Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer

Thabo Mbeki
Thabo Mbeki

Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei.

Mbeki is die voorsitter van die paneel wat gestig is na ‘n besluit van die AU se ministers van Finansies, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in 2011.

Die paneel se missie is onder meer om aanbevelings te maak oor hoe om die onwettige uitvloei van multi- miljarde jaarliks uit die vasteland ​​te stuit.

Tussen 1980 en 2009 het Afrika glo ‘n verbysterende $1,2 triljoen dollar van die kontinent se rykdom verloor.

Mbeki het by die Verenigde Nasies in New York gesê die onwettige uitvloei van kapitaal uit Afrika kos die vasteland jaarliks sowat 600 miljard rand.

Hy sal ook vergader met die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds en die Amerikaanse departement van buitelandse sake.

Die kapitaaluitvloei is die gevolg van foutiewe handels-fakturering, belastingontduiking en terreur-finansiering.

Die geld vloei na ontwikkelde lande en belastingparadyse.

Die VN se adjunk sekretaris-generaal, Jan Eliasson, het aangedui dat ‘n oplossing van die uiterste belang sal wees vir Afrika om sy Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te haal.

 

6 thoughts on “Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer”

  1. “Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei.”
    Om kundigheid te werf…..bid jou dit aan. Al die kundigheid het reeds die land verlaat en die wat nie weg is nie word nie hier erken nie. Hy gaan soek dit seker onder die “african americans”.
    Leer sal hulle ook nooit leer nie!!

  2. Wolf in skaapsklere ! Was dit nie onder M-bêkkie bewind dat die Spoorweë ten gronde gegaan het, absa na gapsa verander is, denel tot niet gemaak is, Yskor verkwansel is, ens nie ? En waar is die opbrengs van daardie transaksies ? Op die Sjinese CCTV Nuuskanaal het hulle weekliks ‘n elle lange program oor Afrika en ter inleiding is daar bondige flitse van “saakmakende afrikane”. Onder andere mugabe en julle se madiba, asook M-bêkkie wat sê: Whee have maiiiiiiiddddd ….. an excellent beginning ! Nodeloos om te sê my kommentaar aan CCTV omtrent genoemde “beginning” word geïgnoreer.

Maak 'n opvolg-bydrae