praag.co.za

Tag: PW Botha

  • Dan Roodt: Hoe die NP Suid-Afrika kon gered het

    Dan Roodt: Hoe die NP Suid-Afrika kon gered het

    Die afgelope week het heelwat ink gevloei, of liewer aanlyndata, betreffende FW de Klerk se vrylating van Nelson Mandela dertig jaar gelede, asook De Klerk se daaropvolgende verraad jeens die land en sy eie kiesers. Die jongste reaksie wat ek gesien het, is dié van Ilana Mercer, ‘n gebore Suid-Afrikaner wat tans in ‘n verre uithoek van die VSA woon: 30 Years Since F. W. de Klerk’s Great Betrayal.

    My eie kommentaar op De Klerk se oorgawe het reeds ‘n week gelede op 1 Februarie verskyn, onder die opskrif: 2 Februarie, ‘n swart dag in ons geskiedenis.

    Vanuit die Naspers- en Media24-stal word FW natuurlik konstant verdedig as die gewildste Afrikaner wat ons vyande al ooit teëgekom het, want hy het die land op ‘n skinkbord aan die mees radikale Afro-marxistiese faksie, die ANC/SAKP, oorhandig – met die funeste gevolge wat ons tans ervaar. Ek sit letterlik hier en tik op ‘n skootrekenaar – iets wat ek slegs by uitsondering gebruik want ek verkies ‘n tafelrekenaar met ‘n groot skerm – en wonder of my selfoonbattery lank genoeg gaan hou vir my om dié rubriek via die skootrekenaar te kan publiseer. Praat van jou laaste halwe kersie wat flikker en dreig om uit te brand, te midde van die revolusionêre stikdonkerte wat FW de Klerk geskep het.

    Ons is gekondisioneer om beurtkrag, antiblanke haat, (te)regstellende aksie en wetgewing, gate in die paaie, plaasmoorde, geweld, seksuele teistering en selfs verkragting van ons vroue en jong meisies deur swart mans, die afskaffing van Afrikaans, e.d.m., met gelatenheid aanvaar.

    Ewe gelate as wat die nonchalante owerspeler en kaalkoppierewaaier, FW de Klerk, vanaf die dek van sy Griekse jag die land weggegee het!

    Maar linkses glo dat dit “onvermydelik” was dat die ANC-terreurbeweging Suid-Afrika sou verower. ‘n Dag of twee gelede het ek per twiet vir een van die rooi Afrikaners, Pieter du Toit, gevra of hy dan glo in die marxistiese doktrine van “historiese onafwendbaarheid” waarvolgens die kommunisme bestem is om oor kapitalisme te triomfeer. Dié idee is mos in die geskrifte van Marx en Engels verewig. Maar intussen het die Berlynse Muur geval en is selfs Moedertjie Rusland, waar ek verlede jaar gasspreker by ‘n konferensie was, kapitalisties. Jy kan hamburgers en Coke in Rusland koop, asook Duitse of Koreaanse motors.

    Net in Suid-Afrika, Noord-Korea en Kuba het die Muur nog nie geval nie, ideologies gesproke. Want ons word oorheers deur die Christi van der Westhuizens, die Max du Preez’s, die Julius Malemas, Panyaza Lesufi’s en ander wat soos die Russe in die Katynwoud met die Pole gemaak het, elkeen wat hom nog durf ‘n Afrikaner noem, ‘n skoot in die agterkop wil gee.

    Nes Pieter du Toit, verdedig Christi van der Westhuizen fanaties De Klerk se oorgawe en die “onafwendbare” staatsgreep, die “nasionale demokratiese revolusie”, wat die ANC uiteindelik op die hele land en sy instellings sou uitvoer – ook op Eskom en elke watersuiweringsaanleg, wat verklaar waarom ek en u vandag dikwels sonder elektrisiteit en water sit!

    Christi van der Westhuizen is die ANC se woordvoerder in Afrikaans, en daarom het sy vrye toegang tot Netwerk24, RSG en vele ander media. Indien dit nie vir die internet was nie, sou die res van ons lankal tot Siberië of een of ander strafkamp in die Karoo verban gewees het – letterlik en figuurlik. Die kommunisme (en sy metodes) is mos “onafwendbaar”, soos die linkses ons elke dag verseker. Vir alle praktiese doeleindes is Suid-Afrika reeds ‘n marxistiese diktatuur. Net die koms van die internet en inligtingstegnologie weerhou ons van die totale Sowjetisering van ons land.

    In haar jongste Netwerk24-rubriek, vra Christi van der Westhuizen skielik die vraag: “Wat as PW president gebly het?” Dis nogal ‘n interessante vraag, soortgelyk aan: “Sê nou maar FW de Klerk het nie oorgegee nie, wat sou dan gebeur het?”

    In vele opsigte voel ek my presies die antitese of die teenoorgestelde as Christi van der Westhuizen. Sy is ‘n linkse, lesbiese vrou sonder kinders. Ek is ‘n regse, heteroseksuele man mét kinders. Per definisie is Christi bloot begaan oor die toekoms soos dit haarself raak. Sy beskik oor geen nageslag of erfenis nie. As die ANC die land totaal verwoes, alle Afrikaners uit die land verdryf of uitmoor, soos hulle reeds in ‘n mate daarin geslaag het, is dit maar tot daarna toe. Solank daar nog iewers ‘n gay kroeg op Port Elizabeth oorbly waar Christi kan gaan rinkink en sy haar maandelikse salaris ontvang om ANC-propaganda op kampus en in die media uit te basuin, is sy dolgelukkig.

    Hierteenoor is veel meer as my eie toekoms in ons land op die spel, want ek is oor my kinders begaan. Toe my dogter op Tukkies was, het sy my vertel dat sy bang is om na die Gautreinstasie in Hatfield toe te loop, want swartes op straat teister die Tukkiemeisies en slinger hulle allerlei onwelvoeglike opmerkings toe. Die universiteit doen niks daaraan nie, want dit “vind nie op die kampus plaas nie”. Watter wêreld laat ek aan my kinders na? Het hulle ‘n toekoms in Suid-Afrika onder hierdie rassistiese, linkse diktatuur wat hom as “demokrasie” vermom? Ek het die beste van Suid-Afrika beleef: die sestiger- en sewentigerjare toe Afrikaans ‘n groot opbloei beleef het, Johannesburg wat naas Mahattan die toonbeeld van ‘n “wolkekrabberstad” was, die kosmopolitiese Hillbrow met sy kafees van die Europese tipe, skoon, netjiese en veilige strate sonder slaggate.

    Maar danksy De Klerk en sy medeverraaiers het ons tot op hierdie smerige, misdadige, korrupte vlak gedaal. Met my “ja”-stem in die 1992-referendum het ek my kinders se toekoms vir ‘n pot lensiesop verkoop. Dit sal vir altyd by my bly spook.

    Christi is ook wesentlik Engels, desnieteenstaande die feit dat sy Afrikaans magtig is. Sy leef in die wêreld van Anglo-Amerikaanse kultuurmarxisme en beskou Europeërs en Afrikaners as agterlik. Hierteenoor hou Engels en kultuurmarxisme vir my geen bekoring in nie. Ek is wel jare lank daarmee gebreinspoel op die Engelse kampus waar ek gestudeer het, maar ek het gou-gou die werke van Nietzsche, Heidegger en ‘n swetterjoel aweregse Franse denkers ontdek. Die Europese, nie die Engelse denke nie, boei my. Hoe Afrikaners in die verlede gedink het, fassineer my insgelyks. Eintlik was hulle hul tyd vooruit, want hulle het al tastende met probleme geworstel waaroor die res van die wêreld nou eers begin dink: die naasbestaan van onversoenbare kulture, asook die hantering van ongebreidelde maatskaplike geweld en misdaad, tesame met politieke of godsdienstige ekstremisme.

    Christi van der Westhuizen haat die mense tussen wie sy grootgeword het. Soos die skrywer André P. Brink – nog ‘n linkse idioot as daar al ooit een was – op ‘n keer aan ‘n Franse televisiespan gesê het, sal dit vir Christi van der Westhuizen beter wees “as my eie volk ophou bestaan”.

    By die gedagte van Afrikanervolksmoord, selfs die kultuurvolksmoord wat daar tans teen ons gepleeg word, kom alles wat ek is in opstand. Dis waarom ek my op my Twitterprofiel as ‘n “bittereinder” beskryf: ek sal nooit die oorheersing deur die ANC en deur die Engelse marxiste in Suid-Afrika aanvaar nie. Al word Afrikaans op elke kampus en in elke skool verbied, sal ek dit steeds aanhou praat en skryf – al word ek nou ook na ‘n strafkamp toe gestuur! Nog minder sal ek my tot kommunisme of kultuurmarxisme bekeer. Soos die Franse Protestantse martelares uit die vroeë agtiende eeu wat geweier het om Katoliek te word, Marié Durand, sou ek eerder 38 jaar se eensame aanhouding in ‘n toring verduur alvorens ek my oortuigings sou afsweer.

    Synde die verbeeldinglose Christi wat binne haar kultuurmarxistiese eggokamer soos ‘n robot slagspreuke herhaal, kan sy bloot een uitkoms bedink indien die NP nie die knie voor die aggressiewe terreurveldtog van die ANC/SAKP sou gebuig het nie. Sy skryf naamlik:

    “Wit regses se fantasie dat wit oppergesag sou kon voortbestaan indien De Klerk ‘nie alles weggegee het nie’, is net in die vorm van ‘n militêre diktatuur haalbaar. Botha en sy sekurokrate het Suid-Afrika op daardie trajek geplaas, soos gesien kan word met die verharding van sy posisie in die tweede helfte van die 1980’s. Sy twee beroerteaanvalle het ‘n stokkie daarvoor gesteek.”

    Sy skryf verder:

    “Die ekonomie was in ’n onhoudbare krisis. Internasionale mening, veral dié van Westerse bondgenote, het ná die val van die Kommunisme geskuif. Suid-Afrika sou in ’n groot mate geïsoleer gewees het, sonder ’n magtige beskermheer soos wat Israel in die vorm van die VSA het.”

    Suid-Afrika was in 1989 ‘n beleërde land, dog slegs in ‘n mate. Verskeie linkse regerings in Skandinawië, Kanada en Frankryk het saam met die Sowjetunie, Oos-Duitsland en Kuba gewerk om die regering te ondermyn en ‘n marxistiese diktatuur hier by ons tot stand te bring. Die aanvanklike plan was om die banke en alle nywerhede te nasionaliseer in ‘n volskaalse “rooi revolusie” soos wat Lenin, Mao, Fidel Castro en vele ander uitgevoer het. Daarmee saam sou die land van “fasciste”, nasionaliste, Afrikaners en nie-linkse blankes gesuiwer word. Indien ons nie almal doodgemaak sou word nie, sou ons soos in Algerië die keuse gegee word: “Pak jou tas of ons maak jou dood.”

    Christi praat van ‘n “regse fantasie”, maar hiedie linkse fantasie van ‘n gesuiwerde, hoofsaaklik swart en marxistiese Suid-Afrika bestaan steeds en kruip elke dag nader. Dit leef voort in die EFF se uitsprake en in sy skare Johannesburgse joernalistieke bewonderaars wat graag wil toesien dat sy “ware rooi revolusie” verwesenlik word.

    Nie verniet nie maak die nuusredakteur van The Citizen, Daniel Friedman, YouTube-video’s waarin hy spot met “blanke volksmoord” (white genocide).

    Dis egter ‘n ingewikkelde wêreld waarin ons leef, baie ingewikkelder as wat die linkse Christi in haar Engelse, kultuurmarxistiese eggokamer haar dit kan voorstel.

    Dis boonop onwaar om te sê dat Suid-Afrika onder PW Botha universeel verwerp en geboikot is. Met behulp van die Sweedse geld en al die binnelandse verraaiers soos Desmond Tutu, het die ANC/SAKP wel oral ter wêreld sanksies teen Suid-Afrika bepleit, in die hoop dat die land ekonomies in duie sou stort en hulle Ukhonto we Sizwe oor die Limpopo sou kon stuur om Pretoria met geweld te verower. Maar vele belangrike lande ter wêreld met groot ekonomieë het glad nie sanksies teen Suid-Afrika toegepas nie, waaronder Wes-Duitsland, Italië, Switserland, Japan, Suid-Korea, asook ‘n swetterjoel Latyns-Amerikaanse lande met regse regerings.

    Die Verenigde Koninkryk het nooit ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika toegepas nie. Trouens, uit onlangs vrygestelde geheime dokumente uit Brittanje blyk dat die VK onder mev. Margaret Thatcher selfs die verpligte VN-wapensanksies omseil het, met die firma Plessey wat radartoerusting aan ons ou Weermag veskaf het. Dis dalk een goeie ding wat die Engelse oor die afgelope 200 jaar gedoen het.

    Die val van kommunisme in Oos-Europa moes ook die ANC-SAKP uitgewis het. Soos ek reeds in my Engelstalige essay, The Scourge of the ANC, geargumenteer het, het FW de Klerk se onnoselheid en verraad dié terreurorganisasie van ‘n gewisse dood gered! Soos God in die dakskildery van die Sistynse kapel, het FW sy vinger na die sterwende, verswakte ANC uitgestrek en hulle van ‘n tweede lewe voorsien.

    Was dit nie vir De Klerk se onbekookte, oneerlike verraad nie, kon dit só anders verloop het. Ons kon permanent van die ANC ontslae gewees het. Dwarsdeur die wêreld, maar veral in Latyns-Amerika, was daar al terreur- en guerillabewegings wat hele landstreke en stede kon beset, maar wat agterna die onderspit teen die veiligheidsmagte gedelf het. Die ANC was in ‘n oorlog met die Afrikaner en met Suid-Afrika gewikkel, ‘n oorlog wat hy net nie kon wen nie, gegewe die feit dat hy nêrens in Suid-Afrika enige dorp, stad of lappie grond kon verower nie.

    Maar terug by linkse en regse “fantasieë”. Werklikheidsontkenning is ‘n algemene probleem in Suid-Afrika. Dis reeds glashelder dat die ANC nie in staat is om te regeer nie, asook dat die ewe “bevryde” Zimbabwe ‘n volslae mislukking is. Linkses ontken dit egter, en maak asof sowel Suid-Afrika as Zimbabwe sal “regkom” as ons net ‘n paar klein verstellinkies aanbring: ‘n Cyril Ramaphosa hier en daar, rentekoerse wat ‘n kwart van ‘n persentasiepunt verlaag word of nóg ‘n lening vir Eskom of SAL.

    Ons kan nie langer in ontkenning leef nie. Een vorm van ontkenning is egter marxistiese “historiese onafwendbaarheid”. Die ANC en SAKP was nooit gepredestineer of vooraf bestem om te regeer nie. Dié ramp is deur menslike optrede veroorsaak, veral die optrede van een man: FW de Klerk.

    Dit kon só anders verloop het.

    Gestel die kabinet, pleks van onderlangs te mor oor die feit dat De Klerk en sy lakei, Roelf Meyer, besig was om al dié liggaam se voorskrifte en voorbehoude oorboord te gooi, het FW en Rooi Roelf net daar afgedank, die kabinet geskommel en ‘n nuwe span ingestuur.

    Onlangs het dr. Rina Venter, wat destyds minister van gesondheid was, haar outobiografie gepubliseer waarin sy weergee hoe onrusbarend FW de Klerk se “styl van onderhandeling” (lees: oorgawe) was. Indien sy en ander kabinetslede destyds bymekaar gekom het en De Klerk afgedank het, kon hulle nog die land gered het.

    Miskien kon Rina Venter self president geword het. Deur die geskiedenis het vroue in bepaalde krisissituasies na vore getree om hul land en hul volk te red. Dink maar aan die sewentienjarige Johanna van Arkel wat in 1428, toe Frankryk op sy knieë was en beset deur Engelse, self die wapenrusting aangetrek en ‘n leër rondom haar versamel het om ‘n Franse opstand van stapel te stuur. Of mevrou Margaret Thatcher wat die VK van stagnasie en linkse ondergang gered het. Om nie van Eva Perón, die “geestelike leier van die Argentynse nasie”, te vergeet nie.

    Pleks van FW se ellendige oorgawe aan die Rooies, sou Rina Venter dadelik bondgenote na regs begin soek het. Sy kon in die geheim met Constand Viljoen, Jaap Marais, Andries Treurnicht en Ferdi Hartzenberg vergader het. Daarna met Buthelezi, Lucas Mangope, Oupa Gqozo en ander tuislandleiers.

    Sodoende kon ‘n verenigde regse front tot stand kom teen die dreigende ANC-oorname van Suid-Afrika.

    Christi van der Westhuizen verwys na die geheime plan van die ANC in die vroeë negentigerjare om Suid-Afrika met geweld oor te neem, bekend as Operasie Vula. Pleks van die verraaier FW de Klerk wat dit as ‘n kleinigheid afgemaak het, sou Rina Venter dit as ‘n verskoning gebruik om die onderhandelings heeltemal te staak. Sy stel die ANC voor ‘n ultimatum: óf hulle laat vaar geweld en oorhandig al hul onwettige wapens, óf sy staak die onderhandelings en verklaar die onderhandelings as ‘n mislukking. Die Israeli’s en Palestyne het al verskeie kere onderhandel en nooit tot ‘n ooreenkoms gekom nie. Die buitewêreld sou verstaan: ons het probeer, maar die ANC klou vas aan sy idée fixe van gewelddadige, marxistiese revolusie.

    Terloops, FW de Klerk moes nooit vir Mandela met soveel fanfare en publisiteit vrygelaat het nie. Is Bram Fischer nie ook destyds in 1975 weens humanitêre redes vrygelaat toe hy kanker in die gevangenis ontwikkel het nie? Niemand het eens daarvan geweet nie. Die ANC het insgelyks vir Clive Derby-Lewis ná lewenslange tronkstraf vrygelaat, maar dit was geensins voorbladnuus nie en hy was steeds onder huisarres en moes gereeld by die polisiestasie aanmeld.

    Indien De Klerk oor enige verstand beskik het, sou hy presies so ‘n metode gevolg het om Mandela vry te laat: eers moes hy geweld afsweer (soos wat PW vereis het), daarna kon hy op Qunu gaan bly, maar hom daagliks by die polisiestasie aanmeld en aan geen politieke bedrywighede deeneem nie, anders word sy parool teruggetrek.

    Waarskynlik sou die ANC nie daarvan gehou het dat die NP nie meer wou kapituleer onder Rina Venter nie en sou gepoog het om vir oulaas ‘n gewapende opstand te pleeg deur Operasie Vula van stapel te stuur. Rina Venter sou alle weerbare blanke mans oproep en Ukhonto we Sizwe blitsig verslaan, met die meeste wat uitwyk na hul ou kamp wat deur die Oos-Duitsers, Swede en Russe in Tanzanië beskikbaar gestel is. Maar omdat Oos-Duitsland en Rusland ná die ineenstorting van die Berlynse Muur nie meer militêre bystand en toerusting aan die ANC verskaf nie, stort alles in duie. Soos in 1969, hou die ANC weer ‘n konferensie in Morogoro om sy voortbestaan te bespreek en besluit dié keer om wel te ontbind.

    Swede en Noorweë besluit om eerder Robert Mugabe se bewind te finansier ten einde Afro-marxisme te verwesenlik, maar as grondhervorming in 2000 in dié land afskop, help selfs die Sweedse geld nie meer nie. Suid-Afrika sluit sy grense met Zimbabwe en laat geen voedseluitvoer na dié land toe nie, sodat die Zimbabwiërs krepeer en slegs danksy voedselhulp vanuit Skandinawië en vanaf die Wêredvoedselprogram in Rome oorleef.

    Met die ANC as bedreiging uit die weg geruim, gaan dit egter klopdisselboom in Suid-Afrika. Nadat die Franse Sosialistiese president, François Mitterand, in 1995 teen Jacques Chirac in die presidentsverkiesing verloor, besluit Frankryk om sanksies teen Suid-Afrika op te hef. Geen van die voormalige Oosbloklande wil sanksies teen Suid-Afrika handhaaf nie, gegewe ons voortreflike rekord van antikommunisme, dus val die domino’s een na die ander: handelsanksies, finansiële sanksies, sportsanksies. As George Bush by Bill Clinton in 2001 oorneem, word alle Amerikaanse sanksies kragtens die Comprenhensive Anti-Apartheid Act van 1986 herroep.

    Slegs Kuba en Swede handhaaf steeds sanksies teen Suid-Afrika, maar dit kan Rina Venter en haar span nie skeel nie. Teenoor die verdeeldheid wat vanaf 1968 met die wegbreek van Albert Hertzog uit die Nasionale Party gegeld het, heers daar nou ‘n ongekende politieke eenheid onder Afrikaners. Van Zyl Slabbert, Roelf Meyer, Leon Wessels en Theuns Eloff bevind hulle nou in vrywillige ballingskap op Gorée-eiland waar hulle hul besig hou met Afrika-ontwikkeling terwyl hulle salarisse van George Soros se Open Society Foundation ontvang.

    Die NP, HNP en KP het reeds in die vroeë negentigerjare saamgesmelt om die Nuwe Afrikanerparty te vorm, ‘n party waarin openhartige debat en kritiese denke aangemoedig word, anders as die gatkruiperkultuur wat in die dekadente fase van die ou NP en veral onder FW de Klerk gegeld het.

    Die Driekamerparlement word stelselmatig hervorm om ook ‘n kamer vir stedelike swartes in te sluit. Dit vind groot byval en die munisipaliteit van Soweto verkry breë magte om die swart woonbuurt byna soos ‘n Switserse kanton te bedryf. Buitelandse waarnemers is beïndruk met die pragmatiese hervormings van die Nuwe Afrikanerparty, wat so geslaagd ‘n linkse, marxistiese revolusie deur die ANC en SAKP in Suid-Afrika afgeweer het.

    Verskeie linkse groepe is egter steeds in die land bedrywig. Soos voorheen gebruik hulle die Engelse kampusse van Wits, die Universiteite van Kaapstad, Natal en Rhodes as basisse vir agitasie en ondermyning. As die liedjie “Kill a Boer, kill a farmer” op die kampus van die Universiteit van Kaapstad gesing word, roep dr. Rina Venter haar kabinet byeen om die toestand te bespreek.

    Daarna maak dr. Koos Malan, ‘n eertydse HNP-lid, skrywer en tans minister van onderwys, ‘n aankondiging dat die vier Engelse kampusse summier gesluit word. Terselfdertyd bars daar spontaan betogings op die Afrikaanse kampusse los met die slagspreuk: “Skaf Engels af!”

    Die polisie bewaak die vier Engelse kampusse waar soveel lede van die voormalige ANC en Kommunistiese Party voorheen gestudeer en geïndoktrineer is en sorg dat niemand dit op die persele waag nie.

    In die Afrikaanse media skryf vele rubriekskrywers dat slegs Afrikaans vir hoër onderwys in die land gebruik behoort te word, vanweë die koloniale en marxistiese geskiedenis van Engels in die land. ‘n Besoekende Poolse parlementslid beaam dit as ‘n goeie idee.

    Koos Malan kom egter met ‘n nuwe voorstel vorendag, en dit is dat die vier Engelse kampusse veeltalig moet word. Pleks van plaaslike linkse universiteite, moet hulle nou omvorm word tot internasionale regse universiteite waar ‘n heenkome gebied word vir behoudende intellektuele en denkers van regoor die wêreld, met klasse in Engels, Frans, Duits, Spaans, Russies, Pools, Japannees en ander tale, asook natuurlik Afrikaans.

    ‘n Nuwe wet, soortgelyk aan die Franse wet wat voorsiening maak vir die ontheffing van burgerskap, word deur al vier kamers van die parlement goedgekeur. Diegene wat hulle skuldig maak aan ondermynende bedrywighede teen die staat, die propagering van Boerehaat of vyandigheid teenoor Afrikaans, die beplanning van terreur of sabotasie, of bloot radikalisering, word deur die minister van binnelandse sake van hul Suid-Afrikaanse burgerskap onthef en gedeporteer na hul land van herkoms, hetsy die Verenigde Koninkryk in die geval van blanke Engelssprekendes, Indië of Pakistan in die geval van Indiërs en Israel of Litaue in die geval van Jode. Met behulp van die wet, word daar skoongemaak onder Engelse akademici en ‘n hele paar honderd word gedeporteer. Die Burgerskapontheffingswet maak ook voorsiening daarvoor dat waar ‘n persoon nie oor ‘n duidelike land van herkoms beskik nie, hy na Zimbabwe gedeporteer mag word. Max du Preez, Christi van der Westhuizen, Adriaan Basson en diesulkes, wat Afrikaans grootgeword het maar die Engelse marxisme omhels het, se Suid-Afrikaanse paspoorte word afgeneem en hulle word na die utopiese landjie noord van die Limpopo gedeporteer.

    In haar onlangse Kersboodskap aan Suid-Afrika, het dr. Rina Venter gesê:

    “Toe ek minister van onderwys was, het ek besef dat goeie beplanning die grondslag vir alle groei en ontwikkeling is, hetsy in die gesondheidstelsel, hetsy in die ekonomie of die samelewing as geheel. Daarom sal ons voortaan groot klem plaas op ruimtelike ordening en die handhawing van ons omgewing, soortgelyk aan hoe dit in Nederland en sommige ander lande gedoen word.”

    As deel van haar nuwe Groot Plan vir Suid-Afrika, word steenkoolkragsentrales stelselmatig uitgefasseer en Suid-Afrika skakel oor na sonkrag en alternatiewe energiebronne, ook om energieonafhanklik te word. Die minister van handel en nywerheid hoor iewers ‘n voëltjie fluit dat ‘n Suid-Afrikaner in Kalifornië, Elon Musk, besig is om ‘n nuwe elektriese motor, die Tesla, te ontwikkel. Hy vlieg onmiddellik soontoe om hom te oortuig om sy fabrieke vir motors en batterye in Suid-Afrika op te rig, met die regering wat alles in sy vermoë doen om dit vir hom aantreklik te maak. In Rosslyn verrys ‘n nuwe “gigafabriek” om Teslas te vervaardig, wat van daar af oor die hele wêreld versprei word. Binnelands word subsidies aan die publiek betaal om oor te skakel na elektriese voertuie, soortgelyk aan hoe dit in die EU geskied.

    In al die groot stede word daar soos in Nederland en Denemarke fietspaaie aangelê sodat mense ook per fiets heen en weer werk toe kan ry. As voormalige minister van gesondheid, is dr. Rina Venter veral begaan oor volksgesondheid en dat ons mense fiks en aktief moet bly.

    Trouens, as jong minister onder PW Botha het sy die magtige Rembrandtgroep aangevat en die verkoop van sigarette aan kinders onder 18 verbied, asook reklame vir sigarette ingeperk, iets waarvoor sy ‘n toekenning van die Amerikaanse Kankervereniging ontvang het.

    Suid-Afrika is besig om in ‘n droomland te ontpop: die lug is skoon, die paaie en sypaadjies is skoon, die begrotings klop, nasionaal, provinsiaal en munisipaal. Tabak, alkohol en dwelms kwyn weg. Eskom is nou ‘n leier op die gebied van alternatiewe en veral sonergie, met reusesonkragsentrales wat oral soos paddastoele verrys. Met die afskuwelike linkse klein landjie Nieu-Seeland, die Kuba van die Stille Oseaan, wat uiteindelik ingestem het dat Suid-Afrika weer tot internasionale rugby toegelaat word, word die rugbywêreldbekergtoernooi vir die eerste keer in 2011 in Suid-Afrika gehou en die Springbokke wen die eindwedstryd teen die Kiwi’s 62-0. (Maak dit 102-0, dit klink nóg beter.)

    Die ekonomie groei teen agt tot tien persent per jaar, wat ‘n groot tekort aan opgeleide mannekrag veroorsaak. Maar ‘n horde Nederlanders, Vlaminge, Duitsers, Oostenrykers, Skandinawiërs, Pole en Russe staan tou by Suid-Afrikaanse ambassades om hierheen te immigreer en in huise met swembaddens, twee badkamers en dubbelmotorhuise met een Tesla en een elektriese BMW daarin te kom woon.

    Tuislandontwikkeling vorder met rasse skrede en word hoofsaaklik met hulpgeld vanuit die EU en die VSA bedryf, sodat dit geen las op die Suid-Afrikaanse belastingbetaler plaas nie. Slegs die Transkei verseg om te ontwikkel maar ‘n hoë muur is reg rondom die land gebou sodat geen Xhosa meer onwettig ons land mag binnekom nie. Die laaste paar Xhosas wat in die Wes-Kaap bakhand staan, word terug Transkei toe gedeporteer en daarmee is Suid-Afrika se “rasseprobleem” so te sê opgelos.

    In sy begrotingsrede verlaag die minister van finansies in 2015 sowel die persoonlike as die maatskappybelasgtingkoers tot 20%. Die blanke parlement staan verdere belastingtoegewings toe vir gesinne met kinders; blanke gesinne met drie of meer kinders betaal geen persoonlike belasting nie.

    Die Staatsteater word opgeknap en operas met internasionale sterre word daar aangebied, terwyl nie minder nie as twaalf voltydse simfonieorkeste regoor die land konserte hou.

    In 2020 steek die Suid-Afrikaanse ekonomie dié van Kanada verby, om die gesamentlike negende plek met Brasilië te deel. Ons is lankal groter as Australië of Nederland. Met die politieke en ekonomiese probleme in Brasilië, is ekonome dit eens dat ons ekonomie binne die volgende jaar selfs groter as daardie land s’n gaan wees. In die VSA meen vele meningsvormers dat Suid-Afrika vir Kanada binne die G7 moet vervang.

    Vanweë die streng toepassing van verkeersreëls, bestuursbystand in elektriese motors en die miljoene kilometer wat pendelaars per fiets aflê, het die ongeluksyfer in die land van 16 000 sterftes per jaar tot 300 sterftes, heelwat laer as in die meeste EU-lande, gedaal. Die eerlike, bekwame polisiemag en doeltreffende howe het insgelyks gesorg dat die moordsyfer van 34 per 100 000 lede van die bevolking tot 3 per 100 000, laer as in die VSA (5,30), gedaal het. Maar steeds hou die minister van justisie en polisie vol dat dié syfer nog “veels te hoog is” en dat Suid-Afrika, naas Japan (0,2), “die veiligste land ter wêreld behoort te wees”.

    Niemand kan meer onthou wanneer laas iemand op ‘n plaas vermoor is nie en met die hoëspoedinternet wat deesdae oral op die platteland beskikbaar is, is vele stedelinge besig om uit te wyk platteland toe om die natuur en ‘n veilige, ongejaagde lewenstyl te geniet.

    Eiendomspryse in die middestede van Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Durban lyk egter naar, want die koers per vierkante meter vergelyk goed met dié in Parys, Londen of Toronto. ‘n Kleinerige woonstel in Hillbrow of Braamfontein kos R10 miljoen, terwyl ‘n voorstedelike huis in Pretoria teen ‘n prys van tussen R20 en R30 miljoen verhandel. Om die instroming van kapitaal na Suid-Afrika te stuit, oorweeg die Reserwebank tans negatiewe rentekoerse op die kort termyn, asook maatreëls om die oorverhitte eiendoms- en aandelemarkte te kortwiek.

    Vir eerste kopers van woonhuise en veral jong paartjies wat gesinne wil begin, bied die staat egter gesubsidieerde, rentevrye lenings aan.

    Afrikaans beleef ‘n ongekende opbloei en dit spoel selfs oor die landsgrense na die buurlande en elders in Afrika waar die taal gesien word as ‘n vername onderdeel van die voorspoed en voortreflikheid van Suid-Afrika…

  • Dan Roodt: PW en die professore

    Dan Roodt: PW en die professore

    Ek het PW Botha twee keer in my lewe ontmoet en was redelik beïndruk met hom. Hy was eerlik, opreg en ‘n lojale Afrikaner. Hy sou nooit soos FW de Klerk aan die ANC oorgegee het nie.

    Daar was egter ‘n paar krake in sy mondering. Soos die meeste Afrikaners was hy goedgelowig en het Britse diplomate en staatshoofde (soos mev. Thatcher) op hul woord geneem, min wetende dat ‘n Engelsman gewoonlik vir jou sê wat jy wil hoor en agteraf ‘n ander mening koester.

    Die tweede ding wat ek vermoed, is dat hy iewers minderwaardig gevoel het omdat hy universiteit opgeskop het om as jong man voltyds by die politiek betrokke te raak. Soos Duitsers en Nederlanders, heg Afrikaners waarde aan akademiese kwalifikasies en titels.

    Waarskynlik was PW Botha intelligenter as die meeste akademici met doktorsgrade; hy het ook uitstekend en baie suiwer Afrikaans gepraat sonder ‘n sweem van ‘n anglisisme. Daarteenoor is akademici gewoonlik konformiste wat handel in die “heersende ideologie”, veral natuurlik liberalisme en marxisme. Daar was eens konserwatiewe akademici, maar hulle is lankal uit die stelsel uitgewerk. Tans verteenwoordig elke universiteit in die land ‘n uitsaaistasie vir linkse denke en propaganda. Daar was meer “akademiese vryheid” in die ou Sowjetunie as in ons land, circa 2020.

    Suid-Afrika se sterk weermag destyds was grotendeels die breinkind van PW Botha wat jare lank minister van verdediging was.

    PW Botha het egter twee groot foute begaan wat waarskynlik tot die ondergang van Suid-Afrika bygedra het: hy het eers een akademikus en toe ‘n ander aangestel om oor belangrike sake te besluit.

    Prof. Nic Wiehahn

    Die eerste was prof. Nic Wiehahn wat voorsitter van ‘n kommissie oor vakbonde was. Hoewel dit John Vorster se idee was, het die sg. “Wiehahn-kommissie” in 1979 tydens PW Botha se termyn tot stand gekom en sogenaamde “progressiewe” wetgewing voorgestel, veral vir swart werkers. Trouens, die verskil tussen wit en swart werkers, asook trekarbeiders uit die tuislande en sg. “stedelike swartes” is met een pennehaal afgeskaf.

    Die totstandkoming van Cyril Ramaphosa se kommunistiese NUM en COSATU was ‘n direkte uitvloeisel van die Wiehahn-kommissie. Dit het linkses in staat gestel om hul politiek te befonds deur maandelikse bedrae van swart mynwerkers se salarisse af te trek.

    COSATU het in ‘n hoë mate die ANC aan bewind gebring. Die ANC was vir alle praktiese doeleindes wat die Amerikaners ‘n “buitelandse terreurgroep” noem en het oor geen binnelandse organisasie beskik nie. Dis nou nog afgesien van die feit dat Ramaphosa, wat uit die ekstreemlinkse vakbondbeweging te voorskyn gekom het, as die ANC se hoofonderhandelaar aangestel is.

    Dít alles danksy “professor Wiehahn”.

    Die tweede professor wat die Afrikaner se toekoms in Suid-Afrika die doodskoot gegee het, was Niël Barnard. PW Botha was self ‘n Vrystater. In ‘n uiters ongewone stap het hy op 1 Junie 1980 die voormalige staatsleerdosent aan die Universiteit van die Vrystaat as hoof van die Nasionale Inligtingsdiens aangestel.

    Barnard het binne enkele jare in Switserland en elders met die ANC begin konkel, blykbaar sonder die medewete van die kabinet of PW Botha self. Waarskynlik is Barnard deur die CIA en die Britse MI6 gemanipuleer om die uiteindelike doelwit van ‘n ANC-oorname te bereik.

    Suid-Afrika is van buite af verower deur terreur en propaganda. Daarna is die staat en staatsondernemings van triljoene rand se bates gestroop deur die ANC self, maar ook al die duistere magte, sowel binnelands as buitelands, wat hulle gehelp het en dus ook hul pond vleis kon eis in die vorm van belonings uit korrupsie en sg. “staatskaping”.

    In so ‘n omgewing van terrorisme en ‘n “inligtingsoorlog” is ‘n land se verdediging so goed soos sy inligtingsdiens wat die nodige inligting insamel, maar ook terugslaan met “teeninligting” of teenpropaganda om dié van die vyand te neutraliseer. Volgens verskeie bronne het Niël Barnard nie hierin belanggestel nie en het reeds in 1982 vir alle praktiese doeleindes gekapituleer. Die weerstand teen die ANC en SAKP het hoofsaaklik vanuit die Weermag en die Polisie, waaronder die Veiligheidspolisie, gekom en nie vanuit Nasionale Inligting nie.

    Elders hier op Praag, haal Leon Lemmer vir Barnard aan waar hy in sy outobiografie skryf:

    ““Ek het [Mandela] soos die toekomstige president van die land behandel, want dit was duidelik vir enigiemand met ‘n bietjie insig dat hy dit sou word” (p 205).”

    Watter nut het dit om iemand aan die hoof van jou inligtingsdiens aan te stel as hy dink dat oorgawe aan die vyand onvermydelik is? kan ‘n mens vra.

    Lees ook:

    Karin Roodt: Niël Barnard se outobiografie ontbloot NP-rugstekery

    Leon Lemmer: Die eienaardige ondergang van blanke politieke mag in Suid-Afrika

    Leon Lemmer: Die geskiedenis van ons ondergang

  • Dan Roodt: Afriforum en Ernst Roets se intellektuele mislukking

    Dan Roodt: Afriforum en Ernst Roets se intellektuele mislukking

    Onlangs het Ernst Roets die wêreld probeer verseker dat Afriforum “wit nasionalisme verwerp”. Wat hy daarmee bedoel, is oop vir interpretasie, maar hy het dit goedgevind om my as “wit nasionaliste” in sy uitspraak te tipeer.

    Voorbeelde hiervan sluit in AfriForum se veroordeling van wit nasionalistiese groepe en rassistiese kommentaar deur wit nasionaliste. Ander voorbeelde sluit in AfriForum se regstryd met die Suid-Afrikaanse regering om ’n skool vir die Zulu-gemeenskap van Nkandla te bou, die bystand wat aan die Wallmansthal Communal Property Association en die Ndebele Vaaltyn-stam gelewer is, en talle ander.

    Ek is die vader van ‘n nie-identiese tweeling, maar is nie self ‘n Siamese tweeling nie, sodat ‘n mens na my in die meervoud kan verwys nie. Tensy Roets wou aantoon dat hy hom nou so ver op die spektrum van politiek korrekte spraak  waag, dat hy verwys na “hy” en “sy” as bloot “hulle” soos sommige LGBTI-aktiviste doen. Volgens Wikipedia: “In die vroeë 21ste eeu is die gebruik van enkelvoudige hulle vir bekende individue, bevorder vir diegene wat nie as manlik of vroulik identifiseer nie.”

    Ek het nuus vir Ernst Roets. Ek identifiseer beslis as manlik, selfs “giftig manlik”. Ek dra nie grimering of rokke nie, en daarom hoef hy nie na my te verwys in die meervoud of “enkelvoudige hulle” nie, na gelang van die geval.

    Sy skakel na ‘n News24-artikel bevat egter ‘n vorige onregverdige aanval op my toe sy kollega Kallie Kriel saam met die Amerikaanse Daily Show, wat ‘n onderhoud met my bedrieglik geredigeer het om presies die teenoorgestelde van wat ek eintlik gesê het op die klankbaan te plaas, my ‘n “rassis” genoem het.

    Hulle sê dat misdadigers saamstaan, maar nie Afrikaners wat “rassiste” genoem word nie. Ek dink beide Kallie Kriel en Afriforum is al meer kere as rassiste verguis as ek, maar hulle skaar hulle instinktief by die vyand eerder as by hul mede-Afrikaners. Of blankes.

    Dit laat my dink aan ‘n fassinerende gesprek wat ek nie lank voor sy dood met PW Botha gehad het nie. Om met hom te praat was amper soos om die geskiedenis op daardie ou gemeenskaplike plaastelefoonlyne te skakel, met stemme uit die verlede. PW Botha het baie bekende twintigste-eeuse figure geken of ontmoet, waaronder natuurlik Margaret Thatcher, asook die eerste president van Israel, Chaim Weizmann, wat hom ‘n swaard gegee het. Maar as ‘n jong man in die NP het PW ook as assistent vir Dr. DF Malan gedien.

    Blykbaar het PW Malan ondervra oor die verdeeldheid van 1933 tussen die Hertzog- en Malan-faksies. Malan het ‘n rukkie stilgebly, terwyl PW dieselfde afwagting in my geskep het, selfs op sy gevorderde ouderdom, met sy ferm, goed geartikuleerde stem. Toe hy die woord uiter, was dit amper asof ek DF Malan dit self kon hoor sê: “Afrikanerverraad.” Daardie een, verskriklike woord, het dit alles uitgedruk, ‘n eeu van verraad wat strek vanaf die Anglo-Boereoorlog tot die oomblik toe Tertius Delport by FW de Klerk een oggend vroeg in die Uniegebou gesmeek het om nie voor die vrystelling van die sogenaamde “Record of Understanding” aan die ANC oor te gee nie.

    Roets se veroordeling van “wit nasionalisme” deur na my te verwys, het geen ander logika as dié van ‘n vreemde, atavistiese verval in Afrikanerverraad nie. In plaas daarvan om enige van my uiteenlopende geskrifte, waarvan daar ongeveer ‘n miljoen woorde op die internet versprei is, aan te haal, verkies hy om ‘n skakel na Adriaan Basson se stereotipies liberale News24 te plaas, ‘n publikasie waarin daar gereelde tirades teen blankes en Afrikaners voorkom. In sy ywer om hom van “wit nasionalisme” te distansieer, sou Roets saamsweer met ekstreem-linkse malletjies, miskien selfs Julius Malema of Andile Mngxitama, met wie dit lyk asof Afriforum in die howe korswel vir ligte vermaak, maar nie hul swart nasionalisme kritiseer nie.

    Soos Roets dit stel, kan “swart nasionalisme ewe problematies wees, maar dit is nie die punt van hierdie artikel nie”. Nee, swart nasionalisme, wat dreig om Suid-Afrika in die soort afwaartse spiraal te werp wat aan Zimbabwe of Oeganda onder Idi Amin herinner, mag geduld word. Die werklike gevaar waarteen Roets uitvoer, is “wit nasionalisme”. Hy definieer dit so:

    “Wit nasionalisme is op baie verskillende maniere beskryf, maar in wese kom dit neer op die bevordering van die belange van wit mense, omdat hulle wit is.”

    Dan verduidelik hy dat Afriforum ‘n ‘kommunitaristiese benadering’ het, en dat ‘mense vrylik met sekere gemeenskappe assosieer’ wat ‘natuurlik op kulturele, taal- of godsdienstige vlak georganiseer is’. Afriforum fokus ook nie op die regte van die ‘blanke gemeenskap’ nie en sal beswaar maak teen so ‘n beskrywing … ”

    Dus sal blankes wat uitgesonder word vir regstellende aksie of rassekwotas in sport of selfs volksmoordretoriek soos dié wat deur Malema of Mngxitama aangevoer word, nie meer deur Afriforum verdedig word nie, synde gekant teen “wit nasionalisme”. Ons weet dat Suid-Afrikaanse blankes nie gewild is nie, nóg by die ANC en nóg by die hoofstroommedia waarmee Afriforum so gesellig verkeer, veral News24, dus wat Ernst Roets regtig aan ons fluister, is:

    “Witman, jy is op jou eie.”

    Maar verseker Ernst Roets ons:

        “(Dit is) nie onakkuraat nie” om “Afriforum as ‘n konserwatiewe organisasie te beskryf … terwyl ons ons disassosieer van die stigma wat vandag met konserwatisme gepaard gaan, as ‘n ideologie wat probeer terugkeer na die verlede, of wat verander teenstaan slegs omdat dit nie in staat is om verandering te hanteer nie, of wat poog om erfenis te bewaar ten koste van vooruitgang ”.

    Roets se verdediging van “konserwatisme” klink net so huiwerig soos Afriforum se beswaar teen die algehele verbod op die 1928-vlag, wat dit nooit self sou vertoon nie en mense sou “ontmoedig” om te vertoon, maar as ‘n uitdrukking van “vryspraak” sou verdedig. Ek dink dus in ooreenstemming met Roets se Kanadese-styl-, multikulturele “kommunitarisme” waardeur “mense vrylik met bepaalde gemeenskappe assosieer”, waaronder ‘n paar sterwende Afrikaners en KhoiSan, maar ook die gemeenskappe van Rastafariërs, gays en swingers, sou Afriforum altyd daar wees vir hulle, mits hulle ‘n debietorder onderteken het.

    Homoseksuele wit nasionaliste bestaan ​​en moontlik is daar ook konserwatiewe Christelike groepswoepsers, wie weet? Afriforum sou eersgenoemde verwerp, maar laasgenoemde omhels, of ten minste sou dit nie-nasionalistiese wit gays verdedig. Nasionalisme blyk die doring in die vlees hier te wees.

    Aangesien dit nie self die oranje-blanje-blou swaai nie, sou dit goed by Afriforum pas om die voorbeeld wat ek in 2018 by die Kanadese ambassade in Warskou gesien het, te volg en die gayvlag te hys! Niemand sal immers aanstoot neem en die organisasie daarvan verdink dat hy “probeer om erfenis te bewaar ten koste van vooruitgang nie”.

    Neem dit van my af, Ernst, as Afriforum die gayvlag bo sy hoofkwartier moes hys, sou dit as ‘n progressiewe daad gesien word, en ek is seker dat Eusebius McKaiser jou ten minste ‘n uur se entoesiastiese lugtyd op Radio 702 sou gee.

    Homoseksuele trots is kosjer, maar nie blanke trots nie. Noem dit die Zeitgeist of die heersende ideologie, maar ons is almal pynlik bewus van die gewig waarmee dit op ons rus.

    Afgesien van sy gemaklike verraad teenoor die vele toegewyde en patriotiese Afrikaners soos ek, sien ek ander probleme met Afriforum se gebrek aan oortuiging in die aangesig van die linkse rioolpyp (“stigmatisering en stereotipering”) wat gemik word op almal wat waag om op te staan ​​vir die regte van die wit minderheid in Suid-Afrika. Soos baie mense al gesê het: ‘n Mens kies nie jou ras nie, ondanks wat die “witheidsteoretici” sê. Om wit te wees, is nie iets waarvan u genees kan word nie.

    Guillaume Faye, wat vroeg vanjaar oorlede is, is verbind met die sogenaamde ‘nuwe regs’ en identitarisme. Hy het dikwels benadruk dat ‘n mens nie jou identiteit kies nie, maar ten minste gedeeltelik deur jou vyande gedefinieer word. Al sou alle blankes in Suid-Afrika “witheid” moes afsweer (ek moet om verskoning vra dat ek hierdie weersinwekkende term weer gebruik het, maar dit lyk gepas), sou die DA, die ANC en al die swart nasionalistiese partye ons nog steeds as ‘blankes’ beskou het. Ons word gekritiseer en aangeval, soms as Afrikaners, maar meer gereeld as “die blankes”.

    Weereens, is dit nie iets wat ons self kies nie. Die oomblik dat ons beswaar maak daarteen dat ons as blankes beledig, aangeval en met wette gekortwiek word, word ons gestigmatiseer as “rassiste”, “fasciste”, “wit nasionaliste”, “heteronormatiewe giftige mans” en elke ander geur in die linkse kookboek.

    Dit is duidelik dat Afriforum nie so ‘n semantiese aanslag kan weerstaan nie en verkies om in die multikulturele jakkalsgat af te sluip, tesame met Justin Trudeau, wat óf Islamitiese klere dra óf sy kostuum vir Gay Pride, afhangend van die dag van die week.

    Dit lyk asof Afriforum ‘n bietjie moed het om die heersende bestel aan te durf. Maar nie genoeg nie, is ek bevrees. In vele van sy gevegte, en nie net met betrekking tot die vlag nie, lyk die organisasie louwarm, sonder passie. Is dit wat ons nodig het in hierdie tyd van verval en daaglikse terreur?

    Die ou Nasionale Party het nie soseer die ANC beveg as daardie Afrikanerpartye en -groepe regs van hom soos die KP, HNP en AWB, Afrikanervolksfront, Vryheidsfront, ensovoorts nie.  Nadat hy die konserwatiewe of regse beweging in Suid-Afrika verdeel het, is dit enige wonder dat die NP uiteindelik aan die Marxistiese ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party oorgegee het? Afriforum sal ooreenkomste met Malema aangaan, soos wat dit rondom die “Kill a Boer” -lied gedoen het, maar dit sal nie in die openbaar gesien word, laat staan ​​nog ‘n ooreenkoms met Afrikanerorganisasies aangaan, wat dit as “nasionalisties” beskou nie.

    Dit wil lyk asof Afriforum ‘n blaadjie uit die Amerikaanse “kloekserwatiewe handboek oorgeneem het: om jou meer respektabel te maak vir liberale, die linkses en natuurlik die hoofstroommedia, moet u ander konserwatiewes aanval en hulle as “regses” en “nasionaliste” stigmatiseer. Die ANC of die EFF hoef nie teen Afrikanerorganisasies te veg nie; Afriforum sal dit vir hulle doen in sy strewe om die kloekserwatiewe kampioen in Suid-Afrika te word. Binnekort sal Ernst Roets selfs Helen Zille van die voormalige Progressiewe Party en Rand Daily Mail, “regse” en “rassisties” noem.

    Onlangs het Helen Zille aan Max du Preez gesê tydens hul tweegeveg wat op video opgeneem is: “Max, almal op Twitter noem almal ‘rassiste’.” Maar ek veronderstel dat Afriforum wil sorg dat dit lid is van die skare wat ander “rassiste” noem, in plaas van aan die ontvangkant van die belediging, waar hulle hulself tans bevind.

    Die ding wat my egter die meeste pla van Afriforum is hul gebrek aan intellektuele dissipline. Dit laat my dink aan die Nasionale Party in sy doodsnikke, toe dit alles vir almal was. Die NP is uiteindelik deur sy aartsvyand, die ANC, onder Kortbroek van Schalkwyk ingesluk. Die organisasie verraai in sy vele kompromieë en op-eiers-loop rondom vals leksikale lokvalle (soos “wit nasionalisme”), ‘n vrees om deur politiek korrektes “uitgevang” te word, eerder as duidelike strategiese denke of ‘n stel oortuigings.

    Teenoor ekstremisme – selfs die regerende party is ekstremisties wanneer dit by vele aspekte van sy beleid kom – bied Afriforum vir ons ‘n paar halfhartige clichés oor “gemeenskapsregte” en “vryheid van spraak” aan. Ek is amper in die versoeking om te sê dat Afriforum, gekonfronteer met blanke volksmoord (wat baie oorsese waarnemers in Suid-Afrika raaksien, gegewe die geweld en die arsenaal van wette en beleid wat teen ons blankes ingestel is) ‘n pleister of aspirien aanbied.

    Afriforum is te bang of te vlak van intellek om tot by die kern van die probleem deur te dink, wat weliswaar ingewikkeld is en nie maklik is om te omskryf of oplossings voor te vind nie. In baie opsigte is Suid-Afrika die eerste kwasi-Westerse samelewing wat in duie stort, onder die gewig van sy eie onhanteerbare verskeidenheid, hetsy etnies, ideologies, kultureel of taalkundig.

    My dikwels herhaalde slagspreuk is dat die Nasionale Party nie misluk het weens ‘n gebrek aan hulpbronne of fondse nie. Dit het ‘n funksionerende staat, media, ambassades in die mees gesogte buurte van Westerse hoofstede gehad, ‘n magtige weermag, toegewyde polisie en universiteite vol lojale akademici. Uiteindelik was die mislukking daarvan intellektueel, omdat dit nie bereid was om sy vyande in die ideëstryd te konfronteer nie. Lank voordat dit ‘n ANC-oorname aanvaar het, het dit intellektueel gekapituleer.

    Afriforum is miskien ‘n goed gefinansierde NRO wat elke maand honderde duisende Afrikaners belas met debietorders, maar dit het niks in vergelyking met die hulpbronne van die voormalige Nasionale Party-regering nie. Die huidige staat kan dit elke dag in die howe beveg deur belastingbetalersfondse te gebruik.

    Ons enigste hoop is dat daar ‘n groep of organisasie kan ontstaan ​​wat vreesloos die morele en ideologiese bankrotskap van die ANC-terroristebewind en die noodlottige greep daarvan op die land sou ontbloot, maak nie saak hoeveel die waansinnige linkses in die media en in die ANC self hul gewone beledigings sou slinger nie: “rassis”, “fascis”, “wit nasionalis”, “wit heerssugtige”, “giftige manlike”, ens. Dit moet nie net die heersende ideologie konfronteer en afbreek nie, maar ook ‘n alternatiewe visie vir die land, ‘n uitweg uit die huidige impasse aanbied.

    Helaas, Afriforum is nie daardie organisasie nie. Dit en sy “hoof van beleid en aksie”, Ernst Roets, is te frileux, soos die Franse sê. Wat mens kan vertaal as: “versigtig”.

    Hierdie artikel is ook in Engels beskikbaar op praag.org.

  • Leon Lemmer: David Harrison oor die wit Afrika-stam

    Leon Lemmer: David Harrison oor die wit Afrika-stam

    David Harrison was in 1980 die regisseur vir ‘n BBC-televisiereeks en het daarna ‘n boek hieroor, The white tribe of Africa: South Africa in perspective (Johannesburg: Macmillan, 1981, 307p), gepubliseer. Die wit “stam” (eintlik: etniese groep/volk/nasie) waarna verwys word, is die Afrikaners. Die outeur het ongetwyfeld Suid-Afrikaanse konneksies. Hy verwys bv na “my own South African relatives” (p 152). Afrikaanse inligtingsbronne is ook gebruik. Die televisiereeks en die boek is as gesaghebbend en objektief geloof. In sommige hoofstukke slaag die outeur in redelike mate hierin, maar onderliggend is daar die tipies Britse distansiëring van en hooghartige neersien op Afrikaners. Harrison is ‘n buitestander wat betaal is om van buite af te kritiseer. Na sy kort verblyf hier, woon hy knus in Engeland en hoef hy nie verantwoordelikheid te aanvaar vir die skade wat hy met sy joernalistiek en fotografie aangerig het nie.

    Vir die kritiese leser is dit duidelik dat Harrison hom aan die kant van die plaaslike Engelse en ongetwyfeld ook aan dié van die swartes skaar. Talryke verwysings na hierdie boek kom in die literatuur voor, maar ek kon eers onlangs daarin slaag om ‘n eksemplaar te leen te kry. (Daar is ‘n boek met ‘n soortgelyke titel, The European tribe (1987), deur ‘n Wes-Indiër, Caryl Phillips (gebore in 1958), iemand wat graag beskuldigend oor die rol van blankes in slawerny skryf, maar die teks van sy boek is van ‘n heeltemal ander aard as dié van Harrison.) Hou asseblief deurgaans in gedagte dat die perspetief wat Harrison bied 40 jaar oud is.

    David Dimbleby, wat die onderhoude vir die televisiereeks gevoer het, het die voorwoord geskryf. Sy samevatting is: “It is the old story of man’s search for power and security, for sense of identity and a measure of freedom even at the expense of his neighbour’s” (vii). In sy inleiding skryf Harrison: “The account will trace the Afrikaners’ fortunes from the dark days of the defeat by the British in 1902 to the election victory in 1948, the moment which finally gave the Nationalists control over South Africa and the opportunity to impose on all its citizens the political creed they called Apartheid. It also attempts to show the realities of a system which in the end, whether Nationalists claim to have been understood or not, has brought subjugation where it promised freedom and which could yet threaten the very future of the Afrikaner people it sought to preserve” (3).

    Hy wek die indruk dat apartheid by die Afrikaners ontstaan het; dus asof hierdie beleid nie ‘n voortsetting van die tradisionele Britse koloniale beleid van rassesegregasie was nie. Hy erken sekerlik ook nie dat die eerste paswet in Suid-Afrika in 1797 tydens die eerste Britse bewind deur George Macartney uitgereik is nie. Die naaste wat Harrison kom aan erkenning van die Britse aandeel in rassesegregasie is wanneer hy oor die NP se beleid van instromingsbeheer skryf: “It was no new system; the first laws restricting Hottentots to their own districts were introduced by the British” (184). Soos dit die gewoonte geword het, noem hy die pas wat deur die NP-regering uitgereik is “the Dompas” (247).

    Die Rieckert-kommissie het in 1979 onder meer bevind:

    “Control over the rate of urbanisation is, in the light of circumstances in South Africa, an absolute essential social security measure. Even though … the abolition of such control would lead to faster economic growth, the price to be paid for it in terms of direct and indirect social costs would be too high” (253).

    Instromingsbeheer is sedertdien heeltemal afgeskaf. Die stede word deur ongewenste, werklose massas verswelg; eintlik die hele land omdat selfs doeltreffende grensbeheer nie meer uitgeoefen word nie.

    Reeds in die inleiding word die Broederbond ‘n “so-called ‘cultural society’” genoem: “The Broederbond’s role has gradually changed, from safeguarding Afrikaner interests to conspiring [!] to maintain Afrikaner Nationalist domination” (5). Oor die beginjare: “During all this time the Broederbond had been paying particular attention to what they saw as the need to give the Afrikaner a feeling of identity, a self-confidence in his Afrikanerness that would make the Volk ‘stand up’ and challenge the English in every sphere of South African life” (94-95). “There was obviously much in the early activities of both the Broederbond and what it likes to call ‘its considerably bigger son’ the FAK [Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge], that was entirely innocent and part of an understandable attempt to give the Afrikaner back his self-respect, secure his cultural heritage and promote his new language. But gradually the emphasis changed … its role has shifted from safeguarding Afrikaner interests to conspiring [!] to maintain Afrikaner domination” (97). Teen blanke oorheersing klink daar alewig besware op, maar nie teen “black supremacy” nie.

    Het dit nie vir die Britse koloniale bewindhebbers ook om die beskerming van hulle belange gegaan nie? Byvoorbeeld, “In 1822 the Governor of the Cape Colony, Lord Charles Somerset, issued a proclamation that English was to be the only language of the courts and schools, even though Dutch settlers outnumbered the British by eight to one” (48). Ná 1948 het die Nasionale Party hom vir ‘n tweetalige staatsdiens, Afrikaans en Engels, beywer. “Never again would an Afrikaner complain that his case could not be heard in his own language” (155). Hierdie verwagting het sedert 1994 geblyk vals te wees. Hoofregter Mogoeng Mogoeng, wat net so min soos Somerset deur die kiesers aangestel is, het die slegte Britse voorbeeld nagevolg deur moedswillig Engels tot die enigste hoftaal vir dokumenteringsdoeleindes te verklaar, al is Engels die moedertaal van ‘n klein minderheid in Suid-Afrika.

    “In trying to understand Afrikaner Nationalism I have been somewhat confused by the widely used terms of verligte and verkrampte, meaning enlightened or moderate, and reactionary or hardline. They have always seemed to suggest more difference than actually exists. Those dubbed with either adjective still appear to be equally wedded to the basic tenets of the Nationalist creed, separate black homelands, separate citizenship, separate parliaments, separate schools and separate living areas however much the so-called moderates may advocate the abolition of separate park benches or separate lifts” (6-7).

    Asof baie Britte nie van nature geneig is om ‘n afstand tussen hulle en die swartes en selfs die Afrikaners te handhaaf nie. Waarom beswaar teen bv “separate black homelands” maak as die Britte self die skeppers van drie swart protektorate (Basoetoeland, Betsjoeanaland en Swaziland) in Suidelike Afrika was? Wat Harrison betref, is apartheid ‘n unieke Afrikaner-maaksel. “By the time PW Botha had become Prime Minister [1978] Apartheid was far more than a policy which could be repealed, an ugly aspect of an otherwise normal society” (276).

    Harrison se boek begin by die Voortrekkermonument. Die volgende kan bevraagteken word: “At Voortrekkerhoogte, too, although not quite so well-known, is an institution that in a different way does its bit to preserve the republic. It is a work colony for blacks or ‘Bantu’ declared ‘idle and undesirable’ under Section 29 of the Urban Areas Consolidation Act no 25 of 1945. Arrested without a warrant, sentenced without a trial, a black man can now be detained here for up to two years on the order of a civil servant, under a definition of idleness that has never yet applied to a white” (14). Let op die sarkasme in “does its bit.” Die Afrikaners by die Voortrekkermonument word “uncles” genoem. Daardie 1945-wet is ‘n maaksel van die Smuts-regering; nie van Afrikaners nie. In elk geval, is dit nie die Britte wat veral Londen se strate van “idle and undesirable” mense gestroop en hulle teen hulle wil na kolonies soos Amerika en Australië verskeep het nie?

    Hoe het die Britte die swartes tydens die Anglo-Boere-oorlog (ABO) behandel? “The blacks who had been workers on Boer farms were put into British labour gangs. Their families went to separate concentration camps but nobody bothered much about them. The daily maintenance allowance for Boers was 8½d a head, for blacks it was 4½d. Over thirteen thousand blacks died” (31). Die swartes wat die Britte in hulle oorlogspoging gehelp het, is die Boere se plase en ander eiendom belowe. Na afloop van die oorlog en ook met Uniewording in 1910 het niks van die Britte se beloftes, nie eens stemreg vir swartes, tereg gekom nie. Oor die ABO: “Whatever the reason the Boers had for changing sides it is estimated that a fifth of all fighting Afrikaners were on the British side by die end of the war” (33). Uiteraard beklemtoon Harrison eerder die persentasie hanskakies as die getal voorbeeldige Boere-bittereinders. Daardie hanskakies is dekades lank nie in Afrikanergeledere aanvaar nie. Deesdae is daar baie meer nieu-hanskakies as destyds, maar hulle word glad nie in dieselfde mate vir hulle verengelsing en ANC-gedienstigheid verkwalik as wat geregverdig kan word nie. Dink aan ‘n geval soos Wim de Villiers.

    “It was not just passing sailors who produced so many pale skins among those now called Cape Coloureds” (15); ook nie net Afrikaners nie; ook die Engelse “did its bit” in hierdie opsig. Bruin mense was oorwegend Smuts/Sapgesind (157) en het graag, veral in Kaapstad en omstreke, ‘n voorliefde vir Engels geopenbaar. Met ander woorde hulle was geneig om veral in die openbaar anti-Afrikaner en anti-Afrikaans te wees. Maar ook in hierdie opsig probeer Harrison om die bruin mense eensydig aan Afrikaners te koppel. Na aanleiding van die verwydering van bruin mense van die gemeenskaplike kieserslys skryf Harrison: “The most lasting damage had been done to the relationship between Afrikaners and their Coloured cousins [!]. No population group was closer to the Afrikaners than the million or more South Africans of mixed race. Since the days of the Hottentots they had worked and lived alongside the Boers, learning their customs, sharing their blood [!]. They spoke the Afrikaner’s language which they enriched with their own idiom. They worshipped in their own branch of the Afrikaners’ Dutch Reformed Church” (158). Harrison soek ooreenkomste tussen bruin mense en Afrikaners maar verswyg die verskille, bv dat die afstammelinge van die Oosterse slawe Moslems is en dat baie bruin mense se taal Engelsbesoedelde Kaaps is, wat Afrikaans eerder ondermyn as verryk.

    “Non-Nationalist historians now accept that the Transvaal, the destination of many of the Voortrekkers, was the home of black people as early as the fifth century” (16). Dit is waarskynlik ‘n oordrywing, maar die inheemse bevolking op die Indiese subkontinent was millennia vroeër as dit daar en in veel groter getalle, maar dit het nie die Britte ontmoedig om daardie streek eeue lank te beset en uit te buit nie. Die teks het by my die indruk gewek dat Harrison soms hard probeer om sy vooroordele agterweë te laat, maar kort-kort borrel dit uit. Byvoorbeeld, oor die jaarlikse herdenking van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember skryf hy: “No Afrikaner public figure worth his boerewors (sausage) will fail to be on his feet somewhere in South Africa that day” (19). Die Boere moes seker eerder daardie veldslag verloor het. Leopold Scholtz redeneer vanuit Nederland dat Afrikaners daardie 1838-gebeure nie (meer) as ‘n oorwinning mag vier nie, maar dit so moet plooi dat dit versoening bevorder. Wanneer ‘n minister NP-beleid verduidelik, noem Harrison dit, na aanleiding van George Orwell se formulering, “Van der Merwe-speak” (189). Dit is vir my duidelik dat ‘n Afrikanerhater hier aan die woord is.

    Een van Harrison se hoofinformante oor Afrikaners was die liberale en erg verengelste Ernst Gideon (Ernie) Malherbe (1896-1982, rektor van die Universiteit Natal, 1943-1965), maar Malherbe “did not feel that his Afrikanerness was threatened, or that he was being anglicised … to Ernie Malherbe the course chosen for the new South Africa by Botha and Smuts was both natural and welcome. To their cause he gave his full allegiance. Years later he was to become one of Smuts’ most trusted advisers” (58). Die soort anti-Afrikaner-raad wat Malherbe aan Smuts gegee het, blyk uit sy volgende skrywe in Maart 1944: “The Broederbond has obtained a stranglehold on education which will enable it, in sober truth, to govern South Africa within a few decades … Some thousands of servants of the state, more especially teachers, are bound by inclination and by oath to carry out the subversive plans of the Broederbond … As this policy of Afrikaner dominance creeps into the various spheres of employment, and particularly into the higher professional and state services, those who are not that particular brand of ‘ware Afrikaner‘ (true Afrikaner), required by the Broederbond, will be more and more pushed into the background to posts of secondary importance … Today, with the bitter experience of the Broederbond’s evil influence on the war effort, and its stranglehold on South African public life, the need for action is more urgent. If we are to live together in peace and amity in South Africa, the Broederbond must be destroyed” (144).

    “Nine months later, Smuts finally acted. He banned members of the Broederbond from working in the public service, giving them the alternative of resigning from one or other. One thousand and ninety-four resigned from the Broederbond though a small group of prominent Broeders chose, with some ostentation, to give up their jobs in the civil service rather than leave their secret society. The story provided the Nationalist press with copy for weeks. In January 1945 Smuts denounced the Broederbond in Parliament, calling it ‘a dangerous, cunning, political Fascist organisation of which no civil servant, if he was to retain his loyalty to the State and the Administration, could be allowed to be a member’” (145). Die staatsdiens was toe, soos deesdae, nie bo die politiek verhewe nie. Vir inligting oor die Broederbond: Praag 23.09.2018. Pieter de Lange (1926-2019, voorsitter van die Broederbond, 1983-1993), is onlangs oorlede. Die Afrikanerbond, die opvolger van die Broederbond, het De Lange geloof vir alles wat hy gedoen het om Suid-Afrika aan swart politieke beheer uit te lewer. Die Afrikanerbond is steeds ‘n organisasie waarvan Afrikaners liewer moet wegbly.

    Malherbe word soos volg aangehaal:

    “Our Afrikanerness was in our blood. It was like breathing. We didn’t need to make a fuss about it and ram it down people’s throats. It is very clever of the Nationalists today to use language and identity as a peg to hang all their other paraphernalia. And they certainly get very eloquent about it all, and show what the British have done. The British may have taken our worldly goods but they couldn’t kill our sense of personality” (58).

    Maar Anglofiele soos Smuts en Malherbe het in die Britse tradisie aan rassesegregasie bly vasklou. “The University of Natal was far from integrated, as Malherbe acknowledges. Lectures for blacks were separate although the staff was the same; blacks ate and slept in their own hostels” (194). Daar word gekla oor bruin studente in Natal wat van 1960 af verplig is om te verhuis met die oog op studie aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in Bellville. “Hardly any of them ever went because of the expense and also because the medium of instruction was Afrikaans which was quite strange to them” (194). In werklikheid is die bruin elite geneig om voor te gee dat hulle eerder Engels- as Afrikaanssprekend is. Dit is ook ‘n leuen om te beweer dat die UWK ooit ‘n eentalige Afrikaanse inrigting was. Van die begin af was die universiteit, wat onderrigtaal betref, ‘n tweetalige, dus Afrikaanse én Engelse, inrigting. Ná 1994 is die UWK omskep in ‘n eentalige Engelse universiteit, weens die misplaaste politiek-gedrewe ywer van veral Jakes Gerwel, wat deesdae graag deur Afrikaansinstansies geloof word asof hy ‘n kampvegter vir Afrikaans was. Die marxistiese Gerwel was maar net nog iemand wat die voortbestaan van Afrikaans as akademiese taal ondermyn het.

    As teenhanger vir Malherbe word veral van die Afrikaner, Henning Klopper (1895-1985, eerste voorsitter van die Broederbond, 1918-1926, hooforganiseerder van die 1938-ossawatrek, speaker van die parlement, 1961-1974), gebruik gemaak. Harrison kry hierdie stekie teen die Broederbond in: “The similarity with the Communist Party cell structure is striking” (90). Klopper word soos volg aangehaal: “Smuts sold us to the British. He became an Anglophile … Smuts misled [Louis] Botha” (59). Oor Botha en Smuts se versoeningspolitiek, wat ná 1994 met heelwat valse paaiery ook deur Nelson Mandela gepredik is, het Barry Hertzog in 1912 by De Wildt gesê: “I have no need to conciliate anyone because I have not wronged anyone” (61). Hertzog het op moedertaal-skoolonderrig en ‘n tweetalige staatsdiens aangedring: “If an Afrikaner went into the Post Office to buy stamps he could expect to be served in his own language” (61). Hoe skandalig het ons daaglikse ervaring van die werklikheid nie verander nie. Van die hoogs suksesvolle simboliese ossewatrek van 1938 het Klopper gesê: “We had united the people. We had brought them to their senses” (110).

    Harrison verwys na die kommunis, Brian Bunting (1920-2008), wat in 1994 ‘n ANC-parlementslid geword het, se boek The rise of the South African Reich (1964), waarin die Afrikanerbewind in Suid-Afrika as fascisties voorgestel word. “Bunting has analysed the effect of the continual emphasis on Afrikaner exclusivity” (96). Bunting word soos volg aangehaal: “The Boederbond has thus sponsored a sort of spiritual Great Trek of the Afrikaners in the twentieth century, by which they have removed themselves from ‘dangerous’ contact with other elements of the population and withdrawn into cultural isolation. Once behind the wall, they have become easy victims of the Nationalist virus” (96), wat sekerlik nie so gevaarlik soos die kommunistiese virus is nie.

    Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Sappe vir Jan Smuts gesteun toe hy kant vir Brittanje teen Duitsland gekies het. Die Natte onder Barry Hertzog was gekant teen die Britse vyandelikhede teen Duitsland. Vrywilligers het by Smuts se oorlogsaktiwiteite aangesluit. Sommige van hulle was bereid om as soldate in die buiteland te dien. “Those who did so wore distinguishing red flashes on their uniform shoulder tabs and became known to the Nationalists as Rooi Luisies, literally ‘Red Lice’” (125). ‘n “Flash” is ‘n kleurlappie of lussie, nie ‘n luisie soos Harrison uit onkunde of moedswilligheid beweer nie.

    Voor die algemene verkiesing in 1948 het ‘n kommissie onder die voorsitterskap van Paul Sauer (1898-1976) die Nasionale Party se beleid soos volg geformuleer: “Equality between blacks and whites would lead to ‘national suicide of the white race’, whereas the policy of Apartheid would protect and make safe the future of every race with full opportunities for development in its own areas. One group would not be a threat to the other” (150). Die Nasionale Party, met DF Malan as eerste minister, het in 1948 aan die bewind gekom. Ernie Malherbe lewer soos volg kommentaar: “I was very much upset at losing that election because I knew the kind of people that would get into power and what they would do, particularly in the education field. That is what upset me most, because I knew what their aims were, from what I knew of the Boederbond. Unfortunately my fears were realised” (152).

    Anders as Smuts en Malherbe het die Nasionale Party hom vir aparte Afrikaanse en Engelse skole en universiteite beywer, wat ‘n bloeitydperk vir Afrikaans, die kern van Afrikanerskap, ingelui het. Die ANC-regering en sy kruipsugtige meelopers bevorder deesdae eentalige Engelse opvoedkundige inrigtings. Afrikaanse skole en universiteite word vernietig deur hulle in dubbelmedium Afrikaans/Engelse inrigtings te omskep as voorlopers van eentalige Engelse inrigtings. Dit is ook wat Harrison per slot van sake bepleit: PW “Botha called for an end to the old feud between South Africa’s two groups of whites and for the promotion of what Pretoria’s hand-outs called ‘the Anglo-Afrikaner nation’ but as a Nationalist could not take the one step that might bring about real union, and send the children of both white groups to school together” (275).

    Gerrit Viljoen (1926-2009) het in 1977 ‘n pragtige verduideliking verskaf:

    “If the Afrikaner has an almost over-anxious fear of losing his identity, that is because he is not the branch of the tree but the tree itself. If the whites of Rhodesia are defeated, they are merely a branch and the tree of English culture still grows … If the Afrikaners go, then the whole tree of Afrikaner culture goes with them” (275).

    Hermann Giliomee het onlangs aansluiting hierby gevind: “As Afrikaans in Suid-Afrika sterf, is dit weg, anders as die geval met Engels” (Die Burger, 14.03.2019, p 4).

    Oor verskuiwings ingevolge die wet op groepsgebiede skryf Harrison: “Compensation was paid to families forced to move but rarely at the market price” (184). My ouers het so ‘n eiendom gekoop. Die eienaar het die veilingsprys aanvaar voordat die bod toegeslaan kon word. Die punt is: Mense wat verskuif is, is vergoed vir die eiendom wat hulle besit het. Deesdae word blankes blootgestel aan onteiening sonder vergoeding. Die NP-metode kan as geregtigheid kwalifiseer maar beslis nie die ANC se manier van doen nie.

    “A government commission, set up by the Nationalists in 1949, found the [church] missions had ‘achieved nothing but the destruction of Bantu culture … nothing beyond succeeding in making the native an imitation Westerner’” (190). Vóór 1948 was swart onderwys grootliks in die hande van kerkgenootskappe. Van 1960 af het Bantoe-onderwys momentum gekry en is die klem nie op verwestering geplaas nie maar op die uitbouing van elke etniese groep se kultuur, insluitende die verskillende moedertale. Die NP-regering kan nie met reg daarvan beskuldig word dat hy Afrika-tale verwaarloos het nie, al is dit presies wat Cyril Ramaphosa onlangs op ‘n leuenagtige manier gedoen het en hy sy gehoor valslik probeer wysmaak het dat die ANC-regering, anders as die NP-regering, swart tale bevorder.

    Ek het in vorige rubrieke verwys na die skouspelagtige positiewe resultate wat Bantoe-onderwys, teen groot koste vir die blanke belastingbetalers, behaal het, soos verwoord deur bv Hermann Giliomee. Maar die linksgesinde Harrison laat hom nie deur feite oortuig nie en skryf gevolglik oor Bantoe-onderwys: “The legacy of these years of calculated neglect is not easily erased” (192). Die swart elite, insluitende die ANC-regering, staan afkerig van swart kultuur soos wat dit destyds deur Bantoe-onderwys bevorder is, wat deels die heftige kritiek op daardie onderwys verklaar. Swartes “[showed] an extreme aversion to any education specially adapted for the Bantu” (197). PW “Botha committed his government to establishing compulsory education for all, but no amount of money poured into black schooling … would convince the black population that their education was anything but inferior to that of whites for the simple reason that it was different” (275).

    Tydens die NP-bewind het Afrikaans en Afrikaanse universiteite floreer. Die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) is as teenvoeter vir die Engelse Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gestig. Met die RAU is beoog die ontworteling van “the destructive forces of liberalism, communism and humanism which … flourished at the existing English-language University of the Witwatersrand” (202). Engelse universiteite, volgens Albert Hetzog (1899-1982), “permit the erosion and destruction of souls of our young people because of the liberalistic or leftist, perhaps even semi-communistic, influences at work in the English-speaking universities” (203). “Semi-communistic” is eintlik te sag gestel. Die huidige Wits-rektor is openlik en militant marxisties (Praag 17.03.2019). Harrison het destyds, soos deesdae die gewoonte geword het, kommunisme as onskadelik probeer voorstel. “The essence of the Nationalist charge [was that] Communism undermined traditional South African attitudes towards race. Communists advocated equal civil and political rights for all and it required no great leap of Nationalist imagination to believe that those who advocated equal civil and political rights for all South Africans must therefore be Communists” (211).

    Oor die SAUK, wat vóór 1994 ‘n lonende onderneming en finansieel onafhanklik van die staat was, skryf Harrison: “On SABC radio, all is for the best in the best of all separate worlds. ‘It is through this medium’, wrote black author Mtutuzela Matshoba, ‘that the minds of my people are stolen’” (209). Deesdae word gedwonge rasse-integrasie as voortreflik voorgestel; nie net oor die radio nie maar ook oor die televisie, wat ‘n kragtiger indoktrinasiemedium is. Oor die SAUK: Praag 1.10.2018.

    Die gewoonte het posgevat om PW Botha net sleg te sê. Harrison noem hom Piet Wapen. Die blankes moes hulle, volgens Harrison se siening, seker liefs nie teen die aanslae van terroriste en kommuniste verdedig het nie. By geleentheid het Botha glo aan Piet Cillié gesê: “No one will ever accuse me of too much self-control” (261). “Helen Suzman, in a famous epithet, said ‘If he was female, he would arrive in Parliament on a broomstick’” (261).

  • Leon Lemmer: ‘n Lofrede vir Nelson Mandela uit Stellenbosch

    Leon Lemmer: ‘n Lofrede vir Nelson Mandela uit Stellenbosch

    “Die veroordeling van Afrikaans as ‘n struikelblok vir die US [Universiteit Stellenbosch] het teen 1995 uit Afrikaanse geledere op Stellenbosch momentum gekry. Willie Esterhuyse het in ‘n artikel getiteld ‘Can South Africa afford five Afrikaans universities’ [The Times Higher Education Supplement, 24.02.1995] Afrikaanse onderrig aan Stellenbosch bestempel as ‘n struikelblok om swart studente te trek” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans: ‘n Besondere verhouding, 1911-2011, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 63). Dus, toe die nuwe Suid-Afrika nog nie ‘n jaar oud was nie, het Esterhuyse op eie inisiatief in ‘n buitelandse tydskrif die verengelsing van die Afrikaanse universiteite (Oranje-Vrystaat, Potchefstroom, Pretoria, Randse Afrikaanse Universiteit en Stellenbosch) bepleit. Sedertdien het drie van hierdie universiteite, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), verengels terwyl Afrikaans as onderrigmedium op Potchefstroom en veral Stellenbosch sterk afgeskaal is. Elke keer as een van hierdie universiteite verder verengels het, het ek my afgevra hoe Esterhuyse dit met sy gewete (veronderstellend dat hy een het) kan versoen. In sy jongste boek verskaf hy indirek ‘n antwoord: Soos die Nasionale Party (NP) se hoofargitekte van die nuwe Suid-Afrika (FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers) het Esterhuyse besluit om pleks van hom te verootmoedig en as selfgeprese voorbereider van die 1990/94-ramp verskoning te vra, eerder sy oë vir die tragiese werklikheid van die nuwe Suid-Afrika te sluit en dinge hoogs eensydig “reg” te probeer skryf.

    Esterhuyse was as US-dosent nie die enigste Afrikaanssprekende op Stellenbosch wat die afskaling van Afrikaans bepleit het nie. Gerhard van Niekerk was jare lank ‘n US-raadslid en het hom in woord en daad vir die verengelsing en verswarting van die US beywer, soos duidelik uit Kapp se genoemde boek blyk. Die US was eens “‘n bastion van Afrikaners se taalnasionalistiese maneuvers” (p 255), maar hierdie twee linksgesindes, wat albei op Stellenbosch woon, het gehelp om hieraan ‘n einde te maak. As geesgenote het hulle byeengekom en die volgende boek geskryf: Die tronkgesprekke: Nelson Mandela en Kobie Coetsee se voorpuntdiplomasie (Kaapstad: Tafelberg, 2018, 264p, R280; Amazon Kindle $23). “Die dokumentasie waarop hierdie publikasie steun, kom uit die omvangryke Kobie Coetsee-versameling wat by die Universiteit van die Vrystaat se argief gehuisves word. Die dokumente is sonder enige voorskrif of bepaling oor die gebruik daarvan aan die argief oorhandig” (p v). Die outeurs is albei Afrikaanssprekende blankes wat eerder nuwe Suid-Afrikaners as Afrikaners wil wees. In hierdie boek is daar dieselfde neiging tot oordrywing en venyn as in een van Esterhuyse se ander boeke: Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (2012). Baie van die wanklanke in hierdie boek klink ook in Esterhuyse se jongste boek op.

    Enersyds poog die outeurs om Nelson Mandela se gewaande ikoniese status in groter mate te verheilig. Ikoon: “iemand/iets wat merkwaardig/besonders/navolgingswaardig is; beroemde persoon wat deur baie mense bewonder word” (HAT). Sulke ongekwalifiseerde, buitensporige bewondering sal die outeurs sekerlik nie vir enige blanke opdiep nie. Andersyds word probeer om nuwe “bevrydingshelde” te skep. Vir die outeurs maak die moeilikheidsgraad van hierdie projek nie saak nie; solank hulle eie onmeetlike verligtheid bly skitter. Kortom: Vir Afrikaners behoort dit ‘n onsmaaklike boek te wees om te lees. Ek skryf aanvanklik oor algemene aspekte, insluitende die loftuitinge vir Mandela, en daarna oor die nuwe “bevrydingshelde” wat die outeurs probeer skep, hoewel hulle reeds in embriovorm in Eindstryd voorkom.

    Ek het bly wonder of die outeurs dan nie raaksien wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur nie. Verbly die outeurs hulle oor die waarheid? Sien hulle werklik ‘n suksesvolle, vooruitstrewende staat? Maak die verval van ons stede en eens pragtige dorpe glad nie saak nie? Is die nalatenskap van die ANC se terreur vir hulle mooi? Is finansieel-ekonomiese rommelstatus ‘n trotse prestasie of ‘n verdoemende wanprestasie? Vind Esterhuyse se geneul oor die “sistemiese” gebreke van die ou Suid-Afrika geen weerklank in die nuwe Suid-Afrika nie? Is wat met Afrikaners en Afrikaans gebeur, weens die verraad van FW de Klerk en sy groepie medepligtiges, werklik so onbelangrik dat dit ignoreerbaar is? Weens ANC-gedienstigheid het die outeurs hulle hart verhard. Wanneer die oorgangsgeskiedenis van Suid-Afrika – van ‘n beskaafde, Europese land tot net nog ‘n agterlike Afrika-land – vorentoe herskryf word, gaan Esterhuyse en Van Niekerk se insig en bydraes heel waarskynlik deur minstens sommige historici verdoem word. Nêrens gee die outeurs blyke dat die sogenaamde wêreldmening verkeerd kan wees of dat hulle die huidige plaaslike modepolitiek krities benader nie. Dit is myns insiens beter om jou siel, soos Faust, aan die duiwel te verkoop as om, soos die twee outeurs, jou siel aan die ANC te verkwansel. Die ANC is immers ‘n hedendaagse, plaaslike, destruktiewe, immorele mag.

    In 1964 is Mandela weens hoogverraad tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy het tereg die doodstraf verwag. Die outeurs se kommentaar op die vonnis is: Dit “laat ‘n wrang smaak in die mond vanuit die perspektief van vandag” (8). Hulle vertolking is dat Mandela “in die tronk was vanweë ‘n geregverdigde vryheidstryd” (183). Moes eerder toegelaat gewees het dat Mandela sy bomplant- en terreurveldtog ongesteurd voortsit? Soos die outeurs bewonderend aantoon, was daar geen moontlikheid dat Mandela geweld sou afsweer alvorens swartes die politieke mag oorneem nie. Die outeurs verwys na “die berugte Hoogverraadverhoor”, “die gehate Bantoe-onderwyswet” en “die berugte wette oor die afkondiging van ‘n noodtoestand” (20). John Vorster “was die vader van drakoniese maatreëls soos aanhouding-sonder-verhoor” (22). Vorster en PW Botha [“deurdrenk met ‘n veiligheidskultuur” – 25] was glo “fanaties veiligheidsbewus” (24). Dit is gegrond op hulle “konstruk-van-die-vyand” (24), asof terrorisme en kommunisme geblyk het nie werklik vernietigende magte te wees nie. Vorster en Botha het glo “alle [!] geloofwaardigheid” verloor (35). Die rassediskriminasie in bv regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ontlok geen beswaar by die outeurs nie. Mandela is glo “by uitstek die wêreldsimbool van vryheid, geregtigheid en martelaarskap” (8). Vryheid vir wie? Sekerlik nie vir die blankes nie. Suiwer rassisties word daar deesdae soveel moontlik teen blankes gediskrimineer. Is enigeen dag en nag vry om op enige plek veilig in die nuwe Suid-Afrika te wees?

    Mandela word naas “Madiba” (11) dikwels “Prisonier 913” genoem; dalk om ‘n nuwe handelsmerk te help vestig. Hy bestuur glo “sy eie vrylatingsproses informeel en later selfs formeel” (8). “Hy bestuur sy eie vrylating op ‘n berekende en takties-strategiese wyse en nie Botha of De Klerk nie” (63). Herhaaldelik word die begrip “voorpuntdiplomasie” verduidelik asof dit moeilik is om gesprekke agter die skerms (1), oftewel agteraf gekonkel, te verstaan. “Prisonier 913 was hierin ‘n meester” (8). Mandela het vóór die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party doelbewus geweld as dié middel tot politieke mag gekies en hom ongetwyfeld aan terreurdade en hoogverraad skuldig gemaak, maar die skuld hiervoor word op apartheid en die NP afgeskuif. Die outeurs etiketteer Mandela nooit as ‘n terroris nie. “Hy was, as vryheidsvegter en versetsleier, in ‘n sin die ‘produk’ van die NP, wat uiteindelik die NP ‘oorneem’ en na sy graf stuur” (9). Mandela en die ANC se “sleuteldoelwit” was “bevryding” (eintlik swart oorheersing) en daarvoor is hulle geïnspireer deur mooi klinkende “sleutelwaardes” soos “nie-rassigheid, gelykheid, geregtigheid” (9). Daarteenoor is daar die blankes/Afrikaners: ‘n Skynheilige, magsugtige en moreel onaanvaarbare minderheidselite” (144). Het ons nie-rassigheid beërwe of word daar deesdae ten gunste van swarte en ten koste van bruines, Asiate en veral blankes suiwer op grond van ras gediskrimineer? Hierdie opset druis vanselfsprekend in teen gelykheid en geregtigheid, maar die outeurs swyg hieroor.

    “Pogings om dié rasse-ideologie [segregasie] aanvaarbaar te maak met argumente oor etnisiteit (volk) en vorme van selfbeskikking, kon nooit die kernbeginsel van sy ideologie verdoesel nie: rassesegregasie, soos dit voorgeskryf en deurgevoer is deur die NP-regering. Vir die teenstanders van apartheid, soos die ANC en Mandela, was dié stelsel ‘n vorm van praktiese en strukturele gewelddadige rassisme” (15). Op grond van hierdie redenasie word gewelddadigheid dwarsdeur hierdie boek eerder aan apartheid/die NP/blankes as aan die swartes/ANC/UDF en ander terreurgroepe toegedig. Byvoorbeeld: “Op 21 Maart 1960 word dit met koeëls, bloed en lyke geïllustreer by Sharpeville” (21). Die outeurs opper beswaar teen die gebruik van sambokke deur die polisie (38) maar nie teen AK47-gewere en landmyne deur die ANC nie. Die weermag en veiligheidspolisie reik glo “bombastiese verklarings” uit en daar is “militêr geïnisieerde moordbendes,” want dit gaan om “wit-beheer-tot-elke prys” (45). “Die Botha-regering se valke [het] net één oplossing gehad …: Koeëls en kruit om te bewys wie is militêr die meerdere” (138). Sulke uitsprake word nie gebalanseer met die ANC se uitgesproke onderneming [“staatsug” genoem – 90] om die land gewelddadig tot in die grond af te breek ten einde die politieke mag te bekom nie. Waarom nie? Omdat die outeurs hulle ongekwalifiseerd aan die kant van die ANC en teen die blanke bewind skaar. Vir hulle maak dit skynbaar nie saak hoeveel Suid-Afrika aan (Europese) beskawing inboet nie.

    Die NP-ondersteuners word as onnosel uitgebeeld: Toe Pik Botha in 1986 die moontlikheid van ‘n swart president noem, het “pandemonium” uitgebars. “Niemand [!] in NP-kringe het nog ooit [!] so ver gedink nie” (46).Vir die vergoeiliking van Mandela se terrorisme pas die outeurs hulle dubbele standaarde toe: By “georganiseerde verset” is Mandela “die leidende lig [!] en uiteindelik ook die internasionaal mobiliserende simbool” (21). Aanvanklik slaag Mandela daarin om “uit die kloue [!] van die veiligheidspolisie” te bly (21). Die outeurs kom darem met ‘n toegewing: rasse-segregasie/apartheid “was nie eens ‘n outentieke Afrikaner-affêre [! – let op die woordkeuse] nie … nie die produk van Verwoerd se rassistiese politieke drogbeelde [!] nie” (15). In ‘n ander konteks word daar later van “‘n manne-affêre” geskryf (62). As verligtes is hierdie twee outeurs dus ook ondersteuners van die feminisme.

    Dit was die Britte wat met rasse-segregasie in Suidelike Afrika begin het. Toe “oud-dominee Malan” (16) en die NP in 1948 hulle apartheidsbeleid ingestel het, is “beoog die handhawing en beskerming van die blanke bevolking as ‘n suiwer blanke ras” (17). Dít word sonder meer “blatante rassisme” genoem (17), terwyl blankes myns insiens die onvervreembare reg op selfbehoud het en blankes ook self mag bepaal wat hulle is of wil wees. Die ANC, daarenteen, bepleit rasvermenging. By “Malan en sy NP” was daar glo bloot “die skyn van rassetoleransie” (17). “Malan, wat soos ‘n tipiese oudmodiese en konserwatiewe predikant gedink het dat volkereverskille ‘n goddelike verordening is en dat Afrikaners ‘n spesiale roeping het, reken selfs [!] dat die regering se beleid een van ‘goodwill to the Bantu (swart mense)’ is” (19).

    Een van die valse argumente wat volgens die outeurs al “holrug gery” is, is: “Onderhandelinge word deur elemente in die ANC as ‘n taktiek beskou om álle mag deur middel van geweld oor te neem” (28). Daar behoort myns insiens geen twyfel te wees nie dat die ANC, ten spyte van herhaaldelike valse beloftes deur bv Mandela, onderhandelinge en onverminderde gewapende stryd gelyktydig bedryf het. Eintlik erken die outeurs dit by implikasie: “Die verbode ANC doen in die middel 1980’s iets wat strategies slim was: Hulle begin om oor onderhandeling as nóg ‘n pilaar van die vryheidstryd te praat” (35). Die ANC se gesplete tong blyk ook baie duidelik uit die myns insiens gesaghebbendste boek oor Suid-Afrika se oorgangsgeskiedenis (dalk eerder ondergangsgeskiedenis), Anthea Jeffery se A People’s War: New light on the struggle for South Africa (2009). Maar dit is juis hierdie boek wat (doelbewus) nie deur Esterhuyse en Van Niekerk in hulle bronnelys (256-157) vermeld word nie; ook nie in Esterhuyse se genoemde vorige boek nie.

    Die karakterisering van die ANC as ‘n “terroriste-organisasie onder beheer van kommuniste” word in dieselfde asem verwerp; ook dat die ANC se strategie ‘n “twee-fase-revolusie” is (28); dus, waarop ook al tydens die onderhandelinge ooreengekom is, onderhewig aan hersiening is, bv die eiendomsreg van blankes. John Kane-Berman het baie duidelik aangetoon wat die ANC met hierdie Nasionale Demokratiese Revolusie beoog, naamlik uiteindelik ‘n kommunistiese staat (Praag 23.06.2017). Esterhuyse en Van Niekerk, daarenteen, doen moeite om Mandela as ‘n nie-kommunis en kommunisme as glad nie gevaarlik nie voor te stel. Die kommuniste sou glo “nooit … daarin slaag om die ANC te domineer nie” (147). Dat die ANC hom nie gebonde voel aan wat in 1990/94 ooreengekom is nie, blyk reeds uit die verskil tussen die 1993-oorgangsgrondwet en die 1996-grondwet. Die 1993-bepaling dat die status van Afrikaans nie ingekort sou word nie, is goedsmoeds uit die 1996-grondwet gelaat (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 525, 527). Die outeurs sal hulle allermins hieroor verknies. Hulle het immers hulle dislojaliteit teenoor Afrikaans in die US-konteks bewys.

    Oor PW Botha se Rubicon-toespraak in 1985 skryf die outeurs hoogs oordrewe: “Die Durban-toespraak was ‘n erge katastrofe, waarskynlik een van die ergste wat die land nog ooit getref het” (40). Hoekom? “Die skare [het] Botha entoesiasties toegejuig … vir sy versekering dat hy nie bereid was om wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe op ‘n pad van selfmoord en abdikasie te lei nie” (40). Botha se gesonde standpunt was: “‘n Een-mens-een-stem politieke bedeling vir Suid-Afrika is ‘n resep vir rampspoed. Afrikaners en bruin mense … ‘sal ondergaan as die ANC en die swart meerderheid oorneem’” (36). Maar dit is presies wat die outeurs verlang; dat na Mandela en die ANC se pype gedans moet word.

    Een van Esterhuyse se helde was die naïewe Jan Steyn (1928-2013) van Stedelike Stigting-faam, waarvan Esterhuyse deel was. Steyn se insig was: “Mandela is die Afrikaners se enigste [!] redding. Hoe gouer hy vrygelaat word, hoe beter sal dit met Afrikaners se toekoms gaan” (49). Gaan dit sedert 1994 beter met die Afrikaners of word hulle lewens en eiendom deurlopend bedreig? Die outeurs se bewondering vir Mandela is grenseloos: “Sy legitimiteit, oftewel aanneemlikheid as binnelandse nasionale transformasieleier, het mettertyd ook binne die totale Suid-Afrikaanse samelewing die openbare aanneemlikheid of legitimiteit van alle Afrikanerleiers oorskry, of dié leiers nou polities, kerklik, kultureel, akademies, media-gerig of sakelui was” (57). Mandela was “die persoon oor wie die hele [!] wêreld gepraat het” (64). Hy was “‘n soort swart Moses wat van die berg afkom om sy volk te verenig en wonderbaarlik te verlos van hul ‘onderdrukkers’” (68). En die Afrikanervolk? Die outeurs gee geen blyke dat hulle oor die huidige onderdrukking van Afrikaners of ander blankes begaan is nie. PW Botha het tereg gevra: “Hoe kan Afrikaners mag met die swart meerderheid deel sonder om ingesluk te word” (76). Deesdae is daar geen effektiewe magsdeling nie. Daar is verswelgende swart oorheersing. Maar dit is wat hierdie twee outeurs harteloos goedpraat.

    As iemand dit waag om Mandela se vrylating teen te staan, soos JF Otto van die gevangeniswese, omdat Mandela weier om geweld af te sweer, word sodanige standpunt ‘n “politieke misgeboorte” genoem: “Otto skiet die idee van die vrylating van Prisonier 913 in vlamme af” (59), waarmee die outeurs die indruk probeer versterk dat dit eerder die “apartheidsregime” as die ANC is wat gewelddadig is. Hulle dink dat dit wonderlik sou gewees het as die geweldsvertroetelende Mandela reeds in 1982 vrygelaat is. Oor die weerstand teen Mandela se loslating op die land word geskryf: “Die soort denke … was … verstommend” (60). Daar was “‘n obsessie met veiligheid as alleensaligmakende strategie” (61). Wat het gebeur toe FW de Klerk doelbewus PW Botha se sekuriteitsmaatreëls afgeskaal het? Terroriste met hulle wapentuig het op groot skaal die land binnegedring; dermate dat De Klerk ‘n burgeroorlog voorsien het as hy nie aan die ANC se eise toegee nie. Sou die twee outeurs Vorster en PW Botha se “obsessie met veiligheid” veroordeel het as hulle gesinne deur ANC-terroriste uitgewis is?

    Die volgende woorde van Mandela word goedkeurend aangehaal: “The ANC is not, and never has been, a communist organisation” (69). Die waarheid was en is: Die ANC is deels ‘n kommunistiese instansie. Besluitneming is dikwels deur kommunistiese simpatieë oorheers. Mandela se bekendste en skandaligste leuen word sonder teenspraak aangehaal: “I have fought against white domination, and I have fought against black domination” (70). Vir twee Amerikaanse joernaliste, John Carl Thomas en John Lofton, lieg Mandela in 1985 soos volg: “‘n Ánder beleidsrigting is ingeslaan na ‘n vorm van magsdeling-sonder-etniese-oorheersing” (151), waarmee hy verswelgende swart ras-oorheersing probeer verdoesel. Hy wou glo gelyke geleenthede vir almal skep. Maar waar is die voorbeelde van Mandela se weerstand teen swart oorheersing? Hieroor behoort geen twyfel te wees nie: Mandela het in sy doelwitte geslaag, naamlik swart oorheersing en die vernietiging van gelyke geleenthede vir nie-swartes. Vandaar Mandela se verwerping van groepregte, federalisme, tuislande vir minderheidsgroepe, blanke vetoreg en bowenal sy aandrang op gelyke stemreg vir alle volwasse landsburgers in ‘n eenheidstaat. Reeds in 1980 het Mandela laat blyk: “As die ANC aan die bewind kom, sal daar plek vir wit mense wees – ‘maar nie as besitter van die politieke mag nie’” (71). Hoedanig is daardie “plek” wat die ANC goedgunstiglik aan die blankes gun? Tweedeklasburgerskap, sonder enige waarborg dat blankes/Afrikaners se kultuur, veiligheid en selfs eiendomsreg beskerm word. Hoeveel beter sou die nuwe Suid-Afrika nie gewees het nie as die blankes (of as alternatief: die blankes, bruines en Asiate) (minstens) die helfte van die politieke mag behou het nie? In plaas daarvan is daar snel toenemende swart verswelging gerugsteun deur hoë “natuurlike” aanwas (sonder enige veldtog om geboortebeperking aan te moedig) en die ongebreidelde toename in meesal onwettige inkommers. De Klerk en sy groepie medepligtiges se mandaatlose oorgawe aan swart mag is een van die onnoselste gebeure (indien nie dié alleronnoselste gebeurtenis nie) in die annale van die mensdom.

    Weens die omvang daarvan is dit prakties ‘n onbegonne taak om al die loftuitinge vir Mandela hier weer te gee. Ek volstaan met ‘n aantal van hulle. Mandela “het internasionaal én nasionaal die gesig van bevryding én die boosheid van apartheid geword … Mandela is tans [1987] Suid-Afrika se mees invloedryke en magtige leier” (104). Hy word beskryf as “wit Suid-Afrika se mees gevaarlike terroris en die wêreld se mees ikoniese vryheidsvegter” (105). Toe Mandela ‘n operasie ondergaan het: “As hy iets ernstigs oorkom, wat gaan van die land word?” (118). Dit is darem diep tragies as ‘n land se toekoms van iemand soos Mandela afhang. PW Botha “is klaarblyklik geïrriteerd met die versoeke van talle buitelandse leiers en meningsvormers om met Mandela ‘n gesprek te voer. [Dan volg hierdie stekie:] Daar was vermoedelik minder versoeke om met hom, die staatspresident, gesprek te voer” (122). “Prisonier 913 [was] ‘n politieke skaakspeler van formaat” (129). Daar was “Mandela se bereidwilligheid om aan kontakvorming en gesprek deel te neem ten einde vrede en stabiliteit in die land te verseker” (130). Het ons nou vrede en stabiliteit?

    “Die enorme mistasting van regeringsleiers was dat hulle van mening was dat Prisonier 913 op daardie tydstip [1985] nog nie ‘n onaantasbare beeld as ‘n internasionale simbool van ‘n vryheidstryd, menseregte en demokrasie gehad het nie” (133). Die gevange Mandela is nie toegelaat om die begrafnis van sy seun en later sy ma by te woon nie. Dit het “die onmenslikheid van die apartheidstelsel bekragtig. Die idee dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom en teen menslikheid is, het strategies en takties gesproke in dié tye wyer inslag begin vind. Dit was vanuit ‘n morele en menseregtelike perspektief gesien, ‘n briljante skuif” (136). “Mandela as koninklike heer [!] toon nie net takt om [Helen] Suzman te antwoord nie, maar ook deursigtigheid én openhartigheid” (139). Volgens Suzman is Mandela “die land se enigste hoop” (143) – in Amerika is dieselfde van Barack Obama gesê. Volgens Mandela is daar “geen organisasie in Suid-Afrika wat só daartoe verbind is om probleme vreedsaam [!] te skik as juis die ANC nie” (143-144) – solank daar nie van Mandela en die ANC verwag word om geweld af te sweer nie. “Prisonier 913 was natuurlik ‘n uitgeslape strateeg én taktikus” (184), “‘n strategiese en taktiese denker by uitnemendheid” (185), “intelligent soos hy was” (191).

    “Mandela is baie eerlik” (186). Hy het bv onvoorwaardelike vrylating verlang. Maar daarna is allerhande ononderhandelbare voorwaardes gestel voordat met grondwetlike onderhandelings begin sou word (231). Mandela het gesê: “Alvorens ‘n gesprek kan plaasvind moet die president meer positief ten opsigte van die eise wat hulle gestel het, reageer” (241). Daar word verwys na “die morele gehalte van sy insigte en leierskap” (205). “Die vermoë van ‘n inspirerende verbeelding het Mandela tot ‘n fyn kuns ontwikkel” (251). “Sy verbeelding was ook nie bloot polities nie, maar veral moréél geïnspireer” (252). “Mandela was egter nie ‘n moralis nie. Hy was ‘n strategies-pragmatiese denker” (253). Die blanke politieke magsoorgawe is “een van die grootste suksesverhale in die geskiedenis” (253). Oliver Tambo, Nelson Mandela en Thabo Mbeki “skiet nie met Russiese gewere nie, maar met woorde. Woorde, en nie gewere nie, wen uiteindelik die stryd om ‘n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika” (254). ‘n Mens vra jou af: Kan dit ooit verkeerd wees om ons eie Nelson Mandela te verheerlik? Kortom, volgens die outeurs kan en mag daar nie enige twyfel wees dat Nelson Mandela die allerwonderlikste mens was nie.

    Ek gaan nou oor tot die bespreking van Esterhuyse en Van Niekerk se nuwe bevrydingshelde.

    Winnie Mandela (1936-2018) geniet, soos Nelson Mandela, ikoniese status (58). Sy was ‘n “‘effektiewe verlengstuk van Mandela.’ Dit was ook die rede waarom die SA veiligheidspolisie haar met toegewyde ywer vervolg, geterroriseer en sielkundig probeer breek het” 68). Let op: Terwyl die outeurs nie enige ANC-kameraad as ‘n terroris etiketteer nie, word terrorisme wel aan die destydse veiligheidsmagte toegedig. Winnie was soos Nelson ‘n mobiliserende “simbool vanweë haar aktivisme, haar gemeenskapsbetrokkenheid, haar openlike uitdaging van die stelsel en die vervolging, brutaliteit en fisieke leed wat haar vanuit owerheidsweë aangedoen is” (211). “Haar aktivistiese rekord is indrukwekkend” (213). Lede van die veiligheidspolisie het hulle glo skuldig gemaak aan “obsessionele staatsterreur teen haar” (213). Die polisie het hulle na bewering skuldig gemaak aan “ongevoeligheid, onmenslikheid, kwaadwilligheid en selfs berekende moedswilligheid” jeens die Mandela-gesin (215). Winnie het “aan eie lyf en gees groteske onmenslikhede” ervaar (220). “Sy was ‘n besonder bedrewe openbare spreker” (214). Winnie se moraliteit word soms hoog aangeslaan: “Tot haar krediet én persoonlike integriteit moet gesê word dat Winnie Mandela dié toenadering [gesprekvoering met Nelson Mandela] van [Kobie] Coetsee nie aan die groot klok gehang het nie” (93). Die outeurs hou van die volgende parasitiese “uitdaging”/eis wat Winnie haar aangematig het om aan ‘n blanke skoolkind te stel: “Bring honderd wit skoolkinders wat honderd swart skoolkinders vir kos en klere sal ‘aanneem’” (103).

    Die outeurs doen moeite om Kobie Coetsee (1931-2000) as ‘n onbesonge held van die oorgangs/ondergangsgeskiedenis staan te maak omdat hy aanvanklik sonder goedkeuring met die gevange Mandela in gesprek getree het. “Mandela kry by Coetsee ‘n versekering wat hy broodnodig gehad het, naamlik dat hy ‘n beduidende rol sal kan speel in die normalisering van toestande in Suid-Afrika” (93). Daardie “normalisering” het na Mandela se vrylating verskerpte terrorisme ingesluit. Wat Coetsee gedoen het, word “‘n slim skuif” genoem (96). Hy word beskryf as “‘n baie komplekse mens” (100). Maar in Niël Barnard se boek, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Kaapstad: Tafelberg, 2017, 328p, R280; Amazon Kindle $25,30),* “kom Coetsee sleg daarvan af” (100). Daar is al vroeër verwys na Coetsee se onverklaarde “afwesigheid” (83). Hy het ‘n “reputasie gehad dat hy nie van harde werk gehou het nie” (106).

    [* Niël Barnard noem Coetsee het “ewiglik laat by vergaderings opgedaag” (p 32). Verder: “Coetsee sal waarskynlik vir twee dinge onthou word: dat hy met ‘n hospitaalbesoek in 1985 die eerste NP-politikus was wat die gevangene Nelson Mandela ontmoet het en dat hy met sy latere jakkalsdraaie tydens die onderhandelinge reg in die hande van die ANC gespeel het” (34), bv sy uitspraak dat “geweld en onderhandeling onlosmaaklik verbind is” (90). Wat Coetsee ter bevoordeling van Mandela en die ANC gedoen het, is wat hom in die oë van Esterhuyse en Van Niekerk geliefd maak. Barnard skryf: “Sommige van ons het gewonder of die feit dat hy selfs by die president met moord wegkom, beteken het dat hy die staatshoof op ‘n ongemaklike plek beet het. Van Coetsee het PW Botha volgens die Britse joernalis Anthony Sampson gesê: ”n Snaakse klein mannetjie. As jy my vra wat hy in my kabinet gedoen het, ek weet nie. Ek het altyd gevoel, nadat ek met hom oor Mandela gepraat het, dat dit ‘n geval was van verwarring wat net vererger’” (35).

    Barnard was ten gunste daarvan dat “algemene amnestie aan almal aan weerskante van die spreekwoordelike loopgrawe toegestaan word … Coetsee het hom onmiddellik heftig teen algemene amnestie verset” (51). FW de Klerk kon ook nie oortuig word nie omdat hy blykbaar in die waan verkeer het dat hy beheer in die nuwe Suid-Afrika sou behou. “Coetsee het klaarblyklik gemeen dat met die toestaan van algemene amnestie die kans verspeel sou word om die ANC oor sy menseregtevergrype aan die pen te laat ry. Op die ou end het dit tragies geboemerang en net mooi die teenoorgestelde van wat hy voorsien het, het gebeur. Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is ingestel waar tydens dié se sittings die sondes van hoofsaaklik die veiligheidsmagte maand ná maand uitgeryg en aan die groot klok gehang is. Coetsee het geskitter in sy afwesigheid by die WVK, waar hy sy dapper standpunte volledig kon verduidelik het” (51-52). Sowel Coetsee as De Klerk moet dus ernstig verkwalik word omdat amnestie nie aan veral die veiligheidsmagte toegestaan is nie. Barnard verwys in hierdie konteks na Coetsee se “bontpratery … dit was min mense beskore om te verstaan wat Kobie Coetsee met sy abrakadabra wou bereik. Wat ek duidelik was, is dat Coetsee die kwessie van amnestie as ‘n troeflaart in die onderhandelinge wou gebruik om sy eie beïnvloeding van die skikkingsproses te anker. Daar het egter niks van gekom nie” (93). “Ek kan steeds moeilik my wrewel oorkom oor Coetsee se slimmighede wat ons amptenare op die ou end weerloos gelaat het. Sy beterweterigheid het ons, soos voorheen, duur te staan gekom” (95-96). De Klerk het erken: “Die manier waarop ons die kwessie van amnestie hanteer het, was waarskynlik ons grootste mislukking gedurende die onderhandelingsproses” (95). Esterhuyse en Van Niekerk swyg egter hieroor.

    Volgens Barnard het Coetsee in ‘n stadium “skielik as ‘n kenner van menseregte ontpop… Hy het die manier gehad om sekere sake vir homself toe te eien waarna dit in ‘n doolhof verdwyn het waar dit maande of jare lank stof vergader het sonder dat hy die saak afgehandel het. Indien dit wel weer te voorskyn gekom het, was dit onherkenbaar vervorm” (82). “Coetsee was reg toe hy later opgemerk het dat dit lyk of die vordering met die onderhandelinge die produk van geweld en massa-aksie was en dat die persepsie bestaan dat die Regering die wil en vermoë verloor het om by sy standpunte te hou. Dié persepsie was in die kol, maar waar was hy as ‘n senior Kabinetslid om die vaandel van vasberadenheid hoog te hou en dié persepsie om te keer?” (91). Coetsee het andersins “‘n ontwrigtende rol gespeel”: “Niemand kon agterkom waarmee hy eintlik besig was nie” (248).]

    “Daar is min twyfel dat Coetsee homself beskou het as ‘n magsbemiddelaar (power broker) tussen die apartheidsregime en ‘n nuwe gedemokratiseerde bedeling” (Esterhuyse en Van Niekerk, p 105). Terwyl die grondwetlike onderhandelinge aan die gang was, was sowel Coetsee as De Klerk in buite-egtelike verhoudings betrokke. Hulle kon hulle gate uit (in?) geniet, terwyl hulle eerder die wesenlike bedreigings van die Swart Gevaar en die Rooi Gevaar doeltreffender die hoof moes gebied het. Die outeurs verswyg Coetsee se buite-egtelike verhouding met Adrienne Kock (1935-2018). Hulle noem bloot dat hy polities deur haar beïnvloed is (198). Coetsee is ‘n hoogs onwaarskynlike held, maar Esterhuyse en Van Niekerk se invalshoek en fanatiese linksheid maak hierdie wanvoorstelling moontlik. “Waarvan ons seker is, is dat Coetsee ‘n politieke padmaker na ‘n nuwe Suid-Afrika was” (198) – ‘n pad wat met slaggate besaai was en is.

    Op 10 Oktober 1989 het Coetsee tydens ‘n besoek aan Mandela gesê: “The plan that you have put together … has almost become our plan. Almost down to the minutest detail … You are the great negotiator now” (225). “Coetsee erken dat hy en sy medewerkers die plan wat Prisonier 913 voorgelê het om ‘n begin te maak met ‘n skikkingsproses, aanvaar het. Wat Coetsee en sy span egter verwag, is ‘a commitment from your colleagues that they will strive towards peaceful and orderly integration into society without upheaval … and won’t make it difficult … Well, as I say, we have made your objectives our own and it seems feasible, it seems attainable, and if we perhaps share some of our difficulties with you we may bring about adjustments in your ideas and your views” (225-226). Dit vertolk “die byna totale afhanklikheid wat die Coetsee-span, en ook die staatspresident, van Prisonier 913 se welwillendheid en samewerking gehad het” (226). Vergoeding het nie agterweë gebly nie. Coetsee het “Mandela se kandidaat as president van die Senaat geword” (106). Hoekom nie? Olusegun Obasanjo (president van Nigerië, 1999-2007) het immers van Coetsee gesê: “He keeps on saying that Nelson is a man of honour. A man of his word” (123). Obasanjo het ook so pragtig gesê: “even [!] amongst the whites there are some good people” (123), waarvan die twee outeurs seker sprankelende voorbeelde is.

    FW de Klerk is ‘n mini-held in die proses van oorgawe aan swart mag. Hy “tel die bal op” (10) en laat dit volgens die outeurs nie val nie. De Klerk is “‘n goeie man … Hy is ‘n sterk en intelligente leier” (146). Hy het “visionêre leierskap” aan die dag gelê (208). As alternatief kon hy “staatsgedrewe gewelddadige optrede, kanonne, koeëls en kruit gekies het, maar hy het nie” (239). De Klerk se “beroemde” toespraak op 2 Februarie 1990, wat tot swart meerderheidsregering gelei het, “was ‘n grootse en baie moedige stap” (221). “De Klerk en sy raadgewers [het] ‘n pakket ontwikkel wat die hele wêreld verstom het. Stuksgewyse hervorming was verby. De Klerk voer ‘n politieke kragtoer uit” (234). In die plek van evolusionêre verandering het revolusionêre magsoorgawe gekom. Daar word valslik beweer dat De Klerk gesorg het vir “gestruktureerde en inklusiewe onderhandeling” (236). In werklikheid was daar bitter min sprake van struktuur omdat daar nooit ‘n duidelike onderhandelingstrategie aan die kant van die NP-regering was nie. Die onderhandelinge was spoedig ook nie inklusief nie. Ná Kodesa het De Klerk en sy groepie medepligtiges feitlik eksklusief met die ANC onderhandel en van ander partye verwag om die uitkomste daarvan te aanvaar. De Klerk “promoveer ‘n beeld en gees wat vertroue inboesem. Daar is [in 1989] ‘n gees van welwillendheid, onderhandeling en versoening in die land” (228). In ‘n verslag van die Nasionale Intelligensiediens in Desember 1989 staan geskrywe: “Sou ‘n mens werklik die kernproblematiek van ons land wou aanspreek, is [Prisonier] 913 in alle waarskynlikheid die beste beginpunt” (233). “FW de Klerk het die morele moed en strategiese vernuf gehad om dié besluit te neem” (233). De Klerk “is wêreldwyd geloof” (249). “Hy word uiteindelik tereg, saam met Mandela, [in 1993] met die Nobelprys vir vrede beloon” (10). Het ons sedertdien salige vrede in hierdie droewe land?

    Daar is minder bekende mense wat deur die outeurs as helde in die bevryding van die blanke politieke bewind en apartheid uitgebeeld word. Die linkse sosioloog, HW van der Merwe (1929-2001), van die Universiteit Kaapstad, en sy vrou, Marietjie, word geloof omdat hulle Winnie Mandela rondgery en gehuisves het en ook met die heil van ‘n Mandela-kind gemoeid was. “Die Van der Merwes het helaas nog nooit die openbare erkenning gekry vir hul bydrae om ‘n beslissende oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis te help skep nie” (98-99). Hulle word eintlik deur die outeurs verhef tot rolmodelle vir alle Van der Merwes. Kobie Coetsee het die twee Van der Merwes toegelaat om Prisonier 913 te besoek (99).

    Pieter de Waal, ‘n studentevriend van Kobie Coetsee en destyds die enigste prokureur op Brandfort, en sy vrou, Adèle (Retief), word as bevrydingshelde uitgebeeld omdat hulle hulle oor Winnie Mandela ontferm het. Die outeurs dik dit soos volg aan: “Ten spyte van ‘n mensonterende, rassistiese en onderdrukkende stelsel was daar altyd op die vlakke van persoonlike verhoudinge en vriendskappe mense wat nierassige en kruiskulturele verhoudings kon vestig en onderhou. Mense wie se morele verbeelding nie só deur die apartheidsideologie en rassistiese strukture besmet was dat hulle nie op die vlak van menswaardheid geregtigheid kon bevorder en handhaaf nie. Die De Waals van Brandfort is ‘n voorbeeld van dié faset van ons land se ingewikkelde en rassistiese geskiedenis” (103). Sou die outeurs die parasiterende ideologie van die ANC, bv onteiening sonder vergoeding van blankes se plase, as “‘n mensonterende, rassistiese en onderdrukkende stelsel” bestempel? Sekerlik nie. Hulle sou dit seker eerder regstellende geregtigheid noem.

    Laastens is daar die selfbesonge held, Willie Esterhuyse, wat in opdrag van die Nasionale Intelligensiediens in die buiteland onderhoude met verteenwoordigers van die ANC gevoer het. In sy boek, Geheime revolusie (2015), verwys Niël Barnard egter net ‘n enkele keer na hierdie “gesiene Stellenbosse filosoof” (p 197). In Barnard se ander boek, Vreedsame revolusie, word die nogeens “gesiene” Esterhuyse net genoem weens sy “goeie persoonlike verhouding” met Thabo Mbeki (p 20-21); so goed dat Esterhuyse hom feitlik van die begin van sy onderhandelinge af eerder aan die kant van die ANC as die NP-regering geskaar het, soos duidelik uit Esterhuyse se boek, Eindstryd, blyk.

    ‘n Mens word aan jou helde geken.

  • Thys Human: ‘n Aweregse lewensgeskiedenis van Pik Botha

    Thys Human: ‘n Aweregse lewensgeskiedenis van Pik Botha

    Lofliedere wemel op die radio en TV oor Pik Botha en sy rol in die totstandkoming van die Nuwe SA, maar in my boek staan daar ‘n heel ander verhaal opgeteken – ‘n verhaal van jare lange ondergrawing en ondermyning van die Afrikaner se bestaan en sy politieke beleid. Ek sal so kort moontlik probeer wees, maar dit is ‘n lang geskiedenis.

    Pik die politikus het my joernalistieke pad gekruis toe hy in 1970 as NP-LV vir Wonderboom verkies is. Ek was toe reeds meer as ‘n jaar parlementêre beriggewer vir die Perskor-koerante. Maar dit was nie die eerste keer dat hy openbare aandag getrek het nie. As lid van Suid-Afrika se span by die Suidwes-saak in die Wêreldhof het hy as jong advokaat reeds begin om die aandag te trek en sy pad politiek toe was wawyd oop.

    En dit was nie die eerste keer dat ons paaie gekruis het nie. In my eerstejaar as PUK-student was hy Tukkies se rasieleier met die intervarsity. Hy het ons dirigent ore aangesit, want Pik was nie net baie skerp nie, maar dinamies en glad van bek. En in my eerste dienspligkamp het ons paaie ook gekruis want hy was in sy laaste 3-weke-kamp. Daar is ‘n lekker storie daar rondom ook, maar dalk anderdag meer daaroor.

    Sy parlementêre loopbaan het met ‘n “bom” begin. In sy nooiens- of eerstelingstoespraak het hy die ongehoorde ding gedoen om nie oor koeitjies en kalfies te praat, soos dit die gebruik was nie, maar ‘n sterk pleidooi gelewer dat SA die VN se Handves van Menseregte aanvaar en onderteken. Die hel was los en hy is skerp veroordeel deur verkrampte politici, maar ek het hom nie alleen gesteun nie, maar aangemoedig om die kwessie verder te vat want as ‘n mens mooi gaan kyk na daardie handves dan kon die NP se beleid van afsonderlike ontwikkeling en ‘n uiteindelike federale of konfederale Suider-Afikaanse staat, met goeie reg daaraan voldoen. Natuurlik sou die VN met sy eensydige en eintlik bekrompe sieninge, nie SA se vertolking aanvaar het nie, maar dit sou ‘n groot diplomatieke en propagandaskuif gewees het. Daar het natuurlik niks van die idee gekom nie, maar Pik het darem die storm oorleef.

    Net vier jaar later word hy aangestel as SA se ambassadeur in die VSA en by die VN. Dit was net voor SA uit die Algemene Vergadering geskop is en Pik het ‘n groot rol gespeel om dit te probeer voorkom. SA het ‘n spesiale span onder leiding van destydse Minister van Buitelandse Sake, dr Hilgard Muller, na die VN gestuur – en Perskor het my New York toe gestuur om die gebeure te dek. Uiteraard het ek noue kontak met Pik en die afvaardiging gehad, maar ek het toe reeds begin dink dat Pik nie ‘n maklike mens is om mee saam te werk as jy nie in sy goeie boekies is nie. Hy was toe al dik in die Naspers-dampkring ingetrek – seker maar weens sy goeie verhouding met David de Villiers, SA se hoofregsman by die destydse Wêreldhofsaak wat toe later voorsitter van Naspers se direksie geword het. Nogal veelseggend hierdie noue band.

    Kwalik twee jaar later is Pik weer voorbladnuus toe dit bekend word dat hy daarin geslaag het om ‘n gesprek tussen John Vorster en die destydse Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, te reël. Dit het in Duitsland plaasgevind. Weer eens het Pik my pad gekruis want ek was toe Perskor se nuusman in Londen en ek het die Vorster-Kissingergesprek gedek. Daar was groot bespiegelings waaroor die gesprek gegaan het, maar At de Beer, Perskor se man in Washington (‘n ou vriend en kollega van my) het laat weet dat dit beslis gaan oor die toekoms van SA se mandaat oor Suidwes-Afrika. Daar was later bespiegelings dat dit ook oor SA se steun vir Rhodiesië gegaan het (sien verder hieronder). Maar al my pogings om in Duitsland by Pik binne-inligting te kry, het totaal misluk. Hy wou nie eens met my praat nie – en John Vorster was net so ontwykend.

    Indien Suidwes wel die hoofsaak in die gesprekke was, het dit kort daarna platgeval toe Jimmy Carter (Demokraat) as president van die VSA verkies is. Vorster het toe weer – danksy Pik se werk – met Carter se adjunk, Walter Mondale, in Switserland gesprek gevoer, maar die twee kon mekaar nie vind nie – inteendeel, Vorster was taamlik minagtend oor Mondale se politieke intelligensie!

    Maar vir Pik was dit ‘n keerpunt in sy politieke lewe. Vorster was natuurlik in sy noppies dat hy met dié ontmoetings op die wêreldkaart geplaas is en hy het Pik gou beloon vir sy groot aandeel hierin. Toe Hilgard Muller voor die 1977-verkiesing aankondig dat hy uit die politiek tree, is Pik onmiddellik deur Vorster as minister van buitelandse sake aangestel (Pik het toe LV vir Westdene geword) – maar feitlik net daar het Pik begin om Vorster en Connie Mulder, feitlik klaargekroonde eerste minister as Vorster uittree, te ondermyn en uiteindelik heeltemal uit te werk.

    Maar nog voor dit het Pik weer eens ‘n sentrale rol gespeel in die “oorlog” in Angola. Dit is natuurlik ou nuus dat PW Botha einde 1975 ‘n hele brigade van die Weermag in Angola ingestuur het – sonder selfs Vorster se medewete. Dis ‘n storie op sy eie, maar die uiteinde was dat die SA soldate die Kubane en Angolese teruggedryf het tot aan die buitewyke van Luanda, maar toe daar moes sit en wag vir die Amerikaners om te besluit of hulle SA se optrede gaan steun of nie. Net onlangs het ‘n Weermagvriend ‘n ou storie wat ek gehoor het, bevestig dat van die soldate in “civvies” in Luanda se strate rondgeloop het – selfs vis en skyfies gaan koop het!

    Vroeg in 1976 laat weet Pik uit Washington dat die Amerikaanse State Department nié verdere SA optrede sal steun nie – en die troepe word teruggetrek tot in die suide van Angola.

    Weer eens het Pik se paaie op ‘n wyse met myne gekruis. Suid-Afrikaners het nie geweet van die “inval” in Angola nie. Die plaaslike media is gesensor en verbied om enigiets daaroor te skryf totdat die terugtrekking deur Vorster aangekondig is. Maar ek het in daardie tyd in Londen gesit en elke dag in die Britse media gelees van die “flying column” in Angola en selfs in ‘n onderhoud op BBC-nuus die mening uitgespreek dat dit nie Suid-Afrikaners kan wees nie, maar as dit is, dit ‘n ernstige fout sou wees. En my berigte wat ek na Perskor se koerante gestuur het wat die mediaberigte oorsee se bewerings oorgedra het, is eenvoudig nie gepubliseer nie.
    Teen hierdie tyd het Pik ‘n baie noue verhouding met die Amerikaanse Council for Foreign Relations aangeknoop. Die CFR was toe ‘n baie invloedryke nie-regeringsorganisasie met baie prominente sakemanne, politieke figure en ook militêre hooggeplaastes wat in ‘n hoë mate Amerika se buitelandse beleid “bepaal” het.

    Die groot maar onbeantwoorde vraag wat al die jare by my gebly het, is presies hoe sterk was die CFR se rol in die State Department se “besluit” om SA se optrede in Angola nie goed te keur nie – in weerwil van beweerde sterk steun in die Pentagon vir daardie inval? En presies wat was Pik se rol en insette in daardie “besluit” van die State Department? Ek het nie bewyse nie, maar ek het wragtag sterk suspisies en bedenkinge.

    In daardie selfde jare het Pik ook ‘n groot rol gespeel om John Vorster te oortuig om nie langer militêre en ander steun aan Ian Smith se Rhodesië te verleen nie.

    Smith vertel in sy outobiografie hoe hy en Vorster nog besig was om die netelige kwessie te bespreek, toe storm Pik die vertrek binne met ‘n stuk papier en sê dit is ‘n teleks wat nou net aangekom het waarin die Amerikaners glo dreig met optrede teen SA as SA voortgaan om Rhodesië te help – of iets in daai rigting. Daar was blykbaar toe al sulke geluide, maar volgens Smith was daai teleks al ‘n week of twee oud – hy en sy mense het lankal daarvan geweet! Hy verwys baie snedig na Pik se bedrieglike manewales. Smith bestempel Pik as ‘n “actor” wat dit blykbaar genoet om rolletjies in politieke dramas te speel! En hy is reg. Dit was tipies van Pik om sulke “krisisdramas” te ontwikkel waarin hy die hoofrol speel!

    Met die 1980-verkiesing in Rhodesië het Pik wyd en syd verkondig dat Abel Mazurewa gaan wen. Ek het met die Lancaster House-beraad einde ’79 in Londen al gesien hoe dinamies en doelgerig Mugabe is – en toe en later in Oggendblad voorspel dat hy gaan wen.

    Die Inligtingskandaal

    Maar Pik se grootste sege was sy agterbakse en doelbewuste rol om Connie Mulder en toe ook Vorster in hulle politieke maai te stuur.

    Die storie begin eintlik in 1974 toe Vorster ‘n goedontwerpte plan van Eschel Rhoodie en Connie Mulder goedgekeur het om ‘n onortodokse en soms rewolusionêre inligtingsveldtog te begin om anti-Suid-Afrikaanse propaganda hier en in die buiteland teen te werk. Met gebruik van geheime fondse het hulle joernaliste omgekoop, probeer om koerante in die VSA en elders te koop, invloedryke mense na SA gebring, Afrikaleiers gekry om Vorster te ontmoet en ‘n klomp ander dinge. Rhoodie vertel breedvoerig hieroor in sy boek, Die Ware Inligtingskandaal.

    Een van die mees omstrede aksies was om met geld uit PW Botha se geheime wapenfondse ‘n Engelstalige dagblad met die naam The Citizen hier te begin. Hulle het kunsmismagnaat Louis Luyt as frontman gebruik. Daar was glo al skimpe en bedenkinge oor die blad se ontstaan in die plaaslike Engelse pers, maar toe Vorster aankondig dat hy uittree as Eerste Minister en staatspresident wil word, het die wiele begin rol.

    Connie Mulder was, soos al gestel, beskou as Vorster se kroonprins, maar PW het aangekondig dat hy hom ook beskikbaar stel vir die pos. Pik het sy kans gesien om Mulder in sy maai te stuur, PW aan bewind te kry en so sy eie invloed en aansien in die NP te bevorder.

    As minister van buitelandse sake het Pik oor heelwat inligting oor Rhoodie en kie se inligtingsaksies beskik – en glo self aan sekere dinge deelgeneem of ‘n rol gespeel.

    Die storie, soos ek dit uit minstens twee bronne gehoor het – en, as ek reg onthou,verwys Rhoodie ook daarna in sy boek – bel Pik wat in Pretoria sit vir PW in die Kaap en vertel hom dat hy pas verneem het dat Mulder en Rhoodie staatsfondse gebruik het om The Citizen te begin. En PW is ewe geskok – al het hy en ander kabinetslede toe lankal daarvan geweet want die geld vir die koerant se stigting het uit PW se geheime Weermagfonds gekom – en hy moes teken om dit los te kry.

    PW beveel Pik om dadelik Waterkloof-lughawe toe te gaan waar ‘n militêre vliegtuig gereel word om hom Kaap toe te vlieg – maar hy moet eers in Bloemfontein aandoen om Alwyn Schlebusch, Vrystaatse leier van die NP, op te laai.

    Na ‘n lang gesprek in die Kaap word daar toe ooreengekom dat Pik homself ook as kandidaat vir die EM-pos beskikbaar sal stel, stemme so van Connie sal wegvat, en dan sy volle steun aan PW gee in die finale stemming. Die NP-koukus sal volledig ingelig word oor Mulder se “onbehoorlike” optrede – en sommer ‘n paar ander stories sal ook opgedis word.

    Dis geskiedenis dat Pik toe in die eerste ronde uitgeval het, sy stemme aan PW toegesê het vir die finale ronde – en so gesorg het dat PW die stryd wen – en hy wat Pik is ‘n ongekende hefboom het om PW in die toekoms te manipuleer!

    Maar PW en Pik was nie tevrede om Mulder net te klop nie – hy moes polities vernietig word. Die hel het behoorlik losgebars toe die dinge begin uitlek en PW was gou om regter Anton Mostert aan te stel om die dinge te ondersoek – en dit toe opgevolg met ‘n kommissie onder ‘n obskure regter, Roelof Erasmus wat ‘n uiters verdraaide, maar verdoemende verslag uitgebring het wat daartoe gelei het dat Mulder uit die kabinet geskop is – en selfs Vorster moes uittree as staatspresident.

    Weer eens het Pik se dinge ook oor my pad gekom. Ek sit toe nog in Londen en op ‘n goeie dag kry ek ‘n telefoonoproep en die persoon stel homself voor as regter Anton Mostert en hy wil met my kom gesels. Ek het vir hom bier gekoop in die London International Press Club – en hy pak toe daar uit oor al die dinge wat Connie aangevang het – en vertel sommer vir my van die foto’s wat hulle het wat van Connie in ‘n bordeel in New York of so iets geneem is.

    Tot hede dag wonder ek nog hoekom ek – obskure joernalisie in die verre Londen – uitgekies is om dié dinge te moet hoor? Maar dit was algemeen bekend dat ek ‘n Connie-man was en ek kan net vermoed dat iemand erens besluit het dat daar seker gemaak moet word dat ek nie dinge skryf wat hulle kaarte deurmekaar kan krap nie. Ek het egter toe al Mostert se stories met ‘n sterk knippie sout geneem – en tereg ook want die stories oor die foto’s het toe ook gou verdwyn!

    Dit was egter nie die einde van my “betrokkenheid” by die “Inligtingskandaal” nie. Daar sal onthou word dat daar toe ‘n lasbrief vir Eschel se inhegtenisname uitgereik is en generaal Lang Hendrik van den Berg en ‘n bekende sakeman het daar in Londen rondgehol om hom te soek – en ek al agterna om te sien wat hulle aanvang. En my jong Londense kollega is na die Suide van Frankryk toe Rhoodie daar in die hof verskyn het. Rhoodie is uiteindelik totaal onskuldig bevind aan alle aanklagte teen hom en die staat moes hom derduisende rande terugbetaal – en sy regskoste ook vergoed! Vir Pik en PW was dit seker ‘n groot teleurstelling want in wese is Mulder toe ook “onskuldig” bevind van al die bewerings teen hom!

    Maar Pik het hom nie daardeur laat afsit nie. Agter die skerms was hy een van die hoofagente vir PW se “Nuwe Bedeling” – en dit sou later ook weer ‘n regstreekse uitwerking op my en my doen en late en loopbaan hê. My openlike teenstand teen die nuwe bedeling het my verbintenis met Perskor beëindig toe Oggendblad en Die Transvaler toegemaak is weens die sirkulasiebedrog van Die Transvaler. Oggendblad se sirkulasie het in sy laaste paar maande verdubbel! Maar dis ‘n ander storie.

    Ek is toe Suidwes toe en het uiteindelik by die ou SWAUK beland. Ek was net besig om huis daar te koop, toe beklink Pik ‘n ooreenkoms met die VN om die 435-verkiesing te laat plaasvind. Weer eens het Pik verkondig dat die Turnhalle-groep gaan wen en Swapo gaan verloor. Weer eens het ek hom nie geglo nie – en vir my ‘n werk by ‘n staatsdepartement in Pretoria gekry – en ‘n week na die aankondiging van Swapo se oorwinning my goed gepak en padgegee.

    Neem enigeen my kwalik dat ek hierdie totaal ander siening van Pik en sy dade en aksies het?

    Maar dinge het vir Pik ook begin skeefloop. Op ‘n dag het ‘n berig verskyn dat Pik ‘n prostituut na sy hotelkamer in Durban laat kom het. Hy moes bontstaan tot sy privaatsekretaris in die oepnbaar verklaar het dat dit hy was wat die prostituut vir homself gehuur het. Maar snaaks genoeg, die PS se vrou het hom nooit gelos nie – en vandag sit hy seker nog in ‘n lekker buitelandse pos in buitelandse sake wat Pik vir hom besorg het!

    En toe beland Pik se vrou, die “skone Helena” soos sommige van ons haar genoem het, in die hospitaal en in ‘n rystoel. Mooi en baie aangename mens. Die stories loop dik dat Pik haar (weer) gebliksem het, maar dit word ontken en toegesmeer. Maar op ‘n goeie dag het ek uit ‘n goeie bron na aan die familie gehoor dat sy seun. Piet, gesê het dat as sy ma doodgaan na die “val”, gaan hy sy eie pa van moord laat aankla. Helena is in 1996 dood na ‘n lang tyd in ‘n rystoel – en Pik is betreklik kort daarna weer getroud.
    Want Pik Botha kan net met die Engelse woord “a womanizer” beskryf word. Sy manewales met vroumense was wyd bekend onder die mediamense. Ek self het minstens twee van hulle geken, maar laat hulle name maar verswyg word. Hulle leef nog.

    En die tweede woord waarmee mens Pik reg en goed kan beskryf, is “suiplap”. Veral rooiwyn was sy gunsteling. Weer eens was Pik se dronkmanewales wyd onder die media bekend, maar dit is toegesmeer en verswyg. Betreklik onlangs het ‘n weermaglid-vriend nog vir my vertel hoe kabinetsministers glo op ‘n wildplaas van die KwaNdebele-regering gaan jag het, maar eintlik daar was vir suipsessies – en hy en sy makkers wat hulle moes oppas, moes vir Pik (en andere) uit hulle braaksels optel en in die bed sit.

    Pik Botha word nou geloof – veral deur die ANC wat hom as ‘n “freedom fighter” bestempel. En tereg ook want as daar een enkele politikus is wat ‘n lang reeks van dinge gedoen het wat ons in die huidige gemors laat beland het, was dit Pik.

    In my Afrikaner-boek sal hy vir ewig geskryf staan as ‘n agterbakse ondermyner, ‘n leuenaar en ‘n bedrieër, en ‘n verraaier van die Afrikaner en sy bestaan.

  • Leon Lemmer: ‘n Dubbele moord in Springs in 1977 op Robert en Jeanne Smit

    Leon Lemmer: ‘n Dubbele moord in Springs in 1977 op Robert en Jeanne Smit

    In die Naspers/Media24-koerante word berigte oor verdagte en werklike moordenaars in buitensporige besonderhede en (indien enigsins moontlik) daagliks saam met talle foto’s gepubliseer, mits hulle blank is. Voor en tydens die verhoor en in die ellelange nabetragting word elke sensasionele vesel uitgerafel, sonder enige teken van deernis met die betrokkenes. Op hierdie manier word ‘n verwronge werklikheidsbeeld by die lesers gewek, naamlik dat blankes in ruime mate bydra tot die status van die nuwe Suid-Afrika as die moordmekka van die wêreld.

    Wanneer swartes die verdagte of werklike moordenaars en blankes die slagoffers is, verskyn daar minder en korter berigte of sulke gebeure kry geen publisiteit hoegenaamd nie. Die uitgangspunt is blykbaar dat die nuwe Suid-Afrika ten behoewe van bv versoening en nasiebou beter as wat hy is, voorgestel moet word. Sensasie word polities byderwets op ‘n selektiewe manier nagejaag. Naas die koerante vervul die weeklikse tydskrif Huisgenoot hierin met oorgawe ‘n ondersteunende rol. Dit sou bv interessant wees om te weet hoeveel blankes deur swartes op plase vermoor word en in hoeverre berigte hieroor verskyn.

    Wat veral opval, is dat daar na plaasmoorde geen nabetragting gehou word nie; dat daar nie na hierdie plase gegaan word en in besonderhede berig word oor die onherstelbare rampspoed wat die naasbestaandes getref het nie. Die groot leemte wat op hierdie plase ervaar word, word in die perswese nie as ‘n leemte in beriggewing erken nie. Om oor so ‘n pynlike situasie te berig, behoort in die kraam van bv die smartvraat-joernalis Willemien Brümmer te pas. As iemand wat op haar radikale politieke oorverligtheid roem, het sy, sover ek weet, nog nooit so ‘n rampgebied besoek en daaroor ‘n berig gepubliseer nie. Wat sy onlangs wel gedoen het, is om bv die oud-MK-soldaat en -terroris, Jeremy Vearey (Praag 26.05.2018), te besoek en kritiekloos en selfs bewonderend oor hom te skryf (Netwerk24, 6 Junie 2018).

    Brümmer, ‘n agterkleinkind van CJ Langenhoven, is pas toegelaat om ‘n ellelange, striemende aanval op Danie Langer, die besturende direkteur van die FAK, in Die Burger (20 deser, p 9) te loods. Dit blyk dat haar ekstreme politiek van haar pa kom, wat ‘n dosent aan die Universiteit Kaapstad was. Haar grootoupa het rede gehad om uiters teleurgesteld in sy enigste kind, sy dogter Engela, te wees. Dit blyk dat hy te meer rede sou hê om hom van Willemien se giftige anti-Afrikaner-gesindheid te distansieer. In haar jongste skrywe lê sy haar pa woorde in die mond ter verkleinering van “Die Stem”, wat glo “in elk geval nie ‘n goeie gedig [is] nie. Dis te blikkerig, te vol trompetgeskal, veels te eensydig in die klem op Afrikaners as ‘knegte van die Allerhoogste’. Die opvatting van Afrikaners as ‘n uitverkore volk, ‘teen die hele wêreld vry’, is in elk geval deur die geskiedenis geweeg en te lig bevind. Anders as jy en jou organisasie, roem ons nie op ons verlede nie. Ons sien ook nie ‘Die Stem’ as ‘n simbool van Afrikaner-identiteit nie. Dit mag jou dalk ontstel, maar daar is duisende, dalk miljoene Afrikaanssprekendes wat met pres Ramaphosa saamstem dat ‘Die Stem’ en die ou landsvlag simbole van diskriminasie, verdrukking en ellende is.” Die politiek van hierdie skepsel behoort vir iedere Afrikaner absoluut verwerplik te wees.

    In die tydperk van Afrikanerbewind, van DF Malan tot PW Botha, was die Vorster-era (1966-1979) myns insiens ‘n laagtepunt. Dit was die tyd van die Inligtingskandaal met bv Louis Luyt wat as front gebruik is vir die publikasie deur die regering van die koerant The Citizen. Veral die verraad wat deur Vorster teen Ian Smith se blanke bewind in Rhodesië gepleeg is, bly myns insiens onvergeefbaar. In daardie tyd het ek meer ongemaklik oor die Afrikanerregering gevoel as op enige ander tyd, behalwe natuurlik toe die FW de Klerk-groepie die blanke bewind mandaatloos en doelbewus in sy swernoot gestuur het. In John Vorster se tyd was Hendrik van den Bergh die hoof van die geheimediens. Dit lyk asof daar toe politieke moorde, soms gekamoefleer as selfmoorde of hartaanvalle, gepleeg is.

    Politieke moorde was eintlik ‘n onbekende verskynsel in blank Suid-Afrika. Die moord op Hendrik Verwoerd in 1966 was hoogs uitsonderlik. Ná Vorster is die geheimediens op ‘n heeltemal ander grondslag geplaas. Dit is bekend “dat PW Botha nie langs dieselfde vuur gesit het as John Vorster en Hendrik van den Bergh nie” (Liza Smit, bron hier onder, p 178). ‘n Heeltemal ander tradisie leef voort in veral die ANC, waar moord deel van hierdie instansie se magshonger en geweldskultuur is. Soos tydens die “bevrydingstryd”verneem ons in die nuwe Suid-Afrika feitlik weekliks van politieke moorde, veral in Natal. In beginsel is daar geen werklike verbintenis tot en onderskrywing van demokrasie deur die ANC nie. Die ANC wil ten alle koste aan die bewind bly, al is hy glad nie in staat om doeltreffend te regeer nie.

    Teen hierdie agtergrond kan Liza Smit se boek, Ek is Liza Smit (Aucklandpark: Jacana, 2018, 268p, R240), beoordeel word. Daar is ook ‘n Engelse weergawe beskikbaar. Die outeur (gebore in 1964) is die jongste kind van die egpaar Robert (1933-1977) en Jeanne Smit (1934-1977), wat in 1958 getroud is. Liza het ‘n ouer broer, Robert/Robbie (gebore in 1962). Waaroor die boek wesenlik handel, word soos volg deur Hermann Giliomee verwoord: “Teen die einde van 1977 is Robert Smit [senior], ‘n Afrikaanssprekende NP-kandidaat vir die [parlementêre] verkiesing [in Springs], en sy vrou vermoor in wat gelyk het na ‘n huurmoord. Smit was voorheen ‘n regeringsamptenaar en het vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds [IMF] bygewoon. Daar is agterna gegis dat Smit moontlik die verbreking van valutabeheer wou onthul. Niemand is ooit van die moorde aangekla nie” (Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 535). Sy vrou is vermoor omdat vermoed is dat Smit die gewraakte inligting aan haar meegedeel het. Smit verwys voortaan na Robert Smit senior. Sy seun word Robbie en sy dogter die outeur of Liza genoem.

    Aan die begin verwys Liza na die “relatief veilige Suid-Afrika van die laat sewentigs” (6). By haar is daar egter min blyke van waardering vir die vorige politieke bestel. Omdat haar ouers tydens en daarby dalk in opdrag van lede van die destydse blanke regering vermoor is, is die outeur geneig om haar vertroue in die ANC-regering en selfs sy beleid te stel, bv die gelykheidsdogma: “Niemand is verhewe bo ander nie” (23). “Die vorige bedeling het met soveel dinge weggekom en selfs na hulle nie meer aan die bewind was nie, loop die spoke van hul verlede nog rond. En hierdie spoke is nog net so magtig en onaantasbaar soos destyds” (176).

    Liza koester die (ydele) hoop dat die ANC-regering iets omtrent die onopgeloste moorde sal doen: “Dalk gaan iemand in die huidige regering voort met dit wat my pa ontbloot het en wat hom en my ma hul lewens gekos het” (182). Sy boekstaaf haar “algehele vertroue in die WVK [Waarheids- en Versoeningskommissie]” (245) en selfs: “She was looking to President Mandela as her last resort to unravelling the mystery of the unsolved murders” (84, 186). In werklikheid het die WVK uitgemunt nóg in die agterhaling van die waarheid nóg in die bevordering van versoening (kyk hier onder). Dit is onwaarskynlik dat Mandela enige (ernstige) aandag aan die Smit-moorde gegee het. Hy sou daardie gebeure seker wel aangegryp het as hy die blanke bewind daarmee kon diskrediteer.

    Van 1971 tot 1974 was Liza se pa by die IMF in Washington werksaam. Daar was sy in ‘n veelrassige skool. Dit word vertolk as ‘n teken dat “die VSA ver voor Suid-Afrika was en dat mense daar almal gelyke regte gehad het en dat swartmense daar nie net op plase gewerk het as arbeiders nie” (24). Daarna terug in Suid-Afrika het Liza ‘n Afrikaanse skool bygewoon. “Ek kon nie die stywe, formele skoollewe kleinkry nie. Vandag besef ek dit was ‘n groot kultuurskok. Oorsee het ek met gewone klere skoolgegaan in ‘n ontspanne skoolkultuur. Hier was alles formeel en styf, tipies aan die Afrikanerkultuur van daardie tyd” (44). Anders as in die geval van Dawie de Villiers, wat sy kinders na ‘n kort oorsese verblyf plaaslik in ‘n Engelse skool geplaas het (Praag 17.03.2018), was dit vir die Smit-egpaar “ondenkbaar” dat hulle kinders in Suid-Afrika in ‘n ander taal as in Afrikaans sou skoolgaan (98). “Ons pa was … nie ‘n Broederbonder nie” (191).

    Hoewel die Smit-moorde die onderliggende, saambindende faktor in die boek is, is die teks terselfdertyd die outobiografie van die skryfster. Met die skryfwerk is Liza deur Raquel Lewis bygestaan, wat noem dat die teks omsigtig verwoord moes word om bv regsgedinge te vermy. Ek het aanvanklik bedenkinge oor die boek gehad. Aan die begin staan bv: “Ek cope steeds … ek aanvaar … dat dit nooit regtig okay gaan wees nie” (8). Ook in veral die twee laaste hoofstukke neig sulke subjektiewe reaksies om te dik vir ‘n daalder te word. In die laaste hoofstukke word die indruk terselfdetyd gewek dat die meetsnoere uiteindelik in lieflike plekke geval het. ‘n Vriendin verskaf die volgende treffende beskrywing van Liza: “Sy is nou soos ‘n nuwe plantjie wat opgekom het uit ‘n afgebrande grasveld” (257).

    In die geheel beskou, is dit egter ‘n geslaagde boek waarin die boodskap onderhoudend meegedeel word. Daar is onnodige Engelse woorde, asook taal- en drukfoute, maar hulle kom in ‘n beperkte mate voor. Twee elemente moes in die teks versoen word: enersyds die outeur se vertelling en andersyds haar voorlegging aan die WVK. Elkeen van die eerste 22 hoofstukke (daar is 24 altesaam) word afgesluit met ‘n fragment van haar WVK-voorlegging. Ek het aanvanklik gewonder of dit die beste opsie is, maar was teen die einde oortuig dat dit reg is om op hierdie manier die WVK-teks stuksgewys aan die lesers bekend te stel.

    Aanvanklik was ek bekommerd dat die aanslag van die boek amateuragtig sou wees, soos in die geval van bv die outobiografie van Dawie de Villiers. Die vertelling het my egter spoedig meegesleur en my as leser dankbaar gelaat dat ek die boek gekoop het. Die deurslaggewende faktor is die indruk van opregtheid wat die outeur wek. Met verwysing na Raquel Lewis skryf Liza: “Ek was nog nooit so oop en eerlik met iemand nie … Ek dink die twee grootste lesse wat ek by haar geleer het, is om in waarheid te leef en vir nou te leef” (250). Dit gaan vir Liza om die blootlegging van die waarheid; enersyds oor die moorde en andersyds oor haarself en haar familie en vriende. Dit gaan vir haar glad nie om ‘n gekoesterde, gunstige beeld van haar en haar familie voor te hou soos in bv die genoemde De Villiers-outobiografie nie. Sy is onthutsend eerlik oor haarself en andere, insluitende haar oorlede ouers.

    Wat my lojaliteit as leser verder verseker het, is die oorgawe waarmee die outeur jare lank skynbaar geen onkoste of moeite ontsien het nie om twee dinge te probeer vasstel: “Ek was dit aan my ouers verskuldig om uit te vind hoekom hulle vermoor is en deur wie” (164). In die loop van haar ondersoek is gepoog om haar op talle maniere te mislei, maar sy was deurgaans bedag op disinformasie. Die intelligente manier waarop sy met inligting omgaan, is prysenswaardig. Sy het talle dreigemente ontvang en is by meer as een geleentheid omkoopgeld aangebied om haar te probeer ontmoedig om met haar ondersoekende werk voort te gaan, maar sy het haar nie laat afskrik nie. “Teen daardie tyd het hulle my al geken as ‘n hardkoppige mens sonder vrees” (181). “Ek kan my egter op geen kundigheid beroem nie – dit was eerder ‘n kombinasie van jeugdige voortvarendheid, vasberadenheid, liefde vir my ouers en ‘n diep gevoel van verantwoordelikheid teenoor hulle om die onreg wat hulle aangedoen is, bloot te stel. Ek wou net antwoorde kry en ek het baie opgeoffer om dit te probeer kry” (186).

    Te oordeel aan die fyn besonderhede wat oor haar onderhoude en ondersoeke verstrek word, lyk dit asof Liza buitengewoon oplettend is en ‘n goeie geheue het. Sommige van die (telefoniese) gesprekke het sy op band opgeneem (164). Die gesprekke wat woordeliks in die boek neerslag vind, het my laat dink aan James Boswell se beroemde biografie, The life of Samuel Johnson (1791), wat lank voor die era van klankopnames gepubliseer is. Maar Johnson het soms gesien hoe Boswell aantekening maak. Liza het sekerlik kort na onderhoude dieselfde gedoen. Haar broer het skynbaar glad nie Liza se entoesiasme vir hierdie projek gedeel nie. Die inligting word sistematies en duidelik meegedeel; ook in haar WVK-voorlegging. ‘n Mens kan kwalik glo dat hierdie WVK-dokument in ‘n enkele week (18 tot 23 Augustus 1997 – p 18, 181) voltooi is. Waarskynlik het daardie teks reeds voor dit in ‘n redelike mate bestaan. In haar ondersoekende werk is sy deur veral Alet van Rensburg bygestaan: “Sy is ‘n uiters betroubare persoon ongeag van die feit dat sy ‘n joernalis is” (204). Dit laat my dink aan die persoon wat gesê het hy wil nie agter X se rug praat nie maar hy dink hy is ‘n bibliotekaris.

    Verskeie moontlike redes vir die Smit-moorde word aangevoer, bv die bewering dat vyf destydse ministers by valutabedrog betrokke was (37). Daar was ook sprake van “onwettige kommissies op oorsese staatslenings” (83). In Liza se WVK-voorlegging staan: “Volgens gerugte sou ons ouers se moorde glo ook verband gehou het met ‘sanctions busting’, wapens, olie en kernwapens … Ons vermoed dat ons pa in hierdie veld van sanksie-omseiling op die onwettige transaksies en kommissies afgekom het” (155). “Newsweek, ‘n Amerikaanse nuustydskrif, het in Maart 1979 beweer dat Smit afgekom het op bewyse dat miljoene rande en goud onwettig uit Suid-Afrika geneem word. Die geld het na bewering uit geheime fondse gekom wat deur die destydse Departement van Inligting gebruik is om fronte te skep wat Suid-Afrika se beeld in die buiteland moes help bou” (68).

    Die WVK se bevinding het Liza se hipotese bevestig: “Ek is ingelig dat dit ‘n politieke moord was wat in opdrag van die destydse NP-regering uitgevoer is. Hulle sou alles in hul vermoë doen om die skuldiges aan die kaak te stel. Ek was vol moed en baie positief, maar het nooit weer van iemand by die WVK gehoor nie. Nie ‘n woord nie” (182). In die WVK-verslag word die Smit-moorde met dié van die anti-apartheidsaktivis Rick Turner (in 1978) en Renamo se Orlando Christina (in 1983) verbind (183). “The Commission received no amnesty applications in respect of the Smit killings … The Commission finds that Robert and Jeanne-Cora Smit were killed by members of the security forces” (184).

    Evelen, die weduwee van ‘n vorige direkteur-generaal van buitelandse sake, Neil van Heerden, bevestig eintlik die WVK-bevinding: “Dit was en is uiters moeilik om te glo dat dit ons eie mense was wat verantwoordelik was” (202). “Sy het tydens die gesprek ook verwys ‘dat een persoon se ego so in sy pad kon gestaan het’” (203). Aan die einde van haar WVK-voorlegging verskaf Liza die volgende samevatting van haar standpunt: “Die mees tragiese is dat dit voorkom of hierdie menseregte-skending gepleeg is uit selfsug, geldmag en ego’s … Ons voorlegging kom basies daarop neer dat alle bewerings daarop dui dat die opdrag vir ons ouers se moorde op kabinetsvlak deur minstens een persoon geneem is.* Dit dui ook daarop dat die land se veiligheidsmagte vir hierdie taak gebruik is en dat die rede vir die moorde gesoek moet word in die verantwoordelikes se soeke na mag en geld, wat moontlik met staatsgeheime – waarskynlik sanksie-omseiling, olie, kernvermoë en wapens – verband gehou het” (244-245). [* Blykbaar bedoelende dat een of meer kabinetslede betrokke was, eerder as dat dit ‘n kabinetsbesluit was.]

    Daar is ander (dalk verwante) faktore wat tot die Smit-moorde kon gelei het. In Frankryk het Smit as ‘n arbiter in ‘n saak tussen Alusaf en Aluswiss opgetree en teen die Suid-Afrikaanse maatskappy uitspraak gelewer, wat tot doodsdreigemente teen hom gelei het (55). Daar was ook die Salem-skeepskandaal. “Die skip het na bewering sy olie op die oop see aan Shell verkoop en dit in Durban-hawe gelewer. In 1980 [dus ná Smit se dood] is die skip vol water gepomp en aan die weskus van Afrika laat sink … Die versekering het R19,6 miljoen vir die skip en R46 miljoen vir die vrag uitbetaal. Suid-Afrika se regering is betrek by die skandaal omdat die regering frontmaatskappye gehad het wat gebaat het by die versekeringseis. Beeld het berig dat my pa moontlik op die beplanning van die Salem-bedrogspul afgekom het en gedreig het om dit openbaar te maak” (165-166). Voor hy die politiek betree het, was Smit die besturende direkteur van so ‘n frontmaatskappy, Santam Internasionaal (73).

    Oor wie verantwoordelik vir die Smit-moorde was, word verskeie moontlikhede genoem, bv dat Hendrik van den Bergh vir kolonel Dries Verwey van die polisie opdrag gegee het om die Smit-egpaar te vermoor (38). ‘n Ander bron beweer dat daardie besluit deur die hoof van die polisie, Mike Geldenhuys, aan Verwey opgedra is; dat Van den Bergh nie by die moorde betrokke was nie “maar wel by die toesmeer later” (224). Dit is moontlik dat ‘n buitelander gehuur is om die moorde te pleeg (77), bv ‘n “ex-Rhodesiër” (237) of iemand uit die Kongo (234). Albei oorledenes het skiet- en steekwonde gehad. Veral die steekwonde is nie ‘n kenmerkende manier waarop blankes of Afrikaners moord pleeg nie.

    In Liza se lewensverhaal is daar talle elemente wat aan tipiese sepiemateriaal herinner. Sy het as skoolkind begin rook. In 1982 het sy as agtienjarige die eerste keer getrou. Twee kinders is uit hierdie huwelik gebore, ‘n dogter en ‘n seun. Na 18 jaar het Liza geskei. Haar broer Robbie het ook geskei. Eers in hoofstuk 13 word genoem dat Robbie en Liza die aangenome kinders van die Smit-egpaar is (136). In 1996 het Liza haar biologiese ma en halfsuster ontmoet, maar haar halfbroer, James, is twee jaar tevore in ‘n motorongeluk dood. Liza was in 1964 as baba vir aanneming beskikbaar omdat haar ma toe ongetroud was en die geboorte ‘n verleentheid vir die familie was. Haar biologiese ma het twee keer getrou. Liza het nooit haar biologiese ma as haar eintlike ma aanvaar nie omdat sy baie geheg aan haar aangenome ma, Jeanne, was; baie meer as aan haar aangenome pa, Robert. “Ek het ‘n ma gehad en was nie op soek na iemand om haar mee te vervang nie” (242). Liza se biologiese pa is op ‘n jong ouderdom oorlede.

    Liza het in 2001 die vyfde vrou geword van haar tweede man, wat hom aan gesinsgeweld skuldig gemaak het. Dit herinner aan Karina Szczurek se boek, The fifth Mrs Brink: a Memoir (2017); nie dat daar hier ook sprake van geweld was nie, maar bloot dat die skrywer André P Brink ook vyf keer getrou het. Liza het in 2014 van haar tweede man geskei. Dit is nadat sy in 2013 weens depressie en selfmoordgedagtes in ‘n psigiatriese hospitaal behandeling ontvang het. Liza se seun se bene is verlam sedert ‘n motorfietsongeluk. Hy is aan ‘n rolstoel gekluister. “Ek het vir hom daardie motorfiets gegee” (232). “Ons leer daagliks dat Gerrie se rolstoel eintlik die begin van ‘n nuwe lewe was eerder as die einde daarvan” (253).

    Naby die einde van haar boek kom Liza met die onthulling dat haar pa, Robert Smit, by meer as een buite-egtelike verhouding betrokke was, wat groot smart vir haar ma, Jeanne, veroorsaak het omdat sy daarvan bewus was. “Hy het selfs ‘n verhouding gehad met een van my ma se beste vriendinne. Dit het uiteraard die voetstuk waarop ek my pa gesit het, laat kraak. My hele beeld van hom as pa, gesigsman, politikus en wêreldklas-ekonoom was aan flarde geruk en ek het gesukkel om te aanvaar dat hy ‘n mens met foute was … My ma was vir my die verpersoonliking van liefde en hier moet ek hoor my pa het haar verraai. Sy het nooit geskroom om hom by te staan in alles wat hy aangepak het nie en moes uiteindelik met haar lewe boet vir haar lojaliteit aan hom” (258). Ook: “My ma het al die jare die ‘skuld’ vir hul kinderloosheid op haar geneem, maar in werklikheid het die probleem by my pa gelê” (136).

    Liza se vertelling toon in watter ingrypende mate die moord op haar ouers haar lewensloop beïnvloed het. “Op 22 November 1977 is ons lewens wreed ontspoor” (244). “My lewe is in ‘n lewende hel verander deur moordenaars” (109).

    Toe Robert Smit die NP-kandidaat in die verkiesing geword het, het hy by verskeie geleenthede “openlik gesê dat hy iets baie belangriks bekend gaan maak sodra hy verkies is” (54). “Dit sou Watergate na ‘n Sondagskool-piekniek laat lyk” (63) en dat sy onthullings “die land sou skud tot heel bo” (68). Die skuldiges (dalk die staatshoof en/of ministers) sou aan die kaak gestel word. Vorentoe was daar twee moontlikhede. Die een uitweg was om Smit se stilte te koop deur toe te gee aan sy eise. Dit sou egter tot gevolg hê dat Smit sommige van die hoogste politici deurlopend kon afpers. Daar is bv beweer: “Smit het hierdie inligting as wapen gebruik en geëis dat hy lid van die parlement word en later aangestel moet word as minister van finansies” (69). Die ander uitweg was om hom en sy vrou te vermoor.

    By die Smit-egpaar se begrafnis het John Vorster sy hand op Liza se skouer gelê. “Hy het moeg en afgerem en hartseer gelyk” (91). By dieselfde geleentheid het Pik Botha na bewering vir Liza gesê: “Hy wens hy kon meer vir ons doen, maar dat sy hande afgekap was” (92), maar Botha het dit daarna ontken (93). Hermann Giliomee noem dat Vorster ‘n “swak administrateur was … Daar was geen kabinetsekretariaat nie en die mees junior minister het in ‘n oefeningboek rekord van die besluite gehou” (Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 93). As daar tydens ‘n kabinetsvergadering oor Smit gepraat en besluit is, bestaan daar heel moontlik geen rekord hiervan nie. Dit is egter onwaarskynlik dat dáár oor so iets soos moord besluit sou word. Te veel mense sou so ‘n besluit geheim moet hou. Sowel PW as Pik Botha was kabinetslede. “Volgens PW Botha was sy van-genoot energiek en intelligent, maar ‘n ‘politieke sif’ wat te veel dinge deurgelaat en te maklik gepraat het” (Willie Esterhuyse, Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 109).

    Die besluit om die Smit-egpaar te vermoor is waarskynlik deur die staatshoof of deur een of meer ministers geneem. Soos in 1990/94 is nie die Nasionale Party of die NP-regering in sy geheel skuldig nie maar moontlik ‘n klein groepie NP-lede. Volgens ‘n joernalis “het Vorster beweer dat ons pa die hele bedrogstorie met hom (Vorster) bespreek het en dat Vorster toe die fout gemaak het om die betrokke kabinetsminister in ‘n kabinetsvergadering te konfronteer. Die volgende ding wat (volgens die joernalis) toe gebeur het, was dat die Smit-egpaar vermoor is” (156). ‘n Mens vra jou af: Sou die ophaal van die saak in ‘n kabinetsvergadering nie juis die betrokke minister ontmoedig en verhoed het dat die moorde gepleeg word nie? “As ons oordeel aan Vorster se houding by ons ouers se begrafnis en aan hoe oud hy skielik voorgekom het, glo ons nie dat Vorster by die moorde betrokke was of [vooraf] daarvan geweet het nie” (157). Ook: “Ek is nogal geneig om generaal ‘Lang Hendrik’ van den Bergh te glo as hy sê hy self het niks met die moord op my pa en ma te doen gehad nie” (163).

    “Nou, veertig jaar later, is die moorde steeds ‘n raaisel. Ek glo steeds dat ek en Alet naby aan ‘n deurbraak was, of dat ons dalk reeds die waarheid by iemand gehoor het en dit net nie besef het nie. Maar die waarheid was in hierdie geval baie nou verweef met leuens. Ek moes aanvaar dat my speurwerk dalk vrugteloos was en dat ek my en my gesin se lewe verniet daardeur ontwrig het. ‘n Deel van my is bly ek het dit gedoen, want nou het ek ‘n bietjie meer vrede as wat ek andersins sou gehad het. Maar die onbeantwoorde vrae bly en ek het nie ‘n ander keuse gehad as om my verlies te aanvaar nie. Ek het die pad wat ek moet loop, lankal aanvaar, al word dit nooit makliker nie” (187).

    Liza se slotsom is: “Ek glo ons het met ons ondersoeke naby aan die waarheid gekom, maar ten spyte daarvan dat ons duisende kilometers agter getuies aangery het en ten spyte van baie hulp, raad en bystand deur die jare, is ons niks nader aan die waarheid as destyds nie. Is ek spyt oor die WVK-verslag? Nee, al het dit ongeveer twee jaar van my lewe oorheers, want dit was iets wat ek eenvoudig net móés doen. Ek weet ek het alles moontlik gedoen om die waarheid uit te vind en dit het vir my afsluiting gegee” (259-260).

  • Leon Lemmer: Het Dawie de Villiers polities tot inkeer gekom?

    Leon Lemmer: Het Dawie de Villiers polities tot inkeer gekom?

    Weens hulle leidende betrokkenheid kan en behoort FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Pik Botha verantwoordelikheid vir die eerlose politieke magsoorgawe van 1994 te aanvaar. Sedertdien word hulle optrede egter gekenmerk deur hulle halsstarrige pogings tot die absolute regverdiging van hulle laakbare gedrag. ‘n Mens sou verwag dat hoe duideliker die katastofiese gevolge van sowel hulle dade as hulle versuim blyk, des te meer sou hulle geneig wees tot verootmoediging en erkenning van hulle rampspoedige aandadigheid. Die teenoorgestelde is eerder waar. Hulle soek erkenning en verering en gunstige publisiteit; uiteraard nie soseer van die blankes wat deur hulle ernstig benadeel is nie, maar van “die wêreld” en veral van die swartes wat buitensporig bevoordeel is. Wat hulle bereik het is van so ‘n aard dat hulle sedert hulle uittrede uit die politiek eerder uit die openbare oog moes verdwyn het deur alle vorme van aandag te vermy.

    Dawie de Villiers (gebore in 1940) is een van die hoofargitekte van die nuwe Suid-Afrika. “Ek [het] ‘n sentrale rol gespeel in die oorgang” (Kindle 2863). Anders as sy vier bogenoemde oudkollegas het hy nie (in dieselfde mate) publisiteit bly soek nie. Dit het die vraag laat ontstaan of hy vanweë nawete en herbesinning moontlik tot politieke inkeer gekom het en deesdae dalk besef dat hulle drooggemaak het. Sy outobiografie is aan die begin van Maart gepubliseer: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat (Kaapstad: Zebra Press, 2018, 296 p, R300; Amazon Kindle $20,52). Die publisering van ‘n outobiografie is vir die outeur ‘n riskante onderneming omdat dit in bv ‘n (pretensieuse) hagiografie kan ontaard. Hiervan is hierdie boek nie vry te pleit nie. Ek gaan my aandag egter tot politieke sake beperk.

    Die eerste indrukke wat die boek wek, is dié van verligtheid en polities byderwetse berusting in ons lot. Op die voorkant word Nelson Mandela soos volg oor De Villiers aangehaal: “‘n Hoogs bekwame en ervare Suid-Afrikaner wat ‘n uitstekende bydrae tot harmonie in ons nasie gelewer het.” Soos Mandela en De Klerk kon De Villiers nie sy outobiografie op sy eie skryf nie. Hy het die hulp van Chris Schoeman as mede-outeur nodig gehad. Sowel Willie Esterhuyse as Leon Wessels het ‘n voorwoord geskryf. Onmiddellik weet die leser dat hy hom in die vaarwater van oorverligtheid bevind. Esterhuyse gebruik eers in die tweede paragraaf sy kenmerkende uitroepteken, gevolg deur vier ander. In sy bedankings verwys De Villiers na sy “veelsydige lewe” en “my ou maat Leon Wessels” (Kindle 138). Wessels beaam De Villiers se veelsydigheid en voeg “ruim gees” by (228). “Die hervormingsmantel het altyd gemaklik oor Dawie se skouers gehang” (211).

    De Villiers is in Burgersdorp gebore. “Die dorp het destyds … ‘n belangrike rol gespeel in die stryd om die erkenning van Afrikaans, soos die Taalmonument op Burgerplein mense steeds vandag herinner” (260). Dit is ‘n misleidende formulering omdat daardie monument die Nederlandse taal gedenk. Nêrens in die boek wek De Villiers die indruk dat hy sterk oor Afrikaans voel of erken hy dat die huidige grondwetlike bedeling Afrikaans benadeel nie. Hy het in Afrikaans skoolgegaan en die Universiteit Stellenbosch (US) was Afrikaans toe hy daar studeer het. Later noem hy dat sy Engels nog gebrekkig was toe hy ambassadeur in Londen geword het: “My Engels was nie goed nie” (1807).

    Sy nooienstoespraak in die parlement in 1973 is eentalig Afrikaans (3695) maar sy openingsrede by Kodesa in 1991 is eentalig Engels (3772) omdat De Klerk se Nasionale Party (NP) ingestem het dat die verrigtinge uitsluitlik in Engels sal wees. De Villiers se afskeidsrede in die parlement in 1997 is in sowel Afrikaans as Engels (3869). Hy het toe Afrikaans met die vorige bewindhebbers gepraat en Engels met die nuwe bewindhebbers. Hierdie drie toesprake en die taaltoestand waarin openbare skole en bv die US verval het, gee ‘n aanduiding van hoe Afrikaans agteruit geboer het weens die ooreenkomste wat tydens die grondwetlike onderhandelinge aangegaan is.

    Die NP het soos volg met die ANC ooreengekom: “Die finale grondwet moes in pas wees met die beginsels wat in die tussentydse grondwet vervat is” (2569). Dit is nie gestand gedoen nie. De Villiers erken dat die NP die finale grondwet “uiteindelik teësinnig aanvaar” het (2574). Soos die gebruik in 1990/94 geword het, het die NP dus weer aan die ANC se eise toegegee. Die tussentydse of oorgangsgrondwet (1993) bepaal dat die status van Afrikaans nie ingekort mag word nie. Die ANC het die parlementêre meerderheid wat hy in die 1994-verkiesing behaal het, misbruik sodat die 1996-grondwet eerder bepaal dat die status van “die inheemse tale van ons mense” verhoog word (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 525-527). “Ons mense” en “inheemse tale” word sedertdien sodanig deur die ANC vertolk dat blankes en Afrikaans uitgesluit word en Engels in die praktyk eintlik die enigste amptelike taal geword het.

    Tydens die Lancaster House-beraad (1979) het die Britse regering gesorg dat pleks van ‘n blanke bewind in Rhodesië ‘n swart bewind in 1980 in Zimbabwe aan die bewind gekom het. “Lancaster House het my oortuig dat ons uiteindelik dieselfde pad sal moet loop” (1095). Dit is heel moontlik met nawete geskryf, maar boesem by blankes sekerlik nie vertroue in in hierdie latere grondwetonderhandelaar nie. “Ek het my ook voorgeneem om voortaan uitgesproke en konsekwent die noodsaaklikheid van politieke veranderinge te bevorder” (1100), veranderinge wat geblyk het nie (altyd) verbeteringe te wees nie.

    “John Vorster het geglo dat Suid-Afrika die VSA se sterkste bondgenoot in Afrika moet wees en daar het ‘n goeie [eerder dwase] verstandhouding tussen hom en veral die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, ontwikkel. Vorster … het verhoudinge vergemaklik deur nie die bevryding van die laaste kolonies soos Mosambiek en Angola gedurende die 1970’s teen te staan nie en selfs ‘n bietjie [‘n erge eufemisme] druk op Rhodesië geplaas om wit minderheidsregering te laat vaar” (1470). Robert Mugabe het in 1980 aan die bewind gekom en aanvanklik “versoening met die wit ‘onderdrukkers’ gepredik” (1714).

    In 1972 het De Villiers die politiek as NP-parlementslid vir Johannesburg-Wes betree. Hy was toe ‘n dosent aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Die rektor, Gerrit Viljoen, het aan hom gesê: “Ons politiek het jong, verligte mense soos jy nodig. Ons het vernuwing nodig … nou is dit jou groot geleentheid om ‘n bydrae tot die Suid-Afrikaanse toekoms te maak” (1235). De Villiers erken: “My [verligte] sienings was voortydig” (1241) – moontlik as ‘n kompliment aan homself bedoel. “My siening was dat die Afrikaner ‘n sterk morele gewete het, maar dat dit aan die slaap geraak het” (1247). “Die morele gewete moes verder ontwaak; hy moes hom losmaak van hierdie Lasarus-doeke wat hom gebind het … Die skille het van jou oë geval … Namate ons mekaar leer ken het deur onderhandelinge, het ons ontdek hóé aan die slaap ons was” (1253). ‘n Alternatiewe siening is dat die NP-onderhandelaars tydens daardie onderhandelinge vas aan die slaap was en hulle by baie geleenthede met ‘n slap riem laat vang het. De Villiers is een van diegene wat verskoning vir apartheid gevra het: “At the plenary meeting of Codesa at Kempton Park, I used the opportunity to apologise on behalf of the National Party for the pain and sorrow caused to so many of our people” (3892). De Villiers het dit gedoen terwyl hy geweet het dat die meeste van sy kollegas in die kabinet en die oorgrote meerderheid NP-parlementslede nie met sy verskoningvraery saamstem nie.

    “In die parlement het ek my van die begin geskaar by diegene wat Willem de Klerk (FW de Klerk se broer) later as ‘verligtes’ teenoor die ‘verkramptes’ beskryf het. Dié verdeling het soos ‘n verskuiwingslyn deur die party geloop” (1259). Willem het met jy pa, Jan, “baie keer vasgesit … oor sy verligte uitkyk” (1293). “Nadat hy [PW Botha] die Wet op Instromingsbeheer en die Wet op Gemengde Huwelike geskrap het en erken het dat Suid-Afrika een onverdeelde land met een burgerskap is, was apartheid morsdood” (1265). Hierna volg FW de Klerk se rampspoedige toespraak op 2 Februarie 1990, gevolg deur Kodesa. “Saam met Roelf Meyer en Leon Wessels was ek as leier van die NP-afvaardiging deurlopend by die veelparty-onderhandelinge in Kemptonpark betrokke” (1270). Hou in gedagte dat De Klerk en De Villiers Meyer en Wessels se seniors in die politiek was en al vier medeverantwoordelikheid vir hulle vergrype moet aanvaar. Die aanvaarding van die 1996-grondwet “was vir my persoonlik die hoogtepunt van my politieke loopbaan” (1270).

    Toe De Klerk en De Villiers in 1973 hulle plekke as nuwe parlementslede ingeneem het, is in Rapport geskryf dat albei “‘n nuwe, verligte denke” verteenwoordig (1311). Die raad aan hulle was: “Moet nooit idees ondergeskik stel aan politieke gedienstigheid nie” (1316). Daarmee is vernuwing binne die NP bepleit; nie die ANC-gedienstigheid wat hulle latere politieke gedrag gekenmerk het nie. In 1974 het De Villiers “‘n pleidooi gelewer vir merietespanne” (1346). Die huidige resultaat hiervan is nie-meriete sportspanne gekies ingevolge raskwotas. Polities byderwets herhaal De Villiers deesdae nie sy pleidooi vir merietespanne nie. Teen die einde van 1973 voer onder andere De Klerk en De Villiers in Skotland samesprekings oor die afwenteling van politieke gesag van die sentrale regering na laer vlakke (1397), bv na die provinsiale en plaaslike vlak. Hiervan het bitter min tereg gekom omdat die ANC behep is met ‘n sterk sentrale regering, soos in kommunistiese lande. Daar was al sprake dat die ANC die provinsiale regerings wil afskaf omdat hy nie politieke beheer oor hulle almal het nie.

    In 1976 het De Villiers en ander parlementslede Duitsland besoek en kennis met daardie federale regeringstelsel gemaak (1417). Aan die begin van die grondwetlike onderhandelinge was die NP ten gunste van federalisme maar die ANC was heftig daarteen gekant. Dit is een van baie opsigte waarin die ANC sy sin gekry het. In 1977 het De Villiers in die parlement gesê: “We have got to build a broad sense of patriotism that transcends colour” (1446). Hy voeg toe by: “Suid-Afrikaners moet bereid wees om baie prys te gee om die kosbaarste te behou. Suid-Afrika is spreekwoordelik weer besig met ‘n Groot Trek na ‘n nuwe toekoms en ons kan nie bekostig om onnodige bagasie soos uitgediende gebruike saam te neem nie. Wat ons nodig het vir oorlewing, is breë patriotisme wat oor die kleurgrense strek”(1446). Maar watter kosbaarhede moet behou word en wat is onnodige bagasie? Eiendomsreg? Afrikaans? Wet en orde? Doeltreffende landsbestuur? Geen rassediskriminasie? Nie-rommelstatus?

    “Ek het van politieke kindsbeen af vanweë ‘n diepe sin vir geregtigheid ‘n ongemak gevoel met aspekte van die NP-beleid wat teen mense gediskrimineer het, tot hul nadeel” (2213). Hoogs eensydig skryf hy selfs van “hoe aaklig ons verlede was” (2828). Oor sy ambassadeurskap in Brittanje skryf De Villiers: “Die apartheidsbeleid in Suid-Afrika het dit moeilik gemaak om ‘n positiewe beeld van die land te bevorder” (1554). “Tydens Leon Wessels se besoek [aan Londen] het ek en hy baie oor die politiek gesels. Ek het vir hom gesê magsdeling is soos dood in die familie. Almal weet daarvan, maar niemand praat daaroor nie; maar dat dit onvermydelik is en dat Suid-Afrikaanse politici hulle maar daarop moet voorberei” (1668). Roelf Meyer het De Villiers as parlementslid vir Johannesburg-Wes opgevolg. “Dit was die begin van groot dinge vir hom” (1679).

    PW Botha het hierna vir De Villiers as ‘n minister aangestel. Die De Villierse was al so lief vir Londen en die Britte dat:”Niemand wou toe terugkeer Suid-Afrika toe nie” (1760). Maar na minder as twee jaar moes hulle dit doen. De Villiers se twee jongste kinders is toe in ‘n Engelse laerskool in Pretoria geplaas (1814). As die De Villiers-egpaar egte Afrikaners was, sou hulle gretig van die geleentheid gebruik gemaak het om hulle kinders Afrikaanse skole te laat bywoon. Wat opval, is dat De Villiers se kinders en kleinkinders in groot mate verengels het. “In my Londen-dae het ek nog probeer om die regering se beleidsrigting te probeer verstaan en verdedig, maar die buitelandse blootstelling was ‘n invloed op my ontwikkeling en sekerlik ook my politieke denke” (1807).

    De Villiers het die minister van handel en nywerheid en die parlementslid vir Piketberg geword. “My siening was dat entrepreneurstalent in die informele sektor gekoester moes word en nie vervolg word nie en dat niemand op grond van ras of kleur beperk moes word in sy ekonomiese deelname nie. Dit sou lei tot die herroeping van alle diskriminende wetgewing rakende Indiër-, bruin en swart sakelui om ‘n situasie te skep waar alle sakelui gelykwaardig was” (1882). Maar in die nuwe Suid-Afrika diskrimineer die ANC-regering deur sover moontlik net met nie-wit ondernemings sake te doen sodat daar in hierdie opsig van die (ekonomiese) gelykwaardigheid vir blankes geen sprake is nie.

    Naas homself lys De Villiers die (oor)verligte Nattes as onder andere Piet Koornhof, Barend du Plessis, Pik Botha, Leon Wessels, Stoffel van der Merwe en Sam de Beer (1459, 1923). Roelf Meyer het later bygekom. FW de Klerk was aanvanklik nie een van hulle nie. Hy het moontlik eers opportunisties gekyk in watter rigting die wind waai. De Villiers skryf egter: “FW was nooit werklik in sy hart ‘n verkrampte nie” (2096). De Villiers noem hom “intelligent” en “pragmaties” (2096). Ook: “Hy was briljant. Hy was ‘n man wat wou versoen, hy wou almal saamvat” (2102) – oor die Rubicon en die afgrond met sy “kwantumsprong”? (2090). Van De Klerk se briljantheid is daar min tekens in die resultate van die onderhandelinge te bespeur. De Villiers skryf: “Vir die ‘nuwe Nattes’ was ‘n toekomstige meerderheidsregering eintlik onvermydelik” (1923). Maar dan moet dit voor die 1992-referendum uitdruklik aan die blanke kiesers gestel gewees het, dus dat dit gaan om oorgawe aan swart mag en nie om politieke magsdeling nie. Maar De Villiers klou vas aan die mite dat Kodesa oor magsdeling sou besin (2251).

    “Met die steun van die verligtes het PW Botha dramatiese hervormings deurgevoer wat apartheid verder laat verkrummel en die politieke rigting verander het” (1929). “In Junie 1987 het ek tydens die tweede lesingsdebat oor die begroting in die parlement dit duidelik gestel dat die Nasionale Party aanvaar het dat die einde aangebreek het vir wit oorheersing” (1985). “Die NP se beleid was gefundeer in konsensus en die idee van magsdeling vir alle groepe, met groepsregte wat teen dominering beskerm word, was die enigste praktiese oplossing” (1990). Reeds in 1982 het PW Botha “‘n interpretasie van NP-beleid as ‘gesonde magsdeling’ goedgekeur” (2069). Van hierdie “enigste oplossing” het uiteindelik niks tereg gekom nie; nie van magsdeling nie en nog minder van die beoogde “gesonde” aard daarvan. Nelson Mandela wou, veral wat die blankes betref, niks van groepsregte weet nie en daar is deur die NP-onderhandelaars toegee dat net individuele regte erken word. Weens ongekwalifiseerde, algemene, volwassene-stemreg het slegs die swartes, vanweë hulle getalsoorwig, sedert 1994 die reg om alle ander groepe te oorheers. Dit is waarom Cyril Ramaphosa aan die blankes kan sê: Die ANC-regering gaan julle eiendom steel, sonder enige vergoeding, of julle nou daarvan hou of nie. In hierdie sin is daar geen magsdeling nie en weens die bevolkingsaanwas kan/gaan die swart oorheersing deurlopend in intensiteit toeneem.

    Die Konserwatiewe Party “het mense bly dryf met die spook dat die Russe gaan oorvat en dat hulle maar net besig was om die ANC as ‘n front te gebruik” (2002). Hierdie konserwatiewes was nie ver verkeerd nie. Die “spook” in die sin van die rooi gevaar en die swart gevaar het in 1994 in die gestalte van die ANC, wat wesenlik kommunisties is, die politieke beheer in Suid-Afrika oorgeneem. Radikale ekonomiese transformasie en die ideaal van die nasionalisering van private eiendom ingevolge die Vryheidshandves van 1955 word al hoe meer ‘n (dreigende) werklikheid. Aanvanklik was De Klerk teen die deelname van kommuniste aan die onderhandelinge gekant, maar die ANC het aangedring op die insluiting van Joe Slovo en De Klerk het spoedig toegegee (2153).

    “Ons [die NP] moes die inisiatief behou en die beste moontlike bedeling onderhandel” (2159). Daar word nie genoem vir wie hierdie bedeling die beste moet wees nie. Moontlik geld dit vir die swartes, maar sekerlik nie vir die land en vir die ander ras- of etniese groepe nie; sekerlik veral nie vir die blankes nie. “Aan die einde van sy toespraak [op 2.02.1990] het FW verwys na die regering se oorhoofse doelwitte wat vir alle redelike Suid-Afrikaners aanvaarbaar behoort te wees, onder meer [1] ‘n nuwe demokratiese grondwet, [2] algemene stemreg, [3] beskerming van minderhede sowel as van individuele regte, [4] vryheid van geloof en [5] ‘n gesonde ekonomie gegrond op bewese ekonomiese beginsels” (2164).

    [1] Daar is uiteindelik op ‘n uiterste vorm van demokrasie ooreengekom waarin (soos in kommunistiese lande) eerder vir ‘n politieke party as vir kandidate in kiesafdelings gestem word. Die politieke partye besluit agterna op hulle suksesvolle kandidate. Anders as in bv Amerika kan kiesers nie eens stem vir wie hulle as staatshoof wil hê nie. Die meerderheidsparty besluit wie die staatshoof moet wees. Daardie mens is dus eerder die hoof van daardie party as die hoof van die land (en van al sy kiesers), gevolglik staan dit die staatshoof vry om bv die blankes aanstoot te gee deur valslik te beweer dat al die land se probleme in 1652 begin het.

    [2] Algemene stemreg is ongewens in ‘n land waarin daar groot ongeletterdheid en oningeligtheid is en dus die wesenlike gevare van grootskaalse misleiding en intimidasie bestaan. Selfs misdadigers in tronke kan stem – iets wat bv in verskeie Amerikaanse state nie toegelaat word nie.

    [3] Van die beskerming van minderheidsregte het, anders as in bv Amerika, eintlik niks tereg gekom nie. Die “wigte en teenwigte” (2353, 2479, 2507) wat hieroor sou waak, het geblyk fiktief te wees. Daar is gedienstig gebuig voor Nelson Mandela se vrees vir blanke minderheidsregte. Blankes mag bv nie enige vetoreg hê nie, want dit sou op die erkenning van hulle meerderwaardigheid neerkom.

    [4] Vryheid van geloof is daar seker wel, maar vir die blankes sekerlik nie vryheid van uitdrukking nie. Swartes kan van blankes sê net wat hulle wil, maar blankes word nie eens toegelaat om geykte woorde met besondere seggingskrag te gebruik nie. Dan is versoening skielik belangrik, maar by owerheidsdiefstal van blankes se eiendom word versoening as ‘n geldige oorweging buite rekening gelaat.

    [5] Rommelstatus dui nie op ‘n gesonde ekonomie nie. Ook nie sosialisme nie, wat al hoe duideliker onverdunde kommunisme gebaseer op nasionalisering word. Suid-Afrika as welsynstaat moet eerder in ‘n arbeidstaat omskep word; dus van “welfare” na “workfare” vorder. Let op hoe De Villiers die skuld vir die droogmakery weg van die NP-onderhandelaars probeer skuif: “Die sakewêreld … sou druk uitoefen op die ANC om nie die pad van nasionalisering te stap nie, maar ‘n markgeoriënteerde ekonomie te aanvaar” (2442).

    “Ooreenkomstig die DF Malan Minuut het die ANC ingestem dat daar ‘n onmiddellike beëindiging sou wees van aanvalle by wyse van vuurwapens, profstowwe, ensovoorts, asook van die infiltrering van manne [terroriste] en van die militêre opleiding van ANC-lede [terroriste] in Suid-Afrika” (2235). Die ANC gee voor om ‘n politieke party te wees. Dan het sy lede sekerlik nie militêre opleiding nodig nie. Dit val op dat De Villiers nooit die term “terroris” in die konteks van die ANC gebruik nie, terwyl daardie gewelddadige instansie hom met oorgawe en doelbewus oor baie jare aan terreurdade skuldig gemaak het. De Villiers ken die woord “terroris”. Hy gebruik dit in die konteks van die 1972-aanval op Israeli-atlete by die Olimpiese Spele (1280).

    De Villiers beweer die ANC het “die gewapende stryd afgesweer” (2218). Die ANC het in werklikheid valslik beweer dat hy geweld opgeskort het op voorwaarde dat die onderhandeling volgens sy wense verloop. ANC-kornuite wat nie vertroue werd is nie, is deur die NP-onderhandelaars vertrou. Dit het nie vir die ANC om hoë moraliteit gegaan soos hy homself graag voordoen nie. Al wat vir die ANC van belang was, was om ten alle koste die politieke mag te bekom, selfs al moet alles wat sedert 1652 opgebou is in die proses vernietig word. Geharde ANC-terroriste is deur De Klerk uit die gevangenis vrygelaat. Weens verslapte grensbeheer is toegelaat dat terroriste met wapens op groot skaal die land binnestroom. Nuwe terroriste is vryelik in bv die Transkei opgelei. Daardie neste is nie uitgewis nie omdat die “onafhanklikheid” van die Transkei erken is, net om daardie onafhanklikheid kort daarna te ontken met die oog op die einde van die “bevrydingstryd”.

    Op ‘n uiters naïewe manier het die NP-onderhandelaars die ANC vertrou. Hoekom is so suksesvol van magsdeling na magsoorgawe gevorder? “Hoofsaaklik omdat ons [veral Roelf Meyer, Leon Wessels, Dawie de Villiers] en die ANC se hoofonderhandelaars [veral Cyril Ramaphosa, Joe Slovo, Mac Maharaj] met verloop van tyd ‘n onderlinge vertroue opgebou het en vrede nagestreef het” (2279). Volgens De Villiers was Meyer “ideaal vir hierdie soort situasie verpak” (2318). “Omdat hy [Meyer] graag kompomieë gesoek het, het van sy politieke kollegas hom soms as lou beskou en selfs van ruggraatloosheid beskuldig” (2324). Sedert 1994 word ons verplig om daagliks met die onverkwiklike gevolge van hierdie kompromieë saam te leef.

    “Toe daar met die onderhandelinge begin is, het die konserwatiewe elemente in die regering bly vasklou aan die beginsels waaroor voorheen ooreengekom is en hulle het ooreenkomste wat bereik is as ‘n afwyking van magsdeling beskou. Iemand soos Hernus Kriel het veral baie stof hieroor opgeskop en na die ‘oorgawe’ van die onderhandelaars verwys. Van die verligtes het na die konserwatiewe kant oorgeswaai, sodat daar slegs vier ‘ware’ verligtes in die kabinet oorgebly het: ek, Fanie Schoeman, Leon Wessels en Roelf Meyer” (2386). Daar is natuurlik ook nog FW de Klerk en Pik Botha as verligtes. Wat hier baie duidelik gesê word, is dat die “konserwatiewe elemente” hulle by die mandaat gehou het wat die kiesers aan die NP gegee het, naamlik om te onderhandel met die oog op magsdeling. Volgens De Klerk se plegtige belofte voor die 1992-referendum sou die finale ooreenkoms in ‘n opvolgreferendum aan die blanke kiesers vir voor- of afkeuring voorgelê word. Verraderlik het hiervan niks tereg gekom nie. Wat ook duidelik uit die laaste aanhaling blyk, is dat die verligtes hulle aangematig het om mandaatloos van magsdeling na magsoorgawe te vorder. Die hoofverantwoordelik vir hierdie hemelskreiende immoraliteit berus by FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers. Die bestaan van die huidige bedenklike politieke opset is hoofsaaklik aan hierdie vier te wyte. Pik Botha het hulle gesteun maar was nie deel van die onderhandelinge nie. De Villiers hou egter vol dat ons magsdeling het. Die 1992-referendum “sou FW ‘n mandaat gee om ‘n proses te begin wat sou uitloop op magsdeling, ‘n oordrag van mag uit die bestaande [blanke] strukture na al die mense in die land” (2473).

    “Omdat FW ons [die enkele NP-verligtes] gesteun het, is dit vir ons moontlik gemaak om groter invloed uit te oefen oor die rigting wat die onderhandelings moet inslaan [dus om af te wyk van die mandaat]. Roelf het geglo dat dit vernietigend is om vir oorblysels van magsbehoud te veg en het die NP-kabinet aangespoor om weg te beweeg van die gedagte van minderheidsregte na dié van ‘n meerderheidsregering. Dit sou onvermydelik lei tot ‘n dieper breuk tussen ons verligte onderhandelaars en die res. Daar was veral ses lede wat kwaai teenstand gebied het en na wie FW verwys het as die ‘ses anti’s’: Hernus Kriel, Tertius Delport, André Fourie, Danie Schutte, Rina Venter en Japie van Wyk” (2391).

    Tertius Delport het die kern van die probleem geïdentifiseer en hom onderskei deurdat hy De Klerk wou donder. Toe dit blyk dat De Klerk se ooreengekome magsdeling neerkom op hoogstens vyf jaar (in werklikheid minder as twee jaar) van NP-minderheidsverteenwoordiging in die Mandela-kabinet het Delport “na FW se kantoor gestap en aan sy deur geklop. Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat ons nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor’” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 424).

    De Villiers skryf: “Daar was ‘n gevoel dat FW baie meer direk aan die onderhandelingsproses moes deelneem om self direk leiding te gee oor kwessies wat nie alleen deur die NP-koukus en die kiesers aan hom toevertrou is nie, maar waarmee hy ook besonder vertroud was” (2324). “Ek moet sê ek was baie lojaal teenoor FW en het hom altyd in sy afwesigheid probeer beskerm” (2591). “Sommige het … daarop gewys dat FW met die beroering in sy persoonlike lewe en sy liefdesverhouding met sy latere vrou, Elita Georgiadis, nie sy volle aandag aan landsake kon gee nie. Hy het haar vanaf 1989 geken en het tot met sy uittrede in 1997 met hierdie emosionele kwessies geworstel en dit sou naïef wees om te dink dat dit nie ‘n invloed gehad het op sy betrokkenheid en leiding nie” (2597). By hierdie lewensbelangrike onderhandelinge was De Klerk dus deeltyds en sydelings betrokke.

    “Ek glo [soos De Klerk] die grootste sukses van die onderhandelinge vir ons verligtes was dat die oorgangsgrondwet ‘n moontlike bloedige revolusie voorkom het en ‘n vreedsame verkiesing tot gevolg gehad het” (2597). De Klerk, De Villiers, Pik Botha en Meyer is in 1994 as ministers in Nelson Mandela se kabinet aangestel. “Toe die party [NP] nie daarin kon slaag om magsdeling in die finale Grondwet neerslag te laat vind nie, het die NP hom in ‘n moeilike posisie en sonder legimiteit bevind. Die party se eer [!] was op die spel en op 9 Mei 1996 het ons besluit om die RNE [Regering van Nasionale Eenheid] op alle vlakke van die regering te verlaat. “Die situasie [was] so dat die ANC … in elk geval gedoen het wat hy wou” (2683). Die uiteinde was dus oorgawe aan swart mag.

    “Die nuwe Grondwet is op Woensdag 8 Mei 1996 in die parlement aangeneem en in sy spreekbeurt het FW die redes aangekondig waarom die NP vir die wet gestem het. Hy het sterk bedenkinge uitgespreek oor ‘n aantal aspekte, soos die afwesigheid van magsdeling[!]” (2660). Hy het dus erken dat hy (klaaglik) misluk het in wat hy belowe het. Sedertdien het De Klerk blankes telkens aangemoedig om hulle op hierdie grondwet te beroep. Noudat owerheidsdiefstal van blanke eiendom beoog en wysigings aan die grondwet in die vooruitsig gestel word om blankes verder te benadeel, het De Klerk se aanbevelings opgeraak en behoort selfs hy te besef dat sy kwantumsprong ‘n volslae mislukking was en al hoe meer sodanig word.

    Maar De Villiers bly klou aan strooihalms: “Daar [is] min wat ons anders kon gedoen het as ons dit weer sou moes doen” (2759). Maar let op die groot gaping tussen enersyds wat met die 1994-verkiesing en die 1996-grondwet bereik is en andersyds wat De Villiers in sy Kodesa-openingsrede in 1991 in die vooruitsig gestel het: “The National Party has … committed itself to voting rights for all, but with effective checks and balances which will prevent the abuse of power, which inevitably results in domination and oppression. A true and a sustainable democracy is based on majority rule, but in plural societies that rule is always conditional on the fair treatment of, and meaningful participation by, minorities” (3785). “In a country with diversities such as ours, the concentration of power in an all-powerful central government simply could not serve the best interests of our people” (3790). “We have committed ourselves to strive for a free and non-racial democracy without any form of domination. To that we are committed and from that we shall not deviate [!]” (3802). Dit is ‘n feit dat ons sedert 1994 met ‘n ANC-regering opgesaal sit wat doen net wat hy wil, bv poog om sover moontlik swartes te bevoordeel en blankes te benadeel. Van die volgende voorneme het niks tereg gekom nie omdat dit bloot daarop ingestel was om konserwatiewe blankes te sus: “The National Party will … endeavour to have the principle of self-determination for nations placed on the agenda of Codesa” (3851). De Klerk het ontpop as een van die grootste teenstanders van ‘n tuisland vir Afrikaners.

    Op 30 Junie 1996 het die NP uit die RNE onttrek. De Klerk het terselfdertyd as adjunkpresident bedank. “Op daardie stadium het die ANC reeds ‘n bestuurstyl ontwikkel waarin min respek teenoor die parlement betoon word en selfs minder teenoor die opposisie” (2677). Dit lyk asof De Villiers steeds nie besef dat die ANC primêr in outoritêre politieke mag belangstel nie. Dit gaan vir die ANC glad nie om demokrasie in die sin dat al die inwoners van die land gedien moet word nie. Op die oomblik verkry die ANC meerderheidsregering via die stembus. Dit is vir die ANC bloot die huidige praktiese weg na outoritêre swart mag, dus sodat besluite van die ANC (geneem in Luthuli-huis en nie soseer in die parlement nie) kan geld. Maar De Villiers verkies om die wesenlike aard van die ANC mis te kyk en te dink dat ‘n goeie toekoms op Suid-Afrika wag. In 1997, by sy uittrede uit die politiek, het hy gesê: “Our future must never ever again allow racial prejudice to exist and develop and authoritarian rule to take hold of our country” (3904).

    De Villiers probeer om die nuwe Suid-Afrika so gunstig moontlik voor te stel. “Die merkwaardige ding vir my is dat ons ‘n vreedsame [!] oorgang gehad het. Geen individu het sy eiendom verloor nie, besighede gaan voort om sake te doen, boere boer steeds en mense reis. Dinge gaan baie aan soos in die verlede” (2770). “Ons het ‘n Grondwet wat beter is as baie wat ek ken en ‘n Handves van Regte wat nie net swart regte nie, maar in besonder [!] ook wit regte wanneer dit kom by iets soos besittings. Nou, ná ‘n tydperk van heronderhandeling [?], is daar baie min in die nuwe Grondwet waaroor ons kan kla dat dit totaal verkeerd en onaanvaarbaar is. In sy geheel is dit ‘n baie goeie Grondwet” (2776).

    “Wat diegene wat kritiseer vergeet, en veral aan die regse kant, is dat die ANC of die nuwe regering sekerlik dinge wil regstel wat baie jare lank verkeerd geloop het. Een van sy beleidsmaatreëls [wat in die Grondwet staan en sonder keerdatum is] is regstellende aksie, waarmee ons saamstem [dus daar kan maar teen blankes gediskrimineer word]. Al waarmee ons verskil, is die manier waarop dit toegepas word … In sy geheel glo ek dit was [? is] ‘n goeie proses” (2782). De Villiers is klaarblyklik onredbaar linksgesind. “My [liberale] beskouings … is versterk deur baie ondervindings, wat een van die redes was waarom ek soveel bevrediging kon vind in my betrokkenheid by die oorgang” (2863). Hy beskou homself dus steeds met trots as een van die NP-grondleggers of (soos die Amerikaners sou sê) “founding fathers” van die nuwe Suid-Afrika.

    “Ons het nou ‘n nierassige demokrasie [wat op ‘n blatant rassistiese grondslag teen blankes diskrimineer] … Vir my was die energie wat ek gegee het aan transformasie en die opwinding wat dit gegenereer het, die drome wat ek gedroom het, die visie wat ek gehad het, nou alles volbring” (2869). “As ek terugkyk, was die oorgang na demokrasie die hoogtepunt … Ek het gevoel in my leeftyd het ek in die politiek die beste bereik waarvoor ek kon hoop” (2875).

    Toe De Villiers na sy politieke loopbaan plus bykans agt jaar in die buiteland na Stellenbosch terugkeer om daar af te tree, is hy “grootliks verras met die kultuurskok wat ons hier getref het” (3405). Hy verskaf geen besonderhede nie, maar dit moet onder meer te make hê met die ewe verligte transformasiebedrywighede aan die Universiteit Stellenbosch en die verswarting, verengelsing en agteruitgang van die dorp. Het De Villiers polities tot inkeer gekom? Glad nie. Net so min of minder as De Klerk, Meyer en Wessels.

  • Suidpunt: Skryf vandag nog jou lewensverhaal!

    Suidpunt: Skryf vandag nog jou lewensverhaal!

    Soos ek deur mnr. Leon Lemmer se weeklikse rubriek lees, raak dit vir my gans te duidelik wie die geskiedenis skryf. Of, wie ‘n platform gegee word om geskiedenis te skrywe. Baie van ons lesers dink miskien: “Mastig, net mense met ‘n hoë dunk van hulself skryf ‘n boek oor hulself”.

    Ek stem nie saam nie. Nou minder as ooit. Om ‘n voorbeeld te noem. Iewers in M.E.R. se outobiografie (bl. 208-209) word geskryf sy het die benaming “toebroodjie” bedink as vertaling vir “sandwich” toe sy vir “Die Burger” gewerk het, al was daar reeds “planksny” êrens in die Noordwes-Kaapland in omloop. Tot dusver kon ek in geen etimologiese woordeboek steun of weerlegging vir hierdie stelling kry nie, slegs wat sy neergeskryf het. As mens maar geweet het in watter artikel sy die woord die eerste maal gebruik het, sou dit gerusstellend gewees het. En dit is juis hierdie soort “verlies van feite” wat my geweldig bekommer.  Elke detail wat weggelaat word, se bewyse gaan verlore vir die volgende geslag. Party gaan deur snippermasjiene, huisbrand of die asblik verlore. Indrukke gaan verlore. Ervaring gaan verlore. Die belangrikste weer: FEITE gaan verlore. Want nou is jy maklik vatbaar vir die denkfout “argumentum ad ignorantiam” – alles is waar as daar geen teenbewyse is nie. Dit weet die rasionaliste, maar nie jou tipiese progressiewe skrywer wat geen tyd vir die rede het of deeglike navorsing nie. Vir hom of haar is enigiets gangbaar solank dit net byderwets KLINK of eerder, VOEL. Fiksie het die nuwe norm geword.

    Ek dink die Afrikaner/Boer is net skaam, of het nog geen skryfkultuur ontwikkel nie. Party Duitsers en Hollanders bring skaars 30 dae in Afrika deur, en skryf ‘n “lewensveranderende” boek daaroor wat maklik-maklik oor die 100 tot 240 bladsye strek. Ek dink nou sommer in die verbygaan aan Barbara Imgrund se “Wild Woman: Die Fremde in mir” (2010). En dominee Herman Huber Kuyper se reisverhaal, “Zuid-Afrika: Reisindrukken”, op archive.org ( https://archive.org/details/HermanHuberKuyperZuidAfrikaReisindrukken ) uit die jaar 1925.

    Skaamheid kan nie, mag nie in die weg staan van verantwoordelikheid nie! Hieronder behandel ek die noodsaak, enkele voorbeelde, en “groei”.

    Die noodsaak

    Ten eerste, om misleiding te voorkom.

    Voorbeeld, rondom Apartheid: “Ons moet onthou dat die lewenstandaarde van blankes toe baie hoër was as dié van swartes, so dis glad nie snaaks dat die blanke bevolking ‘n stadiger verhoging in lewenstandaarde gehad het as die swart bevolking tydens ‘n tydperk van ekonomiese ontwikkeling nie.”

    Dit is natuurlik ‘n growwe veralgemening wat dag na dag gebeeldsend of op die internet geskryf word. Ek sou die teendeel kon bied met my eie moeder as voorbeeld in die 1950’s tot 1960’s – sy was ‘n plaasbywoner se dogter. Het ook nie krag, water, spoeltoilette en vullisverwydering gehad nie, en alles maar so geiserloos aanvaar. My moeder moes maar water winter en somer, in wind en weer, uit die nabygeleë sloot gaan haal met die emmer of skottel. Die sloot was altyd skoongehou, met krappies wat na jou toe aangeskarrel het. Hordes van die goed. En ‘n paar klein vissies. So skoon was die water. Vandag word daardie huisie bewoon deur ander, die doringbome en bosse het die sloot ingeneem. Die stroom vloei dus nie meer nie. Die krappies en varswatervissies lê seker dekades onder sediment begrawe. Daar was destyds ook geen openbare vervoer skole toe nie, my moeder en haar broer moes kaalvoet skool toe stap. Winter en somer. Maak jy in die winter langs die pad vuur net om jou hande warm te maak, word jy deur die onderwyser geslaan omdat jou hande en naels vuil is. Maklik was die lewe nie. My vader was wel ‘n stedeling in Johannesburg, en hy het wel al hierdie stadsgeriewe gehad. Vir my moeder was dit seker desjare ‘n skandvlek, vir my is dit vandag ‘n eer. ‘n Eer om die progressiewe vooroordele verkeerd te bewys.

    Ten tweede, dink hier ook aan stamboomnavorsing. Jy het name, vanne, geboortedatums en sterftedatums voor jou. En dit is al. Jy weet nie waarvan die persoon gehou het nie, weet nie wat die persoon deurgemaak het nie. Inteendeel, jy weet nie eens wat die persoon se gunstelingkleur of -kos was nie. Jy weet nie deur hoeveel lyding jou oumagrootjie was nie. Jy weet nie hoe sy gelyk het nie. Weliswaar weet jy nie eens of die persone ooit gedink het nie. Al wat jy weet: iewers het betoorgrootvader en betoorgrootmoeder mekaar waarskynlik op die muwwe strooimatras beetgepak en geliefkoos, sodat oupagrootjie min of meer 9 maande later gebore moes word. En die lewensverwelkomende raps sadisties op die boud gekry het. So loop die ritueel nou maar verby die doopvont, die katkisasie, voorstelling en aanneming, die eerste nagmaal en… die res hoop jy maar om by GISA of die kerkkantoor uit te vis. Dikwels vrugteloos. Waarom jou oupagrootjie tog so ‘n nukkerige ou man uitgedraai het, weet nugter. Dalk het hy verbitterd geword omdat hy nooit suiglekkers kon kou nie, hoe sal ons weet? Of dalk het sy boesemvriend sy droommeisie afgevry – daar was immers nog nie invoerbruide op bestelling nie. Wat hy van godsdiens, God, die kerk, die staat, die landsgenote gedink het, weet jy ook nie. Wat sy lewensarbeid betref, weet jy heeltemal niks. Al wat jy het, is rudimentêre gegewens wat jy êrens op ‘n foto van ‘n swambedekte grafsteen miskien gekry het op eggsa.org. En miskien identitynumber.org. Dit is al.

    Deficit omne quod nasciture: alles wat gebore word, vergaan. Tensy mens iets aan die saak doen, is ons doodgewone mense na drie geslagte ook vir die geskiedenis vergete. Nou ja, as jy dink iemand gaan ‘eendag’ ‘n biografie oor jou skryf, gaan jy lank wag. Jy kan maar netsowel self aan die werk spring. ‘n Biograaf soos J.C. Kannemeyer is buitendien in 2011 oorlede. Ek sien nog geen soortgelyke opvolger nie.

    Skryf die oorwinnaars werklik AL die geskiedenisboeke? Leerplanne miskien, ja. TV/radio-programme, miskien ja. Die koerante, miskien ja. Boekpryskortlyste, miskien ja. Die “commendationes”, miskien ja. Maar vir die res? Dis eenvoudig ‘n gebrek aan belangstelling van die behoudendes se kant af. En oor 50 jaar is almal buitendien uitgekuier met die “bespotlike standaard” van die 1990’s, 2000’s en 2010’s – as daar ooit nog iets van oor is. Jou eenvoudige bietjie slêngtaal hier en daar wat jy vandag skryf, is oor ‘n honderd jaar of so “verhewe taalgebruik”. Vra maar vir Joost van den Vondel en William Shakespeare.

    Ten derde is die groot gelykmaker (naas die dood) die internet. En mense is nou ook nie almal onder ‘n kalkoen uitgebroei nie, hoor. Heelwat mense sal nie belangstel in broodskrywers van Netwerk24 wat steeds aanvoer Verwoerd was bang vir televisie omdat hierdie medium die NP sou sink nie. Gelukkig is hierdie skrywers se ondeurvorste prulstukke in elk geval agter ‘n betaalmuur, amper soos ‘n pornokanaal wat uit maatskaplike verantwoordelikheidsin ledegeld begin vra, veilig weggesteek van jong onskuldige blink Afrikanerogies wat maar huiwerig is om koerant onder die blad gesien te word. Dit pas my goed. Nee, dit pas my UITSTEKEND! Mense met gesonde verstand sal eerder na “Verwoerd aan die woord” (1963) gaan en sy toesprake deurlees, veral vanaf bl. 326 tot 333. ‘n Gewigtige bronteks. Maar het Verwoerd se tekste nooit gebundeld bestaan nie, dan moes ek seker maar alles vir soetkoek opvreet op ‘n werf wat hom CNN-styl uitgee “vir nuus wat jy kan vertrou”? Vragie: waarom is Verwoerd se toesprake nooit herdruk nie? Ek bedoel, “Mein Kampf” (vir die ou progressiewes wat mos Apartheid voortdurend met die Nazi-Duitsland vergelyk) het al derduisende, miljoene herdrukke beleef. En vertaal. En vandag is sy werk selfs vryelik beskikbaar vir Jood en nie-Jood om te lees. Waarom nie Verwoerd s’n nie? Verwoerd is mos langer as 50 jaar al dood – sy werk is immers streng gesproke in die openbare besit. Omdat Verwoerd te logies gedink het? Om die waarheid doelbewus te verswyg? Waarom Verwoerd vrees as hy dan storietjies in die parlement sou opdis? Wat is daar dan om weg te steek?

    Juis daarom stel ek voor jy moet jou werk orals gaan berg en rondversprei. Persoonlik sal ek nie my boek na my dood geberg wil hê by GISA, saam met my in my uitgevoerde geelhoutdoodskis (soos Heinrich Schörbech gewens het), by die Kaapse Argief, bankkluis, by openbare dorpsbiblioteke of in ‘n tydkapsule onder die preekstoel nie, maar eerder digitaal opgelaai by Amazon, WikiCommons, archive.org, Dropbox of selfs Google Drive wil kry. Brandstigting hinder my, onder andere. En die drukkoste is peperduur. As jy bang is die rekenaarwêreld gaan in die toekoms heeltemal verander of in duie stort, kan jy jou werk liewers laat uitdruk en vir jou kinders en familielede aanstuur – maar jy weet seker nou reeds wat het met al jou ouma se erfstukke gebeur. Dit kry voete en verdwyn spoorloos. Jy kan altyd 600 kopieë laat druk en regoor die wêreld laat versprei, as jy werklik moet. Een van hulle behoort die tyd te deurstaan; net soos die Qumranrolle.

    ‘n Paradoks soos dit mag klink – ongeveer 5.000 bladsye oor daaglikse gebeurtenisse wat oor 5 jaar strek, is steeds ‘n opsomming van 1.826 dae se 21.912 uur dink- en doenwerk (ek neem ‘n uiters lae 12-uur-gemiddelde). Deesdae kan mens maklik tot 3 bladsye per dag tik, soos jy inligting vergader, beredeneer, kiekies steel en plak (met bronverwysing), aanhalings knip en plak, kommentaar oor jou werk berg, metakritiek oor jou kritiek op ander se kommentare knip en plak, Youtubevideo’s opsom, “podsendings” opsom, ou webblaaie op web.archive.org of archive.is gaan argiveer en hierdie webadresse êrens wil neerskryf. As mens op reis gaan, begin mens nie meer uurliks opsommings maak nie, maar per minuut (soos terloopse notas, foto’s, videos en stemopnames op jou selfoon). Elke kosbare oomblik raak belangrik – wat is gesê, wat is gedink, wat is die indruk van die plek. Met ‘n pen en papier neem dit my dikwels ‘n volle uur om ‘n A4-bladsytjie vol te skryf, want jy moet eers die sin formuleer, dan neerskryf, dan ‘n verkeerdgevormde lettertjie doodkrap. Of ‘n hele sin doodtrek. En ek skryf boonop met my linkerhand, teen ‘n slakkepas. En dit lyk slordig en onleesbaar. Met die toetsbord word my woorde egter leesbaar gevorm terwyl ek tik. Soos ek dink, skryf ek neer. Ek het geen beperking hoe lank ek wil skryf of dink nie. Hoe meer jy skryf, hoe meer wil jy skryf.

    Ten vierde. Die mens het ‘n besonder kort geheue. Ek neem hom of haar nie kwalik nie – ons word doodgegooi met inligting en snert. En ons arme verstandjies kan ook maar net soveel verduur. Kan jy onthou wat die dominee drie Sondae gelede gepreek het? Was seker dan nie belangrik nie. Kan jy dag en datum presies onthou wat jy verlede jaar dié tyd gedoen het? “Ja, maar dit steek tog êrens vas!” is die verweer. En diegene wat nie daar was nie? Ek neem aan jou ervarings is nie vir hulle belangrik nie? Eintlik verbasend hoeveel mense aand vir aand sepies kyk en nie oor die sin daarvan nadink nie. ‘n Halfuur, uur, anderhalf uur, twee uur van jou lewe word elke dag vernietig, want jy vergeet dit tog. Jy kon netsowel nie gekyk het nie.

    Voorbeelde

    Die hele doel van ‘n dagboek (of, daglêer?) is om soveel inligting moontlik na een sentrale punt byeen te bring. By ‘n outobiografie los jy verkieslik die té persoonlike en “minder belangrike” feite uit. En tog is dit ook feite wat verlore gaan. Feite wat verhoed dat mens dieselfde foute maak. En dis daardie voorkoming van foute wat mens tyd en geld spaar.

    Veelmaal raak mens teleurgesteld, soos met Jan Rabie se “Paryse dagboek”. Vir my moet mens op 27-jarige ouderdom darem al ‘n gesonde weerstand teen nuwe giere en geite begin ontwikkel het. Ek bedoel nie jy moet ‘n remskoen wees nie. Plek-plek vind ek Rabie hier soos ‘n naïewe kind wat in ‘n speelgoedwinkel losgelaat word van filosofie en jolyt weens “ontkoppeling van die Calvinisme in die vreemde”. Dis ‘n meesleuring, meevoering, oe en a, oor niks. Sy teks, “‘n Boek vir Onrus” (1982) en “Buidel” (1989), toon in hierdie geval veel meer volwassenheid – dit wil sê, nuttige inligting, toe sy woonhuis op Onrus klaar aangebou is (ook daardie bouery het nie seepglad verloop nie). In daardie boeke redeneer hy oor die voordele en nadele van vertalings (wat ek besonder nuttig vind, want dit spaar my dinktyd), oor boeke wat geskryf word slegs vir die uitvoerwaarde daarvan (“culture for export, is culture no longer”), sy bekommernis oor die omgewing en oorbenutting van die seelewe (hierdie vind ek geskiedkundig, want nou kon jy uitvind wanneer die dorp begin uitbrei het), sy wisselvallige groenteboerdery in die agterplaas as gevolg van voëls wat in die slaai- en koolblare nesmaak. Selfs smaaklike seewierresepte sal jy daarin vind. Die alewige gaste wat tydig en ontydig wil kom afpak en teedrink kom ook onder skoot, hoewel dit nie in ‘n geskinder ontaard nie.

    Maar laat ek jou hierdie meer eietydse outobiografie vertel. Baie weet reeds van hom, maar ek gaan dit tog weer vertel. Ek het op ‘n besonderse outobiografie afgekom, geskryf deur Klaus Dieter Vaqué, getiteld “An der Hand Gottes… von Pommern nach Südafrika” (2004). Mense mag bekend wees met Klaus Vaqué se “Verraad teen Suid-Afrika” (1989-vertaling), en dat hy ‘n koerant hier in Suid-Afrika vanuit sy huis bedryf het, bekend as die “Insider”. Miskien sal die naam Aida Parker ook ‘n klokkie lui.

    Sou hierdie afgetrede Duits-Deense miljoenêr genoeg rede gehad het om ‘n outobiografie te skryf? Wel, seker nou nie soos Raymond Ackerman wat tot drie boeke (2001, 2005, 2010) die lig laat sien het wat tans in sy eie supermarkte verkoop word nie. En tog, ons sou armer gewees het sonder hierdie boek met ‘n bitter kleine oplaag. Ek sou nie geweet het “Verrat an Südafrika” (1988) het tesame met sy Engelse en Afrikaanse vertalings ‘n oplaag van 21 000 kopieë met 7 drukke beleef nie – nogal ‘n rekord vir desjare. Ek sou nog minder geweet het die afgetrede Oudpresident P.W. Botha het Vaqué persoonlik vanuit sy strandhuis op Wildernis geskakel om hom met die boek (“Verraad teen Suid-Afrika”) geluk te wens (die agt Afrikaanse boeke wat Botha by Vaqué wou aanvra was op daardie stadium uitverkoop). Botha het ook destyds, voor hy afgetree het, sy hoogste generaals in die hoofkwartier te Pretoria aangeraai om hierdie boek te lees. Die “Insider”-koerant sou later “pligleesstof” word in die parlement. Die “Insider” is ook gelees in Hamburg, Bonn, die Staatsbiblioteek in Leipzig, asook die vier grootste staatsbiblioteke in Suid-Afrika. Ook is P.W. Botha deur die “Financial Mail” fotografeer met die boek in sy hand; sy “gunstelingboek”, soos Botha dit self stel. Toe skiet die boekverkope die hoogte in.

    Uit die telefoonoproep kom ons nogal heelwat te wete (wat aanvanklik in Afrikaans geskied, maar dan oorskakel na Engels):

    1. Botha het sy inskrywing by die “Insider” gestaak (wat hy al twee jaar lank gelees het), omdat hy hom van die politiek wil distansieer. Hy lees nou slegs Christelike boeke en geskrifte wat vir hom belangriker en relevant is.
    1. Botha het “kein gutes Haar” vir De Klerk. De Klerk word deur Botha beskou as ‘n verraaier wat sy land en sy volk uitverkoop het. “Hy, Botha, het ook hervormings voorgestaan (“befürwortet”) en was bereid gewees om ‘met die swartes van die land die politieke mag te deel’ (verbatim: “mit den Schwarzen des Landes die politische Macht zu teilen”), maar dit sou in ‘n ander raamwerk moes geskied, waar die blankes van ‘n absoluut sekere toekoms gewaarborg sou word”.
    1. Botha was verheug oor die kommunistiese stelsel van die Sowjetunie wat in duie gestort het. Hy glo Mandela het hom in die tronk verander, en dit was ‘n geluk. Mandela is vir Botha ‘n “nice chap”, met wie mens ‘n gesprek kan voer. Van hom sou die blankes niks hoef te vrees nie. (verbatim: “Von ihm hätten die Weißen nichts zu befürchten”). Maar hy weet nie wat ná Mandela sou kom nie. Daaroor was Botha bekommerd.
    1. Vaqué stel dit duidelik: Botha was uiters hoflik oor die telefoon, en glad nie die mens soos wat mens hom op televisie gesien het met die vermanende vingertjie wat sy opponente die Leviete voorlees nie.

    Hierdie is nog ‘n stukkie in die politieke klimaatlegkaart waarvan ons miskien onbewus is, of as aanvulling kan dien vir Stem uit die Wildernis (1997) deur Dr. Daan Prinsloo. So tussendeur die boek lees mens van die druk van die Wêreldraad van Kerke wat via die Duitse Evangeliese Kerke vanuit oorsee op Suid-Afrikaanse gemeentes uitgeoefen is om Apartheid te beëindig. Dit vind Vaqué juis vreemd, want nêrens in Afrika op daardie tydperk was die swarte in Afrika soveel beter daaraan toe as in Suid-Afrika onder blanke bewind nie. En tog is hierdie land van regoor die wêreld veroordeel. Hy skryf hier, in Suid-Afrika ly vele swartes desjare al aan vetsug, terwyl in die res van Afrika soveel verhonger is en skaars kan oorleef. Hier is skole, universiteite, geriewe en mediese sorg vir almal. Heelwat Duitse immigrante hier in Suid-Afrika het uit die kerke gestap om hul eie gemeentes te stig. Vaqué was een van hulle.  Soos ‘n sakeman het hy ook gewonder waar kry hierdie terreurgroepe hul geld vandaan – want oorlogvoering is nie goedkoop nie. Toe Vaqué begin agterkom maar hierdie Wêreldraad van Kerke sorg in hul sogenaamde ”antirassismeprogram” vir al die pro-kommunistiese “bevrydingsgroepe” regoor die hele Afrikakontinent en oorsee, groepe wat juis die pro-Westerse en Christelike groepe aanval – toe ruik hy ‘n rot. Hoe kan ‘n kerk homself dan probeer vernietig? Hoe langer hy die saak oordink het, hoe meer het hy begin insien dat hier sprake is van buitelandse drukgroepe waar dit meer uit ekonomiese eiebelang en gierigheid handel as om humanitêre redes.

    Toe hy die 1988-boek kant en klaar geskryf het, was nie een enkele Duitse uitgewer bereid om sy werk te publiseer nie. Nou ja, dan publiseer ek dit sommer self, sê hy, wat dit ook al mag kos. So het die privaatuitgewery “Varama” sy ontstaan in die rykmansbuurt, Herbert Bakerstraat, Groenkloof, Pretoria, te danke. “Es schlug wie eine Bombe ein”. Eers word kopieë deur plaaslike Duitse kopers Duitsland toe gestuur, en toe word menige van die boeke vanuit Suid-Afrika op bestelling deur boekhandelaars in Duitsland aangevra. ‘n Internasionale ekonomiese inspuiting te midde van die opgelegde sanksies. Een van die eerstes om Vaqué geluk te wens was Ernst “Prinz von Isenburg”. Prins Von Isenburg wil sommer nog 20 boeke koop wat hy aan Prins Philip van Engeland, Otto von Habsburg en “anderen Freunden” sal stuur. Ja, jy het reg gelees! Afrikaanse en Engelstalige Suid-Afrikaners het Vaqué “bestorm” om die boek vertaal te kry. CNA het die boek landwyd verkoop – in al drie tale. Van regoor die wêreld stroom die gelukwense toe in. Onder andere uit Boksburg, Soutrivier, Hillcrest, Windhoek, Swakopmund, München, Zürich, Adelaide (Australië), Boston (VSA), Dr. Andries Treurnicht self, die Duitse Ambassade in Maseru, Prof. T.S. uit Madrid en Pastoor Wolfgang Borowsky uit St. Trojan, Frankryk.

    Nou bly die vraag: indien ons sou veronderstel die prinse was onder andere deel van die komplot teen Suid-Afrika en die Weste (en dat die monargie deel van die geldmag of derdemag is), sou “Verrat an Südafrika” gekoop gewees het suiwer om die vermaak oor die onbewustelike misleiding van die plebs, of juis om neefs en niggies te waarsku van hul planne wat te vroeg op die lappe gekom het? Waarom, onder andere, het die Berlynse muur skaars ‘n jaar later geval? Het Vaqué se doodeenvoudige sakemanlogika ‘n veel groter rol in die wêreldgeskiedenis gespeel as wat hy hom kan indink, of misgis ek my? Of is die prinse vandag ook maar ewe broos en oningelig soos die publiek en die koningshuis van Frankryk van weleer?

    Wat ek hierbo bespreek het was slegs uit hoofstuk 21, “Das Lieblingsbuch des Präsidenten” (bl. 237 tot 251).

    Ek het heel toevallig op 2 Oktober 2017 deur ‘n bydrae op Wikipedia op ‘n digitale plakboek of fotoalbum van ene Pietie Beukes afgekom, netjies genestel op Google Drive ( https://drive.google.com/file/d/0BxEzJ54wEglqU1NmLVlxRHpoWjQ/view ). Ek het in my meer as 27-jarige leeftyd nog nooit van hierdie man gehoor nie (dalk omrede ek doodgegooi is met die name van onbenullige literatore). Deur koerantuitknipsels, foto’s en onderskrifte van hierdie 22,6 megagreep-dokument vind ons ‘n merkwaardige, dog doodgewone man van Worcester wat indirek tot die stigting van die Cape Leopard Trust gelei het. In sy lewe het hy die televisieseine “gebuig” sodat mense van Rawsonville televisie kon kyk; hy het sy eie troetelluiperd aangehou; en was lief vir tydrenne. Ook sy deelname aan die Grensoorlog as recce word hier uitgebeeld. Die koerantberigte, foto’s, dokumente en aktes doen die praatwerk, nie die persoon oor wie die album handel nie. Slegs die sorteerwerk is gedoen. Hier het ons weer nog ‘n legkaartstukkie van die groot geheel.

    “Ja, maar ek is nie belangrik genoeg nie! Hoeveel derduisende reisverhale is byvoorbeeld in Latyn nie geskryf nie? En niemand lees dit nie!”, mag jy miskien protesteer. Sover ek weet was iemand soos Louis Tregardt maar ‘n doodeenvoudige veldkornet en boer, maar vir die taalkundiges, geskiedkundiges, menskundiges en vir ons bied hierdie beskeie dagboekie uitsonderlik kultuurhistoriese waarde. Daarvan is die skrywer vandag natuurlik heeltemal onwetend, want hy is op 55-jarige ouderdom in Delagoabaai aan malaria oorlede. Sy seun het die dagboek met hom saamgeneem.

    Groei

    Waarskynlik sal jy as nuwe skrywer begin met die prosaïese en die absoluut pittige minimum: “Vandag het ek gestofsuig; die stort geskrop; die avokadopeerboom groei nou mooi; by die supermark het ek R20,00 te veel betaal weens ‘n prysfout op die stelsel, moes 30 minute vermors by klantediens om die saak reg te stel, diens is maar traag deesdae; ‘n bedelaar het drie liter petrol kom bedel – nie geld nie, petrol! – hy wou glo by die werk kom. Hy het nie vir my baie haastig gelyk nie. Het seker vir geld geskimp.”

    Dikwels help dagboekskrywery om “ruimte in jou kop te maak” vir belangriker sake. Anders tob en tob en tob jy snags vir 30 jaar lank oor ‘n onbenullige saak – en word jy die spreekwoordelike karakter uit een dramateks van oorle’ André P. Brink se eksistensialistiese teater van die absurde, Die koffer. Nee, jy soek ‘n oplossing vir die probleem en gaan voort met jou lewe. Anders maak jy vrede daarmee.

    Geleidelik begin jy ‘n herhalende patroon in jou leefwyse raaksien. Veral as jy die soekopsie met kernwoorde in jou woordverwerkerprogram gebruik (en mens onthou nogal goed watter woordekeuse jy gebruik het!), sny jy deur die maande en jare soos ‘n warm mes deur botter. En deur middel van hierdie chronologie begin jy eksperimenteer om die lewe meer (koste)doeltreffend te maak deur die hindernisse te verminder of te vermy.

    Jy mag selfs die volgende wisselvorme van ‘n Sumeriese spreekwoord aanleer. En ‘n skokkende verband vind deur hierdie oeroue wysheid te vergelyk met sekere eietydse “gemarginaliseerde groepe” wat nou as die “uitbouers van Afrikaans” voorgedruk word:

    ‘n Vos het in die see gepiepie. “Die hele see is my pie!” sê hy.

    ‘n Vos het in die Tigris gepiepie. “Ek laat die springgety styg”, sê hy.

    (Iemand wie se aandeel in iets besonder min is, of nie heeltemal presies die omvang weet hoe stelsels op ‘n delikate en ingewikkelde wyse funksioneer nie, het die neiging om hul eiewaarde te hoog aan te prys).

    Sekere dinge soos hierbo verander na 9 000 jaar steeds nie. En dit is hoe jy die kaf van die koring skei: iemand met iets tussen die ore sal meer fokus op prosesse en stelsels. Hy vra homself: kanselleer my standpunte mekaar uit, of vul hulle mekaar aan? Watter ander standpunte is daar buite? Mense met verstand probeer immers die groot geheelbeeld van die proses insien en verskaf nuttige detail aan die onbekende leser (dankie, “The Bell Curve”!). Persone met minder verstand plaas hulself meer, indien nie heeltemal, op die voorgrond van hul skryfwerk. Dit skree in die teks uit: “Sien my tog net raak, asseblief!” Die PRODUK spreek egter vanself, nie die persoon nie. Jy kan nie ‘n donkie as ‘n perd probeer bemark nie. En dit is wat die deursnit Suid-Afrikaners glad nie verstaan nie. Ewe min as: “Ja, hierdie wingerdplaas is mooi lowergroen – maar waarom is hy mooi? Hoe lank neem dit ‘n wynstok voor hy vrugte kan dra? Hoe het hy so gekom? Watter middele gebruik die boer daarvoor? Hoe lyk sy klantebasis en kliënte? Hoe lyk die mark oor die algemeen? Hoe was die weer die afgelope paar maande? Wat kan ek hieruit leer?” Niks kom vanself nie.

    Dan begin jy ‘n herhalende patroon rondom jou waarneem: dat alle stelsels in die lewe uit siklusse, parallelle, toeval, spirale of ratmeganismes bestaan – soos KEUSE A wat deure 1, 4, 6 oopsluit, maar deure 3, 8, 9 toesluit – maar selde, bitter selde, uit ‘n enkele punt of ‘n pylreguit lyn. “Harde werk” het deesdae ‘n relatiewe begrip geword: gedenk die tragiese Griekse verhaal van Sisifus en die klip wat altyd na benede donder; ten spyte van al sy geswoeg om bo by die kruin uit te kom, kom hy net mooi nêrens nie. Dikwels kom selfs ‘n onwaarskynlike gelukskoot jou pad teë, soos ‘n R200-noot wat na jou met die wind aangesweef kom, wat jou hele komplekse neurale netwerk van “waarskynlikheidswette” kom deurmekaarklits (wat mens weer laat wonder wie is nou R200 kort? Die een se dood is die ander se brood). En hierdie uiteenlopende stelsels kan of doeltreffender gemaak word – of moet met weerstand beveg word. Maar dit mag nooit, nooit, uitgebuit word ten koste van die samelewing nie. Maar nou raak ek te ingewikkeld esoteries. Sekere wonderwerke is eenvoudig verhewe bo die logika. Ander is uitgelewer aan tragedie, waaraan jy niks kan doen nie.

    Sou jy self nie ‘n verhaal kan skryf nie, kry dan een wat dit vir jou kan doen. Hier in my boekrak het ek “My life with leopards” (2012), die verhaal van ene Graham Cooke, en die welpies Boycat en Poep, soos geskryf deur die Nederlanderin Fransje van Riel, ‘n ingesetene in die dorre kuswoestyn, genaamd Kaapstad.

    In my dorpsbiblioteek het ek selfs op Frans van Rensburg afgekom, waarin uitvoerig sy besoek aan Rusland beskryf word tydens ‘n biblioteekuitstappie in die vroeë 1990’s – die boek is getiteld “Nagvlug oor Siberië: ‘n ongewone reis in Rusland” (1998). Peter Allison skryf ‘n boek “How to walk a puma, and other things I learned while stumbling through South America” (2012). Joy Adamson het hoeveel boeke geskryf oor diere wat sy verpleeg en grootgemaak het, ene met medisynemiddels, bronstyd, dragtigheid, geboorte en gedrag alles stiptelik opgeteken. En dan, Riaan Manser se “Around Iceland on inspiration” (2012) – hy en ‘n verlamde vriend vaar rondom die stormagtige Ysland met ‘n opblaasbootjie vir die avontuur en om hul eie “sielkundige grense” te toets en deurbreek. In Christelike boekwinkels is daar tientalle mense wat hul betrokkenheid by satanisme in Suid-Afrika beskryf, hul bekering, hul bevryding, hul verlossing, ens.

    “Ja, maar is sulke goed dan ooit wetenswaardig?” mag jy vra. Wel, die uitgewers het beslis so gedink.

    As jou lewe op papier (jou keuse!) nooit vir die dorpsbiblioteek oorweeg sou word nie, hoef jy GLAD NIE sleg te voel nie. Dit gaan vir jou tog nie oor die geldwaarde daaraan verbonde nie: eerder – “ek was nie verniet hier nie; en mag daardie jongman in die jaar 2142 tog uit my foute leer!” Dit is hoe beskawings immers gebou word; deur nie herhaaldelik dieselfde foute te maak nie.

    ‘n Biografie getiteld A beautiful mind (1999) deur Sylvia Nasar is deur die Wes-Kaapse biblioteekdiens aanvanklik “te hoog” bo Jan Publiek se jakkals geskat en van die hand gewys, op grond van ander resensies wat die boekkeurders gelees het, soos: “To fully appreciate Nash’s career accomplishments, readers must have some grasp of advanced mathematics. But Nasar tells the story of a great mind broken and then healed with subtle sympathy”. Die raad het beslis: “Looks quite heavy going and interest would be fairly limited. In view of limited funds, leave unless there is clear indication of demand.” Toe die fliek uitgereik word in 2001, is die provinsiale biblioteekdiens skielik nie skaam om die 2002-herdruk aan te vra nie: “For review of 1999 pbk. ed. that we did not buy, see BRN 900304624. We should consider this new ed. as the filmed version with Russell Crowe was shown here recently and there will be interest in this biography of John Nash.” Die boek ressorteer vandag onder die slagwoorde “biography”, “readable non-fiction” en selfs, wil jy glo, “popscience”! O, ek dag dan die biografie was te “moeilik”?

    Nou laat ek nie verder in jou pad staan nie.

    Jy het ‘n lewenstaak om te verrig.

    “Ja, maar…”

    Loop skryf net.

    — Suidpunt

  • Die stand van die Amerikaanse wedloop

    v.l.n.r. Hillary, Evelyn, Bill Lynn. Die wêreld se gevaarlikste skurke in een foto.
    v.l.n.r. Hillary, Evelyn, Bill en Lynn. Die wêreld se gevaarlikste skurke in een foto.

    Soos wat die aanloop na die presidentverkiesing van die Verenigde State vorder, word die stryd meer verbete en persoonlik. Albei partye probeer mekaar roskam oor hul slegte gedrag uit die verlede. Dit is natuurlik ‘n gerieflike strategie om die aandag af te lei van die werklike kwessies wat ter sprake is.

    Net die afgelope Saterdag 8 Oktober het dit uitgelek dat Donald Trump iets onfatsoenliks kwytgeraak het oor vroue in ‘n privaat onderhoud met iemand, en soos ‘n kaarthuis wat instort, eis die Republikeinse agterban sy uittrede. Selfs die Piet Snot nuusmedia in Nederland het Trump se uitlatings voorbladnuus gegee. Van die Bush familie tot bykans dwars oor die linie begin die opwelling teen hom. Die idee hieragter is dat Hitlery die presidentskap moet oorneem, en net soos Poetin, word Trump ook nou as geestelik onstabiel en gevaarlik voorgehou.

    Sodra ons hierdie elitewêreld van skadu’s en intriges betree, is dit belangrik om te weet wat mense motiveer, aangesien die magte agter die skerms uiteindelik bepaal wat werklik aan die gang is en wat moet gebeur, en nie soseer die president nie.

    Hoewel Trump nog al die jare nou betrokke was by die politiek en partye gefinansier het, blyk dit dat hy inderdaad nie heeltemaal onderdanig gaan wees soos die grootbase in die VS sou wou nie, en daarom nou as ‘n bedreiging gesien word.

    Sy opponent, Clinton, se gesondheid is egter so bedenklik dat dit af en toe lyk asof sy kunsmatig in lewe gehou word, en ‘n mens wonder hoekom sy nie maar die handdoek wil ingooi nie. Dit is asof die duiwel agter haar sit.

    En dit is hierdie laasgenoemde stelling wat aandag geniet.

    Clinton se verlede is baie meer bekend, en uiters, uiters grimmig. Sy is ‘n gewetenlose monster soos wat ons kan sien hoe sy as prokureur ‘n verkragter verdedig het en sy 12-jarige slagoffer uitgelag het. Hierdie slagoffer het uiteindelik vyf dae in ‘n koma gelê en was vir tien jaar in psigoterapie gewees vanwee hierdie aanval, terwyl die dader – danksy Clinton se geknoei en gelieg – slegs twee maande tronkstraf gekry het.

    Andersins het ook geblyk dat sy indirek agter die moord van ambassadeur Chris Stevens in Benghazi, Libië was. In haar uitgelekte eposse het sy die ambassadeur se hotel, afsprake en beveiligingssituasie verklap en het sodoende ‘n skietskyf van hom gemaak. Agterna het sy die vermetelheid gehad om te beweer dat sy eie nalatigheid sy lewe gekos het. Desnieteenstaande was dit vir haar die perfekte verskoning gewees om van Khaddafi ontslae te raak en van sy land – wat die welvarendste in Noord-Afrika was – ‘n mislukte skurkestaat te maak. En nou sit Europa met die gebakte pere in die vorm van swart geluksoekers vermom as ‘asielsoekers’ wat die misdaadsyfer in Europa aansienlik laat styg het.

    Ook is dit bekend dat sy die terreurgroep ISIS van wapens voorsien het en dat sy (mede)verantwoordelik was vir die belangrikste politieke krisisse van ons tyd. Die asielsoekers, die puinhoop in die Midde-Ooste sedert Irak, Jemen, die NAFTA-verdrag wat middelklas Amerikaners hul werk gekos het, is aan haar te danke. Daarbenewens het sy tydens haar eerste presidensiële wedloop in 2012 gesê dat sy Iran van die aardbodem wou vee en blykbaar het sy Libanon ook in die visier. Om maar te swyg oor Rusland.

    Kortom, as Clinton aan bewind kom, gaan die Derde Wêreldoorlog uitbreek.

    Origens, vir die belangstellendes kan hier gesien word hoe sy en manlief hul korrupte emporium opgebou het met geld uit kokaïene en hoedat hulle selfs minderjarige kinders aan hierdie gif verslaaf het. Dit is domweg verbysterend hoe hulle soveel mag en invloed kon monster met hierdie kriminele geskiedenis, volledig met ‘n hele aantal vermoordes wat ‘n bedreiging vir hulle gevorm het. ‘n Mens sou byna dink dat Al Capone meer integriteit gehad het. Selfs die MK Ultraslaaf Cathy O’Brien het in haar werk TranceFormation of America (uit 1996) geskryf hoedat sy in die tagtiger jare Bill Clinton se dwelmkoerier was en dat Hillary haar seksueel gemolesteer het. Dit is ook bekend dat Hillary die vroue wat deur haar man seksueel aangerand is, afdreig en tot swye intimideer.

    Daar is egter enkele aannames om te beweer dat die duiwel wél agter Hillary aan is, en dit mag verklaar waarom sy ondanks haar siektetoestand nie durf om te stop nie.

    Waar Obama die marionet van die Poolse kommunis en Ruslandhater Zbigniew Brzezinski is, lyk dit asof Clinton die dienaar van die Groot Satan homself is, naamlik Sir Evelyn de Rothschild.

    In ‘n eposwisseling uit 2010 blyk haar onderdanigheid aan Lynn Forester de Rothschild, die vrou van Evelyn, waarin Hillary as Minister van Buitelandse Sake (Secretary of State) haar nederige om verskoning gevra het, kompleet met die woorde “Let me know what penance I owe you”, wat nogal verdag klink vir ‘n minister. Ek dink haar wedloop, ondanks haar siekte, is haar boetedoening.

    Sir Evelyn is ‘n bekende globalis en het al gepleit vir die invoering van ‘n globale munteenheid, en dit mag ‘n verklaring bied vir die vernietiging van Libië, wie se munteenheid aan die goudstandaard gekoppel was. Iran se Sjariabanke val ook buite sy beheer en nou weet ons hoekom Hillary daardie land ook wil vernietig. Vergelyk dit met Griekeland wie se ekonomie heeltemaal vernietig is as gevolg van die hoë Euro en dan weet ons dat die invoering van ‘n globale munteenheid die wêreld se arm lande op soortgelyke manier gaan beskadig met onbetaalbare staatskulde, oorlog, resessie en massamigrasie as resultaat.

    Enkele maande gelede het mevrou Rothschild ‘n fondsinsamelingdinee vir die Clintons gehou op die landgoed van haar neef Jacob de Rothschild, teen ‘n honderd duisend dollar per bord. Overgezet zijnde beteken dit dat hulle haar nou eien, en net soos wat ‘n mens geen paaie sou wou kruis met ‘n bedugte maffiabaas nie, durf nòg die Clintons, nòg die hoofstroommedia teen die wil van die Rothschilds te gaan. Onthou, PW Botha het destyds ook omkoopgeld van Jacob de Rothschild geweier en het kort daarna ‘n “beroerte” gehad; ‘n vriendlike versoek om sy amp neer te lê, sou ‘n mens byna sê.

    Terwyl die hoofstroommedia ‘n hele spektakel oor Trump se opmerkings maak van meer as tien jaar gelede, word die realiteit verswyg oor die situasie van sy teenstander Hillary Clinton.

    Hoewel ek bepaald geen simpatie vir haar het nie, werp die bogenoemde inligting ‘n ander perspektief op haar verbete aanvalle op Trump en haar siekte. Haar Faustiaanse verbond met die Rothschilds vermoed ek is die werklike rede vir haar deursettingsvermoë ondanks haar swak gesondheid en nie Trump se opmerkings nie.

    Ongelukkig is die werklikheid in ons tyd altyd grimmiger as wat ons dink.

    Kom ons hoop maar dat Trump sy beloftes sal nakom en gespaar sal bly van enige “beroertes”.

  • Thys Human: Soweto-jeugdag – die ware oorsprong

    Thys Human: Soweto-jeugdag – die ware oorsprong

    Op hierdie 40ste herdenking van die Soweto-opstand, is dit gepas en nodig dat die werklike oorsaak van daardie opstande weer eens duidelik gestel word: Dit was nie die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal soos vandag steeds valslik beweer word nie. Dit was ‘n regstreekse gevolg van PW Botha se onwettige en uiteindelik mislukte aanval in Angola wat tot gevolg gehad het dat die wêreld vertel is dat die Suid-Afrikaanse soldate uit Angola verslaan en weggejaag is en die indruk wêreldwyd, maar veral in Afrika en hier in Suid-Afrika geskep is dat die Afrikaner kwesbaar is.

    In vandag (16 Junie) se Naspers-blaaie is daar weer ‘n artikel onder die opskrif “Bloed vloei oor Afrikaans”. Dit is ‘n liegstorie wat nou al 40 jaar lank verkondig word en wyd geglo word – veral danksy die soort berigte in Afrikaanse media. Maar dit bly ‘n liegstorie en ‘n verdoeseling van die ware feite.

    Die liegstorie probeer veral oor die jare steeds vir dr. Andries Treurnicht, latere leier van die KP, die skuld gee vir die opstand van Soweto se jeug. Feit is dat Treurnicht slegs die adjunk-minister van Bantoe-onderwys op daardie tydstip was en dat die besluit dat Afrikaans saam met Engels en waar moontlik die swart kind se moedertaal, as onderrigtaal gebruik moet word vir sekere vakke, reeds aan die begin van 1975 – LW ‘n goeie 18 maande voor Junie 76 – geneem is en geleidelik geïmplementeer is. Treurnicht was bloot die adjunk aan wie die taak toegeken is.

    Die vraag kan met reg gestel word hoekom daar nie dadelik na die Kabinetsbesluit oor Afrikaans opstande begin het nie? Die antwoord moet egter teruggevoer word na die einde van 1975 toe Angolese troepe op SA wagtroepe by die Calueque-dam net noord van die Suidwes-Angola-grens geskiet het.

    Met totale minagting van ‘n kabinetsbesluit vroeër in 1975 dat slegs wapenhulp aan Jonas Zavimbi en Holden Roberto gegee mag word en geen, herhaal geen, SA troepe in Angola ingespan mag word nie, het PW en sy tog so gretige weermaghoof Magnus Malan, ‘n mengelmoes van taamlike flentergat swart Portugese soldate en ‘n klompie Boesmans in Angola ingestuur om die Angolese te verjaag.

    Hulle het dit ook goed gedoen, maar hulle toe in die Kubaanse soldate vasgeloop. Net daar is PW en sy generaals gedwing om SA troepe met pantserkarre en selfs Mirage-vliegtuie in te span. Angola is behoorlik binnegeval – maar sonder die medewete laat staan nog goedkeuring van John Vorster en die kabinet. (Sien nota onderaan)

    Ondanks uiters moeilike omstandighede met vol riviere en ook sterk weerstand deur die Kubane, het die Suid-Afrikaanse gevegsgroep tot op die drumpel van Luanda beweeg. PW het aan Vorster en kie vertel dat dit net ‘n verkenningsgroep, ‘n “recce group” is totdat Lang Hendrik met een sy besoeke aan die CIA se man in Zaïre hoor wat aangaan en toe na Vorster is met die inligting dat dit ‘n hele brigade is wat PW daar ingestuur het en dat dit Suid-Afrikaanse troepe is wat Angola feitlik beset.

    Vir iets soos drie weke of langer kamp die SA soldate uit net buite Luanda voordat die Amerikaners by monde van die State Department amptelik aankondig dat hulle die Suid-Afrikaanse optrede afkeur. Vorster en kie besluit om hul troepe terug te trek en dit word ook gedoen. Daar is ordelik teruggetrek met enkele agterhoede-gevegte wat deeglik gevoer is – en daarvoor moet Magnus en sy topbevelvoerders erkenning kry. Van vlug en uit Angola gejaag was daar hoegenaamd geen sprake nie – maar dit sou SA se vyande, buite én binne die land – nie afsit nie.

    Benewens die feit dat die MPLA en die Kubane toe tot teenaan die Kunene trek en Swapo se terroriste kort op hulle hakke kampe in die suide van Angola en net noord van die Suidwesgrens kan inrig, gaan daar dwarsdeur die wêreld en ook in SA ‘n koor van stemme op wat jubelend juig: Die Boer is kwesbaar! Die Boere is deur Afrika in Angola verslaan en uit die land gejaag!

    Daar moet ook onthou word dat die gewone man in Suid-Afrika nie van hierdie dinge geweet het nie totdat Vorster vroeg in 1976 ‘n openbare aankondiging daaroor gemaak het. PW het met sy wette wat enige berigte oor weermagaksies verbied het, gesorg dat die kiesers nie weet van sy oorlogeskapades nie. Om presies te wees, selfs die volle kabinet het nie geweet dat SA troepe in Angola geveg het nie.

    Maar ek het daarvan geweet want ek het toe in Londen gesit as Perskor se Europese korrespondent. Ek het elke dag die vloedgolf berigte in die Britse pers gesien. Veral die Financial Times in Londen het besonder goeie kontakte in Zaïre en Zambië – en waarskynlik met die CIA in daardie lande – gehad en sy berigte was deurentyd in die kol. Ek het feitlik elke dag berigte na Suid-Afrika geteleks (geen e-pos, ens. in daardie dae nie!), maar dit is nie gebruik nie weens PW se sensuur. En ná die aankondiging dat die troepe teruggetrek word, het die berigte oor die “neerlaag” van die SA troepe en die “kwesbaarheid” van die Afrikaner in oorvloed in die buitelandse media verskyn.

    Soweto ’76

    Enkele weke na Vorster se aankondiging, het die onrus onder swart skoliere begin. Berigte oor wanneer die eerste skoolboikotte en opstande begin het, verskil, maar volgens Wikipedia was daar reeds in April 76 betogings, klasboikotte en selfs geweld, soos skole wat afgebrand is. Die storie is versprei dat die swart skoliere in opstand gekom het teen regeringsbesluite dat Afrikaans saam met Engels die onderrigtaal in sekere vakke moet wees. Daar was baie duidelike bepalings dat moedertaalonderrig eintlik die belangrikste was, maar die feite rondom die hele kwessie is so verdraai dat baie mense in Suid-Afrika en selfs ondersteuners van die NP geglo het dat die taalstorie waar was.

    Maar ek dink nie daai taalstorie was ooit die ware of hoofrede nie. Ek dink dit was, tipies van swart Afrika, bloot ‘n handige verskoning om hul werklike oogmerke te verdoesel, nl. om die Boer, die Afrikaner-regering wat na hulle mening kwesbaar was, te vernietig. Dit is tog so tipies van swart Afrika om hul eintlike oogmerke so te verdoesel. Dit word vandag nog gedoen met liedjies soos “Kill the boer” wat eintlik teen wittes en in besonder Afrikaners gemik is.

    Die onrus en geweld het veral in Junie 1976 opgevlam en daar is ‘n hele aantal mense gedood – sommige van hulle wittes en selfs ‘n paar wit polisiemanne wat glo met assegaaie doodgesteek is, maar ook ‘n hele aantal swartes wat doodgeskiet is in reaksie deur die polisie. Vreemd dat die dood van wittes en polisiemanne vandag totaal verswyg word!

    Die onrus en geweld is egter betreklik gou deur die veiligheidsmagte vasgevat, maar wat gebeur het, het Suid-Afrika dwarsdeur die wêreld oneindig groot skade aangedoen. Die wêreld is vertel dat die wit regering sonder meer swart skoliere doodskiet en doodmartel – soos in Steve Biko se geval.

    Soweto ’76 het ook groot skade aan John Vorster se premierskap aangerig. Daar was baie duidelik bitter min vertoue in sy oordeelsvermoë en in sy durf om sterk op te tree. Dat hy versuim het om sterk teen PW Botha op te tree oor sy totaal onwettige en onnosele misbruik van SA troepe, het sterk teen Vorster getel in die binnekringe. En Vorster se swakheid het PW en sy trawante se hand versterk om met hulle finale uitklophou te kom om Vorster en sy kroonprins Connie Mulder uit die kussings te lig en beheer oor die NP-regering te verkry.

    Slotsom

    Dit was dus nie Afrikaans as onderrigtaal wat tot Soweto 76 aanleiding gegee het nie. Dit was PW en sy gereelde pogings om die bynaam Piet Wapen “waardig” te wees, wat regstreeks en onregstreeks daartoe aanleiding gegee het. En dit was helaas die begin van die einde van Afrikanerbeheer oor die land. Van daar af was dit net een steil afdraande na 1994.

    Nota oor inval in Angola

    Daar is verskeie bewyse dat Vorster en die Kabinet nie van die inval geweet het nie.

    My goeie vriend en kollega van destyds, At de Beer, wat Perskor se man in Washington was, het blykbaar by Pik (wat toe ambassadeur in die VSA was) gehoor dat die ding selfs vir die kabinet stilgehou was.

    Eschel Rhoodie vertel in sy boeke, “Die Ware Inligtingskandaal” en “PW Botha, The Last Betrayal” dat sy minister, Connie Mulder, en van sy kabinetskollegas nie amptelik daarvan geweet het tot kort voor Vorster se aankondiging nie.

    Met my terugkeer na SA einde 1979, het ek as redakteur van Oggendblad direksievergaderings van Perskor bygewoon. Op een daarvan het ek kans gekry om met MC Botha, destydse minister van swart sake, hieroor te gesels. Hy het bevestig dat die kabinet nie ten volle ingelig was nie. Hy self het eers van die SA troepe in Angola gehoor toe hy ‘n vergadering van die SA Veiligheidsraad moes bywoon en iemand dit toe daar ophaal. “Ek was diep geskok dat PW en sy generaals sulke dinge kon doen en toegelaat was om dit te doen,” het hy toentertyd aan my gesê. Ek wou baie graag oor hierdie dinge skryf toe PW en sy handlangers met hulle “nuwe bedeling” idees begin het, maar ek is afgeraai om dit te doen want PW en sy manne was in totale beheer en hulle sou my op een of ander manier die stilswye opgelê het.

  • Karel Combrinck: Afrikanerhaat

    Karel Combrinck: Afrikanerhaat

    Hierdie kan saamgelees word met die stuk van dr Sydney Gregan getiteld ‘n Negatiewe toekomsverwagting, asook met dr Roodt se video oor rassisme.

    Dis ‘n somber onderwerp wat ‘n mens met huiwering aandurf. Tog is dit ‘n werklikheid wat ons onder die oë moet sien.

    Linksdekadentes gaan daagliks tekere oor haat en haatspraak. Soos gebruiklik is hierdie maar weer ‘n hoogs selektiewe aangeleentheid. ‘n Mens mag naamlik nie haat spreek teen swartes en Jode nie, maar teen Afrikaners en wittes in die algemeen kan jy dit maar na hartelus doen.

    Dié wat Afrikanerhaat in die wêreld aanstook, het natuurlik allerlei voorwendsels soos dat Afrikaners verantwoordelik was vir die verskriklike apartheidsbeleid, ens. Apartheid is natuurlik lank reeds verby, maar as jy met iemand in Frankryk of in Engeland of in Amerika oor Suid-Afrika praat, is die eerste en enigste ding wat in sy kop kom, apartheid. Want dit bly maar kenmerkend van die meerderheid dat hulle die klok gehoor het en maar net besotlik agterna dros. Amerika het tot in die sestigerjare nog rassesegregasie (apartheid) toegepas en dus is die Amerikaners in dieselfde sin ook verantwoordelik vir die verskriklike ideologie van rassesegregasie.

    Duidelik is Afrikanerhaat terug te voer na die Anglo-Boereoorlog. Die Engelse kon dit net nooit verwerk dat ‘n boel gopsgoggas die vermetelheid kon hê om die meerderwaardige Engelse beskawing te verwerp nie. Wat hulle ook nie kon verstaan nie, was dat as hulle meer menslik met ons te werk gegaan het, hulle miskien sonder stamp of stoot van ons Engelse sou kon maak. ‘n Groot gros van ons mense was trouens nog altyd alte gretig om Engels te word. Maar menslikheid is mos net vir swartes bedoel en dus het hulle verkies om ‘n oorlog op ons af te dwing . En, soos dit maar gaan, as jy ‘n oorlog verloor, het jy nie baie vriende nie.

    Die oorlog het natuurlik gepaardgegaan met ‘n massa anti-Afrikanerpropaganda, byvoorbeeld oor ons agterlikheid en « boorishness » ; propaganda wat die manier waarop die wêreld ons sien, tot in lengte van dae beduiwel het. En nog steeds duur dit voort.

    Deel van die propaganda wat hulle onder meer oor ons die wêreld ingestuur het, is die storie dat Afrikaners sg. Nazi’s of fasciste is. Die storie het sy oorsprong daarin dat sommige leiers van die Nasionale Party gedurende die laaste wêreldoorlog gekant was teen genl Smuts se pro-Britse oorlogspoging teen Duitsland. Die meeste Afrikaners het natuurlik wel deelgeneem aan die Geallieerde kant, maar dit liewer daar gelaat. Feit is dat die helfte van die aardbol in daardie tyd die Duitse oorlogspoging gesteun het. Italië was ‘n militêre diktatuur wat ‘n direkte bondgenoot van Duitsland was en so ook Spanje onder genl Franco. In Frankryk het die Franse regering, onder veldmaarskalk Pétain aktief met die Duitsers saamgewerk. Selfs die Swede het lekker munt geslaan uit die staal wat hulle aan die Nazi’s voorsien het. Vandag word nóg die Italianers, nóg die Spanjaarde, nóg die Franse, nóg die Swede as Nazi’s of fasciste beskryf. Inteendeel beskou hierdie lande en veral die Franse en Swede, ons as Nazi’s en fasciste. Dit was eers nadat die Duitsers die oorlog verloor het dat die Franse skielik ontdek het hulle is nie fasciste nie. Wonderlik hoe mense se koppe werk, of nie werk nie .

    Die Engelse wêreldryk was gebou rondom die idee van rasse- en kulturele meerderwaardigheid. In die meeste gebiede waar hulle hul mag uitgebrei het, was dit ten koste van mense wat inderdaad baie minder ontwikkel en minder gekultiveer was as hulle; Indië, Australië, Noord-Amerika en groot gedeeltes van Afrika. Maar in Suid-Afrika was dit ewe skielik ‘n ander prentjie. Hier het hulle te doen gekry met mense wat eksponente by uitstek was van hulle eie Viktoriaanse ideaal : Wit, Christelik, konserwatief, hardwerkend, patrioties, dapper en alles behalwe primitief. En dit het hulle voor die dilemma geplaas van hoe hulle die oorrompeling van hierdie volkie teenoor die wêreld kon regverdig. Hulle kon dit slegs doen deur vir die wêreld te vertel dat hulle hier was om die arme onskuldige swartes teen die wrede, brutale Boors te beskerm.

    En dan natuurlik het hulle knaend, gedurende die Anglo-Boereoorlog self, maar ook daarna en tot vandag toe die « minderwaardige » rasse ingespan om die Afrikaner te vernietig.

    Soos dit met elke volk op aarde gaan, het ons self ook foute gemaak het. Ons laat dit maar aan ons vyande om ons daarvoor te kruisig. Hulle weet tog so goed hoe om dit te doen.

    Afrikaners is reeds vir jare die lieflingshaatobjek van die dekadente linkses. Soos ons weet, is anti-rassisme hulle godsdiens en die Afrikaners is dan nou juis die aartsverteenwoordigers van rassisme. Hulle het dus op « godsdienstige » gronde die reg om ons te haat. Dis as’t ware hulle plig. Voeg daarby dat ons as Afrikaners daarin geslaag het om ‘n moderne, vooruitstrewende staat te skep uit die barre aarde wat ons omring, terwyl die swart massas van Afrika, dikwels in veel meer gunstige omstandighede nie daarin kon slaag nie, dan is die tafel gedek vir ‘n fees van Afrikanerhaat. Ons is naamlik die lewende bewys van die ongeldigheid van hulle ideologie van rassegelykheid. Gaan die veldtog teen Afrikaans aan die universiteite nie juis daarom nie dat die geleentheid van Afrikaners ontneem moet word om te bewys dat hulle beter kan presteer – en dit boonop in Afrikaans nie?

    Daar is geen risiko van teenkanting verbonde daaraan om Afrikaners te haat nie . Dit kos niks en jy het die menigte aan jou kant. Jou pad na fatsoenlikheid en eerbaarheid lê oop as jy maar net die Afrikaner verguis. En dis tog so gerieflik om alles wat met die wêreld verkeerd is op iemand te kan projekteer. Die verskynsel is so oud soos die mensdom self. Soek ‘n sondebok. « Kruisig hom, kruisig hom ».

    Is daar iets aan die haat teen Afrikaners te doen, veral in die lig daarvan dat baie Afrikaners self lustig aan die haatveldtog meedoen? Waarskynlik nie. Miskien het die pluimsaad reeds te ver gewaai. Ons gaan dit net nie regkry dat die wêreld van ons hou nie. Ons mag dit wel regkry dat hulle weer op ons ag slaan, maar die kanse is skraal. Die wêreld sien ons as ‘n boel rassiste wat hulle verdiende loon gekry het en nou tot die verlede behoort, van die kaart afgevee byna soos die Protestante na die herroeping van die Edik van Nantes. En baie Afrikaners sien dit ook so.

    Met die Departement van Inligting het ons ‘n redelik energieke poging aangewend om ons beeld in die wêreld te probeer verbeter, maar die resultaat was dat selfs ons eie mense die Department van Inligting gehaat het en een van P.W Botha se groot begeertes was om die Department te breek sodat hy Connie Mulder kon elimineer as konkurrent en met behulp van die steun van Naspers eerste minister kon word.

    Dit lyk asof die tyd nader kom dat die haat teen Afrikaners gaan oorkook. Is die Afrikaner daarop voorbereid? Of het hy ander prioriteite? Watter ander prioritiete kan daar wees as jou fisieke voortbestaan in die weegskaal is? P.W. Botha en F.W. de Klerk het ons veiligheid en ons toekoms aan Nelson Mandela en die ANC verpand. Die prys wat ons vir die ooreenkoms moes betaal, was die oorgawe van ons weermag. Nelson Mandela was as’t ware hulle lewenspolis. En noudat Nelson Mandela dood is, en ons weermag is weg, watter waarborg vir ons veiligheid is daar nou? Ons sit in Dingaan se kraal en ons wapens is buite. Sal ons ooit leer, of is dit nou in elk geval te laat ?

    Ons hier op Praag doen wat ons kan om ons boodskap te bring en te waarsku. Alle lof en waardering hiervoor aan dr Roodt. Vir al die redes hierbo genoem, sal Praag ook gehaat word. Dit is egter ‘n bewys daarvan dat ons miskien nie so onbeduidend is soos die gemeenskap van dekadentes wil voorgee nie. Dit lyk of ons tussen twee keuses is : Óf ons stry voort en word daarvoor gehaat, of ons doen niks en word in elk geval uitgeroei. Dis dus duidelik dat niksdoen nie ‘n opsie is nie. Maar vir baie van ons volksgenote is dit wel. Ons sal moet saamleef met die waarheid dat ons grootste struikelblok steeds ander Afrikaners gaan wees. Feite van die lewe.

    Mense sal vra: Nou wat is die oplossing? Vanselfsprekend is daar nie ‘n eenvoudige antwoord nie. Dis ook nie seker of dit ons rol is hier op Praag om politieke oplossings aan te bied nie. Ons eerste prioriteit moet wees om die Afrikaners minstens bewus te maak van die haglike situasie waarin hulle verkeer en dat ons voortbestaan as Afrikaners die moeite werd is om voor te veg. As ons daarin kan slaag om die wil te skep om as volk voort te bestaan, het ons reeds ver gevorder.

    Daar was al voorstelle om ‘n belastingbetalersparty op die been te bring. Dit klink interessant, maar dit moet nog gedoen word. Ons moet sekerlik ook Afrikanerbesighede skep en dié steun wat reeds bestaan. Dit is in die verlede ook gedoen en het gewerk. Ons koopkrag is een van ons sterkste wapens. Ook moet ons die howe tot die maksimum gebruik om ons regte af te dwing. En dan is daar nog betogings, demonstrasies en optogte waaraan alle Afrikaners moet meedoen. Dis nie die indiwiduele gesigte wat saakmaak nie. Dis die getalle. En stille protes is net geen protes nie.

    Uiteindelik bly daar die ideaal van ons eie onafhanklike en vrye grondgebied. Sal ons daarsonder ooit weer werklik ‘n volk kan wees?

    En dan die derduisende verarmde Afrikaners in die plakkerskampe: As hulle bloot aan hulle lot oorgelaat word, dan is alles wat ons kwytraak, maar net ydel praatjies. In Desember 1939 is die Reddingsdaadbond onder leiding van ds J.D. Kestell gestig om verarmde Afrikaners weer op die been te help. Hulle slagspreuk was, « ‘n Volk red homself » en dis wat hulle gedoen het. Waarom nie weer nie?

  • Sydney Gregan: ‘n Negatiewe toekomsverwagting?

    Sydney Gregan: ‘n Negatiewe toekomsverwagting?

    Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?

    Dis reeds baie duidelik dat die studente-onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ook al) om Totius se standbeeld op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. ‘n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord, ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawementaliteit.

    In 1983 het enkele studente aan die RAU gewaarsku dat dit nie sal eindig by ‘n kwota anderskleurige studente nie, maar dat RAU van gedaante sal verander deur die toelating van swartes. Hulle is toe uitgelag. Dié wat gelag het, sit seker nou in Australië. Maar hulle is destyds deur die Broederbond-rektor professor Pieter de Lange verseker dat dít wat nasionaal-gesinde studente beweer het, nooit sou gebeur nie! Waarom sal dit dan anders gesteld wees op Potchefstroom? Dít terwyl dié voorslagkommunis, Blade Nzimande, juis die minister van onderwys is. Dis tog getik om anders te wil dink en droom.

    Ja, elke universiteit sal omvorm word tot ‘n tipiese Afrika-instelling waar standaarde vernietig sal word sodat elkeen ‘n graad op ‘n skinkbord sal ontvang. As gesien word hoe hierdie studente optree en hoe hulle lyk, is dit ‘n ope vraag of die Afrikaner enigsins met sulke mense geassosieer wil word.

    Elders in die land gaan dit nie enigsins beter nie. Terwyl die geldeenheid maandeliks verswak, word berig dat dit met die banke uitstekend gaan! Tog interessant, nè! Terwyl die gewone burgers dus maand vir maand verarm, spog banke en groot maatskappye met rekordwinste. Terwyl die land afgebreek word, juig die superelite oor hulle rykdomme wat meer word. Duidelik pas die sosialisme wat die ANC toepas hierdie bevoorregte groepie. En dít terwyl die gewone burger nog glo dat ons ‘n kapitalistiese staat is!

    Die einde is nog lank nie in sig nie. Nasionaal-gesinde Afrikaners het gewaarsku dat grootskaalse onteiening sal plaasvind onder ‘n ANC-bewind. Hulle is begroet met die Rooikappie-storie dat ‘n Nee-stem destyds sou beteken dat die VSA se oorlogskepe dae later aan ons kus sou wees! Foeitog. Hoe naïef was sommige nie gewees nie. Verbeel jou, die VSA val Suid-Afrika aan omdat hy nee sou stem. Die ironie is dat die einste VSA se geduld nou kennelik opraak met ‘n regime wat hom uitdaag deur waansinnige beleidsrigtings. Eintlik hoef die VSA net weer sanksies toe te pas om hierdie wankelrige staat binne enkele dae op sy knieë te bring.

    Maar terug by onteiening. Onteiening is ‘n sine qua non in ‘n sosialistiese staat. Veral in daardie state waar die regime nou “van links” deur die EFF gedwing word om aan die eise van die gepeupel te voldoen. Die ANC-regime het vir hom ‘n nomenklatuur daargestel wat die ANC aan bewind moes hou solank die ANC vir hierdie nomenklatuur sorg. Die EFF het egter ‘n knuppel in die hoenderhok geword wat die nomenklatuur benoud laat rondfladder, min wetende dat alles haarfyn beplan is. Heel moontlik nie vanuit die ANC-geledere self nie, maar in alle waarskynlikheid deur die geldmagte. Die geldmagte floreer in state waar chaos heers omdat hulle in sulke omstandighede eiendomsreg (van alles) sentraliseer in die hande van ‘n uitgesoekte elite. Absolute rykdom kan net plaasvind indien die hulpbronne gemonopoliseer word. Dit kan net gebeur in ‘n toestand van onrus en chaos. Daarom — private eiendomsreg móét en sál sneuwel. Die superkapitalistiese staat wat nou vorm aanneem, is in wese ‘n sosialistiese staat. Uiteindelik sal die verhogings wat die nomenklatuur vir hulleself so gereeld ruimskoots toestaan ook niks werd wees met ‘n geldeenheid wat waardeloos is nie. Grootskaalse armoede is inderdaad vir meeste op die horison.

    Ja, op elke front lyk dit uiters droewig. Van die Afrikaanse kerke wil ek nie eers praat nie. Die kerkleiding in hierdie kerke wil die revolusie ter wille wees, eerder as die ware evangelie verkondig. Hulle einde is in klippe gekap. Die kerk het die aanvoorwerk vir hierdie revolusie gedoen en die revolusie sal hulle ook verorber. Die DA wil ten alle koste swart ondersteuners kry en dank lede af wat dit waag om ‘n positiewe opmerking oor PW Botha van alle mense te maak. Besef die DA nie dat PW die pad vir hulle oopgemaak het met sy oorgeebeleid van destyds nie? Hulle behoort hom te vereer!

    Nou is die vraag: Wat van Solidariteit en Afriforum en al hulle vertakkings? Op die oog af lyk dít wat gedoen word goed vir enigeen wat die saak slegs op die korttermyn beskou. Daar word geveg vir Afrikaans, vir individue se burgerregte, en so meer, en protes word oor baie sake aangeteken. Baie mooi. Maar daar word om die dood nie gepraat van die vryheid (selfbeskikking) van die Afrikaner in sy eie land nie. En enigeen wat durf waag om te “regs” te wees, word persona non grata. Vra maar vir Dan Roodt en Steve Hofmeyr. So terloops, ek het lank laas so ‘n idiotiese opmerking gehoor soos die uitlating dat Die Stem (ons ware volkslied) mense emosioneel skade berokken! As Die Stem egter saam met die afgodslied gesing word dan is daar kwansuis geen skade nie… Ek beleef weer die absolute teendeel. Sedert 1994 kook my bloed elke keer (met onherstelbare skade) as Afrikaners (waarvan Heyneke Meyer seker die koek vat!) hierdie afgodslied sing asof dit die laaste keer is dat hulle gaan sing. Ek verneem Meyer moet ‘n nekoperasie na die Wêreldbeker ondergaan…

    So waar laat dit ons? By ‘n negatiewe uitkyk oor alles in hierdie land? Waarskynlik. Dat daar geen oplossing is nie? Moontlik ja. En dis juis die probleem. Omstandighede word aangespreek, terwyl die oorsaak ten alle koste vermy word. Wat ons volk nodig het, is ‘n politieke oplossing en nie oplossings vir sosiaal-maatskaplike probleme wat vir seker sal misluk in hierdie verbrokkelende staat wat juis ten doel het om die Afrikaner ten gronde te rig nie. Jy kan alleen ‘n positiewe toekomsverwagting hê as jy ‘n politieke oplossing bedink en bewerk wat volkome vryheid vir jou volk ten doel stel.

    Daarsonder moet jy nie verbaas wees as jy van dag tot dag lewe en uitkoms soek in ‘n rugbyspan wat te veel betaal word en wat boonop geheel en al aan die nuwe bedeling toegewy is nie.

    Dr. S.H. Gregan is ‘n prokureur van Nylstroom en ‘n graduandus van die R.A.U. wat reeds jare lank in die politiek aktief is.

  • Karel Combrinck: Afkophoenders

    Karel Combrinck: Afkophoenders

    Dit is vandag, op enkele weke na, dertig jaar gelede dat P.W. Botha in Augustus 1985 sy beroemde of berugte « Rubicon »-toespraak voor die NP koukus in Durban gelewer het. Die toespraak is met skarrelende oorywer, ‘n mens kan byna sê, paniekbevangenheid, in opdrag van Pik Botha deur Suid-Afrikaanse ambassades wêreldwyd vooraf bekendgemaak. Sou dit wees dat Pik Botha ‘n heel ander toespraak verwag het as wat PW inderdaad gelewer het ? Wat meer as duidelik is, is dat daar ‘n volslae gaping was tussen wat PW beoog het om in sy toespraak te sê en wat Pik Botha se afkophoenderdepartment in die buiteland aangekondig het.

    Die Rubicon is ‘n riviertjie in Noord-Italië met ‘n besondere historiese betekenis. In die tyd van Julius Caesar en Gnaeus Pompeius is die Romeinse ryk geregeer deur ‘n konsulaat, d.w .s. ‘n regering deur twee konsuls waarvan die een (Julius Caesar) beheer gehad het oor die gebiede oorkant die Alpe (Gallië of Frankryk vandag) en die ander een (Gnaeus Pompeius) oor die gebied duskant die Alpe, d.w.s. Rome , of dan, Italië . Die skeiding tussen die twee gebiede was die riviertjie, die Rubicon. Indien enige van die twee konsuls die Rubicon met ‘n leër sou oorsteek, sou dit onmiddellik burgeroorlog beteken . Julius Caesar het juis dít gedoen in 49 V.C. en ‘n sesjarige burgeroorlog was die gevolg .

    In die tyd van die Romeinse burgeroorlog het die riviertjie dus reeds ‘n heel besondere simboliese en politieke betekenis gehad en hierdie simboliese betekenis word sedertdien algemeen in die politiek gebruik om ‘n waterskeidingsgebeurtenis van besondere belang aan te dui.

    So was dit dan ook met P.W Botha se « Rubicon »-toespraak. Of so moes dit gewees het . Dit is terloops tipies van Pik Botha se teatrale styl om die toespraak as ‘n « Rubicon » te beskryf en dit ly geen twyfel nie dat die beskrywing van hom afkomstig is. Hierdie toespraak sou dus na verwagting ‘n heel nuwe bedeling in die Suid-Afrikaanse politiek inlui, met afskaffing van « apartheidsmaatreëls », wettiging van verbode partye, medeseggenskap in die landsbestuur deur swartes, stemreg en die joos weet wat nog. Die wêreldpers en openbare mening is dus as’t ware deur Pik se departement op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas om hierdie epogmakende beleidsverklaring te ontvang.

    Maar, daar speel PW toe glad nie saam nie en lewer een van die klassieke vingerswaaiende en dunliptoesprake waarvoor hy so bekend was en waarin omtrent alles en almal met die banvloek gedreig is. Die gevolg was dat die vooraf publisiteit deur Pik Botha se departement die buitelandse regerings, meningsvormers en die media voorberei het op presies die teenoorgestelde van wat PW in sy toespraak sou sê. ‘n Misverstand? Amateuragtigheid? Oëverblindery? Hoe dit ook al sy, hierdie toespraak, met die vooraf gejuig van Pik Botha se departement, was die doodsklok vir blanke regering in Suid-Afrika.

    Wat het PW Botha besiel om die toespraak te maak? Wat was Pik Botha se oogmerk met die histeriese propagandasirkus vooraf? Die monumentale amateuragtigheid en onbeholpenheid van die hele operasie laat die vraag onstaan of daar dalk ‘n bedekte motief daaragter kon gewees het. Wat Pik Botha betref, was dit sekerlik moontlik, selfs waarskynlik dat hy PW in ‘n hoek sou wou druk sodat hy geen beweegruimte sou hê om enigiets anders te sê as wat Pik van hom verwag het nie. Pik se strategie was steeds om buitelandse druk te gebruik ten einde die proses van oorgawe in Suid-Afrika te versnel. Dis te betwyfel of PW self tot dié soort subtiliteit in staat was.

    Hierdie was natuurlik nie die Nasionale Party se eerste halfgebakte operasie nie. Inteendeel lê die Nasionale Party se pad besaai met onbesonnenhede wat ons oneindige skade berokken het. Dink maar aan die tragikomiese « inval » in die Seychelle op 25 November 1981. En dan natuurlik die laaste en finale debakel, die kleitrappery by die « onderhandelinge » met die ANC waar die ANC-afgevaardigedes openlik vir die NP-« onderhandelaars » gelag het. Maar in daardie stadium was die Nasionale Party-regering so terminaal dekadent dat hulle waarskynlik oor die ANC se gelag gevlei gevoel het: minstens kon hulle darem daarin geslaag om ‘n reaksie uit te lok. Miskien was hulle aandag toe reeds gevestig op die eerste die beste geleentheid om die ANC se voete te kan was.

    Die gevolge van hierdie Rubicon-fiasko was onberekenbaar. Nie lank na die toespraak nie het die « konserwatiewe » Republikeinse senator, Richard Lugar, in die Amerikaanse senaat ‘n verdoemende toespraak gelewer waarin hy die Suid-Afikaanse regering en sy beleid vermorsel het en waarmee hy die tapyt finaal onder President Reagan se voete uitgeruk het. President Reagan het tot op daardie oomblik nog konsekwent sy veto teen enige anti-Suid-Afrikaanse sanksies gebruik.

    Spoedig na die « Rubicon »-debakel het Amerikaanse sanksies gevolg, met die gepaardgaande ineenstorting van die rand. Minder as ‘n jaar later is die Comprehensive Anti-Apartheid Act deur die Amerikaanse kongres aangeneem. En daarna het gevolg « swart ekonomiese bemagtiging » en uiteindelik gewoon « swart bemagtiging », met ander woorde, ANC-regering in Suid-Afrika.

    PW Botha het dus nie die « Rubicon » oorgesteek soos Pik Botha en sy afkophoenderdepartement voorspel het hy sou doen nie, maar die wyse waarop hy voor die Rubicon vasgesteek het, is op so ‘n patetiese en ongeluksalige wyse bestuur dat ‘n mens vandag daaroor net kan lag of huil. Maar, weereens, dit kan wees dat dit so beplan was. As die « Rubicon »-fiasko ‘n waterskeiding was, dan was dit een wat direk tot ons ondergang gelei het.