Die sanger Steve Hofmeyr het gister getwiet dat hy graag ‘n referendum oor Afrikanerverraaiers sou wou sien.
Afrikaner referendum om verraaiers te bepaal sal my ook goed pas RT @danroodt: @Etiennefdt Afrikanerverraaiers …
— Steve Hofmeyr (@steve_hofmeyr) May 12, 2015
‘n Twieter met die naam @Bruinkameelperd het kort daarna vir Adriaan Basson as verraaier “genomineer”:
@steve_hofmeyr @danroodt @Etiennefdt begin ‘n lysie, ons weet mos al klaar wie hulle is, ek nominate Adriaan Basson — Paul (@Bruinkameelperd) May 12, 2015
Nico Linford meen dat “daar baie van die gemors is”.
@steve_hofmeyr@danroodt@Etiennefdt daar is baie van die gemors
— Nico Linford (@NicoLinford) May 12, 2015
Dr. Dan Roodt van PRAAG het onlangs ‘n rubriek van 2000 woorde oor Afrikanerverraad geskryf, maar weens ‘n tegniese fout hier op die PRAAG-webblad het die grootste deel van sy teks verlore gegaan. “Sedertdien het ek nog nie weer die moed gehad om dié netelige onderwerp aan te pak nie,” sê hy. “Maar as ons sien hoeveel gebore Afrikaners tans baie hard werk om ons ondergang te bewerkstellig of om ander Afrikaners te beswadder, as ‘rassiste’ uit te kryt, ens., dan het ons ‘n ewe groot probleem as aan die einde van die ABO toe die helfte van die Boere in die veld aan Engelse kant as ‘National Scouts’ geveg het.
Benewens Adriaan Basson, die redakteur van Beeld, wie is vandag se grootste hanskakies wat hul eie mense ondergrawe? Gebruik die Disqus-kommentaarblad hier onder om nog Verraaierkaners te nomineer, dan hou ons ‘n aanlynmeningsopname om te bepaal wie die grootste verraaier is!
Gewoonlik kan ons net tien name op ons stelsel se meningsopnamefasiliteit plaas, dog indien daar meer is, kan ons dalk “uitdunne” hou om die tien “finaliste” vir Afrikanerhoogverraad te bepaal.
Ons sal gereeld die nominasies hier bywerk. Tot dusver het ons dus:




















Lees ook: Dan Roodt: Hoe gemaak met die Afrikanerverraaiers?