praag.co.za

Toekomsscenario’s: Adamastor en Raka

Written by

in

,

adamastor 2deur Leon Lemmer

In die vorige eeu is talle toekomsscenario’s oor Suid-Afrika gepubliseer. In daardie stadium was daar rede om te dink dat die land ‘n blink toekoms kon hê. Maar daar was ook pessimiste wat pleks van ‘n utopie ‘n distopie voorsien het. Ek het reeds Arthur Keppel-Jones s’n bespreek (Praag 16 Maart). Vandag gaan ek die aandag op nog twee voorbeelde, Adamastor en Raka, vestig omdat pessimisme deesdae meer vanpas as optimisme is.

Beskawing in Suidelike Afrika dank sy begin aan die ontdekkingsreise wat Europese seevaarders onderneem het. Die Portugees Luis Vaz de Camoëns (1524-1580) het in 1572 sy epos Os Lusíadas (Die seuns van Lusus) gepubliseer; dus 80 jaar voor die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap. Lusus is volgens oorlewering die held van Lusitania (die Romeine se naam vir Portugal) van wie alle Portugese afstam. Sowat ‘n tiende van hierdie verhalende gedig (kanto V, stansas 37 tot 60) handel oor die suidpunt van Afrika. Dit verwys na Vasco da Gama (1469-1524) se wedervaring met die mitiese figuur Adamastor toe Da Gama in 1497 om die Kaap van Storms gevaar het. Die konteks is die Portugese ontdekkingstogte. Camoëns het self in 1553 in stormagtige weer om die Kaap na die Ooste gereis en by sy terugkeer van 1567 tot 1569 noodgedwonge tyd in Mosambiek verwyl.

Camoëns was bewus van die teenspoed wat sommige seevaarders getref het. Bartholomeu Dias (1450-1500) het in 1488 om die Kaap gevaar. Die weer was op sy heenreis so stormagtig dat hy die Kaap eers op sy terugreis gesien het. Hy het dit Cabo Tormentoso (Stormkaap) genoem. Dias het as lid van Pedro Alvares Cabral (1457-1520) se ekspedisie na die Ooste naby die eiland Tristan da Cunha in ‘n storm verdrink. Francisco d’Almeida (1450-1510) het saam met 57 ander Portugese tydens ‘n skermutseling met inboorlinge in Tafelbaai gesterf. Die Portugese skip Sao Joao het in 1552 op sy terugvaart van Indië aan die Natalse suidkus gestrand. Meer as 100 van die meer as 600 mense aan boord het verdrink. Manuel de Sousa de Sepúlveda (1505-1553), sy vrou, hulle twee kinders en ander oorlewendes het besluit om na Delagoabaai in die noorde te stap. By die Komatirivier is hulle deur inboorlinge van al hulle besittings beroof. Net sowat 200 van die opvarendes het die tog oorleef. Sepúlveda en sy vrou is onder diegene wat omgekom het. Van vroeg af het Europeërs dus nie lewenssekerheid in Suidelike Afrika gehad nie.

My uiteensetting is gebaseer op OJO Ferreira se boek, Adamastor, Gees van die Stormkaap (Hatfield: Die outeur, 1995, 64p). Vir Camoëns was die gierende wind die stem van die grusame Adamastor. Nadat die seenimf Thetis geweier het om Adamastor se liefde vir haar te beantwoord, het die gode hom “in ‘n skurwe berg aan die suidpunt van Afrika verander, waar hy die suidelike see moet bewaak en die dood moet bring aan die seuns van Lusus [dus die Portugese] wat hom wou omseil. Dit is Adamastor se lot dat hy vir ewig omring word deur die see, tegelyk die ryk wat hy wou verower en die tuiste van sy geliefde wat hom verwerp het” (p 27). Dit herinner aan die lot van Afrikaners wat deesdae verworpe voel al het hulle eeue lank hierdie land lief gehad.

Adamastor het “die beliggaming geword van die gevare en verskrikkinge waarmee seevaarders te kampe gehad het” (p 7). Camoëns was intens bewus van “die magte en gevare wat die Portugese kultuur in die vreemde bedreig het … So het die reus Adamastor waarskynlik in sy ontstelde gemoed gestalte gekry” (p 7). Afgesien van die klaarblyklike verwysing na Adam kan die naam Adamastor afgelei word van die Griekse woord adamastos wat “ongetem” of “wild” beteken. Hierdie monster word “die verpersoonliking van die gevare van die see” (p 17) en ook van die kontinent.

“Wanneer Vasco da Gama en sy vloot die Kaap van Storms nader, steek ‘n donker en vreesaanjaende wolk bo hulle hoofde op wat die vorm van ‘n gespierde en monsteragtige wese aanneem … In ‘n lae en vreesaanjaende stem het hierdie reus die seevaarders verwyt wat op die see vaar waar hy so lank geheers het … Hy voorspel dan ook onheile, strandings en lewensverlies vir diegene wat die Kaap van Storms sou omseil” (p 19). Daar word gewag gemaak van “‘n duister toekoms” (p 35), dat “paal en perk” aan die Afrika-vasteland gestel word en “my rampspoed sou ewig duur” (p 36).

Hieruit volg die siening dat “die binneland van Afrika boos, donker, wraaksugtig en ongeskik vir menslike bewoning is” (p 47). Volgens sommige is Adamastor “‘n simbool van die mens se uittarting van die natuurelemente” (p 48). Volgens ander is hy ‘n “simbool van al die rampspoed en gruwels van die Portugese seevaartgeskiedenis” (p 49). Wat duidelik is, is dat Europeërs kwalik kan verwag om ‘n veilige tuiste in (Suidelike) Afrika te vind.

Soos verwag kon word, het Camoëns se epos neerslag in die Suid-Afrikaanse letterkunde gevind. Roy Campbell (1901-1957) het ‘n bundel Engelse poësie, Adamastor (1930), gepubliseer terwyl hy in Engeland gebly het. Later het hy lank in Spanje en Portugal gewoon. In die Afrikaanse poësie maak Dirk Opperman (1914-1985) in sy bundel Negester oor Ninevé (1947) melding van “Adamastor, wat skuil in die wier, in die mis, bruin mensies en eenhoring-dier” (Ferreira, p 31). “Eenhoring-dier” verwys na die mitiese aard van Adamastor. Hoe ‘n mens by “bruin mensies” kon uitkom, word deur André P Brink in sy novelle, Die Eerste Lewe van Adamastor (Kaapstad: Saayman & Weber, 1988, 78p), aangetoon. Die Kaapse slawe van eeue gelede is seker Brink se voorkeuronderwerp; nie ‘n aktuele onderwerp soos plaasmoorde nie.

Brink noem dat verwoesting, wanhoop en dood deel is van die skipbreuke en ander katastrofes in Camoëns se “somber profesie” (p 3). Camoëns maak melding van Adamastor se swart mond en geel tande. Dit gee aanleiding tot verontwaardiging by Brink, wat toe nog in sy oorverligte stadium was: “Liewe Here, ek protesteer teen die blatante rassisme” (p 2). Brink borduur voort deur te skryf dat ‘n mens “vandag swaar sluk aan die verwronge rassevooroordeel wat spreek uit daardie bepaalde beeld van die magtige Kaap, geheim en groots, met sy negroïede skedel en boosaardige swart liggaam” (p 4). (Van Wyk Louw se beskrywing van Raka is veel erger, soos ek hieronder aantoon.)

Brink se novelle neem die vorm aan van wat hy noem ‘n “oerteks” waarmee hy Camoëns se “16de eeuse, Europees gesentreerde weergawe” met ‘n (Suid-Afrikaanse) 1980’s-weergawe wil vervang (p 4). Dan volg sy verhaal van ‘n swart Adam, T’kama Grootvoël, en ‘n wit Eva, wat Khois deur T’kama genoem word. Nou is die tafel vir Brink gedek om oor een van sy gunstelingonderwerpe te skryf, naamlik seks oor die kleurgrens heen. In haar resensie maak Joan Hambidge melding van die “snydende kommentaar op kolonialisme en die witman se onbegrip vir die Afrika-kultuur” (Beeld, 18.07.1988, p 8). Brink haal TS Eliot (1888-1965) aan: “This is the use of memory: for liberation … from the future as well as the past” (p v). Maar ‘n mens kan byvoeg: daar moet liefs nie selektief onthou word nie.

Brink se storie begin in Algoabaai (deesdae dikwels, na aanleiding van die metropoolnaam, verkeerdelik Nelson Mandela-baai genoem). Daar word gemaak asof die Kwaaimense, of Xhosas, soos die Khoi en San, reeds “ontelbare tye al daar” is (p 5). Die verhaal is Khoi-San-gesentreerd. Hulle het glo “meestal goed klaargekom” met die Xhosas (p 35). Vir hulle lyk wittes “almal eenders” (p 6). Die wittes kom met skepe en gee dan rook-, kou- en drinkgoed aan die inboorlinge om hulle sag te maak, maar “die vreemdelinge nie net tevrede is met presente gee nie: hulle wil ook hê. En eerste wat hulle wil hê, is vrou” (p 9). Hulle wil ook vee hê.

Die inboorlinge word positief en die wittes negatief uitgebeeld. Wanneer die inboorlinge die wittes gewaar, sit hulle hulle pyle eenkant sodat die wittes moed kan skep (p 8). Die wittes is dom of bang of albei (p 8). Wanneer ‘n wit vrou haar alleen en kaal in die water was, tel T’kama haar klere op met die edele doel om dit vir haar aan te gee: “ek is mens nes sy” (p 13). Sy vlug na ‘n roeiboodjie maar sy kom nie weg nie. Hy dra vir haar geskenke aan en vat aan haar skouer “om haar tot bedaring te bring” (p 16). Sy takel hom met die roeispaan, waarop hy dit uit haar hande pluk “en haar ‘n hou teen die kant van die kop moker” (p 16).

T’kama sien niks verkeerd daarin om hierdie vrou vir hom te eien nie, want die wittes “het toe mos al hoeka van ons s’n gehad” (p 16). Spoedig skiet die wittes nie net op die mans nie, maar ook op die vroue en kinders (p 17). Wanneer ‘n witte skrams met ‘n pyl getref word, “het hy soos ‘n bobbejaan tekere gegaan” (p 21). T’kama is so voorbeeldig dat hy keer as sy mense die wittes se lyke wil stroop (p 21). Die vier skepe vertrek sonder die wit vrou. Maar “dat dit nog lank nie die end was van bloed nie” (p 19).

Hierna trek T’kama met die wit vrou, Khois genoem, en sy volgelinge die binneland in. “Hier sal ons nie kan bly nie. Die kus is aangerand, ‘n jongvrou is ingeneem. Ons moet oppak en trek die land in” (p 24). Die inboorlinge is skepties oor die wit vrou se teenwoordigheid. “Sy is nie van ons nie” (p 27). “Jy moet ‘n vrou onder jou eie mense uitsoek” (p 38). T’kama se taak of probleem is: “Hoe ek haar makgemaak sou kry” (p 26). Die storie draai om T’kama se bynaam, Grootvoël: “Dit was agter hom aan dat ek geloop het” (p 34). Heelwat later sê die wit vrou: “Ek verstaan niks van jou of jou mense of hierdie godverdomde land nie. Waar kan ek heen? My eie mense is weg … Wat soek ek hier?” (p 58). ‘n Kulturele verskil wat uitgewys word, is: “Onder ons was daar niemand wat kon swem nie, dis nie ons aard nie” (p 63). [Waar gaan Fikile Mbalula 60% swartes vir die nasionale swemspan kry?]

Mettertyd keer T’kama met Khois en hulle kind terug na Algoabaai. In die binneland het hulle swaar gekry. “In hierdie angsaanjaende landskap het selfs die klippe gebars om te groei” (p 61). “Is die hele land nie eintlik been wat maar net effentjies toegemaak het onder ‘n lagie grond en klip en boom en bos nie?” (p 70). Een van die volgelinge se gesig was “soos ‘n landkaart wat gewys het waar hy oral was” (p 66). Die wit vrou is in Algoabaai terug “na die naaste skip” (p 71). “Dis waar sy vandaan kom, dis waar sy hoort” (p 74).

Vergesogte vertolking is, volgens Brink, “wat met die werklikheid gebeur wanneer skrywers dit beetkry” (p 3). ‘n Vergelyking van sy teks met dié van Camoëns toon dat sy vertolking so vergesog is as wat kan kom. Hy kon sy novelle goedskiks sonder verwysing na Adamastor geskryf het. Brink het eintlik maar uitdrukking aan sy destydse oordrewe liberalistiese en humanistiese oortuigings gegee. Wat Brink tog by my as leser tuisbring, is dat daar kwalik van Europeërs verwag kan word om Afrikane te word. Daarvoor is die kultuurverskille te groot.

Die tweede toekomsscenario is in NP van Wyk Louw (1906-1970) se boek, Raka (Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 8ste druk, 1958, 32p), wat in 1941 verskyn het. Hierdie epiese gedig vertel die verhaal van Raka en Kokie en hulle stryd, wat by nabaat in sommige maar beperkte opsigte (soos ek hieronder aantoon) met onderskeidelik Nelson Mandela en FW de Klerk geassosieer kan word. Die konteks van Louw se verhaal is swartes in (Suidelike/Suid-) Afrika.

“Raka, die aap-mens, hy was nie kan dink, wat swart en donker is, van been en spier ‘n lenige boog, en enkeld dier … het êrens deur die groot moerasse gekom … Hy was geen boorling van die ruim gebied” (p 5). Hy het “‘n vreemde dans gevoer uit sy land” (p 6). Sy oë is “diep uitgehol, die mondgat uitgegrawe en skewerig vol wit doringtande, en skaamteloos groot die skaamte … ‘Raka, die sterk man’ … tot alles voor Raka se voet gebreek gelê het en trug in die klei geweek waaruit dit gehaal was” (p 11).

Daarteenoor is daar Koki wat “vermoed dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed van sy besete mense was” (p 8-9). “En uiteindelik het Koki aan sy hart gewaar dat hy hier aan ‘n grens was, ingeperk teen iets wat donker is en dom en sterk” (p 13). “Tot voor hom op ‘n sestig tree lank en swart, Raka gestaan het … die Swarte het bloed aan bors en bek gehad, en by sy voete ‘n sebra op die vertrapte plaat – die fraai dier van die wit daeraad … toe hy Koki gewaar, het hy aapagtig in die gras baljaar, gebuitel met swart bene in die lug” (p 14).

“Koki het stil die vriendelikheid aanskou en koud geril, en van die ding se sotheid omgedraai – want sonder skild en skerp asgaai het hy die veld gekies -; maar agter hom het hy verwoede snork en voete hoor kom toe hy wegdraai; hy ‘t omgespring – en in sy steë het die groot ding bly steek en grynsend truggetree, verwoed, maar bang, en half verlee oor iets wat so ver buite die begrip van sy swaar brein was, en die swart lip het weggekrul van die wit tande; so ‘t Koki rugwaarts uit die lande van die swart dierlikheid gekeer” (p 15).

Koki het gesê: “Raka, die groot dier, moet dood … Die swart dier sal nie van julle wyk; … tot niemand meer wild is vir sy bot hand; maar dan sal jul hek se rieme en bande op ‘n vreemde nag slap word en los, en Raka sal uit die bose bos kom en tussen ons vure sit en bly. Moet hy hier wees? Ken Raka … ons fyn, fyn net van die woord …? Ken hy die vuurgeheim? Het hy die vaal drade van die katoen leer spin en weef en in die kleurpot week? … Die snel dier moet dood of hy sal heers oor ons, en groot en lang pyn bring” (p 16).

“By die vure was woorde … van ‘Raka is vreedsaam,’ ‘Raka is nie sleg,’ ‘Soos hy gekom het, gaan hy ver weg en geeneen sal weer van hom weet’” (p 18). “Net Koki … het … stil begin gaan die pad wat geen mens terug kan loop” (p 19). “En toe ‘t hy die blink asgaaie se punte oor die gladde slypsteen laat draai … en aanhoudend het hy die sterflied van sy stam, nie die krygslied, gesing, want Raka ‘t hy geweet was ‘n vreemde ding, meer as ‘n dier, maar nog nie mens” (p 23). “Hier ‘t hy die nat spoor gekry in die modder en gevolg en verloor in die poele en weer gekry – die swaar ding se sleepsel waar hy breek en plas en dring deur die hoogste riete … maar toe hy kyk na sy vingers en die yl bloed wat die snyruigtes gelaat het, het die groot dier skielik, geluidloos, uit die warm wier en slik opgestaan en wit gelag” (p 26).

“Dié nag het … Raka … skreeu-skreeu gekom tot kort teen die kraal … sy skreeu was woes van pyn en wraak … digby mekaar langs die wal van die breë water af het die skaar na Koki gesoek. Teen die skemering … ‘t hulle hom gekry in die verskeurde papkuil en die poel waar hy, half in die modder getrap, op die skag van sy stukkende spies gelê ‘t, en die krag en die woede van die swart dier kon hulle sien aan die liggaam en die spore en die pap riet en die skild wat geskeur was en diep ingetrap in die koue klei … maar bloed het ook getap en bruin gestol op waterplant en blaar langs die sleepsel waar die Swarte swaar deur die moeras gebreek het na die digte woud; toe het hulle haastig vir Koki wat koud en styf was soos ‘n bok, op die skouers gelig en die kraal gesoek” (p 27-28).

Die oudste van die vroue het “gesing van die ver tyd toe Koki se vader ‘n sterk man was” (p 28) “en toe ‘t sy die swart dier genoem wat lê in die nag … en Koki se moed … hoe hy uitgedans het om in die swart woud te stry teen iets wat beestelik en magtiger is … van verlore menslikheid; van die klein kraal wat in die swart bome lê en snags straal met sy vure; en sy ‘t gekla: wie hom nou sal red teen die groot dier wat wag, wie sal belet dat hy inkom en heers? … dat die edelste wagter koud lê langs sy vuur, en sy stam lê oop soos ‘n ou kraal in die gras” (p 29).

Terwyl een skreeu van Koki se krag en ratsheid (p 30) het ‘n ander gesê: “Maar Raka was sterker … Die swakste moet buig” (p 31). “Toe was Raka met sy apespring skielik groot in die lae vure se kring: die hek se rieme was slap gebind waar die Swarte reeds in die vrou en kind en die woord van die manne se liedere was … die swart lied is saamgegil met die eerste krete, toe ‘t die bloed geloop … en daar waar Koki se liggaam koud en stil in die gras was, die harder gebrul van die nuwe woede, wat die hutte vul, en die breek en die skeur” (p 31).

“In die môre vroeg het hy naby die hek gelê … en opgestaan later toe dit warm word, en uit die potte die water gedrink en weer by die hek gaan wag” (p 31-32). Later het Raka “hulle maar gedwee en sku om water en kos laat gaan; en Raka, die skelm dier, het opgestaan en hulle laat loop, en self naby gaan jag; maar niemand het gewaag om met een slag die smal hek ooit weer teen hom te sluit” (p 32).

Die Adamastor- en die Raka-verhaal toon talle ooreenkomste. By albei is daar sprake van bloedvergieting, van kultuurbedreiging, van skeptisisme teenoor vreemdelinge. Albei die hooffigure het groot skaamtes. Die kleur van sowel Adamastor as Raka se tande word genoem, maar anders as Adamastor se geel tande wat Brink aanstootlik vind, is dit darem onwaarskynlik dat Raka se wit tande maklik rassisme genoem sou word. Maar die beklemtoning van Raka se swart kleur sal deesdae deur baie as rassisme gebrandmerk word. In die openbare pers word die kleur van nie-wit misdadigers polities korrek tans nooit genoem nie. As ‘n nie-witte presteer, word sy/haar kleur egter uitdruklik genoem: eerste swart man wat dit bereik; eerste swart vrou wat dat behaal, ens.

Die politieke klimaat by Brink en Louw verskil hemelsbreed. Louw het sy teks aan die begin van die 1940’s gepubliseer en Brink syne aan die einde van die 1980’s. Daarby was Louw se politiek (in hedendaagse perspektief) regs en gematig, terwyl Brink s’n links en radikaal was. “Ek glo vas dat geen behoorlike storie ooit vertel kan word sonder ‘n politieke dimensie nie” (André P Brink, ‘n Vurk in die Pad, Kaapstad: Human & Rousseau, 2009, p 226).

Die verskille in die twee tekste is meer opvallend as die ooreenkomste. Die Brink-verhaal stel die wittes as dom voor, terwyl dit in die ander verhaal die swart Raka is wat dom genoem word. In eersgenoemde gaan die witte soos ‘n bobbejaan tekere, terwyl dit Raka is wat aapstreke uithaal. In Louw se teks, anders as by Brink, is daar ‘n duidelike kwalitatiewe voorkeur vir ontwikkelde kultuur, naamlik vir taal en die vermoë om vuur te maak en te weef. By Brink is dit die wittes wat uit die land moet padgee, terwyl die swarte, naamlik Raka, gekom het om te bly. (Die “wit daeraad” verwys na ‘n dooie sebra; nie na goeie vooruitsigte vir blankes nie.)

Meer as sewentig jaar na die verskyning daarvan wil ek nie te veel van die hedendaagse plaaslike politieke werklikheid in Louw se teks lees nie. Maar in daardie opsig bied die teks ongetwyfeld baie moontlikhede. “Oor die vraag wat Van Wyk Louw met hierdie grootse gedig wil sê, is daar heelwat gespekuleer … Louw self het by geleentheid gewys op ‘die biologiese feit dat die vergeestelikte mens wat op ‘n hoër kultuurtrap staan, in die algemeen veel stadiger aanwas as die minderbevoorregte … en dat hierdie proses op die lange duur ‘n groot bedreiging vir die geestelike beskawing van die Westerse mens kan beteken” (JC Kannemeyer, Die Afrikaanse Literatuur, 1652-1987, Pretoria: Academica, 1988, p 139-140). Louw was dus bewus van die swart gevaar en daar was by hom geen sprake van die gelyk- of eendersverklaring van alle mense nie.

Van deurslaggewende belang is dat Raka ‘n dier is en nie ‘n mens nie, sodat ‘n regstreekse analogie uit is. Tog herinner die teks ‘n mens aan die grootskaalse gatswaai wat ons die afgelope twee dekades in die plaaslike politiek, veral onder blanke Afrikaanssprekendes, aanskou het. Byvoorbeeld, hoe baie Broederbonders en soortgelykes nou dieselfde deuntjie as die nuwe heersers sing: “Raka is vreedsaam, Raka is nie sleg.” Daar was aanvanklik ook dieselfde valse optimisme, wat sedertdien selfs by Brink gekwyn het. Bowenal is daar die “verlore menslikheid,” die verlaging of verdwyning van beskaafde standaarde, die naakte geweld en brutalisering van die openbare lewe.

Samevattend kan gesê word dat Adamastor onheil en ellende vir blankes in Afrika voorspel het; dat hier geen veilige tuiste is nie: “My rampspoed sou ewig duur.” In Louw se teks is Koki ‘n gevalle held. In die hedendaagse politiek is FW de Klerk ‘n gevalle anti-held wat toegelaat het dat Nelson Mandela “groot en lang pyn bring.” De Klerk het ‘n pad geloop “wat geen mens terug kan loop.” “Die swakste moes buig.” Noam Chomsky het in 1991 ‘n artikel gepubliseer met die titel: “The weak shall inherit nothing.” Dit is De Klerk wat die rieme eers slap gemaak en daarna die hek heeltemal oop gelos het. Die swart gevaar het die land van Robbeneiland af binnegekom. “Niemand het gewaag om … die smal hek ooit weer teen hom te sluit.” Daar is ‘n noodlottige finaliteit in die laaste sin. ‘n Afrikanerheld sal êrens moet opstaan om te kom help en eerder vroeër as later.

Comments

198 responses to “Toekomsscenario’s: Adamastor en Raka”

  1. Riempies Avatar
    Riempies

    Die irrasionele romantisering van Afrika en die Afrika
    mens het Europa en Europiers alreeds duur te staan gekom – hulle kan/wil egter
    nie sien nie en hulle kan/wil nie leer nie. Is dit nie dan by implikasie n vorm
    van ongeneeslike domheid nie?

    Hierdie domheid word tog immers baie duidelik weerspieel
    in die denke en redenasie van veral akademici van Eurpese afkoms hier plaaslik –
    asook in die groter wereld, domheid wat alreeds deurgesyfer het na
    grondvlak.

    Hoe gaan een swaeltjie somer maak in so n oorwig van
    domheid? Dit sal voorwaar n buitegewone leierskap eis.

    1. jan Avatar
      jan

      Riempies – dit gaan nie oor domgeit of onnooslikgeit nie maar EERLIKHEID.

      Afrika werk rof met oneerlike onderduimse skelm geeste van die Tweegat-jakkalse soos Piet Retief – wat tog so kan toor met woorde.

      Dis die domste om skelm te probeer wees met die afrika natuur – want dan word jou skelm skedeltjie baie vinnig gelyk gemaak met jou ore met die gevleuelde woorde:

      “Slaan dood die towenaars.!!”

      Die ANC is ‘n verligting want jy kry wat jy sien na die NP se super-leuenagtige en mees gesofistikeerde propaganda bedrogspul ooit.

      Hmm?
      Ons het geen toekomsvisie as ons nie eerlik is nie.
      En Leonora hierbo.
      Naspers het herhaalde keer met hul opnames gevind dat 80 tot 90 % lesers is Christelik.

      Wie kan nog die bedrog van die Vrydenkede Tolktokolossies glo?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Jan ek het nou lekker gelag vir jou spitvondigheid – My mening fundeer ek op die seepkissie bestygers wat nie weet – dat hulle nie weet nie en nog minder besef – dat ander dalk kan weet wat hulle dink die mense nie weet nie.

        Ek het nogal n heel “fatalistiese” beskouing t.o.v. die Behar Belydenis – Sonder die Belhar Belydenis sou daar waarskynlik nooit suiwer van die Christelike geloof gerealiseer het nie sou Christelike
        geloof alhoemeer in humanistiese aanbidding verval het. Hierdie Behar Belydenis het gelowiges genoop om hulle Christenskap in n soort van Damaskus oomblik van heilige eerlikheid te herevalueer.

        Soortgelyk aan n gedeelte van ons ou volkie wat hoe nader die swart vergrype aan hulle eie bas begin raak – ook n Damaskus oomblik gaan bereik – al het hulle dit in hulle dwaasheid nooit voorsien nie. (Dit was die mense en situasie waarin hulle geland het – wat Gustav Venter so duidelik in sy Bodem 11 beskryf het).

  2. ouma Avatar
    ouma

    Goeie rubriek Wonder of Raka ooit weer vir skole voorgeskryf sal word. Dis nou Trantaal se Kaaps wat ons kinders moet bestudeer

    1. Lizzie Avatar
      Lizzie

      Trantaal sal nie n opsie word as ons vir die FN stem nie
      want dan gaan ons oor ons eie taal en kultuur skole en universiteite
      beskik.

  3. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Dis interessant dat die spirituele gebruik word hier op die opstandingsdag. Dis ‘n kreatiewe Afrikaner wat verskillende hoeke in spiritualiteit ondersoek. Maar dit bly spiritueel nie waar nie en dit is miskien gepas om hier met die swart spirituele te vergelyk. Want immers is hulle vandag 85 persent christelik. Die enigste verskil met die Afrikaner se onbetwyfelbare protestantisme is dat die 10 gebooie blykbaar nie aanvaar word nie. Die verskil tussen Raka en Koki is dus die 10 gebooie. Ons benodig ‘n “nuwe” leierskap wat die 10 gebooie bevorder tot voordeel van almal. Dan sal Adamastor bevry word van sy vloek.

    1. jan Avatar
      jan

      Onse aarde wat ‘n ontsaglike waarheid !! Johann!!
      Baie dankie hiervoor!!
      Alteseker het die post-humanistiese era aangebreek soos Dr Dan beskryf het oor Derby Lewis.se vrylating.
      Dis ons enigste redding uit die tirranie van afgodediens

    2. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Johan, waarop baseer jy jou aanname dat hulle 85% christene is?

      1. Johann Theron Avatar
        Johann Theron

        Die NGKERK se Oostelike Sinode verteenwoordiger het verlede jaar vir my vertel.

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Dink JY dat dit waar is? Wat ek bedoel is of jy voel dit is so en dat dit die waarheid is.

          1. Johann Theron Avatar
            Johann Theron

            Dis ‘n goeie onderwerp om op navorsing te doen. Maar daar is nie tyd nie en niemand sal dit befonds nie. As ek moet dink soos ‘n entrepreneur sou ek genoeg getuienis kan wys om my eie geld daarop te sit. Maar dat daar mense is wat hierdie goed weet en niks praat nie, is gewis.

          2. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Dit hang seker maar af wat die definisie van ‘n christen is. Ek beskou met feite dat die katolieke kerk nie ‘n christen kerk is nie maar slegs ‘n christen kleed dra. Die ZCC van sowat 6 -8 miljoen het ook die christen kleed aan so ook die Shenge of Shenga geloof in Natal.

            Wat my die meeste pla is die voortdurend betoog dat ons soveel christene het maar ons land is in donker duisternis van moord, verkragtig, brutaliteit, sosiale wangedrag, barbarisme, diefstal, afgodediens, leuens en onbeskaafdheid gehul.

            85% van 60 000 000 mense is 51 000 000. Hierdie betoog dat 51 miljoen mense christene is, is humanisties en polities. Dit is om die ware kinders van God passief te maak.

            1. Dit laat gelowiges toe om saam in die juk te trek van die heiden. Teen God se Wil.

            2. Dit regverdig seks oor die kleurgrens want christene is een in Jesus. So hoe predik jy dan anders? God haat vermenging (miscegenation)

            3. Dit sal enige opstand vir ons regte af kan maak as ‘n opstand teen mede-christene.

            4.Dit sal maak dat ‘n noodroep na God vir ons volk, ‘n aanklag is teen ander christene. Hoe is Geloftedag nie al verander sodat ons tog net nie ons mede christene moet affronteer nie?

            5. Dit maak dat ons hulle sondetjies laat vergewe as hulle weens hulle KUTUUR die voorvadergeeste ook so nou en dan aanbid. Want gelukkig is hulle ook christene!

            Maar die ergste van hierdie bewering is dat dit net eenvoudig die Onmag van God aandui. Ons kan nie aanspraak maak dat die land geseen word nie. En sy woord is duidelik: waar hy vanaf die hoogste tot die laagste vlak gevrees word sal vrede en seen op die land wees.

            My eerlike opinie is dat 85% van die land is NIE ware gelowiges van God is NIE want anders is my God se Krag Ontoereikend en Swak! Aan die wat graag hierdie bewerings maak, glo julle leuen.

          3. Johann Theron Avatar
            Johann Theron

            Ek het tog duidelik verwys na die 10 gebooie. Daarom is jy reg, 85 persent is nie Christene nie, die punt is egter dat hulle dit dink. Hier beweeg ons weg van die spirituele na die sielkundige domain en praat ek van waardes. Raka was voorheen gestop deur ‘n klein hekkie. Die 10 gebooie kan dit weer toemaak, wereldwyd. Jou argumente is filosofies en daarom akkuraat. Baie dankie.

      2. hb Avatar
        hb

        Leonor, is hier nie n misverstand tussen swart en wit wat 85% Christene is nie?

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Dis hoekom ek vra. Vir ons in ons NGKerk het ons dominee gehammer op die feit dat ons swart ‘broers’ is 80% christene. Johann se sin:

          met die swart spirituele te vergelyk. Want immers is hulle vandag 85 persent christelik.

          Die HULLE het ek aanvaar is swart.

          Johann , het die verteenwoordiger bedoel 80% swart christene.

    3. Johan van Wyk Avatar
      Johan van Wyk

      Die geslag van die duiwelkinders heers oor God se skepping. Kain wat die stamvader was van hierdie gedoente word uitgejaag uit die land. Hy was deur die saad van die slang verwek. “Geen baster mag in die vergadering
      van die Here kom nie; selfs sy tiende geslag mag
      in die vergadering van die Here nie
      kom nie” (Deut. 23:2). Die definisie vir ‘n baster word
      geformuleer as: “Bloedvermenging tussen ‘n Israeliet en ‘n nie-Israeliet.” Na
      aanleiding hiervan word daar ‘n terugwerkende suiweringsveldtog onderneem om
      Israel van alle moontlike blootstellings aan vreemde bloed in die verlede te
      vrywaar, want daar kan nie aanvaar word dat Israel ook dalk die bloed van slangnasies
      in hulle het nie:

      Hierna kom die sendelinge – die Dominee’s, Predikante en die Pastoors met hulle sendeling werk. “Die twee sade op aarde,” Jesus het nooit sleg van ander mense gepraat nie, daarom moet daar ‘n goeie
      rede wees waarom Hy die Jode en Fariseërs slange en addergeslag genoem
      het (Matt. 23:33). Jesus het ook aan hulle gesê: “Julle gee dus teen julself
      getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het” (Matt. 23:31). Die slang (Satan) het vir Eva verlei en met haar
      gemeenskap gehad het, en dat Kain daaruit gebore is. Kain is dus die vader van
      ‘n biologiese geslag van duiwelskinders wat “slange” en ‘n “addergeslag” genoem
      word, en wat gevolglik nie gered kan word nie.

      Die Afrikaner het onwettige bondgenootskappe gewerf!

      In die Jood Hellen Zille soek hulle verderre onwettige bondgenootskappe! ‘n Jood is nie deel van die verbondsvolk nie. In Pieter Mulder wat onder die tafel lê van die ANC en sy krimmels op-eet is daar verdere onwettige bondgenootskappe!

      God se mense is geskape met eie “wil” – wat beteken dat jy as individu eie keuses kan maak. Jy kan dus met eie wil onwettige bondgenootskappe skep. Jy kan deelneem aan een resies en dan die uitslag aanvaar, ander oor jou in beheer plaas. Hulle wet. hulle voorvader geeste! God die skepper van die mens het nog nooit behae gehad om Kain se offer te aanvaar nie. Hier kom Sy skepping mens en aanvaar die offer van Kain se nageslag.

      Die offer is dat die meerderheid oor die mens heers op aarde – doelbewus vernietig dit die mens se eie wil. Die mens verwerp God en aanvaar die satanskind as sy koning, leiers.

      Nou wil jy my vertel dat Kain se nageslag nou 85% Christelik is? Bedoelend dat hulle nou hulle offers kan opstuur en God dit sal aanvaar!

      Die sendeling van die NG Kerk is daar om te mislei – jou dankbaarheid daaroor is verstommend!

      1. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Die Kain nageslag sal verewig daar wees, maar die slange en addergeslag is afstammelinge van Esau. Jesus het gese hulle vader is die duiwel waarop hulle geantwoord het dat hulle vader Abraham was. Hy het hulle nie reggehelp nie, want hulle vader soos ons sin, is Abraham. Maar God het Jacob lietgehad en Esau gehaat nog voor dat hy gebore was. Daarom het Jesus hulle aangespreek as sulks.

        Hulle is die wat soos ons lyk en praat maar wat soos hulle voorouers die sinagoges as wetsgeleerdes geinfiltreer het. So het ons kerke sinagoges geword wat die volk van God mislei en verlei en die leringe van die duiwel preek.

        1. Johan van Wyk Avatar
          Johan van Wyk

          Leonor hier straf God sy eie mense, die wat Hy geskape het. Jode wat verbaster het – die straf ontvang het.

  4. Org Avatar
    Org

    Ja, ons land is eerstens deur die eerste Europeërs wat hom aanskou het, die Stormkaap genoem, maar daar het na hulle ander Europeërs gekom, wat hierdie land mak en voorspoedig gemaak het. Ek voel trots op die feit dat ek deel van
    hierdie groep is.

    Raka en Koki se verhaal is hoogstaande letterkunde. In die harde werklikheid is dit gewoonlik Koki wat wen! Spiere het meestal nie ‘n kans om teen verstand te wen nie. Ons moet eerstens nie emosioneel wees nie maar met ‘n helder verstand na
    probleme kyk (en selfs na die veel erger uitdagings!).

    Sonder om arrogant te wees moet ons voortgaan en onthou: “The weak shall inherit nothing.” Ons moet verwag om swaar te kry, maar dit moet ons net tot groter
    vasberadenheid aanspoor.

    Dankie Leon vir nog ‘n belangrike bydrae.
    Org

  5. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    Dankie Leon, voorwaar ‘n stuk wat so veel se oor die letterkunde van toe en nou. Wat ek uit die stuk haal is dat van Wyk Louw geskryf het met ‘n onbevlekte eerlikheid. Met die sien en verstaan van wat Afrika en sy mense is.

    Brink het later geskryf; bevlek met liberalisme en humanisme. Vir hom was Raka altyd daar en omdat hy nie in die kraal toegelaat is nie het hy verwoes. Eintlik moes
    daar nooit ‘n kraal gewees het nie. Dit was die land van Adamastor en Koki en
    sy stam onwelkom. Brink se aanvaarding van die kultuur van Adamastor maak van
    hom ‘n ewige optimis met ‘n die aanvaardiging van Afrika se kultuur.

    Elke liberalis is altyd die ewige optimis. As Koki die versinnebeelding was van die held wat geveg het vir liberale ideale sou hy nooit gesterf het nie. Humanisme en liberalisme is volmaak en onsterflik gemaak.

    Ons het ‘n Adamastor in Afrikaner geledere. Ons Adamastor is ewige optimisme. Hierdie uittarting van natuur elemente gaan ons ondergang beteken. Dis nou die tyd om ‘n pessimistiese gedig te skryf sodat Adamastor vernietig kan word. Tyd vir optimisme is in die verre toekoms, nie nou nie.

    Weereens baie dankie van iemand wat geen letterkunde kennis het nie.

  6. jan Avatar
    jan

    Vir my gaan Leon se immer skitterende rubriek oor die Halloweenagtige Roomse simboliese vloek wat voorkom het dat Afrika deur Portugese Rome beset is.

    Dit was die Protestantisme wat die beskawing na die suide van Afrika gebring het en uiters suksesvol oorleef en floreer het.

    Protestantisme is bevry van vervloekte spoke en geeste hekse en afgode van ‘n teokrasie. Die moderne dodelike model was die Nazi teokrasie van John en Koot Vorster

    Calvinisme het die wetenskap bevry van sulke bande van bygeloof en die bande van ‘n teokrasie.

    Calvyn was die grootste skepper van menswaardigheid !! [Human Florishing]

    Sodra die Christen die grense van Calviistiese wetenskap oortree dan word dit egter kettery waarvoor Sevetus verbrand is.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Goeiemore Jan,

      Ek val nou bietjie van die skuinskant af in.

      Ek wou my nog nooit uitlaat oor jou teenkanting teen Nietzsche en Thys se ondersteuning van hom nie. Om die envoudige rede dat die man my werklik nie geinteresseer het nie en ek asgevolg daarvan baie min van hom weet.

      Hy is baie jonk op die ouderdom van 56 oorlede wat my laat wonder of
      gesondheid nie miskien sy heksejag op die Christendom veroorsaak het nie en uit bitterheid hom gerig het tot die vergoddelikking van humanisme. Vrae wat hy nooit gevra het nie is waar is die oorsprong van alles wat is – ingebore behoefte van die self tot iets groter as die mens self – die ingebore behoefte aan orde en en nuuskierigheid oor alles wat daar is. Die “grootgeeste” wat hy sogenaamd beinvloed het dui vir my net op tropdier sindroom. Wat het Nietzsche werklik bewys – dat daarnie n Godheid is nie? Mense wat my interesseer en die benaming “grootgeeste” verdien is mense soos Albert Einstein – Leonardo Da Vinci en lesbes Chris Barnard – onder baie meer.

      1. jan Avatar
        jan

        Nietzche het aan breinsifilis gesterf – dit veroorsaak baie spesifieke psigoses , demensie , thabes dorsales. Argyl Robinson pupille ens Google gerus.

        Organiese brienskade word basies gekenmerk deur ‘perseverasie’ [perseverance – aanhoudende spraak woorde te herhaal – soos Matt oa doen] LW!!

        Hy was ‘n Godloenaar en aangrypend pateties geklae oor die veriskriklike leegheid van God verlatenheid. [the terrible void]

        Ontsaglike waarheid wat mens ook in Thys oa kan sien
        Die siekte verloop 20-50 jaar en is die grootste nabootser van enige sindroom…4 stadiums ens. Dit kan enige ander siekte namaak. Goeie dokters toets altyd ook vir sifilis.
        Destyds is dit met arseen behandel wat nog groter newe-effekte veroorsaak het.

        Nietzche was vir die Duitsers soos wat Tsafendas vir ons is – ewe mal en absolute rampspoed en ellende.

        Die valse fasade van funksionaliteit soos die skitzofreniese tolk by Mandella se begrafnis.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Jan ek wou ook n lyn deurtrek van die Nietzsche aanhang
          na die Mandela aanhang as n sinnelose tropdier sindroom aanhang wat ewe vinnig in die moderne wereld van gekheid vervaag. …… Nou het ek 😉

          Interessant dat hy nie met penicilien behandel is nie –
          terwyl dit al in 1928 ontdek is.

      2. jan Avatar
        jan

        Nog iets liewe Riempies :Leonora
        God is nie inperkbaar nie.met wie Hy sal gebruik om ons te red nie.- ongeag kleur.
        Petrus het ook daarmee geworstel en op die ou einde verklaar dat daar is vir God geen aanneming van die persoon nie. [Handelinge 2 en 3]

        Maar wat my Volk betref sal hy sowaar vir die blinde Boere Billiam se pratende donkie moet stuur om ons die weg te wys.

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Wat bedoel jy met, ongeag kleur? En wat bedoel geen aanneeming van persoon vir jou? Ek worstel erg daarmee.

          1. jan Avatar
            jan

            Ek het laank gelede ‘n studie gemaak van al die 12 persoonlikheids afwykings in die Bybel wat van God se genade getuig .
            David met al die kenmerke van psigopatie
            Besetenes van Gadara – uitgeproke skitzofreen is die eerste enigste ou wat Jesus as die Seun van God identifiseer het.
            Ontsaglike Maria Magdalena die prostituut histrioniese persoonlikheids afwyking [ wat op loop gaan met alles] Sy is die grootste vrou van alle tye want sy saam met Thomas Didimus [die ou wat net soos Jesus gelyk het] het Jesus sy ampskleed van saligmaker en verlosser aangetrek Thomas het sy opstanding gesertifiseer. Juslaaik daars ‘n skildery in die Louvre hiervan. Geweldig.
            Simson uitgesproke psigopaat,narcissis
            Al die Rigters was sulke ontwykende persoonlikhede Askete boemelaars….
            Petrus was geweldig domastrant: Aggressiewe Passiewe persoonlikheid afwyking
            Paulus met ‘n IK totaal van die skaal af was mi ‘n ontwykende persoonlikheid met ‘n groot streep psigopatie tot met Damaskus..
            ens ens
            Ons Calviniste glo dat almal ewe sleg is en dat ons beste dade ‘n gruwel in die oge van God is.
            Ons doen alles tot eer van God uit dankbaarheid en liefde vir ons enigste verlosser.
            Slegs met hierdie perspektief kan die mensdom floreer. [ Serene Jones doen kosbare werk hieroor.]]

          2. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Jan, ek sal nie weer met jou kommunikeer nie. Jy doen die Woord van God geweldig skade aan om JOU sielkundige twak te gebruik om aan mense te vertel hoe gemors hulle is. Jou woorde oor byvoorbeeld Dawid.. Dit is afgryslik en wil ek vir jou se as dit jou ‘angle’ is om jou volk te bereik, gaan ek jou verby.

          3. Dolk Avatar
            Dolk

            Hallo Leonor, ek is seker daar is twee persone wat onder “Jan” skryf… Die “Jan” aan wie jy hier geantwoord het is ‘n Godslasteraar en is duidelik van sy sinne beroof.

          4. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Dankie Dolf. Kan ons nie vra dat die ‘regte’ Jan na vore kom nie. Of het Jan deur sy eie twak ‘n gesplete persoonlikheid.

          5. Dolk Avatar
            Dolk

            Praag moet hierdie mense wat nie ‘n DISQUS rekening het nie geensins toelaat om te skryf nie – hulle skryf onder enige denkbare naam en nugter alleen weet wie die volgende Jan rap sal wees…

            Vandag is dit Piet, more Jan en oormore Gert? Sinneloos om ‘n gesprek te voer wanneer dieselfde naam aan 10 mense “behoort”.

          6. Leana Avatar
            Leana

            Dolk JY sowel as EK, moet net leer om somtyds te “LET GO”.

          7. Riempies Avatar
            Riempies

            Leana dit kan gedoen word as dit n wilsbesluit is om te
            verander om te laat gaan – vra my ek het doelbewus twee van my swakpunte op so n manier aangespreek. Maklik was dit nie om mens se eie geaardheid teen te staan nie – maar die kwaliteit wat dit aan my menseverhoudings gevoeg het was
            fenominaal. Moenie my vra wat my foute was nie – ek sal nooooit se nie) 😉

          8. Leana Avatar
            Leana

            Beste is om te swyg oor ons swak punte en foute Riempies. Net so deksels moeilik soms om dit onder beheer te hou 😉 So leer ons wel uit ons foute.

          9. Dolk Avatar
            Dolk

            Moet nie jou kwel-tyd nie daarmee mors nie Leonor… Dis totale verdraaide onsin daardie.

            Wat my verstom is hoeveel mense vir hulle ‘n godjie saamflans en dan mense probeer oorreed: “Dis hoe die godjie eintlik dink”

            God se gedagtes en dade is ONNASPEURLIK.

          10. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ja Dolk, die wydheid van die afdwaling van God se Woord is ongelooflik. Ek is spyt ek het my tyd met hierdie Jan gemors!

          11. Dolk Avatar
            Dolk

            Wat my verder verstom is dat ateïstiese filosowe by God’s Woord betrek word. En, dat Jesus Christus se dissipels (o.a) as amateuragtige filosowe beskou en bespreek word! Die klippe roep uit!!!

        2. henkst Avatar
          henkst

          1 Samuel 9-10: Saul was ʼn mooi jong Benjamiet sy vader Kis het hom gestuur om eselinne wat weggeraak het te soek. Die donkies wat Saul gaan soek het verwys na die sterre Asellus Borealis (Latyn vir “noordelike donkie vul”) en Asellus Australis [noord van Praesepe (Latyn vir krip)] die middelster in “die Krap” wat in Latyn “suidelike donkie vul” [suid van Praesepe (Latyn vir krip)] en in Arabies heet die ster die eselin.
          Die Bybelse esels of dit nou Bileam se pratende eselin, of dié wat Saul gaan soek het of Jesus se rydier is, verwys almal na die sterre Asellus Borealis en Asellus Australis.

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Henkst jy het darrem ongelooflik baie nuttelose kennis bymekaar gemaak – om wie te oortuig?

          2. henkst Avatar
            henkst

            Die naghemel was die antieke mense se TV skerm.
            Alle mites is op die hemelliggame gebaseer, selfs die Hebreeuse mites vanaf Genesis.
            Lees Beyond the Blue Horizon: Myths & Legends of the Sun, Moon, Stars & Planets deur Edwin C Krupp of as jy hare op jou tande het probeer Did Moses Exist? The Myth of the Israelite Lawgiver deur D.M. Murdock.

          3. Willy Avatar
            Willy

            Van die vroegste tye af het mense na die sterre gekyk. Baie het dan geprofeteer ook.

          4. henkst Avatar
            henkst

            Die sterre was die antieke mense se kalender, dit het vir hulle die
            jaargetye voorspel. Omdat dit die seisoene kon voorspel is daar geglo dat dit
            ook die toekoms kan
            voorspel. So ontstaan astrologie in Babilonië en is aanvanklik
            bestudeer as hulpmiddel om die natuurgebeure, oorloë, ensovoorts te voorspel.
            Met die koms van Alexander die Grote in die vierde eeu v.C. word dit reeds
            gebruik om voorspellings te maak vir mense.

          5. Willy Avatar
            Willy

            Was Daniël nie die een wat na die hoogtes toe gegaan het en dan na die hemelryk gekyk en gepofeteer het nie? Hy het mos immers die die koms van die Messias voorspel 500 jaar voor die geboorte van Jesus as ek reg kan onthou.
            Het eintlik lanklaas die boek Daniël gelees.

          6. Rifrug Avatar
            Rifrug

            sterre was die antieke mense se kalender
            het vir hul die jaargetye voorspel
            ontstaan astrologie in Babilonië?
            wie kan ons DIT vertel?

            (net ‘n gediggie wat by my opgekom het)

            Lekker om te lees wat jy te sê het (stem nie noodwendig met alles saam nie).

            Stem wel saam dat sterre (hemelruim) BAIE belangrik was (en moontlik steeds is!).

            Ek wil ‘n vraag vra … wat sou jou opinie wees oor die image hieronder? Dis minder as 10km van my af weg. Google-Earth dit gerus

          7. henkst Avatar
            henkst

            Jammer kan nie help met jou afbeelding nie.
            Is jy bewus van die Bet-Alfa diereriem?
            http://www.stariq.com/pagetemplate/article.asp?PageID=2607

          8. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Dit is ook so in die bybel verduidelik met een baie belangrike kwalifikasie. ‘n Gelowige is verbied om daarna te kyk of te aanbid.
            Deut 4:19 dat jy ook jou oe nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leer van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie – dinge wat Yahweh aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

            Maar om hierdie boeke te gebruik as verwysing of om sommer net te noem is aanvegbaar. ‘n Mens moet motiveer hoekom dit gebruik, gelees word.

            Ek neem ten sterkte aanstoot teen jou ‘Hebreeuse MITES vanaf Genesis’.

          9. henkst Avatar
            henkst

            Prof. Israel Finkelstein – van die Universiteit van Tel
            Aviv – is van mening dat dit mites is weens die gebrek aan argeologiese bewyse.
            Eusebius Hieronymus Sophronius (347-420) (beter bekend as Saint Jerome, was die vertaler van die katolieke kerk se Vulgaat. Die Hebreeuse woord beteken slang, towery, betower, waarsêery, towekuns ens.

          10. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Prof Finkelstein is vir my die kollektiewe naam van al die ateiste.

            Hy was of Satan self of ‘n ander wese met die naam Nachash. Slang het verskillende Hebreeuse woorde maar Nachash is baie spesifiek en nie algemeen nie.
            Hy was NIE ‘n lang reptiel wat kon praat nie. Baie op die internet.

          11. Riempies Avatar
            Riempies

            Henkst ek weet nie wie die D. M. Murdock is nie – het hy
            iets bewys? OF filosofeer hy net?

          12. henkst Avatar
            henkst

            MD MURDOCH is ‘n sy besoek http://didmosesexist.com
            en besluit self.

          13. Leana Avatar
            Leana

            Baie interessant hierdie donkie storie Henkst.:-)

          14. henkst Avatar
            henkst

            Die mite van die
            pratende slang – Serpens Caput – wat Eva verlei het is nog beter.

          15. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Hy was nie ‘n slang nie maar ‘n wese op twee bene. En hy het ‘n naam gehad. Die roomse vertalers het die woord slang gebruik.

          16. Leana Avatar
            Leana

            Ek pleit onskuldig Henkst, was rerig nie my skuld dat eva so dom was om die slang te glo nie.

    2. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      ‘n Bietjie mostert na die maal want ek het dit al vroeg geskryf.

      Servetus is deur Calvyn vervolg en deur sy toedoen lewendig verbrand op die brandstapel. Calvyn was ‘n roomse biskop voordat hy ‘n protestant geword het. Hier is Calvyn se woorde aangaande Servetus:

      Servetus
      has just sent me a long volume of his ravings. If I consent he will come here,
      but I will not give my word; for if he comes here, if my authority is worth
      anything, I will never permit him to depart alive (Latin: Si venerit, modo
      valeat mea autoritas, vivum exire nunquam patiar).[23]

      Hoekom is Servetus vervolg en verbrand? Hy het TEEN die roomse dogma geveg. Hy is verbrand omdat hy teen klein doop was. Calvyn het hom daaroor vreeslik aangeval. Hy is ook verbrand omdat hy geglo het, uit die Bybel, dat God nie uit drie gelyke dele bestaan het nie soos die heidene veel gode gehad het nie. Vannuit ou tekse dui die griekse vertaling aan met die woord van ‘stof’ ten opsigte van die Stof wat God beskryf, verskillend was van die Stof wat Jesus beskryf het. Hy wou dus net een God aanbid.

      Om hierdie geskiedenis in retrospek te lees aan die hand van wat vandag in die christelike gelowe aangaan, dan kry ek respek vir Servetus. Die ongoddelike vereering van Jesus as ons Losser grens aan afgodediens. In alle omstandighede moet eer aan Yahweh, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde gebring word. Vir meeste van die christene van vandag is Jesus hulle middelpunt en word die God van Israel en Sy Woorde amper onbelangrik gemaak. So baie christene met wie ek praat ken glad nie die Ou Testament nie waarin hulle die Woorde van God wat vir EWIG staan misken. Die Nuwe Testament met Jesus as die sentrale figuur is nou hulle nuwe godsiens.

      Jesus self het Sy ondergeskiktheid aan die Vader oor en oor beklemtoon, in Sy Woorde en in Sy gebede. Die woord drie-eenigheid bestaan nie in die Bybel nie en daar is ook nie eens ‘n opdrag om so ‘n entiteit te aanbid nie.

      Die geskiedenis is baie interresant en ‘n persoon van Nederland (kan nie
      sy naam onthou nie) het gese dat die probleem van die protestante geloof waarby calvinisme ingesluit is, is dat hulle nooit die naelstring met die rooms
      katolieke kerk geknip het nie. Dit lyk vir my na hierdie betoog van my gaan ek ook as ‘n ketter gebrandmerk word. Uitsluitsel het ek nie, ek hou net nie van dat alles wat in die bybel gese word oorboord gegooi word met die nuwe testament as uitsluitlike bron van waarheid nie.

    3. Leonor Bosman Avatar
      Leonor Bosman

      Servetus is nie daaroor verbrand nie. Disquss wil nie my kommentaar plaas nie. Het al twee keer probeer.

      1. jan Avatar
        jan

        Serverus het 3 ketterse dwalinge verkondig

        God openbaar Hom in die skepping daarom is afgodediens OK
        = Wetenskap Leona
        Die Kerk en Staat moet een wees = Teokrasie van bv Rome en Islam
        Die Drie Eenheid van God is veelgodery. lasterlike heiligskennis.

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Ek plaas nou maar ‘n stuk.stuk.

          Servetus is deur Calvyn vervolg en deur sy toedoen lewendig verbrand op die brandstapel. Calvyn was ‘n roomse
          biskop voordat hy ‘n protestant geword het. Hier is Calvyn se woorde aangaande Servetus:

          Servetus has just sent me a long volume of his ravings. If I consent he will come here, but I will not give my word; for if he comes here, if my authority is worth anything, I will never permit him to depart alive (Latin: Si venerit, modo
          valeat mea autoritas, vivum exire nunquam patiar).[23]

          Hoekom is Servetus hoofsaaklik vervolg en verbrand? Hy het TEEN die roomse dogma geveg. Hy is verbrand omdat hy teen klein doop was. Calvyn het hom daaroor vreeslik aangeval. Hy is ook verbrand omdat hy geglo het, uit die Bybel, dat God nie uit drie gelyke dele bestaan het nie soos die heidene veel gode gehad het nie. Vannuit ou tekse dui die griekse vertaling aan met die woord van ‘stof’ ten opsigte van die Stof wat God beskryf, verskillend was van die Stof wat Jesus
          beskryf het. Hy wou dus net een God aanbid.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Jan: “God openbaar Hom in die skepping daarom is afgodediens OK = Wetenskap”

          Jan: “Die Drie Eenheid van God is veelgodery. lasterlike heiligskennis.”

          Dis is nou werklik onsin. Wie het tot daardie slotsom gekom en, op grond van watse Skrif asb?

          1. jan Avatar
            jan

            Servetus is oor hierdie 3 ketterse dwalinge deur Calvyn vervolg en verbrand.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Sien jy dit ook as ‘n dwaalleer?

          3. jan Avatar
            jan

            Ja en jy oom Dolk?

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            Spaar jou sarkasme vir ‘n kind asb.

          5. jan Avatar
            jan

            Ons wil almal weet of jy met Servetus saamstem Dolk
            Ons Calviniste is oortuig dis uiters ketters. gevaarlik – vêrrykendende implikasies.

          6. Dolk Avatar
            Dolk

            Jan, as jy dink ek gaan my tyd met jou godslasterlike praatjies spandeer, maak jy ‘n fout.

            Die “ons almal” in jou skrywe wys duidelik dat jy skisofrenies is.

            Sterkte.

          7. Dolk Avatar
            Dolk

            Net vir die rekord:

            [1] Ek glo in ‘n Drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees. Een en tog Drie.

            [2] God openbaar Hom verseker talose male in die natuur – Hy sê dit ook DUIDELIK in Sy Skrif.

            Glo jy ook so Jan?

          8. Willy Avatar
            Willy

            Dolk, dit is nie die moeite werd om op ‘n feestelike dag, die OPSTANDING met iemand soos Jan te redekawel nie. Party se lewe is so saai dat op elke denkbare manier stig hul konflik.

            Ek lees deur hierdie kommentare en party is so slim. Eintlik wie weet wat? Niemand. Ons ken ten dele, die hele spul van ons. 1 Kor 13:12.

            So maak ‘n Cabernet Sauvignon oop, deel met jou geliefdes, geniet dit en weet jy is gered op ons beperkte kennis.

          9. Dolk Avatar
            Dolk

            Oor God se Woord redekawel ek verseker nie. Wat ons wel deur die Skrif aangespreek word om te doen, is om dwaalleraars te weerstaan.

            Dis te vroeg om ‘n cab. oop te maak. 😉

            Jesus Christus is verseker die ENIGSTE Weg tot redding.

          10. Willy Avatar
            Willy

            Natuurlik is hy die ENIGSTE WEG. Nou hoe sê jy dat dit te vroeg is vir ‘n cab. Jesus was ook lief vir sy wyn. ;~)} Los maar die argumente want een wil altyd bewys hy weet meer maar eintlik weet hy bôggerol. Miskien Lazarus wat drie dae dood was.

          11. Dolk Avatar
            Dolk

            Oppas… Daar is ‘n dun lyn tussen humor en Godslastering.

          12. Leana Avatar
            Leana

            Dolk julle breek my hart. Jy en Willy was baie groot forum vriende. Kan nouliks glo dat die teenoorgestelde nou waar is. Wat het gebeur ??

          13. Dolk Avatar
            Dolk

            Om ons laat dit net daar asb. Leana.

          14. Leana Avatar
            Leana

            Ook maar goed grimmig vandag ne Dolk ?

          15. Dolk Avatar
            Dolk

            Darem nie Leana. Dis net dat ‘n mens ook moet leer uit foute. My rekenaar het “uitgebom gister – niks met my gemoed te doen nie. 😉

            Lekker week vir julle hoor.

          16. Leana Avatar
            Leana

            Baie dankie Dolk, so ook vir julle.

            PS: Jou rekenaar dalk net “overworked and underpaid ” 🙂

          17. Dolk Avatar
            Dolk

            Baie dankie. Hy gaan binnekort werk dat die hare waai… 🙂

          18. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Willie, ek het aangeneem jy verstaan dat hierdie ‘n besprekingsforum is. Hier gaan jy kommentare kry wat jy dan dink dat hierdie persoon hom tog so slim hou. Dit mag so wees. Jy kan kies om daarmee te maak wat jy wil maar om jou kommentaar daaroor te gee is nie in die gees van kennis opdoen, ander perspektiewe te kry nie en of sommer net daaroor te dink. Niemand dwing jou om enige ag daarop te gee nie. Argumenteer en debateer is na aan mekaar. Ek het handoek ingegooi met Jan omdat ek nie op pure onsin sal reageer nie. Die bybel se ook ondersoek alles en behou die goeie. Daarom is hier en daar ander perspektiewe buite die kudde.

          19. Willy Avatar
            Willy

            Ek stem met jou saam Leonor en dit is hoekom ek so reageer teen dié wat sommiges op ‘n dwaalspoor wil lei.

          20. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Sien onder.

          21. Willy Avatar
            Willy

            Dankie vir die waarskuwing Leonor. Ek het gelees.
            So sal ons mekaar waarsku teen dié wat agter mombakkies leef.

          22. Leana Avatar
            Leana

            Stem heeltemal saam met jou Willy.

          23. Riempies Avatar
            Riempies

            Willy kom ons laat die persoonlike aanvalle – ek dink dit was net n misverstand.

          24. Willy Avatar
            Willy

            Verstaan ek reg? Enige kommentaar wat ek lewer is ‘n persoonlike aanval in jou oë?

          25. jan Avatar
            jan

            Net vir die rekord het ek op geen manier gelaster teen God nie maar daarop gewys hoedat Hy sondige gebreklike mense in die Bybel gebruik om Naam te eer.

            Dis waar dat God hom in die skepping openbaar maar julle mag nie saam met Servetus die skepsel [wetenskap] in die plek van die Skepper aanbid nie. = afgodediens soos in die 10 gebooie.waarna Johann verwys het.

          26. Dolk Avatar
            Dolk

            [1] Jy laster verseker. Verontskuldiging spreek jou nie daarvan vry nie.

            Jan: “Besetenes van Gadara – uitgeproke skitzofreen is die eerste enigste ou wat Jesus as die Seun van God identifiseer het.”

            Waar kom jy aan die onsin Jan?

            [2] Jy dwaal… Dis LIEFDE, geloof, hoop verering in/vir iets bo God – is wat ‘n afgod skep – nie die verheerliking van Sy Naam – wanneer ek my hande ophef – as ek na die uitspansel kyk nie. (ens)

          27. jan Avatar
            jan

            Waarna verwys jy Dolk? – pasop vir valse getuienis..

          28. Dolk Avatar
            Dolk

            Jan, wat jy geskryf het is alles hier! LOL! Jy laat my dink aan wat Salomo van ‘n slet geskryf het… “Sy vee haar mond af en sê: “Ek het niks verkeerd gedoen nie” (Waarop dit neerkom…)

          29. Johan van Wyk Avatar
            Johan van Wyk

            Miskien moet jy eers gaan uitvind wat is God se wil?

          30. Johan van Wyk Avatar
            Johan van Wyk

            God die skepper het mens gemaak om te heers oor Sy skepping. Gen 1:26-28.

            God het die mens geskape na Sy Beeld. Gen 1:26-27.

            Satan daag God die skepper uit in Psalm 2: 8.

            Jesus leer die mens om na die Vader te bid in Mattheus 6:6 – Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.

            Ek bid tot my Vader in die Hemel. Jesus het nog nooit gesê dat ons moet bid na hom nie.

          31. Johan van Wyk Avatar
            Johan van Wyk

            Johannes 20 vers 17. Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

          32. Dolk Avatar
            Dolk

            Johan, probeer jy van Jesus Christus ‘n gewone mens – ‘n profeet maak? Wat sê jy van Thomas se woorde…?

            “Johannes 20:27… Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!

            Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.”

            Bestraf Jesus hom dalk – dat hy aan Hom “My Here en my God” gesê het?

            “Joh 20:30… Nog baie ander tekens het Jesus voor Sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; Joh 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in Sy Naam.”

          33. Dolk Avatar
            Dolk

            Johan, het jy my vraag aan jou gelees?

          34. Johan van Wyk Avatar
            Johan van Wyk

            Die einste Calviniste waarvan jy praat het die Boerevolk vervolg in Duitsland oor hulle standvastigge geloof in God die skepper, en nie in Baal aanbidding nie!

          35. Riempies Avatar
            Riempies

            Dolk ek din julle het vir Jan verkeerd verstaan – (of hy het nie sy kommentaar duidelik gestel nie) Hy se mos duidelik heel bo aan sy kommentaar dat Servetus 3 ketterse dwaalleringe verkondig het en dan noem hy die 3 dwaalleringe

          36. Leana Avatar
            Leana

            Net so Riempies.

          37. Johan van Wyk Avatar
            Johan van Wyk

            Die dwaalleringe was die Britte met hulle sendelingwerk.

          38. Dolk Avatar
            Dolk

            Inderdaad is dit skrams waar – dankies. Jan stem egter saam met Servetus… Sien sy antwoord aan my asb.

        3. Kalium_Chloraat Avatar
          Kalium_Chloraat

          Weet nie wat jy bedoel met afgodediens OK = wetenskap nie. Wetenskap is ‘n ondersoekende model en kan toegepas word met ‘n Christelike of afgod wêreldbeskouing.

          1. Willy Avatar
            Willy

            So waar Kalium. ‘n Antwoord gewag van ‘n wetenskaplike.

          2. jan Avatar
            jan

            Calvyn het die wetenskap bevry van die Roomse Teokrasie van die donker eeue.
            Maar daai vryheid is nie chaos nie. Toe reken Servetus dat mens maar die skepsel [oa humanisme] ipv die Skepper kan aanbid en dit is afgodediens. Die skepsel word deur die wetenskap bestudeer veronderstel tot eer van die Skepper volgens Calvyn

            Die grootste wetenskaplike prestasies ooit is in die Bybel opgeskryf:
            Noag die vader van bio-ingeneurswese het die fermentasieproses eerste gebruik en genetiese materiaal vir 1 jaar gestoor en weer laat groei… Onge-ewenaard saglik tot vandag toe.
            Moses het die genetiese wette en seksualiteit oa gedeffinieer; inteling, sodomie, bestialgie, bloedskande,
            .Wêreldwyd selfs toegepas op stamselnavorsing ens
            Die tien plae was biologiese verskynsels wat die towenaars van Farao [ Moses se mentors] na die 4 de plaag nie kon meedoen nie.

          3. Willy Avatar
            Willy

            So van die os op die jas jan. Waar was jy verlede naweek? Ek wou jou bietjie aangevat het met ‘n sterkman byeenkoms daar op Orania.

          4. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Die wetenskap is altyd met agterdog bejeen deur die kerk. Dit maak my agterdogtig. Alhoewel die wetenskap vir eie gewin gebruik word, glo ek dat God se ‘Wetenskap’ altyd geopenbaar word. En net soos die wetenskaplikes dink hulle verstaan nou alles, dan gooi God ‘n spanner in hulle werke.

            Terloops een masale mammoet is hierdie week in Siberie gevind. Weeg 60 ton. Hoe bring die kerk hierdie wetenskap by die bybel?

          5. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Wetenskap word verkeerdelik as ‘n alternatief vir Godsdiens aangebied. Vir die Godsdienstige is die godsdiens die premis van sy wetenskap en vir die ateïs is sy aannames (materialisme, naturalisme, ens – dus sy geloof) die premis van sy wetenskap. Die mammoet kan maklik verduidelik word afhangende van die premis van jou wetenskap, buitendien glo die meeste kerke in die ou aarde model, dieselfde as die ateïste. Die wetenskap van ‘n individu is ‘n funksie van sy wêreldbeskouing. Wetenskap is dus nie objektief nie.

            Wetenskap is die oorblyfsel van die Sokratiese vraagstellings-proses in Westerse kultuur. Baie van die moderne wetenskaplike stelsels is egter aannames gebou bou-op ander aannames wat staan op nog meer aannames. Die proses van hipotesestelling en -verwerping werk net nie meer korrek nie. Die meeste mense verstaan ook nie hierdie proses nie en veronderstel dat ‘n hipotese ‘n feit is. Dit is nie, want ‘n hipotese kan nooit aanvaar of bewys word nie, maar net verwerp word. Die rede hiervoor is die induktiewe aard van wetenskap.

  7. Trippie Avatar
    Trippie

    Uitstekende skrywe Leon.

    Ek het nou deur elke kommentaar ook gelees en ek vind elkeen se replieke ook interessant. Goeie debatvoering.

    Leon sluit af met : “‘n Afrikanerheld sal êrens moet opstaan om te kom help en eerder vroeër as later.”

    Mag daardie Afrikaner-held ‘n Generaal de la Rey of Dr H F Verwoerd wees. Iemand met, ten eerste, Christen-waardes, en hom laat ly deur die Heilige Gees. ‘n Persoon wat die belange van sy volk eerste stel en nie die EIE EK nie.

    1. jan Avatar
      jan

      Ons sal wragtag Bileam se donkie moet kry, smaak dit my ou Trippie !!
      :-))

      1. Leana Avatar
        Leana

        So bly die donkie nog maar immer en altyd ‘n wonderlike ding..

        1. Willy Avatar
          Willy

          Jaa Leana. So bly as jy hier sulke draaie kom gooi. Jy is darem maar net ‘n tonic!

          1. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Ek sou graag Bileam se gesig wou sien toe daai donkie hom tune “Vir wat slaan jy my so?” Ou Bileam het seker gedink “Huh wat?”

          2. Willy Avatar
            Willy

            Ek wonder of daar toe ‘n gesprek tussen hulle twee ontstaan het nadat die houe geval het. En wat het hulle vir mekaar te sê gehad.

          3. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Ek sal geld daarop sit dat Bileam se praat skoon weggeskrik was.

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Trippie: “Mag daardie Afrikaner-held ‘n Generaal de la Rey of Dr H F Verwoerd
      wees. Iemand met, ten eerste, Christen-waardes, en hom laat ly deur die
      Heilige Gees. ‘n Persoon wat die belange van sy volk eerste stel en nie
      die EIE EK nie.”

      100/100! Mens kon dit nie beter gestel het nie Trippie! Dis verseker my bede ook.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Goeie middag Dolk – weet jy, net voor ek nou hier verder op Praag lees, het ek van NOG 3 aanvalle (moorde) gelees, waarvan die laaste ‘n egpaar van Harrismith – en dit in hierdie tyd – NIE dat enige ander tyd meer “aanvaarbaar” vir moord is of sou wees nie.

        Mense se harte is STUKKEND, GEBROKE – en dis juis NOU wat ons meer as ooit tevore moet BID vir ‘n leier om die leisels te neem.

        ONS KAN NIE MEER SO AANGAAN NIE !

        Baie van ons glo, maar daar is ook onenigheid, hatigheid, nydigheid, mense wat nie kan leef sonder konflik nie. Ons is lank reeds by die tyd wat ons moet hande vat, en volhard in gebed ! Ons dien tog dieselfde God ! Indien ek enige van ons Praag-lesers leed aangedoen het, is dit my PLIG om vergifnis te vra – dus, hierna het ek vrede in my hart. Ek het my deel gedoen.

        VREDE VIR ALMAL.

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          NS: Ek het nagelaat om by te voeg, ek het Donderdag ‘n “ek is jammer” sms ontvang. Baie dankie. Soms maak woorde seerder as dade, en soms maak dade reg waar woorde ontbreek.

          1. Willy Avatar
            Willy

            Ek het ook laat gaan dat persoonlike inligting vir sommiges gegee was wat ‘n striemende aanval op my karakter geloods het.
            Ek het ook laat gaan dat my werk en privaat e-pos adresse aan dié gegee was wat ‘n striemende aanval op my karakter geloods het.
            Ek het ook laat gaan dat ‘n onbekende die mees laakbare ding gedoen het om my moeder waarvoor ek soveel respek het en wat in haar lewe bereik het wat die meeste nie kon droom om te bereik, sy was ‘n chirurg gewees, onder die klere in te vloek. Ek het in my lewe nog nie iemand teëgekom wat so gelowig en diep afhanklik van God was nie.

            Ek het ook laat gaan dat daardie persoon ook geensins enige respek vir sy eie moeder of enige vrou het nie.

            Baie dankie, nou weet ek dat daar tussen die Boerevolk nog steeds ‘n Brutus is.

            Daarmee het ek ook laat gaan!

          2. Trippie Avatar
            Trippie

            Wanneer mens vergifnis vra, moet dit uit die hart kom – en ek het elke woord bedoel.

            “Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a blessing.”

            Daarom, maak reg wat verkeerd is – more is nie ‘n gegewe nie – en ek het. (My skrywe bo bevestig dit reeds).

            NS: Ek sien uit daarna om my Skepper tegemoet te gaan, enige dag, enige tyd – en dit kan mens nie doen, as jy met ‘n wrok in jou hart loop en tob daaroor nie. Dit behoort ‘n les vir elkeen van ons te wees en diep daaroor na te dink.

          3. Willy Avatar
            Willy

            AMEN!
            Hierdie jaar se OPSTANDING laatmiddag het vir my meer betekenis as soveel ander seëvierende opstandings jare in die verlede.

          4. Gas Avatar
            Gas

            Nee my ou jy bluf jouself, jy het dit nog nie laat gaan
            nie.

          5. Leana Avatar
            Leana

            Gas is dit nie NOU die regte tyd om reg te maak waar mens verbrou het nie? Om vrede te maak waar daar onmin is nie ? Nou kom “stir” jy weer !

          6. Willy Avatar
            Willy

            Leana, los daardie lafaard. ‘n Identiteitslose sot is iemand wat jy jou nie moet bemoei nie.

          7. Leana Avatar
            Leana

            Ons het nie sulke “gasse” hier nodig nie Willy. Baie bly om te sien jy en Trippie het vrede gemaak. Dit hoort so ! Dit is nie die moeite werd om in onvrede te lewe nie. Opreg en uit my hart uit bedoel !

          8. Willy Avatar
            Willy

            Leana, soos daar gese word. let’s play it by ear.
            Once bitten, twice shy. Sal sien hoe verloop sake.

            NS. Dankie vir jou! Ek waardeer dit baie.

          9. Gas Avatar
            Gas

            Was ek reg of was ek reg toe ek gese het jy het dit nie laat
            gaan nie?

          10. Willy Avatar
            Willy

            Dit is nie net vir my wat jy irriteer op die forum met jou identiteitslose en sarkastiese opmerkings nie, pateet!
            Vir wat is jy so ‘n lafaard?
            Jy is reg. Vir jou sal ek nie laat gaan nie!

          11. Leana Avatar
            Leana

            Kan maar net nie van die donkie wegbly vandag nie Willy. 🙂
            Selfs ‘n donkie stamp sy kop net een maal …….. !

          12. Willy Avatar
            Willy

            Haha Leana lyk of daardie donkie se somersault geflop het. ;~)}

          13. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Leana, maar hierdie probleem is nie deur die donkie veroorsaak nie, maar deur sy hanteerder wat duidelik minder verstand as die donkie het.

          14. Leana Avatar
            Leana

            Die “bang your head here” is vir die hanteerder om te gebruik Kalium.

          15. Willy Avatar
            Willy

            Praat so ‘n identiteitslose sot.

          16. jan Avatar
            jan

            Willy julle steroiede en staal seuns het soos Oscar presies dieselfde sielkundige afwykings.

            Willy met sy 300kg dooie gewig en Oscar met sy blades en ballistics. Loop Wikipedia gerus die sielkundige gevolge van anaboliese steroiede.

          17. Willy Avatar
            Willy

            Ek hoef nie verder te wonder hoekom Bert en Arnie my teen jou wat seniel is gewaarsku het nie. Want tipies maak jy stories op soos steroides om gewig aan jou saak te gee. Ek is bereid om my nou te laat toets. Slaag ek nie die toets nie betaal ek daarvoor. Slaag ek die toets dat ek skoon is van steroiedes betaal jy.
            Die prys vir die toetse kos R5 000.
            Ek wag vir ‘n antwoord.

          18. jan Avatar
            jan

            Oefen julle klomp dan almal saam??
            Maar laat ek weereens verklaar dat Jy en Bert die voorbeeld van Orania volg en jou sport en werk persoonlik self doen soos golf en nie alles aanpak met ‘n vreemde Impi tsotsis nie..

            Dis werklik al wat saakmaak en wat ek waardeer want dis deel van die oplossing en nie deel van die probleem nie.

            Maar ongelukkig is ek wreed eerlik en het geen verskuilde agenda nie en ek verafsku bedrog / skelmgeit onderduimsheid.
            Maar die meeste van alles haat ek ongeskikgeit en reageer refleksief daarop.

            Los die persoonlike aanvalle en bespreek die saak en nie die persoon nie.

            As dit waar is van jou Orania kompetisie dan sal ek jou daar sien.

          19. Willy Avatar
            Willy

            As jy beskuldigend raak oor absolute snert, waarvan jy geen maar geen bewyse het nie, moet nie huil as jy dit dubbel en dwars in jou gesig terugkry van my af. Wat jy uitdeel moet jy kan vat ook. So as jy ongeskik is met my gaan jy dieselfde terugkry.
            Dit lyk my jy weet bitter min wat in Orania aangaan. Ons was daar soos ek genoem het in my bostaande kommentaar.

        2. JAVR Avatar

          Daardie egpaar was ‘n mede werker van ons Trips! Al wat ek vir jou kan sê gelukkig het hy onse God geken!!! Ons sal vir Brian baie mis in ons Pinetown Tak!

          1. Trippie Avatar
            Trippie

            Vir my is dit “vertroostend” om kennis te neem dat die vermoorde se saak reg was met sy Skepper !

            Kan glo daar sal ‘n leemte wees – mens raak mos baie geheg aan mede-personeellede en kliënte ook – daarvan kan ek getuig.

  8. jan Avatar
    jan

    Ek wil vir Leonor iets besonders plak wat bietjie groot is – sodat julle kan raai wie dit gekryf het . Dis ‘n spesiale boodskap aan ons Boere Afrikaners. Juslaaik dis geweldig om aan te dink: laat ek probeer:
    Wie het die geskryf?

    [Die bevrydingbetekenis van Vergifnis]

    There are people who can walk away from you; and hear me when I tell you
    this! When people can walk away from you: let them walk.

    I don’t want you to try to talk another person into staying with you,
    loving you, calling you, caring about you, coming to see you, staying attached
    to you. I mean hang up the phone.
    When people can walk away from you let them walk. Your destiny is never
    tied to anybody that left. The Bible said that, they came out from us that it
    might be made manifest that they were not for us. For had they been of us, no
    doubt they would have continued with us. [1 John 2:19]
    People leave you because they are not joined to you. And if they are not
    joined to you, you can’t make them stay. Let them go. And it doesn’t
    mean that they are a bad person it just means that their part in the story is
    over. And you’ve got to know when people’s part in your story is over so that you don’t keep trying to raise the dead.
    You’vegot to know when it’s dead.
    You’ve got to know when it’s over. Let me tell you something. I’ve got the gift of good-bye. It’s the tenth spiritual gift, I believe in good-bye. It’s not that I’m hateful, it’s that I’m faithful, and I know whatever God means for me to have He’ll give it to me. And if it takes too much sweat I don’t need it.
    Stop begging people to stay.
    Let them go!!
    If you are holding on to something that doesn’t belong to you and was never intended for your life, then you need to…
    LET IT GO!!!
    If you are holding on to past hurts and pains …LET IT GO!!!
    If someone can’t treat you right, love you back, and see your worth …LET IT GO!!!
    If someone has angered you … LET IT GO!!!
    If you are holding on to some thoughts of evil and revenge…LET IT
    GO!!!
    If you are involved in a wrong relationship or addiction … LET IT
    GO!!!
    If you are holding on to a job that no longer meets your needs or
    talents… LET IT GO!!!
    If you have a bad attitude…LET IT GO!!!
    If you keep judging others to make yourself feel better… LET IT GO!!!
    If you’re stuck in the past and God is trying to take you to a new level in Him… LET IT GO!!!
    If you are struggling with the healing of a broken relationship….LET
    IT GO!!!
    If you keep trying to help someone who won’t even try to help themselves…LET IT GO!!!
    If you’re feeling depressed and stressed…. LET IT GO!!!
    If there is a particular situation that you are so used to handling
    yourself and God is saying “take your hands off of it,” then you need
    to… LET IT GO!!!
    Let the past be the past. Forget the former things. GOD is doing a new
    thing for the New Year!!!

    LET IT GO!!!

    Get Right or Get Left…Think about it,
    and then:

    LET IT GO!!!

    —————–
    Ek tjank elke keer as ek die lees want dit geld ook vir ons kinders….

    1. Leana Avatar
      Leana

      Easier said than done Jan. Nie altyd so maklik om net te “LET IT GO” nie.
      Nietemin baie mooi stukkie waarheid.

      1. jan Avatar
        jan

        Ja beslis ja Leana.
        Die punt is dat vergifnis doen jy vir jouself
        versoening is iets anders en dit kom eers na skuldbeleidenis.
        Wie dink jy het die skitterende opstel geskryf ??

        1. Leana Avatar
          Leana

          Vertel my asb wie het dit geskryf Jan. Ek het nie ‘n idee nie. Dit is pragtig en baie waar!

          1. jan Avatar
            jan

            Dis ‘n Amerikaanse Neger TD Jakes…
            Die ergste is dat mens ook met jou kinders moet Let Go. As jy vir hulle lief is.
            Indien hulle na jou terugkeer is dit joune
            Maar as hulle nie na jou terugkeer nie.
            Dan het hulle nooit aan jou behoort nie!!

            ———–

            O, Dis baie erg!!

          2. Leana Avatar
            Leana

            Kan jy nou meer ! Dit uit die pen van ‘n Neger !!
            Jan om my kinders te “let go” was vir my bitter moeilik. Mens wil hulle so graag klein en onder jou vlerk hou. Dog is dit baie selfsugtig van ‘n ouer om hulle steeds vas te hou. Een of ander tyd moet ons hulle “let go”. Waarheen die paadjies van die lewe hulle ook al heen mag neem is nie in ons hande nie.
            Hulle behoort eintlik nie aan ons nie maar is SLEGS geleen aan ons deur ons Almagtige God. Die dag as een van hulle heengaan, hoop, bid en glo ons hul is terug na hul Hemelse Vader.

          3. Rifrug Avatar
            Rifrug

            T.D. Jakes denies the Trinity. That makes his church a cult. Jakes has many other false teachings including word-faith, and the prosperity gospel.

            http://www.apostasywatch.com/Wolves/WolfReports/TDJakes/Jakesownwords/tabid/164/Default.aspx

          4. Leana Avatar
            Leana

            Dit laat my dink aan hierdie liedjie Rifrug. Pragtige melodie, maar luister na die woorde !
            http://youtu.be/hykZy_jUzd8

          5. Dolk Avatar
            Dolk

            Inderdaad… You cannot fool all the people – all the time…

          6. Dolk Avatar
            Dolk

            Kruks is… Selfs wurms moet opkom vir suurstof… 😉

  9. Johan van Wyk Avatar
    Johan van Wyk

    Matt. 19:17 En Hy sê vir hom:
    Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God.
    Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

    Matt 27:46 46 en omtrent die negende
    uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama
    sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

    Johannes 14:28 Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

    Jesus se belangrikste woorde vind ons in Johannes 20:17 Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Wat maak daardie woorde “Sy belangrike” woorde volgens jou Johan? Dankies.

      1. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Dolk, met my navorsing het ek meer en meer tot die besef gekom dat die Drie-eenigheid moontlik ‘n skepping is, wat vannuit Konstantyn se tyd, van die staatskerk. Die staatskerk was die ou RKK. Om die burgers van die romeinse ryk christene ‘saggies’ te maak, is van die gode van daardie tyd hernoem na die apostels ens. Jesus is byvoorbeeld ‘n ontvouing van seun van Zeus -le seus wat Jesus geword het terwyl die Hebreeuse vertaling Yahshua is. Omdat veelgoddery aan die orde van die dag was, is ook die drie gode geskep in een om saam te val met die Een God van die Bybel, Yahweh.

        Johan, se net dat Jesus sy ondergeskiktheid aan God, Yahweh, gestel het. Soos Johan tereg se, nooit het Jesus een keer gese dat sy volgelinge Hom moet aanbid nie. Net God alleen. Net soos Hy ook nooit gese ons moet sy geboorte vier nie. Al hierdie maaksels (Baby Jesus aanbidding, Maria aanbidding) kom van die RKK. En dit is ‘n ander dag se horries geskiedenis.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Presies waarom ek net my Bybel lees en op geen manier
          probeer om die Godheid te verstaan nie – vir my is dit goed genoeg dat ek deur die Woord van God geleer word dat ek n raaisel in n spieel sien met die belofte dat ek eendag van aangesig tot aangesig sal sien. Vir my is God buite ons dimensie van ons begrip is wat beperk is tot die 3de dimensie.

          Per slot van rekening is dit waarop skrifgeleerdes hulle
          idees vorm maar net hulle eie menings en menings van ander mense – nie God self nie. As ek tans sien hoe God se woord in vervulling kom – versterk dit my geloof. Die enigste mening wat ek oor die Bybel het is dat dit so Heilig volledig is dat as 10 mense dieselfde skrifgedeelte lees daar 10 boodskappe uit
          kan realiseer.

          1. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Die kind van God het ‘n nou paadjie om te loop. Daar is nie regtig vir hom ‘n plekkie in die son nie, Dis seker die dat God maar oor en oor se: Net ‘n handjie vol sal gered word en ons sal sterf oor Sy Naam. Die here jou god is nie ‘n naam nie, Sy naam is Yahweh.

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Hoe dan anders ons is dan na Sy ewebeeld geskape.

          3. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Presies. Die vraag is net wie is die ons?

          4. Riempies Avatar
            Riempies

            Ek het nogal so n vraag verwag – maar nou nie noodwendig
            van jou nie. 😉

            My eerste mening sal wees – die Wat God opdrag gegee het
            om die aarde te bewoon en te bewerk.

            My tweede mening sal wees: Die wat (soos jy opgenoem het
            onder meer) ingebore eienskappe soos verantwoordelikheidsin – orde – deernis – eerbaarheid – gewete – simpatie en empatie regverdigheid medemenslikheid ens. oor
            beskik.

          5. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Eerste mening: ja net die Adam, seun van God. Luk 3:38
            Tweede mening: ja, net Israel, toe, nou en vir ewig. NIE die Jode en Nie die staat Israel. Yahweh het al die eienskappe wat ek bo genoem geopenbaar aan net een volk en dit is Israel. Geen ander volk het Sy Wette gekry of sy Liefde of is in sy Raadsplan ingesluit nie.

          6. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ek het geantwoord maar dit vat weer lank.

          7. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ai tog Disquss!
            Weer
            Riempies, God openbaar Hom volledig in die bybel.
            Sy Liefde, Sy Haat, Sy Woede, Sy Berou, Sy Teleurstelling, Sy Afwagting, Sy Hartseer, Sy Geluk, Sy Toekomsdrome, Sy Raadsplan. Sy skape alleen sal Sy Woord verstaan en na Sy Stem luister. Enige iets wat nie 100% in en deurlopend in die bybel gese word nie, is mensgemaak. Verse kan gebruik word want Jesus het self vir Satan gese: Daar staan geskrywe. Tog moet al God se Eienskappe soos bo genoem in ag geneem word as daar uit bybel gepraat wil word. Dit is dat jy moet probeer verstaan wat God se Wil is en dit doen jy aan die hand van alles daar bo. Soos, Wie haat HY, vir wie is Hy lief, wat is Sy Raadsplan ens,

            En moenie vergeet van God se Wreedheid nie- kinders en kamele doodgemaak, bere gestuur om twee seuntjies te verskeur wat Eliza gespot het IIKon 2:24

          8. Dolk Avatar
            Dolk

            Leonor… Nou dis ‘n sak vol onrein gedagtes om deur te werk… 😉

          9. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis PRESIES waar om BAIE mense grootliks dwaal… Hulle begin om allerhande ander boeke lees – asof dit Gesag bokant die Woord van God het.

            Wanneer ek die Woord van God bestudeer en lees, vra ek die Heilige Gees, die Gees van God die drie-enige om dit aan my te verklaar.

            Iemand wat Jesus Christus se Godheid ontken of belaster, HET die gees van die Antichris. Ek sê so nie – God self sê so.

            DV sal ek enige een wat Jesus Christus as ‘n “profeet” probeer “vertoon”, met die Skrif weerlê. Nie ooit as ‘n argument nie, maar met Skrif alleen.

            Waar God praat, waai die mens se woorde soos kaf in ‘n stormwind weg…

          10. Dolk Avatar
            Dolk

            Leonor Bosman, sal jou skrywes beantwoord… Ek sien jou skrywe onder myne wag vir “goedkeuring”?

            Skrif asb. Slegs Skrif – nie eie, ander opinies of afleidings nie. Dankies.

          11. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ek het twee geplaas. Is dit my rekenaar wat sukkel?

          12. Dolk Avatar
            Dolk

            Nee… Dis is beide “verwerp.” (Ek pleit onskuldig… 😉

          13. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Wat gaan aan?

          14. Dolk Avatar
            Dolk

            Dit kan wees dat jy woorde gebruik wat deur ‘n sagteware filter verwerp word. Dis normaal – geen rede tot ontsteltenis nie – hehe!

          15. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Openbaring 3: Jesus praat. Vers 11 en 12

          16. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis nie hoe mens hieroor begin nie… Kom ons begin by my vraag hierbo aan jou… Asb.

            Kan Jesus Christus van Nasaret Skep Leonor?

          17. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Nee. Net God Gen 2:7

          18. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy is verkeerd: Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,

          19. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            God was nooit alleen nie. Daar was ‘n leerskare en het self Satan baie lief gehad. Adam is as ‘n seun van God beskryf dus was Adam in ‘n goddelik beeld geskape.

          20. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy ontwyk die Skrif met irrelevante goed (- jy weet dit ook.)

            Wie is die “Ons” in: “Laat Ons mense maak” Ons impliseer VERSEKER dat meer as een Persoon kan skep.

            Sien Spreuke 8…

          21. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Die Wysheid is dus ‘n vrou wat van ewigheid by God was, se jy dat dit Jesus was. Nee, ek glo dat dit ‘n konsultasie was maar die skepping vermoee is slegs die Vader sin.

            Nou my beurt; Waar in die ou testament word na Jesus as Die God van Israel verwys. Hy was voorspel as die Losser van sy volk. Nie as God van sy volk nie. Het Jesus ‘n skeibrief gegee vir Israel of was dit God sodat Hy weer sy volk kan red en as bruid vir Jesus Sy Seun gee?

          22. Dolk Avatar
            Dolk

            [1] Leonor, jy sal nie woorde in my mond lê nie. Waar het ek dit gesê?

            [2] Leonor, jy val weer rond met totaal irrelevante punte. Die onderwerp nou is: “Kan Jesus Christus skep”

          23. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            [1] Dis PRESIES waar om BAIE mense grootliks dwaal… Hulle begin om allerhande ander boeke lees – asof dit Gesag bokant die Woord van God het.
            Wou net belemtoon ek berus op die skrif.

            [2] Ek het mos geantwoord. Nee. En ek se weer: Dit maak nie vir my sin om ‘n gelykheid en eenheid in 1=3 en 3=1 te sien nie. Te min deur die bybel oortuig my. Vir my is daar ‘n Troon waarop God Almagtig sit en Jesus Koning van die heelal aan sy regterhand en God se Gees is in al Sy kinders.

            Ek sien my kommnetaar het toe deurgekom.

          24. Dolk Avatar
            Dolk

            Jesus Christus is die Koning bo ALLE konings. Hy is ook my Verlosser, my Here en my God.

            Ek aanbid onse Hemelse Vader en Jesus Christus en die Heilige Gees EWE VEEL.

            My gees verbly hom daarin om voor die ewige Drie-enige God te kniel – gesig in die grond te lê.

            Ek probeer nie God uitwerk of ontrafel nie – want slegs ‘n sot en ‘n dwaas dink hy of sy kan God begryp.

            Die Woord is God – Skrif.

            Jesus Christus is die Woord. – Skrif.

            Mag ek God aanbid en voor Hom kniel?

            Raai wat sê die Skrif? ELKE knie sal voor Jesus Christus buig!

            Jesus Christus is ook: My Here en My God. Dis Skrif!

            Joh 20:28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!

          25. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Jes 43: 10 ……..en insien dat dit Ek is- voor my is daar geen God geformeer nie en na My sal daargeeneen wees.nie.
            Soos
            God gese het: Julle sal my nie meer my Here, my Baal noem nie. Sit Sy Naam in die plek van here.

          26. Dolk Avatar
            Dolk

            Leonor, as jy nie Jesus Christus erken as God nie, het jy die gees van die Antichris. Nie so nie?

          27. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ten laaste Dolk. Waar staan dit?

          28. Dolk Avatar
            Dolk

            Dis presies waarop dit neerkom. Mag jy voor iemand – buiten God kniel en daardie persoon aanbid Leonor?

            Ja of Nee is goed.

          29. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy is reg – Dis Skrif dat ons SLEGS God mag aanbid:

            Mat 4:10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

            Verbied die Skrif ons om voor Jesus Christus te kniel of?! Hom selfs te aanbid?

            Wat staan daar geskryf in die Skrif – NIE wat ek probeer verstaan nie? Wie kan lees beter dit inneem! Wie dit verwerp, verwerp God se Woord.

            Mat 28:9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

            Luk 24:52 En hulle het Hom (Jesus Christus) aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.

            Joh 9:38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom (Jesus Christus) aanbid.

            Leonor, lees die stuk biddend deur:

            Heb
            1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘ n voortrefliker naam geërf het as hulle.

            Want aan wie
            van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U
            gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n
            Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê
            Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy
            wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme
            maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer
            van u koninkryk is ‘n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en
            ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met
            vreugde-olie bo u metgeselle en: U, o Here, het in die begin die aarde
            gegrondves en die hemele is werke van u hande.

            Hulle sal
            vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt, en soos
            ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is
            dieselfde, en u jare het geen einde nie. En aan watter een van die
            engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak
            het

            ‘n voetbank van u voete? Is hulle nie almal dienende geeste
            wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal
            beërwe nie?

            Openbaring 4:9 En elke keer as die lewende wesens
            heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat
            tot in alle ewigheid lewe, val die vier en twintig ouderlinge neer voor
            Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom (Jesus Christus) wat tot in alle
            ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o
            Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het
            alles geskape en deur U wil bestaan hulle en is hulle geskape.

            Openbaring
            5:14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig
            ouderlinge het neergeval en Hom (Jesus Christus) aanbid wat lewe tot in
            alle ewigheid.

            Openbaring 7:17 want die Lam (Jesus Christus)
            wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na
            lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.

            Openbaring
            11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in
            die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse
            Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle
            ewigheid.

            En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op
            hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê: Ons
            dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot
            mag aangeneem en as koning geheers het.

            En daar is nog baie meer Skrif!!

            Ek SIDDER tot in my siel – wanneer ek die WERKLIKE ALMAG van Jesus Christus sien in die Skrif!!!

          30. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Dankie Dolk sal lees.

          31. Dolk Avatar
            Dolk

            Baie dankie vir die gesprek Leonor. Ek waardeer jou sinvolle skrywes. Wens jou ‘n geseënde nagrus toe. Vrede.

          32. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek het op jy skrywe vanoggend gereageer – en dis nie geplaas nie. NUGTER alleen weet waarom nie!!!

          33. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ek kan eers sien wat ek geskryf het nie, dis weg. Kom ons kyk of dit later kom. Weet ook nie hoekom alles so lank vat enof verdwyn nie

          34. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek het dit in antwoord van jou skrywe wat nie meer daar is geskryf… Sien die foto – jou skrywe…

          35. Dolk Avatar
            Dolk

            Om jou vraag te antwoord: Jesus Christus praat van “my gebooie” Van watse gebooie praat hy? Is dit nie die tien gebooie wat Israel ontvang het nie? Wat Jesus vir hulle via Moses gegee het.

            Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

          36. Dolk Avatar
            Dolk

            Wil jy vir my vertel dat God omring was – in die BEGIN – VOORDAT Hulle die skepping geskape het – met al daardie wesens wat jy daar noem..? (Adam uitgesluit 😉

          37. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ja, het jy het jy nie dit geweet nie. Wanneer is Satan, Gabriel, Migael geskape? Wanneer het daar muitery teen God gekom? Wanneer is die gevalle engele aarde teogestuur?

          38. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy dwaal nou bitter erg…

          39. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Lees Esegiel en lees waar Jesus gese het Satan is uit die hemel verwerp. Waar kom die seuns van die gode vandaan. Die reuse van die aarde?

            Dolk, kom ons staan. Ek is ‘n wiskundige en miskien soos Isaac Newton maar ook gevra het hoe kan 1=3 en 3=1? Die bybel en die rkk kan my nie oortuig dat ek die Almag van die God gaan reduseer tot 3 nie. Ek glo aan die God van Israel wat Sy Seun gestuur het as Losser van Sy volk en ek sal Hom aanbid as my Koning en my God maar my Maker is die God van Israel soos hy Homself openbaar.Jes 54:5.

            Dankie dit was interesant.

          40. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek ken die Skrif Leonor – al daardie verse is bekend aan my. Ook dat daar ander mense as Adam en Eva was. En dat die aarde verwoes was deur ‘n geweldige stryd… Dis egter nie van toepassing nie…

            Ek is ook ‘n wiskundige 🙂 Ons moet bid vir wysheid… Het jy al ooit gewonder hoe drie tot die derde mag 27 kan wees? Of 3/3 = 1

            Moet nie ‘n afgod van jou eie insig maak nie. Wees stil en gaan lê met jou gesig in die modder…

            Jesus Christus is ook God – Onse Hemelse Vader het deur die Heilige Gees dit aan my openbaar – nie my intellek nie.

          41. Dolk Avatar
            Dolk

            Van Wie word hier gepraat? Van God of, ‘n mens?

            Joh 1:1-4 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

          42. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Ek ontken nie Jesus se Godheid nie. Ek betwis nie die vers nie maar glo net eerder Jesus se eie woorde.

          43. Dolk Avatar
            Dolk

            Staan daar nie geskryf: 1Jn 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;

            En ook:

            1Jn 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

            En DUS:

            Joh 1:1-4 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

            Daarom:

            Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,

            Wie is Jesus Christus? Is Hy die Woord? Ja.

            Was Hy ALREEDS in die Begin – VOOR enige dinge geskape was? Ja.

            Was Jesus Christus deel van die “Laat Ons mense maak…”
            Ja.

            Kan ‘n mens God se weg begryp? Nee!

          44. Dolk Avatar
            Dolk

            Kan Jesus Christus Skep?

  10. jan Avatar
    jan

    Toekomsvisie?
    Wie sou ooit in sy wildste daggadrome kon dink dat daar ‘n bondgenootskap en broederlike eensgesindheid / doelgerigtheid en spanbou sou ontstaan tussen Prof Jonathan Jansen, die anti-afrikaner politieke aktivis saam met Christen Dr x 6 Christo Landman die groot akademiese reus grondwetkenner plus Perskor Redakteur die uitgespoke vrydenkende ateis en vervolger van christene?

    Oor niks minder as hul passievolle afsku in Adv Gerrie Nel die staatsadvokaat wat ‘n leuenagtige moordenaar van sy diensmeisie Oscar aan die kaak stel.

    Dr Landman het sommer die advolaat aan die swart Menseregte Kokkedore aangekla op grond van sy insiens oortreding van die tweegatgrondwet net soos wat Selebi se jakkalse ook gedoen het met Gerrie.

    Jonathan Jansen immer opportunistiese ‘off beat and out of step’ stort beledigings by die besering van ons volkie [ ‘adding insult to injury’] met ‘n lasterlike artikel in D Burger oor Advokaat Gerrie Nel [net soos wat Gam gedoen het destyds en vervloek is tot ewige slawerny.]

    Oom Tsafendas Human het die meeste afduimpies ooit in Rapport gekry oor sy irrassionele aanval op die Advokaat wat voorheen al internasionale toekenning gekry het vir sy puik werkswyse met Selebi.

    Voorwaar die Teater van die Absurde. onder die AFRIKANERS van die rampokker reenboogstaat.

    Of hoe?

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Baie dankie vir jou passievolle en kleurvolle omskrywing van jou gedagtes – Praag sal voorwaar armer wees as jy nie meer kommetaar lewer nie. Dit gese Jan – is my perspektief baie anders as joue.

      Die sirkus is met n doel globaal op en oopgestel. (Nie eers die Nurenberg verhore het soveel media dekking gekry nie). Natuurlik sal swart moordenaars van blankes wat so 5/5/ of 6/6 saam kom om amper daagliks een of twee bejaardes wreedaardig te vermoor – nooooit sulke media dekking kry nie.

      Dit gaan gladnie oor Adv Gerrie Nel of Barry Roux of Oscar Pretorius of lesbes die moord nie.Dit gaan daaroor om die swart ANC regering se beeld van “vermoee tot uitnemendheid” te poets en te “bewys”.

      Dit gaan alles net om die swart regering wie se beeld in die buiteland soos honde bolletjies ruik reg te stel. Niks meer of niks minder nie.

      Die mense hier en in die buiteland word gespeel soos n kitaar.

      “Kyk hoe lieg die witmense in die NSA – daar word nie teen hulle gediskrimineer nie – hulle word verteenwoordig op alle senior vlakke
      in regeringsposte – hulle kry “regverdige verhore” Kyk net hoe trap die “My
      Lady” die vervolger se piep af in regverdigheid” Die land is nie so verniel as wat hulle dit uitmaak nie – (ons wys natuurlik nie die strate en geboue nie) – die witmense lieg oor alles. EN die witmense lieg oor die swart op wit moorde – kyk net hier – blankes pleeg ook net so moorde met perongeluk fotos van die slagoffer”. Dit my liewe Jan is waaroor hierdie sirkus-sepie met daaglikse episodes gaan – niks meer of niks minder nie.

      1. jan Avatar
        jan

        Ag dankie liewe Riempies vir die kompliment – maar ek stem inderdaad saam met jou siening.
        Dus waar – presies wat ek onbeholpe probeer beduie van die adding insult to injury.
        Ons Afrikaners word soos Simson geparadeer met uitgesteekte oge en afgeskeerde hare
        Dis sooo waar.
        Maar wat doen ek en jy en Praag en FN en VF+ ens ens daaromtrent?
        Ons sal ons slegte gewoontes moet afleer soos wat ons dit aangeler het.
        Klaar is daar koers en rigting na FN se stigting by die VF+ et al te bespeur.
        Ja
        Simson se hare het weer gegroei en sy gebed is verhoor Ja.

        Maar ons gaan nie selfmoord pleeg nie nee ons Afrikaners gaan uit die drek uit opstaan en ons vyande dood LEEF. op alle terreine.
        Want ons weet waar ons krag vandaan kom

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Goeiemore Jan – Ek sit alreeds met hartseer in my hart
          oor ons volkie wat deur diep water is en al vegtende teen mekaar – werklik besig is met ons eie transformasie van saamstaan.

          FN se uitgesproke onbevreesde standpunt het voorwaar
          iets wakker gemaak in die Afrikanervolk.

          Jy merk tereg op dat die Vf+ met nuwe vuur begin werk ek
          het ook gesien dat hulle met Solidateit in gesprek was – almal ons mense. Jan as hierdie tendens van nader aanmekaar beweeg volhou – al is dit al vegtende – SAL
          ons ons onderdrukkers Dood Leef.

          LANK LEEF DIE AFRIKANERVOLK – Wat vir die soveelste keer weer uit die as gaan opstaan.

          Totius se onvergeetlike gedig oor ons vernielde volk wat
          altyd weer opgestaan het al bly die litteteken daar dit is ook nodig dat ons onthou en nie weer dieselfde foute maak nie.

          Vergewe en vergeet

          Daar het ‘n doringboompie
          vlak by die pad gestaan,
          waar lange
          ossespanne
          met sware vragte gaan.

          En eendag kom daarlangs
          ‘n ossewa verby,
          wat met sy sware
          wiele
          dwars-oor die boompie ry.

          “Jy het mos doringstruikie
          my anderdag gekrap;
          en daarom het my
          wiele
          jou kroontjie plat getrap.”

          Die ossewa verdwyn weer
          agter ‘n heuweltop,
          en langsaam buig die
          boompie
          sy stammetjie weer op.

          Sy skoonheid was geskonde;
          sy bassies was geskeur;
          op een plek was die
          stammetjie
          so amper middeldeur.

          Maar tog het daardie boompie
          weer stadig reggekom,
          want oor sy wonde
          druppel
          die salf van eie gom.

          Ook het die loop van jare
          die wonde weggewis –
          net een plek bly ‘n
          teken
          wat onuitwisbaar is.

          Die wonde word gesond weer
          as jare kom en gaan
          maar daardie merk word
          groter
          en groei maar aldeur aan.

          1. jan Avatar
            jan

            Baie mooi dankie
            Ons familiespreuk is baie meer op die bodem:
            ” As die nagwa oor jou gery het kan jy maar net opstaan en jou afskud!!”
            Jaa
            Voordat ons nou in die verdrietigheid in verval. nê ?:-)

  11. Dolk Avatar
    Dolk

    Leonor – die roomse kerke aanbid Maria. NIE Jesus Christus nie – ek sê weer: jy bly allerhande irrelevante onderwerpe insleep – wat niks met die debat te doen het nie.

    Leonor, die Skrif weerlê jou stelling:

    1Joh 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

    Jesus is die Woord – is ook God:

    Joh 1:1-4 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Leave a Reply