praag.co.za

Author: Sydney Gregan

  • Sydney Gregan: Ope brief aan Willie Spies oor ‘apartheid’

    Sydney Gregan: Ope brief aan Willie Spies oor ‘apartheid’

    Beste Willie

    In Beeld van 13 Mei 2021 skryf jy, as voormalige LP van die Vryheidsfront Plus, dat apartheid ‘n ideologie was. Jy vergoeilik ook die optrede van Nelson Mandela en om dan die Afrikaner beter te laat voel, voeg jy so bietjie versiersuiker by oor ons volk se stryd die afgelope 27 jaar.

    Wel, jy mag dalk ‘n paar Afrikaners beïndruk het, maar beslis nie vir my nie. Het jy vergeet dat Mandela dade van sabotasie beplan het waarvoor hy die doodstraf kon kry? Dat daardie dade onskuldige mense sou vermink en gedood het was dit nie vir die flink optrede van die “apartheidsregering” om dit betyds te keer nie? Kan jy nog onthou dat Mandela nooit berou getoon het vir sy optrede nie, maar trouens “Kill a Boer. Kill a Farmer” saam met sy terroriste-makkers gedreunsing het? Of verkies jy om, soos Naspers, net die “mooi” kant van Mandela voor te hou?

    Erger egter Willie is jou stelling dat apartheid ‘n ideologie was. Het jy vergeet dat apartheid, of dan afsonderlike ontwikkeling, niks anders was as die uitlewing van Afrikanernasionalisme waar gestreef is daarna om aan elke volk volledige vryheid in sy eie grondgebied te gee nie? Het jy ooit die moeite gedoen om na president Woodrow Wilson se Veertien Punte te kyk en die internasionaal erkende reg op selfbeskikking? Hoeveel state het nie juis sedert 1914 tot stand gekom juis as gevolg van die aanspraak en uitlewing van hierdie reg nie? Wat van die state van die voormalige Joegoeslawië? Die state van die ou USSR? Wat van Eritrea en Suid-Soedan? Is dit ‘n onwerklike droom dat daardie state kon ontstaan, Willie, of dalk eerder die natuurlikste uiting van ‘n volk se reg en aanspraak om homself binne sy eie grondgebied te regeer? Het jy ooit die moeite gedoen om dr Verwoerd se toesprake te lees, of steek jy daardie boeke weg in die kringe waarin jy nou beweeg?

    Jy weet Willie, nasionalisme stel hoë eise aan ‘n leier se Afrikanerskap. Een daarvan is om nie met vroompraatjies te kom nie. ‘n Ander is om nie ‘n papbroek te wees nie. Jy het jou nou onbloot as ‘n vyand van die Afrikanersaak. As jy ‘n vertolker van die Afrikanersaak wil wees, moet jy reguit loop en duidelik praat en bereid wees tot onvriendskap met jou vyande. Mandela en sy trawante was en is steeds vyande van ons volk. Naspers (of dan Netwerk24) ook, want hulle het die Afrikaner se saak (lankal) die rug gekeer.

    Afrikanernasionalsime sal nie deur die Willie Spiese van ons tyd doodgepraat word net omdat hulle nou in die kollig is nie. Ons staan dalk alleen, maar ons sal ons man bly staan. Nasionalisme, dít wat ons nou so nodig het, is die draer van ‘n volk se selfrespek. En daar kan niks erger wees as om voor jou vyande te kruip soos wat jy nou doen nie. Jy het met hierdie standpunt baie ver wegbeweeg van die hart van jou volk, besef jy dit Willie? Was daar druk op jou om dit te doen?

    Willie, ons volk se krag lê nie daarin om gemeensaak te maak met die vyande daarvan nie, maar om in solidariteit met ons volk en sy geskiedenis te bly leef. Dis juis helde soos dr Verwoerd wat ons verder laat sien in die toekoms en om met selfrespek te kan optree ondanks die aanslae van buite. Jy skaar jou nou by die vyande van ons volk deur die dade van ‘n terroris te vergoeilik en in die proses jou eie heldedom die rug te keer. Of is dr Verwoerd nie ‘n held in jou oë nie?

    In hierdie dae belewe ons ‘n stygende aggressie by die ANC, die vyand van ons volk. Mandela se party. Nogtans dink jy dit goed om hulle aanslag oor baie jare teen ons volk, wat na 1994 net in ‘n ander hoedanigheid voortgesit is, goed te praat. Het jy die gevolge van jou waansinnige uitlatings verreken, of was die handeklap van die Naspers-gehoor te oorverdowend, Willie?

    Dit kan net oorwegings van eiebelang wees wat Afrikaners soos jy noop om hulle te skik na die wil van die heersende magte en invloede, en jou rug te keer op jou volk se geskiedenis. Want as jy sê dat apartheid ‘n ideologie is, trek jy ‘n streep deur ons volk se stryd en strewe en deur leiers soos genl Hertzog, dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd, mense wat dit net veil gehad het vir ons volk en hulle lewens vir ons volk gegee het. Verwerp dr Verwoerd en sluit jouself uit van jou volk en sy ideale. Dis die realiteit van die koers wat jy nou gekies het, Willie.

    Jy behoort jou te skaam Willie, en indien nie, weet dan dat jy so ver van die hart van Afrikanerskap beweeg het, dat jy dit moeilik sal vind om terug te keer. Afrikanernasionaliste beleef juis nou groter-wordende vyandskap van diegene wat hulle by die vyande van ons volk aangesluit het. Geld, gerief en gemak het plek gemaak vir beginsels. Dit gee aan verloopte Afrikaners ‘n “valse vrede”, maar ‘n vrede te midde van ‘n Suid-Afrika wat nie anders kan as om in duie te stort en in anargie te verval nie.

    ‘n Volk se helde kom nie uit die geledere van die vroompraters, paaiers en verdemakers nie. Noem vir my een so ‘n held op, Willie. Nee, ‘n volk se helde kom uit die geledere van hulle wat in die gesig van die vyand opgestaan het en bereid was om die ongemak en eise van die stryd te aanvaar. Daarvan is De la Rey, De Wet, Kruger en Verwoerd, om maar enkeles te noem, die ewigdurende voorbeelde.

    Apartheid ‘n ideologie? Soort soek soort, voorkeur vir die eie – dis wat apartheid was en steeds is – geanker in ‘n moreel-etiese basis en die voorwaarde vir enige volk om te oorleef. Om dít ‘n ideologie te noem is om van die werklihied vervreem te raak. En as jy die verskeidenheid van die volkere wat deur God daargestel is, erken, dan moet jy diskrimineer (onderskeid tref) om dit te kan handhaaf. Dis ‘n lewenswet wat liberaliste soos wat jy nou geword het (of dalk altyd was?) klaarblyklik nooit sal wil insien nie.

    Dit was prof Erlank wat gesê het dat ons ons nie groot stel teenoor ander volkere as ons onsself (deur middel van apartheid) wil beskerm nie, maar klein teenoor die Godsplan van verskeidenheid. Dr Verwoerd het weer gesê dat die idee van apartheid vir ons koers gegee het juis omdat die skeiding wat dit beoog het, vrede tussen volkere sou bewerkstellig. Die teenkant van apartheid (wat jy beoog sonder dat jy dit dalk wil erken Willie) beleef ons nou in sy naakste haatlikheid waar volke se regte eenvoudig negeer en vertrap word.

    Apartheid het die selfbehoud van ons volk bevestig en daartoe bygedra dat ons volk homself teenoor die ander volke kon betuig. Dit was na alles ook ‘n daad van verset en ‘n weiering om aan vreemde oorheersing onderwerp te word. Die teenkant daarvan is integrasie waar jy die vyand vereer soos wat jy nou gedoen het.

    In Suicide of the West skryf James Burnham dat die keuse van die vyand die beslissende daad is in die bepaling van die politieke stryd. As Mandela nou jou held geword het Willie, besef net dat jy daardeur kant gekies het teen jou volk en ‘n streep getrek het deur jou eie heldedom. Dít alles vir die kollig van vandag? Kom eerder tot jou sinne en besef dat jou artikel ‘n gees van oorgawe en gedienstigheid is wat vreet aan ons volk se reg op selfstandige voortbestaan.

    Ons volk het nou onverskrokkenheid nodig Willie, nie die vroompratey en gedienstigheid waaraan jy jou skuldig maak nie. Mag jy tot jou sinne kom! Indien nie, sal die Afrikaner weet dat jy jou rug op jou volk, sy geskiedenis en sy heldedom gekeer het. Soos die joiners en hendsoppers van ouds.

    Groete,

    Sydney Gregan

  • Sydney Gregan: Johannesburg, o Johannesburg!

    Sydney Gregan: Johannesburg, o Johannesburg!

    Elders lees ek op Judy Ward, ‘n vriendin van my uit die jare toe beide van ons dosente was in Johannesburg, se Facebook-blad, oor die verval in Krugersdorp. Foto’s is natuurlik die beste bewys van die verval wat nie alleen daar nie, maar in die res van ons land so opmerklik (en grusaam om te aanskou), aan die orde van die dag is. Die reaksie van mense is al voorspelbaar: “skande”. Tog wil ons nie erken dat ons hulpelose toeskouers van hierdie verval geword het nie.

    En voor mens die vraag probeer beantwoord; “waar gaan dit eindig?”, kom ons ervaar so bietjie “heimwee” oor wat was, ten einde opnuut te besef hoe dramaties dinge verander het. In net sowat 27 jaar.

    In 1982 het ek, na my 2-jaar diensplig, in “Johies” beland om in te skryf aan die RAU, die Afrikaanse universiteit in die “Engelse” stad. My koshuis was Afslaan wat toe geblyk het ‘n uithalerkoshuis te wees wat jaar na jaar sangfeeste, die “Baron Gawie” (die Jooltrofee) en talle sportkompetisies, waaronder natuurlik koshuisrugby, gewen het. Waar braaivleisvure omtrent gebrand het soos die “Ewige Vlam van Mamajef Kurgan in Stalingrad”. Ja, ons het selfs die akademiese trofee jaar na jaar gewen…

    En waar die Weermag van jou ‘n “man” gemaak het, veral “basiese opleiding” en jy intens bewus geword het van ons land se stryd met die “vyandelike” magte wat hierdie vaderland van ons “onregereerbaar” wou maak, het jy aan die RAU die idilliese van die lewe intens beleef en allerlei akademiese argumente gehad waarom die vyande nie in hulle doel sou slaag nie. Dis nou, as mense net na jou sou wou luister!

    Dit was wonderlike jare (sekerlik van die heel beste) en die RAU het dan ook beslis die mooiste meisies in ons land gehad. Daarom was dit baie lekker om klasse by te woon waar die proffie nie altyd al die aandag gekry het nie… Ja selfs in die HF Verwoerd-biblioteek (jy het reg gelees, ja!) het jou kop gereeld gedraai as jy veronderstel was om “navorsing” te doen!

    Dis hier waar die sportgogga my werklik gebyt het en ek die voorreg kon smaak om aan SAU’s deel te neem aan onder meer atletiek en landloop. Oral in die land. Sorgvrye, kommervrye dae. Behalwe nou as eksamens aanbreek en jy inderhaas jou notas agtermekaar moes kry. Dis veral hier waar jy vriende ontmoet wat lewenslank jou vriende sou bly. Al bly baie van hulle nou regoor die wêreld…

    Wat was lekkerder om ‘n meisie uit te neem en by Café de Paris in Hillbrow koffie te gaan drink, daarna in boeke by Estoril Books rond te snuffel of saam met pelle ‘n hoender by Fontana (wat 24 uur van die dag oop was) te gaan verorber? Ja, Hillbrow was ‘n baie veilige plek in daardie dae en die Afrikaanse kerk waarvan ek lidmaat was het selfs daar ‘n kerkgebou gehad en het ons talle eredienste daar bygewoon. Sal ek ooit die dag vergeet toe ds Tony Simpson oor die “wil van die Here” gepreek het? Hy’t onder andere gesê dat as jy teen 120 km/h in Eloffstraat af jaag met ‘n motor en jy verongeluk, jy nie moet redeneer dat dit die Here se wil is nie. Sulke onvergeetlike oomblikke wat onuitwisbare indrukke gelaat het en daar was so baie! Is dit nie trouens waar dat die meeste daarvan uit ons studentedae kom nie?

    Ons universiteitslied het gepraat van “die Rand so tuis so anders”. Hoe waar was dit nie! Johannesburg met sy aangename somers en, vir ‘n Bosvelder, snerpende winters. Ek was nooit een dag spyt dat ek by die RAU studeer het nie. Uitstekende professore, waaronder my promotor professor Barrie, onder wie se bekwame leiding ek my doktorsgraad voltooi het en wat vandag al 80 jaar oud is; professor JC Sonnekus, dalk een van die beste akademici wat hierdie land ooit opgelewer het, en professor JC van der Walt wat, in my oë een van die beste dosente was wat ek ooit teëgekom het. ‘n LLB-graad wat aan die RAU verwerf is, was hoog in aansien! In elk geval, in daardie dae.

    Só kan mens voortborduur oor die Goudstad. Intervarsities, ja die dag toe ons die magtige Tukkies die eerste keer die loef af gesteek het. Ons het in daardie dae nog lekker gesing op die pawiljoen met ‘n rasieleier van formaat.

    Waar Koos du Plessis die lof van Pretoria besing met sy “Pretoria, Jakarandastad” het ons na Johannes Kerkorrel geluister met sy “Gee jou hart vir Hillbrow!” Dit was in daardie dae ‘n skoon, ordelike en lieflike stad om in te woon. So sou ek onder meer in Crosby (Brixton), Aucklandpark, Triomf (Sophiatown) en Florida-Glen bly voor ek einde 1994 die pad terug Bosveld toe gevat het. Ja, en selfs die Engelse van “Johburg” was nie te “onaardig” nie. ‘n Paar van ons vriende was sommer baie tuis by Pirates Club in Greenside (waar die Engelse besigheidsmanne ons arm studente se drank op Dinsdae-aande betaal het na die 8 km “time trial” en ons tot laataand in die “pub” gekuier het. Met trots het ons (ek, Deon, die twee Andre’s en Martin) in die Pirates-frokkie menige Comrades-marathons kafgedraf. My heel eerste Comrades was dan ook as ‘n lid van Pirates en nogal in ‘n silwer! Gaan kyk maar in hulle klubhuis as julle my nie glo nie!

    Maar toe daal die “nuwe” Suid-Afrika op ons neer. Oor die politiek agter daardie besluit wil ek hier nie veel uitwei nie, behalwe dat elkeen wat nugter oor die saak nadink vandag moet erken, dat dit ‘n fatale besluit was gesien die gevolge wat dit nie net vir die Afrikaner inhou nie, maar vir al die mense van ons land. RAU het geheel en al verengels en sy naam verloor, so ook die bekende strate van “ons” stad, waaronder DF Malanrylaan en selfs Jan Smutsrylaan. Toe ek die ander dag verby my Alma Mater ry, was dit asof dit ‘n wildvreemde plek was. Of iemand besig is om fisies my herinneringe uit te vee. Iets in my wou weerstand bied, maar dan die besef jy jy is weerloos. Jy is tandeloos. Jy is uitgelewer.

    Uitgelewer aan wat? Aan die realiteit van Afrika wat niks en niemand ontsien nie. Waar regerings nie ‘n flenter omgee vir hulle onderdane nie. Die mense (onderdane) plunder en breek omdat die regering dit doen. Dis tog die voorbeeld! Ja, in ‘n tyd waar almal so versigtig is om reguit en openlik te praat, het ek daardie eienskap nog nooit verloor nie. Dit het my my hele lewe lank “gekos”, maar my nog nooit gestuit nie. Ja, ons besluit om die welvarende land in die hande van swart meerderheidsregering te plaas, was fataal. Dit was dwaas. En wat ons moet besef — dit sal onder hierdie swart regering, waar ‘n klein groepie politici al die mag ten alle koste sal behou — tot ewige nadeel en verdriet van almal in hierdie land, nie verander nie. Ons gaan dit nie reg praat nie en is weens die getallefaktor verdoem tot ‘n hulpelose minderheid wat jaar na jaar sal kla en hier en daar probeer regstel; maar waarvan die uiteinde, tensy ons weer oor onsself kan regeer, uitwissing is. Dis nie iets wat mense wil hoor nie en ‘n onderwerp wat baie nie wil aanraak nie, maar ek daag enigeen tot ‘n debat uit om die teendeel te bewys.

    Sonder ‘n vryheidsideaal lewe ons bloot van dag tot dag en jaar tot jaar. Kan ons dalk weer eie universiteite bou, dorpe skoonmaak en hofsake wen, maar weens die mag van die politiek, die hoogste kroonrat in ‘n volk en ‘n land se bestaan, sal ons deurgaans “tyd wen”, soos ‘n bekende politieke party in die tagtigerjare gepraat het, maar die finale oorwinning nie behaal nie. Trouens, sonder ‘n vryheidsideaal is die skrif vir seker aan die muur.

    Johannesburg sal, tensy ons tot die besef kom dat ons êrens ‘n streep in die sand moet trek, nie net verder verval wat betref sy strate en sy geboue nie, maar dit sal by uisttek die kriminele mekka van hierdie land word. Onregeerbaar, onrehabiliteerbaar, en aan die genade van die Malema’s en hulle juigkommando’s oorgelaat.

    Die vuur brand nie meer net nader aan ons nie, die rewolusionêre vuur brand nou om ons. Ons voel die hitte daarvan. Dit sal ons weldra verteer. Ja, saam met Judy treur ek ook oor ons stad van weleer, dog staan ek verwonderd oor ‘n volk wat sy durf, waarvoor hy so bekend was, verloor het!

  • Sydney Gregan: Word jy nog begeester deur 16 Desember?

    Sydney Gregan: Word jy nog begeester deur 16 Desember?

    Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op ‘n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat na die 16de gebeur, vertel wat talle Afrikaners betref, ‘n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor die erfenis en toekoms van die Afrikaner. So asof die doodsklok vir die volk van weleer gelui het en daar nou maar bloot na ‘n ekonomiese leefruimte in die veelrassige nuwe Suid-Afrika gesoek moet word.

    Dit is dán wanneer ‘n mens besef dat die diepgang van die gebeure van 16 Desember by baie verbygegaan het. Dit is die diepte van die gebeurtenis wat langdurige waarde daaraan gee en nie die blote feit van ‘n militêre oorwinning oor die Zoeloes op daardie dag nie. Bloot militêr gesien is daar selfs die skeptici en kritici wat beweer dat die 469 manne beter toegerus was as die sowat 12 000 Zoeloes en derhalwe nie eers aan daardie faset veel waarde wil heg nie.

    Daarom behoort die militêre van die historiese dag nooit in afsondering gesien te word nie, want dít alleen kan nie langdurige begeestering by ‘n volk opwek nie. Die gebeure wat Bloedrivier voorafgegaan het, het ewigheidswaarde vir diegene wat bereid is om dit in te sien en deel van hulle lewens- en wêreldbeskouing te maak. Bloedrivier is nie ‘n dag nie, maar die kulminasie van ‘n strewe wat in God sy hoogtepunt gevind het.

    Die trekkers in Natal was op die vooraand van 16 Desember op ‘n geestelike laagtepunt. Die gebeure rondom Italeni, Bloukrans en Weenen; die bloedvergieting, leiertwis, pessimisme, angs en nood, het die hele Groot Trek op ‘n mespunt laat balanseer. Kaalvoet oor die Drakensberge ja, maar was alles dan verniet? moes seker die vraag by baie van daardie mense gewees het.

    En dan is die vraag watter faktore het dan die deurslag bepaal? Eerstens glo ek die onwrikbare geloof by daardie mense wat geanker was in, soos hulle dit self gestel het, die “Almagtige God”. By al hulle gebreke en al die kritiek wat mens kan lewer moet moet mens eenvoudig in stomme verbasing en verwondering staan dat hulle moed en hoop so vas geanker was in hulle geloof. Hulle het in totale afhanklikheid van God gelewe. Dit was ‘n opregte Godsgeloof en nie ‘n platvloerse klein- of bygeloof nie. Ja, geen sakpasgeloof nie. Dit was die grondslag van hulle hele bestaan.

    Tweedens, en omdat hulle geloof so sterk was, kon hulle die terugslae en die storms weerstaan. ‘n Ewigheidsgeloof kan die daaglikse houe hanteer en sal, selfs in tye van diepe ellende en smart, ‘n volk dra deur baie diep driwwe en verhef tot baie groot hoogtes. Feit is hulle het gebid en was in lewende gesprek met hulle Heiland. Hulle was dalk van die wêreld verlate, maar het ‘n onlosmaaklike lewende band met God gehandhaaf. Dit het hulle gedra deur die pessimisme, die angs en verdriet; ja en selfs die vrees wat hulle moes ervaar het.

    Dit is egter die derde faktor wat baie mense vandag miskyk. Die trekkers het ‘n leier in die persoon van Andries Pretorius gevind wat, soos ons gesien het, menslik gesproke feitlik onkreukbaar was en wat dapperheid betref, sonder gelyke. Leierskap in sulke tye speel, soos wat die ganse geskiedenis bewys, ‘n deurslaggewende rol. Leiers wat nie wik nie, wat nie terugdeins nie, wat nie by die vyand aanlê of toenadering soek nie. Pretorius het geweet daar is net een uitweg: verslaan die Zoeloes! En dít het hy in sy voorbeeld na woord en daad met onderskeiding gedoen – tot begeestering van sy manne en vir geslagte lank. Dit het die kroon op die gebeure geplaas.

    Die wyse waarop die Voortrekkers die oorwinning beleef het, vertel van ‘n gesindheid van dankbaarheid en nederigheid, eerder as van selfsug, hoogmoed en selfverheffing. Ja, hulle het besef wie en wat die deurslag gegee het.

    Ons moet daardie tipe van ons volk vandag vergelyk met dít wat ons tot ‘n groot mate is en geword het en rondom ons waarneem. Waarin lê ons lewe verankerd? In ons daaglikse oorlewing of in ons daaglikse dankbaarheid? In ‘n materiële toekomsverwagting of in ‘n Godsverwagting van ‘n lewe anderkant hierdie lewe? Kan ons nog praat van ‘n onwrikbare geloof in die “Almagtige God”, bedoelende Hy wat oor alles regeer en ook oor ons volk se toekoms? Feit is, indien daardie geloof nie onwrikbaar is nie; maar deur stormpies en rukwinde soos Covid-19 en “menseregte” omgewaai en meegesleur word, sal Geloftedag vir ons geen begeestering inhou nie, maar vir seker slegs hoogstens ‘n gewetenswroeging wat baie maklik deur ander aktiwiteite verdring sal word. Dit is immers wat die woorde “in totale afhanklikheid van God” beteken. Die 1961-grondwet het gepraat van “In nederige afhankheid van die Almagtige God”. Wonder ons nog hoekom ons in hierdie situasie verkeer met ‘n Grondwet wat spog “Ons die mense”? As jou hoogste wet in jou land God minag, vra dan nie verdere vrae oor jou toekoms nie!

    ‘n Bygeloof en ‘n kleingeloof het as neweprodukte hoogmoed, verwaandheid, arrogansie, selfsug, eersug – iets wat ons samelewing vandag ten ene male kenmerk. Wanneer jou afhanklikeid in jou “menseregte” gesetel is in stede van in God, dan is daar geen diepgang meer in jou bestaan nie. Dan word selfs kerkbesoek ‘n formaliteit eerder as ‘n opregte behoefte om jou afhanklikheid te bevestig en te bestendig. Hoe oppervlakkig het alles nie geword nie! Ons het trots op ‘n verlede vervang met hoogmoed en selfverheffing in nietige gebeurtenisse soos om ‘n “World Cup” te wen en mekaar dan “high fives” te gee na die tyd terwyl Bok van Blerk “De la Rey” in die agtergrond sing, net om ons nog ‘n bietjie “moed” te gee. Maar dan die vraag: Vir wat sal ons dan daardie moed aanwend?

    Wat die derde faktor betref, is ons soekende na ‘n Afrikanerleier vandag wat nie gemeensaak maak met die vyand nie; wat nie praat van “ons” Grondwet nie, wat in woord en daad die Afrikaner sal lei uit hierdie moeras omdat hy self bo alle verdenking staan. In ‘n Godsgeloof verankerd en wat die vryheid van sy volk in ‘n eie vaderland begeer. Dis tog waarom die Voortrekkers getrek het – om vry en soewerein te wees in ‘n land van hulle eie.

    Om jouself te betuig uit hoofde van ‘n verankerdheid in God en jouself te handhaaf teenoor die vyand vereis dat jy grense sal trek tussen jou en daardie vyand. Is ons nog daartoe in staat en bereid? Of het menseregte ons so sag gemaak dat ons in ons verwardheid nie eers meer vriend van vyand kan onderskei nie? Vergeet daarvan om “tyd te koop” en te hoop dat die vyand homself sal uitbrand of die “meerderheid” sal begin insien dat “dinge” behoort te verander. Beginselvaste mense koop nie tyd nie en wag nie dat ander sal insien wat verkeerd is nie. Die uur van afrekening is soos 16 Desember nou elke dag van ons lewe en nie meer ‘n bepaalde dag in die toekoms nie.

    Is daar ‘n beter bewys van die hopeloosheid van ‘n toekomsverwagting as die geprewel na elke plaasmoord dat dit nou “genoeg” was?

    Ek het begin deur te sê dat 16 Desember slegs weer waarde op die 17de én daarna sal hê as ons dit ‘n roeping maak, eerder as ‘n dag om te herdenk. As ons die grondslag van ons bestaan suiwer hou. As ons soos die manne van Bloedrivier op die almag van God vas-vertrouend sal lewe en bou.

    Dis slegs dan wanneer ons met alle eerlikheid sal kan onderneem: “Gee ook ons die krag o Here om te handhaaf en te hou!” Mag die God van Bloedrivier, ja die God van alle eeue, ons volk tot besinning bring in hierdie ewe droewige tyd as in 1838. Terwyl daar nog tyd is.

  • Sydney Gregan: Die aanslag op volkere se soewereiniteit

    Sydney Gregan: Die aanslag op volkere se soewereiniteit

    Die Europese Unie probeer nou sy begroting van 1,8 triljoen euro goedkeur, maar met die politieke slenter daarin opgesluit dat lidstate ‘n minimum aantal vlugtelinge moet aanvaar. Net Pole en Hongarye weier om daardie voorwaarde te aanvaar en word nou boonop gedreig dat hulle nie die “rule of law” in hulle onderskeie lande handhaaf as hulle nie hierdie voorwaarde as deel van die packet wil aanvaar nie. Voor in die koor van die dreigers is die Nuwe Wêreldorde-dissipel, Angela Merkel, iemand wat globalisme reeds volledig omarm het.

    Soos William Endahl, bekende onafhanklike internasionale politieke ontleder dit stel:

    “However when we look more closely at various EU laws, it becomes clear that the phrase [“rule of law”] is used as yet another neuro-linguistic manipulation, much as the earlier “Responsibility to Protect” that was used by the Obama Administration to bomb Libya to the stone age.”

    Die Poolse eerste minister, Mateus Morawiecki en Viktor Orbán, eerste minister van Hongarye het ‘n gesamentlike perskonferensie gehou en gaan poog om hierdie stap te veto en sal die begroting alleen goedkeur as hierdie bepaling uitgehaal word.

    Dis gewoon skreiend dat ‘n staat se soewereiniteit op so ‘n wyse aangeval word en dit onder die dekmantel van die “rule of law”.

    Orban se opmerking in hierdie verband is veelseggend:

    “The proposal remains on the table, which would tie crisis funds to rule of law criteria, and this is not legal, but political in nature; and this proposal, from Hungary’s position, is not acceptable.”

    Wat Orban (en Morawiecki) inderdaad doen is om hulle lande se soewereiniteit te beskerm, iets wat globaliste wêreldwyd verag.

    Die gebruik van die term “rule of law” deur die Europese Kommissie in Brussels is ‘n gevaarlike manipulasie van dit wat van die soewereiniteit van die lidtstate oorgebly het toe hulle die Europese Unie betree het. So sal ‘n globalistiese organisasie nou kan besluit hoe die samestelling van ‘n “volkstaat” sal lyk – wat net teen ding kan beteken – volledige integrasie.

    Uiteraard het links-liberale professors onmiddellik in die anti-Orban koor geval soos wat die Central European University, ‘n universiteit gefinansier deur die berugte Hongaarse Jood, George Soros met sy Open Society Foundations. In April 2016 reeds het ‘n artikel getiteld, “An EU Mechanism on Democracy, the Rule of Law and Fundamental Rights” uit die pen van Dimitry Kochenov en Petra Bard verskyn wat Pole en Hongarye aangeval het as sou hulle die “rule of law” negeer met die aanklag van “Rule of Law backsliding,” so uit George Orwell se boek. Die tafel was toe al gedek om Pole en Hongarye te teiken. Soros propageer openlik “oop grense vir elke staat. Orban het ‘n referendum daaroor in Hongarye gehou en met ‘n groot meerderheid is integrasie verwerp, iets wat die globaliste nie kon sluk nie.

    Soros gebruik ander om sy vuilwerk te doen en aanvalle op Hongarye te loods, dit terwyl Orban telkens op demokratiese wyse die wil van sy mense toets oor sake van wesetlike belang – stappe wat daarop dui dat hy die soewereiniteit van sy volk hoog ag, iets wat globaliste verwerp en verag.

    Op 18 November 2020 het Soros ‘n skerp aanval op Orban geloods:

    “The EU can’t afford to compromise on the rule-of-law provisions. How it responds to the challenge posed by Orbán and Kaczyński will determine whether it survives as an open society true to the values upon which it was founded…The question is whether the EU, with German Chancellor Angela Merkel perhaps leading the way, can muster the political will.”

    Soros beskuldig Orban ook van korrupsie maar kan geen bewyse lewer daarvoor nie. Hy speel ook die Joodse slagoffer-kaart:

    “Being of Hungarian Jewish origin, I am particularly concerned with the situation in Hungary…”

    Wat Soros nalaat om te sê is dat hy self erken het dat tydens die Tweede Wêreldoorlog vals dokumentasie gebruik het en hom as nie-Jood voorgedoen het en Joodse families uitgewys het om in konsentrasie kampe te laat gaan werk, iets wat hy self moes erken. Die VSA-program 60 Minutes het in 2006 berig:

    “While hundreds of thousands of Hungarian Jews were being shipped off to the death camps, George Soros accompanied his phony godfather on his appointed rounds, confiscating property from the Jews.”

    Orban staan nie ‘n tree vir Soros terug nie en het soos volg op Soros se tirade gereageer:

    “The Soros network, which has woven itself through Europe’s bureaucracy and its political elite, has for years been working to make Europe an immigrant continent. [They] promote a global open society and seeks to abolish national frameworks, [and] is the greatest threat faced by the states of the European Union. The goals of the network are obvious: to create multi-ethnic, multicultural open societies by accelerating migration, and to dismantle national decision-making, placing it in the hands of the global elite.”

    Orban is duidelik ‘n nasionalis wat hom verset teen die globale “empire” wat globaliste daar wil stel. So stel hy dan ook dat Soros ‘n institusionele sisteem daar wil stel wat:

    “…under the aegis of the open society, seeks to force a unified way of thinking, a unified culture and a unified social model on Europe’s free and independent nations. They seek to rescind the right of every people to decide its own destiny. This is also the purpose of their “rule of law” proposal – which does not, in fact, recognize the rule of law, but of strength. It would be more honest to call it the “rule of the majority.”

    Die kruks van die saak is dat die sogenaamde “rule of law” nou die “rule of the majority” geword het, soos wat ons in hierdie land dit beleef sedert 1994. Met tragiese gevolge vir die soewereiniteit van volkere. Dit is niks anders nie as ‘n totalitêre wêreldorde wat afgedwing word – ‘n misdaad teen volkere se soewereiniteit om self te kan besluit oor hulle toekoms. Dit terwyl state (soos Hongarye) se interne referendums eenvoudig afgemaak word. Soos Engdahl dit stel:

    “The term Rule of Law is one of those slippery terms that can be used to hide a multitude of crimes. There is nothing we can call “Law” like the US Bill of Rights that have been accepted by all member states. Which law has Orban violated in exercising the allowed veto? Hungary and Poland have offered to approve the budget if the EU separates the political demand for Rule of Law from the package, something Merkel refuses”.

    Dit is ‘n aanslag wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. Dat ander state klaarblyklik geen probleem het om “vlugtelinge” in te neem nie is bewys dat intergrasie reeds geen probleem is vir daardie state nie en dat hulle nie meer as volkstate geken wil word nie. Of dalk is die leiers van daardie state reeds ingekoop in die Nuwe Wêreldorde en steur hulle hulle nie meer aan die inwoners van daardie state se wense nie.

    As ‘n volk sy soewereiniteit prysgee, sal hy verdwyn van die aarde se bodem, of soos dit hier by ons die geval is, deur bloed en sweet en trane moet terugveg om dit weer te bekom!

  • Sydney Gregan: Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?

    Sydney Gregan: Is die afstigting van die Wes-Kaap werklik ‘n haalbare opsie?

    Dr Corné Mulder van die VF Plus het onlangs in ‘n toespraak by die Kaapstadse Persklub gestel dat “ons” toekoms in ‘n onafhanklike Wes-Kaap lê. Meer bepaald dan dat daardie provinsie selfbeskikking deur middel van sesessie (afstigting) moet oorweeg en ‘n onafhanklike staat moet word.

    Hy het aangevoer dat 71% van die inwoners nie wil hê dat die ANC oor hulle moet regeer nie en dat die ANC maar hoogstens 36% van die mense aldaar sedert 1994 kon oorreed om vir hom te stem, ‘n persentasie wat intussen kleiner geword het.

    Ek het reeds in ‘n vorige artikel daarop gewys dat afstigting van ‘n gebied (en daarmee saam onafhanklikheid) die tussentydse aangewese opsie vir die Afrikaner is. Of die Wes-Kaap, soos hy tans daarna uitsien, egter die oplossing is, kan bevraagteken word. Dít vanweë die etniese samestelling van die provinsie. Boonop kan dit nie daarop aanspraak maak dat dit ‘n “Christelike staat” sal wees nie, iets wat die nasionale Afrikaner nog altyd voorop gestel het. Dit is hoogstens ‘n gebied wat baie beter regeer word as die ander in Suid-Afrika juis omdat dit nie deur die ANC regeer word nie. Die ANC het finaal bewys dat dit nie in staat is om ‘n welvarende land soos die RSA te regeer nie. Dit maak net op swart getalle staat om aan bewind te bly en sal elke taktiek denkbaar gebruik om dit in die toekoms ook te doen.

    Juis omdat die Wes-Kaap minder swartes as Blankes en Kleurlinge het, kry die DA dit reg om daar die regering te wees. Sou daardie getalleverhouding verander, kan die prentjie dalk dramaties omswaai. Die Wes-Kaap word dus deur die voorstanders van sesessie (afstigting) van daardie gebied gekies uit ‘n pragmatiese oogpunt en duidelik nie uit ‘n etniese of Christelike oogpunt nie.

    Die vraag is of dit genoegsame rede is vir afstigting en of dit aan die behoeftes van etniese groepe in daardie gebied sal voldoen? Wat sal immers die gemeenskaplike band wees as die “anti-ANC”-faktor eers verwyder is?

    Tans beywer onder andere CapeXit en die Cape Independence Advocacy Group hulle vir die onafhanklikheid van die Wes-Kaap. Blykbaar het CapeXit nou al meer as 560 000 lede.

    Mulder se uitlating dat:

    “Without independence, the Western Cape has no prospect of ever realising its political will; the Western Cape will be sentenced to lifelong imprisonment in an open democracy within an arbitrary colonial construct, where a majority will continue to dominate minorities”

    is betekenisvol gesien in die lig van Afrikaner-nasionaliste se waarskuwing voor die oorgang in 1994 dat die Afrikaner nooit in die nuwe Suid-Afrika sy politieke wil sal kan afdwing nie en daarom nie moet toestem tot die nuwe bedeling nie. Ons is inderdaad tot lewenslange aanhouding binne ‘n Afrika-diktatuur verdoem.

    Die belangrikste vraag is wat die internasionale reg bepaal oor afstigting en daarmee saam wat die groot moondhede soos die VSA, China, Rusland en Brittanje se houding sal wees.

    Die internasionale reg se houding oor afstigting is somtyds teenstrydig aangesien dit in die een asem selfbeskikking (en ook afstigting) erken, maar in dieselfde asem baie sterk klem lê op die territoriale integriteit van state (state se grense mag as ‘n reël nie verander word nie). Dis juis op hierdie territoriale integriteit van Suid-Afrika wat die ANC klem sal lê om sy beheer oor die Wes-Kaap te behou. En die ANC sal natuurlik kan staatmaak op die steun van al die ander Afrikastate wat ook ‘n struikelblok sal wees, aangesien die Wes-Kaap twee-derdes van die lidstate van die Verenigde Nasies se steun (erkenning) sal moet verkry om lid van die VN te word, benewens die steun van die groot moondhede.

    Die internasionale reg maak wel voorsiening daarvoor dat in geval van sogenaamde mislukte state (“failed states”), dit is nou state wat nie meer die nodige legitimiteit van die inwoners daarvan geniet nie, daardie state (gebiede) aanspraak kan maak op afstigting. Wat word daarmee bedoel?

    Indien ‘n staat of gebied sou kon aanvoer dat die inwoners daarvan se sekuriteit nie meer deur die regering daarvan gewaarborg kan word nie, verkry dit ‘n remediërende reg op sesessie (“RRS”). Dit is losweg gebaseer op John Locke se “Right to Revolution”, waar indien ‘n groep se regte vertrap word deur die soewerein, daardie groep die reg verkry om ‘n nuwe soewerein te soek. Sesessie sou dan een van die metodes wees om dit te verwesenlik. Waar die regering dus nie sy kant van die sosiale kontrak nakom nie, verbeur hy sy legitimiteit oor daardie inwoners (van daardie gebied). ‘n Mens sou hier met groot sukses kon aanvoer dat die ANC (hetsy deur geweld in die Wes-Kaap aan te stook, hetsy deur bloot onbevoeg te wees om behoorlike sekuriteit daar te verskaf) sy legitimiteit daar verloor het.

    Sou die gebied wat wil afstig boonop kon aanvoer dat dit baie beter in staat as as die ANC is om sekuriteit vir sy inwoners te verskaf, maak dit sy saak vir afstigting net soveel beter. Die RRS word gekomplimenteer deur die Verantwoordelikheid om te Beskerm (“Responsibility to Protect”) (“R2P”), die idee dat die soewerein die absolute verantwoordelikheid het om sy inwoners te beskerm. ‘n Staat se soewereiniteit is dus afhanklik van die legitimiteit wat dit in die oë van die inwoners verkry juis deur die inwoners te beskerm. Die VN lê al meer klem op hierdie faktor soos dan ook gesien is in die afstigting van Suid-Soedan van Soedan waar die argument juis was dat Soedan nie meer in staat was om Suid-Soedan se inwoners te beskerm nie.

    Die ANC-regering het minstens passief die regte van die Wes-Kaap se inwoners ondermyn (alhoewel baie beweer dat dit selfs aktief ondermyn is — wat die saak vir afstigting nog sterker maak). Sou die Wes-Kaap kan aantoon dat sy eie veiligheidstrukture baie beter daartoe in staat is om sy inwoners te beveilig, word sy saak net sterker. In die oë van die meerderheid (71%) van die inwoners is dit klaarblyklik die siening en verskaf dit legitimiteit aan die regering van die Wes-Kaap.

    In 2019 het die internasionaal bekende Gallup ‘n opname gemaak onder 175 000 volwassenes in 144 state deur hulle onder meer uit te vra oor vertroue in die polisie, veiligheid in woonbuurte, persoonlike ervaring met diefstal en roof en aanranding. Net Liberië, Aghanistan, Venezuela en Gaboen het swakker as Suid-Afrika gevaar. Dit is gevolglik nie bloot propaganda deur organisasies soos Afriforum en andere wat aanvoer dat ons land baie onveilig is nie, maar feite gerugsteun deur statistieke en die persepsie wat onder mense leef. ‘n Saak is dus uit te maak dat die Wes-Kaap in elk geval nie meer die R2P vanaf die RSA-owerheid geniet nie en grootliks self sy sekuritiet moet behartig. Wat sou in elk geval van sekuriteit in hierdie land word sonder die private sekuriteitsfirmas wat in elk geval meeste van die SAPD se take oorgeneem het nie en waarvoor die burgers uit eie sakke ten duurste moet betaal?

    Suid-Afrika word hoe later hoe meer as ‘n mislukte staat beskou. Daar is geen vooruitsig dat dit beter sal gaan nie. Inteendeel, alles dui daarop dat dit jaarliks slegter sal gaan. Dit sal seker die posisie van die Wes-Kaap geweldig versterk (en so ook ander gebiede) as bewyse gevind kan word van aktiewe ANC-betrokkenheid by misdaad teen gemeenskappe, eerder as net die passiewe laat-maar-gaan-houding wat tans aan die orde van die dag is.

    Wat besef moet word is dat blote selfbestuur deur die Wes-Kaap deur die ANC op elke moontlike wyse ondermyn sal word. Dit is aan te beveel dat elke funksie van die owerheid sover dit moontlik is deur die gemeenskap self onderneem sal moet word om onafhanklikheid te bevestig en te demonstreer tesame met die strewe om volkome onafhanklik te wees. Die ANC sal skuil agter die territoriale integriteit van die land se grense en alles doen wat hy kan om die Wes-Kaap se strewe te verongeluk. As die ANC eers internasionaal as ‘n rowerbende gesien word wat onbevoeg is om die land te regeer, sal die onafhanklikheidstrewe van die Wes-Kaap verdere momentum verkry. Intussen kan die impasse wat deur die ANC se moedswilligheid veroorsaak word, negatiewe gevolge vir die strewe na onafhanklikheid hê.

    Soos gesien is uit die voorbeeld van Suid-Soedan het die steun van veral die VSA bygedra tot die onafhanklikheid van daardie staat. Sonder steun van veral die VSA sal kwalik gevorder word. Die internasionale reg se benadering is daarom dikwels pragmaties en nie prinsipieel nie. Dit is asof elke geval anders benader word. Somaliland het net soveel reg soos Suid-Soedan op onafhanklikheid en erkenning en tog sukkel hierdie staat steeds om erken te word (en suksesvol van Somalië af te skei).

    ‘n Suksesvolle staat is een wat die monopolie het op die gebruik van mag in sy gebied (a successful state is one that has the monopoly on the legitimate use of force and thus a failed state is one which either loses the monopoly or the legitimacy). Die ANC is besig om dit (sy legitimiteit) te verloor in die hele land en nie net in die Wes-Kaap nie. Hoe kan gesê word dat die ANC beheer oor die land het as die SAPD private veiligheidsmaatskappye huur om hulle te beskerm en daardie maatskappye grootliks omsien na die veiligheid van derduisende buurte juis omdat die SAPD dit nie kan doen nie. So gesien verloor die ANC elke dag al meer van sy soewereiniteit, nie net oor die Wes-Kaap nie, maar oor die ganse land. Sy soewereiniteit erodeer daagliks. Tog kan hy waarskynlik staatmaak daarop dat hy keer op keer ingestem sal word by die stembus weens die persepsies wat by swartes leef en die verwagtinge wat by hulle gekoester word. As die ekonomie boonop verder in duie stort en die ANC van IMF-lenings afhanklik gaan word om die ekonomie te probeer red, sal die saak vir onafhanklikheid waarskynlik net groter word.

    Dit bring my weer by die vraag of die anti-ANC-gevoel genoeg rede is vir die Wes-Kaap om onafhanklik te wees. Vir seker sal dit nie ‘n Afrikanerstaat wees nie en beslis ook nie ‘n Christelike staat nie. Dit sal waarskynlik poog om ‘n liberale staat te wees met ‘n handves van individuele regte en om dit wat in 1994 beoog is met die hele land, nou in die Wes-Kaap te verwesenlik.

    Vir die nasionale Afrikaner kan dit hoogstens tydelike vrede en gemoedsrus bring aangesien sy strewe nog altyd was om oor homself in sy eie land te regeer. Om sy eie waardes uit te leef. ‘n Strewe om selfbehoud, selfverwesenliking, selfbetuiging en in volkome afhanklikheid teenoor die Almagtige God, soos die 1961-grondwet dit so pragtig verwoord het.

    Benewens al die ander vrae is die vraag dus of ons ‘n pragmatiese tussentydse oplossing gaan aanvaar ten koste van ‘n werklik vrye Afrikanerstaat? Of beskou ons dit as ‘n stap in daardie rigting?

  • Sydney Gregan: Helen Zille se mistasting

    Sydney Gregan: Helen Zille se mistasting

    Helen Zille skryf op 11 Augustus op politicsweb onder die opskrif “Why South Africa became a Criminal State” dat indien ons ooit wil verstaan hoe die ANC ‘n “plundermasjien” geword het, mens eers moet verstaan hoe dinge saamgestel was.

    Die hutsmerk #VoetsekANC som die gevoel op van waarskynlik derduisende denkende kiesers in hierdie land wat (uiteindelik) insien dat die ANC eintlik maar net een doel het en dis om alles voor die voet in te palm (en te verorber) waarop hulle hulle hande kan lê. Hulle voel vir die mense van hierdie land niks. Begrippe soos demokrasie en menseregte word net gebruik om die wêreld te flous terwyl ANC-kaders elke dag kyk wat daar nog oor is om te plunder.

    Seker die finale bewys dat die ANC ‘n veer voel vir die land is die strooptog met Covid-19-fondse terwyl werkloosheid en gepaardgaande armoede toeneem en ‘n hongersnood dreig. Ace Magashule het boonop die onmoontlike vermag deur vir Jacob Zuma verby te steek as die mees haatlike figuur in die land met ‘n vermetelheid wat net geen perke ken nie. Byna uitdagend het hy gestel dat daar niks fout is daarmee dat sy seun die “tender” vir maskers en seep by die Vrystaatse provinsiale regering gekry het (net om onmiddellik ‘n BMW van R2 miljoen aan te koop) nie.

    Die korrupsie oor 26 jaar beloop miljarde rande en die einde is nie in sig nie. Wat die situasie tans baie erger maak is, soos Zille dit stel:

    “the callousness of looting donor funds provided to protect people from a potentially deadly illness, reflects the extent of the ANC’s moral depravity”.

    Hoe het dit dan in 26 jaar ontvou tot by hierdie toestand? Wel, te midde van ‘n grondwet wat beskou is as die “mees gevorderde” ter wêreld en die pretensie van ‘n “reënboognasie”, is die realiteit dat ons regeer word deur ‘n klomp kriminele wat juis die wette van hierdie land gebruik het om hulleself te verryk.

    Die ANC het, soos Zille tereg daarop wys, korrupsie gewettig. Hulle het dit openlik onder almal se neuse gedoen met die steun van die liberale pers en met ekonome en maatskappye wat maar net te gretig was om self in die buit (of die krummels wat rondval) te deel. Zille stel dit prontuit:

    “What’s more, these institutions not only failed to protect us. They actually facilitated this downward trajectory.”

    “Broad-Based Black Economic Empowerment” (BBBEE), soos gekonseptualiseer en geïmplimenteer deur die ANC (met die steun van die liberale pers en groot geld) het korrupsie gewettig en moreel aanvaarbaar gemaak. Teenstanders daarvan is as rassiste uitgekryt dog is die waarheid dat meer as 100 wette hierdie monster in ons samelewing ingevoer het onder die dekmantel van “rasseverteenwoordigendheid” terwyl die ANC dit gebruik het om sy kaders oral te ontplooi.

    Heel gepas stel Zille dit soos volg:

    “The factions in the ANC are not driven primarily by political or ideological differences, but by intense contestation for control over these funding sources. After 26 years, the South African state has become a web of competing criminal syndicates, posing as a government.”

    Kiesers is verkiesing na verkiesing vir die gek gehou om te glo dat swartes deur BBBEE “bemagtig” is. Die waarheid is dat dit ‘n ANC-elite so bemagtig het dat dit bykans onmoontlik lyk om die situasie nou reg te stel. Die werkloosheidsyfer kan op 50% staan na die Covid-19 fiasko en derduisende besighede moes sluit terwyl die vetkatte van die ANC eenvoudig meedoënloos voortgegaan het met drakoniese en waansinnige maatreëls wat nooit bedoel was om “lewens te red” nie, maar veel eerder om hulle verskanste posisies verder te beskerm en te bestendig.

    Soos dr Anthea Jeffery in haar boek The People’s War dit stel (en nou deur Zille bevestig word), het die ANC dit 23 jaar gelede reeds prontuit gestel dat hulle bedoeling met die Nasionaal Demokratiese Revolusie juis staatskaping was.

    Joel Netshitenzhe, ‘n ANC-“intellektueel” het in die ANC-mondstuk Umrabulo, in 1998 geskryf:

    The aim of the NDR “is extending the power of the ‘National Liberation Movement’ over all levers of power: the army, the police, the bureaucracy, intelligence structures, the judiciary, parastatals, and agencies such as regulatory bodies, the public broadcaster, the central bank and so on”.

    Die ANC het dus ANC-partybeheer van die ganse Suid-Afrikaanse staat verkry deur doodeenvoudig BBBEE toe te pas en alle fondse wat beskikbaar geraak het eenvoudig vir hulleself op te eis. Die stryd binne die ANC gaan slegs om beheer oor daardie fondse en nie om die belange van die mense van hierdie land nie.

    Toe die DA die ANC hof toe gevat het oor die toekenning van Covid-19-fondse aan die hand van BBBEE-kriteria moes hulle van die regbank hoor dat die minister nie net geregtig was om dit so te doen nie maar deur die BBBEE-wetgewing verplig was om dit te doen! Hierdie hofuitspraak is finale bewys van die hopelose toestand waarin ons ons nou bevind. En dit word deur wetgewing (gerugsteun deur die grondwet) gemagtig!

    Wat stel Zille voor as oplossing vir hierdie gemors?

    “The only way out of this mess is to understand that no democracy can make sustained economic progress without actively striving to become a meritocracy, where people are appointed to positions, or win tenders, on clear, value-adding criteria, not their colour or their political contacts. And the only way we can get there is if the voters begin to understand why this is so important, and begin to vote for it.

    Otherwise we must stop feigning shock that the looting continues.”

    Ek is bevrees dis juis hier waar Zille as aartsliberalis mistas. Die (meerderheid) kiesers waarvan sy praat wil nie vir die DA stem nie. Daar is vir hulle niks te wen deur vir die DA te stem nie. Hulle wil juis vir die ANC stem in die (vae) hoop dat hulle ook in die buit kan deel. Hoe anders moet mens dit verklaar dat in 26 jaar en te midde van feitlik daaglikse beriggewing van ANC-korrupsie en -vergrype, die meerderheid steeds vir die ANC stem?

    Die realiteit van meerderheidsregering in Afrika is dat ‘n elite hom telkens posisioneer binne die meerderheidsparty en dan sy posisie sodanig verstewig dat dit bykans onmoontlik is om hom uit die kussings te lig. Hier by ons is dit boonop deur wetgewing gedoen wat deur die “edele” grondwet gerugsteun word. Praat van verskans!

    Nee, veel eerder lê die oplossing daarin dat die blanke al sy sake self sal moet bestuur waar hy kan en waar die geleentheid hom in die toekoms voordoen, homself sal moet afskei van die ANC-staat wat met verloop van tyd verder sal verkrummel en uiteindelik in duie sal stort. Want waar die ANC hom lelik gaan misreken is dat die blanke koei net sal aanhou melk lewer. Dit gaan nie gebeur nie. Blankes se geduld gaan opraak soos hulle geld opraak. Nog ‘n ANC-mistasting is dat die geldkraan nie sal opdroog nie. Daardie kraan gaan voor die ANC-vrate se neuse opdroog. Hulle sal, soos elke ander Afrikastaat, nie verstaan waarom dit gebeur nie. Hulle sal waarskynlik ook nie omgee nie en bloot die BMW langs die “stroois” intrek en om die pappot met ‘n deurtrekker gaan kniel en iets oor “apartheid” mompel.

    Ja Helen, wie die lesse van Afrika nie wil leer nie is daartoe verdoem om dit weer en weer te beleef!

  • Sydney Gregan: Die revolusie in snelrat

    Sydney Gregan: Die revolusie in snelrat

    Dr Anthea Jeffery se aanvanklike werk The People’s War (2009) is waarskynlik deur min mense gelees (676 bladsye), alhoewel dit van groot belang is vir die verstaan van ons politieke situasie. In 2019 het sy ‘n verkorte uitgawe daarvan die lig laat sien wat, soos mens dit graag wil noem, “verpligte leesstof” is vir elkeen wat werklik wil verstaan wat in ons land aan die gang is. Veral die laaste hoofstuk daarvan is ‘n meesterlike opsomming en vertolking van die ware oogmerke van die ANC en hulle hanteerders, die SAKP, met hierdie land.

    “…the story of the people’s war is the key to understanding how the ANC gained its hegemonic grip over the new South Africa. It is also the key to understanding a host of adverse social phenomena that continue to plague the country. Among other things, the ANC’s success in making South Africa ‘ungovernable’ in the decade up to 1994 is a major factor in the persistent vandalism, destructive protests and seeming contempt for authority that persist to this day”.

    —Anthea Jeffery, The People’s War, 2019

    In 1978 het die SAKP/ANC ‘n besoek aan Viëtnam gebring en onder andere met die “meester”-strateeg, generaal Vo Nguyen Giap beraadslaag hoe om deur middel van ‘n revolusionêre “volksoorlog” die mag te gryp. Dit is dan ook met groot sukses geïmplementeer deur onder meer die politieke opposisie uit te skakel voor die 1994-verkiesing en die land “onregeerbaar” te maak. Dit het doeltreffend daarin geslaag om ‘n geweldskultuur te skep terwyl die blaam op die “apartheidsregering” en partye soos Inkatha geplaas is. Met die opposisie behoorlik geneutraliseer het die “nuwe” Suid-Afrika soos ‘n ryp appel in die skoot van die ANC geval – om nooit weer uit die kloue daarvan te ontsnap nie.

    Die volksoorlog se doelwit is om die Sowjet-geïnspireerde Nasionaal Demokratiese Revolusie (NDR) deur te voer. En wat is die doel van die NDR?:

    “… to take South Africa, by gradual and incremental steps over four decades or more, from a free-market system to socialism and then communism.”

    Danksy die “volksoorlog” het ons nou ‘n “hollowed-out democracy, a shell without substance”. Jeffery wys ook op die feit dat die oorgangsgrondwet en die huidige grondwet deur die ANC beskou word as:

    “…nothing more than temporary agreements that reflected the balance of forces prevailing at the time – and that could always be changed once the balance of forces had shifted sufficiently to allow this”.

    Wat ons dus het as gevolg van die suksesvolle “oorlog om die nasie” is ‘n post-apartheidera sonder ‘n doeltreffende opposisie en sonder konstitusionele meganismes om mag af te wentel en te versprei en belangriker nog:

    “without a commitment by the ruling party to regard even the final constitution as binding upon itself”.

    Die ANC se beheer oor die land is trouens nou van so ‘n aard dat dit met gemak van die eerste na die tweede fase van die revolusie kan beweeg. Die eerste fase was natuurlik die “nasionale bevryding” en die tweede, alhoewel verskans deur ander mooiklinkende terme, volbloedsosialisme en daarna, kommunisme. Die strategie van die NDR het “only one possible outcome”, die verwesenliking van ‘n sosialistiese samelewing.

    Ten einde hierdie oogmerke te bereik is dit noodsaaklik vir die ANC om volle beheer oor die myne, industrie, banke en ander monopolieë te verkry. Die SEB (Engels: BEE)-wetgewing is ‘n belangrike metode om dit te bewerkstellig. Beheer oor die “levers of power” in die vorm van die openbare uitsaaier, die media, die privaatsektor, die universiteite en alle ander entiteite wat die klimaat (van opinie) kon wysig, moes verkry word. Daarin is reeds volkome geslaag. In 1997, by die ANC se konferensie in Mafikeng is boonop blatant gestel dat beheer oor hierdie “centres of power” sal vereis dat “cadre [deployment] policy” gevolg sal moet word ten einde te verseker dat die ANC ‘n leidende rol speel in al hierdie instellings. Die ANC het dus sy mag gekonsolideer sodat, ongeag die geraas oor korrupsie en verantwoordbaarheid, dit meedoënloos kan voortgaan om die land op ‘n sosialistiese pad te plaas.

    Onteiening sonder vergoeding (EWC) en die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) is verder stappe in hierdie proses om ‘n sosialistiese staat te skep. Die doel van EWC is nie om grond in die hande van swartes te plaas nie, maar om die ANC die eienaar van die grond te maak sodat dit beheer oor die “gebruikers” daarvan kan behou. Niemand minder as Ramaphosa is die groot voorstander van EWC; dit terwyl blanke liberaliste al hulle hoop op hom gevestig het om die land weer “op koers” te kry na die Zuma-bewind.

    Jeffery wys op die belangrike feit dat die SAKP nie Ramaphosa se kandidatuur vir presidentskap (van die ANC en die land), sou gesteun het as hulle nie seker was van sy toegewydheid aan die NDR nie. Dus, blanke liberaliste het verniet miljoene spandeer om ANC-lede om te koop om vir Ramaphosa te stem – hy was reeds in die sakkie van die SAKP! Pas nadat Ramaphosa verkies is, verklaar hy in Januarie 2018 die noodsaaklikheid daarvan om die NDR te bevorder; iets wat die Blanke sakemanne wat hom befonds het seker met ‘n wrang smaak in die mond gelos het; tensy hulle natuurlik deel van die uitgelese elite is wat vir hulle eie belange sal sorg in die tweede fase van die revolusie.

    Watter verdere stappe word beoog ingevolge die NDR?

    • Die inlywing in die 1996-grondwet van verskanste sosio-ekonomiese     regte (soos belowe in die Freedom Charter);
    • Die sistematiese verswakking van die magte van die parlement     (grotendeels reeds bewerk deur die “Disaster     Management Act” waar die beheer van die land in ‘n uitgesoekte groepie se hande geplaas is en waarvan hulle baie moeilik gaan afstand doen);
    • Volgehoue aanslae teen die regbank in die naam van “transformasie”;
    • Verdere kaderontplooiing deur die ANC om beheer te verkry oor ”all key levers of power”;
    • Verdere SEB-wetgewing om privaat ondernemings se outonomie verder af te breek;
    • Nasionalisering van water en minerale regte;
    • Arbeidswetgewing wat, in plaas van werkloosheid hok te slaan, werkloosheid bevorder;
    • Die NHI wat privaat mediese fondse wil vernietig en daarmee saam die     private mediese bedryf;
    • Die erodering van outonomie op skool- en universiteitsvlak met verlaging en vernietiging van standaarde;
    • Die volgehoue afhanklikheid van 17 miljoen (en steeds groeiend)     bevoordeeldes van maatskaplike toelaes van die staat vir hulle daaglikse oorlewing;
    • EWC as die finale slag om finale beheer te kry en die bestaande ekonomie     te vernietig.

    Jeffery stel dit onomwonde:

    …land expropriated without compensation will be owned by the state, not transferred to black South Africans. This is the fraud at the heart of the EWC idea. EWC will empower the government, not the individual, and will be used as a patronage tool and to deepen dependency on the ANC”.

    Die NDR is die sleutel om te verstaan wat in die afgelope 26 jaar van ANC-bewind gebeur het. Maar min blankes besef wat die eerste en tweede fase van die revolusie werklik behels. Vir die gemiddelde blanke is dit blykbaar ondenkbaar om te glo dat die ANC eenvoudig niks voel vir die meerderheid mense in hierdie land nie en dat dit ideologies gedrewe is om die land te verswak en selfs te vernietig ten einde sy doelwitte te bereik. Vanuit die SAKP/ANC-perspektief is daar ‘n “compelling logic” met die NDR-strategie:

    “If the economy was thriving and millions of well-skilled South Africans could easily find well-paying private sector jobs outside of state control, the ANC would soon lose its grip on power.”

    Om dus die bevolking afhanklik eerder as onafhanklik te maak, is van kardinale belang vir die ANC. Deur kaderontplooiing binne die openbare sektor en sowat 17-20 miljoen wat van hulle daaglikse brood afhanklik is van maatskaplike toelaes (uitgedeel en beheer deur die ANC), is die ANC ten volle in beheer van die revolusie. Die Covid-19-fiasko het die ANC se greep op die land boonop verstewig deurdat ‘n groot deel van die onafhanklik denkende middelklas ook nou tot bedelstand verlaag is en van die ANC afhanklik sal wees vir oorlewing.

    Werkloosheid wat steeds groter word skeel die ANC-elite min; hulle eie poste is verseker (en verskans). Daarom dat hulle ook nie enige erg het daaraan dat die ekonomie skade ly as gevolg van die irrasionele en idiotiese inperkings nie; hulle salarisse word steeds betaal met die bykomende voordeel dat hulle nie eers op kantoor hoef te wees nie!

    “… the more the NDP was implemented, the more the economy would be crippled and the more dependency upon the state will grow. Soon, the damage from the NDP would become self-perpetuating and increasingly difficult to reverse”.

    Die woord “revolusie” het in sommige (links-liberale) kringe ‘n bekoring asof dit ‘n towerwoord is waarmee alles wat kwansuis verkeerd is, reggestel kan word. Min besef dalk dat dit ‘n totale omverwerping van alle bestaande strukture beoog en radikale verandering meebring. So asof ‘n nuwe samelewingstruktuur eensklaps kunsmatig gevorm kan word terwyl dít wat daar was eeue geneem het om te skep! Feit is dat daar deur die afbreek van orde en strukture ‘n vakuum onstaan waarin wetteloosheid, eerder as ‘n nuwe ordelike struktuur, beslag kry. Dit is wat nou in ons land ontplooi. Daar is geen gesag waarna opgesien word nie; geen gemene deler wat ons saambind nie, maar veel eerder ‘n veragting vir die regime en hulle vergrype deur diegene wat nog vir hulleself dink, terwyl die res in paniek en vrees lewe en ewe gedienstig elke belaglike regulasie en dekreet navolg asof hulle lewens daarvan afhang.

    Wat is die lewens- en wêreldbeskouing van die nuwe Suid-Afrika? Dit is nie Christelik nie en beslis ook nie nasionaal nie. Dit is eerder onchristelik, barbaars en Gods- en naasteveragtend. Dit is omdat dit revolusionêr is want die wese van enige revolusie, aldus die Nederlandse denker en filosoof Groen van Prinsterer, is ongeloof!

    Die (tweede fase) van die ANC-revolusie is besig om ons almal in te sluk al sal dit dalk ook sy eie kinders (die ANC) in die proses opvreet. Niemand van ons (tensy jy deel is van die elite wat die toutjies trek) gaan hieruit ongeskonde kom nie. Anargie, as noodwendige neweproduk van hierdie revolusie, dreig nou om heeltemal hande uit te ruk. Ontsag vir die lewe is lankal (soos met die Franse Revolusie) daarmee heen. Mense word soos wilde diere afgemaai en geslag. Eers wanneer ons besef dat hierdie bestel (revolusie) nie “beter” gemaak kan word of “hervorm” kan word nie, maar iets anders in die plek daarvan (of afsonderlik daarvan) daargestel sal moet word, sal werklike geesdrif onder ons mense kan posvat. Want dan sal ons weer ‘n gemeenskaplike deler hê: ‘n gemeenskaplike ideaal om na te strewe.

    Intussen is ons besig om die branders met ‘n besem te probeer terugvee…

     

  • Sydney Gregan: Gaan die Internasionale Strafhof die knie buig voor Amerika?

    Sydney Gregan: Gaan die Internasionale Strafhof die knie buig voor Amerika?

    Die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag het op 1 Julie 2002 begin funksioneer kragtens die Statuut van Rome, ‘n multilaterale verdrag. 123 state het hulle tot dusver aan die gesag van die hof onderwerp waarvan Suid-Afrika een is. Die VSA en Israel is nie partye by die Statuut nie. Daar is 42 state wat nie die verdrag onderteken het nie.

    Die hof het jurisdiksie om internasionale misdwye soos volksmoord, misdrywe teen die mensdom, oorlogsmisdrywe en misdade van aggressie te ondersoek. Sou ‘n staat nie self sodanige ondersoek in sy eie land onderneem nie, het die hof die bevoegdheid om dit op eie houtjie te doen. Die hof het egter nie universele jurisdiksie nie en kan slegs misdrywe ondersoek in lidstate, of indien die Verenigde Nasies ‘n saak na die hof verwys.

    Tot dusver is 45 individue deur die hof veroordeel waaronder die voormalige Soedanese president, Omar al-Basjir, die Keniaanse president Uhuru Kenyatta en die voormalige Libiese president Muammar Gaddafi.

    Onlangs, op 30 Junie 2020, is ‘n klagte ingedien deur ‘n regsprofessor van Middlesex-universiteit, professor William Scabas, teen president Donald Trump, die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu en Trump se adviseur Jared Kushner, namens vier Palestyne wat in die Wesoewer (Palestina) woon en wat behels dat Trump en kie:

    “are complicit in acts that may amount to war crimes relating to the transfer of populations into occupied territory and the annexation of the sovereign territory of the State of Palestine.”

    Die hof moet nou besluit of die klagte ondersoek behoort te word. ‘n Voorlopige ondersoek sal eers gedoen word waarna ‘n besluit geneem sal word. Trump se antwoord op die stappe wat die ICC teen die VSA wil neem was om ‘n nasionale noodtoestand (“National Emergency”) af te kondig ten einde Amerikaanse (en Israelse) burgers te beskerm en te vrywaar van aanspreeklikheid voor die hof. Sy rede is dat:

    “… any ICC attempt to investigate, arrest, detain or prosecute any personnel of the United States or its allies (Israel) without consent to the court’s jurisdiction ‘constitutes an unusual and extraordinary threat to the national security and foreign policy of the United States.’”

    Trump se deklarasie magtig die bevriesing van bates van die hof se amptenare, reisverbiedinge en strek dus wyd. Reeds is kennis geneem van Israel se voorneme om die Wesoewer te annekseer ten spyte van die feit dat dit op ‘n duidelike oortreding van die internasionale reg sou neerkom.

    Schabas se aanklag voer aan dat Trump se ondersteuning vir Israel se voorgenome annekasasie ‘n oorlogsmisdaad daarstel as sou dit tot gevolg hê om die bevolkingsamestelling van die Wesoewer te verander teen die wil van die Palestyne wat boonop nie eers in die saak geken word nie. Israel het intussen sy voorgenome anneksasie onbepaald uitgestel.

    Artikel 49 van die 4e Geneefse Konvensie stel dat ‘n

    “occupying power shall not deport or transfer parts of its own population into the territories it occupies.”

    Die Statuut van Rome verklaar dat indien ‘n besettingsmag op direkte of indirekte wyse van sy bevolking na die besette gebied verplaas, dit op ‘n oorlogsmisdaad neerkom.

    Sewe-en-sestig onafhanklike spesialiste wat deur die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie aangestel is, het in ‘n verklaring gesê dat Israel se anneksering van die besette gebiede ‘n ernstige oortreding van die Handves van die VN en die Geneefse Konvensie daarstel en ook van die beginsel dat geen gebied deur middel van mag of oorlog verkry mag word nie.

    Trump het op 11 Junie 2020 verklaar dat die hof geen jurisdiksie oor enige Amerikaanse burger beskik nie en dat hulle voorgenome optrede die soewereiniteit van die VSA aantas. Hy het ook daarop gewys dat die VSA nie ‘n party by die Statuut van Rome is nie en nog nooit tot die jurisdiksie van die hof toegestem het nie. Alhoewel Bill Clinton die Statuut onderteken het, het George W Bush in ‘n ongewone stap die VSA se handtekening “onttrek” in 2002. Wat wel so is, is dat burgers van die VSA aanspreeklik gehou kan word vir misdrywe in state wat wel ‘n party by die Statuut van Rome is. So kan die VSA byvoorbeeld vir dade in Afghanistan aanspreeklik gehou word, wat dan ook tans deur die hof ondersoek word.

    Op 20 Desember 2019 het die hof se aanklaer Bensouda bevind dat daar redelike gronde is dat Israelse magte oorlogsmisdade in die besette gebiede (Palestina) gepleeg het. Die vraag is egter of die hof jurisdiksie het om oor misdade in Gasa en die Wesoewer te bereg. Regslui is van mening dat Palestina minstens beperkte internasionale status (“limited international personality”) het. Israel self het al erkenning aan die Palestynse Bevrydingsorganisasie gegee deur ooreenkomste met hulle te sluit waaronder die Oslo-verdrag, wat hulle status bevestig. Palestina word deur 138 van die 193 VN-lidstate erken.

    Mike Pompeo, die VSA se staatsekretaris, het intussen die “renegade-court”, soos hy die hof noem, begin dreig. Die VSA het ook ‘n American Service-Members Protection Act, wat hulle magtig om enigeen wat deur die hof aangehou word eenvoudig te gaan haal (“extradite”), ‘n nogeens verbasende ontkenning van die internasionale reg, waaronder die soewereiniteit van state.

    Israel, wat ook nie ‘n party by die Statuut van Rome is nie, voer aan dat Palestina nie ‘n staat is nie en dat die hof dus nie jurisdiksie het nie. In 2012 het die VN aan Palestina nie-lidwaarnemerstatus gegee en Palestina het die Statuut van Rome onderteken. Die Internasionale Assosiasie van Demokratiese Regslui (IADL) het ‘n amicus-brief aan die ICC gerig en hulle versoek om hulle jurisdiksie oor Palestina te bevestig:

    “The ICC’s normative power and legal authority will be strengthened by confirming its jurisdiction over the State of Palestine, including the West Bank, East Jerusalem and Gaza, and opening an investigation into the Palestinian situation. Thereby the equal rights of all peoples to justice for international crimes will receive much-needed affirmation.”

    Sewe-en-sestig lidstate van die ICC het in ‘n gesamentlike verklaring hulle steun aangedui vir die hof as ‘n onafhanklike en onpartydige instelling en dat die hof hom nie deur dreigemente van stryk moet laat bring nie. Tien van die 15 lede van die VN se Veiligheidsraad het eweneens in ‘n verklaring hulle:

    “unwavering support for the Court as an independent and impartial judicial institution”

    aangedui en dat die hof:

    “preserve its integrity undeterred by any threats against the Court, its officials and those cooperating with it.”

    Twee van hierdie vyf state is Frankryk en Brittanje.

    Tyd sal leer hoe ver die hof sal kom met state soos Israel en die VSA wat, wanneer dit by die vervolging van Afrika-diktators kom, nie ‘n steen onaangeroer laat om daardie diktators voor die hof te laat bring nie, maar indien hulle self in die beskuldigdebank staan, die hof as ‘n boendoehof beskou wat nie die reg het om hulle te vervolg nie.

    Ook hier by ons vind ons die bykans komiese situasie dat die ANC eintlik graag wil onttrek van die Statuut van Rome (waarskynlik omdat hulle besef dat hulle optrede teenoor die bevolking en veral teenoor Blankes op ‘n vorm van volksmoord neerkom), en inderdaad sulke pogings aangewend het, maar terselfdertyd alles in hulle vermoë doen om die hof sover te kry om op te tree teen “apartheidsmisdadigers”!

    Die internasionale reg word deur magte soos die VSA as ‘n speelbal gebruik om hulle eie agenda te bevorder en sou die ICC se voorgenome stappe teen die VSA misluk, sal dit bevestiging wees van hierdie feit. Die vraag is dus of die internasionale gemeenskap die vermoë het om die VSA tot orde te bring, of nie.

  • Sydney Gregan: Die oorlog om jou siel

    Sydney Gregan: Die oorlog om jou siel

    Alle oorloë begin en eindig in jou denke. Geen oorlog word net deur fisieke kragte bepaal nie. Dink maar aan die nederlae van Amerika in Viëtnam en nou in Siriē. Die groot Amerikaanse oorlogsmasjien se kop was nooit reg vir daardie gevegsterrein nie en daarby het die Amerikaanse soldaat nie geweet wat die doel van daardie oorloē was nie.

    Ook in ons eie geskiedenis het ons gesien hoe die Britte besig was om die Anglo-Boere-oorlog te verloor toe ‘n paar duisend Boere om hulle eie land geveg het en die Britte, op las van die Geldmagte, die goud van die Witwatersrand wou bekom. Net die terreur teen vroue en ‘n verskroeideaardebeleid het gehelp dat die Britte daardie oorlog wen. In hulle harte en hulle denke weet hulle goed dat hulle eintlik daardie oorlog verloor het. En vir ons, die nageslag van daardie Boere, leef daardie helde vandag nog in ons harte.

    Vandag is dit steeds van belang om te weet hoe ‘n oorlog gewen moet word. Wilskrag, oortuiging, idealisering, karakter, intelligensie en inligting, strategie en taktiek, is enige dag net so (en meer) belangrik as die oorlogstuig wat gebruik word.

    Die inoefening van wilskrag, die uitlewing van ideale, die bou van karakter; dís wat die grondslag lê vir oorwinning op die slagveld. Kortom dus, die sielkundige oorlogvoering wat die militêre vergesel.

    Waarin die VSA wel goed geslaag het, is om deur sielkundige ondermyning die Weste sodanig af te breek dat dit nie meer die wil het om weerstand te bied teen die veelvoudige aanslae teen hom nie. Kyk maar nou na die hele Black Lives Matter-beweging. Min mense sien raak dat dit diaboliese magte is wat die saak dryf met die geld van onder meer die Ford Foundation en George Soros wat die saak finansier. En terloops, ek sien die “volkstaat” CHAZ (Capitol Hill Autonomous Zone), wat die klompie anargiste uitgeroep het, het toe so plus-minus ‘n week gehou. Nog voor hulle kon aansoek doen vir lidmaatskap by die Verenigde Nasies… Wys jou net dat waar ‘n gemene deler op sand gebou is, sal enige aksie, of staat dan, misluk.

    Die koue oorlog teen kommunisme was ook ‘n sielkundige oorlog waar ons wysgemaak is hoe gevaarlik Rusland en sy bondgenote se kommunisme was en hoe edel die Westerse alternatief is. Hoe ironies dat Rusland en China nou as die twee sterkste state in die wêreld na vore tree, terwyl die VSA innerlik verdeeld is en elke dag besig is om sy eie fondamente af te breek. Wat is die Amerikaanse ideaal in elk geval? Geld? Rykdom? Indien wel, moet mens glad nie verbaas wees dat Amerika nou die aftog blaas nie.

    Die Amerikaanse sielkundige oorlog teen die res van die mensdom het Westerlinge se moed, erfenis, trots, eiewaarde, selfvertroue, selfbetuiging en selfverweer sodanig gekraak dat hulle ryp geword het vir die val wat nou beleef word. Wat moet die Amerikaner in elk geval probeer beskerm as hy self nie glo in dít wat George Washington en Thomas Jefferson voorgestaan het nie?

    By ons moet ons weet dat sou ons dr Verwoerd aanval, of selfs net stilbly as ons hom moet verdedig, ons mede-aandadig is aan die afbreek van ons eie erfenis. So wil Flip Buys van Solidariteit vir dr Malan en generaal Hertzog in die bresse tree in die Junie-uitgawe van die AP-kerk se Die Boodskapper, maar laat hy die naam van dr Verwoerd uit. As jy dr Malan wil beskerm en jy laat dr Verwoerd uit, is jy gewoon intellektueel oneerlik, want dr Verwoerd het eenvoudig voortgebou op dit wat dr Malan beoog het.

    Dan kan hy natuurlik, in die kringe waar hy beweeg, nie bekostig om dr Verwoerd se naam en erfenis te beskerm nie. Kyk maar, die sogenaamde konserwatiewes van vandag, is eenvoudig stom as dr Verwoerd aangeval word!

    As jy in jou gemoed oorgegee het, het jy die oorlog reeds verloor. In Suid-Afrika het dit begin toe die NG-kerk apartheid as sonde verklaar het. Dit het geeïndig daarby dat apartheid nou selfs deur Afrikaners as ‘n misdryf teen die mensdom beskou word wat dit nooit was nie. Feit is, die aanslag is op die gemoed en denke uiygevoer wat oorgawe in 1994 soveel makliker gemaak het. Ons het ons geestelike weerbaarheid verloor alhoewel ons enige dag fisies in staat was om hierdie klomp terrorriste die loef af te steek. Ons het ons erfenis in ons gemoed afgesterf sodat ons nie eers meer vandag bereid is om ons kinders van die heldedom van dr Verwoerd te vertel nie. Hy was enige dag net so ‘n groot held soos Paul Kruger en generaal De la Rey, dus vandaar die stilswye in selfs “konserwatiewe” Afrikanergeledere oor hom? As jy skaam is vir dr Verwoerd, is jy per implikasie skaam vir dr Malan, of jy dit wil weet of nie, want die geskiedenis loop soos ‘n goue draad deur al die dade van hierdie manne. Dit is ‘n geskiedenis van Afrikaner-nasionalisme wat gekweek is saadjie vir saadjie deur elke gebeurtenis in ons volk se geskiedenis.

    Media24, met Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport aan die spits was die nuttige ideologiese idiote wat die liberale tamboere geslaan het, en wat die Afrikaner in sy gemoed rypgemaak het vir oorgawe. Ons het soos vrot appels in die skoot van die nuwe Suid-Afrika geval. Ons was weerloos omdat ons sielkundig gekraak het.

    Maar wat staan ons vandag te doen om ons geestelik weer paraat te maak?

    Moet nooit ‘n hipotetiese gevaar vrees nie

    Vrees is die wapen van keuse vir die magte wat teen ons opgestel is. Roelf Meyer, die Minister van Verdediging (wee ‘n land met so ‘n swakkeling in daardie posisie!) het blankes gewaarsku teen Amerikaanse oorlogskepe aan ons kus sou ons nie die oorgawe aanvaar nie. Hoeveel mense het nie geskrik vir daardie leuen van daardie klein deurtrapte liberalis nie! Elke moontlike gevaar is eenvoudig uit die duim gesuig en deur ‘n oormaat van propaganda, in ons kele afgedruk.

    U ken die ou-ou set dat “ons nie ‘n ander keuse” het nie. Dit het gewerk. Vandag moet die twee alternatiewe wat ons dan het, meerderheidsregering met die noodwendige gevolg van blanke vernietiging, opgeweeg word teenoor dít wat nasionale (“regse”) Afrikaners in 1994 as alternatief voorgehou het, naamlik afsonderlike state vir elke volk, en die vraag gevra word: Wat sou die grootste kans hê vir die oorlewing van die blanke en veral die Afrikaner? En watter mag het die Afrikaner vandag om sy eie staat te verseker teenoor sy posisie in 1994 voor hy oorgegee het?

    Jy kan net skrik vir ‘n hipotetiese gevaar as jy tekortkominge in jou mondering het. As jy ‘n onvaste karakter het. As jy nie onwrikbaar glo dat die Afrikaner ‘n roeping het in hierdie land nie. Om nou, 26 jaar later, skielik in Afrikanerselfbeskikking te glo as jy dit versaak het in 1994 laat my wonder oor jou eintlike motiewe. Want jou oortuiging moet op baie meer as blote oorlewing gebou wees. Mens kan grootliks “oorleef” in ‘n veiligheidsbuurt ook. Verwyder dus die spookbeelde wat die vyand in jou kop skep en put begeestering uit ‘n heldedom wat hulle nie aan die “oormag” van Britse magte gesteur het nie en wat beslis nie vir gerief en oorlewing geveg het nie, maar vir die uitlewing van ‘n roeping, ‘n strewe en ‘n ideaal.

    Dit is immers dr Verwoerd wat die leuse gehad het: “Die ideaal is sterker as die werklikheid”. Hoe waar is dit nie! Die gevaar is ook net so klein of groot soos wat jy dit vir jouself maak.

    Vrees het die manier om te vergroot as dit nie baie gou hokgeslaan word nie. En vrees lei tot paniek en angsdenke en irrasionele besluite. Verwyder dan die vrees vir dít wat bloot net ydele woorde is, afkomsig van die vyand.

    Moet nie dat klein dingetjies jou van stryk bring nie

    Destyds, in Oos-Duitsland, het die Stasi, die geheime polisie, ‘n taktiek gebruik wat bekend gestaan het as Zersetzung, wat beteken om te ondermyn of af te breek. ‘n Persoon is geteiken en subtiel gemanipuleer deur hom van stryk te bring en twyfel in sy gemoed te skep. So is ingebreek in ‘n persoon se huis net om niks te steel nie, maar alles in chaos agter te laat. Die persoon is verwonderd gelaat en het natuurlik gewag vir die volgende stap wat dalk nooit sou gebeur nie, maar dit het hom in sy spore gestuit. Ook is spanning op verskillende wyses binne huisgesinne geskep waar een van die huisgenote dalk omgekoop is of geïndoktrineer is om so onmin te skep.

    Persoonlike omstandighede kan net ‘n sielkundige probleem raak as jy te veel aandag daaraan gee en fokus in die lewe verloor. As aanvaarbaarheid in liberale kringe groter prioriteit geniet as jou volk se strewe, sal jy noodwendig swig voor aanloklikhede wat geen standhoudendheid het nie. Dit gaan oor ‘n opweging van belange en waardes en dít wat op die lange duur van ewigheidswaarde is.

    Moet jou nie laat omkoop nie

    Ons weet hoe baie mense, veral politici, omgekoop is in 1994 en daarna. FW de Klerk is een van hulle. Die Nobelprys en die miljoene daaraan verbonde, is maar een voorbeeld van hoe sy koffers gestop is. Punt is: hy is omgekoop. As jy deur iemand omgekoop word, is jy in sy sak en sal jy ‘n slaaf van sy opdragte word. Hoe beteuterd moes De Klerk onlangs terugkrabbel oor sy uitlating oor apartheid. Verstaan die swakkeling vandag nog nie dat as jy die een ding sê (apartheid is verkeerd) jy noodwendig ook moet sê dat dit ‘n misdryf is nie?

    As jy toelaat dat jy omgekoop word, verloor jy jou selfrespek. Afrikanerleiers (as mens hulle so kan noem) wat in 1994 oorgegee het, het eenvoudig geen selfrespek gehad nie.

    Moet nooit glo wat Media24 sê nie

    Media24 met sy hele stal koerante is opgestel om die Afrikaner te vernietig. Jou ingesteldheid moet wees om elke woord te wantrou en in die alternatiewe media vir die waarheid te soek. Ongelukkig is die alternatiewe media min en yl gesaai in ons land. Mense is ook te lui om vir hulleself te dink en te gaan soek na die alternatiewe standpunt. Die gevolg is dat die leuens van hierdie ondergrawers vatplek in mense se denke kry.

    Die hele BLM-sage is nogeens bewys van die narratief wat, ondanks die leuenagtigheid daarvan, bevorder moet word. Swartes kan eenvoudig enigiets oor blankes kwytraak en ongeskonde daarvan afkom, maar onskuldige onderwysers word afgedank as hulle bloot ‘n onskuldige terloopse opmerking daaroor maak. Gefabriseerde stories vernietig lewens en loopbane maar dit skeel hierdie moordenaarsmedia min.

    Moet eenvoudig niks op sigwaarde aanvaar nie. Veral nie as dit uit daardie oorde kom nie, want hulle word betaal om te lieg. En hulle durf in elk geval nie die waarheid praat nie of hulle verloor hulle werk.

    Moenie bang wees vir disassosiasie nie

    Ons is tog so bang om die “verkeerde” ding in sekere kringe kwyt te raak omdat ons vrees dat ons uit daardie kringe geskop sal word. Om dus “aanvaar” te word, het op daardie oomblik meer waarde as ons oortuigings. Feit is, elke stukkie verloëning van jou volk dra by tot die afbreek daarvan. Jy offer dus jou volk op die altaar van gemak en aanvaarding. Wie van ons sal apartheid vandag nog verdedig in ‘n vriendekring? En in elk geval, waarom het jy ‘n vriendekring wat vyandig staan teenoor apartheid? Elke keer wat jy terugdeins, het jy afstand gedoen van jou standpunt, stukkie vir stukkie. Dis ‘n selfopgelegde afbrekingsproses wat later geen omdraai het nie.

    Die waarheid is dat as jy weerstand bied en apartheid verdedig jy nie net jouself versterk nie, maar ook die mense met wie jy omgang het, dat die standpunt alles behalwe dood is en sou jy dit boonop met oortuiging stel, hulle opnuut laat wonder oor die meriete daarvan.

    Dit word eintlik al hoe makliker om apartheid te verdedig want die alternatief, integrasie, se mislukkings en uiteinde word elke dag groter en snel op ons af. Sal apartheid ‘n bloedbad veroorsaak? Dalk. Maar in vergelyking met die bloedbad waarop ons tans afstuur, is apartheid gelykstaande aan ‘n kleuterskoolpartytjie. Boonop is dít wat volg op die huidige bloedbad in elk geval die uitwissing van ons volk. Is daar regtig ‘n keuse?

    Aanvaar die risiko voordat jy die vyand aandurf? Het jou lewe so leeg en doelloos geword?

    Dit sou dwaas wees vir ‘n onderwyser om apartheid te verdedig in ‘n formele skool-opset. Risiko’s moet verreken word want dit is juis onskuldige Afrikaners wat geteiken word. Maar daar is geleenthede waar dit eenvoudig jou plig is om die waarheid te praat anders is jou lewe ‘n leuen. Waarvoor staan jy in elk geval as jy nooit bereid is om vir die eer van jou volk en jou eie selfrespek op te staan nie! Is daar dan net nooit ‘n geleentheid waar jy bereid is om daarvoor op te staan nie? Het jou lewe dan sou leeg geword dat dít waarvoor jou volk staan, geen waarde meer het nie? En besef tog dat jou eie nalate nog ‘n stukkie wegkalwe van dít wat jy  vir jou kinders nalaat.

    Moet ook nie verbaas wees oor die teenreaksie wat heel moontlik uiters vyandig gaan wees nie. Wees eerder verbaas en bly as dit nie die geval is nie. Mense is gebreinspoel, wel, in elk geval die meeste van hulle. Maar hulle kan ook geswaai word omdat hulle menings dikwels nie diep begrond is nie, maar geskoei op leë slagspreuke, aannames en veronderstellings. Dit word maklik omgekantel.

    Het Martin Luther dit maklik gehad oor sy standpunt? Het die Voortrekkers dit maklik gehad tydens die Groot Trek en al die veldslae? Nee, ‘n standpunt met langdurige waarde word juis gelouter deur stryd. Verwag dus teenkanting maar weet dat dit jou sterker sal maak. Dis dooie visse wat rivier-af dryf en die lewendes wat stroom-op swem.

    Besef altyd dat jy vir groter dinge stry in die lewe as jou eie sosiale aanvaarbaarheid. As jy dan ‘n verskil kan maak, het jy iets gedoen om jou karakter te versterk en boonop ‘n bydrae tot die behoud van jou volk gemaak.

    Ken jou tekortkominge

    Jy moet jou eie tekortkominge ken en weet dat die vyand daarop sal konsentreer om jou verder af te breek. As jy maklik kwaad word, sal jy juis uitgelok word in ‘n debat om jou humeur te verloor en so ook die argument. Dis moeilik om kalm te bly in hierdie moerland maar tog, mens moet!

    Doen gereeld selfondersoek en werk aan jou eie tekortkominge. Elke strydgenoot moet hom laat geld. Bestudeer in dieselfde asem die swakhede en tekortkominge van die vyand en konsentreer daarop.

    Wees jou eie leier

    Ons hoor so dikwels dat die Afrikaner nie ‘n leier het nie. Almal is blykbaar op soek na ‘n leier. In die proses wag ons ons dood en doen self hopeloos te min om die stuasie te beredder. Leiers word nie gestuur nie, hulle verrys uit eie geledere. En dalk is jy die leier wat uit eie geledere aangewys sal word.

    Ek glo in elk geval nie aan iemand wat gestuur word nie. Waar was hy die hele tyd toe ander geveg het vir ons volk se behoud? Het jy gewag vir die “regte” oomblik? Nee, leiers word juis geslyp en gebrei deur stryd. Hulle word nie van die rak af gehaal nie. Hulle moes hulle al immers bewys het. Paul Kruger is van kleins af gebrei en gestaal vir die stryd wat hy gevoer het, hy was nie ‘n gedienstige meeloper nie. Daar is eenvoudig geen voorbeeld van ‘n leier van formaat wat nie deur langdurige stryd gebrei is nie.

    Jy is ‘n leier in eie reg en weet wat om te doen. Daarom, doen dit. Dit sal die gesamentlike poging van derduisende leiers wees, mense wat leiding en inisiatief neem in ons volkstryd, wat die deurslag gaan gee. Uit hulle sal ‘n leier aangewys word wat dan die leiding sal neem. Moenie vir hom wag nie want hy sal nie opdaag nie!

    Fokus op die daad en nie op die titel, die uniform of die uiterlike nie. Fokus op dít wat binne daardie mens aangaan. En as jy nie weet wat om in hierdie tye te doen nie, doen onmiddellike selfondersoek!

    Doen weg met die beuselagtighede in jou lewe

    Hoe baie van ons tyd en dae word nie deur beuselagtighede in beslag geneem nie. Soos die samestelling van die Springbokspan. Dis nou daardie span wat hulle harte vashou as die afgodslied gesing word en waarskynlik ook “Black Lives Matter” op hulle truie sal aanbring. Daar is so baie voorbeelde van sake wat heeltemal te veel aandag kry, terwyl dít wat van belang is eenvoudig nagelaat word.

    En waarom nie ook werk aan jou fisieke weerbaarheid deur byvoorbeeld skietoefeninge by te woon of ‘n selfverdedigingskursus of jou geestelike weerbaarheid deur ‘n boek lees soos die talle uit die pen van Robert Greene waaronder The 48 Laws of Power en The 33 Strategies of War (absolute meesterstukke) nie?

    Wil jy na elke nuusbulletin luister om te hoor hoeveel mense het nou al die virus? En as jy dit weet, wat dan? Wat maak jy daarmee? Moet jy vanaand se episode van Binnelanders kyk? Regtig? Is dit hoe leeg jou lewe al is?

    Is dit nie tyd vir dringende selfondersoek nie? Om jou prioriteite weer in orde te kry nie.

    Wanneer jy sake van belang weer voorop gaan stel in jou lewe sal jy verbaas wees hoe helder die vlam van jou volk weer voor jou sal brand. Hoe die aslaag van beuselagtighede gaan wegwaai wat die vlam tot dusver gedoof het.

    Vandag se “helde” en “legendes” se lewens is eintlik baie vlak en leeg. ‘n Rugbyheld is hoogstens ‘n ster wat verskiet. Sy vlam verdof die oomblik as hy sy stewels ophang. Die popster is dikwels ‘n dwelmverslaafde of verknog aan een of ander duiwelse ritueel. Dis die volksheld, gestaal deur stryd, wat langdurige begeestering verskaf. Is daar enigsins ‘n vergelyking tussen Elton John en dr Malan te tref? Trouens ek behoort my te skaam om daardie twee name in dieselfde sin te noem!

    Dis ‘n oppervlakkige kosmopolitiese lewe om bloot te smag na die volgende braaivleis, die volgende “show”, die volgende toets op Ellispark. Daar is net geen langdurigheid daarin nie en dis waarom dit net eenvoudig weer en weer moet plaasvind. Sake wat langdurige waarde besit, is dikwels verniet en bied waarde wat, as dit eenmaal deel van jou wese en karakter word, onlosmaaklik deel van jou lewe word. Dit onderskraag jou in enige toestand. Dis in die rak van jou geheue, jy kan dit daar gaan afhaal en dit gee jou geestelike krag.

    Die sepies en ligsinnige sake wat aan jou opgedis word, is ‘n vorm van verslawing. Jy kan nooit genoeg daarvan kry nie. Dis ook bedoel om só te wees. Hoe meer jy daarvan kan kry, hoe beter. En more het jy dit weer nodig. Daar is geen laaste episode nie.

    Laat elkeen van ons wat erg het aan die voortbestaan van ons volk, ons eie lewens, ja ons eie siele, ondersoek of dit regtig ons erns is. Dalk is ons self op weg na die luilekkerland wat toe nie meer so mooi is soos FW en Pik dit geskets het nie.

    Neem die inisiatief, niemand anders gaan dit vir jou doen nie

    Elkeen van ons het sekere talente wat ons in belang van die groter saak kan aanwend. Jy het ‘n godgegewe roeping wat jy moet vervul. En geen bydrae is te gering nie maar is dit juis die gesamentlike bydrae van elkeen wat die verskil gaan maak in ons stryd.

    Vra jouself die vraag af of dít wat jy doen ‘n verskil sal maak, nie net aan jou en jou gesin se voortbestaan nie, maar ook aan die Afrikaner se voortbestaan. Indien nie, soek dan iets wat wel ‘n verskil kan maak.

    Dis alles in jou kop!

    “Mind over matter”, is die uitdrukking wat graag gehoor word. En dis waar. In sport en in die hele lewe. Jy sal so sterk in enige geveg optree as dít wat in jou kop aangaan. Jy sal steier as jy twyfel, jy sal vasberade wees as jy oortuig is van jou saak. As die vyand met jou kop wil smokkel, beteken dit dat hy nie seker is hoe sterk jy in jou eie gemoed is nie. Wys hom dan op daardie oomblik!

    Ons lot in hierdie land is nie om as slawe onder ‘n barbaarse klomp wurms te lewe nie. Ons sal dit in elk geval nie oorleef nie want hulle sal alles verteer en vernietig. Ons sal dit net besef as ons afstand doen van die huidige tydsgees en opnuut fokus op die erfenis wat ons wil nalaat vir die nageslag, eerder as ons eie gerief.

    Ons sal dit net kan doen as ons die goue draad wat ons geskiedenis gekenmerk het, weer omhels en ons eie maak.

    Ons siele is op die spel, en as ons daardie stryd verloor, is dit ikabod met ons.

    So pragtig het die digter dit gestel dat die stryd net verlore is indien jy jou deelname weier!

  • Sydney Gregan: Dis tyd om af te skei

    Sydney Gregan: Dis tyd om af te skei

    Die Afrikanervolk beleef tans ‘n hernieude aanslag op sy voortbestaan as selfstandige volk, dit wil sê as ‘n volk wat geregtig is om sy eie identiteit volkome uit te leef. Daardie identiteit sluit in sy eie waardes, kultuur, verering van sy heldedom, eer en respek vir sy eie geskiedenis, sy strewe om die hoogste ideale in die werksplek te bereik, vryheid van spraak en uitdrukking, vryheid van assosiasie, vryheid om dít wat hy glo te verkondig, en dies meer.

    “‘n Staat waarin die Afrikaner homself soewerein kan regeer en sy eie ideale kan uitleef, is die enigste opsie in Afrika vir die oorlewing van die Afrikaner”

    Enkele voorbeelde van bogenoemde sluit in dat die Afrikaner tradisioneel geglo het dat volke in vermoëns verskil wat betref intelligensie, waardes, toekomsverwagting, en so meer. Dit maak die een nie “beter” as die ander nie, maar anders. Sou jy dit in vandag se Suid-afrika verkondig, is jy ‘n rassis met al die nadele wat dit meebring. Sou jy dr Verwoerd of Dr Malan vereer of huldig, gryp jy terug na apartheid en is jy eweneens gedoem tot verguising en verbanning uit die “hoofstroom”. Kry jy sewe en meer onderskeidings in matriek word jy steeds weggewys by universiteite weens regstellende aksie; wys jy op die leuens van rasse-gelykheid of durf jy om na die voordele van afsonderlike ontwikkeling te verwys, word jy gesnoer en uitgesluit. Wil jy as Blanke met Blankes assosieer word jy dit verbied. As jy weens jou geloofsoortuiging jou uitspreek teen die beoefening van sodomie, is jy ‘n hater en sal die Gelykheidshof jou beboet of selfs tronk toe stuur. Vertoon jy die pragtige ou Suid-Afrikaanse vlag in die openbaar, loop jy die gevaar van botsing met die gereg. Die voorbeelde is legio.

    Wat dus gebeur, is dat die Afrikaner se identiteit hom stelselmatig ontneem word. Hy mag nie meer sy eie identiteit uitleef nie en word gedwing om ‘n nuwe identiteit te omhels. Boonop moet die Blanke telkens toesien hoe sy eie verkleineer word en die swartes verheerlik word. Die waansin van “Black Lives Matter”, met die noodwendige implikasie dat blankes se lewens minder werd is, is die jongste sprekende voorbeeld hiervan.

    Nou is dit so dat talle organisasies hulle sedert 1994 beywer het daarvoor om die Afrikaner op die een of ander wyse te hulp te snel. Hier word gedink aan politieke partye soos die HNP en die Vryheidsfront, asook ander organisasies soos Orania, Solidariteit, Afriforum, en talle ander. Sommige het hulle fokus op die herstel van die “ou” Suid-Afrika gevestig en ander op ‘n nuwe staat vir die Afrikaner. Ander weer het gefokus op “interne selfbeskikking” vir die Afrikaner binne die huidige bestel waar klem gelê is op regte wat deur die Grondwet erken word, asook internasionaal erkende regte soos vervat in verskeie besluite en handveste van onder meer die Verenigde Nasies. Laasgenoemde organisasies was in ‘n sekere mate suksesvol om individuele gevalle van vergryping teen individue reg te stel in die howe. Eersgenoemde organisasies was uiteraard onsuksesvol omdat dít wat hulle beoog het ‘n drastiese ingryp in die politieke orde teweeg sou bring.

    Wat ons moet besef, is dat die huidige ANC-regime voortstu na ‘n samelewing wat gekenmerk sal word deur ‘n sosialisme wat deur die staat afgedwing sal word. Dit sal volkome outokraties wees met ‘n ingryp selfs in private ondernemings (soos BEE getuig), kerke (soos die verbod op die verkondiging van Bybelse waarhede getuig), private huishoudings (soos die verbod op die vertoon van die ou vlag getuig), skole (soos die afdwing van ‘n volksvreemde kurrikulum en die sing van die volksvreemde nasionale lied getuig). Die huidige grondwet bied, soos ek al talle kere aangedui het, geen redding vir die Afrikaner wat hierdie sake aanbetref nie, maar dien juis as rubberstempel om hierdie ideologie af te dwing. Boonop is dit ‘n staat wat gekenmerk sal word deur die blatante bevoordeling van die swartes ten koste van die Blankes onder die dekmantel van die die “regstel van die ongeregtigheid van die verlede – apartheid”. Daar is geen einddatum vir hierdie proses nie. En sou jy aandui dat dit (“regstellende aksie”) gedoen word juis omdat die swartes (as groep) nie in staat is om, wat baie sake betref, dieselfde vlakke in dieselfde omstandighede te bereik nie (ondanks die feit dat dit die waarheid is), is jy gedoem as rassis tot die asblik en loop jy, soos reeds daarop gewys, die risiko om met die gereg te bots. Die waarheid word dus gesnoer.

    Laat daar dus geen twyfel wees dat die Afrikaner geen kans het om sy eie identiteit in hierdie staat uit te lewe en sy Bybelse opdrag om sy talente ten volle te ontwikkel, ten volle uit te leef nie. Wat bly dus oor? Daar is net een van twee moontlikhede: Die herstel van die ou Suid-Afrika bedoelende dat aan elke volk gegee moet word wat hy tradisoneel besit het kragtens historiese vestiging op grondgebied. Hier word gepraat van die beleid wat onder dr Verwoerd nagestreef is, naamlik die partisionering van Suid-Afrika. Dit is uiteraard verrykend en sou die onwaarskynlike gebeur dat die Afrikaner die mag vandag kan bekom en hy dit sou wou implementeer, sal dit ‘n bloedbad veroorsaak en sal die geïndoktrineerde wêreld met sy diaboliese magte wat hom dryf, onmiddellike ingryping verwag. Alhoewel ek in hierdie opsie glo juis vanweë die geregtigheid daarin vervat, en talle ander redes, is dit eenvoudig so dat dit nie tans haalbaar is nie. Partisionering deur die Afrikaner of deur enige ander internasionale organisasie is eenvoudig nie tans deel van die internasionale agenda nie.

    Wat oorbly, is afskeiding deur die Afrikaner in sy eie grondgebied. In die internasionale reg word dit sesessie genoem. Die Vryheidsfront het hom aanvanklik (al is dit dan net in sy uitlatings) daarvoor beywer alhoewel die klem later in die party na ander sake (interne selfbeskikking) verskuif het. Tans is daar verskeie bewegings wat hulle hiervoor beywer en is dit so dat professor Carel Boshoff en die latere Oraniabeweging reeds vir baie jare die gedagte koester. Hierdie uitgangspunt gaan van die gedagte uit dat dit onder meer onmoontlik is om, gegewe die verloop van tyd, veranderde denkpatrone, geografiese redes, bevolkinsgaanwas, en so meer, partisie toe te pas en dat die Afrikaner dus moet “afstand” doen van die “res” van Suid-Afrika en deur middel van meerderheidsbesetting van mense in ‘n gebied wat eenders dink, ‘n nuwe staat moet skep wat dan met verloop van tyd kan afskei van die bestaande staat (Suid-Afrika).

    Ek is oortuig dat dit tans die enigste haalbare opsie is. My voorbehoud is dat daar nie afstand gedoen moet word van die herstel van die “ou” Suid-Afrika nie (daar is baie redes daarvoor waaronder dié in die internasionale reg), maar dat, ten einde die Afrikaner se identiteit en oorlewingsvermoë as aparte en selfstandige volk te behou, dit dringend noodsaaklik is dat hy kragte sal saamsnoer binne ‘n eie grondgebied.

    ‘n Staat waarin die Afrikaner homself soewerein kan regeer en sy eie ideale kan uitleef, is die enigste opsie in Afrika vir die oorlewing van die Afrikaner. Afrika is ongenaakbaar teenoor minderhede wat nie wil assosieer of konformeer met die meerderheid nie. Daarvan het ons oorvloedige bewyse selfs in ons eie land. Is daardie minderheid boonop Blank is die houding teenoor hom vyandig tot by die punt van vernietiging. Blankes word dikwels vermoor net omdat hulle Blank is en vir geen ander rede nie.

    Die beweging wat tans in veral die Wes-Kaap momentum kry, wil die gebied laat afskei met die inwoners wat tans daar woon, dit wil sê ongeag die samestelling daarvan. Dit bied natuurlik kortpad tot die vestiging van ‘n staat. Volgens die huidige uitgangspunt in die internasionale reg sal ‘n staat erken word as hy ‘n grondgebied het, ‘n regering, ‘n bevolking en die vermoë om internasionale betrekkinge aan te knoop (deur ander state erken word), aldus die Montevideo-konvensie van 1933. Vir ‘n nuwe “afgeskeide staat” sal daar ook ‘n referendum moet plaasvind waarin die meerderheid moet aantoon dat hulle ten gunste van sodanige stap is. In Suid-Soedan bly daar minstens 10 verskillende etniese groepe maar hulle het ‘n referendum gehou waarin meer as 98% ten gunste van afskeiding gestem het en sodoende het Suid-Soedan die 193e lidstaat van die VN geword.

    Ek is daarvan oortuig dat dit hier by ons geensins so maklik gaan wees nie. Daar is te veel rolspelers wat ‘n stokkie gaan steek voor die afskeiding van ‘n stuk grondgebied vir enige volk (of dan saamgestelde groep), en om baie redes. Die Wes-Kaap word soos enige ander deel van die land as ‘n integrale deel van Suid-Afrika beskou en sal die beginsel van “territoriale integriteit” van die land soos hy tans daarna uitsien (dus, met sy huidige grense) eenvoudig opgehaal word as synde die rede waarom so ‘n gebied nie mag afskei nie. Die ANC se land wat oorbly sal uiteraard ook baie sleg afsteek by die nuwe staat (die Wes-Kaap) en benewens die afguns sal hierdie staat sy hande vol hê om immigrante uit sy land te hou. Grense sal dag en nag bewaak moet word. Daar sal werk wees in daardie land, terwyl die ANC-land maar net verder oor die afgrond gaan tuimel. Daar sal vrede wees terwyl onrus, stakings, oproer en geweld in die moederstaat net sal toeneem. En watter nuwe “burgers” gaan hierdie staat toelaat en watter gaan weggewys word of gaan daar aanvanklik ‘n totale afsperring wees?

    Alhoewel die saak dus dringend is gegewe die huidige versnelde vreswakte toestand in Suid-Afrika, is ‘n blote afskeiding van ‘n gebied problematies. As dit net ‘n geval is dat daardie inwoners “moeg” is vir die huidige toestand in die land, gaan dit op die lange duur en in die praktyk nie voldoende wees om die integriteit en toekomsverwagting en solidariteit van daardie staat te waarborg nie. ‘n Staat moet ‘n strewe hê wat veel meer insluit as ‘n ekonomiese strewe of die wegvlug van ‘n staat wat besig is om te faal.

    Orania, of dan enige Afrikanerstaat, wat met veel meer samebindende faktore natuurlik ontwikkel tot ‘n soewereine staat het ‘n veel groter kans op oorlewing juis vanweë al die faktore wat dit as eenheid saamsnoer waarvan die grootste is die feit dat dit deur net een etniese groep bewoon en regeer sal word. Maar ook Orania gaan te staan kom voor die realiteit dat die bestaande staat vyandig sal staan teenoor ‘n Blanke staat en boonop ‘n staat wat ook die bestaande staat sal oortref wat betref ontwikkeling, rus en vrede, wet en orde, en so meer. En dan natuurlik die argument om alle argumente te beeïndig – die territoriale integriteit van die bestaande staat wat nie geskend mag word nie.

    Artikel 235 van die huidige Grondwet word deur die voostanders van afskeiding gesien as “toestemming” om so ‘n staat te skep. Dit is net gedeeltelik waar aangesien die artikel dubbelsinnig geformuleer is en boonop stel dat die huidige staat daartoe sal moet toestem (wetgewing te dien effekte sal moet aanvaar). Geen ANC-beheerde staat sal toestem tot so ‘n afskeiding nie, selfs onder internasionale druk. Suid-Soedan kon afskei omdat die grootste moondheid ter wêreld, die VSA, sy saak gesteun het en omdat die VSA daardeur die staat kon beheer om die staat se olie te kan beheer. Dit het nie gegaan om die edele motief van selfbeskikking nie, maar om die “edele olie” van die staat. Die ander faktore, waaronder godsdiensverskille tussen noord en suid is maar net gebruik om die eintlike motief te bedek. Uiteraard het Orania geen (ekonomiese) voordeel vir die internasionale magte nie, maar sal blote morele steun waarskynlik nie eers gevind word nie.

    Dit is juis vanweë my eintlike uitgangspunt, naamlik dat die Afrikaner hom vanuit sy nuwe vesting sal beywer vir die uiteindelike herstel van sy tradisionele staat, dat die ANC-regime die staat van die Afrikaner as bedreiging sal beskou. Dit sal as ‘n plek van konsolidasie beskou word van waar die aanslag op die moederstaat gevoer sal word. Die Afrikaner sal hom uiteraad nie aggressief bewyer vir die verowering van enige grondgebied nie, daarom sal verkryging van grondgebied net gebeur omdat die bestaande Suid-Afrika heel moontlik dermate in anargie sal verval dat dele daarvan in elk geval ‘n “terra nullius” sal wees (soos tydens die Difaqane) wat weer opnuut beset kan word.

    Dus, ek is ten gunste van “tussentydse afskeiding”, juis om dít wat oorgebly het van ons identiteit ten alle koste te behou, om te hergroepeer en ons kragte as volk te herwin, ons geloof en ideale uit te leef, mekaar te stimuleer en te bemoedig tot groter hoogtes sonder afguns of afdreiging en om reg te laat geskied aan die Bybelse opdrag om getrou te bly aan die roeping waarin jy sedert geboorte gestel is – binne jou eie volk.

    Die huidige Suid-Afrika teer nog op die kapitaal wat die Afrikaner oor baie jare daargestel het met sy opbou van hierdie land. Daardie kapitaal word stelselmatig uitgewis. Noem dit wat jy wil en as jy geïntimideer en gebreinspoel is, voel dan skuldig en begin selfs te kniel, te huil en voete te was. Ek sien egter ‘n realiteit raak van ‘n volk wat gemelk, verneder, verkrag, geteister, belaster, verguis, beswadder, verniel, vermoor en vernietig word. Daardie agenda het nie ‘n sperdatum nie; dit eindig by die totale vernietiging van die Afrikaner. Die swart hand voer uit wat Milner en Kitchener en Oppenheimer ten doel gestel het toe hulle verklaar het dat die laaste spore van hierdie volk uitgewis moet word.

    Net in sy eie land sal die Afrikaner oorleef en gedy. Daardie land is hierdie land. In die tussentyd sal ek my saam met almal wat ‘n stukkie daarvan soewerein wil verklaar, daarvoor beywer.

    Dr SH Gregan, B.Com. LL.D. Die skrywer het sy doktorsgraad oor selfbeskikking en sesessie gedoen met die klem op Afrikanerselfbeskikking en het reeds meer as ‘n duisend artikels oor die onderwerp geskryf en onder meer in Rusland lesings gegee oor selfbeskikking.

  • Sydney Gregan: Wat beteken die nuwe ‘normaal’?

    Sydney Gregan: Wat beteken die nuwe ‘normaal’?

    Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na “normaal” terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer kan kerk toe gaan op Sondae, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer kan skoolgaan soos voorheen, ons aan sport kan deelneem en na ons gunstelingsport op televisie kan kyk. Ons sien reikhalsend uit dat alles sal terugkeer na “normaal”.

    Steeds verbysterd oor wat met ons gebeur het en te midde van ‘n oorvloed van leuens wat aan ons opgedis is en steeds word, glo ons steeds daar sal ‘n dag kom waarop alles weer soos voorheen sal wees. Maar nou hoor ons dat ons in “fases” regeer sal word en dat “ongehoorsaamheid” kan beteken dat jy en jou stad of dorp weer maklik na ‘n “erger” fase verplaas kan word. Ons is dus wat ons bewegingsvryheid betref, volkome afhanklik van ‘n regering wat in 26 jaar alles waarop hulle hulle hande gelê het, vernietig het. Hulle sal bepaal hoe ons vryheid gaan lyk. Wat “normaal” is aan ‘n toestand wat deur die grille en giere van ‘n onbevoegde en idiotiese regering bepaal word, is vir my moeilik om in te sien. Dit word boonop gedoen terwyl niemand kan aandui wanneer ons van “die virus” ontslae gaan wees nie. Intussen moet ons blykbaar op die bona fides van ‘n regering staatmaak wat juis nie vertrou kan word oor enige saak nie.

    Ek is van mening dat hierdie regime (so genoem weens hulle onwettigheid) soveel genot uit hierdie tirannieke maatreëls put dat hulle kwalik daarvan sal wil afstand doen. Wat is dan lekkerder vir ‘n magsugtige regime as om, sonder debat, en onder die vaandel van “the virus kills”, regulasie na regulasie uit te vaardig? Boonop, met ‘n winter op hande, onbeholpe toetsing, areas wat onbeheerbaar is vanweë die opeenhoping van mense in dikwels haglike toestande, en ‘n inenting wat as redding beskou word, maar wat klaarblyklik eers oor 12 tot 18 maande beskikbaar gaan wees, kan daar nie sprake wees van normaliteit wat gaan terugkeer in die maande wat voorlê nie.

    Mense besef nog nie dat hulle met die aanvanklike grendeltydperk (lockdown) toestemming gegee het vir ‘n toestand wat nie sonder grootskaalse verset reggestel sal kan word nie. En boonop is niks van dít wat onderneem is deur die regime bereik met die aanvanklike drie weke en enige tydperk daarna nie. Paniek en vrees het goeie gesonde verstand en logika eenvoudig verdring en sou ons byvoorbeeld na fase 3 beweeg en daar is ‘n toename in besmettings (veral by skole), verwag ek dat ‘n verskrikte publiek (sonder veel teenstand) eenvoudig soos skape weer na fase 4 en selfs 5 gelei sal word. As hulle maar net kan rook en drink by die huis… Dat hulle en hulle kinders se immuniteit juis verswak het terwyl hulle in hulle huise weggekruip het, het by meeste verbygegaan. Dat mens eenvoudig die gevare van die lewe moet trotseer terwyl jy elke veiligheidsmaatreël tref wat getref kan word, maar die plig en die verantwoordelikheid het om te werk, het eweneens by meeste verbygegaan. Nee, nou is ons uitgelewer aan die genade van ‘n magshonger elite en het ons die wil om ons eie toekoms te bepaal, klaarblyklik verloor.

    Wat ingesien moet word, is dat hierdie “pandemie” beplan is. Daar is ‘n oorwig van getuienis tot dien effekte. Bill Gates, die WHO en Big Pharma het, in samewerking met ander rolspelers ‘n troefkaart gespeel wat hulle dalk self nie kon indink so suksesvol sou wees nie. Nie net enkele state nie, maar die ganse wêreld het geval vir die leuen dat ons te doene het met die dodelikste virus wat die heelal nog getref het en dat dit die drakoniese maatreëls regverdig wat nou lukraak aan elkeen opgelê word. Nou word ons tot in die fynste besonderhede gemonitor met “toeps” en selfone en ‘n polisiestaat waar krygswet geld en van menseregte dadels gekom het.

    Ten spyte van oorvloedige bewyse dat die virus in ‘n laboratorium geskep is (dus doelbewus), en dat die “pandemie” in besonderhede deur Bill Gates, die WHO en die John Hopkins-universiteit beplan is (Event 101), word sulke feite as “komplotteorieë” – die argument om alle argumente mee te beeïndig – afgemaak. Die elite het hiermee groter beheer oor ons lewens gekry en alle ekonomiese mededinging uitgeskakel. Deur boonop inligting oor die virus en die klaarblyklike infeksiekoers te beheer, sal gesorg word dat bevolkings nie uit die inperkings wat orals ingestel is, kan ontsnap nie.

    Globaliste het reeds verklaar dat ons nie na “normaal” sal terugkeer nie. Intussen “juig” ons oor elke nietige verslapping van die drakoniese maatreëls, so asof dit enigsins bevryding bring. Praat van ‘n “tropmentaliteit”!

    Industrie na industrie is besig om onder te gaan. Lugrederye, die toerismebedryf met al sy vertakkinge, die drankbedryf, tabakmaatskappye, noem maar op. In ‘n kwessie van drie maande is die wêreld se ekonomie op sy knieë gedwing. En elke nuwe dag gaan die situasie vererger. So sal net die grootste maatskappye oorleef en sal alle mededinging uitgeskakel word vir die groot monopolieë.

    RW Johnson, die links-liberale politieke kenner en skrywer van verskeie boeke oor die katastrofiese nuwe Suid-Afrika skryf in Rapport van 24 Mei 2020 dat die ANC eenvoudig die res van die wêreld slaafs nagevolg het met die instel van inperkings terwyl die land nie die fiskale ruimte, openbare gesondheidstelsel en die hulpbronne het om dit te implementeer nie. So het die inperking net die infeksie vertraag en voorspel dit maande van verdere inperking. Cyril die Groot Verlosser word boonop deur elke breinlose Suid-Afrikaner geprys vir die waansin wat ons nou beleef. Johnson voorspel dat die inperking in duie sal stort. Indien dit sal gebeur, sal meeste van ons juig, maar ek is nie so seker dat die ANC van sy beheer sal wil afstand doen, selfs al gaan dit hoe sleg nie. Ons toestand lyk dus veel slegter as meeste ander state in die wêreld.

    Volgens ‘n studie wat gedoen is en waar besighede gevra is oor die effek van die inperking, het net 6,7% aangedui dat hulle meer as drie maande se sluiting sou kon oorleef. Intussen word ons werkloosheidsyfer groter by die dag en word selfs voorspel dat 50% van alle Suid-Afrikaners werkloos gaan wees na hierdie waansin. Feit is ons loop ‘n tragedie tegemoet wat, indien ons dit nie self tot stillstand ruk nie, ons ekonomies gaan vernietig.

    Daar is dus, of ons dit wil hoor of nie, net twee opsies vir ons oor: Onderwerping of verset. Verset is ‘n gelaaide woord en wanneer so ‘n keuse gemaak word moet dit met uiterste versigtigheid en oorleg benader word. Om te praat teen hierdie waansin is die begin van verset. Om te betoog teen hierdie kakistokrasie is die volgende stap. So sal verset ook in “fases” gedoen moet word. En ja, verset sal te alle tye vreedsaam moet wees.

    Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ons bestaansmiddele voor ons neuse weggevat word deur ‘n vyandige regime wat ‘n veer voel vir ons nie. En wanneer ons besef dat hierdie regime niks vir ons voel nie, en boonop net die agenda van die superryk elite uitvoer, sal ons ook besef dat hulle geensins bekommerd is oor ons gesondheid nie, maar dat dit alles gaan oor beheer. So word ons dan nou beheer deur ‘n inperking wat ook ons reg op lewe, reg op vryheid, reg op ‘n bestaan en talle ander regte eenvoudig vertrap het. Die geelwortel van ‘n  inenting wat kwansuis ons redding gaan wees moet aangesien word vir wat dit is – ‘n metode tot verdere beheer en die uitrek van ons verslawing en vernietiging in die proses. Ons sit dus en wag vir ‘n vyandige regime en ‘n Sataniese orde om ons te red. Ons sal wag en wag tot die perde horings kry…

    Moet nie u hoop op ‘n “heropening” van die ekonomie vestig nie. Ook nie op makliker fases (soos fase 3) nie. Dit gaan nie hou nie. Dit is ook nie bedoel om te hou nie. Sou die eerste klomp skoolkinders die virus onder lede kry sal die juigkommando van die regime (news24.com en andere) sorg dat paniek en vrees weer alle rasionele denke verdring.

    Nee, die nuwe normaal gaan ‘n lewe wees waar ons in fases van inperking hanteer gaan word. Soos diere. En as ons nie tot ons sinne kom en in verset teen hierdie waansin kom nie, sal ons dit verdien. En boonop te dankbaar wees oor elke verslapping wat ons meesters afkondig.

    Ek is nie bereid om in so ‘n land te bly en te leef nie. Is u?

     

  • Sydney Gregan: Ons woon in ‘n marxisties-kommunistiese staat. Besef u dit?

    Sydney Gregan: Ons woon in ‘n marxisties-kommunistiese staat. Besef u dit?

    Volgens oorlewering (onder meer uit Homerus se Ilias) het die inwoners van Troje gedink dat die Griekse houtperd in hulle midde die gode se seën op Troje beteken. Die waarheid was gans anders, dit het Troje se ondergang bewerk. Toe die tyd geleë is, in die nag, het die vyand letterlik uit die houtperd gestroom en Troje se poort van binne af oopgemaak sodat die vyand die stad van buite kon oorstroom en oorweldig.

    In ons land is die ateïstiese kommunisme aanvanklik bestry en die lafhartige terreurgroep, die ANC, ook. Onder nasionaal-gesinde Afrikanerleiers is die gevaar ingesien. Die terroristiese aanslae op ons land, op die grense en binnelands, is doeltreffend geneutraliseer. Troje het ook vir jare, ‘n volle dekade, die Griekse beleg van hulle stad weerstaan. Daarna het die Griekse leër die beleg skynbaar beëindig en hulle uit sig onttrek. Net die massiewe houtperd het agtergebly — om uiteindelik in Troje tereg te kom. Kommunisme is nie in die openbaar in ons land bepleit en bevorder nie. Kommunistiese politiek was verbode. Maar akademiese marxisme, die houtperd, was nie verbode nie. Marxisme was nie teen die wet nie.

    Marxisme was die houtperd by die Troje van die Suid-Afrikaanse samelewing. Op die terreine van veral die sosiologie en die teologie is die marxisme as ‘n bewonderenswaardige en gesogte houtperd dieper en dieper in Suid-Afrika ingesleep. Die houtperd het ‘n draak in ons midde gebaar en ons land is oorstroom deur die vyand sodat dit vandag amper onherkenbaar vermink is.

    Dus, miskien moet ons weer mooi kyk wat ons in ons land losgelaat het; ingesleep het. Vergeet vir ‘n oomblik van woorde soos demokrasie en menseregte. Kom ons bekyk die draak van naderby.

    Wat word kortweg onder marxisme, marxisme-leninisme en kommunisme verstaan?

    Wat is marxisme?

    Marxisme het ‘n veelheid van definisies en interpretasies (net soos die Christendom uit ‘n veelheid denominasies bestaan). ‘n Basiese kenmerk van die marxisme is sy humanisme wat mense as gelyke sosiale wesens sien. Die konsep van die mens as ‘n sosiale wese (en dit beteken vir Marx ‘n menslike wese) is ‘n sleutelbegrip in sy denke.

    Voortvloeiend uit Marx se sosiale humanisme kom veral die volgende punte wat hier van belang is na vore: gelykheid, wette, strukture, stryd, individualiteit en geloof. Marxisme leer die gelykheid van alle mense. Daarom moet alle mense op dieselfde vlak wees: ewe ryk of ewe arm, ewe ontwikkeld (of onontwikkeld!), geleerd en beskaafd, ewe vry, ewe gevoed, geklee en behuis, ewe gesond, bruikbaar en nuttig. Sou ‘n mens daarop wys dat die werklikhede van die lewe nou eenmaal anders is, dat mense verskillend is in tale, tradisies, kulture, wonings en state, is die verweer van die marxisme deur op ‘n sondebok te wys: apartheidswette! Wette wat onderskeid gestel het en klasse daargestel het. Klasse bring konflik. Indien daar nie wetlike strukture was nie, sou daar nie aggressie en konflik gewees het nie. Klasse bring verdrukking en dit lei noodwendig tot opstand. Individualiteit moet verdwyn en plek maak vir gelykwees (ewewees) in alle opsigte. Herverdeling van besit, beskawing, standaard en gelykskakeling van ras, grondgebied, onderwys, politiek, kerk en kultuur. Inisiatief en privaatheid moet gesosialiseer word. Ironies genoeg gebruik hierdie marxiste nou juis weer wette om hulle ideologie af te dwing!

    Die praktyk en die geskiedenis toon natuurlik dat gelykheid en vryheid botsende begrippe is. Toegangsgelykheid van rasse tot enige woongebied of openbare vervoer, ontneem ‘n individu die vryheid om ten opsigte van die betrokke sake net met sy eie ras te kan assosieer. Sonder om die evolusionistiese en dialekties-historiese materialisme in al hulle fasette in die marxistiese filosofie na te gaan, kan alleen uit bogenoemde reeds gestel word dat die marxisme Godloos wil wees.

    ‘n Sosialistiese humanisme van die omvang, indringendheid en konsekwentheid van die marxisme, het as vertrekpunt dat daar nie ‘n metafisiese dimensie van die sigbare wêreld is nie. Die sigbare kom van en uit die sigbare. Daar is nie ‘n onsigbare nie. Daar is nie ‘n God nie. Daar is nie waarheid in die geloof in God nie. Daarom is daar ook geen verskil te make of te handhaaf tussen gelowiges (van watter aard ook al) en ongelowiges (van watter aard ook al) nie. Menseregte soos deur die sosialistiese humanisme van die marxisme uitgespel, lê klem op die gelykheid en eendersheid en eenwording van “race, sex, age, colour and creed”.

    Marxisme-leninisme op sy beurt weer word voorgehou as ‘n: “transformation of Marx ignoring his humanism in favour of the dictatorship of the Party”.

    Lenin word natuurlik geblameer en is die vlieg in die salf. Hy het die boosheid in die marxisme-leninisme gebring; hy het die konsep van die “Party” ingebring — die diktatuur van die Party en dat teenstanders vernietig moet word. Terwyl Marxisme dus positief beoordeel is, is marxisme-leninisme veroordeel. Veral ten opsigte van die volgende sake word hierdie onderskeid gehandhaaf: ideologie, klas, politiek en revolusie. Wat ideologie betref, word marxisme positief gesien as ‘n rasionalisering van die klassestryd, terwyl marxisme-leninisme negatief veroordeel word as die instrumentalisering van morele waardes, soos geregtigheid en bevryding.

    Klas verwys vir die marxisme bloot na die status van ‘n groep met betrekking tot sy eienaarskap al dan nie van produksie. Marxisme-leninisme oorbeklemtoon die begrip “klas” ten koste van ander begrippe soos ras en so meer. Politiek in die marxistiese benadering sou dan die grondige artikulasie van die klassekonflik in sosiale, ekonomiese en politieke verhoudinge wees, terwyl dit in marxisties-leninistiese sin ‘n baie begrensde Partyhantering van die klassekonflik sou wees.

    Eweneens word revolusie in Marxistiese sin baie positief gesien:

    “According to Marx revolution is a historical and dialectical process which takes place through conscientisation of the proletariat. It need not be violent”.

    Daarteenoor is revolusie vir die marxisme-leninisme ‘n radikale bevryding deur die omverwerping van die staat.

    Teen hierdie agtergrond van ‘n onderskeid tussen marxisme en marxisme-leninisme, is die marxistiese benadering van ideologie (weg met blanke regering in Suid-Afrika), klas (werkers en swartes moes polities, sosiaal en ekonomies bemagtig word), politiek (ekonomiese krag moet gelyk verdeel word onder alle groepe en rasse en volksgroepe), en revolusie bepleit.

    Ten opsigte van revolusie sou die “goeie” marxistiese benadering dan neerkom op:

    “In a democracy the revolution can take place through the ballot-box. In so far as South Africa is a democracy this evolutionary revolution is possible. But in so far as it is undemocratic in its treatment of non-White groups the revolution will have to take a violent nature.”

    Kommunisme

    Nadat die revolusie as mikpunt van alle marxisme en marxisme-leninisme bereik is, sou dan ‘n ware demokrasie volg — die diktatuur van die proletariaat, werkers of gelykes. Die tweede stadium waama die revolusie moet lei, is kommunisme. Dit sal ‘n nuwe vreedsame samelewing wees met nuwe “vry” mense. Dit is ‘n samelewing sonder klasseverskil, privaat besit en dus ook konflik, uitbuiting en aggressie.

    Uit die inhoud van wat hierbo oor marxisme, marxisme-leninisme en kommunisme gesê is, behoort dit reeds duidelik te wees, dat omtrent alles wat in die naam van politieke hervorming vandag in Suid-Afrika plaasvind en plaasgevind het, niks minder as marxisme is nie. 

    Die marxistiese politiek het Suid-Afrika gesien (en sien dit steeds) as ‘n ongelyke gemeenskap weens uitbuiting deur blankes wat geld, mag, geweld en geleenthede gehad het wat die swartes dan nie sou gehad het nie. Hierdie status quo wou blankes handhaaf deur wette en tuislande vir swartes. Hierdie marxistiese analise van die samelewing in Suid-Afrika, hou natuurlik geen rekening met volkskap, volksbewussyn, nasionalisme, vaderland, kultuur, beskawing en so meer nie. Inteendeel! Dít alles word as vorme van ongelykheid verwerp. Die oplossing wat aangebied word sou dan net een van twee wees:

    “How can this unequal society be transformed into a just society? The Marxist-Leninist chooses the inevitability of a violent revolution. The Marxist looks for radical change which excludes violence. The radical change must take place on the basic level, namely, the distribution of economic power. Political, social and economic power is concentrated in the hands of the white ruling class. A change must take place on all three levels but real change can only be based on the economic level.”

    Kyk ons na wat vandag op politieke gebied in Suid-Afrika op groot skaal plaasvind, staan ‘n mens verstom hoe marxistiese verandering in die politieke hervorming die greep op byna alles het. Die marxistiese beskouing van regverdige samelewing, demokrasie, gelykheid en so meer word in ‘n groot mate gewoon as uitgangspunt aanvaar. Die heersende politiek is gekaap om in kameraadskap van “ons probleme” te praat. Die goeie uitweg uit ons marxisties gedefinieerde probleme is blykbaar om marxisme-leninisme oorbodig te maak deur so goed en so gou moontlik marxisties te word:

    “A society such as ours with its political, social and economic injustices can be exploited for Marxist-Leninist aims and the best way to cope with this is to tackle injustices on all levels and not to cover up the iniquities of our society.”

    Wat demokrasie betref, moes daar glo ‘n verbreding kom ongesiens en met opheffing van nasionalismes, volksbewussyne en volksbestaan:

    “We should not isolate ourselves from Western democratic countries. There is of course a close link between undemocratic national politics and international isolation. … In our rejection of the non-political means of violence to solve our problems we must eradicate the existence of structural violence created by unjust laws.”

    Die tweede implikasie wat marxisme polities in Suid-Afrika glo tot stand moet bring, het te doene met kapitalisme. Waar kapitalisme as ekonomiese sisteem opgebou word uit privaatbesit, individuele inisiatief en produksiemededinging, en geassosieer word met nasionalisme en swart tuislande as neo-kolonialisme, word daar nog soekend rondgetas na ‘n aanvaarbare kombinasie van goeie elemente uit bogenoemde faktore en marxisme; in elk geval:

    “the implementation of an economic system in which a more just distribution of wealth is possible.”

    Die onregverdigheid van 10-20% (blankes) wat 87% grond besit teenoor 80-90% (swartes) wat 13% besit, moet opgehef word. Nou moet die grondwet selfs verander word, (in soverre dit nie in elk geval die geleentheid daartoe gebied het nie), sodat dit drasties beslag kan kry. By so ‘n marxistiese redenasie is en word baie (historiese) faktore eenvoudig buite rekening gelaat, waaronder die privaatreg (erfreg) en historiese werklikhede soos aan wie dit publiekregtelik behoort het.

    Dus, in die lig van die marxistiese aanslag word fundamentale vrae oor volks- en kultuurverskille eenvoudig misken. Die geskiedenis bestaan nie meer in hierdie denkpatroon nie. Die derde wêreld het die eerste wêreld oorstroom en demografie het alle verskille uitgewis — ‘n siening wat jou pas as jy in die getallemeerderheid verkeer.

    Terwyl mens eenvoudig verstom gestaan het oor die gebeure, naamlik dat nasionalisme deur ‘n dwarsklap tot stilswye verdoem is, het die werklikhede van die “nuwe” Suid-Afrika die naïewelinge eweneens tot nuwe insigte gebring.

    Die skreiende ironie is dat Karl Marx, wat juis erns daarmee maak om die mens uit sy vervreemding te verlos, die enigste Verlosser, Jesus Christus, in die proses verloën. Vir Marx is “vervreemding” vervreemding van die natuur. Antropologies uitgedruk:

    Dit is ‘n onmenslike verhouding tot die natuur … Eerstens is die mens vervreem van die produk van sy arbeid … Hy word tweedens ook van sy produserende werksaamheid self vervreem … Die derde vlak van vervreemding … is die vervreemding tussen die arbeider en sy medemens. Laastens is die mens ook vervreem van homself as persoon. Die ware Middelaar tussen mens en God, en daarmee in al die menslike verhoudinge, word deur die marxisme verwerp.

    Marxisme kom in der waarheid in die plek van God. Daarom kan Marx, terwyl hy toegee dat kommunisme met ateïsme begin, ook verklaar dat ateïsme nog lank nie kommunisme is nie. Dit is inderdaad ‘n uitgemaakte saak dat daar geen vreedsame naasbestaan tussen die kommunisme en die christendom kan wees nie.

    Nogtans is, (en word steeds), gepleit dat die kerk en samelewing in Suid-Afrika positiewe waardering oor en deelname aan die hierdie (marxistiese) bestel moet hê ten spyte van die feit dat ons kennis neem dat:

    “For Marxism the ‘death of God’ is a necessary condition for the concern for man.”

    Omdat die Godloosheid van die Marxisme ‘n Godloosheid ten gunste van die mens is, word dit in die marxisme selfs positief waardeer!

    “And indeed, the atheism of Marxism deserves our respect, for it is an atheism for the sake of man — man, not as an isolated sovereign individual, but as a communal being. For Marxism must be explored, and we must face the serious criticism that even the concept of God held by many Christians in South Africa is a hindrance for really coming to grips with our problems”.

    Die geloof in Christus as ons enigste en ewige Verlosser, die bestaan van ons volk, en ons eie individualiteit en identiteit onder andere, is nou in ‘n bedreigde posisie vir hulle voortbestaan voor die aanslag van die marxisme.

    Alexander Solzhenitsyn het gesê:

    “Within the philosophical system of Marx and Lenin and at the heart of their psychology, hatred of God is the principal driving force more fundamental than all their political and economic pretentions … To achieve its diabolical ends communism needs to control a population devoid of religious and national feeling, and this entails a destruction of faith and nationhood.”

    Daar word van ons verwag om hierdie “demokratiese” bestel (marxisme) as iets goeds te aanvaar en maar net te waak teen die “vergrype”. Dit is egter duidelik dat wie “A” sê vir die sisteem (van die marxistiese boom), ook uiteindelik “B” moet sê vir die boom se vrugte. Marxisme en enige marxistiese sosialisme is en loop onvermydelik uit op marxisme-leninisme en kommunisme.

    Marxisme was ‘n Trojaanse perd om al die gevare van kommunisme in Suid-Afrika in te bring. Eintlik is Marxisme (soos prof HG van der Westhuizen tereg opmerk), nie soos in die geval van Troje ‘n houtperd nie, maar ‘n houtbeer. Hy het homself voorgedoen as ‘n sagte teddiebeer vir akademici soos sosioloë, teoloë en politikoloë. Die teddiebeer het nou sy ware aard openbaar: Hy is toe maar al die tyd net die kommunistiese beer!

    Die Marxistiese teddiebeer het ons toe wel ontvanklik gemaak vir die kommunistiese beer! Ja, ons bly vandag in ‘n marxistiese staat. Maar dit word nie ‘n marxistiese staat genoem nie, omdat dit deel van die misleiding was. Ons Achilles-hiel, ons liggeloof en bygeloof, het ons agter Judasbokke laat aanstap wat ons bedrieg het sodat ons steeds glo ons bly in ‘n “demokrasie” waar al ons regte beskerm word deur ‘n grondwet.

    Wanneer dan selfs die houtperd afgebreek is, soos alles in hierdie land, mag die waarheid van hierdie “demokrasie” ons (die Afrikaner) tog uiteindelik vrymaak!

    *Met erkenning aan prof HG van der Westhuizen, emeritusprofessor in Sendingwetenskap, op wie se kennis en insig grootliks gesteun is vir hierdie bydrae.

     

     

  • Sydney Gregan: Kommunisme in ‘n nuwe gedaante — die DA as ‘n sosiaal-demokratiese party

    Sydney Gregan: Kommunisme in ‘n nuwe gedaante — die DA as ‘n sosiaal-demokratiese party

    Sedert die val van die Berlynse Muur het links-liberales behoorlik geskarrel om ‘n nuwe skuilplek te vind; ‘n nuwe god om te aanbid. Liberales was nog altyd op hulle eie hopeloos te lig in die broek om die mas op te kom, hulle moes altyd gaan inkruip by ‘n “kragdadiger” organisasie. kommunisme was vir dekades lank daardie skuilplek. En sedert 1989 met die val van die Berlynse Muur was liberaliste reddeloos, hulle was desperaat op soek na ‘n nuwe blyplek.

    Globalisme verteenwoordig hoofsaaklik die ekonomiese strewe van links-liberales. Maar waar daar gepoog is om deur middel van globalisme nasionalistiese doelstellings te verydel, het dit as begrip nie die bekoring ingehou wat kommunisme gehad het nie. Die begrip wat stelselmatig vatplek begin kry het, is sosiaal-demokrasie. Met die DA se ellendes en dalende steun (wat mens hulle hartlik gun), word nou gepredik dat hulle hulleself van liberalisme moet losmaak en dat hulle hulle moet beywer vir die daarstel van ‘n social democracy in Suid-Afrika.

    Maar wat beteken die begrip sosiaal-demokrasie?

    Wel die “sosiaal” is niks nie anders as sosialisme. Sosiaal klink mooier en sagter op die oor as sosialisme, daarom die keuse vir die woord. En sosialisme is die ekonomiese arm van die kommunisme. Demokrasie weer is maar net die towerwoord, (soos “menseregte”), om die geïndoktrineerde en gebreinspoelde hordes elke paar jaar stembus toe te sleep om hulle mede-aandadig aan hulle eie ondergang te maak. Hulle is dan “ingekoop”. So is daar reeds in kommunistiese stelsels ook gestem, weliswaar net vir een party. Vandag word daar maar net vir twee of drie groot partye gestem (en die res blaf net saam), terwyl daar wat die groot partye betref, geen verskil is wat beleid aanbetref nie. Hulle streef almal die globalistiese doel na — na ‘n sosialistiese demokrasie.

    Dus, die oproep aan die DA is nou om ‘n volbloed- sosialistiese demokrasie (lees: kommunistiese staat) voor te staan, want dan sal hulle weer (glo) die kiesers se verbeelding aangryp. Uiteraard word mense mislei deur die begrip, maar daar word ook nie kennis geneem van die harde werklikheid dat die DA slegs werklik ‘n bedreiging vir die ANC sal inhou indien dit ‘n swart party word nie. En as dit ‘n swart party word, kan dit geen blanke belange meer verteenwoordig nie. Want die een sluit die ander uit.

    Wat van die DA verwag word, is om ‘n kommunistiese party te word (opgedoek in ‘n naam wat mense moet betower — “sosiaal-demokrasie”). Kan u u die prentjie indink waar die kommunistiese ANC dan met die kommunistiese DA meeding, albei onder die vaandel van “voters of the country, unite!”? Want wat is die ANC anders as ‘n “sosiaal-demokratiese party”? Of dan liewer: ‘n sosialistiese party waar alle bates deur die staat besit en beheer word en waarvoor die gepeupel elke vier jaar toestemming gee dat dit alles goed en wel is. Ja, gestroop van retoriek en die dekmantels waaragter geskuil word, is dit die prentjie van die toekoms. In vandag se neo-kommunisme moet daar mos ‘n “keuse” wees, om te voldoen aan die “demokratiese” imperatief.

    Wat in die proses misgekyk word, is dat ons baie vining op pad is na ‘n fascistiese staat. Benito Mussoulini het daardie staat soos volg beskryf:

    “For the Fascist, everything is encompassed within the State, and nothing human or spiritual exists, or even has value, outside of the State. In this sense, Fascism is totalitarian, and the fascist State, integrated and united in every value, interprets, develops, and strengthens all aspects of the life of the people.” (The Doctrine of Fascism, Benito Mussolini).

    Nou hoe kom mens by so ‘n gevolgtrekking uit? Wel, baie maklik. Benito Mussolini was oorspronklik ‘n revolusionêre sosialis. Hy het egter die Sosialistiese Party in 1914 verlaat. Hy het ‘n meer outokratiese staatsvorm ten doel gestel. Hy wou volle beheer hê. Presies wat die ANC ten doel stel. Dus, vir die DA om nou as werklike teenvoeter vir die ANC op te tree, moet dit dieselfde doen. Dit moet net in ‘n “sagter” en aantrekliker vorm wees. Intussen sal die VF Plus aanhou piep van die kantlyn af — daar moet immers kritiek ook wees om die hele petalje ‘n aanvaarbare skouspel te maak!

    Maar wat gaan die superrykes hieraan doen? Niks. Hulle is reeds “ingekoop” met die versekering dat daar niks aan hulle bates gedoen sal word nie. Die miljardêr Bernie Sanders van die “Demokratiese” Party in die VSA staan sosialisme vir die VSA voor. Die nog ryker George Soros ook. Daarom sal die ekonomiese elite van hierdie land, die Ruperts en die Oppenheimers, ook ingetrek word. En dis juis hier waar sosialisme ontbloot moet word vir die leuen wat dit is. George Orwell het dit reeds in sy Animal Farm gedoen:

    All animals are equal, but some are more equal than others.

    Kapitalisme sal net vir die elite bestaan; die res van ons moet met sosialisme tevrede wees. Die elite sal nooit hulle rykdomme prysgee nie. Maar dan sal dit ook nie van hulle verwag word nie. Net soos die nomenclatura “meer gelyk” is as die res, so is ook die ekonomiese elite wat ingekoop word in die proses.

    Die definisie van Sosialisme is gegrond op die eienaarskap (van alle bates) deur die staat. Sosialisme baan dus die weg vir fascisme:

    This means the machinery, tools, and factories used to produce goods that aim to directly satisfy human needs. In a purely socialist system, all legal production and distribution decisions are made by the government. Individuals rely on the state for everything from food to healthcare. And, the government determines the output and pricing levels of these goods and services.

    Fascisme is die produk van die sosialistiese ywer om vir gelykheid te werk. In Suid-Afrika is gelykheid ‘n doelstelling van die bestel, verskans in die grondwet. Maar wat die gepeupel nooit sal insien nie is dat ‘n:

    small clique of elite puppet masters still retains total ownership (capitalism) and control of resources and of the government, by authoritarian and totalitarian rule.

    Vir die Joodse hanteerders van die DA moet “sosiaal-demokrasie” dus eintlik baie aantreklik lyk. Hulle bly in besit van hulle eie en kry boonop beheer van die res. Die enigte probleem is die “lastige” ANC wat heeltyd die model wil laat skipbreuk ly met sy alewige korrupsie en kader-aktiwiteite.

    En dis by daardie lastige probleempie waar die DA nie verby gaan kom nie. Selfs nie met die keffende VF Plus se hulp nie. Hoekom dan nie? Want ek lees in ‘n baie gesaghebbende bron dat die gemiddelde IK van ons bevolking 70 is…

     

  • Sydney Gregan: Die Afrikanervolk aan die einde van die pad?

    Sydney Gregan: Die Afrikanervolk aan die einde van die pad?

    Ons praat baie oor die bestaanskrisis waarin die Afrikanervolk verkeer. Allesdui daarop dat die kommunistiese regime stap vir stap slaag om die Afrikanervolk uit te wis. Ontstellender is die feit dat die Afrikaner self min, indien enige, tekens toon van verset teen hierdie veroweringsveldtog. Het die Afrikaner dan sy wil om te oorleef as volk verloor?

    Wat sou dr Verwoerd gesê het?

    En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het. (Hand 17:26)

    Die teksvers in Handeling hierbo aangehaal stel dit duidelik dat God self bepaal waar ‘n volk sal woon en vir hoe lank ‘n volk sal bestaan. Ook in onder meer Hand 1:7, Luk 21:24, 1 Thes 5:1, Gal 4:4, Ef 1:10, Ef 3:9, 1 Tim 2:6, 1 Tim 6:15 en Tit 1:3 lees ons van die tydperke wat God instel.

    In Lukas 21:24 word voorspel dat Jersusalem vertrap sal word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. Dus, tot by die wederkoms. Maar wat dan van vandag se Jode? Wel, die Jode van vandag het geen historiese verband met die Jode van die Bybelse tyd nie. Die Here se straf oor die Jode was finaal en daardie volk bestaan nie meer nie. Vandag se Jode is nie afstammelinge van die Jode van destyds nie. Hulle noem hulleself Jode en daaruit is baie voordeel te put. Daaroor bestaan bewyse ten oorvloed. En Jerusalem is in elk geval nie eers volkome in die nuwe “Jode” se hande nie. Die Jode het Jesus laat kruisig en so die vloek oor hulleself uitgeroep.

    En die Afrikaner? Is sy tyd, soos die Jode, die Romeine, die Grieke, en ander volke wat gekom en gegaan het, verby? Wel, dis nie vir ons om te bepaal nie, maar daar is tekens van ‘n verflentering en verbrokkeling wat mens noop om vrae te vra.

    Wat sou dr Verwoerd vandag gesê het? Dit weet ons nie, maar uit enkele toesprake kan ons wel vasstel wat sy voorspelling was.

    In sy bekende Loskopdam-toespraak van 4 September 1965, waar hy onder andere stel dat die liberalistiese (dus, interne) gevaar baie groter is as die kommunistiese gevaar, stel hy dat die Blanke homself net sal kan handhaaf as hy getrou bly aan die wese van sy identiteit, naamlik sy taal en sy kerk. Dit sluit in sy kultuur, kultuurstrewe, sy geskiedenis, sy helde en verlede, en sy geloof aan die toekoms van sy volk.

    Op 31 Mei 1966 by die Voortrekkermonument stel hy dat die Afrikaner se toekoms sal afhang van sy karakter.

    Meeste van ons is bekend met sy besielende toespraak by Bloedrivier op 16 Desember 1958. Sy toespraak op 16 Desember 1965 sou sy laaste Geloftefeestoespraak wees, en is, wat die inhoud betref, netso treffend en belangrik vir ons vandag. Hier wys hy op die karaktertrekke van die Voortrekkers van Bloedrivier en hoe ons (die mense van 1966) van hulle verskil, maar ook hoe dieselfde karaktertrekke nodig is vir die voortbestaan van ons volk.

    Hy stel dit baie duidelik dat mens nie ‘n reg het op op hoop vir die toekoms en ‘n reg op vertroue in die toekoms as dit wat dit moontlik maak, nie in jou is nie. Nogeens stel hy dat dit afhang van die volkskarakter. Om te veg vir die voortbestaan van ‘n volk eis baie meer as om vir jouself te veg. Dit stel ‘n baie groter eis.

    Op 16 Junie 1964 in die parlement en na aanleiding van die uitslag van die Rivonia verhoor, stel hy dat sou die Kommunisme in ons land seëvier, ons land “daarmee heen” sal wees en maak hy die bekende, “God verhoed dit!” uitspraak na aanleiding van die retoriese vraag wat sou gebeur as Mandela die land sou regeer. Dit sou “ons end” wees, aldus Verwoerd.

    Ons weet nie waar die streep vir die Afrikaner getrek is, of getrek sal word nie. Ons weet dat daar nog getroue Afrikaners is wat besiel is met die Afrikaner ideaal. Mense wat ondanks alles steeds vas glo dat die Afrikaner sal opstaan. Wat selfs glo dat God die Afrikaner sal uitlei uit hierdie toestand.

    Dr Verwoerd was baie pertinent oor die saak, ja, dat die land daarmee heen sal wees as Mandela en sy makkers die land sou regeer. Die land is grotendeels daarmee heen, maar talle volksgenote “veg” steeds, al is dit tans grootliks deur gedagtewisseling, vir die volk se voortbestaan.

    Ons word deur ‘n vyandige mag regeer wat eenvoudig alles vernietig en verbruik wat hulle in die hande kry. Ons is gereduseer tot ‘n magtelose minderheid, terwyl organisasies soos Solidariteit en Afriforum vir krummels baklei en talle Afrikaners hulle bedank daarvoor. So minderwaardig voel (en is) die swartes van hierdie land dat net ‘n naam of ‘n vlag hulle minderwaardig laat voel. Wat verstaan die liberale en die kwasi-liberales soos Afriforum nie? Die draer van daardie vlag is die uiteindelike teiken wat met alle mag verwyder moet word. Watse dialoog wil hulle met die Kommunis voer wat jou geen bestaansreg gun nie? Dat hulle tog net laaste aan die beurt sal kom?

    Alles gebeur natuurlik onder ‘n dekmantel van “demokrasie” en “menseregte”. En vir solank die Afrikaner in daardie begrippe gaan glo in ‘n Afrikastaat, is hy noodwendig gedoem tot uitwissing. Richard Weaver, die bekende Amerikaanse filosoof, het van “god terms” en “devil terms” gepraat. Voormelde woorde is uiteraard in ons bedeling die goddelike terme, terwyl duiwelse terme natuurlik Afrikaner, rassis, apartheid, blanke kapitaal, ensomeer is. Laasgemelde woorde het ‘n vaste “duiwelse” betekenis, jy hoef dit nie eers te definieer nie. Dit het so ‘n negatiewe konnotasie gekry dat die see dit nie kan skoon was nie. Nie dat eersgemelde groep woorde enige spesifieke betekenis het nie; die woorde is edel opsigself. Duiwelse terme is ‘n aspek van demonisering, dit het die godsdiens van die liberalis en die Kommunis geword. Blameer apartheid om so jou eie mislukking te verberg en toe te smeer. Ons is vasgevang in ‘n totalitêre kakistokrasie waar die elite alles opraap wat daar op te rape is en in die proses die res van die burgers tot gedienstige slawe gereduseer het. Die land snel na sy einde toe want selfs die rykste land op aarde sal voor sulke plunderaars en barbare nie standhou nie. Ons het nou ‘n totalitêre kakistokrasie wat onder die dekmantel van gemanipuleerde vierjaarlikse verkiesings, ‘n nomenclatura het wat alles opraap wat op te rape is tot verwoesting van die land, sy hulpbronne, sy mense en sy toekoms.

    In Joegoeslawië is Serwiërs destyds (tydens die oorlog in 1999) op dieselfde wyse beswadder sodat opgemerk is dat indien jy genoeg emosie oor ‘n leuen opwek, die saad gesaai is vir ‘n volksmoord. Terwyl dit ontken word speel hier ‘n volksmoord af sedert 1994, maar ons word deur kwasi-Afrikaners soos Afriforum gesus dat hulle alles onder beheer het. Hulle veg vir ons regte! Die waarheid is dat dit jaarliks slegter met ons gaan. Om in ‘n staat van ontkenning te leef, maak nie die saak beter nie, dit maak dit erger!

    Maar terug by die vraag, sal ons dit oorleef? Ek dink Afrikaners moet ophou om hulleself te sus dat God gaan ingryp in die Afrikanervolk se bestaan. Hy gryp nie in in ‘n volk se lewe wat nie gehelp wil word nie. Wat troueloos handel en mekaar boonop beswadder nie. Hy sal individuele gelowige Afrikaners uitlei en bewaar en hulle sal selfs moet vlug soos die Jode destyds na Pella gevlug het! Daar is van ‘n Afrikanervolk met die karaktertrekke van ouds nie meer sprake nie. Dit wat dr Verwoerd wou sien vir die Afrikaner om te oorleef, is byenkelinge teenwoordig, maar beslis nie by die Afrikanervolk nie.

    Dit bring my by sekere “regse” Afrikaners. Hulle beswadder, beskinder en beskimp mekaar te midde van die ergste toestand waarin ons volk ooit  beleef, en hulle wil mense in hulle rubrieke laat glo dat hulle die karaktertrekke van die Voortrekkers het? En ewe skynheilig wil hulle mede-Afrikaners oortuig om tog die reguit pad te loop, terwyl hulle in huise van glas woon? Hulle is, terwyl hulle in hulle arrogansie dit nie self sal besef nie, meer verwerplik as die mees liberale Afrikaners! Ja, dis ‘n hersenskim om te praat van Afrikanervryheid en van eendragtige verset. Watter leier moet boonop na so ‘n volk “gestuur” word? En om wat te doen?

    Die alternatief? Ek glo daar gaan ‘n nuwe volk ontstaan in ‘n nuwe land. Ek glo dat Afrikaners wat eenders voel noodwendig sal moet trek (ja, dalk al hulle besittings moet agterlaat), net soos die Voortrekkers destyds moes trek. Dis ‘n droom om te dink dat groepies Afrikaners op verskeie plekke in hierdie land enigsins sinvol weerstand kan bied teen hordes, nie net van hier nie, maar ook van buurlande wat steeds stroom na hierdie land. Om te trek is nie vreemd aan dit waarin ons voorgeslagte geglo het nie. Wat het die Hugenote nie alles in Frankryk moes agterlaat of die Voortrekkers in die Kaap nie? Honderde jare se erfenis!

    Dr Verwoerd het geen toekoms vir die Afrikaner gesien onder swart kommunistiese bewind nie. Hy is baie duidelik op rekord daaroor. En hy het rede gehad om so te dink. Hy was die één Afrikanerleier wat sake koel en beredeneerd kon beskou en nooit deur emosies opgesweep geraak het nie. Feit is dat die Afrikaner se weerstand  tans beperk is tot die skryf van artikels op webwerwe, terwyl talle van hierdie skrywers nie ‘n oomblik sal huiwer om mekaar agteraf te beskinder nie. Skynheiligheid wat nie eers ingesien word nie! En glo my dis hierdie skynheiliges wat die skerpste te velde sal trek teen ‘n artikel soos hierdie.

    En wat van Siener van Rensburg? Wel, ek glo in die Bybel en nie in mense se opgemaakte verdigsels oor Siener nie. Elkeen is deesdae ‘n kenner oor wat Siener kwansuis sou “gesien” het. So asof mens net moet sit en wag — dit sal alles voor ons afspeel! Dis nou voor die enkeles wat gaan oorbly na hierdie menseslagting wat daagliks aan die gebeur is!

    Terwyl ek ‘n student was het ek by geleentheid op ‘n Sondag ‘n erediens van ‘n Afrikaanse dominee in Hillbrow bygewoon in ‘n Afrikaanse kerk. Ja, in Hillbrow. Dit was een van die beste boodskappe wat ek ooit gehoor het. Dit het gegaan oor die wil van God. En die boodskap was in kort dat as jy teen 160 km per uur in Eloffstraat in Johannesburg se middestad jaag en jouself verongeluk, jy nie moet sê dis die Here se wil nie. Jy het dan God se beheer wat Hy in jou lewe wil hê in jou eie hande geneem. Hy het jou dan laat begaan. Ek glo die Afrikanervolk soos wat dit bestaan het, is nie meer nie. God het die volk laat begaan.

    Die apostel Paulus het heimwee oor sy volk gehad toe hy gestel het dat hy Israeliet is, ‘n nakomeling van Abraham, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër. Daarvan lees ons byvoorbeeld in Handelinge 22, Romeine 9 en 11 en 2 Korinthiërs 11. Maar hy het geweet sy volk se lot was verseël. Ja, ons beleef ook heimwee oor ‘n volk wat eens was, trots maar Godvresend, dapper, maar altyd nederig voor God, onverskrokke, maar medemenslik. Feit is daardie karaktertrekke wat dr Verwoerd van gepraat het bestaan nog net in enkelinge binne hierdie Afrikanervolk. Ons jeug het ons reeds verlaat en die meerderheid volksgenote het van hulle volkskap afstand gedoen. Ja ons volk, al ontken ons dit, het die pad byster geraak, en boonop met vreesaanjaende spoed soos daardie motorbestuurder in Eloffstraat.

    Dis tyd om te trek. Dis tyd om nuut te dink oor Afrikanerskap. Die volk wat was, is nie meer nie. En dít wat oor is, is nie meer ‘n hegte eenheid met ‘n gemeenskaplike doel en strewe nie.

    Res ipsa loquitur. Die feite spreek (tog) vanself.