Hewitt gaan huistoe

Die gewese tennisster, Bob Hewitt, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is in die Hooggeregshof in Pretoria tot 19 Junie uitgestel.

Hy is dié week deur regter Bert Bam tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en seksuele aanranding.

Hewitt, ‘n gebore Australiër, sal nie agter tralies wees nie, ten spyte van die vonnis teen hom. Die regter het hom laat huistoe gaan alhoewel sy regspan nog nie ‘n aansoek om appèl geloods het nie.

Die regter se besluit het tot ontsteltenis gelei by Hewitt se slagoffers.

One thought on “Hewitt gaan huistoe”

  1. Ek verstaan nie hoe die regter so ‘n besluit kan neem nie. Hierdie persoon het jong mense se lewens verwoes. Vir etlike jare het hy daarmee weggekom omdat almal te bang was om na vore te kom. Nou is dit uit en hy loop steed vry rond! Hierdie is mos nou ‘n duidelike boodskap aan ander misdadigers dat jy nie vir jou wandade sal boet nie. Verder het hy net 6 jaar gekry – tel sy ouderdom vir hom? Hoe is dit dan reg as Derby Lewis steeds boet vir ‘n daad wat hy net help beplan het? Ons regstelsel is verdraai. Dit is een van die redes hoekom hierdie land in sulke chaos is.

Maak 'n opvolg-bydrae