praag.co.za

Om rassisme te soek en te vind

Written by

in

,

rassisme_logodeur Leon Lemmer

‘n Tyd gelede is talle berigte plaaslik en in die buiteland oor die volgende insident gepubliseer: “Oprah alleged racism after a Zurich shop clerk said a $38 000 handbag was ‘too expensive’ for her; the store called it a misunderstanding” (Time, 26 08.2013, p 9). Dié berig verskyn onder die opskrif “Scandal”. Dit lyk asof geïmpliseer word dat die winkel verkeerd en Oprah reg het; dat die klerk se opmerking skandalig is. Myns insiens is dit veel eerder ‘n skande dat Oprah so ‘n nietige en heel moontlik heeltemal onskuldige of naïewe uiting wêreldkundig gemaak en rassisme genoem het. Sy het iets onbeduidends tot die uiterste misbruik om ‘n hou teen blankes in te kry; daardie mense aan wie sy by uitstek haar buitensporige rykdom te danke het.

As so iets aan ‘n blanke gesê is, sou geen haan daaroor gekraai het nie. Dit illustreer die benadeelde situasie waarin blankes hulle sedert die Tweede Wêreldoorlog bevind; dat die geringste aanleiding deur swartes misbruik word om van wittes slaansakke te maak deur hulle as immoreel en bedenklik voor te stel. In werklikheid is blankes die norm of maatstaf waarna die res streef. Omdat hierdie ideaal hoë eise stel en vir hierdie mense (dalk) onbereikbaar is (of sodanig lyk), word gepoog om die blanke met bv verbale vyandigheid van sy troon te stoot. Wat die blanke ook al doen, word onder die vergrootglas geplaas om, indien enigsins moontlik, daarin onregpleging teen swartes te probeer vind. Hoe meer die wittes vatbaar vir sulke insinuasies blyk te wees, des te meer militant word die aanslae. Daar word gepoog om die positiewe prestasies van blankes met negatiewe reaksies te neutraliseer.

Dit gebeur ook dat swartes in hulle anti-blanke veldtogte op die steun van misleide blankes kan staatmaak. Die teenoorgestelde gebeur selfde, want swartes vorm meesal ‘n verenigde front teen wittes. Eufemisties word dit “solidariteit” genoem en nie rassisme nie. Wanneer wittes egter ‘n politieke party soos Front Nasionaal stig om hulle belange te beskerm, word hulle deur bv Leopold Scholtz van rassisme beskuldig (Die Burger, 16 Mei, p 12).

Maar wanneer reageer polities korrekte joernaliste op ‘n berig soos die volgende? “Die ANC sal die koerante onthou wat teen die party standpunt ingeneem het in vanjaar se verkiesing. Só het Jackson Mthembu, ANC-woorvoerder, gister by Luthuli-huis aan die media gesê. ‘Julle het vir julself dié bed opgemaak. Nou moet julle daarop lê.’ … Mthembu het gesê die ANC het ‘n nota gemaak van watter publikasies teen die party standpunt ingeneem het en sal dit in die toekoms onthou” (Die Burger, 12 Mei, p 2). Dit is baie duidelik ‘n dreigement wat bv persvryheid verder aan bande kan lê. Dit toon ook dat dit nie om demokrasie en vryheid vir die ANC gaan nie, maar veel eerder om swart mag. Binne die ANC is daar geen werklike onderskrywing van demokrasie nie. Demokrasie is bloot as dekmantel of rookskerm gebruik om die politieke mag vir swartes te bekom.

Onder die opskrif, “Hoeveel bobjaan bloed in Wit are??,” skryf Francois Williams, ‘n bruine wat hom êrens in die Ooste bevind, soos volg: “Daar is geen twyfel dat daar meer as net ‘n skeutjie aapbloed deur die are vloei van vele Blankes nie. … Witmense het klas, ongetwyfeld, as mens net daai aapstreke en nazibloed uit hulle kan tap” (LitNet, SêNet, 9 Mei). Gestel ‘n blanke beweer dat nie-wittes bobbejaan- of aapbloed in hulle are het. Daar sal seker onmiddelik ‘n halfdosyn menseregtekommissarisse op hom toesak. Maar Williams kom skotvry daarvan af; soos diegene wat “Skiet die Boer” sing omdat dit glo deel van die ANC se tradisionele kultuur is. Gewoonlik word daar plaaslik vier etniese groepe onderskei: blankes, Asiate, bruines en swartes. By drie van hulle is daar benamings wat glad nie gebruik mag word nie omdat hulle as “rassisties” bestempel word. Net in die geval van die blankes is daar geen benaming wat hulle nie toegesnou mag word nie.

Tans is daar ‘n bohaai oor ‘n spotprent wat Primedia op Eyewitness News se webblad gepubliseer het. Die nuwe ministers word as narre uitgebeeld en diegene wat vir die ANC gestem het, word p-p-ls genoem. Die wysneus Max du Preez se kommentaar is: “Swart Suid-Afrikaners is hipersensitief oor enigiets wat as kleinerend of rassisties beskou kan word, of dit so bedoel is of nie” (Die Burger, 31 Mei, p 8). Du Preez se opmerking is volmaak in pas met wat hieronder mikro-aggressie genoem word. Keith Khoza, die ANC-woordvoerder, het gesê: “Die meeste van die 11 miljoen mense wat vir die ANC gestem het, is swart en die spotprent is uit daai perspektief geskets. Dit is ‘n spotprent wat die narratief dat swart mense nie vir hulself kan dink nie voortsit.” Klaarblyklik sou dit in orde gewees het as die meerderheid stemmers wit was en só uitgebeeld is.

Ek vra my af: Waarom mag blankes deurlopend verkleineer word maar swartes nie? Waarom word blankes deesdae steeds as bv slawe-eienaars en Voortrekkers uitgebeeld, terwyl swartes, bv ANC- en PAC-politici, polities korrek nie met plofstof, handgranate en AK-47-gewere voorgestel mag word nie? Waarom mag die verre geskiedenis van blankes as verwysingsveld dien maar nie die onlangse geskiedenis van swart “vryheidsvegters” nie? Vloek dit nie baie luid teen die waarheid deur Nelson Mandela as ‘n messias, ‘n verlosser, soortgelyk aan die Christus-beeld in Rio de Janeiro, voor die Unie-gebou uit te beeld nie? Laat Mandela se saluut van ‘n gebalde vuis nie meer reg aan hom as aartsgeweldenaar geskied nie?

Wat ek probeer aandui, is dat daar nie sprake van ewewig in hierdie saak is nie. Die blankes is in ‘n benadeelde posisie geplaas en word daar gyselaar gehou omdat valslik geglo word dat net blankes rassiste is. Byvoorbeeld, in die VSA word oor en oor beweer, ten spyte van al die bewyse van die teendeel, dat swartes nie tot rassisme in staat is nie. Slawerny, rasse-segregasie, apartheid, kolonialisme en imperialisme word sonder ophou voorgehou as toonbeelde van blanke rassisme, uitgaande van die veronderstelling dat swartes en ander nie-wittes, soos Arabiere, bv nooit slawerny bedryf het nie. Maar hierdie makro-“euwels” behoort grootliks tot die verlede. Omdat daardie “euwels” hulle slaankrag al hoe meer verloor, wend swartes hulle bykomend tot mikro-“euwels” ten einde blankes te diskrediteer.

John McWorther is ‘n swart dosent in Engels aan die Columbia University, New York City. Hy is rasgepreokkupeer en skryf oor onderwerpe soos slawerny, Black English, taalkreolisering en gays. In Time (14 April, p 15) is sy jongste artikel onder die opskrif, “Is ‘Microaggression’ the new Racism?” gepubliseer. Ten aanvang skryf hy: “In progressive politics, most of the action has moved on from the civil rights struggles to a focus on societal or ‘structural’ racism.” Dan kom hy uit by sy definisie van ‘n nuwe woord: “Microaggressions … are quiet, often unintended slights – racist or sexist – that make a person feel underestimated on the basis of color or gender.” Hy verskaf die volgende voorbeeld. “A student at McGill University [Montreal, Kanada] recently had to apologize publicly for the ‘microaggression’ of emailing a doctored video of President Obama kicking open a door … The image supposedly perpetuated a historical legacy of black men being portrayed as violent.”

Ons is dus hier weer midde in die Amerikaanse preokkupasie met ras en geslag. Hierdie video laat ‘n mens dink aan die Reitz-video wat op die kampus van die Universiteit Vrystaat gemaak is en waaroor daar so ‘n groot en myns insiens heeltemal onnodige bohaai opgeskop is. Dit is aangegryp as ‘n voorwendsel om wittes sleg voor te stel. As wittes die onderwerpe in daardie studentepret was, sou geen haan daaroor gekraai het nie. As die McGill-student ‘n wit Amerikaanse president of enige ander witte uitgebeeld het wat ‘n deur skop, sou daar ook geen noemenswaardige reaksie gewees het nie. Omdat Obama swart is, mag hy blykbaar nie met so ‘n nietige geweldsdaad geassosieer word nie. Die vraag is waarom dit skynbaar ontoelaatbaar geword het om swartes, ten spyte van al die bewyse, met geweld te assosieer. Ons weet dat bv die ANC se geweldstradisie deesdae verswyg word en dat die hedendaagse voortsetting van sodanige geweld tydens optogte, betogings en stakings sover moontlik gekamoefleer word. Maar is dit nie in die openbare belang dat geweld deur enige etniese groep ewekansig wêreldkundig gemaak moet word nie?

“The idea is that whites should now watch out for being microaggressors in the same way they learned long ago not to be racist in more overt ways. Importantly, the microaggressor is quite often a good person, the kind we assume is too enlightened to pop off with racist or sexist insults.” Let op hoe McWorther uitsluitlik wittes met rassisme assosieer. Ook dat swartes so goed was om die wittes te leer om nie (meer) openlik rassisties te wees nie. Ook dat al is sommige wittes in die swartes se oë goed, hulle nogtans deur swartes met mikro-aggressie getreiter kan/mag word. Dit is ‘n wen-wen-situasie vir swartes en ‘n verloor-verloor-situasie vir alle wittes; dus vir sowel dié wat pro- as anti-swart of neutraal is. Daar is geen uitkomkans nie. As jy wit is, is jy protensieel in die swartes se visier vir vernedering.

“The black journalist Touré [Neblett] has recounted, for example, being in a writers’ program in which he was asked by a prominent literary critic, ‘So why are you here?’ The critic didn’t ask it in a hostile way, but the question carried an implication that there was some reason that Touré’s presence was unusual, and it was obvious [?] what the factor was. The critic likely had no idea how that came off, and of course Touré went on to have a fine life. But this was, nevertheless, a microaggression.”

Die tweede deel van die woord “microaggression” is in hierdie geval heeltemal onvanpas omdat daar geen aggressie by die witte was nie. Daardie aggressie kon net by die swarte aanwesig gewees het en daarby heeltemal onnodiglik. As swartes so liggeraak of skoorsoekend is, kan die vraag gestel word of hulle hoegenaamd in sulke geselskap hoort. Was die vorige bedeling, waarin swartes apart gehou is, nie dalk beter nie? As blankes hoor ons voortdurend dat ons by die situasie in die nuwe Suid-Afrika moet aanpas. Waarom kan daar dan nie ook aanpassing van swartes verwag word as hulle hulle in blanke geledere bevind nie?

Dan kom McWhorter by beweerde seksisme: “As was the case when a middle-school teacher praised a feminist friend of mine for getting the highest math score of any girl in class. Or when I once asked a linguist a question about his presentation, only for him to repeatedly give me an answer I wasn’t seeking. The problem was that he spontaneously assumed I wasn’t familiar with the basic grammatical topic he was covering when I, as familiar with it as any linguist of 25 years’ standing, was interested in a more specific matter. This man was not a racist by any stretch of the imagination, but he assumed that a black linguist must be interested only in societal issues rather than in the wonky mechanics of grammar.”

McWhorther se publikasies toon dat hy inderdaad hoogs geïnteresseerd in “societal issues” is. Dit gebeur dikwels dat mense wat voorheen nie ‘n sekere vlak in die samelewing bereik het nie hulleself heeltemal oorskat as hulle deesdae wel sosiaal gevorder het. Hulle is dan onkrities teenoor hulleself ingestel en wek ‘n grootdoenerige, oorselfversekerde, beterweterige indruk. In ras- en geslagsgedrewe geledere word dit eufemisties “assertiveness”, oftewel beslistheid, genoem. In werklikheid is dit veel eerder ‘n eiewyse of aanmatigende houding. Die lof wat McWhorther vir homself besing, is kenmerkend van sulke gevalle. In die praktyk is daar talle sulke voorbeelde.

Dan kom die outeur met ‘n mate van soberheid vorendag. “Some might see this whole microaggression concept as just a way to keep grievance going in an America where it gets ever harder to call people on naked bigotry. ‘Life is tough for everybody,’ you might think. ‘When does all of this “poor me” stuff stop?’ One need not be a racist or sexist to have that sentiment, especially given that the nature of microaggressions – subtle, unintended, occurring in the hustle and bustle of social interaction – is such that they will never cease to exist entirely.” Ek kan inderdaad nie ‘n einde voorsien van die etniesgedrewe aanvalle teen blankes en die geslagsgedrewe ongedurigheid met heteroseksuele mans nie.

“Perhaps there is value in fostering an awareness of such things, in the name of our society’s becoming ever more enlightened [!]. It’s at least comforting that the term is microaggression. It acknowledges that change has occurred, that we are dealing with something smaller and less starkly egregious than name-calling and formal exclusion. That’s better than just calling all of it, from cross burning to asking black people if you can touch their hair, racism (which has always been sloppy and counterproductive).” Dit is ‘n verligting dat McWhorther besef dat die term “rassisme” heeltemal te maklik en glad te dikwels (eksklusief) teen blankes gebruik word.

“However, there is something equally counter-productive about the microaggression concept, at least as it is currently put forth. The scholars promoting this concept claim that it is a microaggression even when someone says, ‘I don’t see you as black,’ claims to be color-blind, purports not to be sexist or in general doesn’t acknowledge one’s race or gender.” Die kleur en geslag van die oorgrote meerderheid mense is so ooglopend dat dit myns insiens vals en oorverlig is om te beweer dat sulke kenmerke deur sommige oorverligtes nie opgelet word nie.

Ten slotte versuiker die outeur sy pil ietwat deur rasioneel of redelik te probeer wees. “But if it’s considered racist for whites to designate any trait as a ‘black’ one, we can’t turn around and say they’re racist to look at black people as just people. That would be fixing it so that whites basically can’t say anything right, as if being white were itself a microaggression. That, however, is neither profound nor complex – it’s just bullying disguised as progressive thought. Let’s call it microaggression only when people belittle us on the basis of stereotypes. Creating change requires at least making sense.” Die wysheid van hierdie laaste sin word nie betwyfel nie. In baie opsigte maak die verandering van die ou na die nuwe Suid-Afrika egter geen sin nie.

In die praktyk is daar baie swartes wat wittes nie as ‘n mikro-aggressie takseer nie, maar as ‘n makro-aggressie. In hulle oë kan wittes inderdaad niks reg doen nie. Van dankbaarheid vir wat deur blankes tot almal se voordeel tot stand gebring is, is daar by diesulkes nie sprake nie; van welwillendheid en inskiklikheid nog minder. Die punt is dat ‘n mens in enige sinvolle samelewing geregverdigde, oorwoë kritiek teen enigeen moet kan uitspreek. Dit is ‘n voorvereiste vir verbetering. Wat in die praktyk gebeur, is dat daar geen perke is aan die kritiek wat op blankes neerreën nie (uit eie en swart geledere), terwyl enige kritiek teen swartes as “rassisme” geëtiketteer word. So ‘n gesindheid is nie bloot kleingeestig en teenproduktief nie; dit is simptomaties van ‘n siek samelewing.

Comments

17 responses to “Om rassisme te soek en te vind”

  1. Phillip Avatar
    Phillip

    Van welwillendheid en inskiklikheid glo ek het die Blanke meer as genoeg gedoen vir en in die samelewing wat betref nie-blankes oor dekades heen. Die twee woorde, rassisme en apartheid is eweneens net so holrug gery en word in oormaat beklemtoon deur nie-blankes, juis omdat hulle steeds, na soveel jare nie in staat is om sukses te bereik, sonder die blanke invloed en denke nie.

    Inteendeel, wat die Blanke opgebou het, word afgebreek tot op sy fondamente, en steeds is dit net die swartes wat in hoe poste sit, wat bevoordeel word deur, hetsy korrupsie en/of een of ander vorm van misdaad – selfsverryking, anders as die Blanke wat steeds opbou, en red wat te redde is.

    Volgens die Grondwet het ek ook die reg om te sê ek hou nie van ander rasse nie, en ek beroep my daarop, ek het nog nooit, en sal nooit van hulle hou nie. Omgekeerde rassisme is wel nou aan die orde van die dag, maar daar is hoop, hoop op SELFBESKIKKING. Ek wil deur my eie volk en nasie gelei en regeer word, nie deur voorvaderaanbidders of anderskleuriges, ons is nie dieselfde nie.

    Goeie skrywe Leon.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      In ons maatskappy waar ek werk was ons onlangs besoek deur ‘n hooggeplaaste indiër vrou – (weet nie regtig hoekom nie) en sy het negatiewe kommentaar gelewer oor die kleursamestelling van ons werksmag – my baas antwoord toe juis – hierdie mense het ook ‘n reg op werk en geen swarte met hierdie kwalifikasie sal vir lae salaris werk wat ons betaal nie. Sy was baie duidelik geskok oor hierdie aanmerking.

      Die punt is – ons blanke mans het ook ‘n reg op oorlewing. Ons het ook ‘n grondwetlike reg op AL die dinge wat die andere nou vir hulleself ten koste van ons blanke mans toeeien. Selfbeskikking is die enigste manier wat ons hierdie reg kan toeeien aangesien dit nie vir ons gegun word in die nuwe ZA nie, al mag daar volgens die grondwet nie teen ons gediskrimineer word nie.

      1. Mens Avatar
        Mens

        Hoe wil jy selfbeskikking in SA kry?

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Hoe wil jy anders oorleef in ZA? Om aan te hou om die ANC te paai gaan jou net nog meer pakslae op die hals haal. Dit is soos ‘n geweldadige verhouding waar die man die vrou slaan – maak nie saak hoe goed sy in haar spoor trap nie sy sal altyd gefoeter word. So is dit met die ANC en die blanke in die land.

          Daar is verskeie maniere om selfbeskikking op te eis – self weet ek daarvan nie genoeg nie maar daar is andere wat hard hieraan werk en dit ondersteun ek. Ek maak ook ons lot aan soveel mense moontlik in die buiteland bekend sodat die wêreldsentiment teen die ANC regering kan draai en hulle uitgewys kan word vir die tweegatjakkalse wat hulle werklik is.

          Hoe wil jy selfbeskikking hier bewerkstellig?

    2. Andy Avatar
      Andy

      Phillip ek het netnou kommentaar gelewer, maar vermoedelik was daar iets wat ek nie veroorloof was om te sê nie, dus gaan ek gou weer probeer.
      Flip Buys van Solidariteit het iets geskryf oor rassisme en toe haal hy Langenhoven aan. “Hoekom is my politiek rassisme en jou rassisme politiek”. As ek reg kan onthou was hy mos n advokaat en ook n parlementslid.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Daar is twee maniere om bo te kom:
    1) Presteer met jou eie vermoëns en word raaksgesien vir dit wat jy kan
    2) Verkleineer ander en wys vir die wêreld hoe goed jy is (Hierdie dui op een van twee dinge a) Jy het nie die inherente vermoë nie, b) Jou selfbeeld laat jou nie toe om na behore te presteer nie)
    Dit is duidelik hoe op die westerling (veral die blanke man) tans wêreldwyd getrap word. Besluit maar self watter van die bogenoemde is van toepassing.

  3. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Swartes haat hulle self omdat hulle maar sleg afsteek by die wittes.
    Sommige wittes haat hulle self omdat hulle die swartes se meerdere is, en niks daaraan kan verander nie.
    Om die natuur, soos hy is, op sy kop om te keer, kan nie gedoen word nie, maar daar is mense wat nooit sal ophou probeer nie. En as jy nie een van daardie omkeer mense is nie, word jy gekruisig.

  4. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    Dankie Leon! Die lys van ‘sondes’ en ‘eienskappe’ van die blanke word al hoe langer. Mikro-aggressie! Wde…! Al wat ons kan hoop is dat hierdie toring van babelse aanklagte teen ons sal omval en op hulle val en hulle vermorsel tot stof sodat die wind hierdie kaf verewig kan wegwaai! Jy weet die bybel praat van die duiwelse leringe. Ek sweer demone sit in hulle ore en praat om hierdie kaf aan hulle uit te spel! Hulle is nie in hulle natuur nie in staat om so aanhoudend nuwe goed uit te dink nie!

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Wit demone…

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Dolk – ons Dolk – jy is terug!!!

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          U laat my verleë…

          NS Dankies…

          1. Gas Avatar
            Gas

            Geen rede vir u om verleë te voel Mnr Dolk. Ek is saam met Mev Riempies bly dat u terug is waar u hoort!

  5. african4 Avatar
    african4

    Die meeste blankes besef nie dat die Westerse beskawing onder aanval is nie. Die gemiddelde blanke liberalis is so onnosel en gebreinspoel, dat hy die mense wat hom en sy beskawing wil vernietig aktief ondersteun..

    Ek bid baie hard dat terme soos politiese korrektheid, gelykheid, rassisme, feminisme ens. moet uitsterf, want ek besef dat die oorsprong van hierdie terme van dieselfde bron af kom en dat dit hierdie bron is wat besig is om die Westerse beswaking doelbewus te vernietig.

    Ek bid dat die bron, die uitvinders van kulturele Markisme, self uitsterf..

    1. Etienne Prinsloo Avatar
      Etienne Prinsloo

      Die Westerse beskawing is op sy sterfbed, te dood veroordeel deur die sg blanke Westerse liberaal behep met dieswart god. Wie is die laagste hier, die swarte of bv die Nederlander of Brit wat hom verafgod en aanbid as een of ander superwese?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Sterfbed – of renaissance?

  6. Willem De Jager Avatar
    Willem De Jager

    Daar is wel aards-rassiste onder ons Afrikaners maar hulle is nie die mikro aggressors na wie daar hier verwys word nie. Tim du Plessis praat van die 85% wat DA stem: Hulle is die mense wat ‘amptelik’ nie-rassisties is maar hulle werk baie hard om hulle in die praktyk hoofsaaklik met ander blankes te assosieer. Hulle kan nie verstaan waarom ek nie ‘n ou rassistiese grappie snaaks vind nie, eks dan ‘regs’ in hulle oë. Hulle is inderwaarheid só rassisties hulle sien nie integrasie as ‘n probleem nie want hulle weet hulle geld gaan hulle veilig in ‘n hoofsaaklik wit sekuriteitsoord afskort, of iewers anders waar dit wit is. Die “token black” vriend op hulle foto’s maak hulle rassisme net nog meer banaal. Dit is hulle subtiele rassisme wat McWorther et al móét uitwys want dis hulle wat vir ons ‘n slegte naam gee. Onderduimse/ekonomiese rassisme is nog meer afstootlik as blatante rassisme.

    Maar dat blankes, veral Afrikaners onder skoot is in SA is nie altemit nie. Het iemand opgelet hoe die gesig van die moordenaar in SA ‘n wit man geword het in 2 jaar? Die frekwensie en ywer waarmee berig ná berig in die hoofstroom media name soos Christian de Jager, Clive Derby Lewis, Die Waterkloof 4, Oscar Pretorius met “convicted murderer” verbind is verstommend. Tussen hulle was daar 5 slagoffers. Intussen is daar honderde, selfs duisende mense wreed deur swart en bruin moordenaars vermoor maar die media fluister hoogstens daaroor. Anene Booysen was die uitsondering maar daar is op haar gefokus eerder as op die moordenaar.

    1. Andy Avatar
      Andy

      Jy is so reg Willem. Op n baie impulsiewe manier is die aandag weggeneem van die eintlike probleem, en die media speel lekker saam want dit is ook groot sensasie en stimuleer verkope(omset).

Leave a Reply