2010) met sy “populêre” boeke oor Afrika. “Basil saw his own writing very much as serving his own political purposes, which is to say ‘the progressive movement’, so he would carefully omit information he judged to be inopportune” (1621). Davidson “confided in me that he had at last found an African state that really was building socialism in just the way he had hoped: Said Barre’s Somalia” [!] (1633). “He told me that what had gone wrong in Africa was that the colonial powers had imposed the idea of the nation-state on communities where this notion lacked any traditional basis: as usual, the colonial powers were to blame” (1633). Johnson het met Davidson swaarde oor sy oppervlakkigheid gekruis. Dit blyk toe dat Davidson se minderwaardigheid spruit uit die feit dat “he had never been to university” (1608). Dit was/is ook die probleem van plaaslike joernaliste soos Ken Owen (1615), Allister Sparks (Praag 22.10.2016) en Ton Vosloo (Praag 31.08.2018), asook die Anglo-Amerikaner, Christopher Hitchens, wat nooit ‘n geleerde (“scholar”) was nie (1879).

Johnson se bekering tot groter politieke realisme het gekom toe hy nagraadse veldwerk in ‘n polities onafhanklike Afrika-staat, Guinee, gedoen het. “I realised that my excited identification with radical African nationalism had essentially derived from my emotional reaction against apartheid … Touré had installed a one-party state” (1800); “a sort of African Stalinism. Touré had the power of life and death over his subjects” (1806). Hy skryf van “the thorough dousing in African reality that I had had in Guinea” (1867). “You have to look at the way they behave when they have power” (1843). “I realised anew that personal liberties really mattered and they were basic. You simply could not build a democratic society without them; they were non-negotiable” (1830). “Guinea remains one of the poorest countries on earth” (1818).

‘n Franse kommunis het Johnson in 1968 gehelp om toegang tot Guinee te verkry (1660). Daar het Johnson te make gehad met “African pseudo-history, known today as Afrocentrism” (1673), waarvan die ANC-regime se herskrywing van ons geskiedenis ‘n voorbeeld is. Byvoorbeeld, Cheikh Anta Diop “argued that ancient Egyptians were black people, part of a single African race, and that it was thus African civilisation that had produced the first writing (hieroglyphics) and invented mathematics. These achievements had been stolen from Africa, ending up in the hands of the ancient Greeks, and thus becoming the property of Western Europe and the white race” (1673).

Hierdie redenasie is soortgelyk aan die polities byderwetse mite dat die Boere/Afrikaners Afrikaans van die Khoi-Khoin en slawe gesteel het. Die Egiptiese hiërogliewe (3 000 vC) is ook nie die vroegste skrif nie. In Mesopotamië (3 200 vC) was wig- of spykerskrif (“cuneiform”) lank voor hiërogliewe in gebruik. Ná die politiese onafhanklikwording van swart Afrikalande was dit lank die gebruik om Egipte en lande in Noord-Afrika waar Arabiere/Berbers in beheer is, asook blank Suid-Afrika as ‘t ware as nie deel van (die eintlike of) swart Afrika te beskou nie. Johnson skryf: “[The] ancient Egyptians were a Nilotic people, there is no proof of their skin colour” (1673). Die wedersydse Egiptiese invloedsfeer was die Middellandse See-gebied, bv Griekeland en lande in die Midde-Ooste; nie soseer die res van Afrika nie. Maar toe dit die swartes later polities pas, word Egipte skielik as deel van swart Afrika beskou.

Nelson Mandela, wat ten alle koste swart mag en Afrosentrisme bevorder het – dit het nie vir hom saak gemaak as dit geen feitelike basis het nie – het uiteraard saamgespeel. Hy skryf: “As a student, I had fantasized about visiting Egypt, the cradle of African civilization … the pyramids and the sphinx … I spent the whole morning of my first day in Cairo at the museum, looking at art, examining artifacts … It is important for African nationalists to be armed with evidence to refute the fictitious claims of whites that Africans are without a civilized past that compares with that of the West. In a single morning, I discovered that Egyptians were creating great works of art and architecture when whites were still living in caves” [!] (Nelson Mandela, Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 353). Dus, Mandela mag op swart superioriteit aanspraak maak terwyl blankes dit nie mag waag om te beweer dat hulle meerderwaardig is nie. As gevra sou word waarom (swart) Afrika sedertdien wat bv prestasie en ontwikkeling betref by Europa of die Weste agter geraak het, sou die skuld ongetwyfeld op kolonialisme, imperialisme, rassesegregasie en apartheid, dus die blankes, gepak word.

Johnson skryf: “But Diop’s ideas gathered support in black America and elsewhere, such was the hunger of many blacks to ‘discover’ that they were really an ancient civilisation of a superior kind” (1680). Diegene wat Diop teengespreek het “received some rough treatment,” bv “American academics who objected to the wishful and racially based nature of Diop’s work … In most universities, respectable historians, while quietly rejecting Diop as nonsense, were usually careful not to say so out loud … The unhappy result is that in many departments of black studies in the USA and elsewhere, Diop is taken as gospel while mainstream history departments quietly ignore him. In Senegal itself the entire University of Dakar has been named after Diop. The result is a form of segregation in the academy that is both racial and intellectual” (1680). Dink aan Wim de Villiers se Stellenbosch University (SU) waar visueel regstellend niks meer na blankes, soos DF Malan, Hendrik Verwoerd en John Vorster, vernoem mag word nie. As die stigtingskenker van die SU swart was, sou sy naam op elke hoek en draai op die kampus én in die naam van die universiteit gewees het. Maar Jan Marais was ‘n Afrikaner, gevolglik is selfs sy stigtingsvoorwaarde in 2018 tydens die SU se eeufees doodgeswyg.

Toe Johnson in 1977 sy eerste substansiële boek oor Suid-Afrika gepubliseer het, “I had become discontented with the ANC and Marxist interpretations of events and was, in my own mind, a determined realist” (1849). Omstreeks hierdie tyd (1978) het hy Allan Boesak ontmoet. “He had enormous self-confidence” (2903). “The only incongruity was any idea that he had the remotest thing so do with religion or a church. Indeed, watching and listening to him it was difficult to believe that this was a man of any sort of principle, religious or political. Holding to principles of any kind implies discipline, self-denial, even a kind of austerity, and of this there was no sign … There was always this picture in my mind of the perfect party animal” (1950).

“The UDF leaders Archbishop Desmond Tutu and Allan Boesak strongly denied it was an ANC front. Their denial turned out to be untrue” (2127). Toe die uitgeweke ANC-leiers in 1990 na Suid-Afrika teruggekeer het, het die UDF verdwyn. Die twee genoemde hoogheilige teoloë het doelbewus hieroor gelieg. “Van Zyl Slabbert told me that he often had to share platforms with Tutu and Boesak, an embarrassing business since they were both prima donnas who clearly hated one another … Boesak was … outshone … Tutu would appear resplendent in his scarlet robes and episcopal hat. He stuck out a mile and affecting a prayerful pose” (2139). Die een wou belangriker as die ander wees.

As teenvoeter het Boesak vir hom pakke klere aangeskaf wat glimmer/skitter, maar die laaste silwer een het hy nooit op die verhoog gedra nie omdat sy korrupsie hom toe reeds ingehaal het (2145). Op grond waarvan word daar steeds na Tutu as aartsbiskop verwys – ook deur Johnson – terwyl hy dit al lank nie meer is nie? Dit is gewoon ‘n gevolg van ANC-kruipsug. Toe die Springbok-rugbyspan ná die verowering van die Wêreldbeker in 2019 na Suid-Afrika terugkeer het, is hulle verplig om die stokkiesdraaier, Hector Pieterson, se gedenkteken asook die hoogheilige Tutu te besoek; nie die Voortrekker-, Vroue- of Taalmonument nie. Wat ‘n skande.

In 1980 het Johnson ‘n kwartaal lank klas aan Natal University (NU) gegee. Dit was aan die begin van die verswelging deur swart studente van die eens hoofsaaklik blanke Engelstalige universiteite (2086). “The universities would soon be ‘massified'” (2717). Die koshuise is binne ‘n kort tyd deur die swartes oorgeneem (2791) – hoe meer van hulle ingetrek het, hoe vinniger het die blanke studente vertrek. Terselfdertyd was dit die aanvang van die akademiese agteruitgang van al die plaaslike universiteite; eers die Engels- en daarna die Afrikaansmedium inrigtings. Vir die NU was die absolute laagtepunt die bewind van Makgoba, waarna hier bo verwys is.

Oor NU in 1980 skryf Johnson: “The university was changing rapidly as a torrent of poorly qualified black students poured in … There was enormous pressure to pass at least some of the black students, who were always on the verge of failing. There was much ‘affirmative marking’ because ‘you can’t fail them all’ … There was much worried talk about the necessity of maintaining standards. Black students picked up on the word ‘standards’ and denounced it as intrinsically racist … In truth, far from marking black students down for racist reasons, they were generally marking them up for affirmative reasons” (2188). “Most universities … responded to this situation by boasting ever more loudly of their ‘excellence’ – or of their being ‘world class” (2207). Dit geld sekerlik vir Wim de Villiers se Stellenbosch University. Waaraan hier uitdrukking gegee word, “is not high standards but status anxiety” (2207).

Johnson het hom tevergeefs vir akademiese vryheid beywer. “Academic freedom was non-negotiable” (2478). In werklik bestaan akademiese vryheid nie meer in die nuwe Suid-Afrika nie maar (feitlik) geen haan kraai daaroor nie. Instemming met die polities byderwetse meesterverhaal van die ANC/SAKP is blykbaar goed genoeg vir hedendaagse futlose akademici. “Universities were like flowers … They could do much good for the lives of young people – but they were fatally easy to damage. It was as easy as breaking off the bloom of a flower; once you did it, the flower did not recover” (2491). Die universiteitswese, plaaslik en elders, bv Amerika, is tot in sy kern verrot.

Hoofstuk 10 het as opskrif: “The end of apartheid.” Dit is wat Johnson begeer het, so asof daar niks goeds in apartheid was nie. Die Afrikanerweerstandsbeweging het tydens die 1989-verkiesing teen die gevaar van ‘n “black communist revolution” gewaarsku. Die plakkate van Andries Treurnicht se Konserwatiewe Party het gelui: “It’s later than you think” (2382). Albei partye het uitdrukking aan die waarheid gegee. Het die Nasionale Party in 1989 erken dat hy die politieke mag gaan oorgee, met of (soos dit geblyk het) sonder ‘n mandaat van die kiesers? Vanselfsprekend nie, want anders sou hy die verkiesing verloor het.

Die ontbanning van die ANC, SAKP, PAC, ens, op 2 Februarie 1990 “implied complete democratisation” (2402). “I said De Klerk was about to negotiate his way out of power and hand over to the ANC” (2408). Dit het geblyk ‘n korrekte voorspelling te wees, maar De Klerk het ontken dat dit is wat hy besig was om te doen. Sy beloofde magsdeling het magsoorgawe geword. Op hierdie manier het hy na bewering ‘n burgeroorlog verhoed. Vir sy manteldraaiery is hy vir sy staatsmanskap geloof en het hy sy finansies met die Nobelprys vir Vrede aangevul. Dit is myns insiens sekerlik een van die skandaligste hoofstukke in die politieke geskiedenis van die mensdom.

Johnson se reaksie is egter: “South Africa was lucky to have a man like Mandela” (2408), asof ‘n terroris buite die tronk onskadelik kan wees. Maar die sogenaamde realis, Johnson, bevestig later sy volgehoue blindheid oor Mandela met hierdie opmerking: “I admired Mandela” (3042). Die ANC se “People’s War” van 1990/94, met sy buitensporige verlies aan menselewens en vernietiging van eiendom, het kort ná Mandela en ander ANC-terroriste se vrylating ‘n aanvang geneem ten einde te verseker dat die ANC/SAKP die sogenaamde eerste demokratiese verkiesing wen. Johnson vertel wat hy, klaarblyklik voor die 1994-verkiesing, in die Transkei gesien het: “Several hundred MK soldiers in battle fatigues were marching” (2440). Daar was ook “the constant smuggling of AK-47s into Natal … They were used against Inkatha in a war that was killing 200 people each week” (2447) – “an AK-47 … always the ANC weapon of choice” (2597).

Wat het die massa-inligtingsmedia hieromtrent gedoen? “Most journalists, domestic and foreign, tended to take the ‘progressive’ (ie ANC) line” (2528). “As the election approached, many NGOs [non-governmental organizations] were keen to play a role, particularly with voter education. The ANC effortlessly colonised many of these NGOs so that their ‘voter education’ material was really ANC propaganda. The National Democratic Institute (NDI), the Democrat part of the US National Endowment for Democracy, played a considerable role. It adopted a strongly pro-ANC stance” (2559). Kieseropleiding was hoofsaaklik op swartes toegespits en het hierdie kiesers geïndoktrineer om vir die ANC/SAKP te stem. Dit was dus geen vrye verkiesing nie.

Kiesers kon ook nie (demokraties) vir kandidate stem nie; bloot vir politieke partye. “The system was essentially a deal between the National Party … and the SACP. The SACP’s problem was that it had many white and Indian cadres who could not possibly get elected if a constituency-based system was chosen. But under this system the party bosses could simply push SACP cadres into electable positions all over the ANC list” (2578). Weer eens toon Johnson hiermee in hoe ‘n groot mate die nuwe Suid-Afrika kommunisties-gedrewe is. “These SACP manoeuvers had been funded by the US taxpayers [ie Bill Clinton’s administration]” (2584).

Op stemdag in 1994 neem Johnson die volgende by ‘n stembus waar: “The returning officer … allowed ANC activists to wander into the polling station to ‘assist’ voters. Outside there were young men filling in photocopies of a blank ID document with their own or bogus names, allowing them to cast multiple votes” (2603).

Wat is Johnson se geheelindruk van ons oorgang/ondergang na demokrasie? “The end of apartheid was a release for everybody [!]. The ANC liked to take credit for this but actually De Klerk revoked all the major apartheid legislation in 1990” (2622). Enersyds het De Klerk se ruggraatoosheid hierdie ramp van regeringskant af moontlik gemaak en andersyds het alles in die skoot van die ANC/SAKP geval weens die terroristiese gewelddadigheid wat hulle deur veral De Klerk toegelaat is om mee weg te kom. “De Klerk … had effectively carried out everything [Helen Suzman] stood for” (2952).

Vóór en veral ná die 1994-verkiesing was “blatant acts of ‘repositioning'” aan die orde van die dag. “This was especially marked among journalists and businessmen” (2662). Onder mense wat eens Afrikaners was, was lidmaatskap van die Boerderbond en selfs die behoud van Afrikaans skielik nie meer belangrik nie. Sake-onderndemings “threw money and directorships at the new men, who happily snapped them up. The bribery of the new black elite was quite breathtaking, but the ANC were more than up for it” (2668). “Their donations to ANC causes were partly protection money but also acted as cover while they took steps to transfer their wealth out of the country” (3069). Die ANC-kamerade het immers nie geveg om arm te bly nie. Vir hulle het eettyd aangebreek. Cyril Ramaphosa het openlik nasionalisering bepleit (2668). Veral in Natal “the realisation that they were now relegated to the back of the queue created considerable bitterness among many Indians” (2680).

Johnson het van die begin af geen vertroue in die ANC-regime gehad nie. “I had seen enough of the ANC in exile – an inept and shambolic organisation full of parochial attitudes and authoritarian instincts” (2922). Vir heldersiende waarnemers het die nuwe Suid-Afrika ‘n herwaardering van die prestasies van die blanke politieke bewind, insluitende die “apartheidsregime”, ingelui. “South Africa … was … far more developed than any other African state. Nowhere else in Africa had African nationalists had to manage such a sophisticated economy. Anyone who had seen how quickly independent African states had developed into kleptocracies had to be worried: there was so much more to steal in South Africa that an enormous feeding frenzy was on the cards” (2928).

“Shortly after independence two things had happened almost everywhere in Africa: their countries ceased to be self-sufficient in food and had plunged into food deficit, and in many countries the electricity supply had broken down” (2945). Die nuwe Suid-Afrika het geblyk geen uitsondering te wees nie. “Almost immediately the state began to practice not just affirmative action but so-called cadre deployment, with semi-literate but politically favoured folk given senior positions. This was particularly evident in the civil service” (2964). “Another ideological crime was ‘Afro-pessimism’, for … optimism was now compulsory” (2992). “Optimism is not only desired but also required. This makes the situation impossible for anyone trying to work out a fully realistic view of the situation” (3786).

Frederik van Zyl Slabbert en Alex Boraine se Institute for Democratic Alternatives in South Africa (Idasa), gestig in 1986, was ‘n poging om ‘n brug na die ANC te bou. “Van seemed to think that he had an understanding with Mbeki that they would run South Africa together … He several times asked me what I thought of his becoming foreign minister. I said, well you would have to join the ANC first. Fine, he would do that” (3155). Later: “Van then told me that he wanted to run for premier of the Western Cape, perhaps at the head of his own new party” (3167). “Van … had really painted himself into a corner by allying himself to the ANC, which was, in the crunch, never going to give him what he wanted” (3203). “Van’s later years were clouded by a growing dementia” (3216).

“There was no shortage of sycophants, both black and white [eg Willie Esterhuyse], to assert that Mbeki was a man of brilliant mind. This was absurd. Those who had studied alongside him at Sussex University laughed at the notion. He had been a poor student, they said, often copying other people’s work, always late and behind” (3539). Maar as president (1999-2008) “he was the man in power and his ego was large, as was his paranoia” (3545). By Mbeki was daar ‘n “sense of intellectual grandiosity … For him it was axiomatically true that all disasters that befell Africans were the work of whites and Western imperialism” (3558). Sy idees oor vigs en MIV “convinced Bill Clinton, Tony Blair and other world leaders that he was crazy and not to be trusted, and this in turn doomed all his ideas about an African Renaissance” (3578).

“Things in South Africa began to change in 2005 after Mbeki dismissed Jacob Zuma from the deputy presidency. This split the ANC into Mbeki and Zuma factions. Almost overnight the South African press woke up from its long sycophantic slumber” (3623). Zuma “was adamant that Mbeki had made a great deal of money from the arms deal” (3629). “What Zuma wanted was power and money” (3768). “Corruption … was just another way of distributing resources” (4043). “In contemporary South Africa one can find many people who took the side of the ANC, infused with a righteous hatred of apartheid, and then gradually found they were supporting a party so riddled by corruption as to be little beter than a criminal organisation” (3953).

“The fact that a quarter of a century later this failure [of ANC rule] is complete has given me no pleasure” (4074). “A successful transition from white rule depended heavily on whether the ANC would use the skills of the better-educated section of society, irrespective of its colour” (4080). Pleks daarvan is die blankes en Asiate eerder uit poste gestoot of geweer. Die tragedie is: “African majority government was now installed for the indefinite future” (4080). Hierdie durende ramp moet voor die deur van FW de Klerk en sy onderhandelaars gelê word. “South Africa once emerged from being a sort of Wild West frontier society, left that world behind, and has now again become a lawless frontier” (4150). Dus, wat oor eeue tydens die blanke politieke bewind opgebou is, is binne ‘n kwarteeu (onherroeplik) afgebreek.

“The main thing to grasp about African nationalism is that it is the opposite of what it seems and promises to be. Although African nationalist politicians frequently advocate socialism, in practice they are key actors in the primary accumulation of capital. The result, everywhere in Africa, has been a huge increase in inequality, one that goes far beyond anything seen in pre-colonial African society or even in colonial society … None of the white prime ministers and presidents of South Africa and South Rhodesia became wealthy men” (3987). In die nuwe Suid-Afrika, daarenteen, het iedere staatshoof en baie van die politici en ander ANC-kamerade baie vinnig stinkryk geword. “Under the banner of socialism one builds a plutocracy” (3993).

Helen Zille het in 2007 die leier van die Demokratiese Alliansie (DA) geword. “[Zille] began to steer the DA closer to the ANC and also … brought – or tried to bring – into the party leadership Patricia de Lille, Lindiwe Mazibuko, Mamphela Ramphele and Mmusi Maimane. These were catastrophic choices” (3743). “In Maimane’s brief period as DA leader, he managed to alienate Afrikaans-speaking voters … My desire to help the liberal cause in South Africa had been one of the major reasons for my return to the country, and I felt a sense of almost personal loss as I saw the DA drift away from its liberal principles” (3749). In gesprekke met Jonhson Zille “acknowledged her past mistakes” (3755). Oor die 1994-verkiesing skryf Johnson: “My own vote was long promised to the (liberal) DP, which barely survived the election” (3868). Johnson kan gerus genoeg realisme aan die dag lê om in te sien dat die liberale en afrikanistiese elemente in die DA onverenigbaar is. In Suid-Afrika sal ‘n liberale party grootliks nie-swart wees. So ‘n party is gevolglik gedoem om ‘n klein party, dus ‘n nie-meerderheidsparty en kwalik die hoofopposisieparty, te wees.

Dit behoort duidelik te wees dat daar steeds reste in Johnson se politiek is wat vir Afrikaners onaanvaarbaar is. “There are few prizes in Africa for those who speak out in an independent-minded way, let alone for those who advocate liberal principles. Something that Afrikaner nationalists, African nationalists and communists all heartily agree upon is their execration of liberals and liberalism. Moreover, in a political culture based either on ideological rectitude or on deference to chiefs (or both), there is a great deal of sycophancy and camp-following” (3773). Daar is myns insiens geen moontlikheid dat Afrikanernasionalisme en swart of Afrika-nasionalisme versoenbaar is nie terwyl Johnson blykbaar dink dat liberalisme dié kuur is wat sulke (fundamentele) verskille kan oorbrug.

Deel van realisme is om verskille te erken en vry te voel om jou eiesoortige kultuur uit te leef; ook in ‘n multikulturele land. Johnson dink anders: “Such habits derive from living in small communities that are ethnically, linguistically or religiously homogeneous” (3760). Myns insiens behoort die missie van Afrikaners te wees om wat hulle eie is, bv wat hulle van ander rasse en etnisiteite onderskei, teen verswelging te beskerm en hulle andersoortigheid uit te bou.

By swartes onderling is daar groot etniese verskille wat ‘n oorhoofse nasionalisme verswak, nie net in (swart) Afrika in die algemeen nie, maar ook binne Afrika-lande, insluitende Suid-Afrika, waar daar duidelike voorkeure vir die eie stam of etnisiteit is. “The sense of national community is weak or absent from most African states – loyalty is more often felt towards one’s clan or ethnic group. Moreover, once Africans were emancipated from colonialism there was no obvious target for nationalist mobilisation. Many of the states are in any case war-torn, weak or failing. What is more distinctive about these movements and parties is their African-ness, not their nationalism” (4018). Swartwees is dié kenmerk van Afrikaanwees. As jy deesdae swart en in (swart) Afrika is, is jy ‘n uitverkorene. As jy nie-swart is, hoort jy eintlik nie hier nie; is jy gedoem om tot in die oneindige as ‘n setlaar of indringer beskou te word.

Dan Roodt: Kan die jeug ons volk red?

Ek het so pas Lauren Southern se boek, Barbarians: How Baby Boomers, Immigrants, and Islam Screwed My Generation (Rebel Media, 2016, Kindle.) gelees. Daarin vertel sy van haar ontnugtering met die Kanadese universiteit waar sy aanvanklik ingeskryf het, net om agter te kom dat al haar dosente lede van die babagolfgeslag (Eng. baby boomer) was wat hul eie linkse politiek lesingsaal toe gebring het. Die res van haar teks bestaan uit ‘n aanklag teen daardie geslag wat haar toekoms as jongmens met hul kranksinnige marxistiese en postmodernistiese idees bederf het.

Die boek eindig met ‘n verwysing na die liedjie van die rockgroep Genesis waarna ons ook destyds geluister het, “Land of Confusion”, waarvan ek die eerste helfte hier aanhaal:

I must’ve dreamed a thousand dreams
Been haunted by a million screams
But i can hear the marching feet
They’re moving into the street.

Now did you read the news today
They say the danger’s gone away
But i can see the fire’s still alight
There burning into the night.

There’s too many men
Too many people
Making too many problems
And not much love to go round
Can’t you see
This is a land of confusion.

This is the world we live in
And these are the hands we’re given
Use them and let’s start trying
To make it a place worth living in.

Die liedjie eindig op die hoopvolle noot:

This is the world we live in
And these are the names we’re given
Stand up and let’s start showing
Just where our lives are going to.

Meer nog as Lauren se Kanada en veral natuurlik die ultraliberale en dekadente Toronto, verdien Suid-Afrika die benaming “land van verwarring”. Ons ware leiers uit die verlede word verguis terwyl Winnie Mandela, Bram Fischer en Joe Slovo opgehemel word.

Helde van die nuwe Suid-Afrika: Winnie en Nelson Mandela, Joe Slovo

Maar wat die geslagte betref, is Suid-Afrika ‘n bietjie meer ingewikkeld, want ek sien drie onlangse opeenvolgings van Afrikaners. Oorlede Chris Louw het met sy gelyknamige brief die “Boetman”-geslag gedefinieer, hulle wat moes gaan veg vir die bevoorregte geslag van Afrikaner-nasionaliste van die De Klerk-tipe wat toe sommer op ‘n dag besluit het om aan die ANC-SAKP oor te gee.

Die De Klerk-geslag (FW en sy broer Wimpie) het nog ander figure ook, soos byvoorbeeld Harald Pakendorf waaroor Leon Lemmer so pas geskryf het. Die verstommende argeloosheid waarmee hulle die kulturele en mediabates verkwis het wat ‘n vorige geslag Afrikaners opgebou het, spreek boekdele. Hulle is inderdaad ons “babagolwers” wat in die waan van hul “verligtheid” al verder na links geneig het en hul uiteindelik in die arms van die Marxiste-Leniniste van die ANC en SAKP gewerp het. Vandaar dus die geesdriftige “hulde” wat FW de Klerk vandeesweek aan Winnie Mandela gebring het.

Vir die babagolfgeslag was alles maklik, want hulle op die arbeid en strewe van ‘n vorige geslag geteer. Hulle het ‘n eerstewêreldstaat met ‘n bloeiende ekonomie, asook staatsondernemings soos Eskom, SAL, Transnet, Telkom, NOK en ander geërf. Daar was twee Afrikaanse mediagroepe: Naspers in die suide en Perskor in die noorde. Te danke aan Willem de Klerk en Harald Pakendorf se swak ideologiese keuses, is die grondslag van die verwydering tussen Afrikaanse media en Afrikaanse lesers gelê. Perskor is heeltemal tot niet, dog nie sonder dat sy aansienlike ooblywende kapitaal in die vorm van Dagbreektrust ook in linkse hande beland het nie.

Die babagolwers hoef kwalik vir enige werk aansoek te gedoen het. Hulle het gebaai in die oorvloed van die ou Suid-Afrika en die voorafgaande nasionalistiese beweging wat op die 1961-republiek uitgeloop het. Moontlik kon hulle hul nie voorstel dat iets anders moontlik was nie, selfs al waag hulle alles in hul roekelose politiek. Dat Suid-Afrika uiteindelik “net nog ‘n Afrikaland” kon word, met een verwoestende revolusie of staatsgreep na die ander, was miskien nooit deel van hul toekomsplan nie. Of miskien het hulle net nooit omgegee nie, want hulle toekoms was mos verseker, met hul pensioene en vakansiehuise in die Suid-Kaap.

Après nous, le déluge, in die woorde van Madame de Pompadour, kon hul slagspreuk gewees het. Die chaos wat sou volg, kan hulle nie skeel nie.

Die Boetmans, waartoe ek behoort, was die eerste geslag van onterfdes onder die nuwe bestel. As middeljarige blanke mans is ons gehoon en uitgerangeer. Maar die situasie van die derde geslag, ons kinders, is nog veel erger: die millenniërs ervaar die diskriminasie en onreg van die Afromarxistiese bestel in sy volle geweld en kan binne die afsienbare toekoms uitsien na ‘n Malema-bewind wanneer die tweede en finale fase van die revolusie sal aanbreek. Nie dat Ramaphosa nie reeds radikaal genoeg is nie, met sy grongrypplanne en verdere uitsluiting van Afrikaners uit die stelsel. Panyaza Lesufi is kennelik ook besig met sy eie “eindspel” sover dit Afrikaans as skooltaal betref, nadat die taal reeds aan die meeste universiteite die onderspit moes delf.

Hoe moet dit voel om vandag ‘n millenniër te wees, met die wete dat jou ouers en grootouers jou toekoms vir ‘n pot lensiesop verkwansel het? Eintlik is dit veel erger as wat dié spreuk uit die Ou Testament weergee, want van sop was daar nie veel sprake nie. Dit het meer om sadisme en perversie as enigiets anders gegaan. Die babagolwers het hul radelose verraad gepleeg omdat hulle kón. Hulle het hul eie oppermag deur oorgawe gedemonstreer. Soos Lauren Southern ook in haar boek verduidelik, het daardie geslag meer in seks en dwelms as in die toekoms van hul kinders belang gestel. Hulle was ‘n klomp ou hippies wat nog ‘n laaste dampie wou maak, veral die ideologiese dampie. “Swart bevryding”, iets wat saam met LSD en Woodstock in die sestigerjare ‘n modieuse slagspreuk geword het, het hulle bedwelm. Verder as dít kon hulle nie dink nie.

Vir die afgelope meer as honderd jaar is die etniese problematiek van Suid-Afrika deur baie slim mense hier en oorsee ontleed, maar op die ou end het die De Klerk-geslag die weermag, die polisie, die staat en ons erfenis van bykans 400 jaar op die roulettetafel gesmyt. Roelf Meyer wat as kroepier opgetree het, het die wiel ‘n vinnige draai gegee en daarmee is ons bankrot gelaat.

Indien die Boetmangeslag onterf is, is die millenniërs beroof. Daar word aan hulle vertel dat hulle maar “hul heil oorsee moet gaan soek”, dus moet emigreer. Vir die eerste keer in ‘n eeu mag hulle ook nie in Afrikaans studeer nie, bloot omdat ‘n minderheid radikale studente, hoofsaaklik volgelinge van Julius Malema, besluit het dat “Afrikaans moet ondergaan” (Afrikaans must fall).

Uit my onlangse gesprekke met jong Afrikaners het egter geblyk dat alles nie verlore is nie. Danksy die internet, YouTube en die snelle verspreiding van inligting, is hulle oë besig om oop te gaan. Dis nie net ons veterane wat die opwelling van nasionalisme in Europa en die VSA met belangstelling volg nie, maar ook ons kinders. Al mag hulle nie vrylik hul menings uitspreek nie, gegewe die krimpende spraakvryheid in Suid-Afrika en veral op die kampusse, voel hulle gebelg en verontreg vanweë die ou hippies se verraad.

Op ‘n manier het die Afrikaner in die geskiedenis teruggegly tot iewers net ná 1902. Pleks van Britse imperialisme, het ons nou te kampe met Bantoe-imperialisme. Die Bantoestamme, wat nog nooit in die geskiedenis die totale grondgebied van ons land beset het nie, is tans besig om dit vir hulle toe te eien, met Ramaphosa se grondgrypplan, wat ‘n tweede Zimbabwe gaan ontketen, ten minste ekonomies.

Die Britse Ryk op sy tyd was veel magtiger as vandag se Bantoe-imperium. In die negentiende eeu was dit net Paul Kruger en Napoleon wat dit gedurf het om teen Engeland op te staan. O ja, en Tsaar Nikolaas I van Rusland tydens die Krimoorlog, waarby Frankryk en Turkye ook betrokke was, aan Brittanje se kant.

Ek dink nie ons hoef ons vir altyd deur die Bantoe-imperium te laat oorheers nie. Soos in 1900, is feitlik die hele Westerse jeug aan ons kant wanneer dit kom by die lyding wat ons tans moet deurmaak. Ons moet meer uitwisseling en ontmoetings tussen die Afrikanerjeug en jong Europeërs en Amerikaners bewerkstellig. Met as inleiding Lauren Southern se kritiek op die dekadente oues, die babagolwers, kan hul opstand teen die vaders begin. Die verraderlike vaders van 1994 en selfs daarvoor, want Vorster het destyds insgelyks die arme Rhodesiërs uitverkoop; dit was ‘n voorspel tot ons eie ondergang.

Een punt wat reeds in die jeug se guns tel, is dat hulle oor geen lojaliteit teenoor die bestaande politieke partye, veral die DA, beskik nie. Toe ek ‘n paar jaar gelede begin het om die DA die “ANC Lite” te noem, het ek nooit gedink ek sou dit in die Naarpersmedia ook lees nie. Selfs in daardie geledere het die besef en die term nou posgevat!

Op 27 April 2018 — ironies genoeg, want dis vir geen Afrikaner ‘n vakansiedag om te vier nie — hou ons in Pretoria ‘n gesprek met en tussen jongmense, met as tema:

“Die jeug se rol in Afrikanerbevryding”

Enigeen wat belangstel om dit by te woon, kan ‘n e-pos stuur aan inlig[by]praag punt org. Ons beplan ook om ‘n Praagjeugbeweging van stapel te stuur en kan sommer die breë riglyne daarvan bespreek, nadat ons meer teoreties en polities oor die stand van die Afrikaanse jeug besin het.

Leon Lemmer: Gabriël Botma oor Afrikaanse polemieke

Aan die Universiteit Stellenbosch (US) funksioneer die Departement Journalistiek sedert 1978. Piet Cillié was die eerste hoof, gevolg deur Johannes Grösskopf (die pa van Hein, die 1987-ANC-bomplanter), George Claassen (wat by die Waarheids- en Versoeningskommissie sy sondes bely en om verskoning gevra het) en sedert 2001 Lizette Rabe. Hieruit blyk die departement se sterk gebondenheid aan Naspers/Media24. Oudredakteur Hennie van Deventer roem daarop dat Naspers se koerante ‘n “sleutelrol” in die politieke en staatkundige hervorming gespeel het (Gabriël Botma, bron hier onder, Kindle 1228). Geeneen van Cillié se US-opvolgers sal hulleself ongekwalifiseerd Afrikaners noem nie.

‘…die vrees vir Afrikanerherlewing en -mobilisering nog nie heeltemal verdwyn het nie’ – Gabriël Botma

Sedert Chris Brink se aanstelling as US-rektor in 2001 het Rabe geblyk ‘n sterk ondersteuner te wees van die US-transformasiebeleid (met die gepaardgaande afskaling van Afrikaans). Sy was ook een van die voorbokke ten gunste van die postume toekenning van ‘n US-eredoktorsgraad aan die kommunis Bram Fischer (1149). Die Burger het die US in ‘n hoofartikel in sy kwaad gesterk met die stelling dat Fischer “‘n rolmodel vir alle tye, ook vir komende geslagte US-studente” is (1156). “Die Stellenbosse Afrikaner-establishment van die vroeë 21ste eeu [het Fischer] gebruik as simboliese gebaar om aan hulself en ander te bewys dat hulle anders as hul voorgangers dink en doen” (1162). Botma is dit klaarblyklik met Rabe eens oor Fischer, want hy noem hom ‘n Afrikaner en ‘n held en ‘n visionêr wat deesdae “aan die volksboesem gekoester word, terwyl [hy] in [sy] eie tyd verguis is” (1714).

Rabe het ‘n boek oor Rykie van Reenen gepubliseer (2011). Van Reenen het Steve Biko as nie ‘n breker nie maar as ‘n bouer gekarakteriseer (884). Daar is jaarliks ‘n Rykie van Reenen-genootskap in die departement beskikbaar, wat onder andere aan uiters linkse joernaliste, soos Hannelie Booyens (2011) en Willemien Brümmer (2012, ‘n agterkleinkind van CJ Langenhoven), toegeken is. Max du Preez en Adriaan Basson is van die spesialis-gasdosente wat daar optree. In Maart het die US ‘n eredoktorsgraad aan Du Preez toegeken. Dit is heel moontlik deur Rabe geïnisieer. Sy het tydens die gradeplegtigheid gemotiveer waarom Du Preez vereer word. ‘n Oud-US-student en ouddosent van hierdie departement, Herman Wasserman, is al aangespreek oor die “neerhalende manier” waarop hy “na die Afrikaner, sy kerk en sy kultuur” verwys (3054).

Die departement joernalistiek wil blykbaar graag eerder op Afrika as Suid-Afrika ingestel wees. Lesings word bv in die Mediafrica-gebou aangebied en vind aansluiting by Russel Botma se Hoop-projek, wat die marxis Paulo Freire se pedagogie van die onderdruktes as hoeksteen het. Een van die omstrede doelwitte van hierdie departement is om demokrasie (dus swart regering in Suid-Afrika) te bevorder; ‘n ideologiese manie wat kwalik akademies-wetenskaplik geregverdig kan word. Daar is immers baie soorte staatsvorme, elkeen met voor- en nadele.

Uit hierdie oord kom Gabriël J Botma se boek, Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans (Kaapstad: Zebra Press, 2018, 200p, R240; Amazon Kindle $15,96). Die outeur is ‘n dosent in joernalistiek aan US. Hy was voorheen ‘n joernalis by Die Burger. Uit die teks en inligtingsbronne blyk ‘n sterk verwantskap met Naspers/Media24. Eintlik is die boektitel misleidend. Standpunte vir of teen ‘n onderwerp word nie werklik gestel en ontleed nie. Die teks oor veral die eerste drie onderwerpe (politiek, taal en kerksake) ontaard eintlik in selektiewe historiese oorsigte. Leopold Scholtz se boek, Kruispaaie (2016 – Praag 29.05.2016), dien dikwels as rigsnoer. Die (anglisistiese) frases “eienaardig genoeg” en “ironies genoeg” kom in oormaat voor; ook “as volg” pleks van “soos volg”. Die grofste flater is die verwysing na die United Democratic Movement (Bantu Holomisa se politieke party) terwyl die United Democratic Front (die binnelandse terreurbeweging van die ANC wat deur Desmond Tutu en Allan Boesak gelei is) bedoel word (1832).

Aanvanklik probeer Botma om sy linkse politiek in toom te hou maar sy woordkeuse, invalshoeke en seleksie van gevalle laat by die kritiese leser min twyfel oor die outeur se gesindheid. “Die sentrale vraag wat in hierdie boek ondersoek word, is hoe opspraakwekkende polemieke in Afrikaans en onder Afrikaners sedert die koloniale tydperk aangesluit het by die verhaal van die ontwikkeling, hoogbloei en val van Afrikanernasionalisme. Die boek staan krities teenoor ‘n dominante verhaal van Afrikanereenheid” (144). “Die opspraakwekkende polemieke ter sprake in hierdie boek is almal in Afrikaans gevoer, en in groot mate tussen lede van die groep wat as Afrikaners bekend staan. Veral weens apartheid het die term sinoniem geword met ‘wit, konserwatiewe’ mense, maar sommige historici bevraagteken hierdie konnotasie en voer aan dat ‘n meer ‘oop en inklusiewe’ gebruik daarvan in die geskiedenis bestaan het, met die implikasie dat dit ook in ‘n nuwe bedeling moontlik is” (167).

Deurgaans is dit asof die outeur hom buite die Afrikanerdom posisioneer. Hy is myns insiens deel van “die ongemaklike waarheid dat die vyande van die voortbestaan van Afrikanernasionalisme … nie buite die laer [!] te vinde [is] nie, maar aan eie boesem” (3017). Dit lyk asof Botma dink of hoop dat die tyd vir Afrikanernasionalisme en Afrikaners uitgeloop het, bv (hoogs oordrewe): “In die 1970’s het Afrikanernasionalisme reeds met mening begin verbrokkel” (403). In die laaste hoofstuk verwys Botma na Afrikaners as “die voormalige volk” (3213) maar vervolg “dat die vrees vir Afrikanerherlewing en -mobilisering nog nie heeltemal verdwyn het nie” (3253). Afrikanerskap berus “in groot mate op selfidentifikasie … jy moet ook self die etiket ‘Afrikaner’ omhels” (173). Dit is presies waarvan Botma homself weerhou. Lyndon Johnson het tereg gesê: “It is probably better to have him inside the tent pissing out, than outside the tent pissing in.” Dus, dit is beter om vanuit die tent (die Afrikanerdom) na buite te urineer (soos ek doen) as om van buite af in die tent in te urineer (soos Botma doen).

Hy haal Hermann Giliomee soos volg aan: “Is die Afrikanergemeenskap ‘n rasgebaseerde gemeenskap wie se taalstryd ondergeskik is aan die vestiging van blanke baasskap? Of is dit hoofsaaklik ‘n taalgemeenskap wie se maatskaplike identiteit gevorm is deur die stryd vir Afrikaans as openbare taal op gelyke vlak met Engels?” (179). Myns insiens is die Afrikanerdom sekerlik blank rasgebaseerd en gaan dit deesdae nie meer om baasskap nie maar eerder om selfbeskikking (wat in verskillende vorme moontlik is), met Afrikaans as die kern van ons identiteit.

Botma beweer dat die Afrikaner se wêreldjie ná apartheid in groot mate ingekrimp het “tot die spreekwoordelike kraal van selfverklaarde Afrikanerbelange” (319). Let op die woordkeuse: “kraal”, wat eerder met tradisionele landelike swartes as met Afrikaners geassosieer word. “Baie Afrikaners is weens apartheid skaam vir hul herkoms en geskiedenis, sonder dat hulle regtig weet hoe hulle aan die identiteit gekom het” (319). Daarteenoor kan gestel word: Baie Afrikaners (soos ek) was nog nooit skaam oor hulle herkoms en geskiedenis nie en skaamte is glad en geheel nie deel van hulle identiteit nie. Van buite word daar knaend gepoog om skaamte “oor die verlede” by Afrikaners te wek, maar sulke probeerslae is in baie gevalle onsuksesvol.

Polities byderwets skerm Botma: “Die wesenlike gevaar bestaan dat ‘n boek soos hierdie die persepsie sal versterk dat belangrike Afrikaanse polemieke hoofsaaklik onder wit sprekers plaasgevind het” (186). Blankes kry die skuld hiervoor: “Ten dele moet die rede daarvoor gesoek word in die politieke, ekonomiese, kulturele en sosiale magsoorheersing van wit mense sedert koloniale tye” (192). Dit kan deels darem seker ook aan die onaktiwiteit van nie-wittes toegeskryf word, waarin dislojaliteit jeens Afrikaans tot op hede ‘n groot rol speel. “Dit wil lyk of die versoening tussen wit en bruin, as en wanneer dit uiteindelik gebeur, moontlik nie in Afrikaans gaan plaasvind nie” (799) – hopelik ook nie in Kaaps nie. Erg oordrewe en valslik beweer Botma: “Afrikanernasionaliste het … die aandeel van bruin mense aan die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans ontken” (3196).

Ek hou van die term “oer-Afrikaners” wat Afrikaners terugdateer tot Jan van Riebeeck se tyd (203) en dus verder terug as Hendrik Biebouw (209), maar Botma noem dit ‘n “geromantiseerde weergawe”(313). Hy suggereer dat die begrip Afrikaner ‘n meer onlangse (en dus minder belangrike) “kunsmatige konstruk” (307) is wat nie verder teruggaan as die Groot Trek of selfs die Anglo-Boere-oorlog (ABO) nie. Botma plaas “ras” tussen aanhalingstekens (491), sodat dit volgens hom seker ook ‘n kunsmatige konstruk is. In die sosiale wetenskappe het dit gewoonte geword om werklikhede waarvan jy nie hou nie as konstrukte af te maak. In hierdie konteks word ook graag van “mites” gepraat. Botma verwys bv na “die apartheidsmite” (726) terwyl apartheid ‘n werklikheid was. Die “slagoffers” van apartheid kan nooit genoeg kla oor die “pyn” wat hulle aangedoen is nie. Botma assosieer apartheid met “banaliteite” (732), “stigma” (799), “gruwelike konsekwensies” (867) en “ontmenslikende gruwels” (824), wat impliseer dat apartheid nie bloot ‘n mite was nie.

Soos “ras” word “beskawing” (1981) en “volkswaardes” (2066) tussen aanhalingstekens geplaas omdat Botma voorbehoude daaroor het, bv “dat veral die Afrikaners voorgestel is as die groep wat ‘die beskawing na Afrika gebring het en die land getem het'” (2262). Die KKNK word ‘n “kerk- of boerebasaar” genoem (2410). Dinge wat vir Afrikaners “volksvreemd” aandoen (2320, 2615), vind heel moontlik guns in Botma se oë. Bok van Blerk se De la Rey-liedjie word as “‘n musikale soort laertrek” beskryf (2491). “Die ‘opbloei’ van etniese nasionalisme rondom ‘De la Rey’ [het] omtrent so lank geduur as wat ‘n popdeuntjie gewoonlik boaan die treffersparade bly” (2526). Rugby word beskryf as “een van die kultuurgoedere van die Afrikaner” (2620). Die aanhalings in hierdie paragraaf spreek boekdele oor Botma se negatiewe gesindheid jeens Afrikaners.

Botma hou nie van die ABO-benaming nie, myns insiens onder meer omdat hy nie van Boere/Afrikaners hou nie. Soos dit polities byderwetses betaam, gebruik hy ‘n meer inklusiewe benaming: “Sommige historici het begin verwys na die ‘Suid-Afrikaanse Oorlog’ om aan te dui dat nie net Boere en Britte daarby betrek is nie, maar alle inwoners van Suider-Afrika. Laasgenoemde is dus feitelik en polities korrek, hoewel sommige Afrikaners nie daarvan hou dat die Boere dan nie meer sentraal in die naam staan nie” (480). Daardie “sommige” is dieselfde soort mense as dié waarna verwys word toe die NG Kerk in 1857 besluit het dat weens”die swakheid van sommige” rassesegregasie in sy kerke toelaatbaar is (1653, 3236) – maar rasseskeiding is toe nie verpligtend gemaak soos linkse aktiviste graag te kenne gee nie.

“Sommige waarnemers meen dat die uitgerekte weerstand van die bittereinders onder die Boere in die Suid-Afrikaanse Oorlog die kiem [!] geplant het vir die latere ontwaking van Afrikanernasionalisme” (516). Leopold Scholtz “huldig die siening dat [hier]die oorlog ten grondslag lê aan die ‘keuse om ‘n volk te wees'” (522). NP van Wyk Louw het geskryf as “ons nie geveg het nie, sou die Afrikaanse volksgevoel van slapheid en feitlik van skaamte gesterf het, want wie behoort dan graag tot ‘n volk wat sy nek buig as dit nuttig is om nederig te wees” (529). Die woord “nederig” is sedertdien met “versoenend” vervang. In 1990/94 het die blankes/Afrikaners die stryd sonder slag of stoot verloor, maar die slapheid en skaamte kom die groepie Afrikaanssprekende onderhandelaars toe en nie die Afrikanervolk nie. Botma erken: Die “NP-onderhandelaars [het] oor kernbeleidskwessies, soos byvoorbeeld die plek en rol van Afrikaans en selfbeskikking vir die Afrikaner, die knie gebuig in latere onderhandelings met die ANC om ‘n nuwe grondwet te skryf” (1068).

Leopold Scholtz identifiseer “‘n aantal ‘kruispaaie’ of ‘Afrikanerkeuses’ in die 19de en 20ste eeu, om onder meer die volgende ‘probleem’ te ondersoek: ‘Het die moderne Afrikaner[s] dit in hulle om hulle eweneens nie by die nuwe werklikheid van die verlore heerskappy neer te lê nie en dit binne die praktiese beperkings in ‘n herwonne toekoms te omskep” (295). Ek het dit sekerlik in my en ek hoop dat baie ander Afrikaners dit ook in hulle het. Scholtz se “kruispaaie” het te make met “‘n keuse om tot stand te kom (om met ander woorde ‘n volk te word); en dan vir oorlewing te kies; om vir Afrikaans te kies; en vir die radikalisering van Afrikanernasionalisme; … en laastens, die keuse vir hervorming” (301). Myns insiens gaan dit vir Afrikaners nie soseer om ‘n volk te word nie as om hulle status as volk te herbevestig, om Afrikanernasionalisme in groter mate te heraktiveer en om die soort hervorming of transformasie (ook “dekolonisering” en “Afrikanisering” genoem – 1019) wat van buite af aan ons opgedring word, met beslistheid te verwerp.

“Die Britse regering se beleid van verengelsing ná die [ABO], asook ‘ekonomiese ellende’, het nasionalisme onder Afrikaners laat opleef” (529). Dit is nou weer sulke tyd. Vandaar my versugting dat Afrikanernasionalisme hergeaktiveer moet word. Ons “dubbele bestaanskrisis van staatsverval … en tweedeklasburgerskap” (542) is onvolhoubaar en sekerlik onaanvaarbaar. Botma hou egter nie van Scholtz se veronderstelling dat Afrikaners keuses het nie. “In die breë verskaf die ‘kruispaaie’ … ‘n goeie vertrekpunt … hoewel ‘n mens tog ongemaklik voel met die implikasie dat ‘keuses’ ‘n groot mate van beheer suggereer” (301). Hiermee gee Botma heel moontlik te kenne dat Afrikaners apaties moet gaan lê, dus moet berus in die onverkwiklike situasie waarin Afrikaners hulle deesdae sonder hulle toedoen en heeltemal onverdiend bevind.

Die vlakheid van Botma se kennis blyk uit die volgende. Hy haal uit ‘n 2008-bron aan waarvolgens Afrikaners “‘n verbeelde gemeenskap” is (325). “Die idee dat nasies of volke ‘verbeel’ word, beteken uiteraard nie dat dit onwerklik is nie, maar laat beslis die deur oop vir verskillende ‘verbeeldings'” (325). Hy het klaarblyklik nie nagegaan vanwaar die frase “verbeelde gemeenskap” kom nie. Dit verwys na Benedict Anderson se boek, Imagined communities (1983), waaroor ek voorheen geskryf het: “Imagined communities verwys bloot na die feit dat daar so baie individue in ‘n nasie is dat ‘n lid slegs ‘n beperkte getal van hulle persoonlik kan ken en hy van die res min, indien enigiets, weet. Indirekte inligting en verbeelding is nodig om ‘n voorstelling van ‘n nasie in sy geheel te maak” (Praag 10.02.2018). Die Afrikanerdom is daarvolgens nie in groter mate as ander ‘n verbeelde gemeenskap nie, maar dit is blykbaar wat Botma insinueer.

Die woordkeuse in die volgende drie aanhalings toon myns insiens dat Botma eerder negatief as positief teenoor die Afrikanerdom ingestel is. “Hoewel sommige 21ste-eeuse Afrikaners seker nog oor motiewe en simboliek van die Groot Trek opgewonde kan raak, het dit moontlik al heelwat trefkrag verloor in vergelyking met vorige generasies” (336, ook 449). “Die skimme van dié twee state [die Boere-republieke, ZAR en OVS] het in die volksgeheue verstar geraak as amper iets heiligs” (354). “Een van die sentrale Groot Trek-bakens in die vorming van Afrikanernasionalisme was die mistifisering van die gebeure op 16 Desember 1838 [die Slag van Bloedrivier]” (354).

Botma haal JD Froneman soos volg (goedkeurend) aan: Geloftedag as die Afrikaner “se strewe om as geroepe volk (indien dan nie uitverkore volk) ‘n staanplek, liefs afsonderlik, te kan inneem. Kortom, Geloftedag en die apartheidsideologie was/is deel van dieselfde paradigma” (366). In werklikheid was die Slag van Bloedrivier van Boerekant ‘n defensiewe handeling en die dankbare herdenking daarvan kan kwalik direk in verband met die omvattende regeringsbeleid van die Nasionale Party, waarmee daar 110 jaar later begin is, gebring word.

Gustav Preller het glo die Groot Trek “gepopulariseer” en “die geskiedenis gesuiwer en mites geskep wat Afrikanernasionalisme dekades lank beïnvloed het” (366). In soverre dit moontlik waar is, kan teëgewerp word dat die ANC tans in groter mate mites skep en die geskiedenis probeer herskryf op grond van sý geskiedenis; ‘n geskiedenis wat in werklikheid in baie opsigte skandalig gewelddadig en hoogs oneties en onmenslik is. Botma vind dit blykbaar wys dat die Nasionale Party-leiding met terroriste onderhandel het wat geweld in ‘n mondelinge belofte opgeskort maar nogtans onverpoosd daarmee voortgegaan het, want hy skryf: Lede van die NP se US-studentetak het “soos papegaaie die slagspreuk herhaal dat daar slegs met die ANC onderhandel kan word indien die organisasie ‘geweld afsweer'”(1037).

Daar word deesdae gekraai (bv deur Jonathan Jansen) oor die swartes as wenners en die blankes, veral Afrikaners, as verloorders in 1994. Maar die Boere mag deesdae nie meer as die wenners en die swartes, veral Zoeloes, as die verloorders by Bloedrivier uitgebeeld word nie. Botma hou klaarblyklik van Scholtz se polities byderwetse benadering van Geloftedagvierings en haal hom soos volg aan: “As ons die dag sien as ‘n viering van die Voortrekkers se militêre oorwinning oor die heidense en barbaarse Zoeloes, het dit geen plek meer nie. As dit gevier word as ‘n dag van verootmoediging voor God, as ‘n versoeningsdag, soos elke Sondag – dít maak sin” (429). Maar dít is ‘n vervalsing van die 1838-werklikheid asook die waarheid, want daar was toe en vir lank daarna geen sprake van versoening nie.

Die skeiding van skape en bokke word soos volg verwoord: “Die meer politiek korrekte ‘verligtes’ wat ‘n beheerbare mate van openheid, vernuwing en inklusiwiteit voorstaan, en die ‘verkramptes’ wat veel meer klem lê op ‘die volkseie’, en die geneigdheid tot afskeiding vertoon” (449). Direk hierna verwys Botma na “die ekstremistiese Boeremag [wat] ‘n staatsgreep beplan het” (449). Die betrokkenes is tot tronkstraf gevonnis. “Daarmee is ‘n reaksionêre element wat uit ‘n geromantiseerde weergawe van die Afrikanerverlede put om selfbeskikking met geweld af te dwing, voorlopig geneutraliseer. Die vraag is of ander Afrikaners, wat dikwels dieselfde mobiliserende retoriek gebruik, dalk in die toekoms geradikaliseer gaan word” (455).

Let op die aangepaste toepaslikheid in die hede van wat Die Burger in 1948 ná die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning in ‘n hoofartikel gepubliseer het: “Hoe tuis voel ‘n mens hom nie weer in sy vaderland nie! … So was dit nie in die afgelope jare nie. Die nasionaalvoelende Afrikaner … het hom onwelkom, selfs onveilig in die land van sy vadere gevoel … Hy het hom dikwels ‘n onterfde gevoel, ‘n vreemdeling wie se erfenis in ander hande oorgegaan het” (817). Wat Afrikaners betref het die geskiedenis van vóór 1948 hom ná 1994 herhaal.

Botma maak hom weer (opsetlik) aan ‘n wanvertolking skuldig wanneer hy opmerk dat CJ Langenhoven se betiteling van Afrikaans as ‘n “witmanstaal” tot Langenhoven se “skande en skade” strek (1240). Wat Langenhoven gesê het, is dat Afrikaans “die enigste witmanstaal [is] wat nie onmiddellik oor die see kom nie” (JC Kannemeyer, Langenhoven: ‘n Lewe, Kaapstad: Tafelberg, 1995, p 269). Langenhoven se stelling is feitelik korrek. Anders as bv Engels het Afrikaans ‘n wesenlike plaaslik verworwe komponent. Langenhoven het nie gesê Afrikaans is uitsluitlik ‘n witmanstaal nie. Botma se sug na inklusiwiteit bring mee dat hy verkeerdelik “skande en skade” aan Langenhoven toedig.

In die 1860’s het die Afrikaners nog nie taalgewys in verset gekom nie omdat hulle (soos tans) “geïndoktrineer is om aan Engels as wêreldtaal die eerste plek te gee” (1306). Botma verwys na hoofregter lord JH de Villiers wat in 1876 voorsien het dat Engels die (enigste) toekomstige landstaal sal wees (1282). Hiervolgens het Wim de Villiers se duidelike voorkeur vir Engels historiese wortels in sy vangenoot. Volgens Scholtz “kan Afrikaans binne enkele dekades terug wees waar hy ‘n eeu gelede was – ‘n kombuistaal wat slegs tuis in die familiekring gepraat word, en dan boonop deurspek met geradbraakte half-Engels” (1605).

Maar Scholtz en al die lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, asook die WAT-redaksie en Afrikaanstaalkundiges en -letterkundiges is medeverantwoordelik vir hierdie situasie omdat die boodnodige veldtog vir Afrikaanstaalsuiwerheid nie gevoer word nie omdat polities byderwets geoordeel word dat bruin mense, glo die meerderheid Afrikaanssprekers, nie aanstoot gegee mag word nie. Nog minder is Scholtz en diesulkes bereid om Kaaps as brouseltaal openlik te veroordeel terwyl Kaaps die toekoms van ordentlike Afrikaans in erge mate beduiwel. Afrikaans kan reeds tereg beskryf word as die “afgeskaalde, gemarginaliseerde kleinood van ‘n minderheidsgroep” (1617).

“Met talle skrywers, digters en liedjiesmakers wat ‘vere’ voel vir die puriste, is Afrikaans [volgens F de Vries] ‘weer terug waar dit aan die begin van die 20ste eeu deur die nasionaliste agtergelaat is: ‘n lewende, tegemoetkomende kreools, wat uitermate grof sowel as verbysterend poëties kan wees'” (1624). Linkse aktiviste sal volhard met die valse aantyging dat Afrikaans ‘n kreoolse taal is. Volgens een verduideliking kan kreools “die vermenging van meer as een taal” beteken (HAT). Daarvolgens is Kaaps as brouseltaal kreools maar nie Standaardafrikaans nie.

Ek vind dit interessant dat die radioprogram wat tot 1985 Só praat die Boere geheet het en daarna Die taal wat ons praat (2244) deesdae Die tale wat ons praat (Sondagoggende na die 11-uur nuusbulletin op RSG) genoem word, waarskynlik veral weens die polities byderwetse koestering van Kaaps naas Afrikaans. Botma beweer dat bruin mense, “behalwe velkleur, so duidelik ‘n natuurlike deel van die taal- en kultuurgroep” van blanke Afrikaanssprekendes is (2787). “Dit is hierdie bruin Afrikaners wat geleerde taalstryders so graag naderhark om hul saak vir die behoud van Afrikaans by skole en universiteite te sterk” (2794). My standpunt is dat pleks van bruines in die taalstryd te betrek, Afrikaners eerder daarop moet aandring dat onderrig deur die medium van Afrikaans in skole en aan universiteite ten bate van Afrikaners aangebied moet word. Afrikaners is die lojaalste ondersteuners van Afrikaans en hulle het meer as enige ander groep tot die totstandkoming en uitbouing van Afrikaanse skole en universiteite bygedra. Om Afrikaner- en bruin kultuur ongekwalifiseerd eenders te verklaar, hou nie steek nie. Afrikaans is die kern van Afrikanerkultuur terwyl dit hoogs opsioneel in die kultuur van veral ontwikkelde bruin mense is.

Botma gee ‘n duidelike aanduiding van sy linkse politieke simpatie wanneer hy skryf: “Die woord ‘Orania’ [het] in die algemene omgang, en dit sluit ‘gematigde’ Afrikaanse kringe in, min of meer sinoniem geword … met onverdraagsame, bekrompe wit rassiste wat hul rug gedraai het na ‘versoening’ met swart mense” (1466). Botma sal nie beswaar opper teen baie swartes se onwilligheid tot versoening nie; nog minder sal hy openlik erken dat swartes rassiste kan wees. Maar Afrikaans het glo “rassistiese bagasie” (1472). Die Burger het dit verwelkom dat “kwetsende woorde” uit die 8ste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (1991) verwyder is (1472). Sedert 1994 doen die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) dieselfde (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 469). Onlangs het die hoofredakteur van die WAT, Willem Botha, op LitNet (28 Februarie) doelbewus valslik beweer: Die WAT “is ‘n omvattende Afrikaanse verklarende woordeboek wat Afrikaans in sy volle [!] omvang vaslê.” Ek het toe gereageer deur die aandag daarop te vestig dat die WAT polities byderwets gekuis word. LitNet het geweier om my reaksie te publiseer.

“Terwyl NP-ministers kort na 2 Februarie 1990 verklaar het dat die status van Afrikaans ‘ononderhandelbaar’ is, het gesiene Afrikaanse skrywers en letterkundiges soos André P Brink, Antjie Krog en Charles Malan verklaar dat hulle vrede daarmee gemaak het, en in sommige gevalle dit eintlik verkies en verwelkom dat Afrikaans sy amptelike status in ‘n nuwe bedeling verloor” (1490). “Tydens die eerste Kodesa-sitting in 1991 om ‘n onderhandelde skikking te bewerkstellig, het dit gou duidelik geword dat Engels die lingua franca in die nuwe Suid-Afrika gaan wees” (1496). Ton Vosloo se “vergesig van ‘n nuwe verenigde Afrikaanse nasie, indien die taal van sy ideologiese borsrok bevry en Afrikaanse skole vir bruin sprekers oopgestel word, is (nog) nie in die praktyk bewaarheid nie [?]” (1532). “Met dié dat Afrikaanse universiteite se dae blyk getel te wees, maar Afrikaanse skrywers floreer, is Afrikaans se toekoms dus tans in die weegskaal. Die feit dat dit grootliks in naam ‘n amptelike taal is, wek ook kommer, hoewel die Grondwet as rugsteun dien vir toekomstige mobiliseringsaksies om en in Afrikaans” (1630). In werklikheid is daar in die Grondwet geen rugsteun waarop peil getrek kan word nie, want die immer groeiende swart meerderheid kan al die bepalings daarin na willekeur verander. Hoe lou Botma oor Afrikaans voel, blyk aan die einde van die afdeling oor taal waar hy gewag maak “van die mate van [eerder: uitermatige/buitensporige] miskenning van die taal in die konteks van groeiende (swart) Afrika-nasionalisme” (1634).

Soos van Botma verwag kan word, word Steve Hofmeyr gestriem. Daar word verwys na Hofmeyr se “gewelddadige, onbeskaafde gedrag” (2405) en dat hy ‘n “middeljarige … selfaangestelde politieke kampvegter geword” het (2417). “Buiten uitdagende uitsprake oor Afrikaneroorlewing en -selfbeskikking, dikwels na aanleiding van plaasmoorde, het Hofmeyr ook aandag getrek omdat hy die gestigmatiseerde ‘Die Stem’, volkslied van apartheid-Suid-Afrika, ter afsluiting van sy konserte gesing het. Aanhangers het telkens emosioneel goedkeurend gereageer en hom in die openbaar verdedig teen aanklagte van opstoking en rassisme. Hofmeyr het ook dikwels betrokke geraak by bewegings om die saak van Afrikaners te bevorder, of om protes aan te teken teen gebeure soos die straatnaamsveranderings in Pretoria en die beskadiging en dreigemente van verwydering van sommige standbeelde van Afrikanerhelde soos Paul Kruger” (2423).

Dan Roodt se naam verskyn op die voorkant van die boek. Hy word ‘n “uitgesproke regse kritikus” genoem (1221). Hy het destyds ‘n webdomein in die naam van Max du Preez geregistreer. In ‘n hofuitspraak is hy gelas om dit aan Du Preez te gee omdat Roodt dit glo gebruik het om ‘n “smeerveldtog” teen Du Preez te voer (1228). “Twee kampvegters vir minderheidsregte, die joernalis en skrywer ZB du Toit en die aktivis Dan Roodt, [het] tot die openbare debatte bygedra” (1545). Roodt het “as regse aktivis ontpop deur [in 2000] die pro-Afrikaanse aksiegroep Praag te stig. In dié hoedanigheid was hy dikwels by omstrede aksies en polemieke betrokke” (1551). Tydens die apartheidsera is twee boeke van Roodt verbied (2162). Botma verwys in hierdie konteks (sinies) na “besorgdheid oor die lesende volk se sedes” (2181).

In 2005 het mense soos Max du Preez, Marlene van Niekerk en Michiel Heyns beswaar geopper omdat Roodt uitgenooi is om by die Woordfees op Stellenbosch op te tree. Hulle het gedreig om die fees te boikot (2428). “Roodt is beskuldig van ‘haatspraak’ en ‘rassisme’ en as [‘n] ‘gevaarlike en berugte’ skrywer beskryf” (2434). Tot haar eer het Dorothea van Zyl, die organiseerder van die fees, geweier om die uitnodiging terug te trek omdat Roodt “as ‘n skrywer en nie as ‘n aktivis nie” uitgenooi is. Volgens haar was die Woordfees nie bereid om as “sensor” op te tree nie en het sy ‘n universiteit tereg beskryf as ‘n “ruimte waar alle stemme gehoor kan word” (2434). Die waarheid is dat die US sedert 2005 demografies al hoe meer divers geword het wat studente en personeel betref maar dat ‘n diversiteit van idees nie deur die universiteitsbestuur aangemoedig of geduld word nie; eerder die teenoorgestelde. Wim de Villiers vereis dat almal op die kampus so entoesiasties soos hy oor transformasie moet wees. Transformasie gaan wesenlik om verswarting en dus verengelsing. Hoewel die Woordfees ideologies moontlik minder eng en voorskriftelik as die US is, word daar nie aan regses ‘n platform gebied nie.

In 2006 het Roodt “gebelgd” gevra “wie en wat [Koos] Kombuis is dat hy ‘hom kan aanmatig om sy uittrede uit die volk aan te kondig'” (2567). “‘n Insiggewende polemiek het in 2013 tussen twee Afrikaanse skrywers, Dan Roodt en Riana Scheepers, uitgebreek nadat laasgenoemde se ouers op hul plaas aangeval en aangerand is. Scheepers het agterna op Facebook verklaar haar ouers ‘was nie twee rassiste wat in ‘n wit toring gesit het nie’. Roodt, voorsitter van Praag, het in sy reaksie geskryf: ‘By implikasie sê jy egter dat “wit rassiste” verdien om aangeval te word, want jou ouers is dan nie sulke mense nie. Is dit korrek?’ Scheepers het daarop sy ‘insinuasies’ met ‘minagting’ verwerp. Sy het bevestig dat die aanval op haar ouers nie ‘n rassistiese insident was nie, maar ‘n ‘veragtelike kriminele daad’. Roodt het toe geskryf: ‘Indien dit slegs ‘n “veragtelike kriminele daad” was … waarom het jy jou verplig gevoel om aan die wêreld te vertel dat jou ouers “nie wit rassiste” is nie? Daarmee het jy tog self ‘n rassekleur aan die misdaad gegee'” (3099).

Botma lewer die volgende kommentaar: “Dié interaksie illustreer die ingewikkelde debat en dikwels onuitgesproke onderliggende emosies wat met plaasaanvalle gepaardgaan. Terwyl sommige Afrikanergroepe aangevoer het dat die aanvalle rasgemotiveer is en die stelselmatige uitmoor van wit boere behels het, het andersdenkendes, op grond van navorsing, verklaar dat dit meestal deel is van ‘normale’ misdadigheid in die land, en dat baie swart mense ook sagte teikens en gereelde slagoffers is” (3106). Botma skaar hom klaarblyklik aan die kant van hierdie navorsing.

Voorts word die mening genoem “dat daar dalk ‘n gebrek aam dringendheid by die regering is oor plaasaanvalle” (3119). Ook: “Die swartes wil die Afrikanerboer se grond vat” (3119) en “dat ‘n ‘eie vaderland’ vir Afrikaners die enigste oplossing vir plaasmoorde is” (3126). “Volgens die historikus JC Steyn in 2014 is sowat 2 000 boere sedert 1994 vermoor. Plaasmoorde is ‘n ‘teer saak’ vir baie Afrikaners, onder meer omdat ‘boere ‘n kardinale rol in die Afrikanergeskiedenis en -identiteitsvorming’ gespeel het. Die boer verskyn as ‘baanbreker’ in narratiewe, of as ‘heldhaftige vryheidsvegter teen die Britse Ryk’, en dan weer as ‘hardwerkende landbouer wat ‘n eenvoudige produktiewe bestaan maak, gewortel in ‘n treffende Afrikalandskap’, aldus Steyn” (3126).

Dan kom die ware Botma, wat hom aanvanklik polities probeer inhou het, aan die woord: “Wat hierdie geromantiseerde beeld egter buite rekening laat, is die koloniale en apartheidgeskiedenis van die gewelddadige inpalming van die land, dikwels ten koste van swart inwoners, en die skreiende ongelykhede wat daaruit voortgevloei het. Om die Afrikaner in idilliese isolasie op sy boereplaas te sien, is om met oogklappe na die werklikheid te kyk. Wat wel blyk uit die voortdurende polemiek oor plaasmoorde is dat dit terugverwys na ‘n deurlopende tema in die geskiedenis van Afrikaner-identiteitsvorming: die kwessie van die vrees vir uitdelging deur die ‘swartes'” (3133). In die laaste hoofstuk verwys hy na “die werklike of gewaande [!] stryd om oorlewing van die ‘volk’ en taal” (3145). Botma gee geen aanduiding dat hy plaasmoorde veroordeel nie; net so min as wat hy die afskaling van Afrikaans aan die US betreur. Hy is ‘n blanke Afrikaanse, ‘n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, ‘n Afrikaan en heimlik seker ook ‘n wêreldburger, maar nie ‘n Afrikaner nie.

Botma het meer trek vir Nelson Mandela as vir bv Steve Hofmeyr en Dan Roodt. “Met die Wêreldbekertoernooi in 1995 het die charismatiese Nelson Mandela ná die dramatiese eindstryd die kroon gespan op sy meesterlike pogings om die geleentheid vir oorhoofse politieke doeleindes te gebruik” (2757). Dit is mooier woorde as wat Botma vir Afrikaners het.

Leon Lemmer: Bittereinders, hendsoppers en hanskakies

Min dinge is verniet, maar een van die merkwaardigste boeke wat ooit geskryf is, kan gratis bekom word: die Engelse vertaling van Christiaan Rudolf de Wet (1854-1922) se boek, Strijd tusschen Boer en Brit, naamlik Three years’ war (New York: Charles Scribner’s Sons, 1902, 416p; Amazon Kindle $0). De Wet het bitter min skoolonderrig ontvang. Ek kan kwalik glo dat die meeste van hierdie oorlogsherinneringe binne drie weke in Hollands aan boord van ‘n skip geskryf is, toe De Wet, Louis Botha en Koos de la Rey in Augustus 1902 na afloop van die Anglo-Boere-oorlog (ABO, 1899-1902) onderweg na Engeland en Europa was. Hulle missie was om geld vir die ABO-slagoffers in te samel (Albert Blake, 2016-boek hier onder, Kindle 2941). Daarna is die teks vertaal, geset en gedruk, op die primitiewe maniere van destyds, via kommunikasiemiddele wat net so primitief was, en in Desember van dieselfde jaar in Engels gepubliseer.

Heel vroeg in sy boek verwys De Wet na diegene wat uit die Boeremag gedros het as die “Hands-uppers” (Kindle 297), die hen(d)soppers. Hy was een van diegene wat so lank moontlik, dus tot die bitter einde, in die ABO geveg het. So iemand word ‘n bittereinder genoem. Hy het die hendsoppers geminag wat die eed van neutraliteit teenoor die Britte afgelê het en hulle daarna heeltemal aan oorlogsdeelname onttrek het. Maar De Wet se hoon of smaad of veragting was veral gemik op daardie hendsoppers wat trou aan die Britse kroon gesweer en daarna saam met die vyand teen die Boere geveg het; dus oorlopers: “we utterly despised them” – 1024). Deesdae word diesulkes verloopte Afrikaners genoem.”It was far easier to fight against the great English army than against this treachery among my own people” (1369). Die oorlopers is joiners genoem, of hanskakies omdat hulle toe Britse kakie uniforms gedra het (Blake 2419).

De Wet noem die geval van ‘n hanskakie wat “Stellenbosched” is (2627). In ‘n eindnota is daar hierdie verduideliking: “This was the word the English applied to officers, who, on account of inefficiency, or for other reasons, had to de dismissed. Stellenbosch was a place where only very unimportant work was performed” (7493). Deesdae word die geskiedenis herhaal deurdat talle Afrikaanssprekende blankes die voortou in die afskaling en selfs afskaffing van Afrikaans ten gunste van Engels neem. Die Universiteit Stellenbosch kan tans kwalik as ‘n plek beskou word wat op ‘n uitnemende manier sy geskiedenis as ‘n (of dié) bakermat van die Afrikaner en Afrikaans voortsit. De Wet was van mening dat sulke mense nie tot ander insigte gebring moet word nie: “I was of opinion that a coerced burgher would be of no real value to us, and would besides be untrustworthy” (2017). Ek het hedendaagse diesulkes in vorige rubrieke dikwels hanskakies genoem. Die Boere, daarenteen, het die moed van hulle oortuiging gehad om van die Britte te eis: “Equal rights for the English and Dutch languages in the schools” (3914).

Die roemlose, mandaatlose, politieke oorgawe aan swart mag in 1990/94 is uiteraard selfs groter verraad as wat tydens die ABO gepleeg is en herinner aan die volgende woorde van De Wet: “One could gnash one’s teeth to think that a nation should so readily rush to its own ruin!” (1641). Later verwys hy na “the burial of my Nation!” (4110). Tydens apartheid is plaaslik en internasionaal luidrugtig beswaar teen die blanke bewind gemaak. ‘n Mens sou dink dat diegene wat so hoog oor moraliteit opgee, beswaar sou maak teen die toestand waarin die nuwe Suid-Afrika verval het, insluitende die blatante rassediskriminasie teen blankes. Dít is skynbaar ‘n ydele hoop en herinner aan De Wet se volgende woorde: “We hope, and still are hoping, that the moral feeling of the civilized world would protest against the crime which England is now permitting in South Africa … we were still firmly determined that, should our hopes not be realized, we would exert our utmost strength to defend ourselves” (3257).

‘n Ander e-boek wat gratis beskikbaar is en aansluit by De Wet se boek, is John Daniel Kestell (1854-1941) se ABO-herinneringe: Through shot and flame (London: Methuen, 1903, 406p; Amazon Kindle $0.). Sedert 1990/94 kan nuwe betekenis aan die volgende woorde van Kestell geheg word: “I could not believe that it was all over with our South African Cause, but if it were so, then it would be owing to our unwillingness. God would have wished to establish for us our independence, but we should have refused to earn it” (Kindle 1028). “Our poor Africander people could never, since the days of Piet Retief, recognise or follow a hero when he arose amongst us. But Christia[a]n de Wet was a strong man, and what he willed came to pass” (1334).

Soos De Wet het Kestell dit teen die hanskakies gehad: “What made everything still more sad was the great service rendered by traitorous Africanders as guides to the enemy” (2456). Jan Smuts (1870-1950) het reeds gedurende die ABO van sy na-oorlogse hanskakie-eienskappe geopenbaar: “General Smuts … sent a telegram in which the state of affairs was represented in as dark a light as possible” (2215). In sy ABO-herinneringe is Smuts egter baie krities oor Christiaan de Wet se broer, Piet, en noem hy Piet se oorlopery na die Britte “treachery” (Blake 1984). Kestell het groot waardering vir die bittereinders gehad: “It is true that it was only a minority that were still able to continue the struggle, but the heart of the nation, as a whole, was still always faithful” (2667). Kan ons dit vandag nog veralgemenend van Afrikaners sê? Reeds in 2008 het Jaap Steyn tereg gevra: “Wat het geword van die gees van [Christiaan] de Wet?” (Blake 1740).

Albert Blake
Albert Blake

Ek wil eintlik oor Albert Blake se jongste boek skryf: Broedertwis: Bittereinder en joiner: Christiaan en Piet de Wet (Kaapstad: Tafelberg, 2016, 314p, R240; Amazon Kindle $16,01). Blake is ook die outeur van Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (Kaapstad: Tafelberg, 2010, 368p; Amazon Kindle $11,96); Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 219p; Amazon Kindle $16,67), gebaseer op die dagboeke van Henning Viljoen; en Ontsnap: Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (Kaapstad: Tafelberg, 2015, 386p; Amazon Kindle $16,67).

Christiaan de Wet was ‘n bittereinder in die ABO en het sy gesindheid (bv “patriotisme en nasionalisme” – Kindle 45) in die 1914-rebellie voortgesit. Sy jonger broer, Pieter Daniël (Piet, 1861-1929), daarenteen, was ‘n hanskakie, dus iemand wat weens “volks- of landsverraad … universeel verafsku” behoort te word (7). “Volgens hierdie uitgangspunt moet hy [Piet] in dieselfde liga as liberale Afrikaners soos Bram Fischer en Beyers Naudé geplaas word” (14). (Oor Fischer en Naudé kyk Praag 22 Julie.) In die voorwoord verwys Blake na die verpligting wat op die historikus rus om ewewigtig en so objektief moontlik met die verlede om te gaan. Piet het sy hanskakie-aktivisme egter dermate oordryf dat dit in die teks baie duidelik is dat die outeur se simpatie by Christiaan lê. Blake verwerp ondubbelsinnig die ANC-regering se gewoonte om “‘n politieke agenda in te sleep by sy vertolking van die geskiedenis” (89).

In sy nawoord kry Blake egter ‘n hou in teen “sekere regse Afrikanerkringe” wat Piet verguis: “Dalk is die verskynsel die laaste stuiptrekkings vanuit ‘n minderheidsgroep wat grootliks betekenisloos geword het” (3737). “Afrikaners van vandag kan nie by ‘n Christiaan de Wet se Afrikanernasionalisme van 1900 aansluit nie” (3760). Christiaan word “die verpersoonliking van Afrikanerheldedom” genoem, maar sy “onverbiddelike onbuigsaamheid en onaanpasbaarheid by veranderde omstandighede, sowel as sy onvermoë om te vergewe,” word deur Blake veroordeel. Dit klink asof hierdie outeur in FW de Klerk se toegeemodus is. Soos bv Afrika-swartes het Afrikaners voor en na die ABO en veral sedert 1994 myns insiens steeds die onvervreembare reg op nasionalisme.

Met sy kritiek op Christiaan bevind Blake hom op dun ys. Hy het immers self geskryf: “Christiaan se waardes en oortuigings oor nasionalisme, patriotisme en godsdiens was reeds teen die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog só gevestig dat dit vir hom letterlik ononderhandelbaar was … Hy was ook ‘n verbete stryder vir sy moedertaal. Reeds voor die oorlog was hy as volksraadslid in die 1890’s betrokke by pogings om sy moedertaal te handhaaf. Ná die oorlog sou hy by die taalstryd betrokke bly” (1740). “Die moedertaalvraagstuk [het] op ‘n diep geestelike en ononderhandelbare vlak gelê. [Alfred] Milner [1854-1925] se doelbewuste verengelsingsbeleid was eenvoudig onaanvaarbaar” (3138). Christiaan “het sy lewe lank konsekwent in sy oortuigings gebly” (1756). Hy was “‘n onkreukbare nasionalis, ‘n verbete optimis, beginselvas en onverleibaar” (1782). FW de Klerk sou hom nie ‘n rat voor die oë kon draai nie.

Die historikus AJ van Rensburg het oor die Afrikaner geskryf: “Ek het die oorlog verloor, maar my siel gered” (3781). Jaap Steyn het geskryf dat die ABO “gehelp het om aan die Afrikaner selfrespek, ‘n selfbeeld en toekomsverwagtinge te gee” (3789). Hoeveel van daardie selfrespek het in die nuwe Suid-Afrika behoue gebly? Hoe lyk die selfbeeld en toekomsverwagtinge van Afrikaners deesdae? Die hedendaagse hanskakies probeer baie hard om hulle selfbeeld en toekomsverwagtinge in bv Afrikanisme of ‘n holle, identiteitslose internasionalisme te verwesenlik. Daarteenoor onderskryf ek hierdie woorde van NP van Wyk Louw (1906-1970): Die Afrikaner “nie skaam hoef te wees om Afrikaner te heet nie” (3789). Christiaan het in 1902 gesê (en Afrikaners kan dit myns insiens steeds sê): “Wanneer ons ons oë vestig op die verlede, dan het ons meer grond vir geloof as wat ek ooit verwag het, dan het ons grond om in vertroue voort te gaan” (1748).

Voorspelbaar was dit die bobaas dwarsneuker Max du Preez wat in 2005 met die bewering gekom het “dat Piet se optrede geregverdig was toe hy die stryd versaak en later by die Britse magte aangesluit het … Du Preez meen Piet de Wet moet eerder in dieselfde liga as liberale Afrikaners soos Bram Fischer en Beyers Naudé beskou word en behoort daarom in die geskiedenis ‘gerehabiliteer’ te word … historici was dit eens dat Du Preez se gevolgtrekkings onhistories is en nie aan die standaarde van wetenskaplike geskiedskrywing voldoen nie … Wat in die verlede verraad was, kan nie vanuit die hede skielik ongedaan gemaak word nie – dit bly verraad” (3745). Dus, dit is om ‘t ewe of daardie verraad in 1899-1902 of in 1990-1994 gepleeg is. Verraad bly onverdun verraad.

Kom ons gaan ‘n bietjie na presies wat hedendaagse hanskakies, soos Max du Preez, probeer goedpraat. “Al twee broers sou binne ‘n verstommende drie maande ná die aanvang van die oorlog deur [Vrystaatse] pres MT (Marthinus) Steyn as generaal aangestel word” (325). “Die De Wet-broers se fenomenale vordering tot generaalskap is waarskynlik ook daaraan te danke dat pres Steyn hulle voor die oorlog as volksraadslede goed leer ken en vertroue in hulle gehad het” (691). Maar Christiaan is op 18 April 1900 as die opperbevelvoerder van die Vrystaatse magte aangewys (1102). “Vanaf hierdie punt sou Piet de Wet in sy broer se skadu leef. Hy moes Christiaan se bevele uitvoer” (776; ook 1626), gevolglik “het Piet … tekens van jaloesie teenoor sy ouer broer begin toon” (325). Piet het “‘n grief teen sy broer met hom saamgedra … Dit is opvallend dat Christiaan Piet en sy burgers hoofsaaklik in ondersteuningsrolle aanwend en hulle nie soseer gebruik in direkte aanvalle waarby hy self betrokke is nie” (776).

Piet “was ‘n sterk voorstander van stellinggevegte, maar ook dat wanneer die vyand teruggedryf word, die sukses onmiddellik opgevolg moet word deur ‘n aggressiewe agtervolgingstaktiek om die finale nekslag toe te dien” (784). In die tweede deel van die ABO, toe van konvensionele na guerrilla-oorlogvoering oorgeskakel is, het Christiaan waarlik tot sy reg as krygsman gekom, maar Piet kon hom dit nie nadoen nie. “Hoewel Piet aanvanklik ‘n verdienstelike bydrae tot die republikeinse oorlogspoging gelewer het, was hy nie ‘n strateeg van formaat nie en kan hy ook nie as ‘n uitstaande taktikus beskou word nie” (832). Piet “het self erken hy sou homself nie as een van die dapperste soldate beskryf nie” (1675, 2011). Christiaan, daarenteen, het “in die oorlogsituasie gefloreer” (1608).

Later in die ABO wou die Transvaalse Boere, bv Paul Kruger en Louis Botha, die stryd gewonne gee, terwyl die Vrystaters, bv MT Steyn en Christiaan de Wet, wou voortveg (857). Piet was met president Paul Kruger bevriend (850). Dit het ‘n rol gespeel “in Piet se onwilligheid om met die stryd te volhard” (429). Daar was by Piet ook “materiële oorwegings en sy klaarblyklike kommer oor sy finansiële toestand” (866). Voor die ABO het Piet perde en vee aan die Transvaalse owerheid gelewer, maar gesukkel om ten volle daarvoor vergoed te word (866). “Volgens familie-oorlewering het Piet se diep gegriefdheid oor die behandeling wat hy van die republikeinse owerhede ontvang het, daartoe bygedra dat hy die republikeinse stryd uiteindelik die rug toegekeer het” (890).

Nadat Kroonstad “op 12 Mei 1900 deur die Britte ingeneem is, het dit vir hom [Piet] die einde van enige sinvolle gewapende verset beteken” (808; ook 899). Hy het “in die geheim met die Britte oor ‘n moontlike oorgawe begin knoei” (832). Later noem Blake dit “Piet se gekonkel met die Britte” (965). Lord Frederick Roberts (1832-1914), die Britse opperbevelhebber, weier “om Piet se aanbod te aanvaar en dring … aan op sy onvoorwaardelike oorgawe. Piet se voorwaarde dat hy nie as krygsgevangene weggestuur word nie en na sy plaas kan terugkeer, was vir Roberts onaanvaarbaar” (948). Piet het “nog langer as twee maande bly voortveg, al was dit meestal halfhartig” (971). “Toe Piet boonop ‘n ongemagtigde wapenstilstand van ses dae met die Britte sluit sonder om sy broer daarin te ken, was dit die laaste strooi … Toe die nuus oor Piet se ongemagtigde skietstaking Christiaan se ore bereik, is dinge op die spits gedryf. Hy was woedend” (1042). Christiaan sou “sy broer inderdaad trompop loop en ‘n verduideliking van sy optrede eis” (1012). “Christiaan het sy broer, wat fisiek groter as hy was, voor almal ‘n genadelose mondelinge skrobbering gegee. Dit moes vir Piet diep vernederend gewees het” (1052).

Op 26 Junie 1900 is ‘n krygsraadvergadering gehou (1060). Piet “het ‘n striemende aanval op [pres MT] Steyn gedoen en hom daarvan beskuldig dat hy Christiaan twee maande tevore, in April 1900, sonder ‘n behoorlike verkiesing as opperbevelvoerder van die Vrystaatse magte aangewys het” (1069). Generaal Jan Olivier het “ook sy ontevredenheid met die leierskapkwessie by Steyn aangeroer. Christiaan wou eens en vir altyd ‘n einde maak aan die onenigheid oor wie die opperbevelhebber van die Vrystaatse magte was deur ‘n verkiesing te hou” (1094). “Van die 32 offisiere het 26 vir Christiaan gestem, drie vir Olivier, twee vir [Marthinus] Prinsloo en slegs een vir Piet de Wet. Waarskynlik het Piet die enigste stem wat hy kon trek, vir homself uitgebring” (1134).

Piet het hom op 26 Julie 1900 aan die Britte oorgegee (1218). Hy het parool gekry (1261) en dadelik met die Britte begin sosialiseer (1252). Later is besluit om hom nie na ‘n krygsgevangekamp te stuur nie (1363). ‘n Boerekryger, GJ Joubert, se kommentaar hierop was: “Party groot manne word al groter en ander word al kleiner tot hul verdwyn” (1227). Christiaan “having heard of his [Piet’s] wish to surrender, sent a message to him that as soon as ever he laid eyes om him he would blow out his brains” (1252). Hierna was die De Wet-broers in ‘n stryd soortgelyk aan dié van die Bybelse Kaïn en Abel gewikkel (647). “Christiaan het die dreigement dat hy sy broer soos ‘n hond sal doodskiet indien hy hom in die hande kry, later openlik herhaal” (1486).

“Piet het sy samewerking onmiddellik aan die Britte gegee om ‘n einde aan die oorlog te probeer bring. Hy was in ‘n besonder gunstige posisie om hulle van wesenlike militêre inligting oor die omstandighede by die vegtende Boere te voorsien” (1309). “Op militêre gebied sou afvallige Afrikaners se steun vir die Britse oorlogspoging die grootste skade aanrig” (2328). “Christiaan de Wet het geglo die verraaierkwessie is die eintlike rede waarom die Boere die oorlog verloor het” (2588). “Teen die einde van die oorlog was … 5 464 voormalige burgers in Britse diens” (2604). Daarteenoor was daar 17 000 tot 20 000 bittereinders (2604).

Piet het selfs “die Britse magte se wreedaardige optrede ten opsigte van die verskroeideaardebeleid probeer verdedig” (1684). “In die latere fase van die oorlog sou Piet toenemend die aanspraak herhaal dat die Britse oogmerke edel is en dat die bittereinders die skuld vir die verwoesting en lyding van die oorlog moet kry” (2096). Christiaan het die teenoorgestelde standpunt gehuldig: “In ‘n toespraak in die konsentrasiekamp by Kroonstad ‘n week ná die vredesluiting [1902] het hy die hendsoppers [eintlik spesifiek die joiners/hanskakies] as die moordenaars van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe uitgekryt” (2892).

In ‘n brief, wat in die wêreldpers gepubliseer is, het Piet sy broer probeer oorreed om oor te gee (1244, 2003). Christiaan het as krygsman egter toenemend wêreldroem verwerf (1353, 1600). FW Reitz (1844-1934), MT Steyn se voorganger as Vrystaatse president, wat in selfopgelegde ballingskap in die VSA was, het van Piet gesê: “He disgraced a name that his brother sought to make synonymous with loyalty and bravery” (1494). “Die Britse opperbevel was besonder naïef om te glo dat ‘n brief van dié aard [Piet s’n] die onwrikbare Christiaan tot ander insigte sou bring. Om enige neerslagtigheid onder sy burgers teen te werk het Christiaan verduidelik die oorgawe was eintlik ten goede: ‘Dit is die wil van God wat deur hierdie oorlog ‘n sifting onder ons bring. Die lafhartiges en ontroues moet afgeskei word; hulle is geen groot verlies nie. Van die ander is ons seker.’ Die bittereinders het deurentyd geargumenteer dat die ontroues eintlik ‘n hindernis was en dat dit ‘n goeie ding was om van hulle ontslae te raak” (1344). Veral sedert 1994 vind ‘n soortgelyke sifting weer in Afrikanergeledere plaas.

“Christiaan de Wet se absolute renons in enige vorm van afvalligheid tydens die oorlog was nie tot sy broer beperk nie, maar het vir alle troueloses gegeld. Volgens een van sy biograwe [MCE van Schoor] sou Christiaan gesê het hy hou vyf patrone vir vyf verraaiers* in sy Mauser. Sy diepe minagting vir verraaiers blyk deurgaans in Die stryd tussen Boer en Brit” (1504). Van ‘n oorloper, Hans Smit, skryf Christiaan: “Sy naam sal gebrandmerk bly deur elke eerlike man” (1504). Op 28 Julie 1900, dus twee dae nadat Piet oorgegee het, het Christiaan gesê: “Elke man wat na ons toe kom, moet by ons bly tot die einde. Trou moet hy wees, trou en rein van gewete … Wie voortaan nie trou bly nie, moet doodgeskiet word” (1512). “Volgens MCE van Schoor … kon sy gevoel [Christiaan s’n] jeens verraaiers as niks anders dan as haat nie beskryf word … Hy het self as hoof van ‘n krygshof by minstens twee geleenthede die doodstraf oor verraaiers uitgespreek” (1522). “Christiaan sou sy broer selfs ná die oorlog steeds ‘n ‘swart verraaier’ noem” (1563, 2932).

[* Piet was een van hierdie vyf verraaiers, maar wraak het Christiaan nie toegekom nie. In 1990/94 was daar ook vyf hoofverraaiers, wat ek die Klein Vyf genoem het. Vir hulle kom die wraak van Afrikaners ook nie toe nie, maar hulle verdien ongetwyfeld ons onverdunde minagting. “Gedurende die [AB-]oorlogsjare (ook vooraf en daarna) was daar onder sekere Afrikaners ‘n soort [kulturele] minderwaardigheidsgevoel teenoor Engelssprekendes … Gevolglik is ‘n soort kruiperigheid te bespeur onder die lede van die vredesbeweging in hul onderhandelinge met die Britse hooggeplaastes” (2549). Dieselfde kruiperigheid ten gunste van Engels word tans by verloopte Afrikaners in die taalstryd gevind. Soortgelyke kruiperigheid was by blankes te bespeur tydens die 1990/94- onderhandelinge met terreurgroepe. Tydens laasgenoemde gespreksrondtes het daardie verraaiers heeltemal verkeerdelik aan selfwysgemaakte morele minderwaardigheid gely.]

“Teen Desember 1900 het hy [Piet] geglo ‘n georganiseerde vredesbeweging kan van stapel gestuur word met genoegsame ondersteuning van vooraanstaande Afrikaners in die Vrystaat” (1370). Verskeie Burgervredesbewegings is gestig (1475). Piet het Christiaan se vrou, Cornelia, besoek “om haar te oortuig om haar man te beïnvloed om die stryd te staak” (1377). Sy was egter, soos Christiaan, “onverbiddelik in haar oortuiging dat daar met die stryd volhard moet word” (1377). “Cornelia is herhaaldelik deur Britse offisiere genader met ruim geldelike aanbiedinge indien sy haar man kon oortuig om die wapen neer te lê. Haar reaksie het elke keer met soveel veragting gepaardgegaan dat sy haar die gramskap van die Britse owerhede op die hals gehaal het” (1889).

Piet het weer met perde en vee begin spekuleer (1475) en sy “enigste ware klant was die Britse besettingsmag in Kroonstad” (1443). Hy het ook “melk aan die militêre hospitaal in Kroonstad voorsien” (1443). “Piet word as die kontrakteur aangestel om gras al langs die spoorlyn en blokhuislyn in die Kroonstad-omgewing te sny en die hooi aan die superintendent van die konsentrasiekamp in die dorp te lewer … Die hooi is hoofsaaklik as voer vir die konsentrasiekamp se trekdiere gebruik. Hierdie diere is onder meer gebruik om vroue en kinders na die konsentrasiekamp te vervoer” (1468). Piet sou “ook in ‘n gevegsrol vir die Britte optree en soldy en ander voordele ontvang” (1475).

In ‘n onderhoud met ‘n Britse koerant het Piet selfs beweer “die Boere het imperialistiese motiewe met hul invalle in Natal en die Kaapkolonie gehad: ‘We … made war, intending to take the two British colonies'” (2088). Die Britse soldate, daarenteen, het volgens Piet van die begin van die oorlog af onberispelik opgetree (2556): “The soldiers had not done the slightest damage, had stolen nothing, and had treated all the people with kindness and respect” (2572). Piet het ongetwyfeld aangedik. “Sy aansprake gaan lynreg in teen die magdom opgetekende ervarings van Boerevroue oor Britse onmenslikheid” (2572).

Piet se “hartvogtigheid teenoor die bittereinders en hul gesinne [het] ná die oorlog voortgeduur” (3052). Hy het die Britse bewind versoek om teen die bittereinders op te tree (3113). “Daar is nie ‘n aanduiding dat Piet ná die oorlog ‘n voorstryder vir die Afrikaanse taal en kultuur was nie” (3253). Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitbreek en die Suid-Afrikaanse regering hom by Brittanje skaar, was daar groot ontevredenheid by die nie-jingoïstiese Boere. “Louis Botha en Jan Smuts is reeds weens hul pro-Britse houding deur baie Afrikaners gewantrou” (3353), maar Piet het hulle gesteun (3377). Christiaan was een van diegene wat in die Rebellie in opstand teen die Britsgesinde regering gekom het. Hy het dit as ‘n geleentheid beskou om die onafhanklikheid van die Boere-republieke te herower (3353, 3377). Christiaan is aan hoogverraad skuldig bevind (3461) maar na ‘n jaar op parool vrygelaat (3477). Oor die Rebellie het NP van Wyk Louw geskryf: “Opstand is net so noodsaaklik in ‘n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat ‘n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat ‘n hele geslag sonder protes sal verbygaan” (3493). Daar word gesê elke 30 jaar is daar ‘n nuwe geslag. Is die huidige geslag Afrikaners nie besig om sonder daadwerklike protes verby te gaan nie?

“Na die Rebellie van 1914 … sou Piet ook ‘n leidende rol speel in die veldtog om die Afrikanerrebelle onder kerklike sensuur te plaas” (263; ook 3504). JD Kestell was nie hiertoe bereid nie (3543). Piet het hieroor ‘n griefskrif opgestel (3549). “‘n Mens kan … nie wegkom van ‘n element van nydigheid in sy [Piet se] optrede nie” (3512). ‘n Resultaat was “die doelbewuste uitskakeling van enige regeringsgesindes in kerkraadsverkiesings” (3573). Piet het “sy laaste jare as ‘n uitgeworpene binnegegaan” (3643). Van sy kant af het hy probeer om met Christiaan te versoen, maar Christiaan was nooit daarvoor te vinde nie. Christiaan se oorskot is by die Vrouemonument ter ruste gelê (3672). Die destydse regering was eintlik anti-Boer gesind. Die volgende klink deesdae bekend: Abe Bailey (1864-1940) het “in die Unieparlement gevra dat Afrikanergedenktekens soos die Nasionale Vrouemonument afgebreek word omdat dit versoening kwansuis in die wiele sou ry” (3724).

Die hanskakies het “ewigdurende politieke selfmoord gepleeg. Geen joinerleier kon ooit ná die oorlog ‘n leiersposisie in Afrikanerpolitiek beklee nie” (2811). Selfs in die finale vredesonderhandelings het hulle geen rol gespeel nie (3161). “Die joiners was in ‘n politieke doodloopstraat … die joinerleiers se aansien [het] binne ‘n paar jaar selfs by die Britse owerhede [ge]kwyn” (3277). Aan die hendsoppers en veral die joiners is na die ABO baie beter skadevergoeding as aan die bittereinders en krygsgevangenes uitbetaal (2990, 3013, 3029, 3089). Hierdie onreg het “‘n belangrike stimulus vir Afrikanernasionalisme gebied” (3170). Selfs die nie-joiners onder die hendsoppers het na die ABO stukrag aan die bittereinders en krygsgevangenes se Afrikanernasionalisme gegee (3177), want hulle is, anders as die joiners, mettertyd meer geredelik vergewe (3180). “Verraad sou nie eenklaps ná die oorlog verdwyn nie. Dit het in werklikheid permanente letsels gelaat” (3301). Piet is deur die Britse owerheid materieel bevoordeel (3044). Daar is ‘n beroep op almal gedoen “om mekaar te vergewe en hande te vat” (2827) ten einde die samelewing te “normaliseer” (2967). Woorde soos “vergewe”, “hande vat” en “normaliseer” word dikwels in die nuwe Suid-Afrika gehoor.

Pleks van Piet de Wet te verontskuldig, soos Max du Preez verlang, sou dit veel meer gepas wees om te beweer dat Piet en Max voëls van eenderse vere is. As Du Preez minder skryf en meer lees en besin, sou hy Blake se boek van voor tot agter bestudeer en dan in ‘n rubriek sy onregverdigbare verering van Piet terugtrek.

Leon Lemmer: Bram Fischer, dié verloopte Afrikaner

Daar is talle hedendaagse Afrikaanssprekende blankes wat skynbaar meeding om as dié verloopte Afrikaner, dus as bv die hoof-ANC-kruiper, erken te word. Van hulle name word later in hierdie teks genoem. Na die Anglo-Boere-oorlog het veral Louis Botha en Jan Smuts uitgemunt as jingo’s, dus as Engelsgesinde blankes, hoewel albei van huis uit Afrikaanssprekend was. Albei kwalifiseer dus as verloopte Afrikaners. Sedert die roemlose, mandaatlose, verraderlike politieke magsoorgawe aan swartes in 1990/1994* is daar veral twee mense wat meeding om as dié verloopte Afrikaner beskou te word, naamlik Bram Fischer (1908-1975) en Beyers Naudé (1915-2004). Albei stam uit voortreflike Afrikanerfamilies. Naudé het terroriste en aspirantterroriste bv gehuisves, vervoer en van geld voorsien, maar hy was opmerklik onwillig om mede-verantwoordelikheid vir hulle bose dade te aanvaar. Wat Naudé se aanspraak op die titel van dié verloopte Afrikaner benadeel, is dat Fischer, anders as Naudé, ‘n kommunis en tot sy dood ongekwalifiseerd selfs ‘n Stalinis was. Daarmee het Fischer hom in die ideologiese kern van die ANC gevestig, wat vir Naudé nie beskore was nie ten spyte van al die loftuitinge wat vir hom uit die ANC-kraal opgeklink het. [* Die volgende woorde van Malcolm X (1926-1965) kan op FW de Klerk van toepassing gemaak word: “He got the peace prize; we got the problem. If I’m following a general, and the enemy gives him rewards, I tend to get suspicious” (Frank S Pepper, Contemporary biographical quotations, London: Sphere Books, 1986, p 184).]

In die nuwe Suid-Afrika is daar mos ‘n onfeilbare manier om ‘n argument te beklink, naamlik om jou op Nelson Mandela te beroep. In sy outobiografie verwys Mandela net ‘n enkel keer na Naudé deur bloot sy naam as lid van ‘n afvaardiging te noem (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 693). Na Fischer is daar baie verwysings en ook lof, bv: “Although he could have been prime minister of South Africa, he became one of the bravest and staunchest friends of the freedom struggle that I have ever known” (104). In werklikheid was Fischer nooit naasteby ‘n politikus nie. In etlike toesprake het Mandela vir Fischer “lof toegeswaai” (Haasbroek, bron hier onder, p 325). Mandela het met ‘n absoluut akkurate beskrywing van ‘n verloopte Afrikaner vorendag gekom: “Bram was a … man who fought against his own people” (Mandela, 562). Op Mandela-dag (18 Julie) vanjaar het ek my goeie daad ter nagedagtenis aan Mandela gedoen deur baie meer as 67 minute te gebruik om hierdie rubriek te skryf.

Hannes Haasbroek het ‘n verdienstelike boek oor Fischer gepubliseer, ‘n Seun soos Bram (Kaapstad: Umuzi, 2011, 368p). Die titel sinspeel op Fischer se ma, Ella (1884-1964), wat “haar seun altyd ondersteun en liefgehad” het (p 10). Dit is soortgelyk aan Josef Stalin (1878-1953) se ma, Keke, wat van haar seun gesê het: “I am happy that he has achieved his goal and become a benefactor and patron of all oppressed people” (Keke Jughashvili, My dear son: The memoirs of Stalin’s mother (Amazon Kindle Singles, 2012, 31p, $2,27, 490), al word hy vir na beraming tussen 30 en 40 miljoen mense se dood verantwoordelik gehou (Simon Sebag Montefiori, Stalin: The court of the red tsar (London: Phoenix, 2012, 720p, p vii).

Voordat ek by Haasbroek se beskrywing van die Fischers kom, moet ek hierdie juweel uitlig: Herbert Morrison, Britse minister van buitelandse sake in die Arbeidersregering, het in 1951 “die onafhanklikheidswording van kolonies in Afrika vergelyk met ‘n tienjarige kind aan wie ‘n voordeursleutel, haelgeweer en ‘n bankrekening gegee word” (201).

Ella was “in hart en siel ‘n ‘vurige Afrikaner'” (51). Na die Anglo-Boere-oorlog het sy “haar mes vir die veroweraars en hul meelopers … in gehad” (69). Al het Bram en sy vrou se kommunistiese bedrywighede teen die grein van Ella se politieke en godsdienstige oortuigings ingedruis, het moederliefde voortgesette harmonie in hulle verhouding moontlik gemaak. Sy het bv “haar waardering uitgespreek dat Bram en Molly soveel vir die onderdruktes doen, veral die insameling van kos” (186). En teen die einde van haar lewe: “Die matriarg sou haar steeds daarvan weerhou om in te meng en te poog om haar seun en skoondogter van hulle politieke oortuigings te laat afsien” (234).

Bram se oupa, Abraham, was eerste minister van die Oranjerivierkolonie. Hy het die hoop uitgespreek dat “die kleinding ook eendag, net soos sy oupa, sy deeltjie sou bydra om die land uit te bou” (82). Toe Bram “so vier of vyf jaar oud is, was hy ook verontwaardig dat die Boere hom nie tydens die oorlog geroep het om te kom help toe hulle in nood was nie” (84). Tibbie, die vrou van oud-president MT Steyn, het die hoop uitgespreek dat Bram “eenmaal ‘n sieraad vir jou land en volk sal wees bemind en geëerd deur almal” (107). By sy mondigwording het Tibbie geskryf “dat Bram bestem is om ‘n eerbare rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te speel” (125, 276). “Gedurende sy skooljare en vir ‘n wyle daarna was Bram taamlik nasionalisties gesind” (108). “Bram se optrede in hierdie jare het gewys dat imperialisme hom geensins aanstaan nie” (109). “Bram was voorwaar in die boesem van die Afrikaner-establishment en allerweë is ‘n rooskleurige toekoms vir hom in dié kringe voorspel” (119).

Na sy skoolloopbaan het die Engelse atmosfeer aan die Universiteit Kaapstad Bram glad nie aangestaan nie (120). In 1932 het hy ‘n student aan die Universiteit Oxford se New College geword (131), waar hy met die marxisme (134) en sosialisme (135) kennis gemaak het. Hy het ook drie weke lank deur Rusland getoer (135). Hierna was “hy nie eens meer lus … om ‘n voet in die land [Suid-Afrika] te sit nie. Hy het belangstelling in die ideologie van nasionalisme verloor, veral as hy kyk na die verwronge invloed wat dit in Duitsland en Pole het” (137). In 1933 het hy na Hilter se nasionaal-sosialisme as “kankeragtige en haatlike nasionalisme” verwys. Hy skryf “dat die wêreld net gered kan word as nasionalisme, ook die gees waarin dit in Suid-Afrika beleef word, onderdruk word” (139). Suid-Afrika sou “sy opkomende nasionalisme in toom moes hou” (140).

Haasbroek sê van Bram: “Agter sy vriendelike en besadigde voorkoms het ‘n taaiheid en geslepe vernuf geskuil waarmee hy die strewe na ‘n revolusionêre transformasie van Suid-Afrika volgens kommunisties georiënteerde voorskrifte sou dien” (143). Teen 1938 het Bram homself as ‘n kommunis beskou en daarna, waarskynlik in 1942, ‘n lid van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA) geword (172). Hy sou hom “meermale … blind hou vir die euwels wat dié stelsel wêreldwyd sou oplewer” (173). “Onder sy kalm, selfs ongeëergde uiterlike het ‘n ysterwil gelê. Bram het ‘n onwrikbare geloof in kommunisme en die Sowjetunie gehad en verbete daaraan vasgeklou. Niks het hom daarvan weggedryf nie; nie eens die bekendmaking van die erg onderdrukkende fasette van die Stalin-regime het hom laat wankel nie” (205).

Bram is in 1937 met Molly Krige getroud (156). Molly was ingelyks “‘n ywerige aktivis en kommunis” en daarby “heelwat meer aggressief as Bram” (174). Bram was van mening: “Elke Afrikaanse organisasie met ‘n Afrikanermentaliteit verteenwoordig ‘n gevaar” (176). “Dít wat in wese die Afrikaner in daardie jare ‘gevorm’ het,” is deur Bram oorboord gegooi: “sy nasionalisme, sy godsdiens en sy taal” (206). Hy loof “Indië vir sy aanvalle teen Suid-Afrika in die Verenigde Volke-Organisasie” en veroordeel “die Weste se giftige propaganda-oorlog teen Rusland as vredeliewende land” en hy verheug “hom in die uitbreiding van kommunisme in China” (180).

Bram en Molly wou hulle oorverligtheid konkreet bewys en het ‘n swart kind, Nora Mlambo, aangeneem. Dit het “vanselfsprekend sy ouers se wenkbroue laat lig, maar selfs dít het geen werklike duik in hul liefdevolle verhouding gemaak nie” (196). Hierdie ubuntu-sage het ‘n loop geneem wat volgens sommige dalk taamlik voorspelbaar was: “Nora het op skool swanger geraak. Molly sou betaal dat sy haar skoling deur korrespondensie voltooi. Met ‘n babaseun en met ‘n man is Nora weer merendeels in haar eie kultuur opgeneem sodat sy en die Fischers vervreem geraak het” (197).

“In 1953 is die nuwe, hoogs doeltreffende, ondergrondse [dus onwettige] party gestig met die naam Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) in teenstelling met die ou wettige KPSA” (212). Stalin se dood in daardie jaar was vir Bram “‘n geweldige emosionele terugslag” (212). Bram het mettertyd die hoof van die SAKP, “‘n ondergrondse, revolusionêre, kommunistiese beweging” geword en “‘n leidende samesweerder in ‘n komplot om die regering omver te werp. In hierdie tyd [die jare sestig] was die kommuniste inderdaad ver gevorder in hulle voorbereiding vir ‘n gewapende stryd” (236). Bram sou “meehelp om ‘n nuwe opperbevel vir Umkhonto tot stand te bring” (243) met die “vredesikoon” Nelson Mandela as die eerste hoof van hierdie geweldsvleuel van die ANC. As regsgeleerde het Bram ANC-terroriste, soos Nelson Mandela, in die hof verdedig, bv in die Rivonia-verhoor. Mandela het beweer dat hulle “hoofsaaklik deur Bram van die doodstraf gered is” (318). Teen die einde van Bram se lewe het André P Brink (1935-2015) ‘n brief aan hom geskryf. “As die Afrikanerdom oorleef, het die bekende skrywer gesê, sou dit as gevolg van die liberale en ruimdenkende invloed van iemand soos Bram Fischer wees.” Brink het Suid-Afrika “‘n ónredelike en ónmenslike land” genoem (308).

Haasbroek skryf met verwysing na Stephen Clingman se Fischer-biografie: Bram “is die simbool van kommunisme in Suid-Afrika en word beskou as die grootste kampvegter vir hierdie ideologie wat die land nog opgelewer het” (315). Vervolgens gaan ek Bram as ‘n maatstaf gebruik om te bepaal wie hedendaagse verloopte Afrikaners is. André P Brink het in die vorige paragraaf duidelik laat blyk dat hy sodanige betiteling verdien. Dit was die Universiteit Stellenbosch (US), met Chris Brink as rektor, se besluit in 2004 om postuum ‘n eredoktorsgraad aan Fischer toe te ken wat egte en verloopte Afrikaners duidelik onderskei het. In die motivering vir die toekenning van die eregraad staan daar dat “Fischer baie van die ideale vergestalt waartoe die universiteit verbind is” (317). Dat die nuwe US revolusionêr van die US van weleer verskil, behoef dan geen betoog nie. Die huidige voortgesette snelle verswarting en verengelsing van die US dien as bevestiging hiervan. Die doel en gekoesterde ideaal is dat die US en die dorp Stellenbosch net so vervalle soos die res van Suid-Afrika daar moet uitsien. Dit mag nie beter wees nie.

Diegene ten gunste van die Fischer-eregraad, dus verloopte Afrikaners, is “pro-Bram-stoetbulle” genoem (319), bv Max du Preez, Sampie Terreblanche, Lizette Rabe, Ruda Landman en Koos Bekker. Die “anti-Brammers”, dus egte Afrikaners, sluit in Tertius Delport, Ebbe Dommisse, Jan Sadie, Kobus Meiring, Christo Viljoen, Hermann Giliomee, Lina Spies, Dan Roodt en Ampie Coetzee (320).

Tim du Plessis het geskryf dat die polemiek die beeld van die US dermate “verflenter” het “dat ‘n mens wonder of die kool die sous werd was … Baie wittes sal … glo die Maties wil Fischer vereer om te kruip by die ANC en om politiek korrek te wees” (323). Hy sleep dan die naam van Beyers Naudé naas dié van Bram Fischer by die gesprek in.

Die eregraad is in Desember 2004 toegeken. “Volgens die commendatio is Bram vereer vir die groot vormende invloed wat hy, selfs na sy dood, op Suid-Afrika gehad het vanweë die besondere aard van sy onverbiddelike strewe na geregtigheid en politieke gelykberegtiging vir almal in ‘n tyd toe die meeste van sy ‘eie mense’ blind daarvoor was” (324).

Koos Bekker was uitsonderlik spraaksaam ter regverdiging van Fischer se eregraad. Hy het ‘n heildronk op Fischer se nagedagtenis ingestel. Dit gaan glo om die “herrangskikking van helde en demone” (324). Die Fischer-eregraad was nie ‘n geïsoleerde vergryp nie. Die nuwe US het reeds talle van hierdie akademies waardelose sertifikate aan ANC-“vryheidstryders”/terroriste, bv Nelson Mandela en Thabo Mbeki, uitgedeel. Ek moet sê: Die meetsnoere het in bedenklike plekke geval as mense soos Fischer en Mandela as helde beskou word. Daarenteen het Jonathan Jansen, die rektor van die Universiteit Vrystaat (UV) beweer dat Fischer “waarskynlik die grootste seun” van die UV is (327).

Ten slotte verwys ek na Pieter Kapp se boek, Maties en Afrikaans (Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, 261p) waarin daar ook oor die Fischer-eregraadsage berig word. Die toekenning word gesien in die lig van die US se huidige “politieke gedienstigheid” (p 102). Die Burger het agter Koos Bekker aan gekruip en die toekenning van die eregraad verdedig en Fischer om duistere redes “geloof vir wat hy gedoen het om ‘n nuwe begin ter wille van die Afrikaanse taal moontlik te maak” (103). Die name van twee “pro-Bram-stoetbulle” word by die bogenoemde lys gevoeg: Fanie Cloete en Amanda Gouws. “Twee professore wat nie regsteeks op die toekenning kommentaar gelewer het nie, maar eerder Chris Brink as die groot vernuwer van Stellenbosch beskryf het, was Lizette Rabe en Willie Esterhuyse” (103). Daarmee het ons as’t ware ‘n Wie-is-Wie-lys van verloopte Afrikaners van ‘n dosyn jare gelede. Sedertdien is hierdie lys fluks aangevul; dikwels met die name van opportuniste.

Chris Brink het “die debat beskryf as deel van die geboortepyne van die nuwe Stellenbosch” (104). Deesdae is dit vir enige objektiewe waarnemer duidelik aan watter misbaksel geboorte gegee is.

Dawie Louw se roman, eMajuba

Helen Schöer het D(awie) Louw se roman, eMajuba (Tygervallei: Naledi, 2014, 397p, R179) geresenseer (Die Burger, By, 31 Januarie, p 8). Heel aan die begin verwys Schöer na die volgende opmerking van Louw: “Die pas waarteen die Afrikaner verengels, is egter geen verbeeldingsvlug nie. Dis die harde werklikheid en dis hoekom eMajuba geskryf is” (p 394). Die resensent skryf voorts: “Plek-plek slaan daar ‘n prekerigheid in die boek deur oor die dreigende heengaan van (goeie, ordentlike, suiwer) Afrikaans.”

“Louw het twee ander dinge ook op sy agenda … Hy voel duidelik beswaard dat die Boere alleen die blaam vir apartheid dra, en dat die Britte skotvry daarvan afkom. [“Net die Boer moet die skuld vir apartheid kry, niemand anders nie,” p 365.] Ook is hy nie gelukkig met die plek van die Anglo-Boereoorloë, of Vryheidsoorloë, in die geskiedenis nie, want daaroor preek die karakters ook plek-plek vir mekaar … As jy saamstem met Louw oor die taal en die geskiedenis, soos baie mense sekerlik doen, gaan jy sommer lekker lees. Maar wees gerus, selfs al is jy nie gepla met die Afrikaner en sy geskiedenis nie, is daar oorgenoeg in die boek om jou te boei.”

Die trant van Schöer se opmerkings maak dit myns insiens duidelik dat sy nie (of sekerlik nie in dieselfde mate as Louw) oor Afrikaans en Afrikanergeskiedenis “gepla” is nie. Let in hierdie verband ook op die woorde “prekerigheid”, “heengaan” en “beswaard”. Dat die karakters vir mekaar “preek”, is ‘n growwe veralgemening; ‘n vertolking gevoed deur die resensent se gebrekkige simpatie met Afrikaners en Afrikaans. Daar is myns insiens net ‘n enkele geval waar Louw se “agenda” (soos Schöer dit noem) moontlik te opsigtelik deurslaan (kyk heel aan die einde hieronder); ‘n geval van: “Askies, ek klink nou fokken prekerig” (p 63). Vir die res is dit nooit steurend nie.

Schöer skryf: “Ek het nie ‘n probleem daarmee dat skrywers ‘n agenda het nie – my probleem is eerder dat dit hier lomp hanteer is in die dialoog.” Ek dink die werklike probleem is dat “betrokke literatuur” in die nuwe Suid-Afrika geloof word as dit die huidige bedeling (bv swart meerderheidsregering en gedwonge rasse-integrasie) steun en dat pogings ter onderskraging van Afrikaners en Afrikaans feitlik outomaties met skeptisisme bejeen en glad te geredelik as ongewens beskou word.

Die boektitel verwys na die Slag van Majuba aan die einde van die Boere se Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) toe hulle met ‘n klinkende oorwinning politieke vryheid verkry het. “Met Majuba is ‘n hele oorlog gewen … Eie vlag, eie volkslied, eie taal, eie trots” (p 195). Die verwys ook na die kop Klein-Majuba in die omgewing van die plase waar die twee boeregesinne woon. Die e-voorvoegsel verwys na die hedendaagse elektroniese kommunikasie van inligting, wat later in die verhaal ‘n groot rol speel. Na die konvensionele en guerrilla-oorlogvoering van die Anglo-Boere-oorlog en die ANC en PAC se terreurveldtogte het kuberoorlogvoering sy verskyning gemaak. In die boektitel word dus aangedui dat die roman met sowel die verlede as die hede te make het.

Die boek handel oor twee ineengestrengelde boere-familiesages, dié van die Boshoffs en die De Beucks, oor vier of vyf geslagte heen, van 1901 tot 2014. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis word in die teks weerspieël. Aan die begin skryf die outeur: “Die gegewens in hierdie verhaal is fiktief. Gebeure, mense en plekke wat vooreenstem met die werklikheid, is slegs as vertrekpunte gebruik” (p 5). Later brei hy hierop uit: “eMajuba is ‘n verbeeldingsvlug. Die ‘feite’ in die boek is geplaas om ‘n fiktiewe storielyn te ondersteun, al klink dit plek-plek histories korrek. Die karakters is ook almal fiktief, al word daar deurentyd so direk op die (bekende) man afgepraat” (p 394). In die teks word daar meermale na die Rubicon verwys; ook na bv Uhuru, Mulder-gate en die wapenskandaal. Ons weet dat PW Botha dit wyslik geag het om nie die Rubicon oor te steek nie. FW de Klerk het dit egter te midde van dawerende applous gedoen, met fatale gevolge vir die land, die blankes en veral die Afrikaners.

Daar is verwysings na historiese figure soos Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Siener van Rensburg, koningin Victoria, koning Edward VII, Cecil John Rhodes, Horatio Kitchener, Emily Hobhouse, Louis Botha, Jan Smuts, DF Malan, John Vorster, Jaap Marais, PW Botha, Lang Hendrik van den Bergh, Eschel Rhoodie, Niel Barnard, Bram Fischer, Beyers Naudé, Ian Smith, Oliver Tambo, Nelson Mandela, Ruth First, Chris Hani, Kader Asmal en Thabo Mbeki. Daar is ook ‘n ligbruin airedale terriër genaamd Nelson. ‘n Karakter “wonder of dit is om iemand te vereer” (p 254). Oor FW de Klerk word daar geswyg.

Die verlede en hede word vindingryk in die hoofstukke afgewissel. In die hoofstukke wat oor onlangse gebeure handel, word daar soms verhelderende kommentaar op vroeëre hoofstukke gelewer. Daar is ‘n oorvloed aksie en dit lyk asof die boek geskryf is met moontlike verfilming in gedagte. Die teks vloei moeiteloos in goeie Afrikaans. Die gebeure is meesal geloofwaardig, hoewel hulle noodwendigheid soms bevraagteken kan word. Ek dink dit is gedoen om die spanningslyn in stand te hou. ‘n Ander oorweging was seker om onverwagte kinkels aan die verhaal te gee. Ek gaan egter nie die storie hier oorvertel nie en volstaan met die opmerking dat dit ‘n roman ver bo die gemiddelde in gehalte is.

Ek verkies om my aandag by ideologiese aspekte te bepaal en gebruik/misbruik Louw se teks as vertrekpunt. “Joernalistiek gaan oor … die skep van persepsie, en veral die manipulasie daarvan” (p 12). “Persepsies … is van die sterkste kragte wat bestaan” (p 70-71). Persepsie is: “Die krag wat die denke van die massas vorm en manipuleer … Dat persepsie ook die verlede kan misvorm, het hy ook geweet” (p 174). Tans is daar bv “‘n persepsie dat dit kief is om Engels te wees” (p 183). “Toe ek Afrikaans praat, bekyk hy my of die kat my daar ingedra het” (p 208). Ons moet myns insiens poog om hierdie situasie om te keer: Dat dit kief is om Afrikaner en Afrikaans te wees. Dit is propaganda in die massamedia (pers, radio, rolprente, televisie, internet) wat die persepsie geskep het dat apartheid net sleg was en dat gedwonge rasse-integrasie wonderlik is; dat die blankes boos en die swartes moreel meerderwaardig is; dat wittes verguis en swartes geprys moet word; dat Nelson Mandela “one of the great peace makers of all time” (p 374) was, dus nie ‘n geweldenaar nie maar ‘n vredemaker en versoener was; dat die nuwe Suid-Afrika nie-rassisties en strate beter as die ou Suid-Afrika is; en selfs dat ‘n blink toekoms op ons almal wag, al is daar nie eens genoeg elektrisiteit nie.

Ons verlede moet nie versmaai word nie. “‘n Mens het ‘n verlede nodig” (p 146). “Die verlede bied meer sekerheid as die hede” (p 62). Daar word verwys na “die onblusbare gees van ‘n Boerevolk wat hom nie laat onderkry nie” (p 84). In die skole in die konsentrasiekampe is net Engels geduld. Een van die karakters is ‘n onderwyseres en “word betrap dat sy Afrikaans met die kinders praat en word terug tent toe gestuur” (p 89). “Afrika is voos van die littekens van imperialisme” (p 235). “Kolonialisme en imperialisme het Afrika vermink, maar hoekom word net een deel van die bevolking vir die gruwels van apartheid blameer?” (p 64). “Boer is ‘n bedreigde spesie” (p 87). Daar word verwys na ‘n karakter se “beheptheid met die Boere” (p 106). “Ons moet nie opgee nie … Ons sal weer ‘n Majuba hê … Ons gaan Kitchener opdonder, net soos Colley destyds” (p 91). “Die Kakies kan óns in hierdie varkhokke aanhou, maar nie ons gedagtes nie” (p 108). Oor die konsentrasiekampe: “Hoe de donder het die Britte daarmee weggekom?” (p 117). “Die Britte [het] tot vandag toe nie om verskoning gevra … vir die gruwels wat hulle hier kom pleeg het nie” (p 329). “Engeland … sal hom nooit twee keer laat nooi om te moor en te vermink nie” (p 149). “Die Boer haal niks op niemand uit nie. Ons keer net dat ons mense weer beleef wat die Engelse aan ons gedoen het” (p 238).

Dit hinder dat die swartes deurgaans gunstig, dus polities korrek, voorgestel word. Dít word gedoen al is dit waar: “Xhosa en Boer veg sedert 1779 teen mekaar” (p 345). “Die Boer behandel die swartman nou soos wat hyself deur die Brit behandel is” (p 233). “Om iets soos Sharpeville te verdedig is moeilik” (p 251). Myns insiens is dit in hierdie geval moeiliker om die swartes se gedrag te verdedig as dié van die wittes. “Dis polities korrek om die Boer vir alles te blameer” (p 293). Van die wit karakters het heelwat geraamtes in die kas. Tydens die Anglo-Boere-oorlog skaar die Boshoffs hulle by die Boere, terwyl die De Beucks hulle lot by die Britte inwerp. “Om met die Kakies te heul was hoogs voordelig” (p 223). Daar was selfs ‘n De Beuck wat met ‘n dame uit Engeland getrou het. ‘n Ander De Beuck word “later lid van die Broederbond. Ook van die Ossewabrandwag, en later selfs ‘n Stormjaer” (p 199). Nog ‘n De Beuck beklee nog later een van die hoofposte in die Nasionale Party-regering se inligtingsdiens, terwyl ‘n Boshoff en sy vrou by die ANC se gewapende vleuel, MK, aansluit. In die meer onlangse geskiedenis word in albei families kinders by Tswanas verwek. “Ek is nie so trots om Boer te wees soos wat sy was nie” (p 226). Die uitbeelding van sulke drastiese gedragsveranderings is nie onrealisties nie. Daar word verwys na die twee Boere-generaals, “Louis Botha en Jan Smuts se verraad” (p 150; ook p 166). Oor die mynwerkersstaking in 1922: “Jannie [Smuts] was nog altyd gretig om die Ingelse mynbase se vuilwerk te doen” (p 165-166). “Smuts, die man met hande rooi van sy eie mense se bloed” (p 185).

“PW [Botha] sal uit ‘n posisie van mag wil onderhandel” (p 338). “Soos PW, wil Mandela ook uit ‘n posisie van mag onderhandel. En mag spel jy met ‘n A en ‘n K en ‘n 4 en ‘n 7” (p 344). “Politiek gaan … oor mag … die politikus wat bereid is om mag af te staan, moet nog gebore word” (p 243). Dit is in 1975 gesê, dus voordat FW de Klerk in 1989 die staatshoof geword het. Hy het homself en sy regering van mag gestroop deur die veiligheidsmagte (weermag en polisie) glad nie as troefkaarte te benut nie. Sy onderhandelings is in swakheid volbring. De Klerk se verraad was/is selfs meer skadelik en durend as dié van Smuts. “Jou siel kan jy vir welvaart verruil, maar betaaldag kom” (p 156). Die outeur verwys na “die sondaars Nimrod, Efialtes en Tifoon [oftewel (myns insiens) Louis Botha, Jan Smuts, FW de Klerk] in die negende sirkel van die bevrore hel in die Inferno van Dante. Daardie laaste sirkel wat beskore is vir hulle wat die ergste sonde denkbaar pleeg: verraad” (p 200). Dink ook aan die talle Broederbonders wat hulle knus by die ANC geskaar het. “ANC lede met wit velle is nie meer ‘n vreemde gesig nie” (p 218). “Solank daar joiners is, sal daar altyd oorlog wees” (p 155).

Na Nelson Mandela se afsterwe berig ‘n nuusdiens: “Die volk se pa is dood” (p 47-48). Daar word twee keer selfs na “Madiba” verwys (p 50). In die ou Suid-Afrika was die Afrikaners die volk, bv “Sy … bid … vir haar volk” en soggens sing hulle “Kent gij dat volk” (p 95). Op Kerkplein, Pretoria: “Oom Paul [Kruger] met ‘n wakende oog oor dat volk” (p 357). Die nuwe Suid-Afrika het ongevraagd talle swart volksvaders en -moeders opgelewer waarmee Afrikaners kwalik wil assosieer. Daar is geen sprake van ‘n Suid-Afrikaanse nasie waarvan Afrikaners deel is nie. Daar is bloot ‘n Suid-Afrikaanse bevolking. Waarna Afrikaners smag, is “om te behoort” (p 221) aan ‘n eie land en ‘n eie nasie. “Ek wil … tussen my mense” wees (p 223). Vir ware nasieskap is ‘n etnies-kulturele tuisland vir Afrikaners gevolglik noodsaaklik.

Oor die Soweto-opstand in 1976 word geskryf: “Afrikaans het die skuld gekry” (p 288), dus Afrikaans is tot sondebok gemaak. Die onderwyseres van een van die karakters was daarop gesteld dat sy Afrikaans “mooi moes praat … Sonder jou moedertaal is jy niks … Onthou dit” (p 77). Dit herinner aan Jan Rabie (1920-2001) se woorde: Sonder Afrikaans is ek niks. “Die Afrikaner, veral, verengels teen die spoed van lig” (p 183). “Afrikaans boer vinnig agteruit. Met die sogenaamde nuwe Afrikaans wat die ou Afrikaans verdring. Asof laasgenoemde ‘n verleentheid vir die Afrikaner geword het” (p 184). “Almal wat Afrikaans is … is selfs lief om hul Engels uit te stal. Op straat praat hulle al Engels met mekaar. Weliswaar swakkerige Engels, maar so suiwer as wat hul swaar r’e dit toelaat. Natuurlik sonder ‘n enkele Afrikaanse woord tussenin. Engels, die taal van konings. Van die elite” (p 383). Waarom is dit vir alle Suid-Afrikaners belangrik om Engels so suiwer moontlik te besig, maar Afrikaans mag maar in mengeltaal of koeterwaals ontaard? (HAT: “Koeterwaals: onverstaanbare brabbeltaal; gebroke taal, kromtaal.) Dit kom neer op ‘n gebrek aan respek vir Afrikaans en eintlik vir Afrikaners. Baie Afrikaners praat self bedenklike Afrikaans omdat hulle hulle selfrespek verloor het.

Ten slotte kom ek by die enkele keer waar die dialoog neig om te “prekerig” en dus roman-disfunksioneel te word (p 364-365).

Met verwysing na die gedig van Totius (1877-1953), “Vergewe en vergeet”, word genoem dat die wondmerk van die doringboompie wat al groter word,

“Engels [kan] wees wat ons taal so binnedring. Nee, nie binnedring nie. Binnegenooi word … Toe onse Lord Kitchener sy geveg teen die Boervrou wen, het Boer respek vir Kakie gekry.”

“Die Afrikaner is sy identiteit kwyt. Na ’94 is hy ‘n weggooikind. Een wat nou na aanvaarding soek.”

“Maar daar’s ‘n nuwe Afrikaner op pad. Wat soos ‘n Phoenix uit die as verrys. Wat lojaal teenoor Afrikaans gaan bly.”

“Watter Afrikaans? Die taal het deesdae vele stemme.”

“Ek praat van die Afrikaans wat uit die hart kom. Wat deel van jou is. Waarop jy trots is. Wat vertroetel en opgepas moet word.”

“Hoe lyk hierdie nuwe Afrikaner van jou?”

“Die Phoenix gaan verby velkleur kyk. Hy gaan verdraagsam wees teenoor ander wat ook lief vir die taal is. Hy gaan verdraagsaam teenoor hul godsdiens wees. Teenoor hul politiek. Onbenullige verskille tussen mense gaan nie saak maak nie. Die Taal gaan die gemene deler wees … Boer triomfeer omdat hy uiteindelik van sy vooroordele ontslae is.”

“Jy hou nie van die Engelse nie … Is ek reg?”

“Verkeerd. Om vandag se Engelsman vir destyds se vergrype te blameer is absurd. En onregverdig.”

Dan is dit ook onregverdig om al die hedendaagse blankes in Suid-Afrika vir slawerny, kolonialisme, imperialisme en rasse-segregasie/apartheid te blameer. Daarmee word nie geïmpliseer dat hierdie verskynsels noodwendig net sleg was/is nie.

Spraakvryheid onder skoot: ANC, Leopold Scholtz, Max du Preez

As ek die gemeenplasige braaksels van die Naarperswerfbobbejane lees wat Adderjan Basson, die koning van die Boerehaters, in sy Haatbeeld opdis, kan ek soms nie agterkom of hulle onnosel, geestelik versteurd of maar net erg sinies is nie.

Tans neem onverdraagsaamheid teenoor anders- of bloot nugterdenkendes in Suid-Afrika kommerwekkend toe. Daardie hoëpriester van politieke korrektheid, Max du Preez, het so pas in die Naarpersblaaie aangekondig dat daar ‘n soort Middeleeuse Indeks of swartlys opgestel moet word van mense wat glad nie werk mag kry nie en as’t ware deur die samelewing verstoot moet word om in ‘n geestelike goelag te krepeer. Sulke mense wat ‘n “gevaar vir die samelewing” verteenwoordig, is die “wit rassiste” waaronder veral Afrikaners skrywers en sangers wat kritiek teen geweld, diskriminasie, korrupsie, Eskom en ander aspekte van die ANC-SAKP se rampspoedige bewind uitspreek. Vermoedelik sien Max du Preez vir my en Steve Hofmeyr in sy geestesoog as hy sy totalitêre drome droom oor sy ideologiese vyande wat agter doringdraad in ‘n strafkamp of saam met Clive Derby-Lewis en die Boeremag in Pretoria-Sentraal vergaan. Dat ons soos Clive deur opgesteekte swartes met gebreekte bottels aangeval sal word, maak waarskynlik deel uit van Mal Max se sadistiese dagdroom.

roodt_fbfotoFeitlik terselfdertyd het die ANC in die Oos-Transvaal, oftewel Mpumalanga (al dié ANC-name lê al swaarder op my tong), aangekondig dat hy die Innibos-kunstefees gaan straf deur nie meer polisie of verkeersbeamptes na die fees te stuur nie. Trouens, volgens die verklaring wat deur die ANC uitgereik is, is enige Afrikaanse kunstefees wat nie “rassieel inklusief” (lees: oorwegend swart en Engels) is nie, voortaan taboe. Dat die Innibosfeeskomitee dus vir Steve Hofmeyr “ontnooi” het in ‘n kruiperige poging om polities korrek te wees, het niks gehelp nie.

Die hele gedoe rondom Die Stem en Afrikaanse kunstefeeste wat nie “inklusief” is nie, herinner sterk aan die dekrete wat in die doodsnikke van Oos-Europese kommunisme in die Baltiese state (Estland, Letland en Litoue) uitgevaardig is toe die bevolking insgelyks verbied is om hul volksliedere in hul eie tale te sing!

Vandat die Litous-gebore kommunis, Joe Slovo, die Nasionale Party se onderhandelingspan in die vroeë negentigerjare oorrompel het, is Suid-Afrikaners gebreinspoel om vele bedenklike aspekte van kommunisme te aanvaar, onder meer ‘n streng ideologiese en kulturele eenvormigheid. As jy nie vir Slovo, Kasrils, Bernstein, Mandela en die ander Rivonia-aangeklaagdes vereer en aanbid nie, is daar nie meer vir jou plek in ons samelewing nie. Dan is jy, om Sowjettaal te gebruik, ‘n “vyand van die staat”. Of ‘n “rassis”.

As u reeds deur die allesverterende propaganda wat vanuit die SAUK, Naarpers en die res van die hoofstroommedia op ons neergiet beïnvloed is, neem bloot ‘n paar treë terug soos ons hier op praag probeer doen. Dalk sien u die groter prentjie raak. In watter ander land ter wêreld word onskuldige volksliedere vandag verbied en word mense nie toegelaat om teater en sang in hul eie taal aan te bied nie? In watter ander land lewer die grootste privaat mediagroep, maar wat die staatsideologie 90% ondersteun, ‘n pleidooi vir ‘n swartlys vir skrywers en sangers? Afgesien van Kuba, Noord-Korea en enkele ander plekke waar twintigste-eeuse kommunisme steeds in ere gehou word, weet ek nie van sulke lande nie.

Terloops, ironies genoeg het dieselfde Britse ambassadeur wat FW de Klerk oorreed het om onvoorwaardelik aan die Kommunisteparty en die ANC oor te gee, Lord Robin Renwick, onlangs gesê:

Oral ter wêreld is Karl Marx dood, behalwe in Suid-Afrika.

Iemand wat insgelyks sterk na kommunisme terugverlang, is nog ‘n Naarperssluipskrywer, Leopold Scholtz. Sy idee is minder middeleeus as Mal Max se swartlys-indeks, en slaan meer op die grysskoen-Oos-Duitse model van die voormalige Stasi wat mense dopgehou en gemanipuleer het ten einde die kommunistiese hegemonie in stand te hou.

In sy fundamentalistiese roes beroep Mal Max hom op sensuur: die ketters en ongelowiges moet geswartlys of opgesluit word. Scholtz se totalitarisme is egter ‘n raps meer subtiel: hy bied sensuur en denkbeheer in die naam van “vryheid” aan. In nog ‘n hagiografie aan die stereotipe anglomaan en nuttige idioot, André P. Brink, gee Leopold die Kruiperkaner hoog op oor vryheid, vermoedelik “meningsvryheid”. Kennelik keur hy die verbod op volksliedere te Nelspruit goed (om van Afrikaans self nie te praat nie), want hy kry ‘n aanval van grondwetterisme soos Hermann Giliomee al daarna verwys het:

“In verskeie opsigte is ons almal, Afrikaners en Suid-Afrikaners, vandag vry om te dink en – binne die perke van die Grondwet – te sê wat ons wil.

Dis vandag deel van ons vryheid. Ons moet dit nooit weer van ons laat wegneem nie.”

Hoewel ek die enigste persoon is wat onder die Nasionale Party spesifiek onder die sensuurwet van destyds in die hof aangekla is, kan ek in alle eerlikheid sê dat ons toentertyd oor veel meer meningsvryheid as vandag beskik het. Selfs Scholtz noem dat André P. Brink, wat Bram Fischer en kommunistiese terreur openlik gesteun het, elke Sondag in Rapport geskryf en op sy bevooroordeelde manier ander skrywers se boeke resenseer het. Met die koms van Slovoïsme en die ellendige Kruiperkaners wat voor die huidige bewind koutou, kan ons nie eens vra dat ons korrek deur die ANC se werfbobbejane by Naarpers aangehaal word nie, wat nog te sê dat ons versoek sou word om enige menings uit te spreek of boeke te resenseer!

Vir lesers wat nie bekend is met die Chinese begrip "koutou" nie, só lyk dié vorm van eerbetoon
Vir lesers wat nie bekend is met die Chinese begrip “koutou” nie, só lyk dié vorm van eerbetoon

In hierdie “vrye Suid-Afrika” met sy swartlyste, heksejagte, aanhoudende beskuldigings van “rassisme” en “ideologiese onsuiwerheid” – presies soos in voormalige kommunistiese lande – is ons, volgens die epigoon van politieke korrektheid,  Leopold Scholtz, “vandag vry om te dink en – binne die perke van die Grondwet – te sê wat ons wil”.

Ten minste beskik die man oor ‘n (swart) humorsin! Terwyl hy, Mal Max, die ANC in Mpumalanga en Blade Nzimande alles in hul vermoë doen om ons tot ‘n nag van die denke donkerder as Eskom se kragonderbrekings te verdoem, moet ons op ons knieë gaan om dankbaarheid oor ons grondwetterse vryheid te betuig!

As ek die gemeenplasige braaksels van die Naarperswerfbobbejane lees wat Adderjan Basson, die koning van die Boerehaters, in sy Haatbeeld opdis, kan ek soms nie agterkom of hulle onnosel, geestelik versteurd of maar net erg sinies is nie.

Seker eerder laasgenoemde. Dink volgende keer daaraan as u nie vir werk mag aansoek doen nie omdat u te wit is of op die komende ideologiese swartlys verkeer, of as daar ‘n maniak met ‘n vuurwapen by u huis inbars om u en u gesin te bedreig:

“U is vry!”

Die grondwetters sê so.

Besef egter ook die volgende: As dit nie vir die internet was en dat die kaders ewe min van IT as van elektrisiteit af weet nie, sou ek en u nie vandag hierdie vir mekaar kon skryf nie.

En as dit van Adderjan, Leopold, Max en die ander sinistere verraaiers afhang, sou hulle ons graag in ‘n Afrikatronk wou laat smyt waar ons in haglike omstandighede vir ons “denksondes” behoort te boet!

Aan die ander kant: indien die wiel ooit weer sou draai en dié bewind stort in duie soos die muur rondom Leopold se geliefde Oos-Duitsland geval het, dink ek dit sou gepas wees dat al diegene wat ons vandag met hul heksejagte teister as meelopers gestraf word. Miskien sou die vuurpeleton of die galgtou te erg wees, maar hulle mag nie vir altyd wegkom met die skade wat hulle deur hul siek propaganda aanrig nie. Elke dag sterf daar boere, word daar kinders, oumense en vroue verkrag, met geen hoop op uitkoms nie, juis omdat die meelopers in hul slaafse toewyding aan die ANC enige ware opposisie in die kiem smoor.


Willie Esterhuyse se wel en wee

Willie Esterhuyse (middel), met Thabo Mbeki (regs)
Willie Esterhuyse (middel), met Thabo Mbeki (regs)

deur Leon Lemmer

Willie Esterhuyse (gebore in 1936) was tot 1987 lid van die Broederbond en jare lank skynbaar ‘n liefling van die Afrikaner en die NG Kerk. Byvoorbeeld, aan die Universiteit Stellenbosch het die inisiatief van hom uitgegaan om aan PW Botha ‘n eredoktorsgraad toe te ken. Esterhuyse kom uit ‘n Sap-gesin, maar hy het ‘n stoere ondersteuner van apartheid geword. Hy was een van diegene aan wie die Nasionale Party-regering aanvanklik sy onderhandelinge met die ANC toevertrou het. Kort nadat hierdie samesprekings ‘n aanvang geneem het, het Esterhuyse en Thabo Mbeki vriende geword en het Esterhuyse besluit dat hy eerder ANC- as NP-gesind is.

Deesdae kan Esterhuyse blykbaar nie verstaan waarom hy nie meer deur sy mede-Afrikaners op die hande gedra word nie. Naspers nooi hom darem nog soms uit wanneer daar ‘n onthaal of ander funksie aangebied word. Daarna verskyn sy foto in die koerant. Andersins moet hy in die na-Mbeki-era maar briewe aan die koerant skryf of ‘n toespraak vir publikasie aanbied om nie heeltemal in die vergetelheid te verdwyn nie. Die waarheid is dat die spreekwoordelike nuttige idioot ‘n beperkte rakleeftyd het.

Kom ons gaan ‘n bietjie na hoe Esterhuyse self sy openbare beeld getransformeer het. Daarna kan hierdie geykte vraag beantwoord word: Is Esterhuyse ‘n Afrikaner? Sy Sap-wortels en waarheen hy op pad was, het in 1979 die eerste keer duidelik geblyk met die publikasie van sy boek, Afskeid van apartheid. Dit is onder meer op grond van sy afkeer van apartheid en sy “geheime gesprekke” met die verbode ANC dat die ANC-regering tydens die Mbeki-bewind in 2003 aan hom die Orde van Luthuli (silwer) toegeken en hom ‘n leidende Afrikaner genoem het. Ek bepaal my aandag vervolgens by sy drie jongste boeke.

Esterhuyse het sy verset teen sy kweekskoolagtergrond getoon met sy boek, God en die gode van Egipte: In die voetspore van die Onsienlike (Wellington: Lux Verbi, 2009, 256p). Daarin verskyn hierdie neerbuigende opmerking: “Veral sedert 1979 het dit vir my al moeiliker geword om na die ortodokse gebulk van die Afrikanerbulle in die Groot Kraal (staat, kultuur en kerk) te luister” (p 21). Waaroor “bulk” Afrikanerbulle? Oor beskawing, oor Westerse waardes, oor die handhawing van standaarde, oor wat blankes en veral Afrikaners tot stand gebring het. Dit is wittes wat hierdie land oor meer as drie eeue ontwikkel het, in ‘n era wat deesdae as “donker” voorgestel word. Afrikaans het in daardie duisternis as ‘n volwaardige taal tot stand gekom. Dit gaan vir hierdie “Afrikanerbulle” om kwalitatiewe sake. Moet daar saam met apartheid ook hiervan sonder meer afskeid geneem word?

Die kernboodskap wat Esterhuyse in sy 2009-boek oordra, is dat stories en mites in die Bybel vertel word. Dit beteken nie dat die gebeure wat in die Bybel beskryf word werklik plaasgevind het nie. Dit gaan om ‘n bepaalde boodskap ter singewing oor te dra. Die Bybel word bloot ‘n “openbaring van mense” (p 67). Hy laat hom soos volg uit oor die Bybelboek Eksodus: “Dis eintlik ‘n sameflansing van ‘n verskeidenheid kampvuurstories en godsdienstige praktyke van woestyntrekkers op pad na hulle beloofde land” (p 35).

Die Ou Testament word beskryf as “‘n storie oor hulle [die Jode se] verstaan van God en sy rol in die lewe en geskiedenis van mense, state en gemeenskappe, wat oor tyd heen in skrif beslag gekry het” (p 111). “Dis nie die gode of God wat tekste heilig maak omdat hulle regstreekse goddelike openbarings bevat nie. Heilige tekste, ‘die Skrif’ ingesluit, is niks anders en niks meer nie as die getuienisse van mense se uitsonderlike ontmoetings en ervarings” (p 135). Soos in die geval van apartheid het Esterhuyse afskeid geneem van die God waarin hy in sy ouerhuis, “die klipkerk van Laingsburg” en aan die Kweekskool van Stellenbosch geglo het (p 188).

Godsdienstige opvattings word sodoende diensbaar aan Esterhuyse se neo-verligte politiek. Hy wil (en ons moet) hande vat (p 235) en ‘n verskil maak (p 231, 233, 241). Die modewoorde van die huidige plaaslike politieke retoriek (bevryding, verandering/transformasie, geregtigheid, ens) word kwistig rondgestrooi. Geloof word “‘n verbintenis aan saakmakende en vernuwende geregtigheid” (p 240). “Die profetiese tradisie was … primêr ‘n bevrydingstradisie” (p 240). Esterhuyse gaan selfs sover om te beweer: “Vanaf Jesaja en Miga tot by Jesus. Binne dié tradisie … Jy moes jouself identifiseer as ‘n geroepene, ‘n aktivis vir die droom van geregtigheid, ‘n vryheids- en vredestryder” (p 246).

Jesus word voorgestel as “‘n bepaalde inkarnasie of vleeswording van die geregtigheidsdroom … ‘God’, in Jesus as ‘n rolmodel, is volgens die stories van die Bybel ‘n simbool van die ewige, goddelike soeke na geregtigheid” (p 248). Dit is duidelik dat Esterhuyse (soos) ‘n bevrydingsteoloog geword het. Sy vertolking van die Bybel is sodanig dat dit sy neo-verligte en pro-ANC-politiek ondersteun. Religie word diensbaar aan sy politieke voorkeur gemaak. Sy nie-teïstiese, pragmatiese godsbegrip rugsteun sy politieke (wan)opvattings.
.
Esterhuyse se volgende boek, Die God van Genesis: Drama in die amfiteater van die Oneindige (Durbanville: Christelike Media Publikasies, 2010, 294p) is in dieselfde trant as sy vorige boek geskryf en vul dit aan. Van onder meer die Bybel skryf hy: “Self dink ek nie meer die geskrifte is heilig in die sin dat hulle deur die Goddelike self met ‘heiligheid’ beklee is nie. Dit is mense wat deur hulle vereenselwiging met ‘n bestaande geskrif die geskrif as iets spesiaals, as ‘heilig’, uitsonder” (p 68). Let op die volgende vertolking: God “se fokus is nie op die hemel nie. Ook nie op die skepping as sodanig nie. Dit is op verhoudinge, veral met die mens en die aarde” (p 108). Esterhuyse kan sekerlik nie daarop aanspraak maak dat hy dit wetenskaplik vasgestel het nie. Dit is bloot sy vertolking. Daarmee gee hy ‘n vrypas aan die verderflike politiek van die bevrydingsteoloë.

Hy erken dat dit maklik is om die Bybel te misbruik (p 283): “Dit is nie moeilik om die Bybel volgens eie vooroordeel en voorkeure te interpreteer nie” (p 252). Maar dan kom hy tog met hierdie myns insiens uiters vergesogte stelling: “Terloops, as daar ooit ‘n godsdienstige en morele revolusionêr en aktivis was, dan was dit Jesus van Nasaret. Dit is beslis nie gepas om ongekwalifiseerd ‘liewe’ voor sy Naam te skryf nie” (p 198). Dit lyk asof Esterhuyse die “voerbakke” (p 140) polities korrek rondskuif. Die volgende is sprekend van die outeur se veranderde politieke gesindheid: “Nóg ‘die volk’ nóg ‘die taal’ is ‘n skeppingsordinansie! Dit is veranderlikes” (p 253). Hy versuim om by te voeg: Dit beteken nie dat jy jou eie mense en moedertaal vir ander moet verruil nie.

Die derde en laaste boek wat hier bespreek word, is Esterhuyse se Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 367p). Die teks handel oor die verkennende gesprekke wat Esterhuyse en ander “uitgesoekte” lede van die Afrikaanse “binnekring” van 1987 tot 1990 met ANC- lede gevoer het. Esterhuyse praat van die “Afrikaner-ANC-gespreksgroep” (p 115). Heel aan die begin van sy betrekkinge met Mbeki het Esterhuyse aan hom bely dat hy deur die Nasionale Intelligensiediens (NI) gestuur is en dat hy aan die NI rapporteer (p 122). Omdat Esterhuyse hom spoedig eerder by die ANC as die NP geskaar het, kon hy skryf: “Die ANC sal my nie vermoor nie. Hulle het belang by my oorlewing” (p 30).

In die boek word daar uitdrukking aan heelwat volslae naïwiteit gegee. Asof dit wysheid uit die mond van ‘n suigeling is, haal Esterhuyse sy dogter soos volg aan: “Thabo Mbeki kan tog nie ‘n terroris wees nie” (p 170). Elders noem hy egter dat Mbeki militêre opleiding in die Sowjet-unie ondergaan het (p 115), wat sekerlik nie ten doel gehad het om hom mooier in die kerk te laat sing nie. Esterhuyse wou spesifiek in die geval van Mbeki “die konstruk van ‘terroris’ ondermyn” (p 142).

Wat Esterhuyse in sy handel en wandel en ook in hierdie boek doen, is om te ontken dat ons hier met werklike vyande te make gehad het. Vyand is ‘n “mite” (p 182 – soos hierbo in Bybelse verband), ‘n “konstruk”, bedoelende dat dit ‘n misleidende of onvanpaste term en begrip is. So ook “terroris” (p 142). Hierdie vyande moet “vennote” word (p 195). Hy wend hom tot linguistiese higiëne ten einde die ANC goed voor te stel. Dit gaan om die “ontdemonisering van die ANC” (p 36). Hulle is dus nie geweldadige en bloeddorstige terroriste nie. “Bloedorstige vyand” is ‘n “mite” (p 43). Ons is glo almal Suid-Afrikaners met ‘n gemeenskaplike vaderland, dus ‘n enkele tuisland, en ons het almal ‘n “gemeenskaplike toekomsdroom” (p 160).

“Die ANC is in die eerste plek nie ‘n terroriste-organisasie nie, maar ‘n politieke beweging” (p 129). In die boek word moeite gedoen om die ANC, ‘n “civilised and cultured group of people” (p 138), te ontdemoniseer. In dié proses word Afrikaners (minstens dié wat apartheid ondersteun) gedemoniseer. Die apartheidsregering het moordbendes gehad (blykbaar is dit nie bloot ‘n “konstruk” of “metafoor” nie) omdat die NP-regering in die “mite” van ‘n Totale (kommunistiese) Aanslag geglo het (p 56) en dus met ‘n Totale Strategie as teenvoeter vorendag gekom het (p 70). Hierteenoor hang Esterhuyse “totále transformasie” aan (p 156). Hy gebruik graag die term “sekurokrate” (p 81) vir diegene wat die Suid-Afrika van weleer teen geweld probeer beveilig het. Blykbaar is ook hierdie term nie bloot ‘n “konstruk” nie.

Tog konstateer Esterhuyse darem hierdie waarhede: “Die buitelandse vleuel van die ANC het finansieel, militêr en polities hoogs afhanklik van Moskou en sy meelopers geword” (p 62) en “sonder Sowjetsteun sou die ANC nêrens gekom het nie” (p 205), asook dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party die ANC “intellektueel en ideologies gedomineer het” (p 84). Die Botha-regering en sy veiligheidsmagte, wat hulle teen terrorisme en kommunisme verset het, word die “ystervuis” genoem (p 38) en die oorlog ‘n “burgeroorlog” (p 131). In ‘n oorlog word mense gedood, maar Esterhuyse gebruik telkens ANC- en WVK-taal: ANC-aktiviste word “vermoor” (bv p 39). Dalk net ‘n enkele keer erken hy dat die ANC moorde gepleeg het wanneer hy skryf oor “geweld en moordbendes aan albei kante” (p 181).

Esterhuyse munt nie uit in objektiwiteit nie. PW Botha word die “Groot Krokodil” genoem en Nelson Mandela die “Groot Ikoon” (p 207). Botha was glo “arrogant” (p 108) en het ‘n “obsessie met mag en publisiteit” (p 193) gehad, maar nie “denk-elastisiteit” nie (p 177). Hy word telkens as “halsstarrig” getipeer (bv p 169). Mandela, daarenteen, is ‘n “meesterlike oorrompelaar” (p 94-95), ‘n “passievolle politieke omvormer” (p 208) en “die sjarmante en eg menslike leier” (340). “Hy tree soos ‘n visionêre leier op. ‘n Moses-figuur” (p 175). “Mandela is sy ware self: Vredesoeker; versoener; gematigd; nie-rassig” (p 272). Maar Mandela was in werklikheid die inisieerder, stigter en eerste hoof van Umkhonto weSizwe (MK), die militêre of geweldsafdeling van die ANC. Let op hoe Esterhuyse hierdie feite oor sy vredesikoon verdoesel: Mandela “het wel ‘n hoë posisie in MK gehad” (p 238).

Mbeki het, volgens Esterhuyse, ‘n “skerp analitiese vermoë” (p 125) en “hy praat beredeneerd en baie logies” (p 164). Hy is vir Esterhuyse “die soort mens … wat ek bereid sal wees om met my lewe te vertrou” (p 142). Desmond Tutu en Allan Boesak word voorgehou as “gerespekteerde kerkleiers” (p 39), “charismatiese leiers” (p 107), “uiters bekwaam en leiersikone in eie reg. Nie revolusionêre militantes nie” (p 219). Oliver Tambo was glo ‘n “gematigde” ANC-leier (p 41), terwyl dit in werklikheid hy was wat gelas het dat sagte teikens in blanke woonbuurte deur die UDF/ANC aangeval moet word (p 87). Tambo het die gewelddadige UDF geloof as ‘n “uitstaande voorbeeld van die ‘political maturity of our people'” (p 133).

Esterhuyse het allerhande romantiese en uiters naïewe verwagtinge van die nuwe Suid-Afrika gekoester. Hy skryf “dat ‘n nuwe politieke daeraad besig was om deur die duisternis van apartheid te breek” (p 207-208). Hy beskou dit as: “‘n Dramatiese paradigmaskuif, weg van rasgebaseerde politieke voordele en verskansings, na nie-rassigheid” (p 296). Daar is hierdie mondvol hoop: “Volhoubare vrede, geregtigheid, regverdigheid en stabiliteit” (p 302). Andrew Young, die swart Amerikaanse aktivis, het beweer dat “die ANC eendag kan bewys dat swart mense ‘n gesofistikeerde land kan regeer” (p 271). Het die ANC-regering dit bewys, of juis die teenoorgestelde? Patrick Fairweather, ‘n Britse regeringsamptenaar, het gesê: “The best way to address white fears in South Africa is to make an economic success of Zimbabwe” (p 120). Die oorverligte Esterhuyse het sy hoop gevestig op ‘n “Suid-Afrika waarvoor ons nie skaam hoef te wees nie” (p 15) en ‘n “ware nie-rassige demokrasie” (p 48).

Die skandaligste aspek van Esterhuyse se naïwiteit is sy teenkanting teen minderheidsregte, insluitende vetoreg, vir blankes. Dít terwyl swartes in die VSA in ruime mate minderheidsregte het. Esterhuyse, die oud-Broederbonder. is “ten gunste van ‘n een-mens-een-stem-verkiesing in ‘n eenheidstaat” (p 27). Oor die grondwetlike onderhandelinge in 1993 skryf hy: “Ek het toe al lankal weggestap van die NP se idee van groepsregte en minderheidsveto’s” (p 299). In die praktyk het dit die gevolg dat alle Suid-Afrikaanse nie-wittes deesdae groepsregte het (bv ingevolge regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging) terwyl al die wittes (en net die wittes) geen groepsregte het nie. Hiervoor kan ons Esterhuyse en andere wat ‘n “onmisbare en deurslaggende rol” in die voorbereidingsfase gespeel het (p 335) mede-verantwoordelik hou. Hy is een van dié wat geen onheil in swart oorheersing gesien het nie. Hy het geen beswaar teen die verswelging van wittes deur swartes met hulle vreemde nie-Westerse waardes geopper nie. Hy het die duisternis van apartheid gekontrasteer met die lig wat die ANC sou bring. Ek is diep dankbaar dat ek dit nie op my gewete het dat ek medepligtig aan verraad teenoor my eie etniese groep is nie.

Vervolgens vestig ek die aandag op die jongste brief (12 Oktober, p 18) en artikel (19 Oktober, p 11) wat Esterhuyse in Die Burger gepubliseer het. In die brief verwys hy na “baie Afrikaners wat hulself as ‘slagoffers’ ervaar.” Dit is glo “die moeder van onverdraagsaamheid.” Met verwysing na Jonathan Jansen se onlangse anti-Afrikaanse uitlatings skryf Esterhuyse: “Ek het groot waardering vir jou Voortrekkersrol in ons land.” Omdat Tim du Plessis kritiek op die loskanon Jansen uitgespreek het, reageer Esterhuyse soos volg: “Ek het besluit om nie meer Rapport te lees nie.” Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder. Ten slotte haal hy Brigalia Bam, ‘n ANC-aktivis, goedkeurend aan: “We seem to have unlearned the power of real dialogue which served us so well in the past.” Die dialoog waarna verwys word, is daardie gesprekke wat die land in die skoot van die ANC laat beland het. Die “us” wat so baie daarby gebaat het, is die swartes. Hierdie brief dui op ‘n groot mate van frustrasie by Esterhuyse; dermate dat dit twyfel oor sy geestelike ewewig kan wek.

Esterhuyse se jongste artikel is gebaseer op ‘n toespraak wat hy in Washington, DC, gelewer het. Die bedoeling was seker onder meer dat die koerantlesers kennis moet neem dat sy mening soms nog in aanvraag is. Hy stel hierdie vraag oor Suid-Afrika: “Waarom wás en is ons steeds ‘n geweldsland?” In Eindstryd het Esterhuyse apartheid, en nie die ANC se terrorisme nie, as die oorsaak van geweld voorgehou. Dít wat die verlede betref. Die politieke en ander geweld wat tot in die hede onder die swart massa voorduur, behoort ongetwyfeld aan die voorbeeldstelling van die ANC as “bevrydingsorganisasie” toegeskryf te word, maar Esterhuyse doen dit nie. Hy profeteer: “Gewelddadige betogings op plaaslike vlak is bestem om toe te neem.”

Hy toon deesdae, dus in die na-Mbeki-era, ‘n mate van ongedurigheid met die ANC: “Géén volhoubare vrede sonder ‘n suksesvolle staat nie … Brose en mislukte state, sistemies korrupte state en state wie se leiers die staat intern ‘herkoloniseer’ het, kan beslis nie vrede bevorder nie … Nelson Mandela en Thabo Mbeki se vorme van visioenêre leierskap, gedra deur ‘n ANC-organisasiekultuur en korps toegewyde ‘wyse vroue en manne’ [let op die volgorde], is verruil vir blatante transaksieleierskap waarin politieke lojaliteit (en tenders en poste) koopbaar geword het. Dié soort leierskap verander ons swaar verworwe demokrasie [ANC-taal] stelselmatig en doelbewus in ‘n vorm van ‘n kliëntestaat: kolonialisme en neo-kolonialisme [gedefinieer as: “uitsluiting deur ‘n nuwe elite”] getransformeer in neo-patrionialisme[;] die staat ‘n verlengstuk van die leier, sy familie, sy vriende en geslepe sakemanne.” Esterhuyse het klaarblyklik nog nie vrede gemaak met die feit dat hooggeprese demokratiese prosesse, naamlik sy geliefde gepeupelkrasie, die oorsaak was dat sy vriend Mbeki die trekpas gekry en Jacob Zuma hom vervang het nie. Dat Suid-Afrika beter daaraan toe tydens Mandela en Mbeki se bewind was, dui in werklikheid nie, soos Esterhuyse beweer, op hulle “visionêre leierskap” nie, maar bloot op die feit dat die verval onder swart bewind geleidelik plaasvind en eksponensieel toeneem.

Maar dan kom die oorverligte Esterhuyse weer in rat: “Vergewe en vergeet … is ‘n vorm van ‘ontkenning’ deur veral wit mense.” Hy verwys na “die onreg van die verlede” en nie na die talle opsigte waarin die land tydens bv die apartheidsera beter daaraan toe was nie. Eintlik kom sy pleidooi daarop neer dat die nuwe Suid-Afrika nou weer “brugbouers” nodig het; mense soos Esterhuyse, die “koerier” (Eindstryd, p 180) of superbode wat boodskappe tussen die NI en die ANC vervoer het.

Ten slotte moet hierdie vraag beantwoord word: Kan ‘n ANC-meeloper soos Esterhuyse en iemand wat ongetwyfeld medepligtig aan die nuwe Suid-Afrika is, ‘n Afrikaner genoem word? Daar is veral drie kenmerke wat in ag geneem moet word: godsdiens, taal en politiek. Afrikaners is tradisioneel met christelik-protestantse godsdiens geassosieer. Die afstand wat daar veral sedert 1990/1994 tussen formele godsdiens en baie Afrikaners ontstaan het, maak van godsdiens die ontbeerlikste kenmerk van die genoemde drie. Sekularisasie in Westerse samelewings speel ook ‘n rol. Met of sonder formele kerkbande gaan die meeste Afrikaners voort om soortgelyke waardes te koester. Esterhuyse het nie net sy rug op die Afrikaner se “klipkerk” gekeer nie, maar hom ook in ruime mate met nie-Westerse Afrika-waardes vereenselwig.

Taallojaliteit, Jaap Steyn se taalgetrouheid, neem myns insiens deesdae toenemend die plek van godsdiens in as ‘n onmisbare bestanddeel van Afrikanerskap. Afrikaanssprekendes wat nuwe-Suid-Afrika-entoesiaste geword het, praat sonder beswaar geradbraakte Afrikaans en/of maak Engels hulle taal van voorkeur. Wat opval is dat Esterhuyse, sover ek weet, nêrens kommer oor die lot van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika uitgespreek het nie; ook nie werklike kommer oor die lot van Afrikaners en ander blankes in ‘n land waar die swart meerderheid in beheer is nie. Hy het hom nooit vereenselwig met die “taalbulle” wat hulle vir die behoud van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch beywer het nie. Kyk bv sy reaksie in die brief waarna hierbo verwys is. Esterhuyse het hom van die bevordering van die heil van Afrikaans en van die “taalbulle” gedistansieer omdat assosiasie met hulle afbreuk sou doen aan die neo-openbare beeld wat hy van homself in sy na-Boederbond-era probeer vestig het. Ook wat Afrikaans betref, slaag Esterhuyse nie die toets vir Afrikanerskap nie.

Lojaliteit teenoor Afrikaans word in groot mate deur politieke gesindheid bepaal. Jan Smuts, Bram Fischer, Beyers Naudé, Nico Smith, Frederik van Zyl Slabbert, Leon Wessels, Anton van Niekerk en Willie Esterhuyse druip veral om politieke redes die lakmoestoets vir Afrikanerskap. Afrikaners voel lotsgebonde aan hulle mede-Afrikaners en ander blankes en verraai en vertrap nie Afrikaner-ideale deur eerder nie-wit etniese groepe se belange na te jaag nie. My beswaar is nie teen die uitreik na ander etniese groepe as sodanig nie, mits dit binne perke geskied. Daardie perke word oorskry as daar ‘n oordrewe sug bestaan om ander etniese groepe ter wille te wees ten koste van Afrikaners en ander blankes se belange. Dit is die kernprobleem wat al die pas genoemdes met hulle potensiële Afrikanerskap behoort te hê.

Hoe Joe Slovo die land verower het

Onlangs het ‘n biografie uit die pen van die Amerikaanse Jood, Alan Wieder, verskyn met die titel Ruth First and Joe Slovo in the war against apartheid (Monthly Review Press). Dit vertel die fassinerende verhaal van hoe twee Litause Jode – eers vanuit Johannesburg maar later vanuit Londen en enkele Afrikastede – ‘n leidende rol in die aanslag op die vorige Afrikanerregering gespeel het. Oor die afgelope 24 uur het ek die boek in een sitting deurgelees en gee graag van my indrukke hier weer.

roodt_dan_wikiOor die algemeen is dit nie polities korrek om na die etnisiteit van Jode te verwys nie, maar in dié geval beklemtoon die skrywer dit reeds in sy voorwoord dat hy aanvanklik in First en Slovo begin belangstel het vanweë sy en hulle gemeenskaplike wortels in Oos-Europa en Joodsheid:

“As I worked on teacher stories between 1999 and 2008, I felt a growing camaraderie with First and Slovo. Both Ruth and Joe’s roots were Eastern European and Jewish, as are mine; both were, at best, non-practicing Jews, as am I; both were, like me, politically left.”

Opsommenderwys kan ‘n mens die boek as ‘n hagiografie of klakkelose huldebetuiging aan Ruth First en Joe Slovo beskryf. Ek was reeds bekend met beide se rol in die sogenaamde “stryd teen apartheid”, maar Wieder onthul sowel hul persoonlike geskiedenissse as hul politieke handelinge, wat vir nogal heelwat nuwe insigte in die treurige verhaal van ons Afrikanerneerlaag sorg. Dit het ook tot my persoonlik gespreek, aangesien my oorlede pa en sy Afrikanervriende in die veertigerjare op die Wits-kampus ‘n vergeefse stryd teen Slovo en Wolpe gestry het – terugskouend gesproke. Aan die einde van sy lewe het hy verbitterd uitgevaar teenoor “die Afrikaner wat soveel kanse gehad het en alles verbrou het” of “aan daardie duiwelse Slovo oorgegee het”. Insgelyks as student aan Wits dertig jaar gelede, het ek heelwat van die linkse, Joodse kultuur waarvan daar in die boek sprake is, meegemaak en selfs die skryfster van die voorwoord, die Nobelpryswenner Nadine Gordimer, een of twee keer toevallig ontmoet. Gordimer is insgelyks van Litaus-Joodse afkoms en was goed bevriend met “daardie wonderlike Slovo’s”, soos sy elders in ‘n koerantonderhoud na Joe en Ruth verwys het.

Joe Slovo is nie eens in Suid-Afrika gebore nie, maar in die dorpie Obelei in Litaue wat destyds onder Russiese invloed was. Die latere kommunistiese leier het eers op die ouderdom van tien saam met sy ma in Suid-Afrika aangeland. Die grootste gros Litause Jode het in die tyd van Paul Kruger in ons land aangekom en ‘n prominente rol in die goudstormloop gespeel. Teen 1914 was daar reeds 40 000 Jode in Suid-Afrika, waarvan die meeste in Johannesburg saamgetrek was. In die vroeë twintigste eeu het tot 20% van dié stad se bevolking uit Jode bestaan, wat tot die spottende benamings “Jewburg” of “Jewhannesburg” aanleiding gegee het.

Volgens Wieder moes Jode uit Litaue padgee as gevolg van toenemende anti-Semitisme ná die sluipmoord op die Russiese tsaar Alexander II. In beide Letland en Litaue het agterna ‘n gevoel teen Jode opgelaai, wat in ghetto’s gewoon het maar nie ekonomies kon oorleef nie en wat dus na ander heenkomes, hetsy in die VSA, hetsy in Suid-Afrika, gesoek het.

In die vroeë 1930s was van die meer gevestigde Jode in Johannesburg welvarend of het, soos Ruth First se ouers Julius en Tilly, tot die middelklas behoort. Nuwe aankomelinge uit Litaue soos die Slovo’s was egter onversorg en soos die skrywer vertel, was dit standaardpraktyk om sulke kinders eers te ontluis alvorens hulle tot skole toegelaat is. Die tienjarige Joe Slovo het geen ander taal as dié van die Oos-Europese ghetto, Jiddisj, gepraat nie. Sy pa is aanvanklik eers per skip Argentinië toe en indien hy daar werk gekry het, sou Suid-Afrika se geskiedenis dalk heel anders daar uitgesien het, want dit sou beteken het dat Joe ook daarheen sou verhuis het. Dalk sou daar nooit ‘n “Freedom Charter” of ‘n Kerkstraatbom gewees het nie, beide synde gebeurtenisse waarby Joe Slovo ‘n sleutelrol gespeel het.

wieder_slovo_first_voorbladUit Wieder se opmerkings oor Joodse immigrasie na Johannesburg, lei ‘n mens af dat, benewens Jiddisj, die Joodse geloof, gewoontes en kookkuns, ‘n ander invloedryke ideologie die nuwe aankomelinge vergesel het: die kommunisme. Synde self links en Joods, skroom die skrywer nie om aan te toon watter aktiewe rol die Litause Jode in Johannesburg gespeel het om kommunisme te bevorder nie. Afgesien van die verloopte Afrikaner Bram Fischer en sy vrou Molly, was die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty so te sê ‘n etnies Joodse beweging met ‘n paar swartes en Indiërs wat gekoöpteer is. Dit word natuurlik ook weerspieël in die aangeklaagdes tydens die fameuse Rivonia-verhoor, waarvan die helfte Jode was: Goldberg, Bernstein, Hepple, Wolpe, Kantor en Goldreich.

Hierdie is ‘n dubbele biografie en daarom spring die skrywer heen en weer tussen First en Slovo se verhale. Selfs voor hul ontmoeting op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand, word albei van ‘n vroeë ouderdom af reeds aan kommunisme blootgestel. Ruth First se ouers. Julius en Tilly, was albei oortuigde kommuniste en vandat sy tien jaar oud was, is sy polities bewus gemaak of saamgeneem na vergaderings of betogings toe. Blykbaar het lede van die Kommunisteparty die gewoonte gehad om op die trappies van die Johannesburgse stadsaal pamflette uit te deel en ook toesprake aan verbygangers te maak. Dit was natuurlik in die dae voor die Nasionale Party kommunisme verbied het. Maar selfs die verbod op die Kommunistiese Party het hulle nie gestuit nie, want Slovo, First, Fischer en ander het ‘n nuwe, ondergrondse party in die plek daarvan gestig.

Slovo se ma is vroeg dood, met die gevolg dat sy suster in ‘n weeshuis opgeneem is en hy saam met sy pa van een losieshuis in Doornfontein na ‘n ander moes rondswerf. Hy moes vroeg uitspring om te gaan werk en het sodoende op die fabrieksvloer in die kommunistiese beweging aktief geraak, hoewel ‘n onderwyser hom reeds aan kommunisme voorgestel het en daar in die Joodse losieshuise ook allerlei gesprekke oor sosialisme gewoed het.  Hy kry werk by ‘n Joodse firma, Sive Brothers and Karnovsky, maar organiseer sowel die swart as die wit werkers om te staak, in so ‘n mate dat die eienaar hom inroep. Wieder skryf:

“In March 1944, he was called in by one of the company’s owners, Sammy Sive, and informed that he should curtail his political activities and be grateful that he had a job at ‘such a nice Jewish firm.’ Sive explained, ‘At heart we are all communists.’ He told Joe that the firm donated money to Medical Aid for Russia.”

Hierdie stelling deur Sammy Sive verraai vir my iets van die Joodse kultuur van destyds en waaruit die hele anti-apartheidsbeweging ontstaan het: “In ons harte is ons almal kommuniste.” Vir ‘n groot deel van die twintigste eeu het dit nie saak gemaak of ‘n Jood in Suid-Afrika ‘n kapitalis, werker, akademikus, skrywer, boekhouer, vragmotorbestuurder, kleremaker of wat ook al was nie: in sy hart was hy ‘n kommunis, met groot simpatie vir die radikale vleuel wat toenemend deur Joe Slovo en Ruth First gelei is.

Trouens, daar was onlangs in die plaaslike gemeenskapskoerant, The South African Jewish Report, ‘n hele debat oor die verhouding tussen die radikale Jode soos Slovo en die Rivonia-aangeklaagdes, enersyds, en gewone Jode andersyds, waaronder daar seker ook hier en daar konserwatiewes of nie-kommuniste moes wees. Sommige briefskrywers het wel afwysend teenoor Goldreich en ander radikale Jode gestaan; nie soseer vanweë hul rol in Suid-Afrika nie, maar weens hul kritiek jeens Israel en simpatie vir die Palestynse saak. Maar in ‘n hoofartikel het sowel die koerant as die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes die rol van radikale Jode in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis met trots omhels. Dit wil voorkom asof Suid-Afrikaanse Jode voel dat die aandag op swart figure soos Mandela, Tambo en ander ANC-ampsdraers afbreuk aan hul historiese erfenis en veral dié van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty doen en hulle nie genoegsame erkenning kry vir die rol wat hulle gespeel het om die Nasionale Partybewind omver te werp nie.

Aan die einde van Wieder se boek verwys hy na die hoofrabbi, Cyril Harris, se optrede tydens Joe Slovo se staatsbegrafnis op 15 Januarie 1995. Die feit dat Slovo ‘n ateïs en geen praktiserende Jood was nie, is blykbaar van minder belang as dít waarvoor hy gestaan het:

“The official state funeral followed the day after at Orlando Stadium in Soweto. Forty thousand people crowded into the stadium and there were eulogies from President Mandela; Barney Pityana, who would soon become chairperson of the South African Human Rights Commission; John Gomomo, representing COSATU; and Charles Nqakula from the SACP. Jeremy Cronin recited the Bertolt Brecht poem, “In Praise of Communism.” The crowd inside the stadium was subdued and the speeches were on the whole uninspiring, except, ironically, the formal eulogy by the Chief Rabbi of South Africa, Cyril Harris. The rabbi’s sermon portrayed Joe’s bravery and kindness, concluding with a Jewish proverb, ‘Yes, a resounding yes. The world is a better place, thanks to you, Joe, and your remarkable life.'”

Nadat Slovo vir Suid-Afrika teen Italië in die tweede wêreldoorlog gaan veg het, kon hy aan Wits met ‘n beurs in die regte gaan studeer al het hy nie matriek agter sy naam gehad nie. Hier het sy lewenslange vriendskap met nog ‘n Joodse kommunis, Harold Wolpe, begin en het hy ook uiteindelik met Ruth First afgehaak. First het egter eers ‘n seksuele verhouding met ‘n linkse en ewe invloedryke Indiër, Ismail Meer, gehad. Dit was die dae voor die Ontugwet, asook die Groepsgebiedewet en daarom het ‘n veelrassige kerngroepie gereeld in Meer se woonstel, Kholvad-huis 13, te Markstraat in die middestad van Johannesburg, byeengekom en sosiaal verkeer. Dit is ook by Kholvad-huis waar Nelson Mandela en Joe Slovo mekaar die eerste keer ontmoet het.

Die Franse filosoof Jean Baudrillard het ‘n interessante boekie geskryf, A l’ombre des majorités silencieuces, oftewel “In die skadu van die stille meerderheid”. Selfs in ‘n liberale demokrasie is die “meerderheid” per definisie altyd “stil” terwyl bepaalde mense of groepe altyd namens die meerderheid praat of interpreteer wat die gepeupel kwansuis dink. Soveel te meer was dit nog al die jare die geval in Suid-Afrika, waar veral Joe Slovo en sy vrou Ruth First tydens hul lang verblyf oorsee as die selfaangestelde woordvoerders van Suid-Afrika se swart meerderheid opgetree het.

Joe Slovo en Ruth First
Joe Slovo en Ruth First

By die lees van hul biografie, is daar ‘n bekende Jiddisje woord wat telkens in my gedagtes opduik en dit is: “goetspa”. Selfs nie eens die Boeremag se ambisieuse staatsgreepplan in Dokument 12 spreek van soveel misplaaste selfvertroue soos Slovo en First se geloof in die revolusie en die uiteindelike militêre oorname van Suid-Afrika nie. Moontlik het die Nasionale Party se kapitulasie by die onderhandelingstafel vir Slovo as ‘n groot teleurstelling gekom, want met die hulp van die destydse Sowjetunie en Oos-Duitsland was hy besig om sy MK-kaders op te lei om uiteindelik die Boere uit Pretoria te verjaag. Hy het kort-kort voorspel dat die oorwinning “net om die draai” was. Hoewel hy in beheer van die ANC se hele terreuroperasie teen Suid-Afrika was, het hy hom kwalik oor sy eie veiligheid bekommer en was hy veral berug vir sy laataandkuiery by medestryders wat as “Joe se roete 66” bekendgestaan het. Hy het ook die gewoonte gehad om met etenstyd op te daag sodat sy gasheer verplig was om hom iets te ete aan te bied. Te eniger tyd kon ‘n agent van die destydse veiligheidsmagte hom in die straat afgemaai het en tog het dit nooit gebeur nie. Weliswaar het Craig Williamson in 1982 die briefbom aan Ruth First in Maputo gerig wat haar dood veroorsaak het, maar Slovo het lustig bomme in Suid-Afrika laat afgaan sonder dat hy ooit die geringste ongemak verduur het.

Uiteraard is Alan Wieder se weergawe van Slovo se terreuraktiwiteite erg eensydig. Selfs die Kerkstraatbom word as ‘n “militêre operasie” beskryf. ‘n Vraag wat by my ontstaan het, is waar die geld om terreur te bedryf vandaan gekom het. Slovo was iets van ‘n linkse stralerjakker en het aanmekaar tussen Londen, Moskou, Beijing en Havana gevlieg, as hy nie in Lusaka, Maputo of Luanda was nie. Dit wil voorkom asof die ANC destyds deur die Anglikaanse Kerk en Swede befonds is, terwyl die Sowjetunie en Oos-Duitsland die SAKP van geld, opleiding en wapens voorsien het. By tye het skeuring tussen die twee organisasies gedreig, maar Slovo het dit altyd reggekry om geskille op te los omdat hy sy “stille meerderheid”, net soos Mandela in die tronk, nodig gehad het.

Wieder se simpatie lê eerder by Ruth as by Joe, want hy beskryf haar as die slimmer marxistiese teoretikus. Sy het ook beter as Slovo geskryf en kon dus die propagandaveldtog in die Britse media volhou terwyl Joe ellelange vergaderings bywoon of in Afrikalande sy rekrute in saamgeflanste kampe gaan toespreek. Hul verhouding word as taamlik stormagtig beskryf en blykbaar het Joe allerlei ander verhoudings met vroue gehad, min of meer met Ruth se instemming. Hulle het egter ook oor politiek geargumenteer en in haar strewe om ‘n universiteitspos in Engeland te bekom, het First ‘n meer gematigde “nieulinkse” Marxisme as Slovo, wat op die beleid van Moskou attent moes wees, aangehang. Voor sy ‘n pos in Maputo tydens die Machel-bewind aanvaar het, het First ongeveer vyf jaar lank in Brittanje aan die Universiteit van Durham klas gegee.

Benewens goetspa, is iets wat Jode van Afrikaners onderskei, kennelik ‘n oormaat selfvertroue en wedersydse bewondering. Oor en oor in die boek word sowel Slovo as First vir hul briljantheid geloof. Geen van die argumente en stellings wat Wieder aanhaal, lyk egter vir my besonder skerpsinnig nie. Min of meer die slimste ding wat Slovo gedoen het, was om in die veertigjare kommunistiese propagandastukke in die swart toilette by fabrieke op te plak, omdat hy geweet het “dat geen selfrespekterende blanke by ‘n swart toilet sou ingaan nie”. Wat hul marxistiese teorieë betref, sou nóg Slovo nóg First in Italië of Frankryk enige aansien onder linkse intellektuele kon verwerf aangesien hulle mank gegaan het aan die soort sofistikasie en voorliefde vir ingewikkelde filosofiese redenasies waarvoor linkses in dié lande wêreldberoemd geword het.

Afrikaners is so onbelangrik dat hulle feitlik nêrens in die boek genoem word nie. Daar word net deurentyd na die “apartheidsregime” as metoniem vir Afrikaners verwys. As De Klerk en Roelf Meyer uiteindelik bes gee nadat Slovo goedgunstiglik tot die sogenaamde “sonsondergangklousule” ingestem het, is dit amper asof dit vooraf só bestem was. Die Slovo’s se dogter Gillian verwys iewers na “die naïewe Afrikanerkultuur van die veld” en ek het nogal gewonder of Joe Slovo of Ruth First ons hoegenaamd as “Suid-Afrikaners” sou erken?

FW de Klerk het tydens die aanvang van die onderhandelings by Kemptonpark gepoog om Joe Slovo daarvan uit te sluit, maar Thabo Mbeki het namens die ANC-SAKP-alliansie die minagtende boodskap oorgedra dat daar sonder Slovo geen onderhandelings sou wees nie. Slovo het korrek ingesien dat De Klerk nie vir enigiets “nee” sou kon sê nie. Sodoende is De Klerk gedwing om nie net die Litauer se leiersrol te erken nie, maar uiteindelik ook die knie voor hom te buig. Hoewel Slovo dikwels van dogmatisme en selfs “Stalinisme” beskuldig is, het hy geblyk baie aanpasbaar in sy sienings as kommunis te wees, afhangend van wie hom mag of geld kon aanbied. Toe Gorbatsjof in Rusland oorneem, is hy oombliklik tot perestroïka bekeer en het selfs ‘n verhoging van Moskou ontvang. Terug in Suid-Afrika, het van sy medestryders soos byvoorbeeld die Kanadese kommunis, John S. Saul, hom daarvan beskuldig dat hy die “revolusie verraai het” deur nie op volskaalse kommunisme in Suid-Afrika aan te dring nie.

Maar soos Sammy Sive in 1944 gesê het, is dit genoeg om “in jou hart ‘n kommunis te wees”. Daar is geen teenstrydigheid tussen kommunisme en kapitalisme nie. Selfs Friedrich Engels, een van die vaders van kommunisme, was ‘n fabriekseienaar. Niemand hoef die myne in Suid-Afrika te nasionaliseer nie, want hulle behoort meesal reeds aan Jode, soos die Oppenheimers of Ivan Glasenberg van Glencore-Xstrata wat eersdaags op die Johannesburgse aandelebeurs gaan noteer.

Lesers van die South African Jewish Report sal ook weet dat daar onlangs ‘n Swart-Joodse kamer van koophandel in Kaapstad tot stand gekom het. Volgens verklarings van die nuwe liggaam, “gaan Jode en swartes voortaan saam-saam die Suid-Afrikaanse ekonomie laat groei”.

Nóg in Slovo se meesterplan vir revolusie, nóg in dié nuwe ekonomiese plan figureer Afrikaners hoegenaamd.

As ‘n mens die groteske Afrikanerneerlaag van die vroeë negentigerjare moes verklaar, sou ek dit in ‘n neutedop só opsom: Afgesien van De Klerk se verraad, wat maar net ‘n uitvloeisel van die omstandighede was (hoewel lees Gustav Venter se uistekende Engelse stuk oor FW!), het ‘n baie klein groepie kommuniste die land kon oorneem danksy:

  • goeie propaganda wat deur mense soos Ruth First, Nadine Gordimer, Trevor Huddleston en selfs Helen Suzman verseker is;
  • fondse wat deur Swede, Oos-Duitsland en die Sowjetunie verskaf is;
  • die Johannesburgse netwerk wat die balie, die sakewêreld en die akademici van Wits ingesluit het en waar “kommunisme in die harte van elkeen” geleef het.

Laasgenoemde punt is belangrik, want die Afrikaner het sedert die ontdekking van goud in 1886 nog nooit ‘n goeie gevoel vir Johannesburg gehad nie. Die Anglo-Boereoorlog het vanweë die Uitlanderpolitiek van Johannesburg ontstaan en koerante soos The Star en die Rand Daily Mail (tans Business Day) was nog altyd op die voorpunt van anti-Afrikaner-oorlogspropaganda of die goedpraat van terreur teen ons. Op ‘n stadium het die Broederbond onder aanvoering van Piet Meyer gedink hulle gaan Johannesburg met behulp van die SAUK en die RAU verower, maar daarvan het dadels gekom. Vandag is daar géén Afrikanerinvloed meer by die SAUK of die Universiteit van Johannesburg nie, hoewel daar nog mense met Afrikaanse vanne bestaan wat soos spoke daar rondswerf. Hulle praat egter die ideologie van Joe Slovo en Ruth First klakkeloos na!

Afrikaners het gedink dat die magsentrum van die land in Pretoria gesetel was, in die burokrasie en in die weermag. Intussen was dit in Johannesburg, die stad waar die Litauers al meer as ‘n eeu lank die septer swaai… Johannesburg is inderdaad die stert wat die hond swaai.

Naspers sanik aanmekaar oor hul “Madiba” en verwar die Afrikaner des te meer. In die boek skemer dit deur dat nóg Joe Slovo nóg Ruth First ‘n hoë dunk van Mandela gehad het en hom bloot as ‘n vermetele swarte gesien het wat nie sy plek ken nie. Uiteindelik was hy maar net die swart gesig van die revolusie; hulle kon net sowel foto’s van die gestorwe Martin Luther King gebruik het.

Na alle waarskynlikheid het Joe Slovo en Ruth First die Freedom Charter geskryf. Teen die tyd dat dit in 1955 by Kliptown aangeneem is, was die kommunistiese egpaar reeds ingeperk en mog nie vergaderings bywoon nie. Joe Slovo het egter op ‘n sinkdak met ‘n verkyker gelê en gekyk hoe die vegadering verloop en was hoogs in sy noppies met die uitkoms.

Die nasionalisering van Afrikanergrond is een van die grondbeginsels van die Freedom Charter.

Ons sal binnekort sien hoe ideoloë vanuit Johannesburg wat nog nooit ‘n mieliepit geplant het nie opruk om alle plaasgrond te gaan nasionaliseer. Sodoende sal die volgende hoofstuk in die Slovo’s se revolusionêre teaterstuk verwesenlik word.

Onder hul groepie uitverkore vriende het immers ook die stigter en direkteur van die Johannesburgse Marktteater, Barney Simon, getel. Dis nie soseer die middele wat saak maak nie, maar die verhaal wat vertel word.


Hou van Dan Roodt se Facebookblad

As u belangstel om ‘n lang en gratis uittreksel uit bogaande boek oor Slovo en First te ontvang, stuur ‘n epos aan inlig[by]praag.org met “Slovo” in die onderwerpreël.

Helen en Joe hou kajuitraad oor die bevryding

skoppensboer

deur Skoppensboer

Die toneel is ‘n suite in ‘n vyfsterhotel in Johannesburg. Satan het so pas vir Joe Slovo (gebore Yossel Mashel Slovo, in Obeliai, Litaue) pas gegee om vir ‘n paar dae weer die ondermaanse te kom bewandel waar hy sy handewerk kan gadeslaan.

Helen Zille (gebore Helene Otta Zille in Hillbrow, Johannesburg) strek haarself uit om Slovo te omhels.

Helen: “Joe, Joe, hoe wonderlik om jou weer te sien! Hoe gaan dit daar bo met jou?”

Joe: “Baie goed. Al my beste vriende is hier, al die ou bomplanters uit Rivonia se dae. En ou Bram Fischer, hy is die enigste Boertjie hier, ons spot hom daaroor.”

Helen: “Dit klink wonderlik! Wel, ons gee die Boere sommer hel hier in die nuwe Suid-Afrika. Het jy die DA se nuwe manifes gesien? Grondhervorming is heel bo! En swart ekonomiese bedrog. Ons gaan die skroewe nou aandraai.”

Joe: “Ek het so skrams iets gesien, ja. Die revolusie loop klopdisselboom en jy verrig wondere. Ons het sommer nou twee sosialistiese partye in die land, ons en julle!”

Helen: “Presies, Joe! Vryheid lê net om die draai.”

Joe: “Ek kan nie wag nie. (Sy oë raak mistig agter sy dik brilglase.) Die dag as die laaste Afrikanerboer van sy plaas af is, sal ek voel my taak is volbring.”

Helen: “Dis wat ek ook sê, Joe. Ons sal hulle sommer gou-gou verjaag en ons kolgosse oral in die land oprig: in Noordwes, die Vrystaat, Limpopo, oral. Die werkers sal regeer!”

Joe (grinnik): “Vertel my nou: is die Afrikaners nog so dom?”

Helen: “O ja, geen bekommernis daar nie. So dom soos altyd. Dié dat hulle as die ‘dumb Dutchmen” bekendstaan. Hulle is net so… onnosel en naïef. Goedgelowig. Mens kry hulle amper jammer.”

Joe (onthuts): “Jammer? Jy moet hulle nie jammer kry nie. Hulle is die klassevyand! Die fascistiese kleinburgery!”

Helen (paaiend, verskonend): “Nee, nee, Joe. Ek grap net. Natuurlik kry ek hulle nie jammer nie. Ek lees elke dag met genoegdoening hoe ons kaders hulle daar op die plase uitmoor. Of sommer in hul voorstedelike huisies. Die revolusie is asemrowend, bloedig, jy is ‘n genie dat jy dit vir ons gebring het.”

Joe (verleë): “Nee wat, Helen, iemand moes dit doen. Die teenstrydighede het revolusie onafwendbaar gemaak. Ek was maar net die instrument wat die triomf van die proletariaat verseker het.”

Helen: “Ons triomf is naby, Joe. Dit sal groter as ooit wees. Hulle sal finaal vernietig word, die klassevyand.”

Joe: “Sê my, Helen, is dit waar dat al die Afrikaners vir jou stem? Dis nou jammer ek het dit nooit probeer nie. Hulle sou seker vir my ook gestem het, as ek hulle net gevra het. Hulle kan mos nie ‘nee’ sê nie, haha.”

Helen (laggend): “O ja, Joe, hulle is uiters getrou. Getrou soos honde. Niks ter wêreld sal hulle daarvan weerhou om vir my te stem nie. Maar ons het mos Naspers ook aan ons kant, die grootste mediagroep in die land. Die arme stommerike aanvaar alles wat Naspers vir hulle vertel.”

Joe: “Maar wat nou van die internet? Ek hoor daar is van dié Afrikanergroepe wat los en vas allerlei dingetjies op webblaaie skryf? Hoe gaan ons dit keer? Ons wil nie hulle moet nou op die vooraand van die slotbedryf van die revolusie hergroepeer nie?”

Helen (verbaas): “Maar Joe, is jy dan nie op hoogte nie? Kameraad Jeff Radebe het reeds die wetgewing gereed. Dis mos nou die dag aangekondig: haatspraak gaan ‘n kriminele oortreding raak! Dus as enigeen op ‘n webwerf iets teen my of jou of die revolusie sê, gaan hy van haatspraak aangekla word en in die tronk beland.”

Joe (verlig): “Haatspraak! Watter wonderlike idee! Ek moet sê, ek is siek en sat daarvoor dat hulle my ‘n terroris noem, net omdat ons daardie Kerkstraatbommetjie laat afgaan het. Dit sal die swernote ‘n les leer. Haatspraak! Moet sê: ek hou daarvan!”

Helen (vertederend): “Jy sien, Joe, ons hou jou erfenis lewendig. Ons sit die stryd voort en binnekort is al die plase, al die myne, die banke, ons s’n! Die revolusie snel voort, onstuitbaar! Viva SACP! Viva!”

Terwyl hulle oor die boomryke voorstad van Johannesburg uitkyk, slaan Helen en Joe ‘n veglustige soort proletkult-houding in, met vuiste in die lug, terwyl hulle luid om die beurt “Amandla!” en “Viva SACP!” skree…

Koos Bekker, die Kaapse ‘Keiser Nero’

Koos Bekker, uitvoerende beampte van Naspers, afgeneem saam met sy vrou Karen Roos, waar hulle die jaarlikse konferensie van die beleggingsfirma Allen & Company in Sun Valley, Idaho, bywoon. DIe konferensie word blykbaar "deur vele van die wêreld se magtigste mediabestuurders bygewoon".
Koos Bekker, uitvoerende beampte van Naspers, afgeneem saam met sy vrou Karen Roos, waar hulle die jaarlikse konferensie van die beleggingsfirma Allen & Company in Sun Valley, Idaho, bywoon. Dié konferensie word blykbaar “deur vele van die wêreld se magtigste mediabestuurders bygewoon”.

Die hoof van Naspers, Koos Bekker, besit volgens dié onderneming se jaarverslag 16,4 miljoen aandele in die maatskappy, wat ongeveer R17 miljard werd is. Dit maak van hom die derde rykste Afrikaner ná Johann Rupert (R50 miljard) en Christo Wiese (R37 miljard). Bekker is ook die agste rykste mens in Suid-Afrika, ryker as mev. Wendy Ackerman van die Pick ‘n Pay-familie wat op R14,6 miljard staan.

Bekker is egter ‘n kortkop agter Wendy Appelbaum, erfgename van die Gordon-familietrust wat met die Liberty-versekeringsgroep verbind word. Haar fortuin staan op R20 miljard. Die ander Suid-Afrikaners wat ryker as Bekker is, is Ivan Glasenberg (R100 miljard), Nicky Oppenheimer (R68 miljard), Patrice Motsepe (R26 miljard) en Elon Musk, die medestigter van PayPal en Tesla Motors, wat die skaal op R20 miljard trek.

Bekker eet gereeld in van die wêreld se duurste restaurante en besit saam met sy vrou, Karen Roos, die luukse “plaashotel en spa” genaamd Babylonstoren. Die plaas is in die Drakensteinvallei tussen Franschhoek en die Paarl geleë en word soos volg beskryf:

“Babylonstoren is ‘n Kaaps-Hollandse plaas met wingerde en vrugteboorde, omring deur die dramatiese berge van die Drakensteinvallei. Die plaas het ‘n besonder goed-bewaarde werf wat dateer uit 1690. Die vrugte- en groentetuin van botaniese diversiteit voorsien produkte aan ‘n besondere restaurant. Gaste wat by die eksklusiewe plaashotel tuisgaan geniet toegang tot die hele plaas, asook geriewe soos die spa en gim. Die doelwit is om gaste meer ontspanne te laat voel, te verkwik omring deur die warm glimlagte en eenvoudige daaglikse ritme van die plaas.”

Die restaurant Babel op die Babylonstoren-landgoed
Die restaurant Babel op die Babylonstoren-landgoed

Ook op die plaas is die eksklusiewe restaurant “Babel” wat blykbaar vanaf die plaas en vanuit die omgewing van proviand voorsien word. Bekker se vrou, Karen Roos, is ‘n voormalige redaktrise van binneversieringstydskrifte soos Elle Decoration en Red en beskryf haar as ‘n Epikureër en hedonis.

Koos Bekker, die suksesvolle globale kapitalis, koester egter ook ‘n sagte plekkie vir Bram Fischer, die voormalige leier van die ondergrondse Suid-Afrikaanse Kommunisteparty. Tydens die omstredenheid rondom die toekenning van ‘n eredoktorsgraad aan Fischer deur die Universiteit van Stellenbosch in 2004, het Bekker oor Fischer gesê: “Mens moet ‘n harde hart hê as iets in sy storie jou nie aangryp nie.”

Dr. Tertius Delport. Volgens Koos Bekker "verstaan hy nie die masjinerie van die geskiedenis nie" omdat hy teen die eredoktorsgraad vir Bram Fischer gekant was.
Dr. Tertius Delport. Volgens Koos Bekker “verstaan hy nie die masjinerie van die geskiedenis nie” omdat hy teen die eredoktorsgraad vir Bram Fischer gekant was.

Bekker het in ‘n toespraak veral uitgevaar teen die regsgeleerde en lid van die DA, dr. Tertius Delport, wat die toekenning van ‘n eredoktorsgraad deur Stellenbosch met ‘n teenmosie wou verhoed: In sy afwysing daarvan het Bekker gesê: “Die Delporters onderskat miskien die intellek van die Stellenbosse alumni. Dit is nie die gewone stemvee nie. Hoe op aarde stel mens Fischer se nalatenskap as bloeddorstig voor, waar Afrikaners soos hy en Beyers Naudé so ‘n groot rol gespeel het om Nelson Mandela en ander van die essensiële goedheid van die mens te oortuig? Hierdie aanname lê vandag ten grondslag van ons demokrasie.

“Verstaan hulle nie die masjinerie van die geskiedenis nie, of is die mosie maar iets irrasioneels, ‘n opwelling uit die put van skaam-kwaad?”

 

Binnekant van 'Babel'
Binnekant van ‘Babel’

 

Tydens Koos Bekker se bestuur van Naspers, het die maatskappy besluit om die term “Afrikaanse” in te voer om die woord “Afrikaner” te vervang wat volgens die voorsitter, Ton Vosloo, “aanstoot gee”. Joernaliste van Die Burger en ander Nasperspublikasies het omsendbriewe ontvang waarin hulle verbied is om die woord “Afrikaner” te gebruik, tensy dit in ‘n aanhaling deur iemand anders verskyn.

Met die aanvang van die Afrikaanse taalstryd in die vroeë 2000s het Bekker volgens ‘n voormalige kunsredakteur van Die Burger ‘n klompie van sy Afrikaanse joernaliste byeengeroep en oor die “gevoel ten gunste van die Afrikaanse taal” uitgevra. Blykbaar was Bekker verbaas daaroor dat mense hoegenaamd sterk gevoelens oor Afrikaans koester en het hy ook aan die joernaliste beklemtoon dat Afrikaanse media op daardie stadium slegs 12% van Naspers se omset uitgemaak het.

DIé syfer is vandag waarskynlik veel minder.

Die Berlynse muur het nie vir ons geval nie

Tans word die ineenstorting van die Berlynse muur wêreldwyd gevier. Ongeveer ‘n maand voor daardie gebeurtenis twintig jaar gelede was ek in Berlyn waar die “skandmuur” soos die Wes-Duitsers dit genoem het, nog in al sy glorie gestaan het. Ons Wes-Berlynse vriende het aan ons verduidelik dat die kommunistiese regering in Oos-Duitsland dit ‘n “anti-fascistiese beskermingsmuur” genoem het.

Deur wagte met masjiengewere op die muur te plaas wat skiet op enigeen wat sou probeer om daaroor te ontsnap, is die destydse Oos-Duitse bevolking teen “die fascisme” beskerm. Hierdie logika is eie aan kommunisme, want in ‘n kommunistiese stelsel is dit die leierskap, die party en uiteindelik die politburo wat die beste weet wat vir die bevolking goed is.

Suid-Afrika, afgesien van Kuba, Noord-Korea en China, is die enigste land ter wêreld waar daar tans ‘n Kommunistiese party in die regering verteenwoordig is. Die ANC-bewind se leiers spreek mekaar as “kameraad” – oftewel “comrade” – aan.

Ek dink ‘n mens kan met taamlike vrymoedigheid sê dat die huidige Suid-Afrikaanse leierskap, in die vorm van die politici, joernaliste en akademici, kwalik in 1989 verheug was toe die Oos-Berlyners oor die Glienickebrug gestorm en die muur stuk vir stuk begin afbreek het. Nóg Nelson Mandela, nóg Joe Slovo of enige ander leier van die ANC-SAKP, het dit destyds as ‘n positiewe verwikkeling gesien. Jakes Gerwel, die pas afgedankte voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en ‘n direkteur van Nasionale Pers, het blykbaar in trane uitgebars toe hy die skouspel in Berlyn op die televisie gadegeslaan het.

Terwyl die Afrikanergeskiedenis en apartheid vandag in die publikasies en op die TV-kanale van Naspers verguis word, is daar nog nooit enige inligting oor die 100 miljoen mense wat deur kommunisme gedood is, gepubliseer nie. Die Franse skrywers Stéphane Courtois en Nicolas Werth het “Die swart boek van kommunisme” geredigeer waarin die verskriklike misdade wat in die naam van die rooi ideologie geplees is, in besonderhede vermeld word. In vele kommunistiese lande is hele groepe mense in volksmoorde vermoor en in massagrafte begrawe. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Russiese kommuniste feitlik die hele Poolse elite uitgemoor en in massagrafte in die Katynwoud begrawe, waarna hulle die skuld jare lank op die Duitse Nazi’s geplak het. Eers in die tyd van Boris Jeltsin het Rusland formeel erken dat hulle destyds vir dié massamoord verantwoordelik was en nie die Duitsers nie.

Maar Nasionale Pers met ekstreem-linkse direkteure soos Jakes Gerwel en Hein Willemse is nie die enigste plaaslike mediagroep wat nostalgies en ongemaklik oor die heengaan van kommunisme voel nie. In vandag se Sunday Times, wat deur die Avusa-swartbemagtigingsgroep uitgegee word, verklaar die redakteur, Mondli Makanya: “Maar met die ineenstorting van kommunisme het die wêreld ook iets goeds verloor. In die triomf oor kommunisme, het ons as mense die baba met die badwater uitgegooi…”

Suid-Afrikaanse – ook Afrikaanse – universiteite word vandag deur ‘n geswore kommunis, Blade Nzimande, beheer. Hy is die minister van sogenaamde hoër onderwys wat geen akademiese vryheid of outonomie duld nie. As die universiteite nie na sy pype dans nie, is hy gou om die sweep in te lê. Nie dat die universiteite hierteen beswaar het nie, want hulle is maar te gretig om die kommunistiese ideale van gelykheid en kollektiewe denke op die kampusse toe te pas, soos onlangs ook by Kovsies gesien is. Aan die universiteit van Stellenbosch is ‘n eredoktorsgraad aan die eertydse ondergrondse leier van die Kommunisteparty, Bram Fischer, toegeken. Die nuwe rektor van die Vrystaatse universiteit, prof. Jonathan Jansen, het Bram Fischer insgelyks as “die grootste Kovsie van alle tye” beskryf.

Terwyl die kommunistiese staat deur ‘n geslote elite of nomenklatura oorheers word, skep die stelsel ook ‘n massamens, ‘n tropmens wat nie tot eie denke in staat is nie en bloot die stroom volg. In sy roman Animal Farm het die Britse skrywer George Orwell hierdie stelsel gesatiriseer en die toepassing van die gelykheidsideaal opgesom met die woorde: “Sommige diere is meer gelyk as ander.” In ons land sanik die ANC en SAKP gedurig oor “die armes”, terwyl hulle self in weelde leef, met duur motors en rykmanswonings.

As student aan die universiteit van die Witwatersrand in die apartheidsjare is ek destyds deur die kommunistiese mentaliteit getraumatiseer. In my tweede jaar het ‘n medestudent aan my verduidelik dat, om die vak Staatsleer te slaag, ek nasionalisme moes verguis, liberalisme moes kritiseer en pro-Marx moes skryf, hoewel ons “opbouende kritiek” oor die Sowjetunie kon lewer. Vele van die studente wat destyds in die laat sewentigerjare die stroom gevolg en hul lewenslank tot kommunisme bekeer het, beklee vandag hoë posisies in die ANC-SAKP-regering. Iemand soos Barbara Hogan, die minister van gesondheid byvoorbeeld, wat tans insgelyks deur Nasionale Pers as ‘n bekwame minister opgehemel word. Is Hogan steeds ‘n oortuigde kommunis soos sy destyds op die kampus was? Waarskynlik ja.

Anders as die Oos-Duitse, die Russiese, Poolse, Tsjeggiese en ander dissidente wat die simboliese ineenstorting van ‘n ideologie met die afbreek van die Berlynse muur kon aanskou, het ons Afrikanerdissidente maar sleg daarvan afgekom. Onder die ou stelsel het die Broederbond en die Nasionale Party al hoe meer outoritêr begin handel en is kritiek, soos vandag, kwalik geduld. Hoewel – verstout ek my om te sê – onder apartheid het ons veel meer spraak- en akademiese vryheid as nou gehad. Onder apartheid kon jy by Wits of Kaapstad ‘n kommunis wees en die Rand Daily Mail het elke dag die NP-regering verguis. Vandag mag jy egter nie eens op ‘n Afrikaanse kampus ‘n Afrikaner wees nie en dis slegs op die internet, wat nie onder Blade Nzimande of Jakes Gerwel se beheer staan nie, waar ons indringende kritiek op dié korrupte, onbekwame bewind mag lewer.

Die Broederbond en die NP het op velerlei maniere verraad gepleeg. Daar was egter ook intellektuele verraad, want hulle het die Marxistiese siening van ons geskiedenis aanvaar en vandag word dit as die gekanoniseerde waarheid aan ons voorgehou. Op skool het ek destyds teen die stiksienigheid en benepenheid van die destydse Broederbondbeheerde stelsel gerebelleer, net om aan ‘n Engelse universiteit met die kommunistiese eenvormigheid van denke gekonfronteer te word. As iemand in die jare voor 1989 aan my sou sê dat die Broederbond en die NP hulle eendag tot kommunisme gaan bekeer en saam met die ANC sou werk om die Afrikaners te verdruk, sou ek seker gedink het so ‘n persoon is reg vir die groendakkies. Maar dis presies wat gebeur het. Soveel Broeders aan die universiteite, in die NP en in die media het gelinksomkeer en verkondig vandag die nuwe (rooi) evangelie met groter gemak as wat hulle destyds die gemeenplase van uitrafelende Afrikanernasionalisme herhaal het.

Ons as jeug is destyds vertel: wees Afrikaans, wees trots op jou geskiedenis, jou taal en kultuur. Maar ons vaders van destyds, die Broeders in beheer, het dit nooit self geglo nie. Vandag is ons, soos Pim Fortuyn so mooi in sy boek De verweesde samenleving verduidelik het, wees gelaat. Ons is die enigste geslag sedert die dae van die Boererepublieke wat die voorreg gesmaak het om Afrikaans te kon grootword, maar skielik is dit van ons weggeneem en moet ons by ‘n totalitêre stelsel aanpas waar ons op die Marxistiese model tot “nuwe mense” omvorm en getransformeer gaan word.

Is ek dus verkeerd as ek sê dat die Berlynse muur in ons land nooit geval het nie? Daar is geen fisieke muur nie, maar die kommunistiese mentaliteit is steen vir steen opgebou. Die mentaliteit van: “Ons het die waarheid in pag.” Of: “Bly stil, jy wat uit jou beurt uit praat of kla, en dien Ons Groot Toekomsplan.” In die plek van klassegelykheid het die ideaal van die multikulturele, sogenaamde “nierassige” samelewing gekom en dít durf niemand bevraagteken nie. Anders is jy ‘n ketter, ‘n rassis en ‘n “vyand van die staat” soos hulle in die Sowjetunie gesê het en reg vir heropvoeding in ‘n Siberiese strafkamp.

Inderdaad het ons dié November, twintig jaar ná ‘n gebeurtenis wat Europa en die wêreld verander het, niks om te vier nie. Gaan gerus uit op straat en kyk rondom u: daar is baie mure in Suid-Afrika en elke dag word nuwes gebou.

обучениеДанильченко Юрий Брониславович компромат