Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika

Kerstraatbomtoneel

Toespraak gelewer op 20 Mei 2015, Kerkstraat, Pretoria by die geleentheid van die Kerkstraatbomherdenking.

Vandag is 20 Mei, ‘n byna vergete dag op die Suid-Afrikaanse kalender. Soos ek egter nou aan u gaan verduidelik, moet 20 Mei 1983 as die aanvang van die huidige tydvak in ons geskiedenis gesien word, en nie 27 April 1994 nie. Ons land is uniek in die wêreldgeskiedenis in die sin dat hy reeds langer as 30 jaar in die greep van terreur verkeer, op dieselfde wyse as wat Frankryk slegs twee jaar, tussen 1792 en 1794, deur terreur gekenmerk is. Daardie tydvak, toe Robespierre en sy bloeddorstige geesgenote geregeer het, staan as “La Terreur” bekend.

Net so moet die afgelope 32 jaar, van 1983 tot 2015, as “Die Terreur” van Suid-Afrika gesien word. Soos ons almal weet, het geweld teen burgerlikes sedert 1983, in weerwil van praatjies oor die koms van demokrasie en dergelike slapenstydverhaaltjies, nog nooit afgeneem nie. Inteendeel, terrorisme het per definisie sedert 20 Mei 1983 feitlik konstant toegeneem.

Een van die oogmerke van terrorisme is chaos en verwarring. Daar heers vandag soveel verwarring onder ons eie mense, die Afrikanervolk van Suid-Afrika, maar ook onder ander groepe in die land, dat niemand eens meer in staat is om helder te dink nie. Ek daag u uit om enigeen vandag op straat voor te keer en te vra: “Wat is terrorisme?” Waarskynlik sal daardie persoon vaagweg iets oor bomme of aanvalle op burgerlikes kon sê, of dalk glad nie eens nie. Dalk sal hy weet van die World Trade Centre se vernietiging op 11 September 2001. Miskien is hy bewus daarvan dat die sogenaamde “Boston-bomwerper” onlangs ter dood veroordeel is.

In die VSA word terroriste gestraf en ter dood veroordeel. Stel u dit voor! Hier by ons word terroriste kwytgeskeld, bewonder, selfs vereer. In Johannesburg is daar ‘n straat na mnr. Joe Slovo, die aanvoerder van die terreurgroep wat die Kerkstraatbom gestel het, vernoem. Mnr. Aboobaker Ismail, wat die komplot gesmee het om 19 mense op straat te kom vermoor en 200 te beseer, is met ‘n hoë pos aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank beloon. Nog ‘n terroris, mnr. Ronnie Kasrils, was op ‘n stadium ‘n minister in die ANC-kabinet.

Terwyl terroriste in ons land soos helde opgehemel word, verkeer diegene wat hulle probeer stuit het dikwels in die gevangenis. Steeds krepeer daar honderde Afrikaner- politieke gevangenes wat hulle teen terreur – ook Die Terreur van die huidige tirannieke tydvak – probeer verset het, in die tronke. Nog ‘n terroris en misdadiger wat polisiehoof geword het, Jackie Selebi, het nadat hy vir korrupsie gevonnis is, skaars die tronksel gehaal, of hy is op mediese parool vrygelaat. Maar vir die eerlikes, die nie-terroriste, die patriotte, is daar nóg kwytskelding, nóg parool. Hulle word deur ons regerende terroriste aangehou en genadeloos as pionne in die voortdurende terroriste-oorlog wat hulle steeds teen ons burgerlikes voer, gebruik.

Terug by daardie vraag wat ek ‘n oomblik gelede gevra het: Wat is terreur en terrorisme? Robespierre, die vader van terreur, het sy eie definisie gehad. Hy het gesê:

“Terreur is niks anders as summiere, streng, onwrikbare geregtigheid nie; daarom spruit dit voort uit deug; dis minder ‘n partikuliere begrip as wat dit die gevolg is van die algemene beginsel van demokrasie.”

Hier sien u dus die assosiasie van terreur met demokrasie, deur die vader van terreur, Robespierre. In die denke van die meeste linkse radikale sedertdien, Marx, Lenin, Ché Guevara, Mao Zedong, Pol Pot, die Baader-Meihhof, Carlos die Jakkals, Joe Slovo, Aboobaker Ismail, Chris Hani, noem maar op, vind ons dieselfde gedagte keer op keer terug: Die demokrasie heilig terreur. Slegs deur die bevolking te verskrik, kan jy hulle oortuig om die diktatuur van die sogenaamde “Regverdiges” te aanvaar. In die oorspronklike Frans lui Robespierre se uitspraak só:

La terreur n’est autre chose que la justice prompte, sévère, inflexible; elle est donc une émanation de la vertu ; elle est moins un principe particulier, qu’une conséquence du principe général de la démocratie,

Terrorisme, ten minste in die beskaafde wêreld – en Suid-Afrika is lank nie meer deel van die beskawing nie – is ‘n internasionale misdaad en daarom strafbaar. Daar bestaan verskeie internasionale konvensies wat terrorisme verbied. Reeds in die 1930’s het die Volkebond ‘n definisie van terrorisme verskaf wat sedertdien deel van nasionale wetgewing, asook die internasionale reg geword het. Ook die Amerikaanse Federal Bureau of Investigation (FBI) aanvaar hierdie definisie, wat in die Verenigde State se kode 18, artikel 2331 vervat is. Terrorisme, en ek haal aan uit die Amerikaanse kode aan:

“Behels gewelddade of dade wat menselewens bedreig en die federale of staatsreg oortree;

Skyn die bedoeling te hê om (i) ‘n burgerlike bevolking te intimideer of te dwing; (ii) om die beleid van ‘n regering deur intimidasie of dwang te beïnvloed; of (iii) om die optrede van ‘n regering deur massavernietiging, sluipmoord of ontvoering te beïnvloed…”

Ook die Europese konvensie op die onderdrukking van terrorisme wat op 27 Januarie 1977 aanvaar is, praat in artikel 1 (e) van:

“‘n oortreding wat die gebruik van ‘n bom, ‘n granaat, vuurpyl, outomatiese vuurwapen of brief- of pakketbom behels indien dit mense in gevaar stel”.

Kragtens al hierdie internasionale definisies, asook binne die ou Terrorismewet van Suid-Afrika, was die Kerkstraatbom ‘n klassieke en onontkenbare geval van terrorisme. Almal wat daaraan deelgeneem het, asook die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en die ANC, is steeds daarvoor strafbaar want sowel nasionale as internasionale wetgewing was destyds van krag. Soos ek ook in my boekie oor die Waarheids- en versoeningskommissie argumenteer, was Biskop Tutu se liggaam niks anders as ‘n boendoehof wat spesifiek ten doel gehad het om terroriste kwyt te skeld terwyl diegene wat dit probeer bekamp het, soos die destydse weermag of polisie, maar ook burgerlikes, vervolg is!

Vandaar dus my frankofiele term vir die huidige tydvak in ons geskiedenis: “Die Terreur”. Eendag sal ons kinders en kleinkinders op skool daarvan lees en oorstelp wees om te verneem dat dit ooit bestaan het: Die Terreur, ‘n era toe terrorisme vergoeilik is en die kritici daarvan verguis of vervolg is.

Terrorisme behels politieke dwang en intimidasie, en dit bedreig of neem menselewens. Selfs ‘n kind kan dit verstaan. Daar is egter ‘n ander betekenis van terrorisme waarop ek in ‘n woordeboek afgekom het en dit benoem die toestand van die slagoffer. Volgens hierdie definisie dui terrorisme óók op “die toestand van vrees en onderwerping wat deur terrorisme of terrorisering veroorsaak word”.

Die meerderheid Afrikaners, selfs die meerderheid van die bevolking in ons land, ly vandag aan terrorisme want hulle verkeer in ‘n “toestand van vrees en onderwerping”. Dis waarom hulle tydens die laaste verkiesing vir partye gestem het wat terrorisme as politieke middel uitdruklik aanvaar. Nie net het die ANC en SAKP het hierdie verskrikkingsdaad op 20 Mei 1983 gepleeg nie, maar mev. Helen Zille van die DA het reeds in die openbaar haar openlik geskaar by diegene wat in die verlede terreurdade gepleeg of beplan het. Sover ek verstaan, het sy selfs met trots vertel dat sy terroriste gehuisves of gehelp het, iets wat op sigself ‘n strafregtelike en internasionale oortreding verteenwoordig.

Onlangs het ek die outobiografie van dr. Niël Barnard, die voormalige hoof van Nasionale Inligting, gelees. Daaruit blyk helder dat sy departement waarskynlik heel eerste voor die terroriste-aanslag gekapituleer en begin meewerk het om die NP-politici tot hul uiteindelike eerlose oorgawe te oorreed.

Soos ek reeds hier bo gesuggereer het, is die gewelddadige tydvak wat op 20 Mei 1983 ingelui is, helaas nie verby nie. Steeds duur gewelddadige aanvalle op ons mense voort en daar word beraam dat 75 000 Afrikaners reeds sedert die ANC-SAKP se oorname in 1994 vermoor is. Die media en die betaalde propagandiste, die meelopers van die terroriste, bied dit as “gewone misdaad” aan. Ons moet egter onthou dat verskeie marxistiese en radikaal linkse denkers ook ‘n revolusionêre rol aan die misdadigersklas, die sogenaamde “loempenproletariaat” toeken. Elke plaasmoordenaar is ‘n vryheidsvegter, ‘n lid van Umkhonto wat steeds vrees en terreur inboesem, al dra hy geen uniform nie.

Dis vir my ontstellend dat mense die gedagte kan opper dat ons hoegenaamd die terroris moet vergewe, dat ons hom moet kwytskeld en selfs met hom behoort te versoen. Vandag, soos in 1983, behels die internasionale pogings om terreur te bekamp juis om enige politieke motivering vir terrorisme ongeldig te verklaar. Net in Suid-Afrika en enkele ander lande wat as afvallig van die internasionale stelsel beskou word, word terrorisme teen burgerlikes as ‘n legitieme vorm van politiek erken. In elke ander land is dit strafbaar. Terreurdade verjaar ook nooit nie, dus solank as wat die daders wat by die Kerkstraatbom of Amanzimtoti of Magoo’s Bar betrokke was, leef, bly hulle internasionaal strafbaar.

Hoewel daar tekens is dat Afrikaners uit hul eie terrorismetoestand begin ontwaak, dat hulle politieke intimidasie en dwang, asook hulpelose onderwerping, nie meer aanvaar nie, is dit nog te vroeg om van ‘n herlewing te praat. Daarom rus daar ‘n sware verantwoordelikheid op die minderheid van ons wat nie meer Die Terreur eerbiedig nie om met die reg en morele hoëgrond aan ons kant die moeisame stryd daarteen aan te pak.

Ons vergewe nie en ons vergeet nie. Ons versoen ook nie met die terroriste nie. In dié opsig moet ons soos die Jode en die Israeli’s wees wat nou nog die bejaarde oortreders uit die tweede wêreldoorlog in die howe aankla en vervolg.

Die spreekwoord lui: “Die leuen is snel, maar die waarheid agterhaal hom wel.” Net so verteenwoordig die terreurdaad ‘n verblindende flits, ‘n sekonde waarin onskuldige lewens verwoes word, maar die gevolge daarvan duur lewenslank. Selfs langer – as ons die verskriklike uitwerking van terreur op ons politieke en maatskaplike lewe, ons taal en kultuur, ons álles in ag neem. Kortom, terreur, Die Terreur wat ons steeds elke dag moet deurworstel, bedreig ons voortbestaan op ‘n wesentlike manier.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panayaza Lesufi, wat tans Afrikaanse skole intimideer en dreig, is ook ‘n terroris. ‘n Onderwysterroris. Hy maak van dieselfde metodes gebruik om ‘n reeds verskrikte bevolking nog verder bang te maak, met chaos as uiteindelike doel.

Reeds in 2003 het PRAAG mense en organisasies opgeroep om jaarliks op 20 Mei die slagoffers van die terreuraanval op Kerkstraat, hier in die hart van Pretoria, die ou Voortrekkerstad, te gedenk. Mag dit jaarliks gedoen word. En mag elke terroris tot in lengte van dae vervolg word, in die howe maar ook in ons denke, totdat ons eendag van hulle en hul meelopers bevry kan word. Ook die state soos Swede, Duitsland, Nederland en ander wat terrorisme teen ons befonds of ondersteun het, moet aangekla word.

Dis nie waar dat een man se terroris ‘n ander se vryheidsvegter is nie. Ware vryheid is met terreur onversoenbaar. Trouens, vryheid is selfs die antitese van terreur.

Kom ons staan vandag en elke dag van ons lewens op teen terreur.

Ons sal antwoord op jou roepstem. Ons vir jou Suid-Afrika!

19 thoughts on “Dan Roodt: 20 Mei en die heerskappy van terreur in Suid-Afrika”

  1. “Een man se terroris is die ander man se vryheidsvegter” is ‘n siniese verwysing (wat ek ook tevore in ‘n stuk gebruik het) na die morele vakuum waarin ons vandag leef. Natuurlik kan daar geen verwarring wees tussen terroris en vryheidsvegter nie, maar slegs wanneer aan woorde hulle werklike betekenis geheg word. Die probleem is natuurllk dat mense as terroriste beskryf word wanneer hulle eie belange geraak word (die ll September aanval in New York), maar as vryheidsvegters wanneer hulle walglike dade gerig is teen bv. die “apartheidsregime” in Suid-Afrika. Soos ek in ‘n vorige rubriek geskryf het, ‘n man wat ‘n bom plant in ‘n bus, of ‘n trein of in ‘n besige straat is ‘n terroris, wat my persoonlike politieke sienswyses ookal mag wees. Dus, Dr Dan, wat u sê is waar, een man se terroris kan net ‘n ander man se vryheidsvegter wees in vandag se ideologies besoedelde klimaat. Dankie vir ‘n uitstekende en nodige artikel.

  2. Die Terreur ….. uitstekende toespraak.
    Ek praat onder korreksie dat Suid-Afrika die enigste land ooit is wat bloedloos verower is. Oorwin by die onderhandelingstafel danksy interne verraad, aangehits en beloon deur die internasionaliste.
    Marcus Cicero in gesprek met Ceasar en die Romeinse Senaat het eens opgemerk: ” For the traitor appears no traitor; he speaks in the accents familiar to his victims, and wears their face and their garments ………..”
    Dit was die geval pre 1994 en dis steeds die geval.

  3. Uitstekende artikel.

    Die ergste van alles is die feit dat terreur nou deel is van die Afrikanerkultuur.

    Die wittes terroriseer en ondermyn en bevark mekaar om elke hoek en draai vir geen logiese rede nie behalwe eie satisfaksie afguns of sommer vir die lekker ou ego-tjie
    Terreur het deel van ons natuur geword…..
    Hoe sal ons ooit uit die bodemlose geestelike put kan ontsnap?

  4. Dit is bekend dat swartes slegs hulle wil deur geweld op mense kan forseer om ‘n sekere doel te laat slaag. Dit is ook bekend dat hy ‘n uiterste lafaard is, en slegs in groot getalle sy “Demands” afdwing. Dit is verder ook bekend dat hy in alle rigtings spaander, en sy metgeselle dood trap in sy poging om te vlug sodra die bomme om hom begin bars.
    Ons het nie veel om te doen om ons doel te bereik nie. Weier net eenvoudig om geboelie te word. Weier om enige wet te gehoorsaam as dit ons vryheid inperk. Swartes het net eenvoudig NIE daardie “Guts” of vermoë om sulke “Burgerlikke Ongehoorsaamheid” te hanteer nie. Ons kan doen net wat ons wil, en daar sal nie veel aan gedoen word nie. Ons leef nie meer in die daë wat ons deur beskaafde mense geregeer word nie. Toe was dit tweede natuur om gehoorsaam te wees. Dit is nie meer van toepassing nie. Ons word opgedonner omdat ons dit ewe gedweë aanvaar, en omdat ons so groot gemaak is.
    Daardie daë is nou verby. Die Regse opkoms van ons Blankes is die GROOT rede vir Solidariteit se “Krissis” beraad. FW de Klerk se reënboog blik se boom val uit, en dit moet gekeer word. Mense onttrek hulle van ou Sollie, en dit is deel van die “Krissis”.
    Ons probleem is die liberale gemors van hierdie land. Dit is die mense wat geteiken moet word. Om die swartes met pen en ink aan te val, het geen waarde nie.
    Die feit dat ons hulle nou begin identifiseer, en ook hulle fotos hier op Praag plaas is ‘n wenner. Dit is nie genoeg nie. By elke naam moet daar ook ‘n storie vertel word oor wat daardie persoon aan ons gedoen het, en nog steds doen, en kla hom aan soos daar met FW de Klerk gedoen was ‘n rukkie gelede. De Klerk het nooit enige van daardie aanklagte ontken nie. Ons donner aldag aan om die swartes aan te vat. Hulle voer slegs opdragte uit. Die liberales se opdragte.
    As ons dan die pen en ink moet gebruik om hierdie oorlog te veg, laat ons dan begin deur die liberales net so aan te val soos hulle met ons maak.
    Dit is die oorlog wat ons nou moet voer.

  5. – vorig jaar werd in Duitsland nog straf uitgedeeld aan Verena Becker
    http://www.faz.net/aktuell/politik/raf-urteil-gegen-fruehere-terroristin-verena-becker-rechtskraeftig-12672732.html

    – kein Ulrike MeiNhof auf mein Hof

    – kan er niet eens een artikel op PRAAG verschijnen met een verslaglegging van het gebeurde door èèn of meerdere hulpverleners na de toenmalige terroristische daad ?

    – vanaf ongeveer 2000 zijn er in alle westerse (her)verzekeringscontracten, waarin terrorisme standaard was uitgesloten(in speciale molestclausules M3 voor int. transport in Nederland werd mogelijk meeverzekerd als ‘stakingsmolest’ en als Institute war/strike clauses in engelse polissen : “gewelddaden gepleegd uit politieke overwegingen”), nieuwe eenduidige ‘terrorismeclausules’ opgenomen :

    Gewelddadige handelingen en/of gedragingen – begaan
    buiten het kader van een van de zes in artikel 3:38 van

    de Wet op het financieel toezicht genoemde vormen van
    molest – in de vorm van een aanslag of een reeks van in
    tijd en oogmerk met elkaar samenhangende aanslagen als
    gevolg waarvan letsel en/of aantasting van de gezondheid,
    al dan niet de dood tengevolge hebbend, en/of schade
    aan zaken ontstaat dan wel anderszins economische
    belangen worden aangetast, waarbij aannemelijk is dat
    deze aanslag of reeks – al dan niet in enig organisatorisch
    verband – is beraamd en/of uitgevoerd met het oogmerk
    om bepaalde politieke en/of religieuze en/of ideologische
    doelen te verwezenlijken.

    Vooral die politieke, religieuze, ideologische aspecten erbij komen overeen met de staatsterreur door de anc sacp in Plaasmoord als volkenmoord vanaf de vrijheid en democratie in deze rechtstaat. Leiders van het schrikbewind uitten meermaals ware aard en over nalatige onwillige voorkoming voor en afwerking na kan men dagelijks getuige wezen. Hoe wordt hier omgesprongen met slachtoffers om hen onder te dompelen in de gretige grijpgrage betonnen inhumane bureaucratie i.p.v. een centraal orgaan op te richten voor extra ondersteuning.

    Overigens kan het ‘gewone moslimgeweld’ in het Westen op de autochtone bevolkingen niet helemaal los gezien van terrorisme omdat al 40 jaar zeker is dat bv. Turkije via moskeeen etc. bepaald klimaat schept en de ingrediënten ervoor wel vindt in de miljoenen ‘migranten, gastarbeiders’ etc. Ook verlenen de thuislanden van ‘migranten’ ruimte voor int. misdaad door lauwe aanpak van drugshandel, wapenhandel, mensenhandel en terughoudendheid in uitlevering van daders.

    Magnifiek stuk meneer Roodt.

    1. Ek wil onderskrtyf wat Hans sê. Ons moet persoonlike getuies en getuienis verkry van mense wat die slagting meegemaak het en/of hulle naasbestaandes. Die linkses sou ‘n gebeurtenis soos hierdie tot in aller ewigheid uitgebuit het. Ek wil amper nie eers begin voorbeelde noem nie. Hans noem reeds gevalle maar hier by ons is dit Sharpeville en Steve Biko en Oscar Petersen ens ens. As ons dit nie doen nie sal niemand anders dit vir ons doen nie, laaste van almal Naspers.

  6. Die selfmoordteologie [NP e psy-ops] is presies so primitief soos die Xhosas se nasionale selfmoord 1852

    False profeet preek / geestelike leier: [Nongwasi] [
    verbrand al julle oeste , vermoor al julle volkshelde + kinderoffers , aanbid die voorvader geeste, wag PASSIEF vir ‘n wonderteken as die son uit die Weste sal opkom en vir ‘n wonderredding wanneer die wind ons vyande in die see sal waai.

    Toe volg die die Afrkaner se terreur kultuur wat bestaan uit Fariserisme [Matt 21] aan die een kant en Verraad aan die anderkant. Beide ewe dodelik vir enige volk.

    Dis nog steeds die gevolge van die mees suksesvolle multimedia propaganda disinformaie projek ooit deur die NP se IT psy-ops kontrakteurs.

    Gelukkig het ons Orania rehabilitasie projek waar ons ons sefbeskikking self doen en nie net weeklaag en wroeg nie.

    Dit gaan baie goed met Orania ten spyte van die helse agtergrond geraas.

    1. Hallo vrind Jan. Ek dink jy slaan die spyker op die kop met die begrip “selfmoodrteologie”. Ons beskawing, of wat daarvan oorgebly het, lei aan ‘n onmiskenbare selfmoord- en selfhaat psigose. Op ‘n keer het ek die beeld gebruik van die onverklaarbare verskynsel van sardyne wat skynbaar doelbewus by hulle derduisende op die strand uitswem om te vrek. Die moderne Westerse mens het so’n grondelose veragting vir homself dat hy enigiets saldoen om van die aardbol te verdwyn, as dit nou nie deur selfmoord is nie, dan maar deur verbastering.

  7. Miskien mag dit nou so lyk maar die projek is deur die wittes self geloods en bestuur sedert die moord op ons enigste hoop naamlik ‘n Christelike veelvolkige demokrasie van Verwoerd. – deur die wittes self. 40 jaar gelede al. Die swartes het niks daarmee te doen gehad nie.
    Daarna die finale teregstelling deur die valse Inligting skandaal teen Rhoody deur Wimpie en FW de Klerk en PIk Botha
    Die ANC is maar net die Troetel Klonkies / Pet Pikanins en Hans Pandoere en Koibois en Katelknape van hul wit base.

  8. Ek weet ek moet liewer nie vra nie, maar kan nie anders nie. Wat, was die opkoms by die herdenking? Uit die foto’s wil ‘n mens aflei dat daar benewens Dr Roodt, Steve, Hofmeyr en enkele ander, vir wie se teenwoordigheid ons reeds ons waardering uitgespreek het, weinig ander belangstellendes was. Was die naasbestaandes van die dooies en gewondes minstens daar? Ek hoop natuurlik van harte my afleiding is verkeerd, maar op die oog af wil dit lyk asof die, Afrikaner hier weer geskitter het in sy belangeloosheid en traak-my-nie-agtigheid.

      1. Daar was omtrent 100 mense, nie te sleg vir ‘n weeksdag nie. Baie van die slagoffers wou graag kom ,maar dit was moeilik vir hulle. Van hulle is na die tyd besoek en die blomme by die herdenking is na van die mense geneem weet ek.

        1. “Daar was omtrent 100 mense” … dankie Riana vir jou raaiskoot.

          Ek is nie die saamdrom tipe mens nie … ek hou nie van ‘n skare rondom my nie – al is dit my eie mense!

          Ek gril vir die gedagte van duisende swetende rasende swartes soos die sokker 2010 in al die stadions was.

          Saamdrom … klink vir my soos “hivemind” …

          Dalk ly ek aan Agoraphobia “perceives certain environments as dangerous or uncomfortable, often due to the environment’s crowdedness”

          Die swartes het hierdie saamdrom ding in hul guns geswaai, en gebruik dit in die politiek.

          As ander Afrikaners soos ek voel oor skares … dan verstaan ek waarom hulle wegbly!

Maak 'n opvolg-bydrae