praag.co.za

Tag: terrorisme

  • Karel Combrinck: De Klerk doen dit weer

    Karel Combrinck: De Klerk doen dit weer

    Êrens op die internet sien ek in ‘n koerantberig ‘n foto van FW de Klerk met die opskrif:  “Ek sal dit weer doen .” Ek het nie die berig gelees nie, want ek was bang vir naar word. Om te weet wat De Klerk sou doen as hy weer die kans kry, het ‘n mens nie ‘n koerantberig nodig nie en behoef ‘n mens ook nie te veel verbeeldingskrag nie. Jy hoef net maar rondom jou heen te kyk en te wonder, is die man dan totaal gek?

    Die lys dinge wat mnr De Klerk sou herhaal as hy weer die kans kry, is oneindig : Geleidelike uitmoor van ons mense, uitrangering van witmense, veral wit mans uit die werkplek, aftakeling van ons ekonomie (pas weer ‘n afgradering van die RSA se kredietwaardigheid na benede rommelvlak, ‘n erestatus wat die land maande lank reeds beklee), ineenstorting van plaaslike regering, verval van groot staatskorporasies soos die SABC, die SAL en Eskom, vernietiging van ons taal en kultuur, diefstal van ons grond, korrupsie op feitlik elke vlak, jammerlike agteruitgang van infrastruktuur, paaie en brûe, kortom, rampspoedige wanbestuur van ons land op bykans elke gebied.

    “Bravo,” sê mnr De Klerk, “ek doen dit weer.”

    Maar nou, net ‘n paar woorde oor die ergste verraad van mnr De Klerk., naamlik die oorhandiging van ons weermag aan ons vyand, die ANC, wat ons vir jare geteister het met terrroriste-aanvalle in onder meer restourante en kerke. Dit is byna ondenkbaar. Mnr De Klerk het ons verdedigings- en polisiemag aan die ANC geskenk met alles wat dit behels : wapentuig, vegvliegtuie, pantservoertuie, wapenstelsels met al die tegnologie wat daarmee saamgaan en wat ons oor jare opgebou het, insluitende ‘n kernpotensiaal. En dít alles gedoen met ons belastinggeld.

    En, kom ons vergeet veral nie die jongmense, dienspligtiges en staandemaglede, wat hulle lewens nou tevergeef geoffer het in die stryd teen die ANC en hulle buitelandse bondgenote.

    Mnr De Klerk sê: “Ek voel vere. Ek doen dit dit weer.”

    Deur ons Weermag en Polisiemag aan die ANC te oorhandig, het mnr De Klerk ons die vermoë ontneem om ons te verdedig en ons uitgelewer aan geweldenaars wat ons mense byna na hartelus uitmoor en verkrag — veel meer as voor mnr De Klerk se oehoeroe. Terselfdertyd het hy die ANC se vermoëns om ons te oorheers eindeloos versterk. Vir die persoon wat by uitstek verantwoordelik was vir ons veiligheid, naamlik die Staatspresident, is dit ‘n onvergelyklik laakbare daad. Trouens dit is sekerlik die mees uiterste geval van verraad in die geskiedenis van die mensdom. Sonder om melodramaties te probeer wees: hy het die swaard van die volk gelê in die skoot van ‘n kommunistiese terroris.

    Om te dink ons het eens leiers gehad soos Genl Hertzog, dr Malan, adv Hans Strydom en dr Verwoerd. En voor hulle was daar ook nog  Genl De la Rey en Gen Christiaan de Wet. In hulle tyd was daar ook verraaiers, maar wie onthou hulle nog? Genl Smuts was ook ‘n verraaier, nie so erg soos De Klerk nie en kyk wat het van hom geword.

    Waaraan ‘n mens jou met sekerheid kan troos, is dat die tyd mnr De Klerk sal inhaal en beoordeel volgens sy verdienste en hom sal verdoem tot die verfoeilike verraaier wat hy is. Want niemand, nie eers jou vyand nie, het enige respek vir ‘n verraaier nie. Miskien sal van ons daardie heuglike dag nie belewe nie, want mense neem tyd om te verstaan, maar verstaan sal hulle uiteindelik  en so seker soos daglig sal mnr De Klerk en sy rommeldemokrasie op die vullishoop van die geskiedenis eindig.

  • Leon Lemmer: Waarom terroriste nie vereer moet word nie

    Leon Lemmer: Waarom terroriste nie vereer moet word nie

    Terrorisme is ‘n gewilde hedendaagse manier waarop aktiviste, bv ANC-kamerade, op ‘n onbeskaafde manier hulle politieke ideale probeer verwesenlik. Die ideologiese gom wat sodanige groep bymekaar hou, kan marxisme wees, soos by die ANC, of dit kan religie wees, soos by Moslem-terroriste. Wat eienaardig is, is dat sulke terroriste in die geledere van linkse aktiviste hoë morele status geniet en vereer word asof hulle buitengewoon gepresteer het. Ek skryf vandag oor ‘n enkele terreuraanval, uitgevoer deur twee terroriste en die hemelskreiende skadelike gevolge wat dit vir een van die slagoffers gehad het.

    Charlie Hebdo

    Charlie Hebdo (Charlie Weekliks) is ‘n satiriese tydskrif wat in Parys, Frankryk, gepubliseer word (1970-1981 en 1992 tot hede). Dit is linksgesind en na bewering anti-rassisties. Die Rassemblement National (voorheen Front National), ‘n regse politieke party, is dikwels in sy visier. Die tydskrif is periodiek in hofsake betrokke, bv weens beweerde haatspraak teen Moslems. Sy verweer berus gewoonlik op die reg op vryheid van uitdrukking. In 2006 het Charlie Hebdo bv die Moslem- en Mohammed-spotprente, wat internasionaal soveel opslae gemaak het toe Jyllands-Posten, ‘n Deense koerant, hulle gepubliseer het, oorgeneem en hulle met ‘n aantal eie spotprente aangevul.

    In 2011 het Moslem-aktiviste die Charlie Hebdo-kantore met brandstigting vernietig deur ‘n petrolbom daarin te gooi. Op 7 Januarie 2015 het Moslem-terroriste, twee broers van Algerynse herkoms, Said Kouachi (1980-2015) en Chérif Kouachi (1982-2015), ‘n byeenkoms van Charlie Hebdo-redaksielede binnegedring, 12 van hulle doodgeskiet en 11 gewond. Hierdie gebeure het tot groot verontwaardiging en protesoptogte gelei; nie net in Frankryk nie, maar ook in talle ander lande. “Je suis Charlie” (Ek is Charlie) het oornag internasionaal ‘n slagspreuk ter ondersteuning van vryheid van uitdrukking geword. Regses, soos Marine le Pen in Frankryk en Geert Wilders in Nederland, het hulle hiermee vereenselwig, maar Charlie Hebdo het steun uit regse geledere verwerp.

    Die twee aanvallers was opgeleide terroriste met Al Kaïda-bande, wat glo ter verdediging van Mohammed opgetree het. Dit herinner aan die ANC wat sy geweldpleging en terrorisme vergoeilik het deur dit voor te stel as ‘n reaksie op die beweerde sistemiese geweld van apartheid. In werklikheid was baie van daardie geweld en terrorisme teen die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) gemik ten einde te verseker dat die ANC die politieke mag in die 1994-verkiesing bekom. Die Kouachi-broers is twee dae ná die Charlie Hebdo-aanval deur die polisie naby die Charles de Gaulle-lughawe doodgeskiet toe hulle inhegtenisname wou ontvlug.

    Philippe Lançon

    Een van die oorlewendes van die 2015-aanval is die joernalis, Philippe Lançon (gebore in 1963). Van hom is die volgende boek oor die gebeure gepubliseer: Disturbance: Surviving Charlie Hebdo (New York: Europa Editions, 2019, 405p; Amazon Kindle $12,64). Die oorspronklike teks het in 2018 in Frans onder die titel, Le lambeau (The shreds/Die flenters), verskyn. Le lambeau is ook die benaming vir die chirurgiese operasie (“flap over wound”) wat op Lançon uitgevoer is. Die hooftitel van die vertaling verwys na die groot probleme wat sy beserings vir die hospitaalpersoneel, veral vir sy chirurg, Chloé, veroorsaak het. Sy het dit as ‘n steurnis (“disburbance”) ervaar as ‘n veloorplanting telkens oorgedoen en ‘n gat in sy ken meermale hertoegestop moes word. “My failure to heal annoyed her” (Kindle 5836). Op die voorkant van die boek is daar ‘n reproduksie van ‘n kunswerk, Plastic red (1964), deur Alberto Burri (1915-1995). Dit is nie net die rooi kleur van die illustrasie wat gepas is nie, maar ook die groot swart gat en die kleiner gat daarnaas, wat die beserings simboliseer wat Lançon in die aanval opgedoen het.

    Lançon is ‘n joernalis wat as korrespondent tyd in Kuba en Suid-Amerika, asook in die Midde-Ooste en Asië, deurgebring het. Hy het met ‘n Kubaanse vrou getrou en praat Spaans vlot, maar hulle het 8 jaar voor die terreuraanval geskei. In 2015 het hy Gabriela as sy spesiale vriendin gehad, ‘n Chileense vrou wat in New York City woon en besig was om te skei. Sy is ‘n beroepsdanser en -afrigter. Lançon woon in ‘n woonstel in Parys en is “a culture critic for [the newspaper] Libération and a columnist for Charlie Hebdo” (424). Hy skryf: “Charlie was a skull-and-bones flag flying over the … years of postwar prosperity” (605).

    Iets wat ‘n opvallende rol in die gebeure gespeel het, is die verskyning van Michel Houellebecq se roman, Soumission (Submission – Praag 20.10.2019), wat juis presies op die dag van die aanval vrygestel is (252). Lançon het egter reeds die vorige naweek ‘n resensie daaroor in Libération gepubliseer. Dit is moontlik dat voorpublikasie-publisiteit vir die boek die aanval deur Moslem-ekstremiste ontlok het. Lançon se ma “at first …thought I was the only victim, and that I had been shot because of the article on Michel Houellebecq” (1106). Houellebecq se boektitel verwys na die onderdanigheid aan Allah wat van iedere Moslem verwag word, asook dat Moslems ongelowiges, dus die aanhangers van ander gelowe, tot Islam moet bekeer, aan Allah onderdanig moet maak. Houellebecq veronderstel ‘n Islamitiese staatkundige – en dus ook sodanige religieuse – bewind teen 2022 in Frankryk. Hy bekommer hom daaroor dat die vinnig toenemende getal Moslems in Frankryk die tradisionele Franse kultuur al hoe meer ondergrawe.

    Op die oggend van die aanval was die Charlie Hebdo-redaksie besig met ‘n byeenkoms. “We were there to have fun, to yell at each other, to refuse to take an appalling world seriously” (518). Daar is onder meer oor Soumission gepraat (528). “What Houellebecq was attacking almost systematically was in fact everything for which Charlie had fought during the 1970s: a libertarian, permissive, egalitarian, feminist, anti-racist society … He had been able to give form to contemporary panics” (770). Lançon vertel van wat verskeie van sy kollegas voor die aanval tydens daardie byeenkoms gesê of gedoen het.

    Eers in hoofstuk 4 word die aanval beskryf. Daar was twee terroriste met klapmusse aan wat ingestorm en begin skiet het. Hulle het “Allah akbar” (God is groot) geskreeu (906). Lançon het geduik om plat op die grond te kom maar is tydens sy val deur drie koeëls getref. “The whole attack had lasted only a little more than two minutes” (927). “It was armed men, it was their bullets; it was what we hadn’t imagined, even though we were professionals in aggessive imagination, because this was simply not imaginable, not really” (950). Lançon het aanvanklik stil gelê asof hy dood is, want die aanvallers was nog besig om tussen die liggame rond te beweeg om seker te probeer maak dat almal dood is. Daarna het hy versigtig probeer kyk wat aangaan. “The rubble consisted neither of dust nor ashes, nor glass, nor plaster. It consisted of silence and blood” (961).

    “The attack put lives at the heart of my own life at the very time when most of them disappeared from it” (1173). “It is the future that it destoys, the only future” (1395). Lançon sou ‘n week later, op 14 Januarie 2015, na New York City gereis het om klas aan Princeton University te gee. Die vliegkaartjie was reeds gekoop, maar hiervan sou niks kom nie. “I didn’t know how to write anything about what was happening to me. I would have to do that simply to relearn how to live” (1612). Vandaar hierdie boek. ‘n Lang verblyf in hospitale was sy voorland. Hy het gedink aan wat in Dante se Inferno staan: “Abandon all hope, you who enter here” (2418). Hy het as’t ware die doodsvallei betree, “the Kingdom of the Shades” (3767).

    Lançon het in ‘n plas bloed gelê maar het geen pyn gevoel nie. Later het dit geblyk dat naas beserings aan albei hande en ‘n lang sny in sy regterarm, van die elmboog tot by sy pols, sy onderkaak weggeskiet is. “Where my chin and the right half of my lower lip should have been, there was not exactly a hole, but a crater of torn, hanging flesh” (1073). Dertien van sy tande het los in sy mond rondgemaal (2727). “I ran my tongue around my mouth and felt fragments of teeth floating everywhere” (1005). “I finally felt, understood, that something irreversible had taken place” (983). “I felt for the first time a thorough sadness … I closed my eyes one last time, as if to erase what had taken place, as if, by not seeing, all that might not have been experienced … The person I was becoming wanted to weep, but the one who wasn’t quite dead prevented him from doing so” (1005).

    “If the killers were possessed, my dead companions were dispossessed. Dispossessed of their art and their violent insouciance, dispossessed of all life … We had been the victims of the most efficient censors” (1027). Lançon het nooit sy bewussyn verloor nie. ‘n Kollega wat nie die vergadering bygewoon het nie, het eerste ná die skietery opgedaag en Lançon se ma in kennis gestel. ‘n Joernalis van oorkant die straat was ook gou op die toneel. Nege maande ná die aanval het skuldgevoelens hom gedryf om aan Lançon te skryf en te bieg dat hy versuim het om hom te help: “I chose instead to help others, those who were less messed up” (1196). Lançon het geantwoord: “I sincerely think you mustn’t feel yourself to be either weak or cowardly … I can’t hold anything against you” (1219).

    Nadat die polisie en ander veiligheids- en reddingspersoneel opgedaag het, is Lançon in ‘n stoel na ‘n ambulans gedra. Een van hulle “looked at me, and almost shouted: ‘That’s a war wound!’” (1312). Toe hy op ‘n draagbaar in ‘n hospitaalkamer in La Pitié-Salpêtrière aankom, het hy begin huil, maar hy is spoedig onder verdowing geplaas. Toe hy wakker word, was sy jonger broer, Arnaud, by sy bed. “This mission was to make him for several months my twin and my practical, administrative, social, and private chief of staff” (1373). “The nurse came in to check my condition and that of the drips. She gave us a small whiteboard and a blue felt-tip pen so that we could communicate” (1406). Hy kon skryf met “the three unbandaged fingers of my left hand” (1474). “For three months, in periods during which I had to be silent so that my lower lip and the area around it would have a chance to heal, my fingers constantly went back and forth over this whiteboard” (2103).

    “Arnaud had arrived wondering what he would have to cope with … He found a face that was two-thirds intact. The third part, below, was covered with bandages. One could only imagine the absence of the lip and the teeth, and the hole. The operation had lasted between six and eight hours. The orthopedists waited until the stomatologists finished their work before patching up my hands and right forearm. My surgeon, Chloé, was eating lunch with a friend when she was called. ‘And do you know what we were talking about?’ she asked me two years later. ‘About Houellebecq! My friend had brought a copy of Soumission with her, and gave it to me’” (1417).

    Lançon beskryf sy aanvanklike toestand soos volg: “I didn’t see well. I couldn’t open my mouth. I had drips and drains in my arms, a drain in my neck, an enormous, complex bandage on the lower third of my face, an uncomfortable stomach tube in my nose – you have to eat to live … My hands were bandaged, I could hardly touch anything. I could neither eat, nor drink, nor smile” (1668). Daarna volg “two months of being fed exclusively through a tube” (5118). “I was forbidden to speak, because of the unfenestrated tracheotomy tube that had been inserted in my neck” (1690). Naas sy broer het sy bejaarde ouers hom dikwels besoek. Sy vorige vrou, Marilyn, het hom drie keer besoek; ook sy vriendin, Gabriela, wat uit New York City gekom het. ” Libération had spontaneously paid for her trip” (1995).

    Omdat daar vir sy veiligheid gevrees is, het vier polisiemanne hom dag en nag opgepas; twee voor sy kamerdeur en twee by die hyser (1781). “They were there to remind me that the killers were never far away” (2430). Die polisiemanne, soos die hospitaalpersoneel, het uit ‘n verskeidenheid rasse en etnisiteite bestaan, insluitende Arabiere, dus Moslems, en swartes. “A cleaner came in with her mob, her pail, and that marvelous, silent African silence that, in this nervous ward, calmed me” (5084). “The African cleaning lady who smelled good and laughed loudly came in. She pushed her broom around and sang” (6075). Oor ‘n verpleegster skryf hy: “Ornella, a young woman of African origin who seemed to deposit her carefree, gracious smile on my wounds, was on duty” (5744).

    Charlie Hebdo het oornag wêreldbekend geword en Lançon het heldeverering te beurt geval. Die Franse president, François Hollande, het ‘n 40 minute lange besoek aan hom in die hospitaal gebring (3214, 3259). In die hospitaal “I was afforded special treatment” (2206). Soos Lançon se chirurg dit gestel het: “You’re coming out of a national event that has upset everyone’s life” (5040). “I am well aware that I have received preferential treatment and beautiful rooms” (5018).”I was now, for an indeterminate time, probably quite brief, a symbol. I received an enormous amount of mail. I read it only little by little, at random, sometimes one or two months later. Time no longer mattered, and I seldom answered: I didn’t have the energy for that” (2727). Om hom te kalmeer, het hy na Bach se musiek geluister en Kafka se boeke gelees ter “ironic submission to anxiety” (3460); ook Proust (3522).

    “For some time, I’d no longer felt suited to a trade [journalism] that was panic-stricken,rightening, and required conforming to a world that was going much too fast and too savagely for me. Current events had become a hall of mirrors, filled with overheated lamps that no longer illuminated anything, and around which fluttered clouds of increasingly stupid, moralizing, self-advertising, nervous mosquitos” (2284). Mettertyd het hy, terwyl hy nog in die hospitaal was, soms bydraes vir publikasie in Charlie Hebdo en Libération geskryf op ‘n rekenaar wat sy broer gebring het. In sy skryfwerk kon hy hom nie losmaak van die toestand waarin hy verkeer nie. “It’s difficult not to take seriously your emotion and sensations when what you’ve become is reduced to them” (2565). Hy noem sy hospitaalskryfwerk gisting (“fermentation”): “I was actually speaking more to the dead than to the living, because in those days I felt closer to the dead” (2577). “I could no longer describe what I was seeing or reading without overtly connecting it with my experience. The latter became the filter, the vesicle through which everything circulated. Anything that did not effect it no longer concerned me” (5779).

    Die grootste operasie was om been te onttrek en in te plant waar sy onderkaak was. ‘n Deel van die kuitbeen (“fibula”) is uit sy regterbeen verwyder en vel uit sy regterdy is daar oorgeplant (3137). Silikon is voor die operasie in sy nek ingespuit om die nekvel te vergroot (“my neck had doubled in volume” – 2875) sodat van daardie vel op sy gesig oorgeplant kon word; ook vel van sy regterkuit sodat hy ‘n mate van hare as baard buite sy onderkaak kon hê om die letsels te bedek (2863). “The operation lasts around twelve hours. It requires two surgical teams: one works on the leg, the other on the face” (3137). Hy moes hierna met oefening leer om nie kruppel te loop nie.

    Teen Augustus 2017 het hy 17 operasies ondergaan (2374), “to give me back, gradually, a mouth, a chin, and a jaw” (3008). Teen April was dit steeds dat “the secondary grafts were failing one after the other and … I was constantly drooling from my lower lip” (3041). Hy het homself as ‘n “mummified Droopy” beskryf (3922). “The patient has to be patient” (4221). Later: “The patient remains with his twisted face, his scars, his handicap more or less reduced” (2774). Dit was veral ‘n geval van “a face under construction” (2485). “Life was punctuated by the discipline that reconstruction demands” (2763).

    Ná 4½ maande in La Salpêtrière (2217) is hy na ‘n militêre hospitaal, Les Invalides, oorgeplaas, tot 17 Oktober 2015 (1679) toe hy ontslaan en sy polisiebeskerming teruggetrek is (6424). In laasgenoemde hospitaal is hy blootgestel aan terapie, oefeninge en ander rehabilitasie-aktiwiteite. Hy het vir 2½ jaar voortgegaan met terapie by dieselfde instruktrise (6412). Soms moes hy teruggaan na sy vorige hospitaal omdat sy lip gesplit en sy ken deur ‘n gat (“orostome”) gelek het en van die veloorplantings weer gedoen moes word. Later was daar selfs ‘n gat in sy regterwang (6313).

    In Les Invalides is hy om veiligheidsredes onder die naam Monsieur Tarbes as pasiënt geregistreer (5234). “I was somebody, will be another” (6357). “Monsieur Tarbes was neither Philippe Lançon nor a pseudonym of Philippe Lançon. He was a heteronym … Monsieur Tarbes did not speak and act entirely like Philippe Lançon. He was less loquacious, slower, more distant, more attentive, more benevolent, too; probably much older, but of an age relieved of an excess of presence … He was thin, wore a big hat, could not smile, gobbled down his milky, mashed meals, never in the presence of others, to spare them the sight, plop, plop, plop, of his spills” (5257). “I drooled when I talked, when I slept, when I ate” (5325). Hy het deurgaans goeie betrekkinge met die hospitaalpersoneel probeer handhaaf. “That was the alchemy of a long-stay hospitalization” (5404).

    Ná twee jaar: “I would gladly have given up writing the slightest article to be able to bite into a piece of fruit or a sandwich without pain and without spilling it all over, to drink a glass of wine without putting my tongue in it as if I were half dog, to be able to feel entirely the lips that I was kissing” (2785). In die laaste hoofstuk staan: “I could neither kiss nor smile” (6118). Ná sy ontslag uit die hospitaal is hy in die herfs terug na sy woonstel (6493). “There were still and constantly first times, for anything and everything. Some of them disturned me a lot” (6504). Mettertyd is begin om die tande te vervang wat hy verloor het. “When I complained about my absence or excess of nerve sensitivity, depending on the place, around the lip and the chin,” het hy as antwoord gekry: “That’s normal, you’re disabled!” (6493).

    Lançon se politiek is in ooreenstemming met dié van Charlie Hebdo. Van die Front National sê hy: “Supporting that party could already be seen as the sign of a stupid form of despair” (127). Oor die 2011-brandstigting by Charlie Hebdo skryf hy: “We were overwhelmed by a violence that we did not fully understand, and that society, on the whole – except the far right, whose reasons and goals we could not share – refused to acknowledge” (747). ‘n Mens kan die vraag stel of sy gesindheid nie dalk ‘n voorbeeld is van wat hy “automatic morality” noem nie (447). Hy is darem nie heeltemal sonder bedenkinge oor sy mede-linkses nie: “I felt … what a gift the far left had for scorn, fury, bad faith, a lack of nuances, and degrading invective. In this regard, at least, it was in no way inferior to the far right” (758).

    Oor sy jeug skryf hy: “In my family, we were on the right” (605). Van sy ouers sê hy: “Their politics were right-wing, middle class” (2034). “There was a lot of talk about racism … I was on the left, I imagine, without knowing and without worrying about it. Like many children of the white middle class, I lived in a world without Arabs, without blacks” (617). Oor ‘n foto wat Francis Wolff van ‘n jazzgroep geneem het, skryf Lançon: “All the musicians are handsome, all are absolutely classy and chic. Almost all of them are black … They are the sensible forms of distinction and dignity” (6290).

    Wat is Lançon geestelik sedert die aanval? Hoe het daardie terreurdaad sy denke en gesindheid beïnvloed? “The circumstances were so new that they required a man who was, if not new, at least transformed morally, as he had been transformed physically” (1440). “How does one move from being a survivor to being a living being?” (3569). “The necessity of accepting everything [etc] … were going to lead me to make immutable the only thing that could, and had to be, immutable: my character” (1450). “I no longer have either nostalgia or regrets, the event took everything from me” (675). “Everything ordinary disappeared” (861).

    Lançon was die slagoffer van “an ignorant, stupid, and bloody fanaticism” (3237). Sy reaksie hierop was: “I felt no anger toward the killers and I … did not connect them with Muslims. My ‘politically correct’ – or, one might say, ‘evangelical’ – period had begun. From the vantage point of my little hospital Golgotha I didn’t want to think ill of anyone, and since then I’ve always missed, even at the price of a certain silliness, that state of complete, inmost suspension of hostilities” (3248). Hiervolgens lyk dit asof hy wel later, ten minste in privaatheid, bedenkinge oor sy aanvanklike openbare toegeeflikheid/vergewensgesindheid gehad het. Maar hy skryf ook: “To tell the truth, I didn’t give a damn about the Kouachi brothers, just as I didn’t care about the arguments that condemned them or that, on the pretext of sociology or thought, were already trying to understand them” (3449). “We sow psychology where we understand nothing” (3943). “I find anti-Muslim rhetoric just as intolerable as pro-Muslim rhetoric” (3637).

    “I tend to think that present-day society is a poison that makes people crazy, and I have no doubt regarding the mental disasters that its constant, contradictory injunctions provoke. But I can’t do social psychology with the assassins who come out of it … I still think the first principle of civilization is: ‘Thou shalt not kill.’ Nothing excuses the transgression whose result I saw and suffered. I harbor no anger against the K brothers, I know they are products of this world, but I simply can’t explain them” (3580). Maar behoort omstandighede hierdie terrorists van (alle) eie verantwoordelikheid en dus blaam te onthef? “The nerve that connected me with judgment seemed to have been cut” (4763).

    Bo alles het hy rus en vrede begeer. Lançon kon die gebeure nie deurgrond nie. “There was something abject about thought when it believed that it could give immediate meaning to the event to which it was subjected. It was the fly pretending to be an eagle” (4471). Hierdie skeptisisme kom van die gelouterde joernalis, Lançon, wat ‘n groot waarheid kwytgeraak het toe hy geskryf het: “No one thinks himself cleverer than a journalist” (6085). Dink maar aan bv Max du Preez.

    Teen die einde van die laaste hoofstuk verwys Lançon na woorde wat Houellebecq uit Matteus aangehaal het: “Men of violence take it by force” (6481). Dit is iets waarmee ons plaaslik goed bekend is. As beskawing, soos Lançon hier bo sê, in die eerste plek berus op die beginsel dat mense nie doodgemaak mag word nie, is terroriste ongetwyfeld uitermate onbeskaaf. ‘n Frankryk en elders in die Weste word geweld en terrorisme oor die algemeen sonder voorbehoud verwerp. In Suid-Afrika het ons die teenoorgestelde situasie: Terroriste word op die hande gedra, op allerhande maniere vereer en selfs by voorkeur in topposte aangestel. “Memory is selective, the more what weighs on it is violent, the more selective it is” (1219).

  • Leon Lemmer: Terrorisme en revolusie

    Leon Lemmer: Terrorisme en revolusie

    ‘n Kwarteeu het verloop sedert die gebeure van 1990/94. Dit het duidelik geword dat daar nie politieke magsdeling plaasgevind het soos valslik aan die blanke kiesers belowe is nie, maar magsoorgawe aan die swart meerderheid. Daar is nie evolusionêre voortsetting van die geskiedenis soos wat dit van 1652 tot 1989 was nie. Die ramp wat die land in 1994 getref het, was ‘n revolusie; dus, ‘n absolute breuk met die geskiedenis. Dit is waarom die ANC/SAKP-regime voorgee dat die geskiedenis van Suid-Afrika eintlik in 1994 begin. Dit is ook die grondslag vir die veronderstelling dat alles wat tydens die blanke politieke bewind was, sleg is. Dit is waarom daar van ons donker verlede gepraat word asof dit evangelie is. Dit is waarom naïewe linksgesinde blankes hulle deur ANC/SAKP-propaganda laat wysmaak dat hulle verskoning vir ons beweerde slegte verlede moet vra.

    Het die era van lig werklik in 1994 aangebreek? Nee, die versugting moet eerder wees: “Hoe groot is die donkerheid nie” (Matteus 6:23). ‘n Ander mite is dat hierdie oorgang na “demokrasie” vreedsaam plaasgevind het. Sedert 1910 was 1990/94 die gewelddadigste in die land se geskiedenis.

    Die voorafgaande verduidelik waarom daar in hierdie rubriek aandag aan twee verskynsels, terrorisme en revolusie, geskenk word. Plaaslik het terrorisme tot die 1994-revolusie en ook tot “demokrasie” (‘n eufemisme vir swart oorheersing) gelei. Die gebeure was wesenlik ‘n gewelddadige revolusie waarin die wit baas deur die swart baas vervang is. Hierdie revolusie het onder die leiding van Nelson Mandela plaasgevind, vandaar die groot waardering wat hom veral ná die suksesvolle revolusie te beurt geval het; ook in die geledere van polities verligte blankes. Vervolgens bespreek ek eers terrorisme en daarna die revolusie wat daarop gevolg het. Hou deurgaans die ANC (waarby die UDF en SAKP ingesluit is) as dié toonbeeld van ‘n terreurinstansie, asook Mandela as dié toonbeeld van ‘n terroris, in gedagte.

    Terrorisme

    Terrorisme: “skrikaanjaging/intimidasie deur dade van geweld; gesamentlike dade deur terroriste gepleeg” (HAT). Terrorism: “The use of violence, or the threat of violence, to frighten people in order to achieve a political, social, or religious goal” (Oxford English Dicionary). Geweld en dreigemente dat tot geweldpleging oorgegaan sal word as daar nie aan eise toegegee word nie, is dié kern van terrorisme. Albei strategieë was kenmerkend van die ANC tydens die 1990/94- onderhandelinge; so ook buitensporige geweld vóór 1990. Dat die ANC ‘n terroriste-organisasie was, kan nie betwyfel word nie. Die ANC se geweld asook afdreigings daarmee het in 1990/94 onder die leiding van Mandela plaasgevind. Mandela was ongetwyfeld ‘n terroris, al het hy besluit dat hy eerder ‘n “vryheidsvegter” genoem moet word. Daarna het al wat ‘n sikofant is Mandela as ‘n vryheidsvegter by uitnemendheid beskou. Sowel Mandela as die ANC het nooit die kern van hulle bedrywighede, naamlik geweld, afgesweer nie. Dit is in ooreenstemming met die wens van die berugte swartmagaktivis, Frantz Fanon (1925-1961), wat geweld as “inherently empowering” beskou het; selfs as “a cleansing force” (Townshend, bron hier onder, p 13).

    In Amerika is die amptelike definisie van terrorisme: “The calculated use or threat of violence to inculcate fear, intended to coerce or intimidate governments or societies,” en in Brittanje: “The use or threat, for the purpose of advancing a political, religious, or ideological course of action, of serious violence against any person or property” (Charles Townshend, Terrorism: A very short introduction, Oxford University Press, 2002, p 3). Oor Amerika: “Many of the legislative enactments followed federal law by defining ‘act of terrorism’ as a violent felony intended either to intimidate or coerce a civilian population or to influence or effect governmental policy or conduct’” (Albert Borowitz, bron hier onder, Kindle 204). Sunil Khilnani skryf: “‘Terrorism is a distinctive form of modern political agency, intended to threaten the ability of the state to ensure the security of its members’ – and thus its claim to legitimacy” (Townshend 5). Die ANC het op hierdie manier uiters voortydig erkenning as die “enigste ware verteenwoordigers van die land se inwoners” verwerf, bv by die Verenigde Nasies. Geen wonder nie dat daar beswaardheid is oor “the failure of the international community to fully recognize terrorism as criminal behaviour” (127).

    “Terrorism is the recourse of those too weak to oppose states openly” (7). Mandela het bv telkens beweer dat hy geen ander opsie as geweld gehad het nie. Hierdie argument word sonder meer deur Mandela se volgelinge en simpatiseerders herhaal. Daarmee word die feit geïgnoreer dat baie van die dood en verwoesting wat deur die ANC aangerig is, veral in 1990/94, nie teen die NP-regering gemik was nie, maar teen die Inkatha Vryheidsparty (IVP); dus om politieke mag vir die ANC te bekom en wat so onbeperk moontlik moet wees, verkieslik ‘n tweederde meerderheid tydens die algemene verkiesing in 1994. ANC-kornuite vertel graag van die vryheid wat hulle met bloed verwerf het, maar hulle versuim om te noem dat dit weens die ANC se magshonger hoofsaaklik swart bloed van nie-ANC-aanhangers is wat ANC-terroriste laat vloei het. “The essence of terrorism is the use of violence by the armed against the unarmed” (8).

    Wat ook geïgnoreer word, is dat baie swartes buite die ANC teen die gebruik van geweld vir politieke doeleindes gekant was. “The weak may adopt a strategy of resistance which does not require terror” (7). Maar die ANC het nie-ANC-gesindes met geweld en dreigemente van geweld probeer verplig om hulle by die ANC te skaar. Dít is kenmerkend van ‘n egte terreurorganisasie: “targeting ‘the silent’ – those who had precisely avoided political commitment of any kind” (43). Mandela het leiding met die vergoeiliking en vertroeteling van geweld in die ANC gegee deur die stigting van Umkhonto weSizwe (MK), die gewapende vleuel van die ANC, wat op 16 Desember 1961 met sy terrorisme begin het. Deesdae verwag die ANC met sy valse waardes dat 16 Desember as Versoeningsdag gevier moet word.

    “The essence of terrorism … is surely the negation of combat. Its targets are attacked in a way that inhibits (or better prohibits) self-defence … in the indiscriminate bombing of a street market, a store, or a bar, we see a deliberate flouting of the international law of war, and a refusal to accept as binding the prevailing moral distinctions – between belligerents and neutrals, combatants and noncombatants, legitimate and illegitimate targets” (7). Volgens die ANC “there are no innocents” (60) in nie-ANC-geledere. Indien dit nie steeds die geval is nie, wás die ANC ‘n verderflike organisasie, met Mandela aan die begin (1961-1962) en later (1990/94) aan die spits van die geweld/terrorisme. Daar is gepoog om so skouspelagtig moontlik onbeskaaf te wees, bv met halssnoermoorde, om die ANC se gesag af te dwing. ‘n Amerikaanse regter het tereg terrorisme beskryf as “a clear and present danger to the very existence of civilisation itself” (33). “Without some sense of disturbance, of abnormality if not enormity, attention would not be seized” (8).

    “Fear may drive people to comply” (9); vrees nie net by nie-ANC-gesinde swartes nie, maar ook by die armsalige FW de Klerk en sy armsalige onderhandelaars. De Kerk het nooit gevolg gegee aan die Amerikaanse departement van buitelandse sake se beleid nie: “Make no concessions to terrorists and strike no deals” (130). “Although the 20th century produced plenty of successful ‘wars of national liberation’, often with a significant terrorist dimension, none succeeded by terrorism alone” (25). In Algerië het die FLN-terroriste Charles de Gaulle se hartlike samewerking vir ‘n oorwinning/revolusie nodig gehad. In Suid-Afrika was dit De Klerk wat gesorg het dat die ANC-terroriste seëvier. In Algerië terrorisme “was integral to the revolution” (94) – so ook in Suid-Afrika.

    “Terrorists … are mostly unamenable to limited concessions: it is by setting absolute, non-negotiable demands, as much as by using violence, that they opt out of the political process” (26). De Klerk het hom op ‘n uiters dwase en kortsigtige manier probeer distansieer van die sekuriteitsmaatreëls van sy voorgangers, John Vorster en PW Botha, wat terrorisme kragdadig bestry het. Op aandrang van die ANC het De Klerk talle sekuriteitsmaatreëls afgeskaf, waarmee hy hom toenemend blootgestel het aan afdreiging met geweld deur die bose ANC. De Klerk het nooit ‘n elementêre les geleer wat steeds suksesvol deur bv Israel toegepas word nie: “The reaction of a state should [at least] be in proportion to the wound inflicted on it [by terrorism]” (117)

    “The support-building function of terrorism encompassed two distinct aims: first, securing obedience or compliance … and, second, bidding for sympathy and ideological or moral endorsement” (12). Met albei was die ANC suksesvol. Die massa-inligtingsmedia plaaslik en in die buiteland, asook bv religieuse instansies, het die ANC se terrorisme vergoeilik en gesteun, gevolg deur die regerings van talle lande. “Publicity is the ‘oxygen’ of terrorism” (136). Volgens Yonah Alexander “terrorists make ‘a conscious and deliberate effort to manipulate the media’ and that ‘by provinding extensive coverage of incidents the media give the impression that they sympathise with the terrorist cause’” (136). Die ANC het steeds die SABC en Naspers/Media24 in die holte van sy hand. Dit hinder my dat Afrikaners veral in hierdie grendeltyd daagliks aan die pro-ANC-propaganda van hierdie twee instansies blootgestel is, terwyl baie van hierdie kykers, luisteraars en lesers nie die vermoë het om sinvol teen breinspoeling weerstand te bied nie.

    Die aartslinkse Doris Lessing (1919-2013), wat lank in Rhodesië gewoon het (1925-1949), het simpatie met terroriste gehad. In haar roman, The good terrorist (1984), laat sy ‘n terroris sê: “We are going to pull everything down. All of it” (20). Dit is ook wat die ANC telkens belowe het: dat sy terroriste enigiets, indien nodig alles, wat in Suid-Afrika opgebou is, sal vernietig ten einde die politieke mag te bekom. Dit het van 1994 af die ANC-regime se heropbou- en ontwikkelingsprogram (“Reconstruction and Development Programme”) genoodsaak. Townshend vestig die aandag op die geykte skynheiligheid of dubbele standaarde van terreur-instansies, wat ook dikwels in ANC-uitlatings na vore gekom het: “That the violence of their protests was puny in comparison with the ‘violence inherent in the system’” (23). Willie Esterhuyse verwys graag na die “sistemiese geweld” van apartheid, maar hy verkies om soveel moontlik oor die inherente gewelddadigheid van die terroristiese ANC te swyg.

    Selfverheerlikende terrorisme

    “The terrorist is noble, terrible, irresistibly fascinating, for he combines in himself the two sublimities of human grandeur: the martyr and the hero” (Serge Stepniak-Kravchinski, Underground Russia, 1883, aangehaal in Townshend, p 31). Hiervan is Mandela by uitstek ‘n toonbeeld: eers ‘n martelaar-gevangene, “onskuldig” in die tronk (1962-1990), toe ‘n hergeaktiveerde terroris (1990-1994) en daarna ‘n ná-revolusionêre held. Van veral fanatieke Moslem-terroriste word gesê: “The terrorist is not just prepared to get killed, but wants to get killed” (119). Ek dink Mandela was te lafhartig vir selfdoodterrorisme, al het hy in 1964 in die Rivonia-verhoor vol propagandistiese bravade verklaar dat hy bereid was om vir sy ideale en die bevordering daarvan met terroristiese bedrywighede te sterf.

    Mandela se misplaaste roem is gegrond op die gewaande”moral superiority of the individual guerrilla, produced by the fact that he is ‘defending a just cause, the cause of the people’” (63). In werklikheid het dit nog nooit vir Mandela en die ANC om die heil van “the people”, in die sin van die Suid-Afrikaanse bevolking in sy geheel, gegaan nie. Dit gaan spesifiek om die onregverdigbare bevoordeling van swartes, by uitstek diegene in die voorste gestoeltes van die ANC, en die buitensporige benadeling van blankes. “The framework for much modern terrorist action is ethnic or nationalist” (74). “Terrorism may play a leading part in the attempt to preserve or ‘reawaken’ the national spirit” (76). Vandaar die groot aanhang wat die swartbewussynspropaganda van bv Fanon en Steve Biko in ANC-geledere geniet.

    Van Albert Borowitz (gebore in 1930) is die volgende boek gepubliseer: Terrorism for self-glorification: The Herostratos syndrome (Kent State University Press, 2005, 192p; Amazon Kindle $25,09). Die naam Herostratos is vanweë ‘n enkele daad bekend. Hy het in 356 vC die Artemis-tempel (Artemisium) in Efese aan die weskus van Klein-Asië (by Selçuk in Turkye) afgebrand. Hierdie marmertempel was een van die Sewe Wêreldwonders in die antieke tyd. Herostratos het die hout van die tempeldak aan die brand gesteek (Kindle 329) met ‘n enkele doel voor oë: sodat hy vir altyd en wêreldwyd bekend kan wees. Dit is ‘n voorbeeld van “the morbid quest for eternal fame through crimes of violence” (93), oftewel “the morbid passion for infamy” (235). Borowitz wys op “the paradox that negative fame often outlasts glory achieved by merit” (692). “They seek fame and generally attain honor from that from which it were more fitting that they suffer disgrace and punishment” (723). “It is said of Herostratos … that he was ‘more desirous of a widespread reputation than of a good one” (770). Ná die brand is die marmerpilare van die tempel verkoop (378). Die vernietiging van die Artemisium was dus volkome.

    Ydelheid het ongetwyfeld ‘n rol gespeel. Mense wat aan die Herostratos-sindroom ly, is nie in staat om op ‘n positiewe manier te presteer en op ‘n prysenswaardige manier bekend te word nie. Hulle is gedoem om eerder berug as beroemd te wees. Herostratos het ‘n metoniem geword vir iemand wat ‘n misdaad pleeg ten einde bekend te word. Hy het ‘n duur prys vir sy misdaad betaal: “He was apprehended, tortured, and executed” (93). Om sy poging tot permanente bekendheid in tyd en ruimte te fnuik, was daar “the imposition of a ban on the mention of his name” (93). Terwyl Mandela in die tronk was, was daar streng sensuurregulasies oor wat oor hom en ander terroriste gepubliseer mag word. Hulle het immers nie ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel nie. Byvoorbeeld, geen foto van Mandela was toe in plaaslike publikasies toelaatbaar nie.

    In die Griekse mitologie is Artemis ‘n dogter van Zeus en die godin van die jag, die maan en vrugbaarheid. “By die Romeine word Artemis met die Ou Italiese vrugbaarheidsgodin en die godin van die maan, Diana, geassosieer” (Adelaïde van Reeth, Ensiklopedie van die mitologie, Vlaeberg Uitgewers, 1994, p 28). Diana was ook die godin van plantegroei en die slawe (61). Die tempel waarom dit hier gaan, was die tweede een wat omtreeks 550 vC opgerig is nadat die eerste Artemis-tempel in ‘n vloed in die 7de eeu vC vernietig is. Die Artemisium verskyn op ‘n vroeë lys van wêreldwonders wat deur die historikus Herodotus (484-425 vC) opgestel is. In 323 vC is begin met die oprigting van die derde Artemisium, wat in 401 nC vernietig is. Hierdie tempel is ook as ‘n wêreldwonder beskou. Die herbouing van die tempel het dus in ‘n sin Herostratos se vernietigingswerk verydel. Die verbod op die noem van sy naam was egter nie geslaagd nie. Sy naam word in verskeie antieke geskrifte genoem. Publisiteit is die lewensbloed van diegene wat aan die Herostratos-sindroom ly. Naamerkenning word in hierdie konteks ‘n vorm van verheerliking.

    Borowitz skryf: “A famous person, property, or institution is often chosen as victum or target … [eg] a killer may hope, by his attack, to absorb the celebrity of his prey” (106). Jaloesie kan ook ‘n rol speel. Herostratos is al “the first terrorist who entered history” genoem (121). “A leading expert on modern terrorist activity, Walter Laqueur [1921-2018], … has written in the wake of the attack on the World Trade Center [2001], ‘Over the centuries, terrorism has appeared in many guises. It is not an ideology or a political doctrine, but rather a method – the substate application of violence or the threat of violence to sow panic and bring about political change’” (121). “In Terrorist lives (1994), Maxwell Taylor and Ethel Quayle express their belief that ‘a core element in any account of terrorism is that it involves the use of violence to achieve political ends’” (137).

    Dit lyk asof hedendaagse terrorisme grootliks polities gemotiveerd is. By Moslem-terrorisme word daar in laaste instansie ook ‘n politieke doel nagestreef omdat die ideaal is dat Moslem-geestelikes in beheer van die regering van ‘n land en selfs die hele wêreld moet wees. Maar die Moslem-terroris kan naas saligheid in die hiernamaals ook deur selfverheerliking gemotiveer word, naamlik die begeerte om in die geheue van mense voort te leef, dus sekulêre of wêreldse onsterflikheid. “The Palestinian terrorists’ self-sacrifice may now be encouraged less by the ‘idea of winning a place in paradise’ than by the prospect of living on in human memory” (173). In Suid-Afrika was dit die “perceived injustice” (155) van apartheid wat Mandela tot terrorisme aangespoor het. “Like many political terrorists, Herostratos and his successors appeared dedicated to the destruction of an unjust world” (155).

    ‘n Kenmerk van die hedendaagse terroris is “his passion for media attention” (155). “Media attention does not, however, merely serve the purpose of publicizing and advancing the goals of a political cause, but also may appease the desires of individuals at the summit or base of the terrorist organization for personal stardom. The terrorist’s achievement of fame carries with it an intoxicating sense of empowerment such as Herostratos felt when the temple’s fire leapt up to the night sky of Ephesus” (173). “James Bowman … argues that our media culture has fostered a new era of Herostratos by trivializing the standards for acquiring reputation. He notes that in heroic ages reflected in Homer and in medieval epics such as The Song of Roland, reputation was equated with ‘honor’ … In Bowman’s view, the times of heroism and honor have given way to a ‘Herostratian age’ ruled by a media-fueled obsession with celebrity, whether for good or ill” (3875). Mandela was ‘n toonbeeld van ‘n publisiteitsoeker. Nadat hy in 1990 uit die tronk vrygelaat is, het hy nie net plaaslik aandag en verheerliking gesoek en gekry nie, maar wêreldwyd. Hy het talle lande die een na die ander besoek om vereer te word en geld vir die terroristiese ANC in te samel. Dit was asof Mandela met hierdie reise sy vryheid gevier het en probeer het om daarmee sy jare van inperking te ontgroei. Maar hy verdien nie verering op grond van sy terreurdade nie. “Only God deserves to be glorified for He is perfect” (754).

    Borowitz beskryf latere gebeure wat as uitdrukkings van die Herostratos-sindroom beskou kan word. Enersyds polities gemotiveerde terrorisme, bv die vernietiging van die Stari Most (Ou Brug) in Mostar, Bosnië-Herzegovina. Die konstruksie van die Stari Most oor die Neretva-rivier het nege jaar in beslag geneem (1557-1566) – “a monument to civilization” (1727). Hierdie brug was die verbinding tussen die Kroate se gebied op die wesbank en die Moslems se gebied op die oosbank. In die stryd om onafhanklike etniese state in Joego-Slawië te vestig, het die Serwiërs in 1991 die brug beskadig, maar dit was die Kroate wat dit in November 1993 vernietig het (1711). Dit is een van die min gebeure in daardie gebied en tyd waarvoor die skuld nie op die Serwiërs gepak word nie. Die kernprobleem was dat die Weste, insluitende Navo, hulle aan die kant van die Moslems geskaar het (Praag 12.05.2018).

    Andersyds is daar om religieuse redes uitdrukking aan die Herostratos-sindroom gegee, bv die verwoesting van die twee groot Boeddhistiese beelde, 35 en 53 meter hoog, in Bamiyan, Afghanistan, in Maart 2001. Hierdie beelde is in onderskeidelik die jaar 507 en 554 in sandsteen uitgebeitel. Die Taliban, ‘n fundamentalistiese politieke beweging en militêre organisasie, het die beelde met bv bomme en dinamiet vernietig omdat die Moslemgeloof geen afbeeldings van gode toelaat nie en die Boeddhiste deur Moslems as ongelowiges beskou word. Die Taliban het “creating a pure Islamic state” as ideaal in Afghanistan (1808). Die vernietiging van die beelde is “anticultural terrorism”, “cultural cannibalism” (“the intentional elimination of symbolism representing a culture”) en “identicide” (“the destruction of places of identity”) genoem (1792). Westerse instansies het vooraf aangebied om die beelde te koop, maar die reaksie uit Moslem-geledere was: “We refer to be remembered as the destroyers of statues, rather than as the sellers of them” (1824).

    Dit is nie net met die verwoesting van voorwerpe, soos ‘n brug of standbeeld, wat terroriste daarin slaag om bekendheid te verwerf nie. Dit kan ook bereik word deur bekende mense te vermoor. Dink bv aan die talle suksesvolle en onsuksesvolle aanslae op die lewe van Amerikaanse presidente. Die sluipmoordenaars, volgens David Brin, “showed a yearning for attention, both in the headline-grabbing nature of their crimes and in their polemics after capture” (3891). In Suid-Afrika is dit ‘n briljante intellektueel en staatshoof, Hendrik Verwoerd, wat twee keer die slagoffer van ‘n sluipmoordaanval was. Hulle misdade is die enigste rede waarom die name van David Pratt en Dimitri Tsafendas bekend geword het en onthou word.

    Daar is aanvanklik gepoog om Herostratos se naam uit die geskiedenis te verwyder. Wat gebeur dan? Behalwe sy misdaad is daar eintlik geen ander eerstehandse inligting oor hom beskikbaar nie. Die gevolg is dat daar gespekuleer word oor hierdie “symbol of destructiveness” (3064). Verbeelding word gebruik om ongegronde inligting oor hom te versprei. Fiksie- en “feite”-tekste oor Herostratos en soortgelyke misdadigers word gepubliseer. Byvoorbeeld, in sy kortverhaal, “Erostratus” (in The wall and other stories, 1948), beweer Jean-Paul Sartre (1905-1980) Herostratos het “a sense of freedom by committing a gratuitous criminal act” ervaar (3195). Sartre het die begrip vryheid gebruik om feitlik enigiets waarvan hy gehou het, goed te praat. Edmund Burke (bron hier onder) verwys na die “‘all-atoning name’ of liberty … But what is liberty without wisdom, and without virtue? It is the greatest of all possible evils; for it is folly, vice, and madness, without tuition or restraint. Those who know what virtuous liberty is, cannot bear to see it disgraced by incapable heads” (Kindle 998).

    Sartre was een van die domonnosele in die politiek. Hy skryf: “For myself, who, until then, had never heard of Erostratus, his story was encouraging. He had been dead more than two thousand years and his act was still shining like a black diamond” (Borowitz 3214). Dit is Sartre wat met spesifieke verwysing na Algerië geskryf het: “The only true culture is that of the Revolution” (Preface, Frantz Fanon, The wretched of the earth, London: Penguin, 1961/2001, p 11). “It demands no less than a complete demolishing of all existing structures” (10). “There is one duty to be done, one end to achieve: to thrust out colonialism by every means” (18). “Once the last settler is killed, shipped home or assimilated, the minority breed disappears” (20).

    Fernando Pessoa (1888-1935), ‘n Portugese skrywer met ‘n Suid-Afrikaanse agtergrond (1896-1905), het teen die einde van sy lewe ‘n boek geskryf: Erostratus and the search for immortality (Borowitz 3826). Die Russiese eksistensialistiese skrywer, Lev Shestov (1866-1938), het in ‘n essay, “Destroying and building” (1923, in Potestas clavium, 1968), hoogs sinvol geskryf “the final goal of man is to build and that destruction is in itself a terrible thing that can be justified only if it is a temporary step leading to new building … People like Herostratus must be put into chains in order not to be able to destroy” (3858). ‘n Terroristiese organisasie soos die ANC, wat van 1961 tot 1994 ‘n beleid van verskroeide aarde gevolg het – soos die Britte in die Anglo-Boereoorlog – is toegelaat om mandaatloos die politieke mag oor te neem. As regering is die ANC ‘n volslae mislukking, want hoewel sy terroriste suksesvol kon afbreek, vind hulle dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, om die land te herbou.

    Revolusie

    Ek het met Edmund Burke (1729-1797) kennis gemaak toe ek James Boswell se klassieke biografie, The life of Samuel Johnson (1791, Amazon Kindle $0), gelees het. Al drie was lid van ‘n klub, waaroor daar onlangs ‘n uitstekende boek gepubliseer is: Leo Damrosch se The Club: Johnson, Boswell, and the friends who shaped an age (New Haven: Yale University Press, 2019, 498p; Amazon Kindle $16,32). Burke was ‘n Ier wat lank ‘n Britse parlementslid was (1766-1794). Wat uit hierdie twee boeke blyk, is dat Burke ‘n denker met uitnemende substansie was; veel meer ewewigtig as Johnson. Damrosch het tereg groot waardering vir Johnson, maar hy dink nie veel van Boswell nie. Mettertyd is Burke al hoe meer as die grondlegger van hedendaagse konserwatisme erken.

    Revolusie: “opstand teen die staat wat tot ‘n algehele ommekeer van die stelsel lei.” Evolusie: “geleidelike ontwikkeling” (HAT). Die Franse Revolusie (1789) is seker die bekendste revolusie. Kort ná die aanvanklike revolusie (eintlik het die revolusie tot 1799 geduur) het Burke ‘n boek daaroor gepubliseer: Reflections on the Revolution in France (1790). In hierdie rubriek gebruik ek die volgende teks, gebaseer op Burke se 1790-boek: The evils of revolution (London: Penguin, 2008, 100p; Amazon Kindle $8,10).

    Burke het sy boek geskryf in reaksie op die ingenomenheid van die Britse Constitutional Society en Revolution Society met die Franse Revolusie. Hy kontrasteer bv die Britse geskiedenis en (ongeskrewe) Grondwet met dié van die Franse. Burke doen dit nie net om op kenmerkende wyse die meerderwaardigheid van die Britte te probeer tuisbring nie. Die Britte het ‘n eeu vroeër hulle “Glorious Revolution” (1689) gehad, maar dit het nie die weefsel of kern van die Britse samelewing vernietig soos wat met die Franse Revolusie gebeur het nie. “The question is not now of the vices of that monarchy, but of its existence. Is it then true, that the French government was such as to be incapable or undeserving of reform; so that it was of absolute necessity the whole fabric should be at once pulled down, and the area cleared for the erection of a theoretic experimental edifice in its place?” (779). “Along with much evil, there is some good in monarchy itself” (790). Insgelyks was apartheid glad nie net sleg nie. “When ancient opinions and rules of life are taken away, the loss cannot possibly be estimated. From that moment we have no compass to govern us; nor can we know distinctly to what port we steer” (610). Ten spyte van periodieke ontwrigtings het daar by die Britte ‘n deurlopendheid behoue gebly. Deurlopendheid is wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontbreek. Daar was ‘n absolute breuk met ons geskiedenis; dus, in 1994 was daar ‘n revolusie.

    Die vraag is: Het Afrikaanssprekende blankes hulle deur hierdie onverkwiklike gebeure tot verlooptheid laat ontspoor? In hoeverre het hulle Afrikanergetrou gebly? Burke het sy vertroue in die Franse gees/kultuur behou. “It is a thing to be wondered at, to see how very soon France, when she had a moment to respire, recovered and emerged from the longest and most dreadful civil war that ever was known in any nation. Why? Because among all their massacres, they had not slain the mind in their country” (414). Het die Afrikaner se gees onblusbaar sterk uit enersyds die verraad in eie kring en andersyds die naakte terrorisme van die vyand gekom? Loutering kan hartversterkend wees. Afrikaners behoort te bly streef na ‘n normale samelewing. “Believe me, Sir, those who attempt to level, never equalize. In all societies, consisting of various descriptions of citizens, some description must be uppermost. The levellers therefore only change and pervert the natural order of things” (425). “By having a right to every thing, they want every thing” (457).

    Burke skryf dat hy die Franse nie met hulle revolusie geluk kan wens alvorens daar duidelikheid oor sekere sake is nie, bv “with solidity of property, with peace and order, with civil and social manners. All these (in their way) are good things too; and, without them, liberty is not a benefit whilst it lasts, and is not likely to continue long. The effect of liberty to individuals is, that they do what they please. We ought to see what it will please them to do, before we risque congratulations, which may be soon turned into complaints” (108). Die klem wat in Frankryk op vryheid geplaas is, het spoedig in sy kolonies weerklank gevind. Dit het tot opstand in bv Haïti gelei, waar die blankes op groot skaal suksesvol uitgemoor en onafhanklikheid in 1804 verkry is. Dit was ‘n geval van “the spirit of freedom, leading in itself to misrule and excess” (306).

    In Suid-Afrika het die inwoners sedert 1994 die vryheid om bv paaie te versper en voertuie met klippe te bestook. Die veiligheidsituasie is sodanig dat jy nie in jou eie woonplek veilig is nie, om nie te praat van die feit dat jy in baie opsigte nie vry is om te gaan waar jy wil nie, want jy doen dit op die gevaar af dat jy aangeval, beroof en selfs gedood kan word. Maar die ANC-regime verwag dat ons elke jaar Vryheidsdag op 27 April moet vier, die dag in 1994 waarop swart oorheersing begin het. Sedertdien is blankes nie eens meer vry om poste in bv die staatsdiens te beklee nie. Hulle is nie eens meer vry om eie woongebiede en skole te hê nie, ens.

    In Brittanje, anders as in Frankryk, is die monargie nie afgeskaf nie, Historiese kontinuïteit is beswaar deur eerder die mag van die koning/koningin te beperk en die funksie van die monargie van uitvoerend na formeel of seremonieel te verander. Die Britse parlement “cannot renounce its share of authority. The engagement and pact of society, which generally goes by the name of the constitution, forbids such invasion and such surrender. The constituent parts of a state are obliged to hold their public faith with each other … Otherwise competence and power would soon be confounded, and no law be left but the will of a prevailing force” (151). In Suid-Afrika is daardie seëvierende mag die terroristiese ANC, wat sy sin selfs in die aanhef tot die Grondwet (1996) gekry het: “We, the people of South Africa, recognise the injustices of the past.” Dus, daar moet ‘n revolusionêre breuk met die slegte verlede wees. Soos Burke voorspel het (in die vorige paragraaf) het die euforie van 1994 spoedig vir ontnugtering plek gemaak. Tekens van bekwaamheid (Burke verwys hier bo na “competence”) in die ANC-regime is skaars. Alles waarvoor die regime nie die nodige vaardigheid het nie, word uitdagings (“challenges”) genoem. Daar is baie van hulle en dit lyk asof hulle al hoe meer word.

    Burke het in 1790 tereg voorsien dat daar verdere revolusionêre veranderings in Frankryk sou kom; dat die situasie nie stabiel was nie. Wat nodig was, was “to make the Revolution a parent of settlement, and not a nursery of future revolutions” (228). Revolusies is geneig om teenrevolusies te ontlok, al is daar hierdie waarheid: “a revolution will be the very last resource of the thinking and the good” (285). Die uitkoms van die 1990/94-onderhandelinge was so skandalig en vergesog dat daar in 1993/94 die wesenlike moontlikheid bestaan het dat die veiligheidsmagte (weermag en polisie) in opstand sou kom. Een van die redes waarom dit nie gebeur het nie, is omdat daar nie groot duidelikheid was oor wat al die gevolge van die verbroude onderhandelinge sou wees nie. Valse versekeringe uit sowel ANC- as NP-geledere het die gemoedere verder gekalmeer, gerugsteun deur die massa-inligtingsmedia. Namate die kloof tussen die welvarende ANC-voorbokke en die verarmde gepeupel verbreed, word die moontlikheid van ‘n verdere revolusie egter al hoe groter.

    Pleks van radikale verandering, naamlik revolusie, verkies Burke geleidelike aanpassing, dus evolusie. “These opposed and conflicting interests, which you consider as so great a blemish in your old and in our present constitution, interpose a salutary check to all precipitate resolutions. They render deliberation a matter not of choice, but of necessity; they make all change a subject of compromise, which naturally begets moderation; they produce temperaments, preventing the sore evil of harsh, crude, unqualified reformations; and rendering all the headlong exertions of arbitary power, in the few or in the many, for ever impracticable” (327). In ‘n revolusionêre klimaat gebeur die teenoorgestelde” “Moderation will be stigmatized as the virtue of cowards, and compromise as the prudence of traitors” (1008).

    Die Suid-Afrikaanse bevolking is nie naasteby homogeen nie. Wat sedert 1994 gebeur, is dat die ANC-regime grootliks met in agname van eerstens hulle eie belang en tweedens die belang van die swart meerderheid regeer. Daar is weinig sprake van die gematigdheid wat Burke aanhang. Die belange van die bruines, Asiate en veral blankes word dikwels glad nie in ag geneem nie. Dit is waarom daar deur die ANC-regime openlik vir bv die onteiening sonder vergoeding van blankes se besittings geywer word.

    Die volgende kan seker ook van die ANC en die nuwe Suid-Afrika gesê word: “France has bought undignified calamities at a higher price than any nation has purchased the most unequivocal blessings! France has bought poverty by crime. France has not sacrificed her virtue to her interest; but she has abandoned her interest, that she might prostitute her virtue … All other people have laid the foundations of civil freedom in severer manners, and a system of a more austere and masculine morality” (360). “The French rebel against a mild and lawful monarch, with more fury, outrage, and insult, than ever any people has been known to rise against the most illegal usurper, or the most sanguinary tyrant” (381).

    Die ANC se terrorisme het geen perke geken nie. Die onbeskaafdheid daarvan was grenseloos. Tog word die ANC nie daarvoor tot verantwoording geroep nie, word daar nie verskoning gevra nie en word daar nie skadevergoeding betaal nie. “To make a revolution is a measure which, prima fronte, requires an apology. To make a revolution is to subvert the ancient state of our country; and no common reasons are called for to justify so violent a proceeding” (811). “Were all these dreadful things necessary? Were they the inevitable result of the desperate struggle of determined patriots, compelled to wade through blood and tumult, to the quiet shore of a tranquil and prosperous liberty?” (381).

    Besluit self wat van die volgende op die ANC van toepassing is: “Not one drop of their blood have they shed in the cause of the country they have ruined. They have made no sacrifices to their projects of greater consequence than their shoe-buckles, whilst they were imprisoning their king, murdering their fellow citizens, and bathing in tears, and plunging in poverty and distress, thousands of worthy men and worthy families. Their cruelty has not even been the base result of fear. It has been the effect of their sense of perfect safety,* in authorizing treasons, robberies, rapes, assassinations, slaughters, and burnings throughout their harrassed land. But the cause of all was plain from the beginning” (392) – naamlik, in die geval van die ANC, om ten alle koste die politieke mag te bekom. [* Dink aan die ANC-lede wat knus in die buiteland as ‘n “regering in ballingskap” vertoef het.]

    Die volgende is naatloos op ons situasie van toepassing: “Till power and right are the same, the whole body of them has no right inconsistent with virtue, and the first of all virtues, prudence.* Men have no right to what is not reasonable”** (490). “This sort of people are so taken up with their theories about the rights of man, that they have totally forgot his nature” (534). Die reg op vryheid word vertolk asof (feitlik) alles veroorloof is. Daarom hoef daar nie betaal te word vir wat ontvang of gesteel word nie. Onder “regstelling” word vergoeding vir die beweerde euwels van apartheid verstaan; nie boetedoening vir misdade soos terrorisme nie. [* In die sin van bedagsaamheid. ** Byvoorbeeld, onteiening sonder vergoeding.]

    Dan volg hierdie beroemde woorde van Burke: “Society is indeed a contract … It becomes a partnership not only between those who are living, but between those who are living, those who are dead, and those who are to be born” (652). Hoe is dit vir verloopte Afrikaners moontlik om so fundamenteel ontrou aan hulle voorgeslagte te wees? Waarom word verloopte Afrikaners in so ‘n groot mate in die dampkring van die Afrikanerdom verdra, soortgelyk aan die verraaiers en joiners in en ná die Anglo-Boereoorlog? Hoe kry verloopte Afrikaners dit reg om Afrikaner-kinders en -jongmense in die oë te kyk terwyl hulle versoenend en inskiklik oor die onderploeging van hulle tradisionele geboortereg is? My nageslag is teen astronomiese koste besig met voorbereidings om die land te verlaat. Ek moedig hulle aan omdat dit vir jonger mense die regte ding is om te doen. Maar dit laat my verbitterd.

    Hoe tipies of kenmerkend is die volgende nie van die nageboorte van ons eie revolusie nie? “When all the frauds, impostures, violences, rapines, burnings, murders, confiscations …and every description of tyranny and cruelty employed to bring about and to uphold this revolution, have their natural effect, that is, to shock the moral sentiments of all virtuous and sober minds, the abettors of this philosophical system immediately strain their throats in a declaration against the old monarchical government of France. When they have rendered that deposed power [NP government] sufficiently black, they then proceed in argument, as if all those who disapprove of their new abuses, must of course be partizans of the old [apartheid]; that those who reprobate their crude and violent schemes of liberty ought to be treated as advocates for servitude [baasskap] … Have these gentlemen never heard, in the whole circle of the worlds of theory and practice, of any thing between the despotism of the monarch [government by whites] and the despotism of the multitude [unqualified majority rule]?” (737).

    In Frankryk is daar en in Suid-Afrika word daar steeds buitensporig oordryf oor hoe sleg die vóór-revolusionêre era was en hoe wonderlik die ná-revolusionêre era is. “I know how easy a topic it is to dwell on the faults of departed greatness” (769). “Those who are habitually employed in finding and displaying faults, are unqualified for the work of reformation” (887). Verwyte geslinger teen die vorige regering kom van ‘n regime waarvan gesê kan word: “[It] thought proper to commit a thousand crimes and to subject their country to a thousand evils … Is it then a truth so universally acknowledged, that a pure democracy is the only tolerable form into which human society can be thrown, that a man is not permitted to hestitate about its merits, without the suspicion of being a friend to tyranny, that is, of being a foe to mankind?” (758).

    “Of this I am certain, that in a democracy, the majority of the citizens is capable of exercising the most cruel oppressions upon the minority, whenever strong divisions prevail in that kind of polity, as they often must; and that oppression of the minority will extend to far greater numbers, and will be carried on with much greater fury, than can almost ever be apprehended from the dominion of a single sceptre. In such a popular persecution, individual sufferers are in a much more deplorable condition than in any other … those who are subjected to wrong under multitudes, are deprived of all external consolation. They seem deserted by mankind; overpowered by a conspiracy of their whole species” (769). Inderdaad, dit voel asof niemand buite die Afrikanerdom werklik oor die lot van Afrikaners begaan is nie.

    Slot

    Gewelddadigheid as die wesenlike aard van terrorisme en die vernietinging inherent in revolusie is wat vir beskaafde mense verwerplik is. “Is it in destroying and pulling down that skill is displayed? Your [France’s] mob can do this as well at least as your assemblies. The shallowest understanding, the rudest hand, is more than equal to that task. Rage and phrenzy will pull down more in half an hour, than prudence, deliberation, and foresight can build up in a hundred years” (854).

    Hier bo het ek na Samuel Johnson en James Boswell verwys. In 1773 het hulle ‘n reis na die Skotse eilande, die Hebride, onderneem. Albei het ‘n verslag oor hierdie reis gepubliseer: Johnson in 1775 (A journey to the Western Islands of Scotland, Amazon Kindle bv $1,14) en Boswell in 1785 ( A journal of a tour to the Hebrides with Samuel Johnson, Amazon Kindle bv $0). Sedert ek Boswell se beroemde Johnson-biografie en hierdie twee reisverslae gelees het, is dit een van my genotvolste ervarings om leunstoelreise na hierdie eilande te onderneem. Onlangs het ek van die oudste dokumentasie oor die Skotse eilande gelees: A description of the Western Islands of Scotland ca 1695 (1703) and A late voyage to St Kilda (1698) by Martin Martin, and Description of the occidental ie Western Islands of Scotland by Donald Monro (1549) (Edinburgh: Birlinn, 1999/2018, 384p; Amazon Kindle $6,89). Monro lys sowat 250 eilande. Volgens die Wikipedia is daar meer as 900. Martin se 1703-boek handel nie net oor die Hebride in die noordweste nie, maar ook oor twee eilandgroepe in die noorde van Skotland: Orkney en Shetland.

    Wat my aangegryp het, is die volgende paragraaf wat meer as drie eeue gelede oor ‘n kerkgebou op die eiland Suid-Ronaldsay, Orkney, geskryf is : “Ladykirk, in South Ronaldsha, though ruinous, and without a roof, is so much reverenced by the natives, that they choose rather to repair this old one, than to build a new church in a more convenient place, and at a cheaper rate: such is the power of education, that these men cannot be cured of these superfluous fancies, transmitted to them by their ignorant ancestors” (Kindle 3623). Om iets te bou, in stand te hou, te bewaar en waardeer, dít is van die beste en mooiste vrugte van beskawing. Dit is iets wat die ANC nog moet leer.

  • Leon Lemmer: In verkeerde geselskap

    Leon Lemmer: In verkeerde geselskap

    Jeremy Vearey (gebore in 1962) roem daarop dat hy ‘n MK-vegter (oftewel terroris) was wat tronkstraf op Robbeneiland uitgedien het. In ‘n normale samelewing sou sy misdadige verlede hom gediskwalifiseer het om enige hoë pos te beklee. Sedert 1994 word diesulkes egter as helde vereer en het sommige van hulle tot in die hoogste pos, dié van staatshoof, gevorder, met katastrofiese gevolge. ‘n Mens sou dink dat veral die polisiediens nie ‘n geskikte terrein vir die ontplooiing van oudmisdadigers is nie, maar dit is juis in die polisie waar Vearey deur die ANC-bewind in hoë poste aangestel is. Daar word blykbaar onder meer geredeneer dat diegene wat eerstehandse ondervinding van misdaad het, misdaad ten beste kan bestry. Dit kom neer op die mistasting dat ‘n blinde die geskikste persoon is om ‘n blinde te lei. Soos Samuel Johnson (1709-1784) dit gestel het: “Who drives fat oxen should himself be fat” (James Boswell, The life of Samuel Johnson, London: Everyman, 1992, vol 2, p 527).

    Ek skryf na aanleiding van Vearey se boek, Jeremy vannie Elsies (Kaapstad: Tafelberg, 2018, 182p, R275; Amazon Kindle $23). Elsies verwys na Elsiesrivier, tradisioneel ‘n woonbuurt vir bruin mense in die Kaapstadse metropool. Daar word ook verwys na die naby geleë en eens blanke woonbuurt Tiervlei (deesdae Ravensmead) se Connaught-straat (Kindle 147), waar ek my eerste twee lewensjare in my ouers se huis gewoon het. In ‘n onlangse rubriek het ek na hierdie boek verwys toe ek vertel het hoe die Britse M16-geheimediens die lyfwagte van Nelson Mandela opgelei het en hulle daarna toegelaat is om openlik en ongehindered wapens, ammunisie en ander toerusting, wat in terreur gebruik kon word, die land in te smokkel (Praag 13.05.2018). Dit het in 1990 gebeur. Die vraag is dus in hoeverre daar reeds in hierdie vroeë stadium van grondwetlike onderhandelinge deur die blanke politieke bewind aan swart mag oorgegee is.

    Die soort verkeerde (of slegte?) geselskap waarin die lesers van hierdie boek hulle bevind, blyk van die begin af uit die onkiese taal wat gebruik word, bv wanneer vertel word hoe Vearey as “sesjarige kaalvoet klonkie” (8) die duikweg vir blankes by Parow-stasie wou gebruik, deur ‘n blanke (polisieman) verhoed word om dit te doen en hierdie blanke deur Vearey se ma en medebruines uitgeskel word. “As jy hom nie nou los nie, steek ons jou vrek, jou fokken Boer!” (21). “Het djy gesien hoe haloepe daai fokken Boer! … Soek kak met ôs vandag en jhulle is amal witbene!” (26); dus die blankes, bv die Portugese vishandelaars wat die blanke (polisieman) wou help, word met die dood gedreig. Vearey se ma was later ook hardegat met die blanke bestuurder van die klerefabriek waarin sy gewerk het (52). Geen wonder dat sy mettertyd haar werk verloor het nie (341).

    Soos by Jonathan Jansen word sulke beweerde insidente heel moontlik versin of ten minste aangedik. Blankes word deesdae ingeprent dat hulle hulle moet skaam oor (alles in) die verlede en veral apartheid. Die blanke (polisieman) “vaar benoud terug die donker duikweg in” (21). “Die Portugese draai om en kruip verslae terug na Station Fisheries” (26). Na hy uitgeskel is, “vou en prewel” die bestuurder van die klerefabriek “heel bedaard” (52). Die bedoeling is blykbaar om blankes van weleer as bang, skuldige mense voor te stel.

    “Klonkie” is volgens die HAT ‘n rassistiese woord. Soos “kaalvoetklonkie” word “treinstasie” as twee woorde geskryf (12), ens. Onkiese Kaapse taal kom algemeen voor: kak (26, 47, 182, 196, 201, 239, 387, 1278, 1283, 1287), hol (332), poep (220), pis (120, 239, 1278), fok (220), fokken (21, 26, 391, 899), fokol (157), befok (239), knaters (414), ballas (682), moer (506, 682, 709, 1911), ens. Vearey verwys self na sy “platvloerse taalgebruik” (446). Hier volg nog ‘n moontlik aangedikte staaltjie ten koste van die (rassistiese) Afrikaners: “Ma [het] altyd gesê … dat hierdie skoene gemaak is met die bloed en sweet van ander ma’s wie vir baie min geld in fabrieke slaaf en waar hulle rondgeorder word deur Boerelaaities” (32). Die gebruik van “wie” pleks van “wat” is een van die irriterende kenmerke van hierdie publikasie, soos blyk uit sommige van die aanhalings wat hier onder volg. Afgesien van die swak taalgebruik is daar talle drukfoute. Die taalkundige en redaksionele versorging van hierdie teks laat veel te wense oor.

    “Êrens in haar antwoorde kon ek optel dat daar so ‘n ding is soos ‘n werkersklas wat dubbel onderdruk word deur wit mense onder iets genoem apartheid en dat die unies, gelei deur shop stewards soos Ma, eendag in opstand sal kom en almal bevry” (62). Naas die Boere (die Afrikaanssprekende blankes) is daar die “Limeys” (die Engelssprekende blankes) (62), wat (omtrent) net so sleg is. “Die Limeys en die Boere [het] oor goud en diamante baklei … hulle het dit alles saam met die land geroof” (62). Later beweer Vearey dat die blankes “die land gesteel het” (2326). “Ma is seker een van daardie … shop stewards wat die onderdrukte [Jehova] Getuies in die fabriek gaan verlos van die bose Boere en Limeys en ‘n koninkryk van [kommunistiese] werkers in Suid-Afrika gaan bou” (90).

    Vearey se pa sê oor ‘n woonbuurt vir bruin mense: “Daar [is] niks special aan hierdie skiem … nie, dis ‘n fancy dumping ground vir die government se weggooimense” (147). “Pa het my eendag vertel … hoe die Galant- en Vearey-families hulle djaart en huise probeer herbou het nadat hulle onderskeidelik deur die Boere uit Goodwood en Constantia gegooi is” (182). “Pa het my leer vuisslaan, messteek en bylkap” (213). “Ek [het] eendag met ‘n passer en vulpen my weg deur hulle [skoolkinders] gesteek” (492). Sy pa sê: “As djy dit kan help, moet djy nooit vir ‘n Boer of ‘n Limey gaan werk nie, want hulle vat net” (272). Boeta Frank voeg by: “Dié sleg goed hoef nie eens … rêrig te werk nie. Hulle witgeit is mos ‘n standerdtiensertifikaat en ‘n pay slip” (277).

    Hierdie aanhalings gee ‘n aanduiding van die soort opvoeding wat Vearey tuis en in die woonbuurt ontvang het. “As jy my vandag vra vanwaar my politieke komvandaan, dan lê dit nie in die teorie van my formele, radikale bewuswording in die tagtigerjare nie. Dit is die groot gidse [sy ouers, familie en vriende] van Elsiesrivier se loopstories wat my deur my komvandaan gelei het” (162). “Hier was dit definitief Ma se werkersklas-vakbondpolitiek en my blootstelling aan Marxisme op hoërskool in die laat sewentigs” wat Vearey ideologies gevorm het (282). Een van Vearey se onderwyseresse was “lid van die Unity Movement se Teachers League of South Africa … en dié se Trotskisme [het] sterk aanklank by Ma se werkersuniepolitiek gevind” (295). Vearey verlustig hom skynbaar in die verwoesting van 1976 “toe Elsiesriver en Tiervlei se strate woes aan die brand is onder verlate busse en afleweringstrokke met gebreekte vensters terwyl polisie se Land Rovers en Ford-vangwaens tevergeefs die onskuldiges [!] probeer vastrek” (502).

    “Die 1980-skoolboikot was my 1976” (605). Vearey het toe Marx en Engels se Communist Manifesto gelees (622), asook boeke deur bv Lenin, Trotsky en Fanon (636). Dit is “hier waar ‘n beduidende Marxisties en Afrikanistiese ideologiese inslag saam met my politieke gewaarwording ontkiem het” (641). “Onder al die klip- en petrolbomgooiery by die skool was dit die politieke inhoud van die alternatiewe leerplan, gesamentlik aangebied deur die leerlingraad en verligte leerkragte, wat by my die meeste aanklank gevind het. Hierin het ons ‘n alternatiewe geskiedenis van ons land en die stryd teen kolonialisme en apartheid geleer. Afrikaans se slawe- en inheemse wortels is beklemtoon en Engelse literatuur van Afrika gebore skrywers soos Peter Abrahams en Jimmy la Guma, en ander op die vasteland soos Chinua Achebe en Ngügï Wa Thiong’o is bo dié van Westerse skrywers bevorder om swart trots te koester. Dis in hierdie milieu van Black Consciousness waar ek geleer het van Steve Biko se ‘White racism and black consciousness’-manifes van 1972, van die Unity Movement en hul Declaration of Unity and The Ten Point Programme van 1943 en, tot in minder mate, van die ANC en van die Freedom Charter van 1955” (627). “Ek het my maar wat praktiese verset en politieke mode betref, by Black Consciousness-geledere geskaar. Daar kon ek ten minste my militante self op straat uitleef” (631).

    Sport is verpolitiseer, soos wat tot op hede die geval is. “Die South African Council of Sport (SACOS) het die Zozan Skaakklub beheer … ook skool- en klubrugby. Die meeste SACOS-steeksbeheerliggame van sportkodes het ‘n beduidende Trotsky-georiënteerde, Marxistiese inslag gehad vanweë die leierskap se gevestigde Unity Movement-bande. Gevolglik was die engere Trotsky/Unity Movement-leuse wat non-collaboration met die system [met die “Herrenvolk” – 735, 877] gehuldig het, rigied toegepas met SACOS se slagspreuk ‘no normal sport in an abnormal society’” (718). Sedert 1994 lewe ons myns insiens in ‘n hoogs abnormale samelewing waarin sportspanne nie na verdienste nie maar op ‘n rigiede manier en deurslaggewend op grond van ras – ter benadeling van blankes – saamgestel word. Van die gewaande en beloofde “nie-rassigheid” (735) het nog niks tereg gekom nie.

    Vearey is van huis uit ‘n Kaapsspreker, maar hy het (tipies) ‘n Engelsonderwyser geword (282). Later vertel hy hoe sy familielede in die nuwe Suid-Afrika verengels het en hulle kinders na Engelse skole stuur (2470). “Ek [het] die wêreld buite Elsiesrivier in suiwer Engels asook in Elsies-spreektaal verken” (290). Dus, anders as in die geval van Engels, kan daar maar met Afrikaans gemors word. Polities byderwets is dít wat deesdae sonder ‘n enkele prominente uitsondering deur Afrikaanstaal- en -letterkundiges en Afrikaansinstansies (soos die Afrikaanse Taalraad en die ATKV) gepredik word. Skynbaar sonder bedenkinge vertrou hulle die toekoms van Afrikaans toe aan die brouseltaal wat deur bruines gepraat word. Hulle gee klaarblyklik voorkeur aan kruipsugtige politiek bo taaloorwegings. Pleks van Standaardafrikaans word meertaligheid deur hierdie elemente bepleit, onder meer omdat Kaaps nie sonder kennis van Engels verstaan kan word nie. LitNet het ontpop as seker die sterkste pleitsbesorger vir Kaaps. Kaaps as geradbraakte Afrikaans funksioneer as uitdrukking van die dislojaliteit teenoor Afrikaners wat in bruin geledere gekoester word en dikwels ook as uittarting van Afrikaners wat ordentlike Afrikaans koester.

    “Issie dieselfde Afrikaans vannie Boere nie. Ôs afrikaans is original” (506). “Ma … [het] gemeen … Afrikaans is deur die Boere van ons gesteel en in ‘n vreemde apartheidstaal verander om ons te forseer om die wêreld deur hulle woorde te verstaan en aanvaar. Sy het ons manier van [deurmekaar] Afrikaans en Engels praat as ‘n vorm van rebellie teen hierdie apartheidsafrikaans beskou” (511). En die horisonaal kruipende Afrikaanskundiges onderskryf hierdie houding en karakteriseer Afrikaans as ‘n kombuistaal eerder as om daaraan as ‘n studeerkamer- en voorkamertaal erkenning te gee. Die klem word doelbewus verskuif van die ontwikkeling, uitbouing, vestiging en amptelike en algemene erkenning van Afrikaans (wat feitlik uitsluitlik deur blankes vermag is) na die mistieke en spekulatiewe oorsprong van Afrikaans wat dan polities byderwets aan die Khoi-San en die slawe toegedig word.

    Vearey skryf oor drank, dwelms, bendes, smokkelhandel en die “hipermacho geweld” (660) wat daarmee gepaard gegaan het, bv “buitengewone mesvaardigheid” (669) met “Puma-messe of switchbladespringmesse” (669), asook pangas of Okapi’s (665). Vearey was “veglustig” (674, 713), bv “alles het toe in ‘n bloedorgie van steekwonde met skryfpenne, gemoerde blou oë en ballasskoppe ontplof (682). Hy drink buitensporig baie en sit sy dranksug as student aan die Universiteit van Wes-Kaapland voort. Vearey noem homself ‘n “hedonistiese Marxis” (722). Hy het vir die Laer-sekondêre Onderwysdiploma geregistreer omdat hy nie matrikulasievrystelling het nie. Sy studie word moontlik gemaak deur ‘n staatsdiensbeurs. Sover ek weet, is hy die eerste (redelik) bekende bruin mens wat erken dat hy danksy ‘n studiebeurs van die Departement Kleurlingsake naskoolse onderrig ontvang het (691). Die ander bekende anti-blanke elemente in bruin geledere swyg soos die graf hieroor. Hulle verkies om geen erkenning aan die barmhartigheid van die “apartheidsregime” te gee nie, terwyl hierdie studiegeleenthede grootliks deur die blanke belastingbetalers moontlik gemaak is.

    In die sosiologie-lesings maak Vearey kennis met die marxisme van die Frankfurt-skool (793). Professor David Atwell vereer en loof hom met 89% “vir my Marxistiese, literêre analise van Charles Dickens se Hard Times” (793). In die wysbegeerte-lesings word hy “intellektueel bekoor” deur die Franse marxiste (797). Hy maak kennis met Van der Poel, Malan en Malan se Afrikaanse 1937-vertaling van Marx en Engels se kommunistiese manifes (802). Dit het hom “tuiser laat voel … in die Marxisme” (797). Vearey maak ook kennis met Paulo Freire se radikale onderwysidees, waarop Russel Botman later as rektor van die Universiteit Stellenbosch sy Pedagogie van Hoop en sy HOOP-projek gegrondves het, sonder dat ‘n haan daaroor gekraai het. Besoeke aan die biblioteek van die South African Committee for Higher Education (SACHED) in Mowbray het Vearey se progressiewe ideologiese ingesteldheid verder gevoed (859).

    Vearey was by die Elsies River Youth Movement (ERYM) betrokke waarin die Morawiese Kerk ‘n leidende rol in opstoking teen die blanke regering gespeel het (739). Sy betrokkenheid by hierdie kerkgenootskap “was nie noodwendig die gevolg van geloofsoortuiging nie” (765). “Dit is hier waar ek vir die eerste keer van vryheidsteologie [bevrydingsteologie] gehoor het” (770). “Alan Boesak [is] soms profeties uitgebeeld as ‘n hedendaagse Moses … wie die massas na die beloofde land van die Vryheidsmanifes sal lei” (774). “ERYM was van 1982 tot 1983 die bakermat van waar ek as voetsoolaktivis die breër stryd teen apartheid betree het” (752). In 1983 het Vearey die stigtingsvergadering van die United Democratic Front (UDF) in Mitchellsplein bygewoon (757). Sy militante ongeduld het hom in 1984 ontvanklik gemaak “om gewerf te word vir die MK, die militêre vleuel van die ANC” (757).

    “Ek is deur Dawid Fortuin vir MK gewerf ná ‘n Morawiese jeugkamp op Clarkson in die Oos-Kaap” (815). Vearey is blykbaar in Suid-Afrika as MK-terroris opgelei: “Die klem vir ons [het] berus op die bou van MK as ‘n binnelandse people’s army en nie net ‘n struktuur wat in opleidingskampe in ballingskap bestaan nie. Selopleiding in stedelike guerrillavegkuns was dus grotendeels plaaslik en skietoefening met handwapens het in afgeleë, beboste gebiede geskied. Dit was nou behalwe AK47-aanvalsgewere, F1-handgranate, MPM- en SPM-kleefmyne en tuisgemaakte plofstof” (824).

    Sy didaktiekdosent het tereg gesê dat Vearey “meer van ‘n aktivis as ‘n onderwyser is” (845). “Meneer Vearey die leerkrag … het reeds aanvaar dat die onderwys ook as dekmantel gaan dien vir sy ondergrondse, revolusionêre werk” (841). “Die onderwys was nie net vir my ‘n beroep en salaris nie, dit was ook ‘n middel tot ‘n revolusionêre doel” (908). “In Januarie 1985 betree ek my eerste onderwyspos by Valhalla Senior Sekondêre Skool in Elsiesrivier” (904). “In die tweede kwartaal word hierdie kritiese bewussyn die dryfveer vir ‘n klasboikot en militante versetaksies op straat onder die slagspreuk ‘liberation now, education later’” (913). “Dit dra by tot die onregeerbaarheid van die apartheidstaat” (917). “Ek word een van daardie geteikende onderwysers wie in die teenwoordigheid van ‘n gewapende melkbaardsoldaat en ‘n polisieman onder dwang moes klasgee” (936).

    “Ek werf my eerste matriekkader by Valhalla Sekondêr wie verrassend handig met ‘n pistool is” (940). “As onderwyser ontgin ek ook nou my toegang tot die meer militante skoliere. Dit lewer straatprotes op … Ek was nog altyd sterk oortuig en is dit steeds dat dit die jeug se plig is om in opstand te kom in belang van hulle toekoms” (975). ‘n Blanke Engelse onderwyseres wat in Observatory gewoon het, het Vearey gehelp om “MK-wapentuig wat aan my toevertrou is te versteek” (958). “Binne geledere voel dit soms asof die ANC ons nie vinnig genoeg van wapens, ammunisie en plofstof voorsien nie. En waar dit kort, vul ons dit maar aan met tuisgemaakte plofstofkonkoksies, asook ammunisie uit die polisie en simpatieke kriminele geledere” (980).

    Voor die einde van 1985, sy eerste jaar van klasgee, word Vearey as onderwyser geskors (984). In 1987 word hy toegelaat om in ‘n tydelike pos by West End Primêre Skool in Mitchellsplain skool te hou (1020). Na sewe maande word Vearey egter deur die veiligheidspolisie weens terrorisme gearresteer (931, 1043). Verhoorafwagtend in die Pollsmoor-tronk het hy ‘n mes om homself mee te beskerm (1099). Daar word darem op die ystersaaglemme beslag gelê nadat daar reeds met die afsaag van die tralies gevorder is (1215). Enige kos wat Vearey as gevangene verlang, kon uit die tronkkombuis na hom gesmokkel word (1181). Vearey word tot sewe jaar tronkstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, gevonnis en na Robbeneiland oorgeplaas (1247).

    Op Robbeneiland skaar Vearey hom by die kommunistiese gevangenes (1310). “Daar is … vir my net een lyn: die ortodokse een van … Marx, Engels en Lenin wat altyd beduidende antwoorde vir onsekere tye bied” (1332). Die soort regering waarmee die ANC in 1994 begin het, is volgens die meningswisseling onder die gevangenes bloot ‘n “oorgangstaat” totdat die Nasionale Demokratiese Revolusie voltrek word (1345) – ‘n mening wat ook deur John Kane-Berman gehuldig word (Praag 23.06.2017). Die ANC sou grondwetlike onderhandelings aanknoop maar (ten spyte van valse beloftes) terselfdertyd die gewapende stryd voortsit: “Wat MK en die gewapende stryd betref, beklemtoon die Harare-deklarasie [1989] dat onderhandeling met die regering nie die teenpool van die gewapende stryd is nie; beide was buitendien altyd as taktiek en nie as doelwitte beskou nie” (1354). Op Robbeneiland was daar ‘n “gemaklike verhouding tussen ANC- en die PAC-kaders” (1314).

    Die gevangenes op Robbeneiland het FW de Klerk se berugte toespraak op 2 Februarie 1990 op televisie gevolg (1433); ook die vrylating en toespraak van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 (1442). Op 9 Junie 1990 word Vearey en ander Robbeneilanders vrygelaat (1515). Hulle ontvang toe geld van die International Defense Aid Fund en gratis genees- en sielkundige dienste van “‘n netwerk mediese aktiviste” (1555). Die ANC-aktivis Jakes Gerwel het hulle as rektor hartlik by die Universiteit van Wes-Kaapland verwelkom (1605). Dieselfde is deur die Morawiese Kerk in Elsiesrivier gedoen. Daar is “gepas [!] van ons gepreek as Gideon se geseënde krygers vir geregtigheid wie onstuitbaar voort sal veg om die onderdruktes finaal van die bose magte van apartheid te verlos” (1609). Vearey begin dadelik met die werwing en organisering van lede vir die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (1613). Hy word ‘n lid van die ANC se Departement van Intelligensie en Sekuriteit (DIS) en toegerus met ‘n pistool en AK47-geweer (1627). In 1990 ontvang hy lyfwagopleiding in Zimbabwe, aangebied deur die Britse M16-geheimediens (1631). By sy terugkeer word hierdie Britse instrukteurs toegelaat om openlik en ongehinderd wapens en ammunisie die land in te bring (1640 – Praag 13.05.2018). In 1993 ondergaan Vearey verdere opleiding in Portsmouth, Engeland (1737) en in 1994 in Zimbabwe (1747).

    Dit was gewoon dwaas van die NP-regering om die funksionering van die terroristiese UDF as binnelandse vleuel van die ANC toe te laat: In 1990 word daar “meer programmaties besin oor die leidende rol van die UDF op voetsoolvlak, as oorgangsvoorhoede om die momentum van massamobilisasie vir die laaste, deurslaggewende offensief teen die vyand te rig. Hierdie offensief sou dan as werwingsbron ontgin word om die ANC se binnelandse infrastruktuur uit te bou en sodoende ook die mag van die nou herbevestigde, sigbare ANC as hernieude bogrondse voorhoede ten toon te stel” (1461). Vearey verwys na die “politieke geweld tussen Inkatha en die ANC, georkestreer deur die veiligheidsmagte” (1831), met laasgenoemde as die duiwelse derde mag. Dit is grootliks ‘n valse aantyging omdat dit bekend is dat die ANC in 1990/94 onverminderd voortgegaan het om sy politieke teenstanders sover moontlik gewelddadig uit te wis.

    In 1992 het Vearey as lid van die ANC se intelligensiediens Kanada besoek. “In Ottawa het ek vir die eerste keer van die begrip gemeenskapspolisiëring gehoor” (1902). “‘n Trotse ‘aboriginal’-amptenaar [het] ewe gemaklik aan my verduidelik dat die ‘aboriginal Indian reservations’ elk hulle eie polisiemag het en dat lede daar uit die spesifieke stam gewerf word, kultuurbelynde polisieopleiding ontvang en dan daar ontplooi word. Volgens hom verseker dit dat stamme die beste diens in hul eie taal, en in lyn met hulle unieke kultuur en stamtradisies, ontvang van beamptes wie beter daar aard. Behalwe dat dit vir my te veel na apartheid se tuislandpolisiemagte gelyk het, was dit die growwe veralgemening dat inheemse beamptes beter in daardie posisies sou aard wat my veral ontgogel het” (1911). Waar ek woon, was daar tradisioneel net blankes en bruin mense. Die polisiestasie het sedert 1994 ontaard in ‘n plek waar daar net (onbekwame) swart beamptes is wat skynbaar net Engels wil verstaan. Die tradisionele inwoners het geen vertroue in hulle nie. Die genoemde Kanadese en die apartheidsopset was vir ons as plaaslike inwoners baie meer aanvaarbaar, maar nie vir Vearey as ANC-aktivis nie.

    “Die alledaagse normaliteit [!] van lewe in die Nuwe Suid-Afrika van 1994 vang my heeltemal onkant.* Ek is nou ‘n gewone staatsamptenaar op die nuwe Nasionale Intelligensiediensagentskap (NIA) se betaalstaat” (2042). In 1995 word hy na die polisiediens oorgeplaas (2050). Oud-MK’s soos Vearey word deur die ander (behoorlik opgeleide) polisielede uitgekryt omdat hulle voorkeur by bevordering geniet. “Die onbekaamde rassisme van die onversoenbares kon ek nog hanteer omdat hulle ten minste eerlik hieroor was en jy ten minste wis waar jy met hulle staan. Maar hierdie versluierde skynheiligheid van dié wie saam met die wolwe sowel as die hase gehardloop en nou wil voorgee dat hulle ons altyd in die gees ondersteun het, ontroer diep” (2085). “In 1996 … doen ek ‘n speuderskursus vir spesialiseenhede by die polisiekollege in Paarl … Dis my eerste kursus in die nuwe SAPD” (2203). Daarmee bevestig Vearey eintlik dat hy in ‘n (hoë) pos in die polisiediens op grond van sy MK-“status” aangestel is, sonder dat hy die nodige opleiding in polisiëring ondergaan het. Die kursusse in polisiëring wat in die Paarl aangebied word, is “alles in Engels” (2212). Dit toon hoe radikaal die polisiediens, wat tydens die blanke bewind oorwegend Afrikaans was, deur die ANC-regering getransformeer is. In die boek Menseregte vir die polisie beweer die (kruipsugtige Afrikaanse) outeurs, Francisca Nel en Jan Bezuidenhout, dat die polisiediens tot 1994 “‘n tipiese koloniale polisiemag” was (2224).

    [* Dit laat my dink aan Arno Gruen se boek, The insanity of normality: Toward understanding human destructiveness (Berkeley: Human Development Books, 1992/2007). Volgens Gruen, ‘n sielkundige, voed selfhaat mense se gewelds- en vernietigingsdrange. Hierdie haat kan uiteraard op ander mense gerig word. Geweld en vernietiging is (histories) inherent aan die ANC, gevolglik kan daar kwalik van hom verwag word om ‘n normale samelewing tot stand te bring.]

    Helen Zille het in haar outobiografie die aandag gevestig op hoe die polisie deesdae ANC-politiek openlik bevorder en die bedrywighede van die opposisie doelbewus belemmer (Praag 13.05.2017). As polisiebeampte is Vearey deel hiervan: “Bendegeweld op die Kaapse Vlakte en bande tussen bendeleiers en plaaslike politikusse en lede van gevestigde politieke partye pla, veral [!] in gebiede waar bendelede ANC-aktiviste doelbewus teister en ANC-verkiesingswerk belemmer” (1951).

    Vearey skryf oor die Shoprite-bomontploffing in Worcester in 1996 waarby ‘n blanke bomplanter betrokke was (2229). Hy swyg egter oor die talle soortgelyke dade en erger wat deur die UDF/ANC gepleeg is. Hy lys ook nie die terreurdade waarby hy betrokke was en op grond waarvan hy tronkstraf uitgedien het nie. Wanneer Vearey oor sy lewenswyse in die jare tagtig tot 1994 besin, dink hy dat sy “keuses en dade geregverdig was” (2036). “Ek bly ‘n onvoltooide tapisserie waarin die goed, die sleg en die grys ewewigtig [!] in my wording saamgevleg is” (2494).

  • Ou bomplanter byt stof en media smeer sy terreurverlede toe

    Ou bomplanter byt stof en media smeer sy terreurverlede toe

    Ahmed Kathrada, wat saam met Nelson Mandela en Dennis Goldberg, deel was van die Rivonia terroristebende, is oorlede.

    Die ANC-regime en sy surrogate sal ongetwyfeld weer die geleentheid gebruik om te teem oor hul “oorwinning” wat in wese ‘n ongedwonge oorgawe deur FW de Klerk was aan ‘n bende geweldenaars en terroriste om ‘n kleptokrasie in Suid-Afrika te vestig.

    RSG het die naarheidsmeter in die rooi gestoot deur na die oud-terroris as die “geliefde Oom Kathy” te verwys.

    Hy is vroeg vanoggend in ‘n Johannesburgse hospitaal in die ouderdom van 87 oorlede. Kathrada is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie weens ‘n bloedklont op sy brein.

    Die Ahmed Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die “struggle-veteraan” – nog ‘n verslete cliché – se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het.

    Huldeblyke van ANC-kruipers het reeds begin instroom ná die dood van Kathrada, hul anti-wit “struggle-held”.

    Kathrada het sy politieke loopbaan in 1946 begin met sy deelname aan die gewapende stryd. RSG het sy deelname aan terreur vanoggend probeer voorhou as “deelname aan die lydelike verset-veldtog”. Dit is natuurlik gewone twak wat duidelik fopnuus is, want Kathrada was ten nouste verbind met geweld.

    In 1963 was hy een van die aangeklaagdes in die Rivonia-verhoor en het uiteindelik meer as 26 jaar in die gevangenis deurgebring, insluitend 18 jaar op Robbeneiland, en nie om dowe neute nie.

    Ná 1994 het Kathrada as oudpresident Nelson Mandela se parlementêre raadgewer gedien. Hy het die Kathrada-stigting in 2008 tot stand gebring.

    “Een van die ouens wat verantwoordelik was om my betrokke te kry by die politieke stryd en die gewapende stryd, en wat my laat aansluit het by Umkhonto we Sizwe (MK), was Kathrada,” het Abdushay Jassat (82) vroeër gesê. Jassat is verbonde aan die Kathrada-stigting.

    Kathrada was nooit ‘n lid MK nie, maar hy was deel van die bende by die MK-hoofkwartier in Rivonia.

    Jassat het reeds uitgebrei verslag gedoen oor die geweld wat Kathrada gepleeg het saam met hom deur regeringsinstallasies soos poskantore, kragdrade en verskeie ander op te blaas.

    Dié week, by ‘n openbare optrede by die stigting, waar die direkteur Neeshan Balton algar nog verseker het dat die ou bomplanter sal herstel, het die nimlike professor Achille Mbembe die aanwesiges getrakteer op hoe geweld regverdig is as dit deur mense soos Mandela en Kathrada gepleeg word.

  • ISIS spog met bewapende hommeltuie

    ISIS spog met bewapende hommeltuie

    Dit is net ‘n kwessie van tyd totdat oorvol strate in die groot metro-gebiede van die VSA en Wes-Europa op hierdie manier deur ISIS geteiken word.

    ISIS militante spog oor hul bewapende hommeltuie wat die terroriste-organisasie in Mosul ontplooi het.

    In ‘n video vrygestel deur die terroriste, wys hulle tonele geneem deur ‘n ander tuig om te wys wat die impak van ‘n aanval op ‘n groep van niksvermoedende mense in ‘n straat is.

    Wanneer voertuie begin om te reageer op die toneel, word ‘n selfmoordbomaanvaller in ‘n motor ingestuur vir ‘n opvolg-aanval om die maksimium sterftes te veroorsaak.

    En terwyl die “ISIS hommeltuigprogram” onwaarskynlik ‘n vlak van sofistikasie sal bereik wat nodig is om gepantserde voertuie op te blaas, het die voormalige Amerikaanse spesiale magte soldaat, Mitch Utterback gesê die aanvalle in nogtans baie effektief.

    ‘n Verslaggewer en kameraman is verlede week beseer in ‘n ISIS hommeltuigaanval op oostelike Mosul.

    ISIS het kommersiële tuie aangepas om 40mm geweergranate af te gooi. Hulle word gevlieg deur die operateur oor Irakse troepe en die granaat word laat val deur elektroniese opdrag. Slegs in die helfte van alle gevalle is teenoptrede suksesvol.

    ISIS het voorheen staatgemaak op onbemande tuie, maar gebruik nou klein sogenaamde “vierwielkopters” om ammunisie te laat val.

    Utterback, wat die toestelle ontdek het, sê: “Irakse magte is baie, baie bekommerd hieroor. My kommer is dat hulle gebruik sal word om spesifieke, hooggeplaaste offisiere wat die leiding op die grond teen die Islamitiese staat neem, te teiken.”

    Dit kan net ‘n kwessie van tyd wees voordat ISIS hierdie toestelle teen Westerse stede inspan.

    Die VSA se militêre magte is reeds besig met die evaluering van meer as 20 stelsels om hommeltuie onskadelik te stel, het The Washington Times berig.

    Ingesluit in die nuwe beeldmateriaal van ISIS is ‘n Chinese Skywalker X8 tuig, wat vryelik beskikbaar is op Amazon.

  • Twee Suid-Afrikaanse ISIS-simpatiseerders vra borg

    Twee Suid-Afrikaanse ISIS-simpatiseerders vra borg

    Tweelingbroers Sallahoeddin (Brandon-Lee) en Jakeen (Tony-Lee) Thulsie, wat van terrorisme beskuldig word, sal na verwagting om borgtog aansoek doen by die Johannesburgse landdroshof.

    Tydens hul laaste verskyning het kol. André Neethling, ‘n provinsiale ondersoeker van misdade teen die staat, getuig teen die 23-jariges, wat na bewering hul arrestasies onwettig wil laat verklaar.

    Neethling het aan die hof gesê dat hy aan huis van een van die Thulsies, die ondersoekbeampte ao. Wynand Olivier raakgeloop het.

    Olivier het na bewering aan hom gesê dat ‘n getuie, Renaldo Smith, erken het dat hy en die broers deel was van ‘n groep wat Suid-Afrika wou verlaat om aan te sluit by die terreurgroep, die Islamitiese staat (ISIS).

    Die tweeling wou na bewering aanvalle op die Amerikaanse ambassade en Joodse kulturele sentra in Suid-Afrika uitvoer. Hulle is na bewering in hegtenis geneem tydens klopjagte in Newclare en Azaadville op 9 Julie.

    Hulle staan ​​tereg op drie aanklagte van die oortreding van die Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste- en verwante Aktiwiteite.

  • Dan Roodt: Ná Nice lyk ANC-terreur en NP-oorgawe nóg skrikwekkender

    Dan Roodt: Ná Nice lyk ANC-terreur en NP-oorgawe nóg skrikwekkender

    Donderdag se bloedige terreuraanval in Nice deur die Moslemvragmotorbestuurder Mohamed Lahouaiej-Bouhlel het oor die aardbol weergalm. Die aaklige gewetenloosheid van terrorisme is opnuut onder die kollig. Ironies genoeg het die leier van die ANC en president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, sy medelye aan die Franse volk betuig.

    Ironies, want nie lank gelede nie het die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty lustig van dié lafhartige metode van “oorlogvoering” gebruik gemaak. Die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom, Magoo’s Bar en baie ander voorvalle is nog vars in ons geheue.

    za-nl_roodt-danDie enigste verskil met die huidige voorvalle in Frankryk (Parys, Nice) en die VSA (Orlando) is dat die hoofstroommedia terreur afkeur, waar hulle dit nie aan die “beskikbaarheid van wapens” toeskryf nie. Ná Nice sal van die meer liberale en linkse meningsprekers seker argumenteer teen “die beskikbaarheid van gehuurde vragmotors”.

    Feit is egter dat daar onder gewone mense ‘n wêreldwye afkeer van terreur aanwesig is. Maar danksy die medepligtigheid van die hoofstroommedia, veral in Londen, met die ANC-SAKP in die tagtigerjare, is daardie terroristegroep se aanvalle op burgerlikes nie met dieselfde afgryse verwerp as wat tans die geval is nie. Selfs koningin Elizabeth II van Brittanje het oor die afgelope paar dae haar meegevoel met die Franse Republiek uitgespreek. Ek herinner my nie dat sy dieselfde meegevoel met die Republiek van Suid-Afrika ná 20 Mei 1983 betoon het toe die ANC die Kerkstraatbom in Pretoria laat ontplof het nie.

    Gebeure wat so skokkend en radikaal is soos Nice of verlede jaar se aanvalle op die Bataclan-kafee en ander plekke in Parys, wat ongeveer 130 mense gedood het, verander die geskiedenis. Die hele verhaal van derdewêreldopstand teen die Weste is besig om voor ons oë herskryf te word. Die Westerling, die blanke, is skielik nie meer die dader of booswig nie, maar die slagoffer en lid van ‘n bedreigde spesie.

    Wat vir die Franse geld, geld ook vir ons. Die terreur waarmee die ANC en die SA Kommunisteparty die land se futlose leiers destyds oorrompel het, was ewe immoreel en afskuwelik as Mohamed Lahouaiej-Bouhlel wat hele gesinne met hul ewe onskuldige kinders voor die voet met sy vragmotor en vuurwapen afgemaai het.

    Mev. Marine Le Pen, die opkomende regse Franse politikus wat aanstaande jaar gaan poog om in die presidentsverkiesing die leisels by die uiters ongewilde Sosialis François Hollande oor te neem, het nie gehuiwer om ‘n baie sterk boodskap uit te stuur dat Frankryk haar met alle mag teen radikale Islamterreur moet verdedig nie. Sy eis dat die minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, wat ook met veiligheid belas is, moet bedank. Ook wil sy hê dat die militêre begroting tot 3% van die land se bruto nasionale produk verhoog moet word, dat die inligtingsdienste moet verbeter en dat daar ‘n spesiale polisie-eenheid teen terrorisme in die lewe geroep moet word.

    Ons as Afrikaners kan net hoop dat sy, asook mnr. Donald Trump wat hom insgelyks teen Islamitiese terreur uitgespreek het, in hul onderskeie presidentsverkiesings sal slaag. Terselfdertyd kan ons nie anders as om weer die hoofstuk van mnr. FW de Klerk se onbesonne kapitulasie voor ekstremistiese terreur deur die ANC en Kommunisteparty te open nie.

    Daar waar ander volkere bereid is om saam te staan en terreur met wortel en tak uit te roei, het die Afrikanerelite onder invloed van linkse buitelandse meningsvormers en die plaaslike media – wat nog altyd anti-Afrikaans en selfs anti-Suid-Afrikaans was – besluit om aan die duiwelse geweldenaars oor te gee.

    Daardie oorgawe het geen vrede gebring nie, inteendeel. ‘n Mens kan die afgelope twee dekades van regering deur die voormalige terroristeorganisasie as die “voortsetting van terreur met ander middele” bestempel. In die plek van bomme op straat en in winkelsentrums het plaasmoorde, huisaanvalle en ongebreidelde misdaad gekom. In haar reaksie op die terreur in Nice, het mev. Le Pen ook klem gelê op die deels misdadige element van die terreur wat haar land tans teister sodat Franse gevangenisse “universiteite vir terreur” geword het. Arabiere en swartes wat vir gemeneregoortredings gevonnis word, word in die tronke verpolitiseer en geleer om die inheemse Franse te haat. Mohamed Lahouaiej-Bouhlel is so ‘n geval, wat reeds vir gewone misdaad gevonnis is, maar wat as immigrant nie uit die land gesit is nie en hom toe tot Islamitiese terreur gewend het.

    Die uitgebreide bedrog, diefstal, korrupsie en ander misdaad wat die ANC-terroristegroep pleeg sedert hy aan bewind gekom het, spreek van dieselfde “vloeibaarheid” tussen misdaad en politiek in Suid-Afrika. Die rede waarom “regimeverandering” in die vroeë negentigerjare hier by ons moes plaasvind, had min te make met die “politieke regte van gekleurdes” en meer met die wil om die staat, die munisipaliteite en selfs privaat bates na willekeur te kom stroop.

    Terreur verteenwoordig ‘n internasionale misdaad, maar terreur werk ook ander soorte misdaad en geweld in die hand wat op die oog af nie polities of ideologies gemotiveer is nie. Dit maak van terreur inderdaad ‘n tweesnydende swaard wat op die duur vir state en volkere vernietigend is. Indien die Afrikanervolk in Suid-Afrika ophou bestaan, sal dit regstreeks aan terreur en die gevolge daarvan te wyte wees.

    Anders as die negatiewe beeld wat die hoofstroommedia van haar skets, is mev. Marine Le Pen ‘n uiters bekwame politikus wat met streng logiese argumente poog om kiesersteun te werf. Enigeen wat Frans verstaan, kan haar TV- en radio-onderhoude aanlyn volg en moet onder die indruk van haar bedrewenheid as debatsvoerder kom. Dikwels ontwapen sy haar teenstanders met haar welsprekendheid, kwinkslae en kennis aangaande politieke en maatskaplike kwessies.

    Dog mev. Marine Le Pen word gerugsteun deur honderde en selfs duisende Franse intellektuele, skrywers en meningsvormers wat te velde trek teen die dekadente toestand waarin dekades van lakse sosialistiese en hoofstroom- regse regering die land gelaat het.

    In dié opsig kan Afrikaners maar net die Franse beny, al het ons nie onlangs onder ‘n massaterreuraanval deur die ANC-SAKP, APLA of ander ekstremistiese organisasies deurgeloop nie. Frankryk staar baie groot probleme in die gesig en word van alle kante bedreig, maar nogtans is daar sprake van ‘n rasionele reaksie by die bevolking en hul leiers.

    Hier by ons is Afrikaners, ná twintig jaar van histeriese propaganda deur die einste gewetenlose terreurbeweging, soos slaapwandelaars wat besig is om op ‘n afgrond af te stuur. Van rasionele denke is daar min tekens. Erger, die oorblyfsels van die Afrikanerelite wat nog nie deur die meedoënlose “transformasies” van die ANC-SAKP-terroriste vernietig is nie, het vir alle praktiese doeleindes na die vyand toe oorgeloop.

    Waar hulle nie letterlik by die ANC aangesluit het nie, tree hulle as meelopers van die huidige bewind op. Sulke meelopers maak jag op die enkele oorblywende figure of groepe wat poog om nog ‘n kersie van insig in die duisternis al flikkerende te laat brand.

    Geen wonder dat die terreuraanval in Nice binne ‘n dag of so vanuit die plaaslike media verdwyn het nie, want ons joernaliste en meningsvormers verkies om as apologete vir terreur niks oor die aangeleentheid te sê nie. Hulle hoop dat niemand die parallel tussen die huidige Frankryk en Suid-Afrika in die tagtigerjare sal trek nie.

    Die definisie van terrorisme soos dit in vele internasionale wette en konvensies, asook woordeboeke, opgesom word, is:

    “Die gebruik van geweld en dreigemente om te intimideer of te dwing, veral vir politieke doeleindes.”

    Tot Suid-Afrika se groot skande, is die land deur lafhartige terreur en intimidasie tot oorgawe gedwing. Sekerlik het die verraad van die Afrikanerelite ‘n groot rol daarby gespeel, maar dit neem nie weg dat ons in die eerste plek – soos Frankryk en ander lande tans – met terreur te kampe gehad het nie.

    Daardie joernaliste, skrywers, akademici en meningsvormers wat aanhou om die ANC op te hemel en sy aanhoudende terreur en misdade te verskoon of te regverdig, is as meelopers ewe medepligtig aan terreur as die ANC en sy verwante organisasies self. Max du Preez, Adriaan Basson, Piet Croucamp, Christi van der Westhuizen, selfs meer “gematigde” of “behoudende” figure soos Leopold Scholtz of Tim du Plessis, is almal terroriste of terroristemeelopers. In vele Europese lande bestaan daar deesdae wetgewing wat terroriste en hul apologete of diegene wat terreur verdedig of aanhits, oor dieselfde kam skeer.

    Dat ‘n kentering in die Westerse wêreld besig is om plaas te vind, is gewis. Sowel Donald Trump as Marine Le Pen mag dalk nie aan bewind kom nie. Nogtans sou ek uiters verbaas wees indien albei teen die gediskrediteerde links-liberale establishment in die VSA en Frankryk sou verloor, gegewe die tragiese terreurdade wat kort-kort plaasvind.

    Die wiel draai stadig, maar hy draai. Die dag is dalk nie meer ver dat ons nie langer in die media gaan verneem dat Joe Slovo, Ronnie Kasrils en Aboobaker Ismail, asook Solomon Mahlangu na wie etlike strate in Pretoria vernoem is, nie blote “anti-apartheidsaktiviste” was nie, maar terroriste soortgelyk aan Mohamed Lahouaiej-Bouhlel.

    As daardie dag aanbreek, sal ons ook met die terroristemeelopers afreken, wat elkeen etlike jare in die gevangenis verdien.

  • Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

    Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

    Op 1 Maart is David Coltart se boek, The struggle continues: 50 years of tyranny in Zimbabwe (Auckland Park: Jacana, 2016, 647p, R380; Amazon Kindle $20,51) gepubliseer. Ek was verbaas om so ‘n lywige boek oor Rhodesië/Zimbabwe, gepubliseer deur ‘n plaaslike uitgewery, in die boekwinkel te sien. Ek onthou dat Ian Smith (1919-2007, Rhodesiese eerste minister 1965-1979) geen hoofstroom- of Suider-Afrika-uitgewer vir sy outobiografie (The great betrayal: The memoirs of Ian Douglas Smith, London: John Blake Publishing, 1997, 418p; 2de uitgawe in 2001: Bitter harvest: The great betrayal) kon vind nie, al het hy daarin geskryf: “We have in Nelson Mandela a leader with the maturity, wisdom, compassion and courage that derives from great experience” (p 412). Dít was by Smith ‘n voorbeeld van (soos Rhodesiërs graag sê) “leaning too far blackwards”. Uiteindelik het dit niks gehelp nie. In 2012 het die Mugabe-bewind op sy plaas beslag gelê.

    Hoekom sou Jacana hierdie boek gepubliseer het? Coltart is ‘n regsgeleerde wat lank ‘n Zimbabwiese parlementslid en selfs ‘n minister in Robert Mugabe se kabinet was. Maar in bv Suid-Afrika is hy minder bekend as Ian Smith. Ek dink politieke korrektheid was dié faktor wat die besluit ten gunste van publikasie deurslaggewend beïnvloed het. Coltart het met verloop van tyd baie van sy aanvanklike gesonde politieke beginsels versaak en aangepas by die brutale werklikheid van Mugabe se swart meerderheidsregering. “I have changed from a teenager who thought that Ian Smith was a hero into an adult who believes his policies were both disastrous and morally wrong” (Kindle 177).

    Die halfeeu van tirannie waarna in die boek se newetitel verwys word (1965-2015), begin met Smith se eensydige onafhanklikheidsverklaring. Soos toe die blanke bewind in Suid-Afrika op ‘n einde gekom het, het “die wêreld” grootliks belangstelling in Zimbabwe verloor toe Mugabe se swart bewind in 1980 die politieke mag oorgeneem het. Nuus oor wat in daardie land gebeur, het sedertdien skaars geword. Daarom is dit insiggewend as Coltart se eerstehandse waarnemings krities gelees word.

    Coltart is in 1957 in Gwelo gebore met ‘n Skotse pa en ‘n Suid-Afrikaanse ma. In sy ouerhuis was die politieke klimaat links-liberalisties, wat skeptisisme, selfs vryandigheid, teenoor die Smith-bewind ingesluit het. Maar sy ouers se politieke oortuigings was nie bodemloos pro-swart nie. Toe Mugabe in 1980 die staatshoof geword het, het hulle hulle spoedig in Suid-Afrika hervestig.

    Coltart het egter in Rhodesië opgegroei, daar skoolgegaan en ook ‘n tyd lank in die veiligheidsmag (polisie) gedien. In sy jeug was hy polities meer konserwatief as sy ouers, onder meer omdat hy eerstehandse ondervinding van die dade van die terreurbendes gehad het. Hy het egter met die goedkeuring van sy ouers spoedig sy militêre plig teenoor sy geboorteland versaak en aan die Universiteit Kaapstad regte studeer. In Suid-Afrika het hy hom van die begin af by anti-apartheidselemente geskaar deur bv gratis regshulp aan swartes te verleen. Dit het as voorbereiding gedien vir sy toenemende politieke verligtheid nadat hy sy regsloopbaan in Bulawayo begin het.

    Die boek volg dieselfde patroon as die van sommige ander skrywers. Byvoorbeeld, as RW Johnson, Anthea Jeffery, Peter Godwin of Leopold Scholtz die swartes kritiseer, doen hulle dit eers nadat hulle hulle bona fides probeer bewys het deur apartheid so sleg moontlik te sê. Coltart doen dieselfde. Hy vrek omtrent van politieke korrektheid. Wanneer hy uit ou geskrifte aanhaal, laat hy die hele woord (wat met ‘n k begin) weg sodat baie lesers moontlik nie eens sal weet watter woord gesensor word en waarom nie (256).

    'n Britse spotprent uit 1964 waarin Ian Smith en HF Verwoerd voorgestel word.
    ‘n Britse spotprent uit 1964 waarin Ian Smith en HF Verwoerd voorgestel word.

    Hy het die grootste moontlike waardering vir die ANC se Waarheids- en Versoeningskommissie en voel sterk daaroor dat Zimbabwe ook die gewaande voordele van so iets moet beleef. By Engelssprekende Rhodesiërs, soos Coltart en Godwin, is daar, ten spyte van hulle gewaande verligtheid, die bedenklike neiging om hulle kultureel beter en moreel hoër as Afrikaanssprekende Rhodesiërs – en natuurlik ook Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners (as apartheidsapologete) – te ag.

    ‘n Ander kwaal waaraan Coltart ly en wat dikwels by regsgeleerdes aangetref word, is dat meer oor regskwessies uitgewei word as wat gewone lesers graag verduur. Soos die ANC-bewind in Suid-Afrika is die Mugabe-regering voortdurend in regsgedinge betrokke, wat baie belastinggeld tap. Die koms van ondoeltreffende en korrupte swart regerings in Suidelike Afrika het vir die regsberoep finansieel ‘n bloeityd ingelui. In regsgeledere word hierdie wantoestand uit eiebelang nooit gekritiseer nie, al is dit sekerlik in die openbare belang dat sulke buitensporige duur aktiwiteite besnoei word. Dieselfde kan gesê word van die nuwe Suid-Afrika se onnodige aanvulling van die Appèlhof met die Grondwethof.

    In die ou Suid-Afrika was daar ‘n oormaat van kritiek op die regstelsel. Deesdae is daar veel meer rede vir kritiek (bv gebrekkige skeiding van die politieke en regsbedeling, dus ANC-gedienstigheid, en aanstellings en bevorderings op grond van ras en geslag, wat ‘n laer bekwaamheidsvlak tot gevolg het) maar dit gebeur selde dat kritiek hierop in die openbaar uitgespreek word. In Zimbabwe is die regspleging selfs in groter mate sy onafhanklikheid van die politiek kwyt. Die Grondwethof se uitspraak oor Nkandla op 31 Maart sal nie in Mugabe se Zimbabwe gebeur nie.

    Soos in die nuwe Suid-Afrika reis Zimbabwiese kabinetslede baie graag in die buiteland. Coltart het hieraan meegedoen, al weet hy die staatskas is leeg. As minister van onderwys het hy donasies vir skole by Westerse lande gewerf. Toe hy sy ministerskantoor betrek, het die gebou nie watertoevoer of werkende hysers gehad nie. Hy moes hierdie sake self regstel omdat sy swart voorganger en sy personeel versuim het om dit te doen, of gewoon nie die vermoë het om so iets te doen nie. Wat wel goed funksioneer, is die voorsiening van luukse motors aan ministers. Tot sy eer het Coltart op sy eerste werksdag as minister geweier om ‘n nuwe, luukse Mercedes-Benz as ampsmotor in ontvangs te neem. Later het hy ‘n Nissan gekry wat meer geskik was vir die besoeke wat hy in onherbergsame gebiede by skole afgelê het.

    As ‘n mens ten spyte van katastrofiese politieke veranderings in jou geboorteland aanbly, kan dit positief vertolk word. Die probleem is dan om te besluit in watter opsigte en in hoeverre jy bereid is om aan te pas; dus te verander. By Coltart neem dit myns insiens oordrewe afmetings aan. Hy skaam hom byvoorbeeld omdat hy in die Smith-bewind se veiligheidsmagte gedien het. Hy het die grootste bewondering vir die Nieu-Seelander Garfield Todd (1908-2002, eerste minister van Suid-Rhodesië, 1953-1958) en sy dogter Judith (gebore in 1943), wat albei fanaties teen die blanke bewind gekant was. Albei het die terroriste aktief gesteun (Peter Godwin, When a crocodile eats the sun, Northlands: Picador, 2006, p 195). Coltart poog om die anti-Mugabe-opposisie te verstrek, maar verdeeldheid en verkiesingsbedrog veroorsaak dat opposisiepolitici eerder in die Mugabe-kabinet opgeneem word as wat daar ‘n grondige bewindsverandering is.

    Met sommige Mugabe-kornuite kom Coltart beter klaar as met ander. Sulke pro-Coltart-kamerade word in sy boek beter voorgestel as die anti-Coltart-kamerade. Maar onder dié waaroor net gunstig berig word, is daar diegene wat die allerverskriklikste misdade as terroriste gepleeg het, blanke plase daarna gratis ingepalm het en deur en deur korrup is. Coltart se politieke korrektheid, verligtheid en bereidwilligheid om saam te werk, word myns insiens erg oordryf. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld.

    “My own year ended on a high with a visit to Malawi to celebrate my elder son Douglas’s marriage to a Malawian, Chloë McGrath. One of the thoughts I have tried to instil in my children has been to think of Southern Africa rather than Zimbabwe, because its successful future, I believe, is dependent on its integration. It was pleasing for me to see this principle being put into practice through this SADC [Southern African Development Community – 15 countries] marriage. The wedding itself was a celebration of hope in the future – three of my son’s groomsmen were young black Zimbabweans, a scenario almost unthinkable in my generation because of racial segregation” (10711).

    Coltart verpolitiseer hierdie troue. As drie van die strooijonkers swart was, hoeveel was daar altesaam? Dit is duidelik dat die troue op ‘n groot en seker duur skaal gedoen is. Deur te verafrika is daar glo hoop, ook vir die blankes. Dit klink darem asof die bruid wit is. Soos by Coltart se ouers is sy seun se pro-swart ingesteldheid dan seker ook nie bodemloos nie.

    Soos in Suid-Afrika was die oorgang van politieke mag in Zimbabwe van wit na swart hoogs skandalig. Ook daar kon dese en gene by enige verkiesingslokaal stem omdat geen kieserslys bestaan het nie. Ook daar het intimidasie hoogty gevier. Blykbaar word daar sonder meer aanvaar dat wat in die ANC se Vryheidsmanifes van 1955 staan evangelie is: “South Africa belongs to all who live in it.” Dit is ‘n kommunistiese idee dat daar nie private besit is nie; dat die staat of bevolking alle grondgebied besit en oor alle eiendomsreg beskik. ‘n Land moet nooit aan al die inwoners behoort nie; sekerlik nie aan diegene wat hulle onwettig in die land gevestig het nie.

    Desnieteenstaande kon alle onwettige immigrante en ander misdadigers in sowel Zimbabwe as Suid-Afrika stem toe daar van die blanke bewind ontslae geraak is. Blykbaar is dit net wanneer swartes moontlik benadeel kan word dat daar eties gehandel moet word. In die nuwe Suid-Afrika is dit steeds iedere misdadiger se heilige reg om te stem, terwyl stemreg in beskaafde lande tydelik of permanent van misdadigers ontneem kan word. Eerstens gee ek toe dat die nuwe Suid-Afrika in vergelyking met die ou Suid-Afrika kwalik ‘n beskaafde land genoem kan word. Tweedens gee ek toe dat as alle (oud)misdadigers hulle stemreg ontneem word daar mense in leidende posisies in politieke partye sou wees wat geen stemreg sou hê nie. Maar hoort sulke mense in die politiek? Is dit nie in landsbelang dat vereis word dat politici aan hoë morele standaarde moet voldoen nie? Toon dit nie duidelik dat die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika en Zimbabwe staatkundig funksioneer fundamenteel foutief is nie?

    Die punt waarby ek wil uitkom, is dat Coltart geen wesenlike beswaar het teen die manier waarop van die blanke bewind in Zimbabwe ontslae geraak is nie. In Suid-Afrika het FW de Klerk die dwaasheid gepleeg om die veiligheidsmagte (polisie en weermag) voor die 1994-verkiesing grootliks te neutraliseer/ontmagtig. Die gevolg was dat opgeleide terroriste in groot getalle die land binne gestroom het en kiesers geïntimideer het om vir die ANC te stem. Die terroriste het terselfdertyd groot hoeveelhede ammunisie ingesmokkel. As die ANC die verkiesing verloor, sou hy sy terrorisme uit strategies beter posisies kon voortsit.

    Anthea Jeffery bied in haar boek, People’s War (Johannesburg: Jonathan Ball, 2009, 634p; Amazon Kindle $11,96), ‘n deeglik nagevorste, gesaghebbende relaas hiervan. Sedert ek hierdie boek gelees het, is dit vir my onmoontlik om respek te hê vir hoogs immorele kamerade wat leidende posisies in die ANC beklee het (soos Nelson Mandela) en ander wat steeds sulke posisies beklee (soos Cyril Ramaphosa). Laasgenoemde het blanke sakelui pas verseker dat die ANC sal sorg dat hulle ingevolge swart ekonomiese bemagtiging deur die regering beroof word totdat die ekonomie oorwegend in swart besit is (Netwerk24, 24 Maart). Dit is die tema van Anthea Jeffery se uitstekende boek, BEE: Helping or hurting? (Kaapstad: Tafelberg, 2014, 507p; Amazon Kindle $12,53).

    Die uitgangspunt is dat swartes die reg het om blankes van hulle welvaart te ontneem eerder as om self welvaart te skep. Waarop dit neerkom, is: “The race engineers annihilate what’s left of the economy” (Ciaran Ryan, “How SA slept through the BEE revolution,” Moneyweb Today, 7.12.2015). Alle landbougrond sal na verwagting deur die ANC-regering genasionaliseer word, ter bevoordeling van swartes en ter benadeling van blankes en Suid-Afrika (Anthea Jeffery, “Die kruipende nasionalisering van grond bied nie ‘n antwoord vir armoede nie,” Maroela Media, 9.03.2016; ook BizNews.com, 1.03.2016). In die hoofstroommedia word die feite wat Jeffery in haar navorsing opgediep het egter verswyg, seker omdat dit polities inkorrek ongunstig op die ANC reflekteer. Of is die twee Jeffery-boeke vir sulke joernaliste te dik en moeilik om te lees?

    Terug na die oorgang van blanke na swart bewind in Rhodesië en Suid-Afrika. Veel vroeër (in 1980) was die situasie in Rhodesië (‘n terrorisbesmette land) soortgelyk aan dié in 1994 in Suid-Afrika. Die De Klerk-regering het geen verskoning vir hierdie ernstige flater (verkiesing in chaotiese omstandighede, een van sy menige flaters) wat in 1990/1994 begaan is nie. Vir ‘n objektiewer beskrywing as Coltart s’n van Zimbabwe se “eerste demokratiese” verkiesing in 1980 verwys ek na George Selby (1937-2006) se boek, From safari suit to camouflage: The memoirs of George Selby (edited by Lillian van Velden, Partridge Publishing, 2015, 276p; Amazon Kindle $4,55). Die Selbys het hulle kort na die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning in 1948 in Rhodesië gevestig omdat hulle op soek was na ‘n opset wat meer Brits was. Maar soos Coltart se ouers het George Selby en sy gesin hulle in 1980 in Suid-Afrika hervestig. Anders as Coltart het George Selby egter die hele duur van die stryd teen terrorisme in aktiewe militêre en veiligheidsdiens meegemaak. Anders as Coltart was Selby glad nie ‘n politieke dier nie.

    Tydens die drie dae lange 1980-verkiesing in Februarie 1980 het Selby as polisiereservis diens gedoen om te verseker dat die hoofpad van Beitbrug tot Fort Victoria oop en veilig is. “With an estimated 35 000* insurgents flooding into the country to vote, and to cause trouble if the outcome was not to their liking, the security forces certainly had to be on their toes” (Kindle 4498). “It was amazing just how many blacks had already gathered for the next day’s voting, many of them carrying weapons: RPG-7s, machine guns, and rifles” (4557). [* Ek kon nie inligting oor die getal terroriste in Ian Smith se outobiografie of in Peter Godwin se vier boeke opspoor nie. In Suid-Afrika is die getal terroriste wat voor die 1994-verkiesing die land binnegekom het op 13 000 gestel (Jeffery, People’s War, Kindle 8091, 14416). Kan dit wees dat FW de Klerk voor ‘n veel kleiner getal terroriste as Ian Smith geswig het en daarby in ‘n veel groter mate? In die Zimbabwiese parlement van 100 lede het 20 blankes sewe jaar lank gewaarborgde sitting gehad. De Klerk het glad nie daarin geslaag om iets soortgelyks te beding nie.]

    Die terroriste waaroor dit hier gaan, verstaan bv AK47-gewere maar daar moet nie van hulle verwag word om doeltreffend boek te hou van enigiets nie. Oor die getal terroriste is daar dus nie eenstemmigheid nie. ‘n Ander polities korrekte Jacana-publikasie, Janet Cherry se boek, Umkhonto weSizwe (Auckland Park: Jacana, 2011, 156p), kan hieroor geraadpleeg word. Cherry erken: “There is … a bias in the framing of the book, stemming from my own involvement as an ANC and an anti-war activist” (p 12).

    “By May 1995, some 15 000 of the 35 000 non-statutory [!] forces members (comprising 28 000 MK and 6 000 APLA soldiers) had reported to assembly points. While they are referred to by some analysts as guerrillas, it should be noted that many thousands had not been formally trained nor engaged in guerrilla operations; they included some of those informally trained inside South Africa, including SDU [Self-Defence Units] members” (127-128). Laasgenoemdes verwys na terroriste wat danksy die toegeeflikheid van FW de Klerk in 1990/1994 in Suid-Afrika as terroriste opgelei is, bv in Bantu Holomisa se Transkei. In haar boek verskaf Jeffery heelwat inligting hieroor. Volgens bostaande statistiek is moontlik net soveel terroriste binne as buite Suid-Afrika opgelei, wat op uiters laakbare versuim van die De Klerk-regering dui.

    In 1990/1994 is 15 000 mense in die gewapende stryd gedood (Jeffery 14301), veral omdat dit die ANC se verklaarde beleid was om nie terrorisme te staak terwyl grondwetlike onderhandelinge gevoer word nie. Die doel was om voor die verkiesing die invloed van sowel Inkatha as die blankes te neutraliseer. Hoewel Mandela een van die hoofargitekte van hierdie beleid was, het hy op sy grenseloos immorele manier gelieg: Dit was ‘n “universally recognised fact that the ANC has not killed a single person since the peace process began” (Jeffery 7476). En “die wêreld” het hom geglo, want “die wêreld” wou hom glo. Die getal kamerade wat aanspraak op terrorisstatus gemaak het, het heelwat meer geword nadat die ANC-regering besluit het om hulle met staatstoelaes te vergoed vir niksdoen/ledigheid of vir die dood en verwoesting wat hulle gesaai het.

    “By June 1995, nearly 12 000 members of the non-statutory forces members had been integrated into the SANDF [South African National Defence Force]. It was expected that in the end around 14 000 MK members would be integrated into the SANDF. If Motumi’s* estimate that there were no more than 10 000 to 12 000 MK members who received formal training outside South Africa is accurate, then most of this number were absorbed into the new army” (Cherry 128). [* Tsepe Motumi, “Umkhonto we Sizwe: structure, training and force levels (1984-1994)”, African Defence Review, 18, 1994.]

    Die 13 000 buitelandsopgeleide terroriste waarna Jeffery verwys, stem dus min of meer ooreen met die tot 12 000 waarvan Motumi gewag maak. Dit is hierdie elemente wat die kern van die weermag van die nuwe Suid-Afrika uitmaak. Cherry erken: “In military terms MK has to be judged one of the least effective armies in modern history” (141). Dit maak De Klerk se algehele politieke magsoorgawe des te meer skandalig. Cherry se erkenning wek noodwendig twyfel oor die gehalte van die nuwe Suid-Afrika se weermag. Sy merk ligweg op dat die terroriste in die weermag geïntegreer is. Wat sy verswyg om te noem, is dat dit ten koste van blankes geskied het, terwyl FW de Klerk voor die 1992-referendum plegtig belowe het dat geen blanke sy werk sou verloor nie.

    Die populêre opvatting is blykbaar dat toi-toi sommer maar net ‘n onskuldige uitdrukking van swart kultuur is. Die HAT is nader aan die waarheid deur toi-toi te beskryf as ‘n “militêre dans, veral tydens ‘n optog uitgevoer, waardeur die skare opgesweep (kan) raak.” Toi-toi is histories uitdruklik anti-blank en pro-terrorisme. Hier volg ‘n laaste aanhaling uit Cherry se boek: Toi-toi-danse is “simulation of the military training that MK soldiers underwent, which they had in turn learned from ZIPRA [Joshua Nkomo’s Zimbabwe People’s Revolutionary Army] cadres in Zimbabwe” (67). As die ANC-regering werklik versoening begeer, sou hy toi-toiery verbied.

    ‘n Lid van die Britse vredesmag het voor die 1980-verkiesing in Rhodesië vir Selby (as lid van die Rhodesiese veiligheidsmag) gevra: “Don’t you think your presence here is provocative? With all these freedom fighters and the local population around here, anything could spark off trouble” (4564). Selby skryf: “Much as I have always liked the British, this one definitely annoyed me intensely, and I thought to myself, You stupid arsehole! This is not even your country. You haven’t risked your life fighting for it” (4564). Daardie aand in die kroeg het ‘n Britse polisieman, wat ook deel van die buitelandse vredesmag was, darem ‘n ander deuntjie gesing: “The Bri’ish guv’ment is be’aving like a bluidy ostrich with its ‘ead stuk up its arse!” (4573).

    “As more and more insurgents came out of the bush, so did intimidation and beatings of the locals, who had no choice but to vote for whom they were told. Despite the monitors being aware of the problem, they said they were unable to pinpoint anything specific” (4580). “The three days of polling were full of tension as many heavily armed insurgents loitered around the polling station … Once the elections were over, the ballot boxes were flown to Britain to await the outcome of what many believed was a rigged election” (4617).

    In die 1994-verkiesing in Suid-Afrika het dit selfs meer chaoties daaraan toe gegaan. Die finale uitslag, soos beskryf deur Jeffery, is deur die politieke partye onderling beding (13962, 13973). Die uitgebragte stemme het bloot as ‘n riglyn gedien. Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Johann Kriegler, het gesê: “The election is about national reconciliation, not ballot reconciliation” (13880). Hierdie chaoties verkose parlementslede het die Grondwet goedgekeur waarmee ons steeds moet saamleef. De Klerk vra deesdae gereeld dat ons aan hierdie Grondwet moet vasklou, asof dit sy blywendste bydrae of prestasie is. Leon Wessels skryf egter: In 1996 “flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (Vereeniging, Kaapstad: Umuzi, 2010, p 279).

    Selby skryf: “The war had been lost, and a sense of betrayal hung heavily in the air. It was ironic to see how many Rhodesians eventually went off to live in the very same countries they felt had betrayed them. Zimbabwe’s loss was to be their gain as talented, innovative, and hardworking people left the country in droves” (4656). “We had fought for a good cause” (4699). Dít is die teenoorgestelde van Coltart se gevolgtrekking. Die titel van Ian Smith se outobiografie verwys ook na die verraad wat daar teen Rhodesië en sy blankes gepleeg is. Dit is ‘n historiese feit dat John Vorster se regering ‘n prominente bestanddeel van daardie verraad is. Ian Smith haal in sy outobiografie een van sy bewonderaars soos volg aan: “There is no dishonour in a lost cause – the shame is with those who betrayed you” (p 327) en ook vir Cicero: “A nation can survive its fools and even the ambitious. But it cannot survive treason from within” (320).

    Ek onthou hoe Vorster destyds beweer het dat dieselfde lot (swart meerderheidsregering) nie Suid-Afrika sou tref nie, want Suid-Afrika was glo, anders as Rhodesië, “‘n soewerein, onafhanklike land.” Deesdae is dit die Suid-Afrikaanse swart meerderheidsregering se Onafhanklike Verkiesingskommissie wat keer op keer ‘n Mugabe-verkiesingsoorwinning, teen al die feite in wat op die teenoorgestelde dui, “vry en regverdig” verklaar. Ek volstaan met ‘n enkele voorbeeld van wat in Zimbabwiese verkiesings gebeur: “As the candidates were waiting for the ballot counting to begin, they heard the results being announced on the radio” (Peter Godwin, The fear: The last days of Robert Mugabe, London: Picador 2010, p 214).

  • Winnie en apartheidstamhoof veg saam vir Qunu-huis

    Winnie en apartheidstamhoof veg saam vir Qunu-huis

    Die AbaThembu koninklike familie wil buite die hof skik met Winnie Madikizela Mandela oor Mandela se huis in die gewese Transkei.

    Hulle vra dat sy haar twis met oudpresident Nelson Mandela se familie buite die hof besleg. Sy word intussen daarvan verdink dat sy verklarings vervals het.

    Die oudpresident se gewese vrou is van plan om sy testament Maandag in die Hooggeregshof in Mthatha uitmekaar te trek omdat die huis op Qunu in die Oos-Kaap opeis.

    Madikizela-Mandela voer aan dat sy ingevolge gewoontereg die wettige eienaar daarvan is, maar die oud-terroris het destyds die huis aan sy derde vrou, Graca Machel, nagelaat.

    Winnie se regsverteenwoordiger, Mvuzo Notyesi, sê hy is tevrede dat die regters wat die saak sal aanhoor, van ander dele van die land afkomstig is en nie van die Oos-Kaap nie.

    Winnie het ‘n uitval gehad met Dikgang Moseneke en Themba Sangoni, twee van die drie eksekuteurs van die Mandelaboedel oor die Qunu-huis.

    Betrekkinge tussen Moseneke en Madikizela-Mandela was nie altyd gespanne nie, want die adjunk-hoofregter het haar op versoek van Mandela in die Stompie Seipei-moordverhoor verteenwoordig.

    ‘n Oos-Kaapse stamhoof het in ‘n beëdigde verklaring Madikizela-Mandela se bewering gestaaf dat die grond waarop die eiendom gebou is, aan haar behoort.

    Die stamhoof Zwelidumile Mbande, is van die Mthentu Administrasie.

    Die AbaThembu koninklike familie het Winnie egter herhaaldelik versoek om nie die kwessie deur die howe te voer nie, maar om buite die hof te skik.

  • Dan Roodt: Volksmoord en terrorisme moet in SA beveg word

    Dan Roodt: Volksmoord en terrorisme moet in SA beveg word

    Die politiek in Suid-Afrika is nie baie gesofistikeerd nie. Sedert 1994 word daar baie hard gewerk om van ons “net nog ‘n Afrikaland” te maak, terwyl die politiek in slagspreuke rondom “apartheid” en “rassisme” verval het. Die linkse beweging in Suid-Afrika hits reeds dekades lank swart rassegevoelens teen blankes aan, met klinkklare sukses want vandag word die land gedeeltelik deur die Suid-Afrikaanse Kommunsiteparty geregeer.

    Daagliks moet ons hoor dat “apartheid ‘n misdaad teen die mensdom was” en dat veral Afrikaners daaraan skuldig is. Engelse akademici in ons land beweer dat ons “miljoene swartes doodgemaak het” en niemand bevraagteken dié ekstreme stellings nie.

    Hoe reageer ons op dié intense en vernietigende propaganda-oorlog wat daar teen ons in die media, aan die universiteite en op die internet gevoer word?

    Die enigste manier is om ‘n ewe klinkklare stel slagspreuke in antwoord te herhaal. Teenoor “apartheid en rassisme” staan “volksmoord en terrorisme”. As ‘n mens al die elemente van etniese en rassediskriminasie teen Afrikaners, asook plaasmoorde en huisaanvalle in ag neem, dan pas huidige toestande die definisie van volksmoord. Dit moet wyd en syd, plaaslik en internasionaal, gekommunikeer word.

    Mnr. Kallie Kriel van Afriforum beskuldig Afrikaners daarvan dat hulle “rassiste” is omdat hulle nie met kleurlinge, Indiërs en swartes wil ondertrou nie. Kriel en sy geesgenote beywer hulle vir volksmoord op die Afrikaner deur assimilasie, wat een van die internasionaal erkende vorme van volksmoord is.

    In die boek Modern Genocide: The definitive resource and document collection, lees ons:

    Assimilation policies are often a common precursor to genocide because they can be used by the pepetrators in the initial stages as a way to deligitimize or dehumanize the victims by portraying them as “nonhumans” from a “backward” culture in need of reintegration into society. This can also be used later on during the genocide as a way for the perpetrators to “justify” the use of increased brutality against the victims if assimilation is seen as an ineffective method for achieving their goals.

    As die Afrikanerbeweging enige vordering wil maak, moet hy van enige dubbelsinnige standpunte soos dié van Afriforum en verwante organisasies ontslae raak. Dit sluit Flip Buys van Solidariteit se aanvaarding van die kommunistiese/marxistiese weergawe van ons geskiedenis in.

    Flip Buys gee voor om nie links te wees nie, maar aanvaar die ekstreemlinkse voorstelling van ons geskiedenis as ‘n “misdaad teen die mensdom” wat deur Afrikaners “gepleeg” is. Op sy kinderlike manier het hy al gesê: “Ek veg nie vir ‘n beter verlede nie, maar vir ‘n beter toekoms.” Ja, ons weet hoe lyk daardie toekoms: die ineenstorting van ons ekonomie en die voltrekking van etniese suiwering of volksmoord. Zimbabwe verteenwoordig die model vir Suid-Afrika, behalwe dat ons geen land suid van ons het om heen te vlug nie. Dit is die “beter toekoms” wat op ons wag en waarin die Afrikaner-establishment soos Solidariteit, Afriforum en die FW de Klerk-stigting berus.

    Teenoor die aanvaarding van die SAKP se weergawe van ons geskiedenis as die “slegte apartheidsverlede” het ek al male sonder tal George Orwell se bekende woorde aangehaal:

    “Hy wat die hede beheer, beheer die verlede. Hy wat die verlede beheer, beheer die toekoms.”

    Tensy ons die groteske karikatuur van “apartheid” en die morele vlekkeloosheid van die ANC en SA Kommunisteparty kan aftakel, gaan ons nooit ‘n “beter toekoms” sien nie.

    Om egter in genuanseerde debatte oor die geskiedenis betrokke te raak, gaan ons nie veel in die sak bring nie. Kallie Kriel of Max du Preez of Christi van der Westhuizen of Adriaan Basson en al die ander “progressiewe”, “anti-rassistiese aktiviste” gaan ons net op die gewone, voorspelbare manier van “rassisme” beskuldig. Daarom moet ons die geskiedenis van die ANC se terreur teenoor apartheid opstel as die ware “slegte verlede” in Suid-Afrika. Tot onlangs kon stedelike terreur nog gerasionaliseer of selfs as “politieke stryd” verromantiseer word. Ná die terreurvoorvalle vanjaar in die Franse hoofstad, is dit nie meer moontlik nie.

    Hoe gaan dit in die praktyk werk? Die linkse propagandiste in ons land verwys na enigiets vóór 1994 met die term “apartheid-”. Op Engels word daar gepraat van die apartheid era wat van 1652 tot 1994 geduur het, alvorens ons deur die terroriste van die ANC-SAKP “bevry” is. Mimi Coertse was ‘n “apartheidsoperasangeres”, Afrikaans is ‘n “apartheidstaal”, Stellenbosch is ‘n “apartheidsuniversiteit”, ens. Enige Afrikanerregering van voor 1994 word getipeer as ‘n “apartheidsregering”.

    As deel van dié onophoudelike semantiese oorlog, is alle aspekte van ons lewens in Suid-Afrika tot “apartheid-” herdoop. Enigeen wat dit nie aanvaar nie, word onmiddellik deur Kallie Kriel, Leopold Scholtz, Max du Preez, Piet Kopdoek en die ander werfbobbejane van die SAKP as “rassiste”, “fasciste” en “Nazi’s” uitgekryt.

    Op ons beurt moet ons die huidige bewind tot “die ANC-SAKP-terroristebewind” herdoop. Nooit moet ons van dié term afwyk nie, of dit nou in kommentaar op die internet, akademiese referate of geskiedenisboeke is. Die geskiedenis van hul terreur en samewerking met voormalige Oos-Europese kommunistiese state moet deeglik nagevors en geboekstaaf word.

    Onthou dit: die ANC-SAKP-terroristebewind.

    Dan die kwessie van Afrikanervolksmoord. Dit moet die tweede bousteen in ons repliek op die semantiese oorlog teen ons wees. As iemand sê “apartheid” moet elkeen dadelik en baie harder terug antwoord: “Volksmoord!” Ons moet volksmoord tot die belangrikste debatspunt in Suid-Afrika verhef.

    In dié opsig is PRAAG besig om ‘n akademiese konferensie vir aanstaande jaar te organiseer rondom die tema van “Afrikanervolksmoord”. Daar wil ons dit deeglik navors, verklaar en beredeneer. Maar in aanloop tot so ‘n konferensie, moet ons die bestaan van ‘n volksmoord in ons land wêreldkundig maak en daarop aandring dat ons nie langer onder die juk van die ANC-SAKP-terroristebewind wat so ‘n volksmoord aanhits en toelaat, wil ly nie.

    Dit is die uitdaging waarvoor ons staan: om die intense retoriese en semantiese aanslag op ons, en wat ten doel het om ons finaal te vernietig, die hoof te bied.

    Dit moet helder en onverskrokke gedoen word. Die hoofstroom- Afrikaanse organisasies wat reeds halfpad in die ANC-SAKP se sakke is, gaan ons niks help nie. Inteendeel, gewoonlik beveg hulle die geringste poging van Afrikaners om die huidige bestel te verwerp.

    Vir hulle gaan dit daaroor om die spreekwoordelike “dekstoele op die Titanic rond te skuif”. Hulle werk heelhartig met die ANC en die ANC Lite, die DA, saam om enige morele en intellektuele grondslag vir ons voortbestaan te ondermyn.

    En, soos gesê, ondersteun hulle die mengkultuur. Saam met miljoene Europeërs en Amerikaners, is ons egter in opstand teen die mengkultuur. Ons wil nie meng nie. Ons wil nie Standaardafrikaans vir “Kaaps” of Engfrikaans of mengtaal verruil nie.

    Ons eis die reg op om te bly soos ons is. Daarvoor is ons bereid om te veg, saam met die res van die Westerse wêreld, asook Rusland. Ons staan saam met Marine Le Pen, Geert Wilders, Donald Trump, Wladimir Poetin en ander in die stryd om die behoud van die Westerse, christelike beskawing.

    Ons vordering sal gemeet word aan die hoeveelheid kere wat ons #volksmoord en #terrorisme op die internet en elders plak en kritiseer.

  • China maak reg vir Suid-Afrikaanse besoek

    Volgens die Chinese minister van buitelandse sake, sal Beijing bilaterale samewerking met Afrikalande verhoog in die stryd teen terrorisme en ekstremisme.

    China sal sy samewerking met Afrikalande in die stryd teen terrorisme verhoog ná die onlangse aanval op ‘n Malinese hotel wat die lewens van 19 mense, waaronder drie Chinese burgers, geëis het, het die Chinese minister van buitelandse sake Wang Yi Donderdag gesê.

    “‘n Paar dae gelede, in Mali, was daar ‘n terroriste-aanval met gyselaars, waarin drie Chinese burgers gedood is. China sal voortgaan om pragmatiese samewerking met Afrika te bevorder, en terselftertyd bilaterale samewerking in die stryd teen terrorisme en ekstremisme verstrek,” het hy gesê op ‘n forum wat die Chinese leier Xi Jinping se besoek aan Suid-Afrika voorafgaan.

    Die Chinese leier se besoek aan Suid-Afrika is geskeduleer vir die begin van Desember.

    Die minister van buitelandse sake het beklemtoon dat China ‘n “aktiewe deelnemer” is in die behoud van vrede en stabiliteit in Afrika.

    Op 20 November, het gewapende mans van die Islamitiese Staat die Radisson Blu Hotel in die hoofstad Bamako bestorm, en 170 mense gyselaar geneem, meestal buitelanders. Negentien mense is doodgeskiet.

    Die Chinese leier het die aanval veroordeel en Chinese veiligheidsagentskappe gemaan om Chinese burgers en maatskappye in die buiteland beter te beskerm.

  • Video: Terroriste-aanvalle in Parys dood 128 en beseer 99 mense

    Video: Terroriste-aanvalle in Parys dood 128 en beseer 99 mense

    Hierdie verslag deur ‘n Franse TV-kanaal (met Afrikaanse onderskrifte) beskryf die verskrikking wat laasnag in die hoofstad Parys beleef is toe 8 terroriste onder andere ‘n teater, ‘n restaurant, ‘n kroeg, maar ook die nasionale sokkerstadium, Stade de France, aangeval het. Soos die video toon, was die Franse president besig om ‘n vriendskaplike wedstryd tussen Frankryk en Duitsland in die stadion by te woon toe hy inderhaas weggeneem moes word.

  • Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika

    Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika

    Toespraak gelewer op 20 Mei 2015, Kerkstraat, Pretoria by die geleentheid van die Kerkstraatbomherdenking.

    Vandag is 20 Mei, ‘n byna vergete dag op die Suid-Afrikaanse kalender. Soos ek egter nou aan u gaan verduidelik, moet 20 Mei 1983 as die aanvang van die huidige tydvak in ons geskiedenis gesien word, en nie 27 April 1994 nie. Ons land is uniek in die wêreldgeskiedenis in die sin dat hy reeds langer as 30 jaar in die greep van terreur verkeer, op dieselfde wyse as wat Frankryk slegs twee jaar, tussen 1792 en 1794, deur terreur gekenmerk is. Daardie tydvak, toe Robespierre en sy bloeddorstige geesgenote geregeer het, staan as “La Terreur” bekend.

    Net so moet die afgelope 32 jaar, van 1983 tot 2015, as “Die Terreur” van Suid-Afrika gesien word. Soos ons almal weet, het geweld teen burgerlikes sedert 1983, in weerwil van praatjies oor die koms van demokrasie en dergelike slapenstydverhaaltjies, nog nooit afgeneem nie. Inteendeel, terrorisme het per definisie sedert 20 Mei 1983 feitlik konstant toegeneem.

    Een van die oogmerke van terrorisme is chaos en verwarring. Daar heers vandag soveel verwarring onder ons eie mense, die Afrikanervolk van Suid-Afrika, maar ook onder ander groepe in die land, dat niemand eens meer in staat is om helder te dink nie. Ek daag u uit om enigeen vandag op straat voor te keer en te vra: “Wat is terrorisme?” Waarskynlik sal daardie persoon vaagweg iets oor bomme of aanvalle op burgerlikes kon sê, of dalk glad nie eens nie. Dalk sal hy weet van die World Trade Centre se vernietiging op 11 September 2001. Miskien is hy bewus daarvan dat die sogenaamde “Boston-bomwerper” onlangs ter dood veroordeel is.

    In die VSA word terroriste gestraf en ter dood veroordeel. Stel u dit voor! Hier by ons word terroriste kwytgeskeld, bewonder, selfs vereer. In Johannesburg is daar ‘n straat na mnr. Joe Slovo, die aanvoerder van die terreurgroep wat die Kerkstraatbom gestel het, vernoem. Mnr. Aboobaker Ismail, wat die komplot gesmee het om 19 mense op straat te kom vermoor en 200 te beseer, is met ‘n hoë pos aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank beloon. Nog ‘n terroris, mnr. Ronnie Kasrils, was op ‘n stadium ‘n minister in die ANC-kabinet.

    Terwyl terroriste in ons land soos helde opgehemel word, verkeer diegene wat hulle probeer stuit het dikwels in die gevangenis. Steeds krepeer daar honderde Afrikaner- politieke gevangenes wat hulle teen terreur – ook Die Terreur van die huidige tirannieke tydvak – probeer verset het, in die tronke. Nog ‘n terroris en misdadiger wat polisiehoof geword het, Jackie Selebi, het nadat hy vir korrupsie gevonnis is, skaars die tronksel gehaal, of hy is op mediese parool vrygelaat. Maar vir die eerlikes, die nie-terroriste, die patriotte, is daar nóg kwytskelding, nóg parool. Hulle word deur ons regerende terroriste aangehou en genadeloos as pionne in die voortdurende terroriste-oorlog wat hulle steeds teen ons burgerlikes voer, gebruik.

    Terug by daardie vraag wat ek ‘n oomblik gelede gevra het: Wat is terreur en terrorisme? Robespierre, die vader van terreur, het sy eie definisie gehad. Hy het gesê:

    “Terreur is niks anders as summiere, streng, onwrikbare geregtigheid nie; daarom spruit dit voort uit deug; dis minder ‘n partikuliere begrip as wat dit die gevolg is van die algemene beginsel van demokrasie.”

    Hier sien u dus die assosiasie van terreur met demokrasie, deur die vader van terreur, Robespierre. In die denke van die meeste linkse radikale sedertdien, Marx, Lenin, Ché Guevara, Mao Zedong, Pol Pot, die Baader-Meihhof, Carlos die Jakkals, Joe Slovo, Aboobaker Ismail, Chris Hani, noem maar op, vind ons dieselfde gedagte keer op keer terug: Die demokrasie heilig terreur. Slegs deur die bevolking te verskrik, kan jy hulle oortuig om die diktatuur van die sogenaamde “Regverdiges” te aanvaar. In die oorspronklike Frans lui Robespierre se uitspraak só:

    La terreur n’est autre chose que la justice prompte, sévère, inflexible; elle est donc une émanation de la vertu ; elle est moins un principe particulier, qu’une conséquence du principe général de la démocratie,

    Terrorisme, ten minste in die beskaafde wêreld – en Suid-Afrika is lank nie meer deel van die beskawing nie – is ‘n internasionale misdaad en daarom strafbaar. Daar bestaan verskeie internasionale konvensies wat terrorisme verbied. Reeds in die 1930’s het die Volkebond ‘n definisie van terrorisme verskaf wat sedertdien deel van nasionale wetgewing, asook die internasionale reg geword het. Ook die Amerikaanse Federal Bureau of Investigation (FBI) aanvaar hierdie definisie, wat in die Verenigde State se kode 18, artikel 2331 vervat is. Terrorisme, en ek haal aan uit die Amerikaanse kode aan:

    “Behels gewelddade of dade wat menselewens bedreig en die federale of staatsreg oortree;

    Skyn die bedoeling te hê om (i) ‘n burgerlike bevolking te intimideer of te dwing; (ii) om die beleid van ‘n regering deur intimidasie of dwang te beïnvloed; of (iii) om die optrede van ‘n regering deur massavernietiging, sluipmoord of ontvoering te beïnvloed…”

    Ook die Europese konvensie op die onderdrukking van terrorisme wat op 27 Januarie 1977 aanvaar is, praat in artikel 1 (e) van:

    “‘n oortreding wat die gebruik van ‘n bom, ‘n granaat, vuurpyl, outomatiese vuurwapen of brief- of pakketbom behels indien dit mense in gevaar stel”.

    Kragtens al hierdie internasionale definisies, asook binne die ou Terrorismewet van Suid-Afrika, was die Kerkstraatbom ‘n klassieke en onontkenbare geval van terrorisme. Almal wat daaraan deelgeneem het, asook die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en die ANC, is steeds daarvoor strafbaar want sowel nasionale as internasionale wetgewing was destyds van krag. Soos ek ook in my boekie oor die Waarheids- en versoeningskommissie argumenteer, was Biskop Tutu se liggaam niks anders as ‘n boendoehof wat spesifiek ten doel gehad het om terroriste kwyt te skeld terwyl diegene wat dit probeer bekamp het, soos die destydse weermag of polisie, maar ook burgerlikes, vervolg is!

    Vandaar dus my frankofiele term vir die huidige tydvak in ons geskiedenis: “Die Terreur”. Eendag sal ons kinders en kleinkinders op skool daarvan lees en oorstelp wees om te verneem dat dit ooit bestaan het: Die Terreur, ‘n era toe terrorisme vergoeilik is en die kritici daarvan verguis of vervolg is.

    Terrorisme behels politieke dwang en intimidasie, en dit bedreig of neem menselewens. Selfs ‘n kind kan dit verstaan. Daar is egter ‘n ander betekenis van terrorisme waarop ek in ‘n woordeboek afgekom het en dit benoem die toestand van die slagoffer. Volgens hierdie definisie dui terrorisme óók op “die toestand van vrees en onderwerping wat deur terrorisme of terrorisering veroorsaak word”.

    Die meerderheid Afrikaners, selfs die meerderheid van die bevolking in ons land, ly vandag aan terrorisme want hulle verkeer in ‘n “toestand van vrees en onderwerping”. Dis waarom hulle tydens die laaste verkiesing vir partye gestem het wat terrorisme as politieke middel uitdruklik aanvaar. Nie net het die ANC en SAKP het hierdie verskrikkingsdaad op 20 Mei 1983 gepleeg nie, maar mev. Helen Zille van die DA het reeds in die openbaar haar openlik geskaar by diegene wat in die verlede terreurdade gepleeg of beplan het. Sover ek verstaan, het sy selfs met trots vertel dat sy terroriste gehuisves of gehelp het, iets wat op sigself ‘n strafregtelike en internasionale oortreding verteenwoordig.

    Onlangs het ek die outobiografie van dr. Niël Barnard, die voormalige hoof van Nasionale Inligting, gelees. Daaruit blyk helder dat sy departement waarskynlik heel eerste voor die terroriste-aanslag gekapituleer en begin meewerk het om die NP-politici tot hul uiteindelike eerlose oorgawe te oorreed.

    Soos ek reeds hier bo gesuggereer het, is die gewelddadige tydvak wat op 20 Mei 1983 ingelui is, helaas nie verby nie. Steeds duur gewelddadige aanvalle op ons mense voort en daar word beraam dat 75 000 Afrikaners reeds sedert die ANC-SAKP se oorname in 1994 vermoor is. Die media en die betaalde propagandiste, die meelopers van die terroriste, bied dit as “gewone misdaad” aan. Ons moet egter onthou dat verskeie marxistiese en radikaal linkse denkers ook ‘n revolusionêre rol aan die misdadigersklas, die sogenaamde “loempenproletariaat” toeken. Elke plaasmoordenaar is ‘n vryheidsvegter, ‘n lid van Umkhonto wat steeds vrees en terreur inboesem, al dra hy geen uniform nie.

    Dis vir my ontstellend dat mense die gedagte kan opper dat ons hoegenaamd die terroris moet vergewe, dat ons hom moet kwytskeld en selfs met hom behoort te versoen. Vandag, soos in 1983, behels die internasionale pogings om terreur te bekamp juis om enige politieke motivering vir terrorisme ongeldig te verklaar. Net in Suid-Afrika en enkele ander lande wat as afvallig van die internasionale stelsel beskou word, word terrorisme teen burgerlikes as ‘n legitieme vorm van politiek erken. In elke ander land is dit strafbaar. Terreurdade verjaar ook nooit nie, dus solank as wat die daders wat by die Kerkstraatbom of Amanzimtoti of Magoo’s Bar betrokke was, leef, bly hulle internasionaal strafbaar.

    Hoewel daar tekens is dat Afrikaners uit hul eie terrorismetoestand begin ontwaak, dat hulle politieke intimidasie en dwang, asook hulpelose onderwerping, nie meer aanvaar nie, is dit nog te vroeg om van ‘n herlewing te praat. Daarom rus daar ‘n sware verantwoordelikheid op die minderheid van ons wat nie meer Die Terreur eerbiedig nie om met die reg en morele hoëgrond aan ons kant die moeisame stryd daarteen aan te pak.

    Ons vergewe nie en ons vergeet nie. Ons versoen ook nie met die terroriste nie. In dié opsig moet ons soos die Jode en die Israeli’s wees wat nou nog die bejaarde oortreders uit die tweede wêreldoorlog in die howe aankla en vervolg.

    Die spreekwoord lui: “Die leuen is snel, maar die waarheid agterhaal hom wel.” Net so verteenwoordig die terreurdaad ‘n verblindende flits, ‘n sekonde waarin onskuldige lewens verwoes word, maar die gevolge daarvan duur lewenslank. Selfs langer – as ons die verskriklike uitwerking van terreur op ons politieke en maatskaplike lewe, ons taal en kultuur, ons álles in ag neem. Kortom, terreur, Die Terreur wat ons steeds elke dag moet deurworstel, bedreig ons voortbestaan op ‘n wesentlike manier.

    Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panayaza Lesufi, wat tans Afrikaanse skole intimideer en dreig, is ook ‘n terroris. ‘n Onderwysterroris. Hy maak van dieselfde metodes gebruik om ‘n reeds verskrikte bevolking nog verder bang te maak, met chaos as uiteindelike doel.

    Reeds in 2003 het PRAAG mense en organisasies opgeroep om jaarliks op 20 Mei die slagoffers van die terreuraanval op Kerkstraat, hier in die hart van Pretoria, die ou Voortrekkerstad, te gedenk. Mag dit jaarliks gedoen word. En mag elke terroris tot in lengte van dae vervolg word, in die howe maar ook in ons denke, totdat ons eendag van hulle en hul meelopers bevry kan word. Ook die state soos Swede, Duitsland, Nederland en ander wat terrorisme teen ons befonds of ondersteun het, moet aangekla word.

    Dis nie waar dat een man se terroris ‘n ander se vryheidsvegter is nie. Ware vryheid is met terreur onversoenbaar. Trouens, vryheid is selfs die antitese van terreur.

    Kom ons staan vandag en elke dag van ons lewens op teen terreur.

    Ons sal antwoord op jou roepstem. Ons vir jou Suid-Afrika!