Dan Roodt: 2 Februarie, ‘n swart dag in ons geskiedenis

Deel op

Dertig jaar gelede het FW de Klerk kastig “op eie houtjie” in ‘n Damaskusoomblik besluit om die verbod op die ANC en die SAKP op te hef, Mandela en ander politieke gevangenes (eintlik terroriste) vry te laat en sy rampspoedige “onderhandelings” van stapel te stuur.

Sowel die plaaslike as internasionale media het dié stap as “dapper, verbeeldingryk en geskiedkundig” beskryf. Tans werk dieselfde media hard daaraan om Suid-Afrika se “Oktoberrevolusie” as “steeds ‘n positiewe gebeurtenis” op te vysel. Maar in dieselfde publikasies wat vandag FW de Klerk se verraad van destyds as ‘n heldedaad voorstel, verskyn ander opskrifte soos: “Eskom kan nie sê wanneer jy beurtkrag gaan hê” en “Munisipaliteite: Hier heers geldkrisis, betaalkrisis, waterkrisis”.

FW de Klerk self verklaar tans in ‘n onderhoud: “Ons kán terugveg!” In 1990 en in die aanloop tot 1994 het De Klerk telkens getoon dat hy liewer aan die ANC wou oorgee, terwyl hy nog die ou Weermag en Polisiemag aan sy kant gehad het. In opdrag van Mandela, Joe Slovo en ander lede van die SA Kommunisteparty, het De Klerk sy eie generaals summier afgedank. Die eerste ding wat die ANC-terroristebende ná die NP-oorgawe gedoen het, was om lede van Umkhonto we Sizwe in hoë poste in die polisie en weermag aan te stel sodat beide vandag slegs aan die ANC lojaal is en nie aan Suid-Afrika nie.

Waarom en waarmee wil De Klerk nou dertig jaar te laat “terugveg”? Sekerlik nie met sy gebrekkige intellek nie? As De Klerk sy mond oopmaak stroom die clichés daaruit: “demokrasie, versoening, nie-rassigheid”. Die Europeërs en selfs Amerikaners argumenteer al 200 jaar lank oor demokrasie binne hul redelik homogene samelewings met groot Westerse meerderhede wat opgevoed, ontwikkel en wetsgehoorsaam is. Sommige meen dat “demokrasie” selfs daar nie meer behoorlik werk nie en deur korrupsie en die oorheersing van miljardêrs wat die media en reklame beheer, afgetakel word.

In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika wat uit hoogs uiteenlopende bevolkings saamgeflans is, is dit te betwyfel of daar ooit sinvolle “demokrasie” sal bestaan. Trouens, die enigste redelike gevolgtrekking wat ‘n mens kan maak, is dat die eksperiment in “demokrasie” van De Klerk en diegene wat hom as marionet voorgesê het, finaal misluk het. Sedert 1994 sit ons met eenpartyregering, met die verskil tussen staat en party wat lankal vervaag het. Tans is ons stewig op pad na Afro-marxisme wat elders op dié vasteland en veral in Suider-Afrika reeds verwoestende gevolge gehad het. Dink maar aan Mosambiek onder Machel en Zimbabwe onder Mugabe. Julius Malema, hoewel aan die hoof van ‘n “kleiner” party, is een van die hoofrolspelers in die Suid-Afrikaanse politiek en media, met ‘n goeie kans om uiteindelik president te word. Selfs die ekstreemlinkse, anti-Afrikaanse Christi van der Westhuizen het dit al toegegee.

Winnie Mandela en Helen Suzman

Slegs enkele weke of maande voordat De Klerk besluit het om — grotendeels in reaksie op die groei in steun vir die destydse Konserwatiewe Party — sy nuutgevonde “samewerking” met Mandela en die ANC aan te kondig, is sy broer Wimpie de Klerk onder duistere omstandighede in Londen deur die Britse geheimediens “onthaal”. Hier is die bloudruk vir Afrikaneroorgawe waarskynlik aan die De Klerks voorgelê.

Intussen het die destydse Britse ambassadeur, tans “Baron” Robin Renwick, onthul dat hy saam met mev. Helen Suzman en die veroordeelde misdadigers en terroriste op Robbeneiland gekonkel het om die wettige regering van Suid-Afrika te ondermyn. Sowel Renwick as Suzman het in De Klerk iemand gesien wat hulle kon beïnvloed om van die mag afstand te doen, die Afrikaner uit te verkoop en die ANC-terreurbeweging aan bewind te stel. Daar bestaan verskeie onderhoude met Renwick waarin hy spog hoe De Klerk as’t ware klei in sy en mev. Suzman se hande was.

De Klerk is ‘n kruiper en ‘n konkelaar. Hy het sy eie kiesers belieg en om die bos gelei, terwyl hy saam met Mandela en buitelanders ‘n komplot gesmee het om ‘n radikale Bantoediktatuur in Suid-Afrika in te stel. Dit ly geen twyfel dat hy onder normale omstandighede in enige ander land van hoogverraad aangekla sou gewees en skuldig bevind sou gewees het nie.

Wikipedia omskryf “hoogverraad” soos volg:

Hoogverraad is ‘n versamelnaam vir misdrywe teen die interne veiligheid van die staat. Hieronder val byvoorbeeld ‘n aanslag op die staatshoof, (poging tot) ‘n staatsgreep, oorlog teen jou geboorteland en spioenasie.

Verraad is kriminele ontrou. Histories gesproke het ‘n kneg wat teen sy meester in opstand kom verraad gepleeg. Hoogverraad, daarteenoor, is wanneer ‘n onderdaan van ‘n staat verraad teenoor die staat self (waaraan die dader trou verskuldig is) pleeg.

Vroeër jare is die doodstraf vir hoogverraad opgelê. In lande waar die doodstraf afgeskaf is word lewenslange of lang periodes van tronkstraf hiervoor opgelê.

Selfs nie eens die Nasperskoerante en al die liberale “dinkskrums” in die land — waarvan vele letterlik deur George Soros befonds word! — kan meer ontken dat die ANC-bewind tot dusver vir Suid-Afrika rampspoedig was nie. Ongeveer 600 000 mense is sedert 1994 vermoor, waaronder ten minste 80 000 blankes. Die hoeveelheid geld wat die ANC-kaders gesteel, verduister, toegeëien of wanbestee het, strek tot in die triljoene rand. Slegs Eskom beskik oor skuld van meer as R500 miljard, met die ekonomie wat konstant deur beurtkrag belemmer word. Veral die munisipaliteite is genadeloos deur die ANC geplunder. In die tydvak van Afrikanerregering is munisipaliteite goed bestuur, het die boeke geklop en het vele selfs aansienlike reserwes oor die jare opgebou. Dít alles is binne enkele jare tot op die vlak van bankkrotskap geplunder. Die ANC-bewind erken self dat hy grotendeels korrup is.

Die Afrikaanse taal en kultuur is vir alle praktiese doeleindes afgeskaf en duur slegs voort as ‘n soort folklore op kunstefeeste. Engels is tot die enigste amps- en openbare taal verhef, strydig met die ooreenkoms wat sedert 1925 en selfs 1910 in die land gegeld het.

Soos in die meeste kommunistiese lande, het die omgewing in Suid-Afrika geweldig onder die ANC-bewind gely. Rou riool stroom in ons riviere in, chaotiese plakkery word rondom ons stede toegelaat, wildstropery is aan die orde van die dag en ons eens voortreflike middestede wat met die beste in die VSA of Wes-Europa kon vergelyk, het in vuil, vervalle, derdewêreldkrotbuurte verander.

De Klerk sê nogal in sy onlangse onderhoud met Media24:

Wit mense in Suid-Afrika moet aanvaar hulle is ‘n krimpende minderheid.

“Dit is as gevolg van emigrasie en as gevolg van klein gesinne…”

Die “emigrasie” word deur sy daad van oorgawe aan ‘n uiters radikale terreurgroep veroorsaak; die “klein gesinne” kan gedeeltelik toegeskryf word aan die ekonomiese en morele verval onder die blanke bevolking wat aan regstellende aksie, dwelms, prostitusie, asook duur hospitale en skole, blootgestel word. Hierteenoor geskied daar ongebreidelde immigrasie en stroom buitelanders vanuit die hele Afrika oor ons grense, terwyl plaaslike swartes deur kindertoelaes aangemoedig word om hul reeds duiselingwekkende demografie nog verder te verhoog.

Tydens die 1992-referendum waarin De Klerk die blanke en veral Afrikanerkiesers belieg het deur voor te gee dat dit slegs oor “onderhandelings” en nie volslae oorgawe gaan nie, het hy selfs ‘n “tweede referendum” belowe waarin mense oor enige grondwetlike wysigings sou kon stem. Hiervan het dadels gekom. Die huidige grondwet wat wemel van rassistiese anti-blanke en anti-Afrikaanse artikels, en wat grotendeels die ANC-voorstelle verteenwoordig, is klakkeloos deur hom en sy hopelose lakei, Roelf Meyer, aanvaar sodat ons vandag geheel en al aan die tirannie van die ANC-terreurbeweging uitgelewer is.

Die verraad van die joiners in die tweede vryheidsoorlog was eintlik minder grotesk as dié wat die skelm FW de Klerk teen ons gepleeg het. Immers is die vredesonderhandelings in 1902 deur Boeregeneraals met integriteit behartig en het ons in weerwil van die negatiewe uitkoms van die oorlog steeds die vooruitsig op selfregering en soewereiniteit behou.

In 1994 het De Klerk met duiwelse en sadistiese behae die soewereiniteit waarvoor ons voorouers oor die Drakensberge getrek en soveel bloed gestort het, prys gegee en die Nobelprys vir vrede ontvang. Laasgenoemde prys word deur die Noorse Nobelpryskomitee toegeken terwyl Noorweë een van die Nordiese lande was wat terreur in Suid-Afrika aktief bevorder en befonds het. Hy is as’t ware deur ons vyande vir sy verraad beloon.

Dertig jaar later is die son besig om oor Suid-Afrika te sak en het Eskom se vele kragonderbrekings ‘n metafoor geword vir die morele en politieke duisternis wat FW de Klerk in ‘n eens voortreflike land ontketen het.

Kan die laagtepunt waarin hy Suid-Afrika gedompel het, oorkom word? is die vraag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.