Leon Lemmer: Terrorisme en revolusie

Deel op

‘n Kwarteeu het verloop sedert die gebeure van 1990/94. Dit het duidelik geword dat daar nie politieke magsdeling plaasgevind het soos valslik aan die blanke kiesers belowe is nie, maar magsoorgawe aan die swart meerderheid. Daar is nie evolusionêre voortsetting van die geskiedenis soos wat dit van 1652 tot 1989 was nie. Die ramp wat die land in 1994 getref het, was ‘n revolusie; dus, ‘n absolute breuk met die geskiedenis. Dit is waarom die ANC/SAKP-regime voorgee dat die geskiedenis van Suid-Afrika eintlik in 1994 begin. Dit is ook die grondslag vir die veronderstelling dat alles wat tydens die blanke politieke bewind was, sleg is. Dit is waarom daar van ons donker verlede gepraat word asof dit evangelie is. Dit is waarom naïewe linksgesinde blankes hulle deur ANC/SAKP-propaganda laat wysmaak dat hulle verskoning vir ons beweerde slegte verlede moet vra.

Het die era van lig werklik in 1994 aangebreek? Nee, die versugting moet eerder wees: “Hoe groot is die donkerheid nie” (Matteus 6:23). ‘n Ander mite is dat hierdie oorgang na “demokrasie” vreedsaam plaasgevind het. Sedert 1910 was 1990/94 die gewelddadigste in die land se geskiedenis.

Die voorafgaande verduidelik waarom daar in hierdie rubriek aandag aan twee verskynsels, terrorisme en revolusie, geskenk word. Plaaslik het terrorisme tot die 1994-revolusie en ook tot “demokrasie” (‘n eufemisme vir swart oorheersing) gelei. Die gebeure was wesenlik ‘n gewelddadige revolusie waarin die wit baas deur die swart baas vervang is. Hierdie revolusie het onder die leiding van Nelson Mandela plaasgevind, vandaar die groot waardering wat hom veral ná die suksesvolle revolusie te beurt geval het; ook in die geledere van polities verligte blankes. Vervolgens bespreek ek eers terrorisme en daarna die revolusie wat daarop gevolg het. Hou deurgaans die ANC (waarby die UDF en SAKP ingesluit is) as dié toonbeeld van ‘n terreurinstansie, asook Mandela as dié toonbeeld van ‘n terroris, in gedagte.

Terrorisme

Terrorisme: “skrikaanjaging/intimidasie deur dade van geweld; gesamentlike dade deur terroriste gepleeg” (HAT). Terrorism: “The use of violence, or the threat of violence, to frighten people in order to achieve a political, social, or religious goal” (Oxford English Dicionary). Geweld en dreigemente dat tot geweldpleging oorgegaan sal word as daar nie aan eise toegegee word nie, is dié kern van terrorisme. Albei strategieë was kenmerkend van die ANC tydens die 1990/94- onderhandelinge; so ook buitensporige geweld vóór 1990. Dat die ANC ‘n terroriste-organisasie was, kan nie betwyfel word nie. Die ANC se geweld asook afdreigings daarmee het in 1990/94 onder die leiding van Mandela plaasgevind. Mandela was ongetwyfeld ‘n terroris, al het hy besluit dat hy eerder ‘n “vryheidsvegter” genoem moet word. Daarna het al wat ‘n sikofant is Mandela as ‘n vryheidsvegter by uitnemendheid beskou. Sowel Mandela as die ANC het nooit die kern van hulle bedrywighede, naamlik geweld, afgesweer nie. Dit is in ooreenstemming met die wens van die berugte swartmagaktivis, Frantz Fanon (1925-1961), wat geweld as “inherently empowering” beskou het; selfs as “a cleansing force” (Townshend, bron hier onder, p 13).

In Amerika is die amptelike definisie van terrorisme: “The calculated use or threat of violence to inculcate fear, intended to coerce or intimidate governments or societies,” en in Brittanje: “The use or threat, for the purpose of advancing a political, religious, or ideological course of action, of serious violence against any person or property” (Charles Townshend, Terrorism: A very short introduction, Oxford University Press, 2002, p 3). Oor Amerika: “Many of the legislative enactments followed federal law by defining ‘act of terrorism’ as a violent felony intended either to intimidate or coerce a civilian population or to influence or effect governmental policy or conduct'” (Albert Borowitz, bron hier onder, Kindle 204). Sunil Khilnani skryf: “‘Terrorism is a distinctive form of modern political agency, intended to threaten the ability of the state to ensure the security of its members’ – and thus its claim to legitimacy” (Townshend 5). Die ANC het op hierdie manier uiters voortydig erkenning as die “enigste ware verteenwoordigers van die land se inwoners” verwerf, bv by die Verenigde Nasies. Geen wonder nie dat daar beswaardheid is oor “the failure of the international community to fully recognize terrorism as criminal behaviour” (127).

“Terrorism is the recourse of those too weak to oppose states openly” (7). Mandela het bv telkens beweer dat hy geen ander opsie as geweld gehad het nie. Hierdie argument word sonder meer deur Mandela se volgelinge en simpatiseerders herhaal. Daarmee word die feit geïgnoreer dat baie van die dood en verwoesting wat deur die ANC aangerig is, veral in 1990/94, nie teen die NP-regering gemik was nie, maar teen die Inkatha Vryheidsparty (IVP); dus om politieke mag vir die ANC te bekom en wat so onbeperk moontlik moet wees, verkieslik ‘n tweederde meerderheid tydens die algemene verkiesing in 1994. ANC-kornuite vertel graag van die vryheid wat hulle met bloed verwerf het, maar hulle versuim om te noem dat dit weens die ANC se magshonger hoofsaaklik swart bloed van nie-ANC-aanhangers is wat ANC-terroriste laat vloei het. “The essence of terrorism is the use of violence by the armed against the unarmed” (8).

Wat ook geïgnoreer word, is dat baie swartes buite die ANC teen die gebruik van geweld vir politieke doeleindes gekant was. “The weak may adopt a strategy of resistance which does not require terror” (7). Maar die ANC het nie-ANC-gesindes met geweld en dreigemente van geweld probeer verplig om hulle by die ANC te skaar. Dít is kenmerkend van ‘n egte terreurorganisasie: “targeting ‘the silent’ – those who had precisely avoided political commitment of any kind” (43). Mandela het leiding met die vergoeiliking en vertroeteling van geweld in die ANC gegee deur die stigting van Umkhonto weSizwe (MK), die gewapende vleuel van die ANC, wat op 16 Desember 1961 met sy terrorisme begin het. Deesdae verwag die ANC met sy valse waardes dat 16 Desember as Versoeningsdag gevier moet word.

“The essence of terrorism … is surely the negation of combat. Its targets are attacked in a way that inhibits (or better prohibits) self-defence … in the indiscriminate bombing of a street market, a store, or a bar, we see a deliberate flouting of the international law of war, and a refusal to accept as binding the prevailing moral distinctions – between belligerents and neutrals, combatants and noncombatants, legitimate and illegitimate targets” (7). Volgens die ANC “there are no innocents” (60) in nie-ANC-geledere. Indien dit nie steeds die geval is nie, wás die ANC ‘n verderflike organisasie, met Mandela aan die begin (1961-1962) en later (1990/94) aan die spits van die geweld/terrorisme. Daar is gepoog om so skouspelagtig moontlik onbeskaaf te wees, bv met halssnoermoorde, om die ANC se gesag af te dwing. ‘n Amerikaanse regter het tereg terrorisme beskryf as “a clear and present danger to the very existence of civilisation itself” (33). “Without some sense of disturbance, of abnormality if not enormity, attention would not be seized” (8).

“Fear may drive people to comply” (9); vrees nie net by nie-ANC-gesinde swartes nie, maar ook by die armsalige FW de Klerk en sy armsalige onderhandelaars. De Kerk het nooit gevolg gegee aan die Amerikaanse departement van buitelandse sake se beleid nie: “Make no concessions to terrorists and strike no deals” (130). “Although the 20th century produced plenty of successful ‘wars of national liberation’, often with a significant terrorist dimension, none succeeded by terrorism alone” (25). In Algerië het die FLN-terroriste Charles de Gaulle se hartlike samewerking vir ‘n oorwinning/revolusie nodig gehad. In Suid-Afrika was dit De Klerk wat gesorg het dat die ANC-terroriste seëvier. In Algerië terrorisme “was integral to the revolution” (94) – so ook in Suid-Afrika.

“Terrorists … are mostly unamenable to limited concessions: it is by setting absolute, non-negotiable demands, as much as by using violence, that they opt out of the political process” (26). De Klerk het hom op ‘n uiters dwase en kortsigtige manier probeer distansieer van die sekuriteitsmaatreëls van sy voorgangers, John Vorster en PW Botha, wat terrorisme kragdadig bestry het. Op aandrang van die ANC het De Klerk talle sekuriteitsmaatreëls afgeskaf, waarmee hy hom toenemend blootgestel het aan afdreiging met geweld deur die bose ANC. De Klerk het nooit ‘n elementêre les geleer wat steeds suksesvol deur bv Israel toegepas word nie: “The reaction of a state should [at least] be in proportion to the wound inflicted on it [by terrorism]” (117)

“The support-building function of terrorism encompassed two distinct aims: first, securing obedience or compliance … and, second, bidding for sympathy and ideological or moral endorsement” (12). Met albei was die ANC suksesvol. Die massa-inligtingsmedia plaaslik en in die buiteland, asook bv religieuse instansies, het die ANC se terrorisme vergoeilik en gesteun, gevolg deur die regerings van talle lande. “Publicity is the ‘oxygen’ of terrorism” (136). Volgens Yonah Alexander “terrorists make ‘a conscious and deliberate effort to manipulate the media’ and that ‘by provinding extensive coverage of incidents the media give the impression that they sympathise with the terrorist cause'” (136). Die ANC het steeds die SABC en Naspers/Media24 in die holte van sy hand. Dit hinder my dat Afrikaners veral in hierdie grendeltyd daagliks aan die pro-ANC-propaganda van hierdie twee instansies blootgestel is, terwyl baie van hierdie kykers, luisteraars en lesers nie die vermoë het om sinvol teen breinspoeling weerstand te bied nie.

Die aartslinkse Doris Lessing (1919-2013), wat lank in Rhodesië gewoon het (1925-1949), het simpatie met terroriste gehad. In haar roman, The good terrorist (1984), laat sy ‘n terroris sê: “We are going to pull everything down. All of it” (20). Dit is ook wat die ANC telkens belowe het: dat sy terroriste enigiets, indien nodig alles, wat in Suid-Afrika opgebou is, sal vernietig ten einde die politieke mag te bekom. Dit het van 1994 af die ANC-regime se heropbou- en ontwikkelingsprogram (“Reconstruction and Development Programme”) genoodsaak. Townshend vestig die aandag op die geykte skynheiligheid of dubbele standaarde van terreur-instansies, wat ook dikwels in ANC-uitlatings na vore gekom het: “That the violence of their protests was puny in comparison with the ‘violence inherent in the system'” (23). Willie Esterhuyse verwys graag na die “sistemiese geweld” van apartheid, maar hy verkies om soveel moontlik oor die inherente gewelddadigheid van die terroristiese ANC te swyg.

Selfverheerlikende terrorisme

“The terrorist is noble, terrible, irresistibly fascinating, for he combines in himself the two sublimities of human grandeur: the martyr and the hero” (Serge Stepniak-Kravchinski, Underground Russia, 1883, aangehaal in Townshend, p 31). Hiervan is Mandela by uitstek ‘n toonbeeld: eers ‘n martelaar-gevangene, “onskuldig” in die tronk (1962-1990), toe ‘n hergeaktiveerde terroris (1990-1994) en daarna ‘n ná-revolusionêre held. Van veral fanatieke Moslem-terroriste word gesê: “The terrorist is not just prepared to get killed, but wants to get killed” (119). Ek dink Mandela was te lafhartig vir selfdoodterrorisme, al het hy in 1964 in die Rivonia-verhoor vol propagandistiese bravade verklaar dat hy bereid was om vir sy ideale en die bevordering daarvan met terroristiese bedrywighede te sterf.

Mandela se misplaaste roem is gegrond op die gewaande”moral superiority of the individual guerrilla, produced by the fact that he is ‘defending a just cause, the cause of the people'” (63). In werklikheid het dit nog nooit vir Mandela en die ANC om die heil van “the people”, in die sin van die Suid-Afrikaanse bevolking in sy geheel, gegaan nie. Dit gaan spesifiek om die onregverdigbare bevoordeling van swartes, by uitstek diegene in die voorste gestoeltes van die ANC, en die buitensporige benadeling van blankes. “The framework for much modern terrorist action is ethnic or nationalist” (74). “Terrorism may play a leading part in the attempt to preserve or ‘reawaken’ the national spirit” (76). Vandaar die groot aanhang wat die swartbewussynspropaganda van bv Fanon en Steve Biko in ANC-geledere geniet.

Van Albert Borowitz (gebore in 1930) is die volgende boek gepubliseer: Terrorism for self-glorification: The Herostratos syndrome (Kent State University Press, 2005, 192p; Amazon Kindle $25,09). Die naam Herostratos is vanweë ‘n enkele daad bekend. Hy het in 356 vC die Artemis-tempel (Artemisium) in Efese aan die weskus van Klein-Asië (by Selçuk in Turkye) afgebrand. Hierdie marmertempel was een van die Sewe Wêreldwonders in die antieke tyd. Herostratos het die hout van die tempeldak aan die brand gesteek (Kindle 329) met ‘n enkele doel voor oë: sodat hy vir altyd en wêreldwyd bekend kan wees. Dit is ‘n voorbeeld van “the morbid quest for eternal fame through crimes of violence” (93), oftewel “the morbid passion for infamy” (235). Borowitz wys op “the paradox that negative fame often outlasts glory achieved by merit” (692). “They seek fame and generally attain honor from that from which it were more fitting that they suffer disgrace and punishment” (723). “It is said of Herostratos … that he was ‘more desirous of a widespread reputation than of a good one” (770). Ná die brand is die marmerpilare van die tempel verkoop (378). Die vernietiging van die Artemisium was dus volkome.

Ydelheid het ongetwyfeld ‘n rol gespeel. Mense wat aan die Herostratos-sindroom ly, is nie in staat om op ‘n positiewe manier te presteer en op ‘n prysenswaardige manier bekend te word nie. Hulle is gedoem om eerder berug as beroemd te wees. Herostratos het ‘n metoniem geword vir iemand wat ‘n misdaad pleeg ten einde bekend te word. Hy het ‘n duur prys vir sy misdaad betaal: “He was apprehended, tortured, and executed” (93). Om sy poging tot permanente bekendheid in tyd en ruimte te fnuik, was daar “the imposition of a ban on the mention of his name” (93). Terwyl Mandela in die tronk was, was daar streng sensuurregulasies oor wat oor hom en ander terroriste gepubliseer mag word. Hulle het immers nie ‘n navolgenswaardige voorbeeld gestel nie. Byvoorbeeld, geen foto van Mandela was toe in plaaslike publikasies toelaatbaar nie.

In die Griekse mitologie is Artemis ‘n dogter van Zeus en die godin van die jag, die maan en vrugbaarheid. “By die Romeine word Artemis met die Ou Italiese vrugbaarheidsgodin en die godin van die maan, Diana, geassosieer” (Adelaïde van Reeth, Ensiklopedie van die mitologie, Vlaeberg Uitgewers, 1994, p 28). Diana was ook die godin van plantegroei en die slawe (61). Die tempel waarom dit hier gaan, was die tweede een wat omtreeks 550 vC opgerig is nadat die eerste Artemis-tempel in ‘n vloed in die 7de eeu vC vernietig is. Die Artemisium verskyn op ‘n vroeë lys van wêreldwonders wat deur die historikus Herodotus (484-425 vC) opgestel is. In 323 vC is begin met die oprigting van die derde Artemisium, wat in 401 nC vernietig is. Hierdie tempel is ook as ‘n wêreldwonder beskou. Die herbouing van die tempel het dus in ‘n sin Herostratos se vernietigingswerk verydel. Die verbod op die noem van sy naam was egter nie geslaagd nie. Sy naam word in verskeie antieke geskrifte genoem. Publisiteit is die lewensbloed van diegene wat aan die Herostratos-sindroom ly. Naamerkenning word in hierdie konteks ‘n vorm van verheerliking.

Borowitz skryf: “A famous person, property, or institution is often chosen as victum or target … [eg] a killer may hope, by his attack, to absorb the celebrity of his prey” (106). Jaloesie kan ook ‘n rol speel. Herostratos is al “the first terrorist who entered history” genoem (121). “A leading expert on modern terrorist activity, Walter Laqueur [1921-2018], … has written in the wake of the attack on the World Trade Center [2001], ‘Over the centuries, terrorism has appeared in many guises. It is not an ideology or a political doctrine, but rather a method – the substate application of violence or the threat of violence to sow panic and bring about political change'” (121). “In Terrorist lives (1994), Maxwell Taylor and Ethel Quayle express their belief that ‘a core element in any account of terrorism is that it involves the use of violence to achieve political ends'” (137).

Dit lyk asof hedendaagse terrorisme grootliks polities gemotiveerd is. By Moslem-terrorisme word daar in laaste instansie ook ‘n politieke doel nagestreef omdat die ideaal is dat Moslem-geestelikes in beheer van die regering van ‘n land en selfs die hele wêreld moet wees. Maar die Moslem-terroris kan naas saligheid in die hiernamaals ook deur selfverheerliking gemotiveer word, naamlik die begeerte om in die geheue van mense voort te leef, dus sekulêre of wêreldse onsterflikheid. “The Palestinian terrorists’ self-sacrifice may now be encouraged less by the ‘idea of winning a place in paradise’ than by the prospect of living on in human memory” (173). In Suid-Afrika was dit die “perceived injustice” (155) van apartheid wat Mandela tot terrorisme aangespoor het. “Like many political terrorists, Herostratos and his successors appeared dedicated to the destruction of an unjust world” (155).

‘n Kenmerk van die hedendaagse terroris is “his passion for media attention” (155). “Media attention does not, however, merely serve the purpose of publicizing and advancing the goals of a political cause, but also may appease the desires of individuals at the summit or base of the terrorist organization for personal stardom. The terrorist’s achievement of fame carries with it an intoxicating sense of empowerment such as Herostratos felt when the temple’s fire leapt up to the night sky of Ephesus” (173). “James Bowman … argues that our media culture has fostered a new era of Herostratos by trivializing the standards for acquiring reputation. He notes that in heroic ages reflected in Homer and in medieval epics such as The Song of Roland, reputation was equated with ‘honor’ … In Bowman’s view, the times of heroism and honor have given way to a ‘Herostratian age’ ruled by a media-fueled obsession with celebrity, whether for good or ill” (3875). Mandela was ‘n toonbeeld van ‘n publisiteitsoeker. Nadat hy in 1990 uit die tronk vrygelaat is, het hy nie net plaaslik aandag en verheerliking gesoek en gekry nie, maar wêreldwyd. Hy het talle lande die een na die ander besoek om vereer te word en geld vir die terroristiese ANC in te samel. Dit was asof Mandela met hierdie reise sy vryheid gevier het en probeer het om daarmee sy jare van inperking te ontgroei. Maar hy verdien nie verering op grond van sy terreurdade nie. “Only God deserves to be glorified for He is perfect” (754).

Borowitz beskryf latere gebeure wat as uitdrukkings van die Herostratos-sindroom beskou kan word. Enersyds polities gemotiveerde terrorisme, bv die vernietiging van die Stari Most (Ou Brug) in Mostar, Bosnië-Herzegovina. Die konstruksie van die Stari Most oor die Neretva-rivier het nege jaar in beslag geneem (1557-1566) – “a monument to civilization” (1727). Hierdie brug was die verbinding tussen die Kroate se gebied op die wesbank en die Moslems se gebied op die oosbank. In die stryd om onafhanklike etniese state in Joego-Slawië te vestig, het die Serwiërs in 1991 die brug beskadig, maar dit was die Kroate wat dit in November 1993 vernietig het (1711). Dit is een van die min gebeure in daardie gebied en tyd waarvoor die skuld nie op die Serwiërs gepak word nie. Die kernprobleem was dat die Weste, insluitende Navo, hulle aan die kant van die Moslems geskaar het (Praag 12.05.2018).

Andersyds is daar om religieuse redes uitdrukking aan die Herostratos-sindroom gegee, bv die verwoesting van die twee groot Boeddhistiese beelde, 35 en 53 meter hoog, in Bamiyan, Afghanistan, in Maart 2001. Hierdie beelde is in onderskeidelik die jaar 507 en 554 in sandsteen uitgebeitel. Die Taliban, ‘n fundamentalistiese politieke beweging en militêre organisasie, het die beelde met bv bomme en dinamiet vernietig omdat die Moslemgeloof geen afbeeldings van gode toelaat nie en die Boeddhiste deur Moslems as ongelowiges beskou word. Die Taliban het “creating a pure Islamic state” as ideaal in Afghanistan (1808). Die vernietiging van die beelde is “anticultural terrorism”, “cultural cannibalism” (“the intentional elimination of symbolism representing a culture”) en “identicide” (“the destruction of places of identity”) genoem (1792). Westerse instansies het vooraf aangebied om die beelde te koop, maar die reaksie uit Moslem-geledere was: “We refer to be remembered as the destroyers of statues, rather than as the sellers of them” (1824).

Dit is nie net met die verwoesting van voorwerpe, soos ‘n brug of standbeeld, wat terroriste daarin slaag om bekendheid te verwerf nie. Dit kan ook bereik word deur bekende mense te vermoor. Dink bv aan die talle suksesvolle en onsuksesvolle aanslae op die lewe van Amerikaanse presidente. Die sluipmoordenaars, volgens David Brin, “showed a yearning for attention, both in the headline-grabbing nature of their crimes and in their polemics after capture” (3891). In Suid-Afrika is dit ‘n briljante intellektueel en staatshoof, Hendrik Verwoerd, wat twee keer die slagoffer van ‘n sluipmoordaanval was. Hulle misdade is die enigste rede waarom die name van David Pratt en Dimitri Tsafendas bekend geword het en onthou word.

Daar is aanvanklik gepoog om Herostratos se naam uit die geskiedenis te verwyder. Wat gebeur dan? Behalwe sy misdaad is daar eintlik geen ander eerstehandse inligting oor hom beskikbaar nie. Die gevolg is dat daar gespekuleer word oor hierdie “symbol of destructiveness” (3064). Verbeelding word gebruik om ongegronde inligting oor hom te versprei. Fiksie- en “feite”-tekste oor Herostratos en soortgelyke misdadigers word gepubliseer. Byvoorbeeld, in sy kortverhaal, “Erostratus” (in The wall and other stories, 1948), beweer Jean-Paul Sartre (1905-1980) Herostratos het “a sense of freedom by committing a gratuitous criminal act” ervaar (3195). Sartre het die begrip vryheid gebruik om feitlik enigiets waarvan hy gehou het, goed te praat. Edmund Burke (bron hier onder) verwys na die “‘all-atoning name’ of liberty … But what is liberty without wisdom, and without virtue? It is the greatest of all possible evils; for it is folly, vice, and madness, without tuition or restraint. Those who know what virtuous liberty is, cannot bear to see it disgraced by incapable heads” (Kindle 998).

Sartre was een van die domonnosele in die politiek. Hy skryf: “For myself, who, until then, had never heard of Erostratus, his story was encouraging. He had been dead more than two thousand years and his act was still shining like a black diamond” (Borowitz 3214). Dit is Sartre wat met spesifieke verwysing na Algerië geskryf het: “The only true culture is that of the Revolution” (Preface, Frantz Fanon, The wretched of the earth, London: Penguin, 1961/2001, p 11). “It demands no less than a complete demolishing of all existing structures” (10). “There is one duty to be done, one end to achieve: to thrust out colonialism by every means” (18). “Once the last settler is killed, shipped home or assimilated, the minority breed disappears” (20).

Fernando Pessoa (1888-1935), ‘n Portugese skrywer met ‘n Suid-Afrikaanse agtergrond (1896-1905), het teen die einde van sy lewe ‘n boek geskryf: Erostratus and the search for immortality (Borowitz 3826). Die Russiese eksistensialistiese skrywer, Lev Shestov (1866-1938), het in ‘n essay, “Destroying and building” (1923, in Potestas clavium, 1968), hoogs sinvol geskryf “the final goal of man is to build and that destruction is in itself a terrible thing that can be justified only if it is a temporary step leading to new building … People like Herostratus must be put into chains in order not to be able to destroy” (3858). ‘n Terroristiese organisasie soos die ANC, wat van 1961 tot 1994 ‘n beleid van verskroeide aarde gevolg het – soos die Britte in die Anglo-Boereoorlog – is toegelaat om mandaatloos die politieke mag oor te neem. As regering is die ANC ‘n volslae mislukking, want hoewel sy terroriste suksesvol kon afbreek, vind hulle dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, om die land te herbou.

Revolusie

Ek het met Edmund Burke (1729-1797) kennis gemaak toe ek James Boswell se klassieke biografie, The life of Samuel Johnson (1791, Amazon Kindle $0), gelees het. Al drie was lid van ‘n klub, waaroor daar onlangs ‘n uitstekende boek gepubliseer is: Leo Damrosch se The Club: Johnson, Boswell, and the friends who shaped an age (New Haven: Yale University Press, 2019, 498p; Amazon Kindle $16,32). Burke was ‘n Ier wat lank ‘n Britse parlementslid was (1766-1794). Wat uit hierdie twee boeke blyk, is dat Burke ‘n denker met uitnemende substansie was; veel meer ewewigtig as Johnson. Damrosch het tereg groot waardering vir Johnson, maar hy dink nie veel van Boswell nie. Mettertyd is Burke al hoe meer as die grondlegger van hedendaagse konserwatisme erken.

Revolusie: “opstand teen die staat wat tot ‘n algehele ommekeer van die stelsel lei.” Evolusie: “geleidelike ontwikkeling” (HAT). Die Franse Revolusie (1789) is seker die bekendste revolusie. Kort ná die aanvanklike revolusie (eintlik het die revolusie tot 1799 geduur) het Burke ‘n boek daaroor gepubliseer: Reflections on the Revolution in France (1790). In hierdie rubriek gebruik ek die volgende teks, gebaseer op Burke se 1790-boek: The evils of revolution (London: Penguin, 2008, 100p; Amazon Kindle $8,10).

Burke het sy boek geskryf in reaksie op die ingenomenheid van die Britse Constitutional Society en Revolution Society met die Franse Revolusie. Hy kontrasteer bv die Britse geskiedenis en (ongeskrewe) Grondwet met dié van die Franse. Burke doen dit nie net om op kenmerkende wyse die meerderwaardigheid van die Britte te probeer tuisbring nie. Die Britte het ‘n eeu vroeër hulle “Glorious Revolution” (1689) gehad, maar dit het nie die weefsel of kern van die Britse samelewing vernietig soos wat met die Franse Revolusie gebeur het nie. “The question is not now of the vices of that monarchy, but of its existence. Is it then true, that the French government was such as to be incapable or undeserving of reform; so that it was of absolute necessity the whole fabric should be at once pulled down, and the area cleared for the erection of a theoretic experimental edifice in its place?” (779). “Along with much evil, there is some good in monarchy itself” (790). Insgelyks was apartheid glad nie net sleg nie. “When ancient opinions and rules of life are taken away, the loss cannot possibly be estimated. From that moment we have no compass to govern us; nor can we know distinctly to what port we steer” (610). Ten spyte van periodieke ontwrigtings het daar by die Britte ‘n deurlopendheid behoue gebly. Deurlopendheid is wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontbreek. Daar was ‘n absolute breuk met ons geskiedenis; dus, in 1994 was daar ‘n revolusie.

Die vraag is: Het Afrikaanssprekende blankes hulle deur hierdie onverkwiklike gebeure tot verlooptheid laat ontspoor? In hoeverre het hulle Afrikanergetrou gebly? Burke het sy vertroue in die Franse gees/kultuur behou. “It is a thing to be wondered at, to see how very soon France, when she had a moment to respire, recovered and emerged from the longest and most dreadful civil war that ever was known in any nation. Why? Because among all their massacres, they had not slain the mind in their country” (414). Het die Afrikaner se gees onblusbaar sterk uit enersyds die verraad in eie kring en andersyds die naakte terrorisme van die vyand gekom? Loutering kan hartversterkend wees. Afrikaners behoort te bly streef na ‘n normale samelewing. “Believe me, Sir, those who attempt to level, never equalize. In all societies, consisting of various descriptions of citizens, some description must be uppermost. The levellers therefore only change and pervert the natural order of things” (425). “By having a right to every thing, they want every thing” (457).

Burke skryf dat hy die Franse nie met hulle revolusie geluk kan wens alvorens daar duidelikheid oor sekere sake is nie, bv “with solidity of property, with peace and order, with civil and social manners. All these (in their way) are good things too; and, without them, liberty is not a benefit whilst it lasts, and is not likely to continue long. The effect of liberty to individuals is, that they do what they please. We ought to see what it will please them to do, before we risque congratulations, which may be soon turned into complaints” (108). Die klem wat in Frankryk op vryheid geplaas is, het spoedig in sy kolonies weerklank gevind. Dit het tot opstand in bv Haïti gelei, waar die blankes op groot skaal suksesvol uitgemoor en onafhanklikheid in 1804 verkry is. Dit was ‘n geval van “the spirit of freedom, leading in itself to misrule and excess” (306).

In Suid-Afrika het die inwoners sedert 1994 die vryheid om bv paaie te versper en voertuie met klippe te bestook. Die veiligheidsituasie is sodanig dat jy nie in jou eie woonplek veilig is nie, om nie te praat van die feit dat jy in baie opsigte nie vry is om te gaan waar jy wil nie, want jy doen dit op die gevaar af dat jy aangeval, beroof en selfs gedood kan word. Maar die ANC-regime verwag dat ons elke jaar Vryheidsdag op 27 April moet vier, die dag in 1994 waarop swart oorheersing begin het. Sedertdien is blankes nie eens meer vry om poste in bv die staatsdiens te beklee nie. Hulle is nie eens meer vry om eie woongebiede en skole te hê nie, ens.

In Brittanje, anders as in Frankryk, is die monargie nie afgeskaf nie, Historiese kontinuïteit is beswaar deur eerder die mag van die koning/koningin te beperk en die funksie van die monargie van uitvoerend na formeel of seremonieel te verander. Die Britse parlement “cannot renounce its share of authority. The engagement and pact of society, which generally goes by the name of the constitution, forbids such invasion and such surrender. The constituent parts of a state are obliged to hold their public faith with each other … Otherwise competence and power would soon be confounded, and no law be left but the will of a prevailing force” (151). In Suid-Afrika is daardie seëvierende mag die terroristiese ANC, wat sy sin selfs in die aanhef tot die Grondwet (1996) gekry het: “We, the people of South Africa, recognise the injustices of the past.” Dus, daar moet ‘n revolusionêre breuk met die slegte verlede wees. Soos Burke voorspel het (in die vorige paragraaf) het die euforie van 1994 spoedig vir ontnugtering plek gemaak. Tekens van bekwaamheid (Burke verwys hier bo na “competence”) in die ANC-regime is skaars. Alles waarvoor die regime nie die nodige vaardigheid het nie, word uitdagings (“challenges”) genoem. Daar is baie van hulle en dit lyk asof hulle al hoe meer word.

Burke het in 1790 tereg voorsien dat daar verdere revolusionêre veranderings in Frankryk sou kom; dat die situasie nie stabiel was nie. Wat nodig was, was “to make the Revolution a parent of settlement, and not a nursery of future revolutions” (228). Revolusies is geneig om teenrevolusies te ontlok, al is daar hierdie waarheid: “a revolution will be the very last resource of the thinking and the good” (285). Die uitkoms van die 1990/94-onderhandelinge was so skandalig en vergesog dat daar in 1993/94 die wesenlike moontlikheid bestaan het dat die veiligheidsmagte (weermag en polisie) in opstand sou kom. Een van die redes waarom dit nie gebeur het nie, is omdat daar nie groot duidelikheid was oor wat al die gevolge van die verbroude onderhandelinge sou wees nie. Valse versekeringe uit sowel ANC- as NP-geledere het die gemoedere verder gekalmeer, gerugsteun deur die massa-inligtingsmedia. Namate die kloof tussen die welvarende ANC-voorbokke en die verarmde gepeupel verbreed, word die moontlikheid van ‘n verdere revolusie egter al hoe groter.

Pleks van radikale verandering, naamlik revolusie, verkies Burke geleidelike aanpassing, dus evolusie. “These opposed and conflicting interests, which you consider as so great a blemish in your old and in our present constitution, interpose a salutary check to all precipitate resolutions. They render deliberation a matter not of choice, but of necessity; they make all change a subject of compromise, which naturally begets moderation; they produce temperaments, preventing the sore evil of harsh, crude, unqualified reformations; and rendering all the headlong exertions of arbitary power, in the few or in the many, for ever impracticable” (327). In ‘n revolusionêre klimaat gebeur die teenoorgestelde” “Moderation will be stigmatized as the virtue of cowards, and compromise as the prudence of traitors” (1008).

Die Suid-Afrikaanse bevolking is nie naasteby homogeen nie. Wat sedert 1994 gebeur, is dat die ANC-regime grootliks met in agname van eerstens hulle eie belang en tweedens die belang van die swart meerderheid regeer. Daar is weinig sprake van die gematigdheid wat Burke aanhang. Die belange van die bruines, Asiate en veral blankes word dikwels glad nie in ag geneem nie. Dit is waarom daar deur die ANC-regime openlik vir bv die onteiening sonder vergoeding van blankes se besittings geywer word.

Die volgende kan seker ook van die ANC en die nuwe Suid-Afrika gesê word: “France has bought undignified calamities at a higher price than any nation has purchased the most unequivocal blessings! France has bought poverty by crime. France has not sacrificed her virtue to her interest; but she has abandoned her interest, that she might prostitute her virtue … All other people have laid the foundations of civil freedom in severer manners, and a system of a more austere and masculine morality” (360). “The French rebel against a mild and lawful monarch, with more fury, outrage, and insult, than ever any people has been known to rise against the most illegal usurper, or the most sanguinary tyrant” (381).

Die ANC se terrorisme het geen perke geken nie. Die onbeskaafdheid daarvan was grenseloos. Tog word die ANC nie daarvoor tot verantwoording geroep nie, word daar nie verskoning gevra nie en word daar nie skadevergoeding betaal nie. “To make a revolution is a measure which, prima fronte, requires an apology. To make a revolution is to subvert the ancient state of our country; and no common reasons are called for to justify so violent a proceeding” (811). “Were all these dreadful things necessary? Were they the inevitable result of the desperate struggle of determined patriots, compelled to wade through blood and tumult, to the quiet shore of a tranquil and prosperous liberty?” (381).

Besluit self wat van die volgende op die ANC van toepassing is: “Not one drop of their blood have they shed in the cause of the country they have ruined. They have made no sacrifices to their projects of greater consequence than their shoe-buckles, whilst they were imprisoning their king, murdering their fellow citizens, and bathing in tears, and plunging in poverty and distress, thousands of worthy men and worthy families. Their cruelty has not even been the base result of fear. It has been the effect of their sense of perfect safety,* in authorizing treasons, robberies, rapes, assassinations, slaughters, and burnings throughout their harrassed land. But the cause of all was plain from the beginning” (392) – naamlik, in die geval van die ANC, om ten alle koste die politieke mag te bekom. [* Dink aan die ANC-lede wat knus in die buiteland as ‘n “regering in ballingskap” vertoef het.]

Die volgende is naatloos op ons situasie van toepassing: “Till power and right are the same, the whole body of them has no right inconsistent with virtue, and the first of all virtues, prudence.* Men have no right to what is not reasonable”** (490). “This sort of people are so taken up with their theories about the rights of man, that they have totally forgot his nature” (534). Die reg op vryheid word vertolk asof (feitlik) alles veroorloof is. Daarom hoef daar nie betaal te word vir wat ontvang of gesteel word nie. Onder “regstelling” word vergoeding vir die beweerde euwels van apartheid verstaan; nie boetedoening vir misdade soos terrorisme nie. [* In die sin van bedagsaamheid. ** Byvoorbeeld, onteiening sonder vergoeding.]

Dan volg hierdie beroemde woorde van Burke: “Society is indeed a contract … It becomes a partnership not only between those who are living, but between those who are living, those who are dead, and those who are to be born” (652). Hoe is dit vir verloopte Afrikaners moontlik om so fundamenteel ontrou aan hulle voorgeslagte te wees? Waarom word verloopte Afrikaners in so ‘n groot mate in die dampkring van die Afrikanerdom verdra, soortgelyk aan die verraaiers en joiners in en ná die Anglo-Boereoorlog? Hoe kry verloopte Afrikaners dit reg om Afrikaner-kinders en -jongmense in die oë te kyk terwyl hulle versoenend en inskiklik oor die onderploeging van hulle tradisionele geboortereg is? My nageslag is teen astronomiese koste besig met voorbereidings om die land te verlaat. Ek moedig hulle aan omdat dit vir jonger mense die regte ding is om te doen. Maar dit laat my verbitterd.

Hoe tipies of kenmerkend is die volgende nie van die nageboorte van ons eie revolusie nie? “When all the frauds, impostures, violences, rapines, burnings, murders, confiscations …and every description of tyranny and cruelty employed to bring about and to uphold this revolution, have their natural effect, that is, to shock the moral sentiments of all virtuous and sober minds, the abettors of this philosophical system immediately strain their throats in a declaration against the old monarchical government of France. When they have rendered that deposed power [NP government] sufficiently black, they then proceed in argument, as if all those who disapprove of their new abuses, must of course be partizans of the old [apartheid]; that those who reprobate their crude and violent schemes of liberty ought to be treated as advocates for servitude [baasskap] … Have these gentlemen never heard, in the whole circle of the worlds of theory and practice, of any thing between the despotism of the monarch [government by whites] and the despotism of the multitude [unqualified majority rule]?” (737).

In Frankryk is daar en in Suid-Afrika word daar steeds buitensporig oordryf oor hoe sleg die vóór-revolusionêre era was en hoe wonderlik die ná-revolusionêre era is. “I know how easy a topic it is to dwell on the faults of departed greatness” (769). “Those who are habitually employed in finding and displaying faults, are unqualified for the work of reformation” (887). Verwyte geslinger teen die vorige regering kom van ‘n regime waarvan gesê kan word: “[It] thought proper to commit a thousand crimes and to subject their country to a thousand evils … Is it then a truth so universally acknowledged, that a pure democracy is the only tolerable form into which human society can be thrown, that a man is not permitted to hestitate about its merits, without the suspicion of being a friend to tyranny, that is, of being a foe to mankind?” (758).

“Of this I am certain, that in a democracy, the majority of the citizens is capable of exercising the most cruel oppressions upon the minority, whenever strong divisions prevail in that kind of polity, as they often must; and that oppression of the minority will extend to far greater numbers, and will be carried on with much greater fury, than can almost ever be apprehended from the dominion of a single sceptre. In such a popular persecution, individual sufferers are in a much more deplorable condition than in any other … those who are subjected to wrong under multitudes, are deprived of all external consolation. They seem deserted by mankind; overpowered by a conspiracy of their whole species” (769). Inderdaad, dit voel asof niemand buite die Afrikanerdom werklik oor die lot van Afrikaners begaan is nie.

Slot

Gewelddadigheid as die wesenlike aard van terrorisme en die vernietinging inherent in revolusie is wat vir beskaafde mense verwerplik is. “Is it in destroying and pulling down that skill is displayed? Your [France’s] mob can do this as well at least as your assemblies. The shallowest understanding, the rudest hand, is more than equal to that task. Rage and phrenzy will pull down more in half an hour, than prudence, deliberation, and foresight can build up in a hundred years” (854).

Hier bo het ek na Samuel Johnson en James Boswell verwys. In 1773 het hulle ‘n reis na die Skotse eilande, die Hebride, onderneem. Albei het ‘n verslag oor hierdie reis gepubliseer: Johnson in 1775 (A journey to the Western Islands of Scotland, Amazon Kindle bv $1,14) en Boswell in 1785 ( A journal of a tour to the Hebrides with Samuel Johnson, Amazon Kindle bv $0). Sedert ek Boswell se beroemde Johnson-biografie en hierdie twee reisverslae gelees het, is dit een van my genotvolste ervarings om leunstoelreise na hierdie eilande te onderneem. Onlangs het ek van die oudste dokumentasie oor die Skotse eilande gelees: A description of the Western Islands of Scotland ca 1695 (1703) and A late voyage to St Kilda (1698) by Martin Martin, and Description of the occidental ie Western Islands of Scotland by Donald Monro (1549) (Edinburgh: Birlinn, 1999/2018, 384p; Amazon Kindle $6,89). Monro lys sowat 250 eilande. Volgens die Wikipedia is daar meer as 900. Martin se 1703-boek handel nie net oor die Hebride in die noordweste nie, maar ook oor twee eilandgroepe in die noorde van Skotland: Orkney en Shetland.

Wat my aangegryp het, is die volgende paragraaf wat meer as drie eeue gelede oor ‘n kerkgebou op die eiland Suid-Ronaldsay, Orkney, geskryf is : “Ladykirk, in South Ronaldsha, though ruinous, and without a roof, is so much reverenced by the natives, that they choose rather to repair this old one, than to build a new church in a more convenient place, and at a cheaper rate: such is the power of education, that these men cannot be cured of these superfluous fancies, transmitted to them by their ignorant ancestors” (Kindle 3623). Om iets te bou, in stand te hou, te bewaar en waardeer, dít is van die beste en mooiste vrugte van beskawing. Dit is iets wat die ANC nog moet leer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.