Leon Lemmer: Hoe die Nasionale Party-Broeders Afrikaans verloën het

In 2015 is die volgende boek van Niël Barnard gepubliseer, Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Kaapstad: Tafelberg, 289p) – ook beskikbaar in Engels. Pas is Barnard se opvolgboek gepubliseer, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Kaapstad: Tafelberg, 328p, R280) – ook beskikbaar in Engels. Sonder om kommentaar te lewer, haal ek uit sy jongste boek aan oor wat hy oor Afrikaans skryf. Wat volg is alles aanhalings, gevolglik plaas ek die teks nie tussen aanhalingstekens nie.

Bladsy 110: Heel aan die begin ‘n persoonlike belydenis. Ek is onbeskaamd lief vir Afrikaans en dus subjektief oor die wonder van my moedertaal. Daarom het die flou lippediens van die NP-politici oor die plek van Afrikaans tydens die onderhandelinge my so dwars in die krop gesteek.

Oor taal in die algemeen en Afrikaans in die besonder het FW de Klerk, Roelf Meyer, Gerrit Viljoen, Dawie de Villiers, Leon Wessels, Pik Botha en al die ander geswore Broederbonders ‘n belangeloosheid getoon wat vir altyd op hul kulturele sonderegisters aangeteken behoort te staan. De Klerk het nogal op ‘n vergadering van die Uitgebreide Kabinet verklaar dat hy “heeltemal geneë sal wees om onderhandelinge te staak as praatjies teen Afrikaans as amptelike taal voortgaan.” Volgens die notule [12 Mei 1993] het hy
Bladsy 111: “bevestig dat hy sterk oor die aangeleentheid voel en dat ‘n miskenning daarvan die potensiaal vir ‘n revolusie het.”

Maar dit was lippediens aan sy moedertaal. Dit is aan my en Koos Pauw, ‘n adjunk-direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding, oorgelaat om oor die taalkwessie te onderhandel.

Die minister van Nasionale Opvoeding, Piet Marais, wat as Kabinetslid vir die taalklousule verantwoordelik was, was kennelik self in die duister oor wat hom te doen gestaan het. In skrywes wat hy in Julie en September 1993 aan Roelf Meyer gerig het, murmereer hy oor die taalonderhandelinge met die oog op die Grondwet en beweer dat Meyer nie die Kabinet se opdragte oor die taalklousule nakom nie. “U sal opmerk dat die taalbepaling in die Konsepgrondwet en die taalbepalings wat deur die Kabinet goedgekeur is, nie met mekaar ooreenstem nie.” …

De Klerk het meermale in eie kring sterk uitsprake oor die behoud van Afrikaans tydens en ná die skikkingsproses gemaak, maar dit was kamma-daadkragtigheid wat futloos toegepas en op baie min uitsonderings na skromelik deur die Regeringspolitici verwaarloos en aan praktiese en finansiële dienstigheid verpand is. …

Bladsy 112: Op kultuurgebied het die ANC ‘n eienaardige maar tog verstaanbare teenstrydigheid gehandhaaf. Wat taal betref, was hulle slaafse sendelinge van een van die grootste simbole van Britse imperialisme: die Engelse taal. Oor ander kultuursake het hulle ‘n passie vir die daarstelling van ‘n Afrikanistiese simboliek gehad.

Afrikaans moet beswadder word, maar Engels is cool. Wat uit die kolonialistiese buiteland kom, is goed, maar wat landgenote van meer as 300 jaar help opbou het, is sleg. …

Tydsdruk en die houding van die ANC het daartoe gelei dat Engels spoedig die gebruikstaal van die onderhandelinge geword het. …

Toe ek vroeg in 1992 die hoof van Staatkundige Ontwikkeling word, het die Regeringsonderhandelaars Engels reeds as die voertaal van die onderhandelinge gevestig. Dít terwyl ‘n gewaardeerde ikoon van die Afrikanerkultuur, dr Gerrit Viljoen, die minister belas met die onderhandelinge was. Hy, De Klerk, Meyer en ander
Bladsy 113: wat groot Afrikaners was toe dit hul politieke loopbane gepas het, was nou baie in hul dop gekruip oor die reg op Afrikaans.

Toe ek oor die gebruik van Afrikaans tydens die onderhandelinge begin agiteer, was van die politici sigbaar geïrriteerd, want sulke onbenullighede behoort nie onderhandelaars se tyd in beslag te neem nie. Pik Botha het my openlik meegedeel dat my gebrekkige Engels my tog nie moet verlei om so ‘n beuselagtigheid tot ‘n twispunt tydens die onderhandelings te verhef nie.

Die feit dat die gebruik van Afrikaans en ander inheemse tale tydens die onderhandelinge moes swig voor die praktiese oorheersing deur Engels, het geen geringe rol tydens die onderhandelinge gespeel nie. Onvermoë om jou genuanseerd in die fynste besonderhede uit te druk was vir vele ‘n ernstige struikelblok tydens die onderhandelinge. Dit het vrymoedigheid en spontane deelname aan bande gelê en intellektuele vlugvoetigheid beperk wanneer belangrike kwessies beredeneer moes word. …

Vir my was en is dit ondenkbaar dat ‘n mens oor jou toekomstige lewe en die toekoms van jou kinders moet onderhandel in ‘n taal waarin jy nie volkome tuis is nie.

Die baie bekwame politikus maar ook openlike Afrikaans-hater Pravin Gordhan het met onbeskofte geniepsigheid enigiemand wat iets in Afrikaans wou sê, onderbreek met: “I don’t follow that language.” …

Bladsy 115: Van vrye, moedertalige besprekings en debatte tydens die skikkingsproses het daar dadels van gekom. Nie ‘n enkele Afrikaanssprekende politikus van die Regering was bereid om vir Afrikaans en veeltaligheid in die bresse te tree nie.

Ons onderhandelaars is oor die gebruik van Afrikaans in vrede gelaat – behalwe wanneer iemand by die Kabinet die taalkwessie aangeroer het en ons dan van De Klerk via Meyer taalpatriotiese opdragte ontvang het, maar by die onderhandelinge waar dit prakties beslag kon kry, het geen Nasionale Party-haan daarna gekraai nie.

Net ná 1994 het Afrikaanssprekendes dit in my ervaring ontgeld. In owerheidsinstellings en die privaatsektor is ‘n mens bykans tot ‘n galeislaaf gedoem as jy dit durf waag het om Afrikaans te praat. …

Bladsy 231: Die onderhandelinge oor ‘n taalklousule vir die Grondwet word ten beste in syfers uitgedruk. Vir die Regering was dit 2 plus 9. Die ANC het 1 plus 10 voorgestaan. Byna is ‘n skikking op 4 plus 7 bereik. Uiteindelik is die bod op 11 teen 0 toegeslaan. …

Bladsy 232: Aan die Regering se kant is die taalonderhandelinge grootliks aan my oorgelaat. Kultuursake is slegs voor verkiesings vir politici belangrik. Die man wat aan ons kant die leeue-aandeel aan die taalonderhandelinge gehad het, was Koos Pauw, wat met sy toewyding, harde werk en sosiale vaardighede die spilpunt van die taalonderhandelinge was.

Volgens die 1991-sensus was die “huistaalpersentasies” van die vyf grootste taalgroepe: Zulu – 22; Xhosa – 17; Afrikaans – 15; Noord-Sotho – 9; en Engels – 9. Afrikaans was by verre die taal wat oor die grootste gebied van die land gepraat en verstaan word.

Ons standpunt aan Regeringskant – sonder ‘n duidelike mandaat, moet ek byvoeg – was die behoud van Afrikaans en Engels as die twee amptelike tale met die erkenning dat die 9 inheemse Afrikatale met staatsondersteuning tot volwaardige amptelike tale ontwikkel moes word.

Ek is nie vandag meer so seker of dié standpunt weldeurdag was nie. Klaarblyklik was dit kortsigtig om nie ‘n taal van elkeen van die twee groot swarttaalgroepe, Nguni en Sotho, in te sluit nie. Hoe kon ons hoop om vrede te bewerkstellig met dié voortsetting van “kolonialistiese taalimperialisme”? Die ANC was nog meer kolonialisties gedienstig. Hul voorstel was Engels as die enigste amptelike taal terwyl Afrikaans en die swart tale tot tweedeklastale afgekam word.

Ná talle debatte en byeenkomste het ‘n gesamentlike benadering begin ontwikkel om Afrikaans, Engels, Zulu en Noord-Sotho as die 4 amptelike tale te erken en die oorblywende 7 Afrikatale mettertyd tot volwaardige gelykheid te ontwikkel. Vanselfsprekend
Bladsy 233: het die taalonderhandelaars goed geweet dat die vestiging van al 11 tale as amptelike en gelykwaardige landstale nie prakties moontlik was nie. Dit is vandag steeds die geval.

Dis egter ‘n feit dat die taalklousule die potensiële ontwikkeling van al 11 tale grondwetlik geanker het. As die gebruikers van die inheemse Afrikatale in gebreke bly om dit in die praktyk gestalte te gee kan hulle net hulself, en nie die Grondwet nie, daarvoor blameer.

Die opsie van 4-plus-7 het veld gewen, maar uiteindelik polities gesneuwel. Die ANC kon dit om begryplike redes nie bekostig om Xhosa nie as ‘n amptelike taal te erken nie.

Onder die leiding van hoofsaaklik Pauw en [Albie] Sachs is ‘n beginselraamwerk opgestel wat die hoekstene van die taalklousule in die Grondwet geword het. Dit was ‘n vinding wat as ‘n model kan dien van hoe skaakmatsituasies tydens onderhandelinge oorkom kan word.

In dié raamwerk is veeltaligheid as grondslag aanvaar. Eerstens mag geen taal die ander oorheers nie. Tweedens kan alle lede in die Parlement en provinsiale en munisipale wetgewers die taal van sy of haar keuse besig, en tolkfasiliteite moet beskikbaar gestel word. Derdens moet die Grondwet die taalregte van individuele Suid-Afrikaners erken. Vierdens mag die bestaande amptelike status van Afrikaans en Engels nie op enige wyse verminder word nie.

Vyfdens moet die Grondwet verseker dat die swart tale met staatsondersteuning tot hul volle potensiaal ontwikkel. Sesdens sal die streeksbedeling die geleentheid bied om veeltaligheid in die land tot sy volle reg te laat kom. In die sewende plek moet die taalbeleid met funksionele en praktiese oordeel toegepas word met inagneming van plaaslike voorkeure en omstandighede.

Aan alle standaarde gemeet, was dit ‘n wyse en versoenende grondslag. Dit getuig ook van die insig dat Afrikaans in 1976 ‘n
Bladsy 234: vonk in die kruitvat was en dat alle Suid-Afrikaners om hul eie ontwil toeskietlik en versoenend moet wees. Die taalplan moes ruim bydra om die revolusie vreedsaam te hou.

Só is ‘n potensiële wen-wen situasie van 11 plus 0, oftewel 11 amptelike tale, geskep. Tydens die oorweging van wysigings aan die Grondwet drie jaar later het die ANC egter botweg geweier om die vierde punt van die beginselraamwerk – dat die status van Afrikaans (en Engels) nie afgeskaal word nie – te behou. Dit kom nie in die “finale” Grondwet van 1996 voor nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • leonlemmer

    In Hermann Giliomee se boek, Afrikaners: ‘n Biografie (Kaapstad:Tafelberg, 2004), staan dat FW de Klerk sy Nobel-prysgeld “vir die bevordering van Afrikaans geskenk” het (p 602). Na
    aanleiding van bostaande is dit begryplik dat De Klerk skuldig behoort te voel omdat hy Afrikaans vir die wolwe gegooi het. Ek kon egter nog nooit vasstel of dit die waarheid is dat hy hierdie geld ter bevordering van Afrikaans geskenk het nie. Aan watter instansie(s) is die geld oorgedra?

    In JC Steyn se boek, Ons gaan ‘n taal maak (Centurion: Kraal Uitgewers, 2014), word die bewoording van die “Taalartikel van die Oorgangsgrondwet (1993)” in Bylaag A (p 525-526) en dié van “Die taalklousule van die 1996-Grondwet” in Bylaag B (p 527) weergegee. Volgens Bylaag A mag Afrikaans as amptelike taal nie aan status inboet nie. In Bylaag B is hierdie voorbehoud weggelaat.

    In 1992 was dit vir FW de Klerk “ononderhandelbaar … dat die Oorgangsgrondwet die beginsels van die finale Grondwet moet vervat” (Niël Barnard, Vreedsame revolusie, p 133). Soos in so baie ander opsigte het De Klerk ook in hierdie geval nie voet by stuk gehou nie. Die ANC-oorheersde Grondwetlike Vergadering/Parlement het na die 1994-verkiesing na
    goeddunke/willekeur beslag aan die Oorgangsgrondwet in die1996-Grondwet gegee.

    • Hans Onrust

      sijpelt die harde valuta niet binnen bij Afriforum, Leon ?
      Vraag het eens aan de anc sacp KGB…..
      Die misdadigers die o.m. zoveel energie staken in de Boeremag sage, terwijl de rechterlijke macht ook werd gegijzeld

    • Charles

      Dankie Leon:)

  • Sou mens nou die bo gemelde boeke saam met ander uit die Broeders se Binnekringe lees, en die onlangse 350 bl. “Memorandum of the Volksraad to the International Community” soos uitgegee by http://www.vvk.co.za, is dit baie erg om te besef hoe delikaat en broos die blanke Boere-Afrikaner se posisie nog altyd was. Dan lag ek met ‘n baie bitter traan as daar oor kolonialisme getwis word maar naas Chinees en Spaans praat meeste mense op hierdie aardbol Engels. Tweedens is daar angst oor die brutaal-manipulerende Geldmag se bindende struikrowermeganismes rondom ons, maar baie van ons manne en besighede is reeds d.m.v. die Vrymesselary aan die Geldmag se (VK((0))VSA) skaakbord of die Roomse Nuwe Babilon been uitverkoop?

    • Charles

      Johnny, hoe ondersteun ons die vvk?
      Sal graag wil aansluit. Ek glo selfbeskikking is net ‘n kwessie van tyd(ons eie grond en republiek)

  • Hans Onrust

    Ja, nu Leon zich hier even niet van aanhalingstekens bedient wil ik er graag een paar inzetten bij het woord ‘onderhandelingen’.
    Zo spraken de Duitsers na 1918, volledig terecht, van ‘het dictaat van Versailles’ en niet van een verdrag.

    Versierd met een gedicht van onze Joost van vòòr 1652 :

    Sluit voor Begeerte uw graag gezicht;

    Zij loert, zij loert om in te varen.

    Sluit d’ogen, vensters van het licht,

    Indien gij wilt uw hart bewaren;

    Want zo Begeerte eens binnen sluipt,

    Zij zal bederf en jammer baren,

    Dat eeuwig smert, en eeuwig druipt.-

    De dingen zijn niet als zij schijnen:

    De worm zit binnen lekker ooft,

    En levend kleur bedekt venijnen.

    Hij doolt zeer licht, die licht gelooft.

    In paradijzen nestlen slangen;

    De slangen hangen boven ’t hoofd,

    Waar gouden en blozende appels hangen:

    Dies wacht uw vingers, wacht uw hand,

    Noch vat de Dood niet met uw tand!

    • leonlemmer

      Tydens my studie van Afrikaans-Nederlands het ek groot waardering vir die werke van Vondel ontwikkel. Ek reken dat van sy werke in gehalte goed met die van Shakespeare vergelyk. Hans, ek het onlangs ingeligte kommentaar van jou op my skrywe oor Gloria Wekker (Praag 3 Junie) verwag. Ek hoop maar dat ek my nie aan wanvertolking skuldig gemaak het nie.

      • Hans Onrust

        Zeker.
        De rubriek over Wekker nog niet gelezen maar van wanvertolking zal, in lijn met alle rubrieken en al uw rubrieken op PRAAG, geen sprake zijn. Integendeel.
        Het valt soms wat zwaar om over dat soort door linkse volksvijandigheid gesubsidieerde opruiers, die hun achterlijkheid en anti blank racisme temidden van leidende naastenverachting en verwaarlozing mogen opleggen, te lezen.

  • Vicky

    Dit kom van Jode aanbidding.

    • sussie se vissie

      En Grieke.
      Tony en boetie Alex Georgiadis het ‘carte blanche’ gehad met olie-embargo tydens die ’80’s.
      Sonder ‘checks & balances’ het ons ‘Ooms vd Bond’ – tjeks geskryf asof môre nie bestaan nie.
      Gooi die versekerings-foefie van die olietenkskip Pacificos in die stuk en Tony direk gekoppel aan die wapenskandaal van 1999 – moet jy jouself afvra hoekom ons ‘posterboy’ supra…so dikwels getrakteer is op Hampton Court Palace?
      Inderdaad so loviaal…hy’s sommer fort met sy korrupteerder se vrou.
      Iets wat selfs Zuma nie op Guptiaanse wyse – skuldig staan nie.
      In kort: F(rikkie) W(erfetter) is nie net n taalverraaier nie.
      Hy’s n korrupte woelgulp boonop.

      • Prof

        Elita is ‘n MI6 agent. Toe sy die woelgulp onder ‘n mikroskoop besigtig het sy besef Brittanje is in beheer. Al gewonder hoekom al die Ortodokse lande vernietig word in Europa?

      • Occidentness

        Die hele probleem het begin toe lae-klas Afrikaners deur die staatsdiens begin mag verkry het.

        Na 2 generasies het bogenoemde tot heel bo beweeg… soos FW, Niel Barnard, Roelf en Wessels.

        Hierdie Dumb Dutchmen kripvreters het toe geval vir die pseudo intellektualisme van die NGK dominees en die Proggressieve filosowe van Maties, Degenaar, Willie en Anton.

        Die res is geskiedenis…

      • Occidentness

        Die Afrikaner het die Kultuur Oorlog verloor toe die Dumb Dutchman PW vir Rhoodie gef*k het om Voster te bevark.

        Voster was die dommste van almal. Hy het Ian Smith uitverkoop in die hoop die Edel Barbaar sal die Boer se agterstewe soen… vir alle Ewigheid.

        Die onverbloemde trots/thymos van die Afrikaner na 1948 was die begin van die einde.

        occident2point0.blogspot.com

  • Verkenner

    Die boervok het nog altyd die leiers gehad wat hul wou he! Dit is nie teen jou wat hulle dit het nie Sameul, maar teen MY…

  • Occidentness

    Die PU vir CHO se “Vlug Kommando” Broeders, die Konvent, gebruik nou juis die 65 miljoen Christiaan de Wet Fonds om Afrikaanse gediggies van Kleurlinge te borg… daar by die Afrikanerbond. Vra maar vir Prof Pierre Theron… daar in Glentana.

    Die “Wen Kommando” Broeders, Maties, kripvreet nou almal by die FW Stigting.

  • Tiaan

    Suid-Afrika het nie ‘n swart probleem nie maar ‘n wit probleem. Iewers in die land se vroeë geskiedenis moes daar ‘n patetiese maar hiper jagse liberalis gewees het wie se slapgat vaak gene nou dwarsdeur die wit populous geperkoleer het. Alea jacta est