Mbeki steun Israel-boikot

President Thabo Mbeki het Suid-Afrikaners aangemoedig om Israeliese produkte te boikot in reaksie op die land se optrede in Gasa. Meer as 1800 mense, waarvan die meeste burgerlikes, het in die Israeli-Hamas-konflik omgekom wat drie weke gelede opnuut uitgebreek het.

Mbeki sê Suid-Afrikaners moet Israeliese produkte boikot. “Die mense van Suid-Afrika moet hierby betrokke raak. Byvoorbeeld, daar is ‘n oproep om Israeli-produkte te boikot en nie in Israeliese maatskappye te belê nie. Ek dink dis reg.

“Dit is nie die verantwoordelikheid van die regering om mense te mobiliseer nie. Mense moet hulself mobiliseer,” het hy bygevoeg.

Mbeki het gesê hy steun die regering se besluit om nie die Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika uit te skop nie en die Suid-Afrikaanse afgevaardigde in Tel Aviv te hou.

Hy het die eerstejaar studente van Thabo Mbeki-leierskap-instituut aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria, Maandag toegespreek.

Daar is tans ‘n veldtog om die Israeliese diplomate en ambassadeur van Israel na Suid-Afrika uit die land te sit.

President Jacob Zuma het egter reeds ‘n spesiale gesant aangewys om die konflik in die Midde-Ooste te besleg. Mbeki het gesê dit is nodig om direkte skakeling met die ambassadeur te hê.

13 thoughts on “Mbeki steun Israel-boikot”

  1. Hulle kan maar boikot soos hulle wil. Regte twee gat jakkals met dubbele standaarde, ou Thabo. Hoe wonderlik om terug te sit en die opvoering te sien afspeel. Die kapitaliste val in hul eie gat sonder dat ons ‘n vinger roer. Mag hul so kwaad word vir die azaniers dat hul hul goed vat en trek Ferreira, nee, Hymie Joffee. Damaskus sal vernietig word, so staan dit in die Woord

  2. “President Jacob Zuma het egter reeds ‘n spesiale gesant aangewys om die konflik in die Midde-Ooste te besleg.”
    Hier kom ‘n ding!
    Hulle sal al daardie vereerdes met die Nobel-vredesprys se toekennings moet terugvat en aan daardie gesant moet gee. Praat van groot afbyt.

  3. Hoekom nou Thabo? Julle het dan vir jare saam met Slovo en kie gewerk om ons as Afrikaners onder te kry – op julle eis sou julle dit nooooooit reggekry het nie. Hoekom beveg julle dan ook nie al die ander poste in die land wat deur die israeliete se maatjies gevul is nie, ‘n paar name kom op – Marcus, Kasrils ens.

Maak 'n opvolg-bydrae