Terry Crawford-Browne het Woensdag beweer dat die moord op Chris Hani in 1993 verband hou met die korrupte wapenstransaksie.
Hani wou glo die betrokkenheid van Joe Modise bloot lê. Modise sou later minister van verdediging word.
Hoewel Hani vermoor is voordat Modise die minister van verdediging geword het, en ses jaar voor die kontrakte vir die verskaffing van militêre toerusting onderteken is, sê Crawford-Browne hy glo die moord was gekoppel aan die wapentransaksie.
As getuie voor die wapenaankopekommissie in Pretoria, het Crawford-Browne gesê daar is bewerings dat Janusz Walus, wat Hani vermoor het, in diens was van die Britse wapenmaatskappy BAE Systems.
“In daardie scenario, was die betrokkenheid van Clive Derby-Lewis bloot misleiding om die wit regses te blameer, en so die aandag van die Britse wapenbedryf af te lei,” het Crawford-Browne gesê.
Die tweede adjunk-sekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, het gister gesê dat hoewel die party Crawford-Browne se getuienis met agterdog bejeën, hoop hulle om meer uit te vind oor Hani se dood deur met hom te gesels.
“Hoekom het hy stilgebly met sulke inligting, terwyl ons gevra het vir ‘n ondersoek na Chris Hani se dood? … Ons sal hom vra of hy bewyse het want ons kan dit nie net [summier] ignoreer nie,” het Mapaila gesê.
Crawford-Browne het ook intussen beweer dat Winnie Madikizela-Mandela vertroulike wapentransaksie dokumente uitgelek het. Die ANC het die bewerings ontken.
Gister het hy gesê dit is bekend dat daar ‘n aansienlike vyandigheid tussen Modise en Hani was wat dateer uit hul tyd in ballingskap.
Crawford-Browne het gesê hy is vertel deur Bheki Jacobs, ‘n belangrike bron van inligting oor die beweerde korrupsie in die wapentransaksie, dat Modise vergiftig is, en dat die gesamentlike ondersoekspan se verslag oor korrupsie in die wapentransaksie gedokter is voor Modise se dood.
Jacobs het gesê Modise se dood sou lyk na kanker. Jacobs is self aan kanker oorlede in 2008.
In sy kruisondervraging, het Jaap Cilliers SC wat vir Fana Hlongwane verskyn en Crawford-Browne uitgedaag om te bewys dat die Britse regering lank reeds aandadig is aan omkopery deur BAE Systems.
Verskeie bronne beweer dat die sakeman Hlongwane miljarde betaal is aan kommissies wat verband hou met die wapenaankope, kommissies wat hy steeds namens sekere hoë amptenare en politici bestuur om hulle die verleentheid te spaar.
Crawford-Browne beweer die Britse sekretaris vir handel en nywerheid Patricia Hewitt het, in Junie 2003, erken dat BAE Systems omkoopgeld betaal het om kontrakte in Suid-Afrika te verseker.
Hy het gesê bewyse het getoon dat Barclays Bank van Engeland die verkryging van die BAE Hawk en die BAE/Saab Gripen-vegvliegtuie gefinansier het. Commmerzbank Duitsland het die aankope van die vier fregatte en drie duikbote gefinansier. Die vliegtuie sou in 2012 afbetaal word, maar is verleng tot 2021.
Crawford-Browne het die bewerings van vergiftiging na die adjunk-kommissaris van die polisie in die Wes-Kaap geneem, “maar geen optrede het gevolg nie,” het hy gesê.

de prangende vraag is hier hoeveel gras er nog op de adder zit (i.p.v. de uitdrukking een adder onder het gras)
En het falende zelfverijkende schrikbewind maar falsificerend volharden en blijven jongleren met mensenrechtenschendingen, ook in het geval van de heer Clive Derby Lewis.
http://www.volkskrant.nl/dossier-rampvlucht-mh17/timmermans-slachtoffer-mh17-gevonden-met-zuurstofmasker~a3764574/
Rentia, deze linkse psychopathische bureaucratische gladde aal, zelfzuchtig en ongrijpbaar op zoek naar een carriere in de EU(SU) moloch kan niet anders meer dan onwaarheden uitkramen en het Nederlandse volk voorliegen en had de zaken beter niet jarenlang op de spits gedreven met Rusland en Oekraïne om zijn Britse MI6 bazen te ‘pleasen’ terwijl het slijm bij Twan uit zijn mond liep voor Simon Peres. (die zijn Israel ook al volop in Georgië liet meeknallen)
Hij heeft vanuit zijn gedecimeerde Partij voor de Armoede zijn plicht verzuimd tijdens die MH17 tragedie, ervoor en erna en onverantwoord levens ingezet.
Maar daar zal Hiversumse matrasglijer en subsidie vretende heer Pauw niet over beginnen.
Er zijn daar tientallen mensen bij die plek des onheils geweest en een zuurstofmasker is zo opgezet.
Laat ‘onze’ minister de vluchtleiding in Kiev eerst vragen om de vluchtgegevens die hun diensten achterover drukte.
Ja snaaks hulle ignoreer Kiev se lugbeheer soos ‘n stopstraat
Nou verstaan ons hoekom Derby-Lewis nie uit die trunk vrygelaat mag word nie
100% korrek. Ek het dieselfde gevoel Rooikop.
Dit lyk asof hier (alweer) iets smerigs aan die uitbroei is. Kom ons hoop dit broei behoorlik uit. Die vraag is net altyd wie lieg en wie lieg die beste. As die hele smeerspul daartoe kan lei dat mnr Derby-Lewis vrygelaat word, sal dit minstens iets positiefs wees. Dat mnr Derby-Lewis sou meedoen aan die moord op Chris Hani ten einde ‘n korrupte wapentransaksie van die korrupte Kommunistiese regime toe te smeer, lyk om die minste te sê vergesog.
Net soos hierdie geval, was daar hordes ander gevalle waarvoor die Afrikaner Apartheid verkeerdelik die houe moes vat vir die ANC se eie mislukkings! Ons leiers en mense is al so gedemoniseer om die aandag te verskuif van die ANC se kriminele optrede. En die onnosele LIBTARDS is naïef genoeg om daarvoor te val! Ek het hierdie week weer in navorsing besef hoe skeef die meerderheid van die bevolking oor Apartheid dink. En dit a.g.v. sulke bedrieglike mense wat alles toesmeer. Die demoralisering van Apartheid was sommer 4 vlieë in een klap vir die ANC: 1. Om hul rassistiese en diskriminerende beleide te regverdig deur te beweer dat hulle die verlede “regmaak”, 2. Om die slagoffer posisie in te neem en daardeur nie verantwoording te hoef doen vir hul eie mislukkings nie. 3. Om hul eie gemors toe te smeer ( Soos die Wapentransaksie), 4. Om die Afrikaner lam te lê deur daarop te wys dat hulle verantwoordelik was vir ‘n “slegte” geskiedenis. Hierdeur is nasionalisme, die vereiste vir Afrikanereenheid, ook gedemoraliseer omdat dit volgens die ANC hand aan hand gaan met ons “slegte verlede”. Nou is daar, gerieflik genoeg vir die ANC, geen sprake van Afrikanereenheidsmagte om hulle uit te daag nie.
As daar nie soveel onnosele bruikbare idiote in ons geledere was nie, sou hierdie demoralisasie geen effek gehad het nie, maar nou is die helfde van ons volk in die ANC se sakke! Gmf!
Wat my walg is hoe moffierig die “mans” is – wat namens ons Volk hul rug met stilswye krom maak. Wanneer iemand jou naam probeer vuilsmeer, moet jy nie gaan slaap – alvorens jy die skuim gekonfronteer het en met wysheid hul snaters snoer nie.
Mens kan nie help dat jou vyand leuens en propaganda teen jou gebruik nie – mens kan wel help dat ander weet dat jy nie daaroor sal swyg nie.
‘n Leuen is soos ‘n klap deur die gesig… ‘n Halwe waarheid is soos iemand wat mik om na jou te klap – niks keer jou om dit te blok – met ‘n tweede klap teen die oor nie… Want die eerste hou is nie die eerste hou nie – dis die een wat eerste mik – wie eintlik eerste geklap het…
Naand Patriot,
ek stem volkome saam met jou.
Ek is nou al so g%^&tv#l vir al hulle leuens en stories, ek kan apiestuipe kry, en die ergste van dit alles is, is dat hulle onder die indruk verkeer ons glo hulle.
Ek het al male sonder tal, ook op hierdie forum, geskryf dat ‘n vry Clive Derby Lewis gevaarlik blyk te wees vir iemand in ‘n hoe posisie(s).
Waarom sou ‘n man na 20 jaar in die tronk , wat ‘n model gevangene en gerespekteer deur sy mede-gevangenes skielik 2 maal gewelddadig aangeval word deur iemand gemotiveer deur parool vir 2 van die Waterkloof 4 -altans dit was DKD se verskoning.
Dis mos loutere twak !
Clive is deur die lieg-en -bieg kommissie vrywaring geweier omdat hy konsuis “nie alles vertel het nie.”
Hierdie verskoning is deurentyd aangevoer met elke parool aansoek, veral deur Hani se weduwee met bystand deur George Bizos.
Ek vind dit vreemd, dat niemand, selfs nie Clive se regsspan bv me Hani voor die hof gedaag het om te bewys wat sy beweer nie. Haar bewering dui tog immers daarop dat sy WEET wat Clive nie vertel nie, en sy is dus eintlik skuldig aan regsverydeling want sy weerhou inligting in ‘n kriminele saak.
Lees gerus “the communistisation of the ANC deur oud spioen Gerard Ludi bls 342-346 oor hierdie aangeleentheid. Dit begin baie mooi in te pas met die nuutste bewerings. Lees ook “Government by deception “deur Jan Lampbrecht se mening hieroor.
Clive Derby Lewis moes NOOIT IN DIE TRONK GEWEES HET NIE !
Ek stem 1000% saam! Puik verwoord.
Naand David,
verseker is dit n pot vol adders wat hier krioel. Mmmmm, “en die koekie gaan nog lekker krummel”.
Waarheid is soos die rook van ‘n vuurhoutjie – terwyl jy ‘n kers aansteek. Jy sien haar baan – vol sinvolle handgebare…
‘n Leuen? ‘n Leuen is soos die reuk van ‘n kers – nadat jy dit doodgeblaas. het. Want Donker (‘n Leuen), vermom haar soos ‘n kers wat vrolik brand…
Naand Dolk,
puik gestel, en hier is nog n pot vol leuens ou vriend.
Tannie Mandela het ook hier n vinger in die paai. Sal maar sien wat kom uit.
Inderdaad soos u sê – dis soos met die Stompie-moord voorval… Waar daar ‘n rokie trek, smeul daar ‘n stompie… (Gesegdes vir my – is nie in sement gegiet nie. 😉
Naand Dolk,
INDERDDAAD.
Goeiedag Dolk–Wat die Stompie voorval betref meen ek daar is meer as net ‘n rokie. In sy boek boek “Katiza’s Journey” deur Fred Bridgland vertel die skrywer hoedat die enigste getuie van die moord op Stompie die dag voordat hy teen Winnie Mandela moes getuig, hy ontvoer is en die staat se saak heeltemal platgeval het.
5 jaar later is hy in ‘n Zambiese tronk opgespoor deur ‘n Britse parlementslid. Emma Nicholson, wat bekend was met die destydse Zambiese President . Frederick Chiluba.
Volgens die boek het Kenneth Kaunda in ‘n televisie onderhoud kort daarna teenoor Nicholson erken dat hy persoonlik deur Oliver Tambo ingelig was om Katiza op te sluit., en dat dit op instruksies was Nelson Mandela self.
Waarskynlik het Kaunda aan bomskok gely deurdat hy die verkiesing verloor het teen Chiluba !
Nicholson vertel ook hoe sy gesukkel het om ‘n verblyf permit vir Katiza in Brittanje te kry, want hulle was doodsbevrees vir die ANC se sluipmoordenaars.
Ek onthou nog goed hoedat die voormalige polisie spioen Gerard Ludi so 10 dae voor die 1992 referendum in ‘n brief in die Citizen gewaarsku het om nie ja te stem nie.
“Don’t vote yes, you don’t know who you are dealing with”
Dinge begin nou op die lappe kom met wie die wittes te doen het.
In ou Tutu se woorde:
Prime Evil !!
Goeienaand David, jou skrywe laat my stil… “Stil, soos in – hoeveel hoor die vuur wat knetterend teen hulle, wie verseker móét weet, getuig?
NS Is dit nie ironies hoe Tutu homself, swyend, dog piepend, drie-vinger terugwysend inkrimineer nie…?