Leon Lemmer: Jackie Grobler oor Suid-Afrikaanse gedenkplekke

Jackie Grobler

Jackie Grobler was ‘n dosent in geskiedenis aan die Universiteit Pretoria. Hy het verlede jaar afgetree. In Mei is die volgende boek van hom gepubliseer: Oor berge en dale: Op reis met ‘n monumentjagter (Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 286p, R230; Amazon Kindle $14,51). In die voorwoord verduidelik Grobler dat die boek oor meer as monumente handel. Dit is “in die eerste plek verhale oor die reise wat ek oor die jare onderneem het om gedenkplekke oor die lengte en breedte van Suid-Afrika op te spoor. Die gedenkplekke sluit nie net monumente in nie, maar ook standbeelde, woonhuise, historiese geboue en terreine, slagvelde, begraafplase en grafte. Die boek verstrek inligting oor waar hierdie herinneringsplekke gevind kan word, oor die stuk geskiedenis waaraan dit uitdrukking gee en oor die mense wat daarby betrokke was” (p vii). “Vir ‘n monumentjagter het ‘n ou begraafplaas net soveel aantrekkingskrag soos ‘n goeie slaghuis vir ‘n gretige braaier” (73).

Ek het dit aanvanklik eienaardig gevind dat Jonathan Ball, ‘n Naspers/Media24-uitgewery, hierdie Afrikaanse boek gepubliseer het. Ek het gedink die boek handel oor die geskiedenis en leefwêreld van Afrikaners. Ek het spoedig agtergekom dat die outeur oorloop van politieke byderwetsheid. Byvoorbeeld, kolonisering was glo baie sleg vir die inheemses: “Aan die Kaap het die koloniste spoedig die Khoi-Khoi[n] en later ook die San begin onderwerp. Hulle het uiteindelik feitlik alles wat dié plaaslike groepe gehad het by hulle afgeneem – die gebiede waar hulle gevestig was, hulle wei- en jagvelde, hulle lewende hawe en hulle onafhanklike leefwyse” (237). Moes Suid-Afrika dan maar eerder wei- en jagveld gebly het?

Grobler noem die Slagtersnekrebelle van 1815 “betreklik agterlike Oosgrensboere” (212), maar dit is baie duidelik dat hy nie na enige swarte as agterlik sal verwys nie. Heelwat ruimte word afgestaan aan die gedenkplekke van swartes. Grobler reken “dat ‘n mens jou aangeleerde vooroordele in jou sak moet steek” (96). “My oorheersende indrukke was dat ek nog maar bitter onkundig oor die lot en belewenisse van baie van my [nie-wit] landgenote is en dat monumente en gedenkplekke baie meer verhale te vertelle het as wat ‘n mens aldag verwag” (95). By Groot Marico word daar tans ‘n monument ten bedrae van R1,7 miljoen ter ere van Jacob Zuma en 45 MK-rekrute opgerig. Dit is by die plek waar hulle in 1963 gevange geneem is (Rapport, 11 Junie, p 6). Dit sal nog ‘n plek bied waar jy van jou vooroordele ontslae kan raak. Dit is mos sulke kamerade wat ons duur gekoopte huidige vryheid moontlik gemaak het.

Grobler wil meer gedenkplekke vir nie-wittes (eerder as vir blankes) hê. Daar word seker van die veronderstelling uitgegaan dat nie-wittes ook in hierdie opsig deur die blankes “agtergestel” is. “Aan die Kaap tussen 1652 tot 1830 … [hou] die meerderheid gedenktekens met die koloniste verband … Daar is ongetwyfeld [?] ‘n groot en dringende behoefte om monumente en ander gedenktekens op te rig wat veral die San, die Khoi-Khoi[n] en die Xhosas in herinnering sal roep, maar dan op ‘n histories korrekte en objektiewe wyse” (245); dus anders as die ANC se (doelbewuste) vervalsing van die geskiedenis, soos hier onder blyk.

‘n Teleurstelling was dat daar in die boek net 75 swart-en-wit foto’s is van die meer as 400 gedenkplekke wat aan die orde gestel word. Ek het die duurder gedrukte uitgawe gekoop juis omdat die foto’s daarin waarskynlik duideliker as in die e-weergawe is. ‘n Beskrywing soos die volgende gee geen werklike beeld van ‘n monument in die omgewing van Sidbury in die Oos-Kaap nie: “Daar staan een van die verbasendste monumente wat ons al ooit besoek het. Dit bestaan uit ‘n hol aardbol van beton, sowat 4 m in deursnee, met die vastelande van die wêreld in reliëf daarop uitgebeeld. ‘n Span osse trek ‘n Voortrekkerwa horisontaal oor Suider-Afrika” (210). In so ‘n geval is ‘n foto noodsaaklik maar dit ontbreek.

Grobler se reisbeskrywings maak ‘n mens bewus van die transformasie wat Suid-Afrika sedert 1994 beleef het. Plek- en ander name is verander. Byvoorbeeld, die Voortrekkermuseum in Pietermaritzburg is deesdae die Msunduzi-museum (11). Dit skrei ten hemele. Talle Afrikanermonumente is vernietig of na hopelik veiliger maar minder toeganklike plekke verskuif. “Dit bly ‘n hartseer saak dat misdaad, wat in hedendaagse tye dikwels onder die dekmantel van politieke aktivisme tot uiting kom, so ‘n verwoestende uitwerking op herdenking in Suid-Afrika het” (251). In my familie is van begrawing na verassing oorgegaan. Ten spyte van die “heidense” konnotasie van verassing, word dit verkies bo potensiële grafskending en begraafplaasverwaarlosing. Alle monumente, standbeelde, grafte en soortgelyke konkrete herinneringsobjekte loop deesdae die wesenlike gevaar om gevandaliseer te word. Metaal het geldwaarde en moet liefs glad nie in hierdie objekte gebruik word nie. By geleentheid gee Grobler die volgende raad: “‘n Mens kan maar net hoop dat hars-replikas van die verwyderde items spoedig aangebring sal word om die oorspronklikes te vervang” (161). Die (uiterste) verwaarlosing van gedenkplekke kom algemeen voor. Omdat verval algemeen in die nuwe Suid-Afrika aangetref word, ly gedenkplekke noodwendig ook daaronder.

Grobler is (skynbaar) oorverlig. “Vryheidsvegters het my nog my hele lewe gefassineer … die burgerregtestryder Martin Luther King van Amerika het nog altyd onder my helde getel” (27). “As daar ooit iemand was wat die Nobelprys vir vrede verdien het, was dit [Albert] Luthuli [1898-1967]. Hy het as president-generaal van die ANC geweier om in te stem tot ‘n gewapende stryd” (31). Wat Grobler nie sê nie, is dat Luthuli oogluikend en stilswyend geweldenaars soos Nelson Mandela toegelaat het om in hulle boosheid te volhard.

Die volgende woorde van Mandela het “nogmaals” Grobler se “bewondering gewen”: “Ek het van jongs af Boere soos Krisjan de Wet en Danie Theron as rolmodelle beskou en doen dit nog steeds” (60). Mandela het volgens eie erkenning De Wet se relaas van die Anglo-Boere-oorlog gelees met die oog op toepassing in die ANC se guerrillastryd teen die blanke bewind. Mandela het Deneys Reitz se boek, Commando (1929), om dieselfde rede misbruik (Nelson Mandela, Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 326). Anders as Grobler bewonder ek nie diegene wat die blanke politieke bewind gewelddadig omver wou werp nie. Grobler gee ‘n heeltemal ander vertolking aan die genoemde uitlating van Mandela, wat hom “hoendervleis” van genoegdoening gegee het. Mandela het glo “erkenning aan die vryheidstryd van my voorvaders gegee” (60). Myns insiens is dit ‘n misbruik deur Mandela van die Afrikaner se geskiedenis terwyl Grobler in sy reaksie na ‘n strooihalm gryp.

Grobler verwys na die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wat in 1975 ingewy is. Hy is krities oor die volgende “nasionalistiese vereiste” waaraan die monument volgens die oprigtingskomitee moes voldoen: “Dit moet die wonder van ons kulturele en staatkundige opbloei versinnebeeld” (248). Ek kan geen fout hiermee vind nie. Maar Gobler borduur voort: “Dit is dus te verstane dat daar destyds kritiek was teen die Taalmonument en alles [!] wat dit simboliseer het” (249). “In die lig van die aanslag op die gebruik van Afrikaans as taal in die staatsdiens, in die onderwys en op tersiêre vlak en ook in die besigheidswêreld wonder ‘n mens soms of al hierdie taalmonumente in die toekoms nie bloot net grafstene vir Afrikaans gaan wees nie” (253).

Soms slaan reste van die Boer in Grobler darem deur. Die destydse trekke die binneland in “getuig … van die onstuitbare ondernemingsgees wat skynbaar eie was aan talle van die vroeë Afrikanerpioniers. Die deursettingsvermoë wat hulle openbaar het, grens aan die ongelooflike” (43). Oor die Retief-beeld in die Laerskool Piet Retief in Sidwell, Port Elizabeth, skryf Grobler: “Dit was ‘n weerspieëling van die agting waarmee vroeëre geslagte Afrikaners aan hulle leiers van weleer teruggedink het” (211). Hy herinner ons daaraan dat “toe Van Riebeeck-dag (6 April) nog ‘n openbare vakansiedag was, is daar jaarliks kransleggingseremonies by die beelde [van Jan en Maria van Riebeeck] gehou. Met die simboliese Ossewatrek van Kaapstad na [die hoeksteenlegging van] dieVoortrekkermonument in Pretoria in 1938 het die eerste wa ook vanaf Van Riebeeck se standbeeld vertrek” (231). As daar deesdae soms ‘n kranslegging by hierdie standbeelde is, is dit danksy private inisiatief. Die hoofstroom Afrikaanse koerante swyg oor Van Riebeeck-dag. Die Universiteit Stellenbosch, eens ‘n Afrikaanse universiteit, vier jaarliks Afrikadag en Mandela-dag; nooit Van Riebeeck-dag en Afrikaansdag (14 Augustus, die dag waarop die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 in die Paarl gestig is) nie.

Baie van die monumente en soortgelyke objekte wat blankes vereer, is in hulle geheel of deels deur private fondsinsameling gefinansier. Dit is ongelooflik hoe baie monumente, ens, sedert 1994 ter ere van swartes opgerig is en waarskynlik heeltemal of grootliks met staatsgeld betaal is. In hierdie opsig, soos met naamsveranderings, is die ANC-regering in ‘n ander liga as sy gebruiklike ondoeltreffendheid. Daardie kenmerkende ondoeltreffendheid kom eers by die onderhoud van sulke plekke na vore. Duidelike aanwysings na sulke plekke word deur die owerheid aangebring terwyl die herinneringsplekke van blankes in baie gevalle moeilik opspoorbaar is omdat aanwysings ontbreek; dikwels omdat daardie aanwysings gevandaliseer is. Wanneer Grobler by ‘n herinneringsplek uitkom, is die kurator of opsigter soms funksioneel, bv goed ongelig, en ander kere niks werd nie of heeltemal afwesig. Polities byderwets spesifiseer die outeur nooit die ras of etnisiteit van hierdie beamptes nie. Die lesers is daarop aangewese om hulle eie afleidings te maak.

Swart “krygerkonings” word “die laaste paar jare veral deur die provinsiale regering van Limpopo gehuldig” (45). In sommige gevalle is dit pogings tot miteskepping. Byvoorbeeld, Mokopane was nooit ‘n koning nie (48). In Pretoria is ‘n standbeeld vir Tshwane opgerig. Tereg verwys Grobler na hom as ‘n “mitologiese hoofman” (66). Die ANC wil hê dat selfs die naam Pretoria na Tshwane verander moet word. Die hele gedoente oor Tshwane is ‘n “poging om geskiedenis te skep waar daar niks is nie” (66).

Die Oos-Kaap wat berug is weens die provinsiale ANC-regering se onvermoë om diens te lewer, blink uit met die oprigting van monumente wat swartes vereer. “Struggle-gedenktekens sluit na my mening nie net monumente oor swart mense se stryd teen apartheid in die 20ste eeu in nie, maar ook die stryd teen kolonialisme wat dit voorafgegaan het. Om ‘n magdom sulke gedenkplekke te vind, hoef ‘n mens net die Oos-Kaap te deurkruis” (186). “As ons twee dinge tydens ons reise deur die Oos-Kaap geleer het, dan is dit dat die apartheidsregering se hardhandige onderdrukking van swart mense se stryd om vryheid en gelykheid verskeie martelaars geskep het en ook dat die struggle deeglik verteenwoordig word deur gedenktekens in die provinsie” (197).

In uitsonderlike gevalle is Afrikaners herbegrawe (bv p 75), maar dit het meesal nie op staatskoste geskied nie. Paul Kruger se oorskot is uit Europa na Suid-Afrika gebring sodat hy in Pretoria begrawe kon word. Maar dit is ‘n hoogs uitsonderlike geval. Die Afrikaners wat as krygsgevangenes van die Anglo-Boere-oorlog in Indië, Ceylon, St Helena en Bermuda gesterf het se oorskot is nie na Suid-Afrika teruggebring nie. Die ANC, daarenteen, herbegrawe graag teen groot owerheidskoste sy kamerade wat in Suid-Afrika en elders gesterf het en rig graag buitensporig groot en duur monumente en grafstene vir hulle op.

Hierdie rojale behandeling word selfs na nie-kamerade soos Saartjie Baartman (1790-1815) uitgebrei, waar die hoofoorwegings skynbaar is dat hulle nie-wit moet wees en dat sulke skuiwe propagandawaarde ten koste van blankes moet hê. Baartman “is uiteindelik met groot vertoon onder die verengelste naam Sarah Bartman buite Hankey in die Oos-Kaap begrawe” (239). Verder dien sulke gedenktekens dikwels as advertensies vir die ANC deurdat ANC-kentekens prominent daarop aangebring word (92, 93, 196). “Dit is sprekend van die huidige regering se geneigdheid om die ANC se rol in die struggle te beklemtoon ten koste van die aansienlike bydrae van organisasies soos die [Pan African Congress] PAC en die United Democratic Front (UDF)” (196).

‘n Eeu na Baartman het die skip Mendi in 1917 gesink met sowat 600 swart werkers wat in die Eerste Wêreldoorlog diens sou doen. Die ANC-regering sal myns insiens nie ‘n vinger verroer om blankes wat aan die twee wêreldoorloë deelgeneem het, te vereer nie, maar vir die Mendi-slagoffers is ‘n monument in Soweto opgerig. “Die monument is in 1995 deur president Nelson Mandela en Brittanje se koningin Elizabeth onthul” (104). Elizabeth het nie van die geleentheid gebruik gemaak om verskoning vir bv die konsentrasiekampslagoffers van die Anglo-Boere-oorlog te vra nie. Die ironie is “dat daar in Atteridgeville in Pretoria ook ‘n Mendi-gedenkteken staan, wat lank voor die een in Soweto opgerig is” (105).

Op 21 Maart 1960 het paswetbetogers polisiebeamptes se veiligheid bedreig en is 69 van hulle by Sharpeville doodgeskiet. Dit het gebeur nadat 9 polisiemanne op 23 Januarie 1960 in Cato Manor deur swartes vermoor is. Sharpeville was eintlik ‘n PAC-inisiatief maar daar is so ‘n groot bohaai oor die polisie se selfverdedigingsaksie plaaslik en in die buiteland opgeskop dat die ANC nie die kans laat verbygaan het om hierdie gebeurtenis vir eie gewin te kaap nie. Ten einde die maksimum aanstoot aan blankes te gee, terwyl hy voorgee het dat hy versoening bevorder, het Mandela die 1996-grondwet te midde van groot publisiteit by Sharpeville onderteken (98).

Die Soweto-onluste van 1976 was eintlik ‘n uitvloeisel van Steve Biko se swartbewussynsbeweging maar dit is vir propagandadoeleindes deur die ANC gekaap. In die Avalon-begraafplaas in Soweto is daar die Never Never Again-monument (105). Die frase “never never again” verwys na die bekende Joodse versugting oor die Holocaust. Apartheid word dus sonder meer en dikwels, maar uiters valslik, met die berugte anti-semitisme van die Nazi’s geassosieer. In Soweto is daar ook die Hector Peterson-gedenkteken en -museum (101). Peterson, die Jeugdagheld (16 Junie), was ‘n prestasielose skoolkind wat stokkiesgedraai en op hierdie eienaardige manier wêreldbekend geword het.

In ander opsigte munt die ANC ook uit in valsheid, bv die vervalsing van die geskiedenis. In Kliptown, waar die Vryheidsmanifes in 1955 aanvaar is, is daar deesdae die Walter Sisulu Square of Dedication. By herinneringsplekke erken die ANC die koloniale taal Engels en soms ‘n swart taal maar selde Afrikaans. In die geval van Kliptown is die eintlike punt dat die ANC “niks met die opstel van die manifes te doene gehad het nie en ook nie by die aanvaarding van die Vryheidsmanifes teenwoordig was nie” (101). Maar daardie manifes het ANC-evangelie geword.

Boipatong is naby Sharpeville. Drie maande na die referendum op 17 Maart 1992 het Inkatha-ondersteuners op 17 Junie weerwraak teen ANC-ondersteuners geneem. Daar was 45 ongevalle. Die ANC het hierdie insident misbruik deur deelname aan die Kodesa-onderhandelings op te skort (98-99). Die geslepe ANC het dit gedoen ten einde ‘n sterker morele posisie in die onderhandelings te verkry, maar Grobler noem dit nie. Boipatong was dié keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis. As gevolg van die valse beskuldigings van die ANC was die Nasionale Party se onderhandelaars daarna op die agtervoet en het hulle een na die ander toegewing aan die ANC gemaak. Die direkte gevolg hiervan is die bedenklike grondwetlike bedeling wat swart meerderheidsregering behels en waarmee ons sedert 1994 opgesaal sit. Hierdie ANC-valsheid is onder die leiding van Mandela gepleeg. Ek haal in die volgende drie paragrawe inligting uit drie verskillende bronne oor hierdie gebeure aan wat boekdele oor die immoraliteit van die ANC-leiers, insluitende Mandela, spreek terwyl hulle in werklikheid graag voorgee dat hulle die hoë morele grond beklee.

“Although the ANC accused both De Klerk and Buthelezi of having double agendas in that they were negotiating but also stoking violence, this was true not of them but of the ANC itself” (John Kane-Berman, Between two fires: Holding the liberal centre in South African politics, Johannesburg: Jonathan Ball, 2017, 338p, R275; Amazon Kindle $13,67, 4637). “The strategy was born of the ANC’s frustration at its inability to get its way in Codesa, where it found itself in a minority on several key issues related to limitations on power” (4646). Na die Boipatong-slagting “the ANC had put out a statement to the effect that the attackers were ferried into Boipatong and its neighbouring Joe Slovo shack settlement by police Casspirs, that the police had participated in the attack, and that army vehicles had also been used” (4657). “After walking out of Codesa using the government’s alleged involvement in the Boipatong massacre as a pretext, the ANC was able to turn the multiparty talks into an essentially bilateral affair after concluding a ‘record of understanding’ with the government a few months later in September 1992. This meant that the multiparty talks were reduced to a rubber stamp. One key consequence was that the new constitution provided for a centralised system of government, despite the fact that most of the Codesa delegations had favoured federalism as a means of decentralising power and accommodating the country’s political and ethnic diversity” (4650). Na Boipatong “Mandela announced that he was pulling out of the talks on the grounds that he could no longer justify talking to ‘a regime that is murdering black people'” (4658). “There was never any doubt that the slaughter was perpetrated by Inkatha supporters” (4662). “Judge Richard Goldstone and a British policing expert drafted in by De Klerk declared that they could find no evidence of police involvement” (4666). Maar die ANC-gedienstige Waarheids- en Versoeningskommissie “pronounced after a cursory investigation that the police had planned and helped to execute the massacre” (4675). “The truth no longer mattered” (4675). In hierdie opsig is die nuwe Suid-Afrika op ANC-leuens en -valsheid gebou.

Hermann Giliomee skryf: “Ten tye van die [Boipatong-] moorde het die ANC egter die raamwerk waarin die pers die gebeure aangebied het so sterk bepaal dat daar taamlik algemeen aangeneem is dat die polisie, die staat en moontlik selfs De Klerk die skuld moet dra … Om die onderhandelings op die spoor terug te kry, het die regering sekere sleuteltoegewings aan die ANC gedoen in ‘n ‘notule van verstandhouding’ wat die partye op 26 September 1992 uitgereik het … Volgens die openbare mening het De Klerk in die kragmeting ‘n deurslaggewende nederlaag gely … die hele sameloop [het] daarop gedui … dat die ANC finaal die hef in die hande gekry het … dit [was] nou duidelik dat die proses hoofsaaklik sou verloop soos die ANC dit wou hê” (Hermann Giliomee, Die Afrikaners: ‘n Biografie, Kaapstad, Tafelberg, 2004, p 600).

Niël Barnard bevestig die valsheid van die aantyging dat die polisie “en wit mans in sweetpakke” by die Boipatong-slagting teenwoordig was (Niël Barnard, Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge, Kaapstad: Tafelberg, 2017, 328p, R280, p 124). “Soos te wagte het die ANC die Boipatong-gebeure met ope arms aangegryp om De Klerk en die Regering van duistere komplotte te beskuldig en gerugte en ongetoetste aannames te versprei dat die Polisie direk by die aanval betrokke was. ‘n Britse polisie-kenner wat deur regter Richard Goldstone aangestel is om die Polisie se betrokkenheid te ondersoek, kon geen bewyse daarvan vind nie” (125). Die vredesikoon Nelson Mandela het op kenmerkende manier hierdie voorval tot die uiterste misbruik om verdere onrus te stook. Hy het ‘n “skare van 20 000 ondersteuners in Boipatong toegespreek en gesê: ‘Ek kan nie langer aan ons mense verduidelik hoekom ons steeds met ‘n regering praat wat ons mense vermoor nie'” (126). Hierop het gevolg ‘n “landswye stuwing van uitdagende militantheid wat deur talle ANC-leiers onder die vaandel van ‘the anger of the people’ aangehits is” (126). Barnard noem dat 600 MK-rekrute in hierdie tyd doodluiters van die internasionale lughawe by Johannesburg vir militêre opleiding na die buiteland vertrek het, terwyl ander in die Transkei opgelei is (125). Dit toon duidelik dat die ANC ten tye van die onderhandelings glad nie van sy voorliefde vir geweld afgesien het nie.

Grobler kla omdat hy op skool “in die duister gehou [is] oor die stryd wat teen die ongeregtighede van apartheid aan die opbou was” (109). Oor “een van Suid-Afrika se grootste leiers,” Nelson Mandela, het Grobler “intensief navorsing … gedoen en in die 1980’s uitvoerig in ‘n boek oor sy politieke rol tot op daardie stadium geskryf” (109). Hy vertel hoe Mandela as student uit die Universiteit Fort Hare geskors is en hy toe na die Witwatersrand verhuis het (110). Wat Grobler nie vertel nie, is hoe uiters ordentlik die rektor van Fort Hare, Alexander Kerr (1885-1970, rektor 1916-1948), Mandela behandel het. Mandela verwys na Kerr as “a greatly respected man” (Long walk to freedom, p 61). Eiewys en aktivisties wou Mandela hom nie aan Kerr se gesag onderwerp nie. “I resented his absolute power” (62). In Mandela se oë was dit ‘n “injustice” dat hy verplig is om die universiteit te verlaat (62).

‘n Insident wat van die uiterste belang by die beoordeling van Mandela as mens is, word ook nie deur Grobler genoem nie. Mandela het twee van sy oom/voog se beeste gesteel en verkoop ten einde geld vir die treinkaartjie na Johannesburg in die hande te kry. “We had almost no money between us, but that morning we went to see a local trader and made a deal to sell him two of the regent’s prize oxen” (66). Mandela beskou sy veediefstal blykbaar nie as ‘n misdaad nie: “We had committed no offence and violated no laws” (68).

Grobler verwys na Mandela se huis in Orlando-Wes, Soweto, wat voorspelbaar deesdae ‘n museum is (110). Volgens Grobler gee hierdie museum ‘n mens “‘n goeie idee van hoe beknop woonhuise in swart woonbuurtes in Suid-Afrika in die apartheidsjare was” (111). Is die woonhuise wat deesdae barmhartigheidshalwe deur die owerheid vir swartes gebou word nou groter? Betaal die inwoners deesdae vir wat hulle ontvang, bv die huur, munisipale belasting en dienste? Wat Grobler verswyg, is dat Mandela nie owerheidsbetalings vir sy Orlando- huis wou doen nie. “The Bantu Welfare Trust periodically reminded him of the need to repay his loans and he mostly ignored their letters … [Later] an apologetic promise to begin repayments – a promise he did not keep” (David James Smith, Young Mandela, London: Weidenfeld & Nicolson, 2010, p 68). Mandela kan as die vader van die nie-betaalkultuur (bv vir elektrisiteit, munisipale dienste, televisielisensies, ens) onder swartes beskou word. Dit neem sulke groot afmetings in die nuwe Suid-Afrika aan dat hierdie nie-betaling (wat op diefstal neerkom) nie volhoubaar is nie. Dit plaas ‘n groot en toenemend ondraaglike finansiële las op getroue nie-swart (bruin, Asiatiese en veral blanke) betalers. “Veel minder as ‘n derde van huishoudings in Gautengse townships betaal vir dienste” (Attie van Niekerk, Anderkant die reënboog, Kaapstad: Tafelberg, 1996, p 27). Oor elektrisiteitsdiefstal in Kliptown, Soweto, skryf Grobler: “Elektriese drade van alle soorte het van die bopunt van ‘n lamppaal in alle rigtings na omliggende huise gelei” (102).

Grobler verwys na Mandela se “beroemde toespraak” in 1964 tydens die Rivonia-verhoor. Mandela het toe valslik beweer dat hy teen wit oorheersing geveg het. Geen kritiek hierop word deur Grobler uitgespreek nie. Asof Mandela en ander kamerade nie reeds oorgenoeg gehuldig is nie, skryf Grobler die volgende sin, wat boekdele oor sy gesindheid spreek: “Dit verstom my dat daar nog nooit ‘n gedenkteken voor die Paleis van Justisie [waar die Rivonia-verhoor plaasgevind het] opgerig is wat die gebou se band met Mandela uitwys nie” (116).

Grobler verwys na die Parade in Kaapstad. “Die destydse doel was om as militêre paradegrond te dien vir die soldate wat die Kasteel beman het” (233). Dit is hier waar die vredesikoon Mandela sy eerste toespraak gelewer het nadat hy in 1990, sonder die instemming van die blanke kiesers, deur FW de Klerk vrygelaat is. Mandela “called for an ‘intensification of the struggle on all fronts'” (Kane-Berman, 4360), dus voortgesette geweld. Sy tronstraf het Mandela nie tot ander insigte gebring nie. “1990 would be the most violent year in our modern history … with at least 3 770 deaths in political violence” (4360).

Grobler en sy vrou “het al telkens oor die ooreenkomste tussen [Jan] Smuts [1870-1950] en Nelson Mandela, nog ‘n grootse Suid-Afrikaanse leier, gepraat. Smuts het op sy dag met bykans roekelose dapperheid teen die Britse Ryk geveg … Mandela het ook groot dapperheid getoon in sy stryd vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika” (88). In werklikheid is daar ‘n groot verskil. Smuts was aktief in oorloë, soos die Anglo-Boere-oorlog, betrokke. Mandela was voor sy inhegtenisname by ‘n sabotasieveldtog met behulp van bomme betrokke. Na Mandela se vrylating was daar die “People’s War” waarin die ANC politieke teenstanders soos Inkatha en die Nasionale Party met geweld probeer neutraliseer het. Die ANC het valslik voorgegee dat ‘n “Derde Mag” vir die geweld verantwoordelik was. In werklikheid was dit egter grootliks ‘n voortsetting van die ANC se tradisionele gewelddadigheid. Die ANC het terselfdertyd met die NP-regering om die verkryging van politieke mag onderhandel. Die ANC het nooit geweld afgesweer nie. Hy het bloot voorgegee dat hy sy geweldpleging opgeskort het. Mandela was van die begin van MK se geweldpleging in 1961 tot sy inhegtenisname in 1963 en weer van 1990 tot die 1994-verkiesing in ‘n leidende hoedanigheid by geweld betrokke. Grobler beweer Mandela het vir reg en geregtigheid gestry. Grobler neem hiermee ANC-propaganda onkrities oor. Het ons in die nuwe Suid-Afrika in afdoende mate wat reg is, bv wet en orde? Ek dink nie so nie. Het ons geregtigheid? Sekerlik nie wat die blankes betref nie. Daar word suiwer op grond van ras teen blankes gediskrimineer, hulle welvaart word op groot skaal aan die swart massa verkwansel, hulle politieke invloed is onbeduidend, ens.

Jan Smuts het “internasionaal sy stempel afgedruk op wyses wat geen ander Suid-Afrikaner benewens Nelson Mandela hom nog kon nadoen nie” (80). Dit is ‘n misleidende stelling. Smuts en Mandela het internasionaal heeltemal verskillende rolle vervul. Smuts was ‘n belangrike, aktiewe faktor in albei wêreldoorloë, asook by die stigting van sowel die Volkebond as die Verenigde Nasies. Mandela, daarenteen, het opleiding in terrorisme in die buiteland ontvang en ook vir hierdie doel geld daar gebedel. Na sy vrylating in 1990 het hy die wêreld vol gereis maar meesal om as persoon deur polities byderwetses vereer te word. Hy het geld vir die heropbou van die land gebedel maar nie gesê wie die land afgebreek het nie.

In 2014 was Grobler en sy vrou in Londen. “Ons was vanselfsprekend trots om op te merk dat Suid-Afrika die enigste land benewens die Verenigde Koninkryk is waarvan twee leiers op dié plein [Westminster-plein] vereer word. Jan Smuts se beeld staan nogal naby dié van Churchill, maar die beeld wat verreweg die gewildste onder toeriste was, is ongetwyfeld dié van ‘n vriendelike Nelson Mandela wat lyk asof hy daar staan en gesels” (118). Dit is skynbaar onmoontlik om Grobler se entoesiasme vir Mandela (ook “Madiba” genoem – 118) te blus.

Grobler verwys na die sinkhuis te Doornkloof, Irene, waarin Jan Smuts van 1909 tot sy dood gewoon het. Hy noem dat Smuts die huis opgerig het (85). Die huis of boumateriaal was voorheen ‘n Britse weermagmenasie (kroeg vir soldate) in Middelburg in die Oos-Transvaal. Smuts het dit vir £300 gekoop. Die heroprigting het ‘n jaar in beslag geneem en het £1 000 gekos (Richard Steyn, Jan Smuts: Unafraid of greatness, Johannesburg: Jonathan Ball, 2015, Amazon Kindle $12,53, 3228). As woonplek was ‘n beskeie sinkhuis goed genoeg vir Smuts, wat ‘n regsgeleerde en internasionaal gerekende staatsman was. In vergelyking hiermee is Jacob Zuma ‘n ongeskoolde dolosgooier. Smuts het net vir Isie as vrou gehad. Vergelyk hiermee Zuma se talle vroue. Zuma se blyplek, Nkandla, is ‘n hele landgoed vol luukse strooise wat deurlopend onderhewig aan opgradering is; skynbaar (grootliks) op staatskoste. Smuts as staatsman en mens, asook sy woonplek, moet nie met Zuma vergelyk word nie. Smuts se statuur is veel groter. Dit is ironies dat sy blyplek veel meer beskeie is.

Hoe skandalig die propagandastryd teen blankes met behulp van monumente gevoer word, blyk uit die Genocide Memorial by Adendorp op die pad tussen Graaff-Reinet en Willowmore. Volgens die inskripsie op die monument het die beweerde volksmoord van 1702 tot 1809, dus hoofsaaklik tydens die Hollandse bewind, plaasgevind. Hierdie monument is in 2006 deur die Oos-Kaapse ANC-regering opgerig. “Hoewel die naam impliseer dat die Khoi-San-gemeenskappe die slagoffers was van ‘n doelbewuste beleid [van blankes] om hulle uit te wis, was dit nooit die geval nie. Die Khoi-Khoi[n] en die San was wel telkens die aggressors omdat hulle die vloedgolf koloniale uitbreiding probeer afweer het. Dit word deur die inskripsie op die voetstuk bevestig. Die Afrikaanse bewoording lui onder meer: ‘As Suid-Afrikaners wil ons met hierdie monument lof en erkenning verleen aan die bydrae van die San en Khoi-Khoi[n] [as] eerste inheemse mense in die stryd om die land te bevry'” (240-241). Dit is kenmerkende ANC-retoriek. Grobler beskou hierdie monument as “‘n tipiese voorbeeld … van politieke heersers se drang om die geskiedenis te manipuleer sodat dit moet lyk [as]of hulle in die verlede sowel die slagoffer[s] as die oorwinnaars was” (241). “Die trekboere in veral die noordweste [van die Kaapkolonie het] …, in teenstelling met wat die Volksmoord-monument buite Graaff-Reinet beweer, uit hulle pad gegaan om vreedsame verhoudings met die San en die Khoi-Khoi[n] te bou” (243).

Dit is nie net die ANC wat ruimskoots tot die vervalsing van ons geskiedenis bygedra het nie. Die ANC word bygestaan deur historici wat bereid is om die geskiedenis te plooi soos die ANC dit verlang, bv deur teen ruime betaling skoolhandboeke te skryf. Met sy polities byderwetse inslag gee Grobler met hierdie boek in sekere opsigte stukrag aan hierdie herskrywing van ons geskiedenis. ‘n Mens moet liefs nie te ver agteroor leun om ‘n immorele regime ter wille te wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Inconvenient Truth

    Dog hans-kakies was iets van die verlede!

    • Hanskakies en Stockholmsindroom waar ‘n kultuurgroep hulself verneder, misgun, ontken en uitlewer is ‘n siek simptoom van ‘n internasionale milieu wat reg verkeerd noem en verkeerd reg. Die Afrikaner, – histories onder druk, – is ‘n voortgesette slagoffer van verraaiers vanuit eie midde, in welke vorm, metodiek of omgewing ookal.

      • In ‘n volkstaat moet ons ‘n monument oprig om daardie volksveraaiers ook te onteer. Deesdae nie meet hanskakies nie maar eerder Hans kaf..rkies

        • Bedoel jy nou saam met die Krygsraad en die vuurpeleton?

          • Ek weet nie of ‘n Vuurpeleton die antwoord is nie, meskien ‘n neksker en ‘n bordiso tang om mee te begin.

  • Suidpunt

    Hoekom begin die oorvloedige misbruik van byvoeglike naamwoorde my deesdae so geweldig irriteer? Ek is seker die boek sou met 20 tot 30 bladsye gekrimp het. Kan ek raai, die boek ontbreek ook aan rudimentêre data: datums, omtrek, hoogte, kilogram/ton, besoekertal, doel, aantal gepoogde vandalisme, simboliekuitleg, stand van verwering, oprigkoste, toegangstye, toegangskoste, fasiliteerder en werkskepping (wie verantwoordelik is vir die instandhouding), ontwerper, boumaatskappy by oprigting… Met ander woorde, dit kan nie as reisgids of tydsdokument dien nie. Dankie mnr. Lemmer, een boek minder om aan te koop.

  • Leon dankie vir jou insigewende skrywe, ek het noggal gedink daaraan om die boek te koop. Dit lyk as of ek goeie geld sou gemors het. Toilet papier is baie goedkoper en heelwat sagter ook.

  • Lyk my as ‘n mens eenmaal tot die Afrikaner-establishment behoort het, bly jy maar altyd ‘n jabroer. Ek het ook die boek raakgesien en daaroor gewonder, maar is beslis nie lus om nogmaals aan propaganda oor Mandela blootgestel te word nie.

    Nou die dag was ek by Freedom Park in Pretoria, net so aan die buitekant. Dis ‘n indrukwekkende struktuur en daar is blykbaar R500 miljoen daaraan bestee, indien nie meer nie. Dít terwyl Afrikanermonumente verwaarloos word of gevandaliseer word. Freedom Park is ‘n monument aan anti-blanke haat; dit vereer ook Toussaint Louverture en ander figure uit die swart geskiedenis wat blankes uitgemoor het.

    Ons monumente is omtrent al interessante ding wat daar in dié land oorbly, want ons geestelike erfenis is reeds verwoes. Nie almal is ewe mooi nie, maar die sentiment daaragter is suiwer. En die groot drie, die Voortrekkermonument, Taalmonument en Vrouemonument beskryf drie grootse oomblikke in ons geskiedenis: die Groot Trek, die opofferings van die ABO en die opkoms van Afrikaans in die twintigste eeu. Al drie is ook pragtig, kunswerke in eie reg wat reeds die toets van die tyd deurstaan het.

    • Johann Schutte

      Dis `n ekonomiese berekening vir die modale jabroer, wat bykans alle akademici insluit. Die oorgrote meerderheid omhels die huidige ideologie opportunisties, en is die toekomstige vaandeldraers vir enige rigtingsverandering, selfs `n radikale swaai weg van die reenbooggedagte as dit die waarskynlikheid van sosiale en finansiele voordeel impliseer.

      Daar is min uitsonderinge, en van lg. word skrikwekkende voorbeelde gemaak deur die linksopate. Louise Mabille is `n goeie voorbeeld.

    • En so moet ons ‘n fortuin betaal om ons eie monumente te besoek

  • sussie se vissie

    Als in verheerlikte vergestalting van ANC ‘mylpale’ – dra n sweem van ‘dr’ Pallo Jordan reukweerder.

  • boerseun

    Grobler stel my erg teleur! Die absolute vermetelheid om na my blanke voorsate as “agterlik” te verwys, kan jy nou meer!!! Wat noem hy dan die ander (swart) kolonialiste wat kaalgat met hul beeste rondgeswerf het? Seker primitiewe Ystertydperk-mense?! Grobler is maar net nog ‘n sotlike Mandela-aanbidder! Die man is so self-gekondisioneer, dat hy werklik sy eie valshede glo. Dis seker te verwagte van iemand wat by ‘n linkse universiteit doseer. Die behoudendes is lankal uitgedryf, en die wat oorbly dien die ANC se anti-wit agenda.

  • Ampie

    Dankie Leon vir nog ‘n puik resensie. Dis jammer die boek is so polities-korrek geskryf deur dr Jackie Grobler. Dis seker te veel gevra dat ons net ‘n boek wat “neutraal” is sou kry. Nietemin moet ek dr Grobler dit toegee: hy het ongelooflik baie gedoen om die ou Afrikaner-monumente na te vors, te besoek en te boekstaaf. Grober se lys van hierdie monumente is op die internet te kry (www.boererepublieke.co.za/wp-content/uploads/…/Gedenktekens-in-Suid-Afrika.pdf). Ook sy boekie “Monumentale Erfenis: ‘n gids tot 50 Afrikaner gedenktekens” is goed nagevors. Daarom moet sy rol in die bewaring van ons kultuur-erfenis erken word.

  • Susan

    Dankie Leon, my geld sal nie aangewend word om die boek te koop nie.

  • Johan Wilkens Botha

    Dit hoef seker nie te verbaas nie. Leon Lemmer verwys in sy resensie van John Kane-Berman se boek dat hy (Lemmer) ‘n “konserwatiewe, behoudende mens” is, daarom dat Kane-Berman se beoefening van homoseksualiteit hom dwars in die krop steek. Jackie Grobler se een dogter is ook in ‘n lesbiese verhouding, wat skoon op ‘n “huwelik” uitgeloop het (die “bruilof” waarby hy teenwoordig was en welke “huwelik” sy seën wegdra). Grobler se dogter Marelize het glads haar van na Swanepoel verander, dié van haar “vrou”.