Van ‘sjiek’ tot ‘kommin’ binne slegs minder as drie dekades. Eeue se kultivering en kweek, binne dertig jaar ongedaan gemaak. Boekdele is geskryf en uitgegee oor die nut en verbou van tabak binne Suid-Afrika en Rhodesië; vandag bloot handleidings toe onder die as. Ons voorvaders moes om voorskotte bedel vir ‘n bietjie twak (maar Ouma het ook self darem lekker gestook). Van ons grootste genieë het hul wonderskone woorde met kankerstokkie in die hand neergepen. As jy onkundig was, kon jy gaan pyp opsteek by die wyses. Party siele het gebewe soos ‘n koggelmander wat pypolie ingekry het. Ander moes gaan pyp uitslaan. Selfs Jan van Hunks het die duiwel laat omkap in die rookwedstryd. En glo my, daardie oom kon die pyp rook. Soos ‘n skoorsteen. Selfs tannie Emsie Schoeman se Goeie Maniere en Etiket bevat ‘n afdeling hoe jy daardie sigaar tussen jou duim en wysvinger by jou oor moet rol om daardie krakerigheidjie te hoor – te veel is te droog; geen krakerigheid is te vogtig. Dis die kuns.
En nou?
Jy bars in ‘n hoesbui uit as die Amerikaanse Popular Mechanics maar twéé sigaretadvertensies bevat. Nee, Suid-Afrikaanse tydskrifte mag lankal nie meer adverteer nie. Die Durban July ook nie. Die vinger van die staat is alomteenwoordig: die winkelsentrum jaag rokers weg. Die eens statige sekretaressie moet soos ‘n dronk hoer haar bene om ‘n lamppaal gaan vleg om ‘n skyf in te kry. Koop jy die produk, hy vloek jou uit! Die dominee en voorsitters put genot daaruit om die preek en vergaderings nou 4 uur langer te maak net om jou rooklus te tart! Op skool is die sinkhok vir die rokende seuns op die plaasskool van tydens die Britse koloniale era lankal afgebreek: nee, onderwysers moet maar liefs buite die skool gaan rook. Brandstigter, anargis, kindermoordenaar – dit is nou jy daai!
Hoe rook dit vir jou?
Ek skryf as iemand wat in ‘n huis grootgeword het met twee strawwe rokers. Ek moet my ouers dankbaar wees vir die twee pakkies (soms meer) Satin LeafUltra Mild per dag wat met die blou dampe my ‘n passiewe roker gemaak het. Die waarskuwings op die pakkies was die eerste woorde wat ek sommer saam met die Kinderbybel leer lees het. En haai, ek kon, want dit was nog in Afrikaans! Volgens die statistiek en waarskuwings in die hoofstroommedia behoort ek nie eers my eie naam te kan skryf nie. Nou hoe onnosel moes ons voorsate darem nie gewees het nie?
Ek het hoegenaamd nie sleg op skool gevaar nie, inteendeel, ek was permanent onder die top tien. Maar ek is my ouers dankbaar. Diep dankbaar. Het hulle my nie so bestook nie, dan sou geen onderwyser met so ‘n geniale duiwel soos ek kon huishou nie! Gedenk maar wat Langenhoven oorgekom het, soos Kannemeyer ons vertel in Langenhoven: ‘n Lewe (1996):
Daar bestaan ‘n algemene wanopvatting dat Langenhoven dikwels van sy werke voltooi het terwyl hy sterk onder die invloed van alkohol was. Gedeeltelik het hy self aanleiding tot die storie gegee.
[…]
By geleentheid het ‘n aantal Oudtshoornse vroue wat met die kerk te make gehad het, met hom oor sy drankgebruik gaan gesels. Hy het geduldig, sonder om iets te sê, na hulle geluister. Toe hulle klaar was, het hy, terwyl hy na die boekrak agter hom beduie, geantwoord: ‘Dames, in my dronkenskap het ek die boeke geskrywe wat julle hier sien. Wat het julle in jul nugterheid gedoen?’
Presies, ja. Wat doen die staat in sy nugterheid?!
In hierdie rubriek het ek, as nieroker, my laaste bietjie breinselle bymekaargeskraap om apologeties teenoor ons arme rokers op te tree in hierdie tyd van beproewing (dit is, as jy nog nie na selfverboude papegaaislaai oorgeslaan het nie).
Ons moet strewe na neutraliteit. Hoor die anderkant aan!
Rokers is die maklikste mense onder die son. Verjaarsdae is so eenvoudig. Veral nou nog met Pa. As jy nie weet wat om vir hom te kry nie, is hy maar te diep dankbaar vir die karton sigarette of aansteker wat hy in elk geval uit sy eie sak moes koop. Nee, hy sal dit nie gaan inruil nie. Beslis nie. Want dit is nie soos ‘n hamer wat hy reeds het nie. Dis ook nie soos rekenaartoerusting wat verouder nie. Ook nie soos soetgoed wat nie juis na sy smaak is nie. Ook nie soos lugtyd waarop die prys gedruk staan nie. Ook nie soos koffie wat reeds op die inkopielysie staan nie. Ook nie soos ‘n boek wat hy nooit sal lees nie (hy is ook nie van die leestipe nie). Ook nie soos ‘n hemp wat in die kas sal vergeel van nooit dra nie. Rookgoed is eie goed.
My moeder het in 2003 opgehou rook. Met behulp van Nicorette (wat sy tot vandag nog kou), ‘n vuil asbak (wat haar longe sou versinnebeeld), ‘n skuldgevoel dat sy van haar kinders geld roof, en haar geloof. Sy het vir die Here gevra om haar so ‘n renons te gee in rook dat sy nooit ooit weer haar mond aan ‘n sigaret sal sit nie. Haar gebed is verhoor. Té goed. Nou gaan sy byna dood van elke buurman se kaggelrook! Die wintermaande bid jy om van die kollektiewe rookskuld wat die hele dorp en groeiende informele nedersetting dra, net om die somermaande gouer om te bid van die veldbrande en stof. En sommer die herfs ook as naskrif, want dan begin die boere weer die graanlande skoonbrand. Muskiete het skynbaar ook ‘n liefde vir nikotienvrye bloed begin ontwikkel, want Moeder kan nie onthou van soveel muskietbyte in haar ganse lewe soos nou nie. Maar mens kan mos nou nie op jou woord teruggaan nie!
Ek kan nie glo iemand verf hul kamermure wit nie. Dis so koud. So doods. So, asof mens die laaste bietjie lewe van mense wat was, doodverf. In hospitale bly daar nie eens ‘n nat kol agter nie. Daar mag geen spoor van jou bestaan agtergelaat word nie. Jy was nooit daar nie. Jy bestaan nie. Hierdie steriele bestaan maak my bang, want het die Middeleeue nie darem meer as ‘n handvol palimpseste agtergelaat nie? Waarvoor was ons dan hier?
Maar met genoeg rokers in die huis kry jy sommer gou-gou ‘n gesonder mensliker kleurtjie terug, sonder om ‘n binnehuisversierder in te roep. Wit word mettertyd room. As jy die saak wil bespoedig, moet jy net meer gereeld kerriegeregte ook maak. En tjips bak. Sien, die mure kan praat! Die vertel ‘n storie! As die verf goed genoeg is om ‘n eeu te hou, sal jy kort voor lank ‘n nog huisliker bruine café soos in Holland kan besoek. Swart gerook deur kom-en-gaan geslagte mense wat hul koffietjies in samesyn geniet het. Hulle laat almal ietsie agter. Jaar in en jaar uit. Dis nou tradisie! Wat ‘n argeologiese vonds!
Ek mis die dae toe restaurante rooksones gehad het. Dit was nog voor die werklike drakoniese wette deurgevoer is. Ek onthou in die Spur op Hermanus destyds (vroeë 2000’s) was daar ‘n rooksone waar ek by my ouers gesit het, agter ‘n halftoe skuifdeur. In die Wimpy op ons dorp ook. Anderkant die glasdeur het die eetplek gewoel, geraas en gewemel van kindertjies wat skrillend rondhol, messe en vurke wat raakkap en skraap en monde wat nom-nom-nom. Maar by ons, asook ‘n ander gesin by hulle tafel in die vertrek, was dit rustig en stil. En. So. Eksklusief. Dit kon geen Master Card koop nie. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dit was absoluut fantasties. Die stilte, of nee, miskien was daar tog ‘n bietjie musiek. Die feit bly staan: jy kon jouself daadwerklik hóór dink.
So kinders wat rook is ‘n skande? Dis nie wat ons wetenskapsjuffrou die dag gedink het toe haar eie aansteker opraak nie. Die bunsenbrander moes aangesteek word vir ‘n proef, die les moet voortgaan. Sommer op die ingewing van die oomblik, om tyd te spaar, vra sy: “Het iemand van julle ‘n lighter?” ‘Ja, Juffrou’, kom die een rooikopdogter aangedraf. Almal kyk op (want dis duidelik hoekom), maar die juffrou laat met ‘n onderdrukte glimlag die saak verbygaan. Die les kon ongesteurd voortgaan.
Die hele rookkultuur het ontsettend baie nut vir die motoriste beteken. In die ou motors kry jy nog plastiek- of chroom-asbakke langs die agterdeure wat sommer as ‘n gerieflike vullisblikkie ook dien vir lekkergoedpapiertjies of sneesdoekies en so. Jy het dit in die Mercedes so gekry, jy het dit ook so in die nederige Volkswagen Golf gekry. Die gloeiwarm sigaretaansteker kon in ‘n tyd van nood ook nuttig aangewend word [as kind het ek nie eens geweet hoe dit werk nie], en agter daardie sigaretaansteker was die veilige aansluiting vir die elektriese pompe en selfoonlaaiers. Vandag het jy satellietnavigasie, plek vir tydskrifte, plek vir jou selfoon, plek vir jou bierblik (oop, waarskynlik), plek vir jou sonbril, armstut, reling om jou baadjie langs die venster te hang, ‘n leeslampie, selfs sitplekverwarmers en klimaatbeheer om die hitte van onder te waardeer… maar geen asbakke meer! Nou kyk, my moeder kan sê mansmense is so onprakties, hulle kan nie eens wasgoeddrade op ‘n bouplan inteken nie – maar noudat vroumense karre begin ontwerp: wat ‘n ramp! Wat ‘n sanitêre probleem! Waarom moet ek nou met die verdomde papiertjies in die hand sit tot en met die volgende drom? Dis nie Europa hier nie! Te veel moeite, ons gooi dit sommer by die venster uit en skep werk vir ons medemens. Gee die troostelose, eindeloos-eentonige Karoolandskap bietjie meer kleur.
Uit ‘n volstruispoot kon jy ‘n eksotiese asbak laat regop staan wat jou gaste in vervoering sou hê. Asbakke het mens in die mooiste kleure gekry. Party was van swart glas wat volgens streng geometriese vorm uitgekerf is, trots met die Mercedes-Benz-wapen op. Ander, soos dié van Firestone, het ‘n allemintige rubberband (tyre) om die glas gehad: haal jy die glas uit, kan jy kontantnote binne-in die band wegbêre. Sommige was van beskeie erdewerk of goedkoop plastiek. En dié van koper sal mens liewer in jou sitkamer wil uitstal, eerder as gebruik. Op skool het van die kinders asbakke uit koeldrankblikkies gemaak, met die randte wat so omkrul. Elke vakansieoord of pretpark het sy eie logo op asbakke gedruk (as reklame). Jy kon selfs ‘n asbak as sentimentele aandenking koop, van ‘n groot internasionale gebeurtenis, soos mens met sierlepels sou maak. Waarvoor gebruik mens vandag asbakke? Wel, jy kan blomsaad daarin droog; jy kan blomblare soos potpourri daarin droog; jy kan lekkergoed daarop uitstal; jy kan jou bottel yskoue water daarop neerplak sodat jou embuiatafel nie watermerke kry nie (ek het nog nooit ‘n liefde vir doilies en matjies gehad nie)… dus, eintlik meer as wat jy met jou ouma se kosbare pierings sou aanvang. Ek dink ook maar net aan al die werksgeleenthede wat die vervaardiging van asbakke kon skep. Bowenal kan asbakke as kollektebordjies dien: ek is seker die munte sal met teerheid hanteer word.
Rokers is lewensredders! In the South African Book of the Road van die AA (1988, p. 96), staan daar: “Treating tick bites: Apply the glowing end of a cigarette, or a burning match, to the tick’s body; this will make it fall off. Do not try and pull the tick out as it may leave its head behind, causing infection.”
Ekobewustes is tog so besorg oor die natuur. Chemiese middele, soos insek- en plaagdoders, is gif vir ons toekoms. ‘Organiese tuinbou’ is mos nou die volhoubare manier om ons nageslag ‘n gesonde aarde na te laat. Is ek reg? Nou… waarom sien ek fyn tabakstof so min op die supermark se rakke?
Die brandalarms en brandblusstelsels is juis in ‘n tydperk in gebruik geneem toe daar so baie rokers in die gebou was tussen papierwerk. Ironies, nè. Noudat die rokers uit die geboue verban word, met al hierdie stelsels wat daar voorheen nie was nie, is daar egter steeds elektriese en elektroniese toebehore wat ‘n brandgevaar is. Ek is geneig om te dink dit was die rokers wat die brandblustegnologie na vore geskuif het, deurgedruk het, deurgevoer het, en die tegnologie juis daarom sy tyd vooruit was. En dis nou die dank wat hulle daarvoor kry?
Niks irriteer mens meer as daardie vetterige taai handjies wat so aan alles moet klou en vuilvat nie. Nee, ek bedoel volwassenes s’n. Jou sierkussinkies, die tafelrand, die portrette, die orrel, die glase, die meubels, die gordyne… alles loop deur. Hande wat werk soos suiers! Nee, wat. Gee daai pote werk om te doen! “Hier, hou my sigaret vas.”
Dis eintlik snaaks dat die volgende verhandeling nog nie aan die universiteitskomitee voorgelê is nie: “Sal ‘n vrou wat rook haar kinders minder lipstiffieblertse (en ‘n knou vir hul selfbeeld) gee as ‘n nieroker?”
Met ontydige kragonderbrekings sal jy gou genoeg weet waar jy met iemand staan. ‘n Helder ligbaken waarteen niemand sal vasloop nie.
Is ‘n roker ‘n ‘rebel’, of bloot ‘n ‘onafhanklike denker’? Dis bloot ‘n semantiese spel, liewe leser.
Rokers is uitgeknip vir die diplomasie. So, daar hang nou die reuk van die dood in die sitkamer. Almal ruik dit. Dit ruik die ene verpulpte bene en hondekos. Ja-nee. Dis Wagter se winderigheid. En die kamertjie is klein. Die “brandskoon linne”-reuksproei is dolleeg. Wat nou? As jy iemand soos die koningin van Denemarke langs jou op die bank het, vrees nie. Die ou vrou het ‘n plan. Sy haal sonder ‘n woord uit haar handsak die vuurhoutjie, steek haar sigaret baie tydsaam aan en woeps!, verbloem is die stank met ‘n aangenamer swawelreuk. Niemand in die verleentheid gestel nie, nie eens die hond nie.
Twee vreemdes deel ‘n oomblik op die balkon. Hoe begin die man ‘n gesprek met die aanvallige jong dametjie? Nee, hy gesels nie oor die bibberweer nie – dalk is sy ‘n ysprinses wat mal is oor die koue. En wat daarvan as die lugdruk 1 023 hektopascal is en die humiditeit op 82,9% staan? Hy kan nie nou al haar klere en mooi hare waardeer nie, dis gans te vroeg. Nee. Hy tuur eers die verte in, blaas bietjie stoom af, skraap al sy moed bymekaar en vra heel terloops: “Rook u, dame?” En dan kom daardie smeltblik (eintlik daardie aanbod in sy hand!) wat die jonge dame net nie sal kan weerstaan nie. Hoeveel verhoudings het nie so begin by hierdie aanknopingspunt nie?
Om te sê rook maak jou dom, misgis jy jou. Dit maak van jou ‘n uitstekende rekenmeester, met ‘n lopende balansstaat hierbo in jou kop. Piet van Worcester skuld jou nog ‘n sigaret wat hy by jou kom bedel het, Fransien van Kaapstad so twee, Jan van George so vyf, Klaas van Oudtshoorn so nege; jou eie dorp is jou een-en-dertig sigarette verskuldig. En, nou ja, ‘n ander man wie se naam jy wonderbaarlik vergeet het skuld jý ‘n karton vol. Vir ons nierokers is dit ‘n haas onbekende wêreld, ‘n informele mikro-ekonomie in die kleine, maar eintlik werk dit soos ‘n bank wat ter goede trou werk. As jy nie skuld het wat jy afbetaal nie, is jou kredietwaardigheid nul. Mense is so by mekaar in die skuld met sigarette dat hulle nie sonder mekaar kan klaarkom nie!
Wie’t gesê rook kan nie help om ‘n nasie te verenig nie?
Laastens. Niemand kan meer sê jy het nie jou lewe vir jou land opgeoffer nie. Jy het hope belasting betaal, jou liggaam verniel, jou siel verpand aan die grootste wettige dwelmkartel sodat klein Sipho’tjie kan brood en melk koop met die staatstoelae. Die een se dood is weliswaar die ander se brood. Maar “baie dankie”, kry die arme rokers nooit nie.
Meeste, indien nie almal van ons nie, kan nie wag dat alles weer na “normaal” terugkeer nie. Daardie dag wat ons weer met ons lewens kan voortgaan soos wat ons dit goeddink. Wat ons weer kan kerk toe gaan op Sondae, ons beroepe onbelemmerd kan beoefen, ons kinders weer kan skoolgaan soos voorheen, ons aan sport kan deelneem en na ons gunstelingsport op televisie kan kyk. Ons sien reikhalsend uit dat alles sal terugkeer na “normaal”.
Steeds verbysterd oor wat met ons gebeur het en te midde van ‘n oorvloed van leuens wat aan ons opgedis is en steeds word, glo ons steeds daar sal ‘n dag kom waarop alles weer soos voorheen sal wees. Maar nou hoor ons dat ons in “fases” regeer sal word en dat “ongehoorsaamheid” kan beteken dat jy en jou stad of dorp weer maklik na ‘n “erger” fase verplaas kan word. Ons is dus wat ons bewegingsvryheid betref, volkome afhanklik van ‘n regering wat in 26 jaar alles waarop hulle hulle hande gelê het, vernietig het. Hulle sal bepaal hoe ons vryheid gaan lyk. Wat “normaal” is aan ‘n toestand wat deur die grille en giere van ‘n onbevoegde en idiotiese regering bepaal word, is vir my moeilik om in te sien. Dit word boonop gedoen terwyl niemand kan aandui wanneer ons van “die virus” ontslae gaan wees nie. Intussen moet ons blykbaar op die bona fides van ‘n regering staatmaak wat juis nie vertrou kan word oor enige saak nie.
Ek is van mening dat hierdie regime (so genoem weens hulle onwettigheid) soveel genot uit hierdie tirannieke maatreëls put dat hulle kwalik daarvan sal wil afstand doen. Wat is dan lekkerder vir ‘n magsugtige regime as om, sonder debat, en onder die vaandel van “the virus kills”, regulasie na regulasie uit te vaardig? Boonop, met ‘n winter op hande, onbeholpe toetsing, areas wat onbeheerbaar is vanweë die opeenhoping van mense in dikwels haglike toestande, en ‘n inenting wat as redding beskou word, maar wat klaarblyklik eers oor 12 tot 18 maande beskikbaar gaan wees, kan daar nie sprake wees van normaliteit wat gaan terugkeer in die maande wat voorlê nie.
Mense besef nog nie dat hulle met die aanvanklike grendeltydperk (lockdown) toestemming gegee het vir ‘n toestand wat nie sonder grootskaalse verset reggestel sal kan word nie. En boonop is niks van dít wat onderneem is deur die regime bereik met die aanvanklike drie weke en enige tydperk daarna nie. Paniek en vrees het goeie gesonde verstand en logika eenvoudig verdring en sou ons byvoorbeeld na fase 3 beweeg en daar is ‘n toename in besmettings (veral by skole), verwag ek dat ‘n verskrikte publiek (sonder veel teenstand) eenvoudig soos skape weer na fase 4 en selfs 5 gelei sal word. As hulle maar net kan rook en drink by die huis… Dat hulle en hulle kinders se immuniteit juis verswak het terwyl hulle in hulle huise weggekruip het, het by meeste verbygegaan. Dat mens eenvoudig die gevare van die lewe moet trotseer terwyl jy elke veiligheidsmaatreël tref wat getref kan word, maar die plig en die verantwoordelikheid het om te werk, het eweneens by meeste verbygegaan. Nee, nou is ons uitgelewer aan die genade van ‘n magshonger elite en het ons die wil om ons eie toekoms te bepaal, klaarblyklik verloor.
Wat ingesien moet word, is dat hierdie “pandemie” beplan is. Daar is ‘n oorwig van getuienis tot dien effekte. Bill Gates, die WHO en Big Pharma het, in samewerking met ander rolspelers ‘n troefkaart gespeel wat hulle dalk self nie kon indink so suksesvol sou wees nie. Nie net enkele state nie, maar die ganse wêreld het geval vir die leuen dat ons te doene het met die dodelikste virus wat die heelal nog getref het en dat dit die drakoniese maatreëls regverdig wat nou lukraak aan elkeen opgelê word. Nou word ons tot in die fynste besonderhede gemonitor met “toeps” en selfone en ‘n polisiestaat waar krygswet geld en van menseregte dadels gekom het.
Ten spyte van oorvloedige bewyse dat die virus in ‘n laboratorium geskep is (dus doelbewus), en dat die “pandemie” in besonderhede deur Bill Gates, die WHO en die John Hopkins-universiteit beplan is (Event 101), word sulke feite as “komplotteorieë” – die argument om alle argumente mee te beeïndig – afgemaak. Die elite het hiermee groter beheer oor ons lewens gekry en alle ekonomiese mededinging uitgeskakel. Deur boonop inligting oor die virus en die klaarblyklike infeksiekoers te beheer, sal gesorg word dat bevolkings nie uit die inperkings wat orals ingestel is, kan ontsnap nie.
Globaliste het reeds verklaar dat ons nie na “normaal” sal terugkeer nie. Intussen “juig” ons oor elke nietige verslapping van die drakoniese maatreëls, so asof dit enigsins bevryding bring. Praat van ‘n “tropmentaliteit”!
Industrie na industrie is besig om onder te gaan. Lugrederye, die toerismebedryf met al sy vertakkinge, die drankbedryf, tabakmaatskappye, noem maar op. In ‘n kwessie van drie maande is die wêreld se ekonomie op sy knieë gedwing. En elke nuwe dag gaan die situasie vererger. So sal net die grootste maatskappye oorleef en sal alle mededinging uitgeskakel word vir die groot monopolieë.
RW Johnson, die links-liberale politieke kenner en skrywer van verskeie boeke oor die katastrofiese nuwe Suid-Afrika skryf in Rapport van 24 Mei 2020 dat die ANC eenvoudig die res van die wêreld slaafs nagevolg het met die instel van inperkings terwyl die land nie die fiskale ruimte, openbare gesondheidstelsel en die hulpbronne het om dit te implementeer nie. So het die inperking net die infeksie vertraag en voorspel dit maande van verdere inperking. Cyril die Groot Verlosser word boonop deur elke breinlose Suid-Afrikaner geprys vir die waansin wat ons nou beleef. Johnson voorspel dat die inperking in duie sal stort. Indien dit sal gebeur, sal meeste van ons juig, maar ek is nie so seker dat die ANC van sy beheer sal wil afstand doen, selfs al gaan dit hoe sleg nie. Ons toestand lyk dus veel slegter as meeste ander state in die wêreld.
Volgens ‘n studie wat gedoen is en waar besighede gevra is oor die effek van die inperking, het net 6,7% aangedui dat hulle meer as drie maande se sluiting sou kon oorleef. Intussen word ons werkloosheidsyfer groter by die dag en word selfs voorspel dat 50% van alle Suid-Afrikaners werkloos gaan wees na hierdie waansin. Feit is ons loop ‘n tragedie tegemoet wat, indien ons dit nie self tot stillstand ruk nie, ons ekonomies gaan vernietig.
Daar is dus, of ons dit wil hoor of nie, net twee opsies vir ons oor: Onderwerping of verset. Verset is ‘n gelaaide woord en wanneer so ‘n keuse gemaak word moet dit met uiterste versigtigheid en oorleg benader word. Om te praat teen hierdie waansin is die begin van verset. Om te betoog teen hierdie kakistokrasie is die volgende stap. So sal verset ook in “fases” gedoen moet word. En ja, verset sal te alle tye vreedsaam moet wees.
Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ons bestaansmiddele voor ons neuse weggevat word deur ‘n vyandige regime wat ‘n veer voel vir ons nie. En wanneer ons besef dat hierdie regime niks vir ons voel nie, en boonop net die agenda van die superryk elite uitvoer, sal ons ook besef dat hulle geensins bekommerd is oor ons gesondheid nie, maar dat dit alles gaan oor beheer. So word ons dan nou beheer deur ‘n inperking wat ook ons reg op lewe, reg op vryheid, reg op ‘n bestaan en talle ander regte eenvoudig vertrap het. Die geelwortel van ‘n inenting wat kwansuis ons redding gaan wees moet aangesien word vir wat dit is – ‘n metode tot verdere beheer en die uitrek van ons verslawing en vernietiging in die proses. Ons sit dus en wag vir ‘n vyandige regime en ‘n Sataniese orde om ons te red. Ons sal wag en wag tot die perde horings kry…
Moet nie u hoop op ‘n “heropening” van die ekonomie vestig nie. Ook nie op makliker fases (soos fase 3) nie. Dit gaan nie hou nie. Dit is ook nie bedoel om te hou nie. Sou die eerste klomp skoolkinders die virus onder lede kry sal die juigkommando van die regime (news24.com en andere) sorg dat paniek en vrees weer alle rasionele denke verdring.
Nee, die nuwe normaal gaan ‘n lewe wees waar ons in fases van inperking hanteer gaan word. Soos diere. En as ons nie tot ons sinne kom en in verset teen hierdie waansin kom nie, sal ons dit verdien. En boonop te dankbaar wees oor elke verslapping wat ons meesters afkondig.
Ek is nie bereid om in so ‘n land te bly en te leef nie. Is u?
Die volgende boek deur Philippa Garson (gebore in 1965) is op 30 Maart gepubliseer: Undeniable: Memoir of a covert war (Auckland Park: Jacana, 2020, 336p, R209 (loot); Amazon Kindle $14,89). Die teks handel veral oor die drie partye wat in 1990/94 in ‘n bedekte oorlog gewikkel was: die ANC, Inkatha en die sogenaamde Derde Mag. Dit was uiteraard veral die rol van die Derde Mag (by uitstek blankes) wat glo gekamoefleer is en aan die kaak gestel moes word: “These guys were no doubt highly skilled in the messy art of covert warfare. They’d been perfecting it over the years in Namibia, Zimbabwe, Angola and Mozambique. And the military’s Special Forces, as well as their police special unit, Koevoet, had become adept at ‘turning’ liberation fighters from these countries and ours into killing machines for their own ends” (Kindle 890). Op grond van eerstehandse waarneming slaag die outeur uitmuntend daarin om die absolute valsheid van die gewilde stelling, “ons vreedsame oorgang na demokrasie,” bloot te lê. Hierdie inligting word vervleg met outobiografiese besonderhede. Daar is baie dialoog in die teks. Dit is sekerlik nie waarheidsgetrou nie maar agterna gekonstrueer om ‘n bepaalde beeld te skep of standpunt oor te dra.
Garson het die grade BA en Honneurs-BA in staatsleer (“political science”) aan die Universiteit van die Witwatersraad (Wits) verwerf en in 1989 as joernalis in diens van die Weekly Mail (tans die Mail & Guardian) getree. Die koerant was ‘n poging om die linkse Rand Daily Mail te laat herleef (295). Garson se pa, van Skotse afkoms, was ‘n dosent in geskiedenis en later ‘n dekaan aan Wits (330). Haar ma is van huis uit Afrikaans maar het verkies om eerder Engelssprekend te wees. Sy was ‘n Wits-bibliotekaresse. “With my mother’s cultured English and embrace of all things British, her Dutch/Afrikaans origins came as a surprise to many” (522). “As a child, my mother had read through the entire Encyclopedia Britannica from A to Z” [!] (2154). Op die internet word Engels as die outeur se enigste taal aangedui. Wanneer sy as joernalis onderhoude gevoer het, het sy blykbaar nie Afrikaans gepraat nie en van Afrikaanssprekendes verwag om Engels te praat (2899). Garson is die jongste van vier susters wat in ‘n polities verligte huis grootgeword het. Daar is by hulle die neiging om nie net pro-swart nie maar ook pro-ANC te wees, gekombineer met ‘n voorliefde om eerder oorsee te verkas. Die een suster het in Spanje gewoon (3020) en ‘n ander een in Australië (3852).
As student aan Wits het Garson aan linkse protesaksies deelgeneem en in ‘n kommune gewoon. Sy beskryf haarself as “cocky” (1597) en “a privileged white ‘party girl’ from a liberal-leaning household” (59). Dwarsdeur die boek beklemtoon sy haar boheemse leefwyse en die hedonistiese manier waarop sy haar naweke in kroeë en jazzklubs met sigarette, drank, dwelms en dans deurgebring het: “a decadent escape from it all” (319). Sy het met ‘n aktivistiese bruin man uit die Kaap, Clyde genoem, deurmekaar geraak. Hy is ‘n donkerkleurige bruin mens met “curly hair” (1447). “Clyde was committed to ‘the struggle’ and regarded himself as black” (1447; ook 579). “He, like me, had been steeped in Marxist politics on campus, where we’d all regarded the coporate gaints as ‘the enemy’: they’d grown fat off the abundant cheap labour of black people” (1734). Clyde het aan die Universiteit Kaapstad studeer en daarna met ‘n beurs van Anglo American in Mississippi as ‘n chemiese ingenieur gekwalifiseer (330, 1734). Omdat hy, soos Garson, marxisties was, was hy glad nie lojaal teenoor sy werkgewer, die Anglo American Corporation, ingestel nie omdat dit ‘n blanke kapitalistiese onderneming is.
Garson en Clyde het in ‘n skakelhuis in Yeoville, ‘n rasgemengde woonbuurt, ingetrek. Garson het haar oor Tebogo, ‘n straatkind van omtrent 13 jaar oud, met wie sy as joernalis ‘n onderhoud gevoer het, ontferm. Hy is net die eerste dag in die huis toegelaat. Daarna kon hy op die stoep slaap. “That corner is starting to stink” (408). “I started to resent his presense – or, rather, the smelly reminder of his presence. A rank odour emanated from his little corner and some days the breeze carried it right into our bedroom” (419). Die verligte paartjie het hoe langer, hoe minder van Tebogo se teenwoordigheid gehou. Clyde was van die begin af daarteen gekant (408): “It’s your white guilt talking!” het hy aan Garson gesê (454). Later het hulle ‘n huis in Bezuidenhout-vallei gehuur en op hierdie manier van Tebogo ontslae geraak. “I could no longer stand the sight of him” (2785). Hulle het ‘n huishulp, Violet, gehad “who ploughed through our mess every Thursday” (3359). “Clyde had come home early one afternoon to find Violet basking in the bath instead, reading a magazine. She was so efficient that neither of us minded: we both laughed at the story” (3371).
Dit was Garson se gewoonte om Sondae na haar ouerhuis te gaan. Haar ma se Afrikanerouers – “the stigma from our colonising forefathers never faded” (522) – was ondersteuners van die Nasionale Party (568). Hulle het party Sondae van Pretoria gekom om saam middagete te geniet. Hulle het ‘n swart huishoudster, Christine, gehad en hulle dogter het ook een gehad, Deborah. Albei was Tswanas en glo uitstekende kokke. Deborah het op die tradisionele manier in ‘n kamer in die agterplaas gewoon. Garson gebruik haar oupa en ouma as spreekbuise vir verkramptheid. Hulle was nie gediend met Clyde nie (568), al het hulle en Clyde Afrikaans met mekaar gepraat. Garson se oupa het aan haar gesê: “He wants to better his social class. Being with you will elevate his social standing” (579). Clyde “knew better than any of us that many coloureds preferred to align themselves with whites in a country where your skin tone determined your rung on the social ladder” (1434). Garson se ouers het skynbaar geen beswaar teen haar saamblyery met Clyde gehad nie. Soos verwag kon word, word regsgesindes deurgaans uiters negatief voorgestel. “There were plenty of rightwingers, inside and outside the security forces, who saw the elimination of blacks as a just course” (688). “The right wing was slaying black people in random attacks” (1979); “the kind of people who shot blacks for fun” (4125). Rassisme word beskryf as “you were hated for your black skin” (1032), die geykte valsheid dat velpigmentasie die (enigste) verskil tussen mense is terwyl dit in werklikheid kultuur/lewenswyse is wat die kloof daarstel, soos Garson later sou agterkom.
Ná 1990 het Garson en Clyde op ‘n keer na ‘n ontspanningsoord in Noord-Natal gegaan, maar die eienaar wou die rasgemengde paartjie nie inlaat nie. Garson se siening van Afrikaners spreek boekdele: “Not that we wanted entry to this creepy place any more. No doubt it was packed with racist Boers playing cards over their brandy and Cokes, their wifes smoking and gossiping in curlers and crimplene housecoats. Yes, I was a snob and a bigot too, writing off everything about them, not just their politics. But I didn’t care … What kind of bizarre white-supremacist gathering might be taking place in there?” (2048). Kontrasteer dit met haar benadering tot nieblankes, veral swartes. Die feit dat sy deel van ‘n “unlikely-looking pair” (939) is, het haar van tyd tot tyd tog gehinder. “Right now I longed to be there, back with my own, my friends, my family, the people I’d grown up with. I didn’t want to be part of an odd, misfit couple – one white, one coloured” (2084). Dan kom ‘n polities korrekte gedagte by haar op: “We were the future” (2095). Clyde word beskryf as “the clever, wounded bird” (2259); ‘n frase wat ek liewer onvertaald laat. Maar sy erken hy is “aggressive and unpredictable” (2270). Hulle albei kan erg beskonke raak.
By die Weekly Mail was Anton Harber die redakteur en Mondli Makhanya een van Garson se kollegas in die “politically correct newsroom” (664). Makhanya is ‘n Zoeloe afkomstig uit Natal maar ‘n ANC-kameraad wat teen Inkatha geveg het (133). Mettertyd het hy die redakteur van die Sunday Times en daarna van City Press geword (5127). Die WeeklyMail is deels uit Swede gefinansier (2774). Elders word na “some earnest Scandinavian funders” verwys (3725). Garson en Makhanya is by geleentheid na Swede gestuur om die donateurs aan te moedig om voort te gaan met hulle befondsing (3060). Daarna: “We joined forces with the British Guardian newspaper, which now had controlling shares in our paper, and the WeeklyMail & Guardian was born” (4473).
Sy beskryf die Weekly Mail soos volg: “Our newspaper had some cachet in struggle circles for relentlessly hounding the apartheid government for its lies and abuses and for exposing the gory goings-on in the townships where young activists were being shot dead in daily pitched battles with the police. We practiced advocacy journalism in the sense that we knew whose side we were not on. But the Weekly Mail was also a platform for opinionated, liberal whites preaching solutions” (191; ook 711). Kortom, die koerant was pro-ANC (377) en het veral daarin belanggestel om die blanke regering so sleg moontlik voor te stel, bv die polisie (bv 214, 3326) en ambulanse (bv 1118, 2875) daag glo alewig laat op as dit swartes is wat hulle hulp nodig het. “We were a ‘lefty’ newspaper buzzing with self-righteousness” (699). Elders word daar na “the bolshie [Bolshevic/Communist] Weekly Mail” verwys (3737).
Reeds vóór 1990 was daar in Natal ‘n stryd tussen die ANC- en die Inkatha-Zoeloes. Dit het vererger toe Inkatha in Julie 1990 ‘n politieke party geword het (1877). Die onrus het toe na die Rand uitgebrei. “Over one ten-day period, more than 500 people had died. The kill rate was the highest in a century of South African history, higher even than in Beirut or Belfast over the same period” (272). “At least 3 460 South Africans had died in the township violence in one year, compared to 2 847 in Northern Ireland since the conflict broke out there in 1969” (2026). Dit was hoofsaaklik swart op swart misdaad en geweld. “Since Mandela’s release more than two years earlier, thousands of people had died in so-called black-on-black violence and the ANC was struggling to contain its followers” (3416). “Many of the facts were incontrovertible, like the numbers of massacres and the numbers of the dead: 49 massacres and 1 250 people dead on the Reef and in southern Transvaal in the previous two years, since the violence first broke out. Other aspects, like who the killers were, and why they were doing it, were up for debate. As were the many eyewitness accounts of the presence of whites in the attacks, of which there were many” (3512) – “yet there had not been one conviction” (3523). Teen 1994: “[The] four-year war had … cost more than 4 000 lives … The ANC had gained control of most of the urban areas” (3831). In 1990/94 was daar “the murder of 420 Inkatha leaders and thousands of its supporters” (5081), waarvoor die ANC verantwoordelikheid behoort te aanvaar. Die totale dodetal in die 1990/94-oorlog word deesdae op minstens 14 000 gestel (kyk hier onder).
Ná die Boipatong-slagting op 17 Junie 1992, waarin Inkatha vir die ANC ‘n loesing gegee het (daar was 45 dooies), het die ANC geweier om met die grondwetlike onderhandelinge voort te gaan. Veertien voorwaardes vir die hervatting van die onderhandelinge is deur die ANC gestel (3427). “The ANC was embarking on a widespread stayaway and mass action to pressure the government into meeting its demands … Ever since Boipatong, the international pressure had been mounting on the government to take steps to stop the violence and rein in its security forces” (3534). Soos gebruiklik het ANC-kornuite beweer dat hulle gesien het dat blankes Inkatha in die Boipatong-aanval ondersteun het. Desmond Tutu was spoedig op die toneel en het dit soos gewoonlik teen die blankes gehad. Hy het homself afgevra “why the people of Boipatong, who were ‘not sophisticated people’, would fabricate what they’d seen?” (3404). Nelson Mandela het op ‘n soortgelyke sluwe manier gereageer: “We can no longer explain to our people why we are talking to a regime that continues to murder our people” (3438). FW de Klerk het nie net aan baie van die ANC se eise toegegee nie, maar sy rug ook al hoe meer op Inkatha gekeer. “Ever since Boipatong, De Klerk had been focused on getting the ANC back to negotiations, pushing Inkatha aside … Doubtless it had nothing to do with the deaths but with the fact that the ANC had been able to cast the government as a pariah again in the eyes of the world that had, with economic sactions, forced them into negotiations in the first place” (3591).
Soos by Boipatong was Mandela en Tutu spoedig op die toneel van die Bisho-slagting (op 7 September 1992). Die ANC het gepoog om Oupa Gqozo, die staatshoof van die Ciskei, te ontsetel, maar Ciskei-troepe het 28 ANC-kamerade doodgeskiet. Oor Mandela skryf Garson: “He was the star of the show, as always” (3814). Tutu “led the crowd in prayer. It was then that his greatness shone on the heads of his subjects like a healing star” (3814).
Omdat dit sedert 1994 grootliks verswyg word, word daar nie algemeen besef watter groot afmetings halssnoermoorde, die ANC/UDF se gunsteling onbeskaafdheid teenoor polities dislojales, aangeneem het nie. “According to police figures, eight hundred people were burned to death from September 1984 tot December 1986” (1831), dus voordat die ANC ontban is. Twee geestelikes/teoloë, wat hulle as vredemakers en versoeners voordoen, Desmond Tutu en Allan Boesak, was toe die leiers van die UDF. In 1990/94 het ANC-kamerade hulle geensins beter gedra nie. “Alfred Nzo, then the ANC secretary-general, described necklacing as a legitimate way for the people to ‘eliminate the enemy element'” (1831). Nzo is in 1994 as die ANC-minister van buitelandse sake in Mandela se kabinet aangestel.
Die terrorisme van die ANC word deesdae by voorkeur voorgestel as ‘n regverdigbare reaksie op die “sistemiese geweld” van die “apartheidregering”. Insgelyks skryf Garson die onbeskaafde gewelddadigheid van die ANC in 1990/94 toe aan die polisie: “The people’s courts were a response to the lack of policing and the abysmal relations between the police and township residents” (2109). Eintlik geld dit hoofsaaklik ANC-inwoners omdat die ANC hulle gebreinspoel en geïntimideer het om nie die gesag van die blanke regering te aanvaar nie. “My friends couldn’t really fathom my preoccupation with the third force” (2282). Die Derde Mag se preokkupasie was glo “to derail negotiations.” Sy het ook vas geglo “the Nats will never give up power” (2294). “They are using Inkatha to do their dirty work” (2306). “We were a gutsy newspaper desperate to expose the murderous men behind the third force” (3489), dus blankes en nie die swart geweldenaars nie.
Die kernrede vir die bedekte 1990/94-oorlog was die magshonger, gewelddadige, terroristiese ANC, wat ten alle koste politieke beheer oor die land wou oorneem. Daarom moes die ANC sy vernaamste opponent, Inkatha, ten minste neutraliseer, as hy hom nie kon uitwis nie. “ANC intolerance [and] their failure to suspend the armed struggle” (1601) was bose werklikhede. Mandela “walked not on water” (2026). “Mandela … wasn’t a saint … The ANC now had its eye on the prize, control of the country, and nothing – not even this violence – could sway it from its course” (901). “Perhaps it was true that the ANC simply couldn’t tolerate competition in any form. Was the notion of a third force just an excuse for an outbreak of bloody rivalry between two political groups whose leaders were unable or unwilling to bring them under control?” (1186). “Maybe the National Party was correct and the violence was nothing other than tribalism between two ethnic groups vying for supremacy. The ANC preached non-racialism, as well as non-tribalism in defiance of the apartheid policies that had sought to divide and rule. But it was common knowledge that tribalism existed too in the ANC” (2400).
Met kenmerkende valsheid het die ANC voorgegee dat hy nie aanvallend optree nie maar verdedigend. “Self-defence units (SDUs) [were] to be set up to protect township residents” (1979). Die slinkse Mandela “accused Inkatha of wanting to ‘rise to power on the corpses of dead people.’ He blamed the government and security forces for sponsering violence against the ANC, warning that it would spread to white areas unless it was stopped. Now the ANC was threatening to arm its own self-defence units. By the looks of things, they were already doing so” (2470). Later: “Of growing concern were the increasingly lawless ANC-aligned self-defence units … Returning MK cadres were manning the SDUs … An MK-controlled SDU [had] seemingly endless access to AK-47s and other heavy weapons … Heavily armed MK soldiers, who’d returned from exile with no jobs or positions in the ANC, were now running amok in the name of self-defence … The ANC was absolving itself of responsibility, saying that the SDUs were outside the ranks of the ANC’s military wing” (3105). “A fight was brewing between returning MK cadres who’d taken command of some of the SDUs, on the one side, and local ANC activists in the unions and street committees, on the other” (3116).
Die Weekly Mail se werwingsbeleid vir joernaliste was onbesproke polities korrek. Daar was agt beginners wat as joernaliste opgelei moes word. “All four men were black, two of us women were white, one was coloured, and Cassandra was Indian. We were the rainbow nation … But the harmonious alignment of our hues was, like the rainbow itself, an illusion” (1241). Die gedrag van die joernaliste was nie altyd polities korrek nie. Toe vier joernaliste ‘n saak ondersoek en in twee huise oornag het, was die verdeling twee blankes in die een huis en twee swartes in die ander een (856).
Daar is die hoogste lof vir ANC-kamerade, maak nie saak hoe immoreel hulle is nie. Winnie Mandela word as die “doyenne of the people” beskryf (180) en selfs as ‘n Evita Peron (191). Brenda Fassie is glo “the African queen” (1956). Daar word verwys na “the noble” Desmond Tutu (1151). Steve Biko word bestempel as “the black consciousness hero” (1218). Nelson Mandela word deur Garson “our hero” en “our leader” genoem (2002). Garson was opgewonde (“excited” – 2181) toe sy ‘n onderhoud kon voer met Chris Hani, die hoof van MK, die ANC se terroristiese vleuel, en die SAKP, “the second most popular leader after Mandela” (2191). “I’d admired this uncompromising ANC leader from a distance for a long time” (3792). Oor hierdie onderhoud skryf sy: “Instantly I felt as though I was in the presence of a great man, a man like Mandela, and that his innate humanity would steer the interview” (3910). “I’d had the privilege of meeting an exceptional person” (3933). “I was … inspired by his presence” (3967) – “Hani, my hero” (4325).
Wat opval, is hoe naïef Garson en die koerant was. Sy erken self: “Perhaps I was gullible” (1096). Hulle was oorgretig om gerugte te glo wat in hulle politieke kraam pas. “We’d traversed the hot, hilly terrain in the northern Transvaal in search of a police farm with a crocodile-infested dam in which activists from the area swore they’d been dumped after being beaten … Finally we’d turned back, hot, sweaty and empty-handed” (785). In die stryd tussen die ANC en Inkatha was die koerant feitlik deurgaans aangewese op gerugte wat deur ANC-kamerade versprei is. “We at the Weekly Mail had been covering this war in a one-sided way” (1073). “Of course we should have been covering both sides of this war, but that wasn’t going to happen” (3043). Hulle was deel van die “alternative press” (1085). Dit was standaardpraktyk by ANC-kornuite om hoog en laag te sweer dat daar blankes, veral lede van die veiligheidsmagte (polisie en weermag), aan die kant van Inkatha betrokke was.
Iets wat Garson oor en oor beklemtoon, is die oorvloed van wapens en ammunisie wat tot al drie partye se beskikking was (1619, 1854, 2191, 2975, 3207, 3841, 3875, 4022). Dit was ‘n deurslaggewende faktor in die volgehoue bloedige stryd. Hiervoor kan FW de Klerk in groot mate verantwoordelik gehou word omdat hy die veiligheidsmaatreëls wat deur sy voorgangers, John Vorster en PW Botha, ingestel is, geminag en in baie gevalle verwaarloos of selfs afgeskaf het. Garson het hard probeer om polisiemanne te betrap wat wapens aan Inkatha-ondersteuners verskaf, maar kon nie daarin slaag nie. “There were no guns in sight” (1925). Desnieteenstaande gaan sy voort: “Some of these cops were undoubtedly aiding Inkatha, supplying them with weapons, that much was clear” (1925). Vervolgens erken sy egter: “There was no evidence at all. I had nothing but my own conviction” (1937).
“It seemed as if there was no justice and that there never would be while the Nats were still in power” (2143). Garson het gehoop dat die ondersoeke van regter Richard Goldstone die “trigger-happy cops” aan bande sou lê (2120). Aanvanklik kon Goldstone geen getuienis van derdemag-bedrywighede vind nie (3094, 4431). Ná die Boipatong-slagting het Goldstone die hulp van ‘n Britse deskundige, P Waddington, ingeroep, maar hy kon ook geen teken van polisie-inmenging vasstel nie. “Waddington … criticised the ANC for telling its supporters not to co-operate with the … investigation” (3545). “The Goldstone Commission … did in fact uncover – or stumble upon – clear proof of the third force. Although Justice Richard Goldstone was initially undecided on the issue, his reports became stronger and stronger as the evidence came in” (5010). Dit is ook my indruk: Namate die ANC al hoe meer in beheer van die land gekom en die NP-regering se houvas verswak het, het Goldstone sy deuntjie al hoe meer ten gunste van die ANC laat hoor.
Te midde van die chaos, dood en verwoesting van 1990/94 kom Garson in ‘n oomblik van helder denke met ‘n belangrike vraag vorendag: “If the ANC ever came to power, how could they ever restore normality?” (2354). Dit is die gewelddadige voorbeeld wat die ANC/UDF/SAKP gestel het en die sukses wat hulle daarmee behaal het, wat meebring dat Suid-Afrika steeds een van die misdadigste en gewelddadigste lande in die wêreld is. Hierdie abnormaliteit is die kenmerkende nalatenskap van die ANC en sy vennote se terrorisme.
Toe sy 25 jaar oud was, het Garson swanger geword. Sy vra die retoriese vraag: “How the hell had this happened?” (2412). “Clyde was delighted … Our child would be of mixed race, unclassifiable in apartheid terminology” (2424). Twak. Ingevolge apartheid sou die baba as kleurling geklassifiseer word. Sy het ‘n aborsie ondergaan, al was dit in daardie stadium nog onwettig. Dit het haar skuldig laat voel en depressief gelaat (2447). Daarna was sy weer swanger en hulle wou die baba behou, maar die baba het buite die baarmoeder ontwikkel en is hierdie keer wettig geaborteer.
Garson en Clyde het vakansie op ‘n eiland, Inhaca, by Maputo in Mosambiek gaan hou. “Being on holiday with Clyde forced me to see how little we really had in common” (2639). “I wanted to walk along the beach, but Clyde was content to hang out at the local bar” (2650). Later: “Clyde and I seemed to be drifting ever further away from each other” (3138). “His endless hours of playing pool in those Hillbrow bars [had] long [been] a source of tension between us” (3253). Die paartjie se volgende vakansie was op Lamu-eiland, Kenia. “Now that we no longer had a common enemy [apartheid, white rule] to unite against, the distance between us grew. We had always scoffed at racial and cultural difference as just another ploy by the apartheid government to divide us. But the truth was that, culturally speaking, the two of us, a white girl from Johannesburg’s northern suburbs and a coloured boy from the Cape, were miles apart. And yoked together on this island, away from everything and everyone we knew, we were further away from each other than ever” (4279).
Terwyl hulle in Kenia was, is vasgestel dat sy weer swanger is. By die koerant sou sy voortaan met opvoedkundige berigte handel (4387, 4473) en dus nie meer die spanning verduur van besoeke aan onrusgebiede nie. Hulle het saam ‘n huis gekoop (4125). Hulle kind, ‘n dogtertjie, Alice, is gebore met “skin the colour of milky coffee” (4570). “To celebrate, we even brought up the subject of marriage one weekend. But the conversation stuttered to a halt and we never spoke about it again” (4593). Kort voor sy dood het Garson se verkrampte oupa skynbaar vreugde uit die aanskoue van sy eerste agterkleinkind geput (4603).
Dat nie net Garson in linkse geledere gereken is nie maar ook Clyde, blyk uit die volgende: “Clyde had taken up a fairly senior job at the Independent Electoral Commission” (4606) – blykbaar tydelik daarheen gesekondeer deur Anglo American. Hierna het die dag van ons “eerste demokratiese algemene verkiesing” op 27 April 1994 aangebreek. “It felt truly joyful to mark our crosses for the ANC” (4753). Teen die einde van Julie 1994 het Garson as voltydse joernalis uitgetree. Sy het besluit om eerder vryskutwerk te doen (4786).
Clyde is na Saldanhabaai verplaas. Hulle het in ‘n huis in Blue Water Bay gewoon – “owned by Anglo American and inhabited by Stepford-wife types. We had nothing to say to each other” (4825). Garson en Clyde was die enigste rasgemengde paartjie wat tussen blankes gewoon het. Garson noem Saldanhabaai ‘n “verkrampte fishing town” (4848). “The stresses of Clyde’s new job and the brutal cultural shock of conservative, unforgiving Saldanha Bay only turned him further inward” (4871). Een nag het Clyde nie by die huis opgedaag nie. “I found myself wishing death on the man with whom I had spent the last seven years” (4905). Kort daarna het sy en hulle kind, terwyl Clyde by sy werk was, na haar suster aan die Rand ontvlug. Later: “Clyde became a wealthy businessman in the new South Africa and is a doting father to his daughter Alice” (5127).
In die boek word geen verdere biografiese besonderhede verstrek nie, behalwe wat in die bedankings staan: “Thanks to … my husband Charles, and my three daughters, Alice, Leah and Ella” (37). ‘n Mens kan seker aanneem dat sy, nadat sy haar jeugdige voortvarendheid en opportunisme ontgroei het, met iemand getrou het wat kultureel nie so uitermate van haar verskil soos Clyde nie. Maar die kersie op die koek is die openingsin van die voorwoord: “In 2008 I moved with my family to New York to try out a new life” (48). Dit is kenmerkend van baie oorverligtes: Hulle het spreekwoordelik hemel en aarde versit om van die blanke bewind en apartheid ontslae te raak, maar moenie van hulle verwag om in die land aan te bly onder die ANC-regime nie. Goldstone het ook uit Suid-Afrika verkas. In ‘n televisie-onderhoud het hy die skuld daarvoor vir sy kinders en kleinkinders, wat hulle oorsee gevestig het, gegee.
Oor die kernonderwerp van die boek skryf Garson in die nawoord dat 14 000 of meer mense in 1990/94 in die onrus gesterf het. “The sanitised political narrative that prevails today is of a ‘peaceful transition’ to democracy. It’s as if this bloody chapter of the early 1990s has been erased from collective memory” (4966). “International audiences, too, recall rosy images of the Mandela miracle but seem blissfully unaware of the anarchic, three-way war, the orgy of violence, that preceded elections … There is this strange blanket of silence and denial, underneath which lies a tangle of contradictory truths that defy being stitched into a single narrative. For its part, the ANC government has avoided digging too deeply into what happened. In mid-2019, a court found that political interference by the ANC had stopped the National Prosecuting Authority from dealing with 300 cases of deaths from violence that the Truth and Reconciliation Commission [TRC] had put forward for further investigation” (4977).
“The ANC did not want to make itself vulnerable to potential prosecutions … But some mutter darkly about deals that were struck between the ANC and the apartheid-era security forces to prevent the unmasking of high-ranking ANC officials who were apartheid spies, to stop more information about the ANC camp atrocities from leaking out, and to maintain the corrupt networks and secret slush funds that flourished during the era of covert activity, and continue to flourish, involving players from both sides. A lack of truth and justice around the terrible crimes perpetrated during this period has contributed to a culture of impunity that persists today” (4988).
“To what extent did the violence help or hinder [the ANC’s] hand at the negotiations? … The ANC never really ‘suspended’ its armed struggle … When ANC-supporting communities came under attack, there was no shortage of deadly weapons … Yet the ANC accepted little responsibility for the violence of the transitional era. Perhaps a cloak of shame around its own complicity contributes to the climate of denial and suppression of truth that has prevailed within the ANC ever since 1994” (4999). “Although the TRC shed much light on apartheid atrocities before 1990, the same could not be said for the 1990-94 period when, according to the TRC, ‘the nature and pattern of political conflict … changed considerably, particularly in its apparent anonymity'” (5045). “Justice had failed most of the victims of the war, no matter whose side they were on” (5081).
In Amerika is daar die populêre mening dat daar in die suidelike state op groot skaal van slawe-arbeid in boerdery gebruik gemaak is terwyl die meer geïndustrialiseerde noordelike state hulle op ‘n voorbeeldige manier nie eintlik aan hierdie mensonterende praktyk skuldig gemaak het nie. Hierdie indruk word versterk deur die feit dat Abraham Lincoln (1809-1865) die slawe met ingang 1863, dus tydens die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865), vrygestel het. Dit verduidelik waarom Lincoln in die populêre literatuur so buitensporig verheerlik word. Barack Obama het bv daarop aangedring dat hy op Lincoln se Bybel sweer toe hy in 2009 as president ingehuldig is. Wat verswyg word, is dat Lincoln, ten einde die suidelike state te oorwin, die slawe tot opstand aangemoedig het en dat hy hulle ook ingespan het om teen die blanke suiderlinge te veg. Hiermee het Lincoln hom in ‘n hoek vasgeverf en het hy eintlik geen ander opsie gehad as die algehele vrystelling van die slawe nie. Terselfdertyd het hy voortgegaan om hom vir die repatriasie van slawe te beywer. Met die oog hierop is reeds in 1821 begin om vrygestelde slawe in Liberië in Wes-Afrika te vestig.
Wat tydens die Amerikaanse Burgeroorlog gebeur het, herinner aan die Anglo-Boereoorlog (ABO 1899-1902) toe die Britte die swartes teen die Boere aangehits en hulle in die stryd misbruik het. Aan die swartes is stemreg en plase belowe. Anders as in Amerika het niks van hierdie beloftes ná die ABO tereg gekom nie. In die plaaslike geskiedenis is daar nog iets wat ooreenkomste met die gebeure in Amerika toon. In die Slawemuseum in Kaapstad word die Hollanders (die oer-Afrikaners) as die slawe-eienaars en die Britte as die bevryders van die slawe voorgestel, soos Marthinus van Bart in sy boek, Kaap van slawe (2012), aantoon. In werklikheid was die Britte internasionaal die grootste slawehandelaars en is baie slawe tydens hulle bewind aan die Kaap ingevoer, voordat die slawe in 1834 (effektief 1838) vrygestel is. Dit is die Hollanders wat tydens die Bataafse bewind (1803-1806) ‘n voorbeeld aan die Britte gestel het deur die invoer van slawe te verbied.
Uncle Tom’s cabin
Harriet Beecher Stowe (1811-1896) se boek, Uncle Tom’s cabin (1852, Amazon Kindle $0), is ‘n anti-slawerny roman, waarin die Tom-karakter ‘n benadeelde slaaf is. Stowe was ‘n noordelike Amerikaner wat die suiderlinge probeer teregwys het. Die boek word geloof as ‘n voorbeeld van hoe leesstof sosiale verandering kan bewerkstellig. Die bewering dat Lincoln aan die outeur sou gesê het dat haar boek die Burgeroorlog veroorsaak het, is egter ‘n leuen wat uit 1896 dateer. Tom word veral sedert die 1960’s in die burgerregtepolitiek gesteotipeer as ‘n onvoorbeeldige swarte omdat hy alles gedoen het wat die blankes verlang. Die strategie is deesdae dat swartes hardegat moet wees en nie blanke baasskap moet duld nie. Hierdie onverkwiklike gesindheid het ook na Suid-Afrika oorgewaai. Dit vind ook aangepaste navolging in militante feminisme.
Hoewel Stowe se boek ‘n blitsverkoper was, is daar ‘n paar dosyn boeke wat in reaksie daarop gepubliseer is en haar teenspreek, bv Mary Henderson Eastman (1818-1887) se Aunt Phillis’s cabin or, Southern life as it is (1852, Amazon Kindle $0). Eastman toon aan dat daar Bybelse gronde vir slawerny is. Dieselfde kan van apartheid gesê word. Maar dit maak nie ‘n duik in wat mense deesdae voorgesê word om te glo nie. Die kafeteria-benadering tot die Bybel (en eintlik enige ideologie) het gekom om te bly; dus, jy kan vryelik kies wat jy wil glo. Hierdie anti-Stowe-boeke was en is glad nie so gewild soos Stowe s’n nie.
‘n Ander verskynsel uit daardie tyd wat heelwat ruimte vir kreatiewe verbeelding, dus leuens, laat, is die sogenaamde Underground Railway, ‘n benaming vir die ontsnappingsroetes wat slawe sedert die einde van die 18de eeu uit die Suide na noordelike Amerikaanse state, Kanada en Meksiko gevolg het; ook na Florida, voordat dit in 1821/1845 deel van die VSA geword het. Soos in Suid-Afrika was daar talle blankes wat die Amerikaanse swartes met hulle onwettige, dus misdadige, bedrywighede bygestaan nie.
Ek skryf vervolgens oor meer onlangse gebeure, wat deur die “mockingbird” (piet-my-vrou) gesimboliseer word. Dit is ‘n Amerikaanse sangvoël wat ‘n harde geraas maak en daarby die sang van ander voëls kan namaak. ‘n Mockingbird het wit merke op sy swart vlerke, wat aanduidend is van hoe blankes help om swartes se begeertes te verwesenlik, dus as’t ware vlerke daaraan te gee. ‘n Foto van ‘n Amerikaanse mockingbird toon ‘n voël wat swart vlerke met ‘n wit omranding het.
Nelle Harper Lee
Nelle Harper Lee (1926-2016) is veral bekend as die outeur van die roman, To kill a mockingbird (1960, 322p; Amazon Kindle $7,98). Later is nog ‘n boek van haar gepubliseer, Go set a watchman (2015, 293p; Amazon Kindle $10,15). Nelle is in Monroeville, Alabama, gebore, die jongste van vier kinders: Alice (1911-2014), Louise (1916-2009) en Edwin (1920-1951). Net laasgenoemde was jonk genoeg om ‘n speelmaat vir Nelle te wees. Die homoseksuele Truman Capote (1924-1984) het egter van 1928 tot 1934 dikwels in Monroeville kom bly en dus ook hulle speelmaat geword. Die onvroulikheid van Nelle as “tomboy” word beklemtoon. Anders as Louise en Edwin het sowel Nelle as Alice nooit getrou nie. Hulle het aanvanklik in die winters saam in Monroeville gewoon wanneer Nelle uit New York City gekom het. Van 1978 af het hulle permanent saam in Monroeville gebly.
Nelle se ouers was A(masa) C(oleman) Lee (1880-1962) en Frances Finch (1880-1951). Hy was ‘n regspraktisyn en is in hierdie opsig deur sy dogter, Alice, nagevolg. Daar is gehoop dat Nelle dieselfde sou doen, maar sy het nie haar regsstudie voltooi nie en eerder in 1949 na New York City verhuis en tot 1978 deeltyds daar gewoon om te skryf en aanvanklik om naby Truman te wees. In 1936, toe Nelle 10 jaar oud was, het AC twee swartes wat van moord op ‘n blanke winkelier aangekla is, verdedig maar hy het die saak verloor. Albei, ‘n pa en sy seun, is gehang.
Nadat sy haar Mockingbird-boek voltooi het, het Nelle vir Truman gehelp om inligting in te samel oor ‘n gesinsmoord wat in 1959 gepleeg is. Op grond hiervan het hy ‘n boek gepubliseer, In cold blood (1965), maar nooit werklik erkenning aan Nelle vir haar aandeel gegee nie. Daar word beweer dat Truman jaloers op Nelle se sukses met haar 1960-boek was. Hulle vriendskap het gevolglik verflou. Nelle het hom later ‘n psigopaat genoem.
Nelle “exists rather uneasily as both a southerner in New York City and as an expat in her own hometown” (Tom Santopietro, bron hier onder, Kindle 3369). “Spending the winter months back in Monroeville, [Nelle] continued to live simply with her sister Alice in their one-story brick ranch home. Alice, who continued to practice law well into her nineties, oversaw Nelle’s business affairs and served as gatekeeper for those wishing to interview her sister (when told she should have a form letter for saying no to interview requests, Nelle joked that her form letter would state ‘hell no!’) … While Alice went to office, Nelle would read or visit friends; there never had been evidence of a serious love interest, male or female” (3082).
“As the years went by, [Nelle] developed muscular degeneration and began using hearing aids” (3069). “Nelle’s bouts of drinking were sporadic and proved to be the exception rather than the rule” (3144). “In 2007 … she suffered a stroke, which resulted in a partial paralysis of her left arm and leg” (3182). Later: “Nearly deaf and with severely limited eyesight, she was still able to move about in her wheelchair” (3206). Teen 2010 “Nelle’s short term memory had faded” (3206). Sy het nou so geïsoleerd gelewe dat gesê is: “The good Lord himself couldn’t get to her” (3219). In die oord waar sy versorg is, was daar letterlik ‘n wag (“watchman”) voor haar deur. Net enkele mense is toegelaat om haar te besoek. “Lee died in Monroeville on February 19, 2016, at age eighty-nine … She is buried in the cemetry next to the Methodist church, resting alongside her parents and siblings” (3850).
Charles J Shields het ‘n lewensbeskrywing van Nelle gepubliseer: I am Scout: The biography of Harper Lee (2009/2014, 252p; Amazon Kindle $8,15). Shields beskyf sowel Nelle as Truman as “in appearance and behavior alike, each seemed half boy and half girl.” John Megna (1952-1995), wat die rol van Dill/Truman in die Mockingbird-rolprent vertolk, is aan vigs dood. Truman is weens drank- en dwelmgebruik dood. Nadat die romanskrywer, John Knowles, die volwasse Nelle ontmoet het, het hy haar beskryf as “A masculine sort of woman.” ‘n Joernalis, Marja Mills, het met die bekende truuk vorendag gekom om in 2004 langs Nelle en Alice in Monroeville te gaan woon, 18 maande daar te bly en met hulle bevriend te raak sodat sy ‘n boek oor die publisiteitsku outeur van Mockingbird en haar suster kon publiseer: The Mockingbird next door: Life with Harper Lee (2014, 290p; Amazon Kindle $9,82).
To kill a mockingbird
Nelle gebruik die skrywersnaam Harper Lee. Die verhaal speel oor drie jaar af en begin omstreeks 1932 in die kinderjare van die 6-jarige verteller, Jean Louise (Scout) Finch. Daar is sterk outobiografiese ooreenkomste met Nelle. Dieselfde geld Scout se broer, Jeremy (Jem), wat vier jaar ouer as sy is – soortgelyk aan Edwin, wat 6 jaar ouer as Nelle was. Hulle ander maat is die karakter Dill, wat op Truman Capote gebaseer is. Die verhaal speel af in Maycomb, wat klaarblyklik ‘n ander naam vir Monroeville is.
Die hoofkarakter is Scout en Jem se pa, Atticus Finch, ‘n regsgeleerde, soos Nelle se pa, A C. Nelle se ma se nooiensvan was Finch. Naas die bogenoemde 1936-hofsaak waarby A C betrokke was, is daar die Scottsborro Boys-saak van 1931 waardeur Harper waarskynlik beïnvloed is. Tydens ‘n treinrit het blanke jeugdiges aanvanklik probeer om 9 swartes, van 13 tot 19 jaar oud, van die trein te kry, maar uiteindelik was dit die blankes wat die aftog moes blaas. Twee blanke vroue wat op die trein was, het hierna valslik beweer dat die swartes hulle verkrag het. ‘n Horde (“mob”) blankes wou hierdie swartes eiehandig regsien (“lynch”/vermoor). Die blanke jurie het 8 van die swartes skuldig bevind. Hierna het ‘n reeks hofsake gevolg, waarin die swartes al hoe minder skuldig bevind is.
Soos A C is Atticus ‘n wewenaar. Sy huishoudster is Calpurnia, ‘n swart vrou vir wie die kinders baie lief is en deur Atticus gerespekteer word. Sy leer bv vir Scout en ook vir haar eie kind lees. Maar die verhaal kry sy gewilde koers as ‘n swarte, Tom Robinson, daarvan beskuldig word dat hy ‘n blanke vrou, Mayella Ewell, verkrag het. Sy het Tom gesoen en probeer om hom te verlei maar nie daarin geslaag nie. Haar pa, Bob, het gesien wat gebeur en haar aangerand en sodoende haar gesig beseer. Sy het egter beweer dat dit Tom is wat haar beseer en verkrag het. Atticus het Tom in die hofsaak verdedig en aangevoer dat Tom nie Mayella kon beseer het nie omdat sy linkerhand onbruikbaar is terwyl Mayella se beserings op ‘n linkshandige aanvaller, soos Bob, dui. Die jurie, bestaande uit blanke mans, het Tom skuldig bevind. Daar is ‘n toneel waarin ‘n groep blankes probeer om Tom in die hande te kry om self met hom af te reken, maar hulle word deur die tussenkoms van Scout gestuit. Atticus wou teen Tom se doodsvonnis appelleer, maar Tom het probeer om uit die tronk te ontsnap en is doodgeskiet.
Tom en Calpurnia, twee swart karakters, word as voortreflike mense uitgebeeld. Tom het in die hof selfs respek betoon teenoor Mayella wat die valse klag teen hom gelê het. Die blankes, Bob en sy dogter Mayella, word as vuil, agterlike mense (“poor white trash”) voorgestel. Bob is ‘n alkoholis, spoeg in Atticus se gesig, probeer om Scout en Jem te vermoor deur hulle met ‘n mes aan te val en breek Jem se arm in die proses. Hulle lewens word deur Arthur (Boo) Radley, ‘n kluisenaar, gered, wat dieselfde mes gebruik om Bob dood te steek. Boo word nie vervolg nie omdat daar tot die gevolgtrekking gekom is dat Bob dood is deur op sy mes te val.
Atticus sê: “It is a sin to kill a mockingbird.” Dit is glo ‘n voël wat nooit kwaad doen nie. Dus, onskuldiges (soos Tom) en onskadelikes (soos Boo) behoort toegelaat te word om te lewe. Scout was van mening “putting Boo in jail ‘would be like shooting a mockingbird.'”
Tom Santopietro
Een van die jongste boeke wat oor Mockingbird gepubliseer is, is Tom Santopietro se Why ‘To kill a mockingbird’ matters: What Harper Lee’s book and the iconic film means to us today (New York: St Martin’s Press, 2018, 320p; Amazon Kindle $16,09). Soos uit die boektitel afgelei kan word, val die klem eerder op die rolprent as die boek, asook op die verwerkings vir verhoogopvoerings.
Die verskyning van Mockingbird in 1960 het saamgeval met erge rasse-onrus in Amerika, wat terugdateer tot 1954 toe daar ‘n hofuitspraak was waarvolgens skole gedesegregeer moet word. ”The right book in the right place at the right time” (Kindle 471). Polities byderwets noem Santopietro dat die boek rassegelykheid en ordentlikheid propageer en dat die rolprentweergawe, vrygestel in 1962, ‘n houvas op die Amerikaanse nasionale bewussyn verkry het (65). Die film het ‘n “discussion of America’s original national sin, slavery,” ontlok (89).
Die Suide is glo ‘n gebroke wêreld omdat daar rassesegregasie is (2270); “the ugly racism permeating Maycomb” (2319). Nelle, wat nie naastenby ‘n intellektueel was nie, het gesê: “I think Reverend [Martin Luther] King and the NAACP [National Association for the Advancement of Colored People] are going about it in exactly the right way. The people in the South may not like it, but they respect it” (1943). Volgens die draaiboekskrywer van Mockingbird, Horton Foote (1916-2009), “the darkness [of Maycomb/Monroeville] is revealed in a pervasive small-town sadness, a loneliness that can quickly tumble into despair when societal and self-inflicted lies alike are actually believed” (2141). “The truth will set you free” (2152).
Sowel Nelle as Truman het aanvaar dat hulle anders, “oddballs” (155), is. “If both Nelle and Truman were made to feel separate – alone, even – then they would be alone together” (167). “Said Nelle in later years, ‘We lived in our imagination most of the time.’ They remained outsiders, standing apart, observing southern society with an ironic, occasionally jaundiced eye while searching for the telling social clue. Why, they asked themselves, did different equal bad? Why were blacks treated as second-class citizens?” (179). Dit toon die verband tussen die swart burgerregte-bewegings en die latere gay-bevryding waarop ek by vorige geleenthede die aandag gevestig het. “[Nelle] never would attempt to fit the accepted mold … That refusal to play by the rules went hand in hand with an increasingly liberal worldview” (202). “Are there ‘others’ in our own lives? How do we treat them – with Scout’s understanding, or as nuisances to be stepped over?” (2330).
“As [Nelle] had constructed the novel, the twenty-three-year-old Jean Louise, back in her hometown of Maycomb, Alabama, for a three-day visit, had to confront the fact that her beloved father, Atticus, was a racist” (292). Dit is soos die aanvanklike verhaal was. In die finale weergawe het Atticus die teenoorgestelde van ‘n rassis geword. “Atticus’s actions will place him on the right side of history” (666). Die rol van rassis word afgeskuif op Bob Ewell. Op aandrang van ‘n literêre redakteur, Tay Hohoff (1898-1974), wat aan ‘n groot uitgewery verbonde was, het Nelle oor ‘n tydperk van bykans drie jaar telkens haar teks herskryf. Daar word gesê dat Hohoff die roman herbedink (“reconceived”) het. Nelle wou ten alle koste haar boek gepubliseer kry en het haar deur Hohoff laat lei. Dit is vir my duidelik dat Hohoff, in die klimaat van rasse-onrus, die potensiaal van die boek as ‘n blitsverkoper raakgesien het, mits die boodskap polities korrek is.
Dat Hohoff sensitief vir maatskaplike probleme was, blyk uit die boek waaraan sy geskryf het toe sy vir Nelle met die heroriëntasie van die Mockingbird-verhaal gehelp het. Die boek se titel is A ministry to man (1959). Dit handel oor die humanis en sosiale aktivis, John Lovejoy Elliott (1868-1942), wat hom aktief vir die belange van immigrante beywer het – in sy tyd weliswaar blanke immigrante. Mario Puzo (1920-1999) het die skryf van ‘n roman “the art of retrospective falsification” genoem (304). ‘n Storie oor ‘n blanke wat onskuldig ter dood veroordeel is, sou kwalik ‘n blitsverkoper word. Dieselfde geld vir die skuldigbevinding van ‘n skuldige swarte. Vir verontwaardigde reaksie op en ‘n groot afset vir die boek moes ‘n onskuldige swarte deur blankes skuldig bevind en gedood word; presies wat in die finale weergawe van die verhaal gebeur.
“Placed against the backdrop of the increasingly loud Alabama-centered civil rights movement, [Nelle] had struck a chord: Intentional or not, indeed desired or not, To kill a mockingbird began to operate as a symbol of the civil rights movement, at least for white America” (618). Die swartes hou dikwels nie daarvan as blankes oor hulle skryf nie, selfs al is die bedoeling opreg. Sommige swartes het bv gekla dat die swart karakters een-dimensioneel en die teks neerbuigend (“patronizing”) is (508). Maar swart aktiviste, soos Andrew Young en Oprah Winfrey, het ingesien dat die boodskap in die boek swartes kon bevoordeel (630).
Maar veral swart kritici en skeptici het hulleself afgevra of “Mockingbird simply represented another manifestation of white people patting themselves on the back while feeling that they were blessed with a nobility capable of leading African-Americans into the battle against racism?” (2367). “Some now asked if Harper Lee even had the right to tell this story: a privileged white woman telling the story of segregation in the South?” (2380). Die Grieks-Amerikaanse rolprentkritikus, Andrew Sarris (1928-2012), het geskryf: “The Negro is less a rounded character than liberal construct, a projection of the moral superiority Negroes supposedly attain through their suffering and degradation. It is too late for the Negro to act as a moral litmus paper for the white conscience” (1980).
Die rolprentweergawe van Mockingbird was waarskynlik aanvanklik meer invloedryk as die gedrukte boek. Pleks van te lees en die karakters en tonele te verbeel, word sulke aktiwiteite vir die filmtoeskouer met beeld en klank gedoen. Gregory Peck (1916-2003) het die rol van Atticus vertolk; op so ‘n wyse dat hy die “Abe Lincoln of Alabama” genoem is; ook “the dignified American man of principle” (918). Hy het glo “Lincolnesque quality” (2176). “He seemed the flesh-and-blood personification of a Lincolnesque presidential figure” (2669).
Peck het gesorg dat daar in die finale redigering minder klem op die kinderdae van Scout, Jem en Dill as in die oorspronklike draaiboek geplaas word en meer op sy rol as Atticus, waarmee die boodskap in groter mate verpolitiseer is. “Atticus (with the inadvertent help of his children) has bravely faced down a lynch mob, and in his principled stand he has delivered true justice” (2235). Daar word verwys na “Peck’s increasingly well-known offscreen liberal beliefs” (931). “[He] was even named by some as a Communist sympathizer” (944). Maar Santopietro skryf “he was at his most interesting playing upstanding men of decency struggling to do the right thing” (944).
Die vraag is of daar nie te ver gegaan is deur Atticus (“Saint Atticus of Hollywood” – 2719, “a Christ-like figure” – 2424) en Tom té goed voor te stel nie. “Tom, in fact, appears to be such a paragon of virtue that he is even willing to help the bedraggled and clearly unstable Mayella Ewell. Faced with such near perfection, viewers and readers alike can certainly be forgiven for wondering if either Atticus or Tom actually possessed a single recognizable flaw” (2424). Aan die ander kant, in die “donker tyd” van rasse-segregasie (“the corrupt system” – 2435) in die Suide, “Bob Ewell seems to be the one and only racially insensitive individual on hand” (2412). Maar Mary Badham (gebore in 1952), wat die rol van Scout in die rolprent vertolk, het net (oordrewe) lof vir die film: “This is God’s picture and a lot of people think that’s silly. But if you think about the time period this picture was made, it had a lot of important things to say that still need to be said today and will go on being needed for ever and ever” (2857). “President Obama has publicly referred to the film as one of his favorites” (3563). Nelle se suster, Louise, daarenteen, het Mockingbird (blykbaar die boek en die rolprent) “ridiculous” genoem (3082).
“It is in the realm of the live theater … where Mockingbird has made its biggest splash in recent decades” (3613). Waar in die rolprent groter klem op die hofsaak, dus op Atticus en Tom, as in die boek geplaas is, gebeur iets soortgelyks in die teater: “heightening the importance of housekeeper Calpurnia” (3663), wat eintlik voorspelbaar was. “She acts as spur to Atticus, forcing him to realize that he has acquiesced to the systemic racism that pervades Maycomb” (3663).
Go set a watchman
Toe Alice weens ouderdom nie meer doeltreffend na haar suster, Nelle, se belange kon omsien nie en veral na Alice se dood in 2014, het sake skeefgeloop. Nelle, wat self al hoe meer onbekwaam geword het, het ten prooi van gewetenlose uitbuiters geval. In ‘n stadium het sy die kopiereg van Mockingbird weggeteken. Dit het ‘n hofstryd gekos om die saak in die reine te bring. Daarna het sy ingewillig dat ‘n manuskrip van haar as haar tweede boek gepubliseer word terwyl sy nóg die inkomste nodig hehad het en nóg minder die publisiteit wat daarop gevolg het. Dit is geld wat alles spoedig in ander mense se sakke sou beland omdat Nelle nege maande daarna dood is. Die boek is op 14 Julie 2015 gepubliseer en Nelle is op 19 Februarie 2016 oorlede.
Die manuskrip is na bewering in 2014 deur Tonja Carter in Nelle kluis in ‘n regspraktyk ontdek, die onderneming wat Carter by Alice oorgeneem het. Die bestaan van die manuskrip was egter reeds in 2011 bekend. Daar is gespekuleer dat Carter gewag het dat Alice moet doodgaan voordat sy die manuskrip aan ‘n uitgewery voorgelê het. Carter het die publikasie van Nelle se nuwe roman aangekondig skaars twee maande na Alice se dood. Sy het beweer dat die outeur “Happy as hell” daaroor is. Daar was groot skeptisisme hieroor omdat Nelle dekades lank gesê het dat sy nie ‘n verdere boek sou publiseer nie. Carter, daarenteen, het daarop gesinspeel dat daar ‘n derde manuskrip is wat moontlik gepubliseer kan word.
Nelle het haar laaste testament op 11 Februarie 2016, 8 dae voor haar dood, onderteken. Daarin word Carter as die eksekuteur van die boedel aangestel. Die opbrengs moet in die Mockingbird Trust gestort word, wat in 2011 gestig is. Carter het as een van die twee trustees wye magte verkry. In Monroeville is Carter baie ongewild, veral by diegene wat die Lees geken het. Haar man se restaurant is geboikot en moes ‘n tyd lank sluit.
Die uitgewery het die manuskrip, anders as in die geval van Mockingbird, minimaal geredigeer en as Harper Lee se nuwe roman bemark. In 2015 was dit dadelik ‘n bitsverkoper. Miljoene rand het ingerol. Die boektitel is: Go set a watchman. Die titel is ontleen aan Isaiah 21:6: “For thus the Lord said to me: Go, set a watchman; let him announce what he sees” (3420). Jesaja 21:6: “So het die Here vir my gesê: Sit ‘n wag uit, hy moet sê wat hy sien.” Dit is ‘n wag wat as ‘n morele kompas funksioneer. “Every man’s watchman is his conscience” (3432). Hoewel sommige die boek as ‘n vervolg op Mockingbird vertolk het, het dit spoedig geblyk ‘n eerste weergawe van Mockingbird te wees, geskryf in 1957.
Die ergste is dat Nelle se pa daarin heeltemal anders uitgebeeld word as die voorbeeldige, verligte Atticus in Mockingbird. Hy is pro-segregasie en anti-swart, wat heel moontlik ‘n meer realistiese beeld van hom is, gegewe die destydse situasie in die Suide. “Watchman hinges … on Jean Louise’s discovery that Atticus, her idol, is not just dead set against integration but actually espouses racist views” (3381). “Watchman doesn’t fit our redemption narrative; Atticus becomes worse over the ensuing decades, and cuts across the grain of our national impulse” (3495).
Waar die gebeure in Mockingbird in die vroeë dertigerjare plaasvind, speel dié in Watchman twee dekades later af. Daar is sinne wat woordelikse herhaling is van wat in Mockingbird staan. Soos wat in 1951 met Nelle se broer gebeur het, word genoem dat Jem dood is. In hierdie boek is Scout reeds polities meer verlig as haar pa. In New York City het Nelle geleer om neer te sien op die bekrompenheid in die platteland. Die naam van Scout se jeugmaat is Henry. Sy sê aan hom dat sy hom nie lief het nie en nie met hom sal trou nie. ‘n Ander verandering is dat Calpurnia as huishulp afgetree het en met Atticus se suster, Alexandra, vervang is. Nog meer insiggewend is dat Tom in hierdie eerste weergawe van die verhaal in die hofsaak onskuldig bevind en vrygespreek word.
Die tydsberekening vir die vrystelling van die boek was (toevallig) weer in die kol. “Just as Mockingbird had been published as the civil rights movement gained momentum, so, too, did Watchman’s publication in the summer of 2015 fit the new century’s zeitgeist, touching as it did upon America’s open wound of racial injustice. Atticus the racist made headlines during a time of police violence in Ferguson, Missouri; renewed national debate over whether the Confederate flag should fly over the South Carolina state capitol; and the announcement of a $5,9 million settlement reached between New York City and the family of Eric Garner, an unarmed black man killed by police on Staten Island in 2014″ (3457). Let daarop dat daar na “police violence” verwys word terwyl die swartes se geweldpleging verswyg word.
Joseph Madison Beck
Joseph Madison Beck (gebore in 1943), ‘n regspraktisyn, het ‘n boek geskryf oor sy pa, Foster Campbell Beck, wat ‘n swarte, Charles White, teen ‘n klag van verkragting van ‘n blanke vrou in 1938 in Troy, Alabama, verdedig het: My father and Atticus Finch: A lawyer’s fight for justice in 1930s Alabama (New York: WW Norton, 2016, 216p; Amazon Kindle $17,61). White het skuld erken, maar Foster Beck het aangevoer dat dit onder dwang was. White is skuldig bevind. Die Becks was hierna baie ongewild in Alabama omdat Foster ‘n swarte wat ‘n blanke (na bewering) benadeel het, verdedig het. Voorspelbaar beklemtoon die outeur hoe polities verlig die Becks reeds in die 1930’s was. Die boek is vóór die publikasie van Go set a watchman geskryf, dus toe Atticus Finch nog as onbesproke voorbeeldig beskou is. Die verwysing na Atticus in die boektitel is klaarblyklik daarop gemik om belangstelling in die boek aan te wakker en die afset daarvan te verhoog. Nelle Harper Lee het teenoor die outeur ontken dat sy deur die White-saak beïnvloed is toe sy Mockingbird geskryf het. Dit was immers een van vele soortgelyke hofsake uit daardie tyd.
Joseph Crespino
Van Joseph Crespino, is die volgende boek gepubliseer: Atticus Finch: The biography; Harper Lee, her father, and the making of an American icon (New York: Basic Books, 2018, 240p). Daar is nie ‘n Kindle-weergawe nie. In die Amazon-katalogus is daar die volgende beskrywing: “Who was the real Atticus Finch? A prize-winning historian reveals the man behind the legend. The publication of Go set a watchman in 2015 forever changed how we think about Atticus Finch. Once seen as a paragon of decency, he was reduced to a small-town racist. How are we to understand this transformation? In Atticus Finch, historian Joseph Crespino draws on exclusive sources to reveal how Harper Lee’s father provided the central inspiration for each of her books. A lawyer and newspaperman, A C Lee was a principled opponent of mob rule, yet he was also a racial paternalist. Harper Lee created the Atticus of Watchman out of the ambivalence she felt toward white southerners like him. But when a militant segregationist movement arose that mocked his values, she revised the character in To kill a mockingbird to defend her father and to remind the South of its best traditions.”
Slot
Mockingbird is in 40 tale vertaal en sowat 40 miljoen eksemplare van die boek is verkoop. “At the time of Harper Lee’s death in 2016, her annual royalties remained in excess of three million dollars … By some estimates, To kill a mockingbird remains required reading in over 70 percent of American high schools” (Santopietro 3525). Teen ‘n wisselkoers van $1 = R18 was dit ‘n jaarlikse inkomste van R54 miljoen, dus R4½ miljoen per maand.
Gestel iemand wil ‘n boek skryf en R50+ miljoen per jaar in ruil daarvoor ontvang. Uit die bostaande volg dit dat die resep soos volg is:
Verander die teks wat hoofsaaklik oor jou kinderjare handel na een waarin die klem verskuif na ‘n hofsaak met ‘n sterk politieke inslag.
Verander die hoofkarakter van ‘n rassis na een wat politieke oorverligtheid uitstraal.
Verander die onskuldige swarte wat van verkragtig (of moord) aangekla en vrygespreek word na een wat deur blankes skuldig bevind word.
Verander die obskure blanke huishoudster na ‘n swarte wat ‘n onontbeerlike rol in die huishouding speel en in elke opsig uitmuntend is.
Stel al die swart karakters voor asof hulle foutloos en moreel voortreflik is en kontrasteer hulle met ‘n horde moorddadige blanke rassiste.
Richard West (1930-2015) was ‘n konserwatiewe Britse joernalis wat in talle lande gewerk het; ook in Suid-Afrika. Hy is onder meer die outeur van boeke soos The white tribes of Africa (1965), The white tribes revisted (1978) en The diamonds and the necklace: A South African journey (1989). Hy het twee seuns gehad wat hulle albei in die joernalistiek begeef het, Patrick (gebore in 1974) en Ed (gebore in 1978). Patrick is die outeur van onder meer The poverty of multiculturalism (2005). Van Ed is daar boeke soos die volgende gepubliseer: The diversity illusion: What we got wrong about immigration and how to set it right (2013, 288p; Amazon Kindle $9,19) en Small men at the wrong side of history: The decline, fall and unlikely return of conservatism (London: Constable, 2020, 432p; Amazon Kindle $11,94). Ek skryf vandag oor laasgenoemde boek. Wat duidelik is, is dat Richard se twee seuns sy konserwatisme voortsit. Die hooftitel van die 2020-boek is ontleen aan Barack Obama se karakterisering van Al Kaïda (Kindle 278). Ed West het ‘n omvattende, gesaghebbende en buitengewoon interessante boek geskryf. Oor sy belesenheid en sy myns insiens meesal gesonde insig behoort daar geen twyfel te wees nie.
Enersyds is daar die linkses (bv liberales, sosialiste, progressiewes, verligtes) en andersyds die regses (bv behoudendes, konserwatiewes, tradisioneles, verkramptes). Die verdeling links/regs kom uit die eerste ná-revolusionêre parlement in Frankryk (1789). “At the National Convention in Paris it became custom that the king’s supporters sat on his right and his opponents on the left, after which the divide between tradition and radicalism would always be defined along those lines” (950). Daar is die wydaanvaarde waarneming dat namate mense ouer word, hulle meer tot konserwatisme neig. Die outeur het desnieteenstaande tot die gevolgtrekking gekom dat daardie era aan die verbygaan is, dat konserwatisme “a charming lost cause” geword het (3571); dat linksheid toenemend verswelgende afmetings aanneem.
“Conservative parties could still win elections, but conservatism was an endangered creed, as much in demographic decline as the Christianity from which it once emerged, and the degree to which it had become hated by anyone born after 1970 was intense and perhaps irreversible” (74). “On almost any non-economic issue most of my friends hitting forty were more progressive than in their early twenties; they might resent paying more tax and even dislike trade unions, but that didn’t make them conservative” (85). Die verwysing na “non-economic issues” is belangrik. In die plaaslike hoofstroom-inligtingsmedia is daar die neiging om die ANC-regime (later uitgesonderd Jacob Zuma) hemelhoog te prys. Daar is egter een area wat nie met dieselfde gemak wanvoorgestel kan word nie: die finansieel-ekonomiese sektor. Rommelstatus is ‘n werklikheid wat nie moeiteloos vir leuens en gunstige polities byderwetse retoriek vatbaar is nie.
West noem dat vroue meer linksgesind as mans geword het (145), onder meer omdat meer vroue as mans deesdae aan oorverligte tersiêre onderrig blootgestel word. Linkses het egter meesal ‘n konserwatiewe leefstyl (196). Daar is geen moontlikheid dat mense soos Willie Esterhuyse en Leon Wessels hulle in ‘n swart woongebied sou vestig nie. Wat ook duidelik geword het, is dat die feministe op die rug van die geweldpleging van die Amerikaanse swart burgerregtebewegings sukses behaal het. Op hulle beurt het die LGBT’s die suksesvolheid van die swartes en feministe misbruik om plek in die son en buite die kas te verwerf. Dit is die regses wat sedertdien al hoe meer in die kas gedruk word (242).
“Since the 1960s the West has gone through the biggest cultural shift in half a millennium” (254). Dit is globaliserende linksheid wat kultureel-geestelike dood en verwoesting saai, bv “supporting the EU means being part of the global community of liberals” (6070). “The Left has also developed a moral monopoly, so that those outside of the faith are under an unspoken obligation to prove their moral worth before their views can be considered” (196), bv “taking in more refugees [is] a quintessential moralised high-status cause” (219). “There is active competition to come up with ever wilder radical ideas, a trend that has sped up with the ‘Great Awokening’ of the 2010s, the acceleration of identity politics brought about by competing victimhood narratives on social media” (208). “Awoke” beteken “awake to social justice issues” (5634). “The Great Awokening almost certainly represented an authoritarian turn by the Left, ‘a spreading social, cultural, and ideological conformism … this relentless drive for conformism, which constantly works to extinguish the illiberal'” (5709). “Identiy politics” verwys dikwels na die belange van minderheidsgroepe, maar ook “European Right-wingers refer to themselves as ‘identitarian’ to suggest they don’t believe their homeland belongs to everyone” (5924).
“Left-liberalism has become the prestige faith with a moral monopoly” (231). “Religion simply becomes replaced by ideology” (3747). “A new faith arose, progressivism as Christianity 2.0, with ‘privilege’ a form of original sin and vulnerable groups the new sacred” (3903). Daar is nog ‘n groot verskuiwing wat in sowel die Britse as die Amerikaanse politiek plaasgevind het: “It is the upper class who are moving Left, and the working-class pushing to the Right” (4299). In Suid-Afrika is dit die armer blankes wat die ANC-regime se rassistiese beleid aan hulle bas voel; nie soseer die welgesteldes nie omdat hulle (in ‘n mate) hulle apartheid kan koop.
Die fiktiewe karakter, Bridget Jones, het van die Britse Arbeidersparty gesê: “Labour stands for sharing, kindness, gays, single mothers and Nelson Mandela” (242). Dit is die eerste verwysing in die boek, maar nie die laaste nie, na Suid-Afrika. Oor sy pa, Richard, skryf Ed: “By the time I was around he was deeply pessimistic and cynical, and seriously out of step with the prevailing mood over South Africa. Although he respected and admired Nelson Mandela, he thought the ANC a venal and extreme organisation that would eventually make the country even worse off than it was under apartheid (which he nonetheless thought morally indefensible)” (300). In die 1980’s “the anti-apartheid movement was ultra-fashionable, topping the charts and filling stadiums” (311).
“Look at the line-up of people who represent liberalism in the modern imagination: Martin Luther King, Nelson Mandela, JFK[ennedy] … Tony Blair and Barack Obama. Contrast with what people picture when they think of the Right: Richard Nixon looking sweaty and suspicious, racist 1970s comedians, South African security forces gripping their salivating Alsatians, semi-literate rednecks shouting at black people … And last but not least Donald Trump, a man who seems to possess the unique gift of having no redeeming human qualities whatsoever. Oh, and Nazis obviously” (430).
West het geen hoë dunk van Trump nie. Hy skryf selfs van “this awful man” (5787). “Trump seemed to be almost a caricature of Left-wing ideas about conservatives, brash, callous, casually racist, abusive towards women and absurdly rich thanks to his background” (5779). Ja, sy pa se geld het Donald aanvanklik gehelp, maar dit was hy wat op ‘n kundige manier sy jeugdige welgesteldheid in buitengewoon groot rykdom omskep het. West borduur voort oor Trump: “A three-times married serial adulterer and sexual predator who had probably broken at least eight commandments regularly” (5801). Nietemin, in konserwatiewe geledere word Trump se politieke oriëntasie waardeer. Hy het aan baie blanke Amerikaners hulle selfrespek teruggegee.
Die Nazi’s en die Twee Wêreldoorloë word dikwels as die slegte nalatenskap van die blankedom voorgestel. “The evocation of the Nazi crimes rubs a collective scar in Western societies” (1512). “The Nazi atrocities were also tied up in the collective imagination with the other great racial dramas, the US civil rights movement and apartheid South Africa … Having listened to my father and read his Spectator articles I obviously digested his pessimism about ANC rule” (1523).
Ek het die werke oor fascisme deur Benito Mussolini en Adolf Hitler gelees en kon daarin geen duidelike ideologie vind nie. West bevestig dit: “Fascism had few real intellectual thoughts behind it … Fascism … had no central texts or ideas” (1622). Mussolini was aanvanklik ‘n sosialis en dus linksgesind. “The Polish-Israeli scholar Zeev Sternhell [born in 1935] argued in The birth of fascist ideology [1989, 348p; Amazon Kindle $45,94] that fascism was a revolutionary movement, emerging from the radical left but ‘which became fused with blood and soil nationalism'” (1633).
Maurice Barrès [1862-1923] “coined the term déraciné, ‘deracinated’ [“ontras(sing)”], to denote someone who had lost contact with their ancestors” (1633) – ‘n verskynsel wat in die nuwe Suid-Afrika wydverspreid onder verloopte Afrikaners voorkom. “[The] state-worship aspect of fascism has given many conservatives the comforting idea that the philosophy was ‘Left-wing’, because true Right-wingers believe in a small state. In his entertaining book Liberal fascism (2008 [492p; Amazon Kindle $16,75]), Jonah Goldberg made a spirited attempt to show the extent to which Italian fascism and German national socialism had some common roots with the Left” (1633).
West skryf: “I could never muster any sympathy for people who committed violence” (2066). Hy verwys ook na “the violence of ANC-run South Africa” (3217). Tog is dit moeilik om die volgende paragraaf met die res van sy boek te versoen. “The Tories made no effort to ensure that history was kind to them, as Churchill put it, by ensuring that they wrote it. The real great figure of the era, the one who captured the public imagination, was not in Downing Street but rotting in a jail cell some 11 000 miles away. And today Nelson Mandela is the one with a statue in Parliament Square, while a similar proposal for one of Margaret Thatcher can’t be built because it would be vandalised” (1401). Dat ‘n terroris uit ‘n ander land met ‘n standbeeld vereer word, wat volgens die populêre siening nie geskend sal word nie, toon hoe verwerplik hedendaagse waardes geword het.
Mandela het in die tronk gefloreer. Hy is jare lank op staatskoste gehuisves, gevoed en geklee. Hy het hom selfs aangematig om ‘n langbroek pleks van ‘n kortbroek te eis. Hy het 95 jaar oud geword. In seker geen tronk elders in Afrika sou hy 27 jaar so geil oorleef het nie. Anders as wat meesal beweer word, was die “apartheidsregime” in baie opsigte (te) mensliewend. Dink ook aan hoe die NP-regering toegelaat het dat sommige kerke en moskees vestings van terrorisme geword het omdat hy nie die (skyn)heiligheid van daardie inrigtings wou aantas nie.
Met verwysing na 1994 toe Tony Blair die leier van die opposisie in die Britse parlement geword het, skryf West op ‘n nogal eienaardige manier: “While Blair shone, we appeared like the brooding, bull-faced Afrikaans [Afrikaner] watching the smiling black people’s dignified walk to the polling booth, cast as baddies in a morality play in which we would obviously end up the losers” (2677). “Blair hugely increased immigration and actively liked the idea of cultural diversity” (2797).
West is op stewiger grond as hy skryf: “I often see people on Facebook posting an inspirational Nelson Mandela quote: ‘Overcoming poverty is not a task of charity, it is an act of justice. Like Slavery and Apartheid, poverty is not natural. It is man-made and it can be overcome and eradicated by the actions of human beings.’ Which is pretty much the stupidest thing ever said by anyone – poverty is the most natural thing in the world, and until the nineteenth century the vast majority of people lived in it” (2968). In die 21ste eeu moet on(der)ontwikkeldes/agtergeblewenes (hulle is nie agtergesteldes nie) dus liewer hulle armoede as selfaangedoen aanvaar as om dit aan slawerny en apartheid, dus blankes, toe te dig. Waarmee Mandela hier besig was, was om skuldgevoelens by blankes te probeer wek ten einde geld ten bate van swartes uit hulle te pers.
“Right-wing … is an irredeemably tarnished identity, which is hardly surprising when two generations of educated people have largely been raised in environments where they have encountered few conservatives … From before their political awakening most middle-class people are given the message by the education system, the broadcast media and the wider political culture that to be Left-wing is to be generous, tolerant and forward-looking, and so to be Right-wing is to be selfish, uncaring and bigoted” (453). “Progressive television and cinema … are the prevailing cultural noises” (475). In die woorde van Thomas Hobbes (1588-1679): Die massa-inligtingsmedia strooi (“sprinkle”) hulle idees uit op die mense (653).
Oor ‘n ander filosoof, Jean-Jacques Rousseau (1712-1778), skryf West: “To conservatives his idea of ‘the noble savage’, primitive man living in peaceful abundance, makes Rousseau the godfather of all bad ideas” (653). Op sy onoorspronklike manier vertel Mandela dieselfde leuen: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelungu, the white people” (Long walk to freedom, London: Abacus1995, p 27). Rousseau is ‘n held in linkse geledere. “Rousseau was perhaps the most influential thinker of his and our time, doing more than any other to popularise the idea that people are inherently good. Christian theology holds that we are all born with original sin, tarnished and imperfect from birth. Rousseau’s great idea was to see human behaviour as formed by social conditions, so that our wickedness comes not from within but the society we are raised in” (West 668).
Ooreenkomstig Rousseau se idees is die plaaslike vertolking dat wat ook al sleg by swartes mag wees, aan apartheid toegeskryf kan word. Dit is dus die blankes, veral die Afrikaners, wat sedert 1994 as oorvloediglik sleg voorgestel word terwyl al wat ‘n swarte is skynbaar inherent goed is. “Rousseau was … spectacularly wrong, perhaps the most wrong man who ever lived” (726). Wat ‘n mens is, word bv nie net deur sosiale omstandighede bepaal nie, maar ook geneties, dus deur oorerwing (kyk hier onder). Die armoede onder swartes in Suid-Afrika word deesdae graag maar verkeerdelik aan apartheid toegeskryf. Edmund Burke (1729-1797) was van mening: “Poverty always exists … it is the essential human condition, not a departure from it” (950).
Die leuse van die Franse Revolusie (1789), “vryheid, gelykheid en broederskap,” is in groot mate aan Rousseau ontleen. Al drie daardie begrippe is dermate oordrewe vertolk dat hulle uiters skadelike gevolge gehad het. “Real human freedom is limited by our own moral weaknesses and poor decision-making, and by the cues we pick up from society. We are morally imperfect, and out of ‘the crooked timber of humanity no straight thing could be ever made’, as Immanuel Kant [1724-1804] said” (1195). Geen wonder nie dat Burke baie skepties oor die Franse Revolusie was (Praag 2.05.2020). Die Franse agitator, François-Noël Babeuf (1760-1797), “concluded that ‘perfect equality’ and ‘common happiness’ could only be achieved by suppression of private property” (1051) – ‘n vroeë wegbereider van die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding.
Joseph de Maistre (1753-1821), ‘n ondersteuner van die Franse monargie asook sosiale hiërargie, vind daarenteen aansluiting by Burke met bv die opmerking: “Custom is the mother of legitimacy” (1156), waarmee die wettigheid van die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding teengespreek word. “Custom serve as a check on anarchy and the lust for power” (1169). Neem veral kennis van De Maistre se boek, Considerations on France (1797, 180p; Amazon Kindle $27,60). “He blamed intellectuals for inciting the violence, just as later there was widespread hostility to American liberals in the 1960s as crime and public disorder shot up” (1535).
In Suid-Afrika het skynintellektuele nie net ANC-terroriste in hulle kwaad gesterk nie. Hulle probeer steeds om die ANC-regime so goed moontlik voor te stel. Sulke Afrikaanssprekendes distansieer hulle deesdae van (die geskiedenis van) die Afrikanerdom. Tradisies en gebruike is (dikwels) sinvol omdat hulle die toets van die tyd deurstaan het. Soos ‘n Duise regsgeleerde, Justus Möser (1720-1794), dit gestel het: “After all, our forefathers were no fools either” (1156). Dit is waarom ons nie moet toelaat dat ANC-kamerade en hulle meelopers hedendaagse Afrikaners of ons voorgeslag verguis nie.
Ek vind die oorsprong van die benamings Whigs en Tories interessant. “Both names were originally insults, whiggamore being a (Presbyterian) Scottish cattle rustler and toraidhe a (Catholic) Irish highwayman, and these two groups much later evolved into the Liberal and Conservative parties (although the latter contained the more conservative Whigs, also). They represented cultural divisions, too, Tories being attached to established religion, the monarchy, tradition and a more pessimistic view of human nature. Whigs were more likely to be merchants than landed aristocracy, had the overwhelming support of Dissenters – Protestants too radical for the Church of England – and tended to believe in progress, so that the ‘Whig theory of history’ came to be one in which things slowly but steadily go from bad to good” (867).
“The Tories had first been referred to as the Conservative Party by John Wilson Croker in 1830 and they came to be officially known as such under Robert Peel [prime minister 1834-1835 and 1841-1846], who wished to allow in more moderates, uniting the middle class and old landowners” (1323). Die Konserwatiewe Party of Tories se siening kan soos volg opgesom word: “Humans are flawed, fallible creatures; reason is powerful, but prone to error; and tradition and prejudice are often good guides to social policy” (1119). “Conservatism is parochial, and drawn to attachments that are local and national rather than global” (1681). Die ANC-regime, daarenteen, verkies inklusiwiteit, bv wat betref swart Afrika en (liberaal-sosialistiese) globalisme.
Konserwatisme is nie ortodoks nie. Burke het dit reeds duidelik gestel: “A society without the means of some change is without the means of its conservation” (1119). Maar dit moet nie gaan om verandering ter wille van verandering soos by die ANC-regime nie; eerder om verandering ter onmiskenbare verbetering. Daar moet nie onnodig of oorhaastig gekrap word aan wat doeltreffend funksioneer nie. Soos die Britse filosoof, Roger Scruton (1944-2020), dit gestel het: “Conservatism is the politics of delay” (1169). CS Lewis (1898-1963) het die frase “chronological snobbery” gebruik: “the idea that previous ages were always more backward simply because of the date. Conservatives are more likely to see history in terms of cycles” (3864). In die konteks van Suid-Afrika is die volgende van belang: “Conservatives also see themselves as the conservers of civilisation against barbarism – which is after all the most ‘orthodox’ state of all” (1119).
Die benaming konserwatisme is in 1818 die eerste keer in ‘n Franse tydskrif gebruik. “It stated that it ‘upholds religion, the King, liberty, the Charter and respectable people’ … But from the start the philosophy varied across different countries. Liberalism is by definition universal, since it seeks to guide society under a set of principles, and so it tends to be quite alike around the world, while conservatism varies more from culture to culture, since it seeks to defend specific traditions” (1085). “Right-wing activists tend to stay in their own lanes and not work together, share notes, or reach out to one another’s followers” (3836).
“America, it was said, lacked a ‘conservative’ movement in the European sense, its Right-wing philosophy largely descending from the English Whig tradition, since Toryism was all but dead there and there was no established Church or landed aristocracy to defend … In England conservatism – and the party that came to represent it – was strongly associated with Anglicanism” (1094). “It was once famously said that the Church of England was ‘the Tory party at prayer'” (1106; ook 3616). In die retoriek van die Suid-Afrikaanse politiek is daar skynbaar geen oorspronklikheid nie. Die NG Kerk is male sonder tal daarvan beskuldig dat hy, toe hy apartheid ondersteun het, “die Nasionale Party in gebed” was.
“[There] are things such as ‘good manners, charity, duty and decency’ which are not the concern of the law” (1220). Maar dit beteken nie dat ons verplig moet voel om iedere modestroming na te volg nie, bv. die hedendaagse manie dat vreemdelingehaat/xenofobie uit die bose is. “Haat” is hier in baie gevalle sterk oordrewe. Dit gaan meesal bloot daarom dat inkommers onwelkom is; dat ‘n land sonder hulle beter daaraan toe sou wees. “Humans, conservatives believe, are prone to tribalism and nepotism. We prefer what is familiar to the distant, we favour family members to stangers and, to a lesser extent, compatriots over foreigners. And we are more concerned about friends and relations than ‘humanity’ in the abstract – and there’s nothing wrong with that” (1220).
In sy boek, Liberty, equality and fraternity (1873, 370p; Amazon Kindle $3,44), het ‘n Britse regsgeleerde, James Fitzjames Stephen (1829-1894), bedenkinge oor elkeen van die drie hoofidees van die Franse Revolusie uitgespreek. Hy was veral krities oor John Stuart Mill (1806-1873) se On liberty (1859, 120p; Amazon Kindle $0). “[Stephen] rejected the radical idea of a ‘brotherhood of man’, stating that: ‘It is not love that one wants from the great mass of mankind, but respect and justice … Humanity is only I writ large, and love for Humanity generally means zeal for MY notions as to what men should be and how they should live'” (1220).
In die tweede helfte van die 20ste eeu het die lewensomstandighede, bv veiligheid, van blankes drasties versleg; nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die Weste. “There was the underlying fear of barbarism at the door, an idea that forms a central part of conservative psychology. And yet it was not a totally irrational fear – crime had hugely increased from the 1960s to the 1980s. Britain’s crime rise was nothing like the rapid explosion of violence in America from the 1960s … The British have a sort of psychological awareness of the 1960s America as being the era of civil rights and freedom, yet this social change went hand in hand with an enormous rise in murder in urban America, unprecedented anywhere in modern times” (1451). In Suid-Afrika het ons eie Mandela op 16 Desember 1961 met sy terrorisme begin. Die toename in misdaad en geweld in Suid-Afrika, Brittanje en Amerika hou (onder meer direk) met swart aktivisme verband.
In Brittanje was daar “increased homelessness, and the growth of sink estates [“krotlandgoedere”] … fear tends to push people to the Right” (1462). “The housing lists had been literally that, a queue, in which people waited their turn, with good behaviour and reputation as bonus. It changed to one of ‘need’, which put more needy people such as single mothers or immigrants – as well as people with various pathologies – ahead of locals who had queued, and who often had deep roots in the area … Financial rewards for poor life choices can encourage more people to make them … As far back as the 1770s there were debates about the social sanctions against illegitimacy, with German social theorist Justus Möser arguing they were necessary because there needed to be incentives to marry” (1462).
In Suid-Afrika is daar eintlik nie sprake dat blankes by regeringsbehuising baat nie. Dit gaan om behuising vir swartes, waarvoor die blankes moet help opdok. Geboortebeperking word nie deur politici aangemoedig nie omdat dit glo teen (tradisionele) swart kultuur indruis. Die subsidiëring van ongehude moeders – “welfare queens as Americans called them” (2821) – word ‘n al hoe groter en toenemend onvolhoubare finansiële en maatskaplike las. Die ANC-regime misbruik selfs die huidige grieppandemie om van staatstoelaes ‘n al hoe swaarder meulsteen om die land se nek te maak. Die ANC se jongste skuif is om rassisme te verdoesel deur na die swart bevoordeeldes as die “kwesbares” te verwys.
West skryf: “Central to conservatism is the idea that radical change is almost always bad” (1246). Die Britse filosoof, Michael Oakeshott (1901-1990), “wrote that conservatism was ‘to prefer the familiar to the unkown, to prefer the tried to the untried, fact to mystery, the actual to the possible, the limited to the unbounded, the near to the distant, the suffient to the superabundant, the convenient to the perfect, present laughter to utopian bliss'” (1246, 6142). Volgens West “conservatives also believe in ‘epistemological modesty’, that there are limits to human knowledge, especially in politics, as human society is too complex for any one person or group to understand” (1270).
“Back in 1794 the romantic poet Samuel Taylor Coleridge, along with another wordsmith, Robert Southey, came up with the brilliant idea of an egalitarian community in which all ruled equally. They settled on the name ‘Partisocracy’, from the Greek for ‘equal government for all'” (1562). Die aartsfeminis, Amanda Gouws, wat wens dat bykans die helfte van die mensdom, die bose mans, liewer moet verdwyn, bied ‘n kursus aan die Universiteit Stellenbosch aan wat Susterkunde genoem kan word, met Ousiekunde as subdissipline. Vir Gouws se hartsbegeerte kan die benaming Broekiekrasie (“Pantycracy”) gebruik word. “Egalitarian utopias overlook people’s natural instinct to better themselves, while twentieth-century sexual utopias ignored the failures, disappointments and injustices that characterise human relationships” (1574).
Die goeie ou dae word gekenmerk deur die salige verskynsel dat elkeen sy (tradisionele) plek geken het. “The notion that everyone has their place … can arguably provide a coherent structure that makes the world seem less chaotic” (2001). Pleks van die bestaan van realistiese hiërargieë te erken, word eerder gelykheid en eendersheid gepredik. “With identity politics becoming so dominant some conservatives have accused the Left of being almost proprietorial about minorities, and holding non-whites to lower standards, called ‘the soft bigotry of low expectations'”(2015). Dit is presies wat aan bv die Universiteit Stellenbosch gebeur. Vir toelating tot mediese studie word laer akademiese prestasie van nieblanke as van blanke kandidate verwag. Daar is boonop ‘n kwotastelsel waarvolgens verseker word dat daar op ‘n rassistiese grondslag nog erger teen blanke kandidate gediskrimineer word (kyk op die internet).
Dit is veral die Italiaanse marxis, Antonio Gramsci (1891-1937), se idees wat as “kulturele marxisme” bekend staan (2178). Ná die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het marxiste hulle aktivisme van staatkundige na kulturele ondermyning, met die oog op uiteindelike oorwinning, verskuif. “Cultural Marxism … views history as a question of power and privilege. What people mean by ‘cultural Marxism’ might be simplistically surmised as opposition to tradition and hierarchy; radical gender politics; the Marxist theory of race in which whites are the bourgeoisie and non-whites the proletariat; intolerance towards non-orthodox thinkers; the necessity of changing the language;* and the ideas that criminals are victims of society, marriage is oppressive and exploitative, and nations are artificial, imagined communities. It’s roughly synonymous with progressive politics, then, perhaps just a slightly crankier way of saying ‘progressivism'” (2178). “Progressivism … holds that everyone is essentially good” (2225) – insluitende misdadigers en gewelddenaars soos terroriste. Dit is waarom gevangenes in die nuwe Suid-Afrika stemreg het. “It is forbidden to forbid” (2249). Die resultaat is chaos en anargie, wat revolusie tot gevolg kan hê.
[* Dink aan al die geykte woorde met groot seggingskrag wat nie meer in die nuwe Suid-Afrika gebruik mag word nie. Ter sake is ook die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se ywer om Standaardafrikaans te herstandaardiseer en Afrikaans met onnodige Engelse woorde te besoedel deur Kaaps as die toekoms van Afrikaans te propageer.]
Oor politieke byderwetsheid/korrektheid (PC) skryf West: “PC could be called ‘political politeness’, since in the popular imagination it is associated with euphemisms about race, sexuality, disability or other perceived disadvantages, and as a consequence ‘politically incorrect’ has come to mean the same as rudeness. Except that wasn’t really the purpose of political correctness in policing the language. The aim in many cases was not to pressure opponents into being polite, but to stop them expressing their ideas altogether. PC, for want of a better expression, describes a set of acceptable beliefs, outside which it is not permitted to step [ie the Overton window] … Newspapers probably made it easier for PC’s real purpose – of censoring and controlling – to go unchallenged” (2453).
In die praktyk is daar talle voorbeelde van “[PC] gone mad … If you’re conservative it’s mad to start with … like the one about ‘Baa baa black sheep’ being removed for being insuffiently racially sensitive” (2441). Breinspoeling begin in die kleuterskool: “To my surprise they did actually sing ‘Baa baa woolly lamb’ there, rather than ‘Baa baa black sheep’, something I previously assumed was a tabloid myth” (4173). “At our local children’s library the entire front desk area was made up of hagiographies of Barack Obama and Nelson Mandela” (4375). “If you’re a conservative, then once you become a parent, you’re faced with the prospect of raising your children in a culture that is filled with simplistic, untrue messages about the world … Kid’s books and television give an interesting insight into where prevailing beliefs come from, regularly hammering home the message that borders are bad, stereotypes are wrong,* mankind is a menace to the planet and girls ought to be masculine … We are all basically good and others are just like us” (4385). “[They] make lovely neighbours and don’t in any way steal everything … Children’s books are culture war meme processors” (4396); “meme-processing propaganda” (4421). Ek onthou hoe ‘n plaaslike uitgewer ná ons “bevryding” in 1994 hiet en gebied het dat daar in iedere kinderboek minstens een swart karakter móét wees. “And books seem nothing like as obviously indoctrinating as films or TV” (4421).
[* “The … idea of stereotype accuracy, once assumed by the psychology profession to be largely wrong, has in recent years been shown to be resilient and accurate” (6021).]
Dit gaan eintlik om die gewilde standpunt dat ons almal “ideologically correct”, dus polities linksgesind, moet wees (2476). “One interpretation of PC is that it is the ‘paradox of tolerance’, promoting tolerance of historically disadvantaged or persecuted groups to such an extreme that it becomes itself another form of intolerance” (2538). In die HAT word ‘n groot aantal woorde as “rassisties” geëtiketteer, maar die verligte samestellers het dit darem nog nie met die volgende woorde gedoen nie: swartgallig, swartlys, swartmark, swartryp, swartskaap, swartsmeer. “One way a political group can come to dominate the culture is by dominating the language, creating neologisms that imply acceptance of their worldview and making other terms unfashionable or unsayable” (2573).
“Harvard’s Richard Herrnstein was called a racist for arguing, in 1971, that, because intelligence is partly inherited, then the tendency of clever people to marry other clever people will lead to stratification. He wasn’t even talking about race, but he received death threats and his lecture halls were filled with chanting mobs. Herrnstein and another academic, Arthur Jensen, were forced not just to cancel lectures but also to hire guards, because of their IQ research. Then there was EO Wilson, whose Sociobiology (1975 [2nd ed, 720p; Amazon Kindle $45,94]) concluded that some universal human attributes, including our moral sense, may be shaped by natural selection. The aim of the book was to explain human behaviour, such as violence and altruism, through evolution, yet a widely circulated article by a group of academics accused him of promoting theories that ‘led to the establishment of gas chambers in Nazi Germany'” (2512).
“Gramsci’s great theory was that of hegemony, ideological domination that extends beyond politics and into culture, which is far more important” (2166). Daar word dikwels na blanke oorheersing/hegemonie verwys in lande waar die blanke meerderheid in beheer is. In die nuwe Suid-Afrika word daar graag van “demokrasie” gepraat asof dit verkwikkende saligheid oor die land gebring het. In werklikheid het ons te make met swart oorheersing/hegemonie in die ergste graad, maar dit word (feitlik) nooit met hierdie benamings geëtiketteer nie. Die politiek en blanke/Westerse kultuur word op ongekende skaal deur marxisme gerysmier. Dit is bv waarom ‘n nuwe maar valse geskiedenis van Suid-Afrika toenemend ontplooi en Afrikaans so min moontlik ruimte gegun word. “The past … becomes another front in the culture war” (2955).
“Pretty much every aspect of human culture and the variation between us has a large genetic factor that makes equality of outcome impossible … Among the top-ten replicated findings from behavioural genetics are that ‘all psychological traits show significant and substantial genetic influence’ and ‘the heritability of intelligence increases throughout development'” (5974). “Even criminality has a genetic component … [and] all the variation in personality traits is about 50 per cent genetic … Even our political beliefs are to some extent hereditary” (5988). “Right-wing authoritarianism ‘in particular shows high levels of heritability'” (6005).
Linkses hou daarvan om wat ‘n mens (veral geestelik) is aan omgewingsfaktore toe te skryf. Dit baan dan die weg om vir bv apartheid die skuld te gee vir nie-prestasie en die armoede en ellende wat daaruit volg. Gelyke geleenthede sou na bewering na gelyke uitkomste lei. In die praktyk gebeur dit nie omdat genetiese oorerwing buite rekening gelaat is. “The vast area of twin studies has shown the variation in human intelligence to be around 50 per cent heritable, as are the five major personality traits [neuroticism, extraversion, openness to experience, agreeableness, conscientionsness]. As for sex, there are vast amounts of evidence showing that average differences in temperament between men and women across cultures are the product of biology” (2388). Dit is dus ‘n dwaalleer om te beweer dat elkeen die vryheid het om self tussen manwees, vrouwees en bv transwees te kies.
Regerings openbaar dikwels heeltemal skeefgetrekte voorkeure. Die ANC-regime gee blatant voorkeur aan die belange van swartes en vroue in sy “nie-rassige en nie-seksistiese” nuwe Suid-Afrika. In Brittanje word voorkeur aan welsynsdienste gegee. “Britain is not a state so much as a hospital service with a TV station attached” (3359). Robert Conquest (1917-2015) het tereg opgemerk: “Any organisation not explicitly right-wing sooner or later becomes left-wing” (3371) – wie nie vir ons is nie, is teen ons. Dit verduidelik waarom daar feitlik geen regse instansies in Suid-Afrika oorgebly het nie. Amnestie Internasionaal was aanvanklik ‘n instansie wat geweier het om gewelddenaars te ondersteun. “In 1964 they refused to take up the cause of Nelson Mandela” (3419). Sedertdien het daar ‘n radikale verandering ingetree. “Recently the group has campaigned for members of al-Qaida, which is not exactly a non-violent organisation” (3419). “Violence is more likely to be forgiven if it’s done by the right people” (4016), bv deur ANC-kamerade.
Ons lewe in ‘n tyd wat deur dubbele standaarde gekenmerk word. “The inauguration of Barack Obama in 2009 was followed by eight years without a single joke on any BBC comedy show about the president of the United States” (4521). Ons word gereeld vergas op Donald Trump se oranje hare en Boris Johnson se hooimied, maar opmerkings oor Obama se hare was in die praktyk eintlik verbode. Die Amerikaners mag feitlik nie eens hardop gewonder het oor wat van Obama se geboortesertifikaat geword het nie.
By ‘n vorige geleentheid het ek ‘n uitdrukking aan Winston Churchill toegeskryf, terwyl die oorsprong daarvan nie so seker is nie. “If you are a conservative you have no heart and if you are a socialist you have no brain.” Hierdie uitdrukking “has been attributed to Victor Hugo, Bejamin Disraeli, George Bernard Shaw, George Clemenceau, Winston Churchill and Bob Dylan. The truism was probably first written down by nineteenth-century French political theorist Anselme Batbie, but he in turn attributed it to Edmund Burke” (4670).
As jy nou al absoluut sat gelees is aan die alewige distopiese fiksie in Afrikaans wat 26 jaar gans te laat geskryf is (wat uit daai jare vandag as profetiese werk sou geloof kon word), skep moed: In hierdie week tweet my een geliefde skrywer van Bellville een ou wat die vier kwadrante van Punk uitbeeld volgens polities-ekonomiese punte: Atompunk, Dieselpunk, Cyberpunk en… Solarpunk. Dit was op 5 Mei 2020:
— Ace – JEFF’s Stan Account. (@Ace_Archist) May 5, 2020
‘Solarpunk’ het ek nog nooit in my lewe van gehoor nie, en die Engelse (7 Mei 2019), Sweedse (24 Oktober 2019), Spaanse (2 Februarie 2020), Portugese (25 Februarie 2020), Duitse (7 Maart 2020), Franse (21 Maart 2020) en Hollandse (23 Maart 2020) Wikipedia het skynbaar ook eers onlangs daarvan te hore gekom, soos ek uit die nuwe Wikipedia-artikels kan aflei in die onderskeie tale (sien die datums toe artikels geplaas is tussen hakies). Dit verskil van die drie vorige punk-genres omrede daar nie gefokus word op al die verderflike foute en neerslagtigheid van die samelewing nie, maar alleen die prag, toekomsverwagting en entoesiasme.
En tog, die hele storie dra eintlik nou al ‘n ruie baard, want in Brasilië het die gelyknamige titel reeds in die vroeë 2010’s verskyn (party bronne sê 2012, ander weer 2014). In Portugees, natuurlik.
Solarpunk beeld hierdie futuristiese toringhoë woonstelle in ekodorpe en -stede uit met klimop-ranke, daktuine, vertikale tuine, buurttuine, bobbejaantoue, vlinders, parke en ‘n utopiese voorstelling van die paradys wat uiteindelik op die mensdom neergedaal het. Vreeslik idealisties. Uiteindelik hemel op aarde. Terug na die Tuin van Eden, waar die mens gestel is om dit te bewerk en te bewaak. Diegene wat glo in die vooruitgangsgeloof (wat Deterministies glo die mens is, gegrond op die evolusie en deur uit sy foute te leer, op pad om ‘n halfgod te word ) en agteruitgangsgeloof (gegrond op die Dekadentisme, wat glo die mensdom het met die eeue al hoe afvalliger en verdorwe van sedes geword hoe langer hy uit die bos gekruip het) kan albei nou bladskud.
‘n Stralende toekoms: natuurlik werk alles met sonkrag en ander vorme van hernieubare energie. Die dae van fossielbrandstof is verby. Die kunswerke straal van ‘n hartroerende optimisme wat ‘n mens se oë laat traan van blydskap (of is dit die sonsteek?). Daar word gekyk hoe die mens by hierdie nuwe tegnologiese wonders sal aanpas ensomeer. Maar ook het mense teruggekeer om op volhoubare wyse hul eie groente in kommunale opset te kweek, tot almal se vreugde.
Tog, aangesien die persoon hierdie Solarpunk onder “Leftist Libertarianism” indeel (wat vir my ‘n totale antitese is), is daar maar net die vae voorgevoel wat mens kry. Iets soos die roemryke Hangende tuine van Babilon wat ‘n paar duisend jaar gelede in duie gestort het. Dus, ‘n nuwe Babilon wat herbou word net om later weer te verbrokkel? Grens dit aan Sonaanbidding? Genoeg gewese beskawings daarvan as bewys, sou ek sê.
Ook, verneem ek, bly dit nie by ‘n literêre genre nie – Solarpunk het ondertussen ‘n politieke beweging geword.
“We are solarpunks because the only other options are denial or despair.” [Lui die kenmerkende dichotomiese deuntjie] “At its core, Solarpunk is a vision of a future that embodies the best of what humanity can achieve: a post-scarcity, post-hierarchy, post-capitalistic world where humanity sees itself as part of nature and clean energy replaces fossil fuels.”
Lapidêr gestel: suiwer Kommunisme.
Moet ons hierdie kunsstroming in Afrikaans toelaat? Liewer nie. Onthou, Solarpunk beteken rebellie teen die establishment en kapitalisme, dit werk dekolonisering aan die hand, en is op sigself ‘n teenkultuur: “Solarpunk wants to counter the scenarios of a dying earth, an insuperable gap between rich and poor, and a society controlled by corporations. Not in hundreds of years, but within reach.” Soos apporpedia.org dit ook stel: “It will need to be a synthesis of leftist thought: anti-capitalist, anti-hate, anti-fascist, and anti-hierarchy.”
Bonne Junon, quelle merde tu parles?Anti-hate – hoor net wie práát! Solarpunk is in die éérste plek gebou op haat! Jy háát die kapitaliste en jy háát die vernuf wat sakemanne en ingenieurs aan die dag lê, wat jy nooit in jou dag des lewens sal bereik nie. Keer maar sommer nou met jou skoffel terug lande toe, tu paysan!
‘n Mens lag jou dood vir naïewe uitlatings soos “diverse communities from around the world adopt the name and the ideas, and build little nests of self-sustaining revolution”, juis omdat ‘n revolusie van nature selfvernietigend is en sy eie kinders opvreet, soos Danton destyds tydens die Franse Revolusie al so gesê het. My magtig, die grootste van alle rewolusies, die Kommunisme, het sienderoë nooit in Rusland of Sjina verwesenlik nie (dit het trouens nooit verder as sosialisme gevorder nie), laat staan nog gevou?! Die Nywerheidsomwenteling was nie ‘n gedwonge omkeer nie, dit het natuurlik gebeur soos masjiene uiteindelik mense begin vervang het en rustof uit koloniale lande maklik te kry was. Die vraag na produkte het toegeneem, en mense is daarin voorsien. Soos dit vandag nog gaan.
“Solarpunk culture includes all cultures, religions, abilities, sexes, genders and sexual identities.”
Wat daar eintlik staan: “Jy kan van enige kleur en geur wees soos ‘n diverse bont straatbrak wat deur sy eie teefmoer op die sypaadjie uit haar baarmoeder verwerp is by geboorte, dit is ons betekenis van ‘diversiteit’ binne ons laermentaliteit. Let egter wel: Ons hou egter nie van ‘n ‘diversiteit’ menings nie; veral nie dié soort wat ons eenogige retrokommunistiese denkwyse kritiseer waarop ons geen antwoorde het nie. Ons hou nie van oop gesprekke nie, want ons raak kwaad want dit wys hoe dom, agterlik en onvoorbereid ons is.” Soos jy vandag op universiteit kry, ja.
“Solarpunk emphasizes environmental sustainability and social justice.” Aai tog. Hier begin ons al weer met die nimmereindigende bekgeveg rondom identiteitspolitiek om mense ‘nader aan mekaar te bring’ en “hande vat” (jig, haal sommer dadelik die handseep uit). En ek dag ‘n woordeboek skryf wat sprekers van twee tale nader aan mekaar sal bring sou beter werk?
Solarpunk omskep ‘n doodgewone middel wat elektrisiteit opwek dus tot ‘n politieke strydwapen.
Kritiek
Nommer 1: Dit maak nie ‘n bloue duit saak of jy brandhout, vuursteen, swawelstokkies, olie, petrol, kernkrag of metaangas-uit-perdemis stook nie, ook nie of jy jaloers waak oor jou plekkie onder die son nie; dit verander nie die mens se gedrag nie. Dit is maar weer ‘n hoë nadruk op die uiterlike, die leë dop, eerder as die inhoud.
Volgens Solarpunk kan elkeen sy eie sonkrag benut en is dus onafhanklik van enige maatskappy en regering – elkeen het dus ewe veel mag en is daarom gelukkig want almal is gelyk en het gelyke kanse. Al val my kolletjie grond in ‘n skaduryke gebied met swak grond wat nie soveel oeste oplewer soos joune nie. En al kyk jou woonstel warm noord en myne na die yskoue suide in die winter… [soos geboue maar gemaak is…]
Dit is ‘n uiters materialistiese siening (dit is sommer sonneklaar!) wat lankal saam met die Ystergordyn en Berlynse Muur verbrokkel het. Ek bedoel, ons sien sonpanele reg rondom ons opdoem by elke winkelsentrum. Ons sien de laaste HOP-/GEAR-huisie met songeisers. Het dit die mensegedrag enigsins verander? Nee, dit het nie. Het die misdaad afgeneem? Nee, dit het nie. Die mens het tegnologie getem, nie andersom nie.
Herwinning wat op Donderdagoggende op ons dorp uitgesit word is ook net ‘n bykomende roetine, ‘n mag van die gewoonte; en ook net omdat ons gratis sakke (behoort te) kry en minder swartsakke op ‘n Maandag vir die vulliswa moet uitsit wat andersins onnodige onkoste is. Daar is geen euforie daaraan verbonde nie. Net so, vir ons in Suid-Afrika, het sonkrag geen politieke bymotiewe nie, ons is net gatvol van beurtkrag. Met meer as voldoende kragvoorsiening soos tydens Apartheid sou byna niemand hierdie rigting ooit ingeslaan het nie. Met oorgenoeg watervoorsiening, sonder om nog te droom van waterbeperkings, sou mense tot meer as 30 kiloliter per huishouding per maand verbruik of water na naburige lande uitvoer, soos Israel maak.
Niemand val in aanbidding voor hommeltuie neer nie, maar daar sal diegene wees wat dit net ‘n nuttige middel vind om kospakkies skelmpies mee af te lewer, of die honde aan ‘n leiband mee te gaan stap as die staat mense soos misdadigers onmenslik begin inkluister, byvoorbeeld.
My reënmeter kan vir my slegs ‘n aanduiding gee of dit werklik nodig is om die tuin nat te maak of nie (as dit oornag gereën het); waarom wil ek nie tuin natmaak nie? Want ek kan my tyd en bronne beter benut, vanselfsprekend. Maar so lewensveranderend werk hierdie keëlvormige stuk plastiek nou wragtig ook nie dat ek ‘n roman oor hom sou skryf nie.
Party mense hou van sweis. Ander hou van tuinmaak en met die bure gesels. Ander is meer gepla wat in ander lande aangaan, en gaan slegs tuin toe as dit werklik nodig is. Sien: smaak verskil.
Nommer 2: Van die resensies op Goodreads is teleurgesteld oor die distopieë in ‘n genre wat veronderstel is om optimisties te wees. Ek praat nou van Solarpunk: Histórias ecológicas e fantásticas em um mundo sustentável. Onderduimse politieke gekonkel duur in die kortverhale steeds voort soos dit tans in die werklike lewe in Brasilië ook afspeel. Vir my is het die Brasiliaanse skrywers net doodgewoon realistieser geskryf as jou liggelowige klein blinkoog kommunis-in-wording. Met vriendelike verwysing na nommer 1 hierbo.
Die Brasiliane behoort mos te wéét! Hulle het vir klein Lula de Silva (Lulinha paz e amor) gehad wat belowe het om die volk te verenig onder sy sosialistiese bewind. Die media, die akademiese elite en bekendes het die publiek probeer wysmaak deur geld van die rykes te vat sal die armes uiteindelik ryker word. Maar dit was net De Silva (president vanaf 2003 tot 2011) en trawante wat uit die politiek en sakebedryf voordeel getrek het. Sy opvolger, Dilma Rousseff (president vanaf 2011 tot 2016), was glad nie beter nie. Inteendeel: die staat het onder haar moederlike sorg enorme skuld aangegaan (‘stimulus’), die minimumloon moes styg, asook maatskaplike toelae (‘sosiale geregtigheid’, sien ‘social justice’ hierbo), en hoër uitbetalings aan die amptenary (‘belegging in die toekoms’), hopeloos te veel aanstellings in die staatsdiens en staatsbeheerde maatskappye (‘goeie bestuur’). Kortom: die belastinginkomste kon nie byhou met die staatsbesteding wat vier keer die bedrag was nie. Dit was ook bitter moeilik vir beleggers uit die buiteland om enigsins ‘n onderneming in Brasilië te open, byna onmoontlik om eiendom te registreer en ‘n uiters ingewikkelde belastingstelsel om mee te sukkel. Die moord- en roofsyfer het ook allermins verminder en die onderwys en mediese sorg bly pateties (2017). So sê Felipe Moura Brasil, rubriekskrywer van die Veja-tydskrif. Daardie vyftien jaar sosialisme het die land ongelooflike skade berokken, sê hy.
Daar is ‘n boek geskryf deur Anthony Elson, Globalization and Development: Why East Asia Surged Ahead and Latin America Fell Behind, wat elke keer benadruk dat Suid-Amerika hoofsaaklik uitvoerlande van rustof gebly het, en hul staatsowerhede deurtrek was met korrupsie en nepotisme (glo ‘n erfstuk van die Katolieke bestel, wat Protestante kolonies onder Engelse en Hollandse bewind glo gespaar is), daarom kon hulle nie groei nie. Hulle het nooit nywerheidslande geword soos Suidoos-Asië nie.
Tog is dit ook nie so eenvoudig nie. ‘n Joernalis en ondernemer woonagtig in Hongkong, Stephen Vines, skryf weer in The Years of Living Dangerously: Asia from Financial Crisis to the New Millennium (2000), die Asiatiese state en ondernemings buitekant Japan het:
1) ‘n valse rooskleurige beeld van die markte aan die Weste voorgehou om buitelandse beleggers te lok. Ook het heelwat mense vir mekaar oor en weer gunsies bewys, wat maar ewe korrup is.
2) probeer om ‘n familiesaak te bly, ongeag hoe groot die onderneming raak, met die gevolg dat die beste en kundigste persone nie in die regte poste aangestel was nie. Geen aandeelhouer sou ooit soveel insae hê soos die familie nie. Groot ondernemings is soos ‘n eenmansaak bedryf. Ook het familiesake glad nie gespesialiseer nie, maar besighede links en regs opgekoop en uitgekoop waarvan die familielede as bestuurslede van hierdie konglomerate absoluut onkundig was, totaal buitekant hul vakgebied.
Chinese motorfietshandelsmerke
3) bowenal nie, soos Japan, geweldig baie moeite gedoen en geld uitgegee op navorsing en verbetering van die produkte nie. ‘n Mens verkoop nie iets voetstoots nie – iets waaruit Suid-Afrikaanse maatskappye gerus kan leer! Die geld is egter opgepot in vaste eiendom (of uitgegee op allerhande luukshede en blinkgoed), maar nie teruggeploeg in die onderneming en sy produkte nie. Japan het egter ook sy eie bloutjie geloop: hy het weens sy markversadiging ‘oorgespoel’ en so fabrieke in Sjina oopgemaak (omrede die arbeidskoste in Japan te hoog geraak het), met die Sjinese staat se toestemming. Motorfietse (ek dink dit was die Honda Cub). Groot fout: op ‘n manier het die patente uitgelek en volgens Japan’s Motorcycle Wars deur Jeffrey Alexander was daar teen 2002 tot 400 ongelisensieerde vervaardigers doenig in Sjina wat motorfietse op Japanese patente gebou het, wel met minderwaardige plaaslike onderdele. Daar is selfs bevind uit ‘n steekproef van 1 300 motorfietsmodelle met ‘n enjin kleiner as 125 cc was 90% daarvan roofkopieë. Dit sê veel van sakevertroue in daardie land. “Copying alone is a technological dead end that will turn only short-term profits, and firms that rely solely upon copying will ultimately fall by the wayside just as they did in Japan during the 1950s and 1960s.” Japan het inderdaad kort na die oorlog wel tydelik self patente uit die Weste gebruik, maar sedertdien het hy uit sy foute geleer en naam gemaak.
Dus, in die res van Asië het die ekonomieë in die laat 1990’s vir ‘n wyle in duie gestort weens bogenoemde drie punte. Die vraag is nou, het Asië, Suid-Amerika en die mensdom uit sy foute geleer? Dit help nie om foute oor die hoof te sien nie.
Hoekom wil dit vir my voorkom of die Solarpunks nie die waarheid, soos die son, ‘n slag in die oë kan kyk nie?
Nommer 3: Sulke optimisme herinner aan die Belle Époque, en hierdie ongekende ekonomiese bloei in Frankryk was kort voor die hele wêreld in die Eerste Wêreldoorlog gedompel is. Opbloei en inkrimping is ‘n universele verskynsel, ook in ‘n “volhoubare” omgewing waar “rusperiodes” (wat ‘n eufemisme vir insinking, resessie en depressie het ek nie nou bedink nie?) voorkom. In hierdie rusperiode is daar mense wat swaarkry, terwyl ander gedy. C’est la vie.
Nommer 4: Tegnologie is wonderlik, maar dit kan ook hoogs vertragend werk as daar ‘n vinniger metode reeds bestaan wat goed werk. Mense is kwaad in spitsverkeer, omdat hulle weet daar is vinniger metodes om van punt A na punt B te kom, of dit nou per helikopter of lugskip is.
Daar is ‘n rede hoekom mense hul krag by die munisipaliteit laat aansluit, en dit is gewoon omdat dit tyd spaar. As jy elke oggend eers op die dak moet klim om jou daaglikse voëltjiepoef of lagie stof in wind en weer af te vee in jou sopnat pajamas net om te kan oggendkoffie maak, dink ek gaan jy op die ou end terugverlang na die koolstofpotte van Egipte. Moet tog net nie dat jou voet gly nie.
Slegs ‘n tuinier in murg en been, of iemand wat die saligheid ken van niksdoen, of ‘n proponent of apologeet van Afrikatyd is, sal 15 tot 30 minute lank wil hare kloof oor watter skille nou komposhoop toe moet gaan en watter na die wurmplaas (erdwurmreaktor) om wurmtee te maak.
Ek dink nie mense besef hoeveel tyd tuinwerk in beslag neem nie. En sukses is geen waarborg nie. Dit gaan vir my meer oor die týd wat onnodig verlore gaan.
Nommer 5: Nie almal sal gediend wees met bobbejane wat sommer self in die sitkamer kom tee skink nie. Ook nie met spinnekoppe wat ewe rats met die klimop hulself by die boudoir op Eenheid 21 van Verdieping 32 innooi, of die lastige muskiete wat hul teelaarde onder digte blare gevind het nie. Ek sal ook graag wil weet hoe mense die ruite met sulke onpraktiese argitektuur gewas kry. Ek wil liewer nie dink aan die brommers wat heerlik woel in die bemestingryke kweeklane op die grondverdieping nie. Aan die ander kant, middestad Johannesburg en omstreke leef klaar naby genoeg aan die natuur: vergewe van die rotte.
Estetika kom in hierdie genre, net soos by Steampunk, weereens voor die logika. Ek wil liewer nie dink aan die skade wat plantwortels aan die geboue oor die lange duur gaan aanrig nie. Jy plant nooit ‘n boom langs ‘n heining nie – met rede! Laat staan nog binne ‘n gebou!
En dink net hoe woedend jy gaan raak as die bure se sproeiers bokant jou woonstel nou juis moet aankom wanneer jy jou koerant buite op die balkon lees… En die al nimmereindigende blare opvee! Jy wil ook nie naby wees as daar ‘n skielike storm losbars en die stormafvoer in die straat benede ‘n blokkasie kry van die blare nie…
Nommer 6: Ek skryf nou die dag aan ‘n kollega op Wikipedia:
“Deesdae sien ek stoepe word al hoe meer toegebou met glas: dit hou die stof, misdadigers en verbygangers buite en laat die sonlig soos ‘n kweekhuis instroom in die winter. Terselfdertyd het jy ‘n portaal bygekry waar jy jou sambrele kan bêre. Ons het nog nie die skoene-uittrek soos in Japan en Noord-Europa nie. Daarvoor het jy mos ‘n mop en stofsuier.” […] “Die toegeboude stoep hou die vlieë ook sommer buite.” […] “Dat ‘n orangerie (mooi woord wat ongelukkig nié in die WAT opgeneem is nie) nou so in Noord-Ierland gewild geraak het, is vir my verbasend; vroeër was dit slegs vir die welgesteldes beskore vir hul eksotiese invoerplante. En ja, my ma gebruik die toegeboude stoep om sensitiewe plante aan die lewe te hou (wat buite nie verskroei van die hitte nie, vrek van die dors), maar meer nog om die groente en vrugte “ryp” te maak; jou winkels koop die pere, mango’s en avokado’s heeltemal te groen aan, of laat dit ‘n ewigheid in die vrieskas bly. Los jy hulle in die yskas, vrot hulle binne ‘n week.”
Wat ek hiermee probeer sê: die gebruik van sonlig om ‘n soort kweekhuis binne jou eie huis te skep het niks met ekobewustheid of politiek te make nie. Die samelewing het van so ‘n aard verander dat jy meer ruimte en veiligheid nodig het. En mense hou van gerief. Dit gebeur op natuurliker wyse en word nêrens afgedwing nie. Dit is evolusionêr, nié revolusionêr nie.
Nommer 7: Die Solarpunk-gemeenskap is té plaaslik, té parogiaal, té regionaal en té plattelandsgesentreerd na my sin. Dis soos om terug te keer na ‘n tydperk voor die Nywerheidsomwenteling, na ‘n soort primitiewe bestaan. En dit laat my ongemaklik.
Dit beantwoord ook nie die vraag hoekom maatskappye, waarteen hierdie groepie tog so gekant is, in die eerste plek ryk word nie. Die kernreël van enige ekonomie is om die meeste met die minste geld en tyd te doen, aan vraag en aanbod te voldoen; dit handel alles oor optimalisering en evolusie. Soos ek gesê het, as die elektrisiteit- en watervoorsiening prima was en die koste laag, sou niemand eers gedink het aan ‘n sonpaneel nie. Jy sou mense moes smeek om dit aan te koop. Solarpunk, so tipies revolusionêr, neuk dwars in ‘n rigting in, want hy kan, dit moet net, maar waarheen, weet hy nie.
Terwyl Cyberpunk jou die geleentheid gun om ‘n soort bomenslike figuur met behulp van die kuberwêreld te word (dis die mooi kant van daardie distopiese genre), om jou hoogste potensiaal te bereik, smee Solarpunk jou absoluut soos snot gelyk met die aarde – jy sal nié bo jou medemens uitstyg nie, want dit bring ongelykheid en onmin mee.
Party mense hou van die kollektiewe gemeenskap, ander, soos ek, hoegenaamd nie.
Die modernisme gun juis mense die ruimte om met die minste moeite so beweeglik moontlik te leef. Jy sluit die deur agter jou met ‘n geruste hart toe en die stralervliegtuig staan gereed vir Singapoer. Dit is die bedoeling.
Die stedeling se tuine raak kleiner en verbruik minder water, omdat ons meer tyd voor die rekenaar wil deurbring (wat skakel met mense in Moskou, Londen, Rotterdam, Rome, Rio…) en ook omdat ons voortdurend op reis kan wees. Voedselproduksie word gewoonlik die lewenstaak vir kommersiële plase wat daarin spesialiseer en oor ruim middele, tegniek en tegnologie beskik om met die nodige deskundigheid die meeste te vermag met die minste geld. Die goue reël van die ekonomie word eerbiedig. Dit gee ook vir die tussenganger, die handelaar, die geleentheid om sy wins te maak [daarom is die aankoopprys van vleis byvoorbeeld net meer as R20/kg en betaal jy oor die R80/kg, om die koste te delg van ander produkte wat nie altyd verkoop nie. Want jy het die volste reg op keuse uit byvoorbeeld 20+ invoerkaassoorte op die rak]. Terselfdertyd is die regering ook veronderstel om ‘n ogie oor die standaarde te hou.
Wat sê die Solarpunk-Handves? “The objective is to promote self sufficiency and living within natural limits.” Met ander woorde, bestáánsboerdery? Geen cornu copia? Non? En wat dan nou van my ingevoerde Gouda uit Holland? Ek gaan nie my sakkies Cappuccino opoffer nie!
Maar nou het jy, vreemd genoeg van ‘n Groenlinkse standpunt, ‘n bedryf waar daar géén regulasies op die bedryf is nie (geen standaarde), ruilhandel plaasvind (daar gaan jou belasting nou…) en het almal streng gesproke oornag koelakke word, waar hy sy lappie grond volgens ‘n soort pagstelsel in die vorm van ‘n buurttuin (soos in Holland) by die staat huur. Maar, ten minste het almal nou gelyke mag. Dit laat my klaar weer wonder hoekom hierdie Solarpunk skielik so ontsaglik “mensvriendelik” is, terwyl Nederland juis verwildering aanmoedig op plase wat “onderdeur is”, sodat wilde herte daarop kan wei.
Tensy omstandighede van so aard is, soos in Suid-Afrika, wat mens natuurlik noop om jou eie groente en vrugte in jou agtertuin te kweek – dan moet die broodboom ongelukkig maar in die slag bly. As dit nie ‘n teken van besuiniging is of bloot ‘n kieskeuriger smaak (“my eie organies gekweekte koejawels smaak die beste”) in gunstiger tye nie, is dit eerder ‘n simptoom van wegholinflasie of voedseltekorte, wat eerder ‘n teken is van ‘n distopie, handelsverbod of oorlog. Van wanneer af is die distopiese leefstyl nou ‘n utopiese een, as ek mag vra?
En sodra jy daardie verpligtinge het, sit jy soos ‘n lyfeiene in die feodale tydperk van die Middeleeue vasgekluister aan jou lappie grond – want o, wee! – wie sal na my tuin omsien as almal hul eie boorde het om te onderhou? Moet tog nie dink by ‘n buurttuin is daar minder diefstal van groente nie: in Nederland is jou gedeelde lappie grond letterlik agter slot en grendel. Met rede.
“Our future must involve repurposing and creating new things from what we already have. Imagine “smart cities” being junked in favor of smart citizenry.”
Jy bedoel, mense neem die plek in van stemvee, masjiene of gedwonge gemeenskapsdiens en verpligte deelname? Hoe langer ek uit die skool is, hoe sieker raak ek van hierdie hoërskoolmentaliteit in die staatsdiens wat nooit sy tienertekkies gaan uittrek en grootword nie. Wat as ek nie deel van die “geborge gemeenskapsgevoel” wil wees nie, omdat ek my tyd in my eensaamheid beter kan benut as wat enigeen op die munisipale bestuur met hul rompslomp vir my kan voorskryf? Jy weet tog watter soort mens op die rade dien: gaan jy jou asem en tyd mors? Buitendien, dit staan my vry om te loop as ek nie van die dorp of stad hou nie. As die munisipaliteit my kundigheid nodig het, kan hulle my bel. Ek lewe nie in ‘n byekorf nie. Verder moet ons onthou dat niemand sy sterk punte beter ken as hyself nie – om vir enigiets anders in te willig maak van hom ‘n dilettant. Kan almal boer? Kan almal ‘n vliegtuig vlieg? Ek vra maar net.
En gepraat van ‘slim burgerskap’: na soveel jare kan mense in Duitsland nou nog nie behoorlik glas van papier onderskei by die herwinningsblikke nie. Sterkte met die heropvoedingkampe, hoor!
Terloops, as jy tussen die Amish wil gaan bly, kan jy dit van ganse harte maar doen. Ek wil nie.
Nommer 8: Op die ou end gaan tegnologie ook maar afhang van die vervaardiger en die lithium- en silikon-ontginning, wat sal bly voortteer op die einste Moeder Aarde wat die Groenlinkes aanvoer verkrag word deur transnasionale gigamaatskappye. Jy kan snot en trane huil oor mynbou wat die omgewing skaad – jyself skryf sonder ironie jou betoog lieflik op ‘n rekenaar of selfoon gemaak uit elektronika, gemaak uit komponente wat gemaak is van verwerkte rustof, wat kom uit… raai? Myne!
Nommer 9: Of jy nou Atompunk, Dieselpunk of Cyberpunk gelees het – daar is om die een of ander rede, een of ander tyd, ad nauseum, dwelms by betrokke in die fiksie. Jy het tog werklik nie gedink daar sal by Solarpunk nié ‘n hektaar dagga in die burgemeesterstuin verbou word nie? Soos ek by Nommer 1 gesê het: tegnologie het nie die mens getem nie. Die mens het nou eenmaal die neiging om homself van homself te wil verlos. Dit kry jy in iedere samelewing. Miskien net met ‘n sonniger voorkoms.
Nommer 10: Onkruid en vergroening van damme floreer soos bemestingstowwe na varswaterbronne deursypel… Gedenk maar Hartbeespoortdam. Ons noem dit eutrofikasie. As jy Boer Jan wil speel en die dorp in ‘n hoenderhok wil omskep, moet jy weet wat die gevolge gaan wees. Dis net in FarmVille en My Little City waar so iets nie gebeur nie.
Bonuspunt 1: Allemansgoed is niemandsgoed. In ‘n funksionele rasionele munisipaliteit word een of meer persone deur die stadsraad aangewys en besoldig om sekere werk voltyds te doen wat ander mense in staat stel om hul tyd produktiewer te benut. Dis die logiese ideaal.
As mens by die venster uitkyk vir die 8 munisipale werkers wat al 100 meter hiervandaan soos 28 persone opklink, sien ek swaar dae vir die munisipaliteit as Solarpunk werklikheid moet word. Één ou werk, die ander sewe lê op hul besems en pikke en praat ‘n sloot in die grond. Streng gesproke sou ek elke werker ‘n straat gee om te doen, elkeen afsonderlik. Want soos ek in die supermark opmerk, klos die rakpakkers ook almal bymekaar by die lekkergoedrak en praat dan te lekker, en dan moet jy, die klant, maar gedwee met jou winkelwaentjie met ‘n suutjiespoeperige “ekskuus, jammer, sorry” deurwurm om anderkant uit te kom.
Ek is nog van die gelukkiges in hierdie land wat ‘n brief aan die munisipaliteit kan skryf oor boomtakke wat sulke sliertes oor die sypaadjie hang, wat jou eenvoudig dwing om in die pad te loop. Die hemel alleen weet hoe mense daar in Gauteng oorleef! Op die ou end neem die burgers maar self verantwoordelikheid en haal die snoeiskêre uit, terwyl hul elke maand hul doodbetaal aan erfbelasting aan dienste wat hul nooit kry nie. En dit lei tot:
Kommunistiese Kommune #3: elke burger van die dorp is ewe verantwoordelik vir die parkie en sypaadjies in sy buurt. Nou begin die groot moeilikheid. Want later gaan niemand weet waar hul verantwoordelikhede begin en ophou nie. Of erger: daardie droë hondebollie voor my huis is nie my verantwoordelikheid nie, want dis my buurman se hond wat elke aand uitbreek. ‘n Eeue-oue vete word op tou gesit wat die hele dorp in ‘n bloedbad dompel, 300 onskuldige vroue en kinders bly in die slag. En alles het by die hond begin.
Want ek sien naby ons huis het ‘n munisipale tuintjie ontstaan. Dit het as ‘n stokperdjie begin vir twee vrywillige stedelinge op die platteland met ‘n ekstra bietjie baie vrye tyd. Die ou kliphoop is omskep in ‘n lushof (sakkevol kunsmis is ingery), mooi beplant met ‘n paar mielies in die onomheinde oopte, met ‘n hele blommeryk. Selfs ‘n waterpyp is spesiaal deur die dorpsraad laat aanlê ter besproeiing en verfraaiing van die nuwe buurttuin (wat slegs deur hierdie mense omgesien word). Wat gebeur? Die mieliekoppe word oornag afgesteel. Dis totáál ongewoon, want gewoonlik verdwyn die plant sommer wortel en tak. Jy kan jou ook indink wat sal gebeur as die vrywilligers eendag net nie meer daar is nie, of as die stokperdjie ouer as drie maande hul begin verveel. Dit is nie soos ‘n huis wat jy van buite af self sukkel om so mooi moontlik te probeer maak om teen ‘n wins later te verkoop nie; dis ook nie soos om pikkewyne te help skoonmaak nie. So… jy kan nie wérklik waarde of ‘n motief of dryfkrag aan hierdie buurttuin of allemanstuin koppel nie, want dit behoort aan niemand. So op die ou end word die plek toegegroei met onkruid en die munisipaliteit kom spuit alles maar weer dood. Terug by die begin. Alles verniet.
Die mense, hoe edel hul bedoelings, kon eerder ‘n boek geskryf het wat ten minste nog 100 jaar iewers sal rondsweef.
Bonuspunt 2: COVID-19 en “sosiale afstand” het mense seker nou mooi geleer wat ‘n absolute doodgebore mislukking kommunale idees is.
Gevolgtrekking
Ek het besluit om Solarpunk nie ‘n Afrikaanse naam te gee nie, want dit is nie die benoeming in my taal waardig nie. Ek soek dit nie in my ongeskonde Afrikaanse woordeskat nie. Dit is deur Groenlinkses bedink om die middelklas totaal uit te wis, die proletariaat tot diktatuur uit te bou en tot dwangarbeid te vonnis deur hul van kosbare tyd en smaak te beroof wat vir belangriker dinge aangewend kon word. Soos om hul gees te ontwikkel.
Die algehele indruk wat mens kry van Solarpunk is alles behalwe dié van ‘n vriendelike gesiggie. Dit pas eerder by dié van ‘n despoot of ‘n nukkerige tiener. Geen gesprekvoering of debattering word toegestaan of geduld nie. Dit is: “ek stel hierdie onmoontlike en onbillike voorwaardes, aanvaar dit of los dit”. Geen sakeman sal hom aan so ‘n gril steur nie en sy geld elders gaan belê; want aanvaar jy so ‘n persoon se aanbod, het jy ‘n pakt met die duiwel gesluit.
Kortom: hou wyd hiervan. Dis duidelik soos daglig.
‘n Kwarteeu het verloop sedert die gebeure van 1990/94. Dit het duidelik geword dat daar nie politieke magsdeling plaasgevind het soos valslik aan die blanke kiesers belowe is nie, maar magsoorgawe aan die swart meerderheid. Daar is nie evolusionêre voortsetting van die geskiedenis soos wat dit van 1652 tot 1989 was nie. Die ramp wat die land in 1994 getref het, was ‘n revolusie; dus, ‘n absolute breuk met die geskiedenis. Dit is waarom die ANC/SAKP-regime voorgee dat die geskiedenis van Suid-Afrika eintlik in 1994 begin. Dit is ook die grondslag vir die veronderstelling dat alles wat tydens die blanke politieke bewind was, sleg is. Dit is waarom daar van ons donker verlede gepraat word asof dit evangelie is. Dit is waarom naïewe linksgesinde blankes hulle deur ANC/SAKP-propaganda laat wysmaak dat hulle verskoning vir ons beweerde slegte verlede moet vra.
Het die era van lig werklik in 1994 aangebreek? Nee, die versugting moet eerder wees: “Hoe groot is die donkerheid nie” (Matteus 6:23). ‘n Ander mite is dat hierdie oorgang na “demokrasie” vreedsaam plaasgevind het. Sedert 1910 was 1990/94 die gewelddadigste in die land se geskiedenis.
Die voorafgaande verduidelik waarom daar in hierdie rubriek aandag aan twee verskynsels, terrorisme en revolusie, geskenk word. Plaaslik het terrorisme tot die 1994-revolusie en ook tot “demokrasie” (‘n eufemisme vir swart oorheersing) gelei. Die gebeure was wesenlik ‘n gewelddadige revolusie waarin die wit baas deur die swart baas vervang is. Hierdie revolusie het onder die leiding van Nelson Mandela plaasgevind, vandaar die groot waardering wat hom veral ná die suksesvolle revolusie te beurt geval het; ook in die geledere van polities verligte blankes. Vervolgens bespreek ek eers terrorisme en daarna die revolusie wat daarop gevolg het. Hou deurgaans die ANC (waarby die UDF en SAKP ingesluit is) as dié toonbeeld van ‘n terreurinstansie, asook Mandela as dié toonbeeld van ‘n terroris, in gedagte.
Terrorisme
Terrorisme: “skrikaanjaging/intimidasie deur dade van geweld; gesamentlike dade deur terroriste gepleeg” (HAT). Terrorism: “The use of violence, or the threat of violence, to frighten people in order to achieve a political, social, or religious goal” (Oxford English Dicionary). Geweld en dreigemente dat tot geweldpleging oorgegaan sal word as daar nie aan eise toegegee word nie, is dié kern van terrorisme. Albei strategieë was kenmerkend van die ANC tydens die 1990/94- onderhandelinge; so ook buitensporige geweld vóór 1990. Dat die ANC ‘n terroriste-organisasie was, kan nie betwyfel word nie. Die ANC se geweld asook afdreigings daarmee het in 1990/94 onder die leiding van Mandela plaasgevind. Mandela was ongetwyfeld ‘n terroris, al het hy besluit dat hy eerder ‘n “vryheidsvegter” genoem moet word. Daarna het al wat ‘n sikofant is Mandela as ‘n vryheidsvegter by uitnemendheid beskou. Sowel Mandela as die ANC het nooit die kern van hulle bedrywighede, naamlik geweld, afgesweer nie. Dit is in ooreenstemming met die wens van die berugte swartmagaktivis, Frantz Fanon (1925-1961), wat geweld as “inherently empowering” beskou het; selfs as “a cleansing force” (Townshend, bron hier onder, p 13).
In Amerika is die amptelike definisie van terrorisme: “The calculated use or threat of violence to inculcate fear, intended to coerce or intimidate governments or societies,” en in Brittanje: “The use or threat, for the purpose of advancing a political, religious, or ideological course of action, of serious violence against any person or property” (Charles Townshend, Terrorism: A very short introduction, Oxford University Press, 2002, p 3). Oor Amerika: “Many of the legislative enactments followed federal law by defining ‘act of terrorism’ as a violent felony intended either to intimidate or coerce a civilian population or to influence or effect governmental policy or conduct'” (Albert Borowitz, bron hier onder, Kindle 204). Sunil Khilnani skryf: “‘Terrorism is a distinctive form of modern political agency, intended to threaten the ability of the state to ensure the security of its members’ – and thus its claim to legitimacy” (Townshend 5). Die ANC het op hierdie manier uiters voortydig erkenning as die “enigste ware verteenwoordigers van die land se inwoners” verwerf, bv by die Verenigde Nasies. Geen wonder nie dat daar beswaardheid is oor “the failure of the international community to fully recognize terrorism as criminal behaviour” (127).
“Terrorism is the recourse of those too weak to oppose states openly” (7). Mandela het bv telkens beweer dat hy geen ander opsie as geweld gehad het nie. Hierdie argument word sonder meer deur Mandela se volgelinge en simpatiseerders herhaal. Daarmee word die feit geïgnoreer dat baie van die dood en verwoesting wat deur die ANC aangerig is, veral in 1990/94, nie teen die NP-regering gemik was nie, maar teen die Inkatha Vryheidsparty (IVP); dus om politieke mag vir die ANC te bekom en wat so onbeperk moontlik moet wees, verkieslik ‘n tweederde meerderheid tydens die algemene verkiesing in 1994. ANC-kornuite vertel graag van die vryheid wat hulle met bloed verwerf het, maar hulle versuim om te noem dat dit weens die ANC se magshonger hoofsaaklik swart bloed van nie-ANC-aanhangers is wat ANC-terroriste laat vloei het. “The essence of terrorism is the use of violence by the armed against the unarmed” (8).
Wat ook geïgnoreer word, is dat baie swartes buite die ANC teen die gebruik van geweld vir politieke doeleindes gekant was. “The weak may adopt a strategy of resistance which does not require terror” (7). Maar die ANC het nie-ANC-gesindes met geweld en dreigemente van geweld probeer verplig om hulle by die ANC te skaar. Dít is kenmerkend van ‘n egte terreurorganisasie: “targeting ‘the silent’ – those who had precisely avoided political commitment of any kind” (43). Mandela het leiding met die vergoeiliking en vertroeteling van geweld in die ANC gegee deur die stigting van Umkhonto weSizwe (MK), die gewapende vleuel van die ANC, wat op 16 Desember 1961 met sy terrorisme begin het. Deesdae verwag die ANC met sy valse waardes dat 16 Desember as Versoeningsdag gevier moet word.
“The essence of terrorism … is surely the negation of combat. Its targets are attacked in a way that inhibits (or better prohibits) self-defence … in the indiscriminate bombing of a street market, a store, or a bar, we see a deliberate flouting of the international law of war, and a refusal to accept as binding the prevailing moral distinctions – between belligerents and neutrals, combatants and noncombatants, legitimate and illegitimate targets” (7). Volgens die ANC “there are no innocents” (60) in nie-ANC-geledere. Indien dit nie steeds die geval is nie, wás die ANC ‘n verderflike organisasie, met Mandela aan die begin (1961-1962) en later (1990/94) aan die spits van die geweld/terrorisme. Daar is gepoog om so skouspelagtig moontlik onbeskaaf te wees, bv met halssnoermoorde, om die ANC se gesag af te dwing. ‘n Amerikaanse regter het tereg terrorisme beskryf as “a clear and present danger to the very existence of civilisation itself” (33). “Without some sense of disturbance, of abnormality if not enormity, attention would not be seized” (8).
“Fear may drive people to comply” (9); vrees nie net by nie-ANC-gesinde swartes nie, maar ook by die armsalige FW de Klerk en sy armsalige onderhandelaars. De Kerk het nooit gevolg gegee aan die Amerikaanse departement van buitelandse sake se beleid nie: “Make no concessions to terrorists and strike no deals” (130). “Although the 20th century produced plenty of successful ‘wars of national liberation’, often with a significant terrorist dimension, none succeeded by terrorism alone” (25). In Algerië het die FLN-terroriste Charles de Gaulle se hartlike samewerking vir ‘n oorwinning/revolusie nodig gehad. In Suid-Afrika was dit De Klerk wat gesorg het dat die ANC-terroriste seëvier. In Algerië terrorisme “was integral to the revolution” (94) – so ook in Suid-Afrika.
“Terrorists … are mostly unamenable to limited concessions: it is by setting absolute, non-negotiable demands, as much as by using violence, that they opt out of the political process” (26). De Klerk het hom op ‘n uiters dwase en kortsigtige manier probeer distansieer van die sekuriteitsmaatreëls van sy voorgangers, John Vorster en PW Botha, wat terrorisme kragdadig bestry het. Op aandrang van die ANC het De Klerk talle sekuriteitsmaatreëls afgeskaf, waarmee hy hom toenemend blootgestel het aan afdreiging met geweld deur die bose ANC. De Klerk het nooit ‘n elementêre les geleer wat steeds suksesvol deur bv Israel toegepas word nie: “The reaction of a state should [at least] be in proportion to the wound inflicted on it [by terrorism]” (117)
“The support-building function of terrorism encompassed two distinct aims: first, securing obedience or compliance … and, second, bidding for sympathy and ideological or moral endorsement” (12). Met albei was die ANC suksesvol. Die massa-inligtingsmedia plaaslik en in die buiteland, asook bv religieuse instansies, het die ANC se terrorisme vergoeilik en gesteun, gevolg deur die regerings van talle lande. “Publicity is the ‘oxygen’ of terrorism” (136). Volgens Yonah Alexander “terrorists make ‘a conscious and deliberate effort to manipulate the media’ and that ‘by provinding extensive coverage of incidents the media give the impression that they sympathise with the terrorist cause'” (136). Die ANC het steeds die SABC en Naspers/Media24 in die holte van sy hand. Dit hinder my dat Afrikaners veral in hierdie grendeltyd daagliks aan die pro-ANC-propaganda van hierdie twee instansies blootgestel is, terwyl baie van hierdie kykers, luisteraars en lesers nie die vermoë het om sinvol teen breinspoeling weerstand te bied nie.
Die aartslinkse Doris Lessing (1919-2013), wat lank in Rhodesië gewoon het (1925-1949), het simpatie met terroriste gehad. In haar roman, The good terrorist (1984), laat sy ‘n terroris sê: “We are going to pull everything down. All of it” (20). Dit is ook wat die ANC telkens belowe het: dat sy terroriste enigiets, indien nodig alles, wat in Suid-Afrika opgebou is, sal vernietig ten einde die politieke mag te bekom. Dit het van 1994 af die ANC-regime se heropbou- en ontwikkelingsprogram (“Reconstruction and Development Programme”) genoodsaak. Townshend vestig die aandag op die geykte skynheiligheid of dubbele standaarde van terreur-instansies, wat ook dikwels in ANC-uitlatings na vore gekom het: “That the violence of their protests was puny in comparison with the ‘violence inherent in the system'” (23). Willie Esterhuyse verwys graag na die “sistemiese geweld” van apartheid, maar hy verkies om soveel moontlik oor die inherente gewelddadigheid van die terroristiese ANC te swyg.
Selfverheerlikende terrorisme
“The terrorist is noble, terrible, irresistibly fascinating, for he combines in himself the two sublimities of human grandeur: the martyr and the hero” (Serge Stepniak-Kravchinski, Underground Russia, 1883, aangehaal in Townshend, p 31). Hiervan is Mandela by uitstek ‘n toonbeeld: eers ‘n martelaar-gevangene, “onskuldig” in die tronk (1962-1990), toe ‘n hergeaktiveerde terroris (1990-1994) en daarna ‘n ná-revolusionêre held. Van veral fanatieke Moslem-terroriste word gesê: “The terrorist is not just prepared to get killed, but wants to get killed” (119). Ek dink Mandela was te lafhartig vir selfdoodterrorisme, al het hy in 1964 in die Rivonia-verhoor vol propagandistiese bravade verklaar dat hy bereid was om vir sy ideale en die bevordering daarvan met terroristiese bedrywighede te sterf.
Mandela se misplaaste roem is gegrond op die gewaande”moral superiority of the individual guerrilla, produced by the fact that he is ‘defending a just cause, the cause of the people'” (63). In werklikheid het dit nog nooit vir Mandela en die ANC om die heil van “the people”, in die sin van die Suid-Afrikaanse bevolking in sy geheel, gegaan nie. Dit gaan spesifiek om die onregverdigbare bevoordeling van swartes, by uitstek diegene in die voorste gestoeltes van die ANC, en die buitensporige benadeling van blankes. “The framework for much modern terrorist action is ethnic or nationalist” (74). “Terrorism may play a leading part in the attempt to preserve or ‘reawaken’ the national spirit” (76). Vandaar die groot aanhang wat die swartbewussynspropaganda van bv Fanon en Steve Biko in ANC-geledere geniet.
Van Albert Borowitz (gebore in 1930) is die volgende boek gepubliseer: Terrorism for self-glorification: The Herostratos syndrome (Kent State University Press, 2005, 192p; Amazon Kindle $25,09). Die naam Herostratos is vanweë ‘n enkele daad bekend. Hy het in 356 vC die Artemis-tempel (Artemisium) in Efese aan die weskus van Klein-Asië (by Selçuk in Turkye) afgebrand. Hierdie marmertempel was een van die Sewe Wêreldwonders in die antieke tyd. Herostratos het die hout van die tempeldak aan die brand gesteek (Kindle 329) met ‘n enkele doel voor oë: sodat hy vir altyd en wêreldwyd bekend kan wees. Dit is ‘n voorbeeld van “the morbid quest for eternal fame through crimes of violence” (93), oftewel “the morbid passion for infamy” (235). Borowitz wys op “the paradox that negative fame often outlasts glory achieved by merit” (692). “They seek fame and generally attain honor from that from which it were more fitting that they suffer disgrace and punishment” (723). “It is said of Herostratos … that he was ‘more desirous of a widespread reputation than of a good one” (770). Ná die brand is die marmerpilare van die tempel verkoop (378). Die vernietiging van die Artemisium was dus volkome.
Ydelheid het ongetwyfeld ‘n rol gespeel. Mense wat aan die Herostratos-sindroom ly, is nie in staat om op ‘n positiewe manier te presteer en op ‘n prysenswaardige manier bekend te word nie. Hulle is gedoem om eerder berug as beroemd te wees. Herostratos het ‘n metoniem geword vir iemand wat ‘n misdaad pleeg ten einde bekend te word. Hy het ‘n duur prys vir sy misdaad betaal: “He was apprehended, tortured, and executed” (93). Om sy poging tot permanente bekendheid in tyd en ruimte te fnuik, was daar “the imposition of a ban on the mention of his name” (93). Terwyl Mandela in die tronk was, was daar streng sensuurregulasies oor wat oor hom en ander terroriste gepubliseer mag word. Hulle het immers nie ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel nie. Byvoorbeeld, geen foto van Mandela was toe in plaaslike publikasies toelaatbaar nie.
In die Griekse mitologie is Artemis ‘n dogter van Zeus en die godin van die jag, die maan en vrugbaarheid. “By die Romeine word Artemis met die Ou Italiese vrugbaarheidsgodin en die godin van die maan, Diana, geassosieer” (Adelaïde van Reeth, Ensiklopedie van die mitologie, Vlaeberg Uitgewers, 1994, p 28). Diana was ook die godin van plantegroei en die slawe (61). Die tempel waarom dit hier gaan, was die tweede een wat omtreeks 550 vC opgerig is nadat die eerste Artemis-tempel in ‘n vloed in die 7de eeu vC vernietig is. Die Artemisium verskyn op ‘n vroeë lys van wêreldwonders wat deur die historikus Herodotus (484-425 vC) opgestel is. In 323 vC is begin met die oprigting van die derde Artemisium, wat in 401 nC vernietig is. Hierdie tempel is ook as ‘n wêreldwonder beskou. Die herbouing van die tempel het dus in ‘n sin Herostratos se vernietigingswerk verydel. Die verbod op die noem van sy naam was egter nie geslaagd nie. Sy naam word in verskeie antieke geskrifte genoem. Publisiteit is die lewensbloed van diegene wat aan die Herostratos-sindroom ly. Naamerkenning word in hierdie konteks ‘n vorm van verheerliking.
Borowitz skryf: “A famous person, property, or institution is often chosen as victum or target … [eg] a killer may hope, by his attack, to absorb the celebrity of his prey” (106). Jaloesie kan ook ‘n rol speel. Herostratos is al “the first terrorist who entered history” genoem (121). “A leading expert on modern terrorist activity, Walter Laqueur [1921-2018], … has written in the wake of the attack on the World Trade Center [2001], ‘Over the centuries, terrorism has appeared in many guises. It is not an ideology or a political doctrine, but rather a method – the substate application of violence or the threat of violence to sow panic and bring about political change'” (121). “In Terrorist lives (1994), Maxwell Taylor and Ethel Quayle express their belief that ‘a core element in any account of terrorism is that it involves the use of violence to achieve political ends'” (137).
Dit lyk asof hedendaagse terrorisme grootliks polities gemotiveerd is. By Moslem-terrorisme word daar in laaste instansie ook ‘n politieke doel nagestreef omdat die ideaal is dat Moslem-geestelikes in beheer van die regering van ‘n land en selfs die hele wêreld moet wees. Maar die Moslem-terroris kan naas saligheid in die hiernamaals ook deur selfverheerliking gemotiveer word, naamlik die begeerte om in die geheue van mense voort te leef, dus sekulêre of wêreldse onsterflikheid. “The Palestinian terrorists’ self-sacrifice may now be encouraged less by the ‘idea of winning a place in paradise’ than by the prospect of living on in human memory” (173). In Suid-Afrika was dit die “perceived injustice” (155) van apartheid wat Mandela tot terrorisme aangespoor het. “Like many political terrorists, Herostratos and his successors appeared dedicated to the destruction of an unjust world” (155).
‘n Kenmerk van die hedendaagse terroris is “his passion for media attention” (155). “Media attention does not, however, merely serve the purpose of publicizing and advancing the goals of a political cause, but also may appease the desires of individuals at the summit or base of the terrorist organization for personal stardom. The terrorist’s achievement of fame carries with it an intoxicating sense of empowerment such as Herostratos felt when the temple’s fire leapt up to the night sky of Ephesus” (173). “James Bowman … argues that our media culture has fostered a new era of Herostratos by trivializing the standards for acquiring reputation. He notes that in heroic ages reflected in Homer and in medieval epics such as The Song of Roland, reputation was equated with ‘honor’ … In Bowman’s view, the times of heroism and honor have given way to a ‘Herostratian age’ ruled by a media-fueled obsession with celebrity, whether for good or ill” (3875). Mandela was ‘n toonbeeld van ‘n publisiteitsoeker. Nadat hy in 1990 uit die tronk vrygelaat is, het hy nie net plaaslik aandag en verheerliking gesoek en gekry nie, maar wêreldwyd. Hy het talle lande die een na die ander besoek om vereer te word en geld vir die terroristiese ANC in te samel. Dit was asof Mandela met hierdie reise sy vryheid gevier het en probeer het om daarmee sy jare van inperking te ontgroei. Maar hy verdien nie verering op grond van sy terreurdade nie. “Only God deserves to be glorified for He is perfect” (754).
Borowitz beskryf latere gebeure wat as uitdrukkings van die Herostratos-sindroom beskou kan word. Enersyds polities gemotiveerde terrorisme, bv die vernietiging van die Stari Most (Ou Brug) in Mostar, Bosnië-Herzegovina. Die konstruksie van die Stari Most oor die Neretva-rivier het nege jaar in beslag geneem (1557-1566) – “a monument to civilization” (1727). Hierdie brug was die verbinding tussen die Kroate se gebied op die wesbank en die Moslems se gebied op die oosbank. In die stryd om onafhanklike etniese state in Joego-Slawië te vestig, het die Serwiërs in 1991 die brug beskadig, maar dit was die Kroate wat dit in November 1993 vernietig het (1711). Dit is een van die min gebeure in daardie gebied en tyd waarvoor die skuld nie op die Serwiërs gepak word nie. Die kernprobleem was dat die Weste, insluitende Navo, hulle aan die kant van die Moslems geskaar het (Praag 12.05.2018).
Andersyds is daar om religieuse redes uitdrukking aan die Herostratos-sindroom gegee, bv die verwoesting van die twee groot Boeddhistiese beelde, 35 en 53 meter hoog, in Bamiyan, Afghanistan, in Maart 2001. Hierdie beelde is in onderskeidelik die jaar 507 en 554 in sandsteen uitgebeitel. Die Taliban, ‘n fundamentalistiese politieke beweging en militêre organisasie, het die beelde met bv bomme en dinamiet vernietig omdat die Moslemgeloof geen afbeeldings van gode toelaat nie en die Boeddhiste deur Moslems as ongelowiges beskou word. Die Taliban het “creating a pure Islamic state” as ideaal in Afghanistan (1808). Die vernietiging van die beelde is “anticultural terrorism”, “cultural cannibalism” (“the intentional elimination of symbolism representing a culture”) en “identicide” (“the destruction of places of identity”) genoem (1792). Westerse instansies het vooraf aangebied om die beelde te koop, maar die reaksie uit Moslem-geledere was: “We refer to be remembered as the destroyers of statues, rather than as the sellers of them” (1824).
Dit is nie net met die verwoesting van voorwerpe, soos ‘n brug of standbeeld, wat terroriste daarin slaag om bekendheid te verwerf nie. Dit kan ook bereik word deur bekende mense te vermoor. Dink bv aan die talle suksesvolle en onsuksesvolle aanslae op die lewe van Amerikaanse presidente. Die sluipmoordenaars, volgens David Brin, “showed a yearning for attention, both in the headline-grabbing nature of their crimes and in their polemics after capture” (3891). In Suid-Afrika is dit ‘n briljante intellektueel en staatshoof, Hendrik Verwoerd, wat twee keer die slagoffer van ‘n sluipmoordaanval was. Hulle misdade is die enigste rede waarom die name van David Pratt en Dimitri Tsafendas bekend geword het en onthou word.
Daar is aanvanklik gepoog om Herostratos se naam uit die geskiedenis te verwyder. Wat gebeur dan? Behalwe sy misdaad is daar eintlik geen ander eerstehandse inligting oor hom beskikbaar nie. Die gevolg is dat daar gespekuleer word oor hierdie “symbol of destructiveness” (3064). Verbeelding word gebruik om ongegronde inligting oor hom te versprei. Fiksie- en “feite”-tekste oor Herostratos en soortgelyke misdadigers word gepubliseer. Byvoorbeeld, in sy kortverhaal, “Erostratus” (in The wall and other stories, 1948), beweer Jean-Paul Sartre (1905-1980) Herostratos het “a sense of freedom by committing a gratuitous criminal act” ervaar (3195). Sartre het die begrip vryheid gebruik om feitlik enigiets waarvan hy gehou het, goed te praat. Edmund Burke (bron hier onder) verwys na die “‘all-atoning name’ of liberty … But what is liberty without wisdom, and without virtue? It is the greatest of all possible evils; for it is folly, vice, and madness, without tuition or restraint. Those who know what virtuous liberty is, cannot bear to see it disgraced by incapable heads” (Kindle 998).
Sartre was een van die domonnosele in die politiek. Hy skryf: “For myself, who, until then, had never heard of Erostratus, his story was encouraging. He had been dead more than two thousand years and his act was still shining like a black diamond” (Borowitz 3214). Dit is Sartre wat met spesifieke verwysing na Algerië geskryf het: “The only true culture is that of the Revolution” (Preface, Frantz Fanon, The wretched of the earth, London: Penguin, 1961/2001, p 11). “It demands no less than a complete demolishing of all existing structures” (10). “There is one duty to be done, one end to achieve: to thrust out colonialism by every means” (18). “Once the last settler is killed, shipped home or assimilated, the minority breed disappears” (20).
Fernando Pessoa (1888-1935), ‘n Portugese skrywer met ‘n Suid-Afrikaanse agtergrond (1896-1905), het teen die einde van sy lewe ‘n boek geskryf: Erostratus and the search for immortality (Borowitz 3826). Die Russiese eksistensialistiese skrywer, Lev Shestov (1866-1938), het in ‘n essay, “Destroying and building” (1923, in Potestas clavium, 1968), hoogs sinvol geskryf “the final goal of man is to build and that destruction is in itself a terrible thing that can be justified only if it is a temporary step leading to new building … People like Herostratus must be put into chains in order not to be able to destroy” (3858). ‘n Terroristiese organisasie soos die ANC, wat van 1961 tot 1994 ‘n beleid van verskroeide aarde gevolg het – soos die Britte in die Anglo-Boereoorlog – is toegelaat om mandaatloos die politieke mag oor te neem. As regering is die ANC ‘n volslae mislukking, want hoewel sy terroriste suksesvol kon afbreek, vind hulle dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, om die land te herbou.
Revolusie
Ek het met Edmund Burke (1729-1797) kennis gemaak toe ek James Boswell se klassieke biografie, The life of Samuel Johnson (1791, Amazon Kindle $0), gelees het. Al drie was lid van ‘n klub, waaroor daar onlangs ‘n uitstekende boek gepubliseer is: Leo Damrosch se The Club: Johnson, Boswell, and the friends who shaped an age (New Haven: Yale University Press, 2019, 498p; Amazon Kindle $16,32). Burke was ‘n Ier wat lank ‘n Britse parlementslid was (1766-1794). Wat uit hierdie twee boeke blyk, is dat Burke ‘n denker met uitnemende substansie was; veel meer ewewigtig as Johnson. Damrosch het tereg groot waardering vir Johnson, maar hy dink nie veel van Boswell nie. Mettertyd is Burke al hoe meer as die grondlegger van hedendaagse konserwatisme erken.
Revolusie: “opstand teen die staat wat tot ‘n algehele ommekeer van die stelsel lei.” Evolusie: “geleidelike ontwikkeling” (HAT). Die Franse Revolusie (1789) is seker die bekendste revolusie. Kort ná die aanvanklike revolusie (eintlik het die revolusie tot 1799 geduur) het Burke ‘n boek daaroor gepubliseer: Reflections on the Revolution in France (1790). In hierdie rubriek gebruik ek die volgende teks, gebaseer op Burke se 1790-boek: The evils of revolution (London: Penguin, 2008, 100p; Amazon Kindle $8,10).
Burke het sy boek geskryf in reaksie op die ingenomenheid van die Britse Constitutional Society en Revolution Society met die Franse Revolusie. Hy kontrasteer bv die Britse geskiedenis en (ongeskrewe) Grondwet met dié van die Franse. Burke doen dit nie net om op kenmerkende wyse die meerderwaardigheid van die Britte te probeer tuisbring nie. Die Britte het ‘n eeu vroeër hulle “Glorious Revolution” (1689) gehad, maar dit het nie die weefsel of kern van die Britse samelewing vernietig soos wat met die Franse Revolusie gebeur het nie. “The question is not now of the vices of that monarchy, but of its existence. Is it then true, that the French government was such as to be incapable or undeserving of reform; so that it was of absolute necessity the whole fabric should be at once pulled down, and the area cleared for the erection of a theoretic experimental edifice in its place?” (779). “Along with much evil, there is some good in monarchy itself” (790). Insgelyks was apartheid glad nie net sleg nie. “When ancient opinions and rules of life are taken away, the loss cannot possibly be estimated. From that moment we have no compass to govern us; nor can we know distinctly to what port we steer” (610). Ten spyte van periodieke ontwrigtings het daar by die Britte ‘n deurlopendheid behoue gebly. Deurlopendheid is wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontbreek. Daar was ‘n absolute breuk met ons geskiedenis; dus, in 1994 was daar ‘n revolusie.
Die vraag is: Het Afrikaanssprekende blankes hulle deur hierdie onverkwiklike gebeure tot verlooptheid laat ontspoor? In hoeverre het hulle Afrikanergetrou gebly? Burke het sy vertroue in die Franse gees/kultuur behou. “It is a thing to be wondered at, to see how very soon France, when she had a moment to respire, recovered and emerged from the longest and most dreadful civil war that ever was known in any nation. Why? Because among all their massacres, they had not slain the mind in their country” (414). Het die Afrikaner se gees onblusbaar sterk uit enersyds die verraad in eie kring en andersyds die naakte terrorisme van die vyand gekom? Loutering kan hartversterkend wees. Afrikaners behoort te bly streef na ‘n normale samelewing. “Believe me, Sir, those who attempt to level, never equalize. In all societies, consisting of various descriptions of citizens, some description must be uppermost. The levellers therefore only change and pervert the natural order of things” (425). “By having a right to every thing, they want every thing” (457).
Burke skryf dat hy die Franse nie met hulle revolusie geluk kan wens alvorens daar duidelikheid oor sekere sake is nie, bv “with solidity of property, with peace and order, with civil and social manners. All these (in their way) are good things too; and, without them, liberty is not a benefit whilst it lasts, and is not likely to continue long. The effect of liberty to individuals is, that they do what they please. We ought to see what it will please them to do, before we risque congratulations, which may be soon turned into complaints” (108). Die klem wat in Frankryk op vryheid geplaas is, het spoedig in sy kolonies weerklank gevind. Dit het tot opstand in bv Haïti gelei, waar die blankes op groot skaal suksesvol uitgemoor en onafhanklikheid in 1804 verkry is. Dit was ‘n geval van “the spirit of freedom, leading in itself to misrule and excess” (306).
In Suid-Afrika het die inwoners sedert 1994 die vryheid om bv paaie te versper en voertuie met klippe te bestook. Die veiligheidsituasie is sodanig dat jy nie in jou eie woonplek veilig is nie, om nie te praat van die feit dat jy in baie opsigte nie vry is om te gaan waar jy wil nie, want jy doen dit op die gevaar af dat jy aangeval, beroof en selfs gedood kan word. Maar die ANC-regime verwag dat ons elke jaar Vryheidsdag op 27 April moet vier, die dag in 1994 waarop swart oorheersing begin het. Sedertdien is blankes nie eens meer vry om poste in bv die staatsdiens te beklee nie. Hulle is nie eens meer vry om eie woongebiede en skole te hê nie, ens.
In Brittanje, anders as in Frankryk, is die monargie nie afgeskaf nie, Historiese kontinuïteit is beswaar deur eerder die mag van die koning/koningin te beperk en die funksie van die monargie van uitvoerend na formeel of seremonieel te verander. Die Britse parlement “cannot renounce its share of authority. The engagement and pact of society, which generally goes by the name of the constitution, forbids such invasion and such surrender. The constituent parts of a state are obliged to hold their public faith with each other … Otherwise competence and power would soon be confounded, and no law be left but the will of a prevailing force” (151). In Suid-Afrika is daardie seëvierende mag die terroristiese ANC, wat sy sin selfs in die aanhef tot die Grondwet (1996) gekry het: “We, the people of South Africa, recognise the injustices of the past.” Dus, daar moet ‘n revolusionêre breuk met die slegte verlede wees. Soos Burke voorspel het (in die vorige paragraaf) het die euforie van 1994 spoedig vir ontnugtering plek gemaak. Tekens van bekwaamheid (Burke verwys hier bo na “competence”) in die ANC-regime is skaars. Alles waarvoor die regime nie die nodige vaardigheid het nie, word uitdagings (“challenges”) genoem. Daar is baie van hulle en dit lyk asof hulle al hoe meer word.
Burke het in 1790 tereg voorsien dat daar verdere revolusionêre veranderings in Frankryk sou kom; dat die situasie nie stabiel was nie. Wat nodig was, was “to make the Revolution a parent of settlement, and not a nursery of future revolutions” (228). Revolusies is geneig om teenrevolusies te ontlok, al is daar hierdie waarheid: “a revolution will be the very last resource of the thinking and the good” (285). Die uitkoms van die 1990/94-onderhandelinge was so skandalig en vergesog dat daar in 1993/94 die wesenlike moontlikheid bestaan het dat die veiligheidsmagte (weermag en polisie) in opstand sou kom. Een van die redes waarom dit nie gebeur het nie, is omdat daar nie groot duidelikheid was oor wat al die gevolge van die verbroude onderhandelinge sou wees nie. Valse versekeringe uit sowel ANC- as NP-geledere het die gemoedere verder gekalmeer, gerugsteun deur die massa-inligtingsmedia. Namate die kloof tussen die welvarende ANC-voorbokke en die verarmde gepeupel verbreed, word die moontlikheid van ‘n verdere revolusie egter al hoe groter.
Pleks van radikale verandering, naamlik revolusie, verkies Burke geleidelike aanpassing, dus evolusie. “These opposed and conflicting interests, which you consider as so great a blemish in your old and in our present constitution, interpose a salutary check to all precipitate resolutions. They render deliberation a matter not of choice, but of necessity; they make all change a subject of compromise, which naturally begets moderation; they produce temperaments, preventing the sore evil of harsh, crude, unqualified reformations; and rendering all the headlong exertions of arbitary power, in the few or in the many, for ever impracticable” (327). In ‘n revolusionêre klimaat gebeur die teenoorgestelde” “Moderation will be stigmatized as the virtue of cowards, and compromise as the prudence of traitors” (1008).
Die Suid-Afrikaanse bevolking is nie naasteby homogeen nie. Wat sedert 1994 gebeur, is dat die ANC-regime grootliks met in agname van eerstens hulle eie belang en tweedens die belang van die swart meerderheid regeer. Daar is weinig sprake van die gematigdheid wat Burke aanhang. Die belange van die bruines, Asiate en veral blankes word dikwels glad nie in ag geneem nie. Dit is waarom daar deur die ANC-regime openlik vir bv die onteiening sonder vergoeding van blankes se besittings geywer word.
Die volgende kan seker ook van die ANC en die nuwe Suid-Afrika gesê word: “France has bought undignified calamities at a higher price than any nation has purchased the most unequivocal blessings! France has bought poverty by crime. France has not sacrificed her virtue to her interest; but she has abandoned her interest, that she might prostitute her virtue … All other people have laid the foundations of civil freedom in severer manners, and a system of a more austere and masculine morality” (360). “The French rebel against a mild and lawful monarch, with more fury, outrage, and insult, than ever any people has been known to rise against the most illegal usurper, or the most sanguinary tyrant” (381).
Die ANC se terrorisme het geen perke geken nie. Die onbeskaafdheid daarvan was grenseloos. Tog word die ANC nie daarvoor tot verantwoording geroep nie, word daar nie verskoning gevra nie en word daar nie skadevergoeding betaal nie. “To make a revolution is a measure which, prima fronte, requires an apology. To make a revolution is to subvert the ancient state of our country; and no common reasons are called for to justify so violent a proceeding” (811). “Were all these dreadful things necessary? Were they the inevitable result of the desperate struggle of determined patriots, compelled to wade through blood and tumult, to the quiet shore of a tranquil and prosperous liberty?” (381).
Besluit self wat van die volgende op die ANC van toepassing is: “Not one drop of their blood have they shed in the cause of the country they have ruined. They have made no sacrifices to their projects of greater consequence than their shoe-buckles, whilst they were imprisoning their king, murdering their fellow citizens, and bathing in tears, and plunging in poverty and distress, thousands of worthy men and worthy families. Their cruelty has not even been the base result of fear. It has been the effect of their sense of perfect safety,* in authorizing treasons, robberies, rapes, assassinations, slaughters, and burnings throughout their harrassed land. But the cause of all was plain from the beginning” (392) – naamlik, in die geval van die ANC, om ten alle koste die politieke mag te bekom. [* Dink aan die ANC-lede wat knus in die buiteland as ‘n “regering in ballingskap” vertoef het.]
Die volgende is naatloos op ons situasie van toepassing: “Till power and right are the same, the whole body of them has no right inconsistent with virtue, and the first of all virtues, prudence.* Men have no right to what is not reasonable”** (490). “This sort of people are so taken up with their theories about the rights of man, that they have totally forgot his nature” (534). Die reg op vryheid word vertolk asof (feitlik) alles veroorloof is. Daarom hoef daar nie betaal te word vir wat ontvang of gesteel word nie. Onder “regstelling” word vergoeding vir die beweerde euwels van apartheid verstaan; nie boetedoening vir misdade soos terrorisme nie. [* In die sin van bedagsaamheid. ** Byvoorbeeld, onteiening sonder vergoeding.]
Dan volg hierdie beroemde woorde van Burke: “Society is indeed a contract … It becomes a partnership not only between those who are living, but between those who are living, those who are dead, and those who are to be born” (652). Hoe is dit vir verloopte Afrikaners moontlik om so fundamenteel ontrou aan hulle voorgeslagte te wees? Waarom word verloopte Afrikaners in so ‘n groot mate in die dampkring van die Afrikanerdom verdra, soortgelyk aan die verraaiers en joiners in en ná die Anglo-Boereoorlog? Hoe kry verloopte Afrikaners dit reg om Afrikaner-kinders en -jongmense in die oë te kyk terwyl hulle versoenend en inskiklik oor die onderploeging van hulle tradisionele geboortereg is? My nageslag is teen astronomiese koste besig met voorbereidings om die land te verlaat. Ek moedig hulle aan omdat dit vir jonger mense die regte ding is om te doen. Maar dit laat my verbitterd.
Hoe tipies of kenmerkend is die volgende nie van die nageboorte van ons eie revolusie nie? “When all the frauds, impostures, violences, rapines, burnings, murders, confiscations …and every description of tyranny and cruelty employed to bring about and to uphold this revolution, have their natural effect, that is, to shock the moral sentiments of all virtuous and sober minds, the abettors of this philosophical system immediately strain their throats in a declaration against the old monarchical government of France. When they have rendered that deposed power [NP government] sufficiently black, they then proceed in argument, as if all those who disapprove of their new abuses, must of course be partizans of the old [apartheid]; that those who reprobate their crude and violent schemes of liberty ought to be treated as advocates for servitude [baasskap] … Have these gentlemen never heard, in the whole circle of the worlds of theory and practice, of any thing between the despotism of the monarch [government by whites] and the despotism of the multitude [unqualified majority rule]?” (737).
In Frankryk is daar en in Suid-Afrika word daar steeds buitensporig oordryf oor hoe sleg die vóór-revolusionêre era was en hoe wonderlik die ná-revolusionêre era is. “I know how easy a topic it is to dwell on the faults of departed greatness” (769). “Those who are habitually employed in finding and displaying faults, are unqualified for the work of reformation” (887). Verwyte geslinger teen die vorige regering kom van ‘n regime waarvan gesê kan word: “[It] thought proper to commit a thousand crimes and to subject their country to a thousand evils … Is it then a truth so universally acknowledged, that a pure democracy is the only tolerable form into which human society can be thrown, that a man is not permitted to hestitate about its merits, without the suspicion of being a friend to tyranny, that is, of being a foe to mankind?” (758).
“Of this I am certain, that in a democracy, the majority of the citizens is capable of exercising the most cruel oppressions upon the minority, whenever strong divisions prevail in that kind of polity, as they often must; and that oppression of the minority will extend to far greater numbers, and will be carried on with much greater fury, than can almost ever be apprehended from the dominion of a single sceptre. In such a popular persecution, individual sufferers are in a much more deplorable condition than in any other … those who are subjected to wrong under multitudes, are deprived of all external consolation. They seem deserted by mankind; overpowered by a conspiracy of their whole species” (769). Inderdaad, dit voel asof niemand buite die Afrikanerdom werklik oor die lot van Afrikaners begaan is nie.
Slot
Gewelddadigheid as die wesenlike aard van terrorisme en die vernietinging inherent in revolusie is wat vir beskaafde mense verwerplik is. “Is it in destroying and pulling down that skill is displayed? Your [France’s] mob can do this as well at least as your assemblies. The shallowest understanding, the rudest hand, is more than equal to that task. Rage and phrenzy will pull down more in half an hour, than prudence, deliberation, and foresight can build up in a hundred years” (854).
Hier bo het ek na Samuel Johnson en James Boswell verwys. In 1773 het hulle ‘n reis na die Skotse eilande, die Hebride, onderneem. Albei het ‘n verslag oor hierdie reis gepubliseer: Johnson in 1775 (A journey to the Western Islands of Scotland, Amazon Kindle bv $1,14) en Boswell in 1785 ( A journal of a tour to the Hebrides with Samuel Johnson, Amazon Kindle bv $0). Sedert ek Boswell se beroemde Johnson-biografie en hierdie twee reisverslae gelees het, is dit een van my genotvolste ervarings om leunstoelreise na hierdie eilande te onderneem. Onlangs het ek van die oudste dokumentasie oor die Skotse eilande gelees: A description of the Western Islands of Scotland ca 1695 (1703) and A late voyage to St Kilda (1698) by Martin Martin, and Description of the occidental ie Western Islands of Scotland by Donald Monro (1549) (Edinburgh: Birlinn, 1999/2018, 384p; Amazon Kindle $6,89). Monro lys sowat 250 eilande. Volgens die Wikipedia is daar meer as 900. Martin se 1703-boek handel nie net oor die Hebride in die noordweste nie, maar ook oor twee eilandgroepe in die noorde van Skotland: Orkney en Shetland.
Wat my aangegryp het, is die volgende paragraaf wat meer as drie eeue gelede oor ‘n kerkgebou op die eiland Suid-Ronaldsay, Orkney, geskryf is : “Ladykirk, in South Ronaldsha, though ruinous, and without a roof, is so much reverenced by the natives, that they choose rather to repair this old one, than to build a new church in a more convenient place, and at a cheaper rate: such is the power of education, that these men cannot be cured of these superfluous fancies, transmitted to them by their ignorant ancestors” (Kindle 3623). Om iets te bou, in stand te hou, te bewaar en waardeer, dít is van die beste en mooiste vrugte van beskawing. Dit is iets wat die ANC nog moet leer.
Ek het voorheen geskryf oor pogings om staatkundige eenheid in Europa te bewerkstellig, bv met die Europese Unie (EU). Dit is in ooreenstemming met die versugting na globalisering: “The Enlightenment, in which the idea of the European Union is intellectually rooted, demands universal citizenship,” volgens Gaspar Miklos Tamas (Ivan Krastev, bron hier onder, Kindle 381). Ek het ook oor die inkommerprobleem geskryf: die buitensporige mate waarin ekonomiese vlugtelinge en asielsoekers op Europa toesak. Dit vind aanklank by politieke byderwetsheid, humanitêre simpatieë en liberalisties-linkse politiek. Daarvolgens is die inkommers bv op welsynstoelaes geregtig, al het hulle niks tot die staatskas of die heil van die betrokke land bygedra nie. Dat hulle in baie gevalle onwettig die land binnegekom het en dus misdadigers is, word nie teen hulle gereken nie. ‘n Teenreaksie het gelukkig spoedig ingetree. Pleks van eendersverklarende kosmopolitiese begeertes word die belangrikheid van eiesoortige kultuur binne nasionale state beklemtoon. ‘n Nuwe waardering het nie net vir die handhawing van beveiligde landsgrense ontwikkel nie, maar ook groter bewustheid van die ons/hulle-onderskeid. “He is among us, but he is not of us” (234).
In groot mate het die Europeërs deesdae vir die eerste keer op eie bodem te make met mense (bv Moslems en swart Afrikane) wat kultureel grondig van hulle verskil. Waaraan ek al dikwels gedink het, is: Gestel die Europeërs het vroeër hierdie eerstehandse ervaring opgedoen. Myns insiens kon hulle dan groot simpatie met die blanke bewind in Suid-Afrika gehad het. Hulle sou die blankes/Afrikaners moreel en materieel ondersteun het, omdat hulle begrip vir die sterk onderlinge kulturele bande sou gehad het; ook begrip vir die groot kulturele kloof tussen ons en “die ander” want die onderskeid word nie op grond van velkleur gemaak nie maar omdat “die ander” ‘n ander denk- en leefwyse het. Ek het al dikwels die ooreenkomste tussen die lot van die blankes in Algerië en Suid-Afrika uitgewys. In albei gevalle het ‘n miljoen blankes gevlug toe enersyds Arabiese en Berberse Moslems en andersyds terroristies-kommunistiese swartes beheer van die regering oorgeneem het. Krastev skryf: “In many respects, people who vote today for the Far Right in Europe share the sentiments of French pied noirs [Algerian whites] who where forced to leave Algeria at the time of the War of Independence [1954-1962]” (356). Wanneer ek as ontheemde in die nuwe Suid-Afrika nostalgies na foto’s uit my verlede kyk, is dit soos “a postcard from a lost world, a place where [I] felt at home” (761).
Omdat ek reeds dikwels oor hierdie onderwerp gelees en geskryf het, het ek aanvanklik nie Ivan Krastev se boek, After Europe (Philadelphia: University of Pennsylvania Press, 2017, 125p; Amazon Kindle $11,49), gelees nie. Toe daar vanjaar ‘n bygewerkte weergawe teen dieselfde prys beskikbaar gestel is, het ek besluit om dit te koop. Ek is nie spyt daaroor nie, want dit is ‘n briljant geargumenteerde uiteensetting. Vir my as leser het dit voorgekom asof elke stelling en selfs woord deeglik deur die outeur oorweeg is en dat hy uitstekend oor die onderwerp ingelig is. Die bywerking van 11 bladsye is tot die laaste afdeling beperk. Dit het my in mindere mate beïndruk omdat die outeur daarin in ‘n mate afbreek wat hy in die oorspronklike uitgawe staangemaak het.
Ivan Krastev
‘n Boek wat min of meer oor dieselfde onderwerp handel, is ‘n bundel opstelle geredigeer deur Heinrich Geiselberger, The great regression (2017, 220p; Amazon Kindle $11,49). Twee ander boeke deur Krastev is In mistrust be trust: Can democracy survive when we can’t trust our leaders? (2013, 71p; Amazon Kindle $3,44) en Democracy disrupted: The politics of global protest (2014, 89p; Amazon Kindle $11,49). Met Stephen Holmes as mede-outeur het daar ook die volgende boek van Krastev verskyn: The light that failed: A reckoning (2019, 240p; Amazon Kindle $23,20). Dit is die lig van liberalisme wat al hoe dowwer skyn. Dit hang saam met Krastev se voorbehoude oor demokrasie en globalisme. Laasgenoemde boek het dieselfde hooftitel as een van Rudyard Kipling (1865-1936) se romans (1891), wat oor ‘n mislukte liefdesverhouding handel. Kipling het ook die gedig, “The white man’s burden” (1899), geskryf, waarin hy as geswore imperialis die Amerikaners aanmoedig om die Fillipyne te annekseer. Van 1898 tot 1908 het Kipling dikwels tyd in Kaapstad deurgebring. Hy was ‘n sterk ondersteuner van die Britte in die Anglo-Boereoorlog.
‘n Groot voordeel van Krastev se 2017-teks is dat dit ‘n Oos-Europese siening van die ondewerp is terwyl hieroor (ten minste in Engels) meesal uit ‘n tradisioneel Westerse perspektief geskryf word. Krastev is verbonde aan die Center for Liberal Strategies in Sofia, Bulgarye. Dit is bekend dat lande in Oos-Europa minder welvarend as dié in Wes-Europa is. Om hierdie rede het Oos-Europa nie so ‘n groot probleem met inkommers wat wil parasiteer nie. Die sterk verset teen inkommers is daarom vir my des te meer interessant. Maar dit moet ook in gedagte gehou word dat hierdie lande onder kommunistiese bewind (oorwegend) blank gebly het. Dit gaan vir Oos-Europeërs nie soseer om die behoud van materiële dinge nie, maar om die bewaring en voortsetting van hulle geestelike erfenis.
Dit is bekend dat staatsryke kom en gaan. In Oos-Europa is dit bv die skielike ineenstorting van die Habsburgse Hongaars-Oostenrykse Ryk in 1914 ná die sluipmoord op aartshertog Franz Ferdinand wat ingrypende gevolge gehad het. Maar so ook die verbrokkeling van die Sowjetunie ná die val van die Berlynse muur op 9 November 1989. Daar was ‘n wydverspreide maar foutiewe aanname dat albei hierdie ryke gekom het om te bly, net soos die Britte gedink het die son sou nooit oor die Britse Ryk sak nie. Krastev verwys afwisselend na Sentraal- of Oos-Europa. Met albei bedoel hy eintlik eens kommunistiese Europa. Namate die Sowjetunie verkrummel het, het Europa as ‘t ware al hoe meer ooswaarts uitgebrei. Dieselfde gebeur met die Europese Unie.
Wat vir my nog steeds ‘n skokkende misdaad teen Europese beskawing bly, is dat die 1989-gebeure plaaslik op so ‘n vergesogte manier vertolk is dat dit tot die ondergang van blanke politieke beheer in Suid-Afrika gelei het. “When man-made worlds of political and cultural artifice disappear, they do so quickly” (38). Die vraag wat Krastev homself afvra, is: “Are we experiencing a similar ‘disintegration moment’ in Europe today?” (38). Blank Suid-Afrika se disintegrasie het op ‘n spesifieke dag begin: FW de Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990. Die NP-onderhandelaars het daarna telkens voor die voortgesette geweldpleging van ANC-terroriste en -kommuniste geswig. Daardie geweld is onder die leiding van die latere vredesikoon en versoener, Nelson Mandela, gepleeg.
Die dwaasheid van 1990/94 in Suid-Afrika én die aanvanklike verwelkoming van inkommers in Europa herinner aan wat George Orwell gesê het: “To see what is in front of one’s nose needs a constant struggle” (73). De Klerk & kie het gewone, goeie, redelike mense pleks van klipharde, immorele terroriste en kommuniste voor hulle oë aan die onderhandelingstafel gesien. “Societies sometimes do commit suicide, and they do it with a certain élan as well” (73). Soos uit my vorige rubriek blyk, verkeer iemand soos Leon Wessels steeds in die waan dat hy uitsonderlik gepresteer het deur in groter mate as enige ander NP-onderhandelaar ten prooi van die wense/eise van die bose ANC/SAKP te val. Sedert 2015 ly Europa weens inkommers onder terreuraanvalle soortgelyk aan dié destyds in Suid-Afrika. In Suid-Afrika se geval is die 1990/94-terreur, ongelooflik soos dit mag klink, onder meer gepleeg deur terroriste wat toegelaat is om na Suid-Afrika terug te keer, of sulke inkommers wat terroriste in Suid-Afrika opgelei het. Dit is moontlik gemaak deur De Klerk se verslapping van die sekuriteitsmaatreëls. In daardie sin was dit selfmoord.
“The [European] Union looks more than ever like a community of fate” (62), wat die inwoners kan noop om saam te staan om die kulturele en terreurbedreigings die hoof te bied. Maar dit gebeur nie noodwendig nie. Angela Merkel, die Duitse staatshoof, het dermate aan skuldgevoelens oor hulle Nazi-verlede gely dat sy aanvanklik nie net inkommers onbeperk toegelaat het nie, maar hulle selfs aangemoedig het om in groot getalle na Duitsland te kom. Linkses poog om hierdie optrede soos volg te regverdig: dat ‘n verouderde Duitse bevolking jong mense as werkers nodig het. In bv Japan is daar wat veroudering betref ‘n situasie soortgelyk aan dié in Duitsland. Maar in Japan word geredeneer dat outomatisering, bv robotisering, die arbeidsmag in afdoende mate sal aanvul. Pleks van ekonomiese oorwegings te prioritiseer, soos in Duitsland, verkies die Japannese wyslik om eerder die behoud van hulle kultuur voorop te stel. In Europa “the fear of a barbarian invasion coexists with a fear of a robot-driven transformation … How society will function when work is a privilege and not a right or duty is not a theoretical question” (570).
In Duitsland en elders in Europa kom daar in elk geval dikwels min van toegewyde werk deur inkommers tereg. Hulle verkies om eerder op die welsynsvoordele te parasiteer, wat van staatskant al hoe meer ontaard in “borrowing from future generations in the form of deficit spending” (111). Terselfdertyd is werkloosheid in Europa, soos in Suid-Afrika, ‘n teelaarde vir misdaad. Krastev se gevolgtrekking is: “Immigration is unlikely to provide Europe with a solution for its demographic weakness” (99), maw ‘n mens kan nie die blanke bevolking sinvol of bevredigend met sulke inkommers aanvul nie. Uiteraard kan die tradisionele bevolking nog minder wyslik met die inkommers vervang word. Maar daardie nuwes kan die inheemses uiteindelik verswelg.
“The geopolitical rationale for European unity vanished with the Soviet Union’s collapse” (87). Dit kan wees dat ‘n veranderingsoomblik vir Europa aangebreek het of naby is. “A passing glance at China, India, and Russia, not to speak of the vast reaches of the Muslim world, makes clear that both ethnic nationalism and religion remain major driving forces in global politics. Europe’s postmodernism, postnationalism, and secularism make it different from the rest of the world, not a harbinger of what necessarily awaits it. What is also visible in the context of the refugee crisis is that national loyalties, once considered dead and buried, are back – with a vengeance – in contemporary Europe” (122).
Krastev verduidelik die boektitel soos volg:
“It is this new reality that first inspired me to think in terms of after Europe. After Europe signifies that the old continent has both lost its centrality in global politics and the confidence of Europeans themselves – the confidence that its political choices can shape the future of the world. After Europe means that the European project has lost its teleological appeal and that the idea of a ‘United States of Europe’ is less inspiring than at perhaps any other moment in the last fifty years. After Europe means that Europe is suffering from an identity crisis in which its Christian and Enlightenment legacies are no longer secure. After Europe does not necessarily mean that the European Union is at an end so much as it signals that we need to leave behind our naïve hopes and expectations about the future shape of Europe and the world” (134).
“The only way to deal with the risk of disintegration [of Europe] is to recognise clearheadedly that the refugee crisis has dramatically changed the nature of democratic politics on the national level and that what we are witnessing in Europe is not simply a populist riot against the establishment but a voters’ rebellion against the meritocratic elites (best symbolized by hard-working, competent officials in Brussels who are nonetheless out of touch with the societies they are supposed to represent and serve). How the refugee crisis has changed European societies and why citizens resent the meritocratic elites are the two issues this book will try to address. (What the refugee crises has clarified is that Europeans no longer dream of some distant utopia. There really is no imagined perfect land where they want to live. The new dream is for what one might call Nativia – a distant island to which unwanted foreigners can be sent without the slightest pang of guilt) (196).
Die optimistiese idee van ‘n nuwe wêreldorde het volgens Kenneth Jowitt plek gemaak vir “the new world disorder” (294). “In [Francis] Fukuyama’s imagination, Europe was the model for the coming global liberal order. For Jowitt, on the other hand, the old continent was the epicenter of the new world disorder” (307). “There is depression: ‘We are lost; Europe is turning into Europastan!'” (434).
Dwarsdeur die boek het Krastev dit teen die “meritocratic elite”. In Europa is die elite seker intellektueel die meerdere van die populistiese massa, maar nie noodwendig kultureel nie. Ek dink Krastev se eintlike beswaar is teen burokratiese politici wat min kennis van en nog minder begrip vir die massa se belange het. In Suid-Afrika, waar daar bitter min sprake van intellektualiteit by die ANC-regime is, is die gaping tussen die politici en die gepeupel se leefwêrelde (die een buitensporig luuks, die ander brandarm) so groot dat ek ‘n revolusie voorsien. Krastev verwys na Europa se “demographic dystopia”: “In order to ensure their prosperity, Europeans need to open their borders; yet such openness threatens to annihilate their cultural distinctiveness” (570). Maar as Europeërs nou reeds hulle utopiese drome afgesweer het, hoe diep is die put nie vir die blankes in Suid-Afrika wat daagliks in ‘n distopie met rommelstatus moet lewe terwyl daar geen vooruitsig op verbetering is nie? ‘n Manier waarop verligting verkry kan word, is ‘n nieu-Robbeneiland, ‘n lekker groot een, waarheen alle misdadigers gestuur word, bv almal wat skole en winkels plunder, paaie versper, boere vermoor, vee en kragkabels steel, ens, asook alle onwettige inkommers.
“The refugee crisis turned out to be Europe’s 9/11” (245). “[It] now looks increasingly like the second coming of decolonization” (344). “In the twenty-first century, migration is the new revolution – not a twentieth-century of the masses, but an exit-driven revolution of individuals and families. It is inspired not by ideologically inscribed paintings of radiant futures but by Google Maps photos of life on the other side (of the border). In order to succeed, this new revolution doesn’t require ideology, political movements, or political leaders. For so many of the wretched of the earth, crossing the European Union’s border is a matter of human necessity and hardly a question of a utopian future” (208).
Wat dikwels misgekyk word, is dat hierdie migrante doelbewus ‘n nieblanke regime vir ‘n blanke regering verruil omdat laasgenoemde beter (bv meer doeltreffende) regeerders is. Maar dan word daar van die Suid-Afrikaanse blankes verwag om entoesiasties oor die “onderhandelde revolusie” van 1994 te wees.
“The problem with the migration revolution – as in any revolution, really – is that it contains within itself the capacity to inspire counterrevolution. In this case, the revolution has inspired the rise of threatened majorities as a major force in European politics. These anxious majorities fear that foreigners are taking over their countries and jeopardizing their way of life” (208). In Suid-Afrika is die situasie heeltemal anders. ‘n Kultureel andersoortige meerderheid is mandaadloos in beheer van die land geplaas en probeer om die eens polities magtige blanke minderheid ten minste kultureel te vernietig. ‘n Verdere revolusie is moontlik, selfs waarskynlik, maar dit sal uit die swart meerderheid ontspruit en na verwagting, ten minste aanvanklik, die gepeupel in groter mate as die 1994-revolusie bevoordeel. Van verligting van die blankes se lot is daar nie sprake nie. Die blankes se saak is in 1990/94 verbrou. Daar sal myns insiens geen tweede kans wees nie.
“Many Europeans unconditionally accept the flow of immigrants as a sign of democracy’s failure” (282). Hoewel ‘n demokraties verkose regering veronderstel is om uitdrukking aan die wense van die meerderheid kiesers te gee, was sulke regerings dikwels geneig om die weerstand wat by die meerderheid kiesers teen inkommers bestaan, te ignoreer. “For many, ‘democracy’ in the EU quickly became code for the political impotence of citizens. Rather than Brussels symbolizing the glory of a common European home, the EU’s capital came to represent the unrestricted power of the markets and the destructive power of globalization” (886). In hierdie sin “democracy can be a trigger for destabilization” (508). ‘n Diktator soos Muammar Gadafi van Libië het Europa redelik doeltreffend teen inkommers beskerm. Nadat hy weens die Westerse, veral Amerikaanse, sug na demokrasie uit sy pos verwyder is, het die migrantevloed Europa getref. Dit is waarom daar in Europa toenemende simpatie met regeringsvorme is wat meer outoritêr as demokrasie is.
Die strategie van baie van die demokrasië in Europa het spoedig verander. “In the age of migration, democracy has begun to operate as an instrument of exclusion, not inclusion” (208). In Amerika is Donald Trump die toonbeeld hiervan. Hy wil Amerikaanse verblyfreg en burgerskap so moeilik moontlik vir merietelose migrante maak. In Europa is daar die opkoms van regse politieke partye wat alles moontlik doen om migrante buite hulle lande te hou. Selfs regerings wat nie naastenby regs is nie, het dit nodig gevind om versperrings op hulle grense aan te bring sodat migrante nie so maklik kan inkom nie. “Open borders are no longer a sign of freedom but are now a symbol of insecurity” (496). “In the 1990s, globalization meant the opening of borders for ideas, goods and capital” (508). Globalisme het in ‘n nagmerrie ontaard toe ook mense op groot skaal en dikwels onwettig oor landsgrense begin beweeg het.
“Liberal notions of tolerance, cheaply reduced to a caricatured notion of ‘political correctness,’ have come to be seen as the enemy of the people” (282). Daar is “the inability and unwillingness of liberal elites to discuss migration and contend with its consequences … [The] revolt against the hypocrisy of liberal elites is fundamentally reshaping Europe’s political landscape” (332). “Tolerance and civility were long the defining characteristics of the European Union. Today they are often perceived as the EU’s core vulnerabilities” (520). “The idea of ‘creative destruction’ was at the very heart of our experience with globalization. But if a decade ago we preferred to focus on the ‘creative,’ now the focus is, regretably, on the ‘destruction'” (520).
Dit herinner aan Suid-Afrika se onlangse geskiedenis. Veral in die jare tagtig het die ANC/UDF alles moontlik probeer doen om af te breek wat onder die leiding van die blankes tot stand gebring is. Dit het geskied in die waan dat daar later onder ‘n ANC-regime iets beters tot stand gebing sou word. Vandaar die ANC se heropbou en ontwikkelingsprogram ná die 1994-ramp, sonder om openlik te erken dat wat heropgebou moet word, is wat die ANC/UDF doelbewus en eiehandig afgebreek het. In werklikheid het al hoe groter verval ná 1994 ingetree, soos gesimboliseer deur die verwerwing van ekonomies-finansiële rommelstatus. Dit is vir onkundiges en onbekwames veel makliker om af te breek as om op te bou.
By ‘n vorige geleentheid het ek geskryf oor David Goodhart se onderskeid tussen “Anywhere people” en “Somewhere people” (Praag, 8.12.2018). Heel gepas verwys Krastev ook daarna: “The conflicts between Anywheres and Somewheres, between globalists and nativists, and between open societies and closed societies have become more important in shaping voters’ political identities than previous class-based identities” (460). Krastev verskaf dan hierdie interessante inligting oor Amerika: “Among the many electoral maps published after the last US elections, one captures this [the Somewheres and Anywheres phenomenon] particularly well, showing that although Trump-land covers around 85 percent of the land mass of the United States, those living in Clinton-land make up roughly 54 percent of the population. If we imagine these regions as two countries, we notice immediately that Clinton-land, composed of coastal regions and urban islands, suggests nineteenth-century Britain, while Trump-land more resembles the landmasses of Eurasia governed by Russia and Germany. The political struggle between Clinton and Trump was one between sea power and land power, between people who think in terms of space and people who think in terms of place” (460).
Die volgende waarneming is ook van aktuele belang: “[The] Harvard historian and legal scholar Samuel Moyn convincingly argues [that] the birth date of the human rights movement is relatively recent, sometime in the 1970s. Further, in order to understand properly the popularity of the human rights paradigm, we should recognize that it is a substitute for both nation-centered utopias and other internationalist utopias like socialism” (484). Menseregte-aktiviste veronderstel sowel die gelykheid as wesenlike eendersheid van mense en is dus geneig om beswaard oor nasiestate en landsgrense te wees. Maar ek dink nie menseregte lê (noodwendig) sosialisme aan bande nie. Byvoorbeeld, die ANC-regime is gaande oor menseregte (vir swartes) en terselfdertyd geswore aanhangers van sosialisme, wat sonder beswaar maar tot kommunisme oordryf kan word, bv in hulle “Tweede Demokratiese Revolusie”. “The insistence of political theorists such as Stephen Holmes that rights have costs, and that divorcing the capacity of the state from the ability of the regime to make rights real, has been ignored” (484). Dink maar net aan wat die agt menseregtekommissarisse en hulle administratiewe onderbou Suid-Afrika jaarliks kos en in hoeverre hulle daarin slaag om menseregte vir blankes te verseker.
In die Europese Unie is daar “a clash of solidarities: national, ethnic, and religious … Western Europeans as a rule trust their national governments … In the East … the majority of people there are more likely to trust Brussels than their national governments. They had pinned their hopes on technocrats in Brussels proving more competent and less corrupt than their national leaders” (582). Ná 1989 was die situasie in Oos-Europa dus aanvanklik soortgelyk aan dié in Suid-Afrika: Die kiesers het nog nie afdoende aangepas by die nuwe demokratiese opset nie. Die regerings gee dus nie werklik uitdrukking aan die wense van die meerderheid kiesers nie en is boonop ondoeltreffend en korrup. In Europa het massa-migrasie hierdie situasie teen 2015 radikaal verander. “The migration crisis upended this dynamic. Germans and Swedes are now less convinced that their governments are capable of shaping the EU’s common policies, while eastern Europeans, still skeptical about the competence and honesty of their national governments, now place more faith in them than in Brussels. They see them ready to defend what lies squarely in the national interest. In short, migration has brought a renationalization of politics and a concomitant resurrection of the East-West divide, if indeed it ever really disappeared” (582).
Waarop dit myns insiens neerkom, is dat die Wes-Europese lande, ten spyte van toenemende teenkanting in eie geledere, amptelik voortgaan om die Europese Unie se liberale migrasiebeleid te steun. Die Oos-Europese lande, daarenteen, het om ekonomiese redes aansluiting by die welvarender Wes-Europese land gesoek en daarom lid van die Europese Unie geword. Maar die migrantekrisis noop hulle om ter behoud van hulle kulturele identiteit hulle van die EU se migrasiebeleid te distansieer. Dít terwyl Oos-Europa ‘n groot uitvloei van inwoners na veral Wes-Europa ervaar en dus eintlik ekonomies-aktiewe migrante nodig het (630). Hulle teenstand spruit uit hulle bewustheid van “the darker sides of so-called multiculturalism” (641). “What this may intimate is that the unification of Europe has always been far more a dream than a reality. And it is the return of the East-West divide, more than any other political development, that fuels fears of a wholesale or even partial disintegration of the EU” (594).
Dit is ook “central Europe’s deeply rooted mistrust toward a cosmopolitan mindset that divides East and West. Eastern Europe does not have a colonial history and thus lacks a sense of guilt, but it also lacks a shared fate that often accompanies colonial encounters” (737). Oos-Europeërs het nie ‘n kosmopolitiese verlede nie. In soverre hulle ‘n breër ervaring as hulle eie land het, is dit die onaangename herinnering aan kommunistiese oorheersing. Vir hulle is daar “the direct connection between communism and internationalism, that partially explains central Europe’s senstivities when it comes to the refugee crisis” (774). “The German drive for cosmopolitanism was also a way to escape the xenophobic legacy of Nazism, while it could be argued that central Europe’s anticosmopolitanism is partially rooted in an aversion to the communist-imposed internationalism” (774).
“Being a normal country was the dream of eastern European society. The West’s normality was embodied by its prosperity, civility, and economic success. Three decades later, postmodern Europe is viewed by many eastern Europeans as culturally abnormal” (749). Maar die inkommers het ook ‘n mate van herbesinning in Wes-Europa genoodsaak. “The demand for democracy in Europe has been transformed into a call to defend one’s own political community and thus a demand for exclusion rather than inclusion. It also creates a dynamic in which the European project is seen no longer as an expression of liberal universalism but as a sour expression of its defensive parochialism” (791). In Europa is daar ‘n herontdekking en herwaardering van eie kultuur. Plaaslik besef en verstaan iemand soos die armsalige Wim de Villiers dit nie. Hy weet nie dat sy passie om studente met wêreldburgerskap te indoktrineer en hulle ooreenkomstig op te lei in die Weste al hoe meer uit die mode raak nie. Maar solank hy die Afrikanergeskiedenis van die Universiteit Stellenbosch (US) met wortel en tak uitroei, insluitende Afrikaans so veel en so gou moontlik, bly die ANC-regime tevrede met die US se transformasieteikens.
“The public in Eastern Europe (aside from a relatively small number of die-hard liberals) remains largely unmoved by the plight of the refugees. That’s why leaders there have lambasted Brussels’s decision to redistribute refugees among EU member states. Prime Minister Robert Fico of Slovakia has asserted that his country would be prepared to accept only Christians … The leader of the governing Law and Justice Party in Poland, Jaroslaw Kaczyński, warned that accepting refugees would be a public health risk because of the allegedly dangerous diseases migrants carry with them. Hungarian prime minister, Viktor Orbán, contends that the European Union’s moral duty is not to help the refugees but to guarantee general security” (606). Die sterk teenkanting teen migrante in Pole is te begrype omdat die land eers ná 1989 daarin kon slaag om 98% etnies Pools te word (653).
“Citizenship means common descent and shared culture. It was precisely from nineteenth-century Germans that central Europeans borrowed the idea of the nation as cultural unity” (653). “Being more impoverished than western Europeans, they wonder how anyone can expect them to express spontaneous humanitarian solidarity” (665). “Gay marriages signify fewer kids and further demographic decline. For an eastern European nation haunted by low birth rates and migration, the endorsement of gay culture is like endorsing your own disappearance” (689). Is dit nie waarom Naspers/Media24-publikasies sowel rasgemengde as selfdegeslag-huwelike by iedere moontlike geleentheid met teks en foto’s aan lesers en kykers opdring nie? Die onderliggende motivering skyn te wees die vernietiging van die plaaslike blankedom, veral die Afrikanerdom met sy beweerde slegte apartheidsverlede.
“It is loyalty – namely, the unconditional loyalty to ethnic, religious, or social groups – that is at the heart of the appeal of Europe’s new populism” (1212). “The emerging illiberal political consensus is not limited to right-wing radicalism; it encompasses the transformation of the European mainstream itself. It is not what extremists say that threatens Europe; the real threat is what the mainstream leaders no longer say – principally, that diversity is good for Europe” (1070). Dit word die “illiberal turn” genoem (945). “The rise of the populist sentiments signals a return to political polarization and a more confrontational style of politics … The Left-Right divide is being replaced by a conflict between internationalists and nativists … Populism’s key feature is a hostility not to elitism but to pluralism … Populists do not claim to stand for all Poles, French, or Hungarians, but they insist that they stand for all ‘true Poles,’ ‘true French,’ and ‘true Hungarians'” (958), soortgelyk aan die onderskeid wat tussen enersyds egte of ware Afrikaners en andersyds hanskakies, oorverligtes of verloopte Afrikaners gemaak word.
Aan die einde van sy 2017-boek het Krastev tot die volgende slotsom gekom: “The disintegration of the union is one of the most likely outcomes” (1442). Maar die teks is so kort ná twee onvoorsiene en hoogs onverwagte politieke verwikkelinge voltooi dat die gevolge daarvan toe nog nie in hulle volle omvang verwerklik was nie. Ek verwys na die pro-Brexit-uitslag van die referendum op 25 Junie 2016 in Brittanje en die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president op 8 November 2016. In sy 2020-bywerking skryf Krastev oor sy 2017-boek: “It guessed (correctly) that the refugee crisis of 2015 would profoundly transform European politics. It predicted (wrongly) that Europeans’ newly born love for referenda could bring the end of the union. The book was read as pessimistic and gloomy, and in a way it is. But it is also a book of hope. ‘Hope is definitely not the same thing as optimism,’ wrote Václav Havel [1936-2011]” (1499), die president van die Tsjeggiese Republiek (1993-2003). In die nuwe Suid-Afrika behoort Afrikaners dalk ook hierdie onderskeid te maak sodat hulle nie op moedverloor se vlakte beland nie.
Krastev het sy deuntjie verander. Die vraag is of sy gewysigde siening korrek is. “The European populist revolution that started with the promise to destroy the EU has ended up reconciling itself to the idea that disintegration of the union would be a tragedy for Europeans. Nostalgia for the nation state is still present in the rhetoric of the populist right, but it’s begun to take the decline of the nation state for granted” (1536). Dalk probeer Krastev om te gou ‘n nuwe tendens te bespeur. “For many European societies, particularly in the East, the fear of emigration (your compatriots leaving your country for another) outweighs the fear of migration (foreigners trying to join your country) and better explain the support for populist parties” (1536). Maar is die leemte wat gelaat word deur mense wat landuit vlug (noodwendig) erger as die mate waarin inkommers met ‘n wildvreemde kultuur ‘n land, hetsy op kort- of langtermyn, kan opdonder?
“If there is one single factor that is most responsible for Europe making its peace with the idea of maintaining the union in some form, it is Brexit. Since 2016, Great Britain has been transformed in almost unimaginable ways. It has become provincial, disoriented, and unimportant. [?] What once was the greatest empire in the history of the world has started to resemble a rebellious colony” (1548). Maar Ian Smith (1919-2007) van Rhodesië-faam (eerste minister 1964-1979) het die Britte lank gelede al daaraan herinner dat Great Britain tot Britain gekrimp het. Die teenstanders van Brexit het groot rampspoed vir die land voorspel, maar te oordeel aan die wisselkoers gaan dit veel beter met die Britse ekonomie as dié van baie ander lande, noodwendig insluitende Suid-Afrika. Brittanje het ‘n onontbeerlike bondgenoot in Trump se Amerika. Die vraag is of skeptisisme oor Trump as persoon nie dalk Krastev se ongunstige evaluering van Brexit oormatig beïnvloed nie, asook sy bewering van ‘n afname in die entoesiasme vir nasionalisme en nasionale state in (Oos-)Europa.
Leon Wessels het voorheen drie boeke gepubliseer: Die einde van ‘n era – bevryding van ‘n Afrikaner (1994), My regte! Jou regte? – kom ons praat (2006) en Vereeniging – die onvoltooide vrede (2010; Amazon Kindle $10,92). Ek het laasgenoemde boek bespreek en onder meer geskryf: “Hy het die nuwe Suid-Afrika gewen, maar in die proses sy siel as Afrikaner verloor” (Praag 20.10.2013). Wessels se jongste boek is: Encountering apartheid’s ghosts: From Krugersdorp to Constitutional Hill (Naledi, 2020, R275; Amazon Kindle $11,99). Ooreenkomstig die mode en anders as voorheen, publiseer Wessels dus nou in Engels. Baie van wat in die 2010-boek staan, insluitende woordelikse vertaling, kom in die jongste boek voor. Barney Pityana skryf: “Leon Wessels remains an enigma to anyone who is seeking a textbook account of a change-maker or a transformer” (Kindle 114). Wessels is dié toonbeeld van ‘n verloopte Afrikaner. Verloopte: weggeloop, gedros, mislukte, verliederlikste (HAT). Apartheid spook by Wessels, maar die geweld, terrorisme en gewoon onbeskaafde gedrag van die ANC-kamerade skeel hom min. Die klem is op hoe sleg die blankes, veral die Afrikaners, is. In Wessels se oë kom die swartes feitlik skotvry daarvan af.
Die Kindle-weergawe van die boek is op 7 April op Amazon se webwerf beskikbaar gestel. Pityana se voorwoord is gedateer 21.03.2020, Wessels se nawoord Maart 2020 en daar word selfs verwys na die aankondiging op 23.03.2020 (foutiewelik as 15.03.2020 aangedui) van die instelling van grendeltyd vanaf 27.03.2020 deur Cyril Ramaphosa (4638). Op 9 April is ‘n onderhoud, wat Gert van der Westhuizen met die outeur via die internet gevoer het, gepubliseer (“Die spoke van apartheid,” Netwerk24). Tensy die teks vroeër aan hom beskikbaar gestel is, kon Van der Westhuizen onmoontlik die boek vóór die onderhoud klaar gelees het. Hy gaan op sy kenmerkende oppervlakkige manier met die boek om. Die berig gee publisiteit aan Van der Westhuizen, die outeur en die boek. Wat vir hierdie twee mense ook van groot belang is, is dat Afrikaners en apartheid uiters negatief voorgestel word. Geen wonder dat iemand soos Chris Jones daarop aangedring het dat die manuskrip gepubliseer moet word nie (6185). Dit herinner aan die verregaande twak wat Jonathan Jansen op die voorkant van die 2010-boek geskryf het: “Moenie sterf voordat jy saam met Leon Wessels koffie gedrink het nie.”
Waarop Wessels se pleidooi neerkom, is dat Afrikaners volledig (Suid-)Afrikane moet word; dat hulle, ooreenkomstig die ANC se wens, deel van en oorwegend soos die verswelgende swart meerderheid moet wees. Dit sou glo op grond van gedeelde waardes bereik kon word. Die eie kultuur van minderheidsgroepe word glad nie in afdoende mate gereken nie. Geen minderheidsgroepsregte – “laager rights” volgens Pityana (114) – word erken nie; wel dominerende meerderheidsregte. Dat Afrikaners sonder hulle goedkeuring in hierdie haglike situasie beland het, is vir Wessels ‘n bron van trots. Hy was immers deel van die klein groepie blanke Afrikaanssprekendes wat mandaatloos aan swart mag oorgegee het. Hiervoor vra hy nie verskoning nie. Hy vra wel oor en oor verskoning vir apartheid en ons beweerde slegte of donker verlede.
Volgens Wessels se insig is die hede oneindig beter as die verlede; dus, swart oorheersing op alle terreine is beter as die blanke politieke beheer van weleer. “It is difficult for me to understand why Afrikaners can’t just be themselves and embrace the South African diversity without kicking up a storm” (6034). ‘n Kort antwoord is: Omdat Wessels se Afrikaners dan nie meer Afrikaners nie maar eerder Afrikane sal wees; dus dat Afrikaners dan sal moet word soos Wessels deesdae probeer om te wees. Hy noem homself “an African and an Afrikaner. I am a liberated Afrikaner” (6176). Anders as wat hy dink, stel hy vir Afrikaners nie ‘n navolgenswaardige voorbeeld nie.
Die voorwoord is heel gepas deur ‘n swartmagaktivis, Barney Pityana, geskryf. Volgens Wessels is hy ‘n “intellectual giant” (1618). Hulle ruil komplimente vir mekaar uit. In die voorwoord word Wessels “a larger than life character” genoem (38). Hoekom? “Leon was not defensive about his past” en “[he] fitted perfectly into the ethos [of the South African Human Rights Commission]” (87). Met ander woorde, as menseregtekommissaris (van 1999 tot 2009) was Wessels die spreekwoordelike nuttige idioot vir die ANC-regime. Boonop het hy oordadige vergoeding vir sy dienste ontvang. Ek herinner my dat Wessels as enigste blanke saam met sy swart mede-menseregtekommissarisse by ‘n skool in die Waterberg opgedaag het. Die blanke ouers was tereg bekommerd, bv oor die veiligheid van hulle kinders, toe swartes hulle skool ingeneem het. Van Wessels se kant was daar geen simpatie hoegenaamd met die blankes se onverdiende lot nie. Saam met sy swart kollegas het hy ‘n verenigde front teen die blankes gevorm. In sy boek swyg Wessels oor hierdie gebeure. Soos Pityana dit stel: “We became comrades and partners in nation building” (96).
Dwarsdeur die boek word al Wessels se “prestasies” van skooldae af tot op hede gelys. Hy het rekord gehou van gunstige kommentaar wat oor die jare oor hom gelewer is. Ter selfverheerliking haal hy graag daaruit aan. Hy het klaarblyklik oor ‘n lang tydperk aantekeninge oor gebeure gemaak. Hy benut hierdie inligting wanneer hy boeke skryf. Daar is dus ‘n soort geroepenheid by hom. Maar hy het nie geweet wat hy sou word nie; dus hoe buitensporig hy sou ontaard nie. Pityana skryf: “He turned out differently from his fellow Afrikaners” (105), wat bevestig dat Wessels wesenlik ‘n nie-Afrikaner geword het. Wessels het die punt bereik waar hy skynbaar gewetenloos (tradisionele) Afrikaners kan verdoem. Hy beskryf homself as ‘n “gradualist” (6068). Hy noem nie of hy kan swem nie, maar “gradualist” beteken in sy geval dat hy die vermoë het om saam met die stroom te dryf. Hoe die wind waai, bepaal wat hy is. Byvoorbeeld, hy was twintig jaar lank ‘n lid van die Afrikaner-Broederbond, maar het in 1994, toe lidmaatskap onlonend geword het, uit die Broederbond bedank (5887). Dat daar opportunisme by Wessels is, is myns insiens nie te betwyfel nie. Deel van sy aanspraak op (misplaaste) roem is dat hy die eerste NP-minister was wat vir apartheid om verskoning gevra het (289, 4608), naamlik in 1990 (320).
Wessels probeer ‘n saak daarvoor uitmaak dat hy in sy jeug nie deel van Afrikaner-politiek, spesifiek die Nasionale Party en apartheid, was nie. “We were outsiders and not part of the politics of the country” (361). “My family and I were so detached from politics that I did not know how to answer my friends when they asked whether I was a Nat or a Sap (402). “My parents never became embroiled in the English-Afrikaans squabbles” (470). Wessels se ma het van Hendrik Verwoerd gesê: “He talks too much” (939). En haar seun, Leon, beweer waaragtig “Verwoerd was not the intellectual giant he was made out to be” (5175) terwyl daar algemene eenstemmigheid behoort te wees dat Wessels intellektueel nie naastenby so begraafd is as wat Verwoerd was nie. ‘n Mens kan met ‘n stok aanvoel dat Wessels, soos bv Willie Esterhuyse en Ton Vosloo, in ‘n Sap-gesin grootgeword het. Soos FW de Klerk (Autobiography, 1998, p 20) dateer Wessels sy verligte aanslag terug tot toe hy saam met die kinders van plaaswerkers gespeel het (372). Hy het toe reeds Nkosi sikelel’ iAfrika gesing (413) – voorwaar ‘n mens wat sy tyd vooruit was. Vandaar vorder hy tot by kollektiewe skuld vir die blankes. Maar in sy boek is daar nêrens sprake van kollektiewe skuld by die swartes nie. Wessels het Elsa Joubert se Poppie Nongena-boek (1978) gelees. “I then realised that I was also responsible for her [Poppie’s] suffering. I could not say, ‘Well, it was not me or my generation who concocted this draconian system'” (536).
‘n Mens kry ‘n voorsmakie van hoe Wessels later sou ontaard wanneer hy met verwysing na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) skryf: “The embittered Boers and their struggle to reestablish themselves and to protect their culture and heritage and, at a later stage, the preservation of the Afrikaans language would have a lasting effect on the future politics and development in the country – a ghost that has only partially been exorcised today” (843). Afrikaner-erfenis, -kultuur en -taal word dus deur Wessels as spoke uit die verlede geag wat uitgedryf moet word. Dit is waarom hy uitbundig vrolik was toe daar op die sotlikheid van elf amptelike tale ooreengekom is. Afrikaans was die enigste taal wat baie aan status ingeboet het en Engels het in die praktyk in oorheersende mate eintlik die enigste amptelike taal geword.
Oor die Bantoe-onderwyswet (1953) skryf Wessels: “This Act also meant the end of the independent church and mission school system. Years later this would be regarded as brutal and a fatal mistake” (963). In werklikheid het die NP-regering ‘n groot verbetering in die skool- en tersiêre onderwys van nieblankes bewerkstellig, soos bv Hermann Giliomee duidelik aantoon. Swartes is bv nie van hulle kultuur vervreem nie. Dat Wessels daarop ingestel is om sy lesers doelbewus te mislei, blyk wanneer hy Hendrik Verwoerd soos volg aanhaal: “There is no place for him (the Bantu) in the European community above the level of certain forms of labour” (963). Onmiddellik daarna het Verwoerd egter gesê: “In sy eie gemeenskap is die deure egter vir hom oop” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers, 2012, p 69). Vóór hierdie aanhalings het Verwoerd gesê: “Die Bantoe moet gelei word om sy eie gemeenskap in elke opsig te dien” (69). Giliomee wys daarop dat dit ‘n geykte slenter is om Verwoerd se woorde onvolledig aan te haal. Dit is gewoon ‘n skande dat Wessels dieselfde doen. Hy wek die indruk dat hy in sy pogings om Afrikaners sleg voor te stel, nie omgee om hom aan immoraliteit/oneerlikheid skuldig te maak nie. As iemand wat graag vir die swartes om verskoning vra, behoort Wessels in hierdie geval vir al sy lesers, ongeag hulle ras, geslag, ens, om verskoning te vra. Dit spreek eintlik vanself dat Verwoerd nie in 1960 drie staatsuniversiteite vir swartes (Fort Hare, Zoeloeland en die Noorde/Limpopo) en later talle ander tot stand sou gebring het as swartes gedoem was om net ongeskoolde arbeid te verrig nie.
As ‘n mens die boek, Native life in South Africa (1916), van Sol Plaatje (1876-1932), een van die eerste ANC-kamerade, lees, is dit duidelik dat die swartes se griewe tot die Anglo-Boereoorlog terugdateer word. Die swartes was dislojaal jeens die Boere. In ruil vir die swartes se hulp, het die slinkse Britte gelyke regte aan hulle belowe. Ná die oorlog het niks hiervan tereg gekom nie. Met uniewording in 1910 het slegs die Kaapprovinsie met beperkte stemreg vir nieblankes voortgegaan. Daarna het die wet op swart grondbesit in 1913 gevolg, waarvolgens amptelik met gebiedskeiding in die vorm van reservate of tuislande begin is. Die swartes, soos die bruines, wou nie hulle eie heil in hulle eie gebiede uitwerk nie. Dit moes opsluit saam met en tussen die blankes gedoen word. Aanvanklik is die leiding van die blankes aanvaar, maar weens opstoking en hulle getalle-oorwig, wou die swartes al hoe meer beheer oorneem terwyl terselfdertyd van die blankes verwag is om die stutwerk te doen; vandaar die mentorskap en vennootskap wat tot op hede van die blankes vereis word, maar sonder erkentlikheid vir die prestasies en opofferings van die blankes.
Wessels noem dat aanvanklik net op stemreg vir “civilised Africans” aangedring is, maar met die ANC se African Claims van 1943 is die deuntjie verander na “all adult citizens” (1192). Vir die formulering van hulle eise was die swartes aangewese op die stutwerk wat deur die Amerikaanse en Britse Atlantic Charter van 1941 verskaf is. Rusty Bernstein (1920-2002) het die Freedom Charter (1955) van die Congress of the People geformuleer. Dirkie Smit en Jaap du Rand het die Belydenis van Belhar (1986) vir die Verenigende Gereformeerde Kerk opgestel. Al drie hierdie dokumente dui op die onontbeerlike (mis)leiding wat blankes verskaf het. Op ‘n soortgelyke manier was Wessels, saam met FW de Klerk, Roelf Meyer en Dawie de Villiers, betrokke by die grondwetlike onderhandelinge en die daarstelling van dokumentasie wat tot die mandaatlose politieke magsoorgawe van die blankes gelei het.
Sedert 1913 het die swartes op ‘n al hoe groter deel van Suid-Afrika aanspraak gemaak. Albert Luthuli (1898-1967), wat nie eens in Suid-Afrika gebore is nie – hy was ‘n 10-jarige inkommer – verskaf ‘n aanduiding van die soort redenasie waarmee vorendag gekom is: “Surely they must give at least 75% of the land to Black people … Why can’t they understand that I am not 75 per cent, but 100 per cent South African?” (1217). Wessels misbruik Luthuli se drogredenasie as aanleiding vir die volgende stelling: “Let’s create a constitutional dispensation where we can all be 100% South Africans” (1236). Wat het in die praktyk gebeur? Dit is deesdae vir onlangse swart inkommers makliker om op suiwer rassistiese gronde eersteklas burgerskap te verkry as vir blankes wie se voorgeslagte sedert 1652 hier is maar van wie verwag word om met tweedeklas burgerskap tevrede te wees.
Oor die Sharpeville-gebeure (1960) vertel Wessels dat daar 20 polisiemanne en 20 000 protesterende swartes was (1236) en dat dit plaasgevind het nadat 9 konstabels twee maande vroeër wreed deur swartes by Cato Manor vermoor is (1258). Te Sharpeville is drie polisiemanne met klippe raakgegooi. Toe is traanrook gebruik en daarna knuppels. Hierdie optrede was oneffektief, gevolglik het die polisie uit selfverdediging begin om twee minute lank te skiet. 69 swartes is gedood en 180 beseer. ‘n Geneesheer, Jack Friedman, het beweer dat omtrent 70% van die 52 dooies wat hy ondersoek het in die rug gewond is (1248). Dit is, in soverre dit waar is, maklik verstaanbaar: Die voorste linie van die aanvallers is van voor geskiet en dié agter hulle het omgedraai en probeer vlug. Maar hoe word hierdie gebeure gewoonlik opgedis? Ongewapende (nie klipgooiende nie) swartes het van die polisie gevlug maar is in die rug geskiet. Die ANC-regime se Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) het bevind “that the police actions at Sharpeville constituted ‘gross human rights violations in that excessive force was unnecessarily used to stop a gathering of unarmed people'” (1270); dus, die 20 polisiemanne moes eerder dood gewees het.
Sharpeville was ‘n protes wat deur die PAC gereël is. Hierna het die PAC groter erkenning en ondersteuning in die buiteland as die ANC geniet. Dit het die tafel gedek vir die Soweto-opstand in 1976 toe die ANC skoolkinders voorgestoot het sodat hy sy verlore prestige in die buiteland en plaaslik kon herwin. Gewoonlik word die Soweto-opstand voorgestel as ‘n protes teen skoolonderrig in Afrikaans. Tot sy eer skryf Wessels: “It soon developed into a rebellion against the parents colluding with Apartheid, teachers administering corporal punishment, habitual drunkenness ‘that dulled political awareness'” (1555). Dit het dus nie net oor Afrikaans gegaan soos meesal beweer word nie, maar oor allerhande griewe.
Nelson Mandela het besluit om die 1996-Grondwet by Sharpeville te onderteken. Daarmee het hy sy solidariteit met en sy dankbaarheid teenoor die PAC vir hulle gewelddadigheid betoon. Die ondertekening by Shapeville kon egter geensins bydra tot versoening met die blankes waaroor Mandela graag hoog opgegee het nie. Pleks van bedenkinge te hê, het Wessels met groot graagte hierdie ondertekeningseremonie bygewoon.
Met die Marikana-menseslagting (2012), waarin 44 mense gedood en 78 beseer is, het die ANC-regime uiteindelik agtergekom dat dit soms onmoontlik is om ‘n skare swartes te beheer. Ook in hierdie geval is beweer dat die meeste slagoffers in die rug geskiet is. Die Sharpeville-slagting word deesdae jaarliks op 21 Maart as Menseregtedag en die Soweto-opstand op 16 Junie as Jeugdag herdenk. Die ANC-regime het ‘n museum op albei hierdie plekke opgerig, maar nie by Marikana nie. Dit illustreer die soort waardes wat die ANC aanhang en waarmee Wessels geen fout vind nie. Hy verwag dat alle Afrikaners hiermee genoeë moet neem.
Soos die gebruik by ANC-aktiviste geword het, herhaal Wessels onkrities die bekende leuen wat Mandela in die Rivonia-verhoor (1964) kwytgeraak het asof dit evangelie is: “I have fought against black domination” (1354). Wessels verskaf uiteraard geen voorbeelde van hoe en waar Mandela teen swart oorheersing geveg het nie, want daar is nêrens voorbeelde hiervan te vinde nie. Van Mandela se belofte van “equal opportunies” (1366) is daar, wat die blankes betref, ook nie sprake in die nuwe Suid-Afrika nie. ‘n Blanke kan maar berus die waarheid hiervan toets deur om ‘n pos in die staatsdiens aansoek te doen. Sulke aansoeke word dikwels afgewys al is daar vakatures wat nie met swartes gevul kan word nie.
Die kommunis, Bram Fischer (1908-1975), is tronkstraf vir onder meer sabotasie opgelê. Die oorverligte Helen Suzman (1917-2009) “remarked after visiting Fischer in hospital that she had no idea why ‘the Government remained afraid of one bedridden and incapacitated man'” (1401). Hierdie dwars opmerking bied later ‘n springplank aan Wessels om vir ‘n Britsgebore aktivis in die bres te tree: “It was impossible … to explain to anyone how the detention without trial of Helen Joseph [1905-1992] – an 80-year old woman and staunch supporter of the ANC – could be a threat to state security” (2186). Dieselfde drogredenasie kan teen Mandela se aanhouding geopper word. Maar vanaf Mandela se vrylating in 1990 tot die algemene verkiesing in 1994 is meer mense as ooit voorheen in die ANC/SAKP se terroristestryd gedood.
As die vrylating van ‘n enkele mens nie die land deurmekaar kan krap nie, waarom word Janusz Walus (gebore in 1953) nie vrygelaat nie? Hy is sedert 1993 in die tronk. Sy aanhouding duur reeds langer as dié van Mandela, terwyl hy, anders as Mandela, vir die dood van slegs ‘n enkele mens verantwoordelik gehou kan word. Hoe in sy skik Wessels met Mandela is, blyk uit die volgende: Ná die moord op die militante kommunis, Chris Hani (1942-1993), het Mandela, voordat hy enige bewese steun by die kiesers gehad het, oor die televisie en radio gemoedere probeer kalmeer. Wessels kom dan met hierdie insig vorendag: “This was the moment in my opinion that Nelson Mandela became the de facto Head of State” (4115). Hoe kan ‘n mens soos Wessels daarna (maar ook vóór dit) met onderhandelinge vertrou word wat ten minste aanvanklik veronderstel was om blanke belange te beskerm?
Maar die verrotting gaan dieper. “The fragile stability forced the negotiating partners to reach an agreement on a date for the election – 27 April 1994” (4115). Dit was die toppunt van onnoselheid. Die dood van Hani is deur die ANC tot die uiterste uitgebuit. Dit het die NP-onderhandelaars vir die soveelste keer onder druk laat swig. Daar is heeltemal voortydig op die verkiesingsdatum ooreengekom. Hierna het die ANC-onderhandelaars die taktiek gevolg wat hulle by die Viëtnamese kommuniste geleer het: Sloer met ooreenkomste oor alle belangrike sake tot kort voor die keerdatum en oefen dan druk vir die aanvaarding van julle standpunt uit. Dit is bv hoe Afrikaans as amptelike taal grootliks (in die praktyk) in die slag gebly het.
Arthur Chaskalson (1931-2012), wat die hoofregter van die Konstitusionele Hof was (1994-2001), het verseker dat hy Fischer se lessenaar in daardie hof gebruik (1416), wat ‘n aanduiding van die mate van sy onpartydigheid kan gee. Volgens Wessels se insig was Chaskalson egter ‘n “giant legal eagle” (1663). In 2004 het die ANC-kruipende Universiteit Stellenbosch ‘n eredoktorsgraad postuum aan Fischer toegeken (1416). Dit toon duidelik hoe erg hierdie eens Afrikaner- en Afrikaanse universiteit binne ‘n dekade ontaard het. In 2013 was daar blyke dat Fischer se twee dogters, Ruth en Ilse, minder onredbaar links as Wessels was. Hulle het na die ANC-regime verwys as “this lot that are now ruling us” (1428).
Die woord Afrikaners is deesdae, anders as voorheen, skynbaar ‘n verbode term in Naspers/Media24-publikasies, tensy jy Afrikaners slegsê. Die meer “inklusiewe” neologisme, Afrikaanses, word wel soms gebruik. Ná 1972 is al hoe meer aan die eise van die swartbewussynsbeweging toegegee en is die term nieblanke met swart vervang (1502). Getrou hieraan skryf Wessels in ‘n aanhaling “non-Whites (sic)” (1042). Maar dit is glad nie altyd duidelik of swart bruines en Asiate insluit nie. Wanneer dit die geval is, behoort die lomp frase “generies swart” gebruik te word, hoewel die drie rasse/etnisiteite (swart, bruin en Asiaat) nie eenders is nie, behalwe in die sin dat hulle nieblank is. In simboliese logika word A en -A (nie A nie) gebruik, wat duidelik maak dat die een die ander heeltemal uitsluit. Dit is die duidelike voordeel wat blank (A) en nieblank (-A), asook swart (swart swart) en nieswart (blankes, bruines en Asiate), het. Duidelikheidshalwe volhard ek dus met die tradisionele betekenis van hierdie woorde. “Coloureds” word deur Wessels tussen aanhalingstekens geplaas (1555, 1576). Ek praat van bruines (as teenhanger vir blankes) of soms van bruin mense, wat die mensstatus van bruines beklemtoon, hoewel dit ongewoon is om die frase blanke mense teë te kom. Dalk is dit omdat blankes hulle mensstatus oor baie eeue onmiskenbaar bewys en gevestig het.
Toe Wessels in 1974 die politiek wou betree “I was not a signed-up member of the National Party” (1701). Sy posisie was dus soortgelyk aan dié van Denis Worrall (gebore in 1935) toe hy in 1974 ‘n NP-politikus wou word (Praag 23.03.2019). Albei persone het geblyk meer oorverlig te wees as wat die partystrukture toegelaat het. Daar is destyds profeties van Wessels se kandidatuur as parlementslid vir Krugersdorp gesê: “This man cannot be trusted with the future of the NP” (1701). In 1974 het die opportunistiese Wessels daarin geslaag om lid van die Afrikaner-Broederbond te word (5887). Toe John Vorster by geleentheid van die swartes sê, “they will swamp us,” is Wessels se stiksienige kommentaar: “I knew that Vorster had not impressed anybody with his last comment” (1809). In 1990/94 het dit geblyk dat Vorster die heilige waarheid gepraat het. Wessels, daarenteen, spreek hom ten gunste van “unrestricted democracy” uit (1818). By hom is daar skynbaar weinig sensitiwiteit vir die belange van die blankes of Afrikaners as minderheidsgroep.
Waarvoor Wessels sy mes dwarsdeur die boek in het, is “right-wing racists” (bv 1827; ook 1857). “I loved it when [PW] Botha drove the verkramptes from their foxholes” (1995). Regses word telkens as “arrogant” beskryf (bv 1995, 2005, 2014) terwyl hulle bloot ‘n ander en verantwoordeliker of meer behoudende standpunt as Wessels huldig. Hans Strijdom word sonder meer ‘n rassis genoem (2080). Connie Mulder’s “statement that discrimination was as outdated as slavery impressed me” (1962). As lid van die NP-regering is Wessels op sy talle buitelandse reise gekonfronteer met opmerkings soos: “Look at the outdated racism on your statute books” (2205). “I realised how silly and cosmetic the walls between people are” (2235). Die punt wat Wessels mis, is dat daardie buitelanders hulle verligte monde oor die Suid-Afrika van weleer kon uitspoel sonder om die risiko te loop dat hulle onder ‘n ANC/SAKP-regime gebuk sou gaan. Hulle sit steeds knus in die buiteland met ‘n blanke regering, wat waarskynlik doeltreffender en minder korrup as die ANC regeer.
“The lily-white communists and I are just as far apart as the right-wing Afrikaners in Krugersdorp and me. They are also lily-white, but I loathed their racial, Nazi-type politics. It dawned on me that I was closer to some people of colour than the white communists or Nazis. Skin pigmentation is not the determining factor when one makes political judgements. What matters is whether people subscribe to the same values” (2244). Om oorspronklike idees van Wessels te verwag, is om hom te hoog aan te slaan. Hy het sedert 1990 dikwels sonder weersin hand om die blaas met kommuniste verkeer, maar voortgegaan om regse Afrikaners te verfoei. Hy skryf bv: “I was thrilled about the opportunity to rub shoulders with the Cubans and Russians” (3291).
Waarom sou Wessels op ‘n afgesaagde manier na lelie-wit mense verwys, asof dit ‘n skande is om blank te wees, maar nooit van bv roet-swart mense praat nie? Wessels sal seker nooit tot die insig kom dat dit buitensporig oordrewe – eintlik gewoon vals – is om apartheid met Nazi-politiek te vergelyk nie. Maar dit gaan nie vir hom om waarheidsgetrou te wees nie. Dit gaan vir hom om blankes sleg te sê. Velkleur of pigmentasie was nooit die primêre norm vir onderskeid tussen mense nie. Die eintlike norm is kultuur, dus verskille in dink en doen, verskille in leefwyse, wat inderdaad op verskille in waardes gebou is. Maar Wessels dink die 1996-Grondwet is wonderlik terwyl dit rassediskriminasie teen die blankes tot in die oneindige toelaat; selfs vereis. Daar is geen keerdatum vir hierdie diskriminasie nie. Dit is onwaarskynlik dat die swartes ooit moeg vir hulle eie bevoordeling sal raak. Maar soos die ANC-kornuite beweer Wessels, hoogs waarskynlik valslik, dat swart bevoordeling bloot ‘n verbyganende “intermediate phase” is waarvoor apartheid die skuld kry (5552).
“The right-wingers were not impressed with the recommendations of the Wiehahn and Riekert Commissions [1979] to recognise trade unions and relax influx control measures … The acceptance of the … recommendations had far-reaching consequences” (1986). Maar daar is geen aanduiding dat Wessels besef dat dit dié aanleiding was waarom blanke politieke beheer in 1990/94 in die slag gebly het nie. Die swartes het ekonomiese burgerskap verkry, kon staak en protesteer en voortaan Suid-Afrika inneem en lamlê. Daar was ‘n ander keerpunt wat ook vir Wessels ontgaan: Die gelieg deur ANC-kamerade, met Mandela aan die voorpunt, oor die Boipatong-slagting in 1992, toe Inkatha-lede ANC-ondersteuners ‘n welverdiende loesing gegee het. Dit was ‘n keerpunt in die grondwetlike onderhandelinge. Op sy kenmerkende immorele manier het die ANC die oorhand in die onderhandelinge verkry deur die skuld vir die Boipatong-slagting valslik maar suksesvol op die NP-regering te pak. Wessels verkies om hom nie hieraan te steur nie en eerder die ANC te benader asof die leiers eerbaar is.
Anders as vir lede van die ANC en SAKP het Wessels geen liefde of agting vir tradisionele Afrikaners of sogenaamde regses nie. Hy skryf oor sy “final parting of the ways between me and the right-wing Afrikaners … ‘My people’ were not only Afrikaners any longer; ‘my people’ are the ones that share my values. Race and colour would henceforth not be the determining factors” (2456). Hierdie keerpunt het in 1987 daadwerklik in Wessels se lewe gekom. Dit is nie net Wessels wat sy rug op behoudende Afrikaners gedraai het nie. Die NP het in die nuwe bedeling sy rug op die allerskandaligste manier amptelik op sy tradisionele ondersteuners gedraai. “In 1998 the Commissioner of Police, General Johan van der Merwe, said, ‘No policeman will ever vote for the National Party again.’ He made this statement after the NP had made its position clear before the Truth and Reconciliation Commission (TRC) that the party will not suppport a general amnesty for unauthorised human rights violations committed during the time of conflict in South Africa … Police officials made no secret of the fact that they were going to support the CP [Conservative Party]” (2540). Wie tree hier eerbaar op? Van der Merwe wat sy personeel teen wraak – eerder as weerwraak – probeer beskerm, of Wessels en die NP wat hulle vir Desmond Tutu en sy ANC-wolwe gooi? Dit klink asof Wessels steeds ‘n mate van ‘n gewete of agting vir Afrikaners het wanneer hy skryf: “Proud soldiers and police officers on their knees before the TRC, pleading for amnesty was not a pretty sight” (4747). Maar dit is die NP wat versuim het om blankes teen hierdie vernedering te vrywaar. “A total of 5 392 amnesty applications were refused, granting only 849 out of the 7 111” (4713).
Die ondergang van die blanke bewind, gebeure waarin Wessels ‘n rol gespeel het, word voorgestel as ‘n nastrewingswaardige ideaal. “[PW] Botha could not take us over the finishing line. He flinched! Not only did he lose momentum, he lost control of the forces he had unleashed” (2091). FW de Klerk het in veel groter mate as Botha beheer oor die situasie in Suid-Afrika verloor. De Klerk het gedink hy sou met redelike mense met ‘n beskaafde Westerse oriëntasie onderhandel en nie met ‘n klomp immoreles wat (letterlik) ten alle koste politieke beheer wou oorneem nie. Wessels sien geen kwaad daarin om te onderhandel met terroriste, insluitende kommuniste, wat geweld nie wil afsweer nie. Rina Venter toon oortuigend aan dat Wessels & kie se grondwetlike onderhandelinge, eintlik toegewings, deur die ANC/SAKP se voortgesette en verskerpte gewelddadigheid gedikteer is (Praag 26.10.2019).
Maar Wessels skryf: “We had to overcome our own phantoms before negotiations could begin in all earnest … a lasting solution would require the participation of the ‘terrorists’ in a negotiating process, and nobody was going to settle for second-rate citizenship” (2105). Wessels verwys hier na swartes wat nie tweederangse burgers wou wees nie. Wessels & kie is egter tydens die onderhandelinge dermate ore aangesit dat dit die blankes is wat sedert 1994 vir lief met tweederangse burgerskap moet neem. Ewe koel praat Wessels van ‘n “negotiated revolution” (811). Hy en sy mede-hensoppers (veral FW de Klerk, Roelf Meyer en Dawie de Villiers) het nog nooit verskoning gevra vir wat hulle die blankes, veral die Afrikaners, en bowenal die land aangedoen het deur ruggraatloos en mandaatloos aan die bose ANC en SAKP oor te gee nie.
Krugersdorp is Wessels se woonplek. Dit was ook die kiesafdeling wat hy vir die NP in die parlement verteenwoordig het. Deesdae word die plek Mogale City genoem. Die huldiging van Paul Kruger se nagedagtenis is deur dié van Khosi Mogale, “forefather of the Tswana people” (5868), vervang. Daar is, so kenmerkend van die ANC-mentaliteit, ‘n standbeeld vir Mogale in Mogale City opgerig (5868). Daar is gepoog om dit soos volg te regverdig: “We all are Africans, White and Black. You may want to imagine yourselves to be Europeans, but you are Africans, because the Cradle of Humankind is in Mogale City – we all come from here” (5877). Nou mag ‘n mens seker nie noem dat daar mense (deesdae rassiste genoem) is wat beweer dat (van) die slim Afrikane eeue gelede uit Afrika na Europa getrek het nie. Wessels vergelyk ‘n histories blanke en ‘n steeds swart woonbuurt in Mogale City soos volg: “The two areas – Dan Pienaarville and Munsieville – represented two different worlds. The one represented the privileges of the past; the other wanted to forget the past. The one was afraid of the future; the other for the first time had a future” (2410).
Sedert 1990/94 het nieblankes hulle op groot skaal in histories blanke woonbuurte gevestig. Eens blanke skole en universiteite is op ‘n soortgelyke manier binnegedring en selfs oorgeneem. Swart woonbuurte, skole en universiteite het swart gebly. Die revolusie wat Wessels help bewerkstellig het, het swartes nie ontsetel nie, maar blankes drasties ontheem. Dit is dus te begrype dat blankes na die verlede hunker en oor die toekoms bekommerd is. Dit is vermetel van Wessels om op ‘n geykte linkse manier voor te gee dat wat blankes gehad het of nog het, deur hom “privileges” genoem, vanweë bevoorregting was en is. Baie blankes het hard gewerk om na verdienste welvarend te word. Baie van hulle het veel harder as Wessels gewerk en hulle het nie die luukse gehad om op die belastingbetalers se koste oral in die land en wêreld rond te flenter, soms met vrou en al, nie. Wessels beweer dat hy as parlementslid so min betaal is, dat hy in die skuld was (1885). Tensy hy nie weet hoe om met geld te werk nie, het hy sekerlik nie as adjunk-minister, minister en veral as ANC-menseregtekommissaris arm gebly nie. Sy vrou Tersia, ‘n onderwyseres (602), was van 2009 tot 2014 ‘n lid van die Gautengse Provinsiale Raad (4623); nogal vir die Cope-party. In die nuwe Suid-Afrika bly (oor)vergoeding vir oorverligtheid nie maklik of altyd agterweë nie. Wessels beweer dat hy nooit ryk was nie (5454). Dit hang af van wat ‘n mens as ryk beskou. Nelson Mandela het in sy lewe bitter min gewerk maar weens die valse waardes wat by sommige hoogty vier, het hy stinkryk geword.
Wessels is een van die baie slagoffers van Mandela se paaiery oor die blankes, veral die Afrikaners, se politieke magsverlies. “I now understood why he was treated like royalty; people expected to see a person who looked and acted like a bloodthirsty terrorist. But his old-fashioned charm and charisma disarmed and overwhelmed everyone” (3450). Toe Wessels in 1991 die adjunk-minister van buitelandse sake was, het hy die arrogansie (wat hy so graag van regse Afrikaners toedig) van Mandela eerstehands ervaar. Gevangenes in Bophuthatswana, toe nog ‘n onafhanklike tuisland, was op ‘n hongerstaking. Mandela het besluit dat hy hier wil inmeng. Geeneen van hierdie gevangenes mag glo sterf nie, terwyl Mandela terselfertyd nie ‘n flenter omgegee het hoeveel dooies die ANC se gelyklopende gewelddadige magstryd met die IFP oplewer nie. FW de Klerk, as staatshoof, en Pik Botha, as minister van buitelandse sake, moes deur Wessels op Mandela se bevel op ‘n Saterdagaand geskakel word; ook Lucas Mangope, die president van Bophuthatswana. Mandela het oor hulle almal baasgespeel terwyl hy nog geen bewese steun by enige kiesers gehad het nie. Sy twyfelagtige roem en gevolglike arrogansie het op geweld, terrorisme en veral buitelandse propaganda berus. Soos tydens die grondwetlike onderhandelinge het Mandela ook hier sy sin gekry deur toegang tot die gevangenes te verkry. Dit blyk toe dat daar geen sprake van was dat enigeen van hulle sterwend was nie (kyk hoofstuk 11). Maar die bevooroordeelde Wessels verloor nie sy respek vir Mandela nie.
Die mandaatlose oorgawe aan swart mag het in 1991 met Kodesa begin. By die eerste byeenkoms “Mandela moved from one delegation to the other and greeted them like a statesman. ‘Good morning. Good to see you. How are you?’ He acted like the host that had invited everyone to his function” (3818). Maar die naïewe Wessels verkies om steeds nie te sien waarmee die arrogante Mandela besig is nie. Mandela wil die land vir die ANC en SAKP oorneem sodat swartes bevoordeel en blankes (en dus die land) benadeel kan word. Wessels is een van diegene wat deur FW de Klerk benoem is om tydens die grondwetlike onderhandelinge weerstand teen magsoorname deur die terroriste en kommuniste te bied. Volgens eie erkenning het Wessels egter van die begin af aan hierdie booswigte oorgegee. Dit was omdat hy ANC-propaganda vir soetkoek opgeëet het. “The white cause was a lost cause before the negotiations had even commenced. The damage inflicted by past injustices, associated with white privilege, were immeasurable. White power, white exclusivity, was so discredited that well-meaning concepts such as self-determination, power-sharing, checks and balances and veto rights in a consensus-seeking government could not sugar coat the injustices of the past” (3828). “In my mind there was never room for the concept of self-determination advocated by the conservatives because it was nothing more than a sugar-coated white ‘homeland’ (volkstaat) idea” (3880).
In die Afrikanerdom word dit algemeen aanvaar dat die NP se onderhandelinge ‘n volslae mislukking was. Soos Wessels het ‘n onderhandelaar soos Roelf Meyer skouspelagtig gefaal. Maar dit maak nie ‘n duik in wat Wessels hom oor homself en Meyer probeer wysmaak nie. “Roelf Meyer was the right man to support FW de Klerk and lead the NP negotiating team to achieve the NP objectives. He did not have a match in NP circles” (3837). As Meyer dié reus in NP-geledere was, is dit maklik te begrype waarom die onderhandelinge tot die ondergang van die blanke bewind gelei het. In hierdie tyd het ‘n blanke kieser in ‘n brief aan De Klerk tereg gevra: “Can you trust this Leon Wessels?” (3920).
Die NP-kabinetslede wat nie onderhandelaars was nie, het tereg min of geen vertroue nie in Wessels, Meyer en Dawie de Villiers as onderhandelaars gehad. “In National Party circles the atmosphere was tense and polarised between the fulltime negotiators and the other colleagues in cabinet. Every time I returned from Kempton Park and joined my cabinet colleagues … they looked at me askance if I were the enemy” (4018) – sekerlik omdat die onderskeid tussen die NP-onderhandelaars en die ANC/SAKP hoe later, hoe meer vervaag het. Die uiteinde was dat die NP in 2005 in die boesem van die ANC verdwyn het (4465). “The NP … disappeared without honour” (4526), volgens Wessels. Kabinetslede is sover moontlik in die duister gehou oor die skouspelagtige droogmakery wat tydens die onderhandelinge in die naam van die NP gepleeg is, soos wat bv Rina Venter later duidelik gemaak het. Wessels se insig is: “The cabinet epitomised the past while Kempton Park [the negotiations] represented the future; the one the dead, the other the living” (4027) – met Wessels wat trots medeverantwoordelik vir die dood van die voorspoedige, beskaafde, Westerse Suid-Afrika van weleer is. Hy erken dat naas hulle drie as onderhandelaars daar in die kabinet van 23 eintlik net Pik Botha was op wie se steun hulle in ‘n mate kon reken (4037). Hulle het nie eens altyd van FW de Klerk se ondersteuning verseker gevoel nie. Maar dit moet nie in die guns van De Klerk tel nie. In ‘n groot mate was daar ‘n gebrek aan (duidelike) leiding van De Klerk se kant af. Hy het nooit eens aan hierdie belangrike onderhandelinge deelgeneem nie. Die land en al sy mense is op ‘n skinkbord aan die ANC/SAKP gegee. ‘n Slegter getuigskrif vir Wessels as sy aanspraak, “FW never repudiated me” (4056), is kwalik denkbaar.
Maar die afgrond word al hoe dieper. Die Parlement (Nasionale Vergadering en Senaat) is ná die 1994-verkiesing in die Grondwetskrywende Vergadering omskep (4319). Die ANC-meerderheid was in beheer. Dit is presies wat nooit moes gebeur het nie. Die ANC kon nou in ‘n groot mate na willekeur die Oorgangsgrondwet van 1993 verander, pleks daarvan dat daar vóór die verkiesing op ‘n finale of vaste Grondwet ooreengekom is. Cyril Ramaphosa is as die voorsitter en Wessels as die ondervoorsitter verkies. ‘n ANC-kornuit, Melanie Verwoerd, het aan Wessels gesê: “Any other nomination from the NP benches would not have been successful” (4328). Wessels beskou dit as ‘n kompliment en groot eer. In werklikheid toon dit dat hy in ANC-geledere as die verloopste van verloopte Afrikaners beskou is. Hy kon dus nuttig misbruik word.
Dat die ANC hom reg uitgekyk het, het dadelik geblyk toe hy aan Ramaphosa gesê het: “I know the Constitional Assembly elected me as deputy chairperson and not as a joint chairperson. I was taught that the task of the deputy chairperson is to assist the chairperson. That is exactly what I am going to do; I am going to support you” (4328). Algeheler oorgawe as dit aan die ANC is kwalik moontlik. “There was a great relationship between Cyril and me … I did not negotiate NP matters with him” (4338). Die groot vriendskap tussen Roelf Meyer en Ramaphosa word dus deur Wessels en Ramaphosa voortgesit. In albei gevalle was daar geen heil in vir die blankes nie. Geen wonder nie dat Mandela van Wessels gesê het: “He has played a major role in bringing about democracy” (4358) – met demokrasie wat ‘n eufemisme vir swart meerderheidsoorheersing is. Daar sou vyf jaar lank (1994-1999) ‘n regering van nasionale eenheid wees, maar die magshonger ANC het geweier om daardie tydperk te verleng. “Mandela had decided the time for majority rule had arrived” (4388). Dít toon onteenseglik hoe hard Mandela teen swart oorheersing geveg het.
As deel van Wessels se kameraadskap met die ANC, neem hy De Klerk kwalik omdat die NP voor die tyd uit die Regering van Nasionale Eenheid getree het. “Withdrawing from the GNU will undoubtedly be one of the negative entries on FW’s scorecard” (4397). De Klerk was selfs teësinnig dat hy en die NP-parlementslede ten gunste van die aanvaarding van die 1996-Grondwet stem (4397). Soos gebruiklik het De Klerk ook in hierdie geval toegegee. Wessels se holle redenasie is: “We had achieved sufficient victories during the negotiations and had everything to lose should we cast a negative vote” (4426). Dit is ironies dat “property rights” genoem word as een van die NP se prestasies of winste tydens die onderhandelinge (4446). Dus, die NP het genoeg veldslae gewen, gevolglik maak dit mos nie saak as hulle die oorlog skouspelagtig verloor het nie.
De Klerk se bedenkinge oor die Grondwet het hom daarna nie verhinder om voor te gee dat hierdie wet dié prestasie van die NP se onderhandelinge met die ANC is nie. Elke keer as blankes probleme onder sy aandag gebring het, het De Klerk triomfantelik gesê: Beroep jou op die Grondwet. Dit het dikwels nie die verlangde resultate opgelewer nie. De Klerk het dan die ANC verwyt dat die gees van die Grondwet nie eerbiedig word nie. Oor die letter van die Grondwet was daar al hoe minder entoesiasme, veral toe dit geblyk het dat selfs eiendomsreg nie na behore verskans is nie. Dit was die einde van De Klerk se skynbare entoesiasme oor die bepalings in die Grondwet.
Die Grondwet diskrimineer blatant teen die blankes terwyl die swartes blatant bevoordeel word. Wessels weet dit. Maar wat dink hy daarvan? “I was over the moon when the Constitution was accepted” (4446). “The signing ceremony [in Sharpeville] was the highlight of my [ill(ustrious?] political career. My participation, sitting next to Mandela and Ramaphosa and saying the final word of thanks, was the last political function in which I participated” (4498) – waarmee hy te kenne gee dat sy latere betrokkenheid by die Menseregtekommissie bo die politiek verhewe was. In Sharpeville in 1996 “De Klerk was not on the stage nor was he asked to make a speech … he was sitting in the sun and following the proceedings [spectacle?] as a spectator” (4517).
In 1996 was Mandela as staatshoof by daardie seremonie in Shapeville betrokke en Ramaphosa en Wessels omdat hulle onderskeidelik die voorsitter en ondervoorsitter van die Grondwetskrywende Vergadering was. Maar daar is ‘n kinkel in hierdie verhaal wat toon hoe uitermate geslepe die ANC is. As ondervoorsitter het Wessels Ramaphosa in alles ondersteun en dus geen weerstand gebied teen hoe die ANC die Grondwet wou bewoord nie. Om die skyn van solidariteit te wek en die vernederende nederlaag wat die NP (en by implikasie die blankes) tydens die onderhandelinge gely het, te simboliseer, het die slinkse ANC met die volgende skuif vorendag gekom: “I was asked to chair the final proceedings of the Constitutional Assembly” (4446). ‘n Verloopte Afrikaner het dus as die voorsitter opgetree toe die 1996-Grondwet finaal goedgekeur is. Soos die ondertekening van die Grondwet, ‘n hoogtepunt in Wessels se lewe.
Wessels het die WVK-heksejag gesteun, al beweer hy telkens in sy boek dat die nuwe Suid-Afrika nie daar is om (weer)wraak te neem nie. Hy het uiteraard voor die WVK getuig en graag om verskoning vir die blankes se apartheidsbeleid gevra. Dit laat hom verhewe bo ander voel. “I was infuriated with the great [!] PW Botha. His disgruntled non-appearance before the TRC was a missed opportunity” (4767) – om homself (onnodig) te verneder? Wessels wou klaarblyklik hê dat PW Botha, soos FW de Klerk later, (feitlik) sonder slag of stoot aan swart mag moes oorgee. “PW’s biggest diplomatic blunder was to sanction the South African Air Force to bomb the capitals of our three neighbouring Commonwealth countries – Harare, Lusaka and Gaborone” in 1986 (5124). Maar dit is juis op sodanige kragdadige manier wat Israel steeds daarin slaag om te oorleef, ten spyte van aanvalle deur terroriste.
Wessels skryf: “Apartheid was a crime against humanity. And we must look its brutality and crudeness in the eye” (4819). FW de Klerk word deur Wessels oor sy “mental block” verwyt omdat hy apartheid nie tydens sy WVK-getuienis ongekwalifiseerd veroordeel het nie. “If he [De Klerk] completely disavows apartheid as a crime against humanity, he will repudiate his father, Jan, who served in Hendrik Verwoerd’s Cabinet. De Klerk’s biggest fear is to be branded as having repudiated his father … He cannot bring himself to aggressively condemn the old Apartheid policies. I heard him say in meetings, ‘But they were good people'” (4819). Dit is wat Wessels klaarblyklik ontken; dus, tradisionele Afrikaners was sleg. As Sap was Wessels se pa na bewering beter as De Klerk s’n omdat Wessels senior nie apartheid gesteun het nie.
In sy eie oë strek Wessels se morele verhewenheid selfs nog hoër. Hy grond sy beweerde voortreflikheid onder meer op Desmond Tutu en joernaliste se beoordeling: “Tutu had publicly and privately expressed appreciation for my evidence. Furthemore, what I had told the TRC was reported and well received in the media” (5243). “After listening to the [TRC] submissions of Pik Botha, Adriaan Vlok and Roelf Meyer, I decided that we were not on the same page” (4977). Wessels ervaar dus deurlopend vervreemding, nie net van kerngesonde behoudende Afrikaners nie, maar ook van diegene wat eens Afrikaners was maar in minder mate as Wessels aan radikale verlooptheid ly. Hoe ver het Wessels nie afgedwaal van bv Constand Viljoen se standpunt nie: “To hell with the new South Africa” (5089). Pleks daarvan het Wessels besluit om hom vir veranderings te beywer; veranderings wat in deurslaggewende opsigte geblyk het nie verbeterings te wees nie.
In die nuwe Suid-Afrika hoef iemand soos Wessels, al is hy blank, nie erkenning en vergoeding vir dienste gelewer aan die ANC te ontbeer nie. Hy het, sover ek kan onthou, homself as ‘n moontlike kommissaris vir die Menseregtekommissie voorgestel. Daar is telefonies met hom ‘n onderhoud gevoer (5243) en “Mandela promptly confirmed my appointment” (5253). Iemand anders wat toe as kommissaris aangestel is, is Tom Manthata, “old stalwart, member of the UDF and Delmas trialist” (5304). Ter wille van die skyn (“tokenism”), hou die ANC daarvan as daar een blanke op ‘n keer as kommissaris in die Menseregtekommissie dien. Op die oomblik vervul André Gaum daardie rol. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die ANC-regime ooit van hierdie resep sal afwyk deur meer blankes in hierdie hoedanigheid aan te stel. Die ANC sal eerder sonder gewete vir lief daarmee neem as daar geen blanke kommissarisse is nie. Maar Wessels gee voor dat daar geen bewustheid van of vooroordeel oor kleur in daardie deurlugtige geledere is nie. “At the Commision we had learned to look at the individual irrespective of a person’s pigmentation” (5791).
Daar word vooraf seker gemaak dat ‘n (blanke) menseregtekommissaris hartlik sal saamwerk. In die geval van Wessels was daar geen rede om hieraan te twyfel nie. “I took to the SAHRC like a duck to water” (5253). “It … did not take me long to realise that I had no appreciation for the extent to which racism had permeated our country” (5263). Dit is eintlik onnodig om by te voeg: In die praktyk is dit feitlik net blankes wat aan die kortste end trek. Wessels kom toe as kommissaris agter hoe slapgat en ondoeltreffend die nuwe staatsadiens funksioneer. “What upset me was the lack of commitment by some government officials” (5263). “The inability or unavailability – at least of some Cabinet Ministers – to react when big human rights issues were brought to their attention – was distressing” (5284). Hy kan gerus onthou dat dit nou hulle beurt is om op die belastingbetalers se koste dwarsoor die wêreld rond te reis, soos hy voorheen dikwels gedoen het.
Wessels het sy sterkste gif oorgehou vir gebruik in die laaste hoofstuk. “I was never interested in these questions nor later debates about ‘Who is an Afrikaner?’ I am an African from Afrikaner stock” (5783) – in daardie volgorde van voorkeur. “My roots are in South Africa and Africa feeds my spirit” (5838) – eerder as Afrikanerkultuur? Dat hy min, of geen behae nie, in die Afrikanerdom het, blyk uit sy afwysende frase “this Afrikaner thing” (5792). Hy sal nie van “this Black thing” praat nie. Daardie kant van die spektrum reserveer hy vir loftuitinge. Selfs die berugte grondwetlike onderhandelinge dank glo hulle oorsprong aan swart kultuur. “The negotiations and dialogue as we practice it in South Africa is an African phenomenon with a South African tang. The indaba (‘Let us talk’) was a typically African tradition that existed long before eye-to-eye negotiations commenced in South Africa” (5801). Hy wil as ‘t ware sê: As die blankes maar vroeër teruggegryp het na hulle mondelinge verlede, hulle era voor dokumentering (dus van lees en skryf), sou ons nie so lank met die wrede apartheidstelsel en sy nalatenskap opgeskeep gesit het nie.
Tydens ‘n konferensie het ‘n afgevaardigde van Nieu-Seeland gepraat van “people of European extraction” (5820). “This statement irritated me. Our own South African history with the former humiliating entrances and park benches marked for ‘Europeans’ and ‘non-Europeans’ evokes bad memories. In the face of Europe’s isolation policy towards South Africa, but especially as a result of the bitter Dutch and British attitudes, I have no interest in being a European. After all, Africa is where the future is” (5820). Waarvan? Voorspoed of ellende? “After much soul searching, I have to admit to being something of a Euro-African out of the Afrikaner walk of life. To me, this Euro label feels like disloyalty to Africa … [but] skin pigmentation does not have to be an impossible stumbling block if you want to be an African” (5829). Maar op die oomblik is blankheid ‘n onoorkomelike struikelblok in ons weg na gelyke regte met swartes. Ek gee die ANC-regime die skuld vir hierdie blatante rassisme, maar Wessels en ANC-kornuite sou seker verkies om die skuld op die nalatenskap van apartheid te pak. Wessels se benadering is voorbeeldig pigmentloos: “It is your heartbeat and the colour of your blood which counts” (5829). Ons weet dat ons almal se bloed rooi is. Maar die verskil tussen rasse en etnisiteite is nie primêr van liggaamlike aard (bv velkleur en bloedkleur) nie, maar kultureel, dus van geestelike aard.
Wessels som sy siening, nie sonder sarkasme nie, soos volg op: “There does not seem to be many of us [with a National Party and Apartheid past] left, because everyone [?] now claims that deep down they had been closet freedom fighters [terrorists?] and that they simply had no inkling of all the atrocities and the evils. However, despite all this baggage, I wish to live in harmony with my environment as a complete South African. And this is possible! Armed with this disposition and the knowledge of who I am and where I have come from, I look backwards – as well as forwards into the future” (5848). Ek vind dit eienaardig dat daar nooit by Wessels en sy geesgenote sprake is dat terroriste ongure bagasie het of spoke in hulle kaste nie en dat daar weens die voortreflik voorgestelde vryheidstryd, anders as by apartheid, skynbaar geen afkeurenswaardige nalatenskap, bv ‘n destruktiewe hiper-gewelddadige samelewing, is nie.
“After the democratic elections, I found it boring to be an Afrikaner among other Afrikaners. I want to be an Afrikaner among the others – a kind of Afrikaner diplomat. The goodwill I receive is overwhelming and the effort minimal – you must just leave your paternalistic attitude at home” (5887). “I don’t want to live in Melbourne or the old South Africa … I can’t emigrate” (5897). Hy sien kans om met verwaarloosde paaie en die misdaadgolf saam te leef: “They were ‘my potholes’ and ‘my criminals'” (5897). Dit lyk asof daar waaragtig niks is wat hom ‘n (gesonde) weersin in die nuwe Suid-Afrika sal laat ontwikkel nie. As bevryde mens (“liberated Afrikaner” – 5906) is hy van sulke negatiwiteit bevry; “liberated from the baggage of an immoral system of government” (5906). As iemand wat perde aangehou het en graag perdry, vind ons Wessels “galloping into the future” (5906).
Een van die gebeure wat gedreig het om Wessels se verligte glans ietwat te verdof, is die eenparige verslag wat in 2014 onder sy leiding oor inisiasiepraktyke op die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit opgestel is. Sy dogmatiese gevolgtrekking is: “Human dignity may never be impaired, initiation can never be condoned” (5937). Hy verwerp dus die mening van talle denkers wat aanvoer dat mense hul waardigheid en agting moet verdien. Volgens hulle is daar mense wat weens hulle gedrag nie agting werd is nie; dus, hulle handeling is sodanig dat ander mense dit onmoontlik vind om vir hulle eerbied te hê. Ek dink bv aan die landmynplanter wat tydens die ANC se terreuroorlog verantwoordelik daarvoor was dat die voorkop van ‘n pragtige jong meisie naby die Mosambiekgrens in die Oos-Transvaal weggeskiet is. Sy het lank in die Suid-Afrikaanse Hospitaal in Pretoria gely voordat sy genadiglik dood is. Gedurende daardie tyd het ek daagliks verby daardie hospitaal gery. My hart het na haar en haar naasbestaandes uitgegaan. Dit was en is vir my onmoontlik om enige agting of eerbied vir daardie terroris te hê of bv vir diegene wat hulle aan halssnoermoorde skuldig gemaak het. Maar sulke terreurdade word grootliks en doelbewus in Wessels se boek verswyg.
Daardie 2014-Wessels-verslag is teen Afrikaners gemik. “The traditions in residences dated from a pre-democratic … period when the PUK was overwelmingly White and Afrikaans. Activities to introduce first year students to their residences such as songs, dances and salutations to their hostels, senior students and house committee members – predominantly in Afrikaans – were inhospitable to students from other cultures” (5947). Toe die Potchefstroomse Universiteit blank en Afrikaans was, het hierdie probleem nie bestaan nie. Die probleem is ter viering van ons “vryheid” deur die ANC se beleid van gedwonge rasse-integrasie geskep. Die universiteitsraad het ‘n verslag aan Blade Nzimande, die kommunistiese minister van hoër onderwys, gestuur waarin erken word “the human rights of students were … abused” (5947). Aangesien dit hier gaan om ‘n eens blanke Afrikaanse universiteit was wat gevolg het, te wagte. “Nzimande was brutal in his assessment of the situation. He called the Potchefstroom Campus an ‘Apartheid enclave’ that is ‘a hostile and foreign environment for people who are not White Afrikaners’ and in urgent need of transformation” (5956).
Die reaksie in die geledere van behoudende mense op die kampus was onder meer: “Wessels was derided as a sell-out for his findings … He was depicted as malicious and set on destroying the Potchefstroom Campus, its culture and Afrikaans” (5956). Wessels skryf: “The ridiculous statements of extreme right-wingers like Dan Roodt ‘Leon Wessels is a servant of the British Empire’ were not taken seriously by anyone [?]. Most of the 1987 racists have mellowed. They have abandoned the k-boetie word and sanitised it by referring to those who hold different views as verraaiers or joiners. They do not want to be called right-wingers anymore because they believe that they have become the ‘new modern centre’. Their cause, however, is the same: Preservation of Afrikaans and Afrikaner culture with scant regard for the others” (5966).
Daar is myns insiens geen geldige rede of argument in die hemel of op die aarde teen die bevordering van Afrikaans en Afrikanerkultuur nie. Wessels verwag dat “die ander” (eerder) in ag geneem moet word, maar hulle neem geensins Afrikaners in ag nie. Hoeveel ministers praat Afrikaans in die openbaar? Hoeveel regeringsaankondigings is in Afrikaans? Hoeveel advertensies vir regeringskontrakte en poste in die staatsdiens is in Afrikaans? Hoeveel keer gebeur dit dat ‘n ANC-kornuit iets positiefs van Afrikaners en Afrikaans sê? Het die ANC al ooit dankie gesê vir die land wat in 1994 grootliks onverdiend in hulle skoot geval het maar van 1652 tot 1989 onder blanke leiding voortreflik ontwikkel is? Desnieteenstaande word versoening van die blankes verwag/vereis, maar hulle aankoms in hierdie land word nie eens meer met ‘n openbare vakansiedag herdenk en gehuldig nie.
In die politiek het Wessels se paaie van dié van meer gematigde verligtes geskei, soos hierbo aangedui. Wessels noem dat mense soos Flip Buys, Willie Spies, Koos Bekker, Leopold Scholtz en Theuns Eloff sy Potchefstroom-verslag gekritiseer het, gevolglik het hy sy vriendskapsbande met hierdie mense verbreek. Met terroriste en kommuniste het Wessels jare lank onderhandel, maar deesdae is hy nie bereid tot gesprekvoering met daardie blankes nie, selfs al is hulle polities verlig. “I felt enriched by this experience … it gave me an opportunity to reaffirm my values” (5976). “[His] core values [are] dignity and equality” (5696), wat albei bitter moeilik realiseerbaar is. Dat hy verkeerd kan hê en dat hy probeer om te radikaal of oordrewe verlig te wees, kom nie by hom op nie. Wessels het eerder nuwe vriende gemaak. “The new friends and I have a lot to talk about. The new friends have met my 1987 standard: shared values and not skin pigmentation, the language they speak, or their religious alignment” (5976; ook 6006).
“As time went by I felt relieved; I had purged the right people. The numbers that remained were the numbers of friends that believed in an inclusive South Africanism where there was space for everyone – also Afrikaners and Afrikaans. There was however no space for Afrikaner arrogance” (5987). Dit maak dit vir Afrikaners nogal moeilik om trots op hulle herkoms en kultuur, bv Afrikaans, te wees. Dit lyk asof die prys vir Wessels se nuwe Suid-Afrikanerskap vir nieverloopte Afrikaners te hoog is. Hy is ook nie danig begaan as die ANC-regime Afrikaans en Afrikaners minag nie. “The loss of the privileged position of Afrikaans and Afrikaners does not weigh as heavily as other issues the authorities face” (6006). Is dit nie strydig met die erkenning van menswaardigheid waaroor hy so hoog in sy Potchefstroom-verslag opgegee het nie?
Wat hy klaarblyklik as sy grootse visie beskou, word soos volg deur Wessels verwoord: “If you lauch yourself into a cause larger than yourself (your minority group), you serve the greater good and as a consequence you (your minority group) will benefit. If you aspire to promote a multi-lingual society, Afrikaans will also be a beneficiary; if you aspire to promote freedom of religion, you will find space to live your beliefs; if you advance the rights of all cultural groups it follows that your cultural group will benefit. The more space you create for others, the more space you create to be who you are” (6027). Onderliggend is daar Wessels se credo vir verlooptheid: “It is possible to leave your flock without relinquishing who you are” (5561). “I now know and more than ever before appreciate that old truism: ‘You must be the change you want to see in the world'” (5688).
In die praktyk is dit egter vir my duidelik dat die Afrikanerdom as minderheidsgroep met ‘n vyandige meerderheid te make het wat met verswelging en drakoniese maatreëls, asook die weerhouding van ondersteuning en selfs erkenning, Afrikaners se ondergang en uiteindelike vernietiging begeer. Dit sou fataal wees as Afrikaners verlei word om op ‘n oordrewe altruïstiese manier aan hulle eie ondergang mee te werk. Dit sou ‘n voortsetting van die dwaasheid van 1990/94 wees. Wat meer as ooit in Afrikanergeledere noodsaaklik is, is ‘n verenigde, sterk gefokuste front om ons erfenis, dus ons kultuur, insluitende ons taal, en vanselfsprekend ook ons voortbestaan teen die aanslae van die bose te beskerm.
Om op sy manier die benaming verraaier (“sell-out”) te verwerf, is volgens Wessels “a badge of honour” (6087). Wessels dink dat sy deurlopende groei in verligtheid teen 1987 die spreekwoordelike en bevrydende Damaskus-ervaring was. Ek kan maar net hoop dat die Wessels-1987-virus nie die Afrikanerdom tref nie. Dit sou dodelik vir ons voortbestaan en dus ook vir ons kultuur, insluitende ons pragtige Afrikaanse taal, wees.
Afrikaans is een taal uit 6 500 tot 7 000 in die wêreld.
Die redes wat aangevoer word om mense uit ander tale na Afrikaans te nooi is betreklik negentiende-eeus.
As jy Latyn wil bevorder, vra niemand of dit die mooiste, soetste taal is nie. Ook word nie gekibbel oor identiteit nie, want Latyn behoort aan almal. Taal is ‘n kode.
Om te sê jou moedertaal is Afrikaans help ook nie meer nie – want party se voorgeslagte was Duitsers, Switsers, Hollanders, Franse, Skotte, Pole, Engelse of Italianers. Dan is Afrikaans maar heel toevallig.
Petrus van Eeden voer inAfrikaans hoort by Nederlands aan Afrikaans is ‘n dialek wat nooit tot Standaardtaal bevorder moes geword het nie, en hy gee geldige redes daarvoor .
“Wat kan Afrikaans my dan bied wat ander nie kan nie? Watter nut bied die taal?”
Aangesien ons Afrikaanse Departemente tot dusver nie ‘n bek verrek het om hul kliëntebasis uit te brei nie, sal ék.
Ek probeer in hierdie opstel kyk uit ‘n utilitêre oogpunt na taal, binne ‘n diverse taalomgewing.
1. Afrikaans help jou om nugter en ruimer te dink
Stel jou ‘n taal voor waar daar geen boek oor ‘n sekere onderwerp bestaan nie. Jy het nou elke biblioteekkatalogus of Google Scholar en Google Books deurgewerk, maar niks gekry in daardie taal nie. Wat maak jy nou? Kom ons maak daardie taal Afrikaans.
Heel waarskynlik sal jy slegs Engelse bronne raadpleeg, wat beteken jy het nie intellektueel verder gevorder as ‘n tiener wat ‘n hoërskooltaak wil klaarjaag nie. Die sogenaamde “mark” van inligting daarbuite, vernaamlik in Engels, bied maar net ‘n ligte weergawe van die diep donker werklikheid wat in ander tale daarbuite verhul is (soos ‘n ysberg, ja); die spesialiste in hul betrokke vakgebied weet dit maar alte goed. Met die heel eerste oogopslag in die Suid-Afrikaanse werke in Engels, sal jy eerstens hoogs waarskynlik vasstel dat daar geen, maar géén werke uit ander tale bestaan in die bronnelys nie. Dit behoort klaar vir jou te sê daar is hoogs waarskynlik deurslaggewende inligting wat ontbreek. En dit sal beslis jou finale beslissing negatief beïnvloed. Dis reg, soek verder.
Tweedens moet jy jou die vraag afvra of die betrokke werk gegrond is op opinies, of primêre bronne. ‘n Primêre bron, soos ‘n hofsaak, sal jy jou byvoorbeeld nie kon verlaat op die indrukke wat ‘n hofverslaggewer (die groentjies van die koerantbedryf) in ‘n koerantberig geskryf het nie. Jy sal hierdie hofverrigtinge en (stenografiese) transkripsies elders moet gaan soek. En verkieslik, as jy ‘n leek is, ‘n regskenner moet nader om die saak vir jou mooi uit te pluis wat die agtergrond was, die gees van die wet, ens. Teen hierdie tyd weet jy nou dat jy nie alles kan glo wat jy lees nie, want daar is te veel detail wat ontbreek. Ook kan jy nie bronne gebruik wat gegrond is op hoorsê nie. Jy kan dus tereg vra: watter gesaghebbende bronne ontbreek? Wanneer is iets toetsbare konkrete en kontroleerbare feite, en wanneer raak iets bloot spekulasie? ‘n Mening? Bloot ‘n saadjie wat geplant word? ‘n Kitsantwoord?
Derdens moet jy vasstel of die skrywer bloot besig is om lugkastele rondom één oorvereenvoudigende veronderstelling te bou. Daarvan kry jy genoeg. Ek dink ons kan Erich von Däniken as klassieke voorbeeld gebruik. Met sy oerruimtevaartteorie, waar die menslike beskawing deur ruimtewesens beïnvloed is, gryp die meneer na elke strooihalm om sy saak te onderskraag. Jy sal geen teenvraag vind nie, met ander woorde, sy teorie moet dus uit die staanspoor “reg” en “onweerlegbaar” wees. En dieselfde “lugkastele”-bou kry jy in Suid-Afrikaanse werke en veral koerante ook. Hoeveel van daardie werke wat so te velde trek teen Apartheid het Verwoerd aan die Woord I en II êrens in hul bronnelys? Hmmm? Die bevooroordeelde skrywers wonder nie eers of hulle op ‘n dwaalspoor is nie, hul siening moet net korrek wees. Dis soos ‘n kind wat ‘n blokkie in ‘n koeëlronde gat met ‘n hamer probeer inmoker. In Afrikaans is dit ‘n gegewe dat die dood veelvuldige oorsake kan hê.
Is hierdie standpunte of werk aan albei kante van die politieke spektrum gestuur om beoordeel, aan albei kante getoets, aan albei kante vooraf bespreek te word? Hoe weerlegbaar is hierdie feite? Hoe wyd is daar onderhoude gevoer? Hoe neutraal was die vrae?
Ten slotte net dit: as jy ten minste bewus is dat daar ander tale en ander sienswyses daarbuite bestaan wat teenoor mekaar te staan kom, kom ons maak dit 72 pro/72 contra, sal jy weet daar kan onmoontlik nie vir ‘n hoogs ingewikkelde saak ‘n kitsoplossing of oorvereenvoudiging kom nie.
Schalk Pienaar
Om dit reguit te stel: as jy slegs in ‘n eentalige wêreld rondtas en ronddool, dan strek dit tot jou eie nadeel.
Selfs die liberaalste Schalk Pienaar (Schalk Pienaar: 10 jaar politieke kommentaar (1975), gebundel deur Ton Vosloo) het in twee bydraes die eenogigheid van die Suid-Afrikaanse Engelse veroordeel. Hy sê op 19 Julie 1970 (bl. 46-47):
Daar is aan Engelssprekende kant in die afgelope dekades ‘n baie verblydende toename in tweetaligheid. Maar moenie dat ons die betekenis daarvan oorskat nie.
Die vermoë en bereidwilligheid van toenemende getalle Engelssprekendes om Afrikaans in die praktiese lewe van die land te gebruik is te verwelkom. Maar by hoeveel van hulle gaan tweetaligheid verder as dit?
Toe ek nou die dag die huldebetuigings aan Van Wyk Louw in die Engelse koerante lees, kon ek ‘n wrange gevoel nie onderdruk nie. Groot Afrikaner van wêreldformaat, het dit gelui.
In sy dood word hy geprys, maar hoeveel Engelssprekendes het hom in sy lewe gelees, of het ook maar die minste plan om hom ná sy dood te lees? Trouens, hoeveel Afrikaanse boeke hoegenaamd staan op die rakke van Engelssprekendes? Hoeveel Engelssprekendes lees selfs Afrikaanse koerante?
Elke gemeenskap het die reg om volgens sy eie beste denke beoordeel te word. Ek wil beweer dat die Afrikaanse leierskorps oorgrotendeels in staat en bereid is om tot die beste denke van Engelssprekende Suid-Afrika deur te dring, en dat dit andersom nie die geval is nie.
Oorweldigend kry Engelssprekende Suid-Afrika sy inligting oor Afrikanerdenke uit ons Engelse koerante. Ek vrees dat selfs ons beste Engelse koerante daarin spesialiseer om die historiese karikatuur van die Afrikaner by hul lesers te laat voortleef.
En hul lesers is, op ‘n uiters klein minderheid na, nie in staat om uit te breek uit die bande van oorlewering, gesterk deur bande van die moderne propaganda nie.
Hy gaan selfs sover om die Engelse van ‘n laermentaliteit te beskuldig (21 Julie 1974, bl. 84-85):
Die Afrikaners het ‘n lang tradisie van openlike geskil wat soms heftig en bitsig kan word en op verskeie terreine al dramatiese skeurings veroorsaak het. Daarvoor word dikwels opregte en ewe dikwels vrome trane gestort op die tema van broederstryd, “die vyand” ammunisie in die hand stop en al so vort.
Dit is waar dat op hierdie manier al situasies ontstaan het was liewer vermy moet gewees het. Maar in die geheel beskou, het uit hierdie tradisie van openbare debat ‘n taai gemeenskap gegroei wat sy storie ken en sy ding kan doen. Oop vir alle winde, het hy op die duur teen wind bestand geraak. Hy laat hom nie wegwaai nie. ‘n Mens sou dit “‘n demonstrasie van die demokrasie se krag” kan noem.
Oorkant die taalgrens bestaan hierdie tradisie nie, behalwe op ‘n manier in Natal, waar Engelssprekende Suid-Afrika hom in mindere mate as elders “bedreig” voel deur die Afrikaanse meerderheid in die land. Hierdie laermentaliteit het, om dit sag te stel, onafhanklike en vernuwende Suid-Afrikaanse denke in daardie wêreld nie bevorder nie.
[…]
Daar is Afrikanermites oor Engelssprekende Suid-Afrika wat vir laasgenoemde nie vleiend is nie en wat werklik nie bestaansreg het nie – of beter gestel, nie meer bestaansreg het nie. Maar dat hulle bestaan, daaraan is Engelssprekende Suid-Afrika waarlik nie sonder skuld nie.
Die beeld van ‘n geslote groep, saamgebind deur ‘n afkeer van die Afrikaner se lewensopvatting, deur eentaligheid en in elk geval deur gebrek aan belangstelling onmagtig om die Afrikaner nugter te beoordeel, bereid en selfs gretig om nie-blanke hulp in te roep om hulle van die Afrikaner te verlos, dit is ‘n historiese maaksel van daardie gemeenskap self. (Hopelik onnodig om te sê, ek praat in veralgemenings wat ten opsigte van die minderheid onregverdig is.)
Dit werk natuurlik na twee kante toe ook. Die bate van die Afrikaanswees is juis dat die spreker die Engelse so goed ken. T.J. Haarhoff skryf in sy Briewe aan Reinhard (p. 136) aan boord die Théophile Gautier:
Hoe maklik rasse-misverstand is, kan jy gou hier aan boord bespeur. ‘n Hollander kla by my dat kolonel B. verskriklik ongemanierd teenoor hom was; die kolonel, ‘n fyn en eersteklas kêrel, is totaal dronkgeslaan en weet nie wat aanleiding tot die indruk kon gegee het nie; vir my is dit so duidelik as die dag dat dit die ou kwessie is van oorgeërfde gewoontes wat deur vreemdelinge verkeerd vertolk word.
“Die Engelse,” mompel die Hollander, “is soos perde; edele diere, maar elkeen staar ongesellig voor hom uit. Hulle is sonder gevoel.” Hierdie laaste opinie is foutief! Hulle is tot oorlopens toe vol gevoel, maar in die geval van die “Public School”-kêrel verbied sy stoïcynse opleiding enige vertoon daarvan.
Dieselfde sal jy opmerk in die wyse hoe ‘n vraag gestel word. In die Kontinentaal-Germaanse en Slawiese wêreld gebruik jy die imperatief (bevelwoord) sonder voorbehoud. Soos: “Gee gou vir my die suiker aan, asseblief man”. Die woordjie ‘gou’, ‘aan’ en ‘asseblief man’ versag klaar die sin amper drievoudig. Die Engelse kom met ‘n lang ommehaal: “Would you be so kind as to pass me the sugar, please?” Op Quora lees ek die volgende juweeltjie van ‘n Pool:
And what I enjoy the most in Britain, the question from the boss: “Do you want to go and bring me the reports?” Your normal answer is a smile and “Yes of course”. Do you really want to? My answer was “No, I don’t. But I assume it wasn’t a question but a command?” Almost got fired that day, hehehe. And that would be it – we are simply strict and direct.
2. Afrikaans is die sjibbolet van plaaslike produkte
Ek kom nou die dag op die blou Royal Dansk-koekblik in Checkers af. ‘Danish Butter Cookies’ verseker die blik my, maar maak nie saak hoe ek bo of onder, links of regs soek nie, daar staan nie ‘n enkele woord verder Deens op nie. Kun på engelsk. Dan begin mens werklik wonder en twyfel. Hier in die Overberg kry jy nog sakkies melk met keurige Afrikaans op, Bokomo Weet-Bix met al elf tale op, Kers- en verjaarsdagkaartjies in Afrikaans – die kanse vir die plaaslike koper wat Suid-Afrikaanse produkte wil koop dat hy die Chinese mark byvoorbeeld sal ondersteun is skraal. [Nou goed, die inhoud bly onseker].
Ons ken die staaltjie wel van Europa wat in tonnemaat ‘n verskeidenheid vars vrugte, Produced in Lesotho (!), ingevoer het tydens hul handelsboikot teen Suid-Afrika tydens Apartheid… Gelukkig het ek ook nog nooit op Googlevertaalde Afrikaans op produkte uit China afgekom nie.
3. Afrikaans dien as skansmuur teen ‘marxistischer Quatsch’
Ek wonder soms of Afrikaans die enigste taal ter wêreld is waar jy die duiwel van marxistiese media moet betaal om in sy poel van swawel en vuur te gaan b(r)aai. Die duiwel het sommer homself gebind! Dit beteken die internet is ‘n ope hemel vir die konserwatiewes. Die baan is vry. Dit beteken wie ook al ‘n Afrikaanse woord google, sal heel waarskynlik eerste by ‘n Afrikaanse konserwatiewe webwerf uitkom. Diegene wat lank genoeg in die Oosblok gely het, sal die nuwe paradys verwelkom.
Barend Strydom, die Wit Wolf, skryf in sy gelyknamige outobiografie (1997:23) oor die sedelike verlaging wat die Kommuniste al jare vir die Weste beplan het:
Hoe die Kommuniste hierdie beginsel toepas, vind ons in The U.S. Congressional Record, waarin sommige uitgestippelde doelstellings van die Kommuniste vervat is, naamlik:
1. Kry beheer oor die kommunikasiemiddele, infiltreer veral die pers en kry beheer oor redakteursverslae, boekoorsigte en beleidmakery.
2. Takel die kultuur en kulturele uitdrukking van die volk af.
3. Beheer kunskritici en direkteur van kunsmuseums – “Ons plan is om aakligheid, afstootlikheid en betekenislose kuns te bevorder…”
4. Ondermyn patriotisme deur volkshelde en leiers van die verlede af te takel.
5. Vernietig alle sedelike norme deur pornografie en onsedelikheid in boeke, tydskrifte, rolprente, beeldradio (TV) en die vrye pers te bevorder.
6. Elimineer alle wette wat onsedelikheid beheer deur dit as “sensuur” te bestempel en die “skending” van vrye spraak en die vrye pers.
7. Verkry beheer oor sleutelposisies in die radio, beeldradio en rolprente.
8. Beskou die gesinslewe as ‘n skadelike instelling. Moedig vermenging en egskeiding aan.
9. Beskou homoseksualiteit as aanvaarbaar, en vermenging as normaal, natuurlik en gesond.
10. Sypel die kerke binne en vervang openbare godsdiens met “sosiale godsdiens” (social-gospel). Minag die Bybel en beklemtoon die noodsaaklikheid van intellektuele volwassenheid wat nie ‘n godsdienstige stut nodig het nie (want ons is tog maar álmal dieselfde).
Met ander woorde, dit is polemiese onderwerpe wat werklik nie om lewe en dood, melk en brood handel nie en geen edele hoë ideale koester wat bo die gemeenskap uitstyg nie. Ek dink Oswald Spengler het iets gemompel van tekens, eerder simptome van oorbeskawing – voor die agteruitgang intree. Onderwerpe wat mense nie meer laat opkyk na die onbereikbare sterre nie, en dus maar laat voortploeter en vervuil in die ondermaanse drek en modder en beswaddering.
Onder andere het die Kommunistiese Party in Italië oor losbandige teaterproduksies gesê (p. 22):
Ons is daarin geïnteresseerd om hierdie soort spel aan te moedig en is ook bereid om toneelspelers wat in sulke stukke optree, as kampioene van die vryheid van die kunste aan te prys. Ons wil sulke produksies aanmoedig, en moet mense aanleiding gee om soortgelyke stukke te skep wat seksueel selfs nog meer uitdagend is. As ‘n taktiese beleid is ons doelwit om ‘n onderneming te steun wat pornografies is en wat geheel en al vry van enige beperkings of gewone morele kodes is. Die regisseur en toneelspelers is soos miere wat vrywillig en sonder koste van ons kant eet aan die wortels van die bourgeois gemeenskap. Hoekom sal ons hulle werk probeer stopsit? Hoekom sal ons hindernisse in hulle weg lê?
Ek wil net graag ‘n paar punte hierbo uitsonder, wat juis met hierdie “wegbereiding vir die Kommunisme” in die Weste skerp kontrasteer in die Sowjetunie.
Les romains de la décadence – skildery deur Thomas Couture (1815 – 1879)
Jou Afrikanerhelde word deur sy eie pers onderploeg. Want Annie Lotrie het die onvergeeflike sonde begaan om in 1888 met ‘n Martini-Henri-agterlaaier one-maca, two-maca, three-macarena tiental gewapende Matabeles dood te skiet toe haar vader gewond is (en boonop soos Neo van The Matrix die aankomende fluitende koeëls gemis het), en Dirkie Uys het ook sy gewonde vader verdedig teen die Zoeloes in 1834 (al is hy ook dood). Jy sien, vir die Afrikaner is hierdie kinders albei helde in gesinsopset, familieopset en volksopset, maar… dit val nou nie juis binne die kader van “nasiebou” nie, sien. Jy wil tog nie die ander volke laat sleg lýk, ekskuus, laat sleg voel nie.
Die Sowjetunie, net soos vandag se Russiese Federasie, maak egter géén geheim wie hul helde is nie, ook diegene wat die ‘onbeskaafde’ Mongole en Hunne in vetlampie se tyd hand en tand beveg het. Daar word trouens ‘n opgewekte rockliedjie gesing oor die vroegste Russiese beskawing wat deur vyandelike magte omsingel is. Die woorde wat refrein: “gee my ‘n ros, ja, ‘n goeie swaard!”
Oor die betekenislose kunste: die Sowjetunie het juis vanaf 1934 tot 1991 die Sosialistiese Realisme bevorder. Dink stralende, lewenslustige jongvroue met kopdoeke in sonnige sonneblom- of heidelande. Idillies. Google gerus en verlustig jou daarin – want dit is daadwerklik mooi. Vreemd genoeg het die kuns wel vae trekke van die Impressionisme, juis waarteen die Sowjets te velde getrek het. Maar van realisme is daar egter geen sprake nie:
Yet, we fail to see how Socialist realism was “realism”. Realism should depict things the way they are, and Socialist realism was not depicting reality, but the idealistic vision of a communist empire. It was showing how utopia looks like, and it didn’t have anything in common with real, everyday life of Stalin’s Soviet Union. In a way, since it was depicting the world that didn’t exist, Socialist realism should be called Socialist Surrealism.
Die Sowjetunie het juis van die strengste sensuur op sy eie mense toegepas. En van die musiekgroepe anderkant die Fascismemuur in Berlyn is natuurlik as “besonder skadelik” beskou. Hier is die oorspronklike lys in Russies uit 1986.
Sosiaal-realisme in die Sowjetunie
Oor homoseksualiteit: volgens die Duitse Wikipedia is twee mans (of meer) wat seksueel met mekaar verkeer het, en van die daad skuldig bevind is, vanaf 1933 tot 1993 vir tot vyf jaar gevangenisstraf of dwangarbeid gevonnis. Hierdie skuldiges is dikwels kragtens Artikel 121 van die Sowjetunie ook bykomend of onverwags na die psigiatriese inrigting gestuur vir verdere ‘behandeling’. Dikwels val hierdie vonnis bloot regime-teenstanders te beurt. Tussen 1934 en 1991 is tussen 60 000 tot 250 000 mans veroordeel. Die Sowjet-samelewing kon geen inligting oor homoseksualiteit uit openbare bronne bekom nie; dit is trouens as openbare onderwerp heeltemal doodgeswyg. Interessant: in 1921, omtrent drie jaar ná die Russiese Rewolusie, is homoseksualiteit gewettig. Maar in 1933 weer terug verander soos onder Tsaarbewind. Waarom? [Terloops, dis dieselfde jaar toe bestialiteit/soöfilie in Denemarke gewettig is. Sedert 2015 is dit weer onwettig en vier maande gevangenisstraf is by skuldigbevinding jou voorland.]
Is dit dan nou ons liewe Kommuniste wat in die gelykheidsgodin glo soos die Evangelie? Is dit nie die grootbekke oor die ontsaglike diktatuur van die Weste en die Witmonopoliekapitaal nie? Ek dink dit is onbeantwoorde vrae wat die SAKP en EFF ons verskuldig is, maar waarop hul self geen antwoord het nie.
O, ja, nog iets – ekobeheptheid. In die Weste word tot vandag toe nog snot en trane gehuil oor elke liewe hondepisbossie wat uitgespit word, en elke muskiet en brommer wat in die vensterbank drooggebak lê van die son en styfskop. In Sowjet-Rusland is die magasyne sommer leeggemaak op die wolwe – 40 000 tot 50 000 binne net een jaar, sedert die 1960’s jaarliks 15 000 – en binne twee dekades of wat is die wolfbevolkings weens hul dinamiese, aanpasbare sosiale struktuur en ruim landskap maar weer voltallig. Vandag het die wolwe weswaarts begin druk en trek; in Holland vrees party ekoloë daar is, ten spyte van die verwildering en verpoldering, nie eens genoeg vrylopende hert meer om ons harige vriende mee gelukkig te hou nie. Al koer die Partij voor de Dieren se hartjie bly oor elke ou welpie wat tandjies kry, die wolwe sal oplaas ‘n lang en uitgerekte hongerdood sterf. Of door een auto, 180 op de A2. In Denemarke het Jutlandse boere reeds stilswyend die roer begin politoer.
So kan mens die een vergelyking na die ander ophaal.
‘n Mens staan versteld hieroor. Die Hamer en Sekel wapper lankal nie meer oor die Kremlin nie. Die Internationale se woorde is vergete. Die Berlynse Muur het geval. Kommunistiese Partye het in Europa ‘n anachronisme geword: uitgedien soos videowinkels. Die Italiaanse Kommunistiese Party is morsdood en reeds in ‘n kalkbestrooide vlakgraf eerloos weggebêre.
Leningrad en Stalingrad se name staan nie meer nie. Die wapen waarmee die hele Westerse samelewing omver gewerp moes word, hoort soos ‘n Kalasjnikof in ‘n museum. Verlate verfverkrummelde geboue in die Russiese Federasie, Kazakstan en elders stort een na die ander in duie soos die geldkraantjies toegedraai is. Verlore Sowjet-drome is vandag ‘n vae figment van gister. Juis nou dat ‘n mens sonder visum Rusland kan besoek, behoort sulke monumente juis trekpleisters te word. Haman het vir Mordegai ‘n galg laat oprig, en toe…
Maar nee! Jou Westerse media volg onwetend soos pligsgetroue apparatsjiks (of eerder, robotte) die program wat vir hulle geskryf is deur ‘n anti-Westerse en anti-Kapitalistiese samelewing wat lankal in die niet opgelos en verdwyn het. En steeds dikteer hierdie spookhand van ‘n gebalsemde hand uit Lenin se mausoleum wat in ons Afrikaanse dagblaaie moet staan. Niemand vra waar dit vandaan kom nie, niemand vra wat die einddoel daarvan is nie. Die anachronisme word net deurgevoer. Dis soos ‘n kind wat met ‘n landmyn speel of ‘n bottel gif drink uit die Tweede Wêreldoorlog.
Nee, erger: dis soos ‘n Von Däniken-dokumentêr (of Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull, heel simbolies met kommuniste as antagoniste) waar die Asteke duisende jare lank hulde en menseoffers bring aan gode (ruimtewesens) wat maar per ongeluk hier ‘n noodlanding op aarde kom maak het (vermoedelik het die Asteke die doel van orgaanoorplanting of ‘nuwe hart’ verkeerd verstaan?). Met behulp van die mense het die ruimtewesens ‘n landingstrook en beheertoring gebou (bietjie primitief, maar die Tenochtitlan is ‘n goeie radiomas), en in ruil is die mense met spesiale middels en tegniek genees en bietjie lewensfilosofie geleer. Die ruimtewesens het toe maar weer met ‘n ligskag opgevaar en het saam met die ander in ‘n ruimteskip verkas. En is nooit weer gesien nie. In die volksmond bly hierdie verhaal van “gode” agter wat eendag sal terugkeer behoue. So duur die menseslagting op die offeraltaar net meedoënloos voort… jaar in, jaar uit… in die hoop dat die gode eendag sal terugkeer.
D’averro: wie is nóú verkramp, as ek mag vra?
***
Gelukkig is Afrikaans te klein en te jonk om oor sulke luukshede te tob. Ons weet mos hoe dit gaan eindig. Dit gaan ons lankal nie meer aan nie; op ons karvele is daar ‘n wêreld daarbuite om te gaan verken.
Nee, sulke goedkoop politiek is bedoel vir die twitter-gemaal van die Engelse, Amerikaanse, Russiese, Franse, Spaanse en Duitse kultuur wat reeds ‘n oorversadigde punt bereik het en hopeloos te veel tyd en geld op hande het. Daardie volke het elke boek en DVD ter wêreld klaar vertaal/oorgeklank op hul boekrak en sit nou ledig en verveeld vir mekaar grommend en loer. Laat hulle mekaar maar uitmoor. Hou jou daaruit!
Het ons nie sedert die 1700’s juis hierdie vlaag op vlaag modegiere in die akademie en godsdiens beleef nie? En wat het gebeur? Dit het sy loop geneem, tog oorgewaai en op niks uitgeloop. Soos die hutsmerke aan die regterbalk op twitter – dis niksseggend. Die Afrikaners wat soos modeslawe agterna gedraf het, het net hul tyd, energie en geld gemors. Dit is vandag slegs ‘n vae kantaantekening, ‘n voetnota in die geskiedenisboeke. As jy dit dan weet, liewe leser, waarom de donder dan meedoen?
Jy voer verniet jou kruistog op twitter, hoeveel mense het jy al bekeer? Daar word gedurig gesê die volke moet met mekaar gesels en luister. Maar kom nou, ons weet waarop dit gaan uitloop. Elkeen het net sy eie standpuntjie, steek hardnekkig daarby vas, en die hele storie ontaard in ‘n moddergooiery, verwyte, uittarting en die selfoonmaatskappye wat lag-lag hope geld maak uit jou kosbare data. Skryf eerder ‘n ordentlike boek of artikel. Diegene wat spog met hul hoeveelheid volgelinge (korreksie, kykers) maak hul bowendien skuldig aan argumentum ad populum. 2 miljoen volgelinge beteken nog nie jy het gelyk nie. Jy moet daadwerklik ‘n aandagvraat na kitsroem wees as jy so laag wil daal.
Soveel negatiewe energie. Die sleutelbord op jou selfoon of rekenaar kon veel nuttiger ingespan geword het.
Word eerder ‘n gód in Afrikaans!
4. Afrikaans maak van jou ‘n god
Ek het met heelwat Duitsers, Engelse, Franse en Hollanders die afgelope dekade gesels wat by Afrikaans betrokke is. Dit wil vir my voorkom of Afrikaans meer soos ‘n vakansie langs die see, of ‘n soort uitspanplek vir hulle is. Weg van die gemaal, weg van die gesketter en geruis. Weg van die stadsgraffiti. ‘n Skoon nuwe lei. Hierdie taal kan hulle soos ‘n sandput gebruik, al hul kragte daarop toespits en onverhinderd gestalte aan hul werk gee. En geniet! Hierdie mense beskik seker oor al die kennis ter wêreld, maar voel oorbodig, is miskien selfs soos ‘n oorlas deur hul eie mense (kultuurgemeenskap) of deur binnekringpolitiek uitgestoot en uitgesluit. Dink maar aan 50 Wiskundeonderwysers by een enkele hoërskool. Wat volg is die “oorspoel- of oordrageffek” (spillover) soos mens in die ekonomie ook kry.
Nou ontdek hierdie individue ‘n leë plekkie op dié wêreldrond waar daar wel mense is wat bereid is om na hulle te luister en vrae te vra. En natuurlik kry hierdie mense eiewaarde of voel ten minste weer mens. Ek dink dit is wat Afrikaans bied wat groot tale nie kan nie (al is daar maar ‘n handjievol Afrikaners wat kan saampraat oor allerlei onderwerpe). Daar is ook ‘n nugterheid, want hul voel nie so “omgeëllie” oor Afrikaans, soos ons wat die taaldiskriminasie, die erns van die saak, aan ons eie bas voel nie. En jy het daardie bedaarde raad tog nodig. En die ekstra paar hande en boeke uit oorsee is van onskatbare waarde. Die meeste buitelanders is plat op die aarde, wil ook nie voor in die koor wees nie (hoe jammer…), maar verkies eerder om agter die skerms te werk, bly op die randgebied en meng allermins met die hoëkoppe.
Miskien moet ek dit so stel: as jy in Afrikaans deeglike niefiksie of fiksie téén die hoofstroom skryf, hoe dikker hoe beter, is die kanse goed dat die boek nie weer herdruk sal word nie. Dis jammer. Máár jy kan seker wees jou boek gaan oor 200 jaar heeltemal vóósgelees wees; en indien nie, sal ‘n roofkopie êrens op die internet rondsweef. Dis mos verbode, en verbode vrugte smaak mos vorentoe! Daar sal met die moderne internet en boekmarkte altyd iemand wees op die uitkyk vir ‘n boek in Afrikaans oor ‘n sekere onderwerp of genre.
Wat in Afrikaans se voordeel tel is die ‘agternaperspektief’. Ek dink byvoorbeeld aan Heilna du Plooy se verwerkte proefskrif, Verhaalteoriein die twintigste eeu (1986), wat in ‘n neutedop die ontwikkeling, uitbou en diskoerse opsom van die strukturalisme. Dit is nie ‘n besonder dik boek nie, maar dit spaar baie tyd as wat dit die Afrikaanssprekende student sou kos en moegmaak om elke liewe boek in die geskiedenis eers deur te werk. Dis nou wel die bloed en konfetti opvee van die debatpartytjie in Europa en Amerika (wat toe tog wel op niks uitgeloop het), maar Du Plooy het nie haar tyd gemors nie, want daar was nog niemand wat hierdie deel van die letterkunde uitvoerig behandel en selfs studentevriendelik gemaak het in Afrikaans nie.
Ek dink André P. Brink, die ou prima donna, moes hom eerder van sy knorrige politiek en pruttelrige pogings afstand gedoen het en maar liewer by vertalings uit fleurige Frans gehou het. Ek sit byvoorbeeld hier met Michel Strogof (1876) deur Jules Verne wat deur ene Chris van Lille (dis nou Brink) vertaal is in 1969 (op heuglike 34-jarige ouderdom). Met die oorspronklike Frans op die rekenaarskerm en die boek voor my, leer mens hoe ‘n Fransman dink en hoe jy die woorde in Afrikaans kan oorsit. Dit help my baie met my Franse studies. Natuurlik is die vertaling nie so lugballon-lig en plek-plek ligsinnig soos ons Jules Verne nou al so goed ken met sy ironiese woordespel nie. Die Frans pas by Verne se “beweeglikheid” en “vlugvoetigheid” van sy karakters, altyd op reis, altyd aan die beweeg, vinnige tempo.
En dan het ons my gunsteling-omie: professor emeritus Gerrit van Wyk Kruger. Ek glo nie hy weet seker wat blackface beteken nie, maar wat maak dit überhaupt saak? Hy is een van die min wat nog Grieks en Latyn ken! Ek was heel toevallig op Gordonsbaai by daardie boekehuis in Kusweg (met Mercedes op die dak) toe ek op Die Griekse ou Komedie: Aristophanes (2019, 305 pp.) afkom wat so stil-stil verskyn het. Dit is asof die skrywer op sy hoë ouderdom, in sy vroeë tagtigs, al sy kennis nou neerskryf terwyl sy kragte hom dit toelaat. ‘n Mens kan brokkies van die inligting daarin vervat gemaklik op Wikipedia deel wanneer die tyd reg is. Dit is nog skietgoed in die Afrikaanse arsenaal. Hy stel die voorbeeld vir ons afgetrede akademici wat Afrikaans wil bevorder.
En dan, dit verstom my hoe wetenskapsfiksieboeke (soos Deur na Nebula 9 en Inversium deur François Verster), wat nie ‘n dag se advertensie gekry het in die hoofstroommedia nie, voortdurend by ons plaaslike biblioteek uitgeneem en in omloop is (ek praat nou van vóór die noodtoestand afgekondig is). Sulke boeke het ‘n beperkte druk, en tog is die gewildheid verhoudingsgewys, en gegewe hul stil-stil verskyning, besonder hoog, want die gehalte van die boeke is beter as dié van uitgewers wat volgens ‘n skoolse kriterium werk om polities korrek te wees en so middelmatigheid bevorder. ‘n Aantreklike voorblad kan wragtig nie alles red nie. Ook Moltrein deur Dan Roodt word nog voortdurend uitgeneem, en ek bedoel – dit is immers 16 jaar later.
Dit is ook selde, indien ooit, dat jy in Afrikaans vier of vyf vertalings van een boek sal kry, maar selfs in Nederlands verloop nuwe vertalings teen ‘n slakkepas. De Instituten van Justinianus (1941-vertaling deur advokaat Oltmans uit Latyn) op my boekrak verskyn eers meer as tweehonderd jaar ná die laaste vertaling in 1734 deur Cornelis Ortwijn (Cornelius Ortwinius), volgens die voorwoord. Hoekom eers in 1941 weer? Eenvoudig. Die wet van Godwin: reductio ad Hitlerum. Die tydsgees het ‘n nuwe vertaling genoodsaak. Volgens Paul van Warmelo (Die oorsprong en betekenis van die Romeinse Reg, 1978, pp. 209-210):
Die Romeinse reg is dus onherroeplik verbind aan die idee van ‘n Europese beskawing. Daar waar inbreuk gemaak word, kom die Romeinse reg in die gedrang en word dit ‘n speelbal van die politiek. So in die Fascistiese Italië was die gedagte dat die vroeë Imperium Romanum moet herleef. Dus moes die Romeinse reg en die studie daarvan aangewakker word as die reg van die imperium. Daarteenoor Duitsland, in die gees van die N.S.D.A.P. , waar uitdruklik neergelê is dat die Romeinse reg uitgeskakel moes word. Hierdie reaksie in Duitsland het as voordelige kant vir die Romeinse regswetenskap gehad dat, alhoewel die Romeinse regswetenskap in groot mate afgebreek was, het baie vlugtelinge die wetenskap in Engeland en Amerika gaan voed waar die Romeinse regswetenskap nooit buitengewoon hoog gestaan het nie.
En hierdie gebeurtenis kon juis later daartoe aanleiding gegee het om Latyn vir voornemende regstudente in die wet van Suid-Afrika in 1965 as pligvak te veranker (wat sou voortduur tot 1994). Wat ook weer aanleiding gegee het tot prof. Henri Gonin wat die wetboeke op sy hoë ouderdom in Afrikaans vertaal het. Dit het ‘n interessante rimpeleffek.
Ek herinner my ook aan die (outo)biografieë uit die 1940’s, soos dié van predikante, wat soos nog ‘n legkaartstukkie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis pas.
Met ander woorde: as mense tevrede is met jou werk, sal hulle dit aanhou gebruik. En eendag selfs nuwe werke met die oue [joune] vergelyk. Dit maak nie saak hoe gering jou werkie in Afrikaans is nie – dit is soos skulpe, bamboes en seewier op die strand wat van tyd tot tyd deur die getye weer uitgespoel, teruggetrek en weer uitgespoel word. Daar sal altyd iemand wees wat een of ander tyd jou werk sal raaksien, afbuk, optel, herontdek of oor navraag doen.
5. Afrikaans-kennis maak vertaling eintlik oorbodig
As daar aangevoer word dat Engels die universele taal is wat ander tale oorbodig maak, dan sal die intellektuele elite stik van die lag. En ‘n paar druppels peperduur Romanée-Conti per ongeluk op die Persiese tapyt mors.
By ‘n boekwinkel op die Strand kom ek af op The Lost Journal of Indiana Jones (2008). Dit is eerder ‘n plakboek vol uitknipsels, want ‘n joernaal het ek my meer woordryk voorgestel. Maar iets hinder in die silinder. Indiana Jones is glo 27 tale magtig, waaronder Italiaans. Hoe kom dit dan dat hy die “English edition” van La Gazzetta di Venezia lees noudat hy meer grys op die slape het? Selfs die kaart van Venesië is in Engels! In die jare voor die internet, waarin die verhaalgegewe afspeel, sou jy geen oomblik laat verbygaan om Italiaanse leesstof te versamel nie.
Hoekom vertaal Jones tekste uit Latyn, Frans en Duits in sy ‘joernaal’ vir homself in Engels? Ek kan jou verseker, ‘n akademikus wat oor vele tale en talente beskik sal hoegenaamd nie die moeite doen nie. Die opsomming van ‘n boek sal hy wel in sy moedertaal skryf, gewoonlik as hy wil keer dat hy die inhoud vergeet. Of skielik ‘n woord of sinsnede sal oproep en vergeet op watter bladsynommer dit nou weer was (‘n boekmerk help ook). Vir my is die toppunt van onnoselheid waar Jones die hoogs geheime Latyn op die Tempelier se skild in Engels op die volgende blaaie vertaal. Waarom op dees aarde sou jy dit doen? ‘n Joernaal kan immers wegraak, deur die Nazi’s of Kommuniste gesteel word…
Wie ook al die boek geskryf het, maak van prof. Indiana Jones, die erudiet en argeoloog-avonturier, net ‘n windbuks. [Maar dit weet ons lankal. Ja, ek weet die boek is vir die Engelssprekende gehoor geskryf wat nie van beter weet nie!]
Dis so goed ek vra ‘n Afrikaner om elke liewe dingetjie op die internet wat hy vlot in Engels of Hollands of Duits kan lees vir homself in Afrikaans oor te skryf. Dit is mos onsinnig!
T.J. Haarhoff skryf wel soms die Afrikaanse vertaling van party Griekse of Latynse tekste in die briewe gerig aan sy gestorwe vakgenoot Reinhard Kottich, maar dit is anders. Haarhoff stel dan uitdruklik iets soos: “nou hoe sou mens dit in Afrikaans stel?” So nou en dan stel hy wel sy Afrikaanse artistieke vermoëns op die proef. Agterin die bundel briewe is ook ‘n hele glossarium wat al die Latyn en Grieks “vir die skoolgaande jeug” verklaar, wat vir jou sê die vertaling van Grieks en Latyn tussen vakgenote is onnodig. Die boek is dan ook aan die Helpmekaar Hoër Meisieskool (Johannesburg) voorgeskryf in 1943.
Op soortgelyke wyse kan mens jou afvra of vertalings van Afrikaanse tekste, in welke vorm dan ook, in Suid-Afrika werklik altyd nodig is.
6. Afrikaans se voortbestaan is vir Engels (en welke ander tale dan ook) se eie beswil
Volgens hom word vergeet van artikels wat in Frans vertaal word, wat juis op duursame wyse Frans versterk en selfs uitbrei; ook word uit die oog verloor dat ‘n artikel nou wel in Engels geskryf mag wees, maar dit kom vanuit ‘n Franse en Franstalige gemeenskap, dat die wérk in die laboratoria of op straat in Frans onderneem word, wat gevoed word deur wetenskaplike produksie in Frans; ook die onderwys geskied in Frans, hoewel daar uit ‘n verskeidenheid bronne (ook vreemdtalige tekste soos Duits) geput word.
Omrede hierdie gee-en-neem uit die makro- en mikro-omgewing belangrik is, behoort meer moeite gedoen te word om ‘n volhoubare harmonie daar te stel, ‘n soort etiese pligsbesef, ‘n maatskaplike verantwoordelikheidsin, waarin jy “teruggee” aan die gemeenskap waaruit jy put (bv. Frans aan die Franse gemeenskap, bv. deur die ontwikkeling van vakterminologie), anders word dit ‘n soort monokultuur wat niks in die taalakker terugploeg waaruit slegs gemaai word nie. Die voedingsaarde van Engels (by name ander tale en kulture wat maar te gewillig in Engels publiseer) word juis sodoende net leeggesuig.
Dis soos ‘n kolossale bloekomboom wat al die water en minerale opsuig en die ander plante rondom hom laat vrek.
Volgens Hamel is elke liewe eentalige model uiters ongeskik – juis omdat dit hier eerder, anders as wat sedertdien lank deur die Franstalige en Spaanssprekende wêreld toegepas word (juis oor die taalminderhede wat in die verlede verdruk is), om mag gaan, en nie om die ondergestelde tale te verdedig nie (in die Franse en Spaanse skole word benewens plaaslike tale ook buitelandse tale aangebied). Die eentaligheid van Engels gaan sy moedertaalsprekers op die lange duur ook duur te staan kom, juis omdat die aanleer van ander tale ‘n mens leer om buite jou eie klein wêreldjie te dink, om die grense te weerlê en nugter/wetenskaplik te dink. Maar noudat die buitelanders die werk vir hom doen, is die buitelanders besig om indirek hul eie kultuur te ondermyn, wat die hele makro-omgewing sal skaad.
Hamel stel eerder veeltalige groeipunte voor waaruit ander tale ook voordeel kan trek (soos uitruilprogramme tussen Frans-Spaans-Italiaans-Portugees). Dit dien as die goue middeweg tussen die “Franse Pool” (wat Frans as internasionale wetenskapstaal wil bevorder) en die “Engelse Pool” (wat druk op ander plaas om te swig voor hom as internasionale taal).
Met Afrikaans is dit niks anders gesteld nie.
7. Afrikaans dien as kruk op universiteit
Of die professore en hooggeleerdes wat slegs skynbaar Engels magtig is dit nou wil hoor ofte nie, die studente verstaan dikwels hoegenaamd nie ‘n enkele woord wat in die studiegidse staan nie. Dikwels omrede die Engelse vertalings (soos uit Frans of Duits) waaruit ondeurdag en so mildelik aangehaal word absoluut power is. Of omrede die proffies hulself nie eens in Engels kan help nie. ‘n Teks uit die pen van Gérard Genette, Satre, Lacan, De Saussure, dokters, ingenieurs… te veel nuanses wat verlore gaan wat ‘n knopingspunt in die oorspronklike werk vorm. En die studente sal dit gou genoeg vir jou sê.
In my voorgraadse jare het van die studente (wat hul werk in Engels ingelewer het) gekla hoe moeilik, lomp, vaag en omslagtig die een Engelse studiegids geskrywe is. Dit het hulle genoop om die Afrikaanse gids af te laai (en selfs mekaar op die internetforum aangeraai om dit te doen), bloot om te probeer verstaan wat op dees aarde daar aangaan. En hulle was heel tevrede met die aanbieding en die eenvoud van die Afrikaanse bewoording. Met die twee boeke naas mekaar op dieselfde skerm kon die vrae makliker beantwoord word.
Maar wat nou as daar geen Afrikaanse gids was nie? Soos dit wel vandag die geval is?
Ek kom nou die dag in Gordonsbaai af op ‘n studiegids uit 1993, wat die ooreenkomste en verskille tussen Homeros se Ilias en Vergilius se Aneïs bespreek. Op bl. 27 van die UNISA modulegids CCU201 staan daar:
Die voorgeskrewe boek vir hierdie afdeling is The Aeneid of Vergil, translated by A.Mandelbaum. […] Ons kan ook die uitstekende Afrikaanse versvertaling aanbeveel van N.A. Blanckenberg Vergilius: van Wapens en ‘n Man. […] sowel as die prosavertaling van J.T. BenadéVergilius: Die Aneïs.
Nou wonder ek… sou die Engelssprekende student van die geleentheid gebruik maak om ook die Afrikaanse tekste deur te werk, of is die Afrikaanse student die enigste wat hierdie tweetalige voordeel sal benut? Vandag met die internet is daar boonop nog Duitse, Franse, Italiaanse, Russiese en Hollandse vertalings almal gratis en toeganklik.
Dit het my ‘n dure les geleer. Want selfs vandag nog as ek ‘n Wikipedia-artikel uit Duits in Afrikaans vertaal, kyk ek na, sê nou maar, die Deense of Franse vertaling (ander kulture) of ek nie miskien ‘n ander nuanse misgekyk het nie. Onthou, vertaling is interpretasie, en ‘n Fransman of Deen sal anders na die bronteks uit die buurland kyk. Indien daar wel ‘n ander uitkyk bestaan, kontak ek die skrywer, net om doodseker te maak. Daarna sal ek ‘n kollega vra of hy verstaan wat ek geskryf het en of dit pas by die oerteks. Meer as een maal het my veeltalige Frans-Duits-Engels-Afrikaanse kollega aan my gesê ek gee die teks beter in Afrikaans weer as wat dit daar in Duits staan.
Dit bring ons by die volgende punt.
8. Afrikaans vergemaklik die vloei van inligting en spaar tyd
Daar is ‘n groot verskil om 16 miljoen soekresultate deur te sif en slegs 327. Van hierdie 16 miljoen is absoluut nuttelose gebrabbel, spieëlbeeldwebwerwe, onbruikbare masjienvertalings, kwetsende kommentaar op Twitter en Facebook. En dan weet jy nog nie eens of die inligting korrek is nie. Geniet maar jou naald in die hooimied soek.
Afrikaans bied jou die geleentheid om daardie één sinvolle artikel te skryf wat onmiddellik die nommer 1 op die lys sal word. Help gerus ander mense tyd spaar. Daar is derduisende ander onderwerpe en vakgebiede wat vir Afrikaans nog braaklê.
9. Afrikaans is sinoniem met markdiversifisering, markuitbreiding, nismarkte en welvaartskepping
Hart sê die Afrikaners het na afloop van die Eerste Wêreldoorlog en die Groot Depressie nié, soos die huidige stand van sake is onder die ANC-bewind, die Engelse maatskappye vir hulself begin toeëien volgens ‘n puntekaartstelsel nie. Nee, geskoei op Old Mutual stig jy Sanlam en geskoei op Barclays Bank stig jy jou eie Volkskas.
Met ander woorde: Op so ‘n patroon kan jy as’t ware die mark verdubbel en selfs meer geleenthede en ‘n wye markkeuse skep. En werksgeleenthede. Dit laat my amper dink aan die Versuiling in Nederland waar Katolieke, Protestante, Liberales (die klassieke soort) en Sosialiste slegs met hul geesgenote gaan sake doen het. Dit het aanleiding gegee tot die stigting van wie weet hoeveel verskillende universiteite en instansies wat vandag nog bestaan. Onenigheid bring sy voordele.
Daar steek waarheid in wat Hart sê, maar wees versigtig. Uit Inleiding tot die Ekonomie (1951, Schumann en Franzsen) haal ek net die volgende:
Jy het in Suid-Afrika voor 1860 hoofsaaklik dorps- en streeksbanke op die platteland gekry. Meer divers kan jy jou nie indink nie. Soos mens jou maar kan indink is daar ook spesiale geld onder die tafel deur wat aan familie en vriende uitgeleen is, geen takkantore om risiko’s te verdeel nie, geen beperkings op die hoeveelheid kontant wat uitgegee is nie, en boonop – geen publikasie van kwartaallikse balansstate nodig nie. Maar sulke banke was so te sê ongereguleerd, want die wetgewing was toe nog hondmak.
Al die depressies van 1865, wat so te sê niemand gevoel het nie, want die meeste was nog op plase selfonderhoudend en selfaangewese (eie seep van beesvet, velskoene), met kinders by dosyne gebore op die kooi van hooi…, die Diamantkrisis (1881) en Goudkrisis (1881-1890) was bloot banke wat hul deur die optimisme laat meevoer het en te veel geld uitgedeel het. En so hul vingers verbrand het.
Dus, die geringste knik en die dorpsbank stort soos ‘n kaartehuis in duie. Toe kom daar die Imperiale Banke wat voorsien in betalings op nasionale en internasionale vlak, wat die streeksbanke een na die ander uitkoop of inlyf – onder andere deur Standard Bank. Die “eenvoudige selfgenoegsame plattelandse en dorpsekonomie” was verby. Die voordeel van hierdie Imperiale banke was dat jy 4% rente verdien het op jou deposito’s (0,0% by die dorpsbanke) en die uitleenrente aansienlik laer was as die 12% vir die voorskotte van “dorpsbanke”.
Nou moes mense ook sedert 1865 begin belasting betaal op kontantonttrekkings/note-uitgifte, en so het die tjeks besonder gewild geraak – 82% van die Unie van Suid-Afrika het in 1929 en 83,4% in 1938 het tjeks eerder as kontant as betaling gebruik. Kompleet soos ons vandag – kontantloos – debiet-/kredietkaarte gebruik. Engeland se tjekgebruik was in Maart 1939 op 74,3%. In Kanada, Australië en Nieu-Seeland is die verhouding ook gewoonlik oor die 70%, terwyl in Swede, Switserland, Denemarke, Japan, Holland en Italië dit tussen 50% en 70% was. Die lande wat die potte vol silwer met hulle orals soos huisgode rondgedra het was Frankryk, Duitsland en Noorweë wat nog doer onder die 50% gelê het. In daardie opsig was Suid-Afrika reeds modern, selfs sy tydgenote ver vooruit.
Skrikwekkend, wel: in 1926 is 95% van die Suid-Afrikaanse bankwese beheer deur ‘uitlanders’. Vernaamlik Standard Bank en Barclays (soos die streeksbanke een na die ander vrywillig of noodgedwonge ingelyf is of toegemaak het). Eers in 1940 het Volkskas sy deure oopgemaak (en sou in 2020 sy 80ste bestaansjaar gevier het); waarom die Afrikaner nie by Nederlandsche Bank (Nedbank) gebly het nie, weet ek nie. Dalk was hulle te volksvreemd. Die stigting van Volkskas volg nie verniet twee jaar ná die herdenking van die Groot Trek nie.
Met een ding sal ek ook saamstem: as ‘n Afrikaner nog ontuis en huiwerig sou voel om sy banksake in Engels te reël, of sy geld in “vreemde hande” oor te laat, dan sou Volkskas hom beslis gerus stel. Dis immers nie ‘n bank wat die “vreemde in” gaan weghol of die geldmag befonds nie (of watter ander stories kon rondgeloop het). En die bank had ‘n klinkklare visie.
Hierdie bedrywe in Afrikaans beteken outomaties meer werkskepping, meer geld vir die staatskas en minder mense wat van sosiale toelaes afhanklik is. Terselfdertyd beteken dit die geld gaan nie slegs na één poel van één burokraties-monolitiese maatskappy (en daardie één baas hand-om-die-blaas met die regering) nie, maar word vryelik versprei en verdeel.
Ek dink byvoorbeeld aan die dame in Roodepoort wat vanuit haar huis deur die internet (met ‘n besonder knap rekenaarstelsel) byna nie kan voorbly met die besendings van tweedehandse Afrikaanse boeke nie. Haar mark ís vernaamlik Afrikaanse boeke. Sonder Afrikaans sou sy geen bestaan kon maak nie.
Ek dink ook aan die versekeringsmaatskappy wat geld belê in die Afrikaanse taal. Sonder Afrikaans sou hy nie bestaan nie.
En as jy nog enigsins twyfel oor die markwaarde van Afrikaans: die Kerk van Sciëntologie, wat nogal berug is vir sy stywe ‘oudit’-pryse per sessie, het juis sy handleidings in Afrikaans laat vertaal. Niemand sou dit doen as daar geen potensiaal was om lidmate te werf nie. Forbes het ons ‘n groot guns bewys deur die Afrikanername te publiseer onder “die rykste Suid-Afrikaners”…
10. Afrikaanse boeke floreer hoe slegter die Suid-Afrikaanse ekonomie krepeer
In dieKaapse Bibliotekaris van April 2017, sê Nicol Stassen, uitvoerende hoof van Protea Boekhuis, wanneer daar na die mark vir gedrukte algemene boeke in Suid-Afrika gekyk word — universiteits- en skoolhandboeke uitgesluit — moet jy onderskei tussen ingevoerde en plaaslik gepubliseerde boeke. ‘Die internasionale Engelse aanbod verkoop verreweg die meeste, maar wat plaaslik gepubliseerde boeke betref, vaar Afrikaanse boeke baie beter as Engelses.’ Maar dan sê hy: ‘As jy ’n uitgewer in Suid-Afrika is, moet jy vaklektuur publiseer — in Afrikaans. Die verkope van plaaslik gepubliseerde Afrikaanse vaklektuur oortref dié van Engels verreweg.’
Hoe swakker die Rand/Dollar-wisselkoers, hoe duurder gaan jou buitelandse invoermark begin raak. Jy gaan dus twee keer na die prysetiket moet kyk voordat jy daardie glansomslag uit Amerika of Brittanje laat oplui. Of miskien sal jy liewer een tweedehands wil koop. (Dit bied natuurlik ook geleentheid vir die Afrikaanse Wikipedia om uit te brei, want die vraag na inligting gaan nie verminder nie…)
Soos ek op Wikipedia opgesom het uit ‘n artikel ook deur Marlene Malan, DeKat, van 2016:
Sowel Nicol Stassen as Melt Myburgh meen om ‘n boek in Engels te skryf met die oog op die buitelandse mark, waarborg nie baie geld of sukses nie. Melt Myburgh van Penguin Random House voer aan: “Ons sal dikwels ‘n niefiksietitel tegelyk in Engels en Afrikaans publiseer. Boeke wat in Engels verskyn, vind nie noodwendig nie, en eintlik relatief selde, ‘n tuiste in die buitelandse mark, omdat die markte en hul lesers se smake so dramaties verskil. Dikwels maak mense die fout om te dink as hul boeke in Engels is, gaan die buitelandse mark daarvoor val. Niks is verder van die waarheid nie.” Een sprekende voorbeeld is Carol Campbell se My Children Have Faces (2013) by Umuzi was ook as Karretjiemense (2013) verskyn het. Volgens Campbell self was daar teen die einde van 2015 maar omtrent 800 eksemplare van My Children Have Faces in die oorspronklike Engels verkoop, terwyl in dieselfde tyd 12 000 Afrikaans vertaalde kopieë van die hand gesit is. Volgens Nicol Stassen, uitgewershoof van Protea Boeke, gaan die vertalings ook dikwels gepaard met ander faktore soos gehalte, bekendheid van die boek, lesersmaak, faktore en vraagstukke waarmee die lesers hulle kan identifiseer of die bekendheid van die skrywer (en vertaler), asook in hoeveel tale ‘n boek reeds vertaal is.
Ongelukkig tref die swak Rand/Dollar-wisselkoers ook e-boekgebruikers swaar, afhangend watter toestel jy gebruik. Afrikaanse e-boeke op Amazon is ook nogal sterk aan die Rand/Dollar-wisselkoers gekoppel, terwyl platforms soos Google Play vryelik prysdiskriminasie toepas sodat diegene in Derdewêreldlande, dis nou Suid-Afrika, daaruit kan baat. Onthou, e-boeke is ‘n diens, nie ‘n boek met inherente waarde nie. Die kontrak verval met die dag van jou dood. Ná jou dood kan niemand die boek meer lees nie. En boonop, soos mnr. Leon Lemmer in ‘n kommentaarbalk oor Amazon vermeld het, en ek persoonlik ervaar het op Google Play: die inhoud van die boeke verander oornag. Dit spaar natuurlik so geld, anders moes jy elke keer ‘n nuwe uitgawe gaan koop, maar wat as jy die heel eerste weergawe wou gehad het? Of jou notas nou afgevee is?
Nadat ek die Vrouekeur se een artikel (9 November 2018) deurgelees het, lag ek my oor ‘n mik hoe mense ontstoke raak oor hoe duur nuwe e-titels is wat pas verskyn het op die rakke van Amazon. Ek kan nie glo hoe onnósel die besete Afrikaanse lesers is nie. Hulle is Pavlov-brakke vir reklame, dis ‘n tragedie! Mens, waarom moet jy nou onmiddellik ‘n e-boek gaan koop? ‘n Haastige hond verbrand sy mond. Dis nou nie asof die boek uit druk gaan raak nie? Gee kans vir die mense om genoeg negatiewe kommentaar te lewer. Teen daardie tyd is die boek ook doodgeanaliseer en die nuutjie het oorgewaai. As die verkope na drie maande of ‘n jaar afplat, dan sak die prys weer. En jou impulsiewe koopwoede sommer ook. Dis tog logies! Dink so daaraan: aan die anderkant van die ewenaar is die boek goedkoper vir ons buitelandse taalaanleerders…
Hou ook maar die uitskottafel by die plaaslike boekwinkel dop. Verder kan jy altyd ‘n boek by jou plaaslike biblioteek teen ‘n minimale bedrag reserveer.
Ek verkies natuurlik om die middelman totaal uit te skakel en ‘n hoër bedrag vir ‘n gedrukte getekende kopie te betaal wat spesiaal aan my gerig is. Maar alleen as die boek homself bewys het. Gewoonlik het die skrywers ‘n paar ekstra kopieë oor wat hul gewoonlik vir geskenke kan gebruik as ‘n tuil blomme of bottel wyn nie vir die geleentheid sal deug nie (dis nou letterlik “iets van jouself gee”), en die Suid-Afrikaanse skrywerskring is maar bra klein. Die waarde van die boek sal aanhou styg en Afrikaans op die koop toe meer (ekonomiese) gewig gee. In ons onvaste digitale wêreld sal die argeoloë en boekhandelaars van die toekoms my beslis eendag dankbaar wees.
11. Suid-Afrikaanse Engels en ander inheemse tale is reeds deurspek van Afrikaans
Tensy jy in Londen bly, kan jy maar ophou Brits probeer praat. Jy sal dit nooit in der ewigheid regkry nie. ‘n Redelik lywige A dictionary of South African English (1978, 1980, 1987, 1991-1993) deur Jean Branford het lankal verskyn. En jy sal verstom staan hoeveel Afrikaanse woorde daarin vervat is. Say again? The other side of South African English (2016) het ondertussen ook verskyn. Die medewerker, dr. Malcolm Venter, skryf hierdie Afrikaanse teenwoordigheid egter toe aan Apartheid,
which kept whites apart from people of colour, thus minimising the opportunities for linguistic influence. With greater integration in schools and in society it is highly probable that the African languages will influence SAE to a far greater extent.
Aikôna. Ek glo dit vir geen oomblik nie. Dit is absoluut loutere twak. Om twee redes.
Nommer 1. Die taalverandering sou ‘n eeu tevore al plaasgevind het. En dit het nie. Waarom?
Branford se koerantberigte en boeke waaruit sy aanhaal dateer alte dikwels uit die 19de eeu tot 1970’s (die kopie wat ek het). Hou in gedagte: op 16 Augustus 1800 het die eerste eksemplaar van die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter / The Cape Town Gazette and African Advertiser immers verskyn, die begin van die Suid-Afrikaanse pers (‘n Wyse van spreke, Wessel de Kock, 1983, bl. 22).
En reeds inProeve van Kaapsch Taaleigen in Changuion se oorbekende werk, Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld (1844), vind ons Anglisismes, wat duidelik vanaf 1806 of vroeër al in Kaaps-Hollands begin posvat het. Wil jy werklik vir my kom sê die Engelse was onomwonde vreeslik taalpuristies as hul deur die Afrikaans/Hollandssprekende platteland gereis het? Lank voor Apartheid?! En Afrikaners wat stad toe gegaan het om handel te dryf? Ek kan my nie indink dat Afrikaners, wat teen 1930 nie eens almal tweetalig was nie, absoluut geen, maar géén letsel gelaat het op die ‘suiwer Engels’ wat immers daarvoor berug is om elke leenwoord tot sy beskikking op te raap nie. Vra maar vir Frans. Vra maar vir Hindi en al sy ander kolonialiseerde tale. Sou hierdie Boeretaal geen invloed in Kaapstad hê nie?
Toe Branford se boek die eerste maal uitgegee is, was dit al 1978, 30 jaar ná 1948. Nooit gedink Afrikaans het sulke verswelgende taalinvloed op Engels binne so ‘n kort tydjie nie. Dit hou geen steek dat immigrante sedert 1950 toe eers met Afrikaners te doene sou kry nie. My grootouers van vaderskant was ‘rou’ Hollanders (Rotterdammers) wat genaturaliseer is, en tog praat en skryf ek en my pa Afrikaans. Afrikaans is toe lankal reeds gevorm en gestandaardiseer. Die nuwe stratum Suid-Afrikaanse Engels se impak sou ook nie anders gewees het op nuwe immigrante, soos uit Litaue, wat buitendien Engels moes aanleer nie. ‘Rou’ Engelse en hul kinders sou, net soos in Australië, ook met verloop van tyd maar aan die nuwe woordeskat, uitspraak en tradisie gewoond moes raak.
En lees met vrug die Duitse sendeling Hermann Theodor Wangemann se reisbeskrywing,Eine Reise-Jahr in Süd-Afrika, wat vergewe is met Afrikaanse woorde en sinne. En snaaks genoeg, hierdie Wangemann skryf oor skole en Xhosas in die Kaap vóór 1868 (publikasiejaar). Dan praat ons nog nie eens van die Anglikaanse kerk, die Rooms-Katolieke Kerk, die Engelse sendelingskole waar Xhosas selfs Latyn geleer is nie. En Fort Hare University met Engels as voertaal! Van hoeveel eeue sonder ‘n stroom Xhosa en Zoeloe in die Engelse taal praat ons nou?
Nommer 2. Die taalkontak en die media onderskeidelik.
Hoeveel huishulpe het nie by die mense ingewoon nie? Of is selfs saam met vakansie geneem nie (want iemand moes tog die skottelgoed was?). Veral komend van die verligte Engelse wat mos roem oor hoe hul harte vir die onderdruktes gebloei het, sou ek juis meer Xhosa-woorde in die “Oos-Kaapse Engels” verwag het. Ek hoor dan nou die dag hoe ‘n bejaarde Engelse dame dan met die sakpakkers en kassiere in Xhosa praat, wel stadig, maar die aanhoorders luister aandagtig. Hier, in die Overberg! En my moeder se kollega, van huis uit Engels, het destyds vir Bantoe-administrasie in Kaapstad getolk, ook uit wat vandag die Oos-Kaap is afkomstig, gebore 1950’s (sy het met Xhosa-kindertjies as kind gespeel). In die hartjie van Apartheid!
Ek weet nie van jou nie, maar hoe meer tale mens onder die knie het, des te meer het mens die neiging om jou taal te verweef met daardie uitdrukkings waarvoor geen eweknieë in jou eie taal bestaan nie. Of net nie ritmies lekker op die tong loop nie. Die Duitse of Franse spreekwoord blits sommer ongevraagd uit die niet. Waarom sou Xhosa of Zoeloe ook nie?
Gepraat van: waarom het oudpresidente Mandela, Mbeki, et al. nog nooit voorheen o.a. Xhosaïsmes so taks ingewerk nie? Neem maar die holruggeryde ubuntu, byvoorbeeld. En, aangesien Branford hoofsaaklik haar werk van geskrewe dokumente bedien, wat het Nguni-sprekers gekeer om hul werke, met eksotiese couleur locale, by Simon & Schuster of Oxford University Press of trouens enige uitgewery in Engels uit te gee? Huh? Niks nie – daar was immers ‘n baie doeltreffende poskantoordiens. En wat van The Sowetan (sedert 1981), Drum (sedert 1951),The Star (sedert 1887!) asook ander Engelse streekskoerante? Briewe is tog geplaas van mense wat alle variëteite van Engels kon praat en skryf? Apartheid kon dit tog seker nie keer nie?
Blaai mens deur tweetalige Noord-Sotho- en Tswanawoordeboeke, spring die Afrikaanse leenwoorde soos vonke uit ‘n kampvuur, veral wat werksimplemente, meublemente, winkels en ‘n paar negosieware ens., betref. As Afrikaners dan nooit met hierdie taalgroepe omgegaan het nie, as gevolg van Apartheid, hoe het hierdie Afrikaanse woorde in hul taal dan beland? En omgekeerd? En hoe is die damme en paaie gebou sonder enige taalkontak? Dit maak mos nie sin nie.
Of het almal dan nou ‘n TV of radio (en dus blootstelling van Afrikaans) gekry? ‘n Luukse vir volkere wat onder Apartheid krepeer het, soos ons altyd goed laat verstaan word? Was al hierdie woorde reeds in die Hollandssprekende Zuid-Afrikaansche Republiek en Oranje-Vrystaat ingeburger, of kom dit heelwat later?
Die WAT het trouens, selfs in die 1950’s en later, nooit begrippe uit die inheemse tale in die Afrikaanse woordeskat ontken nie. Ook nie in sy letterkunde wat op die platteland (en stad – vergelyk Barrie Hough se Droomwa) afspeel nie. Waarom sou hy? Hierdie tale word tot vandag toe nog nooit as bedreigend vir Afrikaans ervaar nie. Inteendeel, die Bantoetale, soos dit destyds bekend was, is op Afrikaanse skole in Transvaal nog lank voor die Soweto-onluste aangebied.
Ek glo wel Afrikaans is, soos vandag, oor ‘n wye plattelandse gebied versprei, wat beteken noue kontak met ander inheemse tale kon nie vermy word nie. Engels was hoofsaaklik tot die stede beperk. Maar weer – taal strek wyd en die pen is magtig. Die stedelinge het geen meer seggenskap as ek nie. Ek, hier op die platteland in die Wes-Kaap, het net soveel impak op Afrikaans as die Akademie gesetel in Pretoria, Gauteng. Hoeveel van ons gevierde skrywers was inderdaad boere, soos Etienne le Roux? Ook hulle het vorm aan die taal gegee. Waarom was dit dan in Suid-Afrikaanse Engels nie ook so nie?
12. Afrikaans is ‘n aanvullende smaak en vrye keuse
Die persoon wat gesê het “‘n biblioteek van vertalings is soos ‘n kunsgalery van afdrukke” het nog nooit oorklankings in sy lewe gehoor nie. Of sy ore sit op die verkeerde plek.
Ek kyk gereeld tekenprente in ander tale as Engels. Hoewel Antoine de Rivarol in syDe l’Universalité de la langue française gesê het die Franse taal is nie eintlik geskik vir musiek nie, weet ons in 1784 het hy hoegenaamd nie van beter geweet nie. Kabaretstukke wat in Engels geskryf is, klink net beter in Frans. Dis asof Frans gemaak is vir die kleinkuns, of eerder, die kleinkuns vir die Frans. Maar Frans klink met die regte bewoording en sanger veerlig en soepel, met huppel en swaaie, waar Engels gewoon net plat of swaar klink. Die refrein van ‘n onbekende Franse lied soos ‘Allez ciao!’ stuur my saam met die lirieke en Boeing hoog die wolke in.
So luister ek die Italiaanse weergawe van Paw Patrol se ‘Pups Save a Mer-pup’ (I cuccioli salvano una cansirena). Die sanggedeelte van die Duitse, Spaanse, die oorspronklike Engelse, Franse en Nederlandse weergawes laat maar veel te wense oor. En hier deur my oorfone duik ‘n Italiaanse diva in my geestesoog op met spierwit GoGo-stewels en sing in ‘n verruklike 1970’s-pop wat perfek by elke toneelskoot pas. En dit pas by Italiaans; nie daardie kattekraam wat hulle ‘Italiaanse kletsrym’ noem nie. So jammer die Italianers het hul goeie sin vir smaak verloor. Hul Europop het teen die vroeë 2000’s die ganse wêreld verower (nou wel met Engelse lirieke). Ek dink aan Eiffel 65, DJ Quicksilver, Gigi D’Agostino, Mabel… Hoe het hierdie arme volk dan so ontaard binne net 20 jaar?
Kortom: sekere musiek en sekere liedjies pas net beter by sekere tale en stemme, maar elkeen het sy eie smaak. So bevind Lüdemann (hy noem homself ‘n ‘buitestaander’) hoe Duits en Sesotho, isiZulu en isiXhosa van die beste koormusiek oplewer (hy kon beslis Swahili ook bygevoeg het), maar dat Afrikaans sy koortradisie, anders as sy poësie en popmusiek, verwaarloos en ongelukkig nog nie lewenskragtig vanuit eie bodem ontwikkel het nie, maar eerder verwerkte stukke uit Europa of volksliedjies bly. Volgens hom stem die Afrikaanse kenmerke redelik ooreen met Duits, en kan die taal, soos Duits uit die Middeleeue hom van die tradisionele Latyn losgewikkel het, ‘n skoenlapper word. Ek moet erken, Adeste Fideles klink dooierig teenoor Herbei, o, ihr Gläub’gen. Oordeel self.
Ek dink Lüdemann hy het ‘n redelike punt beet – en die potensiaal moet nog ontdek word. Dan weer – hoeveel geld steek daar in koormusiek? En hoe beïnvloed geld die ontwikkeling? Ope vraag.
Afrikaans het ook ‘n smaak/styl van sy eie. Dit verskil ook nie by vertalings nie. Kom ons kyk gou na Gustave Flaubert se Madame Bovary (1857):
La lune, toute ronde et couleur de pourpre, se levait à ras de terre, au fond de la prairie. Elle montait vite entre les branches des peupliers, qui la cachaient de place en place, comme un rideau noir, troué. Puis elle parut, éclatante de blancheur, dans le ciel vide qu’elle éclairait ; et alors, se ralentissant, elle laissa tomber sur la rivière une grande tache, qui faisait une infinité d’étoiles ; et cette lueur d’argent semblait s’y tordre jusqu’au fond, à la manière d’un serpent sans tête couvert d’écailles lumineuses. Cela ressemblait aussi à quelque monstrueux candélabre, d’où ruisselaient, tout du long, des gouttes de diamant en fusion. La nuit douce s’étalait autour d’eux ; des nappes d’ombre emplissaient les feuillages.
Emma, les yeux à demi clos, aspirait avec de grands soupirs le vent frais qui soufflait. Ils ne se parlaient pas, trop perdus qu’ils étaient dans l’envahissement de leur rêverie. La tendresse des anciens jours leur revenait au cœur, abondante et silencieuse comme la rivière qui coulait, avec autant de mollesse qu’en apportait le parfum des seringas, et projetait dans leur souvenir des ombres plus démesurées et plus mélancoliques que celles des saules immobiles qui s’allongeaient sur l’herbe. Souvent quelque bête nocturne, hérisson ou belette, se mettant en chasse, dérangeait les feuilles, ou bien on entendait par moments une pêche mûre qui tombait toute seule de l’espalier.
Nou volg die Hollander, C.J. Kelk, se vertaling (bl. 194 uit Die vertaling as kuns):
De zuiver ronde, purperkleurige maan rees aan de grens der weide nauwelijks boven de horizon uit. Zij steeg vlug tussen de takken der populieren door, waarachter zij zo nu en dan als achter een zwart, doorzeefd gordijn schuilging. Totdat zij in een verblindende blankheid in de ledige hemel verscheen, die zij met licht overgoot; en daar hield zij in, en wierp over de rivier een grote lichtplek, wemelend van duizenden sterren, en dit silveren licht scheen daar tot op de bodem toe als een slang zonder kop te kronkelen, bedekt met lichtende schubben. Ook geleek het op een soort monsterlijke kandelaar, waarvan over de gehele lengte druppen vloeibaar diamant afgutsen. De zoele nacht breidde zich over hen uit; het gebladerte ging schuil in dikke schaduwlagen.
Emma ademde met half gesloten ogen in gulzige teugen de frisse wind in, die op haar aan blies. Zij spraken niet met elkaar, daartoe waren zij te diep in beslag genomen door hun mijmering. Oude tederheden hadden hun hart weer in bezit genomen, verstommend en overstelpend als de rivier, die met evenveel zoetheid voortstroomde als de geur der seringen, die hun werd toegevoerd; ze vervulden hun herinnering met schaduwen, matelozer en droefgeestiger dan die der onbeweeglijke wilgen, die zich in een rechte lijn over het gras uitstrekten. Van tijd tot tijd bracht een nachtdier, een wezel of een egel, dat op de jacht ging, de bladeren in beroering of men hoorden bijwijlen een rijpe perzik zo maar van de leiboom op de grond ploffen.
En dr. F.P. van der Merwe se eie poging [‘Of my vertaling die beste is, is nie ter sprake nie, wat wel ter sprake is, is of dit korrekte Afrikaans is en ‘n korrekte weergawe’] op bl. 195:
Die maan doem groot en rond en purperrooi aan die anderkant van die weiveld op, gelyk met die aarde. Hy styg vinnig tussen die populiertakke wat hom plek-plek verberg, soos ‘n swart gordyn vol gate. Dan verskyn hy verblindend wit in die wolkelose hemel wat hy verlig. Hy styg nou stadiger en op die rivier gooi hy ‘n groot helder kol, waarin ‘n oneindige gewemel van sterretjies skitter. Dit lyk asof die silwerglans tot in die dieptes afkronkel soos ‘n koplose slang wat met liggewende skubbe bedek is. Dit lyk ook soos ‘n monsteragtige kandelaar, langs die hele lengte waarvan diamantdruppels saamvloei. Die heerlike nag rus oneindig om hulle en skadukolle vul die blare.
Emma maak haar oë halftoe en asem die vars windjie wat waai met diep teue in. Hulle praat nie met mekaar nie, want hulle is te diep versonke in hul mymeringe. Die teerheid van die eerste dae kom terug in hul harte, oorvloedig en stil soos die rivier wat daar vloei, met die sagtheid van die geur van jasmyn en skiet in hul herinneringe skaduwees uit onmeetliker en weemoediger as dié van die onbeweeglike wilgers wat lank uitgerek oor die gras lê. Dikwels roer een of ander nagdier, soos ‘n ystervark of ‘n wesel wat op die jag uitgaan, in die blare of so nie hoor hulle af en toe ‘n enkele ryp perske van die latwerk afval.
Der Vollmond ging purpurrot auf, drüben über der Linie des flachen Horizonts, wie mitten in den Wiesen. Rasch stieg er hoch, und schon stand er hinter den Pappeln und schimmerte durch ihre Zweige, versteckt wie hinter einem löchrigen, schwarzen Vorhang. Und bald erschien er glänzend-weiß im klaren Raume des weiten Himmels. Er ward immer silberner, und nun rieselte seine Lichtflut auch unten im Bache über den Wellen in zahllosen funkelnden Sternen, wie ein Strom geschmolzener Diamanten. Ringsum leuchtete die laue lichte Sommernacht. Nur in den Wipfeln hingen dunkle Schatten.
Mit halbgeschlossenen Augen atmete Emma in tiefen Zügen den kühlen Nachtwind ein. Sie sprachen beide nicht, ganz versunken und verloren in ihre Gedanken. Die Zärtlichkeit vergangener Tage ergriff von neuem ihre Herzen, unerschöpflich und schweigsam wie der dahinfließende Bach, lind und leise wie der Fliederduft. Die Erinnerung an das Einst war von Schatten durchwirkt, die verschwommener und wehmütiger waren als die der unbeweglichen Weiden, deren Umrisse aus den Gräsern wuchsen. Zuweilen raschelte auf seiner nächtlichen Jagd ein Tier durchs Gesträuch, ein Igel oder ein Wiesel, oder man hörte, wie ein reifer Pfirsich von selber zur Erde fiel.
Gustave Flaubert, omstreeks 1860
Tussen dié twee gebroeders hierbo sien Afrikaans effe minimalisties daaruit – en ek hou daarvan so. Ek hou van die Nederlandse gekunstelde bewoording, en die spanning in die Duits wat opbou.
Dit gaan nie hier oor wie se vertaling uit Frans die beste is nie. Ek wil hê die leser moet aanvaar dat daarbuite ander style en smake, sinsbou en woordkeuses is om van te kies en mekaar aanvul. En elke mens gaan die tale verskillend ervaar.
Op een van my Paw Patrol-DVD’s staan duidelik op die afleweringslys in Nederlands onder twee episodes geskrywe “(Beschikbaar in alle talen behalve Frans)”, wat vir jou sê daar word in Europa darem nog die moeite gedoen sodat iedereen wat Engels (Amerikaans en Brits afsonderlik), Frans, Duits, Spaans, Italiaans of Nederlands wil hoor, die keuse mag uitoefen.
In Frankryk het jy die keuse of jy jou longe in Nederlands wil uitpraat – ‘n Franse tolk sal voorsien word. Vra vir professor Lotte Jensen en madame Marianne de Susbielle.
‘n Franse dame, ‘n Fries en ‘n Hollander kom in Parys byeen. Die Franse jonge dame ken nie Engels en Hollands nie, die Fries ken nie Frans nie, die Hollander praat Frans, Engels en Duits (en het ‘n kernwoordeskat van Russies en is goed onderleg in die Latyn en Oudgrieks). Oplossing: hulle praat al drie Duits met mekaar. Dis ‘n keuse.
Op my bordjie eetgoed is daar ‘n worsrolletjie, ‘n frikkadelletjie, ‘n bloubessie-muffintjie, ‘n pampoenpoffertjie, ‘n Hertzoggie, ‘n pasteitjie en ‘n stingeltjie pietersielie eenkant. So ervaar ek tale ook: soos ‘n vingerete, lig en altyd byderhand. Hoe meer daar is om van te kies, hoe aangenamer.
Wie dan, sal die mens die groot onreg aandoen om hom van hierdie keuses te ontsê, te beroof?
En van Afrikaans dan?
13. Afrikaans is ‘n ware brugbouer van tale
Ek kan werklik nie insien hoe op aarde Afrikaans ‘n bedreiging vir ander tale kan inhou nie. Ook, omdat hy dieselfde lot deel met Katalaans en vele ander tale daarbuite, bevind jy jou in goeie geselskap. As ‘n Katalaan sien jy vertaal sy artikels in Afrikaans, sien hy dit as ‘n liefdesgebaar – want geen ander taal buite Spanje doen eintlik veel om die Katalaanse kultuur buite sy grense te bevorder nie.
Ek kom elke dag ander mense op die internet teë en mens wonder dan alte graag: “Magtig, hoe sê mens in Spaans: ‘Man, jou werk is skitterend!’?”. Of jy sien ‘n Italianer in die kommentaarbalk skerts (en emoji’s blerts) met ‘n taalgenoot en jy wonder waaroor hulle so lekker saamlag. Of een Russiese opmerking op YouTube kry drieduisend opduimpies, en jy wonder verstom waarom.
‘n Lingua franca / verkeerstaal kan dit nie doen nie. Jy sal nooit werklik die agtergrond, die denke, die vrese, die humor, die manier van dink verstaan nie. Die volke ken hulself ook nie so goed om hul eie deugde en tekortkominge raak te sien nie. So iets kan ook nie in ‘n onderhoud opgesom word nie. Daar sal altyd ‘n afstand of ‘n stuk glas bly tussen jou en die ander persoon. Jy sal altyd die buitestaander bly. En dit is kosbare kodes en data wat sienderoë verlore gaan.
Met die uitsondering van Nieugrieks wat na Afrikaans uitgereik het (die naam is dr. P.L. Nicolaides), en Nederlands en Duits wat Afrikaans tegemoetkom, was dit in die meeste gevalle die Afrikaner self wat ander tale en kulture gaan besoek en so die eerste woordeboeke begin saamstel het.
Ek het ‘n formule self uitgewerk, x²-x, wat mens min of meer ‘n idee gee hoeveel woordeboeke nodig is sodat elke taal sy regmatige plek onder die son kan kry. 2 tale beteken 2 woordeboeke (Afrikaans-Duits; Duits-Afrikaans), 3 tale beteken 6 woordeboeke (Afrikaans-Duits; Afrikaans-Roemeens; Duits-Roemeens; Duits-Afrikaans; Roemeens-Afrikaans; Roemeens-Duits ) en so voorts. Nou, die EU het, sonder Russies, 24 amptelike tale, wat natuurlik 552 verskillende woordeboeke beteken.
Gestel daar is 6 500 tale daarbuite, dan praat ons van ‘n beoogde 42 243 500 tweetalige woordeboeke altesaam wêreldwyd in omloop. Vir Afrikaans (2 woordeboeke per taal) alleen sal ons dus betrokke moet raak by 12 998 woordeboeke.
Dink jou net die geleenthede in wat op ons wag! Natuurlik kry jy drietalige of meertalige woordeboeke, maar persoonlik dink ek nie duld sulke woordeboeke (in gedrukte formaat) ‘n omvangryke verskeidenheid uitdrukkings nie. En daardie uitdrukkings strek nogal wyd en almal kan meedoen.
Hierdie reistog bied ook die potensiaal vir selfontdekking. So moes ek mooi Afrikaans soek vir Latein ohne Mühe en Le latin sans peine. Dit is twee Assimil-pakkette wat Latyn soos ‘n lewende taal aanbied. Ek het lank gewonder… nee, moeiteloos pas nie. ‘Maklik’, ‘sonder slag of stoot’, ‘sonder probleme’ het my hoogs ontevrede laat besluit om by “Latyn sonder die moeite” te volstaan. Maande het verbygegaan totdat die frase “sonder sukkel” sommer uit die bloute by my opkom. “Latyn sonder sukkel” is nou sommer twee vlieë in twee tale met een klap. Natuurliker kan dit nie klink nie en buitelanders kan dit met vreugde gebruik. Ek sal dit miskien hoogstens as die standaard kan ophemel, maar ander kan gerus daarop verbeter, veral in die formele skryftrant. (En juis daarom hou ek nie van name deur die media bedink soos die hoogs oordrewe “Die goue seun” vir Uys Krige nie, want dit sê vir my niemand sal sy standaard ooit kan ewenaar of oortref nie, en nou kan alles maar bergaf. Nee, Krige het die standaard gestel, maar daar sal altyd iemand wees wat hom oortref).
So lees ek cum grano salis in Volksverraad “Die tyd sou ook leer dat die KP (net soos die AWB) ‘n rytuig sou word om die volkstaat-idee te bevorder” en “Onwetend van die agendas van Tienie Groenewald se Kom. Ops., het Boshoff as’t ware ‘n rytuig vir die Verligte Aksie-beweging geword.”
Ek weet nie, die WAT aanvaar ‘rytuig’, maar vir my is dit ‘n lompe vertaling vir vehicle. Ek dink aan middel, agent, medium, instrument, werktuig, en binne die konteks is die beste woord seker: Judasbok!
In die WAT kom ek ook af op die uitdrukking ‘’n Draad breek waar hy die swakste is’ en dan wonder ek hoekom hy nie in my tweetalige woordeboeke opgeneem is langs ‘A chain is only as strong as its weakest link’ nie.
Ek dink ons begin nou eers Afrikaans saam met die ander tale ontdek.
14. Afrikaans bied van die beste skole in Suid-Afrika
Ek het net eenmaal ‘n koerant vir myself gekoop (op 23 Januarie 2008, Die Burger was R4,50), en toe nooit weer nie. Maar wanneer ‘n susterskind en hondjie die wêreld loop staan en bemors met water, kort jy koerantpapier en dis wat ek toe gaan soek in die motorhuis van my ouers. ‘n Foto van ‘n gapende visskelet in ‘n dolleë dam laat my op die plek stilstaan: is dit miskien die Aralmeer, die Kommuniste se grootste onverskoonbare ekologiese ramp op aarde denkbaar? Toe nie, dis die Ncqweba-dam, voorheen Van Ryneveldpasdam, Graaff-Reinet, Oos-Kaap. Die artikel is geskryf deur Elsabé Pienaar, gedateer 11 Januarie 2020 in Die Burger (bl. 6 tot 7 van die By). Op ‘n baie klein stukkie in die koerant staan toe die volgende verdoemende teks:
Tydens die 1955-droogte het kommer ontstaan dat die hoë soutinhoud en warm watertemperatuur die oorblywende vis in die dam sou laat sterf. ‘n Grootskaalse net-operasie is op 21 Januarie 1956 van stapel gestuur en skares inwoners het van douvoordag af opgedaag om die pasella vangs van sowat 35 000 visse huis toe te dra. […]
In 2018 en 2019, toe die dam leeggeloop het, is daar, helaas, nie veel gedoen toe die geskiedenis homself herhaal het nie. Derduisende verrottende visse het inwoners wind-af van die dam se lewe vir volgende paar maande ontsier.
En eers in Oktober/November 2019 is die vrot vis toe verwyder; mosterd na die maal. Dit gaan egter nie vir my soseer oor die gebrek aan gesonde verstand om die water langer drinkbaar te hou nie (eintlik wel, want hoe kon die mense uit die jaar kruikie die moeilikheid self logies voorsien het, maar nou selfs nie eens die oudste burgers of alwetende tieners van die dorp nie?). Dit gaan vir my daaroor: ek laat my nie vertel dat géén enkele siel wat in 1956 selfs 20 jaar oud was hierdie gebeurtenis in 2018 nie vroegtydig (!) kon onthou en die jonges vanuit sy rolstoel kon aangesê het om iets aan die saak te doen nie. Iemand sou gehoor gee. Die 82-jariges wat ek ken is almal nog vlug van verstand, al is die liggaam bietjie onwillig. So, hoe dan nou? Ek gaan aanneem dit was die trae owerhede se skuld. Maar sou dit nie die geval wees nie…
Bogenoemde lyk dan op ‘n druppel water na die volgende uittreksel uit Dschungelkind (2011 herdruk; 2005), deur Sabine Kuegler. Die skryfster het as Duitse sendelingsdogter in die 1980’s op ‘n eiland naby Indonesië grootgeword wat vir jare lank gebuk gegaan het onder stamoorloë (met stokke en spiese). Haar vader het spesifiek die Fayu-stam bearbei. Haar boek is tot rolprent verwerk. Sy skryf onder die hoofstukopskrif ‘Rückwärtsgang’ (bl. 284-285):
Man weiß, dass ein Volk vom Aussterben bedroht ist, wenn das Wissen nicht von Generation zu Generation weitergegeben wird. Ich kann es heute noch nicht fassen, dass kein Fayu uns von den weißen Menschen erzählt hat, die in den 40er Jahren zu ihnen gekommen waren; die Erinnerung an jene Holländer war in »unserer « Fayu-Generation offensichtlich bereits verloren gegangen.
Es ist ja nicht so, dass sie keine Zeit gehabt hätten, einander Geschichten zu erzählen. Stundenlang saßen die Männer zusammen, erzählten von der Jagd oder vom Krieg oder sprachen lange Zeit kein Wort. Auf diese Weise geht das besondere Wissen, das ein Mensch sich zeit seines Lebens erarbeitet hat, verloren. Die nächste Generation muss wieder ganz von vorn anfangen. Langsam vergeht auch das Verlangen nach Wissen überhaupt, und alles, was bleibt, ist das Überlebensnotwendige.
[…]
Ich werde hin und wieder darauf angesprochen, ob es denn nicht besser gewesen wäre, wir hätten diese »glücklichen Wilden« in ihrem Paradies in Ruhe gelassen, um sie nicht schlechten Einflüssen auszusetzen.
Ich frage dann zurück, was es denn wohl für ein Paradies sei, in dem die Menschen einander abschlachten, weil sie in selbstzerstöririschen Traditionen gefangen sind? In dem Kinder tagtäglich in Angst und Schrecken leben?
Overgesetsynde:
‘n Mens weet dat ‘n volk op die randjie van uitsterwing staan as kennis nie van geslag tot geslag oorgedra word nie. Dit gaan nou nog my verstande te bowe dat die Fayu ons nie van die blankes vertel het wat in die 1940’s by hulle aangekom het nie. Die herinneringe aan daardie Hollanders was vir “ons” Fayu-geslag duidelik lankal reeds verlore.
Dis nou ook nie asof hulle nié die tyd had om stories te vertel nie. Urelank kon die mans bymekaar sit en jag- of oorlogstaaltjies uitruil, of dan weer vir ‘n lang ruk in stilte saam deurbring. Die besonderse kennis wat ‘n mens deur sy lewe opgedoen het gaan sodoende heeltemal verlore. Die volgende geslag moet dan maar weer heeltemal van voor af begin. Stadig maar seker is ook die dors na kennis net nie meer daar nie, en al wat oorbly is maar net die noodsaaklike ter oorlewing.
[…]
Ek word so dan en wan gevra of dit nie beter sou wees om die “gelukkige barbare” in hul paradys eenvoudig net met rus te laat om hulle van die slegte [Westerse] invloede te weerhou nie.
Dan stel ek die teenvraag: watse soort paradys is dit waar mense mekaar oor en weer uitmoor, terwyl hulle vasgevang sit in hul eie selfvernietigende tradisies? Waar kinders elke dag in vrees en bewing moet lewe?
Waarom wil jy elke keer dieselfde foute maak wat ander kulture (of jou eie) reeds gemaak het? Wat is die sin daarin? Al daardie notules by volksraadvergaderings, al die verslae in die argief… was dit dan om dowe neute?
Dit bring ons nou by die volgende:
“You don’t have to burn books to destroy a culture. Just get people to stop reading them.” ― Ray Bradbury
Ray Bradbury
Ek wil bogenoemde asseblief ‘n breër konteks gee: Nie alleen Afrikaans s’n nie, maar ook die sprekers van ander tale s’n wat nie Afrikaans ken nie.
16. Afrikaans het bloedsweet en onderhandeling gekos
Eers moes die Afrikaner homself oortuig dat Afrikaans sy moedertaal is. Afrikaans sou hoegenaamd nie tot stand gekom het sonder die Engelse nie (lees: Die opvallende raakpunt tussen Afrikaans en Korsikaans), daardie bietjie eer is die Afrikaners die Engelse inderdaad verskuldig. Ons sou steeds vandag Hollands gepraat het.
Ek hoef nie verder te skryf oor die taalstryd in skole in die eerste byna drie eeue nie, want daaroor het dr. D.H. Cilliers (1953) reeds uitvoerig uitgebrei in sy Die stryd van die Afrikaanssprekende in Kaapland om sy eie skool (1652-1939). Ek hoef ook nie tweetaligheid in die staatsdiens tydens Apartheid te behandel nie, want ek het reeds die taalstryder dr. H.J. Terblanche uitvoerig bespreek.
Maar het hul dan onnodig vir die taal baklei as almal net sou boedel oorgee? Wat was dan die sin daarvan?
Pleks daarvan om in ‘n laissez-faire/laat-Gods-water-oor-Godsakker-loop-mentaliteit te verval: waarom is soveel moeite in die eerste plek gedoen, dink jy? En met die vryhede rondom ons wat wel nog oorbly wat ons nog die ruimte laat om te skep – is die eentalige weg inslaan dan nou die dank wat ons voorgangers daarvoor moet kry? Ook diegene uit ander tale, soos Peter Blum, G.P.J. Trümpelmann en E. Elbe, A.C. Bouman, Olga Kirsch, die Gonins, die Hobson-broers, Topsy Smith (wat Engels grootgeword het), Claus Nordbruch, Jerzy Koch, Jochem van Bruggen, Rabbyn Moses Romm en andere wat hul die moeite getroos het om iets vir Afrikaans te doen? As ons nie dank aan ons voorgangers van die volk verskuldig is nie, ten minste dan aan ons gaste.
17. Afrikaanse grammatika is hondmaklik
Soos die wyse C.J. Langenhoven self skryf in syA First Guide to Afrikaans (1926), ‘n werkie wat hy geskryf het “to express my very deep and sincere acknowledgment of the honour you did to my people, the service you rendered to your own, and the foundation of future greater goodwill and understanding you helped to lay for both, by your cordial and unanimous support of the amendment to our Constitution which made Afrikaans an official language of the Union” (p. 30):
The French language you could learn in a month if it weren’t for the verbs. In English the forms are very much fewer and simpler. In Afrikaans they are fewer and simpler still.
En, hoe beskeie van hom wat absoluut versot was op Latyn:
If you follow its guidance with moderate intelligence and reasonable diligence you will know more Afrikaans in six weeks’ time than I knew Latin after six years […]
Hy skryf ook in sy boek, Loeloeraai:
En daarop het sy met Loeloeraai se taalonderrig voortgegaan. Dit was ‘n goeie ding, dog ek, dat dit so getref het dat hy sy eerste aanraking met die aarde in Suid-Afrika gevind het. Sê nou hy was in Holland of Duitsland of Sjina te lande gekom, hoe sou hy ooit oor die onmoontlikhede van daardie ongerymde en onleerbare tale gekom het om te kan verstaan en hom verstaanbaar te maak? In Engeland sou dit nog op ‘n manier kon gegaan het sovér as die taal betref, maar natuurlik daar is die mense weer onmoontlik.
Ek verwonder my dus waarom Afrikaans nog nie ‘n stormloop beleef het nie.
Die ironie van hierdie punt is juis dat iets wat te maklik is, skynbaar as iets minderwaardig die minste aftrek kry. Ek dink daar moet ‘n naam vir hierdie soort paradoks wees, want toe ek Aardrykskunde op skool gehad het, het van die SkeiNat-leerlinge die vak té maklik gevind (die teorie) en op neergesien, en die Huishoudkundeklasleerlinge dit weer té moeilik (die kaartwerk). Op die ou end was daar uit ‘n matriekklas van oor die 100 slegs 7 wat die vak geneem het. Kan jy dit nou oorvertel?
Maar hierdie tendens vind jy reeds in dr. H.J. Terblanche se outobiografie in ‘n artikel uit Die Hoofstad van 12 April 1972 (p. 207):
‘n Tipiese voorbeeld van die houding van die meeste immigrante is die geleerde Engelse vriend wat ek ken. Hoewel hy reeds meer as 40 jaar in die land is, sê hy dat hy Afrikaans nie kan bemeester nie. Toe hy ‘n aantal jare gelede oorsee was in verband met navorsing kon hy egter Spaans in ‘n paar maande onder die knie kry. Feit is dat hy, soos duisende immigrante, Afrikaans nie wil praat nie.
So ‘n paar jaar terug, ek wil nou nie lieg nie, hoor ek op RSG se Praat Saam ‘n afgevaardigde wat Wes-Afrika gereeld besoek. Die naam het my nou ontgaan. Nee, haar Afrikaans is nie so goed nie (‘n duidelike Kaapse tongval, bat sies wêrrie iengliesj), so die gesprek duur maar rustig in Engels voort. En skaars ‘n halfuur later sê sy nee, die meeste gesprekke daarbo in Afrika geskied nog in Engels, maar sy is darem nou besig om Frans te leer.
Ek dag: ‘Vrou, as jy nie eens Afrikaans jou lewe lank kon baasraak nie, hoe wil jy nog die Frans aandurf’? In elke tweedehandse boekwinkel waar ek kom sien ek hordes Franse grammatikaboeke en woordeboeke onder die stof. Wat sê dit vir my? Met wapperende vaandels word Frans soos ‘n Nuwejaarsvoorneme aangepak, maar stil-stil druipstert so weer laat vaar. Want wie gooi woordeboeke weg? G’n mens is so volleerd nie!
Dan begin ek werklik ook wonder of die aanleer van Frans regtig sulke suiwer bedoelinge gehad het. Was dit oor die oppervlakkige ‘aansien’ wat aan Frans as die taal van die (korrupte) elite (dis nou die puntjie van die stronthoop) in Afrika kleef (en dat jy darem nog ‘in tel’ is), of wonder jy al lank wat in Molière, Diderot, Voltaire, Rousseau en andere se geskrifte staan? Of is die aanleer van Frans bloot ‘n modegier omrede die koningin van Engeland dit kan praat, en daarom die Engelse elite daarmee probeer byhou, en ook jý, die alewige naprater?
Dit is vir my juis lagwekkend hoe Afrikaanse satelliettelevisie nou baie kookprogramme in Frankryk uitsaai en ‘n paar briefies uit Provence per poskaart stuur, terwyl die Sestigers klipharde bene aan die Franse filosofie gekou het en vertalings by die honderde gedoen het om Afrikaans te bevorder. Jy kan hoegenaamd nie die twee mos vergelyk nie!
Ek vermoed dat die ontdekking van Parys deur Amerikaanse skrywers soos Hemingway of Norman Mailer heelwat hiermee te make gehad het. Dit was met ander woorde ‘n mode in die Engelse of Angel-Saksiese wêreld […]
Weer moet ek nou Latyn hierby insleep, as die liewe leser my dit sal vergewe: in Duitsland word mos gesê Latyn ondermyn die EU-ideaal om drietaligheid te bevorder (moedertaal + twee lewende tale). Die teenantwoord is juis dat die meeste Latynleerlinge in elk geval meer tale op skool kies as hul portuurgroep.
Waarom dus nie twee tale gelyk aanpak nie, as jy dan nou jou wil uitgee vir ‘n erudiet, iemand ‘in tel’? Waarom nie Afrikaans én Frans nie?
Dan weet jy steeds meer as die afgevaardigde. En sal boonop gouer vordering maak met die een. Jy weet goed watter een.
18. Afrikaans bied ‘n paar woordeboeke kosteloos op die internet
19. Afrikaans is vir eksotiese taalinvloede te vinde
Ek het reeds genoem van die Afrikatale waarvan die woorde ook al jare in die WAT vervat is.
Omrede Afrikaans ‘n jong taal is wat nog ruim taalleemtes met ander tale uit ander wêrelddele voel [en hulle met ons], hang dit van sy gebruikers af wat hulle met hom wil maak in die nuwe kleinerwordende wêreld.
Hulle kan hom so puristies maak soos Yslands (en die Hollands beoog deur Bond tegen Leenwoorden, wat egter geen probleem het om woorde by Afrikaans met omsigtigheid te leen nie).
Die sprekers kan egter, net soos die Hollanders, duisende Franse, Duitse, Engelse, Javaanse en Joodse leenwoorde na hartelus invoer [en die oorspronklike uitspraak in die proses deels uit onkunde, deels uit leedvermaak verkrag].
Of, soos die taalrade van Frans en Duits, die slagboom vir twintig jaar ‘n bietjie laat sak en eers kyk of nuutskeppings nie dalk wil werk nie. ‘Le boerewors’ word met grasie by ‘n dinee toegestaan.
In die Afrikaanse Standaardtaal probeer jy waar moontlik ‘n oormaat en oordaad Anglisismes vermy, maar niks keer jou om Franse, Duitse, Spaanse, Italiaanse, Russiese, Nederlandse, Tsjeggiese, Deense, Sweedse, Ierse, of selfs Japannese, Chinese of Koreaanse uitdrukkings in te voer nie.
Afrikaans ken byvoorbeeld “met die eerste lig” (teen dagbreek), wat so reg uit die Latyn kom, “prima luce”. Dit hinder niemand nie en is trouens deur Latynliewende Langenhoven self gebruik.
In Changuion se werk word “Schalten en Walten” nog gebruik, natuurlik uit Duits wat “handel na goeddunke” beteken. Dit het in onbruik geraak, maar ‘stewels’ en ‘gans en gaar’ het behoue gebly. In die WAT is hoeveel Franse en Italiaanse leenwoorde opgeneem wat net nooit gebruik word nie.
Die groep wat heel goed behoort te vaar met die aanleer van Duits is diegene met Afrikaans (L1 – Moedertaal) – Engels (L2 – Tweedetaal) – Duits (L3 – Derdetaal ), juis omdat Duits veel nader aan Afrikaans is wat sinsbou en woordeskat betref en die sprekers inderdaad die minste probleme het met die bepaalde lidwoorde (die, der, das). Die Afrikaanse groep maak wel taalfoute deur sy Afrikanerismes en ingeburgerde Anglisismes. En die ‘um zu’ (om te)-sinsbou deur hiperkorreksie te vermy.
Die laasgenoemde probleem by Afrikaans kan maklik oorkom word.
Die Afrikaanssprekendes is gewoond aan die volgende:
Er ist nach Deutschland gefahren, um dort Deutsch zu lernen.
Hy het na Duitsland gery om daar Duits te leer.
Nou kry jy Afrikaanssprekendes wat “um” vermy, omrede jy sinne kry soos:
Duidelik is die “om” by Duits en Engels afwesig, en hierdie onreëlmatigheid verwar die Afrikaanssprekende nou ‘n bietjie. Maar die rede in Duits hiervoor is eenvoudig: daar is géén voorafgaande geskiedenis in die sin nie.
Vergelyk dit nou met:
(de) Ich bin nach Deutschland gefahren, um Sie wieder zu sehen.
(af) Ek het na Duitsland gery om u weer te sien.
—
(de) Ich bin hier, um Sie zu töten.
(af) Ek is hier om u te vermoor.
Hier het jy nou ‘n geskiedenis in die sin wat daaragter steek, en daarom gebruik jy um zu.
Probleem opgelos.
Diegene met Engels (L1) – Afrikaans (L2) – Duits (L3), put wel voordeel uit hul Germaanse taal, maar sukkel weer met die sinsbou. Dit blyk ook dat die Engelssprekendes selde of geensins van hul Afrikaanse kennis gebruik maak nie, moontlik weens die hoë dunk en prestige van hul eie taal, reken Baker. Hulle ervaar wel nie die hiperkorreksie soos die Afrikaanssprekendes met die “um zu”-vermyding hierbo nie.
Probleme ontstaan ook onder diegene met Zoeloe (L1) – Engels (L2) – Afrikaans (L3) – Duits (L4). Al het die Zoeloesprekendes dikwels Afrikaans geleer, gebruik hulle steeds Engels as kruk. By party skole mag hul net drie vakke neem en dus moet Afrikaans gelos word. Soos Baker duidelik stel: hier tel die stigmatisering van Afrikaans hoegenaamd nie. Die Engelse kruk word veral weerspieël in die sinsbou wat ‘n duidelike Engelse patroon handhaaf (Engels is dikwels die hoërskoolonderrigstaal van die Zoeloesprekendes, en Zoeloe die tweede taalvak, en Duits die derde). En benewens die Engelse patroon, word verkeerde Duitse woorde gekies wat woord vir woord uit die tweetalige woordeboek nageslaan is.
Byvoorbeeld:
(…) Der Vater mangel zu gefangen die hunde.*
(en) The father needs to catch the dog.
(de) Der Vater muss den Hund fangen.
Of
(…) Mein Vater ist arbeitet*
(en) My father is working
(de) Mein Vater arbeitet
Het meer mense maar hul Afrikaans gebruik, kon dit die taalaanleer soveel vinniger en sonder probleme bespoedig het.
Tot slot
Afrikaans het vir my geleer daar is altyd ‘n ander kant van die saak, en om teen oorvereenvoudiging te waak. Afrikaans het my geleer die waarheid is iewers daarbuite. Afrikaans het my geleer hoe groot die wêreld buitekant die dorpsgrense is. Afrikaans dien as kruk, skakel en aanvulling vir ander tale. Afrikaans kan woeker en belê met geld. Afrikaans het ‘n geskiedenis aan die suidpunt, in Europa, in Argentinië, Kanada, Australië en elders. Afrikaans is nog jonk en buigsaam. Afrikaans is eenvoudig. Afrikaans wéét wanneer hy ‘n doodloopstraat-onderwerp bereik het.
Afrikaans kan nog droom van ideale. Afrikaans is gereed vir die wêreld.
Hoe het dit gekom dat Afrikaners so onderdanig aan linkse Engelse en swartes geraak het? Tans te midde van die inperking of “grendeltyd” soos dit ook genoem word, volg almal die voorskrifte wat deur die ANC-terroristebewind afgekondig word. Nie dat ek in beginsel teen sosiale afstand om die virus te kortwiek gekant is nie, maar selfs van die ultraliberale sluipskrywers van Media24 begin al wonder of ons ooit van ANC-krygswet gaan ontslae raak, noudat Bhekokwakhe “Bheki” Hamilton Cele so gewoond daaraan geraak het om ons te hiet en gebied.
Wanneer het dié onderdanigheid begin? Mens kan dit selfs na die klein groepie linkse Afrikaners in Johannesburg terugvoer wat in die sewentiger- en tagtigerjare reeds hul lot by die Anglo-Afromarxiste ingewerp het. ‘n Paar dae gelede koop ek toe mos Glen Moss se vergete boekie uit 2014, The New Radicals: A Generational Memoir of 1970s South Africa, op Amazon Kindle en laai dit af. Glenn Moss is ‘n paar jaar ouer as ek en was in die sewentigerjare ‘n lid van die berugte NUSAS, oftewel (National Union of South African Students), ‘n organisasie wat deur die destydse Veiligheidspolisie dopgehou is vanweë die revolusionêr-marxistiese menings van die leiers. NUSAS het boonop dikwels geld uit die buiteland ontvang om studente op Engelse kampusse tot marxisme, kommunisme en “die stryd” teen die Nasionale Party oor te haal.
Met die lees van Glenn Moss se boekie, is dit asof die tydmasjien my weer terug Wits toe voer; al die bekende name en gebeure. Ek onthou hoe ek in die universiteitskafeteria tydens my honneursjaar elke oggend ‘n Engelse ontbyt geëet het. Ja, vandag erken ek dit tot my skaamte. Spek en eier, met ‘n sny roosterbrood en so ‘n halwe tamatie daarby. Aaklig, olierig en ongesond. Maar dit was omtrent my enigste behoorlike maaltyd van die dag want ek het in ‘n kommune in Yeoville gebly, tesame met ‘n kunsstudent of twee, ‘n filosofiestudent genaamde Rai Turton en dan was daar ek wat besig was om my eerste roman op ‘n tikmasjien met ‘n stukkende letter “J” te tik. Elke keer as ek by “J” gekom het, moes ek die sleutel met die hand optel en teen die lint druk om die letter op my teks getik te kry. Turton het hom eerste ongewild gemaak omdat hy kritiese geluide oor marxisme en kommunisme begin maak het; hy was naamlik ‘n aanhanger van Karl Popper, Wittgenstein en die logiese positiwisme. Ek het insgelyks omtrent enige verdere loopbaan in Johannesburg gekelder deur ‘n lesing met die titel “Marx is dead” te organiseer. Dit was in die tyd van die Franse nouvelle philosophie wat uiters krities oor marxisme en kommunisme begin raak het. Onder die “nuwe filosowe” indertyd tel Alain Finkielkraut, André Glucksmann, Pascal Bruckner, Bernard-Henri Lévy, Jean-Marie Benoist, Christian Jambet, Guy Lardreau, Claude Gandelman, Jean-Paul Dollé and Gilles Susong.
André Glucksman (links) en BHL (Bernard-Henri Lévy) in 1994
Oorkant my in die kafeteria soggens by ‘n tafel was daar altyd so ‘n klein bende marxistiese studente, o.a. Barbara Hogan wat later in die vroeë tagtigerjare tot tien jaar tronkstraf vir hoogverraad gevonnis sou word. Dié “kwalifikasie” het haar ná 1994 goed te staan gekom, want op ‘n stadium is sy as blanke vrou vir ‘n kort rukkie as minister van gesondheid (2009 tot 2010) aangestel. ‘n Ander vroulike Witsstudent, wat in my tyd op die kampus was, Barbara Creecy, is die huidige minister van omgewingsake in Ramaphosa se kabinet. Dít wil gedoen wees, want sy is die enigste blanke in die hele kabinet. Watter hoër trou het sy aan die kommunisme en Afromarxisme gesweer om dié eer te beurt te val?
Ironies was Creecy in haar tyd as ondergraadse student ‘n “Prog” of “liberaal” en het haar eers later tot die marxisme bekeer. Ek onthou dat sy op ‘n keer vir die studenteraad as kandidaat gestaan het en tydens ‘n toespraak gegil het: “I’m not a polemicist!” Wat dit ook al mag beteken. Dog na my ervaring is ‘n liberaal in Suid-Afrika maar net iemand wat nog nie ‘n marxistiese seminaar bygewoon het nie.
In Glenn Moss se boek verwys hy juis na al die marxistiese seminare wat in sommige van die kommunes in Yeoville en Yeoville gehou is. Hy skryf:
Two communes where older radical students lived – one in Yeoville, the other in Melville – provided spaces where a younger group joined in discussions over whether the organisations of student government provided a vehicle for or obstacle to the politicisation of students. The anti-institutional mantra of America’s counter-culture heroes – Jerry Rubin, Abbie Hoffman – seemed to offer attractive alternatives to the formal processes of student representation. How could one, as a radical, represent students whose interests were embedded in white privilege and elitism? Surely the very institutions of student government were part of the problem and inhibited the ‘changes in individual consciousness’ that the then-influential Charles Reich believed would result in revolution.1 Student government was intrinsically authoritarian, hierarchical and part of ‘the system’ – or so it seemed.
By March 1972, growing student radicalism was increasingly challenging the strong liberal consensus on campus. A younger group of students who had arrived at university with a background of activism brought welcome numbers and ideas to radical activity. Some had been educated at Woodmead School, a private but progressive institution on the northern fringes of Johannesburg.
Toevallig was Glen Moss ‘n paar jaar gelede op ‘n slag in my huis, het een kyk na my stel leergebonde eksemplare van die WAT gegee en ewe sarkasties opgemerk: “Hopefully that will be redundant soon.”
Dis nogal ‘n bitter pil om te sluk: dat Glen Moss en sy klein groepie dom Engelse marxiste (dis nogal amusant om in sy outobiografie te verneem hoe hy sukkel hy om Louis Althusser en die “ingewikkelde Franse marxiste” te verstaan) uiteindelik sou seëvier en aan ons dié Afromarxistiese utopie sou nalaat. Tydens dieselfde aflaai vanaf Amazon, het ek sommer Adderjan Basson van News24-faam se boek oor Gavin Watson en Bosasa aangeskaf. Watson was nog ‘n linkse Engelsman wat toe die Dept. van Korrektiewe Dienste van A tot Z besteel het. Ook baie snaaks in die boek is hoe een of ander swendelaar die Watson-familie oortuig het om R128 in sy skema met finansiële opsies te bele (dít wat ek tydens my bankloopbaan verhandel het) en toe alles verloor het. Toe doen hulle maar nog ‘n tender met die DKD!
Moss vermeld dat hulle tydens die Republiekdagviering in 1966 by Pretoria Boys High ‘n Union Jack by die skool gehys het en die Republiekvlaggies wat uitgedeel is, só gevou het dat net die Union Jack wys en dit dan trots in hul skoolbaadjiesakke gedra het. Dit was die begin van sy “rebellie”.
South Africa was declared a Republic, outside the Commonwealth of Nations, on 31 May 1961. Only a small majority of the white electorate had endorsed this, with just over 52 per cent of voters approving the proposal. This part of the electorate looked back to a nationalist and anti-imperialist past associated with the Boer Republics of the Transvaal and the Orange Free State, and viewed the ‘re-establishment’ of the Republic as a victory against the British, who had conquered the Boers in war but not in spirit.
Most English-speaking white South Africans, wedded to Commonwealth and Queen, opposed the formation of a Republic. For the vast majority of the population, the new ‘Republic of South Africa’ represented further exclusion from the central institutions of government and administration and a consolidation of apartheid-based power.
White schools were centrally involved in successive celebrations of Republic Day. I was among the primary school children in Pretoria who were handed replicas of the South African flag and a special Republic Day coin at school ceremonies in 1961. By 1966, a few pupils and teachers at the high school I attended had become less than enthusiastic about celebrating five years of a Republic. A handful of brave boys climbed the two bell towers flanking the school’s central building, erecting a Union Jack on each one in protest against what was seen as a Republic ‘for the Afrikaners’. Again, small flags were handed out as part of the festivities. I was one of the group of younger pupils who expressed opposition in a way that reflected our ‘pro-English’ bias. We folded the flags so that only the small Union Jack showed, and displayed this, handkerchief-style, in the top pockets of our school blazers.
Dis ‘n ander teorie wat ek het: dis ‘n maar ‘n paar treë vanaf die Union Jack tot by die hamer-en-sekel. Soos Barbara Creecy en baie ander wat as Prog begin het en as kommunis geëindig het. Daar is iets aan die Suid-Afrikaans-Engelse etnisiteit wat hom tot ekstremisme leen. In my tyd het ek gesien hoe maklik dit is om ‘n Engelse student te radikaliseer, net soos wat Moslemsgevangenes vandag in Franse tronke geradikaliseer word. Hy kom in as ‘n motordief of dwelmhandelaar en verlaat die gevangenis as oortuigde djihadis. Daar was iets soortgelyks aan Wits in die sewentiger- en tagtigerjare, hoewel dit al vroeër in die 1940’s begin het, met die twee aartskommuniste Joe Slovo en Ruth First op die kampus, wat ook hul eie marxistiese seminaar saam met ene Nelson Mandela in ‘n woonstel in die Johannesburgse middestad bygewoon het. (Dit word vertel in Alan Wieder se Ruth First and Joe Slovo in the War Against Apartheid. Monthly Review Press, 2013.)
Glen Moss
Glenn Moss se opmerkings oor hoe sy Engelse identiteit by Pretoria Boys High gevorm is, toon vir ons dat die hele terreur- en propagandaveldtog vanaf 1960 af minder met “apartheid” te make had, as met etniese haat vir die Afrikaner en Afrikaans, iets wat geensins in die “postapartheidsutopie” afgeneem het nie, inteendeel. “Afrikaans must fall.”
Die streek in Frankryk waar ek by tye woon, is Auvergne. Ek lei van die plekname af dat daar eens op ‘n tyd in Auvergne Oksitaans gepraat is. Dis eintlik tragies, hoeveel minderheidstale die revolusionêre Franse doodgemaak het. Toe ek van die breinskade by Wits herstel het — omring deur die wêreldvreemde, dom koloniale Engelse wat ‘n marxistiese klok gehoor het en nie weet waar die bel hang nie — het ek besef: Ek haat die revolusie! Dié van 1789, 1917 en veral 1994.
Ongelukkig staan ons maar nog aan die begin van ons lyding: die rand is nou op R20 teen die euro, maar ons gaan nog R30 en R50 en R100 sien. As die Glen Mosse en die Gavin Watsons en hul ANC-surrogaatvriende die staatskas leeg gesteel het en die staatsdienspensioenfonds klaar geplunder het, gaan die privaatpensioene volg. En natuurlik die paar Afrikanerboeregesinne se grond.
Daar is mos so ‘n Engelse tannie by ‘n ding genaamd PLAAS, Ruth Hall. Sy adviseer Ramaphosa oor sy “grondbeleid” en wil volslae kommunisme en kolgosse invoer. Dis nog ‘n fassinerende onderwerp: die Engelse marxistiese tannies, van Ruth First af tot by Ruth Hall. Die boek Rut, as’t ware. Dalk stof vir ‘n artikel in ‘n buitelandse publikasie. Dis nodig dat die hele wêreld agterkom op watter manier Suid-Afrika die prooi van die “nuwe radikale” geword het. Ons is die Kuba of Sowjetunie van die een-en-twintigste eeu.
Die digteres Annesu de Vos is nog ‘n slagoffer van Wits wat al 30 jaar lank ‘n futiele politieke korrektheid in Toronto bedryf. Antjie Krog, daarteenoor, is winsgewend polities korrek in Suid-Afrika. Sy is een van die min Afrikaners wat deur die regime op die hande gedra word.
Die meeste ander linkse of kwasilinkse Afrikaners het bedroë daarvan afgekom. Die Dakargangers byvoorbeeld, wat destyds deur die ANC-SAKP gebruik of misbruik is om as terreurorganisasie politieke legitimiteit in Suid-Afrika te bekom, is oorgesien as dit by regeringsaanstellings (en tenders) kom. Van my vorige Afrikaansdosente by Wits was Dakargangers: John Miles, Ampie Coetzee (skrywer van die boekie, Marxisme en die Afrikaanse letterkunde). Coetzee se stukkie “Afrikaanse marxisme” begin met die onsterflike woorde:
Hierdie boek wil ‘n alternatiewe benadering tot die Afrikaanse letterkunde beproef deur enkele prosatekste as voorbeeld te neem. Dit is nie ‘n literêrsosiologiese studie wat die maatskappy vanuit die letterkunde wil verklaar nie; eerder ‘n Marxistiese benadering vanuit ‘n siening dat ‘n letterkunde gedetermineer is deur dieselfde magtewat ook die aard van ‘n maatskappy bepaal. Alhoewel dié ondersoek nie literêr-sosiologies is nie, sal dit nietemin sekere eienskappe in die totstandkoming en ontwikkeling van die Afrikaner se ideologie onderstreep. Soos byvoorbeeld sy strewe om ‘baas’ in sy ‘eie land’ te wees, 1) of die feit dat die Afrikaner aanvanklik teen kapitalisme en imperialisme was as eksploitasie, maar dat hy tog mettertyd die vrye ondernemingstelsel as sy uiteindelike redding gesien het.
Uiteindelik het die hele Oos-Europa, Rusland daarby inbegrepe hul “uiteindelike redding” in die “vrye ondernemingstelsel” gesien. In die tagtigerjare toe Coetzee hom toe marxisme bekeer het, kon hy dit egter nie sien nie. Soos die vele Engelstalige marxiste met wie hy omring was, het hy die Afrikaner se verknogtheid aan ‘n konserwatiewe ekonomiese beleid en vyandigheid teenoor sosialisme as ‘n vorm van “agterlikheid” gesien.
Suid-Afrika beskik nou nog oor die mees linkse Engelssprekende bevolking ter wêreld. Nêrens elders, in die VSA, VK, Kanada, Australië of Nieu-Seeland, sou Engelssprekendes so ekstreem en radikaal raak soos in Suid-Afrika nie. Glen Moss skryf trots oor dié proses in The New Radicals. Maar uiteindelik sou dit ook na Afrikaners oorspoel, om ‘n verskeidenheid van redes, sommige ideologies en ander nie.
In die eerste plaas sou geen Afrikaner werk in ‘n Afrikaanse departement werk gekry het aan ‘n Engelstalige universiteit as hy nie links was nie. Dit verklaar in vele opsigte die linkse ywer van Afrikaanse akademici aan Engelse universiteite. In die huidige Suid-Afrika heers daar so te sê ‘n linkse hegemonie aan álle universiteite sodat dieselfde beginsel deesdae aan die meeste akademiese instellings geld. Maar in die 1980s was die Afrikaanse universiteite steeds redelik gematig en nog nie verower deur marxisme en feminisme nie.
Met die ideologiese verowering van sowel die media as die universiteite deur linkse Engelssprekendes het Afrikaners toenemend onderdanig aan die “nuwe ideologie” (eintlik is die marxisme ‘n baie ou ideologie wat uiteraard na die negentiende eeu en Marx en Engels se geskrifte teruggespoor kan word) geraak. In die tagtigerjare sien ons egter die aanvang van hierdie onderdanigheid onder die klein aantal Afrikaners aan Engelse kampusse.
Gerhard Maré
Een van Glen Moss se boesemvriende was ‘n Afrikaner, Gerhard Maré. Nie dat “Gerry Maré” hom ooit as “Afrikaner” sou definieer nie, maar hy was wel van huis uit Afrikaanssprekend met ‘n Afrikaanse naam. “Gerry” figureer insgelyks in The New Radicals wanneer dit kom by die klandestiene besoek van Breyten Breytenbach aan die land in 1975:
I did not need more detail. A close colleague had asked that I come to Cape Town, and that was enough. However, finances for a flight were an issue, and Gerry indicated that the costs would be covered through the Nusas student travel agency. Early on the morning of 13 August 1975, I flew to Cape Town. When I met up with Gerry, he was disinclined to tell me whom I would be meeting, or for what purposes. Again, this was not particularly unusual. Together with a number of colleagues, I had been spending more and more time in a twilight world between legality and illegality, above-ground activity and clandestine plans and intentions. This was the reality of trying to fashion a political role beyond the structures and constraints of student and campus politics.
We set off from the Nusas head office, with Gerry driving a yellow Volkswagen Beetle used as a run-around by the student organisation. Weaving our way through the city centre, we stopped at an intersection. I got out and moved into the back seat at Gerry’s request. A tall bespectacled man, wearing a white trench coat, slipped into the front passenger seat. As we drove off, he spoke to me over his shoulder, introducing himself as ‘Christian Galaska’. After a few minutes in which he and Gerry talked to each other in Afrikaans, he turned round and began asking about the publications I intended producing, and how he could get access to them. While I was cautiously explaining that subscription would be possible, with delivery by mail, Gerry suddenly pulled up. The vehicle behind us came close to tail-ending the yellow VW, confirming Gerry’s terse statement: ‘We are being followed.’
Gerry pulled off slowly, then accelerated, and began a hair-raising drive through the city centre, swinging right across ongoing traffic, turning suddenly left down smaller side streets, and accelerating up wider main roads. It soon became obvious that there was a phalanx of cars following us, no longer making any effort to avoid detection. Gerry speeded up further, onto De Waal Drive at the top of the city, along the M3, and finally cut across traffic to begin the climb up Rhodes Drive past Kirstenbosch.
A massive storm was lashing the Peninsula. Sheets of rain made it difficult to see, and strong gusts of wind threatened to blow us off the road. Conversation had ceased, as Gerry concentrated on keeping the car on the road. I watched through the rear window to see if we were making any headway in losing the line of vehicles behind us.
As we rounded a bend, Gerry braked hard. Lying across the road was a massive tree, uprooted by the high winds. We swung round in a tight turning circle and headed back down Rhodes Drive, passing the line of cars which had been following us. Slowly, they repeated the turning manoeuvre with less ease than the little VW had managed, and the procession made its way down behind us.
Back in the city centre, it was agreed that we would stop suddenly at an intersection, ‘Christian’ would jump out of the car and run off down a side street, and Gerry would drive off as fast as possible. ‘You must leave, get out of South Africa, immediately,’ Gerry told ‘Christian’. As he left the VW, two men jumped from one of the cars behind us, and followed him down a side street.
Gerry and I drove back to the Nusas head office. I made it clear that I did not want to know any details of the man we had met or his mission. I decided to return to Johannesburg as soon as possible, but did have enough time for a brief discussion with Cedric de Beer. Like everyone else in the Nusas head office, he seemed to know that something dramatic had happened. Without giving any details, I told Cedric that I was worried about the events of the past hours and feared problematic consequences.
If Cedric was aware of unusual activity, then others in the Nusas offices, including Craig Williamson and Karl Edwards, must also have known. Williamson, as Nusas treasurer, would have been aware that an air ticket had been bought for me through the student travel office. Apart from any other leaks in security – and there were in all probability many – these alone made the contact between ‘Christian’ and people like Gerry compromised from the start.
‘Christian’, of course, was Breyten Breytenbach, although I did not know this at the time. I did, however, know that there was a move afoot to recruit whites from the left to an organisation which appeared to have some ANC support. I had discussed this in Durban when I visited the Nusas congress held in July. Shortly afterwards, Jeanette Curtis mentioned that she understood that some of the non-communist leaders in the ANC were committed to loosening the influence of the SACP.
They were willing to support an initiative to set up a left-wing, but non-communist, organisation, made up predominantly of white intellectuals, who might provide some balance to the centralist and pro-Soviet form of communism represented by the SACP.
Both Jeanette and I had thought the initiative sounded dangerous and ill-conceived, although we did not have any further details about it. She did mention that there was someone in the country from whom she might obtain more information, but I think this referred to Barend Schuitema, who was apparently in Johannesburg, rather than Breytenbach. Jen had been quite ill with a bout of rheumatic fever and was confined to bed. Our discussions about what I later learnt was Okhela were limited, and the main purpose of my visits was to check on her health and establish whether she needed more reading material.
Terugskouend het Breyten Breytenbach verniet bykans agt jaar in die gevangenis deurgebring. Daar is selfs sprake daarvan dat die hele Okhela-gedoente ‘n strik was wat deur buitelandse inligtingsdienste gestel is en dat die volle besonderhede van sy koms onder ‘n skuilnaam na Suid-Afrika vooraf aan die plaaslike Veiligheidspolisie gekommunikeer is.
‘n Ander lid van Okhela, Berend Schuitema, wat oorspronklik die AABN (Anti-apartheidsbeweging Nederland) gestig het, skryf die volgende op sy woernaal:
After Breyten’s arrest and trial I was detained under the direct supervision of Johnny Makhatini in Algiers, ostensibly for an internal post mortem/inquiry/disciplinary hearing that had to take place. In the beginning of 1977 I was able to get out of Algiers while Makhatini was on a mission somewhere else, and settled in with the bulk of the remaining “Okhela” comrades in New York. The discussion was, as I found it to be, whether or not we should denounce Breyten. I vehemently objected to this approach. Breyten was in jail and it’s not ethical to denounce any one unless the facts were on the table. And in the case of Breyten these facts would only become known upon his release from jail. The position adopted that through thick and thin we would defend Breyten and maintain his integrity, while at the same time doing everything possible to make amends with the ANC. I have no qualms about Breyten and to this day still feel he was victim rather than villain. But with regard to the ANC I discover that we were both victims. And there were more victims who paid heavy prices. The whole “white left” became victim! In these latter days the ANC in fact is spinning its “liberation movement” credentials out of existence!
Wat Schuitema hier skryf oor die “white left” wat almal “slagoffers” geword het, het betrekking op hoe sommige Afrikaners en Engelssprekendes as “nuttige idiote” gebruik is om die blankes en veral Afrikaners te verdeel ten einde die magsgreep van 1994 uit te oefen. Tans word dieselfde tegnieke steeds aangewend om ons te verdeel tussen “verlig” en “verkramp”, “regs” en “links”, terwyl die ANC en SAKP na hartelus die land plunder en op die duur in ‘n tweede Zimbabwe verander.
Sodoende het Suider-Afrika, tesame met Kuba en Noord-Korea, die laaste buitepos van die kommunisme geword. Is dit iets om op trots te wees?
Kennelik dink Glen Moss en Gerry Maré só, asook natuurlik die vele hedendaagse bekeerlinge tot Suid-Afrikaanse marxisme, soos Adriaan Basson en Pieter du Toit van News24, Piet Croucamp wat so gereeld op RSG sy ANC-propaganda uitsaai, Azille Coetzee oor wie ek voorheen hier geskryf het en ‘n hele horde Engelssprekendes wat steeds onherroepelik in die greep van die “nuwe radikalisme” verkeer.
Hulle is die waghonde van die stelsel wat moet sorg dat Afrikaners en blankes in die algemeen gehoorsaam aan die ANC en SAKP bly in hierdie radikale Klein Engeland met sy deftige ousies — ons ekwivalent van die Russiese nomenklatoera — wat in Porsche Panameras rondry.
Arme Verwoerd, die gebore Amsterdammer wat hom daar op die Parlementsvloer doodgebloei het, ná die messteke van die Baster-Griek waaraan die lintwurm van kommunisme insgelyks gevreet het. Onlangs ontvang ek dié interessante aanhaling in my e-pos:
“I want to emphasise that South Africa should not be condemned in the way she is condemned; that there should be no interference with her affairs; and that South Africa cannot allow it, but will have to oppose every attempt to interfere in our affairs, also if it comes in the form of an attempt to change the sentence imposed by our courts. I shall not be a party to anything of this nature. When saying this, I ask the Western world at least also to look after its own interests, and to realise that if South Africa were to fall a prey to Communist conspiracies, the West would suffer also. Even if the West assists in making us fall prey by trying, in the atmosphere which prevails, to gain the friendship and support of everybody else at the cost of South Africa, it should bear in mind that if a conquered South Africa becomes Communist, the noose about the neck of Europe and America will only be drawn tighter.
It will not only be the end of us, but also the beginning of the end for them. When therefore it is said in those circles that they are glad that Mandela received a life sentence and not the death sentence, because he may still, like Kenyatta, become the leader of the future, then I say, ‘God forbid!’ If that were to happen, not only would South Africa be doomed and become Communist, but then the world would in time be conquered by Communism, because after that the only bastions which still protect White civilization against that pernicious ideology would fall one after another.” Dr Verwoerd’s comment after the conclusion of the Rivonia trial. Quoted in Lauritz Strydom Rivonia unmasked, Voortrekker Pers, Johannesburg.
As ‘n mens na die manewales van Europese diplomate in Pretoria kyk, dan is Verwoerd se profesie al bewaarheid. Dit moet nog net na Merkel en Macron toe deursyfer, sou ek sê.
Glen Moss gaan nog Duitsland regeer, of ten minste, die Glen Moss-idee van “gelykheid tussen rasse en klasse”, soos verkondig in die gefotokopieerde blaadjie “Work in progress” en befonds deur die alomteenwoordige Sweedse geldstroom, wat hy volgens The new radicals vanaf die Afrikanerdominee, Beyers Naudé, onvang het. Blykbaar het Oom Aambei, soos ek hom noem, by tye tot die Here gebid en gevra dat hy hom nie in versoeking moet stel met al die Sweedse geld in sy bankrekening nie.
Die ironie is dat verskeie Westerse lande, waaronder Nederland, maar veral Swede, in die vroeë negentigerjare gesorg het dat Suid-Afrika wel deur ‘n kommunistiese party en sy frontorganisasie, die ANC, regeer sou word terwyl die res van die wêreld in Oos-Europa, maar ook Asië, op daardie stadium kommunisme grondig verwerp het.
Waar Afrikaners eens sterk anti-kommunisties was, het baie soos die Oos-Duitsers voor hulle, “goeie kommuniste” geword en staan immer gereed om ‘n mede-Afrikaner by die owerheid te gaan verkla of by die werk te laat afdank omdat hy hom nie by die heersende ideologie neerlê nie.
As organisasie het Okhela destyds misluk, maar die kiem van onderdanigheid aan die groter ANC is daar geplant en leef vandag voort aan die Universiteit van Stellenbosch en by Media24 wat natuurlik deur die bank die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty as ‘n geskenk van God ophemel. Nie verniet nie het Stellenbosch ‘n eredoktorsgraad postuum aan Bram Fischer toegeken, met die volle ondersteuning van Koos Bekker, die miljardêr-voorsitter van Naspers, die moedermaatskappy van Media24.
Cor Ehlers besin oor Afrikaner-selfbeskikking in sy boek, ‘n Heimat vir Afrikaners: Die tiende provinsie (Praag 9.02.2020). Hy wys op die agteruitgang van die land sedert 1994 en bied ‘n padkaart aan vir die voortbestaan van Afrikaners as ‘n Westerse volk. Hy skram weg van die term “volkstaat” of “tuisland” en noem sy voorgestelde gebied vir die territoriale selfbeskikking van Afrikaners eerder die tiende provinsie. Hy poog om ras of kleur en regsheid te vermy. Met die oog op plaaslike en internasionale erkenning moet die kultuur, dus eiesoortige leefwyse, van Afrikaners eerder beklemtoon word. Om Afrikaners teen verswelging te beskerm, moet hulle aangemoedig word om hulle in groter konsentrasies in sy voorgestelde tiende provinsie te vestig. Die meer gekonsentreerde (her)vestiging van Afrikaners is ook die kern van Flip Buys (kyk hier onder) se oorlewingsplan. Ehlers skryf: “Afrikaners is polities ontmagtig omdat grondgebied nêrens in Suid-Afrika só afgebaken is dat hulle die meerderheid in ‘n spesifieke deel van die land vorm waar hulle ten minste tot op provinsiale vlak groepsoutonomie geniet nie” (Kindle 1587).
Ehlers is krities oor AfriForum omdat daardie instansie bv aanvoer “dat Afrikaners nie reg is vir selfbeskikking nie” (518). Nou blyk dit uit ‘n boek geskryf deur die voorsitter van die Solidariteit Beweging dat die term “selfbestuur” (wat ‘n administratiewe konnotasie het) bo “selfbeskikking” (wat ‘n politieke of staatkundige konnotasie het) verkies word; klaarblyklik om taktiese redes, want soos Ehlers dit stel: “Dit is sinloos om selfbeskikking na te streef wat nie uit die staanspoor gemik is op volle onafhanklikheid met internasionale erkenning nie” (3150). In hierdie rubriek bespreek ek vervolgens Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur (Centurion: Kraal Uitgewers, 2019, 402p, R450). Soos uit die newetitel blyk, is Buys net so krities oor die ANC-regime as Ehlers. Maar Buys weerhou hom daarvan om die oorgangsproses te verdoem. Maar dit is hoe ons in ons huidige haglike situasie beland het.
By Buys is daar ‘n goeie skeut optimisme; dat ons moet aanbeweeg en die beste probeer maak van die gemors waarin ons is; dus om te red wat daar te redde is. Volgens sterrekundiges kan niks uit ‘n swartkolk (“black hole”) ontsnap nie. So ‘n kolk kan vir die plaaslike blankes ‘n realistiese beeld van hulle situasie bied; hoewel hulle darem steeds die onverkwiklike opsie van emigrasie het. Maar ‘n mens moet die moontlikheid van lig in die stikdonker, dus van beter omstandighede vorentoe, probeer voorsien, anders sou dit sinloos wees om met die maak van planne voort te gaan.
Die indruk wat Buys by my wek, is ten minste ‘n mate van onbekeerdheid tot die Afrikanersaak en ‘n oorversigtigheid om die fundamentele boosheid van die ANC te erken. “Mandela het almal verseker dat daar nooit weer verdrukking van een groep deur ‘n ander sou wees nie” (p 96). Dit word genoem sonder om duidelik te sê dat Mandela doelbewus gelieg het. In 1997, tydens Mandela se ANC-leierskap, is bv op die verderflike beleid van rasverteenwoordigendheid besluit (260). Ek dink ook daar kan nie met reg enige twyfel wees dat die “skikking” van 1990/94 mandaatloos uitgevoer is nie; dus dat die blankes, insluitende Afrikaners, uit hulle toekoms verneuk is. Die mandaatloosheid van hierdie gebeure, dus dat die blanke kiesers tydens die 1992-referendum vir magsdeling – en nooit vir magsoorgawe nie – gestem het, word bv deur Hermann Giliomee onderskryf.
Maar wat beweer Buys? “Die grondwetlike skikking … deur die meeste Afrikaners gesien is as die billike verruiling van meerderheidsregering vir minderheidsbeskerming. Die swart meerderheid sou hul regmatige regte kry sonder dat die Afrikanerminderheid syne sou verloor … Die meeste Afrikaners se destydse aanvaarding van die nuwe bedeling het nie beteken dat afstand gedoen is van die historiese strewe na kulturele vryheid nie. Die nuwe bedeling is bloot as die beste manier gesien om dit te verwesenlik en in die proses ook die uiteenlopende historiese vryheidstrewes van swart en wit te versoen” (344-345).
Dit is ‘n skewe voorstelling van sake. Die 1992-referendumvraag was bloot of met die grondwetlike onderhandelinge voortgegaan kon word. As FW de Klerk eerlik was en direk gevra het of die blanke kiesers tot swart meerderheidsregering instem, sou hy sleg verloor het, soos meningsopnames uit daardie tyd baie duidelik maak. Van die wigte en teenwigte wat De Klerk herhaaldelik belowe het, het (feitlik) niks tereg gekom nie. Dit was reeds in die 1993-Oorgangsgrondwet duidelik en glashelder in die huidige 1996-Grondwet. Rina Venter (Praag 26.10.2019) vertel dat De Klerk se strategie was dat alles wat destyds tydens die onderhandelinge met die ANC verkeerd geloop het, in die Grondwet reggestel sou word.
Buys stel in hierdie opsig die teenoorgestelde standpunt: “Die feit dat die Grondwet ruimte vir selfbeskikking maak, laat die vraag ontstaan of dit ooit deel van ‘n oplossing vir Afrikaners kan wees” (225). Mettertyd het dit geblyk dat nie eens die blankes se eiendomsreg behoorlik verskans is nie. In elk geval: Meerderheidsregering met algemene, gelyke stemreg in ‘n eenheidstaat maak dit vir die swart kiesers moontlik om met hulle getalsoorwig die Grondwet na willekeur te verander. Verder het Thabo Mbeki kort ná die 1994-verkiesing onomwonde verklaar dat die ANC hom nie gebonde voel aan enige ooreenkoms wat met die NP-regering tydens die onderhandelinge aangegaan is nie omdat die ANC toe nie vry was nie. “Die ANC het by die grondwetlike onderhandelinge toegewings gemaak om die mag te kry, en het stelselmatig daardie mag gebruik om hul oorspronklike doelstellings te verwerklik” (99).
Al laat hy na om De Klerk te verdoem, toon Buys soms realistiese insig. “Die meerderheid gaan altyd in die versoeking wees om ‘n presterende minderheid se bates te vat, sy instellings oor te neem, en hulle vir hul eie mislukkings te blameer. Daarom bly dit onverantwoordelik vir ‘n minderheid om vir hul toekoms staat te maak op die verdraagsaamheid van die meerderheid. Geen grondwet, politieke stelsel, hof of selfs militêre mag kan ‘n magtelose minderheid blywend verskans teen die gevolge van die oorheersing van die meerderheidsgroep nie. Die hoogs opgeleide deel van die minderheid gaan bloot begin emigreer na veiliger en gelyker weivelde, wat tot die ondergang van die hele volk kan lei” (79). Dit is dus sinloos om soos De Klerk te redeneer dat nie net by die letter nie, maar ook by die gees van die Grondwet gehou moet word. Die immorele ANC kan nóg met die nakoming van die letter nóg met dié van die gees vertrou word. Die punt is dat De Klerk en sy mede-onbekwame onderhandelaars versuim het om hulle bevredigend van hulle taak te kwyt.
Ná 1994 het dit spoedig duidelik geword dat die nuwe Suid-Afrika ‘n distopie is. “Die ‘wonderwerk-skikking’ van 1994 het in ‘n gewone meerderheidsregering ontwikkel wat dreig om in meerderheidsoorheersing te ontaard” (61-62) – “dreig” of is dit reeds volskaals die geval? “Demokrasie sonder kulturele vryheid [is] … net vryheid vir die demografiese meerderheid … omdat elke deel van minderhede se lewe deur die meerderheid oorheers word. Demokrasie gaan immers oor die vryheid van almal en nie oor regte vir die meerderheid nie” (62). Wat ons beleef, is die “transformasie van die samelewing deur staatsmag … die herskepping van die samelewing volgens rasse-wetgewing … Hierdeur is wit mense in die praktyk tot tweederangse burgers afgradeer” (62). In Buys se boek word gesonde insigte soos hierdie afgewissel met oorversigtige formulerings wat die indruk van pogings tot ‘n (te groot) mate van politieke byderwetsheid wek.
Dat 1994 ‘n katastrofiese ramp vir die blankes was, word deur Giliomee in sy voorwoord erken: “In Suid-Afrika het wit mense in 1994 die mag onherroeplik verloor” (10). “Ná die oorgang in 1994 het die Afrikaners in ‘n sekere sin ineengestort” (13). Ek is nie ‘n onkritiese bewonderaar van kolonialisme nie, maar Giliomee toon reeds op die eerste bladsy van sy voorwoord dat hy te veel van die “ons” na die “hulle” oorleun wanneer hy noem dat kolonialisme die inheemse bevolkings “ontwrig” het, sonder om ewewigtigheidshalwe die kolonialiste se groot teenprestasies te noem (7). Daar mag van “blankes” gepraat word, maar die gelykluidende woord “swartes” moet glo nie gebruik word nie. Blykbaar moet dit “swart mense” wees; dus die beklemtoning van swartes se menswees, maar nie ook dié van wit mense nie. Giliomee dui sy verwerping van die woord “swartes”, wat in ‘n aanhaling voorkom, met “sic” aan (9). Buys doen dieselfde (300).
Die vvv-refrein in Buys se teks is: “Afrikaners [het] die reg op vrye, veilige en voorspoedige voortbestaan;” dus “die reg op voortbestaan [as] ‘n kultuurgemeenskap” (19). “Die meeste mense het veelvoudige identiteite. So is die Afrikaners ook Afrikane, Suid-Afrikaners en Afrikaanssprekendes” (19). Die Afrikaanheid word ingevryf met: Ons “het in Afrika Afrikaners geword” (27; ook 19). Dít ontken ek nie, want ons is nie steeds bv Hollanders, Duitsers of Franse nie. Insgelyks ontken ek nie dat Hollands plaaslik Afrikaans geword het nie. Maar daar is ‘n wesenlike Europeesheid in Afrikaners en Afrikaans wat vreemd in Afrika is. Daarom is dit my standpunt dat Afrikaners nie noodwendig Afrikane is nie. Ons kan ‘n volkstaat of tuisland op ‘n ander kontinent skep en Afrikaners bly.
Giliomee haal JD Kestell aan: “‘n Volk red homself” (15). Buys skryf: “Ons sal self verantwoordelikheid vir ons toekoms moet neem” (22). Die skepping van ‘n volkstaat of tuisland plaaslik of elders kan myns insiens deel hiervan wees. “Selfbeskking” word glo met “regse praatjies” (210; ook 214) en ‘n “volkstaat” geassosieer, gevolglik verkies Buys die woord “selfbestuur” (211), spesifiek gemeenskapselfbestuur (213), dus iets op ‘n kleiner skaal en klaarblyklik staatkundig minder onafhanklik as ‘n volkstaat. “Onafhanklike selfbeskikking is nie … prakties haalbaar of werkbaar nie” (215).
“Wat Buys versuim om te doen, is om hiërargies oor sy genoemde veelvoudige identiteite uitsluitsel te gee. Hy skryf waaragtig ‘dat nie een noodwendig belangriker as die ander is nie'”
Buys word soos volg deur ANC-propaganda geïntimideer: “Die probleem is dat Afrikanerselfbeskikking in die vorm van die afskeiding van ‘n sogenaamde volkstaat, in Suid-Afrika ‘n verregse kleur gekry het en met ‘n vasklou aan of terugkeer na apartheid vereenselwig word” (219). “Hoewel die eertydse groot volkstaatplanne nie haalbaar is nie, kan interne selfbestuur in ‘n ylbevolkte gebied van ‘onder’ af ontwikkel, soos die plan wat Orania het om van dorp- tot stadsgebied te ontwikkel” (222). Buys se “model kom neer op groeiende selfbestuur en is ver verwyder van die rassevolkstaatkaarte van vroeër” (222). Kortom, Buys ontken ras maar erken eiesoortige kultuur/lewenswyse in sy planne. Sy plan kan glo net werk “as dit van enige sweem van rassisme ontkoppel word” (222-223).
Wat Buys versuim om te doen, is om hiërargies oor sy genoemde veelvoudige identiteite uitsluitsel te gee. Hy skryf waaragtig “dat nie een noodwendig belangriker as die ander is nie” (24; ook 27). “Iemand kan dus met groot vreugde gelyktydig ‘n goeie Afrikaanssprekende, Afrikaner, Suid-Afrikaner én Afrikaan wees sonder dat daar enige hiërargie of botsing bestaan” (27). Ek, daarenteen, is primêr ‘n Afrikaner/Boer en daarom noodwendig Afrikaanssprekend. Identiteite soos Suid-Afrikaner en Afrikaan is in my geval opsioneel. Buys beweer selfs “groeplidmaatskap is vrywillig” (24) terwyl Afrikanerskap in my hart en niere ingeweef is. Toegegee, die groeplidmaatskap vir verloopte Afrikaners, bv hanskakies, is aan verandering onderhewig. Hulle identiteit is soos ‘n vlieër – dit hang af van die rigting waarin die wind waai.
Van vrywillige groeplidmaatskap gly Buys na “selfdefiniëring” (25), wat deesdae die euwel insluit dat ‘n mens self oor jou geslag kan besluit, al is dit teenstrydig met wat jy met jou eie oë in die spieël sien. ‘n Onderskeid word tussen geslag (“sex”) en geslagtelikheid (“gender”) getref. Jou LGBTQIA+-status is anders as hoe jy oënskynlik is. Selfs blankheid mag glo “nie [as] ‘n diskriminerende geslote definisie gebruik [word] nie” (26). “Die term ‘wit volk’ van die Verwoerd-era [is] lankal uitgedien” (27-28). Dus, teoreties kan enigeen homself bv blank verklaar. “Dit was nie in die verlede korrek om bruin mense op grond van hul ras [van die blankedom] uit te sluit nie” (26). In die praktyk is dit egter ‘n ander storie. As genetiese blankes hulleself ter selfbevoordeling swart verklaar, sou die ANC-regime geen erkenning daaraan gee nie. Hierdie ANC-kamerade verdeel die plaaslike bevolking steeds in dieselfde vier rasgroepe as tydens apartheid. Ten spyte van al die polities byderwetses wat beweer dat daar nie so iets soos verskillende rasse is nie, bv dat ras ‘n “konstruk” is, of dat daar net een ras, naamlik die menseras, is, bewys die ANC-regime daagliks, getrou aan die apartheidsresep, dat daar in Suid-Afrika vier (maklik) identifiseerbare rasse is. Hierdie rasse word vir bevoordelingsdoeleindes hiërargies, van positief na negatief, soos volg gerangskik: swart, bruin, Asiaties, blank.
Waarmee Buys besig is, is om te veel aan polities byderwetsheid toe te gee, deur bv Afrikanerskap af te water. “Begrippe soos ‘Afrikaner’ of ‘volk’ is in die ou bedeling om politieke redes misbruik of dikwels in ‘hoofletters’ geskreeu, maar die kulturele ‘moord’ op ‘n kultuurgemeenskap as gevolg van die verlede kan tog nie geregverdig word nie” (27). In die huidige omstandighede is dit juis nodig om nog harder as in die verlede vir die heil en behoud van die Afrikaner en Afrikaans te “skreeu”. Pleks van die ANC se wanvoorstelling van die verlede te aanvaar, behoort alle Afrikaners, insluitende Buys, eerder die baie voortreflikhede in ons verlede by die ANC-kamerade tuis te bring; des te meer deur die verlede met die onverkwiklikhede van die hede te kontrasteer. Ook word die absolute breuk in die Afrikaner se geskiedenis in 1994 glad nie genoeg beklemtoon nie. Dit was louter dwaasheid. “Dit is soos om ‘n boom af te kap en dan te dink jy sal steeds die vrugte en koelte kan bly geniet” (178).
‘Is Afrika ‘n regverdigbare rede vir Afrikanernasionalisme? Dit lyk asof Buys op twee stoele probeer sit.’
Eintlik besef Buys dat hy op die verkeerde pad is; dus dat hy polities te verlig probeer wees. Hy voer die volgende eierdans uit: “Die goedbedoelde aandrang dat Afrikaners eerder opgeneem word in ‘n breë Suid-Afrikaanse of selfs Afrikaanse groep het ongelukkig onbedoelde gevolge. Afrikaners het vir té lank hul bande met Afrikaanssprekendes van ander groepe afgeskeep, en daardie bande moet dringend versterk en uitgebou word. Maar om ‘n volksgroep tot ‘n taalgroep te reduseer, beteken dat daar afstand gedoen word van ‘n hele stel internasionaal erkende regte – soos die reg om besluite te neem wat die groep se voortbestaan en identiteit [bv hulle taal] raak” (29).
Tereg skryf Buys: “Ons mag maar aan ons eie kant wees” (31), maar hy bly nie altyd daar nie. Hy bepleit “kulturele patriotisme of [én?] gesonde en ewewigtige Afrikanernasionalisme” (32), maar hy hou nie deurgaans daarby nie. Sy weifeling blyk reeds uit sy kwalifisering van Afrikanernasionalisme in die vorige sin. Later skryf hy: “Ons [moet] … ‘n gesonde Afrikanernasionalisme ontwikkel, want [!] dit is ‘n voorvereiste vir ‘n gesonde Afrikapatriotisme” (391). Is Afrika ‘n regverdigbare rede vir Afrikanernasionalisme? Dit lyk asof Buys op twee stoele probeer sit.
Volgens ‘n berig deur Gert van der Westhuizen streef Buys en Solidariteit volksveelheid eerder as volkseenheid na. Buys wil ‘n kultuurakkoord met die ANC aangaan, hande vat, brûe bou, ens (“Solidariteit streef ‘volksveelheid’ pleks van volkseenheid na,” Netwerk24, 10.10.2019). Sy fokus is klaarblyklik nie sterk genoeg op Afrikaners en Afrikaans gerig nie. Buys noem Afrikaans “een taal met vele kulture” (315). Nêrens spreek hy egter sy kommer oor die gehalte/suiwerheid van hedendaagse Afrikaans uit nie. Hy laat hom hier, soos in ander opsigte, lei deur wat as polities byderwets geag word. Tog slaan sy onderliggende gesonde Boersheid soms deur: “Dit is siek dat ‘n rassistiese twiet deur ‘n wit mens meer opspraak maak as al hierdie plaasmoorde saam” (320). “Die boere is ‘n mikrokosmos van die Afrikaner, en wat met hulle gebeur is tekenend van die groter gebeure” (324).
Hoewel bruin mense kultureel nader aan die blankes en Afrikaanssprekende bruines nader aan Afrikaners as swartes en Asiate is, is daar etniese verskille. “Taal- en kultuurgemeenskappe [is] nie dieselfde … nie” (31). Hy onderskei dus tussen “Afrikaanssprekendes en Afrikaners” (317). Maar Buys versuim om hierdie onderskeid te handhaaf wanneer hy soms van “Afrikaanse” pleks van “Afrikaner-” skryf, bv “Afrikaanse leefwyse” (193, 303), “Afrikaanse bestaan” (194) en “Afrikaanse kultuurkarakter” (305). Volgens die ANC se amptelike rasformule is 9% van die bevolking blank en 9% bruin. Dit maak dus sin om “bande” tussen die blankes en die bruines te versterk sodat hulle gesamentlik beter weerstand teen verswelging deur die 80% swartes kan bied. Maar daardie samewerking moet, wat die blankes betref, ter bevordering van blanke belange geskied en nie ten koste daarvan nie. Dit beteken onder meer dat blankes en Afrikaanssprekende bruines hulle gesamentlik daartoe kan verbind om die heil van Afrikaans te bevorder. Maar die blankes moet die moed van hulle oortuiging hê om ordentlike – dus so suiwer moontlike nie-Engelse – Afrikaans, bv Standaardafrikaans, van die bruines te verwag/vereis. As die bruines op die bevordering van geradbraakte, Engelsbesoedelde Afrikaans, bv Kaaps, aandring, is samewerking nie die moeite werd nie omdat dit tot die uiteindelike vernietiging van Afrikaans sal lei.
In die UDF-era het baie bruines hulle as anti-blank en baasboikotters bewys. Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) sit hierdie tradisie voort deur enige onderhandelinge met die oog op eenheid met die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) onderhewig aan die vooraf ongekwalifiseerde aanvaarding van die Belhar-belydenis te maak. Insgelyks behoort Afrikaners van bruines te verwag dat hulle hulle tot lojaliteit jeens ordentlike Afrikaans verbind, anders word die prys van samewerking te hoog. Deesdae word dikwels beweer dat die meeste Afrikaanssprekendes bruin is, maar dan word sprekers van die brouseltaal Kaaps daarby ingereken. “Alexis de Tocqueville het … gesê dat die meerderheid slegs die minderheid sal aanvaar as hy dít prysgee wat vir hom die waardevolste is” (30). Dit is presies wat Afrikaanstaal- en -letterkundiges en sogenaamde Afrikaansinstansies, soos die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Afrikaanse Taal- en Kultuurverenging (ATKV), deesdae doen deur eerder Kaaps as Standaardafrikaans te bevorder en nooit Afrikaanstaalsuiwerheid te bepleit nie. Op hierdie manier gaan Afrikaans nie oorleef nie. Giliomee het gewaarsku “dat die kans dat Afrikaners en Afrikaans in die een-en-twintigste eeu kan verdwyn, nie meer vergesog is nie” (18).
Op enkele uitsonderings na is my kommentaar tot dusver eintlik grootliks deur die voorwoord, inleiding en eerste hoofstuk in Buys se boek gedikteer. Ek sal my betoog dus meer selektief en bondig moet voortsit. Ter aanvulling van my bespreking kan Deon Geldenhuys se oorsigtelike, gunstige resensie van Buys se boek gelees word (LitNet 19.12.2019). Let ook daarop dat ek soms Buys-aanhalings gebruik om self so ‘n bietjie te improviseer. Die Solidariteit Beweging is daarvoor bekend/berug dat hy homself oorgraag oordrewe positief adverteer. Buys se boek is geen uitsondering nie, maar ek staan geen ruimte hieraan af nie. Inligting word onnodig dikwels in die boek herhaal; iets wat ek probeer vermy.
Die bevolkingsamestelling van Suid-Afrika, veral die oorwig swartes, het die plaaslike geskiedenis ingrypend beïnvloed; vandaar bv die beleid van rasse-segregasie/apartheid. Die demografie is ook bepalend in die hede en sal die toekoms deurslaggewend beïnvloed. Buys skryf tereg: “Demografiese inligting [is] die basiese data en beginpunt van toekomsbeplanning” (49). Hy is op minder vaste grond as hy byvoeg: “Bevolkingsveranderinge is die oorsaak én die gevolg van die 1994-oorgang” (49). Deurlopend was daar buitensporige aanwas by swartes, wat die politieke druk op die blanke bewind uit daardie geledere verhoog het, maar die 1994-oorgang is in groot mate ook te wyte aan die verregaande onbekwaamheid en ruggraatloosheid van die NP-onderhandelaars. Maar Buys het deels reg: Sedert 1994 het Suid-Afrika demografies ingrypend verander weens die instroming van onwettige inkommers, wat die nieblanke komponent verder vergroot het en allerhande vreemde etnisiteite/kulture hier laat beland het.
In ons veelgeroemde “jong demokrasie” stem die kiesers eerder volgens ras as op grond van beleid. “Vir ‘n opposisieparty om die meerderheidsteun te verwerf, moet hy soos die meerderheid word” (49). Dit is waarom die EFF beter as die DA geposisioneer is. Die DA probeer om sowel die meerderheid as minderhede ter wille te wees, wat ‘n onbegonne taak is. Demografie verseker dat die nuwe Suid-Afrika nag vir sowel die blankes as die land is. Slegs in homogene samelewings kan demokrasie heilsame gevolge hê. “Minderhede het wel stemreg, maar nie stemkrag nie. Daarom weeg die individuele regte van die meerderheid in die praktyk swaarder as die individuele regte van minderhede” (51). Die kultuurregte van Afrikaners word deur die ANC-regime as ‘n bedreiging vir nasionale eenheid gesien. Daarom word pogings tot eendersmaking aangewend; dus dat almal moet afrikaniseer en verengels. “Die ANC wil die multikulturele werklikheid van die land omskep tot sy beeld van ‘n monokulturele samelewing” (118).
“Die spanningslyne in die toekoms gaan bepaal word deur die ongelyke verspreiding van politieke mag en ekonomiese welvaart in die land” (55). Die kiesers is oral en op alle vlakke terwyl welvaart in kleiner konsentrasies en net op die hoogste vlakke voorkom. Die ANC-regime het geen probleem met te veel of merietelose swart welvaart nie. Byvoorbeeld, rasteikens word in die werkplek misbruik waar swartes onderverteenwoordig is. Die oorverteenwoordiging van swartes, bv in die staatsdiens, is vir die ANC-regime egter heeltemal aanvaarbaar (56). Waarteen die ANC dit het, is welvarende blankes wat glo nie deur harde werk, kundigheid, toewyding, ens, hulle besittings bekom het nie, maar (uitsluitlik) deur die uitbuiting van swartes. Vandaar die beleid van die herverdeling van rykdom; dus om die blankes te verarm en die swartes ryker te maak.
Buys noem dit “afvat met staatsmag” (52), maar eintlik is dit gewoon diefstal, dus soortgelyk aan korrupsie. Later noem hy dit wel diefstal (159). Dink aan die beoogde onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom. Van die gevolge van hierdie beleid is dat bykans 25% van die bevolking staatstoelaes ontvang terwyl 90% van die inkomstebelasting deur 10% van die bevolking betaal word (56). “Die punt is dat die demografie uiteindelik nie net die demokrasie bepaal nie, maar die ekonomie en grondverdeling ook sal probeer skik volgens die getallesamestelling” (57). “Die beginsel van verteenwoordigendheid het die werktuig geword wat die land en sy instellings die vorm van die bevolking laat aanneem, en rasseformules [bv 80-9-9-2% – 98] die metode waarmee dit bewerkstellig word” (58). Helen Zille het gesê dat “verteenwoordigendheid ‘n ander woord vir geïnstitusionaliseerde rassisme is” (98).
“Mense voel meer tuis tussen mense van hul eie kultuur en die instellings wat daaruit voortspruit … maar … Suid-Afrika [het] nou deel van die [historiese] tuislande geword” (59-60); dus ‘n enkele groot swart tuisland terwyl die blankes geen tuisland hoegenaamd het nie. Insgelyks, op die vlak van munisipale bestuur “het die histories swart townships politieke beheer oor die voormalige wit dorpe oorgeneem” (206), gevolglik kry die dorpe al hoe meer die aanskyn van lokasies. Dít is die konkrete resultate van FW de Klerk se grondwetlike inisiatiewe. “Die ANC-beheerde munisipaliteite slaag nie daarin om doeltreffende dienste te lewer nie en swak munisipale bestuur het in die meeste dorpe die ekonomie afgetakel. In die proses het die belastingbasis gekrimp, terwyl die aantal mense wat deur middel van belastinggeld onderhou word, skerp toegeneem het” (208). Eiendomsbelasting en die koste van munisipale dienste word jaariks met meer as die inflasiekoers verhoog. Vir blankes is die betaling hiervan verpligtend terwyl dit (hoogs) opsioneel vir swartes is. Inligting oor hierdie verregaande en onvolhoubare wantoestand word grootliks verswyg, uitgaande van die valse veronderstelling dat hierdie nuwe opset regverdiger is as wat die vorige bedeling was.
“Wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder is ‘n verspreide, oorpresterende, herkenbare … minderheidsgroep … Die beginpunt van ‘n demografiese uitdaging moet ‘n demografiese strategie wees. Hoe hoër die konsentrasie van Afrikaners in ‘n dorp, voorstad of streek, hoe meer gaan hierdie gebiede ‘n weerspieëling wees van Afrikaners se kultuur en siening van veiligheid,” (61), ens. Dit is die kern van Buys se voorstel: Afrikaners moet ter wille van kulturele (en dalk ook doodgewone) oorlewing meer gekonsentreed woon; dus as ‘t ware nieu-laers trek. Buys se plan is dus soortgelyk aan dié van Cor Ehlers. Met albei se pogings het ek groot simpatie. ‘n Mens kan immers redeneer dat albei boere is wat planne maak. Albei poog om ‘n opset te skep waarin Afrikaners meer tuis sal voel. Die lakmoestoets is egter of dit op die lange duur die uitwissing van die Afrikanerdom en Afrikaans gaan verhoed. Buys is nie heeltemal blind vir hierdie moontlikhede nie. Hy verwys na die dorp “Louis Trichardt, waar die toekoms reeds gebeur het … Tyd is uiteindelik die enigste verskil tussen hierdie noordelike en talle [alle?] suidelike dorpe” (252-253). “Die toekoms vereis [immers] dat ons in terme van geslagte … moet dink, beplan en optree” (254).
Is dit nie dalk ‘n geval van in die see urineer en jy jou dan troos met die gedagte dat al die bietjies help nie? Die golwe sal hierdie sandkastele vernietig; des te meer omdat dit sedert 1994 hoogwater vir swart mag is, al is dit laagwater vir die ekonomie en (Europese) beskawing. Buys kom ook by die kasteel-metafoor uit: Diegene wat sy selfbestuurplan “as ‘n onhaalbare lugkasteel sien, moet dit opweeg teen wat ander as ‘n onvolhoubare Suid-Afrikaanse sandkasteel sien. Selfbestuur bly die enigste antwoord op swak staatsbestuur” (243). Die werklikheid van verswelging en die onontwykbare gevolge daarvan veral op die langer termyn stem my so pessimisties dat watter ná-1994-planne ook al gemaak word, alles tevergeefs kan wees. James Anthony Froude (1818-1894) het geskryf: “To what purpose the ineffectual strivings of short-lived humanity? Man’s life was but the shadow of a dream, and his work was but the heaping of sand which the next tide would level flat again” (Herbert W Paul, The life of Froude, New York: Scribner/Good Press, 1906/2019, Amazon Kindle 3531).
“Liberale mense [het] die nare gewoonte … om linkse kommuniste aan die bewind te help bring” (136). Van die dinge wat my die droewigste stem, is eertydse Afrikaners, selfs Broederbonders, wat die kluts heeltemal kwyt geraak het. “Baie Afrikaners het getuimel vanaf ‘n oormatige selfvertroue [in die nuwe politieke bedeling] tot ‘n punt waarop hulle nie hulself ‘n bestaansreg gun nie” (82). Dink bv aan Willie Esterhuyse vir wie dit ‘n roeping geword het om skuldige Afrikaners te kweek. Ek kon nie verstaan hoe dit moontlik was dat daar in die land (en die wêreld) ‘n krisis kon wees en apartheid (en die blankes/Afrikaners) kry nie die skuld daarvoor nie. Maar Esterhuyse het in ‘n brief in Die Burger (31.03.2020—sien onderaan die artikel – red.) daarin geslaag om Covid-19 en apartheid met mekaar in verband te bring. Hy loof Cyril Ramaphosa, nie-rassigheid, regstellings en is beswaard oor die onreg van apartheid. Dit is in ooreenstemming met “die ANC se meesterverhaal … dat al die grootste probleme van die land deur apartheid veroorsaak is” (105). Esterhuyse se verlooptheid het nie grense nie. Hoe is dit moontlik dat enige blanke/Afrikaner met selfrespek en insig die bose ANC kan aanhang? Eintlik bied Covid-19 ‘n heeltemal ander apartheidsboodskap: As jy wil oorleef, bewaar ‘n gesonde afstand tussen jou en jou medemens. Tydens die grendeltyd is apartheid in hierdie sin weer in die mode.
“Dit lyk al hoe meer of die ANC die klassieke sosialistiese resep [van gekamoefleerde kommunisme] volg, naamlik buit eers die belastingbetalers uit, teer dan op die spaarders se pensioenfondse en plunder dan die beleggers se eiendom … Boonop misbruik die ANC sy staatsmag om sy eie rassisme te ‘wettig’ en af te dwing” (102). Zille het gesê: “Die veroordeling van ‘n hele groep mense as gevolg van hul [wit] ras is die nuwe gesig van rassisme in Suid-Afrika” (103). “Die ANC het hulle vóór en net ná 1994 as bevryders voorgehou, later soos oorwinnaars begin optree, en word nou oorheersers. Dit voel reeds vir baie mense al hoe meer of die ANC soos ‘n tipiese besettingsmag optree. In plaas daarvan om soos ‘n regmatige regering … almal in die land se regte en vryhede te bevorder, regeer hulle téén bepaalde groepe” (109-110) – veral ten koste van die blankes.
“As die uitdaging yl verspreiding [van Afrikaners] is, is die oplossing groter konsentrasies op plekke waar mense tuis voel” (179) – “tuisvoelruimtes” genoem (209). Maar hoe jy voel, weerspieël nie noodwendig jou werklike situasie nie. Buys se plan is primêr op Afrikaner-oorlewing ingestel. Dit los nie naasteby al die probleme op waarmee ons sedert 1994 gekonfronteer word nie. Maar hy dink ‘n nuwe Groot Trek is reeds aan die gang. “[Wit] mense trek al dekades lank uit vervalle klein dorpies na streekdorpe en na die stede toe; hulle trek van vervreemde middestede na voorstede; uit gevaarlike gebiede na privaat leefstyldorpe” (179-180). “Namate die gesentraliseerde politieke stelsel misluk, stel die bevolking self federale, oftewel gedesentraliseerde oplossings in werking” (375). “Suid-Afrika het in ‘n soort postgrondwetlike era inbeweeg” (377). Afrikaners “strewe na selfbesluitneming in kulturele leefruimtes” (181), wat “kulturele kantons” genoem word (180). Buys identifiseer ‘n dertigtal “ankerdorpe en -stede”, met die grootste kantons in Pretoria en in die Wes- en/of Suid-Kaap. Orania sal ook ‘n “groeipunt” wees (182).
“Daar is niks wat Afrikaners keer om byvoorbeeld Orania van ‘n dorp tot ‘n Afrikanervrystad uit te bou nie. So ‘n vrystad kan later tot ‘n provinsie of selfs meer groei” (234). Maar is die mate van sukses wat Orania behaal nie grootliks te danke aan isolasie/apartheid nie? Byvoorbeeld, daar is slegs volkseie verblyf- en eiendomsreg en geen nieblanke arbeid word toegelaat nie. Buys erken dit met die opmerking: “Orania [word] weliswaar gekniehalter … deur politieke bagasie” en hy koester die hoop dat hierdie dorp se “politieke beeld verbeter” (241). By wie? Die ANC-regime? Hoe? Daar is net een manier om die ANC te behaag: gedwonge rasse-integrasie.
Buys wil Orania heruitvind: “Die nuwe strewe om Orania van ‘n dorp tot ‘n stad uit te bou in plaas van ‘n volkstaat, is meer werkbaar en in ooreenstemming met die nuutste ontwikkelings … Orania het bepaalde nadele, soos sy afgeleë ligging, klein getalle [inwoners] en politieke beeld” (242). Onderhandelinge (met die ANC-regime?) “kan die dorp in staat stel om mettertyd meer magte uit te oefen, totdat dit in ‘n vrystad met ‘n string omliggende vrydorpe … kan ontwikkel” (242) – “‘n Orania-kanton” (243). Carel Boshoff (1927-2011), die stigter van Orania, het ‘n soortgelyke ideaal gekoester, maar anders as Buys was hy volkstaatgetrou: “Die idee is dat Orania die eerste groeipunt vir ‘n Afrikaner-volkstaat moet wees en dat dit deur ander soortgelyke groeipunte in die omgewing gevolg word, ”n pêrelstring van dorpe'” (Praag 19.12.2015). Sedert 1991 het nog geen pêrels bygekom nie. Buys regverdig sy standpunt soos volg: “Daar is nie meer volmaakte oplossings oor nie … Daar is geen waarborg dat [sy visie van?] Orania sal slaag nie, maar die mislukking van Suid-Afrika lyk ongelukkig al meer na ‘n groter moontlikheid” (244).
‘Daarom het die Nederlandse denker Bob Goudzwaard [gebore in 1934] gesê die Afrikaner se geskiedenis is nie ‘n stryd om oorheersing nie, maar ‘n stryd om oorlewing’
Buys voorsien “‘n proses van groeiende selfbestuur tot by die bereiking van selfbestuur in kulturele kantons” (200); dorps- en stadsgebiede “waar Afrikaners ‘n meerderheid is, en dorpsgebiede waar Afrikaners ‘n meerderheid kan word en bly” (200) – dit is by “en bly” waar ‘n groot vraagteken geplaas moet word, want terselfdertyd wil Buys se Afrikaners hulle glo nie afsonder of isoleer nie (200). “Ons wil nie onsself hiermee [dus met Buys-selfbestuur] afsonder of net selfsugtig na eie belange omsien nie” (215). Die weë na hande vat, brûe bou en ubuntu bly dus oop. Buys se resep is in hierdie kernopsig dieselfde as dié van Cor Ehlers en laat my wanhoop aan die moontlike sukses daarvan. Die keuse is glo “konsentreer of emigreer” (202), maar nie konsentreer in of emigreer na ‘n volkstaat nie.
Die werklikheid van verswelging – dat Afrikaners ‘n al hoe “kleiner deel van ‘n groter groeiende bevolking” (189) is – waarteen geen plan dalk verskansing kan bied nie, behalwe miskien ‘n Afrikanervolkstaat plaaslik of elders, word in te groot mate deur Buys ontken. “Die Afrikaner se bestaansvraagstuk is … nie sy klein getalle nie … Die bestaansvraagstuk is dat die Afrikaners nie gekonsentreerd saam woon … nie. Daar is nie ‘n gebied wat hoofsaaklik deur Afrikaners besit, bewoon en bewerk word nie. Daarom is die Afrikaner nou al vir eeue lank ‘n kwesbare minderheid tussen ‘n groter meerderheid. Daarom het die Nederlandse denker Bob Goudzwaard [gebore in 1934] gesê die Afrikaner se geskiedenis is nie ‘n stryd om oorheersing nie, maar ‘n stryd om oorlewing” (186-187).
Buys beweer “privaat dorpe wat hulself regeer [is] besig om landswyd te ontwikkel” (239). Dit lyk asof hy eerder na woongebiede verwys, wat op ‘n nie-rassige en nie-etniese (dus nie-kultureel eksklusiewe) grondslag funksioneer. Daarna noem hy hulle egter “kultuur- of vrydorpe.” “Omdat vrydorpe steeds deel van stede is, is die vlak van outonomie wat hulle kan uitoefen uiters beperk en ook steeds blootgestel aan die verswakkende bestuur van die stede” (240). Dus, sy vrydorpe is (tans) nie danig vry nie en steeds deel van en onderhewig aan die euwel genaamd die nuwe Suid-Afrika oftewel die ANC-regime.
Buys sluit sy boek soos volg af: “Afrikaners sal hul selfvertroue moet terugkry en minder gevoelig wees vir kwaadwillige politici wat Afrikaners verkwalik vir dinge wat in die verlede gebeur het, maar wat nie self verantwoordelikheid vir hul eie huidige dade neem nie. Hierdie aanvalle moet gesien word vir wat dit is, naamlik pogings om blaam te verplaas, verantwoordelikheid te ontduik, en om Afrikaners met skuldgevoelens onderdanig te hou en gewillig laat bly betaal om die onproduktiewe elite (met hul luukse leefstyl) aan die bewind te hou” (397). Iemand soos Willie Esterhuyse rugsteun hierdie ANC-kornuite in die vertrapping van Afrikaners. “Die Afrikaner moet sy politieke verlamming afskud en weer die hand aan die ploeg slaan. Giliomee vra tereg: ‘Kan die fatalistiese afwagting van ‘n gewisse kollektiewe nederlaag en finale ondergang, vervang word met die kenmerkende geheimsinnige lewenskragtigheid van Afrikaners?'” (397).
Gestel Buys se selfbestuurplan misluk. Wie is dan die eintlike skurk in die verhaal, die ANC of die regses? “Die grootste uitdaging gaan nie weerstand deur die ANC wees nie, maar eerder weerstand of ‘n gebrek aan geesdrif onder Afrikaners wat wil vasklou aan ‘n vergange era” (396).
Brief deur Willie Esterhuyse in Die Burger op 31 Maart 2020
Ek voeg graag hiermee my stem by dié van pres. Cyril Ramaphosa, asook opposisie-, sake-, kerk- en ander leiers, om eendragtig die globale en nasionale viruspandemie hok te slaan.
Ek ondersteun sy besluite, deeglike beplanning en doelgerigte leierskap om ’n verenigde front teen die pandemie te vorm. Om politieke leiers met uiteenlopende politieke oortuigings langs hom te sien staan, was iets besonders. Ek is veral opgewonde oor die skepping van ’n nierassige solidariteitsfonds, met Gloria Serobe en Adrian Enthoven in beheer.
Dit is ’n nierassige projek om die noodsaaklike ekonomiese restitusie na ’n meer aanvaarbare en suksesvolle vlak te bring. Ek is dankbaar dat kleinsake daarby baat sal vind, en dat dit hopelik sal help dat baie van hul werknemers nie hul werk verloor nie. “Kleinsake is groot sake,” soos dr. Anton Rupert eenkeer gesê het.
Ek stel nie bloot in verklarings en verskonings belang nie, maar streef na regstellings wat ’n verskil maak. Daarom juig ek die uitsonderlike regstellende aksie van die Rupert- en Oppenheimer-familie toe. Dit is sosiaal-maatskaplike verantwoordelikheid in aksie.
Apartheid moet steeds ’n groot deel van die blaam dra vir die sosio-ekonomiese en veral opvoedkundige tekortkomings in die land. Daar is geen beter tyd as nou, waar almal saam voor ’n reuse-uitdaging staan, om saam te werk om die onreg van die verlede, en ook die baie probleme wat meer onlangs ontstaan het, reg te stel nie.
Daniel Hugo se verdienstelike boek, Halala Afrikaans (Pretoria: Protea Boekhuis, 2009, 175p), het onlangs ‘n stiefbroer bygekry: Michael le Cordeur se Halala Suid-Afrika: 25 jaar se groeipyne van ‘n jong demokrasie (Naledi, 2019, 441p, R247). Die onderwerp is breër en die bladsye meer as in Hugo se boek. Hoewel die voorwoord en die verso van die titelbladsy Julie 2019 as datum het, is die boek eers sedert Maart in die boekwinkels beskikbaar. Die hooftitel is ontleen aan Johannes Kerkorrel se liedjie (p vi, 362). Die frase “jong demokrasie” in die newetitel berei die leser voor op die kwistige gebruik van modewoorde en -frases in die teks, wat uitdrukking aan die outeur se onverbloemde aanhang van die ANC gee. Dat Le Cordeur ‘n ANC-kornuit is, kan nie betwyfel word nie. Oor “ons eerste demokratiese verkiesing” op 27 April 1994 skryf Le Cordeur: “Die daglig kon nie gou genoeg kom nie; in my drome het ek al gesien hoe ek my kruisie sou trek agter die naam wat vir ons almal die verpersoonliking was van die struggle, die simbool van bevryding, die metafoor vir die toekoms” (255).
Heel aan die begin is daar ‘n Edmund Burke-aanhaling waarvolgens goeie mense nie moet stilbly nie. Hulle het ‘n plig om die kwaad te bestry (v, xi). In die res van die boek word dit by die leser tuisgebring dat Le Cordeur by uitnemendheid een van hierdie goeie mense is. Nie net hy nie, maar al die Le Cordeurs van die oupa af, via sy pa en ma en natuurlik sy “vroulief” en sy skoonheidskoninginsuster, tot by sy twee kinders met die onafrikaanse name van Mischke en Estéve. Nérens in al die derduisende boeke wat ek gelees het, het ek so ‘n oormaat van selfverheerliking teëgekom nie.
Ek het in vorige rubrieke dikwels na die Le Cordeur-verskynsel verwys, bv in my resensie van Le Cordeur en sy vriend, Wannie Carstens, se Adam Small-huldigingsbundel, Ons kom van vêr (2016 – Praag 2.04.2017). Die keuring van die artikels vir daardie bundel is so streng deur Le Cordeur gedoen dat daar vir slegs vier van sy artikels plek ingeruim kon word. Wat in daardie artikels staan, word in sy jongste boek herhaal. Dit is veral Naspers/Media24-publikasies wat oorgewillig is om te publiseer wat Le Cordeur skryf. Dit maak blykbaar nie saak hoeveel keer hy herhaal wat hy voorheen geskryf het nie.
“Hierdie bundel bevat ‘n keur van my beste artikels die afgelope 25 jaar. In hierdie tyd het ek 218 artikels gepubliseer … Toevallig val dit saam met my sestigste verjaardag; gevolglik het ek besluit om die 60 beste artikels weer af te stof en aan te bied” (xi). “Die publikasie van hierdie bundel val ook saam met die 25ste herdenking van Suid-Afrika se demokrasie” (xii). Le Cordeur as skrywer en die ANC as regime is dus as ‘t ware ewe oud en albei probeer om ons “jong demokrasie te laat werk.” Ons is mos “eintlik een groot familie” (xii). Vandaar is dit ‘n maklike treetjie na wêreldburgerskap in die wêrelddorp (102), waar almal Engels praat en dieselfde kultuur het.
Een van die groot euwels is rassisme, waaraan bv Annelie Botes haar glo skuldig gemaak het met die opmerking: “Ek hou nie van swart mense nie” (1). Daar is ook “gekleurde [swart] rassiste” (volgens Allan Boesak), maar nie bruin rassiste nie (volgens Franklin Sonn): “Bruin mense het hulle nog altyd geroem op nie-rassigheid” (3). Die voorbeeldige Elna Boesak word soos volg aangehaal: “Dit is ‘n feit soos ‘n koei dat die stammoeders van die bekendste Afrikanerfamilies [swart] slavinne was” (3). Dit bied ‘n springplank aan Le Cordeur: “Dis tyd dat die Afrikaner ‘n Afrikaan word” (3). Hoe? Deur hibridisering, soos wat Wannie Carstens vir sowel die Afrikaner as Afrikaans bepleit (Praag 4.05.2019). Le Cordeur sluit sy proloog soos volg af; “Ek is in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaner met ‘n bruin vel wat Afrikaans as moedertaal het … ek is ook ‘n Afrikaan” (4).
Le Cordeur het homself beskou as “‘n kind uit ‘n benadeelde en baie arm gesin” (15). Wat het hom benadeel? Apartheid. Wie het hom benadeel? Die blankes, veral die Afrikaners. Maar reeds op 16-jarige ouderdom het hy Europa besoek. Hy het ‘n beurs vir voltydse studie aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) van die Departement Kleurlingsake ontvang (115). Maar hy kla steen en been omdat hy soggens om 6-uur ‘n trein uit Wellington na die UWK-kampus moes haal (135). Toe was treinritte veilig. Aan die UWK het hy, soos op skool, saam met mede-bruines in Afrikaans studeer. Hy wek doelbewus die valse indruk (ook in van sy ander artikels) dat die UWK-kampus in 1977, toe hy daar begin studeer het, uit opslaangeboue bestaan het. “Die eerstejaars was ingeprop in die tydelike houtstrukture net oorkant die Kêf [kafeteria]. Goedkoop akkommodasie, eksklusief vir bruin mense” (383). “Van die moderne kampus wat nou [2012] op die UWK pryk, was daar nog nie sprake nie” (373).
Die UWK het in 1960 met die aanbieding van klasse begin. Daar is dadelik ‘n aanvang met die oprigting van moderne geboue gemaak. Teen 1976 het die UWK ‘n pragtige ontwikkelde kampus met nuwe, moderne geboue gehad. In 1976 was daar net twee tydelike opslaangeboue, een by die fakulteit handel en een by lettere. Albei is deur die studente, waarvoor Le Cordeur die grootste lof het, afgebrand. As Le Cordeur in 1977 in ‘n tydelike houtstruktuur klasse bygewoon het, het dit al ooit by hom opgekom dat daardie gebou opgerig is omdat sy studentehelde die vorige jaar houtgeboue afgebrand het? Het daardie helde die moraliteit, bv integriteit, gehad om die staat te vergoed vir die skade wat hulle aangerig het? Nee, sover bekend is geen sodanige poging deur enigeen van die saboteurs aangewend nie; selfs nie deur diegene wat later weens transformasie in topposte aangestel is en buitensporige salarisse ontvang het nie. Hulle het eerder voortgegaan om, soos Le Cordeur, die “apartheidsregime”, wat hulle akademiese vorming moontlik gemaak het, te kritiseer. (In die jare sewentig was ek agt jaar lank op die UWK-kampus, insluitende 1976 en 1977, sodat ek weet waarvan ek praat. Le Cordeur se wanvoorstelling van die destydse UWK is gewoon ‘n skande.)
Sedert 1994 word die voorreg om saam met jou etniese of kultuurgroep in Afrikaans te studeer, al hoe meer aan skoliere en studente ontsê. Dít is die soort “vryheid” wat volgens Le Cordeur “duur gekoop” is (19). Hy opper geen beswaar teen “vryheid” wat wesenlik verpligte rasse-integrasie is nie. Hy onderskryf eerder die ANC se retoriek van pluraliteit, diversiteit, inklusiwiteit, multikulturaliteit, demokrasie, transformasie, menseregte, versoening en nasiebou. Onderliggend is daar egter die ANC se ideaal van gedwonge eendersmaking; dat net Afrika-/swart kultuur en die koloniale taal, Engels, geduld behoort te word. Suid-Afrika het glo ‘n “tragiese verlede” (18), maar is die hede nie baie erger nie?
In Le Cordeur se matriekjaar, 1976, is die grootste deel van sy skool weens brandstigting in puin gelê. Hy vertel dit oor en oor, maar hy, wat veronderstel is om ‘n opvoedkundige te wees (163), verseg om hierdie sabotasie te veroordeel. Ná universitêre studie was Le Cordeur een van die “onderwysers wat diep betrokke … in die stryd teen apartheid” was (41). Hy haal Mcebisi Jonas, ‘n voormalige adjunkminister van finansies, goedkeurend aan: “Onderwys was veronderstel om sentraal in ons anti-apartheidstruggle te staan” (46), asof onderrig/opvoeding, wat ‘n beskaafde onderneming is, versoenbaar met geweld en terrorisme is, wat die uitdrukking van onbeskaafdheid is.
“Primêr gaan skole gebuk onder geweld weens die gebrek aan reg en orde in ‘n ongedissiplineerde [onbeskaafde?] samelewing … Dit is geen geheim dat Suid-Afrika in ‘n gewelddadige land verander [getransformeer] het nie” (44). “Ek [het] nog nooit soveel geweld soos nou [2018] in Suid-Afrikaanse skole gesien nie” (84). “‘n Skool [is] slegs ‘n mikrokosmos van die samelewing” (45). “Die gehoorsame kind het plek gemaak vir die gehoorsame ouer” (60). Waarom het Suid-Afrika so ‘n uiters gewelddadige land geword? Le Cordeur gaan soek die rede hiervoor by bv enkelouergesinne en oorvol klasse. Myns insiens is die voorbeeld wat die ANC met sy terrorisme gestel het, die primêre rede vir die gewelddadige nuwe Suid-Afrika. Die ANC het getoon dat ‘n mens kan kry wat jy begeer as jy geweld gebruik. Dit is waarom bv Nelson Mandela nooit geweld afgesweer het nie. Geweld het ‘n bewese middel tot ‘n doel geword.
Soos in sy vorige boek word die lesers weer ingelig dat Le Cordeur deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) as ‘n navorser gegradeer is of erken word (430). Hy herinner ons tot vervelens toe aan sy navorsing (bv in artikel 15). Sy dogter word genoem as sy assistent (iv) in hierdie grootse onderneming. “Dit is skokkend hoe min Suid-Afrikaners van hul eie geskiedenis weet” (68). Op die daaropvolgende bladsy staan: “Cecil John Rhodes wat reeds in 1902 in Rhodesië (Zimbabwe) oorlede is” (69). Rhodes is in Muizenberg oorlede en in Rhodesië begrawe. Dit is skokkend dat Le Cordeur dit nie weet nie.
Hoe betroubaar haal hierdie NNS-gegradeerde navorser aan? Met verwysing na Christo van Rensburg se boek, So kry ons Afrikaans (2012 – Praag 15.12.2018), skryf Le Cordeur: “In die voorwoord skryf ek: Die boek toon die ‘veelfasettige afkoms van Afrikaans. Dit beklemtoon dat die taal uit baie variëteite bestaan. Hopelik sal dit die gesegde dat Afrikaans ‘n witmanstaal is, in die kiem smoor'” (299). In Van Rensburg se boek staan egter: “Met hierdie werk wil die ATR [Afrikaanse Taalraad] opnuut die veelfasettige afkoms van Afrikaans beklemtoon en die nou byna afgesaagde gesegde dat Afrikaans ‘n witmanstaal is, finaal in die kiem smoor” (p 10). Vóór hierdie aanhaling is daar die volgende sin: “‘n Taal soos Afrikaans bestaan ook uit talle variëteite” (10). Vergelyk ook die deurmekaarspul met wat Le Cordeur en Franklin Sonn onderskeidelik na bewering skryf (Le Cordeur se 2019-boek, p 393) met wat agterop Carstens en Le Cordeur se 2016-boek staan.
‘n Universiteit soos Stellenbosch en ‘n hoërskool soos Ermelo het doeltreffend en in rus en vrede en gelukkig as blanke Afrikaanse instansies bestaan. Sedert 1994 word rasse-integrasie en verengelsing egter deur die ANC-regime aan hulle opgedring. Le Cordeur dink dat wat hy as omgangsskoolinspekteur – hy noem dit “kringbestuurder” (“circuit inspector”) – voorgestel het, die probleem in Ermelo in ‘n japtrap sal oplos. Sy riglyn is “die grondwetlike beginsels van regstelling, billikheid en praktiese uitvoerbaarheid” (73). By die Laerskool AF Louw in Stellenbosch het hy “‘n wen-wen oplossing” voorgestel: dat hierdie blanke Afrikaanse skool in die eerste jaar in Graad R 40 swart Engelse skoliere uit Kayamandi inneem en dat hierdie skoliere dan elke jaar ‘n graad opskuif terwyl nog 40 swartes van onder af inskuif. “Die skool en sy beheerliggaam het grootmoedigheid aan die dag gelê en die idee gekoop” (74). In die praktyk kom dit neer op ‘n slinkse metode om ‘n blanke Afrikaanse skool geleidelik in ‘n (hoofsaaklik) Engelse skool vir swartes te transformeer.
In 2009 het Le Cordeur gespog: “Die leerdertal het gestyg van 250 Afrikaanse leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse leerders se Engels het drasties verbeter. En 250 Xhosa-kinders en hul ouers [!] is nou Afrikaans magtig … danksy die visionêre leierskap van die beheerliggaam en die skoolhoof is ‘n slag geslaan vir Suid-Afrika; meer nog vir Afrikaans. Deur konstruktief saam te werk met die owerhede is Afrikaanse onderrig aan AF Louw verseker” (75) – ongelukkig net so min as aan die Universiteit Stellenbosch. Die taalverdeling sal nie 50/50% bly nie. Nie eens die naam van die skool sal meer lank dieselfde bly nie. Maar Le Cordeur beweer met sy (briljante) plan kan almal aan die Hoërskool Ermelo ook tevrede en gelukkig gemaak word (76). Ons moet hande vat (83), aan beweeg en die groter prentjie sien (78). Die werklikheid van verswelging is deel van daardie groter prentjie. Dit is die ou-ou ANC-tyding: Almal moet toegang hê. Niemand moet uitgesluit voel nie (106). Hoofsaaklik of heeltemal swart skole, universiteite, ens, is heeltemal in orde. Wat nie geduld word nie, is blanke enklawes (106). Enige uitsluitlik of selfs oorwegend blanke of Afrikaanse instansie word vertolk as die voortsetting van apartheid. Enige eksklusief swart instansie word egter as ‘n lofwaardige voorbeeld van solidariteit voorgestel.
Waarmee Le Cordeur as ANC-kornuit hier besig is, is sy kruisvaart teen apartheid (en blankes/Afrikaners). Die volgende sin spreek boekdele oor sy gesindheid: “Nie alle leerlinge in Suid-Afrika is so bevoorreg om in hul moedertaal skool te gaan nie. Daardie voorreg is slegs gereserveer vir Afrikaans en Engels, ‘n oorblyfsel van apartheid [!] toe Engels en Afrikaans die enigste amptelike tale van Suid-Afrika was” (98-99). Le Cordeur se navorsing kan gerus die boeke van Hermann Giliomee insluit. Dan sal hy weet dat die twee amptelike tale lank voor 1948 se apartheid, in 1925 hulle beslag gekry het.* Ook dat dit apartheidsbeleid was om swartes se kultuur, insluitende hulle moedertale, te bevorder. In die NP-regering se staats(laer)skole vir swartes is onderrig by voorkeur in die betrokke swart moedertaal aangebied. Dit is in die skole van die Engelse kerkgenootskappe dat swart skoliere van hulle kultuur vervreem is. Engels as taal is aan hulle opgedring, asook pogings om hulle in ander opsigte Anglo-Saksies te maak. Verder is dit swart ouers wat self daarop aandring dat onderrig in Engels pleks van in hulle swart moedertaal moet geskied. Kortom, die NP-regering en Afrikaners het aan swartes gegun wat hulle aan hulle self gegun het, dus ‘n eie kultuur, insluitende moedertaalonderrig. Dít is wat deesdae deur die ANC-kamerade aan hulle mede-swartes en aan Afrikaners misgun word.
[* Le Cordeur is die kluts heeltemal kwyt wanneer hy skryf: “In 1925 … toe ons swart tale hul amptelike status verloor het” (366). Vóór 1994 het die swart tale nooit amptelike status in Suid-Afrika gehad nie.]
“Met die aanbreek van ‘n demokratiese bestel was dit noodsaaklik om die hoër onderwysstelsel te transformeer. Taal is ongetwyfeld een van die vernaamste hindernisse wat in die pad staan van die akademiese sukses van die meerderheid studente aan tersiêre instellings … Dis kommerwekkend dat talle studente akademies onsuksesvol is; nie weens ‘n gebrek aan intelligensie nie, maar omdat die studente nie hulself behoorlik in die dominante taal van die universiteit kan uitdruk nie” (108). Omdat Le Cordeur ‘n ANC-kornuit is, kies hy kant vir demokrasie en transformasie. In werklikheid was transformasie, ten minste wat onderrigtaal betref, glad nie aan die tradisioneel Afrikaanse universiteite nodig nie. In 1994 was die meerderheid plaaslike universiteite swart en Engels. Wat nodig vir beter prestasie deur swart studente is, is bystand in hulle moedertaal. In daardie sin was dit nodig om slegs die Engelstalige universiteite te transformeer.
‘n Universiteit is ‘n plek wat veronderstel is om net die room van die samelewing as studente en dosente toe te laat. Die ANC maak hom aan ernstige dwaling skuldig deur te redeneer dat universiteite vir almal toeganklik moet wees. Om in sy dwase doel te slaag, word al hoe laer akademiese vereistes vir universiteitstoelating gestel. Die punt is bereik waar veral swart studente by universiteite inskryf primêr om kos en huisvesting te kry eerder as om ‘n kwalifikasie te verwerf. As daardie kandidate teen universitêre studie besluit, sou werkloosheid en krepering in die meeste gevalle hulle voorland wees. Die ironie en skande is dat bv die instansie waaraan Le Cordeur verbonde is, die Universiteit Stellenbosch (US), tot in Limpopo sulke akademies twyfelagtige kandidate werf en van studiebeurse voorsien terwyl akademies voortreflike blanke kandidate in sy natuurlike opvanggebied, die Wes-Kaap, nie net studiebeurse geweier word nie, maar ook toegang tot die US. Hierdie wantoestand word voorgestel as iets voortrefliks, as die aanbieding van “gelyke geleenthede”. Die US het hom daartoe verbind om so gou moontlik so swart en Engels moontlik te word. Hierdie visie word om politieke (dus ANC-gedienstige, nie-akademiese) redes nagestreef.
My standpunt is dat ‘n akademikus as akademikus nie sodanige beleid kan onderskryf nie. Maar Le Cordeur, as ANC-kornuit, doen dit. “Die nalatenskap van apartheid [het] die gebruik van Afrikaans by histories Afrikaanse universiteite negatief geraak” (109). Hy aanvaar die ANC se verderflike redenasie dat Afrikaans ‘n meganisme vir uitsluiting is; dus dat (veral) swartes, soos by skole, by tradisioneel Afrikaanse universiteite op die onderrigtaal van hul keuse, naamlik Engels, kan aandring (109). “Die onus rus op universiteite om te bewys dat Afrikaans nie as meganisme dien om teen studente te diskrimineer op grond van taal nie” (110). Le Cordeur verskaf voorbeelde van eentalige universiteite in ander meertalige lande, soos Finland en België (111), maar as ANC-kornuit gun hy sodanige opset nie vir Afrikaanse universiteite en studente nie. Hy onderskryf eerder Wim de Villiers se verengelsingsbeleid aan die US.
“Die ekonomiese en kulturele bemagtiging van die [swart] Afrikaan word toenemend gesien as ‘n kombinasie van erkenning aan die [swart] Afrikataal plus die gebruik van Engels” (111). Vir Afrikaanssprekendes is daar nie ‘n soortgelyke erkenning van kulturele regte nie en Le Cordeur versuim om hom ten gunste van so iets uit te spreek. Le Cordeur kom eerder met die volgende drogredenasie vorendag: “My navorsing dui daarop dat Afrikaans steeds ‘n [afgeskaalde/geringe] plek het as onderrigtaal en wetenskapstaal, maar nie aan ‘n uitsluitlik Afrikaanse universiteit nie … Die strewe is juis na universiteite waarvan die identiteit en institusionele kultuur nóg swart, nóg wit, nóg Afrikaans, nóg Engels sal wees, maar onbeskaamd Suid-Afrikaans” (112; ook 344). Le Cordeur probeer hier om sy lesers opsetlik te mislei. Hy weet dat die ANC-regime geen beswaar teen oorwegend of selfs uitsluitlik swart Engelse universiteite het nie. Die tradisioneel swart universiteite is steeds Engels en feitlik uitsluitlik swart en geen daadwerklike poging is al ooit aangewend om hulle in hierdie opsigte te transformeer nie. Dit is teen die tradisioneel blanke Afrikaanse universiteite wat die ANC-regime sy mes in het. Le Cordeur verroer nie ‘n vinger om selfs nie eens die Afrikaansheid van daardie universiteite te beskerm nie.
Le Cordeur verwys na die taalbeleid wat die US aan die einde van 2014 aanvaar het: “In die praktyk beteken dit dat studente wat nie Afrikaans magtig is nie, ten volle in Engels ondersteun sal word. Dit sal uiteraard die gebruik van Engels op die kampus verhoog sonder om afbreuk te doen aan die Afrikaanse aanbod [!]. Die vertrekpunt moet altyd wees dat taal nooit ‘n meganisme van uitsluiting mag wees nie” (112). Maar Afrikaanssprekende studente word dan juis van Afrikaansmediumonderrig uitgesluit, want Afrikaanse klasse, anders as Engelse klasse, sal slegs aangebied word as daar (afdoende) aanvraag voor is en dit prakties moontlik is. Daar word van die valse veronderstelling uitgegaan dat Afrikaanssprekendes Engels verstaan, maar dat swartes nie Afrikaans (wil) verstaan nie – ‘n nalatenskap van die Soweto-opstand in 1976. Volgens navorsing wat MarkData in 2001 gedoen het, begryp net 26% van die Afrikaanssprekendes boodskappe wat in Engels meegedeel word (245).
As ‘n student aan ‘n Duitse universiteit wil studeer, moet hy Duits leer. Die Suid-Afrikaanse swartes wat in Kuba medies studeer, moet Spaans leer. Plaaslike swartes behoort verplig te word om Afrikaans te leer as hulle aan ‘n Afrikaanse universiteit wil studeer. Afrikaans is plaaslik van veel groter nut as Spaans. Weens drogredenasies het die US ‘n oorwegend Engelse universiteit geword. Die US verkrag Jan Marais se stigtingsvoorwaarde waarvolgens Afrikaans nie ‘n mindere plek as Engels mag beklee nie. Hierdie elementêre waarheid is nog nooit openlik en amptelik deur Wim de Villiers en sy mede-ANC-kruipers erken nie. Ook nie deur Le Cordeur nie, vir wie dit ‘n selfs groter skande behoort te wees omdat hy ‘n trustee van Het Jan Marais Nationale Fonds is. Hy kan gerus besef dat daar twee here is wat nie gelyktydig gedien kan word nie: Jan Marais en Wim de Villiers.
Let op hoe verwater Le Cordeur sy beweerde lojaliteit jeens Afrikaans: “Vir Afrikaanssprekendes is dit van die uiterste belang dat ‘n konstruktiewe [!] balans gevind moet word: Terwyl ons steeds verbind bly om Afrikaans (en ander inheense tale) te bevorder, moet ons realisties en sensitief wees vir inklusiewe kommunikasie op die kampus en die rol wat Engels kan speel om gelyke [!] geleenthede te skep op ‘n baie ongelyke speelveld” (112). Dit is klaarblyklik vir swartes wat die speelveld steeds ongelyk is al het Afrikaanssprekende US-studente reeds buitensporige opofferings gemaak.
Adam Small… was ten gunste van slegs Engelse universiteite in Suid-Afrika
Dit herinner aan ‘n vorige UWK-rektor, Brian O’Connell, ‘n anti-apartheidstryder (41), se uitspraak dat die swart Engelssprekende UWK-studente dit glo vreeslik waardeer dat die Afrikaanssprekende UWK-studente so gaaf was om onderrig in Afrikaans op te offer sodat swart studente (lekker) daar kan studeer. Ek dink Le Cordeur sal ook nie werklik beswaar hê as die Afrikaanssprekende US-studente hulle dieselfde opoffering in al hoe groter mate laat welgeval nie. Sy mentor, Adam Small, het hom immers ten gunste van ‘n eentalig Engelse Universiteit Stellenbosch én Universiteit Pretoria uitgespreek, om van die UWK nie te praat nie. Dan sal die US, soos die UWK, ‘n eentalige Engelse universiteit wees, wat groot guns in ANC-geledere sal vind. Le Cordeur borduur voort: “Baie werk is nog nodig voordat alle studente tuis sal voel in ‘n ubuntu van meertaligheid [al is die praktyk al hoe meer eentalig Engels] – iets wat slegs kan geskied binne die raamwerk van ‘n inklusiewe [bv rasgeïntegreerde] institusionele kultuur” (113).
Le Cordeur beweer dat hy reeds “meer as 200 artikels oor Afrikaans en my liefde vir die taal” gepubliseer het (115-116). Hoe hy hom rakende Afrikaans situeer, is een van my kernprobleme met hom. Le Cordeur skryf van “my geliefde taal” (73), dat Afrikaans “met jaloesie bewaar en bevorder moet word” (94) en “ek het my twee kinders in Afrikaans grootgemaak” (101); ook: “Vandag is ek een van slegs ‘n handjievol Stellenbosse akademici wat nog skryf en publiseer in Afrikaans – tot my nadeel” (116). Maar wanneer hy tussen ANC-politiek en die heil van Afrikaans moet kies, weeg ANC-gedienstigheid altyd swaarder. Dan skryf hy: “Laat die taal vry” (97), wat by veral die bruin elite beteken dat jy maar met Afrikaans (en die Afrikaner) soveel kan mors soos jy wil; dat jy die Afrkaner maar kan uittart met bv geradbraakte Afrikaans. Le Cordeur toon dat hy Standaardafrikaans kan skryf, maar geradbraakte Afrikaans gaan nie teen sy grein in soos by Afrikaners nie. Daarom gebruik hy dikwels onnodige Engelse woorde in sy boek; selfs samestellings uit albei tale.
“Afrikaans het hom nou lank genoeg (dood) gewurg in sy stywe Sondagklere” (97). Sy beswaar teen Standaardafrikaans is dat dit ‘n produk van blanke arbeid is. Maar dit is die geval met omtrent enigiets rakende Afrikaans. Waar hy fouteer, is wanneer hy Afrikaans as die erflating van die armsalige slawe en Khoi-San pleks van die Boere probeer staanmaak. Hy glo aan die kombuistaalhipotese: “Op hierdie manier het Afrikaans as moedertaal sy beslag gekry” (182; ook 185). Die algemeen erkende taalkundige waarheid is egter dat die elite, die opperklas en nie die laer klasse nie, beslag aan die erkende standaardtale gegee het. Die waarheid hiervan blyk uit die oormaat Nederlandse en Duitse invloed wat in Standaardafrikaans sigbaar is, terwyl daar bitter min woorde van slawe- en Khoi-San-oorsprong is. Moedswillig teen die feite in skryf Le Cordeur egter: “‘n Deel van Afrikaans het wel oor die see gekom, maar die grootste deel is hiervandaan” (363).
Mense soos Le Cordeur, wat nie werklik omgee vir die gehalte, spesifiek die wesenlik nie-Engelsheid, van Afrikaans nie, kom, soos sy mede-bruin elite, dikwels met stellings soos: “Afrikaans se toekoms het lank laas so seker gelyk as nou [1993]” (115) terwyl Afrikaans sienderoë op alle terreine en vlakke agteruitboer. Dit is ook die bruin elite, soos Adam Small, Jonathan Jansen, Hein Willemse en Le Cordeur, wat vir Afrikaans geen onheil sien in die verengelsing van al die histories Afrikaanse universiteite nie. Wat ons hier mee te make het, is Afrikaansdislojaliteit, gerugsteun deur hulle ANC-lojaliteit. Eintlik wil hulle “niks te doene … hê met die ‘boere’ nie” (118). Gesien deur die politieke bril van ANC-gesindes, was Afrikaans “die taal van die onderdrukker” en later “die taal van bevryding”; bv die MK-opgeleide terroris, Basil Kivedo, wat daarop roem dat hy bomme in Afrikaans geplant het (391). “Voeg hierby die Afrikanernasionaliste wat talle onregte teenoor hul bruin familie [!] gepleeg het, en Afrikaans as hul alleenbesit [!] beskou al het bruin mense net soveel [!] tot die ontwikkeling van Afrikaans bygedra” (119). Hierdie laaste sin toon duidelik hoe skeef Le Cordeur se siening is. Eintlik erken hy sy en die bruin elite se dislojaliteit jeens Afrikaans: “Dit is te verstane dat bruin mense hierdie skielike toenadering met agterdog sal bejeën en op enkele uitsonderings na nooit dieselfde oor Afrikaans sal voel as hul wit landgenote nie” (119).
Wannie Carstens. Benewens die hibridisering van Afrikaans, hou hy van kortmouhemde.
Die toenadering waarna Le Cordeur verwys, neem meer as een vorm aan. Daar is die uiterste geval van Wannie Carstens (een van Willie Esterhuyse se skuldige Afrikaners), wat polities so verlig geword het dat hy die hibridisering van Afrikaans en sommer ook van Afrikaners bepleit. Dan is daar die blanke pleitsbesorgers vir Afrikaans as onderrigtaal aan bv die Universiteit Stellenbosch, wat die noodsaaklikheid vir onderrig in Afrikaans alewig ten behoewe van bruin studente bepleit. Wat hulle eerder behoort te doen, is om op Afrikaans vir blanke studente aan te dring omdat Afrikaners baie meer Afrikaanslojaal as bruin mense is. Carstens en Le Cordeur, soos hulle sogenaamde Afrikaanse Taalraad, kies by voorkeur kant teen Afrikaners en Standaardafrikaans en oorbeklemtoon om opportunistiese politieke redes die rol van nie-blankes asook die brouseltaal Kaaps.
Met hierdie benadering kastreer hulle hulleself om iets vir ordentlike, suiwer(der) Afrikaans te doen. Hierdie selfgefabriseerde Afrikaansmagteloosheid blyk uit die volgende woorde van Le Cordeur: “Terwyl ons as Afrikaanssprekendes moet voortgaan om Afrikaans te bevorder, moet ons nie blind en onsensitief wees vir die gelykmakende [!] rol wat Engels en veral ons inheemse tale kan speel op ‘n baie ongelyke speelveld nie” (121). Daarenteen is my standpunt: Veg vir Afrikaans en nie vir alle inheemse tale nie, én: Veg vir Afrikaners en nie vir alle minderheidsgroepe nie. Ons ywer moet so duidelik moontlik gefokus wees. Le Cordeur beveel telkens aan dat nie-swart Suid-Afrikaners ‘n swart taal moet leer. “‘n Gesertifiseerde opleiding in ‘n [swart] Afrikataal behoort ‘n vereiste te wees vir ‘n pos in die staatsdiens” (246). Maar Le Cordeur vereis nooit dat enigeen Afrikaans moet leer nie (bv US-studente); allermins diegene in die oorverswarte staatsdiens. Meer as ooit is ek daarvan oortuig dat Le Cordeur ‘n valse profeet vir Afrikaans is. Maar dan beskou hy hom waaragtig as deel van “die Wie-is-Wie van Afrikaans” (277), dus een van die top Afrikaanssprekendes of -yweraars. Vir my as blanke is dit veel meer sinvol om eerder ‘n Europese as ‘n swart taal te leer. By ‘n Europese taal vind ek kultureel aanklank terwyl ek kultureel geen baat by ‘n swart taal sal vind nie. Vergelykenderswys sou ‘n swart taal vir my as ‘t ware ‘n hut oopmaak, terwyl Duits, Frans of Spaans vir my ‘n hele wêreld toeganklik maak.
Le Cordeur se benadering tot Afrikaans is ANC-deurdrenk. Daarom kan hy ‘n artikel skryf met die opskrif: “Madiba het Afrikaans óók bevry” (122). Die benaming “Madiba” probeer verseker dat ons daardie mens eerder met vrede en versoening as met geweld en terrorisme assosieer. Le Cordeur, soos sy ANC-meelopers, fokus op die Mandela van 1994 en daarna; nie op die onrusstoker en bomplanter van vóór 1994 nie. Mandela het glo ‘n groot liefde vir Afrikaans gehad en uitgereik na Afrikaners (122). Hoekom het hy dit gedoen? Om Afrikaners te probeer sus nadat hulle sonder hulle instemming op ‘n verraderlike manier van hulle politieke mag ontneem is.
Tydens sy eerste staatsrede het Mandela, waarskynlik op aanbeveling van Jakes Gerwel, Ingrid Jonker se gedig, “Die Kind”, voorgedra. Le Cordeur beweer Mandela het daarmee “die pertinente teken van versoening uitgestuur … na die Afrikanergemeenskap” (125). Maar die gedig handel oor (die) slegte blankes wat glo ‘n swart kind deur die kop geskiet het. Lees gerus die volledige gedig, wat op die internet beskikbaar is. Die slinkse Mandela vestig daarmee die aandag op die blankes as “moordenaars” terwyl hy die aandag aflei van die dood en verwoesting van baie groter omvang wat deur veral die ANC/UDF/SAKP gesaai is. Maar Le Cordeur se vetolking is: “Mandela [wou] ‘n sein uitstuur dat Afrikaans en die totale Afrikaanse [Afrikaner?] gemeenskap ‘n plek [as die moordenaars van swartes?] in ‘n demokratiese Suid-Afrika verdien” (125). Dan volg nog ANC-geïnspireerde sousies: “Mandela het nie net ‘sy mense’ na vryheid gelei nie. Ook Afrikaans – eens gestigmatiseer as Taal van die Onderdrukker – is bevry van sy gekontamineerde verlede” (126). Mandela het glo “Afrikaans se plek in die Grondwet … verseker” (126). Soos aan die Universiteit Stellenbosch behoort ‘n mens te vra: Hoedanig is daardie plek?
Heel aan die begin verwys Le Cordeur na “Afrikaans en Kaaps” (xii) en later dat hulle (heeltemal) verskillende tale (“‘n ander ‘taal'” – 327) is. Afrikaans en Kaaps is twee tale wat in aard verskil. Afrikaans is ‘n nie-Engelse taal uit eie reg terwyl Kaaps ‘n brousel- of mengeltaal is wat naas eie elemente ‘n sameflansing van Afrikaans en Engels is. “Volgens [Adam] Small is Kaaps … ‘n volwaardige, selfstandige taal” (131); iets wat Kaaps egter klaarblyklik nie is nie omdat hy uitermate op sowel Afrikaans as Engels parasiteer. Kaaps verryk glo Afrikaans (132), wat aanvaarbaar kan wees as dit uit die relatief klein taaleie-komponent van Kaaps kom. Wat heeltemal onaanvaarbaar is, is as Afrikaanssprekendes hulle taal besoedel met onnodige Engelse woorde en segswyses in navolging van die (bedenklike) voorbeeld wat Kaapssprekers stel. Op die lange duur kan dit die ondergang van Afrikaans as ‘n taal uit eie reg meebring.
Le Cordeur is ten gunste van taalvermenging (en sekerlik ook rasvermenging): Ons behoort glo “ons taal op ‘n inklusiewer wyse te bestuur, sodat alle leerders sal tuisvoel in ‘n ubuntu van taal” (134). Dit gaan om integrasie/vermenging/potpourriing op alle terreine. “As daar so min vroue op Jan [van Riebeeck] se drie skepies was, hoe het die Suid-Afrikaanse volk aan die Kaap ontstaan?” (181). Wel, die Afrikanervolk dank sy bestaan hoofsaaklik aan mans en vroue wat later per skip uit Europa gekom het. Volgens Le Cordeur, egter, moet die eie die almal word. Anders as Afrikaners het bruin mense ‘n identiteitsprobleem. Die bruin elite gee voor dat hulle dit dus makliker vind om by ‘n verswelgende swart meerderheid in te skakel, al toon die daaglikse ervaring van die laer klasse bruines dat dit glad nie die geval is nie.
As ‘n mens Afrikaanslojaal is, ‘n aanvoeling vir die idioom van Afrikaans het, kan jy nie ‘n ondersteuner van erg geradbraakte “Afrikaans”, soos Kaaps, wees nie. Maar Le Cordeur probeer weer om twee here te dien, dus op twee stoele te sit. Hy beskryf Kaaps as “‘n belangrike variëteit van Afrikaans” (128). Standaardafrikaans is glo nie “‘n meer korrekte (‘suiwer’) vorm van Afrikaans … nie. Net so is Kaaps nie ‘swak Afrikaans’ nie” (129). Let op hoe slinks gaan Le Cordeur te werk: “Teen 1808 was Kaapse Afrikaans die huistaal van die meeste Kapenaars” (129). Daardie Kaapse Afrikaans of Kaaps-Hollands was iets anders as die hedendaagse Kaaps. Dit was bv vry van Engels omdat Engelssprekendes toe pas begin het om hulle aan die Kaap te vestig. Dieselfde valsheid kleef aan die stelling dat Kaaps, in die sin van Engelsbesoedelde “Afrikaans”, die oudste Afrikaansvariëteit is (271).
Le Cordeur is vatbaar vir enige propaganda, veral as dit anti-blank of pro-bruin is. Byvoorbeeld: “Was dit regverdig om die grond van die Eerste Nasie [die Khoi-San, deesdae die bruines] op ‘n slinkse wyse te bekom? Nee” (143). Dit is glo deel van die “onregverdighede van die verlede” (144). Le Cordeur is betrokke by Rachel’s Angels [‘n lekker Engelse naam], “‘n bemagtigings-inisiatief van Media24 … om belowende jong mense die geleentheid te bied om ‘n teriêre loopbaan te volg” (63). “Die projek het ten doel om die kapasiteit van belowende studente uit benadeelde gemeenskappe te verbeter” (148). Wat hy doelbewus verswyg, is dat Rachel’s Angels op ‘n rassistiese grondslag – dikwels eufemisties “regstelling” genoem – funksioneer. Daarvolgens kan ‘n blanke nie so ‘n engel wees nie. Dit maak nie saak hoe belowend, behoeftig en benadeeld ‘n blanke is nie, hy word op grond van ras van bevoordeling uitgesluit. Dít is in ooreenstemming met Le Cordeur en die ANC se sin vir geregtigheid.
Vir oorweging by die toekenning die “prestigeryke” Thuthuka-beurse (197) mag jy ook nie blank wees nie. Dieselfde rassediskriminasie teen blankes kom by Naspers en MultiChoice se Phuthuma Nathi-aandeleskema voor. “Die aandele mag egter steeds net deur swart individue en groepe … gekoop of verkoop word … Hierdie reëling verseker dat MultiChoice sy verpligtinge van sy uitsaai-lisensie ten opsigte van swart aandeelhouding nakom” (150). Met ander woorde, die rassistiese ANC-regime het die toekenning van ‘n uitsaai-lisensie onderhewig aan swart bevoordeling en blanke benadeling gemaak. Hierteen opper Le Cordeur geen beswaar nie.
Fatima Allie
As dosent neem Le Cordeur sy US-studente op uitstappies, maar telkens na plekke wat sy ANC-politiek en ander oriëntasies (bv pro-bruin en pro-Kaaps) pas. Fatima Allie, ‘n Moslem, is uitgesproke daaroor dat sy, soos Jonathan Jansen, Engels as haar eerste taal beskou; nie Afrikaans nie. Dit het die Afrikaanse Taalraad nie verhoed om haar sy ondervoorsitter te maak nie. Sy is ook by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans betrokke. As jy nie-blank is, hoef jy nie Afrikaanslojaal te wees om in leidende poste by sogenaamde Afrikaansinstansies “nader getrek” te word nie. Dit is Allie wat Le Cordeur se studente oor die slawegeskiedenis en die Bo-Kaap as die beweerde ontstaansplek van Afrikaans inlig (152). ‘n Klipharde historiese feit word deur hierdie elemente geïgnoreer: Die Bo-Kaap het eers dekades ná die vrystelling van die slawe (1834/1838) ‘n (oorwegend) Moslem-woonbuurt geword. Eintlik erken Le Cordeur dit wanneer hy skryf: “Die slawe [het] hulle ná die afskaffing van slawerny hier gevestig” (268-269). Ek hoop Le Cordeur se (veral blanke) studente het die vermoë om sterk weerstand teen sy deurlopende ideologiese breinspoeling te bied.
Daar is ‘n eienaardige evaluering van persone. Desmond Tutu van WVK-faam word ‘n “onpartydige fasiliteerder” genoem (249). Adam Small word tot ‘n reus verklaar (170) en beskryf as “een van ons grootste woordkunstenaars” (323). “Myns insiens moet die naam van Adam Small in dieselfde asem genoem word as Van Wyk Louw … en DJ Opperman. Hy was inderdaad een van die ‘drie grotes’ in die Afrikaanse kanon” (380). Nelson Mandela word tot ‘n “grootse staatsman” (219) en “die vader van ons nasie” (224) verhef. Mandela se leuen, “I have fought against black domination” (233), word asof dit evangelie is weer in ons kele afgedruk. Een van Le Cordeur se voorstelle om “almal” tevrede te stel, is om die Kaapstadse lughawe na die alkoholis Eva/Krotoa, een van ons jong demokrasie se “Eerste Mense”, te vernoem (236). “Sy was inderdaad die eerste vroulike Renaissance-figuur in Suid-Afrika” (240). Geen wonder dat ons nie meer van Thabo Mbeki se Afrika-Renaissance hoor nie. By die keuse van die lughawenaam is Krotoa se sterkste mededinger, volgens Le Cordeur se insig, Winnie Mandela (236). Dit gaan glo om die titel: “Moeder van ons nasie” (241). “Die Eerste Nasie kan tereg voel dat hulle die stiefkinders van SA is” (240) – te meer as Krotoa nie vernoem word nie. Die Strand moet dalk eerder na nog ‘n Renaissance-Khoi-Khoin, Autshumato/Harry die Strandlopper, vernoem word. Dit is seker nie genoeg erkenning as ‘n rekenaargebaseerde vertalingsprojek Autshumato se naam dra nie. Wás Suid-Afrika ‘n abnormale samelewing of het hy eers van 1994 af al hoe meer abnormaal geword?
Daar is nog baie wat ek oor bv die aanbieding, verwerking, taalgebruik, proeflesing en ook die inhoud van hierdie bundel kan skryf; ook die indeks wat hoogs onvolledig is.
Ek wou vanmore eers ‘n bietjie werk voor ek iets skryf, maar die nuus het my genoop om nóú iets te skryf, want ek kan nie konsentreer voor ek nie hierdie van my hart af gekry het nie.
Almal prys die president vir sy goeie leierskap tydens hierdie koronaviruskrisis, maar op watter stadium gaan hy sy ministers begin vasvat? Sien hy nie wat hier aan die gang is nie? Soos goeie skootbrakkies rol hulle op die rug sodat die vakbonde, publiek en ander hulle pensies kan krap.
Die volk skree soos stout tieners oor sigarette, so dis ok, hulle mag dit maar weer koop by die supermarkte. Ongeag of hierdie siekte juis een is wat die longe aanval.
Die taxi’s gooi ‘n vloermoer, dus hulle mag dan maar weer ry. Moet net nie baie mense oplaai nie, hoor. In watter leeftyd het ‘n Suid-Afrikaanse minibustaxi hom al ooit gesteur aan die reëls of regulasies soos deur die landswette bepaal; waarom sal dit nou anders wees?
Die Suid-Afrikaners in die buiteland verlang huis toe en voel gestrand, dus nou mag die reisverbod verlig word sodat hulle mag huis toe kom. Net ‘n vragie: as die krisis nie wêreldwyd was en mense van ander lande soos melaatses behandel is in die vreemde nie, sou julle dan ook so te kere gegaan het om by julle families te kon uitkom, of sou julle dan bloot voortgegaan het met julle werk waar julle in dollars en ponde betaal word? Ek kan die humanitêre element hier verstaan, maar hoekom was julle nie hier om te help bou aan ‘n land waar boere selfs nou tydens kwarantyn vermoor word nie? Hier waar ‘n gemiddeld van 53 mense daagliks vermoor word vanweë misdadigers wat vrye teuels gegee is.
Dit bring my dan by die jongste omroltoertjie. Om die virus in tronke en howe te bekamp gaan verhoorafwagtende misdadigers wat klein misdade gepleeg het met borgtog van minder as R5000, vrygelaat word. Hoor die regering ooit wat hulle sê? Mense wat in die eerste plek nie die landswette gehoorsaam nie, gaan nou vrygelaat word met die opdrag: “Julle moet nou hierdie keer luister en mooi saam met die res van die bevolking speel.”
Wesentlik het die regering met hierdie optrede wetteloosheid aangemoedig, want indien jy buite jou erf gevang word tydens die tydperk van afsondering, is die boete R2500. Indien jy sonder ‘n permit reis tussen provinsies, R2500. Hoekom op dees aarde sal die publiek wat stadig maar seker aan inperkingskoors begin lei, nou gehoor gee aan die grendelstaatregulasies? Hulle kan mos vrygelaat word.
Mnr Ramaphosa, enige ouer sal jou kan vertel dat een van die groot struikelblokke van ouer-wees is om konsekwent te wees. Jy kan nie vandag ‘n terugpratery in jou huishouding toelaat en môre wil jy vir boetie of sussie daaroor straf nie.
Reëls en regulasies is daar om wet en orde te handhaaf. Pas dit toe en jy gaan dalk ongewild wees by sekere partye, maar daar sal orde wees. Niemand is onseker nie en almal weet wat van hulle verwag word. Dít wat tans hier gebeur, is ‘n resep vir chaos en totale anargie. ‘n Maatskaplike tydbom wat vir seker gaan ontplof indien die lont nie baie vinnig en baie beslis afgeknip word nie.