Afrikaans die prooi van Afrikaanssprekendes

erald_felix
TV-aanbieder Erald Felix: ‘n meer polities korrekte gesig vir Afrikaans

deur Leon Lemmer

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) is ‘n Naspers-inisiatief om Afrikaans onder veral die bruin bevolking te bevorder. Die term “bemagtiging” het ‘n politieke en spesifiek ‘n ANC-konnotasie. Dit kom ook voor in die Afrikaanse Taalraad (ATR) se leuse: bemagtig, bevorder, beskerm. Die SBA se uitvoerende hoof het in ruime mate misbruik hiervan gemaak; eers Christo van der Rheede en nou Danie van Wyk. Die uitgangspunt is dat Afrikaans onder bruines bevorder kan word alleenlik as die SBA (1) hom distansieer van apartheid en by implikasie van nie-verloopte Afrikaners en (2) nie spesifiseer watter soort Afrikaans bevorder moet word nie. As gevra word of die SBA hom vir Standaardafrikaans beywer, is die antwoord negatief, want dit is die soort Afrikaans wat met blankes geassosieer word. Die SBA verkies om Afrikaans in al sy variasies te bevorder, wat vir Kaaps die deur wyd ooplaat; ook vir daardie soort Kaaps wat ‘n mengeltaal bestaande uit Afrikaans en matelose Engels is.

Onderliggend aan hierdie gesindheid is die foutiewe aanname van gelykheid. Na analogie van stemreg (een mens, een stem) word verkeerdelik veronderstel dat alle variasies van Afrikaans ewe goed is. Net soos dit voor die hand liggend behoort te wees dat mense in baie opsigte (bv aanleg, kennis, insig) nie gelyk is nie, is die variasies van Afrikaans nie almal ewe geskik om bv die oorlewing van Afrikaans te verseker nie. As verskansing teen verengelsing is Kaaps uitnemend ongeskik. Om politieke en etniese redes word juis hierdie ondermynendste vorm van “Afrikaans” nie deur die SBA bestry nie, maar veel eerder bevorder. Dit word gedoen deur nie duidelik af te baken wat as Afrikaans kwalifiseer nie. Die mengeltaal Kaaps, wat ‘n posisie tussen Engels en Afrikaans inneem, word nie net by Afrikaans gegroepeer nie, maar inderdaad daarby ingesluit.

Hierdie destruktiewe inklusiwiteit vind ook weerklank in die mense wat deesdae uitgesoek word om sogenaamd die heil van Afrikaans te bevorder; “die Wie-is-Wie van Afrikaans,” in die woorde van Michael le Cordeur (Praag 26 Januarie). Hierdie kiem of kanker, wat geen werklike weerstand teen verengelsing bied nie, kom nie net by die SBA voor nie, maar ook by die ATR, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), asook by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Hierdie mense “bevorder” Afrikaans deur (1) Standaardafrikaans, (2) die rol van blankes en (3) suiwer Afrikaans grootliks te ignoreer deur al drie doelbewus ongenoem te laat en (4) deur selfs te pleit vir die herstandaardisering van Afrikaans. Afrikaans moet daarvolgens sover moontlik ontwit word, want die meeste sprekers van al die variasies van Afrikaans is bruin. Dit gaan vir hierdie mense in die eerste plek nie om taalkundige oorwegings nie. Dit gaan om etnisiteit en politiek. Kwantiteit, nie kwaliteit nie, gaan glo die toekoms van Afrikaans bepaal. Daarom is ‘n paradigmaskuif van wit na bruin aan die orde van die dag.

Ek skryf na aanleiding van wat onlangs gepubliseer is. Die eerste is ‘n brief deur die bogenoemde Danie van Wyk in Die Burger (2 deser, p 10). “Almal het onder die juk van apartheid gely.” Sê wie? Van Wyk loof die Kaaplandse Professionele Onderwysunie (KPO) vir sy rol in die afskaffing van apartheid. Die ironie is dat daardie onderwysersvereniging juis hoogs onprofessioneel was. Daar is voorkeur aan politiek bo onderwys gegee. Daardie onderwysers is deur die “apartheidsregime” betaal om onderrig aan kinders te verskaf. Onder die UDF/ANC-vaandel van “liberation before education” het hulle skole ontwrig, gevandaliseer en selfs afgebrand. Hierdie mense, wat veronderstel is om opvoeders te wees, het ‘n bedenklike voorbeeld aan die leerlinge gestel en skoolkinders selfs tot misdade aangehits.

Van Wyk bestempel mense soos Franklin Sonn en Randall van den Heever, wat albei later deur die ANC met poste beloon is, as “gerespekteerde leiers.” Hy noem die name van Cheryl Carolus, Trevor Manuel, Jakes Gerwel, Dullah Omar en Allan Boesak as voorbeelde van bruin ANC-aktiviste wat as genooide sprekers by KPO-byeenkomste opgetree het. Van Wyk gee ‘n blik in die verderflike kern van die KPO: “Die KPO was ook die eerste onderwysorganisasie wat (in 1988) die Vryheidsmanifes aanvaar het as ‘n dokument en bron wat die beleid van die organisasie polities vorentoe sou neem en rig.” In hoeverre die gevolge respekteerbaar is, blyk bv uit die feit dat die genoemde Sonn suksesvol was met sy vertoë aan ‘n ANC-president om die genoemde Boesak se kriminele rekord te skrap.

[Ek dink dikwels daaraan hoe ons as kinders in die kerk en op skool “sente vir die sending” geskenk het, in die waan dat die geld mense sou oplewer wat Suid-Afrika ‘n beter plek sou maak; mense wat sou opbou en nie afbreek nie, wat beskawing sou bevorder en nie misdaad nie; bowenal mense wat nie snood ondankbaar sou wees nie. Die bedoeling van die NG Kerk se sendingaksie was nie om bevrydingsteoloë op te lewer nie. Ek kan my kwalik ‘n groter en onbetaamliker misoes voorstel as Sendingkerk-produkte soos Allan Boesak, Russel Botman en Nico Koopman. In al drie hierdie gevalle kan hulle ideologiese ontaarding en ontsporing teruggevoer word na veral ‘n enkele dosent in die fakulteit teologie van die Universiteit van Wes-Kaapland. Ek verwys na Jaap Durand, ‘n misleide, blanke Afrikaanssprekende. Daar is destyds tereg verwag dat sendingaksie beskawing sou bevorder. “Beskawing” is ‘n woord wat in die nuwe Suid-Afrika in onbruik verval het omdat ons daagliks deur onbeskaafdheid oorweldig word. Braam Hanekom, die NG-moderator van Wes- en Suid-Kaapland, wat graag verligte geluide maak, het pas verras deur op te merk dat die land ‘n verlies aan beskaafdheid ervaar (Die Burger, 4 deser, p 11).]

Mense wat die UDF/ANC-misdade en -geweld goedpraat, soos Van Wyk en Le Cordeur, is deesdae deel van “die Wie-is-Wie van Afrikaans.” Maar soos ek en andere al so dikwels aangetoon het, sou hulle nie daardie posisies beklee het en Afrikaans-skadelike invloed kon uitoefen as dit nie was vir die hartlike samewerking van misleide Afrikaanssprekende blankes nie. Deesdae is een van die hoofondermyners Wannie Carstens, wat leidende posisies in die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATR en ATM beklee en ook ‘n raadslid van die Universiteit Stellenbosch is.

Volgens eie erkenning is Carstens se Damaskus-ervaring te wyte aan ‘n gesprek wat hy in 2004 met Christa van Louw gehad het (LitNet Akademies 15.03.2013). Oor hierdie onderwerp sou ek nie Van Louw se dramatiserings sonder meer as geloofwaardig aanvaar nie. Ons lewe in ‘n tyd en in ‘n land waarin daar ideologies hewig oorlog gevoer word. Ten einde sinvol te dink en jou geestelike ewewig te behou, is dit nodig dat ‘n mens jou teen naïewe reaksie moet staal. Hierdie onderonsie het nie lig aan Carstens op die pad vorentoe verskaf nie, maar hom veel eerder ten minste kol-kol blind gelaat.

Dit bring my by nog ‘n onlangse publikasie waarop ek die aandag wil vestig, naamlik Carstens se skrywe, “Hoekom Afrikaans?” (ATR-webwerf, 31 Mei). Hy wil “die spoke van die verlede … besweer.” Dit ly min twyfel dat daardie spoke almal wit is. Ek bly wonder hoe Carstens kan dink dat in sy teks iets staan wat oorspronklik genoeg is om publikasie te regverdig. Sy motivering was heel moontlik goebbelisties: hoe meer ‘n leuen herhaal word, des te meer/makliker word dit geglo. Carstens wil “‘n belangrike saak oor Afrikaans regstel: Afrikaans is nie die taal van net wit mense nie … Afrikaans is veel meer as die taal van wit mense, dit is veel eerder die taal van die bruin mense (soos die slawe uit die Ooste wat hulself met Hollands moes uitdruk en in hierdie proses gehelp het om die taal te laat ‘anders’ raak as die Hollands van die tyd).”

Carstens verwys nie net na die armsalige slawe nie. Hy haal ook Barack Obama se “Ja, ons kan!” aan. Voorheen het hy Martin Luther King jr goedkeurend aangehaal. Carstens se verwysingsveld bevestig sy verlooptheid. Sulke verwysings en aanhalings word tot vervelens toe by anti-blanke elemente aangetref. Die eintlike woorde van Carstens wat ek verpes, is: “Afrikaans … is veel eerder die taal van die bruin mense.” Dit kan waar wees as (soos hierbo aangedui) Afrikaans nie streng afgebaken word nie (bv as die mengeltaal Kaaps as Afrikaans geklassifiseer word) en die getal huidige sprekers dan suiwer kwantitatief beoordeel word. Sodra kwalitatiewe oorwegings toegelaat word, sink Carstens se stelling.

Histories blyk sy stelling ‘n onverdunde leuen te wees. As taalkundige behoort Carstens te weet dat onderskei moet word tussen, eerstens, die ontstaan van ‘n taal en, tweedens, die vestiging en uitbouing van daardie taal. Dit is moontlik dat die skewe gepraat van Hollands deur bv die slawe een van die faktore is wat aanleiding tot die ontstaan van Afrikaans gegee het. Deur hierdie enkele moontlikheid te verhef tot eienaarskap van die taal by verre nasate is om buitensporig polities korrek en bedenklik oorverlig en opportunisties te wees. By die ontstaan van Afrikaans kon nie-wittes ‘n (beperkte) rol gespeel het. Die vestiging, uitbouing en ook behoud van Afrikaans was en is grootliks aan blankes te danke. Wat verhoed Carstens en sy meelopers om hierdie feite openlik te erken? Politiek en nogmaals politiek, spesifiek ANC-gedienstigheid.

Uit hoofde van die poste wat hy beklee, kan Carstens ‘n daadwerklike bydrae tot die heil van Afrikaans lewer, mits sy oriëntasie sinvol is. Taalkundige oorwegings behoort voorrang bo ANC-gedienstigheid te geniet. As hoogleraar in Afrikaanse taalkunde behoort die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit (NWU) by uitstek sy sendingveld te wees; veral nou in die tyd van nood. Carstens en Le Cordeur is veronderstel om die voorste wagters op die Sionsmure vir Afrikaans te wees. Oor die maandelange anti-Afrikaans-veldtog teen die Potchefstroom-kampus het hulle, sover ek weet, nog geen openbare verklaring uitgereik nie. Hierdie wagters slaap, behalwe dat Carstens dit wenslik ag om te beweer dat Afrikaans “veel eerder die taal van die bruin mense is.” Iets radikaals is by hierdie wagters verkeerd. Dit verg radikale regstelling.

Veral Hannelie Booyens en Adriaan Basson het met hulle moedswillige mite van ‘n Nazi-saluut daarin geslaag om Potchefstroom as die laaste oorwegend Afrikaanse en blanke universiteitskampus op die vernietigingspad te plaas. Wat hulle verder bereik het, is dat daardie kampus nou geëtiketteer word as ‘n “onderdrukkende magstruktuur” wat uitgewis moet word (NWU-webwerf). Omdat Potchefstroom die afgelope jare heelwat kulturele vlugtelinge uit ander streke getrek het, is dit moontlik dat die beste (en meeste?) nie-verloopte Afrikanerstudente tans daar aangetref word. Hulle pleeg nie moord en doodslag nie en maak hulle nie skuldig aan misdaad nie. Daardie studente is moontlik voorbeeldiger as dié op ander kampusse. Desnieteenstaande word hulle vir kritiek uitgesonder. Die nuwe rektor, Dan Kgwadi, noem ontgroening “barbaars” en “gemors” (Beeld 5 deser). Kan dit naasteby geregverdig word? Is dit geregtigheid? Is besnydenis nie in groter mate barbaars nie?

Die Universiteit Stellenbosch het dit in 2003 wenslik geag om die Afrikaanssprekende nie-Afrikaner Frederik van Zyl Slabbert aan te stel om die kampuskultuur aldaar te ondersoek sodat dit in ooreenstemming met die wense van die ANC getransformeer kon word. Die NWU het ‘n soortgelyke gesindheid geopenbaar deur die Afrikaanssprekende nie-Afrikaner Leon Wessels aan te stel om die Potchefstroomse kampus te transformeer. Voorspelbaar het die myns insiens minder talentvolle Wessels en sy taakspan dit wenslik geag om hulle deur die Slabbert-aanbevelings te laat lei. Wessels is die enigste blanke lid in die taakspan, maar sy etnisiteit is geen faktor nie omdat dit deur oorverligtheid uitgewis is; ten minste wanneer hy in die openbaar optree. Die drie ander lede van die taakspan is nie-wittes.

Wat Wessels en kie aanbeveel en waarmee hulle die kommunistiese minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, tevrede wil stel, is dat die drie kampusse van Noordwes-universiteit (Potchefstroom, Mafikeng en Vaaldriehoek) ‘n “enkele institusionele kultuur” moet hê. Dat hierdie drie fundamenteel verskillende kampusse weens die arbitrêre dwaasheid van Kader Asmal ‘n skrale tien jaar gelede in ‘n enkele universiteit saamgevoeg is, word glad nie in ag geneem nie. Die Wessels-bevinding is dat die oorwegend blanke, Afrikaanse kampus op Potchefstroom ongewens is; dat dit, soos die ander twee kampusse, oorwegend swart en Engels moet word. Dit is die soort ding wat ‘n mens van Wessels kan verwag in die lig (eintlik duisternis) van bv sy oorbereidwilligheid tot toegewings tydens die grondwetlike onderhandelings met die ANC.

Wessels is veral buitengewoon entoesiasties oor die elf amptelike tale waarmee ons sit. Om Cyril Ramaphosa ter wille te wees, het Wessels die splinter raakgesien deur die amptelike erkenning van die Venda-taal wonderlik te vind Die balk in die nuwe taalbedeling, dat Afrikaans die enigste amptelike taal is wat oneindige skade lei, het Wessels (doelbewus) nie raakgesien nie. Pleks daarvan was die aanvaarding van die nuwe taalbedeling vir hom ‘n “lekkerkry-oomblik” (Vereeniging, 2010, p 329; Praag 20.10.2013). Wessels sal hom na verwagting weer blind hou vir die skade wat blankes en Afrikaans vorentoe op Potchefstroom gaan ly. Die Dopperhemel van weleer sal nie voortgaan om ‘n toevlugsoord vir blanke kulturele vlugtelinge te wees nie. Swart mag gaan ook daar grootliks onverdiend seëvier.

Theuns Eloff het destyds as oorverligte predikant bekendheid verwerf. Sy openbare beeld het heel moontlik ‘n (deurslaggewende) rol by sy aanstelling as rektor gespeel. Nou lyk dit asof hy beter as enigiemand insien dat die NWU en spesifiek die Potchefstroom-kampus met bose magte te kampe het, met egte kommunisme (die miskende rooi gevaar) as die seëvierende demon. Klaarblyklik besef Eloff dat oordrewe verlooptheid Wessels se spesialiteit is; dat Wessels nie in staat is om objektiewe, akademies-sinvolle leiding aan so ‘n taakspan te gee nie.

Die aanduidings is dat die oud-polisieman Wessels die verkeerde spoor gevat en weer ten koste van Afrikaners en Afrikaans op groot skaal drooggemaak het. Vandaar die waarneming dat sy jongste manewales op ‘n skuldige gewete dui. Wessels het pas vorendag gekom met: “Afrikaans is nie ‘n prioriteit – ‘n soort godsdiens – vir almal nie” (Beeld 4 deser). Gehalte-onderwys is vir hom belangriker as die onderrigmedium. Maar om werklik by (puik) lesings te baat, moet die onderrigtaal tog sekerlik vir die student (optimaal) verstaanbaar wees.

Potchefstroom was skynbaar die kampus wat akademies die minste deur transformasie benadeel is, danksy ‘n blanke rektor. Sedert die toelatingsvereistes vir nie-wit studente verlaag is en dosente by voorkeur op grond van ras en geslag aangestel en bevorder word, het die akademiese gehalte aan die ander vier eens Afrikaanse universiteite (Johannesburg, Pretoria, Stellenbosch, Vrystaat – elkeen met ‘n nie-wit rektor) kommerwekkend gedaal. Wessels se verwysing na gehalte-onderwys maak dus geen sin nie, want die praktyk getuig van die teenoorgestelde.

Soos wat in talle ander gevalle gebeur het, bv by die aanwysing van Kgwadi as rektor, sou die transformasie van die Potchefstroom-kampus nie sonder die samewerking van verloopte Afrikaners plaasgevind het nie. Verloopte Afrikaners bly die kernprobleem van Afrikaners en Afrikaans.

Ten slotte iets anders oor Afrikaans. Johan van Zyl van Koringberg skryf soms die rubriek Van Alle Kante in Die Burger. Ek onthou dat hy hom by geleentheid in so ‘n mate aan mengeltaal skuldig gemaak het dat ek die redakteur gevra het om Van Zyl te verplig om sy rubrieke in Afrikaans te skryf. In sy jongste skrywe (28 Mei, p 10) erken Van Zyl dat hy tot taalonsuiwerheid geneig is. Maar selfs hy het nou geduld met geradbraakte Afrikaans verloor.

Hy haal ‘n radio-aanbieder aan: “Ons het vanaand baie lekker musiek in stoor.” Hoewel in twee tale uitgesaai word, het die stasie ‘n Engelse naam, Smile 90.4FM. Van Zyl noem ook die volgende voorbeelde van taalgebruik deur radio-aanbieders en nuuslesers: die “strydige” bendes op die Kaapse Vlakte, die beskuldigde wat “na verwagting” Saterdag sy broer doodgesteek het en die stommiteit “vandag merk die begin van Ramadaan.” Ek verpes dit veral as polisie- en verkeerswoorvoerders “was” pleks van “is” gebruik: “In die ongeluk was drie mense dood.”

Op 3 deser (p 10) het Lizma van Zyl, die genoemde radiostasie se hoof van nuus en aktualiteit (‘n gewigtige betiteling) met ‘n brief op Johan van Zyl se opmerkings gereageer. Dit lyk asof die anonieme omroeper deesdae met vrug op slawe- of Khoi-oorsprong aanspraak kan maak. Daar word verwys na sy “warmte en ‘n eg Kaapse stem,” wat die taalfoute “troef”. Die betrokke omroeper “is ‘n gesinsman met ‘n passie vir Afrikaans en dié provinsie. Hy is vol empatie vir hierdie streek se mense … hy het … ook ‘n graad van Stellenbosch.” Só word daar om die bos geskryf, pleks van te noem dat die omroeper bruin en Kaaps is en daarom op spesiale behandeling, of ten minste buitengewoon omsigtige kommentaar, geregtig is.

‘n Gevoelige senuwee is dus deur Johan van Zyl raakgeboor. Dit verduidelik die goor reaksie wat hy ontlok het. Daar word verwys na Johan se “snedige opmerkings” en Lizma bevraagteken “of die puristiese aanslag regtig soveel waarde en steeds van toepassing is.” Ons is mos nou in die bevrydings- en loslit-era. By Smile 90.4FM word deurmekaar geboer: “Ons verteenwoordig die heerlike mengelmoes wat ons mooiste Kaap so uniek maak. Ons is ook trots om die aanbieder op wie jy so ‘n venynige aanval geloods het in ons span te hê.”

Die vraag wat ek in die midde wil lê, is wanneer begin Carstens, Le Courdeur en hulle meelopers om iets te doen om die voortbestaan van agbare Afrikaans te verseker? Daar moet nie geredeneer word dat sommige Afrikaanssprekers voorheen benadeel is (vanselfsprekend deur slegte wittes) en daarom nie aanstoot gegee mag word nie. Ek en baie van my mede-Afrikaners word tans benadeel en vind geradbraakte Afrikaans hoogs aanstootlik. Ons deurleefde gevoelens word gekrenk. Is ons belange nie ook agtingswaardig nie?

Die Burger: Anti-Afrikaner, anti-Afrikaans, anti-Boeremusiek

'n Moderne weergawe van die 'Dutch Mark'Deur Leon Lemmer.

Uit ‘n enkele berig in Die Burger (2 deser, p 6) kan afgelei word dat hierdie koerant deesdae anti-Afrikaner, anti-Afrikaans en anti-Boeremusiek is. Die versugting is klaarblyklik dat ons almal in ‘n groter Suid-Afrikaansheid opgeneem moet word.

Op 30 Mei (p 15) het hierdie koerant ‘n lang artikel gepubliseer waarin gepoog is om aan te toon dat Boeremusiek nie van Boere-oorsprong is nie. “Anders as wat die naam sê, is boeremusiek nie ‘n eksklusiewe maaksel van Afrikaners nie.” Enige strooihalm wat kan help om nie-verloopte Afrikaners te vertrap, word aangegryp.

Daarteenoor is ‘n waarderende artikel oor die Libertaskoor op 31 Mei (p 15) gepubliseer. Dié koor is in 1989 gestig en was glo die eerste veelrassige koor. Die dirigent, Johan de Villiers, sê hy en sy vrou “wou graag ons deel doen om dinge beter te maak.” Die koor sing onder meer die Xhosa-strugglelied, “O God, waarom moet ons so swaar kry?”

Alle nie-verloopte Afrikaners is nie altyd ewe entoesiasties oor Steve Hofmeyr nie. Tog behoort ons almal waardering te hê dat hy die moed van sy oortuiging het om hom openlik vir die Afrikanersaak te beywer. In sy beroepe (bv sanger, skrywer, akteur) is Hofmeyr van openbare steun afhanklik. Desnieteenstaande is hy bereid om daardie minderheidsgroep te ondersteun wat tans die meeste verguis word. Daarvoor moet ons erkentlik en dankbaar wees. Myns insiens onderskei Hofmeyr se opvallende groter geestelike diepte hom van die meeste van sy mede-kunstenaars.

Die Boeremusiekklub het Hofmeyr en Sakkie Kotze vereer. Volgens die berig is hulle nie kultuurleiers nie, maar “kultuurleiers”; dus die soort kultuurleiers waarvan Die Burger hom distansieer. In die berig word dit ook nie gestel dat hierdie twee die Afrikaanse taal en kultuur bevorder nie. Nee, “Die klub sê Hofmeyr en Kotze bevorder die Afrikaanse taal en kultuur al jare lank.” Dan word die klub se verklaring aangehaal, sodat dit duidelik moet wees dat dit nie is wat Die Burger se redaksie dink nie. Daarna word dieselfde laai met Kotze uitgehaal: “Die klub sê hy bevorder die Afrikaanse kultuur.” Les bes word die skrywer van dié berig bloot as “Verslaggewer” aangedui. Blykbaar sou dit skadelik vir sy/haar aansien wees as anonimiteit nie bewaar is nie.

Ten slotte haal ek die volledige koerantberig aan. Dat Die Burger hom van hierdie twee mense distansieer, kan met ‘n stok aangevoel word.

“Steve Hofmeyr as ‘kultuurleier’ vereer

Bloemfontein.- Twee ‘kultuurleiers’ – Steve Hofmeyr, akteur en sanger, en Sakkie Kotze, ‘n vrywillige kultuurwerker – is deur die Boeremusiekklub van Suid-Afrika in Pretoria vereer.

Die klub sê Hofmeyr en Kotze bevorder die Afrikaanse taal en kultuur al jare lank.

‘Hofmeyr is ‘n liefhebber en ondersteuner van boeremusiek. Hy is tans beskermheer van die SA Boeremusiekklub. Hy het ook al ‘n ATKV-toekenning vir sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gekry,’ lui ‘n verklaring van die klub.

Kotze het Afrikaans op laer- en hoërskool aangebied. Die klub sê hy bevorder die Afrikaanse kultuur al van sy skool- en studentedae af, onder meer deur sy betrokkenheid by die Voortrekkers, sy sangleiding op kultuurbyeenkomste, sy deelname aan Afrikaanse volksang en volkspele en sy betrokkenheid by die ATKV. – Verslaggewer”

Om rassisme te soek en te vind

rassisme_logodeur Leon Lemmer

‘n Tyd gelede is talle berigte plaaslik en in die buiteland oor die volgende insident gepubliseer: “Oprah alleged racism after a Zurich shop clerk said a $38 000 handbag was ‘too expensive’ for her; the store called it a misunderstanding” (Time, 26 08.2013, p 9). Dié berig verskyn onder die opskrif “Scandal”. Dit lyk asof geïmpliseer word dat die winkel verkeerd en Oprah reg het; dat die klerk se opmerking skandalig is. Myns insiens is dit veel eerder ‘n skande dat Oprah so ‘n nietige en heel moontlik heeltemal onskuldige of naïewe uiting wêreldkundig gemaak en rassisme genoem het. Sy het iets onbeduidends tot die uiterste misbruik om ‘n hou teen blankes in te kry; daardie mense aan wie sy by uitstek haar buitensporige rykdom te danke het.

As so iets aan ‘n blanke gesê is, sou geen haan daaroor gekraai het nie. Dit illustreer die benadeelde situasie waarin blankes hulle sedert die Tweede Wêreldoorlog bevind; dat die geringste aanleiding deur swartes misbruik word om van wittes slaansakke te maak deur hulle as immoreel en bedenklik voor te stel. In werklikheid is blankes die norm of maatstaf waarna die res streef. Omdat hierdie ideaal hoë eise stel en vir hierdie mense (dalk) onbereikbaar is (of sodanig lyk), word gepoog om die blanke met bv verbale vyandigheid van sy troon te stoot. Wat die blanke ook al doen, word onder die vergrootglas geplaas om, indien enigsins moontlik, daarin onregpleging teen swartes te probeer vind. Hoe meer die wittes vatbaar vir sulke insinuasies blyk te wees, des te meer militant word die aanslae. Daar word gepoog om die positiewe prestasies van blankes met negatiewe reaksies te neutraliseer.

Dit gebeur ook dat swartes in hulle anti-blanke veldtogte op die steun van misleide blankes kan staatmaak. Die teenoorgestelde gebeur selfde, want swartes vorm meesal ‘n verenigde front teen wittes. Eufemisties word dit “solidariteit” genoem en nie rassisme nie. Wanneer wittes egter ‘n politieke party soos Front Nasionaal stig om hulle belange te beskerm, word hulle deur bv Leopold Scholtz van rassisme beskuldig (Die Burger, 16 Mei, p 12).

Maar wanneer reageer polities korrekte joernaliste op ‘n berig soos die volgende? “Die ANC sal die koerante onthou wat teen die party standpunt ingeneem het in vanjaar se verkiesing. Só het Jackson Mthembu, ANC-woorvoerder, gister by Luthuli-huis aan die media gesê. ‘Julle het vir julself dié bed opgemaak. Nou moet julle daarop lê.’ … Mthembu het gesê die ANC het ‘n nota gemaak van watter publikasies teen die party standpunt ingeneem het en sal dit in die toekoms onthou” (Die Burger, 12 Mei, p 2). Dit is baie duidelik ‘n dreigement wat bv persvryheid verder aan bande kan lê. Dit toon ook dat dit nie om demokrasie en vryheid vir die ANC gaan nie, maar veel eerder om swart mag. Binne die ANC is daar geen werklike onderskrywing van demokrasie nie. Demokrasie is bloot as dekmantel of rookskerm gebruik om die politieke mag vir swartes te bekom.

Onder die opskrif, “Hoeveel bobjaan bloed in Wit are??,” skryf Francois Williams, ‘n bruine wat hom êrens in die Ooste bevind, soos volg: “Daar is geen twyfel dat daar meer as net ‘n skeutjie aapbloed deur die are vloei van vele Blankes nie. … Witmense het klas, ongetwyfeld, as mens net daai aapstreke en nazibloed uit hulle kan tap” (LitNet, SêNet, 9 Mei). Gestel ‘n blanke beweer dat nie-wittes bobbejaan- of aapbloed in hulle are het. Daar sal seker onmiddelik ‘n halfdosyn menseregtekommissarisse op hom toesak. Maar Williams kom skotvry daarvan af; soos diegene wat “Skiet die Boer” sing omdat dit glo deel van die ANC se tradisionele kultuur is. Gewoonlik word daar plaaslik vier etniese groepe onderskei: blankes, Asiate, bruines en swartes. By drie van hulle is daar benamings wat glad nie gebruik mag word nie omdat hulle as “rassisties” bestempel word. Net in die geval van die blankes is daar geen benaming wat hulle nie toegesnou mag word nie.

Tans is daar ‘n bohaai oor ‘n spotprent wat Primedia op Eyewitness News se webblad gepubliseer het. Die nuwe ministers word as narre uitgebeeld en diegene wat vir die ANC gestem het, word p-p-ls genoem. Die wysneus Max du Preez se kommentaar is: “Swart Suid-Afrikaners is hipersensitief oor enigiets wat as kleinerend of rassisties beskou kan word, of dit so bedoel is of nie” (Die Burger, 31 Mei, p 8). Du Preez se opmerking is volmaak in pas met wat hieronder mikro-aggressie genoem word. Keith Khoza, die ANC-woordvoerder, het gesê: “Die meeste van die 11 miljoen mense wat vir die ANC gestem het, is swart en die spotprent is uit daai perspektief geskets. Dit is ‘n spotprent wat die narratief dat swart mense nie vir hulself kan dink nie voortsit.” Klaarblyklik sou dit in orde gewees het as die meerderheid stemmers wit was en só uitgebeeld is.

Ek vra my af: Waarom mag blankes deurlopend verkleineer word maar swartes nie? Waarom word blankes deesdae steeds as bv slawe-eienaars en Voortrekkers uitgebeeld, terwyl swartes, bv ANC- en PAC-politici, polities korrek nie met plofstof, handgranate en AK-47-gewere voorgestel mag word nie? Waarom mag die verre geskiedenis van blankes as verwysingsveld dien maar nie die onlangse geskiedenis van swart “vryheidsvegters” nie? Vloek dit nie baie luid teen die waarheid deur Nelson Mandela as ‘n messias, ‘n verlosser, soortgelyk aan die Christus-beeld in Rio de Janeiro, voor die Unie-gebou uit te beeld nie? Laat Mandela se saluut van ‘n gebalde vuis nie meer reg aan hom as aartsgeweldenaar geskied nie?

Wat ek probeer aandui, is dat daar nie sprake van ewewig in hierdie saak is nie. Die blankes is in ‘n benadeelde posisie geplaas en word daar gyselaar gehou omdat valslik geglo word dat net blankes rassiste is. Byvoorbeeld, in die VSA word oor en oor beweer, ten spyte van al die bewyse van die teendeel, dat swartes nie tot rassisme in staat is nie. Slawerny, rasse-segregasie, apartheid, kolonialisme en imperialisme word sonder ophou voorgehou as toonbeelde van blanke rassisme, uitgaande van die veronderstelling dat swartes en ander nie-wittes, soos Arabiere, bv nooit slawerny bedryf het nie. Maar hierdie makro-“euwels” behoort grootliks tot die verlede. Omdat daardie “euwels” hulle slaankrag al hoe meer verloor, wend swartes hulle bykomend tot mikro-“euwels” ten einde blankes te diskrediteer.

John McWorther is ‘n swart dosent in Engels aan die Columbia University, New York City. Hy is rasgepreokkupeer en skryf oor onderwerpe soos slawerny, Black English, taalkreolisering en gays. In Time (14 April, p 15) is sy jongste artikel onder die opskrif, “Is ‘Microaggression’ the new Racism?” gepubliseer. Ten aanvang skryf hy: “In progressive politics, most of the action has moved on from the civil rights struggles to a focus on societal or ‘structural’ racism.” Dan kom hy uit by sy definisie van ‘n nuwe woord: “Microaggressions … are quiet, often unintended slights – racist or sexist – that make a person feel underestimated on the basis of color or gender.” Hy verskaf die volgende voorbeeld. “A student at McGill University [Montreal, Kanada] recently had to apologize publicly for the ‘microaggression’ of emailing a doctored video of President Obama kicking open a door … The image supposedly perpetuated a historical legacy of black men being portrayed as violent.”

Ons is dus hier weer midde in die Amerikaanse preokkupasie met ras en geslag. Hierdie video laat ‘n mens dink aan die Reitz-video wat op die kampus van die Universiteit Vrystaat gemaak is en waaroor daar so ‘n groot en myns insiens heeltemal onnodige bohaai opgeskop is. Dit is aangegryp as ‘n voorwendsel om wittes sleg voor te stel. As wittes die onderwerpe in daardie studentepret was, sou geen haan daaroor gekraai het nie. As die McGill-student ‘n wit Amerikaanse president of enige ander witte uitgebeeld het wat ‘n deur skop, sou daar ook geen noemenswaardige reaksie gewees het nie. Omdat Obama swart is, mag hy blykbaar nie met so ‘n nietige geweldsdaad geassosieer word nie. Die vraag is waarom dit skynbaar ontoelaatbaar geword het om swartes, ten spyte van al die bewyse, met geweld te assosieer. Ons weet dat bv die ANC se geweldstradisie deesdae verswyg word en dat die hedendaagse voortsetting van sodanige geweld tydens optogte, betogings en stakings sover moontlik gekamoefleer word. Maar is dit nie in die openbare belang dat geweld deur enige etniese groep ewekansig wêreldkundig gemaak moet word nie?

“The idea is that whites should now watch out for being microaggressors in the same way they learned long ago not to be racist in more overt ways. Importantly, the microaggressor is quite often a good person, the kind we assume is too enlightened to pop off with racist or sexist insults.” Let op hoe McWorther uitsluitlik wittes met rassisme assosieer. Ook dat swartes so goed was om die wittes te leer om nie (meer) openlik rassisties te wees nie. Ook dat al is sommige wittes in die swartes se oë goed, hulle nogtans deur swartes met mikro-aggressie getreiter kan/mag word. Dit is ‘n wen-wen-situasie vir swartes en ‘n verloor-verloor-situasie vir alle wittes; dus vir sowel dié wat pro- as anti-swart of neutraal is. Daar is geen uitkomkans nie. As jy wit is, is jy protensieel in die swartes se visier vir vernedering.

“The black journalist Touré [Neblett] has recounted, for example, being in a writers’ program in which he was asked by a prominent literary critic, ‘So why are you here?’ The critic didn’t ask it in a hostile way, but the question carried an implication that there was some reason that Touré’s presence was unusual, and it was obvious [?] what the factor was. The critic likely had no idea how that came off, and of course Touré went on to have a fine life. But this was, nevertheless, a microaggression.”

Die tweede deel van die woord “microaggression” is in hierdie geval heeltemal onvanpas omdat daar geen aggressie by die witte was nie. Daardie aggressie kon net by die swarte aanwesig gewees het en daarby heeltemal onnodiglik. As swartes so liggeraak of skoorsoekend is, kan die vraag gestel word of hulle hoegenaamd in sulke geselskap hoort. Was die vorige bedeling, waarin swartes apart gehou is, nie dalk beter nie? As blankes hoor ons voortdurend dat ons by die situasie in die nuwe Suid-Afrika moet aanpas. Waarom kan daar dan nie ook aanpassing van swartes verwag word as hulle hulle in blanke geledere bevind nie?

Dan kom McWhorter by beweerde seksisme: “As was the case when a middle-school teacher praised a feminist friend of mine for getting the highest math score of any girl in class. Or when I once asked a linguist a question about his presentation, only for him to repeatedly give me an answer I wasn’t seeking. The problem was that he spontaneously assumed I wasn’t familiar with the basic grammatical topic he was covering when I, as familiar with it as any linguist of 25 years’ standing, was interested in a more specific matter. This man was not a racist by any stretch of the imagination, but he assumed that a black linguist must be interested only in societal issues rather than in the wonky mechanics of grammar.”

McWhorther se publikasies toon dat hy inderdaad hoogs geïnteresseerd in “societal issues” is. Dit gebeur dikwels dat mense wat voorheen nie ‘n sekere vlak in die samelewing bereik het nie hulleself heeltemal oorskat as hulle deesdae wel sosiaal gevorder het. Hulle is dan onkrities teenoor hulleself ingestel en wek ‘n grootdoenerige, oorselfversekerde, beterweterige indruk. In ras- en geslagsgedrewe geledere word dit eufemisties “assertiveness”, oftewel beslistheid, genoem. In werklikheid is dit veel eerder ‘n eiewyse of aanmatigende houding. Die lof wat McWhorther vir homself besing, is kenmerkend van sulke gevalle. In die praktyk is daar talle sulke voorbeelde.

Dan kom die outeur met ‘n mate van soberheid vorendag. “Some might see this whole microaggression concept as just a way to keep grievance going in an America where it gets ever harder to call people on naked bigotry. ‘Life is tough for everybody,’ you might think. ‘When does all of this “poor me” stuff stop?’ One need not be a racist or sexist to have that sentiment, especially given that the nature of microaggressions – subtle, unintended, occurring in the hustle and bustle of social interaction – is such that they will never cease to exist entirely.” Ek kan inderdaad nie ‘n einde voorsien van die etniesgedrewe aanvalle teen blankes en die geslagsgedrewe ongedurigheid met heteroseksuele mans nie.

“Perhaps there is value in fostering an awareness of such things, in the name of our society’s becoming ever more enlightened [!]. It’s at least comforting that the term is microaggression. It acknowledges that change has occurred, that we are dealing with something smaller and less starkly egregious than name-calling and formal exclusion. That’s better than just calling all of it, from cross burning to asking black people if you can touch their hair, racism (which has always been sloppy and counterproductive).” Dit is ‘n verligting dat McWhorther besef dat die term “rassisme” heeltemal te maklik en glad te dikwels (eksklusief) teen blankes gebruik word.

“However, there is something equally counter-productive about the microaggression concept, at least as it is currently put forth. The scholars promoting this concept claim that it is a microaggression even when someone says, ‘I don’t see you as black,’ claims to be color-blind, purports not to be sexist or in general doesn’t acknowledge one’s race or gender.” Die kleur en geslag van die oorgrote meerderheid mense is so ooglopend dat dit myns insiens vals en oorverlig is om te beweer dat sulke kenmerke deur sommige oorverligtes nie opgelet word nie.

Ten slotte versuiker die outeur sy pil ietwat deur rasioneel of redelik te probeer wees. “But if it’s considered racist for whites to designate any trait as a ‘black’ one, we can’t turn around and say they’re racist to look at black people as just people. That would be fixing it so that whites basically can’t say anything right, as if being white were itself a microaggression. That, however, is neither profound nor complex – it’s just bullying disguised as progressive thought. Let’s call it microaggression only when people belittle us on the basis of stereotypes. Creating change requires at least making sense.” Die wysheid van hierdie laaste sin word nie betwyfel nie. In baie opsigte maak die verandering van die ou na die nuwe Suid-Afrika egter geen sin nie.

In die praktyk is daar baie swartes wat wittes nie as ‘n mikro-aggressie takseer nie, maar as ‘n makro-aggressie. In hulle oë kan wittes inderdaad niks reg doen nie. Van dankbaarheid vir wat deur blankes tot almal se voordeel tot stand gebring is, is daar by diesulkes nie sprake nie; van welwillendheid en inskiklikheid nog minder. Die punt is dat ‘n mens in enige sinvolle samelewing geregverdigde, oorwoë kritiek teen enigeen moet kan uitspreek. Dit is ‘n voorvereiste vir verbetering. Wat in die praktyk gebeur, is dat daar geen perke is aan die kritiek wat op blankes neerreën nie (uit eie en swart geledere), terwyl enige kritiek teen swartes as “rassisme” geëtiketteer word. So ‘n gesindheid is nie bloot kleingeestig en teenproduktief nie; dit is simptomaties van ‘n siek samelewing.

Die Baske en die Afrikaners

Die Baskiese vlag
Die Baskiese vlag

Aan die Golf van Biskanje lê daar sewe provinsies; vier in Spanje en drie in Frankryk. Daar hoor ‘n mens die uitdrukking: 4 + 3 = 1. En dit is waar. Die land van die Baske is ‘n kulturele eenheid. Die Golf van Biskanje is bekend om sy stormagtige see. Dit herinner aan die Kaap van Storms. Op land is daar ook ooreenkomste tussen die Baske en die Afrikaners en hierdie gelykenisse behoort meer te word.

Die Baske is die oudste erkende etnies-kulturele groep in Europa. Sover vasgestel kan word, woon hulle sedert die steentydperk in dieselfde omgewing; in die midde-noorde van Spanje en die suidweste van Frankryk, alkant van die westelike Pirenese gebergte. Hulle was in Baskeland voor die Romeine daar gekom en hulle Vascones genoem het (218 vC) en selfs ook voor die Kelte (6de eeu vC). “They are the original Europeans” (Mark Burlansky, The Basque History of the World, London: Vintage Books, 2000, 400p; Amazon Kindle, $11.99; Kindle 357 – Tensy anders vermeld, is al die bibliografiese verwysings na hierdie bron). In hierdie sin word die Baske lewende fossiele genoem. Die Baskiese taal, Euskera, is ‘n nie-Indo-Germaanse taal wat grammatikaal met geen ander taal verwantskap toon nie. Dit is dus ‘n taal wat wees is. Die eerste boek in Euskera is in 1545 gepubliseer, die Bybel in 1571 en die eerste grammatikaboek in 1729.

“They have never been a quaint people and have managed to be neither backward nor assimilated” (Kindle 141). Lord Strabolgi (Joseph Kenworthy, 1886-1953) het in 1937 gesê: “Whatever we may be told about the rest of the population of Spain, the Basques are a very pious, ancient, courageous and altogether an admirable people” (Ian Patterson, Guernica and Total War, London: Profile Books, 2007; p 39). “The Basques are smart, valiant and generous” (4530). “The adjective Basque on a restaurant in Spain implies quality” (4125).

Anders as in Frankryk (en Suid-Afrika) waar sentralisasie, saamvoeging en assimilasie aan die orde van die dag is, word multikulturaliteit en federalistiese selfregering al hoe meer in Spanje erken. In die noord-weste van Spanje is daar die Galisiërs (Gallegos), in die midde-noorde die Baske en in die noord-ooste die Kataloniërs. Al drie groepe verskil kultureel en taalgewys van bv die Kastiliane in sentraal Spanje, wat Madrid as hoofstad het. Die taal van die Galisiërs, Baske en Kataloniërs word naas Spaans amptelik erken. Verder geniet hierdie drie kultuurgroepe amptelike erkenning as nasionaliteite binne die Spaanse nasie. “Experiencing the Spanish simultaneously as both ‘us’ and ‘them’ is essential to discovering the soul of Spain” (2369).

In Spanje is daar dus een nasie en een nasionale taal, maar daar is die realistiese besef dat daar in die bevolking minstens drie ander onderskeibare nasionaliteite elk met ‘n eie kultuur en taal is. Die grootste konsentrasie van elk van hierdie drie nasionaliteite word in ‘n bepaalde geografiese gebied aangetref. Die sentrale regering verleen ingevolge die Spaanse grondwet (1978) aan daardie gebiede ‘n groot mate van outonomie sodat hulle hulle sake volgens hulle besondere behoeftes kan bestuur.

Van die 12 miljoen Baske woon minder as drie miljoen in Baskeland. Die diaspora word veral in die Spaanssprekende lande van Suid- en Sentraal-Amerika aangetref. Byvoorbeeld, die ontwikkeling van Chile is in groot mate aan Baskiese immigrante te danke. Omdat Baske reeds so lank Baskeland as hulle tuisland het, is hulle sterk nasionalisties gesind en voel hulle daarop geregtig om hulle eie sake te bestuur. In Spanje laat die Baske hulle nie maklik ronddonder deur kabouters in die sentrale regering in Madrid nie.* In Spanje geniet die Baske in ruime mate politieke en kulturele outonomie. Hulle het selfregering verwerf. Hulle taal word naas Spaans in hulle skole erken en hulle het ‘n eie universiteit met kampusse in drie van die Baskiese provinsies.

[* In die nuwe Suid-Afrika weerspieël selfs georganiseerde landbou in sy amptelike uitsprake dikwels die FW de Klerk-mentaliteit teenoor die ANC: Ons deur staan oop. Dit is nie nodig om dit oop te skop nie. Ons het gaan lê. Ons wil hartlik saamwerk met julle afvatprogram en grypsug sodat blanke boere selfs verder ontheem en beroof kan word. Ons het vergeet dat die ANC ‘n immorele, misdadige terreurbende was. Ons maak onsself wys dat die lelike eendjie ‘n pragtige swaan geword het. Hierdie landbouers behoort veel eerder in die amptelik naam van hulle vereniging die woord Boer(e) in te sluit, sodat ontsag by die ANC gewek kan word. In die ANC-idioom behoort ondubbelsinnige eise gestel te word, pleks van toe te laat dat hierdie bedenklike elemente met hulle harde stewels onbelemmerd oor die blanke boere loop.]

Die vader van Baskiese nasionalisme, Sabino Arana Goiri (1865-1903), het gesê: “It doesn’t matter to us if Spain is big or small, strong or weak, rich or poor. They have enslaved our country and this is enough for us to hate them with all our soul, whether we find them at the height of greatness or the edge of ruin” (2372). “When Sabino was born, the Basques had a culture and an identity. Thirty-eight years later, when he died, they had the beginnings of a nation. A country was the great unfinished work” (2408). Arana het bv gedink dat die Zoeloes ‘n eie tuisland behoort te hê. José Antonio Aguirre (1904-1960), die eerste president van Baskeland (1936-1960), het geskryf: “The years do not age a nation that remains young in its faith and hope” (2585).

Baske in Montpellier, Frankryk, tydens 'n kulturele byeenkoms
Baske in Montpellier, Frankryk, tydens ‘n kulturele byeenkoms

Reeds eeue lank het die Baske in Baskeland dieselfde grond onder hulle voete. Dit gaan vir hulle om te behou wat hulle het; nie om nuwe grondgebied te verower nie. “Basque history has always been about defending their birthright against outsiders” (3642). Hulle het hulle in vorige eeue as uitmuntende landbouers, skeepvaarders en skeepsbouers bewys. By die Noorse Vikings (800-1100) het die Baske baie van seevaart geleer. Heel moontlik lank voor Christopher Columbus (1451-1506) die Karibiese eilande in 1492 en John Cabot (1450-1498) Newfoundland in 1497 “ontdek” het, het Baskiese vissers Newfoundland besoek, maar ter stawing hiervan bestaan daar geen rekords nie.

Die Baske neem vir lief daarmee dat hulle is wat hulle is, “asserting their Basqueness” (2169), “pursuing their Basqueness with such remarkable energy and limitless ambition” (4290). “The world was changing – all the more reason to fight for the old ways” (2086). “Let us be what we are” (4985). Hulle het reeds lank gelede gekom om te bly waar hulle is, knus in hulle tuisland, maar sonder om van noodsaaklike aanpassings weg te skram, bv toe hulle in 1986 deel van ‘n nog groter groep, die Europese Ekonomiese Gemeenskap, en in 1992 van die Europese Unie geword het. Die Baske se godsdiens, Rooms-Katolisisme, maak hulle ook deel van ‘n groter groepering.

Anders as in Spanje het die Baske in Frankryk nie selfregering nie en hulle taal word ook nie naas Frans amptelik erken nie. Tot 1981 was Euskera as skooltaal verbode. Die drie Franse Baskiese provinsies is in ‘n groter departement opgeneem om die Baske se minderheidstatus te verseël. In Spanje groei Baskiese nasionalisme asook hulle taal, terwyl albei in Frankryk kwyn. Belangrike faktore vir die behoud van Baskiese identiteit is die groot klem wat op die huis, gesin en familie geplaas word. “A central concept in Basque identity is belonging” (144). “The most important word in Euskera is gure. It means ‘our’ – our people, our home, our village … That four-letter word, gure, is at the center of Basqueness, the feeling of belonging inalienably to a group. It is what the Basques mean by a nation” (4510).

Die Baske is bereid om vir hulle regte te veg. Daarvoor gebruik die Baske nie miniatuur strooipoppe wat toegewingsgewys onderhandel nie. Die reg op verset en die uitoefening van weerstand is ononderhandelbaar; selfs wanneer dit ‘n geval van Dawid teen Goliat is. “The Basques always resisted not only militarily but culturally. They kept their language and religion” (497). In 1952 is die bevrydingsbeweging ATA gestig. Van 1968 tot 1998 het dit as ETA (1959-2012) met onder meer guerrillabedrywighede probeer om die Spaanse en Franse Baskiese gebiede in ‘n onafhanklike land te verenig. “But their primary activity was promoting the forbidden Basque language” (3218). “It was fluency in the Basque language and culture that would determine who was and was not Basque” (3222). “ETA is not trying to be popular. It is trying to cause the breakdown of the status quo” (4144). ETA se grootste “sukses” was die sluipmoord op die Spaanse eerste minister, Luis Carerro Blanco (1903-1973).

By sommige nuwe regses of neo-konserwatiewes in Europa is daar die neiging om terug te hunker na die voor-christelike era en sekere heidense gebruike onveranderd te herstel of hulle aan te pas. Sekularisasie of verwêreldliking is, by uitstek in Europa, ‘n werklikheid wat nie ontken kan word nie. Ontwikkelde mense besef toenemend dat hulle voorkeur aan hulle huidige belange moet gee pleks van alles (of baie) op te offer met die oog op hulle heil in die hiernamaals. Die Baske het aanvanklik lank bly klou aan hulle heidense gewoontes. Hulle vertroetel steeds hulle geskiedenis en hulle mites en legendes. Eers na die intog in Spanje van die More uit Afrika, van die 8ste eeu af, het die Baske hulle op groot skaal tot die christelike geloof as kulturele verskansing teen die Moslems gewend. Soos elders in Europa is sekularisasie egter deesdae ook in Baskeland aan die orde van die dag.

In Suid-Afrika het die blankes die christelike geloof die binneland ingedra en dit gebruik om hulle geestelik teen al die werklike en dreigende gevare te versterk. Veral die Afrikaners het lank dié geloof behou. Sedert daar op ‘n verraderlike wyse ‘n einde aan apartheid en blanke politieke beheer gemaak is, het die Kerk (dus georganiseerde godsdiens) se invloed dramaties afgeneem. Uit die Kerk kom daar deesdae selde ‘n beduidende geluid en min openbare uitsprake word as evangelie (dus as die waarheid) aanvaar. Die blanke en veral die Afrikaner het op ‘n glybaan beland waar eers die betroubaarheid van die Kerk en daarna dié van die Bybel en les bes selfs (die bestaan van) God bevraagteken kan word. Maar die oorgrote meerderheid Afrikaners is sekerlik nog nie daar nie.

Dit sou onrealisties wees om met die oog op die toekoms die Afrikaner se tradisionele godsdiens tot sy (enigste) kern te verklaar; net so min soos die Rooms-Katolisisme steeds die deurslaggewende rol by die meeste Baske speel. Om realisties op ‘n toekoms te hoop wat die moeite werd is, sal die Afrikaner sy geloof moet behou, maar dit kan/moet (en sekerlik ook) geloof in homself eerder as (net) religieuse geloof wees. Op hierdie manier kan geloof ‘n reikwydte onder Afrikaners hê wat nie met die verloop van tyd maklik verwater sal word nie.

As Afrikaners op veral nie-religieuse geloof aangewese is (of gaan wees), van waar af sal ons heil kom? Wat is die kernonderskeid wat van Afrikaners Afrikaners maak? Dit lyk vir my asof dit in ons taal, Standaardafrikaans, gevind kan en behoort te word. Die ANC-regering doen alles in sy vermoë om hierdie taalkern van die Afrikaner te vernietig. In die praktyk onderskei Afrikaners hulle van Afrikaanssprekende nie-Afrikaners deur hulle kompromislose anti-ANC-gesindheid. Kenmerkend van verloopte Afrikaners, daarenteen, is hulle onwilligheid om vir Afrikaans in die bres te tree. Enersyds is verlooptes nie bereid om Afrikaans te bevorder nie. Wat hulle betref, kan die openbare lewe ter wille van vrede en “handevat” maar deur Engels verswelg word. Andersyds mag Standaardafrikaans, wat kulturele of ten minste taalkundige eenheid onder Afrikaners bewerkstellig, volgens die verlooptes maar afgebreek en oorvloediglik met veral Engelse woorde besoedel word.

Verlooptheid is kenmerkend van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Hy het nog nooit vir Standaardafrikaans of suiwer Afrikaans in die bres getree nie. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is dit taboe om na rassuiwerheid te streef. Verwysing na gene (DNS) het die plek van die bloedlyn ingeneem. Na analogie van wat met bloedsuiwerheid gebeur het, word taalsuiwerheid deesdae plaaslik geminag. Die ATR ag homself ‘n inklusiewe instansie wat eerder die (teoretiese) meerderheid Afrikaanssprekendes, die bruines, as die Afrikaners ter wille wil wees. Die ATR gee voorkeur aan nie-Standaardafrikaanssprekendes en tree daarom telkens vir bv Kaaps in die bres. Die hoofkenmerk van Kaaps is die onverantwoordelike en ongevoelige wyse waarop toegelaat word dat al hoe meer Engels geabsorbeer word. Kaaps is die dood in die pot vir Afrikaans. Met ander woorde, Kaaps vergiftig Standaardafrikaans en die ATR doen lustig daaraan mee. Deur polities korrek Kaaps te vertroetel, bevorder die ATR geensins die heil van Afrikaans nie. Die toekoms van Afrikaans word veel eerder gesaboteer.

Daar is inderdaad geen absolute bloed- of taalsuiwerheid nie. Onbeteuelde inteling sou egter sowel die onderskeibare etnisiteit as die herkenbare taal vernietig. Dit is wat die aktiviste vir rasse-integrasie en die herstandaardisering van Afrikaans motiveer. Daarteenoor stel Ernst Kotzé ‘n klokheldere standpunt: “Wat nie aanvaarbaar is as Standaardafrikaans nie, is die onverbloemde leenwoorde waarvoor daar gewone Afrikaanse ekwivalente bestaan en sinne wat byvoorbeeld net verafrikaanste Engels is en eenvoudig gegrond is op die sins- en woordpatrone van Engels” (aangehaal in Pieter Kapp, Maties en Afrikaans: ‘n Besondere Verhouding, 1911-2011, Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, p 213).

Kom ons kyk na ‘n ander minderheidsgroep wat soos die Baske en Afrikaners onderdruk word. Die Koerde is ‘n nie-Arabiese etniese groep in die Midde-Ooste wat daarop roem dat hulle van die antieke Mede afstam. Hulle taal is Indo-Germaans, spesifiek Indo-Iraans. Polities en kultureel is hulle eeue lank deur die Arabiere en Turke oordonder, bv tydens die Ottomaanse Ryk (1300-1920), dermate dat hulle in groot mate Moslems geword het. Hulle gebruik ‘n aangepaste Arabiese alfabet wanneer hulle Koerdies skryf. In die 1940’s en 1950’s het meer as die helfte van die Koerdiese woordeskat uit Arabiese leenwoorde bestaan. Sedertdien het die Koerde sterk nasionalisties geword en word daar gepoog om hierdie etniese groep, wat verspreid oor veral vier lande (Turkye,Irak, Iran en Sirië) woon, in ‘n enkele onafhanklike staat saam te snoer.

Daar is met ‘n taalsuiweringsveldtog in Koerdistan (‘n selfregerende gebied in Noord-Irak) begin waarvolgens van (al) die Arabiese woorde ontslae geraak word. In die plek van Arabies word verouderde en selfs argaïese Koerdiese woorde gerestoureer. Andersyds word nuwe woorde geskep. As dit nie anders kan nie, word Engelse of woorde uit ander Europese tale oorgeneem. By die Koerde is dit ‘n obsessie om nie-Arabies en nie-Turks, dus eg Koerdies, te wees. (Jamal Jalal Abdulla, The Kurds: A Nation on the Way to Statehood, Bloomington: Author House, 2012, 352p; Amazon Kindle $3.49; veral Kindle 1523-1553.)

Ek wens dat die ATR die Koerdiese voorbeeld volg en hom daarvoor beywer om sover moontlik die indringing van Engels in Afrikaans teen te staan. ‘n Baskiese skrywer, Ramón Saizarbitoria, sê: “I want to defend my culture and my identity, and sometimes nationalism is the only possibility” (4581). “The promotion of the Basque language remains the first goal of most nationalists” (4593). Op die oomblik distansieer die verlooptes en ANC-gesindes in die ATR hulle van die Afrikaner en Afrikaner-nasionalisme. Die gevolg is dat Standaardafrikaans en die heil en oorlewing van respektabele Afrikaans ernstig daaronder ly.

Die vraag is of ‘n mens ‘n verloopte kan wees en jou terselfdertyd entoesiasties vir agbare Afrikaans kan beywer. Vir my lyk dit asof ‘n mens nie die twee here, die ANC en Afrikaans, gelyktydig kan dien nie. In die praktyk word Afrikaans deur verlooptes ondergeskik aan polities korrekte ANC-gedienstigheid gestel. Afrikaans en Afrikaner-nasionalisme, daarenteen, kan wel saam bevorder word. Dit gebeur eintlik outomaties of natuurlik. “To the Basques, culture has always been a political act, the primary demonstration of national identity. One of the keys to Basque survival is that political repression produces cultural revival” (2158). Die tyd is myns insiens ryp vir die Afrikaner-Renaissance; dus vir sowel kulturele as politieke herlewing.

Soos in die geval van godsdiens is dit miskien nie nodig om ‘n bepaalde politieke gesindheid, bv konserwatisme, as ‘n (absolute) vereiste vir Afrikanerskap te stel nie. Deur taal, Standaardafrikaans, die kulturele kern van die Afrikaner te maak, word (al) die verlooptes dalk outomaties uitgesluit. Myns insiens is taal vir Afrikaners ‘n meer konkrete reddingsboei as God. Tradisioneel is God deur Afrikaners innerlik of emosioneel ervaar. Taal, daarenteen, is nie net deurleefde ervaring nie, maar vind ook konkreet neerslag (soos in hierdie skrywe). Woorde en idees kan soos koeëls wees wat trek en tref. Hoe suiwerder en eenvoudiger, hoe beter. Die stand van Standaardafrikaans is/word ‘n barometer vir Afrikaners se voor- of agteruitgang. As daar deesdae in hierdie opsig realisties gemeet word, is die resultate egter bedroewend en onthutsend. Vandaar die noodsaaklikheid van die Afrikaner-Renaissance, wat potensieel ‘n beter kans op sukses as Thabo Mbeki se Afrika-Renaissance het.

Sabino Arana het die Baskiese Nasionalistiese Party in 1895 gestig, die amptelike Baskiese volkslied geskryf en die Baskiese vlag (ikurriña) ontwerp. Die volkslied, vlag en Euskera geniet deesdae amptelike erkenning. Arana het die belangrikheid van simbolisme in die politiek begryp. In 1918 is die Baskiese Taalakademie gestig om Euskera te bevorder. In die 1960’s is geskrewe Euskera gestandaardiseer en Batua genoem. In Spanje is daar radio- en televisie-uitsendings in Euskera wat ook in Frankryk opgevang kan word. Daar is ook die internet, wat Baskiese strewes op die wêreldtoneel plaas.

Drie van die vier Spaanse Baskiese provinsies het hulle tydens die Spaanse Burgeroorlog (1936-1939) teen Francisco Franco (1892-1975) se Nasionaliste aan die kant van die Republikeine geskaar omdat groter outonomie aan hulle belowe is. “The only possible solution to the Basque problem, according to Franco, was the complete annihilation of Basque nationalists” (2666). Die dorp Gernika is die simboliese of kulturele sentrum van die Baske. Die administratiewe kantore is in Bilbao, maar die Baske se seremoniële hoofgebou is in Gernika.

Gernika is in 1937 deur Duitse en Italiaanse vliegtuie met bomme en masjiengeweervuur verwoes. “The object of the bombardment was seemingly the demoralisation of the civil population and the destruction of the Basque race” (Patterson, p 31). Gernika het wêreldwyd ‘n simbool van die Baske se bevrydingstryd geword, onder meer danksy die Spanjaard Pablo Picasso (1881-1973) se beroemde skildery, Guernica, waaraan hy vyf dae na die aanval begin skilder het. Die gebou wat die Baske se kultuursentrum huisves en die eikeboom wat voor dit staan, het ongeskonde uit die verwoesting gekom. Onder daardie boom word die Baskiese leiers ingesweer en moet hulle die eed van getrouheid aflê. Dié eikeboom simboliseer die wesenlike aard van die Baske en verskyn op talle embleme. So ‘n eenvoudige simbool kan groot politieke trefkrag hê. Een van die gewildste Baskiese nasionalistiese liedere is “Die boom van Gernika” (1853). In sy skaduwee ervaar die Baske vryheid.

Na die burgeroorlog was een van Franco se strategieë om nie-Baske op groot skaal in Baskeland te vestig. Vreemdelinge/immigrante (eintlik alle nie-Baske) word maketo (buitestanders) of belarri motx (ore) in Euskera genoem (2314, 2321). Dié maketo het van Euskera-sprekers ‘n minderheid in Baskeland gemaak. “This was only the most obvious example of how the Basque culture was being diluted” (2324). Ook: “Franco outlawed the Euskera language” (3101). Die Baske “lost all rights of self-rule” (3106). Na Franco se dood het die Baske se kulturele en politieke vooruitsigte aansienlik verbeter.

Ten slotte kom ek by wat myns insiens die beste en mooiste les is wat Afrikaners by die Baske kan leer. Dit het met taal te make. Reeds in 1843 het Victor Hugo (1802-1885) gesê: “The Basque language is a country, almost a religion” (4266). “It was written over and over in the records of those who observed the Basques that they spoke a strange language that kept them apart from others. But it is also what kept them together as a people, uniting them to withstand Europe’s great invasions” (357).

In Euskera “there is no word for Basque. The only word to identify a member of their group is Euskaldun – Euskera speaker. Their land is called Euskal Herria – the land of Euskera speakers. It is language that defines a Basque” (252). Arana het Baskeland ‘n naam gegee, “inventing the word Euzkadi from Euskal, meaning ‘Euskera speaking,’ and the suffix di, meaning ‘together.’ Before this, Euskera had only the phrase Euskal Herria ‘the land of Euskera speakers.’ Euskal Herria was the name of a place, but Euzkadi was intended to be the name of a country. Arana invented other important words in Euskera: aberri, meaning ‘fatherland’ … abertzale, meaning ‘patriot’; and azkatasuna, meaning ‘liberty'” (2244). ‘n Nie-Bask wat Euskera suksesvol aanleer, is ‘n Euskaldunberri (3796). As hy ook die Baskiese kultuur aanneem, word hy as ‘n Bask aanvaar. “Euskera is the quintessence of Euzkadi” (3225).

Ek herhaal: “It is language that defines a Basque.” Hulle taal, Euskera, definieer die Baske. Euskera bepaal ook die naam van hulle tuisland. Plaaslik toegepas kan ‘n mens sê dat Afrikaans die kern van die Afrikaner is. Dit moet gedoen kan word sonder om die naam van die kontinent hierby in te sleep. Dit is ‘n historiese en geografiese toevalligheid dat ons as Europeërs/Afrikaners in Afrika is. Afrika is kultureel vreemd en progressief vervreemdend vir Afrikaners. In daardie sin is ons nie Afrikane nie en sal dit nooit wees nie.

Voor 1990/1994 is Suid-Afrika nie as ‘n Afrika-land en nie as bv lid van die Afrika-Unie erken nie. Dit is implisiet aanvaar dat die heersende Suid-Afrikaanse (dus veral blanke) lewenswyse wesenlik Europees is. Op ‘n soortgelyke wyse is/word Egipte dikwels ook nie as ‘n Afrika-land beskou nie. Beskawingsgewys is veral die Egipte van weleer veel eerder deel van die Midde-Ooste. In die geval van sowel die ou Suid-Afrika as Egipte is hulle Afrika-verwantskap dus eintlik ‘n historiese en geografiese toevalligheid. Dit behoort ook die gesindheid jeens die toekomstige Afrikaner-tuisland te wees.

Waarop dit dui, is dat ons die Baske (en in die besonder Arana) se voorbeeld moet navolg deur ‘n nuwe naam vir ons taal en (daaruit afgelei) ‘n naam vir ons groep/etnisiteit en vir ons toekomstige tuisland te skep wat geen assosiasie met Afrika as kontinent of sy oorspronlike inwoners, Afrikane, oproep nie. Ons leef in ‘n tyd van naamveranderings, maar dit is onwaarskynlik dat die Afrika-kontinent se naam sal verander. Wat binne ons vermoë lê, is om self die name te verander van dié dinge wat vir ons kultureel van deurslaggewende belang is.

Kortom, ek soek ‘n nuwe naam vir elk van hierdie drie: Afrikaans, Afrikaner en die Afrikaner-tuisland, met laasgenoemde twee woorde wat van die eerste een afgelei is. Sodra ‘n mens ‘n geskikte stam/lemma het, sal die res maklik volg. Voorstelle word ingewag.

Misdaad op Stellenbosch – die wiel draai

usDeur Leon Lemmer.

Die ontvoering van ‘n student wat op pad was om ‘n toets te skryf, het gesorg vir ‘n voorbladsy-berig in Die Burger (Praag 13 deser). Sedertdien het hierdie koerant afgesien van sy beleid om net gunstige berigte oor Russel Botman se Universiteit Stellenbosch (US) te plaas. Talle briewe oor die onverkwiklike misdaadsituasie op die kampus en in die dorp is gepubliseer. Pas (19 deser) het nog ‘n berig oor hierdie saak op die voorbladsy verskyn. ‘n Matie-student het omstreeks ses-uur in die middag gaan draf en is met ‘n mes aangeval. Sy het ‘n steekwond van 4 cm in haar ribbes gekry en toe sy ontvlug, is sy snymerke op haar rug toegedien.

Dit lyk asof baie mense in die universiteitsgemeenskap en elders nou uiteindelik sat vir Botman se transformasie en sy vryheidslofliedere is. Die wiel het gedraai. As ‘n voorbeeld hiervan, haal ek die uitstekend geformuleerde brief van Karl Kemp van Stellenbosch (Die Burger, 17 deser, p 11) volledig aan.

“Stellenbosch word deur misdaad verlam, en ons, die slagoffers, se hande is afgekap as gevolg van ons vertroue in die universiteit.

Ons studenteleierskap-struktuur is ‘n poespas van administratiewe tydmors en onbenullighede. Ons universiteitsraad is net ingestel op regeringsmandate en ‘n gedans na politieke pype. Ons polisiediens word beskuldig van geweld en haat, en is toegerus vir ondoeltreffendheid. Feitlik elke groot beleidsverandering of raadsbesluit is gerig op transformasie, winsbejag en om politici te paai.

Intussen word studente voor hul koshuise verkrag. Eiendom van etlike duisende rande word gesteel. Straataanvalle is alledaags; nie meer traumaties nie, maar net ‘n deel van die lewe. Ons leef in voortdurende vrees en paranoia.

Misdadigers lag vir ons. Stellenbosch is vir hulle soos ‘n inkopiesentrum met ‘n ewigdurende 100%-uitverkoping. Die grootste, mees drukkende en pertinente kwessie op ons kampus is nie transformasie of politiek nie – dit is misdaad.

Die prioriteit van die studente en die bestuur is heeltemal uiteenlopend – tot ‘n lagwekkende skaal.

Dit is nie ‘n kwessie van swart of wit nie. Dit is ‘n kwessie van lewe of dood. Dit is hier waar ons die streep in die sand trek; dit is hier waar die studente se stem oplaas gehoor moet word.

Dit wil voorkom of die universiteit nie meer uit lewende studente bestaan nie, maar uit klasgelde en demografiese verteenwoordiging. Ons hele beeld word op politieke korrektheid gebou.

Die studente word daarvan beskuldig dat hulle agterlosig, rumoerig en dronk is – kortliks, ons word daarvan beskuldig dat ons studente is, en daar word aan ons gesê dat ons die skuld moet kry vir die tragedie waarin die kampuslewe ontaard het.

Die universiteitsraad hou ons op ‘n afstand, van waar hy eerstejaars indoktrineer met vae konsepte soos ‘kritieke betrokkenheid’ en ‘sosiale interaksie’, wat lei tot ‘n leierskorps wat meer waarde in koffie-afsprake vind as in probleemoplossing.

Die universiteit het geen plig teenoor die armes en wanhopiges se veiligheid nie; diegene wat na bewering gedryf word tot misdaad soos verkragting. Eerder, die universiteit het ‘n plig om na die veiligheid van studente om te sien, en Russel Botman, sy raad, die polisie en die sogenaamde studenteleiers het almal hierin misluk.

Die grafskrif van die laaste sewe jaar onder Botman se bestuur is ‘n lang lys van roof, verkragting en verrotting. Dit is die absolute laaste strooi.”

Nadat u hierdie weergawe van Karl Kemp se brief gelees het, kan u dalk die moeite doen om sy volledige brief op die werbwerf bonfiire stellenbosch te lees ten einde te sien wat Die Burger uitgelaat het. Die koerant se verskoning sal wees dat die brief te lank was om volledig te publiseer. Lees gerus ook die ander briewe oor hierdie onderwerp op daardie webwerf en die kommentaar onder hierdie briewe. Let op hoe baie Engels pleks van Afrikaans gebruik word; ook deur Afrikaanssprekendes. Dit blyk onder meer dat ‘n mens in Engels met die US se sekuriteitsdiens moet kommunikeer as jy reaksie wil hê. Dít aan ‘n universiteit wat eens Afrikaans was. Dít aan ‘n universiteit wie se sekuriteitsdiens geensins die demografie weerspieël nie.

Wanneer daar enigsins sprake van “rassisme” by die US is, in die sin van wittes wat nie-wittes “benadeel”, klim Russel Botman dadelik op die wa. Wanneer wittes die slagoffers is, soos in bogenoemde gevalle, word die saak aan ‘n viserektor en die skakelbeampte oorgelaat. Dié viserektor se reaksie is op die US-webwerf te lees.

Verkiesing 2014

verkiesing1deur Leon Lemmer

Daar is gepoog om blankes so entoesiasties oor die 2014-verkiesing te maak as wat daar geesdrif in die ou Suid-Afrika voor en op stemdag was. In die huidige grondwetlike bedeling is daar egter geen kans dat ‘n doeltreffende, beskaafde, nie-kommunistiese, Europeesgeöriënteerde regering aan die bewind kan kom nie. Deur te stem, is dit deesdae vir die blanke onmoontlik om werklik “‘n verskil te maak.” Weens ongekwalifiseerde algemene stemreg in ‘n eenheidstaat sal die blankes se stemme vorentoe al hoe meer onbeduidend word. Enige politieke party wat substansiële kiesersondersteuning verlang, sal na die pype van die swart meerderheid moet dans. Hierdie strategie is reeds baie duidelik by bv die DA waarneembaar.

Net partye wat grootliks aan swart mag toegewyd is, bepaal hoe ons in die nuwe Suid-Afrika regeer word. Dit is waarom ek baie simpatie het met blankes wat nie gemotiveer kan word om te gaan stem nie. Deur te stem, gee ‘n mens by implikasie ‘n mate van legitimiteit aan ‘n bose opset wat ongetwyfeld in sonde ontvang en gebore is. Die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika funksioneer, is foutief. Geen kieser wat gesonde Europese waardes aanhang, kan vir lief met ons veel geprese grondwet neem nie. Die ooglopende kwalitatiewe verskille tussen mense word in hierdie uiterste vorm van demokrasie heeltemal geïgnoreer. Waarmee ons sit, is ‘n demokrasie wat baie meer ekstreem is as dié van bv die VSA, daardie voorste propagandis vir demokrasie.

Hillary Clinton, die vorige Amerikaanse minister van buitelandse sake (2009-2013), het nie die VSA-grondwet nie maar dié van Suid-Afrika aanbeveel by daardie Arabiese Moslem-lande waarvan die politieke beheer onlangs na die “Arabiese Lente” verander het, bv Egipte (Danny Danon, Israel: The Will to Prevail, New York: Palgrave Macmillan, 2012, Amazon Kindle 105). Dit beteken dat die Kopte, die oorspronklike christelike inwoners van Egipte, wat 10% van die bevolking uitmaak, in dieselfde mate deur die meerderheid oordonder word as die blankes in Suid-Afrika. Dít is die opset wat vir ons in die naam van magsdeling geskep is. Dit is dus verstaanbaar dat Tertius Delport, toe hy besef dat magsdeling in werklikheid magsoorgawe is, vir FW de Klerk aan sy baadjielapelle gegryp en hom wou gedonder het (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 424).

Wat het hierdie einste De Klerk na die afgelope verkiesing gesê? Dat dit vir hom so mooi is dat woongebied- en skoolintegrasie so vreedsaam vorder en dat ons aan die grondwet moet vashou, want dan sal alles wel wees. Voorheen het hy egter eie woongebiede en skole aan die blankes belowe en volgens Leon Wessels het De Klerk dit lank ernstig oorweeg om in die parlement teen die grondwet te stem. Volgens eie erkenning bring De Klerk deesdae die helfte van sy tyd in die buiteland deur. Hy ontsnap dus aan die omstandighede wat hy help skep het, terwyl gewone, nie-welvarende blankes verplig word om elke dag haglike omstandighede in die nuwe Suid-Afrika te trotseer.

Die skrywer Karel Schoeman is in Trompsburg gebore en het na sy aftrede weer daar gaan woon. Hy vertel in sy outobiografiese aantekeninge, Die Laaste Afrikaanse Boek (2002), hoe swartes die plaaslike skool oorgeneem en die ruite stukkend gegooi het. Die blanke kinders van die dorp en omgewing, wat met reg hierdie skool as hulle erflating kan beskou, word nou deur hulle ouers elders in skole geplaas in ‘n poging om hulle in ‘n mate teen verswelging te verskans. Dit beteken dat al hierdie wit kinders die geleentheid ontsê word om uit hulle ouerhuise skool toe te gaan en in hulle ouerhuise groot te word. Dit is sekerlik ‘n onberekenbare verlies vir sowel die ouers as hulle kinders en heel moontlik ook vir die land omdat hierdie kinders in die meeste gevalle ‘n beter vorming sou gehad het as hulle ouers ‘n groter aandeel daarin kon hê.

In Die Burger verskyn daar gereeld foto’s van groepe skoolkinders wat in Die Burger-strandhuis in Muizenberg tuisgaan. Die algemene patroon is dat eens blanke skole deur nie-wit kinders verswelg is. Omtrent al waaraan ‘n mens ‘n eens wit skool op hierdie foto’s kan herken, is aan die onderwysers wat steeds wit is. ‘n Sprekende voorbeeld hiervan is die foto van “gr 6- en gr 7-leerders van die Hoërskool Grabouw” wat vandeesweek (13 deser, p 3) gepubliseer is. In die see van nie-wit gesigte is daar enkele wittes. My hart bloei vir hulle.

Waarom is hierdie wit kinders in hierdie onbenydenswaardige situasie, afgesien van die klaarblyklike rede dat van hulle eie mense hulle land weggegee het? Daar is redes soos die volgende: (1) Hulle ouers aanvaar dat daar in die openbare lewe deesdae gedwonge rasse-integrasie is en reken dat hulle kinders maar so gou moontlik hieraan gewoond moet raak. Sulke ouers verteenwoordig myns insiens ‘n klein minderheid, want die meeste blanke ouers sou verkies dat hulle kinders ‘n (oorwegend) blanke skool bywoon. (2) Die ouers stel nie genoeg belang in die heil van hulle kinders nie en is nie afdoende bewus van die situasie waarin hulle kinders hulle op skool bevind nie. (3) Die ouers kan gewoon nie bekostig om vir die vervoer en verblyf van hulle kinders te betaal as hulle elders sou skoolgaan nie. Hierdie laaste rede geld sekerlik in baie gevalle. Dit is waarom daardie enkele wit skoolkinders in ‘n see van nie-wit “maatjies” my so ontstel.

Tydens die afgelope matriekeksamen het dit geblyk dat uitsluitlik seuns- of meisieskole die topmatrikulante lewer. Die Burger het toe navraag hieroor by skoolhoofde gedoen. Daar is toe gesê dat beter onderrig moontlik is omdat net seuns of net meisies in ‘n klas ‘n meer homogene groep daarstel en onderwysers dus beter aan hulle eiesoortige behoeftes kan voldoen. Ek het toe aan hierdie koerant geskryf en polities inkorrek beweer dat die etniese skeiding van klasse dan noodwendig tot die verdere verbetering van die uitslae sal lei. Dit is eintlik onnodig om by te voeg dat my skrywe nie gepubliseer is nie.

Wat my die moer in maak, is dat mense soos FW de Klerk, wat vir die huidige situasie verantwoordelik gehou kan word, uit sy luukse omstandighede vertel dat skoolintegrasie goed verloop. Dan is daar waaragtig mense, soos talle bevrydingsteoloë, wat skoolintegrasie “geregtigheid” noem, want hulle kyk eenogig uit ‘n nie-wit hoek. Dít terwyl wit kinders oneindige en onherstelbare skade ly. Ek begeer en gun vir my kinders en kleinkinders dieselfde kultureel-eie skoolopvoeding van hoë gehalte wat ek geniet het. Politici wat welvarend genoeg is om daagliks in groot mate hulle voortgesette apartheid en dié van hulle kinders en kleinkinders te koop, het soortgelyke omstandighede vir ons gewone wittes onmoontlik gemaak.

Nico Koopman is ‘n prominente bevrydingsteoloog en myns insiens ‘n nie-salige aktivis. Hy skryf oor die afgelope verkiesing: “Vandag mag geen party in die Suid-Afrikaanse politiek egter apartheid se waardes van verontmensliking, onreg en verdrukking najaag nie … ek wens dat veral partye in die ryke struggle-tradisie die waardes van die Grondwet sal verwesenlik” (Die Burger, 14 deser, p 9). Koopman sien klaarblyklik niks verkeerd in die barbaarse terrorisme en ander misdade van “die ryke struggle-tradisie” nie. Vir watter party moet ons volgens Koopman stem? Daardie party wat “die waardes van die lang stryd teen apartheid en kolonialisme … die beste beliggaam en bevorder.” Van ons word dus verwag om vir ‘n bevrydingsbeweging te stem. Dit maak nie saak hoe pateties hy as regering vaar nie. Koopman se kompas stuur hom konsekwent in die anti-blanke rigting.

Omdat meriete in die nuwe Suid-Afrika geminag word, word hoogs ondoeltreffende of onverantwoordelike indiwidue soms in verantwoordelike en daarby hoogs besoldigde poste aangetref. Ek kon nie glo dat diegene in beheer van die Oscar Pistorius-verhoor eers enkele dae voor die verkiesing agtergekom het dat die verkiesingsdag tot ‘n openbare vakansiedag verklaar is nie. As daardie regter, staatsaanklaer en verdedigingsadvokaat sulke algemene kennis nie het nie, in hoeveel ander opsigte skiet hulle kennis dalk nie ook tekort nie? So ‘n hofsaak is ‘n ernstige saak en hoort nie by uitstek as vermaak op bv ‘n eie televisiekanaal nie.

Nog ‘n sprekende voorbeeld van sodanige naïewe onkunde is Christo van der Rheede se brief in Rapport (11 deser). Hy beweer dat Rapport nie sy lesers mag ontmoedig om vir die ANC se stem nie, want die koerant het dan ‘n ANC-advertensie geplaas. ‘n Mens sou verwag dat Van der Rheede weet dat ‘n koerant nie noodwendig die produkte of dienste wat daarin geadverteer word, aanbeveel nie. Verder is dit ‘n wêreldwye verskynsel dat koerante gewoonlik ‘n bepaalde ideologiese, veral politieke, standpunt weerspieël. Wat Van der Rheede doen, is om in woord en daad die saak van die ANC te bevorder. Vandaar sy verwyt, gerig aan die blankes, oor die “wonde van die verlede.”

Van der Rheede maak ook, soos gebruiklik, voorbrand vir sy etniese groep deur van Rapport te verwag om teks deur “bruin intelligentsia” te plaas, waarvan hy, volgens eie oordeel, klaarblyklik een is. Soos die ATKV word die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) sedert 1994 in erge mate deur die transformasievirus geteister. Van der Rheede is deesdae die uitvoerende hoof van die AHi. Hy moet my maar verkwalik, maar elke keer as sy naam opduik, herinner dit my aan Laurence Peter se Peter Principle (1969): “People will tend to be promoted until they reach their level of incompetence.”

Die valse of tevergeefse entoesiasme by sommige blanke kiesers tydens die pas afgelope verkiesing het my laat dink aan blankes wat steeds elke jaar na bv die Strand gaan om vakansie te hou omdat dit ‘n familietradisie is wat sy oorsprong in die Suid-Afrika van weleer het. In die Strand is die see en die berge steeds daar en die lug is blou, want selfs die gehardste terroriste kon dit nie transformeer nie. Maar op die strand word die blankes verdring en voel hulle nie meer tuis of veilig nie. Baie van die winkels is deur inkommers uit bv Noord-Afrika en die Ooste oorgeneem. Bowenal het die Strand verval tot een van die vuilste en mees vervalle dorpe in die Kaapse Metropool. Voorheen het verkose raadslede en ‘n burgemeester, wat almal belang by die dorp het, hulle taak teen min, of geen vergoeding nie, vervul. Die stadsklerk was ‘n kundige persoon wat na verwerwing van die erkende formele kwalifikasie van die instituut van stadsklerke aangestel is.

Deesdae word die belastingbetalers van die Strand deur onbekende partygenomineerdes in die raad van die Kaapse Metropool in Kaapstad verteenwoordig. Hierdie politici se vergoeding en die belastinglas van die inwoners het eksponensieel toegeneem, terwyl dienslewering en infrastruktuurontwikkeling in dieselfde mate afgeneem het. ‘n Munisipale amptenaar se salarispakket kan R2.8 miljoen per jaar bedra (Die Burger, 16 deser, p 5). Die munisipaliteit se hoofbesteding is aan salarisse en die bystand van armlastiges. Soos in kommunistiese lande is die politieke mag op die vlak van plaaslike, provinsiale en nasionale regering dermate gesentraliseer dat hierdie instansies sowel ondoeltreffend as onpersoonlik geword het. Na die voorbeeld van die ANC se kommunistiese meesters is dit uitsluitlik die politieke party wat besluit oor wie die kandidate in verkiesings is. Die kiesers het hier geen werklike bedingingsmag nie. Vergelyk dit met die ou Suid-Afrika toe daar kiesafdelings was en ‘n kandidaat dikwels ‘n nominasiestryd in ‘n voorverkiesing moes wen voordat hy deur sy party as kandidaat in die verkiesing toegelaat is.

Die parlement, raad van provinsies, provinsiale wetgewers en die munisipale rade het toonbeelde van werkverskaffingsinstansies geword. In baie gevalle ontvang hoogs onverdienstelike politici hier buitensporige vergoeding en byvoordele. Daar is ook heeltemal te veel indiwidue wat uit hierdie trog vreet. Die Zuma-kabinet is baie groter as dié van bv die VSA. By Jacob Zuma is daar myns insiens geen sensitiwiteit te bespeur by die besteding van belastingbetalers se geld nie. Sy vier vroue en Nkandla simboliseer sy gebrek aan insig en selfdissipline en verhoog die druk op die belastingbetalers. Vir Zuma se herinhuldiging as staatshoof is R120 miljoen begroot (Die Burger, 16 deser, p 4).

Een van die ANC se skeppings is die sogenaamde Onafhanklike Verkiesingskommissie waarin hoofsaaklik ANC-kornuite dien. Honderde voltydse poste is geskep en gevul. Tydens verkiesings word derduisende verdere funksionarisse tydelik aangestel. In die tradisioneel blanke woonbuurt waarin ek woon, was daar nie net ‘n totale oorvoorsiening van beamptes in die stemlokaal nie, maar daar was voorspelbaar ook nie ‘n enkele blanke onder hulle nie. Dit is hoe demografiese verteenwoordiging in die praktyk toegepas word. In die ou Suid-Afrika het enkele amptenare in die Departement Binnelandse Sake verkiesings gereël. Dit was ‘n taak waaraan amptenare periodiek tyd bestee het. Die meeste van die tyd het hulle ander werk gedoen. Daar was toe ook nie sprake van ‘n leërskare buitelandse waarnemers wat teen groot koste dae lank hierheen kom, luuks vervoer en gehuisves word, en dan sertifiseer dat die verkiesing “vry en regverdig” was nie. Dit sou interessant wees om te weet met watter faktor (inflasie in ag genome) die koste per kieser of stemmer gestyg het. Heel moontlik is Suid-Afrika in hierdie opsig los voor die res van die wêreld.

Ek is in my siel oortuig dat verkiesings in die ou Suid-Afrika, wat die blanke stem betref, meer “vry en regverdig” as in die huidige opset was. Dat ‘n mens deesdae met ‘n beduidende getal oneerlike kiesers te make het, word gesimboliseer deur die inkmerk wat aangebring word op elke kieser wat wil stem; ‘n praktyk wat my teen die bors stuit omdat dit my menswaardigheid aantas, maar ook die wete tuisbring dat ons sekerlik nie meer deel van die Eerste Wêreld is nie. Deel van die nuwe vryheid wat ons sedert 1994 geniet, is dat ons almal soos vee gemerk word voordat ons mag stem. Dink net wat sou die reaksie gewees het as ‘n blanke bewind besluit het dat (nie-wit) kiesers eers gemerk moet word voordat hulle kan stem.

Dat die stemmery nie naasteby regverdig was nie, blyk uit die feit dat die African Independent Congress (AIC) verteenwoordiging in die parlement gaan hê; nie omdat so baie kiesers vir hom wou stem nie, maar omdat dit in ons jong demokrasie toelaatbaar is dat ongeletterde, oningeligte mense volle stemreg het. Die meeste AIC-stemme is glo te wyte aan die feit dat die kiesers hierdie party met die ANC verwar het. Maar sal enige van die uitgelese buitelandse verkiesingswaarnemers die elementêre integriteit hê om, na aanleiding van die AIC-fiasko, uit te wys dat die grondslag waarop die nuwe Suid-Afrika funksioneer foutief en gevaarlik (dus nie in landsbelang nie) is? Waarskynlik nie.

Jare lank was daar ‘n koerant met die leuse: “Lees Die Burger en gesels saam.” Deesdae kan hierdie koerantlesers weens eensydige, polities korrekte beriggewing dikwels nie meer saam gesels nie. Die enigste politieke party wat hom daarop toespits om die Afrikanersaak te dien, Front Nasionaal, is nooit voor of kort na die verkiesing in hierdie koerant genoem nie. Die lesers is dus ook glad nie ingelig oor waarvoor dié party hom beywer nie. Die VF+, wat beweer dat hy die heil van alle minderheidsgroepe op die hart dra, het wel dekking geniet. Ek het dikwels gewonder wat Bun Booyens sr (1916-2010), wat baie jare lank (1968-1981) Afrikaanse kultuurgeskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch doseer het, van so ‘n nie- (indien nie anti-) Afrikanerkoerant sou dink. Hy sou geen troos of vrede gevind het in die wete dat sy kind, Bun Booyens jr, die huidige redakteur van Die Burger is nie. Die appel het in hierdie geval buitengewoon ver van die boom af geval.

Pas het Die Burger (16 deser, p 12) die eerste keer sy lesers bewus van die bestaan van Front Nasionaal gemaak. Leopold Scholtz skryf: “Dis allereers interessant dat ‘n uitgesproke rassistiese groepie soos die sogenaamde Front Nasionaal ‘n vernederende pak slae gekry het. Daardie soort HNP- of AWB-denke het selfs – dalk veral – by Afrikaners geen plek meer nie.” Let op die woordkeuse: “uitgesproke rassistiese groepie” en “sogenaamde”. Scholtz het uit die nuwe Suid-Afrika ontsnap en hom in Nederland gevestig. Hy het onlangs afgetree en is vir sy byverdienste van die goedertierendheid van sy vorige werkgewer, Media24, afhanklik. ‘n Mens kan dus verwag dat die teks wat hy lewer selfs meer as voorheen halsstarrig polities korrek sal wees.

Die dag na die verkiesing is Ilse Bigalke se rubriek (p 14) en Adam Small se gedagtes (p 15) oor die verkiesing in Die Burger gepubliseer. In die geval van Bigalke kan ‘n mens altyd reken op onoorspronklike maar polities korrekte gemeenplasige kommentaar. Small het onlangs sy triomfantelike terugkeer tot die openbare lewe gemaak en is klaarblyklik versoek om oor sy waarneming van die verkiesing te skryf. Die “bruin stem” moet immers gehoor word. Let op hoe vlot lieg Small: “Toe ons, as bruin mense, in 1994 vir die eerste keer ons kruisies op daardie papiertjies kon en gaan trek het.” Wat in Bigalke en Small se teks opval, is dat hulle gunstig na sowel Abraham Lincoln as Nelson Mandela verwys. Lincoln en Mandela is vir my moreel verwerplik omdat hulle militante swartes misbruik het om hulle politieke doelstellings te bereik, maar in die huidige polities korrekte klimaat word hulle gedrag deur baie mense as bewonderenswaardig geag.

Parlementslede is almal welgestelde mense en hulle sit in die raadsale nie omdat hulle noodwendig uitnemend gekwalifiseerd is om in belang van die land te handel nie, maar omdat hulle deur hulle politieke party benoem is. Dit is nogtans rasioneel feitlik onbegryplik dat nie een van hulle die moed van sy/haar oortuiging het om te sê dat ‘n verkiesing in die middel van die week sotlik en glad nie in die landsbelang is nie. In die ou Suid-Afrika het kiesers ‘n kort tydjie afgeknyp om te gaan stem, maar die res van die dag gewerk. Sedert die begin van ons jong demokrasie word die betrokke verkiesingsdag tot ‘n openbare vakansiedag verklaar, wat elke keer die verlies van miljarde rande vir ons ekonomie meebring. ‘n Woensdag, dus in die middel van die werksweek, word vir hierdie doel uitgekies, wat terselfdertyd verseker dat die ekonomie maksimaal daaronder ly. Geeneen van daardie politieke partye het die moed om voor te stel dat die publiek eerder so ‘n vakansiedag moet ontbeer nie, want dit kan so ‘n party stemme kos. Vanjaar was dit die vierde agtereenvolgende week waarin daar nie vyf weeksdae gewerk is nie.

Wanneer voorgestel word dat die vergoeding van politici verder verhoog word, is daar absolute eenstemmigheid by hierdie mense. Kan hulle dan nie maar net so eendragtig wees oor die hou van verkiesings oor ‘n naweek nie? Dit is immers wat in oorsese lande gedoen word, bv dikwels op ‘n Sondag. In die ou Suid-Afrika was ‘n Sondag as verkiesingsdag heeltemal onaanvaarbaar. Maar waarom nie die verkiesing op ‘n Saterdag hou sodat die publiek dan op die Sondag na die verkiesinguitslae kan luister nie? So ‘n opset behoort ‘n minimale nadelige invloed op die ekonomie te hê.

Nog ‘n elementêre knoop wat deur politici deurgehak behoort te word, is om bv die versperring van paaie tot ekonomiese misdaad te verklaar en die skuldiges swaar te straf. Ek weet dat geweld die tradisionele operasionele optrede van bv die ANC was en dat hy gevolglik nie graag die misdadige uitlewing hiervan by sy volgelinge aan bande wil lê nie. Maar ‘n uitweg wat dikwels gekies word, is om te beweer dat sabotasie in die ou Suid-Afrika geoorloof was, maar dat so iets nie meer in ons jong demokrasie toelaatbaar is nie. Betogings tydens hofsake is vir my net so onaanvaarbaar, want dit kan neerkom op intimidasie van diegene wat uitspraak moet lewer. Toegegee, regters word deesdae met die oog op transformasie pleks van om regskundige redes aangestel. Vakbonde moes lankal op die Margaret Thatcher-manier vasgevat gewees het, ens. Plaaslik word dinge deesdae op die Afrika-manier gedoen. Ek is eintlik opreg dankbaar dat ek heeltemal uit pas daarmee is.

Anders as vorige kere, het ek vanjaar gaan stem. Die enigste rede waarom ek dit gedoen het, is omdat ek op die nasionale vlak my stem ten gunste van Front Nasionaal wou uitbring. Op die provinsiale vlak kon ek dit nie doen nie, maar my gewete is skoon. Ek het by my besluit gebly om nooit vir die ANC of die ANC Lite (die DA) te stem nie. Dat die uitslae toon dat ek een van ‘n gideonsbende van skaars 5 000 is, ontstel my nie. 5 000 uit ‘n totale bevolking van 50 miljoen kan berge versit. Dit is die kwaliteit van hierdie mense wat tel en daarby kan en gaan hulle meer word. In die herlewing van die Afrikanersaak speel Praag ‘n onontbeerlike rol.

Ons is by die laagtepunt, maar ons staan ook aan die begin van die Afrikanerherlewing. As Praag voortgaan om publikasieruimte aan my te gun, hoop ek om in die komende maande periodiek die aandag op ander minderheidsgroepe te vestig wat soos Afrikaners ook vryheid en onafhanklikheid begeer. Ek dink aan groepe soos (in alfabetiese volgorde) die Armeniërs, Baske, Berbers, Israeli’s, Kataloniërs, Koerde en Skotte. By elkeen van hierdie groepe kan Afrikaners leer wat om te doen of nie te doen nie ten einde ons heil te bevorder. Na sodanige bespreking kan ‘n mens ‘n lys opstel van wat enersyds op die innerlike of geestelike vlak en andersyds op die waarneembare of materiële vlak gedoen moet word om die Afrikanerherlewing te bewerkstellig. Deurlopend sal Praag en soortgelyke instansies ‘n deurslaggende rol te speel hê.

By voorbaat kan gesê word dat al die pasgenoemde groepe oorvloediglik bewys lewer van hoeveel tyd, moeite en stryd dit verg om bv selfbeskiking en onafhanklikheid te verwerf. Dit maak dit al hoe moeiliker om te begryp hoe ‘n klein getal klein mensies, oftewel kabouters, en daarby geestelik armoediges, hierdie land binne ‘n kort tydsbestek verkwansel het.

Die aktivis Russel Botman gaan volstoom voort

Russel Botman se tipe "akademiese aktiwiteit"
Russel Botman se tipe “akademiese aktiwiteit”

deur Leon Lemmer

Op die webwerf van die Universiteit Stellenbosch (US) is daar tans drie berigte wat sprekend dui op die toestand wat daar heers.

Die rektor, Russel Botman, het op 8 deser die Islamia College besoek om studente uit sy voorkeurgroep, die bruines, te werf. Die berig is op sowel die Engelse as Afrikaanse US-webtuiste in Engels gepubliseer, met die belofte dat ‘n Afrikaanse vertaling mettertyd sal volg. Dit toon duidelik wat die etniese en taalvoorkeur van die Botman-US is.

Op 8 deser het Botman en die burgemeester van Stellenbosch, mede-bruine Conrad Sidego, ‘n veiligheidsooreenkoms gesluit. Daarvolgens sal die universiteit en die munisipaliteit saamwerk op die gebied van bv kringtelevisie om ‘n “misdaadvrye dorp” te probeer skep. Wat nie gesê word nie, is dat misdaad op Stellenbosch sedert die aanvang van Botman se rektorskap in 2007 epidemiese afmetings aangeneem het. Daarvoor is daar myns insiens veral drie redes: (1) die toename in swart US-studente, soos belowe in Botman se intreerede as rektor, (2) die verswarting van die dorp, ooreenkomstig die wens wat Botman in sy intreerede as rektor uitgespreek het, en (3) die agteruitgang van wet en orde sedert 1990/1994 ooreenkomstig die geweldstradisie van die ANC, waartoe Botman ‘n tasbare bydrae gelewer het deur bv in 1976 onrus en verwoesting op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland te saai.

Botman loop oor van entoesiasme vir studente wat sedert 1994 gebore is. Hy noem hulle “vrygeborenes.” As DA-politikus het Sidego vir die enigste ligpunt in hierdie berig gesorg deur op te merk dat ons nog nie vry ten opsigte van veiligheid is nie. Botman, daarenteen, sal fanaties voortgaan om te beweer dat ons sedert 1994 uitermate vry is. As ANC-aktivis sal hy nie ‘n geleentheid laat verbygaan om sy posisie aan die US ten bate van die ANC se program te misbruik nie.

Soos verwag kon word, gaan die US op 14 en 15 deser ons “demokrasie en vryheid” vier. Daar is deesdae ‘n spesiale afdeling, die Sentrum vir Inklusiwiteit, wat voltyds gedwonge rasse-integrasie aan die US bevorder. Hierdie elemente sien in hierdie dwang tot integrasie geen teenspraak met vryheid nie. Die feesprogram ter viering van twintig jaar van demokrasie en vryheid is, indien nie deur Botman geïnisieer nie, sekerlik deur hom goedgekeur.

As akademiese inrigting is ‘n universiteit veronderstel om sy studente aan verskillende standpunte bloot te stel, bv om nie ‘n bepaalde ideologie eensydig aan hulle op te dring nie. Dit sou immers in sigself ‘n verkragting van vryheid, naamlik vryheid van denke, wees. Kom ons kyk in watter mate die program wat die US aanbied aan die vereiste van sodanige ewewig voldoen.

Eerstens is daar ‘n uitstalling van verbode boeke; werke wat die Nasionale Party-regering verbied het. Daar is geen sprake van dat inligting wat deur die ANC-regering weerhou word, bv oor die ANC se misdade, terrorisme, martelkampe, Nkandla, ens, ter wille van ewewig terselfdertyd toegelig word nie.

Tweedens is daar ‘n museumuitstalling genaamd “Dear Mr Mandela, Dear Mrs Parks.” Die titel spreek eintlik vanself. Die Mandela waarna verwys word, is ons eie Nelson Mandela wat op grond van sy gedrag op al ons geldnote afgebeeld word. Die Parks waarna verwys word, is Rosa Parks (1913-2005) wat te hardegat was om haar sitplek op ‘n bus aan ‘n blanke af te staan. Op grond hiervan is sy in die VSA tot ‘n mitiese heldin in die burgerregtebeweging verhef. Geen poging word deur die Botman-US aangewend om Mandela/Parks met ander standpunte te balanseer nie.

Derdens word ‘n filmfees aangebied. Die volgende vier rolprente is met voorbedagte rade uitgesoek:

  • Mandela: Long Walk to Freedom, gebaseer op Nelson Mandela se sogenaamde outobiografie, wat in werklikheid die maaksel van en ‘n halografie deur die joernalis Richard Stengel is.
  • 12 Years a Slave, die aangedikte en gedramatiseerde storie van Solomon Northrup se slaafskap in Amerika. Botman sal nooit moeg daarvoor word om by implikasie hedendaagse plaaslike blankes vir die slawerny van eeue gelede te verwyt nie.
  • Endgame. die oud-Broederbonder en verloopte Afrikaner, Willie Esterhuyse, se geheul namens die NP-regering met die ANC, wat die ondergang van die blanke bewind ingelui het.
  • Bloody Miracle, die uitbeelding van geweld deur wit ekstremiste, bv by monde van Eugene de Kock, en deur Inkatha in die aanloop tot die ANC-magsoorname – dus die “wonder” van die “vreedsame” oorgang na die nuwe Suid-Afrika. Die geweldadige misdaad en terrorisme van die ANC en PAC wat oor dekades strek, word sover moontlik onderspeel.

Oor sowel die Botman/Sidego-ooreenkoms as die US-vryheidsviering het daar ook in Die Burger (12 deser, onderskeidelik p 7 en 4) ‘n berig verskyn. As ANC-aktivis vaar Botman uitstekend. As rektor en akademikus vaar hy pateties omdat hy met ANC-ideologie gepreokkupeer is. Sy politiek word eensydig aan die studente en personeel opgedring. Die vraag is: Waarom word dit toegelaat? Intern sal daar ‘n kentering moet kom as die US in meer as naam ‘n akademiese inrigting wil wees.

Daar is geen moontlikheid dat Botman die beeld van bv Jan van Riebeeck, Paul Kruger of staatshoofde soos DF Malan, Hans Strijdom, Hendrik Verwoerd of PW Botha sal bevorder nie. Die jongste transformasieset is dat daar glo ook duidelik sigbare of visuele transformasie op die kampus moet wees. Wat Botman en kie hinder, is bv dat van die US se grootste en belangrikste byeenkomste in ‘n lokaal gehou word wat DF Malan se naam dra. ‘n Sentrum met ‘n naam soos Nelson Mandela, Chris Hani of Steve Biko sal Botman nie pla nie en sekerlik hartlik deur hom verwelkom word.

Swart is die nuwe wit

Johannesburg in die vroeë 1960s toe Verwoerd aan bewind was
Johannesburg in die vroeë 1960s toe Verwoerd aan bewind was

deur Leon Lemmer

Propagandiste vir swart mag, bv die ANC, gee voor dat daar nog nooit so erg teen mense gediskrimineer is as tydens apartheid nie. Omdat swartes na bewering so uitermate benadeel is, word apartheid deesdae as voorwendsel misbruik om swartes buitensporig te bevoordeel. Dit is maar net ‘n enkele voorbeeld van hoe die waarheid in die nuwe Suid-Afrika vir politieke doeleindes verkrag word.

“Die mees wydgelese algemene geskiedenis van Suid-Afrika [Rodney Davenport, South Africa: A Modern History] het in sy vyfde uitgawe (gepubliseer in 2000) geargumenteer dat sowel die Eiselen-verslag [oor swart onderwys, 1951] as die wet [op Bantoe onderwys, 1953] gegrond was ‘op die veronderstelling van die Afrika-verstand se minderwaardige potensiaal’ en dat die wet ‘uitdruklik ontwerp is om die swart mense vir ‘n minderwaardige plek in die samelewing voor te berei.’ In die vorige uitgawe (1987) is daar geen verwysing na sulke veronderstellings of idees nie. Die 2000-uitgawe maak ‘n kniebuiging na die feit dat ‘n nuwe regering, behep met rassisme, aan die bewind gekom het. Apartheid is nie meer as ‘n onreg of misleide beleid beskou nie, maar as die boosheid self. Laasgenoemde standpunt word nie in die meeste geskrifte van die 1950’s en 1960’s aangetref nie” (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 69-70).

Wat Giliomee in hierdie aanhaling aantoon, is dat daar mede-historici is wat die oorgang na die nuwe Suid-Afrika misbruik om (soos die Broederbonders wat by die ANC aangesluit het) hulle gatte te swaai. Davenport is die soort geskiedskrywer wat die ANC-bewind nodig het om die hersiene geskiedenishandboeke vir skole te skryf; ‘n mark waarin outeurs baie geld kan verdien. Deesdae word die smarte van swartes in die ou Suid-Afrika doelbewus oordryf ten einde die huidige swart bevoordeling en blanke benadeling te probeer regverdig.

Nog ‘n doelbewuste poging ter veroordeling van die verlede en vergoeiliking van die hede is Cobus Olivier van Sasolburg se brief wat op 4 deser in Rapport gepubliseer is. Hy redeneer dat Fikile Mbalula se voorgestelde 60:40-sportkwotas baie beter is as die 100:0-kwotas van die verlede. Hierdie voorbeeld toon duidelik dat verpligte rasseskeiding plek vir gedwonge rasse-integrasie gemaak het. Die “vryheidstryders” het onvryheid gebring. Olivier ignoreer ook die feit dat daar vir die nasionale sokkerspan in die openingswedstryd tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi doelbewus net nie-wittes op die veld was. “Die wêreld” moes sien dat die nuwe Suid-Afrika swart is en nie wit nie. In die ou Suid-Afrika is die vryheid aan elke etniese groep gegun om ‘n 100% etniese span op alle vlakke saam te stel. In die nuwe Suid-Afrika mag daar 100% swart sportspanne, skole, universiteite, woongebiede, ens, bestaan. Wat nie toelaatbaar is nie, is enigiets wat 100% wit is.

Maar diegene wat in 1994 of later gebore is. word nogtans “vrygeborenes” genoem. Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch, is behep met hierdie term en dring sy politieke preokkupasies op aan al die studente en personeel. Gwede Mantashe, die kommunistiese sekretaris-generaal van die ANC, daarenteen haat die term “vrygeborenes,” want nie-wittes ly volgens hom steeds weens apartheid (Die Burger, 9 deser, p 4). In bv die VSA en by bruines plaaslik word steeds gekerm oor die beweerde gevolge van slawerny. Al wat hierdie elemente probeer, is om te verseker dat hulle onbepaald, verkieslik vir altyd, van owerheidsweë bevoordeel word.

By (blanke) werkgewers bestaan daar deesdae die neiging om eerder buitelandse swartes (bv Mosambiekers, Zimbabwiërs) as Suid-Afrikaanse swartes in diens te neem. Dit word in die eerste plek gedoen nie omdat inkommer-arbeid goedkoper bekom word nie, maar omdat die wydverspreide persepsie bestaan dat hulle beter werkers is. Die werkskuheid van (sommige) inheemse plaaslike swartes kan moontlik toegeskryf word aan die erbarmlike beskerming wat hulle tydens die blanke bewind geniet het; dat nie toegelaat mag word dat swartes krepeer terwyl wittes in beheer is nie. Dit is moontlik dat swartes oor die algemeen beter lewensomstandighede in die ou Suid-Afrika as elders in Afrika geniet het, al probeer bv ANC-propagandiste hard om ons presies die teenoorgestelde wys te maak.

In al die eeue en dwarsoor die wêreld kan voorbeelde gevind word van groepe mense wat sosiaal uitgesluit en benadeel is. In die jongste verlede, 19de en 20ste eeu, en selfs tot in die hede, is daar uitgeworpenes soos die volgende, wat ek alfabeties lys:

  • Al-Akhdam in Jemen, wat moontlik afstammelinge van Sudanese soldate is.
  • Baekjeong in Korea, wat Kitaanse nomadiese Mongole is.
  • Burakumin in Japan, wat uit hoofde van hulle beroepe met dooie mense of diere te make het.
  • Dalits in die Indiese subkontinent, was as onaanraakbares bekend gestaan het.
  • Kagote in die Baskiese gebiede in Spanje en Frankryk, wat met bv melaatsheid geassosieer word.
  • Madhiban in Noord-Somalië, wat jagters is en ongesofistikeerde take verrig.
  • Roma (gypsies, sigeuners) wat veral in Sentraal- en Oos-Europa voorgekom het. Die Nazi’s wou hulle uitwis.

Wat hierdie sewe groepe gemeen het, is dat hulle sosiaal onaanvaarbaar was. As uitgeworpenes was hulle in groot mate verplig om bymekaar en apart van ander mense te woon en te lewe. Dit was asof hulle vuil en besmet was. As ongewenstes is hulle deur vooroordeel en diskriminasie gemarginaliseer en vervolg. In sommige gevalle was hulle verplig om feitlik deurlopend rond te trek op soek na ‘n ander en hopelik beter heenkome. ‘n Nomadiese leefwyse was kenmerkend van verskeie van hierdie groepe. Wat hierdie sewe groepe gemeen het, is dat hulle sosiaal op die allerlaagste vlak was. Maar daar is verskillende redes waarom hulle dermate onaanvaarbaar geag is.

Toegepas op die ou Suid-Afrika kan ‘n mens sê dat die hiërargie, (van die hoogste tot die laagste) vir die vier etniese groepe soos volg was: blankes, Asiate, bruines, swartes. In die nuwe Suid-Afrika (na die veelgeprese onderhandelde, demokratiese revolusie) is die hiërargie omgekeer: swartes, bruines, Asiate, blankes. Wat eerste was, is nou laaste. Wat bo was, is nou onder. Wat die hoogste was, is nou die laagste. Diegene wat gehad het, kan nou beroof word van hulle besittings (bv grond/plase, huise, geld) en selfs van hulle lewens. Aan dié wat nie gehad het nie, moet nou gegee word. Wat was, was onreg. Wat is, is geregtigheid.

‘n Omkering van waardes het plaasgevind. Brekers (diegene wat alles moontlik gedoen het om die land te vernietig) word hoër as bouers (diegene wat die land ontwikkel het) geag. Misdadigers, bv dié wat hulle aan terrorisme skuldig gemaak het, mag maar die hoogste poste beklee. Die begaafdste groepe (blankes, Asiate) word opsy geskuif en moet plek maak vir (skynbaar/moontlik) minder begraafdes (swartes, bruines). Swartes verklaar hulleself welkom in blanke woonbuurte. Hulle sien geen ironie daarin as swartes hulle in die Wit Huis tuismaak nie. Karel Schoeman verwys tereg na “die omgedopte Suid-Afrika” (Die Laaste Afrikaanse Boek: Outobiografiese Aantekeninge, Kaapstad: Human & Rousseau, 2002, p 423, 431).

In die modewêreld word kleure van jaar tot jaar afgewissel. Byvoorbeeld, as pruimpers in jaar X in die mode is, word dit in jaar Y met olyfgroen vervang. Dit is nie dat die een kleur noodwendig beter as die ander een is nie. Dit is eerder die geval dat die kleur anders is. Ingelyks is die nuwe Suid-Afrika nie noodwendig beter as die ou Suid-Afrika nie. Waarom dit gaan, is dat dit anders moet/wil wees. Transformasie is letterlik verandering en nie (noodwendig) verbetering nie. Heel gepas is die kommuniste se slagspreuk dat hulle die wêreld wil verander. In die modewêreld sal in jaar Y gesê word: Olyfgroen is die nuwe pruimpers. Na analogie daarvan kan van die nuwe Suid-Afrika gesê word: Swart is die nuwe wit. Maar hou in gedagte: Dit is nie (noodwendig) ‘n verbetering nie.

Die huidige “reggestelde” hiërargiese toestand in Suid-Afrika word dikwels vir groot lof uitgesonder. Wat is verkeerd hiermee?

Eerstens het die bogenoemde sewe groepe nie eensklaps van onder na bo gevorder nie. Al wat gebeur het om hulle omstandighede te verbeter, was om diskriminasie teen hulle te verminder of selfs te verbied. Hulle is steeds op hulleself aangewese as hulle hoër in die sosiale hiërargie wil vorder. Daarvoor is eie prestasie, dus aktiwiteite gegrond op meriete, noodsaaklik. In die nuwe Suid-Afrika, daarenteen, het die ANC-regering ingevolge swart mag oornag en grootliks prestasieloos die hoogste etniese status aan die swartes toegeken.

Tweedens was hierdie sewe groepe op die allerlaagste sosiale vlak en hulle is in baie opsigte steeds daar, al is daar minder faktore wat hulle vordering belemmer. In die nuwe Suid-Afrika, daarenteen, is die blankes amptelik van die hoogste vlak tot die laagste vlak neergehaal weens verraad deur hulle eie mense. Die faktore wat blankes se vordering belemmer, is sekerlik nie verminder nie. In die praktyk het die beperkings in werklikheid eksponensieel vermeerder. Die speelveld mag nie gelyk wees nie, want baie van die swartes kan nie sonder bevoordeling mededingend wees nie.

Derdens is alle diskriminasie teen hierdie sewe groepe ontmoedig of selfs verbied. In die nuwe Suid-Afrika, daarenteen, is diskriminasie nie verbied nie. In die grondwet word diskriminasie ten gunste van nie-wittes en die gevolglike benadeling van wittes nie net toegelaat nie, maar inderdaad aangemoedig. Geen keerdatum vir sodanige “regstelling” word gestel nie, gevolglik kan diskriminasie teen blankes tot in die oneindige voortgesit word.

Daar is talle aanduidings dat die wittes in baie opsigte die begraafdste etniese groep is. Dit is die groep met die beste prestasierekord. Elders word sodanige groep nêrens tot die laagste vlak gedegradeer nie omdat besef word dat hulle ontmagtiging onmoontlik in landsbelang kan wees. Maar die degradering van wittes tot die amptelik laagste vlak is presies wat die grondwetlike onderhandelaars en die grondwetskrywers bewerkstellig het. Dit is ‘n heeltemal uitsonderlike situasie waarin statutêr bepaal word dat die uitnemendste burgers, as hulle wit is, deur rassediskriminasie benadeel mag word. So ‘n opset is klaarblyklik nie in die openbare belang nie. Dit is wél in die belang van individue wat ten koste van meer verdienstelike blankes bevoordeel word.

Vir die ANC is dit ‘n wet van Mede en Perse dat nie-wittes (en veral swartes) bo wittes en vroue bo mans bevoordeel moet word. Die nuwe Suid-Afrika is dus wesenlik sowel rassisties as seksisties. In sy retoriek beweer die ANC en sy meelopers egter presies die teenoorgestelde, dus dat die nuwe Suid-Afrika nie-rassisties en nie-seksisties is. Hierdie uitlating word egter weerspreek elke keer as die demografie opgehaal word as rede waarom die oorgrote meerderheid poste aan swartes en die helfte daarvan aan vroue toegeken moet word.

Onderliggend aan hierdie redenasie is die foutiewe aanname dat mense gelyk en wesenlik eenders is. Sowel die werklikheid as die deurslaggewende belang van meriete word grootliks ontken. In hierdie proses word (van) die voortreflikste burgers die geleentheid ontneem om ‘n optimale bydrae tot die ontwikkeling en behoud van die land te lewer. Vooruitgang word gevolglik gestrem en dienslewering faal klaaglik.

Hierbo is genoem dat groepe om verskillende redes op die laagste vlak in die hiërargie beland het. Die rede wat vir die degradering van Suid-Afrikaanse wittes tot die amptelik laagste vlak aangevoer word, is apartheid. Apartheid word as ‘n onvergeefbare wanprestasie voorgehou. Dit word summier ontken dat apartheid enige positiewe aspekte of heilsame gevolge het. In werklikheid gebeur dit selde dat ‘n politieke maaksel net sleg of net goed is. Slawerny het bv ledigheid bekamp en die ekonomiese en sosiale nuttigheid van die slawe bevorder deurdat hulle geleer is om allerhande take te verrig. Tydens apartheid het die land vinniger ontwikkel en was daar meer wet en orde as onder die ANC-bewind. Onderwys en dienslewering was voorheen stukke beter en korrupsie was baie minder.

Doodgewone bekwaamheid kan nie strafloos geïgnoreer word nie. Tydens apartheid is baie poste by voorkeur (selfs uitsluitlik) deur wittes gevul. Realisties beskou is die beste kandidate dikwels (dalk selfs meesal) aangestel. In die nuwe Suid-Afrika word die meeste poste by voorkeur aan nie-wittes (en veral swartes) toegeken. In die geval van poste wat gevorderde meriete vereis (bv bekwaamheid, toewyding, ondervinding, formele kwalifikasies), word die beste kandidate deesdae in baie (moontlik die meeste) gevalle nie aangestel nie.

Op hierdie manier word daar in die naam van ideologie versuim om die heil (dus die beste belange) van die land na te jaag. Die groeiende blanke diaspora is ‘n ernstige aanklag teen die ANC-regering. Die land kan nie bekostig om (van) sy beste burgers te verloor nie. In hulle plek stroom minder verdienstelike (en dikwels onwettige) immigrante die land binne; in baie gevalle armlastiges wat veel eerder ‘n las as ‘n bate vir die land is. Geen politieke party voer egter ‘n veldtog hierteen nie.

Die bogenoemde Kagote is die buitelandse benadeelde groep wat my die meeste aan die huidige Suid-Afrikaanse blankes herinner. Die Kagote is met melaatsheid geassosieer. Ons as blankes (en veral die Afrikaners) word met apartheid geassosieer. Dit het my laat dink aan ‘n gedig van die bruin digter S(ydney) V(ernon) Petersen (1914-1987) waarmee ek op skool kennis gemaak het. In sigself toon dit dat onderwys in die apartheidsera nie in dieselfde mate ideologies gesensor is as wat tans onder ANC-bewind die geval is nie.

Die gedig waarna ek verwys, is “Bede” wat in 1944 in die bundel Die Enkeling gepubliseer is. JC Kannemeyer noem hierdie gedig “die klaggebed oor ‘die vloekstraf van ‘n donker huid'” (Die Afrikaanse Literatuur, 1652-1987, Pretoria: Academica, 1988, p 224). Petersen kla “dat selfs U, Heer, van my moes wyk … my nie wou reinig van die slyk.” Maar dit is nie die verwysing na slyk wat my hier op die spoor van Petersen gebring het nie. Dit is veel eerder die vergelyking van sy pigmentasie (aan die einde van die eerste strofe) met ‘n “skurfte”. Dit het die Kagote se melaatsheid by my opgeroep.

Ingevolge die revolusionêre omkering van waardes in die nuwe Suid-Afrika is dit nie meer ‘n donker huid wat ‘n vloekstraf is nie. Nie-witheid het ‘n kragtige middel ter bevoordeling van onder meer nie-verdienstelikes geword. Waar bruines van weleer, soos Petersen, hiërargies wit wou wees, wil huidige bruines, soos Russel Botman, Jonathan Jansen en Henry Jeffreys, deesdae swart wees. Vir hulle is swart inderdaad die nuwe wit. Witheid het ‘n skurfte, ‘n melaatsheid geword. So iets is egter alleenlik moontlik omdat toegelaat is dat apartheid buitensporig gedemoniseer is en uitsonderlike blanke prestasie oor eeue opsetlik geïgnoreer word.

Onderliggend is daar die onomstootlike feit dat ons deur ons eie mense ontheem is. Daardie bliksems woon ongeskonde en welvarend tussen ons.

Oor krieket en kwotas

Hierdie dames (30 Augustus 1963 in Johannesburg) is soos rolbalspelers aangetrek, maar dit was eintlik vir pistoolskiet, want hulle was bekommerd dat swartes uit die res van Afrika die land sou aanval en wou paraat wees. Tussendeur was daar 'n pouse vir tee en toebroodjies.
Hierdie dames (30 Augustus 1963 in Johannesburg) is soos rolbalspeelsters aangetrek, maar dit was eintlik vir pistoolskiet, want hulle was bekommerd dat swartes uit die res van Afrika die land sou aanval en wou paraat wees. Tussendeur was daar ‘n pouse vir tee en toebroodjies.

deur Leon Lemmer

Tydens apartheid het die Indiese regering jaarliks in die Verenigde Nasies oor Suid-Afrika se rassebeleid gekla en strafmaatreëls voorgestel. Later het onafhanklike Afrika-lande saam in dié koortjie gesing. Plaaslik was die verweer dat Indië met sy kastestelsel nie die vinger na ons moet wys nie, want hier is geen onaanraakbares nie. Verder is Afrika-lande se binnelandse ellende en agterlikheid met die (relatiewe) voorspoed van en ontwikkeling in Suid-Afrika gekontrasteer.

Die onaanraakbares (Dalits) was die laagste van die laes in die Indiese kastestelsel, wat ruim voorsiening vir uitgeworpenes (“outcasts”) gemaak het. Die Indiese subkontinent was lank ‘n Britse gebied (die Raj, 1858-1947) wat so belangrik geag is dat die regeringshoof die status van onderkoning (“viceroy”) gehad het. Met onafhanklikheid in 1947 is diskriminasie teen Dalits verbied, maar hierdie gevestigde praktyk het uiteraard nie dadelik tot ‘n einde gekom nie. Regstellende aksie het gevolg, wat van die onaanraakbares bevoordeeldes gemaak het. Meer as 16% van die kolossale Indiese bevolking is Dalits en ‘n half miljoen van hulle het ‘n heenkome in Brittanje gevind.

‘n Vorige Britse Konserwatiewe Party eerste minister, John Major (1990-1997), het ‘n boek geskryf, More than a game: The story of cricket’s early years (London: Harper, 2008, 433p). Die boektitel is ontleen aan Thomas Hughes (1822-1896) se roman, Tom Brown’s schooldays (1857), waarin Tom van krieket sê: “It’s more than a game. It’s an institution” (p 174). Soos dit ‘n politikus betaam, beweer Major: “Of all empires, the British was the most benevolent and bequeated the most enduring legacies” (p 357).

Robert Mugabe het in 1991 van krieket gesê: “It civilises people and creates gentlemen” (p 8). Mugabe het óf nooit krieket gespeel nie óf sy stelling is vals. Samuel Johnson (1709-1784) het krieket in sy woordeboek (1755) gedefinieer as “a sport of which the contenders drive a ball with sticks in opposition to each other” (p 66). Vanweë die tradisionele Britse beleid van rassesegregasie kon Indiërs voor onafhanklikheid nie lid van ‘n krieketklub vir Europeërs word nie (p 194).

Indiërs was self nie vry te pleit van rassediskriminasie nie. “Inter-racial rivalry was fierce … Both Parsees [Zoroasters/Mazdaists] and Hindus restricted membership of their clubs to the upper-classes. Low-caste Indians were not welcome. Snobbery and exclusivity were not solely the prerogative of the British” (p 195). ‘n Uitsondering is met Palwankar Baloo (1876-1955), ‘n onaanraakbare, gemaak omdat hy ‘n uitstekende draaibalbouler was. Hy is as lid van ‘n Hindoe-klub toegelaat, “although caste taboos meant that he was left to eat and drink outside the pavilion. Indian caste restrictions mirrored Victorian social exclusion in an extreme form” (p 198). Baloo is nooit toegelaat om kaptein van ‘n span te wees nie.

In die Wes-Indiese Eilande is krieket van die begin van die 19de eeu deur klubs gespeel wat eksklusief vir wittes was (p 204). ‘n Kritikus het dit “illiberalism” genoem (p 206). Hulle eerste buitelandse kriekettoer was na die VSA en Kanada in 1886. Die Wes-Indiese span het uitsluitlik uit wit spelers bestaan (p 205). ‘n Aktivis, Pelham Warner, het daarop aangedring dat “any touring side going to England must include ‘four or five’ black players” (p 206). In 1900 is vyf swartes (p 207) en in 1906 ses swartes (p 208) in die toerspan ingesluit. Deesdae is die span heeltemal swart en geen aktivis opper beswaar nie. Major veroorloof hom die volgende opmerking: “Warner’s brave and far-sighted advocacy of racial inclusion is a refreshing example of the kind of enlightened attitudes that allowed Britain to rule its Empire with dexterity, and to give up its colonial possessions so deftly when the time arose” (p 206).

Wat in die Wes-Indiëse Eilande gebeur het, word in die nuwe Suid-Afrika vordering met transformasie en met die toepassing van die kwotastelsel genoem. In volgende rondtes moet daar elke keer meer (en in elk geval nie minder nie) nie-wittes in die span wees, anders word dit as ‘n terugwaartse stap beskou. Demografie word gou bygesleep, wat in die nuwe Suid-Afrika beteken dat alle sportspanne eintlik 80% (of minstens Fikile Mbalula se 60%) swart moet wees. Hieruit moet nie afgelei word dat spanne 20% nie-swart moet wees nie. Die openingswedstryd in die plaaslike 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi is gespeel sonder ‘n enkele wit Suid-Afrikaanse speler op die veld. Daar word suiwer rassisties verwag dat die getal nie-wit (en veral swart) spelers in ‘n sportspan progressief meer en die getal wit spelers al hoe minder moet word. As ‘n span een keer ‘n nie-wit (en veral swart) afrigter gehad het, moet die volgende een ook nie-wit (en verkieslik swart) wees, anders word dit as ‘n terugwaartse stap en as ‘n transformasieramp bestempel.

Die blanke Ray Jennings, wat jare lank as paaltjiewagter en kolwer met eer in die nasionale krieketspan diens gedoen het, het minder as twee maande gelede as afrigter groot sukses behaal deur die Suid-Afrikaanse onder-19-krieketspan tot sege in die Wêreldbekertoernooi te lei. By sy terugkeer was sy vergoeding nie, soos verwag kon word, dat hy outomaties in sy pos heraangestel is nie. Nee, hy is aan die vernedering onderwerp dat hy heraansoek om sy pos moet doen. Erger, sy aansoek was nie suksesvol nie.

Immer transformerend het Krieket Suid-Afrika (KSA) Lawrence Mahatlane as afrigter aangestel; ‘n mens wat slegs pigmentasiegewys bo Jennings uitgestyg het. Daarby het KSA die grenselose vermetelheid gehad om amptelik te verklaar “dat dit heeltemal onregverdig sal wees om te sê dat politiek ‘n rol daarin gespeel het” (Die Burger, 24 deser, p 28). KSA sou dit myns insiens nie waag om ‘n swarte te behandel soos met Jennings gedoen is nie. Van blankes word eenvoudig verwag om na die groter prentjie te kyk. Daardie prentjie is nie swart-en-wit nie. Daar word veronderstel dat wittes daarmee vir lief mee moet neem dat die prentjie eintlik net swart is.

Christo Buchner onderskei hom van ander sportjoernaliste deur nie altyd polities korrek te wees nie. Oor Jennings se ontslag skryf hy dat dit “verregaande is … om te wil beweer politiek het geen rol in die besluit gespeel nie .” Buchner lys dan sommige van Jennings se afrigtingsuksesse. “Sou die gerug ook waar wees dat Jennings uitgewerk is omdat hy enkele jare gelede nie die seun van ‘n senior krieketadministrateur, wat deel is van die sogenaamde Kaapse kabaal, gekies het vir die o.19-span nie, sal dit net nóg ‘n aanklag wees teen administrateurs wat eie belang bo dié van die spel plaas” (Die Burger, 25 deser, p 19).

Mahatlane is die soort afrigter wat KSA behaag, want “hy wil die ontwikkeling van die spel ‘n prioriteit maak … ‘Ek kan identifiseer met die uitdagings wat daar is om swart spelers na vore te bring'” (Die Burger, 25 deser, p 20). Opvallend is Mahatlane se gebruik van die geliefkoosde ANC-woord “uitdaging.” In sport word die term “ontwikkeling” met swartes geassosieer. Dít word ‘n prioriteit gemaak pleks van om te wen. Mahatlane se aandag is op swart spelers toegespits. Wit spelers word glad nie genoem nie.

Die gewraakte Engelse krieketspan uit 1968 waarvan die toer afgestel is. Die gekleurde speler Basil d'Oliviera sit voor, heel links.
Die gewraakte Engelse krieketspan uit 1968 waarvan die toer na Suid-Afrika afgestel is. Die gekleurde speler Basil D’Oliviera sit voor, heel links.

Na die oorlye van Basil D’Oliveira (1931-2011) is tot vervelens toe melding gemaak van hoe sleg hy deur die “apartheidsregime” behandel is. Hy was van Indies-Portugese oorsprong, het in Kaapstad krieket gespeel, maar in 1960 na Engeland uitgewyk. In 1968 is hy as ‘n plaasvervanger vir die Engelse toerspan na Suid-Afrika gekies. Die Vorster-regering het hom egter toegang geweier en die Engelse het toe die toer afgelas. In die nuustydskrif Time (4.12.2011) het Trevor Manuel na D’Oliveira se dood uitgevaar teen die “oppressive apartheid regime” en die UDF/ANC-slagspreuk herhaal: “No normal sport in an abnormal society.”

Die vraag kan gevra word: Is die nuwe Suid-Afrika ‘n normale samelewing? Is dit waar, soos die ANC so graag en so dikwels beweer, dat ons nou ‘n nie-rassige samelewing het? Is swart bevoordeling en die gevolglike wit benadeling normaal? Is sport- en ander kwotas normaal? Is dit wys om die doel van mededingende plaaslike en internasionale sport te verydel deur te verwag dat minder verdienstelike swart spelers suiwer op grond van ras of kleur bo meer verdienstelike wit spelers ingesluit moet word? Dit is ‘n waarheid soos ‘n koei dat mense as indiwidue en as groepe verskil. Waarneming dwarsoor die wêreld toon dat party groepe in sommige sportsoorte beter as ander vaar: swartes in bv hardloop en boks, wittes in bv tennis en swem. Dui die sosiogeniëring van die ANC op normaliteit of ideologiese irrasionaliteit?

Oor die Indiese gene van D’Oliveira is daar meer te sê. In Engeland was daar ‘n Indiese krieketspeler, KS Ranjitsinhji (1872-1933), wat in 1896 uit die Engelse span vir die eerste toets teen Australië gelaat is omdat geredeneer is dat hy nie ten regte Engeland kan verteenwoordig nie (Major, p 318). In hierdie verband was daar ook druk van die Britse regering. Toe hy wel vir die tweede toets gekies is, het hy sportief verklaar dat hy sal speel mits die Australiese span nie beswaar het nie. Hulle was tevrede en hy het vir Engeland gespeel. Hierdie billikheid het in die geval D’Oliveira ontbreek. In 1899 was daar weer ‘n poging om Ranji uit die Engelse span te hou. Major noem die voorsitter van die keurkomitee “pig-headed” (p 328).

Oor die Kaapse afkoms van D’Oliveira is daar ook meer te sê. Charles Lawrence het in 1868 ‘n krieketspan bestaande uit uitsluitlik Australiese inboorlinge na Engeland gebring vir wedstryde teen klub- en graafskapspanne. Hulle “amused spectators with exhibitions of how to throw a boomerang” (p 221). In 1878 het die eerste amptelike Australiese krieketspan Engeland besoek. Die toeskouers was verbaas dat dit ‘n eksklusief wit span was (p 226).

Vir Suid-Afrika se eerste kriekettoer na Engeland in 1894 is Krom Hendricks, ‘n bruin snelbouler, as spanlid gekies. Die Britsgebore eerste minister van die Kaapkolonie, Cecil Rhodes (1853-1902), het Hendricks se insluiting geveto “on the spurious grounds that he didn’t want Hendricks to be subjected to insulting native stereotyping, such as the endless requests for demonstrations of spear-throwing that had beset the Australian Aboriginal tour of England a quater of a century before. He was quoted as saying, ‘They would have expected him to throw boomerangs during the lunch interval’ … Rhodes’s real intention was to enable an all-white team to travel, and Hendricks was excluded” (p 202).

Wit Suid-Afrikaanse rugbyspanne was in die apartheidsera nie in Nieu-Seeland welkom nie, maar eksklusief Maori-spanne word in die nuwe Suid-Afrika toegelaat. Die verskil is glo dat eersgenoemde politiek- en laasgenoemde kultuurgebaseer is. In die vorige eeu het internasionale sportliggame venynig met woord en daad teen wit Suid-Afrikaanse sportspanne te velde getrek. Deesdae is daardie selfde liggame stil oor diskriminasie teen wit sportmanne. Daar word met verskillende mate gemeet.

Die jongste is dat die bruin en gewese Springbok-vleuel, Chester Williams, “glo Suid-Afrika kan transformasie aanhelp met ‘n aparte span soortgelyk aan die Nieu-Seelandse Maori’s” (Die Burger, 23 deser, p 18). Dit is die ou storie: wittes moet inklusief wees en mag nie ‘n aparte span vorm nie. Nie-wittes, daarenteen, mag eksklusief wees deur wittes uit te sluit. Apartheid word ‘n misdaad teen die mensdom genoem as dit wittes bevoordeel. As soortgelyke rassediskriminasie ter bevoordeling van nie-wittes toegepas word, ontvang dit goedkeuring en lof. Dan word na rassediskriminasie met mooi woorde soos “regstelling” en “bemagtiging” verwys. Die gediskrediteerde woord “apartheid” word dan nie gebruik nie.

Die voorafgaande toon dat daar heelwat skynheiligheid in die politiek en sport is, dat rasse-segregasie nie ‘n Afrikaner-uitvinding is nie, dat rassediskriminasie nie net by wittes voorkom nie, asook dat raskwotas in sport en die geval D’Oliveira nie uniek is nie. As aktiviste oor meer agtergrondinligting beskik het, kon hulle verkieslik minder oor ‘n geval soos D’Oliveira gekraai het. In die bedryf waarin aktiviste hulle bevind, word woord en daad egter nie maklik deur feite gekniehalter nie.

Toekomsscenario’s: Adamastor en Raka

adamastor 2deur Leon Lemmer

In die vorige eeu is talle toekomsscenario’s oor Suid-Afrika gepubliseer. In daardie stadium was daar rede om te dink dat die land ‘n blink toekoms kon hê. Maar daar was ook pessimiste wat pleks van ‘n utopie ‘n distopie voorsien het. Ek het reeds Arthur Keppel-Jones s’n bespreek (Praag 16 Maart). Vandag gaan ek die aandag op nog twee voorbeelde, Adamastor en Raka, vestig omdat pessimisme deesdae meer vanpas as optimisme is.

Beskawing in Suidelike Afrika dank sy begin aan die ontdekkingsreise wat Europese seevaarders onderneem het. Die Portugees Luis Vaz de Camoëns (1524-1580) het in 1572 sy epos Os Lusíadas (Die seuns van Lusus) gepubliseer; dus 80 jaar voor die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap. Lusus is volgens oorlewering die held van Lusitania (die Romeine se naam vir Portugal) van wie alle Portugese afstam. Sowat ‘n tiende van hierdie verhalende gedig (kanto V, stansas 37 tot 60) handel oor die suidpunt van Afrika. Dit verwys na Vasco da Gama (1469-1524) se wedervaring met die mitiese figuur Adamastor toe Da Gama in 1497 om die Kaap van Storms gevaar het. Die konteks is die Portugese ontdekkingstogte. Camoëns het self in 1553 in stormagtige weer om die Kaap na die Ooste gereis en by sy terugkeer van 1567 tot 1569 noodgedwonge tyd in Mosambiek verwyl.

Camoëns was bewus van die teenspoed wat sommige seevaarders getref het. Bartholomeu Dias (1450-1500) het in 1488 om die Kaap gevaar. Die weer was op sy heenreis so stormagtig dat hy die Kaap eers op sy terugreis gesien het. Hy het dit Cabo Tormentoso (Stormkaap) genoem. Dias het as lid van Pedro Alvares Cabral (1457-1520) se ekspedisie na die Ooste naby die eiland Tristan da Cunha in ‘n storm verdrink. Francisco d’Almeida (1450-1510) het saam met 57 ander Portugese tydens ‘n skermutseling met inboorlinge in Tafelbaai gesterf. Die Portugese skip Sao Joao het in 1552 op sy terugvaart van Indië aan die Natalse suidkus gestrand. Meer as 100 van die meer as 600 mense aan boord het verdrink. Manuel de Sousa de Sepúlveda (1505-1553), sy vrou, hulle twee kinders en ander oorlewendes het besluit om na Delagoabaai in die noorde te stap. By die Komatirivier is hulle deur inboorlinge van al hulle besittings beroof. Net sowat 200 van die opvarendes het die tog oorleef. Sepúlveda en sy vrou is onder diegene wat omgekom het. Van vroeg af het Europeërs dus nie lewenssekerheid in Suidelike Afrika gehad nie.

My uiteensetting is gebaseer op OJO Ferreira se boek, Adamastor, Gees van die Stormkaap (Hatfield: Die outeur, 1995, 64p). Vir Camoëns was die gierende wind die stem van die grusame Adamastor. Nadat die seenimf Thetis geweier het om Adamastor se liefde vir haar te beantwoord, het die gode hom “in ‘n skurwe berg aan die suidpunt van Afrika verander, waar hy die suidelike see moet bewaak en die dood moet bring aan die seuns van Lusus [dus die Portugese] wat hom wou omseil. Dit is Adamastor se lot dat hy vir ewig omring word deur die see, tegelyk die ryk wat hy wou verower en die tuiste van sy geliefde wat hom verwerp het” (p 27). Dit herinner aan die lot van Afrikaners wat deesdae verworpe voel al het hulle eeue lank hierdie land lief gehad.

Adamastor het “die beliggaming geword van die gevare en verskrikkinge waarmee seevaarders te kampe gehad het” (p 7). Camoëns was intens bewus van “die magte en gevare wat die Portugese kultuur in die vreemde bedreig het … So het die reus Adamastor waarskynlik in sy ontstelde gemoed gestalte gekry” (p 7). Afgesien van die klaarblyklike verwysing na Adam kan die naam Adamastor afgelei word van die Griekse woord adamastos wat “ongetem” of “wild” beteken. Hierdie monster word “die verpersoonliking van die gevare van die see” (p 17) en ook van die kontinent.

“Wanneer Vasco da Gama en sy vloot die Kaap van Storms nader, steek ‘n donker en vreesaanjaende wolk bo hulle hoofde op wat die vorm van ‘n gespierde en monsteragtige wese aanneem … In ‘n lae en vreesaanjaende stem het hierdie reus die seevaarders verwyt wat op die see vaar waar hy so lank geheers het … Hy voorspel dan ook onheile, strandings en lewensverlies vir diegene wat die Kaap van Storms sou omseil” (p 19). Daar word gewag gemaak van “‘n duister toekoms” (p 35), dat “paal en perk” aan die Afrika-vasteland gestel word en “my rampspoed sou ewig duur” (p 36).

Hieruit volg die siening dat “die binneland van Afrika boos, donker, wraaksugtig en ongeskik vir menslike bewoning is” (p 47). Volgens sommige is Adamastor “‘n simbool van die mens se uittarting van die natuurelemente” (p 48). Volgens ander is hy ‘n “simbool van al die rampspoed en gruwels van die Portugese seevaartgeskiedenis” (p 49). Wat duidelik is, is dat Europeërs kwalik kan verwag om ‘n veilige tuiste in (Suidelike) Afrika te vind.

Soos verwag kon word, het Camoëns se epos neerslag in die Suid-Afrikaanse letterkunde gevind. Roy Campbell (1901-1957) het ‘n bundel Engelse poësie, Adamastor (1930), gepubliseer terwyl hy in Engeland gebly het. Later het hy lank in Spanje en Portugal gewoon. In die Afrikaanse poësie maak Dirk Opperman (1914-1985) in sy bundel Negester oor Ninevé (1947) melding van “Adamastor, wat skuil in die wier, in die mis, bruin mensies en eenhoring-dier” (Ferreira, p 31). “Eenhoring-dier” verwys na die mitiese aard van Adamastor. Hoe ‘n mens by “bruin mensies” kon uitkom, word deur André P Brink in sy novelle, Die Eerste Lewe van Adamastor (Kaapstad: Saayman & Weber, 1988, 78p), aangetoon. Die Kaapse slawe van eeue gelede is seker Brink se voorkeuronderwerp; nie ‘n aktuele onderwerp soos plaasmoorde nie.

Brink noem dat verwoesting, wanhoop en dood deel is van die skipbreuke en ander katastrofes in Camoëns se “somber profesie” (p 3). Camoëns maak melding van Adamastor se swart mond en geel tande. Dit gee aanleiding tot verontwaardiging by Brink, wat toe nog in sy oorverligte stadium was: “Liewe Here, ek protesteer teen die blatante rassisme” (p 2). Brink borduur voort deur te skryf dat ‘n mens “vandag swaar sluk aan die verwronge rassevooroordeel wat spreek uit daardie bepaalde beeld van die magtige Kaap, geheim en groots, met sy negroïede skedel en boosaardige swart liggaam” (p 4). (Van Wyk Louw se beskrywing van Raka is veel erger, soos ek hieronder aantoon.)

Brink se novelle neem die vorm aan van wat hy noem ‘n “oerteks” waarmee hy Camoëns se “16de eeuse, Europees gesentreerde weergawe” met ‘n (Suid-Afrikaanse) 1980’s-weergawe wil vervang (p 4). Dan volg sy verhaal van ‘n swart Adam, T’kama Grootvoël, en ‘n wit Eva, wat Khois deur T’kama genoem word. Nou is die tafel vir Brink gedek om oor een van sy gunstelingonderwerpe te skryf, naamlik seks oor die kleurgrens heen. In haar resensie maak Joan Hambidge melding van die “snydende kommentaar op kolonialisme en die witman se onbegrip vir die Afrika-kultuur” (Beeld, 18.07.1988, p 8). Brink haal TS Eliot (1888-1965) aan: “This is the use of memory: for liberation … from the future as well as the past” (p v). Maar ‘n mens kan byvoeg: daar moet liefs nie selektief onthou word nie.

Brink se storie begin in Algoabaai (deesdae dikwels, na aanleiding van die metropoolnaam, verkeerdelik Nelson Mandela-baai genoem). Daar word gemaak asof die Kwaaimense, of Xhosas, soos die Khoi en San, reeds “ontelbare tye al daar” is (p 5). Die verhaal is Khoi-San-gesentreerd. Hulle het glo “meestal goed klaargekom” met die Xhosas (p 35). Vir hulle lyk wittes “almal eenders” (p 6). Die wittes kom met skepe en gee dan rook-, kou- en drinkgoed aan die inboorlinge om hulle sag te maak, maar “die vreemdelinge nie net tevrede is met presente gee nie: hulle wil ook hê. En eerste wat hulle wil hê, is vrou” (p 9). Hulle wil ook vee hê.

Die inboorlinge word positief en die wittes negatief uitgebeeld. Wanneer die inboorlinge die wittes gewaar, sit hulle hulle pyle eenkant sodat die wittes moed kan skep (p 8). Die wittes is dom of bang of albei (p 8). Wanneer ‘n wit vrou haar alleen en kaal in die water was, tel T’kama haar klere op met die edele doel om dit vir haar aan te gee: “ek is mens nes sy” (p 13). Sy vlug na ‘n roeiboodjie maar sy kom nie weg nie. Hy dra vir haar geskenke aan en vat aan haar skouer “om haar tot bedaring te bring” (p 16). Sy takel hom met die roeispaan, waarop hy dit uit haar hande pluk “en haar ‘n hou teen die kant van die kop moker” (p 16).

T’kama sien niks verkeerd daarin om hierdie vrou vir hom te eien nie, want die wittes “het toe mos al hoeka van ons s’n gehad” (p 16). Spoedig skiet die wittes nie net op die mans nie, maar ook op die vroue en kinders (p 17). Wanneer ‘n witte skrams met ‘n pyl getref word, “het hy soos ‘n bobbejaan tekere gegaan” (p 21). T’kama is so voorbeeldig dat hy keer as sy mense die wittes se lyke wil stroop (p 21). Die vier skepe vertrek sonder die wit vrou. Maar “dat dit nog lank nie die end was van bloed nie” (p 19).

Hierna trek T’kama met die wit vrou, Khois genoem, en sy volgelinge die binneland in. “Hier sal ons nie kan bly nie. Die kus is aangerand, ‘n jongvrou is ingeneem. Ons moet oppak en trek die land in” (p 24). Die inboorlinge is skepties oor die wit vrou se teenwoordigheid. “Sy is nie van ons nie” (p 27). “Jy moet ‘n vrou onder jou eie mense uitsoek” (p 38). T’kama se taak of probleem is: “Hoe ek haar makgemaak sou kry” (p 26). Die storie draai om T’kama se bynaam, Grootvoël: “Dit was agter hom aan dat ek geloop het” (p 34). Heelwat later sê die wit vrou: “Ek verstaan niks van jou of jou mense of hierdie godverdomde land nie. Waar kan ek heen? My eie mense is weg … Wat soek ek hier?” (p 58). ‘n Kulturele verskil wat uitgewys word, is: “Onder ons was daar niemand wat kon swem nie, dis nie ons aard nie” (p 63). [Waar gaan Fikile Mbalula 60% swartes vir die nasionale swemspan kry?]

Mettertyd keer T’kama met Khois en hulle kind terug na Algoabaai. In die binneland het hulle swaar gekry. “In hierdie angsaanjaende landskap het selfs die klippe gebars om te groei” (p 61). “Is die hele land nie eintlik been wat maar net effentjies toegemaak het onder ‘n lagie grond en klip en boom en bos nie?” (p 70). Een van die volgelinge se gesig was “soos ‘n landkaart wat gewys het waar hy oral was” (p 66). Die wit vrou is in Algoabaai terug “na die naaste skip” (p 71). “Dis waar sy vandaan kom, dis waar sy hoort” (p 74).

Vergesogte vertolking is, volgens Brink, “wat met die werklikheid gebeur wanneer skrywers dit beetkry” (p 3). ‘n Vergelyking van sy teks met dié van Camoëns toon dat sy vertolking so vergesog is as wat kan kom. Hy kon sy novelle goedskiks sonder verwysing na Adamastor geskryf het. Brink het eintlik maar uitdrukking aan sy destydse oordrewe liberalistiese en humanistiese oortuigings gegee. Wat Brink tog by my as leser tuisbring, is dat daar kwalik van Europeërs verwag kan word om Afrikane te word. Daarvoor is die kultuurverskille te groot.

Die tweede toekomsscenario is in NP van Wyk Louw (1906-1970) se boek, Raka (Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 8ste druk, 1958, 32p), wat in 1941 verskyn het. Hierdie epiese gedig vertel die verhaal van Raka en Kokie en hulle stryd, wat by nabaat in sommige maar beperkte opsigte (soos ek hieronder aantoon) met onderskeidelik Nelson Mandela en FW de Klerk geassosieer kan word. Die konteks van Louw se verhaal is swartes in (Suidelike/Suid-) Afrika.

“Raka, die aap-mens, hy was nie kan dink, wat swart en donker is, van been en spier ‘n lenige boog, en enkeld dier … het êrens deur die groot moerasse gekom … Hy was geen boorling van die ruim gebied” (p 5). Hy het “‘n vreemde dans gevoer uit sy land” (p 6). Sy oë is “diep uitgehol, die mondgat uitgegrawe en skewerig vol wit doringtande, en skaamteloos groot die skaamte … ‘Raka, die sterk man’ … tot alles voor Raka se voet gebreek gelê het en trug in die klei geweek waaruit dit gehaal was” (p 11).

Daarteenoor is daar Koki wat “vermoed dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed van sy besete mense was” (p 8-9). “En uiteindelik het Koki aan sy hart gewaar dat hy hier aan ‘n grens was, ingeperk teen iets wat donker is en dom en sterk” (p 13). “Tot voor hom op ‘n sestig tree lank en swart, Raka gestaan het … die Swarte het bloed aan bors en bek gehad, en by sy voete ‘n sebra op die vertrapte plaat – die fraai dier van die wit daeraad … toe hy Koki gewaar, het hy aapagtig in die gras baljaar, gebuitel met swart bene in die lug” (p 14).

“Koki het stil die vriendelikheid aanskou en koud geril, en van die ding se sotheid omgedraai – want sonder skild en skerp asgaai het hy die veld gekies -; maar agter hom het hy verwoede snork en voete hoor kom toe hy wegdraai; hy ‘t omgespring – en in sy steë het die groot ding bly steek en grynsend truggetree, verwoed, maar bang, en half verlee oor iets wat so ver buite die begrip van sy swaar brein was, en die swart lip het weggekrul van die wit tande; so ‘t Koki rugwaarts uit die lande van die swart dierlikheid gekeer” (p 15).

Koki het gesê: “Raka, die groot dier, moet dood … Die swart dier sal nie van julle wyk; … tot niemand meer wild is vir sy bot hand; maar dan sal jul hek se rieme en bande op ‘n vreemde nag slap word en los, en Raka sal uit die bose bos kom en tussen ons vure sit en bly. Moet hy hier wees? Ken Raka … ons fyn, fyn net van die woord …? Ken hy die vuurgeheim? Het hy die vaal drade van die katoen leer spin en weef en in die kleurpot week? … Die snel dier moet dood of hy sal heers oor ons, en groot en lang pyn bring” (p 16).

“By die vure was woorde … van ‘Raka is vreedsaam,’ ‘Raka is nie sleg,’ ‘Soos hy gekom het, gaan hy ver weg en geeneen sal weer van hom weet'” (p 18). “Net Koki … het … stil begin gaan die pad wat geen mens terug kan loop” (p 19). “En toe ‘t hy die blink asgaaie se punte oor die gladde slypsteen laat draai … en aanhoudend het hy die sterflied van sy stam, nie die krygslied, gesing, want Raka ‘t hy geweet was ‘n vreemde ding, meer as ‘n dier, maar nog nie mens” (p 23). “Hier ‘t hy die nat spoor gekry in die modder en gevolg en verloor in die poele en weer gekry – die swaar ding se sleepsel waar hy breek en plas en dring deur die hoogste riete … maar toe hy kyk na sy vingers en die yl bloed wat die snyruigtes gelaat het, het die groot dier skielik, geluidloos, uit die warm wier en slik opgestaan en wit gelag” (p 26).

“Dié nag het … Raka … skreeu-skreeu gekom tot kort teen die kraal … sy skreeu was woes van pyn en wraak … digby mekaar langs die wal van die breë water af het die skaar na Koki gesoek. Teen die skemering … ‘t hulle hom gekry in die verskeurde papkuil en die poel waar hy, half in die modder getrap, op die skag van sy stukkende spies gelê ‘t, en die krag en die woede van die swart dier kon hulle sien aan die liggaam en die spore en die pap riet en die skild wat geskeur was en diep ingetrap in die koue klei … maar bloed het ook getap en bruin gestol op waterplant en blaar langs die sleepsel waar die Swarte swaar deur die moeras gebreek het na die digte woud; toe het hulle haastig vir Koki wat koud en styf was soos ‘n bok, op die skouers gelig en die kraal gesoek” (p 27-28).

Die oudste van die vroue het “gesing van die ver tyd toe Koki se vader ‘n sterk man was” (p 28) “en toe ‘t sy die swart dier genoem wat lê in die nag … en Koki se moed … hoe hy uitgedans het om in die swart woud te stry teen iets wat beestelik en magtiger is … van verlore menslikheid; van die klein kraal wat in die swart bome lê en snags straal met sy vure; en sy ‘t gekla: wie hom nou sal red teen die groot dier wat wag, wie sal belet dat hy inkom en heers? … dat die edelste wagter koud lê langs sy vuur, en sy stam lê oop soos ‘n ou kraal in die gras” (p 29).

Terwyl een skreeu van Koki se krag en ratsheid (p 30) het ‘n ander gesê: “Maar Raka was sterker … Die swakste moet buig” (p 31). “Toe was Raka met sy apespring skielik groot in die lae vure se kring: die hek se rieme was slap gebind waar die Swarte reeds in die vrou en kind en die woord van die manne se liedere was … die swart lied is saamgegil met die eerste krete, toe ‘t die bloed geloop … en daar waar Koki se liggaam koud en stil in die gras was, die harder gebrul van die nuwe woede, wat die hutte vul, en die breek en die skeur” (p 31).

“In die môre vroeg het hy naby die hek gelê … en opgestaan later toe dit warm word, en uit die potte die water gedrink en weer by die hek gaan wag” (p 31-32). Later het Raka “hulle maar gedwee en sku om water en kos laat gaan; en Raka, die skelm dier, het opgestaan en hulle laat loop, en self naby gaan jag; maar niemand het gewaag om met een slag die smal hek ooit weer teen hom te sluit” (p 32).

Die Adamastor- en die Raka-verhaal toon talle ooreenkomste. By albei is daar sprake van bloedvergieting, van kultuurbedreiging, van skeptisisme teenoor vreemdelinge. Albei die hooffigure het groot skaamtes. Die kleur van sowel Adamastor as Raka se tande word genoem, maar anders as Adamastor se geel tande wat Brink aanstootlik vind, is dit darem onwaarskynlik dat Raka se wit tande maklik rassisme genoem sou word. Maar die beklemtoning van Raka se swart kleur sal deesdae deur baie as rassisme gebrandmerk word. In die openbare pers word die kleur van nie-wit misdadigers polities korrek tans nooit genoem nie. As ‘n nie-witte presteer, word sy/haar kleur egter uitdruklik genoem: eerste swart man wat dit bereik; eerste swart vrou wat dat behaal, ens.

Die politieke klimaat by Brink en Louw verskil hemelsbreed. Louw het sy teks aan die begin van die 1940’s gepubliseer en Brink syne aan die einde van die 1980’s. Daarby was Louw se politiek (in hedendaagse perspektief) regs en gematig, terwyl Brink s’n links en radikaal was. “Ek glo vas dat geen behoorlike storie ooit vertel kan word sonder ‘n politieke dimensie nie” (André P Brink, ‘n Vurk in die Pad, Kaapstad: Human & Rousseau, 2009, p 226).

Die verskille in die twee tekste is meer opvallend as die ooreenkomste. Die Brink-verhaal stel die wittes as dom voor, terwyl dit in die ander verhaal die swart Raka is wat dom genoem word. In eersgenoemde gaan die witte soos ‘n bobbejaan tekere, terwyl dit Raka is wat aapstreke uithaal. In Louw se teks, anders as by Brink, is daar ‘n duidelike kwalitatiewe voorkeur vir ontwikkelde kultuur, naamlik vir taal en die vermoë om vuur te maak en te weef. By Brink is dit die wittes wat uit die land moet padgee, terwyl die swarte, naamlik Raka, gekom het om te bly. (Die “wit daeraad” verwys na ‘n dooie sebra; nie na goeie vooruitsigte vir blankes nie.)

Meer as sewentig jaar na die verskyning daarvan wil ek nie te veel van die hedendaagse plaaslike politieke werklikheid in Louw se teks lees nie. Maar in daardie opsig bied die teks ongetwyfeld baie moontlikhede. “Oor die vraag wat Van Wyk Louw met hierdie grootse gedig wil sê, is daar heelwat gespekuleer … Louw self het by geleentheid gewys op ‘die biologiese feit dat die vergeestelikte mens wat op ‘n hoër kultuurtrap staan, in die algemeen veel stadiger aanwas as die minderbevoorregte … en dat hierdie proses op die lange duur ‘n groot bedreiging vir die geestelike beskawing van die Westerse mens kan beteken” (JC Kannemeyer, Die Afrikaanse Literatuur, 1652-1987, Pretoria: Academica, 1988, p 139-140). Louw was dus bewus van die swart gevaar en daar was by hom geen sprake van die gelyk- of eendersverklaring van alle mense nie.

Van deurslaggewende belang is dat Raka ‘n dier is en nie ‘n mens nie, sodat ‘n regstreekse analogie uit is. Tog herinner die teks ‘n mens aan die grootskaalse gatswaai wat ons die afgelope twee dekades in die plaaslike politiek, veral onder blanke Afrikaanssprekendes, aanskou het. Byvoorbeeld, hoe baie Broederbonders en soortgelykes nou dieselfde deuntjie as die nuwe heersers sing: “Raka is vreedsaam, Raka is nie sleg.” Daar was aanvanklik ook dieselfde valse optimisme, wat sedertdien selfs by Brink gekwyn het. Bowenal is daar die “verlore menslikheid,” die verlaging of verdwyning van beskaafde standaarde, die naakte geweld en brutalisering van die openbare lewe.

Samevattend kan gesê word dat Adamastor onheil en ellende vir blankes in Afrika voorspel het; dat hier geen veilige tuiste is nie: “My rampspoed sou ewig duur.” In Louw se teks is Koki ‘n gevalle held. In die hedendaagse politiek is FW de Klerk ‘n gevalle anti-held wat toegelaat het dat Nelson Mandela “groot en lang pyn bring.” De Klerk het ‘n pad geloop “wat geen mens terug kan loop.” “Die swakste moes buig.” Noam Chomsky het in 1991 ‘n artikel gepubliseer met die titel: “The weak shall inherit nothing.” Dit is De Klerk wat die rieme eers slap gemaak en daarna die hek heeltemal oop gelos het. Die swart gevaar het die land van Robbeneiland af binnegekom. “Niemand het gewaag om … die smal hek ooit weer teen hom te sluit.” Daar is ‘n noodlottige finaliteit in die laaste sin. ‘n Afrikanerheld sal êrens moet opstaan om te kom help en eerder vroeër as later.

Van doppertunisme tot kommunisme en afrikanisering

Dopper en Anglikaan deel 'n oomblik saam
Dopper en Anglikaan deel ‘n oomblik saam

deur Leon Lemmer

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar ‘n plattelandse prokureur Frederik/Frikkie/FW de Klerk wat ‘n politikus geword het. Hy het konserwatiewe geluide gemaak en op grond daarvan die partyleier geword. Chris Brink het die rektor van die Universiteit Stellenbosch geword omdat hy Afrikaans as onderrigtaal sou bevorder, maar het daarna alles moontlik gedoen om Afrikaans af te skaal (Praag 6 April). Op ‘n soortgelyke wyse is verkeerdelik gedink dat die land veilig in FW de Klerk se hande sou wees. Hy sou kragman speel en met die magte van die bose oor politieke magsdeling onderhandel.

De Klerk het aan die wit kiesers belowe die uitkoms van sy onderhandelinge sou bv eie woongebiede en eie skole wees en niemand sou sy werk verloor nie. Die blankes kon gerus slaap, want die finale ooreenkoms sou aan die blanke kiesers vir goedkeuring voorgelê word. Die boere se kaart en transport sou veilig wees. Daar is nie belowe dat boere nie vermoor sou word nie, want voortgesette wet en orde is as vanselfsprekend aanvaar. Daar sou ook ‘n oorvloed van menseregte wees en die reg op lewe is sekerlik ‘n voorvereistes vir die benutting van al die ander regte. (In die nuwe Suid-Afrika is die boere egter so veilig soos renosters.)

Volgens De Klerk sou hy as’t ware die duiwel se stert knoop. Vir wit en swart sou die nuwe Suid-Afrika ‘n wen-wen-situasie wees. Die groot pluspunte sou wees dat die land vry van rassediskriminasie en die gevaar van kommunisme sou wees. Met van die topposte wat deur geweldenaars beklee word, was die nuwe Suid-Afrika van die begin af sekerlik nie vry van geweld nie. “Geweld is lonend” is ‘n leuse wat goedskiks op die nuwe Suid-Afrika toegepas kan word. Byvoorbeeld, ‘n oudterroris het onlangs ‘n boedel ter waarde van R46 miljoen nagelaat, sonder dat hy ooit ‘n poging aangewend het om die skade te vergoed wat hy aangerig het.

Frikkie het ‘n ouer broer Willem gehad, wat nie so konserwatief soos sy kleinboet wou wees nie. Willem wou graag ‘n uitwaartse en nie-verstokte progressiewe beeld van homself skep. Hy het ‘n onderskeid tussen verligte en verkrampte Afrikaners getref en homself verlig verklaar. Verligtheid het ‘n aansteeklik aantreklike opsie vir Frikkie geword. Die skrywer André P Brink het Frikkie as student op die Potchefstroomse universiteitskampus geken en hom in ‘n Vurk in die Pad (2009) soos volg opgesom. “Sy mees opvallende eienskap was ‘n drang om mense ter wille te wees en ‘n bereidwilligheid, selfs ‘n gretigheid, om nogal laag te kruip om dit te bereik” (p 143-144) en “De Klerk [was] geslepe genoeg as politikus om die tekens van die tye en die luim in die land akkuraat genoeg te lees en daarvolgens te handel … hy het oor die vaardigheid en geslepenheid beskik om dit met styl te doen. Hy was duidelik nog oortuig daarvan dat hy kon voortgaan om die proses te kontroleer en die grense en momentum daarvan te bepaal” (p 441).

As redakteur van Rapport het Izak de Villiers FW de Klerk se grondwetlike onderhandelings eerstehands ervaar: “Volgens my waarneming [het De Klerk] nie eens geweet wat hy aan die bestuur was nie … Die ANC het met hul dreigemente en aksies en charteristiese aanvalle op alle fronte die kitaar geslaan” (Strooidak en Toring, 2009, p 205). Die verloopte Afrikaner Leon Wessels het geskryf: “Die ‘wit saak’ was verlore lank voordat die onderhandelinge begin het” (Die Onvoltooide Vrede, 2010, p 59). De Klerk het te laat tot die besef van die katastrofiese gevolge van sy dade gekom. In 1996, volgens Wessels, “flankeer FW openlik met die gedagte om teen die Grondwet te stem” (p 279). De Klerk het egter sedert 1990 die pad van “onderhandeling” (wesenlik ‘n eufemisme vir toegewings) bewandel en het ook hierdie keer toegegee. Soos De Klerk is Wessels een van diegene wat valslik beweer dat De Klerk ‘n mandaat van die blanke kiesers gehad het om in plaas van magsdeling met algehele magsoorgawe aan die swartes vorendag te kom.

Die ondergang van die blanke bewind in Suid-Afrika kan terug dateer word tot ‘n daad van nepotisme in 1954. Toe Hans Strijdom eerste minister geword het, het hy Jan de Klerk, wat geen parlementêre ondervinding gehad het nie maar sy swaer was, as minister in sy kabinet aangestel. Op grond daarvan word soms beweer dat Jan se seuns, Willem en FW, uit ‘n uitgelese politieke familie kom en daarom uitmunt in politieke insig. Dit is soortgelyk aan die storie wat in Amerika oor die Kennedys versprei is. Joseph Kennedy was as die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje in baie opsigte ‘n volslae mislukking; dermate dat algemeen besef is dat hy nie die Amerikaanse president kon word nie. Maar sy politieke loopbaan is vir propagandadoeleindes as roemryk voorgestel. Op grond daarvan het sy seuns, John/Jack, Robert/Bobby en Edward/Ted opgang in die politiek gemaak, al was hulle in baie opsigte onetiese opneukers met gevaarlik min politieke insig. ‘n Mens moet lugtig wees vir die beeld wat met politieke oogmerke van iemand geskep word.

Die geskiedenis van die universiteit op Potchefstroom het in 1905 ‘n aanvang geneem toe die kweekskool vir Gereformeerde of Dopperpredikante, wat in 1869 te Burgerdorp begin is, daarheen oorgeplaas is. In 1909 het dit ‘n universiteitskollege en in 1951 ‘n universiteit geword. Sedert 2004 vorm die Potchefstroomse kampus saam met die Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus gesamentlik die Noordwes-universiteit. Die Potchefstroomse Universiteit en daarna die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-universiteit staan tradisioneel as die Dopperhemel bekend vanweë die leidende rol wat Doppers deurgaans daar gespeel het. Jan, Willem en Frikkie de Klerk het as Doppers op die kampus spore getrap. Oor die diepte van daardie spore gaan ek my nie uitlaat nie.

FW de Klerk het in 1990 met sy inisiatiewe vir die beloofde wonderlike nuwe Suid-Afrika begin. Hy wou wegbreek van alles wat betreurenswaardig in ons verlede was. Naas geesdriftige ondersteuners was daar heldersiende skeptici wat sonder omhaal van woorde gewaarsku het: HKGK. Van die vroegste kritici was ‘n briefskrywer in Beeld (25 April en 21 Junie 1990) wat die neologisme “doppertunisme” gebruik het om na De Klerk se “kansvattende mentaliteit” te verwys. Die term “doppertunisme” word gebruik om die gedrag van De Klerk en sy meelopers te karakteriseer. Die term kan dus ook op nie-Doppers van toepassing wees. Verder sluit “doppertunisme” sekerlik nie alle Doppers in nie. Die term is wesenlik ‘n sinspeling op “opportunisme,” met ‘n dopper, De Klerk, wat hierin die leiding geneem het. Daar kan bv gesê word dat die FAK meer konserwatief en behoudend as die ATKV is, wat agteroor leun en doppertunisties met sy inklusiwiteit, geregtigheid en transformasie is.

Tydens die grondwetlike onderhandelings is daar kort-kort berig oor wonderlike “deurbrake” wat gemaak is. Aan die twee hoofonderhandelaars, Roelf Meyer van die Nasionale Party (wat eers later amptelik lid van die ANC geword het) en Cyril Ramaphosa van die ANC, is selfs ere-doktorsgrade toegeken omdat hulle glo die byna onmoontlike vermag het. Maar toe die stof van al die gunstige propaganda gaan lê het en besef is dat ongekwalifiseerde gelyke stemreg aan almal toegestaan is, is besef dat wat ook al ooreengekom is met ‘n tweederdemeerderheid deur die oorweldigende getal swart kiesers verander kon word.

Wat mettertyd baie duidelik geword het, is dat FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en (feitlik) al die ander blanke onderhandelaars ruggraatloos ‘n pad van toegewings geloop het. Die punt wat ek wil stel, is dat hierdie doppertunisme in 2014 steeds vaardig op die universiteitskampus in Potchefstroom is. Soos in die geval van die Reitz-insident aan die Universiteit Vrystaat is ‘n onbenullige verskynsel in Potchefstroom, die beweerde gebruik van ‘n Nazi-saluut, opgeblaas tot iets waarmee gepoog is om daardie kampus en veral die kampusbestuur te diskrediteer. Pleks van vas te staan, is doppertunisties aan die ANC se propagandadruk toegegee. Pleks van Dan Kgwadi se aanwysing as rektor te hersien, is hy toegelaat om vroeër beheer oor die universiteit te verkry. Kgwadi is op rekord dat hy die Potchefstroom-kampus wil verswart en verengels. Daarmee gaan die laaste wesenlik Afrikaner- en Afrikaanse kampus van die aardbol verdwyn. Soos aan die Universiteit Stellenbosch (Praag 6 deser) moet apatiese blanke Afrikaanssprekendes hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Maar kom ons toets die hedendaagse praktyk aan ‘n spesifieke verwagting wat De Klerk geskep het, naamlik dat die nuwe Suid-Afrika vry van rassediskriminasie en die gevaar van kommunisme sal wees. Die aangewese plek om dit te toets is by hoër onderwys. Daar is die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Blade Nzimande, die minister en nog ‘n kommunis, Gwebs Qoonde, is die direkteur-generaal. Sover bekend het daar nog nooit besware teen hierdie twee kommuniste uit die universiteitsektor opgeklink nie. Maar dit toon ten minste duidelik aan dat anders as wat De Klerk in die vooruitsig gestel het, die nuwe Suid-Afrika nie vry van die gevaar van kommunisme is nie. Ek sal Nzimande nie die “verantwoordelike minister” noem nie, want hy was glo in 1976 so onverantwoordelik om die biblioteek van die Universiteit Zoeloeland af te brand. Sedertdien het sy deuntjie verander: “Destruction of property … is totally unacceptable and should never be tolerated” (politicsweb 1.10.2012).

Malegapuru Makgoba is die rektor van die Universiteit KwaZulu-Natal (UKZN). Hy en Nzimande is albei Zoeloes en albei glo aan toordokters. RW Johnson het hulle “two Frankenstein’s monsters” genoem (The African University? The critical case of South Africa and the tragedy at the UKZN, Cape Town: Tafelberg, 2012; slegs elektronies beskikbaar; geen bladsynommers nie). Albei “hitched a ride on Zuma’s Zulu caravan.” Terwyl Afrikanerkultuur en -nasionalisme deur Russel Botman soos ‘n onding aan die Universiteit Stellenbosch uitgeroei word, word Zoeloekultuur en -nasionalisme sienderoë aan die UKZN vertroetel. Die ideaal is dat Zoeloe en Engels teen 2016 in gelyke mate (dus 50-50) in die administrasie en onderrig gebruik moet word. “The real political point of all this is not actually to achieve anything worthwhile for the Zulu language but to browbeat and bully the non-African faculty.” Alle studente sal bv ‘n kursus in ‘n Afrikataal, Afrikaans uitgesluit, moet slaag voordat hulle kan gradueer.

Volgens Nzimande is die UKZN die universiteit wat “die meeste gedoen het om met ‘diskriminasie-kwessies te worstel'” (Die Burger, 24.01.2013, p 12). Waarvan Nzimande en Makgoba klaarblyklik hou, is dat kennis van Zoeloe aan die UKZN as ‘n uitsluitingsmeganisme vir blanke, Indiër- en bruin studente en personeel gebruik kan word; iets wat Afrikaans aan geen universiteit mag doen nie. Nzimande het dit reeds in 1996 onomwonde gestel “dat hy gekant is teen die bestaan van Afrikaanse skole en universiteite … dat taal gebruik word om wit skole te waarborg (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, Pretoria, Protea Boekhuis, 2013, p 65, ook p 167). Maar dit is baie duidelik dat Zoeloe aan die UKZN ingevoer word met die spesifieke doel om nie-swartes uit te sluit. Die idee is klaarblyklik dat kennis van Zoeloe swart (veral Zoeloe) -studente en -personeel van mededinging met die drie ander etniese groepe moet vrywaar. Daarmee word eintlik erken dat swartes nie akademies op gelyke voet met die ander etniese groepe kan meeding nie.

Myns insiens is dit duidelik dat rassisme hier ‘n rol speel. Toe Makgoba die rektor van die UKZN geword het, was die meeste dosente afkomstig van die Universiteit Natal wit en daarby manlik, terwyl baie Indiërdosente aan die Universiteit Durban-Westville verbonde was. “Makgoba compared the white males who made up the largest proportion of his academics to supernatural apes” (RW Johnson, South Africa’s Brave New World, London: Penguin, 2010, p 587). Wit mans, volgens Makgoba, “were badly in need of ‘treatment and a proper African rehabilitation’. Indeed, he declared, only when they ate, talked, sang and danced like Africans did they have any hope of being readmitted to the human race. This was nothing less than a declaration of a sort of racial war against non-Africans” (Johnson, 2012). Sou die Menseregtekommissie sonder om ‘n bohaai op te skop blankes toelaat om ongestraf soortgelyke uitlatings oor swartes te maak?

Die lakmoestoets vir die rasgebaseerde greep wat die kommuniste van die departement hoër onderwys en Makgoba op universiteite het, is die “race equity index.” “Equity” beteken billikheid, regverdigheid, onpartydigheid. Wat hier as “equity” voorgehou word, is dat die jongste sensusdemografie (2011) wat betref ras en geslag in sowel die studente as personeel van universiteite weerspieël moet word. As die Suid-Afrikaanse bevolking sê 80% swart is, is die ideaal dat sowel die studente as personeel aan elke universiteit 80% swart moet wees. Dit maak nie saak as die bevolking van die Wes-Kaap sê 50% bruin is nie. Volgens die nasionale demografie is daar sê 10% bruines, gevolglik is die “race equity index” vir bruines vir elkeen van die Wes-Kaapse universiteite 10% en nie 50% nie. Hierdie 10% bruines geld ook vir al die ander universiteite.

Die verskil tussen swart en nie-swart is dat daardie universiteite wat demografies te min swartes het aan staatsubsidie gaan inboet. Amptelik is verklaar dat die befondsing van ‘n universiteit afhang van “the proportion which an institution has of students of disadvantaged background” (Kapp p 222). Oor daardie universiteite wat demografies te veel swartes het, bv meer as 80%, sal geen kommunistiese of ANC-haan kraai nie; hulle sal eerder by nog hoër subsidiëring baat. Dat dit vir die ANC-regering in die eerste plek om swartes gaan (en nie om die ander drie etniese groepe nie) is tot sy ontnugtering by Russel Botman tuisgebring toe die Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys die Universiteit Stellenbosch besoek het. Dit is toe baie duidelik gemaak dat neo-swartes soos Botman en ander bruines nie as werklik swart deur die ANC-regering erken word nie (Kapp p 181).

Die spel waarmee die ANC-regering besig is, is kwantiteitgebaseerde sosiale manipulering. Die beginsel waarvan uitgegaan word, is dat kwalitatiewe oorwegings nie mag geld nie. Ingevolge doppertunisme geld ongekwalifiseerde algemene stemreg in die nuwe Suid-Afrika. Dit word misbruik as amptelike erkenning dat alle kiesers gelyk en eenders is. Maar daar is etniese redes wat dit vir die ANC-regering moontlik maak om sommige groepe te bevoordeel (veral swartes) en ander (veral wittes) te benadeel. Van die hoogste tot die laagste vlak word mense uitruilbaar geag. Sonder dat daar ‘n opmerklike verlies aan bv insig, kundigheid, arbeidsaamheid, ens, sou wees, kan swartes glo die hoogste poste beklee en in dieselfde mate as bv wittes uitmuntend presteer. In die nuwe Suid-Afrika ervaar ons daagliks die onbetwisbare waarheid van Lemmer se Wet: Vir elke pos en veral vir dié wat reuseverantwoordelikhede dra en buitensporige vergoeding meebring, is daar ‘n leërskare swartes wat daarop aanspraak maak. Die vergoeding is die aas; nie die verantwoordelikhede nie. Mits jy swart is, is jy ten koste van die land as’t ware op jou Nkandla geregtig.

Die konkreetste bewys van die mag van kommunisme in die nuwe Suid-Afrika en ‘n toonbeeld van onverbloemde rassediskriminasie is die brousel genaamd “race equity index” wat Nzimande en Makgoba opgedis het (Nicola Jenvey, “Race equity index for universities stirs controversy,” University World News Global Edition, Issue 294, 1.11.2013). Die oorsigkomitee oor transformasie

“found that it could take 43 years to achieve racial balance among staff in universities and proposes new admissions policies and funding penalties against untransformed institutions. The report submitted to the parliamentary portfolio committee on higher education late [October] also calculated that it could take more than a dozen years before student enrolments mirrored national demographics … Nzimande … announced the oversight committee last January and called on it to report, among other things, on discrimination in higher education, and to advise him on policies and strategies to combat discrimination and promote positive institutional cultures for staff and students.” Nzimande is dus eerder in ideologie as akademiese gehalte geïnteresseerd.

“The study showed South Africa’s previously advantaged institutions had poor equity indices, but scored well as high-level knowledge producers. Correspondingly, universities of technology and several formerly disadvantaged institutions produced ‘little research, but have a good equity profile’ …North West University Rector Dr Theuns Eloff slammed the report, arguing that the index could not be used as a departure point since crucial factors like the regions that universities served were not taken into account … other factors equally essential but ignored were the quality of higher education offered and sub-standard school education. Some regions also had higher concentrations of certain race groups. Correspondingly, the current equity index approach would land institutions like the historically disadvantaged University of Venda in trouble as it had too few white students, or the University of the Western Cape for having too many mixed-race students.”

Tydens die parlementêre komiteebesprekings het dit geblyk “North West University was the only institution that had questioned the study.” Dalk verklaar dit die veldtog wat sedertdien deur die ANC en sy meelopers, soos Adriaan Basson en Hannelie Booyens, teen die Potchefstroom-kampus gevoer is. Universiteit Stellenbosch (US) “had welcomed the study as a tool showing how bad its situation was and how it could plan to improve.” ANC-kameraad Russel Botman gryp dus hierdie sotlike anti-akademiese voorstelle aan as ‘n instrument wat hy kan misbruik om die US verder en vinniger te verswart en verengels en by implikasie blankes en Afrikaans in selfs groter mate te benadeel.

Reeds in 2004 het Makgoba geweet daar is mense “saying restructuring was a front for an ‘exclusivist Africanisation agenda and the inevitable drop in academic standards … there are people who question the capacity of the restructuring process alone to bring about real transformation in our higher education institutions.'” Met ander woorde, die tyd vir ANC-dwang om te konformeer (bv finansieel, of die oorname van ‘n universiteit deur ‘n ANC-kornuit as administrateur) het heel moontlik aangebreek. Daarom sluit Jenvey se artikel af met hierdie sin: “Can these be considered as prophetic words nearly a decade later?”

Die uitgangspunt van die transformasieproses is klaarblyklik foutief. Soos Allan Bloom tereg opmerk behoort dit te gaan om “better education for the best people” (The Closing of the American Mind: How higher education has failed democracy and impoverished the souls of today’s students, London: Penguin, 1988, p 49). Nzimande, Makgoba en baie van die ideoloë in die ANC is met ras en geslag gepreokkupeer. Die genoemde ondersoek het baie duidelik getoon: Hoe minder getransformeer ‘n universiteit is, des te beter die akademiese prestasie daarvan. Nou wil die ANC-regering juis om rassistiese en geslagsredes versnelde transformasie en al hoe erger verlaging van onderrig- en navorsingstandaarde hê.

Sedert 1994 het die ANC-regering skoolonderrig in die afgrond in bestuur. Hy is vasbeslote om dieselfde met universiteite te doen. In die vorige eeu het heldersiende blankes tereg teen die rooi gevaar en die swart gevaar gewaarsku. Ek voorsien rampspoed soortgelyk aan dié van onderwys by grondhervorming. Onderwystransformasie gaan die gees van inwoners al hoe meer verarm. Grondhervorming gaan hongersnood vir inwoners se liggame meebring. Moontlik sal dít die uiteindelike resultaat van doppertunisme wees, wat op sy beurt die gevolg van ‘n enkele nepotistiese wandaad in 1954 is.

Maties en Afrikaans

matiesdeur Leon Lemmer

Die historikus Pieter Kapp was tot 2011 jare lank die president van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US). Tydens die rektorskap van Chris Brink en Russel Botman het Kapp die stryd om die behoud van Afrikaans as onderrigtaal meegemaak. Ek skryf vandag na aanleiding van sy boek, Maties en Afrikaans: ‘n Besondere Verhouding, 1911-2011 (Pretoria: Protea Boekhuis, 2013, 261p, R150). Kapp gee gesaghebbende perspektief op wat plaasgevind het; ook agter die skerms. Die boek is meer werd as korale.

Wat dadelik opval, is dat Naspers se uitgewerye en die US nie by die publikasie betrokke is nie. Dit dui myns insiens op hierdie instansies se negatiewe gesindheid jeens Afrikaans. Naspers sal boeke in Afrikaans publiseer (en glad te dikwels met Engels in die titel) mits dit polities korrek is, maar nie boeke oor Afrikaans nie. Onlangs is bv Ilse Salzwedel en Christo van Rensburg se boeke deur Lapa gepubliseer, terwyl Protea Boekhuis die boeke van Daniel Hugo en Pieter Kapp uitgegee het. Anders as die huidige US, sou die US van weleer sekerlik graag Kapp se boek om die oog op die universiteit se eeufees gepubliseer het.

Die besondere verhouding van die US met Afrikaans, wat in die boektitel genoem word, blyk reeds in die voorwoord:

“Die behoefte aan onderrig in en deur Afrikaans/Hollands was trouens die vernaamste enkele rede om ‘n universiteit op Stellenbosch tot stand te bring” (p 7).

Maties-en-Afrikaans-voorbladDie teks begin met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795 en die daaropvolgende verengelsing van veral die Kaapstadse openbare lewe, maar “Stellenbosch was deur en deur ‘n Hollandse dorp” (p 12). Die Victoria Kollege, waar grade verwerf kon word, is in 1874 gestig. Die onderrigtaal was Engels. “Hoewel soveel studente-aktiwiteite en veral publikasies in Engels geskied het, dit deur Afrikaanse studente geskryf is” (p 32). Deesdae is dit weer só aan die US. Kyk of dit moontlik is om Afrikaanse teks op die studentewebwerf Bonfiire Stellenbosch te vind.

Na die Slag van Amajuba (1881) “het die atmosfeer aan die Victoria Kollege begin verander van apatiese aanvaarding van Britse imperiale oppergesag en die Victoriaanse kultuur na ‘n soeke na ‘n eie plek, rol en identiteit” (p 15). NJ Hoogenhoudt het die Zuid-Afrikaansche Academie voor Taal en Letteren in 1910 oorreed om hom vir ‘n universiteit te beywer waar onderrig in Afrikaans/Hollands tot sy reg sal kom. DF Malan (1874-1959) was ‘n vroeë kampvegter vir Afrikaans. Hy het daarop klem gelê “dat die taal die eenheidsband tussen die individu en die volk is, taal is soos die skil van die vrug, die een wat alles insluit en saambind” (p 28).

Na analogie van Vlaamse universiteite was Willem Blommaert (1886-1934), ‘n dosent aan die Victoria Kollege, se standpunt: “Moet nie tevrede wees met ‘n tweetalige universiteit nie, eis ‘n eentalige een” (p 30). Stellenbosch was meer as 90% Afrikaanssprekend. Gordon Tomlinson (1887-1955) het in 1912 geskryf: “De Universiteit is daarenboven ‘n middelpunt van geestesleven, dat direkt of indirekt op het ganse volk ‘n grote invloed uitoefent” (p 30). “Die taal skep die band tussen [des]kundigheid, vaardigheid en die volk. Dit skep die brandpunte van toewyding en lojaliteit aan die vaderland” (p 31). In 1914 skryf Tomlinson dat “Afrikaans die uitdrukkingsmiddel is van die gedagte van ‘n herleefde volk” (p 37).

In 1912 is aan die Victoria Kollege ‘n manifes opgestel waarvolgens Stellenbosch “de plaats [is] waar het Afrikanervolk zijn idealen het best kon verwezenliken … Zij staat voor een idee! Zij is daarom voor het volk geworden niet een blote opvoedingsinrichting … maar een simbool van de waarborg van eigen krachtig, groeiend, uitdrukking zoekend national leven” (p 39). Die raad van Victoria Kollege het in 1915 die stigting van “een echte Hollandsch-Afrikaansche universiteit” versoek (p 40). In 1916 het sy senaat besluit dat lesings in Hollands aangebied moet word. Vir hierdie doel het Jannie Marais ingewillig om ₤100 000 te skenk “op voorwaarde dat Hollands/Afrikaans geen minderwaardige plek aan die universiteit sal beklee nie” (Victoria College Calendar, 1916, p 31; Kapp p 41). Dit impliseer nie dat die US van sy oorsprong af ‘n dubbelmediumuniversiteit was nie. Hierdie bewoording is omsigtigheidshalwe gebruik om te voorkom dat die Engelsgesinde regering die stigting van die universiteit afkeur. Die transformasie van Victoria Kollege na US was van die begin af van ‘n Engels- na ‘n Afrikaansmediuminrigting.

Die US het amptelik in 1918 tot stand gekom. By die aanvang het NJ Brümmer (1866-1947), die eerste professor in filosofie, gesê: “De universiteit is niet slechts een school voor hogere ontwikkeling, maar een brandpunt van de volksbeschawing en ‘t objektiewe monument van de volks-kultuur. Als de omgeving van de universiteit een gees ademt die niet de nationale is en de professoren niet uit ‘t volk zijn, dan is zulk een universiteit een dreigend gevaar voor ‘t volk dat ze voorgeeft te willen dienen” (p 41, 47). (Is die huidige US bloot ‘n dreigende gevaar of reeds eerder ‘n werklike gevaar?) Die US is destyds ‘n volksuniversiteit genoem. Engels as onderrigtaal is uitgefaseer en Afrikaans ingefaseer namate die Engelstalige dosente uit die era van Victoria Kollege afgetree het. Reeds in 1919 is die helfte van die vakke deur die medium van Afrikaans onderrig. (Pas is aangekondig dat die US teen 2018 43,7% van sy voorgraadse klasse uitsluitlik in Engels gaan aanbied.) Destyds was die verafrikaansing onstuitbaar. “Daar was geen transformasieprosedure of -proses nie” (p 46).

In 1919 is ‘n leerstoel in Afrikaans aan die US ingestel, met J(ohannes) J Smith as die eerste hoogleraar. In 1920 het hy gesê dat “‘n selfbewuste, selfstandige Afrikaanse volk sonder Stellenbosch nie moontlik is nie” (p 49). “Die Studenteraad het hom reeds in 1921 tot [tweetaligheid] verbind met die duidelike verstandhouding dat Afrikaans eventueel die enigste onderrigtaal sou wees, maar dat nie-Afrikaanssprekendes welkom is en Engels kan gebruik om hulleself uit te druk” (p 50). Hoe vooruitsiende hierdie standpunt was, blyk uit die feit dat Die Burger van sy eerste uitgawe in 1915 tot 1922 nog oorwegend in Nederlands gepubliseer is.

Die 1921-standpunt van die studenteraad was US-beleid en -praktyk vir die res van die vorige eeu. Sedert die 1960’s het die getal Engelstalige studente aan Afrikaanse universiteite gegroei, onder meer omdat konserwatiewe studente onwelkom op die Engelse kampusse gevoel het. Aan die US kon hulle hulle skriftelike werk in Engels inlewer. Die voorlesings was in Afrikaans en die Engelstaliges het vir lief hiermee geneem. Die meeste handboeke was in Engels. Hierdie opset het tweetaligheid by al die studente bevorder.

Al is die US gestig om eentalig Hollands/Afrikaans (en nie Engels nie) te wees, was daar “nie sprake van isolasie of afsondering van wat op die internasionale wetenskaps- en universitêre toneel gebeur nie” (p 48). Baie van die dosente het hulle gevorderde grade in die buiteland verwerf. “In 1926 is ook ‘n gereelde uitruiling van dosente met buitelandse universiteite ingestel” (p 48-49). Kapp noem “dat die US trots is op sy Afrikaanse eersgeboortereg” (p 57; ook p 72, 224). Kontrastreer dit met Russel Botman se hedendaagse gehamer op “vrygebore” studente; diegene wat sedert die land se oorgang (eerder ondergang) na demokrasie gebore is. Moontlik ervaar nie-wittes gedwonge rasse-integrasie as vryheid. Swartes kan immers vryelik kies of hulle van ‘n tradisioneel swart, bruin, Asiatiese of wit skool, universiteit, woongebied of gerief gebruik wil maak. Vir die wittes word geen eksklusief eie etniese of Afrikaanse geriewe gegun nie. Gedwonge rasse-integrasie word deur baie (moontlik die meeste) wittes ongetwyfeld as nie-vryheid ervaar.

Veral sedert die Nasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het, is Afrikaans met Afrikaner-nasionalisme geassosieer. Afrikaans is soms/dikwels as die vernaamste kenmerk van Afrikaners beskou. In 1968 het Willem de Klerk (FW se broer) ‘n onderskeid tussen verligte en verkrampte Afrikaners getref. Aanpassings aan die regeringsbeleid is voorgestel. Van die hervormings wat bepleit is, is dat universitêre leergange meer “relevant” moet wees (p 57). “Dit val op dat Afrikaans hoegenaamd nie as ‘n struikelblok vir sodanige aanpassings beskou is nie” (p 60). In 1977 het die US en die regering ooreengekom dat nie-wit studente daar kon registreer vir studierigtings wat nie aan die universiteite vir nie-wittes aangebied is nie. In 1980 het die studenteraad hom teen sowel rassediskriminasie as geweld uitgespreek. In 1989 is die US-koshuis Goldfields vir nie-wit studente geskep, met Willie Esterhuyse as huisvader.

“Die bevraagtekening van Afrikaans as ‘n struikelblok [sou] eers in die jare negentig deur dosente onder die studente ingedra word” (p 60), dus na FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990, wat die era van swart mag ingelui het. Dadelik is ingesien dat dubbelmediumonderrig “die skrif aan die muur vir Afrikaans” sou wees (p 64). Jan Sadie, ‘n US-dosent in ekonomie, “het gewaarsku dat die aandrang dat universiteite uitnemendheid moet prysgee die wese van ‘n universiteit aantas … dat onderwys gedoem is sonder meriete … Hy het Stellenbosch gewaarsku dat universiteitsonderwys ‘n meritokrasie en geen demokrasie is nie” (p 62). “Onderwys is die groot treffer van die onderskeid tussen die talentvolle en die armoediges van gees … Dít maak inrigtings elitisties” (p 64).

Aanvanklik was veral US-dosente by die taalstryd betrokke. Hennie Kotze wou hê dat die demografie in die studentegetalle en US-raad weerspieël moet word. Bernard Lategan en Johan Hattingh het beweer dat die Afrikanerkultuur en Afrikaans nie beskerm hoef te word nie. Amanda Gouws wou nie hê dat Afrikaans amptelik die enigste onderrigtaal moet wees nie. Willie Esterhuyse het gemeen Suid-Afrika kan nie vyf Afrikaanse universiteite bekostig nie. (Noudat die laaste wesenlik Afrikaanse kampus, Potchefstroom, op die punt staan om na Engels getransformeer te word, gaan Esterhuyse beswaar teen te min Afrikaanse universiteite opper?) Esterhuyse het “Afrikaanse onderrig aan Stellenbosch bestempel as ‘n struikelblok om swart studente te trek” (p 63).

Philip Nel se standpunt was: “‘n Universiteit wat die naam universiteit werd wil wees, kan nie net een kultuur dien nie. Stellenbosch kan nie ‘n tuiste vir Afrikaanssprekendes wees nie, want dan sal hy ‘n swak intellektuele tuiste wees” (p 65). Fanie Cloete het as die luidste propagandis vir verengelsing ontpop. Later het Ruda Landman as raadslid ‘n soortgelyke standpunt gehuldig. Haar man, JP Landman, het in 2009 “met heelwat arrogansie die strewe om Afrikaans se plek op Stellenbosch te verskans as die lelike gesig van Afrikaans beskryf” (p 179-180).

Let op dat al die genoemdes in die vorige twee paragrawe Afrikaanssprekendes is wat hulle vir die benadeling van Afrikaners en Afrikaans beywer het. In 2002 is bevind “dat dit Afrikaanse mense is wat Stellenbosch verengels” (p 82). In 2009 het Leopold Scholtz geskryf: “Afrikaners self is die grootste vyande van Afrikaans met hulle onbegrip vir die belangrikheid van taalregte” (p 179). Die skrywer Abraham Phillips het sy standpunt soos volg gestel: “Die aanslag teen Afrikaans tas [Afrikaanssprekendes se] basiese menseregte aan en is daarom ‘n middel van onderdrukking en marginalisering” (p 235).

Die anti-Afrikaanses het, soos verwag kon word, steun uit ANC-geledere gekry. Blade Nzimande het dit reeds in 1996 onomwonde gestel “dat hy gekant is teen die bestaan van Afrikaanse skole en universiteite … dat taal gebruik word om wit skole te waarborg” (p 65; ook p 167). In werklikheid kan Engels op presies dieselfde manier as Afrikaans sommige skoliere en studente uitsluit. Die probleem is dat die kommunis Nzimande die minister van hoër onderwys is en dat universiteite, anders as in beskaafde Westerse lande, in werklikheid nie outonoom is nie. Amptelik is verklaar dat die befondsing van ‘n universiteit afhang van “the proportion which an institution has of students of disadvantaged background” (p 222).

‘n ANC-parlementslid, Jan Momberg, het hom beywer om die taalklousule in die 1992-wet, wat bepaal dat die US ‘n Afrikaanse universiteit is, geskrap te kry. Die Nasionale Kommissie vir Hoër Onderwys het aanbeveel dat Engels die enigste werktaal moet wees. Die skryfster Sonja Loots het in 2000 “betoog dat dit nie die ANC is wat Afrikaans bedreig nie, maar die taalstryders en feeste soos die KKNK en die idee van ‘n afsonderlike Afrikaanse TV-kanaal” [!] (p 74). Die joernalis Hannelie Booyens is geïrriteer deur “die fascistiese en chauvinistiese Dan Roodt-trawante” (p 75). Ronnie Belcher, sowel skrywer as Afrikaans-dosent, het ontken dat die US die reg het om Afrikaans te wees. Koos Kombuis het die “gejil van die taalstryders” veroordeel (p 145).

Die rektor, Mike de Vries, het in 1990 gesê “dat almal wat Afrikaans kan verstaan, welkom is op Stellenbosch, maar toelatingsvereistes gaan nie verlaag word om die demografiese profiel van die land te weerspieël nie” (p 62). Pierre du Toit het gedink dat die ANC se “transformasie die intrinsieke waarde van taalgemeenskappe misken. Om ‘n taal te beskerm moet dit op skole en universiteite verskans word … ‘n Taalgemeenskap moet ‘n eie universiteit kan opeis” (p 64). Andreas van Wyk het as rektor in 1996 gesê “dat Afrikaanse instellings van nature veeltalig is en dat die Wes-Kaap, met ‘n Afrikaanse meerderheid, twee Engelstalige universiteite [UK, UWK en daar is nou ook die Cape Peninsula University of Technology] en een Afrikaanse een [US] het” (p 65).

Die US-raad het ‘n visie vir die 21ste eeu aanvaar waarvolgens die universiteit sy Afrikaanse karakter sou behou. Die US het hom verbind “om taalvriendelik te wees, met Afrikaans as vertrekpunt” (p 78). “Die keuse van die woord vertrekpunt eerder as basis sou later die onderwerp van heftige debat word” (p 79). Dosente wat nie Afrikaans magtig is nie, is verplig om binne twee jaar ‘n werkbare kennis van Afrikaans te bekom. Die idee was dat die US “die bakermat van Afrikaans, die simbool van Afrikaans en ‘n intellektuele kragbron van onskatbare waarde” moet wees (p 75).

Johan Degenaar het in 1999 (en in 2000) gewaarsku: “Voortdurende waaksaamheid is noodsaaklik, want die gevaar van kulturele imperialisme en die program van nasiebou hou ‘n bedreiging vir die taal en kultuur in” (p 71). Daarteenoor was die ANC en sy meelopers se standpunt: “Minderheidskulture moet … in ‘n konformistiese massakultuur geabsorbeer word en identiteit moet nie selfbepalend gekonstrueer kan word nie, maar polities deur mag en sosiale manipulering bepaal word” (p 70-71). Presies dít word deesdae jaarliks deur Russel Botman op die US-kampus onder die vaandel van diversiteit gevier (Praag 29.09.2013).

Die verengelsing van die US, met die gepaardgaande afskaling van Afrikaans, het tydens die bewind van Chris Brink (2002-2007) in alle erns begin. Hy kom van Upington af en is van huis uit so Afrikaans soos boerseep. As hy ‘n aantal jare aan ‘n Vlaamse universiteit deurgebring het, sou hy insig in die stryd van ‘n minderheidstaal gehad het. Hy was egter aan ‘n Australiese universiteit verbonde en het toe heeltemal oorboord met sy entoesiasme vir Engels as wêreld- en akademiese taal gegaan. Tydens Brink se onderhoud om die rektorspos was sy standpunt dat Afrikaans “bestuur” kon word. (‘n Mens kan natuurlik iets bestuur sonder om dit lief te hê.) Om sy aanstelling te verseker, het Brink mooi broodjies gebak. Hy het beweer dat hy “‘n sterk ondersteuner van US as Afrikaanse universiteit is en dat hy die onderrig en navorsing deur medium van Afrikaans wil versterk en uitbou … Hy [het] herhaaldelik die versekering gegee dat Afrikaans veilig in sy hande is … Stellenbosch kan in en deur Afrikaans transformeer” (p 76-77). Brink: “Ek sien US as sentraal binne ‘n ‘Afrikaanse Renaissance'” (p 76).

Die US-raad het Brink nie as ‘n Judas-figuur getakseer nie en hom aangestel op grond van die sterk pro-Afrikaanse standpunt wat hy aan hulle gestel het. Die praktyk het geblyk anders te wees. “Vir die nuwe US-bestuur was die kwessie van Afrikaans nie in sigself ‘n selfstandige prioriteit nie” (p 78). ‘n Taaloudit is in 2002 aan die US gedoen om vas te stel in watter mate die studente Afrikaans was. Daar is bevind “dat 73% Afrikaans as huistaal en 26% Afrikaans as tweede taal op skool gehad het en dat 86% van die studente se voorkeurtaal Afrikaans is” (p 79). Amptelik is egter beweer dat net 55% van die studente Afrikaans as huistaal het en 45% Engels.

Brink het voorgegee “dat daar jaarliks ‘n sterk swaai na Engels is” (p 79). Hy het ‘n groter akkommodasie van Engels bepleit. “Hy het selfs so ver gegaan om die stelling te maak dat hy op kampus onder die studente ewe veel Afrikaans en Engels hoor. Dit beteken dat die aanspraak dat US ‘n Afrikaanse universiteit is, ongegrond is” (p 79). In 2005 het Brink ‘n pro-Afrikaanse petisie teen dubbelmediumklasse met 3 600 handtekeninge van studente stilweg in sy kantoor ontvang; skynbaar omdat hy wou verseker dat die minimum publisiteit daaraan verleen word.

Leon de Stadler se vertolking van die taaloudit was “dat Afrikaans die uitgangspunt van die US is, maar dat dit nie diversiteit en meertaligheid mag uitsluit nie” (p 79). Daarna het De Stadler, ‘n Afrikaanse taalkundige, dikwels as spreekbuis ter regverdiging van Chris Brink en Russel Botman se afskaling van Afrikaans opgetree, bv dat die US se “swak diversiteitsprofiel ‘n bepalende faktor” in die taalkwessie is (‘n suiwer politieke of ANC-argument) en dat die US “‘n goed bestuurde model [volg] wat sal verseker dat probleme billik hanteer word” (p 220). In 2009 het De Stadler selfs “openhartige en eerlike debat as ‘n gevaar vir Afrikaans beskryf” (p 180). Hy en sy komitee het hulle net ‘n enkele keer verwerdig om met die konvokasiebestuur in gesprek te tree en wel eers in 2007. Ten spyte van die kolossale afskaling van Afrikaans wat daar tydens die rektorskap van Brink en Botman plaasgevind het en die dikwels chaotiese taalonsekerheid, bly De Stadler se deuntjie dieselfde: dat ‘n “goed bestuurde model” aan die US gevolg word (p 220).

Die volgende skuif van die Taaltaakgroep was dat die US ‘n meertalige universiteit moet wees wat Afrikaans bevorder. Daarteenoor het die konvokasie verklaar dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet wees wat meertaligheid bevorder. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wou hê dat Afrikaans die ankertaal moet wees. Primêre, vertrek-, verstek-, ankertaal, ens, is terme wat onnodiglik hulle intrede gemaak het omdat afgewyk is van die gesonde historiese vanselfsprekendheid dat Afrikaans die enigste US-onderrigtaal is.

Voordurend is gepoog om die US los van Afrikanerkultuur te maak:

“Moedertaalonderrig geld nie vir universiteite nie. Akademiese voortreflikheid kan hoofsaaklik net deur Engels bereik word. Taal is ‘n saak van aanvraag en voorsiening. Markkragte is ‘n belangriker faktor as taalregte. Afrikaanse vaktaal is nie mededingend genoeg om internasionaal te wees nie. Die grootskaalse afskaling van Afrikaans aan die US sal nie verskil maak aan die Afrikaansheid van Stellenbosch nie”[!] (p 81-82).

‘n Kandidaat vir die studenteraad, Yvonne Malan, het diegene wat hulle vir die heil van Afrikaans beywer, afgemaak as “ou mans met grys skoene” (p 82). Die sangeres Karen Zoid het vere vir ‘n pro-Afrikaanse taalstrewe gevoel. Die skryfster en Afrikaans-dosent Marlene van Niekerk het Brink se verengelsingsbeleid gesteun en Afrikaans “‘n geformaliseerde kreool van Nederlands” genoem (p 85). Afrikaans het deurlopend veld verloor. Afrikaans het die primêre voorgraadse onderrigtaal geword, met Engels as die primêre (en spoedig feitlik enigste) nagraadse onderrigtaal. Om gemoedere te sus, het Brink beweer dat “die US nie op ‘n glybaan na verengelsing is nie” (p 88).

Vervolgens het die doelbewuste verswarting van die studentekorps en personeel aan die beurt gekom. Albei moes “meer verteenwoordigend” word. Een van die uitkomste van “diensbillikheid” was dat ‘n moratorium op die aanstelling van wit mans geplaas sou word. Francois Viljoen het die beleid as selfinkriminerend beskryf omdat dit “die belangrikste bron van uitnemendheid – wit mans – wil uitsluit” (p 93). Die Vroueforum het gehou van die voorneme om vroue in topposte aan te stel. Skielik was daar “aangewese groepe” wat bevoordeel moes word, met die implikasie dat ander groepe (blankes, veral mans) maar benadeel mag word.

Christo van der Rheede het gereken dat “Stellenbosch se deure wyer oopgemaak moet word vir die ontmagtigdes” (p 120). Geen akademiese argument is ten gunste van hierdie rassistiese en seksistiese sentimente aangevoer nie. (Dit is myns insiens bloot ‘n geval van ANC-gedienstigheid.) Willie Esterhuyse en Fanie Cloete het die teenstanders van “regstelling” as rassiste beskou. In 2010 het Van der Rheede so ver gegaan om universitêre Afrikaans met die raskwas by te kom deur te beweer dat “die hoër funksies van Afrikaans … ‘n behoudende en etnies gedrewe denkraamwerk dra” (p 185).

Die Afrikaanse skrywer André P Brink het sinvol in die bres getree deur te verklaar “dat die Suid-Afrikaanse samelewing nie normaal kan funksioneer as mense nie op meriete beoordeel word nie. Regstellende aksie … bevestig dat Suid-Afrika nog nie ‘n normale samelewing het nie” (p 91). Etienne van Heerden was ook teen die “eroderingsproses van Afrikaans” (p 119). In 2009 was sy oproep: “Wees skaamteloos wat jy is” (p 197). Abraham H de Vries het deurgaans met pro-Afrikaanse uitsprake vorendag gekom, bv “om in Afrikaans onderrig te wil word, [is] so normaal soos om in Engels onderrig te wil word” (p 140).

Breyten Breytenbach het hom in 2007 skerp teen Chris Brink se taalbeleid uitgelaat en ‘n Keniaanse skrywer aangehaal waarvolgens “taal meer as blote kommunikasiemiddel is; dit is die wese van ons bestaan, die ware kern van ons siel” (p 154). In 2010 het Breytenbach genoem “dat dit ‘n gebrek aan wil was dat Afrikaans se posisie verswak” (p 223). Chris Brink het daarteenoor beweer dat “die standaarde verhoog [het] sedert transformasie ingevoer is” (p 110).

Teen 2004 was Afrikaans voorgraads die verstektaal. Alle dosente moes binne twee jaar na aanstelling in staat wees om studentewerk in albei tale te beoordeel. Chris Brink het dit reeds in 2005 verwater met sy standpunt dat uitnemendheid die hoogste maatstaf by die aanstelling van dosente is (wat duidelik strydig met die voorkeur vir sekere groepe soos nie-wittes en vroue is) en “hy daarom nie daarop kan aandring dat departemente die taalfaktor by aanstellings in oorweging moet neem nie” (p 113).

Volgens die beleid kon dubbelmediumklasse (50% Afrikaans, 50% Engels) net op eerstejaarsvlak en na spesiale goedkeuring aangebied word. Die Fakulteit Lettere (met Anton van Niekerk in sy geledere, bv as dekaan) het egter hierdie vergunning, wat veronderstel was om uitsonderlik te wees, sonder raadsgoedkeuring na al die voorgraadse jaargange uitgebrei. Die Fakulteite Teologie en Gesondheidswetenskappe het dieselfde gedoen. Teen 2006 is geen voorgraadse klasse uitsluitlik in Afrikaans meer in die Fakulteit Lettere aangebied nie. Brink het dit oogluikend toegelaat.

Thabo Mbeki het die US gewaarsku om “in die hoofstroom te kom” (p 100); ‘n stroom wat sekerlik swart is. Naledi Pandor het gedink “buitengewone status vir Afrikaans of enige ander taal sal moeilik in ‘n demokratiese land geregverdig kan word” (p 100). Gerieflikheidshalwe het sy van Engels se buitengewone status vergeet. Jakes Gerwel, wat die UWK tot ‘n uitsluitlik Engelse inrigting getransformeer het, het verklaar dat “taal as identiteitsvorming sy waarde verloor het en dat in ‘n nuwe Suid-Afrika Afrikaans nie belangrik sal wees nie” (p 101). Geen wonder dat die ANC-regering Gerwel aangestel het om verslag oor Afrikaans as universiteitstaal te doen nie. Richard van der Ross, daarenteen, het ‘n mosie gesteun waarvolgens transformasie deur die medium van Afrikaans kan geskied.

‘n Dosent in beeldende kunste, Sandra Kloppers, het in die Brink-era verslag oor diversiteit gedoen: “Afrikaans is die groot struikelblok wat transformasie en diensbillikheid teenwerk … Die klem op Afrikaans bevorder by studente ‘n vyandige gesindheid teenoor nie-Afrikaanssprekendes en ontmoedig diversiteit” (p 101). Brink het hierdie sentiment ge-eggo deur “die ‘taalstryders’ daarvan te beskuldig dat hulle Afrikaans ondermyn deur geen vriende vir die taal onder andertaliges te wen nie” (p 118). Reeds voor dit het Brink gereken “Maties moes leer om van iets anders as Afrikaans te lewe” (p 102). “Afrikaans kan net in ‘n bondgenootskap met ander inheemse tale onderhou en uitgebrei word” (p 111). Dieselfde drogredenasie word deesdae in die Afrikaanse Taalraad, en by name by Wannie Carstens, aangetref.

In 2005 het die voorsitter van die US-raad, Edwin Hertzog, dit gestel dat die raad Afrikaans goedgesind is, “maar die taal is nie die voorwaarde vir die voortbestaan van die US nie” (p 114). In 2006 het Hertzog gesê as die US 80% Engels en 20% Afrikaans is, “is hy gelukkig” (p 152). Met ‘n rektor soos Brink en ‘n raadsvoorsitter soos Hertzog was Afrikaans se vooruitsigte uiters droewig. Toe die konvokasie met reg besorg oor die voortgesette afskaling van Afrikaans en moeg vir al die misleiding was, is ‘n onafhanklike taaloudit en die aanstelling van ‘n onafhanklike taalombudsman versoek. Dit is sonder meer geweier.

Daarna het Brink sonder raadsgoedkeuring en teen ‘n koste van R95 000 vir die US ‘n “onafhanklike” meningsopname laat doen. Brink het op grond daarvan beweer dat 80% van die oudstudente die US se taalbeleid steun. Jaar na jaar was die konvokasie-verteenwoordigers in die US-raad egter juis diegene wat Brink se afskaling van Afrikaans teengestaan het. Dit is waarom hulle as buitestanders geëtiketteer is. Later is daar selfs gepoog om die getal konvokasie-verteenwoordigers in die US-raad te verminder. Brink het selfs advertensies geplaas om die stemming vir konvokasie-lede te probeer beïnvloed. Daarby is baie donateurs onwettig ontkies om die stemme wat vir daardie raadslede uitgebring word pro-Brink te beïnvloed.

Kort voor die raadsverkiesing in 2006 is Brink se boek, No Lesser Place: The Taaldebat at Stellenbosch, deur die ANC se Matthews Phosa bekend gestel. Die boektitel verwys na Jannie Marais se skenking. “Brink suggereer dus dat die taalbeleid minstens ‘n gelyke plek vir Afrikaans met Engels sal verseker” (135). Die boek was aanvanklik net in Engels beskikbaar. Brink skryf dus by voorkeur in Engels oor Afrikaans omdat hy wou hê die politieke maghebbers moet van sy standpunt kennis neem. Hy poog om ‘n sterk politiek-ideologiese onderskeid te maak tussen die pleitbesorgers vir Afrikaans aan die een kant en die US-taalbeleid aan die ander kant. “Die boek handel in werklikheid minder oor die taaldebat op Stellenbosch en meer oor ‘n uiteensetting en bespreking van wat die skrywer die Neo-Afrikaners noem en hulle ‘ware oogmerke’ om ‘n volkstaat van die gees op Stellenbosch as ‘n kulturele Orania te skep” (p 136).

Brink blyk dus sowel anti-Afrikaans as anti-Afrikaner te wees. Later het hy selfs verwys na “‘n opdwing van Afrikaans soortgelyk aan wat met die Soweto-opstande gebeur het” (p 143). Hy het dit “as diskriminasie beskou … dat daar van nie-Afrikaanssprekendes verwag kan word om Afrikaans magtig te word” (p 144). Brink noem nie of hy die omgekeerde ook as diskriminasie sou bestempel nie. By sy vertrek in 2007 na Newcastle is Brink se standpunt soos volg geformuleer: “Stellenbossers dink aan hulleself as die hekwagters van ‘n paradys vir die Afrikaner-elite, onder die beskerming van ‘n outoritêre wit Afrikaner-patriargie” (p 145).

Nico Koopman het net lof vir Brink se standpunt gehad. In 2009 het hy, soos Blade Nzimande, Afrikaans as ‘n uitsluitmeganisme geëtiketteer en die taalstryders van “taalimperialisme” beskuldig (p 183). Dat Koopman pro-Kaaps en anti-Standaardafrikaans is, blyk uit sy stelling “dat taal as gebruikstaal geleef moet word en dat die versekering van die hoër funksies minder belangrik is” (p 183). Ruda Landman het die term “taal-Orania” gebruik om voorstanders van Afrikaans verdag te maak (p 136). ‘n Ander raadslid, Francois Groepe, het dit teen die US as ‘n “neo-Orania-enklawe” gehad (p 138). Later het hy “die pro-Afrikaanse groep van versluierde rassisme en diskriminasie teen niewittes beskuldig” (p 171). Die taalstryders maak glo vyande van Afrikaans, terwyl die voorstanders van dubbelmediumonderrig die progressiewes is wat ‘n Suid-Afrika skep waarin die Afrikaner nie op ‘n eie universiteit geregtig is nie. Volgens Ruda Landman moet dosente nie gedwing word om Afrikaans te leer nie. As studente uitsluitlik in Afrikaans onderrig word, sou dit glo uitnemendheid verhinder.

Anton van Niekerk het as voorsitter van die Taalkomitee sekerlik ‘n beduidende rol in die afskaling van Afrikaans gespeel. Hy het bv “die klem op identiteit verwerp as ‘n Afrikanerbeheptheid” (p 159). Kapp noem dat die Taalkomitee deur Brink saamgestel is en uit “eensgesindes” bestaan het (p 127) en ook dat Van Niekerk ‘n “rol in die afskaling van Afrikaans” gespeel het (p 159). Die bestendiging van Van Niekerk se oorverligte politieke beeld is myns insiens vir hom belangriker as die bevordering van Afrikaans. Hy het beweer dat die taalbeleid tot die voordeel van Afrikaans is. Selfs “dat die T-opsie [dubbelmedium] eintlik in pas is met die US se tradisie” (p 121), wat ‘n valse stelling is.

In 2010 het Van Niekerk beweer “dat taal [by implikasie die betekenis/begrip van wat meegedeel word] in die opleiding van wetenskaplikes en die oordrag van kennis van minder belang is – dit is die kwaliteit en uitnemendheid van die kennis wat die swaarste moet weeg” (p 208). Breyten Breytenbach het soos volg gereageer: “Julle filosoof sê mos taal is net ‘n middel om kennis oor te dra. Die man weet waaragtig niks van taal nie” (p 204). Van Niekerk bevind hom ook op dun ys as hy dink uitnemende kennis word aan die US versprei terwyl die beleid is om aanstellings en bevorderings eerder op grond van rassistiese en seksistiese as suiwer akademiese oorwegings te doen. Sover bekend het hy hom nog nooit teen hierdie anti-akademiese wanpraktyk uitgespreek nie.

Sowel Amanda Gouws as Marlene van Niekerk het die dubbelmediumopsie gesteun. Selfs in 2012 het Gouws steeds standpunt teen die heil van Afrikaans ingeneem. In 2005 het 134 Afrikaanse skrywers egter teen ‘n dubbelmediumuniversiteit gewaarsku omdat dit skadelik vir Afrikaans is, want lesings word dan uitsluitlik of oorwegend in Engels aangebied. Akademies is dit ook ‘n verwerplike praktyk omdat effektiewe klastyd verminder word. Dit druis ook in teen moedertaalonderrig.

In Brink se ampstyd het die dubbelmediumopsie egter die gebruiklike of verstekopsie geword met as klaarblyklike uiteindelike oogmerk uitsluitlik Engelse klasse. Hierdie opsie word raak gekarakteriseer as ‘n oorgangsopsie. Leopold Scholtz het die dubbelmediumopsie “‘n halfwegstasie na Engels” genoem (p 160). “As die T-opsie [dubbelmedium] tweetaligheid vereis, waarom kan lesings dan nie … net in Afrikaans aangebied word nie?” (p 164).

Soos in die skole in die nuwe Suid-Afrika word die klem aan universiteite op die agtergeblewenes geplaas, terwyl dit in landsbelang juis die begaafdes is wat voorkeur behoort te kry. “Begaafde studente vind dubbelmediumonderwys vevelig en onbevredigend” (p 223).

In die verdere verloop van die taalstryd het Hermann Giliomee en Lina Spies as raadslede ‘n sterk pro-Afrikaanse standpunt ingeneem. In 2009 het hulle beswaar teen “die etikettering van die taaldebat as ‘n apartheidstrewe en ‘n etniese mobilisasie” (p 179) gemaak. Giliomee wou bv hê dat US-raadsvergaderings oor die taalkwessie in die openbaar moet geskied sodat vertroue herstel kon word. Dit dui ook daarop dat Brink se beleid nie die openbare steun geniet het waarop hy en sy meelopers aanspraak gemaak het nie.

Omstreeks 2006 is ‘n reël neergelê “dat Engels gepraat moet word as daar mense in ‘n vergadering van ‘n statutêre liggaam is wat nie Afrikaans verstaan nie” (p 139). Dit weerspieël eintlik wat dikwels/meesal in dubbelmediumklasse gebeur. Dit is ook soortgelyk aan Jonathan Jansen se reëling aan die Universiteit Vrystaat, naamlik dat wanneer daar ‘n byeenkoms van Afrikaans- en Engelssprekendes is, net Engels gepraat mag word.

Russel Botman het in 2007 diens as rektor aanvaar. Hy het dadelik ‘n politieke deuntjie gesing: “dat die eentalige Afrikaanse onderrig die US verhinder om sy rassesamestelling te verander en meer verteenwoordigend te wees” (p 153). Hy het voorbrand vir die bevoordeling van lede van sy etniese groep gemaak; selfs onder die voorwendsel dat bruines die Afrikaanse studentekorps sou vergroot. Dit is egter algemeen bekend dat ontwikkelde bruines meesal min lojaliteit teenoor Afrikaans openbaar en soos Jonathan Jansen maklik hulle moedertaal vir Engels as hulle eerste taal verruil. Teen 2010 het Botman sy deuntjie verander en erken dat bruines onderrig in Engels verlang. Omdat die Botman-US die belange van bruin studente vooropstel en die meeste van hulle Engels verkies, het dít die bepalende faktor van die taalbeleid geword. Die belange van Afrikaanse studente en hulle ouers dra minder gewig (p 220).

Die etnies-gemotiveerde bevoordeling van bruines blyk deesdae die duidelikste in die US se Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Dit is algemeen bekend dat bruines akademies swakker as die ander etrniese groepe (blankes, Asiate, swartes) presteer. Nogtans word ‘n oorwig van bruin studente tot mediese studie toegelaat. In hierdie fakulteit het die getal nie-wit studente baie vinniger as in al die ander fakulteite toegeneem. Die rede hiervoor is ‘n anti-akademiese rasgebaseerde maatreël: “In Gesondheidswetenskappe bestaan daar twee stelle vereistes vir toelating: uitnemende skoolprestasie in die geval van wittes en veel laer vereistes vir niewittes” (p 219). In die naam van transformasie word daar op groot skaal onvergeefbare onreg teen blankes gepleeg.

Die bruin Clinton du Plessis “wil hê [Afrikaans] móét doodgaan” (p 188): “Kom ons loop weg van Afrikaans” (p 189). Die bruin Jason Lloyd het in 2011 “gepleit dat die US tog moet verengels” (p 190). Dit is ook bekend dat Botman se vier kinders Engelsgesind is (p 232). Leopold Scholtz het gesê “dat vir bruin mense Afrikaans ‘n instrument is, maar vir Afrikaners ‘n deel van hulle identiteit is” (p 186). Moontlik is dit waarom Adriaan Basson reeds as US-student die afskaling van Afrikaans sterk voorgestaan het (p 226). Tydens die besoek van die Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys in 2009 het Botman tot sy ontnugtering agtergekom dat die lede “in die getal swart studente en personeel belangstel en dat hulle bruin studente nie as swart aanvaar nie” (p 181). Botman se eie herklassifikasie as generies swart het dus deur die mat geval; die ANC-owerheid erken nie neo-swartes as rasegte swartes nie.

Kapp toon aan dat Die Burger dikwels ‘n onbetroubare bondgenoot in die taalstryd was. Toe die US ‘n deurwinterde blanke wetenskaplike en akademikus vir die rektorspos teen die bevrydingsteoloog Botman, wat beperkte akademiese ondervinding gehad het, moes opweeg, het die koerant in die naam van transformasie, dus ANC-politiek, entoesiasties voorbrand vir Botman gemaak. Akademiese oorwegings is oorboord gegooi. In die Brink-era is kritiek op Brink geredelik in die koerant toegelaat. Tydens Botman se rektorskap is Afrikaans meer drasties afgeskaal, maar polities korrek is Botman toegelaat om grootliks kritiekloos daarmee weg te kom. ‘n Ander faktor wat ‘n rol speel, is dat Botman in die direksie van Media24 dien. By geleentheid het Botman vertel hoe hy dit geniet het as Jakes Gerwel in ‘n direksievergadering mede-kommunis Antonio Gramsci (1891-1937) aanhaal.

Botman roem op sy geskiedenis as UDF/ANC-aktivis. In sy CV staan daar onder “activities”: 1976: “Leading university students in the Human Rights Protest against the forces of Apartheid in solidarity with the Soweto Revolt.” Groot skade is tydens die gewelddadige betogings op die UWK-kampus aangerig. Weens sy politieke aktiwiteite is Botman ingeperk. Behoort sy gedrag Botman vir die rektorskap (dus as die hoof akademiese en opvoedkundige beampte) van ‘n buuruniversiteit te kwalifiseer of eerder grondig te diskwalifiseer? In 2011 het Botman die ware aard van sy destydse skandalige gedrag doelbewus verdoesel: “Hy is in 1976 byna doodgeskiet oor Afrikaans” (p 232). Dit beteken allermins dat Botman doodsveragtend vir Afrikaans in die bres getree het nie. Dit verwys na die feit dat hy die Soweto-onluste van 1976 as voorwendsel gebruik het om die UWK-kampus op horings te neem.

Baie van diegene wat destyds verwoesting gesaai het, beklee deesdae hoë poste en steek skynbaar gewetenloos miljoene rande as vergoeding in hulle eie sakke. Ek bly wonder wanneer hulle die etiese ding gaan doen deur die skade terug te betaal wat hulle aan bv staatseiendom aangerig het. In 1976 was Botman een van die voorbokke in die stryd om alle rassediskriminasie af te skaf. Deesdae is hy die voorbok in die veldtog van rassediskriminasie teen blankes op die US-kampus. Vir hom is daar skynbaar geen teenstrydigheid in sy manteldraaiery nie.

Diegene wat vir Botman as rektor gestem het, het sekerlik nie ‘n US in gedagte gehad wat die tuiste van Afrikanerkultuur en Afrikaans is nie. Hulle was dalk beïndruk deur die onderwerp van Botman se doktorale proefskrif (natuurlik in Engels): “Discipleship as transformation? Towards a theology of transformation” (UWK, 1994). Botman se uitgangspunt is klaarblyklik dat die US ooreenkomstig die ANC se wense en die voorbeeld van die UWK getransformeer moet word. Hy laat geen geleentheid verbygaan om die akademies voortreflike US van weleer te diskrediteer nie. As rektor beklee Botman “‘n simboliese posisie” (p 155). In die nuwe Suid-Afrika moet die US glo radikaal verskil van wat dit in die ou Suid-Afrika was. Volgens Botman mag die US nie “groepbesit” wees nie (p 223). Wat Botman betref, geld dít sekerlik wittes, Afrikaners en Afrikaanssprekendes. Botman sal myns insiens hoegenaamd geen beswaar hê as groepbesit by die US die vorm van verswelging deur swartes en Engelse eentaligheid aanneem nie. Wat tans aan die US gebeur, kan “taal- en kultuur-imperialisme” genoem word (p 235). Wat Afrikaans betref, is dit “taalverarming” en vir die Afrikaner is dit “dekulturasie” (p 236).

In sy intreerede as rektor het Botman met sy tema van “hoop” ‘n duidelike aanduiding gegee van waar sy hoop kom, bv van die kommunistiese opvoedkundige Paulo Freire (1921-1997). In 2010 het Botman ook ‘n Hoop-projek aan die US geloods as “a concerted move away from Stellenbosch being considered an exclusively Afrikaans university … Stellenbosch has a very special responsibility, given its history. We have played a significant part in the injustices of the past and we are committed to redress” (p 215). Daardie Botman-hoop impliseer ook ‘n wegbeweeg van die “language roots” van die US (p 216).

In die kritiek op die Hoop-projek is genoem dat die aanvaarding van sosiale verantwoordelikheid of gemeenskapsdiens as ‘n universiteitsfunksie “‘n demper [kan] plaas op [die US se] basiese onderrig- en navorsingsaktiwiteite” (p 217). Dit val ook op dat geen kultuurgerigte projekte ingesluit is nie. Allermins word ‘n poging aangewend om Afrikaans en Afrikanerbelange te bevorder; eerder swart en Afrika-belange. Die konvokasie se standpunt is: “Die US kan net ‘n sentrum van hoop vir Afrika wees as hy ‘n sentrum van hoop vir sy gemeenskap is en sy gemeenskap is primêr Afrikaans. Daarom moet die US se rol in Afrika nooit gestel word as ‘n alternatief vir sy rol ten opsigte van Afrikaans nie” (p 218).

Botman: “Die US moet eerlik wees en erken dat hy ‘rolspeler(s) was in die onreg van die verlede … So ver dit ons as ‘n instelling betref: ons kan nie genoeg om verskoning vra nie'” (p 157). Botman kan myns insiens glad nie buite die raamwerk van ANC-politiek dink nie. Vandaar sy voortdurende versugting dat die US ‘n Afrika-universiteit moet wees. ‘n Mens vra jou af: As die US pro-Afrika-kultuur mag wees, waarom mag dit nie eerder pro-Afrikanerkultuur gebly het nie? Bun Booyens en Pieter Gobbelaar het bv uitstekende onderrig in Afrikaanse Kultuurkunde aangebied en akademies voortreklike navorsing gedoen, maar hierdie departement en studierigting is in die naam van transformasie sonder meer afgeskaf.

Dit was van die begin af Botman se wens dat die US “volledig multikultureel” moet word en dat “die personeelkorps te wit en manlik” is (p 157). Soos die ANC het Botman dus uitgesproke ras- en geslagsvoorkeure. Jonathan Jansen het “klem daarop gelê dat Botman aan niewittes ‘n groter aandeel aan die Universiteit moet gee en nie aan taal nie” (p 157). Botman het onderneem “dat die US teen 2012 ten volle getransformeer sal wees” (p 157). Dit het nag vir die Afrikaner- en Afrikaanse US geword. Jannie Marais draai seker in sy graf om, maar hiervoor voel die Botman-US klaarblyklik vere.

Die ANC-regering weier om ekstra geld vir tweetalige onderrig te bewillig. Pleks van die ANC aan te spreek, het Willie Esterhuyse in 2007 waaragtig “die ryk Afrikaners veroordeel omdat hulle nie geld vir onderrig deur Afrikaans wou voorsien nie” (158). Sy redenasie is blykbaar dat Engels as owerheidsbefondste onderrigtaal aan die US hoort en dat Afrikaans as bykomende onderrigtaal deur skenkings van Afrikaners moontlik gemaak moet word.

Van die eerste skuiwe van die Botman-US was om besluite oor onderrigtaal te desentraliseer en dit na dosente af te wentel, wat in die praktyk die deur vir Engels wyer sou oopmaak. Daarna is voorgestel dat meer erns met parallelmediumonderrig (aparte klasse vir Afrikaans en Engels) en tolkdienste gemaak moet word. Parallelmedium sou op eerstejaarvlak en dubbelmedium in die ander voorgraadse jare gebruik word. In 2009 is bevind dat dubbelmediumonderrig, met al die gevare wat dit vir Afrikaans inhou, “in werklikheid die norm geword het” (p 173). Uitsluitlik Afrikaanse klasse, wat veronderstel was om die gebruiklike of verstekopsie te wees, het “feitlik verdwyn” (p 174). In 2009 het Botman die floue versekering gegee dat Afrikaans aan die US sou “aanbly” (p 175). Die pro-Afrikaanse Adam Tas-vereniging het beweer dat dit nie Afrikaans is wat in US-studente se kele afgedruk word (soos tydens die 1976 Soweto-opstand) nie, maar Engels. Hierdie vereniging is deur die Botman-US verbied om sy byeenkoms op die kampus te hou.

Druk is van die ANC-regering ondervind om meer studente toe te laat. Pleks van hom te beywer om (weer) ‘n klein universiteit van onbesproke akademiese gehalte te word, is die ANC-gedienstige Botman-US op groei ingestel. Vir groei kan die US na bewering nie op Afrikaanssprekende en blanke studente aangewese wees nie. Botman wil hê dat die US teen 2015 minstens 35% swart studente en personeel moet hê; ‘n suiwer etnies- of rasgebaseerde ideaal. Verder sal die eis vir tweetaligheid blykbaar net op Afrikaanssprekendes van toepassing wees; daar word dus teen Afrikaanssprekendes gediskrimineer.

Botman het die aanbeveling in die Gerwel-verslag dat daar twee Afrikaanse universiteite (een in die suide en een in die noorde) moet wees, afgemaak met die opmerking “dat daar nie genoeg Afrikaanse studente is om eers die US van genoeg Afrikaanse studente te voorsien nie” (p 176). Sy toekomsvisie vir die US het klaarblyklik twee hoofkomponente: swart en Engels. Anders as Botman meen twee demografiekenners, Lawrie Schlemmer en Flip Smit, “dat daar geen opdroging van die Afrikaanse mark is nie” (p 219). “Met ‘n potensiële voedingsbron van 19 000 Afrikaanse universiteitsgereed studente per jaar, is daar genoegsame getalle om Afrikaanse universitêre onderrig te regverdig” (p 223).

In die Botman-era het die ideaal van ‘n Afrikaanse US vervaag. By die taalstryders het die klem veel eerder op “‘n vaste plek vir Afrikaans” begin val (p 178, 195) en dat “‘n keerwal” teen verengelsing gebou moet word (p 228). Daar word nie, soos vroeër, meer amptelik oor die “bevordering” van Afrikaans gepraat nie, maar bloot van die “teenwoordigheid” van Afrikaans (p 182). Om daardie teenwoordigheid so min moontlik te maak, is gesê dat na 60% Afrikaanse klasse “gestreef” sou word, eerder as om dit as die minimum “aanbod” te waarborg (p 192). In die praktyk was dit egter nader aan 40%.

“Stellenbosch het dus gekies vir ‘n minimale posisie vir Afrikaans en ‘n maksimale posisie vir Engels” (p 195). In 2011 het Beeld in ‘n hoofartikel verwys na “die US se defektiewe toekomsvisie dat hy net ‘n wêreldklas-universiteit kan wees as hy verengels” (p 225). Wat het geword van die “taalgelykberegting” wat in die grondwet genoem word? (198). Daar is al hoe meer teensinnigheid in die US-raad en daarbuite om amptelik tyd aan die taalkwessie af te staan; maw dit word nie (meer) van wesenlike belang geag nie.

Afrikaanssprekende elemente aan die Universiteit Kaapstad, Pierre de Vos en Jaco Barnard-Naudé, het in 2011 met anti-Afrikaanse uitsprake gekom. De Vos het “die ‘taalbulle’ daarvan beskuldig dat hulle die US probeer wit hou en dat hulle optrede die dood van Afrikaans sal wees” (p 230). Naudé het beweer “dat daar nie ‘n reg op onderrig in ‘n minderheidstaal bestaan nie” (p 231). By die Bosch-fees in 2009 was net 6 van die 39 openbare lesings in Afrikaans. Met die inhuldiging van die Afrikaanse Johann Rupert as die US-kanselier in 2010 was net 10 minute van die verrigtinge, wat 90 minute geduur het, in Afrikaans. Toe Botman US-oudstudente in Londen toegespreek het, het hy net Engels gepraat.

Botman het ‘n projek geloods om wiskundige en natuurwetenskaplike kennis by bruin skoliere te bevorder en hulle met die toekenning van studiebeurse te bevoordeel. Feitlik vanselfsprekend het die projek nie ‘n Afrikaanse naam nie. Dit word SciMathUS genoem. Daar is ook die US-mentorprogram vir bruin skoliere met die Engelse naam Rachel’s Angels. Wanneer wittes by iets betrokke is, word “inklusiwiteit” deur die Botman-US vereis. Wanneer nie-wittes bevoordeel word, soos by SciMathUS, Rachel’s Angels en die Afrika-doktorale program, word inklusiwiteit gewetenloos vergeet en eksklusiwiteit skaamteloos gepleeg, want dit is maar net wittes wat weens rassediskriminasie benadeel en uitgesluit word.

Dubbelmediumonderrig (die T-opsie) is ongetwyfeld “opvoedkundig onverstandig” (p 194). Daar is ook talle ander gewigtige besware daarteen. Dit is tereg die “swakste van al die beskikbare opsies” genoem (p 206). Botman het egter sy wesenlike aard absoluut ondubbelsinnig geopenbaar toe hy sy voorkeur vir die T-opsie uitgespreek het “omdat dit verseker dat wit en swart saam in die klasse sit” (p 205). Aparte klasse (parallelmedium) word weens Botman se politieke gepreokkupeerdheid as apartheid beskou. Botman se vrygeborenes word met sy komplimente tot gedwonge rasse-integrasie verplig; soortgelyk aan Jonathan Jansen se gebod van 50% wit en 50% swart in die Universiteit Vrystaat se koshuise.

Soos in Chris Brink se geval word Botman se gedrag al hoe meer arrogant en irrasioneel. Hy het bv beweer dat die US onderrig in Engels moet aanbied, “anders kan die ouers van Engelstalige studente die US hof toe neem omdat hy nie die grondwet nakom nie” (p 211). (En Engelse universiteite, kom hulle met eentalige onderrig wel die grondwet na?) In werklikheid vereis die grondwet glad nie transformasie deur taal nie. Verder het Botman, Francois Groepe en Die Burger in 2010 in die US-raadsverkiesing ingemeng, maar die uitslae toon dat hulle nie in hulle doel geslaag het nie.

Omdat Botman werklikwaar vir ‘n verdere termyn van vyf jaar as rektor aangestel is, kan verwag word dat hy al hoe meer opportunisties sal optree en sy mentaliteit met selfs groter oorgawe aan die US sal opdring; na verwagting ongelukkig meesal met akademies bedenklike en moeilik herstelbare gevolge. Van die jongste manies is dat “die taal nie belangrik is nie; net uitnemendheid is van belang” (vergelyk dit met wat hierbo oor Anton van Niekerk se standpunt gesê is) en “die bestryding van armoede en die opheffing van mense [is] belangriker as die ontwikkeling van taal en kultuur” (p 210). Kapp verwys na “die verwaande aanspraak: ‘Maties kán die wêreld verander'” (p 210; ook p 215), die oorsprong waarvan op geen ander plek as by kommuniste gesoek hoef te word nie.

Sowel Chris Brink as Russel Botman het as rektor die wesenlike aard van die akademie misken deur voorkeur aan politieke oorwegings te gee. Hulle het vir hulleself verdere gramskap op die hals gehaal deur die kulturele (insluitende taal-) aard van die US, wat oor dekades gevestig is, te minag. Die gevolg is dat hulle verplig gevoel het om gebeure te verdoesel en daar is dikwels gewoon gelieg. In 2012 het kameraad Botman steeds volgehou met ‘n standpunt soos: “Aansprake dat Afrikaans se posisie agteruitgaan, is onbillik” (p 229).

In hierdie skrywe kon ek nie reg aan alle aspekte laat geskied nie. Dit is wenslik dat u Kapp se uitstekende boek lees. Enersyds om die bostaande aanhalings in konteks te plaas. Andersyds om addisionele inligting te bekom. Dan sal dit ook duideliker wees in watter opsigte ek Kapp se teks aangevul het, bv met my eie vertolkings en menings.

Die einde van die boek val saam met die uittrede van Kapp as president van die US-konvokasie. Sedert 2011 was daar verdere verwikkelings. Dit is belangrik dat diegene wat die gebeure eerstehands ervaar deurlopend inligting daaroor in die openbare domein plaas. Verlede jaar op 29 April het die US-raad ‘n nuwe Botman-taalplan goedgekeur. My vertolking daarvan is dat dit die amptelike oorgang van ‘n hoofsaaklik wit Afrikaanse na ‘n hoofsaaklik nie-wit Engelse US is (Praag 23.05.2013).

Engels het amptelik die hoofonderrigtaal geword en die tafel is gedek om Afrikaans al hoe meer en selfs vinniger af te skaal. Dit is bv baie duidelik dat daar voortaan glad nie van dosente vereis sal word om Afrikaans magtig te wees of dit ooit te word nie. Niks wat sedert Mei verlede jaar gebeur het, laat my vermoed dat daardie vertolking van my foutief is nie. Die lees van Kapp se boek het eerder my vermoede in sekerheid omskep.

Les bes het Botman op 24 Maart die US-raad ingelig dat beoog word om teen 2018, die eeufeesjaar, 43,7% van die voorgraadse programme net in Engels aan te bied (Rapport 30 Maart). Vir Die Burger het die lot van Afrikaans so onbelangrik geword dat geen berig hieroor geplaas is nie. Die strategie is klaarblyklik dat van Afrikaanssprekende studente verwag word om tweetalig te wees maar dat ander studente deurgaans onderrig in Engels sal ontvang. Groot koste word aangegaan om Xhosa as ‘n derde onderrigtaal in te voer. Daar word blykbaar geredeneer dat aansien die nuwe Suid-Afrika elf amptelike tale het, die US drie onderrigtale kan bekostig. Vanselfsprekend gaan hierdie drie tale hiërargies gerangskik word, hoogs waarskynlik sonder om Jannie Marais se skenkingsvoorwaarde in ag te neem. Daar sal eerder kwantitatief as kwalitatief gedink word. Dit is baie duidelik dat die US sedert 2002 in die verkeerde hande is.

Die lot van blankes in Afrika

sweedsedeur Leon Lemmer

Die Skandinawiese lande was bekend as die grootste ondersteuners van die terreurveldtogte van die ANC en PAC teen die blankes tydens apartheid. Dit was hulle manier om hulle liberalistiese en humanistiese oortuigings uit te leef. Die Skandinawiese lande het vryer as ander Europese lande gevoel om barbaarsheid te ondersteun omdat hulle nie ‘n koloniale verlede het en met die instroming van immigrante uit Derdewêreldse lande te make gehad het nie. Skandinawiërs was salig onbewus van die groot etniese en kulturele verskille wat daar in die mensdom aangetref word. Hulle het van die standpunt uitgegaan dat alle mense wesenlik eenders is. “Ons almal bloei rooi,” soos die Amerikaners graag sê; iets wat ook van baie diersoorte gesê kan word.

Dit is dus interessant as ‘n mens ‘n geval teëkom waar Skandinawiërs die uitsonderlike ding gedoen het om hulle oorverligte oortuigings aan die harde werklikheid te toets. So ‘n geval word beskryf in Gunilla Fagerholm se boek, Blue-Eyed in Luhya land (2nd edition, 2010, 468p; Amazon Kindle $4.99). Die outeur en haar tweede man, Bertil Lindström, het Kenia in 1995 en 1996 besoek en besluit om hulle daar te vestig. As middeljariges wou hulle hulle saai daaglikse lewe in Swede met avontuur en uitdagings in ‘n warmer klimaat vervang. Bowenal wou hulle goed vir hulle nuwe landgenote wees. “Everywhere on the globe, people were suffering. We wanted to help them” (Kindle 295). Albei was deurtrek van ubuntu, oftewel medemenslikheid, wat Russel Botman die geskenk van Afrika aan die mensdom noem. Afrika het nog geskenke vir hierdie goeie Swede gehad, soos ontnugtering en wanhoop.

Die Fagerholms het hulle beroepe verlaat en hulle huis in Täby, Swede, verkoop en in Desember 1996 in Kenia aangekom. Hulle het ‘n kleinhoewe van 20 000 vk meter in die verre weste van Kenia, naby die Victoria-meer en die Ugandese grens, op die Wit Hooglande by Wausiva gekoop. In die vorige eeu was hierdie plato die tuiste van baie blanke boere; ook Afrikaners in veral die omgewing van Eldoret, sowat ‘n honderd kilometer van waar die Fagerholms hulle gevestig het. Met onafhanklikheid in 1963, toe die Mau Mau-terreurgroep beheer van die land oorgeneem het, het die “Land Resettlement”-projek die blankes verplig om van hulle plase afstand te doen en het hulle die land op groot skaal verlaat. Die Fagerholms se nuwe tuiste was 22 kilometers noord van die ewenaar met Kakamega as die naaste groot dorp. Net suid van die ewenaar is daar ‘n groter dorp, Kisumu, wat ‘n lughawe het en die hoofstad van die Nyanza-provinsie is. Die boektitel verwys na die Luhya-inboorlingstam en -taal wat in hierdie gebied aangetref word.

fagerholm_blue-eyedToe hulle emigreer, het die Fagerholm-egpaar hulle hond, Rufus, saamgeneem. In Swede was daar baie formaliteite wat nagekom moes word voordat die Fagerholms seker gevoel het dat die hond sonder probleme in Kenia toegelaat sou word. Op Nairobi se lughawe is hulle met die hond en die dokumentasie, soos veeartssertifikate, na die doeane. “The two Customs officials were talking to each other, their backs turned on us” (163). Na ‘n lang wag het hulle uiteindelik een van die beamptes se aandag getrek en hy het bloot gesê: “Go through” (163). Later moes hulle die 500 kilometers na Nairobi terugry om hulle toelatingspermitte in orde te kry. “Most of our first week in Nairobi was dedicated to waiting for people who didn’t show up at the agreed time” (394).”Days were spent on a never-ending back and forth. The hopelessly corrupt administration made the issue even more difficult for us” (398). “People said Kenyan corruption was ranked number three in the world and, at the same time, they joked Kenya had paid bribes to get that high ranking” (4698).

In Nairobi het hulle soms met hulle Land Rover die verkeerde afdraai geneem. “We ended up in the slum areas. What we saw there was awful. People starving, dying; deformed bodies, crippled children, street urchins intoxicated by sniffing glue or solvents … It was more than I could bear; I walked with tears in my eyes. A horrid stench emanated from the garbage heaps where people rummaged about looking for food. It was all so inhuman. A jarring contrast with the world of the well fed and clad Africans we’d seen at the airport” (195).

Die Fagerholms het aanvanklik in een van die twee bestaande kleihutte op hulle grond gewoon en ‘n houtafdak met ‘n puttoilet en stort gebou. ‘n Deel van die erf is omhein en hulle het wagte (“askaris”) aangestel om hulle eiendom dag en nag te patrolleer. Spoedig is daar gate in die omheining geknip wat die wagte oënskynlik nie raakgesien het nie. Later het die Swede agtergekom dat gesteelde goed binne hulle erf naby die heining versteek word, sodat dit maklik van buite die erf ingepalm kon word. “Sometimes I wondered if there were any honest people at all around us” (1393). Vir die wagte is ook ‘n afdak gebou, asook een vir die kragopwekker. Aan ‘n ander swarte het hulle geld geleen sodat hy sy skuld by die hospitaal kon betaal en daarna die lyk van sy vrou by die dodehuis kon opeis. Hy sou vir hulle tuinwerk doen om die geld terug te betaal. “Why was he so lazy when it came to his own home? Why didn’t he plant bananas and avocado on his own land?” (511).

Een van die wagte, Jim, het klere van die Fagerholms gesteel en dit openlik gedra. “He’d put part of our day workers’ salaries into his own pocket … he’d been demanding money from people for delivering messages to us and … he’d been threatening the ones refusing to pay” (1197). Hy is ontslaan. “He’d threatened to come back and shoot us all” (1210). ‘n Ander wag, Mark, het kort-kort nuwe batterye kom vra vir die flits waarmee hy sy patrolleerwerk in die nag gedoen het. Hulle kom toe agter dat hy die nuwe batterye in sy radio sit en die oues in sy flits. Voortaan het hulle die flits se nuwe batterye met ‘n handtekening en datum gemerk.

Mettertyd het hulle agtergekom dat hulle die getuigskrifte van kandidate vir werk nie kon vertrou nie. Wat die swartes doen, is om bv in die geval van ‘n aspirantkok ‘n blanko briefhoof by ‘n hotel te steel en dan daarop ‘n gloeiende aanbeveling aan te bring. ‘n Ander probleem was die gereelde diensonderbrekings van werkers om begrafnisse by te woon. ‘n Enkele begrafnis kon 14 dae duur. “People disappeared from work for weeks on end to attend a funeral. Once they were back at work, some other relative or friend died and they disappear again” (4360).

“Others wanted us to employ them or wanted us to pay the school fees for their children. They expected both this and that from us, because white people were rich” (468). ‘n Swarte, Makuso, wat hulle leer ken het toe hulle eiendom gesoek het om te koop, “wrote us a letter, asking when he could fetch the matatu [minibus] we’d promised him. We answered we’d never either promised or talked to him about a matatu” (540). Later het Gunilla te hore gekom dat hy haar dood wou hê. Hoekom? “Makuso wants your land and he’s planning that if you die, then Bertil could marry one of his daughters. Then they’ll murder Bertil and Masuko and his family can take over the land” (554).

Hoewel die Fagerholms hulle eiendom wettig gekoop en betaal het, het hulle ‘n vorige bewoner, Patrick, aanvanklik toegelaat om in een van die oorspronklike twee hutte aan te bly. Hy en die vorige eienaars het opgetree asof die eiendom steeds aan hulle behoort. Daar was voortdurend ‘n toeloop van swartes, bv om voorvaders te huldig. “During a couple of days lots of people lived in that banda [hut]; dancing and singing all night long. Daytime everybody walked around as if they owned the compound. And we ourselves felt like intruders” (598). Patrick het dieselfde soort kans as Makuso met hulle gevat. “Ma’m, I’ve come to fetch the school-fees and I also need a new school uniform … You’ve actually promised me that” (584). “No, we’ve never done that and you know that very well … you’re actually neither our child nor our problem” (602). Die goeie Swede het die geld betaal wat Patrick geëis het, maar in ruil daarvoor hom van hulle grond af gekry en die hut gesloop omdat hulle daar wou bou.

“I realized that our African adventure wasn’t the first challenge I’d accepted in my life” (263). Wat hulle nie toe al geweet het nie, is dat die stamhoofde in die omgewing gewed het dat hulle nie ‘n jaar daar sou uithou nie. Die Fagerholms het op groot skaal werkers aangestel en mettertyd drie nuwe hutte met twee slaapkamers elk as blyplek vir gaste en ‘n restaurant gebou, met toilet- en badgeriewe, en uiteindelik ook nuwe woonkwartiere vir hulleself. Vir die personeel is vier wooneenhede met twee kamers elk gebou, asook ‘n toilet en waskamer. Die bou van die septiese tenk het ook baie tyd en geld geverg. Sonpanele het elektrisiteit verskaf. Die vrugbare grond is ontwikkel met pragtige vrugte- en ander bome en struike en ‘n groentetuin.

Hieruit moet nie afgelei word dat die arbeiders vinnig gewerk het nie. Oor die fondament vir die eerste gastehut skryf Gunilla: “That work had been going on for ten days instead of one” (1030). Wat die goeie Swede toe nog nie geweet het nie, is dat die arbeiders kyk hoe lank hulle die bouproses kan uitrek, want hulle word per dag vergoed. Moontlik is dit waarom dit so lank duur om bv ‘n kragstasie in Suid-Afrika te voltooi.

Aan die begin het die Fagerholms gekamp. Hulle besittings het uiteindelik uit Swede in ‘n skeepsvraghouer opgedaag. “Among it were also lots of things for the poor villagers, since we’d asked our community in Sweden to give us children clothes they were no longer using” (793). “While we were unpacking some of the boxes after the arrival of the container, everybody kept asking if they could take home empty boxes to use for insulation in their bandas” (1343). Op hierdie manier het die Fagerholms ‘n televisiestel verloor. “We’d been such idiots. We’d given all those helping us with our household articles a splendid tool to use for carrying stolen items out of the compound without being seen. Lots of our things were missing. We hadn’t thought of telling them to fold the boxes, before taking them away” (1347).

Afrikane lewe anders as Swede. “Some young boys were driving the family cows and goats to their bandas, sadly with stabs and blows … they didn’t treat animals well” (502). Mense word nie noodwendig beter behandel nie. “One mother … had poured kerosene [lampolie] over one of her children and then set him on fire. The reason for doing it was that the hungry child had stolen some ‘ugali’ – maize porridge – just before dinnertime” (565). “While in Sweden, we’d never ever imagined violence was so common in rural parts of Kenya” (979). “There was no limit to violence” (4847). Teen die einde van 1998 “Father Samuel had stopped Midnight Mass; he no longer regarded it safe outdoors at night” (4851). Saans “as a protective measure, I checked that the panga was under the bed and the torch below the pillow” (4863). Later: “It wasn’t very funny to sleep with a machete each under the bed and the air pistol between us” (5174).

In die reënseisoen het die Fagerholms genoeg water opgevang, maar in die droë seisoen was hulle van ‘n fontein en spruit aan die onderpunt van hulle eiendom afhanklik. Hulle het ‘n pomp geïnstalleer, maar dit is gesteel. Hulle het die owerheid vir die aanlê van water betaal, maar daarvan het feitlik niks gekom nie. Later het hulle op eie koste die sloot vir die waterpype laat grawe. “They’d only pretended to work and cheated us with the digging” (652). Die Fagerholms het gesukkel om die nodige waterpype uit die ministerie van waterwese te kry. “Suddenly a farmer living alongside the road … claimed we’d have to pay him for the land close to the road [road reserve] where the ditch was dug” (652). Voordat die pypleiding hulle kleinhoewe bereik het, is van die waterpype gesteel. Ten einde raad het die goeie Swede self die pype gekoop. Daarna wou die waterfiskaal dikwels nie water aan hulle voorsien nie, al betaal hulle daarvoor. Hy het ekstra geld geëis omdat hy glo eers diesel vir die pomp moet koop. Onwettige wateraansluitings is van die pyp af deur talle nie-betalers gemaak, sodat bitter min water die Fagerholms, wie se eiendom aan die eindpunt was, bereik het.

Lykshuis in Swede waar liggame uitgeken moet word, soms uit die derde wêreld
Lykshuis in Swede waar liggame uitgeken moet word, soms uit die derde wêreld

Weens korrupsie was dit moeilik om ‘n telefoon te bekom. Wanneer daar ‘n diensonderbreking was, kon dit weke duur voordat die verbinding herstel word, bv wanneer bome op die kabels geval het of die lyn opsetlik gesaboteer is. “A thief stole thirty meters of telephone wire in the middle of the day” (4946). “No telephone company workers worked other than on Sundays, getting double salary that day. Then they turned out, preferably ten men on a job where only one was needed, and asked for bribes” (665). “It was common in Kenya that telephone company employees used client telephone numbers to make private calls” (4702).

Die posdiens was onbetroubaar. “Some parcels got lost. Envelopes containing seed bags were, as it seemed, predestined to disappear … They were probably mistaken for envelopes containing money or drugs” (4714). “The spare parts for the converter … had disappeared in Customs” (5693).

“We, being Swedes, actually had a lot of false ideas about the country” (686). Die Fagerholms het gedroom van ‘n skool en koshuis wat hulle wou bou en ook van ‘n kliniek. Naby hulle was ‘n skool met twee klaskamers maar sonder skoolboeke. Hulle het toe gereël dat daar geld vir hierdie skool in Swede ingesamel word. Die kliniek sou op dieselfde manier befonds word, maar daar is van die plaaslike gemeenskap verwag om ook by te dra, bv met arbeid. Toe die mure ‘n meter hoog was, is die werk aan die kliniek gestaak omdat die plaaslikes, aangestig deur die stamhoof, nie hulle beloftes nagekom het nie.

Daar word verwys na ‘n vrou “only eighteen years old but already had five children” (2157). Dit is waarom baie meisie nie hulle skoolloopbaan kan voltooi nie. “It was very common with twelve-year old girls giving birth … We’d always believed that all the small girls carrying around infants were taking care of their smaller siblings but now we understood that in many cases it was actually their own babies” (2174). “The infants were often found in ditches, in the rainforest or in the sugarcane fields, abandoned by their mothers” (5596).

Vir die goudmyn by Sotanini het Bertel ‘n lugpomp ontwerp en gebou. Hierdie vertilasiestelsel het die mynwerkers in staat stel om langer ondergronds te bly. Die Fagerholms het ook met die verbouing van sampioene geëksperimenteer en was so suksesvol dat hulle talle mense in die gemeenskap opgelei het om dieselfde te doen. “We wanted to develop this project into a full-scale aid project for the region” (5426).

“The roads could hardly be called roads any longer and it was often better to drive at the side of them” (1449). Toe Gunilla se 81-jarige pa kom kuier het, het hy ‘n kilometer van die openbare pad na hulle kleinhoewe toe op sy koste herstel. Die Fagerholms later “renovated the whole road from Wushiye to us in Wuasiva” (4468). “A lot of people along the road, who had sold us stones and concrete, were now probably rather well-off … the villagers had stolen the stones, dug out at the roadside by us, and sold them back to us” (4473). “Gratitude didn’t exist. It went without saying that we, white people, should help everyone” (3097).

Wanneer die Fagerholms met hulle voertuig na ‘n ander dorp of na Nairobi of terug gery het, was daar dikwels swartes wat verniet saamgekarwei is. Toe hulle voertuig op ‘n keer ses kilometers van hulle huis gaan staan het, wou hulle van die swartes se vervoer gebruik maak. “Since we were white, they asked us for almost seven times that amount each” (1206). Ubuntu-onthalwe sou hulle dus sewe keer meer as swartes moet betaal. Hulle het eerder geloop. Op ‘n keer het hulle ‘n sekere soort plant gesoek. ‘n Swarte het beweer hy weet waar hulle dit kon koop. Hulle het daarheen gery, maar daar was glad nie sulke plante beskikbaar nie. Hulle kom toe agter dat hulle belieg is, dat die swarte bloot gratis vervoer na daardie plek verlang het.

Vir die busdiens van Nairobi af moet vooraf bespreek en betaal word sodat die busmaatskappy die geld kry. Sodra die pad gevat word, word enigeen wat waai opgelaai en staanplek op die bus gegee, tot vyftig mense met bv lewendige hoenders. Staande passasiers is egter verbode. Die bus word gevolglik deur die polisie voorgekeer. “When the police officers had received their bribes, they let us continue” (3553).

‘n Ruk lank het die restaurant en gastekamers gefunksioneer. Op ‘n keer het hulle gaste vir middagete verwag, maar hulle het nie opgedaag nie. Die kok vra toe “if the staff could have a little of the stew for lunch … I answered that it was OK” (1407). Die gaste het eers die middag teen vier-uur opgedaag. Die plan was toe om die stoofgereg die aand te bedien. Die kok sê toe: “There’s no stew left. You told us we could have it for lunch. It’s finished.” Gunilla: “The three of you have finished a stew with three kilos of fillet steak and I don’t know how many vegetables” (1416). Sy merk toe hoe vet die kok geword het sedert sy daar diens aanvaar het.

Daar was heelwat plae, soos krieke, kakkerlakke, spinnekoppe, malariamuskiete, muise, rotte en slange. “We even offered a reward for each snake killed. It wasn’t until recently we understood we’d been cheated out of a rather large amount of money. The staff used the same snake skin several times over. So now we gave the order that the offending reptile must be chopped into pieces in Bertil’s presence before we’d pay any more rewards” (1503). ‘n Swarte van elders het ‘n kolossale lewendige slang daar aangebring en vergoeding geëis. ‘n Soortgelyke verneukspul is gepleeg met plante wat hulle van kinders gekoop het. “The children’s father was the person who originally sold us the plants. Later on, he’d sent his children to dig up the plants and sell them to us once more” (4302).

Die polisie kon glad nie vertrou word nie. As iemand op sy fiets heeltemal onskuldig omgery word, lê die polisie beslag op die fiets en moet die slagoffer omkoopgeld opdok om sy fiets terug te kry. ‘n Nuwe regulasie het in werking getree waarvolgens elke voertuig ‘n groen etiket moes hê wat sertifiseer dat dit padwaardig is. Die Fagerholms moes ‘n lang lys foute binne enkele weke aan die Land Rover herstel te midde van ‘n inflasiekoers van 40%. Hulle het agtergekom dat hulle werktuigkundige hulle uit baie geld verneuk het. By sy vorige werkgewer het hy ‘n kwitansieboek en ‘n stempel gesteel. “He’d filled in the sums we should pay for all the faked car repairs” (2082).

Terwyl hulle gery het, het ‘n geestesversteurde ‘n klip deur hulle voertuig se voorruit gegooi. Van die omstanders het die skuldige aangekeer en wou betaling daarvoor hê. Toe die Fagerholms weier, het hulle die man vrygelaat. Hulle moes vinnig vlug omdat klippe na hulle gegooi is. Toe hulle die saak by ‘n polisieman aanmeld “he thought we should catch the villain ourselves” (3777). “I said we’d most certainly be lynched if we, as whites, captured an African” (3782). “The police officers weren’t in the least interested” (3791). Bertil: “I really wonder why we came to this place” (3808). Gunilla: “It felt as if each day only brought new sorrows. I had nightmares every night. In them, I saw threatening faces expressing hatred and stones flying towards me. I was suddenly afraid of people … Bertil and I were in no way whatsoever racists. We’d come to Kenya to help, then why were people so racist towards us?” (3831).

Dit val op dat hierdie Swede sosiaal eerder met blankes en Oosterlinge as met Afrikane verkeer het. Verskeie kere word na “nice Indians” verwys (bv 1740, 1861). Op ‘n keer het hulle ‘n kok in diens geneem wat haarself belangrik geag het. “She … said that she should of course also sit at table with us and be served ‘as the lady she was’. When she didn’t get it her way, she slammed the doors and stormed out. At that exact moment, her time with us came to an end” (3197).

Die groot sambrele wat gaste teen die son beskerm het en die olielampe wat die eiendom saans verlig het, is dikwels gesteel. “It seemed irrelevant that no other employees in the district were treated as well as ours. We paid them the double minimum wage and they had lots of benefits” (1795). “I still didn’t fully understand these beautiful, hospitable and cheerful people. I could understand if they stole because they were poor and hungry. But stealing as a hobby was incomprehensible to me. They didn’t even seem to be embarrassed when they were shown up. We were generous to others and, when necessary, were happy to give away blankets, food or sometimes money. But they still stole. Why? Was it only because we were white?” (2274). Bertil het op ‘n keer na nog ‘n teleurstelling gesê: “I’m so sick and tired of us always being so kind” (3618).

Hulle moes hofsittings bywoon en getuig wanneer diewe wat eens vir hulle gewerk het weens diefstal verhoor word. Die swartes in die hof het haat teen hulle uitgestraal. “I felt quite sick having them so close” (4189). Personeel wat ontslaan is, het kwaad teen hulle in die gemeenskap gestook. “During the four years we’d lived here, we’d hired more than sixty persons and had fired fifty-four of them for dishonesty” (5183). Die probleme met onbetroubare personeel, watertoevoer en die telefoon wat dikwels buite werking was, het hulle genoop om hulle gastehuis vir besoekers te sluit. “I just wanted to pull a blanket over my head and wake up in some other place” (4207).

Hulle het besluit om hulle eiendom te verkoop en te vertrek voordat hulle weer moet sukkel om hulle besoekerspermitte hernu te kry. “At night, I dreamed about Sweden” (4355). ‘n Dokter het stres by Gunilla gediagnoseer. “The best medicine for my health would be to leave Kenya” (4465). “I only had one thing … in my head … Would we soon be able to leave?” (4807). “Regardless of how much good we did, helping the village and the villagers, we always got stabbed in the back instead of being thanked” (4294). “We decided to pack an emergency suitcase” (5179). “I wished we’d never heard about Kenya” (5303, 5762). Later skryf sy van “this godforsaken country” (5987). “Why couldn’t they see the human being in us and not only our white skin? Why didn’t they understand that we wished them all the good things in the world and wanted to help? The only thing they cared about was stealing and destroying; in fact, in the long run, spoiling things for themselves. What they exposes us to was sheer racism” (5766).

Terwyl die Fagerholms gewag het om ‘n koper vir hulle eiendom te kry, het hulle besluit om twee maande in Swede vakansie te gaan hou. Voor dit het elkeen van hulle net ‘n kort besoek aan Swede gebring vir die begrafnis van ‘n ouer. Terug in Kenya was hulle verbaas oor hoe baie geld namens hulle tydens hulle afwesigheid bestee is. Hulle werknemers “bought petrol corresponding to twenty drives to Nairobi and back; the food costs were preposterous and there were lots of strange out-of-pocket expenses without receipts … All expenses were astronomical and lots of income entries were missing” (5349). “The boys, Fred and Willy, had taken turns in using our bedroom, taking girls there” (5361). “The boys had also been driving around in all directions in our car” (5366). “My Suzuki had been used as a taxi” (5370). “Where was the driver’s log Fred had promised to keep updated?” (5379).

Noah “told us Fred and Willy had contacted him, while we were in Sweden last year, and asked him if he wanted to buy an electric welding set. They told him that they also had a petrol operated water pump and a video camera for sale. The boys had been driving around in my Suzuki, offering our things for sale” (5807).”We’d actually been like one big happy family. How could they?” (5370). Van die laaste dinge wat die Fagerholms in Kenia gedoen het, was om in hierdie diefstalsaak te getuig. “The police didn’t seem to have done their job at all. Several persons and witnesses had never been contracted, in spite of us reminding them time after time” (5922). Die saak sou sonder die Fagerholms voortgesit word, indien wel.

Ten einde raad het hulle hulle eiendom teen meer as 60% afslag,”a ridiculously low price,” te koop aangebied (5709). ‘n Kerkgenootskap kon nie meer as 9% as deposito aanbied nie. “We hoped we’d one day be paid more” (5931). Hulle het gevoel hulle lewens word weens haat in die gemeenskap bedreig. “This constant fear was tearing me apart. I couldn’t stand it any longer” (5991). Hulle het in Mei 2001 besluit om met net een tas elk uit Kenia terug na Swede te vlug. “The rest of our belongings remained at Riverdale Gardens, our Kenyan home” (102). “At the gate, I turned around and had a last long look at our home that we were now leaving forever. What a paradise – unfortunately with a touch of hell” (6013). Toe hulle in die vliegtuig is: “Tears ran down my cheeks. ‘Thank God, we’re alive!'” (85). “I wanted a normal life again” (106). “We’re probably the most blue-eyed people in the universe. Bertil, why can’t we ever learn?” (115).

In 2006 skryf Gunilla: “After five years of depression and nightmares, I now feel as if I have gone through an internal cleansing” (6017). Die skryf van hierdie boek was haar terapie. “Sometimes, I have cried lakes of tears; sometimes been blaspheming so that my office has been reeking of sulphur, but now I am through it and I feel like a new person” (6022). Haar webtuiste is: www.medialib.se Daar kan verdere inligting verkry en foto’s en video’s besigtig word. Bertil het in 2007 ‘n beroerte gehad.

Die boek het ‘n duidelike boodskap. Sou die Fagerholms dit voortaan in hulle persoonlike hoedanigheid in Swede uitdra, of sou hulle liewer aansluiting by die populêre plaaslike mening soek? Die antwoord is te vinde in die boek se voorwoord: “I want to emphasize that we love Kenya and the Kenyan people and that we have never regretted our adventure, once we’d come to terms with the shocking departure” (40). Ek sal maar hulle eie vraag herhaal: “Can’t we ever learn?” (115).

Louis Changuion oor die grondkwessie

omstrede_land_voorblad

deur Leon Lemmer

Louis Changuion, met die bystand van ‘n mede-historikus Bertus Steenkamp, het redelik onlangs die volgende wetenskaplike studie gepubliseer: Omstrede Land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse grondvraagstuk, 1652 tot 2011 (Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, 471p). In die aanloop tot die verkiesing is grondhervorming weer hoog op die agenda van veral die ANC. Baie mense, bv politici, het baie oor grondhervorming te sê, maar hoeveel van hulle het hierdie boek grondig bestudeer? Daar is ‘n Engelse weergawe beskikbaar vir diegene wat nie Afrikaans kan of wil lees nie.

By grond gaan dit om meer as die barre aarde. Dit het ook met ontwikkelde grond in die vorm van bv plase te make, wat die landbou betrek en daarmee saam kosvoorsiening, wat ons almal raak. Die San het die grond gebruik om op te jag en die Khoi het die grond van plante gestroop om vuurmaakhout te hê. Hulle het geen eie bydrae tot grondontwikkeling gelewer nie. Eintlik ook nie die swartes wat grond vir weiding en bestaansboerdery gebruik het nie, want oorbeweiding en grootskaalse erosie was aan die orde van die dag. Al hierdie inheemses was in meerdere of mindere mate nomadies, wat meebring dat hulle kwalik op eiendomsreg van spesifieke afgebakende grond aanspraak kan maak.

Die Khoisan kan hoogstens beweer dat hulle eerste in die suide en weste en die swartes dat hulle eerste in die noorde en ooste van Suid-Afrika was. Nie een van hulle het ‘n realistiese grondaanspraak gebaseer op ontwikkelingsarbeid wat hulle self en op hulle eie verrig het nie. Daar is heelwat regverdiging vir die standpunt “dat dit reg is dat die grootste gedeelte grond aan blankes moet behoort, omdat die blankes die grond ekonomies benut” (p 212). Die swartes se voortdurende eise om meer grond is tereg beantwoord met die versoek dat die swartes “eers bewys moet lewer dat hulle grondgebied meer produktief kan benut” (p 227). In 2012 was daar ‘n bohaai toe Pieter Mulder die feit genoem het dat die swartes (anders as die Khoisan en die wittes) histories nie in die suide en weste van Suid-Afrika gewoon het nie. Changuion bevestig hierdie algemeen aanvaarde waarheid (p 147, 298). Die ANC wil die geskiedenis herskryf soos dit hom pas.

Dit is die wittes wat sedert die middel van die 17de eeu in Suid-Afrika infrastruktuur (bv paaie) geskep en grond tot produktiewe kommersiële plase (in teenstelling met die swartes se bestaansboedery) ontwikkel het. Hierin was die rol van die inheemses beperk tot dié van arbeiders. Dat swartes se benadering tot grond heeltemal anders as dié van wittes is, word deur Willie Esterhuyse uitgewys wanneer hy noem dat dit by swartes “nie oor grond as produktiewe bate gaan nie, maar oor grond as politieke identiteitsimbool” (Eindstryd, Kaapstad, Tafelberg, 2012, p 341).

Dit is ‘n primitiewe benadering wat nie gepas in die hedendaagse wêreld is nie. Dit gee uitdrukking aan die tragedie van grondhervorming in die nuwe Suid-Afrika met ‘n regering wat die swartes ter wille is. Swartes voel emosioneel geregtig op alles in die land, of demografies op minstens 80% daarvan, maar hierdie begeerte is op instink en ideologie gebaseer. Hoe meer grond van wittes weggeneem en aan swartes oorgedra word, des te meer word die onproduktiewe grond. Die landsbevolking neem toe, maar voedselproduksie neem af. Dit moet noodwendig tot ‘n krisis lei.

FW de Klerk het daarop gewys dat die ANC-regering volgens sy groenskrif oor grondhervorming private eiendomsreg wil erodeer deur die grootte van plase in wit besit te beperk, asook die getal plase wat wittes mag besit. Dit sal landbouproduksie en ander ekonomiese aktiwiteit asook belastinginkomste verminder en plaaslike en buitelandse beleggings laat opdroog (Die Burger, 1 Junie 2012, p 2).

In daardie koerant se weeklikse redaksionele rubriek word gesê dat die teks van die groenskrif “‘n eensydige, emosioneel bewoorde historiese beskouing” gee “van hoe die swart mense se grond onder ‘kolonialisme en apartheid’ van hulle afgeneem is”. Ook dat die aanleiding vir die groenskrif ‘n 2007-besluit van die ANC se Polokwane-kongres is, waarmee bevestig word dat die onderskeid tussen die regering en die ANC as politieke party “ongesond versmelt het” (Die Burger, 2 Junie 2012, p 12).

Changuion toon aan hoe die wittes en swartes hulle sedert 1652 in verskillende gebiede gevestig het. Deurlopend het verandering in grondbesetting plaasgevind, soos vanweë die Groot Trek in die geval van die wittes en die Difaqane (die uitdelgingsoorloë onder die swartes) in die 19de eeu. ‘n Kenmerk wat van 1652 tot 1990/1994 konstant gebly het, is dat wittes en swartes ten minste amptelik aparte grondgebied beset het. Dit onderstreep die revolusionêre aard van FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990. Dit was ‘n radikale breuk met die evolusionêre geskiedenis van Suid-Afrika. Wat sedertdien gebeur het, noop ‘n mens om te wonder of voogdyskap of paternalisme (Changuion, p 132, 190) werklik so boos was as wat dit deesdae voorgestel word. (Kyk die laaste sin hieronder.) Die ANC verwag bv sonder meer dat blanke boere bystand aan swart boere moet verleen.

Die standpunt van swartes word heel aan die begin van die boek soos volg verwoord: “Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dat dit daarom nou aan die ‘regmatige’ eienaars teruggegee moet word” (p 7). Nelson Mandela het dit soos volg verwoord: “The [black] people … would fight the white man and win back their country” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 433). Maar die swartes “besit” grond suiwer histories; hulle koop dit nie. ‘n Zimbabwiese opperhoof het sy standpunt soos volg gestel: “Buy land? You must be crazy, you don’t buy the wind or the water or the trees” (Peter Godwin, When a crocodile eats the sun, Northlands: Picador, 2006, p 54). [Dit is hierdie houding wat veroorsaak dat baie swartes nie vir water wil betaal nie; dit val mos gratis uit die lug.] Dieselfde eensydige en primitiewe benadering blyk uit die titel van ‘n 2004-publikasie van die ANC-regering se Departement Grondsake: This is our land (p 7, 309, 446).

Aan die begin het wittes soms grond (nie ontwikkelde plase nie) onderhewig aan streng voorwaardes ontvang. Van hierdie plase is deur latere geslagte geërf, maar die waarde is grootliks deur die ontwikkelingswerk bepaal. Later is hierdie plase dikwels ten duurste deur ander eienaars gekoop en is die verbandlenings oor dekades afbetaal. Deesdae word die eiendomsreg van sommige van hierdie ontwikkelde plase sonder teenprestasie aan swartes oorgedra. Onderliggend is daar nie net ‘n gebrek aan ewewig nie; daar is ook doodgewone onreg, oftewel onregverdigbare bevoordeling van swartes en benadeling van wittes. Daarby word hierdie verkwanseling moontlik gemaak deur belasting wat in groot mate van wittes gevorder word.

Soos dit ‘n wetenskaplike studie betaam, word die terminologie deur Changuion verduidelik: bevolkingsgroepe (wittes, swartes, bruines en Asiate), grondbesit (besetting, onderhandeling, onteiening, restitusie, hervorming), groepe (volk/nasie, stam, gemeenskap) (p 9-10), asook die groepbenamings (p 312-313). Naas die teks wat vir die algemene publiek geskryf is (p 7), is daar bylaes oor bv die wette en statistiek (p 314-442), gevolg deur ‘n bronnelys en indeks. Van die grootste bates van die boek is die talle landkaarte wat die grondsituasie van 1652 tot 2011 uitbeeld. Behalwe in die geval van veral Brits-Betsjoeanaland/Griekwaland-Wes (en anders as die reservate vir Indiane in die VSA) het swartes in Suid-Afrika tradisioneel van die beste landbougrond beset, maar boerdery op ‘n onproduktiewe manier bedryf. Die swart gebied Thaba Nchu in die Vrystaat is bv die allerbeste grond in die provinsie genoem. “Nogtans vind ons dat die naturel nie in staat is om daardie grond te bewerk en die beste daarvan te maak nie” (p 172).

Oor die 1936-wet oor grondbesit:

“Die 15,3 miljoen ha [vir swartes] is meer as die oppervlakte van Engeland en Wallis tesame waarop ongeveer 30 miljoen mense woon teenoor die minder as 6 miljoen wat vir die tuislande beoog is. Ongeveer die helfte van die 100 000 km² met ‘n vogtige en matige klimaat in Suid-Afrika is in die swart grondgebied geleë. Bowendien kry meer as 75% van die oppervlakte van die swart gebiede meer as 500 mm reën per jaar, wat die minimum vir droë-landgewasverbouing is; dit vergeleke met die gemiddelde jaarlikse reënval van slegs 430 mm in Suider-Afrika as geheel” (p 175; ook p 304).

“Die Britse en koloniale regerings het deurgaans gepoog om ‘n beleid van gebiedskeiding te volg” (p 49). “Gebiedskeiding (segregasie) en voogdyskap” was “die tradisionele beleid van Suid-Afrika” (p 116; ook p 141, 191, 388); voor die Anglo-Boereoorlog en ook daarna. Dit was egter in groter mate ‘n skeiding van grondeienaarskap as van mense. Selfs DF Malan het al in 1950 erken dat algehele apartheid nie prakties uitvoerbaar is nie (p 203). In die praktyk was daar bv baie swartes op blanke plase. Slegs sommige van hulle was arbeiders in diens van boere (p 121). Daar was bv deelboerdery: “Die blankes het die grond verskaf, die swartes die arbeid, en uiteindelik is die opbrengs verdeel” (p 130). In die Boere-republieke van die Transvaal en Vrystaat was daar “tradisionele swart krale op die meeste blanke plase” (p 64).

Kaart deur Frans Cronjé van die SA Instittuut vir Rasseverhoudinge, in Rapport gepubliseer
Kaart deur Frans Cronjé van die SA Instittuut vir Rasseverhoudinge, in Rapport gepubliseer

In die ‘blanke’ dorpe en veral stede was daar ‘n al hoe groter toevloei van swartes. Daarbenewens was daar baie staatsgrond waarop swartes hulle gevestig het (p 121, 144, 266), in groter mate as in die reservate (p 122). Baie staatsgrond is sedert 1994 deur die ANC-regering aan swartes oorgedra (p 278). In 1976 het minder swartes in die tuislande as in die res van Suid-Afrika gewoon (p 234). Daar was ook baie grond wat sendelinge vir swart besetting gekoop het (p 66, 67, 106, 144).

Dit is dus uiters misleidend om te beweer, soos telkens deur bv aktiviste en politici, dat swartes op 13% van Suid-Afrika se oppervlak saamgehok is. Daar moet ook onthou word dat swartes tradisioneel geweier het om hulle samewerking te gee wanneer die owerheid ‘n sensus opgeneem het (p 124). [Daar word natuurlik van almal verwag om saam te werk wanneer die ANC-regering op sy onbeholpe manier ‘n sensus hou.] In die Transvaalse republiek “is deur wetgewing bepaal dat blankes nie grond mag beset waar daar ‘n swart stam gevestig is nie” (p 65).

Van vroeg af was die regeringstandpunt dat as ‘n (blanke) boer nie sy grond kon of wou benut nie dit terugval na die owerheid (p 22). Wanneer plase met die oog op besetting deur swartes benodig is, het die wit boere kompensasie ontvang (p 91), bv markwaarde plus 10% en vergoeding vir werklike verliese en ongerief (p 231). Soos elders in die wêreld het die teenoorgestelde ook gebeur: Wittes het swart grondgebied as oorlogsbuit ontvang en dit in plase opgedeel (p 94). Soms het swartes op ‘n soortgelyke wyse gebaat as hulle suksesvol aan die kant van die Boere geveg het (p 107). Wanneer wittes plase gratis ontvang het, was dit bv op voorwaarde dat dit permanent deur hulle bewoon moet word (p 97, 373).

“Indien die Boererepublieke beskuldig kon word dat hulle grond ‘wederregtelik’ verower het – dat dit ‘n geval van land grabbing was – kan dit des te meer gesê word van Groot Brittanje en wat hulle teen die einde van die 19de eeu in Suid-Afrika gedoen het toe hulle die Twee Boererepublieke ingepalm het. Dit, meer as enige ander verowering in daardie tyd, was ‘n voorbeeld van grondinpalming teen die wil van die meerderheid inwoners – ten minste die meerderheid blanke inwoners. Die twee Boererepublieke wat vir ongeveer sestig jaar lank besig was om grond te verower, het dit alles in twee en ‘n half jaar verloor en moes dit as gevolg van verowering afstaan aan ‘n Europese moondheid. Wat was die verskil? Het wat die Boere gedoen het, enigsins verskil van wat Brittanje hier, en in die res van Afrika, gedoen het – verowering van grond, soos dit vir eeue in Europa, trouens in die wêreld, gedoen is?” (p 113).

“Die deelname van swartes aan die oorlog, en grootliks aan Britse kant, [het] die rasseverhoudings verder vertroebel” (p 117). “Na die oorlog was daar ‘n opeenhoping van hawelose swartes op die boereplase en in die groot nywerheidstede en tog was daar ‘n gebrek aan arbeiders op sowel die plase as in die nywerhede, en die reservate was reeds oorbevolk” (p 120). Dit herinner aan die invoer van slawe in die 17de eeu omdat die Khoisan grootliks onbruikbaar as arbeidsbron was. Dit herinner ook aan die invoer van Indiërs gedurende die laaste veertig jaar van die 19de eeu as tydelike werkers op die suikerplantasies (p 179), asook die werwing van swartes in veral die buurlande as trekarbeiders vir die myne (p 208). Daar was baie swartes in Suid-Afrika maar baie van hulle was ongeskik of ongeneë om bevredigend as arbeiders te funksioneer. Arthur Keppel-Jones het swartes as ambisielose sonsitters gestereotipeer (Praag 16 deser).

[Daar is deesdae die persepsie dat buitelandse swartes, bv Zimbabwiërs en Mosambiekers, beter as die tradisioneel Suid-Afrikaanse swartes is, bv as arbeiders. As dit so is, is die vraag waarom dit so is. Dit lyk vir my asof die antwoord in twee rigtings gesoek kan word. Enersyds is dit moontlik dat nie die room nie maar die afsaksels van die swart bevolking in vorige eeue suid oor die Limpopo-rivier gedryf is. Dan kan veralgemenend beweer word dat die tradisioneel Suid-Afrikaanse swartes van slegter stoffasie as dié in bv die buurlande is. Andersyds kan die mode nagevolg word deur die skuld aan die blankes te gee. Tydens die blanke bewind is noodleniging seker meer doeltreffend in Suid-Afrika as in ander Afrika-lande, bv die buurlande, gedoen. Daar was dus ‘n mindere gevaar dat ontberings en sterftes weens bv epidemies en hongersnood by swartes sou voorkom. Dan kan die moontlike verskil in kwaliteit tussen plaaslike swartes en dié in buurlandse aan die empatie van blankes toegeskryf word. Maar dan word die voortdurende geweeklaag van plaaslike swartes oor hoe vreeslik sleg hulle tydens kolonialisme en apartheid behandel is, vergesog en eintlik absurd. In werklikheid het hulle dit (veralgemenend) dan (toe en nou) te lekker en maklik gehad; beter as wat hulle prestasiegewys verdien. Dat dit tydens kolonialisme en apartheid nie hel op aarde vir swartes in Suid-Afrika was nie, blyk uit die feit dat swartes reeds eeue lank nie uitwyk nie, maar eerder die land instroom.]

Tydens die Anglo-Boereoorlog het swartes die Britte ondersteun onder die indruk dat hulle daarvoor vergoed sou word. Baie swartes het “geglo dat die oorwinnaars (die Britte) ná die Anglo-Boereoorlog blankes se plase aan hulle sou gee, en hulle het oor die grense gestroom en blanke plase beset … Die Britse militêre owerhede wat tydens die Anglo-Boereoorlog die besetting ooglopend toegelaat het, het die indruk geskep dat hulle die besetting van hierdie plase goedkeur” (p 115).

“Toe van die blanke boere ná die oorlog na hulle plase teruggekeer het, het hulle gevind dat hulle plase deur swart gemeenskappe beset is … die meeste opstalle is afgebrand, hul vee is óf vernietig óf is gesteel” (p 115). Die wittes het met min middele en groot inspanning hulle plase heropgebou. Na verloop van minder as ‘n eeu, dus na die roemlose magsoorgawe van 1990/1994, herhaal die geskiedenis hom: Swartes dreig om sonder vergoeding die plase van blankes oor te neem en swartes uit Afrika stroom oor die landsgrense in groter getalle as ooit tevore. Die ANC-regering openbaar oor die inkommers “‘n baie meer gematigde houding” (p 279) as vorige regerings.

Na sy toespraak op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk magsdeling aan die wittes belowe maar hulle is die reg ontsê om die algehele magsoorgawe, waartoe hy ingestem het, te verwerp. Na die bewindsoorname van die ANC in 1994 het FW de Klerk aan die boere belowe: “Julle kaart en transport is veilig” (p 272). In 2007 het die eerste plaasonteiening egter geslaag (p 279). Pleks van die markwaarde of selfs meer as dit (soos hierbo genoem) word boere deur die ANC-regering minder as die markwaarde vir hulle plase aangebied. Daarby word ook gesloer met die uitbetaling van die vergoeding (p 280). Die hele proses word deur korrupsie en onbekwame amptenare beduiwel (p 283).

Die ANC-regering het grondeise toegelaat wat tot 1913 terugdateer. Die sperdatum vir die indiening van die eise was die einde van 1998. Toe is bekend gemaak dat 60 000 eise ontvang is. ‘n Jaar later is hierdie syfer tot 79 000 verhoog (p 278), wat heelwaarskynlik daarop dui dat baie aansoeke wat te laat ontvang is op ‘n onetiese wyse toegelaat is. Druk word uitgeoefen dat verdere eise toegelaat word en die afsnydatum nie 1913 moet wees nie (p 274), maar eerder 1652: “Dit mag dan dalk selfs die stryd om grond tussen die swart gemeenskappe van die verlede betrek” (p 281). Dit wil die ANC vermy, want grondhervorming word ter bevoordeling van die swartes bedryf en is uitsluitlik teen die wittes gemik (p 309).

Die gewillige-koper-verkoper-beginsel kry al hoe meer teenstand (p 280-281, 290). Maatreëls soos grondonteiening, drastiese belasting op grond en die beperking van grondpryse en die hoeveelheid grond wat ‘n wit boer mag besit, geniet al hoe meer steun (p 281, 290, 294-295, 309), veral in ANC-geledere. Die kabinet het reeds in 2008 grondonteiening in beginsel aanvaar (p 285). Sodra ‘n eis teen ‘n plaas ingedien is, mag geen verdere ontwikkeling daar gedoen word sonder ‘n permit van die grondeisekommissaris nie (p 281). Produksie lei daaronder en dit kan jare duur voordat ‘n eis afgehandel is en nog langer voordat die boer vergoeding ontvang (p 307).

“Binne ‘n paar jaar het Suid-Afrika verander van ‘n netto uitvoerder van voedsel na ‘n netto invoerder” (p 282). Dit is waarom ek dink dat daar eerder ‘n graad- as ‘n aardverskil tussen die situasie in die nuwe Suid-Afrika en Zimbabwe is. Die maatreëls wat die ANC-regering beoog, is soortgelyk aan dié wat voedselproduksie in Zimbabwe geruïneer het (p 305). “Die owerhede behoort die kommersiële boere, wat nog 90% van die land se voedsel produseer, te beskerm eerder as om hulle van die plase te verdryf” (p 282).

“Talle swart boere [het] plase gratis gekry” (p 283). “Dit [is] eenvoudig deel van die menslike aard … om nie iets wat verniet gekry is te waardeer nie” (p 284). Die meeste plase wat aan swartes ingevolge grondhervorming toevertrou word, misluk klaaglik of word vir bestaansboerdery gebruik. Die regering het al “erken dat 90% van die grondoordragte wat reeds gedoen is, mislukkings is” (p 291). In die boekjaar 2010/11 is meer as R1 miljard bewillig om mislukte plase weer produktief te maak (p 295). Die ontvangers stel hoofsaaklik in die grond as eiendom belang en nie in boerdery nie (p 284; verwys ook Esterhuyse hierbo).

Selfs al was ‘n grondeis geldig behoort daar vir die bate betaal te word, al is dit oor ‘n lang tydperk (p 284; ook p 307). Die sogenaamde voorheen benadeeldes word bevoordeeldes wat “baie meer kry as wat hulle verloor het” (p 291). [Dieselfde onetiese verskynsel doen hom tans in Distrik Ses voor.] Dit kan ‘n geval wees van ‘n voorouer wat benadeel is en nou word die nageslag vergoed. Maar is die Boere en hulle nageslag in dieselfde orde vergoed vir die onregte (bv konsentrasiekampe) van die Anglo-Boereoorlog?

Tydens die Zuma-bewind het Julius Malema as ‘n propagandis ontpop: Die swartes “hoef nie die grond te koop nie, want die blankes het dit van hulle gesteel. Met ander woorde, die grond moet eenvoudig aan die swartes teruggegee word, ongeag die verbeterings daarop” (p 288). ‘n Wyser benadering sou wees “om eers die reeds beskikbare grond aan voornemende swart boere oor te dra alvorens grond van suksesvolle blanke boere weggeneem word. Dit is tog bekend dat die staat eintlik die grootste enkele grondeienaar is,” maar die regering weet nie “hoeveel grond hy besit nie en ook nie waar sy grond geleë is nie” (p 289).

Een van die moontlikhede wat hom sedert 2008 voortdoen, is die nasionalisering van grond. Die regering oorweeg dit “om alle produktiewe landbougrond tot nasionale bate te verklaar. Indien dit gebeur, sal die huidige eienaars dan op ‘n tydelike of permanente grondslag slegs gebruiksreg van die grond hê” (p 292). Daar is ook al deur die minister van landbou voorgestel dat blanke boere 40% van hulle boerdery (dus nie net grond nie) aan swart boere moet afstaan (p 294). Daar word ook oorweeg om plase aan blanke boere terug te verhuur (p 296).

“Histories was die mense van Afrika nooit bekend vir grootskaalse boerdery nie … Daar is … relatief min suksesvolle indiwiduele kommersiële boere in Afrika as geheel. Dit laat die vraag ontstaan of kommunale boerderymetodes nie maar steeds die beste vir Afrika is nie” (p 308). Van die grootste ironieë is dat algemeen aanvaar word dat hierdie swartes, wat eufemisties “opkomende” of “ontluikende” boere genoem word maar meesal misluk, net sal slaag as wit boere as mentors optree (p 284). “Dit wil … voorkom asof die ou konsep van voogdyskap weer bygesleep sal moet word” (p 307).