Groot Vyf, klein vyf en mikro-sewe

Wanneer Suid-Afrika ekologies of in bv die toeristebedryf ter sake is, word daar met hoofletters na Die Groot Vyf verwys: die olifant, renoster, buffel, leeu en luiperd.

Minder bekend, maar meer destruktief, is daar in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die klein vyf, ‘n benaming wat altyd met kleinletters geskryf moet word: FW de Klerk, Pik Botha, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers.

Verder was daar in ons onverkwiklike politieke geskiedenis mense wat so klein van gees is/was dat hulle nie eens die lysie van die klein vyf haal nie. Hulle kan die mikro-sewe genoem word. Sommige van hulle was deel van die Nasionale Party-regering: Kobie Coetsee, Chris Heunis en Niel Barnard. Ander was buite die regering: Willem de Klerk, Frederik van Zyl Slabbert, Sampie Terreblanche en Willie Esterhuyse.

Al die genoemde mense het ‘n bydrae gelewer tot die ondergang van die blanke bewind en beskawing, die agteruitgang van die land, die bevordering van kommunisme, ens. Pleks daarvan klop hulle hulleself op die skouer met die mite dat hulle ‘n burgeroorlog voorkom en Suid-Afrika op die pad van welvaart geplaas het.

Daar is net blanke, Afrikaanssprekende mans op die lys van klein- en mikrogeeste. Is dit dalk waarom daar tydens Vrouedag en -maand gepleit word dat vroue, selfs ousies, eerder oral in die openbare lewe ‘n groter rol moet speel?

Leon Lemmer

9 thoughts on “Groot Vyf, klein vyf en mikro-sewe”

  1. Abel Fabels het sy Pa gehuldig in Rapport se ‘Kop en Hart’ Toe skrif Jors die volgende kommentaar:

    “In my lewe het ons samelewing oorgegaan na ‘n matrigale stelsel met rekord hoe egskeidings, boosaardige feminisme en homoseksualiteit. Die rol van die pa het al meer verdierlik van ‘n vader tot ‘n teelbul.
    Die Pa speel skynbaar al minder rol in die samelewing. Omdat hulle alleen is kontrakteer hulle oor die hele wêreld terwyl die diensmeisie of liefie moeder die fort moet hou tuis. Of Hoe?
    Maar hoe meer die feministe probeer onafhanklik wees van huweliksbande hoe minder kan hulle sonder hul pa klaarkom.Want ‘n meisie en vrou moet ‘n vader hê anders gaan soek sy dit elders en betaal daarmee met seks.
    En ‘n seun moet ‘n pa hê as regter, priester,profeet, versorger en raadgewer en tuisteskepper.
    Maar die ma sal bepaal wat van die pa sal word. Sy is die mag agter die troon wat die vader sy ampskleed aantrek of – as sy wil- hom kaalgat sal uittrek asteware

    ———
    “Na ‘n eeu van Macho manlike ateisme wat begin het
    met ‘n Gay projek – die volksmoord en kinderoffers van die ABO. Na die eeu van
    heldom heidendom van wit manlike afgodediens van Isebel se Baal, Nietzche Nazis,
    Marx se kommunisme, Freud se seksuele perversie, Dawkins se wetenskapsfiksie en
    nou Islam se delusinêre satanisme.
    Die
    mans het so hulself gebrandmerkas die hoepriesters van die Sinagoge van Satan.
    Hulle het hul primêre roeping versaak en agter vreemde gode aangeloop.
    Maar
    dis die Moeders wat die volk sal red [soos Merkel] deur die gesinne te
    rehabilieer en die vaders van hul aanteel weer te klee met sy
    ampskleed”

    ——————
    Leon is sooooo korrek aangaande die kleinsielige minimans…..

      1. Rooikop laat ek jou iets vertel wat Trippie en Riempies en die ander meisies nie mag hoor nie. Druk toe julle ore!!

        Dis oor die Hollandse kindertjie wat tuis gekom het na sy/haar eerste seksvoorligting by die skool en by die Moeder wou weet:
        “Moeder nou wat is ‘n pe**s en pi**?”
        “Ag my liewekind dis daai orgaantjie wat tussen jou Vader se bene hang”
        “Nou Moeder wat is ‘n D**s of K**nt?”
        Ag my liefste kind – dis sommer die RES van jou Vader.!!”

        Moederator dis net vir Dan se oge bedoel!!

  2. Leon, hoewel ek nou lekker vir hierdie mikrosewe en die nikseggende vyf gelag het, dink ek die problem is veel veel erger.

    Myns insiens is die grootste probleem die hele nasie wat soos skape agter hierdie verleiers aangeloop het. Mense wat nie twee breinselle kon gebruik om te sien waar dinge heen oppad was nie (Vir my was die NP se pad al duidelik van ongeveer 1978 af – ek was toe 9 jaar oud, so kon andere dit nie insien nie?) As dit nie vir hierdie breindoodgeid was nie, sou nie een van hierdie rakkers hierbo genoem enige invloed kon hê nie, tensy die resultate van verkiesings ens natuurlik gekook was, wat my ook nie sou verbaas nie.

    Selfs ou Pasela Wêna en sy minister van gebreekte finansies (Onrusbarend) was al besig met hierdie boedel oorgee – as ek terugdink dan selfs ou Vorster.

    Hierdie is maar net my indrukke. Andere mag van my verskil,.

Maak 'n opvolg-bydrae