praag.co.za

Tag: grond

  • Leon Lemmer: Oor grondontneming, -benutting en -onteiening

    Leon Lemmer: Oor grondontneming, -benutting en -onteiening

    In die jare sestig het ek ‘n gradeplegtigheid aan ‘n universiteit vir swartes bygewoon. ‘n Segsman het die boodskap van sy opperhoof voorgelees. Volgens hom het die blankes met skepe maar sonder vee hier aangekom. Met onfeilbare swart logika het hierdie opperhoof tot die gevolgtrekking gekom dat die vee wat die blankes het dus van die swartes gesteel is. Op ‘n soortgelyke manier redeneer hedendaagse swartes, insluitende die ANC-regime, dat hulle eerste in Suider-Afrika was. Die grond wat die blankes dink hulle eie is, is daarvolgens in werklikheid van die swartes gesteel. Die vee wat deesdae op so ‘n enorme skaal deur swartes van blanke boere gesteel word en die daaglikse besetting van blankes se grond deur swart plakkers is daarvolgens nie werklik misdade nie. Dit kom glo eerder neer op die regmatige terugneem van wat aan swartes behoort. Die opperhoof het uit die oog verloor dat omtrent enigiets, insluitende vee, per skip hier kan aankom, bv die eerste merinoskape in 1789. Reeds in Jan van Riebeeck se tyd is perde en jaghonde uit die Ooste ingevoer (John Laband, bron hier onder, Kindle 941).

    Daar is algemene eenstemmigheid dat die San eerste in Suider-Afrika was. “Of all the peoples residing in South Africa today, only the San are considered to be autochthonous … Everyone else involved in this story were settlers,” dus ook die swartes (141). Ná die San het die Khoi-Khoin hulle opwagting gemaak. Toe die eerste blankes hulle in 1652 aan die Kaap gevestig het, was swartes besig om Suider-Afrika vanuit die noordooste binne te kom. Vanuit die suidweste sou die blanke inwoners die swartes die eerste keer aan die Kaapse oosgrens teëkom. Wat daar gebeur het, is die onderwerp van hierdie rubriek.

    Sedert 1910 speel die grondkwessie ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Naas ‘n gebrek aan stemreg vir swartes het die grondkwessie in 1912 tot die stigting van die voorloper van die ANC bygedra. Die wet op grondbesit van 1913 het verdere stukrag aan hierdie organisasie gegee. In 1923 is hierdie instansie se naam na African National Congress verander. Die amptelike beleid van die ANC is tans dat eiendom, dus nie net grond nie, sonder vergoeding onteien kan word. Die oogmerk is klaarblyklik om die besittings van veral blankes ten bate van swartes in te palm. Dit gee uitdrukking aan die ANC-regime se beleid van die herverdeling van rykdom. Onderliggend is die aanname dat wat die blankes ook al besit wederregtelik bekom is en dus sonder gewetenswroeging teruggeneem kan/moet word.

    Gestel die grondkwessie word gereduseer tot wie eerste hier was. Dan behoort die hele Suid-Afrika eintlik aan die San, met die Khoi-Khoin as die tweede sterkste aanspraakmakers. Volgens die eerste-hier beginsel het die blankes ‘n sterker aanspraak op die grond in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap as die swartes. Maar daar is ‘n ander faktor wat nie geïgnoreer moet word nie. Die San, Khoi-Khoin en swartes het nie die grond gekoop waarop hulle gewoon het nie. Die blankes, daarenteen, het histories in baie gevalle en tans feitlik deurgaans (erflatings uitsonderd) die grond gekoop wat hulle besit. Die blankes, hetsy individueel of korporatief, besit in veel groter mate as enige ander groep wettig grond- en ander eiendom.

    ‘n Ander faktor wat van deurslaggewende belang is, is watter gebruik van die grond gemaak word. Die San het gejag terwyl die Khoi-Khoin en die swartes vee aangehou het. Al drie hierdie groepe was in meerdere of mindere mate nomadies. Waar die swartes hulle vir ‘n tyd lank gevestig het, het hulle bestaansboerdery beoefen, dus nie soos die blankes ontwikkelde plase met ‘n uitgebreide infrastruktuur gevestig nie. Dit is vergesog om te beweer dat al die grond waaroor nieblankes in vorige eeue getrek het, aan hulle behoort. Insgelyks kan die Voortrekkers nie daarop aanspraak maak dat hulle al die grond besit waaroor hulle tydens die Groot Trek beweeg het nie en hulle het dit ook nie gedoen nie. Hulle het dikwels met swartes oor grondregte onderhandel. Verder word daar in die internasionale reg erkenning aan die besitreg van verowerde gebiede gegee. Deur meestal eerder verdedigend as aanvallend op te tree, het die Boere hulle besetting van grondgebied geregverdig en per slot van sake gewettig.

    Iets wat gerieflikheidshalwe deur die ANC-regime in die debat oor grond verswyg word, is die mate waarin grond tot die potensiële voordeel van alle lede van die Suid-Afrikaanse bevolking ontwikkel is. By grondbesetting deur nieblankes was daar (relatief) bitter min sprake van ontwikkeling. Die Khoi-San het brandhout versamel en die swartes het met oorbeweiding dongas geskep. Hulle het meerendeels ten koste van die omgewing gelewe. Die blankes, daarenteen, het die barre aarde tot produktiewe plase met uitgebreide infrastruktuur (huise, store, omheinde kampe, boorde, damme, ens) omskep. Die plaasprodukte het gesorg vir voedsel en klere vir al die inwoners en daarby teen laer koste as ingevoerde produkte. In Australië is daar gesagbebbende hofuitsprake waarvolgens eiendomsreg op grond erken word nie ingevolge die eerste-hier beginsel nie, maar eerder vanweë die mate waarin die grond konstruktief benut is.

    Wat die slinkse, immorele ANC-regime doen, is om al die argumente wat ten gunste van die wettige besittings van blankes geopper kan word, te ignoreer. Veralgemenend kan tereg gesê word dat die blankes hulle nie ryk gesteel het nie, maar eerder ryk gewerk het, danksy hulle toewyding, deursettingsvermoë, kundigheid, werkywer, ens. Terselfdertyd was die blankes, ‘n minderheidsgroep, op uitgebreide skaal oor eeue die hoofverskaffers van werk aan nieblankes; nie om hulle uit te buit, soos dikwels (marxisties) beweer word nie, maar om vir nieblankes ‘n meer leefbare bestaan moontlik te maak as waartoe hulle op hulle eie in staat was. Dit is gewoon verregaande, ondankbare, wraaksugtige vermetelheid van die ANC-regime om blankes se besittings sonder vergoeding te wil onteien. Selfs al sou die grond oorspronklik deur die blankes van die swartes gesteel gewees het, is daar hoegenaamd geen regverdiging vir die ANC-regime se voorneme om saam met die grond ook die verbeterings daarop gratis te wil inpalm nie. Waaroor dit vir die ANC-regime in laaste instansie gaan, is marxisties geïnspireerde nasionalisering.

    By ‘n vorige geleentheid het ek Louis Changuion en Bertus Steenkamp se boek, Omtrede land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse grondvraagstuk, 1652-2011 (Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, 471p) bespreek (Praag 23.03.2014). Daaruit blyk dat daar heelwat regverdiging is vir die standpunt “dat dit reg is dat die grootste gedeelte grond aan blankes moet behoort, omdat die blankes die grond ekonomies benut.” Ook dat swartes se benadering tot grond heeltemal anders as dié van blankes is, omdat dit by swartes “nie oor grond as produktiewe bate gaan nie, maar oor grond as politieke identiteitsimbool.” Swartes wil grond bloot as eiendom hê en nie soseer om daarop te boer nie. Veral verstedelikte swartes verkies dat, sonder enige teenprestasie, eerder geld as onteiende grond in hulle skoot val. Swartes voel emosioneel geregtig op alles in die land, of demografies op minstens 80% daarvan, maar hierdie begeerte is op instink en ideologie gebaseer. Die blankes se historiese aanspraak op voogdyskap of paternalisme oor ander groepe word deur die ANC-regime met minagting verwerp. Terselfdertyd dring die ANC-regime aan op dieselfde of ‘n soorgelyke iets deur te verwag, selfs te eis, dat blanke boere as mentors vir swart “opkomende” boere moet optree, anders is daardie swartes gedoem om ondergaande boere te wees. Dit is ‘n klinkklare erkenning dat blankes beter boere as swartes is. Waarom dan nie eerder toelaat dat die blankes in hierdie opsig, soos in vele ander opsigte, hulle goeie werk tot die potensiële voordeel van al die inwoners voortsit nie? Op grond waarvan word die bewese voorspoed wat die blankes skep deur die ANC-regime gemuilband? Dit is moeilik om aan meer geldige redes as wraak en anti-blanke rassisme te dink.

    John Laband vestig die aandag op die fundamentele verskil in benadering tot grondbesit tussen blankes en swartes. Hy verwys na “[the] colonists with their sense of private property” (1421) terwyl “the amaXhosa saw land as communal property with its usage to be allocated by a chief” (1426). Weens die roemlose magsoorgawe aan die kommunistiese ANC-regime in 1994 neem die benadering tot grond deesdae die vorm aan van die nasionalisering tot staatsbesit van besittings, nie net grond nie. Dit sal na verwagting moontlik nie lank duur nie voordat nie net die besittings van die blankes nie maar ook dié van die Indiërs genasionaliseer word.

    Dit bring my by die boek wat ek vandag bespreek, John Laband (gebore in 1947) se The land wars: The dispossession of the Khoisan and amaXhosa in the Cape Colony (Century City: Penguin, 2020, 458p, R290; Amazon Kindle $17,25). Die outeur het hom ná sy aftrede in Greyton by Genadendal gevestig. Sedert 2014 is hy ‘n navorsingsgenoot van die departement geskiedenis aan die nuwe Stellenbosch University (SU). Die res van hierdie rubriek sal aan die leser duidelikheid gee oor waarom SU graag met Laband assosieer. By Wim de Villiers vind ‘n mens in ‘n enkele pakket alles wat ‘n Afrikaner nie moet wees nie. Dit lyk asof Laband as historikus uitnemend geskik is om die Suid-Afrikaanse geskiedenis ooreenkomstig die wense van die ANC-regime te herskryf. Die woord “dispossession” in die newetitel maak duidelik aan watter kant die outeur hom skaar. “It is essential to place the violent colonisation of the Cape in its broader context” (Kindle 161). “This work is about how the indigenous peoples of the Cape were violently dispossessed of their land by the forces of colonialism” (206). Die gewelddadigheid van die blankes word beklemtoon en dié van die swartes afgeskaal of verswyg.

    Hier het ons ‘n historikus wat openlik erken dat hy nie eens probeer om objektief te wees nie. Hy verwys bv na die “Khoikhoi-Dutch War of 1659-1660” en die oorloë oor die volgende twee eeue aan die Kaap en kom tot hierdie gevolgtrekking: “All were wars of dispossession” (118), dus oorloë sodat die blankes beslag op die grond van nieblankes kon lê. Wat deesdae die Kaapse* Grensoorloë genoem word – die oorspronklike benaming word polities byderwets gesensureer – word deur die oorverligte geesgenote van Laband “the Wars of Dispossession” genoem (178) omdat objektiwiteit doelbewus agterweë gelaat en die saak uitsluitlik, of ten minste by voorkeur, uit die oogpunt van die swartes benader word. Ek skryf oor algemene asook ander sake wat in die boek aangeroer word en nie oor die verloop van hierdie nege grensoorloë nie.

    [* In die 20ste eeu was daar natuurlik ander grensoorloë wat die Suid-Afrikaanse weermag met groot doeltreffendheid en onderskeiding teen kommunistiese terroriste gevoer het.]

    Polities byderwets het Laband sy mes in vir kolonialisme. Die Hollandse en Britse koloniale owerhede “preferred to conceive of the frontier as a clearly deliniated, strategic boundary that defended the vulnerable,* thinly settled colonial population within its parameters, and rigorously excluded what were increasingly held to be the irredeemably savage amaXhosa beyond” (184).

    [* Toe was die blankes die kwesbares. Dit is ironies dat die rolle intussen omgeruil is, al is die blankes in die nuwe Suid-Afrika kwesbaarder as ooit. Daar word tans dikwels na die “kwesbares” verwys as die ANC-regime op sy gebruiklike rassistiese manier probeer regverdig waarom Covid-19-hulp, bv finansieel, by voorkeur aan swartes verleen word.]

    “Their independent existence under their own rulers terminated, the survivors scattered into the interior of southern Africa, were sucked into the new colonial space as labourers, or were left to survive on sufferance in the cramped reserves set aside to accommodate and control them. It is both inevitable and natural, therefore, that this bitter legacy of dispossession calls urgently for redress” (118). Laband onderskryf eers die EFF en daarna die ANC se standpunt dat die grond van die blankes teruggeneem/teruggesteel moet word (123). Die ANC se 2017-besluit hieroor word soos volg aangehaal: “Expropriation of land without compensation should be among the key mechanisms available to government to give effect to land reform and redistribution” (130).

    Laband erken nogal dat daar iets soos wettig verowerde gebied is, maar hy verwoord dit soos volg: “Right across the bloodstained span of history, and on every continent inhabited by humans, there have been countless defeated peoples who forfeited their land to their conquerors, along with their independence, and to whom the Latin tag vae victus, or ‘woe to the vanquished’, can justly be applied. Nevertheless, this truism can take nothing away from the specific pain and loss experienced by the dispossessed in each and every case, and so it was with the various indigenous peoples of the Cape” (136). “Each and every case” word egter deur Laband tot simpatie met die inheemse nieblanke bevolking gereduseer, terwyl ek hier bo aangedui het dat die plaaslike blankes in dieselfde mate as die swartes op inheemsheid aanspraak kan maak. Maar Laband ignoreer dit en etiketteer die blankes as “unbidden” (739) of “seaborne interlopers” en “colonial intruders” (222).

    Uit Laband se teks is dit duidelik dat sy simpatie lê by verslane swartes en die grond wat van hulle verower is en nie by bv die Boere as die slagoffers van Britse imperialisme tydens en ná die Anglo-Boereoorlog nie. Hy het immers nêrens ‘n goeie woord vir die Boere/Afrikaners nie. Die eerste blankes wat hulle aan die Kaap gevestig het, word beskryf as “Van Riebeeck’s men, mainly illiterate or semi-literate peasants and labourers, with a sprinkling of criminals on the run” (811). Die eerste nege vryburgers (1657) word “labourers-cum-soldiers” genoem (828). Die swartes, daarenteen, word nie as bv moorddadig voorgestel nie. “Hospitality was always [!] generously extended to visitors and strangers” (249). “It was the defeated in the Cape Frontier Wars who bore the worst and lost the most, and it is their miserable fate that we must especially deplore” (217).

    In sy inleiding verwys Laband na die opgrawing van die lyk van opperhoof Sandile (1820-1878) in 2005 omdat sy lyk na bewering deur ‘n Brite soldaat onthoof en sy skedel as ‘n trofee na Engeland geneem is. “Sandile’s skull was still in place, conclusively laying to rest the legend of its removal” (113). Eintlik was die opgrawing onnodig. Enige objektiewe waarnemer wat met ons plaaslike situasie bekend is, sou met ‘n stok kon aanvoel dat ons hier met ‘n mite te make het. Sedert 1994 beleef miteskepping ‘n bloeityd en word sulke mites as die waarheid getakseer omdat dit deurgaans ten koste van die blankes, veral die Afrikaners, geskep word. ‘n Mens sou verwag dat ‘n historikus hierop bedag sou wees.

    Laband beweer “archaeological evidence confirms that by the fifteenth century, if not ealier, the ancestors of the amaXhosa … were already settled between the Great Fish River to the east and the Bushman’s River to the west … This is worth emphasising because it was always the colonial contention – and one long reiterated in colonial and apartheid histories – that the white settlers and the amaXhosa arrived at the frontier region at the same time, which conveniently meant that the whites were not guilty of displacing a people whose forebears had, in fact, already been living there for at least three hundred years” (239). Let op, hier word net die blankes setlaars genoem. Elders skryf Laband egter oor die Xhosas: “They too were descended from settlers” (324).

    Later dateer Laband die swartes se teenwoordigheid in Suidelike Afrika (skynbaar) selfs verder terug: “By about 1100 AD Iron Age Bantu-speakers … were beginning to penetrate southern Africa” (384). “Sotho/Tswana-speakers were settling in the region around the Soutpansberg in the far north of the present-day Republic of South Africa from about 1300 AD” (400). “Between the fourteenth and the eighteen centuries some of the Nguni-speakers then slowly advanced southwards, settling in the region between the Mzimvubu and Great Fish Rivers” (406).

    Maar later in sy boek beskryf Laband die tyd van swart vestiging aan die Kaapse oosgrens grootliks in ooreenstemming met wat ek in my “apartheidgeskiedenisboeke” gelees het. “East of the Kei River [various black tribes] were certainly established by the mid-seventeenth century, if not before. The Xhosa kingdom to their west probably rose somewhat later and was still expanding westwards when … it ran unto Dutch settlers moving eastwards” (454). “It took the amaXhosa three generations to move slowly south-west from their original homeland on the Mthatha River to the upper Great Fish River” (507).

    Nog later probeer Laband om die Xhosa-indringing so vroeg moontlik weswaarts in die Kaap voor te stel deur die Khoi-Khoin te betrek. “Since the middle of the seventeenth century [1652], by allying with one Khoikhoi chiefdom or another against their rivals, the amaXhosa had acquired a loose political ascendancy over most of those living along the southern coast as far west as the Breede River” (646).

    Naas die setlaarstatus van sowel die blankes as die swartes is daar egter die koloniale aanspraak dat die blankes die Afrika-vasteland “geopen” of ontwikkel of selfs (probeer) beskaaf het. Volgens Laband kom hierdie eer egter die Niger-Kongo-swartes toe, wat van wes na oos en daarna na die suide van die vasteland migreer het. “They opened up the continent, and in John Iliffe’s telling words, ‘Africans have been … the frontiersmen who have colonised an especially hostile region of the world on behalf of the entire human race” (355). Met ander woorde, dit was ander groepe, sekerlik insluitende die blankes, wat na bewering gewelddadig (“hostile’) was; nie die swartes wat hulle in Suidelike Afrika gevestig het nie.

    Omdat apartheid in die oë van Laband ‘n euwel was, probeer hy etniese verskille sover moontlik ontken. Byvoorbeeld, die Nguni- (Xhosa- en Zoeloe-) sprekers “have in common the same basic culture” (418). “For centuries the San and the Nguni-speakers lived in a sort of symbiotic relationship” (418). Dit is ‘n ou maar moeilik kontroleerbare aanspraak, omdat dit uit die verre ongedokumenteerde verlede dateer, dat alle mense in Suidelike Afrika toe in rus en vrede saamgeleef het. Hierdie situasie het glo weens die aankoms van die blankes drasties verander.

    Maar selfs Laband kan nie met hierdie geykte meesterverhaal volhou nie. “But the San and the Nguni ways of life were essentially irreconcilable. The pastureland and the fields of the Nguni herders and farmers … impinged ever more intrusively on the traditional hunting-grounds of the San” (422). “The Nguni-speakers … sometimes doing their conscious best to exterminate [the San]” (434). Die opperhoof Rharhabe (1722-1782) “hunted [the San] like wild animals” (662). Daar is dus iets soos (onoorbrugbare) etniese verskille en hulle word ook onderling by nieblanke groepe aangetref; een van die partye hoef nie blank te wees nie.

    “The word ‘Xhosa’ is derived from the Khoikhoi verb stem meaning ‘to destroy’, and the Khoikhoi referred specifically to the amaXhosa as //kosa, ‘angry men’, or ‘the men who do damage’” (540). Die Khoi-Khoin het die Xhosas se gedrag eerstehandse ervaar en hulle nie so vreedsaam gevind soos wat Laband hulle hier bo beskryf het nie. Nie net destyds aan die Kaapse oosgrens nie, maar ook in die vorige eeu en tot op hede ervaar (baie) blankes (minstens sommige van) die Xhosas as bv gewelddadig. Die naam wat aan Nelson Mandela by sy geboorte toegeken is, is Rolihlahla, wat moeilikheid-/molesmaker, skoorsoeker of kwaadstoker beteken, volgens die eerste twee sinne in sy outobiografie. Dit is ongetwyfeld ‘n gepaste naam vir Mandela en hy was ‘n Xhosa. Tussen die Khoi-Khoin en die Xhosas was daar ook etniese verskille. “[The] Khoikhoin … retained their own culture, not adopting the Xhosa practice of circumcision at initiation and continuing to employ the traditional Khoi bow and arrow (weapons never used by the Xhosa)” (641).

    Die Hollandse en Britse koloniale owerhede word as dom uitgebeeld. “A Xhosa paramount chief was … never responsible for every action taken by other chiefs who recognised his tenuous authority, but … this was a limitation never properly grasped by whites with their centralised form of government” (480). “Van Plettenberg had parlayed with lesser chiefs who had no authority to bind other, greater chiefs, let alone the Xhosa paramount. The Dutch never grasped this, and would time and again wax indignant that the supposedly treacherous amaXhosa were incapable of abiding by an agreement” (1478). Laband beweer verder dat die Hollanders nie eens stamme verstaan het nie. “Chiefdoms” was glo “what the Dutch called ‘nations’ … The chiefdoms were under chiefs (whom the Dutch referred to as ‘captains’ or ‘kings’)” (616).

    By nabaat blyk dit dat die Britse owerheid gedoen het wat Laband wil hê deur met die opperhoof, Ngqika, te skakel, “whom the British believed to be the principle Xhosa leader, even though he himself disclaimed any authority over the amaXhosa living west of the Fish River” (1996). “It was [Charles] Somerset’s misplaced belief that Ngqika, as the senior chief of the amaRharhabe, was in a position to assert his power over the other frontier chiefs … Ngqika tried to explain that he did not possess such authority” (2645). Later Andries Stockenström “insisted that Sarhili take personal responsibility as the Xhosa paramount for everything that occurred in emaXhoseni, and that he employ his power to prevent further Xhosa attacks on the Colony. Sarhili understood only too well that his authority over the Ciskei Xhosa chiefs was purely nominal, but he did not argue” (4096).

    Wat Laband eerder behoort in te sien, is dat dit nie die Hollandse en Britse owerhede is wat in hierdie opsig dom was nie. Afgesien daarvan of die blankes met Xhosa-hoofde of -opperhoofde ooreenkomste aangegaan het, het hulle nie (noodwendig) gebonde voel om daarby te hou nie. Soos die Xhosas was die Britte ook onbetroubaar. “Like Hintsa before him, Sandile made the mistake of trusting the honour of a British soldier, which never [!] seemed to apply when dealing with people of colour” (5205). In 1990/94 het die teenoorgestelde waar geblyk te wees. Uitgaande van die veronderstelling dat swartes (en hulle blanke meelopers) vertrou kon word, het die NP-regering met die ANC/SAKP onderhandel. Daarna het FW de Klerk steen en been gekla dat nie by die gees van hulle ooreenkomste gehou word nie.

    Oor die toekenning van plase aan die eerste vryburgers in 1657 skryf Laband: “The problem, of course, was that the land was not the VOC’s to grant in this way” (834). Gedurende die onderhandelinge ná die Khoi-Khoin-Hollandse Oorlog (1659-1660) “the Khoikhoin had pertinently complained, as Van Riebeeck noted in his journal on 4 April 1660, that the Dutch were ‘taking every day … land which had belonged to them from all ages” (907). Dit is die Khoi-Khoin-mite van “altyd hier gewees”, wat vals is. “Van Riebeeck’s uncompromising response was that ‘they had now lost the land as a result of the war and had no alternative but to admit that it was no longer theirs’, and that ‘we intended to keep it’” (913). Daar is ook ‘n tweede oorlog teen die Khoi-Khoin gevoer (1673-1677) (968). Albei kere was die Hollanders verplig om verdedigend op te tree. Daar behoort geen kwessie oor die blankes se eiendomsreg op die verowerde gebiede te wees nie.

    Daarna was daar “the Bushman War – the great Khoisan assault of 1739” (1267). “The raiders were finally beaten back, with massacres and atrocities perpetrated by the Dutch” (1278). Dit was nog ‘n verdedigende oorlog waarin die Hollanders gedwing is, maar Laband beperk sy kritiek tot die gedrag van die blankes. “The Northern War … broke out in 1772” (1294). Weer was dit die Khoi-San wat tot die aanval oorgegaan het. “The Dutch farmers hung on. And they did so by becoming ever more ruthless in their retaliatory commando raids. In the heat of the crisis these raids sometimes took on an explicitly genocidal dimension … During the years 1786 to 1795 the commandos killed 2 480 San alone” (1310).

    Die naaste wat Laband aan ‘n kompliment vir die blankes, nogal die Hollanders, kom, is die volgende, maar let op dat die gewelddadigheid aan die blankes toegeskryf word en nie aan die Khoi-Khoin nie: “The telling point has been made that what was most distinctive about De Kaap was not the violence which … the Dutch directed against the Khoikhoin almost from the outset – and which was typical worldwide of the process of colonial conquest – but the fact that the Dutch preferred if possible to employ the Khoikhoin and acculturate them rather than to exterminate them or to drive them away – as was the dire fate, for example, of the indigenous peoples of the Caribbean, the North American continent and Australia” (1054).

    Oor die vroeë boere wat die Kaapse binneland ingetrek het, skryf Laband: “Although to the casual eye their lifestyle might often appear little different from that of the Khoikhoin, they maintained their belief in the inherent inferiority of the indigenous people” (1154). Hierdie blankes het hulleself beskou as “the representatives of what they believed to be superior Western civilisation that had Christianity – the only true religion in their eyes – at its core, albeit in its exclusively Calvinist form” (1159). In ‘n oomblik van helderheid skryf Laband: “To the Dutch of the time … it was the savagery, licentiousness and godlessness of the heathen blacks [Khoisan] of the Cape that distinguished them from civilised Europeans, rather than their dark pigmentation as such” (1165). Die outeur vind dit nodig om hierdie gesonde insig dadelik met kritiek op te volg: “Their pervasive attitude of racial [not cultural!] superiority, founded on social dominance and scriptural justification, played a crucial role in determining the sheer brutality with which the trekboers of the expanding Cape frontier dealt with the Khoisan already occupying the territory they intended to claim as their own” (1171).

    “If ever there was a gun society, it was that of the Cape under the VOC” (1182). “By the eighteenth century the settlers had developed a sufficiently effective military machine to underpin their expansion, and the belligerent mentality to go with it” (1250). Dit is kenmerkend van polities linksgesindes, soos Laband, dat hulle die veiligheidsmaatreëls wat blankes tref, verdoem en ‘n gebied waar Hollanders/Boere/Afrikaners in beheer is, graag as ‘n militêre of polisiestaat voorstel. Later erken Laband darem: “A wagon laager was a mobile, fortified camp, and together with the commando was to become indispensable for Boer survival on the frontier” (1665). “The moment [commandos] disbanded (no commando could stay in the field indefinitely) the amaXhosa would simply return” (1696). Ná 1806 “for want of a better alternative, the British kept the Boer commando system going, although this militia’s reliability and military effectiveness were questionable” (2324). Later vertel Laband van “commandos … committing every [!] form of excess” (3293).

    Al het die blankes militêr goed in elkeen van die grensoorloë gevaar, dink Laband nie veel van hulle nie. “All in all, British troops proved next to useless against Xhosa guerrilla tactics in the Amathole, and the Boers were hardly any better despite being veterans of frontier warfare” (3614). Die swartes se oorlogsuksesse vind Laband “heartening” (3632). Naas die Xhosas is dit die Khoi-Khoin-pandoers vir wie Laband lof as soldate het. “In this [6th] and next three [7th to 9th] Cape Frontier Wars they would repeatedly demonstrate their worth as light troops who could search out the enemy and operate with pluck and tenacity in the bush fighting which white troops were always to find such ‘bloody and hopeless work’” (3621). Die kommando-stelsel is deur die ANC-regime in paaiemente afgeskaf. Sedertdien ervaar Suid-Afrika ‘n vlaag van bv plaasmoorde. Die Boerekommandos was dus seker nie (altyd) so ondoeltreffend soos Laband voorgee nie.

    Teenstrydig met wat hy hier bo gesê het, skryf Laband later: “The Boer commandos had played a valuable and often essential role in the Sixth Cape Frontier War, yet the British military had treated them with humiliating disdain and failed to compensate them properly for their service. This affront only compounded the bitter sentiment among many burghers in the frontier districts that under British rule they had been progressively marginalised, and that they had been turned into foreigners in their own land where the command of the English language, along with the adoption of English dress and manners, had become the prevailing indicators of civilisation. And, perhaps most of all, they deeply resented that they had been put legally on an equal footing with their servants and Christian converts of colour. It was this social levelling under the British administration they took deep exception to, quite as much as the affront to established racial hierarchy it entailed” (3724). Sedert 1994 is hierdie proses voltrek met die blankes, veral die Afrikaners, wat laer in die rassehiërargie as die swartes geag word. Die ANC-regime se hiërargie is: swartes, bruines, Asiate, blankes.

    Destyds, veral in 1836-1838, is daar met die Groot Trek op die benarde situasie gereageer, dus met ‘n “mass migration of burghers out of the Colony, a popular movement that was nothing less than a peaceful rebellion against British rule” (3734). In die 20ste eeu het die swartes op hulle beurt in opstand teen die blanke politieke owerheid gekom, maar op ‘n hoogs gewelddadige en destruktiewe manier. Een van die redes vir die Groot Trek, volgens Laband, was dat die Boere vrot boere was. “If burghers had been prepared to farm more intensively and efficiently, all might nevertheless have been well, but they were wedded to their traditional subsistence farming, and this way of life depended on continuing expansion rather than on better usage of the land” (3745).

    ‘n Ander rede vir die Groot Trek was die gebrek aan sekuriteit. Die Britse owerheid het besluit op die sluiting van ooreenkonste met die swartes pleks van militêre optrede. “In future, the onus would be on farmers to prevent theft by guarding their herds properly, and they could only reclaim stolen beasts taken over the border through peaceful, regulated negotiations with appointed Xhosa councillors” (3785). Hier het ons die voorloper van FW de Klerk se grondwetlike onderhandelinge en een van die uitkomste daarvan, naamlik dat die blankes, insluitende die boere op plase, grootliks self vir hulle veiligheid en oorlewing verantwoordelik is.

    Naas die bedreiging van hulle lewens en besittings is die blanke inwoners in die grensgebied voortdurend deur die Xhosas met bedelary gekonfronteer. Laband praat bedelary goed, maar sien darem in dat dit die vorm van afpersing kan aanneem. Maar ook in hierdie opsig word die Boere as dom of oningelig voorgestel. “They did not understand that it was Xhosa custom for a poor man to ask for food and for the more prosperous man to supply it as an insurance, so to speak, against the day when he in turn might be short of sustenance and have to beg. What made this misunderstood custom particularly alarming for the settlers, thinly scattered as they were on their isolated farms, was that it was often accompanied by a degree of menace, so that begging effectively morphed into exacting tribute” (1437). Bedelary en afpersing vir beskermingsgeld (“protection money”) is in die nuwe Suid-Afrika steeds onaptytlike werklikhede.

    Die blankes was voorstanders van rassesegregasie terwyl die swartes, volgens Laband, rasse-integrasie verkies het. As christene het die blankes hulle as kultureel meerderwaardig in vergelyking met die Khoi-San en die Xhosas beskou. “Consequently, there was no place for the amaXhosa in the Dutch farmers’ social lives, kinship netwerk or political structures … They were to be excluded, rather than integrated. In contrast, Xhosa society … was traditionally open and it was the norm to incorporate others” (1442). Dit is maar net nog ‘n opsig waarin Laband, ingevolge sy waardes, die swartes as beter as die blankes beskou. Laband borduur voort: “Chiefs expected to be treated as equals by their colonial counterparts, but colonists were increasingly adopting the racist line that whites were superior to all blacks” (3304). Maar Laband is nie konsekwent met sy uitbeelding van die Xhosas as integrasioniste of assimilasioniste nie. “The amaXhosa themselves were proving belligerently resistant to [George Grey’s] assimilationist policies” (4932).

    “The late-eighteenth-century amaXhosa … were not notably warlike and nowadays do not share the amaZulu’s ferocious warrior reputation. Nevertheless, theirs was also an indubitably honour culture, the difference being that a man’s high reputation or even fame could be gained through cultivating the domestic virtues of the homestead as a complement to his military heroism. Men of rank in particular prided themselves on their gentlemanlike behaviour, on their unruffled grace and courtesy, and on the sagacity of their counsel” (1488). As dit van die Xhosas afgehang het, sou die blankes, volgens Laband, nie toe en seker ook nie sedertdien probleme met die oorlogsugtigheid van swartes gehad het nie en as gentlemen sou hulle hulle seker ook nie aan bv korrupsie skuldig gemaak het nie. “There was usually an attempt to smooth things over through diplomatic missions before committing to hostilities” (1503). Tog was daar nege Kaapse grensoorloë. Vir die eerste vyf pak Laband die inisiatief en dus skuld op die blankes. “The Sixth Cape Frontier War of 1834-1835 … was exceptional in that it was the first time the amaXhosa had ever deliberately initiated major hostilities” (3381).

    Die doel van die Xhosas se aanvalle op blanke boere was glo nie primêr om vee te steel nie – deesdae die herverdeling van rykdom genoem. “Cattle rustling was less the object of Xhosa warfare … for by depriving the enemy of their accumulated wealth and means of livelihood, they were striking him a crippling blow” (1550). Die Boere word as die teenoorgestelde van die Xhosa-gentlemen uitgebeeld: “Although the Boers knew themselves to be vulnerable and lived in fear of attack by roaming bands of young, aggressive Xhosa men, they proved incapable of modifying their own arrogant, insulting behaviour. They continued to show absolutely no respect for Xhosa chiefs and instead deliberately humiliated them in a variety of ways. They abused the amaXhosa physically, abducted their children, and forced them at gunpoint to barter cattle for goods they did not want” (1649).

    Selfs die steelsug van swartes word goedgepraat. ‘n Hoofman, Bhotomane, word soos volg aangehaal: “After having taken our country from us without even a show of justice, and shut us up to starvation, you threaten us with destruction for the thefts of those you left no choice but to steal or die of famine” (3348). “Chiefs exerted themselves to stop their adherents from further, inflamatory thefts, although the colonial farmers’ cattle were so loosely guarded that the temptation was irresistable” (3298). Dit herinner aan die soort verwyte wat blankes deesdae moet aanhoor: Hoe kon jy so nalatig wees om nie jou huis beter te beveilig nie? Of: Hoe kon jy iets duidelik sigbaar in jou motor los? Die skuld vir diefstal word van die misdadiger na die slagoffer verplaas.

    Kan die vlaag korrupsie en diefstal wat die land sedert 1994 teister naastenby toegeskryf word aan gedwonge steelsug weens ‘n situasie wat deur die blankes geskep is, of dit eerder die uiting van immoraliteit? Laband verwys na Xhosas “driven beyond the limits of their tolerance … calling loudly for vengeance, against the perfidious whites” (3354). Kortom, in die destydse oosgrenskonteks: die Boere is slegte en die Xhosas goeie mense. “Xhosa ‘atrocities’ can in large measure – although not always – be explained in terms of their culture and religion and should not be seen as an expression of merciless barbarism” (4835).

    Die gedrag van die Boere tydens die eerste Britse bewind (1795-1803) word soos volg beskryf: “The frontier farmers were a rough, lawless lot, harsh to their Khoikhoi labourers, and grown accustomed to treating magistrates set in authority over them by a distant Cape Town with resentment and contempt” (2021). By geleentheid was daar glo “some 200 perennially disruptive farmers” (2048). Die Britte het pandoere teen die Boere ingespan. “These Khoikhoi troops were never other than an affront to the bigoted racial order of the frontier, and as such never ceased to be resented and distrusted by the Boers” (2053). Die Boere het op hulle beurt soms in militêre operasies van die hulp van nieblankes gebruik gemaak. “It is worth noting how, when occasion required, these frontiersmen were willing to put aside their racial prejudices and ally themselves with Africans” (2037).

    Ná die eerste Britse oorname in 1795 is James Henry Craig spoedig in beheer van die Kaap geplaas. Hy was ‘n vroeë voorloper van Laband se politiek. Craig word beskryf as “a vigorous, humane and scrupulously honest administrator” (1941). Toe sommige Boere in 1796 om meer ammunisie vra en hulle hulle anderkant die Visriviergrens wou vestig, “Craig responded with asperity and considerable justice, demonstrating an imaginative liberalism usually absent in military administrators of the time” (1979). Craig het die Boere soos volg geantwoord: “With what face can you ask me to allow you to occupy lands which belong to other people? What right can I have to give you the property of others? … Reflect for a moment on what would be your own sensations were you to hear that I was even debating on a proposal to turn you out of your farms, and to give them to others” (1984). Maar dit is presies wat die ANC-regime eeue later besig is om te doen en daarby sonder vergoeding aan die blanke eienaars.

    John Cradock het in 1811 die Britse goewerneur van die Kaapkolonie geword. Hy het John Graham in beheer van regeringsbedrywighede aan die oosgrens geplaas. Daar het Graham uitvoering aan Cradock se “brutal policy” (2428) van “unprecedented inhumanity” (2433) gegee, wat in die woorde van Cradock as doel gehad het “‘to impress on the minds of these savages [Xhosas] a proper degree of terror and respect’ and to deter them, once they had been expelled from the Zuurveld, from so much as even contemplating a return” (2428). Die Britte het ‘n strategie van verskoeide aarde (“scorched-earth”) gevolg. “Adhering to Graham’s orders to take no male prisoners, his troops killed all those they encountered out of hand, profoundly shocking the amaXhosa, whose practice this had never [!] been. In addition, the troops seized several hundred women and children, and it seems they were subsequently put to forced labour on the frontier farms” (2476). “The amaXhosa were traumatised by the unprecedented ferocity of the British offensive, by their systematic destructiveness and by their sheer, incomprehensible mercilessness” (2487).

    “The Fourth Cape Frontier War is significant for delineating the stark ‘otherness’ of Africans and Europeans. During its course we find Cradock, Graham and [Jacob] Cuyler [“the obdurate landdrost of Uitenhage” – 2362] regularly referring to the amaXhosa in degrading terms as ‘barbarians’ and ‘savages’, something British officials had not previously been in the habit of doing. A critical line had been crossed in frontier relations which would become increasingly bitter, derogatory and irreconcilable over the years to come” (2500). In 1812 is Graham vereer deur sy hoofkwartier aan die oosgrens Graham’s Town te noem, “the man ‘through whose spirited exertions the kaffir hordes have been driven from this valuable district’” (2515).

    Graham’s Town se naam is onlangs deur ANC-kornuite na Makhanda verander. Hoe gemeen hierdie skuif was, blyk uit die volgende. Makhanda, of Nxele, which means ‘the Left-Handed’, was … inspired by a sense of awakening black identity and prophesied that the amaXhosa would drive out the white man … He preached of a supreme being, Mdalidiphu, the god of the black people, who was superior to Thixo, the missionaries’ god.” (2725). “As Mdalidiphu’s son and his agent on earth, Nxele declared that he would drive the whites back into the sea from which they had come … encouraging his followers to make love so that the blacks would multiply and fill the earth. Distorting the Christian teaching of the Resurrection, he promised that he would bring back to life all those blacks who had died, along with their cattle” (2731). “The ensuing Fifth Cape Frontier War [1819-1820] was known to the amaXhosa as Makhanda’s War” (2786). Nxele “was sentenced to life imprisonment on Robben Island … In 1820 he and some fellow prisoners seized a boat … and attempted to escape to the mainland. Close to the shore the boat overtuned in the surf and Nxele was drowned. For generations many amaXhosa believed that Nxele would come back to them to resume his crusade against white oppression” (2852).

    Wat duidelik is, is dat die dorp wat eens as Grahamstown bekend gestaan het, hernoem is na ‘n opperste anti-blanke element. Dit spreek boekdele vir die gebrek aan erns waarmee die ANC-regime versoening benader. Ná die toekenning in 1812 van die naam Graham’s Town is ‘n ander dorp in die Oos-Kaap in 1814 na John Cradock vernoem (2516). Hoe lank nog sal hierdie dorpsnaam deur die anti-blanke ANC-regime geduld word? Makhanda se dwase profesieë het later aanklank by ‘n 15-jarige Xhosa-meisie, Nongqawuse, gevind wat verskeie Xhosa-stamme sover gekry het om hulle vee en oeste te vernietig. “On that day two suns would rise and a great, cleansing wind would blow the whites into the sea” (4981). Die gevolg was groot hongersnood en baie dooies, dalk 50 000 (5004), onder die Xhosas in 1856/7.

    Wat opval, as veralgemeen word, is dat hoe langer die Britse bewind met die Xhosas te make gehad het, dus hulle eerstehands leer ken het, hoe nader het hulle politiek aan dié van die (meeste) Boere gekom. Harry Smith, wat by die Sesde Kaapse Grensoorlog (1834-1835) betrokke was, “roundly blamed the amaXhosa for starting the war and, as he stated in a letter to his sister on 7 May 1835, he wrote off ‘the whole race’ as ‘a perfidious set … possessing nothing but a love of mischief, rapine, and injustice’. Conveniently blind to his own perfidy” (3493). Wat die Kaapse goewerneur, Benjamin D’Urban (1834-1838), beoog het was “to provide for the future security of the Colony … by removing these treacherous and irreclaimable savages to a safer distance” (3511).

    “The recent war [6th] had further embittered relations between blacks and whites, and widened the ideological gap between racist settlers on the one side, and the missionaries and the growing number of influential people in Britain who espoused the increasingly humanitarian sentiment of the age” (3676). “In the United Kingdom there was a swell of humanitarian and evangelical unease concerning relations with indigenous people” (3681). “[They] advocated greater rights for aboriginal peoples” (3685). Andries Stockenström, “lieutenant-governor of the Eastern Cape … blamed the continuing frontier violence on the provocative and unjust reprisal system, and on settler determination to seize more Xhosa land” (3701).

    Die negende grensoorlog (1877-1878) het geblyk die laaste een in die Oos-Kaap te wees. “Africans had therefore to be left in no doubt that they were conquered, and that the whites were now the unassailable masters of the land. This meant ensuring that colonial forces defending the Cape would be exclusively white, and that there would be no place in future for African levies” (5519). Die Britte het nie by hierdie voorneme gehou nie en op uitgebreide skaal van die hulp van nieblankes in bv die Anglo-Boereoorlog gebruik gemaak. Die blankes het ook nie geblyk “unassailable masters of the land” te wees nie. Skaars ‘n eeu later het FW de Klerk verraderlik en mandaatloos voor swart mag geswig.

    Die nuwe Suid-Afrika het, ten minste teoreties, ‘n rekord getal van elf amptelike tale. Deesdae word sewe konings erken (5643). ‘n Land met so baie amptelike tale en konings is enersyds tot administratiewe en andersyds tot finansiële mislukking gedoem. So ‘n land het ‘n bevolking maar kan onmoontlik ‘n nasie met ‘n afdoende mate van gemeenskaplikheid wees. “The kings all receive government stipends and also collect allowances and other benefits … Over 6 000 African traditional leaders in South Africa below the rank of king are also the recipients of state stipends and allowances. Many of them play a constitutional role in the Houses of Traditional Leaders. There are seven Provincial Houses of Traditional Leaders” (5650). “[In] 2019 the government also recognised the role of Khoisan traditional leaders, set up their traditional councils and added them to the National House of Traditional Leaders, now renamed the National House of Traditional and Khoi-San Leaders” (5656). Daar is geen sprake dat daar vir die blankes iets soortgelyks gegun sal word nie. Die nieblankes “are conscious of an idealised connection to their warrior heritage, of their people’s history of courageous resistance to colonial conquest” (5668).

    In 1814 is ingevolge ‘n Anglo-Nederlandse ooreenkoms besluit dat die Britse besetting van die Kaap permanent sou wees (2573). In 1815 is hierdie ooreenkoms tydens die Kongres van Wene bekragtig (2579). Charles Somerset het in 1814 diens as goewerneur aan die Kaap aanvaar. “With British rule came the assertion of English cultural supremacy at the Cape, whether it be its language, emblems, dress, architecture, food or social conventions. Somerset was more than happy to do his best to ‘civilise’ the Colony, but found the Dutch-speaking colonists determined to preserve their own language and cultural distinctiveness … The further from the urban centres of the Western Cape, the less the Boers of the countryside were ready to accept or adopt the new British ways” (2579). “English became the language of government offices in 1824, and the sole language of the courts in 1828” (3006). Sedert 1994 is hierdie Engelseentaligheid weer met ons weens die ANC-regime se voorkeur vir hierdie koloniale taal en die versuim van die NP-onderhandelaars om die status van Afrikaans grondwetlik te verskans.

    Vrae wat gestel kan word, is: Verset Afrikaners hulle deesdae steeds in dieselfde mate teen verengelsing? Bevorder Afrikaners steeds in woord en daad hulle kulturele andersoortigheid, bv hulle moedertaal Afrikaans? Ná 1814 het die nieblankes hulle dislojaliteit teenoor die Afrikaners en hulle pro-Engelsgesindheid gedemonstreer deur Afrikaans al hoe meer met Engelse woorde te besoedel. Die resultaat is die hedendaagse mengel- en tussentaal Kaaps wat weens ‘n gebrek aan gesonde insig deur getransformeerde Afrikaansinstansies soos die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) bevorder word, op die wesenlike gevaar af dat algemeen-beskaafde Afrikaans, oftewel Standaardafrikaans, vernietig kan word.

    “In the Constitution Eighteenth Amendment Bill of 2019, accelerated land reform in South Africa is justified as addressing ‘the historic wrongs caused by the arbitrary dispossession of land’. No fair-minded person could object to this goal” [!] (5668). In ‘n oomblik van heldersiendheid vervolg Laband: “However, land reform is not the same as the state’s comprehensive confiscation of all privately owned land as has been carried through by Marxist regimes … ‘The amount of compensation payable may be nil’” (5673). “As President Cyril Ramaphosa has declared, the government wants to ‘make sure that our people [that is, Africans]* have equitable access to land and security of tenure’” (5678).

    [* Dit is Laband se invoeging. Selfs hy besef dat wanneer die ANC-regime na “our people” verwys, swartes bedoel word.]

    Die grond waaroor die tradisionele leiers beheer uitoefen sal klaarblyklik nie onteien word nie. Dit is die blankes se besittings wat sonder vergoeding onteien gaan word. “[The traditional leaders] still hold communal land in trust, and because that is the foundation of their continuing sway over the rural population, they actively resent any meddling with the status quo on ‘tribal land’” (5678). “If expropriation without compensation is over-vigorously applied to secure the short-term political advantage of the ruling party, and a new category of dispossessed, resentful people is created, then a deep historic wrong will have been addressed only by perpetrating a fresh one” (5690). Met sy boek het Laband tot hierdie nuwe vergryp bygedra.

  • Sanger Steve Hofmeyr aangekla van ‘haatspraak’ ná twiet oor Zindzi Mandela

    Sanger Steve Hofmeyr aangekla van ‘haatspraak’ ná twiet oor Zindzi Mandela

    Toe die dogter van Nelson Mandela en Suid-Afrika se ambassadrise in Denemarke twiet dat wit boere in Suid-Afrika “bewe” omdat hul grond binnekort deur haar party gekonfiskeer sou word, het die gewilde sanger Steve Hofmeyr op Zindzi Mandela gereageer deur te sê dat sy belasting haar salaris betaal en dat hy daarom teoreties haar “baas” is.

    Vir sy feitelike akkuraatheid sal Hofmeyr aangekla word van “haatspraak”, meer spesifiek crimen injuria, ‘n ou vorm van kriminele laster in Suid-Afrika wat die afgelope paar jaar gebruik is om hoofsaaklik blankes vir “haatspraak” te vervolg.

    Die land se regerende party, die ANC, het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle aangekondig het dat hulle ‘n aanklag van crimen injuria teen Steve Hofmeyr by ‘n polisiekantoor sal aanhangig maak vir “sy rassistiese en onmenslike uitbarstings op sosiale media wat getuig van barbarisme, rassisme en toksiese manlikheid “.

    In een van haar twiets het Zindzi Mandela daarna verwys dat sy in Denemarke “op wyn en etes getrakteer word” en op Engels gesê:

    “Terwyl ek hier op wyn en etes getrakteer word .. wonder hoe ek hoe dit in die wêreld van bewende gronddiewe gaan. #OnsGrond.”

    Die regerende ANC het ‘n beleid aangeneem wat alle landbougrond wat aan wit boere behoort as “gesteelde grond” beskou op grond daarvan dat wit mense, selfs as hulle grond van ‘n vorige verkoper gekoop het, dit nie regtig besit nie omdat hulle nie rasse-Afrikane is nie.

    In vorige gevalle waar witmense skuldig bevind is aan haatspraak teen ‘n swart persoon, het hulle boetes van sowat R150 000 (Penny Sparrow) of tot drie jaar tronkstraf (Vicki Momberg) ontvang.

    Aanvanklik het die ANC aangekondig dat hulle Donderdag die aanklag teen Hofmeyr sou aanhangig maak, maar hulle het nou ‘n verklaring uitgereik dat dit eers op Maandag 24 Junie sal plaasvind.

    Volgens die ANC toon Hofmeyr se twiet “wit arrogansie en is ‘n handboek-voorbeeld van wit bevoorregting wat in die kiem gesmoor moet word”.

    ‘n Regskundige, Albert Murphy, het die regerende party ‘n grap genoem. “Die beweerde kriminele aanklagte wat die ANC teen Steve Hofmeyr wil instel op grond van ‘n twiet van hom oor Zindzi Mandela, is ‘n klug!

    “Daar is absoluut niks misdadigs aangaande die twiet nie en geen aanklaer wat sy sout werd is, sou voortgaan met daardie klagtes nie. Die ANC is ‘n grap. ”

    Mandela se twiets uit Denemarke op 13 en 14 Junie 2019 het soortgelyke rassedreigemente as dié van die ANC self bevat (op Engels):

    “When you came here without land you found the original people making fire. Next you’ll claim you taught us. Just like Chris Barnard learnt the basics of heart surgery from his Black gardener. What you’re good at is fantasy.”

    “Dear Apartheid Apologists, your time is over. You will not rule again. We do not fear you. Finally #TheLandIsOurs”

    “Miss all these trembling white cowards, shem [I pity them]. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeeck, etc: how are you my babies?”

    Dit is opmerklik dat 84 persent van swart grondeise in Suid-Afrika in stedelike gebiede geliasseer word en 93 persent van grondeisers verkies finansiële vergoeding eerder as grond.

    Zindzi Mandela se rassistiese twiets het ‘n opskudding in die land veroorsaak. Maar die Nelson Mandela-stigting se Luzuko Koti het aan die Johanneburgse Engelstalige dagblad The Star gesê: “Ons het nooit gesê ons wil Zindzi Mandela ontmoet om haar twiets te bespreek nie.”

    Maar toe Koti later met die Afrikaanse Sondagkoeranant Rapport praat, het hy gesê: “Ons wil met me. Mandela ontmoet en verstaan ​​wat haar standpunt is.”

  • Malema bepleit weereens grondgryp by blankes, dog ‘nie uit wraak’

    Malema bepleit weereens grondgryp by blankes, dog ‘nie uit wraak’

    Julius Malema het oor die naweek weereens sy onlangse oproepe tot grondgryp deur swartes herhaal toe hy by Sun City gesê het: “Daar is niks spesiaals aangaande blankes dat hulle meer grond as swartes moet besit nie. Hulle moet grond gelykop met ons besit.”

    Die geleentheid was die jaarvergadering van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies se jaarvergadering wat Malema as gasspreker uitgenooi het. Blykbaar is ‘n opname van Malema se toespraak op die EFF se Twitterrekening beskikbaar gestel.

    “Ons wil nie grond onteien uit wraak nie, maar as deel van ‘n demokratiese proses,” het die EFF-leier gesê.

    Malema het ook met revolusie gedreig. Indien blankes nie van hul grond afstand doen nie, sal ‘n revolusie “onvermyndelik wees”, volgens hom. “U en ek sal dan slagoffers wees,” het hy gesê.

    Hy het verder uitgevaar teen die rassesamestelling van die land se regslui. Verder het hy die swart revolusionêre wat ook prokureurs was, soos Robert Sobukwe, Nelson Mandela en Oliver Tambo, geloof.

  • Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald

    Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond: Pieter Groenewald

    “Pres. Jacob Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is. Met hierdie opmerking teiken Zuma die wittes in Suid-Afrika asof hulle die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Daar word ook gereeld in die parlement gesê dat ‘wittes het die grond gesteel’. Dit stook rassehaat en die Vryheidsfront Plus gaan ʼn klagte van rassisme indien by die Menseregtekommissie (MRK) om Zuma te ondersoek,” sê dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor grondsake van die Vryheidsfront Plus.

    “Die feit dat Zuma hierdie opmerking in Rustenburg voor tradisionele leiers gemaak het, vererger die situasie as in gedagte gehou word wat die gevolge was met die uitlatings van die Zoeloe-koning oor vreemdelinge in Suid-Afrika. Dit is ook duidelik dat Zuma die EFF probeer troef oor die grondkwessie wat emosies en humeure vinnig laat opvlam.

    “Die teendeel oor grond is egter waar. Grond vereis harde werk en kundigheid om bewerk te word en om produksie te lewer. Die blote besit van grond gaan nie armoede, ongelykheid en werkloosheid skielik oplos nie. Zuma en die ANC weet nie meer hoe om armoede en werkloosheid op te los nie en nou word op ʼn onverantwoordelike en emosionele wyse die wittes daarvoor beskuldig. Dit is ʼn gevaarlike resep wat rassekonflik skep,” het Groenewald gesê.

  • Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

    Ope brief: Suid-Afrika is op pad na kommunisme, soos Gwede Mantashe sê

    Meneer Mantashe,

    In die lig van die ooreenkoms wat TLU SA in sy besit het met u handtekening daarop (waarna later in die skrywe meer volledig verwys sal word), waarin u die reg op ons kultuurbeskerming onderskryf het, rig ons hierdie skrywe aan u in ons kultuurtaal, wat ook ʼn wettige landstaal van die land is.

    Dit was my twyfelagtige voorreg om namens TLU SA, die landbou-organisasie wat al vanaf 1897 (dus nog voordat daar ʼn gedagte van ʼn ANC was) in diens van die boere en landbou in Suid-Afrika staan, u Afrikaanse beraad by te woon.

    Ter wille van die rekord is dit nodig dat ek u tog voorsien van my indrukke van die beraad, veral in die lig daarvan dat u gevra het vir voorstelle.

    My eerste voorstel sal wees dat ʼn behoorlike sakelys opgestel moet word waaroor gesprek gevoer moet word. So ʼn oop gesprek rafel uit deurdat die beperkte tyd in beslag geneem word deur instansies wat graag hulle goeie hoedanighede op rekord wil plaas.

    Dit is seker teen hierdie tyd gemene saak dat dit nie goed gaan met Suid-Afrika nie. Ten spyte van allerhande regeringsbeloftes ly die land onder werkloosheid, misdaad, korrupsie, gebrekkige dienslewering, kragonderbrekings, dalende onderwysstandaarde en nog vele meer, wat die land se ekonomie laat stagneer, en wat lei tot swak graderings deur gesaghebbende graderingsagentskappe. Bekwame en gesaghebbende ontleders voorspel dat die land tussen twee en vyf jaar van nou af ʼn ongekende krisis gaan beleef.

    Terwyl dit die realiteit is, verdoesel u dit met die oogklappe van u politieke retoriek, soos verwoord in die Freedom Charter, die NDR en die ANC se “Strategy & Tactics” – ʼn soort politiek wat ander lande al ten gronde gerig het.

    By die beraad het u die Freedom Charter op ʼn baie hoër vlak gestel as die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Is u nie besig om die burgers van die land daardeur te mislei nie? Waarom sê u nie reguit en onomwonde waarheen u die land neem nie. Sê reguit en eerlik dat u u nie steur aan die land se Grondwet nie, maar dat u u laat lei deur ʼn revolusionêre partydokument, wat dateer uit die “struggle”-tyd waarin mense omgekom het? Waarom is u nie openlik oor die NDR en die Strategy & Tactics nie, sodat mense kan weet waarheen u op pad is nie? Dit is immer niks anders nie as politieke bedrog?

    Die tweede voorstel rondom so ʼn beraad is dat u moet besluit watter hoed u dra as u so ʼn gesprek aanlê. Dalk sal u u kan herinner dat ek u gevra het wie nou werklik in beheer van die land is? Watter status het u as hoofbeampte van die ANC om so ʼn gesprek aan te lê? Beteken dit dat die ANC besluite maak? Maak die SAKP die beleid en besluite? Cosatu en die vakbonde? Of het die President en sy kabinet as regering van die land ook nog iewers inspraak in beleid- en besluitneming?

    Van die ander kant gesien: vir wie moet die burgers en die kiesers tot verantwoording roep vir die gemors wat ek hierbo aangestip het? U antwoord dat “almal in beheer” is, is onaanvaarbaar en in terme van ʼn demokratiese bestel belaglik. Die ANC het die stemme gekry: nie die SAKP of Cosatu nie. Die ANC stel die regering saam, en dié behoort die verantwoordelikheid op hom te neem. Nou word verwarring gekweek deur die verantwoordelikheid van die een na die ander te verplaas, sodat uiteindelik niemand verantwoordelik is nie.

    Tydens die beraad het ek dit aan u gestel dat dit wil voorkom of die SAKP in wese in beheer is, in die lig van die groot aantal ministers wat Kommuniste is. U sarkastiese antwoord dat ons weer net die Rooi Gevaar sien, is tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op grond van feite nie, maar deur snedigheid en vernedering punte wil aanteken. Die feit is dat die Kommunisme ʼn ideologie is wat uitgedien is in die res van die wêreld. TLU SA het noue kontakte met Georgië. Daardie land lek nou nog sy ekonomiese wonde van die vernietigende effek van die Kommunisme onder die Sowjet-Unie. Dit is soms goed om oogklappe te verruil vir ʼn wyer visie, en te leer uit die lesse wat ander al uit dure ervaring geleer het! Ek stel dit duidelik en ondubbelsinnig aan u dat u beleidsrigting en veral die toepassing daarvan vir Suid-Afrika net armoede gaan skep.

    Wat die land nou nodig het, is eerlikheid. Juis dit ervaar ons nie, hetsy van die regering, die ANC of enige van sy vennote nie. Aan die een kant meld u by die beraad dat u die boere nodig het aangesien landbou ʼn sleutelbedryf is. Net daarna dreig u ons met grondgrype en onwettige grondbesettings. Is u nou al skoon ʼn propagandis vir die EFF se beleid? Skep u daarmee die klimaat vir verdere geweld en onrus in die land, en is dit u bedekte opdrag dat boere van die plase verdryf moet word, al is dit deur besettings en selfs plaasmoorde? U is besig om die klimaat hiervoor te skep!

    Maar as u so bekommerd is oor die landbou, waarom dan al meer en meer stremmende wetgewing op die wetboek plaas? Tans is daar al meer as 16 wette op die tafel wat landbou gaan strem. Trouens, nie net landbou nie: wette wat private besitreg oor ʼn wye spektrum insluit en wat uiteindelik ekonomies katastrofale gevolge vir die land gaan inhou.

    As u weer wil gesels, laat ons oor die ekonomie gesels. Ek wil nie weer met u oor politiek praat nie, want ons sal bly by mekaar verby praat. Ekonomie is realiteit: laat ons dit ʼn slag op tafel sit! Indien u erns het met die toekoms van Suid-Afrika sal u besef dat daar met boere gepraat moet word oor kos en die verskaffing daarvan en dat al die ander geykte retoriek wat so vrylik gebruik word en wat veroorsaak dat beleggersvertroue geskend word nie tuishoort by enige verantwoordelike instansie nie. Ek kan ook nie met u oor kultuur praat nie. Ek het u tydens die beraad gewys op die dokument wat deur u persoonlik onderteken is nadat u destydse jeugleier skuldig bevind is aan haatspraak, waarin u die Afrikaner die reg op sy kultuur- en gemeenskapslewe erken het. U het daardie dokument, met u eie handtekening en al, by die beraad van die tafel af gevee.

    As ek praat van toekomstige gesprekke, sê ek dit eintlik met huiwering. Dit is nodig dat daar oor die toekoms gepraat moet word, en dat die verlede agtergelaat moet word. Maar as u handtekening in u eie woorde en optrede niks beteken nie, en as u selfs ʼn geskrewe ooreenkoms nie die papier werd maak waarop dit geskryf is nie, wat help gesprekke? Waarom sal ons enige mondelinge stelling, ooreenkoms of onderneming ernstig neem as ons u nie eens kan vertrou met u handtekening op skrif nie? Dit is eweneens politieke bedrog!

    Intussen moet u kennis neem dat ons boere in die land is om te bly. Ten spyte van u, die Regering, die ANC, die SAKP, Cosatu of wie ook al se vyandelikhede teen ons, sal ons voortgaan om ons roeping, waarvoor ons ʼn passie het, uit te leef. Dit is om te boer, en om selfs toe te sien dat u elke dag kan smul van die vette wat die boere produseer.

    Ons het nie ons grond gesteel nie. Ons was nooit deel van die koloniale stelsel nie. Ons is inheems aan Afrika, ʼn stam wat hier gebore en gevorm is tot uniekheid, net soos enige ander stam. Daarmee sal ons voortgaan, ongeag of u ons ʼn regmerkie daarvoor wil gee of nie.

    Dis ons reg, wat ons sal bly opeis!
    Louis Meintjes
    President TLU SA

  • Zuma kondig einde van grondeienaarskap aan

    Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand in sy staatsrede aangedui dat die beginsel van gewillige koper/verkoper van grond betref, binnekort iets van die verlede sal wees.

    Hy het ook gesê buitelanders sal verhoed word om grond in Suid-Afrika te besit, alhoewel hulle steeds in aanmerking sal kom vir langtermynlenings.

    “Die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit sal in die verband vanjaar by die parlement ingedien word. Grond het ‘n kritieke faktor geword om die onregte van die verlede reg te stel.”

    Volgens die voorgestelde wetsontwerp sal daar ‘n plafon wees vir grondeienaarskap, naamlik slegs 12 000 hektaar.

    Zuma het gesê die tweede tydperk om grondeise in te dien is verlede jaar heropen. Hy het gesê 36 000 grondeise is nasionaal ingedien. Die nuwe sperdatum is in 2019.

    “Ons ondersoek ook die 50/50-beleidsraamwerk, wat voorstel dat grond aan mense wat op plase woon en werk oorgedra word. Vyftig boerderyondernemings sal geïdentifiseer word as deel van ‘n loodsprojek.”

    Zuma het gesê meer as 90,000 hektaar is deur die grondhervormingsprogram aan kleinboere, plaasbewoners en huurarbeiders toegeken. “Die proses om die kantoor van die waardeerder-generaal op die been te bring is onderweg en dit word gedoen in terme van die Wetsontwerp op Eiendomswaardering,” het Zuma gesê.

    “Wanneer die wet eers geïmplementeer is sal dit ‘n einde bring aan die staat se afhanklikheid van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper.”

  • Prof. Anton van Niekerk se halwe polities korrekte waarheid

    Ek sal graag die hele artikel wil lees soos dit in Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het, maar uit die bietjie wat ek gesien het probeer prof. Van Niekerk die punt maak dat ons die waarheid in konteks moet sien. Dus, volgens hom, ignoreer die blankes die waarheid dat swartmense benadeel was en is ons klagtes ongegrond.

    Hy is heeltemal korrek in sy halwe waarheid. Ons almal sal erken dat daar tydens apartheid meer geleenthede was vir die blankes, net soos wat daar vandag is vir die swartmense. Ironies dat ‘n geleerde man dus die idee van “fighting one wrong with another” ondersteun. Hoe dit ook al sy, ons almal verstaan dat dit vandag polities korrek is om ‘n ras te ontneem van geleenthede omdat dit die verlede moet regstel.

    Hierdie denkwyse is niks nuuts onder die liberale denkers nie. Wat my verstom, is hoe hulle ander beskuldig van presies dít wat hulle self doen. Die polities korrekte waarheid is net ‘n deel van die waarheid en hulle bly daarby vashaak. Mense soos prof. Van Niekerk is nie bereid om verder te kyk na die totale prentjie nie.

    Die probleem wat die Afrikaner het, is nie die feit dat swartmense (is dit polities korrek om van swartmense te praat?) bevoordeel word nie, dit is die ontneming van die regte van ‘n volk wat die probleem is. Kom ons vereenvoudig dit – twee maatjies speel saam en die een gooi die ander een se koeldrank uit. Die oplossing volgens prof. Van Niekerk is dat die ander maatjie nou moet toekyk hoe sy koeldrank ook uitgegooi word. Dan het niemand meer koeldrank nie en is ons op dieselfde vlak.

    Die polities verkeerde waarheid waarme nie een van die slim manne vorendag kan kom nie, is dat opheffing nie hoef te geskied ten koste van ‘n ander nie. Boere regoor die land het hulself bereidwillig verklaar om deel te neem aan grondhervorming, maar met die voorwaarde dat dit sinvol is. Daar is duisende hektaar ongebruikte grond in die besit van die staat. Daar is duisende hektaar grond in die mark wat gekoop kan word. Tog word daar elke jaar ‘n nuwe onrealistiese plan op die tafel gesit wat op ‘n gevaarlike beleid van onteiening gegrond is. Prof. Van Niekerk & kie kyk nie na hierdie deel van die prentjie nie en blameer nog steeds die mislukkings van swart boere op die verlede. Dit maak dus nie saak dat daar ‘n dimensie agter hulle realiteit is nie, want dit bevoordeel nie hulle eie ideologie nie.

    Dit is totaal polities verkeerd, dalk selfs “waansinnig” om te dink dat die regering nie bevoeg is om die land te regeer nie. Baie van die liberale denkers skryf dit alles toe aan apartheid, want dié is polities korrek en mode, maar dit wil vir my al meer begin voorkom asof hierdie mense eenvoudig te lui of te moedswillig is om verder te dink.

    Daar is talle universiteite en ander naskoolse instellings in Suid-Afrika waar duisende swart kinders elke jaar deel in miljoene rande se beurse om hulle op te hef. Die blanke of Afrikaner het geen probleem hiermee nie en wil niemand ontneem daarvan nie, maar sou mens kyk na die bohaai wat opgeskop word elke keer as daar van ‘n volkseie universiteit gepraat word is dit tog duidelik dat die polities korrekte waarheid dieper gewortel is in wraak, eerder as bloot regstelling.

    Die probleem wat prof. Van Niekerk en ander nie wil erken nie, die ander helfte van die waarheid is dat daar ‘n verskil is tussen regstellende aksies en die onderdrukking van ‘n groep. Om meer swart dokters op te lei, is nie ‘n probleem nie, maar om wit kinders te ontneem van die reg om ‘n dokter te word omdat hulle wit is, is net so rassisties soos apartheid op sy ergste. Om grond te gee vir swart boere is nie die probleem nie, maar om wittes te ontneem van hulle bestaan en voedselsekuriteit daarmee in gevaar te stel, is totaal onverantwoordelik.

    In die paar stukke wat ek gelees het, wil dit voorkom asof dit dalk nie noodwendig die polities korrekte waarheid is waarna prof. Van Niekerk soek nie, maar eerder die polities gemaklike of polities aanvaarbare waarheid waarna hy op soek is. En ‘n halwe waarheid bly maar ‘n gevaarlike ding.

    Maar dit bly maar net my polities ón-korrekte opinie.

    – Vannermerwe

    Lees ook:

    Anton van Niekerk: politieke korrektheid, feite-waarheid en morele waarheid

    Anton van Niekerk handel in politieke korrektheid en halwe waarhede

    Anton van Niekerk lieg skaamteloos in Die Burger

  • Swapo spoeg vuur oor grond

    Die amptelike bekendstelling van Namibië se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015 – 2019 is Dinsdag oorskadu deur die pres. Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla.

    President Hifikepunye Pohamba het vir ’n tyd van sy amptelike toespraak afgewyk en sy aanval begin deur uit te vaar teen die “Duitsers” en die “apartheid-regime” asook die Ruiterstandbeeld wat vroeër voor die Alte Feste-museum gestaan het.

    “Toe ons die Ruiterstandbeeld verwyder het, het ons ’n nuwe monument opgerig wat vertel wat werklik gebeur het”.

    Pohamba het verwys na Namibiërs van Europese oorsprong wat nie oor die verlede wil praat nie.

    “Hulle kom van die Europese vasteland, maak van ons slawe en doen allerhande dinge met ons.” Volgens Pohamba moet oor dié dinge gepraat word. “Ons kinders moet weet; dis ons geskiedenis.”

    Hy het verwys na Namibië se geskiedenis van Duitse heerskappy en jare van apartheid.

    “Mense is doodgemaak. Eers deur die Duitsers en toe deur die apartheid-regime. Dié wat oor die grens gevlug het, die vlugtelinge, is oor die grens gevolg en by Cassinga doodgemaak.”

    Vandag, sê Pohamba, is dit hierdie einste mense wat nou as die kampioene van menseregte gesien wil word.

    Hy het verwys na petisies wat die des­tydse Swapo-leiers opgestel en aan die Verenigde Nasies voorgelê het. Hul pleidooie het egter op dowe ore geval, sê Pohamba, omdat die meerderheid wat dit moes aanhoor, van Europese oorsprong was.

    “Ons het teen die wit mense van Europa gepraat wat gekom het om ons híér te koloniseer!”

    Volgens Pohamba is dit dieselfde mense wat blyk die grootste kampvegters vir menseregte te wees.

    Hy het na Namibië se stryd om onafhanklikheid as “lank en bitter” verwys, met “kosbare lewens wat geoffer is.”

    Pohamba het ook ’n woord vir buurland Suid-Afrika gehad en gesê hulle is deur die Europeërs ondersteun.

    “Toe ons gevra het vir soldate, toe sê hulle ee’.”

    Die staatshoof het teenoor gaste by die geleentheid erken hulle sou seker eerder wou hê hy moet “diplomasie” oorweeg, maar gesê “die waarheid moet vertel word”.

    Pohamba het in die destydse Rhodesië gaan draai en verwys na die dag toe Ian Smith aan bewind gekom het.,“Ons (Swapo) het gevra vir optrede. Niks.”

    Maar, het hy getier, vandag is dit dieselfde mense wat, wanneer iets in dié land gebeur en veral as dit oor die omstrede grondkwessie gaan, sanksies teen Zimbabwe toepas. “Maar julle kon dit nie teen Ian Smith doen nie, dis nie regverdig nie! Ons raak emosioneel, want ons het die gruweldade gesien!”

    Hy het 21 Maart 1990 as ’n “glorieryke dag” beskryf toe die “las” verwyder en die “toekoms omhels” is. “Al ons mense, nie net swart nie. Wit ook, ja, selfs dié wat ontplooi is om gruweldade teen swart Namibiërs te pleeg.”

    Volgens Pohamba was dit stigterpresident Sam Nujoma wat vir rekonsiliasie gevra het. “Dit was nie maklik om te aanvaar nie, maar dis waarom ’n mens die man bewonder.” Die staatshoof het gemaan dit is nie net gebaseer daarop om “saam met ’n wit man aan ’n tafel te eet nie,” maar ook op grond.

    Hy het uitgevaar teen dié wat grond van swart mense gekonfiskeer het, maar dit nie wil laat gaan nie.

    “Die basis van die vryheidstryd was nie om net saam aan die tafel te eet nie!” Pohamba het beklemtoon menseregte sluit die reg tot grond in. “Ons mense voel gediskrediteer omdat hulle nie grond besit nie, grond wat besit word deur die kinders van dié wat gekom het om ons te koloniseer!”

    Hy het ook vuur gespoeg teenoor dié wat oor grondbelasting kla. “Hulle wil nie hê die regering moet die geld hê om die grond van hulle te koop nie, dis wat dit indirek beteken!”

    Hy het wel lof gehad vir Swapo se besluit om gelyke verteenwoordiging tussen mans en vroue as deel van hul partystrukture te hê. “Dis ’n weerspieëling om te wys mans en vroue is gelyk.”

    Bron: Die Republikein

  • Privatiseer staatsgrond om begroting te laat klop: TLU

    Grond in die staat se hande, is ‘n ongesonde praktyk wat die land en Landbou net skade berokken.

    Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het gereageer op die bekendmaking van gruwelike verwaarlosing op ’n plaas naby Nigel wat deur die plaaslike owerheid bestuur word. Skynbaar het talle varke en hoenders van dors gevrek terwyl plante in groentetonnels ook van droogte gevrek het. Daarbenewens het dit aan die lig gekom dat die Mamahlola farm naby Tzaneen, wat 10 jaar gelede aan die Banareng Ba-Ga-Letsoalo-gemeenskap gegee is en sedertdien onder administrasie van die regering geplaas is, nie sy werkers kan betaal nie aangesien dit wanbestuur word.

    “Dit is ‘n bekende feit dat grond wat in private besit is, oor die algemeen beter bestuur word aangesien dit as deel van ‘n sake-onderneming beskou word wat winsgewend moet wees.

    “Waar die staat grond bestuur, moet ‘n amptenaar met geen wesenlike of persoonlike belang die bestuur behartig. Die wins of verlies is nie vir sy eie rekening nie met die gevolg dat dit hom nie werklik raak nie.

    “Waar die Minister van Finansies in sy tussentydse begroting aangekondig het dat sekere staatsbates gedeeltelik verkoop gaan word om die staat uit sy finansiële verknorsing te help, is dit onder daardie omstandighede juis nou wenslik om ook staatsgrond te verkoop sodat daar kommersieel op geboer kan word, in plaas dat dit verwaarloos word soos die Spaarwater- en Tzaneen-gevalle, waarin daar boonop R15 miljoen belastinggeld gepomp is (by Spaarwater) sonder ‘n enkele sent opbrengs daaruit,” sê mnr. Meintjes.

    Boonop is dit ook so dat heelwat grond wat as gevolg van die restitusieproses van eienaarskap verwissel het, steeds in naam van die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is. Daardie grond se titelaktes behoort onverwyld aan die nuwe begunstigdes daarvan oorgedra te word sodat hulle die geleentheid kan kry om voluit kommersieel daarop te produseer. Sonder eiendomsreg op daardie grond, sal die begunstigdes daarvan nooit ten volle suksesvol kan boer aangesien hulle nie toegang tot kapitaal het nie, sê mnr. Meintjes.

    “Terselfdertyd moet die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, kennis neem van hierdie verwikkeling. Hier is nie ‘n persepsie van onvermoë nie, hier is die werklikheid van onvermoë, en in dié geval onvermoë van ‘n staatsinstelling wat deur die ANC beheer word.”

  • Louis Changuion oor die grondkwessie

    Louis Changuion oor die grondkwessie

    omstrede_land_voorblad

    deur Leon Lemmer

    Louis Changuion, met die bystand van ‘n mede-historikus Bertus Steenkamp, het redelik onlangs die volgende wetenskaplike studie gepubliseer: Omstrede Land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse grondvraagstuk, 1652 tot 2011 (Pretoria: Protea Boekhuis, 2011, 471p). In die aanloop tot die verkiesing is grondhervorming weer hoog op die agenda van veral die ANC. Baie mense, bv politici, het baie oor grondhervorming te sê, maar hoeveel van hulle het hierdie boek grondig bestudeer? Daar is ‘n Engelse weergawe beskikbaar vir diegene wat nie Afrikaans kan of wil lees nie.

    By grond gaan dit om meer as die barre aarde. Dit het ook met ontwikkelde grond in die vorm van bv plase te make, wat die landbou betrek en daarmee saam kosvoorsiening, wat ons almal raak. Die San het die grond gebruik om op te jag en die Khoi het die grond van plante gestroop om vuurmaakhout te hê. Hulle het geen eie bydrae tot grondontwikkeling gelewer nie. Eintlik ook nie die swartes wat grond vir weiding en bestaansboerdery gebruik het nie, want oorbeweiding en grootskaalse erosie was aan die orde van die dag. Al hierdie inheemses was in meerdere of mindere mate nomadies, wat meebring dat hulle kwalik op eiendomsreg van spesifieke afgebakende grond aanspraak kan maak.

    Die Khoisan kan hoogstens beweer dat hulle eerste in die suide en weste en die swartes dat hulle eerste in die noorde en ooste van Suid-Afrika was. Nie een van hulle het ‘n realistiese grondaanspraak gebaseer op ontwikkelingsarbeid wat hulle self en op hulle eie verrig het nie. Daar is heelwat regverdiging vir die standpunt “dat dit reg is dat die grootste gedeelte grond aan blankes moet behoort, omdat die blankes die grond ekonomies benut” (p 212). Die swartes se voortdurende eise om meer grond is tereg beantwoord met die versoek dat die swartes “eers bewys moet lewer dat hulle grondgebied meer produktief kan benut” (p 227). In 2012 was daar ‘n bohaai toe Pieter Mulder die feit genoem het dat die swartes (anders as die Khoisan en die wittes) histories nie in die suide en weste van Suid-Afrika gewoon het nie. Changuion bevestig hierdie algemeen aanvaarde waarheid (p 147, 298). Die ANC wil die geskiedenis herskryf soos dit hom pas.

    Dit is die wittes wat sedert die middel van die 17de eeu in Suid-Afrika infrastruktuur (bv paaie) geskep en grond tot produktiewe kommersiële plase (in teenstelling met die swartes se bestaansboedery) ontwikkel het. Hierin was die rol van die inheemses beperk tot dié van arbeiders. Dat swartes se benadering tot grond heeltemal anders as dié van wittes is, word deur Willie Esterhuyse uitgewys wanneer hy noem dat dit by swartes “nie oor grond as produktiewe bate gaan nie, maar oor grond as politieke identiteitsimbool” (Eindstryd, Kaapstad, Tafelberg, 2012, p 341).

    Dit is ‘n primitiewe benadering wat nie gepas in die hedendaagse wêreld is nie. Dit gee uitdrukking aan die tragedie van grondhervorming in die nuwe Suid-Afrika met ‘n regering wat die swartes ter wille is. Swartes voel emosioneel geregtig op alles in die land, of demografies op minstens 80% daarvan, maar hierdie begeerte is op instink en ideologie gebaseer. Hoe meer grond van wittes weggeneem en aan swartes oorgedra word, des te meer word die onproduktiewe grond. Die landsbevolking neem toe, maar voedselproduksie neem af. Dit moet noodwendig tot ‘n krisis lei.

    FW de Klerk het daarop gewys dat die ANC-regering volgens sy groenskrif oor grondhervorming private eiendomsreg wil erodeer deur die grootte van plase in wit besit te beperk, asook die getal plase wat wittes mag besit. Dit sal landbouproduksie en ander ekonomiese aktiwiteit asook belastinginkomste verminder en plaaslike en buitelandse beleggings laat opdroog (Die Burger, 1 Junie 2012, p 2).

    In daardie koerant se weeklikse redaksionele rubriek word gesê dat die teks van die groenskrif “‘n eensydige, emosioneel bewoorde historiese beskouing” gee “van hoe die swart mense se grond onder ‘kolonialisme en apartheid’ van hulle afgeneem is”. Ook dat die aanleiding vir die groenskrif ‘n 2007-besluit van die ANC se Polokwane-kongres is, waarmee bevestig word dat die onderskeid tussen die regering en die ANC as politieke party “ongesond versmelt het” (Die Burger, 2 Junie 2012, p 12).

    Changuion toon aan hoe die wittes en swartes hulle sedert 1652 in verskillende gebiede gevestig het. Deurlopend het verandering in grondbesetting plaasgevind, soos vanweë die Groot Trek in die geval van die wittes en die Difaqane (die uitdelgingsoorloë onder die swartes) in die 19de eeu. ‘n Kenmerk wat van 1652 tot 1990/1994 konstant gebly het, is dat wittes en swartes ten minste amptelik aparte grondgebied beset het. Dit onderstreep die revolusionêre aard van FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990. Dit was ‘n radikale breuk met die evolusionêre geskiedenis van Suid-Afrika. Wat sedertdien gebeur het, noop ‘n mens om te wonder of voogdyskap of paternalisme (Changuion, p 132, 190) werklik so boos was as wat dit deesdae voorgestel word. (Kyk die laaste sin hieronder.) Die ANC verwag bv sonder meer dat blanke boere bystand aan swart boere moet verleen.

    Die standpunt van swartes word heel aan die begin van die boek soos volg verwoord: “Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dat dit daarom nou aan die ‘regmatige’ eienaars teruggegee moet word” (p 7). Nelson Mandela het dit soos volg verwoord: “The [black] people … would fight the white man and win back their country” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 433). Maar die swartes “besit” grond suiwer histories; hulle koop dit nie. ‘n Zimbabwiese opperhoof het sy standpunt soos volg gestel: “Buy land? You must be crazy, you don’t buy the wind or the water or the trees” (Peter Godwin, When a crocodile eats the sun, Northlands: Picador, 2006, p 54). [Dit is hierdie houding wat veroorsaak dat baie swartes nie vir water wil betaal nie; dit val mos gratis uit die lug.] Dieselfde eensydige en primitiewe benadering blyk uit die titel van ‘n 2004-publikasie van die ANC-regering se Departement Grondsake: This is our land (p 7, 309, 446).

    Aan die begin het wittes soms grond (nie ontwikkelde plase nie) onderhewig aan streng voorwaardes ontvang. Van hierdie plase is deur latere geslagte geërf, maar die waarde is grootliks deur die ontwikkelingswerk bepaal. Later is hierdie plase dikwels ten duurste deur ander eienaars gekoop en is die verbandlenings oor dekades afbetaal. Deesdae word die eiendomsreg van sommige van hierdie ontwikkelde plase sonder teenprestasie aan swartes oorgedra. Onderliggend is daar nie net ‘n gebrek aan ewewig nie; daar is ook doodgewone onreg, oftewel onregverdigbare bevoordeling van swartes en benadeling van wittes. Daarby word hierdie verkwanseling moontlik gemaak deur belasting wat in groot mate van wittes gevorder word.

    Soos dit ‘n wetenskaplike studie betaam, word die terminologie deur Changuion verduidelik: bevolkingsgroepe (wittes, swartes, bruines en Asiate), grondbesit (besetting, onderhandeling, onteiening, restitusie, hervorming), groepe (volk/nasie, stam, gemeenskap) (p 9-10), asook die groepbenamings (p 312-313). Naas die teks wat vir die algemene publiek geskryf is (p 7), is daar bylaes oor bv die wette en statistiek (p 314-442), gevolg deur ‘n bronnelys en indeks. Van die grootste bates van die boek is die talle landkaarte wat die grondsituasie van 1652 tot 2011 uitbeeld. Behalwe in die geval van veral Brits-Betsjoeanaland/Griekwaland-Wes (en anders as die reservate vir Indiane in die VSA) het swartes in Suid-Afrika tradisioneel van die beste landbougrond beset, maar boerdery op ‘n onproduktiewe manier bedryf. Die swart gebied Thaba Nchu in die Vrystaat is bv die allerbeste grond in die provinsie genoem. “Nogtans vind ons dat die naturel nie in staat is om daardie grond te bewerk en die beste daarvan te maak nie” (p 172).

    Oor die 1936-wet oor grondbesit:

    “Die 15,3 miljoen ha [vir swartes] is meer as die oppervlakte van Engeland en Wallis tesame waarop ongeveer 30 miljoen mense woon teenoor die minder as 6 miljoen wat vir die tuislande beoog is. Ongeveer die helfte van die 100 000 km² met ‘n vogtige en matige klimaat in Suid-Afrika is in die swart grondgebied geleë. Bowendien kry meer as 75% van die oppervlakte van die swart gebiede meer as 500 mm reën per jaar, wat die minimum vir droë-landgewasverbouing is; dit vergeleke met die gemiddelde jaarlikse reënval van slegs 430 mm in Suider-Afrika as geheel” (p 175; ook p 304).

    “Die Britse en koloniale regerings het deurgaans gepoog om ‘n beleid van gebiedskeiding te volg” (p 49). “Gebiedskeiding (segregasie) en voogdyskap” was “die tradisionele beleid van Suid-Afrika” (p 116; ook p 141, 191, 388); voor die Anglo-Boereoorlog en ook daarna. Dit was egter in groter mate ‘n skeiding van grondeienaarskap as van mense. Selfs DF Malan het al in 1950 erken dat algehele apartheid nie prakties uitvoerbaar is nie (p 203). In die praktyk was daar bv baie swartes op blanke plase. Slegs sommige van hulle was arbeiders in diens van boere (p 121). Daar was bv deelboerdery: “Die blankes het die grond verskaf, die swartes die arbeid, en uiteindelik is die opbrengs verdeel” (p 130). In die Boere-republieke van die Transvaal en Vrystaat was daar “tradisionele swart krale op die meeste blanke plase” (p 64).

    Kaart deur Frans Cronjé van die SA Instittuut vir Rasseverhoudinge, in Rapport gepubliseer
    Kaart deur Frans Cronjé van die SA Instittuut vir Rasseverhoudinge, in Rapport gepubliseer

    In die ‘blanke’ dorpe en veral stede was daar ‘n al hoe groter toevloei van swartes. Daarbenewens was daar baie staatsgrond waarop swartes hulle gevestig het (p 121, 144, 266), in groter mate as in die reservate (p 122). Baie staatsgrond is sedert 1994 deur die ANC-regering aan swartes oorgedra (p 278). In 1976 het minder swartes in die tuislande as in die res van Suid-Afrika gewoon (p 234). Daar was ook baie grond wat sendelinge vir swart besetting gekoop het (p 66, 67, 106, 144).

    Dit is dus uiters misleidend om te beweer, soos telkens deur bv aktiviste en politici, dat swartes op 13% van Suid-Afrika se oppervlak saamgehok is. Daar moet ook onthou word dat swartes tradisioneel geweier het om hulle samewerking te gee wanneer die owerheid ‘n sensus opgeneem het (p 124). [Daar word natuurlik van almal verwag om saam te werk wanneer die ANC-regering op sy onbeholpe manier ‘n sensus hou.] In die Transvaalse republiek “is deur wetgewing bepaal dat blankes nie grond mag beset waar daar ‘n swart stam gevestig is nie” (p 65).

    Van vroeg af was die regeringstandpunt dat as ‘n (blanke) boer nie sy grond kon of wou benut nie dit terugval na die owerheid (p 22). Wanneer plase met die oog op besetting deur swartes benodig is, het die wit boere kompensasie ontvang (p 91), bv markwaarde plus 10% en vergoeding vir werklike verliese en ongerief (p 231). Soos elders in die wêreld het die teenoorgestelde ook gebeur: Wittes het swart grondgebied as oorlogsbuit ontvang en dit in plase opgedeel (p 94). Soms het swartes op ‘n soortgelyke wyse gebaat as hulle suksesvol aan die kant van die Boere geveg het (p 107). Wanneer wittes plase gratis ontvang het, was dit bv op voorwaarde dat dit permanent deur hulle bewoon moet word (p 97, 373).

    “Indien die Boererepublieke beskuldig kon word dat hulle grond ‘wederregtelik’ verower het – dat dit ‘n geval van land grabbing was – kan dit des te meer gesê word van Groot Brittanje en wat hulle teen die einde van die 19de eeu in Suid-Afrika gedoen het toe hulle die Twee Boererepublieke ingepalm het. Dit, meer as enige ander verowering in daardie tyd, was ‘n voorbeeld van grondinpalming teen die wil van die meerderheid inwoners – ten minste die meerderheid blanke inwoners. Die twee Boererepublieke wat vir ongeveer sestig jaar lank besig was om grond te verower, het dit alles in twee en ‘n half jaar verloor en moes dit as gevolg van verowering afstaan aan ‘n Europese moondheid. Wat was die verskil? Het wat die Boere gedoen het, enigsins verskil van wat Brittanje hier, en in die res van Afrika, gedoen het – verowering van grond, soos dit vir eeue in Europa, trouens in die wêreld, gedoen is?” (p 113).

    “Die deelname van swartes aan die oorlog, en grootliks aan Britse kant, [het] die rasseverhoudings verder vertroebel” (p 117). “Na die oorlog was daar ‘n opeenhoping van hawelose swartes op die boereplase en in die groot nywerheidstede en tog was daar ‘n gebrek aan arbeiders op sowel die plase as in die nywerhede, en die reservate was reeds oorbevolk” (p 120). Dit herinner aan die invoer van slawe in die 17de eeu omdat die Khoisan grootliks onbruikbaar as arbeidsbron was. Dit herinner ook aan die invoer van Indiërs gedurende die laaste veertig jaar van die 19de eeu as tydelike werkers op die suikerplantasies (p 179), asook die werwing van swartes in veral die buurlande as trekarbeiders vir die myne (p 208). Daar was baie swartes in Suid-Afrika maar baie van hulle was ongeskik of ongeneë om bevredigend as arbeiders te funksioneer. Arthur Keppel-Jones het swartes as ambisielose sonsitters gestereotipeer (Praag 16 deser).

    [Daar is deesdae die persepsie dat buitelandse swartes, bv Zimbabwiërs en Mosambiekers, beter as die tradisioneel Suid-Afrikaanse swartes is, bv as arbeiders. As dit so is, is die vraag waarom dit so is. Dit lyk vir my asof die antwoord in twee rigtings gesoek kan word. Enersyds is dit moontlik dat nie die room nie maar die afsaksels van die swart bevolking in vorige eeue suid oor die Limpopo-rivier gedryf is. Dan kan veralgemenend beweer word dat die tradisioneel Suid-Afrikaanse swartes van slegter stoffasie as dié in bv die buurlande is. Andersyds kan die mode nagevolg word deur die skuld aan die blankes te gee. Tydens die blanke bewind is noodleniging seker meer doeltreffend in Suid-Afrika as in ander Afrika-lande, bv die buurlande, gedoen. Daar was dus ‘n mindere gevaar dat ontberings en sterftes weens bv epidemies en hongersnood by swartes sou voorkom. Dan kan die moontlike verskil in kwaliteit tussen plaaslike swartes en dié in buurlandse aan die empatie van blankes toegeskryf word. Maar dan word die voortdurende geweeklaag van plaaslike swartes oor hoe vreeslik sleg hulle tydens kolonialisme en apartheid behandel is, vergesog en eintlik absurd. In werklikheid het hulle dit (veralgemenend) dan (toe en nou) te lekker en maklik gehad; beter as wat hulle prestasiegewys verdien. Dat dit tydens kolonialisme en apartheid nie hel op aarde vir swartes in Suid-Afrika was nie, blyk uit die feit dat swartes reeds eeue lank nie uitwyk nie, maar eerder die land instroom.]

    Tydens die Anglo-Boereoorlog het swartes die Britte ondersteun onder die indruk dat hulle daarvoor vergoed sou word. Baie swartes het “geglo dat die oorwinnaars (die Britte) ná die Anglo-Boereoorlog blankes se plase aan hulle sou gee, en hulle het oor die grense gestroom en blanke plase beset … Die Britse militêre owerhede wat tydens die Anglo-Boereoorlog die besetting ooglopend toegelaat het, het die indruk geskep dat hulle die besetting van hierdie plase goedkeur” (p 115).

    “Toe van die blanke boere ná die oorlog na hulle plase teruggekeer het, het hulle gevind dat hulle plase deur swart gemeenskappe beset is … die meeste opstalle is afgebrand, hul vee is óf vernietig óf is gesteel” (p 115). Die wittes het met min middele en groot inspanning hulle plase heropgebou. Na verloop van minder as ‘n eeu, dus na die roemlose magsoorgawe van 1990/1994, herhaal die geskiedenis hom: Swartes dreig om sonder vergoeding die plase van blankes oor te neem en swartes uit Afrika stroom oor die landsgrense in groter getalle as ooit tevore. Die ANC-regering openbaar oor die inkommers “‘n baie meer gematigde houding” (p 279) as vorige regerings.

    Na sy toespraak op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk magsdeling aan die wittes belowe maar hulle is die reg ontsê om die algehele magsoorgawe, waartoe hy ingestem het, te verwerp. Na die bewindsoorname van die ANC in 1994 het FW de Klerk aan die boere belowe: “Julle kaart en transport is veilig” (p 272). In 2007 het die eerste plaasonteiening egter geslaag (p 279). Pleks van die markwaarde of selfs meer as dit (soos hierbo genoem) word boere deur die ANC-regering minder as die markwaarde vir hulle plase aangebied. Daarby word ook gesloer met die uitbetaling van die vergoeding (p 280). Die hele proses word deur korrupsie en onbekwame amptenare beduiwel (p 283).

    Die ANC-regering het grondeise toegelaat wat tot 1913 terugdateer. Die sperdatum vir die indiening van die eise was die einde van 1998. Toe is bekend gemaak dat 60 000 eise ontvang is. ‘n Jaar later is hierdie syfer tot 79 000 verhoog (p 278), wat heelwaarskynlik daarop dui dat baie aansoeke wat te laat ontvang is op ‘n onetiese wyse toegelaat is. Druk word uitgeoefen dat verdere eise toegelaat word en die afsnydatum nie 1913 moet wees nie (p 274), maar eerder 1652: “Dit mag dan dalk selfs die stryd om grond tussen die swart gemeenskappe van die verlede betrek” (p 281). Dit wil die ANC vermy, want grondhervorming word ter bevoordeling van die swartes bedryf en is uitsluitlik teen die wittes gemik (p 309).

    Die gewillige-koper-verkoper-beginsel kry al hoe meer teenstand (p 280-281, 290). Maatreëls soos grondonteiening, drastiese belasting op grond en die beperking van grondpryse en die hoeveelheid grond wat ‘n wit boer mag besit, geniet al hoe meer steun (p 281, 290, 294-295, 309), veral in ANC-geledere. Die kabinet het reeds in 2008 grondonteiening in beginsel aanvaar (p 285). Sodra ‘n eis teen ‘n plaas ingedien is, mag geen verdere ontwikkeling daar gedoen word sonder ‘n permit van die grondeisekommissaris nie (p 281). Produksie lei daaronder en dit kan jare duur voordat ‘n eis afgehandel is en nog langer voordat die boer vergoeding ontvang (p 307).

    “Binne ‘n paar jaar het Suid-Afrika verander van ‘n netto uitvoerder van voedsel na ‘n netto invoerder” (p 282). Dit is waarom ek dink dat daar eerder ‘n graad- as ‘n aardverskil tussen die situasie in die nuwe Suid-Afrika en Zimbabwe is. Die maatreëls wat die ANC-regering beoog, is soortgelyk aan dié wat voedselproduksie in Zimbabwe geruïneer het (p 305). “Die owerhede behoort die kommersiële boere, wat nog 90% van die land se voedsel produseer, te beskerm eerder as om hulle van die plase te verdryf” (p 282).

    “Talle swart boere [het] plase gratis gekry” (p 283). “Dit [is] eenvoudig deel van die menslike aard … om nie iets wat verniet gekry is te waardeer nie” (p 284). Die meeste plase wat aan swartes ingevolge grondhervorming toevertrou word, misluk klaaglik of word vir bestaansboerdery gebruik. Die regering het al “erken dat 90% van die grondoordragte wat reeds gedoen is, mislukkings is” (p 291). In die boekjaar 2010/11 is meer as R1 miljard bewillig om mislukte plase weer produktief te maak (p 295). Die ontvangers stel hoofsaaklik in die grond as eiendom belang en nie in boerdery nie (p 284; verwys ook Esterhuyse hierbo).

    Selfs al was ‘n grondeis geldig behoort daar vir die bate betaal te word, al is dit oor ‘n lang tydperk (p 284; ook p 307). Die sogenaamde voorheen benadeeldes word bevoordeeldes wat “baie meer kry as wat hulle verloor het” (p 291). [Dieselfde onetiese verskynsel doen hom tans in Distrik Ses voor.] Dit kan ‘n geval wees van ‘n voorouer wat benadeel is en nou word die nageslag vergoed. Maar is die Boere en hulle nageslag in dieselfde orde vergoed vir die onregte (bv konsentrasiekampe) van die Anglo-Boereoorlog?

    Tydens die Zuma-bewind het Julius Malema as ‘n propagandis ontpop: Die swartes “hoef nie die grond te koop nie, want die blankes het dit van hulle gesteel. Met ander woorde, die grond moet eenvoudig aan die swartes teruggegee word, ongeag die verbeterings daarop” (p 288). ‘n Wyser benadering sou wees “om eers die reeds beskikbare grond aan voornemende swart boere oor te dra alvorens grond van suksesvolle blanke boere weggeneem word. Dit is tog bekend dat die staat eintlik die grootste enkele grondeienaar is,” maar die regering weet nie “hoeveel grond hy besit nie en ook nie waar sy grond geleë is nie” (p 289).

    Een van die moontlikhede wat hom sedert 2008 voortdoen, is die nasionalisering van grond. Die regering oorweeg dit “om alle produktiewe landbougrond tot nasionale bate te verklaar. Indien dit gebeur, sal die huidige eienaars dan op ‘n tydelike of permanente grondslag slegs gebruiksreg van die grond hê” (p 292). Daar is ook al deur die minister van landbou voorgestel dat blanke boere 40% van hulle boerdery (dus nie net grond nie) aan swart boere moet afstaan (p 294). Daar word ook oorweeg om plase aan blanke boere terug te verhuur (p 296).

    “Histories was die mense van Afrika nooit bekend vir grootskaalse boerdery nie … Daar is … relatief min suksesvolle indiwiduele kommersiële boere in Afrika as geheel. Dit laat die vraag ontstaan of kommunale boerderymetodes nie maar steeds die beste vir Afrika is nie” (p 308). Van die grootste ironieë is dat algemeen aanvaar word dat hierdie swartes, wat eufemisties “opkomende” of “ontluikende” boere genoem word maar meesal misluk, net sal slaag as wit boere as mentors optree (p 284). “Dit wil … voorkom asof die ou konsep van voogdyskap weer bygesleep sal moet word” (p 307).

  • Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase

    Plaaswerkers geregtig op gratis aandele in plase

    Piketberg-plaasIn ’n voorgestelde beleidsdokument oor die vrywillige toekenning van aandele aan plaaswerkers van die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming word o.m. voorgestel dat ’n plaaswerker met 10 jaar diens op ’n kommersiële plaas geregtig moet wees op 10% aandele in die eienaarskap van die grond. Voorts word bepaal dat ná 25 jaar diens ’n werker geregtig moet wees op 25% aandele en op 50% ná 50 jaar.

    Geen melding word gemaak oor wat gebeur as daar verskeie werkers op ’n plaas is wat al langer as 10 jaar daar is nie. Die stelsel sal nie “afdwingbaar” wees nie, maar boere word aangemoedig om “vrywillig” deel te neem. Die doel van die voorgestelde beleid is “om ongeregtighede sedert die 19de eeu reg te stel”.

    Volgens die dokument het plaaswerkers, insluitende tydelike en seisoenwerkers, oor die jare heen vir “hongerlone” gewerk en is daarom nou geregtig op aandele in die plase waar hulle woon en werk. In reaksie op die beleidsdokument is kritiek fel, o.a. van Agri SA, TLU SA en Graan SA.

    Pieter Groenewald van die VF Plus sê die voorstelle “kom neer op niks minder nie as die brutale onteiening van grond soortgelyk as wat in Zimbabwe gebeur het. Dit is duidelik dat die grondhervormingsprogram ‘n klaaglike mislukking is en dat ander planne nou beraam word om grondeienaars sonder vergoeding te onteien.” – Ditsem Nuus

  • Groenskrif oor grond

    Gevaarligte flikker helder rooi as berigte oor die voorgenome groenskrif oor grondhervorming enigsins in die kol is.

    ‘n Opsigtelike probleem, luidens ‘n berig in Rapport, is dat die groenskrif steeds van die veronderstelling uitgaan dat slegs 13 % van die grond in swart besit is, en 87 % in wit besit. Dit het blykbaar betrekking op alle grond in privaat besit.

    Hoe die regering by so ‘n sommetjie kan kom sonder ‘n grondoudit, wat deur georganiseerde landbou versoek maar volstrek deur die regering geweier word, is onverstaanbaar. Verskeie opnames dui daarop dat die prentjie aansienlik anders daaruit sien.

    Die bewoording klink verdag baie na ‘n blaps enkele maande gelede toe die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, in Rapport geskryf het dat met die aanbreek van die nuwe bedeling, dieselfde persentasies grond in wit aan die een kant, en swart, bruin en Indiër aan die ander kant, se besit was. Sy is in verskeie artikels reggehelp.

    Dié syfers is opsigtelik ontleen van die ou persentasies waaruit die tuislande saam 13 % van die oppervlak beslaan het, en die res 87 %. Hierdie syfer kan kwalik as vertrekpunt gebruik word, onder meer oor die ligging van die land se droë dele, die feit dat die meeste natuurparke soos die Kruger Wildtuin en Kalahari-Gemsbokpark  ook in die 87 % geleë is, en dat staatsgrond, soos staatsplase en weermaggronde, dorpsmeente en vele meer kwalik na 1994 by sogenaamde blanke grond gereken kan word.

    Om bruin grondbesit by die 13 % in te reken is moedswillig foutief. Bruin landelike gebiede soos die Richtersveld, Mier, Ebenhaeser, die Oppermansgronde en talle kleiner areas soos Thaba Patchoa, Genadendal en sowat 30 ander beslaan saam honderde duisende hektaar. Die groter gebiede is ook in droër gebiede.

    Uiteindelik handel dit nie werklik oor ‘n paar persent hier en ‘n paar persent daar nie, dit handel oor die wyse waarop persepsies as feite opgedis word, en sodoende ‘n vraagteken plaas oor ander gegewens wat die beplande groenskrif gebruik. Is dit werklike onkunde – wat moeilik is om te glo nadat meer betroubare feite al soveel kere onder die regering se aandag gebring is – of blote moedswilligheid?

    Die probleem is dat as daar eers onversigtig met ‘n stel feitefoute omgegaan word, erodeer dit die vertrouensposisie wat nodig is om die proses enigsins sinvol op die tafel te kan plaas.

    Meningsvormers uit die liberale dampkring, soos Max du Preez en dr. Piet Croucamp, stel dit periodiek dat die kommersiële landbou dalk baie tot ‘n ontspanne klimaat oor grondhervorming kan bydra deur nie vir die regering te wag nie, en self in so ‘n program die leiding te neem. Die werklikheid is dat dit al verskeie kere probeer is, en selfs geïmplementeer is, maar by die regering die koue skouer, of hoogstens lippediens gekry het.

    ‘n Sinvolle beginpunt sou dalk wees om politieke retoriek en propaganda links te laat en met feite te werk.

    профессиональное диагностическое оборудование для автомобилейлобановский александр фото

  • Skeefgetrekte rasionaal oor grond

    Die aanslae op ons eiendomsreg met die klem op ons landbougrond neem in felheid toe met min. Tina Joemat-Pettersson aan die voorpunt. Uit die bloute word grondeienaars verras met ‘n nuwe slenter om 40% van ons eiendom aan die een of ander parasiet gekamoefleer as ‘n aandeelhouer af te staan.

    Die agbare minister maak groot gewag rondom die volgende as rasionaal hoekom grond dringend en drasties herverdeel moet word:

    • Witmense besit agv apartheid 87% van alle grond.
    • ’n Gebrek aan waardigheid by die massa is gelyk aan ‘n gebrek aan toegang tot grond.
    • Toegang tot grond is gelyk aan voedselsekerheid.
    • Nouer samewerking met die staat is die sleutel tot oorlewing en groei.

    Vergun my die volgende kommentaar op bg illusies:

    By ‘n vorige herverdeling of afbakening van grond het lande soos Botswana, Lesotho en Swaziland hul ontstaan gehad; hiervoor is ongeveer 50% van van SA afgestaan. Dit laat die witmense en ander met 50%. Verdere herverdelings het plaasgevind waar spesifiek swartmense gronde in Kwa-Zulu Natal, asook in die Oos- en Noord-Transvaal van destyds, duisende vierkante kilometers grond ontvang het. Voeg hierby die latere TBVC-state, dan raak die 87% witmansgond belaglik en verregaande.

    Dít wat ons oor het, is agv regeringsmanupulasie gereduseer tot ‘n bate wat baie handelsbanke sien as riskant en grondeienaars sodoende uitlewer aan die staat as enigste rolspeler.

    Waardigheid, agbare mimister, word myns insiens gemeet aan verantwoordelike burgerskap en nie noodwendig grondbesit nie. Ek ken duisende waardige witmense wat nie ‘n duim grond besit nie.

    Hoe belaglik om toegang tot grond as voorwaarde vir voedselsekerheid voor te hou teen die agtergrond van die staat se selferkende mislukkings met sy sg grondherverdeling waar derduisende uiters produktiewe plase misvorm is tot uitgestrekte, onkruidbegroeide, nikswerd grond.

    Nouer samewerking wat op niks anders dui as onbeholpe staatsinmenging nie. Die vrye mark sonder inmenging reguleer homself. Goeie regering het ten doel om goeie infrastruktuur en ‘n veilige omgewing te skep waarin voedsel- en veselproduksie kan gedy.

    Die agbare minister skroom nie om blatant te dreig nie. Haar ongevraagde opmerking dat, sou die boere nie gehoor gee en saamwerk (kapituleer) nie, dít wat in SA gaan kom Zimbabwe met sy bekende vergrype sal laat lyk soos ‘n teddiebeerpiekniek. Was die kwessie nie so ernstig nie, sou ek dit amusant gevind het.

    Troos u die moeite en besin met u kollegas rondom die gesubsidieerde aanwas wat u kunsmatig skep om toekomstige onwaardige mense daar te stel wat nog groter druk op ons beperkte hulpbronne gaan plaas met gepaardgaande en nimmereindende konflik. Maak ‘n plan met die miljoene der miljoene onwettiges wat ons eindeloos dreineer en nog meer druk plaas op die groepie verantwoordelike en waardige mense wat hulle met dade beywer om hierdie land te maak werk. U en u regering het uitstekende infrastruktuur oorgeneem. Begin gerus by die lewensgevaarlike slaggate en verkrummelde paaie; hiermee kan tasbare en broodnodige onderbou vir voedselsekerheid verskaf word.

    Aan medeboere: Hou aan en hou uit, koester julle eiendomsreg op die trant van: die boere is hier om te bly.

    Aan die groter waardige gemeenskap: daar is nog Boere, daar is nog hoop!

    casino freeФильчаков прокурор

  • Julius se geheimsinnige tugverhoor

    Julius se geheimsinnige tugverhoor

    Ja, en toe ruk praag.co.za se spannetjie op na die ANC-perskonferensie in Luthuli-huis oor Malema se geheimsinnige tugverhoor wat “intern” gaan geskied en waaroor ‘n gesette, bebrilde Thandi Modise, ANC-adjunk-sekerataris-generaal, geen woord wou rep nie.

    Wee die middestad van Johannesburg. Vuil, vervalle, ‘n skadu van sy vorige self en waar jy R20 vir parkeerplek in ‘n gebou sonder elektrisiteit betaal aan ‘n nie-amptelike wag wat die bewaker by die ENB-gebou oorkant die staat vir jou “reël”.

    Luthuli-huis is baie geel, die agtergrond van die ANC-vlag wat mens oral teen die mure en op baniere aantref. Die sekuriteit is nie waffers nie. Trouens, ‘n Malema-ondersteuner weier na afloop om sy sakkie deur die X-straalmasjien te sit sodat daar byna ‘n geveg in die voorportaal ontstaan. Maar meer daaroor later.

    Ons is effe laat en die mediakonferensie is reeds aan die gang. In die ANC se mediaverklaring staan onder die amusante hofie “Oor mynnasionaliseringstudietoere” die volgende: “Die ANC-jeugliga het die ANC ingelig oor hul studietoere na verskeie lande om verskeie nasionaliseringsmodelle te bestudeer. Die ANC respekteer die reg van die Jeugliga om nuwe kennis in te win tydens die proses van ‘n perspektief op die nasionalisering van mye te formuleer.”

    Nou wonder ‘n mens hoe word dié lakoniese frase op die plaaslike en Londense aandelebeurse verstaan? Die BBC-man – nie Jonah Fisher wat laas uitgejaag is nie, maar ‘n plaasvervanger want op Facebook het Fisher my laat weet hy is met verlof – brom oor die bekommernisse van buitelandse beleggers tydens sy vraagbeurt. Nee wat, antwoord Thandi Modise, buitelandse beleggers behoort nie deur sulke studietoere afgeskrik te word nie.

    Daar is heelwat vrae oor die aard van die dissiplinêre verhoor, maar sowat van ‘n staatsgeheim was daar sedert die presiese ligging van die land se kernbomme onder PW Botha nog nie in die land gewees nie. Die frase “interne aangeleentheid wat nie met die media bespreek sal word nie”, word oor en oor herhaal. Ek staan reg agter die kameramanne van die SAUK en e-tv, links van my die Britse kontingent van die BBC en die Londense Guardian. Ek het geen kamera saamgebring nie, maar neem sommer ‘n foto of twee van die figure voor hul geel en groen uitspansel met my selfoon.

    Tydens die tweede rondte kry die uwe kans vir ‘n vraag. “Dan Roodt van praag.co.za.” Daar is ‘n effense beroering in die saal, dog ek gaan voort: “Daar word vermeld in u persverklaring dat die nasionalisering van myne ‘n legitieme studieveld by die ANC-jeugliga is. Maar mnr. Malema het so onlangs as verlede naweek ook taamlik radikale uitsprake oor grondbesit in die land gemaak en gemeen dat die huidige grondbesitters almal ‘buitelanders’ sou wees. Hy het ook gesê dat stemreg niks beteken as dit nie tot die oordrag van grond lei nie. My vraag is dus: Verteenwoordig metodes van grondnasionalisering of radikale grondhervorming soos in Zimbabwe ook ‘n ‘legitieme studieveld’ vir die ANC-jeugliga en dalk vir u party?”

    Dis nogal heel oulik hoe elke vraag genotuleer word en na so drie, vier vrae sorgvuldig beantwoord word, sy dit dan in vae, ontwykende terme.

    Die antwoord op my vraag deur Thandi Modise van onder haar kopdoek is: “Die ANC-jeugliga beskik, net soos die res van die ANC-strukture (“straktjas” in die Rooitaal) soos die Vroueliga of die Umkhonto-veterane-assosiase, oor outonomie. Die liggaam bepaal sy eie beleid en standpunte. Daar is niks mee verkeerd om uit te gaan en kennis (oor nasionalisering) op te doen nie. Daar is ook niks fout met debat nie. Dit is wat die president in die parlement gesê het: dat die publiek met Malema in debat oor hierdie kwessies behoort te tree.

    “Wat die grondkwessie betref, oral in Suid-Afrika praat mense oor grond. Die ANC sal nie die weg van ‘n Zim-grondgryp inslaan nie. Maar terselfdertyd moet die grondbehoeftes van ander rasse” – ja, sy gebruik die terme “rasse”, dus is ras geen “sosiale konstruk” hier by Luthuli-huis nie – “in ag geneem word. Ons het al male sonder tal gewaarsku dat, indien daar nie herverpsreiding van grond plaasvind nie, daar wel ‘n Zimbabwe sal gebeur.”

    Dus: grondgryp is nie amptelike beleid nie, maar iewers op die horison loer dit tog vir ons, indien bepaalde persentasies grond nie aan “die ander rasse” oorgedra word nie.

    ‘n Swart joernalis in die voorste ry wie se naam ek nie registreer nie, vra ‘n vraag oor die gewraakte “Dubula ibhunu”-liedjie wat telkens deur Malema gesing is. Dit ontlok ‘n interessante ekskursie in die musikologie en die semantiek deur madame Thandi Modise (ja, onder aan die ANC-mediavrystelling teken sy haar naam op’t Frans as “Mme Thandi Modise”). Volgens haar vind ‘n mens die betekenis van ‘n swart liedjie in die eerste twee tot drie reëls. Die frase “dubulu ibhunu” (“skiet die Afrikaners”) kom eers aan die einde, tydens die refrein, voor. Daarom behoort dit nie so ernstig opgeneem te word nie.

    Die ANC stem nie saam met die hofuitspraak dat die liedjie “Skiet die Afrikaners” haatspraak verteenwoordig en dus verbied behoort te word nie. Nietemin sal die party die hofuitspraak respekteer. “Kyk, dis soos ‘n “Slegs blankes”-bordjie by die Robbeneilandmuseum,” gaan sy voort. “Ons kan nie voorgee dat daar nie sulke bordjies bestaan het nie. Ons kan ook nie voorgee dat daar nie liedjies soos ‘Skiet die boere’ gesing is nie. Dis deel van ons geskiedenis. Ons kan ook nie voorgee dat die Pondo’s nie teen die blanke owerheid in opstand gekom het nie. Of dat die Britte nie Afrikanervroue en -kinders by Klerksdorp aangehou het waar baie gesterf het nie,” laasgenoemde synde ‘n sydelingse verwysing na die Britse konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog. Ten slotte sê Modise: “Ons besef egter dat hierdie deel van ons geskiedenis met omsigtigheid gehanteer moet word en dat sulke liedjies nie gebruik moet word om verdeeldheid en rassegevoelens te saai nie.”

    Daar is ook ‘n sterk gevoel by die ANC dat die media “sonder integriteit optree en die president teen die Jeugligapresident afspeel”. In die vertrek op die elfde vloer heers ‘n gespanne atmosfeer tussen die versameling laegraadse woordverwerkers (joernaliste), kameramanne en die ANC-verteenwoordigers. Dis amper soos ‘n hofsaak tussen twee vyandige partye wat hom voor jou afspeel. Die ANC is lank nie meer die liefling van die Suid-Afrikaanse pers of selfs van die buitelandse pers nie.

    Voor die einde van die mediakonferensie vertrek ons. Onder in die gebou gekom, moet ek vinnig gaan geld trek om my swartmarkparkering in die donker gebou te bekostig. ‘n Lang, skraal swart met ‘n rooi hemp onder ‘n baadjie kom by die voordeur ingewandel met ‘n sakkie by hom waarin maklik ‘n vuurwapen versteek kon word. Hy weier egter om die sakkie deur die x-straalmasjien te laat gaan, asof hy iets het om weg te steek. ‘n Woordewisseling met die veiligheidswagte onstaan.

    Woerts, spring ‘n gelerige swart vrou van die rusbank onder die geel muurversiering in die ingangsportaal neffens die hysbakke op en bars uit. “Jou stuk gemors, voetsek! Jou stuk gemors, voetsek!” Sy skree die woorde oor en oor. Dit blyk dat die skraal swart man met die rooi hemp ‘n Malema-ondersteuner is. “Malema is magtig!” snou hy haar toe. “Hy gaan president word!” Die dosyn of wat swartes wat in die ingangsportaal rondgemaal of -gesit het, vorm nou skielik twee vyandige groepe wat opgewonde babbel en skree. Hulle gluur mekaar aan asof daar enige oomblik geweld gaan uitbreek. Dan gee die man met die rooi hemp in en laat sy sakkie deur die x-straalmasjien ondersoek. Geen wapen nie.

    Hy gaan haal die hysbak. Blykbaar is sy held, Malema, iewers in die gebou in sy kantoor. Hy het egter nie die mediakonferensie bygewoon en die trop joernaliste getrotseer nie.

    Te oordeel aan die insident in die ingangsportaal loop gevoelens in Luthuli-huis tussen die verskillende faksies nogal hoog. Iets laat my dink dat hoe meer die spanning in die ANC tussen die “volwasse” party onder Zuma en die jeugliga onder Malema gaan verhoog, hoe minder gaan die verklarings wat die party uitreik enige sin maak.

    Spanning vernietig die sin van dinge, dink ek by myself as ek nie sonder ‘n sekere haas die vervalle middestad van Johannesburg verlaat nie. Miskien is dit die semantiese les wat Thandi Modise in haar ontleding van die “Skiet die Afrikaners”-liedjie aan ons wou oordra. ‘n Franse frase uit ‘n vergete boek van Jean Baudrillard skiet my te binne, wat sou kon vertaal, iets in die trant van: “Die innerlike nag van sy brein.”

    In hierdie dolle land en dolle tyd met die geweldige spanning waaronder ons almal verkeer, heers daar ‘n innerlike duisternis by baie wat ons beswaarlik nog met ons woorde kan verklaar of kan besweer.машина для дітейтопкарго отзывы