In hierdie video van 5 minute, bespreek dr. Dan Roodt kortliks die invloed van die R-woord (“rassisme”) in Suid-Afrika en in die VSA, waarvan dit afkomstig is. Drie onlangse gevalle staan uit: die druk wat Open Stellenbosch onder leiding van die Engelse dosent Kylie Thomas toepas, die bedanking van mnr. Tim Wolfe, rektor van die Universiteit van Missouri, wat deur die oorwegend swart voetbalspan van dié universiteit “die trekpas gegee is”, asook mnr. Kallie Kriel van Afriforum wat self van rassisme beskuldig word, maar dié teerkwas links en regs in die rigting van ander Afrikaners swaai. Binnekort verskyn daar ook ‘n Engelse boek in Suid-Afrika waarvan die Afrikaanse titel sou wees: Voetsek, rassis, voetsek.
Hierdie video is in hoëdefinisie (HD) met ‘n hoëgehaltemikrofoon geskiet, wat ook in verdere programme gebruik sal word. Onder andere wil ons straatonderhoude voer en uitvind wat inwoners van Suid-Afrika van alle bevolkingsgroepe regtig oor sleutelkwessies dink. Help ons om ons multimediatoerusting uit te brei deur by PRAAG aan te sluit of om ‘n eenmalige skenking van R50 te maak. Stuur ‘n epos aan inlig[by]praag.org om ons bankbesonderhede te bekom of skenk €4 via PayPal/Kredietkaart deur op hierdie knop te druk (verskoon die Nederlands, maar PayPal bied ons nie die keuse van Afrikaans nie):