praag.co.za

Die toekoms van die EU en die Weste

Written by

in

,
John Robison
John Robison

Soos wat die tyd aanstap sien ons hoe Westerse lande nog baie kan leer van die Afrikanerleiers van weleer. Wie onthou nog Verwoerd se boodskap dat sodra Mandela president word, sal die bakens van die Weste ten gunste van daardie gevaarlike ideologie van kommunisme val? Of PW Botha se waarskuwing van die totale aanslag sodra kommunisme oorneem? In daardie opsig funksioneer Suid-Afrika soos ’n mikrokosmos vir die res van die Westerse wêreld. Net soos die Sowjet Unie ’n eksperiment was om te sien hoe suksesvol kommunisme uitgevoer kan word na die res van die wêreld, is Suid-Afrika ’n laboratorium om te sien hoe Westerse volkere omgaan met hul eie kulturele ondergang.

Hierdie Nuwe Wêreldordetsoenami wat besig is om die Weste te oorspoel is egter nie net van die onlangse tyd nie, maar het geleidelik ontwikkel oor honderde jare vanuit verskillende oorde. Een van die eerste belangrike aanwysings in hierdie verband was die Skot John Robison se Proofs of a Conspiracy uit 1797. Uiteindelik sal hierdie verskillende strominge by mekaar uitkom, met soos gewoonlik slegs ’n klein groepie ingewydes wat die volle oorsig het van wat presies gebeur.

Om hierdie totale aanslag meer oorsigtelik te maak sal dit ’n goeie idee wees om na ’n aantal verskillende onderdele te kyk waaruit dit bestaan. Ek het dit saamgevat onder ’n aantal kriteria om te probeer om meer helderheid op die saak te werp. Die onderwerpe wat hier ter sprake sal wees is wetgewings, kultuur en geloof.

Internasionale wetgewing. Op hierdie stadium is daar rofweg gestel twee soorte regstelsels wat geld in die wêreld, naamlik wette op land en wette op see. Die wette op land verskil uiteraard van land tot land, maar die wette op see is min of meer universeel. Die mees uitgebreide wetstelsel op see is afkomstig uit die admiraliteit, en is al grotendeels opgeneem in die landswette van die meeste handelslande. In stede soos Amsterdam, Londen, New York en ander sien ’n mens op belangrike historiese geboue allerlei standbeelde en ornamente wat die dakke en voorgewels versier. Een van hierdie ornamente wat op die hoogste punt van die dakke pryk is ’n brons of geelkoper seilskippie. Daardie skippie beteken iets. Dit gee aan dat in daardie gebied koopvaardywette geld. Koopvaardywette is gebaseer op admiraliteitswette, aangesien die admiraliteit die eerste beheerliggaam op see was wat ’n uitgebreide regstelsel ontwikkel het. Omdat die meeste handel oor see gaan, is tot op vandag die admiraliteitswette die basis waarop koopvaardy- en handelswette geskoei is.

Soos enige regsgeleerde kan beaam is wette gebaseer op ’n bepaalde gees. Die Franse grondwet is gebaseer op die gees van vryheid, gelykheid en broederskap, dié van Amerika op die gees van vryheid en indiwidualisme, en die gees van die admiraliteitswette berus op eer. Die bemanning op ’n skip is verplig om alles wat gebeur aan die kaptein te vermeld. Hulle moet hul eie belange opsy sit ter wille van die groep, anders kan die hele missie gevaar loop, vandaar dat eer die belangrikste deug is in die admiraliteit.

Die afbraak van landsgrense soos byvoorbeeld in die Eurolande gaan gerieflik help om die admiraliteitswette te bevorder. Hierdie wette mag dalk belangrik wees op see, maar as dit elke faset van ons lewens gaan oorheers kan dit ’n probleem word. Waar wette op land oor die algemeen ingestel is om persoonlike vryheid te waarborg, is wette op see slegs gebaseer op resultate. Dit kom daarop neer dat jou eie persoonlike ontwikkeling niet tot sy reg kan kom nie en dat diegene wat in beheer is van jou alles van jou moet weet. Daar is geen privaatheid meer nie en geen persoonlike ontwikkeling nie. Alles is onderhewig aan die groot loerbroer en enige afwyking kan gestraf word. Die uiteinde is dus nie veel anders as slawerny nie. ’n Mens kan dit duidelik ervaar in ’n seevarende moontheid soos Nederland waar die bemoeisieke regering alles van sy inwoners moet weet. Enigiets privaat en persoonlik word met agterdog bejeen. Dit is daarom belangrik dat ons landswette moet respekteer en moet waak teen oormatige admiraliteitswette wat orals ingevoer gaan word.

Kultuur. Dit word deesdae al hoe kranksinniger wat mense as esteties kwalifiseer. Opvattings wat nie in tradisie gewortel is nie word opgehemel terwyl alle andere opvattings wat oor honderde jare ontwikkel het as agterlik of onvanpas beskou word. In Swede word dit ook steeds meer die norm om nie meer na mans en vroue in die derde persoon (‘han’ of ‘hon’) te verwys nie, maar met die neutrale ‘he’. Hierdie jarelange droom van die universele mens het ’n belangrike ideaal gevorm by die Swede, en nou sit hulle met ’n onwerkbare situasie, ’n uitgeputte welsynstaat en minderhede uit Moslemlande wat Swede ’n reputasie gegee het as die land met ’n verkragtingsyfer wat twintig keer hoër is as die Europese gemiddelde.

Andersyds het ons almal die wenner van die afgelope Eurovisie Musiekfees gesien, naamlik ’n bebaarde transseksueel uit Oostenryk. ’n Vrou of iets met ’n baard wat ’n soort afgesaagde James Bond deuntjie gesing het moet ons as ’n monumentale prestasie beskou. Let wel, die kompetisie se naam is “Eurovision”, met ander woorde “visie van Europa”, oftewel dit waarheen Europa oppad is. En dit is ’n goeie vraag. Waarheen is Europa (en ipso facto die Weste as geheel) oppad met hul patologiese ophemeling van alles wat afwyk? Voorlopig lyk dit in elk geval asof die Weste met die EU as beliggaming op ’n chaotiese toestand afstuur.

Die sielkundige Kurt Lewin se konsep van fluïditeit kan ons hiermee help. Met fluïditeit word bedoel dat daar ’n georganiseerde chaos moet plaasvind om mense te verwar en te reduseer tot ’n toestand soortgelyk aan ’n vroeë kindertyd. Dit word onder andere gekenmerk deur gebrek aan selfdisspiliene, oppervlakkige vermaak wat tradisionele kultuur en tradisie verdring, en onderwys wat deesdae eerder bestaan uit beroepsopleiding as opvoeding. Blykbaar is selfs die inhoudlose pubertelevisiekanaal M-TV se naam kripties vir “Empty TV”, wat weereens wys dat hierdie ophemeling van sotheid doelbewus georkestreer word.

’n Wêreld soortgelyk aan Jose Ortega y Gasset se La Rebelion de las Masas is die gevolg, aangesien almal iets te vertelle het in hul hiperdemokrasie maar niemand werklik iets te sê het nie. Hulle het ook nie die integriteit om op te volg wat hulle sê nie, terwyl geleerde en ervare mense se menings net so swaar weeg soos iemand wat onkundig is en dus verdring word. Die chaos wat hieruit gaan ontstaan sal ’n despotiese gesag iewers in die toekoms ’n noodsaak maak soos wat mense op soek gaan na iemand wat orde in die chaos kan bewerkstellig.

Om die waarheid te sê is hierdie chaos selfs in beton gegiet. Die Europarlementgebou in Strasbourg is ontwerp om soos die Toring van Babel te lyk, en interessant genoeg is die parlementêre setels in sewe halfrond rye gedeel sodat dit lyk soos ligstrale. Die getal sewe het ’n belangrike esoteriese betekenis. Van oudsher uit die mitologie word sewe ligstrale beskou as ’n samestelling tussen verskillende opvattings om die mensdom in ’n hoër staat van perfeksie te stuur, volgens die leerstelings van die teosofie en New Age bewegings altans. Die bedoeling van die EU is nie net om handel te bevorder nie, maar om ’n nuwe tydgees in te lui.

Wat nog ’n verdere aanwysing is dat die EU nie deur praktiese politiek bestuur word nie, kan ons kyk na die swaargewigte binne hierdie unie. Soos die nie-verkose voorsitter van die EU, Herman van Rompuy self toegegee het is hulle almal Jesuïete. Die belangrikste funksies binne die EU word beklee deur die Seuns van Loyola. Die uitsondering is natuurlik die dominee se dogter Frau Merkel, wat ’n gerieflike teenwig bied om die ware gesig van die EU effens te verdoesel.

Seker die vernaamste kenmerk van hierdie bedugte orde is dat die doel die middele heilig. Volgens die Eed van Inwyding wat elke prominente Jesuïet moet onderteken is alles geoorloof, van moord, marteling, lieg, bedrieg tot verkragting, vergiftiging, lis en bedrog ensovoorts, solank die doel maar bereik word.

Ons kan duidelik sien dat die Jesuïete die ware stigters is van kommunisme. In elk geval het hulle van alle groepe die meeste ervaring met infiltrasie, sabotasie, konkel agter die skerms en wêreldheerskappy, en is daarom die perfekte kandidate om die Unie te lei.

Vir diegene wat dink ek oordryf, kan ons na die eerste belangrike EU referendum in 2005 kyk. Nederland en Frankryk het tesame massaal ‘nee’ gestem teen ’n nadere samewerking binne die EU, maar met allerlei geknoei het die elite desondanks die samewerkingsverband deurgedruk, waarmee die Nederlanders en Franse nog ’n stukkie van hul soewereiniteit moes prysgee, teen die wil van die burgers in. ‘n Ander aanwysing sien ons tans met die krisis in Oekraïene. Volgens Poetin is die ware verkose Oekraïense president Janoekowietsj uit die saal gelig omdat hy nie met die EU wou saamwerk nie, met ander woorde sy beleid het te veel berus op soewereiniteit in plaas van onderworpenheid aan daardie korrupte beheerliggaam genaamd die Europese Unie. En nou moet daardie land dit bekoop met ’n kleinskalige burgeroorlog.

Ons sien nou by die afgelope verkiesing dat mense massaal hul misnoë begin wys teenoor die Unie, veral noudat Marine le Pen se anti-EU Front National ’n belangrike oorwinning behaal het. In Nederland het Geert Wilders se PVV nie so vooruitgestreef nie, waarskynlik oor sy onlangse “Minder Marokkane” uitlating wat baie kiesers van hom vervreem het. Ek dink egter nie dat hierdie ruk na regs ’n invloed sal hê nie. Dis hooguit slegs een stappie terug, maar die EU sal sy wil hoe dan ook aan sy onderdane opdring.

Ons is geneig om te vra hoekom hierdie behoefte om massaal te integreer belangrik is vir hulle. Selfs die bekende Britse teenstander van die EU, Nigel Farage het al tereg gevra hoekom hulle hierdie obsessie het om die EU ten alle koste te laat slaag. Uiteraard speel mag en materiële gewin ’n rol, maar dit is nie al nie.

Die ware antwoord hierop is eintlik net so sinies as wat dit eenvoudig is, naamlik die uniewording het niks met die gewone burger uit te waai nie! Die argitekte agter die eenwording volg bloot instruksies op wat al honderde jare oud is. Die beginsel om so veel moontlik mag te konsentreer in die hande van ’n klein groepie ingewydes is al so oud soos die mensdom self. Interessant genoeg dink sommige van die meer okkulte figure selfs in terme van siklusse wat oor duisende jare strek waaraan hulle gehoor probeer gee, en ons moet beslis nie die fout maak om hul mag en toewyding te geringskat nie.

As ons werklik wil weet wat die toekoms van die Weste en die EU gaan wees, sal dit ’n goeie idee wees om te kyk na twee parallele strominge, te wete die konsep van Sinargie, soos ontwikkel deur die Fransman Joseph Alexandre Saint-Yves, en die teosofie van Helena Blavatsky en haar opvolger Alice Bailey.

Sinargie het te make met die ontwikkeling van ’n rigide burokrasie bestaande uit ’n heersersklas wat meen dat hulle voorbestem is om te regeer. Hulle het totaal geen boodskap aan demokrasie of persoonlike vryheid nie. Dit het ontstaan as ’n reaksie op die anargie van die laat negentiende eeu en dat mense self nie in staat is om te weet wat goed is vir hulle nie. Vandaar meen hierdie ingewyde heersers dat hulle die septer moet swaai omdat hulle weet hoe om te sorg vir hul onderdane. Die huidige chaos wat ons nou sien is waarskynlik ’n poging om dieselfde anargie na te boots sodat die EU se bestaan verder geregverdig kan word.

Sinargie was egter nie volledig uitgedink deur Saint-Yves nie, maar het volgens hom ’n tradisie wat honderde jare oud is. Die Republiek van Plato was immers ook ’n bestel wat op sinargie berus het. Die belangrikste draers van die geheime van sinargie was – soos gewoonlik – die bekende verdagtes naamlik die Tempelridders gewees, en mag dalk die rede wees waarom die moderne Tempelridders – die Jesuïete – die taak op hul geneem het om die EU te lei.

Die ander belangrike stroming wat die EU vormgee is terug te vinde in die leerstellings van die teosofie. Hierdie benadering is baie abstrak en misterieus maar ons kan die uitwerkinge daarvan aanvoel. Wie sou byvoorbeeld in die tagtiger jare kon dink dat popsterre soos Ke$ha openlik satanisme, kannibalisme en om jonk te sterf sou ophemel? Of dat Richard Dawkins ’n platform gegee word om sy ateïsme rond te basuin terwyl sy formidabele opponente soos Rupert Sheldrake, Jonathan Black of Rodney Stark se stemme skaars gehoor word?

Die antwoord het te make met die Vistydperk wat nou begin afloop en die Waterdraertydperk (“Age of Aquarius”) wat nou aan die daeraad hang. Dit mag ’n verklaring bied hoekom daar ’n vyandige ingesteldheid teenoor Christendom heers, terwyl gedagtegoed wat tiperend is van die Waterdraertydperk soos die New Age Beweging, astroteologie en teosofie nou steeds meer aanvaar word. Die konsep van eenheid en die sewe ligstrale soos hierbo vermeld vorm ’n belangrike hoeksteen in die Waterdraertydperk. Dit kan egter ook verwys na die sewe gode van chaos soos uitgebeeld in die Nag Hammadi of die sewe geeste van Olympus wat elkeen oor ’n bepaalde gebied heers.

Hoe dit ook sy, die EU is vormgegee deur mense wat ’n gedeë kennis van die mistieke en okkulte het. Dit is hulle wat uiteindelik gaan bepaal waar Europa en die Weste as geheel oppad is. Ons is aan hulle oorgelewer, net soos wat hulle glo dat hulle aan kosmiese instruksies onderhewig is.

Egter, die voordeel van die Waterdraertydperk is dat alles wat in newels verhul was gaan uitlek aan die publiek, en die gewone mens gaan uiteindelik sien wat werklik aangaan, altans dit is wat die kenners beweer.

Kom ons hoop dat daar nog genoeg energie en solidariteit bestaan onder Westerse volkere om ons ware vryheid en soewereinitiet terug te eis en om nie opgesluk te word in hierdie kranksinnigheid van ’n paar magsbehepte imbesiele nie.

Dan kan ons werklik weer voortbestaan in geregtigheid.

Comments

12 responses to “Die toekoms van die EU en die Weste”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    …In Nederland het Geert Wilders se PVV nie so vooruitgestreef nie, waarskynlik oor sy onlangse “Minder Marokkane” uitlating wat baie kiesers van hom vervreem het….

    Het is vooral de onvolledigheid die spreekt uit ‘minder Marokkane’. Wellicht ware het gepast ‘geen marokkane’ of nog beter ‘geen moslims’ of nog beter ‘heb uw naasten lief als uzelf’ te benadrukken, om niet in de eindeloze brei van alles waar men tegen is te verzanden.

    Oude mensen worden systematisch gediscrimineerd doodbehandeld. De jeugd die van huis uit nog wat kan de schulden ingejaagd. Ontelbaar velen zijn de dupe van enorm stijgende misdaad en geestdodende dope en (verkapte) werkloosheid en fysieke honger en dorst worden grotendeels geledigd met inferieure producten. Net zo de geestelijke honger.
    Alles onder immer verhogende lasten. Feitelijk exclusief voor de verarmende autochtone bevolkingen(blank, christelijk, conservatief, goed ontwikkeld) natuurlijk. De welopgevoede kar trekkende christelijke middenklasse (uit de american dream) is in vrijwel alle Westerse landen al grotendeels terug geslingerd naar de onderklasse met vooruitzichten naar beneden. Tot welbehagen van de zgn. eenvoudige paus bergoglio, die als duivelsgezant mag doorgaan met het verkrachten van ware bijbelse naastenliefde en van de omgekochte en bedreigde politiek en kerkelijk leiders, die ‘met alles wat afwijkt’ ronduit het kwaad promoten.

    Sterke bijdrage boordevol feitelijkheden van de heer Secreve, waarvoor dank.

    Met èèn bedenking : over de Tempelridders. Zoals de laatste, Jacques de Molay, werd gemarteld en verbrand door paus en Franse koning lijkt de zelfvoldane kliek leiders nou toch eerder in die rij mee te lopen van zgn. seculiere kerk en staat ?

  2. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Die tydberekening van hierdie artikel is besonder vir my, miskien veroorsaak hierdie tipe sameswerings die voorkoms van ‘n natuurlike teenaksie.

    1. Andy Avatar
      Andy

      MORE jOHAN. DIT IS DAREM NOU SO WAAR. ,HOE VINNIG DAAR ALREEDS IN SEKERE RIGTINGS BEWEEG WORD IS SKRIKWEKKEND EN DIT NOGAL IN AMERIKA VAN ALLE LANDE.
      HIERDIE IS DAREM NOU SOWAAR N OPROEP OM WAKKER TE WORD (WAKE UP CALL) OM SOVEEL INLIGTING TE LEES INDIEN JY NOG NIE VAN ALLES GEHOOR HET NIE.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      “Men are too small minded to govern their own affairs” – louter onsin en snert wat hierdie moroon kwytraak. Dit is juis omdat die mag uit die gewone mens se hande geneem is/word dat dinge so agteruitgaan. Die “magtiges” eis belasting om vir ons eie beswil dinge te doen maar al wat hulle werklik doen is om ons te besteel. Mense kan vir hulleself ook dienste verskaf – ja ‘n klomp moet dit saam doen maar is dit nie wat ons in elk geval regkry op plase en in komplekse nie? Hoekom kort ons ‘n oorgewig stadsraad/Sanral/Eksom/(voeg jou eies hierby) om vir ons “dienste” te lewer wat net soms werk? As ons bv ons eie paaie sou regmaak hoeveel slaggate sou daar wees?

      Soos een kommentator op hierdie boosskap (Spelling doelbewus) sê: “Moet op prinse nie vertrou nie” – DIT moet ons elke dag besef in ons soeke na ‘n leier vir die Afrikaner.

      1. Marthinus Avatar
        Marthinus

        Dit is ongelukkig uit konteks geneem, hier is ‘n groter stuk van die toespraak https://www.youtube.com/watch?v=t-1u1xJTPTI

  3. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    Uitstekend! Joseph, wat ‘n uitstekende artikel. Ek wil graag die volgende byvoeg. Soos ons teen die tyd besef dat die NOW in volle swang is. Omdat, soos jy ook uitwys in jou artikel dat, hierdie NOW op drie pilare berus; Die geldstelsel, die regeringsvorm en die geestelike. Ten op sigte van die geldstelsel weet ons dat, ten spyte van Putin en die BRICS lande se poging om van die euro-dollar af weg te kom is dit egter nie ‘n uitgemaakte saak is nie. Soos jy tereg sê sal dit ten ALLE koste teengestaan word as die elite se mag en rykdom in gedrang is. So dit bly dus onseker.

    Die tweede pilaar is die regeer van die wêreld mens. Uit jou artikel is dit duidelik hoe die agenda gaan voltrek word om die uiteindelike doelwit te bereik.

    “Die argitekte agter die eenwording volg bloot instruksies op wat al
    honderde jare oud is. Die beginsel om so veel moontlik mag te konsentreer in
    die hande van ’n klein groepie ingewydes is al so oud soos die mensdom self.”

    Juis hierdie week het ek kommentaar gelewer oor die sg. ‘oorwinning van die regses’ en my skeptimisme daaroor uitgelaat. Dit sluit aan by jou stelling.

    “Dis hooguit slegs een stappie terug, maar die EU sal sy wil hoe dan ook aan sy onderdane opdring.”

    Dit bring ons by die derde pilaar. Die geestelike dimensie of eenvoudig godsdiens.

    ” Die konsep van eenheid en die sewe ligstrale soos hierbo vermeld vorm ’n belangrike hoeksteen in die Waterdraertydperk.”

    As daar gekyk word hoe die godsdienste van die wêreld versprei is, en die grootste van die aanhangers daarvan, is dit baie duidelik dat die drie Abrahamitiese gelowe, die Christendom, Islam en Judaisme saam die grootste is. Hulle getalle is respektiewelik, 2.2 bilj, 1.6 bilj en 14 milj . Die drie grootste nie-Abrahamitiese gelowe is, Buddisme, Hindisme en die Sikhisme met 1.1 bilj, 488 milj en 100 mlj. Vir die NWO moet hy houvas hê om sy agenda te volg. Die aftakeling tussen die godsdienste het al baie vroeg in die vorige eeu
    begin maar het posgevat in die eukenemiese bewegings en kan gesien word in die volgende.

    “John Paul’s 1995 papal letter on ecumenism, Ut Unum Sint (“That They May be One”), concluded, “As the Church turns her gaze to the new millennium, she asks the Spirit for the grace to strengthen her own unity and to make it grow towards full communion with other Christians.”

    Sedertdien is daar geen twyfel dat die protestantse kerke ingelyf is in die geloof dat die Rooms Katolieke Kerk is ook ‘christene’. Vandag praat ons eie kerke met die RRK en die feit dat die ‘christene’ van die wêreld nie geskei word in Katoliek of Protestants nie bevestig dit.

    Die nuwe Pous is besonder openbaar in sy strewe na EENHEID. Met ‘n vinnige soek sal al sy uitsprake duidelik uitwys dat hy in alles in die stryd sal werp om eenheid in godsdiens te
    bewerkstellig. Hy het reeds begin met die groot protestante en charismatiese kerke en sy werker, ex-Suid Afrikaner Tony Palmer, is sy regterhand. Maar dit stop nie daar nie. Die leiers van Islam het al klaar openbare verklarings gemaak oor die ooreenkomste met die RRK en die respek wat hulle het vir die Pous. Hy vry ook na die Jode soos bewys is met sy laaste besoek aan Israel die afgelope maand.

    Dit is duidelik dat hy as werker van die NOW saam met sy Jesuitiese agente ‘n wêreld godsdiens wil vorm en vinnig ook.

    “Volgens die Eed van Inwyding wat elke prominente Jesuïet moet onderteken is alles geoorloof, van moord, marteling, lieg, bedrieg tot verkragting, vergiftiging, lis en bedrog
    ensovoorts, solank die doel maar bereik word.”

    Gesien in hierdie lig is daar is eintlik net een regeerder van die wêreld en dit is die Vatikaan. Die Vatikaan is die enigste land (ja hy is ‘n volwaardige land) wat verdragte het
    met ander lande wat INSPRAKE het in hulle regerings en wette! Dus alhoewel die Illuminati en die Bilderbergs in die wêreld opereer is hulle slegs ‘n verlenging van die Vatikaan.

    Dus Joseph jou stelling,
    “Dit mag ’n verklaring bied hoekom daar ’n vyandige ingesteldheid teenoor Christendom heers, terwyl gedagtegoed wat tiperend is van die Waterdraertydperk soos die New Age
    Beweging, astroteologie en teosofie nou steeds meer aanvaar word. Hoe dit ook sy, die EU is vorm gegee deur mense wat ’n gedeë kennis van die mistieke en okkulte het.”,

    moet verder toegelig word en hierdie is seker die belangrikste ding wat die christen nou kan hoor. Die wêreldgodsdiens sal die sg Chrislam (google dit) wees , waar onder die
    pousdom daar ‘n eenheid sal wees tussen die godsdienste. Die teologie sal ontwikkel vir hierdie eenheid, die maatskapplike verpligting soos verwoord in die Belhar geskrif en vir ekologiese verantwoordelikhede. Die gewone protestant sal nie een agterkom dat hy die
    pous se ring soen nie. Dit sal saggies en misterieus gebeur en die kerkpersoon sal geen fout vind met hierdie nuwe teologie OMDAT die fondament reeds in ons alledaagse lewe geskep is met gode anti-rassisme, diversiteit, verdraagsaamheid en eenheid.

    Daar sal GEEN vervolging wees vir christene in die ge-organiseerde godsdienste soos die NG kerk en sy susters nie. Hulle is al klaar deel van die WRK (Jesuiitiese instelling). Die vervolging sal wees vir die buite die kerk om maar net die ou, ou dogma van die RRK te giet in yster: Daar is geen verlosssing buite die kerk nie!

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Stem saam Leonor –
      Daar is baie baie duister dinge aan die gebeur.

    2. Guest Avatar
      Guest

      Eisleben 01-06-2014

      Heden in en om het geboortehuis van Luther

      Op het schilderij uit de 16e eeuw :
      in het midden Jezus met Lazarus
      rechts Jezus uit de dood herrezen
      op de achtergrond Eisleben

      foto 4: voorgevel geboortehuis Luther

    3. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Eisleben, 01-06-2014.
      Om en in geboortehuis Luther ter opfrissing, lering en de vermaak.

      Op foto 1 schilderij uit de 16e eeuw.
      in het midden: Jezus en Lazarus
      rechts: De uit de dood opstaande Jezus in gevecht met de dood op de rug
      achtergrond: Eisleben

      foto 2: voorgevel geboortehuis Luther.

      foto 3 een citaat van Luther

  4. Etienne Prinsloo Avatar
    Etienne Prinsloo

    Amerika is nou tegnies ‘n eenparty staat agv swart en “hispanic” bevolkingsgroei en dus kaping van die demografie met oorweldigende steun vir die sosialistiese demokrate. Die blanke ras en die Westerse beskawing is gedoem tot ‘n misrabele dood aan die hand van die swart afgod wat ons Europese vriende so aanbid en tot hulle eie nadeel bemagtig.

  5. Willem De Jager Avatar
    Willem De Jager

    Amerikaanse pedagoog John Taylor Gatto praat ook van die “dumbing down” effek van die fabriek-styl opvoeding; Pink Floyd het in die 70’s gesing “we don’t need no education, we don’t need no thought control” -ek het in Engeland, SA en nou in Japan gesien hoe hulle reg was.

    … Dalk is die etniese mengelmoes in SA ons grootste verweer teen organisasies soos die DA se “skaapwording” strategie; hulle kan ons nie so maklik almal met dieselfde wortel lok nie.

    ‘n Positiewe aspek van die nuwe era, soos Joseph skryf, is die moontlikheid dat die waarheid na vore sal kom. Ek kan nie aan ‘n beter manifestering van vryheid dink as juis die waarheid nie.

Leave a Reply