Suid-Afrika beweeg tans terug in die rigting van die middel van die twintste eeu toe marxisme in groot dele van Europa oorheers het. Die doel van kultuurmarxiste is om ‘n klein groepie of oligargie in die land te vestig wat alle mag en hulpbronne sal oorheers terwyl die breë bevolking, soos die middelklas-Afrikaner, doelbewus verarm word.
Etiket: Afrikaner!
Watter Afrikanerbeeld?
Ek meen Brakpan en Danville is sinoniem met “Afrikaners”, sover dit die buiteland aangaan
Die afgelope week was gevul met die absurde holdersteboldergebeure wat ‘n kenmerk geword het van die land wat eens bekend gestaan het as die “Republiek van Suid-Afrika”. ‘n Land wat gesien is as ‘n stabiele en wetsgehoorsame staat gemeet aan die hand van wat die res van Afrika kon vermag. ’n Land waar etiket, die navolg van reëls en beleefde debat die botoon gevier het, nieteenstaande die gehate apartheidsbeleid. Selfs mev. Helen Suzman het erken dat sy altyd goed in die “apartheidsparlement” behandel is. Die affêre wat hom tans in die land afspeel, vergelyk goed met ‘n stuk absurde teater uit die pen Ionesco of veral Alfred Jarry, skrywer van Koning Ubu.
Voorbeelde hiervan is: Die chaos in die Parlement en die Gautengse Wetgewer, die EFF se kongresse in die Noord-Kaap en Gauteng wat ontaard het in straatgevegte, Tshwane wat R15 miljoen se belastinggeld aan kitskos bestee, die ANC Yoof Leek wat relevant probeer voorkom deur Steve Hofmyer aan te val met populistiese kwaksalwery dmv ‘n verwarde witvelletjie lank nadat die stof gaan lê het, Naspers en ander media se gekwetter oor “wit rassisme” terwyl hulle sirkulasiesyfers in vryval verkeer en dan natuurlik Afriforum wat ‘n salvo gevuur het in die rigting van Dan Roodt en “randeier”-Afrikaners wat onder andere “die beeld van Afrikaners in die buiteland skade aanrig”.
Dit is hierdie laaste gebeurtenis wat my aan die dink gesit het oor die Afrikaner se beeld in die buiteland. Blykbaar het ons “leiers” (al is hulle werknemers en aangesteldes van ‘n organisasie) niks geleer uit die geskiedenis nie – of hulle is heeletmal werklikheidsvreemd.
As hulle iets geweet het, sou hulle benadering en gedagtegang rondom hierdie buitelandse beeldgedoente heel anders daar uitgesien het. Ná jare van negatiewe persepsies wat deur elke Jan Rap en sy maat oor Afrikaners geskep is – of hulle nou joernaliste, Progge, anti-apartheidsaktiviste of wat ook al was – is die beeld van Afrikaners in die buiteland maar redelik kisboude.
Die publiek in die buiteland is nie ‘n opgevoede massa mense wat alles bevraagteken nie. Hulle sal eerder glo wat aan hulle voorgehou word as waarheid, as om self ‘n vinger te verroer om uit te vind wat werklik aan die gebeur is.
Politici, daarenteen, is soos ‘n weerhaan: draai in die rigting waarin die wind waai. En die wind het jare laas in die rigting van die Afrikaner gewaai! Die media was baie suksesvol met hul gefabriseerde konsensus en dit is in die buiteland se houding jeens Afrikaners te bespeur. Nodeloos om te sê, staan die status quo hulle aan want dit is tot voordeel van die multinasionale maatskappye wat Suid-Afrika sien as ‘n vetgemaakte skaap reg om geslag te word; hou net die onbeholpe kleptokrasie van ‘n Afrika-regering in stand en moet niks daaroor sê nie.
In my ervarings met buitelanders is dit vir my opvallend dat alle blankes in Suid-Afrika as Afrikaners gesien word – diegene wat nie as Afrikaners gesien word nie, maak deel uit van die Kwien se “expat”-klub wat net tydelik hier vertoef. Om aan hulle te verduidelik – soos ek menigmaal gepoog het – dat die blankes in Suid-Afrika uit verskillende etniese groepe bestaan, is sinneloos.
Dit is veral waar van die Asiate wat alle blankes sien as “gweilo” en minder as niks kan omgee oor wat die “gweilo” gister of eergister gedoen het of aan watter stam hy behoort nie. ‘n Ruk gelede was ek saam met ‘n groep Suid-Afrikaners in Seoel vir ‘n konferensie. Daar vertel een Koreaan vir my in gebroke Engels dat ons almal dieselfde lyk. Hoe gee die persoon om wat ‘n Afrikaner se beeld is – hulle lyk dan almal dieselfde?
Hier moet ek nou eers stilstaan by die “beeldskendingtameletjie” soos dit deur Afriforum verwoord is. Hoe is dit moontlik om die beeld te skaad van ‘n etniese groep wat nie in die buiteland geken word nie? Hoe skaad jy ‘n beeld waar die definisie en karaktereienskappe van die etniese groep Afrikaner konstant van beide binne en buite die groep ondergrawe word? Wanneer die Afrikaanse media die begrip “Afrikaanses” in die buiteland bevorder – daardie neologisme van oorlede Jakes Gerwel wat soveel inslag gevind het by Naspers, Russel Botman, Jonathan Jansen, hulle dwepers en by die liberale kliek wat saamkoek in Mellville en Kaapstad se modieuse koffiekroeë?
Wanneer die media intern die beeld bevorder van Afrikaners wat almal rassistiese, vrouehatende, patriargale, klippies-en-coke-suipende boeppense is wat hulle vrouens en kinders vir die pret slaan terwyl elkeen ‘n 3-liter-Ford Cortina ry en die enjin in die sitkamer opknap op ‘n Saterdagmiddag wanneer hulle vir die Blou Bulle skree?
Ek meen Brakpan en Danville is dan sinoniem met “Afrikaners”. Dit dien as ‘n gemaklike spotnaam, maak nie saak waar die persoon regtig vandaan is, wat sy taal is en wat sy herkoms is nie. Hoe skaad jy ‘n beeld wanneer ‘n “Afrikaner”-burgerregteorganisasie multi-etnisiteit voorstaan en die etniese groep Afrikaner misken? Dit is mos dan Jakes Gerwel se “Afrikaanses” is dit nie? Hoe skaad jy ‘n beeld wanneer iemand wat juis die definisie en aard van die etniese groep Afrikaner wil beskerm in self-geregverdigde polities korrekte morele uitbarstings tot ketter verklaar word?
Gesien aan die hand daarvan dat buitelanders nie die verskil tussen ‘n Engelse Suid-Afrikaner, ‘n Italiaanse Suid-Afrikaner, ‘n Portuguese Suid-Afrikaner en ‘n Afrikaner verstaan nie, is dit dan nie logies dat die gedrag van alle blanke Suid-Afrikaners die beeld van die Afrikaner in die buiteland óf poets óf skaad nie? Sekerlik moet Conrad Koch se kru en gekruide taal op ‘n openbare forum soos Twitter – wat regdeur die wereld gesien kan word – ook kwalifiseer daarvoor dat dit die Afrikaner se beeld skaad? Of miskien John Vlismas en Casper de Vries met hulle onverkwiklike gespot met Afrikaners en hulle geloof op sosiale media? Wat van blanke polisiemanne wat saam met ander SAPD-lede die parlement gestorm het ten aanskoue van miljoene TV-kykers? Wat sonder Dan Roodt uit dat hy die Afrikaner se beeld skaad maar geen van hierdie ander nie?
Dink Afriforum regtig dat Dan Roodt die Afrikanerbeeld skade aangerig het deur ‘n piepklein gerdigeerde TV-segment wat aangebied is deur ‘n persoon met die reputasie van ‘n amusante baksteen maar die knaende gekerm van ‘n Conrad Koch teenoor ‘n baie groter gehoor het niks gedoen nie? Of dat die chaos in die parlement waarby blankes betrokke was en oral in nuusmedia verskyn het – om nie eens te praat van YouTube-kykersgetalle – nie skade berokken het aan die “Afrikaner”-beeld nie?
Wanneer ons buitelandse beeld, wat nie eens deur die oorgawe en verraad van ‘n hele regering gepoets kon word nie, ‘n kwessie word, dan herinner die hele gedoente my sterk aan die psigotiese gebrabbel van ‘n Weskoppies-inwoner wat aan vervolgingswaan ly.
Om diefstal te legitimeer
Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer – veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie.
Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid. Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van NP-bewind soveel beter.
Ons is geleer dat die begrip Afrikaner ‘n kunsmatige sosiale konstruk was en ingespan is om die Afrikaner-establishment se politieke mag te verseker. Toe hulle die mag verloor het, het die konstruk verval en slegs by klein kerngroepies bittereinders behoue gebly.
Op ons beurt het ons geleer van volkstaatkunde; die haalbaarheid daarvan, asook die mites daaromheen. Vandag is daar in Afrikanergeledere honderde kitsvolkekundiges…
Maar die grootste les wat ons geleer het, is dat dr. Verwoerd se differensiasiepolitiek finaal bewys dat witmense en swartmense verskillende psiges het en baie moeilik as sosiale gelykes sal kan saambestaan. Hul korporatiewe psiges is botsend van aard.
Dit is by hierdie les waar ek vir ‘n oomblik wil stilstaan.
Dit is alom bekend dat Westerlinge skeppend van aard is en dat hulle aan die onbeperkte potensiaal van hul eie vermoë glo. Hierdie eienskap het meegehelp dat hulle van die feodale stelsel van driehonderd jaar gelede kon onsnap. Europeërs het die landbourewolusie meegemaak, gevolg deur verskillende rewolusies soos die nywerheidsrewolusie en inligtingsrewolusie. Hul lewensbeskouing en ekonomiese welvaart het daardeur ingrypend verander. Hulle het ervaar dat welvaart en groei uit innovering spruit. Dat nuwe rykdom deur innovering geskep word.
Afrika was nooit deel van daardie historiese rewolusies nie en sy mense se psige het feodaal gebly. Maar hulle trek vandag voordeel uit die huidige digitale en kommunikasierewolusie.
Afrika se feodale ingesteldheid is presies soos dié van Europa se prerewolusionêre lewensbeskouing. Dit word bepaaal deur ‘n natuurwet waarvan hulle nie kan ontsnap nie.
Daardie wet is die begrip van beperkte rykdom wat diep in die psige gewortel is.
Beperkte rykdom beteken dat mens jou eie finansiële posisie slegs ten koste van iemand anders s’n kan verbeter. Die koek word dus gereeld onderverdeel en word nooit groter nie. Diefstal en batestropery verteenwoordig ‘n legitieme oorlewingstrategie wanneer jy die mag besit om jou koekdeel te vergroot.
Dit is hier waar die elfde gebod sy ontstaan het, naamlik, dat jy nie uitgevang mag word nie, want dan moet jy die straf wat onvermydelik volg, kan vat. Dis nie verkeerd om te steel nie; die misdaad is dat jy nie uitgevang mag word nie.
Dit verklaar waarom endemiese korrupsie regoor Afrika heers en nie maklik gaan verander nie.
Dit verklaar waarom die ANC vir Zuma beskerm en ‘n R246-miljoen bate vir hom geskep het wat wettiglik sy eiendom sal word wanneer hy oor ‘n paar jaar gaan uittree. Belastingvry.
Dit verklaar die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, wat niks met historiese ongelykhede te doen het nie, maar met die herverdeling van die nasionale ekonomiese koek.
Dit is bloot te wyte aan die Afrikapsige wat nooit verder gevorder het as die verbruiksfase nie, en altyd sal teer op medeburgers wat die rykdom skep.
Wit mans mag nie poste in die staatsdiens kry nie. As entrepreneurs moet hulle die stroperbendes se honger voed.
Dít is wat dr. Verwoerd voorsien het en dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.
Quo vadis Afrikaner?
…die modieuse skrywers van sestig, André Brink aan die spits, met hulle patologiese brousel van Afrikanerhaat en seks.
‘n Opmerking wat ons dikwels hoor, is dat Afrikaners onmobiliseerbaar is. Ons is natuurlik almal bitterlik gefrustreerd met die oënskynlike belangeloosheid en traagheid van Afrikaners, maar is die Afrikaner nou eenmaal onmobiliseerbaar en indien so, van wanneer af en waarom ? Dit kan tog nie wees dat dit vir die Afrikaner net gaan om rugby en geldmaak nie (vir diegene wat wel geldmaak). En as hy in die verlede wel mobiliseerbaar was, waarom toe en nou nie meer nie? Is dit nie sake waaroor ons duidelikheid moet kry nie as ons die probleem enigsins wil aanspreek?
Oor Afrikanermobilisering haal ek aan uit Wikipedia en wel rakende die skepping van die Reddingsdaadbond :
« Die Reddingsdaadbond met die leuse : « ‘n Volk red homself ! » was ‘n beweging wat ds J.D. Kestell op 8 Desember 1939 begin het vir die ekonomiese rehabilitasie van verarmde Afrikaners. Die bond het in 1957 ontbind.
Die stigting het sowat ‘n jaar na die reuse-saamtrek van Afrikaners tydens die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria op 16 Desember 1938 gevolg, op ‘n tydstip toe daar besondere samehorigheid onder Afrikaners geheers het. Leiers van die volk het hulle destyds daaroor bekommer dat sowat 300 000 Afrikaners (byna ‘n derde ) verarm was.
Baie Afrikaners wat weer hulle voete begin vind het na die verwoesting wat die Anglo-Boereoorlog gesaai het, het tydens die Groot Depressie van die vroeë jare dertig weer alles verloor.
Terselfdertyd is Afrikaners se volksbesef aangewakker deur die simboliese Ossewatrek na Pretoria in 1938. Daarom belê die FAK, onder aansporing van ds. Kestell, ‘n volkskongres in Bloemfontiein vir Oktober 1939. Op die kongres besluit afgevaardigdes om ‘n volksorganisasie op te rig met ‘n Christelik-Nasionale grondslag om die spaarkrag, koopkrag en mensevermoëns van Afrikaners te mobiliseer tot voordeel van die volk en so ontstaan die Reddingsdaadbond.
Die Bond het binne vyf jaar 400 takke en 70 000 lede gehad wat elkeen maandeliks ‘n lidmaatskapsfooi van ses pennies bygedra het. ‘n Derde van die fondse is vir administrasie gebruik, ‘n derde vir die afbetaling van ‘n lewenspolis of spaarplan vir elke lid en die orige derde as kommissie vir die persoon wat die fondse ingesamel het.
Die Bond het gehelp om honderde Afrikaanse ondernemings op die been te bring, wat werksgeleenthede vir Afrikaners in veral die stede geskep het, ondermeer Federale Volksbeleggings en die Afrikaanse Handelsinstituut. » (Einde van aanhaling)
Hierdie aanhaling moet gelees en weer gelees word, want elke woord tel.
Uit die inisiatiewe van die Reddingsdaadbond het ook gegroei maatskappye soos SANLAM en Volkskas, voordat lg., ironie van ironieë, verkoop is aan Barclays Bank, Dominion, Colonial and Overseas !
In die laat sestigerjare, ná die groot waterskeiding, nl. die dood van dr Verwoerd, is die Afrikaner weer gemobiliseer, maar hierdie keer om anti-Afrikaans te wees. Dít, te danke aan doelgerigte breinspoeling en kondisionering deur veral die «Nasionale» pers, die Burger en sy susterpublikasies, sowel as die modieuse skrywers van sestig, André Brink aan die spits, met hulle patologiese brousel van Afrikanerhaat en seks.
Ook nie so lank terug nie het die «Nasionale» Party busvragte Stellenboschse studente gemobiliseer om mnr Jaap Marais se vergaderings in die omgewing te gaan ontwrig. En waar wil ‘n mens ‘n meer massale mobilisasie kry as die een wat gevorm is agter die verwronge beginsels van De Klerk en sy lakeie. M.a.w. die Afrikaner was tot onlangs nog heel mobiliseerbaar, maar op ‘n manier wat ongelukkig tot sy eie ondergang gestrek het.
Waarom kon die Afrikaner dan in 1938/39 opstaan en die regte dinge doen en nou nie meer nie ?
Verskeie redes doen hulle voor:
In die eerste plek is daar nie leiers van die kaliber van ds Kestell nie. Of miskien wil die volk hulle nie hê nie. Want leiers word deur n volk voortgebring en nie andersom nie. Miskien het die volk genoeg gehad van leiers wat eintlik verleiers is en is hulle bang om weer verkeerd te kies. Dit bring ons by die volgende rede.
Daar is net nie die samehorigheidsgevoel onder Afrikaners wat daar in 1939 was nie. Trouens, enige verwysing na samehorigheid word, danksy die linkse propaganda van die «Nasionale» Party met argwaan en hoon as verkramp of outyds afgemaak. As ‘n mens jou met hierdie proganda wil vereenselwig, gaan jy vroeër of later die prys daarvoor betaal. En die afrekening het reeds begin.
‘n Verdere rede is dat die Afrikaner, ná sy skaamtelose verraad teenoor mense soos mnr Jaap Marais en ter ondersteuning van De Klerk en gespuis, besef dat hy geen ander keuse oor het nie as om maar met die vrug van sy skande saam te leef en sy kop in die sand te druk. As dit so is, dan is daar minstens nog iets positiefs oor die Afrikaner te sê: Hy kan darem nog skaam wees. Of miskien is dit al wat hy kan wees: Skaam. As hy maar skaam was oor die regte dinge. In stede daarvan dat hy sy lafhartige oorgawe in die gesig staar en skaamkry daaroor, gee hy voor dat hy dit vir die «regte redes» gedoen het: «Demokrasie», «regverdigheid», besorgdheid oor die «agtergeblewenes» en «verontregdes» en ten slotte, o ten slotte, vir redes van «Christelike» moraliteit. Alles in aanhalingstekens want nie een van hierdie dinge bestaan werklik nie.
Voorts: Die Afrikaner is deur voormelde breinspoeling en kondisionering omvorm tot die deursnee moderne Westerling. Die deursnee moderne Westerling, is materialisties, kortsigtig, dink net aan sy eie voordeel en genoegdoening, vermy konflik, soek die maklikste uitweg, is gemaksugtig, volg die neigings van die massas, strewe na wat modieus is, volg die rigting wat aangewys word deur die media, wil ten alle koste in pas wees.
Nog ‘n rede is dat die Afrikaner tot magteloosheid en sinisme gestem is juis weens die feit dat hy al hierdie dinge wat in die Wikipedia-artikel hier bo genoem word, reeds gedoen het. Wat is die sin daarvan om dit alles weer te doen, net sodat dit weer afgevat kan word. Dus, op ‘n manier tog realisties.
Kan dit wees dat dit met die Afrikaner nog nie sleg genoeg gaan nie. Kyk maar weer na die Wikipedia artikel: ‘n Derde van die Afrikanervolk in armoede. Dit kan wees dat ons nie in dieselfde mate in materiële armoede verkeer as toe nie, maar kyk maar na die situasie met ons taal, ons universiteite, ons skole, die veiligheid van ons mense, die hopelose posisie waarin ons verkeer ten opsigte van die regspleging. Enige regskape mens sou kon sien dit kan nie juis veel erger met ons gaan nie.
Ook is dit so dat waar die Afrikaner hom in die verlede aan sy eie skoenrieme kon optrek, kan hy dit nou nie meer doen nie. Alles wat hy vandag tot stand bring, is hy verplig om te oorhandig aan ‘n parasitiese bestel wat maar steeds soos aasvoëls sit en wag om hom te versluk aan enigiets onverdiends. Enige saak of opvoedingsinstansie of wat ook al hy op die been bring, word die volgende oomblik net weer ingepalm en afgeneem. Hierdie is ‘n probleem waaroor daar duskant ‘n volslae onafhanklike tuiste vir Afrikaners net geen oplossing bestaan nie.
Die laaste en miskien grootste probleem is dat die Afrikaner in 1939 duidelike en haalbare doelwitte gehad het. Hy wou, onder aansporing van ware leiers die verarmde deel van die volk weer op sy bene plaas en die Afrikaner in die algemeen ekonomies bemagtig. Daarbenewens het hy die vooruitsig gehad om ‘n verkiesing te kan wen en het hy dit trouens minder as tien jaar later reggekry. Waartoe kan die Afrikaner egter nou aspireer? Waarvoor kan hy nou gemobiliseer word? Wat is haalbaar? Kom ons wees eerlik, daar is omtrent niks.
Die hart van die saak is dus: ‘n Volk red homself.
Die pynlike vraag is egter, is die Afrikaner inderdaad nog ‘n volk? Ons wil nie definisies maak nie, maar die wesenlike element van nasieskap is tog sekerlik die wil om ‘n volk te wees. Reeds sedert die De Klerk-regime bestaan die indruk dat die Afrikaner homself beskou as ‘n gemeenskap eerder as ‘n volk. Die Afrikaanssprekende gemeenskap, so op die lees van die English-speaking community.
Wat sê ‘n mens dus nou oor ‘n volk wat nie wil nie, wat nie wil saamstaan nie, wat nie eers wil bestaan nie? Moontlik drie dinge :
- Word wakker mens, maak jou oë oop. Die oomblik om dit te doen is nóú, anders is jy vir eens en vir altyd verlore. Strewe na iets, die behoud van jou taal, die beskerming van jou skole en universiteite, ondersteuning van Afrikaanse sake-ondernemings, die beskerming van ou mense op plase, en les bes, selfbeskikking op eie grondgebied. Iets. Strewe net na iets.
- As jy nie die pad van vryheid wil inslaan nie en trouens die FW De Klerk-koers na onderdanigheid verkies en vir die DA wil stem, as dit jou keuse is, is die situasie waarin jy verkeer miskien dan maar al wat jy verdien. As die nuwe Suid-Afrika vir jou aanvaarbaar is, kan ons nie veel meer doen nie as om jou ‘n lang lewe van bierblik-agtermiddae by die (kwota) rakbie en gesellige aandjies op die TV met 7de laan toe te wens. Miskien is dit genoeg om jou gelukkig hou. Daar is natuurlik ook nog die opsies om te verengels of te verbaster of beide, maar daartoe benodig baie reeds geen aanmoediging nie.
- Vir die Afrikaner wat Afrikaner wil wees, weet ‘n mens werklik nie wat om te sê nie. Die verraad was hierdie keer te groot en te diep. Sommige sal hardnekkig volhou treur en tier en teen die prikkels skop en alle sterkte word hulle toegewens. Ander sal tot die slotsom kom, in die nuwe Suid-Afrika is daar vir ons net nie ‘n toekoms nie. Vele het reeds hierdie gevolgtrekking gemaak.
6 September 1966 was ‘n dolk in die Afrikaner se hart
Die ideaal is sterker as die werklikheid
– Dr HF Verwoerd
Die moord deur die geldmagte op dr Verwoerd op 6 September 1966 deur middel van die “mal” Demetrio Tsafendas is in die afgelope 48 jaar slegs deur enkele Afrikanernasionaliste onder die soeklig geplaas. Sogenaamde regse en konserwatiewe leiers het dit, soos die liberale media, afgemaak as die enkeloptrede van ‘n mal man. Van hierdie leiers se optrede was natuurlik berekend omdat hulleself ‘n vername rol in die moord op dr Verwoerd gespeel het.
Die impak van hierdie daad is nog nooit behoorlik verreken deur die Afrikanervolk nie. 6 September 1966 het nie maar net ons volk se grootste leier verwyder nie, maar was ‘n berekende hou om die idealisme van die Afrikanervolk te vernietig. Nou, na bykans vier dekades is min van die idealisme wat dr Verwoerd verteenwoordig het, sigbaar. Berekend is te werk gegaan om elke instelling te infiltreer en ons psige te rysmier sodat ons vandag ‘n ongekende krisis in ons volk se voortbestaan beleef.
Selfs al sou dit vandag openlik erken word dat:
- Dr Verwoerd se moordenaar gebreinspoel was deur ‘n Joodse psigiater in die Brighton Hospitaal in Brittanje;
- Hy die opdrag van hierdie Jood gekry het om dr Verwoerd juis op 6 September 1966 te vermoor, ‘n datum met omvangryke betekenis vir die Vrymesselaars;
- Dit ‘n mylpaal was vir die geldmagte in die uiteindelike vernietiging van ons volk;
- (bogemelde wat in klippe uitgekap kan word), sal die gewone Afrikaner dalk reageer met die opmerking: “So what!”
Ja, so geweldig het die demoniese magte besit en beheer van ons volk se siel gekry dat niemand meer omgee wat die waarheid oor hierdie gebeure is nie. So sterf ‘n volk se idealisme dag vir dag in die aanwesigheid van ‘n waardelose alternatiewe kultuur wat aan hom opgedis word en waarvan hy geen oomblik wil misloop nie. Dat hierdie alternatiewe mismaaksel van ‘n kultuur juis deur hierdie bose magte aan hom opgedring word, het totaal by die Afrikaner verbygegaan. So erg het dit geword dat hierdie vyand nou toegejuig word vir elke nuwe truuk wat hy voortbring en ons dit met bewondering aanskou ten spyte van die feit dat dit ons knegskap herbevestig.
Nou word gesien dat die Christelike godsdiens by Afrikaanse openbare skole opnuut in die spervuur geplaas word. Tog interessant, net Afrikaanse (openbare) skole word geteiken. Dat Christene nou verwoed wal gooi getuig weliswaar van ‘n mate van verset wat nog rugbaar is by ons mense. Maar hierdie aanslag is op 6 September 1966 begin en is die stryd in 1994 verloor toe ons volk agter die verraaier FW de Klerk aangehardloop het en ‘n menseregte akte aanvaar het as hulle reddingsboei in die nuwe Suid-Afrika. Nou word gesien dat ons regte in die werksplek niks meer beteken nie, ons eiendomsreg waardeloos is, ons taal geen gelyke behandeling meer kry nie, ons kultuur lankal tot die ashoop verdoem is. En die akte van menseregte kon niks vir ons heil doen nie. Solidariteit se TV-spoke ten spyt. Hoe op aarde dink mense dat hierdie stukkie waardelose papier wat ‘n grondwet genoem word hulle godsdiens gaan beskerm? Wanneer sal mense verstaan dat die grondwet juis die grootste aanvalswapen teen ons is?
Dit is bemoedigend om te sien dat die vlam van verset nog brandend is. Waaroor mense nou ingelig sal moet word, is dat die aanslag teen ons baie meer omvattend is as wat hulle besef. Dit is nie maar enkelinge wat hier en daar op ‘n ad hoc basis probeer om die Afrikaner te verneder nie. Dit is alles deel van ‘n groter plan om die Afrikaner uit te wis. Eers as dit ingesien word, kan die as van die kole gevee word en sal nasionalisme weer opbloei in hierdie land.
Daar is tog ‘n groter ideaal om voor te lewe in ‘n land as net die eie ek. Daar is tog ‘n volk wat, alhoewel hy baie gebreke het, ‘n reg het op sy eie land, taal, kultuur en geskiedenis. Ons het ons nog nooit groot opgestel in die galery van volke nie, maar was ons uitgangspunt tog altyd: Leef en laat leef. Nou word ons volk se lewe op die spel geplaas. Die oproep is dus: Besin, en besin deeglik. Besin nie net oor regstellende aksie en godsdiens by skole nie, maar besin oor die totale aanslag teen ons volk. Eers dan sal werklik ingesien word watter teenoptrede nodig gaan wees om die aanslag af te slaan.
Dr Verwoerd was dalk die grootste leier wat daar ooit was. Hy was so volkome soos ‘n mens maar hoop om te kan wees. Was daar enige leier wat meer respek vir die swartman en sy behoeftes getoon het? Was daar énige ander leier wat die insig en visie getoon en gehad het wat hy gehad het? Was enige van ons volksleiers dapperder in die aangesig van die vyand?
Ons herontwaking as volk kan net begin by die respek en waardering wat ons betuig vir daardie man der manne wat op 6 September 1966 vir sy volk moes sterf. Daardie respek sal ons volk se selfrespek herstel. Want net ‘n volk met selfrespek kan hom voor sy vyande betuig.
Pawlof se brakke
Die politieke gesprek in Suid-Afrika word gevoer in die Amerikaanse dialektiek of idioom, want dit is al waarvan baie Suid-Afrikaners weet.
In hierdie artikel word besin oor die moeilike vraag van die rede vir die wêreldwye veldtog teen die Afrikaner spesifiek, maar ook teen die wit ras in die algemeen. Daar is primêre en sekondêre oorsake. Van die sekondêre oorsake is die feit dat wittes in die algemeen en Afrikaners spesifiek, in vyftig jaar meer kon vermag as wat die die swartes in vyftigduisend jaar kon doen. Maar daar is ook die rol van ‘n verdraaide en halfbegrepe Christelike etiek, oordrewe humanisme, misplaaste verdraagsaamheid en ten slotte die skuldkomplekse van dese en gene oor hulle eie geskiedenis waarvoor hulle hier by ons wil kom boete doen.
Kom ons bepaal ons dan vir eers by die primêre faktore, want daar is benewens die genoemde sekondêre faktore ook die meer fundamentele ideologiese, politieke en intellektuele redes. Ten einde die rubriek nie te lank te maak nie, sal ons hierdie keer die faktor aanspreek van die Amerikanisme. In ‘n volgende bydrae, as dit aanvaar word, sal ons kyk na die invloed van die internasionale kapitalisme.
In die eerste plek is daar dan die rol van die Amerikanisme. Meeste van die gedrogtelikhede van die Suid-Afrikaanse bestel is afkomstig uit Amerika, veral die gedagte dat ‘n samelewing «reg» gedruk of gemanipuleer of gemoker kan word. Hulle praat van «social engineering» (sosiogeniëring is die mooi Afrikaanse woord). Dink maar aan die weersinwekkende beleid om skoolkinders met busse van bakboord na stuurboord te karwei ten einde swartes en wittes «gelyk» te maak. Waar anders as in die Goelag is so iets moontlik? Die aberrasies van «regstellende» aksie, «transformasie», «swart bemagtiging», «positiewe» diskriminasie en «politieke korrektheid» is almal Amerikaanse maaksels en is almal pogings om ongeregtighede van húlle verlede reg te stel wat hulle dan holus bolus na die buiteland wil uitvoer
In die vyftiger- en sestigerjare het die Amerikaners ‘n doelgerigte program bedryf om die Afrikaner- intellektuele elite, veral in die akademie en die media, met studiebeurse na Amerika te lok ten einde hulle blootstelling te gee aan die «lig» van die Amerikanisme. M.a.w. te kondisioneer, sodat hulle kon kwyl wanneer hulle moes, soos Pawlof se hond.
Amerika is egter ‘n spesifieke tipe samelewing met ‘n bepaalde soort bevolkingsamestelling. Dit kon, of wou, die nuwe, gebreinspoelde Afrikanerelite nie insien nie. Die Amerikaners is ‘n wit meerderheid en ‘n swart minderheid, ‘n patroon wat in die res van die wêreld meesal nie die geval is nie. In elk geval nie in Suid-Afrika nie. Daarby gaan hulle gebuk onder ‘n vernietigende skuldkompleks oor hulle swart minderheid se slawegeskiedenis. Die Amerikaanse komplekse en die manier waarop hulle dit wil besweer, word knaend aan die die res van die wêreld opgedring. En watter beter plek om dit te kan doen as Suid-Afrika waar hulle ‘n relatief klein blanke bevolking vir die honde kan gooi ten einde hulle eie rasbehepte gewete te sus? In die meeste plekke rondom die aardbol waar die Amerikaners probeer het om hulle model af te smeer het hulle net monsters geskep. Dit geld ook Suid-Afrika.
As ‘n mens suiwer ten opsigte van ras redeneer, soos die nuwe Afrikanerelite so goed by die Amerikaners geleer het, het ons hier ‘n swart meerderheid en ‘n wit minderheid . In Amerika is die swart minderheid ‘n onbeholpe en ellendige gemeenskap wat voortbestaan deur op die rug van die gewetensbeswaarde wittes te parasiteer. In Suid-Afrika het ons ‘n minderheid wat skeppend, produktief en vindingryk is en ‘n meerderheid ellendiges wat daarop teer. Dis miskien die enigste land ter wêreld waar die minderheid in staat is om vir homself te sorg as hy maar net toegelaat word om dit te doen. Dis dus ‘n radikaal ander situasie as in Amerika.
Die politieke gesprek in Suid-Afrika word gevoer in die Amerikaanse dialektiek of idioom, want dit is al waarvan baie Suid-Afrikaners weet. Hulle is stelselmatrig gebreinspoel om te glo dat die Amerikaanse patroon die enigste is. Feit is egter dat Suid-Afrika nie ‘n swart meerderheid is met ‘n wit minderheid nie, maar ‘n samestelling van verskeie duidelik identifiseerbare volke. In Amerika is dit nie so nie. Deur die Amerikaanse model op Suid-Afrika af te dwing, soos inderdaad gebeur het, kon hulle hier net ‘n politieke, ekonomiese en sosiale gedrog tot stand bring. En die man wat hierdie dinge by uitstek raakgesien het, nl. dr Verwoerd, is letterlik en fisies van die toneel verwyder.
Die probleem met die nuwe Afrikaner- intellektuele elite is dat hulle glad nie nuut is nie, maar inteendeel die mees vermoeiende napraters wat ‘n mens jou kan voorstel. Wat vir hulle nuut is, is die ou nuus uit Amerika, wat sy eie agenda het en probeer om ander daarby te laat konformeer. ‘n Mens sou kon verwag dat intellektuele die minimum analitiese en kritiese vermoë sou hê om hulle nie aan die neus te laat lei nie. Maar in hierdie opsig het die hoop ongelukkig beskaam.
Amerika het vir ons niks te bied nie en ons kan van hulle niks leer nie. Die wêreld se grootste probleem is dat daar geen alternatief vir Amerikaanse «leierskap» is nie. Daar is geen ander supermoondheid waarna die wêreld kan opsien en van wie hulle ‘n ander boodskap kan verwag as die sieklike Amerikaanse humanisme nie. ‘n Mens kan maar net jou hoop daarop stel dat werklike alternatiewe nasionale moondhede in Europa aan die ontwaak is. En wie weet, miskien bied Rusland iewers in die toekoms ook ‘n ander visie?
Jonathan Jansen se swart-wit ding
Donna Bryson is ‘n swart Amerikaanse joernalis wat ‘n aantal jare in Suid-Afrika gewerk het. Sy het ‘n boek geskryf wat veral oor die Universiteit Vrystaat (UV) handel: It’s a Black-White Thing (Cape Town: Tafelberg 2014, 172p, R185; Amazon Kindle $13.67). Die boektitel is ontleen aan Jonathan Jansen se karakterisering van die Reitz-voorval (Kindle 868). Die Reitz-video (2007) het as aanleiding vir die boek gedien, “making UFS [University of the Free State] an international symbol of the persistence of racism in South Africa” (39). Dié gebeure word as ‘n mikrokosmos van die land in sy geheel uitgebeeld (33, 2730). [Dalk handel Bryson se volgende boek oor die twee swart gesmeerde Tukkiestudente (Praag 5 en 6 deser).]
Jacob Rooi het ‘n resensie geskryf waarin Bryson se boek gunstig voorgestel word: “Dit is ‘n verhaal van weerstand teen verandering, ingryping en geleidelike verandering wat aangehelp is deur die ervarings en nuwe insigte van studente in die groter, wye wêreld: een van hoop. Die skrywer kom tot die gevolgtrekking te veel mense dink steeds aan die UV as ‘n Afrikaner-enklave. Eerder, soos die res van Suid-Afrika, behoort die UV aan almal wat daar woon*. Die [gedwonge] samevoeging van mense uit verskillende kulture is nie maklik nie. Die wantroue en vrees vir die verlede is altyd soos ‘n spook teenwoordig, en die verlede kan nie uitgewis word nie” (Rapport 20 Julie). [*Oorgeneem uit die ANC se vryheidsmanifes van 1955: “South Africa belongs to all who live in it.” Die land behoort dus deesdae ook aan die miljoene onwettige inkommers.]
Heel aan die begin haal Bryson ‘n gedig aan waarin die “dark past” met die hoopvolle hede gekontrasteer word. Later verwys sy na “the horrors of the past” (60). Die eerste woord in die voorwoord is “sjambok”. Die outeur verduidelik dat dit ‘n Afrikaanse woord is wat “blunt and violent” klink. Daarna word dié sweep met ‘n Vrystaatse boer, dus ‘n Afrikaner, met “khaki shorts” geassosieer. Later verwys sy na “the sjambok-wielding … Afrikaner” (1053). Sommige van hierdie mense het glo “a reputation for brutal, intractable racism” (24), “as if bred into the DNA of the farmers” (30). Sommige van hulle kinders het “Dutch Reformed Church dominees” geword (30). “No corner of South Africa has escaped the burden of apartheid’s legacy” (54). Voorspelbaar kon Bryson as ‘n Amerikaanse swarte nie die voorwoord voltooi sonder om slawerny ook by te sleep nie. Sy verduidelik dat “sjambok” as Afrikaanse woord van die Maleise slawe afkomstig is. Dan kom sy by die UV uit: “The possibility of reinvention, that determination to turn a history of hate and racism into fuel to empower those committed to change, are perhaps nowhere so apparent as on the sprawling, tree-shaded campus of UFS” (60).
Na die lees van hierdie inleiding het die keurders van Tafelberg nie die boek afgekeur nie. Nee, hierdie Naspers-uitgewery het besluit om dit te publiseer. Die gesindheid wat uit die teks straal, is oor die algemeen pro-swart en anti-blank. Soos die gewoonte in die Amerikaanse joernalistiek is, steun die teks in groot mate op onderhoude wat gevoer is. Daardie indiwidue is meesal swart en oorwegend Engelssprekend. ‘n Beperkte getal gedrukte bronne is geraadpleeg, bv Bizos, Brink, Jansen, Krog, Mandela, Pakenham en Sparks; dus boeke met ‘n linkse politieke oriëntasie.
Die outeur is nie Afrikaans magtig nie en haar kennis van hierdie land, bv geskiedenis en Afrikanerkultuur, is uiters gebrekkig. Sy beweer bv sonder meer dat die NG Kerk die Belhar-belydenis verwerp het (1484) en sy dink die Vrede van Vereeniging is in 1902 in Vereeniging (en nie in Pretoria nie) gesluit (1559). Hierna bring sy, soos verwag kon word, Sharpeville (1960) te berde: “Police opened fire on peaceful demonstrators” (1581). Sy verwys na “the low-paid black maids, gardeners and farmworkers on whom the apartheid economy had been built” (1753). Daarby is sy dermate deurweek met vooroordele dat sy nie (self)krities kan wees nie. Apartheid word beskryf as “still a fresh scar” (1945). Desnieteenstaande bied sy haar teks aan as “A story of hope in a country desperate for good news” (2733). Vir Amerika sien sy hoop in die feit dat meer as die helfte van die babas wat deesdae daar gebore word nie-wit is (1187). Die Konfederale Vlag van die Suidelike Amerikaanse State is vir haar “a reminder of slavery and an icon of racism” (1739).
Bryson gebruik die woord “racist” baie kwistig; nie net telkens wanneer sy na die Reitz-video verwys nie, maar ook bv in die geval van die “Union Buildings, long a symbol of white racist rule” (100). Oor die video skryf Bryson: “Until I watched the Reitz video, I had never had the opportunity to see the world unfiltered through the eyes of a racist” (775). Wat glo in die video kortkom is die “sjamboks” (775). “Initiation traditions” in koshuise kom ook aan die bod (342); daar is mos nou die nuwe neiging om ontgroeningspraktyke as kenmerkend van die boosheid van net Afrikanerstudente voor te hou.
Herhaaldelik word beweer hoe sleg of minderwaardig Bantoe-onderwys onder apartheid was. Selfs: “A key element of apartheid was engineering an education system wat would ensure there were few black” graduandi (487). “It seems [blacks] only yesterday could never have aspired to be more than labourers on the white-owned farms” (507). “The ANC has pledged to uplift South Africa’s black and poor majority, and take them out of the poverty and ignorance created in large part by the deliberate inequalities of apartheid” (1516). Ek wonder hoe Bryson die feit kan verduidelik dat in 1960 tydens die Verwoerd-bewind daar nuwe universiteite vir swartes by Pieterburg en in Zoeloeland en ‘n universiteit elk vir bruines (Bellville) en Asiate (Durban) gestig is, terwyl die bestaande universiteit vir swartes, Fort Hare, deur die NP-regering oorgeneem is.
Een van die swartes met wie ‘n onderhoud gevoer is, reken “universities should teach universal, not narrow, group values and that university halls of residence should be places where people can live with one another” (145). Jonathan Jansen: “If you want to study here, then you’re going to have to learn to live together” (881). Dit gaan vir hom om “a new institutional and residential culture” (884); iets wat onlangs deur Leon Wessels oor die Potchefstroom-kampus ge-eggo is. Ek het gedink ‘n universiteitskoshuis is ‘n plek waar die omstandighede sodanig moet wees dat ‘n mens daar suksesvol kan studeer. ‘n Universiteit hoef nie wêreldburgers te lewer nie. Dit is myns insiens net mense wat skaam is oor wat hulle is wat wegskram van “discussion over identity” (372). Dit sou wonderlik wees as die UV daarin kon slaag om, soos voorheen, voorbeeldige Afrikaners te help vorm. Afrikaners het ‘n historiese reg op die kampus. Deesdae is daar Sotho’s wat die UV vir hulleself opeis (218). Feminisme word ook ingespan om swart mag te bevorder (265, 275).
Die UV was, soos die Universiteit Stellenbosch (US), aanvanklik ‘n Engelsmedium-inrigting, maar het mettertyd onderrig uitsluitlik in Afrikaans aangebied om, soos die US, in die nuwe Suid-Afrika weens transformasie al hoe meer te verengels. Soos aan die US word Afrikanername van die geboue op die UV-kampus verwyder “to make the campus a more inclusive place, where all South Africans can feel at home” (457). Dat dit Afrikaners uitgesluit en ontheem laat voel, skeel die transformeerders skynbaar glad nie.
Ek gee vervolgens ‘n aanduiding van die menings wat deur Bryson versamel is:
- Magon Mouton is een van Bryson se gevallestudies. Sy is ‘n bruin UV-student wat van Upington kom en beweer rassisme aan die US en op die Potchefstroom-kampus is selfs erger as aan die UV (814). Hoewel sy Afrikaanssprekend is, verkies sy om in Engels te studeer (2171). “She now enjoys traditionally black African food” (2300). Mouton probeer dus om as ‘n neo-swarte te kwalifiseer.
- Die Afrikaanssprekende Ladine van der Walt, ‘n mediese student, sê van diegene wat vasklou aan Afrikaans: “I think it’s really selfish” (2178).
- Bernhard Louw, ook ‘n mediese student en Afrikaanssprekend, sê: “I want education in my own language” (2181).
- Annette de Wet, wat nagraadse kwalifikasies in Afrikaans het, is verbonde aan die UV se taalburo. Sy dink Afrikaans is ‘n kreoolse taal (2190) en dat Engels Suid-Afrikaners kan verenig, terwyl Afrikaans tot ‘n omgangstaal afgegradeer word.
- Daar word verwys na ‘n wit NGK-teologiestudent, Mias Nortier, wat Sotho leer en so oorverlig geword het dat hy meen die UV behoort ‘n eentalige Engelse universiteit te wees. “That would bring black and white students together on a campus that is now, practically speaking, divided in two – with Afrikaans classes for whites and English classes for blacks” (1509). Rasseskeiding was ook Russel Botman se hoofbeswaar teen parallelmedium-onderrig aan die US (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 205). Botman het verseg om hom primêr deur akademiese oorwegings te laat lei.
- Lara Brown, ‘n arbeidsterapie-student, is wit en Engelssprekend en haar ouers het twee swart kinders aangeneem. Sy sê: “My oupa is Afrikaans” (2003). Dit is die soort mense wat inpas by die “progressiewe” denke wat Bryson voorstaan.
- Eddie de Wet is ‘n sielkunde-student wat ‘n bruin man as maat het en wie se ma sê: “I love Prof Jansen” (1668). “She describes apartheid as ‘a time of racism'” (1684).
- ‘n Sielkunde-dosent, die bruin Willy Nel, was ‘n Afrikaans-onderwyser. As UV-koshuisvader roem hy op die volgende: “He addressed his first house meeting at Armentum in English. Nel tells me that he sees the use of Afrikaans in the reses as an attempt to impose old ways” (1800). In werklikheid is Nel veronderstel om hom te beywer vir “creating a sense of belonging for all” (2133). Nel se houding (soos dié van Magon Mouton hierbo) tipeer myns insiens die dislojaliteit teenoor Afrikaans by die oorgrote meerderheid ontwikkelde bruines. Dit is dus suiwer dwaasheid as diesulkes die septer bv in die Afrikaanse Taalraad of by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument swaai.
- Nthabiseng Khotseng, ‘n oud-UV-student, het jare gelede heel goed reggekom in Afrikaanse klassse omdat die handboeke in Engels was en sy toegelaat is om eksamen in Engels te skryf (2083). Sy “believes the experience has helped broaden her understanding of herself and her country … What are her thoughts on Afrikaner students who today still cling to Afrikaans? She feels it’s a shame” (2086). Bryson: “When white South Africans talked of wanting to preserve and protect their culture, black South Africans heard it as a stubborn, racist attempt to justify preserving the privileges apartheid had created for the country’s minority” (2121).
Stef Coetzee is een van die mense met wie Bryson ‘n onderhoud gevoer het. Hy was die UV-rektor van 1997 tot 2002. Daarna het hy die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) geword. Hy het moontlik ‘n leidende gerol gespeel in die aanstelling van Christo van der Rheede as sy opvolger by die AHi. As UV-rektor wou Coetzee “a democracy on this campus” vestig (561). Hy besef blykbaar nie dat ‘n universiteit noodwendig ‘n hiërargiese inrigting is nie; wat betref sowel studente as dosente. ‘n Eerstejaarstudent is nie die akademiese gelyke van bv ‘n nagraadse student nie; net so min as wat ‘n junior lektor die akademiese gelyke van ‘n professor is.
“Inclusivity was Coetzee’s mantra” (590). Maar sy sug na inklusiwiteit geld net vir alle swartes, want daar was “a bunch of right-wingers that I didn’t want to be there” (603). “He called for at least a third of the places in each residence to be occupied by students of a race other than the majority race in the residence” (622). Jonathan Jansen het gedwonge koshuis-integrasie in 2009 na 50/50% opgeskuif (878), maar met die verdere verskil dat swartes maar in die meerderheid mag wees; dus net solank die wittes nie in die meerderheid is nie: “Integration in residences is still an incomplete journey, notably in some historically black residences” (911). Byvoorbeeld, die koshuis Khayalami “remains predominantly black” (2268). Wanneer doen die voortvarende Jansen iets hieromtrent?
Frederick Fourie het Coetzee as rektor opgevolg, Fourie was van 2003 tot 2008 die UV-rektor. Dit is tydens sy bewind dat die naam van die Verwoerd-koshuis in 2006 na Armentum verander is (1718). Fourie het uitgetree weens die buitensporige reaksie wat deur die Reitz-video opgesweep is (788, 2334). Sowel Coetzee as Fourie is ekonome en het hulle as oorverlig en liberaal aan Bryson voorgestel. Fourie sê bv van Jansen se F1-indoktrinasieprogram (kyk hieronder): “I think such student leadership development is a brilliant idea” (2317). Sowel Coetzee as Fourie kom, soos Willie Esterhuyse en Leon Wessels, uit Sap-huisgesinne. Dit het natuurlik nie verhoed dat minstens sommige van hulle (sekerlik Esterhuyse en Wessels) Broeders geword het toe dit lonend en in die mode was nie. Fourie beweer dat hy nie ‘n Broeder was nie (661). Die rol wat histories Sap-gesindes gespeel het om die eens Europese Suid-Afrika te vernietig, kan ‘n interessante navorsingsonderwerp wees.
Wat was Fourie se beleid? “For him, the key element was to create the foundations for the growth of a culture in which no group would dominate. He was inspired, he says, by the spirit of a speech Nelson Mandela had made in 1964 to the court that would sentence him to imprisonment on Robben Island: ‘I have fought againt white domination, and I have fought against black domination'” (705). Ek kan my kwalik ‘n naïewer standpunt as dié van Fourie voorstel. Mandela het sekerlik misdadig en geweldadig teen wit dominansie geveg, maar hy lieg onbeskroomd as hy beweer dat hy teen swart oorheersing geveg het. Sy ideaal was dominante swart mag en hy het sy ideaal verwesenlik weens die ruggraatloosheid van ‘n klein groepie blankes, te wete FW de Klerk en sy meelopers.
Fourie beweer “he wanted to create a university at which no one would feel he or she was an outsider. ‘Nobody must dominate. There shouldn’t be a dominant group or culture or style'” (712). Sy woorde, soos die bogenoemde van Mandela, vind deesdae geen weerklank op die UV-kampus of in Suid-Afrika nie. Swartes, Engels en Afrikanisering domineer. Terwyl Coetzee die koshuise op die skaal van derde/tweederdes wou integreer, was Fourie se ideaal 30/70% teen 2008 en 50/50% teen 2010 (725). Ons groot era van vryheid, wat in 1994 aangebreek het, word dus gekenmerk deur gedwonge integrasie; dus verpligte onvryheid.
Daar word na “brainwashing” tydens die vorige politieke bedeling verwys (451). Op die UV-kampus sou indoktrinasie myns insiens egter sy hoogtepunt tydens die bewind van Jonathan Jansen, die eerste “swart” UV-rektor, bereik. “Jansen identifies himself as black” (930). Hy is Fourie se opvolger. In minstens een opsig is hy kenmerkend swart: “His staff complain about how difficult it is to start meetings on time” (891). “He’s like a favourite uncle with a very big brain” [ego?] (839). Bryson skryf: “Jansen took the bold step of forgiving the white students who had humiliated the black cleaning staff with the Reitz video, announcing the move in his inaugural address” (802). Desmond Tutu het hom hierin gesteun en gesê: “Foregiveness is not for sissies” (862); woorde wat op die voorkant van die boek herhaal word.
Jansen het sy intreerede as rektor, gelewer in 2009, aan die kommunis Bram Fischer (1908-1975) opgedra (894), wat duidelik toon tot watter uittartende uiterstes Jansen bereid is om te gaan. Jansen sê in sy intreerede: “I apologise to every black person on this campus and in this province for our long history of exclusion and marginalisation of black people within this institution. I apologise to every decent [!] white citizen of our university that you were shamed by the Reitz incident” (846). [Volgens Russel Botman aan die US kon wittes nooit genoeg verskoning vir apartheid vra nie (Praag 23 Junie).]
Jansen spesialiseer daarin om heeltemal oorboord te gaan met dinge waaroor hy sterk voel. In die plek van die Reitz-koshuis het die UV deesdae ‘n Institute for Reconciliation and Social Justice, “an attempt to forge new traditions at UFS” (2022). “The mandate of the institute is to research how to heal a nation torn apart by apartheid” (2025). Die instituut wil by voorkeur Engels wees. Aan die hoof is ‘n Afrikaanssprekende oud-onderwyser met ‘n UWK-agtergrond, André Keet, wat (soos bv Henry Jeffreys) graag Afrika-hempies dra (hy is ook lief vir rooi) om hom te help om van bruin tot swart te transformeer. Keet dien as een van Blade Nzimande se verteenwoordigers in die US-raad, waar hy verdere skade kan aanrig. Lees gerus oor hierdie instituut op die UV-webwerf. Mense soos Desmond Tutu, Allan Boesak en Leon Wessels is daar bedrywig. Pas het die instituut begin met die aanbieding van ‘n magisterleergang in Reconciliation and Social Cohesion. Die instituut vervul aan die UV ‘n funksie soortgelyk aan dié van die Sentrum vir Inklusiwiteit aan die US, naamlik om as stormram te dien vir die ideogiese voorkeure of vooroordele van hulle onderskeied rektore, Jansen en tot onlangs Botman.
Een van Jansen se vernaamste ideologiese skuiwe is die instelling van die “F1 (for first year) [dus ‘n Engelse benaming] … an overseas-study programme for first-year students, also known as Leadership for Change. Its goal is to broaden students’ knowledge, to influence them for good” (808). Dít is Jansen se doel as rektor: “Influencing students for good” (961) – “goed” volgens Jansen se verwronge, ideologie-deurdrenkte siening. Blykbaar beskou hy sy rol as rektor as dié van indoktrinasie. “Jansen knew that change was about more than enforcing … He wanted to implement change from the youngest, the newest, upwards” (968).
Wat in die praktyk gebeur, is dat beïnvloedbare eerstejaars aangemoedig word om aansoek te doen vir ‘n twee weke lange oorsese besoek. Die wat vatbaar vir breinspoeling is, word goedgekeur nadat hulle opstelle geskryf het en aan onderhoude onderwerp is. Hulle word veral na Amerika gestuur. Jansen beskou homself as ‘n navolgenswaardige toonbeeld: “His own activism developed when he travelled to the US to pursue his postgraduate studies” (946). Jansen wil klaarblyklik veral wit Afrikaanssprekendes eerder as ander studente verander: “Jansen devised a plan [F1] aimed at ‘complicating their cultural and linguistic and political lives'” (977). Wat swart F1-gangers myns insiens as “voorheen benadeeldes” ervaar, is bevestiging van ANC-ideologie, terwyl wittes as “onbillik bevoordeeldes” gekonfonteer word met verandering/transformasie van hulle “rassistiese” gesindheid.
In 2010 is 75 F1-studente na Amerika gestuur. Teen 2013 was dit 150. Enkeles is toe ook na Asië (bv Japan), Wes-Afrika en Europa gestuur. Maar buite Amerika is daar nie dieselfde entoesiasme om voorheen benadeelde swartes asook wittes met ‘n “aaklige rassistiese verlede” te ontvang nie. Wat ook nie deur Bryson genoem word nie maar wat ek elders gelees het, is dat dit omtrent net wit Amerikaners is wat bereid is om UV-studente (wit en swart) te huisves; nie swart Amerikaners nie. Dit is maar hoe ubuntu in die praktyk werk.
Bryson gee vir ons ‘n kykie in wat met F1-gangers aan Texas A&M University (TAMU) gebeur het.
[A&M verwys na die oorspronklike naam: Agricultural and Mechanical College.] Hulle moes bv ‘n lesing bywoon. “The lecture was given by A&M’s first African American prof. And it was some motivation very applicable to our programme on not only tolerance, but finally celebrating diversity and being able to [live] in an open society, as more diversity equals better success” (1100). “The students attended classes on African history, religion in the Middle East and Arabs in America” (1106). Daar was laatnag-sessies oor bv “race and gender discrimination” (1106). Nkosi Sikelel’iAfrika is by geleentheid gesing (1376). Stephanie Curs se lesing oor “global social-justice issues in agriculture” is ook bygewoon (1132). “The topic turned to parallels between the South African anti-apartheid and US civil-rights movements” (1138).
Van die dinge wat die F1-gangers ingegee word, is “the use of race as one of many ‘plus factors’ in an admissions program that considered the overall individual contribution of each candidate” (1213). ‘n Student verdien bv ‘n aantal toelatingspunte as sy reeds geboorte gegee het. Daar is ook na swart studente se stories geluister, soos die een wat redeneer: “Why would someone hate me, when, in fact, I should be hating them” [“them” = die wittes]. (1268). Daar word verwys na die “violence from racist whites” (1311), maar nie na iets soortgelyks by swartes nie. “How many of the black students would grow up unable to see whites as anything but violent and selfish?” (1350).
Jansen se eie opsomming van die temas wat UV-studente in Texas ervaar is: “racism, slavery, oppression. And, then, hope” (1340). Let op die blatante eensydigheid. Bryson: “The F1 leadership programme strives to teach students exactly this” (1340). Dit blyk dat die hele F1-program aan TAMU deur ‘n swarte, Danielle Harris, ontwerp is (1360). Dit gaan om blootstelling aan “liberal and progressive thinkers” (1446). Die F1-gangers word veral aan swartes (dosente en studente) blootgestel, terwyl tweederdes van TAMU se studente wit is (1911).
Terug in Suid-Afrika word daar van die F1-gangers verwag om hulle nuwe insigte en gesindhede soos ‘n virus op die kampus te versprei: “Attendance at monthly leadership forums is required, as is mentoring first-year students once the F1 students reach their second year” (990). Van hulle word ook verwag “to come up with at least two campus-wide projects designed to pass on what they have learnt. The F1 programme is at the heart of Jansen’s efforts to transform his university” (993). “He says that F1 students have become the political and intellectual centre of the campus” (2345). “They would complain about their professors” (2356). Jansen se doel met die F1-program is selfs “to change South Africa” (1094). Myns insiens is dit ‘n deurtrapte en slu-uitgedinkte indoktrinasieprogram wat die Nazi Joseph Goebbels (1897-1945) se suksesvolste pogings in die skadu kon stel.
Dosente word op dieselfde linkse ideologiese grondslag gewerf. Die doel is bv “to poach top professors from more liberal institutions” (1002). Jansen “brought world-famous black researchers to teach at the university. ‘You will not believe how [academic excellence] undermines racism and racial thinking'” (1005). Hou gerus die UV-webwerf dop om ‘n idee te vorm van die stroom swart en ander linkse elemente wat deesdae op ‘n deurlopende grondslag na die kampus gelok word om hulle linkse oortuigings op die studente en dosente los te laat. Geen poging tot ewewig of ideologiese neutraliteit is aan die Jansen-UV te bespeur nie. Die UV moet ‘n “African university” (1008) na die beeld van Jansen wees. Dit gaan nie primêr om objektiewe, wetenskaplike kennis en geleerdheid nie, maar om “engaged scholarship” (1011), dus inligting wat met bv ANC-ideologie deurweek is. [Plaaslik het “engaged”/betrokkenheid ‘n sterk, verderflike ANC-assosiasie. Kyk bv wat Hein Willemse pas uit sy militante hibriede-oogpunt geskryf het (LitNet 7 deser).]
Bryson geniet die staaltjies wat Jansen vertel. “Jansen found that black students at one residence were forced to take part in a decades-old tradition of honouring the bust of an Afrikaner founding father. ‘There you have black students bowing to a white guy they have no connection to. It’s racist,’ he says. ‘What has meaning for you doesn’t have meaning for the other guy. I’m trying to change the things that are borderline criminal and barbaric'” (1706). Sou dit vir Jansen aanvaarbaar wees as Mandela-verering deur wittes rassisties, feitlik krimineel en barbaars genoem word?
Jansen het vir haatpraak deur blankes, soos vir skynbaar enigiets anders, ‘n verduideliking. “He’s seen that fear in the faces of white South Africans in a class he teaches for first-year students. The topic is how to deal with a shared, violent past” (2032). “One text that Jansen sets is a letter that Martin Luther King Jr wrote from a jail” (2431). “Often, he [Jansen] says, white students write that going over the past just leaves them feeling shame and remorse” (2441). Daar word hier waarskynlik verwys na die verpligte indoktrinasiekursus wat Jansen vir alle UV-eerstejaars ingestel het. Nêrens is daar sprake dat swartes verleë moet voel oor hulle verlede van stamoorloë, leeglê, buitensporig aanteel, terrorisme, misdaad, roofbou met dongas, ens, nie.
In sy intreerede as rektor het Jansen gesê: “I am deeply committed to the promotion of Afrikaans and Sesotho … We will respect the history of this institution and its founding language” (2136). Daardie “founding language” is in werklikheid Engels. Let op hoe hy sy versekering oor Afrikaans verwater deur dit in dieselfde asem as Sotho te noem. Hierbo is ook aangedui hoe die essensie van Jansen se bewind juis die radikale verandering van die UV se institusionele kultuur is; van Afrikaans na Afrikaan. Volgens sy intreerede sou Jansen iedere swart student verplig het om Afrikaans te leer (2145). In werklikheid is dit Jansen wat outoritêr besluit het dat as daar Engelssprekendes by ‘n byeenkoms op die kampus teenwoordig is die voertaal net Engels mag wees. Jansen dink die onderrigtaal-kwessie “will ultimately be resolved in favour of English, as a matter of practicality” (2171). Dit behoort duidelik te wees waarom Chris (Boetman) Louw in 2009 Jansen ‘n wolf in skaapsklere genoem het.
Sonja Loots oor ‘n Afrikanermuseum
Daar is min mense wat my so irriteer soos ‘n militante feminis wat as’t ware in die kombuis sit en skryf omdat sy haar man as joernalis na die kroon wil steek; dus hom wil oortref. Sonja Loots is myns insiens so ‘n mens. Op Praag het ek al oor Loots berig met as opskrif: “Wenke aan ‘n volksmoeder” (Praag 10.03.2013). Kort voor dit het ek ook oor “Sonja Loots se anti-Afrikanervenyn” geskryf (Praag 18.02.2013). Dit was na aanleiding van haar boek, Sirkusboere (2011). Eintlik is alle Boere in haar oë sirkusboere. “As so ‘n spektakel van die vernedering van enige ander Suid-Afrikaanse bevolkingsgroep gemaak sou word, sou die boek nie ‘n uitgewer gevind het nie.” Dit is amper oorbodig om by te voeg dat Naspers se Tafelberg die uitgewer van Sirkusboere is.
Ek het ook verwys na Loots se opmerking dat sy “deernisvol die moer in vir ons Afrikaanse voorvaders” is. “Loots wek die indruk dat sy die arm vrou se Antjie Krog wil wees.” Sy hou van linkse elemente wat “onvoorspelbaar en dikwels ongenooid opdaag om Afrikaans se verroeste werfhekkies oop te gooi en ‘n paar wolwe onder die loom werflammers in te jaag.” Dít is klaarblyklik die waarneming van ‘n ANC-werfbobbejaan*. Sluimerende Afrikanerslapgatte, wat gekenmerk word deur “benepenheid, dweperigheid en agtelosigheid,” is glo geneig om hulle op ‘n “voosgesitte leunstoel” tuis te maak. [*Loots het ‘n magisterverhandeling (1996) oor Alexander Strachan se Die Werfbobbejaan (1994) geskryf.]
Oor die Afrikaanse taalstryd het Loots ook heeltemal uitgehaak. Sy het in 2000 “op die KKNK betoog dat dit nie die ANC is wat Afrikaans bedreig nie, maar die taalstryders en feeste soos die KKNK* en die idee van ‘n afsonderlike Afrikaanse TV-kanaal” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 74). “Mense soos Antjie Krog en Sonja Loots sê Afrikaans sal eers gered word as hy bevry is van dié wat hom wil red” (p 74-75). [*In haar jongste skrywe verwys Loots na die KKNK as “in-die-volstruisbol-gepikte kunstefeeste”. As sy dit amusant vind, is daar darem een persoon wat haar guitigheid geniet.]
Loots skryf steeds ‘n rubriek in Rapport. In haar jongste skrywe (27 Julie) stel sy die vraag: “Is ons gereed om anders na onsself te kyk?” Wat Loots eintlik bedoel, is dat ons so gemeen soos sy moet wees om moedswillig skeef na Afrikaners te kyk. Die teks handel oor Afrikanermuseums en sy noem dan as voorbeelde die Oorlogsmuseum, Voortrekkermonument, Taalmonument, Apartheidsmuseum en die NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum). Dan voeg sy by, skynbaar in ‘n ligte trant: “en die plaasmoordemuseum (van laasgenoemde se bestaan het ek juis onlangs tot my groot verbasing verneem)”. Plaasmoorde val klaarblyklik buite hierdie voortvarende dame se belangstellingsveld. Dit is maar net sirkusboere en hulle naasbestaandes wat koelbloedig uitgewis word. As Loots se ouers wreed op ‘n plaas vermoor is, bv met ‘n byl of pik, sou sy ‘n ander deuntjie gesing het.
Loots vertel dat sy hierdie lysie van museums “onentoesiasties” opgenoem het en dít het haar “by voorbaat uitgeput”. Sy hou ooglopend nie van Afrikaners as ‘n besprekingsonderwerp nie. In werklikheid het sy doelbewus vir die hoeveelste keer Afrikaners as tema van haar rubriek uitgesoek. Dit bied aan haar immers die geleentheid om weereens gal oor haar kultuurgroep te braak. Sy kom tot die gevolgtrekking dat daar nie ‘n enkele museum bestaan wat spesifiek en omvattend oor Afrikaners handel nie. Elk van die genoemde museums handel oor ‘n aspek van Afrikaners.
“Ek vind dit [‘n omvattende Afrikanermuseum] trouens ‘n onrusbarende idee. Ek kan my die bakleiery voorstel oor hoe Afrikaner-identiteit(e) verteenwoordig moet word. Dit sal soos ‘n laertrekkery lyk. En dit sal suggereer dat Afrikaners ‘n museumspesimen geword het, gedoem om uit te sterf, soos die dinosourus.” Let op die afgesaagde verwysings na uit die mode verskynsels soos laers en dinosourusse. Sy wens klaarblyklik dat Afrikaners tot die verlede moet behoort; dat hulle in hulle moer in moet gaan en hiertoe help plaas- en ander moorde natuurlik fluks.
Loots noem vervolgens die Joodse museum in Kaapstad: “uitstalkaste vol volstruisvere [nogeens ‘n KKNK-verwysing], ‘n ou smouswa en die nagemaakte sinkwinkeltjie van ‘n diamantverkoper-van- ouds”. Maar dit is werklike mense van weleer waarom dit hier gaan. Dit is mense waarvan minstens sommige die land help ontwikkel het. Hulle het gewerk en self ‘n bestaan gemaak; nie bakhand gestaan en afgebreek nie. Soos egte Afrikaners het die meerderheid Jode deernis met hulle etniese genote. Hoe durf Loots haar aanmatig om so oneerbiedig oor etniese groepe soos die Afrikaners en Jode te wees? Sy sou kwalik daarin kon slaag om haar uiterste liberalisme met ‘n sweem van humanisme te versoen.
Loots sluit haar rubriek soos volg af. “Hoe sou die Afrikaner-weergawe van so ‘n ‘instelling van die geheue’ daar uitsien? In moderne museumpraktyk behels innoverende kuratorskap die self-kritiese interpretasie van herinnerings, maar ook die bewaring van ‘n wye spektrum kultuur-inligting en kulturele praktyke. Sou dit gedoen kon word sonder dat dit simptomaties raak van verval, verlies en verwyt? Museumbesoekers is soos lesers. Hulle mag interpreteer en oordeel soos hulle wil. Wie gaan wat in die besoekersboek skryf? En veral: Is ons gereed* om deur ander se oë na onsself te kyk?” [*Die uitsaaimedia en gedrukte pers vertaal “prepared” deesdae meesal met “gereed” terwyl “bereid” veeleerder bedoel word. Op ‘n soortgelyke hinderlike manier word “this” as “hierdie” pleks van “dit” vertaal.]
Waarmee Loots besig is, is om haar te verlekker in hoe ‘n Afrikanermuseum daar sou uitsien. Waarom mag daar nie verwysings na “verval [bv in die nuwe Suid-Afrika], verlies [bv plaasmoorde] en verwyt” [bv FW se magsoorgawe] wees nie? Al drie is wesenlike aspekte van die Afrikaner se geskiedenis wat in ‘n omvattende Afrikanermuseum teenwoordig behoort te wees.
Loots voorsien dat Afrikaners sal stry oor wat in hulle museum opgeneem moet word en hoe dit uitgebeeld behoort te word. Maar as hulle twis oor wat ‘n billike resultaat sou wees, is dit aanbevelingswaardig. Museums is veronderstel om, soos historici, die waarheid na te jaag; om bv die goeie en die slegte ewewigtig uit te beeld. Museumbesoekers mag, soos Loots tereg noem, vertolk en oordeel soos hulle wil. Wat nie toelaatbaar is nie, is doelbewuste valse of eensydige museumvoorstellings.
Waarby Loots glad nie uitkom nie, is die mate waarin die ANC-regering doelbewus die geskiedenis vervals. Skoolgeskiedenisboeke is aangewese voorbeelde, maar ook museums.
- Die bogenoemde Apartheidsmuseum wend geen poging aan om die positiewe aspekte van apartheid te belig nie.
- Die Robbeneiland-museum stel nie daarin belang om waarheidsgetroue lyste aan besoekers te verskaf van bv die misdade wat die “vryheidsvegters” gepleeg het nie.
- Die Slawemuseum erken nie positiewe aspekte van slawerny soos die ekonomiese bydrae wat slawe-arbeid gelewer het en die maatskaplike voordele wat sodanige ledigheidsbestryding gehad het nie. Martiens van Bart toon in sy boek, Kaap van slawe (2012), aan hoe die Hollanders/Afrikaners deur dié museum as die (wrede) slawe-eienaars en die Britte as die slawe-bevryders voorgestel word. [Kyk bv Johannes Comestor se boekbespreking, LitNet 12.12.2012.]
- Die Distrik Ses-museum vertel graag hoe die destydse inwoners “benadeel” is, maar is vaag oor die oneindig beter huisvesting wat hulle destyds by hervestiging ontvang het. Nog minder word die publiek ingelig oor die oordrewe owerheidsvergoeding wat diegene ontvang wat tans toegelaat word om na Distrik Ses terug te keer.
Die vrae wat ek vir Loots in die midde wil lê, is:
- As daar nie-eenstemmigheid by Afrikaners oor die wat en hoe van hulle museum is, volg dit nie dalk uit hulle tradisionele eerlikheid, hulle najaging van die waarheid, nie?
- As daar maklik eenstemmigheid oor die aard van ANC-propaganda-inrigtings soos die Apartheidsmuseum, Robbeneiland-museum, Slawe-museum en Distrik Ses-museum bereik is, dui dit nie dalk onbetwisbaar op hulle ideologiese eensydigheid nie?
- Waarom besoek Loots nie laasgenoemde drie museums, wat naby haar drumpel is, en doen in ‘n volgende rubriek meer objektief, dus wetenskaplik/waarheidsgetrou, verslag oor wat daar aangaan nie? [Wenk: lees gerus vooraf gesaghebbende werke oor museumteorie.]
Gaan hulle tenks stuur om ons te keer om ‘Die Stem’ te sing?
Die polemiek rondom die sing van “Die Stem” is besig om wyer uit te kring en intussen het die EFF ook te kenne gegee dat die dele van ons volkslied wat tans nog by rugbywedstryde gesing word, uit die amptelike nasionale lied verwyder moet word.
Op Daily Maverick het prof. Pierre de Vos van die UK ‘n aanval op die voortbestaan van “wit, Afrikaanse universiteite” gedoen waarin hy hulle afskaffing bepleit. Ene A.J. Venter het hom op die kommentaarafdeling van dié webblad taamlik breedvoerig ondersteun, al klaende oor die “outoritêre” aard van die Afrikaanse kultuur en dat ons te veel “soos militaristiese Duitsers” is.
Hierop antwoord ek hom soos volg:
Mnr. Venter, as u so teen die “militaristiese Duitsers” is, moet u maar liewer daardie BMW of Volkswagen gaan inruil vir ‘n Cadillac of Ford. Wat u op Daily Maverick oor Afrikaners kwytraak, verteenwoordig bloot Engelse stereotipes wat oor jare kwaadwillig hier en in die buiteland oor ons versprei is, dat ons “outoritêr” is en sulke twak. Terloops, dit staan natuurlik in die WVK-verslag ook, een of ander “Adorno”-analise van ons “outoritêre kultuur”, patriargale gesinstruktuur, en wat nog.
Suid-Afrikaanse kommuniste is te dom om hul eie eenvoudige ideologie te verstaan, dis die probleem.
Feit is egter dat die mense wat in dié land die grootste menseregteskendings gepleeg het – die Britte, wat so deur die onnosele plaaslike bevolking bewonder word, asook die kommunistiese terroriste wat burgerlikes in ons stede met motorbomme bestook het – geensins Afrikaners is nie. Dis seker nie “outoritêr” om terreur te pleeg nie en daarom aanvaarbaar. Nietemin bestaan daar verskeie internasionale konvensies daarteen.
Ek aanvaar dat ons die onlangse oorlog – soos in 1902 – geheel en al verloor het en tans onder die oorheersing van korrupte, wrede, dom, vertoonsugtige plunderaars verkeer. Iewers het ek al daarna verwys as die “Derde Britse besetting”. Ons is ontwapen en verguis; indien ‘n mens te veel kritiek daarteen uitspreek, kan jy maklik in die tronk beland.
Waarom die gehate naam “Suid-Afrika” nie verander is nie, weet nugter. Dis in elk geval ‘n uitvinding van “apartheid”, of ten minste van Smuts en Hertzog. Die “nuwe reënboogmense” kan gerus vir hulle ‘n Zimzaniese naam van een of ander aard uitdink en nie langer, soos op soveel ander gebiede op ons parasiteer nie.
Die meeste mense in dié land is egter tevrede met een of ander hibriede, kunsmatige, koloniale indentiteit of subidentiteit. Heimlik wil almal Amerikaners wees, want dit is wat hulle op die TV sien.
Die enigste groep wat nie met dié “skadubestaan” tevrede is nie, is die Afrikaners. U sê dat ek u nie verteenwoordig nie, maar dan verteenwoordig u my 100 keer minder as wat ek u verteenwoordig. Ten minste stry ek vir Afrikaans en vir ons menseregte, vir die reg van ons vroue om nie deur maniakke verkrag te word en vir ons boere om nie doodgemartel te word soos al met duisende gebeur het nie. Ek doen dit met die pen en nie met bomme soos u kommunistiese helde wat met straatname en in die skoolgeskiedenisboeke vereer word nie.
Die polities korrekte leuens wat u oor Afrikaans kwytraak, as sou dit een of ander “mengsel” van Frans, Khoisan en wat ook al sou wees, is so onnosel en kinderlik, dis regtig lagwekkend! Daar is minder vreemde woorde in Afrikaans as in die meeste Europese tale en géén taalkundige getuienis dat dit ooit ‘n pidgin, kreool of “gemengde” taal was nie. Trouens, Engels, hoewel tans ‘n wêreldtaal, is veel eerder ‘n bastertaal vol vreemde woorde wat van sy oorspronklike Angel-Saksiese wortels afgesny is.
Deur Afrikaans verkry ‘n mens toegang tot die hele kultuurskat van Noord-Europa, want met min moeite kan enige Afrikaner Nederlands, Duits en selfs die Skandinawiese tale begin lees en verstaan, soos wat ons voorouers natuurlik voortdurend gedoen het en waardeur Afrikaans tot die voortreflikste kultuurtaal ooit op die Afrikakontinent bevrug is.
Die wonderlike “Engelse” skole in dié land is besig om in duie te stort en oor die afgelope paar dae was daar berigte dat die wiskundesyfer wat in sulke “Engelse” skole aangeteken word op die graad negevlak onder 30% is en in sommige skole so laag soos nul of twee persent. Ook kan die leerlinge nie hul wonderlike Engels skryf of lees nie.
Ons kan dus die pragtige Britse koloniale erfenis in dié land salueer vir sy wonderbaarlike vermoë om sy kultuurgoedere aan die plaaslike bevolking oor te dra en veral af te dwing – Afrikanerkinders in die Transvaal is vir die eerste keer Engels in die konsentrasiekampe geleer – maar binnekort gaan niemand meer kan lees of skryf of basiese somme kan doen nie.
Ek is nie “vasgevang in die twintigste eeu” soos u beweer nie. Inteendeel. Dié land bevind hom egter in ‘n negentiende-eeuse, dweepsieke, Brits-imperiale versugting soos dít waarmee die arme siel Peer de Vos van Daily Maverick besig is. Sy onverbloemde Boerehaat en vyandigheid teenoor Afrikaans en die PUK is veronderstel om die guns van sy jingo-kollegas by Ikeys te koop en aan hom ‘n nuttige verhoginkie te besorg. Die ewige hensopper en Britse kruiper: daardie gehate figuur in Afrikaans. Dekades lank het ons mense van sypaadjie verander as hulle so iemand op straat teëgekom het.
Die huidige vyandigheid jeens Afrikaans op universiteit berus egter op niks, geen argument, geen grondslag, geen beginsel nie. Dis bloot blinde vooroordeel, tesame met die bekende Engelse hovaardigheid wat Peer nie nog nie behoorlik bemeester het nie.
Nader aan die een-en-twintigste eeu egter, sit ons tans met ‘n probleem dat die wêreld besig is om te polariseer in twee kampe: aan die een kant die Angel-Saksers met hul olie-oorloë en gewelddadige veldtogte teen al wat nasiestaat is, en aan die ander kant die volkere, met hul tradisies, kulture, tale, godsdienste, ens.
Terwyl ons, danksy dekades van Boerehaat en propaganda en verguising, sekerlik nie veel vriende in ons eie land oor het nie, word ons egter steeds en toenemend buite Suid-Afrika erken vir ons beskawing, opvoedingsvlak, werkywer en die Afrikaanse standaardtaal wat wêreldwyd aan universiteite as vak bestudeer word.
Ek dink die punt wat ek voorheen gemaak het, bly staan: die Engelsman of die “nuwe Suid-Afrikaner”, daardie soort yl afspieëling van die Zimbabwiër – want is Robert Mugabe nie u almal se intellektuele vader nie? – lyk asof hy nie oor die moed beskik om finaal teen ons te begin optree, alle Afrikaanse skole te sluit, die universiteite finaal te “transformeer”, ons kinders van tersiêre opvoeding uit te sluit en ons ook enige verdere indiensneming in die ekonomie te ontsê nie.
Die vraag is nou: waarvoor wag almal? Of moet daar eers ‘n teken uit die imperium – vanuit Washington of Londen – kom, gerugsteun deur troepe, om finaal tot die etniese suiwering van die Afikaner en Afrikaans vanuit Suid-Afrika oor te gaan?
Gaan ons verbied word om “Die Stem” of “Die lied van jong Suid-Afrika” te sing soos wat die Sowjetunie die Estlanders verbied het om hul volksliedjies te sing? En wie gaan dit afdwing? Die korrupte Azaniese polisie wat ons dalk met ‘n R100-noot sal kan omkoop om tog maar “Die Stem” te mag sing?
Gaan u tenks stuur, nes die Sowjetunie in Estland gemaak het, om ons te keer om te sing of om ons taal te praat en ons kinders daarin op te voed? Maar loop die tenks in Bloemfontein nog?
Hierop het Venter my soos volg geantwoord:
Stereotipes wat WAAR is – en niks Brits aan het nie, nie almal wat anti-nasionalisme is is pro-imperialisme nie, daar is meer as twee filosofiese stelses op aarde.
Die Afrikaners onder die Nasionaliste WAS outoriter, UITERS outoriter – ek het deur dit geleef. Ek het na ‘n apartheid skool gegaan – en ek onthou hoe absoluut sieldodend hulle was. In die naam van “disipline” het ons, ons kinders se gedagtes so bestuur dat vrye, kritiese denke ‘n doodsonde geword het.
Het ons alles wat vreemd is outomaties as ‘n euwel verklaar en onsself afgesny van alle vooruitgang.
Tot ons in ‘n land gewoon het waar geen vryheid bestaan het nie. Waar die regering kon sensor sonder terugslag en ‘n eens vrye, individualistiese volk in ‘n klomp skape verander is.
Nee, ons soek nie Amerika nie – Amerika is polities vol van dieselfde foute wat ons gemaak het.
Ek glo aan individuele vryheid en regte en dat almal dit ewe waardig is, elke volk is vol wonderlike goeie dinge en absolute euwels – en elke een (insluitend die Afrikaners) moet vereweg aan die verander en groei wees om die euwels te verminder en die goeie te vergroot.
En volks-selfsugtigheid is die grootste euwel van almal:
Jy veg om “ons” vroue teen verkragting te verdedig ? Ek veg vir ‘n planeet waar GEEN vrou verkrag word nie. Want ek is NIE ‘n rasis nie en ek glo nie dat Afrikaner vroue verhewe bo al die ander vroue is nie. Jou volks-selfsugtige weergawe ONDERMYN die goeie werk van ons wat glo NIEMAND mag verkrag word nie.Die antwoord op jou vraag is eenvoudig: hulle wag nie, niemand WIL die Afrikaners vernietig nie. Julle regses wag nou all meer as drie-honderd jaar vir die nag van die lang mes – wanneer gaan julle besef dit sal nooit gebeur nie ?
Die Afrikaners is eenvoudig nie belangrik genoeg om vernietig te word nie. Ons is ‘n ou klein volkie in ‘n klein landjie. Jy sien ‘n aanval waar daar niks is nie omdat jy so seker is van ons verhoogde status – maar selfs op die Suid Afrikaanse verhoog is ons ‘n voet-nota.
As daar ‘n tyd was wat iemand dalk ons sou wou uitroei was dit in 1994. Vandag ? Dis lagwekkend.
En dis waar jou grootste fout is- jy dink nog in terme van “lande”, asof dit nog iets beteken. Die wereld het klein geword, jou volk het gereis en ander kulture leer ken en gesien dat daar goeie dinge in al die kulture is. Ek het die goeie in dertig Afrika-lande gesien, ek het dit in vier Suid Amerikaanse land gevind, ek het dit in die ooste en in Europa beleef.
Jy kan nie vir mense vertel hoe hulle moet leef nie – jou kultuur is nie besig on vernietig of aangeval te word nie – dis bloot besig om te groei en te verbeter. Soos dit moet.
Eens is daar vir ons vertel dat volksvreemd byna ‘n vloekwoord is – dat alles wat vreemd is vermy moet word. Maar daardie tyd is gelukkig vir ewig verby.
Ek geniet die boeke van die beste skrywers uit elke kultuur. Ek geniet Japanese kuns en Franse films en ek is met ‘n Skot getroud en ek het iets van die mensdom as ‘n geheel geleer: ek het geleer dat ons almal maar basies dieselfde is. Dat geen oorlog OOIT ‘n geregtelike oorlog kan wees nie. Dat vrede en vryheid alleenlik beskore is vir die wat dit aan ALMAL gun.
Ek het Terry Pratchet en Shakespeare en Huxley bestudeer, ek het vir Tom Stoppard gelag en vir Achebe gehuil.
Dit was alles volksvreemd – en dit was pragtig.
En na dit alles is ek nie minder Afrikaner nie – inteendeel, ek is ‘n BETER Afrikaner omdat ek nie NET ‘n Afrikaner is nie.
Afrikaner is nie my identiteit nie. Dis maar net ‘n deeltjie van my.Ek is ‘n mens – en die ganse Afrikaner kultuur is minder as 5% van wat my, MY maak. Dis nie onbelangrik nie, elke stukkie van my is belangrik – maar dis ook nie MEER belangrik as die res nie.
Dis wat mense in the een en twintigste eeu geleer het – dat niks en niemand MEER of MINDER belangrik as die volgende is nie.
Eendag sal jy dit dalk ook leer… en besef dat wanneer jy veg vir Afrikaner vroue – doen jy ‘n onreg aan elke ANDER vrou aan. Wanneer jy veg vir Afrikaner boere – doen jy ‘n onreg aan elke ANDER mens wat vermoor word.
Daar kan nie reg in onreg wees nie.Veg vir almal, of veg vir niemand – maar om net vir party te veg: dit is die grootste onreg wat daar is.
Ek antwoord:
Wanneer gaan u egter daardie laaste sin in Engels vertaal en vir u Engelse en Amerikaanse broers vertel wat reeds ‘n miljoen mense in Irak gedood het, kinders in Sirië onder die bomme steek, ens.? Maar dis die probleem met die jingo-Afrikaner: hy sien die boosheid van sy eie mense raak, maar die Anglo-Amerikaner se imperiale hebsug en oorlugsug gaan by hom verby.
Die Britte en Amerikaners veg net vir hulleself en hul eie beursies.
Lees byvoorbeeld dié stuk wat iemand vandag onder my aandag bring: Why America needs war.
Dit mag wees dat Afrikaners onbelangrik is en nie eens die moeite werd om te kom uitwis nie – in elk geval doen die plaasmoordenaars klaar redelik goed daarmee – maar dan wonder mens waarom soveel mense op aarde dit nodig geag het om te sorg dat ons heeltemal ontkieser word in ‘n stelsel waarin jy kan stem tot jy blou in die gesig is en jy sal nie eens ‘n munisipaliteit van 200 siele in die Vrystaat kry om te regeer nie?
Ek dink die antwoord is dat ons wel mededingers was vir Brittanje en selfs die Swede wat hul vliegtuie hier wou kom verkoop en ons staat, asook die openbare maatskappye, wou kom plunder. Alles wat die Afrikaners in die twintigste eeu oor dekades heen met ons klein ou bietjie kapitaal en belastings kon skep, het hulle in een slag kom stroop. Heerlik! Mittal het Yskor verniet gekry. Verniet! Hy is mos ‘n vriend van Tony Blair, wat oor Irak se “wapens van massavernietiging” gelieg het, daarom het hy Yskor verdien.
En volgens kenners beskik ons oor die tweede grootste hoeveelheid minerale rykdom ter wêreld, naas dié van Rusland. Wil u beweer dat die koloniale mynmaatskappye wat reeds meer as ‘n eeu in ons land werksaam is nie daarin belangstel nie? Die eerste vergadering tussen die ANC en die NP in die tagtigerjare is deur ‘n amptenaar van die Londense Gold Fields gereël.
Dis wonderlik dat u nou soveel kultuur ingekry het, maar die Afrikaner was dan juis vanuit die staanspoor ‘n nuuskierige en kultuurhonger mens. Ons vorige geslagte het Europese tale geleer praat, geskilder, geskryf, wonderlike argitektuur geproduseer – wat nou hier in Johannesburg skandelik deur die Verdrukker gesloop word! Vernietig, want daar is een of ander “projek” aan die gang waaruit ‘n klomp mense weer uit die provinsiale finansies hulself gaan help.
Indien u enigiets van ander kulture verstaan, is dit danksy die Afrikanerkultuur in dié land, want die Angel-Sakser bring net die monokultuur met hom saam. Hulle haat alle volkere: ons, maar ook die Franse, Duitsers, Japannese, wie ook al. Veral natuurlik die Russe. Almal moet voor hulle buig. Een land ná die ander word gedestabiliseer.
Die Oekraïners wat reeds ses miljoen dooies aan kommunisme moes afstaan – die kommunisme waaroor Peer en sy universitêre vriende steeds biduur hou – se hele land en finansiële stelsel is nou deur die Amerikaners gedestabiliseer, as deel van die groter plan om Rusland omver te werp.
Tydens die ABO het daar Iere, Russe, Skandinawiërs, Nederlanders, Duitsers, ens., aan ons kant geveg. Selfs Vincent van Gogh se broer het hier vir ons gesneuwel. Ons is nou weer daar, want ons en die Europeërs is almal in die visier van die sogenaamde Nuwe Wêreldorde. Ons diversiteit, veelheid van tale en tradisies is vir hulle ‘n steen des aanstoots, daarom moet dit weg en ons moet almal deel word van wat Van Wyk Louw die “mensvleisbredie” genoem het.
Waarom val Peer (de Vos) vir die PUK aan? Want iewers weet hy die Empaaier verwag dit van hom. Sy eie klein burokratiese posisie hang daarvan af, dat hy die haat jeens Afrikaners sal aanblaas met sy stereotipe stelletjie idees en belydenisse.
Ons stel nie in sy vervelige lewetjie en ontgroening of wat ook al belang nie. Om op grond daarvan die verengelsing van die oudste universiteit in die oudste dorp in die Transvaal te bepleit, is so absurd soos om te sê Pretoria Boys High moet Afrikaans word as straf omdat Oscar Pistorius daar op skool was!
Wie gee Peer die Anglofiel die reg om die PUK te straf? Dis mos belaglik.
Volksvreemd is nie die verskeidenheid van tale en kulture wat jy ervaar en wat jy in jou eie kultuur vertaal nie. In elk geval het Afrikaners meer boeke in Afrikaans vertaal as wat die klomp lui Engelse in ons land ooit gelees het, uit ‘n verskeidenheid van tale. Iewers het ek gelees van ‘n afgetrede Deense militêre offisier wat as ‘n stokperdjie begin vertaal het. Met sy dood het hy iets soos 900 boeke in Deens vertaal!
Elke klein taal ter wêreld het slegs danksy die opoffering en toewyding van sy sprekers tot stand gekom. Soos Deens. Of Afrikaans.
Volksvreemd is die lelike verraad waaraan soveel Afrikaners hulle al skuldig gemaak het, en veral De Klerk se geslag wat aan mense een ding vertel en ‘n ander gedoen het. As De Klerk militêr aan Umkhonto we Sizwe wou oorgee, is dit sy goeie reg, maar waarom mense met praatjies oor “wigte en teenwigte” om die bos lei, sodat hulle twintig jaar later eers uitvind wat regtig gebeur het en dat hulle nou as vreemdelinge in hul eie land geag word?
Dan praat ek nie eens van mense wat op ‘n manier te bang is om ‘n AK47 te gryp en Afrikaners op straat soos honde te gaan doodskiet nie, maar wat Boerehaat aanblaas in die hoop dat ‘n swartman of dalk ‘n bende plaasmoordenaars dit iewers namens hom sal gaan doen.
‘n Mens noem dit aanhitsing. Dít wat Sir Percy Fitzpatrick met The Transvaal from within gedoen het, en waarmee Peer en die res van die Boerehaters op die kampusse steeds besig is.
Dis eenvoudig verfoeilik, lafhartig en onderduims. Maar tog sóóóó Engels, nie waar nie? Die ewige moraliste. Maar wat self agter die deur staan…
Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy.
Die US het onlangs sy kort kursusse in koerante geadverteer. In die ellelange lys (200 kursusse) is daar net enkeles (11) wat ‘n Afrikaanse benaming het maar hulle aanbiedingstaal word as Afr/Eng aangedui. Selfs die kursus vernoem na Elize Botha het ‘n Engelse naam, maar word Afr/Eng aangebied. Die “Emerging Maties Course” se benaming is eweneens Engels en die aanbieding is Afr/Eng. Tensy daar aparte byeenkomste in hierdie twee tale is (wat onwaarskynlik is), beteken dit dat al 200 kort kursusse uitsluitlik of hoofsaaklik in Engels aangebied word.
Die rede wat vir hierdie toedrag van sake aangevoer word, sal waarskynlik wees dat die voertaal deur die aanvraag bepaal word. Dit beteken egter dat die tirannie van die meerderheid van deurslaggewende belang is; dat die Afrikaanssprekende minderheid verontrief word en dat hulle hulle na die gerief of eise van die meerderheid moet skik. Die punt wat ek wil stel, is dat uit die aanbiedingswyse van hierdie kort kursusse daar feitlik geen oorblywende aanduiding meer is van die US wat eens daarop kon roem dat hy die bakermat* van Afrikaans is nie. (* Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 75.) Onder die leiding van Russel Botman is daarin geslaag om die US in oortreffende mate te verengels. Op 19 deser skryf Dosent Sonder Grys Skoene, Stellenbosch, in Die Burger: “Die realiteit is dat slegs 10% tot 20% van die voorgraadse lesings by Maties in Afrikaans is” (p 15).
Aan ‘n ander eens Afrikaanse universiteit is die situasie soortgelyk. Die Universiteit Pretoria (UP) het ook onlangs sy kort kursusse geadverteer (bv Sake-Rapport, 25 Mei, p 13). Nie ‘n enkele van die 123 kursusse het ‘n Afrikaanse naam nie. Die naaste wat daaraan gekom word, is “Afrikaans for beginners.” Naas hierdie kort kursusse word 16 aanlynkursusse geadverteer. In slegs een geval, “Biblical counselling,” word genoem: “This course is also presented in Afrikaans”. Onderaan die advertensie staan: “Let wel: Alle kursusse word in Engels aangebied.” Die UP-afdeling wat hiermee gemoeid is, heet “CE at UP” of “CEATUP”, met CE wat seker ‘n afkorting vir “continuing education” is. Daar is hier dus nie eens ‘n pretensie van Afrikaans-wees nie. Kontrasteer dit met die UP-rektor, Cheryl de la Rey, en Beeld se poging om die indruk te wek dat alles wel met Afrikaans is; dat Afrikaans aan UP “woema” het (Praag 13 deser).
Die aanbieding van kort kursusse deur universiteite het eers in die nuwe Suid-Afrika momentum gekry. Dit volg uit die (grootlikse) dwaalleer dat ‘n universiteit naas onderrig en navorsing ook gemeenskapsdiens moet verrig. In die praktyk kom dit daarop neer dat die universiteit goed vir nie-wittes, veral swartes, moet wees deur aktiwiteite en selfs dienste te verrig wat die owerheid versuim om te doen. Maar daar is vir universiteite ook finansiële aansporing om allerhande kort kursusse aan te bied. Die ANC-regering verwag dat universiteite, afgesien van gemeenskapsdiens, ook ander ekstra laste moet dra (bv dat eens Afrikaanse universiteite sonder enige addisionele vergoeding ook Engels as onderrigtaal moet hê). Terselfdertyd neem die staatsubsidie aan universiteite in reële terme af. Deur kort kursusse aan die publiek te verkoop, verdien sowel die betrokke dosente as die universiteit ekstra geld.
Wat in die praktyk gebeur, is dat bv die owerheid en maatskappye van hulle werknemers in werkstyd stuur om van hierdie kursusse by te woon. Die werkgewer betaal die kursusgeld en die werknemer ontvang ‘n universiteitsertifikaat wat aandui dat hy/sy die kursus bygewoon het. Van die kant van die werknemer word daar geen prestasie (bv om in ‘n toets of eksamen te slaag) verwag nie. Dit is voldoende as hy/sy (laat) vir die byeenkomste opgedaag het. Nou kan die werknemer daarop aanspraak maak, met die sertifikaat as bewys, dat hy/sy aan bv die US of UP studeer het, selfs al het hy/sy nie naastenby matriek nie. As hy/sy bv die bogenoemde “Emerging Maties Course” bygewoon het, kan hierdie werknemer voortaan die volgende formele “kwalifikasie” agter sy/haar naam skryf: EMC (US). Die tragedie is dat die kameraad wat in bv die staatsdiens in ‘n hoë pos sit en oor aanstellings en bevorderings besluit ‘n grondige kennis van bv die AK47-geweer kan hê, maar dalk geen benul het van universiteitskwalifikasies nie. EMC (US) kan dus aanleiding tot oordadige voordele vir die werknemer gee. Met minder as dit kan ‘n mens deesdae moontlik selfs ‘n minister word.
Dit behoort duidelik te wees dat die aanbieding van kort kursusse die akademiese aansien van ‘n universiteit kan benadeel. Ek het geen beswaar as ‘n universiteit ter inligting van die publiek bv openbare lesings aanbied nie. Maar daar moet nie sertifikate uitgedeel word aan diegene wat dit bywoon nie. Deur kort kursusse teen ekstra vergoeding aan te bied, word die eintlike taak van ‘n dosent, naamlik tersiêre, akademiese onderrig en navorsing, verwater. Papiergebaseerde kwalifikasie-inflasie moet teengestaan word.
In die ou Suid-Afrika was die akademiese situasie veel beter. Die ideaal was dat universiteite grade, technikons diplomas en kolleges sertifikate toeken. Die ANC-regering, by name Kader Asmal as onderwysminister, het die hele opset deurmekaar gekrap deur kolleges te sluit, technikons tot universiteite te verklaar en selfs technikons en universiteite te laat saamsmelt. Universiteite en technikons behoort wesenlik te verskil. Aan technikons moet studente afgerig word om take uit te voer. Afgestudeerdes moet beroepe kan beoefen wat min teoretiese begronding vereis. Aan universiteite moet studente onderrig word in onderwerpe en beroepe wat ‘n deeglike teoretiese onderbou gegrond op navorsing het. Soos in die geval van primêre en sekondêre onderwys het tersiêre onderrig sedert 1994 plaaslik kommerwekkend agteruitgegaan
Maar laat ek terugkeer na my eintlike onderwerp: Afrikaans aan die US. Een van my griewe is dat geen dosent in die US se Departement Afrikaans en Nederlands die moed van sy of haar oortuiging het om die verengelsing van die US openlik en daadwerklik te bestry deur ‘n veldtog daarteen te voer nie. Die taalstryd is deur dosente in ander dissiplines gevoer (bv deur die historikus Hermann Giliomee). Minstens een Afrikaans-dosent, die Afrikaanse skryfster Marlene van Niekerk, steun reeds sedert Chris Brink se rektorskap (2002-2007) die verengelsing van die US. Sy het “Afrikaans as ‘n geformaliseerde kreool van Nederlands” bestempel (Kapp p 85). Van Niekerk het haar in 2005 aan die US-Woordfees onttrek uit protes teen Dan Roodt se deelname (p 107). Later in 2005 was Van Niekerk die enigste Afrikaans-dosent wat haar steun aan tweetalige klasse, waarin Engels ten koste van Afrikaans bevoordeel word, toegesê het (p 119). ‘n Bespreking van Kapp se uitstekende boek is op 6 April op Praag gepubliseer.
Nog iemand in die US se Departement Afrikaans wat ‘n twyfelagtige agenda het, is Gerda Odendaal. In haar doktorale proefskrif bepleit sy die herstandaardisering van Afrikaans. Haar motivering is klaarblyklik van ‘n politieke aard. Myns insiens word die verbruining van Standaardafrikaans deur ‘n doelbewuste onwittingsproses deur haar voorgestaan (Praag 2 Februarie).
Die Vriende van Afrikaans (VVA), onder die leiding van Amanda de Stadler, is in Stellenbosch gesetel. Sy is ‘n direksielid van die Afrikaanse Taalraad. Dit is sy wat vir Afrikaans ‘n nuwe baadjie wil aantrek. Haar ideaal is klaarblyklik Son-Afrikaans, dus verkaapsing. Met die oog hierop het sy drie Son-joernaliste, onder andere Jason Eldridge, genooi om ‘n VVA-byeenkoms toe te spreek (Praag 16 Februarie).
Amanda is die eggenote van Leon de Stadler, ‘n hoogleraar in Afrikaanse taalkunde, wat tans die direkteur van die US-Taalsentrum is. In daardie hoedanigheid stel daardie Leon hom vry van deelname aan die Afrikaanse taalstryd. In werklikheid het hy Chris Brink se beleid van ‘n tweetalige US ten koste van Afrikaans gesteun. Tans openbaar hy ‘n soortgelyke entoesiasme vir Russel Botman se meertaligheidsbeleid, wat Xhosa insluit. Ek het voorheen oor Leon de Stadler se eienaardige verhouding met Afrikaans geskryf (Praag 7.11.2012).
In Kapp se genoemde boek is daar talle verwysings na die myns insiens oneervolle rol wat Leon de Stadler met betrekking tot Afrikaans as onderrigtaal aan die US speel. Hy het hom bv net ‘n enkele keer verwerdig om met die Konvokasie-bestuur van die US in gesprek te tree en wel eers in 2007 (p 156). In 2009, in die Botman-era, het hy “openbare en eerlike debat as ‘n gevaar vir Afrikaans beskryf en gespog dat die US se taalbeleid ‘die leiding neem onder Suid-Afrikaanse universiteite’ want dit is ‘n ‘unieke innoverende taalbeplanningsprogram'” (p 180). Leon de Stadler “veg vir mense, nie vir ‘n taal nie” (p 185). “Die US volg ‘n goed bestuurde model” (p 220). Die genoemde leiding, uniekheid, innovasie, beplanning en goeie bestuur benadeel Afrikaans deurlopend, maar daarvoor voel Leon de Stadler skynbaar vere.
Wat ek probeer aantoon, is dat daar deesdae aan die US ‘n eienaardige gesindheid teenoor Afrikaans geopenbaar word. Die duidelikste kenmerk is distansiëring van Afrikaans, wat in die afskaling van Afrikaans as onderrig- en voertaal vergestalt word. Daarin speel Afrikaanssprekende blankes, insluitende Afrikaans-dosente, ‘n leidende rol. Wanneer wel gepoog word om Afrikaans te bevorder, is dit nie noodwendig Standaardafrikaans nie, maar eerder (soos by die Afrikaanse Taalraad by monde van veral Michael le Cordeur) die mengeltaal Kaaps. Onlangs het twee van die bogenoemde name weer opgeduik: Gerda Odendaal en (in die VVA-tradisie) Jason Eldridge (LitNet 4 deser).
Op 24 April is ‘n middagetegesprek, “Afrikaans: 100 jaar as onderrigtaal,” op die US-kampus aangebied. Odendaal het as gespreksleier en Eldridge as gespreksgenoot en gasspreker opgetree. Die titel verwys na die besluit van die Kaapse Provinsiale Raad op 23 April 1914 om, op versoek van CJ Langenhoven, Afrikaans as onderrigmedium in skole tot standerd 4 goed te keur. Voordat Langenhoven ‘n kampvegter vir Afrikaans geword het, het hy in 1893 Engels korrek beskryf as “the future language of South Africa,” waaraan die US deesdae met soveel oorgawe meedoen.
Gedurende daardie middaguur het Odendaal die meeste van die praatwerk gedoen. Wat Afrikaans betref het sy haar weer bewys as iemand wat, in die woorde van Langenhoven, “die briek vasdraai teen die steil opdra’ende uit.” Sy het bv haar historiese oorsig in goeie Standaardafrikaans gelewer. Toe sy Eldridge aanspreek, het sy dadelik oorgeslaan na loslit-Afrikaans en gepraat van “deal” en “writer’s block.” Is dit nie paternalisties nie? Daarna tree die kenmerkende Odendaal-gesindheid na vore.
“Dink jy nie, en jy mag eerlik wees, wit Afrikaanssprekendes is ten minste deels te blameer daarvoor dat so baie bruin ouers deesdae eerder verkies om hulle kinders in Engels te laat onderrig nie? Want vir dekades het wit Afrikaanssprekendes so te sê die bestaan van bruin Afrikaanssprekendes misken deur hulle nie te betrek by besluite oor en liggame vir Afrikaans nie. So het selfs Langenhoven by meer as een geleentheid na Afrikaans as ‘witmanstaal’ verwys.” Odendaal plaas blankes doelbewus in die beskuldigdebank en laat bruines wat hulle kinders na Engelse skole stuur skotvry daarvan afkom. By implikasie neem sy die lede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) kwalik omdat Gideon Malberbe in 1875 tydens die stigting van die GRA nie sy huishulp en sy tuinhulp inspraak toegelaat het nie.
Langenhoven word soos volg aangehaal: dat Afrikaans “die enigste witmanstaal [is] wat nie onmiddellik oor die see kom nie” en Afrikaans is “die éen enigste witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater gekom het nie.” Langenhoven het in die era voor die oordrewe aandrang op inklusiwiteit en multikulturaliteit gelewe. Wat hy gesê het, is duidelik en ook feitelik korrek. Afrikaans is ‘n witmanstaal, of witmenstaal, soos dit deesdae nie-seksisties heet. Hy het nie beweer dat net blankes Afrikaans praat nie. Ook is sy stelling dat blankes die taal gemaak (dus gevestig, uitgebou en gekoester) het, heeltemal korrek. Blankes het hierin ‘n veel groter aandeel as enige ander etniese groep gehad en dit geld steeds. Afrikaans is volgens Langenhoven “die uitgedrukte siel van ons volk.” Dit is presies wat Afrikaans nie meer aan die US is nie. Dit is ook wat Afrikaans by ‘n goeiende getal (veral ontwikkelde) bruines nie is nie (Praag 17 deser).
Odendaal soek steun vir haar voorgestelde herstandaardisering van Afrikaans. “Sou ‘n mens kon sê dat bruin Afrikaanssprekendes nie soseer ‘n probleem het met Afrikaans nie, maar eerder met Standaardafrikaans?” Sy haal Michael le Cordeur aan wat beweer “baie bruin Afrikaanssprekendes ‘steeds soos bywoners in hul eie taal voel’, omdat Afrikaans in sy ‘wit’ vorm gestandaardiseer is. Dink jy die feit dat Standaardafrikaans vir baie bruin sprekers te ver verwyderd van hulle alledaagse taalgebruik is, het daartoe bygedra dat hulle eerder besluit om Engels te gebruik?” Odendaal volhard dus in haar pogings om van blanke Afrikaanssprekendes die sondebokke te maak.
Eldridge het na Odendaal se lang relaas ‘n kort toespraak gelewer. Tot sy eer het hy nie op Odendaal se wysneusige opmerkings en vrae gereageer nie. Hy het nie die aas gevat wat paternalisties na hom gegooi is nie. Dit is nie heeltemal duidelik of sy verwysing na “‘n uiters onverdraagsame vorm van Afrikaans” na Standaardafrikaans verwys nie. Hy het genoem dat sy kind in ‘n Afrikaanse skool is omdat hy as ouer (en seker sy vrou ook) lief vir Afrikaans is. “‘n Taal wat al meer as 100 jaar ons brood en botter vir die siel is.” Hy het ook gespot met die soort Engels wat sommige mede-bruines praat maar dat hulle desnieteenstaande Afrikaans steeds as skeltaal gebruik. Die volgende Engelse woorde het hy heeltemal onnodig bygesleep: mood swings, job, boring, tool, anyway, baggage.
Ten spyte van Odendaal se uitlokking het Eldridge hom nie aan anti-blanke opmerkings skuldig gemaak nie. In hierdie opsig het haar strategie nie die verlangde resultate gelewer nie. Op die keper beskou is Odendaal en van die ander Stellenbossers wat hierbo genoem is se omgang met Afrikaans eienaardig en eintlik ongesond. Op so ‘n manier word die heil van Afrikaans nie bevorder en sy toekoms nie verseker nie.
Nuwe boek oor DF Malan belig eietydse Afrikanerprobleme
deur Christo Landman
Lindie Koorts het pas ‘n indrukwekkende boek van 492 bladsye oor die lewe en denke van dr. D F Malan, in lewe eerste minister van die Unie van SA van 1948 tot 1953, geskryf. Daar is gebruik gemaak van 2127 verwysings uit 117 boekbronne, 24 tydskrifartikels en 12 proefskrifte.

Dr. Malan was ‘n boorling van Riebeeck-Wes op die plaas Allesverloren! Hy was ‘n buurseun van Jan Smuts wat 4 jaar ouer as Malan was. Hy slaag sy teologiese admissie-eksamen in 1896 en verwerf daarna sy meestersgraad in die Filosofie (p. 28). Hy het oor die filosofie/denke van Immanuel Kant geskrywe (p. 30). Hy doen sy doktorsgraad onder Hugo Visscher (p. 63). Eers was hy predikant van die NGK in Heidelberg en later (1906) Montagu (p. 70). In 1915 het hy redakteur van Die Burger geword (p. 134). Hy gebruik dan ook Die Burger om vir die volk te preek (p.164). Malan was die minister van binnelandse sake in die Hertzogregering (p.222) en na 1948 eerste minister van die Unie.
Titel: DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme
Skrywer: Lindie Koorts
Kategorie: Biografie: Histories, polities en militêr
ISBN: 9780624055853
Datum Vrygestel: 27 Februarie 2014
Prys (insl. BTW): R 350.00
Formaat: Sagteband, 496pp
Ideologies was Malan Calvinisties en Gereformeerd, alhoewel hy nie sin in die Neo-Calvinisme van Abraham Kuyper gehad het nie. Lg. het die Bybel as die absolute Woord van God gesien, terwyl Malan geglo het dat God allegorieë, legendes en mites gebruik om sy boodskap aan die mens oorgedra te kry. Hy het in die rigting van die Duitse Idealisme oorgeleun (p. 30). Hy onderskryf die denke van Johann Gottlieb Fichte wat taal as die uiting van ‘n sielshoedanigheid tipeer (p. 61). Hy was ook ‘n student van Georg Berkeley (Ierse Biskop) se Idealisme (p. 63). Die taalaktivisme van Gustav Preller het hom beïndruk (p. 68). Hy beskou godsdiens en politiek as teenstrydig (p. 52). Die stryd in SA is een van (p. 68):
- Afrikanernasionalisme teen;
- Britse imperialisme en teen;
- Swart barbarisme.
Wat treffend van die lewe en geskiedenis van Malan is, is dat, alhoewel elke tydsgewrig uniek en eiesoortig verloop, elke eerste minister van SA sedert 1910 enorme probleme op sy sopbord gehad het. Malan se fokus was grootliks op die Afrikaner gerig en wat dit betref het die Afrikaner sedert die volksplanting ‘n lewe van stryd en oorlewing gevoer.
Disse op die Malan-spyskaart was, onder meer:
- Die oorlewing van die Afrikaner en die opkoms van Afrikaner nasionalisme;
- die Republikeinse ideaal;
- die armblanke-vraagstuk;
- onderlinge verdeeldheid en wantroue in Afrikanergeledere;
- die verhouding Afrikaner-Engelssprekendes en Britse imperialisme;
- opkoms van die Bolsjewisme.
Die oorlewing van die Afrikaner en die opkoms van Afrikaner nasionalisme
Die vereniging van Afrikaners was die hoofdoelwit van Malan. Die volkskerk speel ‘n belangrike rol in die skep van nasionalisme (p. 59). Hy het geglo dat die kerk ‘n bindende faktor moes wees om van die Afrikaners ‘n hegte eenheid te maak (p. 127). Daarom was hy ‘n voorstander van aparte eredienste (1857) vir wit en bruin (p. 59). Die mens het ‘n roeping om die Here binne eie kulturele ruimtes te dien (p. 59).
Malan het geglo dat nasionalisme onkeerbaar was … ja, so onkeerbaar as om die water van die Zambezi met ‘n hand te keer, òf om die vloed van die oseaan met ‘n besem terug te vee, òf om die oostewind met ‘n sif te tem.
Die mislukking van die Afrikanereenheidskomitee (p. 378) was vir Malan ‘n onaangename gebeurtenis. Hierdie liggaam sou raadgewend wees, aksies koördineer, onenigheid besweer en samewerking bevorder. Persone wat hierdie aksie laat misluk het, was, onder meer drs. Piet Meyer en Nic Diederichs (p. 378). Volgens Malan is die pad van SA bestrooi met versoeningspogings (p. 381).
Die Republikeinse ideaal
Onder Malan het die (Herenigde) Nasionale Party ‘n onderskeid gemaak tussen (p.173):
- onafhanklikheid as beginsel en
- republikanisme as regeringsvorm
Malan wou die grootste afstand moontlik tussen die Afrikaners en die Britse kroon bewerkstellig (p. 177). Hierdie afstand het behels dat die Afrikaner sy eie regeringsvorm moes kon kies (p. 178).
Armblanke vraagstuk
In die politiek van Malan moes die verstedelikte armblankes na die platteland teruggaan en grond gegee word (p. 166). Dit moes geskied deur middel van staatsgrond, maar ook onteiening.
Malan steun op die Carnegieverslag insake blanke Afrikanerarmoede en bevorder die ideaal van geskeie woonbuurtes (p. 327).
Onderlinge verdeeldheid en wantroue in Afrikanergeledere
Malan het dikwels gekla oor die gebrek aan dissipline in Afrikanergeledere (p. 171).
In Utrecht waar hy studeer het, het hy met president Paul Kruger kennis gemaak (p. 50). Ander besoekers na Nederland was: generaals Louis Botha, Koos de la Rey en Christiaan de Wet. President Steyn wat ook Nederland besoek het, het ‘n groot indruk op hom gemaak (p. 62).
Malan se verhouding met JBM Hertzog was gespanne. Hertzog het bv. Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap as wisselterme gebruik (p. 104). Hertzog was so diplomaties soos ‘n weermagtenk en taktvol soos ‘n kanon (p. 105). Hertzog het tevergeefs probeer om Malan by die Smeltersinisiatief tussen die Nattes en Sappe te betrek. Malan verset hom ook teen Louis Botha se konsiliasiepolitiek (p. 121).
Oor Jan Smuts het Malan geen goeie woord nie. Toe Malan en andere ‘n petisie insake die begenadiging van die doodsvonnis vir Jopie Fourie aan Smuts wou oorhandig, het Smuts in sy huis weggekruip (p. 125).
Ironies genoeg het Malan ‘n nouer samewerking en vertroue ervaar met minister Klasie Havenga (leier van die meer gematigde Afrikanerparty) as met die politieke heethoofde van Transvaal (J G Strydom en andere).
In Malan se betrokkenheid by die politiek van verdeeldheid in verskillende instellinge, is gepoog om aansluitende samewerking te bewerkstellig tussen (p 369):
- Nasionale Party
- Reddingsdaadfonds
- Handhawersbond
- Die Ossewabrandwag (leier: JFJ van Rensburg)
- Die FAK
Volgens Malan was verraad om elke hoek en draai te vind (p. 372). Disinformasie was aan die orde. Die Malaniete is dikwels voorgestel as Malanazi’s. Malan wat nooit pro-Hitler was nie het by geleentheid verklaar dat sommige Afrikaners so pro-Hitler geraak het, dat geoordeel is dat Hitler ‘n pro-Afrikaner-simpatiseerder was (p. 374).
Die verhouding Afrikaner-Engelssprekendes en Britse imperialisme
Die Jamesoninval van 1895 in Transvaal het Malan met weersin vervul (p. 31). Hy beskou Engelstalige Suid-Afrikaners as pragmatiste sonder funderende beginsels (p. 55). Malan het gemengde huwelike tussen Afrikaners en Engelstaliges teengestaan (p. 94). Malan het aan ‘n twee-spoorbeleid van Afrikaners en Engelssprekendes geglo (p. 105).
Opkoms van die Bolsjewisme
Malan word geskets as iemand wat beide anti-kapitalisties en anti-sosialisties was (p. 27). Die kommunisme is daarop gerig om die christelike beskawing te verwoes (p. 384).
Apartheid en die Bruinmense asook die Swartes
Swart politiek was vóór 1948 klaarblyklik nie ‘n hoofitem op die politieke agenda van Malan nie. Die Burgerkoerant het die begrip die eerste keer in 1943 gebruik (p. 385). Dit sou die Engelse idee van segregasie vervang. Apartheid lê ten grondslag van die NGK se Sendingsbeleid en waarborg lewensruimtes vir alle kultuurgemeenskappe. In 1947 het die NGK ‘n pleidooi vir ‘n omvattende rassebeleid teen verbastering gelewer (p. 394).
Sy standpunt was dat kleur op andersoortigheid dui en nie op meerderwaardigheid nie (p. 390): dit is ‘n God-gewilde orde. Selfbehoud van die groep is die eerste wet van die natuur (p. 393).
Sy houding jeens die bruinmense was paternalisties (p. 93). Hy het die voogdyskapsbeginsel as rigsnoer geneem (p. 93). Die kleurlinge was nie deel van die Afrikanerdom nie, maar dan tog deel van die Westerse beskawing (p. 216).
Dit is in die regeertyd van Malan wat die beleid van industriële segregasie aanvaar is (p. 211). Die behoeftes van swart “onbeskaafdes” en van half-beskaafdes is anders gesien as dié van die witmense (p. 211).
Malan bied apartheid aan as sinvolle alternatief vir die Britse segregasie-idee. Komponente van apartheid sluit in (p. 329):
- Territoriale grense
- Politieke afsonderlikheid
- Industriële geskeidenheid
Ander sake
Ander sake waarmee Malan moes worstel, het ingesluit:
- Die Mynwerkerstaking 1922 (p. 205)
- Die Wetsontwerp op Vroueregte 1923 (p.202)
- Die verkiesingsooreenkoms met die sosialistiese Arbeiders (1924) (p. 222)
- Die vlagkwessie sonder die Engelse Union Jack waarteen die Engelse in verset gekom het (p. 223)
- Die Wetsontwerp op Emigrasie van Indiërs terug na Indië (p. 247)
- Opponering van die sosiaal-sosialistiese Gryshemde (1933).
- Simboliese Ossewatrek (1938) (p. 246).
- Inwyding van die Voortrekkermonument (1939) (p. 247)
- Die Tweede Wêreldoorlog (p. 348).
- Skeuring van die NP na samesmelting (p. 362)
- Die Tweede Ekonomiese Volkskongres (1939) en stigting van die Reddingsdaadfonds (1940) (p. 368)
Malan se hoogtepunt was toe hy die Nasionale Party in 1948, met die hulp van Klasie Havenga, na oorwinning gelei het. In daardie verkiesing het die HNP van Malan en Havenga tesame 79 setels en die Verenigde Party van Smuts en die Arbeiders 71 setels verwerf (p. 397). In die 1953-verkiesing het Malan 30 setels meer as die Verenigde Party gekry (p. 417).
Malan het op 74 jaar eerste minister geword (p. 400). In sy regeertyd is die volgende apartheidswette op die wetboek geplaas (p. 401):
- Verbod op Gemengde Huwelike (1949)
- Ontugwet (1950) wat seksuele verbintenisse oor die kleurgrens ‘n misdaad gemaak het
- Die Groepsgebiedewet
- Die Bevolkingsregistrasiewet (1950)
- Die Wet op die Onderdrukking van die Kommunisme (1950)
- Die Wet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers (1951)
Dr. Daniel Francois Malan bedank na veertig jaar in die politiek. Sy grootste ondersteuningsbasis was in die Kaap, waar leiers soos dr. Eben Dönges, Paul Sauer en Eric Louw sy hande gesterk het. Sauer wou hy eers minister maak nadat hy behoorlik gekatkiseer en voorgestel is.
‘n Laagtepunt in die politieke lewe van DF Malan was dat sy keuse van Klasie Havenga as sy opvolger deur die Transvalers (Strijdom en Verwoerd, onder meer) afgewys is en dat JG Strijdom as eerste minister verkies is.
DF Malan sterf op 7 Februarie 1959.
Albert Nothnagel oor Afrikaners

deur Leon Lemmer
In Die Burger (3 deser, p 11) is ‘n brief van Albert Nothnagel van Mosselbaai gepubliseer, wat ek hier onder volledig aanhaal. Dit is moontlik dieselfde Albert Nothnagel wat ‘n parlementslid vir die Nasionale Party (1974-1989) was en daarna die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland (1990-1995) was. Hy het hom voorheen by die ANC geskaar en was sterk teen Tony Leon se DA gekant. Nou het hy al weer sy deuntjie verander. Op die internet is daar meer inligting oor hierdie persoon, bv dat hy ‘n “white child of black Africa” is.
Hierdie brief word aangehaal met die oog op kommentaar, veral vanweë die verregaande radikaliteit daarvan, wat verreikende implikasies vir die deursnee Praag-leser het. Op die minste sal sulke Praag-lesers verplig voel om hulle van die WAT-redaksie te distansieer. Volgens die WAT is dit rassisties om die woord “Afrikaner” tot wit Afrikaners te beperk. Wat volgens die WAT toelaatbaar is, is om almal met Afrikaans as huistaal (dus wit, bruin en swart) Afrikaners te noem, asook almal wat in Afrika gebore is. Die WAT-redaksie behoort te weet dat laasgenoemdes eerder Afrikane as Afrikaners genoem word. Onderliggende aan die WAT se woordverklarings is die sug na rasse-integrasie, of ten minste die ontkenning van etniese en kulturele verskille.
Hier volg Albert Nothnagel se volledige brief:
“Enigeen wat hom vandag beywer vir die regte van wit Afrikaners, in groepsverband, sit steeds in die ou moeras van rassisme vas.
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT-CD-ROM) praat van drie soorte Afrikaners: 1. Afrikaner: (rassisties; verouderd) wit Afrikaner. 2. Afrikaner: iemand met Afrikaans as huistaal. 3. Afrikaner: Iemand wat in Afrika gebore is.
Bowendien noem ons ‘wittes’ onsself mos al sedert uniewording ook ‘Suid-Afrikaners’. Saam met al ons bruin, swart en Indiër-medeburgers is ons almal dus lankal Afrikaners (mense van die suide). Op sy beste is wit Afrikaners wat hulself vandag nog eksklusief Afrikaners noem, outyds en op sy akkuraatste rassisties.
Wanneer die VF Plus ‘rassisme’ beveg, is dit ideologies en ingevolge die Grondwet goed. Wanneer hy egter vra vir steun van Afrikaners, bedoelende die ‘minderheidsgroep’, dwaal hy steeds. Van die ANC met sy rassisme praat ‘n mens nie eens nie. Vir my lyk die DA die verteenwoordigendste.”
20 jaar van onvryheid
[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]
Hou van Dan Roodt se Facebookblad
Vandag “vier” ons 20 jaar van Afrikaneroorgawe- en verraad. Gisteraand ry ek laataand deur die strate van Johannesburg en daar sien ek die mees groteske Beeld-plakkaat nóg: Bylae oor 20 jaar van vryheid.
Vandaar dus my titel. Dit is selfs irriterend en onjuis om van “twintig jaar demokrasie in Suid-Afrika” te praat, want stem mense van alle rasse, maar veral blankes, nie al jare lank in ons land nie? Sonder die demokratiese persvryheid en akademiese vryheid van die Afrikanerregering tussen 1948 en 1989, sou die totalitêre kommuniste en liberale wat uiteindelik die land ingepalm het nooit in hul doel geslaag het nie. Hulle het juis die demokrasie en verdraagsaamheid van vóór 1989 misbruik om hul huidige dwingelandy te vestig!
En wat beteken die stem in elk geval vir die gemiddelde swarte in ons land? Soos een of ander Fransman gesê het: “Die swartman vra brood en ons gee hom stemreg.” My vriendin Ilana Mercer in die verre Idaho, VSA, het al etlike kere opgemerk dat universele stemreg soos dit in Suid-Afrika toegepas word juis ‘n anti-demokratiese, massa-oorheersing verseker. Op Engels word dit mob rule genoem. Ek herinner my in een of ander Hollywood-film – ek meen dit was The gladiator – word daar van imperiale Rome gesê: Rome is ruled by the mob.
Die massa, die terroris, die bende, die betoger wat brand en plunder, regeer in Suid-Afrika. Net mense wat van gesonde verstand ontdaan is, om van insig in die staatsleer en filosofie nie te praat nie, is so dom om dit “demokrasie” te noem. Onder PW Botha was hierdie land veel nader aan ‘n liberale demokrasie in die Westerse sin as tans.
Om soos die Beeld-plakkaat egter na die afgelope 20 jaar van moord, roof en verkragting as “vryheid” te verwys, is méér as grotesk. Dit gaan die verstand te bowe. Dis eenvoudig kranksinnig: die ylende, sikofantiese geprewel van half-Engelse napraters van die Anglo-Amerikaanse ryk en hul plaaslike, korrupte oligargie.
In vandag se Rapport word daar in ‘n hoofartikel insgelyks gepraat van “ons morsige… demokrasie”. Nee, die demokrasie is nie morsig nie; hy bestaan eenvoudig nie. Verder verklaar die Sondag-dooieboomorgaan so ewe:
Rapport huldig alle Suid-Afrikaners, ryk en arm, wit en swart, “links” en “regs”, wat in die naam van grondwetlike demokrasie veg vir hul regte om skoon water te drink, hul eie taal te praat en te weet waarheen staatsgeld gaan.
Is dit nie pragtig nie? Met ander woorde, solank daar skoon water sou wees en ons nog iewers maar Afrikaans mog praat – net nie op skool, universiteit of in die openbaar nie – en weet ons staatsgeld gaan na Nkandla of allerlei tenderpreneurs met staatskontrakte, is als reg! Welkom in Suid-Afrika: die diktatuur met skoon kraanwater en die AWS (Afrikaanse woordelys en spelreëls)! Maar selfs dít is ons nie beskore nie. Die water is vol riool en die spelling is vrot.
As die Afrikaner nie binne die volgende jaar of twee homself regruk en opstaan nie, gaan toekomstige geslagte na 27 April 1994 as ‘n rampspoedige datum verwys. Iets soos die plundering van Rome deur die Wesgote op 24 Augustus 410, die Arabiese verowering van Spanje in die agtste eeu of die val van Konstantinopel op 29 Mei 1453.
Praatjies dat die alternatief in 1994 “burgeroorlog” was, is loutere twak. In die 1980s het die ANC-SAKP – met die steun destyds van Swede, Oos-Duitsland, Kuba en die Sowjetunie – herhaaldelik gepoog om ‘n burgeroorlog en gewelddadige revolusie in Suid-Afrika te ontketen, sonder sukses. Sonder hul Sowjet-grootbroer sou hulle geen hond haaraf teen die destydse republiek met sy weermag, polisie en kommando’s kon maak nie. Die Rooivalkhelikopter, wat tans deur Jacob Zuma gebruik word om die magsbalans in die hele Afrika in sy guns te laat swaai, het op 15 Januarie 1990 sy eerste vlug onderneem en daarmee was die doppie van Suid-Afrika se vyande geklink. Enige verdere pantseraanvalle vanuit Angola sou met gemak gestuit kon word. Ons was besig om die mees gedugte mobiele verdedigingsmag in Afrika te raak wat selfs nie eens die VSA sonder kernwapens sou kon aandurf nie. Die gemak waarmee Poetin onlangs Amerikaanse dreigemente oor die Krim getroef het, toon dat Amerika ook nie destyds maklik die land sou aanval nie. Dink aan die politieke onrus wat dit destyds in die VSA sou veroorsaak het indien Amerika ‘n bondgenoot in die Koue Oorlog militêr sou aanval om ‘n kommunistiese regering in daardie land aan te stel, met lede soos Tokyo Sexwale en baie ander wat steeds op die VSA se amptelike terreurlys verskyn het!
Benewens die luidrugtige Britse linkervleuele en die destydse Oosbloklande, word die SAKP-ANC se destydse internasionale steun gruwelik oorskat.
Miltêr was die ANC-SAKP nog nooit vir ons ‘n bedreiging nie en lede van die SAKP het selfs ruiterlik erken dat die hele sogenaamde “struggle” of militêre stryd teen die Afrikaner ‘n klugspel was. Die aanval vanuit Lusaka op Voortrekkerhoogte sou nooit kom nie. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie en met Rusland onder Boris Jeltsin was die kanse vir so iets nog minder as nul. Al wat die ANC-SAKP kon pleeg, was lukrake terreur, net soos die huidige kriminele “vryheidsvegters” wat oumense, vroue en kinders aanval, steeds met so ‘n “strategie” besig is.
Chris Louw skryf in een een van sy boeke dat FW de Klerk ná die aanvaarding van dier sogenaamde “Rekord van verstandhouding” teenoor Roelf Meyer uitgeroep het: “Maar my God, Roelf, jy het ons mos nou uitverkoop!”
Die mengsel van verraad en onnoselheid waarmee De Klerk, Meyer en die hele Afrikaner-elite destyds gehandel het, verteenwoordig ‘n frats van die geskiedenis. Daar was niks onvermydeliks aan die ANC-SAKP se oorname van Suid-Afrika nie. Rooi Joe Slovo en Rooi Ronnie Kasrils kon nie hul geluk glo toe die eens trotse, geharde Afrikaners soos lafaards kapituleer nie!
Op daardie oomblik toe FW, die vrome Doppertunis (sien Leon Lemmer se rubriek oor dié term), die Here se naam ydellik teenoor Roelf Meyer gebruik het om sy geknoei by Kodesa beskryf, het ‘n lot ons getref wat veel erger as die Vrede van Vereeniging was toe Chris de Wet en ander huilend hul Mausers moes stukkend slaan en trou teenoor die Koningin van Engeland moes sweer.
Ten minste is daar by Vereeniging ooreengekom dat ons weer op ‘n stadium selfbeskikking oftewel “selfregering” sou ontvang. In 1994 is die Suid-Afrikaanse nagmerrie van heel die twintigste eeu en waarteen PW Botha hom ook telkens verset het, bewaarheid: die diktatuur van getalle. Massa-oorheersing. Die “massamens” waarvan die Spaanse filosoof Ortega y Gasset gepraat het, het oorgeneem, aangevuur en gerig deur ‘n klein, geslepe (en merendeels blanke) kommunistiese minderheid. In die agtste hoofstuk van sy boek oor Massas en mag, getitel “Waarom die massa by alles inmeng en waarom hulle altyd gewelddadig inmeng”, skryf Ortega:
“Eens en vir altyd, aanvaar [die massamens] die arsenaal van gemeenplase, vooroordele, halfbegrepe idees of gewoon holle woorde wat lukraak in sy verstand opgestapel het, en met ‘n stelligheid wat slegs deur sy geslepenheid verklaar kan word, is hy bereid om hulle oral af te dwing. Dis wat ek in my eerste hoofstuk as die kenmerk van ons tyd neergelê het; nie die vulgêre wat glo dat hy supervoortreflik en nie vulgêr is nie, maar dat die vulgêre die reg op vulgariteit verklaar en afdwing, of vulgariteit as ‘n reg.”
Vulgariteit as ‘n reg. Dis ‘n moontlike definisie vir die Suid-Afrikaanse pseudo-demokrasie. Om deur histeriese propaganda (veral rondom die gewaande begrip “apartheid”) en rassekwotas oral jou wil af te dwing: die reg om alles tot die laagste gemene deler te laat daal. Soos Leon Lemmer ook erg apropos verduidelik, gaan dit selfs by sport nie meer daaroor om te wen nie:
In sport word die term “ontwikkeling” met swartes geassosieer. Dít word ‘n prioriteit gemaak pleks van om te wen. Mahatlane se aandag is op swart spelers toegespits. Wit spelers word glad nie genoem nie.
Solank daar nog iewers iets “ontwikkel”, selfs al is dit van die wal af in die sloot, op pad na groter vulgariteit, is dit binne die massadenke van die kommunis en Afrofascis, voortreflik.
Vir die voorstander van massa-oorheersing wat tans binne die globale Anglo-Amerikaanse imperialisme moet geskied, is die verlies aan orde, waardes, standaarde, skoonheid en voortreflikheid – die “morsigheid” waarvan Rapport vandag praat – niks. ‘n Einde aan die klugspel van die ANC-SAKP se “burgeroorlog” en militêre oëverblindery of die blote verskuiwing daarvan na ‘n ander retoriese verhoog, is al wat saak maak.
Orde, waardes, standaarde, skoonheid en voortreflikheid is nie kwantifiseerbaar nie. Selfs Rapport se “skoon water” is ‘n relatiewe begrip. Maar die ekonomiese bates wat Roelf Meyer iewers in 1992, soos met die “Rekord van verstandhouding” (Record of understanding) op 26 September, met ‘n pennehaal weggeteken het, is wel kwantifiseerbaar en kan in syfers omgeskakel word. Vele van die Afrikaner se kulturele bates wat oor die afgelope twintig jaar verlore gegaan het, kan insgelyks na waarde geskat word. Indien enigiemand nog nie begryp watter ontsaglike ramp die “Nasionale Demokratiese Revolusie” verteenwoordig nie, soos die ANC-SAKP heel korrek daarna verwys, sal die onderstaande lys dalk help om helderheid te bring.
1. Die verlies van soewereiniteit
De Klerk het iewers in 1998 in Londen gesê dat die aflegging van die Afrikaner se soewereiniteit en selfregering wat hy tesame met Engelssprekendes sedert 1910 geniet het, “geen maklike besluit was nie”. Hiervoor het 30 000 vroue en kinders in die konsentrassiekampe gesterf. As ons in ag neem dat vele ander volkere bereid was om hul lande deur oorloë te laat verwoes, hele ekonomieë prys te gee in die stryd om hul soewereiniteit te behou, dan wonder mens watter monetêre waarde om daaraan toe te ken? Die nasionale begroting is tans een triljoen rand. Wat sou Afrikanersoewereiniteit werd wees? Vyf triljoen rand? Tien? ‘n Triljoen dollar? Soos Cyril Ramaphosa en ander by Kodesa laggend gesê het: “Die Boere het die plaas weggegee!”
My konserwatiewe beraming: R5 000 000 000 000
2. Verlies van die Reserwebank, geldeenheid en ons goud- en ander reserwes

Tans is die revolusionêre “transformasie” van ons voormalige Reserwebank onder me. Gill Marcus – iemand wat blykbaar nou bande met die SA Kommunistiese Party hadhaaf – in volle swang. Presies wat van ons goudreserwes geword het, weet niemand nie. Die totale waarde van die land se buitelandse reserwes staan tans op ongeveer $50 miljard oftewel R550 miljard.
My beraming: R500 000 000 000
3. Verlies van die vyf Afrikaanse en een tweetalige universiteit
Sedert 1994 woed ‘n konstante polemiek rondom Afrikaans as universiteitstaal en die toegang van Afrikaners tot die universiteite wat hul voorouers opgebou het. Danksy die aanhoudende verraad van sowel konserwatiewe as linkse akademici, is dié stryd grotendeels verlore en het Afrikaners heeltemal beheer oor die US, die VS, die PUK, die voormalige RAU, die UP en UPE verloor.
Volgens internetbronne kos dit ongeveer $35 miljard om ‘n groterige universiteit te bou. Dus ongeveer R400 miljard per Afrikaanse universiteit, wat die grond, geboue en toerusting sou insluit.
Vervangingswaarde van ons universiteite: R2 400 000 000 000
4. Verlies van staatsmaatskappye
Tydens die twintigste eeu het die Engelse in ons land beheer oor die Brits-koloniale mynmaatskappye behou, wat in privaat- en dikwels ook buitelandse besit was. Hierteenoor het die Afrikaner staatskapitaal aangewend om nywerhede en openbare maatskappye soos Eskom, Telkom, Transnet, PetroSA (die ou Mossgas en Soekor), Yskor, Sasol en baie ander te vestig, waarvan enkeles intussen ook geprivatiseer is. Die NOK en die Openbare beleggingskommissaris het ‘n sleutelrol by die aandeelhouding in sommige van dié maatskappye gespeel en daarom het die ANC-SAKP in hul triomfantelike plundertog deur Suid-Afrika besondere aandag aan dié instellings bestee.
Afrikaners, wat in groot getalle in dié openbare maatskappye as werknemers saamgetrek was, moes die spit afbyt en is binne enkele jare etnies uit dié maatskappye gereinig.
Weereens is dit ‘n konserwatiewe beraming, maar die vervangingswaarde van dié maatskappye wat nou geheel en al onder die revolusionêre beheer van die SAKP-ANC verkeer, is die volgende:
Eskom: R1 000 000 000 000
Telkom: R20 000 000 000
Transnet: R500 000 000 000
Yskor: R100 000 000 000 (Yskor is gratis aan Lakshmi Mittal, ‘n vriende van Tony Blair, weggegee)
PetroSA: R18 000 000 000 000 (volgens 2012-jaarverslag)
Sasol: R381 000 000 000
Openbare beleggingskommissaris: R1000 000 000 000
NOK: R96 000 000 000 (volgens 2013-jaarverslag)
Denel/Krygkor: R1000 000 000
TOTAAL: R3 116 000 000 000 (R3,116 triljoen)
5. Verlies van Afrikaanse skole
Daar was ‘n verlies van meer as 1000 Afrikaanse skole. Teen vandag se pryse kos dit ongeveer R50 miljoen om ‘n skool te bou, dus:
R50 000 000 000
6. Verlies van Afrikaans as kultuurtaal
Sedert 14 Augustus 1875, is daar miljoene der miljoene man-ure in die Afrikaanse taal deur Afrikaners gestort. 300 woordeboeke is opgestel en tienduisende boeke in Afrikaans geskryf. Dít alles verkeer tans in die weegskaal. Hoeveel is Afrikaans as taal werd, ‘n bate wat ons geheel en al sal moet afskryf indien die verengelsingsproses wat met die Nasionale Demokratiese Revolusie saamgaan, voortduur?
My konserwatiewe beraming: R1000 000 000 000
7. Verlies aan grond en grondgebied
Nie net het Afrikaners alle staatsgrond verbeur wat deur vorige geslagte met belastinggeld in die algemene belang verkry is nie, maar is ook deur grondrestitusie, grondhervorming, grondeise, ens., benadeel, ‘n proses wat tans radikaliseer.
Indien Afrikaners ‘n nuwe land iewers sou moes koop, wat sou dit kos? Al argumenteer dat slegs die helfte van Suid-Afrika ons toekom, dus 600 000 vierkante kilometer, sou so ‘n koopsom teen slegs R5000 per hektaar gemiddeld = 600 000 x 100 x R5000.
Grondwaarde: R300 000 000 000
8. Verlies van munisipaliteite en infrastruktuur
Munisipale korrupsie en wanbestuur is een van die hooftemas van die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika”. Onder andere skuld die munisipaliteite byna R100 miljard aan Eskom. Paaie en infrastruktuur wat voorheen ten duurste gebou en onderhou is, is toegelaat om te verval en verkeer onder die revolusionêre beheer van die SAKP-ANC wat na willekeur munisipale grense trek, sy kaders na munisipale besture ontplooi, ens.
Geraamde waarde: R500 000 000 000
9. Verlies van buitelandse ambassades
Die republiek van vóór 1994 het van die beste ambassades in al die groot Westerse hoofstede beskik, wat op sigself aansienlike waarde het. Maar die simboliese waarde van daardie ambassades op skouspelagtige plekke wat die soewereiniteit van die land en sy rang tussen ander lande vergestalt, sal nie maklik weer verkry kan word nie. Slegs Suid-Afrika en Kanada beskik oor ambassades op Trafalgarplein in Londen, byvoorbeeld.
Geraamde waarde: R2 000 000 000
10. Verlies van die staatsadministrasie, weermag en polisie
Afrikaners word tans deur geweldsmisdaad, plaasmoorde, verkragtings, huisaanvalle en bedrog geteister. Hul enigste antwoord op dié toestand is die organisasie van buurt- en plaaswagte, asook privaatveiligheidsmaatskappye met personeel wat dikwels swak opgelei is en self aan korrupsie skuldig is. Voeg hierby organisasies soos die WNNR, Landbounavorsingsraad, Raad op Geowetenskappe, SABS, en ons kan sien dat die oorhandiging van die staat tydens die Nasionale Demokratiese Revolusie ‘n geweldige slag vir ons was. Voeg hierby ook die staatsgeboue waarvan sommige historiese geboue in die hart van die ou Boerepublieke en Kaapstad is, en ons kan sien watter geweldige kulturele en materiële verlies dit vir ons verteenwoordig.
Geraamde waarde van die staatstruktuur: R1000 000 000 000
Dus, die Afrikaner se totale verlies weens die 1994-revolusie, in triljoene (miljoen miljoene) rand uitgedruk:
Soewereiniteit R5,0
Reserwebank R0,5
Universiteite R2,4
Staatsmaatskappye R3,116
Skole R0,05
Kultuurtaal R1,0
Grond R0,3
Munisipaliteite R0,5
Buitelandse ambassades R0,002
Verlies van staatsadministrasie R1,0
Totale verlies: R13,868 triljoen oftewel R13 868 000 000 000.
Indien ons veronderstel dat daar steeds 3 miljoen Afrikaners bestaan wat ná die revolusie oor die aardbol versprei is, verteenwoordig dit ‘n verlies van:
R4,6 miljoen per Afrikaner!
As elke Afrikaner vandag begin spaar om die bedrag terug te kry wat Roelf Meyer en FW de Klerk in 1994 aan die SAKP-ANC oorhandig het, sal dit ons die volgende aantal jaar neem om dit weer op te maak:
Indien ons elkeen R1000 per maand spaar: 383 jaar.
Indien ons elkeen R2000 per maand spaar: 191 jaar.
Indien ons elkeen R5000 per maand spaar: 77 jaar.
In hul huidige verarmde, werklose toestand, sou Afrikaners waarskynlik gemiddeld nie meer as R2000 kon spaar vir ‘n nuwe staat, universiteite, infrakstruktuur, ens. nie. Die SAKP-ANC gaan ons ook nie van belasting vir hul revolusionêre staat kwytskeld om so ‘n spaarpoging aan te wend nie. Inteendeel, die huidige maghebber sal aanhou om ons uit te buit, ook met tolgeld op ons eie paaie. Daarom kan ons realisties aanneem dat dit ons byna 200 jaar gaan neem om van die terugslag van 1994 te herstel, indien ooit.
As ‘n mens in ag neem dat dit die twee verloorders tydens die tweede wêreldoorlog, Duitsland en Japan, ongeveer tien jaar geneem het om die finansiële en ekonomiese verliese van daardie verwoestende oorlog te bowe te kom, dan is die “vrede en versoening van 1994” erger as 20 wêreldoorloë ná mekaar!
Veg terug! Sluit aan by praag.
Taktiese argumente vir Afrikanerselfbeskikking
deur Johann Theron
Die ANC kan die Afrikaner nie beskerm nie – sien misdaad.
Die ANC het nie die kapasiteit om handelsooreenkomste namens die Afrikaner aan te gaan nie – sien landbou.
Die ANC het met Kodesa onderhandel om vrede vir die Afrikaner te bewerkstellig, wat nooit gebeur het nie, dus is die Kodesa-ooreenkoms vandag ongeldig – sien Constand Viljoen.
Die ANC erken Afrikaners as deel van Afrika omdat die naam Suid-Afrika universeel en deur die ANC erken is – sien “Die Stem”.
Die ANC probeer Afrika-wye suksesse ontwikkel t.o.v. die Afrika-renaissance, maar misken die Afrikaner se buitelandse besigheidsbydraes – sien Shoprite.
Die ANC probeer Afrikaners bang maak en marginaliseer om eiendom te bekom, maar Afrikaners het nie buite-paspoorte nie en gaan baklei vir daardie grond – sien Engelse boere in Zimbabwe.
Die ANC se Achilleshiel is regstellende aksie omdat hy aan die een kant die Afrikaner vervreem, maar aan die ander kant ‘n rewolusie teen homself opstook – sien “braindrein” en vakbondwese.
Die ANC definieer homself teenoor die Afrikaner deur sy wraaksugtigheid – as jy wraak koester, moet jy twee grafte grawe en dis nie wat die Robbeneilandgevangenes in gedagte gehad het nie – sien voordurende Afrikanerbeledigings net om stemme te werf.

