Brief: Die verraad van Februarie 2020

Theuns Eloff se skrywe van 11 Februarie op Maroela Media verwys: Apartheid, FW en die ANC: vier mites aan die kaak gestel.

Die grootste fout wat ons kan maak is om te dink dat die verraad teen ons volk 30 jaar terug gebeur het. Die realiteit is dat hierdie verraad steeds aan die gang is en duidelik sigbaar is in skrywes soos dié van Eloff. Sy skrywe is ‘n desperate poging om die besluite wat gemaak is 30 jaar terug steeds te regverdig om sodoende die paar mense wat nog aan die feëverhaal vashou te probeer paai.

De Klerk het die volk uitverkoop.

Eloff is heeltemal reg dat hierdie ‘n mite is.

Die waarheid is dat De Klerk nie alleen skuldig was aan die uitverkoop van die land nie, maar dat hy ondersteun is deur ‘n hele aantal mense om hom te help in hierdie aksie. Die tweede probleem is dat die stelling verwys na die verlede tyd, maar die realiteit is dat De Klerk en ander steeds vandag besig is om ons volk uit te verkoop. Die korrekte stelling sou eerder wees:

De Klerk en ander is steeds besig om die volk uit te verkoop.

In talle artikels sedert 2 Februarie word daar herhaal hoe min opsies daar was. Dit was óf oorgee óf oorlog. Dit moet seker verskriklik wees om in ‘n wêreld te leef waar jy net óf kool óf wortels moet eet omdat jy nie bereid is om bietjie in die tuin rond te stap nie. Enige iemand wat hierdie stelling glo, is net so visieloos soos De Klerk en ander en glo seker perdedrolle is vye ook!

Daar is altyd opsies. Daar was altyd opsies. Maar eerder as om verantwoordelikheid te aanvaar dat hulle te visieloos was om nog meer opsies te ondersoek, verhard hulle in die idee dat daar net twee opsies was. Op daardie tydstip het die publiek reeds te kenne gegee dat verandering noodsaaklik was, maar hulle het gehoop dat wie ook al namens hulle onderhandel, sekerlik genoeg verstand aan die dag sou lê om te verseker dat ons volk se reg om voort te bestaan in ag geneem sou word.

As ons vandag kyk na wat in die land gebeur sover dit die vertrapping van ons volk se basiese regte betref, menseregte en steeds nie erken dat daar moontlik ander opsies ondersoek moes word nie, dat daar moonlik ‘n fout gemaak is nie… as jy dit steeds regverdig vandag, is jy nog besig met dieselfde verraad… Is jy steeds besig om jou rug op die volk te draai!

Die tweede mite wat Eloff gebruik,

Daar was geen ander keuse,

weerspreek dus die eerste. In soveel woorde erken hy daar was ander keuses, hulle het net nie belang gestel om dit te ondersoek of na die tafel te bring nie. Hierdie stelling van Eloff is die bewys dat De Klerk en ander by magte was om ander keuses te maak en dat hulle gekies het om nie ag te slaan op die langtermyngevolge vir ons volk nie. Die korrekte stelling moet dus lees: Daar was ander keuses, ons het net nie gedink dis belangrik om aan die Afrikaner se oorlewing te dink nie.

Die derde mite: Die ANC het gewen,

is maar net ‘n poging om die glorie en euforie van die oorgang aan die lewe te probeer hou. Terwyl mense soos De Klerk en Eloff duidelik die opinie van die buiteland en al die eer wat daarmee saamhang na waarde skat, is hulle ver verwyder van die opinie van die Venters en Van der Merwes wie se belange hulle eintlik moes beskerm. Hierdie verknogtheid aan internasionale erkenning is die bewys dat hierdie nie in die geskiedenis as volksleiers onthou sal word nie. ‘n Volksleier, soos wat hulle voorgegee het hulle was, beskerm die belange van sy eie mense bo dié van enige internasionale mening.

Wat die Venters en van der Merwes betref: Indien Eloff sou belangstel in hulle mening, is dit redelik duidelik dat die ANC gewen het. Dit is die ANC wat die laaste 25 jaar die wette maak wat veroorsaak dat ‘n kind in 2020 met ongelooflike akademiese prestasie nie keuring kry om ‘n dokter te word nie oor die kleur van haar vel. Dit is die ANC wat wette skryf wat Afrikaans uit die skole haal. Dit is die ANC wat eiendom sonder vergoeding wil onteien. Hier waar ons gewone mense sit, ook bekend as die volk… lyk dit darem baie asof die ANC gewen het. Maar miskien hoop Eloff die internasionale gemeenskap glo hom; dit is mos al wat nog altyd saakgemaak het—nie die Venters en die van der Merwes nie.

Die vierde mite wat Eloff noem: ANC glo steeds in nierassigheid

spreek van De Klerk en ander se totale vermetelheid. Die waarheid is die ANC het nog nooit in nierassigheid geglo nie. Daar was nog nooit ‘n bewys daarvan in enige van hulle agendas nie. Dit was De Klerk en ander wat naïef genoeg was om te glo dat die ANC hulle gaan verbind tot ‘n Grondwet (wat hulle al hoeveel keer verander het en nog gaan verander) terwyl die “dom, verregse, verkrampte, verkakte” volksleiers hulle daarteen gewaarsku het. Die mite dat die ANC in nierassigheid glo, is iets wat De Klerk en ander uitgevind het om hulle besluit te probeer regverdig. Die ANC glo in die ANC… het nog altyd, sal altyd.

Eloff se skrywe is maar net ‘n manier om swak leierskap te probeer regverdig met verskonings. ‘n Ware leier sou lankal opgestaan het en erken het dat dit ‘n fout was om die land oor te gee op die wyse waarop dit gedoen is. ‘n Ware leier sou erken het dat die buitelandse druk belangriker was as die belange van ‘n volk. ‘n Ware leier sou erken het dat daar ander opsies was en dat dit dalk ander resultate sou kon oplewer. ‘n Ware leier sou ophou verskonings maak en die seer en kommer in sy eie volk raaksien. ‘n Ware leier sou erken het dat hy uitoorlê is by die onderhandelingstafel. ‘n Ware leier sou alles in sy vermoë doen om sy volk ‘n kans op oorlewing te gee, om te baklei vir hulle. ‘n Ware leier sou nie in Februarie 2020 steeds volhard in sy foute nie, sou nie steeds sy rug op die volk keer nie en sou wragtig nie meer verskonings maak nie.

Want dit sou vir ‘n ware leier verraad wees!

—Johan van der Merwe

Dan Roodt: 2 Februarie, ‘n swart dag in ons geskiedenis

Dertig jaar gelede het FW de Klerk kastig “op eie houtjie” in ‘n Damaskusoomblik besluit om die verbod op die ANC en die SAKP op te hef, Mandela en ander politieke gevangenes (eintlik terroriste) vry te laat en sy rampspoedige “onderhandelings” van stapel te stuur.

Sowel die plaaslike as internasionale media het dié stap as “dapper, verbeeldingryk en geskiedkundig” beskryf. Tans werk dieselfde media hard daaraan om Suid-Afrika se “Oktoberrevolusie” as “steeds ‘n positiewe gebeurtenis” op te vysel. Maar in dieselfde publikasies wat vandag FW de Klerk se verraad van destyds as ‘n heldedaad voorstel, verskyn ander opskrifte soos: “Eskom kan nie sê wanneer jy beurtkrag gaan hê” en “Munisipaliteite: Hier heers geldkrisis, betaalkrisis, waterkrisis”.

FW de Klerk self verklaar tans in ‘n onderhoud: “Ons kán terugveg!” In 1990 en in die aanloop tot 1994 het De Klerk telkens getoon dat hy liewer aan die ANC wou oorgee, terwyl hy nog die ou Weermag en Polisiemag aan sy kant gehad het. In opdrag van Mandela, Joe Slovo en ander lede van die SA Kommunisteparty, het De Klerk sy eie generaals summier afgedank. Die eerste ding wat die ANC-terroristebende ná die NP-oorgawe gedoen het, was om lede van Umkhonto we Sizwe in hoë poste in die polisie en weermag aan te stel sodat beide vandag slegs aan die ANC lojaal is en nie aan Suid-Afrika nie.

Waarom en waarmee wil De Klerk nou dertig jaar te laat “terugveg”? Sekerlik nie met sy gebrekkige intellek nie? As De Klerk sy mond oopmaak stroom die clichés daaruit: “demokrasie, versoening, nie-rassigheid”. Die Europeërs en selfs Amerikaners argumenteer al 200 jaar lank oor demokrasie binne hul redelik homogene samelewings met groot Westerse meerderhede wat opgevoed, ontwikkel en wetsgehoorsaam is. Sommige meen dat “demokrasie” selfs daar nie meer behoorlik werk nie en deur korrupsie en die oorheersing van miljardêrs wat die media en reklame beheer, afgetakel word.

In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika wat uit hoogs uiteenlopende bevolkings saamgeflans is, is dit te betwyfel of daar ooit sinvolle “demokrasie” sal bestaan. Trouens, die enigste redelike gevolgtrekking wat ‘n mens kan maak, is dat die eksperiment in “demokrasie” van De Klerk en diegene wat hom as marionet voorgesê het, finaal misluk het. Sedert 1994 sit ons met eenpartyregering, met die verskil tussen staat en party wat lankal vervaag het. Tans is ons stewig op pad na Afro-marxisme wat elders op dié vasteland en veral in Suider-Afrika reeds verwoestende gevolge gehad het. Dink maar aan Mosambiek onder Machel en Zimbabwe onder Mugabe. Julius Malema, hoewel aan die hoof van ‘n “kleiner” party, is een van die hoofrolspelers in die Suid-Afrikaanse politiek en media, met ‘n goeie kans om uiteindelik president te word. Selfs die ekstreemlinkse, anti-Afrikaanse Christi van der Westhuizen het dit al toegegee.

Winnie Mandela en Helen Suzman

Slegs enkele weke of maande voordat De Klerk besluit het om — grotendeels in reaksie op die groei in steun vir die destydse Konserwatiewe Party — sy nuutgevonde “samewerking” met Mandela en die ANC aan te kondig, is sy broer Wimpie de Klerk onder duistere omstandighede in Londen deur die Britse geheimediens “onthaal”. Hier is die bloudruk vir Afrikaneroorgawe waarskynlik aan die De Klerks voorgelê.

Intussen het die destydse Britse ambassadeur, tans “Baron” Robin Renwick, onthul dat hy saam met mev. Helen Suzman en die veroordeelde misdadigers en terroriste op Robbeneiland gekonkel het om die wettige regering van Suid-Afrika te ondermyn. Sowel Renwick as Suzman het in De Klerk iemand gesien wat hulle kon beïnvloed om van die mag afstand te doen, die Afrikaner uit te verkoop en die ANC-terreurbeweging aan bewind te stel. Daar bestaan verskeie onderhoude met Renwick waarin hy spog hoe De Klerk as’t ware klei in sy en mev. Suzman se hande was.

De Klerk is ‘n kruiper en ‘n konkelaar. Hy het sy eie kiesers belieg en om die bos gelei, terwyl hy saam met Mandela en buitelanders ‘n komplot gesmee het om ‘n radikale Bantoediktatuur in Suid-Afrika in te stel. Dit ly geen twyfel dat hy onder normale omstandighede in enige ander land van hoogverraad aangekla sou gewees en skuldig bevind sou gewees het nie.

Wikipedia omskryf “hoogverraad” soos volg:

Hoogverraad is ‘n versamelnaam vir misdrywe teen die interne veiligheid van die staat. Hieronder val byvoorbeeld ‘n aanslag op die staatshoof, (poging tot) ‘n staatsgreep, oorlog teen jou geboorteland en spioenasie.

Verraad is kriminele ontrou. Histories gesproke het ‘n kneg wat teen sy meester in opstand kom verraad gepleeg. Hoogverraad, daarteenoor, is wanneer ‘n onderdaan van ‘n staat verraad teenoor die staat self (waaraan die dader trou verskuldig is) pleeg.

Vroeër jare is die doodstraf vir hoogverraad opgelê. In lande waar die doodstraf afgeskaf is word lewenslange of lang periodes van tronkstraf hiervoor opgelê.

Selfs nie eens die Nasperskoerante en al die liberale “dinkskrums” in die land — waarvan vele letterlik deur George Soros befonds word! — kan meer ontken dat die ANC-bewind tot dusver vir Suid-Afrika rampspoedig was nie. Ongeveer 600 000 mense is sedert 1994 vermoor, waaronder ten minste 80 000 blankes. Die hoeveelheid geld wat die ANC-kaders gesteel, verduister, toegeëien of wanbestee het, strek tot in die triljoene rand. Slegs Eskom beskik oor skuld van meer as R500 miljard, met die ekonomie wat konstant deur beurtkrag belemmer word. Veral die munisipaliteite is genadeloos deur die ANC geplunder. In die tydvak van Afrikanerregering is munisipaliteite goed bestuur, het die boeke geklop en het vele selfs aansienlike reserwes oor die jare opgebou. Dít alles is binne enkele jare tot op die vlak van bankkrotskap geplunder. Die ANC-bewind erken self dat hy grotendeels korrup is.

Die Afrikaanse taal en kultuur is vir alle praktiese doeleindes afgeskaf en duur slegs voort as ‘n soort folklore op kunstefeeste. Engels is tot die enigste amps- en openbare taal verhef, strydig met die ooreenkoms wat sedert 1925 en selfs 1910 in die land gegeld het.

Soos in die meeste kommunistiese lande, het die omgewing in Suid-Afrika geweldig onder die ANC-bewind gely. Rou riool stroom in ons riviere in, chaotiese plakkery word rondom ons stede toegelaat, wildstropery is aan die orde van die dag en ons eens voortreflike middestede wat met die beste in die VSA of Wes-Europa kon vergelyk, het in vuil, vervalle, derdewêreldkrotbuurte verander.

De Klerk sê nogal in sy onlangse onderhoud met Media24:

Wit mense in Suid-Afrika moet aanvaar hulle is ‘n krimpende minderheid.

“Dit is as gevolg van emigrasie en as gevolg van klein gesinne…”

Die “emigrasie” word deur sy daad van oorgawe aan ‘n uiters radikale terreurgroep veroorsaak; die “klein gesinne” kan gedeeltelik toegeskryf word aan die ekonomiese en morele verval onder die blanke bevolking wat aan regstellende aksie, dwelms, prostitusie, asook duur hospitale en skole, blootgestel word. Hierteenoor geskied daar ongebreidelde immigrasie en stroom buitelanders vanuit die hele Afrika oor ons grense, terwyl plaaslike swartes deur kindertoelaes aangemoedig word om hul reeds duiselingwekkende demografie nog verder te verhoog.

Tydens die 1992-referendum waarin De Klerk die blanke en veral Afrikanerkiesers belieg het deur voor te gee dat dit slegs oor “onderhandelings” en nie volslae oorgawe gaan nie, het hy selfs ‘n “tweede referendum” belowe waarin mense oor enige grondwetlike wysigings sou kon stem. Hiervan het dadels gekom. Die huidige grondwet wat wemel van rassistiese anti-blanke en anti-Afrikaanse artikels, en wat grotendeels die ANC-voorstelle verteenwoordig, is klakkeloos deur hom en sy hopelose lakei, Roelf Meyer, aanvaar sodat ons vandag geheel en al aan die tirannie van die ANC-terreurbeweging uitgelewer is.

Die verraad van die joiners in die tweede vryheidsoorlog was eintlik minder grotesk as dié wat die skelm FW de Klerk teen ons gepleeg het. Immers is die vredesonderhandelings in 1902 deur Boeregeneraals met integriteit behartig en het ons in weerwil van die negatiewe uitkoms van die oorlog steeds die vooruitsig op selfregering en soewereiniteit behou.

In 1994 het De Klerk met duiwelse en sadistiese behae die soewereiniteit waarvoor ons voorouers oor die Drakensberge getrek en soveel bloed gestort het, prys gegee en die Nobelprys vir vrede ontvang. Laasgenoemde prys word deur die Noorse Nobelpryskomitee toegeken terwyl Noorweë een van die Nordiese lande was wat terreur in Suid-Afrika aktief bevorder en befonds het. Hy is as’t ware deur ons vyande vir sy verraad beloon.

Dertig jaar later is die son besig om oor Suid-Afrika te sak en het Eskom se vele kragonderbrekings ‘n metafoor geword vir die morele en politieke duisternis wat FW de Klerk in ‘n eens voortreflike land ontketen het.

Kan die laagtepunt waarin hy Suid-Afrika gedompel het, oorkom word? is die vraag.

Leon Lemmer: RW Johnson: Die nuwe Suid-Afrika, ‘n nagmerrie

Dit is moeilik, selfs onmoontlik, om ‘n lys saam te stel van die verliese wat Suid-Afrikaners sedert 1994 gely het. Uit die blanke oogpunt is die verlies van ‘n gemeenskapslewe een van die sake wat my die meeste hinder. Daar was pragtige stede en dorpe met ‘n Europese atmosfeer. Die plattelandse dorpe het hoofsaaklik Afrikanersakeondernemings gehad. Die dorpe was skoon, ordentlike, veilige plekke, grootliks vry van misdaad. Die plaaslike owerheid is deur blankes beheer, bv ‘n eerbare burgemeester en ‘n bekwame, opgeleide stadsklerk of dorpsbestuurder. Elke dorp het grootliks aan homself behoort en sy eie heil uitgewerk. Goeie, bekostigbare, betroubare munisipale dienste is gelewer. Dit was aangenaam om in so ‘n omgewing te woon. Daarna het die hele atmosfeer verander. ‘n Ander manier van dink en doen is deesdae aan die orde van die dag en dit is nie ‘n beter manier nie.

Nadat die land in 1994 mandaatloos aan swartes oorgegee is, het die (midde)stede en dorpe beheer oor hulleself verloor. Enersyds is metropolitaanse gebiede geskep deur middestede en die omliggende gebiede elk onder ‘n enkele owerheid in te dwing. Andersyds is groepe dorpe in makro-munisipaliteite saamgegroepeer. Die hoofmotivering hiervoor was dat daar nêrens in die land ‘n plaaslike owerheid mag wees waar die nie-blankes, veral die swartes, in die minderheid is nie. Die gevolg was dat poste in al die plaaslike owerhede meesal deur onervare en onkundige nie-blankes, veral swartes, verswelg is. Die koste van munisipale bestuur en administrasie het eksponensieel gestyg terwyl die gehalte van die dienste dramaties gedaal het. Die blanke belastingbetalers is die hoofverloorders omdat hulle al hoe meer in ruil vir al hoe minder moet opdok terwyl hulle, danksy FW de Klerk en sy groepie meelopers, geen deurslaggewende beheer oor die verslegtende situasie het nie.

Dit is nie net die plaaslike owerhede wat in die hande van veral swartes beland het nie, maar ook die sentrale en provinsiale regerings. Immigrante stroom meesal onwettig uit veral die res van swart Afrika en die Indiese subkontinent die land binne. Hierdie inkommers is oorwegend ongeskoolde mense vir wie daar plaaslik geen aanvraag bestaan nie. Hulle plak, tree op as bv voertuigwagte, straatsmouse en misdadigers en misbruik gratis mediese en onderwysdienste. Die land het reeds miljoene werkloses wat die staatskas uitput weens toelaes waarop hulle aanspraak maak en as stemvee vir die ANC funksioneer. Tydens die “bevrydingstryd” het die ANC die plaaslike swartes geleer om nie vir munisipale dienste te betaal nie. Die meerendeel van hulle hou vol met hierdie onsosiale, misdadige gedrag terwyl die inkommers met hierdie parasitiese leefwyse akkoord gaan. Die resultaat is ‘n onhoudbare en onvolhoubare situasie. Gewelddadige diensleweringsbetogings deur nie-betalers is ‘n daaglikse verskynsel wat groot skade veroorsaak terwyl daar nie doeltreffend teen hierdie misdadigers opgetree word nie. Die relatief klein groepie belastingbetalers moet ook vir hierdie skade betaal.

Seker geen plattelandse dorp kan meer daarop aanspraak maak dat dit ‘n goedversorgde blanke dorp is nie. Die sakeondernemings het in die hande van veral inkommers beland. Die tradisionele Afrikanerwinkels (met hier en daar ‘n Engelse of Joodse een) het plek gemaak vir bv Somaliese winkels waarin Westerlinge geen behae het nie. Selfs in die middestede en dorpe word daar geplak. Straatslapers is ‘n algemene verskynsel. Die strate en sypaadjies is dikwels onversorg en die paaie wat plekke verbind is vol slaggate. Betroubare, veilige openbare vervoer bestaan feitlik nie. Eie vervoermiddels kan nie eens meer snags veilig in die straat gelaat word nie. Ek onthou ‘n tyd toe motors nie gesluit is nie; toe motors uit gewoonte ongesluit in Adderleystraat in Kaapstad geparkeer is. Private sekuriteitsdienste het toe nie bestaan nie. Daar was bitter min misdaad. ‘n Doeltreffende polisiediens en regspleging het verseker dat enigeen, behalwe misdadigers, geluk onder die son kon vind.

Dit is asof daar geen werklike besef is van die mate waarin die land binne ‘n kwarteeu agteruitgegaan het nie. Dit is asof baie inwoners hulleself probeer wysmaak dat ons omstandighede nie dramaties versleg het nie. Wat veral ontstellend is, is dat dit ook Afrikaanssprekende blankes is wat opportunities en met ‘n groot skeut valsheid voorgee dat al wat nodig is, is dat ons almal die bedenklike owerhede moet onderskraag; dat sodra die amptenare genoeg gesteel en KFC geëet het, hulle gaan lostrek om die nuwe Suid-Afrika “te maak werk” en dat ons almal dan een groot gelukkige familie saam met ons broers en susters in die res van Afrika gaan wees. Een van die opvallendste verskynsels in die swart sektor is die misdaadgeneigdheid, waarvan korrupsie ‘n voorbeeld is. Mense wat hulleself van 1994 af as bekleërs van die hoë morele grond bestempel het, het geblyk opperste misdadigers te wees. Ek dink nie enige blanke het by die intrede van die nuwe Suid-Afrika werklik besef hoe endemies swart misdadigheid op alle vlakke gaan blyk te wees nie. Die tyd toe Hans Strijdom (1893-1958, eerste minister 1954-1958) sy eie posseëls en koppiespelde gebruik en sy ampsmotor nooit vir eie gewin misbruik het nie, voel asof dit ligjare van die hede verwyder is. ‘n ANC-bewind was die laaste ding wat Strijdom sou koester.

Hiermee het ek hoofsaaklik enkele van die sigbare verliese uitgelig wat ons sedert 1994 gely het. Van veel groter belang is die minder sigbare en onsigbare verliese wat Afrikaners aangedoen is. Daar is ‘n onoorbrugbare kloof tussen Afrikaners wat trots op hulle verlede én hulleself is en diegene wat die nuwe bedeling omarm en die skuldkultus aanhang pleks van skuldmoeg en gatvol vir die vyande van die Afrikanerdom te wees. Daar is Afrikanerkultuurverlies weens grondige wantroue in kerkgenootskappe wat die koers byster geraak het; dus van die smalle weg afgedwaal en die breë weg van globalisme van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Wêreldbond van Kerke betree het. Die ongedurigheid van die NG-gemeente Moreletapark met die NG Kerk kan onder meer hieraan toegeskryf word. Die NG Kerk is nie meer ‘n volkskerk nie. Daardie eer kom veel eerder die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) toe.

Daar is die smart wat geradbraakte Afrikaans veroorsaak en die afskaling en selfs uitroeiing van Afrikaans in skole en aan universiteite. Daar is liggaamlike en geestelike vryheid en selfbeskikking wat deur Afrikaners koerster word maar waarop tans ernstig inbreuk gemaak word. Blanke woongebiede en eie skole is die minimum vereistes vir Afrikanerselfbeskikking. Inklusiwiteit, diversiteit en multi-kulturaliteit werk vernietigend in op Afrikaners se lewensruimte. Samevattend kan gesê word dat daar sedert 1994 ‘n hartverskeurende verlies aan (Europese) beskawing en selfs van doodgewone ordentlikheid, is. Deesdae dien brutaliteit as plaasvervanger vir beskawing. Gelukkig is daar steeds diegene wat kultureel onoorwinlik suiwer Afrikaners bly met onuitroeibare Afrikanerskap diep in hulle gees en hart en niere en wat hulle Afrikanerwees ook spontaan na buite uitleef.

Daar is veral twee Engelstaliges wat ‘n meer realisties blik op die nuwe Suid-Afrika as baie van die Afrikaanse outeurs bied. Die een is Anthea Jeffery, wat uitstekende boeke soos People’s war (2009), The truth about the Truth Commission (1999) en BEE: Helping or hurting (2014) gepubliseer het. Die ander een is RW Johnson met voortreflike boeke soos South Africa’s brave new world (2010), How long will South Africa survive (2015/2017) en The African university? (2012). Laasgenoemde handel oor die Universiteit KwaZulu-Natal.

Malegapuru William Makgoba, rektor 2004-2014, het gepoog om kennis van Zoeloe van al die studente en personeellede te verwag; klaarblyklik om blankes en Indiërs sover moontlik uit te werk. In sy jongste boek (kyk hier onder) skryf Johnson: Makgoba “had all but destroyed the University of KwaZulu-Natal (p 61). ‘n Mens kan jou afvra: Waarom het die eens Afrikaanse universiteite nie soortgelyke moed openbaar deur eentalige Engelse studente en personeellede uit te sluit nie? Die hoofrede hiervoor is dat ten gunste van swartes gediskrimineer word. Die nuwe Suid-Afrika het nie ‘n era van gelykheid en nie-diskriminasie ingelui nie. “Aspiring academics or researchers would find that many universities had a ‘blacks only’ appointments policy” (88), wat niks anders as blatante rassediskriminasie is nie. Die Wikipedia-artikel oor Makgoba bied interessante leesstof.

Sowel Jeffery as Johnson het die tradisionele liberalisme as vertrekpunt en veroordeel apartheid met oorgawe, bv: “Apartheid was a dreadful, inhumane, and degrading system, but it was a long way short of slavery” (160-161). Johnson verwys sonder meer na “the nonsense of Bantustans” (201). Terselfdertyd is Jeffery en Johnson egter uitstekende waarnemers van die onverkwiklikhede en ongeregtighede van die nuwe Suid-Afrika, bv: “Ironically, the West and East Africans who throng to South Africa today have little or no sense of victimhood and frequently comment on how curious it is that black South Africans exhibit this trait so strongly, together with an accompanying sense of entitlement” (161). Die veronregting en bevoordeling van Amerikaanse swartes word deur die plaaslike swartes nageboots terwyl hulle en hulle voorsate nooit eens slawe was nie. Met verwysing na werkloosheid, wat tans die lot van minstens 10 miljoen in Suid-Afrika is (terwyl toegelaat word dat inkommers die land binnestroom), het Joan Robinson (1903-1983), ‘n marxistiese ekonoom, geskryf: “The misery of being exploited by capitalists is nothing compared to the misery of not being exploited” (161).

Fighting for the dream

RW Johnson (gebore in 1943) se jongste boek is Fighting for the dream (Johannesburg: Jonathan Ball, 2019, xii, 244p, R275; Amazon Kindle $12,18). Die hooftema is: Die 1994-droom het ‘n nagmerrie geword. “What this book is about is how it came to this. What are the real problems? And what will be necessary to fight for the dream?” (p 13). Die outeur was ‘n dosent aan die Universiteit Oxford en het soos baie ANC-kamerade in 1995 na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy mettertyd al hoe meer ontnugter is. Johnson skryf vloeiend en onderhoudend. Die boek lees maklik en bestaan uit kort hoofstukke met onderhoofde. Die outeur is buitengewoon goed ingelig oor wat in Engels oor Suid-Afrika gepubliseer word.

Let op hierdie ná 1994 gevonde realisme: “The uncomfortable truth has to be faced that the Afrikaner Nationalists were quite correct in their designation of their opponent: they pointed to the disasters wrought by African nationalists elsewhere and argued that if the ANC was allowed to come to power in South Africa, the results would be the same. For obvious reasons a large section of international opinion found it convenient to accept the ANC claims of exceptionalism. Nobody [?] today would argue that apartheid was ever justifiable, but it is a bitter truth for liberals in South Africa today (myself included) that in this respect, at least, their National Party opponents have been vindicated” (101). “The ANC has been in power for a quarter of a century and its policies have resulted in failure on almost every front” (116).

Vir ingeligte lesers behoort baie van die inligting in die boek bekend te wees, maar dit word oortuigend en gesaghebbend in duidelike kontekste geplaas. Johnson is glad nie (meer) ‘n bewonderaar van die ANC nie. Hy kam al die staatshoofde sedert 1994 af, insluitende Nelson Mandela en Cyril Ramaphosa. Oor Mandela skryf Johnson: “South Africa’s downward slide began under him” (16). Suid-Afrika het ‘n “formerly developed country” geword (86). Die buitensporig groot kabinet word beskryf as “a forum where ignorance, incompetence and ideological blindness jostled to produce often extraordinary arguments and proposals” (3). “This was Mandela’s most damaging legacy: an overlarge and massively overpaid and underskilled bureaucracy” (18). “The ANC had always been squeamish about disciplining its own, so when the job had to be done it was invariably whites or Indians in the ANC who had to chair the disciplinary committee. In the case of Malema, the job was given to Derek Hanekom” (4).

Johnson verduidelik hoe onseker Ramaphosa se posisie in die ANC is. Die ANC-parlementslede word deur die ANC-party uit Luthuli-huis bestuur. Die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, en sy adjunk, Jessie Duarte, is Zuma-ondersteuners en eintlik teenstanders van Ramaphosa. Verder is die lojaliteit van Ramaphosa se adjunk, David Mabuza, onseker. Mabuza was ‘n Zuma-ondersteuner maar het tydens die 2017-ANC-kongres sy steun aan Ramaphosa toegesê. Dit was heel moontlik ‘n opportunistiese skuif. In die topses in die ANC-uitvoerende komitee is daar nou geen Zoeloes nie, terwyl die helfte Zoeloes was in Zuma se termyn (54). As ‘n Venda-stamlid kan Ramaphosa nie op substansiële stamsteun aanspraak maak nie.

“Every possible sort of manipulation and vote-buying was possible in the election of delegates to the ANC conference” (6). Ook tydens die konferensie kan afgevaardigdes geïntimideer en stemme gekoop word. “Undeniably many votes were bought and many more were rigged” (52). Dit is amper ‘n wonderwerk dat Ramaphosa met 179 stemme gewen het; des te meer omdat Nomvula Mokonyane, “one of his [Zuma’s] strongest supporters, was made head of elections for the conference” (53). “Ramaphosa has no control over Luthuli House, the ANC’s headquarters office, and also is at the mercy of shifting majorities at the party’s NEC [National Executive Committee] meetings” (185).

Oor die ANC se wapenskandaal skryf Johnson: “There were recurrent reports that he [Thabo Mbeki] received $20 million. It is highly probable that a considerable cast of lesser characters received pay-offs and that the deal also paid for the ANC’s election campaign in 1999, thus solving a major problem for Mbeki” (22). “There is little doubt that the vast amounts of money spent by government departments and SOEs [state-owned enterprises] in ‘wasteful and irregular expenditure’, noted every year by auditors, played a considerable role in funding the party, as well as filling many other private pockets” (23). “The ANC leadership had no objection to corruption in itself, only to its political consequences” (28). Korrupsie is ‘n endemiese probleem in ANC-geledere (28). “As much as R100 billion may have been stolen through state capture by the Guptas and others” (87). Sylvia Lucas, wat in 2014 die premier van die Noord-Kaap geword het, staan bekend as “‘the Fast Food Premier’, spending R53 000 on fast food in her first ten weeks in office” (47).

Die vakbond Cosatu is soos die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ‘n alliansievennoot van die ANC. Vakbonde is van die hoofstruikelblokke in die pad van ‘n vreedsame, voorspoedige Suid-Afrika. Die ANC-regering het nie die moed of oortuiging om bv buitensporige looneise teen te staan en onnodige poste te verminder nie. “The Eskom workers won a 7.5 per cent increase despite the fact that Eskom was 66 per cent overstaffed and even more overpaid” (76). Daar is 15 000 tot 20 000 onnodige Eskom-“werkers” (208). Die gemiddelde salaris van Eskom-werkers is glo R700 000 per jaar (109), dus R58 000+ per maand. Kan dit werklik die geval wees? Maar ‘n mens kan dieselfde vraag oor die volgende stel: In Februarie 2019 het Eskom se skuld R420 biljoen beloop (150). “Its debt was expected to soar to R600 billion by 2022” (151).

Die buurstate van Suid-Afrika (Angola, Namibië, Zimbabwe en Mosambiek) wat ná 1974 polities onafhanklik geword het, het minstens een kenmerk gemeen: Dit gaan om die vestiging van ‘n welvarende swart opperklas en nie soseer om die lot van die armes te verlig nie. In hierdie opsig is die nuwe Suid-Afrika geen uitsondering nie. “Chiefs everywhere had begun to charge rent on land that had historically always been bestowed free, thus using their power to transform themselves into a wealthy landlord class” (92). Oor BEE (Black Economic Empowerment) word gesê: “The whole emphasis of the policy was bent towards the creation of black fat cats” (92). Daar is in werklikheid “a redistribution process from poor to rich” (83). “The only real attempt at redistribution towards the poor lay in the system of social grants, which at least kept many of the most poverty-stricken from starving. This was largely paid for by the minority of taxpayers” (92). Die groter wordende welvaartsgaping tussen ryk en arm word gerieflikheidshalwe maar valslik aan die eertydse blanke bewind toegedig. Die werkloses het van 3.7 miljoen in 1994 tot 9.6 miljoen in 2018 gestyg (86, 109).

“Effectively South Africa is now run for the benefit of a smaller minority than it was under white rule” (90). Johnson noem die nuwe swart opperklas ‘n “bureaucratic bourgeoisie” (82). “In 1998/99 there were 1.17 million civil servants. By 2014 there were 2.161 million – 455 701 at national level, another 1 118 748 in the nine provincial administrations, 311 361 in local government and 275 851 in other government organisations (though not including SOEs). This was ludicrous overstaffing and featherbedding … by 2018 there were well over 2.2 million civil servants, earning average salaries of R338 000 per annum [R28 000+ per month]… ‘the largest gravy train ever seen in Africa'” (123-124). “Civil-service salaries take up no less than 35 per cent of the national budget, and year after year such workers enjoy inflation-plus increases, even when the economy is not growing” (90). Dit gebeur ook in die res van swart Afrika.

Hierbenewens is daar ook ‘n tradisionele opperklas wat buitensporig baie staatsgeld inpalm: “By 2010 there were no fewer than 13 kings or queens in South Africa’s strange republic. In that year, it was decided to reduce the number to seven, but the pressure to increase that number again would be insistent” (92). Die ANC betuig graag lippediens aan die nuwe demokratiese Suid-Afrika, asof die regering (altyd) doen wat die meerderheid kiesers verlang. In werklikheid is die ANC “a naturally authoritarian movement” (94). Die land sit opgeskeep met “a Soviet-style democratic centralism. The party continued to view its electoral rivals not as opponents but as ‘enemies'” (95).

“The real reason why, despite all the ANC’s averrals [assertions of truth], African nationalism in South Africa has taken an almost exactly similar course as it did in the rest of the continent is that once in power it is driven by the same politically dominant class, the bureaucratic bourgeoisie. Moreover, the explosive factor that drives them far off course is also the same, the almost irresistible (and apparently bottomless) appetite of that class for primary accumulation. The fundamental problem, of course, is that a bureaucratic bourgeoisie is not productive in the way that a commercial and industrial (or even agricultural) middle class is. Because it does not itself generate wealth, it is inevitably parasitic and can achieve its goals only through patronage and corruption” (106). Hierdie geneigdheid tot parasitering verduidelik deels waarom die Ramaphosa-ANC so entoesiasties oor die onteiening van blankes se eiendom sonder vergoeding is. ‘n Ander rede is doodgewone wraaksugtigheid.

Die swartes word deur die ANC as die enigste egte Suid-Afrikaners en Afrikane beskou; dus “the assumption that the whites, Indians and even coloureds were mere settlers, not fully rooted in South African society” (108). Voorheen wou die bruines blank wees en het hulle geroem op moontlike blanke bloed in hulle are. Sedert 1994 probeer talle bruines ter eie bevoordeling om (generies) swart te wees en beklemtoon hulle die mate waarin hulle slawe- en ander swart bloed het. Die onregte en vergrype waaraan hulle blanke voorsate na bewering skuldig is, word hulle gerieflikheidshalwe nie toegereken nie.

“In the quarter-century that followed the ANC’s accession to power, the black middle class grew at great speed. Primarily it was composed of the overpaid workers of the massively overstaffed public sector, particularly its affluent upper ranks, but increasingly a black business class came into existence, usually feeding off state and other public-sector contracts and the preferential procurement laws applied to both public and private entities” (108). Dit is dus nie primêr bv inisiatief, kundigheid en toewyding wat swart sakelui laat slaag en hulle welvarend maak nie, maar blatante ANC-bevoordeling; dus rassediskriminasie ten koste van veral blankes en Asiate.

“Despite the theory that this patriotic bourgeoisie was merely afforcing the principal driver, the working class, it was apparent from the first that the former group was granted an absolute supremacy over the latter. Thus, for example, the forced sale of white farms to black interests invariably led to the loss of large numbers of farmworker jobs as production collapsed on the farms taken over, but usually the bankable asset of the land ended up in the hands of the black elite” (108). “Almost 90 per cent of the farms thus transferred have failed because farming is a highly specialised, competitive and tough business. In fact, relatively few Africans want to be farmers: far more want urban land or land that they can develop or sell for cash. Land is simply a proxy issue for feelings of black dispossession and inequality, feelings that can never be assuaged by any mere legislative proposal” (118).

“An even more clear-cut case [than farms] was the mines, in which successive editions of a Mining Charter compelled higher and higher equity shares (30 per cent by 2018) for black investors. The result was to stifle the mining industry almost completely, and many thousands of mining jobs were lost. Clearly, these lost jobs mattered much less to the ANC than the help they were trying to give to would-be black capitalists” (108-109). Johnson verwys na die ANC se poging “to insert a new and parasitic upper social class – the owners of that 30 per cent equity share – into the existing social structure. In effect, the insertion of this new layer would destroy the profitability of the capital already invested in the mines” (109).

“By insisting on the primacy of the interests of this would-be black bourgeoisie, the ANC guarantees that South Africa will be unable to compete internationally – after all, where else in the world do governments insist that investors simply give away 30 per cent of their equity?” (109-110). “The black middle class is clearly still, in Marx’s terms, only a class for itself – a multitude of individual interests all pushing and manoeuvring for personal advantage” (112). “What was missing was any conception of a national or common good” (112). “It is almost as if the ANC is intent on throttling the economy. Mining and agriculture are, after all, the historic mainstays of the economy and the Mining Charter and EWC [expropriation without compensation] seem almost designed to bring both to a halt” (121).

Vergelyk dié hede met die goeie ou dae. “The group that the ANC and SACP misnamed as the ‘comprador bourgeoisie’ [kapitaliste met buitelandse bande], ie the white business classes, really constituted far more of a ‘patriotic bourgeoisie’. Over many generations the white and Indian business classes had built thousands of productive and lasting businesses, a powerful and independent financial sector, highly successful retail chains that fed and clothed the population and a successful commercial agriculture sector that grew the country’s food. These were deeply rooted institutions that had invested massively in South Africa over the years and had also contributed philanthropically to many schemes and NGO’s with the aim of furthering the national future. They had of course done this for profit and their ranks included the normal number of scoundrels, but their overall achievement was not to be denied” (112).

“That old [white/Afrikaner] ruling class had many sins to its name [?] but over the 84 years since Union in 1910 it built a formidable infrastructure, a developed economy and a series of powerful and efficient institutions – the armed forces, Eskom, Transnet (including a large railway and port system), the civil service, a strong police force, a highly developed water distribution [and roads] system – and much else besides. It was able to do all this because it was a class for itself with a strong solidaristic consciousness of itself. This was crucial, for it ensured that individual or sectional interests within that ruling group were held in check and subordinated to a strong sense of a national interest” (122).

“The new [ANC] ruling elite is a merely bureaucratic bourgeoisie … This group has no settled relationship with the forces of production in the way that a class of farmers or industrialists might have. Instead, it is an artificial creation, existing only on the taxes paid by old productive businesses and the white middle classes, which it resents and despises (though also seeks to emulate). It is pumped up in size and income purely as a matter of political fiat and without any regard to function or utility. Inevitably it is opportunistic, with its members continually seeking to build business careers by means of illicit family companies to which they attempt to divert state procurement. All attempts to prevent such practices have failed and, indeed, they are endemic” (123). “The [black] elite wants power not in order to use it to achieve various policy goals but simply in order to possess it, to be in charge, to get rich and enjoy the perquisites of office” (182).

Aan die begin van die hoofstuk oor die DA (Demokratiese Alliansie) skryf Johnson: “As soon as the organisation grows to encompass all races, one begins to find separate racial caucuses forming” (127). Die DA het ‘n aparte swart koukus wat indruis teen die wese van ‘n (histories) liberale party (129). Aparte koukusse dui daarop dat mense naas gemeenskaplike belange ook groepbelange van ‘n eiesoortige aard het, bv ras-, etniese en kulturele belange. Wat plaaslik en elders (bv in Amerika) gebeur, is dat nie-blankes, veral swartes, die opsie van eie koukusse en verenigings gegun word as uitdrukking van hulle solidariteit, maar as blankes op ‘n soortgelyke manier uitdrukking aan hulle eiebelange gee, word dit as rassisme afgemaak.

Weens algemene stemreg vir volwassenes sedert 1994, met alle stemme wat gelyke waarde het (die stem van die plakker dra dieselfde gewig as dié van die nyweraar – tipies nuwe Suid-Afrika-geregtigheid) is daar die volgende werklikheid waarmee alle politieke partye gekonfronteer word: “South Africa was now and forever an African-majority country” (128). Op grond daarvan het die DA besluit: “To be competitive a party had to have African leaders” (128). Dit is ook waarom die “nie-rassige” ANC nooit iets anders as ‘n swarte as leier sal hê nie. Die noodsaaklikheid van ‘n swart leier druis nie net in teen die ideaal van kleurblindheid nie, maar ook teen die DA se “principle of meritocratic selection for all posts” (128). Die punt is: Sedert 1994 is dit nag vir die plaaslike blankes, met die komplimente van die Nasionale Party se grondwetlike onderhandelaars.

Weens sy ingesteldheid op die steun van swart kiesers het die DA swartes soos Lindiwe Mazibuko, Mamphela Ramphele en Mmusi Maimane voortydig in leierskapposisies gedruk. “It was a textbook case of how accelerated promotion through affirmative action can lead to overconfidence and an overdeveloped ego. For the curious nature of affirmative action is that even those who are most in favour of such a policy are wholly unwillling to believe that they themselves are affirmative action appointees” (130). Dít en die verwysing na “overdeveloped ego” laat my spontaan aan Jonathan Jansen dink. Teen die feite in (wat ek by vorige geleenthede verstrek het) beweer Jansen dat hy suiwer op grond van meriete as opvoedkunde-dekaan aan die Universiteit Pretoria en as rektor van die Universiteit Vrystaat aangestel is. Toets gerus hierdie waarheid: Hoe kleiner die ego, hoe groter die gees en hoe groter die ego, hoe kleiner die gees.

Soos in sy vorige boeke beskou Johnson dit as (feitlik) onafwendbaar dat rommelstatus-Suid-Afrika boedel aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank sal moet oorgee. “An IMF bail-out looks increasingly likely” (143). Faktore soos gereelde salarisverhogings bo die inflasiekoers, lae produktiwiteit, minimum salarisse, stakings, meer as ‘n dosyn openbare vakansiedae, die behoud van oortollige personeel,* gratis tersiêre onderrig, die dalende landbou-opbrengs waarby al hoe minder boere betrokke is, asook endemiese korrupsie,** gaan die kameel se rug breek. “Just as pools of stagnant water inevitably attract mosquitoes, so in modern South Africa any large pool of capital – amased for whatever purpose, in a bank, trust, pension fund or state account – will attract looters” (146). In ruil vir geldelike hulpverlening sal die IMF vereis dat Suid-Afrika op ‘n gesonde ekonomiese grondslag geplaas moet word. Byvoorbeeld, Argentinië, met ‘n bevolking van 45 miljoen, is deur die IMF verplig om sy kabinet tot tien ministers te verklein. In Suid-Afrika, met ‘n bevolking van 60 miljoen, is daar naas die president en sy adjunk 33 ministers en 31 adjunk-ministers.

[* “The commitment made [by Cyril Ramaphosa] at the jobs summit in October 2018 that there would be no retrenchments at all anywhere in the public sector” (183).

** “Only 33 out of South Africa’s 257 municipalities got a clean audit in 2018” (209).]

“A key objective would be to make South Africa as internationally competitive as possible in order to maximise investment and job creation.* For a start, all taxes on investment would have to go. This would mean the abolition of BEE, of all rules governing racially directed procurement, of the Mining Charter and the various other industry charters, and also of affirmative action. This would doubtless produce some resistance, but once it became clear that these changes would vastly increase the number of jobs, that would soon fade away. South Africa needs to study such African success stories as Rwanda, Mauritius and Ethiopia – none of which allow any of these taxes on investment – and copy them” (164-165). “It would be pointed out that BEE and affirmative action were merely more recent varieties of social favouritism, akin to job reservation under apartheid, and that around the world most other countries had long since abandoned such practices. (The United States is a partial exception, but even there affirmative action is under attack almost everywhere.)” (165).

[* “In the period 2008-2018 South Africa lost 300 000 manufacturing jobs – nearly 15 per cent of the total” (198).]

Die afgelope 30 jaar het die Suid-Afrikaanse bevolking verdubbel. Daar is groot werkloosheid, ‘n nypende tekort aan behuising en ook waterskaarste. Desnieteenstaande stroom inkommers die land grootliks ongehinderd binne. “In March 2018 South Africa signed the African Continental Free Trade Agreement, which calls for the free movement of goods, capital and labour throughout the continent, a clear attempt to emulate the formula that has made the EU [European Union] a success. No one can doubt that freer trade and investment across borders would be beneficial, but for South Africa any agreement to a free movement of labour would constitute an almost suicidal triumph of ideology over common sense … if one does nothing, immigration control will be forced in the end through the explosion of xenophobic violence” (166-167).

“Why, for example, are SAA’s [South African Airways] costs per seat-kilometer 53 per cent higher than the average of their international competitors? Why does it cost several times as much to build a kilometer of motorway in South Africa as it does in the USA, despite higher American wages? Why are South African port charges and airport charges among the highest in the world? Why are South Africa’s educational levels among the worst in the world despite one of the highest proportions of GDP [gross domestic product] spent on education?” (209). Waar lê die fout? ‘n Aanduiding van waar die probleem gesoek moet word, kan dalk in ‘n stelling van Nelson Mandela gevind word. Hy het gesê: Suid-Afrika se grootste bate is sy inwoners. Die teenoorgestelde kan waar wees. Is baie Suid-Afrikaners (bv finansieel, maatskaplik) ‘n bate of ‘n las vir die land?

Wie betaal vir die gelag, eintlik ramp, genaamd die nuwe Suid-Afrika? “Only 13 per cent of the population pay income tax, which provides government with 38 per cent of all its revenue. And the wealthiest one per cent of the population pays 61 per cent of all income tax … 80 per cent of all income tax is paid by just three per cent of the population … taxes have increased 25 per cent since 1994, with South Africa now one of the world’s most highly taxed countries … In effect, all this heavy taxation in South Africa has a single purpose – the creation and maintenance of a large bureaucratic elite whose salary levels are 30 to 40 per cent above those for comparable jobs in the private sector … one finds that 36 per cent of all government revenue is spent on the public-service wage bill – a quite crazy figure. And another 17 per cent of the budget is spent on the social grants that essentially serve to keep the poorest from starving or rising in revolt” (204-205).

Al betaal almal koopbelasting (eufemisties belasting op toegevoegde waarde – btw – genoem ) sou dit ‘n veel beter opset wees as net diegene wat inkomstebelasting betaal stemreg het; dus net inwoners wat ‘n substansiële belang in die heil van die land het en moontlik werklik produktief is. Van politici op al drie regeringsvlakke moet nie net funksionele geletterdheid vereis word nie, maar ook ‘n graad, want matriekstandaarde het so laag gedaal dat matrikulasie geen waarborg vir effektiewe funksionering in die politiek is nie. Hierdie voorstelle bied die grondslag vir ‘n beter funksionerende en welvarender Suid-Afrika.

Wat doen Ramaphosa aan hierdie benarde situasie? Hy bak mooi broodjies wat nie met konstruktiewe aksies opgevolg word nie. “What he hopes to do is simply to talk up the economy – what Larry Summers, the former US treasury secretary, once called ‘the cheapest form of economic stimulus'” (211). “One has to ask such basic questions as to whether the ANC has ever been capable of a comprehensive South African patriotism. After all, what did all those decades of militant nationalist struggle amount to if, in practice, ANC leaders were willing to sell their country down the river at the bidding of a criminal family of Indian immigrants? It’s as if the whole ANC pursuit of power was really a journey powered by individual self-enrichment” (213).Wat kan gedoen word? Die beste skyn te wees om oor te begin. “It would be best to return to the status quo ante of 1994, that is to say, a GNU [government of national unity]” (215). Daarby moet nie net politici van die verskillende partye betrek word nie, maar ook “a few non-political businessmen and managers” (215).

Teen die einde van sy boek het Johnson verdere (hoewel gekwalifiseerde) komplimente vir Afrikaners in vergelyking met ANC-kamerade. “As one looks back, one realises that for most of the 20th century the white Afrikaners who constituted the ruling class enjoyed certain advantages. True, they were committed to white supremacy and, within that, to Afrikaner domination. But they felt a powerful patriotism towards their country, even if not to all its peoples, and their morale as a solidary group and their Calvinist morality exercised a strong limit on personal corruption. The net result was that they presided over a long period of successful national development in which not just Afrikaners but all the other groups shared: their numbers, per capita income, educational levels and life expectancy all increased. The sins and downside of Afrikaner rule are too well known to require re-enumeration but they nonetheless provide the only benchmark that there is. No Afrikaner leader feathered his nest in the way Jacob Zuma did. Already ANC rule has seen steep falls in African life expectancy (due to Mbeki’s Aids denialism) and the last five years have seen a steady fall in per capita income. Moreover, future economic development has already been blighted by the way the ANC has transformed Eskom from having a surplus of cheap electricity to dire shortages of very expensive electricity. The comparison is, indeed, so unflattering for the ANC as to make it clear that it cannot succeed on its own” (214); vandaar Johnson se voorstel dat die ANC-regering deur ‘n regering van nasionale eenheid vervang moet word.

Leon Lemmer: Het Dawie de Villiers polities tot inkeer gekom?

Weens hulle leidende betrokkenheid kan en behoort FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Pik Botha verantwoordelikheid vir die eerlose politieke magsoorgawe van 1994 te aanvaar. Sedertdien word hulle optrede egter gekenmerk deur hulle halsstarrige pogings tot die absolute regverdiging van hulle laakbare gedrag. ‘n Mens sou verwag dat hoe duideliker die katastofiese gevolge van sowel hulle dade as hulle versuim blyk, des te meer sou hulle geneig wees tot verootmoediging en erkenning van hulle rampspoedige aandadigheid. Die teenoorgestelde is eerder waar. Hulle soek erkenning en verering en gunstige publisiteit; uiteraard nie soseer van die blankes wat deur hulle ernstig benadeel is nie, maar van “die wêreld” en veral van die swartes wat buitensporig bevoordeel is. Wat hulle bereik het is van so ‘n aard dat hulle sedert hulle uittrede uit die politiek eerder uit die openbare oog moes verdwyn het deur alle vorme van aandag te vermy.

Dawie de Villiers (gebore in 1940) is een van die hoofargitekte van die nuwe Suid-Afrika. “Ek [het] ‘n sentrale rol gespeel in die oorgang” (Kindle 2863). Anders as sy vier bogenoemde oudkollegas het hy nie (in dieselfde mate) publisiteit bly soek nie. Dit het die vraag laat ontstaan of hy vanweë nawete en herbesinning moontlik tot politieke inkeer gekom het en deesdae dalk besef dat hulle drooggemaak het. Sy outobiografie is aan die begin van Maart gepubliseer: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat (Kaapstad: Zebra Press, 2018, 296 p, R300; Amazon Kindle $20,52). Die publisering van ‘n outobiografie is vir die outeur ‘n riskante onderneming omdat dit in bv ‘n (pretensieuse) hagiografie kan ontaard. Hiervan is hierdie boek nie vry te pleit nie. Ek gaan my aandag egter tot politieke sake beperk.

Die eerste indrukke wat die boek wek, is dié van verligtheid en polities byderwetse berusting in ons lot. Op die voorkant word Nelson Mandela soos volg oor De Villiers aangehaal: “‘n Hoogs bekwame en ervare Suid-Afrikaner wat ‘n uitstekende bydrae tot harmonie in ons nasie gelewer het.” Soos Mandela en De Klerk kon De Villiers nie sy outobiografie op sy eie skryf nie. Hy het die hulp van Chris Schoeman as mede-outeur nodig gehad. Sowel Willie Esterhuyse as Leon Wessels het ‘n voorwoord geskryf. Onmiddellik weet die leser dat hy hom in die vaarwater van oorverligtheid bevind. Esterhuyse gebruik eers in die tweede paragraaf sy kenmerkende uitroepteken, gevolg deur vier ander. In sy bedankings verwys De Villiers na sy “veelsydige lewe” en “my ou maat Leon Wessels” (Kindle 138). Wessels beaam De Villiers se veelsydigheid en voeg “ruim gees” by (228). “Die hervormingsmantel het altyd gemaklik oor Dawie se skouers gehang” (211).

De Villiers is in Burgersdorp gebore. “Die dorp het destyds … ‘n belangrike rol gespeel in die stryd om die erkenning van Afrikaans, soos die Taalmonument op Burgerplein mense steeds vandag herinner” (260). Dit is ‘n misleidende formulering omdat daardie monument die Nederlandse taal gedenk. Nêrens in die boek wek De Villiers die indruk dat hy sterk oor Afrikaans voel of erken hy dat die huidige grondwetlike bedeling Afrikaans benadeel nie. Hy het in Afrikaans skoolgegaan en die Universiteit Stellenbosch (US) was Afrikaans toe hy daar studeer het. Later noem hy dat sy Engels nog gebrekkig was toe hy ambassadeur in Londen geword het: “My Engels was nie goed nie” (1807).

Sy nooienstoespraak in die parlement in 1973 is eentalig Afrikaans (3695) maar sy openingsrede by Kodesa in 1991 is eentalig Engels (3772) omdat De Klerk se Nasionale Party (NP) ingestem het dat die verrigtinge uitsluitlik in Engels sal wees. De Villiers se afskeidsrede in die parlement in 1997 is in sowel Afrikaans as Engels (3869). Hy het toe Afrikaans met die vorige bewindhebbers gepraat en Engels met die nuwe bewindhebbers. Hierdie drie toesprake en die taaltoestand waarin openbare skole en bv die US verval het, gee ‘n aanduiding van hoe Afrikaans agteruit geboer het weens die ooreenkomste wat tydens die grondwetlike onderhandelinge aangegaan is.

Die NP het soos volg met die ANC ooreengekom: “Die finale grondwet moes in pas wees met die beginsels wat in die tussentydse grondwet vervat is” (2569). Dit is nie gestand gedoen nie. De Villiers erken dat die NP die finale grondwet “uiteindelik teësinnig aanvaar” het (2574). Soos die gebruik in 1990/94 geword het, het die NP dus weer aan die ANC se eise toegegee. Die tussentydse of oorgangsgrondwet (1993) bepaal dat die status van Afrikaans nie ingekort mag word nie. Die ANC het die parlementêre meerderheid wat hy in die 1994-verkiesing behaal het, misbruik sodat die 1996-grondwet eerder bepaal dat die status van “die inheemse tale van ons mense” verhoog word (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 525-527). “Ons mense” en “inheemse tale” word sedertdien sodanig deur die ANC vertolk dat blankes en Afrikaans uitgesluit word en Engels in die praktyk eintlik die enigste amptelike taal geword het.

Tydens die Lancaster House-beraad (1979) het die Britse regering gesorg dat pleks van ‘n blanke bewind in Rhodesië ‘n swart bewind in 1980 in Zimbabwe aan die bewind gekom het. “Lancaster House het my oortuig dat ons uiteindelik dieselfde pad sal moet loop” (1095). Dit is heel moontlik met nawete geskryf, maar boesem by blankes sekerlik nie vertroue in in hierdie latere grondwetonderhandelaar nie. “Ek het my ook voorgeneem om voortaan uitgesproke en konsekwent die noodsaaklikheid van politieke veranderinge te bevorder” (1100), veranderinge wat geblyk het nie (altyd) verbeteringe te wees nie.

“John Vorster het geglo dat Suid-Afrika die VSA se sterkste bondgenoot in Afrika moet wees en daar het ‘n goeie [eerder dwase] verstandhouding tussen hom en veral die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, ontwikkel. Vorster … het verhoudinge vergemaklik deur nie die bevryding van die laaste kolonies soos Mosambiek en Angola gedurende die 1970’s teen te staan nie en selfs ‘n bietjie [‘n erge eufemisme] druk op Rhodesië geplaas om wit minderheidsregering te laat vaar” (1470). Robert Mugabe het in 1980 aan die bewind gekom en aanvanklik “versoening met die wit ‘onderdrukkers’ gepredik” (1714).

In 1972 het De Villiers die politiek as NP-parlementslid vir Johannesburg-Wes betree. Hy was toe ‘n dosent aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Die rektor, Gerrit Viljoen, het aan hom gesê: “Ons politiek het jong, verligte mense soos jy nodig. Ons het vernuwing nodig … nou is dit jou groot geleentheid om ‘n bydrae tot die Suid-Afrikaanse toekoms te maak” (1235). De Villiers erken: “My [verligte] sienings was voortydig” (1241) – moontlik as ‘n kompliment aan homself bedoel. “My siening was dat die Afrikaner ‘n sterk morele gewete het, maar dat dit aan die slaap geraak het” (1247). “Die morele gewete moes verder ontwaak; hy moes hom losmaak van hierdie Lasarus-doeke wat hom gebind het … Die skille het van jou oë geval … Namate ons mekaar leer ken het deur onderhandelinge, het ons ontdek hóé aan die slaap ons was” (1253). ‘n Alternatiewe siening is dat die NP-onderhandelaars tydens daardie onderhandelinge vas aan die slaap was en hulle by baie geleenthede met ‘n slap riem laat vang het. De Villiers is een van diegene wat verskoning vir apartheid gevra het: “At the plenary meeting of Codesa at Kempton Park, I used the opportunity to apologise on behalf of the National Party for the pain and sorrow caused to so many of our people” (3892). De Villiers het dit gedoen terwyl hy geweet het dat die meeste van sy kollegas in die kabinet en die oorgrote meerderheid NP-parlementslede nie met sy verskoningvraery saamstem nie.

“In die parlement het ek my van die begin geskaar by diegene wat Willem de Klerk (FW de Klerk se broer) later as ‘verligtes’ teenoor die ‘verkramptes’ beskryf het. Dié verdeling het soos ‘n verskuiwingslyn deur die party geloop” (1259). Willem het met jy pa, Jan, “baie keer vasgesit … oor sy verligte uitkyk” (1293). “Nadat hy [PW Botha] die Wet op Instromingsbeheer en die Wet op Gemengde Huwelike geskrap het en erken het dat Suid-Afrika een onverdeelde land met een burgerskap is, was apartheid morsdood” (1265). Hierna volg FW de Klerk se rampspoedige toespraak op 2 Februarie 1990, gevolg deur Kodesa. “Saam met Roelf Meyer en Leon Wessels was ek as leier van die NP-afvaardiging deurlopend by die veelparty-onderhandelinge in Kemptonpark betrokke” (1270). Hou in gedagte dat De Klerk en De Villiers Meyer en Wessels se seniors in die politiek was en al vier medeverantwoordelikheid vir hulle vergrype moet aanvaar. Die aanvaarding van die 1996-grondwet “was vir my persoonlik die hoogtepunt van my politieke loopbaan” (1270).

Toe De Klerk en De Villiers in 1973 hulle plekke as nuwe parlementslede ingeneem het, is in Rapport geskryf dat albei “‘n nuwe, verligte denke” verteenwoordig (1311). Die raad aan hulle was: “Moet nooit idees ondergeskik stel aan politieke gedienstigheid nie” (1316). Daarmee is vernuwing binne die NP bepleit; nie die ANC-gedienstigheid wat hulle latere politieke gedrag gekenmerk het nie. In 1974 het De Villiers “‘n pleidooi gelewer vir merietespanne” (1346). Die huidige resultaat hiervan is nie-meriete sportspanne gekies ingevolge raskwotas. Polities byderwets herhaal De Villiers deesdae nie sy pleidooi vir merietespanne nie. Teen die einde van 1973 voer onder andere De Klerk en De Villiers in Skotland samesprekings oor die afwenteling van politieke gesag van die sentrale regering na laer vlakke (1397), bv na die provinsiale en plaaslike vlak. Hiervan het bitter min tereg gekom omdat die ANC behep is met ‘n sterk sentrale regering, soos in kommunistiese lande. Daar was al sprake dat die ANC die provinsiale regerings wil afskaf omdat hy nie politieke beheer oor hulle almal het nie.

In 1976 het De Villiers en ander parlementslede Duitsland besoek en kennis met daardie federale regeringstelsel gemaak (1417). Aan die begin van die grondwetlike onderhandelinge was die NP ten gunste van federalisme maar die ANC was heftig daarteen gekant. Dit is een van baie opsigte waarin die ANC sy sin gekry het. In 1977 het De Villiers in die parlement gesê: “We have got to build a broad sense of patriotism that transcends colour” (1446). Hy voeg toe by: “Suid-Afrikaners moet bereid wees om baie prys te gee om die kosbaarste te behou. Suid-Afrika is spreekwoordelik weer besig met ‘n Groot Trek na ‘n nuwe toekoms en ons kan nie bekostig om onnodige bagasie soos uitgediende gebruike saam te neem nie. Wat ons nodig het vir oorlewing, is breë patriotisme wat oor die kleurgrense strek”(1446). Maar watter kosbaarhede moet behou word en wat is onnodige bagasie? Eiendomsreg? Afrikaans? Wet en orde? Doeltreffende landsbestuur? Geen rassediskriminasie? Nie-rommelstatus?

“Ek het van politieke kindsbeen af vanweë ‘n diepe sin vir geregtigheid ‘n ongemak gevoel met aspekte van die NP-beleid wat teen mense gediskrimineer het, tot hul nadeel” (2213). Hoogs eensydig skryf hy selfs van “hoe aaklig ons verlede was” (2828). Oor sy ambassadeurskap in Brittanje skryf De Villiers: “Die apartheidsbeleid in Suid-Afrika het dit moeilik gemaak om ‘n positiewe beeld van die land te bevorder” (1554). “Tydens Leon Wessels se besoek [aan Londen] het ek en hy baie oor die politiek gesels. Ek het vir hom gesê magsdeling is soos dood in die familie. Almal weet daarvan, maar niemand praat daaroor nie; maar dat dit onvermydelik is en dat Suid-Afrikaanse politici hulle maar daarop moet voorberei” (1668). Roelf Meyer het De Villiers as parlementslid vir Johannesburg-Wes opgevolg. “Dit was die begin van groot dinge vir hom” (1679).

PW Botha het hierna vir De Villiers as ‘n minister aangestel. Die De Villierse was al so lief vir Londen en die Britte dat:”Niemand wou toe terugkeer Suid-Afrika toe nie” (1760). Maar na minder as twee jaar moes hulle dit doen. De Villiers se twee jongste kinders is toe in ‘n Engelse laerskool in Pretoria geplaas (1814). As die De Villiers-egpaar egte Afrikaners was, sou hulle gretig van die geleentheid gebruik gemaak het om hulle kinders Afrikaanse skole te laat bywoon. Wat opval, is dat De Villiers se kinders en kleinkinders in groot mate verengels het. “In my Londen-dae het ek nog probeer om die regering se beleidsrigting te probeer verstaan en verdedig, maar die buitelandse blootstelling was ‘n invloed op my ontwikkeling en sekerlik ook my politieke denke” (1807).

De Villiers het die minister van handel en nywerheid en die parlementslid vir Piketberg geword. “My siening was dat entrepreneurstalent in die informele sektor gekoester moes word en nie vervolg word nie en dat niemand op grond van ras of kleur beperk moes word in sy ekonomiese deelname nie. Dit sou lei tot die herroeping van alle diskriminende wetgewing rakende Indiër-, bruin en swart sakelui om ‘n situasie te skep waar alle sakelui gelykwaardig was” (1882). Maar in die nuwe Suid-Afrika diskrimineer die ANC-regering deur sover moontlik net met nie-wit ondernemings sake te doen sodat daar in hierdie opsig van die (ekonomiese) gelykwaardigheid vir blankes geen sprake is nie.

Naas homself lys De Villiers die (oor)verligte Nattes as onder andere Piet Koornhof, Barend du Plessis, Pik Botha, Leon Wessels, Stoffel van der Merwe en Sam de Beer (1459, 1923). Roelf Meyer het later bygekom. FW de Klerk was aanvanklik nie een van hulle nie. Hy het moontlik eers opportunisties gekyk in watter rigting die wind waai. De Villiers skryf egter: “FW was nooit werklik in sy hart ‘n verkrampte nie” (2096). De Villiers noem hom “intelligent” en “pragmaties” (2096). Ook: “Hy was briljant. Hy was ‘n man wat wou versoen, hy wou almal saamvat” (2102) – oor die Rubicon en die afgrond met sy “kwantumsprong”? (2090). Van De Klerk se briljantheid is daar min tekens in die resultate van die onderhandelinge te bespeur. De Villiers skryf: “Vir die ‘nuwe Nattes’ was ‘n toekomstige meerderheidsregering eintlik onvermydelik” (1923). Maar dan moet dit voor die 1992-referendum uitdruklik aan die blanke kiesers gestel gewees het, dus dat dit gaan om oorgawe aan swart mag en nie om politieke magsdeling nie. Maar De Villiers klou vas aan die mite dat Kodesa oor magsdeling sou besin (2251).

“Met die steun van die verligtes het PW Botha dramatiese hervormings deurgevoer wat apartheid verder laat verkrummel en die politieke rigting verander het” (1929). “In Junie 1987 het ek tydens die tweede lesingsdebat oor die begroting in die parlement dit duidelik gestel dat die Nasionale Party aanvaar het dat die einde aangebreek het vir wit oorheersing” (1985). “Die NP se beleid was gefundeer in konsensus en die idee van magsdeling vir alle groepe, met groepsregte wat teen dominering beskerm word, was die enigste praktiese oplossing” (1990). Reeds in 1982 het PW Botha “‘n interpretasie van NP-beleid as ‘gesonde magsdeling’ goedgekeur” (2069). Van hierdie “enigste oplossing” het uiteindelik niks tereg gekom nie; nie van magsdeling nie en nog minder van die beoogde “gesonde” aard daarvan. Nelson Mandela wou, veral wat die blankes betref, niks van groepsregte weet nie en daar is deur die NP-onderhandelaars toegee dat net individuele regte erken word. Weens ongekwalifiseerde, algemene, volwassene-stemreg het slegs die swartes, vanweë hulle getalsoorwig, sedert 1994 die reg om alle ander groepe te oorheers. Dit is waarom Cyril Ramaphosa aan die blankes kan sê: Die ANC-regering gaan julle eiendom steel, sonder enige vergoeding, of julle nou daarvan hou of nie. In hierdie sin is daar geen magsdeling nie en weens die bevolkingsaanwas kan/gaan die swart oorheersing deurlopend in intensiteit toeneem.

Die Konserwatiewe Party “het mense bly dryf met die spook dat die Russe gaan oorvat en dat hulle maar net besig was om die ANC as ‘n front te gebruik” (2002). Hierdie konserwatiewes was nie ver verkeerd nie. Die “spook” in die sin van die rooi gevaar en die swart gevaar het in 1994 in die gestalte van die ANC, wat wesenlik kommunisties is, die politieke beheer in Suid-Afrika oorgeneem. Radikale ekonomiese transformasie en die ideaal van die nasionalisering van private eiendom ingevolge die Vryheidshandves van 1955 word al hoe meer ‘n (dreigende) werklikheid. Aanvanklik was De Klerk teen die deelname van kommuniste aan die onderhandelinge gekant, maar die ANC het aangedring op die insluiting van Joe Slovo en De Klerk het spoedig toegegee (2153).

“Ons [die NP] moes die inisiatief behou en die beste moontlike bedeling onderhandel” (2159). Daar word nie genoem vir wie hierdie bedeling die beste moet wees nie. Moontlik geld dit vir die swartes, maar sekerlik nie vir die land en vir die ander ras- of etniese groepe nie; sekerlik veral nie vir die blankes nie. “Aan die einde van sy toespraak [op 2.02.1990] het FW verwys na die regering se oorhoofse doelwitte wat vir alle redelike Suid-Afrikaners aanvaarbaar behoort te wees, onder meer [1] ‘n nuwe demokratiese grondwet, [2] algemene stemreg, [3] beskerming van minderhede sowel as van individuele regte, [4] vryheid van geloof en [5] ‘n gesonde ekonomie gegrond op bewese ekonomiese beginsels” (2164).

[1] Daar is uiteindelik op ‘n uiterste vorm van demokrasie ooreengekom waarin (soos in kommunistiese lande) eerder vir ‘n politieke party as vir kandidate in kiesafdelings gestem word. Die politieke partye besluit agterna op hulle suksesvolle kandidate. Anders as in bv Amerika kan kiesers nie eens stem vir wie hulle as staatshoof wil hê nie. Die meerderheidsparty besluit wie die staatshoof moet wees. Daardie mens is dus eerder die hoof van daardie party as die hoof van die land (en van al sy kiesers), gevolglik staan dit die staatshoof vry om bv die blankes aanstoot te gee deur valslik te beweer dat al die land se probleme in 1652 begin het.

[2] Algemene stemreg is ongewens in ‘n land waarin daar groot ongeletterdheid en oningeligtheid is en dus die wesenlike gevare van grootskaalse misleiding en intimidasie bestaan. Selfs misdadigers in tronke kan stem – iets wat bv in verskeie Amerikaanse state nie toegelaat word nie.

[3] Van die beskerming van minderheidsregte het, anders as in bv Amerika, eintlik niks tereg gekom nie. Die “wigte en teenwigte” (2353, 2479, 2507) wat hieroor sou waak, het geblyk fiktief te wees. Daar is gedienstig gebuig voor Nelson Mandela se vrees vir blanke minderheidsregte. Blankes mag bv nie enige vetoreg hê nie, want dit sou op die erkenning van hulle meerderwaardigheid neerkom.

[4] Vryheid van geloof is daar seker wel, maar vir die blankes sekerlik nie vryheid van uitdrukking nie. Swartes kan van blankes sê net wat hulle wil, maar blankes word nie eens toegelaat om geykte woorde met besondere seggingskrag te gebruik nie. Dan is versoening skielik belangrik, maar by owerheidsdiefstal van blankes se eiendom word versoening as ‘n geldige oorweging buite rekening gelaat.

[5] Rommelstatus dui nie op ‘n gesonde ekonomie nie. Ook nie sosialisme nie, wat al hoe duideliker onverdunde kommunisme gebaseer op nasionalisering word. Suid-Afrika as welsynstaat moet eerder in ‘n arbeidstaat omskep word; dus van “welfare” na “workfare” vorder. Let op hoe De Villiers die skuld vir die droogmakery weg van die NP-onderhandelaars probeer skuif: “Die sakewêreld … sou druk uitoefen op die ANC om nie die pad van nasionalisering te stap nie, maar ‘n markgeoriënteerde ekonomie te aanvaar” (2442).

“Ooreenkomstig die DF Malan Minuut het die ANC ingestem dat daar ‘n onmiddellike beëindiging sou wees van aanvalle by wyse van vuurwapens, profstowwe, ensovoorts, asook van die infiltrering van manne [terroriste] en van die militêre opleiding van ANC-lede [terroriste] in Suid-Afrika” (2235). Die ANC gee voor om ‘n politieke party te wees. Dan het sy lede sekerlik nie militêre opleiding nodig nie. Dit val op dat De Villiers nooit die term “terroris” in die konteks van die ANC gebruik nie, terwyl daardie gewelddadige instansie hom met oorgawe en doelbewus oor baie jare aan terreurdade skuldig gemaak het. De Villiers ken die woord “terroris”. Hy gebruik dit in die konteks van die 1972-aanval op Israeli-atlete by die Olimpiese Spele (1280).

De Villiers beweer die ANC het “die gewapende stryd afgesweer” (2218). Die ANC het in werklikheid valslik beweer dat hy geweld opgeskort het op voorwaarde dat die onderhandeling volgens sy wense verloop. ANC-kornuite wat nie vertroue werd is nie, is deur die NP-onderhandelaars vertrou. Dit het nie vir die ANC om hoë moraliteit gegaan soos hy homself graag voordoen nie. Al wat vir die ANC van belang was, was om ten alle koste die politieke mag te bekom, selfs al moet alles wat sedert 1652 opgebou is in die proses vernietig word. Geharde ANC-terroriste is deur De Klerk uit die gevangenis vrygelaat. Weens verslapte grensbeheer is toegelaat dat terroriste met wapens op groot skaal die land binnestroom. Nuwe terroriste is vryelik in bv die Transkei opgelei. Daardie neste is nie uitgewis nie omdat die “onafhanklikheid” van die Transkei erken is, net om daardie onafhanklikheid kort daarna te ontken met die oog op die einde van die “bevrydingstryd”.

Op ‘n uiters naïewe manier het die NP-onderhandelaars die ANC vertrou. Hoekom is so suksesvol van magsdeling na magsoorgawe gevorder? “Hoofsaaklik omdat ons [veral Roelf Meyer, Leon Wessels, Dawie de Villiers] en die ANC se hoofonderhandelaars [veral Cyril Ramaphosa, Joe Slovo, Mac Maharaj] met verloop van tyd ‘n onderlinge vertroue opgebou het en vrede nagestreef het” (2279). Volgens De Villiers was Meyer “ideaal vir hierdie soort situasie verpak” (2318). “Omdat hy [Meyer] graag kompomieë gesoek het, het van sy politieke kollegas hom soms as lou beskou en selfs van ruggraatloosheid beskuldig” (2324). Sedert 1994 word ons verplig om daagliks met die onverkwiklike gevolge van hierdie kompromieë saam te leef.

“Toe daar met die onderhandelinge begin is, het die konserwatiewe elemente in die regering bly vasklou aan die beginsels waaroor voorheen ooreengekom is en hulle het ooreenkomste wat bereik is as ‘n afwyking van magsdeling beskou. Iemand soos Hernus Kriel het veral baie stof hieroor opgeskop en na die ‘oorgawe’ van die onderhandelaars verwys. Van die verligtes het na die konserwatiewe kant oorgeswaai, sodat daar slegs vier ‘ware’ verligtes in die kabinet oorgebly het: ek, Fanie Schoeman, Leon Wessels en Roelf Meyer” (2386). Daar is natuurlik ook nog FW de Klerk en Pik Botha as verligtes. Wat hier baie duidelik gesê word, is dat die “konserwatiewe elemente” hulle by die mandaat gehou het wat die kiesers aan die NP gegee het, naamlik om te onderhandel met die oog op magsdeling. Volgens De Klerk se plegtige belofte voor die 1992-referendum sou die finale ooreenkoms in ‘n opvolgreferendum aan die blanke kiesers vir voor- of afkeuring voorgelê word. Verraderlik het hiervan niks tereg gekom nie. Wat ook duidelik uit die laaste aanhaling blyk, is dat die verligtes hulle aangematig het om mandaatloos van magsdeling na magsoorgawe te vorder. Die hoofverantwoordelik vir hierdie hemelskreiende immoraliteit berus by FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers. Die bestaan van die huidige bedenklike politieke opset is hoofsaaklik aan hierdie vier te wyte. Pik Botha het hulle gesteun maar was nie deel van die onderhandelinge nie. De Villiers hou egter vol dat ons magsdeling het. Die 1992-referendum “sou FW ‘n mandaat gee om ‘n proses te begin wat sou uitloop op magsdeling, ‘n oordrag van mag uit die bestaande [blanke] strukture na al die mense in die land” (2473).

“Omdat FW ons [die enkele NP-verligtes] gesteun het, is dit vir ons moontlik gemaak om groter invloed uit te oefen oor die rigting wat die onderhandelings moet inslaan [dus om af te wyk van die mandaat]. Roelf het geglo dat dit vernietigend is om vir oorblysels van magsbehoud te veg en het die NP-kabinet aangespoor om weg te beweeg van die gedagte van minderheidsregte na dié van ‘n meerderheidsregering. Dit sou onvermydelik lei tot ‘n dieper breuk tussen ons verligte onderhandelaars en die res. Daar was veral ses lede wat kwaai teenstand gebied het en na wie FW verwys het as die ‘ses anti’s’: Hernus Kriel, Tertius Delport, André Fourie, Danie Schutte, Rina Venter en Japie van Wyk” (2391).

Tertius Delport het die kern van die probleem geïdentifiseer en hom onderskei deurdat hy De Klerk wou donder. Toe dit blyk dat De Klerk se ooreengekome magsdeling neerkom op hoogstens vyf jaar (in werklikheid minder as twee jaar) van NP-minderheidsverteenwoordiging in die Mandela-kabinet het Delport “na FW se kantoor gestap en aan sy deur geklop. Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat ons nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor'” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 424).

De Villiers skryf: “Daar was ‘n gevoel dat FW baie meer direk aan die onderhandelingsproses moes deelneem om self direk leiding te gee oor kwessies wat nie alleen deur die NP-koukus en die kiesers aan hom toevertrou is nie, maar waarmee hy ook besonder vertroud was” (2324). “Ek moet sê ek was baie lojaal teenoor FW en het hom altyd in sy afwesigheid probeer beskerm” (2591). “Sommige het … daarop gewys dat FW met die beroering in sy persoonlike lewe en sy liefdesverhouding met sy latere vrou, Elita Georgiadis, nie sy volle aandag aan landsake kon gee nie. Hy het haar vanaf 1989 geken en het tot met sy uittrede in 1997 met hierdie emosionele kwessies geworstel en dit sou naïef wees om te dink dat dit nie ‘n invloed gehad het op sy betrokkenheid en leiding nie” (2597). By hierdie lewensbelangrike onderhandelinge was De Klerk dus deeltyds en sydelings betrokke.

“Ek glo [soos De Klerk] die grootste sukses van die onderhandelinge vir ons verligtes was dat die oorgangsgrondwet ‘n moontlike bloedige revolusie voorkom het en ‘n vreedsame verkiesing tot gevolg gehad het” (2597). De Klerk, De Villiers, Pik Botha en Meyer is in 1994 as ministers in Nelson Mandela se kabinet aangestel. “Toe die party [NP] nie daarin kon slaag om magsdeling in die finale Grondwet neerslag te laat vind nie, het die NP hom in ‘n moeilike posisie en sonder legimiteit bevind. Die party se eer [!] was op die spel en op 9 Mei 1996 het ons besluit om die RNE [Regering van Nasionale Eenheid] op alle vlakke van die regering te verlaat. “Die situasie [was] so dat die ANC … in elk geval gedoen het wat hy wou” (2683). Die uiteinde was dus oorgawe aan swart mag.

“Die nuwe Grondwet is op Woensdag 8 Mei 1996 in die parlement aangeneem en in sy spreekbeurt het FW die redes aangekondig waarom die NP vir die wet gestem het. Hy het sterk bedenkinge uitgespreek oor ‘n aantal aspekte, soos die afwesigheid van magsdeling[!]” (2660). Hy het dus erken dat hy (klaaglik) misluk het in wat hy belowe het. Sedertdien het De Klerk blankes telkens aangemoedig om hulle op hierdie grondwet te beroep. Noudat owerheidsdiefstal van blanke eiendom beoog en wysigings aan die grondwet in die vooruitsig gestel word om blankes verder te benadeel, het De Klerk se aanbevelings opgeraak en behoort selfs hy te besef dat sy kwantumsprong ‘n volslae mislukking was en al hoe meer sodanig word.

Maar De Villiers bly klou aan strooihalms: “Daar [is] min wat ons anders kon gedoen het as ons dit weer sou moes doen” (2759). Maar let op die groot gaping tussen enersyds wat met die 1994-verkiesing en die 1996-grondwet bereik is en andersyds wat De Villiers in sy Kodesa-openingsrede in 1991 in die vooruitsig gestel het: “The National Party has … committed itself to voting rights for all, but with effective checks and balances which will prevent the abuse of power, which inevitably results in domination and oppression. A true and a sustainable democracy is based on majority rule, but in plural societies that rule is always conditional on the fair treatment of, and meaningful participation by, minorities” (3785). “In a country with diversities such as ours, the concentration of power in an all-powerful central government simply could not serve the best interests of our people” (3790). “We have committed ourselves to strive for a free and non-racial democracy without any form of domination. To that we are committed and from that we shall not deviate [!]” (3802). Dit is ‘n feit dat ons sedert 1994 met ‘n ANC-regering opgesaal sit wat doen net wat hy wil, bv poog om sover moontlik swartes te bevoordeel en blankes te benadeel. Van die volgende voorneme het niks tereg gekom nie omdat dit bloot daarop ingestel was om konserwatiewe blankes te sus: “The National Party will … endeavour to have the principle of self-determination for nations placed on the agenda of Codesa” (3851). De Klerk het ontpop as een van die grootste teenstanders van ‘n tuisland vir Afrikaners.

Op 30 Junie 1996 het die NP uit die RNE onttrek. De Klerk het terselfdertyd as adjunkpresident bedank. “Op daardie stadium het die ANC reeds ‘n bestuurstyl ontwikkel waarin min respek teenoor die parlement betoon word en selfs minder teenoor die opposisie” (2677). Dit lyk asof De Villiers steeds nie besef dat die ANC primêr in outoritêre politieke mag belangstel nie. Dit gaan vir die ANC glad nie om demokrasie in die sin dat al die inwoners van die land gedien moet word nie. Op die oomblik verkry die ANC meerderheidsregering via die stembus. Dit is vir die ANC bloot die huidige praktiese weg na outoritêre swart mag, dus sodat besluite van die ANC (geneem in Luthuli-huis en nie soseer in die parlement nie) kan geld. Maar De Villiers verkies om die wesenlike aard van die ANC mis te kyk en te dink dat ‘n goeie toekoms op Suid-Afrika wag. In 1997, by sy uittrede uit die politiek, het hy gesê: “Our future must never ever again allow racial prejudice to exist and develop and authoritarian rule to take hold of our country” (3904).

De Villiers probeer om die nuwe Suid-Afrika so gunstig moontlik voor te stel. “Die merkwaardige ding vir my is dat ons ‘n vreedsame [!] oorgang gehad het. Geen individu het sy eiendom verloor nie, besighede gaan voort om sake te doen, boere boer steeds en mense reis. Dinge gaan baie aan soos in die verlede” (2770). “Ons het ‘n Grondwet wat beter is as baie wat ek ken en ‘n Handves van Regte wat nie net swart regte nie, maar in besonder [!] ook wit regte wanneer dit kom by iets soos besittings. Nou, ná ‘n tydperk van heronderhandeling [?], is daar baie min in die nuwe Grondwet waaroor ons kan kla dat dit totaal verkeerd en onaanvaarbaar is. In sy geheel is dit ‘n baie goeie Grondwet” (2776).

“Wat diegene wat kritiseer vergeet, en veral aan die regse kant, is dat die ANC of die nuwe regering sekerlik dinge wil regstel wat baie jare lank verkeerd geloop het. Een van sy beleidsmaatreëls [wat in die Grondwet staan en sonder keerdatum is] is regstellende aksie, waarmee ons saamstem [dus daar kan maar teen blankes gediskrimineer word]. Al waarmee ons verskil, is die manier waarop dit toegepas word … In sy geheel glo ek dit was [? is] ‘n goeie proses” (2782). De Villiers is klaarblyklik onredbaar linksgesind. “My [liberale] beskouings … is versterk deur baie ondervindings, wat een van die redes was waarom ek soveel bevrediging kon vind in my betrokkenheid by die oorgang” (2863). Hy beskou homself dus steeds met trots as een van die NP-grondleggers of (soos die Amerikaners sou sê) “founding fathers” van die nuwe Suid-Afrika.

“Ons het nou ‘n nierassige demokrasie [wat op ‘n blatant rassistiese grondslag teen blankes diskrimineer] … Vir my was die energie wat ek gegee het aan transformasie en die opwinding wat dit gegenereer het, die drome wat ek gedroom het, die visie wat ek gehad het, nou alles volbring” (2869). “As ek terugkyk, was die oorgang na demokrasie die hoogtepunt … Ek het gevoel in my leeftyd het ek in die politiek die beste bereik waarvoor ek kon hoop” (2875).

Toe De Villiers na sy politieke loopbaan plus bykans agt jaar in die buiteland na Stellenbosch terugkeer om daar af te tree, is hy “grootliks verras met die kultuurskok wat ons hier getref het” (3405). Hy verskaf geen besonderhede nie, maar dit moet onder meer te make hê met die ewe verligte transformasiebedrywighede aan die Universiteit Stellenbosch en die verswarting, verengelsing en agteruitgang van die dorp. Het De Villiers polities tot inkeer gekom? Glad nie. Net so min of minder as De Klerk, Meyer en Wessels.

Leon Lemmer: Politieke oorverligtheid en ware verligtheid

In sy outobiografie skryf FW de Klerk: “The tensions within the [National] Party were reflected in a growing debate in the Afrikaans newspapers which strongly advocated reform and campaigned for a new approach. Already, during 1966, my brother, Dr Willem de Klerk, who was then a professor at the University of Potchefstroom, made a speech that sparked off a major national debate. In his speech he divided the white population, but more specifically the Afrikaners, into three groups: the verligtes or enlightened group, who were inclined to over-hasty and ill-considered change; the verkramptes, literally the cramped people, who opposed every form of change; and then the positive, balanced group who accepted the necessity of change, but who wanted to promote ordered and goal-oriented change. The speech was seized on by the media and the last category very quickly disappeared from the debate. Only the verligtes and the verkramptes remained. The verligtes were regarded as being good and progressive and the verkramptes were seen as being antiquated and unacceptable. The newspapers had a field day hanging the two labels around the necks of leading politicians” (The last trek – a new beginning: the autobiography, Londen: Macmillan, 1998, p 79).

Die Afrikaanse gedrukte of hoofstroom-koerante (deesdae is sodanige koerante uitsluitlik dié van Naspers/Media24) het destyds politieke hervorming fanaties bepleit; dermate dat hulle, soos die Engelstalige koerante, die publiek op groot skaal oor die verloop van die grondwetlike onderhandelings en die soort samelewingsopset waaroor ooreengekom is, mislei het. Ek het al by verskeie geleentheid ‘n oproep gedoen dat oudredakteurs soos Ton Vosloo en Hennie van Deventer die publiek eerlik moet inlig oor die politiek-ideologiese kartelvorming waaroor hulle in die geheim ooreengekom het. Ná aftrede lewer hierdie oudredakteurs graag kommentaar oor ‘n groot verskeidenheid onderwerpe ten einde ‘n bietjie langer te probeer baai in die gloed van hulle eertydse aansien of belangrikheid. Maar die verskaffing van inligting oor die genoemde kartelkonkelry word soos gif vermy. Hulle aanvaar nie openlik mede-verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van die 1990/94-ramp nie.

Dit was baie maande ná die aanvang van Jacob Zuma se presidentskap dat in die Afrikaanse en ander koerante begin is om Zuma en die ANC-regering daadwerklik te kritiseer. Tydens die Nelson Mandela-era (1994-1999) het dit ten alle koste om die bevordering van versoening gegaan. Kritiek op swart politici en sommige van hulle se terroristiese verlede is (feitlik) nooit gepubliseer nie. In die Thabo Mbeki-era (1999-2008) is gepubliseerde kritiek grootliks tot twee sake (MIV en Zimbabwe) beperk. Dat polities “korrekte” sensuur steeds springlewendig op Netwerk24 is, weet diegene wat daar kommentaar probeer lewer wat nie byderwets genoeg is nie.

Soos FW de Klerk tereg aandui, is broer Willem se drievoudige onderskeid spoedig tot twee verskraal. Voortaan was jy óf verlig óf verkramp. Daardie twee terme dien dus as etikettering en stereotipering. In die nuwe Suid-Afrika is feitlik net verligtheid in die pers en in die openbaar aanvaarbaar. In die praktyk beteken verligtheid dat voorkeur aan die belange van swartes bo dié van blankes gegee word. Verkramptes word oordrewe gekarakteriseer as diegene “who opposed every [!] form of change.”

Die rede waarom FW de Klerk die derde moontlikheid noem, is omdat hy homself aanvanklik tussen hierdie twee uiterstes geposisioneer het. Hy maak dus daarop aanspraak dat hy positief en gebalanseerd is. Maar hy het nie daarin geslaag “to promote ordered and goal-oriented change” nie. Die jare 1990/94 en daarna was chaoties en die roemlose oorgawe aan swart mag kon uit die oogpunt van die blankes en Westerse beskawing kwalik ‘n trotse of eerbare doel gewees het. FW de Klerk het dus in die ongunstige sin van die woord ‘n verligte geword, dus iemand “who inclined to over-hasty and ill-considered change.” Erger, hy was nie net tot radikale verandering geneig nie; hy het dit gekonkretiseer tot ons onverkwiklike, revolusionêr-veranderde, daaglikse werklikheid. Die blankes wat hierdie politieke veranderings aan ons opgedring het en die blankes wat ons huidige onbehaaglike situasie aanprys, noem ek oorverligtes.

Sedert 1966 word verligtheid in Suid-Afrika feitlik net in hierdie politieke sin gebruik. Dit is uiters beperkend. Willem de Klerk het nie die term of die begrip “verligtheid” uitgevind nie. In die konteks van Europa word die betitelling “Enlightenment” of “Aufkläring” reeds lank gebruik om ‘n bepaalde periode of geestesstroming te karakteriseer. Die blote begrip “verligting” in die sin van bv enersyds die liggaamlike of emosionele ontslae raking van iets en andersyds die geestelike bevryding of verheldering danksy nuwe idees, is seker baie ouer as die benaming van daardie era. In die geestelike konteks lei hierdie ontlading, hierdie lig wat blink nuwe idees versprei waar daar duisternis was, tot ‘n tydelike maar redelik stabiele of geykte verstekstandpunt, wat Thomas S Kuhn (1922-1996) ‘n paradigma genoem het (The structure of scientific revolutions, 1962/1970, 219p).

Oor die natuurwetenskappe skryf Kuhn: “In the early stages of the development of any science different men confronting the same range of phenomena, but not usually all the same particular phenomena, describe and interpret them in different ways. What is surprising … is that such initial divergences should ever largely disappear. For they do disappear to a very considerable extent and then apparently once and for all. Furthermore, their disappearance is usually caused by the triumph of one of the pre-paradigm schools, which, because of its own characteristic beliefs and preconceptions, emphasized only some special part of the too sizable and inchoate pool of information” (p 17).

Die skeppingsparadigma is in die natuurwetenskappe met dié van die oerknal en biologiese evolusie vervang. Hierdie nuwe paradigmas slaag egter nie daarin om alles bevredigend te verklaar nie, bv die oorsaak van die oerknal en die oorgang van nie-lewe tot lewe. Waarom dan hierdie paradigmaverskuiwing, hierdie redelik algemene aanvaarding van ‘n nuwe paradigma? Kuhn antwoord: “To be accepted as a paradigm, a theory must seem better than its competitors, but it need not, and in fact never does, explain all the facts with which it can be confronted” (17-18).

In die politiek sou ‘n mens kon sê dat Suid-Afrika tydens die Britse koloniale bewind, asook in die twee Boere-republieke, en daarna tot in die begin van die jare negentig rassesegregasie as politieke paradigma gehad het. In die 1980’s het ernstige vermurwing egter intree. FW de Klerk roem daarop dat hy op 2 Februarie 1990 die paradigmaskuif (p 162, 166) na rasse-integrasie gemaak het; ‘n absolute breuk met feitlik ons hele voorafgaande geskiedenis. Daarom is sy ingrypende koersverandering ‘n toonbeeld eerder van revolusie as evolusie. In hierdie proses is verkramptheid, wat in rassesegregasie vergestalt is, met verligtheid, wat in rasse-integrasie uitdrukking vind, vervang. Terselfdertyd is die blanke politieke bewind met ‘n swart regering vervang.

Die verligtheids- of integrasieparadigma is soortgelyk aan die verkramptheids- of apartheidsparadigma deurdat net sekere verskynsels in ag geneem word. Die verkramptes gee voorkeur aan die belange van blankes terwyl die verligtes die belange van swartes voorop stel. Albei benaderings ly aan selfopgelegde beperkings. Om die probleem te probeer oplos, is eerder ‘n kwalitatiewe as ‘n kwantitatiewe benadering die beste. Wat oënskynlik verkieslik is, is nie om die (skynbaar) beste belang van die meerderheid inwoners na te jaag nie, maar eerder om sorg te dra dat Suid-Afrika ‘n voorpoedige en vooruitstrewende land is. Tydens rassesegregasie was Suid-Afrika ongetwyfeld ‘n doeltreffender, ordeliker, korrupsievryer, meer beskaafde, ens, samelewing.

Die Europese Verligting was kenmerkend van die 18de eeu en word soms die “Age of Reason” genoem ten einde dit te onderskei van die Romantiek van die 19de eeu waarin sterk op die gevoel en intuïsie gesteun is. Hierdie verligting/verheldering van die gees is moontlik gemaak deur op die mens se verstandelike vermoëns te steun. Die gebruik van die mens se rede/verstand het insig moontlik gemaak. Die ideaal was die volle verstaan van ‘n situasie en uiteindelik van die (sintuiglike) werklikheid in sy geheel. Hierin speel wetenskaplike kennis ‘n deurslaggewende rol.

Ek het duidelikheidshalwe ‘n skerper veralgemenende onderskeid tussen die Verligting en die Romantiek gemaak as wat streng gesproke geregverdig kan word, want sowel die rede as emosie speel ‘n rol in iedere mens se lewe. Die onderskeid is dus meer ‘n kwessie van oorwig of waar die klem geplaas word. By ‘n verligte mens speel die rede die dominante rol. Die volle rasionele verstaan van die werklikheid bly die ideaal en is nog nie (naasteby) bereik nie. Die beperkinge waaraan die mens se rede onderhewig is, behoort liefs ruiterlik erken te word.

Willem de Klerk het die twee terme, verlig en verkramp, gekies nie om bloot twee politieke standpunte te onderskei nie, dus feitelike inligting oor te dra nie, maar ook om mense emosioneel ten gunste van verligtheid (waaraan hy voorkeur gegee het) en teen verkramptheid te beïnvloed. Soos die mens het hierdie terme dus sowel ‘n rasionele as ‘n emosionele dimensie.

Die punt waarby ek wil uitkom, is dat bv polities regses, reg(s)denkendes of behoudendes, wat in die nuwe Suid-Afrika as verkramptes verguis word, ingevolge ‘n breër vertolking van verligtheid (dus verligtheid as rasionaliteit) veel meer verlig/verhelder kan wees as diegene wat ek hier bo as polities oorverlig gekarakteriseer het. Dit word deesdae in blanke geledere algemeen erken dat regses veel meer realisties die aard van die nuwe Suid-Afrika voorspel het as die linkse oorverligtes. Dit kan myns insiens aan die klinies-rasionele benadering van regses toegeskryf word omdat hulle hulle nie laat mislei het deur emosionele argumente oor benadeling, uitbuiting, onreg, ongeregtigheid, skuldgevoelens, verskoningvraery, immoraliteit, ens, nie; ook nie deur irrasionele argumente oor bv gelykheid en eendersheid waar ongelykheid en verskille (bv in geletterdheid) wesenlike hiërargieë daarstel nie.

Onderskrywing van my breër vertolking van verligtheid is te kry in die geskrifte van die Duitse filosoof, Immanuel Kant (1724-1804), wat algemeen beskou word as een van die begraafdste en invloedrykste filosowe. In sy 1784-essay, “What is enlightenment?” (die volledige vertaalde teks is op die internet beskikbaar), bied Kant ‘n heldere verduideliking van hierdie begrip. Sy opstel is net drie bladsye lank. In die eerste paragraaf som Kant die kern van sy betoog soos volg op:

“Enlightenment is man’s release from his self-incurred tutelage. Tutelage is man’s inability to make use of his understanding without direction from another. Self-incurred is this tutelage when its cause lies not in lack of reason but in lack of resolution and courage to use it without direction from another. Sapare aude! ‘Have courage to use your own reason! – that is the motto of enlightenment.”

Dus, ‘n mens moet ontslae raak van die voogdyskap of onmondigheid waarmee jy jouself kan opsaal. Jy moet die moed hê om self dinge te probeer verstaan pleks van sonder meer die menings van andere te aanvaar en hulle na te volg. Waarteen Kant dit dus het, is geestelike, spesifiek intellektuele, luiheid. Moenie ‘n slaafse navolger wees nie. Dink vir jouself. Gebruik jou verstand. Jou intellek is die beste middel wat jy het om dinge te verstaan. Om self te dink, beteken nie dat jy nie van ander standpunte kennis moet neem nie. Neem verkieslik kennis van talle standpunte maar besluit dan so onafhanklik en rasioneel moontlik self wat jou standpunt is. (Terloops, dít is die kern van akademiese vryheid, wat in die nuwe Suid-Afrika in groot mate nie meer aan ons universiteite bestaan of geduld word nie.)

In sy tweede paragraaf brei Kant uit op bostaande eerste paragraaf: “Laziness and cowardice are the reasons why so great a portion of mankind, after nature has long since discharged them from external direction (naturaliter maiorennes), nevertheless remains under lifelong tutelage, and why it is so easy for others to set themselves up as their guardians. It is so easy not to be of age. If I have a book which understands for me, a pastor who has a conscience for me, a physician who decides my diet, and so forth, I need not trouble myself. I need not think, if I can only pay – others will easily undertake the irksome work for me.”

Toegepas op ons huidige situasie kan ‘n mens sê: Moenie toelaat dat bv Max du Preez vir jou voorskryf wat om van Afrikaners of Afrikaans te dink nie, net so min as wat Leopold Scholtz jou mening oor bv Donald Trump behoort te bepaal. Moenie toelaat dat propaganda van die politici en die hoofstroom-inligtingsmedia jou breinspoel nie. Alle lees- en kykstof moet rasioneel-krities benader word; ook Leon Lemmer se rubrieke. Intellektuele vermoëns verskil maar hulle hoef enersyds nie agteruit te gaan nie of andersyds staties te wees nie. Elkeen kan ‘n poging aanwend om sy intellektuele vernuf deurlopend te verbeter.

Kant skryf: “If we are asked, ‘Do we now live in an enlightened age?’ the answer is, ‘No,’ but we do live in an age of enlightenment … the obstacles to general enlightenment or the release from self-imposed tutelage are gradually being reduced … Men work themselves gradually out of barbarity if only intentional artifices are not made to hold them in it.” Realistiese vertroue in rasionaliteit, dus in verligting of verheldering in die breë sin, is die grondslag vir ‘n sinvolle benadering tot die werklikheid, insluitende ons huidige onverkwiklike politieke werklikheid.

Leon Lemmer: Die geskiedenis van ons ondergang

Twee jaar gelede is die volgende boek van Niël Barnard gepubliseer, Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Kaapstad: Tafelberg, 2015, 289p, R250; Amazon Kindle $23,75). In Junie vanjaar het Barnard se opvolgboek verskyn, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Kaapstad: Tafelberg, 2017, 328p, R280; Amazon Kindle $23,34). Albei is ook in Engels as gedrukte en as e-boeke beskikbaar. Die woord “revolusie” kom in albei boektitels voor; nie net om die sensasionele advertensiewaarde daarvan nie, maar ook om die radikaliteit van die veranderings, wat mandaatloos aan ons opgedring is, tuis te bring. Maar Barnard saboteer self hierdie titel wanneer hy beweer: “Suid-Afrika het sonder ‘n revolusie vrede bereik” (p 269). Meer gepas word dit ‘n onderhandelde (myns insiens eerder oorgawe-) revolusie genoem, bv in die titel van Allister Sparks se 1995-boek, terwyl vrede (in die sin van ‘n nie-gewelddadige samelewing) ons steeds ontwyk. Oor baie van die gevolge van die onderhandelinge is die publiek, weens die samespanning van die betrokke politici en die inligtingsmedia, maande en selfs jare lank in die duister gehou. Die woord “geheime” in die titel van die eerste boek is dus heel vanpas.

Die woord “vreedsame” in die titel van die tweede boek is egter heeltemal onvanpas. Dit is ‘n gewilde valsheid om die magsoorgawe vreedsaam te noem. In werklikheid het die ANC, omdat hy nie verplig is om geweld af te sweer nie, onderhandelinge gevoer terwyl hy deurlopend buitensporige geweld gepleeg het ten einde die een toegewing na die ander van die patetiese Nasionale Party-onderhandelaars af te dwing. Hierdie verraderlike tweestroomaksie is in 1990/94 onder die leiding van Nelson Mandela gevoer. Met die frase “vreedsame revolusie” onderskryf Barnard dus by implikasie die polities byderwetse siening dat Mandela eerder ‘n vredesikoon as ‘n geweldenaar is.

In werklikheid het Mandela begin om vrede en versoening te bepleit eers nadat die ANC in sy (bose) doel om die politieke mag te bekom, geslaag het. Maar Barnard spreek nogeens sy boektitel teë: “Vandag dink baie mense blykbaar dat die Suid-Afrikaanse skikkingsproses heel vreedsaam en ordelik verloop het. Niks is verder van die waarheid nie. ‘n Legio geweldsaanslae uit alle oorde het die land oor die ganse tydperk geteister. Volgens sommige berekeninge het sowat 14 000 mense sedert die middel van 1990, toe onderhandelinge begin het, tot [die verkiesing op 27] April 1994 in politieke geweld omgekom” (57).

Oor die verloorsituasie van Afrikaans in die nuwe opset het ek onlangs geskryf: “Hoe die Nasionale Party-Broeders Afrikaans verloën het” (Praag 13 Junie). Oor Barnard se eersgenoemde boek het ek destyds onder die volgende opskrif geskryf: “Die eienaardige ondergang van blanke politieke mag in Suid-Afrika” (Praag 2.05.2015). Daarvolgens was die referendum van 17 Maart 1992 ‘n slenter; dat De Klerk & kie toe reeds geweet het dat dit nie om effektiewe magsdeling gaan nie maar om magsoorgawe. Ek het laasgenoemde rubriek pas herlees om my geheue te verfris en beveel hoogs beskeie aan dat Praag-lesers dieselfde doen. Dit is ‘n verwikkelde bespreking wat ek nie hier bevredigend kan opsom nie.

Die res van hierdie rubriek handel oor Barnard se jongste boek. Ek skenk egter slegs aan enkele aspekte aandag en herhaal nie wat ek voorheen oor bv die breë konteks van ons 1990/94-ondergang geskryf het nie. Daar is ook die deurslaggewende rol wat die ANC se gelieg en bedrieg, met Mandela aan die spits, oor die Boipatong-slagting (17 Junie 1992) in die magsoorgawe gespeel het. Ek het onlangs hieroor geskryf, wat Barnard se kommentaar insluit (Praag 18 Junie), sodat dit ook nie herhaal word nie.

In die voorwoord skryf Albert Grundlingh, ‘n historikus wat daarvan hou om polities byderwets te wees, dat Barnard ‘n “onverbloemde binneblik” en ‘n “volronde beeld van komplekse verwikkelinge” bied, maar dat die outeur ook krities oor sy eie rol is (13). Myns insiens is Barnard in sy geheel hoogs ingenome met wat hy as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NID) en van 1992 af as direkteur-generaal van Staatkundige Ontwikkeling gedoen het. Hy skaar hom nogal uitgesproke aan die kant van die staatsamptenary wat die politici op die “regte” pad probeer hou het. Daarteenoor het FW de Klerk ‘n “obsessie [gehad] om amptenare op hul plek te hou en politici se soewereine gesag te handhaaf” (41). “Dit bly een van die groot skynheilighede van die politici dat hulle hul aangematig het om uit hul beskermde posisies oor die lot van amptenare te beslis wat hul opdragte uitgevoer het” (95).

Van die dinge wat my deurgaans tydens die lees van die boek gehinder het, is die verhewe voetstuk waarop Barnard die NID plaas en die luukses wat hierdie amptenare hulleself ten koste van die belastingbetalers veroorloof het. Byvoorbeeld, na sekerlik ‘n duur aandete en drank met ANC-kamerade in Switserland (een van die duurste lande ter wêreld) het Barnard “in die vroeë ure … ‘n bottel Chivas Royal Salute van ‘n gepaste 21 jaar na die hotelkamer bestel” (25). Hy noem dit ‘n “ligte spandabelheid” waarvoor die destydse regering opgedok het. Veel duurder was die luukse reise en verblyf en allerhande geheime vergaderplekke wat blykbaar voltyds tot die NID se beskikking was maar skynbaar selde benut is, bv ‘n woonstel in Somerset-Wes (21) en ‘n “luukse kamp” in die Kruger-wildtuin (267).

Willie Esterhuyse wek in sy boek, Eindstryd: Geheime gesprekke en die einde van apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 365p; Amazon Kindle $23,75 – ook in Engels beskikbaar) die indruk dat ons aan hom baie dank vir die wonder van die nuwe Suid-Afrika verskuldig is. In sy vorige boek het Barnard egter in net ‘n enkele paragraaf na Esterhuyse verwys. In sy jongste boek skryf Barnard nie veel meer oor hierdie “gesiene” Stellenbosse filosoof nie (20). In die verkeerde geselskap het baie Suid-Afrikaners die afgelope dekades as gesiene mense ontpop.

De Klerk se aankondigings op 2 Februarie 1990, wat die ondergang van blanke politieke beheer ingelui het, word deur Barnard ‘n “epogmakende toespraak” genoem (22). De Klerk se uitlatings het selfs ‘n “ná-gloed” gehad (22). Waar ‘n mens met Barnard staan, word duidelik wanneer hy op dieselfde bladsy die woord “terroriste” tussen aanhalingstekens plaas (ook 97). Hieruit kan seker afgelei word dat die kamerade eerder om vryheid geveg het as om hulle aan terreurdade skuldig te maak. Dit behoort duidelik te wees dat ek ‘n wesenlike probleem met Barnard se politieke posisionering het. Hy was te intiem by die magsoorgawe betrokke om ‘n gesonde afkeer daarvan te hê. Ons en die kamerade het in ‘n sin ‘n “gemeenskaplike vaderland” (25) maar in die huidige politieke bedeling is dit die blankes wat (permanent) die ontheemdes is.

Let op hoe gunstig Barnard die katastrofiese magsoorgawe sien: “Gegewe die enorme uitdagings [ANC-terminologie] van beperkte tyd en politieke prima donnas was die bestuur van die oorgang van ‘n droewe [?] verlede na ‘n demokratiese republiek vir al [?] sy mense ‘n kompliment [eerder skande] vir die bestuursvermoë van Suid-Afrika” (254). Teen die einde van sy boek beweer Barnard selfs “ons is ‘n wenland” (297), sonder om ‘n enkele rede te verskaf. Te midde van daaglikse berigte van swart vernietigingsaksies skryf Barnard van “Suid-Afrika se voortgaande bouprogram” (312). Ek sou eerder sê ons wás ‘n wenland, die ontwikkeldste en voorspoedigste in Afrika, maar wat was is deesdae bloot ‘n mooi, nostalgiese herinnering.

Die weifelende houding van die NP-onderhandelaars het myns insiens ook by Barnard ingebed geraak. Byvoorbeeld: “Ek het my openlik teen regstellende optrede uitgespreek” (229). Dit klink na gesonde standpuntinname. Maar kyk hoe word dit dan afgewater: “Ek is wel gekant teen regstellende aksie tot elke prys” (286). Daarna volg verdere vermurwing: “Gaandeweg kon ons die ANC van die verdienste van ons standpunt oortuig dat regstellende optrede wel nodig is, maar nie op omgekeerde diskriminasie moet neerkom nie en op kragtige programme vir opheffing en die energieke bevordering van gelyke geleenthede moet berus” (229). Nog later berus Barnard soos volg in diskriminasie teen blankes: Daar sal “vir die afsienbare toekoms in gevalle waar die aanstellingsfaktore gelyk is, steeds bevoordeling van voorheen benadeeldes moet wees” (293).

Wat die blankes betref, het ons in die nuwe Suid-Afrika as standaardpraktyk sowel nie-gelyke geleenthede as rassediskriminasie; nie omgekeerde rassediskriminasie nie maar doodgewone, blatante, wraakgierige rassediskriminasie. Barnard erken: Daar is “die terugkeer van apartheid in die vorm van regstellende aksie” (231). Eintlik erger want dit word suiwer demografies bedryf sonder om verdienste/bekwaamheid werklik of genoegsaam in ag te neem. “Regstellende aksie het spoedig belangriker as die behoud van kundigheid geword” (239). Dit is moontlik dat baie swartes bekwaamheidsgewys met blankes kan meeding slegs as die “speelveld” in hulle guns doelbewus ongelyk gemaak word.

Hoofstuk 3 begin soos volg: “Van Nelson Mandela se vrylating op 11 Februarie 1990 tot met sy inhuldiging as president op 10 Mei 1994 het Suid-Afrikaners om tallose onderhandelingstafels die vreedsame [!] ontlonting van die wurggreep waarin hulle hul bevind het, uitgehamer. Dié meer as 1 500 dae was vol roemryke epog. Daar was helaas ook roemlose selfsug en blatante opportunisme, selfs ook manteldraaiery en magsgierigheid” (27). Vir die onderhandelaars was vrede glo ‘n “passie” (27). Ook vir die ANC? Barnard se onvleiende woorde is veral teen blankes gemik. Hy is lugtig om swartes te kritiseer en Mandela word as ‘n “wêreldikoon” opgehemel (28, 75). Die hoofkenmerk van daardie “epog” was nie die vreedsaamheid daarvan nie maar die feit dat dit meer gewelddadig was as seker enige ander periode in Suid-Afrika se geskiedenis. Barnard skryf: “Beheer oor die magte van veiligheid en geweld is die begin en die einde van enige beskaafde skikkingsproses” (96). Omdat geweld grootliks buite beheer was, was dit myns insiens geen beskaafde skikkingsproses nie en is die gewelddadige nuwe Suid-Afrika nie ‘n beskaafde samelewing nie.

Barnard erken darem dat wat die “Derde Mag” betref, “die ANC self knus agter die deur gestaan het” (28) – met Mandela van wie die leiding uitgegaan het. “Op die voetspoor van klassieke kommunistiese doktrine sou ondergrondse basisse gestig word wat tot die skepping van ‘n volksleër sou lei wat op sy beurt opgelei en van die nodige logistieke steun voorsien sou word om ‘n volksopstand te lei. Die opleiding van kaders, soortgelyk as [aan] wat MK-lede reeds in lande soos Angola, Tanzanië en Oos-Duitsland ondergaan het, het volgens dokumente reeds in Mei 1990 begin” (47). Dit is bekend dat ANC-terroriste van 1990 af ook in die Transkei opgelei is (125). Maar Mandela het “hoog en laag gesweer … dat hy nie van Operasie Vula bewus was nie” (48). In werklikheid het die ANC “die beëndiging van die gewapende stryd as die afswering van hul enigste wringkrag op die onderhandelinge” beskou (49).

“Die massas [was] daar om tot massa-aksie of geweld opgeroep te word indien die onderhandelinge vasval en die ANC nie hul sin daar kry nie” (31). “Mandela het massa-aksie as ‘n regmatige politieke aksie verdedig” (149). “Die ANC-leierskap was voorbokke om die etos en versoeningsgees van die akkoord flagrant en uitdagend te verbreek” (59). Geweld is deel van die historiese kern van die ANC. Geweld het vir die ANC die gewenste resultate gelewer. Tot op hede word hierdie geweldskultuur om dieselfde rede deur swartes voortgesit. In ‘n helder oomblik skryf Barnard in die afdeling oor Azapo iets wat ook op die ANC van toepassing gemaak kan word: “Helaas is fanatieke mense klaarblyklik geneties nie in staat om van hul geweldsweë af te sien nie” (190).

Die ANC se besluit om nie die gewapende stryd te beëindig nie maar dit na bewering op te skort, word deur Barnard as ‘n “wen-wen-situasie vir albei partye” beskryf (49). Eerstens is dit ‘n inflame leuen dat die ANC voor die 1994-verkiesings sy geweld beëindig het. Tweedens was dit juis die ANC se gewetenlose voortgesette gewelddadigheid wat toegewings afgedwing en aan hom die politieke mag besorg het; veral na die Boipatong-slagting (17 Junie 1992). Hierin het Mandela ‘n leidende aandeel gehad maar hy het doelbewus valslik vir De Klerk en die NP-regering van die geweld beskuldig. Hiermee het Mandela op sy immorele manier reeds voor die Boipatong-slagting begin. “Op ‘n buitelandse besoek in Mei 1992 het Mandela in Helsinki beweer dat pres De Klerk aandadig was aan die geweld waarin ‘meer as 1 000 mense’ in Suid-Afrika dood is. ‘n Paar dae later in Genève het hy die Regering se stappe om wet en orde te handhaaf met die Nazi’s se volksmoord op die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog vergelyk” (59). Op sy gemene manier het “Mandela in Swede verklaar dat die dooiepunt die NP se skuld was ‘wat tot elke prys aan die mag wil vasklou'” (119). “‘We will use mass action to break the government’s intransigence,’ was sy dreigement” (123). Barnard het toe tereg opgemerk: “Dit kom voor asof die ANC tans ‘n beleid van verskroeide aarde volg en so behep is met die politieke ideaal om die mag tot elke prys oor te neem dat hulle nie omgee hoeveel die land en sy inwoners in die proses skade ly nie” (123).

Barnard verwys tereg na “die ANC se verknogtheid aan MK … Die ANC-voorbokke het te kenne gegee dat die [Nasionale] Vredesakkoord [14 September 1991] ondergeskik is aan die DF Malan Akkoord [12 Februarie 1991] en gevolglik val Umkhonto en sy bedrywighede nie onder die verbiedinge van die vredesakkoord nie. Mandela het dié opsigtelike slenter ondersteun wat daarop neergekom het dat die ANC ‘n private ‘weermag’ kon behou, maar nie die ander ondertekenaars van die akkoord nie” (60). Maar in die Malan-akkoord “is kennis geneem van die feit dat MK met wapens en kaders die land geïnfiltreer het en ooreengekom ‘that it was vital that control over such cadres and arms be exercised to ensure that no armed actions or related activities occur'” (244). Dit was om dwaaslik van wolf skaapwagter te maak as van die ANC verwag is om daardie beheer uit te oefen.

Maar dit is presies wat die geslepe ANC wou hê: “Die ANC het op sy beurt verklaar dat omdat die land nog nie ‘n ‘demokratiese gemeenskap’ was nie, daar nie van die ANC verwag kon word om MK aan enige vorm van Regeringsbeheer te onderwerp nie” (245). Dit is ‘n tipiese drogredenasie wat net mikrogeeste sonder verweer sou laat. Voorts is geredeneer dat die ANC “nie ‘n politieke party is nie maar ‘n bevrydingsbeweging” (60). Regter Antonie Gildenhuys het bevind: “Geweld wat in die verlede kovert voorgekom het, word nou openlik bedryf” (61). Vir my is dit duidelik dat daar nooit met sulke immorele ANC-leiers in gesprek getree behoort te word nie. Kobie Coetsee “was reg toe hy later opgemerk het dat dit lyk of die vordering met die onderhandelinge die produk van geweld en massa-aksie was en dat die persepsie bestaan dat die Regering die wil en vermoë verloor het om by sy standpunte te hou” (91).

Desnieteenstaande is Barnard die ANC simpatiek gesind. Die leiers is “deur die alleroorheersende ideaal van bevryding saamgebind” (30). Bevryding van wat? Bloot van apartheid, wat reeds deur De Klerk afgeskaf is? Nee, dit het selfs nie eens gegaan om van ‘n uitsluitlik blanke regering ontslae te raak nie, wat sedert die Driekamerparlement in elk geval nie meer bestaan het nie. Indien dit die geval was, sou die ANC tevrede met verdere politieke magsdeling gewees het. Bevryding beteken vir die ANC (algehele) magsoorgawe, swart meerderheidsregering, dus swart mag wat swartes in staat stel om deur blatante rassediskriminasie blankes te benadeel, bv uit poste te weer, hulle eiendom te konfiskeer, hulle in ‘n staat van onveiligheid te plaas, hulle kultureel af te takel (bv Afrikaans te misken), hulle talente en positiewe nalatenskap te minag, hulle valslik te beskuldig en sonder ophou verskoning en skadevergoeding te eis, ens. Dit is die ANC se siening van geregtigheid en versoening.

In teenstelling met sy ANC-simpatie is daar by Barnard duidelike afkeer van enige politieke groepering wat regs is; “flentergatpartye” genoem (28), asof min steun by die kiesers op dwaasheid en meerderheidsteun op wysheid dui. Later skryf Barnard van ‘n “potpourri van regse organisasies” (176). Barnard hou daarvan om die (ver)regses met Eugène Terre’Blanche se Afrikaner-Weerstandsbeweging se assosieer: “Boeremusiek is gereeld gehoor en op die sypaadjies is lustig gebraai en heelwat ‘Klippies en Coke’ ingeneem” (56). “By NI [Nasionale Intelligensie] het ons egter geweet dat talle van die regses alte dikwels vol brandewyn-en-bier-bravade was” (201). Vir Barnard is dit nie genoeg om die patetiese Kobie Coetsee as onbeholpe uit te beeld nie – Coetsee het bv versuim om algemene amnestie vir bv lede van die veiligheidsmagte te beding. Coetsee word ook daarvan beskuldig dat daar “plek-plek regse ondertone” by hom uitgeslaan het (35).

Kyk hoe mislik stel Barnard die goeie reg van egte Afrikaners voor: “Die konserwatiewe Afrikaners moes ook aan boord gehou word. Hulle was nie noodwendig teen die onderhandelinge gekant nie maar het die heimlike droom gekoester dat die onderhandelinge só moes verloop dat hulle ‘n plekkie van hul eie onder die son behou” (36). Is hierdie Afrikanerstandpunt nie hoogs redelik nie? Is dit nie onder die leiding van blankes en veral Afrikaners dat Suid-Afrika die ontwikkeldste en voorspoedigste Afrika-land was nie? Hoe is Afrikaners aan boord gehou tydens en selfs na die onderhandelinge? Deur vir hulle te lieg en hulle te bedrieg met bv fiktiewe wigte en teenwigte. Barnard verwys bv na “verregse wit reaksionêre” se “staatsgreeppraatjies” wat “soms dik geloop het” (49).

Die volgende woorde moet met ‘n knippie sout geneem word, want van opregte simpatie met regse Afrikaners is daar in die boek weinig sprake. “Ek het baie begrip vir die sogenaamde regse konserwatiewes se vrese gehad. Hulle was kultureel my mense, maar ek het polities fundamenteel [!] met hulle verskil. Nogtans het ek geglo dat hulle nie verneder en verstoot moes word nie maar eerder met wysheid verstaan en begelei [! – erg neerbuigend] moes word. Van my kollegas – veral Meyer, [Leon] Wessels, [Sam] de Beer en Fanie van der Merwe – het klaarblyklik anders daaroor gevoel” (163). Dit is blykbaar hulle “wat geglo het die regses moet verguis en beswadder word” (171). Hoe radikaal links hierdie onderhandelaars is, blyk uit die volgende: “In die binnekringe van die Regering val harde woorde tussen my en veral Roelf Meyer en Fanie van der Merwe omdat ek kwansuis te inskiklik oor die regse eise is” (256).

Maar dit is Barnard wat na “die meeste [!] regses se nukkerige en verstokte koppigheid” verwys (163). Ook: “Histories was daar altyd [!] baie Afrikaners wat meer bek as binnegoed gehad het” (167). In gesprek met Ferdi Hartzenberg van die Konserwatiewe Party (KP) het Barnard regses van ‘n “Jannie Jammergat”-houding beskuldig; dat hulle bydrae eerder “konstruktief en inskiklik moes wees” (168) – so inskiklik soos die NP-onderhandelaars? Die KP het myns insiens billike, sinvolle vereistes gestel: selfbeskikking, eie grondgebied vir verskillende volke, ‘n konfederasie en vrywilige assosiasie (169-170).

Barnard gebruik allerhande hoogs ongepoetste woorde om die regses te beskryf; terminologie wat hy nooit teen swartes uithaal nie. ‘n Moontlike verklaring is die hulp wat Barnard van sy mede-outeur, die linkse joernalis Tobie Wiese, gekry het, maar dit is nie ‘n aanvaarbare verskoning nie. Wiese het ook Barnard se vorige boek in woorde geklee. Constand Viljoen, die leier van die Afrikaner-Volksfront (AVF), het tereg aangevoer dat “die onderhandelingsproses onbekwaam bestuur [en] dat te veel toegewings gemaak word” (177). Hierop het Barnard destyds gereageer “dat bewerings oor toegewings en ‘n oorgee-mentaliteit van die Regering ongegrond is” (178). Sedertdien het Barnard darem seker (in ‘n mate) tot beter insigte gekom.

Barnard vind die AVF se aandrang dat slegs “Afrikaner/Boere” burgers van die volkstaat kan wees “bykans komies rassisties” (256). Daarmee diskwalifiseer Barnard homself as potensiële burger van so ‘n volkstaat. Die kardinale vraag wat eerlik deur Barnard en sy “medebevryders” beantwoord moet word, is: Funksioneer die nuwe Suid-Afrika vry van regerings- en grondwetgesanksioneerde rassediskriminasie of is naakte anti-blanke en pro-swart rassisme skering en inslag van die ANC-bewind? Sonder die rasseklassifikasie van apartheid (blankes, bruines, Asiate en swartes) sou die regering sedert 1994 nie sy wraakbeleid kon uitvoer nie; wraak, nie weerwraak nie, want in die ou Suid-Afrika was daar geen wraakbeleid nie. Dit is dus louter twak dat die ANC teen “any solution with a racial or ethnic tendency” sou wees (260).

Oor FW de Klerk skryf Barnard: “Hy het graag kompromieë gesoek, en ek kan min geleenthede onthou waar hy onwrikbaar oor fundamentele vraagstukke standpunt ingeneem het” (34). Hy verwys na De Klerk se “gebrek aan strategiese insig” (134); “dat hy nie die oomblikke van groot strategiese belang na maat beoordeel het nie” (143). “Die grootste enkele fout wat pres De Klerk na my mening begaan het, was om nie ‘n span toegewyde ministers – ‘n ‘Onderhandelingskabinet’ – heeltyds aan die onderhandelinge af te staan nie” (275, ook 143). Dit was immers “lotsbepalende onderhandelinge” (275). Myns insiens was van die domste De Klerk-dinge om uitsluitlik NP-politici in die onderhandelinge te gebruik. Daar was talle ervare, bekwame blankes, insluitende Afrikaners, wat in bv die arbeidsektor gewoond aan onderhandelings met bv vakbonde was. Barnard is deels verantwoordelik vir hierdie fatale fout. “Dit was ‘n fout van my en ander om sulke sterk standpunte in te neem teen die gebruik van kundiges van buite” (191). In die kabinet was daar ‘n ervare onderhandelaar wat De Klerk nie gebruik het nie: “Pik Botha, wat ‘n bedrewe onderhandelaar was – veral ná die uitgerekte politieke en diplomatieke stryd vir die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika (Namibië) – is deur De Klerk op ‘n syspoor gehou en nie as ‘n onderhandelaar ingespan nie” (271). Maar ek dink nie Pik Botha sou veel beter as sy kabinetskollegas gevaar het nie.

Reeds in Februarie 1993, dus binne ‘n jaar na die 17 Maart 1992-referendum, het De Klerk gesê “dat magsdeling nie op die lang termyn vasgeskryf sal kan word nie” (83). Van aanvanklike NP-standpunte soos federalisme, groepregte en ‘n blanke vetomag het niks tereg gekom nie omdat die weifelende De Kerk in ‘n “tipiese verbale rookskerm” (83) beweer het dat “die regering nooit getroud was met een spesifieke struktuur nie” (84). Ietwat later skryf Barnard “dat die De Klerk-regering toe reeds nie meer by magte was om die stang vas te byt en planne meedoënloos te implementeer nie” (138). “Ramaphosa en Maharaj [het] hulle verkneuter … in die feit dat hy [De Klerk] in hulle beoordeling so maklik toegegee en voor Mandela se dreigemente geswig het” (149-150).

De Klerk “was altyd ongemaklik met die realiteite van intelligensiewerk” (153). Die persoonlike grief wat Barnard teen De Klerk koester en wat sy ego steeds aantas, is De Klerk se “besluit om die intelligensiehoof [Barnard] nie langer aan die staatshoof [soos in PW Botha se tyd] te laat rapporteer nie, maar aan ‘n adjunkminister” (300). Volgens Barnard “het ‘n mens nooit agtergekom dat hy [De Klerk] dié uiters nuttige voorkennis in landsbelang aangewend het nie” (153).

De Klerk het ook ‘n “bewese afkeer van veiligheidsake” gehad (101). Sy ontslag van 23 senior Weermagoffisiere teen die einde van 1992 word as “uiters dwaas” bestempel omdat De Klerk “reg in die hande van die ANC gespeel” het (100). Die veiligheidsmagte is “afgekam en hul selfvertroue afgebreek” (100). Die ANC se strategie was “om die amptenare en veiligheidsmagte [eintlik alle blankes] berekend te verneder en te beswadder met die doel om hul selfrespek en beeld by die publiek af te breek” (107-108). “De Klerk se weersin in veiligheidsake en -mense is goed geïllustreer deur die skepping van allerlei komitees van wie se werksaamhede hy, indien dit nodig sou word, sy hande in onskuld kon was” (242).

Hermann Giliomee skryf: “Ek het die indruk gekry dat hy [De Klerk] doelbewus ‘n duidelike afstand geplaas het tussen hom en sy voorganger, en die veiligheidsmagte, wat baie invloed onder PW Botha geniet het. Dit was betekenisvol dat genl Magnus Malan, minister van verdediging, nie in die regering se span was nie wat ‘n ANC-afvaardiging vroeg in Mei 1990 by die ampswoning Groote Schuur ontmoet het. Dit het vir my gelyk of die kritieke besluite oor die onderhandelings onder De Klerk in ‘n klein kringetjie van ministers geneem sou word waarby adviseurs oor sekuriteit of onderhandelinge nie betrek sou word nie. Dit het gou bekend geword dat De Klerk die Staatsveiligheidsraad sowel as die Nasionale Intelligensiediens na die kantlyn geskuif het. Dit was vir my ‘n rede tot kommer” (Hermann Giliomee: Historikus; ‘n outobiografie, Kaapstad: Tafelberg, 2016, p 179).

Hierdie dwase strategie het myns insiens meegebring dat ANC-geweldpleging effektief tot algehele magsoorgawe gelei het.

“Op 16 September 1991 het Suid-Afrika die Kernsperverdrag [KSV] in Wene onderteken” (Barnard, p 214) waarvolgens Suid-Afrika sy kernbomme sou aftakel. By Barnard was daar “ongeloof dat ons so baie vir so min weggee” (214). Eintlik is dit waar van die hele 1990/94-era. “Toe FW de Klerk president word [1989], luister hy na niemand om sy onkundige en gedienstige kniebuigings voor Washington met die ondertekening van die KSV te laat vaar nie. En só het ons een van ons kragtigste diplomatieke hefbome vir die beïnvloeding van die wêreldmening met die oog op ons onderhandelinge sonder slag of stoot prysgegee” (217-218). Dit lyk vir my asof onbekwaamheid tot op die hoogste politieke vlak nie by Jacob Zuma begin het nie, maar reeds sedert die uittrede van PW Botha in volle swang is. “Geen [volk,] land, beskawing of wêreldryk het al ooit wanneer sy voortbestaan op die spel was, nie sy volle vermoë gebruik om homself te verdedig nie” (218).

Dit is in hierdie opsig wat De Klerk en Constand Viljoen radikaal verskil het. “De Klerk – wat altyd meer op sy gemak en baie skerp was wanneer hy met regses onderhandel het maar minder so met linkses – het Viljoen meegedeel dat hy (Viljoen) geloofwaardigheid aan die ‘regse opsie’ gee, maar dat daar nie morele gronde vir ‘n soewereine volkstaat vir die Afrikaners bestaan nie aangesien hulle nie vir hulself kan opeis wat nie vir ander volke geld nie” (261). Dit is ‘n drogredenasie. Dit is die ANC wat ‘n eenheidstaat geëis het. Die meeste blankes, insluitende Afrikaners, was myns insiens eerder ten gunste van ‘n volkstaat vir iedere etniese groep en het dit ingevolge afsonderlike ontwikkeling aan die swartes bewys. De Klerk het doelbewus ‘n opvallende valsheid verkondig met sy stelling dat ‘n volkstaat iets is wat blankes of Afrikaners opeis maar nie aan swartes gun nie. Die waarheid is dat die blankes volkstate aan die swartes gegun het maar dat hulle deesdae ‘n volkstaat aan blankes of Afrikaners misgun.

De Klerk het teenoor Viljoen beweer dat “die Zulu’s nie in ‘n volkstaat vir hulleself belang stel nie” (261), asof dit afdoende rede is waarom blankes of Afrikaners nie ‘n volkstaat kan eis of begeer nie. Maar toe kort voor die 1994-verkiesing pogings aangewend is om die Inkatha-Vryheidsparty tot deelname oor te haal, was “die eerste eis … onafhanklikheid vir die Zulu-koninkryk” (264). Inkatha was deurgaans ten gunste van ‘n federasie, of konfederasie soos die regses. Die NP was aanvanklik ook ten gunste van ‘n federasie. Maar ruggraatloosheid het De Klerk & kie oorgehaal tot die ANC se vereiste van ‘n eenheidstaat. “Geen groep in Suid-Afrika kon toegelaat word om hom van die res van die land af te skei nie” (266).

Daar was ‘n “gebrek aan duidelike rigting en besluitneming” by die De Klerk-regering (103). Die NP-politici wat onderhandel het, “het advies gesoek by junior amptenare en weinig leiding van De Klerk of Meyer gekry” (77). “Ons amptenare het meermale besluite geneem oor sake wat eintlik op politieke vlak gelê het. Dit was nodig omdat die tempo van die [oorgawe]proses dikwels onmiddellike besluite vereis het wat ons geweet het ons nie van die politici sou kry nie” (249). Amptenare is “al meer in die politiek ingetrek … om die NP se standpunte te formuleer en te verdedig” (274). “Dit was duidelik dat almal aan Regeringskant leiding gesoek het – ook die leiers” [!] (92). “De Klerk en sy kollegas [het] nie onwrikbaar op knelpunte vasgeskop nie” (150). “Die Regering [het] in eie geledere koersloos rondgedobber tot die verkiesing in April 1994” (122).

“Die feit is dat duidelike, beredeneerde en goed gekommunikeerde doelwitte by die Regering ontbreek het. Dit was deels te wyte aan die stryd binne die Regering tussen die verligtes en die verkramptes wat telkemale gebots het oor die koers wat ingeslaan moet word. Veral oor magsdeling, die afswering van geweld deur die ANC en die PAC, asook ‘n federale streeksbedeling was daar ingrypende verskille” (272). Eintlik was daar “geen doelgerigte politieke visie” nie, “oënskynlik geen onderhandelingstrategie nie,” of hoogstens ‘n “reaktiewe onderhandelingstrategie” (273). Die persepsie was dat die Regering ‘n benadering van “krisisbestuur” gevolg het (274). Barnard het by geleentheid gesê: Die persepsie bestaan dat die regering “konsekwent agteroorbuig om die ANC se eise te akkommodeer” (274). “Terwyl Mandela ‘n duidelike doelwit vir die ANC voor oë gehad het, het dit by De Klerk grotendeels ontbreek” (281). “As leier van die regerende party moet De Klerk die finale verantwoordelikgheid daarvoor aanvaar dat die Regering sonder ‘n duidelike visie en werkbare plan die onderhandelings tegemoet gegaan het … slim het spoedig sy baas gevang” (282).

Roelf Meyer, die NP se hoofonderhandelaar, se “louheid” het by sy politieke kollegas die indruk van ruggraatloosheid gewek. Hulle het “hom spoedig daarvan verdink … dat hy kop in een mus met die ANC was” (34), wat nie ver verkeerd is nie, want kort na die 1994-verkiesing het Meyer lid van die ANC geword. “Hy het kennelik eers met die ANC beraadslaag voor konsultasie met sy kollegas in die Regering” (105). “Meyer het die Regering se beplanning soms gesaboteer deur besluite nie daadwerklik en stiptelik uit te voer nie” (121). Regeringsopdragte is deur Meyer “hoe langer hoe meer verontagsaam” (146). Meyer en Fanie van der Merwe, ‘n staatkundige raadgewer van die regering, het “al meer in isolasie gewerk en hulle al minder gesteur aan die opdragte en riglyne wat hulle van die regering ontvang het” (240). Wanneer Meyer tuislandleiers gespreek het, was hy “vol bravade, wat normaalweg ontbreek het toe hy met die swaargewigte van die ANC kragte gemeet het” (37). In September 1992 het Barnard in ‘n nota aan Meyer tevergeefs op die volgende aangedring: “Dit is in ons belang dat daar nou ‘n bietjie vasgebyt moet word” (145).

“Die verskansing van ‘wigte en teenwigte’ in die Grondwet sou almal – veral natuurlik die Regeringsondersteuners – vir tyd en ewigheid teen magsvergrype, diskriminasie en outokratiese optrede deur die owerheid beskerm. Vanaf tallose politieke verhoë is dié gerusstellende [maar valse] boodskap verkondig” (277). Die bedoeling hiermee was om die blankes te sus en te voorkom dat die veiligheidsmagte (weermag en polisie) in opstand kom.

Teen die einde van sy boek kom Barnard by die ANC-kruipery wat al hoe meer in NP-geledere posgevat het. “Baie oë” was “reeds stewig gevestig op ‘n politieke possie in die nuwe Suid-Afrika” (277). Dit gaan toe nie meer oor wat in landsbelang is nie – die belange van blankes of Afrikaners het nooit sterk genoeg gefigureer nie – maar om persoonlike voordeel. “Ministers Roelf Meyer, Leon Wessels, Sam de Beer, Stoffel van der Merwe, George Bartlett en selfs [?] Dawie de Villiers was gewoon nie hiervoor [die onderhandelinge] opgewasse nie. Van hulle het heimlik en van meet af die oog op die toekoms gehou en só opgetree dat hulle nie onnodig hul kanse by ‘n toekomstige ANC-regering versuur nie” (271). “In die Kabinet was daar in die sogenaamde verligte hoek Pik Botha, Roelf Meyer, Leon Wessels, Dawie de Villiers en Sam de Beer” (272). Naas De Klerk is dit Botha, Meyer en De Villiers wat in 1994 kabinetsposte in die Regering van Nasionale Eenheid gekry het. Die ANC se gunsteling NP-onderhandelaar,* Wessels, het nie kans gesien om in ‘n ANC-oorheersde kabinet te dien waarvoor hy hom so sterk beywer het nie.

[* Cyril Ramaphosa is as die voorsitter van die Grondwetskrywende Vergadering gekies en Leon Wessels as ondervoorsitter. Uit ANC-geledere is daar aan Wessels genoem: “Enige ander nominasie uit julle [NP-] geledere sou nie suksesvol gewees het nie” (Leon Wessels, Vereeniging: Die onvoltooide vrede, Kaapstad: Umuzsi, 2010, p 269); ‘n aanbeveling waarop geen Afrikaner sou roem nie. Wessels is hierna verder vergoed met sy aanstelling as ‘n menseregtekommissaris.]

In Januarie 1993 het Frank Mdlalose van die Inkatha-Vryheidsparty gevra: “Where is Afrikaner integrity and National Party honour? Is there a selling of Afrikaner souls?” (161). Dit kan dui op die mandaadlose uitverkoping van die Afrikanerdom se siele; hulle diepste kulturele kern. Dit kan ook impliseer dat omkopery, bv deur die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) of George Soros, plaasgevind het want sowat van ‘n halsoorkop koersverandering (van magsdeling na magsoorgawe) kan kwalik rasioneel verklaar word. Daar was ook al dikwels die beskuldiging dat De Klerk met sy huweliksprobleme gepreokkupeer was, dus met sy persoonlike belange, en nie deurgaans die nodige aandag gegee het aan wat van deurslaggewende belang vir die land was nie.

Die onbekwaamheid van die NP-onderhandelaars, ook in vergelyking met dié van die ANC, word deesdae wyd as evangelie aanvaar. Die waarheid is dat wat eufemisties die onderhandelinge of die skikkingsproses genoem word nie ‘n toonbeeld van Afrikanerintegriteit of van NP-eerbaarheid is nie. Daarom het die NP kort daarna tot niet gegaan. In 1990/94 het heel moontlik die skandaligste magsoorgawe in die geskiedenis van die mensdom plaasgevind met katastrofiese gevolge vir die land en veral vir sy (myns insiens) verdienstelikste bevolkingsgroep, die blankes, veral die Afrikaners. Die bittere ironie is dat dit juis die NP was wat histories Afrikanerbelange gedien het. Bitterheid is regverdigbaar maar dit hef nie die dwase gevolge op nie.

Ek het na aanleiding van Niël Barnard se twee boeke die ongelooflike, allersotlikste geskiedenis van ons ondergang vertel. Die vraag is: Gaan ons as Afrikaners weer opstaan?

Betogers wil instellings met nagwaak dwing tot oorgawe

Betogers van die Fees Must Fall-veldtog het Sondagaand ‘n nagwaak by die Universiteit van Johannesburg se Aucklandpark Kingsway-kampus gehou.

Betogers van ander instellings, soos die Tshwane Universiteit van Tegnologie en die Noordwes Universiteit se Mahikeng-kampus was nog in die aand per bus na Johannesburg op pad.

Die amokmakers eis dat die regering daadwerklike stappe moet doen om gratis tersiêre onderrig moontlik te maak.

‘n Organiseerder van die nagwaak, Lindokuhle Xulu sê hulle gaan vandag ‘n optog deur die middestad hou. Xulu sê die protesoptrede sal voortduur totdat daar aan hul eise gehoor gegee word.

Intussen is berigte ontvang van brandstigting toe die nagwaak by die Universiteit van Pretoria in geweld ontaard het.

Dan Roodt: Ná Nice lyk ANC-terreur en NP-oorgawe nóg skrikwekkender

Donderdag se bloedige terreuraanval in Nice deur die Moslemvragmotorbestuurder Mohamed Lahouaiej-Bouhlel het oor die aardbol weergalm. Die aaklige gewetenloosheid van terrorisme is opnuut onder die kollig. Ironies genoeg het die leier van die ANC en president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, sy medelye aan die Franse volk betuig.

Ironies, want nie lank gelede nie het die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty lustig van dié lafhartige metode van “oorlogvoering” gebruik gemaak. Die Kerkstraatbom, die Amanzimtoti-bom, Magoo’s Bar en baie ander voorvalle is nog vars in ons geheue.

za-nl_roodt-danDie enigste verskil met die huidige voorvalle in Frankryk (Parys, Nice) en die VSA (Orlando) is dat die hoofstroommedia terreur afkeur, waar hulle dit nie aan die “beskikbaarheid van wapens” toeskryf nie. Ná Nice sal van die meer liberale en linkse meningsprekers seker argumenteer teen “die beskikbaarheid van gehuurde vragmotors”.

Feit is egter dat daar onder gewone mense ‘n wêreldwye afkeer van terreur aanwesig is. Maar danksy die medepligtigheid van die hoofstroommedia, veral in Londen, met die ANC-SAKP in die tagtigerjare, is daardie terroristegroep se aanvalle op burgerlikes nie met dieselfde afgryse verwerp as wat tans die geval is nie. Selfs koningin Elizabeth II van Brittanje het oor die afgelope paar dae haar meegevoel met die Franse Republiek uitgespreek. Ek herinner my nie dat sy dieselfde meegevoel met die Republiek van Suid-Afrika ná 20 Mei 1983 betoon het toe die ANC die Kerkstraatbom in Pretoria laat ontplof het nie.

Gebeure wat so skokkend en radikaal is soos Nice of verlede jaar se aanvalle op die Bataclan-kafee en ander plekke in Parys, wat ongeveer 130 mense gedood het, verander die geskiedenis. Die hele verhaal van derdewêreldopstand teen die Weste is besig om voor ons oë herskryf te word. Die Westerling, die blanke, is skielik nie meer die dader of booswig nie, maar die slagoffer en lid van ‘n bedreigde spesie.

Wat vir die Franse geld, geld ook vir ons. Die terreur waarmee die ANC en die SA Kommunisteparty die land se futlose leiers destyds oorrompel het, was ewe immoreel en afskuwelik as Mohamed Lahouaiej-Bouhlel wat hele gesinne met hul ewe onskuldige kinders voor die voet met sy vragmotor en vuurwapen afgemaai het.

Mev. Marine Le Pen, die opkomende regse Franse politikus wat aanstaande jaar gaan poog om in die presidentsverkiesing die leisels by die uiters ongewilde Sosialis François Hollande oor te neem, het nie gehuiwer om ‘n baie sterk boodskap uit te stuur dat Frankryk haar met alle mag teen radikale Islamterreur moet verdedig nie. Sy eis dat die minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, wat ook met veiligheid belas is, moet bedank. Ook wil sy hê dat die militêre begroting tot 3% van die land se bruto nasionale produk verhoog moet word, dat die inligtingsdienste moet verbeter en dat daar ‘n spesiale polisie-eenheid teen terrorisme in die lewe geroep moet word.

Ons as Afrikaners kan net hoop dat sy, asook mnr. Donald Trump wat hom insgelyks teen Islamitiese terreur uitgespreek het, in hul onderskeie presidentsverkiesings sal slaag. Terselfdertyd kan ons nie anders as om weer die hoofstuk van mnr. FW de Klerk se onbesonne kapitulasie voor ekstremistiese terreur deur die ANC en Kommunisteparty te open nie.

Daar waar ander volkere bereid is om saam te staan en terreur met wortel en tak uit te roei, het die Afrikanerelite onder invloed van linkse buitelandse meningsvormers en die plaaslike media – wat nog altyd anti-Afrikaans en selfs anti-Suid-Afrikaans was – besluit om aan die duiwelse geweldenaars oor te gee.

Daardie oorgawe het geen vrede gebring nie, inteendeel. ‘n Mens kan die afgelope twee dekades van regering deur die voormalige terroristeorganisasie as die “voortsetting van terreur met ander middele” bestempel. In die plek van bomme op straat en in winkelsentrums het plaasmoorde, huisaanvalle en ongebreidelde misdaad gekom. In haar reaksie op die terreur in Nice, het mev. Le Pen ook klem gelê op die deels misdadige element van die terreur wat haar land tans teister sodat Franse gevangenisse “universiteite vir terreur” geword het. Arabiere en swartes wat vir gemeneregoortredings gevonnis word, word in die tronke verpolitiseer en geleer om die inheemse Franse te haat. Mohamed Lahouaiej-Bouhlel is so ‘n geval, wat reeds vir gewone misdaad gevonnis is, maar wat as immigrant nie uit die land gesit is nie en hom toe tot Islamitiese terreur gewend het.

Die uitgebreide bedrog, diefstal, korrupsie en ander misdaad wat die ANC-terroristegroep pleeg sedert hy aan bewind gekom het, spreek van dieselfde “vloeibaarheid” tussen misdaad en politiek in Suid-Afrika. Die rede waarom “regimeverandering” in die vroeë negentigerjare hier by ons moes plaasvind, had min te make met die “politieke regte van gekleurdes” en meer met die wil om die staat, die munisipaliteite en selfs privaat bates na willekeur te kom stroop.

Terreur verteenwoordig ‘n internasionale misdaad, maar terreur werk ook ander soorte misdaad en geweld in die hand wat op die oog af nie polities of ideologies gemotiveer is nie. Dit maak van terreur inderdaad ‘n tweesnydende swaard wat op die duur vir state en volkere vernietigend is. Indien die Afrikanervolk in Suid-Afrika ophou bestaan, sal dit regstreeks aan terreur en die gevolge daarvan te wyte wees.

Anders as die negatiewe beeld wat die hoofstroommedia van haar skets, is mev. Marine Le Pen ‘n uiters bekwame politikus wat met streng logiese argumente poog om kiesersteun te werf. Enigeen wat Frans verstaan, kan haar TV- en radio-onderhoude aanlyn volg en moet onder die indruk van haar bedrewenheid as debatsvoerder kom. Dikwels ontwapen sy haar teenstanders met haar welsprekendheid, kwinkslae en kennis aangaande politieke en maatskaplike kwessies.

Dog mev. Marine Le Pen word gerugsteun deur honderde en selfs duisende Franse intellektuele, skrywers en meningsvormers wat te velde trek teen die dekadente toestand waarin dekades van lakse sosialistiese en hoofstroom- regse regering die land gelaat het.

In dié opsig kan Afrikaners maar net die Franse beny, al het ons nie onlangs onder ‘n massaterreuraanval deur die ANC-SAKP, APLA of ander ekstremistiese organisasies deurgeloop nie. Frankryk staar baie groot probleme in die gesig en word van alle kante bedreig, maar nogtans is daar sprake van ‘n rasionele reaksie by die bevolking en hul leiers.

Hier by ons is Afrikaners, ná twintig jaar van histeriese propaganda deur die einste gewetenlose terreurbeweging, soos slaapwandelaars wat besig is om op ‘n afgrond af te stuur. Van rasionele denke is daar min tekens. Erger, die oorblyfsels van die Afrikanerelite wat nog nie deur die meedoënlose “transformasies” van die ANC-SAKP-terroriste vernietig is nie, het vir alle praktiese doeleindes na die vyand toe oorgeloop.

Waar hulle nie letterlik by die ANC aangesluit het nie, tree hulle as meelopers van die huidige bewind op. Sulke meelopers maak jag op die enkele oorblywende figure of groepe wat poog om nog ‘n kersie van insig in die duisternis al flikkerende te laat brand.

Geen wonder dat die terreuraanval in Nice binne ‘n dag of so vanuit die plaaslike media verdwyn het nie, want ons joernaliste en meningsvormers verkies om as apologete vir terreur niks oor die aangeleentheid te sê nie. Hulle hoop dat niemand die parallel tussen die huidige Frankryk en Suid-Afrika in die tagtigerjare sal trek nie.

Die definisie van terrorisme soos dit in vele internasionale wette en konvensies, asook woordeboeke, opgesom word, is:

“Die gebruik van geweld en dreigemente om te intimideer of te dwing, veral vir politieke doeleindes.”

Tot Suid-Afrika se groot skande, is die land deur lafhartige terreur en intimidasie tot oorgawe gedwing. Sekerlik het die verraad van die Afrikanerelite ‘n groot rol daarby gespeel, maar dit neem nie weg dat ons in die eerste plek – soos Frankryk en ander lande tans – met terreur te kampe gehad het nie.

Daardie joernaliste, skrywers, akademici en meningsvormers wat aanhou om die ANC op te hemel en sy aanhoudende terreur en misdade te verskoon of te regverdig, is as meelopers ewe medepligtig aan terreur as die ANC en sy verwante organisasies self. Max du Preez, Adriaan Basson, Piet Croucamp, Christi van der Westhuizen, selfs meer “gematigde” of “behoudende” figure soos Leopold Scholtz of Tim du Plessis, is almal terroriste of terroristemeelopers. In vele Europese lande bestaan daar deesdae wetgewing wat terroriste en hul apologete of diegene wat terreur verdedig of aanhits, oor dieselfde kam skeer.

Dat ‘n kentering in die Westerse wêreld besig is om plaas te vind, is gewis. Sowel Donald Trump as Marine Le Pen mag dalk nie aan bewind kom nie. Nogtans sou ek uiters verbaas wees indien albei teen die gediskrediteerde links-liberale establishment in die VSA en Frankryk sou verloor, gegewe die tragiese terreurdade wat kort-kort plaasvind.

Die wiel draai stadig, maar hy draai. Die dag is dalk nie meer ver dat ons nie langer in die media gaan verneem dat Joe Slovo, Ronnie Kasrils en Aboobaker Ismail, asook Solomon Mahlangu na wie etlike strate in Pretoria vernoem is, nie blote “anti-apartheidsaktiviste” was nie, maar terroriste soortgelyk aan Mohamed Lahouaiej-Bouhlel.

As daardie dag aanbreek, sal ons ook met die terroristemeelopers afreken, wat elkeen etlike jare in die gevangenis verdien.

Karel Combrinck: Ope brief aan FW de Klerk

Mnr De Klerk, nou wil ek u eers ‘n guns vra : U is nou tagtig jaar oud. Moet tog asseblief nie iets onbesonne aanvang soos om lepel in die dak te steek voor die boere kan organiseer om u onderstebo op te hang nie.

Dis verbysterend dat daar nog mense is wat die vermetelheid en dikvelligheid kan hê om u skandelike oorgawe aan ‘n kommunistiese ANC-terroristebende te probeer verdedig. Lyk baie na ‘n nostalgiese uitstappie van ‘n paar van u lakeie na die dae toe u nog «president» was. Of miskien is daar mense wat sleg slaap oor wat hulle aangevang het.

Kom ons kyk na ‘n paar van hulle patetiese pogings :

In Die Burger van 18 deser verskyn ‘n artikel deur ene Alet Janse van Rensburg wat ondermeer soos volg lui :

«Diegene wat oudpres. FW de Klerk se hantering van die destydse onderhandelinge vir ’n demokratiese Suid-Afrika kritiseer, moet besef daar was geen alternatief vir die bestel wat hy suksesvol onderhandel het nie.

Só het oudkollegas van De Klerk hom Vrydag op sy 80ste verjaardag geprys vir die leierskap wat hy in ’n kritieke tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het .»

U sal merk, mnr de Klerk, dat die berig, wat in beginsel veronderstel is om objektief en neutraal te wees, in kenmerkende Burger-styl duidelik in u guns bevooroordeeld is. Die inleidende paragraaf, wat sg die mening van u oudkollegas weergee, stel onomwonde u beleidsrigtings in ‘n positiewe lig. «Leierskap wat hy in ‘n kritieke tyd tyd in die land se geskiedenis aan die dag gelê het» bevat ook duidelik ‘n oordeel dat u beslissings reg en tot voordeel van die land en sy mense was. In belang van ewewig sou ‘n mens kon verwag het dat die berig ook die menings sou dra van mense wat minder lof vir u «onderhandelde» oorgawe het. Maar Die Burger, soos ons weet, het geen voorliefde vir objektiwiteit of ewewigtigheid nie.

En dan, mnr De Klerk, die ewige getokkel oor ‘n «onderhandelde» skikking: Hoeveel onderhandelingsvermoë en hoeveel diplomasie is nodig om ‘n land weg te gee?

«Dr. Kraai van Niekerk, destydse minister van landbou in die oorgangskabinet, het gesê ondanks kritiek teen De Klerk sou Suid-Afrika nie die demokrasie gehad het wat hy vandag het as dit nie vir De Klerk was nie.» Nogal ‘n taamlik onbeholpe sin, maar toemaar.

Maar die vraag is watter soort demokrasie het Suid-Afrika vandag en is dit die soort demokrasie wat enigiemand wil hê, een onder meer waar die Guptas besluit wie kabinetsministers moet wees? «Oorgangskabinet»! Watter soort gedrog is dit? Oorgawekabinet miskien. As ek die sin ietwat kan wysig: «Sonder De Klerk sou Suid-Afrika nie die katastrofiese en totaal mislukte demokrasie gehad het wat hy vandag het nie.»

En van die kant van die ou aartsbedrieër en vermaakliheidskunstenaar, Pik Botha :

“Hoewel daar baie ekonomiese en politieke druk teen apartheid was, was dit ’n etiese en morele motivering wat De Klerk daartoe gedryf het om ons daaruit te lei. Ons het besef dat dit waarmee ons besig is («apartheid»), sonde is en ons kon dit nie langer doen nie.”

Ons was nie in staat om ons land te behou nie, maar ons het darem die tweede prys gewen: Ons was «moreel». Mnr De Klerk u weet tog dat wanneer ‘n mens wil swig voor druk dan klink dit beter om te sê dis weens «morele redes» as om te erken «ek gooi die tou op». En dan, asseblief , wil Pik Botha sowaar vir ons kom preek oor wat «sonde» is? Kan ‘n mens grotesker!

Maar dan gaan die ou amateurgoëlaar voort :

“Daardie referendum het aan die ANC gewys dat twee derdes van die wit mense in die land verkies het dat De Klerk en sy regering die toekoms namens hulle onderhandel. Dit het ons gered toe alles in die weegskaal was. Ons sou nie uit ’n swakkere posisie kon onderhandel nie.”

U het dus uit ‘n posisie van krag onderhandel. Maar wat het u dan nou juis in u posisie van krag bereik? U sou, uit ‘n posisie van krag, ‘n vorm van selfbeskikking vir ons kon beding het. Maar dit is nie ‘n «alternatief» waarin u belang gestel het nie. U het net niks vir ons beding nie behalwe spookasems. Geen wonder Cyril Ramaphosa en die ANC-onderhandelingspan kon hulle gelag vir u nie beteuel nie. ‘n Mens sidder by die gedagte aan wat u sou «beding» het uit ‘n posisie van swakheid! Soos Pik Botha dit duidelik maak, die gedagte met die referendum was om die ANC te beïndruk en instede daarvan dat hulle beïndruk was, het hulle vir u gelag.

«Dr. Stoffel van der Merwe, oudminister van inligting en die uitsaaiwese, het gesê «mense vergeet dat ’n kompromis van nature iets is waarmee beide partye nie heeltemal tevrede is nie, maar waarmee albei kan saamleef. Daar was geen alternatief vir die stelsel wat hy suksesvol onderhandel het nie».

Weer die mite van «suksesvolle» onderhandeling en «geen ander alternatief nie». U hartsbegeerte was, soos u self sê, om die mag aan die ANC oor te gee, die mooiste dag in u presidensie. Het u hoegenaamd na ander alternatiewe gekyk? Wees tog vir een keer eerlik en erken kapitulasie was die enigste alternatief wat u oorweeg het. U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief» nie. Volgens u was die enigste keuses apartheid of totale oorgawe. Dis net nuttige idiote wat dit kon glo. En ongelukkig is hulle altyd in die meerderheid.

En waar in hemelsnaam is die kompromis ? Dis tog bloot politiekery. Kompromis beteken in gewone taal «iets vir jou en iets vir my». Hulle het ‘n land present gekry en ons?

Nog Stoffel:

“Dit was grootliks te danke aan De Klerk wat in 1990 die sameloop van omstandighede – wat ’n unieke geleentheid geskep het vir ’n vreedsame oorgang – berekend benut het.”

Vreedsame oorgang miskien, maar vreedsame oorgang na wat? En hoe kon dit anders as vreedsaam wees as u die land eenvoudig verniet weggegee het? Waar is dus nou die wonderwerk?

(Kraai) Van Niekerk het ook gesê dat Suid-Afrika «gelukkig was om iemand soos De Klerk te hê wat die moed van sy oortuiging gehad het om die land op ‘n verantwoordelike wyse vorentoe te neem».

Die «moed» gehad om die land «vorentoe» te neem! Maar, mnr De Klerk, u weet dit tog, alles het inteendeel sedert u oorgawe agteruit gegaan en gaan nog steeds verder agteruit. Die «moed» wat u openbaar het en die «vorentoe» waarvan Van Niekerk en Van der Merwe praat, is moed en vooruitgang uit die oogpunt van die New York Times.

Die knaende refrein van «suksesvolle onderhandelings» laat ‘n mens ook noodwendig wonder wat «suksesvolle» onderhandelings mag beteken. As ‘n mens mooi lees en mooi luister, beteken dit oorgawe aan die ANC sonder bloedvergieting. Vanselfsprekend sal niemand bloed vergiet wat ‘n land verniet kry nie. As bloed vergiet moes word om ons selfbeskikking te waarborg, dan moes dit gebeur. Ons bloed is herhaaldelik deur ons geskiedenis heen vergiet, in die Anlo-Boere-oorlog, jare lank in Angola en elders, ter wille van ons vryheid. Om te sterf ter wille van ons vryheid sou tog eindeloos meer moreel gewees het as hierdie eerlose en vernederende oorgawe. En dan, mnr De Klerk, wat van al die bloed van witmense wat nou op plase en elders vergiet word? Alles deel van u «demokratiese» oorgang ?

U het ons die verderf ingelei met oëverblindery oor «geen ander alternatief nie». Daar was ander keuses ook behalwe apartheid of oorgawe en u weet dit, maar u het nie die wil en die «moed» gehad om hulle te oorweeg nie. U het net uitgesien na die grootste dag in u presidensie.

Baie van ons, Mnr De Klerk, en ek glo al meer en meer, is oortuig daarvan dat u motivering nie moraliteit was nie, maar eerder lafhartigheid, soeke na internasionale gewildheid en eiebelang. U het die wêreld gewen deur u siel te verkwansel. Nelson Mandela het van u ‘n wêreldfiguur gemaak: Die grootste hensopper in die geskiedenis.

Karel Combrinck: Vrae aan FW de Klerk

FW de Klerk het onlangs by geleentheid van sy tagtigste verjaardag ‘n toespraak gelewer by die Kelvin Grove-klub in Nuweland. Waar anders? Hoe Engelser, hoe beter. Natuurlik sal die Engelse hom eer, hy was dan die ondergang van die Afrikaner. Dit kan ook wees dat hy dit nie meer waag om voor ‘n Afrikaanse gehoor op te tree nie en hy word waarskynlik ook nie genooi om dit te doen nie.

Nietemin, in die loop van die toespraak het hy stellings gemaak wat nogal insiggewend is. Ek haal aan uit ‘n berig in Die Burger :

Hy het gesê die beste dag van sy presidentskap was toe hy dit in 1994 (aan oudpres. Nelson Mandela) oorgegee het. “Dit was die hoogtepunt van my loopbaan, nié omdat ek dit aan die ANC of Mandela oorgegee het nie, maar eerder aan ’n nuwe bestel waar die grondwet en gereg die oppergesag was, eerder as die parlement.”

In die eerste plek, mnr De Klerk, u het die mag in die land oorgegee aan die ANC en niks anders nie. Om te beweer u het die mag aan ‘n nuwe bestel oorgegee waar die grondwet en gereg oppersag was, is mos gewoon net bogtery. Wil u die Suid-Afrikaanse publiek so waaragtig nogeens probeer bedrieg? Gelukkig maak dit nou nie meer saak nie, want mnr De Klerk, u was verlig om die presidentskap af te staan en nou is u, saam met ons, niks. Al waarvoor u deug is om fatsoenlike toesprakies te maak vir ryk, verveelde afgetrede Engelse omies en tannies in sosiale verenigings en rolbalklubs.

In die eerste plek word dit meer as duidelik dat u ‘n brandende begeerte gehad het om die mag in die land af te staan. Lesers hiervan sal opmerk, dat ons dit lankal reeds weet en dis waar ja. Dis net interessant dat u dit nou self so onomwonde erken.

‘n Verdere punt is dat die magsoorgawe die hoogtepunt van u loopbaan was omdat dit ‘n «nuwe en meer regverdige bestel tot stand sou bring waar die grondwet en gereg oppergesag was». Maar mnr De Klerk, as die bestel wat u beheer het dan so onregverdig was, waarom het u dit dan nie verander nie eerder as om die mag aan die ANC toe te vertrou om die veranderings vir u te maak? En wie of wat het u laat droom dat die ANC dit sou doen? U raadgewer Roelf Meyer?

Ook onstaan die vraag: maar mnr De Klerk, as u dan nie kans gesien het om die onregverdige bestel verder te voer nie en verder te regeer nie, waarom het u dan nie gewoon as president bedank nie, eerder as om ons almal saam met u die afgrond in te sleep?  En ook mnr De Klerk, was u so verlig om die mag aan die ANC af te staan omdat u gedink het hulle sou beter vaar as u self, of was u gewoon maar net sat van regeer en begerig om aan ander prioriteite aandag te gee ?

Mnr De Klerk, u beklemtoon in u outobiografie, u toesprake, ens., herhaaldelik dat geregtigheid u vernaamste beweegrede was om die beheer oor Suid-Afrika aan die ANC te oorhandig. Drie vrae hieroor:

a) Mnr De Klerk het u werklik gemeen ‘n kommunisties geïnspireerde ANC sou groter geregtigheid in die land moontlik maak ?

b) Kon die swetterjoel raadgewers en deskundiges oor volkekunde, volkereg en wieweetwatnog waaroor u beskik het nie ‘n alternatief bedink wat selfbeskikking vir die witmense van Suid-Afrika sou verseker en nog steeds regverdig sou wees nie? Of het u net geluister na Roelf Meyer ?

c) En dan, mnr De Klerk, die belangrikste vraag van almal, meen u dat die bestel waarin ons nou leef, en waarvoor u volle verantwoordelikheid het, naastenby regverdig is?

Leon Lemmer: Meerderheidsregering: Is dit die blanke kiesers se skuld?

‘n Getroue Praagleser en gewaardeerde -rubriekskrywer, Karel Combrinck, wil weet in hoeverre die blanke kiesers skuld het aan die roemlose 1994-oorgawe aan swart mag (kyk sy reaksie onderaan my Praagrubriek van 13 deser). Hierdie saak is dermate van deurslaggewende belang vir bv die selfrespek, -beeld en -vertroue van blankes/Afrikaners dat ek liewer ‘n aparte artikel hieroor skryf. Dalk is dit ook die regte manier om FW de Klerk se 80ste verjaardag te vier.

Ek verwys vervolgens na inligtingsbronne en verskaf aanhalings. Ek poog om die minimum kommentaar te lewer voordat ek tot enkele gevolgtrekkings kom. Hou in gedagte dat die referendum op 17 Maart 1992 gehou is, die Oorgangsgrondwet in 1993 goedgekeur is, die “eerste demokratiese” verkiesing op 26 en 27 April 1994 plaasgevind het, maar dat die finale Grondwet eers in 1996 beslag gekry het nadat ‘n oorweldigende meerderheid swartes sittingsreg in die parlement verkry en die Oorgangsgrondwet volgens hulle wense tot Grondwet verander is. Leon Wessels vertel: “Voor die stemming vir die aanvaarding of verwerping van die konsepgrondwet op 8 Mei 1996, flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (bron hier onder, p 279).

Hermann Giliomee I

Die vraag wat in die 1992-referendum met ‘n “Ja” of “Nee” deur die blanke kiesers beantwoord moes word, lui soos volg: “Steun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gerig is?” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 358). Giliomee skryf: “Dit was ‘n valerige vraag wat die kiesers eenvoudig gevra het om die beginsel van onderhandeling te bekragtig, nie die resultaat nie” (358).

De Klerk het onderneem dat “die grondwetlike voorstelle ná voltooiing van die onderhandelinge op ‘n grondwetlike manier by die kiesers getoets sal word. ‘n Nuwe grondwetlike bedeling sal net met hul steun ingestel word” (Die Burger, 31 Maart 1990, aangehaal deur Giliomee, p 356, kursief deur hom bygevoeg). “Op Kodesa se openingsvergadering in Desember 1991 het De Klerk gesê enige wesenlike veranderinge, selfs oorgangsmaatreëls, moes deur die parlement gevoer word nadat ‘n mandaat in ‘n referendum verkry is” (356). “Die regering se sterk aandrang op minderheidsregte en ‘n grondwetlike wit veto sou óf tot Kodesa se verbrokkeling kon lei óf tot ‘n skeuring in die geledere van die ANC” (360).

“Daar was geen mandaat vir ope onderhandelinge nie. Lawrence Schlemmer het ná die referendum daarop gewys: ‘Wit mense het gewis nie ‘n toekomstige ANC-regering in gedagte gehad toe hulle onderhandelings gesteun het nie. Die mees fundamentele versekering wat die NP gegee het, was dat daar in die voorsienbare toekoms magsdeling in die vorm van gewaarborgde koalisieregering sal wees. NP-woordvoerders het ook die versekering gegee dat daar geen meerderheidsoorheersing sal wees nie” (358).Voor die referendum is ‘n advertensie “in koerante geplaas met die kragtige opskrif: As jy bang is vir meerderheidsregering, stem Ja. Dit het die kiesers verseker dat hulle, deur ja te stem, iets sou kon bereik wat nooit vir die Rhodesiërs beskore was nie – ‘n grondwet wat oorheersing deur die regerende party voorkom” (358).

Anelma le Roux het in ‘n 2008-verhandeling geskryf: “Dis vandag moeilik om te glo, maar ‘n ja-stem het vir magsdeling gestaan. Dit is sonder doekies omdraai onder die kiesers se aandag gebring dat niks anders as magsdeling aanvaar sou word nie. Dit is hierdie beloftes … waaraan die kiesers waarde geheg het toe hulle ja gestem het” (358). Colin Eglin het gesê “dit was ‘baie stout’ van De Klerk om te beweer dat hy by sy beloftes gehou het … Schlemmer het opgemerk: ‘Hulle [die blanke kiesers] het basies gestem om [De Klerk] ‘n mandaat te gee omdat hulle hom in ‘n baie hoë mate vertrou het om hulle nie uit te verkoop nie” (359; ook 426).

“Ebbe Dommisse, die redakteur van Die Burger, het geskryf dat De Klerk ‘n mandaat vir magsdeling gekry het, nie vir meerderheisregering nie. De Klerk het, ongeloofwaardig genoeg, die beskuldiging dat die kiesers nie geweet het waarvoor hulle stem nie verwerp” (359). Tydens die grondwetlike onderhandelings het Roelf Meyer “die NP-leierskorps se belofte geïgnoreer dat ‘n referendum gehou sou word as die skikking te veel van die partybeleid afwyk” (388). “Vanaf die begin van die onderhandelings teen die middel van 1992 tot hul afsluiting aan die einde van 1996 het Meyer gepraat asof hy ‘n vrye agent was, ongehinderd deur ‘n partymandaat” (389).

Oud-minister André Fourie het gesê: “In die loop van die onderhandelings het De Klerk sy basiese politieke filosofie verander. Hy het nie meer groepsgebaseerde politiek onderskryf nie, maar klassieke liberale individualisme aanvaar, die vestiging van gemeenskaplike waardes in die plek van minderheidsregte en minderheidsbelange” (413). Van Zyl Slabbert het in 1997 opgemerk dat “De Klerk se onderhandelingspan [teen die einde van die onderhandelinge] eintlik deel van Mandela se span was in die fasilitering van die oorgang na meerderheidsregering” (421).

Jan Heunis, die seun van Chris Heunis en ‘n NP-regsadviseur, het in 2007 geskryf: “Ek het gesien hoe ononderhandelbare aspekte binne enkele minute onderhandelbaar geword het” (421). Jan Heunis “onthou hoe geskok hy was toe Meyer hom vertel dat hy met Ramaphosa oor meerderheidsregering ooreengekom het. Dis nie die ooreenkoms oor meerderheidsregering op sigself wat hom geskok het nie, maar die feit dat Meyer tot iets ingestem het waarvoor hy nie ‘n mandaat gehad het nie” (423).

Toe behoudende NP-politici De Klerk daarvan beskuldig het dat hy aan die ANC se eise toegegee het, het De Klerk gesê: “Maar menere, julle verstaan nie. Ek en Nelson Mandela gaan die land regeer” (414). In 1993 het De Klerk egter sy kabinet meegedeel “dat hy Mandela se eis vir meerderheidsbesluitneming in die kabinet [van die Regering van Nasionale Eenheid] aanvaar het” (424). Tertius Delport, ‘n minister, was so ontsteld dat hy kort daarna na De Klerk se kantoor gestap en aan sy deur geklop het. “Toe hy oopmaak, het ek hom aan sy baadjielapelle gegryp en uitgeroep: ‘Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee. Jy het kinders laat onderhandel. Wat jy nou het, is nie magsdeling nie; dit is konvensionele meerderheidsregering. Ons het alle mag verloor'” (424). Rapport het in 1997 geskryf: “Die NP het ‘n mandaat van ons ontvang om te alle tye ons belange te beskerm en te beveilig. De Klerk het nie ‘n mandaat gekry om ons soos ‘n Judasbok na die politieke slagplaas te lei nie” (429). De Klerk het geantwoord “dat hy nooit ‘n wit minderheidsveto beloof het nie” (429). Volgens Giliomee was die 1992-referendum “veels te vroeg in die proses vir kiesers om die skikking te beoordeel” (430).

In ‘n pamflet oor NP-beleid het die NP met uitteksels uit De Klerk se toesprake in 1992 daarop geroem: “Ons hou ons beloftes” (426). Volgens Giliomee het dit nie gebeur nie: “De Klerk moes teruggaan op sy onderneming wat hy kiesers in die referendum van 1992 gegee het dat hy niks anders as magsdeling sou aanvaar nie” (440).

Hermann Giliomee II

“In die verkiesing van 1989 het die NP-leierskap belowe dat enige skikking wat radikaal van die NP se verkiesingsmanifes afwyk, aan ‘n referendum onderwerp sou word. De Klerk het dié belofte op 30 Maart 1990 en in Januarie 1992 herhaal … Daar sou magsdeling wees en geen rassegroep sou die ander kon oorheers nie. Elke groep sou oor selfbeskikking oor sy ‘eie sake’ beskik … Dit was van deurslaggewende belang op watter tydstip in die onderhandelingsproses hierdie referendum gehou sou word. As dit te vroeg gehou word, sou dit hom sonder enige werklike hefboom laat om die ANC se eise teen te staan. As hy die referendum aan die einde van die proses wou laat plaasvind, sou dit sekerlik sy swart onderhandelingsvennote baie ontstel het, want dit sou gelyk het of hy die blankes ‘n kans wou gee om ‘n veto uit te oefen. Maar feit is dat De Klerk ‘n spesifieke belofte aan sy kiesers gedoen het om aan die einde van die proses ‘n referendum te hou” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners, Kaapstad: Tafelberg, 2004, p 590). “De Klerk skryf in sy outobiografie dat die meerderheid van die NP-koukus teen ‘n referendum [in 1992] gekant was omdat dit as ‘n oorhaastige stap beskou is” (591).

“Toe die referendum in 1992 gehou is, was daar die vooruitsig dat ‘n tweede referendum gehou sou word om kiesers oor die grondwet te toets. Op 23 Augustus 1989 is berig dat Roelf Meyer, adjunkminister van konstitusionele ontwikkeling, sê dat die regering nie ‘n nuwe grondwetlike stelsel sal invoer voordat die goedkeuring van die wit kiesers verkry is nie. Die Burger van 31 Maart 1990 rapporteer dat president De Klerk die vorige dag voor die Kaapse persklub verklaar het dat ‘die grondwetlike voorstelle op ‘n grondwetlike wyse by die kiesers getoets [sal] word en net met hulle toestemming sal ‘n nuwe bedeling ingevoer word’ … Die NP sou in die verkiesing van 1994 ‘n onoortuigende poging aanwend om te bewys dat die grondwet ooreenstem met die beloftes daaroor wat dit in 1989 aan die kiesers gedoen het … De Klerk het dus nie sy belofte gestand gedoen om die konsepgrondwet in ‘n referendum aan die kiesers voor te lê nie” (597). “Dit is so dat hy [De Klerk] sy belofte verbreek het om ‘n referendum oor die konsepgrondwet te hou, maar so ‘n referendum kon ook groot geweld ontketen het” (609).

“Nadat hy [De Klerk] in 1993 die Nobelprys saam met Mandela ontvang het, het hy sy prysgeld vir die bevordering van Afrikaans geskenk” (602). Kan iemand inligting hieroor verskaf?

Willie Esterhuyse

Oudminister Dawie de Villiers was “van mening dat die referendumvraag baie spesifiek ‘n onderhandelingsmandaat moet soek. Pik Botha … meen ‘n tweede referendum moet belowe word om die onderhandelde grondwet by wit kiesers te toets. Dit sou ‘n soort vetoreg aan wit kiesers gee, iets waaroor sommige NP-ondersteuners sterk gevoel het. De Villiers het hierteen kapsie gemaak en gereken dat ‘n mandaat vir onderhandeling ook ‘n mandaat vir die uitkoms van die proses is” (Willie Esterhuyse, Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 293).

De Villiers reken dus dat as bv ‘n vakbondbestuur opdrag het om vir ‘n loonsverhoging te onderhandel en niks of te min bereik word, die vakbondlede gebonde is om daardie onbevredigende uitslag te aanvaar. De Klerk het klaarblyklik met De Villiers se drogredenasie verskil en ten minste aanvanklik eerder met Pik Botha saamgestem.

Leon Wessels

Leon Wessels, soos De Villiers ‘n oudminister en NP-grondwetonderhandelaar, beweer “dat ons ‘n mandaat gehad het om ons uit die politieke skaakmat te onderhandel” (Leon Wessels, Vereeniging, Kaapstad: Umuzi, 2010, p 302). ‘n Ander vergesogte mening van Wessels is: “Roelf Meyer was die regte man om De Klerk by te staan en die NP-onderhandelingspan te lei” (251).

Frederik van Zyl Slabbert

“Ek is nog steeds verstom oor hoe De Klerk volhou om te beweer dat wat hy gedoen het bloot die naatlose ontplooiing van aanvaarde Nasionale Party-beleid was. In 2004 voer ek ‘n uur lange indiepte-gesprek met hom op ‘n TV-geselsprogram op die kykNET-kanaal. Ek vra hom: ‘Wanneer het jy, en/of die NP, die beginsel van meerderheidsregering aanvaar?’ ‘O’, sê hy, ‘dis as partybeleid aanvaar by die NP-kongres in Februarie 1986.’ Direk ná die program ontvang ek drie telefoonoproepe: van Pik Botha, voormalige minister van buitelandse sake, van Barend du Plessis, voormalige minister van finansies, en van Roelf Meyer, hoofonderhandelaar en voormalige minister van grondwetlike ontwikkeling. Al drie is hoogs ontsteld en beweer onafhanklik van mekaar dat ‘FW lieg dat hy bars’*. Ek sê hulle kan die probleem van wat om te doen op die volgende week se geselsprogram oplos deur aan ‘n paneelbespreking deel te neem, wat hulle toe gedoen het. Hulle het FW uitmekaargetrek wat betref sy bewering dat hy die party, koukus en kabinet by die lewering van sy toespraak [2.02.1990] betrek het. Hulle het ook verwys na hoe erg hulle, veral Roelf, gesukkel het om FW de Klerk tydens kritieke oomblikke van die onderhandelingsproses te kontak. (De Klerk se huwelik was toe juis besig om te verbrokkel en hy het ‘n verhouding met sy huidige vrou gehad. Dit kon nie ‘n maklike tyd vir hom gewees het nie” (Frederik van Zyl Slabbert, Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 34-35). [* By geleentheid het George Meiring, oudweermaghoof, van De Klerk gesê: “Hel, hy vat ‘n bietjie kortpad met die waarheid” (22).]

Van Zyl Slabbert skryf die ANC het “eenvoudig polities meer uitgeslape en bekwame onderhandelaars as die NP gehad … Toe onderhandelinge hervat word … aanvaar Meyer by ‘n kritieke vergadering van die Onderhandelingskomitee die beginsel van meerderheidsregering. Toe hy dit aan De Klerk rapporteer, sê De Klerk geskok, ‘My God, Roelf, jy het die land weggegee.’ Cyril [Ramaphosa] het my vertel die oomblik toe Roelf dié beginsel namens die regering se onderhandelingspan aanvaar, het hy (Cyril) gevra vir ‘n verdaging van 15 minute ‘sodat ons opsy kon gaan na ons eie kamer en kon uitbars van die lag.’ Vanaf hierdie punt het onderhandelings in een rigting gegaan vir die ANC, en in die ander vir die NP” (49-50).

Een van die NP se plakkate in die 1992-referendum het gelui: “Onderhandelinge Ja; Meerderheidsregering – Nooit!” (45). “Dit ly egter geen twyfel nie dat die ANC die hoofbegunstigdes van ‘n onderhandelde skikking was, en De Klerk en sy volgelinge die verloorders” (46). Na die 1989-verkiesing het De Klerk dit baie duidelik gestel “dat hy nooit meerderheidsregering sal aanvaar of so sal onderhandel dat hy die mag prysgee nie” (62). “De Klerk is steeds besig om versinde geskiedenis te skep oor homself en die rol wat hy vóór, gedurende en ná die oorgang van die ‘ou’ na die ‘nuwe’ Suid-Afrika gespeel het” (156).

Nelson Mandela

Oor De Klerk se 1992-referendum: “The ANC opposed the referendum on the principle that it was a vote that excluded all non-whites. At the same time, we were realistic: we certainly did not want white voters to rebuff Mr de Klerk’s efforts to pursue negotiations. Though we disdained the election on principle, we urged whites to vote ‘yes’. We saw such a vote as a signal of support for negotiations, not necessarily for de Klerk” (Nelson Mandela, Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 717).

Ek onthou Mandela het op sy arrogante manier oor die 1992-referendum gesê dat hy nog daardie enkele keer sou toelaat dat slegs blanke kiesers stem. Daarmee het hy ‘n moontlike tweede referendum geveto. De Klerk het aan feitlik alle ANC-eise toegegee; ook hierdie een. Daar is geen twyfel dat die blanke kiesers die grondwetlike ooreenkoms wat De Klerk & Seuns (kyk hier onder) aangegaan het, oorweldigend sou verwerp nie. Die blanke kiesers mag bv nie oor ‘n vetoreg beskik nie. Selfs voor die 1994-verkiesing is die ANC egter toegelaat om effektief ‘n vetoreg te hê en daar is geen einde in sig aan die misbruik wat die ANC sedertdien daarvan maak nie.

Slot

Op grond van die voorafgaande lyk dit vir my redelik om te beweer dat die (oorgrote) meerderheid blanke kiesers nie skuld het aan die huidige grondwetlike bedeling nie. Die skuld moet, in afnemende volgorde van aandadigheid, deur FW de Klerk en sy drie “onderhandelaars”/toegeërs, Roelf Meyer, Leon Wessels en Dawie de Villiers, gedra word. Izak de Villiers het verwys na die “NP & Seuns” wat deur die ANC liederlik ore aangesit is (JC Steyn, Ons gaan ‘n taal maak, Centurion: Kraal Uitgewers, 2014, p 434). Vorige politici wat namens die NP met grondwetlike sake en/of onderhandelings gemoeid was, soos Chris Heunis, Gerrit Viljoen en Tertius Delport, kan van aandadigheid aan die huidige politieke opset vrygespreek word, want hulle het hulle nie aan sulke buitensporige dwaashede skuldig gemaak nie.

Wat opval, is dat dit Afrikaanssprekende blankes is wat vir die ondergang van die blanke politieke bewind, asook vir die gebrek aan daadwerklike magsdeling, verantwoordelik gehou kan word. Dit is ook Afrikaanssprekende blankes wat hulle in die nuwe Suid-Afrika vir die afskaling en miskenning van Afrikaans beywer. In albei gevalle beskou ek hulle nie as Afrikaners nie. Daar is ‘n kwalitatiewe verskil, spesifiek ‘n kulturele gehalteverskil, tussen Afrikaanssprekende blankes in die algemeen en die kleiner maar hoogs verdienstelike kerngroep, die Afrikaners.

In November 1991 is eenparig besluit dat Engels die voertaal by die Kodesa-onderhandelings sou wees (Steyn, p 424). Dit het saamgeval met die afskaffing van Afrikaans as amptelike taal in Namibië. Mense soos die volgende het openlik hulle anti-Afrikaansgesindheid te kenne gegee: André P Brink, Max du Preez se Vrye weekblad, Willie Esterhuyse, Antjie Krog en Hein Willemse (419-422). ANC-gedienstigheid is vir hulle belangriker as Afrikanerkultuur.

Sedert die publikasie van ‘n brief op 7 deser is daar ‘n polemiek in Die Burger oor hoe daar oor De Klerk gedink moet word: twee briewe op die 9de en twee op die 14de. Ek wonder dikwels oor die mate waarin mense wat so selfversekerd in die openbaar hulle mening lug, ingelig is. Daar word tans ook oor die verdeling van plase (helfte vir die boer en die ander helfte vir die plaaswerkers) en onteiening (dalk geen of min vergoeding vir die boer) geredekawel. Ek wonder hoeveel mense weet van die plegtige versekering wat De Klerk, in die aanloop tot die finalisering van die Grondwet, aan die boere gegee het: “Julle kaart en transport is veilig” (Louis Changuion en Bertus Steenkamp, Omstrede land, Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, p 272).

Brief: Hoe lyk ons pot lensiesop?

Met hernieude ontnugtering kyk ek na die hordes Afrikaner- en Boerevolkgroepies op die internet! Elkeen tier, grom, trots, roem en toi-toi op hul eie manier en die legioen van leiers pronk selfvoldaan. (Noem ons Legio …)

Hoe lyk ons Volk/ mense se “pot lensiesop” na die groot en ononderhandelde uitverkoop in 1994?

Was dit die doel om totaal onnadenkend en apaties, op die kopknik van die “broeders” en verstommende goëlkuns in die politiek, eenvoudig weg te stap van als wat deur ons mense, bloed en geld opgebou is sedet 1652 en 1910?

Wat het van ons kunsskatte en museums geword? Wat het van duur gekoopte en self befondste, duur en opofferend opgeboude argitektoniese volksbakens en setels van ons gesag geword?

Was dit werklik die bedoeling om als net eenvoudig prys te gee? Waarom was daar geen skikking of ooreenkoms bereik, behalwe vir die halfgebakte volkstaat- of soewereine-selfbeskikkingsgedagte waarvan die bal of spel nou al herhaaldelik neergegooi, ontbind of versaak is?

Ons ondergang bly toenemend skokkend die resultaat van ‘n geweldige versuim en onbeholpe magsoorgawe! ‘n Volle en vrywillige abdikering! (Nou bloei en kerm die volk …)

Wie, onder ons eie mense, was die ingenieurs van hierdie geweldige onbesonne of gierige bedrog en volksmisdaad? Het ons nou al die vuurpeleton of galg in die volksheradministrasieplan geformuleer?

Sit-sit hulle steeds skelm, agterbaks en onderduims hier onder ons rond, glimlag skalks en bevorder die ondergang van eie bloed, nasie en kinders se toekoms, rustende op vals beloftes en vals profesie van ereplekke in Nuwe Ordes? (Soos wat deelnemers aan die Simba-rebellie van 1960 of die volksmoord in Rwanda van 1994 ook steeds skelm onder die bevolkings skuil?)

In die voorstede bly ek verstom oor die manne se geite, groepies en onderlinge geboelie – totaal onbewus of traak-my-nie-agtig of denkeloos of geestelik versluierd in die narkose van kerkgenootskappe met agendas en “kulturele” of “barmhartige” organisasietjies van uitermate (en fundamenteel okkultiese) misleiding.

Gaan ons dit daadwerklik en dringend regkry om te fokus en spoedig tot eenparige, ordelike en deurdagte uitvoerende selfbeskikkingsaksie oor te gaan, of bly ons in ‘n plaas-sonder-baas-droomland vasgevang en blaas net warmlugborrels in die publiek?

Volksdiensgroete,

Johannes Meintjes
Volksetel Pretoria

‘FW wou nie luister nie’ – genl. Constand Viljoen

“Die ou NP en selfs mnr de Klerk was polities steriel en het nie geluister na raad en lesse uit die baie insurgensiebotsings nie.” Só sê genl. Constand Viljoen, voormalige hoof van die SAW in ‘n epos wat aan verskeie Afrikaanse organisasies en aktiviste gerig is. Hy het insgelyks die standpunt van dr. Dan Roodt van PRAAG beaam dat die NP onder De Klerk strategies onbeholpe was. Genl. Viljoen sê:

“Die beginpunt (van Afrikanerherlewing) is om saam te stem dat daar in 1994 ongelooflike strategiese flaters gemaak is. Die ou NP en selfs mnr De Klerk was polities steriel en het nie geluister na raad en lesse uit die baie insurgensiebotsings nie. Natuurlik moes in ons land verandering kom. Maar die inploffing was nie nodig nie, veral die rigting na ‘n unitêre staat een-mens-een-stem-wenner-neem-alles. Ons weet almal dat die toenmalige regering onder druk van orals was. Maar die militêre vermoë was nog so sterk dat ons onderhandeling meer brinkmanship kon openbaar het.”

Genl. Viljoen, wat die stigter van die Vryheidsfront in aanloop tot die 1994-verkiesing was, het hom verder teen Afrikanerbinnegevegte in die huidige tydvak uitgespreek en dit as “volkselfmoord” bestempel. In sy epos sê hy:

“Interne gevegte op hierdie stadium is volkselfmoord. Dit gaan ons nêrens bring nie. Ek glo in die laaste boodskap van Paul Kruger: Erken eers uit die verlede wat ons in hierdie situasie laat beland het, kom dan bymekaar en soek na alterniewe en daar is sulke moontlikhede. Ek het nie meer baie jare voor nie maar is bereid om alles in te sit om ons volk uit hierdie ellende te kry.”

Hy het hom ten gunste van onderlige gesprek tussen Afrikaners uitgespreek en meen dat “ons vyand nie meer bang of respekvol is nie”:

“Waarna ek soek, is ernstige onderlinge gesprek en die hoop dat daaruit verstandige, werkbare alternatiewe  sal voortspruit. wat genoegsame steun sal kry om skrumkrag binne ons volk te genereer. Ons vyand is nie meer bang of respekvol  nie. ‘n Flentergat-Afrikanergroepering gaan nie indruk maak nie.”

Dan Roodt: Vir Soliforum is Afrikaners die vyand – nes FW se NP

In die politiek en die geskiedenis is dit soms nodig om terug te tree en die groter prentjie raak te sien. Elke dag verloor Afrikaners in dié land veld: treetjie vir treetjie retireer ons en verloor universiteite, skole, werksgeleenthede, plaasgrond, taalregte, noem maar op. Ons kinders wat ná 1994 gebore is, vind dit onwerklik dat ons op ‘n stadium énige seggenskap oor ons belastings of oor politieke besluite gehad het. Dis slegs met terugskouing dat die skouspelagtige ondergang van die Afrikaner duidelik is. Tussen Verwoerd se dae toe ons land agter omringende bufferstate teen sy vyande verskans was, en die huidige tydvak waar ons tot in ons huise aangeval word, lê ‘n grootse verhaal van strategiese flaters en agterbakse oorgawe.

Veral moet ons aan onsself erken dat die Afrikaner se ondergang nie te wyte was aan ‘n gebrek aan middele of omdat sy vyande besonder sterk was nie, maar vanweë ‘n gebrek aan strategiese denke. Trouens, ek is geneig om dit as ‘n volslae gebrek aan enige denke te beskryf. Mense het eenvoudig soos outomate op ‘n ou resep voortgegaan terwyl die skrif reeds aan die muur was. Ook het hulle verskrik gestaan voor ‘n propagandaveldtog van histeriese leuens wat vanuit die buiteland teen hulle gevoer is.

Die NP-Broederbond wat eens vir die Afrikaner ‘n betroubare voertuig in sy politieke, ekonomiese en kulturele stryd tydens die twintigste eeu was, het die pad op ‘n stadium die pad byster geraak en begin om Afrikaners aan sy regterkant as die vyand te sien. Daarom kon FW de Klerk en Roelf Meyer saam met die ANC en SA Kommunisteparty staan om patriotiese Afrikaners die nekslag toe te dien en van invloed by die onderhandelingstafel uit te sluit. Kort ná 1994 het die herdoopte Afrikanerbond ‘n nuwe benadering geformuleer: Hoewel die Afrikaner sy strategiese posisie waarvoor hy eeue lank goed en bloed opgeoffer het, kwyt was, “moes hy hom nou onmisbaar maak vir die nuwe regering”. In die vroeë fase van die revolusie het die hoop bestaan dat blankes en Afrikaners tog verdra sou word omdat “die stelsel nie sonder hulle kon funksioneer nie”. Hieroor het die ANC en sy Kommunistiese alter ego, die SAKP, hulle slap gelag en eenvoudig die staatsdiens en alle instellings meedoënloos van Afrikaners en Afrikaans gesuiwer. Intussen het die koor van optimistiese, selfversekerde NP-Broederbonders tjoepstil geraak.

Vir die NP-Broederbond in sy terminale fase het die Afrikaner nie meer saak gemaak nie; al wat van belang was, was om soms oor ‘n whisky met Mbeki by die kaggelvuur van mag jou voete bietjie warm te maak. “Gesprekke met die ANC”, hoe sinneloos ook al, was die wyse waarop die De Klerk-geslag hulle steeds oortuig het dat hulle “agter die skerms besluite beïnvloed en onderhandel”. Nog ‘n slagspreuk uit die negentigerjare was: “Ons moet die land maak werk, vir almal.” Ek meen dit word nou nog in die Nasperskoerante geskryf.

‘n Mens kan dus hierdie oorgawepolitiek opsom deur op sy vier kernbeginsels te wys:

  1. Beskou afvallige of dissidente Afrikaners as “die vyand”;
  2. Maak jouself onmisbaar;
  3. Praat of onderhandel met die ANC/SAKP;
  4. Hou die stelsel, hoe onregverdig ook al, aan die gang.
  5. Voeg hierby nog ‘n vyfde beginsel: Verwerp die pro-Westerse groepe in die buiteland en onderskryf die “mengkultuur” van sosialistiese, liberale of “fatsoenlike” sentrumregse partye.

Die Nasionale Party is onder Marthinus (Kortbroek) van Schalkwyk tot niet, maar die kern van daardie ou oorgawedenke het oorgebly en word vandag met nuwe ywer deur die Soliforum-beweging omhels. Dit het onlangs vir my helder geword toe Kallie Kriel van Afriforum hom aan die kant van die New Yorkse “Daily Show”, ‘n oneerlike, links-liberale TV-program geskaar het, deur my luidkeels op RSG en in ander media as ‘n “rassis” uit te kryt. Sedertdien het van Kriel se handlangers soos Ernst Roets en ander my insgelyks honend en minagtend op Twitter aangeval en verguis. Ook mnr. Jaap Kelder van die NBU (Nasionale Belastingbetalersunie) is al meermale deur Soliforum ondergrawe in sy pogings om lydelike verset teen die korrupte ANC-munisipaliteite aan te stig.

In jukstaposisie met hul smaad en hoon vir ander Afrikaners, staan die agting en eerbied wat Soliforum vir die ANC, SAKP en verwante vakbonde soos die kommunis Irvin Jim se Numsa koester. Flip Buys of Kallie Kriel sal veel eerder om ‘n tafel vergader met ‘n swarte wat hom as ‘n Marxis-Leninis beskryf, as met ‘n patriotiese Afrikaner wat dalk sou waag om soms Die Stem te sing. Dit het ook onlangs geblyk dat Afriforum die hofbevel oor die sing van die liedjie “Kill a Boer, kill a farmer” agteraf laat afwater het sodat die ANC dit steeds by sekere geleenthede mag sing.

Wat presies is Soliforum? Flip Buys verwys na die aantal organisasies onder dieselfde sambreel en wat groen-en-oranje embleme deel as die “Solidariteitbeweging”. Trouens, hulle skryf dit twee woorde, met hoofletters: “Solidariteit Beweging”, wat vir my kwalik goeie Afrikaans is. Solidariteit is ‘n vakbond, die ou Mynwerkersunie wat oorspronklik deur dr. Albert Hertzog gestig is, as ek dit nie mis het nie. Maar wat is Afriforum en die res? Hul kernbesigheid, soos dit vir my lyk, is telebemarking. Tydens die 1980’s was telebemarking in Wes-Europa hoog mode, voordat dit met die koms van die internet begin taan het. Soliforum is in wese ‘n oudmodiese telebemarker wat vasgestel het dat die blanke en Afrikaanse publiek oor regstellende aksie en taaldiskriminasie begaan is. Daarom voer hulle bemarkingsveldtogte rondom dié kwessies ten einde hul debietorderinkomste te vergroot. Hul doelwit is geensins om iets aan die huidige stelsel te verander nie, maar bloot om hul debietorder- en ander inkomstes te vergroot. In ‘n ander land en onder ander omstandighede sou hulle hulle soos “Dokters sonder grense” op mediese dienste vir die Derde Wêreld of dalk Al Gore se aardverwarming toegespits het.

Uiteraard gee Soliforum voor dat hulle oor een of ander politieke of kulturele projek beskik. As ‘n mens egter effens terugtree, kan jy sien dat dié organisasie hom steeds by al vyf beginsels van die NP-Broederbond hou. Laat my vir ‘n oomblik opsom hoe ek dit kan insien.

  1. Afrikaners is die vyand. Benewens hul openbare belastering en verguising van Afrikaners, voer Soliforum ‘n strategie om elke ander organisasie of groepering wat dalk momentum kan begin kry, te ondermyn en verdag te maak. Hulle poog ook om ‘n monopolie op alle Afrikanergemeenskapsinisiatiewe te verkry ten einde hul “gemeenskapsbelasting” (Dirk Hermann) te verhoog.
  2. Maak jouself onmisbaar. Soliforum glo dat deur opleiding aan ambagsmense te verskaf, sommige Afrikaners wel “onmisbaar” sal wees en dus in weerwil van die regering se rassewette hul poste sal kan behou.
  3. Praat of onderhandel met die ANC/SAKP. Min of geen van die “leiers” van Soliforum is ooit demokraties verkies nie en sover ek verstaan, het lede geen seggenskap sover dit die beheer oor Afriforum betref nie. Nietemin beskou Soliforum hulle as die selfaangestelde “Afrikanerleiers”, baie soortgelyk aan die destydse Broederbond, wat namens ons met die ANC/SAKP mag praat. In welke mate sulke gesprekke ook handel oor hoe potensieel “opstandige” of “dissidente” Afrikaners en organisasies verder ondergrawe of ondermyn kan word, is ‘n ope vraag.
  4. Hou die stelsel aan die gang. Vermoedelik dra die FW de Klerk-stigting en via hom dalk die Amerikaanse regering by tot Soliforum se fondse wat bestem is om die huidige grondwet, wat teen blankes en Afrikaners gelaai is, te handhaaf. In alles wat hulle sê, beklemtoon Flip Buys, Kallie Kriel en Ernst Roets dat die huidige stelsel ‘n fait accompli is wat nie bevraagteken mag word nie, maar bloot ietwat versag kan word. Vae praatjies oor “selfstandigheid” of selfs “selfbeskikking” is nie bedoel om die vanselfsprekende gesag en legitimiteit van die Nuwe Suid-Afrika aan te tas nie. Dis alles deel van “goeie bemarking” vir suksesvolle telebemarkers.
  5. Verwerp pro-Westerse groepe in die buiteland. Ernst Roets van Afriforum het in ‘n onlangse twiet sy organisasie as ‘n “anti-rassistiese projek” beskryf. In vandag se wêreld is “anti-rassisties” ‘n kodewoord vir “anti-wit” of “anti-Westers”. Daarom veg Afriforum sy aan sy met liberale of linksliberale propagandiste elders ter wêreld, téén die pro-Westerse of patriotiese organisasies. Die enigste organisasies en partye in die buiteland wat oor enige simpatie vir die Afrikaner beskik, is juis pro-Westers of pro-Europees. Nes die NP-regering in sy terminale fase, onderskryf Soliforum die anti-Westerse mengkultuur en verwerp hy alle teenstanders daarvan. Nie net werk Soliforum sodoende mee aan ons ondergang nie, maar ook aan die ondergang van ons hele beskawing wat deur hordes uit die Derde Wêreld verswelg moet word.

Hier bo het ek gesê dat die NP-Broederbond nie destyds misluk het vanweë ‘n gebrek aan middele nie, maar danksy gebrekkige denke. Ek was al in feitlik al die Westerse hoofstede waar ek ons indrukwekkende, luukse ambassadegeboue in die duurste buurte van naderby aanskou het. Daardie geboue is beman met voltydse personeel wat in ewe weelderige huise en woonstelle gehuisves is, waaronder Niël Barnard se Nasionale Inligting, wat feitlik onuitputlike bronne van geld gehad het. Op die tuisfront het Suid-Afrika oor ‘n goed opgeleide Weermag en Polisiemag beskik wat nooit wesentlik deur die ANC/SAKP se terroristebendes bedreig is nie.

Die vraag is nou: Kan Soliforum met sy hardnekkige voortsetting van NP-Broederbond-denke uit die tagtiger- en negentigerjare slaag, daar waar sy roemryke voorganger so ysingwekkend misluk het?

Of miskien is dit die verkeerde vraag, want Soliforum wil niks vir die Afrikaner bereik of vermag nie. Hy slaag reeds as telebemarker, en dit is waar dit eindig.

Maar dan moet die res van ons ten minste die grootmoedigheid hê om te erken dat Soliforum, die “groot organisasie”, nes die “groot party”, Mmusi Maimane se DA, vir die Afrikaner niks beteken nie. Ons het alternatiewe nodig, waarvan PRAAG ‘n prominente een is.

Wat is ons strategie en hoe verskil dit van die NP-Broederbond-Soliforum se vyf slegte gewoontes? Kortom, verteenwoordig dit presies die teenoorgestelde daarvan:

  1. Geen Afrikaner is ons vyand nie, selfs nie eens dié wat ons gereeld in die openbaar aanval nie. Met die uitsondering van sekere verraaiers wat elders hier deur ons lesers genomineer is, wil ons Afrikaners inlig en polities opvoed om saam te staan in dié donker tye, noudat ons volk se oorlewing op die spel is. En nie net ons volk nie, die hele Westerse en Europese beskawing word bedreig!
  2. Onttrek uit die stelsel. Ons moenie langer ons arbeid en ons kundigheid vir ‘n appel en ‘n ei aan ons vyande verkoop nie. Laat die onvermydelike krisisse kom, sodat ons mense kan besef dat ons met ons rûens teen die muur baklei. Skep ‘n alternatiewe Afrikanerekonomie wat gedeeltelik in die buiteland gesetel is. Moenie vyandelike ondernemings met u Afrikanergeld ondersteun nie.
  3. Moenie met die ANC/SAKP praat nie; dreig hulle eerder en stel ultimata. Knoop hofsake plaaslik en internasionaal teen die huidige bewind oor volksmoord, asook taal- en rassediskriminasie aan en bly op die aanval. Al verloor ons hier en daar, is dit belangriker om aan te hou veg as om soos Soliforum en ander die status quo te aanvaar! Kom ons kweek ‘n onblusbare veggees en staan op teen die onreg.
  4. Ondergrawe die stelsel waar jy kan. Skend sy name en simbole. Moenie tolgeld en ander vermybare heffings betaal nie. Moenie die wette en reëls oor regstellende aksie en swart bemagtiging nakom nie. Voer ‘n stryd teen die onreg en verdrukking wat ons teister.
  5. Bevorder kontak en verhoudinge met pro-Westerse groepe in die buiteland, wat ons saak goedgesind is. Maak van die Afrikaner se vryheidstryd in Suid-Afrika die speerpunt van die pro-Westerse en -Europese herlewing wat plek-plek te bespeur is. Veg vir jou land, jou volk, jou taal, maar ook jou Christelik-Westerse beskawing wat ewe seer bedreig word. Verwerp die mengkultuur wat daarop gemik is om ons ondergang deur assimilasie te bewerkstellig.

‘n Honderd Afrikaners wat begin saamstaan, is reeds ‘n faktor. ‘n Duisend is ‘n gedugte mag. Tienduisend staan ‘n kans om die land te herower, nie noodwendig militêr nie, maar op allerlei vindingryke maniere. Honderdduisend sal onoorwinlik wees en sal nie net Suid-Afrika s’n nie, maar die wêreldgeskiedenis verander.

Daarvoor moet ons egter vir eens en vir altyd van gister se verloorstrategie afsien en begin om logies en kloekmoedig te dink.